Professional Documents
Culture Documents
Ellen G. White
2012
Copyright © 2021
Ellen G. White Estate, Inc.
Information about this Book
Overview
This eBook is provided by the Ellen G. White Estate. It is included
in the larger free Online Books collection on the Ellen G. White
Estate Web site.
Further Links
A Brief Biography of Ellen G. White
About the Ellen G. White Estate
Further Information
For more information about the author, publishers, or how you can
support this service, please contact the Ellen G. White Estate at
i
mail@whiteestate.org. We are thankful for your interest and feed-
back and wish you God’s blessing as you read.
ii
iii
Inhoudsopgawe
Information about this Book . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . i
Hoofstuk 1 - Leerstuk oor God . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 8
Karakter van God . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 8
’n Liefdevolle Vader . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 9
Almagtig, Ewig, Onsterflik. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 12
’n Persoonlike Wese. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 12
Die Drie-Eenheid . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 13
Nuttelose spekulasie oor God . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 14
God se Alwetendheid. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 14
God in Sy Woord . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 15
D/e Lewende Woord . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 17
Helderheid van die Woord [Perspicuitas] . . . . . . . . . . . . . . . . 18
Hoe om die Woord te verstaan. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 19
Miller se reëls vir Bybel vertolking . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 20
Openbaring van God deur Christus. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 21
Openbaring deur persoonlike ondervinding. . . . . . . . . . . . . . . 21
Eenheid van die Skríf . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 22
Die Bybel en die Bybel alleen . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 23
Die getuienisskrifte. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 24
God in die natuur . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 27
Hoofstuk 2 - Die Leerstuk oor Christus. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 29
Jesus se karakter . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 29
Sy Goddelikheid. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 30
Bewyse van Sy Godheid . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 33
Goddelikheid geopenbaar . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 34
Gelyk aan God . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 35
Menslikheid . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 35
Die God-mens . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 42
Die Sondelose natuur . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 43
Die Ontsettende Risiko . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 44
Die Sentrale Tema . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 45
Eenheid met Christus . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 47
In Hom Uitverkies . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 47
Verbond van Verlossing. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 50
iv
Inhoudsopgawe v
8
- Leerstuk oor God 9
twyfel en ongeloof uit te spreek oor God se wil om hulle te red, werp
refleksie op die karakter van God. [5T. 631]
Die lewe en dood van Christus, die losprys vir ons saligmaking,
is vir ons nie net die belofte en pand van die lewe nie, nie net die
middel om weer vir ons die skatte van die wysheid oop te stel nie, dit [2]
is ‘n breër, hoër openbaring van Sy karakter as wat selfs die heiliges
van Eden geken het. [Opv. 28]
Duisende het ‘n verdraaide konsep van God en Sy eienskappe.
Hulle dien daardeur in werklikheid net sowel ‘n valse god soos die
aanbidders van Baäl.
Hy is lankmoedig en ‘n God van erbarming. As dit die wese is
wat ons aanbid en wie se karakter ons in ons eie lewe wil inbou, dan
aanbid ons die ware God. [5T. 174]
Daar was egter meer as die redding van die mensdom by die ver-
lossingsplan betrokke. Dit was nie die enigste rede waarom Christus
na die aarde gekom het nie, dit was nie net sodat die bewoners van
hierdie aarde die regte agting vir die wet van God sou hê nie, dit was
ook bedoel om die karakter van God voor die heelal te regverdig.
[PP. 63]
’n Liefdevolle Vader
Geen ontasbare beginsel, geen onpersoonlike essensie of bloot
abstrakte begrip kan die behoeftes en verlangens van mense, in
hierdie lewe van worsteling met die sonde en droefheid en pyn,
bevredig nie. Dit is nie voldoende om aan wet en mag te glo, aan
dinge wat geen medelye het, en nooit die hulpgeroep verhoor nie.
Ons het ‘n behoefte daaraan om te weet van ‘n arm wat ons sal
onderskraag, van ‘n oneindige Vriend wat vir ons jammer is. Ons het
‘n behoefte daaraan om ‘n hand te gryp wat warm is, om te vertrou
op ‘n hart vol teerheid. Dit is juis so dat God Hom in Sy Woord
geopenbaar het. [Opv.133]
Die openbaring van Gods liefde vir die mens sentreer in die
kruis. Die tong kan nie die volle betekenis daarvan uiter nie, die
pen kan dit nie uitbeeld nie, nog minder kan ons menslike verstand
dit peil. As ons die kruis van Golgota aanskou, kan ons net uitroep,
“Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun
gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie,
10 Die Boodskap
maar die ewige lewe kan hê.” (Joh. 3:16). Christus gekruisig vir ons
sonde, Christus verrese uit die dood, Christus opgevaar na omhoog,
is die wetenskap van verlossing wat ons moet leer en verkondig. [8T.
287]
Die doel vir Sy volk vandag is dieselfde as wat Hy met Israel
beoog het toe Hy hulle uit Egipteland uitgelei het. Deur die goedheid,
genade, regverdigheid en liefde van God te aanskou wat in Sy kerk
[3] geopenbaar is, sien die wêreld ‘n weerkaatsing van Sy karakter. En
wanneer die wet só uitgeleef word, sal selfs die wêreld die waarde
erken van dié wat God liefhet en vrees, bo al die ander mense in die
wêreld. [Reflecting Christ. 348]
As ons die majesteit van Sy troon aanskou, sien ons Sy karakter
in ‘n openbaring van genade en verstaan ons, soos nooit tevore nie,
die betekenis van die liefdevolle benaming:“Onse Vader.” [ML. 368]
Die onbekeerde mens dink aan God as liefdeloos, as streng,
selfs wraaksugtig. Sy teenwoordigheid word gesien as gedurige
weerhouding, Sy karakter as ‘n versinnebeelding van “Jy mag nie.”
Sy diens word beskou as vol droefheid en veeleisende vereistes...
Daar is niks wat die Christen so duidelik onderskei van die
wêreldling as sy siening van God nie. [1. SM 183-4]
Ons Skepper maak met reg daarop aanspraak dat Hy kan doen
soos Hy wil met Sy skepsels. Hy het die reg om te heers soos Hy
wil en nie soos die mens verkies nie. Maar Hy is nie ‘n streng regter,
‘n harde veeleisende skuldeiser nie. Hy is die fontein van liefde, die
Gewer van ontelbare seëninge. [5T. 314]
Satan het aan God al die boosheid toegeskryf wat deur die vlees
oorgeërf word. Hy stel Hom voor as ‘n God wat behae skep in die
lyding van Sy skepsels, wat wraaksugtig en ongenaakbaar is. Dit was
Satan wat die leerstuk van ewige pyniging as straf vir sonde begin
het, want op die wyse kon hy mense lei tot ongeloof en opstand,
hulle siele verlei en die menslike rede onttroon. [FE176]
Christus se mees geliefkoosde tema was die Vaderlike karakter
en oorvloedige liefde van God. Die vloek van elke kerk vandag is dat
mense nie Christus se metode volg nie. Hulle dink hulle kan verbeter
op die reëls van die evangelie en omskryf hulle vrylik, hopende om
daardeur die kerk en werksmense te hervorm. Laat God ons een
Meester wees, ons een Here, vol goedertierenheid, deernis en liefde.
[TM. 192-3]
- Leerstuk oor God 11
’n Persoonlike Wese.
Christus en Sy dissipels het duidelik geleer van die bestaan van
‘n persoonlikeGod [8T.266]
Wonderbare verklaring! Die eenheid wat bestaan tussen Christus
en Sy dissipels vernietig nie enigeen se persoonlikheid nie. Hulle is
een in doel, in denke en karakter, maar nie in wese nie. Dit is op die
wyse dat God en Christus een is. [8T.269]
As ‘n persoonlike wese het God Homself in Sy Seun geopenbaar.
Jesus, die afskynsel van die Vader se heerlikheid” en die afdruksel
van Sy wese” (Heb. 1:3) is op aarde gevind in die gelykenis van ‘n
mens. [8T.265]
- Leerstuk oor God 13
Die Almag wat deur die hele natuur werk en alles onderhou, is
nie soos sommige wetenskaplikes dit voorstel, slegs ‘n allesdeur-
dringende beginsel, ‘n vermoënde energie nie. God is gees, tog is
Hy ‘n persoonlike wese want die mens is in Sy beeld geskape. God
se handewerk in die natuur is nie God self in die natuur nie. [8T.263]
Die Skrifte wys duidelik die verhouding tussen God en Christus
en hulle openbaar net so duidelik die persoonlikheid en individuali-
teit van elkeen. [HH.401]
Met betrekking tot die persoonlikheid en prerogatiewe van God,
waar Hy is en wat Hy is, is ‘n onderwerp wat ons nie durf aanraak
nie. [MM.92]
God het gesien dat ‘n duideliker openbaring nodig was van Sy
persoonlikheid en karakter as wat die natuur kon uitbeeld. Hy het Sy
Seun na die wêreld gestuur om, sover die mens dit kon verduur, die
wese en eienskappe van die onsigbare God te openbaar. [8T.265]
Alles wat geskape is getuig van Sy krag, Sy wysheid en Sy liefde, [6]
maar nóg van die sterre, nóg van die oseaan, nóg van die waterval
kan ons die persoonlikheid van God leer ken soos dit in Christus
Jesus geopenbaar is. [HH.399]
In al die dade van genade wat Jesus gedoen het, het Hy gestreef
om by die mense die vaderlike, liefdevolle eienskappe van God tuis
te bring. [SD.139]
Christus se geliefkooste tema was die vaderlike karakter en oor-
vloedige liefde van God. Hierdie kennis van God was Christus se
eie gawe aan die mens en die gawe het Hy aan Sy volk toevertrou
om aan die wêreld mee te deel. [6T.55]
Die Drie-Eenheid
God is die vader van Christus; Christus is die Seun van God.
Aan Christus is ‘n verhewe posisie gegee. Hy is gelyk gemaak aan
die Vader. Al die beraadslagings van die Vader is oopgemaak vir Sy
Seun. [8T.268]
Daar is drie lewende persone in die hemelse driemanskap; in
die naam van hierdie drie groot magte - die Vader, die Seun en die
Heilige Gees - word diegene gedoop wat Christus aanneem deur ‘n
lewende geloof, en die drie magte sal saamwerk met die gehoorsame
14 Die Boodskap
onderdane van die hemel in hul strewe om die nuwe Lewe in Christus
te lewe. [Ev. 615] (S.T. series B no.7; pp.62,63; 1905)]
God in Sy Woord
God het in Sy Woord aan mense die kennis toevertrou wat no-
dig is vir saligheid. Die Heilige Skrifte moet aangeneem word as
‘n gesaghebbende, onfeilbare openbaring van Sy wil. Hulle is die
maatstaf van karakter, die openbaarder van leerstellings en die toets
van die geestelike lewe. (2 Tim. 3:16,17) [G.C. vii]
Die lewens aangeteken in die Bybel is outentieke verhale van
werklike mense. Van Adam af deur opeenvolgende geslagte tot in
die tyd van die apostels, het ons ‘n duidelike, egte oorkondes van
wat werklik gebeur het en die ware ervarings van vlees en bloed
karakters. [R&H 22 Jan.1880 (1:216)
Die mens kan nie deur te soek God vind nie. Laat niemand so
voorbarig wees, om die gordyn te probeer lig wat sy heerlikheid
omsluier nie. [8T.285]
Al wat die mens kan of hoort te weet van God is geopenbaar in
die lewe en karakter van Sy Seun. [8T. 286]
As ons altyd aan die Here dink, Hom van harte dank en loof,
sal ons godsdienstige lewe altyd opleef. Ons gebede sal soos ‘n
gesprek met God wees asof ons met ‘n vriend gesels. Hy sal Sy
verborgenhede persoonlik aan ons bekend maak. Dikwels sal ons ‘n [8]
soete, vreugdevolle bewustheid van die teenwoordigheid van Jesus
beleef. Dikwels sal ons harte brandend in ons wees wanneer Hy
nader kom om soos met Henog ook met ons gemeenskap te hou.
[Gelykenisse van Christus bl. 111 ]
Die Bybel is geskryf vir die gewone mens sowel as vir die ge-
leerdes en kan deur almal begryp word. [R&H 27 Jan.1885 (1:501)]
Die Bybel is geskryf deur geïnspireerde manne, maar dit is nie
God se wyse van dink en sê nie. Dit is dié van die mens. God,
as skrywer, word nie hier verteenwoordig nie. Mense sal sê dat so
‘n uitdrukking is nie soos God nie. Maar God het nie Homself in
woorde, logika of retoriek in die Skrif onder verhoor geplaas nie.
Die skrywers van die Bybel was God se skrywers, nie Sy pen nie.
Dit is nie die woorde van die Bybel wat geïnspireer is nie, maar
die manne wat geïnspireerd was. Inspirasie werk nie in op die man
se woorde of uitdrukkings nie, maar op die man self, wat onder
die invloed van die Heilige Gees gevul word met gedagtes. Maar
die woorde ontvang die afdruk van individuele persoonlikheid. Die
16 Die Boodskap
goddelike denke en wil smelt saam met die menslike denke en wil.
Dus word die uitinge van die mens die Woord van God. [1 SM.21
(MSS.24,1886)]
Die Bybel is nie aan ons gegee in grootse verhewe taal nie.
Jesus het, om die mens te bereik, mens geword. Die Bybel moet
gegee word in die taal van mense. Alles menslik is onvolmaak.
Verskillende betekenisse word weergegee in dieselfde woord. Daar
is nie een woord vir elke afsonderlike idee nie. Die Bybel is gegee
vir praktiese doeleindes. [1 SM 20]
Hy (God) rig die verstand in die keuse van wat om te sê en
wat om te skryf. Die skat is toevertrou aan erdekruike, tog is dit
die getuienis van God; en die gehoorsame, gelowige kind van God
sien daarin die heerlikheid van ‘n goddelike krag, vol genade en
waarheid. [GC. vii]
In verskillende eeue geskryf deur manne van uiteenlopende stand
en nering en van intellektuele en geestelike begaafdhede, bied die
boeke van die Bybel ‘n wye kontras in styl, sowel as in verskeiden-
heid in die aard van die onder-werpe ontvou. Verskillende vorms
van uitdrukking is gebruik deur verskillende skrywers. Soms is die-
selfde waarheid meer treffend voorgestel deur een as ‘n ander. En
as verskillende skrywers ‘n onderwerp met sy vele fasette en ver-
houdings behandel, mag daar vir die oppervlakkige, agtelosige of
bevooroordeelde leser skynbare tekortkomings of weersprekings
voorkom, terwyl die denkende, eerbiedige student, net helderder
insig, die onderliggende harmonie sal erken. [GC. vi]
[9] Die Bybel wys daarop dat dit deur God ingegee is, maar nogtans
is dit deur mense geskrywe en in die afwisselende styl van die
verskillende boeke word die karaktereienskappe van die verskillende
skrywers geopenbaar.
Hierdie waarhede is almal “deur God ingegee” (2 Tim. 3:16),
maar nogtans is hulle in die woorde van mense uitgedruk. Die On-
eindige het deur Sy Gees gestraal in die hart en verstand van Sy
diensknegte. Hy het drome en gesigte, simbole en beelde gegee en
diegene aan wie die waarheid so geopenbaar is, het self die gedagtes
in mensetaal beliggaam. [GS v,vi]
- Leerstuk oor God 17
weg byster raak nie behalwe die wat hulle eie oordeel wil volg in
plaas van die duidelike geopenbaarde wil van God. [5T. 331]
Ons moet menslike regerings erken as ‘n ordinansie van god-
delike aanstelling en gehoorsaamheid daaraan leer, as ‘n heilige
plig, binne sy regmatige sfeer. Maar wanneer hul eise bots met die
vereistes van God, moet ons God eerder gehoorsaam as die mens.
Gods Woord moet erken word as bo alle menslike wetgewing. ‘n
“So sê die Here” mag nie opsy gesit word vir ‘n “So sê die kerk” of
‘n “So sê die staat” nie. Die kroon van Christus moet verhef word
bo die krone van aardse heersers. [AA. 69:0]
Elke standpunt van waarheid deur ons mense ingeneem sal deur
groot denkers geoordeel word. Die grootstes van die wêreld se groot
manne sal in aanraking met die waarheid gebring word en daarom
moet elke standpunt wat ons inneem, krities aan die Skrif ondersoek
en getoets word. Ons skyn nou onopgemerk te wees, maar dit sal nie
altyd so wees nie. Bewegings is aan die werk wat ons na vore sal
bring en as ons teorie van waarheid deur historici en die wêreld se
denkers aan flarde geskeur kan word, sal dit gedoen word. [Ev.69:1]
As daar diegene is wie se geloof in Gods Woord nie die toets
kan deurstaan van ‘n ondersoek van die Skrifte nie, hoe gouer hulle
openbaar word, hoe beter, want dan sal die weg geopen word om
aan hulle hul foute te toon. Ons kan nie aanvoer dat as ‘n sekere
standpunt eers aanvaar is, ‘n idee eers verkondig is, dit onder geen
omstandighede versaak mag word nie. Daar is maar een wat on-
feilbaar is - Hy wat die Weg, die Waarheid en die Lewe is. [TM.
105:2]
die verwantskap van elke deel. Hy moet ‘n kennis verkry van die
groot Sentrale tema: van God se oorspronklike doel met die wêreld,
die gang van die groot stryd en die plan van verlossing. [CT. 462]
Met die doel om verkeerde leerstellings en onbewustelike ge-
bruike te handhaaf, sal sommige van hulle Skrifgedeeltes uit die
verband ruk en miskien net die helfte van ‘n teks aanhaal om hul
stelling te bewys, wanneer die res van die teks presies die teenoorge-
stelde bewys... Weer ander, wat ‘n ryk verbeeldingskrag het, neem
van die sinnebeelde van die Heilige Skrif en verklaar hulle volgens
hulle eie idees, sonder om in die minste die getuienisse van die Skrif
in ag te neem wat self die verklaring gee en dan stel hulle hulle
sondérlinge menings voor as die leer van die Bybel. [GS. 592]
Die duidelikste waarhede in die Bybel word deur geleerde manne
in twyfel getrek en in duisternis gehul - manne wat deur groot wys-
heid te veins, leer dat die Skrifte ‘n mistiese, geheime en geestelike
betekenis het wat nie duidelik uitkom in die taal waarin dit geskryf
is nie. Sulke manne is valse leraars. Dit was aan hierdie klas wat
Jesus gesê het: “julle dwaal deurdat julle die Skrifte en ook die krag
van God nie ken nie.” (Mark. 12:24). Die taal van die Bybel behoort
vertaal te word volgens die voor die hand liggende betekenis, tensy
daar ‘n simbool of figuur gebruik word. [GS 675]
nisse waarin die Almagtige woon en werk nie. Ons kan niks meer
van Sy handeling met ons verstaan en die motiewe daarvoor as wat
Hy verkies om te openbaar nie. [R&H. Apr. 7,1885.(1.501)]
Die Bybel is geskryf vir die gewone man sowel as vir die geleerde
en is verstaanbaar vir almal. [R&H. Jan. 27 1885. (1:501)]
Geneeshere, het julle die Meester se werk gedoen deur te luister
na fabelatige en spiritualistiese vertolkings van die Skrifte, vertol-
kings wat die fondamente van ons geloof ondergrawe en tog nog stil
te bly? God sê: “Nog minder sal ek met jou wees, tensy jy ontwaak
en jou Verlosser regverdig.” [1 SM 196]
Die duidelikste waarhede in die Bybel word deur geleerde manne
in twyfel en in duisternis gehul - manne wat deur groot wysheid te
veins, leer dat die Skrifte’n mistiese, geheime en geestelike betekenis
het wat nie duidelik uitkom in die taal waarin dit geskryf is nie. Sulke
manne is valse leraars.... Die taal van die Bybel behoort vertaal te
word volgens die voor die hand liggende betekenis, tensy daar ‘n
simbool of figuur gebruik word. [GS. 675-7]
ander. Die Ou Testament bied lesse van die lippe van Jesus wat in
geen opsig hul krag verloor het nie. [CWE.26]
Die Woord van God bevat sowel die Ou Testament as die Nuwe.
Die een is onvolledig sonder die ander. Christus het verklaar dat
die waarhede van die Ou Testament net so waardevol is as die van [15]
die Nuwe. Aan die begin van die wêreld was Christus net soseer
die Verlosser van die mensdom as nou. Voordat Hy Sy Godheid
met mensheid beklee en na ons wêreld gekom het, is die evangelie-
boodskap deur Adam, Set, Henog, Metúsalag en Noag verkondig.
Abraham het die boodskap in Kanaan verkondig en Lot in Sodom
en van geslag tot geslag het getroue boodskappers Sy koms bekend
gemaak. Die rites van die Joodse stelsel is deur Christus self ingestel.
Hy was die grondslag van hulle offerstelsel, die groot teenbeeld van
al hulle godsdiensoefeninge. [GHC. 107]
Die getuienisskrifte.
Julle ken nie die Skrifte nie. As julle Gods Woord gestudeer het
met die begeerte om die Bybel standaard te bereik en tot Christe-
like volmaaktheid te kom, sou julle nie die Getuienisskrifte nodig
gehad het nie. Dit is omdat julle nagelaat het om bekend te raak met
Gods geïnspireerde boek, dat Hy julle probeer bereik met eenvou-
dige, direkte getuienisse, deur julle aandag te vestig op woorde van
inspirasie wat julle nagelaat het om te gehoorsaam. [LS.198]
In ‘n gesig wat aan my 20 jaar gelede gegee (1871) is, is ek
gesê om algemene beginsels neer te lê, modelings of skriftelik, en
terselfdertyd spesifieke gevare, dwaallinge en sondes van sekere per-
- Leerstuk oor God 25
sone aan te wys, dat almal gewaarsku kan wees, berispe en van raad
bedien. Ek het gesien dat almal hul harte noukeurig moet ondersoek
om te sien of hulle nie dieselfde foute maak waarvoor ander teregge-
wys is nie en of die waarskuwings nie op hulle ook van toepassing
is nie. [5T. 654-662]
Daar is sake in die “Getuienisskrifte” wat geskryf is, nie vir die
wêreld as geheel nie, maar vir die gelowige kinders van God en
dit betaam ons nie om onder-. wysing, waarskuwing, berisping of
raad van hierdie aard aan die wêreld te verkondig nie. Die wêreld
se Verlosser, die Gestuurde van God, die grootste leermeester wat
mense nog ooit geken het, het sekere sake van onderwys ing aan Sy
dissipels voorgestel wat nie vir die wêreld bedoel was nie. [TM. 34]
Soos die einde nader en die werk om die laaste waarskuwing te [17]
gee uitbrei, word dit al hoe meer belangrik vir diegene wat die teen-
woordige waarheid aanneem, om ‘n duidelike begrip te hê van die
aard en invloed van die “Getuienisse” wat God in Sy voorsienigheid
gekoppel het aan die werk van die derde engel se boodskap van die
begin af. [5T. 654]
Die geskrewe “Getuienisse” is nie om nuwe lig te gee nie, maar
om in harte te beklemtoon waarhede alreeds deur inspirasie geo-
penbaar... Bykomstige lig word nie uitgebring nie, maar God het
deur die “Getuienisse” die groot waarhede vereenvoudig en op Sy
eie verkose manier dit voor die mense gebring om hulle denke te
stimuleer en te beíndruk sodat almal sonder verskoning sal wees.
Die “Getuienisse” is nie om die Woord van God te verkleineer nie,
maar om dit te verhef, en soekers daardeur te laat aantrek, sodat die
skone eenvoud van die waarheid almal mag oortuig. [5T. 665]
God is óf besig om Sy kerk te leer, hulle sonde te bestraf en hul
geloof te versterk, óf Hy is nie. Hierdie werk is van God, óf dit is nie.
My werk... dra die stempel van God of die stempel van die vyand.
Daar is geen halwe werk in die saak nie. Die “Getuienisse” is van
die Gees van God of dit is van die duiwel. [5T. 671]
Laat die “Getuienisse” geoordeel word aan hul vrugte. Wat is
die strekking van hul lering? Wat is die resultate van hul invloed?
Almal wat wil kan vir hulleself vasstel wat die vrugte van die gesigte
is. Die Here het dit goed geag om hul te laat oorlewe en sterk word
teenoor die teenstand van Satan se magte en die invloed van menslike
werktuie wat Satan in sy werk bystaan. [5T.671]
26 Die Boodskap
net die karakter van God, die kennis van die goeie, geskrywe was,
is nou ook die karakter van Satan, die kennis van kwaad, geskryf.
Uit die natuur, wat nou die kennis van goed en kwaad geopenbaar
het, moes die mens voortdurend waarskuwings oor die gevolge van
sonde ontvang. [Opvoeding 26]
En deur die mens se ongehoorsaamheid is die natuur self veran-
der. Geskend deur die vloek van sonde, getuig dit op onvolmaakte
wyse van die Skepper. Dit kan nie Sy karakter in Sy volmaaktheid
openbaar nie ...
Die dinge van die natuur wat ons vandag aanskou, gee ons maar
‘n vae begrip van die skoonheid van Eden. [8T. 256]
Waar hulle uitwei oor die wette van materie en die wette van die
natuur, verloor baie uit die oog of ontken geheel en al die direkte be-
trokkenheid van God. Hulle skep die idee dat die natuur onafhanklik
[20] van God kan funksioneer omdat dit van sigself eie perke en magte
het om mee te werk. In hulle denke is daar ‘n skerp verskil tussen
die natuurlike en die bonatuurlike. Die natuurlike word toegeskryf
aan normale oorsake wat geen verband het met die krag van God
het nie. Inherente lewensvatbaarheid word toegeskryf aan materie
en van die natuur word ‘n afgod gemaak. [8T. 259]
Maar terwyl dit waar is dat God in die begin herkenbaar was in
die natuur, is dit nie noodwendig so dat na die Sondeval ‘n volmaakte
kennis van God tot Adam en sy nageslag gespreek het uit die natuur
nie. Die natuur kan sy boodskap oordra aan die mens in sy onskuld.
Maar die oortreding sou ‘n vloek op die aarde bring en indring tussen
die natuur en die God van die natuur. [8T. 255]
_______________
Hoofstuk 2 - Die Leerstuk oor Christus. [21]
Jesus se karakter
Hy was skerpsinnig en wakker, met ‘n bedagsaamheid en wys-
heid ver bokant sy ouderdom, met ‘n mooi en ewewigtige karakter.
Verstandelik en liggaamlik het Hy gelydelik ontwikkel, ooreenkoms-
tig die wette van die jeug. As kind het Jesus ‘n besonder lieflike
geaardheid geopenbaar. Sy gewillige hande was altyd gereed om
te dien. Hy het ‘n geduld gehad wat niks kan verstaan nie en ‘n
onwrikbare waarheidliewendheid en onomkoopbaarheid. In beginsel
was Hy rotsvas en ‘n onselfsugtige hoflikheid het Sy lewe versier.
[KE. 41]
As werksman was Hy volmaak, soos Sy karakter was. Hy het
deur Sy eie voorbeeld geleer, dat ons ywerig, presies en deeglik in
ons werk moet wees en dat sulke arbeid eerbaar is. [KE. 45]
Jesus het die volk op gelyke voet ontmoet, soos een wat bekend
is met hul moeilikhede. Hy het die waarheid mooi laat klink deur
dit in die eenvoudigste, mees regstreekse bewoording te klee. Sy
taal was suiwer, verfynd en helder soos ‘n bergstroom. Sy stem was
musiek vir die mense wat aan die eentonige stemme van die rabbi’s
gewoond was. Alhoewel Hy in eenvoud geleer het, het Hy gepraat
soos een wat gesag het. Hy was eerder plegtig as hartstogtelik.Hy
het gepraat soos Een wat ‘n bepaalde sending te vervul het. Hy het
die aandag op die werklikhede van die ewige dinge gevestig. In elke
tema is God geopenbaar. [KE. 212]
Sy tere ontferming het heling vir die vermoeide en belaste ge-
bring. Selfs te midde van die oproerigheid en verwoede vyande het
‘n atmosfeer van vrede Hom omring. Die skoonheid van Sy gelaat,
die lieflikheid van Sy karakter en bo alles, die liefde wat Sy oë en
Sy stem weerspieël het, het almal wat nie deur ongeloof verhard is
nie na Hom getrek. [KE.213]
Die hoedanighede wat almal moet besit is die wat Christus se
karakter afgerond het - Sy liefde, Sy geduld, Sy onselfsugtigheid
29
30 Die Boodskap
[22] Sy Goddelikheid.
Jesus sê: “Onse Vader wat in die hemele is,” om Sy dissipels
daaraan te herinner dat, hoewel Hy deur Sy mensheid met hulle
verbonde is as ‘n deelgenoot in hul beproewinge en een wat saamvoel
in hul smarte, is Hy deur Sy Godheid met die troon van die Oneindige
verbind. Wonderbare versekering!
Die hemelse wesens verenig met die mens in meegevoel en
arbeid vir die redding van die verlorenes en alle mag in die hemel
word by die menslike vermoë gevoeg om siele na Christus te trek.
[KE.399]
Christus, die Woord, die eniggeborene van God, was een met die
ewige Vadereen van aard, een van karakter een van doel. Hy was die
enigste wese wat kon meedoen aan die raadsbesluite en planne van
God. [PP. 22]
In Christus is die lewe - die oorspronklike, onontleende lewe.
“Hy wat die Seun het, het die lewe.” (1 Joh. 5:12)
Die Godheid van Christus is die gelowige se waarborg van die
ewige lewe. “Wie in My glo,” het Jesus gesê “sal lewe, al het hy ook
gesterwe.” Deur Sy woord en werke het Hy Hom die bewerker van
die opstanding genoem. [KE.477]
In Hom was daar niks wat tot die drogredes van die Satan aange-
trokke gevoel het nie. Hy het nie tot sonde ingestem nie. Hy het nie
eens deur ‘n gedagte aan die versoeking toegegee nie. So kan ons
ook wees. Christus se mensheid is met Sy Godheid verenig. Hy is
vir die stryd toegerus deur die inwoning van die Heilige Gees. En
Hy het gekom om ons deelgenote te maak van die Goddelike natuur.
So lank ons met Hom verenig is deur die geloof, heers die sonde nie
meer oor ons nie. God reik na die hand van ons geloof om dit te rig
om vas te hou aan die Godheid van Christus, sodat ons ‘n volmaakte
karakter kan bereik. [KE. 92-93]
- Die Leerstuk oor Christus. 31
word met Hom soos Hy met Sy Vader. Maar die eenheid tussen
Christus en Sy volgelinge vernietig nie enige van hul persoonlikhede
nie. [SDABC. 5:1148]
Sy liefde vir hulle is nie so maklik geskok of uitgedoof nie. Hy
wis dat die Vader alle dinge in Sy hande gegee het en dat Hy van
God gekom het en na God teruggaan. Hy was ten volle bewus van
Sy Godheid, maar Hy het Sy koninklike kroon en gewaad neergelê
en die gedaante van die dienskneg aangeneem. Een van Sy laaste
dade op aarde was om Hom as ‘n dienskneg te omgord en die rol
van ‘n kneg te speel. [KE. 584]
Deur Sy mensheid het Christus die mensheid aangeraak; deur
Sy Godheid was Hy met die troon van God verbind. As Seun van
die mens het Hy ons die voorbeeld van gehoorsaamheid gestel; as
die Seun van God gee Hy ons krag om te gehoorsaam. [KE. 5]
[24] Terwyl Christus hierdie woorde gebesig het, het die heerlikheid
van God uit Sy gelaat gestraal, en almal was met ‘n heilige ontsag
vervul, terwyl hulle geboeid na Hom geluister het. Hulle het sterker
tot Hom aangetrokke gevoel en terwyl hulle met ‘n sterker liefde na
Hom getrek is, is hulle ook sterker tot mekaar getrek... Die Heiland
het dringend verlang dat Sy dissipels moet verstaan vir watter doel Sy
Godheid met die mensheid verenig is. Hy het na die wêreld gekom
om die heerlikheid van God aan die wêreld te openbaar, sodat die
mens opgehef kon word deur Sy herstellende krag. God is in Hom
geopenbaar sodat Hy in hulle geopenbaar kon word. [KE 602]
Die werk van God se Geliefde Seun, is om ‘n skakel te wees
tussen skepsel en Skepper, die begrensde met die Ewige. Die werk
van Christus was om die wesens in ander wêrelde van hul onskuld en
lojaliteit te verseker, sowel as om die verlorenes van hierdie wêreld
te red. Hy maak ‘n weg oop vir die gehoorsame om terug te keer tot
‘n getroue God en Hy beveilig hulle wat alreeds gereinig is, sodat
hulle nie besmet raak nie. [MYP. 253]
Jesus het volgehou dat Hy die Seun van God was. Sy eerste
besoek aan die tempel het nuwe drange aangewakker. Hy het alle
aardse verpligtinge tydelik uit die oog verloor, maar ondanks Hy
van Sy Goddelike sending en van Sy eenheid met God bewus was,
het Hy die gesag van Sy ouers nie weerstaan nie. Nadat Hy erken
het dat Hy die Seun van God was, het Hy Hom agtien jaar lank aan
- Die Leerstuk oor Christus. 33
die gesag van Sy ouers onderwerp. Dertig jaar lank het Hy Hom aan
ouerlike gesag onderwerp. [SD. 127]
Goddelikheid geopenbaar
Die Godheid het deur die mens gestraal en aan Christus ‘n waar-
digheid en heerlikheid verleen wat Hy nog nooit vantevore geopen-
baar het nie. [KE 529]
’n Oomblik het die Goddelikheid van Christus deur Sy menslike
masker gestraal en die hoëpriester het gekrimp voor die deurdringde
oë van die Heiland. [KE.363]
Sy stem, helder en deurdringend, dring deur die ore van die dooie.
As Hy praat, glim die Godheid deur Sy mensheid. In Sy gelaat, wat
verlig is deur die heerlikheid van God, sien die aanwesiges die
versekering van Sy krag. Elke oog is op die ingang van die grot
gevestig. Elke oor is gespits om die geringste geluid te hoor. Met
intense belangstelling wag almal in spanning op die toets vir Christus
se Godheid, die getuienis wat Sy aanspraak as die Seun van God sou
bevestig, of die hoop vir ewig sal uitdoof. [KE. 481]
Sy gebed word verhoor. Terwyl Hy nog laag op die klipperige
aarde neerbuig, gaan die hemele skielik oop, die goue poorte van
die Godstad word wyd oopgegooi en ‘n heilige lig straal op die
berg neer en omhul die Heiland se gedaante. Die Godheid van binne
[26] glans deur Sy mensheid en ontmoet die heerlikheid van bo. Dan
kom Christus orent en Hy staan daar in Goddelike Majesteit. Sy
sielefoltering is weg. Sy gelaat “blink soos die son”en Sy klere is
“wit soos die lig.” [KE. 378]
Hy is die manifestasie van die Vader en word genoem die Woord
van God. God het Sy Seun in die wêreld gestuur, Sy Goddelikheid
beklee met menslikheid. Hy maak Sy Goddelike karakter bekend in
Sy woorde, krag en majesteit. [SDABC 5:1131]
Met die reiniging van die tempel het Jesus Sy sending as Messias
aangekond ig en Sy taak onderneem. Christus het met die gesag van
‘n koning gepraat en in Sy voorkoms en in Sy stem was daar ‘n
onweerstaanbare mag. Op die bevel van Sy woord het hulle soos
nog nooit tevore nie hul ware toestand as hygelaars en rowers besef.
Toe die Godheid deur die mensheid geflits het, het hulle nie net
die verontwaardiging op Sy gelaat gesien nie, maar hulle het die
betekenis van Sy woorde besef. [KE 158,162]
Christus kon dinge vir Herodes gesê wat die ore van die harde
koning sou deurboor het. Hy sou hom in vrees en bewing kon gehad
- Die Leerstuk oor Christus. 35
Menslikheid
As ons ‘n diep probleem soek om te studeer, laat ons ons aandag
vestig op die wonderlikste ding wat nog ooit gebeur het in die hemel
en op die aarde - die vleeswording van die Seun van God. God het
Sy Seun gegee om ‘n skanddood te sterf vir sondige mense. Hy wat
aanvoerder was in die hemelse howe, het Sy koninklike kleed en [27]
kroon opsy gesit, Sy Goddelikheid met menslikheid beklee en na
hierdie aarde gekom om aan die hoof van die menslike geslag te
staan as model-man. Hy het Hom verneder om te ly saam met die
mensdom, om hulle krankhede Sy smart te maak. [MS. 76,1903]
Christus was waarlik mens en Hy het bewys gelewer van Sy ne-
derigheid deur mens te word. En Hy was God in die vlees. [SDABC.
