JESAJA 29:13-19

JESAJA 29:13-19 AFR83

Die Here het gesê: Hierdie volk is naby My met die mond, hulle eer My met wat hulle sê, maar hulle hart is ver van My af, hulle dien My soos mense dit wil hê, nie soos Ek wil nie. Daarom gaan Ek nog ongehoorder dinge doen met hierdie volk: die een ongehoorde ding na die ander, sodat die wysheid van sy wyse manne sal verdwyn, die verstand van sy verstandige mense tot niet sal gaan. Ellende wag vir dié wat dink hulle kan hulle planne diep wegsteek vir die Here, hulle wat besig is om dinge in die donker te doen en dink: wie sien ons? Wie weet van ons? Julle is agterstevoor met alles, asof die pottebakker die klei is. Die maaksel kan mos nie van sy maker sê: “Hy het my nie gemaak nie”; die kleipot kan mos nie van die pottebakker sê: “Hy weet nie wat hy doen nie.” Nog net 'n baie kort tydjie, dan verander die Libanon in 'n vrugteboord en word die vrugteboord so dig dat dit vir 'n bos aangesien word. Daardie dag sal die dowes kan hoor wat daar in die boek staan, en sal die blindes weer kan sien uit die donker, uit die duisternis uit. Die mense in nood sal weer bly wees oor die Here, die arm mense sal juig oor die heilige God van Israel.

Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 29:13-19

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid