Gratis JUIG! Januarie 2021 Digitale Uitgawe

Page 1

JUIG! TYDSKRIF

JUIG! Ware Lewe Ware Mense Ware Christenskap

Volume 13 Uitgawe 1

VOLWASSENHEID

en die rol van krisisse in ons lewens

VRAE OOR DIE BYBEL

LÉÉF JOU CHRISTENSKAP FLAGS

HEUNINGBYE

Slimjanne van die insekwêreld

Hoe openbaar God Homself aan ons?

• Watter taal het Adam en Eva gepraat? • Hoe lank was Adam? God seën die eenheid tussen

MAN & VROU LUCILLE MAY

s y U n y Alw 'Ophou is nie 'n opsie nie'

vind haar stem in vreeslose eerlikheid 21001

COVID19INENTING: Om in te ent of nie?

Januarie 2021

21001

9 772071 191307 R35,90 RSA (BTW ingesluit) Ander Lande R31,22 (BTW uitgesluit)

JUIG! TYDSKRIF XX

“Ek sê vir myself: Die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom.” – Klaagliedere 3:24


FLAGS

’n Greep uit die Afrikaner se geskiedenis wat deur ’n liefde vir Jesus Christus geïnspireer is.

of ns gelo s van o Pionier

n a V s r e Pioni f o o l e Ons G g van die a n i k n e d r e ik taar ter h nis van Suid-Afr n e m m o K geskiede e k i l e t s i r Ch

Sluit in:

128

volkleur bladsye, keurig saamgestel 8 10:45:37

2020/10/0

• Generaal De la Rey • Generaal De Wet • President Paul Kruger • Martinus Steyn • Danie Theron • Emily Hobhouse • George Schmidt • David Livingstone • Andrew Murray • Carl Hugo Gutsche Geskiedkundige dorpe soos: • Wellington • Lydenburg • Pretoria • Krugersdorp XX JUIG! TYDSKRIF


FLAGS

Pioniers Van Ons Geloof

Bestel vandag nog jou Eksemplaar! Slegs

R149 (Posgeld uitgesluit)

Vir bestellings, skakel Lourieke of André in ons kantoor by

021 852 4061 of besoek www.pioniers.co.za

JUIG! TYDSKRIF XX


Visie

FLAGS

JUIG! Tydskrif wil God verheerlik deur te onderrig, in te lig, ’n Bybelse wêreldbeskouing te bevorder en op elke terrein van die lewe aan die heerskappy van Jesus Christus gestalte te gee.

Christus het ons VRYGEMAAK om vry te wees

D

ie Heilige Gees het my onlangs herinner dat “Christus ons vrygemaak om werklik vry te wees” (Gal 5:1). Dit het gebeur nadat ek gesien het hoe kameras hoog bo die hoek van ’n kruising naby my huis geïnstalleer word. ’n Kilometer verder was daar nog ’n groep werkers met ’n hoë leer besig om nog kameras te installeer. Dit het my uiters ongemaklik laat voel. Ons weet dat die publiek gemonitor en dopgehou word in oorsese lande waar die burgers beheer word, maar nou begin dit ’n werklikheid in ons eie geweste word. Ek is seker dat hierdie kameras oral in die land geïnstalleer word. Deur wie word ons dopgehou en waarom? Hoe voel jy hieroor?

Ons vryhede en regte begin verweer Ná 2020 lewe ons beslis in ’n wêreld wat anders daarna uitsien – en ek voel asof ons vryhede en regte ondergrawe word. Tog is daar min reaksie van die algemene publiek se kant. Ek het opgemerk dat die meeste mense, insluitend Christene, die afgelope tyd ongeïnteresseerd, moeg en oor die algemeen redelik negatief is en maar van dag tot dag lewe. Dit is nogal onrusbarend.

Positiewe verandering en verpligtinge vir 2021 Ek hoop en bid van harte dat hierdie nuwe jaar positiewe verandering vir almal sal meebring. Ek verbind my daartoe om positief te wees – een ding staan vas, ek sal nog meer evangeliseer! Hierdie wêreld is in ’n warboel en dinge gaan net vererger. Ek is skaam om te erken dat ek slegs een of twee mense gedurende 2020 na die Here toe gelei het. Ja, ek het saam met baie mense gebid, hulle beraad en ’n pad van dissipelskap met hulle gestap, maar nuwe bekeerlinge … ek sal my sokkies moet optrek. Ek het nog altyd my geloof geesdriftig met ander gedeel, daar is dus geen verskoning nie. Daar is nie meer tyd om te mors nie! Die enigste ding wat eendag in die Hemel van belang sal wees, is die siele wat ons saamgebring het. Laat ons ons vryheid gebruik om die Evangelie met ander te deel terwyl ons nog kan. Die lewe gaan baie vinnig verby. Laat ons nie eendag spyt wees nie. God seën 2021!

Seënwense

Eienaar en hoofredaktrise

Waardes • Streef na uitnemendheid en integriteit in alles • Verskaf altyd interessante, akkurate en eerlike artikels • Respekteer alle Christen-denominasies • Streef daarna om die Liggaam van Christus te verenig • Evalueer alles in die lig van die Skrif • Moedig lesers aan om die Bybel-mandaat van sout en lig wees in die gemeenskap te vervul • Moedig lesersdeelname aan • Motiveer lesers tot aksie • Fokus op oplossings XX JUIG! TYDSKRIF • Aanvaar persoonlike verantwoordelikheid


INHOUD

Hoe Openbaar God Homself Aan Ons

52 ie?

Ons Geloof Moet Vernuwe Word

Ma y uc Me ud

Alwyn Uys – ‘Ophou Is Nie ’n Opsie Nie’

NUUS 68-71 Nuus

ARTIKELS 06 11 14 34 40 48 49 52 66 72 76

M ED EW

a

de

16

VOORBLADKUNSWERK Nelis Engelbrecht www.nelisengelbrecht.co.za

oth

rho

Jy et

VOORBLADARTIKEL

16

VERSPREIDING ON THE DOT

ER

rt B

22

Alwyn Uys, Jesuskind, Ysterman En Atleet

DRUKKERS CTP

KE

Rie

ke

Mo

28

Su

ADVERTENSIES info@joymag.co.za *Ons behou die reg voor om advertensies wat teenstrydig is met ons besigheidswaardes te verwerp.

34

On

Jo

ub

er t

INTEKENAARS subs@joymag.co.za

tL

uL Jo

At eï Va n

ONTWERPER André Cooper

ill e

t In aa

sT ot

REDAKSIONELE BESTUURDER Lourieke Haller

Uitgawe 1

FLAGS

32

en

Wa re

DIREKTEUR Gawie de Lange

tO

Le

fN

we

UITGEWER & REDAKTRISE Erin Georgiou

Volume 13

Agt Riglyne Wat Kinders Kan Leer Hoe Om Emosies Te Hanteer Hoe Herstel ’n Mens Van Die Finansiële Stres Van 2020 Teenboelie-En-Selfdood-Bewusmakingsveldtog Bemagtig Gemeenskappe Om In Te Ent Of Nie? Heuningbye, Slimjanne Van Die Insekwêreld Watter Taal Het Adam Gepraat Hoe Lank Was Adam? Hoe Openbaar God Homself Aan Ons? Woorde Van Wysheid Christenskap In Die Werkplek Opwindende Nuwe Samewerking Tussen Legion Of Lions En JUIG! Tydskrif

RS

REEKSE 44 46

Leer Vir God Ken Karakters Van Die Bybel – Adam En Eva

Ro be rt C El z

aM

ey

er

er

ar t p Ste ha

lh e

rt

Ma

be

Da vid

ou

rb e

nJ

JUIG! Tydskrif onderskryf nie noodwendig die menings van ons medewerkers of adverteerders nie

SENDING EN GETUIENISSE 22 25 28 56 60 62 64

Lucille May Vind Haar Stem In Vreeslose Eerlikheid Droom Groter – ‘Jy Kan Kies Wat Om Van Jou Lewe Te Maak’ – Aitsa! Van Vormgodsdiens, Tot Ateïs, Tot In God Se Arms Mediese Dokter, Sendeling En Navorser – Henry James 75 Jaar Van Bediening – FEBA Besoek Die Vervolgde Kerk Saam Met Geopende Deure Operasie Dekapolis – CfaN

RUBRIEKE 12 26 32 50 67

God Seën Die Eenheid Tussen Man En Vrou: Tanya Powell Die 21ste Eeu Word Mondig: Elza Meyer Ons Geloof Benodig Dringend ’n Overhaul: Stephan Joubert Die Klank Van Jou Hart: Riekert Botha Drie Punte Om Oor Na Te Dink: Gawie De Lange

GEREELD 02 04 04 08 09 10 13

Redakteursbrief Woef-Wyshede Briewe Bybelvasvra Soek Die Woord Blokraai Vra Jou Vrae: Val Waldeck

ya Tan

Posbus 2990, Somerset-Wes, 7129 Tel 021 852 4061 | Faks 021 852 5781 info@juig.co.za | www.juig.co.za

w Po e ll

Ware Lewe

Ware Mense

JUIG! JUIG! TYDSKRIF XX

Ware Christenskap


FLAGS

riewe aan die Redaktrise

Woefwyshede

N

voorspoedige en geseënde nuwe jaar vir julle almal! Baie van julle sal seker wonder oor 2021 ná die rowwe 2020! Tannie Trish het vir my gesê dat daar vir die nuwe jaar of ’n nuwe begin baie bemoedigende en inspirerende teksverse in die Bybel is en dat dit eintlik nie nodig is om te wag vir ’n spesiale datum vir nuwe voornemens of verbeteringe nie, want elke dag is ’n nuwe begin. Sy het ook gesê al het die Bybel deur die eeue heen veranderinge ondergaan, bly die boodskap dieselfde. Sy liefde vir ons is ook gister, vandag en môre dieselfde. Dit klink soos ons honde en ons liefde vir ons eienaars! Sy het dit op hierdie mooi manier saamgevat: “God is met ons en ons hoef ons oor niks te bekommer as ons op Hom fokus nie. Hy is ons krag, Hy is by ons en ons hoef niks te vrees nie.” Dankie, Jesus, dat U daar is vir ons en dat U ons liefhet, wat ook al gebeur!

Blaffies en lekkies

Midgey

XX JUIG! TYDSKRIF

Inspirasie vir lesers Baie dankie vir ‘n wonderlike tydskrif. In hierdie neerdrukkende tye waarin ons lewe, is dit nodig om ’n bietjie aanmoediging te kry om meer positief te dink oor die dinge rondom ons wat ons dalk nie raaksien nie, maar wat ons kan help om uit ons groewe te kom. Ek bid God se seën op julle werk. Mag dit nog lank vir lesers ’n inspirasie wees. Ernie Mellet

‘Cry the beloved country!’ Vanoggend het ek nuus geluister en koerant gelees. Dit gee ’n beknopte oorsig van die hartseer toestand van ons land – staatsbankrotskap, gewelddadige betogings, korrupsie, moorde en verkragtings, leuens oor alles en nog wat ... pyn op pyn. Sonde op sonde. En ek bid: “Here my God, U is van ewigheid tot ewigheid dieselfde, maar ons het van U afgedwaal soos skape sonder ’n herder. Here vergewe ons, want ons weet nie wat ons doen nie!” En ek dink oor die lewe, ons land, sy sekulêre Grondwet, sy leiers en sy 80% “Christene” en ons 52 maal duisende kerkdienste jaar in en jaar uit. Tog breek ons elke rekord van sonde: egskeidings, drankmisbruik , moorde, tienerswangerskappe. Noem maar op! Van toeka tot nou. Mishandeling van slawe, uitroeiing van die Khoi, die San en Le Goya. Die Difikane se uitroei-oorloë van Mantatisi. Shaka en Dingaan se moorde en die “Pad van bloed en regeer deur vrees” van Mzilikazi. En dan die gruweldade van “Christene” tydens die koloniale tyd en apartheid ... asook in die nuwe Suid-Afrika! ’n Groot hartseer oorval my. Ek onhou Alan Paton se boek: Cry the Beloved Country. Al hierdie “Christene” en hulle gepraat oor die kwaad en hul idees oor oplossings, maar alles behalwe bekering. Al die preke en ons sink al dieper in die gevolge van ons sondigheid weg. In 1992 (Codesa) het die land se leiers saam besluit God is nie God nie. Hulle het besluit

daar is baie gode en ons moet hulle seën en beskerming afsmeek tydens die eerste amptelike veelgode-gebedsgeleentheid toe prof. Heyns Jesus verteenwoordig het as een van die baie gode wat Suid-Afrikaners aanbid. En God het Sy hand teruggetrek en ons oorgelaat aan die owerste van die wêreld. Aan satan die opperheer van rowers, skelms, moordenaars, bedrieërs, leunaars, losbandiges en hebsugtiges. Die Here herinner my aan ’n boodskap van Carlos Ortiz: “The problem is not the fruit, but the root.” Ons wortels is waar die fout lê, want jy is eers waarlik vry as jy in Christus is. Ek onthou ’n ou drankadvertensie: “You can stay as you are for the rest of your life, or you can change to …” Ons Suid-Afrikaners en ons politieke en geloofsleiers, kan bly soos ons is óf ons kan ons van ons sonde, ons boosheid, ons hebsug, selfsug, vleeslikheid, aardsheid, afgodediens en oorgelewerde godsdienstigheid bekeer. Ons neerkniel voor God die almagtige in die Naam van die Verlosser, Jesus Christus, die enigste Naam waardeur ons vryheid van die mag van satan kan kry. As jy wil deel in hierdie omdraaiproses, kontak gerus vir Isak du Plessis by 082 562 8928 of by adzuppe@gmail.com Isak du Plessis

Kerkleiers en hul titels Hierdie is iets wat my al jare pla. Mense wat wanneer hulle met die voorganger van die gemeente praat, hom as Pastoor aanspreek? Selfs ook wanneer ’n pastoor preek, sal hy na homself as pastoor verwys. Ek het gelees en navorsing gedoen, maar al wat ek in die Skrif sien, is byvoorbeeld “Paulus, ’n apostel van die Here” en nié “Apostel Paulus” nie. Daar is nie titels in die Bybel wat as name gebruik word nie. Ek lees in Matteus 23:8-12 dat Jesus dit verbied het. Baie mense sê dit is uit respek vir die werk wat iemand doen dat hulle die persoon op sy titel noem.


FLAGS

Stuur jou briewe aan info@juig.co.za Plaasmoorde Dis soos jy sê, Erin, al wat dit verg vir die vyand om te oorwin, is vir goeie mense om niks te doen. So is dit ook met die plaag van COVID. En plaasmoorde is ook ’n plaag. Ek wonder hoeveel mense bid nou eintlik dat God die plaag van ons moet wegvat, want Hy kan. Ek dink mense glo nie dat Hy kan nie en daarom bid hulle nie dat Hy dit doen nie. Hoe groot is jou God? Myne is tot alles in staat. Ek dink daar is ook ’n moedeloosheid onder boere en ’n gevoel dat hulle nie ’n stem het nie – selfs dalk te bang is om iets te sê, want dan word hulle ’n teiken. Dit is dalk maklik vir my om ’n mening te hê, want ek is nie in julle skoene nie. Baie dankie, Erin, mag dit die wake-up call wees wat die verskil gaan maak. Ek bid dat daar spoedig ’n antwoord sal wees en ’n einde aan die nuttelose plaasmoorde. Drene Tiessen

Dankie vir waarheid wat seermaak Ek sê graag baie dankie aan die hoofredaktrise vir haar redakteursbrief in die Desemberuitgawe van JUIG! Die verwysing na die Afrikaner maak seer, maar daar word gesê: Die waarheid maak seer. Ons ís inderwaarheid hulpeloos en gebroke. Ons ís leierloos, dalk daarom dat ons in hoeveel rigtings trek en mekaar wantrou en dikwels verkleineer. Ons is op elke denkbare terrein verdeeld. Ek is bly daar is organisasies soos Solidariteit en AfriForum met sterk leiers aan die stuur, maar daar is baie Afrikaners wat hulle neerhalend kritiseer of net bloot ignoreer. Die sterk, trotse Afrikanervolk van ’n paar dekades gelede bestaan nie meer nie. Dit was die volk wat nie jare en jare die Engelse vir hulle gruweldade verwyt het nie, maar gewerk het om sterk en selfstandig te word. Nou is dit helaas net ’n herinnering. Erin, mag jou oproep gehoor word en veral dat daar uitvoering aan gegee sal word. Coenie Basson

Dis so onnodig. Sal ons byvoorbeeld iemand wat gasvryheid as ’n gawe uitleef as Gasvryheid Gawie aanspreek of as George die gawe van vrygewigheid uitleef, noem ons hom Gewer George? Hierdie titels voed die hoogmoed van die mens. Baie mense gebruik dit as ’n manier om die self te verhoog, om aandag te trek of om die magspel te kan speel. Dis sulke misvattings en terminologie wat

nie ware Christenskap bevorder nie. Ons sal ’n hervorming van ons taal moet kry. Ons is geneig om onsself as leke voor te stel en dis nie die waarheid nie, want Jesus lewe in ons. Hoe kan ons dan leke wees? Ek dink hierdie saak van titels veroorsaak dat die Liggaam van Christus nie groei nie en dit is ’n rooi liggie wat aangaan! Ina Enslin »

Ou Spore – Nuwe Weë Kom studeer by die AP Akademie in Afrikaans met die visie op die klassiek Christelike tradisie.

GEAKKREDITEERDE GRADE BA • • • • •

Onderwys Sielkunde Kommunikasie Tale: Antiek, Europees en Afrika Sosiale Wetenskappe: Ekonomie, Geografie, Geskiedenis en Sosiologie • Politieke Wetenskappe • Rekenaartegnologie • Wiskunde

NGOS (Nagraadse Onderwyssertifikaat) Volledige afstands geakkrediteerde kursus • Seniorfase Gr. 7 – 9 • Verdere Onderrig en Opleidingsfase Gr. 10 – 12

BDiv • • • •

Predikante Jeugwerk Berading Evangelisasie

Schola Scripta Afstandkursusse in Latyn en Frans vanaf beginnersfase tot spesialisfase.

Kontakbesonderhede: info@apa.ac.za www.apa.ac.za 012 344 JUIG! TYDSKRIF XX 3960 Registrasienommer: 2002/031756/08


FLAGS

AGT RIGLYNE wat kinders kan leer hoe om emosies te hanteer

K

—deur Herman de Kock

an ons die Bybel gebruik om kinders te leer hoe om hulle emosies te hanteer? Ja, hier is agt riglyne om die kinders te leer. LEER BYBELVERSE en sê dit hardop op, want volgens Efesiërs 6:17 is daar krag in God se Woord. SING LOFPRYSINGSLIEDERE gebaseer op verse in die Bybel. Volgens Spreuke17:22 is ’n vrolike mens, ’n gesonde mens. SKRYF hoe jy voel in ’n gebed neer. Psalm 121 is maar een voorbeeld van hoe Dawid gevoel en gebid het. DINK ANDERS – soos wat Romeine 12:1-2 sê; ons moet God toelaat om ons gedagtes nuut te maak. Ons emosies volg ons gedagtes en wat ons glo. PRAAT MET IEMAND wat jy vertrou oor hoe jy voel. Galasiërs 6:2 sê ons moet mekaar liefhê en mekaar se laste dra. DOEN iets wat jou gelukkig maak. Oefening, dans of sport stel stowwe in jou brein vry wat jou lekker laat voel. 1 Korintiërs 6:19-20 sê die Heilige Gees woon in ons en dat ons God met ons liggame moet verheerlik. WEES DANKBAAR. Probeer om vir elke negatiewe gedagte aan minstens drie dinge te dink waaroor jy dankbaar en bly kan wees. Doen sommer uit dankbaarheid iets goed vir iemand anders, al voel jy nie so nie. Dit is volgens Kolossense 3:15 ’n opdrag van God om dankbaar te wees. Dan, die belangrikste: Hou vas aan jou GELOOF en die wete dat God goed is, vir jou lief is, jou kan genees, jou verlos het en sal voorsien. Staan die duiwel teë. Doen wat nodig is om te groei in geloof. Lees die Bybel. Gaan kerk toe. Bid. Praat met ander gelowiges. Lees oor die Bybelse geloofshelde in Hebreërs 11. Hulle het aanhou doen wat reg is, al was hul emosies en gedagtes soms negatief, want hulle het geglo. 

HERMAN DE KOCK is ’n deeltydse, vrywillige prediker. Hy is die hoof van die interkerklike jeugbediening, Geloofstroom. Kontak Geloofstroom gerus via e-pos by info@geloofstroom.org of op Facebook of Instagram vir navrae. XX JUIG! TYDSKRIF www.geloofstroom.org

riewe aan die Redaktrise Moet Christene nog kinders hê? Beste JUIG! Tydskrif, ek is al baie jare lank ’n leser en hou van die publikasie. Ek leer so baie uit die artikels en by die skrywers. Ek is dankbaar dat julle belangrike kwessies aanroer. Ek is veral bly dat julle in ’n onlangse uitgawe die saak aangeroer het van Christene wat kinders kry. Die meeste jong paartjies wag nog om met ’n gesin te begin, want hulle sien nie regtig ’n toekoms vir hul kinders nie. Dit is nogal kommerwekkend. As potensiële grootouers bespreek ons dit nooit met ons kinders nie, maar ons is tog besorgd daaroor. Ek was baie dankbaar vir julle artikel, want dit laat ’n mens voel dat jy nie die enigste een is wat bekommerd is hieroor nie. Hou asseblief aan om oor aktuele kwessies soos hierdie te skryf. Dit word baie waardeer. Jean Marnefield

Hulde aan Reinhard Bonnke Ek wil julle opreg prys vir julle huldeblyk aan Reinhard Bonnke in die Februarie/Maart-uitgawe. Reinhard Bonnke was voorwaar ‘n merkwaardige evangelis. Hy was waarskynlik verantwoordelik vir meer besluite om Christus aan te neem as enigiemand op aarde. Ek het die eer gehad om ’n berader te wees tydens sy veldtog in Kaapstad in die 80’s toe die tent se dak op die eerste dag afgewaai het! Hoewel die “weerman” reën vir die hele week voorspel het, het gebede dinge anders laat verloop. Reinhard Bonnke se humor was aansteeklik en sy prediking dinamies! Baie mense het hulle harte aan die Here Jesus gegee. God seën julle vir hierdie Bybelse tydskrif. William du Toit

Hoekom duld ons godslastering? Ek het so pas The Queen’s Gambit gekyk – een van die vyf reekse wat tans die gewildste op Netflix is. Die rating wat dit het, is language en substance. En ja, die f-woord word dikwels gebruik, maar so ook die name van God, Jesus en Christus – as vloekwoorde en uitroepe van verbasing. Dit het my so ontsettend hartseer en ook kwaad gemaak. Hoekom doen skrywers en dramaturge dit? Ek neem aan dit is omdat hulle geen respek het vir Christelike kykers nie en omdat hulle weet dat hulle daarmee sal wegkom. Volgens die internet dien bitter min Christene klagtes oor godslastering in flieks en in boeke in. Ek dink ons weet almal dat indien die naam van Allah as ’n vloekwoord gebruik sou word, Moslems dit geensins sal duld nie! Wat is dit dan met ons Christene dat ons nie die guts het om vir mense op ’n mooi manier te sê: “Moet asseblief nie die Here se naam ydellik gebruik nie.” Of hoekom doen ons nie die moeite om te probeer uitvind hoe/waar ons oor godslastering in flieks/dramas/boeke kan kla nie? Ek dink


FLAGS

’n Humoristiese begin vir 2021 ons neem ons verdraagsaamheid en toegeeflikheid partykeer heeltemal te ver. Ons moet opstaan vir die God wat ons so oneindig liefhet en wat die hoogste prys vir ons betaal het. Miskien kan JUIG! vir ons uitvind hoe om ons stemme dik te maak as ons wil kla oor godslastering in flieks, ensovoorts? Salomie Rocher Daar is beslis baie wat ons kan doen. In die geval van Netflix is daar ’n opsie om met ’n duimpie op of af aan te dui dat jy nie die inhoud goedkeur nie. As jy jou Netflix-intekening kanselleer, word daar ook gevra wat die rede vir jou kansellasie is. Dit is ’n gulde geleentheid om jou mening te laat geld. Vir klagtes oor boeke, neem ’n mens dit gewoonlik met die uitgewer of boekwinkel op. – Red.

Dr. Jacques de Vos Ek was so bly om in die November-uitgawe van JUIG! oor dr. Jacques de Vos se oorwinning te lees. Dit is skokkend dat iemand wat “’n stem is vir dié wat nie self kan praat nie” – die ongebore babas – so geviktimiseer is. Wat dit nog erger maak vir my is dat hierdie dokter drie jaar lank nie kon werk nie net omdat daar ’n onregverdige vendetta teen hom gevoer is. Hoe is dit moontlik dat so ’n saak so lank kan sloer wanneer iemand se professionele beroep in gedrang is! Ek hoop dat die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika sal moet antwoord vir wat hulle aan hom gedoen het. Ek is ook van mening dat dr. De Vos vergoed moet word vir die oneer wat hy aangedoen is en vir die verliese wat hy gely het. Ek sal graag wil weet of almal wat hierby betrokke was, vervolg gaan word en of dr. De Vos toe formeel vrygespreek is soos sy advokaat versoek het. Daniël Potgieter

E

k het onlangs van iemand gehoor wie se nuwejaarsvoorneme is “om nie oor 2020 te praat nie”! Ek dink ná die afgelope jaar – waaroor ons nie gaan praat nie – is dit dalk nodig om 2021 op ’n ligter trant af te skop. Hiermee dan ’n paar humoritiese voorstelle vir wat bekende Bybelkarakters as nuwejaarsvoornemens sou kon twiet: Dawid: “Ek is klaar met leeus en bere. Ek begin binnekort by die paleis werk om vir koning Saul harp te speel.” #Veiligerwerk Haman: “Meer tyd saam met die koning in die nuwe jaar!” #BestePelle Noag: “Patenteer die bollieskoppie (poopscooper) en oorpluisies.” #Goeie-idees Bileam: “Vermy donkies.” #Jysalmynieglonie Petrus: “Wil meer gaan visvang vanjaar.” #Vissersvanmense Josef: “Al is ek die jongste – ek gaan hulle wys wie is baas!” #Sibbejaloesie Moses: “Ek is klaar met mense. Ek sien uit na skape oppas in stilte.” #Brandendebos Lot se vrou: “Ek sien uit na ’n goeie jaar. Die verlede lê agter my.” #Healthyliving Simson: “Dis tyd dat ek ’n nuwe haarstyl probeer.” #Brobun Farao: “Die paddas het die vleë en muggies gevreet. Ek vat dit as ’n wen!” #Can’tGetWorse Esau: “Ek gaan leer kook.” #DieHarigeSjef

Ons bied o SA Tuinro ok etetoere

Job: “Ek gaan ’n kursus by daai ou neem wat jou leer hoe om vriende te maak.” #DaleCarnegie Eva: “Vanjaar gaan ek beslis die banting-dieet probeer.” #Nonvegan Lasarus@KryMyHierUIt: “Gaan beslis sterker deodorant kry.” Nebukadneser: “Luister meer na Daniël. Eet minder gras.”

Kontak Pastoor Elaine Beneke

082 742 4563 info@israel.net.za | www.israel.net.za

LOURIEKE HALLER is die redaksionele bestuurder van JUIG! Tydskrif. Om van diens te wees vir Jesus en Sy liefde uit te leef, is haar motto.

JUIG! TYDSKRIF XX


FLAGS

JUIG!

BYBELPRET

BYBELSE REISE

Kyk hoeveel van hierdie vrae jy kan beantwoord voordat jy na die antwoorde op bladsy 09 kyk. Toets jou eie kennis en lees daarna die vrae vir vriende of gesinslede om te sien hoe hulle vaar! 1. Waar in Galilea het die bruilof plaasgevind waar Jesus water in wyn verander het? ______________________________________________________________________________________________________ 2. Noem die eiland waar Barnabas en Paulus ’n towenaar met die naam Barjesus ontmoet het. ______________________________________________________________________________________________________ 3. Waarheen was die dissipels op pad toe Jesus op die water geloop het? ______________________________________________________________________________________________________ 4. Van watter distrik in Sirië was die vrou wat Jesus gevra het om die bose gees uit haar dogter te drywe? ______________________________________________________________________________________________________ 5. Waar het Jesus die eerste keer vir Johannes die Doper ontmoet? ______________________________________________________________________________________________________ 6. Paulus se brief aan die Romeine is spesifiek vir die mense van watter stad geskryf? ______________________________________________________________________________________________________ 7. Waarheen het Jesus gevaar nadat Hy die 4 000 mans gevoed het? ______________________________________________________________________________________________________ 8. Wat is die stuk grond genoem waar Judas Iskariot gesterf het? ______________________________________________________________________________________________________ 9. Noem die streek waarin die dorpie geleë was wat geweier het om Jesus te ontvang terwyl Hy op pad was na Jerusalem. ______________________________________________________________________________________________________ 10. Noem die eiland waar die skip gestrand het wat Paulus na Italië sou neem. ______________________________________________________________________________________________________ 11. Waarheen het Josef en Maria met Jesus gevlug toe hulle van Herodes wou ontsnap het? ______________________________________________________________________________________________________ 12. Noem die geboorteplek van koning Dawid, waar Josef vir die sensus moes registreer. ______________________________________________________________________________________________________ 13. Noem die stad waar 18 mense dood is toe ’n toring op hulle geval het. ______________________________________________________________________________________________________ 14. Noem die stad waarheen Paulus onder begeleiding na goewerneur Feliks gestuur is. ______________________________________________________________________________________________________ 15. In watter stad het die Romeinse offisier Jesus gesmeek om sy kneg te genees? ______________________________________________________________________________________________________ 16. Watter stad het Jesus pas verlaat toe twee blinde mans Hom om genade smeek en Hy hulle blindheid genees het? ______________________________________________________________________________________________________ 17. In watter stad het Jesus ’n weduwee se dooie seun op pad na die begraafplaas opgewek? ______________________________________________________________________________________________________ 18. Waarheen het Paulus gegaan nadat hy Athene verlaat het? ______________________________________________________________________________________________________ 19. Waarheen was twee van Jesus se volgelinge op pad toe Hy Hom by hulle aangesluit het en hulle Hom nie herken het nie? ______________________________________________________________________________________________________ 20. Van watter stad was die Josef afkomstig wat Jesus se liggaam geneem en in sy eie nuwe graf gelê het? ______________________________________________________________________________________________________

XX JUIG! TYDSKRIF 8 JUIG! TYDSKRIF

Antwoorde op bladsy 09


FLAGS

SOEK DIE

WOORD HABAKUK 1:1-7 HABAKUK 1:1-7 E I G O E I E S L E G T E

D N A H R O O H M L S G I

W L D G V V O E O O U H N

A A S E E V V E R K R A G

R E E E E R E G R A E E A

S K L A V D N A S P B E A

O R M G E A G O L A H D K

DWARSOOR HOOR ELLENDEDWARSOOR HULP GALDEËRS INBOESEM GEANTWOORD KLA ELLENDE GEBAKLEI NASIES GESKIED ONDERDRUKKING GALDEERS GETWIS ONREG GEWELD OORHAND GEANTWOORD GOEIES ORAL

O N D E R D R U K K I N G

R E H A S N H L R V N E E

D E E N T E E D E R W L T

E F D T O I O R O E O L W

RED REG HULP ROEP RONDOM INBOESEM SIEN SLEGTE KLA SOVEEL VERKRAG KRAG VEROWER

GEBAKLEI

NASIES

GESKIED

ONDERDRUKKING

Hierdie woordraaisel is deur Theresa Jones, ’n plaaslike skrywer, saamgestel.