7;904 (MS. 67,1898)]
Hy het die sonde gedra van elke sondaar, want alle sonde was
aan Hom toegereken, alhoewel “Hy geen sonde gedoen het nie, en
geen bedrog in Sy mond gevind is nie.” Alhoewel die skuld van
sonde nie Syne was nie, was Sy Gees verskeur en gewond deur die
oortredinge van die mens. [R&H Dec. 20,1892. (2:623)]
36 Die Boodskap
Omdat Hy vry was van enige smet van sonde, was enige kontak
met boosheid onuitspreekbaar pynlik vir die verfynde gevoelens van
Sy heilige natuur. Tog het Hy, met die menslike natuur opgesaal, die
aartsvyand van aangesig tot aangesig ontmoet en alleen die vyand
van Sy troon teëgestaan.
Nie eers in Sy gedagtes kon Christus beweeg word om toe te gee
aan versoeking nie. [R&H Nov. 8,1887.(2:167)]
Maar Jesus het Hom met die mensheid geklee nadat die ras
al deur vierduisend jaar van sonde verswak was. Soos elke kind
van Adam het Hy die gevolge van die uitwerking van die groot
erflikheidswet aanvaar. Wat hierdie gevolge was, kon gesien word in
die geskiedenis van Sy aardse voorouers. Met so’n erfenis het Hy
gekom om ons ellendes en versoekings met ons te deel en om vir
ons die voorbeeld van ‘n sondelose lewe te kom stel. [KE. 23]
Christus wat nie die geringste smet van sonde of onreinheid ge-
ken het nie, het ons natuur in Sy vervalle toestand, op Hom geneem.
[1 SM. 253]
Maar toe Adam die versoeker die hoof moes bied, was hy nie
aan die gevolge van die sonde onderhewig nie. Hy het in die krag
van ‘n volmaakte man gestaan, liggaamlik en geestelik. Hy was deur
die heerlikheid van Eden omring en was daagliks in verbinding met
hemelse wesens. Dit was nie so met Jesus toe Hy die woestyn in is
om die Satan die hoof te bied nie. Vierduisend jaar lank het die mens
se liggaamskragte, geestesvermoë en sedelike waarde afgeneem
en Christus het die swakhede van die ontaarde mensheid op Hom
geneem. Alleen op die manier kon Hy die mens uit die dieptes van
sy verwording red. [KE. 85-86]
[28] Baie beweer dat Christus onmoontlik deur versoeking oorwin
kon word. As dit so is, kon Hy nie in Adam se plek gestaan het nie
en sou Hy nie kon oorwin het waar Adam geswig het nie. As ons in
enige opsig ‘n groter stryd moet voer as wat Christus moes, sou Hy
ons nie kon red nie. Maar ons Heiland het die menslike met al sy
swakhede op Hom geneem. Hy het die menslike natuur aangeneem,
met die moontlikheid om voor die versoeking te swig. Ons het niks
om te verduur wat Hy nie verduur het nie. [KE. 86]
Die lewe van Jesus was ‘n lewe in harmonie met God. Toe Hy ‘n
kind was, het Hy soos ‘n kind gedink en gepraat, maar geen sweem
van sonde het die beeltenis van God in Hom geskend nie. Tog was
- Die Leerstuk oor Christus. 37
het God se planne vir Hom aangeneem en dag vir dag het die Vader
Sy planne ontvou. [KE 172]
Toe hulle Hom in Sy vernedering aanskou het waar Hy as ‘n
mens tussen die mense gewandel het, het hulle nie die verborgenheid
van Sy vleeswording, die dubbele aard van Sy natuur verstaan nie.
Hulle oë is toegehou, sodat hulle nie die Godheid in die mensheid
behoorlik kon raaksien nie. [KE 456]
As Verlosser van die wêreld het Christus gedurig voor ‘n skyn-
bare neerlaag te staan gekom. Hy, die Genadeboodskapper na ons
wêreld, kon skynbaar weinig van die werk tot stand bring wat Hy
graag wou verrig om op te hef en te red. Duiwelse invloed het ge-
durig in Sy weg gestaan. Maar Hy het Hom nie laat ontmoedig nie.
[KE 615]
Maar as Christus oorwin kon word, sou die aarde die koninkryk
van die Satan word en sou die mensdom vir ewig in sy mag wees.
Bewus van alles wat in hierdie stryd op die spel was, was Christus
se siel bevrees dat Hy van God geskei sou word. Die Satan wou
hom wysmaak dat as hy vir ‘n sondige wêreld sou borg staan, die
skeiding onherroeplik sou wees. Hy sou met die koninkryk van Satan
vereenselwig word en sou nooit weer een met God kon word nie.
[KE 620]
Niemand was so verhewe soos Christus nie en tog het Hy Hom
verwerdig om die nederigste takie te verrig. Hy het self die voorbeeld
van nederigheid gestel sodat Sy volk nie mislei hoef te word deur
die selfsug wat in die natuurlike hart woon en wat deur die soek van
eie belang versterk word nie. Hy wou hierdie grootste onderwerp
nie aan die mens oorlaat nie. Hy het dit so belangrik geag dat Hy
self, wat gelyk aan God is, as kneg vir Sy dissipels opgetree het. [KE
589]
Toe haar geval menslik gesproke hopeloos voorgekom het, het
Christus goeie hoedanighede in haar gesien. Hy het die goeie karak-
ter trekke in haar raakgesien. Die verlossingsplan het die mensdom
voor groot moontlikhede gestel en in Maria sou hierdie moontlik-
[32] hede vervul word. Deur Sy genade het sy ’n deelgenoot aan die
Goddelike natuur geword. Oie een wat geval het en wie se gees die
woonplek van duiwels geword het, is baie na aan die Heiland in
gemeenskap en diens gebring. [KE 609]
- Die Leerstuk oor Christus. 41
lose mens wat ooit op die aarde gewoon het;Tog het Hy byna dertig
jaar onder die goddelose inwoners van Nasaret gewoon. Versoeking,
armoede en teenspoed is juis die dissipline wat ons nodig het om
rein en standvastig te kan word. [KE 44]
Die ideale Christelike karakter is Christus s’n. Soos die Seun
van die mens in Sy lewe volmaak was, so moet Sy volgelinge in
hulle lewe volmaak wees.
[KE 72]
[35] Omdat die mense aan hulle luste en drange toegee, sou hulle nie
instaat wees om die groot waarhede van die verlossingsplan in te sien
nie. Nogtans sou Christus getrou bly aan die doel waarvoor Hy die
hemel verlaat het. Hy sou Sy belangstelling in die mensdom gaande
hou en hulle steeds nooi om hulle swakhede en tekortkominge in
Hom te verberg. In die behoeftes van elkeen wat gelowig na Hom
toe kom, sou Hy voorsien. [PP 62]
Die Seun van God is self die groot voorspraak vir die sondaar.
Hy wat self die losprys betaal het, ken die waarde van die mensesiel.
Christus het die sonde gehaat soos net ‘n vlekkelose, rein natuur,
maar terselfdertyd het Hy die sondaar lief gehad met ‘n liefde wat
net oneindige goedheid kan baar. [PP140]
ander mens te kom trotseer, om die stryd te stry soos elke mensekind
moet, op gevaar van mislukking en ewige verlies. [KE 24]
Tensy daar ‘n moontlikheid is van te swik vir sonde, is versoeking
geen versoeking nie. Versoeking is teëgestaan as ‘n mens sterk
beïnvloed word om ‘n verkeerde daad te doen en, wetende dat hy
dit kan doen, dit weerstaan, deur geloof en met ‘n ferm hand op
Goddelike krag. Dit was die wroeging waardeur Christus moes gaan.
Hy kon nooit in alle opsigte getoets gewees het soos wat die mens
getoets word, as daar geen moontlikheid was dat Hy
kon val nie. Hy was ‘n vry wese, op die proef geplaas, soos
wat Adam was en soos elke mens vandag [SDABC 5;1082 (Yl.Oct
26,1899)]
God. Sover as wat dit ‘n Goddelike instelling was, was die hele
Joodse stelsel ‘n saamgevatte profesie van die evangelie. Aangaande
Christus het “al die profete” getuig. Van die belofte aan Adam af
deur die patriarge en regsinstellings het die hemelse lig die voet-
stappe van die Verlosser verlig. Sieners het die Ster van Betlehem,
die komende Silo, gesien namate die toekomstige dinge in ‘n raaisel-
agtige optog voor hulle verbygetrek het. Elke offerande het van die
dood van Christus getuig. In elke wierookwolk het Sy geregtigheid
opgestyg. Elke trompet met die jubeljaar het Sy naam uitgebasuin.
In elke ontsagwekkende verborgenh-eid van die Allerheiligste het
Sy heerlikheid geskyn. [KE175)
Die hele hemelse skatkamer is oop vir die wat Hy soek om te
red. Hy het die rykdom van die heelal bymekaargemaak en al die
hulpbronne van Sy oneindige mag oopgestel en alles in die hande
[37] van Christus geplaas met die woorde: “Dit alles is vir die mens.
Gebruik hierdie gawes om hom te oortuig dat daar geen groter liefde
as Myne in hemel of op aarde is nie. Hy sal sy hoogste geluk vind
deur My lief te hê.” [KE. 31]
Om reg verstaan en waardeer te word, moet elke waarheid in die
Woord van God, van Genesis tot die Openbaring, studeer word in
die lig wat straal uit die kruis van Golgota. Ek bied aan julle die
groot monument van genade en hernuwing, verlossing en redding
- die Seun van God aan die kruis. Dit moet die grondslag wees van
elke preek wat ons leraars gee. [Ev. 190]
Wanneer studente van profesie in hul harte voorneem om die
waarhede van Openbaring te ontdek, sal hul besef hoe belangrik hul
soektog is. Christus Jesus is die Alfa en die Omega, die Genesis
van die Ou Testament en die Openbaring van die Nuwe Testament.
Albei ontmoet in Christus. Adam en God word versoen deur die
gehoorsaamheid van die tweede Adam, wat die werk gedoen het om
Satan se versoekings te oorwin en Adam se skandelike mislukking
en val te vergoed. [SDABC. 6:1092-3 (MS.33,1897)]
Van alle belydende Christene, behoort Sewendedag Adventiste
heel voor te wees om Christus te verhef voor die wêreld. Die verkon-
diging van die derde engel se boodskap vereis elke prediking van die
Sabbatswaarheid. Hierdie waarheid, met ander waarhede wat deel is
van die boodskap, moet verkondig word, maar die aantrekkingskrag
van die groot Middelpunt, Jesus Christus, moet nie uitgelaat word
- Die Leerstuk oor Christus. 47
nie. Dit is by die kruis van Christus wat genade en waarheid mekaar
omhels en geregtigheid en vrede mekaar kus. [GW.156]
Ons het veel minder stryd nodig en veel meer prediking van
Christus. Ons Verlosser is die middelpunt van al ons geloof en
verlange. Diegene wat Hom kan uitbeeld in Sy ou vergelykbare
liefde en harte besiel om aan Hom hul beste en heiligste geneentheid
te gee, doen ‘n groot en heilige werk. [Ev. 172]
Christus is die middelpunt van alle ware leerstellinge. Alle ware
godsdiens word in Hom en die natuur gevind. Hy is die een op wie
ons hoop op die ewige lewe gevestig is en die onderwyser wat van
Hom leer vind ‘n veilige ankerplek. [CT.453]
Christus soos geopenbaar aan die patriarge, soos gesimboliseer
in die offerandestelsel, soos uitgebeeld in die wet en soos geopenbaar
deur die profete, is die rykdom van die Ou Testament. Christus in
Sy lewe, Sy dood en Sy opstanding, Christus soos geopenbaar deur
die Heilige Gees, is die skat van
die Nuwe Testament. Ons verlosser, die afskynsel van die Vader
se heerlikheid is beide die Ou en Nuwe Testament. [GCH.l 26]
In Hom Uitverkies
God het verklaar dat diegene wat Christus aanneem as Saligma-
ker, Hom aanneem as die een wat alle sonde wegneem, vergifnis vir
48 Die Boodskap
hulle sondes sal ontvang. Dit is die voorwaardes vir ons uitverkie-
sing. Die mens se verlossing hang af van of hy Christus aanneem
deur geloof. Die wat Hom nie wil aanneem nie, verloor die ewige
lewe omdat hulle weier om gebruik te maak van die enigste middel
wat deur Vader en Seun voorsien is vir die redding van ‘n verlore-
gaande wêreld. [SDA8C 7:1114]
Daar is nie so iets in die Woord van God as onvoorwaardelike
uitverkiesing nie. [SDABC 6:1114]
In die raadsvergadering van die hemel is voorsiening gemaak dat
die mens, alhoewel oortreders, nie sou sterf in hulle ongehoorsaam-
heid nie, maar dat hulle deur geloof in Christus as hul Plaasvervanger
en Borg, die uitverkorenes van God kan word, voorbestem tot die
aanneming tot kinders deur Jesus Christus vir Homself, volgens die
welbehae van Sy wil. God wil dat alle mense gered moet word,
want ruim voorsiening is gemaak deurdat Hy Sy eniggebore Seun
gegee het as ons losprys. Die wat verlore gaan, gaan verlore omdat
hulle weier om as kinders van God aangeneem te word deur Jesus
Christus. [SDABC 6:1114]
[39] Die leerstelling dat goddelike dekrete die karakter van mense
onveranderlik vasstel, het vele gebring tot ‘n feitlike verwerping van
Gods wet. Wesley het die dwalings van die antinomiaanse leraars
hardnekkig bestry en daarop gewys dat hierdie leer wat tot Antino-
mianisme lei, teenstrydig met die Skrifte was. “Die reddende genade
van God het aan alle mense verskyn.” Dit is goed en aangenaam
voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot
kennis van die waarheid kom, want daar is een God en een Midde-
laar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, wat Homself
gegee het as ‘n losprys vir almal” (1 Tim. 2:3-6). Die Gees van God
word vryelik gegee om elke mens in staat te stel om die saligheid aan
te neem. Christus “die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan
kom in die wêreld.” (Joh. 1:9). Die mens mis die saligheid deur sy
eie moedswillige weiering van die gawe van die lewe. [GS 298-299]
Die verlossing van die mens was nog altyd die doel van die
raadsvergaderinge van die hemel. Die genadeverbond is gemaak
voor die grondlegging van die aarde. Net so seker as wat daar nooit
‘n tyd was wat God nie bestaan het nie, net so seker was daar nie
‘n oomblik wat dit nie die behae van dié Ewige Wese was om Sy
genade aan die mens te openbaar nie. [SDABC 7:934]
- Die Leerstuk oor Christus. 49
oorwin. Hulle gee die wil nie aan God oor nie. Hulle kies nie om
Hom te dien nie.
God het aan ons die mag gegee om te kies en ons kan dit gebruik.
Ons kan ons harte nie verander nie, ons kan ons gedagtes, emosies
en liefde nie beheers nie. Ons kan ons nie self reinig of geskik maak
vir die diens van God nie. Maar ons kan kies om God te dien; ons
kan ons wil aan Hom oorgee, dan sal Hy in ons werk om te wil en te
werk na Sy welbehae. So sal ons hele natuur onder die beheersing
van Christus gebring word.
Deur die regte gebruik van die wil kan ons hele lewe verander
word. Deur die wil aan Christus oor te gee, tree ons in bondgenoot-
skap met Goddelike krag. Ons ontvang krag van omhoog om ons
standvastig te hou. ‘n Rein en edel lewe, ‘n lewe van oorwinning
oor die aptyt en die luste, is moontlik vir elkeen wat sy swak, wan-
kelende, menslike wil sal verbind met die almagtige en standvastige
wil van God. [HH. 160-161 ]
Die wette van God is beplan om Sy volk nader aan Homself te
bring. Hy sal hulle red van die bose en lei na die goeie as hulle gelei
wil word, maar Hy sal hulle nooit dwing nie. Ons kan nie altyd God
se planne begryp nie, maar ons moet Hom vertrou en ons geloof
deur ons werke toon. [5 T.444,-5 (1885)]
en Borg. Voor die wêreld geskape is, is dit so gereël dat die Godheid
van Christus in Sy mensheid gesluier sou word. [1 SM 250]
Uit die profesieë het Christus Sy dissipels ‘n juiste idee gegee
van wat Hy as mens moes wees. Hul verwagting van ‘n Messias
wat Sy troon en koninklike gesag moes opneem volgens die wil van
die mense, was misleidend. Dit sou hulle belet om Sy afdaling van
die hoogste tot die laagste kerf wat bereik kon word, te verstaan.
Christus wou dat Sy dissipels se idees in elke opsig rein en waar
moes wees. Hulle moes sover moontlik die beker van lyding wat aan
Hom opgedra is, verstaan. Hy het hulle getoon dat die verskriklike
botsing wat hulle nog nie kon verstaan nie, die vervulling van die
verbond was wat voor die grondlegging van die wêreld al gemaak
is. Christus moes sterf, net soos elke oortreder van die wet moet
sterf as hy in sonde voortleef. Alles moes gebeur, maar dit sou nie in
‘n neerlaag eindig nie, maar in ‘n heerlike, ewige oorwinning. [KE
723]
In die raadsaal van die hemel, voor die wêreld geskape is, het die
Vader en die Seun ooreengekom dat as die mens ontrou sou wees
aan God, Christus een met die Vader, die plek van die oortreder sou
inneem en die straf van sonde wat op Hom sou val, sou dra. [SDABC
6:1070]
Die verlossingsplan was geen nagedagte - ‘n plan wat na die
val van Adam geformuleer is nie. Dit was die openbaring van “die
verborgenheid wat eeue lank verswyg is” (Rom. 16:25). Dit was die
ontplooiing van die beginsels wat deur die eeue heen die grondslag
van die troon van God was. Van die begin af het God en Christus
geweet van die afvalligheid van die Satan en van die val van die [42]
mens deur die afvallige se bedrieënde mag. God het dit nie beskik
dat daar sonde sou wees nie, maar Hy het die ontstaan daarvan voor-
uitgesien en het voorsiening vir die vreeslike gebeurtenis gemaak.
So groot was Sy liefde vir die wêreld dat Hy Hom verbind het om
“Sy eniggebore Seun te gee, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore
mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê” (Joh. 3:16). [KE3]
Toe Christus die woorde gespreek het, “Dit is volbring,” het Hy
Sy Vader aangespreek. Christus het nie alleen die groot offer gebring
nie. Dit was die vervulling van die verbond tussen Vader en Seun
gemaak voor die grondlegging van die aarde. Met hande inmekaar-
geslaan het hulle die plegtige verbond aangegaan dat Christus die
52 Die Boodskap
kon word. Die mens kon sy Skepper nog nie regstreeks nader nie,
maar God sou deur middel van Christus en die engele met hom
gemeenskap hou. [PP 66,67]
wat geslag is van die grondlegging van die aarde nie. Sal ons dan
nie die kruis van Christus verhef nie? [QD.680 (ST Dec.30,1889)]
Dit is volbring!
In die begin het die Vader en die Seun op die Sabbat gerus na
Hul skeppingstaak. “So is dan voltooi die hemel en die aarde met
hulle ganse leermag” (Genesis 2:1) en die Skepper en al die hemelse
wesens het hulle verheug in die betragting van die luisterryke toneel.
“Toe het die móresterre saam gejube en al die seuns van God gejuig”
(Job 38:7). Nou het Jesus gerus van die verlossingstaak en hoewel
droefheid hulle vervul het wat Hom op aarde liefgehad het, was daar
vreugde in die hemel. Die belofte van die toekoms was heerlik in
die oë van die hemelse wesens. ‘n Herstelde skepping, ‘n verloste
mensdom wat, nadat hulle die sonde oorwin het, nooit kan val nie
- dit het God en die engele gesien as die gevolg van Christus se
voltooide taak. [KE 696]
Om hulle, “Sy kerk,“by Hom te hê is volgens die verbondsbe-
lofte en ooreenkoms met Sy Vader. Hy bied eerbiedig die voltooide
verlossing aan vir Sy volk voor die genade troon. [TM. 21]
Christus aan die kruis trek nie slegs mense tot berou teenoor God
vir die oortreding van Sy wet nie, want wie God vergewe maak Hy
eers berouvol, maar Christus het alle geregtigheid volbring; Hy het
Homself aangebied as versoening. Sy gestorte bloed, Sy gebreekte
liggaam, bevredig die eise van die wet en oorbrug dus die afgrond
deur sonde veroorsaak. Hy het in die vlees gely sodat Hy met Sy
gewonde en gebreekte liggaam die weerlose sondaar kon dek. Die
oorwinning behaal deur Sy dood op Gólgota het vir ewig die beskul-
digende mag van Satan oor die heelal verbreek en sy aanklag dat
selfverloënitig onmoontlik is by God en dus onnodig vir die mens,
stilgemaak. [1SM. 341]
Die wêreld erken nie dat Christus die mensdom gekoop het teen
‘n oneindige prys nie. Hulle erken nie dat Hy deur skepping en
verlossing ‘n geregverdigde aanspraak het op elke menslike wese
nie. Maar aan Hom as Verlosser van die verlore geslag, is gegee ‘n
reg tot besit, wat Hom die reg gee om hulle as Sy eiendom op te eis.
[QD.670 (Letter 136,1902)
Die Here wil hê Sy volk moet vasstaan in die geloof - nie onkun- [48]
58 Die Boodskap
dig aangaande die groot verlossing so ruim voorsien aan hulle. Hulle
moet nie vooruit kyk na ‘n tyd in die toekoms wanneer ‘n groot
werk vir hulle gedoen sal word nie, want die werk is nou voltooi.
Die gelowige word nie gevra om vrede met God te maak nie. Hy het
dit nooit en kan dit nooit doen nie. Hy moet Christus aanvaar as sy
vrede, want Christus is God en vrede. [1 SM. 394,5]
Vir die engele en die sondelose wêreld was die roep: “Dit is
volbring” betekenisvol. Dit was sowel vir hulle as vir ons dat die
groot verlossingswerk voltooi was. Saam met ons deel hulle in die
vrugte van Christus se oorwinning. [KE. 688]
Hierdie werk van Christus was om die wesens in ander wêrelde
te onderskraag in hulle onskuld en lojaliteit, sowel as om die verlore-
gaande wêreld te red. Hy het die weg geopen vir die ongehoorsames
om terug te keer tot getrouheid aan God terwyl Hy terselfdertyd ‘n
beskerming geplaas het rondom diegene wat reeds rein was dat hulle
nie ontreinig word nie. [QD 677]
Deur Christus se verlossingswerk word die heerskappy van God
geregverdig. Die Almagtige word geopenbaar as die God van liefde.
Die Satan se aantygings is weerlê en sy karakter onthul. Daar kan
nooit weer opstand kom nie. Die sonde kan die heelal nooit weer
binnedring nie. Tot in ewigheid is almal gevrywaar teen afvalligheid.
Deur die opoffering van die liefde word die bewoners van hemel en
aarde met onverbreekbare bande saamgebind.
Die verlossingswerk sal volkome wees. Waar die sonde geheers
het, sal die genade van God nog oorvloediger wees. Die aarde self,
wat die Satan as syne geëis het, sal nie net verlos word nie, maar
ook verhoog. Ons wêreldjie wat onder die vloek van die sonde die
een klad op Sy heerlike skepping was, sal bo die ander wêrelde in
die heelal van God vereer word. Hier, waar die Seun van God in die
vlees as mens gewoon het; hier, waar die Erekoning gely en gesterf
het, sal God, wanneer Hy alle dinge nuut sal maak, Sy tabernakel by
die mense maak, “en Hy sal by hulle woon en hulle sal sy volk wees
en God self sal by hulle wees as hulle God” en deur die ewigheid
heen sal die verlostes in die lig van die Here wandel en Hom loof
vir Sy onuitspreeklike gawe. Emmánuel, “God met ons.” [KE 6,7]
- Die Leerstuk oor Christus. 59
Sy oorwinning oor die dood en die graf. Hulle, het Christus gesê,
is nie langer die Satan se gevangenis nie; Ek het hulle vrygekoop.
Ek het hulle uit die graf gekoop as die eerstelinge van My krag,
om saam met My te wees waar Ek is en om nooit weer die dood te
smaak of leed te ondervind nie.
[50] Hulle het die stad binnegegaan en aan baie verskyn en verklaar
dat Christus uit die dode opgestaan het en hulle saam met Hom.
So is die heilige waarheid van die opstanding verewig. Die herrese
heiliges het getuig van die waarheid van die woorde: “U dode sal
herlewe, my lyke sal opstaan.” Hul opstanding was ‘n illustrasie van
die vervulling van die profesie: “Waak op en jubel, julle wat in die
stof woon! Want u dou is ‘n dou van die lig, en die aarde sal aan
skimme die lewenslig skenk” (Jes. 26:19).
Vir die gelowige is Christus die opstanding van die lewe. In ons
Heiland is die lewe wat deur die sonde verbeur is, herstel; want Hy
het lewe in Homself om op te wek wie Hy wil. Hy is met die reg
beklee om onsterflikheid te skenk.
Die lewe wat Hy as mens afgelê het, neem Hy weer op en gee
dit aan die mens. “Ek het gekom,” het Hy gesê, “dat hulle lewe en
oorvloed kan hê.” ” EIkeen wat drink van die water wat Ek hom
sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek
hom sal gee, sal in hom word ‘n fontein van water wat opspring tot
in die ewige lewe.” ” Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het
die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag.” (Johannes
10:10; 4:14; 6:54).
Vir die gelowige is die dood maar ‘n geringe saak. Christus
verwys daarna as van min betekenis. “As iemand my woord bewaar,
sal hy die dood in der ewigheid nie sien nie,““sal hy die dood in der
ewigheid nie smaak nie.” Vir die Christen is die dood maar ‘n slaap,
‘n oomblik van stilte en donkerheid. Die lewe is met Christus in God
verborge, en “wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word,
dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word.”
(Johannes 8:51,52; Kolossense 3:4).
Die stem wat van die kruis af uitgeroep het: “Dit is volbring,” is
onder die dode gehoor. Dit het deur grafwande gedring en die slapers
beveel om op te staan. So sal dit wees wanneer die stem van Christus
uit die hemel gehoor sal word. Daardie stem sal deur grafmure dring
en die grafte open, en die dode in Christus sal opstaan. Met die
- Die Leerstuk oor Christus. 61
__________
[54] Hoofstuk 3 - Die Leerstuk oor die Heilige Gees
[55]
Die aard van die Heilige Gees is ‘n verborgenheid. Mense kan
dit nie verklaar nie, want God het dit nie aan hulle geopenbaar nie.
Mense met onwerklike idees kan skrifgedeeltes saamflans en daar
‘n menslike uitleg aan gee, maar dit sal die gemeente nie versterk
om hierdie idees aan te neem nie. Aangaande sulke verborgenhede
wat vir die menseverstand te diep is, is swye goud. [HA 42]
Ewige Natuur
Die Gees was vantevore in die wêreld; heel van die begin van
die verlossingstaak af het Hy die harte van mense beïnvloed. Maar
terwyl Christus op aarde was, het die dissipels geen ander helper
verlang nie. Nie voor hulle Sy teenwoordigheid ontneem sou word,
sou hulle hul behoefte aan die Gees voel nie en dan sou Hy kom.
[KE 605]
Gedurende die patriargale tydperk is die invloed van die Heilige
Gees dikwels op ‘n besondere wyse geopenbaar, maar nooit in Sy
volheid nie. Gehoorsaam aan hulle Heiland het die dissipels nou
om hierdie gawe gebid en in die hemel het Christus Sy voorbidding
daaraan toegevoeg. Hy het die gawe van die Gees geëis sodat Hy dit
op Sy volk kon uitstort. [HA 31/32]
Die Heilige Gees is ‘n persoon, want Hy getuig saam met ons
gees dat ons die kinders van God is. Wanneer hierdie getuienis
gelewer word, dra dit Sy eie stempel. Sulke tye glo ons en is ons
seker dat ons die kinders van God is.
Die Heilige Gees het ‘n persoonlikheid, anders kan Hy nie saam
met ons gees getuig dat ons die kinders van God is nie. Hy moet ook
‘n goddelike persoon wees, anders kan Hy nie die verborgenhede
van God peil nie. [Ev 616/617; (Ms 20,1906)]
Die Heilige Gees is die verteenwoordiger van Christus, maar son-
der die menslike persoonlikheid en onafhanklik daarvan. Met mens-
likheid belas, kon Christus nie persoonlik oral wees nie. Daarom
64
- Die Leerstuk oor die Heilige Gees 65
was dit in hul belang dat Hy na die Vader gaan en die Gees stuur om
Sy opvolger op aarde te wees. Niemand kon dan bo ander bevoorreg
wees as gevolg van sy woonplek of van sy persoonlike aanraking
met Christus nie. Deur die Gees sou die Heiland vir almal toeganklik
wees. In hierdie sin sou Hy nader aan hulle wees as wat Hy kon
gewees het as Hy nie opgevaar het nie. [KE 605]
Die Vader, die Seun en die Heilige Gees, die drie heilige hoog-
waardiges, het verklaar dat hulle die mens sal versterk om die magte
van die duisternis te oorwin. [5 BC 1110 (Ms.92,1901)1
Die mens word in die watergraf gelê in die naam van die Vader, [56]
Seun en die Heilige Gees, begrawe saam met Christus en opgewek
uit die watergraf om ‘n nuwe lewe van trou aan God te lewe. Die
drie groot magte in die hemel is getuies; hulle is onsigbaar maar
teenwoordig. [6 BC 1074 (Ms 57,1900)]
Boosheid het opgestapel deur die eeue en kon slegs weerstaan
word deur die mag van die Heilige Gees, die derde persoon van die
godheid, wat sou kom, nie in geringe mate nie, maar in die volheid
van goddelike krag. [TM 392]
Die prins van die bose magte kan slegs in toom gehou word deur
die krag van God in die derde persoon van die godheid, die Heilige
Gees. [Ev 617 (SpecialTestinomies, Series B, No 7 p51)]
die heerlikheid wat Hy van alle ewigheid af by die Vader gehad het.
Die uitstorting tydens die Pinksterfees was die Hemel se boodskap
dat die inhuldiging van die Verlosser voleindig was. Ooreenkomstig
Sy belofte het Hy die Heilige Gees van die hemel af na Sy volgelinge
gestuur as teken dat Hy as priester en koning alle gesag in die hemel
en op die aarde ontvang het en die Gesalfde oor Sy volk was. [HA
32,33]
Die Trooster wat Christus beloof het om te stuur nadat Hy opge-
vaar het, is die Gees in al die volheid van die Godheid, wat die krag
van goddelike genade openbaar aan almal wat Christus ontvang en
[57] in Hom glo as persoonlike Saligmaker. Daar is drie lewende persone
in die hemelse trio; in die naam van die drie groot magte - die Vader,
die Seun en die Heilige Gees, word dië gedoop wat Christus deur
lewende geloof aanneem en die drie magte werk saam met die ge-
hoorsame burgers van die hemel in hulle pogings om die nuwe lewe
in Christus uit te lewe. [EV. 615, Special Testemonies, series B, no
7, pp. 62/63]
Die belofte van die Gees is tot geen bepaalde eeu of ras beperk
nie. Christus het verklaar dat die Goddelike invloed van Sy Gees
tot die einde toe met Sy volgelinge sou wees. Van die dag van die
Pinksterfees af tot nou toe is die Trooster na almal gestuur wat hulle
ten volle aan die diens van die Here oorgegee het. Tot almal wat
Christus as hulle persoonlike Saligmaker aangeneem het, het die
Heilige Gees as raadgewer, heiligmaker, leidsman en getuie gekom.
[HA 40]
Die sonde kan alleenlik deur die magtige werking van die Derde
persoon van die Godheid weerstaan en oorwin word, want Hy sou
nie in beperkte mate kom nie, maar in die volheid van die Goddelike
krag. Dit is die Gees wat bevestig wat deur die wêreld se Verlosser
bewerkstellig is. [KE 607]
te vestig op die groot offerande aan die kruis van Golgota, om aan
die wêreld die liefde van God aan die mens te openbaar en aan die
oortuigde siel die kosbare beloftes van die Skrifte te open. Dit is die
Heilige Gees wat aan die duistere verstand die helder strale van die
Son van Geregtigheid bring. Dit is die Heilige Gees wat die mense
se harte laat brand met ‘n nuwe besef van die ewige waarhede. Dit
is die Heilige Gees wat voor die mens die sedelike standaard van
geregtigheid stel en hulle oortuig van sonde. Dit is die Heilige Gees
wat ware berou bewerk en die mens besiel met ware geloof in Hom
wat alleen van alle sonde kan verlos. Dit is die Heilige Gees wat die
karakter verander deur die begeertes vir wat tydelik en verganklik
is weg te lei en te vestig op die ewige erfenis, die ewige realiteite
wat onverganklik is. Die Heilige Gees herskep, verfyn en heilig die
menselike instrumente dat hulle lede van die koninklike gesin mag
word, kinders van die hemelse Koning. [8T 4/17/93]
Die sondaar kan nie een tree neem tensy die Gees hom trek nie; [58]
as hy opstyg na die hemel, moet dit wees deur trap vir trap die volle
hoogte van Christus se werk te klim, sodat Christus sy wysheid,
geregtigheid, heiligmaking en verlossing sal wees. [RH Nov. 11,
1890 (3:438)]
Het hy [Elia] die reên gesien, die donder gehoor? Nee, hy het die
woorde gespreek omdat die Gees van die Here hom beïndruk het en
gelei het om te glo dat sy gebed beantwoord sal word. Hy het alles
moontlik gedoen om sy geloof te toon en nou het hy begin bid vir
die uitstorting van oorvloedige reënt. [R&H May 26,1891 (2:489)]
Moenie dink dat jy uit jou eie in staat is om siele te wen vir
Christus nie, al doen jy ook jou bes. Jy moet die gewoonte aanleer
om ‘n mag te onderskei wat nie deur die menslike oog gesien kan
word nie’n mag wat gedurig besig is om op menseharte te werk.
Wanneer jy ‘n vreemdeling nader of van aangesig tot aangesig is
met die onberouvolle, die beproefde, die sielhonger kom, is die Here
aan jou sy as jy inderdaad jouself aan Hom gegee het. Hy maak die
indruk op die hart, maar jy kan die instrument wees vir Sy werk van
genade. [RH Apr. 12,1892 (2:560)]
Sonder die leiding van die Heilige Gees sal ons gedurig geneig
wees om die Skrif te verdraai of verkeerd te vertolk. Daar is baie
Bybel lesery wat sonder nut is en soms selfs kwaad doen. As die
Woord van God oopgemaak word sonder eerbied en sonder gebed;
68 Die Boodskap
van God uitgaan.” So word die brood wat uit die hemel neerdaal,
geëet. [KE 347]
Dit is aan my getoon dat as Gods volk geen poging van hulle
kant af aanwend nie, maar wag op die vernuwing om hulle foute
en gebreke te korrigeer. As hulle daarop steun om hulle te reinig
van elke smet van die vlees en die gees en om hulle toe te rus om
deel te hê aan die luide geroep van die derde engel, sal hulle te lig
bevind word. Die vernuwingskrag van God sal slegs op diegene kom
wat hulleself voorberei het deur die werk te doen wat God aan hulle
beveel het, naamlik, om hulleself te reinig van elke smet van die
vlees en gees en in die vrees van die Here tot volmaaktheid voort te
gaan. [IT619]
Dit is die afwesigheid van die Gees wat die evangelie bediening
so kragteloos maak. U mag geleerdheid, talent, welsprekenheid of
elke natuurlike of aangeleerde vermoë besit, maar sonder die Gees
van God sal geen hart geraak word, geen siel vir Christus gewen
woord nie...
