You are on page 1of 354

besoek ons aanlynwinkel by

www.voelgoedwinkel.co.za

Nina Smit, Solly Ozrovech,


Wat is jou

1001
Milanie Vosloo, Elise Grey en ander

behoefte

BYBEL
vandag?
Almal het soms ’n hupstoot nodig.
1001
BYBEL
En selfs al gaan dit goed,
is dit lekker om die beloftes

BELOFTES vir elke behoefte


van die Here weer te hoor.

1001 BYBEL BELOFTES vir elke behoefte is propvol stukkies


inspirasie wat jy sommer so op ’n drafstap kan gryp. Want net ’n
bietjie daarvan hou ’n lekker lang ent!

Soek jy onmiddellik antwoorde op jou vrae? Het jy troos nodig

beloftes
in jou oomblik van hartseer? Of miskien kort jy net ’n bietjie
krag ... Hoe jy ook al voel, jy kan elke dag, elke oomblik, ’n
belofte kry!

Skrywers soos Solly Ozrovech, Johan Smit, Nina Smit, Hannes Burger,

vir elke behoefte


Jannie le Roux, Kobus Neethling, Milanie Vosloo, Annalise Wiid, Judy
Venter en Elise Grey het die beloftes wat God in sy Woord vir ons gee,
bymekaargemaak sodat jy dit altyd byderhand kan hê.

In lekker of in slegte tye, in moedeloosheid


of blydskap ... gebruik dié Bybelbeloftes
vir ’n gelukkiger, meer tevrede en wyser JY!
carpediem
M E D I A

ISBN: 978-1-77031-263-0 Kategorie: Selfhelp

alleenheidcarpediem eensaamheid familiegeloofhuwelikjaloesiekarakterlewemanliefnederigheid ontspanpassie sekuriteittalen-


liefde blydskapdankbaarheid
te verlieswerk aggressie bangwees emosies frustrasiegenesing Jesus konflik lafenis motivering naasteliefde onbegrip positiwiteitraad selfbeeld-
M E D I A

toekoms uitreik vreugdewysheid aangee-geluk bekommernis carpediem diensbaarheid egskeiding gebed hartseer irritasie keuseslag moedhou roeping -
jou inspirasie uitgewer

waregeluk teleurstellingselfvertroue vergifnis medemens siekte vrees aggressie woede enkelvrou drome geloofsgroeiherinneringe moedeloos-

1001 Beloftes.indd 1 1/15/2006 9:56:25 AM


1001
BYBEL
beloftes
vir elke behoefte

1001 Beloftes_NEW.indd 1 4/18/2006 11:07:21 AM


B
b
alleenhei
welikja
ente
g Jesus ko

1001 Beloftes_NEW.indd 2 4/18/2006 11:07:22 AM


carpediem
M E D I A

Nina Smit, Solly Ozrovech,


Milanie Vosloo, Elise Grey en ander

1001
BYBEL
beloftes
vir elke behoefte
alleenheid liefde blydskapdankbaarheid eensaamheid familiegeloofhu-
welikjaloesie karakter lewe manlief nederigheid
ontspan passie
sekuriteit tal-
ente verlieswerk aggressie
bangwees emosies frustrasiegenesin-
g Jesus konflik
lafenis motivering
naasteliefde onbegrip positiwiteitraad-

1001 Beloftes_NEW.indd 3 4/18/2006 11:07:22 AM


besoek ons aanlynwinkel by

www. voelgoedwinkel.co.za

1001 Bybel beloftes vir elke dag


uitgegee deur Carpe Diem Media

© 2011 Carpe Diem Media


Eerste uitgawe, eerste druk 2011
ISBN 978-1-77031-263-0
eISBN 978-1-77031-295-1
Setwerk • Zelda Botha
Redigeerders • Emmerentia Steyn en Joanita Fourie
Proefleser • Lisinda Lamprecht
Omslagontwerp • Zelda Botha
Gedruk en gebind deur Paarlmedia, Jan van Riebeeckweg, Paarl

© Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek


mag gereproduseer word in enige vorm of op enige manier
sonder die skriftelike toestemming van die uitgewer nie.

KONTAKBESONDERHEDE
Carpe Diem Media
Posbus 5801 Vanderbijlpark 1900
Tel • (016) 982 3617 Faks • (016) 982 3618
E-pos • boeke@carpediem.co.za

1001 Beloftes_NEW.indd 4 4/18/2006 11:07:22 AM


Inhoud

 Aangee-geluk 15
 Aanvaar jouself 16
 Aggressie 17
 Alleen lewe 18
 Alleenheid 19
 Alleenloper 20
 Ander mense 21
 Angstigheid 22

 Babas 23
 Bangwees 24
 Barmhartigheid 25
 Bekommernis 26
 Beproewing 27
 Berusting 28
 Beskutting 29
 Besluitneming 30
 Bevry van woede 31
 Binnekamer 32
 Blaaskans 33
 Blydskap 34
 Boesemvriendinne 35
 Breekpunt 36
 Buig in geloof 37
 Carpe diem! 38
 Christenwees 39

 Dag-tot-dag-geloof 40
 Dankbaarheid 41
 Dankie vir ouers 42
 Depressie 43
 Deursettingsvermoë 44

1001 Beloftes_NEW.indd 5 4/18/2006 11:07:22 AM


 Diamant-ma’s 45
 Die groot K 46
 Die salf van vriendskap 47
 Diensbaarheid 48
 Dinkskrum 49
 Doelwitte 50
 Doenliefde 51
 Dood van ’n geliefde 52
 Dood 53
 Dóódmoeg 54
 Drome 55

 Eensaamheid 56
 Egskeiding 57
 Eiewaarde 58
 Ellende 59
 Emosies 60
 Engelvriendinne 61
 Enkeling 62
 Enkelvrou 63
 Entoesiasme 64
 Erkentlikheid 65
 Ewigheidsoomblikke 66

 Familie 67
 Feesdae 68
 Feestelikheid 69
 “Flop”-bestand 70
 Frustrasie 71

 Gebed is ... 72
 Gebed 73
 Gebedsbeginsels 74
 Gebedshindernisse 75
 Gebedskrag 76
 Gebedslewe 77

1001 Beloftes_NEW.indd 6 4/18/2006 11:07:22 AM


 Gebedsverhoring 78
 Gebedswerk 79
 Geboorte 80
 Gedaan 81
 Gedeelde vreugde 82
 Geloof 83
 Geloofseën 84
 Geloofsekerheid 85
 Geloofsgroei 86
 Geloofskrag 87
 Geloofsvertroue 88
 Geloofsvitaliteit 89
 Geloofswaarhede 90
 Gelouter 91
 Geluk 92
 Genesing 93
 Gesonde lyf 94
 Gesondheid 95
 Gesprek met God 96
 Gewig 97
 God se lig 98
 Godsbeeld 99
 Godspieël 100
 Groeigeleenthede 101

 Hartseer 102
 Hartsvreugde 103
 Hartsvriende 104
 Hart vol seer 105
 Hemel 106
 Herinneringe 107
 Hoop 108
 Hoopvol 109
 Huil 110
 Huis 111
 Humor 112

1001 Beloftes_NEW.indd 7 4/18/2006 11:07:22 AM


 Humorsin 113
 Huwelik 114
 Huweliksankers 115
 Huweliksdag 116
 Huwelikseenheid 117
 Huweliksgelykheid 118
 Huwelikskeuse 119
 Huweliksliefde 120
 Huweliksmaats 121
 Huweliksprobleme 122
 Huwelikstrou 123
 Huweliksukses 124
 Huweliksverhouding 125
 Huweliksverskille 126
 Huweliksvonk 127
 Huweliksvreugde 128
 Huweliksvriende 129

 Ingesteldheid 130
 Innerlike genesing 131
 Innerlike skoonheid 132
 Insig 133
 Irritasies 134

 Jaloesie 135
 Jesus 136
 Jesusliefde 137
 Jubellag 138
 Juweelvriende 139

 Karakter 140
 Kersfees 141
 Keuses 142
 Kla by God 143
 Kommerloos 144
 Konflik 145

1001 Beloftes_NEW.indd 8 4/18/2006 11:07:22 AM


 Kopskuif 146
 Kritiek 147
 Kwaadword 148
 Kwelling 149

 Lafenis 150
 Lag 151
 Lagdae 152
 Lewe 153
 Lewensbesluite 154
 Lewensgeluk 155
 Lewensgenot 156
 Lewenskrisisse 157
 Lewenskuns 158
 Lewensmaat 159
 Lewenspad 160
 Lewensprioriteite 161
 Lewensresep 162
 Lewensuitkyk 163
 Lewenswysheid 164
 Liefde 165
 Liefdesbande 166
 Liefdesdiens 167
 Liefdestaal 168
 Liefdesvlam 169
 Liefdesvuur 170
 Liefdevolheid 171
 Lig in donker 172
 Lighartigheid 173
 Luister 174
 Lyfliefde 175

 Ma’s se trane 176


 Ma’s se voorbeeld 177
 Ma’s wat bid 178
 Ma’s wat saam doen 179

1001 Beloftes_NEW.indd 9 4/18/2006 11:07:22 AM


 Ma’s 180
 Maklik maak 181
 Mammas 182
 Manlief 183
 Medemens 184
 Meningsverskille 185
 Mislukking 186
 Moedeloosheid 187
 Moedersdag 188
 Moederskoot 189
 Moedhou 190
 Mooi van binne 191
 Motivering 192

 Ná verlies 193
 Naasteliefde 194
 Nederigheid 195
 Neerslagtigheid 196
 Negatiwiteit 197
 Nommerpas-God 198

 Oefening 199
 Omgee wat aangee 200
 Omgeema’s 201
 Om oud te word 202
 Onbegrip 203
 Ondersteuning 204
 Ondersteun mekaar 205
 Ongesonde gevoelens 206
 Onmeetbare geloof 207
 Ontspan 208
 Ontspanning 209
 Ontvanklikheid 210
 Op jou eie 211
 Opstanding 212
 Orde 213

10

1001 Beloftes_NEW.indd 10 4/18/2006 11:07:22 AM


 Oudag 214
 Ouderdom 215
 Oudword 216
 Ouers 217
 Ouma 218
 Oumaskap 219

 Pasmaats 220
 Passie 221
 Pa-wees 222
 Pêlle 223
 Pêrel van vriendskap 224
 Positief doen 225
 Positiwiteit 226
 Praktiese liefde 227
 Prioriteite 228
 Pyn 229

 Raad 230
 Resep vir geluk 231
 Ribbokvoete 232
 Roeping 233
 Romanse 234
 Rouproses 235
 Rus 236
 Ruskans 237

 Sagte oë 238
 Salwing van wonde 239
 Seerkrysituasies 240
 Séérste seer 241
 Seksprobleme 242
 Sekuriteit 243
 Selfaanvaarding 244
 Selfbeeld 245
 Selfbehoud 246

11

1001 Beloftes_NEW.indd 11 4/18/2006 11:07:22 AM


 Selfrespek 247
 Selfvertroue 248
 Selfwaarde 249
 Siekte 250
 Sielesmart 251
 Sjalom-vrede 252
 Skoonma 253
 Skuilte 254
 Skuldgevoelens 255
 Slaap 256
 Snaaksigheid 257
 Sonde 258
 Sondebelydenis 259
 Sonkolletjie 260
 Sorgvry 261
 Spesiaal jý 262
 Spesiaal wees 263
 Staan vas 264
 Standvastigheid 265
 Sterfte 266
 Stilte 267
 Stres 268
 Stresvry 269
 Sukses 270
 Superma! 271
 Swaarmoedigheid 272

 Talente 273
 Teleurstelling 274
 Terneergedruktheid 275
 Tevredenheid 276
 Tienergeite 277
 Toekoms 278
 Toekomsdrome 279
 Toekomsvertroue 280
 Toekomsverwagting 281

12

1001 Beloftes_NEW.indd 12 4/18/2006 11:07:22 AM


 Toewyding 282
 Trane 283
 Trauma 284
 Troos 285
 Trou 286
 Tuiste 287
 Tuisteskepper 288
 Tweegesprek 289
 Twyfel 290
 Tyd 291
 Tydsbesteding 292

 Uitbranding 293
 Uitbundigheid 294
 Uitreik 295

 Vadersorg 296
 Vandag 297
 Veilig-ma 298
 Vergewe ander 299
 Vergewe en vergeet 300
 Vergewe jouself 301
 Vergifnis skenk 302
 Vergifnis vra 303
 Verhoudings 304
 Verlammende vrees 305
 Verlies 306
 Verskille in die huwelik 307
 Versoekings 308
 Verstandigheid 309
 Vertroeteling 310
 Vertwyfeling 311
 Vervulling 312
 Verwondering 313
 Volharding 314
 Vrede maak 315

13

1001 Beloftes_NEW.indd 13 4/18/2006 11:07:22 AM


 Vrees 316
 Vreesagtigheid 317
 Vreugde 318
 Vreugdedinge 319
 Vriend te alle tye 320
 Vriendelikheid 321
 Vriendinne 322
 Vriendinwees 323
 Vriendskap 324
 Vriendskapsverhoudings 325
 Vrolikheid 326
 Vrou en ma 327
 Vrouwees 328
 Vrugdraers 329

 Waardering vir vriendskap 330


 Waardering 331
 Wanneer jy rou 332
 Wapendraer-ma 333
 Ware geluk 334
 Wees diensbaarheid 335
 Wegbreek 336
 Wekroep 337
 Welslae 338
 Wenners 339
 Werk 340
 Werkloos 341
 Werksake 342
 Wintertyd 343
 Woede 344
 Wonder-oomblikke 345
 Woorde 346
 Wysheid 347

 Ywer 348

14

1001 Beloftes_NEW.indd 14 4/18/2006 11:07:22 AM


Aangee-geluk
Julle is immers ons trots en ons blydskap!
1 Tessalonisense 2:20
1
As ek veilig toegevou is in die liefde van God, vra ek nie meer watter geluk hou die lewe vir
mý in nie, maar eerder hoe kan ek God en ander gelukkig maak. As ek in nederigheid iets
vir God en my naaste doen, steek ek blomme wat mooi is en lekker ruik in my geluksruiker.
Daarom beteken geluk dat ons die lewe wat God aan ons present gee, in geloof, hoop
en liefde aangryp. God wil ons nie eintlik help om van ons sorge af weg te kom nie, maar
eerder om daarmee reg te kom.
Skrywer onbekend

Wees altyd bly.


1 Tessalonisense 5:16
2
Die lewe is ’n reis. Geniet dit! Dié woorde van ’n treffende advertensie is woorde waaraan jy
jouself elke dag kan herinner.
Begin elke dag met die spesiale gedagte dat God in en deur alles by jou is. Dink aan
die grootheid van sy skepping, al die wonderlike gawes wat jy van Hom ontvang, ook die
klein dingetjies.
Geniet die vreugde wat jou sintuie vir jou bring! Wees dankbaar as jy bid. Sien weer die
oorvloed waarmee God jou dag mooi maak raak.
Francis Bosman

U kom dié te hulp wat met blydskap doen wat reg is, dié wat onthou
3 hoe U wil hê hulle moet lewe.
Jesaja 64:5

Wanneer jy voel jy brand vas en dinge werk nie uit nie, begin jy na die goeie ou dae ver-
lang. Toe ons hieroor gesels, herinner een van my vriende my: “Wat gaan gebeur as hierdie
dae wat ons nou beleef, die goeie ou dae gaan wees?” Vandag is juis die môre waarop ons
gister gehoop het.
’n Mens voel baiekeer dat sekere dinge moet gebeur voor jy gelukkig sal wees. So leef
baie mense eintlik in die toekoms en verloor hulle die lekker van die oomblik. Geluk lê veel
eerder daarin om elke oomblik saam met God te geniet.
Jannie le Roux

15

1001 Beloftes_NEW.indd 15 4/18/2006 11:07:22 AM


Aanvaar jouself
Laat my elke môre u liefde ondervind, want in U stel ek my vertroue.
Psalm 143:8
4
Hulle sê as jy sukkel om jouself te aanvaar, aanvaar ander mense jou ook nie maklik nie.
Dis asof jy seine uitstuur wat jou onaanvaarbaar maak, of jy maak die mense seer wat
liefde aan jou wil bewys. Elke mens hunker egter tog na aanvaarding. Jy hou daarvan as
ander mense jou aanvaar vir wie jy is. Maar begin deur jouself te aanvaar!
Aanvaar jouself met jou skadukante en al, en werk daaraan om ’n meer aanvaarbare
mens te word. Daar sal altyd mense wees wat nie baie van jou gaan hou nie. Bly steeds
ordentlik, maar aanvaar dit dan so.
Jannie le Roux

Wie reg het, loop sy pad, wie rein voor God is, neem toe in krag.
Job 17:9
5
As die Here sê ons moet Hom liefhê en ons naaste soos onsself, klink dit of ons twee
opdragte kry. Maar eintlik is daar ’n derde opdrag, om jouself ook lief te hê. As jy jouself nie
liefhet nie, hoe kan jy jou naaste liefhê “soos jouself”?
Om jouself lief te hê beteken nie om selfsugtig en selfbehep te wees nie. Maar jy moet
besef dat jy waardevol is in God se oë. Ons het waarde en eer oor dit wat Jesus vir ons
gedoen het. Daarom mag jy vir jouself omgee sonder om skuldig te voel.
Lottie Stander

Totdat ek kom, moet jy jou daarop toelê om uit die Skrif voor te lees, te
6 preek en onderrig te gee. Moenie die genadegawe wat jy het, verwaar-
loos nie.
1 Timoteus 4:13

Dink ’n bietjie oor die volgende feite om jou selfbeeld ’n hupstoot te gee: God het jou
gemaak soos jy is en Hy het ’n plan met jou! Jou naam is opgeteken in die Boek van die
Lewe. Alles wat jou samestelling geneties en Goddelik vorm, is deur Hom bepaal. Jy is nie
’n stuk toevallige aanmekaarflansing van gene nie! Jy is beplan – selfs jou skewe neus en
reguit hare. Nou kan jy kies of jy wil vashaak by die negatiewe rondom jou voorkoms en
toelaat dat dit jou lewe deurmekaarkrap, en of jy wil vashou aan die positiewe verwagting
van ’n liefdevolle Vader.
Jannie le Roux

16

1001 Beloftes_NEW.indd 16 4/18/2006 11:07:22 AM


Aggressie
Moenie sê: “Ek wil my wreek oor die kwaad wat my aangedoen is” nie;
7 vertrou op die Here, en Hy sal help.
Spreuke 20:22

Christene ken ook konflik, aggressie, misverstand en selfs gevoelens van haat. Die Heilige
Gees gee ons die krag om met alle mense in vrede te leef, konflik op te los en vyandskap
te oorkom. Hierdeur kan ons negatiewe emosies verwerk en oorwin. Plaas jou aggressie
in God se hand. Hy verander die aggressie in dryfkrag. Ek en jy kan sterk staan ter ere van
God omdat die Gees ons innerlik versterk deur ons aggressie in “spierkrag” te verander.
Rassie van Niekerk

Moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie:
dit bring net ellende.
8
Psalm 37:8

Werk só met woede:


 Beskou jou woede as ’n alarm wat sê iets is verkeerd en soek dit wat verkeerd is.
 Kyk of jy dit kan regmaak.
 Praat met die ander persoon en onderhandel oor dit wat jou so kwaad maak.
 Raak ontslae van jou woede deur middel van iets onskadeliks soos oefening.
 Moenie woede gebruik as wapen om aan te val en mense te manipuleer nie.
 God sal jou help om jou woede te beheer – glo dit en vra dit.
Vic en Thea Brink

’n Mens wat kwaad word, doen nie wat voor God reg is nie ...
Jakobus 1:20
9
Verbeter jou bui so:
’n Goedvoellysie: Skryf vyf dinge neer waarvoor jy dankbaar is. Lees jou lysie. Sien? Alles
is nie net sleg nie.
Die verlede: Onthou die laaste keer toe jy gevoel het jy kan berge versit. Herleef die gevoel,
dit sal jou bui vinnig lig.
Jou lyf: Lê met jou rug op die grond en met jou bene op ’n stoel. Haal diep asem. Die
bloed wat na jou brein vloei, sal jou onmiddellik ligter laat voel.
Renette Espach

17

1001 Beloftes_NEW.indd 17 4/18/2006 11:07:22 AM


Alleen lewe
Mag hierdie bepeinsinge van my vir Hom aanneemlik wees! Ek wil my
in die Here verbly.
10
Psalm 104:34

Dis so lekker om ná werk alleen by jou huis in te stap en jou dag ’n uur lank te gaan afbad
terwyl jou gunsteling liedjie oor die CD-speler speel. Dit ís soms sleg om wakker te word
en niemand langs jou te hê nie. Maar enkelwees het ook sy eie vreugdes. Vroue wat nie op
hulle eie gelukkig kan wees nie, vind ook nooit geluk in ’n verhouding nie. Juis daarom is
dit nodig om in harmonie met jouself te lewe voor jy nóg iemand in jou binnekring toelaat.
Én dit is nodig om jouself te vier, soos God jou vier.
Annelize de Klerk

U is die God wat ek altyd loof, moet tog nie my gebede onverhoord laat
11 nie!
Psalm 109:1

Ná ’n lang dag is dit normaal om te verlang na iemand spesiaal wanneer jy by die huis
kom. Iemand met wie jy kan gesels en wat jou snoesig warm teen sy bors kan hou.
Die waarheid is dat selfs getroudes soms hierna verlang. Aan die einde van ’n lang dag
is dit net jý wat jouself so moet liefhê.
Al lyk ander se lewe hóé ideaal, moet jy weet: Niemand se lewe is volmaak nie. Waar-
deer jouself vir wie en wat jy is en maak die beste van jóú lewe. Uiteindelik moet jý, na
Jesus Christus, die belangrikste persoon in jou lewe wees.
Fatima Abdool

My hele lewe lê oop voor U.


Psalm 119:168
12
Baie mense leef in eensaamheid. Hoe meer jy daaraan gewoond raak, hoe meer wíl jy so
wees. Jy raak so vasgevang in jou eie lewe dat jy later lyk soos ’n droë roosboom sonder
liefdesrose. ’n Roosboom is gemaak om te blom. En met ’n bietjie snoeiwerk is wonder-
werke altyd moontlik. Maar al probeer jy ook hóé hard, sal jy dit nooit alleen regkry nie. Vra
dus jou Skepper om jou weer te laat blom, om jou beste self te wees.
Al wat die Here wil hê, is ’n opregte en gewillige hart. Stel jou tot sy beskikking en laat
Hy jou verander.
Yolandé Knouwds

18

1001 Beloftes_NEW.indd 18 4/18/2006 11:07:22 AM


Alleenheid
Selfs my boesemvriend op wie ek vertrou het, wat altyd by my geëet
het, het my in die rug gesteek.
13
Psalm 41:10

God gee partykeer vir ons mense om ons te ondersteun en soms leer Hy ons om sonder
mense reg te kom. As jy nie mense het op wie jy kan staatmaak nie, leer jy dat jy altyd vir
God het en dat Hy jou alles kan gee wat jy nodig het.
God wíl hê dat jy tyd saam met Hom moet deurbring. Soms neem Hy juis die mense
in jou lewe weg wat jou gehelp het sodat jy kan leer om na Hom toe te kom vir alles wat jy
nodig het. Met God aan jou kant het jy niemand anders nodig nie.
Vic en Thea Brink

As ek sou dink: ek wil ophou kla, ek wil my houding verander en vrolik


14 wees, dan word ek bang dat ek nog swaarder sal kry, omdat ek weet
dat God my nie onskuldig gaan bevind nie.
Job 9:27-28

Die eensaamste mens op aarde is die een wat nog nie sy saak met God uitgemaak het nie.
God het ons gemaak met ’n plek in ons wat net Hy kan vul. Tot dan bly ons rusteloos
en alleen. Net God kan jou vrees vir eensaamheid wegneem. As jy ’n vriendskap met Hom
sluit, gee Hy jou die vrede om jouself te aanvaar soos jy is. Mense wat met hulleself vrede
het, is nie meer bang vir eensaamheid nie, is gemaklik met hulle eie geselskap en weet
God is altyd by hulle. Hy sal hulle nooit in die steek laat nie.
Vic en Thea Brink

Stuur u lig en u waarheid dat dié my lei en my bring na u heilige berg,


15 na u woning!
Psalm 43:3

Die toppunt van eensaamheid moet daardie verlammende gevoel wees dat niemand dáár
is vir jou nie. Erger nog: As ’n mens nie ontdek Jesus is dáár vir jou nie. Hoe eensaam
moet jy dan nie wees nie! Hy is nie net Sondae in ’n kerkdiens nie. Hy is nie net sekere tye
beskikbaar nie. Hy is altyd en enige tyd daar vir ons. Dit is vir my een van die wonderlikste
dinge omtrent God. Dat Hy daar is vir enigeen wat Hom in hulle lewe wil toelaat. Ek het
opnuut besef Immanuel beteken: Hy’s dáár vir my, Hy’s God met my.
Jannie le Roux

19

1001 Beloftes_NEW.indd 19 4/18/2006 11:07:22 AM


Alleenloper
Ek haat wat verkeerd is. Dit mag geen houvas op my hê nie.
Psalm 101:3
16
Partykeer slaan die ellende van alleenwees jou. Die slegte dinge maar ook die lekker dinge
van die lewe is ellendig as jy alleen is. Partykeer is die trane vlak as jy alleen huis toe ry. Dan
is jou hart te seer vir ’n mooi glimlag. Maar nie vandag nie! God wil vir jou die nie-ellende-
dinge wys. Kies om Sý liefde te soek. Vandag verander Hy die ellendes in seëninge. Lê
vandag jou alleenhart voor God se troon neer en ontdek ’n dieper liefde. Wanneer Hy deel is
van jou besige dag, verander alleentye in feestye. God wil vandag jou spesiale Vriend wees.
Mart-Mari Schoeman

Maar ek sal vertrou op die Here, ek sal wag vir die God wat my red. My
God sal my gebed verhoor.
17
Miga 7:7

Ek sal jok as ek sê ek wil nie ’n maat hê nie. Maar hierdie maat moet my verstaan en liefhê
nes ek is! Hy moet my ruimte gee, maar my ook vashou wanneer ek val. Ek dink elke vrou
soek na dié droomman, al is ons nie altyd droomvróúe nie. Die liefde is ’n gee-en-neem-
situasie. Onthou dat ons almal only human and not divine is. As jy ’n man begeer wat jou
innig liefhet, moet jy dieselfde doen. Gee jouself.
Yolandé Knouwds

Aan die kinderlose skenk Hy ’n huisgesin, sy word ’n gelukkige moeder


18 van kinders.
Psalm 113:9

Die vrou hou skool vir minderbevoorregtes. Aan die begin van die jaar sit ’n leerling in haar
klas sonder ’n enkele boek. Hy kan nie boeke bekostig nie. Sy bied aan om sy boeke vir
hom te koop, op een voorwaarde: Hy moet elke oggend sy huiswerk vir haar kom wys.
Hy kom wys elke dag trots die mooi oorgetrekte boeke en die netjiese huiswerk. Sy
kom agter dat hy nooit kos skool toe bring nie. Hy kry soggens ook ’n toebroodjie as hy
kom huiswerk wys. Hy leer van omgee, verantwoordelikheid en eiewaarde wat niks met
rykdom te make het nie. En sy, ’n enkelvrou met ’n hartshunkering, sê: “Nou het ek ook
iemand om voor te sorg. Nou smeer ek ook saans skoolbroodjies, soos my geseënde
vriendinne. Nou koester ek ook ’n kind.”
Annalise Wiid

20

1001 Beloftes_NEW.indd 20 4/18/2006 11:07:22 AM


Ander mense
Aan Gaius, my vriend, wat ek waarlik liefhet. Liewe Gaius, ek hoop dat
19 jy gesond is en dat dit in alle opsigte so goed met jou gaan as wat dit
geestelik met jou gaan.
3 Johannes vers 1-2

Vroue verstaan mekaar op besondere maniere. Miskien is dit omdat ons so baie in gemeen
het: Ons weet hoeveel eise die lewe aan ons stel, ons stoei saam deur al ons verhoudings-
pyne en ons verstaan die broosheid van vroue-emosies.
Dis juis hierdie spesiale begripsvermoë wat vrouevriendskappe ánders maak.
Hierdie “ek-verstaan jou”-eienskap is die sement wat die vriendskapboustene met se-
kerheid bou en dit deur die jare aanmekaar hou. Doen moeite om jou vriendinne se manier
van dink, sê en doen regtig te verstaan, maar probeer veral om dit wat sy nié doen of sê
nie, ook met deernis te begryp. Dis dikwels die ware woorde van haar hart.
Milanie Vosloo

Ek stuur hom na jou toe terug, en my hart gaan saam met hom ...
Filemon vers 12
20
Dis interessant dat God ons altyd tussen ander mense sit om ’n werk te doen. As Christen
het jy ’n opdrag van die Here gekry: Jy moet die mense om jou liefhê.
Leer om ander raak te sien en vra jou altyd af: Wat het hierdie mense nodig? Wat sal
hulle die gevoel gee dat God hulle raaksien en liefhet?
’n Mens kan op die ou end nie regtig sonder ander mense regkom nie. Ons het mekaar
nodig. Daarom moet jy jou nie afsonder van ander mense, veral nie van ander Christene
nie. Jy kan dit nie bekostig nie.
Vic en Thea Brink

Goue appels wat in silwer gemonteer is, so is die regte woord op die
21 regte tyd.
Spreuke 25:11

Opregte vriendskap beteken om ...


 elke dag daar te wees vir mekaar
 altyd dankie te sê vir sulke wonderlike vriende
 dinge te kan deel
 mekaar altyd te ondersteun en eerlik te wees.
Nina Smit

21

1001 Beloftes_NEW.indd 21 4/18/2006 11:07:23 AM


Angstigheid
Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.
1 Petrus 5:7
22
As jy vol angs en vrees is, maak dan so:
 Bid en praat met God oor elke ding in jou lewe waaroor jy angstig is.
 Dra almal wat vir jou belangrik is, elke dag aan Hom op en glo dat Hy sal voorsien.
 Soek God se wil in alles wat jy doen en aanpak.
 Vertel Hom van alles wat in jou lewe gebeur.
 Vertrou volkome op jou Hemelse Vader – Hy weet wat jy nodig het.
Milanie Vosloo

Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons wakker bly en
23 nugter wees.
1 Tessalonisense 5:6

Ons wonder partykeer as dinge dol gaan of die Here ons vergeet het. Dit voel of jou geloof
aan repies hang. “Vashou” in geloofstaal vra aksie. Fokus op God en herinner jouself:
 aan wie Hy is;
 aan Sy gedagtes, woorde en dade wat van Sy liefde getuig;
 dat Hy enige krisis kan afweer, maar dat Hy in sy wysheid kan besluit om dit nie te
doen nie; en
 God se liefde vir jou wissel nie volgens jou omstandighede nie.
Judy Venter

Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk


24 jou, Ek help jou, Ek hou jou vas ...
Jesaja 41:10

’n Mens aanvaar maklik verantwoordelikheid vir iemand anders se probleme. Ook in ons
gebedslewe. Jy bid dat die Here jou met ’n probleem moet help. Dan staan jy op en stres
weer van voor af. Wat het gebeur? Jy het die verantwoordelikheid vir die Here gegee, maar
dit onmiddellik weer teruggeneem. Dit wys dat jy Hom nie vertrou nie. Wanneer jy jou saak
aan God oorgee, is dit Gód se saak, nie meer joune nie. Jy is slegs die bestuurder van die
saak, maar nie meer die eienaar daarvan nie. God deins nie terug vir jou probleme nie.
Vertrou jouself én jou bekommernisse aan Hom toe. God dra altyd jou belange op die hart.
Jannie le Roux

22

1001 Beloftes_NEW.indd 22 4/18/2006 11:07:23 AM


Babas
Ek was ook eenkeer ’n kind, my moeder se oogappel ...
Spreuke 4:3
25
Jou sokkies het ek klaar gebrei en netjies weggepak.
Jou klere, doeke, lakentjies in rye op die rak. Ek sal jou toedraai in gebed. Jou hoof
bedek met God se seën, jou daagliks klee met liefde.
Met sagmoedigheid en vrede – as onrus reën, nooit sal ek jou laat kaalvoet loop maar
skoene van die waarheid koop. Ek sal jou in my loflied wieg, jou rondstoot in elk goed-
heidsgier, jou daagliks voer met God se Woord, jou bad in kuier en plesier.
Ek kan nie wag dat jy moet kom, my tassie staan gereed, my hart klop vol verwagting,
vol hoop, vol liefde, jy weet!
Soekie Krog

Wie homself gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in


26 die koninkryk van die hemel. En wie so ’n kindjie in my Naam ontvang,
ontvang My.
Matteus 18:4-5

Elke kind is ’n ongelooflike wonderwerk. So ’n piepklein mensie is ’n stukkie nuwe lewe


wat God aan ’n ouerpaar toevertrou. ’n Mensie wat God in jou as ma se moederskoot op
’n wonderlike manier gevorm en aanmekaar geweef het. Dít vervul ’n mens met verwonde-
ring. Maar kinders is nie net ’n Godswonder nie, hulle is ’n geweldige verantwoordelikheid.
Wie ’n kind ontvang, ontvang God self, is Jesus se uitspraak.
Nina Smit

Geseënd is jy onder die vroue en geseënd is die vrug van jou moeder-
27 skoot!
Lukas 1:42

Ek jubel in U, omdat U my waardig geag het om deel te hê aan dié klein skeppingswonder:
’n bondeltjie vreugde, so klein en broos en tog so ongelooflik volmaak!
Toe sy haar eerste kermhuiltjie gee en haar arms en bene lomp en rukkerig op die
teatertafel beweeg, het my bene lam geraak van aandoening. Toe sy daarna so tevrede in
haar ma se arms lê, weet ek: Ons lewe sal nooit weer dieselfde wees nie. Toe ek haar later
bewend in my hande hou, klop dit dankbaar hier binne my: Sy’s myne!
Jaco Thom

23

1001 Beloftes_NEW.indd 23 4/18/2006 11:07:23 AM


Bangwees
Dit is die tyd wanneer hy bang is vir ’n hoogte en vir alles op die pad
28 skrik.
Prediker 12:5

Kruip jy agter jou vrese weg? Antwoord ja, soms, baie min of nee op die volgende stellings:
 Omstandighede is buite my beheer.  Ek verwag altyd die ergste.
 My drome gaan nooit waar word nie.  Ek voel soos ’n toeskouer in die lewe.
 Ek aanvaar moeilik ’n kompliment.  Ek moet erkenning kry vir goeie dade.
 Ek voel soms diep ongelukkig.  Verandering maak my angstig.
Meestal ja: Jy kan suksesvol van jou vrese ontslae raak. Meestal nee: Moedhou! Werk
aan jou onsekerhede.
Annie Coetzee

God wat alle genade gee ... sal julle ... self weer oprig en julle moedig,
sterk en standvastig maak.
29
1 Petrus 5:10

Hanteer jou vrese so:


 Skryf “negatiewe prikkels” links bo-op ’n skoon bladsy. Noem die dinge wat vrees in
jou aanwakker.
 Skryf in die tweede kolom “die ergste wat kan gebeur”. Noem die ergste dinge wat kan
gebeur.
 Skryf in die derde kolom “kwaliteite” bo aan die bladsy. Noem al die eienskappe wat jy
het om die situasie te beheer.
Kobus Neethling

Die dag as ek bang word, vertrou ek net op U.


Psalm 56:4
30
As jy bang is vir die toekoms, lees hier:
 God is nie net die God van jou verlede en jou hede nie, maar ook van jou toekoms.
 God sê vir jou: Ek sal altyd daar wees vir jou. Dit maak nie saak wat die toekoms inhou
nie. Daar sal seker nuwe uitdagings wees – maar Ek sal daar wees.
Hannes Burger

24

1001 Beloftes_NEW.indd 24 4/18/2006 11:07:23 AM


Barmhartigheid
As jy jou wy aan dié wat honger het, as jy voorsien in die behoeftes van
dié wat in nood is, sal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is ...
31
Jesaja 58:10-11

’n Kaalvoetseuntjie staan op ’n wintersdag voor ’n winkelvenster. ’n Vrou vra vir hom:


“Waarna kyk jy?”
“Ek vra God vir skoene.”
Die vrou versoek die winkelklerk om ’n halfdosyn skoene en sokkies te kry, ook ’n em-
mer water en ’n handdoek. Sy was en droog die seuntjie se voetjies af. Toe trek sy sokkies
en skoene vir hom aan en sit die ander skoene in ’n sakkie. “Is dit beter?” vra sy.
Die seuntjie gryp haar hand en vra: “Is jy God se vrou?”
Hierdie soort gee is net moontlik met Christus in ons hart.
Annelize Endres

Hulle vra wel elke dag na my wil, asof hulle graag wil weet wat Ek van
32 hulle verwag.
Jesaja 58:2

God gebruik nie spesiale mense vir sy werk nie; Hy roep jóú om iets spesiaals te doen.
God roep nie die geleerdes nie; Hy leer dié wat Hy roep. God se roepstem is nie ’n bevel
nie; Hy nooi met liefde. God se werk bring die beste in jou na vore en ook in dié aan wie
jy die Boodskap bring. God gebruik die krom, knoetsige sparre van ons lewe om vir Sy
Koninkryk ’n reguit draad te span.
Solly Ozrovech

Is dit nie dat jy vir dié wat honger is, van jou brood gee nie, dat jy aan
die armes en die dakloses ’n blyplek gee nie ... dat jy jou medemens
33
nie aan sy lot oorlaat nie?
Jesaja 58:7

Ons dogter het ’n lapswaaier, Charlie, geken. Hy het mooi na haar motor gekyk. Chanel
het hom elke dag opreg bedank. Sy het dikwels klere vir sy gesin gestuur of kos vir Charlie
gegee. Een middag het sy gesien Charlie kry baie warm en sy het omgedraai en vir hom
koeldrank gaan koop. Toe hy siek was, het sy vir hom medisyne gekoop.
Sien jy, eintlik is dit baie maklik om te gee.
Lottie Stander

25

1001 Beloftes_NEW.indd 25 4/18/2006 11:07:23 AM


Bekommernis
Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.
1 Petrus 5:7
34
Bekommernis is: ’n aangeleerde gewoonte, gebou op die negatiewe en om op jou eie
krag te vertrou.
Bekommernis kan: jou geloof vernietig, jou van kosbare tyd beroof, jou siek maak.
Bekommernis moet: met nuwe gedagtes vervang word. Lees Romeine 12:2 en Efesiërs
4:23. Dit moet met dissipline beveg word. Ons moet ons bekommernisse aan God se voete
neerlê en Hom vertrou. Bekommernis moet deur dankbaarheid tot niet gemaak word. God
wil hê ons moet optree soos die voëls in die veld wat altyd sing, ongeag die omstandighede.
Skrywer onbekend

As ek sou ronddwaal soos ’n skaap wat weggeraak het, soek my dan


35 want u gebooie het ek nie verontagsaam nie.
Psalm 119:176

 Bekommernis affekteer jou gesondheid.


 Bekommernis keer dat jy nugter dink en kalm bly.
 Bekommernis strem jou kreatiwiteit.
 Bekommernis oor ’n realistiese probleem help jou egter om voorsorgmaatreëls te tref.
 Die hart van bekommernis, sê Jesus, is ’n gebrek aan vertroue in God.
Jannie le Roux

Maar die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekom-


36 merd oor baie dinge, maar net een ding is nodig.”
Lukas 10:41-42

Versuur kommer jou lewe? Raak so ontslae daarvan:


 Identifiseer jou bekommernisse.
 Plaas dit onder twee opskrifte: “Kan beheer” / “Kan nie beheer”.
 Beantwoord die volgende by elkeen: Wat is die kans dat dit waaroor ek bekommerd is,
sal gebeur? Indien wel, wat is die ergste wat kan gebeur? Hoe hanteer ek dit? Wat kan
ek doen om dit te verhoed?
Lorette Dye

26

1001 Beloftes_NEW.indd 26 4/18/2006 11:07:23 AM


Beproewing
Die woestyn, die dor land, sal jubel, die droë wêreld sal juig, oortrek
37 met affodille; hy sal in volle bloei staan, hy sal juig en sing ...
Jesaja 35:1-2

 Blomknoppe moet oopgebreek word voordat die volle prag van die blom verskyn.
 Egte goud kom in ons lewe te voorskyn in die vuuroond van beproewing.
 Ploeë se skerpte breek die aarde oop sodat die saad vir die someroes geplant kan word.
 Rotse moet oopgebreek word om die goud wat daarin verborge is te delf.
 Nardussalf se kosbare fles moet gebreek word om die lieflike geur te kan versprei.
 Weet dat jou swaarkry nie ’n terugslag is nie, maar ’n terugsnoei (Pam Vredevelt).
Solly Ozrovech

Sou iemand vir God iets kon leer, vir Hom wat selfs die sterkstes re-
38 geer?
Job 21:22

In hierdie stukkende wêreld is dit waar dat nie alle getroude paartjies kinders kan hê nie.
Die ongelukkige egpaar sal ook nog ’n opmerking hoor dat daar sonde in hulle lewens
is wat verhinder dat hulle met ’n baba geseën word. Só sê mense. Dis bitter onverant-
woordelik om so iets te sê. Sonde het alles met die saak te doen, maar nie die egpaar se
sonde nie. Die oorsaak is die sondigheid, die gebrokenheid van die wêreld, want met die
sondeval het dinge vreeslik skeefgeloop. Die lewe is nie regverdig nie, maar julle kan vra
hoe julle die Here met julle besondere omstandighede kan verheerlik.
Jaco Thom

Dan sou U my roep en ek U antwoord.


Job 14:15
39
Soms lê God jou plat op jou rug neer om jou ’n kans te gee om stil te word ... op te kyk. Jy
word gedwing om tot rus te kom. Terwyl jy daar op jou rug lê, doen gerus die volgende:
 Word stil en begin luister; hoor wat God vir jou wil sê.
 Hou vas aan sy beloftes en die hoop wat in jou hart leef.
 Wéét dat Hy saam met jou ín die ding is en elke tree saam met jou loop.
 God toets jou nie om jou te straf nie, maar om jou lewe ryker en voller te maak.
 Sy hande is om jou gevou en Hy sal jou nooit laat uitglip nie, jou net stywer vashou!
Lana van Niekerk

27

1001 Beloftes_NEW.indd 27 4/18/2006 11:07:23 AM


Berusting
My lewensdae is min genoeg, laat my tog met rus dat ek darem ’n bie-
40 tjie vreugde kan hê voordat ek weggaan ... na die land van die donker
nag met sy diep duisternis waar niks georden is nie, waar die lig self
donker is.
Job 10:20-22

Berusting neem tyd.


 Gee jouself kans om oor die skok te kom.
 Kyk die gebeurtenis in die oë en besef die gevolge.
 Neem jou toevlug tot die Here en deel jou emosies met Hom en vertrou Hom.
 Praat met iemand wat verstaan en stort jou hart uit.
 Wanneer jy uitgewoed is, sal dit stil word in jou.
Ampie Barnard

Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek stewig


41 staan.
Psalm 62:7

Een van die belangrikste dinge wat jy moet besef as jy verlies ervaar het, is dat jy vir jou
eie toekoms verantwoordelik is. Begin deur vir jouself goed te wees. Bederf jouself. Met
die verlies van ’n lewensmaat voel ’n mens asof jy nie meer lus het om die dinge te doen
waaraan julle saam beplan het nie. Maar ook dié brug moet jy oorsteek. Maak die vensters
oop sodat die lig kan inkom ... En gaan uit by die deur!
Johan Smit

As my bittere ellende maar geweeg kon word, as die ongeluk wat my


42 getref het, op ’n skaal gesit kon word, sou dit swaarder weeg as die
sand van die see.
Job 6:2-3

Die man wat perfek is in jou droomwêreld, is nie noodwendig die man wat God vir jou
gekies het nie. Om iemand te verloor vir wie jy lief is, is net so erg as om iemand aan die
dood af te staan. Die lewe gaan egter aan en sleep jou saam. Staan op en stap saam, al
gaan dit eers kruip-kruip. Soms sal jy met weemoed terugkyk en wil terugdraai. Die Here
het egter ’n plan vir jou.
Yolandé Knouwds

28

1001 Beloftes_NEW.indd 28 4/18/2006 11:07:23 AM


Beskutting
Hy beskut jou onder sy vleuels en is vir jou ’n veilige skuilplek. Sy trou
43 beskerm jou aan alle kante.
Psalm 91:4

Soos God die heelal tot in die fynste detail gemaak het, so het Hy ook elke mens gemaak.
Aanbid Hom daagliks en fokus op Sy grootheid. Dan sien jy jou probleme in die regte
perspektief. Die Almagtige gee jou die krag en wysheid om jou probleme te oorwin en jou
kommer te stil. Namate God in jou lewe groter word, word jou probleme kleiner. Soos God
jou lewe vul, “verdwyn” jou probleme. Jy word rustig, want jy wéét: God het nou jóú saak
Sý saak gemaak! Op Sý manier en op Sý tyd sal Hy die oplossing gee!
Rassie van Niekerk

Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie
44 bekommernis.
Matteus 6:34

Net vir vandag, kom ...


 laat ons nie bekommerd of vreesbevange leef nie;
 ons vergeet van gister en eergister, môre en oormôre;
 ons probeer by die omstandighede van ons lewe aanpas;
 ons vergewe en vergeet ander se foute;
 ons weier om onsself aan terneergedruktheid oor te gee; en
 ons word stil by God sodat Hy ons binneste kan verander.
Solly Ozrovech

Wie die Here dien, se lewe is veilig; so ’n mens slaap rustig ...
Spreuke 19:23
45
Slaaploosheid is nie ’n goeie ding nie. ’n Gebrek aan slaap maak jou moeg en geïrriteerd.
Sodra jy jou kwellinge vir die Here gee, verminder jou spanning en slaap jy makliker. Die
Here slaap nie, maar neem dan die verantwoordelikheid vir jou lewe. Om onbesorg aan die
slaap te raak beteken jy vertrou God. Wanneer jy wakker word, kan jy weer die verant-
woordelikheid met God deel. Dink die volgende voor jy gaan slaap: “Dankie, Here, dat U
wakker is en oor ons waak. Dankie dat U reeds die oplossing vir my bekommernis het.
Dankie dat ek U daarmee kan vertrou.”
Jannie le Roux

29

1001 Beloftes_NEW.indd 29 4/18/2006 11:07:23 AM


Besluitneming
’n Mens met insig doen kennis op; wyse mense hou hulle ore oop vir
46 kennis.
Spreuke 18:15

 Erken jou foute en maak reg.


 Kry kennis. Die Bybel, logika en medegelowiges kan van hulp wees.
 Hou joernaal van jou alledaagse lewe. Jy kan sien hoe jy gegroei het.
 Vra die Here vir hulp om oordeelkundig te kan onderskei.
 Alles werk ten goede mee. Fokus op die groter prentjie.
 Bly kalm en objektief – veral tydens ’n emosionele saak.
Soekie Krog

Al maak mense hoeveel planne, wat die Here besluit, staan vas.
Spreuke 19:21
47
Doen die volgende as jy die Heilige Gees vir leiding oor ’n besluit vra:
 Soek antwoorde in die Bybel.
 Identifiseer die voor- en nadele van die besluit.
 Bid en wag geduldig vir ’n antwoord. God sal wél antwoord.
Die Heilige Gees sal jou lei om ’n verkeerde besluit reg te stel. Erken jou foute en stel
dit reg. Maak jou hart teenoor God oop. Hy sal sonde vergewe, jou heelmaak en verkeerde
besluite regstel.
Milanie Vosloo

Iemand wat aan Christus behoort, is ’n nuwe mens. Die oue is verby,
die nuwe het gekom.
48
2 Korintiërs 5:17

Laat God jou lewe bestuur.


JY DINK: As ek dit nie doen nie, wie sal? Dink nuut: Laat ander hulle verantwoordelikhede
nakom.
JY DINK: My manier is reg. Dink nuut: God sal deure vir jou oopmaak – dis Sy plan vir jou.
JY DINK: Jy moet bekommerd wees om te kan omgee. Dink nuut: Bekommernis bring jou
nêrens. Gee dit vir God.
JY DINK: Sonder beheer ruk alles handuit. Dink nuut: Met God bo-aan jou prioriteitslysie,
sal die klein dingetjies jou nie onderkry nie.
Anita van Niekerk

30

1001 Beloftes_NEW.indd 30 4/18/2006 11:07:23 AM


Bevry van woede
Luister na raad, aanvaar wat jou geleer word, sodat jy uiteindelik wys-
49 heid kan hê.
Spreuke 19:20

God vra nie mense wat vinger wys of om die skuldiges uit te wys in ’n krisis nie. Soos die liefde
by God begin het, het Hy ons geleer om as Christene altyd te sê: Dit moet by mý begin!
Die Here wil hê dat dinge uitgepraat moet word, want om stil te bly veroorsaak eintlik net
dat die pyn uitgestel word. Jy moet egter lig loop vir oorreaksie; vir te veel sê; vir woede wat
wil vernietig, seermaak en verkleineer. Raak eers rustig, kry jou balans terug en bou liewer
op waar kritiek nodig is. Wees openlik maar sensitief; eerlik maar korrek. Maak die lug skoon.
Rassie van Niekerk

Dit is eerbaar om ’n rusie te vermy; enige dwaas kan ’n rusie begin.


Spreuke 20:3
50
Om spanning in ’n verhouding te vermy, is dit die ideaal dat maats eerlik met mekaar oor
hulle gevoelens sal wees. Baklei die saak en nie mekaar nie!
Op hierdie manier verwerk jy jou gevoelens op ’n volwasse, beskaafde en Christelike
manier. En word konflik ’n kreatiewe geleentheid. Die Heilige Gees maak skoon en julle
twee kom nader aan mekaar as voorheen.
Innerlike vrede is die gevolg van die opbouende hantering van konflik. Julle stem uitein-
delik saam, die lug is gesuiwer, die toekomspad is duideliker en albei van julle voel dat julle
’n christelike en volwasse oorwinning oor negatiewe emosies behaal het.
Rassie van Niekerk

God wat gesê het: “Laat daar lig skyn uit die duisternis, het ook in ons
51 harte ’n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid
van God, wat van Jesus Christus uitstraal.
2 Korintiërs 4: 6

Amy Biehl is deur jeugdige politieke aktiviste in Suid-Afrika vermoor. Amy se ma is bekend
vir haar buitengewone deernis, en het hand geskud met haar dogter se moordenaars.
Sy het na Suid-Afrika gekom, nie om vergelding te eis nie, maar om ’n menslike lewe te
versoen wat weggeneem is sonder die geleentheid om te praat. Vandag werk twee van
daardie jeugdiges sy aan sy met Amy se ma in die stryd teen geweld. Hulle noem haar
“Amakhulu” (Grootmoeder). Sy het hulle vergewe. Sy is vry van haat en woede.
Jácqui Mol

31

1001 Beloftes_NEW.indd 31 4/18/2006 11:07:23 AM


Binnekamer
Net by God vind ek rus, van Hom kom my redding. Net Hy is my rots en
52 my redding, my veilige vesting sodat ek stewig staan.
Psalm 62:6-7

Ons sukkel om stil te word voor die Here. Daar is te veel dinge wat ons aandag en tyd vra.
Dis die duiwel se manier om ons weg te hou van God af. Elke mens het ’n bidplek nodig.
Ons moet tyd maak vir stilword, selfs sommerso tussen die geraas deur. Erken dat die Here
God is en ontspan dan. Gee jou lewe, jou geveg oor in Sy hande. Raak rustig in jou bin-
nekamer. Laat jou hele liggaam slap word in jou oorgee aan Hom met die sekerheid: God
sal vir jou veg!
Rassie van Niekerk

As ek aan U dink op my bed, oor U peins in die nag, dan weet ek: U is
53 vir my ’n hulp, en dan juig ek oor die beskerming onder u vleuels. Ek
bly altyd naby U, U hand ondersteun my.
Psalm 63:7-9

Die geheim van gebed is om te begin bid. Gebed is om in te skakel by die lewende God
wat jou as sy kind nooit wil afskeep nie. Hy wil ook vir jou sorg en voorsien wat jy nodig
het. Gebed is jou manier om te sê: “Ek is afhanklik van die Here vir alles wat met my ge-
beur en sal gebeur.”
Hou vandag vas aan die volgende: “God hóór my as ek bid. Hy kan alles doen wat ek
graag wil hê.Hy wil my help om te doen wat Hy dink die beste vir my is.”
Jannie le Roux

Staan dwarsdeur die nag op en roep, stort voor die Here jou hart uit
54 soos water, strek jou hande uit, en bid om die lewe van jou kinders ...
Klaagliedere 2:19

Ons kinders is aan so baie gevare blootgestel dat ons al hoe meer vir hulle moet bid. Tog
gaan biddende ma’s met groot vrede deur die lewe, want ons wéét mos dat Hy ons kinders
se lewens bestuur. As jy saans slapeloos rondrol oor jou kinders – hou op en begin op ’n
nuwe manier vir hulle bid. Jy moet wéét dat God hulle nog liewer het as jy, dat Sy beloftes
vir hulle ook waar is. Hy sal jou gebede verhoor as jy bereid is om Sy wil vir jou lewe én vir
hulle lewens te aanvaar.
Nina Smit

32

1001 Beloftes_NEW.indd 32 4/18/2006 11:07:23 AM


Blaaskans
Ek smag na u redding, ek vertrou op u woord. Ek sien verlangend uit na
55 die vervulling van u belofte en vra: “Wanneer gee U tog vir my uitkoms?
Psalm 119:81-82

Raak rustig ... Maak tyd om rustig te word en plaas jou werk en lewe weer in perspektief.
Ure vlieg verby ... Die tyd vlieg verby sonder dat ons iets vir ons harde werk kan wys.
Ons is ongebalanseerd en verloor ons vriende, ons gesin, onsself en God in ons gejaag.
Stop en word stil ... Jy is nie ’n masjien nie, maar ’n denkende, emosionele en spirituele
mens. Begin weer kwaliteit-ure saam met jou gesin deurbring en kry daardeur weer sin in
die lewe. As jy dit vergeet, raak jy verstop en begin jou siel rammel en raas.
Milanie Vosloo

“Ek weet, Here, dat u bepalings regverdig is. Dat U my laat swaarkry, is
56 ’n teken van u trou. Gee tog vir my uitkoms deur u troue liefde, soos U
beloof het.”
Psalm 119:75-76

Die Here kan vir jou ’n skuilplek wees as die lewe vir jou te veel raak. Hy sal jou toevou en
jou beskerm. Hy sal verstaan en vertroos en versterk. Dis alles beloftes uit sy Woord. By God
kan jy eerlik wees. Jy mag ook jou frustrasies en moedeloosheid met Hom deel – Hy weet
in elk geval daarvan. Maar wanneer jy by Hom wegkruip, laat Hom toe om jou binnekant om
te roer – met liefde, met begrip en met bemoediging. Loop die hele wegkruippad saam met
Hom. En leer in jou spesiale skuilplek om nuwe liedere te sing: oorwinningsliedere.
Anita Erasmus

Die Here my God help my, ek sal nie teleurgesteld staan nie; ek sal my
nie ontstel nie, ek weet ek sal nie in verleentheid kom nie.
57
Jesaja 50:7

 Maak dadelik werk van jou bekommernisse sodra dit kop uitsteek.
 Bepaal die oorsprong van jou stres en kommer.
 Hou moed wanneer dit lyk of jou probleme te groot is om te hanteer.
 Raak ontslae van die wortel van die kwaad.
 Lê jou stresvolle probleme aan die voete van die Here neer.
 Wag geduldig op sy uitkoms.
 Luister as Hy probeer om iets vir jou te sê.
Milanie Vosloo

33

1001 Beloftes_NEW.indd 33 4/18/2006 11:07:23 AM


Blydskap
Dit gaan altyd sleg met ’n bedrukte mens; die blymoedige mens se hele
58 lewe is ’n fees.
Spreuke 15:15

Jy kan kies om blymoedig te wees, ook as dinge vreeslik sleg gaan, sodat jou tragedies in
oorwinnings kan verander.
 Besluit om ’n rukkie stil te staan om jou lewe te geniet.
 Raak bietjies-bietjies ontslae van jou frustrasies en bekommernisse.
 Kies om gelukkig te wees!
 Doen die dinge wat jy nog altyd graag wou doen.
 Geniet jou lewe!
Jy het dalk minder tyd oor as wat jy dink!
Nina Smit

Stralende oë bring blydskap, goeie tyding verkwik ’n mens.


Spreuke 15:30
59
As jy naby God leef ... sal jy altyd blydskap in jou hart hê, ongeag jou omstandighede. As
jou hart vol van God is ... sal jy op jou gelukkigste wees as jy God en jou naaste dien. As jy
’n Christen word ... sal jy vol blydskap wees en so lewe. As jy Jesus verloor, verloor jy ook
jou blydskap en sal jy depressief en moedeloos wees. As jy nie bly is omdat jy weet jou
sonde is vergewe nie ... sal jy onvriendelik en lelik bly. As jy by God is ... sal jy met vreugde
oor Hom praat.
Solly Ozrovech

Met my hele hart wil ek die Here loof in die samekoms van die opregtes
in die gemeente. Die werke van die Here is groot, almal wat daarin
60
vreugde vind, dink daaroor na.
Psalm 111:1-2

Is jy onrustig omdat dinge nie vir jou na wense verloop nie? Miskien moet jy weer jou ver-
houding met die Here regmaak, sodat jy ook daardie borrelende vreugde kan ervaar wat
joune sal wees wanneer jy na God begin vra, sodat sy rus en vrede joune kan word.
Wanneer dié vreugde joune is, is daar nóg iets wat jy behoort te doen: Jy moet vir ánder
mense gaan vertel wat die Here vir jou beteken. Dan sal jy nóg ’n verdere groter vreugde
ontdek: die vreugde wat in jou hart groei wanneer jy getuig van God se goedheid vir jou.
Nina Smit

34

1001 Beloftes_NEW.indd 34 4/18/2006 11:07:23 AM


Boesemvriendinne
Dit is beter om vermaan te word deur iemand wat wysheid het, as om
61 besing te word deur ’n dwaas.
Prediker 7:5

’n Ma het vriendskap die nodigste. En ’n ma se beste vriendin is ’n ander ma. Net ander
ma’s weet presies wat van ma’s geverg word, omdat hulle al self daar was.
Voor ander ma’s hoef jy nie ’n masker voor te hou nie. Jy kan maar kla oor wat skole
alles vra en hoe vaak jy is omdat jou koliekbaba heelnag gehuil het. Jy kan maar bieg oor
jou knorrige wederhelf. Ander ma’s is saam met jou bly as jou kinders goeie uitslae kry,
en huil saam as jou kinders emigreer. Elke ma wat ’n ánder ma as ware vriendin het, het
lewenslange ondersteuning.
Nina Smit

Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en
62 onderrig mekaar met alle wysheid.
Kolossense 3:16

Ek voel veilig by jou, want jy is ’n vriendin ...


 wat dink nes ek;  wat my nie veroordeel nie;
 wat opreg luister;  wat my werklik ken; en
 met wie ek al my geheime kan deel;  wat my altyd sal help.
Judy Venter

’n Mens vind vreugde daarin as hy die antwoord het; wat is beter as die
63 regte woord op die regte tyd?
Spreuke 15:23

Vriendskap is ’n voorreg. Vriendinne se huise is ’n skuilte teen die lewenstorms; dit gee
kaggelvuurhitte wanneer die wêreld jou yskoud laat, en koelte-lafenis as die somerson net
té warm raak. Vrouevriendinne deel mekaar se lief en leed. Hulle deel hulle geheime omdat
hulle weet dat dit veilig toegesluit word. Hulle deel sommer net lekker vrouwees-goedjies
omdat dit spesiaal is. ’n Opregte en eerlike vriendin is soos ’n veilige tuiste. Vriendinne
verstaan mekaar se harte op ’n spesiale manier; hulle vertrou ten volle, respekteer mekaar
se menswees en waardeer hulle verhouding. Dankie dat jy so ’n veiligwees-vriendin is. Dit
verryk my!
Milanie Vosloo

35

1001 Beloftes_NEW.indd 35 4/18/2006 11:07:23 AM


Breekpunt
Waarom moes God dan die lewenslig gee aan ’n man wat net swaar kry?
Job 3:20
64
Net een persoon kan iets aan ’n amper-breekpunt doen – jý! Kyk wat vir jou belangrik
is. Belangrike items is nie altyd dringend nie, maar deur daaraan aandag te gee kry jy
bevrediging. Handel dringende sake af. Gee aandag aan jou liggaam deur genoeg te
slaap en gereeld te oefen. Wees versigtig vir ontsnappingsmeganismes wat jou op die lang
duur meer vasbind. Dit beteken dat jy jou alkohol-inname moet beperk en dwelmmiddels
moet vermy. Gee jou maat gereeld ’n drukkie. In so ’n omhelsing voel jy hoe jou liggaam
ontspan. Jy kan nie alles in jou lewe beheer nie, maar God kan. Hy sal sorg.
Jannie le Roux

Laat julle ‘ja’ eenvoudig ‘ja’ wees en julle ‘nee’, ‘nee’. Wat meer gesê
65 word as dit, kom van die Bose.
Matteus 5:37

Om te ontsnap uit ’n siklus van te veel doen, kan jy gerus die volgende grense vir jouself
stel:
 Bedoel dit as jy nee sê. En moenie probeer verduidelik of verskoning maak nie.
 Tree selfhandhawend op. Dink ook aan jouself en jóú behoeftes.
 Gun jouself bederf- en ontspantyd. Al is dit net ’n kort rukkie elke dag, dié tydjie moet
vry van enige verpligtings wees; jy moet jou batterye kan herlaai.
 Leef jou emosies uit. As jy jou emosies binne hou, skei jou liggaam te veel kortisol af.
Dit laat jou brein stadig werk en laat jou geïrriteerd voel en oral pyne ervaar.
 Leer hoe om jou tyd beter te benut. Gee die grootste gedeelte van jou tyd aan belang-
rike dinge. As jy reeds te veel het om te doen, sê net NEE!
Annelize Endres

U was nie onverskillig teenoor my ellende nie …


Psalm 31:8
66
UITGEBRAND! Hoe kom jy weer reg? Jy hanteer dit asof jy ’n hartaanval gehad het – kry
hulp! Onmiddellik! Medikasie help om jou lyf en jou kop beter te laat cope. Jy eet, drink en
oefen reg. Jy práát! Verkieslik met ’n pro wat jou kan help verstaan hoe uniek jy aanme-
kaargesit is en hoe jy jou persoonlikheid kan benut en beskerm. Jy leer onderskei tussen
selfsug en selfsorg en begin jouself doelgerig koester.
Annalise Wiid

36

1001 Beloftes_NEW.indd 36 4/18/2006 11:07:23 AM


Buig in geloof
Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.
Filippense 4:13
67
Op die kruin van die heuwel staan die kruis wat die pad na die grootpad bewaak. Aan die
voet van die kruis is ’n deur wat so laag is dat elkeen wat daardeur wil gaan, moet buk en
deurkruip. Voordat ons in die grootpad kan kom, moet hierdie hardnekkige “ek” deur God
gebuig en gebreek word sodat Christus in sy plek kan heers. Wanneer ons die liefde en die
gebrokenheid sien van Hom wat in ons plek gesterf het, sal ons graag vir Hom gebreek wil
word en sal ons bid: “Vader, dat dit nie meer ek sal wees nie, maar Christus wat in my leef.”
Roy Hession

... en mag Hy deur sy krag julle liefde vir die goeie en die werk van die
68 geloof volkome maak. So sal die Naam van ons Here Jesus deur julle
verheerlik word ...
2 Tessalonisense 1:11-12

Die wet van God is ’n manier waarop ek God met vreugde kan dien. Sonde vertroebel my
verhouding met God. Dit veroorsaak hartseer, by God en by my. Dis dan dat God my weer
wil terugwen en my soms hardhandig bykom as ek nie op sy sagte roep wil antwoord nie.
Maar dis nie ’n straf nie. Dis nie die uitbetaling van my verdiende loon nie. Jesus het klaar
my verdiende loon aan die kruis gedra. God se rapse in my lewe is die Vader se manier om
my mooier te maak.
Johan Smit

... al sit ek in die donker, die Here is my lig.


Miga 7:8
69
In die antieke tyd was daar in Noord-Afrika ’n uiters gevaarlike hawe. Iemand kom toe met
die blink gedagte dat hulle drie vuurtorings op die hawe moes bou. As jy drie ligte sien,
moes jy weet jy is van koers af. As jy een lig sien (omdat al drie ligte in lyn is), het jy geweet
jy is op die veilige roete.
Ons het ook drie ligte wat in lyn moet wees. Die eerste is gebed. Die tweede is die
Woord van God. Die derde is die mening van ons broers en susters in Christus. As hierdie
drie bronne verskil, is ons dalk van koers af.
Hennie Stander

37

1001 Beloftes_NEW.indd 37 4/18/2006 11:07:23 AM


Carpe diem!
U is by my. In u hande is ek veilig.
Psalm 23:4
70
Vandag is verniet vir jou gegee: Leef dit! Bou vriendskappe. Werk en speel voluit. Vertroetel
jou geliefde. Omhels jou kinders.
Koester en benut elke dag asof dit die laaste is, want môre is ’n droom, ’n visie, ’n ide-
aal, maar vandag, goed geleef, sal sorg vir ’n goeie môre. Elke dag is vol geleenthede!
Jan de Wet

Rig vir jou padwysers op, bring vir jou rigtingborde aan, hou jou oog op
71 die grootpad, op die pad wat jy moet loop.
Jeremia 31:21

Die lewe is ’n reis wat bruisend opwindend kan wees.


Stel Jesus nou as jou bestuurder aan. Hy sal sorg dat jy die reis geniet, selfs onder
moeilike omstandighede, want Hy gaan jou vertel hoe om gevaarlike slaggate of skerp
draaie te vermy.
Die Bybel is jou betroubare padkaart waarop rigting en gevare duidelik gemerk is.
Sorg dat jy rusplekkies het – in jou binnekamer, die tuin of die natuur – waar jy kan
afskakel, die stilte kan geniet, die natuur kan bewonder, na mooi musiek kan luister en met
God kan gesels.
Ans Theron

Daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut.
Klaagliedere 3:22-23
72
 God behandel jou met baie genade as sy kind.
 In God se koninkryk is elkeen spesiaal en is jy vir Hom kosbaar.
 God het jou gered, nie omdat jy goed is nie, maar omdat Hy jou liefhet.
 Jy is niks minder as ’n geliefde kind van God in die huis van die Here nie.
 Jy het soveel krag in jou omdat jy die wonderlike voorbeeld van Jesus volg.
 God hou nie jou sonde teen jou nie, want Christus het reeds daarvoor betaal.
 Daarom kan jy jou medemens vierkantig in die oë kyk en met selfvertroue leef.
 God het jou lief soos ’n vader en vervang jou menslike gene met Goddelike gene.
 Jy het deur sy genade die moontlikheid om soos sy Seun, Jesus Christus, te wees.
Hennie Symington

38

1001 Beloftes_NEW.indd 38 4/18/2006 11:07:23 AM


Christenwees
In Antiogië is die gelowiges die eerste keer Christene genoem.
Handelinge 11:26
73
Wat doen jy as Christen om anders te wees?
 Wanneer die wêreld wil terugbaklei, vergewe en vergeet jy.
 Wanneer ander met angs kyk na alles wat om hulle gebeur, bely jy as gelowige dat die
Here in beheer is.
 Wanneer ’n gelowige doodgaan, sê hy soos Martin Luther: “Dit is my kroningsdag.”
Johan Pienaar

Gedra julle altyd goed onder die heidene sodat, al praat hulle kwaad
74 van julle asof julle misdadigers is, hulle julle voorbeeldige lewe kan
sien en God kan verheerlik ...
1 Petrus 2:12

As jy Jesus Christus volg, moet jou woorde en lewe bymekaar pas, anders sal niemand jou
boodskap glo nie.
 ’n Mens ontdek baie gou dat baie mense nie die Bybel lees nie, maar dat hulle tog kyk
na die lewens van mense wat hulleself Christene noem.
 Geheime Christenskap bestaan nie: óf die geheim maak jou Christenskap dood óf jou
Christenskap maak die geheim dood.
 As jy Christus wil volg, benodig jy ’n fyn aanvoeling vir die Heilige Gees sodat jy as
God se kind sal waag en doen!
Solly Ozrovech

Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons
75 geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem
het.
Efesiërs 2:10

Wat gaan deur jou gedagtes as jy die woord “Christen” of “Christenskap” hoor? Las? Plig?
Vervelige preke? Gewoonte? Dit hoef nie so te wees nie! God het ons nie geskep om ons
verhouding met Hom as ’n las of ’n vervelige gewoonte te sien nie. Dít is wat die sonde
van ons verhouding met God gemaak het. Hoe nader ons aan Hom is, hoe meer geluk,
vreugde en vrede moet daar in ons lewens wees. Gaan soek dit!
Hannes Burger

39

1001 Beloftes_NEW.indd 39 4/18/2006 11:07:23 AM


Dag-tot-dag-geloof
Daardie dag, sê die Here, sal ek dié wat kreupel is, bymekaarmaak, sal
76 ek dié wat verstrooi is, vergader ... Ek sal die kreupeles die oorblyfsel
maak, die siekes ’n sterk nasie.
Miga 4:6-7

Die fliek The Horse Whisperer vertel hoe ’n angstige en aggressiewe perd deur ’n perde-
fluisteraar genees is. Hy het ure lank roerloos in die gras gaan sit. Al wat hy gedoen het,
was wag. Op ’n dag het die perd net nader gekom en saam met hom huis toe gestap
sonder ’n halter. Baie Christene sien in God die streng God wat ons wil inbreek en ons so
dwing om Hom te volg. Vir hierdie gelowiges is die wet van God die toom. God dwing nie,
maar deur sy Gees praat Hy stil met ons hart, trek Hy ons na Hom toe.
Rassie van Niekerk

Hulle moet in alle opregtheid aan die geopenbaarde waarheid van die
77 geloof vashou.
1 Timoteus 3:9

Marlé se pa koop drie roomyse en ’n heliumballon by die verkoper. Hy gee die ballon vir
haar en sê sy moet dit mooi vashou. Toe wil Marlé ’n draaitjie loop.
Haar boetie sê hy sal haar ballon vashou. “Nee, wag eers, moenie los nie ... !”
Die waarskuwing kom te laat! Sy het die toutjie gelos, en voordat iemand dit kan gryp, is
dit al in die lug.
Marlé huil ontroosbaar en praat deurmekaar van haar “Babieballon”. Toe sy bedaar, kyk
sy stip in die lug op. “As my ballon by liewe Jesus uitkom, kan Hy ma’ da’mee speel. ”
Ida Gräbe

Maak my u wil bekend, Here, leer my u paaie.


Psalm 25:4
78
Groet soggens heel eerste die Heilige Gees wat in jou woon met blydskap en vreugde.
Vertel Hom van jou dag se planne. Heet Hom welkom in jou lewe en ie dag se beplanning.
Vra dat Hy jou woorde, gesindheid en wat jy doen, sal gebruik om ander na Hom toe te
trek. Leer om spontaan met die Here te gesels, sommer tussen jou dag se dinge deur.
Sorg dat jy gereeld rustig aan sy voete gaan sit en jou pyn, swaarkry en bldyskap met
Hom deel. Op hierdie manier bly jy dwarsdeur die dag met God besig.
Cecile Burger

40

1001 Beloftes_NEW.indd 40 4/18/2006 11:07:23 AM


Dankbaarheid
Sing vir die Here ’n danklied, sing tot eer van ons God met begeleiding
79 van die lier.
Psalm 147:7

Jy kyk nuut na dinge as jy met dankbare oë kyk. Jy sien in jou pyn en angs iets wat jou laat
onthou van die genade van God wat jou liefhet. Dit help jou om aan te hou, al wil jy sink.
Moenie bang wees vir skaduwees nie, want dit sê net daar is êrens lig naby. Wat ’n
positiewe lewensingesteldheid! Dit laat jou sê: “Dankie vir die skaduwees, want dit herinner
my aan die Lig, aan God.”
Elke dag wat ek besluit om dankbaar te wees, gee my ’n positiewe uitkyk – en sien ek
vir die lewe kans.
Jannie le Roux

Wees altyd dankbaar.


Kolossense 3:15
80
Dis al wat ek wou hoor. Net die versekering dat alles oukei is, dat alles gaan regkom. Almal
weet nie altyd wat om vir ’n moedelose, uitgebrande vrou te sê nie. Gewoonlik dink hulle ’n
praktiese oplossing vir jou probleem uit en verstaan nie dat dit jou net meer gefrustreerd en
omgekrap maak nie. Ons pak gewoonlik by ’n vriendin af wat simpatiek is en ons ’n druk-
kie gee. Al beteken dít nie noodwendig die probleem is weg nie, troos haar woorde jou tog
en kry jy moed. Dankie vir jóú verstaan. Dit het baie gehelp!
Esta Grobler

Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Jesus


81 Christus van julle verwag.
1 Tessalonisense 5:18

Ons vroue se emosies is broos, soos die dun draadjies van ’n spinnerak. Dis waarom ons
so sensitief is vir ons eie en ander se harte.
Dankie, vriendin dat jy versigtig werk met die dun draadjies van my hart en dat jy nooit
my emosies as irritasies of onnodige gevoelens wegvee nie. Dankie dat jy by my staan
deur al my emosiebelaaide draadwerk en my die kans gee om daaroor te gesels totdat die
spinnerakke verdwyn. Vir die moeite wat jy doen om elke draadjie van my hart te verstaan
... in vreugdetye én seerkry-sonder-woorde-dae.
Milanie Vosloo

41

1001 Beloftes_NEW.indd 41 4/18/2006 11:07:23 AM


Dankie vir ouers
Liefde en trou sal mekaar ontmoet, geregtigheid en vrede sal mekaar
82 omhels.
Psalm 85:11

Hemelse Vader, vandag loof ek U vir my ouers, dat hulle my lewe ryk en vol maak; dat
ek my drome en ideale, my vrese en bekommernisse met hulle kan deel; dat hulle vir my
omgee en dit wys deur die dinge wat hulle doen en sê. Maak my ’n lojale kind vir my ouers
– en dankie dat ek mag weet dat U my heel beste Ouer is. Amen.
Nina Smit

Ek het rus en kalmte gevind. Soos ’n kindjie wat by sy moeder tevre-


83 denheid gevind het, so het ek tevredenheid gevind.
Psalm 131:2

Here, dankie vir my ouers. Dankie vir twee mense wat beskikbaar was met raad en daad;
wat alles in hulle vermoë gedoen het om die lewe vir my gelukkig te maak. Here, ek het
so baie by hulle geleer. Ek was soms krities en ondankbaar; wou meer hê toe hulle dit nie
kon bekostig nie. Selfs nou vergeet ek partykeer van hulle behoeftes, van die klein stukkies
vreugde wat glans aan hulle lewens kan gee –’n telefoonoproep of ’n kuiertjie van die klein-
kinders of ’n eetdingetjie. Ek wil graag my waardering en liefde gaan oordra. Gee vir my die
regte woorde ... en die mooiste glimlag! Amen.
Johan Smit

My seun ... wat jou moeder jou leer, moet jy nie in die wind slaan nie.
84 Dit moet jou altyd bybly, daarmee moet jy saamleef; dit sal vir jou lei-
ding gee in wat jy doen ... en jou lei sodra jy wakker word.
Spreuke 6:20-22

Here, dankie vir my ma – dierbaar, streng, besorgd, voorskriftelik, maar bo alles, ’n omgee-
mens. Ek erken skaam: Ek aanvaar haar as ’n vanselfsprekende stukkie genade ... Genade
is sy inderdaad. Maar sy mag nie as vanselfsprekend aanvaar word nie – vergewe my
die ondankbaarheid! Dankie, Here, vir al die moeders wat ’n onbeskryflike verskil in hulle
kinders se lewens maak. Ek dra vandag my ma aan U op: maak haar gelukkig en gee vir
haar die vreugde van die erkentlikheid van haar gesin. Mag sy vandag weet ons gee om.
Help ons om dit vir haar te wys. Amen.
Johan Smit

42

1001 Beloftes_NEW.indd 42 4/18/2006 11:07:23 AM


Depressie
Dat U verlos, het ek nie vir myself gehou nie, ek het gepraat oor U trou
85 en U hulp.
Psalm 40:11

Die leegheid van my lewe het my een oggend oorweldig. Toe lui die foon; ’n vreemde,
vriendelike stem: “Goeiemôre! Ek wil net vir jou sê die Here is baie lief vir jou.” “Dankie ...
maar wie is u?” “Dit maak nie saak nie. Ek bel elke dag een mens vir wie ek hierdie bood-
skap gee, en vanoggend het die Here vir my jou naam in die telefoongids gegee.” Vandag
sê die Here ook vir jou: Ek wat jou uitgedink het, weet van jou en is lief vir jou!
Drienie Lombard

... ramp op ramp het my oorval, my ongeregtighede het my ingehaal;


86 ek weet nie meer waarheen nie. Hulle is meer as die hare op my kop;
ek is moedeloos.
Psalm 40:13

Die simptome van depressie lyk so:


 Aanhoudende hartseer of ’n “leë” gevoel en jy geniet niks.
 Min energie; gedurig moeg.
 Deurmekaar slaapgewoontes en eetgewoontes.
 Skuldgevoelens of gevoelens dat jy nikswerd of hulpeloos is.
 Oormatige huilery en geïrriteerdheid.
 Gedagtes aan selfmoord of dood of selfs selfmoordpogings.
Soek iemand wat jou kan help. En onthou, God is áltyd daar vir jou.
Jannie le Roux

Moet my tog nie verlaat nie, Here, my God, moenie ver van my af bly
87 nie! Maak tog gou om my te help, Here, My Redder.
Psalm 38:22-23

Nageboortelike depressie steek gewoonlik so ’n maand ná ’n baba se geboorte kop uit. Só


’n ma kan skaars self haar baba versorg. Klink die volgende bekend?
 Geringe takies lyk onmoontlik.
 Jy wonder of jy ooit weer jouself gaan wees.
 Jy het geen behoefte aan intimiteit nie.
Dit kom nie vanself reg nie – gaan dokter toe. Regte professionele hulp verrig wondere.
Kies sonder spyt

43

1001 Beloftes_NEW.indd 43 4/18/2006 11:07:23 AM


Deursettingsvermoë
Die onderwysing van die Here is betroubaar: dit gee wysheid aan dié
88 wat nog onervare is.
Psalm 19:8

’n Predikant vra vir ’n jong seun wat te voet oppad New York toe is wat hy daar gaan doen.
“Seep maak,” antwoord hy.
Die predikant sê toe: “Wees dan die beste seepmaker in die wêreld! Gee jou hart aan
Jesus; jou allerbeste aan jou werkgewer en ’n deel van jou inkomste aan God terug.”
Die jong man het hierdie drie voorskrifte nagekom. Hy was ongelooflik suksesvol en het
baie miljoene vir die Here se werk gegee. Sy naam? William Colgate. As jy hierdie goeie
raad volg, sal jy ook met vreugde leef en die Here dankbaar dien.
Solly Ozrovech

Mag Hy u gee wat u hart begeer en al u voornemens laat geluk.


Psalm 20:5
89
Rick Hoyt was serebraal gestrem, maar het tog besluit om aan sy skool se pretdraf deel te
neem – sy pa het gedraf en Rick voor hom in sy rolstoel gestoot. ’n Paar jaar later neem
hulle deel aan ’n ysterman-driekamp. Dick draf met Rick wat hy voor hom in die rolstoel
stoot. Vir die swem-item het hy Rick in ’n rubberbootjie vasgemaak, die boot met ’n tou om
sy lyf vasgebind en geswem. Vir die fietsry het hy die rolstoel agter sy fiets vasgemaak en
gery. Ons Hemelvader dra, stoot en trek ons ook só deur die moeilike tye.
Annelize Endres

Laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik ver-
90 strik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hard-
loop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof.
Hebreërs 12:1-2

Die woord deursettingsvermoë is besig om nuwe betekenis vir my te kry. Dis ’n worstel-
woord en vra vir ’n seker blik en ’n lang asem. Die struikelblok is nie noodwendig gebeur-
tenisse of mense nie, maar jou eie verwagtings dat die oplossing binne ’n bepaalde tyd sal
kom. En dit sál kom, glo my. My pa het altyd gesê ’n mens moet stickability hê. Ek probeer
dit vermy om op eie inisiatief en krag deur te druk, maar gee liewer die saak aan God oor
sodat Hy my doelgerig en standvastig kan maak. En Hy hoor!
Chante Hinds-Möller

44

1001 Beloftes_NEW.indd 44 4/18/2006 11:07:24 AM


Diamant-ma’s
My seun, behou die takt en oorleg; moet dit nie uit die oog verloor nie.
Spreuke 3:21
91
My graadvierseun gee vir my ’n present: ’n groterige goue ring met twaalf steentjies in vier
rye gemonteer. “Ek dink dis regte diamante,” het hy saggies gehoop terwyl ek die ring
maak pas aan my middelvinger. Ek was seker dat hy amper al sy sakgeld gebruik het om
dit te koop. Ek hou dop hoe my kind begin uitblink namate hy groter word, hoe hy kom
seker maak dat hy hom nie “verdof” met alles in die wêreld wat net ’n skyn van glans het
nie ... Dit wás toe regte diamante! Nie die ring nie, maar die kinders wat die Here aan my
toevertrou het.
Soekie Krog

My seun, behou die takt en oorleg ... jy sal jou pad veilig loop en jou
92 voet nie stamp nie ...
Spreuke 3:21, 23

As jy ’n ma is, moet jy vrede maak met ’n hele paar dinge. Een ding is dat jou privaatheid
vir goed daarmee heen is. Met die groter word begin jy agterkom dat jy nooit weer iets
vertrouliks binne die gesin kan hou nie. Jy sal jouself nooit kan verhoog terwyl jy ’n ma is
nie, want kinders vertel van die blapse wat pa en ma maak. Kinders help ma’s om plat op
die aarde te bly, eerlik te wees en bedag te wees op die dinge wat moontlik (verkeerd?)
oorvertel kan word. Kinders skep verseker verleentheid as ’n geleentheid hom voordoen.
Christa Jonker-Jordaan

Wie reg doen en eerlik lewe, met sy kinders gaan dit goed.
Spreuke 20:7
93
Ontdek die plesier om saam met jou kinders kreatief te raak.
 Teken-PLAN: Gee vir hulle ’n skoon vel papier en inkleurpotlode en laat hulle hulle
verbeelding vrye teuels gee.
 Lees-PLAN: Neem hulle biblioteek toe of laat hulle hulle eie storieboeke skryf en illus-
treer.
 Blink-PLAN: Maak ’n paar afvalstukke materiaal bymekaar, kry knope, naald en gare
en laat hulle hulle eie handpoppe maak. Dink dan ’n storie uit en voer dit op.
 Papier-PLAN: Raak kreatief met papierborde en laat die kinders vir hulleself maskers
maak met wol, kryt en gom. Om iets uit niks te kan skep is wonderlike breinterapie.
Anita van Niekerk

45

1001 Beloftes_NEW.indd 45 4/18/2006 11:07:24 AM


Die groot K
Die Here is naby die gebrokenes.
Psalm 34:19
94
Nadat ek vir kanker in die eierstokke behandel is, het dit in my buikholte versprei. En dit
nadat ek amper 12 jaar gelede reeds dié pad geloop het met borskanker ...
God laat jou huil en jy word getroos met die wete dat Hy jou nooit sal begewe nie – al
gaan jy nou wéér deur die dal van doodskaduwee ... Jy ontspan en rus teen sy bors totdat
sý vrede, wat alle verstand te bowe gaan, jou hart en sinne begin bewaar. Hý loop voor, Hý
dra jou as jy nie meer kan loop nie ... elke dag.
Lana van Niekerk

Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur
95 gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.
Filippense 4:6

“Ek bepraat alles en verkry so helderheid,” getuig ’n vriendin wat borskanker gehad het.
“En Filippense 4:6-9 het vir my gewerk. Gee alle bekommernis weg, dan kom die vrede
wat regtig alle verstand te bowe gaan. Die geheim is om vers 9 te bedink – alles wat mooi,
goed en reg is – en die negatiewe te ignoreer. Ek maak my gedagtewêreld vol met musiek,
boeke, lag ... Dit verjaag die angs en kommer. Dis nou al baie jare my behoud!”
Judy Venter

Maak die beste gebruik van elke geleentheid ...


Efesiërs 5:16
96
Ek dink kanker is een van daardie siektes wat jou altyd sal laat wonder: Is ek nou gesond?
Gaan die ding nie weer môre of oormôre sy kop op ’n nuwe plek uitsteek nie?
Dis noodsaaklik om hierdie siekwees agter die rug te kry, om weer voluit te begin lewe
en dit te geniet. As dit moontlik ná ’n tyd of ná jare hervat, dan pak jy weer die bul by die
horings.
Met die groot K moet jy klaarspeel, en die enigste manier om dit te doen is positiwiteit!
En om weer te begin leef met ’n hoofleter L.
Lana van Niekerk

46

1001 Beloftes_NEW.indd 46 4/18/2006 11:07:24 AM


Die salf van vriendskap
Liewer ’n stukkie droë brood met vrede daarby as ’n huis vol kos met
97 ’n getwis daarby.
Spreuke 17:1

Die lekkerste sommer-net-gesels tussen familie en vriende vind heel dikwels spontaan
rondom die kombuistafel plaas. Kombuistafelvriendinne is gemaklik genoeg met mekaar
om die snytjies droë brood van hulle harte vir mekaar oop te breek. Met hulle luisterharte
smeer hulle dan lagies botter oor die droëbrood-geselsies wat onmiddellik die korsies an-
ders laat smaak. Die egte waarde van kombuistafelvriendinne is dat ’n mens sonder enige
bedreiging eerlik by hulle kan wees.
Milanie Vosloo

Wie daarop prys stel om opreg te wees en vriendelik te praat, het selfs
98 die koning tot vriend.
Spreuke 22:11

Daar is warmte in die kontak tussen vriende wat dadelik vir jou die boodskap deursein: Hulle
is naby mekaar. Jy is op ’n besige oggend in ’n groot winkelsentrum op soek na iets wat jy
liewer op ’n ander dag moes gesoek het. Jy is geïrriteerd en wens jy was eerder by die huis
... Dan sien jy ’n vriendin raak wat jy lanklaas gesien het. Jy loop haar storm en julle omhels
mekaar. Al jou moegheid en frustrasie is vergete. In dié oomblikke straal die warmte en
lekkerte van vriendskap. Daar moet in elkeen van ons se lewe so ’n bron van warmte wees.
Johan Smit

Silwer word in ’n smeltkroes gelouter en goud in ’n oond, maar dit is


99 die Here wat die gesindheid toets.
Spreuke 17:3

Die wêreld is dikwels ongenaakbaar. Soms wil ons net iewers gaan wegkruip waar daar
liefde en aanvaarding is. Op sulke dae het ons vriende nodig by wie ons ons harte kan
gaan warm maak. Dan kan ons weer die lewe in die oë kyk. Kaggelvriende het spesiale
sorg-eienskappe: Hulle kan wonde heel, met hulle instink waarsku en koue harte verwarm.
Kom ons vra die Gees om ons hart gereeld vol liefdeshout te pak en die vlam van ons om-
gee aan te blaas sodat ons vriende sal wees by wie ander kan gaan wegkruip totdat hulle
harte weer warm klop.
Milanie Vosloo

47

1001 Beloftes_NEW.indd 47 4/18/2006 11:07:24 AM


Diensbaarheid
Oor die doen en late van mense het ek niks verkeerds gesê nie ek het
100 my aan u bevel gehou.
Psalm 17:4

Jy hoef nie ’n Moeder Teresa te wees om goed te doen aan ander nie. Doen iets aan die
behoeftes rondom jou. ’n Paar idees: Elke dag ... stel ’n lys op van vriende, familie en
kennisse wat gebed nodig het. Bid elke dag vir hulle. Een keer ’n week ... as jy weer by
die boemelaar voor die kafee verbyloop, vra hoekom hy daar is. As hy vir iets vra, koop vir
hom ’n brood. Moenie iemand wat hulp vra, wegwys nie. Een keer ’n maand ... vind by jou
naaste hulporganisasie uit hoe jy kan help. Een keer ’n leeftyd ... sorg dat jou voorbeeld
iemand na die Here toe lei.
Anita van Niekerk

Maar jy het my nagevolg in leer, lewenswandel en lewensdoel, in


101 geloof, geduld, liefde en volharding ...
2 Timoteus 3:10

 Doen alles wat jy doen volgens God se reëls.


 Weet dat dit ’n moeilike pad gaan wees.
 Hou aan om Sy wil te doen.
 Sê dinge wat Hom verteenwoordig.
 Beteuel jou humeur en antwoord soos God.
 Hou aan glo as God se wil onduidelik is.
 Sorg dat jou dade sy liefde uitleef.
Milanie Vosloo

Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee
102 het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe.
Efesiërs 4:3

Billy verstaan dat omgee aangegee moet word. Hy het Jesus as sy Verlosser aangeneem en
hy gaan elke Sondag kerk toe. Hy kom haal nie net geesteskos vir homself nie; maar maak
bymekaar om ná kerk ’n boodskap in die plakkerskamp waar hy woon, te gaan uitleef. Geen
prediker sal die boodskap so sterk kan oordra as juis Billy nie. Hy verstaan God se opdrag
om sy medemens lief te hê. Só lief dat hy nie wil hê hulle moet verlore gaan nie.
Amanda Swanepoel

48

1001 Beloftes_NEW.indd 48 4/18/2006 11:07:24 AM


Dinkskrum
U is vir my ’n hulp, en dan juig ek oor die beskerming onder u vleuels.
103 Ek bly altyd naby U. U hand ondersteun my.
Psalm 63:8-9

Vermy die slaggat van negatiwiteit. Take action! Kies om nie rond te swem in selfbejamme-
ring, skuldgevoelens, selfkritiek en minderwaardigheidsgevoelens nie. Vergewe jouself vir
al die simpel foute wat jy al gemaak het. Vergewe ander mense soos Jesus jou vergewe.
Tree daadwerklik op en verander jou lewe.
Yolandé Knouwds

Wie opreg lewe, dien die Here; wie krom paaie loop, het nie eerbied vir
die Here nie.
104
Spreuke 14:2

Moes jy al jou eie dinkskrum hou? Gebruik dié idees om jou probleme op te los:
 Stel vas wat jou probleem is: Skryf jou probleem in een sin boaan ’n vel papier, soos:
“My geld is halfpad deur die maand op.”
 Teken ’n kaart: Breek jou probleem in kleiner dele op deur blokkies en pyltjies te ge-
bruik, byvoorbeeld: “Te min geld, te veel rekenings.”
 Skryf inligting neer: As jou geld nie deur die maand hou nie, skryf die oorsake neer.
Nou kan jy mooi sien waar jou geld heen verdwyn.
 Skryf alle moontlike oplossings neer: Dink aan ’n klomp moontlikhede. Twee of drie uit
elke tien oplossings móét werk. Moenie enigiets as laf afmaak nie.
 Werk agteruit: Dink daaraan hoe lekker dit sal wees as die probleem nie meer bestaan
nie. Deur jou brein andersom in te span, skud jy jou kreatiwiteit los.
Skrywer onbekend

Volg my voorbeeld, soos ek die voorbeeld van Christus volg.