-

GETWIS

1. Kana (Joh 2:1) 2. Siprus (Hand 13:4-6) 3. Betsaida (Mark 6:45) 4. Siro-Fenisië (Mark 7:26) 5. Jordaanrivier (Matt 3:13) 6. Rome (Rom 1:7) 7. Magadan/Mágdala (Matt 15:39)

GEWELD GOEIES HOOR

(Vrae op bladsy 08) 8. Akeldama (Hand 1:18-19) 9. Samaria (Luk 9:52-53) 10. Malta (Hand 28:1) 11. Egipte (Matt 2:13) 12. Betlehem (Luk 2:4) 13. Siloam (Luk 13:4) 14. Sesarea (Hand 23:33)

ONREG 15. Kapernaum (Matt 8:5) 16. Jerigo (Matt 20:29-34) 17. Nain (Luk 7:11-15) 18. Korinte (Hand 18:1) 19. Emmaus (Luk 24:13) 20. Arimatea (Matt 27:57)

OORHAND ORAL RED

I W G W M S O B L O E E I

K E O O N W T D N N S H S

S E R O E P L I E I T U L

E S A R O N D O M W E T L

G A L D E E R S E I S A N

VERSTOM WET ROEP WOESTE WREDE

RONDOM SIEN

Antwoord vir Blokraai 21: Desember 2020

SLEGTE K S A D E N Z G E A L S W T A E S H S I E N G A T M O A N L E R K

V E R A K G B E L E D L D E R A S E E E L L E G E I M E A S

N O O R D

SOVEEL

A D A S

A T F A O M S M T R A T I S G A

E VERKRAG

G E F E A M E H E R

K S O D E D L U V S I S S B E G L E U W E M A

VEROWER VERSTOM

B H E T J A

WET

WOESTE

A A A S S K Y E N S A R U Y E T A L

A B E L B I A A N A D D I O E M O S I T N E R U Y S E D L O T E M G T A A E N G M S A I D G E

A M N D I O G T E E S N T E K R L E L P E E S L A

JUIG! TYDSKRIF XX


Juig 23.LD.pdf 1 2020/12/02 12:13:26

FLAGS

JUIG!

BYBELPRET

BLOKRAAI 1/2021

FOTOBLOKRAAI 1 – JANUARIE 2021 Amerikaanse akteur

—opgestel deur Heidri Mittendorf

Huidmondjie ’n Windrigting

Kollekte

..., Vader, alles is vir U moontlik (Mark 14)

’n Nuwe gemeente vorm

Bekende radio- en TV-persoonlikheid

Versinsel Denzel Washington

Lindie Strydom

Tydperk voor Kersfees

Die pous se geloof

Ons land (afk.)

Afskrif aan (afk.)

Stort dit wanneer bedroef

Uitvoer Vrou van Lameg (Gen 4)

Vader van Kain

Verniet

Genooide besoekers Gesprek met God

Predikant se titel Uittog of Bybelboek

Ou lengtemaat Bybelse stad (Sag 14)

Europese land Kortstondig

ELVIS BLUE

Seun van Silpa Lokmiddel (Gen 35)

Einde

Profeet en Bybelboek

Vark

Swanger wees Syfer

Seun van Sagaria (Neh 11)

Op ’n keer 5de Hebr. letter

Reis

Dominee (afk.)

Kofia Bekende koning (Matt 2) Meedeel

Plaaslike sanger

Dogter van Abigajil (Est 2)

Sag streel Onsin Uitstraal

Anno Domini (afk.) Bekragtiging

Jesus het dié boom vervloek (Mark 11)

Siel Kleinseun van Esau (Gen 36)

Grasie

Sowel as

Gedragsvorme Seun van Isak

Lutherse Kerk (Afk.) Sag klaend

... ruik (onraad vermoed) Klok se ystertong

Ja sê

Baba se speelding

Riet -... of Rooi -...

Moeilikheid en geraas

’n Tempelslaaf (Esra 2)

Vertrek

Kerkraad (afk.) Reken Stad in Kanaän (Gen 10)

Parmantig

Griekse letter Vloek

Geglip

Ewige vuur

En meer ander

Hemelbewoner

Vakwoorde Brombees

Rivier in Duitsland

Span perde voor dit in

Familiêr

17de Hebr. letter

Dankie

Die Tien Gebooie Borskwaal

XX JUIG! TYDSKRIF 10 JUIG! TYDSKRIF

Verse maak

Assistente

Wiere

Solfatoon


Hoe herstel ’n mens van die finansiële stres van

HET JY PROBLEME FLAGS MET SKULD?

2020? —deur Casper le Grange

T

een hierdie die tyd het die negatiewe gevolge op persoonlike finansies as gevolg van die pandemie hopelik vir talle huishoudings verbeter. Vir dié wat kon en wat voorsiening gemaak het vir voldoende kontantreserwes, was die negatiewe uitwerking hanteerbaar. Die werklikheid is egter dat miljoene Suid-Afrikaners nie so gelukkig was nie.

Bepaal jou skuld

Begroot vir 2021

Maak jou somme

Het jy al vir 2021 begroot? Indien nie, sal jy nie jou finansies behoorlik kan bestuur nie. Ek beveel aan dat jy elke drie maande jou bankstate deeglik nagaan, bestedingspatrone ontleed en jou huishoudelike begroting waar nodig aanpas.

Bepaal skulduitgawes: elke kredietkaart, klererekening, meubelrekening, huisverband, voertuigfinansiering, persoonlike lenings (korttermyn-, langtermyn-, konsolidasielenings). Indien moontlik, betaal meer as die vereiste minimum, veral op onversekerde skuld sodat dit binne ’n korter tydperk afbetaal word, want dit is gewoonlik “duur” skuld.

086 100 1047

• Verminder jou maandelikse skuldterugbetalings • Baat by verlaagde rentekoerse • Herstel jou kredietrekord • Stop skuldeisers se oproepe • Verhoed dat jy jou motor of huis verloor

NCRDC1560

Daarna kom die netto inkomste van die huishouding aan die beurt. Laasgenoemde bedrag is die bedrag wat maandeliks spandeer kan word. Die sleutelvraag is: Wanneer die huishoudelik uitgawes en die skuldpaaiement van die nettoinkomste afgetrek word, is die Het balans positief of negatief? ’n Begroting behoort jy al vir 2021 As dit negatief is, beteken die volgende in te sluit: begroot? Indien dit dat jy in die toekoms ’n 1. Inkopies (byvoorbeeld nie, sal jy nie jou skuldberader gaan nodig kruideniersware) finansies behoorlik hê as maandelikse uitgawes wat maandeliks of kan bestuur nie verminder word of kan tweeweekliks aangekoop nie. word nie of as inkomste nie word. Maak apart voorsiening verhoog kan word nie. Indien daar vir produkte soos groente, vrugte, 0% tot 15% van netto inkomste oorbly ná brood en melk. bogenoemde uitgawes, behoort daar so 2. Huur, indien van toepassing. (Verbandpaaiemente word onder kredietbetalings spoedig as moontlik maatreëls ingestel word. Wanneer die balans 20% of meer oorskry, ingesluit.) word finansies na my mening goed bestuur. 3. Water en elektrisiteit. Die persentasie in die voorbeelde is op my 4. Vervoeruitgawes, byvoorbeeld ondervinding van 12 jaar as ’n skuldberader brandstof en/of openbare vervoer. gegrond. (Voertuigpaaiemente word ook onder kredietbetalings ingesluit.) DCG se webtuiste bied ’n begrotingsuitleg 5. Skoolfooie. en enigeen is welkom om dit te gebruik, 6. Selfoon-/telefoon-/internetuitgawes. aangesien dit begrotingsberekenings 7. Versekering (lewens- of korttermynoutomaties kan doen. Besoek ons by versekeringspremies wat nie van www.dcgsa.co.za  betaalstaat afgetrek word nie.) 8. Televisielisensie, DSTV ens. 9. Bankfooie. 10. Maandelikse spaar-/beleggingsgelde. CASPER LE GRANGE is ’n 11. Noodfonds. geregistreerde skuldberader by 12. Enige ander uitgawes wat nie van die die nasionale kredietreguleerder. betaalstaat afgetrek word nie. NCRDC 1560.

SKAKEL ONS GERUS

SKUD JOU SKULD AF! SMS of WhatsApp

061 432 8499 e-pos JUIG! TYDSKRIF XX

help@dcgsa.co.za


FLAGS HUWELIK

God seën die eenheid tussen

MAN & VROU —deur Tanya Powell

A

s ek eerlik moet wees, was die inperking as gevolg van COVID-19 vir ons as gesin ’n baie geseënde tyd. Die langste wat ons Neil nog ooit voorheen aaneen tuis gehad het, was miskien vyf tot ses weke lank. Vir ons as ’n gesin om ses maande lank saam te wees, was heerlik. (Die beperkings vir sportspanne was uiteraard langer en het gegeld tot en met vlak 2 van inperking). Ons het tyd gehad vir saam lag, om rustig saam oor dinge te besin, maar bowenal het ons tyd gehad om weer stil te raak.

Die wonders van die boek Jesaja Tydens die inperking het ek my stiltetyd in Psalm 91 asook die boek Jesaja deurgebring. Ek was in verwondering oor die groot impak wat die boek Jesaja selfs in Jesus se tyd gehad het. Dit vertel hoe God Homself op soveel verskillende maniere aan ’n doodgewone man openbaar het. Hy het Jesaja met geheime, profetiese woorde en insigte toevertrou waarvan die meeste mense net kan droom.

Agtergrond en konteks van die Bybelboek Wanneer ek ’n nuwe boek van die Bybel aanpak, hou ek daarvan om navorsing te doen oor die agtergrond en konteks van die boek en al die rolspelers wat daarin verskyn. Met die boek Jesaja het ek Unlocking the Bible van David Pawson nadergetrek om ’n beter begrip van die boek se agtergrond te kry. Ek het ’n nuwe insig gekry oor die wonderlike raamwerk van die boek in terme van die hoofstuksamestelling. Ek het die persoon, Jesaja, in ’n ander lig gesien en beter leer ken, maar ek het ook iets besonders raakgelees wat ek nooit geweet het nie. XX JUIG! TYDSKRIF 12 JUIG! TYDSKRIF

Iets wat my, as vrou wat ’n groot, ondersteunende rol in my man se lewe speel, diep aangeraak het.

Jesaja se vrou Pawson verduidelik dat Jesaja se vrou self ’n profetes was (Jesaja 8:3), maar dat haar profesieë nooit opgeteken is nie en daar niks van hulle gevind kan word nie. Die bespiegelings, dat Jesaja van sy profesieë met sy vrou bespreek het voordat hy dit aan sy gehoor oorgedra het, is sekerlik nie vergesog nie. Ek was verwonderd oor die feit dat God die eenheid tussen man en vrou selfs met profete belangrik geag het. Ek kan nie help om te dink hoe man en vrou saam besin het oor die wonderlike openbarings wat die Here aan Jesaja toevertrou het nie.

Eenheid in groot en klein dinge In my en Neil se huwelik het ons sommer vroeg al ontdek dat God se seëning of hand nie teenwoordig kon wees as daar nie eenheid tussen ons twee is ten opsigte van besluite wat ons neem nie. Ons het besef dat elke besluit waaroor ons nie eenstemmig was nie, liewer saam voor die Here se voete geplaas moes word – ongeag hoe klein of groot dit is – totdat ons in eenheid ’n antwoord kry.

Die Here se seën is belangrik Ek en Neil neem nou eerder langer om ’n besluit te neem as dat ons een neem sonder die Here se seën daarop of dat ons al twee Sy bevestiging ontvang het.  TANYA POWELL doseer anatomie vir eerstejaars aan die Maties se Sportwetenskapdepartement. Kontak haar by powelltanya82@gmail.com om as gasspreker op te tree.


FLAGS

Bybelse antwoorde op moeilike vrae

VRA

Ek is ’n weduwee en was baie eensaam, maar ek het iemand ontmoet. As ons egter trou, sal ek my pensioen verloor. Mag ons onder hierdie omstandighede saamwoon sonder om wettig getroud te wees? Ons is gelowiges.

A. Die Bybel sê baie duidelik dat “seksuele losbandigheid” (allerhande seksuele gedrag buite die huwelik) vir God onaanvaarbaar is. “Julle moet niks met seksuele losbandigheid te doen hê nie. Elke ander sonde wat ’n mens doen, vind buite sy liggaam plaas, maar iemand wat seksueel losbandig lewe, vergryp hom aan sy eie liggaam” – 1 Korintiërs 6:18. Jy het dus net twee keuses. Verbreek die verhouding en/of gaan daarmee voort op ’n vriendskapsbasis, of laat vaar jou pensioen en trou. “Vir die ongetroudes en die weduwees sê ek: Dit is vir hulle goed om ongetroud te bly soos ek. Maar as hulle nie in onthouding kan leef nie, moet hulle trou, want dit is beter om te trou as om deur hartstog verteer te word” – 1 Korintiërs 7: 8-9. Niks is belangriker as ons verhouding met die Here nie. As ons dit opoffer loop ons gevaar om eensaamheid op ’n ondenkbare skaal te ervaar.

JOU VRAE

E-pos jou vrae aan joyquestions@valwaldeck.com V. Is akupunktuur gewortel in ’n ander godsdiens? Daar is vir my gesê dat die pyn in my bo-arms met akupunktuur verlig kan word, maar ek wil nie die behandeling ontvang as daar geestelike konnotasies is nie. A. Daar is twee soorte behandeling wat gewoonlik akupunktuur genoem word. Die een word droënaaldterapie genoem – dit behels die gebruik van naalde om spierpyn te verlig sonder enige godsdienskonnotasies. Die doel is om pyn te verlig deur bewese riglyne vir die behandeling van spesifieke toestande te volg. Die bedoeling van die ander behandeling waarna as akupunktuur verwys word, is om die stroom van Qi (of energie) op tradisionele Chinese meridiane (’n denkbeeldige sirkel op die aarde se oppervlak wat noord en suid deur die Noord- en die Suidpool loop) te verander. Die gevaar is dat die meeste akupunktuurpraktisyns werklik glo in die Tao-/jin-jang-filosofie, wat die kern van akupunktuur is. ‘n Christen behoort hoegenaamd niks met Taoïsme te doen te hê nie en moet behandeling deur New Age-terapeute vermy. As jy daaroor twyfel, laat staan dit liewer! “As iemand egter twyfel

Val Waldeck is ’n outeur, Kindle-uitgewerskonsultant en ’n Bybelleraar. Vir hulp met die skryf en bemarking van jou boek, besoek www.valwaldeck.com

en tog eet, is hy klaar veroordeel omdat hy dit nie uit geloofsoortuiging doen nie. En enigiets wat ’n mens nie uit geloofsoortuiging doen nie, is sonde.” – Romeine 14:23

V. Die lewe onder die inperking was vir my ’n frustrerende en eensame ervaring. Dink jy dat die lewe vir iemand in hulle goue jare weer opwindend kan wees? Of moet ek dinge maar net aanvaar soos dit is en deurdruk? A. Die oplossing vir frustrasie en

eensaamheid is om in ons verhouding met die Here te groei en ’n instrument in Sy hande te wees om ander te help. Waarom vra jy nie die Here vir ’n projek Val Wald wat Hy spesifiek aan jou kan toevertrou If yo nie? Een waar jy jou lewe wy om ander te dien, sal ’n groter bron van vreugde wees as wat jy dink. “Wie anders tog as julle is ons hoop en ons blydskap, die kroon op ons werk waarop ons trots sal wees wanneer ons met sy wederkoms voor die Here Jesus sal verskyn? Júlle [‘ander’ wat jy vir Jesus kan beïnvloed] is immers ons trots en ons blydskap!” – 1 Tessalonisense 2:19. Is jy gereed vir hierdie uitdaging? Mag jy van krag tot krag gaan en deur die Here gebruik word om baie ander mense te seën. 

JUIG! TYDSKRIF XX JUIG! TYDSKRIF 13


FLAGS RAAD

Teenboelieen-selfdood-

bewusmakingsveldtog bemagtig gemeenskappe

A

—deur Leandie Bräsler

friForum se teenboelieveldtogspan skep sedert 2017 bewustheid en meer as 100 skole reg oor die land is reeds toegespreek oor boeliegedrag, asook die impak daarvan. Dit is vir AfriForum belangrik om saam met skole te werk sodat gemeenskappe kan saamstaan wanneer dit by die welstand van leerders kom. Leerders word toegerus met die nodige kennis en vaardighede om proaktief op te tree om boeliegedrag hok te slaan. Dit is veral noodsaaklik om kinders te bemagtig aangesien hulle in ’n gewelddadige samelewing grootword. Met maklike toegang tot tegnologie, die internet en televisie word hulle al hoe meer blootgestel aan boelies en gruwelverhale in die samelewing. Volwassenes (gemeenskappe, skole, onderwysers en ouers) het ’n plig om kinders met die noodsaaklike gereedskap toe te rus sodat hulle sal weet hoe om op te tree wanneer hulle geboelie word.

Praat oor taboe-onderwerp Die teenboelieveldtog het vroeër vanjaar nóg ’n been – selfdoodvoorkoming – bygekry. Selfdood word gewoonlik as ’n taboe-onderwerp hanteer en is iets waaroor volwassenes nie sommer met kinders gesels nie. Dit is waarom

FEITE OOR BOELIEGEDRAG/AFKNOUERY • Boeliegedrag is skadelike of aggressiewe gedrag wat op ’n aanhoudende en deurlopende wyse plaasvind; spesifiek waar daar ’n wanbalans van mag voorkom. • Dit is ’n wêreldwye probleem. • Luidens ’n Unesco-verslag word bykans 250 miljoen kinders en jongmense jaarliks wêreldwyd afgeknou. • 25% van Suid-Afrika se ouers beweer dat hul kind al ’n slagoffer van boeliegedrag was. • In 2018 het ’n studie – waaraan sowat 21 000 mense van 28 verskillende lande deelgeneem het – bevind dat Suid-Afrika die hoogste voorkoms van kuberafknouery het. • Meer as die helfte (54%) van Suid-Afrika se ouers weet dat ’n kind in hul gemeenskap kuberafknouery ervaar. • Kuberafknouery word gedefinieer as die optrede waardeur iemand geteister, verneder, gedreig of in die verleentheid gestel word deur elektroniese metodes soos blitsboodskappe, e-posse of sosiale media. • Ander vorme van afknouery sluit fisiese, verbale en emosionele afknouery in.

AfriForum saam met WIRED – Flip The Switch en Lynette Beer werk. WIRED fokus op die verskillende temperamente van kinders. Daar is kinders wat nie sommer oor hulle emosies wil praat nie, maar tog dra hulle hul seer alleen.

Ken jy werklik jou kind? AfriForum het onlangs ’n kort dokumentêre

SELFDOODVOORKOMING • Ongeveer een miljoen mense pleeg jaarliks selfdood. • Wêreldwyd sterf daar elke 40 sekondes iemand as gevolg van selfdood. • Selfdood is die tweede hoofoorsaak van sterftes in die ouderdomsgroep 5 tot 19 jaar. • Suid-Afrika se beraamde selfdoodsyfer van 13,4 mense per 100 000 is ongeveer vier keer die wêreldkoers van 3,6 per 100 000.

rolprent oor Herman Odendaal (12) van Kestell in die Vrystaat vervaardig om bewusmaking onder ouers en onderwysers te skep rondom die tema van selfdood. Dit stel ook die vraag: “Ken jy werklik jou kind?” Herman het op 19 Julie vanjaar sy eie lewe geneem. Hy het homself aan ’n boom in sy ouers se tuin opgehang. Die COVID19-tydperk en boelies het ’n rol gespeel en tot hierdie aksie gelei. Herman se ouers, Johan en Arina Odendaal, het ingestem dat hul seun se verhaal vertel word sodat sy heengaan ’n verskil in die samelewing kan bring.

Raak betrokke! AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe, ouers en onderwysers om proaktief op te tree. Raak by die kinders betrokke. Luister na hulle en help om na hul geestelike welstand om te sien. 

Besoek teenboelie.co.za vir meer inligting oor AfriForum se

XX JUIG! TYDSKRIF teenboelie-en-selfdoodbewusmakingsveldtog en laai die teenboeliegids gratis af.

C

M

Y

CM

MY

CY

CMY

K


Matteus

FLAGS

MATTEUS 7:12: “Doen vir ander alles wat julle graag wil hê hulle vir julle sal doen.”

Matteus dra die volle wapenrusting van God en leer kinders om ook elke dag hulle eie wapenrusting “aan te trek” sodat hul nie net teen boelies beskerm word nie, maar dat die wapenrusting hul ook sal beskerm om nie ander kinders te boelie nie.

Die volle wapenrusting van God Helm van verlossing: Swaard van die Gees: Die Woord van God (die Bybel) beskerm ons teen die vyand, maar genees ook wonde.

Bewaar ons denke, want sonde begin by ons denke – die helm help ons om tussen goed en kwaad te kan onderskei.

Skild van geloof: Help ons om nie te twyfel nie en om in die getrouheid van God se Woord te glo.

Borsharnas van geregtigheid: Beskerm ons harte teen beskuldigings en aanvalle.

Skoene van vrede:

Waarheid as gordel:

Help ons om oor gevaarlike struikelblokke te kan loop en die boodskap van Jesus aan ander oor te dra.

Help ons om nie te jok nie, maar om alles met waarheid te doen.

www.teenboelie.co.za

SMS jou skool se naam na 32340 as jy wil hê Matteus moetJUIG! jouTYDSKRIF skool besoek. XX SMS kos R1.


FLAGS

YSTERMAN, ATLEET EN ONBESKAAMDE GETUIE VIR JESUS

XX JUIG! TYDSKRIF 16 JUIG! TYDSKRIF

Voor die ongeluk het Alwyn vir Maties rugby gespeel terwyl hy sy BCom logistiek voltooi het en het later ook vir die Sharks Akademie rugby gespeel


S Y U N Y ALW ‘Ophou is nie ’n opsie nie’

FLAGS VOORBLADARTIKEL

—deur Lourieke Haller

D

ie lewe stem nogal baie met die oseaan ooreen. Daar is wonderlike oomblikke en asemrowende dae, maar as die storm losbars, verander alles.” Dit is die insiggewende woorde van Alwyn Uys, ’n jongman wat reeds groot storms trotseer het en soos ’n Petrus op die water loop. Hy het onlangs van Robbeneiland na Eden on the Bay in Blouberg geswem. Die 8 km in yskoue water (12°C tot15°C) is reeds ’n groot uitdaging vir enige atleet, maar vir Alwyn was dit nog ’n groter toets – hy is ’n parapleeg. Hy het in 2014 as 24-jarige sy rug in ’n motorongeluk gebreek. Wanneer jy vir Alwyn ontmoet, is dit egter nie die rolstoel wat die eerste indruk maak nie. Dis die intensiteit van lewe en energie wat uit hom straal. Kyk jy na sy YouTube-video’s is dit moeilik om hom as ’n parapleeg te sien, want die manier waarop hy te werk gaan, laat ’n mens baie gou besef

dat die verlamming hom glad nie definieer nie – dit is nie sy identiteit nie. Hy gaan aan met sy lewe, hy kan per toeval net nie sy bene gebruik nie. Ons het met hom gesels oor sy Robbeneilandswemtog en sy planne vir die toekoms.

Jy het geskiedenis gemaak deur die eerste Suid-Afrikaanse parapleeg te wees om aan ’n Halfystermankompetisie deel te neem. Wat behels ’n Ystermankompetisie presies en het jy teenkanting gehad? Ek het die Halfysterman gedoen. Dit is eintlik ’n reeks langafstand-driekampwedlope. Jy swem 1,9 kilometer, dan is daar ’n fietsrit van 90 kilometer en jy sluit af met ’n padwedloop van 21 kilometer. Die grootste teenkanting was my eie gedagtes en denke. Om my kop om die feit te kry dat dit wel moontlik is en gedoen kan word, was die grootste uitdaging! ’n Mens se eie kop is soms jou grootste vyand.

Hoeveel oefening en beplanning het dit geverg? Dit was ’n rowwe tyd om vir drie sportsoorte gelyktydig te oefen én ek was boonop onervare in al drie. Ek moes spesiale toerusting aanskaf en van dit self bou om kostes te bespaar. Ek het gelukkig ’n paar goeie vriende wat saam met my geoefen het en my help voorberei het vir die kompetisie.

Jy het verlede jaar maande lank vir die Ystermankompetisie voorberei, maar dit is toe weens COVID-19 gekanselleer. Hoe het jy die teleurstelling hanteer? Ek vergelyk dit met my ongeluk en hoe ek op daardie oomblik in my lewe gevoel het. Iets word van jou weggeneem en dit is buite jou beheer. Met my ongeluk het ek gevoel ek is alleen in my situasie. Al het ek familie en vriende om my gehad, kon niemand hulle regtig in my skoene plaas nie. Soms voel ’n mens alleen in jou stryd teen die lewe en omstandighede, maar dit maak dit aansienlik beter as jy besef jy ís nie alleen nie. God is altyd by my, Hy bepaal die koers van my lewe. » JUIG! TYDSKRIF XX JUIG! TYDSKRIF 17


FLAGS VOORBLADARTIKEL

S Y U N Y W AL ‘Ophou is nie ’n opsie nie’ Jy het in ’n ander onderhoud gesê: “Jy hoef nie in ’n rolstoel te eindig voordat jy werklik begin lewe nie.” Wat beteken “om werklik te begin lewe” vir jou? Om te ontdek wat ons roeping is: Hoekom is ons hier? My ongeluk het my wakker gemaak vir die feit dat die lewe baie kort en broos is en in ’n oogwink weggeneem kan word. Ek wil nie aan die einde van my lewe kom en besef ek het nooit my ware roeping uitgeleef nie.

ROEPING En dit is nie net mooi woordjies nie. Jy het die sekuriteit van ’n werk by jou pa se vrugteuitvoerbesigheid laat vaar om gehoorsaam te wees aan jou roeping. Wat voel jy is jou roeping? Ja, dit was ’n massiewe geloofstap vir my. Die Here het my ’n gawe en talent vir sport gegee én ’n volhardingsvermoë om dinge aan te pak wat volgens die meeste mense onmoontlik is. Maar dit is hoe God Hom in my lewe sigbaar maak – deur die onmoontlike moontlik te maak! Mense dink miskien dat ek verlam is, maar dit kan nie verder van die waarheid af wees nie. Jou gedagtes is ’n slagveld en as jou

denke verlam is, kan jou liggaam niks vermag nie. Hierdie omstandighede sal my nie stop om my drome vlerke te gee nie. Ek is geroep om elke uitdaging aan te pak, in die sportwêreld asook enige ander uitdaging wat die Here vir my het. Ek is geroep om mense met my getuienis te bedien en hulle te bemoedig met wat die Here in my lewe moontlik gemaak het.

Die Here het jou onlangs in die bediening begin gebruik. Vertel ons ’n bietjie meer. Ek is nog altyd passievol oor die Here en bediening was altyd in my hart, maar sport is ook baie belangrik in my lewe en hier is Alwyn het in 2018 twee goue medaljes by die SAparafietsrykompetisie gewen en het in 2017 aan die parafietsrywêreldbeker deelgeneem.

XX JUIG! TYDSKRIF 18 JUIG! TYDSKRIF

ek vandag! Nou kombineer ek bediening en sport! God het oor die afgelope paar maande ’n gawe in my wakker gemaak. Ek is onlangs genooi om tieners by ’n kerkdiens toe te spreek. Toe ek die dag voor die tyd bid oor wat ek moet sê, wys die Here vir my ’n beeld van iemand wat daar gaan wees en sekere dinge in haar lewe – ’n woord van kennis. Hy het my selfs gewys waar sy in die kerk sou sit. Daardie aand herken ek haar toe; sy het presies gesit waar Hy my gewys het. Ek kon vir haar bid en die Here het haar aangeraak. ’n Mens ervaar die Here se liefde wat deur jou vloei na daardie persoon toe. Ek het vir die Here gesê: “Dít is wat ek wil doen!” »


FLAGS

DIT IS HOE GOD HOM IN MY LEWE SIGBAAR MAAK – DEUR DIE ONMOONTLIKE MOONTLIK TE MAAK!

