Enjoying your free trial? Only 9 days left! Upgrade Now
Brand-New
Dashboard lnterface
ln the Making
We are proud to announce that we are developing a fresh new dashboard interface to improve user experience.
We invite you to preview our new dashboard and have a try. Some features will become unavailable, but they will be added in the future.
Don't hesitate to try it out as it's easy to switch back to the interface you're used to.
No, try later
Go to new dashboard
Published on Sep 16,2022
Like
Share
Download
Create a Flipbook Now
Read more
Published on Sep 16,2022
Republikein_20220916 Read More
Home Explore Republikein_20220916
Publications:
Followers:
Follow
Publications
Read Text Version
More from Namibia Media Holdings
P:01

› Ronelle Rademeyer

D

ie voorgenome implemente ring

van nuwe konsepregulasies

deur die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA) vir vliegvelde

en landingstroke in die land was gister

in Windhoek onder skoot omdat dit

“verreikende negatiewe gevolge vir

die lugvaartbedryf asook toerisme

en gesondheidsorg in afgeleë gebiede

inhou”.

Dit volg nadat die lugvaartbedryf

onder leiding van die Vliegtuigeienaars- en Vlieëniersvereniging

(AOPA), met die NCAA vergader

het saam met ander belanghebbendes soos die toerisme- en jagbedryf

wat ook “deur die uiters negatiewe en selfs katastrofiese gevolge”

van die voorgestelde regulasies

geraak word.

Dié owerheid het op 8 November 2018 die gewysigde Deel 139

van die Namibië Burgerlugvaartregulasies (Namcars) in

die Staatskoerant gepubliseer.

Dit sou aanvanklik op 1 Januarie

2019 in werking getree het, maar ná

verskeie uitstelle is 1 Oktober 2022

vir inwerkingtreding bepaal.

Die doel van die regulasies is om

alle lughawens en vliegvelde in ooreenstemming met regulasies van die

Internasionale Burgerlugvaartorganisasie (ICAO) te registreer.

Dit bepaal onder meer kommersiële

vlugte waarmee toeriste na lodges in

afgeleë gebiede vervoer word, mag nie

by kategorie E-vliegvelde land nie.

Dit raak sowat 860 vliegvelde en

private landingstroke landswyd,

waarvan minstens 96 gereeld deur

die plaaslike lugvaartbedryf benut

word, het AOPA op die vooraand

van die vergadering in ’n brief aan

belanghebbendes gesê.

Mnr. Christian Sell, uitvoerende hoof van AOPA, het vroeër

vanjaar aan mnr. John Mutorwa,

minister van werke en vervoer,

geskryf en ook die bedryf se

dilemma verduidelik. In 2018 is

61 000 passasiers na hierdie 96

mees gebruikte vliegvelde vervoer,

sê Sell in die brief.

Die vliegvelde word nie net vir die

toerisme- en jagbedryf gebruik nie,

maar ook vir mediese noodvlugte,

wanneer rampverligting verleen

word, of vir misdaadvoorkoming.

blaai na

sport

SPEELTYD ...

DOEN DIT

NOU!

Nuus 2-5 | Praat Saam 9 | Sport 11 BESOEK ONS AANLYN BY WWW.REPUBLIKEIN.COM.NA

JAARGANG

45

NO. 194

IN VANDAG

SE KOERANT

ISSN 1560-9448

Kry al die nuus hier:

http://info.my.na/

Vrydag 16 September 2022

FOKUS

DRANK: DUIWEL

OF VRIEND? 8

BLADSY

SPORT

EAGLES GEE VSA

EERSTE BLOEDNEUS

KRIEKET

12

BLADSY

Burgemeester, vriend in veldbrand beseer

› Tanja Bause

Die wegholbrand wat sedert

Woensdagnamiddag in die Rehoboth-omgewing woed, het deur

plaaswerk ontstaan.

Volgens mnr. Mario Junius, oudste

seun van Rehoboth se burgemeester, mnr. Enrico (Toes) Junius, was

die werkers besig om ’n plaashek te

sweis toe vonke die gras aan die brand

gesteek het.

“Die brand het vinnig na ons plaas

Waldesruhe versprei. My pa en sy

vriend Quintin (Doefie) Diergaardt

het uitgery plaas toe om die brand te

blus. Die wind het egter die gang van

die vlamme gedraai.

“Hulle het die voertuig omgedraai

en wou van die brand af wegry toe

die voertuig in ’n aardvarkgat vasgeval het. Die vlamme het hulle vinnig

oorrompel en hulle het geen ander

uitweg gehad as om deur die vlamme

te hardloop nie. Dit is waar beide baie

seer gekry het,” het hy gesê.

Junius en Diergaardt is per ambulans na ’n hospitaal in Windhoek

geneem.

“Al twee het 60 persent of meer

brandwonde opgedoen en ons is

tans besig met reëlings om hulle nog

vanaand na die Tygerberg-hospitaal

in Kaapstad oor te plaas.”

Mario vertel sy pa was bekommerd

oor die plaaswerkers wat saam met

hulle was.

“Hy het die hele tyd gevra of hulle

oukei is. Die mans het mekaar in

die brand en gepaardgaande chaos

verloor en hy was bekommerd oor

hulle.

“Ons het hulle gesoek en hulle later

gevind waar hulle besig was om die

brand te bestry. Hulle kon weghardloop en het ingespring om te help. Ons

hele plaas se weiding is verwoes. Gelukkig het ons geen skade aan geboue

gely nie.”

Die brand het 40 kilometer buite Rehoboth wes van die Tsumis-afdraai

sowat 12 kilometer op die D1230

begin. Dit het vinnig versprei en later

oor die B1-hoofpad tussen Rehoboth

en Kalkrand gespring.

Teen 06:46 Donderdag was die

Tsumis-brand onder beheer en het

die brand nog in die ontoeganklike

berge voortgewoed.

Die vlamme het egter weer opgevlam en vrywilligers en noodpersoneel is van nuuts af uitgeroep om met

brandbestryding te help.

[email protected]

Vrywilligers het gister steeds die brand bestry wat reeds Woensdag uitgebreek

het. FOTO’S VERSKAF

Dit is hoe die veldbrand teen gisternamiddag nog gewoed het.

Nuwe eise vir vliegvelde

steeds in die spervuur

»AOPA: Katastrofe wag op lugvaartbedryf, toerisme

Vir die land se sowat 860 vliegvelde en landingstroke om aan

nuwe burgerlugvaartregulasies

te voldoen, gaan miljoene dollar

kos.

NA BL. 2

P:02

2 NUUS Republikein Vrydag 16 September 2022

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm

tot baie warm met buie wat plek-plek oor

die ||Kharasstreek kan voorkom. Winderige

toestande sal voortduur.

KUS: Gedeeltelik bewolk en matig met

enkele buie in die suide.

GETYE BY WALVISBAAI: H: 08:53 L: 12:35

H: 19:09

VOORUITSIGTE

WINDHOEK 15° 30°

RUNDU 17° 36°

OSHAKATI 19° 34°

GOBABIS 11° 31°

MARIENTAL 15° 32°

KEETMANSHOOP 18° 34°

WALVISBAAI 11° 20°

LUANDA 20° 27°

JOHANNESBURG 13° 27°

KAAPSTAD 10° 19°

WEER

VERKOPE EN AFLEWERING

Ettienne Kotze 081 244 0928

[email protected]

Tel: 061 297 2171

ERONGO

Otis Finck 081 299 1211

[email protected]

Faks: 064 403 451

BEMARKINGSKOÖRDINEERDER

Carmen Stenger

081 239 7664/061 297 2102

[email protected]

REDAKTEUR

Dani Booysen

081 129 3781 / 061 297 2038

[email protected]

NUUSREDAKTEUR

Ronelle Rademeyer

081 127 8159 / 061 297 2114

[email protected]

SPORTNUUS

Andrew Poolman

081 247 2837 / 061 297 2011

[email protected]

KONTAKPERSONE GENL. MURTALA MUHAMMEDRYLAAN. POSBUS 3436, WINDHOEK

TEL: 061 297 2000 | VOLG ONS OP: ISSN 1560-9448

STREKE

Grootfontein: Elvira Hattingh @ 081 737 3235

Keetmanshoop: Monique Adams @ 081 245 4688

Otjiwarongo: Enzo Amuele @ 081 568 6675

Ongwediva: Tuyeimo Haidula @ 081 339 3112

WEBWERFKODE: 8492 [email protected] ’n Publikasie van NAMIBIA MEDIA HOLDINGS (Pty)Ltd, gedruk deur NEWSPRINT NAMIBIA (Pty)Ltd.

Nuwe eise vir vliegvelde steeds in die spervuur

VAN BL. 1

Hy het die minister daarop gewys die

onmiddellike gevolge is dat hierdie

vliegvelde nie gebruik sal kan word

as eienaars nie om ’n nuwe permit

aansoek doen nie. Daarvoor sal ’n

landmeter opnames moet doen en

kaarte sal saam met ’n lugvaartkundige opname ingedien moet word.

Die eienaar sal moontlik ook ’n omgewingsimpakstudie (EIA) moet

laat doen.

“Vir hierdie eienaars om hulle kategorie E-vliegvelde na kategorie D

op te gradeer, sal baie geld bestee

moet word – iets wat hulle in hierdie

moeilike ekonomiese omstandighede nie kan bekostig nie,” het hy in die

brief gesê. Dit beteken ook die NCAA

moet al hierdie aansoeke verwerk én

binne 90 dae die vliegvelde inspekteer.

Sell sê AOPA het verskeie kere

met die

NCAA vergader,

maar hulle kon nie

oor die gewysigde konsepregulasies

ooreenkom nie.

Mnr. Riaan Burger, waarnemende

president van AOPA, sê gister se konsulterende vergadering is vanweë die

belangrikheid daarvan “deur ’n groot

aantal belanghebbendes” bygewoon.

“Ons probleem is die groot verskil

tussen huidige wetgewing en die

nuwe konsepregulasies wat die

NCAA wil implementeer.

“Ons vrees dat dit moontlik

onbedoelde gevolge sal hê op

vliegbedrywighede in die land

en natuurlik ook op die jag- en

toerismebedryf. As bedryf wil

ons met die NCAA saamwerk om

hierdie reëls prakties te kry.

“Natuurlik is die veiligheid van

elke vlug kritiek belangrik,

maar die regulasies moet ook

prakties wees,” het Burger benadruk.

AOPA se standpunt is dit sal “beduidende negatiewe gevolge vir die

ekonomie hê”.

