01.05.2013 Views

OPVOEDING

OPVOEDING

OPVOEDING

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

OPVOEDING

“Sodat ons seuns soos plante

mag wees wat opgekweek

is in hulle jeug, ons dogters

soos hoekpilare wat uitgebeitel

is na die boustyl van ’n

paleis.”

I

OPVOEDING

deur

Ellen G. White

“Kennis van die Heilige is

verstand.”

Uitgegee deur die

SUID - AFRIKAANSE UNIEKONFERENSIE

VAN SEWENDEDAG - ADVENTISTE

Opvoeding

oorspronklike vertaling deur: Deur Theo A. ter Horst en Edwin de Kock

Hierdie uitgawe se kopiereg word gehou © 2012 deur Stanborough Press

Ltd, Alma Park, Gratham, Lincolnshire, verenigde Koninkryk

Alle regte word voorbehou

Britse biblioteek katalogisering in publikasiedata. ‘n katalogiese rekord

vir hierdie boek is beskikbaar van die Britse biblioteek.

ISBN-978-1-907456-55-8

vir meer inligting kontak:

Posbus 75700

Garden view

2047

tel: (011)616-6800

web:www.tcadventist.org.za

I

II E.G.White - Opvoeding

III

AAN

OUERS, ONDERWYSERS

EN STUDENTE,

almal leerlinge in die voorbereidingskool van die

aarde, is hierdie boek opgedra. Mag dit hulle help

om die lewe se grootste voordele te verkry, ontwikkeling

en vreugde in diens alhier en sodoende ’n

geskiktheid vir daardie omvattender diens, die

“hoër kursus” wat in die hiernamaalse skool tot elke

mens se beskikking is.

Voorwoord

MENS sien deesdae selde ’n boek oor die opvoeding wat so wyd gelees is

en wat so deur die tyd beproef is as hierdie werk. Weens die duidelike en korrekte

grondbeginsels wat in hierdie boek uiteengesit word, het derduisende

ouers en onderwysers dit oor baie dekades as handleiding aanvaar.

Elke persoon moet die praktiese werklikhede van die lewe die hoof bied

- sy geleenthede, sy pligte, sy neerlae en sy prestasies. Hoe hy hierdie ondervindings

tegemoetgaan, of hy die meester of slagoffer van omstandighede

sal word, hang grotendeels af van sy voorbereiding om daarteen opgewasse

te wees - sy opvoeding.

Ware opvoeding is goed gedefinieer as die harmonieuse ontwikkeling van

al die vermoëns - ’n volledige en toereikende voorbereiding vir sowel hierdie

lewe as die toekomstige ewige lewe. Dit is gedurende die vroeë jare tuis en

in formele skoolonderrig dat die verstand ontwikkel, ’n lewenspatroon posvat

en die karakter gevorm word.

Met skerpsinnige insig oor die betreklike en blywende waardes van wat

ware opvoeding in sy wydste omvang behels, dui die skryfster van hierdie

boek die weg aan hoe om dit te verwesenlik. ’n Opvoeding waarvolgens die

verstandelike kragte tot regmatige ontwikkeling kom, word duidelik omskryf.

’n Opvoeding waardeur die hande tot nuttige beroepe geskool word,

word beklemtoon. ’n Opvoeding wat God as die bron van alle wysheid en

insig erken, word ernstig aanbeveel.

Die dryfveer van die skryfster met haar omvattende geskrifte oor die onderwerp

van die opvoeding was dat jongmense op die lewensdrempel gereed

kan wees om hulle plek as goeie burgers in te neem, goed voorberei vir die

praktiese lewensondervindings, liggaamlik ten volle ontwikkel, godvresend,

met ongeskonde karakters en beginselvaste harte. Hierdie boek is die allerbelangrikste

werk in dié groep geskrifte waarin die beginsels uiteengesit

word wat essensieel is vir die begrip van diegene wat tuis en op skool aan

die jeug leiding gee.

Die skryfster van hierdie bladsye was ’n vriendin van jongmanne en - vroue.

Sy was baie jare lank in noue aanraking met opvoedkundige inrigtings en

goed vertroud met jeugdiges se probleme in die voorbereiding vir hul lewenstaak.

Bowenal het sy oor meer as gewone kennis en vaardigheid as skryfster

en spreekster beskik.

Aangesien dit gemoeid is met groot grondslaggewende beginsels en nie

met leerplanbesonderhede of die voordele van verskillende opvoedkundige

IV E.G.White - Opvoeding

V

stelsels nie, is die invloed van hierdie boek reeds wêreldwyd, want uitgawes

is in verskeie vooraanstande tale van ander lande gepubliseer. Dat hierdie

nuwe uitgawe die beginsels van karakteropvoeding nog verder sal verbrei, is

die hartgrondige hoop van die uitgewers en -

DIE TRUSTEES VAN DIE

ELLEN G. WHITE - PUBLIKA-

SIES.

INHOUDSOPGAWE

Hoofstuk: Hoofstuk naam:

Bladsy

no:

Hoofstuk:1 GRONDBEGINSELS 1

Opskrifte: Die Bron en Doel van Ware Opvoeding 3

Die Skool in Eden 9

Die Kennis van Goed en Kwaad 11

Die Verhouding van Opvoeding tot die Saligheid 15

Hoofstuk:2 VOORBEELDE 21

Opskrifte: Die Opvoeding van Israel 21

Die Profeteskole 31

Die Lewens van Groot Manne 37

Hoofstuk:3 DIE WEERGALOSE ONDERWYSER 53

Opskrifte: Die Leermeester Wat van God Gekom Het 55

’n Illustrasie van Sy Metodes 65

Hoofstuk:4 NATUURONDERWYS 75

Opskrifte: God in die Natuur 77

Lewenslesse 81

Ander Aanskouingslesse 89

Hoofstuk:5 DIE BYBEL AS OPVOEDER 95

Opskrifte: Verstandelike en Geestelike Kultuur 97

Die Wetenskap en die Bybel 101

Sakebeginsels en -Metodes 107

Bybelbiografieë 115

Poësie en Sang 125

Verborgenhede van die Bybel 135

Die Geskiedenis en die Profesie 139

Bybelonderrig en -Studie 149

Hoofstuk:6 LIGGAAMLIKE OPVOEDING 75

Opskrifte: Die Studie van die Fisiologie 157

Matigheid en Diëetkunde 163

Ontspanning 167

Ambagsopleiding 173

VI E.G.White - Opvoeding

Hoofstuk 1

1

Hoofstuk:7 KARAKTERBOU 181

Opskrifte: Opvoeding en Karakter 183

Metodes van Onderrig 187

Gedrag 195

Die Verhouding Tussen Kleredrag en Opvoeding 201

Die Sabbat 205

Geloof en Gebed 207

Die Lewenstaak 215

Hoofstuk:8 DIE ASSISTENT - ONDERWYSER 223

Opskrifte: Voorbereiding 225

Samewerking 231

Dissipline 235

Hoofstuk:9 DIE HOËR KURSUS 243

Opskrifte: Die Skool van die Hiernamaals 245

Hoofstuk:10 REGISTER VAN SKRIFTUURPLASE 253

Hoofstuk:11 ALGEMENE BLADWYSER 259

GRONDBEGINSELS

“Terwyl ons almal met ontsluierde gesig soos in ’n

spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word van

gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid

tot heerlikheid.”

2 E.G.White - Opvoeding

GRONDBEGINSELS

3

Die Bron en Doel van

Ware Opvoeding

“KENNIS VAN DIE HEILIGE

IS VERSTAND;” “SLUIT TOG

VRIENDSKAP MET HOM.”

- 13 -

ONS idees oor opvoeding het ’n te enge en ’n te laag, by-die-grond se reikwydte.

Daar is ’n gebrek aan breër vergesigte, ’n hoër doel. Ware opvoeding

beteken meer as die aflegging van ’n sekere studiekursus. Dit beteken meer

as ’n voorbereiding vir die huidige lewe. Dit raak die hele wese en die ganse

bestaanstyd wat vir die mens moontlik is. Dit is die harmonieuse ontwikkeling

van die liggaamlike, die verstandelike en die geestelike kragte. Dit berei

die student voor vir die vreugde van diens in hierdie wêreld en vir die meer

verhewe vreugde van omvattender diens in die wêreld wat kom.

Die bron van so ’n opvoeding word in die volgende woorde uit die Heilige

Skrif aan die lig gebring; wat die aandag op die Oneindige vestig: In Hom is

“al die skatte van wysheid en kennis verborge.” Kolossense 2:3. “Hy het raad

en verstand.” Job 12:13.

Die wêreld het al sy groot leermeesters gehad, manne van reuseverstand

en omvangryke navorsing, manne wie se uitsprake die denke gestimuleer

en ontsaglike gebiede van die kennis ontsluit het; en dié manne is as gidse

en weldoeners van die menslike geslag vereer; maar daar is Een Wat bo hulle

uittroon. Ons kan die lyn van die wêreld se leermeesters so ver terug nagaan

as wat die menslike oor-

- 14 -

kondes strek; maar die Lig het hulle voorafgegaan. Soos die maan en sterre

van ons sonnestelsel skyn deur die sonlig te weerkaats, so is die leer van

die wêreld se grootste denkers, vir sover dit waarheid is, ’n afskynsel van die

strale uit die Son van Geregtigheid. Elke gedagtevonk, elke flikkering van die

intellek, kom uit die Lig van die wêreld.

Deesdae word daar baie oor die aard en belangrikheid van “hoër opvoeding”

gesê. Die waaragtige “hoër opvoeding” is die wat toebedeel word deur

Hom by wie “raad en verstand” (Job 12:13) is, uit wie se mond “kennis en verstand”

kom. Spreuke 2:6.

In ’n kennis van God het alle ware kennis en werklike ontwikkeling hul

bron. Waarheen ons ons ook al wend, in die stoflike, die verstandelike of die

geestelike ryk; in wat ons ook al betrag, afgesien van die skending deur die

4 E.G.White - Opvoeding

Die Bron en Doel van Ware Opvoeding

5

sonde, word hierdie kennis geopenbaar. Watter navorsingsrigting ons ook al

inslaan, met ’n opregte doel om die waarheid te vind, word ons in aanraking

gebring met die onsigbare, magtige Intelligensie wat in en deur alles werk.

Die verstand van die mens word in gemeenskap gestel met die verstand van

God, die eindige met die Oneindige. Die uitwerking van sodanige gemeenskap

op liggaam en verstand en siel is onberekenbaar.

In hierdie gemeenskap word die hoogste opvoeding gevind. Dit is Gods

eie manier van ontwikkeling. “Sluit tog vriendskap met Hom” (Job 22:21), is Sy

boodskap aan die mensdom. Die metode wat in hierdie woorde uiteengesit

is, was die metode wat in die opvoeding van ons oervader gevolg is. Toe

Adam in die glorie van sy sondelose mensheid in die heilige Eden gestaan

het, was dit hoe God hom onderrig het.

Om te begryp wat opvoedingswerk alles insluit, moet ons sowel die aard

van die mens as Gods doel met sy skepping in aanmerking neem. Ons moet

ook let op die verandering in die mens se toestand weens die toetrede

- 15 -

van ’n kennis van die kwaad en Gods plan om nog Sy heerlike doel met die

opvoeding van die menslike geslag te vervul.

Toe Adam uit die hand van die Skepper gekom het, het hy, in sy liggaamlike,

verstandelike en geestelike natuur, op sy Skepper gelyk. “God het die

mens geskape na sy beeld” (Genesis 1:27) en dit was Sy doel dat hoe langer

die mens geleef het, hoe vollediger hy hierdie beeltenis sou geopenbaar het

- om des te vollediger die heerlikheid van die Skepper te weerkaats. Al sy

vermoëns was tot ontwikkeling in staat; die kapasiteit en lewenskrag daarvan

moes aanhoudend toeneem. Ontsaglik groot was die speelruimte vir hul

beoefening; heerlik die veld wat vir hul navorsing oopgestel is. Die verborgenhede

van die sigbare heelal - die “wonders van die Volmaakte in kennis”

(Job 37:16) - het die mens se studie uitgenooi. Gemeenskap met sy Maker,

van aangesig tot aangesig, van hart tot hart, was sy verhewe voorreg. As hy

aan God lojaal gebly het, sou dit alles vir ewig sy voorreg gewees het. Deur

eindelose eeue heen sou hy voortdurend nuwe skatte van die kennis bekom

het, vars geluksfonteine ontdek het en steeds tot helderder insigte in die

wysheid, die mag en die liefde van God gekom het. Al hoe vollediger sou hy

die doel met sy skepping vervul het, al hoe vollediger sy Skepper se heerlikheid

weerkaats het.

Maar deur ongehoorsaamheid is dit verbeur. Deur die sonde is die Goddelike

beeld geskend en byna uitgewis. Die mens se liggaamskragte is verswak,

sy intellektuele kapasiteit verminder, sy geestelike gesig verdof. Hy het

aan die dood onderhewig geword. Nogtans is die menslike geslag nie sonder

hoop gelaat nie. Deur oneindige liefde en genade is die saligheidsplan ontwerp

en ‘n proeflewe toegestaan. Om in die mens die beeld van sy Skepper

te herstel, om hom terug te bring na die volmaaktheid waartoe

- 16 -

hy geskape is, om die ontwikkeling van liggaam, verstand en siel te bevorder,

sodat die Goddelike doel met sy skepping verwesenlik kan word - dit sou die

werk van die saligmaking wees. Dit is die doel van die opvoeding, die groot

doel van die lewe.

Liefde, die grondslag van die skepping en verlossing, is die basis van ware

opvoeding. Dit word duidelik gestel in die wet wat God as lewensgids gegee

het. Die eerste en groot gebod is: “Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele

hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand.” lukas

10:27. Om Hom, die Oneindige, die Alwetende, uit die hele krag en verstand

en hart lief te hê, beteken die hoogste ontwikkeling van elke vermoë. Dit

beteken dat die beeld van God in die ganse wese - die liggaam, die verstand,

sowel as die siel - herstel moet word.

Gelyk aan die eerste is die tweede gebod: “Jy moet jou naaste liefhê soos

jouself.” Matthéüs 22:39. Die liefdeswet verg die toewyding van liggaam, verstand

en siel tot die diens van God en ons medemens. En terwyl dit ons vir

andere tot seën laat strek, bring hierdie diens die grootste seën vir onsself

mee. Onbaatsugtigheid is die grondslag van alle ware ontwikkeling. Deur onselfsugtige

diens ontvang ons die uitnemendste veredeling van elke gawe.

Steeds meer en meer word ons die Goddelike natuur ten volle deelagtig. Ons

word vir die hemel toegerus, want ons ontvang die hemel in ons harte.

Omdat God die bron van alle ware kennis is, is dit, soos ons gesien het, die

eerste doel van die opvoeding om ons gedagtes op Sy eie openbaring van

Homself te vestig. Adam en Eva het deur direkte gemeenskap met God kennis

verkry; en hulle het deur Sy werke van Hom geleer. Alle geskape dinge

was, in hul oorspronklike volmaaktheid, ’n uitdrukking van die gedagte van

God. Vir Adam en

- 17 -

Eva het die natuur gewemel van Goddelike wysheid; maar deur oortreding

is die mens daarvan uitgesluit om deur direkte gemeenskap van God te leer

en, grotendeels, ook uit Sy werke. Die aarde, deur die sonde geskend en besoedel,

gee net ’n dowwe afskynsel van die Skepper se heerlikheid. Dit is

waar dat Sy aanskouingslesse nie uitgewis is nie. Op elke bladsy in die groot

boek van Sy geskape werke kan Sy handskrif nog bespeur word. Die natuur

6 E.G.White - Opvoeding

Die Bron en Doel van Ware Opvoeding

7

spreek nog van Sy Skepper. Nogtans is hierdie openbarings gedeeltelik en

onvolmaak. En in ons gevalle toestand, met verswakte vermoëns en beperkte

gesig, is ons nie daartoe in staat om dinge reg te vertolk nie. Ons het die

voller openbaring nodig wat God in Sy geskrewe Woord van Homself gegee

het.

Die Heilige Skrif is die volmaakte standaard van die waarheid en as sodanig

moet die ereplek in die opvoeding daaraan verleen word. Om ’n opvoeding

te ontvang wat sy naam werd is, moet ons ’n kennis van God, die

Skepper en Christus, die Saligmaker, ontvang, soos hulle in die heilige Woord

geopenbaar word.

Elke mens, na die beeld van God geskape, is toebedeel met ’n mag wat aan

die van die Skepper verwant is - indiwidualiteit, die vermoë om te dink en te

doen. Die manne in wie hierdie vermoë ontwikkel word, is die manne wat

verantwoordelikhede dra, wat leiers in ondernemingsgees is en wat karakter

beïnvloed. Dit is die werk van ware opvoeding om hierdie mag te ontwikkel,

om jongmense op te lei om denkers te wees en nie bloot weerkaatsers van

andere se gedagtes nie. Eerder as om hul studie te beperk tot wat mense

gesê of geskryf het, laat studente na die bronne Van die waarheid verwys

word, na die grenslose velde wat in die natuur en openbaring vir navorsing

blootgelê is. Laat hulle die groot feite van plig en lotsbestemmingbetrag en

die verstand sal uitsit” en sterker word.

- 18 -

Eerder as opgevoede swakkelinge, kan inrigtings van die geleerdheid mense

uitstuur wat sterk is om te dink en te doen, mense wat meesters en nie slawe

van omstandighede is nie, mense wat ’n breedte van verstand, ’n helderheid

van gedagte en die moed van hul oortuigings het.

So ’n opvoeding voorsien meer as verstandelike dissipline; dit verskaf

meer as liggaamlike opleiding. Dit versterk die karakter, sodat waarheid

en trou nie aan selfsugtige begeertes of wêreldse ambisie opgeoffer word

nie. Dit verskans die verstand teen boosheid. In plaas dat die een of ander

heersende drif ’n mag word om te vernietig, word elke motief en begeerte

met die groot beginsels van regskapenheid gelykvormig gemaak. Namate

die volmaaktheid van Sy karakter betrag word, word die verstand hernieu en

die siel na die beeld van God herskape.

Watter opvoeding kan hoër wees as dit? Wat kan sy waarde ewenaar?

“Fyn goud kan daarvoor nie gegee word nie en geen silwer as koopprys daarvan

afgeweeg word nie. Die goud van Ofir weeg daar nie teen op nie, ook nie

die kosbare onikssteen en saffier nie. Goud en glas kan daarmee nie vergelyk

word nie en vir goue voorwerpe ruil ’n mens dit nie. Korale en kristal kan nie

genoem word nie en die besit van wysheid is meer werd as korale.”

Job 28: 15 - 18.

Hoër as wat die mens se hoogste gedagte kan reik, is Gods ideaal vir Sy

kinders. Godsvrug - Godgelykheid - is die doel wat bereik moet word. Voor

die student gaan daar ’n pad van oneindige vooruitgang oop. Hy het ’n doel

om te verwesenlik, ’n standaard om te bereik, wat alles goed en rein en edel

insluit. Hy sal in elke vertakking van ware kennis vorder so vinnig en so ver as

wat moontlik is. Maar sy pogings sal toegespits word op doelstellinge

- 19 -

wat soveel hoër as bloot selfsugtige en tydelike belange is as wat die hemele

hoër as die aarde is.

Hy wat met die Goddelike voorneme saamwerk om ’n kennis van God aan

die jeug oor te dra en die karakter tot ooreenstemming met Syne te fatsoeneer,

doen ’n verhewe en edel werk. Na gelang hy ’n begeerte wek om Gods

ideaal te verwesenlik, bied hy ’n opvoeding aan wat so hoog soos die hemel

en so breed soos die heelal is; ’n opvoeding wat nie in hierdie lewe voltooi

kan word nie, maar in die hiernamaalse lewe voortgesit sal word; ’n opvoeding

wat vir die suksesvolle student sy paspoort verseker uit die voorbereidingskool

van die aarde na die hoër vlak, die skool daarbo.

8 E.G.White - Opvoeding

GRONDBEGINSELS

9

Die Skool in Eden

“GELUKKIG DIE MENS WAT

WYSHEID GEVIND ,HET.”

- 20 -

DIE opvoedkundige sisteem wat aan die begin van die wêreld ingestel is,

moes daarna deur alle tye heen vir die mens ’n toonbeeld wees. As illustrasie

van die beginsels hiervan is ’n modelskool in Eden, ons oerouers se tuiste,

gestig. Die tuin van Eden was die klaskamer, die natuur was die lesboek, die

Skepper self was die leermeester en die ouers van die menslike geslag was

die studente.

Adam en Eva, geskape om na die ”beeld en heerlikheid van God” te wees,

het begaafdhede ontvang wat hul verhewe lotsbestemming nie onwaardig

was nie. Hulle was sierlik en simmetries van gestalte, met reëlmatige en mooi

gelaatstrekke, hul gesigte gloeiend met die kleur van gesondheid en die lig

van vreugde en hoop en hulle het in hul uiterlike voorkoms die beeltenis van

hul Skepper gedra. Ook het hierdie ooreenkoms nie net uit die fisieke wese

geblyk nie. Elke gawe van verstand en siel het die Skepper se heerlikheid

weerkaats. Toebedeel met verhewe begaafdhede van verstand en siel, is

Adam en Eva ,,’n weinig minder as die engele gemaak” (Hebreërs 2:7), sodat

hulle nie net die wondere van die sigbare heelal kon onderskei nie, maar

sedelike verantwoordelikhede en verpligtinge kon begryp.

“Ook het die Here God ’n tuin geplant in Eden, in die Ooste en daar aan die

mens wat Hy geformeer het, ’n plek gegee. En die Here God het allerhande

bome uit die

- 21 -

grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die

boom van die lewe in die middel van die tuin.” Genesis 2:8, 9. Hier, te midde

van die pragtige natuurtonele, onaangeraak deur die sonde, sou ons oerouers

hul opvoeding ontvang.

Vanweë Sy belangstelling in Sy kinders het ons hemelse Vader persoonlik

oor hul opvoeding toesig gehou. Dikwels is hulle deur Sy boodskappers,

die heilige engele, besoek en van dié het hulle raad en onderrig ontvang.

Dikwels, terwyl hulle in die tuin in die aandwindjie wandel, het hulle die stem

van God gehoor en van aangesig tot aangesig met die Ewige gemeenskap

gehou. Die gedagtes wat Hy aangaande hulle gekoester het, was “gedagtes

van vrede en nie van onheil nie.” Jeremia 29:11. Elke voorneme van Hom het

hul hoogste welsyn beoog.

10 E.G.White - Opvoeding

GRONDBEGINSELS

11

Aan Adam en Eva is die sorg van die tuin toevertrou, “om dit te bewerk en

te bewaak.” Genesis 2:15. Hoewel hulle ryk was aan alles wat die Eienaar van

die heelal kon voorsien, moes hulle nie ledig wees nie. Nuttige arbeid is as

seën aan hulle opgedra, om die liggaam sterk te maak, die verstand te laat

uitdy en die karakter te ontwikkel.

Die boek van die natuur, wat sy lewende lesse voor hulle uitgesprei het,

was ’n onuitputlike bron van lering en lus. Op elke blaar van die bos en klip

van die berge, in elke skynende ster, in aarde en see en lug was die Naam

van God geskrywe. Met sowel die lewende, as die lewenslose skepping - met

blaar en blom en boom en met elke besielde wese, vanaf die leviatan van die

waters tot die stofdeeltjie in die sonstraal - het die Edenbewoners omgegaan

en van elkeen sy lewensgeheime opgediep. Gods heerlikheid in die hemele,

die ontelbare wêrelde in hul ordelike omwentelinge, “die gesweef van die

wolke” (Job 37:16), die geheimenisse van lig en klank, van dag en nag - was

alles studieonderwerpe vir die leerlinge van die aarde se eerste skool.

- 22 -

Die wette en werkinge van die natuur en die groot waarheidsbeginsels

wat die geestelike heelal beheer, is deur die oneindige Bewerker van alles

vir hul verstande oopgestel. In “die verligting ... van die kennis van die heerlikheid

van God” (2 Korinthiërs 4:6), het hul verstandelike en geestelike kragte

ontwikkel en hulle het die uitnemendste vreugde van hul heilige bestaan

gesmaak.

Soos dit uit die Skepper se hand voortgekom het, was nie net die tuin van

Eden nie, maar die ganse aarde wonderskoon. Geen sondesmet, of doodskaduwee,

het die lieflike skepping geskend nie. Gods majesteit het die hemel

bedek en die aarde was vol van Sy lof (Habakuk 3:3), “toe die môresterre

saam gejubel en al die seuns van God gejuig het.” Job 38:7. So was die aarde

dan ’n paslike sinnebeeld van Hom wat “lankmoedig en groot van goeder

tierenheid en trou” (Exodus 34:6) is; ’n paslike studie vir diegene wat na Sy

beeld geskape is. Die tuin van Eden was ’n voorstelling van wat God verlang

het die hele aarde moes word en dit was Sy doel dat, namate die menslike

geslag in getalle toeneem, hulle ander huisgesinne en skole sou stig soos

die een wat Hy gegee het. So kon die hele aarde met verloop van tyd in besit

geneem word deur huisgesinne en skole waar die woorde en werke van God

bestudeer word en waar die studente op dié manier toegerus sou word om

steeds meer en meer volkome, deur die eindelose eeue heen, die lig van die

kennis van Sy heerlikheid te weerkaats.

Die Kennis van Goed en Kwaad

“OMDAT HULLE DIT NIE DIE MOEITE

WERD GEAG HET OM GOD IN ERKEN-

TENIS TE HOU,” IS “HUL ONVERSTAN-

DIGE HART ... VERDUISTER,”

- 23 -

HOEWEL hulle onskuldig en heilig geskape is, is dit nie vir ons oerouers onmoontlik

gemaak om verkeerd te handel nie. God kon hulle geskape het

sonder die mag om Sy vereistes te oortree; maar in so ’n geval sou daar geen

karakterontwikkeling kon plaasvind nie; hulle diens sou nie vrywillig gewees

het nie, maar gedwonge. Daarom het Hy aan hulle die mag gegee om te kan

kies - die vermoë om gehoorsaamheid te bewys of te weerhou. En alvorens

hulle ten volle die seëninge kon ontvang wat Hy graag wou skenk, moes hul

liefde en lojaliteit getoets word.

In die tuin van Eden was “die boom van die kennis van goed en kwaad... En

die Here God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die

tuin mag jy vry eet, maar van die boom van die kennis van goed en kwaad,

daarvan mag jy nie eet nie.” Genesis 2:9-17. Dit was Gods wil dat Adam en

Eva nie die kwaad sou ken nie. Die kennis van die goeie is vrylik aan hulle

verleen; maar die kennis van die kwaad - van sonde en die gevolge daarvan,

van moeisame arbeid, van kommer en angs, van teleurstelling en verdriet,

van pyn en die dood - dit is in liefde weerhou.

Terwyl God die mens se welvaart beoog het, het Satan na sy ondergang

gestreef. Toe Eva die Here se waarskuwing

- 24 -

oor die verbode boom in die wind geslaan het en gewaag het om dit te nader,

het sy met haar vyand in aanraking gekom. Nadat haar belangstelling en

nuuskierigheid ge wek is, het Satan daartoe oorgegaan om Gods woord in

twyfel te trek en wantroue in Sy wysheid en goedheid te saai. In reaksie op

die vrou se verklaring oor die boom van kennis, dat God gesê het: “Julle mag

daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe,” het die

bedrieër geantwoord: “Julle sal gewis nie sterwe nie; maar God weet dat as

julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur

goed en kwaad te ken.” Genesis 3:3-5.

Satan wou graag die skyn wek dat hierdie kennis van goed, met die kwade

vermeng, ’n seën sou wees en dat God, deur hulle te verbied om van die

boom se vrugte te eet, groot voordele van hulle weerhou. Hy het nadruklik

12 E.G.White - Opvoeding

Die Kennis van Goed en Kwaad

13

daarop gewys dat dit vanweë die boom se wonderbaarlike eienskappe was

om wysheid en mag te verleen dat God hulle verbied het om dit te eet; dat

Hy op dié manier probeer om te verhoed dat hulle ’n edeler ontwikkeling

ondergaan en groter geluk vind. Hy het verklaar dat hy self van die verbode

vrug geëet en as gevolg hiervan spraakvermoë ontvang het; en dat as hulle

ook daarvan eet, hulle ’n meer verhewe bestaansvlak sou bereik en tot ’n

omvangryker veld van kennis sou toetree.

Terwyl Satan voorgegee het dat hy daarby groot baat gevind het om van

die verbode boom te eet, het hy nie laat blyk dat hy deur oortreding ’n uitgeworpene

uit die hemel geword het nie. Hier was die leuen, so weggesteek

onder die dekmantel van oënskynlike waarheid dat Eva, versot, gevlei, gefop,

nie die bedrog raakgesien het nie. Sy het begeer wat God verbied het; sy het

Sy wysheid gewantrou. Sy het geloof, die sleutel van die kennis, weggegooi.

- 25 -

Toe sien Eva “dat die boom goed was om van te eet en dat hy ’n lus was

vir die oë, ja ’n boom wat ’n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy

neem van sy vrugte en eet.” Dit het ’n aangename smaak gehad en terwyl sy

geëet het, was dit asof sy ’n opwekkende krag voel en sy het haar verbeel sy

betree ’n hoër bestaansvlak. Omdat sy self gesondig het, het sy vir haar man

’n versoekster geword, “en hy het geëet.” Genesis 3:6.

“Julle oë sal oopgaan,” het die vyand gesê, “sodat julle soos God sal wees

deur goed en kwaad te ken.” Genesis 3:5. Ja, hul oë is gewis geopen; maar

hoe treurig het dit oopgegaan. Die kennis van kwaad, die vloek van sonde,

was al wat die oortreders verwerf het. Daar was geen gif in die vrugte self

nie en die sonde was nie bloot daarin geleë om aan eetlus toe te gee nie. Dit

was die wantroue in Gods goedheid, om Sy woord te betwyfel en die verontagsaming

van Sy gesag wat ons oerouers oortreders gemaak en ’n kennis

van die kwade in die wêreld ingebring het. Dit was dié wat die deur vir elke

soort valsheid en dwaling oopgestel het.

Die mens het alles verbeur omdat hy gekies het om na die bedrieër te luister

eerder as na Hom wat die Waarheid is, wat alleen wysheid het. Deur goed

met kwaad te meng, het sy denke verward geraak en is sy verstandelike engeestelike

kragte lamgelê. Hy kon nie meer die goeie dinge waardeer wat

God so oorvloedig geskenk het nie.

Adam en Eva het die kennis van kwaad gekies en as hulle ooit die posisie

sou herwin wat hulle verloor het, moes hulle dit herwin onder die ongunstige

omstandighede wat hulle op hulself gehaal het. Hulle sou nie langer in

Eden woon nie, want in die volmaaktheid daarvan kon dit hulle nie die lesse

leer wat dit nou vir hulle noodsaaklik was om te leer nie. Met onuitspreeklike

droefheid het hulle hul lieflike omgewing vaarwel toegeroep en uitgegaan

om

- 26 -

op die aarde te woon, waar die vloek van die sonde gerus het.

Aan Adam het God gesê: “Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou

en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie -

vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae

van jou lewe. Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die

plante van die veld eet. In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat

jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy en tot stof

sal jy terugkeer.” Genesis 3:17-19.

Hoewel die aarde deur die vloek bederf is, moes die natuur nog steeds die

mens se lesboek wees. Dit kon nou nie net die goeie voorstel nie, want die

kwaad was orals teenwoordig en het land en see en lug met sy besoedel-

ende aanraking geskend. Waar daar eenmaal net die karakter van God, die

kennis van die goeie, geskrywe was, is nou ook die karakter van Satan, die

kennis van kwaad, geskryf. Uit die natuur, wat nou die kennis van goed en

kwaad geopenbaar het, moes die mens voortdurend waarskuwings oor die

gevolge van sonde ontvang.

In die verwelkende blom en vallende blaar het Adam en sy metgesellin

die eerste tekens van verganklikheid aanskou. Sprekend is die aaklige feit

tot hulle bewussyn gebring dat elke lewende ding moet sterf. Selfs die lug,

waarvan hul lewe afhanklik was, het die saad van die dood gedra.

Voortdurend is hulle ook aan hul verlore heerskappy herinner. Onder die

geringer skepsele het Adam as koning gestaan en solank hy aan God getrou

gebly het, het die ganse natuur sy gesag erken; maar toe hy oortree, is

hierdie heerskappy verbeur. Die gees van rebellie, waaraan hy self toegang

verleen het, het deur die ganse diereryk versprei. So het nie net die lewe van

die mens nie, maar ook die

- 27 -

geaardheid van die diere, die bome van die woud, die gras van die veld, selfs

die lug wat hy ingeadem het, alles die treurige les oor die kennis van kwaad

verkondig.

Maar die mens is nie uitgelewer aan die gevolge van die kwaad wat hy

gekies het nie. In die vonnis wat oor Satan uitgespreek is, is daar ’n aanduiding

van verlossing gegee. “Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou,” het

God gesê, “en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel en

14 E.G.White - Opvoeding

GRONDBEGINSELS

15

jy sal hom in die hakskeen byt.” Genesis 3:15. Hierdie vonnis, wat ten aanhore

van ons oerouers uitgespreek is, was vir hulle ’n belofte. Voordat hulle van

die doring en die distel verneem het, van die arbeid en smart wat hulle lewenslot

moet wees, of van die stof waarheen hulle moet terugkeer, het hulle

na woorde geluister wat nie anders kon as om hulle met hoop te besiel nie.

Alles wat verlore is deur aan Satan toe te gee, kon deur Christus herwin word.

Hierdie mededeling herhaal ook die natuur aan ons. Hoewel dit deur sonde

geskend is, spreek dit nie net van die skepping nie, maar ook van verlossing.

Hoewel die aarde deur die klaarblyklike tekens van verval ’n getuienis lewer

oor die vloek, is dit nog ryk en lieflik met die kentekens van lewegewende

mag. Die bome werp hul blare af, om net weer met ’n dos van varser groen

oorklee te word; die blomme sterf om in nuwe skoonheid te ontspruit; en

in elke blyk van skeppingsmag word die versekering voorgehou dat ons

opnuut in “ware geregtigheid en heiligheid” geskep kan word. Efesiërs 4:24.

Op dié wyse word juis die voorwerpe en werkinge van die natuur wat ons

groot verlies so helder voor die verstand bring, vir ons die boodskappers van

hoop.

So ver as wat die kwaad reik, word die stem van ons Vader gehoor, wat Sy

kinders gebied om in die gevolge daarvan die aard van die sonde te bespeur

en hul waarsku om die bose te versaak en hul nooi om die goeie te ontvang.

Die Verhouding van Opvoeding tot die

Saligheid

“DIE VERLIGTING ... VAN DIE KENNIS

VAN DIE HEERLIKHEID VAN GOD IN

DIE AANGESIG VAN JESUS CHRISTUS.”

- 28 -

DEUR sonde is die mens van God uitgesluit. Sonder die verlossingsplan

sou ewige skeiding van God; die duisternis van ’n eindelose nag, syne gewees

het. Deur die offerande van die Heiland is gemeenskap met God weer

moontlik gemaak Ons mag nie persoonlik tot in Sy teenwoordigheid kom

nie; in ons sonde mag ons nie Sy aangesig sien nie; maar in Jesus, die Heiland,

kan ons Hom aanskou en met Hom sielsgemeenskap hê. “Dieverligting

... van die kennis van die heerlikheid van God” word “in die aangesig van Jesus

Christus” geopenbaar. God versoen “in Christus die wêreld met Homself.”

2 Korinthiërs 4:6; 5:19.

“En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon ... vol van genade

en waarheid.” “In Hom was lewe en die lewe was die lig van die mense.”

Johannes 1:14; 1:4. Die lewe en dood van Christus, die losprys vir ons saligmaking,

is vir ons nie net die belofte en pand van die lewe nie, nie net die

middel om weer vir ons die skatte van die wysheid oop te stel nie: dit is ’n

breêr, hoër openbaring van Sy karakter as wat selfs die heiliges van Eden

geken het.

En terwyl Christus die hemel vir die mens oopstel, maak die lewe wat Hy -

toebedeel, die hart van die mens vir die hemel oop. Sonde sluit ons nie net

van God uit

- 29 -

nie, maar dit vernietig in die menslike siel sowel die verlange as die kapasiteit

om Hom te ken. Dit is Christus se sending om al hierdie bose werk ongedaan

te maak. Aan die sielsvermoëns, deur die sonde lamgelê, die verduisterde

gemoed, die verwronge wil, het Hy mag om lewe te gee en dit te herstel. Hy

stel vir ons die rykdom van die heelal oop en die mag om hierdie skatte te

onderskei en ons eie te maak, word deur Hom gegee.

Christus is die “lig wat elke mens verlig” wat “in die wêreld” aan kom was

Johannes 1:9. Net soos elke mens deur Christus lewe het, so ontvang ook

elke siel deur Hom die een of ander straal van Goddelike lig. Nie net intellektuele

vermoë nie, maar geestelike mag, ’n insig in wat reg is, ’n verlange

16 E.G.White - Opvoeding

Die Verhouding van Opvoeding tot die Saligheid

17

na die goeie, bestaan in elke hart. Maar teen hierdie beginsels worstel daar

’n vyandige mag. Die gevolg van die eet van die boom van die kennis van

goed en kwaad word in elke mens se ondervinding geopenbaar. Daar is in

sy natuur ’n neiging tot die bose, ’n mag waarteen hy hom, sonder hulp, nie

kan versit nie. Om dié mag te weerstaan, om die ideaal te verwesenlik wat

hy in die binneste van sy siel aanneem as die enigste wat waardig is, kan hy

net in een mag bystand vind. Daardie mag is Christus. Samewerking met dié

mag is die mens se grootste behoefte. Behoort hierdie samewerking nie die

hoogste doel in alle opvoedkundige werk te wees nie?

Die ware onderwyser is nie met tweedeklas werk tevrede nie. Hy is nie

daarmee tevrede om sy leerlinge se aandag op ’n standaard te vestig laer as

die hoogste wat dit vir hulle moontlik is om te bereik nie. Hy kan nie daarmee

genoeë neem om bloot tegniese kennis aan hulle oor te dra, om net slim

rekenmeesters, vernuftige vakmanne, suksesvolle sakelui van hulle te maak

nie. Dit is sy ambisie om hulle met beginsels van waarheid, gehoorsaamheid,

eer, integriteit en reinheid te inspireer - beginsels wat

- 30 -

van hulle ’n positiewe krag vir die bestendiging en opheffing van die

samelewing sal maak. Hy verlang, bo alles, dat hulle die lewe se groot les van

onselfsugtige diens sal leer.

Hierdie beginsels word ’n lewende mag om die karakter te vorm, deur die

siel se kennis van Christus, deur die aanname van Sy wysheid as gids, Sy mag

as die sterkte, van hart en lewe. As hierdie eenheid tot stand gekom het, het

die student die Bron van wysheid gevind. Hy het binne sy bereik die mag om

in homself sy edelste ideale te verwesenlik. Die geleenthede van die hoogste

opvoeding vir die lewe in hierdie wêreld is syne. En in die opleiding wat hier

verwerf word, betree hy daardie kursus wat die ewigheid behels.

In die hoogste sin is die werk van opvoeding en die werk van verlossing

een, want in die opvoeding, net soos in die verlossing kan “niemand ... ’n

ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.” “Want dit

het die Vader behaag dat in Hom die ganse volheid sou woon,” 1 Korinthiërs

3:11; Kolossense 1:19.

Onder veranderde toestande geskied ware opvoeding nog ooreenkomstig

die Skepper se plan, die plan van die Eden - skool. Adam en Eva het deur

direkte omgang met God onderrig ontvang; ons aanskou die verligting van

die kennis van Sy heerlikheid in die aangesig van Christus.

Die groot beginsels van die opvoeding bly onveranderd. “Vasgestel is hulle

vir altyd, vir ewig” (Psalm 111:8); want hulle is die beginsels van Gods karak-

ter. Om die student hierdie beginsels te help begryp en om daardie verhouding

tot Christus aan te gaan wat dit ’n beherende mag in die lewe sal maak,

moet die onderwyser se primêre poging en sy voortdurende doel wees. Die

onderwyser wat hierdie oogmerk aanvaar, is in der waarheid ’n medewerker

van Christus, ’n arbeider saam met God.

18 E.G.White - Opvoeding

Hoofstuk 2

19

VOORBEELDE

“Want alles wat tevore geskrywe

is, is tot ons lering tevore geskrywe,”

20 E.G.White - Opvoeding

VOORBEELDE

21

Die Opvoeding van Israel

“DIE HERE ALLEEN HET HOM GELEI;”

“HY HET ... OP HOM AG GEGEE, HOM

BEWAAK SOOS SY OOGAPPEL.”

- 33 -

DIE opvoedingstelsel wat in Eden tot stand gebring is, het die gesin as middelpunt

gehad. Adam was “die seun van God” (Lukas 3:38) en dit was van

hulle Vader dat die kinders van die Allerhoogste onderrig ontvang het. Hulle

s’ n was, in die ware sin van die woord, ’n gesin skool.

In die Goddelike plan van opvoeding soos dit na die sondeval by die mens

se toestand aangepas is, staan Christus as verteenwoordiger van die Vader,

die verbindingskakel tussen God en mens; Hy is die groot leermeester van

die mensdom. En Hy het dit so beskik dat manne en vroue Sy verteenwoordigers

moet wees. Die gesin was die skool en die ouers die leerkragte.

Die opvoeding met die gesin as middelpunt was wat in die dae van die

patriarge algemeen was. Vir die skole wat so tot stand gekom het, het God

die toestande voorsien wat karakterontwikkeling die meeste sou begunstig:

Die mense wat onder Sy beheer gestaan het, het nog die lewensplan gevolg

wat Hy in die begin vasgestel het. Diegene wat God verlaat het, het vir hulleself

stede gebou en daarin saamgedrom om te roem op die praal, die weelde

en die ondeug wat die stede van vandag die wêreld se trots en sy vloek

maak. Maar die mense wat aan God se lewensbeginsels vasgekleef het, het

op die veld en tussen die heuwels gewoon Hulle was grondbewerkers en

veeherders en in

- 34 -

hierdie vry, onafhanklike lewe, met sy geleenthede vir arbeid, studie en bepeinsing,

het hulle van God geleer en hul kinders aangaande Sy werke en

weë onderrig.

Dit was die opvoedkundige metode wat God graag in Israel wou laat posvat.

Maar toe hulle uit Egipte gebring is, was min onder die Israeliete bereidwillig

om in die opleiding van hul kinders met Hom saam te werk. Die ouers

het self onderrig en dissipline nodig gehad. As slagoffers van lewenslange

slawerny was hulle onkundig, ongeleerd en verlaag. Hulle het min kennis

van God besit en min geloof in Hom. Hulle is deur valse lering verwar en deur

hul langdurige aanraking met die heidendom bederf. God wou hulle graag

tot ’n hoër sedelike peil verhef en met die oog hierop het Hy getrag om hulle

’n kennis van Homself te gee.

22 E.G.White - Opvoeding

Die Opvoeding van Israel

23

In Sy handelinge met die swerwers in die woestyn, te midde van al hul omwandelinge

heen en weer, in hul blootstelling aan honger, dors en vermoeienis,

in hul gevaar van heidense vyande en in die openbaring van Sy voor-

sienigheid vir hulle verligting, het God getrag om hul geloof te versterk deur

aan hulle die mag te openbaar wat voortdurend tot hulle voordeel gewerk

het. En nadat Hy hulle geleer het om op Sy liefde en krag te vertrou, was dit

Sy doel om, in die voorskrifte van Sy wet, die karakterstandaard aan hulle

voor te hou wat Hy verlang het hulle deur Sy genade moes bereik.

Kosbaar was die lesse wat gedurende hulle verblyf te Sinai aan Israel geleer

is. Dit was ’n tydperk van spesiale opleiding vir die erfenis van Kanaän.

En hulle omgewing hier het die vervulling van Gods doel begunstig. Op die

kruin van Sinai, wat die vlakte oorskadu waar die volk hul tente opgeslaan

het, het die wolkkolom gerus, wat die gids gedurende hul reis was. Snags as

vuurkolom het dit hulle

- 35 -

van Goddelike beskerming verseker; en terwyl hulle deur die slaap omsluit is,

het die brood van die hemel saggies op hul laer neergedaal. Orals daaromheen

het geweldige, ruwe hoogtes in hul plegtige grootsheid van ewige verduring

en majesteit gespreek. Die mens is daartoe gebring om sy onkunde

en swakheid aan te voel in die teenwoordigheid van Hom wat “die berge

geweeg [het] met ’n weegtoestel en die heuwels met ’n weegskaal.” Jesaja

40:12. Hier het God, deur die openbaarmaking van Sy heerlikheid, probeer

om Israel met die heiligheid van Sy karakter en vereistes te beïndruk en die

ontsettende skuld van oortreding.

Maar die volk was traag om die les te leer. Omdat hulle in Egipte aan tasbare

voorstellings van die Godheid gewoond was wat ook dikwels van die

verlagendste aard was, was dit vir hulle moeilik om ’n denkbeeld van die

bestaan of karakter van die Onsienlike te vorm. Uit medelye met hul swakheid,

het God hulle ’n simbool van Sy teenwoordigheid gegee. “Ook moet

hulle vir My ’n heiligdom maak,” het Hy gesê, “dat Ek in hulle midde kan

woon.” Exodus 25:8.

Met die bou van die heiligdom as woonplek vir God, is Moses beveel om

alle dinge te maak volgens die patroon van die hemelse dinge. God het hom

na die berg toe geroep en aan hom die hemelse dinge geopenbaar en volgens

die gelykenis daarvan is die tabernakel gemaak, met alles wat daaraan

verbonde was.

So het Hy aan Israel, wat Hy verlang het om Sy woonplek te maak, Sy

heerlike karakterideaal geopenbaar. Die voorbeeld is op die berg aan hulle

getoon toe die wet van Sinai afgekondig is en God voor Moses verbygegaan

en verklaar het: “Here, Here, barmhartige en genadige God, lankmoedig en

groot van goedertierenheid en trou.” Exodus 34:6.

- 36 -

Maar hierdie ideaal was hulle, op sigself, magteloos om te verwesenlik. Die

openbaring te Sinai kon hulle net hul behoefte en hulpeloosheid laat besef.

’n Ander les wat die tabernakel, deur sy offerandediens, moes leer, was - die

les van kwytskelding van sonde en krag deur die Heiland vir gehoorsaamheid

tot die lewe.

Deur Christus moes die doel verwesenlik word waarvan die tabernakel ’n

simbool was - daardie heerlike gebou, met mure van glansende goud wat

in reënboogkleure die gordyne weerkaats het waarop die gerubs uitgewerk

was, die welriekendheid van die ewig brandende wierook wat alles deurtrek

het, die priesters in vlekkelose wit geklee en in die diep verborgenheid van

die binnevertrek, bokant die versoendeksel, tussen die figure van neergeboë,

aanbiddende engele, die glorie van die Allerheiligste. In al hierdie dinge

wou God graag hê dat Sy volk Sy doel met die menslike siel moes bespeur.

Dit was dieselfde doel wat lank daarna deur die apostel Paulus uiteengesit is

toe hy deur die Heilige Gees gespreek het: “Weet julle nie dat julle ’n tempel

van God is en die Gees van God in julle woon nie? As iemand die tempel van

God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig en dit is

julle.” 1 Korinthiërs 3:16, 17.

Groot was die voorreg en eer wat met die toebereiding van die heiligdom

aan Israel vergun is; en groot was ook die verantwoordelikheid. ’n Gebou van

onoortreflike luister wat vir sy samestelling die kosbaarste materiaal en die

mees verhewe kunstigheid vereis, sou in die woestyn opgerig word deur ’n

volk wat so pas uit slawerny ontsnap het. Dit het na ’n oorweldigende taak

gelyk. Maar Hy wat die bouplan gegee het, het belowe om met die bouliede

saam te werk.

“Verder het die Here met Moses gespreek en gesê: Kyk, Ek het Besaleël, die

seun van Uri, die seun van Hur,

- 37 -

van die stam van Juda, by sy naam geroep; en Ek het hom vervul met die Gees

van God, met wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid vir allerhande

werk. ... En kyk, Ek het hom Oholiab bygegee, die seun van Ahisamag, van die

stam van Dan. En in die hart van elkeen wat kunsvaardig is, het Ek wysheid

gegee, dat hulle alles wat Ek jou beveel het, kan maak.” Exodus 31:1 - 6.

Watter skool vir vakmanne was dit nie daar in die woestyn, wat Christus en

24 E.G.White - Opvoeding

Die Opvoeding van Israel

25

Sy engele as sy leermeesters gehad het nie!

Met die bereiding van die heiligdom en sy meublement moes die hele volk

saamwerk. Daar was arbeid vir brein en hand. ’n Groot verskeidenheid materiaal

was nodig en almal is uitgenooi om by te dra soos hul eie harte hulle

aangespoor het.

Sodoende is hulle in arbeid en bydrae geleer hoe om met God en met mekaar

saam te werk. En hulle moes ook saamwerk in die voorbereiding van die

geestelike gebou–Gods tempel in die siel.

Van die staanspoor af op die reis uit Egipte is lesse vir hul opleiding en dissipline

aan hulle gegee. Selfs voordat hulle Egipte verlaat het, is ’n tydelike organisasie

in die lewe geroep en die volk is onder aangestelde leiers in groepe

verdeel. Te Sinai is die reëlings vir organisasie voltooi. Die orde wat in al die

werke van God so treffend sigbaar is, is in die Hebreeuse stelsel geopenbaar.

God was die middelpunt van gesag en regering; Moses, as Sy verteenwoordiger,

moes in Sy Naam die wette toepas. Dan was daar die raad van sewentig,

gevolg deur die priesters en die prinse, onder hulle “owerstes oor duisend en

owerstes oor honderd en owerstes oor vyftig en owerstes oor tien” (Numeri

11:16, 17; Deuteronomium 1:15) en laastens beamptes wat vir spesiale pligte

aangestel is. Die laer is in ’n presiese orde gerangskik, die tabernakel, die

- 38 -

woonplek van God, in die middel en daaromheen die tente van die priesters

en die Leviete. Daarbuite het elke stam sy kamp by sy eie vaandel opgeslaan.

Deeglike sanitêre regulasies was van krag. Dis aan die volk opgedra, nie

net omdat dit vir gesondheid noodsaaklik was nie, maar as voorwaarde om

die teenwoordigheid van die Heilige onder hulle te behou. Deur Goddelike

gesag het Moses aan hulle verklaar: “Die Here jou God wandel midde - in

jou laer om jou te red ... daarom moet jou laer heilig wees.” Deuteronomium

23:14.

Die opvoeding van die Israeliete het al hulle lewensgewoontes ingesluit.

Alles wat met hul welvaart te doene gehad het, was aan Goddelike belangstelling

onderhewig en het binne die bestek van die Goddelike wet geval.