1 Korintiërs 11:1
105
Wat jy van die lewe vra, verander dalk, maar nooit jou verlange om daardie dinge te kry nie.
Daarom moet jy besluit om ... meer te bid en raak te sien. Meer te lag, te bou, te troos, te
huil en vriende te maak. Meer te luister, God se Woord lief te kry en voluit vir Hom te leef!
Skrywer onbekend

49

1001 Beloftes_NEW.indd 49 4/18/2006 11:07:24 AM


Doelwitte
Kyk, die Here het vir Besaleël uitgekies vir die werk. Die Here het hom
106 toegerus met sy Gees sodat hy met vaardigheid, insig en verstand
enige werk kan doen.
Eksodus 35:30, 31

Om ’n goeie skildery te verf is belangriker as om dit te verkoop, skryf Edward Alden Jewell.
Die geheim van kreatiwiteit is om nooit jou Godgegewe vermoëns te onderskat nie. Jy is
die beeld van God, sê die Bybel.
Jy is ’n skakel in die kreatiwiteitsketting. Jou bydrae is onontbeerlik.
Besluit: Ek is ’n kreatiewe mens danksy my Skepper. Ek gaan my sintuie gebruik en dit
geniet om dinge te ervaar en lekkerder te leef!
Jannie le Roux

Tog was ek nog altyd by U, want U vat my aan die hand. U lei my met u
107 raad.
Psalm 73: 23-24

Negatiewe dinge kan ’n mens laat voel dat jy niks met jou lewe bereik het nie. Soms groei
dié gevoel oor ’n tydperk, ander kere oorval dit jou onverwags. Baie mense voel hulle
bereik niks nie, want hulle doelstellings is te vaag.
Om jou potensiaal te bereik, moet jy doelwitte stel. Dit skrik mense af, want hulle dink
hulle droom is te groot. Hulle meen hulle lewe bestaan uit ’n klomp mislukkings. Die groot-
ste mislukking is egter om nie aan die gang te kom nie!
Jannie le Roux

Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie,
108 want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.
Josua 1:9

Wat wil jy regtig bereik? Wat maak jou opgewonde? Wie wil jy wees?
Skryf jou antwoorde neer as doelwitte. Moenie wonder hóé jy dit gaan bereik nie. As jy
weet waarnatoe jy op pad is, is die hóé nie so moeilik nie. Jy het mos die Skepper van die
heelal aan jou kant! Jy kan boonop gereeld seker maak of jy in die regte rigting vorder.
Onthou net, jou reis is deel van die doel van jou lewe, naamlik om te leef!
Jannie le Roux

50

1001 Beloftes_NEW.indd 50 4/18/2006 11:07:24 AM


Doenliefde
My seun ... wat jou moeder jou leer, moet jy nie in die wind slaan nie.
109 Dit moet jou altyd bybly, daarmee moet jy saamleef; dit sal vir jou lei-
ding gee in wat jy doen ...
Spreuke 6:20-22

Ma’s dóén liefde. Hulle voed en klee, troos en sus, leer kruip en loop en lees. Ma’s wys vir
hulle kinders hoe die lewe werk. Hulle vertel hulle waar melk vandaan kom, leer hulle veters
vasmaak en vertel hulle hoe om te bid. Ma’s help altyd. Hulle help met huiswerk, ry kinders
rond en hou hulle brose harte vas. As kinders die huis verlaat, is dit ma wat help inpak en
alles saamgee wat nodig is. Ma’s hou nooit op nie. Hulle help met die troue, staan by met
die swangerskap en help met die kleinkinders. Tot op haar oudag bly ’n ma ’n ma.
Milanie Vosloo

Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik ... Dit bedek alles, glo
110 alles, hoop alles, verdra alles.
1 Korintiërs 13:4, 7

“Ek weet Tannie sal mooi na haar kyk, soos Tannie se eie,” sê die jong ma toe sy die
babatjie by die dagmoeder los. Daardie aand is al ander die kinders al huistoe en die jong
ma het nie opgedaag nie. Dadelik word daar gebel, maar die inligting op die vorm is nie
reg nie. Die volgende dag begin die wiele rol, maar die dagmoeder staan rotsvas by haar
besluit: “Ek sal na haar kyk soos my eie, ek het belowe.” Hierdie dogtertjie sal Jesus se
liefde ervaar omdat ’n gelowige vrou vir haar gewys het hoe ver Christelike liefde kan strek.
Lottie Stander

Selfs ’n jongmens word geken aan wat hy doen, uit sy optrede blyk of
111 hy eerlik en opreg is.
Spreuke 20:11

As ma van ’n paar kinders voel dit naderhand vir jou of jy nooit deur die doeketyd sal
kom nie, en tog is dit op ’n dag verby. Dan is dit skool, leer lees, woorde uitpak en versies
leer. Vir Moedersdag kry jy ’n prentjie van ’n vet engeltjie met ’n rokkie aan! Liters petrol
word uitgery met die oplaai van onbekende ouers se meer bekende kinders – wat jy met
blymoedigheid doen. Gesigte van maats kom en gaan. Daar is dae van eerste liefdes, van
droomverlore uitdrukkings en onbeholpe hande. Dan kom die groot tranedal en jy troos.
Wat sou kinders tog sonder hulle ma’s doen?!
Christa Jonker-Jordaan

51

1001 Beloftes_NEW.indd 51 4/18/2006 11:07:24 AM


Dood van ’n geliefde
Bande van die dood het my omsluit, doodsangs het my aangegryp, ek
112 het benoud en bekommerd geword. Toe het ek die Naam van die Here
aangeroep: “Here, red my tog!”
Psalm 116:3-4

As jy ’n geliefde verloor voel dit asof die tyd gaan stilstaan. Die ure van die dag tik stadig
verby terwyl ons die smart aan ons lyf voel.
Binne ons rousmart raak týd ons krisis. Terwyl ons worstel om al die waaroms te
verstaan, wil ons na genesing haas. God neem hiérdie lyding nie sommerso weg nie. Dit
gebeur eers as die horlosie so stadig tik dat ons reëlreg te staan kom voor die grootsheid
van sy krag en die teerheid waarmee Hy ons dra.
Judy Venter

Dit het veertig dae gevat om ’n lyk te balsem, en Egipte het sewentig
113 dae lank oor Jakob gerou ...
Genesis 50:3

Vroeër jare het mense tydens ’n rouperiode rouklere gedra. Dit was ’n openbare aanvaard-
ing van jou verlies ...
Op ’n dag word die rouband afgehaal. Dan kan jy sê: “Nou het ek my verlies aanvaar.
Ek is gereed om verder te loop.” Dit beteken nie dat jy jou dierbare vergeet het of ’n ramp
klaar verwerk het nie. Dit beteken net dat jy realisties weet dat jy die toekoms op ’n nuwe
manier sal moet aanpak. Dra maar rouklere as dit is hoe jy jou verlies aanvaar.
Johan Smit

Ek het rondgeloop soos een wat oor sy moeder treur, krom en in die rou.
Psalm 35:14
114
Toe CS Lewis se vrou sterf, was hy teen die grond. Jare tevore het hy oor God se almag en
die kwessie van siekte en dood geskryf. Maar toe hy self die pad moes stap, het hy anders
gepraat.
Jou enigste troos is dan om met God te praat, te baklei, te stoei. ’n Mens verstaan net
die skok as jy self geskok was. Hier lê ’n belangrike oorgang vanaf die trooster na die
gebrokene. Jou geloofwaardigheid bestaan daarin dat jy self deur ’n skokervaring was.
Daarvandaan kan ons ’n pad na heling te vind.
Johan Smit

52

1001 Beloftes_NEW.indd 52 4/18/2006 11:07:24 AM


Dood
Toe Jakob klaar gepraat het, het hy gaan lê, die asem uitgeblaas en
115 gesterf. Josef het toe oor sy pa gebuk en hom al huilende gesoen.
Genesis 49:33; 50:1

Die dood van ’n ouer bly ’n groot verlies.


 Huil genoeg, maar fokus ook op die goeie herinneringe.
 Dood is onvermydelik. Geniet die tye saam met jou geliefdes ten volle. Vertel hulle hoe
baie hulle vir jou beteken en sê dankie. Maak dinge tussen julle reg solank jy nog kan.
 Ons elkeen se hele lewenspad is vooraf bepaal. God maak nie foute nie. Berus dus in
die tyd en manier waarop jy van jóú geliefdes geskei word.
Skrywer onbekend

Die koning het ontroerd geraak en in trane na die kamer ... opgeklim.
116 Daar het hy heen en weer geloop en gesê: “My seun, Absalom, my
seun, my seun ... ag, as ek maar in jou plek kon gesterwe het.”
2 Samuel 18:33

As jy ’n kind aan die dood afgestaan het:


 Gesels met iemand wat uit eie ondervinding goeie raad kan gee.
 Huil, vra vrae en worstel met antwoorde.
 Onttrek jou van mense en besluit self wie jy wil sien, want God is besig met jóú.
 Op spesiale dae, wees “sag” met jouself. Die Koning weet hoe jy voel.
 Die pyn gaan dalk nie heeltemal weg nie, maar wéét dat hierdie seer minder sal word..
 Kyk partymaal weg van jou aardse pyn en rig jou gedagtes hemelwaarts.
Skrywer onbekend

Ek is bedroef oor jou, my broer Jonatan. Jy was baie na aan my hart.


2 Samuel 1:26
117
Wanneer jy ’n goeie vriend verloor, is jy hartseer. Alles is onwerklik, so asof jou vriend enige
oomblik weer by die deur kan instap. Dit laat jou elke keer met ’n verlange wat jy moeilik
afskud. Dank die Skepper vir so ’n goeie vriend. Gaan deur die rouproses sonder om alles
te onderdruk. Huil jou leeg en deurleef so jou pyn. Vertel vir die Here van jou smart en soek
elke oomblik by Hom troos.
Jannie le Roux

53

1001 Beloftes_NEW.indd 53 4/18/2006 11:07:24 AM


Dóódmoeg
Hy het my krag gebreek toe ek nog jonk was, Hy het my lewe verkort.
118 Ek sê: “My God, moet my nie in die fleur van my lewe wegneem nie!”
Psalm 102:24-25

Staan jy party oggende op en voel asof ’n vreemde dier in die nag jou asem gesteel het?
Sê jy vir jouself dit sal môre beter gaan terwyl jy ’n paar vitamienpille sluk? Nou ja, môre
gaan waarskynlik kom en jy gaan steeds kragteloos voel. Miskien het jy te min energie juis
omdat jy te veel dinge moet inpas. Die Here het jou liggaam so wonderlik gemaak dat dit
vir jou sê: “Genoeg is genoeg!” Luister net na jou lyf en maak dadelik die nodige aanpas-
sings. Begin oefen, leer ontspan. Moenie skuldig voel om vir ’n tydjie lank niks te doen nie.
Jannie le Roux

Hoe lank nog, Here, voordat U ons te hulp kom? Ontferm U tog oor
119 ons. Skenk ons elke dag u liefde in oorvloed, dat ons ons lewe lank
mag juig en bly wees.
Psalm 90:13-14

 Jy kan nie so aangaan nie ...


 Jou werk word benadeel ...
 Jy probeer te veel dinge gelyk doen ...
 Jou huwelik en gesin begin daaronder ly ...
 Dit voel asof die wêreld om jou ineenstort ...
 Die eise en verantwoordelikhede raak te veel ...
 Dis dan die tyd om by die Here te gaan leer om nee te sê!
Solly Ozrovech

Soveel dae as dié waarin U ons verdruk het, soveel jare waarin ons gely
120 het, gee ons soveel jare van blydskap.
Psalm 90:15

As jy besef dat jy nie vrye tyd het nie, moet jy weer na jou dagboek kyk. Jy dink jy doen
jouself ’n guns om so te jaag, maar uiteindelik gaan jy vasbrand. Dit sal vir jou goed wees
om in te val by die Goddelike ritme. God het op die sewende dag gerus, met ander woorde,
vrye tyd ingeboek. Jou vrye tyd help jou om jou batterye te herlaai sodat jy met nuwe ywer
kan voortgaan. Dit laat jou besef dat dit eintlik God is wat in beheer van jou lewe is.
Jannie le Roux

54

1001 Beloftes_NEW.indd 54 4/18/2006 11:07:24 AM


Drome
Maak my u wil bekend, Here, leer my u paaie.
Psalm 25:4
121
Drome laat jou verbeelding gaan sodat jy nuwe prentjies van ’n moontlike toekoms kan
vorm. Maar hoe droom ’n mens?
 Gaan sit op ’n gemaklike stoel en haal rustig asem.
 Gesels met die Here oor wat jy nou beleef en vra Hom wat jy kán beleef.
 Gee jouself kans om oor enigiets te droom.
 Vra: “Wat kan ek aan my huidige situasie doen?”
 Skryf jou droom neer en beplan hoe jy dit kan verwesenlik.
Jy ken die Een wat drome waar maak. Hy sal jou drome intrek by sy plan vir jou.
Jannie le Roux

Die mens leef soos in ’n droom en hy sloof hom af vir niks.


122 Psalm 39:7

Leef jy ’n droomlewe? Glo jy dat God ’n wonderlike droom vir jou lewe beplan en leef jy
daardie droom?
Elkeen is hier op aarde om ’n spesifieke rede. Al wat ons moet doen om die vreugde
daarvan te hê, is om naby genoeg aan God te leef sodat ons sy roepstem regtig kan hóór.
Sodra die Gees van God sy plan met ons lewe in ons oor gefluister het, moet ons Hom
gehoorsaam. Wanneer ons sy doel met ons lewe aanvaar het en dit met passie uitleef,
maak Hy van ons buitengewone droommense.
Milanie Vosloo

Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie,
123 maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.
2 Timoteus 1:7

Douglas Bader, ’n Engelse vlieënier, het albei sy bene in ’n vliegongeluk verloor, maar hy
het gedroom om weer te vlieg. Dit het baie deursettingsvermoë geverg en hy moes baie
pyn en teleurstellings deurmaak voor hy weer kon vlieg. Maar hy het bly hoop.
Hoop en droom – dié twee woorde spel dieselfde eindproduk. Hoop is die manier
waarmee jy aan ’n droom werk. As jy kans sien om te hoop, moet jy ’n droom kry. Dink vir
jou ’n droom uit! Dink aan iets wat jy graag wil bereik en gaan voluit daarvoor!
Johan Smit

55

1001 Beloftes_NEW.indd 55 4/18/2006 11:07:24 AM


Eensaamheid
Bemoedig dié wie se hande slap hang, help dié wie se knieë knik, sê
124 vir dié wat moed verloor het: “Wees sterk, moenie bang wees nie, julle
God is hier.”
Jesaja 35:3-4

Op ’n dag besef jy: My omstandighede is wat dit is. Die eensaamheid is hier om te bly. Hoe
gaan jy dit oorleef? Dan verstaan jy ’n klein stukkie van Jesus se eensaamheid aan die
kruis toe Hy vol vrees uitgeroep het: “My God, my God, waarom het U my verlaat?” Deur
alle eeue en tye heen is dít ’n eensaamheid wat nie geëwenaar kan word nie. Met God by
jou word jy sterk. Dit verander jou pad van een-saamheid na ’n pad van twee-saamheid. En
dit maak die moeilike alleenpad tog moontlik!
Mana Wessels

Beskerm my soos die appel van u oog, steek my weg in die skaduwee
125 van u vleuels.
Psalm 17:8

Party van ons voel stokalleen al is ons tussen ander. Die diep hartseer van eensaamheid
laat jou ongeliefd en verwyderd voel. Waarom voel jý eensaam? Is dit die gevolg van jou
eie keuse? Of is jy so bitter dat jy mense van jou af wegstoot? Dalk veroorsaak jou selfsug
en selfbejammering dat jy alleen is. Moenie teen jou eensaamheid vaskyk nie. Leer dat
God jou aanvaar nes jy is. Dan sal jy verstaan hoe waardevol jy is. Moenie bang wees om
na ander wat jou liefhet en nodig het, uit te reik nie.
Judy Venter

Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié
126 van ander.
Filippense 2:4

As God dan verstaan dat liefde ons basiese behoefte is, hoekom ervaar ek dit nie? Al wat
ek beleef, is dat niemand omgee nie. Almal is toegespin in hulle eie dinge. As ek stil raak,
kom hulle dit nie eers agter nie.
Ek kan vanaand ’n koeël deur my kop jaag en niemand sal weet nie. Hulle sal my lyf
dae ná my dood eers kry en dan verwonderd vra: Wat op aarde het hom hiertoe gedryf? En
niemand sal nooit weet nie. Jy besef dit dalk nie, maar jy ken my. Ek is jou buurman.
Annalise Wiid

56

1001 Beloftes_NEW.indd 56 4/18/2006 11:07:24 AM


Egskeiding
Maar nou sê die Here: Kom met julle hele hart terug na My toe, vas, huil
127 en treur! Skeur julle harte, nie julle klere nie. Kom terug na die Here julle
God toe: Hy is genadig en barmhartig; Hy is lankmoedig en vol liefde.
Joël 2:12-13

 Gun jouself genoeg tyd om te rou.


 Moenie bang wees om vir berading te gaan nie.
 Deel jou ervarings met ander wat weet waardeur jy gaan.
 Moenie te gou in ’n nuwe verhouding betrokke raak nie.
 Lê jou gebroke hart of stukkende selfbeeld elke dag opnuut by God se voete neer.
Skrywer onbekend

Wie sy oë sluit vir die waarheid, veroorsaak smart; en wie aanhou onsin
128 praat, kom self tot ’n val.
Spreuke 10:10

Verwerk egskeiding met die volgende ELF werkwoorde:


 GEE aandag aan jou voorkoms.
 STEL nuwe doelwitte vir jouself.
 GENEES jouself van binne en moenie op ander staatmaak om dit vir jou te doen nie.
 LEER uit die foute van die verlede.
 DOEN moeite om jouself onafhanklik te maak.
 VERSKUIF jou fokuspunt en moenie ’n martelaar wees nie.
 VERGEWE diegene wat jou seergemaak het.
Skrywer onbekend

Dit is oor die hardheid van julle harte dat Moses julle toegelaat het om
129 van julle vrouens te skei, maar dit was nie van die begin af so nie.
Matteus 19:8

Hoe lank na ’n egskeiding mag ek weer trou? Beraders met baie ervaring sal jou vertel
dis wys om ’n jaar te wag voordat jy ’n nuwe verhouding aandurf. Dit hang natuurlik baie
daarvan af of die egskeiding teen jou sin was of nie. As jy nie wou geskei het nie, maar
gelos is, vat dit langer om daaroor te kom. Party mense vertel dat dit hulle ten minste vier
jaar geneem het om daardie pyn en verwerping te verwerk. Elke mens is anders. Niemand
kan vir jou voorskryf hoe lank jy mag treur nie.
Christina Landman

57

1001 Beloftes_NEW.indd 57 4/18/2006 11:07:24 AM


Eiewaarde
Ek sal in jou laat oorbly net dié wat nederig en ootmoedig is en vertrou
130 op die Naam van die Here.
Sefanja 3:12

Om ’n besef van jou eie waarde te ontwikkel, moet jy uitvind wie jy nou eintlik is: Konsen-
treer op die gedeeltes in die Bybel waar God vir jou sê hoe belangrik jy vir Hom is. Leer dit
uit jou kop. Soek die geselskap op van mense by wie jy tuis voel en wat jou aanvaar soos
jy is. Die Christenfamilie kan dit doen. Sluit aan by ’n kerk of vereniging. Doen iets wat vir
jou baie lekker is. Neem danslesse of pottebakkery of leer perdry of sing in ’n koor. Leer
om jou prestasies raak te sien, en voel goed daaroor. Sê vir jouself: Ek is goed!
Vic en Thea Brink

Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde
131 oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou.
Sefanja 3:17

 Jy mag nie ’n negatiewe ding oor jouself sê of dink nie. As jy dit doen, moet jy dadelik
twee positiewe dinge sê of dink.
 Jy mag God se liefde en genade en aanvaarding nooit vergeet nie.
 Jy moet vriende soek wat positief is, wat die lewe geniet en wat jou waardeer.
 Jy moet positief wees oor jouself en oor ander mense en dinge. Soek die goeie in alles.
 Jy moet leer om jouself te handhaaf. Staan jou man en sê jou sê. Nie aanvallend nie,
nie aggressief nie, wel vriendelik dog beslis.
Vic en Thea Brink

Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is
132 my toevlug, vir wie sou ek vrees?
Psalm 27:1

As daar nou ’n leuen is wat God se kinders gedurig lamlê, is dit die een dat hulle geen
waarde het nie! Dis te verstane dat jy minderwaardig voel as mense jou persoon en
jou werk afkraak. En dan is daar natuurlik daardie projek wat nie uitgewerk het nie, die
verveling van die daaglikse lewe ... en jy is ’n kandidaat vir nikswerd-gevoelens. Hoe kan jy
niks werd wees as God sy Seun om jou ontwil aarde toe gestuur het? Hy het die hemelse
heerlikheid wat Hy by God geniet het, vir jóú prysgegee. Dan is jy mos baie werd!
Judy Venter

58

1001 Beloftes_NEW.indd 58 4/18/2006 11:07:24 AM


Ellende
As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in
133 stil wees en vertroue hê.
Jesaja 30:15

Ons traumatiese verlede word dikwels as verskoning aangevoer hoekom ons vandag is wat
ons is. Mense sê maklik: “Gee net jou las vir die Here, Hy sal dit wegneem.” Maar God neem
probleme nooit sommer net weg nie. Hy sal bloot jou hand in hierdie geweldige ellende
neem as jy dit vir Hom gee. Dan sal Hy jou daardeur lei en oor al die hindernisse help. Soos
’n ware Meester verander Hy hierdie verleenthede en pyn in boustene wat Hy self weer in jou
fondasies inbou. Dit word die grond onder jou voete waarop jy stewig kan staan.
Lisbé Visser

My hart jaag, my krag het ingegee, ek kan nie eers meer sien nie. My
134 siekte hou my familie en my vriende ver van my af, en my bure kom nie
by my nie.
Psalm 38:12

Ons weet dat lyding onvermydelik is. Ons kan egter kies hoe ons daarop gaan reageer. In
plaas daarvan om bitter te wees, kan ons die lyding toelaat om ons beter mense te maak,
om vir ons ’n deur oop te maak na ’n groter ruimte vir liefde, om ons te wys hoe ons uit die
lesse wat die lyding óns geleer het, ander mense te kan help. “Die enigste antwoord op die
vraag na die sin van lyding lê in uithouvermoë. Maar uithouvermoë beteken nie ’n somber
aanvaarding van die noodlot nie. Dit is om wanhoop te oorwin deur ’n keuse te maak”.
Nina Smit

Vertrou altyd op die Here, want die Here God is ’n veilige toevlug. In die
135 nag smag ek na U, in die môre vra ek na u wil.
Jesaja 26:4, 9

Wenke as kanker by jou lewensmaat gediagnoseer word:


Huil saam, maar gee hom kans om die nuus alleen te verwerk. Gesels openlik met me-
kaar oor die krisis in julle gesin en julle persoonlike lewens. Raak aan jou maat en verseker
hom dat hy steeds vir jou begeerlik is! Leer mekaar weer liefkry met ’n dieper, inniger liefde.
Wees daar om te koester as jou maat deur al die ondersoeke en toetse moet gaan. Op-
pas vir woorde soos: “Ag, dis nie so erg nie! Alles sal regkom!” Alles is nié reg nie. Aanvaar
en verwerk die gedagte en maak die beste van elke dag en nuwe nuus.
Lana van Niekerk

59

1001 Beloftes_NEW.indd 59 4/18/2006 11:07:24 AM


Emosies
Dit is daarom dat ek so huil, dat die trane uit my oë stroom.
Klaagliedere 1:16
136
Is jy iemand wat jou negatiewe emosies onderdruk? Dit kan baie ongesond wees. Aggres-
sie wat jy insluk, word baiekeer ’n maagseer. Jy word ’n mens vol onderstrominge en dit
maak almal om jou negatief. Dis soos ’n kas wat té vol geprop is. Wanneer jy dit oopmaak,
spoel ’n golf van negatiewe emosies oor jou, met skadelike gevolge omdat jy geen beheer
daaroor het nie.
Dis beter dat jy ’n oop, eerlike pad loop en nie jou gevoelens so diep wegsteek nie. Los
konflik en misverstand op; praat onenighede uit. Maak vrede met jou naaste voordat jy God
se genade vir jouself afsmeek.
Rassie van Niekerk

Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie.
137 Spreuke 3:5

My pa het altyd gesê ’n saak het drie kante – jou kant, die ander ou se kant en die regte
kant. Sedertdien het ek iets bygeleer: ’n Saak het nie noodwendig drie kante nie. Party het
meer. Party is so vol invalshoeke en snykante soos die ingewikkeldste geslypte diamant.
Dit hang af van watter kant jy hom bekyk en hoe die lig uit jou hoek val, wat jy raaksien of
miskyk. En as jy wil mond uitspoel, wees altyd, tot jou eie voordeel, bewus van jou onver-
moë om alles te sien en te weet en te verstaan.
Annalise Wiid

Wie reg het, loop sy pad, wie rein voor God is, neem toe in krag.
Job 17:9
138
Dink jy negatiewe gevoelens is verkeerd of sonde? Jy is verkeerd! ’n Gevoel is doodeen-
voudig ’n gevoel. Jy kan dit nie verhelp nie, en dit vertel jou baie dinge oor jouself. Wat jy
met sulke gevoelens dóén, maak die verskil.
Erken jou gevoelens teenoor jouself. Vertel dit vir Jesus. Besluit dan wat jy daarmee
gaan maak. Sê as jy kwaad, ongelukkig, moeg of moedeloos is. Mense kan jou nie help
of ondersteun as hulle nie weet hoe jy regtig voel nie. Die meeste mense wil hulle vriende
graag help, maar dan moet die vriende hulle toelaat om dit te doen.
Vic en Thea Brink

60

1001 Beloftes_NEW.indd 60 4/18/2006 11:07:24 AM


Engelvriendinne
Wie ag gee op die woorde van die Here, sal voorspoed geniet; wie op
139 die Here vertrou, met hom gaan dit goed.
Spreuke 16:20

Vriendinne. Aardse engele wat presies weet wat om te sê, en wat om nié te sê nie, om jou
beter te laat voel.
 Iemand saam met wie jy kan lag.
 Iemand vir wie jy jou diepste geheime kan vertel sonder om skaam te kry.
 Iemand wat haar planne opsy skuif wanneer jy liefde en sjokolade nodig het.
Beskerm en wees lief vir jou aardse engele – hulle is ’n kosbare geskenk van God af.
Marteli van Niekerk

’n Mens wat met wysheid bedeel is, word verstandig genoem, en as hy


140 sy woorde reg kies, kan hy ook ander leer.
Spreuke 16:21

Die A-Z van ’n vriendin:


Altyd daar ... betroubaar ... Christen ... dierbaar ... eerlik ... fluks ... goedhartig ... humoris-
ties ... innig ... jammerhartig ... kalmerend ... lojaal ... mooi ... nederig ... opreg ... pragtig ...
Queen of Hearts ... rustig ... sag ... terggees ... uitgesproke ... verdraagsaam ... wonderlik ...
X-faktor ... ywerig ... zeldsaam
Nina Smit

Goue appels wat in silwer gemonteer is, so is die regte woorde op die
141 regte tyd.
Spreuke 25:11

’n Ware vriendin lyk so:


 Sy het begrip vir jou trane en frustrasies.
 Sy reik saam met jou na die sterre.
 Sy is by jou as jy onseker is.
 Sy is eerlik met jou.
 Sy bewaar jou geheime.
 Sy is bereid om feitlik enigiets vir jou te doen.
Judy Venter

61

1001 Beloftes_NEW.indd 61 4/18/2006 11:07:24 AM


Enkeling
Die Here gee vir jou rus van jou lyding en jou verdrukking.
Jesaja 14:3
142
Jy voel eensaam en verwerp en dit laat jou dink jy het min waarde. Niemand verstaan
regtig hoe jy voel nie. Dis waar: Min mense verstaan. Onthou dat jou hemelse Vader altyd
dieselfde bly, altyd vir jou lief sal wees en altyd aan jou kant is.
Daar gebeur baie dinge waaraan jy niks kan doen nie. Tog is daar dinge wat jy kan ver-
ander, soos jou houding. Jy kan iets sien as ’n ramp, of as ’n geleentheid om te groei – en
om jou Vader beter te leer ken en al meer soos Hy te word.
Vic en Thea Brink

Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek.


Psalm 62:6
143
’n Beeldskone meisie is elke jongman se droom! Dan is daar dié wat jaloers word op haar
skoonheid. Maar het jy al ooit mooi na die meisie gekyk? As jy tot diep in haar oë en hart
kyk, sien jy dalk ’n totaal ander prentjie.
Miskien is sy oneindig moeg om altyd dieselfde opmerkings en aanmerkings te hoor.
Miskien wil sy net één keer hoor dat iemand haar liefhet vir haar innerlike en nie haar uiter-
like nie. Iemand wat alles van haar weet – selfs die slegte dinge – maar steeds dink sy is
die wonderlikste wese wat bestaan. Miskien voel sy nes jy!
Yolandé Knouwds

Ek het die swaar drag van julle skouers afgehaal, julle kon die mandjies
144 neersit.
Psalm 81:7

Soms voel die lewe soos ’n leë inkopiemandjie wanneer jy na getroudes kyk. Hulle het mos
alles wat jy nie het nie. Maar daardie mandjie het sy eie kwota probleme.
Om ongetroud te wees hoef nie ’n leë mandjie te wees nie. Paulus het sy alleen-wees-
mandjie vol getuienisgeleenthede gepak.
Bill Dyment sê: “With all my heart I am seeking to embrace my singleness not as a
consolation prize, but as a high calling.” Jy het ook ’n Godgegewe taak. Maak jou oë oop
en kyk watter koninkrykswerk jy in jou spesiale omstandighede kan doen.
Elsje Büchner

62

1001 Beloftes_NEW.indd 62 4/18/2006 11:07:24 AM


Enkelvrou
Daarom moet ons nou ’n vrugbare lewe lei in diens van God.
Romeine 7:4
145
Partykeer voel jy alleen en wil graag jou hartsdinge met iemand deel. Eintlik verlang jy na
’n maat wat verstaan. Jy hoef nie minder van jouself te dink omdat jy nie ’n lewensmaat het
nie. Jou liefdeseisoen sal aanbreek. Miskien is dié ’n geleentheid om nuwe vriende te maak
en aan te sluit by organisasies waar jy mense met dieselfde belangstellings kan ontmoet.
Wees liefdevol teenoor mense wat hulp nodig het. Koester jou in God se liefde, Hy is jou
Vriend en is altyd by jou! Moenie één tree sonder die Heilige Gees waag nie.
Jannie le Roux

Here, U is my lewe, U sorg vir my. U leer my hoe om te lewe.


Psalm 16:5, 11
146
Die man-vrou-verhouding is nie die enigste verhouding wat daar is nie. Die wêreld is groot,
dis vol verhoudings:
 Ek word stil saam met my wonderlike geloofsvriende.
 Op die lang pad met my tekkies aan ontdek ek nuwe vriende.
 In die blaaie van boeke kuier ek met my woordvriende.
 Saam met my notevriende luister ek na die wonder van musiek.
 Ek deel my hart met vriende wat verstaan hoe my hart klop.
Al hierdie verhoudings maak my lewe voller en ryker. Dit is nie net ’n ontvangkring nie,
maar gee my ook die geleentheid om in ander se lewe te belê.
Elsje Büchner

Die Here sal jou altyd deur lei ... Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees
147 soos ’n tuin met volop water, soos ’n fontein waarvan die water nie
opdroog nie.
Jesaja 58:11

Niemand sal jou ooit kan liefhê soos God jou liefhet nie. Hy weet jy smag na ’n vriend en
lewensmaat, want Hy ken jou hart. Hy sien die pyn wat eensaamheid in jou lewe bring en
Hy ken die hartseer in jou oë. Dogter van God, Hy het jou lief. Niemand sal jou ooit so lief
kan hê soos Hy nie. Hy is die Een wat jou vashou as jy alleen is. Hy sien jou trane en vee
dit met sy sagte hand af. God het jou lief, en niks kan jou van sy liefde skei nie.
Mart-Mari Schoeman

63

1001 Beloftes_NEW.indd 63 4/18/2006 11:07:24 AM


Entoesiasme
Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles
148 wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is ... daarop
moet julle julle gedagtes rig ...
Filippense 4:8

Entoesiasme beveg negatiwiteit. Behou dit so:


 Werk saam met positiewe mense. Span almal se talente, kragte, vermoëns, kreatiwiteit,
insigte en vaardighede in en dóén iets wat ’n verskil maak.
 Leer om met ander saam te werk. Ons het mekaar se ondersteuning, liefde, kennis,
genade en goedgesindheid baie nodig.
 Wees onselfsugtig: Deel dan jou vaardighede – selfs met opponente wat hierdie soort
vaardighede nóú nodig het.
Maretha Maartens

Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here.
Romeine 12:11
149
’n Sekere hond het altyd gespog oor hoe vinnig hy kan hardloop. Eendag jaag hy ’n haas,
maar kon nie die haas vang nie! Die ander honde het hom toe baie gespot. Sy antwoord
was: “Julle moet onthou die haas het gehardloop vir sy lewe, terwyl ek slegs ’n ete wou hê.”
Die oomblik dat jy iets aanpak wat ’n groot verskil aan jou lewe gaan maak, word spe-
siale innerlike krag en energie vrygestel. Iemand het gesê geluk spruit uit iets waaroor jy
werklik entoesiasties kan raak. Entoesiasme beteken jy hardloop of doen iets vir jou léwe,
nie net vir ’n ete nie.
Jannie le Roux

Ek het groot ondernemings aangepak: ek het vir my huise gebou en


150 wingerde geplant.
Prediker 2:4

Praktiese maniere om entoesiasme te kweek:


 Plant bome, struike en blomme.
 Trek netjies aan en versorg jouself goed.
 Ruim jou leefruimte op.
 Kry oefening. Die maklikste en pynloosste manier is om gereeld te gaan stap.
 Glimlag. Vertel vir ander van God se liefde. Jy sal sien, die glimlag kom later vanself.
Maretha Maartens

64

1001 Beloftes_NEW.indd 64 4/18/2006 11:07:24 AM


Erkentlikheid
Wanneer ons tot God, die Vader van ons Here Jesus Christus, bid, dank
151 ons Hom altyd vir julle omdat ons gehoor het van julle geloof in Chris-
tus Jesus en van julle liefde ...
Kolossense 1:3-4

Dis nie maklik om jou ma te versorg wanneer sy oud en broos is nie, maar ’n vreugde
om later te weet jy het ’n verskil in haar lewe gemaak. Daardie laaste dag het haar gesig
gestraal terwyl sy boontoe kyk! Ek het haar vertel hoe lief ons haar het, en minute later was
sy by haar Vader. Hoe wens ek ek het meer dikwels vir haar gesê dat ek haar liefhet. Die
heelword het gekom toe ek vir God gevra het om die dinge te sê wat ek nie gesê het nie ...
met baie dankies!
Joy Mol

Met blydskap moet julle die Vader dank ...


Kolossense 1:12
152
Hoe sê ’n mens vir God dankie vir jou lewe? Jy doen dit deur ...
 maar net aan te hou om Hom te dien;
 vir God dankie te sê in alles wat jy doen;
 sy werk te gaan doen as Hy jou roep;
 oral sy getuie te wees;
 sy Naam groot te maak en sy Woord oral te verkondig; en
 vir Hom te werk totdat Hy jou kom haal.
Solly Ozrovech

God wat die opregtes help, is my beskermer.


Psalm 7:11
153
Die droë Kaap is vroegoggend gesluier in ’n sagte, koel reëntjie. Naderhand hou die sagte
reëntjie op, maar die wind word sterker. Dit reën nou al die derde keer voor die beplande
biddag vir reën! Ek verkneukel my daarin dat die Here gee vóór ons vra.
Dalk is dit droog êrens in jou lewe. Dalk is daar iets waarvoor jy die Here om uitkoms
smeek. Mag Hy jou dan genadig tegemoetkom! En wees seker daar is dinge, ewige dinge,
waarvan ons liewe God die Bron en Instandhouer is, en wat géén droogte, hoe dreigend
ook al, finaal kan vernietig nie.
Annalise Wiid

65

1001 Beloftes_NEW.indd 65 4/18/2006 11:07:24 AM


Ewigheidsoomblikke
Let goed op jou lewe en jou leer, volhard daarin, want deur dit te doen,
154 sal jy jouself red sowel as dié wat na jou luister.
1 Timoteus 4:16

God maak nie sy hele wil op een slag aan ’n mens bekend nie. Hy doen dit stukkie vir stuk-
kie. Vra God wat sy wil is en Hy sal dit vir jou sê. Maar jy sal nie kan hoor as daar dinge is
wat jou doof maak vir Hom nie.
Jy hoef nie te wag totdat jy God se hele wil ken voordat jy gehoorsaam kan wees nie.
God kan ook ons verkeerde besluite gebruik om nog altyd sy wil in ons lewe te laat gebeur.
Leef net elke dag in kontak met Hom en leer uit sy Woord.
Vic enThea Brink

Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde
155 wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie ...
nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder.
Habakuk 3:17-18

As jy God sien as ’n onpersoonlike mag wat nie ’n intieme verhouding met jou wil hê nie,
dan moet jy weer gaan kyk na hoe God Homself in Jesus Christus bekendgemaak het.
Hy het sy hart vir ons oopgemaak as Jesus wat in ons plek vir ons sondes kom sterf het.
Hy het kom deel in ons aardse lyding sodat ons nooit weer alleen sal ly nie, en opgestaan
uit die dood sodat ons altyd vol hoop kan bly. Daarom is niks wat jy vra onmoontlik nie – dit
pas net nie altyd in by sy doel met jou lewe nie.
Jannie le Roux

Die Here is in sy heilige tempel: almal op aarde moet in sy heilige teen-


156 woordigheid stil wees. Wanneer Hy staan, skud die aarde; wanneer Hy
kyk, bewe die nasies.
Habakuk 2:20; 3:6

In sy boek Surprised by Joy skryf CS Lewis oor ewigheidsoomblikke. Die ewigheid stol in ’n
oomblik as dit in ’n breukdeel van ’n sekonde in jou lewe deurbreek. Daar kom ’n heimwee
in jou binneste – herinneringe aan wat was, aan wat ons gehad het. Ek dink aan ’n vol-
maanaand in Skukuza in die Krugerwildtuin. Dit was te volmaak om te gaan slaap. Ek het nie
aan liefde gedink nie, maar aan God, aan die hemel. Onvergeetlik. God was in daardie nag.
Rassie van Niekerk

66

1001 Beloftes_NEW.indd 66 4/18/2006 11:07:24 AM


Familie
Volhard in gebed! Wees daarby waaksaam en dankbaar ...
Kolossense 4:2
157
’n Paar jaar gelede het ek die ongemaklike fase van tiener-grootmaak betree.
Klere koop saam met tieners is een van die nagmerries van moederskap. Gewoonlik
sluk ek ’n kalmeerpil tuis en bid vir ’n wavrag geduld. Ek hoor dat ek liewer my opinie oor
klere vir myself moet hou. Ek gee raad as ek gevra word en bid sonder om gevra te word,
want daarvan word baie benodig.
Gaandeweg het ek ontdek dat hierdie spesiale wesens jou lewe interessant kan maak
en jou gebedslewe ’n ernstige hupstootjie kan gee!
Christa Jonker-Jordaan

Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saam woon. Waar
broers so saam woon, skenk die Here sy seën: ’n lang, lang lewe.
158
Psalm 133:1, 3

Deur jou broers en susters leer ’n mens hoe om met mense oor die weg te kom. Jy leer
onderhandel, om te neem en te gee, jy leer om leiding te gee en om te volg, jy leer om
ander te respekteer.
Jy leer om doelwitte te stel en na te streef omdat ’n mens nogal dikwels besluit: Ek gaan
beter wees as jy! Jy sien hoe jou ouer broers en susters dinge doen en jy leer by hulle.
Wonderlike goed, boeties en sussies!
Vic en Thea Brink

Maar Rut het (haar skoonma) geantwoord: “Moet my tog nie dwing om
159 van u af weg te gaan en om om te draai nie, want waar u gaan, sal ek
gaan; waar u bly, sal ek bly ... ”
Rut 1:16

Ek wonder wie die skuld moet kry vir die troebel verhoudings tussen skoonkinders en
skoonma’s. Neem ’n wilsbesluit om jou skoonkinders te aanvaar.
As ma’s kan leer om hulle kinders se lewensmaats net so lief te hê as hulle eie kinders,
sal die meeste dorings weggaan.
Boonop gaan jy ontdek dat die skoonseun of skoondogter met wie jy so ontevrede was,
die pa of ma gaan word van die allermooiste kleinkinders!
Nina Smit

67

1001 Beloftes_NEW.indd 67 4/18/2006 11:07:24 AM


Feesdae
Met my hele hart wil ek die Here loof in die samekomste van die
160 opregtes, in die gemeente.
Psalm 111:1

Die plesier van saamwees was ’n belangrike deel van Jesus se lewensbalans. Baie van sy
preke en gesprekke was rondom ’n ete. Hierdie feestelike kant van Jesus se lewe praat
ook met ons gees. Jesus vier fees weens vreugde en dankbaarheid teenoor God. Daarom
kan dit vir jou ook partytjielekker wees as jy feesvier en jou hart oorloop van blydskap en
dankbaarheid. Hierdie lus om fees te vier moet egter meer wees as verjaarsdagpartytjies
vir jou kinders of kersligetes op herdenkingsdae. Begin sing en lag en maak musiek in jou
huis, want hierdie feesvier in jou lewe en geloof, sorg vir balans.
Rassie van Niekerk

Mooi woorde roer in my hart; ek dra my gedig voor aan die koning; my
tong is soos die pen van ’n vaardige skrywer.
161
Psalm 45:2

As jonggetroude is daar baie dinge wat jy van jou maat ontdek. Dan is daar ook baie dinge
wat jy in jou maat waardeer. Maar mettertyd raak jy gewoond aan al die dinge wat eers
opwindend was. Die gevaar is dat jy só gewoond raak aan dié dinge dat jy dit later verwag.
Daarom is dit ’n goeie ding dat daar goed soos ’n verjaardag, Valentynsdag, Moedersdag
en Vadersdag is. Dis ’n geleentheid om vir jou maat te sê: “Ek sien raak wat jy doen, en ek
waardeer dit. Meer nog – ek waardeer jóú!” Soms moet ’n mens dit met meer as woorde
doen. Koop af en toe sjokolade of blomme en gee dit met ’n briefie: “Ek waardeer jou.”
Jaco Thom

Here, U is my lewe ... !


Psalm 16:5
162
Wat sal ons vier? Vier die lewe! En sê nou ek voel nie lus daarvoor nie? As jy vandag glad nie
’n behoefte het om fees te vier nie, bou iets in jou dag in wat jou weer “ja!” sal laat sê vir die
lewe. En geniet dit om te lééf! Vier jousélf. God het beplan dat jy hier is met ’n spesiale doel.
Dis oor wat God van jou gemaak het. Dat jy so opgewonde kan wees. Vier wat God van jou
gemaak het! Vier Gód! Hy gee die lewe en Hy maak jou iemand spesiaal. Speel lofmusiek,
sing ’n loflied, maak oop vir Hom. Prys Hom vir wie Hy is. Hy maak elke dag ’n feesdag!
Jannie le Roux

68

1001 Beloftes_NEW.indd 68 4/18/2006 11:07:25 AM


Feestelikheid
U het my lewe gegee en my met liefde versorg, met sorg het U oor my
163 gewaak.
Job 10:12

Die lewe is ’n fees en jy moet dit vier! Die gewone dinge van elke dag word juis spesiaal
wanneer julle dit vier ... ’n huwelik, ’n baba se geboorte, ’n verjaarsdag, ’n eerste skooldag,
’n matriekafskeid. Geen dag is sommer net ’n feesdag omdat dit op die kalender is nie.
Nee, dis wanneer jy dit vier dat dit eers regtig ’n feesdag word. Om jou blydskap met ander
te deel maak dit dubbeld so lekker.
Sonder dat jou lewe baie verander, kan jy dit in ’n fees omskep deur net te begin om
groot en klein geleenthede met opgewondenheid op ’n kreatiewe manier te vier.
Dirk Guelpa

Dit gaan altyd sleg met ’n bedrukte mens; die blymoedige mens se hele
lewe is ’n fees.
164
Spreuke 15:15

Wenke vir so ’n feeslewe ... Maak ’n feestelikheid van elke verjaarsdag, Vadersdag, Moe-
dersdag, Kersfees, Paasfees. Deel die mooi en lekker dinge uit elkeen se lewe en ryg dit
soos pêrels aan ’n string in jou hart ... Sê dat julle mekaar liefhet en mekaar waardeer!
Kyk in mekaar se oë en hoor, sien en voel dat julle aan mekaar behoort en vir mekaar
lief is! Skep soveel feesmomente as moontlik saam met jou geliefdes, maak dit mooi met
spesiale dinge sodat jou lewe waarde, vreugde en volheid mag hê. Dit sal dan vir almal van
julle dié rusplekkies word wat die lewenspad opwindend en vol sprankel maak.
Nina Smit

Kleinkinders is vir oumense ’n trots.


Spreuke 17:6
165
Hoe ongelooflik het U haar nie gemaak nie – die sagte, volmaakgevormde lyfie, die fyn
vingertjies wat so vol vertroue om myne vou, die satynsagte haartjies wat teen my wang
kielie ... die helder ogies wat vraend in myne opkyk, die stralende, tandelose glimlaggie wat
sy spesiaal vir haar ouma bêre. Ek wil vanoggend vir haar en vir my kom bid: Gee my die
wysheid om haar altyd reg te hanteer. Maak haar gelukkig, Here. Gee dat sy ander gelukkig
sal maak en dat sy eendag as sy groot genoeg is, self sal kies om U te dien en lief te hê.
Nina Smit

69

1001 Beloftes_NEW.indd 69 4/18/2006 11:07:25 AM


“Flop”-bestand
... julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom,
166 want ... as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om
te volhard.
Jakobus 1:2-3

Om te lééf is om die risiko te loop om êrens te misluk. Maar dink ’n bietjie anders oor
mislukking. Sien “mislukking” as ’n “onvoorsiene gevolg met nuwe moontlikhede”. Sien dit
as ’n enkele gebeurtenis en nie iets wat jou lewe oorneem nie. Ongelukkig dink mense as
hulle op een terrein nie slaag nie, hulle op alle terreine ’n mislukking is. Dis nie waar nie!
Moenie toelaat dat bekommernis oor moontlike mislukking jou drome vasbind nie. Weet
net dat daar nog baie ander terreine is wat aan jou nuwe moontlikhede bied al misluk jy op
een terrein. Hou moed en probeer weer!
Jannie le Roux

As die een val, kan die ander hom ophelp. Maar as een val wat alleen
167 is, is daar niemand om hom op te help nie.
Prediker 4:10

Ons almal beleef flops en fiasko’s. Dis deel van die lewe! Maar die storie eindig nie hier nie.
Ons hemelse Vader loop die pad saam met ons. Hy troos ons as ons seergekry het en gee
ons krag om weer te probeer. Hy wys ons waar die veiligste pad loop, sodat ons reg sal
kies.
Dis baiekeer vir ons voordelig om te misluk. Dit laat ons nuut na dinge kyk. Daar gaan
dikwels vir ons ’n nuwe deur oop na ’n nog blinker toekoms. Jy moet net die Here vertrou
om jou te wys wat Hy met hierdie mislukking in jou lewe kan bereik.
Hannes Burger

Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.
Matteus 11:28
168
Stella Seifert skryf nadat sy ontdek het dat sy aan terminale kanker ly: “Die belangrikste is
om genoeg tyd vir God te maak – sonder God is tyd sinneloos.” Uiteindelik is die tyd wat jy
saam met God deurbring, dié tyd wat vir jou die beste resultate gaan bring. Dis die tyd wat
gaan bepaal of jy eendag by Hom gaan lewe of nie. Maak meer tyd om met God te gesels,
om regtig Bybelstudie te doen of om by ’n gebedsketting of Bybelstudiegroep in te skakel.
Nina Smit

70

1001 Beloftes_NEW.indd 70 4/18/2006 11:07:25 AM


Frustrasie
Hulle vra wel elke dag na my wil, asof hulle graag wil weet wat Ek van
169 hulle verwag.
Jesaja 58:2

Wil jy ... almal se kop afbyt, iemand te lyf gaan of bitsige dinge sê?
Dan moet jy eers tot tien tel, nadink en na jou gunsteling liedjie luister. Praat met God en
volg Jesus se voorbeeld. Spandeer tyd in die natuur, speel met jou diere en gaan draf.
En onthou, die mense om jou verstaan jou frustrasie. Moenie van God vergeet en vir
Hom kwaad wees nie. En daar is belangrike mense in jou lewe wat jou ontsaglik liefhet.
Laat hulle help.
Jannie le Roux

My dae skiet vinniger as ’n naelloper verby, hulle vlieg verby sonder dat
ek iets goeds beleef ...
170
Job 9:25

Soms is Christene in ’n geestelike gat. Dit voel soms, soos vir Job, of daar nie ’n uitkoms
uit die donkerte is nie. Job het gevoel sy dae het geen goedheid nie, maar van hom word
in Job 42 gesê: Die Here het die laaste deel van Job se lewe voorspoediger gemaak as
die eerste. Hoe kan ek dan goedheid ervaar as ek voel dit is nie daar nie? Dalk soek ek te
hard. Iemand het eendag geskryf haar idee van ’n perfek gelukkige dag is om ’n roomys in
’n park te eet en vreemdelinge te he om voor te glimlag.
Christa Jonker-Jordaan

Here, leer my hoe om u voorskrifte uit te voer ... Gee my insig dat ek u
171 wet kan gehoorsaam en dit met my hele hart kan onderhou.
Psalm 119:33-34

Frustrasie is soms ’n goeie ding, want dit laat ’n mens altyd iets doen. Jy moet net leer om
die regte ding te doen!
Thomas Edison het duisende gloeilampies uitgetoets voordat hy die regte stof gekry het
wat ’n gloeilamp laat werk. Hy was gefrustreerd toe sy eerste eksperimente nie gewerk het
nie, maar hy het nie tou opgegooi nie. Hy het elke keer iets anders probeer.
’n Mens moenie tou opgooi nie, maar moet liewer jou manier van doen verander.
Vic en Thea Brink

71

1001 Beloftes_NEW.indd 71 4/18/2006 11:07:25 AM


Gebed is ...
Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die
172 Seun verheerlik kan word.
Johannes 14:13

 Aanbidding ... Jy loof die Allerhoogste vir Sy grootheid, heiligheid en liefde.


 Gehoorsaamheid ... Jy hoor wat God se Heilige Gees vir jou wil sê.
 Danksegging ... Jy sê dankie vir alles wat jy ontvang en beleef.
 Belydenis ... Jy erken al die verkeerde dinge wat jy gedoen het.
 Smeking ... Jy tree in vir jou en ander se behoeftes.
 Bepeinsing ... Jy oordink Sy goedheid, genade, liefde en majesteit.
Solly Ozrovech

Ek bid vir hulle. Ek bid nie vir die wêreld nie maar vir dié wat U My ge-
173 gee het, omdat hulle aan U behoort.
Johannes 17:9

Jy moet bid vir ...


 Jouself ... sodat jy kan bly staan.
 Leiding ... sodat jy mense kan help en self gehelp kan word.
 Vergifnis ... sodat jy vrede in jou hart kan kry.
 Geliefdes ... sodat hulle deur die krag van jou gebede gedra kan word.
 Lig ... sodat jy die regte besluite met waardigheid kan neem.
 Almal wat swaarkry ... sodat hulle en jy daardeur geseën kan word.
Solly Ozrovech

Soos sy gewoonte altyd was, het Daniël voortgegaan om drie maal per
174 dag voor sy God te kniel en Hom te prys, te aanbid en te dank.
Daniël 6:11

EEN: Kniel drie maal per dag voor God.


TWEE: Prys Hom vir wie Hy is en aanbid Hom as die ware God.
DRIE: Dank Hom vir ... Sy sorg, Sy goedheid, Sy bewaring, Sy beloftes, Sy liefde en vir die
feit dat jy mag lewe met die sekerheid dat Hy alles weet en alles beheer!
Maretha Maartens

72

1001 Beloftes_NEW.indd 72 4/18/2006 11:07:25 AM


Gebed
Ag, Here ... gee tog ag op die gebed wat ek ... sonder ophou tot U bid.
Nehemia 1:6
175
Wat gebeur in gebed?
 Dit wys jou afhanklikheid van God.
 Jy word die bewys van sy genade, want dit laat jou die regte voorbeeld stel.
 Dit wys jou gehoorsaamheid soos in Jakobus 1:7 en Johannes 16:23-24.
 God keer hopelose situasies om deur gebed – daarvan kan ons almal getuig!
 Ons wil graag die waarheid sien. God gee die antwoorde in Lukas 11:9-10 en Matteus
7:7-8.
Rodney Seale

Volhard in die gebed!


Kolossense 4:2
176
Eintlik kan jy glad nie jou Bybel oopmaak sonder om te bid nie, want die oomblik as jou
Geliefde praat, wil jy tog saampraat. Gebed is nie ’n afstandbeheer waarmee God in
beweging gebring word nie. Gebed is ’n natuurlike gesprek in ’n natuurlike verhouding.
Gebed is dissipline. Omdat ons sondige natuur so biddeloos is, moet ons onsself dis-
siplineer om te bid. Gebed vra diepte. ’n Mens kan maklik so besig raak dat jou gesprekke
met God oorhaastig en oppervlakkig word. God vra egter jou onverdeelde trou en liefde.
Gebed vra die beste tyd – om behoorlik tyd te maak vir ’n gesprek met dié God wat jou
liefhet en vir Wie jy liefhet! Ware gebed is ’n lewenswyse, nie net ’n noodoproep nie.
Johan Smit

Mag die Here u gebed verhoor op die dag van nood ... Mag Hy u te
177 hulp kom uit die heiligdom, u bystaan ... Mag Hy u gee wat u hart be-
geer en al u voornemens laat geluk.
Psalm 20:2-5

Om net te erken dat God God is, maak jou innerlik rustig, want jy het die sekerheid dat Hy
in beheer is. Dis moeilik om in jou gejaagde lewe stil te word in jou binnekamer – jy hoor
steeds die hond blaf, motors verbyry of die telefoon lui. Eintlik moet jy ’n plek êrens alleen
kry, ’n plekkie waar al die geluide stil word sodat God se stem kan deurkom. Daar kan jy
jou pyn vir Hom gee en weet dat sy Gees jou vrede en rus sal gee.
Rassie van Niekerk

73

1001 Beloftes_NEW.indd 73 4/18/2006 11:07:25 AM


Gebedsbeginsels
Roep my aan, Ek sal jou antwoord.
Jeremia 33:3
178
Hier is ’n paar antwoorde op jou gebede:
 Al hoor God al jou gebede, antwoord Hy dit nie altyd soos jy vra nie.
 Iemand het gesê dat God drie antwoorde op gebed het: ‘ja’, ‘nee’ en ‘nog nie’.
 Dalk het God klaar geantwoord, maar jy sien dit nie raak nie.
 Vra God om jou te laat glo totdat Hy antwoord.
 Vra wat God jou deur hierdie situasie wil leer.
 Wees gewillig om God se antwoord te aanvaar.
 Bedoel jou gebed opreg.
Jannie le Roux

My trane sal aanhou vloei, dit sal nie ophou nie, totdat die Here uit die
179 hemel afkyk en dit raaksien.
Klaagliedere 3:49

Pas die volgende beginsels in jou gebedslewe toe:


 Vra jou elke keer af of jou gebede in lyn is met God se genadebeginsels en liefde.
 Jou gebedsopdragte en gebedslaste moet jy van God en deur die Heilige Gees kry.
 Jy moet jou eie ek kruisig.
 Moenie nuwe vorme van gebed sommer net navolg nie. Toets dit aan die Woord.
 Maak seker dat jou gebede in liefde, genade en barmhartigheid gebid word.
Bennie Mostert

Bid gedurig.
1 Tessalonisense 5:17
180
Gebed is ’n hoofteiken van Satan. Satan weet goed dat jou geestelike groei afhang van jou
gebedslewe. Gebed is ’n ononderhandelbare deel van elke dag se roetine.
Gebed vra kwaliteittyd. Jy kan nie met God praat in ’n afgerammelde rympie wat eintlik
niks van jouself sê nie. Gebed vra dissipline. Hierdie afspraak met God behoort die belang-
rikste afspraak van jou dag te wees! Gebed het krag. Elke ketting wat die gees van die
mens bind, verkrummel onder die aanslag van gebed (John G Whittier).
Hannes Burger

74

1001 Beloftes_NEW.indd 74 4/18/2006 11:07:25 AM


Gebedshindernisse
Maar nou sê die Here: Kom met julle hele hart terug na My toe, vas,
181 huil en treur!
Joël 2:12

Hier is vyf dinge wat jou gebede kan verhinder:


SONDE: Dinge wat jy weet jy verkeerd doen, kan die oorsaak wees dat die Here nie luister
nie (Ps. 66:18).
GELDGIERIGHEID: Pasop vir ’n gejaag na geld en goed (1 Tim. 6:10).
HOOGMOED: Dis een van die dinge wat God die meeste haat (Jak. 4:6).
ONGELOOF EN TWYFEL: As jy nie glo nie, sal jy ook nie ontvang nie (Jak. 1:6).
ONVERGIFNIS EN BITTERHEID: As jy iemand anders nie wil vergewe nie, kan Hy jou ook
nie vergewe nie. Maak eers vrede voor jy op jou knieë gaan (Mark. 11:25).
Anita van Niekerk

Ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self
pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie.
182
Romeine 8:26

Gebed werk nie soos ’n towerspreuk nie. God en gebed werk anders.
Die eenvoudigste gebed is seker die Onse Vader (Matt. 6:9-13). Enige opregte gebed is
welkom by God. Laat jou saak in God se hande en weet dat Hy jou sal help om die oplos-
sing te kry. Loof God in jou gebed. Beskryf Sy grootheid en sê dankie vir Sy almagtige
teenwoordigheid. Dikwels verander niks aan jou omstandighede as jy klaar gebid het nie,
maar jou houding teenoor jou omstandighede verander.
Jannie le Roux

U het U met ’n wolk omhul sodat geen gebed na U kon deurkom nie ...
183 Klaagliedere 3:44

Daar is ’n jakkals wat ons gebedstyd vernietig – en sy naam is uitstel. Alles is gereed
vir ons afspraak met God. Ons het die tyd, plek én die goeie voornemens, maar op die
laaste minuut bedink ons ons. Nee, netnou, of môre. Skuil daar dalk iets agter ons uitstel?
Vrees vir God? Bang dat jy nie goed genoeg bid nie? Te lui om jou verstand in te span vir
Bybelstudie en gebed? Hoe meer jy uitstel, hoe moeiliker raak dit om God te ontmoet. Jou
verantwoordelikheid is om julle afspraak na te kom. God sal sy verantwoordelikheid nakom
deur sy Heilige Gees wat jou leer.
Judy Venter

75

1001 Beloftes_NEW.indd 75 4/18/2006 11:07:25 AM


Gebedskrag
Op die dag van my nood roep ek na U, U sal my gebed verhoor.
Psalm 86:7
184
Om te ontlaai beteken dat jy jou opgekropte gevoelens, spanning, pyn, frustrasie en selfs
aggressie aflaai. Jy weet die Here verdra baie en is geduldig, daarom het jy die moed om
die gordyn oop te skuif en Hom in jou vertroue te neem. Onthou:
 Gebed gee jou kans om af te laai.
 Gebed help jou om trauma en pyn by Jesus te herleef.
 Gebed bring jou by die krag van God wat gesond maak.
 Gebed help jou om nuwe insig te kry en bring vrede en dankbaarheid in jou hart.
Ampie Barnard

As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.


Johannes 14:14
185
Gebed is die wegspringplek van alles wat jy wil aanpak ... Streef elke oomblik van jou lewe
bewustelik daarna om die krag wat God vir jou wil gee, in gebed te verkry.
Om die krag van gebed te ondervind moet jy die Gód ontdek wat jou gebede hoor.
Gebed is om in te skakel by die krag en voorsiening van God wat jou nie wil afskeep nie.
Daarom is gebed jou manier om te sê: “Ek is afhanklik van die Here vir alles wat met my
gebeur en sal gebeur.”
Jannie le Roux

Dit is ’n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word.


1 Timoteus 4:9
186
Moenie bekommerd wees nie, die Bybel leer ons om te bid.
 BID met vrymoedigheid. Hebreërs 4:16 sê: “Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na
die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd
gered kan word.”
 BID met geloof. Markus 11:24 sê: “Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al
ontvang het, en dit sal vir julle so wees.”
 BID volgens God se wil. 1 Johannes 5:14 sê: “En nou kan ons met vrymoedigheid na
God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons iets volgens sy wil vra.”
Anita van Niekerk

76

1001 Beloftes_NEW.indd 76 4/18/2006 11:07:25 AM


Gebedslewe
Tot U, Here, rig ek my, my God, op U vertrou ek.
Psalm 25:1-2
187
Wanneer jy iets in gebed met die Here deel, gebeur dit baiekeer dat jy helderheid daaroor
kry. Dis só wonderlik om te leer hoe die Here jou deur gebed anders laat begin dink. Só
red die Here jou uit die donker gat van selfbejammering en vul jou met nuwe moed. Begin
reg bid en praat oor die skaafplekke sodat die ontevredenheid en onrus kan verdwyn en
nuwe vrede in jou hart kan invloei. Gebed is die asem van jou siel.
Ampie Barnard

As daar iemand onder julle is wat swaar kry, moet hy bid.


Jakobus 5:13
188
Dit bly vir my ’n wonder dat God, wat so groot en almagtig is, wil hê dat swak mense-
kinders met Hom moet praat.
Gebed is die sleutel wat God se skatkamers oopsluit. Daarom moet gebed vir elke
Christen ’n manier van lewe wees. Kry vir jou ’n spesiale plekkie waar jy rustig met God kan
praat. Sonder gebed is dit onmoontlik om krag vir die nuwe dag te kry en nog geestelik te
groei ook.
God doen meer as om net woorde te hoor – Hy lees harte.
Nina Smit

Luister na my gebed en antwoord my: my sorge gee my geen rus nie.


189 Ek is hewig ontsteld ...
Psalm 55:3

Daar is twee kante aan gebed: om te praat en te luister.


Om te bid is om met God te praat:
 Hy stel belang in elke aspek van jou lewe.
 Vertel Hom alles van jou, van die mense vir wie jy omgee, ook van jou droogmaak.
 Sien dinge raak wat Hy vir jou gee en doen, en sê dankie.
Jy moet ook leer om na God te luister:
 Lees die Bybel en hoor wat Hy vir jou sê.
 Sit, maak jou oë toe en dink aan Hom. Luister na Sy stem. Moenie moedeloos word as
jy niks hoor nie. Leer om te wag!
Vic en Thea Brink

77

1001 Beloftes_NEW.indd 77 4/18/2006 11:07:25 AM


Gebedsverhoring
Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom
190 soek, beloon.
Hebreërs 11:6

Voel jy partykeer moedeloos oor al die eise wat aan jou gestel word? Jesus se lewe was
ook maar party dae dol. Hy het afgesien van alles wat Hy móés doen, tyd gemáák om
met sy Vader te praat. Besluit sommer vandag dat jy baie meer tyd by jou Vader se voete
gaan deurbring. By Hom sal jy insig, wysheid en antwoorde kry vir elke situasie. Hy sal jou
spesiale krag gee vir elke dag.
Onthou: Gebed is die vreugde om voor God te kniel. Doen dit in die stilte van jou bin-
nekamer, maar gesels ook dwarsdeur die dag met Hom.
Milanie Vosloo

Beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God,
dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.
191
Matteus 6:33

Ons dink baiekeer in ons gebede nie aan die mense met wie dit sleg gaan nie. As ons wel
vir hulle bid, bly dit gewoonlik by bid. Maar wil jy nie spesiaal begin bid vir ander en iets be-
gin doen om hulle omstandighede te verbeter nie? Bid vir die mense in plakkerskampe wat
honger en koud is, maar koop ook komberse en gaan deel dit uit. Jou vriende het ook jou
gebede nodig as dit nie goed gaan met hulle nie. Jy kan vir iemand anders die antwoord
op sy gebed wees.
Nina Smit

Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy
192 Naam.
Psalm 23:3

Dit is nogal interessant dat ons Christene baie méér bid in krisistye as wanneer dit goed
gaan. Paulus sê vir die gelowiges in Efese om “gedurig te bid”. Nie net as dit sleg gaan nie,
maar óók as alles goed gaan.
Praat elke dag met die Here en deel die dag se vreugdes met Hom. Vertel Hom dat dit
goed gaan met jou, gesels met Hom oor die dinge en mense wat jou bly maak, loof Hom
vir Sy goedheid en genade vir jou.
Nina Smit

78

1001 Beloftes_NEW.indd 78 4/18/2006 11:07:25 AM


Gebedswerk
Dag en nag bid ons met ons hele hart om julle weer persoonlik te mag
193 sien en om aan te vul wat nog aan julle geloof ontbreek.
1 Tessalonisense 3:10

Jou verhouding met God moet skoon en opreg wees.


 Wees eerlik en laat die Heilige Gees jou lei.
 Laat die Heilige Gees jou lei om volgens God se wil vir die mense na aan jou te bid.
 Bid altyd in verwagting!
 Bid en glo dat God jou gebede op Sy tyd en Sy manier sal beantwoord.
 Dit versterk ’n mens se geloof om te sien hoe God se wil waar word in jou eie lewe en
in die lewe van hulle vir wie jy bid.
Solly Ozrovech

Voor hulle nog roep, sal Ek antwoord, terwyl hulle nog praat, sal Ek
194 hulle gebed verhoor.
Jesaja 65:24

 Gebed is liefdesgesprekke tussen jou en God. Hoe meer jy tyd maak om met God in
gebed te praat, hoe dieper en hegter word jou liefdesverhouding met Hom.
 Hoe beter jy God leer ken, hoe lekkerder kan julle in gebed gesels.
 In gebed kan jy heeltemal eerlik wees met ’n Sielsgenoot.
 In gebed kan jy jou diepste geheime en drome met God deel.
 God sal nooit uitpraat oor jou gebed of jou verraai nie.
Nina Smit

Vir God is alles moontlik.


Markus 10:27
195
Om aan te hou bid as dit sleg gaan, is moeilik. Hoe loof jy die Here as alles in jou lewe
net vreeslik skeefloop? Tog is gebed die asemhaling van jou geestelike lewe. Jy mag nie
ophou bid nie! Wat doen ’n mens wanneer al die opgekropte emosies jou woorde stil-
maak? Dan luister jy, buig laag en los die praatwerk vir die Gees van God.
Dís die wonder van gebed. Die Heilige Gees help jou deur self met God te praat oor jou
gedagtes en gevoelens, solank jy net jou afhanklikheid van God elke dag doelbewus erken
en bely.
Mana Wessels

79

1001 Beloftes_NEW.indd 79 4/18/2006 11:07:25 AM


Geboorte
U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder.
Psalm 139:13
196
Daar lê oneindige troos opgesluit in die feit dat God jou deur en deur ken. Hy is altyd by
jou. Hy het jou gemaak, jy is sy kunswerk!
God se skeppingsmag is groot. Daarom moet jy weet dat jy en die kind wat binne jou
groei, deel is van sy groot plan vir hierdie wêreld. Van die begin af, selfs al is jy nog ’n
embrio, lê jou lewe oop voor God. Jy behoort aan Hom en Hy sal jou nooit alleen laat nie!
Liesel Krause-Wiid

Seuns is geskenke van die Here ...


Psalm 127:3
197
Here, U het vir ons ’n kind gegee, ’n skeppingsverhaal van nege maande wat ek kan sien,
kan aanraak, kan bewonder! Kyk die klein vingertjies, die oortjies, die mondjie. Alles aan
hierdie klein mensie is so klein en so perfek. En die outjie haal asem en maak geluide. Ek
kan dit amper nie glo nie. Ek het hom lief! Ek het U lief! Ek het hierdie bondeltjie toekoms
lief! Dankie dat U vir my hierdie voorreg gun. Ek wil sing van U liefde, ek wil vir almal vertel
van U sorg, ek wil opspring en juig oor U! Dankie, dankie, dankie ... !
Jannie le Roux

... kinders word deur Hom gegee.


Psalm 127:3
198
Elke deel aan haar is perfek: die klein neusvleueltjies, die vaak ogies, die papierdun
oorskulpies, nou nog platgedruk teen die kop van die geboorteproses, die gretige mondjie,
die lang dun vingertjies, die tien toontjies, netjies ingeryg in ’n halfmaantjie. Met haar eerste
sagte kermhuiltjie het haar armpies en beentjies lomp en rukkerig op die teatertafel
beweeg. Toe sy tevrede in haar ma se arms lê, weet ek: Ons lewe sal nooit weer dieselfde
wees nie, want ’n nuwe mensie het haar in ons lewe en hart ingewurm. Vandag is die berge
nóg mooier, die lug blouer, die lentebloeisels vroliker ...
Jaco Thom

80

1001 Beloftes_NEW.indd 80 4/18/2006 11:07:25 AM


Gedaan
Ek is die Here, Ek bring uitkoms vir julle.
Jesaja 51:12
199
Antwoord eerlik op hierdie vrae om te sien hoe gespanne jy is.
 Eet jy vinniger as ander mense?
 Ry jy gereeld vinniger as die spoedgrens?
 Loop jy vinnig al is jy glad nie haastig nie?
 Praat jy vinnig of met ’n hoë, skril stem?
 Is jy soms ongeduldig met jou gesin of venynig met jou vriende?
 Sal jy totaal verlore voel as jy ’n dag sonder jou horlosie moet wees?
As jy meer as vier keer “ja” geantwoord het, is jy te gespanne.
Tienie Holtzhausen

Die koning het beveel dat hulle groot klip van goeie gehalte moes
200 uitkap, sodat die fondamente van die tempel met gekapte klip gelê kon
word.
1 Konings 5:17

Deesdae het almal stresklippe in hulle plaveisel. Soms soek jy self dié klippe uit. Soms laai
ander dit voor jou deur af. Jy kan egter kies om hierdie klippe te verwyder of terug te stuur
na die sender. Weet net jy hóéf nie elke dag dié martelpad te stap nie. Niemand durf voor-
skriftelik te wees oor jóú pad nie, behalwe die Here. En Hy sal nooit klippe voor jou deur lê
wat jou ganse menswees laat doodbloei nie.
Ans Theron

Dié wat deur die Here verlos is, sal terugkeer ... hulle sal altyd straal
201 van blydskap ...
Jesaja 51:11

Ontspan ’n slag, dink oor jou lewe en wonder wanneer laas het jy ...
 so hard gelag dat jou gesig pyn? Of nog beter, so gegiggel dat jy trane moes afvee?
 jou fotoalbums deurgeblaai? Lees ook jou ou dagboeke en liefdesbriewe.
 kliphard saam met ’n CD gesing waarvan jy nie eens die woorde ken nie? Of op die
maat van ’n lekker ou wals alleen in die kombuis gedans?
 jou handsak skoongemaak? Sny alles wat onnodig is uit jou lewe.
 jou seëninge getel en vrede gemaak met dinge wat jy nie kan verander nie?
Uit Lewenslesse vir Vroue

81

1001 Beloftes_NEW.indd 81 4/18/2006 11:07:25 AM


Gedeelde vreugde
Ek bedoel dat, as ek by julle is, ons deur mekaar se geloof bemoedig
202 kan word, ek deur julle s’n en julle deur myne.
Romeine 1:12

Gedeelde vreugde is dubbele vreugde, lui die spreekwoord.


Wanneer jy iets baie lekkers of baie moois ervaar, iets wat jou binneste van pure
blydskap laat borrel, móét jy mos iemand hê wat saam met jou bly kan wees. Iemand wat
sonder woorde vanself weet wanneer iets jou baie bly maak, is ’n kosbare aanwins – ’n
ware vriend.
Wanneer jou oë dié van so ’n vriend ontmoet, is daar elke keer ’n vreugdevonkie wat
van die een na die ander oorgekaats word, ’n vonkie wat jou eie vreugde volledig maak in
die wete dat daar nóg iemand is wat dinge presies só ervaar soos jy .
Nina Smit

Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die
203 een die ander hoër ag as homself.
Filippense 2:3

Vriendskap ...
 gaan nie oor wat jy uitkry nie, maar oor wat jy inploeg.
 is ’n gawe van God.
 is nie selfsugtig, jaloers of kwaadpraterig nie.
 beteken eerlikheid en opregtheid.
Skrywer onbekend

Die liefde ... is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie ...
204 maar verheug hom oor die waarheid.
1 Korintiërs 13:4-6

Vriendskap is soos ’n bankrekening. Daar is sekere inbetalings wat nodig is om ’n vriend-


skap te laat slaag:
 Verstaan jou vriend.
 Hou by jou woord.
 Besef dat klein dingetjies tel.
 Wys jy het integriteit.
Gerinda Jooste

82

1001 Beloftes_NEW.indd 82 4/18/2006 11:07:25 AM


Geloof
Vir die een wat glo, kan alles.
Markus 9:23
205
Ek het ’n groep branderplankryers dopgehou terwyl hulle die onstuimige see fyn bestudeer
het. Toe spring een op sy plank en durf ’n intimiderende brander aan.
“Waar het jy die moed vandaan gekry?” vra ek hom.
Hy kyk my vas in die oë: “Jy moet jou siel deursoek, en as jy jouself nie ken nie, durf jy
die see glad nie aan nie.”
Die lewe is soms ook soos die see. Dis dán dat jy moet stil word en jouself ondersoek
totdat jy kalm is en weet waar jou krag vandaan kom. Dan durf jy die bedreiging aan.
Sarita Loots

So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit
sonder meer dood.
206
Jakobus 2:17

Jou geloofslewe is die basis van jou optrede van elke dag, jou lewe van elke dag, jou ge-
dagtes van elke dag. God se liefde is die kern van jou godsdiens. Daaruit kom Sy genade
wat jou met vertroue die toekoms laat ingaan. Ons diens aan God is eintlik die pad wat ons
loop om heilig te word. Christus vra dat jy getrou en lojaal aan Hom moet wees. Hy waar-
borg Homself deur die Heilige Gees aan jou, so asof Hy self in jou lewe is.
Solly Ozrovech

Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig
207 te wees van die dinge wat ons nie sien nie.
Hebreërs 11:1

 Om seker te wees van jou geloof is ’n proses.


 Onder die leiding van die Heilige Gees en die Woord van die Here groei daar meer
sekerheid in jou hart.
 Die stem van twyfel in jou hart word sagter totdat dit uiteindelik verdwyn wanneer jy
Hom op Sy Woord neem.
 Uiteindelik verdryf Christus se liefde al jou onsekerheid en vrees en het jy opregte
geloofsekerheid.
 Maak jou hart oop en neem Sy vergifnis aan sodat jy seker van jou geloof kan wees.
Ampie Barnard

83

1001 Beloftes_NEW.indd 83 4/18/2006 11:07:25 AM


Geloofseën
Die hemel en die aarde sal vergaan, maar my woorde nooit.
Matteus 24:35
208
Vir God is die Bybel se woorde en beloftes nie net lettertjies op papier nie. As God praat en
beloof, dan gebeur dit. Gelowiges wat God se Woord vir hulleself toe-eien en in hulle harte
bêre, kom agter dat God hulle ongelooflik seën. As jy luister, sal jy tussen die reëls die
liefde van God vir mense soos ek en jy hoor. Liefde wat so groot is dat God sy Seun laat
sterf het, maar Hom daarna weer opwek sodat die Bybel die boek van die lewe kan word.
As jy regtig LEWE wil ontdek, leer God ken deur sy Woord.
Jannie le Roux

Hoe kan ’n jongmens sy lewe skoon hou? Deur hom te hou aan u woord!
Psalm 119:9
209
Daar is net een manier waarop jy die waarde en diepte van die Bybel sal ontdek. Dis om
elke dag die Bybel te lees en jou lewe skoon en mooi te hou.
Besluit om die Bybel in een jaar van voor tot agter deur te lees. Moenie lees net om
klaar te lees nie, maar lees só dat jy elke dag vir God uit sy Woord hoor praat. Vra na elke
stukkie: “Wat wil U vir my sê, Here?” Dan dóén jy wat Hy sê!
So sal jy God se antwoord vir elke lewensituasie ontdek.
Jannie le Roux

Mag hierdie bepeinsinge van my vir Hom aanneemlik wees! Ek wil my


210 in die Here verbly.
Psalm 104:34

“Maar hoe kry ek geluk, vreugde en vrede,” vra jy, “as my geloofslewe so dood is? As daar
geen geestelike groei is nie? As dit voel of God my met nóg opdragte moor?”
Kyk weer na die verskillende kante van jou geloofslewe. Kyk waar jy nuwe lewe in jou
geloofslewe kan bring. Die lekkerste is: Jy hoef dit nie alleen te doen nie. ’n Nuwe verhou-
ding is nie net jóú verantwoordelikheid nie. God se Gees is die hele tyd by jou en help jou
om in ’n nuwe, ryk verhouding met God te staan.
Hannes Burger

84

1001 Beloftes_NEW.indd 84 4/18/2006 11:07:25 AM


Geloofsekerheid
Vir dié wat u wet liefhet, is daar groot sekerheid; niks kan hulle laat
211 struikel nie.
Psalm 119:165

 Vrede in jou hart.


 Die vrugte wat saam met jou bekering gaan.
 Om ’n spontane getuie te wees.
 Om ’n vaste vertroue te hê dat jy aan Jesus Christus behoort.
 Om te weet dat die Heilige Gees jou begelei.
 Om nie skaam te wees om te sê jy is ’n Christen nie.
Rodney Seale

Laat ons ons doen en late deeglik ondersoek en ons tot die Here
bekeer ...
212
Klaagliedere 3:40

Jy kan kies wat jy glo en wie jy wil vertrou. Tog sukkel ’n mens partykeer om met álles in
jou te glo. Moenie jou geloof vasmaak deur na vinnige oplossings te soek nie, want dan
gaan jy elke keer tweede kom.
Soms moet jou gelowige vriende oorneem en selfs namens jou glo, vir jou bid en by
God intree. Begin deur die Here te dank dat Hy ook hierdie tyd positief in jou lewe wil
gebruik. Beloof Hom dat jy elke dag op Hom wag.
Onthou: Wanneer jy ophou om jou geloof te gebruik, verloor jy dit.
Jannie le Roux

God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God


213 het Hy die mens geskep ...
Genesis 1:27

Eintlik is ons as sondige mense, klaar dood. Maar God kon dit nie so aanvaar nie.
Wat Jesus vir ons aan die kruis gedoen het, het Hy uit liefde gedoen sonder om iets
terug te verwag. Ons kan nooit Sy liefde verdien nie! Om aan Hom gehoorsaam te wees
is die manier waarop ons Sy liefde kan beantwoord. God se liefde vra niks van jou nie. Jy
hoef nie te verander of te verbeter voordat Hy jou sal liefhê nie. As jy foute maak en sonde
doen, moenie bang wees dat Hy jou eenkant toe gaan stoot nie. Hy sal nie!
Ampie Barnard

85

1001 Beloftes_NEW.indd 85 4/18/2006 11:07:25 AM


Geloofsgroei
Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het.
1 Korintiërs 3:6
214
GELOOF: Geloof is die vaste vertroue dat dit wat God in die Bybel beloof het, waar is.
DISSIPLINE: Ander om jou herken die Heilige Gees wat nou in jou woon omdat daar dis-
sipline in jou lewe is.
GEMEENSKAP: Jou stiltetyd is jou kuiertyd met Hom. Jou kuiertyd is jou kragstasie waar
jy krag kry. As jy dit verwaarloos, sal jy sonder krag wees teen versoeking.
GETUIENIS: God het jou gered om te getuig. Doen dit oral en altyd.
Rodney Seale

Ek betoon my liefde tot aan die duisendste geslag van dié wat My lief-
het en my gebooie gehoorsaam.
215
Deuteronomium 5:10

Beloftes wat jy moet nakom vir groei:


 Alles wat ek is en het, gee ek vir God.
 Ek sal elke dag in sy Naam aanpak.
 Ek sal elke dag ’n tyd van toewyding aan God inruim.
 Ek sal my lewe bly beskerm en opbou en help groei.
 Ek sal my verhouding met my huweliksmaat soos goud bewaar.
 Ek sal my gawes deel.
 Ek sal net die beste van iemand anders sê.
Jannie le Roux

Maar onverganklik is die liefde van die Here vir dié wat Hom dien.
Psalm 103:17
216
Die ewige lewe is ’n geskenk. As jy by goeie dade begin en God se arm as ’t ware wil draai
om in die hemel te kom, dan sê die Bybel vir jou dis nie moontlik nie.
As jy by Jesus begin wat in jou plek aan die kruis gehang het, ontdek jy dat jy dit nie
verdien nie. Al wat jy kan doen, is om te vra: “Vergewe my, asseblief!” En Hy vergewe jou!
As jy dít verstaan, dan wíl jy mos goed doen en elke geleentheid aangryp as ’n kans om
te jubel: “Dankie, Here! Ek is ’n hemelkind!”
Jannie le Roux

86

1001 Beloftes_NEW.indd 86 4/18/2006 11:07:25 AM


Geloofskrag
En mag julle in al die goeie wat julle in woord en daad doen, bemoedig
217 en gesterk word deur ons Here Jesus Christus en God ons Vader.
2 Tessalonisense 2:16

Lééf altyd naby aan God! Dit beteken dat jy jouself sonder ophou daaraan moet herinner
dat God by jou is. Met Hom kan jy heeltyd veilig gesels oor alles.
Luister ook. Stel jou gedurig in om sensitief te wees vir die stil stem van die Heilige
Gees. Luister terwyl jy met jou dagtake besig is.
Stap saam met Hom! Ons is soos kleutertjies wat partykeer voor Pappa uitstorm, en
ander kere weer aan sy hand rem om stadiger te gaan. Maar mettertyd leer ons om saam
met Hom te stap – om ons lewe deur die Gees te laat beheer.
Sibylie Marais

Hy het aan ons sy liefde bewys en aan ons deur sy genade ’n blywende
218 troos en goeie hoop gegee.
2 Tessalonisense 2:16-17

Dis moeilik om reguit te dink as jou lewe skeefloop. Skielik besef jy wat jou geloof as Chris-
ten tot nou toe was: ’n banier wat oor ’n rustige, voorspelbare en voorspoedige bestaan
gewapper het. Die pad na heelword begin by die bymekaarmaak van die flentertjies van
jou geloof. Vreugde, vrede en hoop is opgesluit in jouself en in jou moed om te midde van
onsekerheid en pyn seker te wees van die dinge wat jy hoop, oortuig van die dinge wat jy
nie sien nie.
Skrywer onbekend

Mag die Here julle gedagtes rig op die liefde van God en die volharding
219 van Christus!
2 Tessalonisense 3:5

Waarhede om jou geloof te lééf:


 Gebruik jou verstand om jouself te verstaan; gebruik jou hart om ander te verstaan.
 Vir die wêreld is jy net één persoon; maar vir één persoon kan jy die hele wêreld wees.
 Net 10% van die lewe gaan oor wat met jou gebeur; die ander 90% gaan oor hoe jy
daarop reageer.
 Jou slegste dae kan nooit so sleg wees dat God se genade jou nie kan toevou nie.
Hennie Stander

87

1001 Beloftes_NEW.indd 87 4/18/2006 11:07:25 AM


Geloofsvertroue
Ek bid ... dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle
220 in die liefde gewortel en gegrondves sal wees.
Efesiërs 3:17

Geloof in God vra nie bewyse nie. Dis juis ’n sekerheid dat die dinge wat ons nié kan sien
nie, die waarheid is. Geloof is om God se beloftes te glo, al het dit nog nie vir jou waar ge-
word nie. Geloof wys eers wat dit regtig in jou lewe beteken as dinge begin verkeerd loop.
In moeilike tye tree Christene heel anders op as wêreldlinge. Hulle weet dat God steeds vir
hulle daar is. Eers wanneer jy aan die einde van jou vermoëns gekom het en weet dat net
God jou nou kan help, eers dán is jy met geloof besig.
Nina Smit

Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand heeltemal te bowe
221 gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God.
Efesiërs 3:19

Jy kan seker weet jy is gered, want dit is God self wat jou red. Hy het jou so lief dat Hy bes-
luit het Hy sal enigiets doen om te sorg dat jy in die hemel by Hom kan kom woon. Daarom
het Hy ’n verskriklike duur prys vir jou betaal. Hy het sy Seun gegee om jou straf vir jou te
dra. Dis klaar gedoen. Hy het die ewige lewe vir jou gekoop. Dís hoekom jy seker kan wees
– omdat Hy dit self vir jou gedoen het. Jy hoef dit maar net aan te neem.
Vic en Thea Brink

Iemand wat aan Christus behoort, is ’n nuwe mens. Die oue is verby,
222 die nuwe het gekom.
2 Korintiërs 5:17

Die geloof wat God gee, glo nie net nie, dit doen ook, want geloof sonder dade is niks.
Jy kan seker wees van jou geloof, want God lieg nie. Hy belowe redding aan elkeen wat
glo op grond van wat Jesus vir ons aan die kruis gedoen het! Maar dit is net die begin van
jou lewe as Christen. Daar sal nog baie groei plaasvind; slegte dinge in jou lewe sal moet
afgebreek word en jy sal nuwe dinge moet leer.
Begin glo met dade. Jesus is baie lief vir jou en sal nie dat jy verlore gaan nie.
Vic en Thea Brink

88

1001 Beloftes_NEW.indd 88 4/18/2006 11:07:25 AM


Geloofsvitaliteit
Wie is ’n God soos U? ... U bly nie vir altyd kwaad nie, U betoon liefde.
223 Hy sal ons weer genade betoon, Hy sal ons sonde tot niet maak, U sal
al hulle sondes in die diepsee gooi ...
Miga 7:18

Wat stilstaan, gaan agteruit ... en uiteindelik dood. Dis eintlik snaaks dat ons partykeer dink
hierdie reël geld nie ook in ons geestelike lewe nie. Ons dink dis goed genoeg dat ons
kategese toe gegaan het, deesdae darem af en toe in die kerk kom en saans ’n vinnige
gebedjie opstuur voordat ons gaan slaap. Geen wonder dis nie vir jou lekker om kerkdinge
te doen nie. Jou geestelike lewe is dan dood! Daarom moet jy vandag nog begin om jou
geestelike lewe aan die groei te kry.
Hannes Burger

... want julle geloof neem sterk toe, en sonder uitsondering word julle
liefde vir mekaar altyd meer.
224
2 Tessalonisense 1:3

Vitamiene om geestelik gesond te wees:


Vit. A: Aan God al die eer – sorg dat jou oë kan sien hoe jy God moet dien.
Vit. B: Balans deur gebed maak jou sterk en vol krag.
Vit. C: Christus verlos jou van enige bederf, meer nog: van dié verderf!
Vit. D: Jy staan op sterk geloofsbene omdat jy gevoed is deur geloof en vertroue.
Vit. E: Emosies is nodig om sagtheid in jou lewe as Christen te bring.
Vit. L: Liefde is daardie kosbare vitamien wat alles aan mekaar verbind.
Vit. K: Knieëwerk het dit bewys as dié vitamien met die wonderlikste resultate!
Skrywer onbekend

Wat sal ek saamvat as ek na die Here toe gaan, as ek voor die hoë God
225 gaan kniel? Moet ek met offers na Hom toe gaan ... ?
Miga 6:6

Laat jou liefde opreg wees – ’n mens vol liefde is ’n kosbare gawe van die Gees.
Haat alles wat sleg is – want alles wat sleg is, word ten diepste teen God gerig.
Moenie in toewyding verslap nie – hoe klop jou hart en kyk jou oë?
Volhard in gebed – bid altyd en orals sodat jy sterk en getrou kan wees en kan volhard.
Help die medegelowiges in hulle nood – wees God se hande en voete op aarde.
Skrywer onbekend

89

1001 Beloftes_NEW.indd 89 4/18/2006 11:07:25 AM


Geloofswaarhede
Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens
226 vir wie die Here ’n veilige vesting is; so iemand is soos ’n boom wat
by water geplant is ... ’n droë jaar raak hom nie, en hy hou nie op om
vrugte te dra nie.
Jeremia 17:7-8

 Geloof moet geleef word – anders gaan dit dood.


 Die doel van geloof is dat dit gebruik moet word – dan groei dit.
 Begin doelbewus meer glo – maak minder staat op jou eie vermoëns.
 Beplanning is noodsaaklik – beplan hoe jy jou probleme in geloof kan aanpak.
 Gehoorsaamheid is nodig – om in geloof te leef vra gehoorsaamheid en vertroue.
 Gesindheid bepaal dade – die opregtheid en kwaliteit van jou gesindheid maak jou
geloof deursigtig.
Wil Vosloo

Stel julleself op die proef en ondersoek julleself of julle in die geloof


227 lewe.
2 Korintiërs 13:5

Jou noodsaaklike geloofgereedskap is: Blydskap ... sodat jy jouself en ander mense kan
verlig. Liefde ... deel liefde uit soos ’n gloeilampie wat lig uitstraal. Hoop ... hoop omdat
jy glo, al lyk alles verlore. Verwag probleme ... teëspoed en teenstand gaan kom. Wees
betroubaar ... juis daar waar niemand jou sien nie.
Wil Vosloo

Hoe sal ek die Here vergoed vir al sy weldade aan my?