Wanneer die Heilige Gees die denke van ons kerklede beheer,
sal daar in ons kerke ‘n baie hoër standaard in taal, in diens en in
geestelikheid gesien word as wat nou die geval is. [8T211)
Christus het verklaar dat die goddelike invloed van die Gees met [60]
Sy volgelinge sou wees tot die einde. Maar die belofte word nie
gewaardeer soos dit moet nie en daarom word die vervulling nie
gesien soos dit moet nie. Aan die belofte van die Gees word min
aandag gegee en die resultaat is wat moet verwag word - geestelike
droogte, geestelike duisternis, geestelike agteruitgang en die dood.
Die aandag word in beslag geneem deur onbeduidende sake en die
goddelike krag wat nodig is vir die groei en vooruitgang van die
kerk en wat alle ander seëninge in Sy wyk bring, bly in gebreke al
word dit aangebied in matelose volheid. [8T 21/22]
Wat was die resultaat van die uitstorting van die Gees op Pink-
ster? Die blye tyding van ‘n verrese Heiland is tot in die verste streke
van die bewoonde wêreld ingeneem. Die harte van die dissipels is
oorlaai met ‘n welwillendheid so vol, so diep, so verreikend, dat dit
hulle genoop het om te gaan tot aan die einde van die aarde... Soos
hulle die waarheid verkondig het soos dit is in Jesus het harte laat
oorgee aan die krag van die bookdskap. Die kerk is van alle kante
oorstroom met bekeerlinge. [8T19/20]
70 Die Boodskap
Die uitstorting van die Gees in die tyd van die apostels was” die
vroeë reën” eerlik was die uitvloeisel daarvan, maar die laat reëns
sal oorvloediger wees. Wat is die belofte aan die wat in die laaste
dae lewe? (Sagaria 9:12; 10:1) [8T 20/21]
Aan ons vandag net so sekerlik as aan die eerste dissipels, be-
hoort die belofte van die Gees. God sal vandag manne en vroue
toerus met krag van omhoog soos wat Hy diegene wat op Pinkster
die woord van verlossing gehoor het, toegerus het. Op hierdie hui-
dige oomblik is Sy Gees en Sy genade beskikbaar vir almal wat
hulle nodig het en Hom op Sy woord sal af gaan. [8T 19,20]
Let wel dat dit was nadat die dissipels tot volkome eenheid
geraak het, toe hulle nie meer om die hoogste posisie gewedywer het
nie, dat die Gees uitgestort is. Hulle was eensgesind. Alle verskille
is uit die weggeruim en die getuienis aangaande hulle nadat die Gees
uitgestort is, is dieselfde. [Handelinge 4:32]
So kan dit ook nou wees. Laat Christene alle struwelinge opsy sit
en hulleself aan God gee vir die redding van verlorenes. Laat hulle
in geloof vra vir die beloofde seëninge en dit sal kom. [8T 20/21]
Die mens is ‘n deel toegeken in die groot stryd om die ewige
lewe, hy moet gehoor gee aan die werking van die Heilige Gees.
Dit sal stryd verg om deur die magte van duisternis te breek, maar
die Gees werk in hom om dit te kan doen. Die mens is egter nie ‘n
passiewe wese om gered te word in niksdoen nie. Hy word gemaan
om elke krag in te span in die stryd vir onsterflikheid. [8T 65]
[61] Die Gees van die Almagtige beweeg menseharte, en die wat
Sy invloed gehoorsaam, word getuies vir God en Sy waarheid. Op
baie plekke kan mens toegewyde manne en vroue die lig wat die
verlossingswerk deur Christus vir hulle duidelik gemaak het, aan
andere sien oordra. En namate hulle, hulle lig soos diegene wat op
die dag van Pinkster gedoop is, laat skyn, ontvang hulle al meer
van die krag van die Gees. Op hierdie wyse sal die aarde met die
heerlikheid van God verlig word. [HA 44]
Maar die feit dat God Sy wil aan die mens deur Sy Woord geo-
penbaar het, het nie die teenwoordigheid en leiding van die Heilige
Gees oorbodig gemaak nie. Inteendeel, die Gees is deur ons Heiland
belowe om die Woord aan Sy diensknegte te openbaar en om die
leerstellings daarvan te verduidelik en toe te pas. En aangesien dit
- Die Leerstuk oor die Heilige Gees 71
die Gees van God is wat die Bybel ingegee het is dit onmoontlik vir
die Gees om ooit in stryd met die Woord te wees. [GS 8]
Die amp en werk van die Heilige Gees is nie vir hulle om te
gebruik, soos baie veronderstel nie, maar vir die Heilige Gees om
hulle te gebruik en elke vermoë te vorm en te heilig. [FE 227]
Ooreenkomstig Gods Woord sou Sy Gees Sy werk deur die
hele tydperk van die evangeliebedeling voortsit. In die eeue toe die
Skrifte van die Ou en Nuwe Testament ingegee is, het die Heilige
Gees gedurig lig oorgedra aan persone behalwe diegene wie se
geskrifte in die Heilige Kanon opgeneem word. Die Bybel deel ons
self mee hoe manne deur middel van die Heilige waarskuwings,
bestraffing, raadgewing en voorligting ontvang het in verband met
sake wat niks met die ingewing van die Skrifte te doen gehad het nie.
Daar word ook melding gemaak van profete in verskillende eeue
wie se profesieë nooit opgeteken is nie. Na die afsluiting van die
kanon van die Heilige Skrifte sou die Heilige Gees op soortgelyke
wyse Sy werk voortsit om die kinders van God in te lig, te waarsku
en te troos. [GC viii]
Onder die leiding van die Heilige Gees, ontwikkel die verstand,
wat onvoorwaardelik toegewy is aan God, eendragtelik en word
versterk om die vereistes van God te verstaan en te vervul. Die swak
wispelturige karakter word verander na een van sterke bestendigheid.
Voortdurende toewyding bring so ‘n intieme verhouding tussen Jesus
en Sy dissipels te weeg, dat die Christen soos sy meester word in
karakter. [GW 285]
Sonder die Heilige Gees in ‘n kennis van Sy Woord waardeloos. [62]
Die teorie van die waarheid sonder die Heilige Gees kan die siel
nie opwek of die hart heilig nie. ‘n Mens kan wel met die gebooie
en beloftes van die Bybel bekend wees, maar tensy die Gees van
God die waarheid tuisbring, sal die karakter nie verander word nie.
Sonder die verligting van die Heilige Gees sal mense nie in staat
wees om tussen waarheid en dwaling te onderskei nie, en hulle sal
onder die meesterlike versoekings van die Satan val. [GvJ 381 ]
Elke hart wat besoek is deur die helder strale van die Son van Ge-
regtigheid, sal die werking van die Heilige Gees openbaar in spraak,
denke en karakter. Die masjinerie sal beweeg asof dit gesmeer en
bestuur word deur ‘n meesterlike hand. Daar sal minder vrywing
wees as die werker olie ontvang van die twee olyfbome. [7T195/6]
72 Die Boodskap
Die mens word ‘n aandeel toegesê in die groot stryd vir die
ewige lewe, hy moet die werking van die Heilige Gees aanvaar. Dit
vereis ‘n stryd om deur die magte van die duisternis te dring en die
Heilige Gees werk in hom om dit te bewerkstellig. Die mens is nie
‘n passiewe wese, om ten spyte van vasigheid gered te word nie.
Daar word van hom vereis om elke krag en vermoë in te span in die
stryd vir onsterflikheid, tog is dit God wat dit effektief maak. Geen
mens kan in vadsigheid gered word nie. Die Here sê:“Strewe om in
die smal weg in te gaan, want baie sal probeer om in te gaan, maar
tevergeefs.” [8T 65]
Die teenwoordigheid van die Gees in God se werkers sal aan die
bieding van die waarheid ‘n krag verleen wat nie deur die eer en
luister van die wêreld kan geëwenaar word nie. Die Gees verleen
die krag wat worstelende siele in elke noodsituasie, tussen die nyd
van familie lede, die haat van die wêreld en die besef van hulle eie
tekortkominge sal onderskraag. [8T 22]
Die Heilige Gees is aan ons gegee om ons by te staan in die studie
van die Woord. Jesus belowe: “Die Trooster, d.w.s. die Heilige Gees,
wat die Vader in My naam sal stuur, sal julle alle dinge leer en julle
in herrinnering bring alles wat Ek vir julle gesê het.” Die wat deur
die Heilige Gees onderrig word, sal dit die gees opwek en die lewe
verander. [FE 433]
Die prediking van die Woord sal niks baat sonder die teenwoor-
digheid van die Heilige Gees nie, want die Gees is die enigste ef-
fektiewe onderwyser van goddelike waarheid. Slegs wanneer die
waarheid vergesel word van die Gees in die hart, sal dit die Gees
opwek en die lewe verander. [GW 284]
[63] Die Gees word uitgestort op elkeen wat gehoor gee aan Sy stem
en wat menslike metodes met hul bindende reëls en versigtige bena-
dering opsy stoot om die waarheid te verkondig met die volle mag
van die Gees. Groot getalle sal die geloof aanvaar en by die leers
van die Here aansluit. [Ev 700]
Onder die beeld van die vroeë en die laat reëns wat tydens die
saai en die oestyd in Oosterse lande val, het die Hebreeuse profete
voorspel dat die genade van die Gees in buitengewone mate op Gods
kerk uitgestort sal word. Die uitstorting van die Gees in die dae van
die apostels was die begin van die vroeë reëns, en die gevolge was
- Die Leerstuk oor die Heilige Gees 73
heerlik. Die teenwoordigheid van die Gees sal tot die einde toe by
die kerk bly. [HA 44]
Die werk sal gelyk wees aan die wat op Pinksterdag gedoen is.
Net soos die “vroeë reën” gegee is tydens die uitstorting van die
Heilige Gees aan die begin van die evangelie om die kosbare saad te
laat ontkiem, so sal die “laat reën” gegee word aan die einde om die
oes ryp te maak. [Klimaks 351]
Die laat reëns, wat die oes sal ryp maak, stel die geestelike genade
voor wat die kerk sal voorberei vir die koms van die Seun van die
Mens. Maar tensy die vroeë reëns geval het, sal daar geen lewe wees
nie, die groen spruite sal nie uitkom nie.Tensy die vroeë buie hul
werk gedoen het, kan die laat reëns nie die saad tot volwassenheid
bring nie. [TM 506]
Die uitstorting van die Heilige Gees word as in die toekoms
gesien, maar dit is die voorreg van die kerk om dit nou te ervaar. Soek
daarna, bid daarvoor, glo dit ons moet dit hê en die hemel wag om
dit te gee. [Ev. 701 (R&H Maart 19.1&95)] ‘ Die magtige uitstorting
van die Gees van God, wat die aarde verlig met Sy heerlikheid, sal
nie kom voordat ons ‘n verligte volk het nie, wat deur ondervinding
weet wat dit is om medewerkers van God te wees. Wanneer ons
algehele, heelhartige toewyding aan die diens van Christus wy, sal
God dit erken deur Sy Gees sonder mate uit te stort, maar dit sal nie
wees terwyl die grootste deel van die kerk nie medewerkers van God
word nie. God kan nie Sy Gees uitstort terwyl selfsug die eie-ek so
ooglopend in die kerk is nie terwyl die Gees van Kain, “Is ek my
broer se wagter?” in die kerk heers nie. [R&H Julie 21,1896]
wat stry teen die geopenbaarde wil van ‘n Ewige God. Hierdie geval
is ‘n duidelike illustrasie van die sonde teen die Heilige Gees. [RH
27/7/97]
[66] Dit was hierdie daad wat hul lot verseël het. Hulle het sonde
teen die Heilige Gees gepleeg, ‘n sonde waardeur die mens se hart
effektief verhard word teen die invloed van goddelike genade. [RH
11 /12:/03]
Wat is die sonde teen die Heilige Gees? Dit is om moedswil-
liglik aan Satan die werk van die Heilige Gees toe te skryf... Dit is
deur middel van die Heilige Gees wat God met menseharte werk
en wanneer mense moeswilliglik die Gees verwerp en dit as van
Satan verklaar, sny hulle die kanaal af waardeur God met hulle kan
kommunikeer. Deur die bewyse te ontken wat dit God behaag om
aan hulle te gee, sluit hulle die lig uit wat in hulle harte skyn en as
gevolg daarvan verkeer hulle in duisternis. [5T 634]
Aan my is getoon dat as Gods volk geen poging aanwend van
hulle kant, maar wag vir die oplewing om te kom om hulle misstappe
uit te wis en hulle foute te korrigeer, as hulle daarop reken om hulle
te reinig van die sondes van die vlees en gees sodat julle geskik sou
wees om deel te neem aan die luide geroep van die derde engel, sal
hulle te lig bevind word. Die verkwikking of krag van God, kom
slegs oor diegene wat hulself daarvoor voorberei het deur die werk
te doen wat God aan hulle gegee het, naamlik om hulself te reinig
van al die onreinhede van die vlees en gees en hul heiligheid te
vervolmaak in die vrees van God. [1T 619]
Laat niemand homself mislei met die geloof dat God sal vergewe
en seën terwyl hulle op een van Sy vereistes trap nie. As daar wetend
en moedswillig gesondig word, verdoof dit die getuienis van die
Gees en sny die siel af van God. Watter ekstase in aanbidding ookal
ondervind word, Jesus kan nie woon in ‘n hart wat die goddelike
wet verontagsaam nie. God sal die vereer wat Hom vereer. [SL 92]
In Sy voorsienigheid laat God diegene toe wat deur die vyand
mislei is om fabels te verkies instede van suiwere waarheid, om
dieselfde gevoelens teenoor gebooiebewaarders te koester as wat die
Joodse nasie teenoor hul Meester gekoester het - gevoelens wat hul
sou lei om Hom te verwerp as hul beloofde Messias en Hom oor te
gee aan ‘n wrede dood. [R&H Aug. 12,1884 (i 451)]
- Die Leerstuk oor die Heilige Gees 77
Ons het nodig dat ons ons harte sal oopmaak vir die invloed van
die Gees en om sy helende krag te ondervind. Die rede hoekom julle
nie meer van die reddende hulp van God ontvang nie, is omdat die
kommunikasie kanaal tussen die hemel en ons siele verstop geraak
het deur wêreldsgesindheid, liefde vir vertoon en heerssug. [R&H
June 24,1884 (i 437)]
Heiligmaking is ‘n daaglikse werk. Laat niemand hulself mislei [67]
met die geloof dat God hulle sal vergewe en seën terwyl hulle besig
is om een van sy gebooie te vertrap nie. [R&H Mei 3,1881 (1:271)]
Waak teen die eerste verdowing van jou lig, die eerste nalatigheid
in gebed, die eerste teken van geestelike sluimering. Hy wat volhard
tot die einde sal gered word. [R&H Jan. 9,1883 (i. 350)]
Deur die werk van die Heilige Gees, die heiliging van die waar-
heid, word die gelowige bekwaam vir die hemelhowe, want Christus
werk in ons en Sy geregtigheid is op ons. Daarsonder het geen siel
‘n aanspraak op die hemel nie. Ons sou nie die hemel geniet tensy
ons bekwaam word vir die heilige atmosfeer deur die invloed van
die Gees en die geregtigheid van Christus. [i SM 395]
Die kerk is nie nou die aparte en eiendomsvolk wat sy was toe
die vure van vervolging teen haar aangesteek is nie. Hoe dof het
haar goud geword! Hoe het haar glans verander! Aan my is getoon
dat as die kerk altyd haar kenmerkende heilige karakter behou het,
die krag van die Heilige Gees wat aan die dissipels geskenk is, nog
met haar sou wees. Die siekes sal genees word, duiwels uitgedryf en
sy sou ‘n verskrikking vir haar vyande wees. [EW 227]
_______________
[68] Hoofstuk 4 - Leerstuk Leerstuk Oor Die Mens
[69]
ln beide sy uiterlike voorkoms en Sy karakter moes die mens
die beeld van God hê. Net Christus is” die afdruksel” van die Vader
[Heb. 1:3], maar die mens is na Gods beeld geskape...
Hier is geen rede vir die onderstelling dat die mens geleidelik
uit die laer lewensvorme van die diere of plantelewe ontwikkel het
nie. So ‘n leerstelling verlaag die werk van die Skepper tot die peil
van die mens se enge, aardse begrip...
Die Skrif spoor ons oorsprong nie terug tot ‘n geslag wat uit
kieme, weekdiere en viervoeters ontwikkel het nie, maar tot die
almagtige Skepper. Hoewel Adam uit die stof gevorm is, was hy
nogtans die” seun van God.” [P&P. 45]
78
- Leerstuk Leerstuk Oor Die Mens 79
God het die mens reg geskape. Hy het hom met edel karakter-
trekke bedeel sonder enige neiging tot die sonde. Hy het hom met
groot verstandelike vermoëns bedeel en het die sterkste aanleidings
moontlik tot troue onderdanigheid aan hom voorgehou. Volmaakte
voortdurende gehoorsaamheid was die voorwaarde van ewige geluk.
Op hierdie voorwaarde kon hy tot die boom van die lewe toegang
hê. [PP 40]
Adam is geskape in die ewebeeld van God en op proef gestel.Hy [70]
het ‘n volmaak-ontwikkelde liggaam gehad. Al sy sinne was in
volmaakte harmonie. In al sy denke, woorde en dade was hy in
ooreenstemming met die wil van sy Skepper. [R&H.Feb.24,1874(i
140)]
Toe God die mens in Sy ewebeeld geskape het, was die menslike
liggaam volmaak in alle opsigte, maar dit was sonder lewe. Toe het
‘n persoonlike, selfbestaande God die asem van die lewe in daardie
liggaam geblaas en dit het ‘n lewende asemhalende, intelligente
wese geword. [8T 264]
Ons eerste ouers, alhoewel onskuldig en heilig geskape, was nie
sonder moontlikheid van te sondig nie. God het hulle vrye denkende
wesens gemaak, met die vermoë om Sy wysheid en die goedheid
van Sy karakter en die regverdigheid van Sy vereistes te waardeer en
met volle vryheid om te gehoorsaam of nie. Hulle sou gemeenskap
hê met God en heilige engele, maar voordat hulle vir ewig veilig kon
gemaak word, moes hulle lojaliteit getoets word... gehoorsaamheid,
volmaak en voortdurend was die voorwaarde van ewige geluk. Op
hierdie voorwaarde sou hy [die mens] toegang hê tot die boom van
die lewe. [PP 48/9]
Toe Adam versoek is in Eden, was hy sonder ‘n smet van sonde.
Hy het gestaan in die krag van sy volmaaktheid voor God. Al die or-
gane en vermoëns van sy wese was ewe ontwikkel en in ewewigtige
balans. [1 SM 267]
Die mens was die sieraad in die skepping van God gemaak, in
die ewebeeld van God en ontwerp as die teenbeeld van God; maar
die Satan het gepoog om die beeld uit te wis en Sy eie beeld op hom
af te druk. Die mens is kosbaar vir God want hy was geformeer in
Sy ewebeeld. [R&H June 18,1895 (3:265)]
Alhoewel die mense voor die vloed hulself volkome oorgegee
het aan sonde, was dit meer as 2000 jaar voordat hulle van die
80 Die Boodskap
Paradys Verbeur
Adam was gekroon as koning in Eden. Aan hom is gegee heer-
skappy oor elke lewende wese wat God geskape het. Die Here het
Adam en Eva geseën met intelligensie soos aan geen dier gegee is
nie. Hy het Adam die regmatige heerser oor al die werke van Sy
hande gemaak...
Hy, (Satan) het trots gespog dat die wêreld wat God gemaak het,
nou aan hom behoort. Noudat hy Adam, die monarg van die wêreld
oorwin het, het hy die mensegeslag as sy onderdane verkry en dat hy
nou Eden moet besit endit sysetel moes maak. [R&H Feb. 24,1874
(1:139,140)]
einste dag toe hulle die verbode vrug geëet het, sou sterf nie. Maar
op daardie dag sou die onherroeplike vonnis gevel word. Onsterflik-
heid is op voorwaarde van gehoorsaamheid aan hulle belowe. Deur
oortreding sou hulle die ewige lewe verbeur. [pp 52]
Die Val
Daar is niks wat duideliker in die Skrifte géleer word as die feit
dat God geensins verantwoordelik is vir die sonde nie; dat daar geen
willekeurige onttrekking van goddelike genade en geen gebrek in
die goddelike regering was wat rede kon gegee het vir die opstand
in die hemel nie. Die sonde is ‘n indringer vir wie se bestaan geen
rede gegee kan word nie. Dit is ‘n verborgenheid en onverklaarbaar;
om ‘n verskoning daarvoor te maak sou beteken om ditteverdedig.
[GS 560]
82 Die Boodskap
Erfsonde
Ons toestand, deur sonde, is buitengewoon en die mag wat ons
herstel moet bonatuurlik wees, anders is dit waardeloos. Daar is
maar een mag wat die bose se houvas op menseharte kan verbreek
en dit is die krag van God in Jesus Christus. Slegs deur die bloed van
die Gekruisigde is daar reiniging van sonde. Sy genade alleen kan
ons in Staat stel om die neigings van ons gevalle natuur in dwang te
hou. [8T 291 ]
Om die saak reg te verstaan, moet ons onthou dat ons harte van
nature bedorwe is en dat ons uit onsself geen regte weg kan volg
nie. Dit is slegs deur die genade van God, gevoeg by die ernstigste
strewe aan ons kant, dat ons die oorwinning kan behaal. [CT 544]
Die vleeslike hart is vol haat teenoor die waarheid soos dit is
teenoor Jesus. Tensy ouers dit hulle eerste taak maak om hulle
kinders se skrede te rig in die pad van geregtigheid van hulle vroegste
jare af, sal hulle die verkeerde weg kies bo die regte. [ML 261 ]
[73] Omrede hul verwantskap met die eerste Adam, ontvang die mens
niks behalwe skuld en die doodvonnis nie. [SADBC 6:1074 (Letter
68,1899)]
Al wat kinders erf is sonde. Sonde het hul van God vervreem.
[CG 475]
Omrede sy (Adam se) sonde is sy nasate gebore met inherente
neigings tot ongehoorsaamheid. [SDABC 5:1128]
behae in gedwonge liefde nie en aan almal het hy ‘n vrye wil gegee,
sodat hulle Hom vrywillig kan dien. [GS 560/1]
In die verlossingswerk is daar geen dwang nie. Geen dwang
word van buite af toegepas nie. Onder invloed van die Gees van God
staan dit die mens vry om te kies wie hy wil dien. Die verandering
wat intree as die siel hom aan Christus oorgee, bring die hoogste
begrip van vryheid. Die uitwerping van die sonde is die taak van die
siel self.
Dis wel waar dat ons geen mag het om ons van die Satan se
beheer te bevry nie, maar wanneer ons verlang om van die sonde
bevry te word en in ons groot behoefte roep om ‘n krag bo en buite
onsself, word die kragte van die siel aangevul met die Goddelike krag
van die Heilige Gees en julle gehoorsaam die wil in die vervulling
van die wil van God. [KE 420]
As hulle [die jeug], nie moedswillig in gevaar instorm en hul-
leself onnodig in die weg van versoeking plaas nie, as hulle bose
invloede en geselskap vermy en dan onvermydelik gedwing word
om in gevaarlike geselkap te wees, sal hulle die stukrag hê om vir
regte beginsels te staan en dit te bewaar en daar sedelik ongedeerd
van uitkom. As die jeug, behoorlik opgevoed, hul vertroue in God
plaas, sal hulle sedelike vermoëns die sterkste toets deurstaan. [ML
72]
In “Die Pilgrim se reis na die Ewigheid” is daar ‘n karakter met
die naam, Buigbaar. Jeug, vermy die karakter. Diegene wat deur dit
voorgestel word is baie tegemoetkomend, maar hulle is soos ‘n riet [74]
in die wind. Hulle het geen wilskrag nie. Elke jong persoon behoort
te leer om besluite te maak. ‘n Verdeelde toestand van die wil is
‘n vals strik en lei tot die ondergang van baie jong mense. Wees
vasberade of jou huis of karakter sal gebou wees op ‘n fondament
van sand. [ML 73 (R&H Mei 9,1899)]
Wil jy nie sonder verwyl jouself in ‘n regte verhouding met God
plaas nie? Wil jy nie sê: “Ek sal my wil aan Jesus gee en ek sal dit
nou doen” en van die oomblik af geheel en al aan die Here se kant
wees nie?.... Sê: “Ek sal glo, ek glo dat God my helper is en jy sal
vind dat jy triomferend is in God. Deur vasberade die wil aan die
kant van God te hou, sal elke emosie deur die wil van Jesus gevange
geneem word. Jy sal dan jou voete op die vaste rots vind. Dit sal met
tye elke greintjie wilskrag verg wat jy besit, maar dit is God wat vir
84 Die Boodskap
jou werk en jy sal uit die gietproses kom as ‘n voorwerp van eer. [5T
514]
Julle mag manne van verantwoordelikheid en invloed word as,
deur die krag van die wil, en in verbinding met goddelike krag, julle
ywerig deelneem aan diewerk. [4T 561:3]
Sal u, my broeders in die bediening, die ryke beloftes van God
aangryp? Sal u uself laat verdwyn en Jesus laat verskyn? Self moet
sterf voordat God in u kan werk. Ek raak besorgd as ek sien hoedat
self in een dan ‘n ander te voorskyn kom. Ek sê aan u in die naam
van Jesus van Nasaret, julle wil moet sterf en soos Gods wil word.
Hy wil julle oor smelt en julle reinig van elke smet. [9T181]
Die juk wat ons vir diens inspan, is die wet van God. Die groot
liefdeswet wat in Eden geopenbaar is, vanaf Sinai afgekondig is en
in die nuwe verbond op die hart geskryf word, is wat die menslike
arbeider aan die wil van God inspan. As ons aan ons eie begeertes
oorgelaat moes word, om te volg waar ons wil ons heen lei, sou
ons in die Satan se geledere beland en sy hoedanighede ontvang.
Daarom bind God ons aan Sy wil, wat hoog en edel en verheffend
is. [KE 288]
Dit is ‘n verskriklike ding as ‘n mens sy wil teen die wil van God
stel, soos opgeopenbaar in Sy spesifieke vereistes. Al die eer wat ‘n
persoon kan ontvang op die troon van ‘n koninkryk, sal ‘n powere
vergoeding wees vir die verlies van God se guns deur ‘n daad van
ontrouheid aan die hemel. [2 SDABC 1018 (STSept. 7,1888)]
Deur die wilsbesluit van ‘n oomblik kan jy jouself in die mag
van Satan plaas, maar dit sal baie meer as die wilsbesluit van ‘n lewe.
[75] Die besluit mag geneem word, die werk begin, maar die bereiking
daarvan sal werk, tyd en volharding, geduld en opoffering verg. Die
man wat vrywillig van God afdwaal in die volle heerlikheid van die
lig, sal vind, wanneer hy besluit om terug te keer, dat dorings en
distels in sy pad opgeskiet het. [ML 322]
Alle ware opregtheid kom uit die hart. Christus se werke het uit
Sy hart gekom. En as ons instem, sal Hy Hom so met ons gedagtes en
strewe vereenselwig, ons hart en gees so met Sy wil saamsmelt, dat
ons, as ons Hom gehoorsaam, maar net ons eie impulse sal uitvoer.
Die wil, gelouter en geheilig, sal sy hoogste behae in Sy diens vind.
As ons God ken soos dit ons voorreg is om hom te ken, sal ons lewe
een van voortdurende gehoorsaamheid wees. Deur ‘n begrip van die
- Leerstuk Leerstuk Oor Die Mens 85
karakter van Christus, deur gemeenskap met God, sal die sonde vir
ons verwerplik word. [KE 604]
Christus is die” lig wat elke mens verlig” wat in die wêreld aan
kom was. Net soos elke mens deur Christus lewe het, so ontvang
ook elke siel deur Hom die een of ander straal van Goddelike lig.
Nie net intellektuele vermoë nie, maar geestelike mag, ‘n insig in
wat reg is, ‘n verlange na die goeie bestaan in elke hart. Maar teen
hierdie beginsels worstel daar ‘n vyandige mag.
Deur sonde is die mens van God uitgesluit. Sonder die verlos-
singsplan sou ewige skeiding van God, die duisternis van ‘n einde-
lose nag, syne gewees het. Deur die offerande van die Heiland is
gemeenskap met God weer moontlik gemaak. Ons mag nie persoon-
lik tot in Sy teenwoordigheid kom nie; in ons sonde mag ons nie Sy
aange sig sien nie, maar in Jesus, die Heiland, kan ons Hom aanskou
en met Hom sielsgemeenskap hê. “Die verligte... van die kennis van
die heerlikheid van God” word “in die aangesig van Jesus Christus”
geopenbaar. God versoen in Christus die wêreld met Homself. [Opv
28]
U begeer om uself aan Hom te gee, maar u is swak en ‘n slaaf van
twyfelmoedigheid en die sondige gewoontes oorheers u. U beloftes
en voornemens is waardeloos. U kan u gedagtes en drifte en luste
nie beheers nie. Die gedagte aan u gebroke beloftes en geloftes wat
u nie nagekom het nie verswak u geloof in u eie opregtheid en laat
u voel dat God u nie sal aanneem nie, maar u hoef nie moedeloos
te word nie. Wat u nodig het is om die ware krag van die wil te
besef. Dit is die heersende krag in die hart van die mens; dit laat
hom besluit en kies. Alles hang af van die regte gebruik van die wil.
God het aan alle mense die vermoë gegee om te kies; hulle moet
daardie krag beoefen. U kan u hart nie verander nie, u kan God nie
uit u eie liefhê nie, maar u kan kies om Hom te dien. U kan u wil
aan Hom onderwerp; Hy sal dan in u werk om te wil sowel as om [76]
te werk na Sy welbehae. Op hierdie manier sal u hele natuur onder
die beheersing van die Gees van Christus kom; u liefde sal in Hom
sy middelpunt vind en u gedagtes sal in ooreenstemming met Hom
wees. [Skrede van Christus pp. 48/9]
Hierdie wil, wat so ‘n belangrike faktor vorm in die karakter van
die mens, was met die val onder Satan se beheer geplaas en hy werk
sedertdien in die mens om te wil en sy behae te doen, maar tot die
86 Die Boodskap
totale verderf en ellende van die mens. Maar die oneindige Offer van
God in die gawe van Jesus, sy Geliefde Seun, om u offerande te word
vir sonde, stel Hom in staat om te sê, sonder om een beginsel van
Sy regering te verloën, “Gee julle oor aan My; gee My daardie wil,
neem dit uit onder die beheer van Satan en Ek sal daarvan besit neem,
dan kan Ek in julle werk om te wil en te werk na My welbehae.”
Wanneer Hy aan u die gesinheid van Christus gee, word jou wil soos
Sy wil en jou karakter word verander om te word soos Sy karakter...
‘n lewe van bruikbaarheid lê voor jou as jou wil God se wil word.
[5T 515]
Ware Godsdiens het te doen met die wil. Die wil is die heersende
mag in die menslike natuur en bring alle ander vermoëns onder sy
beheer. Die wil is nie die smaak of neigings nie, maar dit is die be-
sluitnemende mag wat mensekinders op die pad van gehoorsaamheid
of ongehoorsaamheid aan God plaas. [5T 513]
Die wil is nie die smaak of neigings nie, maar dit is die keuse,
die besluitnemende, koninklike mag wat mensekinders op die pad
van gehoorsaamheid of ongehoorsaamheid aan God plaas. [ML 318]
Dis wel waar dat ons geen mag het om ons van die Satan se
beheer te bevry nie, maar wanneer ons verlang om van die sonde
bevry te word en in ons groot behoefte roep om ‘n krag bo en buite
onsself, word die kragte van die siel aangevul met die Goddelike krag
van die Heilige Gees en julle gehoorsaam die wil in die vervulling
van die wil van God. [KE 420]
Die mens se voorreg om ‘n kennis van die waarheid op te doen
sal, hoe groot dit ook al mag wees, vir hom nutteloos wees tensy die
hart ontvanklik is vir die waarheid en daar ‘n doelbewuste versaking
van elke gewoonte en gegruik is wat in stryd is met sy beginsels. Aan
diegene wat hulle so aan God onderwerp, met ‘n eerlike verlange
om Sy wil te ken en te doen, word die waarheid geopenbaar as die
krag van God vir hul verlossing. Hulle sal kan onderskei tussen hom
wat namens God praat en hom wat bloot namens homself praat. Die
Fariseërs het nie hul wil met die wil van God verenig nie. Hulle het
nie na waarheid gesoek nie, maar het verskonings gesoek om dit te
ontwyk. [KE 410]
[77] Daar is geen geestelike krag daarin om gedurig ons swakhede en
afdwalings te oorpeins en te kla oor die krag van Satan nie. Hierdie
groot waarheid moet gevestig word as ‘n lewende beginsel in ons
- Leerstuk Leerstuk Oor Die Mens 87
verrig?” Hulle wil moet verswelg word deur die wil van God. [1T
138]
Moenie dink dat jy jou pogings en waaksaamheid vir ‘n oomblik
kan verslap nie; jy kan nie. Studeer Gods woord met ywer sodat
jy nie onkundig is oor Satan se strikke nie en dat jy die weg na
saligheid volmaakter leer ken. Jou wil moet versink in God se wil.
Moenie jou eie behae najaag nie, maar die van ander rondom jou en
deur dit te doen kan jy nie anders as gelukkig wees nie. [2T 313]
Self word teveel vermeng met al jou arbeid. Jou wil moet gevorm
word deur God se wil of jy sal in allerhande versoekings val. Ek het
gesien dat as jy saam met God werk en self uit sig hou sal jy van
Hom sterkte ontvang wat harte sal bereik. [3T417]
Diegene wat nie deur hulle wederstrewige aard Sy wil teenstaan
nie, sal nie in duisternis gelaat word nie, maar sal hernu word in
kennis en ware heiligheid en sal selfs roem in die kruis van Christus.
[2T 688]
Die ware Christen verkry ‘n ondervinding wat heiligheid bring.
Hy is sonder ‘n greintjie skuldgevoel op sy gewete of ‘n smet van
verdorwenheid in sy siel. Die geestelikheid van die wet van God,
met sy beperkende beginsels, word in sy lewe gebring. Die lig van
waarheid verlig sy verstand. Die heerlikheid van volmaakte liefde vir
die Verlosser, verjaag die miasma wat tussen sy siel en God gekom
het. Die wil van God word sy wil, rein, verhewe, verfyn geheilig. Sy
aangesig openbaar die lig van die hemel. Sy liggaam is ‘n geskikte
tempel vir die Heilige Gees. Heiligheid versier sy karakter. Die Here
kan met hom gemeenskap hou, want liggaam en siel is in harmonie
met God. [Letter 139,1898 (7 BC. 909)]
Wat is die eer wat aan Christus toegeskryf word? Sonder om
dwang te gebruik, sonder geweld, verenig hy die wil van die mens-
like onderwerp met die wil van God. Dit is die wetenskap van alle
wetenskappe, want daardeur word ‘n geweldige verandering in die
verstand en karakter teweegebring, ‘n verandering wat verrig moet
word in elkeen wat deur die poorte van die stad sal gaan. [ML 340]
Daar is nie so iets as Christus te volg tensy jy weier om self te
bevredig en besluit om God te gehoorsaam. Dit is nie jou gevoel, jou
[79] emosies wat jou ‘n kind van God maak nie, maar die doen van Gods
wil. ‘n Lewe van bruikbaarheid is voor jou as jou wil God se wil
- Leerstuk Leerstuk Oor Die Mens 89
[80] onder die beheer van die Heilige Gees gebring word en selfs jou
gedagtes sal aan Hom onderwerp word. Jy kan nie jou impulse jou
emosies beheer soos jy moet nie. maar jy kan jou wil beheer en ‘n
totale verandering maak in jou lewe deur jou wil te onderwerp aan
Christus, dan sal jou lewe saam met Christus in God verskuil wees,
en met ‘n mag verbind wees wat bo alle magte is... maar jou wil
moet met Gods wil saamwerk, nie met maats wat deur Satan gebruik
word om jou te verstrik en vernietig nie. [5T 514]
teenoor Sy kerk, is die gees wat die man en vrou teenoor mekaar
moet openbaar...
