You are on page 1of 53

1

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


2

SA PREPPER In hierdie uitgawe: Volume 2 Number 9

ISSN 2313-1349 = SA Prepper


Oorleef ‘n hond aanval
SA PREPPER is ‘n onafhanklike
maandelikse publikasie vir die
“prepper” gemeenskap van Suid Sal jy ‘n aanval van ‘n kwaai hond kan afweer en oorleef? Hierdie
Afrika. Kopiereg vir alle artikels
en material bly by die uitgewer artikel beskryf hoe.
en geen deel daarvan mag
gekopieër of gebruik word sonder
toestemming van die uitgewer. Gevaarlike prepping planne
Opinies in artikels hoef nie
noodwendig dié van die
redakteur, redaksie of uitgewers Prepping is goed maar daar is sommige prepping strategië wat jou
te wees nie.
baie kwesbaar maak. Dit is belangrik om hierdie strategië te
identifiseer en te vermy.
SA PREPPER
Posbus 436
Villiersdorp, 6848
Hoe om ‘n stetoskoop te gebruik
Suid Afrika
Tel. 028 840 0011
Email:
‘n Stetoskoop is ‘n waardevolle diagnostiese instrument – as jy weet
cscheney@telkomsa.net hoe om dit te gebruik!
Kantoor adres: 11a Caledon Street,
Villiersdorp.
Hoë druk voedsel preservering
REDAKSIE, ONTWERP & Stoor en preservering van voedsel is iets waarmee elke prepper
UITLEG behoort besig mee te wees. Hoe druk preservering is een van die
Cleve. Cheney
Email: beste en veiligste maniere om voedsel ver ‘n lang termyn te
cscheney@telkomsa.net preserveer.
Kantoor adres: 11a Caledon Street,
Villiersdorp.

Longontsteking – dodelik!
Longonsteking kan lewensgevaarlik wees. Elke prepper behoort te
weet wat dit veroorsaak, hoe om dit te diagnoseer en te behandel.

“Airsoft” gewere vir self verdediging?


Kan “airsoft” wapens gebruik word vir self verdediging? Die
antwoord is “ja” en “nee”. Lees verder.

Maak jou eie “fire lighters”


Vuur is een van die belangrikste hulpmiddels vir oorlewing en dit
help baie as jy “fire lighters” het om vuur aan te steek. Winkel
“firelighters” is duur. In hierdie artikel wys ons hoe jy uitstekende
“firelighters” kan maak van goed wat jy normaalweg weggooi.

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


3

SA “PREPPER” Redaksie
Ons lewe in ‘n tyd van verwaring. Wat is vrye spraak en wat is nie vrye spraak nie?
Wat is polities korrek en wat is nie polities korrek nie? What is politically correct and
what is not politically correct? Terme is teenstrydig en die politici wys vir ons hoe
deurmekaar hulle self is. Nou wonder ek. Was dit polities korrek om dit te sê of nie?
Dit is tyd dat die groot leun van Politieke Korrektheid (PK) blootgestel word.

DIE LEUN VAN POLETIEKE KORREKTHEID (PK)


Om mee te begin moet ons verstaan dat PK gaan nie daaroor om “nice” te wees nie. Dit is nie
net ‘n sosiale “issue” nie. Dit gaan nie oor begaafdheid, inklusiwiteit, of goeie maniere nie. Dit
gaan nie oor respek vir jou medemens te toon nie, of sensitief te wees of om nie beledigend te
wees nie. PK gaan oor beheer nie etiket nie.

Politieke Korrektheid is die bewuste, ontwerpte manipulasie van taal met die doel om
die manier wat mense praat, skryf, dink, voel en optree te beinvloed om ‘n sekere
agenda te bevorder.

PK word bes verstaan as propaganda en ons moet dit so hanteer. Die doel daarvan is
om ons te “vorm” tot wat die wêreld sisteem wil hê ons moet wees. Sosiale klone wat
sal spring wanneer die sisteem ons beveel om te spring.

Soos alle propaganda is PK inherent ‘n leun. Dit is om te weier om die onderliggende


aard van waarheid, en werklikheid te erken en poog om waarheid te verander deur
politieke, wetlike en sosiale druk uit te oefen.

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


4

In ‘n PK wêreld word waarheid en realiteit verdraai en van koers af gestuur. Waarheid word
buigbaar, en manipuleerbaar in ooreenstemming met ‘n “hoër” agenda soos deur ons
“meesters” bepaal.

Waar kom PK vandaan?

Dit het in Die Frankfurt Skool in Duitsland in 1923 onstaan. Die Frankfurt Skool het, onder
andere, die volgende aanbeveel:

 Die skep van ras oortredings


 Voortdurende verandering om verwaring te skep
 Die ondermyning van die skool en die onderwyser se autoriteit
 Leegmaak van kerke
 Kinders te leer van seks en homoseksualiteit
 Enorme immigrasie te bevorder om nasionale identiteit te vernietig
 Die bevordering van oormaat alkohol inname
 ‘n Onbetroubare wetstelsel te bevorder met ‘n bevooroordeling teen die slagoffer van
misdaad
 Afhanklik aan die staat en staats “gawes”
 Beheer van en manipulasie deur die media. Ontmoediging van vrye denk.
 Bevordering van die afbreek en vernietiging van die familie eenheid.

Klink bekend?

PK is verkondig en beoefen deur ’n man van die naam van Bernays – die kleinkind van
Sigmund Freud. Hy was ‘n propaganda spesialis en staan bekend as die vader van moderne
propaganda (“spin”).

Bernays het die konsep van “trop” sielkunde gebruik om mense te manipuleer. Die trop instink
is diep in die mensdom gewortel en streef om die aanvaarding van die sosiale groep te wen.
Groep / sosiale druk oorweldig enige ander invloed. As sosiale wese ons behoeftes om deur die
“groep” aanvaar te word is van kardinale belang.

Bernays het gesê dat die trop instink deur “wyser meesters” gelei moet word – dit het hy gesê
is die sleutel. said that the herd instinct must be steered by “wiser men” -- and this is the key.
En dié wat gelei word moet nie eers daarvan bewus wees nie.

Die tegnieke wat Bernays gebruik het word aangewend om heedendagse PK af te dwing.

Hy het die mag van die trop instink goed verstaan en hoe manipuleerbaar mense is wat streef
om by die “trop” in te pas en aanvaar te word.

Hy het die kritieke belangrikheid begryp om invloedryke derde party te gebruik om mense te
beinvloed. Bekendes, atlete, modelle, politici en rykes is dié waarvan die trop leiding neem. As
‘n bekende politikus, sportman, of akteur iets onderskryf resoneer dit met die trop en hulle wil
almal daaran voldoen of dit wil hê.

Hy het ook die rol wat emosies in ons keuses en voorkeure speel goed verstaan. In reklame, as
dit nie die fisiese eienskappe is wat ons trek is dit die emosionele komponent in ons
onderbewusyn.

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


5

Suid Afrika is deesdae vol lafaarde wat te bang is om dinge te sê soos wat dit is. PK is ‘n
ernstige elende wat ongelooflike skade aan ons, as mense en as ‘n samelewing, gerig het. Dit
sal ons uiteindelik vernietig indien dit nie aangevat word nie.

Die land is so polities korek dat niemand standpunt wil inneem nie.

Onthou PK is ‘n instrument ontwerp om mag te sentraliseer in die hande van ‘n paar en word
afgedwing deur mense met ‘n minderwaardigheid kompleks wat desperaat na sosiale
konvormiteit streef.

Waarheid praat het haatspraak geword. George Orwell het geskryf: “Tydens tye van universele
bedrog, waarheid praat het ‘n rewolusionêre daad geword”.

Wat moet ons daaromtrent doen?


Eerstens moet ons tot die begrip kom dat ons in ‘n stryd verwikkel is. PK is ‘n oorlog teen ons
harte, denkwyse en siele. Die “ander kant” verstaan dit goed – jy behoort ook. Die geveg vind
plaas op veelvoudige fronte: regering, akademie, media, die besigheids wêreld, kerke (geloof),
en nie regerings organisasies. Jy moet die magte wat teen jou staan verstaan.

Verstaan dat die PK maghebers jou onder hulle beheer wil bring. Gesien uit ‘n kulturele en
geloofs aspek is dit ‘n saak van lewe en dood.

Wat kan ons doen om PK spraak teen te werk?


In die digital era het ons hulpbronne tot ons beskikking. Ons kan plaaslik, nasionaal en
globaal komunikeer en kan gemeenskappe skep van uitgesproke anti-PK stemme. Ons kan
nog lees en nie-PK boeke en artikels deel en vesprei. Ons kan ons kinders tuis skool.

Jy moet ook besef dat as jy PK teenstaan dat jy seer kan kry. Die moontlike verlies van werk,
reputasie, vriende en selfs familie is ‘n ernstige saak. Maar om net te “hends op” is nie ‘n opsie
nie en maak ons onwaardig van waarvoor ons staan en waarin ons glo.

Gebruik humeur om PK te bespot. Meeste mense weet diep binne hulself dat PK belaglik is.
Gebruik elke tuig wat jy tot jou beskikking het om PK te bespot en dit te ontbloot vir die leun
wat dit is.

Moet nooit vergeet dat die sameling baie vinnig kan verander. Ons hoop almal dat ‘n groot
ramp ons nie tref nie – in die vorm van ekonomiese ineenstorting, ineenstorting van ons
geeldeenheid, ‘n onvermoë om welsyn te voorsien, energie, kos en water tekorte, natuurlike
rampe of siviele onrus of burger oorlog. Maar ons moet erken dat van hierdie goed kan gebeur.

En, as hulle gebeur, PK taal en PK denkwyse, sal die eerste leuns van die staat wees wat
ontbloot sal word. Slegs ryk, moderne samelewings kan die luuksheid bekostig wat die
waarheid nie wil erken nie, en in ontkenning kan bly lewe. Hierdie denkwyse sal vinnig
weggevee word wanneer ‘n land begin uitrafel en uitmekaaruit val. And if they do, PC
language and PC thinking will be the first lie of the state to be exposed.