Psalm 116:12
228
 Jy is net uit genade gered. Jesus het vir elkeen van jou sondes op Golgota betaal.
 Sê gereeld vir Hom dat jy Hom liefhet.
 Niks of niemand kan jou uit sy hand ruk nie.
 Jy kan jou lewe bou op God se liefde vir jou!
 Lééf elke dag vir God en gee jouself elke dag weer nuut vir Hom.
 Dank Hom dat Hy jou gered het ten spyte van jou sonde.
 Vra Hom om jou te help om elke dag voluit vir Hom te leef.
Jaco Thom

90

1001 Beloftes_NEW.indd 90 4/18/2006 11:07:25 AM


Gelouter
Ek het jou gelouter ... in die smeltkroes van ellende ... Ek gee die eer
229 wat My toekom, aan niemand anders nie.
Jesaja 48:10-11

Moenie die lewe stempel met “hartseer” of “plesier” nie. Dit is nie een van die twee nie.
Dink dus maar sober en eerlik oor die lewe. Dit kan nie net plesier of rou wees nie. Die een
maak eerbiedig plek vir die ander. Daarom mag jy nie in jou plesier te oordadig wees asof
daar nooit rou sal kom nie. En jy mag ook nie so deur jou rou in beslag geneem word dat
jy geen vreugde meer in die lewe ervaar nie. Leer om sober fees te vier en deur jou trane te
lag.
Johan Smit

Maar God wat die neerslagtiges opbeur, het ons ook opgebeur ...
2 Korintiërs 7:6
230
In ons krisistye is ons dikwels alleen – alleen met God. En Hy stuur sy engel om ons te ver-
sterk. Hy neem nie die krisis weg nie, maar Hy versterk ons om daardeur te gaan, om daar-
deur te groei en heel anderkant uit te kom – as ons bid dat Hy ons moet versterk. Neem ’n
wilsbesluit om die tekens raak te sien as God jou versterk, jou hand neem en jou lei.
Marike de Klerk

Toe ek verbitterd was en veronreg gevoel het, was ek dom en sonder


231 insig ... Tog was ek nog altyd by U, want U vat my aan die hand.
Psalm 73:21, 24

Ons is geneig om ons hartseer, teleurstellings en mislukkings diep in ons hart te bêre. Dis
asof ons met niemand daaroor kan praat nie. Maar die psalmdigter sê dat God alles weet.
Voor Hom is alles oop en bloot.
Dit hoef jou nie bang te maak nie, dis ’n troos. Omdat God jou gemaak het en oral is,
weet Hy ook van alles. Hy weet van jou mislukkings waarvan niemand anders weet nie. Hy
ken jou pyn wat jy nie kan deel nie. Hy is daar vir jou sodat jy broos en weerloos voor Hom
mag wees, want sy liefde vou jou toe.
Annes Nel

91

1001 Beloftes_NEW.indd 91 4/18/2006 11:07:25 AM


Geluk
Maak my hart bly, soos ’n broer in Christus.
Filemon vers 20
232
In elke dag is daar dinge wat jou gelukkig maak, maar jy moet die geheim ontdek om
tyd en plek te maak daarvoor. Besluit self watter feestye jy wil hou terwyl jy al meer goed
ontdek wat jou gelukkig maak. Die lewe is nooit dieselfde nie; daarom gaan jy elke week
iets nuuts ontdek wat jou gelukkig maak. Maar onthou dat geluk diep in jouself lê. Sê liewer
vir die Here dankie vir dít wat jy reeds het, want geluk lê ook daarin dat jy kan kies waar-
voor jy dankbaar is. Doen dit elke dag en jy sal sien dat jy eintlik baie gelukkig is.
Jannie le Roux

Wie ’n ander voorspoed gun, sal self oorvloed hê. Wie die dors van
233 ander les, sal self genoeg kry as hy dors is.
Spreuke 11:25

’n Mens soek na goud, maar nie na geluk nie. Jy beslúit oor geluk. Jy kíés vir geluk. Dit is
daar om te neem. Jy moet dit net bewustelik vir jouself toe-eien.
Geluk is:
 die keuse wat jy maak om die bestanddele vir geluk tot jou beskikking ten volle te benut.
 die glimlag wat jy terugkry wanneer jy vir die lewe glimlag.
 die vrede wat jy ondervind wanneer jy ’n vredemaker is.
 om te gee wat jy het en later nie te weet wat om te maak met alles wat jy kry nie.
Johan Smit

As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die
234 opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde bly. Dit sê Ek vir julle so-
dat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees.
Johannes 15:10-11

Iemand het eenkeer gesê: “Geluk bestaan uit drie dinge: iemand om lief te hê, ’n werk om
te doen en ’n skoon gewete.” As jy op die oomblik bedruk en bekommerd voel, kyk ’n slag
weg van jou probleme en op kyk na God. Vra Hom om jou weer lewensvreugde te gee.
Elke mens wil gelukkig wees, maar om te soek na regte blydskap is onmoontlik as jy
dit nie in jouself, in jou eie hart en lewe, kan kry nie. Maeterlinck skryf dat dit onnodig is om
geluk op ver plekke te gaan soek, want geluk is óm jou en ín jou.
Nina Smit

92

1001 Beloftes_NEW.indd 92 4/18/2006 11:07:26 AM


Genesing
Omdat julle aan die boodskap van my volharding in lyding vasgehou
235 het, sal Ek julle ook vashou in die tyd van beproewing ...
Openbaring 3:10

Die Here maak die Woord van nuuts af oop vir ’n eensame mens met ’n seer hart. Dit kan
gebeur omdat jy begin Bybelstudie doen – en God dan daardeur praat, genees en vrede
bewerk. Dit kan jou lewe verander en jou help om te vergewe en onmin uit die weg te ruim.
Op hierdie manier maak God jou dan deur sy Woord en sy Gees innerlik gesond –
sonder wrokke, haat of vergiftiging van binne. Eindelik is jy dan weer ’n héél, nuwe mens,
vol geestelike rykdom en geluk.
Die evangelie breek harde harte, maar maak stukkende harte heel.
Ampie Barnard

Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ... swaarkry kweek volhar-
236 ding ...
Romeine 5:3

Niemand van ons spring ons afgemete deel van trane vry nie. Maar Christene kan in geloof
beleef dat alle trane eendag blydskap sal bring. As ons in slegte tye aan Jesus se hand
vashou, lei dit tot iets goeds. God gebruik alles wat vir ons na die einde lyk, as ’n geleent-
heid om iets nuuts in ons lewe in te bring.
Miskien maak jou eie hartseer jou meer sensitief vir die swaarkry van ander, en kan jy
hulle vertroos omdat jy self al deur donker dieptes gegaan het. Gelukkig weet God van jou
hartseer. Gelukkig beloof God dat droefheid in blydskap sal verander.
Nina Smit

Elke belofte van God is betroubaar; Hy beskerm dié wat by Hom skuil.
Spreuke 30:5
237
Baie dinge uit ons verlede is toegesluit in ons hart en ons het dit nog nooit met iemand
bespreek nie. Tog is dit dáár en duik dit telkens op in die vorm van flitsgedagtes, drome of
gemoedskommelings, en dit maak van voor af seer. Om vir altyd klaar te speel hiermee,
moet jy dit in besonderhede herleef en in gebed na Jesus neem. Wanneer jy dit oopmaak
en vir Jesus wys, word dit gesond. Hy veroordeel jou nie, maar vergewe. Sodra jy die seer
met Hom gedeel het, word dit stil in jou siel en verdwyn jare se ellende.
Ampie Barnard

93

1001 Beloftes_NEW.indd 93 4/18/2006 11:07:26 AM


Gesonde lyf
As U my sou toets, my selfs in my slaap sou ondersoek, my deeglik
238 keur, sou U niks verkeerds vind nie.
Psalm 17:3

Doen ’n paar eenvoudige dinge vir jou gesondheid:


 Eet reg en beoefen ’n sportsoort. Of beweeg ten minste net in die buitelug!
 Lag baie – jou liggaam stel dan endorfiene vry wat jou opbeur.
 Slaap genoeg.
 Drink baie water – ongeveer twee liter per dag.
 Strek baie – dit hou jou spiere soepel.
Renier Holtzhausen

Die boer wat die harde werk doen, behoort eerste ’n deel van die oes
239 te kry.
2 Timoteus 2:6

Pak die lewe met hierdie kampioenkos aan:


 Knoffel – natuurlike antibiotikum.
 Aarbeie – groot bron van vitamien C.
 Patats – propvol antioksidante wat veroudering teëwerk.
 Jogurt – vriendelike bakterieë: moedig goeie spysvertering aan.
 Appel – anti-inflammatories en werk sooibrand teë.
 Boontjies – droë bone stabiliseer gemoedskommelings.
 Eier – bevat vitamien C, wat nodig is om kleur te onderskei.
Annelien Nolte

Wees goedgesind teenoor alle mense. As dit moontlik is, sover dit van
240 julle afhang, leef in vrede met alle mense.
Romeine 12:17-18

Sê ’n slag vir iemand: “Kom ons gaan stap ’n entjie.” As ’n mens so saamloop, ervaar jy die
natuur – van jou eie liggaam af wat ontspan tot by die waarneming van ’n asemrowende
sonsondergang. Die saamloop word ’n ontlading van frustrasies en die herlaai van die bat-
terye. Daar is ’n wonderlike genesende terapie in ’n halfuur se saamstap. Beproef dit. Sê vir
iemand: “Kom ons gaan stap ’n entjie.”
Johan Smit

94

1001 Beloftes_NEW.indd 94 4/18/2006 11:07:26 AM


Gesondheid
Wie sy lewe vir homself wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe vir
241 My en die evangelie verloor, sal dit behou.
Markus 8:35

Die Here het aan jou goed gedoen en jou gesond gemaak! Aanvaar dit en begin met daar-
die wonderwete leef! Leef elke nuwe dag so goed as wat jy kan met die krag en entoesi-
asme tot jou beskikking en báie genade van Bo.
Soek weer en weer vreugde in die dinge wat jou altyd vreugde gegee het, máár soek
ook ander dinge. Droom nuwe drome en maak dit werk.
Op dié manier groei jy in insig en kan jy die siekte regtig as ’n wegspringplek gebruik
om met voller oorgawe te lewe en te groei!
Lana van Niekerk

Ek is uitgeput van verdriet, ek huil die hele nag deur, ek deurweek my


bed met trane.
242
Psalm 6:7

 Met geld kan jy kos koop, maar nie eetlus nie. Die siekte, stres of skuldgevoelens wat
dalk die oorsaak van jou swak eetlus is, kan nie met geld reggemaak word nie.
 Met geld kan jy medisyne koop, maar nie gesondheid nie. Selfs die beste dokters en
duurste medisyne kan nie jou gesondheid waarborg of jou gesondheid herstel nie.
 Met geld kan jy mense in diens neem, maar jy kan nie hulle respek koop nie. Ware
respek wat aanhou, word bepaal deur hoe jy teenoor ander mense optree.
Arne Garborg

Here my God, ek het na U geroep om hulp en U het my gesond ge-


243 maak.
Psalm 30:3

Ek dink ons moet baie meer rites in die kerk doen, want rites maak ons gesond. Ons word
gesond wanneer ons iets saam met medegelowiges vier en ook wanneer ons afskeid moet
neem van iets. Ek dink byvoorbeeld ons moet ’n egskeidingsrite in die kerk hê. Mense trou
in die kerk. Dis ongelukkig dat hulle later besluit om te skei, maar ek dink daar sal minder
pyn wees as hulle die skeiding in die kerk kom doen. ’n Afsluitingseremonie waar al twee
hulle hartseer bely, maar kans kry om die verhouding toe te maak en vorentoe te kyk.
Christina Landman

95

1001 Beloftes_NEW.indd 95 4/18/2006 11:07:26 AM


Gesprek met God
En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons
244 gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra.
1 Johannes 5:14

God wil jou hart hoor! Natuurlik weet Hy wat in jou lewe aangaan lank voordat jy dit vir
Hom vertel het. Maar Hy vra nogsteeds dat jy jou behoeftes met Hom moet deel. Jesus
nooi jou uit om alles in jou lewe daagliks met Hom te deel. Praat met Hom as jy wakker
word, wanneer jy gereed maak vir werk, as jy ry, aandete voorberei en voordat jy aan die
slaap raak. Om heeldag met jou Vader te praat is ’n wonderlike vreugde. Doen dit en geniet
dit!
Milanie Vosloo

Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit
245 al ontvang het, en dit sal vir julle so wees.
Markus 11:24

Ons Christene moet baie bid om ons roeping uit te voer.


 Ons moet bid vir oop deure in Moslemlande, maar ook in die Westerse wêreld waar alle
godsdienste afgesweer word.
 Ons moet bid vir finansies omdat fondse een van die grootste hindernisse in die
verkondiging van die evangelie aan die onbereiktes is.
 Ons moet bid vir meer werkers.
 Ons moet bid dat die kerk verantwoordelikheid sal neem om die evangelie te verkondig.
Bennie Mostert

As julle glo, sal julle alles ontvang wat julle in die gebed vra.
Matteus 21:22
246
 God luister nie na ons gebede omdat ons ernstig is nie, hoewel dit belangrik is.
 God luister nie na ons gebede omdat Hy in die verlede ons gebede beantwoord het
nie, maar dit gee ons vrymoedigheid omdat ons weet dat God gebede beantwoord.
 God antwoord nie ons gebede omdat ons so goed bid, lang ure bid of geestelik vol-
wasse is nie.
 God luister na ons gebede omdat Jesus Christus die losprys vir ons sonde aan die
kruis betaal het.
Bennie Mostert

96

1001 Beloftes_NEW.indd 96 4/18/2006 11:07:26 AM


Gewig
Die meisie was vir hom mooi en hy het van haar gehou. Hy het haar
247 dadelik die nodige skoonheidsbehandeling gegee en haar die regte
dieet laat volg.
Ester 2:9

Niks laat ons vroue vinniger in ons dop kruip as wanneer jy deur jou lyf verraai voel nie. Dis
die skrales wat aandag trek. Sodra die omvang van jou lyf net effens uit proporsie met jou
lengte lyk, tree ’n bose proses in werking. Ons kyk met afkeur na ons molligheid. Onsin!
Kyk na jou lyf. Wees lief daarvoor en waardeer dit. Weet dat die Heilige Gees ín jou jou Gas
en Gasheer is. Of jy eet of drink, of wat ook al doen, doen dit tot sy eer en sáám met Hom.
Judy Venter

Moenie sy lekker kos begeer nie; dit kan jou duur te staan kom.
Spreuke 23:3
248
Wenke:
 Moenie inkopies doen as jy honger is nie.
 Beplan vanaand vir môre.
 Leer om op ’n bedagsame manier nee te sê – vir kos.
 Bly vir ’n paar uur sonder kos sodat jy weer kan voel hoe dit is om honger te wees.
 Koop reg, eet reg.
 Lees na oor ’n interessante onderwerp of begin ’n nuwe stokperdjie.
 Moenie jouself gedurig weeg nie.
 Dink aan ’n paar kilojoulevrye maniere om jouself te bederf.
Venessa Schoeman

Alles wat God gemaak het, is immers goed.


1 Timoteus 4:4
249
Iemand het eenkeer gesê ’n mens se ware skoonheid lê in wie hy of sy is en nie wat hy of
sy doen nie. Dit gaan nie oor hoe jy lyk nie. Kyk verby wat jy in die spieël sien en sien die
mens raak wat jy is. Die beste manier om na jouself te kyk, is deur God se oë. Vir Hom is jy
spesiaal en mooi net soos jy is. Kyk na jouself deur die oë van die Here wat jou geskep het.
Lorette Dye

97

1001 Beloftes_NEW.indd 97 4/18/2006 11:07:26 AM


God se lig
Ons het onberispelik opgetree, met begrip, met verdraagsaamheid en
250 vriendelikheid. Dit alles het ons gedoen deur die Heilige Gees, deur
opregte liefde ...
2 Korintiërs 6:6

Só lyk ’n Godsvrou:
 nederig en sagmoedig;  lief vir almal;
 sag en verstaan maklik;  maak haar hart vir mense oop;
 oorlaai almal met liefde en begrip;  help almal wat moeg en gedaan is; en
 vergewe as ander sê hulle is jammer;  sê mooi dinge van ander.
Nina Smit

Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid.


Kolossense 1:27
251
In België stap twee korttermynuitreikers by ’n winkel in. Die eienares sê: “Julle was van-
oggend ook hier.” Die twee verbaasde spanlede antwoord ontkennend, waarop die vrou
sê: “Julle het dieselfde lig in julle oë as die mense wat vanoggend hier was.”
Wat onthou mense van jou? Jou mooi rok? Jou vinnige humeur? ’n Skynsel van die
Here se lig? Laat die Here vandag uitsteek.
Drienie Lombard

Julle, daarenteen, is ’n uitverkore volk, ’n koninklike priesterdom, ’n


252 nasie wat vir God afgesonder is ...
1 Petrus 2:9

God is die Koning van die wêreld. Sy Seun, Jesus, is ook ’n Koning – die Koning van vrede.
As jy in Jesus glo, gee Hy jou die reg om God se kind te wees. Dit beteken jy is ’n
Koningskind!
Kinders erf goed by hulle ouers. God het ons name in sy testament geskryf omdat ons
in Christus glo. Ons gaan eendag ’n plek in God se nuwe wêreld kry.
Jy kry dalk swaar hier op aarde, maar eendag gaan jy by Hom bly. Omdat jy ’n Konings-
kind is, gaan jy eendag die hemel erf!

Nina Smit

98

1001 Beloftes_NEW.indd 98 4/18/2006 11:07:26 AM


Godsbeeld
Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en om ons ontwil
253 sy lewe as offergawe gegee het, ja, ’n offer wat vir God aanneemlik
was.
Efesiërs 5:2

Ek sit langs ’n Hollandse seuntjie in die vliegtuig. Ek en hy maak maats. Ek skryf vir hom
Afrikaanse woorde op die vliegtuig se opgooisakkie. Hy lees, eers sonder begrip en dan
gaan die lig skielik op wanneer hy verstaan. Hy sing vir my van sy liedjies. Dit word die
vermaaklikste en verrykendste vlug denkbaar. Die vlug het my ’n ding geleer: Ek kan my
dae impakloos by my laat verbygaan of ek kan, oop vir nuwe ontdekkings, toelaat dat hulle
my, soos die Hollandertjie, verras. En dalk wil ek dan uitgelate skree: “Hey, ik zit langes een
onbegrijplik begrijpbare God!”
Annalise Wiid

Die gebed van ’n gelowige het ’n kragtige uitwerking.


Jakobus 5:16
254
God is beter as enige ouer. Jy het ’n private lyn direk na Hom toe, waar Hy ook al mag
besig wees. Hy hoor elke keer as jy praat. Daarom mag jy jou hartseer by Hom uitsnik en
rustig raak, jou nood uitgil en sien hoe Hy jou lewe bestuur. Jy mag jou vreugde uitjubel en
sy warmte beleef, jou pyn in woorde omsit en weet Hy is naby jou en Hy verstaan. Begin
neerskryf wat jy vra en hoekom jy dit van Hom vra. Los ’n spasie om later te kan skryf hoe
Hy geantwoord het, want antwoord sál Hy.
Jannie le Roux

Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy
255 is Myne. As jy deur water moet gaan, is Ek by jou ... omdat Ek jou hoog
ag en jou liefhet ...
Jesaja 43: 1-2, 4

Dis fantasties dat God deur sy Gees altyd by jou is. Die Heilige Gees verander dinge in ’n
vergadering, maatskappy of verhouding omdat Hy jou kontakpunt met die lewende God
self is. Daarom is dit belangrik dat jy jou op God instel, sodat jy in enige atmosfeer God se
beeld sal wees. Dis nie altyd maklik nie, want ander mense, ander omstandighede, ander
dinge, maak partykeer dat jy wegkyk van God en Hom nie so goed verteenwoordig nie.
Tog is daar nog altyd ’n stuk genade omdat God deur die Heilige Gees in jou is.
Jannie le Roux

99

1001 Beloftes_NEW.indd 99 4/18/2006 11:07:26 AM


Godspieël
Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel.
Matteus 5:12
256
 Dit gaan nie eendag saak maak wie jy geken het nie ... maar wel watter opregte verskil
jy aan ander se lewens gemaak het.
 Dit gaan nie eendag saak maak of jy goed was vir ander nie ... maar of jou motiewe
daaragter suiwer en opreg was.
 Dit gaan nie eendag saak maak wat ander van jou dink nie ... maar wel wat God van
jou gedink het.
Milanie Vosloo

Ek het gesien dat daar niks beter is nie as dat die mens vreugde vind in
257 sy werk ...
Prediker 3:22

Terwyl ek ’n blommetjiesbloes probeer stryk, stuur ek ’n skietgebed op: “Here, stryk U ook
klere?”
God se vingers streel inderdaad oor my lewensbloes. Versigtig vou Hy die strykdoek
van begrip oop oor my opgefrommelde lewe. Die stoom van sy liefde sproei druppeltjies
deernis oor my brose blommetjiesbloes. En terwyl sy tere strykershande besig is, hoor ek
die liedjie in sy hart: “Al beland jy ook duisend maal op hierdie strykplank, al stryk Ek ook
’n duisend keer ... Mensebloes, jy bly my blommetjie-mensekind.” Elke kreukeltjie, elke
foutjie, elke mislukking stryk God kunstig glad terwyl ek my lewe voor Hom oopsprei in
gebed.
Dinelle Faul

Maar wat eers vir my ’n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter
258 wille van Christus ... want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref
alles in waarde.
Filippense 3:7-8

Ons krag lê in ons Leier, Jesus Christus! Hy belowe dat ons in Hom krag sal kry om alles te
kan hanteer en as wenners te lewe. Hy is altyd daar om ons te troos, sterk te maak, te dra
en lief te hê: in lewe en dood ... in droogte en vloed ... in armoede en vrede ... in siekte en
gesondheid ... in werkloosheid en hooploosheid.
Ampie Barnard

100

1001 Beloftes_NEW.indd 100 4/18/2006 11:07:26 AM


Groeigeleenthede
... maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met
259 arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak
nie afgemat nie.
Jesaja 40:31

Daar is baie mense in die Bybel wat moedeloos was, maar vir wie die Here sterk gemaak
het met nuwe krag sodat hulle “met arendsvlerke kon vlieg”. Jy as Christen hoef nóóit
moed te verloor nie, al gaan dit nie elke dag ewe goed met jou nie. Wat jy wel kan doen,
is om aan hierdie belofte in Jesaja vas te hou. Begin vandag jou kant bring deur ander te
bemoedig en jou geloof elke dag positief uit te leef. Die Here maak jou voete lig en jou hart
vol vreugde.
Nina Smit

Die Here gaan voor julle uit, die God van Israel kom agter julle aan.
Jesaja 52:12
260
As ek teen ’n bult uitdraf, en ek kyk na die bopunt daarvan en na die lang stuk pad wat ek
nog moet hardloop, sak my moed in my skoene. Maar as ek net vinnig na die bopunt van
die bult kyk en verder hier voor my kyk en my net besig hou met dit waarvoor ek nou kans
sien, kom ek makliker die hoogte uit. Om klein stukkies af te handel laat my iets van God
se teenwoordigheid beleef. Dit werk ook maar dieselfde met jou uitdagings van elke dag.
As jy dit stukkie vir stukkie doen, ontdek jy bietjie vir bietjie God se oorvloed genade.
Jannie le Roux

Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek.


Psalm 62:6
261
Moenie so kwaai wees met jouself nie. Onthou:
 Enigeen kan ’n fout maak.
 ’n Fout is nie die einde van die wêreld nie.
 ’n Fout is tydelik, dit gebeur en dis verby.
 ’n Fout het groot waarde; ’n mens kan daaruit leer.
 ’n Fout is ’n geleentheid om te groei.
 Moenie soos die donkie wees wat sy kop aanhoudend teen dieselfde klip stamp nie.
Leer uit jou foute en doen dit volgende keer anders.
Vic en Thea Brink

101

1001 Beloftes_NEW.indd 101 4/18/2006 11:07:26 AM


Hartseer
Die Here is naby die gebrokenes.
Psalm 34:19
262
Hartseer help jou om jou verlies te verwerk. As jy dit ontken, sluit jy dit net dieper weg en
kom dit later op ander maniere te voorskyn wat emosioneel baie skade kan aanrig.
Identifiseer die oorsaak van jou hartseer. Moenie oorgee aan gevoelens van selfbe-
jammering nie – gaan gesels liewer met iemand of doen iets positiefs. As jy hartseer voel
omdat jy iets verloor het, huil goed en huil klaar. Maar as jy chronies hartseer is, gaan
spreek ’n dokter. Gesels ook met die Here oor jou hartverskeurende pyn en laat sy Woord
jou troos. Die Bybel heel stukkende harte.
Jannie le Roux

Laat my elke môre u liefde ondervind, want in U stel ek my vertroue.


Psalm 143:8
263
Luister na God se hart in jou eie hart. God wil net sy hande om jou skouers vou en jou ’n
drukkie gee ... en dit doen Hy deur jou vriende en geliefdes wat jou so graag wil help. Laat
hulle toe om God se hande in jou lewe te wees, laat hulle trane jou seer wegwas en hulle
sagte woorde genesing bring.
Moet nooit ophou hoop nie, want hoop is die koord wat jou met die toekoms verbind.
Hoop is die nuwe dag wanneer jy weer sal jubel.
Johan Smit

Ek het my moeg geroep om hulp, my keel is hees geroep, selfs my oë


264 het ingegee soos ek vir my God gewag het.
Psalm 69:4

Die gebrokenheid wat ons beleef as gevolg van sterftonele, gestremdhede en ellende
rondom ons, is deur die sondeval veroorsaak. Die Bybel leer ons praat oor die groot heel-
maakproses wat God aan die gang gesit het. Dis die vreugde wat ons deur pyn ontdek.
Om te lewe en te bly lewe het ’n pynlike saak geword. Die hele skepping is met die
sondevirus besmet. Tot by die wederkoms van die Here sal ons huil; daarná sal dinge
verander. Pyn is nie vir altyd nie. God se genade wel.
En as die “kort rukkie” dalk lewenslank duur? Ook dan is dit nog kort in vergelyking met
’n ewige heerlikheid. Die dag as Hy op die wolke kom, sal alles nuut word.
Johan Smit

102

1001 Beloftes_NEW.indd 102 4/18/2006 11:07:26 AM


Hartsvreugde
Die vrug van die Gees, daarteenoor, is ... vreugde ...
Galasiërs 5:22
265
Party mense is meer opgewek as ander. Jy ken sulke mense. Hulle loop altyd met ’n breë
glimlag op die gesig en dit lyk of die lewe vir hulle een groot lekkerte is. Dis lekker om by
sulke mense te wees. Dit sou lekker gewees het as ons almal so kon gewees het. Maar nou
het die Here ons nie almal dieselfde gemaak nie. Maar jy kán bly en moedig wees omdat
God se Gees binne-in jou woon en Hy jou vul met die Here se vreugde. Vra die Gees om
hierdie vreugde in oorvloed in jou lewe te gee. Só dat die hele wêreld kan sien dat jy sy
vrug dra en jou lewe ’n wonderlike getuienis tot eer van die Here kan wees.
Hannes Burger

Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!
Psalm 100:2
266
Dankbaarheid en blydskap is karperde. Waar ’n mens die een kry, is die ander een ge-
woonlik ook. Wanneer jy dankbaar lewe, as jy elkeen van jou voorregte en seëninge regtig
beleef en vir God daarvoor dankie sê, borrel die blydskap oor God se goedheid sommer
vanself oor. Dan loof en sing jy vir dié God wie se genade so groot in jou lewe is.
Christene behoort juis mense te wees wat met blydskap en dankbaarheid leef, omdat
hulle weet dat alles wat hulle het en is, van God af kom.
Nina Smit

Alles kom tog van U af en ons gee aan U wat ons van U gekry het.
1 Kronieke 29:14
267
As jy sukkel om die lekker dinge in jou eie lewe raak te sien, is dit dalk tyd om pen en
papier nader te trek ...
Gaan sit met ’n pen en boek op ’n stil, rustige plek. Dink aan vyf dinge waarvoor jy
dankbaar is. Laat jou gedagtes net vloei. Skryf alles neer. Brei nou uit op elke gedagte.
Hoekom is jy dankbaar daarvoor? Dink nou aan die mense om jou. Skryf iemand se naam
neer en dink wat jy vandag vir hierdie een kan doen wat hom of haar regtig gelukkig kan
maak. Doen dit elke dag en sit nuwe dinge by waarvoor jy dankbaar is. As jy dan ’n slegte
dag het, blaai deur jou dagboek en herinner jou aan alles wat goed is in jou lewe.
Anita van Niekerk

103

1001 Beloftes_NEW.indd 103 4/18/2006 11:07:26 AM


Hartsvriende
Moenie vir iemand sê: “Gaan eers terug en kom môre weer, dan help
268 ek jou,” as jy nou reeds kan help nie.
Spreuke 3:28

Om ’n vriend te wees beteken:


 Vriende vergewe en vergeet mekaar se foute.
 Hulle help mekaar en hou mekaar op die regte pad.
 Vriende bid vir mekaar.
 Vriende stel mekaar se belange eerste.
 Ons vriendskap met God en met mekaar vra dat ons mekaar moet liefhê. Liefde is nie
net mooi woorde nie, maar word ook met dade bevestig.
Elsje Büchner

Moenie ’n weldaad weerhou van iemand aan wie dit toekom, terwyl dit
269 in jou mag is om dit te bewys nie.
Spreuke 3:27

Eienskappe van ’n ware vriendin:


 is daar vir jou sonder om haar (goedbedoelde) raad op jou af te dwing.
 loop oor van empatie. So ontstaan daar begrip en deernis.
 is prakties en doen wat gedoen moet word om te help. As jou koskaste leeg is, doen sy
inkopies. As daar ’n noodgeval is, gaan laai sy jou kinders by die skool op.
 bly self positief en besef teëspoed is deel van die lewe se leerproses.
Elsabe Aldrich

Die wysheid, waar kom dit vandaan? Waar is die woonplek van die
270 insig? Net God weet hoe die pad daarheen loop, net Hy ken die woon-
plek van die wysheid.
Job 28:20, 23

Dankie vir jou wysheid. Dat jy gewillig buig onder die beheer van die Heilige Gees. Dankie
dat jy soos Jesus dink, praat en leef. Dat jou liefde vir God veroorsaak dat jy ander dien en
die goeie najaag. Ook dat jy altyd help, ander bemoedig, jou woorde met fyn oorleg kies
en versigtig is om kwaad te word. Dankie vir jou lewensleuse: God se eer eerste deur vrede
te lééf. Dankie dat ek in jou lewe iemand kan sien wat baie naby aan haar Vader leef!
Judy Venter

104

1001 Beloftes_NEW.indd 104 4/18/2006 11:07:26 AM


Hart vol seer
U het aan ons trane vir kos gegee en ons ’n beker vol verdriet laat
271 drink. Almagtige God, laat dit weer met ons goed gaan, verskyn tog tot
ons redding!
Psalm 80:6, 8

Christenwees is nie ’n toestand nie, dis ’n reis. Wanneer jy ’n volgeling van Jesus word, be-
gin jy met ’n lewenslange proses – om soos Hy te word. Daar is sekere dinge wat ons net
deur pyn en hartseer kan leer. Die Bybel sê pyn en hartseer is ’n louteringsproses om ons
geloof sterk en suiwer te maak. Ons pyn en hartseer wys vir ons die dele van ons lewe wat
nog nie reg is nie, die dele waaraan God nog moet werk. Pyn en hartseer sal nooit uit ons
lewe verdwyn nie. Maar die Here is saam met ons daarin. En Hy sal ons daardéúr bring.
Vic en Thea Brink

Hy genees die gebrokenes van hart en verbind hulle wonde.


Psalm 147:3
272
Omdat seer herinneringe in jou onderbewuste is, moet jy gelei word om dit te herontdek.
Die volgende tekens kan ’n aanduiding daarvan wees:
 Ontstellende drome of beelde wat onverwags in jou gedagtes opkom.
 Vrees vir seerkry en die wegbly van persoonlike verhoudings.
 Jy ervaar vernederings en verleenthede as verskriklik.
 Bitterheid, haat- en wraakgedagtes, wat dikwels kan lei tot skuldgevoel en depressie.
Dis noodsaaklik om hierdie gevoelens te herken sodat jy gesond kan word! Soek hulp,
maak oop en word heel!
Ampie Barnard

Die swaar wat ons moes verduur, het ver bo ons kragte gegaan ... Maar
273 dit het gebeur dat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God.
2 Korintiërs 1:8-9

Die Here sal net die beste vir ons doen. Wat ook al met ons gebeur, dit is vir ons die beste.
Selfs al lyk dit in die middel van die gebeurtenis nie so nie! God is altyd besig om met ons
te werk. Sy doel is dat ons soos Jesus moet word. Ons moet geestelik volwasse word.
Maar ons is hardkoppig. Die enigste manier waarop ons leer, is deur swaarkry. Dis dan dat
ons besef ons het die Here nodig, dat ons na Hom toe gaan vir hulp. Swaarkry leer ons om
vas te byt, en dit help ons weer om te groei.
Vic en Thea Brink

105

1001 Beloftes_NEW.indd 105 4/18/2006 11:07:26 AM


Hemel
Die stad het die heerlikheid van God ...
Openbaring 21:11
274
Daar is die storie van die oom en tannie wat baie gesond geleef het en eers op die ouder-
dom van 130 jaar gesterf het. Toe hulle in die hemel kom, vind hulle dat dit ’n wonderlike
plek is. “Dis alles jou skuld,” sê die oom vir die tannie. “As jy nie vir ons sulke gesonde kos
gekook het nie, kon ons lankal in hierdie wonderlike plek gewees het.” Dit illustreer die iro-
nie van wat ons glo: Ons glo dat die hemel ’n wonderlike plek is, maar niemand is haastig
om daar te kom nie.
Hennie Stander

Die hemel, selfs die hoogste hemel, kan U nie bevat nie.
1 Konings 8:27
275
God is in die hemel. Maar nee, Hy is ook nie net in die hemel nie, soos die teksvers sê.
Die hemel is baie meer as net ’n geografiese area. Dit is daardie plek waar ons in God se
teenwoordigheid is, ’n uiters spesiale plek.
’n Dogtertjie en haar pappa stap eendag op die strand. Daar was die mooiste sonson-
dergang. Toe sê sy: “Pappa, as dit hier op aarde aan die verkeerde kant van die hemel so
mooi is, dan moet dit darem seker vreeslik mooi wees in die hemel self.” Sy het iets gesnap
van wat die Bybel ons oor die hemel wil leer.
Hennie Stander

God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het,
276 sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe
sal hê.
Johannes 3:17

Baie mense wonder of ’n mens seker kan wees dat jy hemel toe sal gaan. Die enigste toets
wat God gebruik om te bepaal of ons sy koninkryk mag ingaan, is of ons glo dat Jesus ons
Redder is. Maar ons geloof in Jesus moet darem ook in ons dade sigbaar word.
Op die ou einde moet ons egter erken dat niks wat ons doen, ons regtig in die hemel
kan kry nie. God aanvaar my op grond van sy groot genade en liefde, en as ek my op
Jesus beroep, kan ek inderdaad met sekerheid weet dat ek hemel toe sal gaan.
Hennie Stander

106

1001 Beloftes_NEW.indd 106 4/18/2006 11:07:26 AM


Herinneringe
Elke keer as ek bid, dink ek aan jou en dank ek my God omdat ek hoor
277 van die liefde en trou wat jy aan die Here Jesus en al die gelowiges
bewys.
Filemon vers 4

Ek wonder of jy ook soms as jy op ’n alleen-aand in die vonkereën van ’n kaggelvuur staar


of verdwaal in die dieprooi rypheid van ’n glasie wyn met ’n warmte in jou hart terugdink
aan die mooi oomblikke wat ons met mekaar gedeel het. En ek wonder of jy in sulke
oomblikke, soos ek, ’n sagte dankie in jou hart hoor fluister en dit voel groei en groei. Tot
dit ’n hartlied, ’n vreugdelied, ’n loflied word vir Hom wat ons paaie laat kruis het.
Floris Knouwds

In die begin het God die hemel en die aarde geskep.


Genesis 1:1
278
Toe die drie ruimtereisigers in Apollo 3 op Kersdag 1968 om die maan gedraai het, het
hulle teruggekom aarde toe. Skielik het die blou en groen planeet van die aarde glinste-
rend in die lig van die son teen die pikswart leegte van die ruimte opgekom. Terwyl biljoene
mense die stem uit die buitenste ruimte gehoor het, het een van die ruimtereisigers net
hierdie paar woorde gelees: “In die begin het God geskep ... ” Dit was die enigste woorde
waarmee hulle kon vertel van ’n onvergeetlike oomblik in die geskiedenis en in hulle eie
lewe – ’n besef van die ewige, van die Skeppergod.
Rassie van Niekerk

Soos die berge Jerusalem aan alle kante beskerm, so beskerm die
279 Here sy volk, nou en vir altyd.
Psalm 125:2

Ek dink weer vandag aan die ongeluk, jare gelede, waarin ons Jaco dood is. Ek verlang
steeds na hom. Ek ry eendag die berg in saam met my beste vriendin. Soos die berge van
weerskante af nader staan en toemaak oor ons, voel dit vir my ek ry al hoe dieper in God
se arms in. Daar onder in die kloof kry ek onverwags ’n takkie oop, geel rosies – dieselfde
waarvoor Jaco lief was. Dié triestige geelrosie-dag is tegelykertyd hartseer en bly.
Annalise Wiid

107

1001 Beloftes_NEW.indd 107 4/18/2006 11:07:26 AM


Hoop
Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en
280 vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van
die Heilige Gees!
Romeine 15:13

Anderdag hoor ek die Afrikaanse naam vir ’n yesterday, today and tomorrow is ’n verbleikbos.
Later praat iemand met my oor hoop. Lank ná ons gesprek het ek steeds onrustig bly
wonder: Wat is hoop regtig? Ken ek die donkerpers weergawe of net die vaalwit een?
Verbleikbos? Nee, ek maak my eie woord en kies om dit ’n hoopstruik te noem. Want sy
Engelse naam laat my dink aan Jesus wat gister, vandag en môre en altyd dieselfde is. Dis
net ons pad wat so op en af gaan wat maak dat dinge soms vaalwit eerder as vrolikpers voel.
Annalise Wiid

Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy
281 doen wat Hy beloof het.
Hebreërs 10:23

Dinge lyk soms maar donker. Bly net hoop. Hoop met ’n doel, naamlik dat sy koninkryk
deur my en jou lewe sal kom. Dat sy Naam in dit wat ons dink en doen, geheilig sal word.
Ons mag nie ophou hoop nie. Hoop is ’n geloofsbelydenis. Dis die geskenkpapier
waarin God se toekoms vir my verpak is. Ek hoop op God, by Hom verwag ek iets. En ek
weet dat die pakkie wat Hy uiteindelik vir my gaan gee, in die hemel opgemaak is.
Johan Smit

Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en
282 vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van
die Heilige Gees!
Romeine 15:13

Hoop. Dis ’n woord wat ons vorentoe laat beur. En ons, God se kinders, het hoop! Ja, ons
sien nog niks van dit waarop ons hoop nie, maar ons voel die krag van God in ons lewe
deur sy Heilige Gees wat in ons woon en ons hoop versterk.
Wat hoop ons? Ja, ons hoop wel op ’n beter môre, beter omstandighede en die heel-
word van ons hart en liggaam. Maar die beste deel van ons hoop is dat ons hoop op die
koms van die Koning en die nuutmaak van alles wat gebreek het. Alles nuut!
Johan Smit

108

1001 Beloftes_NEW.indd 108 4/18/2006 11:07:26 AM


Hoopvol
Hoor tog my hulpgeroep, o God, slaan tog ag op my gebed.
Psalm 61:2
283
As dit vir jou voel God luister nie na jou of wil nie met jou praat nie, kan jy die volgende
luisterwenke toepas:
LUISTER ...
 want Hy praat deur ander mense, die natuur, preke, visioene en drome met jou.
 want wanneer dit stil is rondom jou, sal jy God se antwoord kan hoor. Hoe intiemer jou
verhouding met Hom is, hoe duideliker hoor jy sy sagte stem binne-in jou.
 want as jy sy stem hoor, moet jy gehoorsaam wees, al is dit nie altyd die antwoord wat
jy wou gehad het nie.
Anita van Niekerk

Die Here is naby. Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles
julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God
284
bekend.
Filippense 4:5-6
Dat jy hoop, hoef jy nie luidkeels te verkondig nie. Mense sal dit weet op grond van jou
lewenstyl. Mense wat hoop, het ’n manier van lewe wat net raakgesien moet word. Daar is
’n vastigheid in hulle lewenstred. Hulle is nie paniekerig nie. Of klaerig of foutvinderig en
voortdurend in konflik met ander mense nie. Want as ’n mens van jou toekoms seker is
en met opgewonde verwagting daarna uitsien, is jy ’n gelukkige mens. Jy leef in God se
teenwoordigheid en jy is onderweg na ’n ewige heerlikheid.
Johan Smit

Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en
285 vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van
die Heilige Gees!
Romeine 15:13
Almal wat in God glo, het ’n bron van standhoudende hoop. Hierdie hoop vervul ons
met alle vrede en vreugde juis omdat ons glo. En dit maak dat ons hoop al hoe sterker
word deur die krag wat van die Heilige Gees kom. Die Drie-enige God in wie ons glo, pas
volmaak in die raam van hoop. Hy is die Skeppergod wat die wêreld gemaak het en elke
dag in stand hou. Hoop is egter ook ’n Persoon, Jesus Christus, wat vir ons skuld kom
betaal het. En die Heilige Gees is die Wind wat die klein vlammetjie van hoop in ons harte
aanblaas.
Nina Smit

109

1001 Beloftes_NEW.indd 109 4/18/2006 11:07:26 AM


Huil
Die Here (gee) vir jou rus van jou lyding en jou verdrukking ...
Jesaja 14:3
286
Jy mag maar jou gevoelens vir God wys. Wanneer jy jou trane en hartseer in gebed aan
Hom openbaar, sal jy op ’n stadium die gevoel kry dat Hy sy arm om jou skouers sit en self
hartseer word weens sy jammerte vir jou. Dit sal jou die krag gee om jou hartseer met an-
der te deel sonder om daardeur bedreig te voel. Vra die Heilige Gees om jou te help, want
Hy weet hoe om jou gevoelens aan God te beskryf. Vra sommer vir die Gees om jou in jou
binneste ook God se hartklop te laat voel.
Jannie le Roux

Dit verseker Ek julle: Julle sal huil en treur, maar die wêreld sal bly
287 wees. Julle sal bedroef word, maar julle droefheid sal in blydskap
verander.
Johannes 16:20

Trane en treur is menslik, maar ook goed. Dis normaal, noodsaaklik en selfs christelik. Trane
is die taal van jou siel en vorm ’n helende rivier waar opgedamde pyn die geleentheid kry
om uit jou emosionele stelsel te vloei. Voor God mag ’n mens sê hoe jy diep binne-in voel.
Hy verstaan as jy nie meer verstaan nie en eerlik sê dat jy gebroke, eensaam, verpletter
of in donker dieptes van twyfel en wanhoop is. Jy mag maar net voor God huil en met die
brokstukke van jou lewe of huwelik na Hom toe gaan. Hy verstaan jou huilende gebede.
Rassie van Niekerk

Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit
288 loop vir ons uit op ’n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig
bly ...
2 Korintiërs 4:17

As die lewe jou behoorlik verniel het, moenie gaan lê nie. Kyk jou pynlike omstandighede
in die oë – al verblind die trane ’n duidelike beeld van die saak. Laat jouself toe om al jou
emosies te beleef. Huil, vra vrae, praat daaroor, bid daaroor. Moet dit nie ignoreer nie.
Jy mag maar vóél. Deel jou seer met mense naby jou. Dit is daardie opregte omgee van
iemand wat God se arms van troos voelbaar maak. Dans die lewe weer tegemoet! Dis dalk
’n hartseerwals, maar ten minste kan jy ligvoets daaroor begin beweeg om dalk uiteindelik
’n nuwe passie aan te leer.
Elsje Büchner

110

1001 Beloftes_NEW.indd 110 4/18/2006 11:07:26 AM


Huis
Doen julle werk met lus, soos vir die Here en nie vir mense nie.
Efesiërs 6:7
289
Die moderne vrou het soveel dinge wat sy moet doen dat sy reeds doodmoeg is teen die
tyd dat sy saans tuis kom. En tog is een van die belangrikste take wat God aan ’n vrou gee
om ’n tuiste te skep waar die mense wat sy liefhet, gelukkig saam kan wees.
Skep ’n plek waar elkeen van jou gesinslede tot hulle reg kan kom, ’n plek waar hulle
kan staatmaak op jou liefde as ma. Dis vir seker ’n moeilike opdrag vir elke vrou – en een
wat jy net sal kan uitvoer as jy dit sáám met God aanpak.
Nina Smit

Sy moet bekend wees om haar goeie dade, naamlik dat sy haar kinders
290 goed opgevoed het ... en goed gedoen het waar sy kon.
1 Timoteus 5:10

Esmé Mittner skryf dat sy haar dogtertjie eenmaal aan ’n maatjie hoor vertel het: “My ma
werk haar byna morsdood ... Sy ry heeldag agter goed aan en jong, sy maak kos en sy lei
die tuin nat en sy raas met ons, maar sy willie die swembad skoonmaak nie.”
“En jou pa dan?” vra die maatjie.
“My pa doen niks. Behalwe, hy maak partykeer die swembad skoon. Hy klim net elke
oggend in sy kar en ry dan die bult af en in die middag ry hy weer terug. Dis al.”
Salomé Combrink

Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien, wat al sy vreugde vind in
291 die gebooie van die Here. Sy nageslag is ’n sterk krag in die land, die
geslag van die opregte word geseën: daar is oorvloed en rykdom in sy
huis. Wat hy doen is reg en blywend.
Psalm 112:1-4

Sorg dat die liefde so volop sal wees in jou huis dat almal wat daar kom, dit sal aanvoel.
Gaan leer maar by die Spreukevrou – sy het ál haar baie dagtake gedoen en dit steeds
reggekry om met wysheid te praat en met liefde leiding te gee. Sy was ’n vrou wat gelag
het oor die dag wat kom. Leer by haar deur jou emosionele ondersteuning en liefde aan
elkeen van jou huismense te gee. Sorg ook dat daar ’n atmosfeer van kalmte in jou huis is
en maak seker dat jou kinders en man rustig is en voel dat jy hulle liefhet.
Nina Smit

111

1001 Beloftes_NEW.indd 111 4/18/2006 11:07:26 AM


Humor
Blydskap laat ’n mens se gesig straal; smart maak ’n mens terneerge-
292 druk.
Spreuke 15:13

’n Goeie humorsin is nodig om jou te help om moeilike en pynlike situasies te hanteer. Daar
is niks so afbrekend soos ’n neerdrukkende atmosfeer nie. Spreuke 15:15 sê dat dit altyd
sleg gaan met ’n bedrukte mens, maar die persoon wat lag, se hele lewe is ’n fees.
Humor help om spanning en frustrasie te verlig en positiewe emosies na vore te bring.
Positiewe emosies stel endorfien en ensefalien vry, wat ons die gevoel van ontspanning en
vrolikheid gee. Arnold H Glasgow het gesê: “Lag is ’n kalmeermiddel sonder newe-effekte.”
Rodney Seale

Stralende oë bring blydskap, goeie tyding verkwik ’n mens.


Spreuke 15:30
293
 H = Haal ordentlik asem tot in die onderste holtetjies van jou longe en buik.
 U = Uitbundige lag: Gee jouself volledig oor aan die oomblik en vergeet van jou beeld.
 M = Merk dinge op wat vir jou vreugde gee.
 O = Ontspan deur gereeld na ’n goeie komedie te kyk. Dit laat jou heerlik slaap.
 R = Ruil elke dag ’n goeie grappie of ’n humoristiese storie met iemand anders uit.
Om te lag is ’n Goddelike seën, en dit laat jou iets van die warmte en nabyheid van God
ervaar.
Jannie le Roux

’n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop.


Spreuke 16:9
294
Ek hoor gisteraand van ’n oom in die ouetehuis wat vreeslik gekla het dat daar te veel
mense doodgaan. Hy klim in die hysbak saam met ’n paar senior tannies en sit sy tirade
voort.
“Ja,” beduie hy wild, “wie van ons is volgende? ’n Mens is ook nie jou lewe seker in
hierdie plek nie.”
Een tannie sien hom toe gou reg: “Waarvoor het jy gedink is ons hier? Om gebore te
word?”
Jannie le Roux

112

1001 Beloftes_NEW.indd 112 4/18/2006 11:07:26 AM


Humorsin
Wat het die mens nou eintlik aan alles waarmee hy hom met soveel
295 sorg en ywer ... besig hou? Elke dag bring vir hom pyn en elke
onderneming ergernis, selfs snags kom hy nie tot rus nie ...
Prediker 2:22-23

Lag bring lewe: Dit maak jou huis ’n lekker plek en vrolik almal rondom jou op. Lag is
medisyne: Dit sit biochemiese prosesse in jou liggaam aan die gang wat jou beter laat
voel. Lag maak jou kalm: Dit laat jou dieper asemhaal, meer suurstof kry en verbeter jou
bloedvloei. Lag is lekker: Dit laat jou beter voel oor jouself, jou geliefdes én die lewe met
al sy probleme. Lag hou jou gesond: Dit verlig spier- en senuspanning en gee jou nuwe
moed om probleme aan te pak.
Nina Smit

Mag Hy u gee wat u hart begeer en al u voornemens laat geluk.


Psalm 20:5
296
In die Bybel ontdek ’n mens iets verrassends: Die Here is ’n vriendelike God. Hy kyk nie
met kwaai oë na ons nie, en Hy is ook nie onbelangstellend en onbetrokke by die wêreld
nie. Hy stel baie in ons belang omdat ons vir Hom belangrik is. God kyk met humor na ons.
Hy móét, anders sou Hy dit nooit met ons kon uithou nie. En ons moet ook so maak. Want
as ons nie met humor na onsself en na mekaar kyk nie, sal die pad te steil word.
Jaco Thom

Ek wil nog verder praat oor die krokodil, oor sy krag en sy liggaams-
297 bou. Wie kan sy bek oopmaak? Wie kan met ’n toom naby sy tande
kom? As hy nies, spat die vonke, sy oë is so rooi soos die daeraad.
Job 41:3, 9

Die Bybel is vol gebeure wat ’n mens op geen ander manier kan verklaar nie as dat God
met deernis en humor na ons kyk. In Handelinge 12 kry ons een van dié wonderlike
juweeltjies. Herodes probeer alles in sy vermoë om Petrus veilig op te sluit. Maar as God
ingryp, bly die wagte slaap, val die boeie van Petrus se hande af en swaai die tronkdeure
vanself oop. Maar nou die humor: As Petrus verlig én benoud by sy vriende se deur kom,
kan hy nie in nie, want hulle maak nie oop nie. Herodes se slotte kon hom nie keer nie,
maar sy vriende s’n wel.
Jaco Thom

113

1001 Beloftes_NEW.indd 113 4/18/2006 11:07:26 AM


Huwelik
U is mooier as alle mense; oor u lippe vloei net vriendelike woorde,
298 want u hele lewe lank seën God u.
Psalm 45:3

Dis Valentynsdag – daardie tyd van die jaar wat my kop teen honderd myl ’n uur werk om
te probeer dink wat ek kan doen om vir die liefde van my lewe te wys hoe lief ek hom het,
hoe belangrik hy vir my is, hoeveel ek omgee. Ek sien weer hoe min ek dit wys, hoeveel
keer ek eintlik die teenoorgestelde boodskap aan hom oordra! Maar vandag is ’n nuwe
begin. Die Vader wil ook ons huwelik nuut maak. Vertrou Hom net!
Adriana Tollig

Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie,
299 maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid.
1 Johannes 3:18

Ek wens julle alles van die beste toe met julle huwelik. Probeer gerus hierdie resep:
 “God by ons” as leuse
 Liefde vir altyd en lewenslange trou
 Wedersydse respek
 Stem saam oor kinderopvoeding
 Kry en behou die regte prioriteite
Solly Ozrovech

Liewer ’n stukkie droë brood met vrede daarby as ’n huis vol kos met ’n
300 getwis daarby.
Spreuke 17:1

Fokus op die volgende vier riglyne om jou te help om jou maat te aanvaar:
 Lag ’n bietjie meer ... Lag oor die gesukkel om met mekaar oor die weg te kom.
 Gee jou maat ruimte om homself te wees ... Maak vrede met al die kante van jou maat
se persoonlikheid.
 Vind ’n nuwe visie vir eenheid ... Dit kan groter diepte bring as julle sáám na die lewe
begin kyk.
 Vertrou jou Vader ... God het julle albei gemaak. Hy rus julle toe om saam te kan leef.
Floris Knouwds

114

1001 Beloftes_NEW.indd 114 4/18/2006 11:07:26 AM


Huweliksankers
Bo alles moet julle mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek baie
301 sondes.
1 Petrus 4:8

Oppas vir die volgende drie klein jakkalsies wat groot probleme in enige huwelik kan
veroorsaak.
 Haal “nooit” en “altyd” uit jou woordeskat. Hierdie twee vernietigende woorde kan
krake in enige verhouding veroorsaak.
 Los die ou koeie waar hulle hoort: in die sloot.
 Stilbly is nie ’n antwoord nie. Partykeer is dit beter om stil te bly, maar in ’n rusie moet
jy eerder rustig en sinvol praat as om stil te bly. Oop gesprekke is die hartklop van ’n
gelukkige huwelik en dit los nie plek vir stiltstuipe nie.
Marli Swanepoel

’n Geduldige mens is baie verstandig; een wat kort van draad is, stel sy
302 dwaasheid ten toon.
Spreuke 14:29

Blaas gereeld en ordentlik stoom af: Vroue het die manier om te maak asof niks fout is
nie, terwyl jy eintlik wil oorkook. Mans is beter daarmee om te wys dat hulle kwaad is.
Sê reguit wat jy nodig het: Aanvaar dat hy nie jou gedagtes kan lees nie en dat jy ’n ver-
antwoordelikheid het om jou verwagtings met hom te deel.
Besef dat kerm jou nêrens bring nie: Vroue sal dikwels dieselfde, oneffektiewe woorde
herhaal. Praat met dade eerder as woorde. As sy wasgoed nie in die wasgoedmandjie is
nie, was jy dit doodeenvoudig nie.
Marli Swanepoel

’n Kalm gemoed hou die liggaam gesond; hartstog vreet ’n mens op.
303 Spreuke 14:30

 Ons moet in ons verhoudings plek hê vir tye van swak wees.
 ’n Man moet ook in die arms van sy vrou kan ontspan en klein wees.
 Vroue kan met vasberadenheid aanhou en uithou.
 Ook vir die vrou kan periodes van swakheid en moedeloosheid aanbreek.
 Wanneer ’n mens swak is, kan dit in tye van nuut word en sterkwees verander!
Ampie Barnard

115

1001 Beloftes_NEW.indd 115 4/18/2006 11:07:26 AM


Huweliksdag
Jy is mooi, my liefling, jy is mooi ...
Hooglied 4:1
304
Onthou die volgende paar dinge oor die huweliksliefde op julle lewenspad vorentoe:
 Die liefde tussen ’n man en ’n vrou is ’n kosbare gawe van God.
 Dis ’n stukkie van die hemel wat God self in ons hart kom lê het, want God is liefde!
 Ware liefde het nie ’n plaasvervanger nie.
 Ons moet leer om die liefde te verstaan: wat mag en nie mag nie.
 Leef die liefde as “gee-liefde” reguit uit God se hart vir jou maat.
 Laat liefde jou lewe ryk maak, mooi maak en van alle kwaad vry maak.
Solly Ozrovech

Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn
305 aanvoeling.
Filippense 1:9

Om regtig gelukkig getroud te wees, verryk julle huwelik deur die volgende:
 Kom elke dag by God uit, want God is die beginpunt van ’n geseënde huwelik. Bid
saam en vir mekaar!
 Kry ’n doelbewuste groeiplan vir julle huwelik.
 Weet wat julle van mekaar verwag en waarheen julle oppad is. ’n Goeie huwelik is een
waarin twee mense hulleself heeltemal belê – die rente is asemrowend!
 Gesels gereeld, want dis die kanaal waarlangs julle liefde van hart tot hart loop! Kom-
munikasie is ook luister, bymekaar wees, omgeetyd en groeityd.
 Lag saam en wees vrolik in jou huwelik.
Solly Ozrovech

Hy vat my na ’n feesplek toe; hy straal van liefde vir my.


Hooglied 2:4
306
Die gesegde sê liefde oorwin alles! Niks kan onaangeraak bly in die teenwoordigheid van
onvoorwaardelike liefde nie. En die beloning vir mense wat onvoorwaardelik kan liefhê en
daardie lewenswater waarna elkeen van ons so smag, kan uitgiet op ander, smaak self die
vreugde daarvan. Jy weet jy word liefgehê wanneer jy iemand anders se lewe verryk, wan-
neer jy jou eie lewe omhels, dit waarlik geniet en daardeur bevestig wat ons hemelse Vader
in jou sien en van jou sê.
Chante Hinds-Möller

116

1001 Beloftes_NEW.indd 116 4/18/2006 11:07:27 AM


Huwelikseenheid
Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.
1 Korintiërs 6:20
307
Om werklik een te word met jou maat, moet jy ...
 liewer oortuig wees en met jou hele hart glo dat julle lewe saam baie meer inhou as
elkeen se lewe apart, juis omdat julle van mekaar verskil.
 doelgerig jaag na die eenheid wat God vir ons bedoel het in ons andersoortigheid.
 jou maat se oplossings sien as ander moontlikhede en nie as teenkanting nie.
 jou maat nie gedurig probeer verander nie, maar aanvaar soos hy is.
 ophou om eenheid in eendersheid te soek, want met eendersheid verloor ons die
ekstra dimensie wat deur andersheid moontlik gemaak word.
Floris Knouwds

Ek ken myself nie, dit is of sy my laat ry op die strydwa van die keur van
308 my volk.
Hooglied 6:12

Romantiese liefde laat jou glo dat fisieke aangetrokkenheid en seks die belangrikste bou-
stene van ’n huwelik is en dat dit huweliksgeluk bepaal. Hierdie liefde maak jou blind sodat
jy nie die gevaartekens raaksien wat in die breër verhouding lê nie. Soms raak een van julle
wel daarvan bewus maar die sterk emosionele liefde laat jou verkeerdelik glo dat dit geen
verskil sal maak aan julle verhouding oor ’n langer tyd nie. Onthou: liefde is ’n veelkantige
ervaring wat juis voller en opwindender word as ’n mens leer om jou maat ook op ander
maniere as net die romantiese manier lief te hê.
Floris Knouwds

Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié
309 van ander.
Filippense 2:4

Selfsug en eiesinnigheid is die dinge wat huweliksgeluk in die wiele ry. Die huwelik is nooit
’n ek-ruimte nie maar ’n ons-ruimte. In die huweliksruimte mag die huweliksmaat nooit deur
die ander een bedreig voel nie. Dit gebeur net wanneer die een hom- of haarself ten koste
van die ander een bevoordeel. In ’n huwelik mag daar nie ’n selfgeldingsdrang wees nie. ’n
Huwelik is juis die ruimte waarbinne twee mense mekaar “geldig” maak. Stry teen selfsug.
Dit is nie maklik nie, want jy en jou maat moet elke dag ’n bewuste keuse daarteen maak.
Johan Smit

117

1001 Beloftes_NEW.indd 117 4/18/2006 11:07:27 AM


Huweliksgelykheid
Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak
310 wat hom kan help, sy gelyke.
Genesis 2:18

Mans maak partykeer grappe wat hulle nie bedoel nie. Vroue, aan die ander kant, neem
dinge baiekeer ernstiger op as wat nodig is. Sulke dinge maak dat mense mekaar verkeerd
opvryf. Daarom is dit belangrik dat jy altyd kan weet dat daar één mens is aan wie se
lojaliteit jy nooit hoef te twyfel nie: jou lewensmaat. Dis hierdie persoon wat jou die beste
van almal ken.
Moenie onnodig liggeraak wees nie en pas op om jou maat onnodig te kritiseer.
Onthou, God het julle vir mekaar gegee sodat julle aan mekaar se kant kan wees.
Hannes en Adri Burger

Strome water kan die liefde nie blus nie, riviere kan dit nie afkoel nie.
Hooglied 8:7
311
Daar word vertel dat die regering ná die Rooi Rewolusie in Rusland met alles wou wegdoen
wat enigsins aan die geldmal Weste herinner het. Een van die instellings wat hulle wou ver-
nietig, was die huwelik. ’n Veldtog is geloods waardeur mense ontmoedig is om te trou. Die
resultaat: chaos. Binne enkele jare het die samelewing in die Sowjetunie so agteruitgegaan
dat die regering sy beleid omgekeer het en van die strengste huwelikswetgewing ter wêreld
ingevoer het. Die Russe het op die swaar manier uitgevind dat die huwelik nie ’n menslike
uitvindsel is nie, maar ’n instelling van God waaraan ’n mens nie mag peuter nie.
Jaco Thom

Wie ag gee op die woorde van die Here, sal voorspoed geniet ...
Spreuke 16:20
312
Die huwelik is God se plan, van die begin af. Hy het ook vir die huwelik ’n duidelike hand-
boek gegee, ’n gebruikershandleiding. Net: die handleiding vir hierdie produk is nie in
letters geskryf nie, maar in vleis en bloed: Jesus Christus.
Wees soos Jesus; hê lief soos Jesus; wees lojaal teenoor mekaar soos Jesus; wees
opreg teenoor jou huweliksmaat soos Jesus; wees nederig soos Jesus ... Maklik? Nee,
onmoontlik! Wie kan soos Jesus wees? Maar hoe harder jy probeer, hoe langer jy probeer,
hoe meer word jy deur die genade van die Here soos Jesus: beter huweliksmateriaal!
Jaco Thom

118

1001 Beloftes_NEW.indd 118 4/18/2006 11:07:27 AM


Huwelikskeuse
Maar die getroude vrou gee ook aandag aan die dinge van die wêreld,
313 aan hoe sy haar man kan behaag.
1 Korintiërs 7:34

Wanneer jy die regte maat moet kies, onthou gerus die volgende:
 Die maat wat jy uiteindelik kies, gaan in ’n groot mate jou eie lewensgeluk bepaal;
daarom moet jy doodseker maak en mooi kies.
 Leer by mekaar, geniet mekaar as vriende en maats.
 Jy moet nou al leer om iemand anders in jou lewe te akkommodeer.
 Wees geduldig. Moenie oorhaastig raak nie. Jy sal op die regte tyd jou lewensmaat kry.
 Bid elke dag vir jou lewensmaat, dat daardie persoon gevorm sal word om by jou te
pas.
Hannes Burger

Geniet die lewe met die vrou (man) wat jy liefhet, dié lewe ... wat God
314 jou in hierdie wêreld gegee het.
Prediker 9:9

“Die huwelik is ’n heerlike ontspanning vir mense wat met inspanning daaraan werk. Die
hardste werk in die huwelik is om goed na mekaar te luister, ordentlik met mekaar te praat
en sáám met God te praat en na Hom te luister.” Dis die waar woorde van Johan Smit.
Dis nooit te laat om aan jou huwelik te begin werk nie, maar ’n gelukkige huwelik is nie
iets wat jy in ’n kort rukkie gaan regkry nie.
Die geheim hoe jou huwelik blywend gelukkig kan wees, is dat jy en jou man albei in
God sal glo en mekaar se belange op die hart sal dra.
Nina Smit

Kennis maak verwaand, maar liefde bou op.


1 Korintiërs 8:1
315
Die hart wat liefhet, weet baie meer as al die wysheid wat boeke kan leer, sê Charles Dick-
ens. Sorg vir daardie fyn aanvoeling en onderskeiding sodat jy en jou maat kan uitkom by
die dinge wat regtig saak maak.
Slegs liefde wat stukkie vir stukkie gekoester word, maak geluk en vreugde deel van jou
huwelik. Liefde beteken om mekaar raak te sien, te luister ...
Hannes en Adri Burger

119

1001 Beloftes_NEW.indd 119 4/18/2006 11:07:27 AM


Huweliksliefde
Strome water kan die liefde nie blus nie, riviere kan dit nie afkoel nie.
Hooglied 8:7
316
 ’n Verhouding beweeg deur vier fases tot volwassenheid. Die eerste is die fase van die
ekstase van verliefdheid. Dit kan egter nie vir altyd aanhou nie.
 Die fase van konflik is volgende. Die proses van eenword vra ook aanpassing.
 Die derde fase is weer ekstase. Waar die eerste ekstase soos ’n stroomversnelling was,
is die tweede ’n diep kuil met baie vrede en geluk.
 Die laaste fase van ’n volwasse verhouding is dié van vryheid – en dis nie egskeiding
nie! Dit beteken eenvoudig dat die intimiteit met ’n ander persoon jou nie versmoor het
nie, maar gehelp het dat jou diepste self vrykom.
Rassie van Niekerk

Al wil iemand vir die liefde al die rykdom in sy huis betaal, hy sal daar-
317 voor uitgelag word.
Hooglied 8:7

Rika se swaer, Jake, was ’n vlieënier in die Tweede Wêreldoorlog. Iewers in Noord-Afrika
het hy ’n Franse meisie ontmoet. Verlief geraak. Verloof geraak. Afgeskiet geraak. Ná sy
dood het die owerheid sy goed huis toe gestuur, insluitende ’n pakkie briewe van die
meisie. Haar kleindogter het later in Suid-Afrika kom studeer. Iets in die manier waarop haar
ouma oor haar Wêreldoorlog-Jake gepraat het, het haar laat besluit dat sy meer wou weet.
En so het dit gekom dat sy meer as 50 jaar later met haar ouma se hart in haar hande sit.
Annalise Wiid

Jy het my hart gesteel, my beminde bruid, jy het my hart gesteel met


318 een kyk van jou oë ...
Hooglied 4:9

Romantiese liefde is daardie liefde wat ’n mens opgewonde maak. Dis lekker om die von-
kel van liefde in paartjies se oë te sien en te merk hoe hulle diep in mekaar se oë kyk.
Emosionele liefde bly een van die wonderlikste ervarings van ’n mens se lewe. Dit laat
jou kans sien vir enigiets, want liefde wek ’n groot klomp lewensenergie in jou op. En al
hierdie lewensenergie lê oop en bloot in die manier waarop ’n verliefde paartjie saam stap.
Dit staan lewensgroot op hulle gesigte geskryf ...
Floris Knouwds

120

1001 Beloftes_NEW.indd 120 4/18/2006 11:07:27 AM


Huweliksmaats
Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet ...
Prediker 9:9
319
Die vlam van passie in jou huwelik moet voortdurend gevoed word.
Aanraking is ’n belangrike stuk brandhout vir hierdie vuur. So, vat aan mekaar, hou
hande vas as julle stap. Lag saam met jou maat en jaag mekaar sommer in die gang. Stoei
’n bietjie of speel wegkruipertjie en word mekaar se beste maats. Sorg gedurig dat daar
opwinding is en geniet mekaar.
Leer saam-saam en stukkie vir stukkie die spel van die liefde in vriendskap ken.
Hennie Stander

Jy is mooi, my liefling, jy is mooi, jou oë is duiwe agter jou sluier. Jou


lippe is soos skarlakenrooi lint, jou mond bekoor my.
320
Hooglied 4:1, 3

Verskeie verklarings is al oor Hooglied gegee om die seksuele aard van die boek weg te
praat. Mense is verleë daaroor en voel dit hoort nie in die Bybel nie. Nogtans praat die
Bybel oor al die fasette van menswees. Naas jou verhouding met God, is jou verhouding
met jou lewensmaat die belangrikste. Hooglied sê: Dis goed om mekaar aantreklik te vind
en mekaar liggaamlik te geniet. Dit hoort in ’n huwelik. Mans en vroue se manier van seks
verskil; daarom moet julle mekaar help om hierdie deel van julle huwelik opwindend te hou.
Praat gerus met mekaar en wees eerlik oor wat julle graag wil hê.
Jaco Thom

Ek behoort aan die man wat ek liefhet en dit is na my wat hy smag.


Hooglied 7:10
321
Jy en jou maat kan wonderlik by mekaar aanpas.
 Hou die liefdesverhouding opreg en stel jou maat altyd eerste.
 Eros liefde kom van God af; Hy het julle immers so gemaak.
 Verstaan dat julle liggame so gemaak is dat julle seksueel kan aanpas.
 Sien julle liggaamlike liefde vir mekaar as mooi en vervullend.
 Praat oor julle behoeftes sonder om skaam te wees.
 Wys julle liefde vir mekaar elke dag met woorde en dade.
 Weet ware liefde is die byeenkom van raaisels, geheimenisse en verrassings wat
veroorsaak dat twee één word (Thomas Browne).
Nina Smit

121

1001 Beloftes_NEW.indd 121 4/18/2006 11:07:27 AM


Huweliksprobleme
Die Here het man en vrou een gemaak, een in liggaam en gees.
Maleagi 2:15
322
Dit gebeur dat huwelike verbrokkel wanneer die kinders almal uit die huis is. Skielik is daar
meer tyd vir mekaar, maar niks om oor te gesels of om saam te doen nie. Hulle het weg
van mekaar gegroei.
Skenk aandag aan julle verhouding:
 Stel belang in mekaar se wêrelde.
 Praat oor alles wat in julle lewens gebeur.
 Deel julle drome en ideale met mekaar.
 Wees betrokke by mekaar se prestasies en teleurstellings.
Skenk aandag aan mekaar om probleme en vervreemding van mekaar te voorkom.
Jaco Thom

Die Here weet wat gebeur het tussen jou en die vrou met wie jy van jou
323 jeug af getroud is: jy was ontrou aan haar ...
Maleagi 2:13-14

Beweeg aan indien jou maat jou aanhoudend verkul. Jy en jou kinders verdien beter. Neem
beheer oor jou lewe.
Wil jy die slagoffer wees? Is dit voordelig vir jou? Indien jy “ja” antwoord, het jy hulp
nodig. Dis sý keuse, jý is onskuldig. Indien jy hom vergewe, beteken dit nie dat alles
weggepraat word nie. Jy het dan besluit om die bitterheid te begrawe.
Laat hom gaan as vergifnis onmoontlik is. Herhaaldelike herinnering gaan hom in elk
geval wegdryf. Besluit en behou jou waardigheid.
Cornél Dunn

Elkeen moet sy vrou so liefhê soos hy homself liefhet, en ’n vrou moet


324 aan haar man eerbied betoon.
Efesiërs 5:33

Mans wil hóór hoe wonderlik hulle is en erkenning ontvang. As gevolg van egbreuk word
mans vir huweliksverbrokkeling geblameer. Tuis word hulle verwyt en beskuldig; daarom
gaan soek hulle na erkenning. As dit sleg gaan by die werk, wil hy by jóú hoor dat hy iets
werd is. Praat hom moed in. Maak die huis vir hom ’n tuiste, eerder as ’n slagveld. Dit sal
bepaal of hy tuis wil wees of eerder ander geselskap wil gaan opsoek.
Jaco Thom

122

1001 Beloftes_NEW.indd 122 4/18/2006 11:07:27 AM


Huwelikstrou
Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie; wie sy
325 sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang.
Spreuke 28:13

Wantroue vernietig verhoudings. As jou lewensmaat vermoed dat jy oneerlik was, breek
iets in die verhouding wat moeilik herstel kan word. Jou maat sal gedurig twyfel oor jou eer-
likheid. As jy nie getrou met die waarheid omgaan nie, tree jy soos Satan op. Die waarheid
is ’n wapen wat God ons gee om in die huwelik staande te bly.
Jaco Thom

Weet julle nie dat julle liggaam deel is van Christus nie? Sal ek nou ’n
326 deel van Christus neem en dit deel van ’n ontugtige vrou maak?
1 Korintiërs 6:15

Die huwelik is ’n hegte eenheid. Waarin daar geen plek vir ’n derde persoon is nie. Egpare
beweer miskien dat hulle nie ’n “skelmpie” het nie, maar enige ander persoon met wie te
veel tyd gespandeer word, is ’n derde persoon:
 Iemand met wie jy hartsgeheime en emosies deel eerder as met jou huweliksmaat.
 Huisvriende wat gereeld kom kuier en inbreuk op julle kwaliteittyd maak.
 Bedorwe kinders wat van julle afhanklik bly.
 ’n Ouer wat te veel van julle aandag opeis.
Dis menigmaal iemand wat nie besef dat hulle julle huwelik skade berokken nie.
Jaco Thom

Julle het die Heilige Gees ... van God ontvang, en julle behoort nie aan
327 julleself nie: ... die prys is betaal.
1 Korintiërs 6:19-20

Verbrokkel jou huwelik? Kan jy voor begin? Beslis! God se genade is groot. Die vraag is:
 Wat sal jy vir jou huwelik opoffer?
 Sal jy die pad saam met God loop – ten spyte van opofferings?
 Kan jy jou foute verander voordat jy op jou maat s’n konsentreer?
 Kan jy onrealistiese ideale laat gaan?
 Sal jy aanhoudend vir jou en jou gesin bid?
 Is jy bereid om enigiets te vergewe?
Indien jy “ja” antwoord, is daar ’n tweede kans. Hy sál jou seën.
Samestelling

123

1001 Beloftes_NEW.indd 123 4/18/2006 11:07:27 AM


Huweliksukses
’n Openlike bestraffing is beter as liefde wat onsigbaar bly.
Spreuke 27:5
328
 Eerstens mag jy nie dwarstrekkerig daarop aandring om jou eie kop te volg nie.
 Tweedens moet jy sensitief wees vir die gevoelens van ander mense.
 Derdens behoort jy regtig vir ander mense om te gee, ook as dit ten koste van jouself
geskied.
 Vierdens moet jy nie lelik optree as iemand met jou lelik is nie.
 Laastens ... ’n Hegte verhouding tussen mense vra nie net wedersydse openheid en
eerlikheid nie, maar ook die beskerming van mekaar se spesiale persoonlikhede (Henri
M Nouwen).
Nina Smit

God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God


329 het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.
Genesis 1:27

Om getroud te wees, ’n eie huis te begin en getrou te bly is nie outyds nie. Dít is hoe God
dit bedoel het. Daarom is ons huwelike vir God die hoofsaak.
Wanneer jy moeite doen om jou huwelik gelukkig te maak en jou maat spesiaal te laat
voel, is dit nie net ter wille van julle verhouding nie. Dit is ook deel van julle roeping as
gelowiges; deel van julle taak as gehoorsame kinders van God. Hý doen baie moeite met
die huwelik, hoekom sal julle nie ook nie?
Jaco Thom

Probeer liewer wysheid bekom as goud, liewer insig as silwer.


Spreuke 16:16
330
Liefde vir mekaar beteken dat ons mekaar sal verstaan. Jy moet jou indink in jou maat se
posisie. Huweliksmaats moenie só besig raak dat hulle totaal afgestomp raak en mekaar
glad nie meer raaksien of waardeer nie. Dan lewe hulle by mekaar verby en raak later
vreemd vir mekaar. Sorg vir daardie fyn aanvoeling sodat jy en jou maat kan uitkom by die
dinge wat regtig saak maak! Lief wees beteken om mekaar raak te sien, te koester, tyd te
maak vir mekaar, mekaar aan te raak en te luister. Doen dit getrou en beleef ’n feeshuwelik.
Hannes en Adri Burger

124

1001 Beloftes_NEW.indd 124 4/18/2006 11:07:27 AM


Huweliksverhouding
Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig.
Efesiërs 5:21
331
Met gekleurde boublokke kan julle julle huwelik red:
ROOI: Herbou jou huwelik met vreugde en geluk – nie vir jou ouers, kinders of vriende nie.
BLOU: Besoek ’n verhoudingsterapeut om uit te vind wat die meeste aandag benodig.
GEEL: Bou julle verhouding en laat ’n terapeut leiding gee. Die werk buite die terapieses-
sies is belangriker as die sessies.
ORANJE: Vergewe mekaar (een bely; die ander een spreek vry) vir die emosionele pyn wat
julle veroorsaak het.
GROEN: Genoeg tyd. Die heropbou van ’n verhouding duur solank soos die vernietiging
daarvan.
Floris Knouwds

Al wil iemand vir die liefde al die rykdom in sy huis betaal, hy sal daar-
332 oor uitgelag word.
Hooglied 8:7

Die regter vra: “Waarom moet ek die egskeiding toestaan?” Kan hy dit weier?
Skielik praat ek asof hy my vriend is. Ek vertel van twee mense wat lank saamgeleef het
en mekaar ontgroei het. Ek sien sinlose huwelike waarmee mense volhou, want skei is mos
sonde. Ek sê: “Moenie ’n egskeiding toestaan nie; verklaar die huwelik dood. Ons wil begin
lewe.”
Hy antwoord: “Hierdie huwelik is dood.” Die hamerhou weerklink deur die hof. My lewe
begin – alleen. Dis beter as om in ’n ‘begraafplaas’ te sit. Dood is nie altyd fisiek nie.
Brenda Hattingh

Jy ... na wie se stem jou vriende luister, laat my jou stem hoor!
Hooglied 8:13
333
Bring die pret terug in ’n ietwat droë verhouding. Vra ’n bietjie:
 Indien daar gereeld iets “belangriks” voorval, kom die verhouding mos nie eerste nie?
 Is dit pret om saam met my te leef? Hoe kan ek my maat se week lekker maak?
 Bederf en verras ons mekaar nog?
 Neem ons onsself te ernstig op? Doen ons gereeld iets om mekaar te laat lag?
Marli Swanepoel

125

1001 Beloftes_NEW.indd 125 4/18/2006 11:07:27 AM


Huweliksverskille
... wie op die Here vertrou, met Hom gaan dit goed.
Spreuke 16:20
334
 Praat oor dinge wat pla ... Dit bring onmiddellik ’n diepte wat julle nooit geken het nie
en skep ’n intimiteit tussen julle wat julle vir die eerste keer regtig één sal maak.
 Skep geleenthede vir alleen wees met mekaar ... Gaan sit net julle twee êrens waar
niemand julle sal pla nie en wees net by mekaar!
 Deel gereeld iets spesiaals ... Vertel vir mekaar iets interessants.
 Begin weer saam lees en bid ... Dit is belangrik om julle verhouding saam met God te
bou.
Hannes Burger

’n Geduldige mens het meer waarde as ’n bedrewe vegter, ’n mens met


335 selfbeheersing meer as iemand wat ’n stad inneem.
Spreuke 16:32

Wanneer jou huweliksmaat se andersheid jou kwaad maak, moet jy weet ...
 dit is IN vir jou maat om anders te wees as jy.
 dit is UIT om maar met jou teleurstelling saam te leef sonder om enigiets te sê of te doen.
 dit is UIT om die skuld net op een persoon te plaas.
 dit is IN om konfrontasie en konflik deur te werk.
 dit is IN om ’n manier te vind om mekaar se andersheid saam te weef in ’n unieke een-
heid waarin albei julleself kan wees.
Floris Knouwds

’n Wyse mens praat verstandig en kies sy woorde so dat hy ander kan leer.
Spreuke 16:23
336
Huweliksmaats mag van mekaar verskil, maar dan moet hulle by dié reëls hou:
Reël 1: Verskil só dat ook julle verskille tot eer van die Here sal wees. Selfs die tye wat julle
van mekaar verskil, is ’n geleentheid om te wys dat die Gees in beheer van julle lewe is.
Reël 2: Erken as jy ’n fout gemaak het. Jy kan vinnig klaarspeel met konflik as jy bereid is
om te erken dat jy ’n fout gemaak het en opreg omverskoning vra.
Reël 3: Praat wanneer albei rustiger is. Soms is dit beter om die rusie te beëindig en te wag
totdat albei rustiger is.
Hannes Burger

126

1001 Beloftes_NEW.indd 126 4/18/2006 11:07:27 AM


Huweliksvonk
Die mans behoort hulle vrouens so lief te hê soos hulle eie liggame.
337 Wie sy vrou liefhet, het homself lief ...
Efesiërs 5:28

Om verveling te keer, is dit nodig dat julle verhouding baie kante moet hê.
 Moenie dat jou huwelik net op uiterlike dinge soos skoonheid en seksuele prikkeling
gebou word nie.
 Sorg dat dinge soos geloof, gedeelde belangstellings en vriendskap julle huwelik dra.
 Bou aan jouself sodat jy aan jou huwelik kan bou – bou aan jou geloof, jou karakter en
jou belangstellings.
 Moenie só opgaan in jou werk, jou kinders of jou huis, dat jy oor niks anders kan praat
nie. Jy wil mos ’n interessante lewensmaat wees!
Jaco Thom

Hy: “Kom ons juig, kom ons wees vrolik oor jou!” Sy: “Kom ons prys jou
338 liefkosings, dit is beter as wyn!”
Hooglied 1:4

Voltooi en gesels oor die volgende stellings om kommunikasie in julle huwelik beter te
maak. In ons huwelik ...
 voel ek geliefd en gelukkig wanneer jy ...
 word ek die kwaadste wanneer ...
 voel ek naby aan jou as ...
 is die deel van ons huwelik wat die meeste aandag nodig het ...
 is die heel beste ding ...
Floris Knouwds

’n Wyse vrou sorg vir haar huis; ’n vrou sonder wysheid breek alles af.
Spreuke 14:1
339
Fokus op hierdie goue reëls wat ’n huwelik laat werk.
 Wees eerste in mekaar se lewens.
 Hou die romanse wakker op kreatiewe en interessante maniere.
 Bly jou eie mens. Die huwelik maak julle een van vlees, maar julle bly twee mense.
 Groei saam. Mense verander met tyd en gelukkige pare aanvaar dit en pas daarby aan.
Marli Swanepoel

127

1001 Beloftes_NEW.indd 127 4/18/2006 11:07:27 AM


Huweliksvreugde
Die liefde ... brand en vlam soos vuur.
Hooglied 8:6
340
Paul Tournier skryf dat twee huweliksmaats behoort te verstaan dat ’n gelukkige huwelik
’n gawe van God is. Iets waaroor ek my altyd verwonder, is dat God ons mans en vroue
so spesiaal geskep het dat ons mekaar nie net met ons verstand kan liefhê nie, maar ook
met ons liggaam. Hierdie seksuele liefde wat ons binne die huwelik beleef, is goed en reg
in God se oë juis omdat dit van Hom af kom. Dis sy wil dat julle twee as huweliksmaats
mekaar hartstogtelik sal liefhê ... met ’n liefde wat “sterker is as die dood ... en brand en
vlam soos vuur”.
Nina Smit

Julle moet die liefde nastreef ...


1 Korintiërs 14:1
341
Sommige mense definieer romantiese liefde op ’n manier wat sê dat dit glad nie rym met
logiese denke nie, dat dit nie beheer kan word nie en dat ’n mens nie bewustelik daarmee
kan werk nie. Hulle sê:
 Liefde is nie iets wat ’n mens kan definieer nie.
 Liefde is iets wat jy net kan beleef.
 Liefde is ’n mistieke ervaring wat van nêrens af oor jou kom en jou in besit neem.
 Liefde is iets wat jy sommer net sal herken.
Floris Knouwds

Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir
342 mense nie ...
Kolossense 3:23

Die jare tussen 25 en 35 is die jare van huweliksaanpassing wat vroue soms tussen die oë
tref. Jou kinders word gebore en jy en jou man, of ten minste een van julle twee, moet julle
loopbane vestig. Dié groot druk op die huwelik maak dit asem-ophou-jare. As die huwelik
hierdie druk kan oorleef en ’n huwelikspaar se prioriteite word nie uit balans geruk nie,
word ’n gesonde fondament vir die toekoms gelê.
Kenners sê dat huwelikspare genadiglik op 56 jaar gewoonlik weer by mekaar uitkom
vir die sogenaamde intense jare. Dan behoort hulle elke dag ten volle te geniet!
Rassie van Niekerk

128

1001 Beloftes_NEW.indd 128 4/18/2006 11:07:27 AM


Huweliksvriende
Die liefde vergaan nooit nie ...
1 Korintiërs 13:8
343

Hoekom het ons getrou? Miskien omdat ons mekaar as die ideale lewensmaat gesien
het. Ons is met mekaar verstrengel in die onuitspreeklike wonder van die gawe van liefde.
Ek kan nie anders as om vir jou te sê: sonder jou kan ek nie, wíl ek nie! Want ek en jy is
onskeibaar een. Dit getuig van ’n verbondenheid wat onlosmaaklik geraak het. Ja, ek sal
sonder jou kan lewe – die gewone alledaagse dinge kan doen, dink ek. Maar sonder jou
sal die verwondering oor ’n leeftyd se saamwees bloot herinneringe word. Daarom sê ek:
“Sonder jou kan ek nie.”
Johan Smit

Eet dus jou brood met vreugde, drink jou wyn met ’n bly gemoed ...
344 Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet ...
Prediker 9:7, 9

Jy en jou lewensmaat behoort beste vriende te wees. Dit beteken dat julle alles met mekaar
moet kan deel, ook wat diep binne-in jou is en wat jy nog nooit met iemand anders kon
deel nie.Party mense kry dit maklik reg, ander sukkel.
Natuurlik gaan dit swaar wees om te praat oor goed wat jy nog altyd as privaat beskou
het. Maar dis iets wat ’n mens kan aanleer. Die oomblik wanneer jy dit begin doen, sal julle
verhouding nuwe diepte kry en ’n intimiteit tussen julle skep wat julle vir die eerste keer
regtig één sal maak – en die beste vriende ooit!
Hannes Burger

Ek behoort aan die man wat ek liefhet en dit is na my dat hy smag.


Hooglied 7:10
345
Daar is mense wat sê ’n hond is jou beste vriend. ’n Hond is absoluut lojaal aan jou en stel
nie allerhande eise aan jou nie. Jou huweliksmaat behoort jou beste vriend te wees. Dit is
ongelukkig nie altyd die geval nie. As jou maat heeldag soos ’n lekkende dak in jou ore
neul, kan ’n hond seker verkieslik wees! Maar as jou huweliksmaat jou beste vriend is, sal
jy nooit sonder ’n vriend wees nie. Dalk is dit tyd dat julle mekaar ’n keer weer in die oë kyk
en dankie sê dat julle mekaar se beste vriende is.
Jaco Thom

129

1001 Beloftes_NEW.indd 129 4/18/2006 11:07:27 AM


Ingesteldheid
Hoofsaak is dat julle lewenswandel in ooreenstemming met die evan-
346 gelie van Christus moet wees.
Filippense 1:27

Kweek ...
 ’n positiewe lewensbenadering aan
 ’n gesonde liefde vir die lewe aan, wat ’n lewe in oorvloed sal verseker
 opgeruimdheid en vrolikheid aan, want dit maak jou aangenamer vir ander
 ’n heerlike humorsin aan, want dit maak jou lewe vol sprankel
 bedagsaamheid, hulpvaardigheid en wysheid aan, want dan maak jy mense positief en
word jy self gelukkig!
Solly Ozrovech

Leer my om u wil te doen, want U is my God! Laat u goeie Gees my op


’n gelyk pad lei.
347
Psalm 143:10

Praat mooi met jouself. Sê goed soos:


 Ek is bly oor die feit dat ek lewe.
 Ek kan raakvat en dinge reg doen.
 Ek kan my gesonde verstand gebruik.
 Ek kan dit alles doen deur Christus wat my krag gee.
 En draai dan dadelik elke negatiewe gedagte se nek om!
Ampie Barnard

Julle moet maar self besluit wat voor God reg is: om aan júlle gehoor-
348 saam te wees of aan God. Wat ons betref, dit is onmoontlik om nie te
praat oor wat ons gesien en gehoor het nie.
Handelinge 4:19-20

Uitstel het te doen met hoe jy jou instel. Daar is dinge wat belangrik is en dinge wat dring-
end is. Jy kan net dinge uitstel as dit nie belangrik is nie en as daar nog tyd is om dit af te
handel. Jy weet mos ook al belangrike dinge is nie altyd dringend nie en daarom vergeet jy
daarvan. Dis makliker om te reageer op die dringende dinge, want dan kan jy lekker saam
met die stroom vloei ... Besluit wat belangrik en wat dringend is. Handel die dringende
dinge af, maar maak tyd vir die dinge wat vir jou belangrik is.
Jannie le Roux

130

1001 Beloftes_NEW.indd 130 4/18/2006 11:07:27 AM


Innerlike genesing
Ek het oor dinge gepraat wat ek nie begryp het nie: u wonderdade was
349 te groot vir my, ek het dit nie verstaan nie.
Job 42:3

Die lewe is vol pyn en hartseer, en ons sal nooit by ’n punt kom waar ons kan sê ons
verstaan waaroor dit alles gaan nie. Dit was ook Job se probleem. Hy het die Here getrou
gedien en toe word sy lewe vol ellende: hy verloor alles wat hy gehad het, selfs sy kinders,
en word boonop siek. Sy boek, Job, is feitlik in die geheel ’n argument met die Here, vol
hoekoms en waaroms. Op die ou end besef hy die Here is te groot vir ons om te verstaan.
Ons klein mensies moet liewer net stilbly en sy grootheid aanbid.
Vic en Thea Brink

Dit is Hy wat al my sonde vergewe, wat al my siekte genees.


Psalm 103:3
350
Daar is SES dinge wat gebed wonderlik helend maak:
 Gebed gee jou ’n kans om die swaar en seer af te laai.
 Gebed help jou om jou trauma en pyn by Jesus te los.
 Gebed bring ons by God se liefde en troos uit.
 Gebed laat ons kontak maak met God se krag wat gesond maak.
 Gebed help ons om insig te kry en raak ons hart aan.
 Gebed maak ons hart vol vreugde, vrede en dankbaarheid en genees ou wonde.
 Gebed knoop die knoop in jou binneste los wat jou hande nie kan nie.
Ampie Barnard

My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor
julle kom, want soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het,
351
stel dit julle in staat om te volhard.
Jakobus 1:2-3

Oor die “bly wees in beproewing” moet ons baie versigtig praat. Dis nie vreugde oor pyn
nie, maar vreugde uit pyn gebore. Want dis soos ’n pynlike geboorte. Die wonder is dat
die goeie die kwaad oorwin; dit is groter as die kwaad. Daarom moet ons in ons pyn na die
blydskap soek. Al huil ons daaroor. Al sien ons niks deur ons trane nie. Pyn bring verande-
ring. Dis eers as ’n mens na ’n lang tyd terugkyk dat jy sien wat alles gebeur het, wat alles
stadig, ongemerk, verander het. En uiteindelik kan jy uit die kokon van pyn beur.
Johan Smit

131

1001 Beloftes_NEW.indd 131 4/18/2006 11:07:27 AM


Innerlike skoonheid
Hy (Sy) is soos ’n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die
352 regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie.
Psalm 1:3

Liefde by ’n vrou is ewig, onvoorwaardelik en onselfsugtig; ’n liefde vir álle mense nes hulle
is. Vriendelikheid vra dat jy gee sonder om iets terug te verwag, nie nét dat jy heeltyd glim-
lag nie. Goedhartigheid vra van jou absolute betroubaarheid sodat ander mense op jou kan
reken. Nederigheid is die teenoorgestelde van hoogmoed; nederige vroue stel ander mense
eerste. Selfbeheersing: ’n Vrou met selfbeheersing het God toegelaat om die “wilde” natuur
waarmee sy gebore is, mak te maak en die bestuur van haar lewe oor te neem.
Nina Smit

Van die vroue wil ek hê dat hulle ook in hulle kleredrag waardig,
353 beskeie en ingetoë moet wees. Hulle versiering moenie haarkapsels
en goud of pêrels of duur klere wees nie, maar goeie werke, soos dit
vroue betaam wat openlik bely dat hulle God dien.
1 Timoteus 2:9-10

Skoonheid kom van binne én buite.


VIR JOU VEL ... ’n Onderlaag van liefde, want liefde is die basis van skoonheid.
VIR JOU OË ... ’n Potjie vol deernis straal dit uit.
VIR JOU LIPPE ... ’n Stiffie wysheid spreek sagte woorde.
VIR JOU PLOOIE ... ’n Smeersel vriendelikheid kom van binne.
VIR JOU HANDE ... ’n Lagie barmhartigheid vir opofferings.
Anita van Niekerk

Haat verwek twis; liefde bedek alles wat aanstoot gee.


354 Spreuke 10:12

Vroue wil graag hê dat ander deur die vensters van hulle siel sal loer ... en sal hou van wat
hulle sien. Ons het almal ’n behoefte aan opbouende erkenning en positiewe terugvoer.
Vriendinne is by uitstek daar om aan mekaar se menswees te bou. Daarom moet ons ons
oë wawyd oopmaak vir die mooi eienskappe van ons maat én dit vir haar sê. Opregte
eerbetoon maak die luike van ons siel oop en bou eie waarde. Kom ons vra die Gees om
ons oë en hart oop te maak sodat ons die unieke en sterk eienskappe van ons vriendinne
werklik sal raaksien en met opregtheid vir hulle sal vertel hoe great hulle werklik is!
Milanie Vosloo

132

1001 Beloftes_NEW.indd 132 4/18/2006 11:07:27 AM


Insig
Ek gee aan jou wysheid en insig soos niemand vóór jou gehad het of
355 ná jou sal hê nie.
1 Konings 3:12

Salomo het verstommende insig gehad. Toe hy die koningskap by Dawid moes oorneem,
het die Here vir hom gesê hy kan kies wat Hy vir hom moes gee. Toe kies Salomo wysheid
en kennis om die volk reg te lei. Vir hierdie versoek is hy ongelooflik beloon.
Die meeste van ons is in die versoeking om juis die ander dinge te vra in plaas van
wysheid. Wysheid is om jou in te dink in wat God in ’n sekere situasie sou doen of sou wou
hê moet gebeur.
Wysheid word deur ervaring versterk, al is dit die ervaring van ander wat in ’n soortge-
lyke situasie was. Daarom moet jy gereeld die Bybel, en die lewensverhale en spreuke van
wyse mense lees. Soek die geselskap van wyse mense op en leer by hulle.
Jannie le Roux

Waar kry hy hierdie wysheid vandaan en die vermoë om die kragtige


dade te doen? Is hy dan nie die timmerman se seun nie?
356
Matteus 13:54-55

’n Elfjarige kind het die volgende wysheid kwytgeraak oor ’n ma se optrede teenoor haar
kinders: “Moet hulle nie te veel slaan nie, moenie te veel op hulle skree nie en moet nie te
veel vir hulle doen nie.” Elke ma kan gerus haar ore vir hierdie goue raad spits!
Nina Smit

Soek julle krag in die Here en in sy groot mag.


Efesiërs 6:10
357
Kry insig. Laat Jesus jou lewe beheer en vermy alle gedagtes, maniere en plekke om jou
sondige begeertes te bevredig. Vra die Here om vir jou te wys wat Hy in jou lewe wil doen.
Bid ook vir geestelike wysheid sodat jy Hom met jou leefstyl en goeie dade teenoor ander
kan eer en prys. Met verloop van tyd sal jy Hom beter leer ken en niks meer begeer as dat
net Hy jou gedagtes en lewe moet vul nie.
Judy Venter

133

1001 Beloftes_NEW.indd 133 4/18/2006 11:07:27 AM


Irritasies
Maar nou moet julle al hierdie dinge laat staan: woede, haat, nyd en
358 gevloek.
Kolossense 3:8

Ons ken maar alte goed die klein irritasies wat jou bloeddruk deur die dak laat klim. Maar
as jy nie wil hê jou negatiewe manier van dink en optree moet ’n leefwyse word nie, moet
jy jou gedagtes bekyk. Bid, doen selfondersoek en antwoord eerlik op vrae soos: Waaroor
broei ek die hele tyd? Vir wie is ek kwaad en waarom? Is hulle regtig skuldig? Waarom is ek
vir myself kwaad? En vir God? Wat kan ek doen om as die wenner uit dié situasie te stap?
As jou probleem net jou verbeelding is, moet jy jou brein gedurig met die regte feite dokter.
Judy Venter

Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my


359 onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die
beproefde pad!
Psalm 139:23-24

Daar was ’n man wat my oneindig geïrriteer het. Hy het ons baie duidelik laat verstaan dat
hy eintlik ’n geskenk aan die mensdom was. Dit was vreeslik moeilik om my emosies onder
beheer te hou. Ek het baie dae vir die Here gevra dat Hy hom moet verander, dat God sy
gees moet bevry. Uit radeloosheid het ek eendag lank by die Here gesit, en toe het die lig
deurgebreek. Ek het verkeerd gebid. Ek moes nie bid dat hý verander nie, maar eerder dat
ék binne die situasie verander. My geïrriteerdheid het ’n blindekol vir die goddelikheid in
hom geskep.
Anneke Blignaut

Daarom moet julle hierdie Benjaminiet met rus laat dat hy maar vloek,
want die Here het hom die opdrag gegee.
360
2 Samuel 16:11

Partykeer is daar iemand wat die lewe sommer net vir jou moeilik maak, net soos ’n doring
in die vlees. Die moeilikste is om met die persoon wat jou “vloek” of eienskappe aan jou
toedig, saam te leef en jou Christelike liefde uit te deel. My ervaring is dat as jy vir daar-
die persoon iets doen, die krapperige gevoel tussen julle kleiner word en die verhouding
herstel word. Sit ’n bietjie aksie by jou geloof en doen juis iets wat jy nie eintlik lus het om
te doen nie sodat jou liefde meer kan word en jou seer minder.
Elsabe Diederichs

134

1001 Beloftes_NEW.indd 134 4/18/2006 11:07:27 AM


Jaloesie
’n Mens se sonde is sy grootste gevaar. Iemand wat reg doen, kan
361 vrolik sing.
Spreuke 29:6

God het jou geseën met ’n lewe van oorvloed – geniet dit. Afgunstige mense mag nie jou
lewe verarm nie. Dis nie maklik om enkellopend te wees nie. Mans is versigtig om vriendelik
of behulpsaam te wees omdat dit moeilikheid kan veroorsaak. Huweliksmaats wat bedreig
voel, hou jou op ’n afstand. Soms reageer ’n mens op slegte ervarings deur geïsoleerd te
lewe. Moenie jouself bejammer omdat jy enkellopend is nie. Onsekerheid en afguns
veroorsaak hierdie optrede – nié jy of jou enkelstatus nie. Soek mense wat soortgelyke
ervarings as jy beleef en vorm ’n vriendekring. Geniet die lewe wat God vir jou bedoel het.
Yolanda Dreyer

Wie vir ’n arm man iets oor het, sal self niks oorkom nie, maar wie an-
362 derpad kyk, sal baie verwensings hoor.
Spreuke 28:27

ERKENNING: Afgunstigheid laat jou wonder “waarom jý en nie ék nie?”. Dáárdie persoon
het dalk ook probleme.
HOU OP VERGELYK: Jaloers op jou buurvrou se duur motor? Waardeer jou motor, baie
mense het nie een nie.
VAN AFGUNS TOT BEWONDERING: Bewonder ander se gawes en prestasies sonder om
afgunstig te wees.
GENIET JOUSELF: Jy het gawes – gebruik dit. Vergeet van jou swakpunte.
Marli Swanepoel

Wie ’n eerbare lewe lei, sal hulp ontvang; wie ’n oneerlike lewe lei, sal
363 onverwags tot ’n val kom.
Spreuke 28:18

God het jou met ’n doel op aarde geplaas. Jy is uniek en geen ander mens het dieselfde
roeping nie. Raak positief en wees opgewonde oor wat jy aanpak. Positiewe groei kom
wanneer jy begin om dankbaar te wees vir wat jy wel bereik. Moenie dit afbreek of met
ander se prestasies vergelyk nie. Jy vind dalk fout met jouself omdat jy bang is vir ander se
kritiek. Jy is afbrekend oor jouself voordat iemand jou kan kritiseer. Hou op daarmee! Dit
het tyd geword om te wees wie God wil hê jy moet wees.
Jannie le Roux

135

1001 Beloftes_NEW.indd 135 4/18/2006 11:07:27 AM


Jesus
Hy is die ewebeeld van die wese van God.
Hebreërs 1:3
364
Die eerste ding wat ’n mens soos ’n refrein dwarsdeur die Bybel hoor, is die uniekheid van
Jesus. Hy was nie ’n gewone mens soos ons, wat miskien net heelwat vromer of gehoor-
samer as ons was nie. Jesus was heeltemal anders as ons. Trouens, in die hele wêreld is
sy posisie uniek. Selfs in die hemel is daar niemand soos Hy nie. Toe ek ’n kind was, was
mense lief daarvoor om na Hom as die “Kroonprins van die hemel” te verwys, maar Hy is
selfs nog meer as dit: Hy is God, van alle tye af.
Hannes Burger

Moenie bang wees nie ...