“Die nuwe konsepregulasies sal bestaande, goed funksionerende regulasies vervang en meebring dat lugvaart na afgeleë gebiede onprakties

en buitensporig duur word.

“Boonop sal dit die eienaars en belastingbetalers honderde miljoene

dollar kos om die ongeveer 860 vliegvelde en landingstroke te lisensieer

en in stand te hou in.

“Dis ’n onmoontlike taak vir

Namibië of enige land met so ’n groot,

afgeleë lugvaartbedryf,” sê AOPA.

[email protected]

Vliegvelde soos hierdie een by Erindi moet op 1 Oktober vanjaar aan nuwe,

streng regulasies voldoen. FOTO ERINDI

3 - 5 NOVEMBER 2022

SKW SPORTS FIELD

WINDHOEK

Die ma glo haar dogter se

dood is direk verbind met die

“onregmatige, verkeerdelike

en nalatige optrede” van die

mediese personeel wat haar

aanvanklik verkeerd gediagnoseer en behandel het.

Personeel diagnoseer, behandel verkeerd

»Herhaalde klagtes van bloeding, buikpyn

› Henriette Lamprecht

’nMa eis byna twee miljoen van

die ministerie van gesondheid

en maatskaplike dienste,

nadat haar dogter voor haar afsterwe

verkeerd gediagnoseer en behandel is.

Renate Ndjahera se dogter, Vazembouwa Kavetutjo, is op 18 Junie 2019

na die Wanaheda-kliniek in Windhoek geneem nadat sy van swaar bloeding en maagpyn gekla het. Sy is na

die Katutura-hospitaal verwys waar

sy deur mediese personeel ondersoek

en bevind is sy is vier tot vyf maande

swanger.

Op 18 Junie is Kavetutjo in die

Windhoek Sentrale Hospitaal opgeneem en drie dae later is ’n diagnose

van ’n septiese aborsie gemaak. Sy het

’n noodoperasie ondergaan om die

swangerskapweefsel uit haar baarmoeder te verwyder.

Volgens Ndjahera is haar dogter vier

dae later ontslaan, hoewel haar toestand nie verbeter het nie. Sy moes

twee weke later weer by die hospitaal aanmeld vir ’n geboortebeperkinginplanting in haar arm. Die inplanting is gedoen en Kavetutjo het

volgens haar ma voortgegaan om vir

maande daarna steeds te bloei.

Sy het ook geweldige pyn ervaar en

was “in en uit die hospitaal”.

Op 8 November het sy by die staatshospitaal op Omaruru om hulp aangeklop met vaginale bloeding, rugpyn

en laer buikpyn.

Op 25 en 28 November was sy weer

by die hospitaal met dieselfde klagtes

en is sy na die Katutura-staatshospitaal oorgeplaas. Sy is hier dadelik na

die teater geneem vir ’n blindedermoperasie, sowel as die verwydering

van die ou hematoom van die afgelope vyf maande.

BLOEDSTOLLEND

Laasgenoemde is ’n poel van meestal

gestolde bloed wat in ’n orgaan,

weefsel of ruimte in die liggaam vorm.

Dit word gewoonlik veroorsaak deur

’n stukkende bloedvat wat beskadig is

deur chirurgie of ’n besering.

’n Week daarna is sy ontslaan, maar

volgens Ndjahera is sy op 6 Desember weer opgeneem. Sy sou weer

meer as twee weke in die hospitaal

moes bly en op 23 Desember het laboratoriumtoetse van die hematoom

gewys sy het endometriële stromale

sarkoom, waarin gewasse begin ontwikkel in die ondersteunende verbindingsweefsel (stroma) van die voering

van die baarmoeder.

Kavetutjo-hulle is na die onkologiedepartement verwys, maar haar

chemoterapie kon nie begin nie. Sy

is weer na die Katutura-hospitaal vir

verdere toetse verwys en op 11 Januarie 2020 is Kavetutjo dood aan nierversaking as ’n gevolg van die endometriële stromale sarkoom.

Ndjahera sê haar dogter se dood is

direk verbind met die “onregmatige,

verkeerdelike en nalatige optrede”

van die mediese personeel by die

Windhoek Sentrale Hospitaal wat

haar aanvanklik verkeerd gediagnoseer en behandel het.

“Die vertraging in die behandeling

van die hematoom wat gelei het tot ’n

klomp mediese probleme en komplikasies, ingesluit die sarkoom en nierversaking, het tot haar dood gelei,”

lui hofstukke.

Ndjahera sê alle redelike stappe

moes deur personeel geneem gewees

het om haar doeltreffend te behandel nadat sy met ’n septiese aborsie

gediagnoseer was. Dieselfde geld

om enige komplikasies te voorkom

wat met die beëindigde swangerskap

verband hou.

Haar dogter se lyding het haar

gepynig omdat sy as primêre versorger moes sien hoe haar gesondheid agteruitgegaan en hoe sy uiteindelik vanweë haar mediese toestand

gesterf het, sê Ndjahera.

Sy dagvaar die ministerie vir skadevergoeding van N$1,9 miljoen

vir onder meer emosionele skok en

trauma en toekomstige sielkundige berading.

[email protected]

P:03

Vrydag 16 September 2022 Republikein NUUS 3

’n Gebrek aan wetgewing en

’n wyer begrip van geologiese

parke, vertraag Namibië se

planne.

Geopark onder soeklig

»’n Lank uitstaande droom

› Augetto Graig

P

arlementslede betrokke by die

staande komitee oor natuurlike

hulpbronne het vandeesweek

Namibië se droom om ’n geologiese

park met Wêrelderfenis-status te

vestig, onder die soeklig geplaas.

Namibië is ’n skatkis van geologiese

erfenis wat kenners meen beter

bewaar en meer volhoubaar gebruik

moet word.

Namibië poog al sedert 2004 om

’n Verenigde Nasies se Onderwys-,

Wetenskap- en Kultuurorganisasie

(Unesco) erkende geopark te vestig.

Dr. Gabi Schneider, voorsitter van

Namibië se geopark-taakmag en ’n

lid van Unesco se geopark-raad, het

Woensdag inligting oor dié inisiatief

met parlementslede en belanghebbers gedeel gedurende die ministerie

van myne en energie se reeks konsultasies wat vandag by Droombos buite

Windhoek tot ’n einde loop.

’n Unesco erkende park vir die beskerming en volhoubare gebruik

van die land se geologiese erfenis

kan volgens Schneider talle voordele inhou. Sy noem werksgeleenthede,

toerismebeleggings en die aanloklikDie Versteende woud is een van Namibië se geologiese skatte wat bewaar moet word. FOTO INFO-NAMIBIA.COM

heid van navorsing en kennisuitbreiding as van die voordele.

Unesco erken reeds geoparke in

Tanzanië en Marokko, wat ’n geopark

in Namibië die derde op die vasteland sal maak. Die park word vir die

Erongo- en Kunenestreek beoog;

vanaf Swakopmund in die suide, tot

naby Sesfontein in die noorde, insluitend die Versteende woud naby Khorixas, die Spitzkoppe-omgewing tot

by Omaruru, met die Brandberg ongeveer in die middel. Bekende rotsformasies soos die Orrelpype en die

Verbrande berg val binne dié gebied.

Schneider sê die voorgestelde

naam van die park is die Gondwana Geopark, omdat die rotse in die

omgewing die hele verhaal van die

oervasteland se formasie en ondergang vertel.

Dié droom word egter in die wiele

gery aangesien die nodige wetgewing

steeds nie bekragtig is nie

Voorstanders van ’n geopark wag

reeds 20 jaar vir die bekragtiging van

die wetsontwerp op wild en beskermde gebiede, wat onder artikels 20 en

21 die vestiging van die park moontlik sou maak.

Schneider sê Unesco se voorskrifte het ook baie strenger geraak, met

101 vereistes waaraan tans voldoen

moet word.

Dié wêreldliggaam oorweeg ook net

parke wat reeds twee jaar in werking

is, voeg sy by.

Verder is die naam Gondwana nou

met ’n bestaande onderneming gekoppel, wat die gebruik daarvan

betwis.

Die voorsitter van die staande

komitee, mnr. Tjekero Tweya, het die

voordele benadruk wat plaaslike gemeenskappe uit die geopark sal trek.

Volgens hom moet die kwessie voorkeur geniet. Hy doen ’n beroep op die

ministerie van myne en energie om in

samewerking met die ministerie van

die omgewing, bosbou en toerisme die

wetgewing te bekragtig.

Hy sê: “Die ministeries praat nie met

mekaar om dinge tot voordeel van die

nasie te doen nie. So ontneem hulle

Namibiërs van die voordele van hul

natuurlike hulpbronne.”

Tweya het met ander komiteelede

saamgestem dat inwoners van die betrokke gebied genader, ingelig en vir

voorstelle van ’n gepaste naam vir die

geopark gevra moet word.

[email protected]

“Die ministeries praat

nie met mekaar om

dinge tot voordeel van

die nasie te doen nie.”

Tjekero Tweya

PARLEMENTSLID

Poppe dans in opvolgstryd

› Toivo Ndjembela en Jemima Beukes

Enkele dae ná die regerende party

se sentrale komitee die afgelope

Saterdag kandidate vir Swapo se

topampte gefinaliseer het, het

groot opspraak teen Woensdag

reeds geheers.

Mnr. Frans Kapofi het uit die bloute

die stryd gewonne gegee nog voor dit

begin het, terwyl mnr. Jerry Ekandjo

sy eie veldtog vir die visepresidentskap afgeskop het ondanks die feit

dat hy tydens die nominasieproses

uitgesak het.

Ekandjo het Saterdag 37 stemme

ontvang teenoor Kapofi se 46 en mnr.

Pohamba Shifeta se 57.

Ekandjo dui deur middel van ’n

skrywe deur sy prokureur, mnr.

Richard Metcalfe, aan dat hy hom

tot die hof sal wend as sy onregmatige uitskakeling – deur die pypkan van

reëls – nie ongedaan gemaak word nie.

Wysigings uit 2018 voorsien dat

net persone wat 20 jaar lede van die

party is en tien jaar lank in die sentrale komitee gedien het vir topposisies

oorweeg mag word.

Ekandjo het in 2012 as visepresident

en in 2017 as president van Swapo

gestaan. Dr. Hage Geingob was beide

kere die wenner.