Mense sal miskien weer herontdek dat hulle mekaar nodig het, en mekaar kan bystaan as die
staat ineenstort en nie aan die dienste en eise kan voldoen soos wat hulle belowe het om te
doen. Eindelose ure wat aan die sosiale media gemors is sal miskien pad gee om kans te gee
om familie en vriend bande weer op te bou.

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


6

Meer tradisionele familie strukture sal miskien begin terugkeer en weer vestigings word
tydens tye van ekonomiese en sosiale woelinge en onsekerheid. Skole en universiteite sal
miskien die waarde van die leer van praktiese vaardighede weer ontdek in plaas van
witgewaste geskiedenis en “klaaglied” vakke en akademiese kwalifikasies wat van min
praktiese waarde is. Wet en order sal miskien weer iets word as net ‘n abstraksie wat
aangewend word om sosiale ongeregtigheid te bevorder en om vooregte te ontsê.

Ons sal ons moet voorberei vir ‘n lang, uitgerekte en harde stryd. Kom ons los die lee beloftes
en kitsoplossings vir die politici.

Bly veilig en voorbereid – elke dag.

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


7

onde – man se
beste vriend. Ek stem
saam maar terselfdetyd
moet ons besef dat honde
potensieel gevaarlik is en
dit is raadsaam om te
weet hoe om ‘n hond
aanval te vermy en hoe
om op te tree indien jy
aangeval word.

Moet nooit vergeet dat honde inherent wilde diere is wat mak gemaak is.

Statistiek van hond aanvalle is moelik bekombaar in Suid Afrika maar in die VSA
syfers deur die “Centre for Disease Control and Prevention (CDC)” raporteer dat 5
miljoen mense jaarliks in Amerika gebyt word waarvan 800 000 mediese behandeling
benodig. Tussen 35-50 mense word jaarliks deur honde doodgebyt.

In ‘n artikel genoem “Dog bite injuries in children--a review of data from a South African
paediatric trauma unit. (South African Medical Journal. 2007 Aug;97(8):597-600)”, is
2 021 hond byt beserings by die trauma eenheid van die “Red Cross War Memorial
Children's Hospital” in Kaapstad oor ‘n periode van 13.5 jaar, behandel. Dit is ongeveer
149 gevalle per jaar – by een hospitaal. Dit word beraam dat ongeveer 160 000 mense
word jaarliks in Suid Afrika deur honde gebyt.
Meeste hond aanvalle vind plaas op mense wat stap, draf of fietsry of wat saam met
hulle eie honde gaan stap. Hierdie ongelukkige slagoffers verstaan die probleem van ‘n
skielike aanval deur ‘n aggressiewe hond.

HOEKOM EN WANNEER VAL HONDE AAN?


 In die geval van fietsryers of drawers is die beweging ‘n “sneller” meganisme om
‘n jag instink wakker te maak en om prooi te jaag wat probeer weghardloop.

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


8

 Verdedig eie gebied – as ‘n onbekende persoon of dier ‘n hond se territorium


betree sal die hond verdedigend optree deur om te blaf, grom of byt.
 Wanneer vasgekeer en bedreig voel.
 As die dier gepla word terwyl dit eet (baie keer die rede hoekom kinders gebyt
word).
 As die hond beseer is en iemand probeer aan die hond vat.
 As die hond opgelei is om aan te val (aanvals honde).
 As iemand wat die hond nie ken nie aan die hond probeer vat of vang.
 As die dier aan hondsdolheid ly.
 Wanneer honde jag (veral in groepe).
 Wanneer mense honde probeer skei wat baklei.

TEKENS VAN AGGRESSIE / VOORNEME OM AAN TE VAL


Aggressiewe gedrag begin wanneer ‘n potensiële slagoffer deur die hond genader
word. Die hond kan grom, blaf of stil wees. Die liggaam is gespanne, ore lê gewoonlik
plat, die stert is styf, lippe word teruggetrek om tande te wys, oë is wild en die hond
kyk stip na die persoon wat genader/aangeval word. Somtyds sal ‘n hond aangestap
kom, op jou begin ruik en begin grom. Per geleentheid sal ‘n hond skielik “hap” na
iemand. Dit gebeur veral wanneer ‘n hond besig is om te eet en deur ‘n persoon
(gewoonlik ‘n kind) versteur word, of daar aan ‘n beseerde hond gevat word

WATTER HONDE IS DIE MEES AGGRESSIEF?


Meeste honde kan geleer word om NIE te byt maar enige hond gegewe sekere
omstandighede kan byt. Rasse wat meer geneig is om te byt sluit in Pit Bulls,
Doberman pinchers, Rottweilers, Presa Canarios, German Shepherds en gemengde
rasse.

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


9

Rottweilers, Pit Bulls en Presa Canarios het veral slegte reputasies en het meer mense
doodgebyt oor die afgelope 15 jaar as enige ander rasse. Baie van hierdie noodlottige
aanvalle het in die honde se eie huise plaasgevind en die slagoffers was kinders.

VOORSORGMAATREëLS EN HOE OM ‘N AANVAL TE VERMY


 Moet nie ‘n vreemde eiendom betree waar ‘n hond of honde is. Kontak die
eienaar en vra vir hom/haar om jou by die hek te kom ontmoet of die hond
iewers veilig toe te sluit voordat jy die eiendom binnegaan.
 As jy gaan stap, draf of fietsry vermy strate / plekke waar aggressiewe honde
woon. Kies ‘n veilige roete.
 Moet nie ‘n hond wat jou nie ken nie probeer vaskeer, aanraak of vashou nie –
veral as die hond vreemd optree (hondsdolheid?)
 Moet nie met ‘n hond lol terwyl dit eet. Dit is veral belangrik dat kinders geleer
word om dit nie te doen nie.
 As jy gaan stap/draf dra ‘n stok (staaf) saam
met jou of ‘n blikke peper sproei (werk ook op
kriminele) of sitronella olie.
 Wees bewus van die risiko wat jy loop indien jy
honde, wat baklei, probeer skei.
 Bind ‘n trui om jou lyf vas (of dra ‘n klein
rugsak).
 As jy ‘n hond voor jou sien (wat nie agter ‘n
heining is nie) loop eder ‘n ompad om verby te
kom.

HOE OM TE REAGEER AS ‘N AGGRESSIEWE HOND JOU NADER


 Moet NOOIT hardloop nie. Dit sal die “sneller” meganisme inisieer vir die
“prooi jag / aanval” reaksie. Staan stil en regop om jouself so groot as moontlik
te laat lyk. Bly kalm en staan vas. Moet nie vrees en angs wys nie. ‘n
Aggressiewe hond wil hê jou moet bang wees maar as jy kalm en in beheersd
optree sal dit die hond verwar. Praat eers in ‘n kalm en beheerde stem maar as

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


10

dit nie werk nie praat hard en tree kwaai op. Sê vir die hond om te “voetsek” of
huis toe te gaan. may sometimes work! In baie aggressiewe rasse sal hierdie
optrede as ‘n uitdaging beskou word! Maak dan reg om vir jou lewe te baklei.
 Vermy direkte oogkontak – veral met ‘n aggressiewe hond. Dit word as ‘n
uitdaging geinterpreteer. Staan sywaarts teenoor die hond (dit maak ook ‘n
kleiner teiken) maar hou die hond dop uit die koek van jou oog.
 Sodra jy sukselvol was met jou “ek is nie bang vir jou nie” optrede eis jou eie
“”ruimte”. Hierdie reaksie komunikeer vir die hond dat jy nie bang is nie en
dwing respek af. As jy iets in jou hand dra soos ‘n stok of ‘n sambreel hou dit
voor jou uit of groter te lyk en om beheer oor jou ruimte te neem.
 Wat dit aan die hond komunikeer is “Ek wil nie jou ruimte hê nie ek wil net
hierdie ruimte vir myself hê.” Behou jou kalmte en autoriteit.
 Wanneer die hond tot die besef kom dat jy hom nie bedreig nie – en jy word nie
deur hom geintimideer nie – sal hy heel waarskynlik belang verloor en die
situasie sal de-eskaleer. Jy kan nou, sonder om jou rug op die hond te draai,
stadig agteruit en weg stap. Ongelukkig is dit so dat hierdie proses nie altyd
moontlik is nie.
 As ‘n hond aggressief op jou afstorm, buk af om ‘n stok of ‘n klip op te tel (al is
daar geen klippe of stokke naby maak maar asof jy buk om iets op te tel).Baie
honde word deur hierdie reaksie geintimideer en sal stop, gaan staan of
weghardloop. As jy iets in jou hand het (klip, stok of ander voorwerp) gooi dit
vir die hond (al het jy niks maak asof jy iets gooi). Kos of lekkernye kan ook
gegooi word wat die hond se aandag miskien sal trek.
 As dit beskikbaar is klim op of agter ‘n voorwerp (bv. boom, asblik, muur) of in
‘n voertuig wat jou beskerming sal bied.

HOE OM TE REAGEER AS DIE AANVAL IN WORDING IS


As jy deur ‘n groot hond aangeval word veg asof jou lewe daarvan afhang. Hond
aanvale kan noodlotig wees. Niemand wil onnodig wreed wees nie maar jy moet
bereid wees om uiterste krag te gebruik as jy ernstig aangeval word.

 Jy kan onverwags aangeval word wat jou nie tyd gun om dit te vermy of ontlont
nie.
 As die aanval in wording is:
 Gooi iets vir die hond (klip, skoen, kledingstuk ens.) of sy aandag te
probeer aftrek terwyl jy wegkom.
 Spuit die hond met pepersproei.
 As jy iets in die hand het soos ‘n stok, sambreel of kledingstuk hou dit
voor jou uit vir die hond om aan te byt. Druk dit in die hond se mond en
hou dit daar tot hulp arriver. As jy ‘n trui, serp of hemp in jou hand het

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


11

hou dit horisontaal vir die hond om aan te byt en draai dit om die dier se
kake totdat iemand jou kom help.