JUIG! TYDSKRIF XX JUIG! TYDSKRIF 19


S Y U N Y W L A ‘Ophou is nie ’n opsie nie’

FLAGS VOORBLADARTIKEL

Drie dolfyne het Alwyn kom groet terwyl hy van Robbeneiland na Eden on the Bay geswem het

Kom ons praat oor die Robbeneilandswemtog. Hoekom het jy dit aangepak? Dit is iets wat die Here meer as ’n jaar terug op my hart geplaas het. Eers kon ek nie verstaan hoekom ek dit moes doen nie. Toe wys Hy my die storie van die kinders van Israel wat deur die Jordaan-rivier moes gaan om by die Beloofde Land uit te kom. Toe hulle deur die Jordaan stap, het die priesters klippe uit die rivier geneem en op mekaar gepak as ’n gedenkteken van wat die Here daardie dag vir hulle gedoen het. Die Robbeneilandswemtog was my Jordaan-rivier. Ek is aanvanklik baie geïntimideer deur die uitdaging daarvan en ook deur my roeping! Net soos die Israeliete moes ek my eie reuse konfronteer.

Wat was jou oefenprogram? Ek het ’n jaar lank hiervoor geoefen en om en by vyf dae per week 4 km per dag geswem. Ek het ook ander fiksheidsoefeninge gedoen. [Vir verdere inligting oor hoe hy oefen, besoek Alwyn se YouTube-kanaal waar daar meer as een oefenvideo te sien is.] XX JUIG! TYDSKRIF 20 JUIG! TYDSKRIF

Hoe het dinge op die dag verloop? Die see was baie rowwer as wat ons verwag het, daar was reën op pad en die deining was hoog. Ek moes ook regtig hard veg teen die seestrome. Jy is daar in die middel van die see en jy voel so klein, want jy kan nie die land sien nie, jy is uitgelewer aan die elemente en dis net jy en jou gedagtes en die Here.

Ons weet jy het dit vermag met net jou arms , sonder die gebruik van jou bene. Het jy enigsins ‘n punt bereik waar jy wou opgee? Ophou was nie ’n opsie nie. Hierdie swemtog is ’n groot deurbraak in my lewe: finansieel, met my loopbaan, met die Here se planne vir my – dit is die eerste groot taak wat Hy my gegee het nadat ek besluit het om Hom voluit te volg. Ek het in ‘n stadium in die water vir Hom gesê: “Here, hierdie is regtig tough!”

Sy antwoord was: “Ek het nie gesê dit gaan maklik wees nie.” Dit was werklik ’n groot geestelike ervaring vir my.

Wat lê nou vir jou voor? My fokus is die Ystermankompetisie in November vanjaar. Ek het ook ontdek dat ek hou van ultralangafstandswem. Dalk is dit iets wat ek in die toekoms verder sal aanpak. Dan het ek ook ’n besigheidsvennootskap met Legion of Lions aangegaan wat my help om my handelsmerk te laat groei.

Wat deel jy op jou YouTube-kanaal? Dit gaan oor leefstyl, oefen en geestelike groei. Ek maak weekliks video’s van my fiksheidsoefeninge, events en uitdagings asook die geestelike reis daarvan. As iemand op soek is na motivering, dan is dit die kanaal om op in te teken.  ALWYN UYS is beskikbaar vir motiveringspraatjies of bediening. Kontak hom gerus by info@alwynuys.com , besoek sy webblad alwynuys.com en volg hom op Facebook en Instagram. Skandeer die QR-kode vir Alwyn se YouTube-kanaal. en teken daarop in. Kyk ook uit vir die dokumentêre rolprent oor Alwyn se lewe, Against all Odds, wat later uitgereik gaan word.


FLAGS

Foto’s: Nelis Engelbrecht

DIE GROOTSTE TEENKANTING WAS MY EIE GEDAGTES EN DENKE. OM MY KOP OM DIE FEIT TE KRY DAT DIT WEL MOONTLIK IS EN GEDOEN KAN WORD, WAS DIE GROOTSTE UITDAGING! ’N MENS SE EIE KOP IS SOMS JOU GROOTSTE VYAND.

JUIG! TYDSKRIF XX JUIG! TYDSKRIF 21


FLAGS GETUIENIS

LUCILLE MAY vind haar stem in vreeslose eerlikheid

—deur Lourieke Haller

D

ie humor vonkel in Lucille May se groenblou oë terwyl ons voor haar boekbekendstelling gesels. Sy is ontspanne, natuurlik en beskryf haarself juis as volg: “Ek is nie ’n frilletjieen-valletjie-vrou nie – nie dat ek ’n probleem het met sulke vroue nie, ek bewonder hulle eintlik skelmpies – ek is plat op die aarde. Ja, ek hou van goeie smaak; ek weet wanneer dit afwesig is, maar weet nie altyd hoe om dit te skep nie – daarvoor het ek vriendinne.”

Kinderjare en wettiese Christenskap Lucille se pa was ’n predikant en sy die vyfde van sy sewe kinders. Haar ouers het ontmoet in een van die tradisionele susterskerke wat in die 40’s weggebreek het toe herlewing uitgebreek het. Party mense het dit die “De Vos-kerk” genoem. Hierdie groep het baie klem gelê op die feit dat jy wedergebore moet word. Lucille se pa het altyd ’n uitnodiging gegee vir mense om vorentoe te kom en hulle lewe aan die Here oor te gee. Die groep was ongelukkig ook vreeslik wetties en sy het hiermee grootgeword – geen grimering, langbroeke of juwele nie.

Moeg vir godsdienstigheid “Ons was ook vrek bang vir die hel, daarom het ons almal vroeg reeds ons ‘hartjies vir Jesus gegee’. Ons het almal ons tiekets hemel toe gekry – of so is ons wysgemaak,” vertel sy. “Ek het selfs ’n traan gestort, want dit was blykbaar deel van die formule vir redding.” Sy het egter

as student die godsdienstigheid “soos ’n donker kleed” van haar afgegooi en uiteindelik as ’n 21-jarige finalejaarmusiekstudent wat vir ’n wyle met depressie gesukkel het, alleen in haar kamer besluit om met God te praat – “al bestaan Hy nie”.

Ware bekering “Ek het met my vuis op die bed geslaan en gesê: ‘God, as U bestaan …’ Ek het onmiddellik die eerste keer in my lewe God se teenwoordigheid ervaar. Ek besef vandag Hy het seker gewag tot ek by daardie plek van absolute eerlikheid uitkom. Ek kon nie oor so ’n saai, aardgebonde lewe opgewonde raak nie. Ek het besef dis waar my depressie vandaan kom! Terselfdertyd het ek sonder twyfel gesnap dat net God my uit so ’n nuttelose bestaan kan red. Hy het my gees kom wakker maak en toe verstaan ek vir die eerste keer wat wedergeboorte is!”

Byeenkomste in die sitkamer lei tot ’n lewenskragtige kerk

“Ek lag nog die een oomblik en die volgende klits ’n warrelwind my van agter … en ek lê en ek weet – my dag het aangebreek …“

Lucille is die medestigter van die Shofarkerkgroep. Sy en Fred May het die kerk in 1992 as jong getroudes gestig toe dit spontaan uit byeenkomste by hulle huis ontstaan het. “Vriende het kom kuier en hulle deurmekaar vriende saamgebring … Hulle het hulle deurmekaar stories vertel en Fred het hulle van Genesis tot by die maps agterin die Bybel bepreek. Naderhand was ons sitkamer te klein.” Die kerk wat “per ongeluk” begin het, het uit sy nate begin bars. Fred en Lucille het 20 jaar lank ’n groot invloed op die akademiese room van Suid-Afrika gehad. Talle studente het in dié kerk tot bekering gekom, is met die Gees vervul en is nou sterk Christen-leiers in hulle gemeenskappe en in die beroepswêreld. Die kerk het uit die Mays se voorkamer landwyd uitgebrei en toe selfs na Europa versprei.

Die slag was groot

Lucille by haar twee seuns, Matthew (links) en Stephan (regs)

XX JUIG! TYDSKRIF 22 JUIG! TYDSKRIF

Ongelukkig is die egpaar vroeg in 2014 uitmekaar. “Die duiwel het sit en wag vir die sukses om te groei sodat hy op die kruin die meeste skade kon aanrig … mense en trone het inmekaargetuimel en verwoesting is gesaai. Ek en my huwelik het ook in die slag gebly – en die slag was groot,” verduidelik sy oor hierdie hartseer punt in haar lewe. “Ek was eens deel van ’n florerende boom, ek het gegroei, omring deur ander sade wat in die rykdom van goeie grond en water groei. Saam met die ander sade het ek gelag as die wind so waai … ek het nie agterkom toe ek begin verkleur nie, toe die groen »


FLAGS

od, as U ‘G : ê s e g n e d geslaan te keer in my lewe e b e i d p o s t my vuis k die eer Ek het me.’ Ek het onmiddelli digheid ervaar. nwoor bestaan .. God se tee

JUIG! TYDSKRIF XX JUIG! TYDSKRIF 23


FLAGS GETUIENIS

LUCILLE MAY begin verdwyn nie … Ek het nooit agtergekom dat die stammetjie wat my aan die boom vashou ook aan die verdor was nie … tot dit te laat was. Ek lag nog die een oomblik en die volgende oomblik klits ’n warrelwind my van agter … en ek lê en ek weet – my dag het aangebreek, ek gaan sterf … Weet jy daar is ’n plek soos dood, terwyl jou hart aanhou klop?” beskryf sy dit poëties.

Nuwe begin, nuwe dinge Lucille woon steeds in Stellenbosch en gee tans musieklesse. Sy is bekend vir die pragtige musiek vir kooruitvoerings wat sy geskryf het toe sy nog in Shofar betrokke was, maar die Here het ook nuwe dinge vir haar in die pyplyn gehad. Sy het onlangs haar boek, Die Papie-Suite, bekendgestel. Sy het dit voltooi nadat ’n Duitse vrou, wat haar van geen kant af ken nie, geprofeteer het dat Lucille die boek – wat sy tien jaar gelede begin skryf het en toe laat stof opgaar het – moet klaarmaak. “Gedurende dié tien jaar het ek gegroei en verander; “Dit dit word beslis deur die verskillende skryfstyle in die eerste en tweede deel van die boek weerspieël. groei totdat Die emosies wissel soos ’n Barok-suite wat uit jy bereid is om jou verskeie danse bestaan,” sê sy in die inleiding van mot-potensiaal prys te die boek.

Skoonheid uit gebrokenheid

gee vir die Turkse mat wat uit jou lewe geweef moet word.”

Sy lewer baie eerlik kommentaar oor die twee skryfstyle: “In die eerste deel sal jy moontlik ’n selfversekerdheid bespeur wat aan verwaandheid grens. Dit is omdat dit sprekend van ’n ongebroke karakter is wat nog nie volwassenheid bereik het nie. In die tweede deel sal jy sien hoe daardie karakter gebreek word om ’n soeter, hopelik nederiger karakter te openbaar. ”

Van papies en Christenskap Sy brei ter verduideliking oor hierdie gebrokenheid en die titel van haar boek uit en vertel hoe in Turkye, waar die duur Turkse matte van sy geweef word, die papies in twee groepe verdeel word. Die eerste groep word toegelaat om as motte uit te broei wat eiers lê sodat die hele proses herhaal kan word, maar die tweede groep papies se kokonne word geoes en die papies word vir die hoenders gevoer. “Arme papie, hy voorsien vir mense mooi matte en word dan opgevreet,” merk sy op. Sy vergelyk ons lewens met dié van die papies. Soos die saad wat moet sterf, speel die lewensiklus van die twee groepe papies hom ook in ons lewens af. “Al twee wurms begin die siklus dieselfde – as ’n wurm. Dan spin hy homself toe. XX JUIG! TYDSKRIF 24 JUIG! TYDSKRIF

Dit is hier waar die twee groepe se paaie skei,” verduidelik sy. “Die meeste gelowiges stap die pad van die papie wat in ’n mot verander, eiers lê en die kringloop herhaal. So ’n Christen dra geestelike vrug wat ook in ander se lewens gereproduseer word. Die tweede groep papies wat egter die sy vir die matte voorsien en dan opgevreet word, is die tipe gelowige wat gefrustreerd is met die status quo – met dit wat hy om hom in Christen-sirkels waarneem en ook in sy eie geestelike bestaan ervaar. Hy is oortuig daar is iets meer, iets dieper, maar het geen idee hoe om dit te laat realiseer in sy lewe nie. Die prys om hierdie ding te realiseer is hoog, dit weet hy, maar hy gee nie om nie. Die frustrasie en desperaatheid groei totdat hy bereid is om sy mot-potensiaal prys te gee vir die Turkse mat wat hy weet uit sy lewe geweef moet word. “Aan watter groep behoort jy?” vra sy op haar kenmerkende eerlike en reguit manier in haar boek – ’n vraag wat elkeen van ons, net soos sy, ook vir onsself moet antwoord. 

LUCILLE MAY se boek, Die Papie-Suite, is op Takealot teen R220 te koop en op Amazon as ’n e-boek beskikbaar. Volg gerus ook haar blog by lucillemay.net of kontak haar by lucillemay@gmail.com


FLAGS STORIE VAN HOOP

Droom groter ‘Jy kan kies wat om van jou lewe te maak’

—deur Aitsa!

R

ozanne Appollis het in Lanquedoc grootgeword. Dit is ’n (VKO) bygewoon. Sy het met ’n gemiddeld van 95% geslaag en klein dorpie wat opgerig is om seisoenale plaaswerkers te tweede in haar klas geëindig! Sy voltooi tans haar vlak 5-VKOakkommodeer. Terwyl sy nog op laerskool was, het haar gesin kwalifikasie deur Saterdae klasse in Kraaifontein by te woon. Sy na Kylemore verhuis, waar sy graad 12 voltooi het. Daar was geen droom om verder aan die Universiteit Stellenbosch te gaan studeer opsie om ná skool verder te studeer nie, want sy moes begin werk en as ’n maatskaplike werker te kwalifiseer nadat sy haar vlak en geld verdien. Rozanne het aanvanklik as seisoenwerker op die 5-kwalifikasie voltooi het. Omdat sy as kind seksueel mishandel is, omliggende plase gewerk – sy het vrugte verpak. Later het sy ook wil sy kinders in haar gemeenskap beskerm en ’n veilige hawe vir saam met haar man in die wingerde gewerk hulle bied. Sy hou daarvan om die kinders wanneer die vrugteseisoen verby is. Vyf jaar drukkies te gee – veral wanneer sy kan sien “Ek wil hê dat elke kind gelede het die eienaar van Lemoenkloofplaas dat hulle ’n moeilike naweek agter die rug iets goeds van hulle lewens haar ingeroep en gevra of sy sou belangstel om het. as kombuisassistent by Aitsa te werk. Sy het die moet maak en ander geleentheid vir permanente werk aangegryp. Jy kan ook jou eie lewe verander! inspireer om ook van ’n Rozanne se twee kinders woon albei die beter lewe te droom.” Aitsa-nasorg by. Sy sê dat Aitsa ’n baie groot Rozanne het van die rol in haar persoonlike lewe speel en haar begin af tuis gevoel help om haar kinders, huishouding en huwelik beter te hanteer. Rozanne het die eerste twee jaar lank in die kombuis gewerk en met Hulle gesin eet nou elke dag aandete saam en gesels oor die die skoolklasse uitgehelp as dit nodig was. Marietjie, Aitsa se spanleier, probleme en hoogtepunte van die dag. Aitsa se ondersteuning en het haar potensiaal en werksetiek raakgesien en haar as permanente beginsel om mekaar te help, beteken baie vir haar. Sy fokus daarop assistent aangewys vir die graad 4-klas en toe ook vir die graad 3-klas. om elkeen se bydrae in haar lewe te gebruik om as persoon te groei Rozanne help steeds soggens tot middagete in die kombuis om en die goeie vrug met ander te deel. Haar boodskap aan ander? “Jy maaltye vir die 230 kinders in Aitsa se sorg voor te berei. kan kies wat om van jou lewe maak …" 

Aitsa het Rozanne aangemoedig om met verdere opleiding te begin

Verlede jaar het Rozanne ’n kursus in vroeë kinderontwikkeling AITSA is ‘n organisasie wat op Bybelse beginsels gegrond is en ’n veilige, liefdevolle en stimulerende omgewing wil skep waar elke kind se volle potensiaal ontwikkel kan word. Besoek aitsa.org

Mergon werk in vennootskap met Koninkryksorganisasies en bedieninge in Afrika en die Midde-Ooste om hoop te bring en gemeenskappe positief te verander. www.mergon.co.za

JUIG! TYDSKRIF XX


FLAGS RUBRIEK

DIE 21STE EEU WORD

MONDIG —deur dr. Elza Meyer

2

021 het die potensiaal om wonderlike geleenthede te ontsluit óf vreesaanjaend voor ons uit te strek. 2020 het bewys dat ’n nuwe seisoen ’n mens onverhoeds kan verras. Niemand het ’n jaar gelede verwag dat COVID-19 so ’n radikale uitwerking op die normale gang van die lewe sou hê nie. Daarom moet ons wyer kyk en groter dink as wat ’n mens ooglopend kan sien of logies kan voorsien.

Wat lewe in jou hart as jy oor 2021 dink? Miskien hou die nuwe jaar vir jou groot uitdagings in. Dawid is deur die uitdaging van ’n leeftyd in die gesig gestaar toe hy teen Goliat moes gaan veg. Die reus het hom beledig, omdat hy maar net ’n seun met ’n slingervel in die hand was wat ’n magtige kryger wou aandurf. Sy geloofsbelydenis tref ’n mens tussen die oë: “Jy kom na my toe met ’n swaard en ’n spies en ’n lans, maar ek kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige, die God van die magte van Israel.”

Betree die nuwe jaar met vrymoedigheid Ons probleem is dat ons siening van God ons baie keer beperk. Die teoloog, A.W. Tozer, het met reg gesê: “What I believe about God is the most important thing about me.” Glo jy dat God vir jou sal opdaag? Glo jy dat Sy teenwoordigheid genoeg is? Indien ons soos Dawid begryp hoe groot ons God is, kan ons die nuwe jaar met vrymoedigheid betree.

Ons probleem is dat ons siening van God ons baie keer beperk.

Ons aanbid ’n God sonder beperkings Met jou hand in die God van die Bybel se hand het jy niks te vrees nie. Hy het ons dae afgetel voordat hulle aangebreek het. Die lewensversekering wat God bied, bring volkome gemoedsrus. Hy is XX JUIG! TYDSKRIF 26 JUIG! TYDSKRIF

alomteenwoordig en al kan die arms van jou verstand nie Sy kosmos-skeppende grootheid omhels nie, is Hy die heeltyd naby jou.

Hoe beskryf ’n mens die grootheid van God? Die skrywers van die Bybel het hulleself keer op keer afgevra hoe groot God nou eintlik is en elke keer besef dat hulle eintlik geen benul het hoe om Hom te beskryf nie. Hulle kon maar net vrae oor Sy grootheid vra. Nadat God die Rooisee oopgekloof het, het Moses in ’n lofsang uitgeroep: “Wie van die gode kan met U vergelyk word, Here? Wie is


FLAGS

God se genade kan nie geweeg word nie en Sy vermoë kan nie gemeet word nie! Die God van wie ons praat, oorspan alle grense! Sy karakter is onberispelik en Sy trou duur van geslag tot geslag! Sy genade is sonder einde en Sy guns maak die onmoontlike moontlik!

so hoog en verheerlik soos U? Wie is so vreesaanjaend groot? Wie kan sulke wonders doen soos wat U laat gebeur?” – Eksodus 15:11 (NLV) Jesaja het ook in hoofstuk 40:12-13 gevra: “Wie het die waters in die holte van sy hand afgemeet, met die breedte van sy hand die maat van die hemel bepaal, met ‘n maatemmer die grond van die aarde afgemeet, met ‘n skaal die berge en die heuwels geweeg? Wie kan die Gees van die Here peil, wie kan sy raadgewer wees?”

God se groot liefde vir ons Dis nie slegs God se omvangryke vermoë wat jou asem wegslaan nie. Sy liefde doen dieselfde: “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.” – Johannes 3:16 Ons Vader reken Christus se geregtigheid toe vir elkeen wat glo en vra slegs dat jy in opregtheid na Hom sal roep! Met die aanroep van Sy heilige Naam is God in jou midde!

Geen einde aan Sy reddingskrag nie God se reddingskrag is onbeperk! Dawid het dit keer op keer beleef: Met die krag wat God hom gegee het, het hy ’n leeu en ’n beer doodgeslaan! In Psalm 18:30 getuig hy: “Met u hulp loop ek ’n oormag storm, met my God by my is geen stadsmuur vir my te hoog nie.” Die dissipels en skares het op soortgelyke wyse Jesus se reddingskrag beleef: ’n Woord uit ons Here se mond het die see verstil en Sy teenwoordigheid het genesing gedra! Daar is geen einde aan Sy reddingskrag nie! Hy wil en Hy sal jou ook uitred!

Ons aanbid ’n onmeetlike groot God God se genade kan nie geweeg word nie en Sy vermoë kan nie gemeet word nie! Die God van wie ons praat, oorspan alle grense! Sy karakter is onberispelik en Sy trou duur van geslag tot geslag! Sy genade is sonder einde en Sy guns maak die onmoontlike moontlik! Hierdie onoorwinlike, onpeilbare, onberekenbare magtige Wese is toeganklik vir weerloses en magtiges; vir kinders en oumense; vir vroue met stukkende harte en mans met waagmoed! Jy kan dit maar glo: Hy sal ook vir jou opdaag! Wie in hierdie onpeilbare, onbeskryflike, onmeetbare, onoorwinlike God glo, kan 2021 met vrymoedigheid betree!  DR. ELZA MEYER is die stigter van Turn2God-bedieninge wat landwyd en internasionaal geloofsgemeenskappe oproep en toerus om hulle na God te wend. Kontak haar by elza@turn2god.co.za

JUIG! TYDSKRIF XX


FLAGS GETUIENIS

Van vormgodsdiens, tot ateïs, tot in

GOD SE ARMS

“Ek glo glad nie. Ek glo nie daar is ’n God nie. Ek glo nie daar is ’n geestelike dimensie nie. Ek glo nie daar is ’n hoër perspektief om die lewe mee te verklaar nie. HELP, asseblief help!” En daar is niemand. Net drie mense met kalm oë wat sagg ies gestrooi is in my lewe (2000-2005)

—deur Suné Joubert

D

soeke en antwoord sal ander soekendes hopelik aanmoedig om ít was my uitroep in vyf jaar van desperate soeke. Ek was ’n aan te hou soek. En as jy reeds die antwoord ontdek het, hoop ek uiters gewone kerkgaande mens. Vroeg in my lewe reeds die storie motiveer jou om vrymoedig te begin wys-en-vertel! het die gepleisterde mure van godsdienstige pretensie egter my oog gevang. Ek onthou hoe ek as 12-jarige om my in die kerk rondgekyk het en nie kon verstaan hoekom alles so Van vormgodsdiens tot ateïs stowwerig dood was nie. Hoekom het die werklikheid My leë vormgodsdiens het op die ouderdom van 30 tot van God in die kerk so radikaal verskil van wat ek in ’n einde gekom. Sewe mense ná aan my het almal Hoekom die Bybel en mense se wedervaringe gelees het? binne ’n kort tydjie die een ná die ander gesterf het die werklikheid Ek het in my vroeë tienerjare besluit dat dit alles – die bodem het uit my lewe geval. Ek het nie ’n fnuikspel is. Die pyn van mense om jou wat meer geestelike verduidelikings vir die sin in van God in die kerk dit ook so ervaar, is eg en uiters ontnugterend. die lewe gehad nie. Ek moes die werklikheid so radikaal verskil aanvaar: Ek was ’n volslae ateïs. Die woordeboek van wat ek in die verklaar ’n ateïs as “iemand wat nie glo in die Soekend na ’n geestelike werklikheid Bybel gelees bestaan van God of gode nie”. Dit was ek. Wat sien jou kinders? Wat sien jy? Hoe lank sien jy dit al? Wag jy ook vir ’n ware verhaal? Dalk wag het? jy ook vir iemand se getuienis aan wie se lyf die Geen ware ontmoeting met God nie werklikheid van God se goedheid gevat het … soos dit My reis as uitgesproke ateïs het my geleer dat daar in die Bybel beskryf word. Waar is daardie werklikheid dan? presies dieselfde vertwyfeling en sinisme oor God en Ís daar so ’n geestelike werklikheid? Is daar ’n God? godsdiens by die meerderheid mense rondom my is. Kerkgangers Hierdie vrae lê ’n halwe sentimeter diep onder die oppervlak in was amper die ergste. Min van hulle het die moed gehad om dit die meeste mense se twyfelende harte, insluitend kerkgangers – egter openlik te erken. Ons kan nie bloot aanneem dat mense wat dalk ook in joune. Die verhaal van my werklike vrae, ontnugtering, hulleself Christene noem (of kerk toe gaan) daarom ook ’n ware » XX JUIG! TYDSKRIF 28 JUIG! TYDSKRIF


FLAGS

JUIG! TYDSKRIF XX JUIG! TYDSKRIF 29


Van vormgodsdiens, tot ateïs, tot in

FLAGS GETUIENIS

GOD SE ARMS

ontmoeting met ’n lewende God gehad het nie. Indien dit wel so was, sou die lewe rondom ons drasties anders gelyk het.

Daar ís meer

jou: Gaan dieper en verwag meer! Die vreugde om God tydens ’n genesing of bevryding in aksie te sien; om Hom direk deur Sy Heilige Gees te hoor praat met woorde van insig en openbaring oor iemand se lewe of ’n lewensomstandigheid; dinge wat Hy in ons ore fluister voordat dit nog gebeur en dan te beleef hoe dit ’n werklikheid word … dit is ervaringe wat kenmerkend van ons alledaagse lewe en wandel saam met Hom behoort te wees.

Die werklikheid van een vriendin se ware ontmoeting met God het my oortuig om Hom nog één maal te gaan soek. Haar lewe het handomkeer verander. Daar was ’n onmiskenbare vrede in haar oë wat nooit voorheen daar was nie. Ek het by ’n Heilige Gees-geleide Bybelstudie en gebedsgroep beland Dié wat die pad saam met God stap waar ek die eerste keer in my lewe die kragdadig Ek kan terugkyk oor die afgelope 15 jaar en met gemanifesteerde teenwoordigheid van God in dankbaarheid vertel dat God se pad in baie Dit is aksie gesien het. Teen die vyfde keer wat ek die mense se lewens presies so gebeur: van die beter om die vrae groep bygewoon het, was ek gereed om ook op mees gewone mense tot die uitsonderlikste te staan en vir gebed te vra. hooggeplaastes. Van jong studente tot te hê as om net onder 82-jarige vroue wat aan die brand is vir die narkose van die Here. Van finansieel gestrooptes tot Ek ervaar God soos ek nooit vormgodsdiens aan uitvoerende hoofde van maatskappye. Ek het verwag het moontlik is nie die slaap te sulke Geesvervuldes wat ’n ware ontmoeting God sê in Sy Woord ons moet glo, want Hy is ’n met die lewende God gehad het, al op alle beloner van dié wat Hom soek (Heb 11:6). Ek sou wees. vlakke van die lewe teëgekom. God se opregte nooit kon dink dit sou so werklik in my lewe afspeel padstappers duik op die mees onverwagse plekke op. nie! Drie Geesvervulde vroue van die gebedspan Dit laat my hart van vreugde sing om te sien hoe slim Hy het vir my gebid en die Here het op bonatuurlike wyse hulle posisioneer – die onwrikbare padstappers van Sy paaie. ingegryp; daar het fisies iets met my begin gebeur. Dit bly tot vandag toe een van my grootste vreugdes om die gebeure van daardie eerste gebedsnag in herinnering te roep. Hou net aan met soek Die gebed het begin met die voorbidders wat spesifieke Indien die vertwyfelende vrae en onsekerheid oor God en Sy dinge woorde van kennis van die Heilige Gees ontvang het oor uiters by jou spook, wees getroos – dit is beter om die vrae te hê as om spesifieke worstelinge in my lewe – dinge waarvan net God net onder die narkose van vormgodsdiens aan die slaap te wees. kon weet. Daarna het God my fisies aangeraak met enersyds As ek as volslae ateïs ’n lewensomwentelende ontmoeting met God Bybelspesifieke bevrydings en andersyds ’n fisiese ervaring van kon hê, is dit vir almal moontlik! Hou asseblief net aan met soek.  hoe ek volgemaak word met Sy liefde. Ondenkbaar!

Gaan dieper en verwag meer Indien jy wel ’n gelowige is, maar nog nooit werklik die bonatuurlike dinge van God beleef het nie, is my noodsein aan XX JUIG! TYDSKRIF 30 JUIG! TYDSKRIF

SUNÉ JOUBERT is die ma van twee volwasse seuns en werk voltyds in Stellenbosch by ’n tegnologieproep. Sy tree as gasspreker op, praat oor God en Sy werklikheid en bied Bybel-gefokusde kursusse aan. Kontak haar by sune.pulse@gmail.com


FLAGS Daar het ’n siekte uitgebreek aan die vêrste punt van die woud. Die diere is benoud, skarrel rond en raak selfs bang, maar die wyse Dr. Uil het ’n plan! Kom vind uit hoe Pippi Posmeester, Nolsie Naaldekoker, Mou Meerkat en die ander woudbewoners saamwerk en saam gesond bly. Wat is ’n virus? Wat beteken isolasie? En wat doen die diere om hulself teen die virus te beskerm? Prys: R140

Met elke tandjie wat die sesjarige Anneke vir Kardoemsie los, ontvang sy ’n briefie oor al sy avonture én kry raad oor hoe om haar tandjies pêrelblink te borsel. Ontmoet die skattige én slinkse karakters wat rondskarrel op Annekehulle se werf en wandel saam met hulle in ’n wonderwêreld waar fantasie nog saam met Koning Kaspersie kan koning kraai. Prys: R180

In Junie 1900 word Pretoria sonder veel teëstand ingeneem en die Boere loop by die dosyne weg van die kommando’s. Die oorlog is verby en die Boere se moed is gebreek. Of só het dit gelyk totdat die Slag van Donkerhoek ’n keerpunt vir die Boere sou bring. Prys: R290

Albei vir slegs R390*

Die Anglo-Boereoorlog was nie net ’n stryd tussen Boer en Brit nie. Ernstige geskille rakende oorlogvoering het ook onderling tussen die leierskap van die twee Boererepublieke gewoed. Prys: R250

Bestel aanlyn by www.kraaluitgewers.co.za of kontak Kraal Uitgewers by 012 880 1953, stuur ’n Whatsapp na 063 128 6998 of ’n e-pos na kraal@kraaluitgewers.co.za. * Aanbod geldig tot 31 Januarie 2021 of terwyl voorraad hou. JUIG! TYDSKRIF XX


FLAGS RUBRIEK

Ons geloof benodig dringend ’n

OVERHAUL —deur prof. Stephan Joubert

E

en keer per jaar benodig my motor ’n Valse profete en eindtydkenners diens. Maar elke paar jaar is dit tyd vir Almal in die kerk het profetiese woorde oor ’n major overhaul. Dan moet die enjin dit, dat en die volgende ding, maar niemand van hoek tot kant bekyk en reggesien word. vra meer enige vrae as sulke profete verkeerd Nou ja, dit is nou sulke tyd vir ons geloof. is oor enigiets vanaf ’n bloedmaan bokant Die Christendom in Suid-Afrika is vinnig op Jerusalem – wat die begin van finale verdrukpad na die museum vir irrelevante spesies. king sou inlei – tot voorspellings dat Ons geloof het flou, liefdeloos, aggressief pres. Trump die afgelope verkiesing sou en hard geword. Buitestaanders skud wen nie. Niemand wonder hoekom net hulle koppe in stomme daardie eindtydkenners, wie se verbasing oor Christene menings vir vele kerklikes wat onder mekaar veg meer saak maak as God se In 2021 oor enigiets vanaf die Woord, nooit gewaarsku is dit tyd om te het dat die koronavirus Amerikaanse president huil en te treur. ons in 2020 sou tref nie. tot inentings teen die Dit is tyd om koronavirus.

onsself te verootmoedig.