Riemtelegramme wou dit hê dat

Shifeta moontlik ook sou kop uittrek,

wat net mee. Netumbo Nandi-Ndaitwah en Saara Kuugongelwa-Amadhila

op die kandidatelys sal oorlaat.

Dit is onbekend of reëls iemand soos

Ekandjo sal toelaat om die plek te vul

wat oopgeval het.

Mnr. Frans Kapofi FOTO ARGIEF

KAPOFI VERDUIDELIK

Volgens Kapofi het hy om verskeie

redes intussen ongemaklik oor sy

nominering geraak en die kwessies

met sy vrou en kinders bespreek.

Hulle het saam met hom gestem

dat dit die beste sal wees om terug

te staan.

Hy het aan die Namibian Sun verduidelik dat vier kandidate volgens

hom te veel is en dat hulle nie die diversiteit van die land weerspieël nie.

Drie is uit die Ohangwenastreek en

een uit Omusati.

Die feit dat hy minder stemme as

Shifeta ontvang het, het volgens

Kapofi ook ’n rol gespeel.

Hy het voorts aangevoer dat hy

weens die omstredenheid van die Helmut-wysigings nie beskou wil word

as iemand wat onregmatig op die lys

beland het nie.

Kapofi is deur sommige as Geingob

se gunsteling bestempel.

WAARSKUWING

Geingob het Woensdag amptelik die

kieswedloop oop verklaar en gesê

veldtogte moet in ’n gees van kameraadskap en eenheid gevoer word.

Smeerveldtogte en persoonlike aanvalle in die sosiale media en op ander

platforms is verbied. Wanneer omkoopgeld of geskenke in enige vorm

hande ruil om ’n sekere kandidaat te

bevoordeel, sal hulle uit die wedloop

geskop word, het dr. Albert Kawana

gesê.

Selfs diegene wat Swapo haat, stel

volgens Geingob belang in partysake

en die verkiesings se uitslag.

P:04

GET YOUR WALKING

SHOES READY FOR THE

NEXT WEFLEX WALK!

Prepare yourself for the

next season of wellness

in your life.

FOR MORE DETAILS CONTACT CHANTEL VAN WYK AT

[email protected]

23 SEPT 2022 07:30 NAMIBIA MEDIA HOLDINGS

THEME:

SCAN QR

CODE TO

RSVP

Ordinary and Extraordinary Namibians telling their stories

• Is there a definptpon of what makes a true hero?

• Is pt makpng spgnpficant decpspons?

• Standpng bold to help sow seeds of compasspon?

• Is pt someone that empowers communptpes?

OR

• Is pt spmply someone that makes a dpfference pn your lpfe?

SHOUS

NTV & 1UP2 : Saturday’s 18:30

Republikein, Allgemeine Zeitung, Namibian Sun pages:

Wednesday’s 17:30

oneuptwo.com

To advertise on this show contact: [email protected]

PROUDLY

SPONSORED BY:

› Iréne-Mari van der Walt

M

eer as vyf jaar ná die aanval

op die bejaarde Strzeleckiegpaar in hul huis op Swakopmund, sal daar na verwagting

vandag finale betoë in die saak

gelewer word.

Dít ná een van die beskuldigdes,

mnr. Fabianus Lazarus, se laaste

getuie verlede week aangedui het

sy is nie meer bereid om te getuig

nie. As gevolg van haar onttrekking

moes Lazarus se regsverteenwoordiger sy saak afsluit.

Mnre. Simon Shidute Jerobeam

en Lazarus staan op klagte van

moord en huisbraak tereg nadat

hulle na bewering die egpaar se

woning in Swakopmund met ’n

spaarsleutel binnegegaan en me.

Rosvietha Sieglinde Strzelecki (79)

verwurg het.

Die derde beskuldigde, mnr.

Daniel Stefanus, het in Februarie

2019 uit polisieaanhouding ontsnap

en is nog nie weer vasgetrek nie.

Mnr. Siegfried Strzelecki (81) is

ook beseer toe hy na bewering die

rowers betrap het en is dae later in

die hospitaal dood.

VERBANDE

Regter Christie Liebenberg het

gevra dat die regsverteenwoordigers in hul finale argumente moet

fokus op die verband tussen Siegfried se dood en die beserings wat

hy tydens die beweerde rooftog opgedoen het.

Die beskuldigdes het na bewering

voor die insident opknappingswerk

by die Strzelecki-woning gedoen.

[email protected]

4 NUUS Republikein Vrydag 16 September 2022

Die verhoor waarin twee mans

beskuldig word van die moord

op ’n bejaarde egpaar van

Swakopmond, se einde is in

sig.

Strzelecki-moordsaak

staan einde se kant toe

»Saak hervat vandag

Mnr. Fabianus Lazarus en sy regverteenwoordiger kort nadat sy saak gesluit is.

FOTO IRÉNE-MARI VAN DER WALT

Nuwe kuns pronk by Project Room

Die kunstenaar Urte

Remmert se jongste

solo-uitstalling,

Threads that Bind –

A colourful tapestry

of human interrelation, open vandag om

18:00 by die Project

Room-galery.

“Die kleurvolle drade

wat ek in my nuutste

kunswerke gebruik,

het dieselfde funksie:

Om mense te bind,

hulle te verbind, deurkruis en saam te knoop

tot ’n web van ervaring

en samehorigheid,”

vertel Urte oor dié versameling.

Die versameling portrette sluit in die

gesigte van diegene

wat ’n blywende impak

op die kunstenaar se

daaglikse lewe het,

asook dié van toevallige kennisse wat ’n

indruk op haar gelaat

het.

“Hierdie praktyk van

teken op handgemaakte papier, stik, knoop,

inryg, kombineer, weef

en sorteer, herinner

my aan die ligtheid van

kinderjare, sing, speel,

uitvind en dink,” voeg

sy by.

Threads that Bind

kan vanaf vandag

tot 1 Oktober by The

Project Room se uitstalruimte by Julius

Nyererestraat 30 in

Windhoek besigtig

word.

FOTO VERSKAF FOTO FACEBOOK

Die Strzelecki-egpaar. FOTO NAMIB TIMES

P:05

16 - 18 THIS WEEKEND SEPTEMBER 2022

HOCKEY NETBALL RUGBY

285 94 ONEUPTWO.COM

14:40 WAP vs WHK Gym NSSR Rugby League u14

15:50 Dr. Lemmer vs WHS NSSR Rugby League u14

16:50 WHS vs WAP Netball

20:00 WHK Gym vs Moria NSSR Rugby League u19

FRIDAY 16 SEPTEMBER

SUNDAY 18 SEPTEMBER

13:00 Dr Lemmer vs WHK Gym NSSR Rugby League u15

14:10 WHK Gym vs Moria NSSR Rugby League u19

15:30 WAP vs WHK Gym 2nd League Boys 1 & 2 place

17:00 WAP vs WHS NSSR Rugby League u19

09:20 WHK Gym B vs Elnatan B 3rd League Girls 1 & 2 place

10:50 St. Paul’s College vs WHK Gym 2nd League Girls 1 & 2 place

12:00 Dr. Lemmer vs WHK Gym NSSR Rugby FINAL u15

13:10 Pro-Ed vs Ella Dup Netball

14:00 WHK Gym vs WAP 2

nd League Boys 1 & 2 place

14:10 Walvis Bay vs WHS NSSR Rugby League u15

15:20 WAP vs WHK Gym NSSR Rugby League u14

16:40 WAP vs WHS NSSR Rugby League u19

18:00 St. Paul’s College vs WHS 1st League Girls 1 & 2 place

19:10 WHK Gym vs WAP 1

st League Boys 1 & 2 place

SATURDAY 17 SEPTEMBER

› Kristien Kruger

’nMan wat beweer

hy is verkeerdelik in hegtenis

geneem vir die moord en

verkragting van ’n vrou by

wie hy ’n kind gehad het,

eis miljoene van die staat.

Die oorledene is in Januarie 2017 onder ’n brug in

Katutura gevind en mnr.

Jerome Heyman (39) is

kort daarna in hegtenis

geneem.

Hy was in aanhouding

tot Augustus 2018 toe die

landdros sy saak van die

rol geskrap het.

Heyman eis N$3,9

miljoen van die ministerie

van binnelandse sake,

veiligheid en sekuriteit

vir sy beweerde onwettige

inhegtenisneming en aanhouding.

Partye het Woensdag in

die hoërhof in Windhoek

verskyn en die saak is tot

19 Oktober uitgestel vir

voorverhoorverrigtinge.

KWYTGESKELD

Heyman beweer terwyl hy

in aanhouding was, het hy

gehoor van ’n ander gevangene wat vir moord

en verkragting in hegtenis geneem is.

Volgens hom was dit

dieselfde moord waarvoor

hy in aanhouding was. Hy

het dit aan sy regsverteenwoordiger genoem.

Tydens Heyman se volgende hofverskyning is sy

saak van die rol geskrap

en is hy uit aanhouding

vrygelaat.

Die ministerie beweer

in hul pleitstukke dat die

saak nie in Heyman se

guns beëindig is nie, maar

eerder omdat die ondersoek nog nie afgehandel

is nie. Die aanklaergeneraal se besluit om

hom te vervolg of nie, was

ook nog nie bekend nie.

EISE

Heyman eis N$3,2

miljoen vir die onredelike

en onwettige inhegtenisneming en aanhouding.

Hy eis ’n verdere

N$500 000 vir verkeerdelike vervolging en ’n

bykomende N$200 000

vir die skending van sy

grondwetlike regte.

“Dit was onwettig en

onregverdig. Wat moet

ek eendag vir my kind

sê as sy oor haar ma vra?

Brenda [ oorledene] het

ook twee ander kinders

uit vorige verhoudings

en die familie het vir

hulle gesê ek het hul ma

vermoor,” lui Heyman

se verklaring wat hy

in April vanjaar by die

hoërhof in Windhoek

ingedien het.

Volgens Heyman, wat

tans na vier kinders

omsien, het hy ook sy

werk verloor terwyl hy in

aanhouding was en kon hy

nie weer ’n werk kry nie.

“Ek vra dat julle my

asseblief moet help en nie

toelaat dat ek en my gesin

op straat beland nie.”

Die ministerie beweer

Heyman is op redelike

vermoede in hegtenis

geneem en dat inligting

ontvang is wat tot sy inhegtenisname gelei het.

“Die eiser [Heyman] was

nie onwettiglik in hegtenis geneem of aangehou

nie en die verweerders

ontken enige aanspreeklikheid vir enige skadevergoeding wat geëis

word.”