 As jy niks in die hand het, hou jou


arm voor jou uit vir die hond om
aan te byt en hom van jou gesig,
nek en keel af weg te hou. As hy
aan jou arm vas byt druk jou arm
verder in sy mond in - moet dit
nie probeer wegtrek nie – dit sal
erger wonde veroorsaak. Slaan
die hond in die oë, gesig en nek
met die vuis van jou vry hand.
Skop dit as jy kan. Onthou ook
dat ‘n byt in jou bobeen ‘n slagaar
kan beskadig wat tot noodlottige
bloeding kan lei.

Tydens ‘n ernstige aanval hou jou voorarm voor jou


uit vir die hond om aan te byt om te verhoed dat jy in
lewensgevaarlike dele van jou liggaam gebyt word.

 As jy die hond van sy voete af kan oplig sal dit miskien (?) hierdeur
geintimideer en jou miskien (?) los. If you can, lift the animal off its feet
– it may be very intimidated by this and may (?) leave you.
 Gebruik jou gewig tot jou voordeel. Druk met jou hele gewig op die
hond af en druk met jou kniëe en elmboë. Kom bo op die hond as jy kan
en konsentreer jou krag op die ribbekas en keel – maar hou jou gesig van
die hond af weg. As jy wydsbeen oor die hond se rug kan staan druk
voorentoe agter op die nek om dit te imobiliseer totdat help (hopelik)
arriveer.
 Probeer om op jou voete te bly. As jy val rol jouself in ‘n bal op, maak jou
hande in vuis toe en hou hulle oor jou ore. Onthou dat jy vir jou lewe
veg en as jy ‘n wapen by jou het (mes/geweer/Taser) moet nie huiwer om
dit te gebruik.
 Hard skreeu (nie gil nie) kan die aandag van mense trek wat tot jou hulp
kan snel.
AAANGEVAL DEUR ‘N TROP HONDE
As daar ooit ‘n ineenstorting van wet en order sou wees, en anargie heers, sal
honderde duisende mense op die vlug slaan, die meeste waarvan hulle troeteldiere by

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


12

die huis sal los. Honde sal nie meer hulle mense hê om hulle te voer nie en hulle sal
rondloper troppe vorm wat vir kos sal jag en baie gevaarlik wees. very dangerous.
Dit is onwaarskynlik, maar as jy ooit deur ‘n trop honde aangeval sou wees is jou kanse
maar skraal as jy in die ope is, tensy jy in ‘n boom kon klim.

In ‘n stedelike omgewing sal jy binne in ‘n gebou,


op ‘n muur, of in ‘n boom of voertuig skuiling
moet soek. As jy bewapen is probeer om die trop
leier (die “alpha” dier) te skiet en probeer
verhoed dat honde agter jou in beweeg. Hierdie
is soos hulle in Engels sê ‘n “worst- case
scenario”. Hoop en bid dat dit nooit gebeur nie.

MEDIESE BEHANDELING
Na ‘n hond aanval is dit belangrik om by ‘n mediese fasiliteit uit te kom vir ondersoek
en behandeling. Jy gaan ‘n “teen-klem in die kaak” inspuiting moet kry, antibiotikas en
jou wonde sal moet behandel word. As daar enige kans is dat die hond hondsdolheid
gehad het sal jy dringend aandag hiervoor moet kry.

VERWYSINGS
When dogs attack https://www.cesarsway.com/dog-behavior/biting/when-dogs-attack

How to handle a dog attack http://www.wikihow.com/Handle-a-Dog-Attack

Dog bite injuries in children--a review of data from a South African paediatric trauma
unit http://www.ncbi.nlm.nih.gov/pubmed/17952217

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


13

Stetoskoop is ‘n uiters
waardevolle diagnostiese stuk
gereedskap – as jy weet hoe om
dit te gebruik. Meeste mense
maak staat op dokters en
verpleegsters of paramedisie om
die stetoskoop te gebruik maar
wat as daar geen van hierdie
mediese beroeps mense
beskikbaar is nie en jy bevind
jouself in ‘n krisis situasie?

Dit is dus ‘n sterk aanbeveling dat


elke prepper ‘n stetoskoop in sy
mediese tas moet hê en moet weet
hoe om dit te gebruik.

Dele van ‘n stetoskoop

Dele van ‘n stetoskoop word onder aangedui.

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


14

Vir iemand wat nie ondervinding in die gebruik van ‘n stetoskoop het nie is ‘n enkele
buis beter as ‘n dubbele buis omdat die geraas van die twee buise wat teen mekaar vryf
kan verwarend wees om te onderskei tussen hart, long en ander liggaam geluide.
Keuse en verstelling van ‘n stetoskoop

Koop ‘n goeie kwaliteit stetoskoop. Met ‘n Goedkoop stetoskoop gaan jy sukkel of


liggaams geluide te hoor. Maak seker dat daar geen gaatjies of lekkasies in die buis is
nie terwyl jy op die buis liggies tik. Jy gaan geen hart geluide hoor indien daar gaaitjies
of lekasies in die buis is.

Oorstukke moet effens na vore wys en moet knus in die ore inpas om buite geluide uit
te skakel. Stel oorstuk spanning sodat hulle nie te los of te styf in jou ore sit nie.

Voorbereiding van ‘n stetoskoop

As die situasie dit toelaat soek ‘n lekker stil plek sodat jy nie deur buite geluide /
geraas gepla word.

Laat die pasiënt lê om na die maag of ingewande geluide te luister en in ‘n sittende


posisie om na die longe te luister. Jy kan ook na hart geluide luister as die pasiënt sit
en nie kan lê nie.

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


15

Jy moet nou besluit of jy die diafragma of die “bell” gaan gebruik van die bors stuk. Die
diafragma (die plat gedeelte van die bors stuk) is beter om na medium tot hoë
frekwensie geluide te luister en die bell om laer frekwensie geluide te hoor.

Vra vir jou pasiënt om klere op te trek sodat jy die diafragma of “bell” direk op die vel
kan plaas – die geraas van klere tussen die stetoskoop en die liggaam sal dit baie
moeilik maak om liggaams geluide te hoor. Maak die bors stuk van die stetoskoop
effens warm deur dit op jou voorarm te vryf voordat jy aan die pasiënt raak. As jou
pasiënt ‘n man is met borshare, hou die bors stuk baie stil anderste gaan die borshare
‘n geraas maak wanneer dit teen die bors stuk van die stetoskoop raak.

Luister na hart geluide

Gebruik die diafragma om na die hart geluide te luister. Plaas dit aan die boonste
linkerkant van die bors net onder die tepel. Hou die bors stuk tussen jou duim, middel
en wysvinger and pas effense druk toe.

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


16

Vra vir die pasiënt om normaal asem te haal en te ontspan. Luister vir ‘n volle minuut.
Jy sal geluide hoor wat klink soos “lub-dub”. Die “lub” geluid is wanneer die hart
saamtrek (kontraksie) en die trikuspidale en mitrale hartkleppe toemaak. Die “dub”
geluid is wanneer die hart ontspan en wanneer die aortiese en pulmonêre kleppe
toemaak.

Tel hoeveel keer die hart in een volle minuut klop.

Die normale rustende hart tempo vir:


 Volwassenes en kinders oor die ouderdom van 10 is: 60 – 100 slae per minuut.
 Vir fikse atlete kan die tempo stadiger wees: 40 – 60 slae per minuut.
 Kinders 7 – 9 jaar oud: 70 – 110 slae per minuut.
 Kinders 5 –6 jaar oud: 75 – 115 slae per minuut.
 Kinders 3 – 4 jaar oud: 80 – 120 slae per minuut.
 Kinders 1 –2 jaar oud: 80 – 130 slae per minuut.
 Babas 1 – 11 maande oud: 80 – 160 slae per minuut.
 Pas gebore tot 1 maand oud: 70 – 190 slae per minuut.

Luister mooi vie enige geluide wat nie soos “lub – dub” klink nie. As jy enige iets
abnormal hoor moet die pasiënt deur ‘n geneesheer ondersoek word (indien daar een
beskikbaar is).

Abnormale geluide:

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


17

‘n “Whooshing” geluid of “lub…shhh…dub” kan ‘n hartgeruis wees wanneer bloed te


vinnig deur die hartkleppe vloei. In sekere gevalle is dit nie ernstig nie en word ‘n
onskuldige geruis (“innocent murmur”) genoem maar in ander gevalle kan dit deur
hartklep probleme veroorsaak word.

As jy ‘n derde geluid hoor – ‘n lae frekwensie vibrasie – kan dit moontlik ‘n


ventrikulêre defek aandui. Hierde 3rde geluid word S3 of “ventrikulêre gallop” genoem.
(“ventricular gallop”).

Oefen om na normale en abnormale hart geluide te luister as jy ‘n geleentheid kry.

As daar geen hartklop hoorbaar is nie is die pasiënt dood of die hart het gaan staan.
Indien laasgenoemde begin om onmiddelik KPR toe te pas en volhou daarmee totdat
die hart weer begin klop of mediese hulp arriveer of jy die persoon by ‘n hospitaal kan
kry.

Long geluide

Vra jou pasiënt om regop te sit en normaal asem te haal. Plaas die diafragma oor die
long en luister versigtig. As jy geen geluide hoor nie vra die pasiënt om ‘n diep asem
te neem om te bepaal of daar abnormaliteite is.

Daar is twee normale long geluide:

 Bronchiale asem is die geluide in die lugpyp (trachea) en bronciale buise wat na
die longe toe lei.

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


18

 Vesikulêre geluide is dié binne in die long selfs.