Openbaring 1:17
365
Beteken dit dat ons ook bang moet wees vir Jesus? Beslis nie! Daarvan getuig die woorde
wat ons hierbo uit Johannes se pen aangehaal het, darem te duidelik van die teendeel!
Maar terwyl ons die Here liefhet met ons hele hart en op geen manier vir Hom bang is nie,
mag ons tog nooit uit die oog verloor dat Hy God is en ons die mensies wat Hy gemaak het
nie. Ons mag onder geen omstandighede vir Hom tuis raak, asof Hy ons maat is nie. Ons
mag nie ons respek vir Hom en verwondering oor Hom verloor nie.
Ons mag Hom natuurlik ons “liewe Jesus” noem, soos ons ons kinders leer. Mits ons
nooit vergeet dat hy die Here is nie. Mits ons liefde vir Hom en ons nabyheid aan Hom
nooit familiariteit raak nie. Hy is en bly God.
Hannes Burger

Die wind waai waar hy wil ... So gebeur dit met elkeen wat uit die Gees
366 gebore is.
Johannes 3:16

Ons keuse vir Jesus ’n is geloofskeuse. Dis ’n keuse wat nie deur jou verstandelike oortuig-
ing gemotiveer is nie, maar deur die wonder dat God in sy genade jou vóórgespring het
en die geloof in jou hart gegee het lank voordat jy gereed was om vir jouself die keuse te
maak. Ons noem dit die werk van die Heilige Gees. Dís wat ons in staat stel om vir Jesus te
kies, al is daar baie goed waarvan ons eintlik niks verstaan nie. Ons logika is immers ook
net menslike wysheid, en daarom beperk en feilbaar.
Hannes Burger

136

1001 Beloftes_NEW.indd 136 4/18/2006 11:07:27 AM


Jesusliefde
Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teens-
367 woordige of toekomstige dinge of kragte ... kan ons van die liefde van
God skei nie ...
Romeine 8:38-39

Daar is vreugdegewers en vreugdestelers. Vreugdegewers is mense wat jou vrolik maak


en God se liefde vir jou sigbaar en geloofwaardiger maak. Mense wat jou laat juig oor die
uitkoms wat God vir jou gebring het.
Die vreugdestelers? Bid vir hulle. As jy glo jy kan niks doen nie, los hulle vir God. Maar
wys ook ’n stukkie omgee sodat die vreugdedief iemand word wat juig oor die uitkoms wat
God deur jou gegee het. Iemand wat sing omdat die Here deur jou aan haar goed gedoen
het.
Hanneke van Coller

Wie na reg en liefde strewe, aan hom word ’n vol lewe en eer geskenk.
Spreuke 21:21
368
Ek sal werk dat stilte en woede nie tussen ons staan nie. Ek sal jou nie keer as jy alleen kan
loop nie. Ek bly altyd lief vir jou.
Ek sal openlik vir jou sê as ek vir jou kwaad word. Ek vertrou jou met my lewe. Ek sal
reageer op al jou behoeftes. Ek sal jou vertroos in jou droefheid.
Solly Ozrovech

Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.


Jesaja 43:1
369
 Kies liefde ... al het jy soms nie behoefte daaraan nie.
 Leef liefde ... al voel jy soms nie daarna nie.
 Koester liefde ... al vra dit soms amper te veel van jou.
 Wees onvoorwaardelik lief ... want liefde vloei van God deur jou.
 Hou aan deur alles lief te hê ... want dit bring langtermynstabiliteit.
 Gee liefde onverdiend as vergifnis ... God verwag dit, want Hy doen dit vir jou.
 Betoon liefde, al voel jy kragteloos ... want die Bron van liefde leef in jou.
 Wys deur jou liefde genade ... dis jou behoud en jou vreugde.
Gustav Muller

137

1001 Beloftes_NEW.indd 137 4/18/2006 11:07:27 AM


Jubellag
Laat u werk vir ons duidelik word en u grootheid vir ons kinders.
Psalm 90:16
370
 Die beste medisyne teen bekommernis is om heerlik te lag.
 As jy dankbaar is omdat jy deel het aan God se wonderlike beloftes, gaan jy netnou
weer huppel.
 Om humor in ’n moeilike situasie te sien, help jou om geduldig te wag vir ander opsies,
in plaas van om te veg of te vlug.
 Deur te lag sal jy ontdek dat jy krag het om uitdagende situasies beter te hanteer.
 Jy is vry om te lag. Dit help jou om te leef asof die swaar en die seer reeds verby is.
Jannie le Roux

Gisteraand was daar nog trane en vanmôre lag ek al weer.


Psalm 30:6
371
Ek hoor in die woord “vrolikheid” ’n uitbundige, borrelende vreugde.
Om ’n kind van God te wees is klaar genoeg rede om elke dag met ’n jubellag te begin.
Om te weet sy beskermende hand is elke dag oor jou is meer as genoeg rede om saam
met die voëls ’n loflied aan te hef.
Die wyse Salomo leer dat daar ’n tyd is om te huil en ’n tyd om te lag. Moenie gister se
hartseer elke dag met jou saamsleep nie.
Ans Theron

By U is daar oorvloedige blydskap.


Psalm 16:11
372
Dis nie sonde om te lag nie.
Wanneer laas het jy uitbundig gelag? As jy lag, word daar endorfien afgeskei, wat jou
goed laat voel. Ons Here wil nie altyd ernstig wees nie. Die Bybel is vol humor. Dink aan
hoe koddig party van die dinge lyk wat Hy geskep het. Is ’n olifant nie vir jou snaaks nie?
Het jy gehoor wat die muis vir die vlermuis gesê het?
Nie? Hy het gesê: “Hallo, engel!”
Soek na die humor in die lewe en bly gesond!
Hennie Stander

138

1001 Beloftes_NEW.indd 138 4/18/2006 11:07:27 AM


Juweelvriende
Die regverdige laat sy pad vir hom wys deur ’n vriend ...
Spreuke 12:26
373
’n Goeie vriendin is soos goud, jy kan jouself by haar wees. Jy kan met jou probleme na
haar gaan, want sy sal jou help. Met jou vriende langs jou is jy baie sterker as op jou eie.
Deur die swaar en seerkry ondersteun hulle jou. En jy doen dieselfde vir hulle.
So ’n vriend is skaars. Jy is gelukkig as jy in jou hele lewe twee of drie sulke vriende het.
Vriendskap is ’n kosbare gawe van God. Hy weet hoe nodig ons iemand anders het.
Pas jou goeie vriende op soos goud, koester, vertroetel en beskerm hulle. Bestee tyd en
aandag aan hulle en wees self ’n goeie vriend!
Thea Brink

My vriende is so onbetroubaar soos die water van ’n spruit, soos ’n


droë loop waarin vloedwaters afkom ...
374
Job 6:15

Vriendskappe is verhoudings met ménse. Onvolmaakte mense. Mense wat veranderlik is,
wat my nie altyd ewe lief het nie, nie altyd begrypend, sensitief vir my behoeftes, verdraag-
saam en dankbaar genoeg is nie. Nou waarom lol ’n mens nog met hulle? Omdat hulle
ménse is. Mý vriendinne. Omdat hulle die vriendskap lewend hou. Hulle ken my. Wanneer
ek iets verkeerds doen, brand hulle liefdesvlam flouer en wil hulle my verander, maar hulle
hét my lief. Ag, hoe lekker is dit om aan hulle te dink.
Judy Venter

Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar ... en wees mekaar


375 daarin tot voorbeeld.
Romeine 12:10

Ons lewens versamel dag na dag ’n klomp stof en vullis, dinge wat ons lewensgang
besoedel. Watter voorreg om dié dinge met ’n vriend te deel. Watter bevryding wanneer die
vriend jou kan help om van die dag se stof ontslae te raak. En watter vreugde om uit die
koue van ’n harde wêreld by ’n vriend begrip en warmte te kry.
Só is vriendskap. Dit bevry jou van die sweterige stof van slegte ervarings en vou jou in
die warmte van omgeeliefde toe. Mense sien dit in jou oë en hoor dit in jou stem en lei dit
af uit jou lyftaal. Hulle sal stilweg opdaag en jou ondersteun wanneer jy dit nodig het.
Johan Smit

139

1001 Beloftes_NEW.indd 139 4/18/2006 11:07:28 AM


Karakter
Met u eie hande het U my gemaak ... gee my insig dat ek u gebooie kan
376 verstaan.
Psalm 119:73

 Karakter sê wie jy is en wys wat vir jou belangrik is.


 ’n Goeie karakter het te doen met jou keuses tussen reg en verkeerd.
 Jou keuses sal by mense met karakter positiewe gevolge hê.
 Wees volwasse, eerder as kinderagtig.
 Eerlikheid, respek en naasteliefde wys dat jy karakter het.
Nina Smit

Om volgens u verordeninge te lewe, gee my meer vreugde as al die


377 rykdom van die wêreld ... Maak my oë oop dat ek die kragtige werking
van u wet ervaar.
Psalm 119:14, 18

 God beplan jou lewe ... ONTDEK DIT.


 God werk ... LUISTER NA HOM.
 Ontdek jouself ... LEEF DAARVOLGENS.
 Wát wil jy wees ... STREEF DAARNA.
 Identifiseer jou swakpunte ... WERK DAARAAN.
 Mislukking en probleme is ’n kans ... GEBRUIK DIT.
 Verwerk kritiek ... LEER DAARUIT.
 Leer God se wil ken ... VERTROU HOM.
Jannie le Roux

Maak my u wil bekend, Here, leer my u paaie.


Psalm 25:4-5
378
Jy kan gewone sukses behaal deur maklik bereikbare doelwitte te stel – of jy kan kies om
soveel méér te wees deur na die sterre te mik.
Jy kan alles misloop wat Hy vir jou beplan het – of jy kan kies om na nuwe hoogtes te
klim waar God vir jou verrassende horisonne wil wys.
Jy kan môre se sukses, wat joune moes wees, nooit leer ken nie – of jy kan kies om elke
dag met God se hulp verder as gister te loop.
Milanie Vosloo

140

1001 Beloftes_NEW.indd 140 4/18/2006 11:07:28 AM


Kersfees
Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir
379 julle ’n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is.
Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore ... ”
Lukas 2:10-11

Dit lyk vir my “moenie bang wees nie” was die gonswoorde van daardie eerste Kersfees.
“Moenie bang wees nie,” sê die engel vir Josef. “Moenie bang wees nie,” sê hy vir die
herders. Waarvoor sou almal so bang wees? Vir die blote gewaarwording van ’n Goddelike
teenwoordigheid in hulle midde? Hoe ook al – vir nie een van hulle was die lewe ná die
engel ooit weer dieselfde nie! Mag die oorvloed van Kersfees jou oorweldig. Moenie bang
wees nie ... Wees bly!
Annalise Wiid

Die Woord het mens geword en onder ons kom woon.


380 Johannes 1:14

Fees van die lig. Fees van die lewe. Feesvreugde oor die Lig vir die wêreld. Kersvreugde!
As daar nou een blye boodskap is, is dit die koms van die Messias. Die engele sing
daarvan. Die herders getuig daarvan. Jesus is die blye boodskap, die Lig wat gekom het.
Ons leef in die sonlig van God se genade. Ons is die mense wat van vreugde straal, want
ons lewe in die lig van God se verlossende liefde. Meer nog: in ons vreugde sal die wêreld
vreugde vind. Ons is getuies van die enigste ware, onvernietigbare, ewige Lewensvreugde.
Johan Smit

Is dit nie dat jy vir dié wat honger is, van jou brood gee nie ... wanneer
381 jy iemand sonder klere sien, jy vir hom klere gee nie, dat jy jou mede-
mens nie aan sy lot oorlaat nie?
Jesaja 58:7

Die helfte van my familie woon aan die ander kant van die wêreld! Hierdie Kersfees nooi
ek bekendes onbekend. So is een van ons gaste ’n bosslaper. Ons het soveel meer deur
sy teenwoordigheid ontvang as wat ons vir hom kon gee. Ons dogter se opmerking was:
“Ons het gedink ons het hom met ’n lekker ete bederf, maar ons is meer deur sy geselskap
geseën.” Kersfees sal nooit weer vir my dieselfde wees nie; my fokus het van die beplan-
ning van ’n spyskaart na ’n opreg-soekende gesindheid geskuif.
Amanda Swanepoel

141

1001 Beloftes_NEW.indd 141 4/18/2006 11:07:28 AM


Keuses
Jou liefde het vir my groot vreugde en bemoediging gebring, omdat jy,
382 broer, die harte van die gelowiges verkwik het.
Filemon vers 7

 Geluk lê nie in dinge nie, maar in jou smaak vir bepaalde dinge.
 Geluk is die metgesel op die pad, die lig in die nag van die mens wat nie bang is om
alleen te wees nie, omdat sy vreugde in haar hart het (Effie de Vos).
Daarom moet jy ...
 alles insit om geluk ín jouself te vind en nie in die dinge óm jou nie.
 kies om jou probleme, jou krisisse en jou swaarkry in vreugde te verander.
 ophou om skuldig te voel as die lewe vir jou lekker is en jy geluk ervaar.
Nina Smit

Ek het vreugde aanbeveel: daar is niks beter vir die mens in hierdie
wêreld nie as dat hy eet en drink en vrolik is onder al sy geswoeg
383
tydens die lewe wat God hom in hierdie wêreld gee.
Prediker 8:15

Blydskap is ’n keuse. Selfs onder die haglikste omstandighede is dit ’n keuse wat jou trage-
dies in oorwinnings kan verander. Mense kan jou vreeslike dinge aandoen en jou jou vryheid
ontneem, maar daar is één ding wat niemand van jou kan wegneem nie: Dit is om te kies hoe
jy gaan reageer op die dinge wat met jou gebeur. Jy kan kies om jou probleme, jou krisisse,
jou swaarkry in vreugde te omskep en hulle sodoende in oorwinnings te verander. Kies om
gelukkig te wees! Doen die dinge wat jy nog altyd graag wou doen, maar altyd uitgestel het.
Nina Smit

Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het
384 jou vrygemaak van die wet van sonde en dood.
Romeine 8:2

God laat Hom nie onherroeplik deur sy eie besluite bind nie. Hy is Heer, ook oor sy eie be-
sluite. Die feit dat God die wêreld nie volgens ’n onveranderlike bloudruk bestuur nie, bring
mee dat ons met groter verantwoordelikheid moet leef. Ons is nie marionette nie. Ons is vry
om ons eie keuses te maak. Boonop het ons keuses ’n invloed op die manier waarop God
sy plan in ons lewens uitvoer. Nie een van ons kan hierdie verantwoordelikheid vryspring
nie. Elke kind van God is deur Hom gekies en aangestel om sy instrument op aarde te wees.
Jaco Thom

142

1001 Beloftes_NEW.indd 142 4/18/2006 11:07:28 AM


Kla by God
Kom julle alleen saam na ’n stil plek toe en rus ’n bietjie.
Markus 6:31
385
Wanneer jy jou pyn alleen dra, begin jy vrae na God slinger. Maar die wonder van genade
is: Hy luister, Hy verstaan en Hy gee om! Hy is dáár vir jou, want Hy het belowe dat Hy jou
nooit in die steek sal laat nie! Soms is God se terapie juis dat ons tyd in afsondering moet
deurbring sodat ons ons verhouding met Hom kan evalueer.
Wanneer jy op jou voete staan, kyk jy rondom jou. Wanneer jy op jou rug lê, kyk jy
boontoe. Dan ontdek jy die Here in Sy liefde en genade.
Solly Ozrovech

Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit
386 loop vir ons uit op ’n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig
bly.
2 Korintiërs 4:17

Jy aanvaar dalk dat die Bybel God se wil bekend maak, maar op ’n dag lyk dit asof jy en
die Here mekaar glad nie verstaan nie!
Onthou dat God Sy liefde vir jou aan ’n kruis bewys het. Moenie in moeilike omstan-
dighede probeer verstaan wat God se plan is nie. Vra God om jou te help om te verstaan
hoe Hy jou lewe sien. Wag dat die Heilige Gees jou help om jou omstandighede te aanvaar.
Johan Smit

Here my God wat my altyd help, ek roep elke dag om hulp, elke nag bid
ek tot U. Laat my gebed nie tevergeefs wees nie, hoor my geroep. Die
387
swaarkry het vir my te veel geword ... ek het geen krag meer nie.
Psalm 88:2-5

Jou klaaglied is ’n teken van geloofsvertroue. Die Here het begrip vir jou worsteling en het
jou lief ten spyte daarvan.
Eendag sal jou omstandighede ’n keerpunt bereik, sal jy opstaan en aangaan.
’n Klaaglied het nie die bedoeling om met God te breek nie. Jy mag kla, want as jy gesê
het hoe jy voel, is jy nader aan God. God verstaan. Hy sal antwoord.
Rassie van Niekerk

143

1001 Beloftes_NEW.indd 143 4/18/2006 11:07:28 AM


Kommerloos
Ek sal eendag sonder sorge sterf in my eie huis, my lewensdae sal meer
388 wees as wat daar sand is, ek sal wees soos ’n boom met sy wortels by
die water en elke môre dou op sy takke, ek sal altyd nuwe krag hê ...
Job 29:18-20

God gee vir ons in sy Woord maniere om kommer te oorwin. Fokus op God se grootheid
en loof Hom, dan sal jou kommer verdwyn. Hoe groter God word, hoe kleiner word jou
probleme. Dan draai jou manier van dink en jou lewe om. Deur die Heilige Gees kry jy
oplossings en leef jy nie probleembewus nie, maar Christus-bewus. Wees positief. Hou
God voor oë en aanbid sy grootheid. Hy help jou om jou probleme op te los.
Rassie van Niekerk

Die Engel van die Here slaan sy laer op rondom dié wat die Here dien,
389 en red hulle.
Psalm 34:8

Hoe jy oor jou toekoms dink, bepaal hoe jy elke dag leef:
 Moenie bekommerd wees oor dinge waaraan jy niks kan doen nie.
 Soek werkbare oplossings vir jou probleme.
 Verruil jou kommer vir God se vrede!
 Lees in die Bybel hoe God jou met liefde versorg en jou lewe beheer.
 Bring jou tyd deur saam met positiewe mense wat vol vertroue oor die lewe is.
 Kies doelgerig ’n kommerlose lewe.
Nina Smit

Die Here sorg vir die regverdiges en luister na hulle hulpgeroep. Maar
390 Hy tree op teen dié wat kwaad doen en vee selfs die herinnering aan
hulle van die aarde af.
Psalm 34:16-17

 Onthou dat God al die bekommernisse waarmee jy worstel, lankal ken.


 Weet dat Hy jou ken en elke tree van die pad saam met jou sal loop.
 Vertrou volkome op Hom, want Hy kán waar ons nie kan nie.
 Leef naby aan Hom sodat jy sy antwoorde sal hoor.
 Aanvaar dat Hy die uitkoms sal gee.
Milanie Vosloo

144

1001 Beloftes_NEW.indd 144 4/18/2006 11:07:28 AM


Konflik
’n Mens vind vreugde daarin as hy die antwoord het; wat is beter as die
391 regte woord op die regte tyd?
Spreuke 15:23

 Koel af, dink voor jy praat en tel jou woorde.


 Vergewe en sit dit agter jou.
 Vra na God se insig.
 Weet wanneer dit oor groter dinge gaan.
 Leer om kalm te bly, al kook al die mense rondom jou.
 Weet dat ’n oplossing gekry moet word, maak nie saak wie reg of verkeerd is nie.
MilanieVosloo

Moet ek met ’n slaanding na julle toe kom, of in liefde en in ’n gees van


vriendelikheid?
392
1 Korintiërs 4:21

Hoe om konflik met veglustiges te hanteer:


 Indien iemand jou kritiseer, beheer jouself.
 Versamel inligting oor konflikhantering. Pas dit in jou lewe toe.
 Kies ’n geskikte tyd en plek om te gesels, sonder onderbrekings.
 Indien julle humeure opvlam, wees die minste. Voer die gesprek later.
 Luister na mekaar en maak seker wat die probleem is.
 Probeer ’n oplossing vind en pas dit dan toe.
Rina de Klerk

As jy melk karring, kom daar botter; jy iemand op die neus slaan, kom
393 daar bloed uit; as jy mense kwaad maak, kom daar rusie.
Spreuke 30:33

Jy wen die argument, maar verloor ’n vriendskap ... Hanteer konflik soos ’n wenner:
 Wys jy gee om.
 Moenie uitstel nie.
 Verstaan die ander een.
 Gee kans vir ’n reaksie.
 Kry ’n plan van aksie.
Anita van Niekerk

145

1001 Beloftes_NEW.indd 145 4/18/2006 11:07:28 AM


Kopskuif
As die lig in jou donker is, hoe donker moet dit dan nie wees nie?
Matteus 6:23
394
Jy kan jouself “reg dink”. Kies wat jy dink, sodat daardie stemmetjie in jou kop jou nie meer
so negatief affekteer nie. Stel vas watter gedagtes jou onderkry – dis daardie idees wat jy
het oor hoe die lewe behoort te werk, soos dat almal van jou moet hou. Soek iets in die
plek van daardie gedagte. Sê byvoorbeeld: “Solank ek van myself hou en die mense vir
wie ek lief is van my hou, maak dit nie saak wat ander dink nie.” Begin om jou gedagtes te
stuur en om doelbewus ’n nuwe gedagte te dink.
Rina de Klerk

God is my toevlug.
395 Psalm 62:8

Daar is ’n paar maklike maniere om blitsvinnig goed te voel. Eerstens, staan regop. Dis
wonderbaarlik wat ’n goeie liggaamshouding vir jou selfvertroue kan doen. En lag. Gaan
kyk in die spieël. Frons eers en lag dan. Watter een lyk die beste? Besluit watter gesig
jy die graagste vir ander mense wil wys. Staan elke uur op en gaan stap buite rond. Jou
energievlak sal hoog bly en jy sal meer ontspanne wees. Gebruik doelbewus positiewe
woorde. Ons sê dikwels: “Ek het vandag ongelooflik baie werk om te doen.” Sê eerder: “Ek
het vandag die geleentheid om baie gedoen te kry.”
Skrywer onbekend

Kan jy ’n krokodil met ’n hoek vang of hom ’n tou in die bek sit?
Job 40:20
396
Onthou om speels te wees met die lewe. Dis so ’n ernstige saak dat jy dit in jou joernaal
moet aanteken. Jy moet ’n ogie hou oor hoe speels jy met die lewe is sodat jy dit nie te min
doen nie. Daar was ’n vrou wat vier kinders grootgemaak het op ’n speelse manier. Nooit
hulle stoutigheid en rebelsheid te ernstig opgeneem nie. En so het hulle gawe jongmense
geword.
Soek en behou jou speelsheid, veral ook vir wanneer jy dit nodig gaan kry. En ja, daar is
ook speelsheid by God! Sien die ligter kant van die lewe in. Saam met God.
Christina Landman

146

1001 Beloftes_NEW.indd 146 4/18/2006 11:07:28 AM


Kritiek
Christus het ons vry gemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in
397 hierdie vryheid en moet julle nie weer onder ’n slawejuk laat indwing nie.
Galasiërs 5:1

Kritiek kan jou vernietig. Positiewe kritiek is opbouend, moenie liggeraak wees nie.
Vertel vir God van jou ...
 probleme ... Hy kan help.
 vreugdes ... Hy kan dit mooi maak.
 versoekings ... Hy beskerm jou daarteen.
 hartseer ... Hy jou kan troos.
Hy is jou vriend.
Judy Venter

Ek is bang vir twis, naywer, onbeheerstheid, selfsug, kwaadpratery,


398 nuusdraery, verwaandheid en wanordelikheid.
2 Korintiërs 12:20

Vroue glo dat die afbrekende menings oor ander altyd reg is. Deur kritiese denke probeer
ons onsself van enige blaam bevry. Sien die goeie in ander raak. Wat jy saai, sal jy oes.
Jy dink jy is perfek, maar jy kan self nie voldoen aan die verwagtings wat jy van ander
het nie. Bewys meer naasteliefde. Christene word verstoot omdat hulle so maklik oordeel.
’n Beeldskone jong kunstenaar sê: “Ek’s lief vir God, maar vir die Christen-kliek sien ek nie
kans nie. Hulle oordeel sonder om uit te vind wat die omstandighede is.”
Wees positief en fokus op die mooi in mense.
Wanda de Kock-Bam

Waarom sien jy die splinter raak wat in jou broer se oog is, maar die
399 balk in jou eie oog merk jy nie op nie?
Matteus 7:3

Mense wat dink hulle is altyd reg, laat ander verskriklik ly. Dan deel jy genadeloos skuld uit
sonder om insig te hê in wat jy besig is om aan ander te doen. Dis goed vir jou om nou en
dan krities na jouself te kyk. En ons praat hier van ’n leerproses. Dat jy jou foute sal erken
en daaruit sal leer. Gesonde selfkritiek is goed vir jou! En dis veral goed vir die mense om
jou – wat dalk onder jou aanhoudende kritiek moet deurloop! Ons as gelowiges kan im-
mers ons foute erken, want het ons nie toegang tot God se eindelose genade nie?
Christina Landman

147

1001 Beloftes_NEW.indd 147 4/18/2006 11:07:28 AM


Kwaadword
Wie sy mond in bedwang hou, behou sy lewe; wie sy mond nie kan hou
400 nie, gaan sy ondergang tegemoet.
Spreuke 13:3

Woede bars gewoonlik los as iets in die pad kom van jou wense, jou hoop en jou ver-
wagtings. Jy word kwaad as dinge nie verloop soos jy beplan het nie. Maar as jy eerlik
moet wees, sal jy erken dat woede amper nooit regtig iets oplos nie.
Hierdie is een plek waar jy gerus kan uitstel. Wag ’n oomblik voordat jy praat of doen.
Woede het die manier om gesonde verstand te ignoreer en op lang termyn onberekenbare
skade aan te rig. Jy kan nie jou kwaadword ignoreer nie. Dis ’n normale reaksie. Maar jy
móét dit bestuur, anders bestuur dit jou! Bid en vra dat die Here jou sal help om die frustra-
sie te bekyk. Vra dan wat kan jy doen in plaas van om in woede uit te bars.
Jannie le Roux

Iemand wat kwaad is, ontsien niks, sy woede is ’n onkeerbare vloed ...
401 Spreuke 27:4

Wanneer jy kwaad word, haal diep asem. Dit is moeilik om intense emosie te ervaar en ter-
selfdertyd diep asem te haal. Tel agteruit; dis ’n logiese funksie wat jou help om nie in die
emosionele deel van jou brein vas te steek nie. Ontspan doelbewus. Opgewerkte emosies
laat jou spiere saamtrek, jou hart vinniger klop en die adrenalien deur jou liggaam pomp.
Staan ’n tree terug. Dit is soms beter om liewer die vertrek te verlaat sodat jy kan dink.
Rina de Klerk

My liewe broers, dít moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar
402 te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad
word nie.
Jakobus 1:19

Moet NOOIT ...


 op mekaar skree of vloek nie. So verloor julle vinnig respek vir mekaar.
 die ander een se karakter of familie aanval nie.
 jou waardigheid verloor nie. Moet nooit fisies baklei nie.
 jok of manipuleer nie. Wees altyd eerlik met jouself en jou maat.
 tou opgooi nie. Soek saam oplossings.
Skrywer onbekend

148

1001 Beloftes_NEW.indd 148 4/18/2006 11:07:28 AM


Kwelling
Ek maak my nie besorg oor groot dinge nie, dinge wat bo my vermoë
403 is.
Psalm 131:1

Kwelling ...
 is om rente te betaal op probleme voordat dit jou oorkom.
 het met die toekoms te make waaraan jy niks kan verander deur jou so op te werk nie.
 is onnodig omdat bitter min van dit waaroor jy so stres, op die ou end met jou gebeur.
 getuig teen jou geloof in ’n Vader wat net die beste vir jou wil hê.
Nina Smit

Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel. Moet dan nie bang
wees nie.
404
Matteus 10:30

Is jou aandag verdeel? Werk jy stadiger as gewoonlik? Vat en los jy sonder om iets te
bereik? Word jou binneste, jou gemoed en verhoudings omgekrap?
As dit so is, is dit tyd om kwelling vas te vat en ’n plan te maak daarmee.
 Besef dat bekommernis jou siek maak.
 Sit jou kwelling in God se hande en leer om Hom volkome te vertrou.
 Bid om kalmte en innerlike rustigheid.
Jannie le Roux

Moenie bang wees vir dié wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie
405 kan doodmaak nie. Nee, vrees Hom eerder wat sowel die liggaam as
die siel in die hel kan laat vergaan.
Matteus 10:28

Kommer is soos ’n wurm in ’n vrug. Dit begin op een plekkie en verwoes naderhand die
hele perske. Wat kan ’n mens aan bekommernis doen?
 Besluit wat jou bekommer. Moet jy daaraan aandag gee of is dit net bietjie angstigheid?
 Besluit of jy iets aan jou bekommernis kan doen en of dit in God se hande is. As dit in
God se hande is, los dit en gaan aan met die lewe.
 Maak tyd om dit te deurdink, praat dit deur met God en beraam ’n aksieplan wat jy kan
gebruik om dit te pak.
Jannie le Roux

149

1001 Beloftes_NEW.indd 149 4/18/2006 11:07:28 AM


Lafenis
Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag,
406 teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld.
Efesiërs 6:12

Die feit dat iets glad verloop, is nie ’n waarborg van God se goedkeuring nie. Ons weet hoe
listig die Satan dinge “voorspoedig” kan plooi.
Daarteenoor is iets wat na ’n vertraging lyk, nie altyd die werk van die duiwel of ’n nee
van God af nie. Partykeer stop Hy die proses om ’n halte te skep, sodat jy kan rus of besin
voor die volgende skof. Die rustigheid lê daarin dat God by jou is in jou voorspoed én
teëspoed.
Judy Venter

Kyk, die reëntyd is verby, die reën is oor, dis weg. Daar is bloeisels in
407 die veld, dit het tyd geword om te sing; die tortelduif se stem klink oor
ons land.
Hooglied 2:11-12

Omdat ons in God glo, ontvang ons die ewige lewe. By geboorte het jy die grootste
geskenk ontvang – lewe! ’n Liggaam, verstand, emosies en ’n siel.
Baie dinge kan wetenskaplik verduidelik word – ’n traan en ’n skaterlag. Maar dít wat
my laat lag wanneer niemand ’n grap vertel nie, of wat my laat huil wanneer ek geen pyn
ervaar nie – dít is my siel. Dít wat my vrede laat vind, is die Heilige Gees wat my siel lawe.
Nadine

Die Here verstoot ’n mens nie vir altyd nie; as Hy beproewing oor ’n
408 mens gebring het, ontferm Hy Hom weer, want sy liefde is groot: dit is
teen sy sin dat Hy mense in ellende en beproewing bring.
Klaagliedere 3:31-33

Elke mens ervaar oomblikke dat hy met huiwering en skaamte vra: Kan God liefde wees?
Dan stuur God mense na jou toe om deur hulle weer die God van liefde te ontdek –
dikwels mense wat deur diepe smart gegaan het en in God se wil berus.
Dan besef jy: Wie is ek om God te bevraagteken? Sy genade is eintlik genoeg ... Ge-
noeg vir elke omstandigheid ...
Solly Ozrovech

150

1001 Beloftes_NEW.indd 150 4/18/2006 11:07:28 AM


Lag
Wees bly op die dag van voorspoed, en as daar ’n dag van teëspoed
409 kom, sien dit so: soos die een het God ook die ander gegee, sodat die
mens nie sal weet wat vir hom voorlê nie.
Prediker 7:14

Lag meer, want lag:


 verlig stres en laat jou goed voel.
 help om troebel verhoudings te verhelder.
 laat ander mense wat na jou kyk, ook beter voel.
 verbeter jou bloedvloei omdat jy dieper asemhaal en meer suurstof kry.
 laat jou liggaam endorfien afskei, wat ’n natuurlike goedvoelhormoon is.
Nina Smit

Ek het vreugde aanbeveel: daar is niks beter vir die mens in hierdie
410 wêreld nie as dat hy eet en drink en vrolik is ...
Prediker 8:15

Daar is baie redes om te lag:


 Om saam met jou vriende te lag maak jou werklik gelukkig.
 Lag laat negatiewe emosies verdwyn en sorg dat jy beter voel.
 Dit help jou om die lewe nie so dodelik ernstig op te neem nie.
 Dit stel jou in staat om bo die swaar en seer van die lewe uit te styg.
 Jou lag kan nooit opraak nie.
Jannie le Roux

Eet dus jou brood met vreugde, drink jou wyn met ’n bly gemoed ...
411 geniet die lewe ...
Prediker 9:7, 9

 Lag is plesierig, kos niks en is aansteeklik.


 Lag maak jou mooi van binne.
 Lag maak jou ontsteltenisse minder erg.
 Lag moedig jou aan om mense se foute te vergewe.
 Lag voorkom dat jy lelike plooie kry van te veel frons.
 Lag bring liefde in jou lewe in.
Nina Smit

151

1001 Beloftes_NEW.indd 151 4/18/2006 11:07:28 AM


Lagdae
Vir die mens met wie se lewe God tevrede is, gee Hy wysheid, kennis
412 en blydskap.
Prediker 2:26

Humor laat ’n mens deur ’n heel ander bril na die wêreld om jou kyk.
Humor help om jou breingolwe ’n bietjie te laat vibreer sodat jy nuwe moontlikhede kan
raaksien. Wanneer jy gespanne raak, kan jy juis nie al die moontlikhede raaksien nie. Hu-
mor laat jou net genoeg ontspan om weer positief aan te gaan. Maak vandag jou lagdag!
Soek doelbewus na die komiese in elke situasie en lag daaroor! Soek elke dag iets wat
snaak is en vertel vir minstens een ander persoon daarvan.
Jannie le Roux

Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd ... ’n
413 tyd om te lag ... ’n tyd om van blydskap te dans ...
Prediker 3:1, 4

Lag is die heel beste gratis medisyne wat daar is. As jy lag, voel nie net die mense rondom
jou beter nie, maar jy self ook.
Vrolikheid is aansteeklik. Probeer ’n slag om vir elke mens by wie jy in ’n besige win-
kelsentrum verbyloop, ’n vrolike glimlag te gee en kyk wat gebeur. Net so hier en daar sal
iemand nie dadelik vir jou terug glimlag nie. Wetenskaplikes het ontdek dat vrolike gesigte
ánder ook aanspoor tot geluk en geesdrif. Wees net vriendelik!
Nina Smit

So ’n mens dink skaars na oor wat in sy lewe gebeur, so vol is hy van


414 die blydskap wat God gee.
Prediker 5:19

Hoekom is lag goed vir jou?


 Dit is aansteeklik.  Dit laat jou ontspan.
 Dit maak jou gelukkig.  Dit maak jou dankbaar.
 Dit maak jou lewe lekker.  Dit maak diegene rondom jou bly.
 Dit laat jou skoon lighoofdig voel.  Dit help jou om stres te hanteer.
Jannie le Roux

152

1001 Beloftes_NEW.indd 152 4/18/2006 11:07:28 AM


Lewe
Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie ... julle hemelse
415 Vader sorg vir hulle. Maar ... Selfs Salomo in al sy prag was nie geklee
soos een van hulle nie.
Matteus 6:26-29

Ervaar die lewe doelbewus:


Ruik: Gaan staan buite, maak jou oë toe en trek vars lug diep in jou longe in.
Sien: Sien die mooi dinge rondom jou raak. Kyk hoe pragtig verkleur die bome se blare en
hoe mooi lyk die wolke. Sien die mooi in die mense rondom jou raak.
Proe: Smul aan jou gunsteling lekkerny.
Voel: Loop kaalvoet op die strand of op jou grasperk. Masseer jou man se skouers.
Hoor: Sit stil in jou tuin en luister na die geluide om jou.
Gerinda Jooste

Met blydskap sal julle water skep uit die fonteine van redding.
Jesaja 12:3
416
 Leef soos ’n verteenwoordiger van God.
 Raak ontslae van alles wat jou gewigtig laat voel.
 Bring soggens tyd saam met God deur en kry so innerlike krag vir selfdissipline.
 Gaan stap soggens en hou vol hiermee.
 Ontbyt is ’n hoeksteengebeurtenis wat jou die regte brandstof vir die dag gee.
 Sluit die minimum vet in jou dieet in, sodat jou liggaam binne en buite vetloos kan bly.
Maretha Maartens

Ek wil die Here loof, met alles wat in my is, wil ek sy heilige Naam loof.
Psalm 103:1
417
Hoe sê ’n mens dankie vir ’n lewe vol goeie dinge? Dien Hom! Wat ’n voorreg om sy Naam
te verheerlik en sy Woord te verkondig. Vir God dankie te sê en vir Hom ’n getuie te wees.
Loof die Here, want Hy is goed. Aan sy liefde is daar geen einde nie. Elke tree van die
pad was deur sy liefde beplan en het my nader aan Hom gebring. Ek is oppad huis toe, ek
is oppad hemel toe; ek is oppad om te gaan aansit by die feesmaal van die Lam! Ek loof
en dank die Here vir al die wonderlike dinge wat Hy gedoen het om my onlosmaaklik aan
Hom te bind.
Tinkie Kotzé-Van Zyl

153

1001 Beloftes_NEW.indd 153 4/18/2006 11:07:28 AM


Lewensbesluite
Kom, prys die Here ...
Psalm 134:1
418
’n Vrou in ons gemeente kry ’n doodgaan-kanker. Die hele volk bid al vir haar, toe sê die
Here ek moet ook. Vir wat moet ek bid, Here? Ek trap water, die opdrag bly. Toe gaan ek.
Deur die werk van die Heilige Gees word my trane, my belydenis en my drie bang bid-
woorde met oop arms ontvang. Ek hoor net een refrein: Lewe ... lewe nou ... lewe voluit ...
Net daar besluit ek, dit is hoe ek in elk geval wil lewe ... passievol, deurdrenk met die
liefde van Jesus, sy kruis voor my oë, sy lof op my lippe, met hoop, met genade, met
versoening. Dankbaar!
Tinkie Kotze van Zyl

Om volgens U verordeninge te lewe, gee my meer vreugde as al die


419 rykdom van die wêreld.
Psalm 119:14-15

Leef met oorgawe, want dis hemelse terapie en bring regte vrede.
 Wees gewillig om alles te verloor en so alles te wen.
 Gee jou lewe aan Jesus en volg Hom met vertroue.
 Maak jou hart oop voor God. Laat Hy jou dankbaarheid leer.
 Deel jou emosies eerlik met Hom, want op dié manier kom daar rus in jou gemoed en
kan jy in dankbaarheid leef.
Rassie van Niekerk

Julle weet self maar alte goed dat die dag van die Here onverwags kom
420 soos ’n dief in die nag.
1 Tessalonisense 5:2

Iemand het eenkeer vir John Wesley gevra wat hy sal doen as hy weet dat die wederkoms
môre sal plaasvind. Hy het rustig geantwoord: “Ek sal mnr. X om vyfuur sien, om seweuur
het ek ’n diens, daarna gaan ek slaap. Môreoggend om vyfuur sal ek stiltetyd hê. Agtuur
het ek ’n afspraak met mev. A en tienuur met mnr. B en elfuur sal die Here kom.”
Hy sou niks verander nie. Hy het reeds geleef asof Jesus enige oomblik kan kom; hy
het nie onafgehandelde sake gehad nie. Hy was besig met die dinge wat die hoogste prio-
riteit moes geniet. Hy was gereed.
Hennie Stander

154

1001 Beloftes_NEW.indd 154 4/18/2006 11:07:28 AM


Lewensgeluk
En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat groei en
421 oorvloedig maak, net soos ons liefde vir julle.
1 Tessalonisense 3:11

Daar is vier dinge wat jy kan doen om regtig gelukkig te wees.


 Vriendelikheid ... dis liefde wat mense op jou gesig lees.
 Selfbeheersing ... dis liefde wanneer jy ander mense se gevoelens in ag neem.
 Geduld ... dis liefde wanneer jy onder stres is.
 Omgee ... dis liefde wat oorgaan in dade omdat al die mooi dinge in jou lewe – getuie-
nis, geloof, kennis, werkywer, offervaardigheid – slegs betekenis het as jou lewe die
goue draad van liefde het.
Hannes Burger

Wees altyd bly ... Wees in alle omstandighede dankbaar want dit is wat
God in Christus Jesus van julle verwag.
422
1 Tessalonisense 5:16, 18

Geluk beteken dat ons God se helpende hand kan raaksien as ons probleme het. As
ons oorgee aan Hom, laat ons Christus toe om ons elke keer soos die snaar van ’n kitaar
in te stem. Te slap of te styf werk nie! Maar as al die dele van ons lewe soos ’n akkoord
ingestem is op God se toonhoogte, sorg dit vir die pragtigste lofklanke. So hanteer ons ons
lewenskrisisse reg.
Jy wat gelukkig is, is geseënd ... om die guns en genade van God elke oomblik raak te
sien, te ervaar en te geniet.
Jannie le Roux

Die Here sal jou altyd deur lei.


Jesaja 58:11
423
 Geluk word teruggekry in verhouding met die hoeveelheid geluk wat jy aan ander gee.
 Geluk betree jou wese as jy positief is oor dit wat die lewe van jou vra.
 Geluk kom as jou lewenstaak jou gelukkig en tevrede maak.
 Geluk spruit uit ’n lewe wat voluit geleef word.
 Geluk is afhanklik van jou verhouding met God en met mense.
Solly Ozrovech

155

1001 Beloftes_NEW.indd 155 4/18/2006 11:07:28 AM


Lewensgenot
Ek het oral voorspoed geniet: volop dikmelk en strome olyfolie.
Job 29:6
424
Volg die volgende selfsorgwenke om te verseker dat jy altyd jou sprankel sal behou.
 Kry genoeg slaap.
 Bederf jouself nou en dan.
 Onthou dat liefde vir ander nie beteken dat jy die hele tyd na hulle pype moet dans nie.
 Vergewe jouself en maak ’n gewoonte daarvan om ander onmiddellik te vergewe.
 Doen iets spesiaals vir iemand anders en moenie sê dit was jy nie.
 Verander jou negatiewe gedagtes in positiewe dade.
Skrywer onbekend

Praat en tree dan op soos mense wat geoordeel sal word volgens die
425 wet wat vry maak.
Jakobus 2:12

Maak jou lewe opwindend:


 Doen lekker goed wat jy nie gewoonlik doen nie.
 Begin skryf, al lees net jy dit.
 Geniet inspirerende musiek gereeld.
 Gaan op staptogte en opwindende ritte en ervaar die natuur
 Verander jou klerestyl en voorkoms.
 Leer nuwe vriende ken.
Dirk Guelpa

’n Liggaam wat nie asemhaal nie, is dood. So is die geloof wat nie tot
426 dade kom nie, ook dood.
Jakobus 2:26

Wil jy rêrig ’n verskil in jou omgewing maak?


 Skryf ’n hele dag net met die hand waarmee jy nie normaalweg skryf nie.
 Probeer ’n paar dae lank om al jou “maars” in “enne” te verander.
 Sodra jy ’n probleem ondervind, verander dit dadelik in ’n vraag wat tot ’n oplossing
kan lei. Skryf dit neer.
 Hou op om “hoekom?” te vra. Vra: “Hoekom nie?”
Kobus Neethling

156

1001 Beloftes_NEW.indd 156 4/18/2006 11:07:28 AM


Lewenskrisisse
As iemand die Here dien, leer Hy hom watter pad hy moet kies.
Psalm 25:12
427
Tydens ’n lewenskrisis, het ek in ons strandhuis gaan woon. Een nag hoor ek die see se
gedreun. Dis aangrypend mooi. Bedags is daar te veel geraas om die gedruis te hoor.
Soms kan ek God se stem nie hoor nie as gevolg van my gedagtes, woorde en ander
mense se lawaai. God wou praat, maar ek kon nie hoor nie. Een oggend gaan stap ek en
hoor die gedreun van die branders ... ek en God praat met mekaar. Ek het Hom gehoor,
want ek het geleer om geduldig te wees.
Johan Smit

Hou moed en wees dapper! Moenie bang wees nie ... die Here julle
428 God gaan saam met julle. Hy sal julle nie in die steek laat nie ...
Deuteronomium 31:6

Geen mens is seker oor die toekoms nie. Tog moet jy die onbekende met sekerheid
binnegaan. Geloof is ’n sprong in die donker.
Om die storms van jou lewe te hanteer, het jy ’n anker nodig om aan vas te hou. Geloof
is ons ankertou wat hoop gee.
Christene kan vashou aan die hoop wat ons in Christus het. Die kruis is ons anker om
ons siel aan Jesus vas te anker. Ons ontvang krag van God om ons probleme te hanteer.
Rassie van Niekerk

Mag ons God julle waardig maak vir die lewe waartoe Hy julle geroep
429 het ...
2 Tessalonisense 1:11

Lees die Bybel wanneer jy twyfel oor wat reg is – God wil met jou praat. Jesus leer ons in
die bergrede dat ons nooit God se wet mag losmaak van God se bedoeling daarmee nie.
Ons moet binne die wet optree.
Die Here weet wat jou dryfveer is. Hy weet alreeds of ons optrede met die wet van liefde
ooreenstem of eintlik net onsself probeer regverdig.
Vind riglyne in die Bybel en bid sonder twyfel. Dit sal dan vir jou maklik wees om God
bo jouself te stel.
Onthou: God kyk na jou hart.
Johan Smit

157

1001 Beloftes_NEW.indd 157 4/18/2006 11:07:29 AM


Lewenskuns
Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet wat ’n mens vry
430 maak, en hom daaraan hou en nie vergeet wat hy hoor nie, maar doen,
hy sal gelukkig wees in wat hy doen.
Jakobus 1:25

Onthou wat belangrik is in die lewenskuns. Wanneer laas het jy ...


 jou kinders se drome en ideale gedeel?
 regtig tyd saam met jou maat deurgebring?
 ’n hele simfonie van jou gunsteling komponis deurgeluister?
 jou verwonder oor God se skepping?
 diepgaande Bybelstudie gedoen?
Jou lewe hier op aarde is net tydelik. Maak werk van hierdie prioriteite!
Nina Smit

Op ons wat sterk is in die geloof, rus die verpligting om die swakhede
431 te verdra van dié wat nie sterk is nie.
Romeine 15:1

Is jy vasgevang in ’n groef? Probeer dié dinge om die groewe en grafte te systap na ’n lewe
van volheid:
 Sê ja vir môre.  Bid in krisistye.
 Ken God waarlik.  Moenie twyfel nie.
 Doen alles in liefde.  Sit jou hart in jou taak.
 Luister na God se Gees.  Gee jouself volkome oor.
 Gee en ontvang vergifnis sonder grense.
Solly Ozrovech

Vir die regverdiges lê daar vreugde voor ...


Spreuke 10:28
432
 Oppas vir té veel werk ... dit verveel jou omdat die lewe eentonig is.
 Die lewe is kosbaar ... moet dit nie mors nie.
 Benut jou gawes ... geniet dit wat jy daarmee doen.
 Gebruik jou tyd reg ... só word jy ’n gebalanseerde mens.
Hannes Burger

158

1001 Beloftes_NEW.indd 158 4/18/2006 11:07:29 AM


Lewensmaat
Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou,
433 loop uit op die dood, maar die dinge waarmee die Gees Hom besig
hou, bring lewe en vrede.
Romeine 8:6

As jy wonder of jou vriend huiwer om ernstig te raak, wees hiervoor op die uitkyk: Hy vermy
toekomsgesprekke. Soms is hy opgewonde om van jou te hoor, ander kere is hy te besig.
Sy ouers is nooit tuis nie en hy wil ook nooit dat julle sy suster vir koffie ontmoet nie. Let
op na hoe hy in geselskap na jou verwys.
Skrywer onbekend

’n Dwase seun is sy vader se ondergang; die gekyf van ’n vrou is soos


434 die gedrup uit ’n dak wat lek.
Spreuke 19:13

Maniere om sy voete onder hom uit te slaan ...


 Ontspan. Geniet die afspraak.
 Wees vriendelik en lyk lus vir die lewe.
 Moenie beterweterig wees nie, maar behou jou eie mening.
 Maak oogkontak. Dit wys jy het selfvertroue.
 Vergeet van jouself. Laat hom belangrik voel.
 Wees net jouself. Dit help nie om voor te gee nie.

Gerinda Jooste

Wie opreg leef, leef sonder vrees; wie krom paaie loop, word uitgevind.
435 Spreuke 10:9

Hier is VIER planne met moeilike skoonouers:


STOP: Besef dat die situasie nie so kan voortgaan nie.
BEGRYP JOU MAN SE KANT: Probeer verstaan hoe magteloos jou man voel. Hy kan nie
sy ouers verander nie.
MAAK HOM DEEL VAN DIE ANTWOORD: Betrek jou man in jou soeke na antwoorde.
GAAN SPREEK ’N BERADER: Almal beleef soms kritiek van hulle skoonouers. Leer om
met jouself vrede te maak. As die situasie egter versleg, moet julle ’n berader besoek.
Floris Knouwd

159

1001 Beloftes_NEW.indd 159 4/18/2006 11:07:29 AM


Lewenspad
Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou ’n stem hoor sê:
436 “Hier is die pad, loop hierlangs.”
Jesaja 30:21

Mense noem vroue aartsstressers. Hulle sê dat waar ander lankal vergeet het van kritiek en
foute wat hulle gemaak het, stres en wonder ons nog daaroor. Is dit regtig so ’n probleem
as ek en jy ons meer bekommer as ander? En ís dit wroeg wanneer ons bid en dink oor ’n
saak, en wysheid vra om ons pad reg te loop? Ek glo nie. Ons kry die antwoorde wat uit so
’n leefwyse kom. Ons ontdek die pad wat ons moet loop!
Judy Venter

Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad
437 gee en my oog oor jou hou.
Psalm 32:8

Die Here lei ons volgens ons spesiale menswees, maar daar is dinge wat dieselfde bly:
Gesels oor ideale, omstandighede, dinge wat jy móét doen of moontlikhede wat jy
oordink. Luister na mense wat jy kan vertrou. Vra die Here om vir jou die waarheid, die
lekker en die sleg deur alles te wys. Weet dat God jou deur geestelike boeke kan wys hoe
jy moet besluit en optree. Vra die Here dat jy in die regte rigting kan loop sodat jy jou pad
nou makliker kan stap.
Judy Venter

Julle wat aan die Here behoort, dien Hom! Wie Hom dien, het geen
438 gebrek nie.
Psalm 34:10

In ’n krisis beweeg jy oor na ’n oorlewingsfase. Dit bring die beste in ons na vore. ’n Nuwe
era moet aanbreek waarvoor jy nuwe kwalifikasies sal ontvang. Jy is verlig oor die krisis
waardeur jy is. Jy begin óór-leef.
Jy het nie ’n krisis nodig om óór te begin nie. Besluit om jou leefpatrone, uitkyk en
waardes te verander. Party vaardighede het hulle doel gedien, maar ander kan na vore
kom.
Jy is nie ’n slagoffer van jou lewensituasie nie. Kyk na alles rondom jou. Kies: Gaan ek
vandag net oorleef of gaan ek vandag gebruik om óór te leef?
Lisbé Visser

160

1001 Beloftes_NEW.indd 160 4/18/2006 11:07:29 AM


Lewensprioriteite
Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die
439 Here.
Romeine 12:11

Wat sal jy maak as vandag jou laaste dag op aarde is?


 Sal jy met die regte dinge besig wees?
 Sal jy gereed wees vir Hom?
 Het jy vir almal wat vir jou omgee vandag gesê jy is lief vir hulle?
 Is jou prioriteite dat jy die belangrike dinge vandag sal hanteer?
 Is daar iets wat jy moet regmaak?
 Nog vir oulaas vir jou geliefdes ’n drukkie gee?
Dis dáárdie dinge wat jou aandag vandág dringend nodig het.
Jannie le Roux

’n Soldaat in aktiewe diens wat sy bevelvoerder tevrede wil stel, bemoei


440 hom nie met die dinge van die gewone lewe nie.
2 Timoteus 2:4

As jy vrae vra oor wat jou regtig gelukkig sal maak én hou, sal jy weet wat jy kan weglaat
en wat régtig belangrik is! Jou lewe gaan eenvoudiger wees as jy weet wat jy wil hê, ook
as jy besef die lewe skuld jou niks, maar dat jy tog deur jou bydrae sin kan gee aan jou
bestaan. Besluit om elke dag een ding uit jou lewe te laat wat jou nie gelukkig maak nie en
wat God nie van jou verwag nie. Gaan liewer voluit vir dít wat regtig saak maak.
Jannie le Roux

Jy dan, my seun, wees sterk deur die genade wat ons in Christus Jesus
441 het.
2 Timoteus 2:1

Besef jy hoe noodsaaklik oggendrituele is vir die effektiewe begin van jou dag? Dit gee jou
die gevoel dat jy in beheer is van jou dag. Maar die enigste Een wat weet wat volgende
gaan gebeur, is God. Hy hou die toekoms in sy hande. Daarom is dit noodsaaklik dat jy ’n
tydjie saam met Hom deel van jou oggend maak. Noem in dié tyd vir Hom al jou planne
en behoeftes van die dag. Sit jou dagboek voor Hom en vra dat Hy die dinge vir jou sal
beheer! Hy sal dit doen – dikwels op die verrassendste maniere!
Jannie le Roux

161

1001 Beloftes_NEW.indd 161 4/18/2006 11:07:29 AM


Lewensresep
Mag barmhartigheid, vrede en liefde in oorvloed aan julle geskenk word!
Judas vers 2
442
 Leef uit jou hart en glo met oorgawe in God.
 Laat jou liefde en lewe kwaliteit wees.
 Maak seker jy is ’n vriendin duisend.
 Versorg jou liggaam.
 Onthou, elke dag is as ’n kosbare gawe vir jou gegee.
Cecile Burger

Wie goed doen, behoort aan God; wie verkeerd doen, het nie vir God
443 gesien nie.
3 Johannes vers 11

 Kies goeie leesstof ... dit bou jou siel en gee krag.
 Bekyk jou vriendekring goed ... hulle kan jou vergif of verfraai.
 Werk met positiewe mense ... dan doen jy iets wat ’n verskil maak.
 Beplan deeglik ... so vlot sake.
 Wees onselfsugtig ... deel jou vaardighede.
 Versorg jouself ... dit bou jou as mens en gee jou naaste plesier.
 Verkondig God se liefde ... dit maak jou lewe die moeitewerd.
Maretha Maartens

Bly in die liefde van God. Vestig steeds julle verwagting op die barmhar-
444 tigheid van ons Here Jesus Christus wat die ewige lewe aan julle sal gee.
Judas vers 21

 Vra vergifnis.
 Elke dag is kosbaar.
 Vandag is hier en nou.
 Omarm vandag jou kinders.
 Vertroetel vandag jou geliefde.
 Leef elke dag asof dit die laaste is.
 Môre is ’n droom, ’n visie, ’n ideaal, ’n gedagte.
 Maak vrede met gister en leef vandag met oorgawe!
Jan de Wet

162

1001 Beloftes_NEW.indd 162 4/18/2006 11:07:29 AM


Lewensuitkyk
Wees dan standvastig ... En mag julle in al die goeie wat julle in woord
445 en daad doen, bemoedig en gesterk word deur ons Here Jesus Chris-
tus en God ons Vader.
2 Tessalonisense 2:15-17

Hoe sien mense jou? En jy jouself?


 As jy wil werk aan ’n positiewe lewensuitkyk ... lag meer.
 As jy jou nuwe, positiewe lewensuitkyk deel wil maak van jou dag ... fokus daarop en
moenie jouself negatief laat beïnvloed deur mense of gebeure nie.
 As jy jou siniese lewensuitkyk wil verander ... verklaar jouself gewillig om jou gawe van
lewe voluit te geniet.
 As jy jou positiewe lewensuitkyk wil behou ... omring jouself met mense wat lag.
Nina Smit

Moet jou nie steur aan alles wat gesê word nie. Dan sal jy jou dit nie
446 aantrek as jou slaaf jou verwens nie. Jy weet hoe baie kere jy self ander
verwens het.
Prediker 7:21

Ek is ’n people pleaser. Ek kom met almal oor die weg, maar dit is omdat ek bang is om op
tone te trap. Ek moet eerlik wees: Ek weet nie hoe om om te gee vir mense wat dinge doen
of wil hê waarvan ek nie hou nie. Daarom bid ek dat die Here my hart moet verander en my
moet help om geen mens te vrees nie en om in sy vryheid te wandel; dat ons kan gee met
vreugde en kan nee sê sonder om skuldig te voel.
Ester Venter

Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in dorre streke sal Hy in jou be-
447 hoeftes voorsien.
Jesaja 58:11

’n Dag kan soms ’n aaneenlopende ramp wees – heel moontlik omdat jy nie aan die begin
van die dag jou gedagtes op “positief” ingestel het nie! Dis ’n wetenskaplike feit dat jou
gedagtes ’n groot invloed op jou lewe het. Die dinge wat jy dink, kan jou ’n mislukking of
’n sukses maak; dit kan maak dat jy sieklik of gesond is. Daar lê ’n geweldige groot krag in
jou gedagtelewe opgesluit. En net jy kan besluit watter gedagtes jy gaan dink. Net jy kies
hoe jy op situasies gaan reageer. Net jy bepaal met watter gesindheid jy lewe ...
Nina Smit

163

1001 Beloftes_NEW.indd 163 4/18/2006 11:07:29 AM


Lewenswysheid
Ek, Wysheid, het die verstand, ek het die kennis en die skranderheid.
Spreuke 8:12
448
Vele koppe laat ligte aangaan as mense saam dink. Dis interessant dat juis Salomo ’n voor-
stander van dié gedagte was. Hy het immers nie nodig gehad om na ander mense se idees
te luister nie. Salomo het besef dat al die wysheid van al die eeue op net een plek gebore
is: In ander mense se koppe. God is die oorsprong van alle wysheid, maar Hy het besluit
om dit deur mense te openbaar.
Dink aan wysheid as ’n baie groot skatkaart. Sien in jou verbeelding hoe God dié
skatkaart in duisende stukkies opsny en dit onder sy kinders dwarsoor die wêreld versprei.
Jou lewensopdrag is om dié skat van wysheid te vind.
Jannie le Roux

Die vrug van jou arbeid sal jy geniet, gelukkig en voorspoedig sal jy wees.
Psalm 128:2
449
Jy mag nooit toelaat dat jou vermoë om te leer afneem as jou jare toeneem nie. Die wêreld-
beroemde tjellis, Pablo Casals, was negentig jaar oud toe hy nogsteeds elke dag vier of vyf
uur lank op sy tjello geoefen het.
Toe iemand hom vra waarom hy op sy ouderdom en met sy reputasie nogsteeds so
hard bly werk, was sy antwoord: “Omdat ek hoop dat ek dalk nog ’n bietjie vordering kan
maak.” Onthou: Jy is nooit te oud om te leer nie!
Nina Smit

Om die Here te dien, dit is wysheid.


450 Miga 6:9

 Die toekoms behoort aan God ... en aan jou! Streng in daardie volgorde. As jy God
eerste stel, sal jy ontdek dat Hy jou wysheid en inspirasie is en dat Hy jou elke dag lei.
 Laat Jesus toe om die Woord deur die Heilige Gees vir jou oop te breek sodat jy wys-
heid kan kry.
 Lewenswysheid is om jou sterk eienskappe te ken en te gebruik – maar ook om jou
beperkings te ken en binne hulle te lewe.
 Wysheid om reg te lewe verseker vir jou die vrede wat jy met jouself en met die wêreld
moet vind om ook voluit vir God te kan lewe.
Solly Ozrovech

164

1001 Beloftes_NEW.indd 164 4/18/2006 11:07:29 AM


Liefde
Die doel van hierdie opdrag is om liefde te wek wat uit ’n rein hart, ’n
451 goeie gewete en ’n opregte geloof kom.
1 Timoteus 1:5

God se liefde is onverstaanbaar. Hy het ons lief omdat ons goeie mense is, maar ook
omdat ons sondaars is. Hy het jou voor jou geboorte al liefgehad. Dis ’n duur liefde. God
se Seun sterf in jou plek sodat jy mag lewe. God se liefde is die grondslag vir alle verhou-
dings. Ware liefde begin daar waar jy niks in ruil verwag nie. Dit reik uit na ander. Dit mag
nooit net by woorde bly nie. Liefde moet hande en voete kry omdat dit die teorie van geloof
in praktiese dade verander.
Nina Smit

... en sonder uitsondering word julle liefde vir mekaar altyd meer.
2 Tessalonisense 1:3
452
Ware liefde ...
 beteken commitment
 is die besef: Ons is onvoorwaardelik lief vir mekaar
 is om iets van jouself te gee al is jy nie lus daarvoor nie
 is permanent
 laat ander toe om hulle (beste) self te wees.
Rodney Seale

Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief
453 te hê. Wie sy medemens liefhet, voer die hele wet van God uit.
Romeine 13:8

Om lief te hê maak jou gees sterk en bring geluk in jou hart.


Daar is verskillende soorte liefde – ons liefde vir mense, vir ons familie en vir God. Indien
ons net ’n bietjie van elke soort liefde beleef, het ons reeds die waardevolste skat gevind.
Wys jou liefde vir ander op verskillende maniere. Gee ’n drukkie wat sê: Ek is lief vir jou.
Soms sê ’n drukkie: Ek het jou nodig, of Ek weet jy is daar vir my ...
Ons het alle vorme van liefde nodig om voluit te kan funksioneer. Liefde is om iets van
onsself te gee. Liefde is gratis. Wys jou liefde, want almal het liefde nodig!
Nádine

165

1001 Beloftes_NEW.indd 165 4/18/2006 11:07:29 AM


Liefdesbande
Hiéraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê.
1 Johannes 3:16
454
Jesus beweer dat niemand groter liefde het as dié een wat sy lewe vir sy vriend aflê nie.
Elke ma sal ook haar lewe vir haar kind aflê.
Dokter Otto Wolken, ’n arts by die konsentrasiekamp in Auschwitz, het getuig dat ma’s
tydens die Tweede Wêreldoorlog saam met hulle babas in die gaskamers gesterf het.
Kinders is na die gaskamers gestuur en die ma’s het verkies om saam met hulle te sterf.
Wanneer ’n ma haar kind in haar arms vashou, vorm daar ’n onbreekbare band. Ma’s is
’n fontein van onvoorwaardelike liefde – hulle is God se liefde in aksie.
Nina Smit

Here, u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke.
Psalm 36:6
455
Dit raak al hoe makliker om liefde teenoor my naaste uit te leef. Maar in die praktyk is dit
heeltemal anders! Die kleinste ou dingetjie maak ons agterdogtig en ons wil onsself ver-
dedig.
Jou leefwyse bewys of jy liefhet. God se liefde in ons wys in ons saamwees en saamleef
met mekaar, in die ruimte wat ons mekaar gun en die erkenning van mekaar se gawes. Hier
word liefde in t-y-d gespel. As jy iemand liefhet en tyd saam met hom of haar deurbring,
word jou lewe opgemaak met die mooiste, omdat tyd die materiaal is waarvan die lewe
gemaak word.
Judy Venter

Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê.


Johannes 13:34
456
Vergeet heeltemal daarvan dat huweliksliefde iets is wat vanself kom en vanself vir altyd
gaan hou. ’n Gelukkige huwelik vra áltyd werk van albei huweliksmaats – en eis ook onself-
sugtigheid van albei. George Sweazy skryf dat die huwelik nie die gevolg van liefde is nie,
maar wel ’n geleentheid om lief te hê.
Nina Smit

166

1001 Beloftes_NEW.indd 166 4/18/2006 11:07:29 AM


Liefdesdiens
Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot vol-
457 maakte eenheid saambind.
Kolossense 3:14

Ek het in die hospitaal gelê met ’n menigte pype en sakke aan my lyf, toe Rosina my kom
was. Ek moes by die wasbak staan en sy verduidelik: “Jy was voor en ek was agter!” Toe ek
later weer skoon in die bed is, het ek my aan die hele episode verwonder. Hier was iemand
wat eintlik ’n engel is wat deur die Here gestuur is om my dag op te vrolik met haar lewens-
kennis en onvoorwaardelike liefde en sorg. Haar deernis, bekwaamheid en sagte hande
het my weer moed gegee en vir altyd vir haar ’n plekkie in my hart verseker.
Lana van Niekerk

Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar.


Efesiërs 4:32
458
Omgee vir vreemdelinge het te make met die vermoë om na dinge in verhouding met
mekaar te kyk. Vir my beteken ’n R1-muntstuk niks, maar vir die motorwag beteken twintig
hiervan die goedkeuring van sy baas. Ek gee maklik R100 op fliek en koffie uit, maar vir
die kinderhuis is R100 se lemoene die opbou van kinders se immuniteit. Op my moeilike
dag is dit amper my reg om my irritasie op die kassier uit te haal, maar vir haar beteken die
respek waarmee ek haar behandel, die verskil tussen ’n menswaardige dag en ’n dag vol
ellende. Met ’n klein bietjie bedagsaamheid kan ons God se arms vir mekaar wees.
Hanneke van Coller

’n Riet wat geknak is, sal Hy nie afbreek nie en ’n lamppit wat rook, nie
459 uitdoof nie ...
Matteus 12:20

Vroue wil dikwels alles vir almal wees. In die proses gee ons soveel vir ander dat daar min
van onsself oorbly. ’n Mens kan net aanhou om jouself aan ander te gee as jou eie hart, siel
en liggaam volgelaai is. Daarom moet jy goed wees vir jouself deur gesond te eet, genoeg
te rus en jou liggaam te versorg. Jou siel moet gevoed word met kosbare rustyd aan die
voete van jou Vader. Die tye wat jy jou hart voor Hom uitstort, sy stem hoor en sy vertroost-
ende hand op jou skouer voel, sal jou met geestelike energie vul.
Milanie Vosloo

167

1001 Beloftes_NEW.indd 167 4/18/2006 11:07:29 AM


Liefdestaal
Soos die Vader my liefhet, het Ek julle ook lief.
Johannes 15:9
460
Liefde is nie net lippetaal nie – dit moet gesien kan word. Liefde bly liefde, selfs onder die
moeilikste omstandighede. Liefde is onselfsugtig en wys die kwaliteite van getrouheid en
sterk beginsels. Liefde kan nie gekoop, geleen, gebedel of gesteel word nie. Liefde word
met opregte dade van bemoediging, deernis en ondersteuning bewys.
Hoe meer jy God liefhet, hoe meer van sy liefde sal na jou toe terugkaats, sodat jy jou
naaste ook oorvloedig kan liefhê.
Solly Ozrovech

Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar lief-
461 het, sal almal weet dat julle dissipels van My is.
Johannes 13:34-35

Ware liefde ...


 gaan nie oor voorkoms en persoonlikheid nie
 is nie net ’n gevoel nie, dis ’n verbintenis
 moet gevind word. Dit stel verwagtinge oor jou lewensmaat
 het plek vir seks in die huwelik en maak jou huwelik opwindend
 is om getrou te bly vir altyd
 is om jou maat se belange op die hart te dra.
Jannie le Roux

Oor broederliefde hoef ons nie aan julle te skrywe nie, want julle is self
462 deur God geleer om mekaar lief te hê ... Lê julle nog meer daarop toe.
1 Tessalonisense 4:9-10

Liefde tussen man en vrou is nie die soetsappige liefde nie; dis die liefde wat sy lewe sal
opoffer – soos Christus sy lewe opgeoffer het.
Dis onselfsugtige en bedagsame liefde wat geliefdes by mekaar kry: liefde wat mekaar
erken en in ag neem, wat verdraagsaam en vergewensgesind is. As ’n mens dit alles weer
terugbring na die eis van die liefde toe, word dit maklik.
Geniet hierdie groot geskenk wat God vir my en jou gee!
Solly Ozrovech

168

1001 Beloftes_NEW.indd 168 4/18/2006 11:07:29 AM


Liefdesvlam
Sy linkerarm is onder my kop, sy regterarm omhels my!
Hooglied 8:3
463
Jy kan die liefdesvlam weer hoog laat brand!
 Seks is nie ’n plig sonder plesier nie. Dis ’n baie kragtige kommunikasiemiddel.
 Verleen aan mekaar toestemming om mekaar te geniet.
 Beïndruk hom weer soos toe julle pasgetroud was.
 Wees ’n bietjie geheimsinnig en laat hom wonder.
 Vertel hom hoe sy manlikheid jou bekoor en wys hom hoe jy bemin wil word.
 Flankeer nogsteeds met hom, veral as julle saam in die openbaar is.
Elmarie Smith

Na jou man sal jy hunker en hy sal oor jou heers.


Genesis 3:16
464
In ’n kits-samelewing is dit ’n kuns om getroud te bly. Daar is geen kitsresep vir ’n sukses-
volle huwelik nie. Baie huwelike beland vroeg in die skeihof, want die vlam van liefde en
passie het uitgebrand. Wat veroorsaak dat hierdie vlam uitbrand?
Vroue sê: “Daar is geen seks omdat daar geen liefde is nie.” Mans sê: “Daar is geen
liefde omdat daar geen seks is nie.” Albei is reg. Liefde en seks is baie nou verbind.
Seks in die huwelik is net so belangrike soos die haarveer in ’n horlosie. Die haarveer
laat die horlosie werk. Net so is seks in die huwelik.
Hennie Stander

Sy mond smaak soet, alles aan hom is begeerlik. So lyk die man wat ek
465 liefhet ... my lewensmaat ...
Hooglied 5:16

’n Vrou wie se man haar minnaar is, geniet hulle sekslewe. Dit bind hulle op ’n unieke
manier saam. Mans benader dit as ’n kom-ek-wys-jou-hoe-lief-ek-jou-het-gebaar.
Vroue is soos ’n outydse strykyster wat jy ure voor die tyd moes aanskakel om warm te
word. Mans is soos ’n ligskakelaar: Sit hom aan en daar is lig! Die man sal laatmiddag sy
vroutjie bel en sê: “Ek sal sewe-uur by die huis wees, skakel solank jou ‘strykyster’ aan!”
Wanneer hy arriveer, gee sy hom ’n onvergeetlike druk.
Elise Grey

169

1001 Beloftes_NEW.indd 169 4/18/2006 11:07:29 AM


Liefdesvuur
Mans, julle moet julle vrouens liefhê ...
Kolossense 3:19
466
Wenke om die romanse in jou huwelik te laat herleef:
 Hou altyd ’n lys van ten minste vyf betroubare kinderoppassers byderhand. Of nog beter:
maak ’n vaste afspraak met Ouma en Oupa om die kleingoed af en toe op te pas.
 Benut die kleingoed se middagslapie!
 Sorg dat julle vakansie hou by ’n oord wat aktiwiteite vir kinders aanbied.
 Gaan eet saam ontbyt of middagete terwyl die kinders by die skool of kleuterskool is.
Of vat sommer die hele oggend af! Niemand hoef mos te weet nie.
Marli Swanepoel

Vrouens, wees aan julle mans onderdanig soos dit pas by mense wat in
467 die Here glo.
Kolossense 3:18

Beplan ’n wegbreeknaweek om al julle verskille op te los.


VRYDAG: Dis die aand om die woema in julle sekslewe terug te sit. Wat vooraf gebeur, is
net so belangrik soos die aand self.
SATERDAG: Vandag is die dag wat julle moet praat. Sê duidelik vir jou maat wat jy wil hê
hy moet weet. Praat een op ’n slag julle harte uit, maar nie vir langer as ’n halfuur nie. Wees
bereid om aan julle probleem te werk.
SONDAG: Konsentreer vandag op julle vriendskap: daardie nie-seksuele band wat man en
vrou het wanneer hulle dinge saam doen.
Marli Swanepoel

Wees uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig.


468 Efesiërs 5:21

Vir ’n gelukkige huwelik moet jy ...


 tyd maak vir jou man en ontdek dat jy en jou huwelik begin blom.
 leer om jou man te begryp deur regtig na hom te luister.
 jou man aanmoedig sodat hy as jou maat net die beste sal wees en word.
 jou man gereeld prys sodat hy sy volle potensiaal as mens sal verwesenlik.
 jou man drie geskenke gee, naamlik: respek, kreatiwiteit en begrip (Edith Schaeffer).
Nina Smit

170

1001 Beloftes_NEW.indd 170 4/18/2006 11:07:30 AM


Liefdevolheid
Ons was liefdevol en sag teenoor julle soos ’n ma wat haar kinders
469 vertroetel.
1 Tessalonisense 2:7

Toe ek die klein, gladde bondeltjie in my arms vasgehou het, het ek nooit aan tyd gedink
nie. Net maar bly gewees oor so ’n pragtige dogtertjie, en het gewonder of ek die ver-
moëns het om haar na liggaam te versorg. En hoe het ek nie op my knieë gebly vir geeste-
like hulp en versorging nie!
En nou, al die jare later, besef ek eers wat die Here werklik vir ons gegee het. ’n Leeftyd
saam met ’n bondeltjie vreugde! Soveel teer herinneringe, soveel angsvolle oomblikke.
Gedeelde vreugde, gedeelde leed, gedeelde genade.
Tôi Eloff

Reukolie en wierook is iets om te geniet, maar die genot van vriend-


470 skap lê in die raad wat jy kry.
Spreuke 27:9

Here, maak my sag en vol liefde sodat ek in vrede met mense leef en ongelukkigheid ver-
my. Help my om nog meer in al my vriendskappe te belê, om al die vreugde van die Gees
elke dag in my vriendskappe toe te pas. Laat ek regtig die een wees by wie my vriendinne
veilig en gekoester kan voel om hulle diepste geheime en grootste vreugdes te deel! En as
een van my vriendinne dalk iets verkeerds aan my gedoen of gesê het, gee my die genade
om haar tot sewentig maal sewe keer te vergewe en dan daarvan te vergeet!
Ansie du Plessis

U, Here, is ’n barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en


471 trou.
Psalm 86:15

Mag hierdie dag mooi, geseënd en vol geluk wees. Mag jy vandag opnuut bewus word van
die liefde van dié God wat jou tot hiertoe gedra het. Loof Hom daarvoor! Ons is baie lief vir
jou. Jy laat ons altyd voel dat ons tog die moeitewerd is. Julle gesin is een van die juwele in
ons lewe. Ons kinders plaas vreugde in ons harte en ’n glimlag op ons lippe in ons gryse
ouderdom. Mag jy dit ook eendag só ervaar.
Tôi Eloff

171

1001 Beloftes_NEW.indd 171 4/18/2006 11:07:30 AM


Lig in donker
Loof die Here, want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie!
Psalm106:1
472
Om die Here te loof is soos ’n ligstraal in die donker. Dis ’n daad van geloof. Daarom moet
jy God elke dag loof sodat jy sy genadige hand in jou lewe kan voel. Om die Here te loof is:
 die manier waarop gewone mense hulle leë hande na God uitsteek – selfs te midde van
’n klomp vrae.
 ’n ligstraaltjie wanneer die vingers van donkerte om jou toevou.
 die manier om jou te laat vergeet van al die dinge wat jou benoud maak en die aaklige
dinge wat jou bang maak.
Jannie le Roux

Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde.
Psalm 8:2
473
Jy kan vir mense sê jy glo omdat jy oral rondom jou sien wat God doen. Jy kan nie die
wind sien nie, maar jy sien aan die bome dat hy waai. So sien ons ook nie vir God nie,
maar ons sien wat Hy doen. Kyk hoe perfek alles in die natuur inmekaarpas. Selfs in mense
kan jy sien hoe hulle verander as die Heilige Gees in hulle woon. Kyk om jou en sien raak
dat alles nie net per ongeluk so uitwerk nie ... En dan vra jy jou af hoe dit moontlik is dat
mense nié glo nie.
Vic en Thea Brink

Ek wil ’n lied sing, ja, ek wil sing. Ek wil vroeg opstaan, met harp en lier
474 wil ek die rooidag wakker maak!
Psalm 57:8-9

God is klaar met sy skeppingswerk. Ons werk is om Hom te prys! Moenie wag tot jy lus kry
daarvoor nie, doen dit sommer dadelik en bring lig in jou donkerte.
 Loof en prys God vir wie Hy is.
 Sê dankie vir al die seëninge wat Hy beloof en wat jy kry.
 Leer uit die Psalms hoe om die Here te loof, en lig jou hande op na God toe.
 Vertrou ook die Heilige Gees om jou diepste hartsgeheime aan God te vertel.
Jannie le Roux

172

1001 Beloftes_NEW.indd 172 4/18/2006 11:07:30 AM


Lighartigheid
... ek wil ’n lied sing, ja, ek wil sing, ek wil vroeg opstaan, met harp en
475 lier wil ek die rooidag wakker maak!
Psalm 108:2-3

Musiek is ’n lekker hartsding: Dit kan ons laat ontspan, opgewonde maak of sommer net
die woorde van ons hart op ’n baie spesiale manier uitsing. Die régte soort musiek maak
heel. Jy speel elke dag in ’n musiekkonsert. Dit wat jy speel en hoe jy dit doen, is in ’n
groot mate hoe ander jou ervaar. Jy kan hulle hartsnare met jou menswees roer óf jy kan ’n
skreiende irritasie in hulle ore wees. Speel God se vreugdesmusiek met oorgawe.
Milanie Vosloo

Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie an-
der tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie.
476
1 Korintiërs 9:29

Ontspanning is nie ’n beloning nie, dis ’n móét! En dis omtrent enigiets wat jou help om ’n
tydjie lank aan iets anders as jou werk en verpligtings te dink. Rus en ontspan help jou ook
om weer balans in jou lewe te kry. Onthou, jy is ’n gesonde mens en nie ’n masjien nie!
Die vinnige lewe veroorsaak verwoesting oral langs die pad as gevolg van stres, uit-
branding en depressie. Besluit nou dat jy elke dag vir jouself ’n stukkie gesonde en lekker
ontspanning gaan inbou om weer die lewe die hoof te kan bied!
Jannie le Roux

Die verstandige leiers sal skitter met die glans van die hemel self, en
dié wat baie mense op die regte pad gelei het, sal vir altyd skitter soos
477
die sterre.
Daniël 12:3

Kleur is ’n prettige manier om (dalk) meer oor jouself te wete te kom.


ROOI: Niemand kyk jou mis nie. Jy is ’n natuurlike leier.
GROEN: Jy wil graag versorg voel. Jy gee om vir jou medemens.
GEEL: Jy het ’n fantastiese humorsin. Vriende is vir jou belangrik.
BLOU: Jy is baie ordelik en netjies. Alles het ’n plek.
PIENK: Jy doen dinge op jou manier. Jy wil in die kollig wees.
SWART: Jou lewe is vol drama en jy hou van aandag.
WIT: Jy is gebalanseerd en verbeeldingryk. Jy vertrou mense maklik.
Gerinda Jooste

173

1001 Beloftes_NEW.indd 173 4/18/2006 11:07:30 AM


Luister
... elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat
478 nie en nie te gou kwaad word nie.
Jakobus 1:19

 Leer die fyn kuns aan van luister én hoor én verstaan.


 Fokus op die een voor jou en behou oogkontak.
 Luister na wat die persoon sê en probeer verstaan.
 Moenie onderbreek en vinnige “oplossings” voorstel nie.
 Moenie vrae vra wat die spreker se gedagtelyn onderbreek nie.
 Probeer om te “voel” wat die spreker voel.
Jannie le Roux

Toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sê vir hom: “Saggeus, kom
479 gou af, want Ek moet vandag in jou huis tuisgaan.”
Lukas 19:5

“Kom ons gaan drink koffie!” Dié spontane uitnodiging wat in ’n vol dagprogram ingedruk
word ... én ’n reuseverskil maak. Ons leef by mekaar verby. Ons bly aan die beweeg.
“Wat van ’n vinnige koffietjie?” Man en vrou in ’n besige koffiewinkel. Die wêreld storm
verby. Dis ’n ander soort gesels as by die huis. Dáár het elkeen sy eie doendinge. Hier is dit
net ons woorde wat ons bind.
Koffiewinkel, kombuistafel, iewers waar mense mekaar in die oë kyk en luistermense
word. Omgeemense. Saamweesmense op ’n eiland van afsondering.
Johan Smit

Luister na My, my volk, my volk, gee aandag aan wat Ek sê ...


Jesaja 51:4
480
Om na God te luister vra van jou om eers stil te word en op God te fokus. Omdat die
wêreld om ons so vol geraas en onrus is, is ons nie meer aan stilte gewoond nie. Ons
het afgeleer om na God te luister. Voordat jy God se stem duidelik kan hoor, sal jy jouself
opnuut moet instel om na Hom te luister, om sy stem in sy Woord, sy stem in die natuur, sy
stem in jou lewe met jou te hoor praat. Om stil te raak by God beteken te hoor wat God sê
en ook daarop te reageer.
Nina Smit

174

1001 Beloftes_NEW.indd 174 4/18/2006 11:07:30 AM


Lyfliefde
... en niemand kan julle blydskap van julle wegneem nie.
Johannes 16:22
481
Ek het ’n Duits-Franse vriendin gehad wat as kind polio gekry het en erg gestrem was.
Haar lyf was inmekaar getrek en sy kon feitlik nie loop nie. Sy het ’n mastektomie onder-
gaan net voordat sy en haar man kom kuier het.
Een oggend vroeg hoor ek ’n gegiggel by die swembad. Die twee swem kaal! Aan ont-
byttafel móés ek haar vra of sy nie selfbewus is oor haar lyf nie. Haar antwoord?
“Ek is nie skaam nie, want dit sal ’n belediging vir God wees. Hierdie lyf is ’n geskenk.
In my gestremdheid het ek myself en God ontdek. In hierdie lyfie leer en groei ek. My
beperkinge het my my Godgegewe talente laat ontdek.”
Sarita Loots

Om te leef soos die Here dit wil, is die krag van die opregte ...
Spreuke 10:29
482
Min dinge maak ’n vrou so moedeloos soos haar spieëlbeeld. Die jare los hulle spore.
Tog is jy volkome vrou ... Jou lyf is die blyplek van die Heilige Gees! Kyk anders na
jouself, dink anders oor jou lyf en koester dit omdat God dit vra! God vra dat jy jou moet
oppas. Eet gesond. Oefen. Volg die Here se lewensritme. Slaap daardie kringe om jou oë
weg. Hou stiltetyd sodat jy God se stem kan hoor. Dokter jou gekneusde siel. Doen wat vir
jou liggaam goed is omdat God net die beste versorging vra vir jou unieke menswees.
Elsje Büchner

Van die vroue wil ek hê dat hulle ook in hulle kleredrag waardig, be-
483 skeie en ingetoë moet wees.
1 Timoteus 2:9

As jy jouself vergelyk met iemand anders, is die kans goed dat jy jou net met die ander
persoon se beste punte gaan vergelyk. Dis dié dat jy voel jy is niks werd nie.
Die Bybel wys dat God met ander standaarde en maatstawwe meet as jy. Hy vertrou
sekere gawes aan jou toe en meet jou aan die feit dat jy dit sal gebruik. Hy meet jou nie
aan iemand anders nie – omdat Hy jou uniek, eiesoortig en spesiaal gemaak het. Hy het
vir jóú ’n doel en ’n plan. Kies vir jou ’n doel en waardes waarop jy én God trots sal wees.
Skakel in by God se plan vir jou, kry vir jou ’n duidelike doelwit en lééf dit.
Jannie le Roux

175

1001 Beloftes_NEW.indd 175 4/18/2006 11:07:30 AM


Ma’s se trane
Luister na My ... julle vir wie Ek gedra het van julle geboorte af, wat Ek
484 vasgehou het vandat julle daar is ... Ek het julle gemaak en Ek sal julle
vashou, julle dra en julle red.
Jesaja 46:3-4

Op kinders se pad na volwassenheid stort ’n ma baie tranes. Eendag het ek met my hele
kindergevolg in die poskantoor gestaan. Elkeen wou hê dat iets in sy lewetjie moet gebeur
en verander. Ma het gesmag na ’n oomblik van vrede. In die ry langsaam het ’n vrou en
’n groter dogter doodluiters gestaan en gesels, en ek het my afgevra: “Wanneer kom ek
daar?” Die antwoord kom toe klokhelder by my op: “Ook dié tyd sal verbygaan!” Vandag is
daardie dae ’n soet herinnering. Die Vader het die tyd van vroeë volwassenheid, wanneer
energievlakke dit toelaat, vir kindgrootmaak gereserveer. Daaroor jubel ek vandag!
Christa Jonker-Jordaan

My trane sal aanhou vloei, dit sal nie ophou nie, totdat die Here uit die
485 hemel afkyk en dit raaksien. Wat my oë sien, maak my hartseer oor al
die dogters van my stad.
Klaagliedere 3:49-51

Ma’s huil, want hulle moet huil! Hulle het ’n behoefte aan huil. Hulle huil sommer oor ’n
hond se vriendelike stertjie. Of oor lank gelede se seer waaraan hulle al gewoond geraak
het. Ma’s het baiekeer ’n opgekropte huil in hulle wat soms net móét uit – sommer onver-
wags! Huil maak ma’s soms verleë en kinders dalk nog meer. Maar huil is goed. Draai oop
die krane en laat al die troebel water uitvloei. Trane was skoon. Jesus het ons dit geleer!
Ronell Burger

Gee leiding aan ’n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy
486 al oud is nie daarvan afwyk nie.
Spreuke 22:6

 Gee jou kind liefde en begrip sonder om voorwaardes te stel.


 Leer jou kind basiese lewensbeginsels soos eerlikheid en integriteit.
 Moedig jou kind aan om ambisies en drome te hê.
 Leer jou kind om hom- of haarself te aanvaar soos hy of sy is.
 Luister na jou kind en hoor wat hy of sy sê.
 Waardeer jou kind en erken sy of haar prestasies.
Samestelling

176

1001 Beloftes_NEW.indd 176 4/18/2006 11:07:30 AM


Ma’s se voorbeeld
Elke belofte van God is betroubaar; Hy beskerm dié wat by Hom skuil.
Spreuke 30:5
487
As grootmense verloor ons ons natuurlikheid, ons opregtheid, ons onvoorwaardelike
vertroue en spontane vreugde oor die lewe. Ook ons afhanklikheid. Want leer die lewe ons
dan nie om vir onsself te sorg nie?
Nou sê Jesus hard en duidelik: “Word volkome afhanklik van My. Kom sit by my voete
en Ek sal jou wys hoe om onvoorwaardelik lief te hê, te vertrou en te glo. Kom word weer
kind op my skoot sodat Ek jou kan wys hoe om jou eie kinders op jou skoot te tel, hulle vas
te hou en groot te maak. Ek is God. Daarom weet ek alles. Ook van ouerskap. Vertrou My
volkome.”
Milanie Vosloo

U het my die eerste lewenslig laat sien, my veilig laat rus aan die bors
488 van my moeder.
Psalm 22:10

’n Goeie ma ...
 aanvaar haar kinders nes hulle is. Dit laat elkeen se spesiale talente ontluik.
 wys haar kinders hoe om mekaar lief te hê. Dit leer hulle wat ware liefde en sekuriteit is.
 leer haar kinders wat reg en verkeerd is. Dit gee hulle die kans om self keuses te maak.
 gee vir haar kinders verantwoordelikhede. Dit leer hulle om onafhanklik te kan optree.
 leer haar kinders om mekaar te dien. Dit leer hulle die genade van nederigheid.
Nina Smit

Van my geboorte af is ek onder u sorg, van die begin van my lewe af is


489 U my God.
Psalm 22:10

Ons leef nie in ’n perfekte wêreld nie. As Jesus voor sy dissipels aan sy pyn uiting kon gee,
hoekom sou ons nie ook nie? Ons mag maar vir ons kinders ons pyn, vrees en frustrasie
wys en dit met hulle bespreek. Ons mag maar na ’n uitputtende werksdag sê ons is moeg
en moedeloos. En wanneer hulle verstaan, mag ons hulle vra om vir ons te bid.
Solank ons ook vir hulle wys dat ons hierdie emosies nooit gebruik om ander te
manipuleer nie, maar dat ons daardeur werk. Dit sal ons net regkry as ons ons gevoelens
saam met God hanteer. Veral dít moet ons kinders by ons leer.
Milanie Vosloo

177

1001 Beloftes_NEW.indd 177 4/18/2006 11:07:30 AM


Ma’s wat bid
Om hierdie seun het ek gebid, en die Here het aan my gegee wat ek
490 van Hom afgesmeek het.
1 Samuel 1:27

’n Ma wat vir haar kinders bid, gaan met groot vrede deur die lewe, want sy wéét haar
kinders is veilig in God se hande. Sy weet dat God hulle nog liewer het as sy, dat elkeen
van sy beloftes vir hulle ook waar is en dat Hy beslis haar gebede vir hulle sal verhoor as sy
bereid is om sy wil vir haar én hulle lewens te aanvaar.
Bid vir jou kinders, sommer ’n paar keer op ’n dag, en kyk hoe God jou wense vir jou
kinders waar gaan maak. Ongeag hoe oud jou kind is, is dit ’n teken van ons geloof as ons
hulle in God se hande laat en op Hom vertrou.
Nina Smit

U luister na my stem in die môre, Here, in die môre terwyl ek voor U


491 verskyn en op U wag.
Psalm 5:4

Wanneer jy met soveel entoesiasme oor jou kinders en die lekkertes van jou huis vertel,
trek jy die velle van onvergenoegdheid van my oë af sodat ek anders-nuut kan kyk na my
deurmekaar kombuis, my kinders en die effens verslete meubels in my huis. Dan kan ek
weer sonder vals voorwendsels vir ons Vader dankie sê vir elke stukkie genade en vrede
wat in die bekendheid van dit alles lê.
Floris Knouwds

Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle
492 pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel.
Efesiërs 6:11

Toe hy ’n kind was, was my seun lief vir gereedskap en army-goed. “Dis te veel geweld!” het
ek gedink en sy skietgoed weggesteek. Hy sou bloot van sy toebroodjie ’n “rollie” maak en
verder speel ... Toe word hy sestien en staan soggens lank voor die spieël. Wat het
verander? Is die meisies mooier, die versoekings feller? Ag, waar is die BB-gun- en sweisbril-
dae nou? Ek bid baie. Helder oordag, laat in die nag, wanneer ek daardie waarskuwing in
my binneste kry: “Here, die volle wapenrusting asseblief,” prewel ek. “Vir my teen die twyfel
en vrees ... en vir my kind dat hy die regte keuses kan maak in tye van versoekings.”
Soekie Krog

178

1001 Beloftes_NEW.indd 178 4/18/2006 11:07:30 AM


Ma’s wat saam doen
Luister, my seun, soek die regte insig, bly op die regte pad ...
Spreuke 23:19
493
Ma’s is vindingryk en kreatief. Ma’s weet hoe om ’n platgevalde sjokoladekoek vir die skool
se koekverkoping in heerlike sjokoladevierkante om te tower.
Ma’s kan uit ’n paar ou lappe konsertkostuums prakseer. Ma’s kan aan die einde van
die maand ’n hele gesin met ’n halwe kilogram maalvleis kosgee! Ma’s weet hoe om hulle
lui seuns by die boeke te kry, hoe om hulle mooi dogters in ’n slegte wêreld met die regte
waardes groot te maak en hoe om hulle mans te inspireer om hoër hoogtes te bereik.
Nina Smit

Jou liefde het vir my groot vreugde en bemoediging gebring ...