[email protected]

Vrydag 16 September 2022 Republikein NUUS 5

Sonja Heroldt kuier môre in Namibië

Sonja Heroldt, die geliefde en ikoniese SuidAfrikaanse aktrise

en sangeres wat

bekend geword het

vir liedjies soos “Ek

verlang na jou”, “Harlekyn”, “Waterblommetjies”, “Skipskop”

en “Jantjie”, kuier dié

naweek in Namibië.

Sy lewer gereeld motiveringspraatjies in

Suid-Afrika, waar sy

haar lewenservaring

met sang kombineer.

Die Afrikaanse musiekliefling tree môre in

Windhoek en Otjiwarongo op ten bate van

die Kankervereniging

van Namibië (CAN).

Die dag skop om 09:00

af met ’n “oggend

van omgee” by die

krokodil plaas op Otjiwarongo. Kaartjies is

beskikbaar by 081 129

0445 of andi@iway.

na teen N$350 per

persoon. Verversings is

by die kaartjieprys ingesluit en ’n kontantkroeg sal beskikbaar

wees.

Sonja tree later die dag

om 18:30 vir 19:00 by

die Guesthouse Terra

Africa in Windhoek

op. Kaartjies hiervoor beloop N$500

per persoon, met kaas

en wyn ingesluit, en

is beskikbaar by 061

237 740 of projects2@

can.org.na. Gaste word

versoek om skemerkelkiedrag of semiformeel

aan te trek.

’n Man wat aangehou

is vir die moord en

verkragting van ‘n

vrou en later vrygelaat is, eis nou

miljoene.

Man eis miljoene ná

kwytskelding in hof

»Verkeerdelik vervolg, word beweer

TER ILLUSTRASIE FOTO ARGIEF

P:06

Bees Veiling

10H00|21 September 2022

» Geskik vir groot- en kleinvee na vermenging.

» Vermeng self onderhoud-,

produksie- en afrondlekke

met Droëveldkonsentraat,

energiebronne en sout.

» Verhoog algemene diereproduksie tydens droë

weidingtoestande.

» Verbeter kondisie van

vroulike diere en verhoog

vrugbaarheid.

» Verhoog massatoename

van jong, groeiende diere

op natuurlike weiding.

» Proteïen-, energie- en

mineraal-aanvulling vir

optimale diereproduksie

onder Namibiese weidingtoestande.

» Verminder speenskok en

massaverlies by kalwers.

DROËVELDKONSENTRAAT

“Die veeldoelige

konsentraat vir

herkouers”

Tel: +264 61 290 1300

Fax: +264 61 290 1313

[email protected]

www.feedmaster.com.na

Tollies / Heifers Mix 34.91

Tollies 35.97

Tollies Nguni 30.68

Heifers 33.27

Heifers Nguni 27.18

Store Oxen 31.44

Store Heifers 30.36

Slaughter Oxen 31.21

Slaughter Heifers 30.71

Cows Fat 31.09

Cows Medium 28.56

Cows Lean 25.06

Slaughter Bulls 28.09

Cows with Calves 13,675.00

Slaughter Sheep Dorper 37.73

Slaughter Sheep Fat Tails 37.89

Goat 1,311.00

Average Price/Kg

05 – 09 September 2022 LABTA MEATCO TERMS AND CONDITIONS

» All 0 fat grades with 1 and 2 conformation will receive the

announced price.

» Prices are only applicable for compliant cattle. Non-compliant cattle will receive the non-compliant price.

» Cattle deliveries that do not have the correct paperwork will

receive the Non-compliant Price.

» MEATCO reserves the right to limit the quantity of animals to

be delivered by the Producer per each grade.

» Conditions of purchase as per attached schedule A in

Meatco’s E-Newsletter.

» All prices VAT excluded

» NB! All premiums included.

BEEFCOR CONDITIONS

» Bulls are N$52.00/Kg

» Prices are for Conformation 3+

» Payment: 30 days from date of slaughter

JONGSTE VLEISPRYSE

Week 12-09-2022 Abattoir pryse

Abattoirs

MUTTON BEEF

Natural Namibia Meat

Producers

Meatco

Windhoek Meatco Katima Mulilo Beefcor Meat Suppliers

Grade Mutton Beef

Fixed Contract

(Above 180 Kg)

Beef Beef

Contract with

premium

Beef

(230-259 kg

CCM)

Beef

(200-229

kg CCM)

A0 60.87 60.00 30.00 30.00 58.00 55.00

A1 76.52 60.00 30.00 30.00 58.00 55.00

A2 78.26 60.00 42.00 43.13 58.00 55.00

A3 78.26 60.00 42.00 43.13 58.00 55.00

A4 69.57 60.00 42.00 43.13 58.00 55.00

A5 62.61 60.00 42.00 43.13 58.00 55.00

A6 62.61 60.00 42.00 43.13 58.00 55.00

AB0 54.78 60.00 30.00 30.00 58.00 55.00

AB1 69.57 60.00 30.00 30.00 58.00 55.00

AB2 71.30 60.00 41.00 42.13 58.00 55.00

AB3 65.22 60.00 41.00 42.13 58.00 55.00

AB4 65.22 60.00 41.00 42.13 58.00 55.00

AB5 59.13 60.00 41.00 42.13 58.00 55.00

AB6 59.13 60.00 41.00 42.13 58.00 55.00

B0 36.52 60.00 30.00 30.00 58.00 55.00

B1 61.74 60.00 30.00 30.00 58.00 55.00

B2 62.61 60.00 41.00 42.13 58.00 55.00

B3 62.61 60.00 41.00 42.13 58.00 55.00

B4 60.87 60.00 41.00 42.13 58.00 55.00

B5 58.26 60.00 41.00 42.13 58.00 55.00

B6 58.26 60.00 41.00 42.13 58.00 55.00

C0 35.65 60.00 28.00 28.00 54.00 50.00

C1 60.87 60.00 28.00 28.00 54.00 50.00

C2 61.74 60.00 40.00 41.13 54.00 50.00

C3 61.74 60.00 40.00 41.13 54.00 50.00

C4 60.87 60.00 40.00 41.13 54.00 50.00

C5 57.39 60.00 40.00 41.13 54.00 50.00

C6 57.39 60.00 40.00 41.13 54.00 50.00

› Elvira Hattingh

N

amibiese groenteboere word aangeraai om Franse

aartappel­variëteite te

beproef.

Dit kom nadat plaaslike

navorsing getoon het dat

die Barcelona­, Montreal­, Spunta­ en Rainbowvariëteite nie net in plaaslike toestande aanpas nie,

maar sommige selfs beter

oeste lewer as plaaslike

kommersiële variëteite.

In die Namibië Akkerbouraad se jongste nuusbrief is verduidelik dat

twee rondes proewe op

Franse aartappel­variëteite tussen Mei en September verlede jaar

gedoen is in plaaslike

groente­produksiesones

wat nie ’n groot risiko vir

ryp inhou nie, naamlik

in die noord­sentraal­,

Karst­, Kavango­ en

Zambezi­gebiede – op 13

proeflande.

VERGELYKING

Tydens die proewe is die

Franse­variëteite vergelyk met twee plaaslike

kommersiële variëteite,

naamlik Mondial en

Tyson. Die Barcelonaen Montreal­ variëteite

het beter oeste gelewer

as Mondial en het oeste

van onderskeidelik 67 ton

per ha en 61 ton per ha

gelewer, teenoor Mondial

wat in dieselfde toestande

net 60 ton per ha gelewer

het.

Die plaaslike kommersiële variëteit Tyson het

tydens die proewe ’n oes

van sowat 46 ton per ha

gelewer. Twee Fransevariëteite, naamlik Nicola

en Satis, kon nie beter as

hierdie variëteit presteer

nie en het tydens die

proewe onderskeidelik

net sowat 45 ton per ha

en 39 ton aartappels per

ha gelewer.

Boonop het die Montreal­variëteit beter in

Namibië presteer as selfs

in Frankryk: Plaaslik het

dit sowat 61 ton aartappels per ha gelewer, en in

Frankryk net 55 ton per

ha.

Die ander Franse­variëteite het swakker gevaar

6 AGRI MONITOR Republikein Vrydag 16 September 2022

Die Europese Unie (EU) se “diskriminerende optrede” teen die SuidAfrikaanse sitrusbedryf het die bedryf vanjaar R200 miljoen armer

gelaat. Daarom gaan die Sitruskwekersvereniging die EU nou voor

die Wêreldhandelsorganisasie daag, met die hoop dat hy volgende

jaar ’n beter seisoen sal hê. Die EU het op 21 Junie maatreëls ingestel om besmetting van die valskodlingmot te bestry. – Netwerk24

Berigte van ernstige omgewingskade is reeds ontvang ná die

ineenstorting van ’n uitskotdam by ’n verlate diamantmyn naby

Jagersfontein in die Vrystaat Sondag. Kort ná die ineenstorting

het water uit die dam wat met arseen besmet was, in die Rietrivier, een van die sytakke van die Kalkfonteindam, beland. Drie

mense het glo aan die vloedwater beswyk. – Farmers’ Weekly

EU kos SA sitrusbedryf R200 miljoen Boerderye word bedreig ná Jagersfontein-mynramp

Sommige Franse

aartappel-variëteite

het tydens plaaslike

proewe selfs beter

oeste gelewer as

plaaslike kommersiële

variëteite.

Franse aartappels

presteer plaaslik

»Baie te leer uit proewe

Bokboere beloon

by Keetmans-skou

› Monique Adams

Net ’n handjievol boere het verlede

week diere by die Keetmanshoopskou vertoon, maar organiseerders

was tog tevrede met bywoning en

kwaliteit.

Die skou se landbou­koördineerder, mnr. Antonius Losper, het die

beskeie opkoms aan die voortgesette

nasleep van die Covid­19­pandemie

toege skryf.

Sewe boere, die meeste uit kommunale gebiede, het 41 boerbokke

vertoon. Sommige boere kon volgens

Losper nie hul diere betyds skougereed kry nie.

Die Vleisraad het pryse ter waarde

van N$5 000 geborg en die Meatmaster Consortium N$10 000.

Die wenners was as volg:

Lesley Kienda – junior kampioenram, junior kampioenooi, reserwe

kampioenram, twee reserwe kampioenooie

Rabiado Ouarum – senior kampioenram, reserwe kampioenram

Kenneth April – senior kampioenooi

Mnr. Llewellyn Muenjo, landboubeampte op die dorp, het die interaksie

tussen kommunale en hervestigingsboere as uitstekend bestempel. Diere

se kondisie was volgens hom baie goed.