Abnormale asemhaling geluide:

 Hyging as die pasiënt in of uit asem – soms met ‘n stetoskoop hoorbaar – kan
veroorsaak word deur asthma.
 “Stridor” – hoë frekwensie “musikale” wat gehoor word as die persoon inasem.
Word veroorsaak deur ‘n blokasie in die keel. Kan ook soms gehoor word
sonder ‘n stetoskoop.
 “Rhonchi” – klink soos iemand wat snork maar kan nie deur ‘n stetoskoop
gehoor word nie en word veroorsaak deur lug wat ‘n ongelyke of rowwe gang in
die longe volg of deur ‘n blokasie.
 “Rales” – klink soos iemand “bubble wrap” druk of ‘n roggeling in die longe
wanneer die pasiënt asem inhaal.
 Van die bogenoemde kan ook veroorsaak word deur longsiektes (bv.
longontsteking)
 As geen asemhaling geluide hoorbaar is nie kan daar miskien lug of vloeistof
om die longe wees, beperkte lugvloei, oor inflasie van die longe of ‘n verdikte
borswand.

Abdominale geluide

Deur om die naeltjie as middelpunt te gebruik deel die buik in vier kwadrante op: bo
links en regs en onder links en regs. Begin bo links en luister in ‘n kloksgewyse rigting.
“Grommende” of “dreunende” geluide is normale geluide van vertering.

Abnormale abdominale geluide

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


19

 Geen geluide kan dui op hardlywigheid (konstipasie) of ‘n blokasie.


 Baie derm geluide gevolg deur stilte kan dui op ‘n gebarste derm of derm
nekrose.
 Hoe frekwensie geluide kan dui op gedeeltelike of algehele obstruksie.
 Stadige derm geluide kan volg na sjirurgie, of voorskrif middels, spinale
verdowing, ‘n opgeblaasde derm, infeksie of trauma.
 Vinnige derm geluide kan deur diaree, bloeding, Crohn’s siekte, infeksie, kos
allergië of kolitis veroorsaak word.

Bloedruk

Jy sal ‘n bloeddruk meter (sphygmomanometer ) en ‘n stetoskoop benodig. As jy ‘n


digitale bloeddruk meter gebruik het jy nie ‘n stetoskoop nodig nie.

Draai die bloeddruk meter band om die bo arm. Dit moet knus pas.

Druk die diafragma van die stetoskoop oor die brachiale slagaar in die waai van die
elmboog vas.

Sluit die klep en pomp die armband op totdat die meter 180mm Hg lees of 30mm Hg
hoër as wat jy verwag.

Maak die klep effens oop en laat die lug stadig uit die armband ontsnap. Soos wat die
lug ontsnap hou die meter do en luister aandagtig deur die stetoskoop.

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


20

Die eerste klop geluid sal die pasiënt se sistoliese bloeddruk wees (wanneer die hart
kontraksie plaasvind). Kyk na en onthou die lesing op die meter. Hou aan luister
totdat die klop geluid ophou en onthou die meter lesing die oomblik dat die
klopgeluid ophou. Dit is die diastoliese bloeddruk (wanneer die hart ontspan).

Verwyder die armband. Skryf die twee druk lesings neer as twee syfers met ‘n skuins
streep (“slash”) tussen hulle. B.v. 120/75. Dit beteken dat die sistoloiese bloeddruk 120
mm Hg 9was en die diastoliese bloeddruk 75 mm Hg.

‘n Moderne digitale bloeddruk meter is makliker om te gebruik. Plaas die armband op


die bo arm druk ‘n knoppie en die masjien doen die res self en gee ‘n lesing van die
sistoliese en diastoliese bloeddruk. Jy het nie ‘n stetoskoop nodig nie.

Bloeddruk lesings
Lae bloeddruk: Minder as 90/60 (lees 90 oor 60) – hipotensie
Normale bloeddruk: 90/60 tot 120/80
Effens verhoogde bloeddruk: 120/80 tot 140/90
Hoë bloeddruk: Meer as 140/90 (hipertensie)

Oorsake van hoë bloeddruk

 Primêre hipertensie

Vir meeste volwassenes is daar nie ‘n geïdentifiseerde oorsaak van hoë bloeddruk nie.
For most adults, there's no identifiable cause of high blood pressure. Hierdie
hipertensie word primêre hipertensie genoem en neem geleidelik toe met ouderdom.

 Sekondêre hipertensie

Sommige mense het ‘n onderliggende kondisie wat tot hoë bloeddruk lei. Hierdie
word sekondere hipertensie genoem, verskyn skielik en lei tot hoër bloeddruk as met

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


21

primêre hipertensie. Verkeie kondisie en medikasies kan lei na sekondere hipertensie


insluitend:

 Slaap “apnea” (die persoon hou op asem haal tydens slaap vir ‘n kort periode)
 Nier probleme
 Bynier gewasse
 Tiroiëd (skildklier) probleme
 Kongenitale afwykings in bloedvate
 Sekere medikasies – verkoue medisyne, voorbehoed middels, pyn stillers
verkeie voorskrif middels ens.
 Sekere verslaafmiddels soos kokaiëne en amfetamiene.
 Alkohol oorgebruik of kroniese gebruik.

Oorsake van lae bloeddruk

Lae bloeddruk wat lei na onvoldoende voorsiening van bloed aan belangrikke organe
kan beroertes, hart aanvalle en nierversaking veroorsaak. Die ergste vorm van lae
bloeddruk is skok.

 Afname in bloed volume as gevolg van bloeding of skok.


 Sekere voorskrif middels.
 Hart siekte.

VERWYSINGS
http://www.wikihow.com/Use-a-Stethoscope
http://www.mayoclinic.org/diseases-conditions/high-blood-
pressure/basics/causes/con-20019580
http://www.medicinenet.com/low_blood_pressure/article.htm

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


22

repping is goed. Prepping is wys. Prepping is iets wat elke regdenkende,


vooruitbeplannende individu behoort mee besig te wees. Maar….daar is sekere
prepping strategië wat nie goed deurdink is omdat hulle gepropageer word deur
mense wat nie praktiese ervaring het nie.

Die volgende prepping strategië mag rampspoedig wees indien hulle nie fyn beplan en
deurdink word.

STRATEGIE: Ons sal te voet wegkom met ons nood voorraad en oor die berge stap tot
by ons wegkruip plek 50km hiervandaan.

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


23

NIE ‘n GOEIE PLAN OMDAT:


 Tensy jy baie fiks en sterk is, is daar nie baie mense wat 50km vêr oor moeilike
terrein sal kan stap met ‘n swaar rugsak /grypsak.
 Hierdie strategie is nie prakties uitvoerbaar nie indien daar onfikse, oud, of siek
mense betrokke is of klein kinders.
 Die praktiese uitvoerbaarheid van so ‘n beplan sal deur swaar
rugsakke/grypsakke beperk word.
 Die strategie word gewoonlik voorgestel deur mense wat in rustige stoele sit en
min oefen. Moet nie in die verlede bly lewe nie – omdat jy ‘n “parabat” 40 jaar
gelede was beteken nie dat jy nou dieselfde vermoë beskik om ‘n 25 kg rugsak
50km vêr sal kan dra nie – tensy jy dieselde vlak van fiksheid behou het (heel
onwaarskynlik).
 Hierdie is ‘n klasieke resep vir ‘n hartaanval vir ‘n onfikse, oorgewig individu.
Hierdie mediese noodgeval sal ook ‘n probleem wees indien jy in ‘n groep is en
hulle lewens verder in gevaar sal stel .
Om grypsakke en ‘n skuilplek te hê is goeie strategië maar fisiese oefening en fyn
beplanning hoe om daar uit te kom moet deel van die strategie uitmaak.

STRATEGIE: Ons sal bos toe gaan en daar bly lewe totdat die krisis verby is.

NIE ‘n GOEIE PLAN OMDAT:


 Dit mag miskien pret klink maar tensy jy ondervinding in bos oorlewing het
kan jy jouself vinnig in die moeilikheid bevind.
 Meeste mense weet nie hoe om ‘n vuur aan te steek nie (noodsaaklik vir
oorlewing) sonder vuurhoutjies of aansteker. Selfs met hierdie hulpmiddels sal
baie stadsmense sukkel om ‘n vuur aan die gang te kry onder nat
omstandighede.
 Meeste mense weet nie hoe om water in die veld te vind en hoe om dit veilig
drinkbaar te maak.
 Meeste mense weet nie hoe om wilde diere wat ‘n gevaar mag stel, te hanteer
nie.
 Dit is ‘n harde lewe en meeste stads inwoners het sag geword en sal nie lank
kan uithou nie.
 Hoe sal jy mediese noodgevalle hanteer?
 Om in die bos weg te kruip vir ‘n kort periode kan miskien werk maar konflik
kan vir jare voortduur. Sal jy vir ‘n uitgerekte periode in die natuur kan oorleef?

As jy hierdie strategie oorweeg berei jouself voor deur om baie in die bos te gaan kamp
en om oorlewings tegnieke aan te leer waarsonder jy nie baie lank sal lewe nie.

STRATEGIE: Ons sal van die natuur aan die lewe bly.

NIE ‘n GOEIE PLAN OMDAT:


 Om van die natuur aan die lewe te bly is moontlik maar slegs as jy ‘n intieme
kennis daarvan dra.
 Mense dink hulle sal wilde vrugte, bessies en neute eet en sal wild skiet en vis
vang vir vleis. Dit is baie idealisties maar prakties onrealistiese. Daar is tye van

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


24

die jaar waar daar geen wilde vrugte, bessies en neute te vinde is. Wild mag
skaars wees. Jag en visvang vaardighede word nie oornag geleer nie en jy mag
baie gefrustreerd, uitgeput en honger raak indien jy nie weet hoe nie.

 Water mag skaars wees, moelik om te vind en onveilig om te drink.

Om van die natuur aan die lewe te bly is ‘n vaardigheid wat tyd neem om aan te leer.
Begin nou om eetbare, en medisinale plante te leer ken en hoe hom hulle in die natuur
te identifiseer. As jy van die natuur noodgedwonge aan die lewe moet bly sal jy bereid
moet wees om enigeiets te eet – insluitend insekte, reptiele en selfs rotte! Jy kan nie
bekostig om fiemies te wees nie. Mense – veral uit ‘n stads agtergrond – sal huiwerig
wees om sekere goed te eet en dra min kennis van eetbare en medisinale plante. Jy sal
miskien moet vlug in ‘n tyd van die jaar waar daar min in die natuur te ete is. Jy moet
dus goeie voorrade van kos opberg wat jy in tyd van nood kan saamdra om jou vir ‘n
wyle aan die gang te hou.

