Deel

Ek wil graag vir 2021 ’n nuwe blaadjie omslaan

akkreditasie
Antie Mona
Antie Mona

Liewe Antie Mona

EK HET nooit gedink ek sal ooit aan Antie skryf nie.

My man werk weg van die huis af en wanneer hy by die huis is, is hy baie onbeskof en vind fout met alles.

Hy loop dan hier met ’n lang gesig rond. Sy selfoon is altyd by hom of hy sit daarop.

Ek kan hom nie vra om my met enige iets te help as hy by die huis is nie.

Antie, ek sien elke keer so daarna uit as hy huis toe kom, maar dan is dit net problems.

Daar bly mense bel, dan sê hy dis ’n verkeerde nommer. Ek voel nie soos sy vrou nie.

Hy het gesê hy gaan vir my Krismis-shopping doen, maar dat hy nie vleis gaan koop nie. Ek moet dit self doen.

Ek voel om te skei en wil ’n nuwe blaadjie omslaan in 2021. Moedelose Vrou, WhatsApp

Antie moes jou WhatsApp van Engels na Afrikaans vertaal het.

“I’m seeing so out for him to come home” het darem my kop lelik laat draai.

Anyway, what you must be seeing out, is wat agter die kap van die byl skuil.

Al die tekens is daar dat jou man ’n dubbele lewe lei.

Een wat hom so frustrate as hy tuis is dat hy sommer so rude met jou is.

Hy beskerm en pas daai phone van hom soos goud op, want hy weet sommer sy doppie gaan geklink wees as jy die dag die boodskappe daarop moet sien.

Dis ’n nuwe jaar en 2021 hoef nie gevul te word met die drama van 2020 nie.

Dis tyd vir ’n reguit gesprek waarin jy jou kaarte op die tafel gooi.

Sê hom reguit hy maak hom laat as hy dink hy kan jou vir ’n fool vat, want jy weet dat hy rondmors.

Natuurlik gaan hy stry, want die onus rus op hom om homself teen hierdie statement te verdedig.

As hy die innocent baadjie aantrek, laat hy net daar en dan sy foon vir jou gee sodat jy sy boodskappe kan check.

As hy teen die karre skop en stall, dan weet jy hy lieg.

Hy moenie eens ’n kans gegee word om enige boodskappe te delete­ nie.

Vrou, 2021 is nie die jaar van die langgesig-man nie.

Jy hoef nie hierdie nukke en grille van hom te entertain nie.

Hy moenie nou kom act asof jy ’n las vir hom is nie.

As daar iemand anders is, dan moet hy jou vryheid vir jou gee, want wie is dan nou nog lus vir ’n man wat lyk asof hy heeldag met ’n drol in sy hol rondloop?

Liewe Antie Mona

EK SKRYF vandag met ’n swaar hart aan Antie.

Ek weet nie watter kant toe nie, regtig.

Antie, ek weet daar is baie ander mense wat in dieselfde bootjie as ek sit.

Ek wil net weet of daar nie iemand is wat my kan help met my kinders se skoolgoed nie.

Ek het my werk deur Covid verloor en kan nie met my een kind se AllPay survive nie.

Ek huil soos wat ek hier skryf, want my kinders gaan nie lekker voel as die skool begin nie.

Antie, ek kan nie eens saans slaap nie, want my gedagtes hardloop weg van worry oor waar die volgende bord kos vandaan gaan kom en of daar môre krag in die huis gaan wees.

Wat my die seerste maak, is om dan wanneer daar niks is nie vir die kinders te sê daar is niks om te eet nie.

As daar mense is wat my kan help, kan hulle vir my ’n WhatsApp stuur na 063 4820 780. Ek is baie desperaat, Antie. JS van die Overstrand, WhatsApp

Hierdie is verskriklike moeilike tye waarin ons tans leef.

Dis deesdae ’n stryd soos min om net kop bo water te hou.

Dit moes verskriklik moeilik vir jou gewees het om uit te reik, want ten spyte van alles, het ’n mens mos nog jou trots.

Maar dit breek enige ouer om die disappointment op hul kinders se gesiggies te sien en te weet dis nie moontlik om hulle die lewe te gee wat jy graag wil nie.

Ons lesers is wonderlike mense wat hou van uitreik en hul laastes met hul medemens deel.

Kom ons hoop daar is van hulle wat jou sal kontak en jou moontlik van hulp kan wees.

Byt vas. Dinge kan nie vir altyd net sleg wil gaan nie.

Antie glo die son sal weer vir jou skyn.