Selfs met die voorsiening van hul voedsel het God hul mees verhewe welstand

beoog. Die manna waarmee Hy hulle in die woestyn gevoed het, was

van so ’n aard dat dit fisieke, verstandelike en morele krag bevorder het.

Hoewel so baie teen die beperking van hulle diëet in opstand gekom en

daarna verlang het om na die dae terug te keer toe hulle, soos hulle gesê

het, “by die vleispotte gesit en volop brood geëet het” - (Exodus 16:3), is die

wysheid van Gods keuse vir hulle nietemin geregverdig op ’n manier wat

hulle nie kon weerspreek nie. Ondanks die swaarkry van hul woestynlewe,

was daar nie een swakke onder al hulle stamme nie.

In al hul omswerwinge moes die ark wat die wet van God bevat, vooruitgaan.

Die uitspanplek van hulle laer is deur die neerdaling van die wolkkolom

aangedui. So lank as wat die wolk oor die tabernakel vertoef het, het hulle

laer bly staan. Sodra dit opgestyg het, het hulle hul reis voortgesit. Sowel die

aankoms as die vertrek is deur plegtige smeekbede gekenmerk. “En as die

ark wegtrek, het Moses gesê: Staan op, Here, dat u vyande verstrooi kan

- 39 -

word. ... En as dit rus, het hy gesê: Keer terug, Here, na die tienduisende van

die duisende van Israel!” Numeri 10:35, 36.

Soos die volk deur die woestyn gereis het, is baie kosbare lesse deur middel

van sang in hul gedagtes ingeprent. Na hul bevryding van Farao se leërmag

het die ganse skare van Israel saam die triomflied aangehef. Ver oor woestyn

en see het die vreugdevolle refrein opgeklink en die berge het die klanke

van die loflied laat weergalm: “Sing tot eer van die Here, want Hy is hoog verhewe.”

Exodus 15:21. Dikwels is hierdie lied op die reis herhaal en dit het die

pelgrimsreisigers se harte verbly en hul geloof laat ontvlam. Die gebooie wat

met beloftes van Gods guns en verslae van Sy wonderdade vir hul bevryding

van Sinai afgekondig is, is volgens ’n Goddelike opdrag in sang uitgedruk en

met die begeleiding van instrumentale musiek gesing, onderwyl die volk in

tyd gemarsjeer het soos hul stemme in lofuiting verenig is.

So is hul gedagtes bo die beproewinge en ontberings van die pad verhef,

die rustelose, onstuimige gemoed is gestreel en kalmeer, die waarheidsbeginsels

in die geheue geplant en die geloof versterk. Gesamentlike optrede

het orde en eenheid geleer en die volk is in nouer aanraking met God en met

mekaar gebring.

Van Gods handelwyse met Israel gedurende die veertig jarige woestynomwandeling

het Moses verklaar: “Erken dan in jou hart dat die Here jou

God jou onderrig soos ’n man sy seun onderrig;” “tot jou verootmoediging

en beproewing, om te weet wat in jou hart is, of jy sy gebooie sal hou of nie.”

Deuteronomium 8:5, 2.

“Hy het hom gevind in ’n woestynland en in ’n woeste wêreld, vol gehuil

van die wildernis; Hy het hom omring, op hom ag gegee, hom bewaak soos

sy oogappel, Soos ’n arend sy nes opwek, oor sy kleintjies sweef, sy

- 40 -

vlerke uitsprei, hulle opneem, hulle dra op sy vleuelsdie Here alleen het hom

26 E.G.White - Opvoeding

Die Opvoeding van Israel

27

gelei en daar was geen vreemde god by hom nie.” Deuteronomium 32:10-12.

“Want Hy het gedink aan sy heilige woord, aan Abraham, sy kneg. En Hy

het sy volk laat uitgaan met vreugde, sy uitverkorenes met gejubel. En Hy

het aan hulle die lande van die heidene gegee en wat deur volke met moeite

verwerf is, het hulle in besit geneem, dat hulle sy insettinge kan onderhou en

sy wette bewaar.” Psalm 105:42-45.

God het Israel met elke gerief omring, hulle elke voorreg vergun, wat hulle

’n eer vir Sy Naam en ’n seën vir die omliggende nasies sou maak. As hulle

op die weë van gehoorsaamheid sou wandel, het Hy belowe dat Hy hulle

“die hoogste sal stel bo al die nasies wat Hy gemaak het, tot ’n lof en ’n roem

en ’n sieraad.” “Al die volke van die aarde,” het Hy gesê, “sal sien dat die Naam

van die Here oor jou uitgeroep is en hulle sal vir jou vrees.” Die volkere wat al

hierdie verordeninge hoor, sal sê: “Waarlik, hierdie groot nasie is ’n wyse en

verstandige volk.” Deuteronomium 26:19; 28:10;4:6.

In die wette wat aart Israel toevertrou is, is uitdruklike onderrig oor opvoeding

gegee. Aan Moses het God Hom te Sinai geopenbaar as ’n “barmhartige

en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou.”

Exodus 34:6. Hierdie beginsels wat in Sy wet beliggaam is, moes die vaders

en moeders in Israel aan hulle kinders leer. Moses het ooreenkomstig die

Goddelike opdrag aan hulle verklaar: “Hierdie woorde wat ek jou vandag

beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor

spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.”

Deuteronomium 6:6; 7.

- 41 -

Hierdie dinge moes nie as ’n droë teorie geleer word nie. Diegene wat

waarheid meedeel, moet self die beginsels daarvan beoefen. Net deur die

karakter van God in die regskapenheid, adel en onselfsugtigheid van hul eie

lewens te weerkaats, kan hulle op andere ’n indruk maak.

Ware opvoeding is nie die afdwing van onderrig op ’n onvoorbereide en

onontvanklike verstand nie. Die verstandelike kragte moet gewek en die

belangstelling wakker gemaak word. Hiervoor het Gods onderwysmetode

voorsiening gemaak. Hy wat die verstand geskep en Sy wette bepaal het,

het dienooreenkomstig vir die ontwikkeling daarvan voorsien. In die huiskring

en die heiligdom, deur die dinge van die natuur en die kuns, in arbeid

en fees, in heilige gebou en gedenksteen, deur ontelbare metodes, rites en

simbole het God aan Israel lesse geleer wat Sy beginsels geïllustreer en die

herinnering aan Sy wonderdade verduursaam het. Dan, soos daar navraag

gedoen is, het die gegewe onderrig verstand en hart beïndruk.

In die reëlings vir die opvoeding van die uitverkore volk, het dit duidelik

geblyk dat ’n lewe wat God tot middelpunt neem, ’n volkome lewe is. In elke

behoefte wat Hy ingeplant het, voorsien Hy om te versadig; elke ingeskape

vermoë trag Hy om tot ontwikkeling te bring.

God het, as Bron van alle skoonheid en self ’n liefhebber van die skone,

voorsien om in Sy kinders die liefde vir skoonheid te bevredig. Hy het ook vir

hulle sosiale behoef tes voorsiening gemaak, vir die vriendelike en hulpvaardige

samesyn wat soveel beteken om meegevoel aan te kweek en om die

lewe op te vrolik en soet te maak.

As opvoedkundige middel is ’n belangrike rol deur die feeste van Israel

gespeel. In die alledaagse lewe was die gesin sowel ’n skool as ’n kerk, met

die ouers as leerkragte vir sekulêre en godsdienstige onderrig. Maar drie

keer per

- 42 -

jaar is daar spesiale tye vir sosiale samesyn en aanbidding bepaal. Eers te

Silo en later te Jerusalem, is hierdie byeenkomste gehou. Net van die vaders

en die seuns is daar vereis dat hulle teenwoordig moet wees; maar niemand

wou graag die geleenthede van die feeste verbeur nie en, sover moontlik,

het die hele huisgesin dit bygewoon; en saam met hulle, as deelnemers aan

hul gasvryheid, was die vreemdeling, die Leviet en die arnie.

Die reis na Jerusalem, op die eenvoudige patriargale manier, te midde van

die lenteskoonheid, die weelderige hartjie van die somer of die rypgeworde

herfsglorie, was ’n genot. Met dankoffers het hulle gekom, vanaf die grysaard

tot die klein kindjie, om God in Sy heilige woning te ontmoet. Op die reis is

die ondervindings van die verlede, die verhale wat oud en jonk nog steeds so

lief het, aan die Hebreeuse kinders oorvertel. Die liedere wat hul woestynomswerwinge

verbly het, is aangehef. Gods gebooie is gesing en, verbind met

die geseënde invloede van die natuur en goedige menslike samesyn, is dit

vir ewig in die geheue van menige kind en jongmens ingeprent.

Die seremonies in verband met die Pasgadiens wat te Jerusalem gadegeslaan

is - die nagtelike byeenkoms, die mans met hulle omgorde lendene,

met skoene aan die voete en staf in die hand, die haastige maaltyd, die lam,

die ongesuurde brood, die bitter kruie en, in die plegtige stilte, die opnuut

gesproke verhaal van die gesprinkelde bloed, die doodsengel en die grootse

opmars uit die land van slawerny - dit alles was van so ’n aard dat dit die verbeelding

aangegryp en die hart beïndruk het.

Die huttefees, of oesfees, met sy offergawes uit boord en landery, sy weeklange

kampering in die Iowerhutjies, sy gesellige herenigings, die gewyde

28 E.G.White - Opvoeding

Die Opvoeding van Israel

29

herdenkingsdiens en die gulhartige gasvryheid aan Gods werkers, die Leviete

- 43 -

van die heiligdom en aan Sy kinders, die vreemdelinge en die armes, het

almal se gedagtes in dankbaarheid verhef tot Hom wat die jaar van Sy goedheid

gekroon het en wie se voetspore drup van vettigheid.

Deur die vromes in Israel is ’n volle maand van elke jaar op hierdie wyse

deurgebring. Dit was ’n tydperk vry van sorge en arbeid wat feitlik heeltemal

in die volste sin van die woord aan opvoeding gewy is.

Met die landsverdeling van Sy volk se erfenis, was dit Gods doel om aan

hulle en, deur hulle, aan die mense van daaropvolgende nageslagte, korrekte

beginsels van grondbesit te leer. Die land Kanaän is onder die ganse volk

verdeel, met die enkele uitsondering van die Leviete, as bedienaars van die

heiligdom. Hoewel iemand ’n tyd lank van sy eiendom kon afstand doen, kon

hy nie die erfenis van sy kinders verkwansel nie. Sodra hy daartoe in staat

was, het dit hom te eniger tyd vry gestaan om dit weer los te koop; skuld is

alom die sewende jaar kwytgeskeld en in die vyftigste, of jubeljaar, het alle

grondbesit weer na die oorspronklike eienaar teruggeval. Sodoende is elke

gesin se besittings beveilig en ’n vrywaring is teen die uiterstes van of rykdom

of armoede verleen.

Deur die grondverdeling onder die volk het God aan hulle, net soos aan

die Edenbewoners, die roeping voorsien wat ontwikkeling die meeste begunstig

- die sorg van plante en diere. ’n Verdere voorsorg vir opvoeding was

om alom die sewende jaar landbouwerk op te skort, terwyl die grond braak

gelê het en die natuurlike opbrengs aan die armes oorgelaat is. So is daar ’n

geleentheid voorsien vir verdere studie, vir sosiale samesyn en aanbidding

en vir die beoefening van welwillendheid, wat so dikwels deur die sorge en

arbeid van die lewe verdring word.

- 44 -

As die beginsels van Gods wette oor eiendomsverdeling deesdae in die

wêreld uitgevoer sou word, hoe anders sou die toestand van die mense nie

gewees het nie! Die eerbiediging van hierdie beginsels sou die vreeslike

euwels voorkom wat in alle eeue gevolg het op die onderdrukking van die

armes deur die rykes en die haat teenoor die rykes van die armes se kant.

Terwyl dit miskien die opeenhoping van groot rykdom sou verhinder, sou dit

neig om die onkunde en verlaging van derduisende te verhoed, wie se laag

besoldigde knegskap vir die opbou van hierdie kolossale fortuine nodig is.

Dit sou help om ’n vreedsame oplossing teweeg te bring van probleme wat

tans dreig om die wêreld met anargie en bloedvergieting te vul.

Die toewyding aan God van ’n tiende van al die opbrengs, of dit nou uit die

boord en oesland, die kuddes en troppe vee, of die arbeid van brein of hand

is, die aanwending van ’n tweede tiende ter verligting van die armes en vir

ander welwillende gebruike het daartoe gestrek om die waarheid van Gods

eienaarskap van alle dinge en van hul geleentheid om kanale vir Sy seëninge

te wees, in hul geheue vars te hou. Dit was ’n opleiding wat bereken was om

alle bekrompe selfsug die nekslag toe te dien en om ’n ruim en edele karakter

aan te kweek.

’n Kennis van God, gemeenskap met Hom in studie en arbeid, gelykvormigheid

van die karakter aan Hom, moes die bron, die middel en die doel

van Israel se opvoeding wees - die opvoeding wat deur God aan die ouers

toebedeel is en wat deur hulle aan hul kinders gegee moes word.

30 E.G.White - Opvoeding

VOORBEELDE

31

Die Profeteskole

“HULLE WAS GELAER

BY U VOET; ELKEEN

ONTVANG IETS VAN U

UITSPRAKE.”

- 45 -

WAAR Gods opvoedkundige plan ook al in Israel uitgevoer is, het die gevolge

daarvan van sy Skepper getuig. Maar in so baie huisgesinne was die opleiding

wat deur die Hemel voorgeskryf en die karakters wat sodoende ontwikkel is,

ewe skaars. Gods plan is maar gedeeltelik en onvolmaak vervul. Deur ongeloof

en deur die Here se bevele in die wind te slaan, het die Israeliete hulle

met versoekings omring wat min die krag gehad het om te weerstaan. Toe

hulle hul in Kanaän gevestig het, het hulle “die volke nie verdelg soos die

Here aan hulle gesê het nie, maar hul met die heidene vermeng en hulle werke

geIeer. En hulle het hulle afgode gedien en dit het vir hulle ’n strik geword.”

Hulle hart het nie aan God vasgehou nie, “en hulle was nie trou in sy verbond

nie. Maar Hy is barmhartig, Hy versoen die ongeregtigheid en verdelg nie

en dikwels wend Hy sy toorn af. ... En Hy het daaraan gedink dat hulle vlees

was, ’n wind wat weggaan en nie terugkom nie.” Psalm 106:34-36; 78:37-39.

Vaders en moeders in Israel het onverskillig geword oor hul verpligting aan

God, onverskillig oor hul verpligting aan hul kinders. Deur ontrouheid tuis

en afgodiese invloede daarbuite, het baie van die Hebreeuse jongmense ’n

opvoeding ontvang wat grootliks verskil het van wat God vir hulle

- 46 -

beplan het. Hulle het die gewoontes van die heidene aangeleer.

Om hierdie toenemende kwaad die hoof te bied, het God ander werkinge

as ’n hulpmiddel aan die ouers in die opvoedingswerk voorsien. Van die

vroegste tye af is profete erken as leermeesters wat deur God aangestel is.

In die hoogste sin van die woord was die profeet iemand wat onder direkte

ingewing gespreek en aan die volk die boodskappe oorgedra het wat hy van

God ontvang het. Maar die benaming is ook gebruik vir diegene wat, hoewel

nie so direk geïnspireer nie, deur God geroep is om die volk oor die werke en

weë van God te onderrig. Vir die opleiding van so ’n klas leermeesters, het

Samuel, onder die Here se leiding, die profeteskole in die lewe geroep.

Hierdie skole is bedoel om as ’n skans teen die wydverspreide bedorwenheid

te dien, om vir die verstandelike en geestelike welvaart van die jongmense

voorsiening te maak en om die voorspoed van die volk te bevorder

32 E.G.White - Opvoeding

Die Profeteskole

33

deur daaraan manne te lewer wat bevoegd is om in die vrees van God as

leiers en raadgewers op te tree. Hiervoor het Samuel groepe jongmanne

bymekaargemaak wat vroom, intelligent en leergierig was. Hulle is die profeteseuns

genoem. Namate hulle die Woord en werke van God bestudeer

het, het Sy lewegewende mag die kragte van verstand en siel wakker gemaak

en die studente het wysheid van omhoog ontvang. Die onderwysers

was nie net met die Goddelike waarheid vertroud nie, maar het self met God

gemeenskap gehad en die spesiale toebedeling van Sy Gees ontvang. Hulle

het die respek en vertroue van die volk vir sowel geleerdheid as godsvrug

geniet. In die tyd van Samuel was daar twee van hierdie skole - een te Rama,

die tuiste van die profeet en die ander te Kirjat - Jearim. In later jare is ander

gestig.

- 47 -

Die leerlinge van hierdie skole het hulself deur hul eie arbeid, met die bebouing

van die grond of deur die een of ander handewerk onderhou. In Israel

is dit nie as vreemd of vernederend beskou nie; inteendeel, dit is as ’n sonde

gereken om kinders toe te laat om in onkunde omtrent nuttige arbeid groot

te word. Aan elke jongmens, of sy ouers nou ryk of arm was, is die een of

ander ambag geleer. Al sou hy vir ’n heilige amp opgevoed word, is ’n kennis

van praktiese werk vir die grootste bruikbaarheid as noodsaaklik beskou.

Ook baie van die onderwysers het hulself met handearbeid onderhou.

Op skool sowel as tuis was baie van die onderrig mondeling; maar die

jongmense het ook geleer om die Hebreeuse geskrifte te lees en die perkamentrolle

van die Ou-Testamentiese Skriftuur is vir hulle studie oopgestel.

Die hoofstudievakke in hierdie skole was die wet van God, saam met die

onderrig wat aan Moses gegee is, gewyde geskiedenis, gewyde musiek en

die poësie. In die oorkondes van die gewyde geskiedenis is die voetstappe

van Jehova nagespeur. Die groot waarhede wat deur tipes in die heiligdomsdiens

uiteengesit is, is aan die lig gebring en geloof het die sentrale doel

van daardie ganse stelsel aangegrypdie Lam van God, wat die sonde van die

wêreld sou wegneem. ’n Gesindheid van toewyding is gekoester. Die studente

is nie net die plig van gebed geleer nie, maar hulle is onderrig in hoe om

te bid, hoe om hul Skepper te nader, hoe om geloof in Hom te beoefen en

hoe om die lesse van Sy Gees te verstaan en te gehoorsaam. Die geheiligde

intellek het ou en nuwe dinge uit die skathuis van God te voorskyn gebring

en die Gees van God is in profesie en gewyde sang geopenbaar.

Hierdie skole het geblyk een van die doeltreffendste middele te wees om

daardie geregtigheid te bevorder wat ’n volk verhoog. Spreuke 14:34. In geen

geringe mate nie het hulle gehelp om die fondament te lê vir daardie

- 48 -

wonderlike voorspoed wat die bewind van Dawid en Salomo onderskei het.

Die beginsels wat in die profeteskole ingeprent is, was dieselfde as die wat

Dawid se karakter gevorm en sy lewe gefatsoeneer het. Die Woord van God

was sy leermeester. “Uit u bevele,” het hy gesê, “kry ek verstand. ... Ek het my

hart geneig, om u insettinge te betrag.” Psalm 119:104-112. Dit was dié wat

die Here vir Dawid, toe Hy hom in sy jeug na die troon geroep het, “’n man na

my hart” laat noem het. Handelinge 13:22.

Ook in die vroeë lewe van Salomo word die gevolge van Gods opvoedingsmetode

gesien. Salomo het in sy jongelingsjare die keuse van Dawid sy

eie gemaak. Eerder as enige aardse kleinood het hy ’n wyse en verstandige

hart van God gevra. En die Here het aan hom nie net gegee wat hy gevra het

nie, maar ook wat hy nie gesoek het nierykdom sowel as eer. Die krag van

sy verstand, die omvang van sy kennis, die heerlikheid van sy bewind, het ’n

wêreldwonder geword.

Tydens die bewind van Dawid en Salomo het Israel die toppunt van sy

grootheid bereik. Die belofte wat aan Abraham gedoen en deur Moses herhaal

is, is vervul: “Want as julle ywerig al hierdie gebooie hou wat ek julle beveel,

om dit te doen deur die Here julle God lief te hê, in al sy weë te wandel

en Hom aan te hang, dan sal die Here al hierdie nasies voor julle uit verdrywe

en julle sal groter en magtiger nasies as julle uit hulle besitting verdrywe.

Elke plek waar julle voetsool op trap, sal aan julle behoort; van die woestyn

en die Libanon, van die rivier, die Eufraatrivier, tot by die Westelike See sal

julle grondgebied wees. Niemand sal teen julle standhou nie.” Deuteronomium

11:22-25.

Maar te midde van vooruitgang het gevaar geskuil. Die sonde van Dawid

se latere jare, hoewel hy opregte berou

- 49 -

geopenbaar het en dit swaar gestraf is, het die volk tot oortreding van Gods

gebooie aangemoedig. En Salomo se lewe is, na so ’n veelbelowende daeraad,

met afvalligheid verduister. ’n Begeerte vir politieke mag en selfverheffing

het tot bondgenootskappe met heidense nasies gelei. Die silwer van

Tarsis en die goud van Ofir is deur die opoffering van integriteit en verraad

teenoor die heilige, toevertroude pand bekom. Omgang met afgodedienaars,

huwelike met heidense vroue, het sy geloof bederf. Die versperrings

wat God ter beveiliging van Sy volk opgerig het, is sodoende afgebreek en

Salomo het hom aan die aanbidding van valse gode oorgegee. Op die kruin

34 E.G.White - Opvoeding

Die Profeteskole

35

van die Olyfberg, regoor die tempel van Jehova, is reusebeelde en -altare

vir die diens van heidense gode opgerig. Namate hy sy trou aan God opsy

gewerp het, het Salomo oor homself beheer verloor. Sy tere gevoeligheid is

verstomp. Die pligsgetroue, bedagsame gesindheid van die vroeë deel van

sy bewind is verander. Hoogmoed, ambisie, kwistigheid en selfverwenning

het die vrugte van wreedheid en afpersing voortgebring. Hy wat ’n regverdige,

barmhartige en godvresende heerser was, het ’n tiran en onderdrukker

geword. Hy wat met die tempelwyding vir sy volk gebid het, dat hulle harte

onverdeeld aan die Here oorgegee mag word, het hulle verleier geword. Salomo

het homself onteer, Israel onteer en God onteer.

Die volk, waarvan hy die trots was, het sy leiding gevolg. Hoewel hy later

berou gehad het, het sy bekering nie die bose vrugte voorkom van die

kwaad wat hy gesaai het nie. Die dissipline en opleiding wat God vir Israel

bepaal het, sou hulle in al hulle lewenswandel van die mense van die ander

nasies laat verskil het. Hierdie andersoortigheid, wat as ’n spesiale voorreg

en seën beskou moes word, was nou vir hulle onwelkom. Die eenvoud en

selfbeheersing wat vir die hoogste ontwikkeling noodsaaklik

- 50 -

was, het hulle vir die praal en selfverwenning van heidense volke probeer

verruil. Om te wees “soos ... al die nasies” (1 Samuel 8:5) was hulle ambisie.

Gods onderwysplan is afgeskaf. Sy gesag is geweier.

Met die verwerping van Gods weë in ruil vir die weë van die mense, het Israel

se val begin. So het dit ook voortgegaan, totdat die Joodse volk ’n prooi

geword het vir die einste nasies wie se gewoontes hulle gekies het om na te

volg.

As volk het die kinders van Israel nie daarin geslaag om die voordele te

ontvang wat God graag aan hulle wou skenk nie. Hulle het nie Sy doel waardeer

of met die verwesenliking daarvan saamgewerk nie. Maar hoewel indiwidue

en volkere hulle so van Hom afskei, is Sy doel onveranderd vir diegene

wat op Hom vertrou. “Ek het ingesien dat alles wat God doen, vir ewig sal

bestaan.” Prediker 3:14.

Hoewel daar verskillende ontwikkelingsgrade is en verskillende openbarings

van Sy mag om in die behoeftes van mense in die verskillende tydperke

te voorsien, is Gods werk te alle tye dieselfde. Die Leermeester is dieselfde.

Gods karakter en Sy plan is dieselfde. By Hom is “daar geen verandering of

skaduwee van omkering” nie. Jakobus 1:17.

Die ondervindings van Israel is vir ons onderwysing opgeteken. “Maar

al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ’n

waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.” 1 Korinthiërs

10:11. Wat ons betref, soos ook met Israel van ouds, hang sukses in die

opvoeding af van getrouheid om die Skepper se plan ten uitvoer te bring.

Verkleefdheid aan die beginsels van Gods Woord sal vir ons net sulke groot

seëninge meebring as wat dit vir die Hebreeuse volk sou meegebring het.

36 E.G.White - Opvoeding

VOORBEELDE

37

Die Lewens van Groot Manne

“DIE VRUG VAN DIE REGVER-

DIGE IS ’n BOOM VAN DIE

LEWE,”

- 51 -

DIE BYBELSE geskiedenis bevat baie illustrasies van die gevolge van ware opvoeding.

Dit bied baie edele voorbeelde van manne wie se karakters onder

Goddelike leiding gevorm is, manne wie se lewens ’n seën vir hul medemens

was en wat in die wêreld as verteenwoordigers van God gestaan het. Onder

hulle was Josef en Daniël, Moses, Elisa en Paulus - die grootste staatsmanne,

die verstandigste wetgewer, een van die getrouste hervormers en, afgesien

van Hom wat gespreek het soos geen mens nog ooit gespreek het nie, die

vermaardste leermeester wat hierdie wêreld geken het.

In hul jongelingsjare, net met die oorgang van hul jeug na hul manlike

staat, is Josef en Daniël van hul tuistes geskei en as gevangenes na heidenlande

weggevoer. Veral Josef was onderhewig aan die versoekings wat met

groot veranderinge in lotsbestemming gepaard gaan. In sy vader se huis ’n

teer versorgde kind; in die huis van Potifar ’n slaaf, toe ’n vertroueling en

metgesel; ’n sakeman, deur studie, oplettendheid en aanraking met mense

opgevoed; in Farao se kerker ’n staatsgevangene, onregverdig veroordeel,

sonder hoop op regverdiging of vooruitsig van vrylating; tydens ’n groot krisis

geroep tot leierskap van die volk - wat het hom daartoe in staat gestel om

sy integriteit te bewaar?

Niemand kan sonder gevaar op ’n hoë vlak staan nie. Soos die stormwind

wat die blom in die vallei ongeskonde

- 52 -

laat, die boom op die bergkruin ontwortel, net so bestorm felle versoekings

wat die nederiges van die lewe onaangetas laat, diegene wat op die wêreld

se verhewe plekke van sukses en eer staan. Maar Josef het die toets van sowel

teenstand as voorspoed ewe goed deurstaan. Dieselfde getrouheid is in

die paleis van die Farao’s as in die gevangenissel geopenbaar.

In sy kinderjare is die liefde en vrees van God aan Josef geleer. Dikwels

in sy vader se tent, onder die Siriese sterrehemel, is die verhaal aan hom

meegedeel van die naggesig te Bet-el, van die leer uit die hemel na die aarde

en die afdalende en opstygende engele en van Hom wat Hom uit die troon

daarbo aan Jakob geopenbaar het. Aan hom is die verhaal vertel van die

worsteling langs die Jabbok, toe Jakob, nadat hy sy troetelsondes opgegee

38 E.G.White - Opvoeding

Die Lewens van Groot Manne

39

het, as oorwinnaar uit die stryd getree en die titel ontvang het van ’n prins

saam met God.

As herdersknaap wat sy vader se kuddes versorg, het Josef se rein en eenvoudige

lewe die ontwikkeling van sowel fisieke as verstandelike krag begunstig.

In gemeenskap met God deur die natuur en die studie van die groot

waarhede wat as ’n heilige pand van vader na seun oorgelewer is, het hy

verstandelike krag en beginselvastheid verwerf.

In die krisis van sy lewe, toe hy daardie verskriklike reis van sy kindertuiste

in Kanaän na die slawerny van Egipte deurgemaak het, toe hy vir die laaste

keer die heuwels aanskou wat die tente van sy bloedverwante verberg, het

Josef sy vader se God in herinnering geroep. Hy het die lesse van sy kinderjare

onthou en sy siel is met ontroering gevul by die voorneme om getrou

bevind te word - om altyd op te tree soos dit ’n onderdaan van die hemelse

Koning betaam.

In die bittere lewe van ’n vreemdeling en ’n slaaf, te midde van die tonele

en geluide van ondeug en die verloklikhede van ’n heidense godsdiens, ’n

godsdiens wat

- 53 -

omring was deur al die bekoring van rykdom en kultuur en koninklike praal,

het Josef standvastig gebly. Hy het reeds die les van pligsgetrouheid geleer.

Getrouheid in elke posisie, van die nederigste tot die hoogste, het elke vermoë

vir die mees verhewe diens opgelei.

In die tyd toe hy na die hof van Farao geroep is, was Egipte die grootste

onder die nasies. In beskawing, kuns, geleerdheid was die land sonder weerga.

Deur ’n tydperk van uiterste moeilikhede en gevaar het Josef die sake

van die koninkryk geadministreer; en hy het dit op ’n wyse gedoen wat die

vertroue van die koning en die volk gewen het. Farao het “hom aangestel as

heer oor sy huis en as heerser oor al sy goed; om sy vorste te bind na sy begeerte

en aan sy oudstes moes hy wysheid leer.” Psalm 105:21, 22.

Ingewing hou die geheim van Josef se lewe aan ons voor. Met woorde van

Goddelike krag en skoonheid het Jakob, in die seën wat hy oor sy kinders

uitgespreek het, soos volg van sy geliefkoosde seun gepraat:

“Josef is ’n jong vrugteboom, ’n jong vrugteboom by ’n fontein; sy takke klim

oor die muur. Die boogskutters het hom wel geprikkel en hom beskiet en hom

bestry, maar sy boog het sterk gebly en die arms van sy hande was buigsaam,

deur die hande van die Magtige van Jakob van die God van jou vader, wat

jou help en met die hulp van die Almagtige wat jou seën met seëninge van

die hemel daarbo, met seëninge van die watervloed wat daaronder lê. ... Die

seëninge wat jou vader ontvang het, oortref die seëninge van die ewige berge,

die kostelike gawes van die ewige heuwels. Dit sal wees op die hoof van Josef

en op die hoofskedel van die uitverkorene onder sy broers,” Genesis 49:22-26.

- 54 -

Lojaliteit aan God, geloof in die Onsienlike, was Josef se anker. Hierin het sy

krag geskuil.

“En die arms van sy hande was buigsaam, deur die hande van die Magtige van

Jakob.”

Daniël, ’n Ambassadeur van die Hemel

Daniël en sy metgeselle in Babel was in hul jongelingsjare skynbaar meer

begunstig as Josef gedurende die vroegste jare van sy lewe in Egipte; tog is

hulle aan karaktertoetse onderwerp wat skaars minder straf was. Uit die betreklike

eenvoud van hul Judese tuiste is hierdie jongmanne van koninklike

afkoms na die luisterrykste van alle stede, na die hof van sy grootste vors,

geneem en hulle is uitgekies om vir die koning se spesiale diens opgelei te

word. Fel was die versoekings wat hulle in daardie verdorwe en weelderige

hof omring het. Die feit dat hulle, die aanbidders van Jehova, gevangenes

in Babel was; dat die voorwerpe van Gods huis in die tempel van die gode

van Babel geplaas is; dat die koning van Israel self ’n gevangene in die hande

van die Babiloniërs was, is grootpraterig deur die oorwinnaars opgehaal as

bewys dat hulle godsdiens en gewoontes beter as die Hebreërs se godsdiens

en gewoontes was. In sulke omstandighede het God, juis deur die vernederings

wat Israel se afwyking van Sy gebooie uitgelok het, aan Babel bewys van

Sy opperheerskappy gelewer, van die heiligheid van Sy vereistes en van die

gewisse gevolg van gehoorsaamheid. En hierdie getuienis het Hy gelewer,

soos dit alleen gedoen kan word, deur diegene wat nog aan hul lojaliteit

vasgehou het.

Tot Daniël en sy metgeselle het daar, heel aan die begin van hulle loopbaan,

’n beslissende toets gekom. Die opdrag dat hulle voedsel vanaf die

koninklike tafel voorsien moes word, was ’n uitdrukking van sowel die koning

- 55 -

se guns as sy besorgdheid oor hulle welsyn. Maar omdat ’n deel aan afgode

geoffer is, was die spys van die koning se tafel aan afgodediens gewy; en

deur van die koning se oorvloed te nuttig, sou dit so beskou word dat hierdie

jongmanne hulle met hom in sy eerbetoon aan valse gode verenig het.

Aan sodanige verering het lojaliteit teenoor Jehova hulle verbied om deel

40 E.G.White - Opvoeding

Die Lewens van Groot Manne

41

te neem. Ook kon hulle nie durf om die verswakkende gevolge van weelde

en losbandigheid op die fisieke, verstandelike en geestelike ontwikkeling op

die hals te haal nie.

Daniël en sy metgeselle is getrou in die beginsels van Gods Woord onderrig.

Hulle het geleer om die aardse aan die geestelike op te offer, om die

allerbeste na te streef. En hulle het die beloning gemaai. Hulle matige gewoontes

en hulle verantwoordelikheidsin as ambassadeurs van God het

die vermoëns van liggaam, verstand en siel tot die edelste ontwikkeling uitgelok.

Aan die einde van hul opleiding, tydens hul eksamen saam met ander

kandidate vir die ereposisies van die koninkryk, “is daar niemand gevind soos

Daniël, Hananja, Misael en Asarja nie.” Daniël 1:19.

In die hof van Babel was daar verteenwoordigers van alle lande byeen,

manne met die keurigste talente, manne ten rykste met natuurlike begaafdhede

toebedeel en in besit van die hoogste kultuur wat hierdie wêreld

kon verleen; nogtans was die Hebreeuse gevangenes sonder weerga in

hul midde. In fisieke sterkte en skoonheid, in verstandelike krag en literêre

prestasie was hulle ongeëwenaard, “En in enige saak van wyse insig waarin

die koning hulle ondervra het, het hy bevind dat hulle al die geleerdes en

besweerders in sy hele koninkryk tien maal oortref het.” Daniël 1:20.

Onwankelbaar in sy trou aan God, standvastig in selfbeheersing, het Daniël

se edele waardigheid en hoflike eerbied hom in sy jeug die “guns en barmhartigheid”

verleen by die heidense amptenaar, aan wie se sorg hy toever-

- 56 -

trou is. Dieselfde eienskappe het sy lewe gekenmerk. Spoedig het hy tot die

premierskap van die koninkryk gestyg. Dwarsdeur die bewind van agtereenvolgende

vorste, die ondergang van die volk en die oprigting van ’n medeingende

koninkryk, was sy wysheid en staatskuns van so ’n aard, sy takt, sy

hoflikheid en sy onvervalste goedhartig. heid tesame met sy beginselvastheid

so volmaak, dat selfs sy vyande verplig was om te erken dat hulle “geen

enkele grond vir ’n aanklag of ’n verkeerde handeling” by hom kon vind nie,

“omdat hy getrou was.” Daniël 6:5.

Terwyl Daniël God met onwankelbare vertroue aangekleef het, het die

gees van profetiese krag oor hom gekom. Terwyl hy deur mense met die verantwoordelikhede

van die hof en die geheime van die koninkryk vereer is, is

hy deur God as Sy gesant vereer en onderrig om die geheimenisse van ongebore

eeue te lees. Heidense vorste is, weens hul aanraking met die Hemel se

verteenwoordiger, genoodsaak om die God van Daniël te erken. “Waarlik,”

het Nebukadnesar verklaar, “julle God is die God van die gode en die Here

van die konings en die Openbaarder van geheimenisse.” En Darius het in sy

proklamasie “aan al die volke, nasies en tale wat op die hele aarde woon,” die

“God van Daniël” verhoog en gesê Hy is “die lewende God en Hy bestaan in

ewigheid en sy koninkryk is een wat nie vernietig kan word nie. ... Hy verlos

en red en doen tekens en wonders in die hemel en op die aarde.” Daniël 2:47;

6:26-28.

Opregte en Eerlike Mense

Deur hul wysheid en regverdigheid, deur die reinheid en welwillendheid

van hul daaglikse lewe, deur hul toewyding aan die belange van die volk - en

dié was afgodedienaars - het Josef en Daniël bewys dat hulle aan die beginsels

van hul vroeë opleiding getrou was, getrou aan

- 57 -

Hom wie se verteenwoordigers hulle was. Die hele nasie in sowel Egipte as

in Babilon, het hierdie manne geëer; en in hulle het ’n heidense volk en al

die nasies met wie hulle in verbinding was, ’n illustrasie van die goedheid en

weldade van God gesien, ’n sinnebeeld van die liefde van Christus.

Watter lewenswerk was die van hierdie edele Hebreërs nie! Hoe min het

hulle, toe hulle die tuiste van hul kinderdae vaarwel gesê het, kon droom van

hul hoë lotsbestemming! Getrou en standvastig het hulle hul aan Goddelike

leiding oorgegee, sodat God deur hulle Sy doel kon verwesenlik.

Dieselfde geweldige waarhede wat deur hierdie manne geopenbaar is, wil

God graag deur vandag se jongmense en kinders openbaar. Die geskiedenis

van Josef en Daniël is ’n illustrasie van wat Hy sal doen vir diegene wat hulle

aan Hom oorgee en van ganser harte sal trag om Sy doel te verwesenlik.

Die wêreld se grootste behoefte is die behoefte aan manne–manne wat

nie gekoop of verkoop kan word nie, manne wat in die diepste van hul wese

eg en eerlik is, manne wat nie vrees om sonde by die regte naam te–noem

nie, manne wie se gewete so getrou is soos die kompasnaald aan die pool,

manne wat sal staan vir wat reg is, al sou die hemele val.

Maar so ’n karakter kom nie per toeval nie; dit is nie die gevolg van die

Voorsienigheid se spesiale gunste of gawes nie. ’n Edele karakter spruit uit

selfdissipline. uit die onderwerping van die laer aan die hoër natuur - die

oorgawe van die eie ek vir liefdesdiens aan God en die mens.

Dit is nodig om die jongmense met die waarheid te beïndruk dat hul begaafdhede

nie hul eie is nie. Krag, tyd, intellek is maar geleende skatte. Dit

behoort aan God en dit moet die voorneme van elke jongmens wees om dit

vir die hoogste doel aan te wend. Hy is ’n tak, waarvan

- 58-

42 E.G.White - Opvoeding

Die Lewens van Groot Manne

43

God vrugte verwag; ’n rentmeester, wie se kapitaal ’n aanwas moet toon; ’n

lig, om die wêreld se duisternis te deurstraal.

Elke jongmens, elke kind, het ’n werk om tot eer van God en ter opheffing

van die mensdom te doen.

Elisa, Getrou in die Klein Dingetjies

Die jongelingsjare van die profeet Elisa is in die stilte van ’n landelike lewe

deurgebring, onderrig deur God, die natuur en die dissipline van nuttige arbeid.

In ’n tyd van bykans algemene afvalligheid, was sy vader se huisgesin

onder diegene wat nie die knie voor Baal gebuig het nie. Hulle tuiste was ’n

plek waar God vereer is en waar pligsgetrouheid die reël van die daaglikse

lewe was.

Elisa, die seun van ’n ryk boer, het die werk onderneem wat voor - die - hand

- liggend was. Hoewel hy die bekwaamhede van ’n leier onder die mense besit

het, het hy ’n opleiding in die alledaagse pligte van die lewe ontvang. Om

verstandig te kan leiding gee, moes hy leer om gehoorsaam te wees. Deur

getrouheid in die klein dingetjies is hy vir gewigtiger verantwoordelikhede

voorberei.

Saam met ’n sagmoedige en tere gees, het Elisa ook energie en standvastigheid

besit. Hy het die liefde en vrees van God gekoester en uit die nederige

roetine van daaglikse arbeid het hy ’n sterk doelgerigtheid en edel karakter

verwerf, terwyl hy in Goddelike genade en kennis gegroei het onderwyl hy

met sy vader in die huislike pligte saamgewerk het, het hy geleer om met

God saam te werk.

Die profetiese roeping het tot Elisa gekom terwyl hy saam met sy vader se

diensknegte die landerye geploeg het. Toe Elia onder Goddelike leiding na

’n opvolger gesoek en sy mantel om die jongman se skouers gewerp het, het

Elisa die oproep herken en gehoorsaam. Hy het “Elia gevolg en hom gedien.”

1 Konings 19:21. Aanvanklik is daar

- 59 -

geen groot werk van hom vereis nie; sy dissipline het nog steeds uit alledaagse

pligte bestaan. Van hom word daar gesê dat hy water op die hande van Elia,

sy meester, gegiet het. As die profeet se persoonlike bediende, het hy nog

steeds getoon dat hy in die klein dingetjies getrou is, terwyl hy hom met ’n

daagliks sterker wordende doelgerigtheid gewy het aan die sending waartoe

God hom aangestel het.

Toe hy die eerste keer geroep is, is sy vasberadenheid beproef. Met die

omdraaislag om Elia te volg, is hy deur die profeet beveel om huis toe te

gaan. Hy moes die koste bereken - self besluit om die beroep aan te neem

of van die hand te wys. Maar Elisa het die waarde van sy geleentheid besef.

Hy sou vir geen aardse voordeel die moontlikheid om Gods boodskapper te

word deur sy vingers laat glip, of die voorreg van samesyn met Sy dienskneg

opoffer nie.

Met verloop van tyd, toe Elia vir verheerliking voorbereid was, was ook

Elisa gereed om sy opvolger te word. En weer is sy geloof en vasberadenheid

op die proef gestel. Terwyl hy Elia, met die wete dat die verandering spoedig

moet kom, in die rondgang van sy werk vergesel het, is hy op elke plek deur

die profeet gevra om om te draai. “Bly tog hier,” het Elia gesê, “want die Here

stuur my na Bet-el.” Maar in sy vroeë arbeid aan die ploegstert het Elisa geleer

om nie swak of mismoedig te word nie; en noudat hy ter vervulling van

’n andersoortige plig sy hand aan die ploeg geslaan het, kon hy nie van sy

plan afgebring word nie. So dikwels as wat die uitnodiging gegee is om om

te draai, was syantwoord: “So waar as die Here leef en u siel leef, ek sal u nie

verlaat nie!” 2 Konings 2:2.

“En hulle twee het gegaan. ... Terwyl hulle twee by die Jordaan staan ...

neem Elia sy mantel en rol dit op en slaan op die water; en dit is na weerskante

verdeel, sodat hulle twee op droë grond deurgegaan het. En nadat

- 60 -

hulle deur was, sê Elia vir Elisa: Begeer wat ek vir jou moet doen, voordat ek

van jou af weggeneem word. En Elisa antwoord: Laat dan tog ’n dubbele deel

van u gees op my kom. En hy sê: Jy het ’n harde saak begeer. As jy my sien

wanneer ek van jou af weggeneem word, laat dit dan so met jou wees. Maar

so nie, dan sal dit nie wees nie. En terwyl hulle aldeur loop en spreek, kom

daar meteens ’n wa van vuur met perde van vuur wat skeiding tussen hulle

twee maak; en Elia het in die storm na die hemel opgevaar.

“En Elisa het dit gesien en geroep: My vader, my vader, wa van Israel en sy

ruiters! En toe hy hom nie meer sien nie, het hy sy klere gegryp en dit in twee

stukke geskeur. Daarna tel hy die mantel van Elia op wat van hom afgeval

het en hy draai om en gaan op die wal. van die Jordaan staan; en hy neem

die mantel van Elia wat van hom afgeval het en slaan op die water en sê:

Waar is die Here, die God van Elia, ja, Hy? En toe hy op die water slaan, is dit

na weerskante verdeel en Elisa het deurgegaan. En die profete - seuns wat

in Jerigo was, het dit op ’n afstand gesien en gesê: Die gees van Elia rus op

Elisa! En hulle het hom tegemoetgekom en voor hom na die aarde gebuig. 2

Konings 2:6-15.

Voortaan het Elisa in Elia se plek gestaan. En hy wat in die minste getrou

44 E.G.White - Opvoeding

Die Lewens van Groot Manne

45

was, het bewys dat hy ook baie getrou kon wees.

Elia, die man van krag, was Gods instrument vir die omverwerping van

reusagtige euwels. Afgodery, wat, met die steun van Agab en die heidense

Isebel, die volk verlei het, is uitgewerp. Baal se profete is gedood. Die ganse

volk Israel is diep ontroer en baie was aan die terugkeer na die aanbidding

van God. As opvolger vir Elia is iemand be-

- 61 -

nodig wat Israel deur sorgsame, geduldige onderrig langs veilige weë kon

lei. Vir hierdie werk het Elia se vroeë opleiding onder Gods bestuur hom

voorberei.

Die les geld vir almal. Geeneen kan weet wat Gods doel met Sy dissipline

dalk is nie; maar almal kan daarvan seker wees dat getrouheid in die klein

dingetjies die bewys van geskiktheid vir groter verantwoordelikhede is. Elke

lewensdaad is ’n karakteropenbaring; en net hy wat in klein pliggies daarvan

bewys lewer dat hy “’n werker [is] wat hom nie hoef te skaam nie” (2 Timotheiis

2:15), sal deur God met gewigtiger verantwoordelikhede vereer word.

Moses, Magtig Deur die Geloof

Jonger as Josef of Daniël was Moses toe hy uit die beskermende sorg

van die tuiste van sy kinderjare verwyder is; tog het dieselfde invloede wat

hulle lewens gevorm het, reeds aan syne gestalte gegee. Hy het net twaalf

jaar saam met sy Hebreeuse bloedverwante deurgebring, maar gedurende

hierdie jare is die fondament van sy grootheid gelê; dit is gedoen deur die

hand van iemand wat min roem verwerf het.

Jogebed was ’n vrou en ’n slavin. Haar lewenslot was nederig en swaar

haar las. Maar deur geen ander vrou, behalwe Maria van Nasaret, het die

wêreld groter seën ontvang nie. In die wete dat haar kind spoedig haar sorg

moet verlaat, vir die voogdyskap van diegene wat God nie geken het nie, het

sy des te ernstiger gepoog om sy siel met die hemel te verbind. Sy het getrag

om liefde en lojaliteit teenoor God in sy hart te plant. En getrou is die werk

volbring. Daardie waarheidsbeginsels wat die las van sy moeder se onderrig

en die les van haar lewe was, kon geen latere invloed Moses beweeg om te

verloën nie.

- 62 -

Uit die nederige tuiste in Gosen het die seun van Jogebed na die Farao’s

se paleis gegaan, na die Egiptiese prinses, om deur haar as ’n beminde en

vertroetelde seun verwelkom te word. In die skole van Egipte het Moses

die mees gevorderde burgerlike en militêre opleiding ontvang. Van groot

persoonlike aanvalligheid, edel in vorm en gestalte, met ’n beskaafde verstand

en prinslike houding en roemryk as militêre leier, het hy die trots van

die nasie geword. Die koning van Egipte was ook ’n lid van die priesterdom;

en Moses is, hoewel hy geweier het om aan die heidense aanbidding deel

te neem, met al die verborgenhede van die Egiptiese godsdiens vertroud

gemaak. Egipte was toentertyd nog die magtigste en die hoogs beskaafde

volk. Moses, as die toekomstige heerser, was die erfgenaam van die mees

hewenste eerbewyse wat hierdie wêreld kon bied. Maar syne was ’n edeler

keuse. Ter wille van Gods eer en die bevryding van Sy onderdrukte volk, het

Moses die eerbetuigings van Egipte opgeoffer. Toe het God, in ’n spesiale sin,

sy opleiding onderneem.

Moses was nog nie vir sy lewenstaak gereed nie. Hy moes nog die les van

afhanklikheid van Goddelike mag leer. Hy het Gods doel verkeerd begryp.

Dit was sy hoop om Israel met wapengeweld te verlos. Hiervoor het hy alles

gewaag en misluk. In neerlaag en teleurgesteld het hy ’n vlugteling en banneling

in ’n vreemde land geword.

In die woesteny van Midian het Moses veertig jaar as skaapherder deurgebring.

Skynbaar vir altyd van sy lewensending afgesny, het hy die noodsaaklike

dissipline vir die vervulling daarvan ontvang. Wysheid om ’n onkundige

en ongedissiplineerde menigte te regeer, moes deur selfbeheersing verkry

word. In die versorging van die skape en die tingerige lammetjies moes hy

’n ondervinding verwerf wat hom ’n getroue, lankmoedige herder van Israel

sou maak.

- 63 -

Sodat hy ’n verteenwoordiger van God kon word, moes hy van Hom leer.

Die invloede wat hom in Egipte omring het, die liefde van sy pleegmoeder,

sy eie posisie as die koning se kleinseun, die weelde en ondeug wat in

tienduisend gedaantes gelok het, die verfyndheid, die lis en die mistiek van

’n valse godsdiens, het ’n indruk op sy verstand en karakter gemaak. In die

strenge eenvoud van die woestyn het dit alles verdwyn.

Te midde van die plegtige majesteit van die afsondering tussen die berge

was Moses alleen met God. Orals was die naam van die Skepper geskrywe.

Dit was asof Moses in Sy teenwoordigheid gestaan het en deur Sy mag oorskadu

is. Hier is sy selfgenoegsaamheid weggevee. In die teenwoordigheid

van die Oneindige het hy besef hoe swak, hoe onbekwaam, hoe kortsigtig

die mens is.

Hier het Moses dit verwerf wat hom dwarsdeur die jare van sy moeisame

en kommervolle lewe bygebly het’n besef van die persoonlike teenwoordig-

46 E.G.White - Opvoeding

Die Lewens van Groot Manne

47

heid van die Goddelike. Hy het nie net deur die eeue heen gekyk om te sien

hoe Christus in die vlees geopenbaar sou word nie; hy het Christus bespeur

wat die menigtes van Israel op al hul reise vergesel. Toe hy verkeerd begryp

en voorgestel is, toe hy verwyte en beledigings moes verduur, gevaar en die

dood trotseer, was hy daartoe in staat om te volhard “soos een wat die Onsienlike

sien.” Hebreërs 11:27.

Moses het nie net aan God gedink nie, hy het Hom gesien. God was die

bestendige visioen voor hom. Nooit het hy Sy gesig uit die oog verloor nie.

Vir Moses was geloof geen raaispel nie; dit was ’n werklikheid. Hy het geglo

dat God sy lewe spesiaal regeer; en in al die besonderhede daarvan het

hy Hom erken. Vir krag om elke versoeking te weerstaan, het hy op Hom

vertrou.

Die groot werk wat aan hom opgedra is, het hy verlang om in die hoogste

mate te laat slaag; en hy het geheel

- 64 -

en al op Goddelike krag gesteun. Hy het sy behoefte aan hulp gevoel, daarom

gevra, dit deur die geloof aangegryp en met die versekering van ’n onderskragende

sterkte vooruitgegaan.