STRATEGIE: Ek sal alleen regkom.

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


25

NIE ‘n GOEIE PLAN OMDAT:


 Om ‘n alleenloper te wees klink miskien “macho” en romanties maar oorlewing
op jou eie is baie moeliker as in ‘n groep.
 As jy alleen is moet jy al die take van lewe en oorlewing self uitvoer. Daar is
niemand anders om wag te staan, vuurmaakhout bymekaar te maak, kos te
kook, skuiling te bou, plant, oes ens.
 ‘n Gebied kan beter verdedig word met ‘n groep.
 Morale is makliker om te behou in ‘n groep.
 Wat sal jy doen as jy beseer of siek word. Wie gaan jou help?
 Jy het kameraadskap nodig.
 Baie take verg meer as net een paar hande.

Dit is beter om familie lede en betroubare vriende te kry om ‘n oorlewings groep te


vorm wat tydens ‘n noodgeval bymekaar kan kom. Dit is veiliger en sterker in ‘n groep
and take kan verdeel word wat dit makliker vir almal maak.

STRATEGIE: Ek berg nie voedsel op nie. Ek sal dit by ander kry (steel?) indien nodig.

NIE ‘n GOEIE PLAN OMDAT:


 Eerstens sal dit moreel verkeerd wees om van ander te vat (steel) wat die
moeite gedoen het om voor te berei.
 Jy mag miskien vir ‘n wyle daarmee wegkom maar daar sal ‘n tyd kom waar jy
teen ‘n goed georganiseerde groep gestaan kan kom wat vinnige geregtigheid
gaan uitdeel.
 “Andere” se voedsel vooraade kan ook opraak.

STRATEGIE: Ek het ‘n klomp goed aangeskaf – toerusting, wapens, gereedskap – wat


nog in die oorspronklike verpakking is.

NIE ‘n GOEIE PLAN OMDAT:

 Vaardigheid met ‘n stuk gereedskap of wapen is nie ‘n gegewe nie. Jy moet leer
hoe om die goed te gebruik – nie wag vir die dag wanneer dinge skeefloop
voordat jy die houers oopmaak en die instruksies lees.
 Jou moet jou “goed” uittoets voor die tyd om seker te maak dat alles werk soos
wat dit behoort te werk.
 Jy het miskien addisionele goed nodig om toerusting te laat werk (bv. Olie,
smeermiddels, batterye of brandstof.

STRATEGIE: Ek berg saad op nie voedsel nie.

NIE ‘n GOEIE PLAN OMDAT:


 Die opberging van saad is ‘n uitstekende idee en hoogs aanbeveel maar nie ten
koste van die opberging van voedsel nie.
 Moet nie dink dat, tydens ‘n nood of ramp situasie, dat jy sommer saad in die
grond gaan goeie en groentes kweek. Dié met bietjie tuinmaak kennis weet dat

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


26

droogtes, vloede, plaagdiere, en arm gronde speel ‘n rol wat in ‘n baie klein of
geen oes kan beeindig.

 Jy sal miskien geen toegang hê tot bemesting of kunsmis om jou grond mee te
verryk of genoegsame water om jou groenteplante nat te lei.
 Sal jy toegang hê tot plekke waar jy groente/gewasse kan kweek?
 Sal jy lang genoeg by ‘n plek bly staan om te oes wat jy gesaai het?
 Daar is ‘n vertraging van ongeveer 3 maande tussen plant en oes van meeste
gewasse. Wat sal jy intussen eet?

Jy word sterk aangeraai om saad op te berg vir langtermyn oorlewing. Saad kan meer
waardevol as goud wees omdat jy daarmee jou eie voedsel kan voorsien en kan dit ook
as ‘n waardevolle ruil item gebruik. Oefen om jou eie groente te kweek dat jy kan leer
wat maak vir sukses of mislukking. Terwyl jy saad opberg, berg ook voedsel op wat jou
vir ten minste 6 maande aan die gang kan hou. Teen daardie tyd het jy hopelik ‘n plek
gekry waar jy jou groente tuin kan plant en regmaak om jou eie groente te oes.

STRATEGIE: Ek sal ‘n kragopwekker gebruik en aangaan soos normaal.

NIE ‘n GOEIE PLAN OMDAT:


 As jy in ‘n afgeleë plek is, sal ‘n kragopwekker baie handig wees as jy genoeg
brandstof het om dit vir ‘n lang periode te laat werk. As daar ‘n oorlog of burger
oorlog is of ‘n ernstige natuurlikke ramp, sal brandstof binnekort moelik
bekombaar wees en jy sal nie die kragopwekker vir lank kan gebruik nie. Dit is
dus nie ‘n langtermyn oplossing nie.
 In ‘n stedelike omgewing, na ‘n ineenstorting waar daar nie krag is nie, sal ligte
(aangedryf deur jou kragopwekker) ongewênste aandag op jou ligging vestig.

Moet nie op ‘n kragopwekker staatmaak nie as ‘n langtermyn verskaffer van krag nie –
jy sal nou of later sonder brandstof sit. Oorweeg eder ander opsies soos son of wind
krag vir jou energie behoeftes of keer terug na ‘n meer primitiewe leefstyl waar jy leer
om sonder elektrisiteit klaar te kom.

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


27

STRATEGIE: Ons sal ons kaggel gebruik vir kook doeileindes en vir huis verwarming.

NIE ‘n GOEIE PLAN OMDAT:


 Eerstens ‘n hout stoof is ‘n beter opsie as ‘n kaggel. Dit werk meer effektief en
gebruik minder hout en is gerieflik om op te kook. ‘n Hout stoof is ‘n groot
voordeel vir kook en verwarming mits….
 Jy weet hoe om met ‘n hout stoof te werk. Dit is ook ‘n aangeleerde vaardigheid
en as jy daarmee begin sal jy die vuur baie keer laat doodgaan (moeite om dit
weer aan die gang te kry!) en as dit by kook kom sal jy kos brand of soms nie
gaarmaak nie omdat jy nog moet leer hoe om die hitte te reguleer.
 Jy ‘n vooraad van harde, goed gedroogde vuurmaakhout opgeberg het. ‘n
Kommoditeit wat soms skaars is. Mense wat met uitgerekte oorlewings
situasies te doene gehad het moes hulle deur en vensterrame van hulle huise,
meubels en vloerplanke verbrand om aan die lewe te bly.

As jy ‘n hout stoof besit by jou huis of jou skuilplek is dit ‘n waardevolle bate maar jy
moet sorg dat jy genoeg hout opstappel om jou vir ten minste ‘n jaar aan die gang te
hou met kook en huis verwarming.

STRATEGIE: Ek sal iewers in die stad wegkruip en aas (“scavenge”) vir wat ek benodig.

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


28

NIE ‘n GOEIE PLAN OMDAT:


 Die stad is nie ‘n goeie plek om te wees wanneer anargie losbaars. Daar sal
desperate mense wees en gewapende bende sal in die strate ronddwaal, besig
om te steel plunder en vermoor. Dit is beter om by ‘n afgeleë plek te kom waar
daar min mense is wat vir kos, en water kompeteer.
 Dienste sal stop. Daar sal nie krag wees nie, geen water in die krane en geen
rioleering. Toilette sal nie werk nie en rommel sal in die strate begin ophoop.
Siektes sal vinnig begin versprei.
 Elke keer wat jy uit jou wegkruipplek beweeg sal jou lewe in gevaar wees.
 Daar sal binne ‘n paar dae min kos en water beskikbaar wees nadat anargie
uitgebreek het.
 As jy nie voor of kort nadat ‘n ramp of anargie ontstaan het uit die stad uitkom
kan paaie versper word en jy kan jouself in die stad betrap vind.

STRATEGIE: Ek het klaar voorberei ek hoef nie oor die toekoms bekommerd te wees
nie.

NIE ‘n GOEIE PLAN OMDAT:


 Situasies verander.
 Geestelike voorbereiding vir moontlike noodsituasies moet deurlopend wees.
Dink aan verskeie situasies en hoe jou familie daarop sal reageer.
 Bly ingelig oor nuus en ontwikkelings sodat jy nie onkant gevang word nie. Jy
moet jou planne kan aanpas as situasies verander.
 Oefen nood drills sodat as iets gebeur weet almal in die familie wat om te doen.

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


29

pberging van kos voorade word


sterk aanbeveel. Sou ‘n groot ramp
veroorsaak dat die rakke van jou
plaaslike kos verskaffer leeg loop
gaan jy baie dankbaar wees dat jy
jou eie vooraad het.

Met die styging in voedselpryse is


voedsel opberging ook ‘n goeie
voorsorg teen inflasie. As jy jou eie
groente en vrugte kweek behoort niks
gemors te word.
Daar sal tye van goeie oeste wees – dit bied die ideale geleentheid om die surplus te
preserveer deur middel van die hoë druk preserverings metode.

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


30

Om voorrade blikkies kos op te berg is ‘n goeie idee maar as jy op die blikkies kyk sal
jy agterkom dat die inhoud redelik vinnig verval. Een tot twee jaar. Dit is hoekom hoë
druk preservering sterk aanbeveel – die goed hou langer.

Hoë druk preservering gebruik glas houers (genoem Mason bottels) met deksels wat
met ‘n vakuum seel.

Vir hoë druk / hoë temperatuur tuis preservering van goedere


gaan jy Mason bottels (beskikbaar in 500 ml en 1 liter kapasiteit)
met deksels en ‘n hoë druk kookpot benodig. ‘n Drukkooker is ‘n
spesiale swaar pot met ‘n deksel wat teen stoom druk
vasgeskroef kan word. Die deksel het ‘n uitlaat klep en ‘n
gewigie wat druk reguleer. Die pot het ook ‘n platformpie
binnein waarop die bottels staan.