Nog die man, nog die vrou moenie aanspraak maak op heer-
skappy nie. Moenie mekaar probeer dwing om iets te doen wat jy
verlang nie. Julle kan dit nie doen en mekaar se liefde behou nie. [7
T 46/7]
Mans en vrouens moet hulleself aan God toewy aan die begin
van hul getroude lewe...
Hoe versigtig en wyslik die huwelik ookal beplan is, is baie min
paartjies volkome verenig wanneer die huwelik voltrek word. Die
ware eenwording in die huwelik is die werk van die jare wat daarop
volg. [MH 359/60]
Om ‘n ware verstandhouding in die huwelik te verkry is die werk
van ‘n leeftyd. Dié wat hulle in die huwelik begewe, begin ‘n skool
loopbaan waaruit hulle nooit afstudeer nie. [7 T 45]
Om met harte te speel is geen geringe misdaad in die oog van ‘n [85]
heilige God nie. En tog sal sommige geneentheid toon teenoor jong
dames en hulle toegeneentheid opwerk, en dan eenvoudig weggaan
en vergeet van die woord.” wat hulle gespreek het en die uitwer-
king daarvan. Hulle word aangetrek deur ‘n nuwe gesig en herhaal
dieselfde woorde, wy aan ander dieselfde aandag. [AH 57]
’n Jong man wat die geselskap geniet en die vriendskap wen van
‘n jong dame sonder die wete van haar ouers, handel nie opreg met
haar of haar ouers nie... Om hulle doel te bereik, handel hulle op ‘n
wyse wat nie eerlik en openhartig is nie, en ook nie volgens Bybelse
standaarde nie... Huwelike wat onder die omstandighede voltrek
word is nie volgens die woord van God nie. Hy wat ‘n dogter weglei
van haar plig af en haar verwar in haar idees van God se duidelike
en uitdruklikie bevele om haar ouers gehoorsaam te wees en te eer,
is nie een wat getrou sal wees aan die huweliks verpligting nie. [AH
57/58]
Van tyd tot tyd gebeur dinge op die kampgronde wat skyn elke
poging tot raad en arbeid te weerstaan. En dit maak die werk van
die predikant baie ontmoedigend. Daar is ‘n neiging aan die kant
van sommige van die jeug teenwoordig om te veel aandag aan die
jong dames te toon. As hierdie gees eers ‘n vastrapplek kry, werk
dit soos suurdeeg en baie min indruk kan gemaak word op die jeug.
Totdat hierdie gees totaal uitgeroei word en vervang word met die
96 Die Boodskap
’n Holistiese benadering.
Omdat die verstand en siel deur die liggaam uiting vind, hang
sowel verstandelike as geestelike forsheid in groot mate van lig-
gaamlike krag en werksaamheid af, alles wat liggaamlike gesond-
heid bevorder, bevorder die ontwikkeling van ‘n sterk verstand en ‘n
ewewigtige karakter. [Opv. 195]
- Leerstuk Leerstuk Oor Die Mens 99
Die brein senuwees wat verbind is met die hele gestel, is die
enigste middel waardeur die hemel met die mens kan kommunikeer
en so sy innerlike lewe beinvloed. Wat ookal die sirkulasie van
die elektriese strome in die senuwee stelsel verstoor, verminder die
vitaliteit van die lewenskrag en die gevolg is ‘n verstomping van die
ontvanklikheid van die verstand. [2T 347]
Die Satan is besig om die wêreld gevange te neem deur die
gebruik van drank en tabak, tee, en koffie. [Ev.529]
Daar is geen klas skuldiger aan groter verdooldheid en misbruik
van Sy genadegawes as diegene wat die opbrengs van die ,grond
.gebruik vir die verbouing van bedwelmde drank nie. [GW 385/6]
Mense doen dinge onder die invloed van drank wat hulle inneem
wat, as hulle nie geraak het aan die bedwelmde drank nie, hulle met
afsku sou vervul. Wanneer hulle onder die invloed van die giftige
vloeistof is, is hulle onder die Satan se beheer. Hy heers oor hulle en
hulle werk saam met hom.[Te 24]
Deur die gebruik van tee en koffie word ‘n begeerte opgewek vir
tabak. [Te 56/7]
Die gebruik van tabak stimuleer die begeerte vir drank. [3 T 488]
Die enigste veilige weg is om nie tee, koffie, wyne, tabak, opium
en alkoholiese drank aan te raak, te proe of te hanteer nie. [3 T 488]
Die gif wat in so baie sogenaamde geneesmiddels voorkom skep
gewoontes en smaak wat die ondergange van beide siel en liggaam
beteken. Baie van die populêre nostrums en selfs sommige van die
dwelm middels deur artse voorgeskryf, het ‘n groot aandeel daarin
om ‘n grondslag te lê vir die drankgewoonte, die opium gewoonte,
die morfien gewoonte, wat so ‘n vloek is vir die samelewing. [MH
327-9]
Tabak is ‘n stadige, arglistige, maar dodelike gif. In watter vorm [89]
dit ookal gebruik word, beïnvloed dit die gestel; dit is soveel gevaarli-
ker omdat die uitwerking daarvan stadig, en feitlik onwaarneembaar
is. Dit stimuleer en dan verlam dit die senuwees. Dit verswak en
benewel die brein. [MH 327-9]
_______________
[90] Hoofstuk 5 - Die Leerstuk oor die Kerk.
[91]
’n Openbaring aan die Wêreld
Dit is God se doel om deur Sy volk die beginsels van Sy ko-
ninkryk te openbaar. Sodat hulle in lewe en karakter die beginsels
openbaar, begeer Hy om hulle af te sonder van die gewoontes, sedes
en praktyke van die wêreld. Hy poog om hulle nader aan Homself te
bring sodat Hy Sy wil aan hulle kan openbaar.
Die doel wat God vandag deur Sy volk wil bereik is dieselfde as
wat Hy deur Israel wou bereik toe Hy hul uit Egipteland uitgelei het.
[6T 9]
Die kerk van Christus is die skatkis waarin die hemel se rykdom
gebêre word, om met ander te deel in die voorsienigheid van God
soos die uitbreiding van Sy werk en die opbou van Sy saak dit
vereis...
Die kerk van Christus is die enigste voorwerp op aarde op wie
Hy Sy hoogste agting bestee, tog het dit swak en ondoeltreffend
geraak as gevolg van selfsugtigheid. [R&H Dec. 11,1888(2:263)]
Die kerk op aarde bestaan uit dwalende manne en vroue wat
deur middel van geduldige noulettende inspanning bearbei moet
word sodat hulle opgelei en geoefen kan word om in hierdie lewe
aanneemlik te kan werk en in die toekomstige lewe met heerlikheid
en onsterflikheid bekroon kan word. [HA 414]
Die uitverkorenes van God is vir Hom dierbaar. Dit is hulle wat
Hy uit die duisternis geroep het tot Sy wonderbare lig, om Sy lof te
verkondig, om as ligte in ‘n donkere wêreld te skyn. [GJ144]
Die apostels het op ‘n vaste fondament gebou, naamlik die Rots
van die Eeue. Na daardie fondament het hulle die stene gebring wat
hulle uit die wêreld gegrawe het. [HA 596]
Hoe swak het die kerk nie gelyk toe Christus hierdie woorde
gebesig het nie. Daar was net ‘n handjievol gelowiges, teen wie al
die mag van duiwels en bose manne geslinger sou word, tog moes
100
- Die Leerstuk oor die Kerk. 101
die volgelinge van Christus nie vrees nie. Gebou op die Rots van
hul sterkte, kon hulle nie oorweldig word nie. [KE 371 ]
Die gemeente het voortdurend groter geword, en hierdie aanwas
van lidmate het ‘n al groter las op die leiers gelê. Geen enkele
persoon of selfs groep persone kon aanhou om hierdie laste alleen [92]
te dra sonder om die toekomstige voorspoed van die kerk in gevaar
te stel nie. Dit het nodig geword om die verantwoordelikheid wat in
die vroeë dae van die kerk so getrou deur ‘n paar manne uitgevoer
is, verder te verdeel. Die apostels moes nou ‘n belangrike stap doen
om die van die evangeliewerk te vervolmaak deur sommige van die
laste wat hulle self gedra het, nou op ander te lê. [HA 72]
Christus net voorsiening gemaak dat Sy kerk ‘n hervormde lig-
gaam sou wees, verlig deur die lig van die hemel en in besit van die
heerlikheid van Immanuel. Dit is Sy doel dat elke Christen omring
sal wees van ‘n geestelike atmosfeer van lig en vrede. Daar is geen
perke aan die bruikbaarheid van diegene wat deur self te loon, plek
maak vir die werking van die Heilige Gees op die hart nie en ons
lewe lei wat volkome toegewy is aan God. [8T19]
Christus het opgevaar na die hemel en Sy Heilige Gees gestuur
om krag te verleen aan die werk van Sy dissipels. Duisende is in een
dag bekeer. Die evagelie is in een geslag aan elke nasie onder die
hemele geneem. [8T 26]
Die organisasie van die gemeente te Jerusalem moes as voor-
beeld dien vir die organisasie van gemeentes in elke ander plek waar
die boodskappers van die waarheid bekeerlinge tot die evangelie sou
maak. [HA 74]
Die gemeente is Gods vesting, Sy vrystad, wat Hy in ‘n op-
standige wêreld behou. Elke verraad van die gemeente is troubreuk
teenoor Hom wat die mensdom met die bloed van Sy eniggebore
Seun gekoop het. Van die begin af was getroue siele die gemeente
op aarde. In elke eeu het die Here Sy wagters gehad wat getrou voor
hulle geslag hulle getuienis gelewer het. [HA12]
Daar is orde in die hemel en dit behaag die Here dat Sy kinders
pogings aanwend om ordelik en stelselmatig te werk. Aan my is
getoon dat daar orde in die kerk van God moet wees en beplanning
om die laaste groot boodskap suksesvol uit te dra. [2 SG 231]
Die verhouding tussen Christus en Sy kerk word in die Bybel
voorgestel deur ‘n egverbintenis. Die Here het Sy volk met Hom
102 Die Boodskap
“vanwaar kom die onkruid?” Maar ons moet nie teleurgesteld word
nie, want die Here het nie aan ons gesê om te verwag dat die kerk
volmaak sal wees nie en al ons ywer sal nie daarin slaag om die
strydende kerk so rein as die triomfantlike kerk te maak nie. [TM
47]
Alhoewel daar euwels in die kerk bestaan en sal bestaan tot aan
die voleinding van die wêreld, moet die kerk in die laaste dae die lig
wees van ‘n wêreld wat verontreinig en onsedelik is deur sonde. Die
kerk, swak en vol foute, behoeftig aan vermaning, berisping en raad, [94]
bly nog die enigste voorwerp op aarde waarop Christus Sy hoogste
agting uitstort. [TM 49]
Die uitgooi van die net is die prediking van die evangelie. Dit
bring beide goeies en slegtes in die kerk in. Wanneer die sending van
die evangelie voltooi is, sal die oordeel die skeidingswerk volbring.
[GJ 103]
Die kerk is die werktuig wat God vir die verlossing van die
mensdom aangewys het. Dit is op diens ingestel en sy sending is
om die evangelie aan die wêreld oor te dra. Van die begin af was
dit Gods plan dat Sy volheid en Sy genoegsaamheid deur die kerk
aan die wêreld weerspieël moet word. Die lede van die kerk, die
wat Hy uit die duisternis tot Sy wonderbare lig geroep het, moet Sy
heerlikheid verkondig. Die kerk is die bewaarplek van die rykdom
van die genade van Christus en deur die kerk sal die laaste en volle
bewyse van die liefde van God uiteindelik aan selfs “die owerhede
en magte in die hemele” ( Efe. 3:10) geopenbaarword. [HA 9]
Die werk van God op hierdie aarde sal nooit klaargemaak word
nie voordat dle manne en vroue wat ons kerklidmaatskap uitmaak
skouer aan die wiel sit en hulle pogings met die van predikante en
kerkamptenare verenig nie. [9T 117]
Dit is nie die Here se doel dat Sy kinders moet koloniseer of
saamtrek in groot gemeenskappe nie. Die dissipels van Christus is Sy
verteenwoordigers op die aarde en die Here plan dat hulle verspreid
moet wees deur die land, in die dorpe, stede en klein gemeenskappe,
as ligte in die duisternis van hierdie wêreld.
Ons het maar nog net ‘n klein deeltjie van die evangeliewerk
gedoen wat God begeer dat ons vir ons vriende en bure moet doen.
In al die stede van ons land is daar diegene wat nie die waarheid
ken nie. En in die wye wêreld oor die see is daar baie nuwe velde
104 Die Boodskap
waar ons moet ploeg en die saad saai. [” An Appeal to Ministers and
Church Officers”
Die leke in ons kerke kan ‘n werk verrig wat hulle tot nou toe
skaars begin het. Niemand moet na nuwe plekke verhuis bloot vir
wêreldgewin nie; maar waar daar ‘n opening is om ‘n bestaan te
maak, laat gesinne wat gevestig is in die waarheid, een of twee
gesinne vir ‘n plek ingaan om te werk as sendelinge... Hulle kan ons
leesstof versprei, dienste hou in hulle huise, kennis maak met hul
bure en hulle uitnooi na die dienste. So kan hulle hul lig laat skyn
deur goeie werke. [8T 244]
[95] Die Here het ‘n plek vir elkeen in Sy groot plan. Geen talent
wat nie nodig is word gegee nie. Veronderstel dat die talent klein is.
Die Here het ‘n plek daarvoor en daardie een talent, getrou gebruik,
sal die werk verrig wat God daarmee beplan. Die talente van die
nederige kothuiser word benodig in die huis tot huis arbeid en kan
meer verrig in die werk as die briljante gawes. [9T 37,38]
In gesigte van die nag het tonele van ‘n groot hervormingsbewe-
ging onder Gods volk voor my verbygegaan. Baie het God geloof.
Siekes is genees, en ander wonderwerke is gedoen. ‘n Gees van
voorbidding is gesien soos voor Pinkster geopenbaar. Honderde en
duisende het gesinne besoek en die Woord van God vir hulle geopen.
Harte is oortuig deur die krag van die Heilige Gees en ‘n egte gees
van bekering is openbaar. Deure het aan alle kante oopgegaan vir
die verkondiging van die waarheid. Die wêreld skyn verlig te wees
deur die hemelse invloed. Groot seëninge is ontvang deur die ware
en nederige volk van God. Ek het stemme van danksegging en lof
gehoor, en daar skyn ‘n hervorming te wees gelyk aan die wat ons
in 1844 ondervind het. [9T 125,126]
Daar behoort meer huis-tot-huis arbeid onder ons kerklede te
wees deur die gee van Bybelstudies en die verspreiding van leesstof.
‘n Christelike karakter kan simmetries en volledig gevorm word slegs
as die menslike werktuig dit as ‘n voorreg beskou om onbaatsugtig
te werk in die verkondiging van die waarheid en die besteding van
middele ter ondersteuning van die saak van God. [9T127]
Terwyl Gods volk besig is met hul daaglikse werk kan hulle
ander tot Christus lei. En terwyl hulle dit doen het hul die kosbare
versekering dat die Heiland dig aan hul sy is. Hulle hoef nie te dink
dat Hulle op hul eie swakke pogings moet staatmaak nie. Christus
- Die Leerstuk oor die Kerk. 105
sal aan hulle woorde gee om te spreek wat swak, vermoeide siele
sal verkwik en versterk in hul stryd. Hulle eie geloof sal versterk
word as hulle besef dat die Heiland besig is om Sy belofte te vervul.
Nie alleen is hulle ‘n seën tot ander nie, maar die werk wat hulle vir
Christus doen, bring op sy beurt seëninge tot hulself. [9T 38,39]
As Christene gesamentlik sou optree, en vorentoe sou gaan as
een man, onder die leiding van een Mag, om een doel te bereik, sal
hulle die wêreld omkeer. [9T221]
Hemelse engele wag al lank vir menslike werktuie - die lede van
die kerk - om met hulle saam te werk in die groot werk wat gedoen
moet word. Hulle wag vir u. So wyd is die veld, so omvattend die
plan, dat elke geheiligde hart in diens geneem sal word as in-strument
van goddelike krag. [9T 46,47]
Diegene wie se taak dit is om die kerke te besoek, moet aan die [96]
broeders en susters opleiding gee in praktiese sendingwerk. Laat
daar ook ‘n klas wees vir die jeug. Jong manne en vroue moet opgelei
word om werkers te wees by die huis, in hulle buurt en in die kerk.
[An appeal to ministers and church officers]
My broers en susters, wil julle, graag die bedwelming verbreek
wat julle vashou? Wil julle wakker geskud word uit die traagheid
wat gelykstaan aan die doodsgreep? Gaan werk, of julle so voel of
nie. Begin werk vir siele om siele na Jesus en ‘n kennis van die
waarheid te bring. In sulke arbeid sal julle beide ‘n aansporing en ‘n
kuur vind dit sal beide stimuleer en versterk. [5T 387]
Dit het selfverloëning, selfopoffering, onstuitbare energie en
aanhoudende gebed gekos om die verskillende sendingprojekte te
bring tot waar hul nou is. Daar is gevaar dat sommige wat nou op die
toneel verskyn gerusgestel voel om ondoeltreffend te handel, omdat
hulle voel daar is nie nou so ‘n groot behoefte vir selfverloëning
en vlyt nie... dat tye verander het... dat daar nou meer middele
beskikbaar is vir die werk van God....
Maar as daar dieselfde ywer en selfopoffering openbaar word
in die huidige werk as in die begin, sal ons ‘n honderdvoud meer
verrig sien as wat nou die gevalis. [6T 417-419J
Vrouens, sowel as mans, kan deelneem in die werk om die waar-
heid te plaas waar dit kan vrugte dra. Hulle kan hul plek in hierdie
krisistyd inneem en die Here sal deur hulle werk. As hulle, gevul
met pligsgevoel, werk onder die invloed van die Gees van God, sal
106 Die Boodskap
hulle die nodige selfversekering verkry. Die Heiland sal die lig van
Sy aangesig op hierdie vroue laat skyn wat hulself opoffer en dit sal
hulle in staat stel om ‘n werk te doen in gesinne wat die van mans
oortref. Hulle kan in gesinne ‘n werk doen wat mans nie kan doen
nie, wat die dieper lewe raak. Hulle kan nader aan die harte kom van
diegene wat nie deur mans bereik kan word nie. [9T 128J
Dit is duidelik dat al die preke wat gepreek is nie ‘n groot klas
selfverloënende werkers opgelewer het nie. Die onderwerp moet
beskou word as ernstig in sy gevolge. Ons toekoms vir die ewigheid
is op die spel. Die kerke droog op omdat hulle nie hul talente gebruik
om lig te versprei nie. Sorgvuldige instruksie moet gegee word wat
[97] sal wees soos lesse van die Meester, sodat almal die lig na die praktyk
kan deurvoer. Die wat oorsig het oor die kerke, moet bekwame
manne kies en verantwoordelikheid gee terwyl hulle terselfdertyd
opgelei moet word om op die beste wyse ander te dien en te seën.
[6T 431J
Vandag is ‘n groot gedeelte van die wat ons gemeentes uitmaak
dood in oortreding en sonde. Hulle kom en gaan soos die deur op sy
skarniere. Vir jare al luister hulle met selfvoldaanheid na die ernstig-
ste sielroerende waarhede, maar voer dit nie deur in die praktyk nie.
Daarom word hulle al hoe minder vatbaar vir die kosbaarheid van
waarheid. Die roerende getuienisse van berisping en waarskuwing
wek hulle nie tot bekering nie. Die soetste melodie wat van God
kom deur mense lippe, regverdiging deur die geloof en die gereg-
tigheid van Christus, ontlok nie by hulle ‘n respons van liefde en
dankbaarheid nie. [6T 426/7J
Ambagsmanne, prokureurs, handelaars en manne van alle be-
roepe, lei hulself op om meesters te word in hul veld. Moet die
volgelinge van Christus minder intelligent wees, om, terwyl hulle
in Sy diens staan, onkundig te wees oor hoe hulle te werk moet
gaan? Die saak om die ewige lewe te beërf moet bo alle wêreldse
konsiderasie wees. Om siele na Jesus te lei moet daar ‘n kennis wees
van die menslike natuur en ‘n studie van die menslike denke. Dit
vereis veel sorgvuldige beplanning en vurige gebed om te weet hoe
om mense te nader oor die goot onderwerp van waarheid. [4T 67]
Sodra ‘n kerk georganiseer is, laat die predikant die lede aan die
werk sit. Hulle moet geleer word om suksesvol te werk. Laat die
predikant meer tyd aan opvoeding as prediking bestee. Laat hy die
- Die Leerstuk oor die Kerk. 107
mense leer om aan ander die waarheid te gee wat hulle ontvang het.
Terwyl nuwe bekeerlinge geleer moet word om raad te vra van die
wat meer ondervinding het in die werk, moet hulle ook geleer word
om nie die predikant in die plek van God te plaas nie.
Gesag en Dissipline
Op die kerk as organisasie plaas Hy die verantwoordelikheid vir
die indiwiduele kerklede. Die kerk het ‘n plig om die wat in sonde
val te waarsku, te onderrig en, waar moontlik, te herstel. [GW 502]
’n Gees van oorheersing maak hom meester van ons konferensie
presidente. As ‘n man vertrou op sy eie vermoë en poog om gesag
uit te oefen oor sy broeders omdat hy voel dat hy beklee is met gesag
om sy wil op ander af te dwing, is die beste weg om hom daarvan te
onthef, voordat hy groot skade aanrig en sy eie siel sowel as die van [98]
ander in gevaar stel. Julle is almal broers. Die neiging om baas te
speel oor die Here se erfenis, sal reaksie uitlok tensy die broeders hul
weë verander. Diegene in gesag moet die gees van Jesus openbaar.
Hulle moet elke saak behandel soos Hy dit sou gedoen het. Hulle
oorwegings moet deur die Heilige Gees gelei word. ‘n Man se amp
maak hom geen jota of tittel hoër in Gods aansien nie; dit is slegs
karakter wat tel. [TM 362]
’n Begeerte om baas te speel oor die Here se erfenis, sal, as
daaraan toegegee word, uitloop op ‘n verlies aan siele. Die wat
Christus waarlik liefhet sal poog om hulle lewe na Syne te skoei en
in Sy gees te werk vir die redding van siele. [5T 614]
Christene behoort hulle nie op burgerlike regbanke te beroep om
geskille te besleg wat tussen kerklede ontstaan nie. Hulle behoort
sulke geskille ooreenkomstige Christus se onderrig onder mekaar
te skik of deur die gemeente te laat besleg. Al geskied onreg ook,
die volgeling van die nederige Jesus sal liewer onreg ly as om die
sondes van sy broeders in die gemeente voor die wêreld bloot te lê.
[HA 243]
Broeders moet nie hof toe gaan as dit enigsins vermy kan word
nie, want hulle gee die vyand ‘n groot voorsprong om hulle te verstrik
en te verwar. Dit sou beter wees om te skik teen ‘n verlies.
Hoe skuldig die oortreder ookal mag wees; hoe laakbaar die
gevolge van Sy daad, hy sal altyd simpatiseerders vind. Wanneer hy
108 Die Boodskap
Die Leesstofbediening.
As daar een werk is wat meer belangrik is as enige ander, dan is
dit om ons leesstof voor die publiek te plaas, sodat hulle die Skrifte
kan ondersoek. Sendingwerk - die plaas van ons leesstof in die
gesinskringe en dan saam met hulle te bid, is ‘n goeie werk en een
- Die Leerstuk oor die Kerk. 109
wat manne en vroue sal leer om pastorale werk te doen. [CM 7(4T
390)]
Wanneer ons kerklede die belangrikheid besef van leesstof ver-
spreiding, sal hulle meer tyd daaraan bestee. Boeke en traktate sal
in die huise geplaas word om die evangelie op verskillende maniere
te verkondig... Die kerk moet aandag gee aan die leesstofbediening.
Dit is een manier waarop sy haar lig kan laat skyn voor die wêreld.
Dan sal sy voorwaarts gaan, skoon soos die maan, helder soos die
son en verskriklik soos ‘n leër met baniere. [CM 7(Ms. 113,1901)]
Die belangrikheid van die leesstofbediening word gedurig onder
my aandag gebring. In die laaste tyd is hierdie werk nie met die lewe
besiel wat dit aanvanklik gegee is deur manne wat dit hul spesialiteit
gemaak het nie. Kolporteurs is uit hul werk geroep om aan ander
werk deel te neem. Dit hoort nie so nie. Baie van ons kolporteurs,
as hulle waarlik bekeer en toegewy is, kan meer verrig in hierdie
lyn as in enige ander, om die waarheid voor die mense tebring. [CM
7,8(6T 329)]
Dit is waar dat sommige mense die boeke sal koop en dit dan op [100]
die rak of tafel plaas sonder om ooit daarna te kyk. God sorg egter
vir Sy waarheid en die tyd sal kom wanneer na hierdie boeke gesoek
sal word en hulle gelees word. Siekte of ‘n ramp mag die huis tref
en dan sal God deur die waarheid in die boeke vrede en hoop en rus
aan bekommerde harte skenk. Sy liefde word aan hulle openbaar en
hulle kan die kosbaarheid van Sy vergifnis begryp. Op hierdie wyse
werk die Here saam met sy selfopofferende werkers. [CM 150(6T
313/4)]
Dit is aan my getoon dat selfs waar die mense luister na die
gepredikte woord, die kolporteur nog sy werk moet voortsit in same-
werking met die predikant; want al preek die predikant getrou die
boodskap, kan die mense nie alles onthou nie. Die leesstof is dus
nodig, nie alleen om hulle wakker te skud vir die belangrikheid van
die boodksap nie, maar om hulle te grond in die waarheid en so te
vrywaar van bedrieglike dwaling. [6T 315/6]
Ons leestof saai nou die evangelie saad en bring net soveel siele
na Christus as die gepredikte woord. Kerke is al op die been gebring
as gevolg van hul verspreiding. [CM 150(R&H Jun. 10,1880)]
Kolporteurs moet uitgaan in alle dele van die land. Die belang-
rikheid van die werk is gelyk aan die van die evangelie dienaar. Die
110 Die Boodskap
oorvloedig en gesonde kos aan tafel te voorsien; dit moet vir die
meubilering van die kamers sorg en vir die instandhouding van die
geboue, sowel as ander lopende onkostes. [6T 210,211]
Die kerk is aan die slaap en besef nie die omvang van die be-
hoefte vir die opvoeding van die kinders en jeug nie. “Hoekom?”
vra een, “waarvoor die groot behoefte vir so ‘n deeglike opvoeding
van die jeug? Dit skyn net so goed te wees om ‘n paar te neem wat
besluit het op geleerdheid, of ‘n ander rigting wat opleiding nodig
het en voed hulle op, dan is dit al wat nodig is. Dit is nie nodig dat
die hele klomp jongmense so goed opgelei moet word nie. Sal dit
nie aan alle vereistes voldoen nie?” Ek antwoord, NEE, definitief
nie... Al ons jong mense behoort die voorreg te hê van ‘n opvoeding
in ons skole, sodat hulle besiel kan word om medewerkers van God
te word. Hulle het almal ‘n opvoeding nodig, sodat hulle bruikbaar
en gekwalifiseerd kan wees vir poste van verantwoordelikheid in
beide private en publieke lewe. [R&H Feb. 13,1913]
As die studente wat ons kolleges bywoon... onvoordelige ver-
maaklikhede en oormatige eetlus sou afsweer, sal hul verstande
helder wees om kennis na te jaag. Hulle sal ‘n sedelike krag verkry
wat hulle in staat sal stel om onwrikbaar te staan wanneer versoeking
hulleoorval. [R&H Aug. 26,1884(1:455)]
Rentmeesterskap
Moenie klagtes en murmurering in hulle harte en verstande plaas
wat nie sou bestaan as jy dit nie suggureer nie. Leer met pen en stem
dat ons moet werk; dat God mense rentmeesters gemaak het dat hulle
kan help met die verskillende ondernemings vir die vooruitgang van
Sy saak; dat die tiendes en offergawes slegs ‘n klein deeltjie is
van wat God van hulle vereis; dat hulle vinnig moet werk want die
genadedeur gaan binnekort sluit. [R&B. Des. 18, 1883 (1:384)]
Die Here verrig nie wonderwerke waar Hy die middele voorsien
het waardeur die werk gedoen kan word nie. Gebruik julle tyd en
talente in Sy diens en Hy sal nie faal in Sy medewerking met julle
nie. [R&H Julie 11,1888(2:229)]
Elke geleentheid om ‘n behoeftige broeder te help of om die saak
van die Here vir die verspreiding van die waarheid te ondersteun is
‘n pêrel wat jy vooruit na die hemel kan stuur. [5T 249]
Die gebrek aan beginsel wat openbaar word deur diegene wat die
fondse van die Here misbruik, sal ook in sy bestuur van ander sake
openbaar word. Dit sal in al die sake rakende sy persoonlike finansies
openbaar word. Die man wat God beroof is besig om karaktertrekke
te ontwikkel wat hom toegang tot die gesin van God omhoog sal
kos. [6T 391 ]
Ons Publikasies
Aan my is meegedeel dat selfs waar die mense die boodskap van
die lewende prediker hoor, die kolporteur sy werk moet voortsit in
samewerking met die predikant, want al dra die predikant die waar-
heid getrou oor, kan die mense nie alles behou nie. Leesstof is dus
essensieel, nie alleen om hulle wakker te skud vir die teenswoordige
nie, maar om hulle te vestig in die waarheid en hulle te vrywaar van
misleidende dwaling. [6T 315/6]
As daar een werk is wat belangriker is as enige ander, dan is dit
die werk om ons publikasies voor die publiek te kry, wat hulle sal lei
om die Bybel te ondersoek. Sendingwerk - die bekendstelling van
ons publikasies aan gesinne, deur met hulle te gesels en saam met [106]
en vir hulle te bid, is ‘n goeie werk en een wat manne en vroue sal
opvoed om pastorale werk te doen. [4T 390]
116 Die Boodskap
Kolporteurs moet na alle dele van die land uitgaan. Die belang-
rikheid van die werk is ten volle gelyk aan die van die bediening.
Die lewende prediker en stille boodskapper word albei benodig in
die voltooiing van die groot werk voor ons...
Die leesstof kan plekke bereik waar geen dienste gehou kan word
nie. [CM 8]
Laat wyse planne gelê word om waardig;e studente te help om
hul eie skoolg;elel te verdien deur die boeke te hanteer, as hulle so
verkies. Diegene wat sodoende genoeg fondse verdien om te be-
taal vir hulle kursus byeen van ons opleidingskole, sal waardevolle
praktiese ondervinding bekom wat hulle sal bekwaam om baanbre-
ker-sendingwerk in ander rigtings te doen. [9T 79]
sal tel onder diegene wat aan Sy huishouding spyse op bepaalde tye
sal gee. Hoekom sou hulle nie met die werk besig wees nie? [6T
77/8]
Daar is sommige wat vernaamlik toegerus is om vir die hoër
klasse te werk. Hulle moet die Here daagliks soek en ‘n studie maak
van hoe om die mense te bereik, nie net deur toevallige kennismaking
nie, maar deur hulle aan te, gryp deur persoonlike inspanning en
lewende geloof, deur ‘n diepe liefde vir hulle siele te openbaar, ‘n
ware besorgdheid dat hulle ‘n kennis van die waarheid sal hê soos
dit in die woord van God is. [6T 81 ]
Ons praat baie van die verwaarloosde armes; moet daar nie ook
aandag gegee word aan die verwaarloosde rykes nie? Baie sien
neer op die klas as hopeloos en hulle doen min om die oë te open
van diegene wat, verblind en verdwaas deur die krag van Satan, die
ewigheid buite rekening gelaat het. Duisende welgestelde mense
het ongewaarsku na hul graf gegaan omdat hulle volgens voorkoms
geoordeel is en as hopeloos verbygegaan is. Maar onverskillig soos
wat hulle mag voorkom, is aan my getoon dat die meerderheid in die
klas ‘n sielelas het. Daar is duisende rykes wat sterf van hongersnood
aan sielevoedsel. [6T78]
met God verkry is. Dit is asof Christus voor ons gekruisig word. [KE
599]
Christus is daar deur die Heilige Gees om die seël op Sy eie
instelling te plaas. Hy is daar om die hart te oortuig en te versag.
Nie’n sweem van berou gaan ongemerk by Hom verby nie. Hy wag
op die berouvolle gebrokene van hart. Alles is oorgehaal om daardie
siel te ontvang. Hy wat die voete van Judas gewas het, verlang om
die hart van elke sondevlek te was. [KE 596]
Niemand moet van die Nagmaal af wegbly omdat ‘n onwaar- [109]
dige mens teenwoordig mag wees nie. Elke dissipel word gevra om
openlik deel te neem en so getuienis te lewer dat hy Christus as
persoonlike Verlosser aanvaar. Dit is op hierdie persoonlike afsprake
van Hom, dat Christus Sy volk ontmoet en met Sy teenwoordigheid
verkwik. Onwaardige harte en hande kan selfs die Nagmaal bedien,
Christ.us is daar om Sy kinders te bedien. Almal wat kom met hul
geloof op Hom gevestig, sal ‘n groot seën wegdra. Almal wat hierdie
tye van Goddelike voorreg verwaarloos, sal skade ly. Van hulle sal
tereg gesê kan word:“Julle is nie almal rein nie.” [KE 596]
Die Nagmaal is ‘n belofte van die wederkoms van Christus. Dit
was bedoel om hierdie hoop helder in die gees van die dissipels te
laat brand. Telkens as hulle saamgekom het om Sy dood te gedenk,
het hulle mekaar daaraan herinner hoe Hy die beker geneem het
en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: “Drink almal
daaruit, want dit is My bloed, die bloed van die Nuwe Testament, vir
julle, Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok
drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink
in die koninkryk van My Vader.” [KE 597]
Christus is nog aan die tafel waarop die Paasmaal voorgesit is.
Die ongesuurde brode wat vir die Pasga gebruik word staan voor
Hom. Die Pasga wyn, totaal ongegis, staan op die tafel. Hierdie
simbole gebruik Christus om Sy eie vlekkelose offer voor te stel.
Niks wat deur gisting aangetas is, wat die simbool van die sonde en
die dood is, kan die “lam sonder gebrek en vlekkeloos voorstel nie”
[1 Pet. 1:19] [KE 593]
Hy het die nuwe verbond aan hulle opgedra waardeur almal wat
Hom ontvang, kinders van God word en mede-erfgename van Chris-
tus. Deur hierdie verbond was elke seun wat die hemel in hierdie en
die toekomstige lewe kan uitstort hulle s’n. Hierdie verbondsakte
120 Die Boodskap
sou deur die bloed van Christus bekragtig word. En die hou van
die sakrament sou hulle herinner aan die perkelose opoffering wat
vir elkeen van hulle individueel gemaak is as deel van die gevalle
mensdom se groot geheel. [KE 597]
Die gebreekte brood en suiwer druiwesap sou die gebroke lig-
gaam en gestorte bloed van die Seun van God voorstel. Brood met
suurdeeg moet nie op die Nagmaaltafel kom nie; ongesuurde brood
is die enigste korrekte voorstelling van die Avondmaal. Niks wat
gegis is moet gebruik word nie. Slegs die suiwer sap van die wynstok
en ongesuurde brode moet gebruik word. [6 BC 1090(R&H Jun.