Sodanig was die ondervinding wat Moses deur sy veertigjarige opleiding

in die woestyn verkry het. Om so ’n ondervinding toe te bedeel, het Oneindige

Wysheid nie die tydperk te lank of die prys te groot geag nie.

Die gevolge van daardie opleiding, van die lesse wat daar geleer is, is verweef,

nie net met die geskiedenis van Israel nie, maar met alles wat sedert

daardie tyd tot op hede die wêreld se vooruitgang bevorder het. Die mees

verhewe getuienis van die grootheid van Moses, die oordeel wat deur Ingewing

oor sy lewe uitgespreek is, is: “En soos Moses, vir die Here van aangesig

tot aangesig geken het, het daar geen profeet meer in Israel opgestaan

nie.” Deuteronomium 34:10.

Paulus, Blymoedig in Diens

Met die geloof en ondervinding van die Galilese dissipels wat Jesus se

metgeselle was, is daar in die evangeliewerk die vurige stoerheid en intellektuele

krag van ’n rabbi uit Jerusalem verenig. ’n Romeinse burger, in

’n heidense stad gebore; ’n Jood, nie net van afkoms nie, maar weens lewenslange

opleiding, patriotiese toewyding en godsdienstige geloof; te Jerusalem

opgevoed deur die voorste van die rabbi’s en in al die wette en oorlewerings

van die vadere onderrig, het Saulus van Tarsus tot die uiterste toe

die hoogmoed en vooroordele van sy volk gedeel. Terwyl hy nog ’n jongman

was, het hy ’n geëerde lid van die Sanhedrin geword. Hy is as ’n belowende

man beskou, ’n ywerige verdediger van die antieke geloof.

In die teologiese skole van Judea is die woord van God ter wille van menslike

bespiegelinge opsy gestoot; dit is deur die interpretasies en oorleweringe

van die rabbi’s van

- 65 -

sy krag beroof. Selfverheffing, heerssug, jaloerse afsydigheid, dwepery en

smalende hoogmoed was die dominante beginsels en motiewe van hierdie

leermeesters.

Die rabbi’s het hulle in hul meerderwaardigheid verlustig, nie net ten aansien

van ander volkere nie, maar ook van hul eie volksmassa. Met hul vurige

haat vir hul Romeinse onderdrukkers, het hulle die vasberadenheid gekoester

om met wapengeweld hul nasionale oppergesag te herwin. Die volgelinge

van Jesus, wie se boodskap met hulle ambisieuse planne so strydig

was, is deur hulle gehaat en doodgemaak. In hierdie vervolging was Saulus

een van die bitterste en meedoënloosste voorbokke.

In die militêre skole van Egipte, is die wet van geweld aan Moses geleer en

so sterk het hierdie onderrig ’n houvas op sy karakter gehad dat dit veertig.

jaar van stilte en gemeenskap met God en die natuur geverg het om hom vir

die leierskap van Israel deur die wet van liefde geskik te maak. Dieselfde les

moes Paulus leer.

By die poort van Damaskus het die visioen van die Gekruisigde die hele

verloop van sy lewe verander. Die vervolger het ’n dissipel geword, die leermeester

’n leerling; Die dae van duisternis wat in eensaamheid te Damaskus

deurgebring is, was soos jare in sy ondervinding. Die Ou-Testamentiese.

Skrif wat in sy verstand opgegaar was, was die onderwerp van sy studie en

Christus sy leermeester. Ook vir hom het die verlatenheid van die natuur ’n

skool geword. Na die Arabiese woestyn het hy gegaan, om .daar die Skrif te

bestudeer en van God te leer. Hy het sy siel ontledig van die vooroordele en

oorlewerings wat sy lewe gevorm het en uit die Waarheidsbron onderwysing

verkry.

Sy lewe daarna is. deur die een beginsel van selfopoffering, die bediening

van liefde, geinspireer. “Teenoor Grieke sowel as nie-Grieke,” het hy gesê,

“teenoor wyse sowel as onverstandige mense is ek ’n skuldenaar.” “Want

- 66 -

die liefde van Christus dring ons.” Romeine 1:14; 2 Korinthiërs 5:14.

Paulus, die grootste menslike leermeester, het die nederigste sowel as die

mees verhewe pligte onderneem. Hy het die noodsaaklikheid van arbeid vir

48 E.G.White - Opvoeding

Die Lewens van Groot Manne

49

die hand sowel as die verstand ingesien en vir sy eie onderhoud het hy ’n

ambag beoefen. Hy het sy tentmakersvak gehandhaaf terwyl hy daagliks die

evangelie in die groot beskawingsentra verkondig het. “Julle weet self dat hierdie

hande,” het hy by sy afskeid van die ouderlinge van Efese gesê, “voorsien

het in die behoeftes van my en die wat by my was.” Handelinge 20:34.

Hoewel hy groot intellektuele begaafdhede besit het, het Paulus se lewe

die krag van ’n seldsamer wysheid geopenbaar. Beginsels van die allergrootste

belang, beginsels waaromtrent die grootste denkers van sy tyd onkundig

was, word in sy leer ontplooi en in sy lewe ten toon gestel. Hy het daardie

alleruitmuntendste wysheid gehad, wat snelle insig en ’n meegevoelige hart

verleen, wat die mens met sy medemens in aanraking bring en hom daartoe

in staat stel om die beste in hul natuur te wek en hulle tot ’n hoër lewe te

besiel.

Luister na sy woorde voor die heidense Listriane, terwyl hy hulle wys op

God, die Bron van alle goeie dinge, soos Hy in die natuur geopenbaar word,

wat “van die hemel vir ons reën en vrugbare tye ... gee en ons harte met

voedsel en vrolikheid ... vervul.” Handelinge 14:17.

Aanskou hom in die kerker te Filippi, waar sy loflied, ondanks sy gefolterde

liggaam, die middernagtelike stilte verbreek. Nadat die aardbewing

die gevangenisdeure oopgemaak het, word sy stem weer gehoor, in blymoedige

woorde aan die heidense sipier: “Moenie jouself kwaad aandoen

nie, want ons is almal hier” (Handelinge 16:28)

- 67 -

-elke man op sy plek, deur die teenwoordigheid van een medegevangene

in toom gehou. En die sipier, oortuig van die werklikheid van daardie geloof

wat Paulus onderskraag, doen navraag oor die weg tot saligmaking en saam

met sy hele huisgesin verenig hy hom met die vervolgde groep van Christus

se dissipels.

Aanskou Paulus te Athene, voor die raad van die Areopagus, waar hy

wetenskap met wetenskap beantwoord, logika met logika en wysbegeerte

met wysbegeerte. Let op hoe hy, met die takt uit Goddelike liefde gebore, na

Jehova verwys as die “Onbekende God,” wat sy toehoorders in hul onkunde

aanbid het; en met die woorde uit een van hul eie digters aangehaal, beeld

hy Hom uit as ’n Vader wie se kinders hulle is. Luister na hom, in daardie eeu

van kaste, toe die regte van die mens as mens heeltemal sonder erkenning

was, soos hy die groot waarheid van menslike broederskap uiteensit en verklaar

God het “uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor

die hele aarde te woon.” Dan toon hy hoe daar, soos ’n goue draad, deur al die

handelinge van God met die mens, Sy doel van genade en barmhartigheid

loop. En hoe Hy “vooraf bepaaide tye en die grense van hulle woonplek vasgestel

het, sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak

en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie.” Handelinge 17:23, 26, 27.

Luister na hom in die hof van Festus, toe koning Agrippa van die evangeliewaarheid

oortuig, uitroep: “Jy beweeg my byna om ’n Christen te word.”

Met watter verfynde hoflikheid antwoord Paulus, terwyl hy na sy boeie wys:

“Ek sou wel God wil bid dat sowel byna as heeltemal nie alleen u nie, maar

ook almal wat my vandag aanhoor, so mag word soos ek is, buiten hierdie

boeie.” Handelinge 26:28, 29:

So het sy lewe verbygegaan, soos in sy eie woorde beskrywe: “ ... dikwels

op reis, in gevare van riviere, in

- 68 -

gevare van rowers, in gevare van my volk, in gevare van die heidene, in gevare

in die stad, in gevare in die woestyn, in gevare op see, in gevare onder

valse broeders; in arbeid en moeite, in slapelose nagte dikwels, in honger en

dors, dikwels sonder ete, in koue en naaktheid.” 2 Korinthiërs 11:26, 27.

“Word ons uitgeskel,” het hy gesê, “ons seën; word ons vervolg, ons verdra

dit; word ons belaster, ons troos;” “as bedroefdes, maar altyd opgeruimd; as

armes, maar wat baie ander ryk maak; as mense wat niks het nie en tog alles

besit.” 1 Korinthiërs 4:12, 13; 2 Korinthiërs 6:10.

In diens het hy vreug gevind; en aan die slot van sy arbeidsame lewe, terwyl

hy op die worsteling en oorwinning daarvan terugkyk, kon hy sê: “Ek het

die goeie stryd gestry.” 2 Timótheüs 4:7.

Hierdie verhale is lewensbelangrik. Vir niemand het dit’n dieper betekenis

as vir jongmense nie. Moses het die vooruitsigte van. ’n koninkryk die rug

toegekeer; Paulus Weer die voordele van rykdom en eer onder sy volk, vir

’n lewe as lasdraer in die diens van God. Vir bale lyk die lewens van hierdie

manne soos lewens van selfverloëning en opoffering. Was dit werklik die

geval? Moses het die smaad van Christus groter rykdom geag as die, skatte

van Egipte. Hy het dit so geag omdat dit so was. Paulus het verklaar: “Maarwat

vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag. Ja waarlik, ek ag

ook alles skade om dieuitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my

Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek, beskou, om Christus

as wins ten verkry.” Filippense 3:7, 8. Hy was met sy keuse tevrede.

Aan Moses is die paleis van die Farao’s en die vorstelike troon gebied; maar

die sondige plesier wat mense God laat vergeet, was ’n daardie deftige howe;

en hy het liewers

50 E.G.White - Opvoeding

Die Lewens van Groot Manne

51

- 69 -

die “rykdom ... , duursame goed en geregtigheid” verkies, Spreuke 8:18. In

plaas van hom met die grootheid van Egipte te verbind, het hy verkies om sy

lewe met Gods doel saam te snoer. In plaas van wette aan Egipte af te kondig,

het hy met Goddelike leiding wette vir die wêreld voorgeskryf. Hy het

Gods werktuig geword om aan die mense daardie beginsels oor te dra wat

die beskerming vir die huis sowel as die samelewing is, wat die hoeksteen vir

die voorspoed van nasies is - beginsels wat vandag deur die wêreld se grootste

manne erken word as die fondament van alles wat in menslike regerings

die beste is.

Die grootheid van Egipte lê in die stof. Sy mag en beskawing het verbygegaan.

Maar die werk van Moses kan nooit tot niet raak nie. Die groot

beginsels van geregtigheid wat hy geleef het om vas te stel, is ewig.

Moses se lewe van moeitevolle arbeid en hartbeswarende sorge is deurstraal

met die teenwoordigheid van Hom wat “uitnemender as tienduisend”

is en die Een wat “al die lieflikheid self” is; Hooglied 5:10, 16. Met Christus in

die woestynomswerwinge, met Christus op die. berg van verheerliking. met

Christus in, die hemelse howe - was sy lewe op aarde ’n seën en geseënd en

in die hemel vereer.

Ook Paulus is, te midde van sy veelvuldige arbeid, deur die behoudende

krag van Sy teenwoordigheid onderskraag. “Ek is tot alles in staat,” het hy

gesê, “deur Christus wat my krag gee.” “Wie sal ons skei van die liefde van

Christus - verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid

of gevaar of swaar? ... Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars

deur Hom wat ons liefgehad het. Want ek is versekerd dat geen dood of lewe

of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of

hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van

God wat daar in Chris-

- 70 -

tus Jesus, onse Here, is nie.” Filippense 4:13; Romeine 8:35-39.

Tog is daar ’n toekomstige vreugde waarna Paulus uitgesien het as die beloning

vir sy werk - dieselfde vreugde waarvoor Christus die kruis verdra en

die skande verag het - die vreugde om die vrug van sy arbeid te aanskou.

“Wie anders as julle,” het hy aan die bekeerlinge te Thessalonika geskryf, “is

ons hoop of blydskap of kroon van roem in die teenwoordigheid van onse

Here Jesus Christus by sy wederkoms? Want julle is ons eer en blydskap.” 1

Thessalonicense 2:19, 20.

Wie kan die gevolge vir die wêreld van Paulus se lewenswerk meet? Van

al daardie heilsame invloede wat lyding verlig, wat droefheid troos, wat die

bose in toom hou, wat die lewe uit selfsug en sinlikheid ophef en dit met die

hoop op onsterflikheid verheerlik, hoeveel is aan die arbeid van Paulus en

sy medewerkers te danke, toe hulle met die evangelie van die Seun van God

hulle onbemerkte reis uit Asië na die kuste van Europa afgelê het?

Wat is dit vir enige lewe werd om Gods instrument te gewees het deur

sulke invloede van seën aan die gang te sit ? Wat sal dit in die ewigheid werd

wees om die gevolge van so ’n lewenswerk te aanskou?

52 E.G.White - Opvoeding

Hoofstuk 3

53

DIE WEERGALOSE ONDERWYSER

“Nooit het ’n mens so gespreek

soos hierdie mens nie,”

54 E.G.White - Opvoeding

DIE WEERGALOSE ONDERWYSER

55

Die Leermeester Wat van God

Gekom Het

“WANT JULLE MOET AG GEE OP HOM.”

- 73 -

“EN HY word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors.”

Jesaja 9:5.

In die Leermeester wat van God gekom het, het die Hemel sy beste en sy

grootste aan die mense gegee. Hy wat in die raadsittings van die Allerhoogste

gestaan het, wat in die binneste heiligdom van die Ewige gewoon het,

was die Een wat gekies is om persoonlik die kennis van God aan die mensdom

te openbaar.

Deur Christus is elke straal van Goddelike lig oorgedra wat ooit ons gevalle

wêreld bereik het. Dit was Hy wat deur elkeen gespreek het wat deur die

eeue heen Gods Woord aan die mens bekend gemaak het. Van Hom was al

die voortreflikhede wat in die aarde se grootste en edelste siele verskyn het,

weerkaatsings. Die reinheid en weldade van Josef, die geloof en sagmoedigheid

en geduld van Moses, die onwrikbaarheid van Elisa, die edele integriteit

en standvastigheid van Daniël, die ywer en selfopoffering van Paulus, die

verstandelike en geestelike krag wat in al hierdie manne geopenbaar is en

in alle andere wat ooit op die aarde gewoon het, was maar afskynsels van Sy

uitstralende heerlikheid. In Hom is die volmaakte ideaal gevind.

Om hierdie ideaal as die enigste ware prestasiestandaard te openbaar, om

te toon wat elke mens kan word; wat almal, deur die inwoning van die Goddelikheid

in die mens, sou

- 74 -

word as hulle Hom aanneem - hiervoor het Christus na die wêreld gekom. Hy

het gekom om te toon hoe mense opgelei moet word soos dit die seuns van

God betaam; hoe hulle op aarde die beginsels van die hemel moet beoefen

en die hemelse lewe moet lei.

Gods grootste gawe is geskenk om aan die mens se grootste behoefte

te voldoen. Die Lig het verskyn toe die wêreld se duisternis op sy digste

was. Deur valse leringe is die gedagtes van die mense lank reeds van God

afgewend. Onder die heersende opvoedkundige stelsels het die menslike

wysbegeerte die plek van Goddelike openbaring ingeneem. In plaas van die

hemelse standaard van die waarheid, het mense ’n standaard aangeneem

wat hulle self versin het. Van die Lewenslig het hulle hul afgewend om te

56 E.G.White - Opvoeding

Die Leermeester Wat van God Gekom Het

57

wandel in die vonke van ’n vuur wat hulle self aangesteek het.

Omdat hulle hul van God afgeskei het en menslike sterkte hul enigste toeverlaat

was, was hulle krag net swakheid. Selfs die standaard wat hulle self

opgestel het, was hulle nie in staat om te bereik nie. Vir die gebrek aan ware

voortreflikheid is daar met skyn en voorwendsels vergoed. Skyn het die plek

van syn ingeneem.

Van tyd tot tyd het leermeesters opgestaan wat mense na die Bron van

waarheid verwys het. Ware beginsels is verkondig en menslike lewens het

van die krag hiervan getuig. Maar dié pogings het geen blywende indruk

nagelaat nie. Die stroom van die bose is kortstondig onderbreek, maar sy

nederwaartse koers is nie gestuit nie. Die hervormers was soos ligte wat in

die duisternis geskyn het, maar hulle kon dit nie verdryf nie. Die wêreld “het

die duisternis liewer gehad as die lig.” Johannes 3:19.

Toe Christus na die aarde toe gekom het, het dit geskyn asof die mensdom

snel sy laagste vlak bereik. Tot die fondamente van die samelewing was

ondermyn. Die lewe het vals en kunsmatig geword. Die Jode, ontbloot van

Gods

- 75 -

Woord, het vir die wêreld verstandverlammende, sieldodende oorlewerings

en spekulasies opgedis. Die aanbidding van God “in gees en waarheid” is

deur die verheerliking van mense in ’n eindelose kringloop van kunsmatige

seremonies vervang. Dwarsdeur die wêreld was alle godsdienstige stelsels

hulle houvas op verstand en siel aan die verloor. Met ’n walging vir fabel en

valsheid wat probeer het om denke te onderdruk, het mense hulle tot ongeloof

en materialisme gewend. Hulle het die ewigheid buite rekening gelaat

en net vir die oomblik geleef.

Namate hulle opgehou het om die Goddelike te erken, het hulle opgehou

om die menslike in ag te neem. Waarheid, eer, integriteit, vertroue, medelye

was van die aarde aan ‘t wyk. Meedoënlose hebsug en onversadige ambisie

het universele wantroue gebaar. Die idee van plig, van die verpligting van

krag teenoor swakheid, van menslike waardigheid en menseregte is as ’n

droom of fabel opsy gewerp. Die gewone volk is as lasdiere beskou, of as

gereedskap en middele tot ambisie. Rykdom en mag, gemaksug en selfvertroeteling

is as die hoogste voortreflikheid nagejaag. Liggaamlike degenerasie,

verstandelike bedwelming, geestelike doodsheid was kenmerkend

van die eeu.

Namate die bose drifte en voornemens van mense God uit hul gedagtes

verban het, het die vergeetagtigheid aangaande God hulle sterker tot die

kwaad laat neig. Die hart wat op die sonde verlief was, het Hom met sy eie

kenmerke beklee en hierdie wanbegrip het die mag van sonde versterk. Omdat

hulle daarop uit was om hulself te behaag, het die mense God naderhand

as iemand soos hulself beskou -’n Wese wie se doel selfverheerliking

was, wie se vereistes by Sy eie plesier gepas het; ’n Wese deur wie die mense

verhef of neergewerp is in die mate wat hulle Sy selfsugtige voorneme be-

vorder of verhinder het. Die laer stande het die Opperwese beskou as iemand

wat skaars van hul onderdrukkers verskil, behalwe dat Hy hulle in mag

- 76 -

oortref, Op die lees van dié idees is elke godsdiensvorm geskoei. Elkeen was

’n stelsel van afpersing. Deur geskenke en seremonies het die aanbidders

probeer om die Godheid te paai, om sodoende Sy guns vir hul eie oogmerke

te verwerf. So ’n godsdiens, omdat dit geen krag op die hart of die gewete

uitoefen nie, kon net vormlike roetine wees, waarvoor die mense moeg geword

het en waarvan hulle, behoudens die wins wat dit mag aanbied, verlarig

het om vry te wees. So het boosheid, onbeteueld, in krag toegeneem,

terwyl die waardering vir en verlange na die goeie gekwyn het. Mense het

die beeld van God kwytgeraak en het die afdruk ontvang van die demoniese

mag waardeur hulle beheer is. Die hele wêreld het ’n rioolgat van verdorwenheid

geword.

Daar was net een hoop vir die mensdom - dat daar in hierdie massa van

disharmonie en verderflike elemente ’n nuwe suurdeeg gewerp sou word;

dat die mag van ’n nuwe lewe na die mensdom gebring sou word; dat die

kennis van God tot die wêreld herstel sou word.

Christus het gekom om hierdie kennis te herstel. Hy het gekom om die

valse leer nietig te verklaar waardeur diegene wat voorgegee het om God te

ken, Hom verkeerd voorgestel het. Hy het gekom om die aard van Sy wet te

openbaar, om in Sy eie karakter die heilige sieraad bekend te maak.

Christus het met die opgegaarde liefde van die ewigheid in die wêreld

gekom. Hy het die laste wat die wet van God beswaar het, weggevee en

getoon dat die wet ’n wet van liefde is, ’n uitdrukking van die Goddelike

Goedheid. Hy het getoon dat gehoorsaamheid aan die beginsels hiervan

met die geluk van die mensdom saamhang en daarmee die stabiliteit, inderdaad

die fondamerit en raamwerk van die menslike samelewing.

Verre daarvan dat Gods wet willekeurige vereistes stel, is dit aandie mens

as ’n omheining, as ’n skild gegee. Wie

- 77 -

ook al die beginsels daarvan aanneem, word van die kwaad behoed. Get-

58 E.G.White - Opvoeding

Die Leermeester Wat van God Gekom Het

59

rouheid aan God hou verband met getrouheid aan die mens. So beskerm die

wet die regte, die indiwidualiteit, van elke mens. Dit weerhou die meerdere

van verdrukking en die ondergeskikte van ongehoorsaamheid. Dit verseker

die welsyn van die mens, in sowel hierdie wêreld as die wêreld wat kom. Vir

die gehoorsame is dit die pand van die ewige lewe, want dit gee uitdrukking

aan die beginsels wat ewigdurend is.

Christus het gekom om die waarde van die Goddelike beginsels te demonstreer,

deur hul krag vir die hernuwing van die mensdom te openbaar. Hy het

gekom om te leer hoe hierdie beginsels ontwikkel en toegepas moet word.

Vir die mense van daardie tyd is die waarde van alle dinge deur uiterlike

vertoon bepaal, namate die godsdiens in krag afgeneem het, het dit in uiterlike

praalsug toegeneem. Die opvoeders van die tyd het getrag om met vertoon

en windmakerigheid respek af te dwing. Teenoor al hierdie dinge het

die lewe van Christus ’n opvallende kontras gestel. Sy lewe het die waardeloosheid

gedemonstreer van die dinge wat die mense as die onontbeerlikste

in die lewe beskou het. Hy is in die ruuste omstandighede gebore; Hy het

’n nederige plattelander se huis, ’n plattelander se diëet gedeel; Hy het ’n

ambagsman se nering beoefen; Hy het teruggetrek gelewe en Hom met die

wêreld se onbekende werkesels vereenselwig - te midde van hierdie toestande

en omgewing het Jesus die Goddelike opvoedingsplan gevolg. Die

skole van sy tyd, met hul verheffing van klein dingetjies en geringskatting

van die groot dinge, het Hy nie besoek nie. Sy opvoeding is verkry direk uit

die bronne wat die Hemel beskik het; uit nuttige arbeid, uit die studie van

die Skrif en die natuur en uit lewensondervindings - Goddelike lesboeke, vol

onderwysing vir almal wat die’ gewillige hand, die oplettende oog en die

begrypende hart daarvoor wil aanwend.

- 78 -

“En die Kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van wysheid.

En die genade van God was op Hom.” Lukas 2:40.

Op hierdie wyse voorberei, het Hy Sy sending tegemoetgegaan en gedurende

elke oomblik van Sy kontak met mense het Hy ’n invloed op hulle

uitgeoefen om te seën, ’n krag om te herskep, soos die wêreld nog nooit

gesien het nie.

Hy wat probeer om die mense te herskep, moet self die mensheid verstaan.

Net deur meegevoel, geloof en liefde kan mense bereik en opgehef

word. Hier word Christus as die weergalose onderwyser geopenbaar; van

almal wat ooit op die aarde gewoon het, het Hy alleen ’n volmaakte begrip

van die menslike siel.

“Ons het nie ’n hoëpriester” - weergalose onderwyser, want die priesters

was onderwysers - ons het nie ’n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye

kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons.” Hebreërs

4:15.

“Want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy dié help wat versoek

word.” Hebreërs 2:18.

Christus alleen het ondervinding gehad van al die smarte en versoekings

wat die mens te beurt val. Nooit is iemand anders uit ’n vrou gebore so kwaai

deur versoekings omring, het iemand anders so ’n swaar las van die wêreld

se sonde en pyn gedra nie. Nooit was daar iemand anders wie se medelye

so breed of so teer was nie. As deelgenoot in al die ondervindings van die

mensdom, kon Hy nie net vir elke swaar belaste en versoekte en worstelende

persoon voel nie, maar ook saam met hom.

Wat Hy aan andere geleer het, het Hy nagelewe. “Ek het julle ’n voorbeeld

gegee,” het Hy aan Sy dissipels gesê, “om, net soos Ek aan julle gedoen het,

ook so te doen.” “Net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar.” Johannes

13:15; 15:10. So het die woorde van Christus in Sy lewe hul volmaakte illustrasie

en steunstuk gehad. En nog meer as dit; wat Hy aan andere geleer het,

was Hy self. Sy

- 79 -

woorde was die uitdrukking, nie net van Sy eie lewensondervinding nie, maar

van Sy eie karakter. Hy het nie net die waarheid aan andere geleer nie, maar

Hy was die waarheid. Dit was wat aan Sy onderwysing krag verleen het.

Christus was ’n getroue teregwyser. Nog nooit het daar iemand anders

gelewe wat boosheid so gehaat het nie; nooit iemand anders wie se

veroordeling daarvan so onverskrokke was nie. Vir alles wat onwaar en gemeen

is, was Sy teenwoordigheid self ’n bestrawwing. In die lig van Sy reinheid

het mense gesien hoe onrein hulle is, hoe laag en vals die doelstellings

van hul lewe. Nogtans het Hy hulle getrek. Hy wat die mens geskape het, het

die waarde van die mens verstaan. Boosheid het Hy veroordeel as die vyand

van diegene wat Hy getrag het om te seën en te red. In elke mens, hoe laag

gesonke ook al, het Hy ’n seun van God gesien, iemand wat tot die voorreg

van sy Goddelike verhouding herstel kon word.

“God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel

nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.” Johannes 3:17.Soos Hy

die mense in lyding en ontaarding aanskou het, het Christus grond vir hoop

gesien waar daar net wanhoop en ondergang sigbaar was. Waar daar ook al

’n besef van ’n behoefte bestaan het, het Hy die geleentheid gesien om op te

60 E.G.White - Opvoeding

Die Leermeester Wat van God Gekom Het

61

hef. Siele wat versoek, oorwonne was en wat gevoel het dat hulle verlore is,

gereed om te gronde te gaan, het Hy nie met veroordeling nie, maar met ’n

seën tegemoetgekom.

Die saligsprekinge was Sy begroeting aan die ganse menslike geslag. Toe

Hy na die groot skare kyk wat byeengekom het om die bergpredikasie aan

te hoor, was dit asof Hy ’n oomblik vergeet het dat Hy nie in die hemel is nie

en Hy het die bekende groet van die wêreld van lig gebruik. Van Sy lippe het

seëninge gevloei soos die uitstroming van ’n lank verseëlde fontein.

Hy het Hom van die ambisieuse, selfingenome gunstelinge van hierdie

wêreld afgewend en verklaar dat diegene

- 80 -

salig is wat, hoe groot hulle behoefte ookal, Sy lig en liefde sou aanneem.

Na die wat arm van gees was, die treurendes, die vervolgdes, het Hy Sy arms

uitgestrek en gesê: “Kom na My toe, ... Ek sal julle rus gee.” Matthéüs 11:28.

In elke mens het Hy oneindige moontlikhede bespeur. Hy het mense gesien

soos hulle kan wees, deur Sy genade herskep - tot “die lieflikheid van

die Here onse God.” Psalm 90:17. Terwyl Hy hulle hoopvol aanskou het, het

Hy met hoop besiel. Terwyl Hy hulle met vertroue tegemoet gegaan het,

het Hy vertroue ingeboesem. Terwyl Hy in Homself die mens se ware ideaal

geopenbaar het, het Hy, vir die verwesenliking daarvan, sowel verlange as

geloof gewek. In Sy teenwoordigheid het veragte en gevalle siele besef dat

hulle nog mense is en hulle het verlang om te bewys dat hulle Sy agting

waardig is. In menige hart wat vir alle heilige dinge dood gelyk het, is daar

nuwe impulse wakker gemaak. Vir menige vertwyfelde is die moontlikheid

van ’n nuwe lewe oopgestel.

Christus het mense met die bande van liefde en toewyding aan Sy hart

verbind; en met dieselfde bande het Hy hulle aan hul medemens verbind.

By Hom was liefde die lewe en die lewe het - diens beteken. “Julle het - dit

verniet ontvang,” het Hy gesê, “verniet moet julle dit gee.” Matthéüs 10:8.

Dit was nie net aan die kruis waar Christus Homself vir die mensdom

opgeoffer het nie. Terwyl Hy “die land deurgegaan” en “goed gedoen” het

(Handelinge 10:38), was elke dag se ondervinding ’n uitstorting van Sy lewe.

Net op een manier kon so ’n lewe in stand gehou word. Jesus het in afhanklikheid

van God en in gemeenskap met Hom gelewe. Af en toe neem mense

hulle toevlug tot die skuilplek van die Allerhoogste, in die skaduwee van die

Almagtige; hulle vertoef ’n tyd lank daar en die resultaat word in edel dade

geopenbaar; dan beswyk hul geloof, die gemeenskap word onderbreek en

die lewenswerk geskend. Maar die lewe van Jesus was ’n lewe van besten-

dige vertroue, gerugsteun deur voortdurende sielsgemeenskap; en Sy diens

vir hemel en aarde was sonder mislukking of weifeling.

- 81 -

As mens het Hy by die troon van God gesmeek, totdat Sy menslikheid met

’n hemelse stroom belaai is wat die menslikheid met die Goddelike verbind

het. Terwyl Hy van God lewe ontvang het, het Hy lewe aan die mense

geskenk.

“Nooit het ’n mens so gespreek soos hierdie mens nie.” Johannes 7:46. Dit

sou van Christus waar gewees het as Hy net op die gebied van die fisieke en

die intellektuele, of uitsluitlik oor teoretiese en spekulatiewe sake, onderrig

gegee het. Hy sou verborgenhede kon ontsluit het wat eeue van arbeid en

studie vereis het om te peil. Hy sou voorstelle van ’n wetenskaplike aard kon

gemaak het wat, tot aan die einde van die tyd, denke sou aangespoor en tot

uitvindsels sou geprikkel het. Maar Hy het dit nie gedoen nie. Hy het niks

gesê om nuuskierigheid te bevredig of om selfsugtigeambisie te stimuleer

nie. Hy het Hom nie met abstrakte teorieë besig gehou nie, maar met dinge

wat vir karakterontwikkeling noodsaaklik is; wat die mens se kapasiteit sal

verruim om God te ken en sy krag sal vergroot om goed te doen. Hy het oor

daardie waarhede gespreek wat die lewenswandel raak en die mens met die

ewigheid verbind.

In plaas van mense daartoe te lei om die teorieë van mense oor God, Sy

woord of Sy werke te bestudeer, het Hy hulle geleer om Hom te aanskou,

soos Hy in Sy werke, in Sy woord en deur Sy voorsienigheid geopenbaar

word, Hy het hulle verstande met die verstand van die Oneindige in aanraking

gebring.

Die mense “was verslae oor sy leer, want sy woord was met gesag.” Lukas

4:32. Nooit tevore het iemand gespreek wat so ’n vermoë besit het om gedagtes

wakker te maak, om aspirasies te laat vlam vat, om elke vermoë van

liggaam, verstand en siel te wek nie.

Christus se leer, soos Sy meegevoel, het die ganse wêreld omsluit. Nooit

kan daar ’n lewensomstandigheid wees ’n krisis in die menslike ondervinding,

wat nie deur Sy leer vooruitgeloop is en waarvoor die beginsels daarvan

- 82 -

nie ’n les inhou nie. Hy was die Prins van leermeesters en Sy woorde sal tot

aan die einde van die tyd as ’n gids vir Sy medewerkers bevind word.

Vir Hom was die teenswoordige en die toekomstige, die nabye en wat ver

is, een en dieselfde. Hy het die behoeftes van die ganse mensdom in gedagte

62 E.G.White - Opvoeding

Die Leermeester Wat van God Gekom Het

63

gehou. Voor Sy geestesoog het elke toneel van menslike strewe en prestasie,

van versoeking en stryd, van verbystering en gevaar oop gelê. Alle harte, alle

huisgesinne, alle genot en vreugde en ambisie was aan Hom bekend.

Hy het nie net ten bate van die ganse mensdom gespreek nie, maar tot die

ganse mensdom. Tot die klein kindjie, in die blydskap van die lewe se daeraad;

tot die jongeling se gretige, rustelose hart, tot manne in die krag van

hul jare, wat die las van verantwoordelikheid en sorge dra; tot die oues van

dae in hul swakheid en vermoeienis tot almal is Sy boodskap gespreek, tot

elke mensekind, in elke land en in elke eeu.

Sy leer het die dinge van die tyd en die dinge van die ewigheid behels

- sienlike dinge in verhouding tot die onsienlike, die verbygaande gebeurtenisse

van die alledaagse lewe en die plegtige vraagstukke van die lewe

wat kom.

Die dinge van hierdie lewe het Hy in hul ware verhouding gestel, as ondergeskik

aan die van ewige belang; maar Hy het hulle belangrikheid nie

verontagsaam nie. Hy het geleer dat hemel en aarde aan mekaar geskakel is

en dat ’n kennis van Goddelike waarheid die mens voorberei om die pligte

van die daaglikse lewe doeltreffender na te kom.

Vir Hom was daar niks sonder doel nie. Die pret van die kind, die moeitevolle

arbeid van die man, die lewe se genietinge en sorge en pyn, alles was

middele tot die een doel - die openbaring van God vir die opheffing van die

mensdom.

Van Sy lippe het die woord van God met nuwe krag en nuwe betekenis tot

mense se harte gespreek, Sy leer het

- 83 -

die dinge van die skepping in ’n nuwe lig afgeteken. Op die aangesig van die

natuur het weer eens die strale gerus van daardie helderheid wat deur die

sonde verban is. In al die feite en ondervindings van die lewe is ’n Goddelike

les en die moontlikheid van Goddelike kameraadskap geopenbaar. Weer

eens het God op aarde gewoon; menslike harte het van Sy teenwoordigheid

bewus geword; die wêreld is deur Sy liefde ingesluit. Die hemel het na die

mens toe neergedaal. In Christus het hulle harte Hom erken wat vir hulle die

wetenskap van die ewigheid ontsluit het -

“Emmanuel, ... God met ons.”

In die Leermeester wat van God gekom het, vind alle ware opvoedkundige

werk sy middelpunt. Van hierdie werk vandag net so gewis as van die werk

wat Hy agtienhonderd jaar gelede tot stand gebring het,* spreek die Heiland

met die woorde:

“Ek is die eerste en die laaste en die lewende.”

“Ek is die Alfa en die Omega, die begin en die einde.”

Openbaring 1:17, 18; 21:6.

Watter opperste dwaasheid is dit nie om, in die teenwoordigheid van so ’n

Leermeester, van so ’n geleentheid vir Goddelike opvoeding, ’n opvoeding

apart van Hom te soek nie - om apart van die Wysheid wys te probeer wees;

om waaragtig te wees, terwyl die Waarheid verwerp word; om apart van die

Lig verligting te soek, ’n bestaan sonder die Lewe; om jou van die Fontein

van lewende water af te wend en gebarste reënbakke uit te kap wat geen

water hou nie.

Kyk, Hy rig nog Sy uitnodiging: “As iemand dors het, laat hom na My toe

kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water

sal uit sy binneste vloei.” “Die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ’n

fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.” Johannes 7:37, 38;

4:14.

*Hierdie stelling is die eerste keer in 1903 gepubliseer.

64 E.G.White - Opvoeding

DIE WEERGALOSE ONDERWYSER

65

’n Illustrasie van Sy Metodes

“EK HET U NAAM GEOPENBAAR

AAN DIE MENSE WAT U MY UIT

DIE WllRELD GEGEE HET.”

- 84 -

DIE volledigste illustrasie van Christus se metodes as onderwyser word in Sy

opleiding van die eerste twaalf dissipels gevind. Op hierdie manne sou daar

swaar verantwoordelikhede rus. Hy het hulle gekies as manne wat Hy met Sy

Gees kon vul en wat toegerus kon word om met Sy werk op aarde voort te

gaan wanneer Hy dit sou verlaat. Aan hulle, bo alle andere, het Hy die voordeel

van Sy eie geselskap verleen. Deur persoonlike omgang het Hy Hom op

hierdie uitgesoekte medewerkers ingestempel. “Die lewe is geopenbaar,” sê

die geliefde Johannes, “en ons het dit gesien en ons getuig.” 1 Johannes 1:2.

Alleen deur sulke gemeenskap - die gemeenskap van verstand met verstand

en hart met hart, van die menslike met die Goddelike - kan daardie

lewegewende energie oorgedra word wat dit die taak van ware opvoeding

is om mee te deel. Dit is net die lewe wat lewe kan verwek.

Met die opleiding van Sy dissipels het die Heiland die opvoedkundige stelsel

gevolg wat in die begin tot stand gebring is. Die Twaalf wat eerste gekies

is, saam met ’n paar ander wat van tyd tot tyd met hulle verbind was, omdat

hulle in hul behoeftes voorsien het, het die gesin van Jesus saamgestel. Hulle

was saam met Hom in die huis,

- 85 -

aan tafel, in die binnekamer, in die veld. Hulle het Hom op Sy reise vergesel,

Sy beproewinge en ontberings meegemaak en, in soverre hulle daartoe in

staat was, deelgenote van Sy werk geword.

Soms het Hy hulle geleer terwyl hulle saam teen die berghang gesit het,

soms Iangs die see, of uit ’n visserskuit, soms onderwyl hulle met die pad

aangestryk het. Elke keer wat Hy die menigte toegespreek het, het die dissipels

die binnekring uitgemaak. Hulle het digby Hom gebly, sodat niks van

Sy onderrig hulle sou ontgaan nie. Hulle was oplettende toehoorders, gretig

om die waarhede te verstaan wat hulle in alle lande en aan alle eeue inoes

leer.

Die eerste leerlinge van Jesus is uit die geledere van die gewone mense

gekies. Hulle was nederige, ongeletterde manne, dié Galilese vissers; manne

wat ongeskoold in die geleerdheid en gewoontes van die rabbi’s was, maar

opgelei deur die harde dissipline van arbeid en swaarkry. Hulle was manne

66 E.G.White - Opvoeding

’n Illustrasie van Sy Metodes

67

van ingebore aanleg en van ’n geseglike gees, manne wat vir die Heiland se

werk onderrig en gevorm kon word. In die alledaagse lewe is daar menige

arbeider wat geduldig die kringloop van sy daaglikse take aflê, onbewus van

die sluimerende vermoëns wat, as dit tot handeling gewek sou word, hom

onder die wêreld se grootste leiers sou plaas. Sodanig was die manne wat

deur die Heiland geroep is om Sy medewerkers te wees. En hulle het die

voordeel geniet van drie jaar opleiding deur die grootste opvoeder wat hierdie

wêreld ooit geken het.

Onder hierdie eerste dissipels het ’n treffende verskeidenheid voorgekom.

Hulle sou die wêreld se leermeesters word en hulle het wyd uiteenlopende

karaktertipes verteenwoordig. Daar was Matthéüs Levi, die tollenaar, uit ’n

lewe van handeldryf en onderdanigheid aan Rome geroep; Simon, die yweraar,

die onversetlike vyand van die imperiale gesag; die impulsiewe, selfgenoegsame,

hartlike

- 86 -

Petrus, met Andreas, sy broer; Judas die Judeër, verfynd, bekwaam en gemeen;

Filippus en Thomas, getrou en ernstig, dog met kleingelowige harte;

Jakobus die kleine en Judas, minder opvallend onder die broeders, maar

kragtige manne, beslis in sowel hul foute as hul deugde; Natanael, kinderlik

in opregtheid en vertroue; en die ambisieuse, liefdevolle seuns van Sebedeüs.

Om die werk waartoe hulle geroep is, met welslae te verrig, het hierdie dissipels,

wat in hul natuurlike karaktertrekke, opleiding en lewensgewoontes

so grootliks van mekaar verskil het, daaraan ’n behoefte gehad om in gevoel,

denke en handelwyse eendragtig te word. Dit was Christus se voorneme

om hierdie eensgesindheid te bewerkstellig. Met dié doel het Hy getrag om

hulle een met Homself te maak. Die las van Sy strewe vir hulle is in Sy gebed

tot die Vader uitgedruk: “dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en

Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, ... dat die wêreld kan weet dat U

My gestuur het en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.” Johannes

17:21-23.

Die Herskeppende Mag van Christus

Van die twaalf dissipels sou vier ’n leidende rol speel, elk van ’n bepaalde

aard. Om hulle hiervoor te berei, het Christus, wat alles vooruit gesien het,

hulle geleer. Jakobus, tot ’n spoedige swaarddood bestem; Johannes, wat

in arbeid en vervolging die langste van die broeders in die Heiland se voetstappe

getree het; Petrus, die pionier om deur die versperrings van die eeue

te breek en die heidense wêreld te onderrig; en Judas, ten opsigte van diens

in staat tot voorrang bo sy broeders, maar wat in sy siel oor planne gebroei

het, dog min kon droom waartoe dit sou ryp - dié manne was die middelpunt

van Christus se grootste sorg en die ontvangers van Sy mees herhaalde

en versigtigste onderwysing.

- 87 -

Petrus, Jakobus en Johannes het elke geleentheid gesoek om in noue aanraking

met hul Meester te kom en daar is aan hul verlange voldoen. Van al

Twaalf was hulle verhouding tot Hom die hegste. Johannes kon net met ’n

nog intiemer verhouding tevrede wees en dit het hy verkry. Tydens daardie

eerste byeenkoms Iangs die Jordaan, toe Andreas, nadat hy van Jesus gehoor

het, haastig weg is om sy broer te gaan roep, het Johannes swygend

gesit, versonke in die oorpeinsing van wonderbare onderwerpe. Hy het die

Heiland gevolg, altyd ’n gretige, geboeide toehoorder. Tog was Johannes

geen foutelose persoonlikheid nie. Hy was geen saggeaarde dromer nie. Hy

en sy broer is die “seuns van die donder” genoem. Markus 3:17. Johannes

was hoogmoedig, ambisieus, bakleierig; maar onder dit alles kon die Goddelike

Leermeester die ywerige, opregte, liefdevolle hart bemerk. Jesus het

sy selfsug betig, sy ambisies teleurgestel, sy geloof beproef. Maar Hy het aan

hom geopenbaar dit waarna sy siel verlang het - die heilige sieraad, Sy eie

herskeppende liefde. “Ek het u Naam geopenbaar aan die mense wat U My

uit die wêreld gegee het” (Johannes 17:6), het Hy aan die Vader gesê.

Johannes se geaardheid het na liefde, simpatie en kameraadskap verlang.

Hy het digby Jesus gekom, aan Sy sy gesit en teen Sy bors geleun. Net soos ’n

blom die son en die dou opneem, so het hy die Goddelike lig en lewe ingedrink.

In bewondering en liefde het hy die Heiland betrag, totdat gelykvormigheid

aan Christus en gemeenskap met Hom sy een begeerte geword het

en in sy karakter is die karakter van sy Meester weerkaats.

“Kyk,” het hy gesê, “wat ’n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons

kinders van God genoem kan word! Om hierdie rede ken die wêreld ons nie,

omdat dit Hom nie geken het nie. Geliefdes, nou is ons kinders van God en

dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy

verskyn, aan Hom gelyk sal wees, om-

- 88 -

dat ons Hom sal sien soos Hy is. En elkeen wat hierdie hoop op Hom het,

reinig homself soos Hy is.” 1 Johannes 3:1-3.

Van Swakheid tot Krag

68 E.G.White - Opvoeding

’n Illustrasie van Sy Metodes

69

Die geskiedenis van geeneen van die dissipels illustreer Christus se

opleidingsmetode beter as die geskiedenis van Petrus nie. Dapper, aggressief

en vol self vertroue, skerpsinnig en voortvarend, gou om te vergeld tog edelmoedig

in sy vergifnis, het Petrus dikwels gefouteer en dikwels teregwysing

ontvang. Ook is sy hartlike lojaliteit en toewyding aan Christus nie minder

beslis erken en geloof nie. Geduldig, met oordeelkundige liefde, het die Heiland

Sy voortvarende dissipel behandel, Deur te traag om sy selfversekerdheid

te beteuel en hom deemoed, gehoorsaamheid en vertroue te leer.

Maar die les is net gedeeltelik geleer. Selfgenoegsaamheid is nie ontwortel

nie.

Dikwels het Jesus, met die las swaar op Sy eie hart, getrag om aan die dissipels

die tonele van Sy verhoor en leiding oop te stel. Maar hul oë is weerhou.

Die kennis was onwelkom en hulle het dit nie ingesien nie. Selfbejammering,

wat vir gemeenskap met Christus in Sy leiding teruggedeins het, het Petrus

se teregwysing uitgelok: “Mag God dit verhoed, Here, dit sal U nooit oorkom

nie!” Matthéüs 16:22. Sy woorde het die gedagte en gevoel van die Twaalf

uitgedruk.

So het hulle voortgegaan, terwyl die krisis nader gekruip het; hulle, groot

praterig, twissiek en by voorbaat Koninklike eerbewyse aan ‘t uitdeel, maar

van die kruis het hulle nie kon droom nie.

Vir hulle almal het Petrus se ondervinding ‘n les ingehou. Vir selfvertroue

is beproewing n neerlaag. Die gewisse uitwerking van die onafgestorwe

kwaad kon Christus nie verhoed nie. Maar net soos Sy hand uitgestrek was

om te red toe die golwe op die punt gestaan het om Petrus te

- 89 -

oorweldig, so het Sy liefde uitgereik om hom te verlos toe die diep waters oor

sy siel gespoel het. Keer op keer, op die uiterste rand van die ondergang, het

Petrus se grootpraterige woorde hom steeds nader en nader aan die kantjie

gebring. Keer op keer is die waarskuwing gehoor: Jy sal drie maal Ioën dat jy

My ken (Lukas 22:34). Dit was die gekrenkte, liefdevolle hart van die dissipel

wat die gelofte uitgespreek het: “Here, ek is gereed om saam met U selfs in

die gevangenis en in die dood te gaan” (Lukas 22:33); en Hy wat die hart lees,

gee aan Petrus die boodskap, toe min waardeer, maar wat in die spoedig

dalende duisternis ’n ligstraal van hoop sou laat skyn: “Simon, Simon, kyk, die

Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif. Maar Ek het vir jou gebid,

dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders

versterk.” Lukas 22:31,32.

Toe die woorde van verloëning in die hofsaal gespreek is; toe Petrus se

liefde en lojaliteit, onder die Heiland se blik van bejammering en liefde en

verdriet gewek, hom laat uitwyk het na die tuin waar Christus geween en

gebid het; toe sy trane van berou op die sooie geval het wat deur die bloeddruppels

van Sy foltering benat is-toe was die woorde van die Heiiand: “Ek

het vir jou gebid ... en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk,”

’n onderskraging vir sy siel. Hoewel Christus sy sonde vooruitgesien het, het

Hy hom nie aan vertwyfeling oorgelaat nie.

As die blik wat Jesus op hom gewerp het; veroordeling in plaas van medelye

geuiter het; as Hy, toe Hy die sonde voorspel het, nagelaat het om hoop

in te boesem, hoe dig sou die duisternis wat Petrus omring het, nie gewees

het nie! Hoe roekeloos die wanhoop van daardie geteisterde siel! Wat kon

hom, in daardie uur van sielesmart en selfveragting, weerhou het van die

weg wat deur Judas betree is?

- 90 -

Hy wat Sy dissipel nie die angs kon spaar nie, het hom nie alleen aan die

bitterheid daarvan oorgelaat nie. Syne is ’n liefde wat nie te kort skiet of versaak

nie.

Mense, wat self aan die kwaad verslaaf is, is geneig om die versoektes en

die afgedwaaldes hardvogtig te behandel. Hulle kan die hart nie lees nie,

hulle ken nie sy worsteling en pyn nie. Van die teregwysing wat liefde is, van

die hou wat wond om te genees, van die waarskuwing wat hoop uiter, het

hulle nodig om te leer.

Dit was nie Johannes, wat in die hofsaal saam met Hom gewaak, wat by

Sy kruis gestaan en van die Twaalf die eerste by die graf was nie - dit was nie

Johannes nie, maar Petrus, wat deur Christus na Sy opstanding opsy naam

genoem is. “Gaan sê vir sy dissipels en vir Petrus,” het die engel berig, “dat Hy

voor julle uit gaan na Galilea.” Markus 16:7.

Tydens die laaste ontmoeting van Christus met die dissipels by die see,is

Petrus, beproef deur die drie keer herhaalde vraag: “Het jy My lief?” herstel

tot sy plek onder die Twaalf. Sy werk is aan hom opgedra; hy moes die Here

se skape iaat wei Toe, as Sy laaste persoonlike bevel, het Jesus gesê: “Volg jy

My.” Johannes 21:17, 22.

Nou kon hy die woorde waardeer. Die les wat Christus geleer hét toe Hy

’n klein kindjie in die midde van die dissipels gestel en hulle gebied het om

soos dié te word, kon Petrus nou beter verstaan. Omdat hy sowel sy swakheid

as Christus se mag meer volkome begryp het, was hy gereed om te

vertrou en gehoorsaam te wees. In Sy krag kon hy sy Meester volg.

En aan die einde van sy ondervinding van arbeid en opoffering, het die

70 E.G.White - Opvoeding

’n Illustrasie van Sy Metodes

71

dissipel’ wat eenmaal traag was om die kruis te gewaar, dit ’n vreugde geag

om sy lewe vir die evangelie te gee, maar hy het net gevoel dat dit vir hom

- 91 -

wat die Here verloën het, ’n te groot eer is om op dieselfde manier te sterf as

wat Sy Meester gesterf het.

Petrus se herskepping was ’n wonderwerk van Goddelike teerheid. Dit is ’n

lewensles vir almal wat trag om in die voetstappe van die Weergalose Onderwyser

te volg.

’n Liefdesles

Jesus het Sy dissipels tereggewys, Hy het hulle gewaarsku en vermaan;

maar Johannes en Petrus en hul broeders het Hom nie verlaat nie. Ondanks

die teregwysinge het hulle verkies om by Jesus te wees. En die Heiland het

Hom nie, weens hul foute, van hulle onttrek nie. Hy neem mense soos hulle

is, met al hul foute en swakhede en lei hulle vir Sy diens op, as hulle gewillig

is om deur Hom getugtig en geleer te word.

Maar daar was een van die Twaalf teenoor wie Christus, tot baie na aan die

slot van Sy werk, geen woord van direkte vermaning gespreek het nie.