Hoë druk potte het ‘n baie groter


kapasiteit as normal drukkokers en is dus
duurder om te koop.

Die gevaar van voedselpreservering is dat


goedere met die dodelike Clostridium
botulinum bakterie besmet kan word wat
lei tot botulisme vergiftiging. Hoë druk
kokers verhoog die kookpunt van water
en verseker dat enige bakterie in die
voedsel / vrugte or houers doodgemaak
word. Dit sluit Clostridium en
organismes in wat voedsel bederf.

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


31

Hoë druk preservering is die enigste veilige metode van vrugte, groente, vleis,
pluimvee en seekos preservering.

Dele van ‘n druk preserveerder

Groente word geskil, gesny en vinnig gekook (“par boiling”) vir ‘n minuut of twee
voordat dit in die bottels geplaas word en met kook water gevul word met ‘n spasie
van ongeveer 25 mm tussen die watervlak en die deksel. Die deksels word dan
vasgedraai (nie te styf nie).

Die warm bottels word nou in 75 mm water in die drukkooker geplaas wat dan tot ‘n
temperatuur van ten minste 240° F (115.50C) verhit word nadat die deksel styf
vasgeskroef is. Druk word toegelaat om op te bou voordat die druk reguleerende
gewig in plek gesit word. Die inhoud van die hoëdruk kooker word nou gestoom vir ‘n
sekere tyd, afhangend van wat gepreserveer word. Instruksies kom saam met die
kooker met aanduidings van hoe lank verskillende voedselsoorte gestoom moet word
om dit te kook en te steriliseer.

Na die kook / sterilisasies proses word die kooker afgesit en toegelaat word om af te
koel. Nadat die druk gedaal het kan die deksel skroewe losgedraai word en die deksel
verwyder. Die bottels word verwyder en opsy gesit om ook af te koel. Deksels word

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


32

styf vasgedraai. Wanneer die bottels afkoel word ‘n vakuum gevorm en die deksels
seel behoorlik.

Die inhoud van die Mason bottels sal hou vir 1 – 5 jaar. Dit is raadsaam om ‘n datum
om die bottels te skryf van wanneer die inhoud gepreserveer is. Deur tuis preservering
sal jy vinnig ‘n voedsel vooraad opbou.

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


33

Die gepreserveerde voedsel sal nie net ‘n bron van kos wees in ‘n tyd van skaarste maar
kan ook verkoop of geruil word vir ander goedere wat jy sal miskien nodig kry.

Die Mason bottels ins in Suid Afrika beskikbaar van Consul Glass. Die bottels kan
herhaaldelik gebruik word maar dit is raadsaam om houers te vervang elke keer as
nuwe voedsel gepreserveer word. Die deksels is ook as ‘n aparte item by Consul Glass
beskikbaar.

‘n Nuwe hoëdruk kooker kos om en by R5 000 maar as jy dit gebruik gaan jy vinnig jou
insetkoste delg. Dit is ‘n wyse belegging wat vir homself sal betaal.

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


34

elfs onder “normale” omstandighede wanneer jy toegang tot mediese


fasiliteite, opgeleide mediese personeel en medisyne het, kan longontsteking ‘n
lewensgevaarlike siekte wees. In “abnormale” omstandighede word die probleem
vererger.

WAT IS LONGONTSTEKING?

Longonsteking is infeksie van die longe. Die longe bevat klein sakkies genoem alveoli
wat met lug gevul word wanneer ‘n persoon inasem. Tydens longontsteking word die
alveoli met etter en vloeistof gevul, wat asemhaling pynlik maak en lei na ‘n suurstof
tekorte. Die longe raak minder rekbaar en kan nie suurstof in die bloed effektief
opneem om koolstof dioksied verwyder soos normaalweg.

Normale long alveoli word met


lug gevul wanneer die persoon
inasem.

Wanneer ‘n persoon aan


longontsteking ly word alveoli
met etter en vloeistof gevul wat
die hoeveelheid lug wat
ingeneem kan word, beperk.

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


35

OORSAKE VAN LONGONTSTEKING

Baie soort kieme kan longontsteking veroorsaak insluitend bakterie, viruse en


swamme.

Die mees algemene tipe longontsteking word veroorsaak deur viruse en bakterie.

Die mees algemene oorsaak van bakteriële longontsteking word veroorsaak deur
Streptococcus pneumonia. Ander bakterie wat longontsteking veroorsaak sluit in
Haemophilus influenza, Chlamydia pneumonia, Mycoplasma pneumonia en Legionella
pneumophila.

Mense wat giftige stowwe inasem kan die longe beskadig en chemiese longontsteking
veroorsaak. Dit verskil van ander soorte longontsteking omdat dit deur ‘n chemiese
stof veroorsaak word en nie ‘n lewende organisme nie.

Wat ookal die oorsaak van longontsteking is dit ‘n ernstige kondisie omdat dit met
die liggaam se vermoë om suurstof en koolstof dioksied se uitruiling kompromiseer.
Sonder behoorlike mediese sorg kan dit dodelik wees.

Longontsteking is anders as bronchitis (wat soortegelyke simptome het). Bronchitis is


inflamasie van die lugweë (bronchi) wat na die alveoli toe lei nie probleme met die
alveoli selfs.

HOE KRY ‘n MENS DIE SIEKTE?

Die mees algemene manier wat hierdie siekte opgedoen word is deur die inaseming
van bakterie in die lugweë in of deur die inaseming van besmette druppels van iemand
wat die siekte het. In sommige gevalle kan bakterie uit ‘n lugversorger wat nie
ordentlik skoongemaak word oorsprong hê. Nog ‘n bron van besmetting is van ‘n
infeksie elders in die liggaam soos byvoorbeeld die niere. Bakterie kan die
bloedstroom van verskeie bronne binnekom en in die longe beland waar dit
longontsteking kan tot gevolg hê.

Of longontsteking oordraagbaar is of nie sal afhang van die tipe virus of bakterie wat
die siekte veroorsaak. In baie gevalle kry mense die siekte van bakterie wat
normaalweg in die neus en keel voorkom wat na die longe toe versprei. Meeste soorte
bakteriële longonsteking is nie oordraagbaar nie maar longontsteking wat deur
Mycoplasma pneumoniae en tuberculosis veroorsaak word is uitsondering en is albei
hoogs oordraagbaar en word versprei deur hoes en nies.

‘n Persoon kan nie longontsteking opdoen deur om koud en nat te word.

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


36

TEKENS EN SIMPTOME VAN LONGONTSTEKING

Tipiese simptome ontwikkel vinnig en sluit die volgende in:

 Koors en koue koors.


 Ontwikkeling van geel of bruin speeksel wanneer die persoon hoes.
 Borspyn wat vererger word deur asemhaling en hoes. Die bors mag seer wees
wanneer dit aangeraak of gedruk word.
 Verlies aan eetlus.
 Naarheid en braking.
 Kort aan asem veral as die persoon ook aan ‘n kronies long kondisie soos asthma of
emfiseem lei.
 Toe neus.
 Onthou dat borspyn ook veroorsaak kan word deur ander ernstige mediese
toestande (soos hart probleme).
 Ouer mense kan ook verward voorkom of ‘n verandering in verstandelike vermoë
toon.

Atipiese longontsteking neem stadiger toe.

 Dit volg soms na ‘n ander siekte.


 Die koors is nie so hoog soos in tipiese longontsteking nie en die koue koors in
minder opvallend.
 Daar kan kopseer, lyfseer en gewrigspyne voorkom.
 Droë hoes met min speeksel. Daar kan borspyn teenwoordig wees.
 Abdominale pyn kan voorkom.
 Ander simptome kan insluit moegheid en swakheid.

DIAGNOSE

Longontsteking kan gediagnoseer word deur om na die pasiënt se longe met ‘n


stetoskoop te luister. Die geluide sal klink soos die geruis van wind.

Een van die maklikste toetse om uit te voer is om die


suurstof vlakke met ‘n “pols oksimeter” te meet. Die
meter word op die pasiënt se vinger of oor geplaas. ‘n
Spesiale lig skyn deur die vel en bepaal die suurstof
vlak van die bloed. As die suurstof vlak laag is kan
dit ‘n aanduiding wees dat die persoon aan
longontsteking ly.

Elke prepper behoort een van hierdie metertjies in


sy mediese vooraad te hê.

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


37

 ‘n Bors X-straal kan help vastel watter deel van ‘n pasiënt se longe besmet is en kan
ook abnormale vog vlakke aandui.
 Soms sal ‘n dokter die pasiënt se speeksel onder ‘n mikroskoop bekyk. Sekere
kleurstowwe kan die dokter help om vas te stel watter bakterium betrokke is sodat
die regte antibiotika voorgeskryf kan word.
 As die pasiënt in ‘n hospitaal opgeneem word sal ‘n bloedmonster geneem word en
na die laboratorium gestuur word vir ondersoek.

In sommige gevalle sal jy nie toegang tot ‘n hospitaal, dokter of laboratorium kan kry
nie en sal self moet behandeling toepas.

BEHANDELING

BEHANDELING VIR BAKTERIëLE LONGONTSTEKING


Behandeling vir bakteriële longontsteking sluit in bedrus, antibiotikas (sien Tafel
onder), vloeistof toediening (drink baie nie-alkoholiese vloeistowwe), medikasie vir
koors (acetaminophen, ibuprofen, Disprin), hoesmiddel (indien nodig), geen rook (vir
rookers) en hospitalisasie.

Die keuse van antibiotika hang af van die persoon se ouderdom, kroniese mediese
toestande (indien enige), rook en alkohol gewoontes, ander medikasies wat die
persoon gebruik en allergië. In noodgevalle waar daar nie ‘n groot keuse van
antibiotikas beskikbaar is nie, neem ‘n breë spektrum antibiotika soos byvoorbeeld
Amoxycillin (Betamox) of Ciprofloxacin. Hou breë spektrum antibiotikas, wat vir
verskeie siektes gebruik kan word, in jou mediese vooraade.