Filemon vers 7
494
Spesiale mammas speel met hulle kinders. Hulle pak saam eenvoudige blokkies op me-
kaar en skater as die torinkie omval. Vakansietye bou hulle saam sandkastele, swem saam
in die koue see of speel ’n bordspeletjie saam met hulle.
Saam speel gee ons die geleentheid om met ons kinders te praat en regtig kontak met
hulle te maak. Dit gee ons kans om hulle belangrike lewenslesse te leer. Met ’n bordspel
kan jy hulle leer oor eerlikheid, regverdigheid, opregtheid, goedgesindheid en hartlikheid.
Jare later weet hulle dalk nie meer wat hulle gespeel het nie, maar onthou nog hoe
goed dit gevoel het toe ons saam met hulle baljaar het.
Milanie Vosloo

My seun, as jy ’n wyse mens word, sal dit my baie vreugde verskaf. Ek


495 sal juig as wat jy sê, altyd reg is.
Spreuke 23:19

Daar is niemand wat so ’n groot invloed op die lewe van kinders het as hulle ma nie. Op
elkeen van jou kinders se lewe sal jou vingerafdrukke lewenslank duidelik staan. Dis die
waardes wat hulle kleintyd by jóú geleer het wat hulle lewe vorm. Dis sonder twyfel bewys
dat die voorbeeld wat ouers stel, die heel grootste indruk op kinders maak.
Die kosbaarste erfenis wat jy vir jou kinders kan nalaat, is nie geleerdheid of besittings
nie, maar geloofsekerheid. As jou kinders van kleins af weet dat God hulle liefhet en vir
hulle sorg, het hulle ’n sekerheid wat niemand ooit van hulle sal kan wegneem nie.
Nina Smit

179

1001 Beloftes_NEW.indd 179 4/18/2006 11:07:30 AM


Ma’s
Om hierdie seun het ek gebid, en die Here het aan my gegee wat ek
496 van Hom afgesmeek het.
1 Samuel 1:27

Dankie dat Ma ...


 gereeld vir my sê: “Ek is lief vir jou”;
 luister en lag vir my grappies en raaisels;
 elke dag vir my bid;
 altyd my vriende tuis laat voel;
 my geleer het dat God ’n doel het met my lewe; en
 vir my deur Ma se voorbeeld geleer het van God se liefde.
Cheri Fuller

Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien, wat al sy vreugde vind in
497 die gebooie van die Here. Sy nageslag is ’n sterk krag in die land, die
geslag van die opregte word geseën ...
Psalm 112:1-4

’n Ma het ...
 ore wat die fynste wit leuentjie kan opvang;
 ’n mond wat elke seerplek gesond kan soen;
 oë wat dwarsdeur mure en deure kan sien wat haar kinders aanvang;
 hande wat oral kan raakvat; en
 arms wat ’n kring van omgee om haar mense vou.
Nina Smit

As ’n seun het Samuel al ’n linneskouerkleed gedra. Sy ma het elke jaar


498 vir hom ’n manteltjie gemaak en dit vir hom gebring wanneer sy saam
met haar man gegaan het om die jaarlikse offer te bring.
1 Samuel 2:18-19

My Kerstyd is ’n kitsfees. Ek bak nie koekies soos my ma nie, maar koop dit. Ek maak nog
gemmerbier, en ’n Kersgeskenk uit die hart vertel van omgee. So begin familietradisies
en -gewoontes. Die belangrikste is egter, wanneer die kerse brand en stringe liggies ’n
boodskap van die feestyd bring, brand daar ook in dié moeder se hart die behoefte dat my
gesin die boodskap van Jesus se geboorte opnuut sal beleef. En genade daarin sal vind.
Christa Jonker-Jordaan

180

1001 Beloftes_NEW.indd 180 4/18/2006 11:07:30 AM


Maklik maak
My tye is in u hand.
Psalm 31:16
499
’n Paar klein veranderings kan die verskil beteken tussen laat wees en betyds wees.
 ’N WEKKER: Stel ’n wekker sodat dit tien minute voor julle moet ry, afgaan. So sal selfs
Sussie in die badkamer weet hoeveel tyd daar nog oor is voordat julle moet vertrek.
 ’N BANKIE: Sit ’n bankie naby die voordeur vir skooltasse en jou skootrekenaar. Sorg
dat skooltasse reeds die vorige aand gepak is en op die bankie wag.
 ’N MAKLIKE AANTREK: Sorg dat kleiner kinders eenvoudige klere sonder knopies of
strikkies aantrek. Kies eerder iets wat hulle vinnig oor die kop kan trek.
Renette Espach

Die arm van die Here is nie te kort om te help nie en sy oor is nie te
doof om te hoor nie.
500
Jesaja 59:1

As jy ’n besluit moet neem, kan jy die volgende wenke oorweeg:


 Kyk die nood of probleem vierkantig in die oë.
 Kry al die inligting wat nodig is om ’n besluit te neem.
 Bid dat die Here jou sal lei in jou besluit.
 Vra raad by iemand wat dieselfde probleem gehad het en dit opgelos het.
 Weeg al die moontlikhede teen mekaar op.
 Moenie nie te veel energie en tyd verspil om die inligting te kry nie. Navorsing toon dat
die beste besluite gewoonlik geneem word as slegs 50% van die inligting beskikbaar is.
Ampie Barnard

Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos ’n tuin met volop water, soos ’n
501 fontein waarvan die water nie opdroog nie.
Jesaja 58:11

Jou houding teenoor jouself, jou medemens en God bepaal hoe gelukkig en sinvol jou
lewe is. As jy gedurig net die swaarkry sien, is swaarkry wat jy gaan kry! As jy die lewe as
’n avontuur beskou, gaan dit vir jou ’n avontuur wees. Gelukkig kan jy elke dag self oor jou
lewenshouding besluit. Jy kan besluit of jy by die humor of die hartseer, die opbouende of
afbrekende, die kreatiewe of kermende aspekte van jou menswees wil stilstaan.
Die beste houding is: Ek dien die Here, daarom kies ek om positief en kreatief te bly.
Jannie le Roux

181

1001 Beloftes_NEW.indd 181 4/18/2006 11:07:30 AM


Mammas
Goue appels wat in silwer gemonteer is, so is die regte woord op die
502 regte tyd.
Spreuke 25:11

 Ken jou kind  Glo in jou kind


 Wees geduldig  Kweek goeie waardes
 Wys jy is trots  Komplimenteer hulle
 Bou hulle op, moenie afbreek nie!  Wees konsekwent
 Kweek verantwoordelikheid  Help met huiswerk
 Bemoedig hulle  Ken hulle sterk en swak punte
 Skep gesinstradisies  Bid saam met hulle en leer hulle van God
Samestelling

Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie
503 verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.
Galasiërs 6:9

God roep ma’s en rus hulle toe. Dáárom mag jy as ma glo dat jy sal slaag, al het jy nie baie
kennis van mawees nie. Jy sal miskien eers jou verborge talente as ma ontdek, en veral
wat die Here deur jou kan bereik, as dit om jou begin kook, die grond begin dreun en jou
moed jou wil begewe.
Ma’s is mense wat dit aan die Here se hand gewaag het om ma te word. Die belangrik-
ste is dat jy glo in God en dit saam met Hom waag om ’n ma te wéés.
Murray Janson

Soos ’n moeder haar kind laat veilig voel, so laat Ek julle veilig voel.
Jesaja 66:13
504
Daar is ’n tyd ... om my baba se koms af te wag; om my aan God se weë te verwonder
omdat ek vir moederskap gekies is.
Daar is ’n tyd ... vir geduld en selfopoffering; om haar te wys dat haar nuwe wêreld ’n plek
van liefde, goedheid en betroubaarheid is.
Daar is ’n tyd ... om haar verwondering en eerbied te leer; om haar te leer bid en om God
se Woord lief te hê.
Daar is ’n tyd ... om haar dapper te sien skool toe stap; om daar te wees as sy tuiskom.
Daar is net agtien kosbare jare om haar te inspireer en te lei.
Helen Young

182

1001 Beloftes_NEW.indd 182 4/18/2006 11:07:30 AM


Manlief
In ’n verstandige gemoed pas die wysheid goed in; by dwaasheid is dit
505 nie tuis nie.
Spreuke 14:33

Baie vroue trou en dink dat hulle hulle mans ná die troue sal verander.
Wat jy as vrou nie besef nie, is al sou hy ingee en sekere dinge wel verander, dit net
tydelik sal wees.
Die oomblik as jy as vrou terugstaan, gee jy jou man die vryheid en ruimte om te
verander, want jy staan nie meer in sy pad nie. Soms is dit net jou eie gesindheid wat eers
moet verander.
Jy moet jou man liefhê met foute en al en die Here vertrou om die afronding te doen.
Die Pottebakker ken sy klei.
Elise Grey

’n Begeerte wat vervul is, bring vreugde.


Spreuke 13:19
506
Sorg dat jou man die boodskap kry dat jy hom bewonder en dat hy baie spesiaal is, al
gaan dit vra om van voor af te leer om jou man lief te hê en hom die hof te maak.
Slim vroue wat bereid is om alles vir hulle huwelik te gee, ontdek almal dat dié opoffe-
rings soveel goeie dinge oplewer dat dit deur en deur die moeitewerd was. Dit is die werk
wat jy in en vir jou huwelik doen wat elke dag ’n fees daarvan maak.
Nina Smit

Praat sonder om te dink kan soos dolksteke wees; wyse mense bring
507 genesing met wat hulle sê.
Spreuke 12:18

Hou gerus maar op om mekaar te probeer verander, want dit werk nooit. ’n Huwelik het
onvoorwaardelike liefde en aanvaarding nodig.
God het mans en vroue spesiaal anders gemaak sodat hulle mekaar volmaak kan
aanvul.
Moenie verwag dat jou maat soos jy sal wees nie – maak ruimte vir verskille en aanvaar
jou maat met foute en al. Meer nog, geniet en bewonder jou maat presies net soos hy is,
sonder om hom te probeer oormaak soos jy hom graag sou wou hê.
Nina Smit

183

1001 Beloftes_NEW.indd 183 4/18/2006 11:07:30 AM


Medemens
Praat sonder om te dink kan soos dolksteke wees; wyse mense bring
508 genesing met wat hulle sê.
Spreuke 12:18

In elke verhouding is daar mense wat mekaar met woorde probeer vermorsel.
’n Mens kan iemand partykeer met woorde seerder maak as op enige ander manier.
Daar kom egter ’n oomblik wanneer die storm bedaar, wanneer jy besef dat jy jouself te
buite gegaan het, en dis dan dat jou staal getoets word. Is jy bereid om te buig?
As jy regtig jammer is, sal jou berou aanvaar word. Wees bereid om te sê: “Ek is jam-
mer.” Baie konflik sal so uit die weg geruim word.
Johan Smit

As iemand droefheid veroorsaak het, is dit nie vir my wat hy hartseer


509 maak nie, maar vir julle almal ... Vir so iemand is die bestraffing deur
die meerderheid swaar genoeg.
2 Korintiërs 2:5-6

My verhouding met my medemens is nou verbind aan my verhouding met God. Enigiets
wat skeiding bring tussen ons en ons medemens skei ons van God.
Wanneer ons deel word van die Nuwe Lewe, sal dit tot uiting moet kom in eenheid tus-
sen God en ons en ons medemens. Ons moet moeite doen met ons menslike verhoudings
en nooit toelaat dat dit ’n muur tussen ons en God vorm nie.
Roy Hession

Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die
510 krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie.
2 Korintiërs 4:7

God kan maklik aangegaan het sonder mense. Hy het ons nie nodig om God te wees nie.
Maar Hy kies om ons te skep sodat Hy en ons in ’n sekere sin van mekaar afhanklik is. Jy
is God se hande, sy voete, sy hart, sodat jou medemens iets van Hom in jou kan raaksien.
En sodat jy iets van Hom in jou medemens kan raaksien. Daarom het jy jou medemens
nodig ... om iets van God te sien.
Jannie le Roux

184

1001 Beloftes_NEW.indd 184 4/18/2006 11:07:30 AM


Meningsverskille
Dit hang dus nie af van wat ’n mens doen nie, maar van Hom wat jou
511 roep.
Romeine 9:13

Om meningsverskille op te los, probeer om te onderhandel. Die beste skikking is waar die


partye voel albei gee en kry ewe veel.
 Kyk wat is onderhandelbaar.
 Elkeen dui sy behoefte aan.
 Maak reëls en besluit oor die gevolge van oortredings.
 Skryf dit neer om konflik te voorkom.
 Jy weet nou wat gaan gebeur as jy kies om die reël te breek.
 Albei teken die “skikking”.
Vic en Thea Brink

Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie


512 vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie.
Efesiërs 4:31

Konflik begin nie wanneer iemand iets sê nie, maar wanneer die ander persoon iets
terugsê. As jy probeer om die minste te wees, kan die ander persoon sleg voel. Dis
belangrik om altyd kalm op te tree. Wees altyd vriendelik en goedhartig. Leer maniere aan
om jou woede te verwerk wat ander mense nie seermaak nie. En moenie eers daaraan dink
om iemand te probeer terugkry nie – dit het geen sin nie.
Vic en Thea Brink

Die nagedagtenis van die wat reg doen, leef voort.


Spreuke 10:7
513
Jy het die reg om jou standpunt te stel. Hóé jy dit sê, maak egter die verskil. Tree op soos
Jesus opgetree het:
 Hy was beleefd.
 Hulle kon hulle saak stel.
 Sy antwoorde was goed, sy argumente logies, sy feite was reg.
 Hy het gepraat as Hy weet waarvan Hy praat.
 Jesus was nie bang vir die waarheid nie, al het dit soms moeilikheid veroorsaak.
 Vra die vraag: “Wat sou Jesus doen?”
Vic en Thea Brink

185

1001 Beloftes_NEW.indd 185 4/18/2006 11:07:30 AM


Mislukking
Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek
514 volharding ...
Romeine 5:3

As jy in iets misluk het, voel jy soos ’n skande en ’n bespotting vir ander. Jy is skaam en
kwaad vir jouself, want volgens jou kon jy dit verhoed het. Jy voel sommer van God en
mens verlate. Dis verstommend hoeveel mense die Here eers aanroep as hulle totaal swak
en onmagtig voel. As ’n laaste uitkoms, maar miskien vir die eerste keer opreg! Terwyl jy
Hom daagliks aanbid, versag sy Gees jou hart en skep Hy sy vrug in jou. Dan begin jou
Goddelike roeping sin maak, want jou gawes is nommerpas vir die goeie werk waarvoor
Hy jou geskep het.
Judy Venter

Pa, ek het teen God en teen Pa gesondig! Ek is nie meer werd om Pa


515 se seun genoem te word nie.
Lukas 15:19

As jy integriteit besit, sal mislukking jou nooit onderkry nie. As jy jou vrees vir mislukking wil
oorwin, hou op om ’n perfeksionis te wees. As jy misluk, erken dit, leer iets daaruit en begin
van voor af. Almal respekteer ’n eerlike en berouvolle mislukking. Dawid word “’n man na
God se hart” genoem, en tog het hy ’n verhouding buite die huwelik aangegaan en boonop
moord gepleeg. Hy het openlik en opreg daaroor berou gehad, God het hom vergewe en
hy het ’n groot koning geword. Die vader het die verlore seun tegemoet gehardloop. Daar
eindig die vrees vir mislukking.
Solly Ozrovech

Versterk daarom die slap hande en die lam knieë en loop die reguit
516 pad. Dan sal wat lam is, nie uit lit raak nie, maar gesond word.
Hebreërs 12:12

Daar is mislukkings wat aanhou – dinge wat jy nie kan regkry nie, al probeer jy ook hóé
hard. As jy by so ’n kruispad kom, is dit goed om te erken dat dié ding altyd bokant jou
vuurmaakplek sal wees. Moenie dat aanhoudende mislukkings jou moedeloos maak nie.
As sekere dinge dan nou nie vir jou wíl regkom nie, los dit en doen iets wat jy wél kan
regkry. Maar ’n belangrike les wat jy moet leer, is: Daar is steeds baie dinge wat jy wél kan
doen. Jy moet op hierdie goeie punte konsentreer en die res aan ander mense oorlaat.
Nina Smit

186

1001 Beloftes_NEW.indd 186 4/18/2006 11:07:31 AM


Moedeloosheid
Hou moed en wees dapper! Moenie bang wees nie, moenie vir hulle
517 skrik nie, want die Here julle God gaan saam met julle.
Deuteronomium 31:6

 As jy sukkel om te glo dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet ...
skuif jou fokus weg van die donker kant van die situasie af.
 As jy stukkend geslaan is en wonder hoekom dinge gebeur ... onthou dat God jou
lewensbootjie stuur.
 As jy geen hoop sien nie ... vra dat die Here vir jou die rooskleurigheid in elke situasie
sal wys sodat jy aan sy beloftes kan vashou.
 As jy voel dat jou probleme te veel is ... onthou dat niks met jou sal gebeur wat jy en
die Here nie saam kan hanteer nie.
Milanie Vosloo

By die aanhoor van dié woorde het ek gaan sit en gehuil en dae lank
getreur. Ek het gevas en tot die God van die hemel gebid.
518
Nehemia 1:4

Voel dit asof die lewe jou onderkry? Kom op jou voete met hierdie moenies:
 MOENIE jou in ’n donker kamer sit en verknies nie. Gaan uit, voel die sonlig op jou vel
en asem vars lug in.
 MOENIE wag om met ’n oefenprogram te begin nie. Begin beweeg sodat jou brein
daardie goedvoelhormone kan afskei.
 MOENIE jouself afskeep nie. Maak ’n afspraak met jouself en verander jou kamer en
badkamer in ’n dagspa. Vertroetel jouself met badolies, lyfrome en ’n gesigmasker.
Johanna van Eeden

Hy gee lig in donker dieptes, Hy maak donker plekke lig.


519 Job 12:22

 Fokus net op vandag en doen net vandag jou plig.


 Pluk vandag al die blomme van vreugde en geluk wat God vir jou wil gee.
 Groei elke dag geestelik – dan gaan daar gedurig vir jou nuwe en mooi dinge oop.
 Sorg dat jy altyd binne roepafstand van God is sodat jy sy stem kan hoor.
 Maak Christus ’n aktiewe vennoot in jou lewe en steun op Hom in donker tye.
 Laat God toe om heeltemal oor te neem in jou lewe en donker in lig te verander.
Solly Ozrovech

187

1001 Beloftes_NEW.indd 187 4/18/2006 11:07:31 AM


Moedersdag
Eer jou vader en jou moeder ...
Eksodus 20:12
520
Eers as jy self ’n ma is, kry Moedersdag regtig betekenis. As klein mensies kaartjies met
dik vetkryt-tekeninge van die kleuterskool af huistoe bring, baie opgewonde oor die vooruit-
sig van Moedersdag. Moedersdag is daar om ’n slag tot stilstand te kom en dankie te sê vir
alles wat jou ma vir jou doen en beteken. ’n Mens kan op ander dae ook dankie sê, maar
in die gejaagde lewe wat ons lei, bly die mooi dinge baiekeer ongesê. Moedersdag is ’n
onthoudag. In een van my kaartjies staan in groot vet letters: “Dankie vir alles, Mamma!” en
onder in die hoekie in klein lettertjies: “En nog meer!”
Christa Jonker-Jordaan

My seun, wat jou moeder jou leer, moet jy nie in die wind slaan nie.
Spreuke 6:20
521
Moedersdag vang ’n pa onverwags omdat hy iets spesiaals moet doen of beplan. Hoeveel
mans en kinders het nie al voor die groot dag in winkels rondgeskarrel om kaartjies en
geskenke te soek nie? Uiteet op Moedersdag? In ’n oorvol restaurant met musiek waarvan
ek nie hou nie? En ai, die ou kaartjies sê eintlik niks en is so stroperig ...
Wat nou? Ek wil nie dit wat Mamma vir my beteken met ’n duur geskenk probeer wys
nie. Ek wil Ma dadelik laat weet dat ek Ma regtig liefhet, dat Ma ’n spesiale mens is en dat
Ma ’n spesiale plek in my lewe het. Dankie vir alles wat Ma vir my doen. Ma is tops!
Johan Smit

Gee jou seun ’n goeie opvoeding en jy sal gerus wees oor hom; hy sal
522 jou baie vreugde verskaf.
Spreuke 29:17

Op ’n doodgewone weeksdag het die afleweringswaentjie voor ons deur stilgehou. ’n Jong
meisiekind met die grootste, geurigste bos blomme wat ek in my hele lewe gesien het, het
ons voordeurklokkie gelui. Die blomme was vir my, van my oorsee-seun en sy vrou – vir
Moedersdag! Die skoonheid en geur van die blomme het lank my sitkamer én my hart
gevul. Heerlike brandhout vir ’n ma se gees op ’n tydstip toe sy dit glad nie verwag het nie!
Koester die liefdesblyke van jou mense en dink daaraan in swaarkrytye. Druk dán die herin-
neringe teen jou hart vas en sê dankie!
Nina Smit

188

1001 Beloftes_NEW.indd 188 4/18/2006 11:07:31 AM


Moederskoot
U het my gevorm, aanmekaargeweef in die skoot van my moeder.
Psalm 139:13
523
Ek wil jou voorstel aan die beste Raadgewer vir ma’s: Jesus Christus. Hy is die wonderlik-
ste ma- en kinderkenner van alle tye. Jy kan Hom met ’n geruste hart vertrou. Hy sal langs
jou wees as jy jou kind in die nag moet voed. Hy sal hom vashou as hy wankelrig sy eerste
treetjies gee. Hy sal self by hom wees wanneer jy hom kleuterskool toe neem, langs hom
inskuif in die skoolbank en saam met hom op die sportveld hardloop. Hy sal deur elke fase
van jou kind se lewe by hom wees.
Laat Jesus vir jou wys hoe om ’n ma vir jou kind te wees.
Milanie Vosloo

Wat U gedoen het, vervul my met verwondering ...


Psalm 139:14
524
God het in sy groot genade jóú as unieke vrou uitgekies. En nou ook as ma!
Jy kan God se stem op baie maniere hoor. In die Woord, in die glimlag van jou kind, in
sy getuienis of in die natuur. Jy voel die resultaat van die Heilige Gees wat deur jou lewe
waai en kom agter dat jy God nodig het. Sonder dat jy dit verstaan, weet jy dat die Gees
van God nou in en deur jou werk, ook met jou kinders deur jou.
Leef, verstaan en doen nou as hierdie nuwe mens. Ook nou as ma in jou kinders se
lewe.
Cecile Burger

Jy het my hart gesteel, my beminde bruid, jy het my hart gesteel ... met
525 een skakel in die ketting om jou hals.
Hooglied 4:9

Moet tog nie reg agteroorslaan as jy hierdie opskrif lees nie. Maar ’n ma wat verleer het om
met die pa van haar kinders te flankeer, is ’n ma wat haar kinders iets kosbaars ontneem.
Elke ma behoort die kuns te ken om haar man op haar verlief te hou, want sielkundiges
beweer mos dat die beste geskenk wat ’n pa sy kinders kan gee, is om hulle ma lief te hê.
Ma’s mag maar belê in romantiese nagklere en heerlike parfuum, al gaan dit beteken
dat die gesin ’n paar weke van maalvleis sal moet leef ...
Nina Smit

189

1001 Beloftes_NEW.indd 189 4/18/2006 11:07:31 AM


Moedhou
Ek is ’n grap vir my vriende, en dít iemand wat tot God roep en van
526 Hom antwoord kry. ’n Regverdige, ’n vrome wat ’n grap is!
Job 12:4

In ons elkeen se lewe is daar tye dat ons vasgevang voel, asof ons lewenslied stil geraak
het. Dit kom gewoonlik na kwaai inspanning. Dis asof jou liggaam van die een uiterste na
die ander beweeg. Sulke tye help jou om weer te kyk na wat jou regtig gelukkig maak en
jou liggaam kans te gee om te herstel. Soek dan iemand wat sonder om te oordeel na jou
sal luister en jou sal help om dinge in die regte lig te sien en nuwe doelstellings te kry.
Die lewe is soos ’n spieël – ons kry die beste daaruit as ons daarvoor glimlag.
Jannie le Roux

Wys my wat my oortredings en my sondes is!


Job 13:23
527
Dit gebeur baiekeer as ’n mens af voel. Daar is nie sonde wat tussen jou en God staan
nie, jy voel net af en daarom voel dit of God ver is. Moenie op jou gevoel staatmaak nie.
Sy beloftes het mos nie intussen verander nie. Hulle is nog dieselfde. Hy bly nog by jou, al
voel dit nie so nie. In so ’n tyd moet jy konsentreer op sy beloftes van liefde en teenwoor-
digheid. Glo hulle, al voel jy niks nie!
Vic en Thea Brink

Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.


528 Filippense 4:13

 Nooit weer sal ek sê: “Ek kan nie,” want ek is tot alles in staat deur Christus wat my
krag gee.
 Nooit weer sal ek kla: “Ek het nie,” want my God sal elke behoefte van julle vervul na sy
rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.
 Nooit weer sal ek bang wees nie, want God het ons nie ’n gees van vreesagtigheid
gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.
 Nooit weer sal ek my bekommernis self dra nie, want Hy sê: “Werp al jou bekommernis
op My, want Ek sorg vir jou.”
Rodney Seale

190

1001 Beloftes_NEW.indd 190 4/18/2006 11:07:31 AM


Mooi van binne
... hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het!
Psalm 8:2
529
Ons moet God se genesende skoonheid raaksien. ’n Vrou vertel hoe sy ’n ver pad moes
ry, weg uit ’n slegte verhouding. Met mis oor die pad en trane uit haar oë het sy nie geweet
of sy die volgende dorp sou haal nie. Tot sy die kosmos langs die pad begin raaksien het.
Toe die bome met hulle herfsblare. Toe nog meer: die berge, die groen vlaktes, die damme,
mense wat lag en mekaar se geselskap geniet. Later het dit begin voel dat die lewe nie so
hopeloos kan wees nie, nie so verskriklik nie – want God se skoonheid was nog altyd daar.
Christina Landman

Al is ek afgetakel na liggaam en gees, God is my sterkte ....


530 Psalm 73:26

Verander die letsels wat ’n seerkryverhouding gelaat het in skoonheidsvlekkies:


LETSEL: Hy was ontrou. SKOONHEIDSVLEKKIE: Kry iemand wat oop kaarte met jou speel.
LETSEL: Hy blameer jou vir al sy probleme. SKOONHEIDSVLEKKIE: Besef dat dit hy is wat
’n probleem het.
LETSEL: Hy laat jou sleg voel oor jouself. SKOONHEIDSVLEKKIE: Besef self hoe kosbaar
jy nie net vir jouself is nie, maar ook vir jou familie en vriende en dat hy net jaloers is op jou.
LETSEL: Hy het jou op ’n ongevoelige manier gelos. SKOONHEIDSVLEKKIE: Wys vir almal
en vir jouself hoe sterk jy is en bly kalm.
Gerinda Jooste

Hulle versiering moenie haarkapsels en goud of pêrels of duur klere


531 wees nie, maar goeie werke, soos dit vrouens betaam wat openlik bely
dat hulle God dien.
1 Timoteus 2:9-10

’n Hemelse voorkomsvernuwing is pynloos en hou vir ewig!


VIR JOU VEL: ’n Onderlaag van liefde: Liefde is die basis van ware skoonheid. Smeer elke
oggend ’n lagie aan en herinner jouself aan Jesus se voorbeeld van ware liefde.
VIR JOU OË: ’n Potjie vol deernis: Al wat nodig is vir pragtige oë, is ’n potjie vol deernis.
Dit begin in jou hart en word uitgestraal in die manier waarop jy na mense kyk.
VIR JOU LIPPE: ’n Stiffie wysheid: Dis die woorde wat jy praat. Verander jou woorde in ’n
lipstiffie wat nie seermaak nie.
Anita van Niekerk

191

1001 Beloftes_NEW.indd 191 4/18/2006 11:07:31 AM


Motivering
Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.
Psalm 37:5
532
Moenie ...
 uitstel nie.
 onrealisties wees nie.
 dieselfde fout twee keer maak as jy sukses wil behaal nie.
 vergeet om te leer uit mislukkings nie.
Jy moet ...
 onthou sukses kom baiekeer eers ná ’n paar mislukkings.
 gewillig wees om te werk en om uit en aan te hou.
 vir jou ’n doel kry en alles insit.
 Hom vra om jou te help. Hy sál as dit in ooreenstemming is met sy wil vir jou lewe.
 kies tussen ’n lewe sonder drome en vol teleurstellings!
Nina Smit

Dít weet ek: God is aan my kant.


533 Psalm 56:10

Kritiek kan jou nuut laat droom. Daarom moet jy aanhou om nuwe dinge te doen met die
gawes, talente, vermoëns en kreatiewe waagmoed wat God net aan jou gegee het. “Jy is
die enigste jy,” sê John Mason, “Daarom is jy die beste een op aarde om dit te doen waar-
toe God jou geroep het!”
Judy Venter

Ek laat my deur u liefde lei en ek lewe deur u trou.


Psalm 26:3
534
Sukses is die beste motivering vir nuwe drome. Maak jou droom waar deur dit in hanteer-
bare doelwitte te verdeel. Werk stukkie vir stukkie daaraan. Bid ook dat jou droom inpas by
God se droom. Vra Hom om jou te stop as jy die verkeerde droom wil navolg. Vra ook dat
Hy jou droom sal skaaf en skuur totdat dit inpas by sy doel en jou geluk.
Kies een stukkie van jou droom om dadelik aan te begin werk. Sê jou droom hardop vir
jouself en vir ander. Werk aan jou drome en jy sal binnekort sukses beleef!
Jannie le Roux

192

1001 Beloftes_NEW.indd 192 4/18/2006 11:07:31 AM


Ná verlies
Daarom is ek bly en juig ek en voel ek my veilig. U gee my nie oor aan
535 die dood nie. U laat u troue dienaar nie in die graf kom nie.
Psalm 16:9-10

God het jou toegerus om na jou verlies ’n verskil te maak in die lewe van die mense om
jou. Gebruik nou jou stil tye om aan God se voete te gaan sit en sy lewende water deur
jou te voel vloei. Wanneer God in jou lewe oorvloei, sal ander deur Hom aangeraak word.
Hou op om terug te kyk. Koester die mooi herinneringe aan jou geliefde. Onthou dat God
steeds daar is vir jou. Moenie vasval in die verlede nie. Steek jou hand uit en deel.
Karin Metz

Selfs my boesemvriend op wie ek vertrou het, wat altyd by my geëet


536 het, het my in die rug gesteek.
Psalm 41:10

Dit gebeur dikwels dat ’n mens in ’n krisis by ander mense hulp soek, maar dat hierdie
mense nie die paal haal nie. Jy word teleurgestel en ontnugter ... Genadiglik leer ’n mens
nie net die donker kant van jou medemens in jou krisistyd ken nie; jy ontdek veral ook die
ligkant. Jy moet beskikbaar wees om as die speelveld te dien waarop mense kan oefen
om God se liefde uit te deel en om die brood van genade wat hulle ontvang het, met jou te
deel. Om saam met jou die vreugde van genade te ontdek en dit te deel. Ook om die vrede
te ontvang, en om met mekaar te deel wat God uit genade en in oorvloed vir ons gee.
In hierdie proses van gee en neem ervaar mense dat hulle broers en susters is.
Johan Smit

Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet,
537 dié wat volgens sy besluit geroep is.
Romeine 8:28

Die Christen leer om verder te kyk as die pyn van vandag en die geweldige omvang van
slegte omstandighede. Hy gee dit vir God. As jy vandag weet dat God jou liefhet, kan
jy ook weet dat daar niks in die hemel of op die aarde is wat jou hoop op daardie dag
volkome van jou kan wegneem nie. Niks sal jou van God se liefde kan skei nie. En daar sal
’n dag kom dat jy nie meer sal sug en huil nie. Dié dag kom, glo my – nee, glo vir God.
Johan Smit

193

1001 Beloftes_NEW.indd 193 4/18/2006 11:07:31 AM


Naasteliefde
Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
Matteus 22:39
538
Drukkies sê “ek hou van jou”. Drukkies maak ’n koue dag warmer. Drukkies praat uit jou
hart. Drukkies kan nie seermaak nie. Drukkies gee nuwe krag as jy moedeloos is.
Drukkies laat vriende deel voel van ’n groep. Drukkies laat mense beter voel. Drukkies
praat partykeer lekkerder as woorde. Drukkies is ’n onskuldige manier om vir iemand te
wys jy hou van hom.
Drukkies gee troos. Drukkies help dat vriende oor seerkry kan praat. Drukkies sê jy gee
om. Drukkies maak ander bly. Drukkies wys liefde.
Drukkies wys jy verstaan. Drukkies is lekker vir julle albei. Drukkies wys dat jý bly is.
Nina Smit

Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir
539 ons liefhet.
Romeine 8:37

 Om liefde te ontvang is beter as enigiets anders.


 Liefde is ’n geskenk van God.
 Vra die Here vir die gawe van liefde.
 Sonder liefde beteken jy vir God niks.
 Sorg dat almal om jou God se liefde in jou lewe kan raaksien.
 Deel die geskenk van liefde met vriendelikheid en geduld.
Nina Smit

Die Here het die regverdiges lief.


Psalm 146:8
540
Opregte liefde ...
 maak mense verantwoordelik vir hulle eie lewe
 gee ander die keuse om self besluite te neem
 laat mense toe om deur hulle foute te groei
 begelei mense tot geestelike volwassenheid
 beskerm mense teen die seer van misplaasde liefde
 maak mense van mekaar los sodat elkeen selfstandig kan word
 maak mense vry om met vreugde en droefheid langs mekaar te stap
Solly Ozrovech

194

1001 Beloftes_NEW.indd 194 4/18/2006 11:07:31 AM


Nederigheid
(E)k is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe
541 nie, maar Christus wat in my lewe.
Galasiërs 2:19-20

As ons die Here opreg liefhet, moet ons sy wil aanvaar. Dit is die enigste manier. Dis om te
sê: “Nie ek nie, maar Christus.”
Jesus kan nie heeltemal in ons leef en deur ons werk voordat die eie ek in ons verdwyn
het nie. Dan sal die harde, onbuigbare ek uiteindelik buig voor God en sy wil aanvaar. Ek
moet my lewenspad aan Jesus toevertrou, my regte prysgee en afstand doen van my eie
eer – só dat die Here Jesus alles kan kry en alles kan wees.
Roy Hession

Kyk, jou Koning kom na jou toe; Hy is nederig ...


Matteus 21:5
542
Jesus het nederigheid uitgestraal. Hy het nie gehuiwer om Homself te kom verneder nie.
Sy hele lewe was een van lyding en vernedering. En niks daarvan was ter wille van Homself
nie! Dit was eerder sy onbegryplike groot liefde vir sondaars wat niks daarvan verdien het
nie, wat Hom gemotiveer het. En wat sy pad op die ou end laat terugloop het na waar dit
vandaan gekom het: die regterhand van die Vader en al die heerlikheid in die hemel wat
Syne is.
Hannes Burger

Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die
543 een die ander hoër ag as homself.
Filippense 2:3

Vir die 21ste-eeuse mens word dit al moeiliker om in nederigheid te leef. Die begeerte om
meer te hê en beter te doen as ander kan sommige mense verteer.
Deur Jesus se besondere voorbeeld van nederigheid leer ons om ons aan gesag te
onderwerp, om nie aandag te soek nie en om nie te hunker na méér as wat ons het nie.
Die voorvereiste vir nederigheid is die verstaan van ons eie afhanklikheid van en onver-
moë sonder Jesus wat ons Redder is. Eers as ons die essensie van genade begryp, sal
ons nederigheid as slim emosie kan uitleef.
Kobus Neethling, Hennie Stander, Raché Rutherford

195

1001 Beloftes_NEW.indd 195 4/18/2006 11:07:31 AM


Neerslagtigheid
Hoe lank gaan U my nog bly vergeet, Here? Vir altyd? Hoe lank gaan U
544 nog van my af weg kyk? Hoe lank moet ek nog my eie planne maak en
my dae met kommer deurbring?
Psalm 13:2-3

Neerslagtigheid en depressie is baie algemeen met verskillende grade en oorsake. Mense


soos Dawid, Moses, Elia, Job en Jeremia het ook depressie geken.
Die Bybel vertel vir ons dat gelowiges ook in depressie kan verval en sonder hoop kan
wees. Tog verlaat God nie ’n neerslagtige mens nie, al voel dit soms so. Daarom kan Dawid
ook sê: Hy [die Here] het my uitgetrek uit die put van die dood, uit die slymerige modder,
my op ’n rots laat staan en my weer op vaste grond laat loop.
Vic en Thea Brink

Luister tog en antwoord my, Here my God! Gee my tog nuwe lewenskrag.
Psalm 13:4
545
Wonder jy wat deesdae met jou verkeerd is? Voel alles binne-in jou leeg? Lyk alles om jou
vaal? Oorkom jou moedeloosheid so:
 Stel vas hoekom jy so negatief voel en doen iets daaraan.
 Doen lekker dinge, al het jy nie nou lus nie.
 Kry hulp as die gevoel nie wil weggaan nie.
 Maak ’n afspraak by jou huisdokter en gaan spreek ’n sielkundige.
 Praat met iemand wat jy vertrou.
Jannie le Roux

U, Here, laat my lamp helder skyn: my God gee lig as dit donker is om my.
Psalm 18:29
546
Depressie is ’n siekte van die liggaam. Wat is die simptome? Jy ervaar ...
 geen plesier of belangstelling in enigiets nie;
 verandering in eetlus en versteurde slaappatrone;
 dat die toekoms donker lyk;
 dat jy dikwels oor die dood dink en selfmoord oorweeg; en
 ’n gevoel dat God jou verwerp het.
As jy minstens drie van hierdie simptome het, moet jy dadelik dokter toe gaan!
Judy Venter

196

1001 Beloftes_NEW.indd 196 4/18/2006 11:07:31 AM


Negatiwiteit
Dit gaan goed met mense wat hulle krag in U vind ... Vir hulle gaan daar
547 fonteine oop wanneer hulle deur ’n dorre laagte trek ...
Psalm 84:6-7

As omstandighede vir jou te veel raak, moet jy besluit wat jou reaksie gaan wees. Vra: Wat
gebeur nou hier? Wat is my reaksie? Wat is my gevoelens oor die saak? En wat wil die
Here my leer? Hoe moet ek dink en wat moet ek doen? Wat is God se wil?
’n Mens moet dit oefen. Omdat die Here altyd ons omstandighede wil gebruik om ons
nader aan Hom te bring, kan ons weet dat Hy ons help wanneer dit voel asof alles ons
onderkry. Jy het nie altyd beheer oor omstandighede nie, maar jy het wel beheer oor jou
reaksie op omstandighede.
Vic en Thea Brink

Ek wil nie meer nie, ek sal tog nie vir altyd lewe nie; laat my staan; my
548 lewe is niks meer werd nie.
Job 7:16

As jy gedurig negatief oor jouself en jou omstandighede dink, gaan jy glo dat die wêreld
’n baie slegte plek is. Maar jy het volle beheer oor wat jy dink. Jy kan jouself in die ellende
indink of jy kan die lewe nuut maak deur positief en kreatief te dink. Jy kan nie jou hartseer
wegdink nie, maar jy kan, deur reg te dink, nuwe paaie begin volg wat dinge sal gee waar-
oor jy kan bly wees. Jy kan besluit om elke dag doelbewus aan positiewe dinge te dink. En
jy sal ontdek dat ’n positiewe manier van dink ’n krag in jouself ontsluit.
Johan Smit

Wat is die mens dat U soveel van hom maak, dat U hom so op die hart
549 dra ...?
Job 7:17

Suksesvolle mense doen dieselfde ding as sake begin skeefloop: Hulle besluit dat hulle
self verantwoordelikheid gaan neem vir hulle toekoms. Natuurlik het God altyd die laaste sê
oor jou lewe, maar Hy nooi jou om saam met Hom oor die toekoms te besluit.
Jy kan nie keer dat slegte dinge gebeur nie. Jy kan wel besluit hoe jy daarop gaan rea-
geer. Jy kan kies om met die hulp van die Here te besluit wat jy uit die situasie kan leer, hoe
jy dit reg kan hanteer, en om op die uitkyk te wees vir God se vinger wat vir jou ’n nuwe
koers aanwys.
Jannie le Roux

197

1001 Beloftes_NEW.indd 197 4/18/2006 11:07:31 AM


Nommerpas-God
Niemand mag op jou neersien omdat jy jonk is nie, maar wees jy vir die
550 gelowiges ’n voorbeeld in woord en gedrag, in liefde, geloof en rein-
heid.
1 Timoteus 4:12

Dis verstommend dat God by elke liewe mens pas. Jy hoef nie ’n vraelys in te vul van alles
waarvan jy hou en nie hou nie, voordat Hy kies om by jou te wees nie. Hy sê eerder: “Hier
is Ek – vir jóú!” Hy is nie so vol van Homself dat Hy nie vir jou of iemand anders ’n kans wil
gee nie. Hy is só een met jou dat sy Gees in jou kom woon en een met jou word. Dis soos
’n gemaklike skoen wat jou nie druk nie en waarmee jy elke dag wil loop. Nommerpas.
Jannie le Roux

Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe
551 nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.
Johannes 8:12

As God in jou lewe voor loop, soos Hy beloof, besluit Hy watter rigting om te loop. Jy hoef
jou nie dood te stres oor wat om volgende te doen nie.
As God agter jou loop, keer Hy jou val. As jy val, gaan jy miskien steeds seerkry, maar
Hy keer dat jy jou doodval. Ons val meestal omdat ons in ’n verkeerde rigting loop.
Hy beskerm jou teen aanvalle van agter. Dit gee jou kans om vorentoe te kyk – daar
waar Hy alreeds is.
Hy omsluit jou van alle kante. Wanneer jy in God se hart is, is Hy voor en agter jou.
Jannie le Roux

U hande het my gevorm, my gemaak ... U het my die lewe gegee en my


552 met liefde versorg, met sorg het U oor my gewaak.
Job 10:8, 12

God het aan jou gedink voordat jy gebore is. Sy gedagtes oor jou het Hom opgewonde
gemaak. God was daar toe jy in jou ma se skoot gevorm is. Sy hart het gebokspring toe
jy die eerste keer “Pappa” gesê het. God was daar toe jou hart gebreek het toe jy jou ver-
troue in mense verloor het. Hy was daar toe die pyn so erg was dat jy gedink het dit sal jou
doodmaak. Sal jy God glo as Hy vir jou sê, weer en weer, hoe lief Hy jou het? Laat God toe
om jou tot in sy hart te trek met sy liefde.
Karin Metz

198

1001 Beloftes_NEW.indd 198 4/18/2006 11:07:31 AM


Oefening
Vrolikheid het uit ons lewe verdwyn, ons koordanse het plek gemaak vir
553 rou.
Klaagliedere 5:15

Spanning ry ’n mens bloots as jy sit en broei. Maar as jy opstaan, sal jou manier van kyk en
dink, verander. Dis asof net die feit dat jy beweeg, sê: Jy’s nie ’n magtelose slagoffer nie.
Oefening is goed vir jou. Tydens aërobiese oefensessies gaan groter volumes suurstof vin-
niger deur jou liggaam, en jou hart en bloedvate word sterker. Oefening soos fietsry, swem,
stap, draf en hardloop is baie goed vir jou hart en longe, en die sonlig hou depressie weg!
Judy Venter

Hy sal jou weer vreugde gee, jou van blydskap laat jubel.
Job 8:21
554
Hierdie DRIE goedvoeloefeninge laat jou in ’n japtrap beter voel.
OEFENING 1: Glimlag elke dag vir dertig sekondes vir jouself in die spieël. Dit sal die
goedvoelhormone in jou brein aan die gang sit.
OEFENING 2: Wees jou eie vriendin. Dink hoe jy jou vriendin beter kan laat voel as sy in ’n
slegte bui is en sê dan net sulke positiewe dinge vir jouself.
OEFENING 3: Stel ’n belaglike doelwit vir jouself. Of dit nou is om alleen in die kombuis
te dans of te karaoke. Die uitdaging sal jou selfvertroue gee en jou ander minder belaglike
drome meer bereikbaar laat lyk.
Gerinda Jooste

Vat my saam met jou, kom ons hardloop!


Hooglied 1:4
555
Gebruik die tyd wat jy tot jou beskikking het om heeltemal te ontspan.
 40 MINUTE: Rits op die internet rond en beplan julle volgende vakansie; of tik ’n inte-
ressante soekwoord in en verlustig jou in die massa inligting wat jy kry.
 30 MINUTE: Gaan stap ’n ent. Moenie in ’n bedompige kantoor of huis rondsit nie.
Maak dit ’n etenstydgewoonte om buite te gaan stap.
 20 MINUTE: Bly koel/warm, al het jy nie ’n swembad/kaggel nie. Bederf jouself met
roomys of ’n stomende koppie sop en vars, tuisgemaakte brood.
 10 MINUTE: Gaan koop ’n boek wat jy op die strand sou wou lees, en hou dit in jou
laai of die motor vir wanneer jy moet wag.
Renette Espach

199

1001 Beloftes_NEW.indd 199 4/18/2006 11:07:31 AM


Omgee wat aangee
Julle weet tog dat die Here elkeen sal beloon as hy iets goeds gedoen het.
Efesiërs 6:8
556

Omgee wat aangee, vra dat ons bereid moet wees om in iemand anders se skoene te gaan
staan, om te voel wat hulle voel. Omgee beteken jy sal seker maak wat vir ander mense
belangrik is. Omgee is nie net ’n hartseersaak nie; ek en jy moet kans sien om ander se
huil- en partytjieskoene aan te trek. Omgee is nie jaloers op iemand anders se suksesse en
vreugdes nie. Omgee vra dat jy trots sal wees op ’n kollega wat sukses behaal het en op
jou vriendin se kind wat presteer. Die Here verwag immers dat ons ook bly sal wees saam
met dié wat bly is!
Elsje Büchner

Hoofsaak is dat julle lewenswandel in ooreenstemming met die evan-


gelie van Christus moet wees.
557
Filippense 1:27

Ons gee op verskillende maniere om. In omgee is daar nie reg of verkeerd nie, geen vaste
reëls nie. Daar is wel plek vir jou spesiale manier van omgee. As woorde vir jou moeilik is,
gee ’n drukkie. As jy nie graag naby mense kom nie, stuur ’n briefie of e-pos, blomme of
’n geskenkie. As jou tyd min is, gee geld. As jy onhandig is en nie iets kan maak nie, gaan
koop dit. As jy mense se emosies moeilik lees of hanteer, kyk na omstandighede en doen
praktiese dinge om te help.
Ontdek jou voorkeure, doen wat by jou pas. Maak vrede met jou unieke omgee-manier.
Hanneke van Coller

Elke mens moet maar te gewillig wees om te luister ...


558 Jakobus 1:10

Luister ’n slag tussen die reëls, luister na wat sy werklik sê. Sy vertel jou hoe trots sy op
haar man is: “Hy werk so hard en dan gee hy nog al sy vrye tyd aan die kinders.” ’n Vrien-
din wat luister, hoor haar verlange en bied aan om die kinders een aand op te pas.
Sy sê: “Ek is versot op rosyne, kan nie genoeg kry nie.” Môre verras jy haar met ’n pak-
kie rosyne en sien die verbasing en waardering op haar gesig.
As jy luister, sal jy weet sy is bekommerd oor haar jongste se buie. Vra die Here vir
beloftes uit sy Woord en deel dit met haar.
Ester Venter

200

1001 Beloftes_NEW.indd 200 4/18/2006 11:07:31 AM


Omgeema’s
’n Pak slae laat ’n mens ophou kwaaddoen; dit laat jou selfs ophou dink
559 aan kwaad.
Spreuke 20:30

Hier is drie koel maniere om geite te hanteer:


 As jou tienerdogter stilstuipe het, vra of jy haar regtig moet uitlos en of julle daaroor
moet praat. As jou optrede in pas is met die gesin se beginsels, is jy nie skuldig nie.
 As kleinboet ’n vloertoer gooi, moenie sy optrede versterk deur hom te soebat nie en
moenie dreigemente maak wat jy nie kan uitvoer nie. Verwyder hom liewer uit die situ-
asie, soos ’n winkel.
 As jou kind jou met skuldgevoelens probeer manipuleer, moenie haar “beledigings”
persoonlik opneem nie. Dit beteken dalk iets heeltemal anders.
Skrywer onbekend

Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes
560 bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy
in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.
Deuteronomium 6:6

Tannie Nellie was my “tweede ma” toe ek universiteit toe gekom het. Sy is ’n weduwee en
fisiek gestrem en moet krukke gebruik. Dis gevaarlik om kos te maak by die warm stoof,
want sy is onvas op haar voete. Maar sy bak die allerheerlikste vrugtekoeke. Verstom vra
ek hoe sy dit reggekry het. Dan antwoord sy dat dit haar dankie-sê is vir die mense wat
haar bederf. Daar is ’n koek vir Henk wat haar prostese maak, een vir die man wat die
wasmasjien regmaak en nooit geld vra nie, en een vir my! My hart ruk, want dis net ’n ma
wat soveel omgee.
Lottie Stander

Ek wil U loof, want U het my op ’n wonderbaarlike wyse geskep. Wat u


gedoen het, vervul my met verwondering.
561
Psalm 139:14

Voor ek kon kies, kon vra ... het God my aan jou toevertrou. Jy het my oor die dorings van my
pad gedra, my geleer onderskei, die goed, die gevaar. Toe ek honger was, gee jy my iets te
ete. Dors, iets te drinke. Jy, my dienaar en my leier. Ek is langer, groter, maar tog kleiner as jy.
Van bo af kyk ek steeds op na jou. Ja, jy, my ma, voor ek nog kon kies, kon vra.
Janus Westraat

201

1001 Beloftes_NEW.indd 201 4/18/2006 11:07:31 AM


Om oud te word
Selfs in hulle ouderdom sal hulle nog toeneem in krag.
Psalm 92:15
562
Wie sê dat alle oumas grys hare het, oorgewig is en plooie met grasie en aanvaarding oor
hulle laat kom? Dis nie net die veranderinge aan die buitekant waarteen jy gedurig moet
baklei nie. Die dag as ’n mens besluit jy gaan nou ook tussen al die gryskoppe op die
supermark se afslagdag vir senior burgers inkopies doen, word jy pynlik bewus van jou
boepmagie of die arm wat die boonste rak nie meer so maklik kan bykom nie. As die
laataandfliek skielik ’n warm liefdestoneel oplewer, sug ouma dan ’n sug wat die verlange
verklap na daardie romantiese droom? Of tap sy ’n skuimbad, steek ’n (klein) kersie op en
roep in die gang af “Dis badtyd!”?
Ida Gräbe

Nou dat ek oud en grys geword het, moet U my tog nie alleen laat nie,
o God, dat ek nog ... kan vertel van u werk en u mag.
563
Psalm 71:18

Word só lekker oud:


 Bly positief.
 Bly fiks, leef ’n gesonde leefstyl en eet reg.
 Bly opgewonde oor nuwe dinge en droom oor die wonder van die lewe.
 Doen steeds moeite met jou voorkoms.
 Stel belang in die lewe en doen nuwe dinge.
Nina Smit

Die Here hét groot dinge aan ons gedoen; ons was bly.
Psalm 126:3
564
“Oudword mag beteken dat jy die krag begin verloor om dinge te doen, maar jy verloor
selde die wysheid om daardie dinge te bedink en te beoordeel. Al is ouer mense nie meer
die beste bestuurders nie, is hulle beslis die beste raadgewers en konsultante,” skryf
Christian Bovee. In Bybelse tye was ’n lang lewe ’n teken van die Here se seën. Ouderdom is
’n sierlike kroon, sê die Psalmdigter; die Here gee dit aan mense wat reg lewe. Mense lewe
vandag langer en is nog baie langer produktief. Al word jy ouer, het baie mense jou nog
nodig, en kan jy met jou wysheid en insig nog ’n belangrike bydrae in die samelewing lewer.
Nina Smit

202

1001 Beloftes_NEW.indd 202 4/18/2006 11:07:32 AM


Onbegrip
Ek het gehoop op meegevoel, maar tevergeefs, op mense om my te
565 troos, maar daar was nie een nie.
Psalm 69:21

Ek kan nie glo dat die Here slegte dinge oor ’n mens se pad stuur nie. Die Here is goed
en doen nie slegte dinge nie. Maar ek glo ook dat God almagtig is en dat Hy in beheer is.
Daarom kan Hy dinge verhoed. Waarom doen Hy dit dan nie?
Niemand ken die antwoord nie.
Die Here pak ’n legkaart. Ons pyn is die skadukant daarvan. Die skadu’s is daar om die
lig helderder te laat skyn. Leef ons nie juis om God se lig helderder te laat skyn nie?
Johan Smit

In dié tyd het Hiskia ernstig siek geword. Die profeet Jesaja ... het na
hom toe gekom en gesê: “So sê die Here: Sê vir jou gesin wat jou
566
laaste wense is, want jy gaan sterf, jy sal nie langer lewe nie.”
2 Konings 20:1

Hoekom bid ons dat iemand moet bly lewe as dit dalk God se wil is dat hy die ewige lewe
moet beleef? Hoekom maak ons asof God Homself net kan bewys deur ons aan die lewe
te hou?
By iemand se sterfbed kan jou verhouding met God verdiep. Iets wat by ons verbygaan
omdat ons ingestel is op die wonders wat ons vir God voorskryf.
Johan Smit

Hy luister na die gebed van dié wat alles verloor het, Hy sal hulle gebed
567 nie verag nie.
Psalm 102:18

My dierbare kind, laat Ek jou troos met dié versekering: Jou hartseer en wanhoop dryf nie
’n wig in tussen My en jou nie.
Al is jou emosies oor jou verlies hoe pynlik, wil Ek hê dat jy hulle moet erken. Ek kan
al jou gevoelens hanteer. Jou woede dat Ek jou geliefde laat sterf het. Die strale van hoop
flikker telkens deur. Jy begryp dat die lewe verder strek as die dood. My Gees herinner jou
gedurig aan my liefde vir jou. Ek is, in lewe en in dood, jou Vader.
Judy Venter

203

1001 Beloftes_NEW.indd 203 4/18/2006 11:07:32 AM


Ondersteuning
Ek slaan ag op die mens in nood ... dié een wat ontsag het vir my woord.
Jesaja 66:2
568
’n Jaar voor my depressie-behandeling, het die dokter dit vir my uitgespel dat ek hulp
nodig het. Ek wou dit nie aanvaar nie. Ek wou nie dié siekte hê nie.
Ons hoef nie alleen en weens onkunde te ly nie. Daar bestaan wêreld- én landswye
ondersteuningsgroepe vir elke ernstige siekte en emosionele toestand. So sluit ons kos-
bare vriendskappe en doen ons waardevolle kennis op. Ons het ook geliefdes nodig om
die pad saam met ons te stap, mense met wie ons ons hart en kommer kan deel.
Judy Venter

U het aan ons trane vir kos gegee en ons ’n beker vol verdriet laat drink
569 ... laat dit weer met ons goed gaan, verskyn tog tot ons redding!
Psalm 80:6, 8

Jac J Müller sê: “Die dood is ’n besoeker wat nie wag om genooi of gehaal te word nie. Hy
het ’n sleutel wat pas op die slot van elke deur en ’n padwyser na elke huis.”
Om ’n lewensmaat te verloor kan met niks vergelyk word nie. Dis maklik om jou te ont-
trek en in selfbejammering te verval, maar jy móét opstaan. Om die stukke van jou lewe
weer aanmekaar te las sal tyd neem. Maar jy moet daar óór – want voor jou wag die nuwe
lewe. Jy word soggens wakker met die groot finaliteit: Dis waar, dis nié net ’n droom nie.
Tog verwater tyd die pyn. Leun op God as Leidsman vir vertroosting.
Aletta Lübbe

Die Here het die laaste deel van Job se lewe voorspoediger gemaak as
570 die eerste.
Job 42:12

Moenies oor gister:


 Moenie voortbestaan asof die lewe self by gister gestop het nie.
 Moenie gister só hartstogtelik herleef dat vandag by jou verbygaan nie.
 Tussen gister en vandag het daar pynlike dinge gebeur. Moenie net negatief oor die
pyn dink nie; erken dat die pyn louterend en genesend was.
 Besef dat jy ’n nuwe mens is. Jy het verander. Jy het waarskynlik nuwe lewenswaardes
ontdek, verdieping ondergaan, nuwe prioriteite gekry.
Johan Smit

204

1001 Beloftes_NEW.indd 204 4/18/2006 11:07:32 AM


Ondersteun mekaar
Spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vry-
571 gewig en mededeelsaam. So vergader hulle vir hulle ’n skat as ’n goeie
belegging vir die toekoms.
1 Timoteus 6:18-19

As jou vriendin hartseer is en jy wil vir haar iets beteken, onthou die volgende:
 Laat haar praat; luister net. Moenie haar in die rede val nie. Moedig haar aan om te
praat deur jou kop te knik en met simpatie in jou oë, gesig en houding na haar te kyk.
 Moenie skrik vir trane en snikke nie, laat haar huil. God het ons die vermoë gegee om
te huil en dis ’n uitlaatklep wanneer ons harte baie vol is.
 Moenie verplig voel om iets te sê nie! ’n Hand op die skouer kan baie vertroostend
wees.
Ampie Barnard

Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van
572 Christus.
Galasiërs 6:2

As ek jou innooi in die pyn wat in my hart hoogty vier, is jy die een wat weet wanneer om te
sê: “Nie verder nie! Net tot hier!”
As die emosies in my gemoed in ons gesprek net groei en groei totdat dit voel of alles in
my stukkend breek, is jy die een wat met die regte woord die gesprek swaai en dit sonder
ligsinnigheid na die alledaagse dinge toe draai. As die las van die rou emosies van my hart
te swaar word om te dra, sal jy my stop en saam met my vir krag van Bo af vra.
Floris Knouwds

Wees bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur.
Romeine 12:15
573
Wat ’n mens in ’n krisis nié van jou medemens wil hê nie, is verwyte ... voorskrifte ... tereg-
wysings ... veroordelings ... prekerigheid ... om oor te neem ... beterweterigheid.
Wat ’n mens wel in ’n noodsituasie van die mense om jou wil hê, is begrip ... om te
luister ... om raad te gee ... om saam te huil ... om vas te hou ... om prakties te help ... om
beskikbaar te wees ... om voorbidding te doen. In jou krisis ontdek jy ook – soms met groot
verbasing – watter behoefte jy aan die nabyheid van ander mense het.
Johan Smit

205

1001 Beloftes_NEW.indd 205 4/18/2006 11:07:32 AM


Ongesonde gevoelens
Die arm van die Here is nie te kort om te help nie en sy oor is nie te
574 doof om te hoor nie.
Jesaja 59:1

Ons frustrasie gaan in woede oor as ons nie ons doel bereik nie, of ons voel gedwarsboom
omdat ons planne misluk. Dan word ons frustrasie woede en haal ons dit op ons geliefdes
uit. Dit laat ons weer skaam en skuldig voel, en dan voel ons soos ’n groot mislukking.
Frustrasie verander vinnig in gevoelens van angstigheid en vrees, al kán ons die doel
wel bereik. Hou op om jou lewe so ’n las te maak! Besef liewer dat God en jou mense jou
liefhet omdat jy mens is, en nie omdat jy volmaak is nie!
Judy Venter

My oë is altyd op die Here gerig, want dit is Hy wat my voete uit die
575 vangnet sal hou.
Psalm 25:15

Ons kan leer om reg te dink oor mense, die lewe en oor God. Negatiewe gedagtes is
dikwels die gevolg van ’n seer binneste wat ons emosies beïnvloed en ons hele lewe bena-
deel. Daarom moet die genesing van ons binneste by ons denke begin. Ons denke moet
verander sodat ons gevoelens kan verander.
Die Here wil ons help om ons gedagtes deur die werking van die Heilige Gees en die
navolg van die gesonde leer van die Bybel te verander en regstelllings in ons manier van
dink te maak. Hou jou gedagtes oop vir God se stem en skoon van onwaardige gedagtes.
Ampie Barnard

’n Humeurige mens soek skoor; ’n verdraagsame mens maak rusies uit


576 die wêreld.
Spreuke 15:18

As frustrasie die konflikstadium bereik, is dit onmoontlik om die seine en emosie wat
jou liggaam uitstuur, te ignoreer. Spreek dus eerder jou gevoelens eerlik uit. Konflik is ’n
simptoom van dieperliggende meningsverskille. Dit wys dat julle mekaar nie reg hoor of
verstaan nie. Skep eers die geleentheid om mekaar reg te hoor en te verstaan. Jy is besig
om saam met die ander persoon te probeer om begrip vir mekaar te kry. Dis dikwels nodig
om ’n derde persoon by te kry wat julle kan help om by die wen-wen-situasie uit te kom.
Jannie le Roux

206

1001 Beloftes_NEW.indd 206 4/18/2006 11:07:32 AM


Onmeetbare geloof
Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe
577 wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek.
Efesiërs 3:18

God het ons so gemaak dat ons net gelukkig kan wees as ons ons lewe vir Hom gee en
Hom gehoorsaam. Ons sondigheid veroorsaak dat ons gedurig teen God kies. God het
ons baie lief. Daarom laat Hy Jesus mens word om vir ons te wys hoe ons moet lewe.
God gee self vir jou die geloof om hierdie groot waarheid te glo, en elkeen wat dit glo, is
Sy kind. Nou moet jy vir Hom lewe en Sy koningskap erken. Bou elke dag aan jou verhou-
ding met God.
Vic en Thea Brink

Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit
na wat voor is.
578
Filippense 3:13

Hoe kry ’n mens meer geloof? Om meer geloof te kry beteken eenvoudig om God in ’n
groter mate te vertrou. Geloof het alles te doen met hoe groot jy God en sy vermoëns sien
– én vertrou! Geloof is om te vertrou dat God beter weet as wat jy ooit kan weet. Dit is om
jou heeltemal op God te verlaat. Dit is om te onthou dat, al word jou gebed nie beantwoord
soos jy dit vra nie, God bly is dat jy met Hom daaroor gesels het. Hy sal wel vir jou die
regte opsie gee en vir jou sorg.
Jannie le Roux

Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle
579 die krag sal gee om innerlik sterk te word ...
Efesiërs 3:16

 Geloof maak jou sterk en gemotiveerd, sonder geloof kan jy nie suksesvol wees nie.
 Geloof help jou vashou as storms jou wil omruk op pad na jou bestemming toe.
 Geloof hou jou vas wanneer jy soms jou oë uitvee en sien jy is in ’n maalstroom.
 Wanneer omstandighede dreig om jou te oorweldig, hou vas aan jou geloof.
 Geloof sorg dat die storms jou nie heeltemal ontwortel en saamsleep en jy êrens uitge-
spoel word waar dit hard en koud en ongenadig is nie!
Jannie le Roux

207

1001 Beloftes_NEW.indd 207 4/18/2006 11:07:32 AM


Ontspan
Hef julle hande in gebed op ... en prys die Here!
Psalm 134:2
580
Gebruik gerus die volgende ontspanningstegnieke om jou spanningsvlak te verlaag:
 Sit rustig, maak jou oë toe en raak bewus van jou asemhaling. Haal diep en stadig
asem sodat selfs jou maag op en af beweeg.
 Begin by jou tone, werk boontoe en konsentreer om elke spiertjie te ontspan, ook dié
van jou kopvel, gesig en om jou oë.
 Maak jou gedagtes leeg, dink aan die lekker gevoel van ontspanning. Visualiseer ’n
aangename situasie soos branders by die see of ’n lowergroen woud. Ruik en hoor dit.
Tienie Holtzhausen

Die Here my God het my geleer om die regte woorde te gebruik sodat
581 ek dié wat moeg is, kan moed inpraat.
Jesaja 50:4

Haal die moeg uit jou lewe:


 Slaap reg. Gaan slaap elke aand op dieselfde tyd en staan soggens dieselfde tyd op.
Sorg dat jou kussing en matras gemaklik is en neem ’n warm bad voor slaaptyd.
 Pas oefening in! Al dink jy jy is te moeg vir oefen, kan die regte soort oefening jou ener-
gievlak verhoog. Begin met ’n bietjie, maar doen dit gereeld, en verleng dit geleidelik.
 Los die kafeïen. Skakel koffie, koladrankies en sjokolade so ver moontlik uit.
Lisel Krige

Soos die môreson sal Hy opgaan en uit die hoogte op ons afstraal ...
582 Lukas 1:78

 Ontlont jou stres deur OORDRYWING. Vergroot dít wat jou laat stres sewe keer. As
jy dink jou man speel te veel gholf, vergroot dit na: Elke keer as hy gaan gholf speel,
drink hy ook ’n bottel whisky. Keer dan terug na jou aanvanklike probleem, kyk anders
daarna en besef dis nie so erg nie.
 Ontlont jou stres deur VRIENDSKAP. Bel ’n vriendin met wie jy enigiets kan deel. Gee vir
haar van jou stres. Jy kan dit selfs simbolies in ’n pakkie toedraai en aan haar oorhandig.
 Ontlont jou stres deur KUNS. Maak ’n kleurvolle, gedetailleerde plakkaat van dít wat
chronies spanning by jou veroorsaak. Maak dan ’n papiervliegtuigie van die plakkaat
en skiet dit in die lug op. Tel dit dan huppelend op en gooi dit in die naaste vullisdrom.
Annie Coetzee

208

1001 Beloftes_NEW.indd 208 4/18/2006 11:07:32 AM


Ontspanning
Die Here gee aan die mens die lewe. Die Here sien deur die hele mens.
Spreuke 20:27
583
 Ontspan en kry perspektief.
 Ontspan en maak tyd vir God en onthou hy is altyd in beheer.
 Ontspan ná intense stres en lang ure.
 Ontspan sodat jy jou nie ooreis en siek word nie.
 Ontspan sodat die plesier van menswees nie by jou verbygaan nie.
Jannie le Roux

Nou sal ek onbesorg gaan lê en dadelik aan die slaap raak, want, Here,
584 U alleen laat my veilig woon.
Psalm 4:9

OPSIE 1 Verloor jouself in ’n dagdroom. Dit help om van spanning ontslae te raak. Dit
herinner jou ook daaraan dat die lewe om meer as sperdatums en begrotings wentel.
OPSIE 2 Dut ’n rukkie. Probeer ’n tien minute ruskans inpas net na middagete. Jy kan ’n
klomp energie in so ’n kort rusperiode opgaar.
OPSIE 3 Haal diep asem. Die gedeelte van die brein wat vir asemhaling verantwoordelik is,
skei neuro-ensieme af wat die gevoel van lekkerkry stimuleer. Hoe dieper jy asemhaal, hoe
gelukkiger voel jy.
OPSIE 4 Vertel ’n grap. As jy lag, word suurstof in die bloed vrygestel en word jou immuun-
sisteem versterk.
Samestelling

Hulle sing met begeleiding van die tamboeryn en die lier, hulle is vrolik
585 by die geluid van die fluit.
Job 21:12

SKAKEL AF: Jy het die reg om elke dag 15 minute tot jou eie beskikking te hê.
MAAK HUISWERK MINDER: Sorg dat jou huiswerk net so drie uur oor ’n naweek is: twee
uur aan die begin van die naweek en een uur teen die einde.
LOS JOU WERK BY DIE WERK: Jou huis is daar sodat jy tyd saam met jou gesin kan
deurbring. As jy van die huis af werk, trek die deur op ’n vaste tyd agter jou toe.
DOEN LAWWE DINGE: Daar is niks soos prettige lawwigheid om vir ’n rukkie die erns uit
die lewe te haal nie.
Samestelling

209

1001 Beloftes_NEW.indd 209 4/18/2006 11:07:32 AM


Ontvanklikheid
Hy het my ’n nuwe lied in die mond gelê, ’n loflied vir ons God.
Psalm 40:4
586
Dankie vir die lig wat jy in my lewe kom aansteek sodat ek weer kan leer om vreugde in die
klein dingetjies te beleef – ’n kind wat lag, ’n glimlaggende bejaarde, ’n woord of gebaar
van vriendskap en bemoediging. Klein vreugdes rondom my is ’n geskenk van God om
die donker uit my lewe te verdryf. Net een vuurhoutjie kan lig gee in ’n donker vertrek – so
kan net één glimlag, net één woord, net één gebaar die donker in ’n lewe verdryf. Met een
“vuurhoutjie” het jy vir my en vir ander lig gemaak!
Johan Smit

Hy laat alle mensewerk tot stilstand kom sodat alle mense sy werk kan
587 leer ken.
Job 37:7

Met die koue winterwind om my ore, is ek skielik weer bewus van hulle vermoë om te
luister na die stem van God wat soms in die wind praat. Teen ’n heel ander tempo praat:
rustig. Met wysheid en omgee. Nie gevul met dagboeke en beplanning nie.
Dis wonderlik, Here, dat ek in die skuilte van u vrede kan kom soek na rustigheid, liefde
en aanvaarding. Sonder om te dink dat ek moet jaag, klaarmaak en alles reg doen.
Dankie dat ek in u skuilte rustig word. Dat ek hier in die holte van u hand mag sit in die
skadu van die groot ou wilgerboom.
Dinelle Faul

Sing vir die Here ’n danklied, sing tot eer van ons God ... Hy oordek die
588 hemel met wolke, Hy voorsien reën vir die aarde en laat gras op die
bergland uitspruit.
Psalm 147:7-8

Byna elke jaar betrap die lente ons so saggies. Daar is skielik ’n soelheid in die lug, ’n gees
van verwagting en afwagting ... Lente vra vir ontvanklikheid. Ons harte behoort oop te wees
vir die skoonheid van die natuur. Die nuwe lewe en groei in die natuur behoort ons aan te
steek: sodat ons óók hierdie groei sal wil ervaar. Sodat ons sal wil werk aan ons liggaam,
klerekas en huis. Sodat ons ook geestelik nuut sal word en nader aan God sal groei.
Nina Smit

210

1001 Beloftes_NEW.indd 210 4/18/2006 11:07:32 AM


Op jou eie
Laat jou sorge aan die Here oor, Hy sal vir jou sorg. Hy sal die regver-
589 dige nie in die steek laat nie.
Psalm 55:23

Die vrees om nie ’n huweliksmaat te kry nie, om eensaam oud te word, kan so ’n groot plek
in jou lewe inneem dat jou vrese groter word as jou vertroue in God.
Hy gee vir jou meer as wat jy ooit sal nodig hê. Wees dankbaar vir wat jy het – en
hiervan is sy liefde die grootste geskenk!
Dalk maak God jou die gelukkigste mense op aarde, al is jy ongetroud. Hy kán dit doen.
En jou verhouding met Hom sal verseker dat jy nooit eensaam sal wees nie.
Jy mag bid vir ’n verhouding, maar berus in God se wil.
Annelie Möller

Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.
Psalm 37:4
590
Jy is alleen, maar dit beteken nie dat jy eensaam hoef te wees nie. Een feit bly staan soos
’n paal bo water: Daar is Iemand wat jou nooit sal verlaat nie en wat jou nooit, ooit in die
steek sal laat nie. In jou alleen-oomblikke is Hy die een aan wie jy altyd en vir ewig kan
vashou.
Plaas jou hoop vir vandag en ook vir môre op God. Hy is betroubaar en Hy is daar vir
jou wanneer jy Hom nodig het. Jy is vir Hom só belangrik dat Hy die hele tyd by jou bly.
Anita Erasmus

Luister na my gebed en antwoord my: my sorge gee my geen rus nie.


591 Ek is hewig ontsteld ...
Psalm 55:3

Is dit nie fantasties dat God nie volgens afsprake werk nie? Stel jou voor jy het ’n krisis en
jy bid dat Hy jou moet help, net om te hoor: “Jammer, maak ’n afspraak. God sal eers oor
drie weke na jou kan luister.”
Nee, God is áltyd vir álmal beskikbaar. Hy wil betrokke wees wanneer jy die aakligste
ervaring van jou lewe beleef. Hy wil daar wees in jou mooiste vreugde-oomblikke. Hy wil
deel in jou pyn, jou plesier. Hy ís jou lewe – as jy slim genoeg is om te besef jy vaar glad
nie goed sonder Hom nie.
Jannie le Roux

211

1001 Beloftes_NEW.indd 211 4/18/2006 11:07:32 AM


Opstanding
Deur Hom glo julle in God wat Hom uit die dood opgewek en aan Hom
592 heerlikheid gegee het.
1 Petrus 1:21

Waar is Jesus? Jesus het opgestaan!


 Jesus Christus is die enigste, lewende, opgestane en verheerlikte Verlosser.
 Jesus se opstanding is die basis van die kerk se getuienis voor die hele wêreld!
 Jesus se opstanding is ’n bewys dat Hy alles gedoen het wat Hy gesê het Hy sou.
 Die opstanding van Jesus se liggaam sê vir ons dat Hy nie ’n vals profeet was nie,
maar die Seun van God.
 Jesus se opstanding gee ook vir ons die versekering dat ons eendag sal opstaan
omdat Hy die dood oorwin het.
Solly Ozrovech

Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te


ondervind ...
593
Filippense 3:10

Ek glo dat Jesus opgestaan het sodat ons vir ewig kan leef. Maar ek glo dat Hy ook opgestaan
het sodat ons liggame hier op aarde gesond en veilig kan wees. Daarom kan ek en jy elke
dag saam met Jesus opstaan. Ons kan opstaan as ons liggame neergeslaan is deur siekte.
Ons kan opstaan as ons kinders ons teleurstel en iemand vir wie ons lief is, ons verlaat. Ons
kan opstaan as ons ons werk verloor het en selfs as ons geen plesier uit ons werk het nie.
Ek wil jou uitnooi om nie net in Jesus se opstanding te glo nie – maar jou daarin te verlustig!
Christina Landman

Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy


594 ook ...
Johannes 11:25

Jesus het opgestaan en die dood oorwin, sodat ons ewig kan lewe. Maar sy opstand-
ing het meer betekenis. Hy het opgestaan, nie net sodat ons hoopvol kan sterf nie, maar
ook sodat ons hier op aarde kan “opstaan” en lewe! Wanneer ons van oorwinning praat,
bedoel ons dat ons kan wen as ons in Jesus se voetspore loop. Opstanding en oorwinning
beteken dan om na ander uit te reik, hulle te “genees”, hulle te help wen teen swaarkry en
seerkry; om ook na ons eie genesing om te sien en onsself op die wenpad te sit.
Christina Landman

212

1001 Beloftes_NEW.indd 212 4/18/2006 11:07:32 AM


Orde
Maar bly jy in alle omstandighede nugter, verdra lyding, doen jou werk
595 as verkondiger van die evangelie, voer al die pligte van jou bediening uit.
2 Timoteus 4:5

Moenie langer sink onder die chaos wat jou omring nie. Skep orde in jou lewe:
 Besluit wie jou vreugde en stimulasie gee en wie jou tyd mors.
 Besluit hoe jy minder van jouself aan die laasgenoemde groep gaan gee.
 Beskou jou klerekas krities. Wat gebruik of dra jy nie?
 Gee dit vir armes wat klere broodnodig het.
 Doen dieselfde met jou kombuis.
 Vra jou vanaand af wat die belangrikste ding van jou dag was. Hoeveel tyd en energie
het jy daaraan bestee?
Kobus Neethling

Maar jy, bly jy by wat jy geleer het en wat jy vas glo.


2 Timoteus 3:14
596
 Leef voluit.  Maak alleentyd.
 Kies haalbare doelwitte.  Moenie uitstel nie.
 Doen elke dag iets lekkers.  Benut elke oomblik deur te beplan.
 Gooi spanning uit jou lewe uit.  Bepaal datums vir jou doelwitte.
 Speel met jou kinders.
Nina Smit

Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom
597 goed en aanneemlik en volmaak is.
Romeine 12:2

Is jou binnelewe dalk deurmekaar? Beoordeel self:


 Dien jy die Here in al jou werk?
 Bid jy getrou?
 Help jy medegelowiges in nood?
 Deel jy opreg in ander se vreugde of leed?
 Behandel jy jou vyande met respek?
Jou antwoorde is ’n aanduiding van hoe agtermekaar jou binnelewe is. Laat die Gees
jou lewe beheer. Wees Christus se hande en voete op aarde.
Judy Venter

213

1001 Beloftes_NEW.indd 213 4/18/2006 11:07:32 AM


Oudag
Laat jou sorge aan die Here oor, Hy sal vir jou sorg. Hy sal die regver-
598 dige nie in die steek laat nie.
Psalm 55:23

Ouderdom bring dikwels eensaamheid, maar daar is talle maniere hoe jy self kan verhinder
dat jy alleen voel:
 Skakel by jou gemeente se bedrywighede in.
 Sluit by ’n senior of omgeegroep aan en leer mense van jou eie ouderdom ken.
 Reik uit na mense wat bedlêend of siek is in die plek waar jy bly.
 Kry ’n nuwe stokperdjie wat jou besig kan hou.
Onthou, jy het áltyd vir God by jou. Al het jy weke laas ’n bekende gesig gesien, God is
net ’n gebed ver.
Nina Smit

Hy wat jou gemaak het, is jou man, sy Naam is die Here, die Almagtige.
Jesaja 54:5
599
Vir baie vroue wag daar ’n lang pad alleen as hulle mans sterf. So ’n vrou moet ’n nuwe
lewe alleen in goeie én in moeilike omstandighede bou. Tog is sy nie regtig alleen nie om-
dat die Here vir haar sê: Ek is by jou, dag en nag. Vertrou My. Ek dra jou.
Wanneer die alleenvrou uit haar omstandighede opstaan en verder leef, vind sy dank-
baar sóveel wat betekenis gee aan haar bestaan: familie, vriende, bure en mede-Christene.
Daar is allerhande kreatiewe moontlikhede en selfs ’n nuwe loopbaan. En sy sê dankie vir
vrede en berusting, vir kosbare insig wanneer die uitsig donker lyk.
Aletta Lübbe

Ook in julle ouderdom is Ek die Here, tot in julle grysheid sal Ek julle
600 dra. Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou, julle dra en julle red.
Jesaja 46:4

As jy dink dis klaarpraat met jou net omdat jy ’n sekere ouderdom bereik het, maak jy ’n
groot dinkfout, maar jy onderskat beslis ook God se genade. Die laaste hoofstukke van jou
lewe kan die beste wees. As jy God in jou jeug geken het, as jy Hom liefgehad en gedien
het, sal Hy jou nooit in jou ouderdom in die steek laat nie. Nuwe uitdagings, ondervindings
en drome maak die lewe die moeitewerd. Kyk gerus om jou na die mense wat weier om
oud te word. Hulle entoesiasme is aansteeklik en hulle geesdrif vir die lewe is asemrowend!
Solly Ozrovech

214

1001 Beloftes_NEW.indd 214 4/18/2006 11:07:32 AM


Ouderdom
Die mens se dae is vasgestel, U het die getal van sy jare bepaal, U het
601 dit neergelê, en hy kan dit nie oorskry nie.
Job 14:5

Voor jy weer kla oor die feit dat jy ouer word, dink ’n slag aan die alternatief – en dis nié
ewige jeug nie. Dink ook daaraan dat duisende mense nooit dié voorreg gaan hê nie. Dus,
aanvaar maar die dinge wat saam met die meerdere jare kom, soos die kilo’s en plooie wat
meer word, en die ouderdomskwale wat so saggies by jou kom intrek – maar wat jy met ’n
gesonde leefstyl kan hokslaan. Dit bly jou keuse hoe jy die ouderdom wil benader: Jy kan
op ’n hopie gaan sit en oud word óf jy kan dit met grasie doen.
Nina Smit

Die mens, uit ’n vrou gebore, se lewe is kort en vol onrus. Hy is soos
’n blom wat oopgaan en dan verlep, ’n skaduwee wat verbygaan en nie
602
stilstaan nie.
Job 14:1

Die digter Henry W Longfellow was op 75 nog jonk, lewendig en goeie geselskap vir enig-
iemand. Toe hulle wou weet hoe hy so jonk en vol belangstelling in die lewe bly, was sy
antwoord: “Kyk na daardie appelboom. Sy geheim is dat hy elke jaar ’n bietjie nuwe hout
vorm. Dis wat ek van plan is om te doen.”
Maak dit ook jou geheim om die lewe in dankbaarheid te beleef en te geniet, en sit elke
jaar ’n lagie nuwe hout by, geestelik, fisiek en intellektueel.
Aletta Lübbe

Ek het gedink: laat die ouderdom praat, laat die ervaring sy wysheid
603 meedeel.
Job 32:7

As God dit goeddink om jou nog op aarde te laat bly, is dit groot genade wat jy nie mag
laat verbygaan nie! Nuwe uitdagings maak die lewe die moeitewerd. Wat jy ook al doen,
moenie te veel afskaal nie. Weier om oud te word! Sorg dat jou lewe vol lekker en mooi
dinge bly! Dink positief en droom sonder ophou omdat jy niks van die lewe wil misloop nie,
al is jou lewensdae reeds baie. Moenie in ’n leunstoel gaan sit en na sonsondergange staar
nie! Laat jou entoesiasme steeds bruisend bly en jou geesdrif vir die lewe ander aansteek!
Solly Ozrovech

215

1001 Beloftes_NEW.indd 215 4/18/2006 11:07:32 AM


Oudword
Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus
604 Jesus van julle verwag.
1 Tessalonisense 5:18

In 1985 het die komediant George Burns, toe 89, vertel hoe ’n mens mooi ouer kan word.
 Moenie wag vir iets om te gebeur nie – láát dit gebeur!
 Klop bekommernis en spanning deur positief te dink. As sake buite jou beheer is,
moenie daaroor tob nie. As jy iets daaraan kan doen, waarom wag jy?
 Bly aktief. Doen dít wat jy nog altyd wou. As jou entoesiasme opdroog, kies die vol-
gende ding op jou doenlysie.
 Bly besig – dan het jy ’n rede om soggens op te staan.
 Help ander wat dit nie verwag nie ...
Judy Venter

Ouderdom is ’n sierlike kroon; dit word bereik deur dié wat reg lewe.
Spreuke 16:31
605
Om oud te kan word is eintlik ’n voorreg en nie ’n ellende nie. Jy kan voluit lééf, omdat jy
weet dat die Here heeltemal in staat is om jou te ondersteun noudat jy oud geword het.
Abraham ben Meir ibn Ezra, ’n bekende Joodse rabbi uit die Middeleeue, het gesê: “Ap-
proach the twilight of life with joy and hope. Approach the last of life with eagerness, not
gloom. For the last of life is the best of life. Trust God and be not afraid. Then you will be
serene and happy in your old age; you will not be afraid of the end.”
Nina Smit

Wysheid kom in die gryse ouderdom en insig na baie jare.


Job 12:12
606
 Lees interessante boeke.
 Maak tyd vir Bybelstudie.
 Sorg self dat jy nie vereensaam nie.
 Beplan jou lewe haarfyn – finansieel én andersins.
 Werk aan jou verhouding met jou man, kinders en vriende.
 Bly op hoogte van wêreldgebeure deur koerant te lees en op die internet te swerf.
 Hou aan om jou pêrel van liefde, vreugde en vrede aan almal rondom jou te wys.
Nina Smit

216

1001 Beloftes_NEW.indd 216 4/18/2006 11:07:32 AM


Ouers
Laat my elke môre u liefde ondervind, want in U stel ek my vertroue.
607 Wys my die pad wat ek moet loop, want my hoop is op U gevestig.
Psalm 143:8

Die lewe is ’n gejaag. In die proses is daar soveel dinge wat agterbly. Wat die meeste
afgeskeep word, is ons verhoudings. Geen prys is te hoog om te betaal om mooi oomb-
likke te skep nie. Wanneer jy tussen twee poste moet kies en die een is ’n halfdagpos
wat swakker betaal, kies juis daardie een. Jou kind gaan nie eendag die piepklein tuintjie
onthou nie, maar wel hoe jy smiddae saam met haar seepborrels geblaas het ...
Annelize de Klerk

Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat
608 jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam
sal lewe voor jou God.
Miga 6:8

My ouers is in ’n mooi September ’n paar dae na mekaar dood. Ons dogter se matriek-
eksamen moes net begin. My ma het die pragtigste orgideë gehad, en elke jaar is ek en
Chanel bederf met ’n blommetjie of sommer ’n hele stingel blomme!
Die dag toe Chanel haar eerste vak skryf, lui die voordeurklokkie. Voor my staan my
getroue vriendin met ’n hele stingel orgideë, spesiaal vir Chanel. Dit was asof ek my ma se
liefdevolle wense ontvang. Ek het besef dat ek sensitief moet word vir God se stem. Hy wil
my gebruik om mense in my leefruimte te bereik.
Lottie Stander

Ellende wag vir hom wat vir sy pa sê: “Waarom verwek u ’n kind?” of vir
609 sy ma: “Waarom bring u ’n kind in die wêreld?”
Jesaja 45:10

Daar is vier dinge waaraan ouers nogal swaar dra. Ouers voel verantwoordelik vir hulle
kinders: hulle welsyn, hulle suksesse en hulle mislukkings. Ouers is onder baie druk, soos
werksdruk, finansiële verpligtinge en om die kinders ordentlik groot en geleerd te kry.
Ouers voel ook afgeskeep of verwerp as kinders se vriende belangriker word as hulleself
in hulle kinders se lewens. En ouers voel skuldig. G’n ouer voel hulle het hulle taak sonder
foute afgehandel nie. As iets met hulle kinders skeefloop, voel hulle dis hulle skuld.
Dis óók vir ouers nodig om te voel dat die mense vir wie hulle lief is, hulle verstaan.
Vic en Thea Brink

217

1001 Beloftes_NEW.indd 217 4/18/2006 11:07:32 AM


Ouma
“Laat staan die kindertjies en moet hulle nie verhinder om na My toe te
610 kom nie, want die koninkryk van die hemel is juis vir mense soos hulle.”
Matteus 19:14

’n Paar redes wat kinders gee hoekom hulle ouma die “Wêreld se Beste Ouma” is:
 As ons eet, sê my ouma ek hoef nie my groente op te eet nie en as ma-hulle uitstap,
dan eet sy gou-gou my blomkool vir my op.
 Sy sit altyd my briefies en prentjies in haar slapgeleeste Bybel en ek wed julle sy bid
elke aand vir my.
 As ek siek is, maak sy my styf toe met haar laslappiekombers en gee vir my warm Milo.
En as ek gesond is, doen sy dit ook.
 Sy het altyd tyd om vir my mooi stories te vertel en sy sal nooit my geheime vir ander
mense vertel nie.
Elise Grey

Naomi het toe die seuntjie op haar skoot gevat en as haar eie aangeneem.
Rut 4:14-16
611
Dink jy jy moet ’n super-ouma wees soos jy ’n superma moes wees? Ontspan. Oumaskap
is nie ’n resies nie, dis ’n heerlike geleentheid waarin daar boonop baie is wat in ons guns
tel. Ons is strammer, ja, maar ons het die ervaring. Onthou, die kleinkinders gaan gaste-
huisbesoekers wees, nie permanente loseerders nie. En dit gaan hulle ouers (daardie
onmoontlike tieners van tóé) se beurt wees om alle toetse, van die wiskunde- tot die mode-
toets, in hulle glorie in te dop, terwyl Oupa en Ouma flavour of the month bly!
So, kom ons vergeet van super en wees sommer net lekker ouma!
Ida Gräbe

Sy naam is Samuel: van die Here het ek hom afgesmeek!


1 Samuel 1:20
612
Ouma sit vroegoggend met die bondeltjie baba in haar arms. Toe vra sy: “Here, dié kleintjie
van ons het nou al ’n mooi mensenaam, maar wat noem U haar? Hoe sien U haar? Gee vir
my die naam wat U vir haar in u hart dra.” “Ek noem haar Reënboog,” sê God, die Vader.
En die ouma-oë huil, want hoe dikwels het ’n reënboog haar nie al in bewolkte tye herinner
aan God se vredesverbond met haar wat nóóit sal wankel nie. “Sy kom heelmaak,” sê die
Alwetende. “Heelmaak en herstel. Sy bring terug wat verlore geraak het. Sy’s ’n restorer.”
Annalise Wiid

218

1001 Beloftes_NEW.indd 218 4/18/2006 11:07:33 AM


Oumaskap
Net so moet jy ook vir die ouer vroue sê hulle gedrag moet dié wees
613 van mense wat ’n heilige lewe lei ... Hulle moet goeie raad kan gee,
sodat hulle die jonger vrouens kan leer ...
Titus 2:3-4

Ouma het ons van kleins af geleer wat dit is om ’n vrou te wees wat almal om haar voluit en
onvoorwaardelik liefhet, versorg, vertroetel en lei. As ons aan Ouma dink, sien ons ’n engel
wat haar lewe deur met ’n glans van liefde omring was. Waar ons ook al gaan, daar gaan
Ouma ook. Stil, diep in ons binneste. Ouma se gebede en geloof sal ons lei waar die lewe
ons ook al neem. Ons kyk op na Ouma. Ons wil vir Ouma ’n blomkransie van dankbaar-
heid neerlê, saam met Ouma aan ons hemelse Vader se voete bly sit.
Su-Marie de Klerk

En wie so ’n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My.


Matteus 18:5
614
Vandat die kinders gebel het om te sê hulle “ry nou”, rol al die ergste oomblikke van jou
eie kraamsaalervarings soos ’n grilfliek in jou gedagtes verby ... Ná eeue lui die telefoon en
jy en die nuwe oupa kan ook “ry”. Ná nog ’n ewigheid hou hulle die mensie na jou toe uit.
Jy ontvang die warm wesentjie en jy sê die woorde van miljoene oumas voor jou: “Ag, hoe
dierbaar, maar so klein!”
En rond of lank, gekreukel of glad, rooi gespook, pienk van die slaap of geel van die
babageelsug, dié gevreetjie is die mooiste wat jy nog ooit gesien het.
Ida Gräbe

Julle moet nooit een van hierdie kleintjies minag nie, want Ek verseker
615 julle dat hulle engele in die hemel gedurig by my hemelse Vader is.
Matteus 18:10

 Daar is dinge wat ’n ouma graag haar kleinkinders wil laat erf – ’n borsspeld wat háár
ma s’n was of die goue hangertjie waarmee sy verloof geraak het.
 Elke ouma behoort te weet dat die heel belangrikste erfporsie wat sy aan haar kleinkind
kan gee, haar geloof is.
 Wees jy eendag ’n ouma wat van kleins af met jou kleinkinders oor God praat.
 Wees jy ’n ouma wat hulle wys hoe wonderlik God is en hoe lief Hy hulle het.
 Gee jy as ouma die goeie nuus vir hulle van God se liefde en genade.
Nina Smit

219

1001 Beloftes_NEW.indd 219 4/18/2006 11:07:33 AM


Pasmaats
Van sy ouers kan iemand ’n huis en besittings erf, maar ’n verstandige
616 vrou is ’n geskenk van die Here.
Spreuke 19:14

“’n Huwelik,” só skryf Daniël Louw, “is ’n instelling van God, ’n liefdesgemeenskap en
lewensverantwoordelikheid waarbinne twee mense van die teenoorgestelde geslag ’n
permanente en intiem-seksuele binding aangaan. Om op die basis van wedersydse begrip
vir mekaar, aanvaarding van mekaar, openhartigheid teenoor mekaar, respek vir mekaar en
vertroue in mekaar, ’n huisgesin tot eer van God en tot realisering van die versoening binne
die gemeenskap van gelowiges te bou.” Die Spreukevrou leer jou dat jy in jou huwelik só
moet optree dat jou man op jou kan steun; dan sal hy jou bewonder en lief bly vir jou.
Nina Smit

Daar is drie dinge, nee, vier wat bo my begrip is, wat ek nie verstaan
617 nie ... hoe die liefde tussen ’n man en ’n meisie werk.
Spreuke 30:18-19

Dis Adrio König wat ons daaraan herinner het dat nie een van ons eintlik ons lewensmaat
verdien nie. Hy of sy is ’n pasella van die Here – en watter heerlike wonder om ’n pasmaat
te mag hê. Daardie eerste blydskap wanneer die aanvanklike weerstand verkrummel en
jy net wil géé en géé, want dis iemand wat vir jou opkom waar jy nie by is nie. Wat jou rug
krap, saam met jou, knie teen knie, bid. Wat vir jou wag en wag ... en bly lyk as jy uiteinde-
lik kom. O, om ’n maat te hê is om ’n lewenshulp te hê, ’n geloofshulp.
Skrywer onbekend

Die liefde is sterker as die dood, die hartstog magtiger as die doderyk;
618 dit brand en vlam soos vuur.
Hooglied 8:6

Soos die Hoogliedvrou kan jy jou man met jou sjarme en minsaamheid bekoor. Jy kan
dit steeds regkry om sy voete onder hom uit te slaan en hom met jou sensualiteit te
oorrompel, al is julle al jare lank getroud. Onthou dat die seksuele sy van die huwelik ’n
geskenk van God self is aan twee huweliksmaats wat mekaar liefhet. Hy wil hê dat jy dit
met vreugde en oorgawe in jou eie huwelik moet geniet.
Nina Smit

220

1001 Beloftes_NEW.indd 220 4/18/2006 11:07:33 AM


Passie
Elke stap van my was vas op die koers wat U aangewys het. My voete
619 het nie daarvan afgewyk nie.
Psalm 17:5

Wanneer laas het jy spontaan iets gedoen?