Met Judas is daar ’n gesindheid van antagonisme onder die dissipels ingebring.

Toe hy hom aan Jesus verbind het, het hy op die aantreklikheid van

Sy karakter en lewe gereageer. Hy het ’n opreg verandering in homself begeer

en het gehoop om dit deur ’n verbintenis met Jesus te ervaar. Maar

hierdie verlange het nie die oorhand gekry nie. Wat hom regeer het, was

die hoop op selfsugtige voordeel in die wêreldse koninkryk wat hy verwag

het Christus tot stand sou bring. Hoewel hy die Goddelike mag van Christus

se liefde erken het, het Judas hom nie aan die opperheerskappy daarvan

oorgegee nie. Hy het voortgegaan om sy eie oordeel en opinies te koester, sy

geneigdheid tot kritiek en veroordeling. Christus se motiewe en bewegings,

dikwels so ver bo sy begrip verhef, het twyfel en afkeuring uitgelok en sy eie

twyfel en ambisies het hul by die dissipels inge-

- 92 -

werk. Baie van hul stryd om die oppermag, veel van hulle ontevredenheid

met Christus se metodes, het sy oorspring by judas gehad.

Jesus, wat gesien het dat om hom teen te werk, net verharding sou meebring,

het Hom van direkte konflik weerhou. Die enger wordende selfsug

van Judas se lewe het Christus deur kontak met Sy eie selfopofferende liefde

probeer genees. Met Sy onderrig het Hy beginsels ontbloot wat die byl aan

die wortel van die dissipel se egosentriese ambisies gelê het. So is les op

les gegee en heel dikwels het Judas besef dat sy karakter uitgebeeld en sy

sonde aangedui is; maar hy wou hom nie oorgee nie.

Omdat die pleitstem van genade weerstaan is, het die bose drifte uiteindelik

hoogty gevier. Judas, deur ’n geïmpliseerde berisping kwaad gemaak en

vanweë die verydeling van sy ambisieuse drome tot desperaatheid gedryf,

het sy siel aan die duiwel van hebsug oorgegee en hom voorgeneem om sy

Meester te verraai. Uit die bovertrek van die Pasga, die vreugde van Christus

se teenwoordigheid en die lig van onsterflike hoop het hy gegaan om sy

bose werk te doen-die buitenstc duisternis in, waar daar geen hoop was nie.

“Jesus het van die begin af geweet wie hulle was wat nie glo nie en wie. hy

was wat Hom sou verraai.” Johannes 6:64. Nogtans, hoewel Hy dit alles geweet

het, het Hy geen pleidooi van genade of liefdesgawe teruggehou nie .

Omdat Hy dié gevaar van Judas bemerk het, het Hy hom na aan Homself

getrek, tot in die binnekring van Sy gekose en staatmakerdissipels. Dag na

dag, toe die las die swaarste op Sy eie hart gedruk het, het Hy die pyn van

onophoudelike aanraking met daardie halsstarrige, agterdogtige, broeiende

gees verduur; Hy het daardie volgehoue, geheimsinnige en subtiele antagonismeonder

Sy dissipels waarge neem en geárbei óm dit teen te werk en dit

alles sodat geen

- 93 -

moontlike reddende invloed daardie siel in gevaar sou ontbreek nie!

“Groot waters kan die liefde nie uitblus en riviere dit nie oorstroom nie;”

“Want liefde is sterk soos die dood.” Hooglied 8:7, 6.

Wat Judas self betref het, was Christus se liefdeswerk vrugteloos. Maar dit

was nie met sy mededissipels die geval nie. Vir hulle was dit ’n les met ’n

lewenslange invloed. Altyd sou dié voorbeeld van teerheid en lankmoedigheid

hulle omgang met die versoektes en afgedwaaldes vorm. En dit het

ander lesse ingehou. Met die ordening van die Twaalf het die dissipels sterk

verlang’ dat Judas een van hulle moet word” en hulle het sy aanvaarding as

’nveelbelowende gebeurtenis vir die groepie beskou. Hy het meer as hulle

met die wêreld in aanraking gekom, hy was ’nrnan van fyn maniere, insig en

uitvoerende bekwaamheid en omdat hy sy eie kwalifikasies hoog op prys

gestel het, het hy die dissipels daartoe beweeg om dieselfde agting vir hom

te hê. Maar die metodes wat hy graag in Christus se wérk wou inbring, was

op wêreldse beginsels gegrond en is deur wêreldse beleid beheer. Dit het

die verkryging van wêreldse erkenning en eer beoog - om die koninkryk van

hierdie wêreld te bekom. Die uitwerking van hierdie begeertes in die lewe

van Judas het die dissipels gehelp om die vyandskap tussen die beginsel

72 E.G.White - Opvoeding

’n Illustrasie van Sy Metodes

73

van selfverheffing en Christus se beginsel van nederigheid en selfopoffering

te begryp die beginsel van die geestelike koninkryk. In die lot van Judas het

hulle die einde gesien waartoe eiediens neig.

Vir hierdie dissipels bet Christus se sending uiteindelik sy doel verwesenlik.

Langsamerhand het Sy voorbeeld en Sy lesse van selfverloëning hul karakters

gevorm. Sy dood het

- 94 -

hulle hoop op aardse grootheid verbrysel. Die val van Petrus, Judas se geloofsversaking,

hul eie mislukking toe hul Christus in Sy angs en lewensgevaar in

die steek gelaat het, het hulle selfvoldaanheid van hul afgestroop. Hulle het

hul eie swakheid ingesien; hulle het iets gesien van die grootheid van die

werk wat aan hulle opgedra is; hulle het hul behoefte aan hul Meester se

leiding met elke skrede gevoel.

Hulle het geweet dat Sy persoonlike teenwoordigheid hulle nie langer

sou bybly nie en hulle het, soos nooit tevore nie, die waarde erken van die

geleenthede wat hulle s’n was om te wandel en te spreek met die Een wat

deur God gestuur is. Hulle het baie van Sy lesse, toe Hy dit geuiter het, nie

waardeer of begryp nie; nou het hulle verlang om dié lesse te onthou, om

weer Sy woorde te hoor. Met watter blydskap het Sy versekering weer in hul

gedagtes opgekom: “Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie

weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal

Ek Hom na julle stuur.” “Omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan

julle bekend gemaak het.” En “die Trooster, ... wat die Vader in my Naam sal

stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê

het.” Johannes 16:7; 15:15; 14:26.

“Alles wat die Vader het, is myne.” “Wanneer Hy gekom het, die Gees van

die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. ... Omdat Hy dit sal neem

uit wat aan My behoort en aan julle verkondig.” Johannes 16:15, 13, 14.

Die dissipels het gesien hoe Christus op die Olyfberg van hulle opgevaar

het. En soos die hemele Hom ontvang het, het Sy afskeidsbelofte weer na

hulle teruggekom: “Kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van

die wêreld.” Matthéüs 28:20.

- 95 -

Hulle het geweet dat Sy meegevoel hulle nog steeds bybly. Hulle het geweet

dat hulle ’n verteenwoordiger, ’n voorspraak, by die troon van God het.

In die Naam van Jesus het hulle hul versoeke gerig en Sy belofte herhaal: “Alles

wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee.” Johannes 16:23.

Hoër en hoër het hulle die hand van die geloof uitgestrek, met die magtige

argument: “Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek

is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree.” Romeine

8:34.

Getrou aan Sy belofte het die Goddelike, in die hemelse howe verhoog,

van Sy volheid aan Sy volgelinge op aarde meegedeel. Die teken van Sy

troonsbestyging aan Gods regterhand, was die uitstorting van die Gees op

Sy dissipels.

Deur die werk van Christus is hierdie dissipels daartoe gelei om hul behoefte

aan die Gees te voel; deur die Gees onderrig, het hulle hul finale voorbereiding

ontvang en tot hul lewenstaak toegetree.

Hulle was nie meer onkundig of kultuurloos nie. Hulle was nie meer ’n

versameling van onafhanklike eenhede of omharmoniese en strydende elemente

nie. Hulle hoop was nie meer op wêreldse grootheid gevestig nie.

Hulle was “almal eendragtig bymekaar,” een in hart en siel. Christus het hulle

gedagtes gevul. Die bevordering van Sy koninkryk was hulle doel. In gesindheid

en karakter het hulle soos hul Meester geword; en mense “het hulle as

metgeselle van Jesus herken.” Handelinge 4:13

Toe was daar so ’n openbaring van die heerlikheid van Christus soos nog

nooit tevore deur sterflinge aanskou is nie. Menigtes wat Sy Naam verguis

en Sy mag versmaai het, het bely dat hulle dissipels van die Gekruisigde is.

Deur die samewerking van die Goddelike Gees het die werk van die nederige

manne vir wie Christus gekies het, die

- 96 -

wêreld in beroering gebring. Na elke nasie onder die hemel is die evangelie

binne een geslag uitgedra.

Aan dieselfde Gees wat in Sy plek gestuur is om die Leermeester van Sy

eerste medewerkers te wees, het Christus opdrag gegee om die Leermeester

van Sy medewerkers vandag te wees. “Kyk, Ek is met julle al die dae tot aan

die voleinding van die wêreld” (Matthéüs 28:20), is Sy belofte.

Die teenwoordigheid van dieselfde Gids in opvoedkundige werk vandag

sal, soos van ouds, dieselfde gevolge meebring. Dit is die doel waarheen

ware opvoeding neig; dit is die werk wat God dit bestem om te volbring.

74 E.G.White - Opvoeding

Hoofstuk 4

75

NATUURONDERWYS

“Gee ag op die wonders ...

van die Volmaakte in kennis.”

76 E.G.White - Opvoeding

NATUURONDERWYS

77

God in die Natuur

“SY MAJESTEIT BEDEK DIE

HEMEL en DIE AARDE IS

VOL VAN SY LOF.”

- 99 -

Op alle geskape dinge word die stempel van die Goddelike gesien. Die natuur

getuig van God. Die ontvanklike verstand, wat met die wonder en verborgenheid

van die heelal in aanraking gebring word, kan nie anders as om

die werking van ’n oneindige mag te erken nie. Nie deur sy eie inherente

energie bring die aarde sy oorvloed voort en hou dit sy beweging om die

son jaar na jaar vol nie. ’n Onsigbare hand rig die planete in hul kringloop

deur die hemele. ’n Geheimsinnige lewe deurtrek die ganse natuur - ’n lewe

wat die tallose wêrelde dwarsdeur die onmeetlikheid in stand hou, wat in die

insekkrieseltjie lewe soos dit in die somerbriesie dryf, wat die wiekslag aan

die swael in sy vlug verleen en die jong rawe voed as hul roep, wat die botsel

laat bloei en die bloeisel tot vrug laat kom.

Dieselfde mag wat die natuur in stand hou, werk ook in die mens. Dieselfde

groot wette wat ster en atoom bestuur, heers oor die menslike lewe.

Die wette wat die hartklop rig om die vloei van die lewenstroom na die

liggaam te reguleer, is die wette van die magtige Intelligensie wat regsbevoegdheid

oor die siel besit. Uit Hom vloei alle lewe voort. Net in harmonie

met Hom kan die ware arbeidsveld daarvan gevind word. Vir al die dinge van

Sy skepping is die voorwaarde dieselfde - ’n lewe wat onderhou word deur

die lewe van God te ontvang, ’n lewe wát in harmonie met die Skepper se wil

gevoer word. Om

- 100 -

Sy wet fisiek, verstandelik of moreel te oortree, beteken om jouself buite harmonie

met die heelal te stel, om onenigheid, anargie en ondergang in te

bring.

Vir hom wat leer om so sy onderwysing te vertolk, word die ganse natuur

opgehelder; die wêreld is ’n lesboek, die lewe ’n skool. Die eenheid van die

mens met die natuur en met God, die universele heerskappy van wetmatigheid,

die gevolge van oortreding, kan nie anders as om die verstand te beïndruk

en die karakter te vorm nie.

Hierdie is lesse wat ons kinders nodig het om te leer. Vir die klein kindjie,

wat nog nie in staat is om van die gedrukte blad te leer of by die roetine van

die klaskamer ingeskakel te word nie, bied die natuur’n onuitputlike bron

78 E.G.White - Opvoeding

God in die Natuur

79

van lering en lus. Die hart wat nog nie deur aanraking met boosheid verhard

is nie, herken gou die Teenwoordigheid wat alle geskape dinge deurtrek. Die

oor wat tot nóg toe nie deur die wêreld se tuinoer verdoof is nie, luister aandagtig

na die Stem wat deur die mededelinge van die natuur spreek. En vir

die wat al ouer geword het en voortdurend sy stille herinneringe aan die

geestelike en die ewige benodig, sal die natuur se lesse geensins minder ’n

bron van lus en lering wees nie. Soos die Edenbewoners uit die bladsye van

die natuur geleer het, soos Moses Gods handskrif op die Arabiese vlaktes

en berge gewaar het en soos die kind jesus op die rantjies van Nasaret, so

kan vandag se kinders van Hom leer. Die onsienlike word deur die sienlike

toegelig. Op alles op aarde, vanaf die hoogste boom in die bos tot die korsmos

wat aan die rots kleef, vanaf die grenslose oseaan tot die nietigste skulpie

op die seëstrand, kan hulle die beeld en opskrif van God aanskou.

Laat die kindjie, sover moontlik, vanaf sy jongste jare geplaas word waar

hierdie wonderlike lesboek voor hom sal ooplê. Laat hom die heerlike tonele

aanskou wat deur die

- 101 -

Groot Kunsmeester op die beweeglike hemeldoek geskilder is, laat hom vertroud

raak met die wonders van aarde en see, laat hom die ontluikende geheimenisse

van die seisoensveranderinge betrag en, uit al Sy werke, van die

Skepper leer.

Op geen ander manier kan die fondament van ’n waaragtige opvoeding so

vas en seker gelê word nie. En tog sal selfs die kind, soos hy met die natuur in

aanraking kom, rede vir verwarring vind, Hy kan nie anders as om die werking

van teenmagte te bespeur nie. Dit is hier waar die natuur ’n vertolker nodig

het. Wanneer hulle die kwaad aanskou wat selfs in die natuurlike wêreld

geopenbaar word, moet almal dieselfde droewige les leer “’n Vyandige mens

het dit gedoen.” Matthéüs 13:28.

Net in die lig wat van Golgota af straal, kan die natuur se onderwysing reg

gelees word. Laat daar, deur die verhaal van Betlehem en die kruis, getoon

word hoe die goeie die kwade moet oorwin en hoe elke seën wat ons te

beurt val, ’n verlossingsgawe is.

In wilde roos en doringstruik, in distel en onkruid, word die boosheid voorgestel:

wat skend en skaad. In sangvoël en ontluikende bloeisel, in reën en

sonskyn, in somerbries en sagte dou, in tienduisend natuurdinge vanaf die

eikeboom in die woud tot die viooltjie wat aan sy wortel uitbot, word die

liefde wat herstel, gesien. En die natuur spreek nogsteeds tot ons van Gods

goedheid.

Ek weet watter gedagtes Ek aangaande julle. koester, spreek die Here, gedagtes

van vrede en nie van onheil nie.” Jeremia 29:11. Dit is die boodskap

wat, in die lig van die kruis, op die hele gelaat van die natuur gelees kan

word. Die hemele vertel Sy eer en die aarde is vol van Sy rykdom.

80 E.G.White - Opvoeding

NATUURONDERWYS

81

Lewenslesse

“SPREEK DIE AARDE AAN,

DAT DIT JOU LEER.”

- 102 -

DlE groot Leermeester het Sy toehoorders met die natuur in aanraking gebring,

sodat hulle kon luister na die stem wat in alle geskape dinge spreek;

en soos hul harte sag en hul verstande ontvanklik geword het, het Hy hulle

gehelp om die geestelike lesse te vertolk van die tonele waarop hul oë gerus

het. Die gelykenisse waardeur Hy graag lesse van waarheid geleer het, toon

hoe toeganklik Sy gees vir die natuurinvloede was en watter behae Hy daarin

geskep het om die geestelike lesse uit die omgewing van die daaglikse

lewe te versamel.

Die voëls van die hemel, die lelies van die veld, die saaier en die saad, die

herder en die skape - met hierdie dinge het Christus onsterflike waarheid

toegelig. Hy het ook uit die gebeurtenisse van die lewe illustrasies geneem,

ervaringsfeite wat aan die toehoorders bekend was - die suurdeeg, die verborge

skat, die pêrel, die visnet, die verlore muntstuk, die verlore seun, die

huise op die rots en die sand. In Sy lesse was daar iets om elke verstand te interesseer,

iets om tot elke hart te spreek. So is die daaglikse taak, in plaas van

blote roetinearbeid te wees, wat van hoër dinge ontbloot is, opgeluister en

verhef deur voortdurende aandenkings aan die geestelike en die onsigbare.

So behoort ons te onderrig. Laat die kinders Ieer om in die natuur ’n uitdrukking

van die liefde en die wysheid van

- 103 -

God te sien; laat die gedagtes aan Hom met voël en blom en boom vervleg

wees; laat alles wat sigbaar is, vir hulle vertolkers van die onsienlike word en

alle lewensgebeurtenisse ’n middel tot Goddelike onderrig.

Namate hulle leer om so in alle geskape dinge en in alle lewensondervindings,

die lesse te bestudeer, sien hulle dat dieselfde wette wat die dinge van

die natuur en die gebeurtenisse van die lewe regeer, oor ons moet heers; dat

dit vir ons welsyn gegee is en dat ons net in gehoorsaamheid daaraan ware

geluk en sukses kan vind.

Die Wet van Diens

Alle dinge in die hemel en op aarde verklaar dat die groot lewenswet ’n

wet van diens is. Die ewige Vader dien die lewe van elke lewende wese. Christus

het na die aarde toe gekom “soos een wat dien.” Lukas 22:27. Die engele

is “dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die

82 E.G.White - Opvoeding

Lewenslesse

83

saligheid sal beërwe.” Hebreërs 1:14. Dieselfde wet van diens is op alle dinge

in die natuur geskrywe. Die voëls van die hemel, die diere van die veld, die

bome van die woud, die blare, die gras en die blomme, die son in die hemel

en die vonkelende sterre - alles dien. Meer en oseaan, rivier en waterfontein

- elkeen ontvang om te gee.

Soos elke ding in die natuur die lewe van die wêreld dien, verseker dit

sy eie. “Gee en aan julle sal gegee word” (Lukas 6:38), is die les wat nie met

minder sekerheid in die natuur as op die bladsye van die Heilige Skrif geskrywe

is nie.

Soos die heuwelhange en die vlaktes ’n kanaal vir die bergstroom oopstel

om die see te bereik, word wat hulle gee, honderdvoudig terugbetaal. Die

stroom wat ’n lied sing op sy weg, laat sy gawe van prag en vrugbaarheid

agter. Deur die veld, dor en bruin weens die somerhitte,

- 104 -

streep ’n lyn van groenigheid die rivierloop aan; elke statige boom, elke botsel,

elke bloeisel, ’n getuie van die beloning wat Gods genade bepaal vir almal

wat sy kanale tot die wêreld word.

Saai in Geloof

Van die byna ontelbare lesse wat deur die verskillende prosesse van wasdom

geleer word, word sommige van die kosbaarste in die Heiland se gelykenis

van die groeiende saad uitgedruk. Dit hou lesse in vir oud en jonk

“So is die koninkryk van God, soos wanneer ’n mens die saad in die grond

gooi; en hy gaan slaap en staan op, nag en dag en die saad spruit uit en word

groot - hoe, weet hy self nie. Want vanself bring die aarde vrug voort, eers ’n

halm, dan ’n aar, dan die volle koring in die aar.” Markus 4:26-28.

Die saad het in homself ’n ontkiemingsbeginsel, ’n beginsel wat God self

ingeplant het; tog sou die saad, as dit aan homself oorgelaat word, geen mag

hê om uit te spruit nie. Die mens het sy rol om te speel om die groei van die

graan te bevorder: maar by ’n sekere Dunt verby kan hy niks verrig nie. Hy

moet op die Een vertrou wat die saai- en maaiwerk met wonderlike skakels

van Sy eie almag verbind het.

Daar is lewe in die saad, daar is krag in die grond; maar tensy ’n oneindige

vermoë dagen nag beoefen word, sal die saad geen opbrengs lewer nie.

Die reën buie moet die dorstige lande verkwik; die son moet hitte verleen;

elektrisiteit moet na die begrawe saad gelei word. Die lewe wat die Skepper

toebedeel het, kan Hy alleen te voorskyn roep. Elke saad groei, elke plant

ontwikkel, deur die mag van God.

“Die saad is die woord van God.” “Soos die aarde sy plante voortbring en

soos ’n tuin sy gewasse laat uitspruit,

- 105 -

so sal die Here Here geregtigheid en lof laat uitspruit.” Lukas 8:11; Jesaja

61:11. Soos met die natuurlike, so is dit met die geestelike aansaaiing; die

enigste mag wat lewe kan voortbring, is uit God.

Die werk van die saaier is ’n geloofsdaad. Die verborgenheid van die saad

se ontkieming en groei kan hy nie begryp nie; maar hy het vertroue in die

werksaamhede waardeur God die plantegroei laat floreer. Hy gooi die saad

weg met die verwagting om dit menigvuldig in ’n oorvloedige oes bymekaar

te maak. So moet ouers en onderwysers arbei en ’n oes verwag uit die saad

wat hulle gesaai het.

’n Tyd lank kan die saad onopgemerk in die hart lê en geen bewys lewer

dat dit wortelgeskiet het nie; maar later, soos die Gees van God Sy asem op

die siel laat kom, spruit die verborge saad uit en uiteindelik lewer dit vrugte

op. In ons lewenstaak weet ons nooit watter een sal geluk, hierdie of daardie

nie. Dié vraag is nie aan ons oorgelaat om te beantwoord nie. “Saai jou saad

in die môre en laat teen die aand jou hand nie rus nie.” Prediker 11:6. Gods

groot verbond verklaar: “Van nou af sal al die dae van die aarde, saaityd en

oestyd ... nie ophou nie.” Genesis 8:22. Met vertroue op hierdie belofte, bewerk

die landbouer die grond en saai. Nie met minder vertroue moet ons,

in die geestelike saaiwerk, arbei nie en op Sy versekering staatmaak: “So sal

my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer

nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit

stuur.” “Hy loop aldeur en ween en dra die saadkoring; hy sal sekerlik kom

met gejubel en sy gerwe dra.” Jesaja 55:11; Psalm 126:6.

Die ontkieming van die saad stel die begin van die geestelike lewe voor

en die ontwikkeling van die plant is ’n sinnebeeld van karakterontwikkeling.

Daar kan geen

- 106 -

lewe sonder groei wees nie. Die plant moet of groei of doodgaan. Net soos sy

wasdom stil en onwaarneembaar maar aanhoudend is, so is dit met karaktergroei.

In elke stadium van ons ontwikkeling kan ons lewe volmaak wees; en

tog, as Gods doel vir ons verwesenlik word sal daar voortdurende vordering

wees.

Die plant groei deur te ontvang wat God voorsien het om sy lewe te onderhou.

So word geestelike groei deur samewerking met Goddelike bemiddelinge

teweeggebring. Soos die plant in die grond wortelskiet, so moet ons

84 E.G.White - Opvoeding

Lewenslesse

85

in Christus gewortel wees. Soos die plant die sonskyn, die dou en die reën

opneem, so moet ons die Heilige Gees ontvang. As ons harte op Christus

gevestig bly, sal Hy tot ons kom “soos die reën, soos die laat reëns wat die

aarde besproei.” As die Son van Geregtigheid sal Hy oor ons opgaan, “en daar

sal genesing onder sy vleuels wees.” Ons sal “bloei soos ’n lelie.” Ons “sal weer

koring laat groei; en ... bloei soos die wingerdstok.” Hosea 6:3; Maleagi 4:2;

Hosea 14:6, 8.

Die koring ontwikkel, “eers ’n halm, dan ’n aar, dan die volle koring in die

aar.” Markus 4:28. Die doel van die landbouer met die saai van die saad en

kweek van die plant, is om graan voort te bring - brood vir die hongerige en

saad vir toekomstige oeste. So sien die Goddelike Landbouer uit na ’n oes. Hy

strewe om Homself in die harte en lewens van Sy volgelinge voort te plant,

sodat Hy deur hulle in ander harte en lewens voortgeplant kan word.

Die geleidelike ontwikkeling van die plant uit die saad is ’n aanskouingsles

in kinderopvoeding. Daar is “eers ’n halm, dan ’n aar, dan die volle koring in

die aar.” Markus 4:28. Hy wat hierdie gelykenis geleer het, het die piepklein

saadjie geskep, die lewenseienskappe daaraan gegee en die wette verorden

wat sy groei beheer.

- 107 -

En die waarhede wat deur die gelykenis geleer word. het in Sy eie lewe tot

werklikheid gekom. Hy, die Majesteit van die hemel, die Koning van heerlikheid.

het in Betlehem ’n baba geword en ’n tyd lank die hulpelose kindjie

onder sy moeder se sorg voorgestel. In Sy kinderdae het Hy soos ’n kind gepraat

en gehandel en Sy ouers geëer deur op nuttige maniere aan hul wense

te voldoen. Maar vanaf die eerste daeraad van verstandsontluiking het Hy

voortdurend in genade en in ’n kennis van die waarheid toegeneem.

Ouers en onderwysers moet hulle daarop toelê om die neigings van die

jeug so te ontwikkel dat hulle in elke stadium van hul lewens die skoonheid

sal openbaar wat vir daardie tydperk paslik is, deur natuurlik te ontvou soos

die plante in die tuin.

Die kleintjies moet in kinderlike eenvoud opgevoed word. Hulle moet geleer

word om tevrede te wees met die klein, behulpsame pliggies en die genietinge

en ondervindings wat vir hulle jare natuurlik is. Die kinderjare word

in die gelykenis deur die halm voorgestel en die halm het ’n skoonheid wat

kenmerkend eie aan hom is. Kinders moet nie in ’n vroegrype volwassenheid

ingedwing word nie, maar behoort so lank moontlik die varsheid en bekoorlikheid

van hul vroeë jare te behou. Hoe kalmer en eenvoudiger die lewe van

die kind - hoe vryer van kunsmatige opwinding en hoe meer in harmonie

met die natuur - hoe gunstiger is dit vir liggaamlike en verstandelike sterkte

en vir geestelike krag.

Deur die Heiland se wonderwerk om die vyfduisend te voed, word die

werking van Gods mag in die opbrengs van die oes geïllustreer. Jesus trek

die sluier van die natuurlike wêreld opsy en openbaar die skeppende energie

wat gedurig vir ons welsyn beoefen word. Met die vermeerdering van die

saad wat in die grond gewerp word, verrig Hy

- 108 -

wat die brode vermeerder het, elke dag ’n wonderwerk. Dit is deur ’n wonderwerk

dat Hy onophoudelik uit die oeslande van die aarde miljoene voed.

Op die mense word daar ’nberoep gedoen om in die versorging van die

graan en die voorbereiding van die brood met Hom saam te werk en hieroor

verloor hulle die Goddelike bemiddeling uit die oog. Die werking van Sy krag

word aan natuurlike oorsake of aan die tussenkoms van die mens toegeskryf

en te dikwels word Sy gawes vir selfsugtige doeleindes misbruik en in ’n

vloek in plaas van ’n seën omgeskep. God trag om al dié dinge te verander.

Hy wil graag hê dat ons afgestompte sintuie lewendig gemaak sal word, om

Sy genadige goedgunstigheid te sien, sodat Sy gawes vir ons die seën sal

inhou wat Hy beoog het.

Dit is die woord van God, die meedeling van Sy lewe, wat aan die saad

lewe skenk; en aan daardie lewe word ons, wanneer ons die graan eet, deelgenote.

Dit is wat God verlang ons moet opmerk; Hy verlang dat ons selfs

in die ontvangs van ons daaglikse brood Sy bemiddeling moet erken en in

nouer gemeenskap met Hom gebring moet word.

Volgens die wette van God in die natuur, kom gevolg na oorsaak met onafwisselende

sekerheid. Die oes getuig van die saaiwerk. Hier word geen skyn

geduld nie. Mense kan miskien hul medemens bedrieg en lof en beloning

ontvang vir diens wat hulle nie gelewer het nie. Maar in die natuur kan daar

geen bedrog wees nie. Oor die ontroue landbouer spreek die oes ’n vonnis

van veroordeling uit. En in die hoogste sin is dit ook in die geestelike

koninkryk waar. Dit is in die skyn, nie in die werklikheid nie, dat die kwaad

welslae behaal. Die kind wat stokkiesdraai, die jongmens wat in sy studie

traag is, die klerk of vakleerling wat nalaat om die belange van sy werkgewer

te behartig, die man wat in enige saak of professie aan sy hoogste

- 109 -

verantwoordelikhede ontrou is, kan homself miskien wysmaak dat so lank as

wat die onreg bedek bly, hy daarby baat Maar dit is nie die geval nie; hy kul

homself. Die oes van die lewe is karakter en dit is wat in hierdie lewe sowel as

86 E.G.White - Opvoeding

Lewenslesse

87

in die toekomstige die lotsbestemming bepaal.

Die oes is ’n voortbrengsel van die saad wat gesaai is. Elke saad lewer vrugte

op volgens sy soort. So is dit ook met die karaktertrekke wat ons koester.

Selfsug, eieliefde, selfingenomenheid, selfverwenning, plant hulself voort

en die einde daarvan is ellende en ondergang. “Hy wat in sy vlees saai, sal

uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die

ewige lewe maai.” Galasiërs 6:8. Liefde, meegevoel en vriendelikheid bring

geseënde vrugte voort, ’n oes wat onverganklik is.

In die oes word die saad vermenigvuldig. ’n Enkele koringkorrel, deur herhaalde

saaisels vermeerder, sou ’n hele land met goue gerwe oordek. So

wydverspreid kan die invloed van ’n enkele lewe, of selfs ’n enkele handeling

wees.

Tot watter liefdesdade het die herinnering aan daardie albaste fles wat vir

Christus se salwing gebreek is, nie deut die lange eeue aanleiding.gegee nie!

Watter ontelbare gawes het daardie bydrae van “twee geldstukkies ... dit is ’n

oortjie” (Markus 12:42), deur’n onbekende weduwee, nie vir die Heiland se

saak ingebring nie!

Lewe Deur die Dood

Die les van saadsaai leer vrygewigheid. “Wie spaarsaamlik saai, sal ook

spaarsaamlik maai; en wie volop saai, sal ook volop maai,” 2 Korinthiërs 9:6.

Die Here sê: “Welgeluksalig is julle wat by alle waters saai.” jesaja 32:20. Om

by alle waters te saai, beteken om te gee waar ons hulp ook al nodig is. Dit sal

nie armoede bevorder nie. “Hy wat volop saai, sal ook volop maai.”

- 110 -

Deur die saad weg te gooi, vermenigvuldig die saaier dit. So vermeerder ons

ons seëninge deur te gee. Gods belofte verseker ’n voldoende hoeveelheid,

sodat ons kan voortgaan om te gee.

En wat nog meer is: namate ons met die seëninge van hierdie lewe mededeelsaam

is, sal dankbaarheid in die ontvanger die hart berei om geestelike

waarheid te ontvang en ’n oes tot die ewige lewe word voortgebring.

Deur die werk van die saad in die grond, stel die Heiland Sy offerande vir

ons voor: “As die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie,” sê Hy, “bly dit

alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.” Johannes 12:24. Net deur die offerande

van Christus, die Saad, kon vrugte vir die koninkryk van God voortgebring

word. Ooreenkomstig die wet van die planteryk, is lewe die gevolg

van Sy dood.

So is dit gesteld met almal wat as werkers saam met Christus vrugte dra:

eieliefde, eiebelang moet sterf; die lewe moet in die voor van die wêreld se

behoefte gewerp word. Maar die wet van selfopoffering is die wet van selfbehoud.

Die landbouer bewaar sy graan deur dit weg te gooi. So is die lewe

wat behoue sal bly, die lewe wat vrylik deur diens aan God en die mens gegee

word.

Die saad sterf, om in nuwe lewe uit te spruit. Hierin word ons die les van

die opstanding geleer. Van die menslike liggaam wat in die graf neergelê

word om te vergaan, het God gesê: “Daar word gesaai in verganklikheid, daar

word opgewek in onverganklikheid; daar word gesaai in oneer, daar word

opgewek in heerlikheid; daar word gesaai in swakheid, daar word opgewek

in krag.” 1 Korinthiërs 15:42,43.

wanneer ons die eenvoud en sagtheid en tere liefde van die Heiland aanleer,

salons dit nie moeilik vind om die harte van die kleintjies aan te raak en

hulle die liefde se diens van genesing te leer nie.

Volmaaktheid bestaan in die geringste sowel as in die grootste van die

werke van God. Die hand wat die wêrelde in die ruimte gehang het, is die

hand wat die veldblomme fatsoeneer. Ondersoek onder die mikroskoop die

kleinste en mees alledaagse bloeisel langs die pad en let op hoe wonderskoon

en volkome dit in al sy deeltjies is. So kan ware voortreflikheid in die

nederigste lewenslot gevind word; die mees alledaagse take, met liefdevolle

getrouheid volbring, is lieflik in Gods oë. Pligsgetroue aandag aan die klein

dingetjies salons Sy medewerkers maak en sal vir ons die lofspraak verkry

van Hom wat alles sien en weet.

- 111 -

Wanneer ouers en onderwysers probeer om hierdie lesse te leer, moet die

werk prakties gemaak word. Laat die kinders self die grond berei en die saad

saai. Soos hulle werk, kan die ouer of onderwyser die tuin van die hart verduidelik,

met die goeie of slegte saad wat daar gesaai word en dat soos die

tuin vir die natuurlike saad berei moet word, ook die hart vir die saad van die

waarheid berei moet word. Wanneer die saad in die grond gesaai word, kan

hulle die les van Christus se dood leer; en as die halm opspruit, die waarheid

aangaande die opstanding. Namate die plant groei, kan die ooreenkoms tussen

die natuurlike en die geestelike saaiery voortgeset word.

Die jeug moet op ’n soortgelyke wyse onderrig word. Uit die bewerking

van die grond kan lesse voortdurend geleer word. Niemand besluit oor ’n

stuk braakland met die verwagting dat dit onmiddellik ’n oes gaan oplewer

nie. Ywerige, volhardende arbeid moet met die voorbereiding van die grond,

die saadsaai en die verbouing van die oes aan die dag gelê word. So moet

dit ook met die geestelike saaiing wees. Die tuin van die hart moet bewerk

88 E.G.White - Opvoeding

NATUURONDERWYS

89

word. Die grond moet deur bekering opgebreek word. Die bose onkruid wat

die goeie graan verstik, moet ontwortel word. Soos grond wat eenmaal deur

dorings oortrek is, net deur vlytige arbeid herwin kan word, so kan die bose

neigings van die hart net deur ernstige inspanning in die Naam en krag van

Christus te bowe gekom word.

Met die bewerking van die grond sal die nadenkende arbeider vind dat

skatte waarvan hy min gedroom het, hulle voor hom ontbloot. Niemand kan

met landbou of tuinbou slaag sonder om op die betrokke wette ag te slaan

nie. Die spesiale behoeftes van elke soort plant moet bestudeer word. Verskillende

variëteite het verskillende grond en bewerking nodig en gehoorsaamheid

aan die

- 112 -

wette wat elkeen beheer, is die voorwaarde vir sukses. Die oplettendheid wat

met die oorplanting vereis word, sodat selfs nie ’n wortelhaar gedruk of misplaas

word nie, die versorging van die jong plantjies, die snoei en natmaak,

beskerming teen nagtelike ryp en die son bedags, die uithou van onkruid,

siekte en insekteplae, die oplei en rangskikking, leer nie net belangrike lesse

oor karakterontwikkeling nie, maar die werk self is ’n middel tot ontwikkeling.

Deur sorgvuldigheid, geduld, aandag aan besonderhede, wetsgehoorsaamheid

aan te kweek, verleen dit ’n uiters noodsaaklike opleiding. Die

voortdurende aanraking met die geheimenis van die lewe en die prag van

die natuur, asook die teerheid wat uitgelok word deur vir hierdie mooi voorwerpe

van Gods skepping te. sorg, neig daartoe om die verstand wakker te

maak en die karakter te verfyn en te verhef; en die lesse wat geleer word,

berei die werker voor om suksesvoller met ander verstande te werk.

Ander Aanskouingslesse

“WIE WYS IS, LAAT HY OP HIERDIE

DINGE AG GEE en LAAT HULLE LET

OP DIE GOEDERTIERENHEDE VAN

DIE HERE.”

- 113 -

GODS genesende krag vloei dwarsdeur die ganse natuur. As ’n boom ’n kaphou

kry, as ’n mens gewond word of ‘n been breek, begin die natuur dadelik

om die besering te herstel. Selfs voordat die behoefte bestaan; is die werksaamhede

gereed; en sodra ’n deel ’n wond opdoen, word alle kragte vir die

herstelwerk ingespan. So is dit ook in die geestelike wêreld. Voordat sonde

die behoefte geskep het, het God die geneesmiddel voorsien. Elke siel wat

aan versoeking toegee, word deur die teenstander gewond en seergemaak;

maar waar die sonde ook al is, daar is die Heiland. Dit is Christus se taak “om

die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te

verkondig ... om die wat gebroke is, in vryheid weg te - stuur.” Lukas 4:18, 19.

In hierdie werk moet ons saamwerk. As iemand ewenwel deur een of ander

misdaad oorval word, moet julle ... so een reghelp.” Galasiërs 6:1. Die woord

wat hier met “reghelp” vertaal is, beteken om weer in lit te plaas, soos ’n ontwrigte

been. Hoeveel suggereer die beeld nie! Hy wat ’n fout begaan of in

sonde beland, word met alles om hom heen uit lit gestel. Hy besef miskien sy

fout en is dalk vol berou; maar hy kan homself nie herwin nie. Hy is verward

en verbysterd, is verslaan en hulpeloos. Hy moet herwin, genees, hervestig

word. “Julle wat geestelik is,

- 114 -

[moet] so een reghelp.” Net die liefde wat uit die hart van Christus vloei, kan

genees. Net hy in wie daardie liefde vloei, soos die sap in die boom of die

bloed in die liggaam, kan die verwonde siel herstel.

Die liefde se werking het wonderbare krag, want dit is Goddelik. Die “sagte

antwoord” wat die “grimmigheid” afkeer, die liefde wat “lankmoedig en

vriendelik” is, die liefde wat” ’n menigte sondes bedek” (Spreuke 15:1; 1 Korinthiërs

13:4; 1 Petrus 4:8) - met watter krag vir genesing sou ons lewens nie

toebedeel wees as ons die les sou leer nie! Hoe sou die lewe nie herskep en

die aarde die ewebeeld en ’n voorsmaak van die hemel word nie!

Hierdie kosbare lesse kan so eenvoudig geleer word dat dit, selfs deur klein

kindertjies, verstaan kan word. Die hart van die kind is teer en baie ontvanklik

en wanneer ons, die oueres, “soos die kindertjies” word (Matthéüs 18:3),

90 E.G.White - Opvoeding

Ander Aanskouingslesse

91

wanneer ons die eenvoud en sagtheid en tere liefde van die Heiland aanleer,

sal ons dit nie moeilik vind om die harte van die kleintjies aan te raak en hulle

die liefde se diens van genesing te leer nie.

Volmaaktheid bestaan in die geringste sowel as in die grootste van die

werke van God. Die hand wat die wêrelde in die ruimte gehang het, is die

hand wat die veldblomme fatsoeneer. Ondersoek onder die mikroskoop die

kleinste en mees alledaagse bloeisel langs die pad en let op hoe wonderskoon

en volkome dit in al sy deeltjies is. So kan ware voortreflikheid in die

nederigste lewenslot gevind word; die mees alledaagse take, met liefdevolle

getrouheid volbring, is lieflik in Gods oë. Pligsgetroue aandag aan die klein

dingetjies sal ons Sy medewerkers maak en sal vir ons die lofspraak verkry

van Hom wat alles sien en weet.

- 115 -

Die reënboog wat met sy brug van lig deur die hemel welf, is ’n teken van

“die ewige verbond tussen God en al die lewende wesens.” Genesis 9:16. En

die reënboog wat die troon in die hemel omhul, is ook ’n teken aan Gods

kinders van Sy vredeverbond.

Soos die boog in die wolk uit die samesmelting van sonskyn en stortbui

ontstaan, so verteenwoordig die boog oor Gods troon die samesmelting van

Sy genade en Sy geregtigheid. Aan die sondige, maar boetvaardige siel sê

God: Lewe; “Ek het ’n losprys gevind.” Job 33:24.

“Soos Ek gesweer het dat die waters van Noag nie meer oor die aarde sou

gaan nie, so het Ek gesweer dat Ek nie op jou toornig sal wees of jou sal dreig

nie. Want berge mag wyk en heuwels wankel, maar my goedertierenheid sal

van jou nie wyk en my vredeverbond nie wankel nie, sê die Here, jou Ontfermer.”

Jesaja 54:9, 10.

Die Boodskap van die Sterre

Ook die sterre het ’n boodskap van bemoediging vir elke mens. In daardie

ure wat maar almal se lot is, wanneer die hart flou en versoeking hewig

word; wanneer struikelblokke onoorkoomlik lyk, die oogmerke van die lewe

onbereikbaar, sy skone beloftes soos die appels van Sodom; waar kan sulke

moed en standvastigheid dan gevind word soos in daardie les wat God ons

beveel het om te leer van die sterre op hul onverstoorde baan?

“Slaan julle oë op in die hoogte en kyk! Wie het hierdie dinge geskape? Hy

laat hulle leërskare uittrek volgens getal, Hy roep hulle almal by die naam,

vanweë die grootheid van kragte en omdat Hy sterk van vermoë is; daar

word nie een gemis nie. Waarom sê jy dan, o Jakob en spreek jy, o Israel: My

weg is vir die Here verborge en

- 116 -

my reg gaan by my God verby? Weet jy dit nie? Of het jy dit uitgehoor nie?

’n Ewige God is die Here, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie

moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie. Hy gee die

vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.”

“Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is

jou God; Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende

regterhand.” “Want Ek, die Here jou God, gryp jou regterhand aan, Ek

wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou.” Jesaja 40:26-29; 41:10, 13.

Die palmboom, wat deur die skroeiende son en die felle sandstorm gestriem

word, staan groen en welig en vrugbelaai midde-in die woestyn. Sy wortels

word deur lewende fonteine gevoed. Sy lowerkroon is van ver af sigbaar

oor die uitgedroogde, verlate vlakte; en die reisiger, op die punt om te

beswyk, spoor sy wankele skrede aan na die koel skadu en die lewegewende

water.

Die boom in die woestyn is ’n simbool van wat God wil hê die lewe van Sy

kinders in hierdie wêreld moet wees. Hulle moet vermoeide siele, vol onrus

en op die punt om in die woestyn van sonde te vergaan, na die lewende

water lei. Hulle moet hul medemens wys op Hom wat die uitnodiging rig: “As

iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!. Johannes 7:37.

Die wye, diep rivier wat ’n waterweg vir die verkeer en reise van die volke

bied, word as ’n wêreldwye voordeel op prys gestel; maar wat van die klein

spruitjies wat hierdie edele stroom help vorm? As dit nie vir hulle was nie,

sou die rivier verdwyn. Van hulle is sy bestaan afhanklik. So word mense wat

geroep word om in die een of ander groot werk leiding te gee, vereer asof

sukses net aan hulle te

- 117 -

danke is; maar daardie sukses het die getroue samewerking van byna tallose

nederige werkers vereis - werkers van wie die wêreld niks weet nie. Take

sonder lofspraak, arbeid sonder erkenning, is die lot van die meeste van die

wêreld se arbeiders. En met so ’n lot is baie uiters ontevrede. Hulle voel dat

die lewe ’n verkwisting is. Maar die klein waterlopie wat geruisloos sy weg

deur bos en weiveld vind en welstand, vrugbaarheid en skoonheid meebring,

is op sy eie manier net so nuttig soos die breë rivier. En deur tot die

rivier se lewe by te dra, help dit om iets te verwesenlik wat dit alleen nooit

sou kon regkry nie.

Dié les word deur baie benodig. Talent word te veel verafgod en stand te

veel begeer. Daar is te veel wat niks sal doen tensy hulle as leiers erken word

92 E.G.White - Opvoeding

Ander Aanskouingslesse

93

nie; te veel wat lof moet ontvang, of hulle stel nie daarin belang om te werk

nie. Wat ons nodig het om te leer, is getrouheid om die uiterste gebruik te

maak van die vermoëns en geleenthede wat ons het en tevredenheid met

die lot wat die Hemel aan ons toegesê het.

’n Les van Vertrone

“Maar vra tog vir die diere, dat hulle jou leer; en die voëls van die hemel,

dat hulle jou te kenne gee ... en laat die visse van die see jou vertel.” “Gaan

na die mier, luiaard, kyk na sy weë.” “Kyk na die voëls.” “ Kyk na die kraaie.” Job

12:7, 8; Spreuke 6:6; Matthéüs 6:26; Lukas 12:24.

Ons moet nie aan die kind net van hierdie geskape wesens van God vertel

nie. Die diere self moet sy onderwysers wees. Die miere leer lesse van

geduldige vlyt, van deursettingsvermoë om struikelblokke te oorkom, van

voorsorg vir die toekoms. En die voëls is leermeesters van die soete les van

vertroue. Ons hemelse Vader sorg vir hulle;

- 118 -

maar hulle moet die kos insamel, hulle moet hul neste bou en hul kleintjies

grootmaak. Elke oomblik is hulle blootgestel aan vyande wat probeer om

hulle te vernietig. En tog hoe blymoedig doen hulle hul werk! hoe vreugdevol

is hulle liedjies nie!

Hoe pragtig is die psalmdigter se beskrywing van Gods sorg vir die voëls

en diere van die woud -

“Die hoë berge is vir die steenbokke,

die rotse is ’n skuilplek vir die dasse,” Psalm 104: 18,

Hy stuur die fonteine om tussen die rantjes deur te loop, waar die voëls hul

woonplek het en “tussen die takke uit” hul stem laat hoor. Psalm 104:12. Al

die diere van die bosse en heuwels is ’n deel van Sy groot gesin. Hy maak Sy

“hand oop en versadig alles wat lewe met welbehae,” Psalm 145:16.

Die arend van die Alpe word somtyds deur die storm wind in die smal bergengtes

ingedryf. Stormwolke sluit hierdie magtige bosvoël in en hul donker

massa skei haar van die songedrenkte hoogtes waar sy haar tuiste gemaak

het Haar pogings om te ontsnap, lyk vrugteloos. Sy skiet heen en weer, klap

in die lug met haar kragtige vlerke en wek die weerklank van die berge met

haar geroep. Uiteindelik, met ’n triomfkreet, skiet sy opwaarts, dring deur

die wolke en daar is sy weer in die helder sonlig met die duisternis en storm

ver benede. So is ons miskien deur moeilikhede, ontmoediging en duisternis

omring. Valsheid, rampspoed, onreg sluit ons in. Daar is wolke wat ons nie

kan verdryf nie. Ons stry tevergeefs teen omstandighede. Daar is een en net

een, uitvlug. Die miswolke en newels kleef aandie aarde; bokant die wolke

skyn Gods lig. Tot in die sonlig

- 119 -

van Sy teenwoordigheid kan ons styg, op die wieke van geloof.

Menigvuldig is die lesse wat so geleer kan word. Selfstandigheid, van die

boom wat alleen op die vlakte of die berghang groei en sy wortels diep in

die aarde laat indring en met sy stoere krag die storm trotseer. Die mag van

vroeë invloed, van die knoetserige, vormlose stam, wat as jong boompie gebuig

is en waaraan geen aardse mag later sy verlore simmetrie kan herstel

nie. Die geheim van ’n heilige lewe, van die waterlelie, wat op die boesem

van die een of ander slymerige poel, deur onkruid en vullis omring, sy buisvormige

stam laat afskiet na die suiwer sand benede en, deur daaruit sy lewe

te put, sy geurige bloeisels in vlekkelose skoonheid na die lig verhef.

Terwyl die kinders en jongmense ’n feitekennis van onderwysers en uit

handboeke verkry, laat hulle so leer om self lesse af te lei en waarheid te

bespeur. Ondervra hulle, tydens hul tuinbou, oor wat hulle uit die versorging

van hul plante leer. Terwyl hulle ’n lieflike landskap aanskou, vra hulle waarom

God die veld en woude met sulke pragtige en afwisselende tinte geklee

het. Waarom is dit nie alles ’n somber bruin gekleur nie? Wanneer hulle die

blomme pluk, lei hul om te dink waarom Hy vir ons hierdie swerwelinge uit

Eden gespaar het. Leer hulle om die bewyse, orals duidelik in die natuur, op

te merk van Gods bedagsaamheid jeens ons, die wonderlike aanpassing van

alle dinge by ons behoefte en geluk.

Dit is net hy wat in die natuur sy Vader se handewerk erken, wat in die

rykdom en skoonheid van die aarde die Vader se handskrif lees - net hy leer

uit die natuurdinge

- 120 -

hul diepste lesse en ontvang hul hoogste diens. Net hy wat dit as ’n uitdrukking

van Gods gedagte aanskou, ’n openbaring van die Skepper, kan ten

volle die betekenis van berg en dal, rivier en see, begryp.

Baie illustrasies uit die natuur word deur die Bybelskrywers gebruik en namate

ons die verskynsels van die natuurlike wêreld opmerk, sal ons, onder

die leiding van die Heilige Gees, daartoe in staat wees om meer volkome die

lesse van Gods Woord te begryp. Dit is op dié wyse dat die natuur ’n sleutel

word tot die skathuis van die Woord.

Kinders moet aangemoedig word om in die natuur die dinge na te speur

wat Bybelleerstellings illustreer en om in die Bybel die vergelykings na te

gaan wat uit die natuur geput is. Hulle moet, in die natuur sowel as in die

94 E.G.White - Opvoeding

Hoofstuk 5

95

Heilige Skrif, elke ding opspoor wat Christus voorstel en ook die wat Hy

aangewend het om waarheid toe te lig. Sodoende kan hulle leer om Hom

in boom en druiwestok, in lelie en roos, in son en ster, te sien. Hulle kan leer

om Sy stem indie voëlsang, in boomgeruis, in die bulderende donder en seemusiek

te hoor. En elke voorwerp in die natuur sal aan hulle Sy kosbare lesse

oorvertel.

Vir diegene wat Christus so leer ken, sal die aarde nooit meer ’n eensame

en verlate plek wees nie. Dit sal hul Vader se huis wees, gevul met die teenwoordigheid

van Hom wat eenmaal onder die mense gewoon het.

DIE BYBEL AS OPVOEDER

“Mag dit jou lei as jy

wandel,oot’ jou wag hou as

jy slaap en jou toespreek as jy

wakker word.”