GENERIESE NAAM HANDELS NAAM


Macrolides
Azithromycin Zithromax, Zmax
Erythromycin EryC, Ery-tab, EryPed
Tetracyclines
Doxycycline Doryx, Vibramycin
Fluoroquinolones
Gemifloxacin Factive
Levofloxacin Levaquin
Moxifloxacin Avelox
Ciprofloxacin Cipro
Pennicilin
Amoxicillin Amoxil, Betamox
Amoxicillin with clavulanate Augmentin
Ampicillin
Piperacillin
Ticarcillin with clavulanate Timentin
Vancomycin
Vancomycin Vancocin

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


38

Behandeling vir virale longontsteking

Alle virale longontsteking pasiënte moet ondersteunende terapie ontvang met


suurstof, rus, koors en pyn medikasies, goeie voeding en vleoistof inname en
noukeurige waarneming. Antibiotikas wat vir bakteriële longontsteking gebruik word
is gewoonlik oneffektief vir virale longontsteking.

Algemene behandeling

1. Monitor asemhaling elke 2 ure.


2. Gee suurstof indien beskikbaar.
3. Help pasiënte om speeksel afskeidings te beheer.
4. Hou die pasiënt in ‘n posisie wat asemhaling vergemaklik.
5. Skep ‘n gemaklike omgewing sodat die pasiënt rustig kan slaap.

VERWYSINGS

http://www.emedicinehealth.com/bacterial_pneumonia/article_em.htm

http://www.webmd.com/lung/antibiotics-for-pneumonia

http://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC180504/

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


39

esperate tye, dit word gesê, verg desperate optredes.


Kom ons neem aan (a) dat jy aansoek doen vir ‘n vuurwapen lisensie vir self
verdediging of ‘n bestaande lisensie wil hernu wanneer die lisensie gaan verval, en die
aansoek word vir geen geldige rede, geweier. Of (b) die regering verorden wetgewing
wat die besit deur alle wetsgehoorsame burgers van vuurwapens onwettige maak en
beveel dat alle vuurwapens aan die regering oorhandig moet word. Die regering sal ‘n
groot geveg op hulle hande hê maar kom ons neem aan dat Suid Afrikaners te apaties
en rugraatloos om iets daaromtrent te doen en hulle handig hulle vuurwapens in soos
lamme wat op pad na die slaghuis toe is – jy sal jouself nou “geweer –loos” bevind en
uiters kwesbaar omdat die kriminele element altyd toegang tot onwettige vuurwapens
sal hê. Dit, sal die regering NOOIT kan stopsit nie of verhoed. Wat maak jy nou vir
self-verdediging?

Jy kan ‘n “paintball gun” aanskaf (waarvoor daar geen lisensie nodig is nie) en harde
nylon balle of peper balle gebruik vir self-verdediging. Nie naastenby so effektief soos
‘n koeël nie maar tog is dit iets en dit kan beserings veroorsaak – hopelik genoeg om ‘n
aanvaller af te wee – veral op kort afstand (sien SA Prepper Volume 1 Nommer 4). Jy
kan ‘n windbuks oorweeg (ook geen lisensie benodig vir ‘n kaliber kleiner as .22 nie) –
ook nie ‘n effektiewe self verdedigings wapen nie maar dit kan ook skade aanrig. ‘n
Moderne pyl en boog kan dodelik wees maar is lomp in ‘n beperkte ruimte. Tasers,
messe? Jy wil nie graag naby aan ‘n aanvaller kom. Onthou ons praat nou van
desperate optredes in desperate tye.

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


40

Wat van “airsoft” gewere vir self verdediging waarvoor geen lisensie benodig word?
Baie van julle sal miskien die vraag vra: “Wat is ‘n “airsoft” geweer?
Airsoft gewere is replika gewere wat ronde projektiele skiet van verskillende materiale
en gebruik.
 saamgeperste gas
 veer aangedrywe suier
 elektriese suier of
 ‘n kombinasie van elektriese- en veer aangedrewe suier hidrolika
..om die projektiel aan te dryf.
Afhangend van die meganisme om die koeëltjie aan te dryf kan ‘n airsoft geweer
enkelskote of vol automatiese skote skiet.
Airsoft gewere is ontwerp om nie dodelik te wees nie maar om baie naby aan die
werklike geweer te lyk (hulle word dus replikas genoem).
Airsoft gewere skiet plastiese koeëltjies teen trompsnelhede tussen 30 – 200 meter per
sekond – afhangend van die tipe geweer. Die gemiddelde airsoft geweer skiet teen ‘n
trompsnelheid van ongeveer 90-120 meter per sekond. Die interne komponente kan
opgregradeer word om die trompsnelheid te verhoog. Paintball gewere by vergelyking
skiet teen ongeveer 100 meter per sekond.

Airsoft koeëltjies kan oë beskadig en die vel breek teen snelhede oor 100 meter per
sekond.

Dit bring ins terug na ons vraag toe. Kan“airsoft” gewere gebruik word vir self
verdediging? Die antwoord hierop is ‘n beslis “Nee” en ‘n moontlike “Ja”. Deurmekaar?

Kom ek verduidelik.

Tensy jy ‘n gemodifiseerde airsoft geweer gebruik wat ‘n 6mm metaal projektiel teen
300 meter per sekond aandryf en jy skiet ‘n aanvaller in die oog, is airsoft gewere
nuteloos as self- verdedigings wapens as dit by effektiwiteit en slaankrag kom, of die
vermoe besit om genoegsame skade aan ‘n aanvaller te rig om hom te keer. Dit gesê
kan ‘n airsoft geweer in ‘n nood gebruik word om jouself uit die situasie te kry deur
“bluf”.

Die waarde van ‘n airsoft geweer lê in die feit dat hulle presies lyk soos die regte
geweer. Dit is amper ontmoontlik om tussen ‘n airsoft geweer en die ware Jakob te
onderskei. Hulle werk ook soos die regte gewere. Soveel so dat airsoft gewere word
nou gereeld gebruik in die opleiding van militêre personeel en polisie in baie lande.

Die fotos onder dui aan hoe airsoft gewere identies soos die regte gewere lyk.

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


41

Glock (bo), .45 Colt (middel), M4 karbine (onder) Airsoft “gewere” – onmoontlik om te
onderskei tussen die regte gewere.

In ‘n situasie waar jy deur ‘n aanvaller gekonfronteer word (veral as hulle nie selfs met
gewere bewapen is) en jy haal jou “Glock” pistool uit, is die waarskynlikheid goed dat
hulle sal dink dit is ‘n regte Glock en sal padgee (hopelik). Om jouself uit ‘n situasie te
probeer bluf sal nie raadsaam wees wanneer (a) die aanvallers selfs met gewere
bewapen is of (b) die konfrontasie in ‘n beperkte ruimte plaasvind waar die aanvaller
gedwing voel om jou aan te val. Maar as die aanvaller ‘n duidelike ontsnapping roete
het jou airsoft replika wat soos die ware Jakob lyk kan hulle bluf en laat vlug. Riskant?

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


42

Beslis. Aanbeveel? Nie regtig nie. Dit is ‘n aanbeveling dat sou jy jouself uit ‘n situasie
probeer kry deur om te bluf dat jy ‘n “backup” wapen byderhand moet hê – ‘n kierie,
peper sproei, Taser of mes maar as jy dit kan help probeer vermy dat jy slags raak met
die aanvaller op kort afstand.

Wanneer ‘n mens in ‘n hoek gedryf word moet jy soms “uit die boks uit” probeer dink.

Airsoft wapens is natuurlik uitstekende “wapens” vir realistiese taktiese opleiding en


word vir hierdie doel sterk aanbeveel.

As jy miskien in airsoft vuurwapens belang sou stel gaan na die volgende web blad:
http://www.airsoft-hq.co.za/

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


43

lgemeen gesproke is ons ‘n morsige samelewing wat gereeld goed weg gooi wat
benut kan word. Dit is ‘n mors van bruikbare items asook hard verdiende geld.

Preppers hou in gedagte dat ‘n dag kan kom van skaarste wanneer die supermark en
winkel rakke sal leeg staan of jy bevind jouself in ‘n situasie waar jy nie toegang tot
goed het nie wat jy nodig het om aan die lewe te bly. Alles, selfs goed wat ons nou as
rommel of gemors beskou, sal weer na gekyk moet word vir intrinsiese waarde wat ons
kan benut. Hoe kan ek hierdie item nuttig gebruik? Waarvoor kan ek dit gebruik
waarvoor dit nie oorspronklike bedoel was nie?

Vuur, soos wat ons herhaaldelik beklemtoon en


die vermoe om vuur onder moelike
omstandighede te maak is van uiterste belang in
‘n oorlewings situasie. Wanneer ons by die huis
‘n vuur aansteek om warm te bly of om op vleis
te braai het ons in die gewoontes gekom om vuur
aanstekers te gebruik om die vuur aan die gang
te kry. Werk uitstekende. Maar “winkel” vuur
aanstekers is relatief duur. Daar is ‘n alternatief
wat ‘n kwart van die prys is en wat net so goed
werk soos die kommersiële produk.

As jy tee by die huis drink en gebruik maak van teesakkies eindig hulle gewoonlik in
die asblik. Jy mors ‘n waardevolle item. Teesakkies het ‘n aantal nuttige gebruike en
een van hulle is om vuur aanstekers (“fire lighters”) te maak.

Al wat jy nodig het is ou teesakkies en parafien.

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


44

Hou al jou ou teesakkies en laat hulle in die son bak om lekker uit te droog.

Gooi ‘n houer (plastiek of blik) – ook ‘n item wat ons gewoonlik weggooi – half vol met
parafien.

Gooi die gedroogde teesakkies in die houer en laat hulle in die parafien goed week. As
die houer ‘n deksel het kan dit daarop geplaas word om te verhoed dat die parafien
verdamp.

Die teesakkies absorber die parafien en kan na ‘n uur of twee uit die houer verwyder
word en in ‘n leë houer gebêre word.