7,1898)]
[110] Die Paasfees is ingestel as herdenking van Israel se verlossing
uit Egiptiese slawerny. Totdat Hy die tweede maal sal kom in krag
en heerlikheid, moet hierdie instelling gevier word. Dit is die middel
waardeur Christus se groot werk vir ons vars in die geheue gehou
moet word. Christus se voorbeeld verbied eksklusiviteit by die Nag-
maal. [KE 592/3]
Matigheid
Ware matigheid leer ons om ons van alles te onthou wat skadelik
is en wat gesond en voedsaam is oordeelkundig te gebruik. [R&H
Sept. 23, 1884(1:463)]
Sewendedag Adventiste hanteer lewensbelangrike waarhede. Op
die gebied van matigheid behoort hulle alle ander mense ver voor te
wees. [MM 273]
122 Die Boodskap
As die werk van matigheid deur ons voortgesit is soos dit der-
tig jaar gelede gedoen is, (1870) as ons by ons kampvergaderings
die kwaad uitgebeeld het wat deur onmatige ete en drinke gedoen
word, en vernaamlik deur sterk drank; as hierdie dinge saam met
die bewyse van Jesus se wederkoms gestel is, sou daar ‘n skudding
onder die volk gewees het. As ons ywer getoon het in verhouding
met die belangrikheid van die waarhede wat ons preek, sou ons in-
strumenteel gewees het in die redding van honderde, ja duisende,
van ondergang. [Te 257(6T 111)]
In ons werk by kampvergadering moet meer aandag daaraan
gegee word om die beginsels van gesondheid en matigeid te leer.
Hierdie kwessies moet ‘n belangrike plek vul in ons pogings. My
boodskap is, voed die mense op oor die kwessie van matigheid. [Te.
244]
Volgens die lig aan my gegee, moet elke lidmaat onder ons die
gelofte aflê en hom verbind met die matigheids beweging. [Te 197]
[112] Die rede hoekom baie van ons sal val in die tyd van benoudheid
is vanweë laksheid in matigheid en toegewings aan aptyt. [Te 150)
Nie een van julle het die belangrikheid van gesondheidshervor-
ming besef nie, maar wanneer die plae rondom julle val, sal julle die
beginsels gesondheidshervorming en matigheid in alle dinge sien
- dat matigheid alleen die grondslag is van al die gawes wat van God
kom, die grondslag van alle oorwinnings behaal. [Te 201]
Die apostel het die belangrikheid besef van ‘n gesonde liggaam
om ‘n sukses te maak van ‘n volmaakte Christelike karakter... Hy
noem die vrugte van die Gees, wat matigheid insluit. [CD 44]
Matigheid bestaan nie net uit weerhouding van drank en tabak
nie, dit gaan verder. Dit moet alles beheer wat ons eet. [CD 406]
Laat ons predikante en kolporteurs die banier van streng matig-
heid opneem. Moet nooit skaam wees om te sê: “Nee dankie, ek eet
nie vleis nie... ” As tee aangebied word, bedank dit en gee jou redes
daarvoor. Verduidelik dat dit ongesond is en alhoewel dit tydelik
stimuleer, verdwyn die effek spoedig en depressie neem oor. [CD
412]
Bo alle ander plekke wat net met wêreldlike belange te doen
het, behoort wetgewende liggame en geregshowe vry te wees van
die vloek van onmatigheid. Goewerneurs, senatore, volksraadslede.
- Die Leerstuk oor die Kerk. 123
regters; manne wat die wette van die land maak en toepas... moet
mense wees wat geen sterk drank gebruik nie. [HH 326]
Almal wat heilige verantwoordelikhede op hulle geneem het,
moes streng geheelonthouers wees, sodat hulle verstand helder kon
wees om te onderskei tussen wat reg en verkeerd is, sodat hulle
beginselvas kon wees en wysheid kon hê om die gereg uit te oefen
en om genade te betoon. [PP 372]
Matigheid in alle dinge moet saam met die Elia boodskap verbind
word om mense te keer van hulle afgodediens, vraatsugtigheid en
hulle uitspattigheid in kleredrag en ander sake. [3T 62]
As ons net kan besef dat die gewoontes wat ons aanleer in die
lewe ons ewige belange kan bepaal en dat ons ewige bestemming
afhang van streng matigheids gewoontes, sal ons harder strewe na
matigheid in ete en drinke. [3T 489]
God doen ‘n beroep op ons om ons standpunt in te neem op die
breë platform van matigheid met betrekking tot ons ete, drinke en,
kleredrag. [CG 409]
Die grondslag van ‘n opregte karakter in die toekomstige man [113]
word bepaal deur streng matigheidsgewoontes in die moeder voor
die geboorte van haar kind. [AH 258]
God hou almal verantwoordelik vir die invloed wat sy siel om-
ring, vir homself en ook vir ander. Hy doen ‘n beroep op jong manne
en vroue om streng matig en gewetenstrou te wees in die gebruik
van die vermoëns van die liggaam en verstand. [CT102]
Om die gesondheid te bewaar is matigheid in alle dinge nodig,
matigheid in arbeid, in ete en drinke. Ons hemelse Vader het die lig
van gesondheidshervorming aan ons gestuur om ons te beskerm teen
die kwaad wat spruit uit verwende eetlus sodat die wat reinheid en
vroomheid liefhet, kan weet hoe om met gesonde oordeel die goeie
dinge te gebruik wat Hy vir hulle voorsien het, en deur matigheid
te beoefen in die daaglikse lewe, hulle geheilg mag word deur die
waarheid. [4T 652]
_______________
[114] Hoofstuk 6 - Die Die Leerstuk oor die Versoening.
[115]
Die verlossings plan was geen nagedagte - ‘n plan wat na die
val van Adam geformuleer is nie. Dit was” die openbaring van die
verborgenheid wat eeue lank verswyg is.” [Rom, 16:25] Dit was die
ontplooiing van die beginsels wat deur die eeue heen die grondslag
van die troon van God was. Van die begin af het God en Christus
geweet van die afvallige se bedrieënde mag. God het dit nie beskik
dat daar sonde sou wees nie, maar Hy het die ontstaan daarvan voor-
uitgesien en het voorsienihg vir die vreeslike gebeurtenis gemaak.
So groot was Sy liefde vir die wêreld dat Hy Hom verbind het om
Sy eniggebore Seun te gee” sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore
mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” [Joh.3:16] [KE 3]
124
- Die Die Leerstuk oor die Versoening. 125
Die plan van verlossing het ‘n plek gehad in die raadsaal van
die Oneindige van ewigheid af. Die evangelie is die openbaring van
die liefde van God vir die mens en sluit alles in wat nodig is vir die
geluk en welsyn wat nodig is vir diemensdom. [FE186]
Die Seun van God, roemryke Bevelvoerder van die hemel, was
bitter jammer vir die gevalle mensdom. Sy hart is met oneindige
ontferming aangedaan toe die ellende van die verlore wêreld voor
Hom opdoem. Maar goddelike liefde het reeds ‘n plan bedink waar-
deur die mens gered kon word. OortredIng van Gods wet het die [116]
lewe van die sondaar geëis. In die ganse heelal was daar net Een wat
ten behoewe van die mens aan sy eise kon voldoen. Omdat die wet
van God net so heilig is as God self, kon net een wat aan God gelyk
is vir die oortreding versoen. Niemand behalwe Christus kon die
gevalle mensdom van die vloek van die wet verlos en hom weer tot
eensgesindheid met’ die Hemel herstel nie. Christus sou die skuld
en die skande van die sonde op Hom neem - sonde wat vir’n heilige
God so aanstootlik is dat die Vader en Sy Seun moes skei. Christus
was gewillig om tot die diepte van ellende neer te daal om die verlore
mensdom te red. [PP 56]
Die plan van verlossing is gewilliglik deur die Heiland aanvaar
en dit is die doel van Christus dat al ons gawes vrywillig moet wees.
[3T 413]
Selfs die engele is nie in die beraadslaging tussen die Vader en
die Seun toegelaat toe die verlossingsplan beraam is nie en menslike
wesens moet hulle nie met die geheimenisse van die Allerhoogste
bemoei nie. Ons is so onkundig aangaande God soos klein kinder-
tjies, maar soos klein kindertjies kan ons Hom liefhê en gehoorsaam.
[HH 410]
Die Godheid was met deernis gevul vir die gevalle mensdom en
die Vader, Seun en Heilige Gees het hulself gegee om die verlos-
singsplan in werking te stel. [CH 222]
Die Seun van God het aangebied om met Sy eie lewe vir hulle
sonde versoening te doen. Daar sou aan hulle ‘n proeftyd toegestaan
word en deur berou en geloof in Christus kon hulle weer kinders van
God word. [PP 60J
In sy onskuld het Adam openbare gemeenskap met Sy Maker
geniet, maar sonde het skeiding tussen God en die mens bewerk,
en net die versoening van Christus kon die kloof oorbrug sodat
126 Die Boodskap
die seëninge en die saligheid van die hemel na die aarde oorgedra
kon word. Die mens kon sy Skepper nog nie regstreeks nader nie,
maar God sou deur middel van Christus en die engele met hom
gemeenskap hou. [PP 61 ]
Moses was ‘n sinnebeeld van Christus. Net soos Israel se mid-
delaar sy aangesig bedek het omdat die volk dit nie kon verdra om
sy heerlikheid te aanskou nie, so het ook Christus, die Goddelike
Middelaar, Sy Godheid met mensheid bedek toe Hy na die aarde
gekom het. As Hy met die glans van die hemel geklee neergedaal
het, kon Hy geen toegang tot die mens in sy sondige toestand gevind
het nie, hulle sou die heerlikheid van Sy teenwoordigheid nie kon
verduur het nie. Daarom het Hy Hom verneder en is Hy” in die
gelykheid van die sondige vlees” gemaak [Rom.8:3] sodat Hy die
sondige geslag kon bereik en hulle kon ophef. [PP 337]
[117] Die woorde: “My uur het nog nie gekom nie,” dui op die feit dat
elke daad van Christus op aarde ter vervulling van die plan was wat
van die ewigheid af bestaan het. Voordat Hy na die aarde gekom het,
het Hy die plan in al sy besonderhede voor Hom gereed gehad, maar
waar Hy onder die mense beweeg het, is Hy stap vir stap deur die
wil van die Vader gelei. Hy het nie geaarsel om op die bestemde tyd
op te tree nie. Met dieselfde onderwerping het Hy gewag totdat die
tyd aangebreek het. [KE 114]
Daar was egter meer as die redding van die mensdom by die
verlossings plan betrokke. Dit was nie die enigste rede waarom
Christus na die aarde gekom het nie; dit was nie net dat die bewoners
van hierdie aarde die regte agting vir die wet van God sou hê nie;
dit was ook bedoel om die karakter van God voor die heelal te
regverdig. Dit was aan hierdie gevolg van Sy groot opoffering, die
invloed daarvan op die bewoners van ander wêrelde sowel as op die
mens, dat die Heiland gedink het toe Hy pas voor Sy kruisiging gesê
het:“Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste
van hierdie wêreld buitentoe gedryf word. En Ek, as Ek van die aarde
verhoog word, sal almal na My toe trek.” [Joh. 12:31,32]. Christus se
sterwensdaad vir die verlossing van die mens sou nie net weer vir die
mensdom toegang tot die hemel oopstel nie, maar dit sou die manier
waarop God en Sy Seun die opstand van die Satan behandel het, ten
aanskoue van die ganse heelal regverdig. Dit sou die bestendigheid
- Die Die Leerstuk oor die Versoening. 127
van die wet van God bevestig en die aard en die gevolge van die
sonde blootlê. [PP 62]
is. As hulle gehoorsaam sou wees aan Sy vereistes, sou hulle die
ander volke ver vooruit wees in wysheid en begrip, maar hierdie
voorsprong sou bereik en gehandhaaf word slegs sodat God deur
hulle Sy doel kon vervul vir al die volke van die aarde. [PK 368]
Die plek waar die tempel gebou is, is lank as geheiligde plek
beskou. Dit was hier waar Abraham, die vader van die gelowiges, sy
bereidwilligheid getoon het om sy enigste seun te offer in gehoor-
saamheid aan die bevel van Jehova. Hier het God die verbondsbelofte
aan Abraham hernu, ‘n verbond wat die heerlike Messiaanse belofte
van verlossing aan die mensdom deur die offer-ande van die Seun
van die Allerhoogste ingehou het. [Sien Gen. 22:9, 16-18] Dit was
hier toe Dawid brandoffers en soenoffers geoffer het om die doods-
engel se vergeldende swaard af te weer, dat God hom met vuur uit
die hemel geantwoord het. [1 Kron. 21] En nou was die aanbidders
van Jehova weer hier om hul God te ontmoet en hulle beloftes van
trou aan Hom te hernu. [PK 37]
Hy het toe van Abraham en sy saad die besnydenis vereis, wat
soos ‘n sirkel uit die liggaam geneem is, as teken dat God hul uitge-
sny het en van die volke afgeskei het as Sy eiendom. Deur hierdie
teken het hul plegtig beloof dat hulle nie met ander volke sou onder-
trou nie, want deur dit te doen sou hulle hul eerbied vir God en Sy
wet verloor en soos die nasies rondom hulle afgodedienaars word.
[119] Deur die daad van besnydenis het hulle plegtig beloof om die
vereistes van die verbond met Abraham gemaak na te kom en afge-
sonder van al die nasies,volmaakte wees. [3SG 297]
Die instruksies aan Moses gegee vir Israel, met hul klinkklare
onbuigsame bepalings, moet deur Gods volk vandag bestudeer en
gehoorsaam word. [Letter 259,1903]
Moses, die sigbare leier van die Israeliete, was toegelaat in die
verborge beraadslagings van die Allerhoogste. Die mense is bewys
gegee dat Moses wel met God gepraat het en van Hom die instruksie
ontvang het wat hy aan hulle gegeehet. [1BC 1103]
Die verbond wat God met Sy volk hy Sinai gemaak het, moet
ons toevlug en sterkte wees Die Here het aan Moses gesê: “So moet
jy met die huis van Jakob spreek en aan die kinders van Israel se:
Julle het gesien wat Ek aan die Egiptenare gedoen het en dat ek
julle op arendsvlerke gedra en tot myself gebring het. As julle dan
nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, dan sal julle My
- Die Die Leerstuk oor die Versoening. 129
eiendom uit al die volke wees want die hele aarde is Myne en julle
sal vir My ‘n koninkryk van priesters en ‘n heilige nasie wees.” [Eks
19:4-6]
En Moses het gekom en die oudstes van die volk laat roep en
hulle al hierdie woorde voorgehou wat die Here hom beveel het.Toe
antwoord die hele volk eenparig en sê: “Alles wat die Here gespreek
het sal ons doen.”
Hierdie verbond is vandag van nog net soveel krag as toe die
Here dit met ou Israel gemaak het. [1 8C 1103 (SW Maart 1,1904)]
Aan ons, net soos aan Israel, is die Sabbat gegee as ‘n ewige
verbond. Aan die wat Sy heilige dag eerbiedig, is die Sabbat ‘n
teken dat God hulle as Sy uitverkore volk erken. Dit is ‘n belofte dat
Hy aan hulle Sy verbond sal vervul. Elkeen wat die teken van God
se heerskappy aanvaar, plaas homself onder die goddelike ewige
verbond. Hy bind homself aan die goue ketting van gehoorsaamheid
waarvan elke skakel ‘n belofte is. [6T 350]
Die bloed alleen het krag. Dit alleen kan versoening doen vir
ons sonde. Dit is die bloed van die eniggebore Seun van God wat
vir ons waarde het om nader aan God te kom, dis Sy bloed alleen
wat die sonde van die wêreld wegneem. Smórens en saans aanskou
die heelal elke gesinskring wat bid en
die engel met die wierook wat die bloed van die versoening
voorstel, vind toegang tot God. [7BC971 (MS15,1897)]
Gedurende daardie jare is die volk gedurig daaraan herinner dat [120]
hulle onder die misnoeë van God was. In die opstand te Kades het
hulle God verwerp en God het hulle ook ‘n tydland verwerp. Omdat
hulle ontrou was aan die verbond, het hulle nie die teken van die
verbond, naamlik die besnydenis, ontvang nie. Deur te begeer om
na die land van hulle diensbaarheid terug te keer, het hulle bewys
dat hulle die vryheid onwaardig was en daarom moes die Paasfees
wat ter herinnering van hulle verlossing uit die slawediens ingestel
is, nie gevier word nie. [PP 424]
Die opheffing van die besnydenis sedert die oproer te Kades was
vir Israel ‘n voortdurende getuienis dat hulle verbond met God, waar-
van dit die aangewese simbool was, verbreek was. En die opheffing
van die Pasga, die gedenkteken van hulle verlossing uit Egipte, was
‘n bewys van die misnoeë van die Here oor hulle begeerte om na
die land van hulle diensbaarheid terug te keer. Die jare van daardie
130 Die Boodskap
verwerping was egter nou verby. Weer eens het God Israel as Sy
volk erken en die teken van die verbond is herstel. Al die mense wat
in die woestyn gebore is, is besny.
Die Verbond
Op dieselfde manier as wat die Bybel twee wette voorhou waar-
van een onveranderlik en ewig en die ander voorlopig en tydelik was,
so is daar ook twee verbonde. Die genadeverbond is oorspronklik in
Eden met die mens aangegaan toe God hom na die sondeval beloof
het dat die vrou se saad die slang se kop sou vermorsel. Hierdie ver-
bond het vir alle mense vergifnis en die ondersteundende genade van
God beloof vir toekomstige gehoorsaamheid deur geloof in Christus.
Dit het ook aan hulle die ewige lewe belowe op voorwaarde dat
hulle aan Gods wet getrou bly. So het die patriarge die hoop op die
verlossing ontvang.
Hierdie selfde verbond is met Abraham vernu in die belofte:“ln
.iou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word.” [Gen.
22:18]. Hierdie belofte het na Christus verwys. So het Abraham dit
verstaan [Gal. 3:8,16] en hy het op Christus vertrou vir die vergifnis
van sondes. Dit was daardie .geloof wat Vir hom tot regverdigheid
gereken is.
Ondanks hierdie verbond met Adam gemaak en met Abraham
hernu is, kon dit nie voor die dood van Christus bekragtig word nie.
Weens die belofte van
[121] God het die verbond bestaan vandat die eerste wenk van verlos-
sing gegee was. Dit is deur die geloof aangeneem, nogtans word
dit ‘n nuwe verbond genoem nadat Christus dit bekragtig het. Die
wet van God was die grondslag van die verbond wat eenvoudig’n
reëling was om mense weer in ooreenstemming te bring met die wil
van God en hulle te vestig waar hulle Godswet kon gehoorsaam. [pp
381/2]
As pand van hierdie verbond van God met die mensdom het ‘n
rokende oond en ‘n vurige fakkel, sinnebeelde van die Goddelike
teenwoordigheid, tussen die verdeelde offerdiere deurgegaan en
hulle geheel en al verteer. By herhaling het Abraham ‘n stem die
oordrag van die land Kanaan aan sy nageslagte “van die rivier van
- Die Die Leerstuk oor die Versoening. 131
middel van Christus geskied. Dit was die Seun van God wat die
belofte van die verlossing aan ons stamouers gegee het. Dit is Hy wat
Hom aan die patriarge geopenbaar het. Adam, Noag, Abraham, Isak,
Jakob en Moses het die evangelie verstaan. Hulle het die verlossing
deur die mens se Pand en Plaasvervanger verwag. Daardie heilige
manne van ouds het gemeenskap gehou met die Verlosser wat in
mensevlees na die aarde sou kom en sommige van hulle het van
aangesig tot aangesig met Christus en met hemelse engele gepraat.
Christus was nie net die leier van die Hebreërs in die woestyn,
die Engel in wie die Naam van Jehova was en wat in die sluier
van die wolkkolom voor die volk uitgegaan het nie - maar dit was
Hy wat die wet aan Israel gegee het. Te midde van die vreeslike
heerlikheid van Sinai het Christus ten aanhore van die hele volk die
tien voorskrifte van Sy Vader se wet bekend gemaak. Dit is Hy wat
die wet op die twee kliptafels gegraveer en dit toe aan Moses gegee
het.
Dit is Christus wat deur die profete tot Sy volk gespreek het. In
sy sendbrief aan die Christelike gemeente sê die apostel Petrus dat
die profete “geprofeteer het oor die genade wat vir julle bestem is,
ondersoek en nagevors en hulle het nagespeur op watter of hoeda-
nige tyd die Gees van Christus wat in hulle was, gewys het, toe Hy
voor-uit getuig het van die lyde wat oor Christus sou kom en die
heerlikheid daarna” (1 Pet. 1:10,11). Dit is die stem van Christus
wat deur die Ou Testament tot ons spreek. “Die getuienis van Jesus
is die gees van profesie”. (Openb. 19:10]
Toe Jesus onder Sy volk verkeer en hulle geleer het, het Hy die
aandag van die volk op die Ou Testament gevestig. Aan die Jode
het Hy gesê: “Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat
julle daarin die ewige lewe het en dit is die wat van My getuig (Joh.
5:39)” Die boeke van die Ou Testament was destyds al deel van
die Bybel wat bestaan het. Weer het die Seun van God gesê:“Hulle
het Mosesen die Profete; laat hulle na die luister.” En toe het Hy
bygevoeg: “As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle
nie oortuig word nie, ai sou iemand ook uit die dode opstaan.” [Luk.
16:29,31 ]
Christus het die seremoniële wet gegee. Selfs nadat dit nie meer [124]
van krag was nie, het Paulus die regte plek en waarde daarvan aan
die Jode voorgehou deur aan te toon waar dit by die verlossingsplan
134 Die Boodskap
inpas en wat sy verhouding is tot die werk van Christus en die groot
apostel verklaar dat hierdie wet heerlik en sy Goddelike oorsprong
waardig is. Die plegtige diens van die heiligdom het belangrike waar-
hede voorgestel wat deur navolgende geslagte geopenbaar sou word.
Die wierook wolk wat saam met die gebede van Israel opgestyg
het, is ‘n voorstelling van Sy geregtigheid wat alleen in staat is om
die sondaar se gebede vir God aanneemlik te maak; die bloeiende
slagoffer op die brandofferaltaar het getuig van ‘n Verlosser wat
sou kom en uit die allerheiligste plek het die sigbare teken van die
Goddelike Teenwoordigheid geskyn. Deur al die eeue van duisternis
en afvalligheid is die geloof langs hierdie weg in menseharte bran-
dende gehou totdat die tyd vir die koms van die beloofde Messias
aangebreek het.
Voordat Hy in die gedaante van ‘n mens op aarde verskyn het,
was Jesus reeds die lig van Sy volkdie Lig van die wêreld. [PP376-
378]
van God nie, want Sy wet is ‘n wet van lewe en nie van die dood nie,
vir diegene wat sy insettinge onderhou. Almal wat die geestelikheid
van die wet besef, wat sy krag erken om die sonde te ontbloot, is
in net so ‘n hulpelose toestand as die Satan self, tensy hulle die
versoening aanvaar vir hulle voorsien in die genesende offerande
van Christus, ons versoening en eenwording met God.
Deur geloof in Christus word gehoorsaamheid aan elke beginsel
van die wet moontlik gemaak. [SDABC 6:1077]
Die apostel doen ‘n beroep op almal om die voorbeeld van Chris-
tus te volg. Die Aanvoerder van die hemel het Homself gegee om
‘n lewe van vernedering en armoede te lei, dat Hy saam met die
gevalle mensdom kon staan om die beeld van God in die mens te
herskep. Die Here Jesus was gewillig om arm te word sodat deur Sy
vernedering en Sy dood aan die kruis, Hy die losprys vir ons kan
betaal.
Of ons arm of ryk is, ons moet nooit vergeet dat die armoede van
Christus ‘n deel was van Sy menslike erflating nie. Dit was nie net
die verraad of die lyding aan die kruis wat die versoening uitgemaak
het nie. Die vernedering waarvan Sy armoede deel was, is ingesluit
in die versoening. Christus het in Sy eie Goddelike siel die hele
spektrum van menslike lyding omvat. [SDABC 6:1103]
Luister na sy verduideliking van die werk van die Messias as
die groot Hoëpriester van die mensdom - die Een wat deur die
offer van Sy eie lewe eens en vir altyd vir die sonde van almal
versoening sou doen en dan Sy bediening in die hemelse heiligdom
sou aanvaar. Paulus het sy toehoorders laat verstaan dat die Messias
na wie se koms hulle verlang het, reeds gekom het dat Sy dood
die teenbeeld was van al die soenoffers en dat Sy bediening in die
hemelse heiligdom die groot werklikheid was wat sy skaduwee
teruggewerp en die betekenis van die bediening van die Joodse
priesterskap verklaar het. [HA197]
Die goeie nuus van die evangelie is die eerste keer aan Adam
gegee in die aankondiging aan hom dat die saad van die vrou die
slang se kop sou vermorsel en dit is oorgedra deur opeenvolgende
geslagte aan Noag, Abraham en Moses. Die kennis van die wet
van God en die plan van verlossing is aan Adam en Eva oorgedra
deur Christus self. Hulle het die kosbare les bewaar en dit aan hulle
136 Die Boodskap
die sakrament sou hulle herinner aan die perkelose opoffering wat
vir elkeen van hulle indiwidueel gemaak is as deel van die gevalle
mensdom se groot geheel. [KE 597]
Die Vader plaas Sy liefde op Sy uitverkorenes wat tussen mense
woon. Dit is diegene wat Christus verlos het deur die losprys van Sy
eie bloed en omdat hulle gehoor gee aan die roeping van Christus.
Deur die soewereine genade van God, word hulle uitverkies om [127]
gered te word as Sy gehoorsame kinders. Op hulle is die vrye genade
van God, die liefde waarmee Hy hulle liefgehad het. Elkeen wat
hom soos ‘n kindjie sal verootmoedig, wat die Woord van God met
die eenvoud van ‘n kindjie sal ontvang en gehoorsaam, sal onder die
uitverkorenes van God wees. [6BC 1114]
In die raadsbesluite van die hemel is voorsiening gemaak dat die
mens, alhoewel oortreders, nie sou vergaan in hulle ongehoor-saam-
heid nie, maar, deur geloof in Christus as hulle Plaasvervanger en
Pand, die uitverkorenes van God kan word, uitverkies tot die aanne-
ming tot kinders deur Jesus Christus vir Homself volgens die behae
van Sy wil. God wil hê dat alle mense gered word, want voldoende
voorsiening is gemaak deur die gawe van God se eniggebore Seun
as losprys vir die mens. Die wat verlore gaan, gaan verlore omdat
hulle weier om deur Christus aangeneem te word as die kinders van
God. [6BC 1114(St Jan. 2,1893)]
’n Ander verdrag wat in die Skrifte die ou verbond genoem word,
is by Sinai tussen God en Israel aangegaan en dit is daar op die plek
deur die bloed van ‘n offerdier bekragtig. Die verbond met Abraham
is deur die bloed van Christus bekragtig en word die” tweede” of”
nuwe” verbond genoem omdat die bloed waarmee dit verseël is,
gestort is na die bloed wat die eerste verbond bekragtig het. Dat die
nuwe verbond reeds in die dae van Abraham geldig was, blyk uit
die feit dat dit destyds deur sowel die belofte as die eed van God
bevestig is - die twee “onveranderlike dinge,” waarin dit onmoontlik
is dat God sou lieg.” [Heb. 6:18]
Die versoenings offerande is volledig en voldoende. Dit is die
nuwe verbond, verseël deur Sy bloed, gestort vir die vergifnis van die
sonde van vele. Dit het Christus by die laaste avondmaal verklaar. In
hierdie beker is daar, vir diegene wat in geloof drink, vredemakende,
sielreinigende krag. Dit is die balsem van Gilead wat deur God
138 Die Boodskap
’n Volmaakte Versoening
Ons moet ons verheug dat die versoening volledig is en glo in
Christus as ons volmaakte Verlosser. Ons weet dat die Vader ons
liefhet soos Hy die Seun liefhet. [R&Hnovl 1,1890 (2:438)]
Die bloed van Jesus Christus is voldoende, maar moet gedurig
aangewend word... As dit nodig was in die ou bedeling dat die on-
reine deur die bloed van besprinkeling gereinig moes word, hoeveel
te meer vir die wat in die sware tye van die laaste dae lewe en bloot-
gestel is aan die versoekings van die Satan om die bloed van Christus
daagliks aan te wend. [R&H Jan.9,1883(1:319)]
Niemand is ‘n lewende Christen tensy hy ‘n daaglikse ondervin-
ding het in die dinge van God nie... Soos hy groei tot volmaaktheid,
ondervind hy bekering tot God elke dag en hierdie bekering is nie
voltooi totdat ‘n volmaakte Christelike karakter bereik is nie en volle
- Die Die Leerstuk oor die Versoening. 139
sonde en die Satan, na die posisie van ‘n lojale onderdaan van Jesus
Christus, nie omrede inherente goedheid nie, maar omdat Christus
hom aanvaar deur aanneming as Sy kind. Die sondaar ontvang die
vergifnis van sy sonde, want die sonde word nou gedra deur sy Pand
en Plaasvervanger. Die Here praat met Sy hemelse Vader, en sê:
“Dit is My kind, Ek stel hom vry van die oordeel van die dood en
gee hom My lewens-assuransie polis - die ewige lewe - want Ek
het sy plek geneem en gely vir sy sondes. Hy is My geliefde seun.”
Dus staan die mens, vergewe en geklee met die lieflike kleed van
Christus se geregtigheid, sonder sonde voor God.
Regverdiging is die teenoorgestelde van oordeel. Die perkelose
genade van God word uitgeogefen teenoor diegene wat dit glad nie
verdien nie. Hy vergewe oortredings en sonde om Jesus ontwil, wat
die versoening vir ons sonde geword het. Deur geloof in Christus
word die skuldige oortreder in die guns van God gebring en in die
sterk hoop op die ewige lewe. [6BC 1070 (RC 74)]
Die wet van God verdra geen sonde nie, maar vereis volmaakte
gehoorsaamheid. Die weerklank van Gods stem kom gedurig tot
ons:“Heiliger, nog heiliger.” En ons antwoord moet altyd wees: “Ja,
Here, nog heiliger.” Heiligheid is binne bereik van almal wat daarna
reik in geloof, nie as gevolg van goeie werke nie, maar omrede die
verdienste van Christus. [7 BC 908 (MS 113,1902)]
Ons heiligmaking is die werk van die Vader, Seun en die Heilige
Gees. Dit is die vervulling van die verbond wat God gemaak het met
diegene wat hulself verbind het om saam met Hom, Sy Seun en die
Heilige Gees, in gemeenskap te staan. Is u wedergebore? Het u ‘n
nuwe mens in Christus Jesus geword? Werk dan saam met die drie
groot magte van die hemel wat vir julle werk. [7BC 908]
“God het die mens “geskape na Sy beeld” (Gen. 1:27) en dit
was Sy doel dat hoe langer die mens geleef het, hoe vollediger hy
hierdie beeltenis sou openbaar - om des te vollediger die heerlikheid
van die Skepper te weerkaats. Al sy vermoëns was tot ontwikkeling
in staat; die kapasiteit en lewenskrag daarvan moes aanhoudend
toeneem. Ontsaglik groot was die speelruimte vir hul beoefening;
heerlik die veld wat vir hulle navorsing oopgestel is... Om in die
mens die beeld van sy Skepper te herstel, om hom terug te bring
na die volmaaktheid waartoe hy geskape is, om die ontwikkeling
van liggaam, verstand en siel te bevorder, sodat die Goddelike doel [131]
met Sy skepping verwesentlik kan word - dit sou die werk van die
saligmaking wees. Dit is die doel van die opvoeding, die groot doel
van die lewe. [Opv 15,16]
Die lewe van Daniël is geïnspireerde illustrasie van ‘n lewe wat
heilig gemaak is. Dit is ‘n les vir almal en vernaamlik vir die jeug.
Streng gehoorsaamheid aan die vereistes van God is voordelig vir
die heil van liggaam en verstand. Om die hoogste peil op sedelike
en verstandelike vlak te bereik, is dit nodig om wysheid en krag van
God te vra en streng matigheid in al die gewoontes van die lewe aan
te kweek. [SL 23]
Henog is ‘n uitstaande karakter. Sommige mense sien hom as ‘n
geval ver bokant die deursnee man se bereik. Maar Henog se karakter
wat so heilig was dat hy hemel toe geneem is sonder om die dood te
smaak, is ‘n voorbeeld van wat die lewens en karakters van almal
wat, soos Henog, saam met Christus wil gaan wanneer Hy kom,
142 Die Boodskap
kwaad voorhou nie. Hulle is nie eng en selfregverdig nie, maar hulle
vertrou hulself nie, sodat hulle nie dalk sal struikel en kort skiet in
die vereistes waarop die beloftes gegrond is nie.
Baie wat voorgee dat hulle geheilig is, is onkundig aangaande
die werk van genade in die hart. As hulle beproef word is hulle
soos die selfregverdige Fariseërs. Hulle verdra geen teenspraak nie.
Rede en oordeel word opsy geskuif en hulle vertrou geheel en al op
hulle gevoelens, terwyl hulle steun op emosionele ondervindings
wat hulle een of ander tyd gehad het. Hulle is hardkoppig en dwars
in hulle aanspraak op heiligheid, met baie lippetaal maar sonder
vrugte as bewys. Diegene wat voorgee dat hulle heilig gemaak is,
bedrieg nie net hulself deur hulle huigelary nie, maar lei ander, wat
vuriglik begeer om die wil van God te doen, op die verkeerde weg.
Hulle voer keer op keer aan: “God lei my! God leer my! Ek lewe
sonder sonde” Baie wat in aanraking kom met hierdie gees ervaar ‘n
duistere geheimsinnigheid iets wat hulle nie kan verstaan nie. Maar
dit dra glad nie die beeld van Christus, ons enigste voorbeeld, nie.
[SL 7-10]
Heiligmaking is ‘n progressiewe werk. Die opeenvolgende
stappe word in die woorde van Petrus uiteengesit (2 Pet. 1:5-11).
Hier is vir ons ‘n onfeilbare weg. Vir die wat daagliks by hul Christe-
like deugde byvoeg, sal God die gawes van die Gees vermenigvuldig.
[SL 94,95]
Heiligmaking is nie die werk van ‘n oomblik, ‘n uur of ‘n dag
nie. Dit is gedurige groei in genade. Ons weet nie vandag hoe fel ons
stryd móre gaan wees nie. Die Satan lewe en is aktief en ons moet
elke dag die Here smeek om hulp om hom te weerstaan. Solank as
wat die Satan leef sal ons onsself moet onderwerp, aanvegtinge moet
oorwin en daar is geen rusplek, ‘n plek waar ons sal kan sê dat ons
ons doel bereik het nie. [IT 340]
[134] Die kosbaarste vrug van heiligmaking is sagmoedigheid. Wan-
neer hierdie bekoring die siel beheers, word die karakter deur sy
invloed gevorm. Die mens wag voortdurend op God en onderwerp
sy wil aan Hom. [SL11 -15]
Ons moet daagliks strewe teen uiterlike boosheid en innerlike
sonde as ons ‘n volmaakte Christelike karakter wil verkry. [R&H
Mei 30,1882(1:319)]
- Die Die Leerstuk oor die Versoening. 145
goddelike genade alleen sal die werk voltooi. Daar is geen plek waar
ons sorgeloos kan rus nie. [TM 507/508]
God lei Sy volk stap vir stap. Hy bring hulle op verskeie plekke
om aan hulle te toon wat in die hart is. Sommige hou vol in een
opsig, maar skiet te kort in ‘n ander opsig. Met elke stap vorentoe
word die hart ‘n bietjie feller beproef. As die belydende volk van
God vind dat hulle harte in opstand kom hierteen, behoort hulle te
besef dat hulle nog ‘n stryd het vir oorwinning as hulle nie deurdie
Here uitgespuug wil word nie. [1T187]
Daar is eerlike siele wat deels in God vertrou en deels in hul-
leself. Hulle vertrou nie op God om deur Sy krag behoue te bly
nie, maar steun op hulle eie waaksaamheid teen versoeking en die
verrigting van sekere pligte om deur Hom aanvaar te word. Daar
is geen oorwinnings in hierdie soort geloof nie. Sulke mense werk
vrugteloos; hulle siele is gedurig in slawerny en hulle vind geen rus
voordat hulle hul laste aan die voet van Jesus neergelê het nie. [1
SM 353]
In die wedergebore hart sal daar ‘n vaste beginsel wees om die
wil van God te gehoorsaam, want daar is ‘n liefde vir wat regverdig,
goed en heilig is. [R&H.Mei 26,188501:525]
Die feit dat ons geroep is om beproewings te verduur, bewys
dat die Here in ons iets kosbaars sien wat Hy graag wil ontwikkel.