Die dorp se munisipale verkeershoof, mnr. Apollus Mutinga, het vir

die eerste keer diere geskou.

Muenjo sê die skou mik volgende jaar

vir “groter en meer”.

Volgens Losper sal ses maande se

hulp verleen word met die identifisering van skouvee en kenners en beoordelaars sal van buite betrek word.

Keetmanshoop se skoutema was

die ontsluiting van geleenthede deur

landbou en handel.

Die dorp se eerste skou het in 1959

plaasgevind.

Die //Kharasstreek se goewerneur,

me. Aletha Fredericks, het tydens die

skou se opening nywerheidsontwikkeling en werkskepping vir die dorp

en streek beklemtoon.

Me. Netumbo Nandi­Ndaitwah, adjunk­eerste minister en minister van

internasionale betrekkinge en samewerking, was die eregas. Sy het die

belang daarvan benadruk om met

skoue deur te druk ondanks uitdagings

– iets wat net moontlik is wanneer

almal saamwerk.

P:07

As a truly Namibian manufacturer, Feedmaster has been

providing Namibian farmers with high-quality livestock feed

with a variety of over 50 different

animal feed products since its establishment in 1983.

Feedmaster is invested in extensive research and is

intensively involved in organised agricultural activities in

Namibian through SME development, training and much

more. It is our mission to create optimal and economical

feeding strategies for everyone.

Feedmaster provides farmers with a variety of products for

cattle, sheep, goats, poultry, horses and even pet foods.

These goods are available countrywide making Feedmaster a

truly proud Namibian enterprise.

Vrydag 16 September 2022 Republikein AGRI MONITOR 7

Die ergste vloede in Pakistan in dekades skep voedseltekorte in

’n tyd wat die land reeds ’n finansiële krisis beleef. Reuters berig

groente- en vrugtepryse het die hoogte ingeskiet in markte oraloor dié land, aangesien die verwoestende vloede ná ongekende

moessonreënval, daartoe gelei het dat oeste weggespoel is en

voorsieningskettings ontwrig is. – Farmers’ Weekly

Voedselkrisis dreig in Pakistan

Plaaslike proewe toon dat Franse aartappel-variëteite soos Barcelona-, Montreal, Spunta en Rainbow in plaaslike

toestande aanpas met sommige wat selfs beter oeste as plaaslike kommersiële variëteite lewer. FOTO PIXABAY

› Elvira Hattingh

Hoë huurkoste, veediefstal, probleme met

water, dig bewoonde

landelike gebiede en

duur grond is enkele

van die faktore wat

vroueboere daarvan

weerhou om voorspoedig te boer.

Altesaam 15 vroue in

boerdery het onlangs

’n inligtingsdag aan

Windhoek se buitewyke

gehou om mekaar met

kennis te bemagtig om

hul boerderypraktyke te

verbeter.

Die tema van die dag,

wat op Brakwater aangebied is, was “As ’n vrou

bemagtig word, word ’n

familie bemagtig en waar

’n familie bemagtig word,

word ’n nasie bemagtig”.

Verskeie gassprekers het

die vroue toegespreek en

daar is oor talle onderwerpe gepraat, insluitend dieregesondheid,

geldsake en verskillende

boerderymetodes.

Die groep het bestaan uit

vroue wat nou betrokke

is in gewas­ en veeboerderye soos beeste, skape,

bokke, varke en pluimvee.

Die meeste is ontluikende

boere wat steeds leiding

nodig het.

BOERINNE

Een van die vroue was

Adelma Damases, wat

saam met haar man John

op die plaas Okorusu 88

in die Otjiwarongo­omgewing met bokke, skape,

beeste en pluimvee boer.

Hulle is ook mega­mielie­ en ­grasboere, wat

veevoer op grootskaal

vervaardig en deel vorm

van die regering se Namsip­program as saadprodusente vir die land.

Die egpaar het verlede

jaar 1 200 grasbale aan

droogtegeteisterde boere

in die Kunene­ en Erongostreek geskenk en ook

’n boeredag vir die Visionary Farmers­groep aangebied.

Nog ’n deelnemer was

Roswitha Brendell, ’n

voedselwetenskaplike

in wording en medestigter van Wellance Lifestyle Investment buite

Windhoek, wat streef

om gesonde en voedsame

produkte te ontwikkel en

die voedselverwerkingsbedryf in Namibië te verbeter en te bevorder.

Brendell sê op hul grond

val die fokus op voedsel

van goeie gehalte, terwyl

hulle hul navorsing op

kostedoeltreffende verwerkingsmetodes skoei.

“Ons het ’n navorsingstuin in Brakwater waar

ons verskeie plante plant,

soos onder meer kruie en

groente wat mekaar komplementeer. Ons verkoop

ook kruiesaailinge om ons

navorsing te finansier.

“Buiten vir gewasverbouing, boer ons ook met

bokke en skape op ons familieplaas, Tuxab East,”

het sy gesê.

Beide Damases en Brendell het hul ervaring in die

landboubedryf met die

vroue gedeel en ook van

ander geleer.

Brendell het gepraat

oor metgesel­planting,

grondvoorbereiding en

die benutting van kruie

soos suurlemoengras,

basiliekruid, roosmaryn

en boragie.

Die afgetrede verpleegster Elizabeth Doeses

het aanvanklik die groep

op WhatsApp begin. Dit

bestaan uit sowat 50

vroue in landbou vanaf

agt streke in die land.

[email protected]

Altesaam 15 vroue in boerdery het onlangs ’n inligtingsdag aan die buitewyke van Windhoek gehou om mekaar met kennis te bemagtig om hul

boerderypraktyke te verbeter. FOTO VERSKAF

as in Frankryk, maar die

afwykings vir die Barcelona­, Sputna­ en Rainbowvariëteite was minimaal.

Die Akkerbouraad

beveel dus die Barcelona­,

Montreal­, Spunta­ en

Rainbow­variëteite vir

groenteboere aan, om

die plaaslike variëteite te

komplementeer wat gewoonlik vanuit Suid­Afrika ingevoer word.

Die tweede proefneming

is deur die NAB gedoen,

in samewerking met

die Franse maat skappy

Comptoir Du Plant wat

die saad voorsien het,

asook die Universiteit

van Namibië (Unam), wat

tegniese ondersteuning

asook die grond verskaf

het. – [email protected]

VROUE IN LANDBOU LEER EN INSPIREER MEKAAR

P:08

8 FOKUSARTIKEL Republikein Vrydag 16 September 2022

Kenners meen Namibiërs se uitdagings met drank is vervleg met ’n

kultuur van sosialisering wat

wyd amok kan saai wanneer kuier geen brieke

ken nie.

Drank: Duiwel of vriend?

»Kenners gee hul mening

“In Namibië sê ons maklik bier vloei

deur ons are. Bier is grootliks deel

van wie ons is, maar ek dink ons

moet realisties wees.

“Ons het ’n onverantwoordelike en oningeligte verhouding met drank,” sê Adam

Labuschagne, ’n maatskaplike werker en

verslawingspraktisyn van Erongo Social

Services.

Die teenpool hiervan is voortgesette en

verbete pogings deur die plaaslike drankbedryf om verantwoordelike gebruik te bevorder, saam met veldtogte vir veral padveiligheid.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se jongste alkoholstudie

wat in 2018 uitgereik is, is Namibië vyfde

op die lys van Afrikalande met die hoogste

alkoholinname.

Namibië is in 2016 wêreldwyd aangewys

as die land met die tweede hoogste bier-inname (108 liter bier per persoon), maar het

in 2020 tot die agtste posisie geval met 83,4

liter per persoon.

Labuschagne sê alkohol is onlosmaaklik

deel van die Namibiese kultuur om sosiaal

te verkeer.

“Ons kultuur is so verweef met ons tradisies en persoonlike identiteit, maar soos

liefdadigheid begin dit by die huis. Ek dink

ons moet begin kyk na die groter prentjie –

ons paaie lê vol wrakke en ons begraafplase

is vol slagoffers.”

In ’n land met groot ekonomiese ongelykhede, meen Labuschagne juis die mees behoeftiges trek aan die kortste end.

“Veral onder armer bevolkingsgroepe is

drank die groot dwelmmiddel. In ons inheemse kulture word alkohol self gemaak en

in die landelike gebiede kry jy nie ‘designer

drugs’ nie, dus is alkohol beskikbaar,” sê hy.

DRANK OP ONS PAAIE

Die Namibiese Motorongelukkefonds

(MVAF) glo Namibiërs se ongesonde verhouding met alkohol is een van die grootste gevare op openbare paaie.

“Dronkbestuur is een van die grootste risikofaktore in ongeveer 27% van alle beserings op ons paaie. Dit is ook ’n openbare

gesondheidskwessie wat nie net die padgebruikers wat drink raak nie, maar ook onskuldige padgebruikers en voetgangers, sê

› Iréne-Mari van der Walt

JOERNALIS

e-pos: [email protected]

die fonds se hoof van korporatiewe sake,

Surihe Gaomus-Guchu.

Ingevolge die wet mag persone wat onder

die invloed van drank of enige onwettige

dwelmmiddels in ’n motorongeluk betrokke

is, nie ’n eis by die MVAF indien nie.

Passasiers en voetgangers wat nugter was

toe die ongeluk plaasgevind het, asook afhanklikes van roekelose bestuurders, mag

steeds voordele, soos finansiële vergoeding

van die fonds eis.

VERSLAWING

“Mense sien eers alkoholprobleme as dit te

laat is, waarskynlik omdat ons gekondisioneer is om te dink alkohol is aanvaarbaar,”

sê Labuschagne.

“In elke mens wat met verslawing sukkel se

lewe, is daar tye waar die persoon sal wonder

of hulle ’n probleem het. Daardie oomblikke

kom en gaan redelik vinnig afhangend van

die kultuur. In Namibië is alkohol meer aanvaarbaar en verweef met die idee van manlikheid, so daardie oomblikke kan vinnig

verbygaan.”

Labuschagne sê nie net alkoholiste moet

hul drinkgewoontes dophou nie. Hy sê probleemdrinkers skuil in vele gemeenskappe.

“’n Baie fyn lyn bestaan tussen dié twee,”

benadruk hy. Alkoholisme veroorsaak onttrekkingsimptome, wat beteken die liggaam

is letterlik verslaaf.