96 E.G.White - Opvoeding

DIE BYBEL AS OPVOEDER

97

Verstandelike en Geestelike Kultuur

“EN DEUR KENNIS WORD DIE KAM-

ERS GEVUL MET ALLERHANDE KOS-

BARE EN LIEFLIKE GOED.”

- 123 -

VIR die verstand en die siel, sowel as vir die liggaam, is dit Gods wet dat krag

deur inspanning verkry word. Dit is oefening wat ontwikkel. In ooreenstemming

met hierdie wet het God in Sy Woord die middele vir verstandelike en

geestelike ontwikkeling voorsien.

Die Bybel bevat al die beginsels wat mense hoef te verstaan om vir of hierdie

lewe of die komende lewe toegerus te word. En hierdie beginsels kan

deur almal verstaan word. Geeneen met ’n gesindheid om die Bybel se leer

te waardeer, kan ’n enkele skrifgedeelte lees sonder om die een of ander

kosbare gedagte daaruit te put nie. Maar die kosbaarste lesse van die Bybel

word nie deur ’n toevallige of onsamehangende studie verkry nie. Die groot

waarheidstelsel daarvan word nie so uiteengesit dat dit deur die haastige of

onverskillige leser uitgemaak kan word nie. Baie van sy skatte lê diep onder

die oppervlakte en kan net deur ywerige navorsing en volgehoue inspanning

verkry word. Die waarhede wat tesame die groot geheel vorm, moet

opgespoor en bymekaargemaak word, “hier ’n bietjie, daar ’n bietjie.” Jesaja

28:10.

Wanneer dit so nagespeur en saamgevoeg word, sal daar bevind word dat

dit volmaak inmekaar pas. Elke Evangelie is ’n aanvulling van die ander, elke

profesie ’n verduideliking van ’n ander een, elke waarheid ’n ontwik-

- 124 -

keling van ’n ander waarheid. Die sinnebeelde van die Joodse stelsel word

deur die evangelie duidelik gemaak. Elke beginsel in die Woord van God het

sy plek, elke feit sy strekking. En die volledige struktuur getuig, deur sy ontwerp

en uitvoering, van sy Outeur. So ’n struktuur kon geen verstand behalwe

die van die Oneindige bedink of gevorm het nie.

Deur die verskillende dele na te speur en hul verband te bestudeer,

word die hoogste gawes van die menslike verstand tot intense aktiwiteit

aangespoor. Geeneen kan so ’n studie onderneem sonder om verstandelike

krag te ontwikkel nie.

En die verstandelike waarde van Bybelstudie bestaan nie net daarin om

waarheid na te speur en saam te stel nie. Dit bestaan ook in die inspanning

wat vereis word om die voorgestelde onderwerpe te snap. Die verstand wat

98 E.G.White - Opvoeding

Verstandelike en Geestelike Kultuur

99

net met alledaagse sake besig is, word verdwerg en verswak. As dit nooit

ingespan word om groot en verreikende waarhede te begryp nie, raak dit

na verloop van tyd sy groeikrag kwyt. As beskerming teen dié ontaarding

en ’n prikker tot ontwikkeling, kan niks die studie van Gods Woord ewenaar

nie. As middel tot intellektuele opleiding, is die Bybel doeltreffender as enige

ander boek, of alle ander boeke saam. Die grootsheid van sy temas, die waardige

eenvoud van sy uitsprake, die prag van sy beeldspraak verlewendig en

verhef die gedagtes soos niks anders dit kan doen nie. Geen ander studie

kan so ’n verstandelike krag toebedeel as die inspanning om die ontsaglike

waarhede van die openbaring aan te gryp nie. Die verstand wat sodoende

met die gedagtes van die Ewige in aanraking gebring word, kan nie anders

as om te gedy en sterk te word nie.

En selfs groter is die mag van die Bybel, in die, ontwikkeling van die geestelike

natuur. Die mens, vir gemeenskap met God geskape, kan net in sodanige

gemeenskap sy ware

- 125 -

lewe en ontwikkeling aantref. Omdat hy geskape isom in God sy mees verhewe

vreugde te vind, kan hy in niks anders dit vind wat die verlangens van

die hart kan stil, wat die honger en dors van die siel kan bevredig nie. Hy

wat met ’n opregte en geseglike gees Gods Woord bestudeer en trag om

die waarhede daarvan te begryp, sal met die Outeur in aanraking gebring

word; en daar is, behalwe deur sy eie keuse, geen perke aan sy ontwikkelingsmoontlikhede

nie.

Binne sy breë bestek van styl en onderwerpe, het die Bybel iets om elke

verstand te interesseer en tot elke hart te spreek. Op sy bladsye word die

heel oudste geskiedenis aangetref; die lewensgetrouste biografie; regeringsbeginsels

vir die beheer van die staat; vir die regulering van die huisgesin

- beginsels wat die menslike wysheid nog nooit geëwenaar het nie.

Dit bevat die diepsinnigste wysbegeerte, die soetste en verhewenste, die

vurigste en hartroerendste poësie. Onvergelyklik meerderwaardig teenoor

die voortbrengsels van enige menslike outeur is die Bybelse geskrifte, selfs

uit hierdie oogpunt gesien; maar van ’n oneindig omvattender draagwydte,

van oneindig meer waarde is hulle wanneer hul in verhouding tot die grootse

sentrale gedagte gesien word. In die lig van dié gedagte beskou, het elke

onderwerp ’n nuwe betekenis. Betrokke by die waarhede wat op die eenvoudigste

wyse gestel word, is beginsels wat so hoog soos die hemel is en

die ewigheid omvat.

Die sentrale tema van die Bybel, die tema waarom elke ander een in die

hele boek saam tros, is die verlossingsplan, die herstel in die menslike siel

van die beeld van God. Vanaf die eerste aanduiding van hoop in die vonnis

wat te Eden uitgespreek is, tot daardie laaste heerlike belofte van Openbaring:

“En hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees”

(Openbaring 22:4), is die strekking van elke boek en elke skrifgedeelte die

ontplooiing van hierdie wonderbare tema - die mens se opheffing -

- 126 -

die mag van God, “wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.”

1 Korinthiërs 15:57.

Hy wat hierdie gedagte begryp, het ’n oneindige studieveld voor hom. Hy

het die sleutel wat vir hom die hele skatkamer van Gods Woord sal oopsluit.

Die wetenskap van verlossing is die wetenskap van alle wetenskappe; die

wetenskap wat die studie van die engele en al die wesens van die ongevalle

wêrelde is; die wetenskap wat die aandag van onse Here en Heiland in beslag

neem; die wetenskap wat ingaan op die voorneme wat in die verstand

van die Oneindige bepeins is - ”die verborgenheid wat eeue lank verswyg

is” (Romeine 16:25); die wetenskap wat deur eindelose eeue die studie van

Gods verlostes sal wees. Dit is die mees verhewe studie waarmee die mens

hom moontlik kan besig hou. Soos geen ander studie dit kan doen nie, verlewendig

dit die verstand en verhef die siel.

“Maar die voordeel van kennis is: die wysheid hou die besitter daarvan in

die lewe.” “Die woorde wat Ek tot julle spreek,” het Jesus gesê, “is gees en is

lewe.” “Dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God en

Jesus Christus wat U gestuur het.” Prediker 7:12; Johannes 6:63; 17:3.

Die skeppende energie wat die wêrelde tot stand gebring het, is in die

woord van God. Hierdie woord verleen krag; dit verwek lewe. Elke bevel is

’n belofte; as dit deur die wil aangeneem, in die siel ontvang word, bring dit

die lewe van die Oneindige daarmee saam. Dit transformeer die natuur en

herskep die siel na die beeld van God.

Die lewe wat so toebedeel word, word op dergelike wyse in stand gehou.

“Van elke woord wat deur die mond van God uitgaan” (Matthéüs 4:4) sal die

mens lewe.

Die verstand, die siel, word opgebou deur die dinge waarop dit teer; en dit

berus by ons om te beslis waarmee

- 127 -

dit gevoed sal word. Dit lê in die mag van elkeen om die onderwerpe te kies

wat die denke in beslag sal neem en die karakter sal vorm. Van elke mens wat

met toegang tot die Skrifte bevoorreg is, sê God: “Ek het hom tienduisende

100 E.G.White - Opvoeding

DIE BYBEL AS OPVOEDER

101

leringe van my wet voorgeskrywe.” “Roep My aan en Ek sal jou antwoord en

jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.” Hosea

8:12; Jeremia 33:3.

Met die Woord van God in sy hande, kan elke mens, waar sy lewenslot hom

ook al mag bring, die soort geselskap hê wat hy sal kies. Op sy bladsye kan hy

in die geselskap van die edelste en beste uit die menslike geslag verkeer en

na die stem van die Ewige luister soos Hy met die mense praat. Soos hy die

onderwerpe “waarin die engele begerig is om in te sien” (1 Petrus 1:12), bestudeer

en oorpeins, kan hy hulle geselskap geniet. Hy kan die voetstappe van

die hemelse Leermeester volg en na Sy woorde luister soos toe Hy op berg

en vlakte en by die see geleer het. Hy kan op hierdie aarde in die atmosfeer

van die hemel leef en aan die wêreld se treurendes en beproefdes gedagtes

van hoop en verlangens na heiligheid meedeel; terwyl hy self tot ’n steeds

inniger gemeenskap met die Onsienlike kom; soos hy wat van ouds met God

gewandel en al hoe nader aan die drumpel van die ewige wêreld gekom het,

totdat die poorte oopswaai en hy daar sal binnegaan. Hy sal vind dat hy geen

vreemdeling is nie. Die stemme wat hom sal begroet, is die stemme van die

heiliges, wat, ongesien, op aarde sy metgeselle was - stemme wat hy hier leer

onderskei en bemin het. Hy wat deur die Woord van God met die hemel in

gemeenskap gelewe het, sal vind dat hy in die hemelse geselskap tuis voel.

Die Wetenskap en die Bybel

“WIE WEET NIE DEUR AL HIER-

DIE DINGE DAT DIE HAND VAN

DIE HERE DIT GEMAAK HET

NIE?”

- 128 -

AANGESIEN die boek van die natuur en die openbaringsboek die stempel

van dieselfde meesterbrein dra, kan dit nie anders as om in harmonie met

mekaar te spreek nie. Deur verskillende metodes en in verskillende tale, getuig

dit van dieselfde groot waarhede. Die wetenskap ontdek voortdurend

nuwe wondere; maar uit sy navorsing lewer dit niks op wat, reg verstaan,

met die Goddelike openbaring in stryd is nie. Die boek van die natuur en die

geskrewe Woord werp lig op mekaar. Hulle maak ons met God bekend deur

ons iets te leer van die wette waardeur Hy werk.

Gevolgtrekkinge wat verkeerdelik gemaak word uit feite wat indie natuur

waargeneem is, het nietemin tot ’n sogenaamde konflik tussen die wetenskap

en die openbaring aanleiding gegee; en in die poging om harmonie

te herstel, is Skrifvertolkingsaangeneem wat Gods Woord ondermyn en die

krag daarvan vernietig. Daar is gemeen dat die geologie die letterlike uitleg

van die Mosaïese skeppingsverslag weerspreek. Miljoene jare; so word daar

beweer, was nodig vir die ewolusie van die aarde uit die baaierd; en om die

Bybel by hierdie sogenaamde openbaring van die we” tenskap aan te pas,

word daar veronderstel dat die skeppingsdae ontsaglike lang, onbepaalde

tydperke was, wat duisende of selfs miljoene jare beslaan het.

- 129 -

So ’n gevolgtrekking is heeltemal onvanpas. Die Bybelse rekord is in harmonie

met homself en met die onderwysing van die natuur. Van die eerste

dag wat vir die skeppingswerk aangewend is, staan die verslag opgeteken:

“En dit was aand en dit was môre, die eerste dag.” Genesis 1:5. En dieselfde

word wesentlik van elk van die eerste ses dae in die skeppingsweek gesê.

Elkeen van hierdie periodes, verklaar die Ingewing, was ’n dag wat uit ’n aand

en ’n môre bestaan het, net soos elke ander dag sedert daardie tyd. Insake

die skeppingswerk self, lui die Goddelike getuienis: “Hy het gespreek en dit

was; Hy het gebied en dit staan,” Psalm 33:9. Hoe lank sou die tyd wees wat

vir die ewolusie van die aarde uit die baaierd vereis word, by Hom wat op

dié wyse ontelbare wêrelde tot stand kon roep? Moet ons, om van Sy werke

verslag te gee, Sy Woord geweld aandoen?

102 E.G.White - Opvoeding

Die Wetenskap en die Bybel

103

Dit is waar dat oorblyfsels wat in die aarde gevind is, getuig van die bestaan

van veel groter mense, diere en plante as enige wat tans bekend is. Hierdie

dinge word beskou as ’n bewys vir die bestaan van plant - en dierelewe

voor die tyd van die Mosaïese verslag. Maar van hierdie dinge voorsien die

Bybelse geskiedenis ’n genoegsame verduideliking. Voor die sondvloed was

die ontwikkeling van plante - en dierelewe oneindig voortrefliker as wat sedertdien

bekend is. Tydens die sondvloed is die oppervlakte van die aarde opgebreek,

aansienlike veranderings het plaasgevind en toe die aardkors weer

gevorm het, is baie bewyse bewaar van die lewe wat voorheen bestaan het.

Die ontsaglike woude, wat tydens die sondvloed onder die aarde begrawe

is en sedertdien in steenkool verander het, vorm die omvangryke steenkoolvelde

en lewer die voorrade olie wat vandag bydra tot ons gemak en

gerief. Hierdie dinge is, namate hulle aan die lig gebring word, soveel getuies

wat stom van die waarheid van Gods Woord getuig.

- 130 -

Verwant aan die teorie oor die ewolusie van die aarde is dié wat die ewolusie

van die mens, die kroon van die skepping, aan ’n stygende lyn van kieme,

molluske en viervoetige diere toeskryf.

As die mens se geleenthede vir navorsing in ag geneem word; hoe kortstondig

sy lewe is; hoe begrens sy arbeidsveld; hoe ingeperk sy uitsig; hoe

dikwels en hoe groot die foute in sy afleidings, veral met betrekking tot die

gebeure wat glo die Bybelse geskiedenis sou voorafgegaan het; hoe dikwels

die gewaande gevolgtrekkings van die wetenskap hersien of opsy gegooi

word; hoe geredelik die veronderstelde tydperk van die aarde se ontwikkeling

van tyd tot tyd met miljoene jare verleng of verkort word; en hoe die

teorieë wat deur verskillende wetenskaplikes geopper word, teen mekaar

indruis - sal ons, met die oog op al hierdie dinge, ter wille van die voorreg om

ons herkoms uit kieme, molluske en ape af te lei, toestem om daardie verklaring

van die Heilige Skrif, so groots in sy eenvoud, opsy te skuif: “God het

die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape”?

Genesis 1:27. Sal ons daardie stamregister verwerp - trotser as enige wat in

die howe van konings soos ’n skat bewaar word - “die Seun van Adam, die

seun van God”? Lukas 3:38.

Reg verstaan, is sowel die openbaringe van die wetenskap as die ondervinding

van die lewe in harmonie met die getuienis van die Skrif oor die onophoudelike

werking van God in die natuur.

In die lied wat deur Nehemia opgeteken is, het die Leviete gesing: “U is alleen

die Here, U het die hemel, die hoogste hemel en al sy Ieërskare, gemaak,

die aarde en alles wat daarop is, die seë en alles wat daarin is en U hou dit

alles in die lewe.” Nehemia 9:6.

Wat hierdie aarde betref, verklaar die Skrif dat die skeppingswerk voltooi

is. “Sy werke [is] van die grondlegging van die wêreld af volbring.” Hebreërs

4:3. Maar

- 131 -

die mag van God word nog beoefen om die voorwerpe van Sy skepping in

stand te hou. Dit is nie omdat die meganisme wat eenmaal aan die gang

gesit is, deur sy eie inherente energie voortstu dat die pols klop en asemteug

op asemteug volg nie. Elke asemhaling, elke polsslag van die hart, is ’n bewys

van die sorg van Hom in wie ons lewe en beweeg en is. Vanaf die kleinste

insek tot die mens, is elke lewende wese daagliks van Sy voorsienigheid afhanklik,

“Hulle almal wag op U. ...

U gee dit aan hulle, hulle tel dit op;

U maak u hand oop, hulle word versadig met die goeie.

U verberg u aangesig, hulle word verskrik;

U neem hulle asem weg, hulle sterwe

en keer terug tot hul stof.

U stuur U Gees uit, hulle word geskape;

en U maak die gelaat van die aarde nuut.” Psalm 104:27-30.

“Voor Hom wat die noorde uitspan oor die chaos,

wat die aarde ophang oor ’n niks;

wat die waters saambind in sy wolke

sonder dat die wolkgevaarte daaronder skeur. ...

Hy het ’n kring afgetrek oor die watervlakte

tot waar lig in duisternis eindig.

“Die pilare van die hemel wankel

en staan verstom weens sy dreiging.

Deur sy krag bring Hy die see in beroering. ...

Deur sy asem word die hemel helder;

sy hand het die vinnige slang deurboor.

Kyk, dit is maar die uitlopers van sy weë,

en wat ’n fluisterwoord hoor ons maar van Hom!

Wie sou dan die donder van sy magtige dade verstaan?”

Job 26:7-10; 26:11-14.

“Sy weg is in warrelwind en in storm,

en wolke is die stof van sy voete.” Nahum 1:3.

Die geweldige mag wat deur die ganse natuur werk en alle dinge in stand

104 E.G.White - Opvoeding

Die Wetenskap en die Bybel

105

hou, is nie, soos sommige wetenskaplikes beweer, bloot ’n allesdeurdringende

beginsel, ’n aandry -

- 132 -

wende energie nie. God is Gees; tog is Hy ’n persoonlike wese, want die mens

is na Sy beeld geskape. As persoonlike wese het God Hom in Sy Seun geopenbaar.

Jesus, die afskynsel van die Vader se heerlikheid, “en die afdruksel van

sy wese” (Hebreërs 1: 3 ), is op die aarde in gedaante gevind as ’n mens. As

persoonlike Heiland het Hy na die wêreld gekom. As persoonlike Heiland het

Hy in die hoogte opgevaar. As persoonlike Heiland tree Hy in die hemelse

howe as Middelaar op. Namens ons, voor die troon van God, dien “Een ... soos

die Seun van ’n mens.” Daniël 7:13.

Die apostel Paulus skryf deur die Heilige Gees en verklaar aangaande Christus:

“Alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. En Hy is voor alle dinge en

in Hom hou alle dinge stand.” Kolossense 1:16, 17. Die hand wat die wêrelde

deur die ruimte dra, die hand wat alles dwarsdeur die heelal van God in ordelike

rangskikking en onvermoeide aktiwiteit aan die gang hou, is die hand

wat vir ons aan die kruis gespyker is.

Die grootheid van God is vir ons onbegryplik. “Die troon van die Here is in

die hemel” (Psalm 11:4); tog is Hy deur Sy Gees orals teenwoordig. Hy het ’n

intieme kennis van en ’n persoonlike belang by al die werke van Sy hand.

“Wie is soos die Here onse God, wat hoog woon,

wat laag neersien, in die hemel en op die aarde?”

“Waar sou ek heengaan van u Gees

en waarheen vlug van u aangesig?

Klim ek op na die hemel, U is daar;

en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar!

(Kyk ook Job 26:6)

“Neem ek die vleuels van die dageraad,

gaan ek by die uiteinde van die see woon,

ook daar sou u hand my lei

en u regterhand my vashou.” Psalms 113:5,6; 139:7-10.

- 133 -

“U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte. U deurvors my

gaan en my lê,

en U is met al my weë goed bekend. ... U sluit my in van agter en van voor,

en U lê u hand op my.

Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my,

te hoog: ek kan daar nie by nie.” Psalm 139:2 - 6.

Dit was die Maker van alle dinge wat die wonderlike aanpassing van mid-

del by doel, van voorsiening by behoefte verordineer het. Dit was Hy wat in

die stoflike wêreld bepaal het dat daar in elke ingeplante behoefte voorsien

moet word. Dit is Hy wat die menslike siel geskep het, met sy vermoë om te

ken en lief te hê. En Hy is nie in Sy wese sodanig dat Hy die vereistes van die

siel onversadig sal laat nie. Geen ontasbare beginsel, geen onpersoonlike essensie

of bloot abstrakte begrip kan die behoeftes en verlangens van mense

in hierdie lewe van worsteling met die sonde en droefheid en pyn bevredig

nie. Dit is nie voldoende om aan wet en mag te glo, aan dinge wat geen medelye

het en nooit die hulpgeroep verhoor nie. Ons het ’n behoefte daaraan

om te weet van ’n almagtige arm wat ons sal onderskraag, van ’n oneindige

Vreemd wat vir ons jammer is. Ons het ’n behoefte daaraan om ’n hand te

gryp wat warm is, om te vertrou op ’n hart vol teerheid. Dit is juis so dat God

Hom in Sy Woord geopenbaar het.

Hy wat met sy studie die diepste in die verborgenhede van die natuur indring,

sal sy eie onkunde en swakheid die deeglikste insien. Hy sal besef dat

daar dieptes en hoogtes is wat hy nie kan bereik, geheime wat hy nie kan

binnedring nie, uitgestrekte gebiede van waarheid wat onbetree voor hom

lê. Hy sal bereid wees om saam met Newton te verklaar: “Dit kom vir my voor

asof ek soos ’n kind op die seestrand was wat klippies en skulpe optel, terwyl

die groot oseaan van waarheid onontdek voor my uitgestrek het.”

- 134 -

Die diepsinnigste studente van die wetenskap word genoop om die werking

van ’n oneindige mag in die natuur te erken. Maar sonder hulp vir die

mens se denke, kan die onderwysing van die natuur nie anders as teenstrydig

en teleurstellend wees nie. Net in die lig van die openbaring kan dit reg

gelees word. “Deur die geloof verstaan ons.” Hebreërs 11:3.

“In die begin ... God.” Genesis 1:1. Hier alleen kan die verstand met sy gretige

vrae, wat vlug soos ’n duif na die ark, tot rus kom. Omhoog, benede,

anderkant woon Oneindige Liefde, wat elke ding uitwerk om “alle welgevalle

aan wat goed is,” te bereik. 2 Thessalonicense 1:11.

“Sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke

verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid.”

Romeine 1:20. Maar die getuienis daarvan kan net met die hulp van die Goddelike

Leermeester verstaan word. “Want wie van die mense weet wat in ’n

mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand

wat in God is nie, behalwe die Gees van God.” 1 Korinthiërs 2:11.

“Wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele

waarheid lei.” Johannes 16:13. Net met die hulp van daardie Gees wat in die

106 E.G.White - Opvoeding

DIE BYBEL AS OPVOEDER

107

begin “gesweef [het] op die waters,” van daardie Woord deur wie “alle dinge

... ontstaan” het, van daardie “waaragtige lig wat elke mens verlig,” kan die

getuienis van die wetenskap reg vertolk word. Net deur hulle leiding kan sy

diepste waarhede bespeur word.

Net onder die leiding van die Alwetende sal ons, in die studie van Sy werke,

in staat gestel word om Sy gedagtes agter Hom aan te dink.

Sakebeginsels en -Metodes

“HY WAT IN OPREGTHEID

WANDEL, WANDEL VEILIG.”

- 135 -

DAAR is geen vertakking van geoorloofde handelsake waarvoor die Bybel

nie ’n essensiële voorbereiding bied nie. Sy beginsels van ywer, eerlikheid,

spaarsin, matigheid en reinheid is die geheim van ware sukses. Hierdie beginsels,

soos in die boek Spreuke uiteengesit is, vorm ’n skatkis van praktiese

wysheid. Waar kan die handelaar, die ambagsman, die leier van mense in

enige sakeafdeling beter stelreëls vir homself of vir sy werknemers vind as

die wat in hierdie woorde van die wyse man aangetref word?:

“Sien jy ’n man wat vaardig is in sy werk - hy kan voor konings staan, hy

hoef nie voor geringes te staan nie.” Spreuke 22:29.

“In enige moeitevolle arbeid is voordeel, maar praatjies is net tot gebrek.”

Spreuke 14:23.

“Die siel van die luiaard begeer en daar is niks nie.”’n Drinker en ’n vraat sal

arm word en slaperigheid laat stukkende klere dra.” Spreuke 13:4; 23:2l.

“Wie met kwaadsprekery omgaan, maak ’n geheim openbaar; laat jou dus

nie in met een wat sy lippe laat oopstaan nie.” Spreuke 20:19.

“Wie sy woorde inhou, besit kennis;” “maar elke sot breek los.” Spreuke

17:27; 20:3.

- 136 -

“Kom nie op die pad van die goddelose ... nie;” “of kan iemand op gloeiende

kole loop sonder dat sy voete brandwonde kry?” Spreuke 4:14; 6:28.

“Gaan met die wyse om, dan word jy wys.” Spreuke 13:20.

“’n Man met baie vriende word geruïneer.” Spreuke 18:24.

Die hele kringloop van ons verpligting teenoor mekaar word deur dié

uitspraak van Christus omvat: “Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan

julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen.” Matthéüs 7:12.

Hoe menige man kon miskien geldelike mislukking en ondergang vermy

het deur ag te slaan op die waarskuwings wat so dikwels in die Skrif herhaal

en benadruk word:

“Hy wat haastig is om ryk te word, sal nie ongestraf bly nie.” Spreuke

28:20.

“Goed wat uit niks verkry is, word minder; maar hy wat met die hand bymekaarmaak,

kry altyd meer.” Spreuke 13:11.

“Die verwerwing van skatte deur ’n valse tong is ’n verwaaide asem - dode-

108 E.G.White - Opvoeding

Sakebeginsels en -Metodes

109

like valstrikke.” Spreuke 21:6.

“Hy wat leen, is ’n slaaf van die man wat uitleen.” Spreuke 22:7.

“Baie sleg word iemand behandel as hy vir ’n ander borg gestaan het; maar

hy wat haat wie die handslag gee, is veilig.” Spreuke 11:15.

“Verlê die ou grenslyne nie en kom nie op die landerye van die wese nie.

Want hulle Verlosser is sterk, Hy sal hulle saak teen jou verdedig.” “Wie die

arme verdruk, bevoordeel hom; hy wat aan die ryke gee, verarm hom net.”

“Wie ’n kuil grawe, sal daarin val; en hy wat ’n klip rol, dit sal na hom terugkom.”

Spreuke 23:10, 11; 22:16; 26:27.

- 137 -

Dit is beginsels waarmee die welsyn van die samelewing, van sowel

sekulêre as godsdienstige genootskappe saamhang. Dit is dié beginsels wat

aan eiendom en lewe sekuriteit verleen. Vir alles wat vertroue en samewerking

moontlik maak, is die wêreld dank verskuldig aan die wet van God, soos

dit in Sy Woord aangegee word en soms nog in die harte van mense geskrywe

staan, in reëls wat dikwels onduidelik en byna uitgewis is.

Die woorde van die psalmdigter: “Die wet van u mond is vir my beter as

duisende stukke goud en silwer” (Psalm 119:72), beweer wat waar is uit ’n

oogpunt anders as die godsdienstige. Dit verklaar ’n absolute waarheid, wat

ook in die sakewêreld erken word. Selfs in hierdie eeu behep met geldmakery,

wanneer mededinging so skerp en die metodes so gewetenloos is, word

daar nog algemeen erken dat, vir ’n jongman wat aan die begin van sy lewe

staan, integriteit, ywer, matigheid, reinheid en spaarsin ’n beter kapitaal uitmaak

as enige blote geldbedrag.

Maar selfs onder diegene wat die waarde van hierdie eienskappe hoogag

en die Bybel as hulle bron erken, is daar maar min wat die beginsel insien

waarvan dit afhanklik is.

Wat aan die fondament van sake-integriteit en van ware sukses lê, is die

erkenning van Gods eiendomsreg. Die Skepper van alle dinge, Hy is die oorspronklike

eienaar. Ons is Sy rentmeesters. Alles wat ons het, is ’n pand van

Hom, om volgens Sy opdrag aan te wend.

Dit is ’n verpligting wat op elke mens rus. Dit raak die hele gebied van

menslike werksaamheid. Of ons dit erken of nie, ons is rentmeesters, wat

deur God met talente en vaardighede toebedeel en in die wêreld geplaas is,

om ’n werk te doen wat deur Hom beskik is.

- 138 -

Vir elkeen is “sy werk” gegee (Markus 13:34), die werk waarvoor sy vermoëns

hom toerus - die werk wat die grootste nut vir homself en sy mede-

mens en die hoogste verheerliking van God, tot gevolg sal hê.

So is ons handelsaak of roeping ’n deel van Gods groot plan en solank dit

ooreenkomstig Sy wil bedryf word, is Hy self vir die gevolge verantwoordelik.

“Ons is medewerkers van God” (1 Korinthiërs 3:9) en ons deel die getroue nakoming

van Sy bevele. Daar is dus geen plek vir bekommernis nie. Ywer, trou,

versigtigheid, spaarsin en oorleg is nodig. EIke vermoë moet tot sy uiterste

kapasiteit aangewend word. Maar dit sal afhang, nie van die suksesvolle uitslag

van ons pogings nie, maar van die belofte van God. Die woord wat Israel

in die woestyn gevoed en Elia deur die tyd van hongersnood onderhou het,

besit vandag nog dieselfde mag. “Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat

salons eet, of wat salons drink ... nie? Maar soek eers die koninkryk van God

en sy geregtigheid en al hierdie dinge sal vit julle bygevoeg word.” Matthéüs

6:31-33.

Hy wat aan die mens die mag gee om rykdom te verwerf, het ’n verpligting

aan die gawe verbind. Van alles wat ons verkry, eis Hy ’n spesifieke deel. Die

tiende behoort aan die Here. “Ook al die tiendes van die land, van die graan

van die land, van die vrugte van die bome, ... al die tiendes van beeste en

kleinvee ... moet aan die Here heilig wees.” Levitikus 27:30, 32. Die gelofte wat

deur Jakob te Bet-el gedoen is, toon die omvang van die verpligting. “Van

alles wat U my gee, sal ek aan U sekerlik die tiendes afstaan.” Genesis 28:22.

“Bring die hele tiende na die skathuis” (Maleagi 3:10) is Gods bevel. Daar

word geen beroep op dankbaarheid

- 139 -

of vrygewigheid gedoen nie. Dié is ’n saak van doodgewone eerlikheid. Die

tiende behoort aan die Here; en Hy beveel ons om aan Hom terug te besorg

wat Sy eie is.

“Verder word van die bedienaars vereis dat hulle getrou bevind moet

word.” 1 Korinthiërs 4:2. As eerlikheid ’n essensiële beginsel van die sakelewe

is, moet ons nie ons verpligting teenoor God erken nie - die verpligting wat

alle ander ten grondslag lê?

Ingevolge ons rentmeesterskap is ons onder ’n verpligting geplaas, nie net

teenoor God nie, maar teenoor die mens. Aan die eindelose liefde van die

Heiland is elke mens die gawes van die lewe verskuldig. Voedsel en kleding

en ’n dak oor die hoof, liggaam en verstand en siel - alles is deur Sy bloed

gekoop. En deur die verpligting van erkentlikheid en diens wat sodoende

opgelê is, het Christus ons aan ons medemens verbind. Hy beveel ons: “Dien

mekaar deur die liefde.” Galasiërs 5:13. “Vir sover julle dit gedoen het. aan een

van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.”

110 E.G.White - Opvoeding

Sakebeginsels en -Metodes

111

Matthéüs 25:40.

“Teenoor Grieke sowel as nie-Grieke,” verklaar Paulus, “teenoor wyse sowel

as onverstandige mense is ek ’n skuldenaar.” Romeine 1:14. So is ons ook.

Deur alles wat ons lewens bo andere geseën het, is ons ’n verpligting opgelê

teenoor elke mens vir wie ons kan bevoordeel.

Hierdie waarhede geld nie meer vir die binnekamer as die kantoor nie.

Die goedere wat ons hanteer, is nie ons eie nie en nooit kan hierdie feit met

veiligheid uit die oog verloor word nie. Ons is net rentmeesters en van hoe

ons, ons verpligtinge teenoor God en die mens nakom, hang sowel die voorspoed

van ons medemens as ons eie lotsbestemming vir hierdie lewe en vir

die komende lewe af.

“Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry en een wat terughou meer

as wat reg is, maar tot sy gebrek.”

- 140 -

“Werp jou brood uit op die water, want ná verloop van baie dae sal jy dit

vind.” “Die siel wat seën, word versadig; en hy wat laaf, word self ook gelaaf.”

Spreuke 11:24; Prediker 11:1; Spreuke 11:25.

“Vermoei jou nie om ryk te word nie. ... Sou jy jou oë daarop laat afvlieg?

Maar weg is dit! want skielik maak dit vir hom vlerke en vlieg soos die arend

na die hemel toe!” Spreuke 23:4, 5.

“Gee en aan julle sal gegee word. ’n Goeie maat wat ingedruk en geskud

en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee, want met dieselfde maat waarmee

julle meet, sal weer vir julle gemeet word.” Lukas 6:38.

“Vereer die Here uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste;

dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos.”

Spreuke 3:9, 10.

“Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees;

en beproef My tog hierin, sê die Here van die leërskare of Ek vir julle nie die

vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ’n oorvloedige seën sal uitstort

nie. Ek sal ook die sprinkaan vir julle afweer, sodat hy die opbrings van

julle grond nie sal verwoes nie; ook die wynstok op die land sal vir julle nie

onvrugbaar wees nie. ... En al die nasies sal julle gelukkig prys, omdat julle die

land van welbehae sal wees.” Maleagi 3:10-12.

“As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen, sal Ek

julle reëns gee op die regte tyd en die land sal sy opbrings gee en die bome

van die veld sal hulle vrugte gee. En die dorstyd sal vir julle aanhou tot die

druiwe-oes en die druiwe-oes sal aanhou tot die saaityd,

- 141 -

en julle sal jul brood volop eet en veilig in julle land woon ... sonder dat iemand

julle skrikrnaak.” Levitikus 26:3-6.

“Soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig

die saak van die weduwee.” “Welgeluksalig is hy wat ag gee op die arme; die

Here sal hom red in die dag van onheil. Die Here sal hom bewaar en hom in

die lewe hou; hy sal gelukkig gemaak word op die aarde, Ja, U kan hom nie

oorgee aan die begeerte van sy vyande nie.” “Wie hom ontferm oor die arme,

leen aan die Here; en Hy sal hom sy weldaad vergelde.” Jesaja 1:17; Psalm

41:2,3; Spreuke 19:17. .

Hy wat hierdie belegging maak, hoop ’n dubbele skat op. Behalwe wat hy,

hoe verstandig hy dit ook al vermeerder het, uiteindelik sal moet agterlaat,

gaar hy rykdom vir die ewigheid op - daardie karakterskat wat die kosbaarste

besitting op aarde of in die hemel is.

Eerlike Handelsake

“Die Here ken die dae van die opregtes en hulle erfdeel sal tot in ewigheid

bly. Hulle sal nie beskaamd staan in die slegte tyd nie en in dae van hongersnood

sal hulle versadig word.” Psal11137:18, 19.

“Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen en wat met sy hart die waarheid

spreek ... al het hy gesweer tot sy skade, hy verander nie;” “hy wat ...

gewin deur afpersinge versmaad, wat sy hande uitskud om geen omkoopgeskenkaan

te gryp nie, ... en sy oë sluit om wat sleg is, nie te sien nie - hy

sal op hoogtes woon, ... sy brood word hom gegee, sy water is gewis. Jou oë

sal die Koning in sy skoonheid aanskou, dit sal ’n wyd uitgestrekte land sien,”

Psalm 15:2-4; Jesaja 33:15-17.

- 142 -

God skilder in Sy Woord ’n prentjie van ’n vooruitstrewende man - iemand

wie se lewe in der waarheid ’n sukses was, ’n man wat sowel hemel as aarde

met graagte vereer het. Van sy ondervindinge sê Job self:

“Soos ek was in my herfsdae

toe die verborgenheid van God oor my tent was;

toe die Almagtige nog by my was,

my kinders rondom my. ...

Toe ek uitgegaan het na die poort, op na die stad toe,

op die markplein my sitplek reggemaak het,

het die seuns weggekruip as hulle my sien,

en grysaards het hulle opgerig en bly staan.

Vorste het hulle woorde ingehou

en die hand op hulle mond gelê.

112 E.G.White - Opvoeding

Sakebeginsels en -Metodes

113

Die stem van edeles is teruggehou. ...

“Want het ’n oor net gehoor, dan prys dit my gelukkig;

en het ’n oog net gesien, dan gee dit vir my getuienis,

Want ek hetdie ellendige gered wat om hulp geroep het,

en die wees en hom wat geen helper het nie.

“Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op

my gekom;

en die hart van die weduwee het ek laat jubel.

Die geregtigheid was my kleed en ek sy kleed;

my reg was soos ’n mantel en ’n tulband.

Oë was ek vir die blinde,

en voete vir die lamme was ek.

’n Vader was ek vir die behoeftiges;

en dit; regsaak van hom wat ek nie geken het nie, het ek

ondersoek. “

“Die vreemdeling het nie buitekant vernag nie;

my deure het ek oopgemaak na die pad toe!”

“Na my het hulle geluister vol verwagting ...

en hulle kon die lig van my gesig nie verdonker nie.

Het ek die weg na hulle toe gekies, dan sit ek as voorman

en woon soos ’n koning onder die skare,

soos een wat treuriges vertroos.” .

Job 29:4-16; 31;32; 29:21-25.

“Die seën van die Here - dit maak ryk en moeitevolle arbeid voeg daar niks

by nie.” Spreuke 10:22.

- 143 -

“Rykdom en eer is by my,” verklaar die Wysheid, “duursame goed en

geregtigheid.” Spreuke 8:18.

Die Bybel toon ook die gevolg van ’n afwyking van gesonde beginsels. in

ons handelwyse teenoor God sowel as teenoor mekaar. Aan diegene wat

met Sy gawes toevertrou is, maar teenoor Sy aansprake onverskillig staan,

sê God:

“Gee ag op wat julle wedervaar het: julle het baie gesaai, maar min ingebring;

julle het geëet, maar nie tot versadiging nie; julle het gedrink, maar

nie genoeg gekry nie; julle het jul geklee, maar nie warm geword nie; en wie

hom vir loon verhuur, verhuur hom om dit in ’n stukkende beurs te steek. ...

Julle het uitgesien na baie en kyk, dit het min geword; en julle het dit in die

huis gebring, maar Ek het dit weggeblaas.” ”In dié tyd het iemand gekom

by ’n koringmied van twintig maat en daar was maar tien; hy het gekom by

die parskuip om vyftig emmers te skep en daar was maar twintig.” “Waarom?

spreek die Here van die leërskare. Ter wille van my huis wat in puin lê.” “Mag ’n

mens God beroof? Want julle beroof My en julle sê: Waarin het ons U beroof?

In die tiendes en die offergawe.” “Daarom het die hemel bo julle dié dou ingehou

en die aarde het sy opbrings teruggehou. Haggai 1:5-9;2:16; Maleagi

3:8; Haggai 1:10.

“Daarom, omdat julle die alm man vertrap, ... het julle huise van gekapte

klippe gebou, maar julle sal nie daarin woon nie; julle het pragtige wingerde

geplant, maar julle sal die wyn daarvan nie drink nie.” “Die Here sal teen jou

stuur die vervloeking, die verwarringen die bedreiging in alles waar jy jou

hand aan slaan.” “Jou seuns en jou dogters word aan ’n ander ... gegee, terwyl

jou oë dit sien en die hele dag na hulle smag sonder dat jy daar iets aan kan

doen.” Amos 5:11; Deuteronomium 28:20,32.

“’n Voël wat eiers uitbroei sonder dat hy dit gelê het, is hy wat rykdom verwerf

maar nie eerlik nie; in die helfte van sy dae moet hy dit laat agterbly en

in sy einde sal hy ’n dwaas wees.” Jeremia 17:11.

- 144 -

Die rekenings van elke sakeonderneming, die besonderhede van elke transaksie

word noukeurig nagegaan deur ongesiene ouditeurs, verteenwoordigers

van Hom wat nooit met onbillikheid ’n kompromis aangaan, nooit die

euwel oor die hoof sien, nooit die kwaad verontskuldig nie.

“As jy verdrukking van die arme en berowing van reg en geregtigheid sien

... - verwonder jou nie oor die saak nie, want ’n hoër een loer op die hoë.”

“Daar is geen duisternis en daar is geen diepe donkerheid waarin die werkers

van ongeregtigheid hulle kan wegsteek nie.” Prediker 5:7; Job 34:22.

“Hulle stel hul mond teen die hemel en ... sê: Hoe sou God dit weet en sou

daar kennis by die Allerhoogste wees?” “Hierdie dinge het jy gedoen,” sê God,

“en sou Ek swyg? Jy dink Ek is net soos jy! Ek gaan jou straf en jou dit ordelik

voor oë stel.” Psalm 73:9-11; 50:21.

“En ek het my oë weer opgeslaan en gekyk - daar was ’n vlieënde boekrol.

... Dit is die vloek wat uitgaan oor die ganse land; want ooreenkomstig

daarmee sal al die diewe hiervandaan weggeruim word en ooreenkomstig

daarmee sal al die meinediges hiervandaan weggeruim word. En laat dit uitgaan,

spreek die Here van die leëskare en dit sal kom in die huis van die dief

en in die huis van hom wat vals sweer by my Naam en dit sal binne - in sy huis

vernag en dit verteer saam met sy balke en sy klippe.” Sagaria 5:1-4.

Teen elke boosdoener spreek Gods wet ’n vervloeking uit. Hy kan miskien

daardie stem verontagsaam, hy kan sy waarskuwing probeer smoor, maar te-

114 E.G.White - Opvoeding

DIE BYBEL AS OPVOEDER

115

vergeefs. Dit agtervolg hom. Dit laat van hom hoor. Dit vernietig sy gemoedsrus.

As daar nie ag op geslaan word nie, agtervolg dit hom tot by die graf.

Dit getuig teen hom in die oordeel. Dit is ’n onuitbluslike vuur wat uiteindelik

siel en liggaam verteer.

- 145 -

“Want wat sal dit ’n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel

skade ly? Of wat sal ’n mens gee as losprys vir sy siel?” Markus 8:36, 37.

Dit is ’n vraag wat deur elke ouer, elke onderwyser en elke student - deur

elke mens, jonk of oud - oorweeg moet word. Geen sakeonderneming of

lewensplan kan gesond of volledig wees wat net die korte jare van hierdie

teenswoordige lewe behels en vir die eindelose toekoms geen voorsiening

maak nie. Laat die jeug geleer word om met die ewigheid rekening te hou.

Laat hulle geleer word om die beginsels te kies en die besittings te soek wat

blywend is - om vir hulle ’n skat bymekaar te maak “in die hemeI wat onuitputlik

is, waar geen dief by kom of mot verteer nie,” om vir hulle vriende te

maak “deur die onregverdige Mammon,” sodat wanneer hulle die lewe verlaat,

hulle hul “in die ewige tente” kan ontvang. Lukas 12:33; 16:9.

Almal wat dit doen, tref die beste moontlike voorbereiding vir die lewe in

hierdie wêreld. Geen mens kan ’n skat in die hemel bymekaarmaak sonder

om te bevind dat sy lewe op aarde daardeur verryk en veredel word nie.

“Die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige

en die toekomende lewe het.” 1 Timótheüs 4:8.

Bybelbiografieë

“WAT DEUR DIE GELOOF KONINKRYKE

OORWELDIG HET, GEREGTIGHEID UIT-

GEOEFEN, BELOFTES VERKRY ... KRAG

UIT SWAKHEID ONTVANG HET,”

- 146 -

AS ’n opvoeder is daar geen deel van die Bybel wat van groter waarde as sy

biografieë is nie. Hierdie lewensbeskrywings verskil van alle ander in dié opsig

dat hulle absoluut lewensgetrou is; dit is onmoontlik vir enige beperkte

verstand om, in alle dinge, die werking van ’n ander een reg te vertolk. Niemand

behalwe Hy wat die hart lees, wat die geheime bronne van motief en

handeling bespeur, kan met absolute waarheid die karakter skets of ’n getroue

beeld van ’n menslike lewe gee nie. Net in Gods Woord word sodanige

weergawe gevind.

Die Bybel leer geen waarheid duideliker as dat wat ons doen, die gevolg is

van wat ons is nie. In ’n groot mate is die ondervindings van die lewe die vrug

van ons eie denke en dade.

“ ’n Vervloeking sonder oorsaak: dit kom nie uit nie.” Spreuke 26:2.

“Sê van die regverdige dat dit met hom goed sal gaan. ... Wee die goddelose!

Met hom gaan dit sleg; want wat sy hande gewerk het, sal hom aangedoen

word.” Jesaja 3:10, 11.

“Hoor, aarde! Kyk, Ek bring onheil oor hierdie volk, die vrug van hulle

planne.” Jeremia 6:19.

Verskriklik is hierdie waarheid en dit behoort deeglik ingeprent te word.

Elke daad reageer op die dader. Daar bestaan geen mens wat nie in die euwels

wat in sy lewe ’n vloek is, die vrug van sy eie aansaaiing kan herken nie.

Maar selfs dan is ons nie sonder hoop nie.

- 147 -

Om die eersgeboortereg, wat reeds deur Gods belofte syne was, in die

hande te kry, het Jakob hom aan bedrog skuldig gemaak en hy het die oes

van sy broer se haat gemaai. Gedurende twintig jaar van ballingskap is hy

self veronreg en beroof en is uiteindelik gedwing om na veiligheid te vlug;

en hy het ’n tweede oes gemaai, toe die sondes van sy eie karakter in sy

seuns sigbaar uitgespruit het - ’n alte ware prentjie van die vergeldings in die

menslike lewe.

Maar God sê: “Want Ek sal nie vir ewig twis en nie vir altyd toornig wees

nie, want die gees sou voor my aangesig versmag en die siele wat Ek self

116 E.G.White - Opvoeding

Bybelbiografieë

117

gemaak het. Ek was toornig vanweë die ongeregtigheid van hulle hebsug

en het hulle geslaan terwyl Ek My toornig verberg het; ewenwel het hulle

afkerig voortgegaan op hulk eie weg. Ek het hulle weë gesien en Ek sal hulle

genees; en Ek sal hulle lei en aan hulle weer vertroosting skenk, naamlik aan

hulle treuriges. ... Vrede,vrede vir die wat ver en die wat naby is, sê die Here;

en Ek sal hulle genees.” Jesaja 57:16-19.

Jakob is nie in sy nood oorweldig nie. Hy het berou gehad en het probeer

om die kwaad teenoor sy broer goed te maak. En toe hy vanweë die woede

van Esau met die dood bedreig is, het hy hulp by God gesoek. “Ja, hy het

met die Engel geworstel en die oorhand gekry, hy het geween en Hom gesmeek.”

“En hy het hom daar geseën.” Hosea 12:5; Genesis 32:29. In die mag

van Sy sterkte het hy wat vergewe is, opgestaan, nie meer die onderkruiper

nie, maar ’n prins met God. Hy is nie net van sy veronregte broer verlos nie,

maar ook van homself. Die bose mag in sy eie natuur is verbreek, sy karakter

herskape.

By aandskemering was daar lig. Toe Jakob sy lewensgeskiedenis in oënskou

neem, het hy die ouderskragende mag van God erken - “die God wat

my as Herder my lewe lank gelei het tot vandag toe, die Engel wat my uit elke

teëspoed verlos het.” Genesis 48:15, 16.

- 148 -

Dieselfde ondervinding is indie geskiedenis van Jakob se seuns herhaal -

sonde wat vergelding tot gevolg gehad het en berou wat die vrug van die

geregtigheid tot die lewe dra.

God skaf nie Sy wette af nie. Hy werk nie in stryd daarmee nie. Hy kanselleer

nie die werk van die sonde nie. Maar Hy herskep. Deur Sy genade

bewerk die vloek ’n seën.

Onder die seuns van Jakob was Levi een van die wreedaardigstes en

wraaksugtigstes, een van die twee met die grootste skuld aan die verraderlike

moord van die Sigemiete. Levi se karaktertrekke, wat in sy afstammelinge

weerspieël is, het vir hulle Gods dekreet op die hals gehaal: “Ek sal hulle verdeel

in Jakob en hulle verstrooi in Israel.” Genesis 49:7. Maar berou het hervorming

bewerkstellig; en deur hul getrouheid aan God, te midde van die

ander stamme se afvalligheid, is die vloek in die hoogste eerbewys omskep.

“Die Here [het] die stam van Levi afgesonder om die verbondsark van die

Here te dra, om voor die aangesig van die Here in sy diens te staan en in sy

Naam te seën.” “My verbond met hom was die lewe en die vrede; en Ek het

dié aan hom gegee tot vrees; en hy het My gevrees en vir my Naam gebewe.

... In vrede en opregtheid het hy met My gewandel en baie mense het hy van

ongeregtigheid teruggebring,” Deuteronomium 10:8; Maleagi 2:5, 6.

As die aangewese bedienaars van die heiligdom het die Leviete geen

grond as erfdeel ontvang nie; hulle het saam in stede gewoon wat vir hulle

gebruik afgesonder is en hul onderhoud ontvang uit die tiendes en offergawes

wat aan die diens van God toegewy is. Hulle was die leermeesters van

die volk, gaste by al hul feeste en orals vereer as diensknegte en verteenwoordigers

van God. Aan die hele nasie is die bevel gegee: “Neem jou in ag

dat jy die Leviet

- 149 -

nie aan sy lot oorlaat so lank as jy in jou land lewe nie.” “Daarom het Levi geen

deel of erfenis saam met sy broers file; die Here is sy erfdeel.” Deuteronomium

12:19; 10:9.

Deur Geloof tot Oorwinning

Die waarheid: soos ’n mens “in sy siel bereken, so is hy” (Spreuke 23:7), vind

’n ander illustrasie in Israel se ondervinding. Op die grens van Kanaän het die

spioene, terug van hul soektog deur die land, hul verslag gelewer. Die prag

en vrugbaarheid van die land is uit die oog verloor vanweë die moeilikhede

wat in die pad van sy oorname gestaan het. Die stede hemelhoog ommuur,

die reusekrygers, die ysterstrydwaens, het hulle geloof afgeskrik. Die menigte

het God buite rekening gelaat en hulle met die ongelowige spioene

vereenselwig. “Ons kan nie teen die volk optrek nie, want hulle is sterker as

ons.” Numeri 13:31. Hulle woorde is bewaarheid. Hulle was nie in staat om op

te trek nie en hulle het hul lewens in die woestyn verslyt.

Twee van die twaalf wat die land besigtig het, het egter anders geredeneer.