As Hy niks in ons sien wat tot Sy eer kan strek nie, sal Hy nie tyd
mors om ons te probeer louter nie. Ons doen nie die moeite om ‘n
doringbos te snoei nie. Christus werp nie waardelose materiaal in
die oond nie. Dit is waardevolle erts wat hy beproef. [7 T 214]
Wanneer God beplan dat ‘n persoon ‘n verantwoordelike pos
moet beklee, openbaar Hy in Sy genade aan Hom die verborge
gebreke in sy lewe sodat hulle na binne kan kyk en krities die
komplekse emosies en werking van hulle hart kan ondersoek om
uit te vind wat verkeerd is; hulle kan dan hulle denke en gedrag
verfyn. God wil hê dat Sy diensknegte bekend raak met die sedelike
masjinerie van hulle eie harte. [4T 85]
[136] Baie gee voor dat hulle aan die Here se kant is, maar hulle is nie;
die oorwig van al hulle dade is aan die Satan se kant. Hoe sal ons
weet aan watter kant ons is? Wie besit die hart? Aan wie dink ons
deurentyd? Met wie voer ons graag gesprek? Wie het ons teerste
gevoelens en lewenskragte? As ons aan die Here se kant is sal ons
- Die Die Leerstuk oor die Versoening. 147
geliefde Seun wat vir jou rebellie en sonde gesterf het. [R&H Jul.
24,1888 (2:231)]
Die wit klere is die geregtigheid van Christus wat in jou karakter
ingebou kan word... Jy mag sê dat jy in Jesus glo wanneer jy ‘n
waardering het van die koste van verlossing. Jy kan dit sê as jy
voel dat Jesus vir jou gesterf het aan die kruis van Golgota; as jy ‘n
intelligente begrip het van geloof dat Sy dood dit moontlik maak vir
jou om op te hou sondig en om ‘n volmaakte karakter te verkry deur
die genade van God aan jou geskenk as koopprys van Christus se
bloed. [R&H ,Jul 24,1888 (2:231)]
Heiligmaking en Karakterbou
Moenie dink dat jy moet wag totdat jy een deug volmaak het
voordat jy die volgende aanpak nie. Nee, hulle moet saam groei,
gevoed uit die fontein van liefde; elke dag van jou lewe kan jy die
geseënde eienskappe vervolmaak wat in die karakter van Christus
geopenbaar is. [R&H Jul 29,1890(2:416)]
Die mens is geplaas in ‘n wêreld van verdriet, sorge en vertwyfe-
ling. Hy is hier geplaas om getoets en beproef te word soos Adam en
Eva, sodat hy ‘n opregte karakter kan ontwikkel en harmonie bring
uit struweling en verwarring. [R&HApr. 21,1885(1:515)]
Daar sal geen verandering van karakter wees wanneer Christus
kom nie. Karakterbou moet plaasvind gedurende die proeftyd. Hulle
dade word daagliks in die boeke van die hemel aangeteken en hulle
sal, in die dag van die Here, hul loon ontvang volgens hulle werke.
Niemand sal die heilige stad ingaan behalwe as oorwinnaars nie.
[R&H Aug. 25,1885(1:541/2)]
Die aanbidding van Christus verlaag nie die ontvanger nie, dit
maak hom nooit kru, onbeskof, verwaand, driftig of ongenaakbaar
nie. Inteendeel, dit verfyn die smaak, suiwer die oordeel en bring
hulle in gevangenisskap met Christus. God se ideaal vir Sy kinders
is hoër as die hoogste menslike denke. Hy het Sy heilige wet gegee
as afskrif van Sy karakter. [8T. 63/64]
Ons sal individueel wees vir tyd en ewigheid wat ons gewoontes
ons maak. Die lewens van diegene wat goeie gewoontes vorm en wie
getrou is in die uitvoer van elke plig, sal as skynende ligte wees wat
helder strale op die weg van andere laat skyn, maar as gewoontes van
- Die Die Leerstuk oor die Versoening. 149
Al jou goeie werke kan jou nie red nie, maar dit is nogtans
onmoontlikvirjou om gered te word sonder goeie werke. [R&H Mrt
21,1878 (1:194)]
Geloof en Werke
Maar, dierbare broeders, is dit voordelig om twyfel uit te spreek
met betrekking tot Christus se gewilligheid om julle te aanvaar? Ek
is bevrees julle maak te veel staat op gevoel, deur dit die kriterium
te maak. [R&H Jul. 1, 1884(1:439)]
[139] Die populêre fabel dat al wat die mens moet doen is om te glo, het
duisende en tienduisende vernietig omdat hulle dit geloof noem wat
nie geloof is nie maar slegs ‘n dogma... Sommige van ons broeders
is bevrees dat ons te veel op die onderwerp van regverdiging deur die
geloof sal bly vassteek, maar ek hoop en bid dat niemand onnodig
onsteld sal word nie, want daar is geen gevaar as die leerstelling
geleer word soos dit in die Skrifte geleer word nie. As daar nie in
die verlede nagelaat is om die mens hieroor in te lig nie, sou dit nie
nodig gewees het om nou die aandag daarop te vestig nie. [R&HAprl
1890(2:381)]
Om die gebooie van God te hou vereis van ons goeie werke,
selfverloëning, self-opoffering en toewyding tot ander se beswil; nie
dat ons werke alleen ons kan red nie, maar dat ons seer sekerlik nie
sonder ons goeie werke gered kan word nie. Nadat ons alles gedoen
het wat ons in staat is om te doen, dan moet ons sê: Ons het niks
meer as ons plig gedoen nie en ons beste werke is onwaardig om die
kleinste guns van God te verdien. Christus moet ons geregtigheid en
ons kroon van verblyding wees. [R&H Jul 13,1886(2:60)]
Ons moet nie geheel en al passief wees deur te dink dat daar geen
werk toegesê is aan diegene wat die ewige lewe wil beërf nie. Nee,
nee, die Here vra ons om die beste te doen met die vermoëns wat
Hy aan ons gee, om elke vermoë in te span en elke krag in te span
sodat ons nie die ewige lewe misloop nie. Dat die mens in luiheid
en onaktiwiteit gered kan word is totaal onmoontlik. Die geloof en
werke gaan hand in hand. Dat die mens niks het om te doen behalwe
om te glo nie, is ‘n dwaling en ‘n gevaarlike leer... ‘n mens wat in sy
sonde gered word, sal uit voeling wees met die plan van verlossing
en die werk van God. [R&H Okt 30,1888(2:257)]
- Die Die Leerstuk oor die Versoening. 151
Daar is ‘n werk wat elkeen van ons moet doen as ons die ewige
lewe wil beërwe. Maar alhoewel ons ons deel doen wat God ons
gegee het om te doen, moet ons besef dat, nadat ons dit alles gedoen
het, ons nog ver kortkom van die ewige lewe as die Here nie aan Sy
kant gedoen het wat die sterflike mens nie vir homself kon doen nie.
Die geestelike lewe is totaal afhanklik van die samewerking van die
menslike en goddelike bronne. [R&H Okt 30,1888(2:257)]
Geloof en werke gaan hand aan hand, want enige goeie daad op [140]
sigself is dood. Die hele werk van God in die menslike siel word
verrig deur die samewerking van die goddelike Gees met die mens
se poging. “Sonder My,” het Christus gesê, “kan julle niks doen
nie.” Daar is ‘n behoefte aan gedurige waaksaamheid en ywerige,
liefdevolle toewyding, maar hierdie dinge sal natuurlik kom as die
siel deur die krag van God bewaar word deur die geloof. Ons kan
niks, absoluut niks doen om ons aan te beveel voor God nie. [R&H
Jun 17,1884(1:188)]
Geloof, op sigself, is ‘n handeling van die denke... Baie maak
die fout om die fyn nuanses tussen regverdiging en heiligmaking
omsigtig te probeer omskryf. Hulle bring dan hulle eie idees en
spekulasie uit in die definisies. Waarom moet ons meer omsigtig
probeer wees as die geïnspireerde Woord oor die lewensbelangrike
kwessie van regverdigmaking deur die geloof. [RC 77(Ms. 12a,
1901)]
Ons hoor dikwels dat dit is wat Jesus vir ons gedoen het en nie
wat ons vir onsself doen wat ons weg bepaal na die hemel nie. Dit
mag waar wees in een sin maar nie in ‘n ander sin nie. Daar is ‘n
werk wat ons moet doen om ons geskik te maak vir omgang met
engele. Ons moet wees soos Jesus, vry van die smet van sonde.
[R&H Nov 17,1885(1:565)]
In die laaste dag sal ons goedgekeur of verdoem word volgens
ons werke. [R&H lan 19,1886(2:11)]
Hier word dit duidelik verklaar dat die ewige lewe afhanklik is
van gehoorsaamheid aan al die voorskrifte van God. [R&H Nov
17,1885(1:566)]
Die seremoniële wet was luisterryk; dit was die voorsiening wat
Christus gemaak het in ooreenkoms met die Vader om te help in
die verlossing van die mensdom. Die hele bediening van die tipiese
diens is op Christus gebaseer.
152 Die Boodskap
met geduld hardloop, ons moet die geloofstryd aanknoop, ons moet
worstel met owerhede en magte, ons moet worstel met God in gebed
as ons sonder smet voor die troon van God wil staan. [R&H Sep
6,1892(2:593)]
Die mens bou homself nie op as woonplek vir die Gees nie, maar
tensy daar samewerking is van die mens se wil met God se wil, kan
die Here niks vir hom doen nie. Die Here is die groot Meesterbouer
en tog moet die mens saamwerk met die Goddelike Werker, anders
sal die hemelse gebou nie voltooi word nie. Al die krag is van God en
al die eer kom Hom toe, maar nogtans rus al die verantwoordelikheid
by die mens, want God kan niks doen sonder sy samewerking nie.
[R&H Okt 25,1892(2:605)]
[143] Die evangelie verswak nie die vereistes van die wet nie; dit
verhef die wet en maak dit groot. Onder die Nuwe Testament word
niks minder vereis as onder die Ou Testament nie. Laat niemand
hom troos met die misleiding, so aangenaam vir die sondige hart,
dat God enige opregtheid aanvaar, dit maak nie saak wat die geloof
is of hoe onvolmaak die lewe nie, God vereis in Sy kind volmaakte
gehoorsaamheid. [R&H Nov 1,1892(2:607)]
Predikante vertel somtyds aan die mens dat hulle niks te doen het
behalwe om te glo nie; dat Jesus alles gedoen het en hulle eie werke
niks is nie. Maar die Woord van God sê duidelik dat die weegskaal
in die oordeel fyn gebalanseer sal wees en dat die besluit op die
bewysstukke gebaseer sal wees...
Ons pogings in vrome werke, vir onsself sowel as vir die verloss-
ing van siele, sal’n definitiewe uitwerking op ons loon hê. [R&H Oh
25, 1881(1:291}]
Sedert die val van die mens is God se genade en sedelike heer-
skappy onskeidbaar. Hulle loop hand aan hand deur albei dispensa-
sies. “Erbarming en waarheid vloei inmekaar; geregtigheid en vrede
het mekaar omhels.” [R&HMrt 8,1881 (1:267)]
God het aan die mens ‘n volmaakte maatstaf gegee in Sy wet.
As hy dit gehoorsaam, sal hy daardeur lewe, deur die verdienste van
Christus. As hy dit oortree, het dit die mag om te verdoem. Die wet
wys mens na Christus en Christus wys hulle terug na die wet. [R&H
Sept 20, 1881(1:288)]
Ware vryheid en onafhanklikheid word gevind in die diens van
God. Sy diens sal op u geen beperking plaas wat nie jou geluk
- Die Die Leerstuk oor die Versoening. 155
dat ons kan wandel in die strale van die Son van Geregtigheid en nie
die vonkies van ons eie tonteling nie. [R&H Nov 1; 1890(2:608)]
Om vergewe te word soos Christus vergewe, is nie alleen om
vrygespreek te word nie, maar om hernu te word in die verstand.
[R&H Aug. 19, 1890(2:419)]
Christus reken aan ons Sy sondelose karakter toe en stel ons voor
die Vader in Sy eie reinheid. Daar is baie wat dink dit is onmoontlik
om die mag van die sonde te ontsnap, maar die belofte is dat ons
gevul kan word met al die volheid van God. Ons mik te laag. Die doel
is veel hoër... Ons moet die hoogste eienskappe van die karakter van
God weerkaats... Die wet van God is die verhewe maatstaf waaraan
ons moet voldoen deur die toegerekende geregtigheid van Christus.
[R&H Jul 12, 1892(2:581)]
en die vernietiging van die goddelose nie. Die fout is begaan, nie in
die berekening van die profetiese tydperke nie, maar in verband met
die gebeurtenis wat aan die einde van die 2,300 dae moes plaasvind.
[GS 486]
Die koms van Christus as ons Hoëpriester na die Allerheiligste
plek vir die reiniging van die heiligdom soos in Dan 8:14 verklaar;
die koms van die Seun van die mens na die Oue van dae, soos in Dan.
7:13 geopenbaar en die koms van die Here na Sy tempel, soos deur
Maleagi voorspel, is beskrywings van dieselfde gebeurtenis en dit is
ook voorgestel deur die koms van die bruidegom soos deurChristus
beskryf in die gelykenis van die tien jong meisies in Matt.25. [GS
488]
In die gelykenis van Mattheus 22 word dieselfde beeld van ‘n
bruilof gebruik en daar word die ondersoekende oordeel voorgestel
as ‘n werk wat plaasvind voor die bruilof. Net voor die bruilof
kom die koning die gaste ondersoek (v. 11) om te sien of almal die
bruilofskleed aan het, naamlik die vlekkelose kleed van karakter,
gewas en wit gemaak in die bloed van die Lam. (Openb. 7:14) Die
een wat sonder die bruilofskleed aangetref is, is uitgewerp, maar
almal wat die bruilofskleed aangehad het, is deur God aangeneem
en waardig geag om ‘n deel in Sy koninkryk te hê en om op Sy
troon te sit. Hierdie werk van die ondersoek van die karakter of
die vasstelling wie almal gereed is vir die koninkryk van God, stel
die ondersoekende oordeel voor, die sluitingswerk in die heiligdom
daarbo.
Wanneer die ondersoekingswerk klaar is, wanneer die lewens [146]
van almal wat deur die eeue heen bely het dat hulle navolgers van
Christus was, ondersoek is, dan en nie voor daardie tyd nie, sal
die genadetyd sluit en die genadedeur toegaan. In daardie een kort
sinnetjie:“En die wat gereed was, het saam met Hom ingegaan na
die bruilof en die deur is gesluit.” word ons gebring tot die einde van
die Heiland se laaste bediening en tot die tyd wanneer die werk vir
die verlossing van die mens voleindig is. [GS 491 ]
Toe die hoëpriester in die sinnebeeldige diens die Heilige plek
op die versoendag verlaat het, het hy voor God ingegaan met die
bloed van die sondoffer ten behoewe van al die Israeliete wat waarlik
hul sondes bely het. Christus het dus maar een deel van al Sy werk
as Middelaar volbring, om te begin met die ander deel van Sy werk
158 Die Boodskap
en Hy pleit nog Sy bloed voor die Vader ten behoewe van sondaars.
[GS 492]
Dit is diegene wat Jesus in geloof volg in die groot werk van ver-
soening wat die seëninge van Sy middelaarswerk vir hulle ondervind,
terwyl diegene wat die lig wat hierdie bedieningswerk openbaar, ver-
werp, geen seën ontvang nie. [GS 493/4]
Die groot Offer was geoffer en aangeneem en die Heilige Gees
wat op Pinksterdag neergedaal het, het die aandag van die dissipels
van die aardse op die hemelse heiligdom gevestig, waarin Jesus
gegaan het deur Sy eie bloed, om op Sy dissipels die voordele van
die versoening uit te stort. [EG 222]
So het diegene wat die onderwerp ondersoek het, onomstootlike
bewys van die bestaan van die heiligdom in die hemel gevind. Moses
het die aardse heiligdom gemaak volgens ‘n patroon wat aan hom
getoon is. Paulus leer ons dat dit ‘n afbeeldsel van die ware heiligdom
in die hemel was. Johannes getuig dat hy die heiligdom in die hemel
gesien het.
In die hemelse tempel, die woonplek van God, is Sy troon in
geregtigheid en oordeel bevestig. In die Allerheiligste plek is Sy
wet, die groot maatstaf van reg waarvolgens die ganse mensheid
geoordeel sal word. Die ark waarin die tafels van die wet is, is bedek
met die versoendeksel waar Christus Sy bloed ten behoewe van die
sondaar pleit. Hier het ons dus ‘n voorstelling van die vereniging
van geregtigheid en genade in die verlossingsplan. [GS 475]
hemel se kosbaarste seëninge ontvou het; die dae vol dade van liefde
en genade; die nagte van gebed en die waking in eensaamheid op
die berge; die sameswerings van afguns, haat en kwaadwilligheid...
En nou, voor die slingerende skare word die eindtonele geopen-
baar - die geduldige Lyer betree die pad na Golgota, die Vors van die
hemel hangende aan die kruis; die trotse priesters en die honende
gepeupel wat spot met Sy doodsangs; die bonatuurlike duisternis,
die bewende aarde, die geskeurde rotse, die geopende grafte wat die
oomblik aanwys toe die wêreld se Verlosser Sy lewe opgegee het.
[GS 751,2]
[L.W. Die Ondersoekende oordeel en uitvoerende versoening
word in die hoofstuk oor die Leer van die Laaste Dae meer breed-
voerig behandel].
_______________
Hoofstuk 7 - Die Leerstuk Oor Eindgebeure [149]
God het die mens altyd gewaarswku teen komende oordele. Wie
in Sy boodskap vir hul tyd geglo en hul geloof in dade oorgesit het
ter gehoorsaamheid aan Sy gebooie, het aan die oordele ontkom wat
die ongehoorsames en ongelowiges getref het. Die Woord het tot
Noag gekom: “Gaan iy in die ark, jy en jou hele huisgesin, want jou
het Ek regverdig bevind voor My aangesig in hierdie geslag.” Noag
het gehoorsaam en is gered.” ... Die woord het tot Lot gekom:“Maak
julle klaar, gaan uit hierdie plek uit, want die Here gaan die stad
verwoes” [Gen.7:1; 19:14]. Lot het hom aan die beskerming van
die hemelse boodskappers onderwerp en is gered. So is Christus se
dissipels gewaarsku teen die verwoesting van Jerusalem. Diegene
wat gewag het op die teken van die komende verwoesting en uit die
stad gevlug het, het die verwoesting vry gespring. So word ons nou
gewaarsku teen Christus se wederkoms en die verwoesting wat die
wêreld sal tref. Wie ag op die waarskuwing slaan, sal gered word.
[KE 574]
Ons moet die groot profetiese bakens studeer wat die tye waarin
ons lewe aandui. [4 MR 163]
Daar is behoefte aan ‘n deegliker studie van die Woord van God.
Daniël en die Openbaring moet veral aandag ontvang soos nog nooit
tevore nie. Die lig wat Daniël van God ontvang het, is spesiaal vir
die laaste dae gegee. [TM 112,3]
Die onvervulde voorspellings van die boek Openbaring sal spoe-
dig vervul word. Die profesie moet nou in alle erns studeer word
deur die volk van God en duidelik verstaan word. [1NL 96]
Die ernstige boodskappe wat in hul volgorde gegee is in die boek
Openbaring moet die eerste plek inneem in die denke van die volk
van God. [Ev. 194/5]
Die profesieë word vinnig vervul. Baie meer hoort gesê te word
oor hierdie geweldig belangrike onderwerpe. Die dag is op hande
wat die lotsbestemming van siele vir ewig sal vaslê.
161
162 Die Boodskap
van sy opkoms uit niksen soos ‘n stille saadjie het ons gegroei tot ‘n
ryk.” ln ‘n uitgawe van die jaar 1850 het ‘n Europese tydskrif van
die Verenigde State gepraat as “‘n wonderbaarlike ryk wat voort-
spruit en te midde van die stilte van die aarde daeliks sy mag en sy
hoogmoed vermeerder het.” In ‘n toespraak oor die Pelgrim-stigters
van Amerika, gelewer te Plymouth, het Edward Everett gesê: “Het
hulle gesoek na ‘n stil plekkie wat deur sy verborgenheid nie aan-
stoot kon gee nie, veilig in sy afgeleëntheid, waar die klein kerkie
van Leiden vryheid van gewete kon geniet? Aanskou die magtige
geweste waarheen hulle in vreedsame verowering die banier van die
kruis gedra het.” [GS 504]
“Aan hom is mag gegee om dit twee-en-veertig maande lank te [151]
doen.” En die profeet sê: “Ek het een van sy koppe gesien net of
dit dodelik gewond was” Verder sê hy: “As iemand krygsgevangene
maak, gaan hy in krygsgevangenskap; as iemand met die swaard
doodmaak, moet hy met die swaard doodgemaak word.” Die twee-
en-veertig maande stem ooreen met die “tyd en tye en die helfte van
‘n tyd,” naamlik drie en ‘n half jaar of 1 260 dae (Dan. 7). Gedurende
hierdie tydperk sou die pouslike mag Gods volk verdruk. Soos ons
in vorige hoofstukke aangetoon het, het hierdie tydperk begin met
die opperheerskappy van die pousdom in die jaar 538 n.C. en dit
het geëindig in 1798. In daardie jaar is die pous deur die Franse leër
gevange geneem en die pouslike mag het ‘n dodelike wond gekry;
toe ook is die voorspelling vervul dat as iemand krygsgevangene
maak, gaan hy in krygsgevangenskap.” (GS 503]
Daar lê ‘n ernstige stryd voor almal om die bose neigings wat hulle
wil oormeester, te oorwin. Die voorbereidingswerk is ‘n persoonlike
werk. Ons word nie in groepe gered nie. Die reinheid en toewyding
van een sal nie die gebreke in die karakter van ‘n ander aanvul nie.
Hoewel alle volke in die gereg voor God sal moet verskyn, sal Hy
die lewe van elke persoon so deeglik ondersoek asof daar nie nog
‘n ander siel op aarde was nie. Elkeen moet getoets word en sonder
vlek of rimpel of iets dergeliks bevind word.
Plegtig is die tonele wat in verband staan met die sluitingswerk
van die versoening. Die allergewigtigste belange is daarin betrokke.
Die oordeel is nou aan die gang in die hemelse heiligdom. Vir jare
al is hierdie werk aan die gang. Spoedig - niemand weet hoe gou nie
- kom die lewendes aan die beurt. In die vreeslike teenwoordigheid
van God sal ons lewens in oënskou geneem word. In hierdie tyd,
meer as in enige ander, behoort ons ag te gee op die Heiland se
vermaning, “Pas op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die
tyd daar is nie.” Mark 13:33. “As jy dan nie wakker word nie, sal
Ek op jou afkom soos ‘n dief en jy sal nie weet in watter uur Ek op
jou afkom nie.” Openb. 3:3. Wanneer die ondersoekende oordeel [153]
afgesluit word, sal die lot van alle mense vir die dood of die lewe
beslis wees. Die genadetyd sluit ‘n tyd voor die verskyning van die
Here op die wolke van die hemel. In Openbaring, waar Christus
vooruit sien na hierdie tyd, verklaar Hy:“Wie onreg doen, laat hom
nog meer onreg doen en wie vuil is, laat hom nog vuiler word. En
kyk, Ek kom gou en My loon is by My, om elkeen te vergeld soos
sy werk sal wees.” Openb. 22:11,12. . [GS 558]
Op dieselfde wyse moet die tipes wat op die tweede koms be-
trekking het, ook op die tye vervul word wat in die sinnebeeldige
diens aangetoon is. Onder die Mosaiese stelsel het die reiniging van
die heiligdom of die groot versoendag, op die tiende dag van die se-
wende Joodse maand geval, toe die hoëpriester, nadat hy versoening
vir die hele Israel gedoen en sodoende hulle sondes uit die heiligdom
verwyder het, verskyn en die volk geseën het. (Lev.16:29-34). So
is daar ook geglo dat Christus, ons groot Hoëpriester sou verskyn
om die aarde te reinig deur die uitwissing van sonde en sondaars en
om Sy wagtende volk die onsterflikheid te gee. Die tiende dag van
die sewende maand, die groot versoendag , die tyd van die reiniging
van die heiligdom, wat in die jaar 1844 op die twee-en-twintigste
166 Die Boodskap
Oktober geval het, is beskou as die datum wanneer die Here sou kom.
Dit het ooreengestem met die bewyse alreeds aangevoer, naamlik
dat die 2 300 dae sou eindig in die herfs en daardie gevolgtrekking
het onweerlegbaar geskyn. [GS458, 459]
Beide die profesie van Daniël 8:14, “Tweeduisend driehonderd
aande en móres, dan sal die heiligdom in sy regte staat herstel word”
en die eerste engel se boodskap, “Vrees God en gee Hom heerlikheid,
want die uur van Sy oordeel het gekom,“wys op Christus se bedie-
ning in die Allerheiligste plek, naamlik die ondersoekende oordeel
en nie op die koms van Christus vir die verlossing van Sy volk en
die vernietiging van die goddelose nie. Die fout is begaan, nie in die
berekening van die profetiese tydperk nie, maar in verband met die
gebeurtenis wat aan die einde van die 2 300 dae moes plaasvind. As
gevolg van hierdie fout het die gelowiges teleurstelling ondervind,
maar tog is alles wat deur die profesie voorspel is en alles wat hulle
volgens die Skrifte verwag het, vervul. Op hierdie selfde tyd toe
hulle die mislukking van hulle hoop betreur het, het, die gebeurtenis
wat deur die boodskap voorspel is en wat moes vervul word voordat
die Here kon kom om sy diensknegte te beloon, plaasgevind.
[154] Christus het gekom, nie na die aarde soos hulle verwag het nie,
maar soos deur die sinnebeeld voorafgeskadu, na die allerheiligste
plek van die tempel van God in die hemel. Daniël stel Hom voor as
komende tot die Oue van dae: “Ek het gesien in die naggesigte en
kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom, soos die Seun van
‘n mens en Hy het gekom, nie na die aarde toe nie, maar tot by die
Oue van dae en hulle het Hom nader gebring voor Hom.”Dan. 7:13
Hierdie koms is voorspel deur die profeet Maleagi: “Dan sal
skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die
Engel van die verbond, na wie julle ‘n begeerte het. Kyk, Hy kom,
sê die Here van die leërskare” Mal.3:1. Die koms van die Here na sy
tempel was skielik en onverwags vir sy volk. Hulle het Hom nie daar
gesoek nie. Hulle het verwag dat Hy na die aarde sou kom “in vuur
en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en
op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is
nie.” 2 Thess. 1:8 [GS 486-487]
Wanneer die ondersoekingswerk klaar is, wanneer die lewens
van almal wat deur die eeue heen bely het dat hulle navolgers van
Christus was, ondersoek is, dan en nie voor die tyd nie, sal die genade
- Die Leerstuk Oor Eindgebeure 167
Middernagtelike Geroep
Baie dink met afsku aan die handelswyse van die Jode in hulle
verwerping en kruisiging van Christus en waar hulle die geskiedenis
lees van die skandelike behandeling wat Hy ondergaan het, dink
hulle dat hulle Hom liefhet en dat hulle Hom nie sou verloën het
soos Petrus of Hom sou gekruisig het soos die Jode nie. Maar God
wat die harte van almal kan lees, het die liefde wat hulle sê dat
hulle vir Jesus het, op die proef gesteL Die ganse hemel het met
die grootste belangstelling gekyk hoe die eerste engel se boodskap
ontvang word. Vele wat gesê het dat hulle Jesus liefhet en wat trane
stort wanneer hulle die verhaal van die kruis lees, het gespot met
die goeie nuus van Sy koms. Pleks dat hulle die boodskap met
blydskap aangeneem het, het hulle gesê dat dit ‘n bedrog was. Hulle
het diegene gehaat wat sy koms liefgehad het en het hulle uit die
kerke verban. Diegene wat die eerste boodskap ver werp het, kon
nie baat by die tweede nie; ook is hulle nie bevoordeel deur die
middernagtelike geroep wat hulle sou voorberei om deur geloof
saam met Jesus in te gaan in die allerheiligste plek van die hemelse [155]
heiligdom nie. Deur die twee vorige boodskappe te verwerp, is hulle
verstand so verduister dat hulle geen lig kon sien in die derde engel
se boodskap wat die weg aangewys het na die allerheiligste plek
nie. Ek het gesien dat net soos die Jode Jesus gekruisig het, so het
die kerke hierdie boodskappe gekruisig en daarom het hulle geen
kennis van die weg tot die allerheiligste plek nie en hulle kan geen
voordeel trek uit die middelaarswerk van Jesus daar nie. Net soos
die Jode, wat hulle nuttelose offers gebring het, so stuur hulle hulle
gebede op na die afdeling wat Jesus verlaat het en die Satan, in sy
skik met hierdie bedrog, neem sogenaamde Christene tot homself
en hy werk met sy krag en tekens en wonders van die leuen om
hulle in sy strik te vang. Sommige bedrieg hy op die een manier
en ander weer op ‘n ander. Hy het verskillende verleidings vir die
168 Die Boodskap
verskillende soorte mense. Sommige sal die een dwaling met afsku
verwerp, terwyl hulle ‘n andereen geredelik sal aanneem. Die Satan
bedrieg sommige met Spiritisme. Ook kom hy in die gedaante van’n
engel van die lig en versprei hy sy invloed oor die land deur middel
van valse reformasies. Die kerke is in hulle skik en hulle meen dat
God op wonderbaarlike wyse vir hulle werk, terwyl dit al die tyd die
werk van ‘n ander gees is. Die opwinding bedaar later en dit laat die
wêreld en die kerk in ‘n slegter toestand as voorheen. [EG 222,3]
Die koms van Christus as ons Hoëpriester na die Allerheiligste
plek vir die reiniging van die heiligdom, soos in Daniël 8:14 verklaar;
die koms van die Seun van die mens na die Oue van dae, soos in
Daniel 7:13 geopenbaar en die koms van die Here na Sy tempel
soos deur Maleagi voorspel, is beskryf as van dieselfde gebeurtenis
en dit is ook voorgestel deur die koms van die brui degom soos
deur Christus beskryf in die gelykenis van die tien jong meisies in
Mattheus 25. [GS 488]
Dit was die middernagtelike geroep wat krag sou gee aan die
tweede engel se boodskap. Engele is uit die hemel gestuur om die
ontmoedigde heiliges op te wek en hulle te berei vir die groot werk
voor hulle. Dit was nie die mees talentvolle manne wat eerste hierdie
boodskap ontvang het nie. Engele is gestuur na die nederiges en toe-
gewydes en hulle moes die boodskap gee: “Daar kom die bruidegom;
gaan uit hom tegemoet!” Diegene aan wie hierdie boodskap toever-
trou is, het haastig en in die krag van die Heilige Gees die boodskap
verkondig en hulle ontmoedigde broeders opgewek. Hierdie werk
was nie afhanklik van die wysheid en geleerdheid van mense nie,
maar van die krag van God en Sy heiliges wat die roepstem gehoor
[156] het, kon dit nie weerstaan nie. Die vromes het eerste die boodskap
aangeneem en diegene wat voorheen leiers was in die werk was die
laaste om dit aan te neem en te help met die wekroep: “Daar kom
die bruidegom, gaan uit hom tegemoet!”
In elke deel van die land is daar lig gegee op die tweede engel se
boodksap en die roepstem het die harte van duisende week gemaak.
Die boodskap het gegaan van stad tot stad en van dorp tot dorp, totdat
die wagtende volk van God heeltemal wakkergeskud was. Baie kerke
wou nie toelaat dat die boodskap in hulle midde verkondig word
nie en menigtes wat die lewende getuienis gehad het, het hulle aan
die gevalle kerke onttrek. Daar is ‘n groot werk gedoen deur die
- Die Leerstuk Oor Eindgebeure 169
saak het, was daar ander wat pal gestaan het. Die vrugte van die
Adventbeweging - die gees van nederigheid en hartondersoek, van
versaking van die wêreld en hervorming van die lewe wat daarmee
gepaard gegaan het, het getuig dat dit van God was. Hulle durf dit
nie ontken dat die krag van die Heilige Gees in die prediking van die
wederkoms getuig het en hulle kon geen fout in die berekening van
die profetiese tydperke ontdek nie. Die bekwaamstes onder hulle
teenstanders het nie daarin geslaag om hulle stelsel van Skrifver-
klaring omver te werp nie. Die stellings wat hulle ingeneem het na
ernstige, biddende skrifondersoek en met verstande verlig deur die
Gees van God en harte brandende met lewende krag, kon hulle nie
prys gee nie - stellings wat die skerpste kritiek en bitterste teenstand
van godsdienstige leiers en wyses van die wêreld uitgelok het en wat
nie omvergewerp kon word nie deur die gekombineerde magte van
geleerdheid en welsprekendheid en wat die verwyte en skeldtaal van
sowel eerbares as slegtes trotseer het. [GS 464/5]
die verbond en daarbo-op die gerubs van die heerlikheid wat die
versoendeksel oorskadu het.” Heb. 9:1 -5
Die heiligdom waarna Paulus hier verwys het, was die tabernakel
wat deur Moses op bevel van God as die aardse woonplek van die
Allerhoogste opgerig is.” Ook moet hulle vir My ‘n heiligdom maak,
dat ek onder hulle kan woon.” Exod. 25:8. Dit was die bevel wat aan
Moses gegee is toe hy saam met God op die berg was. Die Israeliete
was op reis deur die woestyn en die tabernakel is so gemaak dat
dit van plek tot plek vervoer kon word; ten spyte hiervan was dit
egter ‘n pragtige stuk handewerk. Die mure het bestaan uit regop
planke, oorgetrek met ‘n dik laag goud, wat in silwergroewe gerus
het. Die dak het uit ‘n aantal gordyne of oortreksels bestaan; die
buitenste laag was van velle en die binneste van fyn linne, pragtig
uitgewerk met figure van gerubs. Behalwe die voorhof waar die
brandofferaltaar gestaan het, het die tabernakel self uit twee afdelings
bestaan, naamlik die Heilige plek en die Allerheiligste plek wat
van mekaar geskei is deur ‘n pragtige gordyn of voorhangsel; ‘n
dergelike voorhangsel het voor die ingang tot die eerste afdeling
gehang.
Aan die suidekant van die Heilige plek was die kandelaar met [162]
sewe lampe wat die heiligdom dag en nag verlig het. Aan die noor-
dekant was die tafel met die toonbrode en voor die voorhangsel
wat die Heilige plek van die Allerheiligste plek geskei het, was die
goue brandofferaltaar vanwaar ‘n wolk van wierook-die gebede van
Israel-daeliks tot God opgestyg het.
In die Allerheiligste plek was die verbondsark, ‘n pragtige kis
waarvan die hout met goud oorgetrek was. Hierin is die twee klip-
tafels waarop God die wet van Tien Gebooie geskryf het, gebêre.
Bokant die ark, vormende as’t ware ‘n beskerming vir die heilige
kis, was die versoendeksel, ook ‘n pragtige stuk handewerk, aan elke
kant waarvan twee gerubs van soliede goud gestaan het. In hierdie
afdeling is die goddelike teenwoordigheid geopenbaar in ‘n wolk
van heerlikheid tussen die twee gerubs.
Nadat die Hebreërs in Kanaan gevestig was, is die tabernakel
deur die tempel van Salomo vervang wat, hoewel dit ‘n permanente
gebou en op groter skaal was, proporsioneel en wat meubels aanbe-
tref, dieselfde was. In hierdie vorm het die heiligdom voortbestaan
176 Die Boodskap
behalwe gedurende die tyd van Daniël toe dit in puin was todat dit
in die jaar 70 n.C. deur die Romeine verwoes is.