GENERASIES DEUR ALKOHOL GERAAK

Labuschagne sê ’n ongesonde verhouding

met drank kan individue vir generasies

teister.

“Trauma is ’n reusefaktor waaroor

niemand praat nie. Namibië het talle mans

wat in die grensoorlog geveg het wat die

volgende generasie grootmaak. As gevolg

van hul eie traumatiese ervarings, traumatiseer hulle soms hul kinders op ander

maniere en so moet elke generasie hulself

verdoof,” sê hy.

’n Windhoekse sielkundige berader,

Leraska Steenkamp, sê die geweldige rol

wat ouers in ’n kind se lewe speel, moet nie

onderskat word in gesprekke oor alkoholgebruik nie.

“As ’n ouer te veel drink, kan dit veroorsaak

dat kinders verantwoordelikhede aanneem

wat nie gepas is vir hul ouderdom nie. Dit

kan lei tot gevoelens van woede en wrokke

weens die feit dat hulle op ’n jong ouderdom

verwerp kan voel.

“Hierdie ervaring kan mense op talle

maniere in hul volwasse lewens beïnvloed.

Dit kan veroorsaak dat hulle ongesonde

verhoudings uitsoek, in dieselfde patrone

as hul ouers verval en selfs dieselfde tipe

ouer word,” sê sy.

DIE VERSKIL

Labuschagne reken veldtogte vir verantwoordelike drankgebruik kan mense psigies

kul indien dit bloot gelukkige samesyn

naboots.

“As almal rondom jou ’n bier geniet, wil jy

nie die heeltyd met ’n koeldrank in jou hand

staan nie,” voer hy aan.

Steenkamp glo die kernoorsake moet behandel word eerder as die simptome. Alkoholiste kan volgens haar baie maklik weens

die geringste sneller terug op die verkeerde pad beland.

Sy sê kinders wat alkoholisme in hul ontwikkelende jare in gesinsverband ervaar,

kan vir die res van hul lewens emosioneel

en op ander vlakke kwesbaar wees.

Eggenote word volgens Steenkamp ook

diep geraak deur alkoholisme of onverskillige drinkgewoontes.

“Daar is geen manier om verby alkoholprobleme in ’n gesin te kom nie,” sê sy. Emosionele ruimte is vir genesing nodig en Steenkamp sê gesinslede moet die verlede aanvaar

en eerlik, asook deur veiligheid en stabiliteit te skep, konstante verbetering najaag.

TYD VIR VERANDERING

Labuschagne sê ondersteuning is van kardinale belang om Namibië se alkoholprobleem hok te slaan.

“Ons moet besef niemand vra om ’n alkoholis te word nie,” sê hy.

Indien jy vermoed iemand het ’n verslawingsprobleem, is daar volgens hom ’n eenvoudige, maar doeltreffende toets: “Vra

hulle om op te hou. As jy glo iemand mag

verslaaf wees aan skinder, vra hulle om vir

’n sekere tyd op te hou,” raai hy aan.

Hy glo die tyd het aangebreek vir Namibië

om introspeksie te doen oor waar ons as ’n

land en as individue met drank staan. Hy

stel ook navorsing oor verantwoordelike

alkoholgebruik voor.

Steenkamp sê persone wat hul drinkgewoontes wil verander, moet moeite doen om

die kern van die probleem te besef.

“Mense drink om iets anders te sus; so

hulle sal die harde werk moet insit om agter

die kap van die byl te kom. Stokperdjies wat

’n persoon as kind geniet het, kan volgens

haar ’n goeie beginpunt wees wanneer

iemand hul gewoontes wil verander.

“As kinders weet ons waarvan ons hou

en waarvan ons nie hou nie, maar daardie

lyne raak dowwer soos ons ouer word en

die wêreld vir ons sê waarvan ons moet hou.

Ek dink ook mense moet vrede maak met

die feit dat hulle nie van alles gaan hou nie.

Hulle moet soveel nuwe dinge moont lik

probeer en dit los waarvan jy nie hou nie,”

sê sy.

Monitor jou alkoholgcbruik

Die persentasie alkoholinhoud in drankies verskil.

Die volgende word elk as een drankie getel:

340 ml bier of

appelwyn (sider)

140 ml wyn 85 ml soetwyn 45 ml sterk drank

Bron: Adam Labuschagnc, Erongo maatskaplikc dicnstc

IS JY VERSLAAF?

Vra jousclf dic volgcndc vrac af:

• Hct ck al ooit daaraan gcdink om my innamc van

alkohol tc vcrmindcr of tc stop?

• Vocl ck ontstcld wannccr mcnsc na my gcbruik

van alkohol vcrwys?

• Vocl ck skuldig oor my gcbruik van alkohol?

• Ervaar ck onttrckkingsimptomc as ck alkohol vir

’n tydpcrk uitsny?

Indicn jy “ja” gcantwoord hct op hicrdic vrac, mag

dit dic mocitc wcrd wccs om jou alkoholgcbruik dop

tc hou.

“... ons moet begin kyk na

die groter prentjie ...”

Adam Labuschagne

MAATSKAPLIKE WERKER

FOTO TER ILLUSTRASIE/UNSPLASH

P:09

Vrydag 16 September 2022 Republikein PRAAT SAAM 9

Praat saam [email protected]

Sit “lesers” vooraan en SMS na 51500 (N$3/160 karakters)

WhatsApp 0811 7000 10

SPOTPRENT

Ek het nog altyd gedink dat

as die mense van hemel op

aarde praat, dit sommer ’n

sêding is, maar onlangs moes

ek tot my skok uitvind dat

daar rêrig so iets bestaan.

Dit was toe ek in ’n koerant

’n boekie ontdek het wat

alles op hierdie aarde te koop

aanbied. Dit is nie soseer

die goedere wat aangebied

is wat my aandag getrek het

nie, maar hoe dit beskryf

is. Al hierdie goeters is te

wonderlik vir woorde. En

dan wissel dit van ’n flitslig

wat uitsonderlik betroubaar

en taai is, tot ’n kombuiskêr

wat ongelooflik is. Met trane

in my oë vra ek u hoe kan

’n skêr ongelooflik wees? ’n

Skêr is mos ’n skêr wat ’n

gewone mens gebruik om

iets mee te knip. Maar ’n

mens wat smag na hemel op

aarde, gebruik seker hierdie

ongelooflike skêr.

Dié boekie is natuurlik die

redding vir die kaaskopbok.

Ek weet nie hoe enige mens

op hierdie planeet ooit kon

koskook sonder hierdie boekie se toestelle nie. Met dié

boekie in jou hand en nadat

jy ’n paar van die toestelle

aangeskaf het, staan niks in

jou weg om die beste kok in

die wêreld te word nie.

Ek moet darem bieg en erken

dat ek nie ’n ketel in die boekie kon vind wat waarborg

dat dit nie water sal verbrand

nie.

Daar is ’n masjien wat die

“kombuiswonder” genoem

word. En glo my – dit is ’n

wonder! Dit maak perfekte

skyfies, spaar ure se geswoeg

voor die kospotte en ongelukkig kan ek nie sy deugde

verder beskryf nie, want ek

verstaan dit nie. En dan is

daar die pan vir perfekte

pasteie. Eeue lank, sê die

boekie, kon die wêreld se

beste kokke dit nie regkry om

die perfekte pastei te bak nie,

maar met hulle pasteipan is

dit egter ’n ander saak. Elke

keer volmaak.

En dan is daar die kookgoeters wat almal fantasies is

en daarby gesond. Een so ’n

stel potte waarborg dat jy

sommer maklik die heerlikste Franse kos daarin kan

voorberei. Ek wonder of ’n

mens ’n kookboek nodig het.

Miskien weet hierdie potte

reeds hoe om Franse kos te

maak.

En dan is daar die nuwe

wêreld wat jy kan ontdek.

Die wêreld van natuurlike,

gesonde en voedsame kookgewoontes. Jou geregte sal

vitamiene en voedingstowwe

behou en elke keer perfek

smaak. Dis baie maklik. Jy

bestel net ’n sekere stoompot

uit hierdie boekie.

Dit is net die begin. Daar

is nog dinge soos ’n radio

vir die bad, ’n oefentoestel

wat jou sommer gou-gou

in ’n Adonis of Mej. Wêreld

verander, ’n besem wat alles

kan doen, behalwe om tee

te maak, ’n kombers wat jou

soos ’n droom laat slaap en

’n ding wat sal maak dat jy

perfekte gholf speel.

Ek wonder nou regtig of die

mense wat die byskrifte in

hierdie boekies beskryf, dink

alle gewone mense sal al dié

bog glo. Moet so wees, want

ek weet daar is mense wat

mal is oor hierdie boekies en

bestel wat voorkom.

Ek weet my vriende, die

Terblanche-broers, Neville en

Neil van Walvisbaai, is erger

oor hierdie boekies as ’n

plaaskind oor ’n winkelstoep.

Toe het ek maar my boekie

vir hulle gestuur. Dit was

nadat ek daardie rewolusionêre broekiekouse bestel

het, want ek het gehoor hulle

stuur die bok saam wat die

kouse op die prentjie in die

boekie dra.

– 1 September 1992

SÊ MAAR NET 30 JAAR GELEDE WIL JY REAGEER? [email protected]

BYBELSE WYSHEID

WOORD VAN DIE WEEK

monarg s.nw., monarge. Iemand

wat gewoonlik deur erfreg en

tot sy of haar dood regeer, óf as

alleenheerser met oppermag, óf

as heerser met konstitusioneel

beperkte mag wat slegs in naam

oppermag het, met ‘n titel wat van

land tot land verskil, bv. koning,

tsaar, sjah of sultan. Die Britse

vors is ‘n grondwetlike monarg,

d.w.s. hy heers volgens die wette

wat deur die parlement neergelê

word en sy reg op die troon word

ook deur die parlement beheer.

(L. Eksteen, vertaal: WêreldEnsiklopedie, 1977, 136)

20 JAAR GELEDE...

DR. ANNES NEL

Jakobus 2:10: “As iemand die hele

wet onderhou, maar in een opsig

struikel, is hy skuldig ten opsigte

van al die gebooie.”

Die grappie kom uit ’n studentetydskrif: Jy sal eksamen skryf. Die

vrae sal nie ’n probleem wees nie.

Die antwoorde sal die probleem

wees.

Niemand hou van eksamen nie.

Dit gaan alles oor prestasie. Sal ek

slaag of druip?