Wat gaan ons evangelie vir 2021 wees?

En nou, om alles te kroon, is baie kerklikes meer behep met die vraag of inentings teen die koronavirus die merk van die dier is. Is dit eerlikwaar die beste sake waarmee ons ons kan besig hou? Is dit wat ons evangelie geword het in 2021? Is ons uitgelewer aan halfgebakte profete, celebrity-kerkleiers en stryende Christene wat elke dag nuwe probleme in die wêreld raaksien om almal XX JUIG! TYDSKRIF 32 JUIG! TYDSKRIF

mee bang te maak? Het ons groter kenners geword van die duiwel en sy planne as van God se Woord?

Ons is self die probleem Hoe nou gemaak? Wel, 2021 is die tyd van stil word sodat ons weer tot verhaal kan kom – tot Christus se verhaal! Dit is tyd om te besef ons is self die probleem. Ons versprei nie meer die regte aroma van Christus soos ons moet nie. Ons staan in die pad van mense om die Here reg én regtig raak te sien. Nee, die oplossing is toe nie dat Suid-Afrika en die kerk hulleself moet regruk soos wat plaaslike predikers graag uitbasuin nie. Dit gaan nie oor daardie immer gewilde “hulle” wat eers moet verander nie. Die probleem gaan een tree verder terug as dit. Dit begin by onsself, nie by “hulle” nie. Onsself – ek en jy – is nie meer die antwoord nie. Ek onthou die verhaal van ’n Engelse koerant wat aan die begin van die vorige eeu blykbaar ’n vraelys na ’n paar bekende outeurs uitgestuur het. Hulle moes een vraag beantwoord: “What’s wrong with the world today?” Volgens oorlewering het G.K. Chesterton toe geantwoord: “Dear Sir, I am.”


FLAGS OUR TROUBLED WORLD NEEDS ANSWERS We live in a troubled world that is becoming increasingly divided and fearful. The quest for iden�ty has literally become a burning issue in many places. The Church understands this, and there is a growing cry on the lips of Chris�ans for unity and revival.

FREE TO FIRST 100 JUIG! READERS

Kry eie lewenshuis in orde

glo, dink, leef of optree nie. Ons wil die wêreld vir die Here bereik, maar nie een Die probleem is beslis nie maar net “hulle” van die Here Jesus se vriende is meer ons nie. As ons reg lewe voor God, verbeur ons eie vriende nie. Ek praat nou van daardie die reg om die skuld op die ander te pak. tollenaars en sondaars van Lukas 15. Ons Dan is onsself voor Hom aanspreeklik vir wil graag groot dinge vir God doen, maar ons eie lewe – en vir ander mense se lewens ons wil nie meer Sy slawe en Sy bediendes as ek God se antwoord aan Kain in Genesis wees soos Jesus van ons verwag in 4 reg verstaan. Dan is ons nie meer deel Markus 10:42-45 nie. van daardie “NBS-kultuur” nie – die naming-blaming-shamingkultuur. Ons moet sorg In nederigheid Jesus dat ons eie lewenshuis Jesus is dringend op in orde is voor die Here. soek na nederige is dringend Ons eie oogbalke moet werkers in Sy wingerd. op soek na verwyder word voordat Kom ons onderwerp nederige werkers ons splinters in ander onsself daarom aan in Sy se oë begin raaksien. In die kragtige hand van wingerd. 2021 is dit tyd om te huil God. Kom ons verneder en te treur. Dit is tyd om onsself voor die Here. onsself te verootmoedig. Kom ons wag stil en nederig Dit is tyd om eerste dinge op God in 2021.  weer eerste te stel – daardie vergete beginsels van die Bybelliefde vir God én liefde vir ander asook nederigheid.

Hoe sien ons daarna uit? Ons wil graag die wêreld verander, maar ons kry dit nie eens reg om vriendelik te wees met mense wat anders as onsself

PROF. STEPHAN JOUBERT is die stigter van ekerk en hoogleraar in teologie aan die Universiteit van die Vrystaat, die Noordwes-Universiteit en die Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland. Vir meer inligting: ekerk.org of info@ekerk.org

R160 + postage Loving God is a “now” book by Rebecca Brimmer that provides the answer to these challenges using what Jesus described as the “Great Commandment”. Without a clear understanding of a healthy rela�onship with the Lord, all rela�onships suffer. Make this book part of your toolkit as we make our con�nent, Africa, what God intends it to be.

Changing hearts and percep�ons about Israel in South Africa

021-975 1941 info@bridgesforpeace.co.za JUIG! TYDSKRIF XX www.bridgesforpeace.co.za


FLAGS AKTUEEL

OM IN TE ENT

OF NIE?

—deur dr. Robert Carter, PhD

Dit is belangrik om te verstaan dat entstowwe voortbou op ons wonderlik ontwerpte immuunstelsel. Die vervaardiging van teenliggaampies is deel van die stelsel wat deur God ontwerp is.

XX JUIG! TYDSKRIF 34 JUIG! TYDSKRIF


FLAGS

RNS-entstowwe: Span God se ontwerp in om siekte te voorkom, maar sal die nuwe entstoftegnologie ons DNS verander?

H

ierdie artikel is ’n uittreksel uit ‘n langer artikel wat voorheen op Creation.com gepubliseer is. As ’n organisasie bekragtig Creation Ministries International (CMI) die wetenskap. Ons bestaan om die Kerk by te staan in sy rol om die waarheid van die Bybel te verkondig, dus ook die Evangelieboodskap, hoofsaaklik deur relevante antwoorde te verskaf op die mees algemene vrae oor die belangrike onderwerp van die skepping en evolusie. Dit kan sommige mense verbaas dat ons teen samesweringsteorieë betoog, dat ons oor die algemeen ten gunste van inenting is en dat ons ’n gedetailleerde verslag het wat die sterk- en swakpunte van die teorie van antropogeniese aardverwarming opweeg. Elkeen van hierdie gebiede oorvleuel met ons mandaat, hoewel ons hulle nie as noodsaaklik beskou nie. As ons mense kan help om die wetenskap te verstaan en terselfdertyd help om van teorieë af weg te bly wat skadelik of selfs dodelik kan wees, het ons ons tyd goed benut.

Wat doen entstowwe? Ons het onlangs talle vrae oor entstowwe beantwoord. Dit het die publikasie van ’n verklaring van ons standpunt oor entstowwe voorafgegaan. Die feit dat bewys kan word dat entstowwe lewens red, was die deurslaggewende faktor wat ons beweeg het om die inligting beskikbaar te stel. Daar bestaan geen twyfel dat entstowwe vernietigende en dodelike siektes soos pokke en polio uitgewis het nie. Verbeterings en vooruitgang in die mediese wetenskap is ’n goeie ding, want dit help om die gevolge van die Vloek om te keer en volg Jesus se voorbeeld om die siekes te genees. Dit is belangrik om te verstaan dat entstowwe voortbou op ons wonderlik ontwerpte immuunstelsel. Die vervaardiging van teenliggaampies is deel van die stelsel wat deur God ontwerp is, dit help ons liggame om te onthou hoe om sekere infeksies te beveg. Entstowwe poog om ons immuniteitstelsel op te lei deur dit “skyfskietoefening” te gee.

Vors feite eers deeglik na Ons het gevoel dit is nodig om die COVID19-entstowwe wat tans in produksie is, te bespreek. Ons weet dat dit vir sommige mense ’n omstrede onderwerp is. Uit ervaring weet ons dat ’n beduidende deel van anti-inentingsinligting nie van goed

ingeligte bronne kom nie. Dit wil nie sê dat ál die inligting sleg is nie, maar misleidende redenasies doen voortdurend die rondte. Dit bekommer ons baie, veral as ons in ag neem hoe algemeen sulke redenasies in Christenkringe voorkom. Selfs mense wat oor die algemeen nie deur samesweringsteorieë beïnvloed word nie, het baie vrae oor die nuwe entstowwe – ons inkluis. Maar ons weet ook dat vrae en besware dikwels beantwoord kan word deur doodeenvoudig die feite weer te gee wat behoorlik nagevors is. Nadat alles dan in aanmerking geneem is, kan mense self besluit hoe hulle op die gegewe inligting wil reageer. Ons sal die vraag noukeurig ondersoek en die bevindings eerlik evalueer.

Die ontstaan van entstowwe Toe entstowwe aanvanklik ontwikkel is, het ons nie eens geweet wat virusse is nie. Al wat ons geweet het, was dat as die etter van ’n koeipokkiesrofie in iemand se arm ingespuit word, dit hulle teen pokke kon beskerm. Die dokter, Edward Jenner, was in 1798 die eerste om dit te doen. Louis Pasteur, bekend vir sy uitgesproke geloof in die skepping, het ook verswakte entstowwe (dit wil sê ’n lewende, maar onskadelikgestelde virus) vir miltsiekte (antraks) en cholera ontwikkel. Die vroeë tetanus- en difterie-entstowwe het virusse gebruik wat deur formaldehied doodgemaak is. Hierdie siektes was wêreldwye plae wat jaarliks onmeetlike lyding en dood veroorsaak het. Die vroeë entstowwe is gebruik om die las van ernstige siektes aansienlik te verminder, maar hierdie entstowwe sou nie aan die moderne veiligheidstandaarde voldoen het nie. Gelukkig het die nuwe entstowwe wat beskikbaar gestel word, goeie lesse uit die verlede geleer.

Wat is RNS-entstowwe en hoe werk dit? Die nuwe entstowwe poog om menslike selle met RNS (RNA) binne te dring sodat die selle dan ’n virale proteïen kan vervaardig. » JUIG! TYDSKRIF XX JUIG! TYDSKRIF 35


FLAGS AKTUEEL

OM IN TE ENT

OF NIE? Ons finale besluite moet op bewese kennis gegrond wees, nie die vrees vir dit wat ons potensieel nie van weet nie.

Hierdie proteïen kan dan deur die liggaam se immuniteitstelsel “gesien” word wat teenliggaampies teen daardie proteïen sal begin produseer. As alles volgens plan verloop, sal die persoon dan immuun wees teen die siekte.

Die AstraZeneca-entstof AstraZeneca het ’n entstof ontwikkel wat ’n virus gebruik om RNS in die sel af te lewer. Mense is bekommerd oor die potensiaal vir genetiese ingryping (genetic engineering), maar virusse lewer reeds heeltemal op hulle eie RNS of DNS aan ons selle en ons beskou dít nie as genetiese ingryping nie. Die RNS bevat ook slegs een of twee proteïenkoderende gene. Tot op hede is daar geen aanduidings dat hierdie strategie ’n genoom (groep gene in ’n organisme) kan “skep” nie, en alles word gedoen om dit te bepaal, maar ons het geen langtermyn- eksperimentele data waarop gesteun kan word nie. Hierdie entstof is egter nie so ver gevorderd soos die ander twee nie. Dit is dus dalk nie eens die moeite werd om daaroor bekommerd te wees nie. Een rede is omdat die steekproewe gestaak is nadat een van die vrywillige deelnemers nogal siek geword het. Hulle het reg opgetree en die proewe gestaak totdat daar meer inligting beskikbaar is. Dit bewys eintlik dat hierdie dinge nie oorhaastig deurgedruk word ten koste van mense se gesondheid nie.

Moderna en Pfizer se entstowwe Moderna en Pfizer maak gebruik van ’n ander strategie vir hulle entstowwe. Hulle gebruik RNS wat deur vetdruppeltjies (lipiede) omhul word. Die liggaamselle neem die druppeltjies op asook dit wat hulle bevat. Die RNS sal in ’n proteïen verander word en dit sal uiteindelik na die selmembraan XX 36JUIG! JUIG!TYDSKRIF TYDSKRIF


FLAGS

beweeg, waar dit die produksie van teenliggaampies sal veroorsaak. ’n Witbloedsel sal dan opdaag en die sel verteer. Ja, enige sel wat die virale RNS-string inneem, sal doodgaan. Maar as jy in ag neem dat dit voortdurend in jou liggaam gebeur, en as jy in aanmerking neem dat jy triljoene selle in jou liggaam het, is dit nie van soveel belang om ’n paar selle op te offer sodat ’n beskermende teenliggaam geproduseer kan word nie.

Hoe word die entstowwe gemaak? Die vervaardiging van die nuwe entstowwe is vernuftig. ’n DNS-sintetiseerder maak die geen vir die “pennetjieproteïen” (spike protein) – wat die koronavirus toelaat om die gasheerselle binne te dring en te infekteer. Die geen word in ’n plasmied (sirkelvormige DNS) geplaas en dan word E. coli-bakterieë gefop om dit op te neem. Wanneer die bakterieë vermenigvuldig, word hierdie DNS geoes en in ’n proefbuis in RNS omskep met behulp van bakteriële ensieme. Laastens word die RNS in lipiede omhul en teen -80°C gestoor om te verhoed dat die RNS vergaan. Die Moderna- en Pfizer-entstowwe is nou in fase 3-proewe. Daar is ongeveer 60 000 mense wat aan elke steekproef deelneem, waarvan ongeveer die helfte ’n skynmiddel (placebo) ontvang. Dus het bykans 50 000 mense tot dusver ’n RNS-entstof ontvang. Daar is tot dusver min (statistiese) probleme gerapporteer.

Kan ’n RNS-entstof ons DNS verander? Is dit moontlik dat die entstof ons DNS kan verander? Die waarskynlikheid is uiters skraal. Eerstens spuit virusse reeds DNS en RNS in ons selle in. Net in uitsonderlike gevalle haal hierdie materiaal ons genoom. Tweedens produseer ons selle groot hoeveelhede RNS.

Daar is geen bewyse vir wydverspreide heropname van RNS in die menslike genoom nie. Die hele stelsel sou inderwaarheid in duie stort as daar nie voorsorg getref is om te verhoed dat dit kan gebeur nie.

Besluite moet op kennis gegrond wees Alles wat ons wel weet, dui daarop dat die nuwe tegnologie veilig behoort te wees. En dit is belangrik dat dit in aanmerking geneem moet word. Selfs wanneer ons bloot baie versigtig wil wees, moet ons finale besluite op bewese kennis gegrond wees, nie die vrees vir dit wat ons potensieel nie van weet nie. Dit geld in ons daaglikse lewe. As ons nie besluite kan neem op grond van wat ons weet nie, sal ons niks kan doen nie. Ons sou nie kon eet nie

Mense het wettige besware oor hoe vinnig hierdie nuwe entstowwe vervaardig is. – uit vrees vir voedselvergiftiging. Ons sou nie kon ry nie – uit vrees vir dronkbestuurders, ensovoorts. Die doel is dus om hierdie nuwe idee te bestudeer totdat elke belangrike beswaar en bekommernis hanteer is. Daarna kan ons versigtig voortgaan terwyl ons die ernstige kwessies elke tree van die proses herevalueer.

Voordele en nadele Daar is verskeie voordele aan hierdie nuwe entstowwe. Eerstens word geen selle van ongebore babas benodig om twee van die drie vernaamste kandidaatentstowwe te vervaardig nie! Ook word die gebruik van hulpmiddels (bv. aluminiumsoute) en preserveermiddels (bv. Timerosal) uitgeskakel.

Die entstowwe is egter nog nie aan miljoene mense gegee nie en inenting op groter skaal is altyd kommerwekkend. Daar is ook baie voorbeelde van farmaseutiese middels wat, nadat dit goedgekeur is, verskriklike neweeffekte tot gevolg gehad het. Maar daarom bestee hierdie maatskappye soveel miljoene dollars aan veiligheidstoetse.

Die Christen se benadering Mense het wettige besware oor hoe vinnig hierdie nuwe entstowwe vervaardig is. Ander bekommernisse, soos die eindtydteologie, Bill Gates se begeerte om bevolkingsbeheer toe te pas, aerogel, bioskyfies en entstoftatoeëring, is óf nie van toepassing op die nuwe RNS-entstowwe nie, óf is buite die teologiese omvang van ons bediening. Op die ou end moet ons verstaan dat vreemde DNS en RNS die heeltyd in ons selle beland. Tog beveg ons liggame dit byna altyd suksesvol. Die nuwe RNSentstoftegnologie gebruik bloot iets wat reeds bestaan, ’n stelsel wat deur God ontwerp is. Die gevalle wêreld is onvolmaak, maar ons moet ons bes doen met wat ons ontvang het. Om God se wonderlike ontwerp in te span om mense se lyding te verlig, is ’n goeie plek om te begin. 

DR. ROBERT CARTER, PHD is ’n senior wetenskaplike en spreker vir CMI-VSA in Atlanta, Georgia. Hy ondersoek tans menslike genetika en ander kwessies wat verband hou met die Bybelse skepping.

ROBERT ZINS is beskikbaar vir CMI-aanbiedings. Besoek creation.com of skakel: 021 979 0107, e-pos: sa@creation.info

JUIG! TYDSKRIF XX 37


AKTUEEL FLAGS

OM IN TE ENT

OF NIE? ’n Paar Christen-leiers gee leiding en insig oor dié omstrede kwessie Ons is deur God gemerk Deur prof. Stephan Joubert

Dit is lewensbelangrik om God se merk in die Bybel reg te verstaan. Die meeste Christene mis dat ons as navolgers van Jesus reeds gemerktes is. Ons dra die merk van God. Regdeur die Bybel vleg hierdie waarheid soos ’n goue draad. In Efesiërs 1 en in 2 Korintiërs 1 en 5 hoor ons dat gelowiges deur die Heilige Gees gemerk of verseël is. Hy is die waarborg dat ons veilig by die ewige fees van God sal aankom. Ook die Ou Testament bevestig dat God al Sy kinders merk. In Esegiël 9:4 word alle gelowiges in Jerusalem op hulle voorkoppe gemerk. In Deuteronomium 6 en 11 word die Wet van God soos ’n merkteken op gelowiges se handpalms en voorkoppe aangebring. In Eksodus 12 word die pasga as ’n merkteken op die Israeliete se voorkoppe en hande beskryf. In Openbaring 7 en 14 word alle gelowiges gemerk. God se Naam en Christus se Naam word op ons geskryf. Dus dra alle gelowiges die merkteken van die Here. Hierdie merk is simbolies van God se eienaarskap oor ons lewe. Dit is nie ’n fisiese merk soos ’n tatoeëermerk nie. Openbaring 13 vertel dat die bose hierdie merkteken op ’n sondige manier naboots. Net soos gelowiges deur hulle lewe wys dat hulle die gemerktes van God is, wys dié wat nie gelowiges is nie dit deur hulle sondige gedagtes en hulle bose dade. Alle ongelowiges is gemerktes van die satan volgens Openbaring 12. Dit is ’n universele merk. Daarom sê Openbaring 13 dat klein en groot, ryk en arm, slawe en vry mense deur sy bose dier gemerk is. Dit is nie ’n inspuiting wat ’n paar mense dalk in 2021 kan kry of ’n mikroskyfie wat net ryk mense in Westerse samelewings sou kon bekostig nie. Almal word gemerk – God merk Sy mense en die satan merk sy mense. Daarom hoor ons in Openbaring 14 tot15 en later ook in Openbaring 19 tot 20 dat almal wat gemerk is deur die bose ook vir ewig veroordeel word. Wat intenting teen die koronavirus betref: Eerstens maak baie Christene die fout om na “dié entstof” te verwys – asof daar net een entstof is. Dit is tans baie duidelik dat daar honderde maatskappye, universiteite en regerings is wat entstowwe ontwikkel wat verskillend van mekaar is. Tweedens het geen toonaangewende Christen-genetikus of erkende medikus ooit oor die afgelope maande gelowiges gewaarsku teen die inenting nie! Die wêreld se heel grootste genetikus is Francis Collins. Hy is ’n oortuigde Christen. Hy het nog niks oor ’n “bose” entstof gesê wat selfs die DNS van mense sou kon verander nie. Kortom, Openbaring 13 moet nie gebruik word om ’n buikspreker oor ’n 2022/2021-entstof te wees nie. Ons moet minder bevrees wees vir satan en blyer wees dat ons, wat voor Christus as die Here buig, Sy gemerktes is en dat ons name in die boek van die lewe geskryf is. Voordat ons in kouekoors uitbreek oor Openbaring 13 moet ons eers Openbaring 14 lees wat sê dat ons die merk van God en die merk van Christus het. 38JUIG! JUIG!TYDSKRIF TYDSKRIF XX

COVID19-entstof: Is dit van God of die duiwel?

Deur ds. Dirkie van der Spuy Daar is wêreldwyd gejuig toe aangekondig is dat daar ’n entstof vir COVID-19 ontwikkel is. Christene het maande lank gebid dat ’n entstof suksesvol ontwikkel sal word. Nou is mense egter huiwerig om hulle te laat inent. In ’n omvattende studie het die Wellcome Trust in 2018 bevind dat net 79% van mense saamstem dat entstowwe veilig is. In April 2020 het Rapport ’n opname gedoen en bevind dat 72% van Suid-Afrikaners bereid is om hulle te laat inent, terwyl 21% geweier het om ’n COVID-19-inenting te ontvang. Die tegnieke wat in die verlede gebruik is om entstowwe te ontwikkel, was dikwels gevaarlik. Vandag is dit anders, want beter wetenskaplike kennis is beskikbaar vir meer gesofistikeerde tegnieke. Christene glo daarom dat dit God is wat kragtens die algemene openbaring vir wetenskaplikes die kennis en insig gee om ontdekkings en oplossings vir probleme te vind. Pfizer en BioN-Tech se nuwe koronavirusentstof, wat tans in Brittanje toegedien word, bied 95%-beskerming teen hierdie virus wat reeds meer as 1,5 miljoen sterftes veroorsaak het. Hierdie entstof is die vinnigste ooit ontwikkel en getoets volgens die protokolle wat vir entstowwe geld. (Gewoonlik neem die proses sewe tot tien jaar lank.) ’n Mens sou die verhoring van gebede en die Hand van die Here hieragter kan sien. Daar is vandag baie misleidende informasie en bangmaakstories wat nie op wetenskaplike waarhede gegrond is nie. Christene moet versigtig wees om nie onwaarhede te versprei nie, want ons weet dat die duiwel die vader van die leuen is (Joh 8:44). Daar sal altyd ’n vrees vir die onbekende wees en dis natuurlik dat mense oormatig versigtig sal wees. As Christus ons lewens kom reinig het van sonde en die Heilige Gees ons wedergebore kinders van God gemaak het, kan die vyand ons nie uit God se hand ruk nie (Joh 10:28). As ons God se kinders geword het, is die merk van die dier van ons voorkoppe afgevee en is ons naam in die boek van die lewe geskrywe. As gedooptes dra Christene die merk van die Lam. As ons die Seun het, het ons die ewige lewe (1 Joh 5:12).


Christene se verantwoordelikheid Deur Bennie Mostert Oor die verloop van 40 jaar lank wat ek al in die bediening is, klink die samesweringsteorieë altyd min of meer dieselfde. Die data wat gebruik word, verander net van tyd tot tyd. Dit is geheime kodes in die numeriese waardes van name, strepieskodes, mikroskyfies, selfone, entstowwe, ensovoorts. Talle van hierdie teorieë verskil hemelsbreed van mekaar. Min van hulle het beduidende oorvleueling. Ander sit groot hoeveelhede van die inligting in een sameswering bymekaar. Die probleem is dat daar gewoonlik dinge in elkeen van hierdie teorieë is waar daar waarheid in kan steek. ’n Groot probleem is die manier waarop Skrifgedeeltes aangehaal, geïnterpreteer en toegepas word. Indien al die “feite” in al hierdie teorieë waar is (en dit kan nie wees nie, want hulle weerspreek mekaar op te veel plekke), wat is ons as Christene se verantwoordelikheid? Om heilig te lewe, die Evangelie na die ongereddes en onbereiktes te neem, dissipels van al die nasies te maak, die armes te versorg en mense in nood te help. God het nie verander nie en Sy opdragte ook nie. Ek dink nie die einde is so naby nie . Ek kan aan minstens 1,5 miljard plus redes dink waarom dit nie nou kan wees nie – dit is die hoeveelheid mense wat tans die Evangelie nog nie eens een keer gehoor het nie. En hieroor is daar ook ’n Skrifgedeelte of twee wat aangehaal kan word. Dus, kom ons doen wat ons moet doen en gee uitvoering aan die basiese opdragte van die Skrif. Dít het nie verander nie. COVID-19 het gekom en sal gaan, en dan sal nuwe teorieë kom. COVID-19 is en was die volmaakte situasie vir die ontwikkeling van samesweringsteorieë. Oor die afgelope 2000 jaar lank is daar basies in elke geslag profesieë en teorieë wat beweer: “Dit gaan in ons geslag gebeur!” Een van die geslagte sal reg wees. Maar ek sien nie dat ons geslag die antichris en die wederkoms sal sien nie. Jesus sê Hy kom gou, dat ons waaksaam moet wees. Dit moet elkeen in sy lewe inbou. En net so moet elkeen ook daagliks uitvoering gee aan die opdragte van die Here Jesus. Een van die kenmerkendste dinge wat met samesweringsteorieë gepaard gaan, is dat hierdie Christene dikwels hulle vurige liefde vir die ongereddes en onbereiktes verloor en nie meer iets aan die nood van die armes doen nie.

Maak ingeligte keuses Deur pastoor Andrew Selley As ’n kerk en internasionale apostoliese vennootskap (FOUR12) is ons nie vír of téén entstowwe nie. Die Bybel verwys nie spesifiek na hierdie saak nie. Daarom kan elkeen self tot ’n slotsom kom oor hierdie omstrede onderwerp. Ons beveel individue aan om ingeligte keuses te maak met betrekking tot hul gesondheid en dat die besluit gegrond moet wees op feite wat gerugsteun word deur behoorlike navorsing. Dit kan nuttig wees om die volgende in aanmerking te neem: • Enige medikasie moet effektief wees vir die siekte waarvoor dit toegedien word. Die geskiedenis bewys dat entstowwe doeltreffend kan wees om ons teen ernstige siektes soos polio te beskerm. • Alle nuwe medisyne hou ’n risiko in vir onbekende of onvoorsiene newe-effekte. Die entstowwe moet dus goed getoets en veilig wees en alle protokolle moet nagekom word. Let wel, net omdat COVID-entstowwe die mark vinniger bereik het as die norm, beteken dit nie noodwendig dat die proses afgejaag en die veiligheidsondersoeke verontagsaam is nie. Die veiligheid van die entstof is wêreldwyd van groot belang vir medici. In die geval van COVID-19 het die ontwikkeling van ’n entstof op alle vlakke voorrang geniet en daarom kon die proses vinniger as gewoonweg voltooi word. • Laastens vertrou ons dat die beleid oor openbare gesondheid oor die voorskryf en toediening van die entstof steeds ruimte vir die individu sal laat met betrekking tot kwessies wat verband hou met die produksie van entstowwe, die risikovoordeel-profiel vir die individu se gesondheid asook die vryheid van keuse oor inenting al dan nie. Deur die bg. faktore in ag te neem, kan individue ingeligte en verantwoordelike besluite neem oor inenting en entstofwwe. Dit is ook verstandig om jou geneesheer se raad te vra.