“Ons kan dit sekerlik oorweldig” (Numeri 13:30), het hulle aangedring, omdat

hulle Gods belofte hoër as die reuse, die ommuurde stede of strydwaens van

yster geag het. Vir hulle is hul woord bewaarheid. Hoewel hulle saam met hul

broeders die veertigjarige omswerwing meegemaak het, het Kaleb en Josua

die beloofde land binnegegaan. Net so manmoedig as toe hy saam met die

menigtes van die Here hul reis uit Egipte begin het, het Kaleb as sy erfdeel

die vesting van die reuse aangevra en verkry. In die sterkte van God het hy

die Kariaäniete verdryf. Die wingerde en olyfboorde wat sy voete bewandel

het, het sy eiendom geword. Hoewel die lafaards en rebelle in die woestyn

omgekom het, het die manne van geloof die druiwe van Eskol geëet.

- 150 -

Geen waarheid word deur die Bybel in ’n duideliker lig gestel as die gevaar

van selfs een afwyking van die lig nie - gevaar vir sowel die oortreder as almal

118 E.G.White - Opvoeding

Bybelbiografieë

119

vir wie sy invloed sal bereik. Voorbeeld het ’n wonderlike mag; en wanneer

dit saam met die bose neigings van ons natuur trek, word dit byna onweerstaanbaar.

Die sterkste vesting van ondeug in ons wêreld is nie die verderflike lewe

van die losbandige sondaar, of die ontaarde uitgeworpene nie; dit is daardie

lewe wat andersins deugsaam, eerbaar en edel voorkom, maar waarin

een sonde gekoester, aan een euwel toegegee word. Vir die siel wat heimlik

met die een of ander reuseversoeking worstel, wat op die uiterste randjie

van die afgrond weifel, is so ’n voorbeeld een van die kragtigste verleidings

tot sonde. Hy wat verhewe opvattinge van die lewe en waarheid en eer het,

maar nietemin moedswillig een voorskrif van Gods heilige wet oortree, het

sy edele gawes verdraai om ’n lokmiddel tot sonde te word. Genie, talent,

simpatie, selfs vrygewige en vriendelike dade, kan so die aas van Satan word

om siele oor die afgrond van ondergang te lok.

Dit is waarom God so baie voorbeelde gegee het om die gevolge van selfs

een verkeerde daad te toon. Vanaf die droewige verhaal van daardie een

sonde wat “die dood indie wêreld ingebring het en al ons wee, met die verlies

van Eden,” tot by die verslag van hom wat die Here van die heerlikheid

vir dertig silwerstukke verkoop het, wemel die Bybelse biografie van hierdie

voorbeelde, wat as waarskuwende bakens opgerig is langs die afdraai paaie

wat uit die pad van die lewe lei.

Dit hou ook ’n waarskuwing in om te let op die resultate wat gevolg het

toe daar net een maal aan menslike swakheid of dwaling toegegee is, die

vrugte van geloofs - verlies.

- 151 -

Deur een mislukking in sy geloof het Elia sy lewenswerk kortgeknip. Swaar

was die las wat hy ten behoewe van Israel gedra het; getrou was sy waarskuwings

teen die nasionale afgodery; en diep was sy besorgdheid terwyl hy

gedurende drie en ’n half jaar van hongersnood vir die een of ander teken

van berou op die uitkyk was en daarvoor gewag het. Alleen het hy op die

berg Karmel vir God gestaan. Deur die mag van die geloof is die afgodery

omvergewerp en die geseënde reën het van die stortbuie van seëninge getuig

wat gewag het om op Israel uitgegiet te word, Toe, in sy vermoeienis

en swakheid, het hy voor die dreigemente van Isebel op die vlug geslaan en

alleen in die woestyn gebid dat hy mag sterwe. Sy geloof het te kort geskiet.

Die werk waarmee hy begin het, sou hy nie voltooi nie. God het hom beveel

om iemand anders in sy plek as profeet te salf.

Maar God het op Sy kneg se hartediens gelet. Elia sou nie moedeloos en

eensaam in die woestyn sterf nie. Nie vir hom die afdaling na die graf nie,

maar ’n hemel vaart saam met Gods engele na Sy heerlike teenwoordigheid.

Hierdie lewensverslae verklaar wat elke mens eendag sal begryp - dat

sonde net skande en verlies kan bring; dat ongeloof mislukking beteken;

maar dat Gods genade tot in die diepste dieptes reik; dat geloof die boetvaardige

siel ophef om in die aanneming van die seuns van God te deel.

Die Dissipline van Lyding

Almal wat in hierdie wêreld opregte diens vir God en mens verrig, ontvang

’n voorbereidende opleiding in die skool van leed. Hoe groter die verantwoordelikheid

en hoe meer verhewe die diens, hoe feller is die beproewing

en hoe strawwer die dissipline.

Bestudeer die ondervindings van Josef en van Moses,

- 152 -

van Daniël en Dawid. Vergelyk die vroeë geskiedenis van Dawid met die

geskiedenis van Salomo en let op die gevolge.

In sy jongelingsjare het Dawid intiem met Saul omgegaan en sy verblyf

aan die hof en sy verbintenis met die koning se huisgesin het hom insig gegee

in die sorge en leed en verleenthede wat deur die glans en praal van

koninklikheid verberg word, Hy het gesien hoe min menslike glorie werd is

om vrede in die siel te bring. En dit was met verligting dat hy uit die koning

se hof na die skaapkrale en die kuddes teruggekeer het.

Toe hy deur die jaloesie van Saul as ’n vlugteling die woestyn ingedryf

is, het Dawid, van menslike hulp afgesny, swaarder op God geleun. Die onsekerheid

en onrus van die woestynlewe, die onophoudelike gevaar daarvan,

die noodsaak van herhaalde vlug, die karakter van die manne wat hulle

daar by hom aangesluit het - ”elkeen wat in benoudheid was en elkeen wat

’n skuldeiser gehad het en elkeen wat verbitterd was” (1 Samuel 22:2) - alles

het ’n strenge selfdissipline des te nodiger gemaak. Hierdie ondervindings

het die vermoë ontwikkel om met mense te werk, medelye met die verdruktes

en haat vir onreg. Deur jare van wag en gevaar het Dawid geleer om in

God sy troos, sy onderskraging, sy lewe te vind. Hy het geleer dat hy net

deur Gods mag die troon sou kon bestyg; net in Sy wysheid sou hy verstandig

kon regeer. Dit was deur opleiding in die skool van swaarkry en verdriet

dat Dawid die lewensrekord kon agterlaat - hoewel dit later deur sy groot

sonde geskend is - dat hy “aan sy hele volk reg en geregtigheid gedoen” het.

2 Samuel 8:15.

Die dissipline van Dawid se vroë ondervinding het in Salomo s’n ontbreek.

120 E.G.White - Opvoeding

Bybelbiografieë

121

In omstandighede, karakter en lewe was hy skynbaar bo alle andere begunstig.

Edel in sy jeug,

- 153 -

edel in sy manlike jare, die beminde van sy God, het Salomo tot ’n bewind

toegetree wat groot belofte van rykdom en eer ingehou het. Nasies het

hulle verwonder oor die kennis en insig van die man aan wie God wysheid

geskenk het. Maar die hooghartigheid van voorspoed het skeiding van God

meegebring. Van die vreugde van Goddelike ge meenskap het Salomo hom

afgewend om bevrediging in sinsgenot te vind. Van hierdie ervaring sê hy:

“Ek het groot werke onderneem: ek het vir my huise gebou, ek het vir my

wingerde geplant. Ek het vir my tuine en parke aangelê. ... Ek het slawe en

slavinne gekoop. ... Ek het vir my ook silwer en goud versamel en ’n eiendom

van konings en provinsies; ek het vir my sangers en sangeresse verskaf en die

genoeëns van die mensekinders: lieflinge in menigte. En ek het groot en altyd

groter geword bo almal wat voor my in Jerusalem gewees het. ... En alles

wat my oë begeer het, het ek hulle nie ontsê nie; my hart het ek van geen

enkele vreugde teruggehou nie, want my hart het hom verheug vanweë al

my moeitevolle arbeid. ... Toe het ek gekyk na al my werke wat my hande tot

stand gebring het en al die moeitevolle arbeid wat ek verrig het - en kyk, dit

was alles tevergeefs en ’n gejaag na wind en daar was geen voordeel onder

die son nie. Daarna het ek my begewe om wysheid en onverstandigheid en

dwaasheid in oënskou te neem, want wat sal die mens kan doen wat ná die

koning kom? Wat lankal gedoen is!

“Daarom het ek die lewe gehaat. ... En ek het gehaat al my arbeid wat ek

onder die son met moeite verrig het.” Prediker 2:412, 17, 18.

Uit sy eie bittere ondervinding het Salomo geleer hoe leeg die lewe is wat

sy hoogste welstand in aardse dinge soek. Hy het altare vir heidense gode

opgerig, om net maar te leer hoe nutteloos hul belofte van sielerus is.

In sy latere jare, toe hy hom vermoeid en dorstig van

- 154 -

die wêreld se gebarste reënbakke afgewend het, het Salomo teruggekeer om

weer by die fontein van die lewe te drink. Die geskiedenis van sy verkwiste

jare, met hul waarskuwende lesse, het hy deur die Gees van inspirasie vir die

nageslagte opgeteken. En so, hoewel die saad wat hy gesaai het as ’n bose

oes deur sy volk gemaai is, was die lewenstaak van Salomo nie heeltemal tevergeefs

nie. Uiteindelik het die dissipline van lyding vir hom die aangewese

werk voltooi.

Maar, met so ’n daeraad, hoe heerlik kon sy lewensdag nie gewees het nie

as Salomo in sy jeug die les geleer het wat lyding in die lewens van andere

toegebring het!

Die Beproewing van Job

Vir diegene wat God liefhet, diegene wat “na Sy voorneme geroep is” (Romeine

8: 28) ,het Bybelse lewensbeskrywings nog ’n meer verhewe les om

oor die bediening van smart te leer. “Julle is my getuies, spreek die Here en Ek

is God” (Jesaja 43:12) - getuies dat Hy goed is en dat goedheid oppermagtig

is. “Want ons het ’n skouspel gevierd vir die wêreld, vir die engele sowel as vir

die mense.” 1 Korinthiërs 4:9.

Onselfsugtigheid, die beginsel van Gods koninkryk, is die beginsel wat die

Satan haat; hy ontken selfs die bestaan daarvan. Sedert die begin van die

groot stryd trag hy om te bewys dat die spoorslag vir Gods optrede selfsugtig

is en hy werk op dieselfde manier met almal wat God dien. Om die Satan

se aanspraak te weerlê, is die werk van Christus en van almal wat Sy Naam

dra.

Dit was om in Sy eie lewe ’n illustrasie van onselfsugtigheid te gee dat Jesus

in die gedaante van ’n mens gekom het. En almal wat hierdie beginsel

aanneem, moet Sy medewerkers wees om dit in die werklike lewe te demonstreer.

Om wat reg is te kies omdat dit reg is; om vir die waarheid te staan al

kos dit leed en opoffering - “dit is die

- 155 -

erfdeel van die knegte van die Here en hulle geregtigheid wat uit My is,

spreek die Here.” Jesaja 54:17.

Baie vroeg in die geskiedenis van die wêreld word die lewensverhaal al

aangegee van iemand oor wie hierdie stryd van die Satan gevoer is.

Aangande Job, die patriarg van Us, was die getuienis van die Ondersoeker

van harte: “Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: ’n man vroom en

opreg, Godvresend en wat afwyk van die kwaad.”

Teen hierdie man het die Satan ’n smadelike beskuldiging ingebring: “Is

dit verniet dat Job God vrees? Het U nie self hom en sy huis en alles wat hy

het, aan alle kante rondom, beskut nie? ... Maar strek net u hand uit en tas

alles aan wat hy het;” “tas sy gebeente en sy vlees aanwaarlik, hy sal U in u

aangesig seën!”

Toe sê die Here aan die Satan: “Alles wat hy het, is in jou hand;” “Kyk, hy is in

jou hand; spaar net sy lewe.”

Met dié vergunning het die Satan al Job se besittings weggevee - kuddes

en troppe, diensknegte en diensmeisies, seuns en dogters; en hy “het Job

122 E.G.White - Opvoeding

Bybelbiografieë

123

met bose swere getref, van sy voetsool tot sy skedel.” Job 1:8-12; 2:5-7.

Nog ’n verdere element van bitterheid is by sy beker gevoeg. Sy vriende,

wat in teenspoed net die vergelding vir sonde kon sien, het sy gewonde en

beswaarde siel met hul aanklagte van oortreding belaai.

Skynbaar deur hemel en aarde verlaat, terwyl hy tog aan sy geloof in God

en sy bewustheid van integriteit vashou, het hy in angs en verwarring uitgeroep:

“Ek walg van my lewe.”

“Ag, as U maar in die doderyk wou wegsteek,

my wou verberg totdat u toorn bedaar het,

my ’n bepaalde tyd wou stel en dan aan my wou dink!”

Job 10: 1; 14: 13.

- 156 -

“As ek roep: Geweld! dan word ek nie verhoor nie;

ek roep om hulp maar daar is geen reg nie. ...

My eer het Hy van my afgetrek

en die kroon van my hoof weggeneem. ...

My broers het Hy ver van my verwyder,

en my bekendes het vir my heeltemal vreemd geword. ...

Die wat ek liefgehad het,

het hulle teen my gekeer. ...

Ontferm julle oor my, ontferm julle oor my, o my vriende,

want die hand van God het my getref!”

“Ag, as ek maar geweet het waar ek Hom kon vind,

maar kon kom tot by sy woning! ...

Kyk, ek gaan na die ooste en Hy is nie daar nie;

en na die weste, maar ek bemerk Hom nie.

As Hy in die noorde werk, aanskou ek Hom nie;

buig Hy af na die suide, dan sien ek Hom nie.

Want Hy weet hoe my wandel is;

as Hy my toets, sal ek soos goud te voorskyn kom.”

“Kyk, al wil Hy my ombring - ek hoop op Hom.”

“Maar ek, ek weet: My Verlosser leef;

en Hy sal as laaste oor die stof opstaan.

En nadat hulle so my vel afgeskeur het,

sal ek nogtans uit my vlees God aanskou;

Hom wat ék sal aanskou my ten goede,

en my oë - en geen vreemde nie - sal sien.”

Job 19:7-21; 23:3-10; 13:15; 19:25-27.

Ooreenkomstig sy geloof, so was dit vir Job. “As Hy my toets,” het hy gesê,

“sal ek soos goud te voorskyn kom.” Job 23:10. So het dit dan ook gebeur.

Deur sy geduldige volharding het hy sy eie karakter geregverdig en sodoende

die karakter van Hom wie se verteenwoordiger hy was. “En die Here

het die lot van Job verander ... en die Here het Job se besittings vermeerder

tot dubbel soveel as voorheen. ... En die Here het die einde van Job meer

geseën as sy begin.” Job 42:10-12.

In die verslag van diegene wat deur selfverloëning tot deelgenootskap

met die lyde van Christus toegetree het,

- 157 -

staan die name - een in die Ou Testament en een in die Nuwe - van Jonatan

en van Johannes die Doper.

Jonatan, volgens geboorte erfgenaam van die troon, wat nogtans geweet

het dat hy deur die Goddelike bevel verwerp is; vir sy mededinger die teerste

en getrouste vriend, wat Dawid se lewe met groot gevaar vir sy eie beskerm

het; standvastig aan sy vader se sy deur die donker dae van kwynende mag,

om aan sy sy, uiteindelik te val - die naam Jonatan word in die hemel hoog

geag; en op aarde is dit ’n getuienis van die bestaan en die mag van onbaatsugtige

liefde.

Johannes die Doper het by sy verskyning as die Messias se voorloper, die

volk in beroering gebring. Van plek tot plek is sy voetstappe deur ontsaglike

mensemassas uit elke rang en stand gevolg. Maar toe die Een kom van wie

hy getuig het, het alles verander. Die menigtes het Jesus gevolg en dit het

geblyk dat Johannes se werk snel sy einde bereik. Tog het sy geloof nie gewankel

nie. “Hy moet meer word,” het hy gesê, “maar ek minder.” Johannes

3:30.

Die tyd het verbygegaan en die koninkryk wat Johannes vol vertroue verwag

het, is nie opgerig nie. In Herodes se kerker, van die lewegewende lug

en woestynvryheid afgesny, het hy gewag en daarna uitgesien.

Daar was geen wapenvertoon; geen gevangenisdeure wat oopgeruk is

nie; maar die genesing van die siekes, die verkondiging van die evangelie,

die opheffing van die siele van mense, het van Christus se sending getuig.

Alleen in die kerker, toe hy sien waarheen sy pad, soos sy Meester s’n, lei,

het Johannes die toevertroude pandgemeenskap met Christus in opoffering

- aangeneem. Hemelse boodskappers het hom na sy graf vergesel. Die

wesens van die heelal, gevallenes en ongevallenes, het sy handhawing van

onselfsugtige diens aanskou.

En in al die geslagte wat sedertdien verbygegaan het,

- 158 -

124 E.G.White - Opvoeding

DIE BYBEL AS OPVOEDER

125

is lydende siele deur die getuienis van Johannes se lewe onderskraag. In die

kerker, op die skavot, in die vlamme, is manne en vroue deur eeue van duisternis

versterk deur die herinnering aan hom van wie Christus verklaar het:

“Onder die wat uit vroue gebore is, het daar nie een opgestaan wat groter ...

is nie.” Matthéüs 11:11.

“En wat sal ek nog meer sê? Want die tyd sal my ontbreek as ek van Gideon,

Barak en Simson en Jefta, Dawid en Samuel en die profete sou verhaal, wat

deur die geloof koninkryke oorweldig het, geregtigheid uitgeoefen, beloftes

verkry, bekke van leeus toegestop, die krag van vuur uitgeblus, die skerpte

van die swaard ontvlug, krag uit swakheid ontvang het, dapper gewees het

in die oorlog, leërs van vreemdes op die vlug gedryf het.

“Vroue het hulle dode deur opstanding teruggekry en ander is gefolter

en wou geen bevryding aanneem nie, om ’n beter opstanding te kan verkry.

Ander weer het die proef van bespottinge en géselinge deurstaan, ook van

boeie en gevangenis. Hulle is gestenig, in stukke gesaag, versoek, deur die

swaard vermoor. Hulle het rondgeloop in skaapvelle en in bokvelle; hulle het

gebrek gely, hulle is verdruk, mishandel - die wêreld was hulle nie werd nie

- hulle het in woestyne rondgedwaal en op berge en in spelonke en skeure

in die grond.

“En alhoewel hulle almal deur die geloof getuienis ontvang het, het hulle

die belofte nie verkry nie, omdat God iets beters oor ons beskik het, sodat

hulle nie sonder ons volmaak sou word nie.” Hebreërs 11: 32-40.

Poësie en Sang

“U INSETTINGE WAS GE-

SANGE VIR MY IN DIE HUIS

VAN MY VREEMDELINGSKAP.”

- 159 -

DIE vroegste sowel as die mees verhewe digwerke wat aan die mens bekend

is, word in die Skrif gevind. Voordat die eerste van die wêreld se digters

gesing het, het die herder. van Midian hierdie woorde van God aan Job

neergeskryf - ongeëwenaar in hul majesteit, weergaloos onder die subliemste

voortbrengsels van die menslike genie:

“Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? ...

En wie het die see met deure afgesluit

toe dit uitgebreek ... het?

Toe Ek die wolk tot sy kleding gemaak het

en die donkerheid tot sy windsel.

Toe Ek my grens daarvoor uitgebreek

en grendel en deure gemaak het;

en gesê het: Tot hiertoe mag jy kom en nie verder nie;

en hier word ’n grens gestel vir jou trotse golwe.

“Het jy, so lank as jy lewe, die môre ontbied,

die dageraad sy plek aangewys? ...

“Het jy gekom tot by die bronne van die see?

En het jy rondgewandel in die binneste diepte van die

wêreldvloed ?

Is die poorte van die dood vir jou ontbloot?

En het jy die poorte van die doodskaduwee gesien?

Omvat jou begrip die breedtes van die aarde?

Gee te kenne as jy dit alles weet.

“Waar is tog die weg na die woning van die lig?

En die duisternis - waar is tog sy plek? ...

- 160 -

“Het jy gekom by die skatkamers van die sneeu?

En het jy die skatkamers van die hael gesien? .

Waar is tog die weg na die plek waar die lig gedeel word,

die oostewind hom uitsprei oor die aarde?

Wie het ’n kanaal gesplyt vir die stortvloed

en ’n pad vir die onweerstraal,

om te laat reën op ’n land waar geen mens is nie,

op ’n woestyn waar niemand woon nie;

126 E.G.White - Opvoeding

Poësie en Sang

127

om woestheid en verwoesting te versadig

en op die groeiplek jong gras te laat uitspruit?

“Kan jy die bande van die Sewester knoop?

Of die toue van die Orion losmaak?

Kan jy die Diereriem uitbring op sy tyd?

En die Beer met sy kleintjies lei?” Job 38:4-27, 31, 32.

Vir skoonheid van uitdrukking, lees ook die beskrywing van die lente, uit

Hooglied:

“Want kyk, die winter is verby,

die reëntyd is oor, dit het verbygegaan.

Die bloeisels word gesien in die land,

die sangtyd het aangebreek,

en die tortelduif laat sy stem hoor in ons land.

Die vyeboom laat sy voorvye uitswel,

en die wingerdstokke wat bloei,

versprei geur.

Staan op, my vriendin, my skone, kom dan tog!”

Hooglied 2:11-13.

En geensins minderwaardig me is Bileam se onwillige profesie van seën

aan Israel:

“Uit Aram laat Balak my haal,

die koning van Moab - uit die berge van die Ooste:

Kom vervloek Jakob vir my,

en kom, verwens Israel.

Hoe sal ek vloek wie Gód nie vloek nie?

En hoe sal ek verwens vir wie die Here nie verwens nie?

Want van die top van die rotse af sien ek hom,

en van die heuwels af aanskou ek hom.

Kyk, ’n volk wat afgesonderd woon

en hom nie tot die nasies reken nie. ...

5

- 161 -

“Kyk, ek het ontvang om te seën;

en het Hy geseën, dan kan ek dit nie keer nie.

’n Mens aanskou geen ongeregtigheid in Jakob

en sien geen onheil in Israel nie.

Die Here sy God is met Hom,

en die gejubel tot eer van die Koning is by hom. ...

Want daar is geen towery teen Jakob

of waarsêery teen Israel nie.

Nou sal van Jakob en van Israel gesê word

wat God gedoen het.”

“Die hoorder van die woorde van God spreek,

hy wat die gesigte van die Almagtige sien. ...

Hoe mooi is jou tente, o Jakob,

jou wonings, o Israel!

Soos dale met waterlope

wat hulle ver uitstrek, soos tuine by ’n rivier,

soos alewees wat die Here geplant het,

soos seders by die water.

“Die hoorder van die woorde van God spreek,

en hy wat die wetenskap van die Allerhoogste ken. ...

Ek sien hom, maar nie nou nie,

ek aanskou hom, maar nie naby nie:

’n ster kom te voorskyn uit Jakob,

en ’n septer kom uit Israel op. ...

En laat daar een uit Jakob heers.”

Numeri 23:7-23; 24:4-6,16-19.

Die melodie van lofuiting is die atmosfeer van die hemel; en wanneer

hemel en aarde in aanraking kom, is daar musiek en sang - ”danksegging en

die klank van liedere.” Jesaja 51:3.

Bokant die nuut geskape aarde, soos dit skoon en onbevlek onder die

glimlag van God gelê het, het “die môresterre saam gejubel en al die seuns

van God ,gejuig.” Job 38:7. So het rnenseharte, in voeling met die hemel, met

lofgesang op die goedheid van God gereageer. Baie gebeurtenisse in die

menslike geskiedenis is aan sang verbonde.

6

- 162 -

Die oudste lied wat van menselippe in die Bybel opgeteken staan, was

daardie heerlike lofuiting deur die menigtes van Israel by die Rooi See:

“Ek wil sing tot eer van die Here, want Hy is hoog verhewe.

Die perd en sy ruiter het Hy in die see gewerp.

Die Here is my krag en my psalm,

en Hy het my tot heil geword.

Hy is my God, Hom sal ek roem;

die God van my vader, Hom sal ek verhef.

,,o Here, u regterhand is verheerlik deur krag.

U regterhand, o Here, verpletter die vyand. ...

o Here, wie is soos U onder die gode?

Wie is soos U, verheerlik in heiligheid,

128 E.G.White - Opvoeding

Poësie en Sang

129

gedug in roemryke dade, een wat wonders doen?

“Die Here sal regeer vir ewig en altoos. ...

Sing tot eer van die Here, want Hy is hoog verhewe.”

Exodus 15:1, 2, 6-11, 18-21.

Groot was die seëninge wat deur mense in antwoord op hul lofliedere ontvang

is. Die paar woorde wat ’n ondervinding uit Israel se woestynomswerwinge

meedeel, hou ’n les in wat vir ons stof tot nadenke bied.

“En daarvandaan het hulle na Beër getrek. Dit is die put waarvan die Here

aan Moses gesê het: Laat die volk bymekaarkom, dat Ek vir hulle water kan

gee.” Numeri 21:16. “Toe het Israel hierdie lied gesing:

“Spring op, o put! Besing hom!

o Put wat die vorste gegrawe het,

wat die edeles van die volk gedelf het,

met die septer, met hulle stawe!”

Numeri 21:17, 18.

Hoe dikwels word hierdie geskiedenis nie in die geestelike ondervinding

herhaal nie! Hoe dikwels word die fonteine van berou en geloof, van hoop en

liefde en vreugde, nie deur die woorde van gewyde sang ontsluit nie!

- 163 -

Dit was met lofliedere dat die leërmagte van Israel na die groot verlossing

onder Josafat opgetrek het. Die tyding van dreigende oorlog het Josafat

bereik. “Daar kom ’n groot menigte teen u,” was die boodskap, “die kinders

van Moab en die kinders van Amman,” en saam met hulle andere. “Josafat

[het] bevrees geword en sy aangesig daarop gerig om die Here te soek en

hy het oor die hele Juda ’n vasdag uitgeroep. En Juda het byeengekom om

van die Here hulp te soek; selfs uit al die stede van Juda het hulle gekom om

die Here te soek.” En waar Josafat in die tempelhof voor sy volk gestaan het,

het hy sy siel in gebed uitgestort en op grond van Gods belofte gepleit, met

’n belydenis van Israel se hulpeloosheid. “Want in ons is geen krag teenoor

hierdie groot menigte wat teen ons gekom het nie,” het hy gesê; “en ons weet

nie wat ons moet doen nie, maar ons oë is op U.” 2 Kronieke 20:2, 1, 3,4, 12.

“Toe kom die Gees van die Here” op Jahasiël, ’n Leviet, “en hy het gesê: Luister,

almal wat uit Juda is en inwoners van Jerusalem en u, koning Josafat! So

sê die Here aan julle: Wees nie bevrees of verskrik vanweë hierdie groot menigte

nie, want die stryd is nie julle saak nie, maar die saak van God. ... Julle

hoef daarby nie te veg nie; staan gereed, bly staan en aanskou die redding

van die Here. ... Vrees nie en wees nie verskrik nie; trek môre teen hulle uit en

die Here sal met julle wees.” 2 Kronieke 20:14-17.

“Daarop maak hulle die môre vroeg klaar en trek na die woestyn van Tekoa

uit.” 2 Kronieke 20:20. Voor die leër uit het sangers gegaan en hul stemme in

lof tot God verhef - en Hom vir die beloofde oorwinnig geprys.

Op die vierde dag daarna het die leër na Jerusalem teruggekeer, belaai

met die buit van hul vyande, onderwyl hulle hul lof oor die behaalde oorwinning

sing.

- 164 -

Deur sang het Dawid, te midde van die wedervaringe van sy wisselvallige

lewe, met die hemel gemeenskap gehou. Hoe lieflik word sy ondervindings

as herderseun in dié woorde weerspieël:

“Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie.

Hy laat my neerlê in groen weivelde;

na waters waar rus is, lei Hy my heen. ...

Al gaan ek ook in ’n dal van doodskaduwee,

ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my:

u stok en u staf dié vertroos my.” Psalm 23:1-4.

In sy manlike jare het hy, ’n vlugteling voor sy agtervolgers uit, sy toevlug

tussen rotse en in spelonke van die woestyn gevind en geskrywe:

,,o God, U is my God, U soek ek;

my siel dors na U, my vlees smag na U,

in ’n dor en uitgedroogde land, sonder water. ...

Want U was ’n hulp vir my,

en in die skaduwee van u vleuels sal ek jubel.”

“Wat buig jy jou neer, o my siel,

en wat is jy onrustig in my?

Hoop op God,

want ek sal Hom nog loof -

die verlossing van my aangesig

en my God!”

“Die Here is my lig en my heil:

vir wie sou ek vrees?

Die Here is die toevlug van my lewe:

vir wie sou ek vervaard wees?”

Psalms 63:2-8; 42:12; 27:1

Dieselfde vertroue word geadem deur die woorde wat geskrywe is toe Dawid,

’n onttroonde en kroonlose koning, tydens die rebellie van Absalom uit

Jerusalem gevlug het. Uitgeput deur smart en die vermoeienis van sy vlug,

het hy saam met sy geselskap vir ’n paar uur van rus langs die Jordaan vertoef.

Hy is gewek deur die oproep om onmiddellik te vlug. In die duisternis

moes die diep en snel

130 E.G.White - Opvoeding

Poësie en Sang

131

- 165 -

vloeiende stroom deur daardie hele geselskap van manne, vroue en klein

kindertjies oorgesteek word; want kort op hul hakke was die magte van die

veraaier-seun.

In daardie uur van die donkerste beproewing het Dawid gesing:

“Luid roep ek die Here aan,

en Hy verhoor my van sy heilige berg.

“Ek het gaan lê en aan die slaap mag raak;

ek het wakker geword, want die Here ondersteun my.

Ek sal nie vrees vir tienduisende van mense

wat rondom teen my gereed staan nie.” Psalm 3:5-7.

Na sy groot sonde, in die sielesmart van berou en selfveragting, het hy

hom nog tot God as sy beste vriend gewend:

“Wees my genadig, o God, na li goedertierenheid;

delg my oortredinge uit na die grootheid van u

barmhartigheid. ...

Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees;

was my, dat ek witter kan wees as sneeu.”

Psalm 51:3-9.

In sy lang lewe het Dawid op aarde geen rusplek gevind nie. “Want ons is

vreemdelinge en bywoners voor u aangesig,” het hy gesê, “soos al ons vaders;

ons dae op die aarde is soos ’n skaduwee en daar is geen verwagting nie.” 1

Kronieke 29:15.

“God is vir ons ’n toevlug en sterkte;”

as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.

Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde

en al wankel die berge weg in die hart van die see.

“Die stroompies van ’n rivier maak die Godstad bly,

die heiligste van die woninge van die Allerhoogste.

God is daar binne - in, dit sal nie wankel nie;

God sal dit help as die dag aanbreek. ...

Die Here van die leërskare is met ons; “

die God van Jakob is ’n rotsvesting vir ons.”

“Hierdie God [is] onse God, vir ewig en altyd;

Hy salons lei tot die dood toe,”

Psalm 46:2,3,5-8; 48:15.

- 166 -

Tydens Sy aardse lewe het Jesus versoeking met ’n lied tegemoetgegaan.

Dikwels toe skerp, snydende woorde gespreek is, dikwels toe die atmosfeer

om Hom swaar was van droefgeestigheid, misnoeë, wantroue of benouende

vrees, is Sy lied van geloof en heilige vreugde gehoor.

Op daardie laaste droewige aand van die Pasgamaal, toe Hy op die punt

was om verraad en die dood tegemoet te gaan, het Hy Sy stem verhef en die

psalm gesing:

“Laat die Naam van die Here geprys word,

van nou af tot in ewigheid!

Van die opgang van die son tot by sy ondergang

moet die Naam van die Here geloof word!”

“Ek het lief, want die Here hoor my stem, my smekinge,

want Hy het sy oor tot my geneig;

daarom sal ek Hom in my dae aanroep.

“Bande van die dood het my omring,

en angste van die doderyk het my getref;

ek het benoudheid en kommer gevind.

Maar ek het die Naam van die Here aangeroep:

Ag, Here, red my siel.

Die Here is genadig en regverdig,

en onse God is ’n ontfermer.

“Die Here bewaar die eenvoudiges;

ek het swak geword, maar Hy het my gehelp.

My siel, keer terug tot jou rus;

want die Here het goed aan jou gedoen.

Want U het my siel gered van die dood,

my oog van trane, my voet van struikeling.”

Psalms 113:2, 3; 116:1-8.

Te midde van die donker wordende skaduwees van die aarde se laaste

groot krisis, sal Gods lig die helderste skyn en die lied van hoop en vertroue

sal op sy suiwerste en verhewenste gehoor word.

- 167 -

“In dié dag sal hierdie lied gesing word in die land Juda:

’n Sterk stad het ons;

God stel heil tot mure en skanse.

Maak oop die poorte,

dat die regverdige nasie kan ingaan wat die trou bewaar!

U sal ’n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar,

want hulle vertrou op U.

Vertrou op die Here vir ewig,

want in die Here Here is ’n ewige rots,” Jesaja 26:1-4.

132 E.G.White - Opvoeding

Poësie en Sang

133

“Die losgekoop tes van die Here sal teruggaan en na Sion kom met gejubel

en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry,

maar komme! en gesug vlug weg,” Jesaja 35:10.

“En hulle sal kom en op die hoogte van Sion jubel en toestroom na die

seëninge van die Here ...; en hulle siel sal wees soos ’n welbesproeide tuin en

hulle sal verder nie meer kwyn nie.” Jeremia 31:12.

Die Mag van Sang

Die geskiedenis van die Bybel se liedere is vol aanduidings van die gebruike

en voordele van musiek en sang. Musiek word dikwels verdraai om bose

oogmerke te bereik en sodoende word dit een van die aanloklikste middele

tot versoeking. Maar, reg aangewend, is dit ‘n kosbare gawe van God, bedoel

om die gedagtes op hoë en edel onderwerpe te vestig, om die siel te

inspireer en te verhef.

Soos die kinders van Israel, onderwyl hulle deur die woestyn gereis het, hul

pad met musiek en gewyde liedere opgevrolik het, beveel God Sy kinders

vandag om hul pelgrimslewe te verbly. Daar is min doeltreffender middele

om Sy woorde in die geheue vas te heg as om dit in sang te herhaal. En sulke

sang het ’n wonderlike mag. Dit het

- 168 -

die mag om ruwe en onontwikkelde geaardhede tot bedaring te bring;

die mag om gedagtes te wek en medelye wakker te maak, om eendragtige

optrede te bevorder en die bedruktheid en voorgevoelens te verban wat die

moed breek en inspanning verswak.

Dit is een van die doeltreffendste maniere om die hart met geestelike

waarheid te beïndruk. Hoe dikwels roep die herinnering in die benoude en

byna wanhopige siel die een of ander woord van God op - die lank vergete

refrein van ’n lied uit die kinderjare - en versoekings verloor hulle krag, die

lewe kry ’n nuwe betekenis en ’n nuwe doel en moed en vreugde word aan

ander siele oorgedra!

Die waarde van sang as ’n middel tot opvoeding moet nooit uit die oog

verloor word nie. Laat daar in die huis gesing word, liedere wat soet en rein

is en daar sal minder woorde van afkeuring en meer van opgewektheid en

hoop en vreugde wees. Laat daar op skool gesing word en die leerlinge sal

nader aan God, aan hul onderwysers en aan mekaar getrek word.

As deel van godsdiens is sang net soveel ’n daad van aanbidding as wat

gebed is. Menige lied is inderdaad ’n gebed. As die kind geleer word om dit

te besef, sal hy meer nadink oor die betekenis van die woorde wat hy sing en

vir hulle mag ontvankliker wees.

Soos ons Heiland ons na die drumpel van die Oneindige lei, oorweldig

deur die heerlikheid van God, kan ons begrip die onderwerpe van lof en

danksegging verneem van die hemelse koor wat rondom die troon is; en

soos die eggo van die engele se lied in ons aardse wonings wakker gemaak

word, sal harte nader aan die hemelse sangers getrek word. Gemeenskap

met die hemel besin op aarde. Ons leer reeds hier die grondtoon van sy lof.

134 E.G.White - Opvoeding

DIE BYBEL AS OPVOEDER

135

Verborgenhede van die Bybel

“KAN JY DIE DIEPTES VAN

GOD PEIL?

- 169 -

GEEN beperkte verstand kan ten volle die karakter of die werke van die

Oneindige begryp nie. Ons kan nie die dieptes van God peil nie. Vir die sterkste

en mees ontwikkelde verstande, sowel as vir die swakste en onkundigste,

moet daardie heilige Wese in verborgenheid gehul bly. Maar al is “wolke

en donkerheid ... rondom Hom; geregtigheid en reg is die grondslag van sy

troon.” Psalm 97:2. Ons kan Sy handelwyse teenoor ons in die mate begryp

dat ons grenslose genade met oneindige krag verenig sien. Ons kan soveel

van Sy voorneme vir ons begryp as wat ons in staat is om te verstaan; verder

as dit kan ons nog die almagtige hand, die hart vol liefde vertrou.

Die Woord van God, soos die karakter van sy Outeur, hou verborgenhede in

wat nooit ten volle deur beperkte wesens begryp kan word nie. Maar God het

indie Skrif afdoende bewys van hul Goddelike gesag gegee. Sy eie bestaan,

Sy karakter, die geloofwaardigheid van Sy Woord, word bevestig deur getuienis

wat tot ons rede spreek; dié getuienis is oorvloedig. Dit is waar dat

Hy nie die moontlikheid van twyfel uit die weg geruim het nie; geloof moet

op bewyse, nie op demonstrasie berus nie; diegene wat wil twyfel, het die

geleentheid daarvoor; maar die wat graag die waarheid wil ken, vind ’n voldoende

grondslag vir geloof.

- 170 -

Ons het geen rede om Gods Woord te betwyfel omdat ons nie die verborgenhede

van Sy voorsienigheid kan verstaan nie. In die natuurlike wêreld is

ons voortdurend omring deur wonders wat ons begrip te bowe gaan. Moet

ons dan verbaas wees om ook in die geestelike wêreld geheimenisse aan te

tref wat ons nie kan peil nie? Die moeilikheid lê geheel en al in die swakheid

en engheid van die menslike verstand.

Verre daarvan dat die verborgenhede van die Bybel ’n argument daarteen

is, is dit onder die sterkste bewyse vir die Goddelike ingewing daarvan. As

dit geen verslag van God bevat het behalwe wat ons kon verstaan nie; as

Sy grootheid en majesteit deur beperkte verstande begryp kon word, dan

sou die Bybel nie, soos tans, die onmiskenbare waarmerke van Goddelikheid

bevat het nie. Die grootsheid van sy onderwerpe behoort geloof daarin in te

boesem as die Woord van God.

Die Bybel ontvou waarheid met ’n eenvoud en ’n aanpassing by die be-

136 E.G.White - Opvoeding

Verborgenhede van die Bybel

137

hoeftes en verlangens van die menslike hart wat al die mees ontwikkelde

geeste verbaas en bekoor het, terwyl dit ook vir die nederige en onopgeleide

persoon die weg tot die lewe duidelik maak. “Wie die weg bewandel - selfs

die dwase sal nie dwaal nie.” Jesaja 3S:8. Geen kind hoef hom oor die pad te

misgis nie. Geen sidderende soeker hoef in gebreke te bly om in smettelose

en heilige lig te wandel nie. Tog durf die waarhede wat die eenvoudigste gestel

is, verhewe, verreikende temas aan wat die mag van die menslike begrip

oneindig ver te bowe gaanverborgenhede wat Sy heerlikheid verskuil, geheimenisse

wat die verstand en navorsing oorweldig - terwyl dit die opregte

waarheidsoeker met eerbied en geloof besiel. Hoe meer ons die Bybelondersoek,

hoe dieper is ons oortuiging dat dit die Woord van die lewende God

is en die menslike rede buig voor die majesteit van Goddelike openbaring.

God bedoel dat die waarhede van Sy Woord gedurig vir

- 171 -

die ernstige soeker sal ontplooi. Hoewel “die verborge dinge ... vir die Here

onse God” is, is “die geopenbaarde dinge ... vir ons en ons kinders.” Deuteronomium

29:29. Die gedagte dat sekere dele van die Bybel nie begryp kan

word nie, het tot ’n verwaarlosing van sommige van sy belangrikste waarhede

gelei. Die feit moet benadruk en dikwels herhaal word dat die verborgenhede

van die Bybel nie sodanig is omdat God Hom daarop toegelê het

om waarheid te verberg nie, maar omdat ons eie swakheid of onkunde ons

onbevoeg maak om waarheid te begryp of ons eie te maak. Die beperking lê

nie in Sy doel nie, maar in ons kapasiteit. Juis van daardie Skrifgedeeltes wat

dikwels as iets onbegrypliks oorgeslaan word, wil God graag hê ons moet

soveel snap as wat ons verstande in staat is om in te neem. “Die hele Skrif

is deur God ingegee,” sodat ons “vir elke goeie werk volkome toegerus” kan

wees. 2 Timótheüs 3:16, 17.

Dit is onmoontlik vir enige menslike verstand om selfs een waarheid of

belofte van die Bybel uit te put. Die een sien die heerlikheid van een kant af,

’n ander weer uit ’n ander hoek; tog merk ons net glanspunte op. Die volle

luister lê buite ons gesigskring.

Namate ons die groot dinge van Gods Woord betrag, kyk ons in ’n fontein

wat voor ons oë wyer en dieper word. Sy breedte en diepte gaan ons kennis

te bowe. Terwyl ons staar, verruim die visioen; voor ons uitgestrek, aanskou

ons ’n grenslose, oewerlose see.

Dié soort studie het lewegewende vermoë. Die verstand en hart kry nuwe

krag, ’n nuwe lewe.

Hierdie ondervinding is die hoogste bewys van die Bybel se Goddelike ou-

teurskap. Ons ontvang Gods Woord as voedsel vir die siel, deur dieselfde bewyse

as wat ons brood as voedsel vir die liggaam aanneem. Brood voldoen

aan die

- 172 -

behoefte van ons natuur; ons weet uit die ondervinding dat dit bloed en

been en brein voortbring. Pas dieselfde toets op die Bybel toe; wanneer sy

beginsels inderdaad karakterelemente geword het, wat is die gevolg? watter

veranderinge is in die lewe teweeggebring? “Die ou dinge het verbygegaan,

kyk; dit het alles nuut geword.” 2 Korinthiërs 5:17. Deur die krag daarvan het

manne en vroue die kettings van sondige gewoontes verbreek. Hulle het van

selfsug afgesien. Die lasteraars het eerbiedig geword, die dronkes nugter, die

losbandiges rein. Siele wat die gelykenis van die Satan gedra het, is tot die

beeld van God herskep. Dié verandering is self die allergrootste van wonderwerke.

’n Verandering wat deur die Woord teweeggebring word, is dit een

van die Woord se diepste verborgenhede. Ons kan dit nie begryp nie; ons

kan net glo, soos die Skrif verklaar: “Dit is Christus onder julle, die hoop van

die heerlikheid.” Kolossense 1:27.

’n Kennis van hierdie verborgenheid voorsien ’n sleutel tot elke ander een.

Dit stel vir die siel die skatte van die heelal oop, die moontlikhede van oneindige

ontwikkeling.

En dié ontwikkeling word verwerf deur die voortdurende ontplooiing

aan ons van die karakter van Goddie heerlikheid en die geheimenis van die

geskrewe woord. As dit vir ons moontlik was om ’n volle begrip van God en

Sy Woord te bekom, sou daar op ons geen verdere blootlegging van waarheid,

geen groter kennis, geen verdere ontwikkeling gewag het nie. God sou

ophou om oppermagtig te wees en die mens sou sy vooruitgang staak. Goddank

dat dit nie so is nie! Aangesien God oneindig is en al die skatte van

wysheid in Hom is, kan ons tot in alle ewigheid voortdurend soek, aanhoudend

leer en tog nooit die rykdom van Sy wysheid, Sy goedheid of Sy mag

uitput nie.

138 E.G.White - Opvoeding

DIE BYBEL AS OPVOEDER

139

Die Geskiedenis en die Profesie

“WIE HET DIT VAN OUDS AF LAAT

HOOR? .. IS DIT NIE EK:, DIE HERE,

NIE? EN BUITEN MY IS DAAR GEEN

ANDER GOD NIE.”

- 173 -

DIE Bybel is die oudste en die omvattendste geskiedenis wat die mens besit.

Dit het vars uit die fontein van ewige waarheid voortgeborrel, en deur

die eeue heen het ’n Goddelike hand sy reinheid bewaar. Dit verlig die verre

verlede, waar menslike navorsing vergeefs probeer om in te dring. In Gods

Woord alleen aanskou ons die mag wat die fondamente van die aarde gelê

en die hemele uitgestrek het. Net hier vind ons ’n gesaghebbende verslag

van die oorsprong van volke. Net hier word ’n geskiedenis van ons geslag

aangegee, onbevlek deur menslike trots of vooroordeel.

In die annale van die menslike geskiedenis verskyn die groei van volke, die

opkoms en ondergang van ryke asof dit van die wil en vaardigheid van die

mens afhanklik is. Die vorming van gebeurtenisse lyk of dit, in ’n groot mate,

deur sy mag, ambisie of grille bepaal word. Maar in die Woord van God word

die gordyn opsy getrek en ons aanskou, agter, bo en deur die ganse spel en

teenspel van menslike belange en magen drifte die bemiddelinge van die

Algenadige, wat stilweg, geduldig, die raadsbesluite van Sy eie wil uitwerk.

Die Bybel openbaar die ware filosofie van die geskiedenis. In daardie

woorde van ongeëwenaarde skoonheid en teerheid wat deur die apostelPáulus

tot die wysgere van

- 174 -

Athene gespreek is, word Gods doel met die skepping en die verspreiding

van rasse en nasies uiteengesit. “Hy het uit een bloed al die nasies van die

mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde

tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het, sodat hulle die Here

kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind.” Handelinge 1 7:26, 27.

God verklaar dat wie ook al wil, tot “die band van die verbond” kan toetree.

Esegiël 20:37. Met die skepping was dit Sy doel dat die aarde bewoon moet

word deur wesens wie se bestaan hulself en andere tot seën en hulle Skepper

tot eer, sou strek. Almal wat wil, kan hulle met hierdie doel vereenselwig.

Van hulle word daar gesê: “Die volk wat Ek vir My geformeer het, hulle sal my

lof verkondig.” Jesaja 43:21.

God het in Sy wet die beginsels geopenbaar wat alle ware voorspoed van

140 E.G.White - Opvoeding

Die Geskiedenis en die Profesie

141

nasies en indiwidue te grondslag lê. “Dit is julle wysheid en julle verstand,”

het Moses aan die Israeliete aangaande die wet van God verklaar. “Want dit

is geen vergeefse woord vir julle nie, maar dit is julle lewe.” Deuteronomium

4:6; 32:47. Die seëninge wat so aan Israel verseker is, is op dieselfde voorwaardes

en in dieselfde mate vir elke nasie en elke persoon onder die ganse

hemel verseker.

Die mag wat deur elke regeerder op aarde beoefen word, is deur die

hemel toebedeel; en van sy gebruik van hierdie mag wat so aan hom verleen

is, hang sy sukses af. Aan elkeen is die woord van die Goddelike Bode: “Ek

omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie.” Jesaja 45:5. En vir elkeen is die

woorde wat tot Nebukadnesar van ouds gespreek is, ’n lewensles: “Breek met

u sondes deur geregtigheid en met u ongeregtighede deur genade te bewys

aan die ellendiges as daar verlenging van u rus moet wees.” Daniël 4:27.

- 175 -

Om hierdie dinge te begryp - om die woorde te verstaan: “Geregtigheid

verhoog ’n volk,” dat “deur geregtigheid ... die troon bevestig” word en die

koning “deur liefde ... sy troon” stut (Spreuke 14:34; 16:12; 20:28); om hierdie

beginsels se werking te bespeur in die magsopenbaring van Hom van wie

daar gesê word: “Hy sit konings af en stel konings aan” (Daniël 2:21) - dit is om

die filosofie van die geskiedenis te begryp.

Net in die Woord van God word dit duidelik uiteengesit. Hier word daar

getoon dat die krag van nasies, soos van indiwidue, nie te vinde is in die

geleenthede of fasiliteite wat hulle skynbaar onoorwinlik maak nie; dit word

nie aangetref in die grootheid waarop hulle hul beroem nie. Dit word gemeet

aan die getrouheid waarmee hulle Gods doei verwesenlik.

’n Illustrasie van hierdie waarheid word in die geskiedenis van antieke

Babilon gevind. Aan Nebukadnesar, die koning, is die ware doel van nasionale

regering voorgestel in die sinnebeeld van ’n groot boom, waarvan die

“hoogte ... tot aan die hemel gereik [het], sodat hy tot aan die einde van die

hele aarde sigbaar was. Sy blare was mooi en sy vrugte baie en aan hom

was vir alles voedsel; onder hom het die diere van die veld skaduwee gesoek

en in sy takke het die voëls van die hemel gewoon.” Daniël 4:11, 12. Hierdie

voorstelling toon die aard van ’n regering wat Gods doel volbring - ’n regering

wat die volk beskerm en ophou.

God het Babilon verhef, sodat dit hierdie doel kan verwesenlik. Voorspoed

het die volk te beurt geval, totdat dit ’n hoogtepunt van rykdom en mag bereik

het wat nooit sedertdien geëwenaar is nie - paslik in die Skrif voorgestel

deur die geïnspireerde simbool, ’n “hoof van goud.” Daniël 2:38.

Maar die koning het nagelaat om die mag te erken wat hom verhef het.

Nebukadnesar het in die hoogmoed van sy hart gesêr: “Is dit nie die groot

Babel wat ek opgebou het

- 176 -

tot ’n koninklike verblyf, deur die sterkte van my vermoë en tot verheerliking

van my majesteit nie?” Daniël 4:30.

In plaas van ’n beskerrner van mense te wees, het Babilon ’n verwaande en

wrede onderdrukker geword. Die woorde van Inspirasie wat die wreedheid

en hebsug van heersers in Israel uitbeeld, openbaar die geheim van Babilon

Se val en van die val van menige ander koninkryk sedert die wêreld begin

het: “Julle eet die vet en beklee julle met die wol; julle slag die vettes, maar

die skape laat julle nie wei nie; julle versterk die swakkes nie en maak die

siekes nie gesond nie en die wat gewond is, verbind julle nie en wat weggedryf

is, bring julle nie terug nie en wat verlore is, soek julle nie; maar met

strengheid heers julle oor hulle en met hardheid.” Esegiël 34:3, 4.

Tot die heerser van Babilon het die vonnis van die Goddelike Bode gekom:

O Koning, “jou word aangesêdie koningskap word jou ontneem.” Daniël

4:31.

“Kom af en sit in die stof, jonkvrou, dogter van Babel!

Sit op die grond sonder troon. ...

Sit doodstil,

en gaan in die duisternis, dogter van die Chaldeërs!

want jy sal nie langer genoem word gebiedster van die koninkryke nie.”

Jesaja 47:1-5.