Sommige mense dink dat God ook

kyk of ons slaag of misluk. As jy

ten minste bo 50% kry vir die Tien

Gebooie, staan jy ’n goeie kans om

in die hemel te kom?

Volgens Jakobus duidelik nie. Elke

deel van God se wet is van gelyke

waarde. Wie dus op die wet vertrou

om gered te word, is in ’n doodloopstraat.

Jesus is die weg na die Vader. Wie

in Hom glo, word ook deur God as

volkome gehoorsaam beskou.

Gaan jy aanhou probeer om jouself

te red? Of gaan jy rus in die verlossing wat reeds vir jou bewerk is?

MAANDAG 9 SEPTEMBER 2002

• Teen gisteraand moes die organiseerders van die protesoptog

van die Jeugbrigade na Staatshuis

opgesluit wees en President Sam

Nujoma het opdrag gegee dat

enige persoon wat die jeugbendes

gehelp het om in Windhoek te

kom, saam met hulle opgesluit

moet word.

• Geen onteiening van plase sal

sonder meer plaasvind nie, maar

kommersiële boere moet kennis

neem dat die regering op aanbiedinge wag.

DINSDAG 10 SEPTEMBER 2002

Eerste minister Theo-Ben Gurirab

het gister tydens ’n besoek van

die Statebond se sekretarisgeneraal, mnr. Donald McKinnon,

weer gesê dat die regering, land

en streek nie ’n herhaling van die

Zimbabwe-situasie in Namibië

kan bekostig nie.

WOENSDAG 11 SEPTEMBER 2002

President Robert Mugabe van

Zimbabwe se grondhervormingsbeleid is gister by die Statebond

se parlementêre konferensie vir

die eerste keer deur die Karibiese

eiland, St. Lucia, in Windhoek

op die agenda geplaas en in die

openbare arena veroordeel.

• Honderde inwoners van Usakos het gister in ’n vreedsame

optog na die polisiestasie op die

dorp beweeg en gepleit vir die

inwoners se samewerking in die

bekamping van misdaad en gevra

dat tronkstraf van tot 50 jaar vir

enige aanvalle op buitelandse

besoekers opgelê word.

DONDERDAG 12 SEPTEMBER 2002

Rolspelers in Namibië se visverwerkingsbedryf het gister ’n

laaste waarskuwing gekry dat rooi

kaarte teen ongeoorloofde spel

uitgereik gaan word.

VRYDAG 13 SEPTEMBER 2002

Gewapende mans het gister met ’n

buit ter waarde van meer as N$100

000 in die vorm van kontant, vuurwapens en goedere weggekom in

twee waaghalsige rooftogte in die

sentrale kusgebied.

• Die landswye staking deur werkers van TransNamib kan die rem

van die karwei-reus aandraai, sou

daar nie gehoor gegee word aan

eise wat deur die vakbond Natau

gestel word nie.

Wonders oor die pos

Constant Smit

LAG SAAM

Skoongrappies.com

Twee blondines met inkopiesakke

klim van ’n bus af. Hulle sê tot siens

vir mekaar en vertrek in teenoorgestelde rigtings, toe een oor haar

skouer vir die ander een roep: “Ek sal

jou bel sodra ek tuis is.” ’n Oomblik

later roep sy, nou harder: “Nog ‘n

beter plan – bel jy my wanneer jy tuis

kom, jy sal vinniger tuis kom as ek.”

• • •

Wyshede vir die week, van Amerikaanse komediant Joan Rivers:

Jy weet jy word oud wanneer werk

baie minder pret is en pret baie meer

werk is.

• • •

Van PieterR:

Ek sê hierdie week vir Pietman

(graad 1) om sy tas agter in die kattebak te sit anders breek hulle in en

steel dit. Hy reken toe: Dan het hulle

tog huiswerk.

• • •

‘n Paar diep gedagtes:

Jou gewete mag jou miskien nie keer

om sonde te doen nie, maar dit verhoed ten minste dat jy dit geniet.

Het jy dit al oorgekom dat jy vriendelik en vol oorgawe groet en dan heel

onverwags ’n halfhartige reaksie kry,

of selfs ’n kyk wat duidelik sê: “Ons

ken nie mekaar nie”, wanneer jy seker

is dat dit jou vriend of vriendin, of

minstens ’n goeie kennis is? Dit was

tien-teen-een omdat dit iemand is

wat baie soos die ander persoon lyk –

hulle kan selfs ’n tweeling wees!

En as dit eers met jou gebeur het,

kan jy dalk daarna huiwerig wees om

daardie vriend (of sy dubbelganger!)

te groet. Met woorde werk dit soms

ook so – dat jy huiwerig is om die een

te gebruik omdat jy nie seker is of jy

dalk eerder die soortgelyke een moes

kies nie.

Soms is die huiwering gegrond, maar

soms is dit heeltemal onnodig om so

oorversigtig te raak. Want sien, as

jy nou eers die ander helfte van die

(sogenaamde) tweeling ontmoet het,

ken jy mos ook daardie een!

Taal is absoluut fassinerend, want

soms is daar regtig twee (soortgelyke) woorde wat dieselfde beteken –

soos hul en hulle en soos onsmaaklike

weer wat beskryf kan word as ongure

weer, maar net so goed ook as gure

weer. En dieselfde is ook waar van

hoort en behoort. Die pen hoort/

behoort aan my. Die twee mense

hoort/behoort by mekaar. Sy hoort/

behoort haar te skaam dat sy so jok.

Laasgenoemde gebruik veronderstel

’n verpligting. So, ons sê nie “Hy

behoort te wen” nie, maar eerder: Hy

sal waarskynlik wen.

Petronella F Genis

Vakgroep Afrikaans

Universiteit van Namibië

[email protected]

ONS TAAL

Hoort of behoort jy?

Wie sien om na ons mooi stad se robotte? Sommige werk glad nie, ander

hang al vir weke skeef. By ander is

van die ligte dood. Dis nie net gevaarlik nie, maar skep ‘n uiters swak,

onversorgde indruk van ons stad.

Waar gaan al die miljoene belasting

wat ons inwoners betaal heen? Dis

hoog tyd dat ons stadsraad sokkies

optrek en hul werk behoorlik doen,

want Windhoek is aan die verval. En

dis weens onbevoegdheid.

Ek dink van ons telekommunikasiemaatskappye maak hope geld

en winsgrense behoort ‘n geringe

bydrae soos een en ‘n half sent uit

die dollar tot die Universele Diensfonds (USF) toe te laat. As daar in

beginsel ‘n kwessie is oor hoe die

heffing bereken is, kan daar mos al

lankal buite die hof tot ‘n vergelyk

gekom word? Maar so is daar steeds

nie ‘n dooie duit in die fonds wat ontwikkeling deur middel van die uitrol

van moderne kommunikasiedienste

moet ondersteun nie. Kruip ons in

hierdie land te maklik agter tegniese

struikelblokke weg eerder as om

oplossings te vind? En dit geld nie

net vir die telkombedryf nie?

WHATSAPP

P:11

Vrydag 16 September 2022 Republikein SPORT 11

SPORT FIXTURES

FRIDAY 16 September, 2022

Golf at Windhoek Golf & Country Club

Drought Relief Namibia Annual Golf day

SUNDAY 18 September, 2022

Netball Namibia MTC Premier League, at

Walvis Bay Kuisebmond

Afrocat Lions vs Blue Waters 09:00

Tigers vs Northern Fly Ballers 10:30

Eleven Arrows vs Young Stars 11:45

Namibia Correction Services vs

Navy 13:00

SATURDAY 17 September, 2022

ICC Cricket World Cup League 2, Port

Moresby, PNG

Tennis in Olympia

Trustco Junior Tournament (day 1 of 3) at

the courts of Central Tennis Club, SKW

and Nampol.

Netball Namibia MTC Premier League

Walvis Bay Kuisebmond: Mighty

Gunners v Afrocat Lions 11:00

Walvis Bay Kuisebmond: Eleven

Arrows v Grootfontein 12:30

Walvis Bay Kuisebmond: Blue

Waters v Tigers 13:45

Walvis Bay Kuisebmond: Navy vs

Young Stars 15:00

Patrick Iyambo College: Nam

Correctional Services v Rebels 16:20

Running at Swakopmund

OTB Events present 3rd Standard Bank

Dunes Xtrail, from 08:00–12:30 at Tiger

Reef. Distances 7 km or 16 km. Entries

have closed.

Running east of Windhoek

Gondwana Collection Namibia present

its first Moonraker Ridge Trail Run, near

Kappsfarm. Routes of 20 km, 10 km or 5

km through riverbeds, valleys and hills.

Start at 07:00 at Moonraker Outdoor Adventure Rest Camp. Finish at Moonraker

Outdoor Adventure Rest Camp. Entries

have closed.

Hockey, NSSU national league FINALS,

at Windhoek Gymnasium

Girls Second League bronze final:

Pro-Ed v St. Georges’ 08:00

Girls Third League cup final: Whk

Gymnasium B v Elnatan 09:30

Girls Second League cup final: St.

Paul’s College v Whk Gym 10:50

Girls First League bronze final:

WAP vs Whk Gymnasium 12:20

Boys Second League bronze final:

St. George’s v Private School

Swakopmund 14:00

Boys Second League cup final: Whk

Gymnasium v WAP 15:40

Girls First League cup final: St.