COVID-19inenting

FLAGS

Deur dr. Isak Burger Valse leringe was van die vroegste kerk af teenwoordig – lees maar net Paulus se briewe of Jesus se briewe aan die sewe gemeentes in Klein-Asië. Sulke leringe en profesieë neem oor die algemeen in tye van rampe en ongewone natuurverskynsels toe. Daar is verskeie redes waarom mense op sleeptou geneem word. Eerstens is baie Christene goedgelowig en maklik beïnvloedbaar. Sulke leringe word gewoonlik met groot oortuiging en oënskynlike “feite” voorgehou. Dit gaan dikwels gepaard met waarskuwings oor God se oordeel indien daar nie na die waarskuwings geluister word nie. Onthou asseblief in dié verband: Nuwe Testamentiese profete kan nie blindelings gevolg word soos in die Ou Testament nie, waar die ware profete se uitsprake as kanonies ( hulle woorde het deel van die Bybel geword) beskou is. M.a.w. In die Nuwe Testament moet profesieë eers beoordeel word (1 Kor 14:29). Tweedens verwag die Here nie van Sy kinders dat hulle hul logika moet laat vaar wanneer hulle met nuwe leringe en sg. profesieë te make het nie. Ook ons denke is deur die Heilige Gees vernuwe. Die huidige pandemie verskaf die ideale teelaarde vir samesweringsteorieë. Ek betwyfel nie die mense se erns nie, maar ’n mens kan ook opreg én verkeerd wees. Dis ironies dat hulle gewoonlik nie ’n behoorlike teologiese onderbou en glad nie die wetenskaplike kundigheid het nie – hulle “kennis” is grootliks op fopnuus gegrond. Onthou dat die wetenskap deel is van God se algemene openbaring en genade – al word dit nie noodwendig altyd deur gelowiges bedryf nie. Ateïstiese mediese spesialiste het al menige gelowige se lewe deur ’n komplekse operasie gered. Terwyl die wetenskap voortdurend ontwikkel – en ook foute maak – en sekerlik misbruik kan word, moet ons nie gedurig wantrouig teenoor die wetenskap staan nie. So is verskillende siektes wat die mensdom eeue-lank geteister het deur inentings uitgewis. Ek is oortuig dat gelowiges mislei word omdat hulle nie genoeg van die Bybel weet nie (Matt 22:29). Doen gebalanseerde en deeglike navorsing. Gebruik die internet, maar onthou dat waarheid en leuen daar verkondig word. Ek moedig mense nie noodwendig aan om die inenting te ontvang nie, maar moet dit nie weens fopnuus en samesweringsteorieë vermy nie. Maak ’n verantwoordelike en deeglik ingeligte keuse.  JUIG! TYDSKRIF XX


FLAGS DIE SKEPPING

HEUNINGBYE

Slimjanne van die insekwêreld —deur Lourieke Haller

Suid-Afrika se bye Daar is twee byespesies in Suid-Afrika: • Apis mellifera scutellata – die sogenaamde moordbye (killer bees) omdat hulle die mees aggressiewe bye ter wêreld is. Hulle word maklik kwaad en groot swerms val slagoffers gelyk aan en sal hulle oor groot afstande aanhou volg. Apis mellifera scutellata

• Apis mellifera capensis – die Kaapse bye is minder aggressief. Apis mellifera capensis

Omdat die Kaapse bye minder aggressief is, kan byeboere helder oordag met hulle werk, maar daar word liefs snags met die ander spesies gewerk, wanneer hulle nie heeltemal so aggressief is nie. XX JUIG! TYDSKRIF 40 JUIG! TYDSKRIF


FLAGS

Bye en geneeskunde

HET JY GEWEET? • ’n Werkerby lewe ongeveer vyf tot ses weke lank. • Daar is gemiddeld 40 000 tot 50 000 werkerbye in ’n byeswerm. • Daar is meer as 20 000 spesies bye wat op elke vasteland aangetref kan word behalwe Antarktika. • Bye kan tot 32 km/h vlieg as hulle nie nektar, stuifmeel of water aandra nie. • Tot 90% van wilde plante en 75% van oeste wêreldwyd steun op bestuiwing deur insekte. • Byeboere dra wit omdat donker kleure bye meer aggressief maak. As die koninginby van ’n swerm sterf, kan die werkers ’n nuwe koningin skep deur ’n jong larwe spesiale kos, prinsesselei (royal jelly) te gee. Die larwe ontwikkel dan in ’n koningin.

Bye versterk hulle neste met die harpuis (boomgom) van sekere bome, dit word propolis genoem. Navorsing het bewys dat propolis koorsblare, herpes, ’n seer keel en selfs ekseem kan genees! Daar is selfs dié wat daarop aanspraak maak dat dit velkanker kan genees.

Navigasie selfs wanneer dit bewolk is Bye gebruik die son as ’n kompas, maar as dit bewolk is, gebruik hulle gepolariseerde lig. Hulle het spesiale fotoreseptors om die son in die lug op te spoor, selfs al is dit bewolk.

Slim wiskundiges? Bye beskik oor die vermoë om probleme op te los. Daar is onlangs bewys dat sekere hommelbye kon uitwerk dat hulle skywe aan toutjies onder ’n plastiekbedekking kan uittrek om by die beloning van voedsel uit te kom. Wat meer verstommend is, is dat die

aangeleerde gedrag spoedig aan ander lede van die kolonie oorgedra is. Wie sou kon raai dat hommelbye by ander bye kan leer deur hulle bloot dop te hou? Elkeen wat al ’n lang inkopielys gehad het en by verskeie winkels moes aandoen, het te kampe gehad met die “reisendeverkoopsman-probleem” – om uit te werk wat die kortste en doeltreffendste roete is en steeds by al die winkels uit te kom. Vir bye is hierdie wiskundige probleem verspot maklik. Navorsers het gevind dat bye altyd presies weet wat die kortste roete tussen al die blomme is.

Bouers van formaat Die Amerikaanse wiskundige, Thomas Hales, het wiskundig bewys dat die struktuur van die heuningkoek uit al die moontlike strukture die minste hoeveelheid was gebruik. En nie net is heuningkoeke die doeltreffendste strukture in die natuur nie – die mure word altyd teen ’n presiese hoek van 120 grade gebou. » LINKS: Die seshoekige heuningkoekselle se mure word altyd teen presies 120 grade gebou. ONDER: In 2016 is bewys dat bye kan leer om skywe aan toutjies onder ’n plastiekbedekking uit te trek om by die kos uit te kom (dailymail.co.uk 2016)

JUIG! TYDSKRIF XX JUIG! TYDSKRIF 41


FLAGS DIE SKEPPING

BO: Deur haar lyfie vinniger of stadiger te wikkel tydens haar dans, kan die by aandui hoe ver die blomme van die nes af is.

HEUNINGBYE Kommunikasie

• ’n Gemiddelde byeswerm produseer tussen 20 kg tot 30 kg heuning per jaar. Werkerbye kommunikeer deur middel • Om 1 kg heuning te vervaardig, moet ’n by van danse om die rigting en afstand na die ekwivalent van drie keer om die aarde voedselbronne aan mekaar oor te dra. As die vlieg. blomme naby is, dans die by in ‘n sirkel op die oppervlak van die heuningkoek. As die blomme ver is, dans die by in die vorm van ’n Lok bye na jou tuin agt, met afwisselende wikkelbewegings oor Plant kleurvolle blomme om meer bye na die middel van die agt. Hoe groter die afstand, jou tuin te lok. Bye hou veral van blou en hoe stadiger wikkel sy haar lyfie. As sy reguit saamgestelde blomme soos laventel en op oor die sirkel wikkel, roosmaryn en besoek weet die bye dat hulle ongeveer 50 tot 100 “Eet heuning, my seun, dit is blomme gedurende ’n reguit na die son toe lekker; die stroop is soet in jou enkele versamelvlug. moet vlieg. As sy in die teenoorgestelde rigting mond. So smaak die kennis, die wikkel, weet hulle dat Die wonder van wysheid ook; as jy dié gekry hulle weg van die son af God se skepping het, het jy ‘n toekoms, en jou Wanneer ons kyk na moet vlieg. hoop sal jou nie ontneem word die ingewikkelde dans wat die by uitvoer om Heuning nie.” – Spreuke 24:13 te kommunikeer, na Die tipe blom waar die die volmaakte heksagonale heuningkoek en by die nektar kry, bepaal die heuning se kleur, hoe die by se klein breintjie ingewikkelde smaak en tekstuur. Lietsjieblomheuning lyk wiskundige probleme kan oplos, hoe kan teen kamertemperatuur soos sagte fudge. Dit dit aan evolusie toegeskryf word? Dit getuig versuiker vinnig en is slegs loperig teen 30°C. van ’n meesterbrein wat die by geskape Heuning van blomme soos avokadopeer is baie het. Die grootste stok in die evolusiewiel donker en meer loperig. Wildeblomheuning van ontwikkeling oor miljoene jare is die versuiker ook baie vinniger. simbiotiese verhouding tussen die by en Heuning wat in lugdigte houers gestoor plante wat bestuif moet word. Hoe kon plante word, bederf nooit nie. Verseëlde heuningwat bestuif moet word, oorleef en vermeerder vate wat in koning Tut se graf gevind is, het (vrug dra) sonder dat die hardwerkende eetbare heuning gehad, al was dit meer as heuningby daar was om dit te doen? Hierdie 2 000 jaar oud. uiters belangrike en hardwerkende insek • ’n By produseer ongeveer ’n teelepel heuning getuig van ’n liefdevolle Skepper wat die aarde in volmaakte ewewig geskape het.  in haar hele lewe. XX JUIG! TYDSKRIF 42 JUIG! TYDSKRIF

BYEPRODUKTE Heuning Word as voedselproduk gebruik, maar het ook antibakteriële eienskappe.

Was

Word in medisyne, velsorgprodukte, kunsprodukte, politoer en as kerse gebruik.

Propolis (byegom)

Word in gesondheidsprodukte en as basis in houtvernis gebruik.

Stuifmeel

Een van die rykste en suiwerste natuurlike voedsels. Dit bevat proteïene, suiker, koolhidrate, minerale en vitamiene.

Byegif

Word gebruik as behandeling vir artritis, hoë bloeddruk en hoë cholesterol.

Jy kan bye help en na jou tuin toe lok deur plante met helder blomme te plant


FLAGS

Andi consecture simuscidus denis volorent faccume sum hariati ustrum illeste nulliquide pro omnis nitiusdae nonsero reptaesedit aut qui cuscimpera parchil laboratem. Tus digent. Porepudiciis nihillendem simoluptis doluptat adist re.

JUIG! TYDSKRIF XX


FLAGS REEKS

Leer vir God ken Die Persoon en Godheid van die Heilige Gees —deur dr. Victor Kuligin

T

erwyl ons die Bybelse openbaring aangaande God ondersoek het, het ons op ’n oënskynlike teenstrydigheid afgekom. Die Bybel sê dat daar net een God is, maar sê terselfdertyd dat Jesus God is. En hoe verstaan ons dan situasies waar God die Seun met God die Vader praat? Dit alles dui daarop dat God meer as net ’n eenvoudige monoteïsme behels. Die situasie word meer ingewikkeld wanneer ons sien wat die Bybel oor die Heilige Gees sê. Ons weet dat daar nie drie gode is nie, die Bybel maak dit duidelik (Jes 45:4; 1 Tim 1:17). En tog word daar dikwels van die Heilige Gees gepraat as iemand wat los van die Vader en die Seun staan. Hoe verklaar ’n mens dit? Ons sal in hierdie artikel, waarmee ons die reeks oor die Drie-eenheid afsluit, uitvind wat die Bybel oor die derde Persoon van die Drie-eenheid sê.

Vroeg in die Bybel God se Gees word in die tweede vers van die Bybel genoem, toe die Gees tydens die skepping oor die oppervlak van die waters gesweef het (Gen 1:2). Ons kry deurgaans in die Ou Testament ’n vlugtige kykie na die Gees – soos byvoorbeeld in die tyd van die sondvloed (Gen 6:3) of wanneer die Gees ’n profeet salf (2 Kron 24:20) of vir mense spesiale vaardighede gee (Eks 31:3). Maar daar is nooit ’n volledige verduideliking oor wie die Gees is nie. Met die openbaring van Jesus Christus begin ons Ons moet die Heilige Gees met egter verstaan dat die dieselfde respek behandel as Gees ’n Persoon is wat in vir die Vader en die Seun. wese gelyk aan die Vader en die Seun is.

Die Gees is ’n Persoon Omdat die woord wat uit die Ou Testamentiese Hebreeus en die Nuwe Testamentiese Grieks as “Gees” vertaal is, eenvoudig “asem” of “wind” beteken, kan dit verwarring veroorsaak oor die vraag of die Gees ’n ding of ’n Persoon is. Ons beskouing van die Gees sal beïnvloed hoe ons Hom nader en hanteer. Die Bybel is duidelik: Die Heilige Gees is ’n Persoon. Die Gees leer byvoorbeeld Jesus se dissipels (Joh 14:26); Hy praat (Hand 13:2), lei (Gal 5:16) en beveel (Rom 8:4); Hy help, bid en pleit (Rom 8:26-27). Daar kan vir Hom gejok word (Hand 5:3); Hy kan bedroef word (Jes 63:10; Ef 4:30). Dit is alles menslike aktiwiteite en nie kenmerkend van lewelose dinge nie. Probeer gerus om vir elektrisiteit ’n leuen te vertel en jy sal my punt verstaan!

Die Heilige Gees is nie ’n krag nie, maar ’n Persoon

XX JUIG! TYDSKRIF 44 JUIG! TYDSKRIF

In Johannes 16 gee Jesus ’n uitgebreide lering oor die beloofde Heilige Gees. Die Gees “kom”, “oortuig”, “lei”, “spreek”, “hoor”, “vertel”, “ontvang” en “verkondig”. Al hierdie aktiwiteite beskryf tereg ’n persoon, nie ’n ding of krag nie. Dit beteken dat die Heilige Gees nie ’n kommoditeit of krag is wat “gebruik” kan word soos ons deesdae in sommige kerke sien nie. Die Gees is ’n Persoon net soos die Vader en die Seun. Ons moet dissipline aan die dag lê om na die Heilige Gees te verwys as “Hy” (soos die Bybel dit doen) en nie as “dit” nie. Ons moet Hom beslis


met dieselfde respek as vir die Vader en die Seun behandel.

Die Gees is God Maar watter soort Persoon is die Gees? Op talle plekke in die Bybel word die Heilige Gees in dieselfde asem as die Vader en Jesus genoem. Dit dui op ’n intieme en gelyke verhouding tussen die Drieeenheid. By die doop van ’n gelowige word al drie byvoorbeeld saam genoem (Matt 28:19).

FLAGS UITEINDELIK ook in Suid-Afrika beskikbaar

Teks & WhatsAppdonasies

Ander bewyse dat die Gees ’n goddelike Persoon is: • Uitlatings van God in die Ou Testament word in die Nuwe Testament aan die Gees toegeskryf (Heb 10:15-16). • Ou Testamentiese profete het die profesieë van God ontvang, maar dit was die Gees wat hulle meegevoer het (2 Pet 1:20-21). • Petrus het Ananias daarvan beskuldig dat hy vir God asook vir die Gees gelieg het (Hand 5:3-4). • Godslastering teen die Gees is die enigste onvergeeflike sonde, dit sou vreemd wees as die Gees nie God was nie en nog vreemder as die Gees bloot ’n energie of krag is (Matt 12:31-32).

Een God, drie Persone Deur al die inligting te kombineer wat ons in die laaste drie artikels geleer het, begin ons ’n volledige beeld van God se aard te vorm. Hoewel daar net een God is, bestaan Hy in ’n verhouding van drie Persone – elkeen gelyk aan en so ewig soos die ander. Dit maak sin as ons in ag neem wat hierdie Persone doen. Al drie was byvoorbeeld by die skepping van die heelal betrokke (Gen 1:1-2; Joh 1:3). Al drie was betrokke in Jesus se opstanding (Gal 1:1; Joh 2:18-19; Rom 8:11). En al drie speel ’n rol in ons persoonlike redding. Die Vader het Sy Seun gestuur wat die prys vir ons sondes betaal het;

Hy bestaan in ’n ewige verhouding van liefde tussen die Vader, Seun en Heilige Gees. Ons word ook genooi om hierin te deel. die Seun het op Sy beurt die Heilige Gees gestuur om in ons te woon. Dit is waarom Petrus met betrekking tot gelowiges kan skryf: “Soos God die Vader dit vooraf bestem het, uitverkies en deur die Gees afgesonder [is] om aan Hom gehoorsaam te wees en besprinkel te word met die bloed van Jesus Christus.” – 1 Petrus 1:2

Vergroot vandag jou kerk of bediening se inkomste

Ewige verhouding van liefde Ons God is ’n ontsagwekkende God! Hy bestaan in ’n ewige verhouding van liefde tussen die Vader, Seun en Heilige Gees. Hy nooi ons ook uit om ’n innige verhouding met elke Persoon van die Godheid te geniet. “Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sal by julle almal wees.“ – 2 Korintiërs 13:14  DR. VICTOR KULIGIN is ’n internasionale skrywer en spreker wat 24 jaar lank as ’n sendeling in Afrika gewerk het. Sy nuutste boek, Ontmoetings met Jesus, is by CUM Books beskikbaar. Kontak hom by v_kuligin@yahoo.com

WhatsApp / SMS, of skakel ons by

071 170 0042

of besoek ons webtuiste

JUIG! TYDSKRIF XX www.cheerfulgiver.co.za


FLAGS

rs van die bybel karakte

Adam &Eva —deur dr. Victor Kuligin

D

it is nie oordrewe om te sê dat die sonde met die grootste gevolge in menseheugenis die oortreding was wat ons eerste ouers, Adam en Eva, in die tuin van Eden begaan het nie. Uit daardie een sonde het al die ellende en verdriet gespruit wat die wêreld al duisende jare in die mens se geskiedenis teister. Waarom het Adam en Eva hulle rug so vinnig op God gedraai? Wat kan ons uit hulle sonde leer?

Die eerste mense Op die sesde skeppingsdag het God vir Adam, die eerste mens, geskape. Vanuit Adam kom elke ander mens, insluitend Eva wat uit Adam se rib geskape is (Gen 2:21-22). Adam word in Jesus se geslagsregister as ’n historiese persoon wat werklik bestaan het, gelys (Luk 3:38). Adam en Eva is na God se beeld geskape (Gen 1:26-27) en was volledig gevorm en kon dink en praat. Dit was nie ’n lang proses van ’n amoeba tot ’n vis tot ’n aapagtige wese en uiteindelik tot mens nie. God het die mens in ’n direkte, kreatiewe daad geskape. Die mens kon onmiddellik kommunikeer en selfs wetenskaplike take onderneem (Adam het byvoorbeeld volgens Genesis 2:19-20 vir al die diere Adam se sonde het die name gegee). Adam en Eva was soos God rasionele, kreatiewe, morele, geestelike wesens. lewe van elke individu in

Twee belangrike bome

die geskiedenis beïnvloed.

Adam en Eva is in die tuin van Eden geplaas en het opdrag gekry om die tuin te bewerk en daarna om te sien. Daar was twee unieke bome in Eden, die boom van die lewe en die boom van die kennis van goed en kwaad. Die paartjie is beveel om nie van laasgenoemde te eet nie. Ongelukkig het hulle dit gedoen. As die eerste mens het Adam se sonde die lewe van elke individu in die geskiedenis beïnvloed. Adam se sonde het selfs vir Jesus, wat sonder sonde gebore is (1 Pet 2:22), geraak omdat Hy alles wat Adam gedoen het, ongedaan moes maak. Paulus noem Jesus “die laaste Adam” (1 Kor 15:45).

Wat kan ons by Adam en Eva leer? Opvallend van Adam en Eva se sonde, is dat dit na so ’n XX JUIG! TYDSKRIF 46 JUIG! TYDSKRIF


REEKS FLAGS Sonde se drieledige patroon Johannes skryf: “Die wêreldse dinge – alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit – kom nie van die Vader nie, maar uit die wêreld” – 1 Johannes 2:16. Dit is interessant om te sien hoe hierdie drie aspekte van sonde weerspieël hoe satan Eva versoek het. “Toe besef die vrou dat die boom se vrugte goed is om te eet [begeerte] en mooi om na te kyk [wat haar oë sien] en begeerlik omdat dit kennis kan gee [gesteldheid op besit]. En sy het van sy vrugte gepluk en geëet” – Genesis 3:6. Daar was ’n soortgelyke drievoudige benadering toe satan Jesus versoek het (Matt 4:1-11). Om onsself teen sonde te beskerm, behels om te waak teen vleeslike lus, die begeerlikheid van dit wat ons sien en selfsugtige ambisie en hoogmoed.

geringe oortreding kan lyk. Om iets verbode te eet, kan tog immers nie so ernstig soos moord of egbreuk wees nie? En tog het Adam en Eva deur God se opdrag oor die boom te ignoreer, kosmiese verraad gepleeg – wat die kern van alle doelbewuste opstand teen God en Sy wil is. Ons eerste ouers het geweet wat verbode was, maar hulle het die opdrag willens en wetens oortree. Selfsugtige hoogmoed was die wortel van hulle ongehoorsaamheid. Hulle het die vrugte geëet omdat hulle na die woorde van die slang geluister het: “… dan sal julle soos God wees …” – Genesis 3:5

en

en die res van die mensdom het inderdaad die doodstraf ontvang. Onthou, die dood is nie bloot ’n natuurlike proses nie en dit is ook nie toevallig nie. Die dood is ’n vonnis wat oor ons gevel is, ’n oordeel wat elke leuen weerlê waarmee ons sonde ons probeer verblind. Dit is nie dat Adam en Eva soos God wou wees nie. Hulle was reeds! Wat hulle begeer het, het dít waarvoor God hulle geskape het, oorskry. Die dood is ’n baie gepaste straf vir ’n skepsel wat verwaand genoeg is om homself as God se gelyke te beskou. Daar was geen beter manier om Adam en Eva te herinner dat hulle nie onsterflik is nie en dat slegs God die bron van lewe is. Die dood bring die menslike hoogmoed tot ’n val.

Die gevolge van die sonde

Doelbewuste opstand teen God se wil het altyd gevolge. Hoewel jy God se genade dalk vir ’n tydjie daarmee wegkom, sal jou sonde jou uitvind (Num Laat ons egter op ’n positiewe noot afsluit. Ondanks die paartjie 32:23). Die gevolge van die sonde word se patetiese poging om hulle naaktheid in Eden onthul met God wat alle betrokke met vyeblare toe te maak, bedek God Doelbewuste opstand partye – Eva, Adam, die slang, selfs die hulle met iets meer gepas (Gen 3:21). Dit grond – vervloek. Omdat God se plan en is ’n vooruitskouing na die Godgegewe teen God se wil het oogmerk vir ons lewens altyd voordelig is, redding wat deur die bloed van God se altyd gevolge. is dit onvermydelik dat dit rampspoedig sal Seun, Jesus, sou kom. In God se genade wees wanneer ons daardie grense oortree. het Hy belowe dat Iemand sou kom wat die slang gaan vernietig (Gen 3:15). Dit is presies wat in die Nuwe Testament geopenbaar word. “En die Om die rug op God te keer Seun van God het juis gekom om die werk van die duiwel tot niet te maak” Wat was Adam en Eva se onmiddellike reaksie nadat hulle gesondig – 1 Johannes 3:8. God het ons nie sonder enige hoop gelaat nie. Die het? Hulle het gaan wegkruip en hulself vir God verberg (Gen 3:8). straf van die sonde wat op ons almal val, kan deur Christus verwyder Sonde veroorsaak dat ons wegdraai van God af, gewoonlik omdat ons skaam of bang is. Volgehoue, onberouvolle sonde sal veroorsaak word. Vir almal wat in Jesus glo, word die vloek wat op Adam (en die mensdom) rus, verwyder. “Christus was sonder sonde, maar God het Hom dat jy nie meer Bybelstudie doen nie; ’n volgehoue gebedslewe sal in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, daaronder ly en jy sal begin om gereelde eredienste en samesyn deur God vrygespreek kan wees” – 2 Korintiërs 5:21. Die angel van die met ander Christene liefs te vermy. dood is verwyder (1 Kor 15:55). 

God se oordeel God is altyd getrou aan Sy Woord. Hy het Adam duidelik laat verstaan dat dit die dood sou meebring om die vrugte te eet (Gen 2:17). Adam

DR. VICTOR KULIGIN is ’n internasionale skrywer en spreker wat 24 jaar lank as ’n sendeling in Afrika gewerk het. Sy nuutste boek, Ontmoetings met Jesus, is by CUM Books beskikbaar. Kontak hom by v_kuligin@yahoo.com

JUIG! TYDSKRIF XX JUIG! TYDSKRIF 47


FLAGS AKTUEEL

VRAE OOR

DIE BYBEL WATTER TAAL HET ADAM EN EVA GEPRAAT?

D

ie Bybel sê nie vir ons watter taal Adam en Eva gepraat het nie. Die enigste leidraad is waar Adam vir Eva “mannin” noem omdat sy “uit die man” geneem is (Gen 2:23 – Ou Vertaling). Die Hebreeuse woord vir “man” is ish en die Hebreeuse woord vir “vrou” is ishah. Maar voordat ons weens hierdie speel met woorde tot die gevolgtrekking kom dat Adam en Eva Hebreeus gepraat het, moet ons ook daarop let dat daar ’n

soortgelyke woordspel in Engels bestaan: man en woman. Dit is ook moontlik dat Moses in Genesis eenvoudig ’n Hebreeuse ekwivalent gegee het van watter taal hulle ook al gepraat het, net soos Engelse vertalings ’n Engelse ekwivalent gee.

in Engels nie. Ons woord “Eva” kom egter van die Latynse Eva, wat nogal klink soos die Hebreeuse woord havvah, wat ietwat klink soos die Hebreeuse woord vir “lewe”.

Leidrade in Genesis

Ons het regtig geen idee watter taal Adam en Eva gepraat het nie. Die bewyse in Genesis kan maklik verklaar word as ’n Hebreeuse vertaling van wat die oorspronklike taal ook al was. Ons moet ook onthou dat daar taalverwarring by die Toring van Babel ontstaan het en dat die “oorspronklike taal” moontlik daar verlore kon gegaan het (Gen 11).

Nog ’n leidraad word in Genesis 3:20 (OV) aangetref: “En die mens het sy vrou Eva genoem, omdat sy moeder geword het van alles wat lewe.” In Hebreeus klink die woord vir “Eva” en die woord vir “lewe” dieselfde. Daar is geen ekwivalent

Die oorspronklike taal moontlik verlore

Tale verander Selfs al was die oorspronklike taal die een of ander vorm van wat ons vandag as Hebreeus of ’n ander Semitiese taal ken, verander tale mettertyd. Mense wat Engels vlot kan praat, sukkel dikwels om Shakespeare se Elizabethaanse Engels te verstaan wat skaars 400 jaar oud is, om nie te praat van Chaucer se Middelengels nie, wat skaars 150 jaar ouer as Middelengels is (Chaucer se taal behoort tot die later-Middelengelse tydperk). En die Oud-Engels van Beowulf, wat ongeveer 350 jaar voor Chaucer geskryf is, is glad nie as Engels herkenbaar nie en moet vertaal word sodat huidige lesers dit kan verstaan. Dit is heel waarskynlik dat die taal wat Adam en Eva gepraat het vandag heeltemal vir ons verlore is, selfs al het dit uiteindelik destyds in die Hebreeus van Moses se tyd verander.

XX JUIG! TYDSKRIF 48 JUIG! TYDSKRIF


FLAGS

HOE LANK WAS ADAM?

D

ie Bybel sê nie hoe lank Adam was nie. Dit mag dalk vir jou na ’n vreemde onderwerp lyk, maar daar is mense wat bespiegel dat Adam en Eva eintlik baie langer was as die gemiddelde mens van vandag. Volgens een teorie was Adam en Eva ongeveer 15 m lank.

’n Reusagtige Adam? Teorieë oor ’n reusagtige Adam het sy ontstaan uit die feit dat mense voor die vloed buitengewoon lank gelewe het. Volgens Genesis 5:5 het Adam 930 jaar oud geword. Daar is ook die aanname dat Adam met ’n superieure intellek geskape is. Hiervolgens het die mensdom se lewensduur, intellek en lengte ná die sondeval deur die eeue heen begin afneem.

Groot fossiele dui dalk ook op langer mense Die aanwesigheid van baie groot diere- en insekfossiele rugsteun die teorie dat Adam baie lank was. In 1940 is die versteende vlerk van ’n Meganeuropsis americana in Oklahoma opgegrawe. Hierdie naaldekokeragtige insek het ’n vlerkspan van bykans 760 cm gehad. In 2020 is fossiele van reuseskilpaaie in die noorde van Suid-Amerika gevind. Die dop van die Stupendemys geographicus is ongeveer 2,8 m lank – ongeveer 100 keer die grootte van sy naaste familielid. Die mense wat bespiegel dat Adam langer as die moderne mens was, redeneer dat, as die diere in “prehistoriese” tye ekstra groot was, die mense dan sekerlik ook langer was.

Reuse in die Bybel Nog ’n “bewys” wat kan aandui dat Adam baie lank was, is dat “reuse” in die Bybel genoem word: byvoorbeeld die Amoriete van Kanaän, die Refaïte en Goliat, die Filistyn. Toe die spioene van Israel die mense van Kanaän teëkom, het die meeste van hulle teruggekom en verklaar: “Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is ’n land wat sy inwoners verteer; en al die mense wat ons daarin gesien het, is baie groot manne” (Num 13:32). Amos beskryf hoe die Amoriete lank van gestalte was; hy het hulle hiperbolies met hoë sederbome vergelyk (Amos 2:9). ’n Refaïet, koning Og van Basan, wat die Israeliete in Moses se tyd teëgestaan het, word ook in die Bybel as ’n reus beskryf, met ’n bed wat “sowat vier meter lank en amper twee meter breed” was (Deut 3:11). As die bed ’n weerspieëling van sy gestalte is, sou Og ongeveer 3,9 m lank kon gewees het. Goliat se lengte word as “ses el en ’n span” beskryf. Dit beteken dat hy 3 m lank was (1 Sam 17:4). Kan die liggaamsgrootte van hierdie historiese karakters ’n oorblyfsel van Adam se genetika wees? Party mense sê dit is moontlik.

Hedendaagse reuse Daar is ook gevalle van gigantisme wat in die hedendaagse mens voorkom. Robert Wadlow was 2,72 m met sy dood in 1940. Dit is egter te betwyfel dat mense soos Wadlow ’n bewys is dat Adam so lank was: moderne gigantisme is ’n fisieke

kwaal. Individue wat so buitensporig lank word, het gewoonlik ook hart- en bloedsomloopprobleme.

Islam se reuse-Adam Die idee dat Adam ’n reus was, word ook in Islam genoem, hoewel die Islamitiese tradisie ’n uiterste siening inneem. In die Hadith vertel Abu Huraira dat “die profeet gesê het: ‘Allah het Adam geskape; hy het hom 60 el lank gemaak” (boek 55, Hadith 543). Adam sou dan ongeveer 27 m lank moes wees!