“Jy wat by die groot waters woon, wat skatryk is,

jou einde het gekom, die maat waarop jy afgesny word.”

“So sal dan Babel, die sieraad van die koninkryke,

die trotse pronkstuk van die Chaldeërs,

wees soos toe God Sodom en Gomorra omgekeer het.”

“En Ek sal dit ’n besitting maak van krimpvarkies en tot waterplasse; en Ek

sal dit wegvee met die besem van verdelging, spreek die Here van die leërskare.”

Jeremia 51:13; Jesaja 13:19; 14:23. .

Elke volk wat op die toneel van aksie gekom het, is toegelaat om sy plek op

die aarde in teneem, sodat gesien

- 177 -

kon word of dit die doel van die “bode, naamlik ’n heilige” sou vervul. Die

profesie het die opkoms en ondergang van die wêreld se groot ryke geskets

- Babilonië, Mede - Persië, Griekeland en Rome. Met elkeen van hulle, soos

142 E.G.White - Opvoeding

Die Geskiedenis en die Profesie

143

met die nasies van minder mag, het die geskiedenis hom herhaal. Elkeen het

sy proeftyd gehad, elkeen het misluk, sy heerlikheid het verdof, sy mag het

gewyk en sy plek is deur ’n ander ingeneem.

Hoewel die nasies Gods beginsels verwerp en deur dié verwerping hul eie

ondergang teweeggebring het, was dit nogtans duidelik dat die Goddelike,

oppermagtige voorneme deur al hul bewegings werk.

Hierdie les word geleer in ’n wonderbare simboliese voorstelling wat tydens

sy ballingskap in die land van die Chaldeërs aan die profeet Esegiël

gegee is. Die gesig is gegee in ’ntyd toe Esegiël swaar belas was met bedroewende

herinneringe en kwellende voorgevoelens. Die land van sy vaders

was woes. Jerusalem was ontvolk. Die profeet self was ’n vreemdeling in ‘n

land waar ambisie en wreedheid hoogty gevier het. Soos hy van alle kante

tirannie en onreg aanskou het, was sy siel ontsteld en hy het dag en nag getreur.

Maar die simbole wat aan hom voorgestel is, het aan hom ’n mag hoër

as die van aardse heersers geopenbaar.

Aan die oewers van die Kebarrivier het Esegiël ’n stormwind gesien wat

skynbaar uit die noorde kom, ”’n groot wolk met onophoudelike vuur; en

’n glans was rondom die wolk en daaruit, uit die vuur, het iets soos blinkende

metaal geskitter.” ’n Aantal wiele, wat mekaar deurkruis het, is deur vier

lewende wesens beweeg. Hoog bokant dit alles was “iets wat soos saffiersteen

gelyk het; in die gestalte van ’n troon; en op die troongestalte ’n gestalte

wat soos ’n mens gelyk het.” “En daar is aan die gerubs gesien die vorm

van ’n mens se hand onder hulle

- 178 -

vlerke.” Esegiël 1:4, 26; 10:8. Die wiele het so ’n ingewikkelde rangskikking

gehad dat dit by die eerste oogopslag gelyk het asof hulle verward is; maar

hulle het in volmaakte harmonie beweeg. Hemelse wesens, onderskraag en

gerig deur die hand onder die gerubs se vlerke, het hierdie wiele aangedryf;

bokant hulle, op die troon van saffier, was die Ewige; en rondom die troon ’n

reënboog, die sinnebeeld van Goddelike genade.

Soos die wielagtige ingewikkeldhede onder beheer van die hand benede

die gerubs se vlerke was, so is die ingewikkelde spel van menslike gebeurtenisse

onder Goddelike beheer. Te midde van die stryd en oproer van volkere,

rig Hy wat bokant die gerubs sit, nog steeds die sake van die wêreld.

Die geskiedenis van nasies wat een na die ander hul aangewese tyd en

plek in beslag geneem en onbewus getuig het van die waarheid waarvan

hulle self nie die betekenis geken het nie, spreek tot ons. Aan elke nasie en

aan elke enkeling het God vandag ’n plek in Sy groot plan toegewys. Vandag

word mense en nasies gemeet met die skietlood in die hand van Hom wat

geen fout begaan nie. Almal beslis hul lotsbestemming deur hul eie keuse en

God laat alles so geskied dat Sy doelstellinge verwesenlik word.

Die geskiedenis wat die groot EK IS in Sy Woord uiteengesit het, deur skakel

na skakel in die profetiese ketting aanmekaar te smee, van die ewige

verlede tot die ewige toekoms, vertel ons waar ons vandag in die optog van

die eeue is en wat in die komende tyd verwag kan word. Alles wat die profesie

voorspel het tot op hede sou gebeur, is in die oorkondes van die geskiedenis

neergeskryf en ons kan daarvan seker wees dat alles wat nog moet

kom, op sy tyd vervul sal word.

- 179 -

Die finale omverwerping van alle aardse heerskappye word duidelik in

die Woord van waarheid voorspel. In die profesie wat uitgespreek is toe die

vonnis van God oor die laaste koning van Israel gevel is, word die boodskap

oorgedra:

“So sê die Here Here: Die tulband moet weg en die kroon moet af! ... Na bo

met wat nederig is! Na onder met wat hoog is! Puinhoop, puinhoop, puinhoop

sal Ek dit maak. Ook dit sal nie bly nie - totdat Hy kom wat daarop reg

het en aan Hom sal Ek dit gee.” Esegiël 21:26, 27.

Die kroon wat van Israel verwyder is, het agtereenvolgens op die koninkryke

van Babilonië, Medo-Persië, Griekeland en Rome oorgegaan. God sê: “Ook dit

sal nie bly nie - totdat Hy kom wat daarop reg het en aan Hom sal Ek dit gee.”

Daardie tyd is op hande. Vandag verklaar die tekens van die tye dat ons op

die drumpel van groot en plegtige ge beure staan. Alles in ons wêreld is in

beroering. Voor ons oë word die Heiland se profesie vervul oor die gebeurtenisse

wat Sy koms sal voorafgaan: “En julle sal hoor van oorloë en gerugte

van oorloë. ... Die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk

teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings

op verskillende plekke.” Matthéüs 24:6, 7.

Die huidige is ’n tyd van geweldige belang vir almal wat lewe. Heersers en

staatsmanne, mense wat posisies van verantwoordelikheid en gesag beklee,

denkende manne en vroue uit alle klasse, vestig hul aandag op die gebeurtenisse

wat om ons plaasvind. Hulle hou die gespanne, rustelose verhoudinge

dop wat onder die nasies bestaan. Hulle let op die intensiteit wat van elke

aardse element besit neem en hulle erken dat iets groots en beslissends op

die punt staan om plaas te vind - dat die wêreld op die randjie van ’n ontsettende

krisis verkeer.

- 180 -

144 E.G.White - Opvoeding

Die Geskiedenis en die Profesie

145

Engele hou tans die winde van stryd in toom, sodat dit nie sal waai alvorens

die aarde aangaande sy komende oordeel gewaarsku is nie; maar ’n

storm steek op, gereed om oor die aarde te breek; en sodra God Sy engele

sal beveel om die winde los te laat, sal daar so ’n toneel van stryd wees soos

geen pen kan uitbeeld nie.

Die Bybel en die Bybel alleen, gee ’n korrekte beeld van hierdie dinge. Hier

word die groot laaste tonele in die geskiedenis van ons wêreld geopenbaar,

gebeurtenisse wat reeds vooruit hul skaduwees werp en die klank van hul

nadering laat die aarde beef en mense se harte beswyk van vrees.

“Kyk, die Here maak die aarde leeg en verwoes dit en Hy keer sy oppervlakte

om en verstrooi sy bewoners. ... Want die aarde is ontheilig onder sy

bewoners; want hulle het die wette oortree, die insetting geskend, die ewige

verbond verbreek. Daarom verteer die vloek die aarde en moet sy bewoners

boet. ... Weg is die vreugde van die tamboeryne, die gedruis van die uitgelate

mense hou op, weg is die vreugde van die siter!” Jesaja 24:1-8.

“Ag, die dag! Want naby is die dag van die Here en hy kom soos ’n verwoesting

van die Almagtige. ... Die graankorrels het weggekrimp onder hulle

kluite, die voorraadkamers is verwoes, die graanbakke afgebreek, want die

koring het verdor. Hoe sug die vee! Die troppe beeste is onrustig, want daar

is geen weiveld vir hulle nie; ook die troppe kleinvee moet boet.” “Die wingerdstok

het verdor en die vyeboom het verwelk; die granaat, ook die palm en

die appelboom, al die bome van die land het verdor; want beskaamd is die

vreugde, weg Van die mensekinders af.” Joël 1:15-18, 12.

“Ek moet bewe van angs! o Mure van my hart! ...

Ek kan nie swyg nie; want jy, my siel, het basuingeluid

- 181 -

gehoor, oorlogsgeskreeu! Verwoesting op verwoesting word uitgeroep,

want die hele land is verwoes.”

“Ek het na die aarde gekyk en dit was woes en leeg; ook na die hemel en

sy lig was daar nie. Ek het na die berge gekyk en hulle het gebewe en al die

heuwels het geskud. Ek het gekyk en daar was geen mens nie en al die voëls

van die hemel het weggevlieg. Ek het gekyk en die land van tuine was ’n

woestyn en al systede was afgebreek.” Jeremia 4:19, 20, 23-26.

“Wee, want die dag is groot, sonder weerga! En dit is ’n tyd van benoudheid

vir Jakob; maar hy sal daaruit verlos word.” Jeremia 30:7.

“Kom, my volk, gaan in jou binnekamers en sluit jou deur agter jou toe,

verberg jou vir ’n klein oomblik, totdat die grimmigheid verbygaan.” Jesaja

26:20.

“Want U, Here, is my toevlug.

Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak.

Geen onheil sal jou tref

en geen plaag naby jou tent kom nie.” Psalm 91:9, 10.

“Die God van die gode, die Here, spreek

en roep die aarde, van die opgang van die son af tot sy ondergang toe.

Uit Sion, die volkomenheid van skoonheid, verskyn God in ligglans.

Onse God kom en kan nie swyg nie.

“Hy roep na die hemel daarbo,

en na die aarde, om sy volk te oordeel. ...

En - die hemele verkondig sy geregtigheid,

want God staan gereed om te oordeel!” Psalm 50:1-6.

“o Dogter van Sion, ... daar sal die Here jou verlos uit die hand van jou vyande.

En nou is daar baie nasies teen jou versamel wat sê: Laat haar ontheilig

word en laat ons oë met welgevalle neersien op Sion. Maar hulle ken nie die

gedagtes van die Here nie en verstaan nie

- 182 -

sy besluit nie.” “Omdat hulle jou noem: Die verjaagde. Dit is Sion, sê hulle,

niemand vra na haar nie.” “Want Ek sal genesing vir jou tot stand laat kom en

jou van jou wonde gesond maak, spreek die Here.” “Ek verander die lot van

die tente van Jakob en sal My oor sy wonings ontferm.” Miga 4:10-12; Jeremia

30:17, 18.

“En hulle sal in dié dag sê: Kyk, dit is onse God

op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos;

dit is die Here op wie ons gewag het:

laat ons juig en bly wees oor sy hulp.”

“Hy sal die dood vir ewig vernietig, ... en Hy sal die smaad van sy volk van

die hele aarde af wegneem; want die Here het dit gespreek.” Jesaja 25:9, 8.

“Aanskou Sion, die stad van ons feestelike samekoms! Jou oë sal Jerusalem

sien as veilige woonplek, as tent wat nie wegtrek nie. ... Want die Here is ons

Regter, die Here is ons Aanvoerder, die Here is ons koning.” Jesaja 33:20-22.

“Aan die armes sal Hy in geregtigheid reg doen en die sagmoediges van

die land met billikheid oordeel.”Jesaja 11:4.

Dan sal die doel van God vervul word; die beginsels van Sy koninkryk sal

deur almal onder die son gehuldig word.

“Van geweld sal in jou land nie meer gehoor word nie -

van geen verwoesting of verbreking in jou grondgebied nie;

maar jy sal jou mure Heil noem

en jou poorte Lof,”

146 E.G.White - Opvoeding

Die Geskiedenis en die Profesie

147

“Deur geregtigheid sal jy bevestig word;

wees ver van verdrukking, want jy hoef nie bevrees te wees nie;”

en ver van verskrikking, want dit sal nie by jou kom nie,”

Jesaja 60: 18; 54:14.

- 183 -

Die profete aan wie hierdie groot tonele geopenbaar is, wou graag hul

betekenis snap. Hulle het “ondersoek en nagevors en hulle het nagespeur op

watter of hoedanige tyd die Gees van Christus wat in hulle was, gewys het. ...

Aan hulle is geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons dié dinge

bedien het wat julle nou aangekondig is ... -dinge waarin die engele begerig

is om in te sien.” 1 Petrus 1:10-12.

Vir ons wat op die uiterste randjie van hul vervulling staan, hoe gewigtig,

van watter lewende belang is hierdie af tekeninge van die komende dinge

nie - gebeurtenisse waarvoor, sedert ons oerouers hulle voetstappe uit Eden

gewend het, Gods kinders gewaak en gewag, verlangen gebid het!

In hierdie tyd, voor die laaste groot krisis, soos net voor die wêreld se eerste

verwoesting, is mense behep met sinlike sake en genot. Verdiep in die sigbare

en die tydelike, het hulle die onsienlike en die ewige uit die oog verloor.

Vir die dinge wat saam met die gebruik vergaan, offer hulle onverganklike

rykdom op. Dit is nodig dat hul gedagtes verhef, hul siening van die lewe

verbreed word. Hulle moet uit die traagheid van die wêreldse droomlewe

gewek word.

Uit die opkoms en ondergang van nasies soos dit op die bladsye van die

Heilige Skrif duidelik gemaak word, moet hulle leer hoe waardeloos bloot

uiterlike en wêreldse eer is. Babilon, met al sy magen heerlikheid, waarvan

ons wêreld die gelyke sedertdien nooit aanskou het nie - mag en luister wat

vir die mense van daardie tyd so stabiel en blywend gelyk het - hoe volkome

het dit nie verdwyn nie! “Soos ’n blom van die gras” het dit tot niet gegaan. So

vergaan alles wat nie God as sy fondament het nie. Net wat met Sy voorneme

saamhang en Sy karakter uitdruk, kan bly bestaan. Sy beginsels is die enigste

standhoudende dinge wat ons wêreld ken.

- 184 -

Dit is hierdie groot waarhede wat oud en jonk nodig het om te leer. Ons

het ’n behoefte daaraan om die uitwerking van Gods voorneme in die geskiedenis

van volke en in die openbaring van komende dinge te bestudeer, dat

ons sienlike en onsienlike dinge na hul werklike waarde kan skat; dat ons kan

leer wat die ware doel van die lewe is; dat ons, omdat ons die tydelike in die

lig van die ewige beskou, dit vir sy egste en edelste gebruik kan aanwend.

Sodoende kan ons, deur hier die beginsels van Sy koninkryk te leer en onderdane

en burgers daarvan te word, by Sy koms gereed wees om dit saam met

Hom in besit te neem.

Die dag is op hande. Vir die lesse wat geleer, die werk wat gedoen, die

karakterherskepping wat bewerk moet word, is die oorblywende tyd maar

alte kort.

“Kyk, die huis van Israel sê: Die gesig wat hy sien, is vir baie dae en hy profeteer

van tye wat ver is. Daarom, sê vir hulle: So spreek die Here Here: Geeneen

van my woorde sal meer uitgestel word nie; wat Ek as woord spreek, dit

sal gebeur, spreek die Here Here.” Esegiël 12:27, 28.

148 E.G.White - Opvoeding

DIE BYBEL AS OPVOEDER

149

Bybelonderrig en -Studie

“SODATJY JOU OOR LAAT LUISTER

NA WYSHEID.. JY DAARNA SOEK

SOOS NA . VERBORGE SKATTE.”

- 185 -

IN SY KINDERTYD, jeug en manlike jare het Jesus die Skrif bestudeer. As klein

kindjie is Hy daagliks aan Sy moeder se knie uit die boekrolle van die profete

geleer. In sy jeug het die vroeë oggend en die aandskemering Hom dikwels

alleen aan die berghang of tussen die bome van die bos aangetref, waar Hy

’n stille uur in gebed en die studie van Gods Woord deurgebring het. Tydens

Sy bediening het Sy intieme vertroudheid met die Skrif van Sy ywer in die

studie daarvan getuig. En aangesien Hy kennis verwerf het net soos ons dit

kan opdoen, is Sy wonderbare mag, verstandelik sowel as geestelik, ’n getuienis

van die waarde van die Bybel as ’n middel tot opvoeding.

Ons hemelse Vader het, toe Hy Sy Woord gegee het, die kinders nie oor

die hoof gesien nie. Waar, in alles wat mense geskryf het, kan enigiets gevind

word wat so ’n houvas op die hart het enigiets wat so geskik is om die belangstelling

van die kleintjies gaande te maak, as die verhale van die Bybel?

In hierdie eenvoudige verhale kan die groot beginsels van Gods wet duidelik

gemaak word. So, deur illustrasies wat die beste by die kind se begrip

aangepas is, kan ouers en onderwysers al baie vroeg begin om die Here se

opdrag oor Sy voorskrifte na te kom: “Jy moet dit jou kinders

- 186 -

inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan

lê en as jy opstaan.” Deuteronomium 6:7.

Die gebruik van aanskouingslesse, skryfborde, landkaarte en prente sal

help om hierdie lesse te verduidelik en dit in die geheue te prent. Ouers en

onderwysers behoort voortdurend na beter metodes te soek. Bybelonderrig

behoort ons keurigste oorweging, ons beste metodes en ons ernstigste

pogings te geniet.

Baie hang van die uur van aanbidding af om ’n liefde vir Bybelstudie aan

te wakker en te versterk. Die tyd van oggend- en aandgodsdiens behoort

die soetste en nuttigste van die dag te wees. laat daar goed verstaan word

dat geen bekommerde, onvriendelike gedagtes tydens hierdie ure tussenbei

mag kom nie; dat ouers en kinders vergader om Jesus te ontmoet en die

teenwoordigheid van heilige engele in die huis in te nooi. Laat die dienste

kort en vol lewe wees, by die geleentheid aangepas en afgewissel van tyd

150 E.G.White - Opvoeding

Bybelonderrig en -Studie

151

tot tyd. Laat almal aan die lees van die Bybel deelneem en Gods wet leer en

dikwels herhaal. Dit sal die kinders meer laat belangstel as hulle partykeer

toegelaat word om die skriflesing te kies. Ondervra hulle en laat hulle vrae

stel. Noem enigiets wat daartoe sal bydra om die betekenis te illustreer. As

die diens nie daardeur te lank uitgerek word nie, laat die kleintjies aan die

gebed deelneem en laat hulle saamsing, al is dit net ’n enkele strofe.

Om so ’n diens te maak wat dit behoort te wees, moet daar weldeurdagte

voorbereiding wees. En ouers moet daagliks tyd aan Bybelstudie saam met

hulle kinders wy. Ongetwyfeld sal dit moeite en beplanning en ’n mate van

opoffering vereis om dit te doen; maar die moeite sal ryklik beloon word.

- 187 -

As voorbereiding om Sy bevele aan andere te leer, gebied God dat dit in

die ouers se harte bewaar moet word. “En hierdie woorde wat ek jou vandag

beveel, moet in jou hart wees,” sê Hy, “en jy moet dit jou kinders inskerp.” Deuteronomium

6:6, 7. Om ons kinders in die Bybel te laat belangstel, moet ons

self daarin geïnteresseerd wees. Om by hulle ’n liefde vir die studie daarvan

te wek, moet ons dit self liefhê. Die invloed van ons onderrig aan hulle sal

net die gewig dra wat deur ons eie voorbeeld en gesindheid daaraan verleen

word.

God het Abraham geroep om ’n leermeester van Sy woord te wees. Hy het

hom gekies om die vader van ’n groot volk te wees, omdat Hy gesien het

dat Abraham sy kinders en sy huishouding in die beginsels van Gods wet

sou onderrig. En wat aan Abraham se onderwysing krag verleen het, was

die invloed van sy eie lewe. Sy groot huishouding het uit meer as ’n duisend

siele bestaan, baie van hulle gesinshoofde en nie ’n geringe aantal nie maar

onlangs uit die heidendom bekeer. So ’n huishouding het ’n sterk hand aan

die stuur benodig. Geen swak, wisselvallige metodes sou deug nie. Van Abraham

het God gesê: “Want Ek het hom verkies, dat hy aan sy kinders en sy huis

ná hom bevel sou gee. ... “Genesis 18:19. Tog is sy gesag met soveel wysheid

en teerheid beoefen dat harte gewen is. Die getuienis van die Goddelike

Bode is:“ ... dat hulle die weg van die Here moet hou om geregtigheid en reg

te doen.” Genesis 18:19. En Abraham se invloed het tot buitekant sy huiskring

gestrek. Waar hy ook al sy tent opgeslaan het, het hy langsaan die altaar vir

offerandes en aanbidding opgerig. Wanneer die tent verwyder is, het die altaar

bly staan; en menige swerwende Kanaäniet wie se kennis van God uit

die lewe van Abraham, Sy dienskneg, verkry is, het by daardie altaar vertoef

om ’n offerande aan Jehova te bring.

- 188 -

Die onderrig van Gods Woord sal vandag geensins minder trefkrag hê

wanneer dit net so getrou in die onderwyser se lewe weerspieël word nie.

Dit is nie voldoende om te weet wat andere oor die Bybel gedink of geleer

het nie. Elkeen moet in die oordeel self aan God rekenskap gee en elkeen

moet nou leer wat waarheid is. Maar om doeltreffend te kan studeer, moet

die belangstelling van die leerling betrek word. Veral deur die persoon wat te

doene het met kinders en jongmense wat in geaardheid, opvoeding en dinkgewoontes

hemelsbreed van mekaar verskil, is dit ’n saak wat nie uit die oog

verloor mag word nie. In Bybelonderrig aan kinders kan ons baie daarby baat

om die neiging van hul verstande, die dinge waarin hulle belangstel, dop te

hou en deur hul belangstelling gaande te maak om te sien wat die Bybel oor

hierdie dinge sê. Hy wat ons met ons verskillende vermoëns geskape het, het

in Sy Woord iets vir elkeen gegee. Namate die leerlinge insien dat die lesse

van die Bybel op hul eie lewens van toepassing is, leer hulle om daarop as

raadgewer staat te maak.

Help hulle ook om die wonderbare skoonheid daarvan op prys te stel. Baie

boeke van geen werklike waarde nie, boeke wat opwindend en ongesond

is, word aanbeveel, of ten minste toegelaat, om vanweë hul sogenaamde

literêre waarde gebruik te word. Waarom moet ons ons kinders lei om uit dié

besoedelde strome te drink wanneer hulle vrye toegang tot die suiwer fonteine

van Gods Woord kan hê? Die Bybel het ’n volheid, ’n krag, ’n diepte van

betekenis, wat onuitputlik is. Spoor die kinders aan om sy skatte van sowel

gedagtes as uitdrukking na te speur.

Soos die skoonheid van hierdie kosbare dinge hul verstande lok, sal ’n versagtende,

temmende mag hul harte aanraak. Hulle sal tot Hom aangetrek

word wat Hom so aan hulle geopenbaar het. En daar is min wat nie sal verlang

om meer omtrent Sy werke en weë te weet nie.

- 189 -

Die student van die Bybel moet geleer word om dit met die gesindheid

van ’n leerling te benader. Ons moet sy bladsye deursoek, nie vir bewyse om

ons teorieë te steun nie, maar om te weet wat God sê.

’n Ware kennis van die Bybel kan net verkry word met die hulp van daardie

Gees deur wie die Woord ingegee is. En om hierdie kennis te verkry, moet

ons daarvolgens lewe. Aan alles wat Gods Woord beveel, moet ons gehoorsaam

wees. Op alles wat dit belowe, kan ons aanspraak maak. Die lewe wat

dit voorskryf, is die lewe wat ons, deur die krag daarvan, moet uitlewe. Dit is

net namate die Bybel op dié wyse bejeën word dat dit met vrug bestudeer

kan word.

152 E.G.White - Opvoeding

Bybelonderrig en -Studie

153

Die studie van die Bybel vereis ons ywerigste inspanning en volhardendste

nadenke. Soos die mynwerker vir die goudskat in die aarde delf, so ernstig,

aanhoudend, moet ons soek na die skat van Gods Woord.

In die daaglikse studie is die vers-vir-vers-metode dikwels die nuttigste.

Laat die student een vers neem en die aandag daarop toespits om die gedagte

vas te stel wat God vir hom in daardie vers geplaas het en laat hom dan

die gedagte oorpeins totdat dit sy eie word. Een skrifgedeelte wat so bestudeer

word, totdat die betekenis daarvan duidelik is, is van groter waarde as

die deurlees van baie hoofstukke met geen besliste doel voor oë en geen

werklike onderrig wat ontvang word nie.

Een van die hoofoorsake van verstandelike ondoeltreffendheid en sedelike

swakheid is die gebrek aan konsentrasie ter wille van waardige doelstellinge.

Ons beroem ons op die wye verspreiding van leesstof; maar die vermeerdering

van boeke, selfs boeke wat op sigself nie skadelik is nie, kan ’n besliste

euwel wees. Met die ontsaglike vloedgolf van drukwerk wat voortdurend uit

die pers stroom, vorm oud en jonk die gewoonte om haastig en oppervlakkig

te lees en die verstand raak die mag kwyt om samehangend

- 190 -

en energiek te dink. Bowendien is ’n groot deel van die tydskrifte en boeke

wat, soos die paddas van Egipte, die land oordek, nie net afgesaag, nutteloos

en verswakkend nie, maar onrein en verlagend. Hulle uitwerking is nie

net om die verstand te bedwelm en te verinneweer nie, maar om die siel

te be-derf en te vernietig. Die verstand, die hart, wat ledig, doelloos is, val

maklik die boosheid ten prooi. Dit is op sieklike, lewenslose organismes dat

swamme wortelskiet. Dit is die ledige verstami wat die Satan se werkswinkel

is. Laat die verstand op hoë en heilige ideale gevestig word, laat die lewe ’n

edel doel, ’n boeiende voorneme, hê en die kwaad kan weinig houvas kry.

Laat die jongmense dan geleer word om Gods Woord intensief te bestudeer.

As dit in die siel opgeneem word, sal dit ’n magtige skanswerk teen versoeking

blyk te wees. “Ek het u woord in my hart gebêre,” verklaar die psalm

digter, “dat ek teen U nie sal sondig nie.” “Ek het deur die woord van u lippe

die paaie van die geweldenaar vermy.” Psalm 119:11; 17:4.

Die Bybel is sy eie uitlêer. Skrifdeel moet met skrifdeel vergelyk word. Die

student moet leer om die Woord as ’n geheel te beskou en om die verhouding

van sy dele raak te sien. Hy moet ’n kennis van sy grootse sentrale tema

opdoen, van Gods oorspronklike doel vir die wêreld, van die ontstaan van die

groot stryd en die verlossingswerk. Hy moet die aard begryp van die twee beginsels

wat vir die oorhand stry en leer om hul werking deur die oorkondes

van die geskiedenis en die profesie tot by die groot voleinding na te speur.

Hy moet insien hoe hierdie stryd by elke fase van die menslike ondervinding

betrokke is; hoe die een of die ander van die twee teenstrydige motiewe

hom in elke lewens daad openbaar; en hoe, of hy wil of nie, hy nou al besluit

aan watter kant van die stryd hy bevind sal word.

- 191 -

Elke deel van die Bybel is deur God ingegee en is nuttig. Die Ou Testament,

nie minder as die Nuwe nie, moet aandag geniet. Soos ons die Ou Testament

bestudeer, sal ons lewende, opborrelende fonteine vind waar die onoplettende

leser net ’n woestyn bemerk.

Veral die boek Openbaring, gelees in verband met die boek Daniël, verg

ons studie. Laat elke godvresende onderwyser nadink hoe hy die duidelikste

die evangelie wat ons Heiland persoonlik aan Sy dienskneg Johannes kom

bekend maak het, kan begryp en oordra - “Die openbaring van Jesus Christus

wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet

gebeur.” Openbaring 1:1. Geeneen behoort in die studie van Openbaring

weens sy skynbaar mistieke simbole mismoedig te word nie. “En as iemand

van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig

gee sonder om te verwyt.” Jakobus 1:5.

“Salig is hy wat die woorde van die profesie lees en die wat dit hoor en bewaar

wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.” Openbaring 1:3.

Wanneer ’n ware liefde vir die Bybel aangewakker is en die student begin

besef hoe uitgestrek die veld en hoe kosbaar die skat is, sal hy graag elke

geleentheid wil aangryp om hom met Gods Woord vertroud te maak. Die

studie hiervan sal nie tot enige spesiale tyd of plek beperk word nie. En hierdie

voortdurende studie is een van die beste maniere om ’n liefde vir die Skrif

aan te kweek. Laat die student sy Bybel altyd by hom hou. Soos u die geleentheid

vind, lees ’n teks en bepeins dit. Terwyl u op die strate loop, by die

spoorwegstasie wag, wag om ’n afspraak na te kom, neem die geleentheid

te baat om die een of ander kosbare gedagte uit die skathuis van waarheid

te verkry.

- 192 -

Die groot dryfkragte van die siel is geloof, hoop en liefde; en dit is op hierdie

dinge dat Bybelstudie, as dit reg beoefen word, ’n oproep doen. Die uiterlike

skoonheid van die Bybel, die lieflikheid van beeldspraak en seggingskrag,

is, as ‘t ware, net die omlysting van die eintlike skat - die heilige sieraad.

In sy verslag van die mense wat met God gewandel het, kan ons afskynsels

van Sy heerlikheid waarneem. In die Een wat “geheel en al die lieflikheid self”

154 E.G.White - Opvoeding

Hoofstuk 6

155

is, aanskou ons Hom van wie alle skoonheid of op aarde of indie hemel net

’n dowwe weerkaatsing is. “En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal

na My toe trek.” Johannes 12:32. Namate die Bybelstudent die Heiland

aanskou, word die. geheimsinnige mag van geloof, aanbidding en liefde

in die siel gewek. die oog word op die visioen van Christus gevestig en die

aanskouer groei tot gelykvormigheid met wat hy bewonder. Die woorde van

die apostel Paulus word die taal van die siel: “Ek ag ook alles skade om die

uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here,... sodat ek Hom

kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde.” Filippense

3:8-10.

Die fonteine van hemelse vrede en vreugde wat deur die woorde van Ingewing

in die siel ontsluit word, sal ’n magtigé rivier van invloed word om

almal wat binne sy bereik kom, te seën. Laat die jongmense van vandag, die

jongmense wat met die Bybel in hul hande grootword, die ontvangers en

kanale van sy lewegewende energie word en watter strome van seën sal nie

na die wêreld uitvloei nie! - invloede van die krag waarvan om te genees en

te vertroos ons skaars ’n denkbeeld kan vorm - riviere van lewende water,

fonteine “wat opspring tot in die ewige lewe.”

LIGGAAMLIKE OPVOEDING

“Geliefde, ek wens dat dit

met jou in alles goed mag

gaan en dat jy gesond is,

soos dit met jou siel goed

gaan.”

156 E.G.White - Opvoeding

LIGGAAMLIKE OPVOEDING

157

Die Studie van die Fisiologie

“OMDAT EK SO VREESLIK

WONDERBAAR IS.”

- 195 -

OMDAT die verstand en die siel deur die liggaam uiting vind, hang sowel

verstandelike as geestelike forsheid in ’n groot mate van liggaamlike krag

en werksaamheid af; alles wat liggaamlike gesondheid bevorder, bevorder

die ontwikkeling van ’n sterk verstand en ’n ewewigtige karakter. Sonder

gesondheid kan niemand sy verpligtinge teenoor homself, teenoor sy medemens

of teenoor sy Skepper so duidelik verstaan of so volledig nakom nie.

Daarom moet die gesondheid net so getrou as die karakter bewaak word.

’n Kennis van die fisiologie en gesondheidsleer moet die grondslag van alle

opvoedkundige pogings wees.

Hoewel die feite aangaande die fisiologie tans so algemeen begryp word,

bestaan daar ’n verontrustende onverskilligheid omtrent gesondheidsbeginsels.

Selfs onder diegene wat van hierdie beginsels kennis dra, is daar min

wat dit toepas. Neiging of impuls word net so blindelings gevolg asof die

lewe deur blote toeval eerder as deur bepaalde en onveranderlike wette beheer

word.

Die jeug, in die varsheid en krag van die lewe, het min benul van die waarde

van hul oorvloedige energie. ’n Skat kosbaarder as goud, noodsaakliker vir

vooruitgang as geleerdheid of rang of rykdom - hoe lig word dit opgeneem!

hoe roekeloos verkwis! Hoe menige mens wat sy gesondheid opgeoffer het

om rykdom of mag te verwerf, het al byna die doel van sy begeerte bereik,

om dan net hulpeloos neer

- 196 -

te stort, terwyl ’n ander, wat ’n superieure liggaamlike uithouvermoë besit, die

verlangde prys weggryp! Hoeveel is, deur ongesonde toestande, die gevolg

van die verwaarlosing van gesondheidswette, tot bose praktyke gelei, tot

die verlies van elke hoop vir hierdie wêreld en die hiernamaalse!

In die studie van die fisiologie, moet leerlinge daartoe gelei word om die

waarde van liggaamskrag in te sien en hoe dit op so ’n manier bewaar en

ontwikkel kan word dat dit in die hoogste mate tot sukses. in die groot lewenstryd

bydra.

Kinders moet reeds vroeg, in eenvoudige, maklike lesse, die grondbeginsels

van die fisiologie en higiëne geleer word. Die werk moet deur die moeder

tuis begin en getrou op skool verder gevoer word. Namate die leerlinge

158 E.G.White - Opvoeding

Die Studie van die Fisiologie

159

ouer word, moet onderrig in dié verband voortgesit word, totdat hulle bevoeg

is om te sorg vir die huis waarin hulle woon. Hulle moet verstaan hoe belangrik

dit is om teen siekte te waak deur die krag van elke orgaan te bewaar

en ook geleer word hoe om alledaagse siektes en ongelukke te behandel.

Elke skool moet onderrig in sowel die fisiologie as die gesondheidsleer gee

en, sover moontlik, behoort dit voorsien te word van fasiliteite omdie struktuur,

funksie en sorg van die liggaam te illustreer.

Daar is sake wat gewoonlik nie by die studie van die fisiologie ingesluit

word nie, wat in ag geneem moet word - sake van veel groter waarde vir

die student as baie tegniese besonderhede wat gewoonlik onder hierdie opskrif

geleer word. As die grondbeginsel van alle opvoeding in hierdie rigting,

moet die jeug geleer word dat die natuurwette die wette van God is - inderdaad

netso Goddelik as die voorskrifte van die Tien Gebooie. Die wette

wat ons liggaamlike organisme beheer, het God op elke senuwee, spier en

weefsel van die liggaam geskrywe. Elke roekelose

- 197 -

of moedswillige skending van hierdie wette is ’n sonde teen ons Skepper.

Hoe noodsaaklik is dit dan dat ’n deeglike kennis van hierdie wette

meegedeel word! Die beginsels van die gesondheidsleer met betrekking tot

diëet, oefening, die versorging van kinders, die behandeling van die siekes

en baie soortgelyke sake, moet veel meer aandag geniet as wat gewoonlik

die geval is.

Die invloed van die verstand op die liggaam, sowel as die van die liggaam

op die verstand, moet benadruk word. Die elektriese krag van die brein, wat

deur verstandelike aktiwiteit bevorder word, verlewendig die hele sisteem

en is dus ’n hulpmiddel van onskatbare waarde om siekte te weerstaan. Dit

moet duidelik gemaak word. Wilskrag en die belangrikheid van selfbeheersing,

in sowel die bewaring as die terugwinning van gesondheid, die teneerdrukkende

en selfs verwoestende gevolg van woede, ontevredenheid, selfsug

of onreinheid en, andersyds, die wonderlike lewegewende krag wat in

opgewektheid, onselfsugtigheid en dankbaarheid geleë is, moet ook aangetoon

word.

Daar bestaan ’n fisiologiese waarheid - waarheid wat vir ons nodig is om in

ag te neem - in die Skrifdeel: “’n Vrolike hart bevorder die genesing.” Spreuke

17:22.

“Laat jou hart my gebooie bewaar,” sê God, “want dit sal lengte van dae

en jare van lewe en vrede vir jou vermeerder.” “Want hulle is die lewe vir die

wat hulle vind en ’n genesing vir hulle hele liggaam.” “Vriendelike woorde”

verklaar. die Skrif, is nie net “soet vir die siel” nie, maar ,,’n genesing vir die

gebeente.” Spreuke 3:1, 2; 4:22; 16:24.

Dit is vir jongmense nodig omdie diep waarheid te verstaan wat die Bybelse

verklaring ten grondslag lê, dat by God “die fontein van die lewe” is.

Psalm 36:10. Hy is nie net die grondlegger van alles nie, maar Hy is die lewe

van elke ding. wat leef. Dit is Sy lewe wat ons ontvang, in die

- 198 -

sonlig, in die suiwer, vars lug, in die voedsel wat ons liggame opbou en ons

krag in stand hou. Dit is deur Sy lewe dat ons uur na uur, oomblik na oomblik,

bestaan. Behalwe waar dit deur sonde verdraai is, neig al Sy gawes tot die

lewe, tot gesondheid en vreugde.

“Alles het Hy mooi gemaak opsy tyd” (Prediker 3:11) en ware skoonheid

sal verkry word, nie deur Gods werk te skend nie, maar deur tot harmonie te

kom met die wette van Hom wat alle dinge geskape en in hul skoonheid en

volmaaktheid behae het.

Soos die meganisme van die liggaam bestudeer word, moet die aandag

gevestig word op sy wonderlike aanpassing van middele by doelstellinge,

die harmonieuse werking en afhanklikheid van die verskillende organe. Namate

die belangstelling van die student so aangewakker word en hy daartoe

gelei word om die belangrikheid van liggaamlike opvoeding in te sien,

kan baie deur die onderwyser gedoen word om behoorlike ontwikkeling en

goeie gewoontes te verseker.

Onder die eerste dinge om na te streef, is ’n korrekte liggaamshouding, vir

sowel sit as staan. God het die mens reg gemaak en Hy verlang dat hy nie net

die liggaamlike voordeel sal besit nie, maar ook die verstandelike en morele,

die grasie en waardigheid en bedaardheid, die moed en selfvertroue, wat ’n

regop houding grootliks geneig is om te bevorder. Laat die onderwyser deur

voorbeeld en voorskrif oor die saak onderrig gee. Toon wat ’n korrekte houding

is en dring daarop aan dat dit gehandhaaf word.

Die volgende in belangrikheid na die korrekte liggaamshouding is asemhaling

en spraakopleiding. Iemand wat regop sit en staan, is meer geneig om

reg asem te haal. Maar die onderwyser moet die leerlinge die belangrikheid

van korrekte asemhaling inskerp. Wys daarop hoe die gesonde werking van

die asemhalingsorgane, wat die bloedsomloop aanhelp, die hele gestel verlewendig,

die eetlus

- 199 -

aanwakker, spysvertering bevorder en vaste, soete slaap in die hand werk,

om sodoende nie net die liggaam te verfris nie, maar om die verstand te

160 E.G.White - Opvoeding

Die Studie van die Fisiologie

161

streel en te kalmeer. En terwyl daar na die belangrikheid van diep asemhaling

verwys word, moet daar op die praktyk aangedring word. Laat oefeninge

gegee word wat dit bevorder en sien toe dat dié gewoonte posvat.

Spraakonderrig speel ’n belangrike rol in liggaamlike opvoeding, omdat

dit daartoe neig om die longe te vergroot en sterk te maak en soedoende

siekte af te weer. Om korrekte lees- en spraakvoordrag te verseker, sorg dat

die buikspiere tydens asemhaling volle beweegruimte geniet en dat die asemhalingsorgane

onbelemmerd is. Laat die inspanning op die buik- eerder

as op die keelspiere kom. Groot vermoeienis en ernstige siektes van die keel

en longe kan sodoende voorkom word. Noukeurige aandag moet daaraan

geskenk word om duidelike artikulasie, soetvloeiende, goed gemoduleerde

stembuigings te verseker, met ’n nie oorhaastige voordrag nie. Dit sal nie net

die gesondheid bevorder nie, maar ook grootliks tot die bekoring en doeltreffendheid

van die student se werk bydra.

Wanneer hierdie dinge onderrig word, bied dit ’n gulde geleentheid om te

verwys na die dwaasheid en euwel van stywe toeryging en elke ander praktyk

wat die lewensbewegings belemmer. ’n Byna eindelose nasleep van siektes

is die gevolg van ongesonde vorme van kleredrag en versigtige onderrig

moet oor hierdie aangeleentheid gegee word. Skerp die leerlinge die gevaar

daarvan in om toe te laat dat klere swaar van die heupe afhang of enige

orgaan van die liggaam saampers. Die drag moet so gerangskik word dat ’n

volle asemhaling kan plaasvind en die arms sonder moeite bo die kop gelig

kan word. Die inperking van die longe verhinder nie net hul ontwikkeling

nie, maar belemmer ook die prosesse van spysvertering en die bloedsomloop

en verswak sodoende die hele liggaam. Alle so-

- 200 -

danige gewoontes verminder sowel liggaamlike as verstandelike krag en

strem die student se vooruitgang en verhoed dikwels sy sukses.

Met die studie van die gesondheidsleer sal die ywerige onderwyser van

elke geleeritheid gebruik maak om te toon hoe noodsaaklik sindelikheid in

sowel persoonlike gewoon tes as in ’n mens se hele omgewing is. Die waarde

van ’n daaglikse bad om die gesondheid te bevorder en die werking van die

verstand te stimuleer, moet benadruk word. Aandag moet ook aan sonlig en

ventilasie, die higiëne van die slaapkamer en die kombuis gegee word. Leer

die leerlinge dat ’n gesonde slaapkamer, ’n deeglike skoon kombuis en ’n

smaakvol gerangskikte tafel, van gesonde voedsel voorsien, meer sal doen

omdie gesinsgeluk en die agting van elke verstandige besoeker te bevorder

as enige hoeveelheid duur meubels in die sitkamer. “Die lewe is meer as die

voedsel en die liggaam as die klere” (Lukas 12:23), is ’n les wat vandag geensins

minder nodig is as toe dit agtien. honderd jaar gelede deur die Goddelike

Leermeester gegee is nie.

Die student van die fisiologie moet geleer word dat die doel van sy studie

nie net is om ’n kennis van feite en beginsels op te doen nie. Dit alleen sal min

voordeel inhou. Hy kan die belangrikheid van ventilasie verstaan, sy kamer

kan van suiwer lug voorsien word; maar tensy hy sy longe behoorlik vul, sal

hy onder die gevolge van verkeerde asemhaling ly. So kan die behoefte aan

sindelikheid verstaan en die nodige geriewe voorsien word; maar alles sal

tevergeefs wees tensy dit nuttig aangewend word. Die groot vereiste in die

onderrig van hierdie beginsels is om die leerling hul belangrikheid op die

hart te druk, sodat hy dit pligsgetrou sal toepas.

Deur ’n pragtige en indrukwekkende simbool, toon Gods Woord die

waarde wat Hy aan ons fisieke organisme

- 201 -

heg en die verantwoordelikheid wat op ons rus om dit in die beste toestand

te bewaar: “Of weet julle nie dat julle liggaam ’n tempel is van die Heilige

Gees wat in julle is, wat julle van God het en dat julle nie aan julself behoort

nie?” “As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die

tempel van God is heilig en dit is julle.” 1 Korinthiërs 6:19; 3:17.

Laat die leerlinge die gedagte ingeskerp word dat die liggaam ’n tempel

is waarin God graag wil woon, dat dit rein gehou moet word, die verblyfplek

van verhewe en edel gedagtes. Namate hulle in die studie van die fisiologie

sien dat hulle inderdaad “vreeslik wonderbaar is” (Psalm 139:14), sal hulle met

ontsag besiel word. In plaas van Gods handewerk te skend, sal hulle ’n ambisie

koester om alles moontlik van hulself te maak, om daardeur die Skepper

se heerlike plan te vervul. So sal hulle naderhand gehoorsaamheid aan

die gesondheidswette nie as ’n saak van opoffering of selfverloëning beskou

nie, maar as ’n onberekenbare voorreg en seën, wat dit inderdaad ook is.

162 E.G.White - Opvoeding

LIGGAAMLIKE OPVOEDING

163

Matigheid en Diëetkunde

“ELKEEN WAT AAN ’N WED-

STRYD DEELNEEM, ONTHOU

HOM IN ALLES,”

- 202 -

ELKE student moet die verhouding tussen ’n eenvoudige leefwyse en verhewe

denke begryp. Dit berus by ons as indiwidue om te besluit of ons lewens

deur die verstand of deur die liggaam beheer sal word. Elke jongmens

moet die keuse doen wat sy lewe fatsoeneer; en geen moeite moet ontsien

word om te verstaan wat die magte is waarmee hy te doene het en die invloede

wat die karakter en lotsbestemming vorm nie.

Onmatigheid is ’n vyand waarteen almal beskerm sal moet word. Die snelle

toename van hierdie verskriklike euwel behoort elkeen wat die menslike geslag

liefhet, te wek om daarteen oorlog te voer. Die gebruik om in die skole

oor matigheidsake onderrig te gee, is ’n stap in die regte rigting. Onderrig

in hierdie verband moet in elke skool en elke huisgesin gegee word. Jongmense

en kinders behoort die uitwerking van alkohol, tabak en ander soort -

gelyke gifstowwe te verstaan, met betrekking tot hoe dit die liggaam aftakel,

die verstand benewel en die siel versinlik. Daar moet duidelik gemaak word

dat geen mens wat hierdie dinge gebruik, lank die volle krag van sy liggaamlike,

verstandelike of morele vermoëns kan besit nie.

Maar om tot die wortel van onmatigheid deur te dring, moet ons dieper

gaan as die gebruik van alkohol en tabak. Ledigheid, gebrek aan doelgerigtheid,

of slegte maats kan

- 203 -

die aanleidende oorsaak wees. Dikwels word dit tuis by die tafel aangetref,

in gesinne wat hulleself as streng matig beskou. Enigiets wat die spysvertering

ontwrig, wat buitensporige verstandelike opwinding uitlok, of op enige

manier die gestel swak maak en die ewewig van die verstandelike en liggaamlike

kragte versteur, laat die beheer van die verstand oor die liggaam

verslap en werk sodoende die neiging tot onmatigheid in die hand. Die ondergang

van menige belowende jongmens sou teruggevoer kon word tot

onnatuurlike begeertes wat deur ’n ongesonde diëet geskep is.

Tee en koffie, speserye, soetgoed en pasteie is almal aktiewe oorsake van

slegte spysvertering. Vleiskos is ook skadelik. Sy natuurlik stimulerende uitwerking

behoort ’n voldoende argument teen die gebruik daarvan te wees;

en die byna algemene sieklike toestand van diere maak dit dubbel afkeuren-

164 E.G.White - Opvoeding

Matigheid en Diëetkunde

165

swaardig. Dit het die neiging om die senuwees te irriteer en die hartstogte

aan te wakker, sodat die magsewewig aan die laer drifte gegee word.

Diegene wat hulle aan ’n ryk, stimulerende diëet gewoond maak, vind na

verloop van tyd dat die maag nie met eenvoudige kos tevrede is nie. Dit eis

iets wat al hoe meer gekrui, prikkelend en stimulerend is. Namate die senuwees

van stryk gebring en die gestel verswak word, skyn dit asof die wil magteloos

is om die onnatuurlike lus te weerstaan. Die delikate maagvoering

word geïrriteer en inflammasieagtig, totdat die stimulerends te voedsel nie

meer verligting gee nie. ’n Dors word gewek wat niks behalwe sterk drank

kan les nie.

Dit is die begin van die euwel waarteen gewaak moet word. In die onderrig

van jongmense moet die uitwerking van skybaar klein afwykinkies van

wat reg is, baie duidelik gemaak word. Laat die student die waarde geleer

word van ’n eenvoudige, gesonde diëet om die drang na onnatuurlike stimuleermiddels

te voorkom. Laat die gewoonte van self-

- 204 -

beheersing vroeg gevestig word. Laat die gedagte by jongmense ingeprent

word dat hulle meesters moet wees en nie slawe nie. Van die koninkryk wat

in hulle is, het God hulle heersers gemaak en. hulle moet hul koningskap,

wat deur die Hemel toebedeel is, handhaaf. Wanneer sulke onderrig getrou

gegee word, sal die gevolge veel verder strek as net die jongmense self. Invloede

sal uitreik wat duisende manne en vroue sal red wat op die randjie van

die ondergang verkeer.

Diëet en Verstandelike Ontwikkeling

Aan die verhouding van diëet tot intellektuele ontwikkeling moet veel

meer aandag gegee word as wat dit sover geniet het. Verstandelike verwarring

en stompheid is dikwels die gevolg van foutiewe diëet.

Daar word dikwels aangevoer dat, in die keuse van voedsel, eetlus ’n veilige

gids is. As die gesondheidswette altyd gehoorsaam gewees het, sou dit waar

wees. Maar deur verkeerde gewoontes, van geslag tot geslag volgehou, het

die eetlus so verdraaid geraak dat dit voortdurend om die een of ander skadelike

bevrediging uitroep. As gids kan dit tans nie vertrou word nie.

In die studie van die higiëne moet studente die voedingswaarde van verskillende

kossoorte geleer word. Die uitwerking van ’n gekonsentreerde en

stimulerende diëet, ook van kossorte wat ’n tekort aan voedingsbestanddele

het, moet duidelik gemaak word. Tee en koffie, witbrood, suurtjies, growwe

groente, lekkergoed,speseryê en pasteie kan nie die regte voedingstowwe

voorsien nie. Menige student het al weens die gebruik van sulke kossoorte

sy gesondheid kwytgeraak ... Menige verpotte kind, ongeskik vir kragtige inspanning

van verstand en liggaam, is die slagoffer van ’n verarmde diëet.

Grane, vrugte, neute en groente, in behoorlike verbindings, bevat al die

voedingsbestanddele; en wanneer dit behoorlik voorberei word,

- 205 -

is dit die diëet wat sowel die fisieke as die verstandelike kragte die beste

bevorder.

Nie net die eienskappe van die voedsel behoort in ag geneem te word nie,

maar ook die aanpassing’ daarvan by die eter. Voedsel wat vrylik geëet kan

word deur persone wat liggaamlike werk doen, moet dikwels vermy word

deur diegene wie se arbeid hoofsaaklik van ’n verstandelike aard is. Aandag

moet ook aan die behoorlike kombinasie van voedselsoorte gegee word.

Deur breinwerkers en andere wat sittende beroepe volg, moet maar min

soorte by ’n maaltyd geëet word.

En teen ooreet, selfs van die heilsaamste kosse, moet daar gewaak word.