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


45

Een teesakkie sal brand vir tussen 5 – 7 minute. Meer as lank genoeg om ‘n vuur aan
die gang te kry, selfs in winderige of reënerige toestande. Een honderd van hierdie
vuur aanstekers kos omtrent R15 om self te maak – 15 sent elk. Heelwat goedkoper as
dié wat jy in die winkel koop.

Gewoonlik is net een sakkie nodig om ‘n hout vuur aan te steek en 2 of 3 om


houtskool “brikettes” aan te steek. Vir R15 kan jy dus 100 hout vure aan die gang kry en
tussen 30-50 “brikette” vure. Dit is wat ek ekonomies noem!

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


46

Vuurwapen Lisensiëring – Deel 3


Posted on August 18, 2015 by Bestuur

In die vorige dele het ons bespreek hoe om wettiglik ‘n vuurwapenlisensie te bekom.
Hier sal ons verduidelik omtrent spesiale statusse soos Toegewyde jagter en/of
Sportskut en die voordele wat dit inhou. Dit is beste om die proses in parallel te doen
met u bevoegdheid sertifikaat en wapenlisensies indien u dit nog nie het nie. Om lid te
wees van ‘n vuurwapen klub soos NSA help ook baie vir enige aansoek al is dit vir ‘n
selfverdediging, geleentheidsjag en/of sportskut lisensie. ‘n Baie belangrike element
van u lidmaatskap is dat ‘n skietklub u kan help met motiverings en endossemente wat
saam met u lisensie aansoeke ingehandig kan word.
Stap 1 – Lidmaatskap
Word eers ‘n algemene lid van so ‘n klub. Die kostes vir volwassenes beloop R300.00
plus R200.00 aansoekfooi per jaar by NSA
(http://www.natshoot.co.za/page/membership). Lidmaatskap sal u klaar redelike
voordele vir vuurwapenlisensiesaansoeke bied. U kwalifiseer dan outomaties as
geleentheidsjagter en/of sportskut.

Wanneer u aansoek voltooi is sal u toegang kry tot u eie ‘Member Login’ waar u
aktiwiteite op u profiel gelaai kan word. Hoe meer aktiwiteite daar is (teiken skiet,
kompetisie skiet, ens.) hoe beter vir u volgende aansoek.

Vandaar kan u ook dan aansoek doen vir endossemente vir u wapenlisensies wat
elektronies of per pos aan u gestuur kan word.

Stap 2 – Teoretiese toets


Die belangrikste opsie by die ‘Member’ skakel is die ‘Apply for dedicated status’ skakel.
Dit is baie belangrik om vir beide toegewyde jager en sportskut aansoek te doen
aangesien die prysverskil om net een te doen baie klein is.

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


47

Volgende kan u vir FCA status as Toegewyde jagter en/of sportskut registreer. Die
koste vir kursus is R490.00. Wanneer NSA die bewys van betaling ontvang het sal
hulle per e-pos met u kommunikeer aangaande die Handleiding wat u benodig om
aanlyn toets te kan slaag.

Die aanlyn toets behels ‘n ‘multi choice’ vraestel wat oor die internet gedoen. Die toets
is redelik maklik. Wanneer u die toets begin het sal u dit moet klaar skryf en kan nie
gestop word nie. Die tyd wat gegee word (90 min) is meer as genoeg en u kan u
leerstof deurgaan terwyl die toets gedoen word. Dit is wel belangrik om die werk
vooraf deur te gaan en nie die leerstof eerste keer met die skryf van die toets onder oog
kry nie.

Die toets behels geskiedenis van vuurwapens, die veilige hantering daarvan ens.
Wanneer die toets voltooi is kan u klik op ‘submit’. U sal binne ‘n paar minute ingelig
word of u geslaag het of nie. Die slaagsyfer is 70%.

Stap 3 – Praktiese toets


Die praktiese toets kan by ‘n skietbaan van u keuse gedoen word solank die skietbaan
u met ‘n kwitansie vir die skiet kan uitreik. Die teikens word by die “lidmaat” skakel
afgelaai en moet self gedruk word. Daar is vier verskillende soort teikens vir elk van
kaliber groottes .22, 9mm, Haelgeweer, .223 en groter. Daar moet een van die opsies
vir elk jagter en sportskut geskiet word. Die teiken skiet is heelwat moeiliker as die
teiken skiet wat vir bevoegdheid vereis word. Wanneer u die teikens klaar geskiet het
moet die baan offisier dit teken.

Die getekende teikens tesame met die baan kwitasie moet dan per faks of epos aan
NSA gestuur word.

Sodra NSA die teikens en die teoretiese uitslag ontvang het sal hulle u in kennis stel
om op u lidmaat blad aansoek te doen vir Toegewyde Status, waarna hulle vir u ‘n
sertifikaat sal deurstuur as bewyse van u toegewyde status.

Daar is baie voordele wat u met toegewyde status geniet. ‘n Toegewyde persoon kan
semi-outomatiese vuurwapens besit. Normaalweg kan u slegs 200 rondtes per lisensie
besit maar met toegewyde status kan u wettiglik ‘n onbeperkte hoeveelheid
ammunisie per lisensie besit. U kan ook wettiglik heelwat meer wapens besit. ‘n
Toegewyde persoon het ook heelwat meer kans op sukses vir sy vuurwapenlisensie
aansoeke a.g.v endossemente en toegewyde status.

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


48

Stap 4 – Behoud van toegewyde status


Enige drie van die volgende aktiwiteite per jaar in enige kombinasie relevant tot die
tipe toegewyde status.

 Deelname in enige vorm van jagtoer, selfs al jag u nie self nie. Twee dae se jag
aaneen geld as een toer terwyl ‘n jagtoer van vier dae tel as twee toere.
 Enige skietbaan aktiwiteit waarin die toegewyde persoon deelneem. Bv. ‘load
development’. Waar deelgeneem word in voorbereiding vir ‘n jag.
 Deelname in die NSA in-huis teikenskiet oefening.
 Deelname aan die NSA in-huis teikenskiet kompetisie.
Die aanvaarding vir die vereistes van die behoud van toegewyde status is redelik oop
en kan verder in detail hier (http://www.natshoot.co.za/page/maintain-status) gelees
word. Dit is dan belangrik dat u hierdie aktiwiteite voor 30 November van elke jaar na
die jaar wat u toegewyde status toegeken is by NSA inhandig op u “lidmaat” skakel.

Die verkryging en behoud van u toegewyde status is maklik en die voordele wat dit
inhou is groot. Dit stel persone in staat om meer as genoegsaam binne die wet goed
voorbereid wees.

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


49

Asyn is ‘n vloeistof wat uit


asynsuur (CH3COOH) en water
bestaan en word geproduseer deur
die fermentasie van etanol deur
asynsuur bakterie. Asyn word
hoofsaaklik vir kookdoeleindes
gebruik maar het letterlik
honderde ander gebruike.

1. Die asynsuur in asyn maak vleis sag.

2. As jy asyn op vars vis smeer kom die skubbe makliker af.

3. Jy kan hard Gekookte eiers in asyn preserveer. Wit asyn werk die beste hiervoor.

4. Smeer liggies op jou vel om ekseem en ander vel kondisies te verlig.

5. Maak bakterie op jou gesig dood wat aknee veroorsaak.

6. Ontsmet oppervlaktes daarmee.

7. Asyn help met vertering en verlig sooibrand.

8. Meng met koeksoda om waterbottels en houers te ontsmet.

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


50

9. Help om nagsweet, wat met menopause geassosieer word, te verlig.

10. Meng met koeksoda en spuit liggies op rakke en in kaste om muise en rotte af te
skrik.

11. Meng met water om pynlike sonbrand te verlig.

12. Maak skimmel dood.

13. Antibiotiese eienskappe help klein snye en skraape vinniger te laat genees met
minder litteken vorming.

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


51

14. Maak die juk en reuk geassosieer met gis infeksies dood. Drink 250 ml in die
oggend om die swam infeksie intern te behandel en spoel uitwendige met ‘n verdunde
asyn oplossing om die juk te verlig en die swam te dood.

15. Maak skilfers dood.

16. Antibakteriese eienskappe maak bakterie dood wat seer keel veroorsaak. Gorrel
met ‘n verdunde asyn oplossing.

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


52

In die volgende uitgawe:


Boer met bye
As jy in self- onderhoudend wil wees oorweeg dit om met bye te
boer – klein of grootskaal. Bye voorsien jou nie net met heuning nie
maar ook met ander waardevolle produkte.

Skootplasing– stop en “drop”


As jy ‘n aanvaller moet keer is skoot plasing krities belangrik. Skoot
plasing is ook belangrik as jy diere of voëls vir oorlewing moet jag.
Leer meer in hierdie artikel oor skootplasing.

Redes hoekom jy as ‘n prepper kan


misluk
Daar is verskeie redes hoekom jy as ‘n prepper kan misluk. As jy
bewus is daarvan kan jy daarteen waak.

Hondsdolheid
Hondsdolheid is ‘n dodelike siekte. Hierdie artikel beskryf die
oorsaak, hoe dit oorgedra word en hoe om dit te vermy.

Lifestraw
Die drink van besmette water kan jy jou lewe kos. Die “Lifestraw”
laat jou toe om besoedelde water veilig te drink en behoort in elke
prepper se grypsak te wees.

Beveilig jou woning teen inval


South Afrika is ‘n oorlogs sone. Jou huis is jou vesting. Maak seker
jy weet hoe om dit te beskerm teen vyandige huis inval.

Ammunisie berging – moet’s en


moenie’s

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9


53

Ammunisie vir jou vuurwapens is ‘n kosbare bate wat jou lewe kan
red. Dit betaal om daarvoor goed te sorg.

Voetblaas voorkoming en behandeling


Blasé kan jou tot stilstand dwing. Dit kan rampspoedig wees as jy te
voet reis en dit is uiters belangrik dat jy weet hoe om blasé te
voorkom en te behandel.

Neem risiko ernstig op Volume 2 Nommer 9

You might also like