Cyclopia genistoides

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Gewone Heuningbostee
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Rosids
Orde: Fabales
Familie: Fabaceae
Genus: Cyclopia
Spesie:
C. genistoides
Binomiale naam
Cyclopia genistoides
(L.) R.Br., (1811)
Verspreidings-kaart
Sinonieme
  • Cyclopia galioides E.Mey. ex Benth.
  • Cyclopia genistoides var. heterophylla (Eckl. & Zeyh.) Harv.
  • Cyclopia genistoides var. teretifolia (Eckl. & Zeyh.) Kies
  • Cyclopia heterophylla Eckl. & Zeyh.
  • Cyclopia teretifolia Eckl. & Zeyh.
  • Galega genistoides (L.) Thunb.
  • Ibbetsonia genistoides (L.) Sims
  • Sophora genistifolia Salisb.
  • Sophora genistoides L.
  • Virgilia genistoides (L.) Poir.

Die gewone heuningbostee (Cyclopia genistoides) is 'n struik wat hoort tot die genus Cyclopia. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap. Dit kom vanaf Malmesbury tot by die Kaapse Skiereiland en ooswaarts tot by Albertinia voor. Hierdie is die oorspronklike spesie waarvan heuningbostee gemaak is, tans word die tee verbou van vyf Cyclopia-spesies. Die plant het 25% van sy habitat afgestaan aan gewasverbouing en voorstedelike ontwikkeling, veral in die laer gedeeltes van Malmesbury, Kaapse Skiereiland, Kleinmond, Hermanus en Albertinia. Oorbenutting van die spesie deur wettige sowel as onwettige tee vervaardigers is ook 'n bedreiging.

Bronne[wysig | wysig bron]