Ons was ook eens kinders en is nogsteeds God se kinders. Ons as koningskinders
het die aarde verniet gekry om te geniet – ons mag maar, ons Pa is die Koning! Ons leef
ongelukkig in tye waar alles ondersoek word. Hartlikheid, vriendelikheid en spontaneïteit is
vergete; nêrens kry nuwe intrekkers meer tee en skons nie – alles het toe en dig geword.
Kom ons soek weer die passie en sentiment in ons lewe. Oop deure beteken oop harte!
Ina Kotze

Wie homself liefhet, sorg dat hy wysheid verwerf; hy stel prys op insig
620 sodat hy voorspoed kan geniet.
Spreuke 19:8

Kort jou lewe passie? Probeer gerus die volgende wenke. Kweek ...
 ’n gesonde liefde vir die lewe met positiewe denke en ’n positiewe lewensbenadering.
 opgeruimdheid en vrolikheid en ’n gesindheid van blydskap.
 groter bedagsaamheid, hulpvaardigheid en wysheid.
 ’n begrip vir die sin van jou lewe ... Omdat die lewe ’n gawe van God is, het die lewe
sin. ’n Mens hoef nie te probeer om sin aan die lewe te gee nie. Jy moet dit net ontdek
(Ferdinand Deist).
Solly Ozrovech

En mag God, die bron van alle standvastigheid en bemoediging, gee


621 dat julle eensgesind onder mekaar sal wees soos Jesus Christus dit wil
hê. Dan kan julle almal eensgesind uit een mond lof toebring aan God.
Romeine 15:5-6

 Luister na die stilte.


 Koop ’n hart-warmmaak-ding.
 Ruim elke dag ’n tydjie in om doelbewus gelukkig te wees.
 Doen iets oorspronkliks om jou geliefde spesiaal te laat voel!
 Ervaar hoe spesiale dinge jou nuwe passie laat beleef – geniet dit!
Nina Smit

221

1001 Beloftes_NEW.indd 221 4/18/2006 11:07:33 AM


Pa-wees
Leer dit vir jou kinders deur met hulle daaroor te praat.
Deuteronomium 11:19
622
’n Paar belangrike feite oor pa-wees:
 Maak tyd om ’n band met jou kinders te bou!
 Al is die reis na die hart van ’n kind baiekeer moeilik en aanhoudend, is die vriendskap
met ’n kind een van die mooiste stasies wat ’n mens ooit kan bereik (Alba Bouwer).
 Wees dáár vir jou kinders.
 Voorsien ’n huis, kos en klere vir die kinders wat die Here vir jou gegee het.
 Vertel jou kinders van God. Leer hulle om Hom te dien en lief te hê.
 Pa-wees, saam met die Bybel, is jou belangrikste werk.
Hannes Burger

Wie sy seun nie straf nie, het hom nie lief nie; as hy hom liefhet, sal hy
623 hom straf wanneer dit nodig is.
Spreuke 13:24

’n Pa het my vertel dat hy ’n pragtige matriekseun het. Hulle het egter baie baklei en dit het
hom baie seergemaak. “Kan jy my help?” Ek sê toe vir hom: “Meneer, skryf vir jou seun ’n
brief en vertel hom hoe jy oor hom voel.” ’n Paar maande later het ek dié wonderlike getui-
enis gehoor. Die pa het ’n briefie geskryf en binne-in sy seun se toebroodjie gesit. Natuurlik
was dit vreemd vir die seun toe hy die toebroodjie hap en ’n briefie tussen die botter en
konfyt ontdek. Daarin het net gestaan: “Seun, Pa is mal oor jou!”
Rodney Seale

Vaders is vir hulle seuns ’n sieraad.


Spreuke 17:6
624
Dankie –
 dat Pa altyd daar was vir my.
 dat ek dinge vrymoedig met Pa kan deel en dat Pa my geheime bewaar.
 dat Pa my altyd spesiaal laat voel.
 dat Pa my van kleins af geleer het dat my waarde as mens eerstens daarin lê dat God
my gemaak het en vir my lief is.
 dat Pa my nooit eenkant toe gestoot het as ek ongehoorsaam was nie.
Hannes Burger

222

1001 Beloftes_NEW.indd 222 4/18/2006 11:07:33 AM


Pêlle
Gee ons groete aan ons vriende in die geloof.
Titus 3:15
625
Vriende is daardie mense wat die Here met sy eie hand vir jou uitgesoek het. Hierdie
verbintenisse skep lang en heilige herinneringe.
’n Goeie vriend weet wat om te vra en wanneer om te bid. Hulle bemoedig jou wanneer
hulle sommer in jou oë kan sien dat iets jou vreeslik seermaak. Hulle snik en bid saam
met jou. Gaan krap tussen foto’s en maak ’n album van al jou vriende. Bederf almal wat jy
afgeskeep het. Kuier, skryf, bel en stuur SMS’e, maar sorg dat elkeen op jou gebedslys is.
Elise Grey

Liewer eenvoud saam met nederiges as om saam met hoogmoediges


626 van roof te lewe.
Spreuke 16:19

Rusbanke is daardie wondersoete neervalplekke waarop ons na ’n uitputtende dag net kan
ontspan. Dis wat by die huis wees so lekker maak!
Party spesiale vriende is ook sulke agteroorsitmaats. Hulle laat jou altyd tuis voel omdat
jy onder alle omstandighede by hulle net jouself kan wees. Hulle vra nie verskoning vir die
speelgoed wat rondlê nie, hulle skop dit onder die rusbank in en vra hoe dit met jou gaan.
Rusbankvriende aanvaar mekaar, hulle omgewing en hulle onderskeie leefwyses sonder
voorbehoud.
Milanie Vosloo

... wie goed doen, geniet liefde en trou ...


Spreuke 14:22
627
’n Goeie vriendin ...
 laat jou toe om altyd jouself te wees by haar.
 gee raad waarop jy kan staatmaak.
 staan altyd langs jou, ook as dit lyk of daar geen oplossing vir jou probleem is nie.
 sal jou verdedig, al is jy verkeerd.
 is eerlik met jou. Sy sal jou die waarheid vertel, al is dit nie wat jy wou hoor nie.
 bemoedig jou wanneer jy seer het en swaar kry.
Judy Venter

223

1001 Beloftes_NEW.indd 223 4/18/2006 11:07:33 AM


Pêrel van vriendskap
Yster slyp yster, vriende vorm mekaar.
Spreuke 27:17
628
Om ’n ware vriendin vir jou vriendin te wees, moet jy ...
 opreg in haar belangstel.
 in ’n krisis dáár wees vir haar.
 tyd vir haar maak.
 die taal van haar hart leer ken.
 haar opbou deur haar te ondersteun en te lei.
 oop, eerlik en lojaal wees.
 haar help tydens die teenslae van die lewe.
Nina Smit

’n Goue ring, goue juwele, so is die wyse vermaning vir wie wil luister.
Spreuke 25:12
629
Party vriendinne is stylvolle en goed afgewerkte huise wat deur ander bewonder word.
Ander is gewone huise waar jy eers bo-oor die speelgoed in die gang moet klim voordat
jy op die ingesakte rusbank neerval. Sommige vriendinne se klein kaia-huisharte is net so
gemaak en laat staan, maar bied ’n hartlikheid waarnatoe jy graag terugkom. Die aard van
julle vriendskap word bepaal deur die unieke raakpunte van julle harte. Binne die vier pilare
van vertroue, begrip, respek en waardering lê ’n gesonde verhouding, naamlik dié van
spesiale vriendskapsbande.
Milanie Vosloo

Op ’n vriend wat jou seermaak, kan jy reken ...


Spreuke 27:6
630
Jy ken my so goed, selfs die stukkies van myself wat ek so graag vir ander verbloem: my
trotse hart wat so graag op my prestasies roem, die woede wat so mooi versteek in my bin-
newêreld broei, die ongeduld wat my die verkeerde goed laat sê, en die swaarmoedigheid
wat in swaar dae so naby aan die oppervlak lê.
Jy ken my so goed en jy sien die somber dele van my hart met soveel rustigheid dat ek
by jou met vrymoedigheid daaroor kan praat, sommer terloops en sonder vrees of verwyte
of pyn.
Floris Knouwds

224

1001 Beloftes_NEW.indd 224 4/18/2006 11:07:33 AM


Positief doen
Ek gee nuwe krag aan dié wat moeg is, Ek maak die moedeloses weer
631 vol moed.
Jeremia 31:25

Om regtig positief te dink en te doen en te wees, moet jy jouself soveel as moontlik met
positiewe dinge omring!
 Kyk na inspirerende programme op TV.
 Kuier by vriende wat positief is oor die lewe.
 Lees gereeld opbouende boeke met suksesverhale.
 Maak ander mense positief deur jou positiewe optrede.
 Vra God om jou positief te maak en lees sy Woord gereeld.
 Ignoreer doelbewus die dinge wat jy weet jou negatief kan maak.
 Praat net positiewe dinge – jou woorde moet ander positief maak.
Milanie Vosloo

Ek sal hulle droefheid in vreugde verander, Ek sal vir hulle uitkoms gee:
632 Ek sal hulle bly maak, hulle sal geen kommer meer hê nie.
Jeremia 31:13
 Wees opgeruimd en vrolik, want dit maak jou ouliker vir die mense rondom jou.
 Leer lag, want dit maak jou lewe vol sprankel en skep vreugde vir ander.
 Begin die lewe geniet sodat jy meer positief kan word en jy ’n lewe van oorvloed kan hê.
 Word bedagsaam, hulpvaardig en wys, want dan maak jy mense positief en word jy
self gelukkig!
Solly Ozrovech

Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie
bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.
633
Matteus 6:34

Nóú is die tyd om vas te klou aan die dinge waarvoor jy regtig lief is.
Nóú is die tyd om ernstig te raak in jou verhouding met God.
Nóú is die tyd om lief te wees vir die mense wat jy moet vergewe.
Nóú is die tyd om weer deel te word van jou familie.
Nóú is die tyd om op te hou kla en die goeie in jou lewe raak te sien.
Vandag is die tyd om te leef! Môre bestaan nie. Die lewe is maar ’n oogwink.
Marteli van Niekerk

225

1001 Beloftes_NEW.indd 225 4/18/2006 11:07:33 AM


Positiwiteit
Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan ...
Spreuke 4:23
634
Maak jou denke só positief:
 Begin jou dag met positiewe gedagtes.
 Besluit om enige negatiewe praatjies doelgerig kort te knip.
 Lees opbouende leesstof, lekker boeke wat jou nuwe idees gee.
 Kyk rond en ruik en voel jou omgewing sodat jy anders begin dink oor dinge.
 Besluit om elke dag iets positiefs te deel, te sê of te doen aan iemand anders.
Johan Smit

Laat ons die goeie dinge in u huis in oorvloed geniet.


Psalm 65:5
635
 Kies om vriendelik, positief en vol vreugde en liefde te leef.
 Kies om jou te verwonder oor wat God jou in jou lewe gegee het.
 Kies om jou te verlustig in die liefde wat jy kan gee en ontvang.
 Kies om vreugde te vind in die skeppingswonders van God rondom jou.
 Kies om die goedheid van God doelbewus raak te sien.
Yolandé Knouwds

Sy het van Jesus gehoor en in die gedrang nader gekom en van agter
636 aan sy klere geraak, want sy het gedink: as ek maar net aan sy klere
kan raak, sal ek gesond word.
Markus 5:27-28

Jy probeer dapper die raad in die motiveringspraatjie volg. Enigiets om weer die stukke
van jou lewe op te tel ... Die vrou van Markus 5 het twaalf jaar lank alles probeer om
gesond te word. Nou gaan sy iets anders doen, en sy steek haar hand ongemerk, maar tog
vol verwagting, na Jesus toe uit. Maar Jesus het dit gevoel en haar vir haar geloof beloon.
Hy maak haar gesond! Sy was nou ’n sterk vrou met ’n storie van geloof, van heel word,
wat ander kon motiveer.
Word jy ook heel. ’n Vrou wat ’n spesiale plek in die lewe kan volstaan. Steek jou hand
met verwagting uit! Staan as geloofsvrou in die skare uit.
Elsje Büchner

226

1001 Beloftes_NEW.indd 226 4/18/2006 11:07:33 AM


Praktiese liefde
Lewe in liefde.
Efesiërs 5:2
637
Liefde vergeet van die stof op soek na die lag van ’n kind.
Liefde glimlag oor die klein vingerafdrukkies op ’n pas gewaste venster.
Liefde vee die trane af voordat dit die gestorte melk opvee.
Liefde tel die kind op voordat dit die speelgoed optel.
Liefde is daar deur al die trane heen.
Liefde voed op, stel foute reg en is betrokke.
Liefde kruip saam met die baba, loop saam met die kleuter, hardloop saam met die
kind, en staan opsy vir die jongmens om ongehinderd die drumpel van volwassenheid te
betree.
Anoniem

Wie sy woorde egter gehoorsaam – in hom het die liefde van God werk-
638 lik sy doel volkome bereik.
1 Johannes 2:5

 Liefde is ’n commitment – jy maak ’n keuse wat jy jou lewe lank met dade wáár maak.
 Afkoeling van die liefde in die huwelik verwys na jou dade wat afgekoel het.
 Liefde dien. Julle maak opofferings vir mekaar.
 Met die jare groei liefde; dit koel nie af nie.
 Liefde beteken dat ons geen geheime vir mekaar het nie.
 Ware liefde is ’n uitreiking na jou maat.
 Ware liefde is nie ’n gevoel nie, maar dade.
Murray en Retha Janson

Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik ... Dit bedek alles, glo
639 alles, hoop alles, verdra alles.
1 Korintiërs 13:4, 7

’n Ma se liefde het nie voorwaardes nie. Dis ware liefde in aksie, is só groot dat sy haar
lewe vir haar kind sal aflê. Dit sorg dat sy haar omgee elke dag met oorgawe aan elke kind
uitdeel. Dis uniek, want géén ander mens kan liefhê soos ’n ma nie. Dis ’n onbreekbare
liefdesband.
Nina Smit

227

1001 Beloftes_NEW.indd 227 4/18/2006 11:07:33 AM


Prioriteite
Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn
640 aanvoeling ...
Filippense 1:9

Om in Christus te wees beteken om aanhoudend die gewoontes wat voorheen jou lewe
gekenmerk het, te laat sterf. Jou prioriteite verander na prioriteite wat eerste is by Jesus
Christus. Voorheen sou welvaart dalk jou prioriteit gewees het. In Christus kan welvaart
nog belangrik wees, maar nou nie meer as eerste prioriteit nie. Bowendien kry dit ’n ander
fokus, naamlik nie meer jou eie belang nie, maar hoe jy ander daarmee kan dien. Wat jy
het en wie jy is, word gebruik in diens van Christus en om Hom aan ander bekend te stel.
Jannie le Roux

Sy moet bekend wees om haar goeie dade, naamlik dat sy haar kinders
641 goed opgevoed het ... en goed gedoen het waar sy kon.
1 Timoteus 5:10

Sukkel jy soms om ’n lewe van volheid te beleef? Dalk is jou prioriteite ’n bietjie skeefge-
trek. Jy kan ’n paar van die volgende dinge bo-aan jou lysie plaas:
 Wys aan die wêreld dat God in jou lewe.
 Maak jou huisgesin jou nommer een aardse verpligting.
 Doen wat jou hand vind om te doen.
 Raak ander in liefde aan.
 Koester die stilte omdat dit vir jou vrede gee.
Solly Ozrovech

Wie sy huishouding verwaarloos, sal naderhand net wind oorhê ...


Spreuke 11:29
642
Daar is maniere waarop jy mooi nee kan sê ...
 Vir bedelaars en mense wat gedurig by jou voordeur aanklop, uitnodigings na geleent-
hede en dinge wat teen jou beginsels indruis: “Jammer. Dis nie iets wat ek doen nie.”
 Vir die een wat jou sonder om direk te vra, wil dwing om uit te help: “Ek hoop jy kan jou
probleem oplos.” Jy antwoord net op wat jy hoor.
 Net ’n noodgeval vra dadelik ’n antwoord. Anders kan jy sê: “Ek wil jou graag help,
maar ek kan nie nou nie. Gee my tyd om te sien wat ek kan uitwerk.”
Jy hoef nie vir jou nee verskoning te vra nie. Wees net eerlik en ordentlik.
Judy Venter

228

1001 Beloftes_NEW.indd 228 4/18/2006 11:07:33 AM


Pyn
Toe sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, Ek maak alles nuut.”
Openbaring 21:5
643
Ons sit dikwels met die skerwe van ons lewe en weet nie hoe om dit reg te kry nie. God
gee soveel kosbare geskenke. Maar ons neem aanmekaar die verkeerde besluite.
Dít maak jou lus om soos Paulus uit te roep: “Ek, ellendige mens! Wat ’n totale gemors
het ek nie gemaak nie! Ek probeer dit soms regmaak, maar hoe harder ek probeer, hoe
stukkender breek alles.”
Gelukkig ís daar Iemand wat die skerwe weer aanmekaar kan plak. Jesus het aan die
kruis gesterf sodat jy nóú al ’n nuwe mens kan wees.
Hannes Burger

Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat
644 vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra.
Johannes 15:2

Verlede jaar tydens snoeityd in my roostuin kry ek dié raad: Straf hulle soveel moontlik, dan
sal hulle jou in die somer beloon!
Terwyl ek snoei, besef ek dat dit is wat God in my lewe doen! Mense het my sonder
rede seergemaak en al wat oorgebly het, was om na God te roep.
Na die snoeiwerk moes ek geduldig wag ... en dis asof my rose feesvier! Ek besef dis ’n
tyd in my lewe waar die blomtyd die snoeityd net ’n vae herinnering maak!
Liesel Krause-Wiid

In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons weer ander


645 bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer.
2 Korintiërs 1:4

Deur die trane kom die preweling: “Hoekom ek, Here?” As ons net kan verstaan hoekom
die pyn nodig is, sal dit ons krag gee vir die volgende asem. Genadiglik is daar altyd een
wat jou dra, wat met ’n drukkie meer kan sê as woorde.
Deur jou hartseer en vreugde word God se eer vergroot. Hy verwag dat jy ander moet
bemoedig. Dis ’n gedeelde affêre van gelouterde siele wat sê: “Dinge gebeur wat ons nie
verstaan nie. Die seer is werklik! Maar ek staan by jou.”
Chante Hinds-Möller

229

1001 Beloftes_NEW.indd 229 4/18/2006 11:07:33 AM


Raad
Luister na raad, aanvaar wat jou geleer word, sodat jy uiteindelik wys-
646 heid kan hê.
Spreuke 19:20

Vandag is vir jou gegee as ’n geskenk. Wat maak ’n mens met ’n geskenk? Jy ontvang dit,
anders beteken dit jy gee dit terug vir die skenker met die boodskap dat dit nie goed ge-
noeg is nie. Elke jaar ontvang ons 365 geskenke! Jy kan elke keer kies hoe om jou geskenk
te gebruik – vir die positiewe of negatiewe; vir die opbou van die mense en die wêreld om
jou of vir die afkraak daarvan. Jy het die geskenk ontvang en kies hoe om dit te gebruik.
Hoe weet ek of ek hierdie geskenk vir die regte doel gebruik? Die Heilige Gees help my om
te besef of ek my tyd mors en of ek dit reg gebruik. Geniet jou tyd reg en opreg.
Jannie le Roux

Dit gaan goed met dié wat sy verordeninge gehoorsaam, dié wat met
647 hulle hele hart sy wil doen ...
Psalm 119:2

Jy kan elke dag nog iets oor die lewe en die liefde leer by die mense rondom jou:
 By die vroutjie met die boggelrug wat al meer as ’n jaar lank weekliks in die supermark
met haar insamelingsblik sit en vir almal ’n glimlag het.
 By die predikantspaar wat by elke aktiwiteit in die gemeente betrokke is en nie skroom
om self in te spring om die gemeente te dien nie.
 By die vroutjie wat seeppoeier langs die grootpad verkoop om vir haar kind se spraak-
terapie te betaal.
Ida Gräbe

Mag ons seuns wees soos plante wat hoog groei in hulle jeug, ons
648 dogters soos hoekpilare, uitgebeitel soos vir ’n paleis.
Psalm 144:12

Het jy jou lewensvreugde verloor? Of het die druk van ’n gejaagde lewe te veel geword?
As jy nie meer kan onthou hoe dit was om elke saadjie, elke sandkorreltjie, elke wonder
van die natuur vir die heel eerste keer raak te sien nie, moet jy vir jou ’n rolmodel kry. Hou
’n kleuter dop en leer weer van voor af hoe om kinderlik te wees in jou verwagtings van
ander en jou hantering van konfliksituasies jou alledaagse lewe. ’n Kleuter pak alles met
vreugde en oorgawe aan.
Lizette Jonker

230

1001 Beloftes_NEW.indd 230 4/18/2006 11:07:33 AM


Resep vir geluk
En as dit die wil van God is, sal ek vol blydskap na julle toe kom om ’n
649 klein tydjie by julle te rus.
Romeine 15:32

 Geluk is nie afhanklik van uiterlike omstandighede nie, maar van jou verhouding met
God, jouself, jou familie en die mense rondom jou.
 Geluk is gelyk aan die hoeveelheid geluk wat ons aan ander uitdeel.
 Geluk is nie ’n bestemming wat jy bereik nie; dis die reis van dag tot dag – ook in jou
huis en tussen jou familielede.
 Geluk is soos ’n skoenlapper: Solank jy dit jaag, sal dit jou ontwyk. Sit jy egter stil, sal
dit op jou skouer kom sit ...
Solly Ozrovech

Maar die wysheid wat van Bo kom ... Hierdie wysheid bring jou in die
regte verhouding met God, en jy moet dit gebruik om vrede te maak.
650
Jakobus 3:17-18

 Geniet jou lewe en lééf een dag op ’n slag.


 Wees lief vir jou dierbares.
 Kies om elke dag met passie te benader.
 Los die onnodige bekommernisse vir môre.
 Aanvaar die uitdagings op jou pad.
 Doen wat jy vandag kan doen.
Nina Smit

Laat u waarheid my lei en onderrig my daarin ...


651 Psalm 25:5

 Verander jou lewe en ook jou werk, omdat jy die lewe as wonderlik ervaar.
 Gee nóú die eerste tree in die rigting van dit wat jy wil bereik.
 Handel vandag die sake wat jy kan, so goed as wat jy kan af.
 Beplan vandag asof dit jou laaste dag is en moenie uitstel nie. Van uitstel kom afstel.
 Laat die res in God se hande.
 Leef vandág.
 Gee jou beste.
Jannie le Roux

231

1001 Beloftes_NEW.indd 231 4/18/2006 11:07:33 AM


Ribbokvoete
Here ... hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde ... Kinders en
652 suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het.
Psalm 8:2-3

Ons is soos Thomas: sien is glo. Ons het Jesus nog nie gesien nie; daarom gee Hy die
Bybel met sy wonderwerke in sodat ons kan glo.
God doen nogsteeds wonderwerke. Skryf beantwoorde gebede neer. Wanneer God
ver voel, herinner jouself aan daardie gebeurtenis. Sê: “Here, U het my gehelp toe ek hulp
gevra het. Ek het gevra vir geduld en U gee my geleentheid om dit te beoefen. Dankie dat
U my gebede verhoor het.” Maak ’n lys van God se beloftes en lees dit gereeld.
Vic en Thea Brink

U het my ruim vastrapplek gegee, my enkels het nie geswik nie.


Psalm 18:37
653
Die lewe gaan aan ná ’n krisis.
Maak jou mooi en voel goed oor jouself. Gaan staan voor die spieël, glimlag vir die per-
soon wat baie foute het en sê hard en duidelik: “Ek hou van jou. Ons gaan dit máák!” Gaan
koop iets wat jy al lankal wou hê. Geniet dit!
As jy geld het, beplan ’n reis, ontmoet nuwe mense en ontdek ’n nuwe wêreld. Doen
dinge anders, doen ’n goeie daad. Doen dinge wat van lewe getuig. Beplan dit só dat jy nie
kan wag om met ’n volgende projek te begin nie.
Johan Smit

God ... maak my pad voorspoedig. Hy maak my voete soos dié van ’n
654 ribbok; op hoë plekke laat hy my stewig staan.
Psalm 18:33-34

Só kan jy mense in nood probeer bystaan:


 Maak kontak, al is jy bang. Gaan en wees net daar.
 Moenie te veel probeer sê nie. Steek net jou hande uit. Raak aan.
 Moenie te lank bly as jy sien die persoon wil liewer alleen wees nie.
 Dink aan praktiese maniere om te help en doen dit dan.
 Probeer die persoon help om sy lewe weer normaal te kry.
 Moenie alles uit hulle hande neem nie. Hulle het dan te veel tyd om te tob en te treur.
Johan Smit

232

1001 Beloftes_NEW.indd 232 4/18/2006 11:07:33 AM


Roeping
’n Mens wy sy lewe aan wat hy begeer, maar dit is beter om arm te bly
655 as om te bedrieg.
Spreuke 19:22

Is dit waarmee jy op die oomblik besig is, in ooreenstemming met jou roeping? Meet dit
aan hierdie ses beginsels:
 Ontleed jou gawes en talente, jou sterk- en swakpunte.
 Lees boeke en woon kursusse by.
 Soek, bid en ontvang die bemagtiging van die Heilige Gees.
 Wees bewus daarvan dat die duiwel na maniere soek om jou te laat ontspoor. Bly op
die pad wat die Here jou aanwys, selfs al vra dit opoffering.
 Lei ander op deur hulle te leer wat jy geleer het.
 Bly steeds in verwondering dat God mense gebruik.
Jannie Pelser

Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat


656 julle van God ontvang het.
Efesiërs 4:1

Leon, ’n jong swartman met ’n uitlandse aksent, bedien my altyd by die koffiewinkel. Hy is
altyd opgeruimd en flink. Verlede week hou ek hom dop terwyl hy die ander mense bedien.
Hy behandel almal met die grootste sorg en respek. Voor ek loop, hou hy ’n papiertjie na
my toe uit. Dis ’n uitnodiging na ’n bekende kerk in die omgewing. Dié wat Jesus ken, gee
om vir almal wat hulle teëkom, want jy weet nooit wanneer die geleentheid hom voordoen
om hulle aan Jesus voor te stel nie. Dit het Leon die kelner my geleer.
Ester Venter

Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat


657 julle van God ontvang het.
Efesiërs 4:1

Jou roeping as vrou in die huwelik behels onder meer dat jy jou man sal help om sy uitda-
gings te trotseer. Hy moet altyd voel jy is die een wat in hom glo en jy ondersteun dit wat hy
aanpak al weet jy soms dit gaan nie werk nie. As dit nie werk nie, moet jy die een wees wat
troos en bemoedig. Dit klink miskien na ’n strawwe opdrag, maar dink ’n bietjie hoeveel
keer maak ons foute en ons Vader is maar altyd daar om ons te troos.
Fatima Abdool

233

1001 Beloftes_NEW.indd 233 4/18/2006 11:07:34 AM


Romanse
Die liefdesappels versprei hulle geur; daar is allerlei keurige vrugte by
658 ons deur, vars en oud; ek het hulle vir jou gebêre, man wat ek liefhet.
Hooglied 7:13

Een van die dinge wat ’n huwelik gelukkig hou, is romanse. Om in elke klein dingetjie wat
jy vir jou man doen, vir hom te wys dat hy vir jou spesiaal is en dat jy hom baie liefhet.
 Koop gerus vir hom ’n presentjie wanneer jy dorp toe gaan.
 Sorg dat daar ’n rooi roos op sy lessenaar is.
 Skryf soms ’n liefdesbriefie en sit dit onder sy kussing, in sy kosblik of in sy aktetas.
 Bederf hom gereeld met sy gunsteling kos.
 Stel belang in die dinge wat vir hom belangrik is.
Nina Smit

Luister, daar kom die man wat ek liefhet! Hy spring oor die berge, hy
659 wip oor die rante ... die man wat ek liefhet, praat, hy sê vir my: ‘Staan
op, my liefling, my mooiste, kom na my toe!’
Hooglied 2:8, 10

Sommige mense meen dat emosionele liefde glad nie ’n rol in ’n huwelik hoef te speel nie.
Ander dink dat dit daar kán wees, maar dat dit nie noodsaaklik is nie. Vir my gee roman-
tiese liefde juis kleur aan ’n verhouding. Dit verander ook jou selfbeeld en jou hele lewe
omdat jy beleef dat jy aanvaar en waardeer word. Dit plaas albei persone in die kollig.
Hierdie ervaring het die vermoë om die beste in elkeen na vore te laat kom. Daarom is dit
’n lewensveranderende ervaring.
Floris Knouwds

Kom, man wat ek liefhet, kom ons gaan veld toe, kom ons gaan slaap
660 in die dorpies; ons gaan vroeg smôrens na die wingerde toe, ons gaan
kyk of die wingerdstokke bot, of die botsels oop is en die granaatbome
bloei. Daar sal ek my liefde vir jou gee.
Hooglied 7:11-12

 Onthou spesiale herdenkings.  Luister met volle aandag na mekaar.


 Skakel die televisie af om te kuier.  Ondersteun mekaar in uitdagings wat
 Vertel vir mekaar van julle liefde. aangepak word.
 Maak genoeg tyd vir alleenwees. Floris Knouwds

234

1001 Beloftes_NEW.indd 234 4/18/2006 11:07:34 AM


Rouproses
Toe het Job opgestaan en sy klere geskeur. Hy het ook sy hare afge-
661 skeer. Daarna het hy op die grond gaan lê ...
Job 1:20

Niemand is ooit voorbereid op die dood van ’n geliefde nie. Daar is ses fases van verlies:
SKOK: ongeloof, skuldgevoelens en hulpeloosheid.
VERLANGE: intense gemis van die persoon, hartseer en die soeke na redes.
DEPRESSIE: morbiede gedagtes en min energie.
AGGRESSIE: woede teenoor God, jouself en die wêreld.
SKIKKING: aanvaarding, hoewel daar nog hartseer kan wees met neigings tot isolasie.
HERORGANISASIE: bring stabiliteit en die balans word herstel.
Lynette Minnaar

Hy maak die donker my tuiste, ek is soos dié wat lankal dood is.
Klaagliedere 3:6
662
Het jy al in jou binneste gehuil, gerebelleer, kwaad geword, onttrek, innerlik hard geword
en al meer selfgesentreerd geraak? Kyk jou pyn in die oë en verwerk dit positief:
 Aanvaar jou verlies en beskou die pyn as normaal.
 Genesing is ’n tydsame proses.
 Vra hulp!
 Maak klaar met skuldgevoelens.
 Wees goed vir jouself.
Berusting is nie ’n kitswoord nie, maar die eindproduk van ’n bloei- en groeiproses.
Johan Smit

Abraham het oor haar (Sara) gaan rou en huil.


Genesis 23:2
663
Die dood van ’n geliefde kan jou ook positief beïnvloed. Dit hang af hóé jy daaroor dink.
 Dink aan die persoon se goeie eienskappe wat hom of haar spesiaal gemaak het.
 Ontwikkel hierdie eienskappe in jouself.
 Laat jou geliefde se dood jou herinner aan die waarde van die lewe. Onthou, jý is nog
hiér om voluit te leef!
Annelize Endres

235

1001 Beloftes_NEW.indd 235 4/18/2006 11:07:34 AM


Rus
As ek aan U dink op my bed, oor U peins in die nag, dan weet ek: U is
664 vir my ’n hulp, en dan juig ek oor die beskerming onder u vleuels.
Psalm 63:7-8

Jy hoef jou nie in jou etensuur ook af te sloof nie. Gebruik hierdie tyd liewer om te ontspan:
 Maak een keer per week ’n ete-afspraak en ontmoet ’n goeie vriend(in) iewers buite
julle kantoorgebou in ’n plek waar julle julle harte teenoor mekaar kan uitpraat.
 As jy gelukkig genoeg is om jou eie kantoor te hê, sorg dat daar altyd ’n klein kussinkie
in jou lessenaar se laai is. ’n Tien minute superslapie laat jou weer verfris voel vir die
middagskof.
 Gryp ’n lekker paar stapskoene en gaan stap vinnig vir tien tot vyftien minute.
Helen Ueckermann

Net by God vind ek rus, want op Hom vertrou ek.


Psalm 62:6
665
Gebruik sewe dae só om heerlik te ontspan:
Sondag: Bad in lemoen- en suurlemoenskille. Dit sal jou bloedsirkulasie verbeter.
Maandag: Luister na jou gunsteling liedjie en konsentreer op die woorde.
Dinsdag: Masseer jou hele lyf met jasmynolie om stres en depressie weg te streel.
Woensdag: Ervaar ’n ek-is-briljant-oomblik. Dink aan alles wat jy al hierdie week bereik het.
Donderdag: Bederf iemand spesiaal in jou lewe en tel al jou seëninge.
Vrydag: Wees kreatief. Skryf ’n gedig of teken, al is dit net ’n stokmannetjie.
Saterdag: Blaai deur jou fotoalbum of skryf in jou dagboek of joernaal.
Gerinda Jooste

Ons kyk ons oë moeg om hulp wat nie opdaag nie.


Klaagliedere 4:17
666
Toe God mens geword het in Jesus Christus, het Hy ook die gewoel en gewerskaf van sy
tyd beleef. Baiekeer nadat Hy met die skares besig was, het Hy stilte gaan soek.
Die lewe is ’n reis, nie ’n dolle gejaag na ’n doel daar ver nie. Die God wat jou geskep
het, se liefde vir jou is so wonderlik dat jy geskep is om partykeer te rus. Hy het self ’n
rusdag ingebou as deel van sy Goddelike skeppingsritme. Hy het self op aarde vir jou kom
wys dat sulke rustye deel is van ’n betekenisvolle mens-in-kontak-met-God-wees.
Jannie le Roux

236

1001 Beloftes_NEW.indd 236 4/18/2006 11:07:34 AM


Ruskans
Laat u waarheid my lei en onderrig my daarin, want U is God, my red-
667 der. In U stel ek elke dag my verwagting.
Psalm 25:5

As dit voel of die tyd wat bedoel is vir jou familie, kinders, vriende en jouself, die tyd is wat
daaronder ly ... het dit tyd geword dat God jou balans moet leer.
As dit voel of die werkseise wat aan jou gestel word, soms te groot is ... het dit tyd
geword om jou pas te verstadig. As dit voel of jy die doel van menswees uit die oog verloor
het ... het dit tyd geword om ontslae te raak van die alledaagse dingetjies wat jou tyd roof.
As dit voel of jy God begin afskeep ... het dit tyd geword dat jy jou dagboek vir Hom gee
sodat Hy die balans kan herstel.
Milanie Vosloo

Ek het verskrompel soos ’n velsak in die rook, maar u voorskrifte het ek


668 nie verontagsaam nie. Hoe lank moet ek nog so lewe?
Psalm 119:83-84

Jou lewe is ’n gejaag ... Die wêreld sê alles wat jy het, moet vinniger en beter word. Jy werk
om aan die lewe te bly, en lewe om aan die werk te bly. Almal eis hulle pond vleis van jou.
Tyd is geld en geld is min. Daarom moet jy nou eers kom sit. Maak jou oë toe en onthou
die dae toe huistoegaantyd jou enigste bekommernis was. Jy is nou ’n volwassene met
baie verantwoordelikhede, maar God is steeds jou Pa en jou Voorsiener. Jy gaan nie jou
lewe eers met een sekonde verleng deur jou so te bekommer nie.
Mart-Mari Schoeman

In die oggendskemer al roep ek om hulp en stel ek my vertroue in u


669 woord.
Psalm 119:147

Jy mág jouself die weelde gun om regtig stil te word. Maak praktiese planne waarby jy kan
hou, soos om ’n halfuur vroeër op te staan of later te gaan slaap. Beplan vir stilte en rustig-
heid in jou lewe. Dis deur en deur die moeitewerd. En die héél beste plek is om digby God
stil te raak. Soek ’n goeie plek om stil te word. Haal diep asem, ontspan heeltemal en raak
intens stil. Wanneer jy stil raak, begin jy ontspan. Dan vul die stilte jou hele wese. Hierdie
stilte bring harmonie en vrede in jou gemoed.
Nina Smit

237

1001 Beloftes_NEW.indd 237 4/18/2006 11:07:34 AM


Sagte oë
Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe
670 wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek.
Efesiërs 3:18

Goeie verhoudings vra opoffering. Iets wat jy moet prysgee, is om altyd jou sin te wil kry. As
jy ’n suksesvolle verhouding wil hê, moet jy leer dat daar twee partye is wat gelukkig moet
wees. Jy moet bereid wees om ’n stukkie van jou vryheid prys te gee; ’n deel van jou sin
nie te kry nie; soms iets te doen wat nie lekker is nie; ’n verantwoordelikheid na te kom. Dis
op die ou end wat ware liefde is.
Vic en Thea Brink

Wie daarop prys stel om opreg te wees en vriendelik te praat, het selfs
671 die koning tot vriend.
Spreuke 22:11

Kyk met sagte oë na die mense rondom jou. Praat ook net wat mooi en goed is:
 Sien die goeie eienskappe van mense raak.
 Gee opregte komplimente.
 Doen dit omdat hulle dit verdien.
 Wees regverdig wanneer jy dit doen.
 Sien hulle soos God hulle sien.
 Bring uit elkeen die beste wat hy of sy kán wees.
 Sê dankie vir iets wat mooi en goed gedoen is.
Milanie Vosloo

Waar is die wysgeer van hierdie wêreld nou? Waar die skrifgeleerde?
672 Waar is die slim woordvoerder? Het God nie die wysheid van die wêreld
tot onsin gemaak nie?
1 Korintiërs 1:20

’n Mens is ’n produk van jou opvoeding, gene en omstandighede, maar jy kan ook kies hoe
jy reageer. As jy jou gevoelens opkrop, het jy nie geleer hoe om reg te kommunikeer nie.
Jy kan kies of iemand jou emosioneel gaan kwets. Maar, jy kán leer hóé om jou gevoe-
lens te lug. Die kuns is om net eers te leer om jou gevoelens hardop uit te spreek. Begin
met “ek voel” en leer om jou gevoelens bloot te lê.
Jannie le Roux

238

1001 Beloftes_NEW.indd 238 4/18/2006 11:07:34 AM


Salwing van wonde
Soos ’n herder versorg Hy sy kudde: die lammers maak Hy bymekaar in
673 sy arms en Hy dra hulle teen sy bors, Hy sorg vir die lammerooie.
Jesaja 40:11

Ontlaai beteken om alles wat jy opkrop – spanning, pyn, frustrasie en selfs aggressie – af
te laai. Wanneer jy hierdie dinge in gebed vir die Here sê, weet jy dat Iemand verstaan en
geduldig en verdraagsaam is.
So ’n oopmaak en ontlaai maak jou gesond. Wanneer jy jou opgekropte gevoelens met
jou liefdevolle hemelse Vader deel, voel dit asof jy strelende salf op ’n oop wond smeer.
Gebed is jou direkte aanraking met die troos en liefde van die Here. Hy wag vir jou
sodat Hy jou op sy skoot kan tel en jou teen sy bors kan druk en troos.
Ampie Barnard

Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom
674 soek, beloon.
Hebreërs 11:6

Die Here verstaan jou emosionele en geestelike worsteling; ten spyte daarvan het Hy jou
lief en aanvaar hy jou soos jy is. Êrens, op ’n dag, sal die oplossing kom, sal die antwoord
duidelik wees, sal jou omstandighede verander, sal jy opstaan en aangaan, tree vir tree,
dag na dag aan God se hand. Jy mag kla, jy mag vrae vra en jou opstand in woorde sit,
want as jy gesê het hoe jy voel, is jy nader aan God as ooit tevore. Dan is jou hart rustig:
God verstaan, Hy sal antwoord.
Rassie van Niekerk

Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al
675 was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol.
Jesaja 1:18

Ek was nege jaar oud toe my pa my verkrag het. Later het my oupa en my oom ook oral
aan my gevat en my mishandel. As jong meisie het ek in Johannesburg beland. Ek het nie
werk gehad nie. Toe sien ek ’n advertensie in ’n koerant dat hulle escorts soek. Ek het ’n
prostituut geword.
’n Man het my eendag betaal om saam met hom kerk toe te gaan. Ek kon dit nie glo
nie. Daar het die Here met my gepraat. Hy het my verlos en my skoongemaak.
Ek wens net ek kon alle meisies waarsku teen die verskriklike lewe van prostitusie.
Anoniem

239

1001 Beloftes_NEW.indd 239 4/18/2006 11:07:34 AM


Seerkrysituasies
Die swaar wat ons moes verduur, het ver bo ons kragte gegaan, sodat
676 ons selfs die hoop om te bly lewe laat vaar het. Trouens, dit het vir ons
gevoel asof die doodsvonnis klaar oor ons uitgespreek is.
2 Korintiërs 1:8-9

’n Mens is partykeer uitgelewer aan die geniepsigheid van die lewe. Party gesprekke en
verhoudings het soveel skerp kante dat jy heeltyd moet koes vir die steke! In sulke onvei-
lige situasies is jy dit aan jouself verskuldig om jou te beskerm.
Verander jou manier van kyk. Loop óm seerkry situasies wat jy nie kan verander nie. Vra
jou familie of vriende om te help. Vertel vir hulle waarmee jy sukkel of wat hulle dalk onbe-
wustelik doen of sê wat jou seer erger maak. En fokus op God. Vou jou doelbewus toe in
sy ondeurdringbare veiligheid.
Annalise Wiid

Die Here sal jou altyddeur lei.


Jesaja 58:11
677
Kinderloosheid is gewoonlik vir getroude pare ’n pyn waaroor hulle moeilik praat. Jy lees
dan in die Bybel dat kinders ’n seën en ’n geskenk van die Here is.
Maar God sê dat daar ’n ander jubelstem as dié van kinders in jou lewe kan opklink.
Kinders bepaal nie jou waarde in God se oë nie. Hy kyk met ander oë na jou. Hy vul jou
lewe met ander geleenthede.
Onthou net: Hy vergeet jou nooit. Jy bly vir Hom kosbaar, jy het nog steeds ’n doel.
“The purpose of our lives is to give birth to the best which is within us,” sê Marianne Wil-
liamson.
Elsje Büchner

Die Here is naby die gebrokenes.


Psalm 34:19
678
Die lewe maak soms maalvleis van ons! Dinge gebeur wat ons harte breek en ons ongeluk-
kig maak ... of soms is ons sommer net platgeslaan, ontsteld of omgekrap.
Ons mág vir mekaar ons pyn, ons bang harte en ons frustrasie wys en dit met mekaar
bespreek. Ons mag veral vir mekaar bid en mekaar se emosies voor sy troon gaan lê. God
vind groot vreugde daarin as sy kinders hand aan hand hulle harte voor Hom bring. Dis
veral in sulke tye dat Hy sy helende krag oor hulle uitstort.
Milanie Vosloo

240

1001 Beloftes_NEW.indd 240 4/18/2006 11:07:34 AM


Séérste seer
Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.
Matteus 5:4
679
Sondag was dit dertien jaar sedert ons Jaco in die motorongeluk dood is. Ons gesin het
toe maar die middag saam gekoffie-en-koek. Dis ook ’n soort salf. En vir mekaar blomme
gegee. Bont, vrolike bosse wat lekker ruik en sing van die hemel. En ons het foto’s ge-
neem. Want ons weet: Saamwees gaan verby.
Ek is nou vir hom dertien jaar liewer as toe. En is dertien jaar nader aan ons weersien ...
Daardie uitsien na die weersien – dís salf. En die onthou van ons goeie tye – dís salf.
Annalise Wiid

Ek sal vir jou skatte gee wat in die donker gebêre word, die rykdomme
680 wat weggesluit is, sodat jy kan weet dat Ek die Here is ...
Jesaja 45:3

Ons het saam ginekoloog toe gery vir die sonarondersoek. Toe my kind uit die spreekka-
mer kom, het haar betraande gesig die nuus verklap: Die babatjie was reeds dood. My
dogter het dadelik berus. “Die Here moet ’n baie goeie rede hê waarom hierdie babatjie nie
gebore moes word nie. Weet Mamma, Hy het my selfs daarvoor voorberei, want, anders as
met die ander twee, kon ek nie ’n band met die baba vorm nie.”
Hartseer, maar nie gebroke nie, ons hande styf in dié van Jesus, Koning ook oor die
dood.
Ida Gräbe

Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir
681 ons liefhet.
Romeine 8:37

Ons oorwin lyding wanneer ons glo in God en wanneer ons ons genesing elke dag kan
uitleef. Maar sê nou ons wil ’n goddelike doel in alles sien, en ons bring dinge bymekaar uit
wat niks met mekaar te make het nie, dan maak ons onsself swak. As jy glo jou kind is in
’n motorongeluk dood omdat jy ’n buite-egtelike verhouding gehad het, word jy mos siek
daarvan. God laat immers nie kinders sterf om hulle ouers by te kom nie. Maar as jy glo dat
’n mens uit jou lyding kan leer, en dat jou lyding daarom sin het, word jy tog sterker!
Christina Landman

241

1001 Beloftes_NEW.indd 241 4/18/2006 11:07:34 AM


Seksprobleme
Of besef julle nie dat julle liggaam ’n tempel van die Heilige Gees is
682 nie?
1 Korintiërs 6:19

Ongeveer 85% van die probleme in ’n huwelik kan na seks herlei word. As ’n man en vrou
op hierdie gebied ’n probleem het, is die man sommer geïrriteerd selfs oor die manier hoe
sy vrou haar tandeborsel vashou.
Die vrou is gefrustreerd met haar man wat alewig sy hemp net op die vloer neergooi.
Indien hierdie twee mense op ’n vervullende manier in mekaar se seksuele behoeftes voor-
sien, is dit verbasend hoe hulle terselfdertyd mekaar se tekortkominge kan oorsien.
Aanvaar mekaar en dien mekaar ... ook met julle liggame.
Hennie Stander

Ek maak oop vir die man wat ek liefhet, maar ... (hy) het omgedraai en
683 is weg! Ek was so opgewonde toe hy gepraat het!
Hooglied 5:6

As jy seksueel ’n flop voel, sal jy gedurig met ’n seer binneste rondloop.


Jy voel dis net jy wat hierdie probleem het en wil dit wegsteek.
Kikker jou seksuele lewe op en leer ’n paar nuwe dinge. Kry ’n Christelike handleiding
oor seksualiteit en lees meer oor die onderwerp. Gesels veral met jou maat daaroor.
Seksualiteit is ’n pragtige gawe van God. Liefde is ’n spel wat twee kan speel en albei
kan wen.
Jannie le Roux

Daarom sal ’n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou


684 lewe, hulle sal een word.
Genesis 2:24

Daar is talle verwysings na seks in die Bybel soos Genesis 2:24, 1 Korintiërs 7:5 en
Hooglied. Seks maak die huwelik volledig. Dis ’n manier om te sê ek het jou lief. Seks bind
paartjies en is baie meer as net om kinders te kry. Egpare moet steeds seks hê al kan hulle
nie meer kinders kry nie. Dis ’n gawe van God aan huweliksmaats om mekaar te geniet.
Daardie spesiale kyk; hartjie-briefies by die telefoon; ’n drukkie voor die wasbak en ’n
bos blomme is deel van die seksuele verhouding. Dit gaan aan lank na die wittebrood.
Jaco Thom

242

1001 Beloftes_NEW.indd 242 4/18/2006 11:07:34 AM


Sekuriteit
Die Here het die fondament van die aarde met wysheid gelê en die
685 hemel gebou met insig.
Spreuke 3:19

Omdat die wêreld heeltyd verander, moet jy sekuriteit soek ...


 Sekuriteit lê nie in jou omstandighede, werkgewer of salaristjek nie, maar in God!
 Jy moet wakker wees, gereed om ’n skuif te maak ter wille van jou eie toekoms.
 Stel jou vertroue in die Here, wat jou die versekering gee dat Hy getrou is en jou nooit
in die steek sal laat nie.
 Wees gereed om aan te beweeg as jy môre oorbodig raak omdat jou maatskappy se
behoeftes verander.
 Tye het heeltemal verander – sorg dat jy opgelei is om verandering te wagte te wees.
Hannes Burger

Die wysheid gee met die een hand ’n lang lewe en met die ander ryk-
686 dom en eer. Die wysheid bring ’n ryk en vol lewe.
Spreuke 3:16-17

Die wet van die lewe is eenvoudig: Wat jy saai, sal jy maai. Tog is God se genade so groot
dat Hy meer gee as wat jy kan saai. Deur sy genade kan jy reeds voorsorg probeer tref
sover dit binne jou vermoë is:
 Werk verantwoordelik met jou geld en besittings.
 Beweeg uit na ander en belê in kwaliteitvriendskappe en -verhoudings.
 Die beste oplossing vir vrees is vertroue. Uit vertroue groei aksie.
 Kry professionele leiding om deeglik te beplan vir jou toekoms.
 Vertrou dat die Here wat jou tot hier gebring het, jou elke dag sal dra.
Jannie le Roux

Wie deur die Here bemin word, is veilig by Hom.


Deuteronomium 33:12
687
Jy is dierbaar ...
 omdat jy na my gekla luister.
 omdat jy betroubaar is as ek probleme het.
 omdat jy my nie probeer verander nie.
 omdat jy altyd bly is om my te sien.
Judy Venter

243

1001 Beloftes_NEW.indd 243 4/18/2006 11:07:34 AM


Selfaanvaarding
Toe het die Here gevra: “Moet Ek self saamgaan en vir jou vrede gee?”
Eksodus 33:14
688
As jy sukkel om vrede met jouself te maak, herinner jouself voortdurend aan die prentjie
wat God van jou het. Wie is jy in sy oë?
 Jy is vir Hom kosbaar, want Hy het jou self gemaak.
 Hy ken jou by die naam; jou naam staan in sy handpalm geskryf.
 Hy hou jou in sy hand vas, Hy hou jou regop.
 Niks waaraan jy kan dink, kan jou van sy liefde skei nie.
En al hierdie dinge bly waar, al ken Hy jou deur en deur. Met so ’n spesiale Iemand kan
jy maar vrede maak!
Vic en Thea Brink

My kind, moet dit nie gering ag as die Here jou tug nie en moenie
689 mismoedig word as Hy jou teregwys nie, want die Here tug hom wat Hy
liefhet ...
Hebreërs 12:5-6

Ek het jou met sorg geskep, my kind, Jy is uniek. Aanvaar jouself soos jy is – ’n mens met
goeie én slegte eienskappe. Wees goed vir jouself omdat Ek goed is vir jou. Maak vrede
met jou swakhede. Wees geduldig met dit waarin jy nie so goed is nie. Al het jy geen be-
heer oor wat ander van jou dink en sê of aan jou doen nie, het jy alle reg om die leuens en
vals verwagtinge te ignoreer en jou identiteit in Christus te aanvaar. Wie en wat jy in Hom is,
dít is die ware en enigste jý! Jou Vader.
Judy Venter

In u hande gee ek my lewe oor, want Here, troue God, U het my vryge-
690 maak.
Psalm 31:6

’n Mens moet eers vrede met jouself hê vóór jy enigiets aan jou liggaam laat regmaak.
Onthou dat jy jouself net sien in dit wat nie vir jou reg lyk nie. Ander mense sien jou as ’n
geheel en leer jou so ken. Dis wat jou uniek maak.
Om jou innerlike in die regte balans te bring, moet jy vir die Here vra om jou te help om
jouself te aanvaar. Hy sal jou help om te ontdek dat jy vir Hom kosbaar is en dat volwas-
senheid beteken om binne-in jou iets van God te weerspieël.
Jannie le Roux

244

1001 Beloftes_NEW.indd 244 4/18/2006 11:07:34 AM


Selfbeeld
Die Here sal by julle almal wees!
2 Tessalonisense 3:16
691
God het jou mooi en goed gemaak. Vir Hom is jy kosbaar. Hy het jou duur gekoop met die
bloed van sy Seun. Jy moet die skoonheid in jouself raaksien. Vir God is jy so belangrik dat
selfs die hare op jou kop getel is!
Tog kan jy ’n negatiewe beeld van jouself ontwikkel as jy baie verwerping en kritiek
ontvang. Jy sal jouself begin beskou as iemand van wie mense nie hou nie, as ’n misluk-
king en as minderwaardig. Maar gelukkig genees liefde die wonde. Dink anders oor jouself
en sien jou soos God jou sien.
Ampie Barnard

Selfverheffing bring vernedering; wie nederig is, het wysheid.


Spreuke 11:2
692
Dit voel dalk vir jou of ander mense meer talente gekry het as jy en God beter kan dien
omdat hulle soveel belangriker is as jy. Maar dan is jy nou presies waar die Here jou wil hê.
Hy gebruik graag swak mensekinders!
Die Bybel heg baie waarde aan nederigheid. God kan jou net in sy koninkryk gebruik as
jy afstand doen van die stuk hoogmoed in jou lewe. Jy moet swak wees sodat God se krag
in jou tot openbaring kan kom.
Nina Smit

’n Mens wat iets vir ’n ander oor het, baat self daarby; ’n hartelose
693 mens word deur sy eie toedoen verstoot.
Spreuke 11:17

Mense dra ’n masker van meerderwaardigheid om hulle gevoelens van minderwaardigheid


weg te steek. Maar Jesus het altyd verstaan. Hy het deur die maskers gesien, maar Hy het
nie veroordeel nie. Hy het liewer gewys hoe ’n mens die masker kan afhaal en vry kan word
daarvan. Jy kan ook vir so iemand goed wees. Aanvaar hom, want dis wat hy (of sy) die
meeste begeer. Hy is mos bang dat hy nie goed genoeg sal wees as hy net homself is nie.
Jy hoef nie te maak of jy hom glo of beïndruk is nie, maar jy kan steeds vriendelikheid en
warmte wys.
Vic en Thea Brink

245

1001 Beloftes_NEW.indd 245 4/18/2006 11:07:34 AM


Selfbehoud
Jy sal genoem word: “Die een vir wie die Here liefhet ...”
Jesaja 62:4
694
Luister hier: God het mooi en wonderlike gedagtes oor jou. Jy is vir Hom kosbaarder as
edelstene. Jy is ’n draer van sy goedheid. Dwarsdeur die Woord deel Hy sy gedagtes oor
jou met jou. Hy noem jou geliefde, lig en sout vir die aarde, sy uitverkore kind, erfgenaam,
oorwinnaar, burger van die hemel en deelgenoot van die hemelse roeping. God het jou lief
en Hy ag jou hoog. Hy ken jou hart, jou behoeftes en jou vrese. Niks is vir Hom verborge
nie. Laat Hom toe om jou selfbeeld te verander in ’n Godsbeeld.
Mart-Mari Schoeman

Wie homself liefhet, sorg dat hy wysheid verwerf; hy stel prys op insig
695 sodat hy voorspoed kan geniet.
Spreuke 19:8

Leer jou kind dat sy waarde as mens nie van sy prestasies afhang nie.
Leer hom dat sy waarde as mens in die eerste plek daarin lê dat God hom gemaak het
en vir hom lief is. Wys vir jou kind dat jy hom aanvaar nes hy is, en dat jy hom nie minder
liefhet as hy faal of stout is nie.
Moet nooit jou kind die idee gee dat hy moet presteer of iets spesiaals moet doen voor-
dat jy met hom tevrede is nie. Sorg vir ’n oop kommunikasiekanaal tussen jou en jou kind.
Dis al hoe hy die vrymoedigheid gaan hê om dinge met jou te deel.
Hannes Burger

Luister na raad, aanvaar wat jou geleer word, sodat jy uiteindelik wys-
696 heid kan hê.
Spreuke 19:20

Fokus ’n slag op die volgende waarhede:


 Konsentreer op dit wat jy wel het en kan doen.
 Maak vrede met dit wat jy nie het nie, want dit sit ’n demper op die potensiaal wat jy wel
het.
 Bring vreugde in ander mense se lewens met jou vrolike geaardheid.
 Geen mens is volmaak nie, maak dus vrede met jou beperkings.
 Maak vrede met die feit dat jy uniek is net soos jy is.
Nina Smit

246

1001 Beloftes_NEW.indd 246 4/18/2006 11:07:34 AM


Selfrespek
Wie nederig is, dien die Here en ontvang rykdom, eer en lewe.
Spreuke 22:4
697
Plak hierdie seënbede uit die 4de eeu in jou huis op:
 Die Here is voor jou om die pad gelyk te maak.
 Die Here is langs jou om jou in sy arms toe te vou.
 Die Here is agter jou om die aanvalle van die vyand af te slaan,
 Die Here is onder jou om jou te dra as jy mag val.
 Die Here is rondom jou om jou te beskerm.
 Die Here is bokant jou om jou te seën.
 Die Here is binne jou om jou te lei na sy wil.
 So seën die drie-enige God jou, nou en vir altyd.
Skrywer onbekend

Soos jy jou eie gesig sien as jy in die water kyk, so sien jy jouself in wat
698 jy dink.
Spreuke 27:19

Gaan staan ’n slag voor die spieël en kyk jouself in die oë. Respekteer jouself. Jy is die enig-
ste jy in hierdie hele wêreld! Jy lewe ook net een keer. Besluit om die meeste van hierdie een
lewe te maak en op te hou om jou stukkend te val oor tekortkominge waaraan jy niks kan
doen nie. Wees die heel beste jy wat jy kan wees. En wees jou eie heel beste vriend.
Hannes Burger

Dink aan die rots waaruit julle gekap is, aan die klipgroef waaruit julle
699 gegrawe is.
Jesaja 51:1

Iemand wou by Michelangelo weet hoe hy dit regkry om uit koue klip sulke lewensgetroue
en gevoelvolle beelde te skep soos sy engelbeeld, wat mense tot trane dwing. Michelange-
lo het almal om hom verbaas met sy antwoord. Nee, het hy gesê, die man het dit verkeerd.
Hy skep niks uit koue klip nie. Wat hy wel doen, is om met sy beitel weg te kap, weg te kap,
geduldig en stuk vir stuk totdat die engel uit die klip verskyn ... Die engel was nog altyd in
die klip, hy moes hom net daar vind.
Wat sê dit vír jou óór jou?
Raché Rutherford

247

1001 Beloftes_NEW.indd 247 4/18/2006 11:07:34 AM


Selfvertroue
Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie; wie sy
700 sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang.
Spreuke 28:13

 Moenie jouself met ander vergelyk nie.


 Moenie ontevrede wees nie.
 Moenie jaloers wees nie.
Maar ...
 Ontwikkel jou talente.
 Gebruik jou sterkpunte.
 Wees tevrede met jou geliefdes en wys dit gereeld.
Nina Smit

Elkeen wat die Vader vir My gee, sal na My toe kom; Ek sal hom wat na
701 My toe kom, nooit verwerp nie.
Johannes 6:37

In die lewe ervaar ons mooi dinge waarin ons verlore raak! Ons ervaar ook die pyn van
verwerping. Dit voel of die seer te veel raak.
Reik uit na God, Hy sal luister. Klop by sy voordeur en vra hulp. Jy sal besef dat die deur
lankal oopstaan! Die Here sal jou nooit verstoot nie. Raak lief vir jou medemens. Verwer-
ping sal jou nie meer so negatief beïnvloed nie. Met die Koning aan jou kant, sal jy jou nie
oor verwerping ontstel nie. Dank God elke dag vir sy liefde.
Nádine

’n Ouer man moet jy nie skerp teregwys nie, maar vermaan asof hy jou
702 vader is.
1 Timoteus 5:1

Hoe om te verskil met iemand in ’n gesagsposisie:


 Stel jou standpunt aan die persoon waar julle twee alleen is.
 Stel jou saak duidelik maar beleefd.
 Moenie eise stel nie. Vra vrae: “Dink Meneer nie ’n mens kan dit so doen nie?”
 Moet nooit beskuldig nie; sê liewer hoe jy daaroor voel.
 Aanvaar dat die een wat die gesag het, die laaste sê het.
Vic en Thea Brink

248

1001 Beloftes_NEW.indd 248 4/18/2006 11:07:34 AM


Selfwaarde
Betuig julle liefde vir Hom, julle almal wat die guns van die Here geniet.
703 Die Here beskerm dié wat aan Hom getrou is ...
Psalm 31:24

Hou op om jou aan wenners te meet en dan tweede te kom. Gee vir jouself erkenning vir die
dinge wat jy bereik het, klop jouself gerus soms op die skouer – daar is niks mee verkeerd
om trots op jouself te wees as jy iets goeds reggekry het nie. Hou gerus boek van elke
opregte kompliment wat jy kry en elke klein sukses wat jy behaal. As daar weer dae kom dat
jou moed laag is, kan jy hierdie lysie suksesse uithaal en dit hardop vir jouself lees.
Nina Smit

Dit gaan goed met die mens wat deur U opgevoed word, Here, vir wie
704 U onderrig in u woord en vir wie U rus gee na tye van teenspoed.
Psalm 94:12

Wat maak jy as jou kind die ek-is-nie-goed-genoeg-nie-gevoel beleef?


 Maak haar oë oop vir haar spesiale eienskappe. Elke kind het die reg om te weet sy is
baie baie spesiaal omdat sy unieke talente en eienskappe het.
 Waardeer jou kind. Waardering laat ’n kind voel dat sy iets beteken en dat haar
pogings, hoe krom en skeef ook al, raakgesien word.
 Erken haar unieke vermoëns. Help haar om haar sterkpunte te ontdek en te ontwikkel.
Die vorming van jou kind se karakter is belangriker as akademiese- en sportprestasies.
 Vertel haar van kleins af hoe lief Jesus haar het. Die belangrikste les wat jy jou kind kan
leer, is hoe kosbaar sy in God se oë is.
Milanie Vosloo

Die tong het mag oor dood en lewe; dié wat lief is om te praat, sal die
gevolg dra.
705
Spreuke 18:21

Kritiek kan jou positief motiveer of negatief demotiveer. Jy kan self besluit watter uitwerking
dit op jou gaan hê. Kyk of dit realisties is. As die kritiek jou kan laat groei, dink dan daaroor.
As dit net daarop gemik is om jou af te kraak, ignoreer dit eenvoudig, want dalk is die een
wat kritiseer, net jaloers. Jy weet mos dat jy God se geliefde kind is en dat geen kritiek jou
status by Hom kan verander nie. Moenie toelaat dat kritiek daardie vertroue tussen jou en
God afbreek nie.
Jannie le Roux

249

1001 Beloftes_NEW.indd 249 4/18/2006 11:07:34 AM


Siekte
Jou liefde het vir my groot vreugde en bemoediging gebring, omdat jy,
706 broer, die harte van gelowiges verkwik het.
Filemon:7

Die dokter staan met sy witjasrug skuins na my toe. “Wil u die 10 cm- of die 20 cm-naald
gebruik?” vra die suster.
Hy wik en weeg, en sê: “I’ll just give her lots of local.” Hy doen ’n biopsie. Haal vier
weefselmonsters uit my lyf om te toets vir kwaadaardigheid. Die patologieverslag kom
ná etlike angstige dae soos ’n engel-aankondiging: Geen kwaadaardige selle nie. Watter
beeld staan voorop in my gedagtes as ek die afgelope weke bedink? Die mense naby my
wat in die wag-om-te-hoor-wat-is-die-uitslag-tyd hulle arms om my gevou het, hulle trane
met myne gemeng het, hulle gebede oor my staangemaak het ...
Annalise Wiid

Gee ons groete aan ons vriende in die geloof.


Titus 3:15
707
Die dokter kom my self buite die operasiesaal haal. En toe hy my hand vat en in my oë kyk,
kan ek nie anders nie as om net te vra: “Here, seën U asseblief hierdie hande wat my moet
oopmaak om die kwaad te soek. Here, seën U hom, want hy is net ’n mens ... ”
Later vertel hy my hoe hy elke stukkie ingewande omgedraai en deursoek het vir kan-
kerselle ... en diep moes sny, wegsny en skoonmaak. En ek besef: U, Here, het hom gelei
om te sien, te voel en te sny waar U wou hê.
Lana van Niekerk

God wat die opregtes help, is my beskermer.


Psalm 7:11
708
Een van my dosente het vir ons vertel van sy ervaring met sy vrou se siekte en haar
uiteindelike dood. Hy het gesê dit was vir hulle as gesin, en veral vir hulle as egpaar, ’n baie
moeilike periode. Te midde van haar lyding het hy nader aan haar gekom as toe sy gesond
was; en hulle het nader aan God gekom as in enige ander tyd in hulle lewe.
Dít is wat God in ons lewe doen: Hy neem ’n ding wat potensieel geloofsvernietigend is,
vang dit in sy liefde op en gebruik dit om ons nader aan Hom te trek.
Jaco Thom

250

1001 Beloftes_NEW.indd 250 4/18/2006 11:07:34 AM


Sielesmart
Nee, ek kan nie stilbly nie, in my beproewing wil ek praat, in my bitter
709 lyding wil ek kla.
Job 7:11

 Miskien wil God deur moeilike omstandighede iets vir jou sê.
 Hy wil jou help om Hom beter te leer ken.
 Miskien wil God jou voorberei om vir ander mense tot groter seën te wees.
 Miskien wil God jou gebruik as getuie.
 Hy wil jou omstandighede gebruik om ander mense se omgee liefde op die proef te stel.
Solank jy net weet dat God se liefde nie aan jou pyn en vreugde gemeet word nie. Die
maatstok van Sy liefde is ’n houtkruis.
Johan Smit

Ek sal julle aanhou onderrig in die goeie en reguit pad. Wees net ge-
hoorsaam aan die Here en dien Hom opreg en met julle hele hart.
710
1 Samuel 12:23-24

As die lewe jou ’n dwarsklap gee, is dit maklik om God te blameer. Onthou:
 Misverstande oor God kom voor omdat ons nie verstaan wié Hy is nie.
 Sekere dinge is nie ons skuld nie.
 God laat alles ten goede meewerk vir dié wat Hom liefhet.
 Neem jou twyfel na God toe.
 Jy kan God net beter leer ken deur sy Woord te bestudeer.
 God wil jou eerder nader aan Hom hê as verder.
Michelle Robertson

Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af weg-


neem nie! Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U
711
verlos is, laat my U weer met toewyding dien.
Psalm 51:13-14

Voel God soms ver? Ons weet God is groot en dat Hy dikwels help. Tog voel dit partykeer
asof Hy Hom onttrek het. Is dit nie maar soos wanneer ons die sekelmaan sien en nie besef
dat ons na die volle maan kyk nie? Dis nie ’n rede om te twyfel aan sy almag nie. Hy beloof
in Hebreërs 13:5-6: “Ek sal jou nooit verlaat nie.”
John Higgins

251

1001 Beloftes_NEW.indd 251 4/18/2006 11:07:34 AM


Sjalom-vrede
Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref, die Here red
712 hom uit almal.
Psalm 34:20

Die woordjie “vrede” in Afrikaans laat nie reg geskied aan die begrip sjalom in Hebreeus
nie. Sjalom beteken om in harmonie te wees, om heel te wees, om vervuld te wees. Satan
probeer jou vrede wegvat deur bekommernis in jou hart te plant, want kommer trek jou
oë van God af en vestig dit op jou (skynbaar onoorkomelike) probleme. En net daar steel
Satan jou vrede.
Wanneer die Gees van God sjalom-vrede in julle huis bewerk, verwyder Hy stryd en
rusie en spanning uit julle saamwees. Dan kyk God na jou, Hy staan borg vir jou geluk en
jy raak rustig. God se sjalom word jou deel.
Jaco Thom

As jy jou vertroue in die Here stel, is jy veilig.


Spreuke 29:25
713
Hou op om jou te bekommer en kry vrede, want kommer ...
 kan jou lewe verkort.
 verleng nie jou tyd nie.
 veroorsaak dat jy God wantrou.
 neem jou gemoedsrus en vrede weg.
 hou jou terug om jou lewe aan God te gee.
 sorg dat jy God nie met alles in jou vertrou nie.
Solly Ozrovech

Moenie bang wees nie, Ek is by jou.


Jesaja 41:10
714
Is dit nie snaaks dat mense ouer en wyser word maar steeds bang is vir dinge nie? Ons
laat toe dat vrese ons oorweldig en ons denke oorheers. Juis dan moet jy ophou pluis aan
onbeantwoorde vrae oor die toekoms, voor God kniel en met oorgawe bid. Dan moet ons
luister wanneer Hy sê: “Wees soos kindertjies in julle geloof.” Berus in die besluite wat
Hy deur sy Heilige Gees aan jou oordra. Dan is enige probleem wat in die toekoms mag
opduik, hanteerbaar. Gooi al jou vrese oorboord sodat jou vrag ligter kan wees wanneer jy
op jou lewenspad loop. En as jy moeg geloop is, vertrou dat God jou verder sal dra.
Nadine

252

1001 Beloftes_NEW.indd 252 4/18/2006 11:07:34 AM


Skoonma
Jou skoondogter wat jou liefhet en wat vir jou meer werd is as sewe
715 seuns, het hom in die wêreld gebring.
Rut 4:15

Skoonmawees is ’n teer sakie. Wanneer Skoonma vir ’n jonggetroude vroutjie op some


wys wat losgetrek het of knope wat af is, huil Mevrou Pasgetroud haar kussing nat en voel
soos ’n totale mislukking. Enige opmerking is op dié stadium kritiek in haar oë.
Dit is eers veel later dat sy haarself oortuig dat die opmerkings goed bedoel is en, as dit
nie is nie, so what! Dan kom sy tot getroude volwassenheid.
As Skoonma weer kom kuier, kry sy al die stukkende klere om reg te maak. Na ’n paar
jaar hoef Skoonma nie eers aan te bied nie, jy bêre dit vir haar!
Christa Jonker-Jordaan

Wie na reg en liefde strewe, vir hom word ’n vol lewe en eer geskenk.
Spreuke 21:21
716
’n Skoonma kan baie soos ’n ma wees: As my hart seer is, luister sy; ek is veilig onder haar
tong. As ek verkeerd is, mag sy preek, maar nooit op papier nie, want dan is woorde swart
en hard en bly dit vir altyd vassteek. Sy weet alles wat saak maak; sy laat my huil en lag.
Ek kan soms nét met haar stories en gebeure deel. Sy is sterk van inbors en karakter.
Sy glo in my – onvoorwaardelik.
Skrywer onbekend

’n Wyse vrou sorg vir haar huis; ’n vrou sonder wysheid breek alles af.
Spreuke 14:1
717
Daar is maniere om goed met getroude kinders oor die weg te kom.
 Moenie jou eie kinders en skoonkinders vergelyk nie, en ook nie skoonkinders met
mekaar nie. Elkeen is ’n unieke mens en skoonkinders doen dinge na aanleiding van
hulle agtergrond.
 Moenie iets wat ’n skoonkind gedoen het, oordoen nie. Jou manier kan tog nie áltyd
die regte manier wees nie!
 Moenie oorneem nie! Laat hulle besluit wat in hulle huis gebeur.
 Help waar jy kan, maar moenie in die pad wees nie.
 Bid elke dag vir wonderlike verhoudings. Die liewe Vader ondersteun ons in die vashou
aan sterk familiebande.
Christa Jonker-Jordaan

253

1001 Beloftes_NEW.indd 253 4/18/2006 11:07:35 AM


Skuilte
Neem my in beskerming, o God; ek soek skuiling by U.
Psalm 16:1
718
Voor God die aarde geskep het, was daar net chaos. God se Gees het oor die chaos
gesweef en God het gepraat. En orde het in die plek van die chaos gekom. God se Gees is
altyd daar om die chaos weg te neem.
Daarom moet jy stil word en hoor hoe God jou naam sê. Praat met Hom. Hy sal jou vry
maak. Hy sal jou nie vergeet nie, want God het jou naam op sy handpalms gegraveer.
Bid nou só: Vader, ek is so moeg van al die baklei en probeer. Help my dat ek U kan
ken.
Karin Metz

Ek hou vas aan u troue liefde, oor die uitkoms wat U gee, juig my hart.
Psalm 13:6
719
As ’n boom alleen op die vlakte staan, kan ’n stormwind dit maklik omwaai. Maar as
daardie selfde boom in ’n plantasie staan, bied die ander bome vir hom skuiling teen die
geweld van die stormwind. Ek en jy word deur die Meester geroep om deel te wees van die
windskuilte wat ons swakker medemens en familie beskerm.
Baie dankie dat jy my windskuilte is wanneer die stormwinde van die lewe met geweld
om my losbreek.
Solly Ozrovech

Hoe lank moet ek nog my eie planne maak en my dae met kommer
720 deurbring?
Psalm 13:3

God sien die deurmekaarspul en woede wanneer alles in jou lewe verkeerd loop. Hy sien
jou wanhoop wanneer jou lewe vol stukkende drome lê. Miskien lyk dit of Hy net ander
mense seën. Húlle hoor sy stem en voel sy leiding. Jy staan soos ’n toeskouer. Hoekom
kan nie net één ding in jou lewe ’n slag uitwerk nie?
God huil wanneer Hy jou sien ly. Hy weet as nog één mens vir jou sê jy moet net uithou
en op God vertrou, gaan jy skree. God wil jou nie vlak antwoorde gee nie. Hy wil jou sy
Woord gee.
Karin Metz

254

1001 Beloftes_NEW.indd 254 4/18/2006 11:07:35 AM


Skuldgevoelens
Was my skoon van my skuld, reinig my van my sonde! Ja, my oortre-
721 dings ken ek en van my sonde bly ek altyd bewus. Teen U alleen het ek
gesondig, ek het gedoen wat verkeerd is in u oë.
Psalm 51:4-6

Soms werk jou gewete jou sake. As jy skuldig voel:


 Weet dis wat jou menslik maak en jy is normaal.
 Kyk eerlik na wat jy verkeerd gedoen het en vra omverskoning.
 Gaan maak reg as jy kan.
 Vra dat God jou vergewe.
 Hou op skuldig voel en werk daaraan om nie weer dieselfde fout te maak nie.

Vic en Thea Brink

Met ons hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met ons mond bely
722 ons, en ons word gered.
Romeine 10:10

In die fliek The Mission dra die karakter ’n sak gemors van die vallei teen die berg op na ’n
sendingstasie. Hy wou homself straf vir sy slegte lewe. Hy het nie besef dat Christus reeds
alles vir hom gedra het nie! Ons klou ook vas aan skuldgevoelens. Miskien is ons al ge-
woond daaraan of probeer ons onsself straf. Jesus het ons egter vrygemaak. Vra die Gees
om jou te wys wat jy moet agterlaat en laat God toe om dit weg te neem.
Louisa Griesel

Oor hulle ongeregtighede sal Ek genadig wees en aan hulle sondes


nooit meer dink nie.
723
Hebreërs 8:12

’n Mens sê maklik dat jy nie ’n opgaarder is nie. Maar wag net tot jy trek ... dan sien jy
hoeveel bokse vol onnodige goed jy weggooi. Ons stoor ook onnodige emosies. En skuld-
gevoelens. Ons is dikwels spyt oor dinge wat anders kon gewees het ...
Ons almal het ’n stukkie “geskiedenis” wat ons wil uitvee. Maar ons ry van plek tot plek
met al dié onnodige bagasie. En dit maak ons geestelik, fisiek en emosioneel tam. Geen
wonder die Hebreërskrywer nooi ons uit om al hierdie bagasie weg te gooi nie!
Ronell Bezuidenhout

255

1001 Beloftes_NEW.indd 255 4/18/2006 11:07:35 AM


Slaap
Vir dié wat Hy liefhet, gee die Here dit in hulle slaap.
Psalm 127:2
724
Jou liggaam is die voertuig waarmee jy deur dié lewe reis. Daarom moet jy dit altyd in ’n
tip-top-kondisie hou. ’n Gesonde lewenstyl verseker die kwaliteit van jou lewe. Koop ’n boek
wat jou kan help om jou voertuig in stand te hou. Dis pret – en jou Skepper verwag dit van
jou. Niks laat ’n vrou so lekker ontspan as om haarself te bederf met ’n bad met geurige olies
en skuimende seep nie. Steek ’n kers aan, luister na rustige musiek en geniet dit om na ’n
besige dag met jou innerlike in aanraking te kom. Hierdie bederf sorg ook vir ’n goeie nagrus.
Francis Bosman

As ek gaan lê, slaap ek goed; ek word ook weer wakker, want die Here
725 sorg vir my.
Psalm 3:6

’n Goeie nagrus is wat jy nodig het om mooier wakker te word.


SLAAPWENNERS
 Klim so vroeg as moontlik in die bed.
 Geniet ’n lekker bad of stort voor slaaptyd.
 Hou jou slaapkamer net vir slaap.
SLAAPROWERS
 Te veel soetigheid voor slaaptyd.
 Drink alle medikasie liewer in die oggend of deur die loop van die dag.
 Moenie die TV-stel in jou kamer staan maak nie.
Annelien Nolte

Sy linkerarm is onder my kop, sy regterarm omhels my.


726 Hooglied 2:6

Maak slaap en saamslaap met jou man ’n verleidelike gebeurtenis. Skep die regte atmos-
feer – wees rustig, skink ’n glasie wyn, tap ’n borrelbad, koop ’n masseerolie, steek ’n
klomp kerse aan. En maak tyd, want saamslaap het tyd nodig om dit besonders te maak.
Speel julle geliefkoosde musiek en dans weer saam. Gee mekaar ’n lyf-, voet- of kopmas-
sering. Slaan ’n tent in die agtertuin op met heerlike eetgoed en ontvoer jou maat na buite.
Neem rolle in van gee en ontvang. As jy die een is wat gee, fokus net op die ander een en
sy of haar behoeftes.
Elmari Craig en Hennie Stander

256

1001 Beloftes_NEW.indd 256 4/18/2006 11:07:35 AM


Snaaksigheid
In sy eie oë is alles wat ’n mens doen, reg, maar die Here ondersoek
727 die gesindheid.
Spreuke 16:2

Wat sal jou reaksie wees as jy uit die hoek van jou oog ’n kort mannetjie sien sukkel om
by jou uit te kom, net om hom later in ’n boom te sien sit? Onthou, hy is die hoofbelasting-
gaarder en baie ryk. Dis skreeusnaaks! Dis wat Jesus moes ervaar het toe Hy Saggeus in
die boom sien sit het.
Toe Bruce Marchiano moes besluit hoe hy Jesus in die fliek Matthew sou vertolk, het hy
telkens gekies om Jesus voor te stel as iemand wat lag. Dit wys dat die Here die tipe Vriend
is wat ’n mens sal gaan opsoek as alles te veel word.
Jannie le Roux

Laat wat jy doen, aan die Here oor, dan sal jou voornemens geluk.
Spreuke 16:3
728
Om te lag is een van die lekkerste goed in die lewe. Dit bring ’n rustigheid en maak jou
weer vol lewenslus.
Neem ’n bietjie tyd om afstand van jouself te kry. Verbeel jou jy kyk van God se kant af
na wat jy doen. Hou jou geskarrel en planne dop soos ’n arend uit die lug. En begin om vir
jouself te lag. Lag vir die opmerkings wat mense maak, vir die kostelikhede van kinders,
vir die snaaksighede van diere. Lag help jou om God se teenwoordigheid te erken en te
geniet.
Jannie le Roux

... jou seuns is rondom jou tafel soos jong olyfboompies!


Psalm 128:3
729
’n Ma en haar drie seuntjies het eendag cowboys en crooks in die agterplaas gespeel. Een
van die seuntjies het sy ma geskiet terwyl hy gil: “Bêng, Ma is dood!”
Die ma het onmiddellik op die grond neergesak en net daar bly lê. Haar buurvrou, wat
die spelery staan en bekyk het, het nader gehardloop en besorg oor haar gebuk. Toe maak
die ma een oog oop en fluister: “Moet my tog net nie verraai nie, dis die eerste ruskansie
wat ek vandag gekry het!”
Nina Smit

257

1001 Beloftes_NEW.indd 257 4/18/2006 11:07:35 AM


Sonde
Hierdie boodskap is soos ’n lamp wat in ’n donker plek skyn. Julle sal
730 goed doen as julle in sy lig bly totdat die dag aanbreek en die môrester
opkom in julle harte.
2 Petrus 1:19

Martin Luther het gesê hoe nader ’n mens aan God lewe, hoe groter word jou sonde. Hoe
nader jy aan die lig kom, hoe makliker sien jy die vuil kolle. Dis dan dat jou sonde jou
ontstel. Sonde beteken dat mense en God seergemaak word. Daarom moet jy nooit jou
skuldgevoelens ignoreer nie. Maak werk daarvan. Bely jou sonde by Hom teenoor wie jy
oortree het. Maar aanvaar ook sy vergifnis met blydskap.
Vic en Thea Brink

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie.


1 Johannes 1:5
731
Ek besef hoe moeilik dit partykeer vir God moet wees om mense se eienaardighede te
aanvaar.
’n Vriend van my het ’n spreuk op sy lessenaar wat sê: “The buck stops here!” Dis op
God se lessenaar ook. By Hóm stop dit. Hy neem die finale verantwoordelikheid. God
het sy Seun opgeoffer om al die blaam te dra. Hier stop dit! By die Een wat die blaam
van ander mense dra, stop dit. Is dit nie wonderlik dat God al die skuld dra nie? Is dit nie
fantasties dat Jesus ook kies om dit te doen nie?
Jannie le Roux

... baie praat lei tot onverstandige woorde.


Prediker 5:2
732
Om die takt van Salomo te hê lyk heeltemal na ’n onmoontlikheid! Daar is niemand op
aarde wat nie al een of ander tyd gewens het sy kon die ondeurdagte woorde waarmee sy
iemand seergemaak het, terugtrek nie.
Ongelukkig werk dit nie so nie. As ’n seermaakwoord eers uit is, kan jy dit nooit weer
terugtrek nie. Daarom moet jy leer om éérs te dink en dán te praat.
Gelukkig is daar tog ’n manier om die skade ongedaan te maak! Jy moet leer om groot-
moedig genoeg te wees om omverskoning te vra. “Vergewe my, asseblief,” is ’n salfie wat
goed werk teen seerkry.
Nina Smit

258

1001 Beloftes_NEW.indd 258 4/18/2006 11:07:35 AM


Sondebelydenis
Ek sal dadelik na my pa toe teruggaan en vir hom sê: ‘Pa, ek het teen
733 God en teen Pa gesondig! Ek is nie meer werd om Pa se seun genoem
te word nie.
Lukas 15:18-19

Wees spesifiek wanneer jy jou sondes bely. Dis anders om vir die Here te sê: “Ek is jammer
dat ek vanmiddag my humeur verloor het” as om te sê: “Vergewe al my sondes.”
Dis pynlik om jou foute by die naam te erken.
Sê liewer: “Ek is jammer, Here, dat ek in my argument met my lewensmaat vir Satan
toegelaat het om die oorhand te kry. Vergewe my ... ” En ervaar die vryheid wat vergifnis
bring.
Hannes Burger

Vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.


Efesiërs 4:32
734
Dink na oor die dinge wat jou al lank seermaak. Die oplossing is sondebelydenis en vergif-
nis.
Vergewe regtig, en plaas hierdie pyn in ’n geestelike boks. Jy kan dit weer oopmaak,
maar jy weet dis nie nodig nie. Geleidelik sal jy die insident met minder seer onthou.
Die Bybel moedig ons aan om te vergewe. Doen dit nou. Eers voor die Here. Vra dat Hy
jou sal help om te vergewe. Hy is goed daarmee – Hy vergewe jou mos gereeld. As jy kan,
sê vir die persoon teenoor wie jy die wrok koester, dat jy hom of haar vergewe.
Jannie le Roux

Ek was in die rou, maar U het my van vreugde laat dans.


Psalm 30:12
735
Vergifnis is ’n keuse, nie ’n emosionele gevoel nie.
Enigiets negatiefs wat met jou gebeur, kan jou óf bitter óf beter maak. As jy besluit om
aan die seerkry vas te hou, gaan dit jou kos.
Omgee vir jouself beteken jy het die som gemaak en besluit dit is beter om te vergewe
as om te onthou. Laat toe dat alles wat met jou gebeur, jou beter maak; bruikbaar maak om
ander te troos wat in dieselfde posisie as jy is.
Elsabé Diederichs

259

1001 Beloftes_NEW.indd 259 4/18/2006 11:07:35 AM


Sonkolletjie
Wie ’n ander voorspoed gun, sal self oovloed hê. Wie die dors van
736 ander les, sal self genoeg kry as hy dors is.
Spreuke 11:25

Om in vrede saam te lewe het te doen met respek vir mekaar se plekkie in die son. Gun
ander wat jyself wil hê; dan is almal gelukkig.
Wat is dan die probleem? Ons wil nie deel nie. Regte gaan saam met verantwoordelik-
hede. Jy het ’n verantwoordelikheid teenoor almal wat saam met jou in ’n sekere situasie
is. Sorg vir almal en jy sorg vir jouself. Maar as jy net na jouself wil omsien, sal jy net vir ’n
rukkie lank iets hê om te geniet. Almal het gelyke regte!
Vic en Thea Brink

’n Geduldige mens is baie verstandig; een wat kort van draad is, stel sy
737 dwaasheid ten toon.
Spreuke 14:29

Omdat mense dink konflik is die einde van die wêreld, reageer hulle met ’n alles-of-niks-
houding. Soos ek dit sien, moet alles reg wees, of niks is reg nie.
Konflik is normaal. Elke dag bied genoeg geleentheid daarvoor. Konflik wys vir jou
dat mense verskil. Wanneer konflik reg hanteer word, vorm daardie konflik ’n mening
en verwagting wat kan lei tot nuwe kreatiwiteit, moontlikhede en ’n stewiger verhouding.
Konflik dui aan dat julle wêrelde verskil. As jy dit besef, sal jy ontdek dat nuwe geleenthede
ontstaan.
Jannie le Roux

Kalmerende woorde bring lewe, skynheilige woorde breek mense.


Spreuke 15:4
738
Konflik is moeilik om te hanteer. Oorloë ontstaan omdat iemand die beste wil wees en die
ander een beskerm sy groep se belange. Een soort konflik ruk ’n ander se pyn oop. In
’n huwelik baklei paartjies oor een saak, maar dan verwyt hulle mekaar oor ander goed.
Invloede speel ’n rol in ’n konfliksituasie – gewoontes, aangeleerde gedrag, temperament,
omgewing en julle waardesisteem. Kry ’n wen-wen-situasie. Die groepe werk aan dit waar-
oor hulle saamstem. Die verhouding is net so belangrik as dit wat hulle wil bereik. Elkeen
se belange en vrese word ondersoek en planne word gemaak. Kies ’n wen-wen-situasie!
Jannie le Roux

260

1001 Beloftes_NEW.indd 260 4/18/2006 11:07:35 AM


Sorgvry
Is twee mossies nie vir ’n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle
739 op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. Julle is baie meer
werd as baie mossies.
Matteus 10:29, 31

Kry vir jou ’n bekommernisboks. Skryf al jou bekommernis op ’n papier en gooi dit in die
boks. As jy bid, hinder bekommernisse soms jou gesprek met God. Maak dan jou oë oop,
skryf in ’n enkele woord die saak neer wat jou pla en bid verder. Die Here sal jou nie straf
omdat jy notas maak terwyl jy bid nie! Hy is ’n persoonlike God wat jou nood verstaan.
Dra jou notas in gebed aan Hom op, want Hy luister en help jou met begrip.
Jannie le Roux

En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte
740 en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.
Filippense 4:7

’n Goeie manier om van iets negatiefs ontslae te raak, is om dit te vervang met iets posi-
tiefs. Bring al jou sorge en wense in gebed na God – die gevolg is God se vrede. Jy skarrel
dan nie meer rond op soek na oplossings nie, want jy het die oplossing aan God oorgelaat.
God se vrede is nie afhanklik van goeie of slegte lewensomstandighede nie. Wie sorge,
wense, die toekoms en die onbekende aan God oorgee, kan rustig weet dat haar hele lewe
in goeie hande is. Al lyk iets nou baie moeilik, dit sal uitwerk, want alles werk ten goede
mee vir hulle wat God liefhet en op Hom vertrou.
Yolanda Dreyer

As jy jou vertroue in die Here stel, is jy veilig.


Spreuke 29:25
741
Is jy gedurig bekommerd, moedeloos of sonder hoop? Besef jy nie dat dit alles dinge is
wat jou weghou van God nie?
 Vertrou elke dag op God en gee jouself geheel en al aan Hom oor.
 Word stil voor God sodat Hy vir jou ’n droom kan skep.
 Maak God die middelpunt van jou lewe.
 Maak God ook die kompas van jou lewe.
 Moenie bekommerd wees oor jou eie beperkings nie.
Marteli van Niekerk

261

1001 Beloftes_NEW.indd 261 4/18/2006 11:07:35 AM


Spesiaal jý
... en aan hulle tien goue muntstukke gegee en gesê: “Dryf handel
742 daarmee totdat ek terugkom.”
Lukas 19:13

Het jy al gesien hoe ’n mosaïekwerk gemaak word? Die kunswerk word eers beplan en
daarna word teëltjies gesny om volgens die patroon met gom aan ’n basis vasgeplak te
word. Die groter stukke word eerste geplak. Maar dikwels kort daar ’n splintertjie vir ’n
spesiale aksent of om die prent te voltooi. Ek het al gesien hoe die kunstenaar asem ophou
wanneer daardie stukkie versigtig tussen die ander ingegom word ... en die blydskap as dit
pas en die regte effek het! So ’n mosaïekstukkie is ons elkeen ook.
Sarita Loots

Lê jou op hierdie dinge toe, leef daarin, sodat almal jou vordering kan
743 sien.
1 Timoteus 4:15

Jou reputasie is wat die wêreld dínk jy is, karakter is wat God wéét jy is. Jou selfbeeld se
belangrikste boublok is jou karakter. Elke keer as jy reëlreg optree teen dit waarin jy glo,
verloor jy ’n stukkie van jou selfrespek – en sonder selfrespek tuimel jou selfbeeld gou-gou.
Om ’n groot mond te hê of altyd vol grappies te wees beteken nie jy het ’n goeie
selfbeeld nie. Dis wie ek wéét ek in Christus is. “’n Nuwe mens,” sê Paulus; en boonop sê
hy ek moet elke oggend nuut word voor God. Dit beteken meer van Hom en minder van
myself.
Wanda de Kock-Bam

Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versa-
744 dig word.
Matteus 5:6

Elke mens is besonders en om jouself te verwerp omdat jy nie perfek is nie, is die grootste
onreg wat jy jouself kan aandoen. Jou menswees en wie jy is, is baie kosbaarder as hoe
jy lyk. Besluit doelbewus om van nou af na jouself om te sien en te besef dat daar meer in
jou steek as byvoorbeeld hoeveel jy weeg. As jy graag ’n verandering wil maak, verbind jou
daartoe om die pad te loop wat nodig is om dit te doen. Besef dat dit sekere opofferings
van jou gaan verg en neem jou voor om hierdie opofferings te maak.
Lorette Dye

262

1001 Beloftes_NEW.indd 262 4/18/2006 11:07:35 AM


Spesiaal wees
Daarna het hulle hulle reissakke oopgemaak en vir Hom geskenke
745 uitgehaal: goud, wierook en mirre.
Matteus 2:11

’n Geskenk laat my spesiaal voel. Een van my vriende het my ’n geskenk beloof. Kort-kort
herinner hy homself en vir my dat hy dit nog sal koop. Ek het dit steeds nie gekry nie, maar
dit maak nie saak nie. Dis vir my reeds lekker om te weet dat hy so baie van my hou dat hy
daardie spesifieke geskenk in sy gedagtes vir my uitgesoek het. Dankie vir my geskenk!
Jannie le Roux

U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly ...