Geen Bybelse bewyse nie Die teorie dat Adam en Eva reuse was, het geen Bybelse bewyse om dit te staaf nie. Die Skrif gee ons geen aanduiding van hoe lank Adam was nie. Daar was historiese gevalle waar mense baie lank geword het, maar om daardie afwykings te gebruik as die basis vir ’n spesifieke lengte vir Adam, is vergesog. Om die gemiddelde lengte van die mens af te lei op grond van die grootte van uitgestorwe insekte en reptiele, hou ’n soortgelyke raaiery in.  GOT QUESTIONS bied Bybelse antwoorde op moeilike vrae. Vir meer inligting, besoek gotquestions.org

JUIG! TYDSKRIF XX JUIG! TYDSKRIF 49


FLAGS PREEK

Die klank van

JOU HART —deur Riekert Botha

Volwassenheid en die rol van krisisse in ons lewens “Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle ‘n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus.” –1 Petrus 1:6-7

A

s ons die woord “volwassenheid” ondersoek, ontdek ons ’n baie kosbare boodskap in die Skrif. Volwassenheid word deur die karakter van Jesus Christus gedefinieer. Dit verteenwoordig alles wat solied, vas, ferm, waar, heerlik en vol lewe is. Onvolwassenheid verteenwoordig net mooi die teenoorgestelde daarvan. Onvolwassenheid bring nooit heerlikheid nie. Dit bring altyd verleentheid. Onvolwassenheid bring nie lewe nie, dit bring altyd skade.

Volharding lei tot geestelike volwassenheid

Dit is ’n baie kosbare proses – maar nie ’n aangename een nie – want dit het dikwels met krisisse te doen. Ek gaan ter verduideliking ’n simboliese hamer gebruik: Dink aan ’n hamer as die krisis. God se agenda is dat ons sal opgroei tot die volle mate van Sy Seun; dat ons in karakter sal groei. Dít is voorop in God se agenda vir elkeen van ons. Paulus skryf hieroor in Efesiërs 4 en Jakobus skryf daaroor in Jakobus 1 as hy sê: “My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets Geestelike volwassenheid Die Bybel is duidelik daaroor dat dié wat wedergebore word, dié wat tot deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle geloof in Jesus kom, betrokke raak in tot volle geestelike rypheid kan kom, ’n proses wat in die Bybel as geestelike sonder enige tekortkoming.” volwassenheid beskryf word – om Geestelikheid word nie deur gawes, – Jakobus 1:2-4 in die karakter van Jesus Christus te groei. Dít is wat geestelikheid ondervindinge of belewenisse bepaal nie. bepaal. Geestelikheid word nie deur ware gebrek is Geestelikheid word deur volwassenheid Die gawes, ondervindinge of belewenisse een van die hart van karakter bepaal. bepaal nie. Geestelikheid word deur Die Ou Vertaling lui: “Maar volwassenheid van karakter bepaal. die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.” Dit is die gebrek van God se bedoeling met jou die hart wat die grootste gebrek is – nie die gebrek aan brood, aan geld Dus, vandat jy tot geloof in Jesus Christus kom – of totdat Jesus weer of aan eer of status nie. Om volmaak en sonder gebrek te wees en niks terugkom, of watter een ook al eerste gebeur – is jy in ’n proses van kort te kom nie, is iets wat God bonatuurlik deur die werking van die karakterbou en karaktervorming betrokke om op te groei tot die volle Gees in ons lewens aanvul. Dit gebeur wanneer ons die knie voor Hom mate van Christus. buig en ín ons situasies aan Hom onderdanig is.

Hoe word jou karakter gebou?

Jy kan nie bid vir karakter nie. Jy kan nie hande op iemand lê en dan gee God hom karakter nie. Hierdie karakter word op twee maniere gevorm. Die een is dat jy jou aan die gesag van Christus moet onderwerp. Tweedens moet jy jou konsekwent aan die gesag van Christus onderwerp. Ons praat dus nie van sporadiese gehoorsaamheid nie, maar van deurlopende, konstante gehoorsaamheid. Dit bring die karakter van Christus in jou na vore en daarmee saam kom daar heerlikheid, lewe, vastigheid en volwassenheid. XX JUIG! TYDSKRIF 50 JUIG! TYDSKRIF

Die egtheid van jou geloof word getoets Petrus sê vir die gelowiges dat die beproewing wat oor hulle kom, hulle geloof se egtheid toets. Dit is waar die heerlikheid lê. Wanneer ’n krisis in jou lewe kom, slaan dit teen jou hart (soos die hamer) en kan jy aan die geluid van jou hart hoor of daar volwassenheid of onvolwassenheid daarbinne is.

Ter illustrasie Ter verduideliking: As jy geblinddoek moet luister terwyl iemand


FLAGS

drie verskillende voorwerpe met ’n hamer slaan, sal jy kan onderskei wanneer dit glas, hout of staal is. Met die glas is die skade duidelik hoorbaar en sigbaar. Die hout klink reeds meer solied en die staal (iets soos ’n aambeeld) is so solied dat die hamer selfs daarop terugspring. Dit is simbolies van die geluid van jou hart. Die krisisse wat jy beleef, is die hamer wat kap. Jy moet leer om te luister na die geluid van jou hart , want elke keer as die hamer val, weerklink dit. Hoe klink jou hart? Soos glas wat breek, soos hout of ’n soliede aambeeld? ’n Krisis kan ’n verhoudingskrisis wees; iets wat iemand sê; hoe iemand my dalk op ’n onregverdige of ’n bose manier hanteer; dit kan finansieel wees of slegte gesondheid. Ongeag watter vorm dit aanneem, dit is iets wat slaan na jou hart.

Die klank van glas – onvolwassenheid

dankbaar, want dit is baie meer solied as die glas wat versplinter. As ek die hout hoor, prys ek die Here, want daar is groei in my sigbaar. Maar dit is nog nie klaar nie. As die hamer hard en aanhoudend genoeg slaan, sal hierdie stuk hout uitmekaar val. Hoewel ek die Here ewig dankbaar is vir die groei in my lewe te midde van die krisis, besef ek daar is nog werk wat gedoen moet word.

Die klank van die aambeeld – die klank van volwassenheid Wanneer die krisis kom en ek hoor die aambeeld weerklink, dan weet ek, in daardie area is ek volwasse. Prys die Here! In daardie area is daar heerlikheid, al slaan die hamer hoe hard en al is dit hoe seer – dit is solied. Die karakter van Christus het in daardie area in my gestalte gekry. Ek weet selfs in hierdie area sal ek aanhou groei, maar daar is beduiende verskil tussen die glas en die heerlikheid. Daar is nie ’n situasie in hierdie lewe wat nie ’n geluid in jou hart veroorsaak nie.

Ek het geleer om te luister na die geluid wat weerklink as die hamer val. As ’n mens glas hoor, weet jy daar is nog ongelooflike onvolwassenheid in God se kurrikulum vir jou jou hart. Die hamer lig dit uit. Wanneer Wat is die klank van jou hart? Glas, Wanneer die krisis kom en ek hoor die hout of staal? En dan weet jy – jou hart aan skerwe spat oor iemand wat jou verwerp, beteken dit bloot soos Petrus en Jakobus – om die aambeeld weerklink, dan weet ek, in daar is nog nie ’n ferm grondslag nie. Here vir die hamer te prys, want daardie area is ek volwasse. Daar is nie ’n stewige fondament nie. die hamer wys vir jou uit waar jy Prys die Here! Dit is hoe onvolwassenheid lyk. Dan nodig het om te groei – sodat jy weet jy, nie aan die hamer nie, maar kan groei. Dit is God se kurrikulum aan die geluid in jou hart, dat jy nog vir jou. Moenie baklei teen die onvolwasse is in daardie area en nog moet groei. hamer nie. Moenie kwaad raak vir die hamer, hom gryp en hom gooi dat hy doer trek nie. Daar kom net nog een wat boonop groter is.

Wat is vir God van belang?

Miskien ís dit wat die persoon vir jou sê verkeerd en liefdeloos. Aan die begin was dit al waaroor ek besorgd was: die feit dat die ander persoon verkeerd is – die hamer is hard. Maar later jare het ek agtergekom, die ander persoon se liefdeloosheid teenoor my is nie eers naastenby die belangrikste ding nie. Die belangrikste is die klank wat my hart maak as die hamer val, want daarvoor staan ek voor God, daarvoor moet ek verantwoording gee. As dit glas is, dan weet ek: In hierdie area moet ek my aan God onderwerp sodat Christus in my gestalte kan vind en ek atot volwassenheid kan groei .

Die klank van hout – daar is groei in volwassenheid As ek in ’n krisis kom en ek hoor die houtblok, dan is ek die Here baie

Leer om te luister na die geluid van jou hart Petrus sê in 1 Petrus 2 dat die gelowiges hulle werkgewers moet respekteer en nie net dié wat goed en vriendelik is nie, maar ook dié wat onregverdig is. Petrus fokus nie op die omstandighede van die gelowiges nie, maar die gehalte van die gelowiges, die inhoud van hulle harte. God is besig met jou, met die inhoud van jou hart. Sy roeping vir jou is dat jy sal opgroei tot die volheid van Christus. Leer om te luister na die geluid van jou hart. 

RIEKERT BOTHA is ’n leraar, outeur en gasspreker. Hy is te sien op RoepTV en het ’n bediening, L’Abri, wat opleiding bied vir dié wat voltyds vir die bediening geroep is. Besoek gerus sy webblad riekertbotha.co.za of sy Woordskool, Vita Dei, op YouTube

JUIG! TYDSKRIF XX JUIG! TYDSKRIF 51


FLAGS CHRISTENSKAP

Hoe openbaar

GOD

Homself aan ons? Die Bybel sê dat God Homself hoofsaaklik op vier maniere aan die mens openbaar: deur Sy skepping, deur ons gewete, deur Jesus Christus en deur Sy Woord.

D

ie Bybel sê dat God Homself hoofsaaklik op vier maniere aan die mens openbaar. Alles wat God in die natuur geskep het, onthul wie Hy is. Ons gewete (die mens se denke en emosies) getuig van God se bestaan. Hy stel Homself deur Sy Woord en die persoon van Jesus Christus aan ons bekend. Die eerste twee maniere waarop God Homself aan ons openbaar, is meer algemeen en beperk, maar die derde en vierde maniere is persoonlik, omvattend en volledig.

XX JUIG! TYDSKRIF 52 JUIG! TYDSKRIF


FLAGS

1

DEUR DIE SKEPPING

Paulus sê dat God sedert die skepping van die wêreld, dít wat ’n mens oor Hom kan weet, aan die mensdom duidelik gemaak het: “In hulle harte het hulle immers ’n duidelike besef van God, want God het dit aan hulle bekendgemaak. Want hulle kan sy onsigbare eienskappe, naamlik sy ewige krag en sy Goddelikheid, reeds van die skepping van die wêreld af duidelik uit sy handewerk waarneem. Daarom kan hulle hulleself nie verontskuldig nie.” – Romeine 1:19-20 (NLV)

die werk van sy hande bekend. Die een dag gee die berig deur aan die ander en die een nag deel die kennis aan die volgende mee. Sonder spraak en sonder woorde, onhoorbaar is hulle stem. Tog gaan daarvan ’n boodskap uit oor die hele wêreld en hulle taal bereik die uithoeke van die aarde.”

Daar sal geen verskoning wees nie

Die openbaring in die skepping is slegs ’n fluistering

Die mens kan die natuurskoon en wonder om hom waarneem en erken dat hierdie geskape dinge getuig van God se bestaan – die almagtige Skepper van die heelal. Volgens Paulus het God dus deur die skepping voldoende insig in Sy ewige krag en goddelike eienskappe gegee sodat niemand ’n verskoning sal hê dat hulle nie van God se bestaan geweet het nie. Psalm 19:2-5 verklaar: “Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak

Die Skrif sinspeel ook daarop dat die openbaring van God in die skepping slegs ’n skrams kykie is – ’n fluistering – van wie Hy werklik is en hoe Hy deur die mens geken wil wees: “Hy rol die reën op in dik wolke, maar as hulle swaar is, skeur hulle nie. Hy bedek die gesig van die volmaan en sprei wolke daaroor … Dit is maar die kleinste van sy werke, ’n fluistering van sy krag wat ons hoor! Wie kan dan die grootheid van sy mag begryp?” – Job 26:8-9,14 (NLV)

2

DEUR ONS GEWETE

Die Bybel sê dat God Sy bestaan aan die mens onthul het in hulle gewetens deur Sy Wet op hulle harte te skryf selfs nog voordat hulle die Evangelieboodskap gehoor het: “Die heidene het nie God se wette nie, maar partymaal besluit hulle self wat reg is en dan doen hulle dinge wat die wette sê. Hulle het nie God se wette nie, maar hulle lewe dan soos mense wat God se wette het. Hulle doen dinge wat wys dat hulle God se wette in hulle harte het. Hulle weet self wat is reg en wat is verkeerd, en hulle kan vir hulleself sê dat hulle reg doen of dat hulle verkeerd doen.” – Romeine 2:14-15 (BVA)

Die verlange om Hom te ken Volgens die Prediker het God in elke mens » JUIG! TYDSKRIF XX JUIG! TYDSKRIF 53


FLAGS CHRISTENSKAP

Hoe openbaar

GOD

Homself aan ons? se hart die verlange geplaas om Hom te ken: “Hy het alles mooi gemaak, Hy het aan die mens ’n visie gegee van die ewigheid. Tog kan mense nie die volle omvang van God se werk, van begin tot end, verstaan nie.” – Prediker 3:11 (NLV) God se doel om hierdie begeerte in die mens se hart te plaas, is sodat ons ’n lewende, persoonlike verhouding met Hom kan hê. Paulus het met die heidense skare mense in Athene oor hierdie innerlike openbaring gepraat: “God het hulle [die nasies] gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Hy is nie ver van enigeen van ons af nie …” – Handelinge 17:27

3

DEUR DIE PERSOON VAN JESUS CHRISTUS

God het Homself die duidelikste en in XX JUIG! TYDSKRIF 54 JUIG! TYDSKRIF

die grootste besonderhede deur die persoon van Jesus Christus aan ons geopenbaar. Jesus is die lewende, vlees-en-bloed onthulling van God: “Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.” – Johannes 1:14 Van Johannes gepraat; hy skryf in sy evangelie: “Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak” – Johannes 1:18. Paulus het vir die Kolossense gesê: “Die Seun is die sigbare uitbeelding van die onsigbare God. Hy is die Eerste van die hele skepping” – Kolossense 1:15 (NLV). En Jesus sê vir Filippus: “Ek is al so lank by julle, en ken jy My nie, Filippus? Wie My sien, sien die Vader.” – Johannes 14:9

Jesus is die lewende, vlees-en-bloed onthulling van God.

Die tekens en wonders Die tekens en wonders wat Jesus gedoen het, het die heerlikheid en krag van God geopenbaar. Jesus se lewe, die wonderwerke wat Hy gedoen het en Sy leringe en gelykenisse het gedemonstreer hoe baie die Vader vir ons omgee. Die manier om die Vader te leer ken en ’n verhouding met Hom te hê, is om die Seun te ken – Hy is God se openbaring van Homself (Gal 4:4-5, Heb 1:1-2).

4

DEUR DIE WOORD VAN GOD

Een van die vernaamste maniere waarop ons die persoon van Jesus leer ken, is deur die Woord van God. Die Bybel is God se openbaring van Homself en Sy doelstellings deur die geskiedenis. Jesus het self verkondig dat die Skrif openbaar wie Hy is (Luk 24:27, 44-45; Joh 5:39).


FLAGS

Die Bybel verskaf ooggetuies wat getuig van God se openbaring van Homself in Jesus Christus: “Toe ons aan julle die krag van ons Here Jesus Christus en sy wederkoms bekend gemaak het, het ons ons nie op versinsels of legendes verlaat nie. Nee, met ons eie oë het ons Hom in al sy majesteit gesien … Die stem uit die hemel het ons self gehoor toe ons saam met Hom op die heilige berg was. En dit het vir ons die boodskap van die profete nog meer bevestig. Hierdie boodskap is soos ’n lamp wat in ’n donker plek skyn. Julle sal goed doen as julle in sy lig bly totdat die dag aanbreek en die môrester opkom in julle harte.” – 2 Petrus 1:16–19

Skildery: Maria Oosthuizen

Van Genesis tot Openbaring God openbaar Homself in die Skrif van Genesis tot Openbaring – dit is daar vir elkeen om te lees en insig te kry. Baie mense kan erken dat daar ’n God is, maar God wil hê dat ons Hom innig moet ken – dat ons die ewigheid in hegte gemeenskap met Hom moet deurbring. 

GOT QUESTIONS bied Bybelse antwoorde op moeilike vrae. Vir meer inligting, besoek gotquestions.org

JUIG! TYDSKRIF XX JUIG! TYDSKRIF 55


FLAGS

Van Mediese dokter & sendeling tot NAVORSER Henry James – die man agter die boeke

B

diep Dorpie van die Indiane

in die Amasonewoud

selfde dorpie

Indiaanse gesin uit die

aie jare gelede het God vir my gesê dat Hy nie wil hê dat ek die amp in enige kerk moet opneem nie omdat Hy my op ’n interkerklike manier ’n Dokter ondersoek ‘n pasiënt op die gaan gebruik. Gedurende die Anastasis Mercy-skip in Wes-Afrika om te bepaal of ‘n operasie haa 1980’s was daar baie onderr sal kan help grondse politieke aktiwiteite, aangesien die ANC die kerke wou oorneem en hulle ’n evangelie van politieke redding laat verkondig. Daar was egter ’n aantal leraars in die stad waar ek gestasioneer was, wat slegs redding deur Jesus Christus verkondig het. Dit is tog vreemd dat leraars altyd bang is ander voorgangers sal hulle skape steel. Ek was nie ’n ander leraar nie, maar ’n mediese dokter in hulle dorp. Dit het my in staat gestel om die voorgangers te bedien, hulle aan te moedig en te reël dat besoekende predikers hulle kan toespreek. Een so ’n besoeker was Floyd McClung senior, die vader van sy bekende seun met dieselfde naam. Daar was vir my geen goeie rede hoekom net die leraars in die ryk, wit stede God se geseënde, besoekende dienaars kon hoor nie. Dus het die leraars ’n deeltydse klein “gemeente” geword. Ons het maandeliks in my huis byeengekom en kosbare tye gedeel waarin ons soveel eenheid in Christus beleef het – sonder enige rassevooroordeel. Die rede waarom ek nie die amp in ’n denominasie wou opneem nie, het duidelik geword toe God my ongeveer 25 jaar gelede as ’n geestelike “kartograaf” begin oplei het. Ek kon navorsing doen sonder om noodgedwonge sekere leerstellings te volg. Een ding wat ek geleer het, is dat Jesus in gewone terme met gewone mense gepraat het sodat hulle Hom kon verstaan. Wanneer kweekskole die betekenis van Jesus se woorde moet herdefinieer, is daar groot fout. Jesus is nooit verkeerd nie. Terwyl ons op die einde van ons era en die beplande uitwissing van die mensdom deur die “elite” afstorm, moet ons onthou dat Jesus ’n spesifieke volgorde van gebeure in Matteus 24 gelys het.

Wat kan ons verwag? Gedurende die Groot Verdrukking wat binnekort kan begin met die “Groot hersetting” waarvan die politici nou praat, sal denominasies verdwyn en Bybels onwettig word – memoriseer dus nou reeds God se Woord!

Wat moet gelowiges nou doen? • Vertel mense dat Jesus hulle sondes kan vergewe. • Neem die Evangelie na hulle toe. • Waarsku mense oor die gevare van die komende entstof. • Vra God hoe hulle moet voorberei op wat kom. jies vir middagete. Die Die dokters eet boont toerusting vir narkose nie. nie het tjie oen klein teater plaaslike verdowing ged Operasies word onder

XX JUIG! TYDSKRIF

Dit is tyd vir eenheid in die Liggaam van Christus Om boodskappe te verkondig wat ander teologiese lerings afkraak, toon ’n gebrek van insig in die tye. God se volk, ongeag aan watter denominasie hulle behoort, sal dalk saam moet vlug, in hegtenis geneem of doodgemaak word. Wanneer satan vir jou sê om met jou medegelowiges oor besonderhede te argumenteer, bestraf hom en moenie verder aan die argument deelneem nie.


Henry James se Herinneringe:

R250

Suid-Amerika: Sendingverhale saam met Youth With A Mission Ons het per boot langs een van die sytakke van die Amasonerivier afgevaar toe dit begin skemer word. ’n Skielike rukwind het die boot omgewaai. Die eerste aanduiding dat dinge gaan skeefloop, was toe al die potte in die kombuis van die stoof afgly. Ons het uitgeskarrel en op die kant van die stadig sinkende vaartuig gesit. Toe sien iemand die lig van ’n huis naby die rivier. ’n Amerikaner het sy klere afgestroop en in sy onderbroek oewer toe geswem. Hy het ’n Assemblies of God-gebedsbyeenkoms onderbreek. ’n Man in ’n onderbroek by ’n vergadering van ’n vereniging waar vroue met vollengte rokke swem – God het beslis ’n sin vir humor! Ondanks taalprobleme het die plaaslike inwoners sy gebaretaal gesnap en ons met kano’s kom red. Die volgende oggend was die hele boot onder water. Jongmans het ingeduik en die bagasie uitgevis. Een het sy skouer onder water teen ’n gebreekte venster oopgesny. “Ons moet hom hospitaal toe neem,” het iemand gesê. “Nee,” het ek gesê. “Die hospitaal is twee tot drie uur hiervandaan. Laat iemand my rooi rugsak uitduik.” Ek het al oerwoude deurkruis met daardie mediese rugsak op my rug. Spoedig het die rooi rugsak verskyn – nat maar ongeskonde. Tien minute later is die jongman se wond met steke toegewerk. Ek het elke maand ’n week in daardie dorpie deurgebring. Ek het saam met die leë visvliegtuig ingevlieg. Dit het net ’n sitplek vir die vlieënier gehad. ’n Week later was ek weer op pad uit terwyl ek op ’n sak bevrore vis sit. Daardie dorpie het ook vir vermaak gesorg. Een aand moes ’n span van Youth With A Mission (YWAM) die hele dorpie toespreek. Die kerk was stampvol. ’n Amerikaner was die eerste aan die woord en ek het vertaal. Volgende was ’n boerseun. Met my as die tolk, het hy sommer in Afrikaans gepreek. Toe ek die gebou verlaat, hoor ek een plaaslike vrou in haar moedertaal sê: “Daardie tweede man is nou ’n ware Amerikaner, ek kon nie ’n woord verstaan wat hy gesê het nie!” »

FLAGS

ISRAEL IS GOD’S TIMELINE

Koop aanlyn by burble.co.za God het die heelal geskep deur wiskunde en patrone te gebruik. Gebruik Hy dit steeds? Is die Jubeljaar ’n irrelevante antieke konsep wat slegs in antieke Israel van toepassing was? Of is dit ook ’n patroon wat die herstel van die Joodse volk beheer, sowel as die veranderinge in ons hedendaagse samelewing? Werk die 70 jaar siklusse van oordeel en herstel, soos dit aan Daniël geopenbaar is, vandag nog? ... Die boek wys ook dat, wanneer ’n nasie Israel probeer dwing om grond prys te gee wat aan Abraham deur Isak en Jakob oorgedra is, die Skepper daardie nasie met natuurrampe tref. Daniël 9 bevat ’n tydlyn met veelvuldige vervullings, hoewel die kerk oor die algemeen slegs een daarvan verstaan. Dit maak 2021 die jaar wanneer alles sal verander voordat die Messias terugkom.

THE GRATIS CORONA ebook VIRUS DECEPTION Prelude to the Great Tribulation? Jesus het ons vier keer in Matteus 24 gewaarsku dat misleiding die kenmerk van die tyd sal wees voor Sy wederkoms. Hy het ook leidrade gegee oor wanneer die probleme gaan begin en dit is deur onlangse onthullings bevestig. Die massamedia sê net wat die “elite” wil hê. Verskeie hedendaagse misleidings en verskuilde agendas word in hierdie boek onthul. Die “navorsing” wat gebruik is om chlorokien se geloofwaardigheid te bevraagteken, is as vals bewys. Planne vir entstofpaspoorte en kontakopsporing was reeds voor die pandemie gereed. Die uitbreking was beplan. Bevolkingsvermindering is die ware agenda. Talle navorsers het deeltjies van die legkaart gevind. Hierdie boek verbind alles net met mekaar …

The Abi, die boot wat aan ’n YWAM-sendeling behoort het. Die foto is ’n wee k voordat die boot gesink het, geneem. Al die foto ’s is uit 1994

Om jou eksemplare van hierdie interessante boeke te bestel, of om met die outeur kontak te JUIG! maak: TYDSKRIF XX

gerrie21f@protonmail.com


FLAGS

Henry James se Herinneringe: die man agter die boeke

Genees en vol lofprysing vir Jesus! Enkele jare gelede is ek gevra om YWAM se module vir geestelike oorlogvoering in ’n buurland te onderrig. Aan die einde van die week se lesings het ek vir my studente gesê: “Dit help nie dat julle net kennis het nie, julle moet die geeste in die geestelike sfeer kan onderskei. Ek gaan vir julle bid om die gawe van onderskeiding van geeste te ontvang.”

nd in ’n grasdakkerk Nadat ek in ’n buurla vir die kinders gebid gepreek het, het ek

Toe Jesus aangehaal is, neem demone die wyk

Ek het toe vir hulle gebid. ’n Paar studente van ’n Australiese gesondheidsorgskool was vir ’n kort rukkie ook by dieselfde YWAM-basis en hulle het my ander lesings bygewoon. Nadat ek vir die eerste groep studente gebid het, het hierdie span my gevra om vir hulle te bid sodat hulle die gawe van genesing kan ontvang. Die volgende dag het hulle na die plaaslike hospitaal toe gegaan en ’n ouer vrou ontmoet wat krom gebuig was van die artritis, sy was ook baie kort van asem. Die Aussiespan het vir haar genesing gebid. Die volgende dag is hulle terug hospitaal toe en daar was sy – totaal genees! Sy kon regop loop, normaal asemhaal en het Jesus geloof.

Per geleentheid het ons ’n dorpie in Mosambiek in die Renamo-omgewing net na die skietstilstand binnegery. ’n Pastoor het saamgegaan en ’n kort boodskap vir die mense gepreek. Een vrou het onmiddellik met demoniese geeste begin manifesteer. Weens al die demone in haar, kon hierdie klein vrou die mans doodeenvoudig wegstoot. Van die mense het probeer om die demone uit te dryf, maar sonder sukses. Toe lees een jongman die verhaal in Lukas 8:28 waar Jesus die demone uitgedryf het. Toe hy die gedeelte klaar gelees het, was die vrou dadelik weer by haar volle verstand. Ek het ’n paar minute later met haar gepraat en sy was heel normaal. Dit was verstommend om te sien dat die demone dadelik die wyk geneem het toe Jesus direk aangehaal is. Mission Aviation Fellowship (MA F) se vliegtuig op ’n aanloopbaan wat uit die bos oopgekap is

Die toordokters het in die vloed omgekom

’n Vragmotor sit 20 jaar gelede in die modder vas op die hoofroete wat die noorde en die suide van Mosambiek verbind. Die pad is nou geteer

XX JUIG! TYDSKRIF 58 JUIG! TYDSKRIF

Toe die sikloon, Elena, Mosambiek tref, het ek en my vrou ons by ’n noodlenigingspan aangesluit wat deur vriende in Youth for Christ byeengebring is. Ons het van Kaapstad na Maputo gery en is daarna na ’n vliegveld in ’n verwoeste gebied gevlieg. Ons het kos na vlugtelingkampe geneem. In een kamp het my vrou die kampleier gevra of sy met die toordokters kon praat. Die antwoord was dat daar niemand in die kamp was nie. In ’n land wat deur toordery gevange gehou is, het al die toordokters in die omgewing in die vloed omgekom. Nadat ek kos uitgedeel het, het ek in ’n paar kampe gaan preek. Ek het byna ’n oproer veroorsaak omdat ek nie genoeg traktaatjies gehad het nie. Almal wou een hê. Ek het nog nooit so ’n ontvanklikheid vir die Evangelie gesien as onder hierdie mense wat pas al hulle wêreldse besittings en huise verloor het nie. 


INSPIRASIE FLAGS

Dankie dat U gedagtes en w eë aan ons openbaar gem aak is. Dankie dat ons die Woord van Go d kon ontvang ; geskrewe op die bladsye van die Bybel sodat ons dit kan lees, best udeer, daaroo r mediteer en bowenal – kan – toepas en uitle ef. Talle mense h et as martelaa rs gesterf sodat ons hierd ie Woord in o ns hande kan vashou. Hulle bloed is vergie t en hulle het hul lewens op geoffer om hie rdie Woord te bewaar. Vader, leer ons om h ulle gawe aan ons te waarde er en hoog op prys te stel so dat ons nie ne t die Bybel sal lees nie, maar dit bowenal sa l glo en sal do en wat dit sê.

JUIG! TYDSKRIF XX JUIG! TYDSKRIF 59


FLAGS

D

MILJOENE SIELE VIR CHRISTUS GEWEN

ie Far East Broadcasting Association (FEBA/FEBC) het in 2020, te midde van ’n wêreldwye pandemie, gevier dat hy 75 jaar lank reeds die Evangelie van Jesus Christus aan die mees vervolgde, onbereikte mense ter wêreld kon verkondig. FEBA is nou ’n globale media- en radiobediening, maar het sy ontstaan te danke aan die visie wat twee jong mans, Bob Bowman en John Broger, van God ontvang het toe hulle nog studente was. Vandag bereik FEBA se uitsendings die harte en wonings van miljoene mense en stel hulle aan Christus bekend. Baie van hierdie mense het voorheen niks van Christus geweet nie en sou gelewe en gesterwe het sonder om Hom ooit te leer ken.

FEBA-radiostasies in meer as 50 lande FEBA se eerste uitsending is vanaf Sjanghai uitgesaai, maar teen 1948 is alle sendingwerk weens kommunisme verban en moes ’n alternatief gevind word. Dit het gelei tot die vestiging van ’n ideaal geleë stasie in die Filippyne – KZAS FM. Internasionale uitsendings is toe vanaf Manila via kortgolf na China uitgesaai. Mettertyd het die bediening uitgebrei om ook die grootste deel van Suidoos-Asië, Rusland, die Oekraïne, Sentraal-Asië, Mongolië, Indië, Afrika en die Midde-Ooste in te sluit. Vandag is daar AM- en FM-stasies in meer as 50 verskillende lande oor die hele wêreld.