Dit is die enigste heiligdom waarvan ons in die Bybel lees,
wat ooit op die aarde bestaan het. Paulus het verklaar dat dit die
heiligdom van die eerste verbond was; maar het die nuwe verbond
dan ook nie ‘n heiligdom nie?
By verdere ondersoek van Hebreërs is daar ontdek dat ‘n tweede
of ‘n heiligdom van die nuwe verbond te kenne gegee word met die
woorde van Paulus wat reeds aangehaal is:“So dan het die eerste
verbond sowel verordeninge vir die erediens asook sy aardse hei-
ligdom gehad.” Die woordjie “asook” gee te verstaan dat Paulus al
voorheen van hierdie heiligdom gepraat het. Hulle het teruggeblaai
na die begin van die agste hoofstuk en daar het hulle gelees: “Die
hoofsaak nou van wat ons gesê het, is dit: Ons het so ‘n Hoërpriester
wat gaan sit het aan die regterhand van die troon van die Majesteit
in die hemele, ‘n bedienaar van die heilige dinge en van die ware
tabernakel wat die Here opgerig het en nie’n mens nie.” Heb. 8:1,2.
Hier is die heiligdom van die nuwe verbond geopenbaar. Die
heiligdom van die eerste verbond is deur die mens opgerig deur
Moses gebou; hierdie een is deur die Here opgerig en nie deur ‘n
mens nie. In die eersgenoemde heiligdom het aardse priesters diens
gedoen; in laasgenoemde doen Christus, ons Hoëpriester, diens aan
die regterhand van God. Die een heiligdom was op aarde en die
ander een in die hemel.
[163] En wat meer is, die tabernakel wat deur Moses opgerig is, is vol-
gens ‘n sekere patroon gemaak. Die Here het hom beveel: “Volgens
alles wat Ek jou laat sien - die voorbeeld van die tabernakel en die
voorbeeld van alles wat daarby behoort so moet julle dit maak.” Weer
is die bevel herhaal, “En kyk dat jy dit maak volgens die voorbeeld
daarvan wat jou op die berg getoon is.” Exod. 25:9,40.
En van die eerste tabernakel sê Paulus: “Dit was ‘n beeld met die
oog op die teenwoordige tyd waarin daar gawes en offers gebring
word, dat die heilige plekke daarvan afbeeldinge was van die dinge
in die hemele,” dat die priesters wat gawes geoffer het volgens die
wet “‘n afbeeldsel en skaduwee van hemelse dinge” bedien het en
Christus het nie ingegaan in’n heiligdom met hande gemaak, ‘n
teëbeeld van die ware nie, maar in die hemel self om nou voor die
- Die Leerstuk Oor Eindgebeure 177
toekoms verlig. Hulle het geweet dat God hulle deur Sy onfeilbare
voorsienigheid gelei het. Hoewel hulle, soos die eerste dissipels, die
boodskap wat hulle verkondig, nie verstaan het nie, was dit nogtans
in alle opsigte juis. In die verkondiging van die boodskap het hulle
Gods doel vervul en hulle werk in die Here was nie tevergeefs nie.
Met die wedergeboorte tot ‘n lewende hoop, het hulle hulle verheug
met ‘n onuitspreeklike vreugde. [GS 485-486]
Versigtig en plegtig het diegene wat die boodskap aangeneem
het, die tyd afgewag waarop hulle verwag het om hulle Here te
ontmoet. Elke móre het hulle gevoel dat dit hulle eerste plig was
om bewys van hulle aanname deur God te kry. Hulle harte is saam-
gesnoer en hulle het saam en vir mekaar gebid. Dikwels het hulle
saamgekom op afgesonderde plekke om gemeenskap met God te
hou en van die lande en plantasies het gebede hemelwaarts gestyg.
Die versekering dat die Heiland hulle aangeneem het, was vir hulle
belangriker as hulle daelikse voedsel en waar ‘n wolk hulle verstand
benewel het, het hulle nie gerus totdat dit weg was nie. Namate hulle
Sy vergewende genade ondervind het, het hulle verlang om Hom
wat hulle siele liefhet, te sien.
Maar weer was hulle tot teleurstelling gedoem. Die tyd waarop
hulle die Here verwag het, het verbygegaan en hulle Heiland het nie
gekom nie. Met onwrikbare vertroue het hulle uitgesien na Sy koms
en nou het hulle gevoel soos Maria wat, toe sy by die Heiland se
graf kom en dit leeg vind, wenende uitgeroep het: “Hulle het my
Here weggeneem en ek weet nie waar hulle Hom neergelê het nie.”
Joh. 20:13.
’n Gevoel van vrees - ‘n vrees dat die boodskap miskien waar kan
wees - het vir ‘n tyd gedien om die ongelowige wêreld in bedwang
te hou. Na die tyd verstreke was, het hierdie gevoel nie sommer
[165] verdwyn nie; aan die begin durf hulle nie juig oor die teleurgesteldes
nie maar toe daar geen tekens van Gods wraak gesien is nie, het
hulle vrees verdwyn en hulle het weer met hulle verwyte en spottery
begin. ‘n Groot menigte wat voorgegee het om te glo in die spoedige
wederkoms van die Here, het hulle geloof versaak.
Sommige van die wat so vol vertroue was se hoogmoed was
nou so gekwes dat hulle gevoel het dat hulle van die wêreld kon
weghardloop. Soos Jona het hulle teen God gemurmureer en gewens
dat hulle dood was. Diegene wat hulle geloof op die opinies van
- Die Leerstuk Oor Eindgebeure 179
andere en nie op die Woord van God gegrond het nie, was nou
maar te gereed om van sienswyse te verander. Die spotters het die
swakkes en lafhartiges tot hulle geledere gewin en hulle het almal
saamgestaan in die verklaring dat daar nou geen vrees of verwagtings
meer kon wees nie. Die tyd het aangebreek, die Here het nie gekom
nie en die wêreld mag nog vir duisende jare staan.
Die ernstige, opregte gelowiges het alles vir Christus opgegee
en het Sy teenwoordigheid soos nooit tevore ondervind nie. Hulle
het, soos hulle geglo het, hulle laaste waarskuwing aan die wêreld
gegee en verwagtende om eerlank in die teenwoordigheid van hulle
goddelike Meester en die heilige engele ontvang te word, het hulle
in ‘n groot mate hulle onttrek aan die geselskap van diegene wat
die boodskap nie aangeneem het nie. Met vurige verlange het hulle
gebid:“Kom Here Jesus, kom gou.” Maar Hy het nie gekom nie.
Om nou weer die swaar laste en sorge van die lewe op te neem en
die verwyte, smaad en bespotting van die wêreld te verduur, was ‘n
vreeslike beproewing van hulle geloofen geduld.
Maar hierdie teleurstelling was nie so groot as die van die dis-
sipels tydens Christus se eerste koms nie. Toe Jesus triomfantlik
Jerusalem binnegery het, het Sy navolgers gemeen dat Hy op die
punt gestaan het om die troon van Dawid te bestyg en om Israel van
sy verdrukkers te verlos. Met groot hoop en blye verwagting het
hulle met mekaar gewedywer om eer te betoon aan hulle Koning.
Vele het hulle klere as tapyt in Sy pad gegooi of hulle het palmtakke
voor Hom neergegooi. In hulle uitbundige vreugde het hulle almal
saam geskreeu: “Hosanna vir die Seun van Dawid!” Toe die Fari-
seërs, versteurd en vertoornd deur hierdie uitbarsting van vreugde,
versoek het dat Jesus Sy dissipels moes bestraf, het Hy geantwoord:
“As hulle swyg, sal die klippe uitroep.” (Luk.19:40). Die profesie
moet vervul word. Die dissipels was besig om die doel van God uit
te werk, maar nogtans was hulle gedoem tot bittere teleurstelling.
Slegs ‘n paar dae sou verloop en dan sou hulle getuies wees van die
Heiland se bittere dood en Hom moes begrawe. Hulle verwagtings [166]
is nie in een enkele opsig verwesenlik nie en hulle hoop het saam
met Jesus gesterf. Nie alvorens hulle Here as oorwinnaar uit die graf
te voorskyn gekom het, kon hulle alles wat in die profesieë voorspel
is verstaan nie, “Dat die Christus moes ly en uit die dode opstaan.”
(Hand.l 7:3)
180 Die Boodskap
Vyfhonderd jaar tevore het die Here deur die profeet Sagaria
verklaar: “Verheug jou grootlik, o dogter van Sion! Juig, o dogter van
Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou, regverdig en ‘n oorwinnaar
is Hy; nederig en Hy ry op ‘n esel, die vul van ‘n eselin.” Sag. 9:9.
As die dissipels besef het dat Christus op pad was na Sy verhoor en
dood, sou hulle hierdie profesie nie kon vervul nie. [GS 461-463]
Die derde engel se boodskap, wat die boodskap van die eerste [167]
en tweede engel omvat, is die boodskap vir hierdie tyd. Ons moet
die banier ophef waaróytttttttttttttttttttt op geskrywe is: Die gebooie
van God en die geloof van Jesus. Die wêreld moet spoedig voor die
groot Wetgewer verskyn oor sy verbreekte wet. Dit is nie nou die tyd
om die groot strydvraag te ignoreer nie. Die Here doen ‘n oproep op
Sy volk om die wet groot en heerlik te maak. [8T 197:2]
Wanneer die derde engel se boodskap afgesluit word, sal daar
nie meer genade wees vir die skuldige aardbewoners nie. Die volk
van God het hulle werk gedoen. Hulle het die “laat reëns, tye van
verkwikking van die aangesig van die Here,” ontvang en hulle is
berei vir die beproewingsuur voor hulle. Engele haas heen en weer
in die Hemel. ‘n Engel wat terugkeer van die aarde kondig aan dat
sy werk klaar is; die eindtoets is aan die wêreld gegee en almal wat
hulle getrou betoon het aan die goddelike gebooie, het die” seël van
die lewende God” ontvang. Nou staak Jesus Sy voorbidding in die
heiligdom daarbo. Hy hef Sy hande op en met’n luide stem sê Hy:
“Dit is volbring.” Die leërskare van engele haal hulle krone af terwyl
Hy die volgende plegtige aankondiging doen: “Wie onreg doen, laat
hom nog meer onreg doen en wie vuil is, laat hom nog vuiler word
en laat die regverdige nog reverdiger word en laat die heilige nog
heiliger word.” Openb. 22:11. Elke saak is beslis vir die lewe of die
dood. Christus het versoening gedoen vir Sy volk en hulle sondes
uitgedelg. Die getál van Sy onderdane is vol.” Die koningskap en
die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse
hemel” sal eerlank gegee word aan diegene wat die saligheid beërf
het en Jesus sal regeer as Koning van die konings en Here van die
here. [GS 695-696]
Valse Hoop
Maar ten spyte van die gemis aan geloof en vroomheid is daar
nogtans ware navolgers van Christus in hierdie kerke. Voordat die
laaste oordele van God op die aarde kom, sal daar onder die volk
van God so ‘n herlewing wees van die outydse godsvrug as wat daar
nie sedert die dae van die apostels was nie. Gods Gees en krag sal
uitgestort word op Sy kinders. In daardie tyd sal baie hulle afskei
van die kerke waarin liefde vir hierdie wêreld die liefde vir God en
182 Die Boodskap
Die Skudding
God is besig om Sy volk te skud. Hy wil ‘n rein eh heilige kerk hê.
Ons kan nie die harte van mense lees nie. Maar die Here het middele
voorsien om Sy kerk te suiwer. ‘n Korrupte volk het verrys wat nie
saam met die volk van God kon woon nie. Hulle het vermaning
verag en wou nie berispe word nie. Hulle het die geleentheid gehad
om te weet dat hulle in ‘n ongeregtige stryd gewikkel is. Hulle het
tyd gehad vir berou maar was te lief vir self om dit te laat sterf. Hulle
het dit vertroetel en dit het sterk geword en hulle het self geskei van
die vertrouende volk van God wat Hy vir Homself onderrig. Ons
moet God dank dat ‘n weg geopen is om die kerk te red, want Gods
wraak sou oor ons gekom het as hulle by ons gebly het. [IT 99:3]
God het aan my getoon dat die manne Hazaels is en ‘n vloek
vir ons mense is. Hulle is wyser as wat geskryf is. Hierdie ongeloof
in die waarhede van Gods woord omdat menslike oordeel nie die
verborgenhede van Sy werk kan begryp nie, word gevind in alle
oorde, in alle klasse van die samelewing. Dit word geleer in die
meeste van ons skole en selfs in kleuterlesse. Duisende wat voorgee
om Christene te wees gee gehoor aan valse geeste. Die gees van
duisternis sal jy oral teëkom onder die dekmantel van godsdiens.
As almal wat voorgee om goddelik te wees, dit werklik is, as almal
wat dit bely vir die waarheid preek en nie daarteen nie en as hulle
manne was, gelei deur Sy Gees, dan kon ons ‘n ligstraal in die morele
- Die Leerstuk Oor Eindgebeure 183
duisternis sien. Maar die gees van antichris heers soos nooit tevore
nie.
Ons kan wel uitroep: “Red o Here, want daar is geen vrome meer
nie,” want die getroues het verdwyn onder die mensekinders. Ek weet
dat vele ver te goed dink van die huidige tyd. Hierdie gemaksugtige
siele sal verswelg word in die algehele verwoesting. Maar ons moet
nie hoop opgee nie. Ons is geneig om te dink dat as daar nie getroue
predikante is nie, daar geen getroue Christene kan wees nie, maar
dit is nie die geval nie. God het belowe dat waar die herders vals is,
Hyself vir die kudde sal sorg. Hy het nooit die kudde geheel en al
afhanklik van mense gemaak nie. Maar die dag van reiniging van die
kerk nader vinnig. God wil Sy volk rein en getrou hê. In die magtige
uitwanning wat spoedig sal plaasvind, sal ons beter die sterkte van [169]
Israel kan peil. Die tekens dui aan dat die tyd naby is dat die Here
openbaar sal word met die gaffel in Sy hand en Hy Sy vloer deur en
deur sal dors.
Die dae kom haas nader, wanneer daar groot verwarring en ver-
wardheid sal wees. Die Satan, geklee in die kleed van engele, sal,
indien moontlik, die uitverkorenes mislei. Daar sal vele gode en
here wees. Elke wind van lering sal waai. Die wat hulde betoon het
aan sogenaamde wetenskap, sal dan nie die leiers wees nie. Die wat
vertrou het op intellek, aanleg of talente, sal dan nie aan die hoof
van sake staan nie. Hulle het nie tred gehou met die lig nie. Die wat
hulself ontrou bewys het sal nie toevertrou word met die kudde nie.
In die laaste plegtige werk sal min groot manne gebruik word. Hulle
is selfvoldaan, onafhanklik van God en Hy kan hulle nie gebruik
nie. Die Here het getroue diensknegte, wat, in die skudding, in die
toetstydperk openbaar sal word. Daar is kosbare siele, nou onbekend,
wat nie die knie voor Baal gebuig het nie. Hulle het nie die lig gehad
wat so gekonsentreerd op julle geskyn het nie, maar dit mag wees
dat onder ‘n nuwe en onaantreklike uiterlike ‘n reine helderheid van
‘n egte Christelike karakter openbaar sal word. In die daglig kan ons
nie die sterre sien as ons na die hemel kyk nie. Hulle is daar in die
hemelruim, maar die oog kan hulle nie onderskei nie. In die nag sien
ons egter hulle luister. [5T 80-81]
Die groot skudding het begin en dit sal voortgaan en almal sal
uitgeskud word wat nie gewillig is om onverskrokke en onwrikbaar
vir die waarheid te staan en opofferings te maak vir God en Sy saak
184 Die Boodskap
nie. Die engel het gesê: “Dink jy dat enigeen verplig sal word om
op te offer? Nee, nee; die offers moet vrywillig geskied. Dit sal
alles neem om die saailand te koop.” Ek het God gesmeek om Sy
volk te spaar, want sommige van hulle het swak geword en was
sterwende.Toe het ek gesien dat die oordele van God spoedig sal
kom en ek het die engel gesmeek om in sy taal tot die mense te
spreek. Hy het geantwoord: “Al die donders en blitse van die berg
Sinai sal nie diegene beweeg wat nie beweeg kan word deur die
duidelike waarhede van Gods Woord nie en ‘n boodskap van ‘n
engel sal hulle ook nie wakkerskud nie.” [EG 45]
Ek het gesien dat sommige nie deel geneem het aan die wroeging
en voorbidding nie. Hulle skyn sorgeloos en nalatig te wees. Hulle
het nie die duisternis rondom hulle weerstaan nie en dit het hulle
verswelg soos ‘n digte wolk. Die engele het diegene verlaat en ander
te hulp gesnel wat geworstel het met al hul mag om die bose engele
teen te staan en hulself probeer help het deur God met volharding aan
[170] te roep. Maar die engele het die verlaat wat geen poging aangewend
het om hulself te help nie en ek het hul uit die gesig verloor. Soos
die biddendes hul ernstige geskrei voortsit, het ‘n straal lig van Jesus
soms tot hulle gekom om hulle harte te bemoedig en hul aangesigte
teverlig. [IT 180/1]
Ek het sommige sien pleit met God met sterk geloof en ernstige
smeekbedes. Hulle gesigte was bleek en kommervol - tekens van
‘n inwendige stryd. Hulle het ernstig en vasberade gelyk; groot
sweetdruppels het op hulle voorhoofde gestaan. So nou en dan is
hulle aangesigte verlig deur tekens van Gods goedkeuring en dan
het hulle weer daardie ernstige, kommervolle houding aangeneem.
Bose engele het om hulle vergader en duisternis geskep om Jesus
vir hulle oë te verberg, sodat hulle net die duisternis rondom hulle
sou sien en gelei kon word om God te wantrou en teen Hom te
murmureer. Hulle enigste veiligheid was om na omhoog te kyk.
Engele van God hou wag oor Sy volk en toe die bose engele die
giftige atmosfeer rondom hierdie beangste mense geskep het, het
die hemelse engele gedurig met hulle vlerke oor hulle gewaai om
die duisternis te verdryf.
Waar hierdie bidders voortgegaan het met hulle smeekbedes, het
daar by tye ‘n ligstraal van Jesus na hulle gekom om hulle harte
te bemoedig en hulle aangesigte te verlig. Sommige, het ek gesien,
- Die Leerstuk Oor Eindgebeure 185
het nie deelgeneem aan die smeekbedes nie. Dit het gelyk of hulle
onverskillig was en nie omgegee het nie. Hulle het nie geveg teen
die duisternis rondom hulle nie en dit het hulle in ‘n digte wolk
omsluit. Die engele van God het hierdie mense verlaat en diegene
gaan help wat besig was om te bid. Ek het engele sien haas na almal
wat geprobeer het om hulleself te help deur volhardend tot God te
roep. Maar Sy engele het diegene verlaat wat geen poging gemaak
het om hulleself te help nie en ek het hulle nie meer gesien nie.
Ek het verneem wat die betekenis is van die skudding wat ek
gesien het en is getoon dat dit veroorsaak is deur die onomwonde
getuienis van die Waaragtige Getuie aan die Laodicense. Dit sal ‘n
uitwerking hê op die hart van die ontvanger en hom lei om die banier
te verhoog en die onomwonde waarheid te verkondig. Sommige
sal nie hierdie reguit getuienis aanneem nie; hulle sal daarteen in
opstand kom en dit is dit wat die skudding sal veroorsaak onder
Gods volk.
Ek het gesien dat die getuienis van die Waaragtige Getuie gro-
tendeels verrontagsaam is. Die ernstige getuienis wat so baie te doen
het met die lotsbestemming van die kerk, is lig opgeneem indien [171]
nie heeltemal veronagsaam nie. Hierdie getuienis moet ‘n gron-
dige bekering bewerkstellig; almal wat dit waarlik aanneem, sal dit
gehoorsaam en hulle sal gereinig word.
Die engel het gesê: “Luister bietjie daarna!” Toe het ek ‘n stem
gehoor soos van baie musiekinstrumente wat almal in harmonie
bespeel is. Dit het die mooiste musiek wat ek nog ooit gehoor het,
oortref - dit was so vol genade, barmhartigheid en verheffende, hei-
lige vreugde. Dit het deur my hele wese getril. Toe het die engel
gesê: “Kyk daar!” My aandag is gevestig op die groep wat so gewel-
dig geskud is. Ek het diegene gesien wat so smekende en in angs
gebid het. Die afdeling engele wat hulle bewaak het, is verdubbel
en hulle het ‘n wapenrusting aangehad wat hulle van hulle hoof tot
by hulle voete bedek het. Hulle het ordelik voortbeweeg, soos ‘n
afdeling soldate. Hulle gelaat het die tekens getoon van die vreeslike
stryd wat hulle deurgemaak het; nogtans het hulle gesigte, wat tekens
getoon het van die kwaai, inwendige stryd, nou gestraal van die lig
en heerlikheid van die hemel. Hulle het die oorwinning behaal en
dit het die grootste en heiligste vreugde aan hulle ontlok.
186 Die Boodskap
gehoor wat die hemele en die aarde geskud het. Daar was ‘n groot
aardbewing. Orals het geboue ineengestort. Toe het ek ‘n oorwin-
ningskreet gehoor; dit was kragtig en musikaal en helder. Ek het na
die groep gekyk wat ‘n rukkie tevore in bande en in sulke ellende
was. Hulle was verlos uit hulle gevangeskap. ‘n Heerlike lig het
hulle beskyn. Hoe mooi het hulle toe gelyk! Al die tekens van kwel-
ling en afmatting was weg en gesondheid en skoonheid is gesien
op elke gelaat. Hulle vyande, die heidene rondom hulle, het soos
dooie mense neergeval. Hulle kon die lig wat op die verloste heiliges
geskyn het nie verduur nie. Hierdie lig en heerlikheid het op hulle
gebly totdat Jesus in die wolke van die hemel gesien is en die ge-
troue, beproefde groep verander is in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, van
heerlikheid tot heerlikheid. En die grafte is geopen en die heiliges
het voortgekom, beklee met onsterflikheid en roepende: “Die dood
en die graf is oorwin” en tesame met die lewende heiliges is hulle
opgeneem, die Here tegemoet in die lug en almal het met musikale
stemme oorwinnend gejuig. [EG 230-233]
Namate die storm nader, het ‘n groot aantal van diegene wat
voorgegee het om in die derde engel se boodskap te glo maar wat nie
geheilig is deur gehoorsaamheid aan die waarheid nie, hulle geloof
prysgegee en aangesluit by die geledere van die teenstanders. Deur
met die wêreld te verenig en met sy gees besiel te word, sal hulle
sake net soos die wêreldlinge beskou en wanneer die toets kom, sal
hulle gereed wees om die maklike, populêre kant te kies. Talentvolle [173]
en innemende mense wat hulle eenmaal in die waarheid verbly het,
sal hulle kragte gebruik om siele te bedrieg en te mislei. Hulle
sal die bitterste vyande word van hulle gewese broeders. Wanneer
Sabbathouers voor die howe gebring word oor hulle geloof, sal
hierdie afvalliges die beste werktuie van Satan wees om hulle te
beskuldig en vals voor te stel; hulle sal deur valse getuienis en
beskuldigings die owerheid teen eersgenoemdes ophits. [GS 689]
En omdat ongeregtigheid sal vermeerder sal die liefde verflou.
Die atmosfeer is besoedel met sonde. Gods volk sal spoedig beproef
word deur ‘n vuurtoets en ‘n groot aantal van die wat nou skyn
eg en getrou te wees, sal as onedele metale bewys word. Instede
van versterk en bevestig te word deur teenstand, dreigemente en
mishandeling, sal hulle hul lafhartig saam met die teenstanders skaar.
Die belofte is; Die wat My eer, sal Ek eer. Sal ons minder geheg
188 Die Boodskap
wees aan Gods wet omdat die wêreld poog om dit tot niet te maak?
[8T 135:1]
Die feit dat daar geen stryd of oproer onder Gods volk is nie, is
geen bewys dat hulle vashou aan suiwer leer nie. Daar is rede om te
vrees dat julle nie duidelik onderskei tussen waarheid en dwaling nie.
Wanneer geen nuwe vrae begin word deur ondersoek van die Skrifte
nie, wanneer geen meningsverskille mense na hulle Bybels jaag nie,
om sodoende vir hulleself vas te stel dat hulle die waarheid het, sal
daar nou baie wees soos van ouds, wat sal vashou aan oorlewering
en aanbid wat hulle self nie weet nie.
Aan my is getoon dat baie wat teenwoordige waarheid bely, nie
weet wat hulle glo nie. Hulle verstaan nie die bewyse van hulle
geloof nie. Hulle het geen waardering vir die huidige werk nie.
Wanneer die beproewings kom, is daar manne, wat vir ander preek,
wat sal vind, na hulle hul eie sienings ondersoek het, dat daar baie
dinge is waarvoor hulle geen rede het nie. Totdat hulle so getoets
word, ken hulle nie hul eie onkunde nie. Daar is baie in die kerk
wat dit as vanselfsprekend aanvaar dat hulle verstaan wat hulle glo,
maar totdat strydvrae opduik, ken hul nie hulle eie swakheid nie.
Wanneer afgesonder van ander gelowiges en gedwing om alleen te
staan en hul geloof te verduidelik, is hulle verbaas om te sien hoe
verward hulle idees is oor wat hulle aanvaar het as waarheid. Daar
was sekerlik, in ons geledere ‘n afwyking van die lewende God en ‘n
vertroue in mense, deur menslike wysheid in die plek van goddelike
wysheid te plaas.
[174] God sal Sy volk wakkerskud. As ander metodes faal sal Hy
kettery toelaat in hulle midde, wat hulle sal wan om die kaf van
die koring; te skei. Die Here roep elkeen wat glo in Sy Woord om
te ontwaak uit hul slaap. Kosbare lig het gekom, paslik vir hierdie
tyd. Dit is Bybelwaarheid wat die gevare aandui wat op ons is. Die
lig hoort ons te lei tot ywerige studie van die Skrifte en ‘n kritiese
ondersoek in ons standpunte. Die Here wil dat ons elke rigting en
standpunt deuglik en met volharding deursoek, met gebed en vas...
Hulle geloof moet vas gegrond wees op die Woord van God sodat
wanneer toetse kom en hulle voor howe verskyn om vir die waarheid
te verantwoord, hulle in staat sal wees om ‘n rede te gee vir die hoop
wat in hulle is met vrees en bewing. [5T 707]
- Die Leerstuk Oor Eindgebeure 189
Ek het gesien dat net soos die Jode Jesus gekruisig het, so het
die kerke hierdie boodskappe gekruisig en daarom het hulle geen
kennis van die weg tot die Allerheiligste plek nie en hulle kan geen
voordeel trek uit die middelaarswerk van Jesus daar nie. Net soos
die Jode, wat hulle nuttelose offers gebring het, so stuur hulle hulle
nuttelose gebede op na die afdeling wat Jesus verlaat het en die
Satan, in sy skik met hierdie bedrog, neem sogenaamde Christene
tot homself en hy werk met sy krag en tekens en wonders van die
leuen om hulle in sy strik te vang. Sommige bedrieg hy op die een
manier en ander weer op ‘n ander. Hy het verskillende verleidings
vir die verskillende soorte mense. Sommige sal die een dwaling met
afsku verwerp, terwyl hulle ‘n ander een geredelik sal aanneem. Die
Satan bedrieg sommige met spiritisme. Ook kom hy in die gedaante
van’n engel van die lig en versprei hy sy invloed oor die land deur
middel van valse reformasies. Die kerke is in hulle skik en hulle
meen dat God op wonderbaarlike wyse vir hulle werk terwyl dit al
die tyd die werk van ‘n ander gees is. Die opwinding bedaar later
en dit laat die wêreld en die kerk in ‘n slegter toestand as voorheen.
[EG 223]
weer terug te keer nie. Die volk van God sal dan gedompel word in
daardie tonele van beproewing en ellende wat die profete beskryf
het as die tyd van Jakob se benoudheid. Die geskrei van die getroue
vervolgde gelowiges gaan op na die hemel. Soos die bloed van Abel
van die grond af uitgeroep het, so is daar stemme wat ook tot God
roep uit martelaarsgrafte, van kelders van die see, bergspelonke en
kloosterselle.” Hoe lank, Here, Heilige en waaragtige, oordeel en
wreek u nie ons bloed op hulle wat die aarde bewoon nie?” [5T
451:1,2]
Net voor ons is “die uur van beproewing wat oor die hele wê-
reld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.”
(Openb.3:10). Almal wie se geloof nie opdie Woord van God geves-
tig is nie, sal bedrieg en oorwin word. Satan werk” met allerhande
verleiding van ongeregtigheid” om die mensekinders te beheers en
sy bedrieëry sal steeds toeneem. Maar hy sal sy doel bereik alleen
namate mense vrywillig aan sy versoekings toegee. Diegene wat
ernstig soek na ‘n kennis van die waarheid en wat trag om hulle
siele te reinig deur gehoorsaamheid en wat doen wat hulle kan om
hulleself voor te berei vir die stryd, sal in die God van waarheid ‘n
vaste vesting hê. “Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar
het, sal Ek jou ook bewaar,” is die belofte van die Heiland aan ons.
(Openb. 3:10). Liewer as om een siel wat op Hom vertrou, oor te
laat om deur Satan oorwin te word, sal hy al die engele uit die hemel
stuur om Sy volk te beskerm. [GS 635]
Hy het getrag om die gedaantes van afgestorwe vriende aan
mense te laat verskyn. Hierdie vervalsing is volmaak; die bekende
voorkomste, die woorde, die buiging van die stem, word met wonder-
baarlike juistheid weergegee. Vele word vertroos met die versekering
dat hulle geliefdes in die hemelse geluksaligheid is en sonder enige
vermoede van gevaar, luister hulle na “verleidende geeste en leringe
van duiwels.” [GS 625]
Deur Spiririsme verskyn Satan as die weldoener van die mens.
Hy genees die siekes en gee voor dat hy ‘n nuwe en meer verhewe
stelsel van godsdiens het, maar terselfdertyd werk hy as verwoes-
ter. Sy versoekings lei menigtes tot hulle ondergang. Onmatigheid
onttroon die rede; botviering van die vleeslike luste, stryd en bloed-
vergieting is die gevolg. Satan skep behae in oorlog, want dit wek
[176] die laagste drifte van die siel op en dit voer die slagoffers, gedrenk
- Die Leerstuk Oor Eindgebeure 191
in sonde en bloed, die ewigheid in. Dit is sy doel om die volke tot
oorlog teen mekaar op te sweep, want sodoende kan hy die aandag
van die mense aftrek van die werk van voorbereiding vir die dag van
God.
Satan werk deur die elemente om sy oes van onvoorbereide siele
in te samel. Hy het die geheime van die laboratoriums van die natuur
nagegaan en hy gebruik al sy krag om die elemente te beheers sover
as God hom toelaat. Toe hy toegelaat is om Job te teister, hoe vinnig
was die vee en beeste en diensknegte en huise en kinders wegge-
veeg! Die een ramp het op die ander gevolg soos in ‘n oomblik. Dit
is God wat Sy skepsels beskerm en hulle beskut teen die mag van
die verwoester. Maar die Christenwêreld het sy minagting vir die
wet van Jehova getoon en die Here sal doen presies wat Hy verklaar
het dat Hy sal doen - Hy sal Sy seëninge aan die aarde onttrek en
Sy beskerming aan diegene wat in opstand is teen Sy wet en wat
ander leer en dwing om dieselfde te doen, ontneem. Satan beheer
almal wat nie spesiaal deur God beskerm word nie. Hy sal sommige
begunstig en voorspoedig maak om sy eie planne te bevorder en oor
ander sal hy moeilikhede laat kom om hulle te laat glo dat dit God is
wat hulle teister. Terwyl hy hom aan die mensekinders voordoen as
die groot geneesheer wat al hulle siektes kan genees, sal hy siekte en
rampe laat ontstaan totdat digbewoonde stede omskep is in ruines
en verwoesting. Hy is nou reeds aan die werk. In ongelukke en
rampe op see en land, in groot brande, in verwoestende winde, in
verskriklike haelstorms, in storms, oorstromings, orkane vloedgolwe
en aardebewings orals en in ‘n duisend vorms beoefen Satan sy mag.
Hy laat ryp oeste verwoes en hongersnood en ellende is die gevolg.
Hy besoedel die lug en duisende kom om in pestilensies. Hierdie
rampe sal meer dikwels en met ontsettender gevolge kom. Verwoes-
tings sal kom oor mens en dier. “Die aarde treur, dit verwelk... en
die hoë mense van die aarde versmag. Want die aarde is ontheilig
onder sy bewoners, want hulle het die wette oortree, die insetting
geskend, die ewige verbond verbreek.” Jesaja 24:4,5. [GS 666/7]
nie. Terwyl die viering van die valse sabbat in gehoorsaamheid aan
die staatswette, maar in botsing met die vierde gebod, ‘n betuiging
van trou is aan ‘n mag wat in stryd is met God, sal die viering
van die ware Sabbat in gehoorsaamheid aan Gods wet die bewys
van getrouheid aan die Skepper wees. Terwyl die een klas deur die
aanvaarding van die teken van onderwerping aan aardse magte die
merkteken van die dier ontvang, ontvang die ander klas deur die
teken van getrouheid om goddelike gesag te verkies, die seël van
God. [GS 685]
Die tyd is nie meer ver in die toekoms wanneer elke siel getoets
sal word nie. Die merkteken van die dier sal op ons afgedwing word.
Die wat trapsgewyse toegegee het aan wéreldse eise en gekonfor-
meer het met wêreldse tradisie, sal dit nie moeilik vind om eerder
toe te gee aan die owerhede nie, as om die skyf van spot, beledi-
gings, dreigemente van tronkstraf en die dood te word. Die stryd is
tussen die Wet van God en dié van mense. In die tyd sal die slyk
geskei word van die goud in die kerk. Ware vroomheid sal duidelik
aan sy glans erken word. Vele sterre bewonder vir hulle luister, sal
verduister. Kaf sal soos wolke voor die wind weggevoer word, self [180]
van plekke waar ons net koring gesien het. Almal wat die versiering
van die heiligdom aanvaar het, maar nie met die geregtigheid van
Christus beklee is nie, sal in die skande van hulle naaktheid openbaar
word. [5T 81]
Broeders en Susters, as ek tog net iets kan sê wat julle sal wakker
skud om die belangrikheid, die betekenis van die gebeure wat nou
plaasvind, te besef. Ek verwys julle na die aggressiewe bewegings
wat gedoen word om godsdiensvryheid te beperk. God se geheiligde
gedenkteken is afgebreek en in Sy plek staan ‘n valse Sabbat, sonder
heiligheid, voor die wêreld. En, terwyl die magte van die duisternis
elemente van benede opsweep, stuur God krag van bo om die krisis te
beveg deur Sy lewende instrumente wat die wet van God verhef. Nou
is dit ons geleentheid om in vreemde lande te werk. Soos Amerika,
die land van godsdiensvryheid met die pousdom sal verenig om die
gewete te dwing om ‘n valse Sabbat te eer, sal die volke uit elke
deel van die aardbol haar voorbeeld volg. Ons mense is nie halfpad
wakker genoeg om alles in hul mag te doen, met die fasiliteite binne
bereik om die boodskap van waarskuwing uit te brei nie. [6T 18:2]
196 Die Boodskap
Wanneer die toetstyd kom, sal diegene wat Gods Woord hulle
lewensreël gemaak het, geopenbaar word. In die somer is daar nie
eintlik ‘n merkbare verskil tussen die immergroen bome en die
ander nie, maar as die winter daar is, bly die immergroen bome
onveranderd terwyl die ander bome kaal is. So ook kan die valse
belyer nie nou onderskei word van die ware Christen nie, maar die
tyd is voor die deur wanneer die verskil opmerklik sal wees. Laat
teenstand, dweepsug en onverdraagsaamheid maar weer hulle koppe
uitsteek, laat die vuur van vervolging weer aangesteek word en die
halfhartige huigelaars sal wankel en hulle geloof versaak, maar die
opregte Christen sal so onwrikbaar soos ‘n rots staan. Sy geloof sal
sterker en sy hoop heerliker wees asindiedaevan voorspoed. [GS 681
]
hy neem die teken aan van trou aan die mag wat hy verkies om te
gehoorsaam in stede van God. Die waarskuwing van die hemel lui
as volg: “As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy
voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn
van die grimmigheid van God wat ongemengd ingeskink word in
die beker van sy toorn.” Openb. 14:9,10.