Psalm 23:6
746
As Jesus ooit ’n fotoalbum sou hê, sou dit propvol spesiale geleentheidsfoto’s wees.
 Met Kersfees sou mense sit en luister hoe Hy uit die Bybel lees voordat hulle die groot-
ste gebeurtenis van alle tye vier – ’n Kind in ’n krip!
 Met Paasfees sou dieselfde mense weer sit en gesels oor Jesus wat hulle lewe met sy
kruisdood vir altyd verander het.
 Verder sou jy saamweesfoto’s sien, eenvoudige momente wat in kosbare oomblikke
omgetower is.
Spesiale oomblikke lê nie in die geskenke wat ons vir mekaar gee nie, maar in die lief
en leed wat ons met mekaar deel.
Milanie Vosloo

Toe het hy beveel dat hulle in die naam van Jesus Christus gedoop
747 moet word.
Handelinge 10:48

Wanneer kinders van gelowige ouers gedoop word, gebeur daar elke keer ’n wonder. Om-
dat jou baba nog niks van hierdie genadegeskenk verstaan nie, moet jy jou kind daarvan
vertel. As jy met jou baba voor die doopvont gestaan het, beteken dit dat God self jou
baba betaal. Die doop is die teken dat jou kind in God se verbond deel. Jou kindjie word
nou groot in ’n ruimte van God se liefde en genade. Die wonderlike genade van God, die
geliefde inwoning van die Heilige Gees en die liefde van Christus bly dan by jou kind, elke
dag van haar lewe ...
Nina Smit

263

1001 Beloftes_NEW.indd 263 4/18/2006 11:07:35 AM


Staan vas
Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly.
Jakobus 1:12
748
As jy in die versoeking kom om ander te oordeel, onthou:
 Die lewe is nie net pikswart of spierwit nie
 God se goedheid is ook in “swakkelinge”,. “onbetroubares” en “skelms”.
 Alle mense bly net ménse.
 Die geskiedenis het al dikwels gewys dat mense wat uitgekryt is vir skuim, ’n edel
karakter gehad het.
 Alle mense is gelyk voor God.
 Haal eers die balk uit jou eie oog voor jy die splinter in ’n ander se oog raaksien.
Milanie Vosloo

En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar
749 vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd ge-
openbaar te word.
1 Petrus 1:5

Die Here wil hê dat jy elke dag met jou sorge na Hom toe moet gaan. Of, soos ons dit
dikwels stel, Hom gaan pla! Dis presies waarom Hy jou Vader is. Hy wil jou by Hom hê. Jy
behoort aan Hom. Hy wil na jou luister en jou sterk maak wanneer vertwyfeling jou oorval;
wanneer jy moedeloos of bang is; wanneer jy dink jy kan nie langer moed hou nie. Hy sal
uitkoms gee! Hou net aan om Hom te vertrou!
Judy Venter

In my nood roep ek na die Here, ja, ek roep om hulp na my God.


2 Samuel 22:7
750
“Vashou” in geloofstaal impliseer aksie. Jou fokus is voortdurend op God. Herinner jouself:
 aan wie Hy is – hoe Hy Homself deur sy verskillende Name aan jou openbaar
 aan sy gedagtes, woorde en dade wat van sy liefde, sterkte en wysheid getuig soos dit
in jou en ander se lewens geopenbaar word
 daaraan dat jou lewe elke oomblik in gevaar is, maar dat Christus oor elke sekonde
daarvan beskik
 daaraan dat Hy in sy almag enige krisis kan afweer, maar dat Hy in sy wysheid kan
besluit om dit nie te doen nie.
Judy Venter

264

1001 Beloftes_NEW.indd 264 4/18/2006 11:07:35 AM


Standvastigheid
Wees dan standvastig, broers, en hou vas aan die leer wat ons aan julle
751 oorgedra het ...
2 Tessalonisense 2:15

 Die Woord is God se goudmyn – delf daarin.


 Sorg dat jy tot stilstand kom by die Here en persoonlike Bybelstudie ’n moet maak.
 Onderstreep en maak aantekeninge.
 Laat die Bybel vir jou baie spesiaal wees en Bybelstudie ’n liefde in jou lewe word.
 Die Woord maak alles in jou lewe heel wat stukkend is.
Solly Ozrovech

Julle moet dink aan die magtige dade wat Hy gedoen het, aan sy won-
752 ders, aan die reddingsdade op sy bevel.
Psalm 105:5

Een van die mooiste dinge in ’n erediens is wanneer die Here se seën aan die einde oor
ons uitgespreek word. Jy kry ’n driedubbele waarborg dat jy nie alleen is nie.
God seën die werk wat jy met soveel moeite doen en maak dit vol betekenis. Sy ge-
nade beskerm jou teen al die eise van jou dag en sy vrede bring vir jou die rus van groen
weivelde. Dit gee ook aan jou die selfvertroue om die uitdagings van elke dag in die oë te
kyk omdat jy wéét dat jy daarmee saam ook God se ongelooflike krag gekry het.
Mana Wessels

Omdat ons glo, weet ons dat die wêreld deur die woord van God geskep
753 is; die sigbare dinge het dus nie ontstaan uit iets wat ons sien nie.
Hebreërs 11:3

As jy Jesus as jou Saligmaker aanneem ... sal niemand jou ooit weer uit sy hand ruk nie.
As jy die Here dien en eer ... sal Hy jou deur alles heen versorg en vertroetel.
As jy op Hom vertrou en lojaal bly ... sal jy hoop hê vir môre.
As jy sy kind is en Hom bo alles liefhet ... sal jy ook seker wees dat jy die ewige lewe het.
As jy Hom voor ander mense ken ... sal Hy jou weer voor sy Vader onthou.
As jy regtig bo alles in Hom glo ... sal Hy jou wonderlike dinge laat sien.
Nina Smit

265

1001 Beloftes_NEW.indd 265 4/18/2006 11:07:35 AM


Sterfte
Ek is uitgeput van verdriet, ek huil die hele nag deur, ek deurweek my
754 bed met trane. My oë het dof geword van verdriet.
Psalm 6:7-8

 Om jou man te verloor is een van die seerste sere. Gun jouself genoeg tyd om te rou.
 Maak die belangrike kopskuif dat híérdie spesiale persoon altyd in jou hart sal wees,
maar nooit weer deel van jou lewe kan wees nie.
 Koester julle spesiale herinneringe, maar besef dat jóú lewe nog voorlê.
 Skryf jou gedagtes, jou gesprekke met God of spesiale verse neer.
 Praat oor jou gevoelens en emosies; hoe meer, hoe beter.
Skrywer onbekend

Vir die Here is die dood van sy troue dienaars geen geringe saak nie.
Psalm 116:15
755
As iemand na aan jou doodgaan, onthou:
 Die son sal weer skyn.
 Vra Jesus om jou te help.
 Dis normaal om hartseer te wees.
 Jy mag huil.
 Praat met ander daaroor.
 Jy sal weer in jou lewe moet afskeid neem.
 Sê vir Jesus dankie vir sulke wonderlike mense in jou lewe.
Vic en Thea Brink

Ek het geen rus en geen vrede nie, geen verposing nie, net angs.
Job 3:26
756
As jy ’n kind van God is, hoef jy nie die dood te vrees nie. God sal elke oomblik by jou
wees. ’n Pa het vir sy seuntjie verduidelik hoe dit is om te sterf: “Jy raak partykeer voor die
TV aan die slaap maar tog word jy soggens in jou bed wakker. Dis omdat ek jou na jou bed
toe dra. Net so is die dood. Jy raak op een plek aan die slaap, en die Here tel jou op en dra
jou na jou nuwe huis. Dan word jy in die hemel wakker.”
Vic en Thea Brink

266

1001 Beloftes_NEW.indd 266 4/18/2006 11:07:35 AM


Stilte
Die môre vroeg, toe dit nog nag was, het Hy opgestaan en buitentoe
757 gegaan na ’n eensame plek en daar gebid.
Markus 1:35

Stilte ...
 praat met jou innerlike en maak jou gejaagde siel stil
 gee helderheid in chaos
 laat jou God se stem hoor
 is jou liefde vir die lewe, jou gesin, jou vriende en God
 is genesing vir pyn
 gebeur nie vanself nie. Jy alleen beheer die pen wat ’n inskrywing in jou dagboek bo-
oor stilte skryf.
Wanda de Kock-Bam

As julle aan my woorde getrou bly ... en julle sal die waarheid ken, en
758 die waarheid sal julle vry maak.
Johannes 8:31-32

My vriendin se babatjie is tragies oorlede. Ek het my kuiertjie by haar uitgestel totdat my


boodskappie mooi agtermekaar was. Met my sakke vol snesies het ek aan haar deur gaan
klop. Die vrou wat voor my gestaan het, was stukkend. Ná ’n woordelose twee ure het ek
opgestaan met my laaste snesie in my geswete handpalm vasgedruk. Die aand kry ek ’n
boodskap op my selfoon: “Ek het Hom in die stilte gevind.” Hoe sielsverrykend kan “heilige
stiltes” in die teenwoordigheid van hegte vriende nie wees nie!
Anneke Blignaut

Hulle het gehoor hoe die Here God in die tuin wandel teen die tyd dat
die aandwind opkom ...
759
Genesis 3:8

Miskien het jy op jou spesiale plek op God gaan wag, maar Hom nie gehoor nie. Dan ge-
niet jy net die stilte in die wete dat dié God wat altyd by jou is, nou op ’n besondere manier
by jou is. God waardeer dit dat ons uit die geroesemoes van die lewe tree om stil te raak
by Hom. Hy waardeer dit dat ons wegstap van die TV, koerant of ’n stuk werk om by Hom
te wees. Hy waardeer dit dat ons op die aanraking en stem van die Heilige Gees gereageer
het: “Kom eenkant toe. Ek wil jou ’n rukkie vir Myself hê!”
Judy Venter

267

1001 Beloftes_NEW.indd 267 4/18/2006 11:07:35 AM


Stres
Maar Moses se skoonpa sê vir hom: “Jy maak nie reg nie. Jy en al
760 hierdie mense by jou sal totaal uitgeput raak ...”
Eksodus 18:17

Jou lewe lyk soos ’n driehoek. Hoe breër jou basis, hoe meer druk kan jy verwerk omdat
jou balans soveel beter is. Dan kan jy enige stres wat deur mense of omstandighede
veroorsaak word, makliker hanteer. Maar oppas vir te veel stres, want dit kan jou hele lewe
omkeer en jou lelik seermaak. Langdurige stres verander die brein fisies en beïnvloed
natuurlik sy funksionering. As jy die strespatroon breek, kry jy meer balans. Doen dit deur
reg te eet, te oefen, te kuier, meer te lag en die lewe voluit saam met vriende en geliefdes
te geniet.
Rassie van Niekerk

Jy dan, my seun, wees sterk deur die genade wat ons in Christus Jesus
761 het.
2 Timoteus 2:1
As jy stres het ...
 Erken jou stres en soek hulp.
 Orden jou gedagtes. Onthou: Jy is die beste!
 Wees gaaf met jouself; hou op om jouself te kritiseer en af te kraak.
 Werk met jou skuldgevoel: Maak reg wat verkeerd is en hou op skuldig voel oor alles!
 Beplan. Weet waarheen jy op pad is sodat jy kan rigting hou as die storms jou tref.
 Kry jou prioriteite agtermekaar en hou gereeld stiltetyd.
 Weet dat God jou baie, baie, baie liefhet!
Rodney Seale

Laat my volledig by u voorskrifte bly, sodat ek nooit raad-op sal wees nie.
Psalm 119:80
762
’n Vol program oorheers jou lewe omdat jy nie die kuns verstaan om af te skakel nie. ’n Ou
spreekwoord sê: “’n Boog wat altyd gespan is, moet die een of ander tyd breek.” Daarom
moet jy partykeer ophou hardloop. Skakel af, begin anders dink en fokus op nuwe dinge.
Begin ook geestelik anders dink, beplan en leef. Hou op om dieselfde gebede oor en
oor te bid en dan glad nie te verstaan waarom jou lewe sy innerlike krag en vrede verloor
het nie! Al wat help, is om gereeld stil te word en dáár God se stem van vrede te hoor.
Rassie van Niekerk

268

1001 Beloftes_NEW.indd 268 4/18/2006 11:07:35 AM


Stresvry
Elkeen dan wat hierdie woorde van My hoor en daarvolgens handel, kan
763 vergelyk word met ’n verstandige mens wat sy huis op rots gebou het.
Matteus 7:24

Ly jy aan ernstige stres? Probeer gerus die volgende wenke om jou vroliker te maak.
 Wees positief oor die toekoms ... Gryp elke dag en maak die beste daarvan.
 Prikkel jou humorsin ... Kyk gereeld na komedies of lees en vertel grappies.
 Soek betyds hulp ... Bespreek jou probleme betyds met iemand wat jou kan help.
 Deel jou gedagtes ... Skryf dit neer in ’n dagboek of vertel dit vir jou vriende en familie.
 Bid gereeld ... Vra die Here om jou elke oomblik by te staan om net jou beste te lewer.
Jannie le Roux

Wanneer ons getug word, lyk die tug op daardie oomblik nie na iets om
764 oor bly te wees nie, maar om oor te huil.
Hebreërs 12:11

Stop vir ’n oomblik. Klim van die mallemeule af en vra jouself waarheen jy op pad is. Tel
jou seëninge en dink aan al die positiewe dinge in jou lewe. Bespreek jou probleme met
iemand wat jou gespesialiseerde raad kan gee as dinge buite beheer raak. Skep moed as
dit sleg gaan. Herinner jouself gedurig daaraan dat die lewe altyd hoogte- en laagtepunte
sal hê wat sal verbygaan. Bid en vra vir ’n oplossing. God kan enige probleem oplos.
Jannie le Roux

Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Al-
765 magtige geniet, hy sê vir die Here: “U is my toevlug, my veilige vesting,
my God op wie ek vertrou.”
Psalm 91:1-2

Maak eenvoud jou lewensfilosofie:


 Begin by jou verhoudings met ander mense. Maak dit so eenvoudig as moontlik deur
nie voor mense ’n rol te speel en só onnodig spanning op jou te laai nie.
 Besluit om vir jou eilande van rustigheid – plekke waar jy tot verhaal kan kom – te skep.
Doen wat vir jou lekker is, lees ’n boek, gaan stap of wees net rustig in die natuur.
 Word stil by die Here. Moenie só rondhardloop dat jy nooit tot stilstand kom nie.
 Maak tyd vir ander mense. Geld en besittings kan nooit so belangrik wees soos mense
nie. Die Here het ons op aarde gesit om mekaar te dien, nie om onsself te verryk nie.
Hannes Burger

269

1001 Beloftes_NEW.indd 269 4/18/2006 11:07:35 AM


Sukses
Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie,
766 maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid,
want ons lewe in ’n goddelose tyd. Moet daarom nie onverstandig
optree nie.
Efesiërs 5:15-17

Sukses lê in klein dingetjies soos om ... lief te hê. Om die respek van intelligente mense en
die toenadering van kinders te hê. Om skoonheid te waardeer en die beste in ander raak
te sien. Om opofferings vir ander te maak en die wêreld eendag as ’n beter plek agter te
laat. Om met entoesiasme te speel en hardop te lag en te weet dat iemand dit makliker het
danksy jou.
Gerinda Jooste

“Ek is die lig vir die wêreld, Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe
767 nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”
Johannes 8:12
 Weet wie jy is.  Leer God se wil ken.
 Weet aan Wie jy behoort.  God het ’n plan met jou lewe.
 Weet jy kan omdat God kan.  Verwerk kritiek positief.
 Identifiseer jou swakpunte.  Kweek ’n positiewe lewensuitkyk.
 Stel vir jou ’n doel voor oë.  Moet jou nie deur emosies laat lei nie.
 Agter die skerms is God aan die werk.  Fokus op jou sterkpunte.
Jannie le Roux

Ons het bly bou aan die muur. Die hele muur was al halfpad opgebou.
768 Die mense se hart was in die werk.
Nehemia 4:6

Om sukses te kan behaal, moet jy passie hê. Passie is ’n keuse. Dis ’n keuse om die lewe
met albei hande te gryp, om die lewe – my werk, my gesin, my verhoudings – met geesdrif
aan te durf. Passie is die prikkel om my verskuilde en ongebruikte vermoëns uit die diepte
op te wek. Dit is daardie aansporing om van ’n sluimerende gees ’n soekende gees te
maak. Passie het ’n visie wat ’n weg deur verwerping, konflik en teleurstelling baan. Passie
laat jou voortbeur, opklouter, deurbreek. Vir die passievolle mens hou die toekoms beloftes
van vlieg in.
Kobus Neethling, Hennie Stander, Raché Rutherford

270

1001 Beloftes_NEW.indd 270 4/18/2006 11:07:35 AM


Superma!
Met blydskap moet julle die Vader dank wat julle geskik gemaak het om
769 deel te hê aan die erfenis wat vir die gelowiges wag in die ryk van die
lig.
Kolossense 1:12

Hoe sal ek ooit die klein kleutertjie vergeet wat probeer verstaan het dat die nuwe sussie in
Mamma se maag nie haar plekkie in Mamma se hart sou kom steel nie! Honderde kere het
sy dieselfde vraag gevra: “Mamma, maar hoe gaan Mamma genoeg liefies hê vir my én vir
Sussie?” Een ding het ek geweet: Niks en niemand neem ’n ander mensie se plek in nie.
Nee, ’n mens het lief met net nóg liefde wat God in jou hart, saam met die kleinding in jou
baarmoeder, laat groei. Elke kindjie kom met sy of haar unieke Godgegewe liefdespakkie.
Wanda de Kock-Bam

Haar kinders prys haar, haar man bewonder haar: “Daar is baie knap
vrouens, maar jy oortref hulle almal!”
770
Spreuke 31:28-29

Sorg op die regte manier vir jou gesin en word so ’n superma!


 Sorg dat jou huis ’n lekker plek is waar jou gesin gemaklik sal wees.
 Sorg dat jy emosionele ondersteuning en liefde gee aan elkeen van jou huismense.
 Sorg dat jy genoeg tyd inruim om die dinge te doen wat vir jou lekker is.
 Sorg dat jy vir elkeen van jou huismense bid terwyl jy hulle klere stryk, hulle wasgoed
was of besig is om kos te maak.
 Sorg dat daar genoeg musiek, boeke, tydskrifte en vars blomme in jou huis is.
Nina Smit

Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir
mense nie.
771
Kolossense 3:23:

’n Ma se titel spel jy: l-i-e-f-d-e. ’n Christenma se beker loop oor wanneer sy maar net ’n
bietjie kan bydra tot die lewensgeluk van haar kinders. Christen ma-wees maak dat sy
haarself vergeet terwyl sy daarop konsentreer om vir haar kinders groot en belangrike of
klein dingetjies te doen waarvoor hulle haar later gaan onthou totdat hulle self grys is en
krom loop. Met ’n lied in die hart, haar oë op die Here en emmers vol entoesiasme doen ’n
Christenma haar take buitengewoon ... soos vir die Here.
Elise Grey

271

1001 Beloftes_NEW.indd 271 4/18/2006 11:07:35 AM


Swaarmoedigheid
U bind ’n blok aan my voete, U hou elke voetstap van my dop, U merk
772 my, waar ek ook al gaan.
Job 13:27

As jy wil keer dat jou swaarmoedigheid ’n leefwyse word, moet jy begin let op wat jy dink.
Bid, ondersoek jouself en antwoord eerlik op vrae soos:
 Waaroor broei ek die afgelope tyd? Dít is moontlik die oorsaak van jou stres.
 Vir wie is ek kwaad en waarvoor gee ek hulle die skuld?
 Is hulle regtig skuldig?
 Waarom is ek vir myself kwaad?
 En vir God?
 Wat kan ek doen om as wenner uit hierdie situasie te kom met God se eer, my naaste
se menswees en my eie waardigheid nog nes altyd?
Judy Venter

... julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra.
773 Matteus 6:8

Swaarmoedigheid kan uit negatiewe situasies spruit. Miskien het jy eenkeer lank gesukkel
om jou motor weer aan die gang te kry, maar die ding wou net nie vat nie! Jy moes maar
ewe verleë daar rondstaan, want dit was spitsverkeer en niemand wou stilhou en help nie.
Later moes jy jou trots sluk en wys jy soek hulp.
Jy kán leer om die negatiewe situasie te verander in iets positiefs. Sien sulke gebeure
as ’n geleentheid: Miskien kan jy vriende maak met die een wat uiteindelik stilhou om jou te
help. En sê sommer dankie dat iemand wel gehelp het!
Jannie le Roux

Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree.
Spreuke 4:26
774
Sê nou jy is swaarmoedig omdat jy nie geld het vir ’n vakansie nie. Die verkeerde manier
van optree is om vas te kyk teen grense soos ’n klein salaris. Die regte manier van optree is
om jou grense in uitdagings te verander. Jy kan ’n negatiewe stelling soos “Ek is te arm om
vakansie te hou” omdraai in ’n positiewe stelling. Jy kan op ’n stukkie papier skryf: “Ek het
nie genoeg geld om vakansie te gaan hou nie; daarom gaan ek aan idees dink om geld te
maak.” Jy kan met ’n spaarplan begin sodat jy volgende jaar met vakansie kan gaan.
Kobus Neethling en Raché Rutherford

272

1001 Beloftes_NEW.indd 272 4/18/2006 11:07:35 AM


Talente
Hy (Jesus) het hulle geleer en gesê: “Julle is die sout vir die aarde.
775 Maar as sout verslaan het, hoe kry ’n mens dit weer sout?”
Matteus 5:1, 13

Ons is die sout vir die aarde, maar die sout kan ook nie veel doen as dit gerieflik tussen die
ander soutkorrels in die soutpot bly nie. Ons moet uit die soutpot kom om ons werk régtig
te kan doen!
Vic en Thea Brink

(Hy) Salomo het drie duisend spreuke gemaak en duisend en vyf lie-
776 dere gedig. Hy het verse gemaak oor bome en plante, van die seders
op die Libanon tot die hisop wat uit die mure groei; hy het gedig oor
diere, voëls, reptiele en visse.
1 Konings 4:32

Niemand kan jou dwing om jou talente te gebruik nie, maar ’n mens is gelukkig as jy dit
doen waarvoor jy ’n gawe het.
Baie mense word met ’n talent gebore. Dit is ’n geskenk. Daar is egter min mense wat
hard genoeg werk om sukses te behaal. Dis nie jou talent wat jou bo gaan uitbring nie,
maar pligsgetrouheid, dryfkrag en deursettingsvermoë.
Vic en Thea Brink

My seun, slaan ag op die wysheid wat ek jou leer, luister na my goeie


raad. Dan sal jy self ook met oorleg kan optree en met die nodige
777
kennis praat.
Spreuke 5:1-2

Toe James Garfield hoof van die Hiram College in Ohio was, het een van die pa’s vir hom
gevra om die kursus te vergemaklik sodat sy kind dit net kan klaarmaak.
“Sekerlik,” antwoord Garfield, “maar dit hang alles af van wat jy jou seun wil maak. As
God ’n akkerboom wil hê, gebruik Hy ’n honderd jaar. As Hy ’n pampoen wil maak, neem
dit net twee maande.”
Jannie le Roux

273

1001 Beloftes_NEW.indd 273 4/18/2006 11:07:35 AM


Teleurstelling
Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is
778 my toevlug, vir wie sou ek vrees?
Psalm 27:1

Teleurstellings kan dikwels positiewe gevolge hê:


 Dit versterk jou en is ’n leerskool.
 Dit versterk jou vertroue in God en wys dat jy nooit alleen is nie.
 Dit wys jou waar jou sterk en swak punte lê.
 Dit leer jou begrip vir ander se seerkry.
 Dit leer jou om die werklikheid in die oë te kyk.
 Dit moedig jou aan om reg te maak wat verkeerd is.
Hannes Burger

Die man by wie daar op goeie grond gesaai is, is hy wat die woord hoor
779 en dit verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer ’n oes ...
Matteus 13:23

 Leef elke dag doelgerig.


 Teleurstellings is baie keer God se bedoeling.
 Leer die lewenslesse wat teleurstellings jou leer.
 Moenie mismoedig word nie.
 Teenspoed kan die beste in jou na vore bring.
 Beskou teleurstellings as iets wat jy nie kan vermy nie.
 Teleurstellings inspireer jou om nuwe hoogtes te bereik.
Nina Smit

Die Here God is ons krag en ons beskerming, die Here gee genade en
eer, Hy weerhou die goeie nie van dié wat reg lewe nie.
780
Psalm 84:12

 Moenie bang wees vir die toekoms nie, leer op God staatmaak.
 God se Gees sal jou lei om reg te kies.
 Maak nie saak wat die toekoms bring nie, God is reeds daar.
 Jy sal krag by God kry.
 God is nou by jou.
Hannes Burger

274

1001 Beloftes_NEW.indd 274 4/18/2006 11:07:35 AM


Terneergedruktheid
My siekte hou my familie en my vriende ver van my af, en my bure kom
781 nie naby my nie.
Psalm 38:12

Hier is jou sewepuntplan teen depressie:


 Wat jy eet, is belangrik. Jou liggaam kan nie sonder gesonde kos bly nie.
 Oefening is belangrik. Ons liggame is gemaak om te beweeg.
 Sonlig gee lewe. ’n Halfuur se sonlig in die oggend en laat in die middag help vir slaap.
 Om iets te plant, dit te versorg en te kyk hoe dit groei, is wonderlike terapie.
 Medikasie het ’n plek, toets eers totdat jy die regte produk kry.
 Berading help jou om reg te dink.
 ’n Verandering in jou omgewing kan ’n verskil maak.
Rodney Seale

Dag en nag is ek in trane, want sonder ophou sê hulle vir my: “En waar
782 is jou God nou?”
Psalm 42:4

As ’n mens aan depressie ly, voel God altyd baie ver weg. Dis omdat jou brein nie op sy
beste werk nie. In so ’n tyd moet jy nes ’n blinde persoon vertrou dat God goed is en daar
is. Onthou, God ken jou, Hy het jou lief, Hy verstaan jou siekte en het medelye met jou. Hy
sal jou nie in die steek laat nie, allermins in tye van depressie, al glo jy dit nie – Hy is nie
afhanklik van wat jy glo nie!
Vic en Thea Brink

Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses.


783 Psalm 34:19

Ly jy dalk aan depressie? Toets jouself aan hierdie simptome:


 Jy voel eerder leeg as hartseer.
 Jy is gedurig bedruk en lusteloos.
 Niks is meer vir jou lekker nie. Doen dadelik iets daaraan.
 Laat ’n goeie dokter jou toets voordat jy enige medikasie gebruik.
 As dit in jóú geval die regte oplossing is, gebruik jou medikasie soos voorgeskryf.
Skrywer onbekend

275

1001 Beloftes_NEW.indd 275 4/18/2006 11:07:36 AM


Tevredenheid
Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee!
2 Tessalonisense 3:16
784
Tevredenheid gaan saam met dankbaarheid, om gawes as Godsgeskenke te erken.
Tevredenheid het met liefde te doen. Iemand wat liefhet, vind nie gedurig fout nie.
Tevredenheid beteken ook stil tevrede. Jy is nie volmaak nie. Jy maak steeds foute.
Maar jy is geliefd.
Ek is veral tevrede omdat God my liefhet. Dié wete oorweldig my. Dat Hy my liefhet
ondanks my sonde.
Ek is stil tevrede oor die liefde wat ek van God en mens ontvang.
Johan Smit

Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus
785 Christus.
2 Tessalonisense 1:2

’n Mens is tevrede as jy vrolik kan wees, en pyn en seerkry kan ignoreer.


 As jy kan verstaan wanneer geliefdes té besig is en nie nou by jou kan wees nie.
 As jy kritiek en verwyte kan hanteer sonder om kwaad te word.
 As jy die wêreld sonder leuens en oneerlikheid kan tegemoetgaan.
 As jy sonder drank kan ontspan.
Daarom wens ek jou tevredenheid toe!
Jannie le Roux

Leef dan as mense van die lig. Uit die lig kom alles voort wat goed en
786 reg en waar is.
Efesiërs 5:8-9

God wil nie hê ons moet gejaagd en onvergenoegd voel omdat die samelewing van ons
verwag om hard te werk, vooruit te gaan en geld te verdien nie. Hy wil nie hê dat jy só
besig moet wees dat jy nie tyd vir verhoudings het nie. Dat daar nie tyd vir lag is of om net
jouself te wees nie. Nee! God wil hê dat ons ’n vol lewe moet hê. Ryk aan die vrugte van
die Gees. God wil hê jy moet uitdeel, nie opgaar nie.
Vic Brink

276

1001 Beloftes_NEW.indd 276 4/18/2006 11:07:36 AM


Tienergeite
En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat groei en
787 oorvloedig maak.
1 Tessalonisense 3:12

As jy vandag ’n tiener met die hand groet, groet jy die mou van sy hemp of baadjie. Sy
grootte is eintlik ’n XXS, maar hy is op sy gelukkigste as sy broek XXL is. Dit lyk of hy bak-
stene met gemak daarin sal kan dra. Sy definisie van klere koop is: “Buying something you
don’t need with money you don’t have to impress people you don’t like.”
Ouers, bly kalm. Die kleredrag kom weer reg. Ek weet dit irriteer jou of jy skaam jou vir
jou tiener. Maar was jou ouers nie ook skaam vir jou tienerdrag en jou haarstyl nie?
Rodney Seale

... hulle is moedswillige kinders, sonder begrip van wat Ek doen. Hulle
788 is net slim as dit kom by verkeerd-doen, van goed-doen wil hulle niks
weet nie.
Jeremia 4:22

 Kry vir jou ’n sagte kussing vir jou knieë en gebruik dit elke dag, want die belangrikste
ding wat jy vir jou tiener kan doen, is bid.
 Bid dat die Here hulle dag en nag sal beskerm, teen gevare, slegte mense en hulleself!
 Bid dat hulle heel anderkant sal uitkom.
 Gaan sit hulle op God se skoot neer.
 God sal jou wys wanneer om te lag en hoe om geduldig te bly.
Thea Brink

Jy moet diep in jou hart weet: soos ’n man dissipline by sy seun kweek,
789 so het die Here jou God vir jou dissipline geleer.
Deuteronomium 8:5

Is jou vakansiekinders verveeld? Hier is twee blink idees om hulle besig te hou:
TEKEN ’n oop huis op ’n groot vel papier. Trek ou tydskrifte nader en laat jou kinders die
meubels, mense, kombuistoerusting en beddegoed vir elke vertrek uitknip. Laat hulle dit
op die oop huis plak en so hulle eie speelhuis maak.
VERANDER ’n skoenboks in ’n bêreplek vir skatte deur die buitekant te versier met verf,
blinkers en kryt. Soek skatte, soos mooi klippies of skulpe, om in die boks te bêre. Die
skatte kan later weer aan geliefdes uitgedeel word.
Anita van Niekerk

277

1001 Beloftes_NEW.indd 277 4/18/2006 11:07:36 AM


Toekoms
As die Here tevrede is met ’n mens se lewe, laat Hy selfs so ’n mens se
790 vyande in vrede met hom lewe.
Spreuke 16:7

As jy wonder oor jou toekoms, dink aan die volgende:


 Wat die toekoms ookal mag bring, God sal daar wees.
 God is nog presies dieselfde as in die Bybelse tyd.
 Hy belowe steeds dat niks tussen jou en Hom sal kom nie.
 Daarom kan jy sê: Ja, daar is ’n toekoms!
 Gee al jou bekommernisse vir God.
 Jy kan God met jou toekoms vertrou.
Nina Smit

Spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vry-
791 gewig en mededeelsaam. So vergader hulle vir hulle ’n skat as goeie
belegging vir die toekoms.
1 Timoteus 6:18-19

As ons geweet het wat die toekoms inhou, sou die lewe baie eenvoudiger gewees het.
Sê nou jy kon weet waar jou dogter gaan werk, en watter meisie met jou seun gaan
trou. Maar ons weet nie. Ons ken egter wel Iemand wat in beheer is. En daardie Persoon
verseker jou in Sy Woord dat Hy aan jou kant is.
Gee die beheer van jou lewe aan Hom oor en vra Hom om jou te lei.
Hannes Burger

Gee aan hulle vrede en voorspoed, Here, want hulle het hulle vertroue
792 op U gestel.
Jesaja 26:3

God wil ons soms verander om ons voor te berei vir beter dinge in diens van Sy koninkryk.
Toe die Here wou hê dat ek my werk ná nege jaar moes bedank, was dit ’n groot toets. Ek
het ’n goeie salaris gekry en ’n siekefonds gehad.
Om die stap te doen, moes ek my vertroue in God plaas. Maar God het my gehelp en
vandag het ek baie meer sekuriteit. Miskien praat God met jou oor iets wat Hy in jou lewe
wil verander. Hoekom vertrou jy Hom nie?
Hettie Nortjé

278

1001 Beloftes_NEW.indd 278 4/18/2006 11:07:36 AM


Toekomsdrome
U maak hom altyd voorspoedig, U skenk hom oorvloedige blydskap
793 deur u nabyheid.
Psalm 21:7

Maak tyd om te droom oor God se toekoms vir jou. Hy laat jou dinge sien wat nog nie ’n
werklikheid is nie en help jou om te laat gebeur wat Hy vir jou wil hê. Moet dus nie die werk
van die Heilige Gees onderskat nie. Dis Hy wat jou sal help om prentjies van jou drome
in jou verbeelding te kry en Hy sal jou wys as jy verkeerd beplan. Hy sal vir jou vrede gee
wanneer jy reg besluit en jou in die regte rigting help. Hou net aan droom en begin jou
drome dóén!
Jannie le Roux

Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad
794 gee en my oog oor jou hou.
Psalm 32:8

As jy terugkyk oor jou lewe, sal jy sien dat jy baie kanse gehad het. Jy het die vermoë
gekry om nuwe drome en ideale te hê. Die geheim is om nie in ’n droom vas te kyk asof dit
die enigste is nie.
 Laat God toe om jou te help deur jou Bybel getrou te lees en daaroor te bid.
 Tree op asof die kanse reeds daar is.
 Vra dat die Here die deure sal toemaak waardeur jy nie moet gaan nie.
Elke nuwe besluit is ’n deur na ’n nuwe geleentheid!
Jannie le Roux

Maar vir my help God altyd, die Here hou my lewe in stand.
Psalm 54:6
795
Ons voel baiekeer dat ons iets nie kan doen of regkry nie. Henry Ford het gesê as jy dink jy
kan, dan kán jy. En as jy dink jy kan nie, dan kan jy nie.
As jy begin glo iets kán gebeur, is jy besig om daardie droom waar te maak. Om te
sê iets is onmoontlik, is om die toekoms te probeer voorspel. Maar as jy werk in daardie
rigting, maak jy die toekoms moontlik. Daarom lê die verskil tussen moontlik en onmoontlik
in dit wat jý kans sien om aan te pak. En in Wié jy glo.
Jannie le Roux

279

1001 Beloftes_NEW.indd 279 4/18/2006 11:07:36 AM


Toekomsvertroue
God hou my paaie dop en tel elke tree wat ek gee.
Job 31:4
796
Mense is onbetroubaar. Hulle lieg, vergeet, kul en bedrieg. Dié van wie jy dit die minste
verwag, laat jou in die steek. As jy mense nie kan vertrou nie, hoe kan jy God vertrou wie jy
nie kan sien nie? Maar God is nie ’n mens nie. Hy het sy Seun se lewe geoffer sodat jy tot
in ewigheid kan lewe. Iemand wat so baie vir jou doen, sal jou nie sommer in die steek laat
nie. Dink elke aand aan wat God vandag vir jou gedoen het. Skryf dit neer en gebruik dit as
bewys om Hom in die toekoms te vertrou.
Vic en Thea Brink

Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorpoed en nie teenspoed
nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting!
797
Jeremia 29:11

’n Vrou kook drie kastrolle water. In die eerste kastrol sit sy wortels, in die tweede eiers
en in die derde gemaalde koffiebone. ’n Rukkie later is die wortels sag en die eiers hard
gekook. Sy skink vir die mense van die koffie.
Almal se krisis was kookwater. Elkeen reageer verskillend. Die wortels was hard, maar
het sag uitgekom. Die eiers was sag, maar het hard uitgekom. Die gemaalde koffiebone
het die water verander!
Almal ervaar krisisse. Party mense kom soos die wortels swak daaruit; ander gaan hard
soos die eiers wees. Mense soos die koffiebone gaan die krisis in ’n geleentheid verander.
Jannie le Roux

Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!


Psalm 27:14
798
’n Student het kanker in haar eierstokke en moet geopereer word. Die dokter moet besluit
of hy albei eierstokke gaan verwyder of nie. Miskien eendag – met baie genade en geluk
– kan sy kinders hê. Hy verwyder net een eierstok ... Dié jong vrou was my ma. Ek en my
broer is volmaak geskape.
Na my geboorte het my ma ’n miskraam gehad. Dit het nie vir my ouers sin gemaak nie,
maar ná my broer se geboorte het hulle verstaan. Indien die tweede kind oorleef het, sou
my broer nie vandag hier gewees het nie. God het beplan om hom aan ons te gee.
Annelize de Klerk

280

1001 Beloftes_NEW.indd 280 4/18/2006 11:07:36 AM


Toekomsverwagting
Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teen-
799 spoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting!
Jeremia 29:11

Geluk word nie deur omstandighede bepaal nie. Geluk is:


 ’n keuse om die bestanddele vir lewensgeluk ten volle te benut
 die glimlag wat jy terugkry wanneer jy vir die lewe glimlag
 die vrede wat jy ondervind wanneer jy ’n vredemaker is
 om te gee wat jy het en nie te weet wat om te maak met alles wat jy ontvang nie.
Johan Smit

Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou.


Psalm 32:8
800
As jy worstel met besluite wat jy moet neem, kan jy die volgende wenke oorweeg:
 Kyk die probleem vierkantig in die oë.
 Samel al die inligting in wat nodig is om ’n besluit te neem.
 Bid dat die Here jou sal lei in jou besluit.
 Weeg al die moontlikhede teen mekaar op en neem dan ’n besluit.
 Wees versigtig dat jy nie te veel energie en tyd verspil om die inligting te kry nie. Party
mense hou aan om inligting te versamel maar kom nooit sover om ’n besluit te neem nie.
Ampie Barnard

Jy moet al die goeie dinge geniet wat die Here jou God aan jou en jou
801 huisgenote gee ...
Deuteronomium 26:11

Daar is soveel bejammerenswaardige mense; mense met wie dit altyd sleg gaan. Hulle
loop met begrafnisgesigte rond. Abd-El-Raman was só ’n mens. “Ek het deur die nege-en-
veertig jaar van my lewe al die dae aangeteken waarop ek suiwer gelukkig was,” skryf hy
net voor sy dood in 1961. “Daar was veertien.”
Toe ek dit gelees het, het ek besluit om aantekeninge van my gelukkige dae, ure én
oomblikke te maak. Nie op papier nie, maar in my geheue. Nou geniet ek éérs my lewe
omdat ek kies om aandag aan vreugdes te skenk ...
Nina Smit

281

1001 Beloftes_NEW.indd 281 4/18/2006 11:07:36 AM


Toewyding
Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei
802 het.
1 Korintiërs 3:6

In die ou tyd was ons en alles om ons stukkend geslaan deur die sonde. Maar nou kom
maak die Gees ons weer heel. Ons ervaar nie dadelik hierdie weerkaatsing van God se
heerlikheid nie omdat dit ’n groeiproses in ons is. Ons groei en word verander. En as ons
moedeloos wil raak, kan ons wéét: dis God se werk dié!
Jesus se verlossingswerk beteken dat God jóú lewe totaal nuut wil maak sodat jy na
aan Hom kan leef en jou lewe sy heerlikheid al meer kan weerspieël. Dit is nie meer nodig
dat jy ’n geestelike sukkelbestaan hoef te voer nie!
Hannes Burger

Oefen jou liewer om in toewyding aan God te lewe.


1 Timoteus 4:7
803
Ons wonder byna elke dag wat God se wil is, nie altyd in soveel woorde nie, maar dis
eintlik deel van ons lewenstyl. In die paradys leer ons reeds ’n paar belangrike dinge oor
God se wil. Die paradysmens het so volkome in harmonie met God geleef dat hy God se
hartklop geken het. Adam en Eva het nooit met mekaar geredeneer oor wat die regte ding
was om te doen nie. Hulle het geweet, want hulle het God geken.
Johan Smit

Met hierdie vooruitsig span ons ons kragte in en stry ons, want ons het
804 ons hoop op die lewende God gevestig, wat die Verlosser is van alle
mense, van almal wat glo.
1 Timoteus 4:10

’n Branderplankryer wou op ’n dag gaan branders ry. Hy het gou gesien die strome is
te sterk en besluit om om te draai. Toe sien hy ’n jong seun wat diepsee toe meegesleur
word. Hy het vir ’n oomblik geweifel en toe gesê: “Here, ek is U s’n”, en ingeduik.
Hy het die seun ingeswem en hom bo-op sy eie branderplank gelaai. Hy het sy wet suit
uitgetrek en vir die kind aangetrek. Teen sterk skemer gewaar hy ’n boot. Die skipper het
gesê: “Dit was net die wit binnekant van jou kaal arm wat gemaak het dat ons julle kon
raaksien.”
Annalise Wiid

282

1001 Beloftes_NEW.indd 282 4/18/2006 11:07:36 AM


Trane
Die ewige God is ’n skuilplek, sy arms is altyd onder jou.
Deuteronomium 33:27
805
Ons almal, mans en vroue, mag maar eerlik en skaamteloos huil. Ons hoef nie skaam te
wees oor ons trane nie, want ...
 eerlike en opregte trane vloei nie net by die swakkes nie; dit kom ook uit liefde, teer-
heid en medelye voor by die sterke.
 trane is ’n Godgegewe bevrydings- en suiweringsmeganisme.
 dit gee ons die geleentheid om op ’n natuurlike manier smart en droefheid te ontlaai.
 trane versag ons leed en laat die genesing van ons wonde vinniger plaasvind.
 trane is nie ’n teken van swakheid of ongeloof nie.
Solly Ozrovech

Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring.
Psalm 126:5
806
Partymaal breek ’n nuwe seisoen in ’n mens se lewe aan as gevolg van dinge buite jou
beheer. Soms as gevolg van jou eie besluite en optrede en ook wanneer God ingryp in
jou lewe. Miskien beleef jy op hierdie oomblik ’n seisoen van trane. Haal diep asem, lééf
daardeur en wéét dat God jou sal dra. Vertrou dat Hy selfs jou hartseer dae ten goede sal
gebruik. En gebruik hierdie tyd om te leer vertrou, te groei in jou geloof en jou karakter te
bou.
Anita Erasmus

Hy sal al die trane van hulle oë afdroog.


Openbaring 21:4
807
 Trane versag droefheid en bring berusting.
 Trane bespoedig wonde se genesing.
 Trane kan nie keer dat jy ’n reënboog sien nie.
 Jou trane gaan nooit ongemerk by Jesus verby nie.
 In die trane van sy Seun het God ook jou trane geheilig.
 Trane gee jou natuurlike ontlading van smart en droefheid.
 Ons moet God dank vir die suiwerende krag van opregte trane.
 Trane ontspring ook uit liefde, teerheid en medelye by die sterke.
 God gee ons krag om met waardigheid onder ons kruis in te buk.
Solly Ozrovech

283

1001 Beloftes_NEW.indd 283 4/18/2006 11:07:36 AM


Trauma
As ons dus in beproewing kom, is dit dat julle bemoedig en gered kan
808 word.
2 Korintiërs 1:6

Anna se man is voor hulle motorhek doodgeskiet, maar haar getuienis en dankbaarheid
kan vir ons ’n rede wees om opnuut dankbaar te wees.
Sy was dankbaar dat sy gedurende die aanval kalm kon bly. Sy het besef dat ’n mens
se geloof nie ’n mite is nie, maar ’n lewende realiteit! Sy het ook besef dat dit slegs die
Here is wat jou deur beproewings dra. Wat Anna deur die trauma besef het, is dat ’n mens
se geloofslewe in traumatiese omstandighede groei.
Ook jy kan jou hart en oë met verwagting op Hom gerig hou!
Judy Venter

Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle
809 pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel.
Efesiërs 6:11

God laat nie slegte dinge gebeur om Sy mag uit te oefen nie. God is nie sleg nie. Geweld,
siekte en lyding kom nie van God nie. Hy is die Skepper van lewe, nie dood nie.
Dis moeilik om te aanvaar dat God kwaad toelaat. Helmut Thielicke skryf: “Die lyding
word beproewing waardeur ek gelouter en gesuiwer moet word soos die edelmetaal goud.
Die tye van verskrikking waarin die drifte van menslike wreedheid, oormoed en blindheid
losgelaat is, word tye van besoeking deur God.”
Johan Smit

Nadat hulle baie geslaan is, is hulle in die tronk gegooi ... Teen midder-
810 nag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing.
Handelinge 16:23, 25

Pyn is nie altyd God se straf nie, maar dit is altyd ’n geleentheid om ons geloof te bewys.
God word nie net verheerlik wanneer Hy onheil uit ons lewe wegneem nie, maar ook
wanneer ons in die pyn wat die onheil meebring, ’n geloofsbelydenis sing.
Pyn is nie God se slaanstok nie, maar sy maatstok vir geloof. God laat die mens toe om
te val en anderkant uit te kom as iemand wat deur pyn verryk is.
Johan Smit

284

1001 Beloftes_NEW.indd 284 4/18/2006 11:07:36 AM


Troos
Die Here is my krag en my beskerming. Hy het tot my redding gekom.
Eksodus 15:2
811
Skuldgevoel en slegte herinnerings wat in jou kook, maak jou onrustig en laat jou hart pyn.
Maar Jesus wil die wonde binne-in jou met die salf van sy liefde streel en jou onrustige
hart tot bedaring bring. Hy is magtig en kan baie meer doen as wat ons kan bid of dink.
Vertel Hom van jou pyn. Wees eerlik met Hom, want Hy kan nie jou hartseer wegneem as
jy Hom nie daarvan vertel nie. Dan eers kan Hy jou gesond maak omdat Hy die proses van
heelword met sy liefde aan die gang sit.
Ampie Barnard

Die hele nag lê ek wakker en oorpeins ek u woord. Handel volgens u


liefde, Here, luister tog na my.
812
Psalm 119:148-149

Ook slegte dinge in die lewe word deur God se genade in goeie gevolge omgebuig. Jy
het een troos in ’n krisistyd: dat die krisis nie vir ewig sal aanhou nie. Jy kan uithou omdat
jy met hoop in jou hart leef. Al het jy nou met alle moontlike bedreigings te doen, kan jy
seker wees dat nie een van hulle jou van God se liefde sal kan weghou nie. Leer uithou en
aanhou, jou kroon sal jy ontvang op die tyd wat spesiaal vir jou beplan is. Moenie vra dat
jou las ligter moet wees nie, vra dat jou vlerke sterker mag wees.
Nina Smit

En mag julle in al die goeie wat julle in woord en daad doen, bemoedig
813 en gesterk word deur ons Here Jesus Christus en God ons Vader. Hy
het aan ons sy liefde bewys en aan ons deur sy genade ’n blywende
troos en goeie hoop gegee.
2 Tessalonisense 2:16-17

Daar is ’n paar feite oor hartseer wat jy moet weet:


 Hartseer gaan altyd weer verby.
 Hartseer kan oorgaan as jy dit uithuil en uitpraat.
 Hartseer maak jou hart oop vir die seer van jou vriende.
 Hartseer kan ’n manier wees om jou iets oor die lewe te leer.
 Die beste plek om te gaan huil en jou seer gesond te kry, is by Jesus.
 Hartseer kan jou leer om toe te laat dat die Here en ander mense jou troos.
Jannie le Roux

285

1001 Beloftes_NEW.indd 285 4/18/2006 11:07:36 AM


Trou
Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik ... Dit bedek alles, glo
814 alles, hoop alles, verdra alles.
1 Korintiërs 13:4, 7

Wonder jy of jy die regte keuse maak? Dink aan die volgende dinge:
 Ontdek eers wie jy is en leef ’n bietjie voordat jy té jonk besluit om te trou.
 As jy voor die tyd al moontlike probleme raaksien, moet dit nie ignoreer nie.
 Moet nooit dink dat om kinders te hê, julle probleme sal oplos nie.
 Konflik is ’n normale deel van enige huwelik. Kry raad en praktiese wenke om konflik te
hanteer.
Samestelling

’n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene ... Haar kinders prys
815 haar, haar man bewonder haar.
Spreuke 31:10, 28

Al is daar nog talle dinge in jou man wat jy graag anders sou wou hê, konsentreer van nou
af daarop om hom lief te hê net soos hy is, hom te respekteer vir wie hy is, en hom gereeld
van jou liefde en bewondering te vertel. Dit beteken jy sal moet leer om sy seksuele be-
hoeftes te verstaan en te bevredig. Jy sal bereid moet wees om jou geloof met hom te deel.
Julle sal bereid moet wees om oor alles met mekaar te gesels en om die leisels van julle
huwelik aan God te oorhandig.
Nina Smit

Ook by die mense buite die gemeente moet hy as ’n goeie man bekend
816 staan sodat daar nie praatjies oor hom ontstaan ... nie.
1 Timoteus 3:7

’n Lewensmaat bly die grootste besluit wat jy ooit sal neem. Dis die een besluit wat gro-
tendeels jou lewensgeluk sal bepaal. As Christene glo ons dat ons hele lewe in die Here
se hande is en dat Hy die heel beste weet. Hy maak twee mense sodat hulle bymekaar sal
pas en lei hulle dan na mekaar toe.
Wees geduldig, moenie haastig raak nie. Skryf sommer heel bo-aan jou gebedslys om
die Here elke dag te vra dat Hy, wat weet wie die regte maat vir jou is, jou maat na jou toe
sal stuur.
Hannes Burger

286

1001 Beloftes_NEW.indd 286 4/18/2006 11:07:36 AM


Tuiste
Kom, kinders, luister na my! Ek wil julle leer ...
Psalm 34:12
817
 “Ek het my kamer aan die kant gemaak,” beteken eintlik: “Die hoop goed wat eers in
die middel van my kamer gelê het, het ek nou na die hoek toe geskuif.”
 “Ek het niks om aan te trek nie,” beteken: “Ek wil nie graag dieselfde ding twee maal
aantrek nie.”
 As jy vra: “Wanneer doen jy jou huiswerk? Jy sit al die hele middag voor die TV” en sy
antwoord: “Ek het dit in die klas gedoen,” beteken dit: “Ek sal dit vanaand doen as julle
gaan slaap, want dan kan ek dit doen terwyl ek musiek luister.”
Elise Grey

Ek het gesien dat daar niks beter is nie as dat die mens vreugde vind in
818 sy werk ...
Prediker 3:22

’n Klein dogtertjie kon nie mooi verstaan wat die huwelik beteken nie. Om haar te help haal
haar pa ’n troufoto uit en wys dit vir haar. Hy vertel haar ook waaroor die huwelik gaan.
“O, nou verstaan ek,” sê die dogtertjie nadat sy die foto aandagtig bekyk het, “dit was
die dag toe Mamma by ons kom werk het!”
As jy ’n ma is, kan jy net sowel vrede maak met die feit dat jy altyd – ook ná jou aftrede
in jou beroepsveld – ’n “werkende ma” gaan bly!
Nina Smit

Hy het my ’n nuwe lied in die mond gelê, ’n loflied vir ons God.
Psalm 40:4
819
As vreemde mense jou huis binnekom, behoort hulle dadelik daar tuis te voel
Wees ’n tuisteskepper by uitnemendheid vir jou gesin. Vra vir die Here om jou te help
dat jy jou huiswerk elke dag met vreugde sal doen sodat daar ’n atmosfeer van liefde in jou
huis sal heers. Begin bid vir elkeen van jou huismense. Vra vir die Here om jou te help om
julle huis ’n tuiste te maak vir almal wat daarin woon, ’n tuiste waar jou kinders elke dag
van God se liefde bewus gemaak word en waar ander mense altyd welkom sal voel.
Nina Smit

287

1001 Beloftes_NEW.indd 287 4/18/2006 11:07:36 AM


Tuisteskepper
Wie is dit wat soos die daeraad verskyn, so pragtig soos die maan, so
820 helder soos die son, so indrukwekkend soos ’n afdeling vaandeldraers?
Hooglied 6:10

 Met pen en papier ... ’n Handgemaakte kaartjie, ’n romantiese gedig of ’n liefdesbrief in


jou eie handskrif en met parfuum verseël, sal enige man se hart vinniger laat klop.
 Span tegnologie in ... Sny ’n CD met julle gunsteling liedjies en gee dit vir hom om in
die motor te luister oppad werk toe. Of verras hom deur ’n spesiale liefdesboodskap op
video/DVD op te neem.
 Uit die kombuis ... Al is jy nie ’n wafferse kok nie, sal jou baksel tuisgemaakte hartjie-
koekies dalk juis sy hart vermurwe omdat hy weet dit is jou eie handewerk.
Anita van Niekerk

Daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut.
Klaagliedere 3:22-23
821
Hoe lyk dit met jou “weerkaart” as ma? Is jy meestal in ’n bewolkte bui wat die lewe vir jou
gesin moeilik maak, of is jy ’n sonskynma wat lig en vreugde uitstraal? ’n Ma is by uitstek
die persoon wat die atmosfeer van die huis bepaal:
 Ma sorg vir vars blomme in die huis.
 Ma deel kwistig liefde uit.
 Ma soen seerplekke gesond.
 Ma skep vir haar gesin ’n gelukkige hawe waar elke gesinslid tuis voel en onvoor-
waardelik aanvaar word.
Nina Smit

Soos die berge Jerusalem aan alle kante beskerm, so beskerm die
822 Here sy volk, nou en vir altyd.
Psalm 125:2

Die Bybel sê dat ’n mens met goeie dade en liefdesbetoon by jou eie klein Jerusalem moet
begin. In jou eie hart eerste. Ondersoek dit en kry dan jou prioriteite reg. Dan jou huis-
mense. Om hulle te bedien met liefde, geduld, vriendelikheid, vrede en al die ander vrugte
van die Gees. Dan jou huishulpe wat jou help om jou dag sinvol deur te bring. Om hulle
en hulle gesinne te help moet vir jou belangrik wees. Daarna eers kom familie, vriende, die
kerk en jou gemeenskap. Begin reg, doen goed, leef in liefde en maak ’n verskil.
Lana van Niekerk

288

1001 Beloftes_NEW.indd 288 4/18/2006 11:07:36 AM


Tweegesprek
Daarna sê Moses vir God: “Sê nou maar ek kom by die Israeliete ... en
823 hulle vra vir my: ‘Wat is sy Naam?’ Wat moet ek dan sê?” Toe sê God vir
Moses: “Ek is wat Ek is. Jy moet vir die Israeliete sê: ‘Ek is’ het my na
julle toe gestuur.”
Eksodus 3:13-14

 Kom by God uit en luister met jou hart én verstand, en hóór wat God sê.
 Gebed is ’n tweerigtinggesprek: Gaan sit en vertel en luister na wat God sê.
 Wéét die Here luister en verstaan, want só bly jy heeltyd besig met God – dan wandel
Hy regtig met jou.
 Herinner Hom aan Sy beloftes in gebed en sien hoe wonderlik jou gebedstye gaan word
en die hele pad wat jy saam met God loop. Vertrou Hom om Sy beloftes na te kom.
Cecile Burger

Want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen
824 wat klop, sal oopgemaak word.
Matteus 7:8

“Ag, Here, waarom verhoor U altyd ander se gebede soveel gouer en beter as myne?”
wonder jy. Ons het die voorreg om tot ’n hemelse Vader te bid wat weet wat ons alles nodig
het. Om dit te weet is belangriker as die manier waarop jou gebed beantwoord word.
Ons hemelse Vader ken jou hart se begeertes en gedagtes. Jy hoef oor niks bekom-
merd te wees nie. Maar jy moet nog altyd deur die Gees oral vir alle mense en oor alle sake
bid, smeek en vir God dankie sê.
Judy Venter

Toe het die man gekniel en tot die Here gebid ...
825 Genesis 24:26

Mense in die antieke tyd het nooit hulle oë toegemaak as hulle gebid het nie. Op Sondae
het die Christene altyd gestaan wanneer hulle gebid het om te onthou dat Christus uit die
dood opgestaan het! Op ander dae het hulle gekniel of met hulle gesig laag op die grond
gelê. Christene was baie lief om sekere woorde hard uit te roep as hulle bid ... woorde soos
amen, halleluja (prys die Heer) en gratias Deo (dank aan God). Watter gebruike jy ook al
het, maak nie saak nie. Wat regtig saak maak, is dat jy wel bid en dit gereeld doen.
Hennie Stander

289

1001 Beloftes_NEW.indd 289 4/18/2006 11:07:36 AM


Twyfel
Maar ’n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat
826 twyfel, is soos ’n brander in die see wat deur die wind aangejaag en
heen en weer gedryf word.
Jakobus 1:6

Om te twyfel is soos om stadig gif te drink. Die dood wat dit bring, kou aan jou energie en
kreatiwiteit. As gelowige hoef jy egter nooit ’n saak as onmoontlik of as ’n mislukking te
beskou nie. Die God wat binne-in jou is, is volkome instaat om hoop en geloof in die don-
kerste situasie in te skiet. Die berg voor jou is nooit so groot soos die Krag agter jou nie!
Annie Coetzee

So ’n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al sy doen


en late, moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie.
827
Jakobus 1:7-8

Twyfel moet oorwin word! Dit kan ons harte en gedagtes so volmaak dat daar nie meer
plek vir geloof is nie. Die volgende wenke kan twyfel beveg:
 Voed jou geloof met die Bybel.
 Ons moet ons oor mekaar ontferm in tye van twyfel.
 Ons moet die Here getrou in die erediens ontmoet.
 Leer om die Here te vertrou as jy die lewe nie verstaan nie.
Ampie Barnard

Toe ek verbitter was en veronreg gevoel het, was ek dom en sonder


828 insig; soos ’n redelose dier het ek my teenoor U gedra. Tog was ek nog
altyd by U, want U vat my aan die hand. U lei my met u raad en aan die
einde sal U my in ere by U opneem.
Psalm 73:21-24

Daar is dinge in die Bybel wat jy met jou verstand moet vasgryp. Jy moet aanvaar dat God
in jou is en jou opreg liefhet.
As jy dit elke dag vir jouself sê, ontdek jy dis waar! En jy doen dit deur daagliks jou
Bybel te lees en te aanvaar dat God daardeur met jou praat.
Jannie le Roux

290

1001 Beloftes_NEW.indd 290 4/18/2006 11:07:36 AM


Tyd
Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd ...’n tyd
829 om te huil, ’n tyd om te lag, ’n tyd om te treur, ’n tyd om van blydskap te
dans ...
Prediker 3:1, 4

Belê in jouself deur tyd aan jousélf af te staan. Maak tyd vir familie en vriende. Jy kan die
tyd nie terugdraai nie.
Leef elke sekonde voluit en geniet elke dag. Gebruik elke oomblik wat God jou gun ten
volle. Vind balans in geloof, liefde en werk.
Nadine

Alles word bepaal deur tyd en geleentheid.


Prediker 9:11
830
Toe die sielkundige William Marston in ’n vraelys vir 3 000 mense gevra het waarom hulle
leef, was hy geskok om te ontdek dat 94% geantwoord het dat hulle vir die toekoms leef!
Nie een van ons weet wat die toekoms inhou nie. Vandag is dalk jou laaste dag op
aarde. Daarom moet jy dit ten volle benut. Wat môre gaan gebeur, weet jy nie. Leef daarom
voluit en wees lief vir jou dierbares. Jou lewe is ’n geskenk van God. Gebruik elke geleent-
heid wat Hy vir jou gee, en moet niks tot môre uitstel wat jy vandag kan doen nie.
Nina Smit

Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in ’n god-
831 delose tyd.
Efesiërs 5:16

Tyd is kosbaar, gebruik dit reg ...


Wanneer laas het jy iets vir iemand beteken, jou gawes gebruik, die Here se wil gesoek?
Wanneer laas het jy en jou gesin saam gebid en stiltetyd gehou?
Onthou ...
Niemand anders gaan stiltetyd in jou program inruim of die rusteloosheid in jou siel
vervang met vrede nie. Niemand anders gaan reël dat jy tyd saam met jou gesin deurbring
nie. Niemand anders kan namens jou betrokke raak by ander in nood nie.
Hannes Burger

291

1001 Beloftes_NEW.indd 291 4/18/2006 11:07:36 AM


Tydsbesteding
Moenie tyd mors nie!
1 Samuel 20:38
832
Ek het ’n heimwee na my kinderdae. Ek onthou hoe ons in die motor gery en gesing het.
Ek onthou hoe ons smiddae saam geëet het.
Ek onthou dat ons tyd gehad het vir mekaar en vir dinge wat vir ons lekker was. Dinge
wat min gekos het en baie vreugde gebring het.
Vandag, as ons iewers heen ry, skakel ons die radio aan. Ons sing nie eintlik meer nie.
Ons eet min middae saam, want my kinders kom nie huistoe ná skool nie.
Ons moet baklei vir ons tyd saam. Moenie dat die gejaagdheid van die lewe jou insluk
nie. Jy is dit aan jou kinders verskuldig.
Jaco Thom

Weerhou my van ’n nuttelose lewe, laat my leef op die weg wat U aan-
833 wys.
Psalm 119:37

Die aardse lewe is maar ’n oogwink lank. Vra jouself: Leef ek vir die wêreld en dink môre
sal ek vir God begin leef, of wil ek elke dag tot eer van God leef?
 Nóú is die tyd om vas te hou aan die dinge waarvoor jy lief is.
 Nóú is die tyd om ernstig te raak in jou verhouding met God.
 Nóú is die tyd om lief te wees vir jou naaste.
 Nóú is die tyd om op te hou kla.
Marteli van Niekerk

... wie reg doen, floreer soos groen blare aan ’n boom.
Spreuke 11:28
834
Tyd vir jouself, vir jou beroep, jou gesin, jou huis. “Ek het nie genoeg tyd nie!’’ weerklink die
noodroep.
“Soms is dit slegs deur ons van ander af te sonder dat ons onsself vir hulle kan gee.
Die tyd wat jy in afsondering deurbring, dien as voorbereiding om God en mense op die
effektiefste manier moontlik te dien,” is die Spiritual Renewal Bible se raad.
Neem tyd, raak stil ... raak weer vol. Dink na oor God. Maak ’n dieper wandel met God
nommer een in jou lewe! Dan sal die ander dinge in die regte tydgleuwe inpas.
Judy Venter

292

1001 Beloftes_NEW.indd 292 4/18/2006 11:07:36 AM


Uitbranding
Om hierdie rede herinner ek jou daaraan dat jy die genadegawe wat
835 God jou gegee het ... soos ’n vuur weer moet aanblaas.
2 Timoteus 1:6

As jy dink dat jy dalk uitgebrand is, gaan praat met ’n professionele persoon wat jou kan
help om weer koers te kry. Onthou dat jy reeds alles wat jy nodig het, in Christus het!
Skryf alles wat jy droom en wil bereik, neer en kyk of dit regtig doenbaar is. Vra iemand
om jou daarmee te help. As al jou verwagtings vir jou realisties lyk en jy steeds uitgebrand
voel, moet jy vir seker weer na alles kyk. Dalk is daar dinge wat jy later kan doen, minder
kan doen of heeltemal kan los.
Jannie le Roux

My God, my God, waarom het U my verlaat en bly U ver as ek om hulp roep?


Psalm 22:2
836
Archibald Hart, ’n Christen-sielkundige, sê dat jy vir jou liggaam moet sê wanneer daar ’n
noodgeval is en wanneer nie.
 Sê duidelik vir jou brein wanneer jy werk en wanneer jy rus.
 Sit ná strestye tyd eenkant sodat jou liggaam kan regkom en sy ritmes en adrenalien-
vlak weer normaal kan word.
 Gaan kuier vir iemand, werk in jou tuin of gaan loop in die winkels rond. Breek jou
spoed, onbeplan.
 Gaan sit op ’n stil plek, strek jou uit en haal diep asem, drink die stilte rondom jou in …
raak bewus van jou Skepper en sy teenwoordigheid.
Judy Venter

Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.
Matteus 11:28
837
Stresfrakture is klein krakies wat in bene ontstaan as gevolg van sport. Maar ons ontwikkel
ook stresfrakture in ons gees. Die voortdurende spanning en druk veroorsaak klein krakies
wat nie vir ander nie, maar vir die Here sigbaar is. Die Here wil ons geestelike stresfrakture
behandel voordat dit op ’n breuk uitloop. Daarom nooi Jesus ons uit om na Hom toe te
kom. Hy gee vir ons ’n roetine van werk en rus sodat ons gees weer sterk kan word en ons
van binne af gesond kan word. Innerlike rus bring weer balans en die vermoë om te bepaal
waaroor die lewe gaan.
Kobus Sandenberg

293

1001 Beloftes_NEW.indd 293 4/18/2006 11:07:36 AM


Uitbundigheid
Die hele aarde het nou rus en vrede, sy inwonders juig en sing.
Jesaja 14:7
838
Elke dag is vol geleenthede om te lag! Snaakse dinge wink om elke hoek en draai en nooi
ons om te kom bokspring op die ritme van humor.
Humor, lag en skerts is goed vir jou. Jy het dit nodig. Humor spuit ’n dik stroom goeie
sappige sous deur jou liggaam, sê wetenskaplikes. Dit vreet jou swartgalligheid op, dit
diens jou strak gees, dit sit ’n huppel in jou stap. Begin vandag om meer te lag en jouself
minder ernstig op te neem. Ja, kies om te lag, selfs in die donker.
Jan de Wet

... hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan. Roep
839 insig by, vra na gesonde begrip.
Spreuke 2:2-3

’n Verkleurmannetjie wat met een gehandskoende voorpootjie huiwerig in die lug mik-mik
sit en wieg voor hy die volgende tree gee. So is ek nou. Ek moet ’n kar koop. Ek soek iets
wat sag is op die oog, die sitvlak en die sak. Ek vra raad by manne van formaat, swerf op
die net, toetsbestuur uit oos en wes.
Die oumense het gesê trou is nie perdekoop nie, maar ek sê vir jou karkoop is baie
soos man-vat: As jy looks, performance, betroubaarheid en veiligheid in een wil hê, skop jy
daai model nie sommer agter elke verkoopsman uit nie!
Annalise Wiid

Alles waarmee ek my besig gehou het, het my plesier verskaf.


840 Prediker 2:10

Geen “kwaal” is so aansteeklik soos lag nie. Lag is nie ’n mors van tyd nie, ook nie ’n
luuksheid nie. As ons siek is, kan lag ons help om gesond te word. As ons gesond is, help
lag ons om gesond bly.
As ’n mens lekker lag, voel dit soos ’n vreemde krag wat nie net onder jou nek stop nie.
Die opgewektheid beweeg soos trillings deur jou hele liggaam; jy voel totaal ontspanne en
nuut. Dis dan dat jy jouself met ’n kitaar vergelyk – en jou lag met strelende hande wat elke
snaar goed bespeel.
Annie Coetzee

294

1001 Beloftes_NEW.indd 294 4/18/2006 11:07:36 AM


Uitreik
Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar ...
Efesiërs 4:32
841
Die doel van omgee is nie om die positiewe van mense te verwag nie; dis om ons eie hulp
nederig te beskou en die geringheid daarvan vierkantig in die oë te kyk. Gee verwag niks
terug nie – nie ’n dankie nie en ook nie positiewe gevolge of erkenning nie. Omgee hou
ook nie op omdat jy nie resultate of waardering sien nie. Uitreik na iemand vra nie verma-
ning of tugtiging of onderrig nie. Hulp is die gee van ’n stukkie van jouself omdat jy self ook
al swaargekry het. God werk immers altyd, onophoudelik en onvoorwaardelik saam met
ons in die gebrokenheid van ons wêreld.
Kobus Neethling

Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn
842 aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik
aankom.
Filippense 1:9

Dit is baiekeer vir ons swaar om iemand wat deur ’n lewenskrisis gaan, te gaan bemoedig.
Jy wil iets doen om die swaarkry vir jou dierbares te verlig. Omdat ek self al beleef het hoe
’n omhelsing kan troos, val ek maar gewoonlik terug op my twee arms. Sonder woorde,
want die trane het teen daardie tyd al vanself gekom.
Is dit die goue reël? Seker nie. Party mense het ’n wonderlike gawe om die regte
woorde te sê. Die belangrikste is om nie weg te bly nie. Volg verder jou hart se pad. Maar
gaan wys dat jy omgee.
Ida Gräbe

Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.
Matteus 11:28
843
Sanna was uitgeput. Laetitia het gesê: “Kom na my toe ... ” Toe Sanna daar kom, word sy
gastekamer toe geneem. Daar is roosblare op die bed en skuim in die bad. Laetitia glimlag:
“Jy’s hopeloos oorwerk. Nou gaan jy lekker lank bad en dan gaan jy slaap. Ek kom maak
jou later wakker met ’n koppie tee ... ”
Haar goedhartigheid eggo iets van Jesus se “Kom na my toe ...” Nie om my te bedien of
te help nie, maar om bedien te word. Kom na my toe ... om te rus ... Elke stukkie “kom rus
by my” is ’n klein voorspel tot God se groot, verlossende rus.
Annalise Wiid

295

1001 Beloftes_NEW.indd 295 4/18/2006 11:07:36 AM


Vadersorg
Wie groot rykdom versamel deur mense uit te buit, versamel dit vir
844 iemand wat hom oor arm mense sal ontferm.
Spreuke 28:8

Daar is ’n paar belangrike vrae wat ons oor geld kan vra:
 Hoekom is ongelowiges finansieel voorspoedig? Versamel jou skat op die regte plek.
Wees ryk in God, want aardse rykdom vergaan.
 Weerhou God sy seën van my as ek nie my tiende gee nie? Gee gerus jou tiende en
ontvang God se sëen.
 Moet ek steeds in God se koninkryk saai as ek self min het? Hou aan saai, ongeag jou
omstandighede. Wat jy saai, sal jy maai.
 Hoekom voel ek nie geseënd nie, al pas ek hierdie beginsels toe? God seën jou met
gesondheid en voorspoed, nie noodwendig met geld nie.
 Sal ek dit wat ek gee, terug ontvang? God voorsien op die regte tyd in jou behoeftes.
Anita van Niekerk

Tree tog vir my in dat dit met my goed kan gaan.


Psalm 119:122
845
Die verhale in die Ou Testament is die geskiedenis van God se verhouding met mense.
Wanneer ’n mens dit lees, kom jy agter dat hierdie verhale van gesinsknoeiery en bloedige
oorloë en moord en verraad ook jou eie storie is. Dit laat jou verstaan hoe God met mense
werk, hoe Hy oor ons voel, en wat Hy vir ons beplan.
God is lief vir mense. Selfs wanneer ons ontrou is aan Hom, bly Hy getrou aan ons.
Vic en Thea Brink

Waarheen sou ek gaan om u Gees te ontvlug ... om aan u teenwoordig-


846 heid te ontkom?
Psalm 139:7

God is almagtig en alomteenwoordig. Jy kan nie van Hom af vlug nie – Hy is orals.
Jy moet kies of jy vír of téén God is. Om te maak asof Hy nie daar is nie, is ’n manier om
jou te verset. Selfs wanneer jy jouself oortuig dat Hy weg is en vir jouself vertel Hy is dood,
is Hy steeds daar. Hy bly steeds lief vir jou en wag dat jy na Hom toe draai.
Hy wil jou in sy arms neem wanneer Hy jou verwelkom.
Vic en Thea Brink

296

1001 Beloftes_NEW.indd 296 4/18/2006 11:07:36 AM


Vandag
Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en
847 vrede vervul, sodat julle hoop al sterker kan word deur die krag van die
Heilige Gees!
Romeine 15:13

Die lewe is kort en kosbaar daarom is dit jou plig om elke oomblik daarvan so goed moont-
lik te gebruik. Kies om jou lewe elke dag met passie en opwinding te lééf! Aanvaar die
uitdagings wat na jou kant toe kom. Gebruik elke dag só dat jy nie net jouself verryk nie,
maar ook alle ander mense met wie jy in aanraking kom. Vergeet van gister se mislukkings
en môre se bekommernisse. Vandag is 24 kosbare ure tot jou beskikking waarmee jy kan
werk, sodat jy aan die einde van hierdie dag sal weet dat jy regtig jou bes gedoen het, dat
jy met God se hulp vandág berge versit het en die wêreld vir ten minste één ander persoon
’n beter plek gemaak het.
Nina Smit

Julle weet nie eers hoe julle lewe môre sal wees nie! ... Julle moet eer-
der sê: “As die Here wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen.”
848
Jakobus 4:14-15

Ons moenie môre-mense wees en net dink, beplan, leer, belê en voorsien vir môre nie.
Ons moenie vergeet om vandág te lewe nie.
Ons moet dankbaar wees vir die oomblik, wat dit ook al inhou.
Ons moenie bekommerd wees oor die toekoms nie, maar elke dag vol moed aanpak.
Ons moenie ons lewe verby wens nie.
Milanie Vosloo

Ek hou vas aan u troue liefde, oor die uitkoms wat U gee, juig my hart.
Psalm 13:6
849
Gister is verby. Dis ’n vermorsing van kosbare tyd om daar te gaan verdwaal.
Net so sonder nut is dit om in die toekoms te lewe. As dit maar net kon gebeur  ... As ...
Jy weet watter begeerte in jou binnekant dreig om vandag vir jou kleurloos te maak.
Die Woord sê dat ons ’n vyand het wat steel en vernietig. Soms steel hy ’n lewe, maar
hy doen dit ook stadiger – een dag op ’n slag. Gryp vas aan vandag en lewe met oorgawe.
Dis God se geskenk aan jou!
Anita Erasmus

297

1001 Beloftes_NEW.indd 297 4/18/2006 11:07:37 AM


Veilig-ma
Wie reg doen en eerlik lewe, met sy kinders gaan dit goed.
Spreuke 20:7
850
Die moderne wetenskap het al gesorg vir plaasvervangers vir die meeste dinge – maar
nog nie vir ’n ma nie. Daar is net één van haar soort, en haar kinders én haar man kan nie
sonder haar nie.
Van kleins af kom die kinders – en Pa ook maar – na die ma met hulle bekommernisse.
Dis na haar wat hulle hardloop as hulle bang is of seerkry. ’n Ma ken die regte salf vir al
die verskillende seerplekke, sy kan einas gesond soen, hartseer met haar drukkies laat
verdwyn en mense laat glimlag met haar glimlag.
Nina Smit

Moenie huiwer om jou kind te straf nie, want as jy hom slaan, red jy sy
851 lewe.
Spreuke 23:13

’n Goeie ma behoort die moed te hê om haar kinders van kleins af te dissiplineer omdat sy
hulle liefhet. Leer jou kinders wat reg en wat verkeerd is, en straf hulle as hulle nie luister
nie. Vergeet daarvan dat jou kinders eendag gehoorsaam sal wees as jy hulle nou alles
toelaat. Stel vir jou kinders grense wat hulle nie mag oortree nie, al kom hulle in opstand.
Leer jou kinders om jou gesag as ouer te respekteer. Lê die fondament vir hulle karakter
tuis en gee hulle die regte leiding. Net dan sal jy ’n ma wees wat eendag goed aangepaste,
verantwoordelike jong volwassenes in jou huis gaan hê.
Nina Smit

Gee leiding aan ’n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy
852 al oud is nie daarvan afwyk nie.
Spreuke 22:6

Die groot verskil tussen ’n ma en ’n ouma is dat ’n ouma haar rolle kan kies. ’n Ouma gaan
haal die kleinkinders by die kleuterskool of skool wanneer sy mooi gevra word. ’n Ouma
het ’n keuse tussen minister van welsyn, bederwer, storievoorleser, wiegeliedjiesanger en
goeie fee. ’n Ouma is nie haastig nie, ten minste nie wanneer sy die dag die kleinkinders
ontvang nie. ’n Ouma gebruik nie woorde waaroor haar kleinkinders by die skool raas kry
as hulle dit herhaal nie. En oor hierdie en al haar ander deugde styg haar waarde elke dag
in haar kleinkinders se oë.
Ida Gräbe

298

1001 Beloftes_NEW.indd 298 4/18/2006 11:07:37 AM


Vergewe ander
Hulle vergeld my kwaad vir goed, hulle gebruik elke geleentheid om
853 my by te kom. En tog, toe húlle siek was, het ek getreur soos oor ’n
sterfgeval ... Maar nou dat ek in die moeilikheid is, is dit vir hulle lekker
en span hulle saam teen my.
Psalm 35:12-13, 15

Mense wat jy vertrou, maak foute en dan is jy teleurgesteld.


Moenie onmoontlike standaarde aan mense stel nie. Een verkeerde daad kanselleer nie
alle goeie dade nie. Elke mens bly feilbaar. Leer ken jou eie feilbaarheid en vergewe ander.
Dis baie beter om te vergewe en te vergeet as om te onthou en te berou.
Jannie le Roux

Nader tot God en Hy sal tot julle nader.


854 Jakobus 4:8

Jy het baie dinge waarvoor God jou moet vergewe! Ook dit wat jy nie doen nie. As jy ander
mense nie so liefhet soos jy jouself het nie, is dit verkeerd. As jy nog nie verby die pyn kyk
wat ander jou aandoen nie, het jy hulle nog nie vergewe nie ...
Wanneer jy dit wel regkry om mense te vergewe, is dit danksy die Heilige Gees. Omdat
Jesus God se vergifnis aan die kruis verdien het. Bid dat jy ander makliker kan vergewe en
dank God vir sy vergifnis!
Nina Smit

Kom tog, laat ons die saak uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlaken-
855 rooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu.
Jesaja 1:18

Wanneer jy ander mense vergewe, maak jy hulle vry van die vooroordele wat jy hulle
opgelê het. Jy gee hulle die geleentheid om in die toekoms nuwe mense in Christus te
wees.
Vergifnis maak jou en ander vry van die verlede. Jy stel jou oop om hulle goeie eien-
skappe raak te sien. Omdat jy losgemaak is van die drang om te haat en te vergeld, is jy
vry om in oorwinning te lewe.
Vergifnis maak ’n mens heeltemal skoon.
Judy Venter

299

1001 Beloftes_NEW.indd 299 4/18/2006 11:07:37 AM


Vergewe en vergeet
Christus het ons vry gemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in
856 hierdie vryheid en moet julle nie weer onder ’n slawejuk laat indwing nie.
Galasiërs 5:1

’n Geheue is ’n goeie ding, maar die vermoë om te vergeet is ’n kenmerk van ware groot-
heid, sê Elbert Hubbard. Ons straf dikwels onsself omdat ons glo ons kan nie vergeet nie.
Jy het die saak voor God gebring en hulp gevra. Dan beleef jy ’n rukkie vrede, totdat die
duiwel jou weer begin beskuldig.
Foster skryf dat vergifnis nie beteken jy vergeet nie. Jy sal waarskynlik altyd onthou.
Maar jy gebruik dit nie langer teen die ander een nie.
Judy Venter

Bo alles moet julle mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek baie
857 sondes.
1 Petrus 4:8

Die vensters van ons siel raak soms vuil. Ons is maar almal mense met ons eie vooroordele
en selfsug. Daarom is daar misverstande, word ons soms kwaad en kan ons met onver-
gewensgesindheid rondloop. Vuil sielvensters maak ons blind vir ons eie foute en laat ons
die goeie in ander miskyk. Jesus het gekom om ons hartsvenster silwerskoon te was. Wan-
neer ons besef hoe groot ons Verlosser se vergifnis is, is dit maklik om dwarsdeur die vuil
van ons vriendinne se vensters te kyk en kan ons vergifnis in oormaat uitdeel.
Milanie Vosloo

Aanvaar mekaar dan, soos Christus julle ook aanvaar het, tot eer van
858 God.
Romeine 15:7

Wanneer Jesus van ons verwag om ander te vergewe soos Hy ons vergewe het, dan wys
Hy ons die pad na innerlike genesing. Vergewe en vergeet beteken:
 dat jy nie ’n onreg wat iemand jou aangedoen het, langer teen hom hou nie
 jy broei nie daaroor nie en jy koester nie wraakgedagtes nie
 jy dink nie meer met bitterheid daaroor nie
 jy bespreek dit nie met ander en jy haal dit nie weer teenoor hom op nie.
So sal jy innerlik begin genees en weer kan begin leef.
Ampie Barnard

300

1001 Beloftes_NEW.indd 300 4/18/2006 11:07:37 AM


Vergewe jouself
Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie.
Romeine 3:22-23
859
Jy mág jouself vergewe! In Christus is daar die moontlikheid om jou sonde te bely en sy
vergifnis te aanvaar. As Hy jou vergewe, hoekom sal jy jouself nie vergewe nie?
Probeer verduidelik hoekom jy jouself nie kan vergewe nie. Bid deur hierdie pyn in die
teenwoordigheid van Jesus. Aanvaar dat sy bloed ook vir hierdie sonde gevloei het.
Om jouself te vergewe maak jou vry van die onnodige druk om ’n supermens te wees.
Onthou, jy hoef net God se mens te wees!
Jannie le Roux

As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en
860 is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely – Hy is
getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle
ongeregtigheid.
1 Johannes 1:8-9

Dit is goed as jy skuldig voel oor sonde. Dis die Here se manier om jou te laat besef dat jy
iets aan daardie sonde moet doen.
Sonde is ’n muur tussen jou en God. Breek die muur af deur jou sonde te bely.
Die straf is betaal, al wat kort is jou skulderkenning. Hy vergewe ons en dink nie weer
aan die sonde nie.
Vic en Thea Brink

Wees dus op julle hoede dat julle nie meegesleep word deur die dwa-
861 ling van beginsellose mense en so van julle eie standvastigheid beroof
word nie.
2 Petrus 3:17

Sukkel jy om jouself te vergewe vir die foute wat jy aanhoudend maak?Jy mag jouself
vergewe. Jesus het volledig vir jou gesterf, vir alles.
Skryf dit waarmee jy sukkel om in jouself te vergewe, op ’n stuk papier. Skeur dit op en
spoel dit in die toilet af en wéét: Hierdie ding is nou weg uit my lewe. Verander die manier
waarop jy met jouself praat deur te sê: “Ek is God se kind. Ek is skoon. Ek is nuut.”
Jannie le Roux

301

1001 Beloftes_NEW.indd 301 4/18/2006 11:07:37 AM


Vergifnis skenk
Dit sny deur my hele wese as my teëstanders my spot en dag na dag vir
862 my sê: “En waar is jou God nou?”
Psalm 42:11

Ons vra onsself gedurig af: “Is vergifnis in hierdie geval regtig geregverdig?”
Vergifnis is om te erken: “Daar ís aan my verkeerd gedoen. Maar, Here, U het vergewe,
daarom vergewe ek ook.”
Dis ’n besluit, een wat jy dalk weer en weer sal moet neem. Soos jy Jesus kan aanneem
deur gebed, so kan jy vergewe deur gebed. God het nie net ons skuld vergewe nie, maar
ook daarvoor betaal. Watter reg het óns om boek te hou van die kwaad?
Anita Erasmus

Die offer wat U wil hê, o God, is verootmoediging: U sal ’n hart vol
863 berou nie gering ag nie, o God.
Psalm 51:19

Jy kan ook die kuns leer om omvergifnis te vra ...


 Spyt ... moenie mense te vinnig oordeel nie.
 Vergifnis ... vra om vergifnis wanneer jy ’n fout gemaak het.
 Erken ... erken as jou optrede dalk verkeerd was.
 Verplig ... vra omverskoning omdat jy dit bedoel en nie omdat jy iemand anders wil
tevrede stel nie.
Jannie le Roux

Hy sal ons weer genade betoon, Hy sal ons sonde tot niet maak, U sal
864 ons sondes in die diepsee gooi.
Miga 7:19

 Jy moet erken jy het seergekry en eerlik wees oor die manier waarop jy pyn hanteer.
 Jy moet besluit om die pyn agter te laat.
 Jy moet die reg prysgee dat jou maat jou moet vergoed vir die onreg wat hy of sy jou
aangedoen het.
 Jy moet leer om weer en weer te vergewe.
Floris Knouwds

302

1001 Beloftes_NEW.indd 302 4/18/2006 11:07:37 AM


Vergifnis vra
As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse
865 Vader julle ook vergewe.
Matteus 6:14

 Sonder vergifnis sou nie een van ons ’n kind van God kon wees nie.
 Vergewe sodat jy vergifnis kan kry.
 Vergifnis beteken ook selfvergifnis.
 Gun jouself ’n tweede kans.
 Hou op om jou kop in die modder van jou verlede te steek.
 Erken dat jy jou foute moet probeer regmaak.
Jan van der Watt

U weet hoe sondig ek is, o God, my verkeerde dade kan ek tog nie vir U
866 wegsteek nie.
Psalm 69:6

Ons is God se modderkinders. Dis wat dit beteken om ’n gevalle mens te wees. Maar
onthou dat jy vergewe is teen ’n ontsaglike prys!
Innerlike vrede kan net deur Goddelike vergifnis ervaar word, maar dan moet vergifnis
aangegee word na my naaste. Vergifnis van Bo en vergifnis na buite – dit alleen bring die
siel tot rus. Vergewe en begin lewe.
Rassie van Niekerk

As ek iets verkeerds gedoen het, Here my God, as daar onreg aan my


hande kleef, as ek ’n vriend van my kwaad aangedoen het ... mag die
867
vyand my dan agtervolg en inhaal, my in die grond in trap ...
Psalm 7:4-6

 Vergifnis is ’n opdrag van God.


 Onvergewensgesindheid maak jou seerder as jou oortreder.
 As God se genade vir jóú so groot is, behoort jy nie dieselfde genade te betoon nie?
 Dink aan die onverdiende vergifnis wat jy ontvang.
 Bid vir jou oortreder.
Anita van Niekerk

303

1001 Beloftes_NEW.indd 303 4/18/2006 11:07:37 AM


Verhoudings
Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.
Jesaja 41:10
868
Wonder jy soms wat Jesus se model vir verhoudings is?
 Jesus hanteer mense verskillend.
 Jesus tree instinktief op.
 Jesus aanvaar emosies.
 Sy emosionele volwassenheid stel Hom in staat om te vergewe.
Verhoudings breek dikwels stukkend omdat mense gemaklik en verveeld raak. Jesus
leer ons om gedurig nuut te dink. Ons impulsiwiteit rig dikwels groot skade aan. Jesus leer
ons dat ons in alle situasies ons optrede moet deurdink. Jesus is sensitief, vol medelye en
empatie – kwaliteite wat vrugbare grond vorm vir wonderlike verhoudings.
Kobus Neethling

Ek onthou jou afskeidstrane en wil jou baie graag weer sien. Dit sal vir
869 my ’n groot vreugde wees.
2 Timoteus 1:4

Suksesvolle verhoudings word gebou op ’n drie-letter woord: TYD. Wanneer ons tyd saam
met iemand deurbring, sê ons eintlik:
 Jy is vir my belangrik!
 Dis lekker om by jou te wees.
 Omdat ek omgee, is ek daar vir jou.
In enige verhouding kom daar ’n tyd wanneer dit te laat is. Kom ons leer by Jesus, wat
te midde van ’n vol program tyd gehad het om om te gee, aan te raak, te luister en te praat.
Milanie Vosloo

Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor


870 mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld.
Romeine 12:10

 Dien mekaar en betoon liefde.  Vergewe maklik.


 Wees geduldig.  Luister met begrip en liefde.
 Praat kalm en versprei vrede.  Praat eerlik, liefdevol en begrypend.
 Maak opofferings.
 Oefen om ’n positiewe invloed in al jou verhoudings uit te oefen.
Ampie Barnard

304

1001 Beloftes_NEW.indd 304 4/18/2006 11:07:37 AM


Verlammende vrees
Moenie bang wees nie, Ek is by jou.
Jesaja 43:5
871
Vrees kan:
 jou heeltemal lamlê ... doen iets om dit te oorkom.
 jou in ’n verkeerde rigting laat beweeg ... sien die groter prentjie en moenie op vrees
fokus nie.
 jou hele lewe oorneem ... bestuur jou vrees.
 veroorsaak dat jy vergeet dat jy nie alles kan doen nie ... onthou dat jy alles in God se
hande moet laat.
 beheer word ... sê vir jouself en vir iemand anders: “Ons gaan hierdeur kom.”
Jannie le Roux

Ek is by jou en Ek sal jou beskerm waar jy ook al gaan.


Genesis 28:15
872
Gaan jy bang deur die lewe as gevolg van geweld? Doen iets daaraan! Jou léwe is ’n hoof-
saak, doen dus in elke situasie alles moontlik om te bly lewe:
 Begin ’n selfverdedigingskursus.
 Tref veiligheidsmaatreëls met jou bure.
 Beveilig jou huis en omgewing.
 Wissel jou roetes en tuiskomtye af.
 Plaas jouself in God se hande!
Jannie le Roux

Die lui mens sê: “Daar is ’n leeu daarbuite! Ek gaan doodgemaak word
873 as ek dit buite waag!”.
Spreuke 22:13

Soveel drome verdwyn omdat ons agter vrees en sê-nou-maars wegkruip. En as vrees eers
deel geword het van jou lewe, sien jy ’n leeu om elke hoek en draai! Jy’s bang vir misluk-
king, verlies aan geld, die onbekende en pyn. Het jy regtig rede om vir alles bang te wees?
Of is dit net ’n gewoonte omdat jy eenmaal seergekry of geskrik het? Daar kom tye dat jy
wel bang gaan wees, maar gebruik dit as ’n inspuiting om te presteer – soos ’n atleet sy
bangheid bestuur om genoeg adrenalien vry te stel om goed te vaar. Onthou, jou bang-
wees is God se uitdaging. Bangweesgoed moet jou daaraan herinner om op God te vertrou.
Jannie le Roux

305

1001 Beloftes_NEW.indd 305 4/18/2006 11:07:37 AM


Verlies
As ek aan U dink op my bed, oor U peins in die nag, dan weet ek: U is
874 vir my ’n hulp, en dan juig ek oor die beskerming onder u vleuels. Ek
bly altyd naby U, u hand ondersteun my.
Psalm 63:7-9

Ons huil oor dit wat ons verloor. Jy word in die nag wakker ... en onthou. Iets van die pyn
kom terug. ’n Nuwe proses word aan die gang gesit. Die onthouproses. Al die ervarings
van daardie tyd word oorgespeel. Jy kan van jou herinneringe grubeelde maak of dit
versag tot ’n stuk lewensgeskiedenis. Hoe onthou jy? Met hartseer, waardering, verlange,
woede, haat, vergifnis? Jy is in beheer van jou emosies.
Johan Smit

Waarom die lewenslig gee aan ’n man wat vir hom geen pad vorentoe
875 sien nie, ’n man vir wie God van alles afgesny het?
Job 3:23

Eensaamheid word verander as jy daartéén kies. Alhoewel die leemte wat die verlies van
’n spesiale persoon veroorsaak, nie gevul word nie, kan jy jou eensaamheid minder maak
deur jouself in nuwe, sinvolle verhoudings te gee. By die meeste mense wat die skok van
die dood of verwerping verwerk, is daar weerstand teen nuwe verhoudings. Maar mettertyd
begin jy weer verlang na die nabyheid van ander. Ons is geskape om mense vir mekaar te
wees. Ja, dit bring seerkry, maar dis die enigste pad waarlangs jy vreugde kan ontdek.
Johan Smit

Ek moet nou tot rus kom, die Here het goed aan my gedoen: U het my
876 van die dood gered, U het ’n einde gemaak aan my trane. Ek kon voor
die Here bly wandel in die land van die lewendes.
Psalm 116:7-9

Die dood is nie ’n lekker onderwerp nie. Tog is dit die een feit van die lewe wat oor ons
almal se pad kom.
Gelukkig weet ons nie wanneer ons doodgaan nie. Maar dit beteken dat jy reg moet
wees. Die Here het mos gesê dit sal goed gaan met dié dienaars wat Hy met sy koms be-
sig vind met die werk wat Hy hulle gegee het. En nie net by die wederkoms nie, maar ook
met die einde van jou aardse lewe.
Hannes Burger

306

1001 Beloftes_NEW.indd 306 4/18/2006 11:07:37 AM


Verskille in die huwelik
’n Knap vrou gee haar man hoë aansien; een wat haar man in die
877 skande steek, is vir hom soos vretende kanker.
Spreuke 12:4

Mans en vroue verskil oor (amper) alles ...


 Sy neem besluite in ’n oomblik. Hy oorweeg al die voor- en nadele.
 Sy wil graag kuier. Hy wil eers ’n klomp werk afhandel.
 Sy kan met genot uitbrei oor die detail van ’n storie. Hy gee net die minimum inligting.
 Sy word maklik van ’n standpunt oortuig omdat sy ander in ag neem. Hy is vasberade
om by sy standpunt te bly.
 Sy is die bangste daarvoor om vriendskappe te verloor. Hy is die bangste om misbruik
te word.
Onthou van hierdie verskille sodat dit nie struikelblokke word nie!
Floris Knouwds

Wie ’n vrou kry, vind geluk en geniet die goedheid van die Here.
Spreuke 18:22
878
Mans en vroue se siening van die eienskappe van die ander geslag verskil nogal baie. ’n
Vrou soek ’n man wat haar sal liefhê, koester en verstaan, en wat sy onvoorwaardelik kan
vertrou, wat sinvol met haar kan kommunikeer en goed vir haar sal sorg. Die meerderheid
mans verkies ’n aantreklike vrou wat hom sal bewonder en dinge saam met hom sal doen,
en vir hom ’n gerieflike tuiste sal skep. ’n Man praat ook nie maklik met sy vrou oor sy
gevoelens en probleme nie, terwyl ’n vrou alles wat in haar hart is, vir haar man wil vertel.
Nina Smit

... die gekyf van ’n vrou is soos die gedrup uit ’n dak wat lek.
Spreuke 19:13
879
Sommige vroue probeer om hulle mans te verander soos húlle hulle graag sou wou hê.
Hierdie onvermoë om mekaar te aanvaar het altyd ’n ongelukkige huwelik tot gevolg. Maar
die Here het mans en vroue spesiaal anders gemaak sodat hulle mekaar kan aanvul.
Moenie verwag dat jou man soos jy sal wees nie – of sal word soos jy hom sou wou
maak nie. Maak ruimte vir verskille en aanvaar hom soos hy is, met foute en al. Meer nog,
geniet en bewonder jou man presies net soos hy is sonder om hom te probeer oormaak
soos jy hom graag sou wou hê.
Nina Smit

307

1001 Beloftes_NEW.indd 307 4/18/2006 11:07:37 AM


Versoekings
Maar ’n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en
880 saamsleep.
Jakobus 1:13-14

Hierdie ding wat ons versoeking noem, is ’n eienaardige besigheid. Ek bedoel, jy word iets
aangebied, maar as jy daaraan raak, verander dit in iets aakligs. ’n Mens word verlei deur
jou eie begeertes. As jy aan so ’n begeerte toegee, lei dit tot sonde, en die uiteinde is die
dood. God saai in jou siel die behoefte om in sy teenwoordigheid te wees. Want dis eers
by Hom dat jou diepste begeertes bevredig word. Jou diepste begeerte is immers nie die
dood nie, maar die lewe. En dít vind jy slegs by God wat lewe gee. Luister na die stem-
metjie in jou wat jou uitnooi om by die Versoekinglose te skuil.
Jannie le Roux

As ons dan kos en klere het, moet ons daarmee tevrede wees. Maar die
881 wat ryk wil word, val in versoeking.
1 Timoteus 6:8-9

Geniet jou lewe en bly maer met hierdie wenke:


 Drink eerder mineraalwater of dieetkoeldrank as gewone gaskoeldrank.
 Vermy die hongerpyne deur ’n piesang en ’n bakkie jogurt voor ’n partytjie te eet.
 Koop en bedien laevet-peuselhappies.
 Peusel aan rou groente- en vrugtestukkies.
 Probeer om voor of na ete ’n entjie te gaan staps.
Alta Kruger

Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly.