Nuwe tegnologie bied verskeie opsies Programme word nou nie net meer oor die radio uitgesaai nie, maar bereik luisteraars ook per satelliet, op die internet, op SD-kaarte en deur middel van FEBA se “Gospel speaker boxes”. XX JUIG! TYDSKRIF 60 JUIG! TYDSKRIF

—deur Eva Pretorius

Die 10/40-venster en gebiede verder Die bediening wat aanvanklik op lande binne die 10/40-venster wou fokus, bereik nou ook mense ver buite daardie grense. ( Die 10/40-venster strek van 10°N tot 40°N van die ewenaar en sluit NoordAfrika, die Midde-Ooste en Asië in. Dié digbevolkte streek bevat die meerderheid van die wêreld se Moslems, Hindoes, Boeddhiste en die minste aantal Christen-volgelinge.)

Gereed, bereid en geesdriftig Die verhaal van hierdie bediening behels volharding en toewyding aan ’n visie van God af, maar ook om – ongeag die omstandighede – gereed, bereid en geesdriftig te wees om God se kinders te dien. Aangesien FEBC/FEBA-stasies wêreldwyd gereed is om “tydig en ontydig” die Woord te verkondig, bly hulle getrou die roeping vervul om die Evangelie te verkondig totdat almal dit gehoor het. Dit word nie net deur preke gedoen nie, maar ook om die liefde en deernis van Christus in tye van vrede sowel as krisistye te demonstreer.

Uitsendings wat prakties en geestelik bedien FEBA se uitsendings dien luisteraars prakties asook geestelik. Aan die begin van die COVID-19-pandemie het FEBC Filippyne begin om noodprogramme uit te saai om die publiek op hoogte te hou. Hulle het oor onderwerpe berig soos hoe die pandemie die ekonomie en mense se geestesgesondheid beïnvloed het. Personeel wat weens die streng inperkingsreëls nie na en van


FLAGS

“… verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering …” – 2 Timoteus 4:2

die werk kon pendel nie, was bereid om dae lank by die stasie te bly en te verseker dat die uitsendings voortgaan. Hulle vermoë om vinnig op die behoeftes van hul luisteraars te reageer, het hulle invloed in die gemeenskap gedemonstreer. In die Filippyne, Pakistan, Indië, Kambodja, Mosambiek, Malawi en ander lande waar FEBA se uitsendings gehoor kan word – het die bediening se gereedheid om die Woord te verkondig mense geïnspireer om Jesus Christus te volg.

Getuienis van ’n luisteraar In Pakistan het ’n man sy lewe aan Christus oorgegee nadat hy die liefde van Christus in ander se lewens gesien het en is toe deur FEBC gedissipel: “Ons het twee selfmoordbomaanvalle in ’n kerk vier myl van my tuisdorp af beleef. Ek was verbaas om te sien hoe die Christene vir hulle vyande bid. Die Christene is erg deur die aanval geraak. Van hulle was ernstig beseer, maar steeds het hulle onophoudelik vir die terroriste en vir Pakistan gebid. Dit het ’n groot indruk op my gemaak; ek wou meer van hulle geloof weet. ’n Christen-vriend het my aan die Bybel voorgestel en my ook van julle uitsendings in my eie Sindhi-taal vertel. Nou lees ek die Bybel in my slaapkamer en luister elke dag in die geheim na julle uitsendings.”

Praktiese hulp aan weduwees In Mosambiek het ons stasie, Radio FOT in die noord-westelike provinsie Lichinga, ’n netwerk van meer as 500 000 luisteraars. Die meeste was voorheen Moslems. Onlangs het Radio FOT ses weduwees wie se mans aan MIV/vigs en ander siektes oorlede is, gehelp om ’n volhoubare boerdery te begin. Die stasie het die gereedskap en saad verskaf wat die vroue nodig gehad het om uie, kool en mielies te verbou. Die vroue is nou almal wedergebore Christene en getuig teenoor ander van God se goedheid. Hierdie bediening is gebou en word onderhou deur gelowiges soos ek en jy; mense wat vertroue het in die visie wat God 75 jaar gelede aan die twee jong mans gegee het. Jy kan deel in hierdie visie deur vandag met ons hande te vat. As jy gelei voel om ons te help om die mees geïsoleerde, vervolgde en verdrukte bevolkingsgroepe van die wêreld met die Evangelie van Jesus Christus te bereik, besoek gerus febaradio.co.za of skakel ons by 012 335 5708. 

Meer as die helfte van die wêreld benodig steeds , n radio om die Evangelie te hoor Koop een Radio = Skenk een radio

R750

Koop ’n Degen DE-opwenradio wat met sonkrag werk teen R750. Ons sal die tweede radio of die geld aan iemand in een van ons FEBC-velde skenk waar mense min of geen blootstelling aan Christus het nie.

Bankbesonderhede: Standard Bank Gezina Takkode: 014 845 Rekeningnr: 20 10 84 77 5

ABSA Bank Ben Swartstraat Takkode: 632 005 Rekeningnr: 40 55 31 35 41

info@febaradio.co.za +27 12 335 5708 of skandeer die kode

JUIG! TYDSKRIF XX


SENDING FLAGS

Besoek die vervolgde Kerk saam met Geopende Deure —deur Geopende Deure SA

J

y kan ’n toeris op ’n geheime sending wees deur by Geopende Deure Suider-Afrika aan te sluit vir ‘n reis na die vervolgde Kerk. Enigiemand wat ’n vurige liefde vir Jesus Christus en medelye met ons vervolgde familie reg oor die wêreld het, kan aan hierdie lewensveranderende ervaring deelneem.

Om gelowiges te ontmoet Met Geopende Deure se reisbediening kan jy letterlik grense oorsteek om vervolgde Christene se hande vas te hou om hulle aan te moedig en saam met hulle te bid. Reisigers kan ook hulpbronne aflewer by ’n kerk wat gebid en God vertrou het vir die middele om meer oor Hom te leer.

’n Bediening wat wêreldwyd lewens verander

Jesus al is wat hy nodig het. Ek het die liefde van Jesus in sy oë gesien.” Peter het in 2014 op sy eerste reis na die vervolgde Kerk in Asië gegaan. Hy het Adam* en Natalie* tydens ’n uitreik ontmoet. Hulle werk met dwelmverslaafdes en prostitute, betrek hulle in hulle gemeenskap, lei hulle na Jesus en help hulle dan om Sy dissipels te word. “Toe ek daardie dag aan Adam en Natalie totsiens sê, kon ek nie help om te dink dat dit wat hulle doen, die ware Kerk in aksie is nie. Ek het besluit dat ek ook ’n verskil wil maak. Ek sal alles in my vermoë doen om in Hom te bly. Ek wil baie vrug dra en tot eer van die Vader Sy dissipel wees. As dit ook jou begeerte is, moedig ek jou aan om uit te vind waar God besig is om te werk en daar by Hom aan te sluit. Jy hoef nie te bid of jy dit moet doen nie, Hy wil hê dat jy Hom moet volg,” sê Peter.

Jy kan vervolgde gelowiges ontmoet, hulle hande vashou en saam met hulle bid.

Broer Andrew, die stigter van Geopende Deure Internasionaal, het meer as 60 jaar gelede die eerste tree geneem om die vervolgde Kerk te besoek – dit het gevolge gehad wat hy hom destyds nooit sou kon indink nie. Nou het sy bediening na talle lande reg oor die wêreld uitgebrei.

’n Hartsverandering

Belangstellendes kan op bemoedigingsreise gaan, waar hulle die geleentheid kry om vervolgde gelowiges te ontmoet, saam met hulle te bid en moontlik ’n kerkdiens by te woon. Anders kan hulle kies tussen gebedsreise om vir ons familie in Christus in hul eie land in te tree, koerierreise om broodnodige hulpbronne na lande te neem waar daar ’n groot behoefte daaraan is, jeugreise om jongmense in die vervolgde Kerk te ontmoet en aan te moedig, en spesiale reise om vervolgde Christene op ’n praktiese manier by te staan.

Basisreise vanaf Suid-Afrika in 2021: • Sentraal-Asië in Julie (twee afsonderlike reise) • Egipte in Oktober • Viëtnam in November

Internasionale reise: • China in Maart, Junie en September (drie afsonderlike reise) • Noord-Asië in Mei en Julie • Colombië in April, Junie en November (drie afsonderlike reise) • Suidoos-Asië in September • Bangladesj in November

Verander jou lewe vir ewig Enige reis wat jy kies, sal beslis vervolgde Christene aanmoedig en jou lewe vir altyd verander. Vir meer inligting oor die Geopende Deure Reisbediening, besoek opendoors.org.za of stuur ‘n e-pos aan Samantha by travel@opendoors.org.za  XX JUIG! TYDSKRIF Geopende Deure | Nedbank

| Takkode: 198765 Rek.nr.: 113 750 4552 (Besigheid) | Verwysingsnommer: JA2101

*Name verander vir veiligheidsdoeleindes. | Foto's: © 2021 Geopende Deure Internasionaal

Peter*, ’n ondersteuner van Geopende Deure wat onlangs ’n reis na Suidoos-Asië meegemaak het, sê: “Voor die reis het ek ver van God af gevoel. Die reis het egter my hele lewe verander en my verhouding met God regtig versterk. Ek sal nooit weer dieselfde wees nie, want my hart is vir altyd verander. “Ek het vir Andrew* ontmoet – ’n sewejarige seuntjie wat tydens ’n bomaanval op ’n kerk beseer is. Hy het ernstige brandwonde oor meer as 40% van sy liggaam opgedoen en het sedert die bomaanval 39 operasies ondergaan. Ondanks sy ontberinge het hy getuig dat

Verskillende opsies vir reisigers

Geopende Deure | Absa | Takkode: 632005 Rek.nr.: 160 340 568 (Lopende) | Verwysingsnommer: JA2101


www.opendoors.org.za

FLAGS

Reis saam met Geopende Deure na die vervolgde Kerk in 2021

Verteenwoordigende foto gebruik.

Wees ʼn toeris op ʼn geheime missie en reis oor grense om die hand van ʼn vervolgde Christen vas te hou. Om net daar te wees, sal aan jou familie in Christus wys dat hulle geliefd en nooit alleen is nie.

Besoek opendoors.org.za/afr/reis om saam met ons te reis hierdie jaar!

Open Doors South Africa

Toeriste op ʼn JUIG! Sending TYDSKRIF XX Geheime


SENDING FLAGS

OPERASIE DEKAPOLIS Shinyanga Kahama Tabora

Arusha Singida

TANZANIË 12 – 22 November 2020

5 CfaN Gospelveldtogte in 5 stede binne 2 weke! CfaN Bootcamp-gegradueerdes en uitgenooide evangeliste deel getuienisse van wat God in Tanzanië gedoen het ...

Shinyanga

God laat ’n seuntjie se been groei

Ná afloop van een byeenkoms was ek op pad na ons voertuig toe mense om dit begin saamdrom en vir gebed vra. Daar was ’n vrou met ’n seuntjie in haar arms – hy was ongeveer drie jaar oud. Sy het my vertel dat haar seuntjie se een been korter as die ander is. Ek kon sien dat die regterbeentjie baie korter as die linkerbeen was. Terwyl ek vir die kleutertjie bid, het sy regterbeen gegroei om net so lank as die linkerbeen te wees! Sy ma het hom neergesit. Ek het sy handjie gevat en ons het saam begin rondstap. Hy was nie meer mank nie. Sy ma het kliphard gehuil van vreugde. Sy kon nie glo dat haar seuntjie se bene nou ewe lank is nie. – Evangelis Gary Smith

Kahama

Wonderwerke het oral in die skare gebeur

Tabora

Jesus genees ’n Moslem-vrou se gewas

Ek het verwag dat daar baie mense by die veldtog gaan wees, maar om op ’n verhoog uit te stap en ’n see van mense voor jou te sien, kan nogal oorweldigend wees. Nadat ons vir hulle gebid het om die Heilige Gees te ontvang, het David Clementi en Jim Weitner, Bootcamp-gegradueerdes, vir die siekes gebid en mense genooi om te kom getuig. David en Jim was weke voordat die veldtog in Tabora begin het, reeds daar om ywerig te werk en te verseker dat die veldtog suksesvol verloop. Nadat daar vir genesing gebid is, het ’n Moslem-vrou vorentoe gekom. Sy het met ’n groot gewas in haar maag na die byeenkoms gekom. Op die verhoog het sy getuig dat die gewas tydens die gebed verdwyn het. Sy het gesê: “Nou wil ek Jesus beslis volg!” XX JUIG! TYDSKRIF – Evangelis Jared Horton

Ek het oor die verlamde man gepreek wie se vriende hom deur die dak laat afsak het. Toe ek ná n die preek elke pyn en siekte bestraf het, het daar oral in die skare wonderwerke gebeur. • ’n Vrou het met haar kruk onder die arm op die verhoog opgedaag. Sy kon tien jaar lank nie loop nie, maar toe die orkes musiek begin speel, het sy met haar kruk omhoog gedans. • ’n Dame wat byna twee jaar lank verlam was, se buurvrou het haar met die openbare vervoer na die byeenkoms toe gebring – sy is volkome genees. • Een vrou kon 18 jaar lank nie behoorlik loop nie. Sy het baie pyn gehad en moes ’n kierie gebruik om mee te loop. Nadat daar gebid is, is sy nou vry van enige pyn en hoef sy nie meer ’n kierie te gebruik nie. • ’n Ander vrou het erge pyn verduur as gevolg van jig in albei haar bene. Tydens die gebed het sy God se krag in haar liggaam gevoel en het al die pyn verdwyn. Ek het gepreek oor ’n verlamde man wat deur Jesus genees is en toe bewys Jesus dat Hy lewe deur baie verlamde mense in Kahama te genees! Hy is vandag nog dieselfde Jesus. – Evangelis Daniel King


Singida

FLAGS

Om te kan hardloop sonder enige pyn

Hierdie stad is 50% Christelik en 50% Moslem. Toe ek van die verhoog afkom, het twee Moslem-vroue my genader om vir hulle kinders te bid. Ek het opgemerk dat een van hulle ’n opvolgboekie, Now That You Are Saved, het. Ek het haar gevra wat met haar gebeur het en sy het getuig dat sy haar lewe aan Jesus oorgegee het! Die ander Moslem-vrou het gesê dat sy dit ook gedoen het! Ek het selfs ’n getuienis gehoor van ’n Moslem-vrou wat met die Heilige Gees vervul is nadat sy tot bekering gekom het. Nadat ek gepreek het, het evangelis Joe Turnbull (wat die plaaslike veldtogdirekteur en ook ’n Bootcamp-gegradueerde is) ’n lering oor geloof gegee en toe vir die siekes gebid. Een vrou het op haar knieë na die byeenkoms aangesukkel; sy kon skaars staan en was so naar dat sy nie eens vloeistowwe kon inhou nie. Haar man het die byeenkoms die eerste aand bygewoon en haar toe vertel wat God gedoen het. Sy het daardie aand ‘n droom gehad dat Joe vir haar bid. In die droom is sy heeltemal genees. Toe Joe die volgende dag werklik vir haar bid, is sy van alle pyn en siekte genees en het sy op die verhoog begin rondhardloop! – Evangelis Paul Maurer

Arusha

Die krag van God was teenwoordig

Toe ek die eerste aand by die byeenkoms aankom, kon ek die verwagting aanvoel van die groot skare wat reeds vergader het om die Evangelie van Jesus Christus te hoor. Ek het gepreek: “Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!” en duisende het op die uitnodiging gereageer. Elke aand was daar kragtige getuienisse soos hierdie: • ’n Dame wat die afgelope 14 jaar lank blind in haar linkeroog was, het getuig dat sy weer kan sien! Toe ons haar visie toets, was dit duidelik dat sy volkome genees is. • ’n Man wat die afgelope drie jaar aan die regterkant van sy liggaam verlam was, is heeltemal genees en het gedans terwyl ons God vir sy genesing geloof het. • Na ’n woord van kennis dat God ’n vrou se baarmoeder aangeraak het en dat haar baba nie sou sterf nie, het ’n vrou kom getuig dat sy in die verlede reeds drie miskrame gehad het. Sy was tans vier maande swanger. In die hospitaal het hulle vir haar gesê dat hulle nie die baba se hartklop kon vind nie. Met trane wat loop, het sy beskryf dat sy na die byeenkoms toe gekom het in geloof vir ‘n wonderwerk. Die krag van God het haar aangeraak en sy kon voel hoe haar baba beweeg! – Evangelis Nathan Morris

Teken in op CfaN se nuusbriewe, Bybelstudies en verslae!

Kontak info@cfan.org.za of skandeer hierdie QR-kode

JUIG! TYDSKRIF XX


FLAGS

WOORDE VAN

WYSHEID Pastoor Gordon Claasen Die mees uitnemende gawe – liefde

E

k stel graag Paulus se siening aangaande die uitnemendste gawe in die Liggaam van Christus aan jou bekend. Die klem sal op 1 Korintiërs 13 wees, maar voordat ek daarna verwys, fokus ons eers op 1 Korintiërs 12 omdat die oorspronklike teks geen hoofstukverdelings gehad het nie en die hele brief as geheel gelees is. Volgens 1 Korintiërs 12 is dit duidelik dat Paulus nie net die gawes van die Heilige Gees aan ons bekend wou stel nie, maar ook orde in die gebruik van die gawes wou bring en die misbruik daarvan voorkom. Heel duidelik het sommige die gawes misbruik om verdeeldheid, wedywering, jaloesie en ander vleeslike gedrag in die Liggaam van Christus te ontketen. Paulus sê in 1 Korintiërs 12:4-7: “Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees; en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here wat die opdrag gee … Aan elkeen afsonderlik word ’n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal.” Die vers verduidelik dat elkeen baat moet vind deur die gawes van die Gees. Paulus dui ook aan dat dit onproduktief is as daar net een gawe of net een persoon is wat oor al die gawes beskik. Hy vergelyk die gawes met ons fisieke liggaam wat uit meer as een liggaamsdeel bestaan. Paulus skakel dan oor na die Liggaam van Christus en dat ons as gelowiges die Liggaam van Christus is: “Julle is die liggaam van Christus, en afsonderlik is elkeen ’n lid daarvan” –1 Korintiërs 12:27. Hy voer aan dat die gawes gegee is om die hele Liggaam van Christus te bevoordeel. Niemand mag sy gawe belangriker ag as iemand anders s’n nie. “Maar beywer julle met die oog op die beste gawes; en ek wys julle ’n nog uitnemender weg” – 1 Korintiërs 12:31. Paulus moedig ons aan om ons vir die beste gawe te beywer – tot voordeel van elke ander gelowige (word vervolg)  PASTOOR GORDON CLAASEN is senior pastoor en stigter van Kingdom Reign Ministries. Hy bied byeenkomste aan om leiers met die Woord toe te rus. Kontak hom by info@kingdomreign.co.za of besoek kingdomreignministries.co.za

Pastoor Ron Kinnear

Maak mense Sý dissipels

N

pastoor se vrou is gekritiseer omdat sy oënskynlik nie ’n jong bekeerling raad kon gee nie. Die jong bekeerling, Madelaine, was gretig om geestelik te groei en wou leesstof hê wat haar geestelik opbou. Sy het ’n traktaatjie in die hande gekry wat duidelik uitgespel het dat voorhuwelikse seks verbode is. Dit het haar gepla, want sy en haar kêrel het saamgebly. Sy was verlief op hom en wou nie die verhouding verbreek nie. Sy het besef dat hy moontlik groener weivelde sou gaan soek as sy haar van hom onttrek. Sy het hierdie dilemma met haar pastoor se vrou bespreek. Die pastoor se vrou het nie regtig ’n antwoord vir Madelaine gehad het nie. Sy kon nie vir hierdie nuwe bekeerling sê of dit reg of verkeerd is nie. Baie mense mag haar dalk verkwalik hiervoor. ’n Mens moet tog ’n mening hê en veral iemand in ’n geestelike leierskapsposisie behoort beter te weet en duidelike rigting te kan gee. Maar dit is nie die einde van die storie nie! Sy het vir Madelaine gesê dat sy haar na iemand kan verwys wat die regte antwoord het. Sy het teksverse aangehaal. “Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God” – Romeine 8:14. “… en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken” – Johannes 10:4. “Die Here is my herder” – Psalm 23:1. Sy het Madelaine aanbeveel om die Here te raadpleeg. Madeleine het by die huis op haar knieë gegaan en die Here se aangesig oor hierdie saak gesoek. Die Here het vir haar duidelike leiding gegee oor Sy wil in hierdie opsig. Indien jy wil weet wat die Here vir haar gesê het, stel ek voor dat jy met die Here praat en Hom direk vra. Hy sal jou dieselfde antwoord gee! Die punt wat ek maak, is dat ons mense óf dissipels van onsself kan maak óf dissipels van Jesus Christus. Die Here beveel: “Gaan dan heen en maak die mense My dissipels …” Dié pastoor se vrou het geweet hoe om dit te doen. 

PASTOOR RON KINNEAR is ’n ervare leraar, veteraansendeling, stigter en president van Africa Missions. Kontak hom by africams@mweb.co.za of besoek africamissions.org.za XX JUIG! TYDSKRIF


FLAGS

3 punte om oor na te dink:

DANKBAARHEID Pastoor Rudi Briel Ontvlug jy of staan jy op?

D

ie jaar 2020 was ’n jaar van internasionale chaos en groot krisisse. ’n Nuwe jaar strek nou voor ons uit, terwyl miljoene mense steeds in ’n emosionele en finansiële herstelproses verkeer. Die mensdom is uitgeput en talle voel depressief en ongemotiveerd vir die toekoms. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie toon selfdood sedert die COVID-19-pandemie ’n drastiese toename in vergelyking met die voorafgaande jare se gemiddelde statistiek van 800 000 selfdoodgevalle per jaar. ’n Onlangse studie in Amerika het bevind dat 25% van jongmense tussen die ouderdomme van 18-24 jaar, selfdood oorweeg. Die redes: onsekerheid, angs, wanhoop, minderwaardigheidsgevoelens en swak of geen vooruitsigte vir die toekoms. In tye van groot krisis is daar een van twee benaderings om te volg: Ontvlug of staan op! Selfdood is ’n hartseer poging tot ontvlugting. Die keuse om op te staan is doelgerig, dit vul ’n lewe weer met sin, rigting en belofte. Om op te staan, behels die volgende: 1. Leef toekomsgerig: “Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is …” – Filippense 3:14 2. Bly altyd hoopvol: “Maar ék sal altyddeur hoop …” – Psalm 71:14 3. Beplan jou lewe opnuut: “Rig vir jou mylpale op, maak vir jou padwysers …”– Jeremia 31:21 4. Blaas lewe in jou drome deur gebed: “Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.” – Filippense 4:6 5. Glo en verwag die goeie: “Laat dit vir julle wees volgens julle geloof.” – Matteus 9:29

Jy kán opstaan!

PASTOOR RUDI BRIEL is die senior pastoor van die AGS Centurion-gemeente. Volg gerus sy boodskappe op AGS Centurion se Facebook-blad. Kontak hom gerus by admin@agscenturion.co.za

E

k het onlangs die volgende aanhaling van ’n onbekende skrywer gelees: “Ek is dankbaar vir die belasting wat ek betaal, want dit beteken dat ek ’n werk het. Ek is dankbaar vir die klere wat ’n bietjie styf sit, want dit beteken dat ek genoeg het om te eet. Ek is dankbaar vir ’n grasperk wat gesny moet word, vensters wat gewas of geute wat reggemaak moet word – want dit beteken dat ek ’n huis het. Ek is dankbaar vir die groot hoop wasgoed en strykwerk, want dit beteken dat ek klere het om aan te trek. Ek is dankbaar vir die vrou agter my in die kerk wat vals sing, want dit beteken dat ek kan hoor.”

Sê jy dankie? Dit het my laat dink aan die storie in Lukas 17:11. Dit vertel van die tien melaatses wat gesond gemaak is en dat daar net een teruggekom het om sy dank te betoon. As Christene identifiseer ons graag met daardie een wat teruggekeer het, maar ons vra dikwels die Vader se hulp en bedank Hom dan nie daarvoor ná die tyd nie. Maak dit ons nie meer soos een van die nege ander nie?

Drie punte om oor na te dink: 1. Maak ’n gewoonte daarvan om altyd dankie te sê (1 Tes 5:18 – Wees in alles dankbaar) 2. Dankbaarheid verheerlik God (2 Kor 4:15) 3. Dankbaarheid bring rus en vrede (Fil 4:6-7)  GAWIE DE LANGE is die algemene bestuurder van JUIG! Tydskrif. Sy passie is om Christus met almal te deel.

JUIG! TYDSKRIF XX


FLAGS

JUIG!NUUS HOU CHRISTENE INGELIG

Moenie die nuutste Christen-nuus misloop nie!

M

eer as 300 Joodse immigrante uit Ethiopië het onlangs in Israel aangekom. Baie van hulle het die grond uit dankbaarheid gesoen nadat hulle by die Internasionale Ben-Gurion Lughawe geland het. Israel se minister van immigrasie, Pnina Tamano-Shata, wat self ’n Ethiopiese Jodin is, het die immigrante op die vlug vergesel. Sy werk daaraan om Nuwe immigrante van Ethiopië soen die grond met nog 8 000 ander Jode ook terug hulle aankoms in Israel te bring na Israel. Hulle is jare lank al in Ethiopië gestrand. Premier Benjamin organisasie is deel van Operasie Tzur Yisrael, Netanyahu was op die lughawe om die nuwe die projek om duisende Ethiopiese Jode terug aankomelinge te verwelkom. “Hierdie nuwe te bring wat nog wag om huis toe te kom en immigrante is deel van die 2 000 Ethiopiese met hul families wat reeds in Israel is, herenig Jode wat goedkeuring by die regering van te word. “Ná dekades van skeiding en moeiIsrael gekry het om teen die lente van 2021 like omstandighede sal duisende Ethiopiërs Aliyah te maak,” het Keren Hayesod van nou die geleentheid kry om met hul families United Israel Appeal in ’n verklaring gesê. Die herenig te word,” het Hayesod gesê. 

Wat Nederland se genadedood vir kinders vir ons sê

D

ié wat genadedood teenstaan, wys dikwels daarop dat sodra ’n land genadedood eers gewettig het, dit baie moeilik is om te voorkom dat hierdie wette uitgebrei word en al hoe meer ander groeperings van mense insluit. Baie van die politici wat pro-genadood is, neem hierdie gevaar nie in ag nie. Ons hoef egter net na Nederland te kyk om te sien waarheen die wettiging van genadedood lei. In 2001 was Nederland die eerste Europese land wat genadedood en bygestaande selfdood gedekriminaliseer het. Dit was slegs vir dié wat “ondraaglike lyding ervaar sonder vooruitsigte op verbetering”. Sedertdien het Nederland hierdie wet so breed moontlik geïnterpreteer. Mense met chroniese siektes, gestremdhede en selfs geestesongesteldhede soos depressie kan genadedood ontvang. Twaalfjarige kinders het genadedood ontvang. Nou wil Nederland se minister van gesondheid dinge weer verder voer. Hy wil genadedood vir kinders tussen een en twaalf jaar oud toelaat! Mense van alle lande moet hulle hierteen uitspreek. Hierdie skending van die reg op lewe moet gestaak word. As die idee om kinders deur genadedood te vermoor in enige land aanvaarbaar word, is dit baie waarskynlik dat dit eendag ook in Afrika aanvaarbaar sal wees. Ons moet almal ons stemme saam laat hoor om te verseker dat die waardigheid van die lewe gerespekteer word. 

XX JUIG! TYDSKRIF 68 JUIG! TYDSKRIF

WWW.JOYNEWS.CO.ZA

Foto: Keren Hayesod

Skandeer hierdie QRkode op jou slimfoon om ons nuusbriewe te ontvang.

Verheugde Ethiopiërs soen die grond nadat hulle Aliyah na Israel onderneem het


Pastore en hulle gesinne teikens – bid asseblief!

Foto: Sven Torfinn

Sprinkaanplaag van Bybelse afmetings in drie provinsies van Suid-Afrika

NUUS FLAGS

’n Sprinkaanswerm in Oos-Afrika in 2020

S

prinkaanplae van Bybelse afmetings is tans besig om gewasse in drie SuidAfrikaanse provinsies te verwoes, soos bevestig deur die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza. In ’n verklaring het sy bevestig dat die Vrystaat, Noord-Kaap en Wes-Kaap tans ’n plaag van massiewe sprinkaanswerms ervaar wat die Suid-Afrikaanse landboubedryf en gewasproduksie geweldig onder druk kan plaas. Sterk winde en droë toestande help die swerms aan. Didiza het ’n plan van aksie uiteengesit om die plaag te

Resultate van Moreleta Kairos Netwerk se meningspeiling

• 79% meen die NG Kerk gaan skeur. • 56% verkies dat die NG Kerk nie skeur nie. • Meer as 90% is bewus dat MKN die misbruik van God se Woord teenstaan.

bekamp. “Daar word tans beheermaatreëls ingestel om die verspreiding van die sprinkaanswerms te beperk. Boere en boereorganisasies moet die departement inlig wanneer hulle ‘n swerm sprinkane gewaar en saam met die plaaslike amptenare werk om die verspreiding hok te slaan. Die departement het reeds ‘n span spesialiste na die betrokke provinsies gestuur om saam met amptenare van die provinsiale departemente van landbou en landelike ontwikkeling en die Landbounavorsingsraad te werk. 

Amerika voeg Nigerië op lys van godsdiensvervolging ná talle terreuraanvalle. – Christianity Today

Geopende Deure Suider-Afrika stel gewilde sanger as ambassadeur aan

D

ie organisasie Geopende Deure, wat vervolgde Christene reg oor die wêreld ondersteun, het die bekende sanger, Loyiso Bala, onlangs as hul ambassadeur aangestel. Geopende Deure dien vervolgde Christene in meer as 60 lande reg oor die wêreld deur die aflewering van Bybels en Christelike literatuur, besoeke aan vervolgde Christene, dissipelskap en opleiding, noodleniging aan slagoffers van vervolging en natuurrampe asook bewusmaking deur voorspraak. Die uitvoerende direkteur van Geopende Deure SuiderAfrika, Jan Gouws, verwelkom Loyiso by hulle span en bediening. “Ons sien uit na die pad vorentoe met Loyiso as ons ambassadeur. Sy entoesiasme om by die vervolgde Kerk betrokke te raak, sowel as sy liefde en passie vir die Here, maak hom die ideale ambassadeur vir ons bediening. Ons is opgewonde om hom aan boord te bring as ’n integrale deel van ons bediening. Geopende Deure Suider-Afrika vier sy 50ste bestaansjaar in Mei 2021. Ons sien uit daarna om hierdie mylpaal te deel met Loyiso as ons ambassadeur.” 