Paul’s College v WAP 19:10

Running at Karibib

8th QKR Navachab Gold

half-marathon 07:30

United Rugby Championship

Stadio Sergio Lanfranchi: Zebre v

Leinster 14:00

Cardiff Arms Park: Cardiff v

Munster 16:05

Johannesburg: Emirates Lions v

Vodacom Bulls 16:05

Parc y Scarlets: Llanelli Scarlets v

Ospreys 18:15

The DAM Health Stadium:

Edinburgh v Dragons 20:35

Kingspan Stadium: Ulster v

Connacht 20:35

Rugby Championship

Buenos Aires: Argentina v

Springboks 21:10

Schools rugby, Standard Bank League

semi-finals, Hage Geingob Stadium

U19D, M&K Gertze II v Rehoboth I 08:00

U15B, Okahandja Schools v Pro-Ed

Academy 09:20

U19C, Grootfontein Rugby I v KPS I 10:20

U19B, SSS I v Windhoek

Gymnasium II 11:40

U19B, Dolphin Schools I v WHS II, 13:00

U15A, Walvis Bay v WHS A 14:20

U19A, PSG Pro-Ed I v Dr Lemmer I 15:20

U19 Super League, KMC One

Construction Whk Affies I v

Samsung WHS I 16:40

Schools rugby, Standard Bank League

Semi-finals, Hage Geingob Stadium

U19D, Dawid Bezuidenhout I v

HTS II 13:30

U14A, WAP U14 v Windhoek

Gymnasium A 14:50

U14A, Dr. Lemmer v WHS A 15:50

U15B, Grootfontein SS v M&K

Gertze 16:50

U15A, Dr. Lemmer v Windhoek

Gymnasium 17:50

U19C, Grootfontein SS I v HTS I 18:50

U19 Super League: Schoemans

Group Whk Gymnasium I v OK

Foods Moria I 20:10

Football, English Premier League

Molineux Stadium: Wolverhampton

Wanderers v Manchester City 13:30

Amex Stadium: Brighton v Crystal

Palace 16:00

St. James’ Park: Newcastle v

Bournemouth Postponed

Tottenham Hotspur Stadium:

Tottenham Hotspur v Leicester City 18:30

Football, English Premier League

Gtech Community Stadium:

Brentford v Arsenal 13:00

Old Trafford: Manchester United v

Leeds Postponed

Goodison Park: Everton v West Ham 15:15

Stamford Bridge: Chelsea v

Liverpool Postponed

Squash at Wanderers Club, Pionierspark

BDO Namibia Open Squash championship (day 2 of 3). Friday 09:00–21:30; Saturday 08:00 till approximately 18:00. Boxing, international boxing

T-Mobile Arena, Las Vegas: WBC, WBO,

WBA, IBF super middleweight titles,

Canelo Alvarez (Mexico, 57-2-2, 39 KOs)

v Gennadiy Golovkin (Kazakhstan, 42-1-1,

37 KOs)

ODI: Namibia Eagles v USA

From 02:00 (Namibian time)

Akkuraatheid tel

teen RSA se bestes

»Jaggeweerskiet

› Tielman van Lill

Sestien uitgesoekte skuts van

die Namibiese Jaggeweerskietvereniging (NHRSA) neem tot

Sondag naby George in die SuidKaap teen die Proteas aan die Eden

Ope deel.

’n Nasionale span, ’n .222/.223-span

asook Presidentspan sal die Namibiese aanslag teen Suid-Afrika se room

aanvoer.

Die spanne:

Nasionale span: Francois Marais

Francois Marais is een van die Nami biese spanlede. FOTO ARGIEF

Rathenam eerste oor

wenstreep in Engeland

»Aquathlon

K

eanet-Peter Rathenam (17), ’n

graad 11-leerder aan St. Paul’s

College in Windhoek, het afgelope Saterdag met groot sukses aan

die GoTri Colwick Park Challenger

aquathlon in Birmingham, Engeland

deelgeneem.

Die aquathlon behels ’n 400 meter

swem, gevolg deur ’n 2.8 km draf.

Rathenam was die jongste inskrywing in die mans ope resies en het

in 17 minute 59 sekondes gewen,

wat volgens die organiseerders die

Keanet-Peter Rathenam op pad na sy oorwinning in Nottingham naby Birmingham. FOTO VERSKAF

vinnigste tyd nóg oor die betrokke

roete is.

Rathenam sê hy hoop om aan meer

aquathlons deel te neem, nadat hy in

Januarie vanjaar ook die mans opeafdeling van Namibië se eerste aquathlon gewen het.

“My reis is gereël en moontlik

gemaak deur die Namibiese Triathlonfederasie, wat my genooi het

ná die kompetisie wat ek in Januarie gewen het.

“Die omstandighede in Birmingham was baie gunstig, met koel bewolkte weer en ’n aangename watertemperatuur.

“Ek hoop dat met die steun van

borge meer gereeld sulke swem-enhardloopbyeenkomste in Namibië

aangebied kan word.”

Rathenam is ook ’n kompeterende swemmer vir Dolphin-swemklub

en sê hy vaar beter oor die korter afstande. “Ek neem ook graag as die

swemlid deel vir triathlon-spangeleenthede.

senior, Strydom van der Wath,

Morné Louw, Michael Barlow, Francois Marais junior en Luandre

Benade.

.222-.223-span: Johan Wessels,

Wittes Marais, Francois Marais

senior, Worsie Marais junior, Tabby

Barnard, Strydom van der Wath en

Ferdinand Schnaitmann (reserwe).

Presidentspan: Johannes Marais,

Wilhelm Loubser, Hermanus du

Toit, Bradley Jarmann, Marius Louw,

Stefan Louw en Basjan van der

Merwe.

P:12

NAMIB CHARCOAL 5KG BAG

+ BLITZ FIRELIGHTERS 12’s

Both for

EAGLE LAGER BEER

750ML BOTTLE

EACH

N$1299

WINDHOEK DRAUGHT BEER

6x 440ML BOTTLE

N$6499

Valid until

Saturday,

17 September

2022

E&OE

N$69.99

BRAAI COMBO

SPEELTYD ...

DOEN DIT

NOU!

15 September 2022

17 September 2022

B’s & V’s geld

SMS die woord DSTV met die wenspan se

naam en jou telling na 51500 en wen dalk

Elke SMS tel vir DStv-intekenare as ’n

inskrywing vir 2022 se seisoensprys van

10 000

N$

1 000

N$

N$3/SMS

OOP VIR ALMAL

DStv-INTEKENARE

Wenspanne se tellings

moet reg wees. Die

verloorspan se telling mag

met tot 5 punte verskil.

ARGENTINIË vs

vs NIEU-ZEELAND

SUID-AFRIKA

AUSTRALIË

12 SPORT Republikein Vrydag 16 September 2022

Sport Rathenam eerste oor wenstreep in Engeland 11

Die eerste van vier

wedstryde in PNG het

puik begin vir kaptein

Gerhard Erasmus en

sy manne.

Eagles gee die VSA sy eerste bloedneus

»Krieket

› Tielman van Lill

D

ie VSA se krieketspan was gisteroggend nog vuur

en vlam nadat hulle die

Namibiese Eagles in die

verre Port Moresby, hoofstad van Papoea-NieuGuinee, vir ’n oënskynlik

middelmatige 176 lopies

in 48.3 boulbeurte uitgeboul het.

Die Namibiese grofgeskut het egter binne 31.5

bb die VSA-kolflys vir net

97 almal uitgeboender –

Bernard Scholtz het die VSA-kolwers gister groot

probleme besorg. FOTO JW PRINSLOO

Die 19-jarige Divan la Cock is net kort van sy vyftigtal uitgehardloop. FOTO ARGIEF TIELMAN VAN LILL

vir ’n wegholsege met 79

lopies.

Dit was die Eagles se

eerste van vier eendagwedstryde in die ICC

Wêreldbeker Liga 2 driehoekige minitoernooi

teen die gasheerspan en

die VSA. Dié goeie begin

sal die Namibiërs se selfvertroue ’n stewige hupstoot gee.

Die 177 as wenteiken vir

die VSA het heel haalbaar

gelyk. Maar danksy ’n heldevertoning deur die linkerarmdraaier Bernard

Scholtz wat drie paaltjies

vir ’n skamele vyf lopies in

8.5 bb (vier leë boulbeurte, ekonomie 0.56) platgetrek het en Jan Frylinck

(3/15 in 6 bb, teen 2.5) wat

eers as bouler nommer ses

nader geroep is, was die

Yanks van die begin af op

die agtervoet.

Nicol Loftie-Eaton was

ewe suinig (3.0) en neem

2/12 in 4 bb, met Ruben

Trumpelmann wat met

1/16 in 3 bb sy bydrae

maak.

Divan la Cock (48 lopies

van 66 balle) is onnodig

uitgehardloop met ’n

waaghalsige lopie na die

paaltjiewagter, maar die

19-jarige aanvangskolwer

het ’n waardevolle beurt

gespeel met vier grenshoue en ’n reuseses met

’n veeghou.

Stephen Baard (25

van 37 b, 4x4), Gerhard

Erasmus (27 van 39 b,

3x4), Jan Frylinck (22 van

46 b, 1x4), Ruben Trumpelmann (16 van 29 b,

1x4) en Scholtz (17* van

34 b, 1x4) het ook dubbelsyfers bygedra. Lo-han

Louwrens moes krap vir

sy 5 van 18 balle, maar die

Amerikaners was later gelukkig dat JJ Smit met sy

eerste bal vir ’n nul uitgevang is.

Die kolfblad was ’n

paradys vir draaiboulers

en moeilik om op te kolf.

Vier Eagles-kolwers is

been voor paaltjie uitgegee en Namibië se twee

draaiers deel vyf paaltjies. Die VSA-kolwers is

ook deur vier b.v.p.-beslissings gepootjie.

Aaron Jones (45 van 76

b, 6x4, 1x6) was loshande

die VSA se beste kolwer.

Net Steven Taylor (11 van

30 b) en Gajanand Singh

(15 van 23 b, 3x4) kon dubbelsyfers byvoeg.

Pierre de Bruyn,

hoofafrigter van die

Eagles, het uit PapoeaNieu-Guinee gesê: “ Dit

was ’n goeie dag en uitstekende begin van die toernooi vir ons op ’n kolfblad

wat bitter moeilik was om

op te kolf. Die opskiet van

die munt wat ons gewen

het, was van kritieke

belang.

“Ons het gereken die

totaal van 176 is minstens

23 lopies te min. Ek voel

die twee b.v.p.-beslissings

teen Nicol en Ruben was

bitter swak en het ons momentum beslis ’n knou

gegee.

“Op die giftige kolfblad

met baie draai is ’n totaal

van 220 moontlik. Die bal

het laag na die kolwers toe

deurgekom, wat sake bemoeilik het.

“Die VSA-kolwers het

gedurende die kragspel goed gespeel, maar

toe het Bernard beheer

oorgeneem en druk op

hulle geplaas. Die res van

die boulers het sy voorbeeld gevolg en ons kon

hulle vir minder as 100

uitboul.

“Saterdag se wedstryd is

opnuut ’n reuse-uitdaging

teen die VSA. Ons kan

beter boul en ons kolwers

het maar teen 70 persent

presteer. Ek weet ons

boulers kan beter aanval.

Saterdag moet ons ’n veel

beter vertoning lewer en

ons spelpeil met minstens

15 persent lig.”

Namibië se twee eendagwedstryde teen PNG

word Maandag en Woensdag gespeel. PNG het sy

eerste wedstryd teen die

VSA gelykop gespeel (205

elk) en die tweede met 26

lopies gewen.

Create a Flipbook Now
Explore more