Maat’die wraak van God sal niemand tref aleer die waarheid
aan sy verstand en gewete tuisgebring is en hy dit verwerp het nie.
Daar is vele wat nog nie ‘n geleentheid gehad het om die spesiale
waarhede vir hierdie tyd te hoor nie. Die verpligting van die vierde
gebod is nog nooit in die ware lig voor hulle gestel nie. Hy wat in
elke hart kan sien en wat al die beweegredes ken, sal nie toelaat
dat enigeen wat begeer om die waarheid te ken, bedrieg word ten
opsigte van die dinge waaroor die stryd gaan nie. Die dekreet sal nie
blinde -lings op die mense afgedwing word nie. Elkeen sal genoeg
lig ontvang om op intelligente wyse sy eie keuse te maak. [GS 685]
Die Sabbat sal die groot toets van getrouheid wees, want dit
is die deel van die waarheid wat veral betwis word. Wanneer alle
mense voor die finale toets te staan kom, dan sal die skeidslyn getrek
word tussen diegene wat God dien en diegene wat Hom nie dien
nie.Terwyl die viering van die valse sabbat in gehoorsaamheid aan
die staatswette, maar in botsing met die vierde gebod, ‘n betuiging
van trou is aan ‘n mag wat in stryd is met God, sal die viering
van die ware Sabbat in gehoorsaamheid aan Gods wet die bewys
van getrouheid aan die Skepper wees. Terwyl die een klas deur die
aanvaarding van die teken van onderwerping aan aardse magte die
merkteken van die dier ontvang, ontvang die ander klas deur die
teken van getroubaarheid aan Goddelike gesag te verkies, die seël
van God. [GS 685]
En ek het gesien dat as God die Sabbat verander het van die [182]
sewende tot die eerste dag, sou Hy ook die bewoording van die
Sabbatgebod verander het daar op die kliptafels wat nou in die ark
is in die allerheiligste plek van die tempel in die hemel en dit sou
as volg gelees het: “Die eerste dag is die Sabbat van die Here julle
God.” Maar ek het gesien dat die bewoording nog is soos dit was
toe dit op die kliptafels geskryf is deur die vinger van God en toe
Hy dit aan Moses op Sinai gegee het. “Maar die sewende dag is die
Sabbat van die Here julle God.” Ek het gesien dat die heilige Sabbat
198 Die Boodskap
die skeidsmuur is en dit altyd sal bly tussen die ware Israel van God
en die ongelowiges en dat die Sabbat die groot vraag is wat die harte
sal verenig van Gods dierbare, wagtende heiliges. [EG 31]
Hierdie gesig is in die jaar 1847 gegee toe daar maar baie min
van die Adventbroeders was wat die Sabbat gehou het en onder hulle
was daar maar min wat gemeen het dat die onderhouding daarvan
belangrik genoeg was om die skeidslyn te trek tussen die kinders
van God en ongelowiges. Nou begin ons die vervulling van daardie
gesig sien. “Die begin van die tyd van benoudheid” waarvan hier
melding gemaak word, het nie betrekking op die tyd wanneer die
plae uitgestort sal word nie, maar verwys na ‘n kort periode net voor
hulle uitgestort word, terwyl Christus nog in die heiligdom is. In
daardie tyd, onderwyl die verlossingswerk agfesluit word, sal daar
moeilikhede op die aarde kom en die volke sal toornig wees, maar
hulle sal in bedwang gehou word sodat die werk van die derde engel
nie belet word nie. In daardie tyd sal die laat reëns of die tyd van
verkwikking van die aangesig van die Here kom om krag te gee aan
die luide stem van die derde engel en om die heiliges te berei om te
kan staan in die periode wanneer die sewe laaste plae uitgestort sal
word. [EG 75-76]
Die engel wat help met die verkondiging van die derde engel
se boodskap, sal die hele wêreld verlig met sy heerlikheid. Hier
word daar ‘n wêreldwye werk met ongekende krag voorspel. Die
Adventboodskap van 1840-1844 was ‘n heerlike openbaring van die
krag van God; die eerste engel se boodskap het na elke sending-
stasie in die wêreld gegaan en in sommige lande is daar die grootste
godsdienstige belangstelling opgewek wat nog ooit gesien is sedert
die Hervorming van die sestiende eeu; maar dit sal oortref word deur
die magtige beweging in verband met die finale waarskuwing van
die derde engel. [GS 692]
Die boodskap sal verkondig word, nie soseer deur argumente nie,
as deur ‘n diepe oortuiging van die Gees van God. Die argumente
is reeds aangevoer. Die saad is gesaai en nou sal dit opkom en
vrugte afwerp. Die leesstof wat versprei is deur sendingwerkers,
het sy invloed laat geld, maar baie wat onder die indruk daarvan
gekom het, is belet om die waarheid ten volle te verstaan en te
gehoorsaam. Nou sal die ligstrale orals deurdring en die waarheid
sal in sy helderheid gesien word en die opregte kinders van God sal
die bande verbreek wat hulle vashou. Familiebetrekkinge en kerklike
bande is nou magteloos om hulle vas te hou. Die waarheid is vir
hulle dierbaarder as alle ander dinge en ten spyte van die magte wat
200 Die Boodskap
teen die waarheid verenig is, sal ‘n groot getal hulle aan die kant van
die Here skaar. [GS 693]
[184] Verseëlingstyd
In Gods Woord word ons die gevolge getoon van die verkondi-
ging van die derde engel se boodskap. “Die draak was vertoornd
op die vrou en hy het gegaan om oorlog te maak met haar ander
nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van
Jesus Christus hou.” Openb. 12:17. Die weiering om God se gebooie
te gehoorsaam en ‘n vasbeslotenheid om haat te koester teen die-
gene wat die gebooie verkondig, lei tot ‘n vasberade oorlog deur
die draak, wie se hele mag teen die gebooie - bewarende volk van
God gemonster word. “En hy maak dat aan almal, die kleintjies en
die grotes en die rykes en die armes en die vry mense en die slawe
‘n merk op hul regterhand en op hulle voorhoofde gegee is, sodat
niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die
naam van die dier of die getal van sy naam het. Openb. 13:16,17.
Die teken, of seël van God is geopenbaar deur die onderhouding
van die sewende dag Sabbat, die Here se gedenkteken van die Skep-
ping.” Verder het die Here met Moses gespreek en gesê: Spreek jy
met die kinders van Israel en sê: Julle moet sekerlik my Sabbatte
onderhou, want dit is ‘n teken tussen My en julle in julle geslagte,
sodat die mense kan weet dat Ek die Here is wat julle heilig.” Eks.
31:12,13. Hier word die Sabbat duidelik aangedui as ‘n teken tussen
God en Sy volk. [8T 117)
Ek het ook gesien dat vele nie besef wat hulle moet wees om
te kan lewe in die teenwoordigheid van die Here nie, sonder ‘n
Hoëpriester in die heiligdom gedurende die tyd van benoudheid.
Diegene wat die seël van die lewende God ontvang en beskerm
word in die tyd van benoudheid, moet die beeld van Jesus ten volle
weerkaats.
Ek het gesien dat vele daardie voorbereiding verwaarloos wat so
nodig is en dat hulle uitgesien het na die tyd van “verkwikking”en
na die “laat reëns” wat hulle sal versterkom te kan staan in die dag
van die Here en te lewe in Sy teenwoordigheid. O, hoeveel het ek
gesien in die tyd van benoudheid sonder ‘n beskutting. Hulle het in
gebreke gebly om die nodige voorbereiding te maak; daarom kon
- Die Leerstuk Oor Eindgebeure 201
hulle nie die verkwikking verkry wat almal moet hê om hulle geskik
te maak om te lewe in die teenwoordigheidd van ‘n Heilige God
nie. Diegene wat weier om hulle te laat regkap deur die profete en
wat in gebreke bly om hulle siele te reinig deur gehoorsaamheid aan
die volle waarheid en wat aanneem dat hulle toestand baie beter is
as wat dit werklik is, sal kom tot die tyd wanneer die sewe laaste [185]
plae val, om dan eers te ontdek dat hulle reggekap moes gewees het
vir die gebou. Maar dan sal daar nie tyd wees om dit te laat doen
nie en daar sal geen Middelaar wees om hulle saak te bepleit voor
die Vader nie. Voor hierdie tyd sal daardie vreeslike dekreet reeds
uitgevaardig wees: “Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen
en wie vuil is, laat hom nog vuiler word en laat die regverdige nog
regverdiger word en laat die heilige nog heiliger word.” Ek het gesien
dat niemand kan deel in die verkwikking tensy hy die oorwinning
behaal oor elke swakheid, hoogmoed, selfsug, liefde vir die wêreld
en oor elke verkeerde woord en daad nie. Ons behoort dus steeds
nader en nader te kom aan die Here en ernstig te streef om daardie
voorbereiding te maak wat ons in staat sal stel om te kan staan in
die slag van die dag van die Here. Laat almal onthou dat God heilig
is en dat alleen heilige wesens ooit in Sy teenwoordigheid sal kan
lewe. [EG 63)
Die vyande van Gods wet, van die predikante tot by die minste
onder hulle, het nou ‘n nuwe begrip van waarheid en plig.Te laat sien
hulle dat die Sabbat van die vierde gebod die seël van die lewende
God is.Te laat besef hulle die ware aard van hulle valse sabbat en die
fondament van sand waarop hulle gebou het. Hulle ontdek dat hulle
teen God geveg het. Godsdienstige leiers het siele tot die verderf
gelei terwyl hulle voorgegee het om hulle na die poorte van die
Paradys te lei. Eers in die dag van finale afrekening sal dit bekend
word hoe groot die verantwoordelikheid van diegene wat die heilige
amp beklee, is en hoe vreeslik die gevolge van hulle ontrouheid is.
Eers in die ewigheid sal ons in staat wees om te besef wat die verlies
van een enkele siel beteken. Vreeslik sal die verdoemenis wees van
die aan wie God sal sê:“Gaan weg van My, jou bose dienskneg.”
[GS 724]
Die gelowige biddendes is as’t ware verskuil in God. Hulle weet
self nie hoe veilig hulle beskerming is nie. Aangevuur deur die Satan,
poog die heersers van die wêreld om hulle te vernietig, maar as hulle
202 Die Boodskap
dit sal daar nie wees nie en die sondes van Juda, maar hulle sal nie
gevind word nie.” Jer. 31:34; 50:20. “In die dag sal die Spruit van
die Here wees tot sieraad en heerlikheid en die vrug van die land
tot hoogheid en versiering vir die vrygeraaktes van Israel. En wie in
Sion oorgebly het en gespaar is in Jerusalem, die sal heilig genoem
word, elkeen wat onder die lewendes opgeskrywe is in Jerusalem.”
Jes. 4:2,3. [GS 552]
As Jakob hom nie voorheen bekeer het van sy sonde van bedrog
in verband met die geboortereg nie, sou God nie sy gebed verhoor
en sy lewe gespaar het nie. So ook in die tyd van benoudheid; as
daar sondes teen Gods volk staan wat nie bely is nie, terwyl hulle in
die tyd van benoudheid gefolter word deur vrees en angs, sou hulle
oorweldig word; wanhoop sou hulle geloof vernietig en hulle sou [187]
geen vrymoedigheid hê om tot God om verlossing te bid nie. Maar
terwyl hulle ‘n diepe besef van hulle onwaardigheid het, is daar nie
bedekte sondes wat geopenbaar moet word nie. Hulle sondes het
vooruitgegaan na die gereg en dit is uitgedelg; dit kan nie weer in
herinnering gebring word nie. [GS 703]
Ek het engele heen en weer sien haas in die hemel. ‘n Engel
met ‘n skrywer se inkpot aan sy sy het van die aarde af teruggekom
en aan Jesus gerapporteer dat sy werk klaar was en dat die heiliges
genommer en verseël is. Toe het ek gesien dat Jesus, wat voor die
ark waarin die tien gebooie is, gedien het, die reukpan neergooi.
Hy het Sy hande opgehef en met ‘n groot stem uitgeroep: “Dit is
verbyl” Die ganse leërskare van engele het hulle krone afgehaal toe
Jesus die volgende plegtige aankondiging gedoen het: “Wie onreg
doen, laat hom nog meer onreg doen en wie vuil is, laat hom nog
vuiler word en laat die regverdige nog regverdiger word en laat die
heilige nog heiliger word.” Elke saak is beslis of vir die lewe of vir
die dood.Terwyl Jesus in die heiligdom gedien het, is die regverdige
dode geoordeel en daarna die lewende heiliges. Christus het Sy
koninkryk ontvang, nadat Hy versoening gedoen het vir Sy volk en
hulle sondes uitgedelg het. Die onderdane van Sy koninkryk was
voltallig. Die huwelik van die Lam is voltrek. Die koninkryk en die
grootheid daarvan onder die ganse hemel, is gegee aan Jesus en die
erfgename van die saligheid en Jesus sal regeer as Koning van die
konings eh Here van die here. [EG 238,9]
204 Die Boodskap
groot en uitermate vreeslik, wie kan dit verdra?” Wie sal kan staan
wanneer Hy verskyn wat te rein is van oë om die kwaad aan te sien en
die moeite nie kan aanskou nie? Vir hulle wat roep: “My God, ons...
ken U,“maar wat nogtans Sy verbond oortree en ander gode navolg,
wat sonde in hulle hart verberg en die weë van ongeregtigheid liefhet,
vir hulle sal die dag van die Here “duisternis en geen lig nie, ja
donkerheid sonder ‘n ligstraal” wees. “En in die tyd” sê die Here,
“sal Ek Jerusalem met lanterns deursoek en besoeking doen oor die
mense wat dik geword het op hulle afsaksel, wat in hulle hart sê: Die
Here doen geen goed en Hy doen geen kwaad nie. Ek sal aan die
wêreld sy boosheid besoek en aan die goddelose hulle ongeregtigheid
en Ek sal die trots van die vermeteles laat ophou en die hoogmoed
van tiranne verneder. Hulle silwer of hulle goud sal nie in staat wees
om hulle op die dag van die grimmigheid van die Here te red nie en
hulle rykdom sal geplunder word en hulle huise verwoes word.”
Die profeet Jeremia, vooruitsiende na daardie vreeslike tyd, het
uitgeroep: “0 my ingewande, my ingewande, ek bewe van angs!
Ek kan nie swyg nie, want jy, my siel, het basuingeluid gehoor,
oorlogsgeskreeu, verwoesting op verwoesting word uitgeroep” (Jer.
4:19,20).
“Dié dag is ‘n grimmigheid, ‘n dag van benoudheid en angs, ‘n
dag van woesteid en verwoesting, ‘n dag van duisternis en donker-
heid, ‘n dag van basuingeklank en krygsgeskreeu.” ” Kyk, die dag
van die Here kom, verskriklik, met grimmigheid en toorngloed, om
die aarde ‘n woesteny te maak en sy sondaars daaruit te verdelg”
[190] Met die oog op hierdie vreeslike dag doen die Woord van God in
die ernstigste en plegtigste taal ‘n beroep op Sy volk om wakker te
skrik uit hulle geestelike doodsheid en om Sy aangesig in bekering
en ootmoed te soek: “Blaas die basuin op Sion en blaas alarm op
my heilige berg! Laat al die inwoners van die land bewe, want
die dag van die Here kom, want hy is naby... Heilig ‘n vasdag,
roep ‘n vergadering saam! Versamel die volk, heilig die gemeente
vergader die oudstes, versamel die kinders en die suigelinge! Laat
die bruidegom uit sy kamer uitgaan en die bruid uit haar slaapvertrek.
Laat die priesters, die dienaars van die Here, tussen die voorportaal
en die altaar ween” (Joël 2:15-17). “Bekeer julle tot My met julle
hele hart en met vas en geween en rouklag. En skeur julle hart en
nie julle klere nie en bekeer julle tot die Here julle God, want Hy is
- Die Leerstuk Oor Eindgebeure 207
gepeupel en in daardie tyd sal hulle nie hulle eiendom van die hand
kan sit om die saak van die waarheid te bevorder nie. Aan my is
getoon dat dit Gods wil is dat die heiliges alle bande moet verbreek
wat hulle kan belemmer voordat die tyd van benoudheid begin en
dat hulle ‘n verbond met God moet maak deur opoffering. As hulle
hulle besittings op die altaar sou lê en God ernstig vra wat hulle plig
is, sal Hy hulle leer wanneer om hierdie dinge van die hand te sit.
Dan, in die tyd van benoudheid, sal hulle vry wees, sonder enige
beslommering.
Ek het gesien dat as daar diegene is wat aan hulle besittings
vashou en nie die Here vra wat hulle plig is nie, sal Hy dit nie aan
hulle bekend maak nie en hulle sal toegelaat word om hulle besittings
te behou en in die tyd van benoudheid sal dit voor hulle staan soos
‘n berg om hulle te verpletter; hulle sal dan probeer om dit van die
hand te sit, maar sal nie kan nie. Ek het gehoor hoe sommige hulle
lot beklae. “Die saak het skade gely, Gods volk het gesmag na die
waarheid en ons het geen poging gemaak om te voorsien in die
behoefte nie; nou is ons besittings waardeloos. O, as ons dit maar
opgegee en vir ons skatte in die hemel weggelê hetl” Ek het gesien
dat ‘n offer nie vermeerder nie, maar steeds verminder totdat dit
heeltemal verteer is. Ook het ek gesien dat God nie van al Sy kinders
verwag om hulle besittings op dieselfde tyd van die hand te sit nie,
maar as hulle geestelik is, sal Hy hulle leer, in ‘n tyd van behoefte,
wanneer om te verkoop en hoeveel om te verkoop. Van sommige
is in die verlede geverg dat hulle hulle besittings moet verkoop
om die advent saak te onderhou, terwyl ander toegelaat is om hulle
besittings te behou totdat daar ‘n behoefte is en dan, wanneer die
saak dit nodig het, is dit hulle plig om te verkoop. [EG.50,1]
[193] die bloed van Gods geliefde Seun en wat steeds getrag het om Sy
diensknegte en apostels om die lewe te bring. En so ook, wanneer die
onherroeplike besluit in die heiligdom aangekondig en die lot van
die wêreld vir ewig beslis is, sal die aardbewoners dit nie weet nie.
Die volk aan wie die Gees van God finaal onttrek is, sal voortgaan
met hulle vormdiens. Die sataniese ywer waarmee die vors van die
bose hulle besiel om sy kwaadwillige planne uit te voer, sal die skyn
van ywer vir God hê. [GS 697]
Die see het bloed geword soos van’n dooie en al die lewende wesens
in die see het gesterwe. Die riviere en die waterfonteine het bloed
geword” (Open.16:2-4). Vreeslik soos hierdie strawwe is, is Gods
oordele volkome regverdig. Die engel van God het verklaar: “Ja,
Here God, die Almagtige, waaragtig en regverdig is u oordele.” [194]
(Open.16:7),“want hulle het die bloed van heiliges en profete vergiet,
en U het vir hulle bloed gegee om te drink, want hulle het dit verdien”
(Open.16:6). Deur die volk van God op die aarde tot die dood te
veroordeel, het hulle net so gewis die skuld op hulle hals gehaal
asof hulle met hulle eie hande die bloed vergiet het. Net so ook het
Christus die Jode van Sy tyd skuldig verklaar aan die bloed van al
die heiliges wat vergiet is van die dae van Abel af, want hulle was
besiel met dieselfde gees en hulle het getrag om dieselfde werk as
die moordenaars van die profete doen. [GS. 710-711]
Die aardbewoners het die slagoffers geword van die wraak van
God in die sewe laaste plae wat hulle hulle tonge laat kou het van
pyn en hulle God laat vervloek het, veral die vals herders is getref
deur Gods wraak. [EG. 2]
In diê plaag wat volg word daar krag aan die son gegee” om
mense met vuur te skroei. En die mense is geskroei met ‘n groot
hitte” Open.16:8] Die profete beskryf die toestand van die aarde
gedurende daardie vreeslike tyd as volg. [haal Joël 1:10-12,17-20;
Amos 8:3 aan]. [TM 432]
nasie omkom nie.” Hierdie argument sal afdoende blyk en daar sal
eindelik teen diegene wat die Sabbat van die vierde gebod heilig,
‘n dekreet uitgevaardig word waarin uitgemaak word dat hulle die
swaarste straf verdien en waarkragtens dit die mense na ‘n sekere tyd
sal vrystaan om hulle dood te maak. Romanisme in die Ou Wêreld
en afvallige Protestantisme in die Nuwe, sal dieselfde weg inslaan
teenoor diegene wat die goddelike gebooie eerbiedig. [GS 698/9]
van die pouslike mag alles sal aan die kaak gestel word. Deur hierdie
ernstige waarskuwings sal die mense wakker geskud word. Duisende
en duisende wat nog nooit woorde soos hierdie gehoor het nie, sal
luister. Met verbasing sal hulle aanhoor dat Babilon die kerk is wat
geval het weens haar dwalings en sonde, omdat sy die waarheid wat
aan haar uit die hemel gestuur is, verwerp het. Wanneer die mense na
hulle vorige leraars gaan en gretig vra: “Is hierdie dinge so?,“sal die
predikante fabels verkondig en strelende dinge profeteer om hulle
vrees weg te neem en hulle opgewekte gewetes stil te maak. Maar
omdat baie nie tevrede sal wees met blote menslike gesag nie en sal
aandring op ‘n duidelike “So sê die Here,” sal die predikante, net
soos die Fariseërs vanouds en woedend omdat hulle gesag in twyfel
getrek is, die boodskap uitskel as die boodskap van Satan en hulle
sal die massas wat die sonde liefhet, aanhits om diegene wat die
boodskap verkondig, te belaster en te vcrvolg. [GS 687,8]
Armageddon. [196]
Ons nader die slag van die groot dag van die Almagtige God.
Wat nou nog onder beheer gehou word, sal dan losgelaat word. Die
engel van genade is besig om haar vlerke toe te vou en maak gereed
om afstand te doen van die troon en die wêreld aan die beheer van
die Satan oor te laat. Vorstedomme en magte van die wêreld is in
bittere opstand teen die God van die hemel. Hulle is gevul met haat
teenoor die wat Hom dien en eerlank, binnekort, sal die laaste slag
tussen goed en kwaad plaasvind. Die aarde gaan die slagveld wees,
die toneel van die finale stryd en die uiteindelike oorwinning. ‘ [ML
308]
Die krag van die Heilige Gees sal op ons wees en die Aanvoerder
van die Here se leërskare sal aan die hoof van die engele van die
hemel staan om die slag te lei. Plegtige gebeure moet nog plaasvind
in die toekóms. Trompet na trompet sal weerklink, skaal na skaal,
een na die ander, moet uitgegiet word op die bewoners van die
aarde. Tonele van ontsaglike belang is reg op ons. [Letter 109,1890
(SDABC 7:982)]
Twee groot magte in teenstelling met mekaar, word geopenbaar
in die laaste groot slag. Aan die een kant staan die Skepper van die
hemel en aarde. Diegene wat aan Sy kant geskaar is, het Sy seël
214 Die Boodskap
van God het hulle verplig om terug te val en dit het ook die bose
engele wat dig om hulle was, genoodsaak om terug te val.
Dit was ‘n uur van die vreeslikste angs vir die heiliges. Hulle het
dag en nag tot God geroep om verlossing. Oënskynlik was daar geen
moontlikheid dat hulle sou ontsnap nie. Die goddelose het alreeds
die oorwinning begin behaal en hulle het uitgeroep: “Waarom verlos
julle God julle nie uit ons hande nie? Waarom váar julle nie op en
red julle lewens nie?” Maar die heiliges het hulle nie geantwoord
nie. Soos Jakob het hulle met God geworstel. Die engele was baie
begerig om hulle te verlos, maar hulle moes nog ‘n bietjie wag; die
volk van God moes eers die beker drink en met die doop gedoop
word. Die engele, getrou aan hulle opdrag, het waggehou. God sou
nie toelaat dat Sy Naam in die skande kom onder die heidene nie. Die
tyd was byna daar vir Hom om Sy mag te openbaar en Sy heiliges
op heerlike wyse te verlos. Vir die eer van Sy Naam sou Hy elkeen
verlos wat geduldig vir Hom gewag het en wie se name in die boek
geskrywe was.
Ek is terugverwys na die getroue Noag.Toe dit begin reën en
die vloedwaters gekom het, was Noag en sy gesin veilig in die ark
en God het die deur gesluit. Noag het die wêreld van sy tyd getrou
gewaarsku, terwyl hulle hom bespot en gehoon het. Toe die waters
op die aarde begin neersak en die een na die ander verdrink het, het
hulle daardie ark waarmee hulle so lustig die spot gedryf het, veilig
op die water gesien, met die getroue Noag en sy gesin daarin. Ek het
gesien dat die volk van God, wat die wêreld getrou gewaarsku het
van Sy komende toorn, verlos sou word. God sou nie die goddelose [198]
toelaat om diegene te vernietig wat gewag het op verheerliking en
wat nie die dekreet van die dier gehoorsaam en sy merk ontvang het
nie. Ek het gesien dat as die goddelose toegelaat sou word om die
heiliges om die lewe te bring, sou die Satan en sy bose leërskare
en almal wat God haat, baie bly gewees het. En 0, hoe ‘n groot
oorwinning sou dit nie vir die Satan wees nie om in die laaste stryd
mag te hê oor diegene wat so lank gewag het om Jesus te sien wat
hulle liefhet! Diegene wat gespot het met die idee van die hemelvaart
van die heiliges, sal sien hoe God vir Sy kinders sorg en hoe hulle
heerlik verlos word.
Toe die heiliges die stede en dorpe verlaat het, is hulle agtervolg
deur die goddelose wat hulle wou doodmaak, maar die swaarde wat
216 Die Boodskap
Spesiale Opstanding
Grafte word geopen en “baie van die wat in die stof van die
aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige
tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik” (Dan. 12:2). Almal wat in
geloof in die derde engel se boodskap gesterf het, kom verheerlik
voort uit die graf om Gods verbond van vrede te hoor met diegene
wat Sy wet onderhou het. “Ook hulle wat Hom deursteek het” (Open.
1:7). Diegene wat Christus bespot en uitgeskel het in sy doodsangs
en die vernaamste teenstanders van Sy waarheid en Sy volk, word
opgewek om Hom in Sy heerlikheid te sien en om die eer te aanskou
wat die getroues en gehoorsames ontvang. [GS 721]
Dit was middernag toe God besluit het om Sy volk te verlos.
Terwyl die goddelose rondom hulle gespot het, het die son skielik
opgekom en in sy volle krag geskyn en die maan het stilgestaan. Die
goddelose het die toneel in verbasing aanskou, terwyl die heiliges
die tekens van hulle verlossing met eerbiedige vreugde aanskou het.
Tekens en wonders het mekaar vinnig opgevolg. Dit het geskyn of
die natuurlike gang van alles verstoor was. Die strome het opgehou
om te vloei. Donker, swart wolke het opgekom en teen mekaar
gebots. Maar daar was een oop plek van heerlikheid en daarvandaan
is die stem van God gehoor, soos van baie waters en dit het die
hemele en die aarde geskud. Daar was ‘n groot aardbewing. Die
[199] grafte is geopen en diegene wat in die geloof gesterf het onder die
derde engel se boodskap en die Sabbat gehou het, het opgestaan en
verheerlik voortgekom om die verbond van vrede te hoor wat God
sou maak met diegene wat Sy wet gehou het. [EG 286]
heerlikheid van die Godstad stroom deur die halfoop poort en in die
lig verskyn daar ‘n hand wat kliptafels wat toegevou is, vashou. Die
profeet het gesê: “Die hemele verkondig Sy geregtigheid” (Ps.97:6),
want God staan gereed om te oordeel. Daardie heilige wet, Gods
geregtigheid, wat te midde van donder en bliksem as lewensreël
op Sinai afgekondig is, word nou aan die mense geopenbaar as
die maatstaf van die oordeel. Die hand vou die tafels oop en die
gebooie van die Dekaloog staan daar geskryf soos met ‘n pen van
vuur. Die woorde is so duidelik dat alle mense hulle kan lees. Dit
kom in herinnering; die duisternis van bygeloof en dwaalleer word
weggeveeg uit alle harte en Gods tien woorde, kort en bondig en
gesaghebbend, word geopenbaar aan al die aardbewoners. [GS 72]
vervul die stad, maar dit strek buitekant die poorte en vervul die hele
aarde met Sy glans. [GS750]
In die teenwoordigheid van die vergaderde bewoners van die
aarde en die hemel vind die finale kroning van die Seun van God
plaas. En nou, beklee met die opperste majesteit en krag, spreek
die Koning van die konings die vonnis uit oor die rebelle teen Sy
regering en daar word regverdige straf uitgedeel aan diegene wat
Sy wet oortree en Sy volk verdruk het. Die profeet van God sê: “Ek
het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit voor wie se
aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek
vir hulle gevind nie. En ek het die dode, klein en groot, voor God
sien staan en die boeke is geopen en ‘n ander boek, die boek van die
lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat geskrywe is in die
boeke, volgens hulle werke” (0penb.20:11,12).
Bokant die troon verskyn die kruis en panoramies word die
tonele vertoon van Adam se versoeking en sondeval en die agter-
eenvolgende stappe in die groot verlossings plan. Die Heiland se
nederige geboorte; Sy kinder-en jongelingsjare van eenvoud en ge-
hoorsaamheid; Sy doop in die rivier Jordaan; Sy vas en versoeking
in die woestyn; Sy openbare bediening waarin Hy aan die mense die
hemel se kosbaarste seëninge ontvou het; die dae vol dade van liefde
en genade; die nagte van gebed en die waking in eensaamheid op
die berge; die sameswerings van afguns, haat en kwaadwilligheid
waarmee Sy goedheid terugbetaal is; die ontsettende, misterieuse
angs van Getsemane onder die verskriklike las van die sondes van
die ganse wêreld; Sy oorgawe in die hande van die moordlustige
gepeupel; die vreeslike gebeurtenisse van daardie nag van verskrik-
king - die weerlose gevangene, verlaat deur Sy geliefde dissipels,
op meedoënlose wyse deur die strate van Jerusalem voortgesleep;
die Seun van God, jubelend voor Annas gebring, in die hoëpriester
se paleis verhoor, daarna in die geregsaal van Pilatus, voor die laf-
hartige en wrede Herodes, bespot, beledig, gemartel en tot die dood
veroordeel - al hierdie dinge word duidelik voorgestel. [GS 752]
Dan, aan die einde van die duisend jaar, verlaat Jesus, saam met [207]
die engele en al die heiliges, die Heilige Stad, en terwyl Hy neerdaal
na die aarde met hulle, word die goddelose dode opgewek, en dan sal
daardie selfde manne wat Hom deursteek het en wat nou opgewek
226 Die Boodskap
is, Hom van ver sien in al Sy heerlikheid, vergesel van die engele en
die heiliges en hulle sal oor Hom rou bedryf. [EG 53]
Die ganse bose wêreld staan nou voor die regbank van God op
aanklag van hoogverraad teen die regering van die hemel. Hulle het
niemand om hulle saak te bepleit nie; hulle staan sonder verskoning
en die vonnis van die ewige dood word oor hulle uitgespreek. [GS
753]
Dit skyn of Satan verlam is waar hy die heerlikheid en die maje-
steit van Christus aanskou. Hy wat eenmaal ‘n beskuttende gerub
was, dink nou aan die plek vanwaar hy geval het. ‘n Blinkende seraf,
“seun van die môre,” hoe is hy verander en hoe is hy verlaag. Van
die raadsitting waaraan hy eenmaal die eer gehad het om deel te
neem, is hy nou vir ewig uitgesluit. Hy sien nou ‘n ander een naby
die Vader staan, wat sy heerlikheid bedek. Hy het gesien hoedat die
kroon op die hoof van Christus geplaas is deur ‘n magtige engel
van groot gestalte en majestueuse voorkomste en hy weet dat die
verhewe posisie van daardie engel syne kon gewees het. [GS 754]
Elke oog in daardie groot skare is gerig op die heerlikheid van
die Seun van God. Soos met een stem roep die goddelose menigtes
uit: “Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!” Dit is nie
liefde vir Jesus wat aanleiding gee tot hierdie woorde nie. Die krag
van die waarheid dwing die woorde van onwillige lippe. Net soos
die goddelose in hulle grafte neergedaal het, so kom hulle voort,
met dieselfde vyandigheid teenoor Christus en dieselfde opstandige
gees. Vir hulle is daar nie ‘n nuwe genade tyd om die gebreke
van die verlede aan te vul nie. Dit sou ook niks help nie. ‘n Lewe
van oortreding het nie hulle harte versag nie. As daar ‘n tweede
genadetyd aan hulle gegee word, sou hulle dit net soos die eerste
bestee - in ‘n ontduiking van die vereistes van God en in opstand
teen Hom. [GS 747/8]
Satan se werk van verwoesting is vir ewig beëindig. Vir ses
duisend jaar lank het hy sy wil uitgevoer, die aarde met ellende vervul
en droefheid oor die ganse heelal veroorsaak. Die hele skepping het
gesug en tesame in barensnood verkeer. Nou word Gods skepsels
vir altyd verlos van sy teenwoordigheid en versoekings. “Die hele
aarde rus, is stil; hulle [die regverdiges) breek uit in jubel” [Jes.14:
[208] 7] ‘n Kreet van oorwinning en dank styg op van die ganse lojale
heelal. “Die stem van ‘n groot menigte en soos die geluid van baie
- Die Leerstuk Oor Eindgebeure 227
waters en soos die geluid van sterk donder slae,” word gehoor, wat sê:
“Halleluja! want die Here God, die Almagtige, het die koningskap
aanvaar.” (Openb.19:6)
Terwyl die aarde omhul is met die vlamme van verwoesting, is
die regverdiges veilig in die heilige stad. Oor diegene wat in die
eerste opstanding opgestaan het, het die tweede dood geen mag nie.
Terwyl God vir die goddelose soos ‘n verterende vuur is, is Hy vir
Sy volk beide ‘n son en ‘n skild. [GS 758]
Al die skatte van die heelal sal oop wees vir die studie van
die verlostes van God. Ongebonde deur sterflikheid sal hulle na
verafgeleë wêrelde vlieg - wêrelde wat met droefheid vervul was
by die aanskouing van menslike ellende en wat weergalm het met
liedere van blydskap toe hulle verneem het van ‘n siel wat verlos
is. Met onuitspreeklike vreugde deel die kinders van die aarde in
die blydskap en wysheid van wesens wat nooit geval het nie. Hulle
deel in die skatte van kennis en wysheid wat verkry is deur die eeue
heen in die oorpeinsing van Gods handewerk. Met ‘n onbelemmerde
gesig aanskou hulle die heerlikheid van die skepping - sonne, sterre
en stelsels - wat almal op hulle vasgestelde bane rondom die troon
van die Godheid beweeg. Op alle dinge, van die geringste tot die
grootste, staan die Skepper se Naam geskrywe en in almal word die
rykdom van Sy mag tentoongestel.
En namate die eeue verloop, sal daar steeds ryker en heerliker
openbarings van God en Christus wees. Net soos kennis progressief
is, sal ook liefde, eerbied en geluk vermeerder. Hoe meer mense
van God leer, hoe groter sal hulle bewondering van Sy karakter
wees. Waar Jesus voor hulle die rykdom van die verlossing en die
verbasende prestasies in die groot stryd met Satan openbaar, sal die
harte van die verlostes met groter toewyding tril en met nog heerliker
vreugde sal hulle die siters van goud bespeel en tienduisend maal
tienduisend en duisende van duisende stemme sal verenig in die
magtige koor van lof.
“En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die
aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sê:
“Aan Hom wat op die troon sit en aan die Lam kom toe die lof die
eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!” Openbaring
5:13.
Die groot stryd is beindig. Sonde en sondaars bestaan nie meer [209]
228 Die Boodskap
_______________