WWW.JOYNEWS.CO.ZA

JUIG! TYDSKRIF XX


NUUS FLAGS

Oom Angus nooi Christene uit: Klim aan boord die ‘Gospel Train’

Die nuwe Afrikaanse Bybel verskyn

N

’n Stoomtrein, vol geesdriftige evangeliste wat van dorp tot dorp reis. Kontak info@angusbuchan.co.za

vir meer inligting.

á sowat 15 jaar se werk deur meer as 170 medewerkers is ’n nuwe Afrikaanse Bybelvertaling, Die Bybel: 2020-vertaling, nou beskikbaar. Daar is in 2006 met die vertaling begin. Die medewerkers het brontaalkenners (Hebreeus, Aramees en Grieks), teoloë, Afrikaanse letterkundiges, taalkundiges en vertaalkundiges ingesluit. Sowat 43 vroue was op die een of ander manier deel van die medewerkerspan, heelwat meer as die geval met die 1983-vertaling. Hierdie vertaling is die vrug van ’n Bybelvertalingsprojek wat aangepak is op versoek van die kerke wat die Bybel in Afrikaans gebruik. Sowat 24 verskillende kerkgenootskappe was op die een of ander manier by hierdie vertaling betrokke en dit is werklik histories ’n eerste. Dit is die eerste keer dat feitlik alle kerke wat die Bybel in Afrikaans gebruik, by ’n Bybelvertaling in Afrikaans betrokke is. Die vertaalopdrag was onder andere dat die vertaling ’n getroue weergawe van die betekenis van die bronteks moet wees, terwyl beelde, metafore, styl en struktuur van die bronteks so ver moontlik behou

moet word. Die vertaling moet van ’n hoë letterkundige gehalte, goed verstaanbaar en in goeie Afrikaans wees. “Ons is van mening dat die vertalers daarin geslaag het en dat die baie Afrikaanssprekende gelowiges wat ’n behoefte het aan ’n Bybel wat so na moontlik aan die bronteks, maar steeds goed verstaanbaar is, nou die geleentheid kry om ’n Bybel in Afrikaans te lees en te bestudeer wat hulle in staat stel om so na moontlik aan die leefwêreld van die Bybel te kom,” sê ds. Dirk Gevers, die uitvoerende hoof van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Die Bybel is reeds in die handel of direk by die Bybelgenootskap beskikbaar. Drie weergawes van Die Bybel: 2020-vertaling in verskeie bindstyle is beskikbaar – die Bybel, Ou en Nuwe Testament, die Bybel met Deuterokanonieke boeke, asook ’n hoofletter-uitgawe met bepaalde woorde in die Ou Testament in hoofletters gedruk. 

Besoek gerus bybelgenootskap.co.za vir pryse en aanlyn bestellings. Hierdie vertaling van die Afrikaanse Bybel sal ook aanlyn beskikbaar wees by biblesa.co.za asook op die BibleSA-toepassing.

Duisende Argentyne marsjeer teen die voorgestelde wet op aborsies

D

uisende pro-lewe-aktiviste het optogte in Buenos Aires en 500 ander stede in Argentinië gehou om die voorgestelde wet op die wettiging van aborsie te stop wat onlangs deur president Alberto Fernandez voorgelê is. Onder die entiteite wat die optogte georganiseer het, was evangeliese kerke, die Rooms-Katolieke Kerk en Pro-life Unity, ’n organisasie wat meer as 150 burgerlike organisasies insluit. Voor die optog het die organiseerders twee verklarings gelees en die wetgewers en die nasionale uitvoerende gesag skerp gekritiseer. “Ons is hier om te verklaar dat ons ’n verenigde Argentinië nodig het wat toegewy is om menslike lewens te beskerm en in die besonder, die lewens van ongebore babas te beskerm.” Hulle het ook ’n beroep op betogers gedoen om “hierdie onmenslike, ongevoelige en kriminele” poging van die president te verwerp. Ondanks aanhoudende reën in Buenos Aires het die pro-lewe-aktiviste voor die kongres byeengekom en daar die president se voorlegging as ’n aantasting van die meerderheid se reg verwerp. Die liedjies en slagspreuke het afgevaardigdes en senatore geteiken wat oor hierdie konsepwet moet besluit. Die optogte het volgens die organiseerders ook in 500 ander stede in die land plaasgevind. In die stad Neuquén het ’n noemenswaardige skare die strate ingevaar. Raadslid Nadia Márquez was onder hulle. “Ons beleef ’n moeilike tyd, ná maande van die pandemie, met armoede en krisis, maar Alberto Fernandez se prioriteit is om ongebore kinders dood te maak,” het sy aangevoer.  Die pro-lewe-aktiviste het saamgetrek om hulle punt te maak

XX JUIG! TYDSKRIF 70 JUIG! TYDSKRIF

WWW.JOYNEWS.CO.ZA


Bestudeer die hele Bybel in vyf jaar deur TWR se ‘Die Bybel Vir Vandag’

D

ie program, Die Bybel vir Vandag, is deel van die wêreldwye bediening van Thru the Bible. Die studiereeks is oorspronklik deur dr. J. Vernon McGee ontwerp en is al in meer as 100 tale en dialekte vertaal en aangepas. Dit is ’n daaglikse radioprogram van 30 minute lank wat die luisteraar sistematies deur die hele Bybel neem. Hierdie programme is nou ook aanlyn tot jou beskikking. TWR wil die wat graag meer van God se Woord wil leer, bystaan deur hierdie programme gratis beskikbaar te stel. Oor die afgelope paar weke was die volgende potgooie byvoorbeeld beskikbaar: 1. God se liefde is vir alle mense. Leef dit uit! (Jona 4:8-11)

Laai ons toep vandag af!

JOY! News is beskikbaar by jou App Store – bly ingelig met daaglikse Christennuus!

Ravi Zacharias, Christian Apologist

2. God betoon telkens liefde ten spyte van ons ongeduld (Jona 4:3-7) 3. Moenie vir God kwaad wees oor Sy genade (vir ander) nie! (Jona 4:1-2) 4. Buig onvoorwaardelik voor die genadige God in Jesus Christus (Jona 3:7-10) 5. Ten spyte van Jona, betoon God genade aan ongereddes (Jona 3:4-6) TWR beveel aan dat jy ten minste na een program per dag luister, Maandae tot Vrydae. Indien jy daarmee volhou, sal jy die hele Bybel in die volgende vyf jaar bestudeer! Skandeer hierdie QR-kode om meer uit te vind. 

NUUS FLAGS

Word deel van Projet SA: Heroorweeg, Hervorm, Herbou!

Project SA het ’n visie en aksieplan om ons nasie te help verander. Besoek www.projectsa.solutions

Rolprent oor C.S. Lewis se bekering is in die pyplyn

D

aar gaan ’n rolprent oor die geleidelike bekering van die beroemde skrywer en apologeet, C.S. Lewis, vervaardig word. Die rolprent, The most reluctant convert, sal fokus op die manier waarop Lewis tot geloof gekom het. Lewis is veral bekend as die outeur van The Chronicles of Narnia, ’n kinderboekreeks wat ook gretig deur miljoene volwassenes gelees is. Hy het ook talle ander bekende boeke in Christelike kringe geskryf, waaronder The Screwtape Letters. In hierdie oorspronklike boek ontbloot hy hoe die duiwel te werk gaan om Christene te laat struikel en weg te val. Lewis het as ’n Christen grootgeword, maar het afgesien van sy geloof. Op ’n latere ouderdom het hy weer begin belangstel in Christenskap, deels deur gesprekke met sy gelowige kollega, J.R. Tolkien, die skrywer van die beroemde Lord of the Rings-trilogie. Lewis se bekering was egter baie geleidelik en huiwerig en dit is presies die onderwerp van die rolprent. 

WWW.JOYNEWS.CO.ZA

JUIG! TYDSKRIF XX JUIG! TYDSKRIF 71


FLAGS

Ek wens jou —deur David Malherbe

W

anneer ons iemand aan die begin van ’n nuwe jaar ’n goeie jaar toewens, sluit dit dikwels wense in wat verband hou met rykdom, besittings, aansien of ’n lang lewe. Volgens 2 Kronieke 1:7 is dit juis die goed waarvoor Salomo nié gevra het nie toe die Here vir hom sê: “Vra wat Ek jou moet gee.” Salomo het versoek: “Gee my nou wysheid en kennis dat ek hierdie volk reg kan lei, want wie kan uit homself hierdie groot volk van U regeer?” – 2 Kronieke 1:10. Ná wat ons in 2020 beleef het, is dit dalk nodig dat ons ook vir mekaar wysheid en kennis vir 2021 sal toewens sodat ons sal weet wat die regte dinge is om te doen in die jaar wat voorlê.

Stefanus se wysheid

XX JUIG! TYDSKRIF 72 JUIG! TYDSKRIF

As ’n mens sien hoe mense se woorde of bedoelings deesdae uit verband geruk word en individue of instellings dan in die media verguis word, het ons werklik wysheid nodig om te weet hoe om reg op te tree en wat om te sê en wat nie. Dit laat my dink aan Stefanus, een van die eerste diakens van wie ons in Handelinge 6 tot 7 lees. In Handelinge 6:5 word na hom verwys as “’n man met ’n vaste geloof en vol van die Heilige Gees”. Vers 8 sê verder: “Stefanus, aan wie God baie genade en krag gegee het, het groot wonders en tekens onder die volk gedoen.” Was sy bedoeling goed en opreg? Beslis, ja. Tog was daar ’n diverse groep Jode wat hom op ’n omstrede wyse vals beskuldig het, maar “hulle was egter nie opgewasse teen die wysheid wat hy van die Gees ontvang het en waarmee hy gepraat het nie” (Hand 6:10). Later, in vers 15, lees ons: Toe al die lede van die Raad stip na Stefanus sit en


SAKE-ADVIES FLAGS

CHRISTENSKAP IN DIE WERKPLEK

wysheid toe vir 2021 Te midde van alles wat ons beleef, sê Dawid: “Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort.” – Psalm 37:3 kyk, sien hulle dat sy gesig soos dié van ’n engel lyk.” En tog, ondanks al bogenoemde wonderwerke, het hulle hom gestenig. Paulus (toe nog Saulus), wat by hierdie gebeurtenis ’n goedkeurende getuie was (Hand 7:58), skryf later ná sy ontmoeting met Jesus: “Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.” – Galasiërs 6:9

Hoe gaan ons 2021 tegemoet? Kyk ’n mens na die nuus, word jy so oorweldig met oneerlikheid en korrupsie, dat jy geen begeerte meer het om op hoogte met die nuus te bly nie. Tog sê die Here: “Ellende wag vir dié wat sleg goed noem en goed sleg, wat van duisternis lig maak en van lig duisternis, wat bitter soet noem en soet bitter” – Jesaja 5:20. Hoe moet ons die jaar 2021 tegemoetgaan te midde van soveel onsekerheid en toenemende vlakke van bedrog en korrupsie asook al die chaos wat deur COVID-19 veroorsaak is?

Praktiese raad Ek dink Paulus gee vir ons praktiese raad in Filippense 2:12-16 (OV): “…werk julle eie heil uit met vrees en bewing; want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae. Doen alles sonder murmurering en teëspraak, sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van ’n krom en verdraaide

geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld, deurdat julle die woord van die lewe vashou.” Dit wil sê, wees versigtig in jul doen en late (waarby julle betrokke raak) en hoe julle lewe, want ons moet steeds doen wat vir God welbehaaglik is. Moenie heeltyd kla en twisgierig wees nie. Wees eerlik en opreg (wees die lig), al is almal rondom ons skelm en korrup.

aan die Woord van God moet vashou; dit verander nie. Dit is waarheid wat vir altyd sal bly staan. Jesus self het in Matteus 5:1819 gesê: “Dit verseker Ek julle: Die hemel en die aarde sal eerder vergaan as dat een letter of letterstrepie (een jota of een titteltjie) van die wet sal wegval voordat alles voleindig is.”

Wees nie bevrees nie

Daarmee terug by goeie wense en wysheid vir wat 2021 vir ons inhou. Spreuke 12:19 Om in sê: “Die waarheid hou vir Om staande te kan bly, tye van groot altyd, die leuen net ’n die regte besluite te oomblik” en in Psalm neem en die regte onsekerheid staande 37:30-31 sê Dawid: dinge te doen, te bly, moet ons “Wat die regverdige moet ons God se aan die Woord praat, is wysheid, wat Woord voortdurend van God hy sê, stem ooreen met bestudeer. Salomo sê vashou. die reg. Die openbaring in Spreuke 3:5-8: “Vertrou van sy God is in sy hart, sy volkome op die Here en koers is nie onseker nie.” moenie op jou eie insigte staat Te midde van alles wat ons maak nie. Ken Hom in alles wat jy doen beleef, sê Dawid: “Vertrou liewer op die Here en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort” – Psalm 37:3 en Jesus sê: “Wees dan en vermy wat sleg is: dit is die geneesmiddel vir nie bevrees nie … selfs die hare van julle hoof jou, die verkwikking vir jou liggaam.” is almal getel.” – Lukas 12:7 

Moenie op eie insigte staat maak nie

Die Woord is onveranderlik Steven Covey sê in The 7 Habits of Highly Effectve People dat die enigste manier hoe ’n mens in tye van groot verandering en onsekerheid kan staande bly, is as jy ’n onveranderlike kern het. Dit is hoekom ons

DAVID MALHERBE is ’n sake- en loopbaankonsultant, spreker en skrywer. Hy doen Career Direct-assesserings en is ’n kenner t.o.v. loopbaanbeplanning/-verandering, CV’s en LinkedIn. Hy bied ook die kursus Business by the Book/Besigheid volgens Bybelse Beginsels vir Christensakelui aan. Kontak hom via sy webblad by jedidiah. org.za en teken ook in op sy gereelde nuusbrief.

JUIG! TYDSKRIF XX


FLAGS

Big . Bold . Beautiful Online Store: www.neckslevel.co.za

XX JUIG! TYDSKRIF


FLAGS

Over 70 designs

Gold Zebra

B & W Quarters

Giraffe Mix

Bling Leopard Black

Giant Giraffe

R250 each

Tornado Orange

Standout

Flight Blue

Colour Burst

African Beat

River Gold

Necks Level Accessories

necks.level

Delightful

info@neckslevel.co.za

JUIG! TYDSKRIF XX


FLAGS

LEGION OF LIONS

Opwindende nuwe samewerking tussen Legion of Lions en JUIG! Tydskrif Toe COVID-19 die wêreldekonomieë tref, kon die hoof- uitvoerende beampte van die Legion of Lions-groep – Mark Hewett – internasionale entrepreneur, besigheidsmentor, waagkapitalis (venture capitalist) en sakeskrywer, sien dat ’n ekonomiese tsoenami op pad was. Dit het toe inderdaad verwoesting gesaai, die infrastruktuur vir sakebedrywe uitgewis en ook die manier waarop ons almal voorheen sake bedryf het. “Veral hier in Suid-Afrika, waar die land hom reeds voor die pandemie in diep ekonomiese waters bevind het met skerp stygende werkloosheid, sukkelende ondernemings landswyd en ’n gepaardgaande gebrek aan ’n sinvolle manier om die besonderse potensiaal van die entrepreneurs en besighede in ons diverse land werklik te ontgin,” sê Hewett. Besighede moet aanpas en kragte saamsnoer “As ’n nasie moet ons ons maatskappye en strategieë voorberei en aanpas sodat ons soos nog nooit tevore nie in ons onderskeie komplementêre sektore van die nywerheidsen sakewêreld met mekaar kan saamwerk,” verduidelik hy. “Ons moet mekaar help om besighede kop bo water te laat hou en hulle dan almal kollektief te laat groei deur innovasie, deursigtigheid en samewerking met ’n korporatiewe, samewerkingsgerigte ingesteldheid, kultuur en struktuur. So verseker ons dat ons besighede doeltreffend kan voortgaan met sake soos dit tradisioneel bedryf is, maar ook om lewenskragtig te bly deur ons handelsmerke doeltreffend met premium produksies te assosieer en aanlyn te bemark én munt te slaan uit ons aanlyn platforms terwyl ons besighede met kollektiewe vernuf bemagtig en versprei word.”

Legion of Lions, ’n leër van sakemanne en -vroue Ter voorbereiding vir die “hersetting” van die wêreldekonomie – wat nou hoofsaaklik aanlyn sal geskied – het Hewett die Legion of Lions-beweging in die vooruitsig gestel. Hy het XX JUIG! TYDSKRIF 76 JUIG! TYDSKRIF

die handelsmerk geskep terwyl hy nog tydens die inperking in sy vakansiehuis in Hermanus vasgekluister was. Met die wêreldwye besigheidsinfrastruktuur en operasionele visie in gedagte vir ons Suid-Afrikaanse handelsmerke het hy Legion of Lions gesien as “’n groeiende leër van sakemanne en -vroue wat op die hoogste vlakke saamwerk om saam meer waarde toe te voeg tot hulle besighede en dit beter te verskans as wat hulle dit ooit elkeen op hulle eie sou kon doen”.

Wie is aan die hoof van die groep? Kort nadat die vlak-5-inperking in Suid-Afrika beëindig is, het Hewett – op soek na die perfekte span – die visioenêre Suid-Afrikaanse rolprentvervaardiger, skrywer en regisseur, Stefan Enslin, as hoof- kreatiewe beampte van die beheermaatskappy Legion of Lions International, aan boord gekry. Die bekroonde Suid-Afrikaanse entrepreneur, Jonathan Pepler jr., het hom as hoof- kommersiële beampte by hulle aangesluit. (Hy is ’n wenner van die Silwer Loerie-toekenning en die Business Awards – Top 20 in Suid-Afrika.) Binne enkele weke ná die bekendstelling van Legion of Lions het die belegger en strateeg, Willem le Grange (stigter van Ambassador

Execudrive), en Marco Haasbroek (kundige vir handelsmerkontwikkeling), hulle onderskeidelik hoofbeleggingsbeampte en hoofontwikkelingsbeampte by Legion of Lions International aangesluit. Elvid Ellis het by Legion of Lions Suid-Afrika se Health and Safety-afdeling aangesluit nadat hy voorheen as MTN se streekshoof vir verkope gedien het. Nelis Engelbrecht, korporatiewe videograaf, is ook deel van die span om Suid-Afrikaanse handelsmerke te help groei.

Hoe gaan Legion of Lions dit doen? Legion of Lions sal help om Suid-Afrikaanse handelsmerke te laat groei deur ’n kombinasie van unieke spesialisdienste, insluitend strategiese beleggings, sake-ontwikkeling, samewerkingstrategie, bemarking, handelsmerkproduksie en monetisering wat gekoppel is aan YouTube-kanale, op programme en sosialemedia-platforms, asook deur Legion of Lions Pictures wat premium (dokumentêre) rolprente ontwikkel vir ambisieuse Suid-Afrikaanse handelsmerke en ondernemings wat blootgestel kan word op Netflix, Amazon, MNET, kykNET, BMG Global, Sony Entertainment Pictures en Universal


FLAGS

Foto: SJ van Zyl

Pictures. Sulke inhoud wat geproduseer word, sal terselfdertyd heraangewend en aanlyn gebruik word om die “ideale klant” te teiken. Mark verwys na die volgende as ’n voorbeeld: “As jy na een episode van Selling Sunset op Netflix kyk, sal jy opmerk dat dit in die kantore van The Oppenheim Group in Kalifornië afspeel. Dit het hulle miskien ’n paar miljoen dollar gekos om te vervaardig, maar die Oppenheim-handelsnaam gebruik nou die roem en die sukses van die reeks en het wêreldwyd ’n gevestigde eiendomsnaam geword deur die Netflix-produksie. “Die sleutel tot sukses ná COVID is dat jou handelsmerk ’n gevestigde, geliefde en vertroude naam op die skerms en toestelle van jou toekomstige klante sal wees. Daar is nie ’n beter formule vir omskakeling en skaal as om in ’n premium produksie te verskyn nie – en dit is iets waarin ons namens jou kan belê, wat ons namens jou kan vervaardig en fasiliteer.” Dít is maar net een van Legion of Lions se innoverende strategieë. Hulle het verskillende strategieë en taktiek vir byna elke bedryf waarby hulle betrokke is en brei konstant uit omdat hulle doelwit is om die gekneusde Suid-Afrikaanse sakesektor onder sy vlerk te neem.

Bekendes, soos Minki van der Westhuizen, snoer kragte met Legion of Lions saam om handelsmerke uit te bou

JUIG! TYDSKRIF XX JUIG! TYDSKRIF 77


FLAGS LEGION OF LIONS-TYDKSRIF

’n Leër van tevrede sakelui 1. Grant Lottering, ultra-uithoufietsryer en internasionale motiveringspreker

2

“Ek is baie bly om saam met Legion of Lions te werk. Ek neem in 2021 die verhaal van my tweede kans op die lewe verder as Suid-Afrika en Europa. Ek is veral opgewonde oor my boekbekendstelling in Amerika en om my wêreldwye fondsinsamelingsprojek met my Im’possible-toere voort te sit.”

2. Rouchelle Liedemann, inspirerende Suid-Afrikaanse sanger en mede-aanbieder van die Global Leadership Summit (wat sy ontstaan in Chicago, Amerika, gehad het) “Ek sien uit na die opwindende reis waarop ek saam met Legion of Lions sal gaan, veral om die verhoog met hulle te deel vir Mark Hewett se sakeskou wat in 2021 begin. Ons sal besighede bespreek en ophef en hulle help om hulle potensiaal optimaal te benut; ons sal hulle bystaan met beleggings indien dit geregverdig is en hulle help om hul volle potensiaal te bereik.”

3. Die legendariese Springbok, Pieter Muller “Ek het by Zoono South Africa die samewerking met Legion of Lions vir ons Zoono-handelsmerk- en nasionale sakegroei geniet. Hulle is uitstekend in hul kreatiewe bemarkings- en verkoopstrategieë, hul konstruktiewe kreatiwiteit vir groei en hulle resultaat-gedrewe benadering.”

4. Minki van der Westhuizen “Ek sien uit daarna om kragte saam te snoer met Mark en Legion Of Lions in verskeie komende sakeprojekte.”

5. De Bruyn Steenkamp, voormalige KWV-verkoops-enbemarkingsdirekteur “Ons is opgewonde dat Mark en die hele Legion of Lions-organisasie by ons aansluit in ons globale Nederlandse koöperasie wat sy internasionale handelsmerke sal aanwend om Suid-Afrikaanse maatskappye te help met toegang tot internasionale befondsing en verspreiding deur Legion of Lions International.” XX JUIG! TYDSKRIF 78 JUIG! TYDSKRIF

3

1

4

5

Is jy ernstig oor jou handelsmerk en sakebedryf? Mark Hewett bevestig: ”Ongeag die grootte of omvang van jou besigheid: As jy ernstig is oor jou handelsmerk en jou sakebedryf, kan ons die uitdagings en probleme in die industrie of spesifieke besigheidsfere saam met denkende leiers oorkom; asook om probleme te benader met samewerking, vertrouensverhoudings en om ons sterk punte, vaardighede en idees met ’n verfrissende, eerlike, oop en gekombineerde aanslag beskikbaar te stel.”

Die Legion of Lions-tydskrif bied jou: Die Legion of Lions -tydskrif sal die plek wees waar die Legion of Lions-beweging vir jong sowel as ervare ondernemers en sake-eienaars afrigting en mentorskap bied. Dit sal wees waar handelsmerke hul ondernemings kan bekendstel (ongeag of hulle ’n vennoot van die Legion of Lions-beweging is) sowel as waar ondernemings van alle groottes hulle suksesverhale, inspirerende besigheidsnuus en nuwe projekte deel; waar jy van ander handelsmerke of nuwe, samewerkende organisasies uitvind met wie jy kan hande vat.

Word vandag nog ’n handelsmerkvennoot en kwalifiseer vir ’n halfuur lange gratis oproep om strategiese beplanning saam met ’n lid van die Legion of Lions-beweging te doen. Stuur jou naam, telefoonnommer en handelsnaam na strategy@legionoflions.com en ’n Leeu sal jou skakel.


FLAGS

JUIG! TYDSKRIF XX


FLAGS LEGION OF LIONS

VRAAG-EN-ANTWOORDSESSIE MET MARK HEWETT

5 STAPPE VIR GROEI IN 2021

In hierdie rubriek sal Mark Hewett, die hoof- uitvoerende beampte van Legion of Lions, vyf belangrike besigheidsvrae beantwoord. Die eerste twee vrae word in hierdie uitgawe behandel en die laaste drie in die volgende uitgawe. Die vrae is: • Wat moet lesers se benadering tot 2021 vir hul ondernemings wees? • Wat doen jy wanneer struikelblokke jou verhinder om jou doelwit te bereik? • Wat kan besigheidseienaars doen om sulke struikelblokke te bowe te kom? • Wat is die volgende stap wanneer jy as ’n besigheidseienaar ’n oplossing, produk of diens gevind het om aan die mark te lewer? • Hoe laat groei jy jou handelsnaam sodra jy ’n doeltreffende onderneming het?

STAP 1. Doelstellings en passievolle benadering V: Wat moet ons lesers se benadering tot 2021 vir hul ondernemings wees? Ek sou voorstel dat hulle vreeslose besigheids- en/of persoonlike doelwitte stel wat hulle uit hulle gemaksone neem, opgewonde maak en iets is waaroor hulle passievol is. Dit sal verseker dat hulle, wanneer probleme opduik, sal deurdruk en ’n positiewe ingesteldheid teenoor probleemoplossing aan die dag lê.

STAP 2. Struikelblokke en pyn – word een van die “gekke” V: Wat moet jy doen wanneer struikelblokke jou verhinder om jou doelwit te bereik? In die jare wat ek ’n raadgewende konsultant vir honderde entrepreneurs was, het ek gesien die uitdaging is nie om die struikelblok die hoof te bied nie, maar hoe jy probleme beskou. Wat die probleem ook al mag wees, daar is altyd ’n oplossing. Mense is bang vir uitdagings omdat hulle mislukking vrees. Hulle is bang om probleme teë te kom wat volgens hulle onoorkomelik is. Daarom bly hulle bang vir die onbekende en is hulle liewer minder ambisieus en beperk hulle doelwitte. Dit veroorsaak ongelukkig mettertyd dat hulle ontmoedig word, met minder tevrede is, in vrees lewe en dat moeilikhede hulle verteer. As jy egter struikelblokke as iets opwindend benader, word probleemoplossing ’n verrykende proses. Mislukking kom in baie vorms en gedaantes voor, maar is uitstekende leerervarings. As jy nie misluk en probleme ondervind nie, mik jy nie hoog genoeg nie. Misluk ordentlik en “val vorentoe” op jou reis tot sukses om jou doelwit te bereik. Elke keer as jy weens ’n mislukking en struikelblokke pyn ervaar, is dit maar net ’n aanduiding dat iets tydelik skort. Mense wat daarin slaag om die pyn op te los deur die oorsaak en gevolg te identifiseer en die unieke probleme te diagnoseer, is dié wat Steve Jobs “die gekke” noem. Hulle is dié wat voel dat hulle die wêreld kán verander. Hulle is dié wat hul besighede en handelsmerke as leiers in hulle veld kan posisioneer. Daar waar yslike probleme die groei van ’n groot deel van enige mark kniehalter, is juis ook daardie magiese geleentheid waar potensiaal te vinde is; waar innovasie verwek en gebore word deur die beste idees. Die beste entrepreneurs span daardie werklikheid in om die oplossings te vind wat voorheen as onmoontlik beskou is. Hier is ’n wenk vir 2021 – identifiseer waar daar groot struikelblokke in jou mark is en verwelkom samewerking om oplossings te skep wat waarde gaan toevoeg. XX JUIG! TYDSKRIF 80 JUIG! TYDSKRIF

MARK PETER HEWETT het homself gevestig as ’n bekwame internasionale entrepreneur, waagkapitalis, besigheidsmentor en skrywer (saam met Paul Kerton, hoofstigtersredakteur van Men’s Health South Africa). Mark is deur middel van verskeie wêreldwye ondernemings werksaam in die tegnologiebedryf asook in die bemarkings-, media-, energie-, sakeontwikkelings-, vaste eiendoms-, events- en internasionale verspreidingsbedrywe betrokke – hetsy as eienaar, stigter, lid of konsultant. Hy het oor die afgelope tien jaar in die advertensie- en bemarkingsmedia belê. Dit sluit in digitale media, kleinhandel-, buitelug-, lughawe-, winkelsentrum- en mobiele media vir veral die korporatiewe, multinasionale drank- en farmaseutiese bedrywe. Hy is ook die stigter van Suid-Afrika se grootste multimiljoendollar- digitale medianetwerk in onafhanklike besit. Hy is passievol oor mentorskap vir sake-eienaars en studente en het verskeie jare lank deur middel van sy opleidingsprogramme vir internskapskandidate in sy ondernemings gegradueerde bemarkings- en BComstudente van Europa afgerig – spesifiek gegradueerdes van die Universiteit Rotterdam en die Universiteit Amsterdam. Mark fokus nou daarop om in sy rol as die groepHUB van Legion of Lions ™ International bande met top-entrepreneurs te smee, handelsmerke uit te bou en internasionale ondernemings te vestig. Legion of Lions is ’n supermaatskappy vir spesialisdienste, wat saamwerk met ’n Nederlandse koöperasie – saamgestel uit bekroonde diensagentskappe, talent en maatskappye wat uniek geposisioneer is as Suid-Afrika se voorste Brand Commercializing Movement.


FLAGS

JUIG! TYDSKRIF XX


FLAGS

XX JUIG! TYDSKRIF


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.