882 Jakobus 1:12

Versoekings kan groeipunte in jou lewe wees:


 Groei in die kennis van God en van sy Woord.
 Oefen om gehoorsaam te wees aan God en sy Woord.
 Leer om God lief te hê met jou hele hart, siel, verstand en al jou kragte.
 Groei in jou getuienis vir Hom.
 Stry die goeie stryd van die geloof en behaal oorwinning oor sonde en versoeking.
Wanneer jy hierdie groeipunte in jou geestelike lewe stimuleer sodat jy daarin groei,
beweeg jy al nader daaraan om soos Jesus te lyk.
Ampie Barnard

308

1001 Beloftes_NEW.indd 308 4/18/2006 11:07:37 AM


Verstandigheid
U het baie dinge geskep, Here, die aarde is vol van wat U gemaak het,
883 en tog, U het alles in wysheid geskep.
Psalm 104:24

Verstandigheid is:
 meer as boekekennis.
 om te verstaan hoe jy die lewe sien.
 om te weet dat God jou altyd bystaan.
 nie outyds nie, maar leer jou hoe om die moderne lewe reg aan te pak.
Nina Smit

Baie wysheid stel hoë eise, wie kennis versamel, versamel smart.
Prediker 1:18
884
Die manier waarop jy jou brein gebruik, kan ’n verskil maak.
 Dit sal rekenaars ’n honderd jaar neem om alles te verwerk wat die menslike brein in
een minuut kan verwerk.
 Die brein bestaan uit tien biljoen senuweeselle, maar die aantal selle het niks met
intelligensie of kreatiwiteit te doen nie. Die kern van ons kreatiewe intelligensie is in die
stimulasie van die brein, wat die selle in staat stel om verbindings te maak.
 As jy gesond eet, jou liggaam respekteer, emosioneel volwasse bly en nooit ophou om
aktief te dink nie, sal jou brein vir jou baie goed wees.
Kobus Neethling

Die woorde van ’n mens kan diep waters wees, ’n bruisende stroom, ’n
885 bron van wysheid.
Spreuke 18:4

Ek het ’n “engel” in my lewe: my swart ma, Liesbet, wat al 30 jaar lank deel van ons familie
is. Ek het haar nog nie een dag nors of onvergenoeg gesien nie! Haar wysheid en geloof
laat my dikwels skaam kry. Al ken sy self hartseer, kry sy dit reg om altyd met lewensbly-
heid aan te gaan. Sy sê: “ Uit elke stukkie hartseer is daar ’n les te leer. Die lewe vra nie of
hy maar kan aangaan nie, hy doen dit net.”
Haar lewensfilosofie het my geleer: Hou op ontvang en gee meer, gebruik wat die lewe
jou gee en wees dankbaar.
Elmari Craig

309

1001 Beloftes_NEW.indd 309 4/18/2006 11:07:37 AM


Vertroeteling
Ons was liefdevol en sag teenoor julle soos ’n ma wat haar kinders
886 vertroetel.
1 Tessalonisense 2:7

’n Ma hoef nie geleerd of ryk of verskriklik bekwaam te wees nie – solank sy baie liefde
gee! Dan is sy ’n volkome ma. Kos en klere en ’n dak oor die kop is noodsaaklik, maar
sonder liefde is kinders honger en kaal, en leef hulle bedags en snags in die oop veld van
ellende. Jy kan nie te veel liefde vir jou kinders gee nie. Liefde kan nie gemeet word nie en
kan nooit te veel wees nie! ’n Ma weet dat sy haar kinders liefhet wanneer daar so ’n heer-
like warm gevoel in haar opkom as sy aan hulle dink.
Murray Janson

Toe sê sy: “So seker as die Here u God leef, ek het nie meer brood nie
887 ... dan gaan ek vir my en my seuntjie iets klaarmaak om te eet. Daarna
moet ons maar doodgaan.”
1 Konings 17:12

Gelukkig is die ma wat vandag ’n warm bord kos voor haar honger kind kan neersit.
Gelukkig is die ma wat haar kind vannag in die bed kan toemaak, beskut teen wind en
weer en die aanslag van die vyand. Gelukkig is die ma wat haar kind in haar arms kan hou.
Gelukkig is die ma wat weet waar haar kind vandag is.
Sê dankie as jy vandag jou kind kan kos gee en warm hou, as jy hom teen jou hart kan
druk en vir hom sê dat jy hom liefhet. Baie kan dit nie doen nie.
Christa Jonker-Jordaan

’n Knap vrou is baie werd ... As sy praat, is dit met wysheid; as sy lei-
888 ding gee, is dit met liefde.
Spreuke 31:10, 26

Kindjie se skooltaak is nie klaar nie en sy verwag Ma moet inspring. Maar Ma weet van
beter. “Dit lyk my jy het nie beplan nie. Nou ja, jy sal aan die werk moet spring. As jy raad
nodig het, sal ek dit met liefde gee, maar jý, Pop, gaan hierdie taak maak. Lus vir ’n koel-
drankie?”
Verby is die dae dat ma’s soos narre rondhol en kindertjies se basse red! Jou hulp en
ondersteuning aan jou kind het grense. Jy werk sodat jou kind wél kwaliteit-onderrig kan
ontvang. Moenie dit ondermyn deur weer in te skryf as skolier namens jou kind nie.
Wanda de Kock-Bam

310

1001 Beloftes_NEW.indd 310 4/18/2006 11:07:37 AM


Vertwyfeling
Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op
889 God!
Psalm 42:6

U sien my hart, U ken my. U weet hoe baie ek worstel met dinge.
Ander kere loop my hart oor van vreugde en dankbaarheid. Dis so goed om te weet dat
U self mens was, en ek alles voor u voete kan neerlê. Dankie dat U vir my sê: “Kom sit by
My en vertel My hoe jy voel. Ek is by jou!” Vandag vra ek U: Luister na my hart en lei my in
my vrouwees, maatwees en mawees. Ek vertrou U.
Milanie Vosloo

Here my God, U het baie wonderlike dinge gedoen; U dink altyd aan
890 ons; daar is niemand soos U nie.
Psalm 40:6

Jy twyfel miskien of Jesus jou probleme begryp: tog kan jy weet dat Hy goed verstaan.
 Jesus het geen status gehad nie, geen begrip vir mense uit alle sosiale klasse nie.
 Jesus het finansiële nood geken.
 Jesus het verwerping geken en is dikwels misverstaan.
 Jesus is ook deur Satan versoek, en het helse smart geken.
Ongeag al hierdie dinge was Jesus blymoedig. Hy sien ons onsekerheid, pyn, een-
saamheid en verstoting. Hy wil dit sáám met my en jou dra.
Milanie Vosloo

As ons beweer dat ons nie gesondig het nie, maak ons Hom tot
891 leuenaar en is sy woord nie in ons nie.
1 Johannes 1:10

Skuldgevoelens vreet aan mense. Die gevoel dat jy oortree of gefaal het, laat jou swaar kry!
Miskien het jy jare gelede iets gedoen wat steeds aan jou vreet. Dalk worstel jy met
dinge wat jy in woede gesê het, ’n bakleiery met jou kinders of verkeerde gedagtes waar-
oor jy geen beheer het nie. Jy voel skaam, angstig en skuldig!
In ’n verhouding met Jesus het jy geen rede om met sulke skuldgevoelens saam te leef
nie. Christus het die pad oopgemaak om jou heel te maak.
Rassie van Niekerk

311

1001 Beloftes_NEW.indd 311 4/18/2006 11:07:37 AM


Vervulling
Maar ons wat van die dag is, moet nugter wees; ons moet geloof en
892 liefde as borsharnas dra en die hoop op verlossing as helm.
1 Tessalonisense 5:8

Om vervuld te lewe, gebruik jou stiltetyd om God se wil vir jou lewe te ontdek én leef dít.
 Doen wat jou hand vind om te doen.
 Raak betrokke by mense in nood.
 Bid dat God vir jou ’n koninkrykshart sal gee en jou oë op die ewige sal rig.
 Verdiep jou in sy Woord.
 Soek heel eerste sy koninkryk, en kyk wat Hy alles vir jou kom gee. Meer as wat jy bid
of dink. Toets Hom daarin!
Esta Grobler

Laat ons ons dan beywer vir die dinge wat onderlinge vrede en opbou
893 bevorder.
Romeine 14:19

Wat leer ander mense by jou? Hoe lekker dit is om God lief te hê? Hoe klink die woorde
wat uit jou mond kom? Ervaar hulle liefde in jou dade? ’n Anonieme skrywer het gesê: “Jy
skryf ’n boodskap in jou lewensboek, ’n hoofstuk per dag deur alles wat jy sê, wat jy doen,
hoe jy lag. Min lees die Bybel, dit moet jy onthou. Hulle sien net die Bybel se boodskap in
jou.” Bid dat die Here jou menswees so sal suiwer dat ander mense jou kán en wíl volg.
Wees ’n boek waaruit ander ware lewenslesse leer.
Milanie Vosloo

Julle sal goed doen as julle in sy lig bly totdat die dag aanbreek en die
894 môrester opkom in julle harte.
2 Petrus 1:19

As jy ...
 in God glo ... sal Hy ook jou môres verhelder met onsterflike hoop.
 glo dat jy eergister, gister en vandag omsluit is met sy liefde ... sal jy weet dat jy in elke
môre wat Hy jou mag gun, sy liefde gaan ervaar.
 elke dag by God as die Bron van liefde uitkom ... sal jy die liefde elke dag opnuut
ontdek, want God is liefde.
Solly Ozrovech

312

1001 Beloftes_NEW.indd 312 4/18/2006 11:07:37 AM


Verwondering
My onderrig kom na julle soos reënwater, my woorde verkwik julle soos
895 dou, soos sagte reëns op die grassies, soos reënbuie op die graan.
Deuteronomium 32:3

Wanneer laas het jy jou aan iets verwonder? ’n Veer, ’n skulp, blink lig deur ’n blaar, die
seisoen se draai, die spoed waarmee ’n mier se beentjies hom dra, die krag van wind en
water, stofdeeltjies se lui dwarreldans in ’n sonstreep ... jou oë wat hier lees, jou hande wat
oor die sleutels dans – jou hande wat kan aanraak ... vuismaak ... hemelwaarts lig in lof ...
Kyk fyn, kyk tydsaam ... verwondering is suurstof vir jou siel!
Annalise Wiid

Die werke van die Here is groot, almal wat daarin vreugde vind, dink
daaroor na. Sy dade is vol majesteit en luister, sy trou staan vir altyd vas.
896
Psalm 111:2-3

Ons kan darem behóórlik kla. Baiekeer glo ons dat óns omstandighede die slegste is ...
totdat ons die hartseerverhale van ander hoor. Dan kry ons skaam oor ons gekla.
Dis normaal om partykeer ongelukkig, hartseer of gefrustreerd te voel. In sulke tye is
ons Vader se dáárwees salf op ons wonde. Moenie altyd net die donker prentjies van die
lewe sien nie. In ons lewenstuin is daar soveel pragtige vreugdeblomme waarvoor ons
dankbaar kan wees. As jy God met dankbaarheid loof, sal jy sien dat jou probleme kleiner
word, jou vrede meer is en jou lewenskwaliteit blom!
Milanie Vosloo

Die Here is in sy heilige tempel: almal op aarde moet in sy heilige teen-


897 woordigheid stil wees. Wanneer Hy staan, skud die aarde; wanneer Hy
kyk, bewe die nasies.
Habakuk 2:20; 3:6

Jy sê jy het niks om oor bly te wees nie? Maak jou oë en jou hart oop! God is oral!
Het jy vanaand die sonsondergang gesien? Hoe volmaak sy hand dit geverf het?
Wanneer laas het jy die son sien opkom? Kyk na die kleure wat Hy gebruik. God sal dit
môreoggend wéér doen – net vir jou!
Wanneer laas het jy gekyk hoe ’n voëltjie bad of ’n kind hoor lag? Daar is niks wat God
se hart blyer maak nie. Kyk om jou rond! God het baie meer verrassings vir jou.
Karin Metz

313

1001 Beloftes_NEW.indd 313 4/18/2006 11:07:37 AM


Volharding
Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het
898 gelowig enduit volgehou.
2 Timoteus 4:7

Die mense wat duidelike voetspore in die sand van die tyd getrap het, het hulle merk
weens deursettingsvermoë gemaak.
Mozart se uitgewer het vir hom gesê dat hy nooit ’n sent vir sy musiek sou kry nie.
Thomas Edison se onderwysers het gesê hy is onnosel. Toe Walt Disney sy eerste strokies-
prent aan ’n redakteur voorgelê het, het dié gesê hy het geen talent nie.
Hebreërs 11 beskryf talle gelowiges wat aanhouers was. Die sleutel tot sukses is om te
glo in wat jy doen. Maar dan moet jy eers geloof in God hê.
Solly Ozrovech

Ek begryp self nie wat ek doen nie, want wat ek wil doen, dit doen ek
899 nie, maar wat ek haat, juis dit doen ek. Maar nou is dit nie meer ek wat
dit doen nie, maar die sonde wat in my woon.
Romeine 7:15, 17

In ons samelewing verwag almal van jou om suksesvol te wees – om die beste van elke
geleentheid te maak. Jy is egter net ’n kort rukkie tevrede, dan soek jy weer iets beters ...
Wanneer jou hart en verstand in balans is, is jy gelukkig. Jou verstand help jou om in
pas te bly met jou doelstellings. Jou hart help jou egter om te droom. Jy moet na albei
luister vir geluk!
Jannie le Roux

Die Here bepaal die koers van die mens met wie se pad Hy tevrede is,
900 en Hy ondersteun hom. As so iemand val, bly hy nie lê nie, want die
Here help hom op.
Psalm 37:23-24

As jy koponderstebo loop omdat jy ’n kans gemis het, gaan jy die volgende kans óók
miskyk. Leer eerder uit jou foute. Moes briljante uitvinders opgehou het toe hulle die eerste
keer misluk het? Nee, hulle het juis aangehou omdat hulle bly glo het.
Moenie in die truspieëltjie van jou lewe kyk nie, kyk deur die voorruit van jou toekoms.
Daar is elke oomblik ’n ruiker vol kanse om van te kies.
Jannie le Roux

314

1001 Beloftes_NEW.indd 314 4/18/2006 11:07:37 AM


Vrede maak
Liefde en trou bring versoening waar daar verkeerd gehandel is; kwaad
901 word vermy deur die Here te dien.
Spreuke 16:16

Onopgeloste konflik broei, sweer en hou jou uit die slaap ... Jy is seergemaak en wil dit nie
uitpraat nie. Waarom? Jy wil die verhouding bewaar. Jou humeur kan dalk ’n woordewis-
seling veroorsaak. Jy word kort-kort kwaad. Jou adrenalienvlak styg, wat jou tot aksie
aanspoor – veg of vlug. Veg regverdig en verstandig. Onopgeloste konflik is een van die
hoofoorsake van stres. Praat! Dit suiwer gemoedere én verhoudings.
Judy Venter

Leef in vrede met mekaar.


1 Tessalonisense 5:13
902
Om vrede te maak moet jy ...
 eerlik wees
 vergewe en vergeet
 werkbare kommunikasie toepas
 verandering by jouself laat begin.
En jy moet nie ...
 skynheilig wees nie
 skinder nie.
Milanie Vosloo

Die liefde ... handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is
903 nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie.
1 Korintiërs13:4-5

Konflik in jou huwelik ontstel jou. Alle paartjies stry, want dis twee mense uit verskillende
huise wat saamgevoeg word. Daar sál konflik wees. Konflik is nie die probleem nie – hoe
dit hanteer word, is. Egpare probeer nie konflik oplos nie, maar soek eerder iemand om te
blameer. Die uiteinde is dikwels: “Jý is die probleem.”
Praat oor julle huweliksprobleme, aangesien konflik jou huwelik kan vernietig. Hulle wat
konflik in die huwelik oplos sonder om aanvallend te wees, het die geheim van ’n gelukkige
huwelik gevind.
Jaco Thom

315

1001 Beloftes_NEW.indd 315 4/18/2006 11:07:37 AM


Vrees
Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onver-
904 staanbare dinge waarvan jy nie weet nie.
Jeremia 33:3

Ons is almal die een of ander tyd bang. Bang is ’n slegte ding as dit so groot word dat dit jou
verlam sodat jy stokstyf bly staan. Kyk weg van die situasie en kyk na God. Maak ’n foto-
album of joernaal wat jou kan herinner aan al die tye toe Hy jou gehelp het. Kyk na God se
beloftes. Die Bybel is vol van hulle. Begin vandag en merk elkeen wat jy raakloop met ’n kleur.
Keer herhaaldelik terug na elke belofte toe. Dié twee dinge sal jou versterk as jy bang is.
Vic en Thea Brink

... want om te lewe, is vir my Christus, en om te sterwe, is vir my wins.


Filippense 1:21
905
Ek het die groot voorreg gehad om langs my geliefde pa van 85 se sterfbed te staan. In sy
laaste boodskap aan ons skryf hy: “Op die sterfbed ontmoet die aardse en die hemelse
manier van lewe mekaar direk. Hoe ver of hoe anders die hemel ook al is, ons kan nie self
soontoe gaan nie omdat ons nie weet waarheen om te gaan en hoe om daar te kom nie.
Jesus of van sy dienende engele kom ons haal. Húlle ken die pad soontoe. Hulle verskyn
sonder dat die mense rondom die sterfbed dit agterkom, en openbaar hulle aan die ster-
wende. Daar vind kommunikasie plaas waarvan die omstanders niks weet nie, behalwe om
net soms ons laaste glimlag te gewaar. Ek kon daar wees in my pa se laaste oomblikke en
ervaar dat Jesus sy geliefde kind kom haal het. Ek kan nou self getuig dat God sy geliefde
kinders nooit alleen laat nie. Ook nie in die dood nie!
Lana van Niekerk

Met U hulp loop ek ’n oormag storm, met my God by my is geen stads-


906 muur te hoog nie.
2 Samuel 22:30

Moenie toelaat dat jou vrese jou lamlê nie. Ry die monsters van jou verbeelding en die
drake van die werklikheid bloots. Steek tong uit vir die papbroek genaamd Jy-kan-tog-nie.
Jy het net hierdie lewe op aarde. Liewer probeer as heeltyd wonder.
Sekuriteit kom nie deur jouself agter tralies en ysterhekke en met gewapende magte te
beveilig nie. Sekuriteit is om te weet dat wat ook al gebeur, ek het gelééf. Sekuriteit is om te
glo ek is veilig in God se hand, al is ek selfs net ’n kort rukkie hier op aarde.
Jannie le Roux

316

1001 Beloftes_NEW.indd 316 4/18/2006 11:07:37 AM


Vreesagtigheid
Hy maak die donker my tuiste, ek is soos dié wat lankal dood is ... Ek sê
907 vir myself: Die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom.
Klaagliedere 3:6, 24

Ons het almal vrese, maar jy kan daaraan werk:


 Kennis verdryf vrees. Leer byvoorbeeld soveel moontlik oor spinnekoppe. As jy eers
weet hoe hulle werk, weet jy hoe om hulle te benader.
 Probeer vasstel waar jou vrees vandaan kom. Dis baiekeer ’n traumatiese ervaring uit
jou kleintyd wat jou bevrees maak.
 Gee jou vrees vir God. Vra Hom wat Hy jou deur jou vrees wil leer. Kyk of jy die ant-
woord kry.
Vic en Thea Brink

Die Here het gehoor, uit al my benoudhede het Hy my gered.


Psalm 34:7
908
Die wildbewaarder waarsku ons dat indien ’n olifant sou storm, ons net moet stilstaan. Hy
kén olifante, hy sal dit hanteer. Benoud volg ons die bewaarder. Kort daarna storm ’n jong
bul op ons af. Die bewaarder wys “staan”. Hy gaan reg voor die bulletjie staan en toe dié
stof opskop, skop hy ook stof op. Die olifant flap weer sy ore, die bewaarder sy arms. Die
olifant tree vorentoe, die bewaarder ook. Die olifant wil nog ... maar toe blaas hy die aftog.
My hart klop in my ore. Toe die bewaarder wys dat ons kan verder loop, loop ek reg agter
hom. Ek het geleer: Vrees het gestorm, maar ek het geluister en bly staan. Weghardloop
sou gevaarliker gewees het. Ek het die Bewaarder vertrou.
Sarita Loots

Soos ’n herder versorg Hy sy kudde: die lammers maak Hy bymekaar in


909 sy arms.
Jesaja 40:11

Vrees is soos vuur. As jy dit effektief beheer, kan dit jou baie help. Skryf jou vrese op papier
neer, bid daaroor en gee dit oor aan die Here. Vou die papier op en sit dit in ’n koevert.
Maak oor twee weke die koevert oop en kyk watter van die vrese steeds daar is. Dank die
Here vir die vrese wat iets van die verlede is.
In die twee weke tussenin moet jy vir jouself sê: “Ek het my vrees in die Here se hande
gegee. Ek vertrou Hom. Ek bekommer my nie meer nie.” God is groter as jou vrees!
Jannie le Roux

317

1001 Beloftes_NEW.indd 317 4/18/2006 11:07:37 AM


Vreugde
Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit
910 jou oes, dan sal jou skure oorvol wees ...
Spreuke 3:9-10

Klein dingetjies bring vreugde.


 Daardie skoenlappergevoel as jy na al die jare met ’n dieper liefde na jou maat kan kyk.
 Om wakker te word en te mag omdraai om nog ’n rukkie te slaap.
 Die gevoel van kinderarmpies om jou nek.
 Mooi skoene in jou nommer op ’n uitverkoping.
 Warm sjokolade en ’n oorgroot trui op ’n yskoue dag.
Renette Espach

Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus


911 Jesus van julle verwag.
1 Tessalonisense 5:18

Ek het al baie gewonder waarom dankbaarheid nie ook as deel van die vrug van die Hei-
lige Gees genoem word nie. Miskien is dit omdat dankbaarheid nie ’n eienskap is nie, maar
’n reaksie, ’n antwoord uit ’n mens se hart. Jou vreugde wat met dankbaarheid meng, is nie
van omstandighede afhanklik nie, maar styg bo omstandighede uit.
Bybelse dankbaarheid is die manier hoe jy met jou woorde en jou dade en jou gesind-
heid op genade antwoord. Wanneer jy ontdek dat elke sekonde van jou lewe genade is, ’n
gawe uit God se hand wat jy glad nie verdien nie, leef jy dankbaar.
Johan Smit

Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel ... so iemand
912 is soos ’n boom wat by water geplant is ...
Jeremia 17:7

Ek staan op ’n warm somersdag onder ’n ou peerboom op ’n sypaadjie. Aan die takke


hang ’n paar pere! Watter peer sal ek pluk? wonder ek. Die Peerboom antwoord: “Jy kan
die mooiste en sappigste een uitkies. Dis soet. Weet jy, ek staan my nie en bejammer en
droom oor waar ek kon gegroei het nie. Ek het my beperkings aanvaar en ek wéét ek
versier die straat. Ek is opgewonde oor die vrugte wat ek kan dra en die koelte wat ek op ’n
warm dag kan gee.”
Sarita Loots

318

1001 Beloftes_NEW.indd 318 4/18/2006 11:07:38 AM


Vreugdedinge
Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie
913 in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie
baie meer werd as hulle nie?
Matteus 6:26

Dis die klein dingetjies wat die meeste vreugde gee. Hier is ’n paar van daardie klein dinge-
tjies ...
Om dankie te sê vir alles wat ons as vanselfsprekend aanvaar. Om ons meer te bekom-
mer oor hóé ons ’n ding sê as oor wát ons sê. Om eerder vol geloof te wees as ryk in besit-
tings en om te kies om meer tyd en geduld vir jou geliefdes, vriende en kollegas te hê.
Anoniem

Wat julle sê, moet altyd vriendelik wees en van goeie smaak getuig ...
Kolossense 4:6
914
As iemand op ’n moeilike dag stralend vir jou glimlag, voel jy dadelik beter én kan jy nie
help om terug te glimlag nie.
Vriendelike mense word gewoonlik ook vriendelik behandel. Daar is min dinge wat so
aansteeklik is soos ’n innemende glimlag. ’n Mens is gelukkig as jy glimlag, eerder as dat
jy glimlag omdat jy gelukkig is, skryf William James. Vee daardie kommerplooi van jou
voorkop af en deel jou glimlag kwistig uit aan almal wat jy teëkom.
Nina Smit

Tree onder hulle op as ligdraers in die wêreld deur die woord van die
915 lewe uit te dra.
Filippense 2:15-16

Dankie vir daardie warm drukkies as die wêreld rondom my tuimel, ’n oulike kaartjie om my
dag op te vrolik, ’n helder bos blomme op vaal dae, ’n koek in die middel van my streng
dieet.
Judy Venter

319

1001 Beloftes_NEW.indd 319 4/18/2006 11:07:38 AM


Vriend te alle tye
Ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met
916 die daad bewys word, en dan in opregtheid.
1 Johannes 3:18

“Ek is vir jou en hierdie blomme lief,” sê ’n seuntjie en prop ’n koevertjie in my handsak met
“Popiesaad” daarop geskryf. Lank daarna het ek die liefdesaadjies gesaai.
Hope plantjies het ontkiem, gegroei en vrolike rooi kroonblare het in die sonlig oop-
gevou. Met elke handvol rooi vreugde wat ek gepluk en weggegee het, is vir saad gevra.
Ons moes verhuis en die liefdesambassadeurs sou in tuine ontkiem om ons aan mekaar
te herinner. Al hierdie vreugde met net een liefdesgeskenk. Charlotte Brontë sê: “As ons
vriendskappe op ’n vaste fondament wil bou, moet ons ons vriende liefhê om hulle ontwil
eerder as om ons s’n.”
Sarita Loots

In ’n verstandige gemoed pas die wysheid goed in.


Spreuke 14:33
917
Ons vriendskap maak dit moontlik om vroeg in die oggend te bel en jou met deurmekaar
gebabbel heel eerste te vertel van die vreugde wat dié dag bring. Ons vriendskap maak dit
moontlik om laat in die aand by jou in te val en saam met jou op die wieke van musiek te
sweef, los van die swaar van elke dag wat ons soos klippe na die aarde trek. Ons vriend-
skap maak dit moontlik om saam met jou ’n doodgewone aand met sjampanje en musiek
met spel en fyn liriek te tooi in die vreugdekleure van ’n vriendskapskarnaval.
Floris Knouwds

Praat sonder om te dink kan soos dolksteke wees; wyse mense bring
918 genesing met wat hulle sê.
Spreuke 12:18

Allemansvriende kom en gaan met die skyn van vriendskap sonder dat hulle vir ’n oomblik
by jou stilstaan. Onweersvriende betree op die regte tyd jou lewe en troos met sukkel-
woorde. Daar is vriende wat vlindersag aan jou lewe raak; saam met wie jy ’n fliek kyk of
grappies maak. Soms is daar vriende wat vir ’n tydjie aan jou hart kom vat en jou met mooi
herinneringe en ekstra sonskyn laat. Maar ware vriende soos jy betree saggies ’n mens se
lewe en laat jou sonder woorde weet dat hulle gaan bly deur al die seisoene van jou lewe.
Floris Knouwds

320

1001 Beloftes_NEW.indd 320 4/18/2006 11:07:38 AM


Vriendelikheid
Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde.
Efesiërs 4:2
919
 Vriendelikheid is die taal wat die dowes kan hoor en die blindes kan aanvoel (Mark
Twain).
 Vriendelikheid is die goue omboorsel wat keer dat die tafelkleed van die samelewing
heeltemal uitrafel (Goethe).
 Jou vriendelikheid trek mense aan en laat hulle lus kry om ook soos jy te wees.
Hannes Burger

Met vriendelikheid moet hy teenstanders teregwys. Dit kan wees dat


920 God hulle bekeer en hulle tot kennis van die waarheid bring.
2 Timoteus 2:25

Mense hou jou fyn dop, veral as hulle weet dat jy ’n Christen is. Hulle kyk hoe jy lyk en
reageer. In jou optrede teenoor ander mense moet jy vriendelik wees. Práát ook vriendelik,
glimlag baie en deel gerus komplimente uit.
Mark Twain het gesê dat hy twee maande op ’n goeie kompliment kan leef. As jy ander
mense beter laat voel met die dinge wat jy sê, voel jy self ook lekker.
Maak ook ’n punt daarvan om iets ouliks vir iemand anders te doen.
As jy die wêreld ’n lekkerder plek vir ander maak, gaan dit sommer vir jou ook groot
voordeel inhou.
Nina Smit

’n Dienaar van die Here moenie rusie maak nie. Inteendeel, hy moet
921 vriendelik wees teenoor almal ...
2 Timoteus 2:24

Die meeste mense kan nie ’n glimlag weerstaan nie. Dit strek oor tale, nasies, ouderdom-
me en kulture. Vir ’n vriendelike glimlag is daar geen grense nie. ’n Glimlag kos niks en
tog is dit goud werd. Jou hele gesigsuitdrukking verander as jy glimlag. Dink net wat dit vir
iemand sal beteken wat daardie spesifieke dag miskien ’n glimlag bitter nodig het!
Liefde kan nie aan bande gelê word nie, en ’n glimlag van welwillendheid is die beste
manier om na jou naaste uit te reik. Dit sorg vir ’n beter lewe, vir ’n beter wêreld vir jouself
en vir jou medemens.
Edna Pick

321

1001 Beloftes_NEW.indd 321 4/18/2006 11:07:38 AM


Vriendinne
Sy bring ... net voordeel, nie nadeel nie, haar hele lewe lank.
Spreuke 31:12
922
’n Goeie vriendin ...
 is iemand met wie jy jou hartseer kan deel.
 is iemand wat luister wanneer jy praat.
 is ’n groot bron van goeie raad.
 ken al jou geheime en diepste smart.
 is die een wat by jou staan, al gaan jy onder swaar laste gebuk.
Skrywer onbekend

Wanneer ek in my gebede aan julle dink, bid ek dat die God van ons
923 Here Jesus Christus ... julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet
watter hoop sy roeping inhou ... en hoe geweldig groot sy krag is.
Efesiërs 1:16-19

VIER dinge wat jy vir jou vriendin kan sê en doen:


 As sy ’n gebroke hart het ... Laat haar verstaan dat dít wat sy voel, reg is en dat sy maar
so mag voel.
 As sy ernstig siek is ... Besef dat enige siek ma se kinders haar grootste bekommernis is.
 As haar man sy werk verloor het ... Dink hoe jy sou gevoel het as dit met jou en jou
gesin gebeur het.
 As haar hare ’n mislukking is ... Moenie haar gevoelens probeer spaar deur te sê dit lyk
mooi nie. Help haar eerder om ’n ander styl te kies.
Gerinda Jooste

Ek was baie bly in die Here dat julle na so ’n lang tyd weer gewys het
924 dat julle nog aan my dink.
Filippense 4:10

Het jy ’n vriendin by wie ’n siekte gediagnoseer is? Hier is hulp om die regte dinge te sê:
 Ek voel só jammer vir jou.
 Die lewe is wreed en onregverdig.
 Wag, laat ek dit vir jou doen.
 Dis vir my swaar om jou so te sien.
Lana van Niekerk

322

1001 Beloftes_NEW.indd 322 4/18/2006 11:07:38 AM


Vriendinwees
As Ek, wat julle Here en Leermeester is, dan julle voete gewas het,
925 behoort julle ook mekaar se voete te was.
Johannes 13:14

’n Intieme vriendin is iemand na wie jy nooit in ’n krisistyd hoef te soek nie. Sy is net ’n
telefoonoproep ver. Sy dríng haar nooit op nie, maar dáág op wanneer nodig.
Jy hoef haar nie in te lig dat jy in ’n krisis verkeer nie; sy is sensitief op jou golflengte
ingestem. Sy sien dit in jou oë, hoor dit aan jou stem en lei dit af uit jou lyftaal. Maar as dit
die slag nodig is om te roep, kan jy maar roep. Sy sal stilweg opdaag en jou ondersteun.
Johan Smit

Net ’n mens self ken die bitterheid van sy eie gemoed, en ook in sy
926 vreugde kan niemand anders voluit deel nie.
Spreuke 14:10

 Onthou dat jou vriendin se seer ook joune word.


 Vra of jy nie op jou pad dorp toe iets kan saambring nie.
 Bied aan om die kinders te vervoer.
 Moenie te veel probeer help en alles uit jou vriendin se hande neem nie.
 Skep geleenthede om saam te lag.
 Moet nooit sê “Bel my as jy my nodig kry” nie. Kyk liewer fyn en sien raak as daar iets
spesiaals is wat jy kan doen.
 As die draadjie breek en sy wil huil en haar pyn uitspreek, luister sonder woorde, troos
soos net ’n troosvriendin kan.
Lana van Niekerk

Daar kom wysheid uit die mond van die regverdige ...
Spreuke 10:31
927
Die toets van ware vriendskap lê dalk in voorspoedige tye.
Om werklik uit jou hart bly te wees oor ’n vriendin se vreugdes is soms moeiliker as om
saam met haar te voel oor dinge wat verkeerd loop. Maar kan jy werklik deel in ’n vriendin
se deugde en vreugde asof dit jou eie is? Dit beteken vir my amper meer om my blydskap
as my hartseer met my vriendin te deel. En dis belangrik dat sy my toelaat om dieselfde vir
haar te doen. Dan deel ons in mekaar se vreugdes asof dit ons eie is. Dít is ware vriendskap.
San-Mari Mills

323

1001 Beloftes_NEW.indd 323 4/18/2006 11:07:38 AM


Vriendskap
Drie van Job se vriende het verneem van al die rampe wat hom oorge-
928 kom het ... Sewe dae en sewe nagte lank het hulle op die grond by hom
gesit sonder om ’n woord te praat, want hulle het gesien dat sy smart
baie groot is.
Job 2:11, 13

 Vriendskap maak stres minder.


 Vriendskap help jou om kieme te beveg.
 Vriende help jou om kalm en rustig te bly.
 Vriende help jou om innerlik sterker te word.
 Vriende laat jou lag.
Samestelling

Die Here het direk met Moses gepraat soos ’n man met sy vriend.
Eksodus 33:11
929
Mense is sosiale wesens met ’n behoefte aan ander mense se warmte.
As jy eensaam is, werk aan jou verhouding met Jesus. Hy wil jou Vriend wees wat jou
nooit in die steek sal laat nie. Hy sal jou leer hoe om vrede te maak met wie jy is. Jy is nie
meer afhanklik van jou vriende om goed te voel oor jouself nie. En jy is nie meer bang vir
alleenwees nie. Bou dan aan jou vriendskappe. Werk aan oop, eerlike verhoudings. Leer
om te luister. Leer om ’n vrolike metgesel te wees. Wees geduldig, want goeie vriendskap-
pe het baie werk en tyd nodig.
Vic en Thea Brink

Reukolie en wierook is iets om te geniet, maar die genot van vriend-


930 skap lê in die raad wat jy kry.
Spreuke 27:9

Dankie ...
 dat ons twee by mekaar uitgekom het.
 dat jy altyd reg is om raad te gee, te luister, te lag, saam te huil en te bid.
 dat jy weet wanneer om my te druk en wanneer om net stil by my te sit.
 vir die voorreg om ons gedagtes en dieper dinge met mekaar te deel.
 dat ons omstandighede ons lewens aan mekaar verbind.
Judy Venter

324

1001 Beloftes_NEW.indd 324 4/18/2006 11:07:38 AM


Vriendskapsverhoudings
Soos die vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly.
Johannes 15:9
931
Die Man van Nasaret was dwarsdeur sy lewe ingestel op ander se behoeftes. Wanneer
mense Jesus nodig gehad het, was Hy onmiddellik daar. Jesus se lewe was sonder rusies,
woedeuitbarstings, beskuldigings en stilstuipe.
Hy was eerlik, ’n goeie luisteraar, liefdevol, bedagsaam, eerbaar en innemend. Daarby
was Hy kalm in situasies vol spanning, bemoedigend, vasberade, geduldig, betroubaar en
vol selfvertroue. Daarom was en is Hy steeds vandag die mensdom se grootste Vriend.
Met God se leiding en wysheid kan ek en jy ook ’n ware vriendin met ’n hart vol deernis
en empatie wees. Bid elke dag dat die Gees ’n Jesus-hart in jou sal kweek.
Milanie Vosloo

Iemand wat eerlik antwoord, is ’n ware vriend.


Spreuke 24:26
932
Kyk vandag na die gebou waar jy woon of werk. Sien dat elke steen in ’n muur omring en
ondersteun word deur ses ander stene. Daarom kan een baksteen nie ’n gebou wees nie.
Jy kan ook net tot jou volle potensiaal kom wanneer jy in ’n verhouding met ander
mense staan. In hierdie vriendskapsverhoudings groei en ontwikkel jy. Dis ook binne
hierdie verhoudings dat jy ander mense seermaak, waar jy seerkry ... en waar jy leer om
te vergewe en te vergeet. Dis ook die plek waar God se genesing begin. By vriende waar
jy kan huil én kan lag – dís waar God jou beskerm en waar Hy jou veilig laat voel teen die
yskoue wêreld. Dis juis hier waar jy ’n groot deel van God se hart en karakter leer ken.
Mart-Mari Schoeman

Op ’n vriend se liefde kan jy altyd reken.


Spreuke 17:17
933
By skoene-uitskop-vriende hoef jy nooit voor te gee, mooi te lyk of iemand ánders te wees
nie. By hulle kan jy sommer net jy wees. By sulke mense ervaar jy geen aanstellerigheid,
styfheid of grootpraat nie, want by hulle is jy net jy! By so ’n vriend voel jy veilig en be-
skermd. Dis een van die onkoopbare kosbaarhede van die lewe.
Milanie Vosloo

325

1001 Beloftes_NEW.indd 325 4/18/2006 11:07:38 AM


Vrolikheid
Wie kan eet, wie kan geniet as Hy dit nie moontlik maak nie?
Prediker 2:25
934
Die dominee moes op ’n vreemde dorp gaan preek. Hy het per trein na die dorp gereis. Die
koster het nie geweet hoe die dominee lyk nie. Op die perron het hy die mense deurgekyk
totdat hy uiteindelik ’n man gesien het wie se hele houding uitspel dat hy die dominee is.
Die koster loop toe nader en stel homself voor as die koster. Die man wat van die trein
afgeklim het, antwoord: “Nee, ek is nie die dominee nie. Ek lyk seker maar net soos ’n
dominee, want ek het ’n bloeiende maagseer.”
Jaco Thom

Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg.
Psalm 32:8
935
Min dinge is so aansteeklik soos lekker lag. Kies om eerder te lag:
 Soek humoristiese vriende op.
 Lag help jou om op die oomblik te fokus.
 Lag gee jou weer perspektief. Ons is geneig om dinge so ernstig op te neem dat ons
vergeet God is in beheer.
 Lag maak die moeilikste situasies meer hanteerbaar en ontlont konflik.
Jannie le Roux

Die mens vir wie geld alles is, het nooit genoeg geld nie; die mens vir
936 wie rykdom alles is, kry nooit genoeg in nie.
Prediker 5:9

Daar was eenmaal ’n verskriklike ryk man wat met God onderhandel het om een trommel
besittings saam te neem hemel toe. Toe hy by die hemelpoort aankom, keer Petrus hom
voor. “Jy kan nie dié goed hier inbring nie,” sê Petrus.
Maar die ryke pluk die sertifikaat uit wat die Here self vir hom gegee het. “Een trommel
bagasie goedgekeur,” staan daarop.
Petrus sug en vra dat hy die trommel moet oopmaak sodat hy dit kan inspekteer. Die
ryke se hande bewe van opgewondenheid. Petrus kyk na die goud en frons. “Maar hoe-
kom het jy dan plaveiselstene saamgebring?”
Jaco Thom

326

1001 Beloftes_NEW.indd 326 4/18/2006 11:07:38 AM


Vrou en ma
Toe sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, Ek maak alles nuut.” En daarna sê
937 Hy: “Skryf hierdie woorde op, want hulle is betroubaar en waar.”
Openbaring 21:5

Wenke wat jou binne en buite sal mooi maak:


 Laat God jou oë stralend en mooi maak sodat jy blydskap het en dit uitdeel aan ander.
 Sê opbouende dinge vir ander mense, nie woorde wat seermaak nie.
 Wanneer ons luister, verryk dit ons gees.
 Dink altyd positief.
 Volg die pad na kennis, wysheid, gesondheid en vriendskap.
 Verbly jou in die goeie en mooi dinge in die lewe en loof God daarvoor.
 ’n Glimlag, selfs onder moeilike omstandighede, is goud werd.
Renette Espach

Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan
938 die saligheid wat die einddoel van julle geloof is. En dit vervul julle met
’n onuitspreeklike en heerlike blydskap.
1 Petrus 1:9

In die beskrywing van die vrou in Spreuke word al die deugde van vrouwees in een pak-
kie toegedraai. Nie net is hierdie vrou ’n huweliksmaat, ma, tuisteskepper, grondbesitter,
entrepreneur en sakevrou by uitnemendheid nie, nie net word sy deur haar man en kinders
bewonder en vir haar wysheid geprys nie, maar ons lees ook dat sy “lag oor die dag wat
kom”. Dié formidabele modelvrou weet dat haar toekoms in God se hande is; dáárom kan
sy van vreugde lag.
Nina Smit

Jou vrou is in jou huis soos ’n vrugbare wingerdstok ...


Psalm 128:3
939
As ma kan jy jou kind slim praat.
 Praat van kleins af met jou baba.
 Lees gereeld vir vir jou kind, van babatyd af.
 Probeer jou kinders aan soveel kreatiewe aktiwiteite as moontlik blootstel.
 Moedig jou kinders aan om vrae te vra en help hulle om oplossing te kry.
 Neem jou kinders op ontdekkingstogte deur die huis en tuin en na vreemde plekke.
Milanie Vosloo

327

1001 Beloftes_NEW.indd 327 4/18/2006 11:07:38 AM


Vrouwees
Uiterlike skoonheid hou nie, ’n mooi voorkoms is nie alles nie; as sy die
940 Here dien, dán verdien ’n vrou om geprys te word.
Spreuke 31:30

Wat maak mevrou Spreuke 31 so oulik? Die antwoord lê nie in haar vermoëns nie, maar
in haar voorkeure – soos ons in vers 30 lees. Hierdie oulike vrou is mooi van buite, maar
haar innerlike skoonheid is belangriker. Sy is anders – sy is kreatief. Skeppende mense is
entoesiasties oor die lewe. En die woordjie entoesiasme is hier die sleutel: die en en die
theos beteken eenvoudig “in God” of “geïnspireer deur God self”. Nou ja, as dit die Here is
wat hierdie vrou motiveer, kan sy nie anders as om buitengewoon op te tree nie.
Elise Grey

Hulle versiering moenie haarkapsels en goud of pêrels of duur klere


wees nie, maar goeie werke, soos dit vroue betaam wat openlik bely
941
dat hulle God dien.
1 Timoteus 2:9-10

Die wêreld moet na Eva kyk en God se skoonheid sien. So eenvoudig is dit.
’n Groot waarheid lê in die gevoel van mooi wees opgesluit. Al ooit gewonder hoekom
die natuur ons rustig maak? Die natuur is primêr mooi, en skoonheid nooi ons om te rus.
Dit is Eva se doel. Sy moet die wêreld nooi om te rus. Haar skoonheid moet op so ’n
manier na vore kom dat die vrede wat God in haar gesit het, mense na Hom toe sal
aantrek. Daarom is dit nie net reg dat vroue vir hulleself omgee nie; dit is noodsaaklik.
Este Venter

Julle skoonheid moet nie bestaan in uiterlike dinge soos haarkapsels,


942 juwele en sierlike klere nie. Nee, julle skoonheid moet dié van die in-
nerlike mens wees: blywende beskeidenheid en kalmte van gees. Dit
het by God groot waarde.
1 Petrus 3:3-4

Elke vrou kan haarself saam met die Gees van God innerlik prágtig maak. Hartskoonheid
hou vir altyd ... terwyl die gedurige gesukkel om die volmaakte voorkoms te hê, juis mense
van jou sal wegdryf omdat hulle saam met jou onvolmaak en nie goed genoeg sal voel as
hulle by jou is nie. Jou gemaklikheid met jou eie voorkoms sal ander vroue ook gemaklik
en mooi genoeg laat voel.
Milanie Vosloo

328

1001 Beloftes_NEW.indd 328 4/18/2006 11:07:38 AM


Vrugdraers
Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie lief het. Daarom moet
943 julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam
wees. Wees geduldig met mekaar ...
Kolossense 3:12-13

Een daad van omgee kan wyd uitkring en selfs die wêreld verander. Ons sien baiekeer hoe
mense gemeenskappe herskep en reuse veranderings laat gebeur. Die wonderwerk van
omgee lê egter daarin dat ons nie na ander uitreik om die wêreld te verander nie. Die klein
daad van hier en nou kring op sy eie stoom na ander uit, partykeer regoor die wêreld. Leo
Buscaglia het gesê: “Ons onderskat te dikwels ’n gawe woord, ’n luisterende oor, ’n eerlike
kompliment of die kleinste gebaar van omgee, terwyl elkeen die potensiaal het om ’n lewe
te verander.”
Kobus Neethling

Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir
944 mense nie.
Kolossense 3:23

Dis binne ons vermoë om ’n verskil in ander se lewe te maak en so die vrug van die Gees
te vertoon. Luister na wat mense sê en probeer hulle manier van dink en doen verstaan.
Laat ons mekaar help om gelukkig te lewe, eerder as om hard te baklei vir selfbehoud.
Moet glad nie oordeel as jy nie ’n baie goeie oplossing vir die probleem kan gee nie. Kyk
eers mooi na die situasie en oorweeg die moontlikhede. Stel jou tyd, geld en kundigheid
beskikbaar om ander mense se lewensomstandighede te verbeter. Vra opreg na die ander
se behoeftes en deel ook jou eie behoeftes openhartig.
Hanneke van Coller

Moenie in julle toewyding verslap nie, bly geesdriftig, dien die Here.
Romeine 12:11
945
Om jouself vir God te gee klink dalk baie mooi, maar hoe leef ’n mens dit prakties uit?
Die Bybel sê ’n mens dien God as jy jou gewig by die kerk van die Here ingooi. Begin om
jou unieke gawes terug te ploeg in sy gemeente. Begin om die plek wat God vir jou in
sy kerk bedoel het, vol te staan. Hy het die gawes aan jou gegee sodat jy daarmee moet
begin dien, maar dit sal jy net regkry as jy jouself volkome weggee. Gee jouself elke dag
bewustelik vir God, met die eerlike gebed dat Hy jou sal verander.
Hannes Burger

329

1001 Beloftes_NEW.indd 329 4/18/2006 11:07:38 AM


Waardering vir vriendskap
Ter wille van my broers en my vriende wens ek jou vrede toe.
Psalm 122:8
946
Vriende is kosbaar, want ...
 vriende het mekaar lief
 vriende slyp en vorm mekaar en kan op mekaar reken
 vriendskap is ’n gawe van God
 vriende moet onafskeidbaar wees – nader aan mekaar as broers en susters
 vriende is toeganklik vir mekaar en deel mekaar se vreugde en leed
 vriende vergewe mekaar en vergeet die seer, want niemand is volmaak nie.
Ansie du Plessis

My broers, ek is self maar alte bewus dat julle vol goeie hoedanighede
is en omvattende kennis besit, en dat julle mekaar self op die regte
947
weg kan help.
Romeine 15:14

Ek verkies afsondering bo ’n malende massa. Maar ek is telkens só oneindig dankbaar


teenoor God vir die groepie mense wat my lewe verryk. God gee aan jou vriende sonder
dat jy vra. Opregte vriendskap is een van die mens se diepste behoeftes. Dit is ’n kosbare
gawe en moet daarom vertroetel word. ’n Mens kan nie ’n groot aantal goeie vriende hê
nie, want vriendskap is ’n wedersydse, lewenslange verbintenis tot liefde en diens. Ons kan
slegs enkele ware vriende in ons lewe akkommodeer. Die enigste manier om goeie vriende
te hê is om self een te wees. Ek ontvang nie van my vriend wat hy nie hét nie, maar wat hy
ís. Die kern van ware vriendskap is volkomenheid, totale geneentheid en vertroue.
Solly Ozrovech

Wat wyse mense jou leer, is ’n bron van lewe.


Spreuke 13:14
948
Op wintersaande kan ek voor die kaggel my drome soos kristalglase poleer en veilig voor
jou uitpak sonder vrees dat jy jaloers daarna sal gryp ... in jou mou vir my sal lag ... hulle
een vir een sal stukkend trap. Op wintersaande kan ek met sterre in my oë drome droom
en sonder my gewone kleingeloof en selfoortuigde onvermoë gryp na die groter sin van my
bestaan omdat ek weet dat jy saam met my op hierdie pad sal gaan.
Floris Knouwds

330

1001 Beloftes_NEW.indd 330 4/18/2006 11:07:38 AM


Waardering
As ’n mens lank lewe, moet jy oor alles dankbaar wees.
Prediker 11:8
949
Jou waardering teenoor die Here ...
 stroom deur jou woorde.
 verskuif jou fokus na iets wat jou opgewonde maak.
 laat jou God op sy Woord neem.
 laat jou dit koester wat jy reeds ontvang het.
 laat jou elke dag vir die Here dankie sê.
 laat jou agterkom dat jy soms mismoedig gaan wees.
 laat jou juis besef dat jy soms nié dankbaar is nie.
 wys veral dat dit baie special met jou gaan!
Jannie le Roux

By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is.
Psalm 16:11
950
 Dit gebeur maklik dat ’n mens alles net aanvaar en vergeet om dankie te sê.
 Dankbaarheid en waardering verbly die hart van die een wat dit kry én die een wat dit
gee.
 Moenie meer van die lewe verwag as wat jy self gee nie.
 Wees ingestel op mense en sensitief vir elke situasie waarvoor jy dankie kan sê.
 Beantwoord ander se liefdesdade só dat hulle dit nooit sal vergeet nie.
 Onthou dat God jou dade van liefde raaksien en dat die vreugde wat jy daaruit kry,
alles die moeitewerd maak.
Solly Ozrovech

Neem tog my dank aan, Here.


951 Psalm 119:108

Ons moet gereeld vir God sê hoe dankbaar ons is. Ons behoort vir die Here te wys dat
ons raaksien wat Hy alles vir ons doen en dat ons dit regtig waardeer. Dit sal jou ’n baie
dankbaarder mens maak. Dit is ook vir die Here baie spesiaal wanneer sy kinders vir Hom
dankie sê vir al die mooi dinge wat Hy elke dag vir hulle doen.
Hannes Burger

331

1001 Beloftes_NEW.indd 331 4/18/2006 11:07:38 AM


Wanneer jy rou
Moenie kwaad word nie, laat staan die woede, moet jou nie ontstel nie:
952 dit bring net ellende.
Psalm 37:8

Wanneer ’n mens iemand verloor het, rou jy. Een stadium van die rouproses is woede.
Erken jou woede en probeer daaroor nadink. Skryf vir God ’n brief en vertel Hom hoe jy
voel. Voel jy God moes anders met jou gewerk het? As jy kan, sluit jou brief af deur vir God
te skryf van jou positiewe gevoelens teenoor Hom.
Dit sal help as jy iemand kan kry met wie jy oor jou woede kan praat. Vra hom of haar
om net te luister. Hierdie stadium in die rouproses neem dikwels lank. Moet dit egter nie
onderdruk nie.
Vic and Thea Brink

Ek sal hulle suiwer soos goud gesuiwer word. Hulle sal my aanroep, en
953 Ek sal hulle gebede verhoor.
Sagaria 13:9

Elke oomblik is genade. Wat jy egter daarmee doen, is jou saak. Maar uiteindelik moet jy
rekenskap gee. Slegte omstandighede kan veroorsaak dat ’n mens kosbare lewenstyd laat
verbygaan. Dis verstaanbaar dat ’n mens se dagprogram deur negatiewe omstandighede
omvergegooi word. Maar op ’n dag moet jy begin om jou tyd weer met positiewe bedry-
wighede vol te maak. Jy moet besluit om die lewe te geniet en dit vir ander mooi te maak.
Want die lewe is ’n gawe van God. Hy wil graag hê dat jy voluit moet leef.
Johan Smit

Die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!
Numeri 6:26
954
Dis nie maklik om met slegte omstandighede versoen te raak nie. ’n Mens kan die verskrik-
like pyn nie sommer net uitpluk nie. Begin met ’n nuwe stuk lewe wat jou gedagtes sal
vul, jou vooruit sal laat beplan en nuwe sin aan jou lewe gee. Dit sal jou help om met die
omstandighede versoek te raak. Versoening met omstandighede is byna soos die toemaak
van ’n fotoalbum vol foto’s uit die verlede. Jy sal nie van die foto’s vergeet nie, maar jy
gaan nie dag vir dag weer en weer die album oopmaak en jou siel met afgryslike foto’s
teister nie.
Johan Smit

332

1001 Beloftes_NEW.indd 332 4/18/2006 11:07:38 AM


Wapendraer-ma
Die man wat ek liefhet, is blakend gesond en blosend van kleur; jy kan
955 hom uitken tussen tien duisend ander.
Hooglied 5:10

Dis jou verantwoordelikheid om só te werk te gaan dat jou man sal weet jy mal is oor hom,
dat jy hom liefhet en bewonder en begeer. ’n Man met só ’n vrou is ’n man wat vir seker nie
na groener weivelde sal gaan soek nie.
Een van die beste dinge wat jy vir jou kinders kan doen, is om vir hulle te wys dat jy
hulle pa regtig liefhet. Kinders wat in ’n liefdevolle huwelik grootword, is gelukkige kinders
wat weet wat ware sekuriteit beteken. Daarby is hulle kinders wat heel waarskynlik self
eendag ’n gelukkige huwelik sal hê.
Nina Smit

Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens
vir wie die Here ’n veilige vesting is.
956
Jeremia 17:7

’n Ma moet ’n agterkamer hê, ’n plek waar sy vir ’n rukkie alleen kan wees sonder dat haar
kinders of man haar pla, ’n plek waar sy haar pap batterye weer kan laai, ’n plek waar sy
met haar Bybel besig kan raak of alleen kan bid. Daarsonder kan al die eise wat aan jou
gestel word, jou naderhand onderkry.
Vertel vir jou gesin dat jy elke dag ’n bietjie stilte nodig het. Skakel jou selfoon af en sluit
jou deur. Dié stukkie bederf gaan jou vir seker die wêreld se goed doen!
Nina Smit

Daarom sal ’n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou


957 lewe, en hulle sal een word.
Genesis 2:24

Dra die vaandel omhoog in jou huwelik. Neem ’n besluit om lief te wees vir die huweliks-
maat wat jy gekies het. Werk aan emosionele, sensuele en seksuele intimiteit. Dit beteken
om oop te wees om jou diepste emosies te deel. Doen elke dag iets spesiaals vir jou le-
wensmaat. Vra vir hom wat jy vandag vir hom kan doen om sy lewe makliker te maak. Dalk
moet jy net ’n knoop aanwerk! Die fondament van ’n gelukkige huwelik bly God, maar ons
is self verantwoordelik om die werk te doen.
Elmari Craig

333

1001 Beloftes_NEW.indd 333 4/18/2006 11:07:38 AM


Ware geluk
Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap!
958 Kom voor Hom met gejubel!
Psalm 100:1-2

Barbara Johnson sê: “Daar is wel iets soos gelukkige oomblikke – daardie oomblikke wat
jy lewenslus voel. Dit swem elke dag by ons verby soos glinsterende silwervisse wat net
wag om gegryp te word.” Dis miskien onmoontlik om elke oomblik van jou lewe voluit te
lewe, maar jy kan nogsteeds sien en hoor en ruik en voel. Kyk om raak te sien, luister om
regtig te hoor, voel die lug teen jou waai, ruik die geure om jou. Geniet elke oomblik.
Johan Smit

Wie anders tog as julle is ons hoop en ons blydskap, die kroon op ons
959 werk ...
1 Tessalonisense 2:19

Geluk is nie toevallig nie. Geluk is ook nie iets wat ons lewens met ’n dobbelspel bestuur
nie. Geluk is om deur die God van geluk gegryp te word én om Hom aan te gryp. Daarom
is geluk ’n opdrag: Wees bly! Dis ’n opdrag wat ons verseker dat ons naby aan die Here is
en dat Hy ons nie sal laat val nie. Ons kan nét in die Here gelukkig wees!
Skrywer onbekend

In baie moeilike omstandighede het julle die woord aangeneem met ’n


960 blydskap wat van die Heilige Gees kom.
1 Tessalonisense 1:6

Geluk word partykeer verkeerd verstaan as daardie opgewondenheid in jou binneste wan-
neer iets lekkers met jou gebeur. Ware geluk is meer as dit en hou baie langer. Dis hóé jy
kies om na die lewe te kyk ...
 Geluk is ’n dankbare hart, aanpasbaarheid en kreatiwiteit.
 ’n Positiewe houding, al gaan dit hóé sleg, trek positiewe mense.
 Begin geluk uitdeel, want as jy geluk aan ander gee, sal jy dit terugkry.
 Glo dat geluk jou beskore is!
 Verwelkom die lewe se uitdagings met ope arms.
Lana van Niekerk

334

1001 Beloftes_NEW.indd 334 4/18/2006 11:07:38 AM


Wees diensbaarheid
God wat gesê het: “Laat daar lig skyn uit die duisternis,” het ook in ons
961 harte ’n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid
van God, wat van Jesus Christus uitstraal.
2 Korintiërs 4:6

Eeue gelede het ’n edelman ’n kerk laat bou. By die inwyding vra iemand: “Waar is die
lampe? Hoe sal ons kan sien?” Die edelman wys toe na nisse in die muur met hake om
lampe aan op te hang. Elke gesin moes ’n lamp saambring. “As julle hier is, sal julle sitplek
helder verlig wees. Maar as julle nie hier is nie, sal ’n deel van God se huis donker wees.”
Die kerk is waar die Lig homself aan ons openbaar; waar ons van Hom krag ontvang.
As God aanbid word, is God daar om ons te seën.
Solly Ozrovech

Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes
bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat ...
962
Deuteronomium 6:6-7

Jou kinders se kinderjare is die beste tyd om hulle van God te leer:
0-2 jaar: Lê klem op God se liefde en goedheid.
3-4 jaar: Leer jou kinders dat God deur die Bybel met ons praat.
5-6 jaar: Leer kinders dat God almal liefhet en daarom vir Jesus aarde toe gestuur het.
7-8 jaar: Verduidelik aan jou kind dat Jesus vir almal se sonde gesterf het.
9-10 jaar: Bring dit by jou kinders tuis dat Jesus almal verlos wat in Hom glo en Hom kies,
en dat Hy ons altyd liefhet.
Skrywer onbekend

Uit eerbied vir julle God mag julle mekaar nie uitbuit nie. Ek is die Here
963 julle God.
Levitikus 25:17

Dink ’n bietjie aan hierdie woorde: Vriendskap ontstaan uit die gewoonte om ’n diens aan
mekaar te lewer. Die fondament vir vriendskap word gelê wanneer mense mekaar begin
bedien met hulle gawes. En die uitnemendste van alle dienslewering is offerdiens. Dit doen
jy deur jou lewe ter wille van ander te offer. ’n Offer is iets baie kosbaars wat jy prysgee ter
wille van iemand wat vir jou nog kosbaarder is. Dis hoe ’n mens aan vriendskap moet dink:
iets wat so kosbaar is dat ek bereid is om daarvoor prys te gee.
Johan Smit

335

1001 Beloftes_NEW.indd 335 4/18/2006 11:07:38 AM


Wegbreek
Die pad van die regverdiges is soos helder oggendlig wat groei en
964 sterker word tot dit heeltemal dag is.
Spreuke 4:18

Die tyd om te ontspan is wanneer jy nie die tyd daarvoor het nie. Ná ’n wegbreeknaweek
kan jy al die dinge wat eers moes wag, met meer geesdrif en gouer afhandel. In ontspanne
tye droom mense weer groot drome, ontwikkel nuwe ideale en kry nuwe lus vir die lewe.
Moenie jou vrye tyd oororganiseer nie. Die op-die-ingewing-van-die-oomblik-wegbreek-
dinge is verfrissend. Om te ontspan beteken eintlik dat jy God vertrou om te sorg. God het
juis in sy weeksiklus tyd vir die mens ingebou om te rus. Boek jou ontspanning in!
Jannie le Roux

Om jou liggaam te oefen, het wel ’n bietjie waarde, maar om in toe-


965 wyding aan God te lewe, het in alle opsigte groot waarde, want dit
bevat ’n belofte van lewe, vir nou en die toekoms.
1 Timoteus 4:8

As jy moeg is vir die sleur van elke dag, verstel jou perspektief só:
 Maak ’n lys van die dinge wat vir jou lekker is.
 Skryf ’n brief van bemoediging vir iemand.
 Verander een negatiewe gewoonte.
 Maak ’n lysie van vyftig redes hoekom jy bly is oor jou lewe.
 Besoek die dieretuin of ’n natuurtuin.
Jaco Thom

Een oomblik kondig Ek aan dat Ek ’n nasie, ’n koninkryk sal afbreek, sal
966 uitroei, sal vernietig ... en die volgende oomblik kondig Ek aan dat Ek
die nasie en die koninkryk sal bou en sal vestig.
Jeremia 18:7-9

AS JY NET EEN MINUUT HET ... maak jouself gemaklik en ontspan heeltemal.
AS JY VYF MINUTE HET ... maak jou oë toe en herleef jou laaste vakansie.
AS JY ’N UUR HET ... kry ’n rede om te lag deur ’n snaakse boek te lees.
AS JY ’N MIDDAG HET ... skakel jou selfoon af en verdwyn na jou gunsteling plek.
AS JY ’N HELE DAG HET ... doen net waarvoor jy lus het.
AS JY TWEE DAE HET ... raak romanties in ’n mooi hotel saam met jou man.
Renette Espach

336

1001 Beloftes_NEW.indd 336 4/18/2006 11:07:38 AM


Wekroep
Toe Hy uit die skuit klim, het Hy die groot menigte mense daar gesien.
967 Hy het hulle innig jammer gekry ...
Matteus 14:14

Die vroegoggendskril van ’n wekker is nie die aangenaamste geluid nie. Tog het ons daar-
die wake-up call nodig.
Soms het ons ook in ons verhoudingslewe ’n wakkerword-oproep nodig, iets wat ons
herinner om na ander uit te reik.
Vra die Gees om sy roepstem in jou hart te laat afgaan wanneer iemand jou nodig het.
Maak tyd vir mense! Reik uit, luister, praat en doen wat jou hart vind om te doen. Daar is
iemand wat jóú nodig het ... Hóór die wekker in jou hart!
Milanie Vosloo

’n Mens vind vreugde daarin as hy die antwoord het; wat is beter as die
regte woord op die regte tyd?
968
Spreuke 15:23

Hoekom is dit belangrik om oor dinge te praat?


 Dis ’n geskenk wat God vir ons gegee het om na mekaar toe uit te reik.
 Dit help om die lug te suiwer as ons mekaar misverstaan of woedend is.
 Kommunikasie is ook om met aandag te luister.
 TS Matthews sê: “Kommunikasie is só eenvoudig en tog só moeilik dat dit onmoontlik
is om dit in maklike woorde uit te druk.”
Solly Ozrovech

Hou by die waarheid, moet daar nie van afstand doen nie; hou by wys-
969 heid, by selfbeheersing, by insig.
Spreuke 23:23

Ongeduld is een ding en ongeskiktheid iets anders. Ongelukkig haak die twee dikwels by
mekaar in juis omdat ’n mens ongeduldig raak. Dan sê jy maklik dinge wat kon gebly het.
Jy moet besef dat dit nie omstandighede is wat jou ongeduldig maak nie, dit is jy self
wat besluit om jou so op te werk. Daarom moet jy vra vir hulp van Bo om die regte keuses
te maak, ook wat jou ongeduld betref. Dit kan jou verhoudings verbeter en jou gelukkiger
maak.
Jannie le Roux

337

1001 Beloftes_NEW.indd 337 4/18/2006 11:07:38 AM


Welslae
Alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is,
970 alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaar-
dige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig ...
Filippense 4:8

 Ons krag lê in stilwees en vertroue hê.


 Elkeen het ’n unieke werk om te doen en sy eie manier om 'n taak te benader.
 Ons kan staatmaak op ons eie talente en só verswak word deur menslike onvermoë.
 Die ideaal is dat God se Gees ons motiveer.
 As ons sukses behaal, is dit weens die krag van die Heilige Gees in ons.
Solly Ozrovech

Wil U nie weer die lewe vir ons nuut maak sodat u volk hulle vreugde in
971 U kan vind nie? Laat ons u troue liefde belewe, skenk ons u reddende
hulp, Here.
Psalm 85:7-8

 ’n Mens moet gemotiveerd leef en werk op grond van wie jy in jou diepste wese is.
 Die kwaliteit van jou lewe en werk word bepaal deur jou innerlike menswees.
 Goeie werk moenie die gevolg wees van persoonlike of materiële voordeel nie, maar
die vrug van die kwaliteit wat jy in jouself sien.
 Kwaliteit van menswees het te doen met eerlikheid, openlikheid, egtheid en eenvoud.
 Dit verg toewyding en lojaliteit.
Dirk Guelpa

Die Here lei die regverdiges op hulle pad, maar die pad van die god-
972 deloses lei tot ondergang.
Psalm 1:6

Breek só met ’n slegte gewoonte:


 Erken jou ongesonde gewoonte teenoor God en vra omvergifnis.
 Kry iemand wat omgee met wie jy oor jou probleme kan praat.
 Vat dit dag vir dag. Moenie vandag aan môre dink nie.
 As jy dit nie elke keer regkry nie, is dit nie die ergste nie. Begin net weer.
 As jy sukkel, dink aan al die kere toe die Here jou gehelp het.
 Laat God se beloftes jou dra.
Vic en Thea Brink

338

1001 Beloftes_NEW.indd 338 4/18/2006 11:07:38 AM


Wenners
As iemand die Here dien, leer Hy hom watter pad hy moet kies sodat hy
973 voorspoed sal geniet ...
Psalm 25:12

’n Verloorder is deel van die probleem. ’n Wenner is deel van die antwoord.
’n Verloorder het altyd ’n verskoning. ’n Wenner het altyd ’n plan.
’n Verloorder sê: Dis nie my werk nie! ’n Wenner sê: Laat ek dit vir jou doen.
’n Verloorder het ’n probleem vir elke antwoord. ’n Wenner het ’n antwoord vir elke
probleem.
’n Verloorder sê: Dit is dalk moontlik, maar dis te moeilik. ’n Wenner sê: Dis moeilik,
maar dis moontlik.
Vic en Thea Brink

Wat help dit ’n mens as hy die hele wêreld as wins verkry, maar homself
verloor of ten gronde gaan?
974
Lukas 9:25

As omstandighede jou wil oorweldig, moet jy besluit wat jou reaksie gaan wees. Wat
gebeur nou hier? Wat is my reaksie? Wat is my gevoelens? En wat wil die Here my leer?
Wat is God se wil? Omdat die Here altyd ons omstandighede wil gebruik om ons nader aan
Hom te bring, kan ons weet dat Hy by ons is en ons help as dit voel asof alles ons onder-
kry. Jy het nie altyd beheer oor omstandighede nie, maar jy het wel beheer oor jou reaksie
op omstandighede.
Vic en Thea Brink

Ek sal hulle droefheid in vreugde verander, Ek sal vir hulle uitkoms gee
975 ... hulle sal geen kommer meer hê nie.
Jeremia 31:13

Jou gesindheid beïnvloed die kwaliteit van jou lewe. ’n Mens kies nie wat met jou gebeur
nie, maar jy kan kies hoe jy gaan optree. Jou uitkyk op die lewe kan jou lewe ’n ramp of ’n
fees maak. Jý besluit hoe jy deur die lewe wil gaan.
Die lewe is vreugdevol – moenie toelaat dat hierdie vreugdes by jou verbygaan nie.
Maak ’n lysie van al jou vreugdes as jy depressief voel. Sê dankie vir hierdie vreugdes en
deel dit met ander. Jou lewe sal dan ’n fees word.
Nina Smit

339

1001 Beloftes_NEW.indd 339 4/18/2006 11:07:38 AM


Werk
Tevergeefs dat julle vroeg opstaan en laat gaan slaap om met moeite ’n
976 bestaan te maak. Vir dié wat Hy liefhet, gee die Here dit in hulle slaap.
Psalm 127:2

Jou werk moet die regte plek in jou lewe hê:


As jy ’n gesin of ’n liefdesverhouding het, kan jy nie meer net vir jou werk en jouself leef
nie.
As jy ’n gesonde balans tussen werktyd en gesinstyd wil kry, kan jy nie anders as om
elke week die belangrikste eerste te rangskik volgens jou beginsels en beskikbare tyd nie.
As jy jou werk én jou gesin belangrik ag, kan jy nie jou gesin afskeep nie. Maak tyd vir
jou gesin – al eet julle net gereeld saam!
Jannie le Roux

Ek het gesien dat daar niks beter is nie as dat die mens vreugde vind in
977 sy werk.
Prediker 3:22

As jy nie van jou werk hou nie, sal jou dae baie lank voel, jy sal geen entoesiasme hê nie
en jy sal emosioneel leeggetap voel.
Hoekom is jy nie entoesiasties nie? Besluit wat jou meer positief sal laat voel en werk ’n
plan uit om dinge te verander. Verander wat jy kan of soek nuwe geleenthede. Vra die Here
om die deure waarby jy nie moet ingaan nie, toe te maak. Neem klein treetjies in die regte
rigting. Begin dadelik!
Jannie le Roux

As iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie.
2 Tessalonisense 3:10
978
Verwys jy ook soms grappenderwys (en ander kere nogal heel ernstig!) na jou werk as die
straf op sonde? Dis natuurlik heeltemal onwaar. Die straf is nie arbeid nie, maar juis die
slaggate wat deur die sondeval vir ons daar geplaas is – ook by die werk.
’n Christen moet die regte stemming en gesindheid in sy werk indra. Werk is ’n opdrag
van die Here waar ek medebouer in sy koninkryk is en die geleentheid kry om my gawes te
gebruik. Struikelblokke moet as uitdagings gesien word. Dis God se wil dat jy met vreugde
en tot sy eer sal werk.
Johan Smit

340

1001 Beloftes_NEW.indd 340 4/18/2006 11:07:39 AM


Werkloos
Wat hardwerkende mense beplan, is nuttig, maar elkeen wat oorhaastig
979 is, stuur af op gebrek.
Spreuke 21:5

Het jy jou werk verloor? Gebruik hierdie wenke om helder en nugter te dink:
 SIEN die groter prentjie. God het jou nie verlaat nie. Hy weet van jou probleem.
 VERMY negatiewe gedagtes en woorde soos: “Ek sal nooit weer werk kry nie.”
 ONTHOU, jy het net jou kantoorsleutels ingehandig, nie jou ondervinding, vaardighede
of kreatiwiteit nie.
 BESIN oor watter rigting jy regtig wil inslaan.
 BESLUIT om jou vaardighede uit te brei. Dit sal beteken dat jou volgende baas twee
keer sal dink voordat sy jou in die pad steek. Hou moed.
Anita van Niekerk

Terwyl ek ’n loflied sing, wil ek aan U ’n offer bring; wat ek beloof het,
980 sal ek doen. Hulp kom net van die Here af.” Toe beveel die Here die vis,
en hy het vir Jona op die vasteland uitgespoeg.
Jona 2:9-10

Alhoewel Jona ongehoorsaam was, gryp God in wanneer hy bid, en red hom van die
dood – ’n wonderwerk. Eers wanneer Jona sy eie onvermoë besef, verhoor God sy gebed.
God hoor altyd wanneer sy kinders bid. Hy is nog steeds bereid om in te gryp as jy jou eie
onmag erken en vra dat Hy jou moet help. En jou swaarkry laat jou ontdek dat as God vir
jou is, niks anders ooit teen jou kan wees nie. Dat heeltemal niks op aarde jou van sy liefde
kan skei nie.
Nina Smit

Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting.


Jeremia 29:11
981
’n Man kom by die huis nadat hy gehoor het hy het sy werk verloor. Toe hy geboë in die
stoel gaan sit, kniel sy vrou voor hom en sê: “My man, hulle kan jou werk steel en ons sal
oorleef. Hulle kan al ons goed steel en ons sal anderkant uitkom. Moet net nie dat iemand
jou droom steel nie!” God laat die mens droom. Jy kan anderkant vandag kyk en vir jou ’n
prentjie teken van hoe jy wil hê die toekoms moet lyk. Dan kan jy vanuit die toekomsdroom
terugkom en ’n pad beplan om by die droom uit te kom.
Johan Pienaar

341

1001 Beloftes_NEW.indd 341 4/18/2006 11:07:39 AM


Werksake
Teenoor Christus Jesus ons Here is ek dankbaar: Hy het my krag gegee
982 en my betroubaar geag om my in sy diens te stel ...
1 Timoteus 1:12

Jy het ’n werk, maar dis nie waaroor jy gedroom het nie ... Al troos wat jy het, is die tjek
aan die einde van die maand! Dit voel of God jou vergeet het! Sonder werk begin enige
mens twyfel aan hulle selfwaarde. Totdat jy ’n ander werk kry, besluit solank om elke dag
iets in jou werk te kry wat jy geniet, al is dit om met ’n glimlag te doen wat jy moet doen.
Sê dankie vir dit wat jy wel het, want dan sal jy die dinge wat die Here op jou pad bring,
raaksien en daaroor bly wees. Glo dat God jou in dié werk geplaas het met ’n doel.
Jannie le Roux

Hou by die waarheid, moet daar nie van afstand doen nie, hou by wys-
heid, by selfbeheersing, by insig.
983
Spreuke 23:23

 Klím jou pad boontoe op die korporatiewe leer met die regte kwalifikasies.
 Doen ondervinding op wat in die toekoms in jou guns sal tel.
 Soek die regte geleenthede waar jy opgang kan maak.
 Werk hard om jou drome te bereik, al voel dit soms of jy nie raakgesien word nie.
 Wees altyd gewillig om te leer.
 Respekteer die mense op jou pad.
 Verdien altyd jou brood eerlik.
Milanie Vosloo

Daar is goud, daar is edelstene, maar om met kennis van sake te praat,
984 is nog kosbaarder.
Spreuke 20:15

Werk jy te hard? Jy moet die rooi ligte sien flikker as:


 jy meer en meer geld verdien deur meer en harder te werk
 jy nie meer vyfuur huis toe gaan nie – te veel werk
 jy nie saam met jou gesin kan uitgaan nie – werk kom eerste
 vakansies en uitstappies gekanselleer word weens werk
 gesin, huwelik, kerk, skool, familie, ontspanning – alles kom ná werk.
Johan Smit

342

1001 Beloftes_NEW.indd 342 4/18/2006 11:07:39 AM


Wintertyd
Luister, Here, en wees my genadig! Help my, Here! ... U het my rouklere
985 uitgetrek en vir my feesklere aangetrek.
Psalm 30:11-12

Jy gaan op die oomblik moontlik deur ’n wintertyd in jou lewe. Maar jy kan moed skep en
seker wees dat die Here ook hierdie winter vir jou in ’n lente sal omskep. Hy belowe dat
Hy jou hartseer in vreugde sal verander en vir jou blydskap sal gee. Dat Hy vir jou uitkoms
sal voorsien sodat jou bekommernisse van vandag vir altyd weg sal wees. En God is áltyd
getrou aan sy beloftes. Weet dat die Here uiteindelik jou rouklere binnekort met feesklere
sal omruil. Vertrou Hom daarvoor!
Nina Smit

Ek is by jou en Ek sal jou beskerm waar jy ook al gaan.


Genesis 28:15
986
Só kan jy jou kind help as hy seerkry:
 Praat daaroor. Luister na sy hart, hóór wat hy vir jou sê, en sê dan in woorde vir hom
wat hy sê sodat hy sy emosies kan verstaan. Om oor seerkry te kan praat bring reeds
troos.
 Wys simpatie uit jou hart. Luister wat hy vir jou sê en laat hom verstaan dat jy weet
hoe swaar dit vir hom is.
 Gee perspektief. Help jou kind om te verstaan dat daar altyd ’n ander uitkoms, ander
mense en dalk iets beters op hom wag.
 Bid saam. Sulke seerkrytye is ideaal om saam met jou kind te bid. Hy sal nie net voel
dat God daar is om hom te dra nie, maar dit sal julle ook nader aan mekaar bring.
Milanie Vosloo

Toe het die Here gevra: “Moet Ek self saamgaan en vir jou vrede gee?”
Eksodus 33:14
987
Pyn kan positiewe resultate hê, omdat dit jou leer om vir ánder hartseer mense om te gee.
Dit leer jou om ’n trooster te wees, want as jy self God se troos ontvang, leer jy terselfder-
tyd hoe om ander mense te vertroos. Jy troos hulle dan met dieselfde troos waarmee God
jóú getroos het. Een van die heel beste stukke troos is dat alle aardse hartseer ’n afsnypunt
het: Ons weet dat daar eendag in God se nuwe wêreld nie meer hartseer sal wees nie.
Nina Smit

343

1001 Beloftes_NEW.indd 343 4/18/2006 11:07:39 AM


Woede
As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie ’n dag kwaad af-
988 sluit nie. Moenie die duiwel vatkans gee nie.
Efesiërs 4:26-27

Woede is ’n natuurlike emosie. Maar wat maak ek daarmee?


 Leer maniere om woede te verminder deur dinge te doen wat onskadelik is.
 Moenie woede gebruik as wapen nie.
 God gee ons die mag om woede te beheer.
 Dink en besluit: Wat gaan ek volgende keer doen? Hoe kan ek die woedebui ontlont
voor dit uitbars? Woede is natuurlik en normaal. Dis wat jý met die woede maak, wat
tel!
Vic en Thea Brink

Om rusie te begin, is om ’n damwal te breek; staak liewer die getwis


989 voor die vloed jou tref.
Spreuke 17:14

Elke keer as jy kwaad word, wil die Here jou iets leer. Gebruik jou gesonde verstand en kyk
na die situasie. Wanneer gebeur dit gewoonlik? Wat dink jy moet jy leer?
Kyk weer na situasies waar jy jou humeur verloor. Hoe moet jy anders optree? Sien die
prentjie in jou kop. Skryf dit neer. Oefen dit in jou kop. Gesels met ’n goeie vriend daaroor.
As so iets weer opduik, moet jy asem skep tussen die situasie en jou reaksie. Sê vir jou-
self: Ek wil liefde wys! En sê vir die Here: Help asseblief! Kyk of jy die nuwe reaksie regkry.
Vic en Thea Brink

... elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat
990 nie en nie te gou kwaad word nie.
Jakobus 1:19

Moets en moenies om woede reg te hanteer ... Jy moet besef dat jy nie in beheer van
jouself is wanneer jy jou aan woede oorgee nie. Laat God toe om beheer oor jou lewe te
hê! Kies om jou woede self te stop. Moenie jou woede heeltyd onderdruk nie. Gee uiting
aan jou gevoelens op die regte tyd en plek. Onthou dat oefening help om stres en woede
te beheer. Moenie wag vir ’n spesiale resep om jou woede te hanteer nie. Neem jouself
ernstig voor om nooit weer só kwaad te word nie!
Jannie le Roux

344

1001 Beloftes_NEW.indd 344 4/18/2006 11:07:39 AM


Wonder-oomblikke
Mag die Here jou seën uit Sion, Hy wat die hemel en die aarde gemaak
991 het.
Psalm 134:3

Rose en baldadige voëls in die tuin is dalk alledaags, maar in die hartjie van ’n Kaapse
winter is dit ’n wonderwerk! Iets om voor dankbaar te wees! Dis dikwels ’n bewys dat
God in die mees onverwagse omstandighede moeite doen om ’n teleurgestelde hart met
skoonheid te verkwik ... Dit gebeur mos dikwels dat jy die mooi binneste ontdek eers nadat
’n splinter van die vaalbruin klip afgekap is!

Judy Venter

Laat my elke môre u liefde ondervind, want in U stel ek my vertroue.


Psalm 143:8
992
Daar het al twee keer in my lewe ’n vlinder op my hand kom sit! Albei hierdie kosbare
oomblikke was ewigheidsoomblikke. Tye dat ek intens beleef het hoe ons Vader vir ’n
oomblik met sy hand aan my lewe kom raak het. Dit het my met ’n onbeskryflike dankbaar-
heid gevul.
Sien jy die vlinders op jou lewenspad raak? Sien jy die hoop-gee-oomblikke raak wat Hy
met soveel deernis op jou lewenspad laat kom? Sprei jou vlerke en gebruik die geleentheid
om die wonder van sy glorie aan die res van sy skepping te gaan oordra sodat ander deur
dié wonder seën kan ontvang en in dankbaarheid kan leef.
Amanda Swanepoel

Ek sal op die kaal bergtoppe riviere laat ontspring, en in die laagtes


993 fonteine laat uitborrel. Ek sal woestyngebied in rietvlei verander, dor
land in fonteinwêreld.
Jesaja 41:18

Ek en my man ry een Oktobermaand van Upington af Kaap toe. Na die vroeë reën is die
veld onbeskryflik mooi. Om die sagte hand van die Skeppergod só in die natuur te sien
maak my hartseer van vreugde. Om God se natuur en sý mense weer raak te sien verryk
jou menswees. Te midde van hierdie milde besef jy hoe klein jy as mens is en hoe ver en
wyd en hoog en diep God jou liefhet en oorlaai met al die mooi dinge om jou, en dan bloei
jou hart van dankbaarheid. Soek elke dag God se wonderwerke vir jou!
Judy Venter

345

1001 Beloftes_NEW.indd 345 4/18/2006 11:07:39 AM


Woorde
Mooi woorde roer in my hart; ek dra my gedig voor aan die koning; my
994 tong is soos die pen van ’n vaardige skrywer.
Psalm 45:2

’n Mens se hele lewe is vol woorde – dit wat jy hoor, lees, skryf, sien en sê. Party is die
moeitewerd om te hoor, maar dié wat ons sê sonder om te dink, ontstel ander mense dalk
of maak hulle diep seer. Die fynheid van jou woorde laat ander groei. Dit is dikwels onver-
geetlike woorde wat jou medemens opbeur en nuwe moed gee; hartswoorde wat ander
van jou liefde en omgee verseker; wonderwoorde wat mense die wêreld op ’n nuwe manier
laat sien. Met jou woorde kan jy ander se hart laat sing en hulle lewe meer sinvol maak.
Nina Smit

Aangename woorde is heuning, soet en geneeskragtig vir die mens.


Spreuke 16:24
995
Alles wat mense vir my sê of skryf, het ’n uitwerking op my lewe. God stuur woorde na my
toe om my van Hom te leer, en van menswees en van Christenskap. By my ma het ek dié
wonderlike les oor woorde geleer: “Met jou tong kan jy herskep. Jy kan selfvertroue en
sukses binne ander én binne jouself bewerk.” Wat mense vir mekaar sê of skryf, of ander
se woorde wat ons vir mekaar aangee, kan iemand ’n koers laat inslaan nader na God toe.
Die Woord herinner ons om ons woorde reg te gebruik, sodat dit soet en geneeskragtig sal
wees.
Liesel Krause-Wiid

Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en
opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoor-
996
ders ten goede kan kom.
Efesiërs 4:29

Die onvermoë van tieners én volwassenes om hulle sonder kru-taal uit te druk maak my
verslae. Daar is soveel woede en aggressie in hierdie manier van praat – dit dui vir my op
ons onvermoë om op ’n gesonde manier van frustrasie ontslae te raak. Vuil taal getuig van
’n gebrekkige intellektuele vermoë en van iemand wat geen respek vir hom- of haarself
of vir ander het nie. Boonop verklap jy sommer jou emosionele toestand – jy is kwaad, ja,
baie kwaad vir die lewe!
Wanda de Kock-Bam

346

1001 Beloftes_NEW.indd 346 4/18/2006 11:07:39 AM


Wysheid
My mond gaan suiwer wysheid praat; wat ek gaan sê, sal van insig
997 getuig.
Psalm 49:4

Koning Salomo het die keuse gehad om tussen rykdom en eer te kies. Hy het verkies om
wysheid te vra. Toe skenk God hom die rykdom en eer ook.
 Wysheid bewaar jou van misstappe.
 Wysheid help jou om die regte keuses te maak.
 Wysheid is om te weet jy weet nie. En te weet wat jy weet.
 Wysheid is om ’n vinnige antwoord terug te hou, en ’n goed deurdagte mening te gee.
 Wysheid is om sensitief te wees vir die influistering van die Heilige Gees.
Jannie le Roux

Leer ons om ons dae so te gebruik dat ons wysheid bekom.


Psalm 90:12
998
Wysheid is ...
 om ons en ons geliefdes rustig in God se hande te laat sodat Hy op sy tyd en op sy
manier kan werk
 om uit ander se rusies te bly en nie kant te kies nie
 om te erken: “Ek het ’n fout gemaak, ek is jammer.”

Judy Venter

As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal
999 dit aan hom gee ...
Jakobus 1:5

Hoe kry ’n mens wysheid?


 Leer by ander.
 Lees boeke oor mense se lewenslesse.
 Lees die Bybel want dis ’n Boek van Wysheid wat vol verhale van mense se keuses is.
 Vra vir God. Volgens die Bybel kom wysheid van God af. Dis om in so ’n intieme ver-
houding met Jesus te leef dat jy weet hoe God wil hê jy moet leef.
Moet nooit skaam wees om vir God te vra om vir jou wysheid te gee nie. Hy gee dit
graag as jy opreg vra.
Jannie le Roux

347

1001 Beloftes_NEW.indd 347 4/18/2006 11:07:39 AM


Ywer
Ywer sonder kennis deug nie; oorhaastigheid bring foute.
Spreuke 19:2
1000
’n Hart vol passie vir jou ideaal is nie genoeg nie – jou verstand moet ok glo dat jy jou
ideale kan verwesenlik. Jou algemene voorneme moet aan ’n baie spesifieke en goed
omskryfde doelwit geanker word. Die volgende riglyne sal jou hiermee help:
 Hoe graag jy bewys jy het jou doelwit bereik?
 Besluit hoe jy dit gaan meet
 Is die doelwit bereikbaar?
Jy moet jou doelwit duidelik visualiseer sodat jouv erstand dit sal glo. Jy moet die doel-
wit sien en voel.
Herinner jouself gereeld aan wat jy wil bereik en rig jou denke in lyn daarmee.
Tanya van Zyl

Maak die werk nou ook klaar. Die ywer om uit julle beskikbare middele
1001 die insameling af te handel, moet net so groot wees as die gewilligheid
waarmee julle dit begin het.
2 Korintiërs 8:11

Jou werk of beroep is een van die dinge waaroor jy ’n keuse het. Jy is nie ’n slaaf met geen
wil van jou eie nie. Jy het die keuse om van beroep te verander as jou huidige werk nie vir
jou werk nie. Jy definieer jou identiteit ook vanuit jou beroep.
In geen beroep is alles perfek nie. Tog laa jou entoesiasme en ywer oor jou werk jou
weer en weer aangaan en die swaar tye ook hanteer.
Louis L’Amour het gesê: “Tot op ’n punt word ’n mens se lewe gevorm deur die omgew-
ing, oorerwing, en bewegings en veranderings in die wêreld rondom hom. Dan kom daar
’n tyd wanneer dit binne sy vermoë is om die klei van sy lewe te vorm in die tipe ding wat
hy wens om te wees. Net die swakkelinge blameer ouers, hulle ras, hulle tye, gebrek aan
geluk of die streke van die noodlot. Elkeen het dit binne sy mag om te sê: ‘Dít is ek vandag;
dát sal ek môre wees.’”
Gaan vandag jou werksdag met ywer tegemoet en handel alles met entoesiasme af.
Jannie le Roux

348

1001 Beloftes_NEW.indd 348 4/18/2006 11:07:39 AM


1001 Beloftes_NEW.indd 349 4/18/2006 11:07:39 AM
1001 Beloftes_NEW.indd 350 4/18/2006 11:07:39 AM
e-FINESSE
jou voelgoed tydskrif in digitale formaat
’n Tydskrif is jou vriendin. Die internet jou virtuele wêreld. Tydskrifte
bekoor en die internet daag jou uit ...

En ons hou van albei! Dit is hoekom jou gunsteling tydskrif, deesdae
ook aanlyn beskikbaar is. Die wêreld om ons verander elke dag en
tydskriflesers ook. Daarom kon ons nie die versoeking weerstaan nie –
FINESSE is deesdae ook digitaal beskikbaar!

So, skuif voor jou rekenaar in. Kliek op www.e-finesse.co.za en


verlustig jou in die virtuele bladsye van jou voelgoedtydskrif – kom-
pleet asof jy dit in jou hand vashou. Advertensies en al!

Dit is ideal vir almal wat vinnig leef en die perfekte geskenk, vir jou
vriendin, sussie of dogter wat in vreemde lande woon en smag na
AFRIKAANS.

Kliek op
www.e-finesse.co.za

e FINESSE
om in te teken.

^ jou voelgoed tydskrif in digitale formaat

1001 Beloftes_NEW.indd 351 4/18/2006 11:07:40 AM


Jou 24/7 winkel
Maklike bestelling

Veilige betalings

REUSE afslag

Vinnige aflewering

beskikbaar by www. voelgoedwinkel.co.za

1001 Beloftes_NEW.indd 352 4/18/2006 11:07:40 AM


besoek ons aanlynwinkel by
www.voelgoedwinkel.co.za

Nina Smit, Solly Ozrovech,


Wat is jou

1001
Milanie Vosloo, Elise Grey en ander

behoefte

BYBEL
vandag?
Almal het soms ’n hupstoot nodig.
1001
BYBEL
En selfs al gaan dit goed,
is dit lekker om die beloftes

BELOFTES vir elke behoefte


van die Here weer te hoor.

1001 BYBEL BELOFTES vir elke behoefte is propvol stukkies


inspirasie wat jy sommer so op ’n drafstap kan gryp. Want net ’n
bietjie daarvan hou ’n lekker lang ent!

Soek jy onmiddellik antwoorde op jou vrae? Het jy troos nodig

beloftes
in jou oomblik van hartseer? Of miskien kort jy net ’n bietjie
krag ... Hoe jy ook al voel, jy kan elke dag, elke oomblik, ’n
belofte kry!

Skrywers soos Solly Ozrovech, Johan Smit, Nina Smit, Hannes Burger,

vir elke behoefte


Jannie le Roux, Kobus Neethling, Milanie Vosloo, Annalise Wiid, Judy
Venter en Elise Grey het die beloftes wat God in sy Woord vir ons gee,
bymekaargemaak sodat jy dit altyd byderhand kan hê.

In lekker of in slegte tye, in moedeloosheid


of blydskap ... gebruik dié Bybelbeloftes
vir ’n gelukkiger, meer tevrede en wyser JY!
carpediem
M E D I A

ISBN: 978-1-77031-263-0 Kategorie: Selfhelp

alleenheidcarpediem eensaamheid familiegeloofhuwelikjaloesiekarakterlewemanliefnederigheid ontspanpassie sekuriteittalen-


liefde blydskapdankbaarheid
te verlieswerk aggressie bangwees emosies frustrasiegenesing Jesus konflik lafenis motivering naasteliefde onbegrip positiwiteitraad selfbeeld-
M E D I A

toekoms uitreik vreugdewysheid aangee-geluk bekommernis carpediem diensbaarheid egskeiding gebed hartseer irritasie keuseslag moedhou roeping -
jou inspirasie uitgewer

waregeluk teleurstellingselfvertroue vergifnis medemens siekte vrees aggressie woede enkelvrou drome geloofsgroeiherinneringe moedeloos-

1001 Beloftes.indd 1 1/15/2006 9:56:25 AM

You might also like