Die natuur kan niks meer gebruik as wat benodig word om die verskillende

soorte organe van die liggaam op te bou nie. en oormaat verstop die gestel.

Menige student se gesondheid, so word daar veronderstel, het vanweë

te veel studie ingegee, wanneer die eintlike oorsaak ooreet was. Terwyl behoorlike

aandag aan die gesondheidswette gegee word, bestaan daar min,

gevaar van verstandelike ooreising; maar in baie gevalle van sogenaamde

verstandelike ineenstorting is dit die oorlaaiing van die maag wat die liggaam

vermoei en die verstand ontkrag.

In die meeste gevalle is twee maaltye te verkies bo drie. Die aandete, as dit

vroeg genuttig word, belemmer die spysvertering van die vorige maaltyd.

Wanneer dit later geëet word, word dit self nie voor slapenstyd verteer nie.

Sodoende slaag die maag nie daarin om die nodige rus te kry nie. Die slaap

word versteur, die brein en senuwees is vermoeid, die eetlus vir ontbyt word

in die wiele gery, die hele liggaam is onverkwik en ongereed vir die pligte

van die dag.

Die belangrikheid van reëlmaat in die etens- en slapenstyd moet nie oor

die hoof gesien word nie. Aangesien die werk om die liggaam op te bou gedurende

die rusure plaasvind, is dit noodsaaklik, veral vir die jeug, dat slaap

gereeld en oorvloedig moet wees.

- 206 -

Sover moontlik moet ons dit vermy om haastig te eet. Hoe korter die tyd

vir ’n maal, hoe minder moet daar geëet word. Dit is beter om ’n maaltyd oor

166 E.G.White - Opvoeding

LIGGAAMLIKE OPVOEDING

167

te slaan as om te eet sonder om behoorlik te kou.

’n Maaltyd behoort ’n tyd vir onderlinge verkeer en verkwikking te wees.

Alles wat kan bedruk of irriteer, moet verban word. Laat vertroue, vriendelikheid

en dankbaarheid teenoor die Gewer van alle goeie gawes gekoester

word en die gesprek sal opgewek wees, ’n aangename gedagtevloei wat sal

ophef sonder om moeg te maak.

Die nakoming van matigheid en reëlmaat in alle dinge het ’n wonderlike

mag. Dit sal meer doen as omstandighede of natuurlike gawes om daardie

minsaamheid en kalmte van geaardheid te bevorder wat soveel werd is om

die lewensweg gelyk te maak. Terselfdertyd sal daar bevind word dat die

mag van selfbeheersing wat so verkry word, een van die waardevolste stukkies

toerusting is om suksesvol die strawwe pligte en werklikhede wat op

elke mens wag, die hoof te bied.

Die wysheid se “weë is lieflike weë en al sy paaie is vrede.” Spreuke 3:17.

Laat elke jongmens in ons land, met die moontlikhede voor hom van ’n hoër

lotsbestemming as die van gekroonde konings, die les oordink wat in die

woorde van die wyse man aan ons oorgedra word: “Gelukkig is jy, o land,

as jou koning ’n edele is en as jou vorste op die regte tyd maaltyd hou soos

manne en nie soos drinkers nie.” Prediker 10:17.

Ontspanning

“ALLES HET SY BEPAALDE UUR,”

- 207 -

DAAR is ’n verskil tussen ontspanning en vermaaklikheid. Ontspanning

beteken eintlik herskepping en neig daartoe om te versterk en op te bou.

Deur ons uit ons gewone sorge en werksaamhede weg te roep, voorsien dit

’n verkwikking vir verstand en liggaam en stel ons dus in staat om met nuwe

krag na die ernstige take van die lewe terug te keer. Vermaaklikheid, daarenteen,

word net ter wille van plesier begeer en word dikwels oordryf; dit

neem die kragte in beslag wat vir nuttige werk nodig is en is sodoende ’n

hinderpaal vir ware lewensukses.

Die hele liggaam is vir werksaamheid ontwerp; en tensy die liggaamlike

vermoëns deur aktiewe oefening gesond gehou word, kan die verstandelike

kragte nie lank tot hul volle kapasiteit aangewend word nie. Die liggaamlike

inaktiwiteit wat in die klaskamer skynbaar so te sê onvermydelik is - tesame

met ander ongesonde toestandemaak dit vir kinders ’n lastige plek, veral vir

die wat swak gestelle het. Dikwels is die ventilasie onvoldoende. Sleg geboude

banke bevorder onnatuurlike posisies, wat op dié manier die werking

van die longe en die hart inperk Hier moet klein kindertjies van drie tot vyf

uur per dag deurbring, terwyl hulle lug inasem wat met onsuiwerheid belaai

en miskien met siektekieme besmet is. Geen wonder dat die grondslag vir

lewenslange siekte so dikwels in die klaskamer gelê word nie. Die brein, die

delikaatste van al die fisieke

- 208 -

organe en dié een waarvan die senuenergie van die hele gestel afkomstig

is, ly die grootste skade. Deur dit in voortydige of oormatige aktiwiteit. in

te dwing en dit in ongesonde toestande, word dit verswak en dikwels is die

bose gevolge permanent.

Kinders moet nie lank binnenshuis opgesluit word nie, ook moet daar nie

van hulle verwag word om hulle intensief op studie toe te lê alvorens ’n goeie

fondament vir liggaamlike ontwikkeling gelê is nie. Gedurende die eerste

agt of tien jaar van ’n kind se lewe is die veld of tuin die beste klaskamer, die

moeder die beste onderwyseres, die natuur die beste lesboek. Selfs wanneer

die kind oud genoeg is om skool te gaan, moet sy gesondheid as van groter

belang geag word as boekgeleerdheid. Hy moet omring word deur die toestande

wat vir sowel fisieke as verstandelike groei die gunstigste is.

Nie net die kind verkeer weens gebrek aan lug en oefening in gevaar nie.

168 E.G.White - Opvoeding

Ontspanning

169

In die hoër sowel as in die laer skole word hierdie noodsaaklike vereistes vir

die gesondheid nog te dikwels afgeskeep. Menige student sit dag na dag in

’n bedompige kamer oor sy boeke gebuig, sy bors so inmekaargedruk dat

hy nie ‘n volle, diep asemteug kan intrek nie en sy bloedsomloop is traag, sy

voete koud, sy kop warm. Omdat die liggaam nie voldoende gevoed word

nie, word die spiere verswak en die hele gestel ontsenu en sieklik. Dikwels

word sulke studente lewenslange invalides. Hulle kon met ’n toename van

fisieke sowel as verstandelike krag uit die skool gekom het, as hulle hul studie

in behoorlike omstandighede voortgesit het, met gereelde oefening in

die sonskyn en buitelug.

Die student wat met ’n beperkte hoeveelheid tyd en middele spartel om ’n

opvoeding te verkry, moet besef dat dit wat aan liggaamlike oefening bestee

word, nie verkwis

- 209 -

word nie. Wie voortdurend in sy boeke verdiep is, sal met verloop van tyd

vind dat die verstand sy varsheid verloor het. Diegene wat behoorlike aandag

aan liggaamlike ontwikkeling skenk, sal met die geleerdheid groter

vooruitgang maak as wat hulle sou indien al hulle tyd aan studie gewy word.

Deur uitsluitlik een denkrigting te volg, raak die verstand dikwels in die

war. Maar elke vermoë kan met veiligheid aangewend word as die verstandelike

en liggaamlike kragte ewe veel ingespan en die gedagteonderwerpe

afgewissel word.

Fisieke onaktiwiteit verminder nie net verstandelike krag nie, maar ook die

sedelike. Die breinsenuwees wat met die hele gestel verbind is, is die medium

waardeur die hemel met die mens kommunikeer en die innerlike lewe

beïnvloed. Wat ook al die sirkulasie van die elektriese stroom in die senuweestelsel

verhinder en sodoende die lewenskrag verswak en verstandelike

ontvanklikheid laat afneem, maak dit moeiliker om die sedelike natuur te

wek.

Verder skep oormatige studie, omdat dit die bloedtoevoer na die brein

vermeerder, ’n ongesonde prikkelbaarheid wat daartoe neig om die mag

van selfbeheersing in te kort en te dikwels laat dit impuls of wispelturigheid

die oorhand kry. Sodoende word die deur vir onreinheid oopgestel. Die misbruik

of onbruik van die liggaamskragte is grotendeels verantwoordelik vir

die vloedgolf van korrupsie wat oor die wêreld spoel. “Trotsheid, oorvloed

van brood en sorgelose rus,” is in hierdie geslag net sulke dodelike vyande

van die menslike vooruitgang as toe dit tot die verwoesting van Sodom gelei

het.

Onderwysers moet hierdie dinge verstaan en behoort hulle leerlinge in

dié sake te onderrig. Leer die studente dat ’n gesonde leefwyse van die regte

denkbeelde afhang en dat fisieke aktiwiteit vir rein gedagtes noodsaaklik is.

- 210 -

Die vraagstuk van geskikte ontspanning vir hulle leerlinge is iets wat die

onderwysers dikwels onthuts. Gimnastiese oefeninge neem ’n nuttige plek

in baie skole in; maar sonder sorgvuldige toesig word dit dikwels oordryf. In

die gimnasium het menige jongmense hulleself al, deur hul gepoogde kragtoere,

lewenslange beserings toegedien.

Oefening in die gimnasium, hoe goed dit ook al gedoen word, kan nie die

plek van ontspanning in die buitelug inneem nie en hiervoor moet ons skole

beter geleenthede skep. Inspannende oefening moet die leerlinge hê. Min

euwels moet meer as leeglêery en doelloosheid gevrees word. Nogtans is

die neiging van die meeste atletiese sportsoorte ’n onderwerp van bekommernis

vir diegene wat die welsyn van die jeug op die hart dra. Onderwysers

is besorg wanneer hulle die invloed van hierdie sportsoorte op sowel die student

se vooruitgang op skool as op sy sukses in die latere lewe in ag neem.

Die spele wat soveel van sy tyd in beslag neem, lei die gedagtes van studie af

weg. Dit help nie om die jeug vir praktiese, ernstige werk in die lewe voor te

berei nie. Hul invloed neig nie tot verfyning, edelmoedigheid of ware manlikheid

nie.

Sommige van die gewildste vermaaklikhede, soos voetbal en boks, het

leerskole vir brutaliteit geword. Dit ontwikkel dieselfde eienskappe as die

spele van antieke Ronie. Die liefde vir oorheersing, die trots op blote brute

krag, die roekelose verontagsaming van die lewe, oefen op die jeug ’n demoraliserende

mag uit wat verskriklik is.

Ander atletiese spele is, hoewel nie so verdierlikend nie, skaars minder afkeurenswaardig,

weens die oordaad waartoe dit gevoer word. Dit stimuleer

die liefde vir genot en opwinding en kweek dus ’n teensin in nuttige arbeid,

’n neiging om die praktiese pligte en verantwoordelikhede te ontwyk. Dit

neig om die lus vir die lewe se alledaagse

- 211 -

werklikhede en sy rustige genietinge te vernietig. So word die deur tot losbandigheid

en wetteloosheid oopgestel, met hul vreeslike gevolge.

Soos gewoonlik gehou, is vermaaklikheidspartytjies ook ’n belemmering

vir ware groei, van of die verstand of die karakter. Ligsinnige geselskap, gewoontes

van spandabelheid, van plesiersoekery en te dikwels van losbandigheid,

word gevorm, wat die hele lewe ten kwade fatsoeneer. In die plek van

170 E.G.White - Opvoeding

Ontspanning

171

sulke vermaaklikhede kan ouers en onderwysers veel doen om gesonde en

lewegewende tydverdryf te voorsien.

In dié, soos in alle ander sake wat ons welsyn raak, het Ingewing die weg

aangewys. In die vroeë eeue, toe die volk onder Gods leiding gestaan het,

was die lewe eenvoudig. Hulle het na aan die hart van die natuur gelewe.

Hulle kinders het hul ouers se arbeid gedeel en die prag en verborgenhede

van die natuur se skathuis bestudeer. En in die stilte van veld en woud het

hulle daardie magtige waarhede bepeins wat van geslag tot geslag as ’n

heilige kleinood aan hulle oorgelewer is. So ’n opleiding het sterk manne

gelewer.

In hierdie eeu het die lewe kunsmatig geword en mense het ontaard.

Hoewel ons miskien nie ten volle na die eenvoudige gewoontes van daardie

vroeë tye sal terugkeer nie, kan ons daaruit lesse leer wat ons tye van

ontspanning tye van ware opbou vir liggaam en verstand en siel sal maak.

Met die vraagstuk van ontspanning het die omgewing van die huis en

skool baie te doene. In die keuse van ’n tuiste of die plek vir ’n skool moet hierdie

dinge in ag geneem word. Diegene vir wie verstandelike en fisieke welsyn

gewigtiger as geld of die aansprake en gewoontes van die samelewing

is, moet vir hulle kinders die voordele van die natuur se onderrig en ontspanning

te midde van sy omge-

- 212 -

wing, soek. Dit sou in opvoedkundige werk ’n groot hulpmiddel wees as elke

skool so geleë kon wees dat dit die leerlinge grond vir bewerking en toegang

tot veld en bos kon bied.

Ten opsigte van ontspanning vir die student sal die beste resultate deur

die persoonlike samewerking van die onderwyser verkry word. Die ware

onderwyser kan aan sy leerlinge min geskenke gee wat so kosbaar is as die

gawe van sy eie kameraadskap. Dit is waar van manne en vroue en hoeveel

te meer van jongmense en kinders, dat net namate ons deur simpatie met

hulle in aanraking kom, ons hulle kan verstaan en ons sal moet verstaan

om op ons doeltreffendste te kan bevoordeel. Om die gevoelsband tussen

onderwyser en student te versterk, is daar min maniere wat soveel waarde

het as aangename samesyn met mekaar buitekant die klaskamer. In sommige

skole is die onderwyser altyd saam met sy leerlinge gedurende hul ure

van ontspanning. Hy voeg hom by hulle in hul ondernemings, vergesel hulle

op hul uitstappies en vereenselwig hom skynbaar met hulle. Dit sou vir ons

skole goed wees indien hierdie gewoonte algemener nagevolg sou word.

Die opoffering wat van die onderwyser vereis word, sou groot wees, maar hy

sou ’n ryke beloning oes.

Geen ontspanning wat net ten nutte van hulself sou wees, sal die kinders

en jongmense soveel tot seën strek as die wat hulle hulpvaardig teenoor andere

maak nie. Van nature geesdriftig en ontvanklik, reageer die jongmense

gou op voorstelle. Laat die onderwyser, wanneer hy planne beraam om plante

te kweek, trag om ’n belangstelling vir die verfraaiing van die skoolgrond

en die klaskamer gaande te maak. ’n Dubbele voordeel sal hieruit spruit. Wat

die leerlinge probeer om te verfraai, sal hulle onwillig wees om te laat beskadig

of ontsier. ’n Verfynde smaak, ordelie-

- 213 -

wendheid en die gewoonte van sorgsaamheid sal aangemoedig word; en

die gees van kameraadskap en samewerking wat tot stand kom, sal vir die

leerlinge ’n lewenslange seën wees.

So ook kan ’n nuwe belangstelling in tuinwerk of die uitstappie in veld

of bos gewek word wanneer die leerlinge aangespoor word om te dink aan

diegene wat ingeperk is, weg van hierdie aangename plekke af en om die

mooi dinge van die natuur met hulle te deel.

Die waaksame onderwyser sal baie geleenthede vind om sy leerlinge tot

hulpvaardige dade te besiel. Veral deur klein kindertjies word die onderwyser

met byna grenslose vertroue en agting bejeën. Wat hy ook al mag voorstel

oor maniere om tuis hulpvaardig te wees, getrouheid in die alledaagse

take, die versorging van die siekes of die armes, kan byna nie anders as om

vrugte op te lewer nie. En so kan daar weer eens ’n dubbele voordeel verkry

word. Die vriendelike voorstel sal op sy bron reageer. Dankbaarheid en

samewerking van die kant van die ouers sal die onderwyser se las verlig en

sy pad bestraal.

Aandag aan ontspanning en liggaamlike opvoeding sal ongetwyfeld by tye

die gereelde roetine van die skoolwerk onderbreek; maar die onderbreking

sal nie ’n werklike hindernis wees nie. Deur die verlewendiging van verstand

en liggaam, die aankweek van ’n onselfsugtige gesindheid en die samesnoer-

ing van leerling en onderwyser deur bande van gemeenskaplike belang en

vriendelike omgang, sal die besteding van tyd en moeite honderdvoudig beloon

word. ’n Geseënde veiligheidsklep vir daardie rustelose energie wat vir

jongmense so dikwels ’n bron van gevaar is, sal voorsien word. As ’n skans

teen kwaad is die vroeëre inbesitname van die verstand deur die goeie meer

werd as ontelbare versperrings van wet en dissipline.

172 E.G.White - Opvoeding

LIGGAAMLIKE OPVOEDING

173

Ambagsopleiding

“MAAR ONS VERMAAN JULLE ... OM ...

MET JULLE EIE HANDE TE WERK.”

- 214 -

BY DIE skepping is arbeid as ’n seën ingestel. Dit het ontwikkeling, krag en

geluk beteken. Die veranderde toestand van die aarde het, as gevolg van

die sondevloek, in die werksomstandighede ’n verandering gebring en tog,

hoewel dit tans met sorge, vermoeienis en pyn gepaard gaan, bly dit steeds

’n bron van geluk en ontwikkeling. En dit is ’n skans teen versoeking. Die dissipline

daarvan verskaf ’n teenwig teen selfvertroeteling. en bevorder vlyt,

reinheid en standvastigheid. So word dit dan ’n deel van Gods groot plan vir

ons herstel van die val.

Die jongmense moet daartoe gebring word om die ware adel van arbeid

in te sien. Wys hulle daarop dat God ’n onophoudelike werker is. Alle dinge

in die natuur doen hul aangewese werk. Werksaamheid deurtrek die ganse

skepping en om ons sending te vervul, moet ook ons aktief wees.

In ons arbeid moet ons medewerkers van God wees. Hy gee aan ons die

aarde en sy skatte; maar ons moet dit by ons gebruik en gerief aanpas. Hy

laat die bome groei, maar ons berei die timmerhout voor en bou die huis. Hy

het die goud en silwer, die yster en die steenkool in die aarde verberg, maar

dit is net deur inspanning dat ons dit kan bekom.

Toon dat, hoewel God alle dinge geskape het en voortdurend alle dinge

beheer, Hy ons met ’n krag toegedeel het wat nie heeltemal van Syne verskil

nie. Aan ons is ’n

- 215 -

mate van beheer oordie natuurmagte gegee. Soos God deur Sy roepstem

die aarde in sy skoonheid uit die baaierd tot stand gebring het, so kan ons

orde en skoonheid uit verwarring voortbring. En hoewel alle dinge nou deur

die kwaad geskend is, voel ons tog in ons voltooide werk ’n vreugde verwant

aan Syne, toe Hy die skone aarde aanskou en verklaar het dat dit “baie goed”

is.

Oor die algemeen sal die oefening wat vir jongmense die voordeligste is,

in nuttige werk gevind word. Die klein kindjie vind sowel afleiding as ontwikkeling

deur te speel; en sy sport moet van so ’n aard wees dat dit nie net liggaamlike

groei bevorder nie, maar ook die verstandelike en die geestelike.

Namate hy in krag en intelligensie toeneem, sal die beste ontspanning in

die een of ander soort nuttige inspanning gevind word. Wat die hand tot

174 E.G.White - Opvoeding

Ambagsopleiding

175

hulpvaardigheid oplei en jongmense leer om hulle deel van die lewe se laste

te dra, is die doelmatigste om die groei van verstand en karakter te bevorder.

Jongmense moet geleer word dat die lewe ernstige werk, verantwoordelikheid

en sorg beteken. Hulle het ’n opleiding nodig wat hul prakties sal

maak - manne en vroue wat noodgevalle die - hoof kan bied. Hulle moet

geleer word dat die dissipline van stelselmatige, goed gereguleerde arbeid

noodsaaklik is, nie net as ’n skans teen die wisselvallighede van die lewe nie,

maar as ’n hulpmiddel tot alsydige ontwikkeling.

Nieteenstaande alles wat reeds oor die waardigheid van arbeid gesê en

geskryf is, heers die gevoel dat dit vernederend is. Jongmanne is gretig om

onderwysers, klerke, handelaars, geneeshere, regsgeleerdes te word, of

om die een of ander posisie te beklee wat nie liggaamlike arbeid vereis nie.

Jong dames vermy huiswerk en streef na opleiding in ander rigtings. Hierdie

mense sal moet leer dat geen man of vrou deur eerlike arbeid verlaag word

nie. Wat wel verlaag, is leeglêery en selfsugtige afhanklikheid. Leeglêery

- 216 -

werk selfvertroeteling in die hand en die gevolg is ’n leë en onvrugbare lewe-

’n land wat elke vorm van kwaad uitnooi om te groei. “Want die grond wat

die reën indrink wat dikwels daarop val en nuttige plante voortbring ter wille

van hulle vir wie dit ook bewerk word, het deel aan die seën van God. Maar

as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking - die

einde daarvan is verbranding.” Hebreërs 6:7, 8.

Baie van die studierigtings wat die student se tyd in beslag neem, is nie vir

nuttigheid of geluk noodsaaklik nie; maar dit is vir elke jongmens noodsaaklik

om ’n deeglike kennis van die alledaagse pligte te hê. Indien nodig, kan

’n jong dame sonder ’n kennis van Frans en algebra, of selfs die klavier, klaarkom;

maar dit is onontbeerlik dat sy leer om goeie brood te bak, om netjies

passende kledingstukke te maak en om doeltreffend die baie pligte in verband

met die huishouding na te kom.

Vir die gesondheid en geluk van die hele gesin is daar niks belangriker as

die vaardigheid en intelligensie van die kok se kant nie. Deur swak voorbereide,

ongesonde voedsel kan sy sowel die volwassene se bruikbaarheid as die

kind se ontwikkeling verhinder en selfs ruïneer. Of deur die voedsel te voorsien

wat by die behoeftes van die liggaam aangepas is en wat terselfdertyd

aanloklik en smaaklik is, kan sy net soveel indie regte rigting doen as wat sy

andere sins in die verkeerde bewerkstellig. So hang lewensgeluk, op baie

maniere, saam met getrouheid in die alledaagse pligte.

Aangesien sowel manne as vroue in die huislike lewe ’n rol speel, moet

seuns sowel as dogters van huishoudelike pligte ’nkennis opdoen. Om’n bed

op te maak en ’n kamer aan diekant te kry, om skottelgoed te was, om ’n

maaltyd te berei, om sy eie klere te was en heel te maak, is ’n opleiding wat

geensins aan enige seun se manlikheid afbreuk hoef re doen nie; dit sal hom

gelukkiger en bruikbaarder

- 217 -

maak. En as dogters, op hulle beurt, kon leer om ’n perd op te tuig en die

leisels te hou en om die saag en die hamer te hanteer, sowel as die hark en

die skoffelpik, sou hulle beter toegerus wees om die gebeurlikhede van die

lewe die hoof te bied.

Laat die kinders en jongmense uit die Bybel leer hoedat God vir die werk

van die gewone arbeider hoogagting betoon het. Laat hulle van die “profeteseuns”

(2 Konings 6:1-7), lees, studerendes op skool, wat vir hulleself ’n huis

aan ‘t bou was en ten behoewe van wie ’n wonderwerk verrig is om die verlies

van die geleende byl te voorkom. Laat hulle van Jesus, die skrynwerker

en Paulus, die tentmaker, lees, wat met die arbeid van die ambagsman die

mees verhewe menslike en Goddelike diens verbind het. Laat hulle lees van

die seun wie se vyf brode deur die Heiland gebruik is in daardie merkwaardige

wonderwerk om die menigte te voed; van Dorkas, die kleremaakster,

wat uit die dode teruggeroep is, sodat sy kon voortgaan om. vir die armes

klere te maak; van die verstandige vrou wat in Spreuke beskryf word, wat

“sorg vir wol en vlas en ... met gewillige hande [werk];” en sy “gee voedsel aan

haar huisgesin en die bestemde deel aan haar diensmeisies;” wat ’n wingerd

plant en “haar arms stewig” hou - “sy brei haar handpalm uit na die ellendige

en sy steek haar hande uit na die behoeftige; “opmerksaam gaan sy die

werksaamhede van haar huis na en die brood van luiheid eet sy nie.” Spreuke

31:13,15-17,20,27.

Van so iemand sê God: “Sy moet geprys word. Gee haar van die vrug van

haar hande en laat haar werke haar prys in die poorte.”Spreuke 31:30, 31.

Vir elke kind moet die eerste ambagskool dié huis wees. En fasiliteite vir

ambagsopleiding moet, sover moontlik, aan eike skool verbonde wees. In ’n

groot mate Sou so ’n opleiding die plek van ‘die gimnasium inneem, met die

bykomende voordeefdat dit waardevolle dissipline bied.

- 218 -

Onderrig in handearbeid verdien baie meer aandag as wat dit al geniet het.

Skole moet gestig word wat, benewens die hoogste verstandelike en morele

ontwikkeling, die beste moontlike fasiliteite vir liggaamlike ontwikkeling en

ambagsopleiding sal voorsien. Onderrig moet gegee word in landbou, ver-

176 E.G.White - Opvoeding

Ambagsopleiding

177

vaardiging - wat soveel moontlik van die nuttigsteambagte dek - asook in

huishoudkunde, gesonde kookkuns, naaldwerk, higiëniese kleremakery, die

behandeling van die siekes en aanverwante rigtings. Tuine, werkswinkels en

behandelingskamers moet voorsien word en die werk in elke rigting moet

onder leiding van bekwame instrukteurs staan.

Die werk moet ’n bepaalde doel hê en deeglik wees. Hoewel elke mens van

verskillende soorte handwerk moet kennis dra, is dit onontbeerlik dat hy in

ten minste een bedrewe moet wees. Elke jongmens moet, teen die tyd dat hy

die skool verlaat, reeds ’n kennis opgedoen het van die een of ander ambag

of werk waardeur hy, indien nodig, sy brood sou kon verdien.

Die beswaar wat die meeste teen ambagsopleiding in die skole geopper

word, is die groot belegging wat daarby betrokke is. Maar die doel wat verwesenlik

moet word, is die koste werd. Geen ander werk wat aan ons toevertrou

is, is so belangrik soos die opleiding van die jeug nie en elke uitgawe

wat vereis word om dit reg teweeg te bring, is middele wat goed bestee is.

Selfs uit die oogpunt van finansiële resultate sou die uitgawe wat vir ambagsopleiding

benodig word, ware besuiniging meebring. Menigtes van ons

seuns sou van die straathoeke af en uit die kroeg gehou word; die uitgawes

op tuine, werkswinkels en baddens sou meer as gedek word deur die besparing

op hospitale en verbeteringshuise. En die jongmense self, opgelei

vir gewoontes van vlyt en bekwaam in verskillende rigtings van produktiewe

arbeid - wie kan

- 219 -

hulle waarde vir die samelewing en die volk bereken?

As afleiding van studie, is werk in die buitelug, wat aan die hele liggaam

oefening bied, die voordeligste. Geen ambagsopleiding is van meer waarde

as landbou nie. ’n Groter poging moet aangewend word om ’n belangstelling

in landbouwerksaamhede te wek en aan te spoor. Laat die onderwyser die

aandag vestig op wat die Bybel oor landbou sê: dat dit Gods plan was vir die

mens om die grond te bewerk; dat daar aan die eerste mens, die regeerder

van die hele wêreld, ’n tuin gegee is om te bewerk; en dat baie van die wêreld

se grootste manne, sy ware adel, landbouers was. Wys op die geleenthede in

so ’n lewe. Die wyse man sê: “Maar ’n voordeel vir ’n land onder alles is dit: ’n

koning wat aan die landbou diensbaar word.” Prediker 5:8. Van hom wat die

grond bewerk, verklaar die Bybel: “En sy God het hom onderrig hoe om dit

te doen, Hy leer hom.” En verder: “Wie ’n vyeboom oppas, sal sy vrugte eet.”

Jesaja 28:26; Spreuke 27:18. Hy wat sy heenkome uit landbou verdien, spring

baie versoekings vry en geniet tallose voorregte en seëninge wat diegene

ontsê word wie se werk in die groot stede is. In hierdie tyd van reusekonsortiums

en handeiswedywering is daar min wat so ’n ware onafhanklikheid en

so ’n groot sekerheid van ’n redelike opbrengs vir hulle arbeid geniet as die

landbouer.

Laat daar in die studie van landbou aan die leerlinge nie net die teorie

oorgedra word nie, maar ook die praktyk. Terwyl hulle leer wat die wetenskap

te kenne gee oor die natuur en die voorbereiding van die grond, die

waarde van verskillende gewasse en die beste produksieinetodes, laat hulle

hul kennis toepas. Laat onderwysers die werk met die studerendes deel en

toon watter resultate deur vernuftige, intelligente inspanning bereik kan

word. Sodoende kan ’n opregte belangstelling gewek word, ’n ambisie om

die werk

- 220 -

op die beste moontlike manier te doen. So ’n ambisie sal, saam met die verkwikkende

gevolge van oefening, sonskyn en suiwer lug ’n liefde vir landbouarbeid

skep wat by baie jongmense die keuse van hul lewenswerk sal

bepaal. So kan invloede aan die gang gesit word wat baie daartoe sou bydra

om die gety te keer van die volksverhuising wat tans so sterk na die stede

vloei.

So sou ons skole ook doeltreffend kon help om vir die werklose massa

’n heenkome te bied. Duisende hulpelose en verhongerde wesens, wie se

getalle daagliks die misdadigersklasse laat aanswel, kon in ’n gelukkige,

gesonde, onafhanklike leefwyse tot selfstandigheid geraak, as hulle deur die

bewerking van die grond in bekwame, ywerige arbeid gelei word.

Die voordeel van ambagsopleiding word ook deur professionele mense

benodig. ’n Mens kan miskien ’n briljante verstand hê; hy kan vlug wees om

idees te snap; sy kennis en vernuf kan vir hom tot die roeping van sy keuse

toegang verleen; nogtans kan hy ver van ’n bevoegdheid vir sy pligte wees. ’n

Opvoeding wat hoofsaaklik uit boeke verkry is, lei tot oppervlakkige denke.

Praktiese werk bevorder fyn waarneming en onafhanklike denke. As dit reg

beoefen word, neig dit tot die ontwikkeling van daardie praktiese wysheid

wat ons gesonde verstand noem. Dit ontwikkel die vermoë om te beplan en

uit te voer, versterk moed en deursettingsvermoë en verg die beoefening

van takt en vaardigheid.

Die geneesheer wat die fondament vir sy professionele kennis deur werklike

diens in die siekekamer gelê het, sal ’n helderheid van insig besit, ’n algemene

kennis en ’n bekwaamheid in noodgevalle om die vereiste diens te

leweralmal essensiële kwalifikasies, wat net ’n praktiese opleiding so volko-

178 E.G.White - Opvoeding

Ambagsopleiding

179

me kan verleen.

- 221 -

Die predikant, die sendeling, die onderwyser sal vind dat hulle invloed by

die mense grootliks toeneem as dit duidelik word dat hulle die kennis en

vaardigheid besit wat vir die praktiese pligte van die alledaagse lewe nodig

is. en dikwels hang die sendeling se sukses, miskien sy lewe self, van sy kennis

van praktiese dinge af. Die vermoë om voedsel te berei, om ongelukke en

noodgevalle te hanteer, om siekes te behandel, om ’n huis te bou of, as dit

nodig is, ’n kerk - dikwels maak hierdie dinge die hele verskil tussen sukses

en mislukking in sy lewenstaak.

Met die verkryging van ’n opvoeding sou baie studente ’n uiters kosbare

opleiding ontvang as hulle selfonderhoudend word. In plaas van skuld te

maak of van hulle ouers se selfverloëning afhanklik te wees, laat jong manne

en jong vroue selfstandig word. Hulle sal sodoende die waarde van geld leer

besef, die waarde van tyd, krag en geleenthede en hulle sal baie minder in

die versoeking verkeer om aan ledige en spandabele gewoontes toe te gee.

Die lesse van spaarsin, vlyt, selfverloëning, die bestuur van praktiese sake

en doelgerigtheid, wat op dié wyse bemeester word, sou ’n uiters, belangrike

deel van hul toerusting vir die lewenstryd wees. En die les van eiehulp

wat deur die student opgedoen word, sou baie daartoe bydra om opvoedkundige

inrigtings te vrywaar teen die skuldelas waaronder so baie skole al

gespartel het en wat soveel gedoen het om hul bruikbaarheid lam te lê.

Laat die jongmense beïndruk word met die gedagte dat opvoeding nie

daar is om hulle te leer hoe om die lewe se onaangename take en swaar laste

vry te spring nie; dat die doel daarvan is om die werk te verlig deur beter metodes

en meer verhewe doelstellings te leer. Leer hulle dat die lewe se ware

oogmerk nie is om die grootste wins vir hulself te verwerf nie, maar om hul

Skepper te eer deur hulle deel

- 222 -

van die wêreld se werk te doen en ’n helpende hand uit te strek na diegene

wat swakker of onkundiger is.

Een groot rede waarom daar op handearbeid neergesien word, is die slordige

onnadenkende wyse waarop dit so dikwels verrig word. Dit word uit

noodsaak gedoen, nie uit keuse nie. Die werker lê hom nie met hart en siel

daarop toe nie en hy behou nie sy selfrespek en dwing ook nie die agting van

andere af nie. Ambagsopleiding moet hierdie wanbegrip uit die weg ruim.

Dit moet gewoontes van noukeurigheid en deeglikheid ontwikkel, leerlinge

behoort takt en stelselmatigheid aan te leer; hulle moet leer om tyd te be-

spaar en elke oomblik te laat meetel. Hulle moet nie net die beste metodes

geleer word nie, maar besiel word met die ambisie om voortdurend te verbeter.

Laat dit hulle doel wees om hul werk so naby aan volmaaktheid te

bring as wat vir die menslike brein en hande moontlik is.

So ’n opleiding sal die jongmense meesters en nie slawe van arbeid maak

nie. Dit sal die lot van die werkesel verlig en selfs die nederigste beroep

veredel. Hy wat arbeid net as sleurwerk beskou en wat dit met selfvoldane

onkunde aanpak, sonder om ’n poging ter verbetering aan te wend, sal beslis

vind dat dit ’n las is. Maar diegene wat kundigheid in die nederigste werkie

erken, sal edelheid en skoonheid daarin raaksien en dit sal sy behae wees om

dit getrou en doeltreffend te doen.

’n Jongmens wat só opgelei is, sal, wat sy roeping in die lewe ook al mag

wees, mits dit eerlik is, sy posisie bruikbaar en eerwaardig maak.

180 E.G.White - Opvoeding

Hoofstuk 7

181

KARAKTERBOU

“Kyk dat jy alles maak volgens die

voorbeeld wat jou op die berg getoon

is.”

182 E.G.White - Opvoeding

KARAKTERBOU

183

Opvoeding en Karakter

“EN DAAR SAL BESTENDIGHEID VAN JOU

TYE WEES, ’n RYKDOM VAN VOLLE VER-

LOSSING, VAN WYSHEID EN KENNIS.”

- 225 -

WARE opvoeding verontagsaam nie die waarde van wetenskaplike kennis of

geleerdheid nie; maar bo informasie takseer dit mag; bo mag, goedheid; bo

intellektuele prestasies, karakter. Die wêreld het nie soseer manne van groot

intellek as van edele karakter nodig nie. Dit het manne nodig in wie aanleg

deur standvastige beginsels beheer word.

“Die beginsel van die wysheid is: Verwerf wysheid.” “Die tong van die wyse

getuig van grondige kennis.” Spreuke 4:7; 15:2. Ware opvoeding voorsien hierdie

wysheid. Dit leer die beste gebruik nie net van een van ons vermoëns

en talente nie, maar van almal. Sodoende dek dit die hele kringloop van

verpligting - teenoor onsself, teenoor die wêreld en teenoor God.

Karakterbou is die belangrikste werk wat ooit aan die mense toevertrou is;

en nog nooit vantevore was die naarstige studie daarvan so belangrik soos

nou nie. Nog nooit is enige vorige geslag ooit geroep om sulke gewigtige

vraagstukke die hoof te bied nie; nooit vantevore het jong manne en jong

vroue voor sulke groot gevare gestaan as die wat hulle vandag in die gesig

staar nie.

Wat, in ’n tyd soos hierdie, is die strekking van die opvoeding wat aangebied

word? Op watter motief word die meeste ’n beroep gedoen? Op selfsug.

Veel van die opvoeding wat aangebied word, is ’n verdraaiing van die naam.

In ware opvoeding vind selfsugtige ambisie, die

- 226 -

magswellus, die verontagsaming van mense se regte en behoeftes, wat die

vloek van ons wêreld is, ’n teeninvloed. Gods plan vir die lewe het ’n plek vir

elke mens. Elkeen moet sy talente tot die uiterste toe ontwikkel; en getrouheid

hierin, of die gawes nou min of baie is, maak ’n mens geregtig op eer. In

Gods plan is daar geen ruimte vir selfsugtige mededinging nie. Die wat hulle

met hulself meet en met hulself vergelyk, is onverstandig. 2 Korinthiërs 10:12.

Wat ons ook al doen, moet gedoen word “soos uit die krag wat God verleen.”

1 Petrus 4:11. Dit moet “van harte soos vir die Here en nie vir mense nie” gedoen

word, “omdat julle weet dat julle van die Here die erfenis as vergelding

sal ontvang, want julle dien die Here Christus.” Kolossense 3:23, 24. Kosbaar

is die diens wat gelewer en die opvoeding wat verkry word deur hierdie be-

184 E.G.White - Opvoeding

Opvoeding en Karakter

185

ginsels na te leef. Maar hoe heel anders is baie van die opvoeding wat tans

aangebied word! Vanaf die kind se vroegste jare is daar ’n oproep tot ewenaring

en wedywering; dit bevorder selfsug, die wortel van alle kwaad.

So word stryd om die opperheerskappy geskep; en die “blokstelsel” word

aangemoedig, wat in so baie gevalle die gesondheid vernietig en die mens

vir bruikbaarheid ongeskik maak. By baie ander lei wedywering tot oneerlikheid;

en deur ambisie en ontevredenheid in die hand te werk, verbitter dit

die lewe en help dit om die wêreld te vul met daardie rustelose, onstuimige

geeste wat ’n voortdurende bedreiging vir die samelewing is.

Ook steek die gevaar nie net in metodes nie. Dit is ook in die vakinhoud

van die studie te vinde.

Wat is die werke waarop die gedagtes van die jongmense gelei word om,

deur die ontvanklikste lewensjare, te teer? Uit watter fonteine word die jongmense,

in die studie van taal en letterkunde, geleer om te drink ? - Uit die

- 227 -

putte van die paganisme, uit fonteine wat deur die korrupsies van die antieke

heidendom gevoed word. Hulle word gelas om skrywers te bestudeer, van

wie daar, sonder teenspraak, verklaar word dat hulle geen ontsag vir sedelike

beginsels het nie.

En van hoeveel moderne outeurs kan dieselfde ook gesê word! By hoeveel

is die bekoring en skoonheid van taal net ’n vermomming vir beginsels wat

in hul ware misvorming die leser sou afstoot!

Benewens dié is daar ’n magdom fiksieskrywers wat na aangename drome

in paleise van gemaksug lok. Teen hierdie skrywers kan die beskuldiging van

onsedelikheid miskien nie ingebring word nie; nogtans is hulle werke nie

minder met boosheid belaai nie. Dit beroof duisende derduisende van die

tyd en energie en selfdissipline wat deur die ernstige probleme van die lewe

vereis word.

In die studie van die wetenskap, soos oor die algemeen behartig word,

skuil daar ewe groot gevare. Ewolusie en sy verwante dwalinge word in skole

op elke vlak geleer, vanaf die kindertuin tot die kollege. So word die studie

van die wetenskap, wat ’n kennis van God behoort mee te deel, dermate met

die spekulasies en teorieë van mense vermeng dat dit tot ongeloof neig.

Selfs Bybelstudie, soos dit alte dikwels in die skole aangebied word, beroof

die wêreld van die kosbare skat van Gods Woord. Die werk van die “hoër kritiek,”

met sy disseksie, gissing, rekonstruksie, vernietig geloof in die Bybel as

’n Goddelike openbaring; dit beroof Gods Woord van die mag om menselewens

te beheer, op te hef en te inspireer.

Soos die jongmense in die wêreld uitgaan om sy verlokkings tot sonde

tegemoet te gaan - die drang tot geld. makery, tot vermaak en selfvertroeteling,

tot vertoonsug, weelde en spandabelheid, die kullery, bedrog, roof

en ondergang - wat is die leerstellings wat daar teengekom word?

- 228 -

Die spiritisme verklaar dat mense ongevalle halfgode is; dat “elke verstand

homself sal oordeel;” dat “ware kennis die mens bokant elke wet plaas;” dat

“alle sondes wat gepleeg word, onskuldig is;” dat “wat ook al is, reg is,” en dat

“God nie veroordeel nie.” Die laagste onder die mense word uitgebeeld as

synde in die hemel, waar hulle glo hoog verhewe is. So verklaar dit aan alle

mense: “Dit maak nie saak wat u doen nie; lewe soos dit u behaag, die hemel

is ti tuiste.” Menigtes word op hierdie wyse daartoe gelei om te glo dat begeerte

die hoogste wet is, dat losbandigheid vryheid beteken en dat die mens

net aan homself hoef rekenskap te gee.

Met sodanige onderrig wat reg by die aanvang van die lewe gegee word,

wanneer impulsiwiteit op sy sterkste is en die behoefte aan selfbeheersing

en reinheid die dringendste, waar is die skanse vir die deug? Wat moet die

wêreld daarteen vrywaar om ’n tweede Sodom te word?

Terselfdertyd probeer anargie om alles wat wet is, weg te vee, nie net die

Goddelike nie, maar ook die menslike. Die sentralisering van rykdom en mag;

die geweldige konsortiums ter verryking van ’n paar ten koste van die vele;

die samesnoering van die armer klasse ter beskerming van hul belange en

aansprake; die gees van onrus, van oproer en bloedvergieting; die wêreldwye

verspreiding van dieselfde leerstellings wat tot die Franse Rewolusie

gelei het - dit alles neig daartoe om die hele wêreld te betrek by ’n stryd

soortgelyk aart die wat Frankryk in beroering gebring het.

Sodanig is die invloede wat die hedendaagse jeug tegemoetgaan. Om te

midde van sulke omwentelinge staande te bly, moet hulle nou die karakterfondamente

lê.

In elke geslag en in elke land was die ware fondament en die patroon vir

karakterbou dieselfde. Die Goddelike wet: “Jy moet die Here jou God liefhê

uit jou hele hart ... en jou naaste soos jouself” (Lukas 10:27), die groot be-

- 229 -

ginsel wat in die lewe en karakter van ons Heiland geopenbaar is, is die enigste

veilige fondament en die enigste betroubare gids.

“Daar sal bestendigheid van jou tye wees, ’n rykdom van volle verlossing,

van wysheid en kennis” (Jesaja 33:6) - daardie wysheid en kennis wat Gods

Woord alleen kan toebedeel.

186 E.G.White - Opvoeding

KARAKTERBOU

187

Dit is vandag net so waar as toe die woorde oor gehoorsaamheid aan Sy

gebooie tot Israel gespreek is: “Dit is julle wysheid en julle verstand voor die

oë van die volke.” Deuteronomium 4:6.

Hier is die enigste beveiliging vir indiwiduele integriteit, vir die reinheid

van die huis, die welvaart van die samelewing, of die bestendigheid van

die volk. Te midde van al die lewe se verwarring en gevare en teenstrydige

aansprake is die een veilige en vaste stelreëI om te doen wat God sê: “Die getuienis

van die Here is gewis,” en “Hy wat hierdie dinge doen, sal nie wankel

in ewigheid nie.” Psalm 19:8; 15:5.

Metodes van Onderrig

“OM AAN DIE EENVOUDIGES SKRAN-

DERHEID TE GEE, AAN DIE JONGELING

KENNIS EN OORLEG.”

- 230 -

EEUE lank het opvoeding hoofsaaklik met die geheue te doene gehad. Hierdie

vermoë is tot die uiterste toe ingespan, terwyl die ander verstandelike

kragte nie eweredig daarmee ontwikkel is nie. Studente het hul tyd daaraan

bestee om moeisaam die verstand met kennis vol te prop, waarvan bra

weinig gebruik kon word. Die verstand wat op hierdie wyse belas word met

wat dit nie kan verteer en opneem nie, word verswak; dit word naderhand

onbekwaam vir energieke, selfstandige inspanning en is daarmee tevrede

om op die oordeel en insig van andere staat te maak.

Sommige, wat die euwels van hierdie metode ingesien het, het na ’n ander

uiterste gegaan. Volgens hulle opvatting hoef die mens net te ontwikkel wat

in hom is. So ’n opvoeding lei die student tot selfgenoegsaamheid en sny

hom sodoende af van die bron van ware kennis en krag.

Die opvoeding wat uit geheue-onderrig bestaan, wat daartoe neig om

selfstandige denke te ontmoedig, het ’n morele strekking wat te min besef

word. Soos die student die mag opoffer om self te redeneer en te oordeel,

verloor hy die vermoë om tussen waarheid en dwaling te onderskei en hy

val maklik misleiding ten prooi. Hy word maklik gelei om oorlewering en gewoonte

na te volg.

Dit is ’n feit wat algemeen verontagsaam word, alhoewel nooit sonder

gevaar nie, dat dwaling selde lyk soos dit

- 231 -

werklik is. Dit is deur met waarheid vermeng te raak of hom daaraan vas te

suig, dat dit aanneemlik word. Die eet van die boom van die kennis van goed

en kwaad het ons oerouers se ondergang veroorsaak en die aaname van ’n

mengsel van goed en kwaad is die ondergang van manne en vroue vandag.

Die verstand wat op die oordeel van andere staatmaak, sal gewis vroeër of

later mislei word.

Die mag om tussen reg en verkeerd te onderskei, kan ons net besit deur

indiwiduele afhanklikheid van God. Elkeen moet self van Hom leer deur Sy

Woord. Ons redeneervermoë is vir gebruik aan ons gegee en God wil hê dat

dit aangewend moet word. “Kom nou en laat ons die saak uitmaak” (Jesaja

1:18), nooi Hy ons uit. Deur vertroue op Hom kan ons wysheid hê “om te ver-

188 E.G.White - Opvoeding

Metodes van Onderrig

189

werp wat kwaad is en om te kies wat goed is.” Jesaja 7:15; Jakobus 1:5.

In alle ware onderrig is die persoonlike element noodsaaklik. Christus het

in Sy onderwysing met mense per soonlik gehandel. Dit was deur persoonlike

kontak en omgang dat Hy die Twaalf geleer het. Dit was privaat, dikwels

aan net een toehoorder, dat Hy Sy kosbaarste lesse meegedeel het. Aan die

geëerde rabbi tydens die nagtelike onderhoud op die Olyfberg, aan die veragte

vrou by die put van Sigar, het Hy Sy rykste skatte oopgemaak; want in

dié toehoorders het Hy die ontvanklike hart, die oop verstand, die vatbare

gesindheid bespeur. Selfs die menigte wat so dikwels op Sy hakke saamgedrom

het, was vir Christus nie ’n deurmekaar bondel nie. Hy het direk tot elke

verstand gespreek en op elke hart ’n beroep gedoen. Hy het die gesigte van

Sy toehoorders dopgehou, die op heldering van die gelaat bespeur, die vinnige,

reagerende blik, wat verraai het dat waarheid die siel bereik het; en in

Sy hart het daar ’n gelykluidende koord van simpatieke vreugde getril.

- 232 -

Christus het die moontlikhede in elke mens raakgesien. Hy is nie deur ’n

onbelowende uiterlike of ’n ongunstige omgewing afgeskrik nie. Hy het Matthéüs

uit die tolhuis en Petrus en sy broeders uit die visserskuit geroep, om

van Hom te leer.

Dieselfde persoonlike belangstelling, dieselfde aandag aan indiwiduele

ontwikkeling, word vandag in opvoedkundige werk benodig. Baie skynbaar

onbelowende jongmense is ryklik toebedeel met talente wat nie ingespan

word nie. Hulle vermoëns lê begrawe weens ’n gebrek aan insig van die kant

van hul opvoeders. In menige seun of dogter, uiterlik so onaantreklik soos

’n ongepolyste steen, is kosbare materiaal te vinde wat die toets van hitte

en storm en drang kan deurstaan. Die ware opvoeder, met die oog op wat

sy leerlinge kan word, sal die waarde erken van die stof waarmee hy werk.

Hy sal in elke leerling persoonlik belangstel en trag om al sy vermoëns te

ontwikkel. Hoe onvolmaak ook al, sal elke poging om gesonde beginsels na

te kom, aangespoor word.

Elke jeugdige moet die noodsaaklikheid en mag van vlyt geleer word.

Hiervan, baie meer as van aanleg of talent, hang sukses af. Sonder vlyt sal

die briljantste talente min baat, terwyl mense met heel gewone natuurlike

gawes deur doelmatige inspanning al wondere verrig het. En genialiteit,

waarvan die prestasies ons verwonder, gaan byna gereeld met onvermoeide,

gekonsentreerde inspanning gepaard.

Die jeug moet geleer word om op die ontwikkeling van al hul vermoëns te

mik, sowel die wat swakker as die wat sterker is. By baie is daar die neiging

om hul studie te beperk tot sekere rigtings waarvan hulle natuurlikerwyse

hou. Teen hierdie fout moet gewaak word. Die natuurlike

- 233 -

begaafdhede dui die rigting van die lewenswerk aan en as dit eg is, moet dit

versigtig aangekweek word. Terselfdertyd moet daar in gedagte gehou word

dat ’n ewewigtige karakter en bekwame werk in enige rigting grotendeels

van daardie simmetriese ontwikkeling afhang wat die gevolg van deeglike,

alsydige opleiding is.

Die onderwyser moet voortdurend eenvoud en doeltreffendheid nastreef.

Hy moet hoofsaaklik deur middel van illustrasies onderrig gee en selfs wanneer

hy met ouer leerlinge te doene kry; moet hy versigtig wees om elke

uiteensetting eenvoudig en duidelik te maak. Baie leerlinge wat in jare al ver

gevorder het, is maar net kinders wat hul begrip betref.

’n Belangrike bestanddeel in opvoedkundige werk is geesdrif. In dié verband

is daar ’n nuttige wenk in ’n opmerking wat eenkeer deur ’n beroemde

akteur kwytgeraak is. Die aartsbiskop van Kantelberg het hom die vraag gestel

waarom akteurs in’n toneelstuk hul gehore so sterk ontroer deur oor denk-

beeldige dinge te praat, terwyl evangeliedienaars dikwels so min invloed

op hulle s’n het deur werklike dinge te bespreek. “Met alle agting, Hoogeerwaarde,”

het die akteur geantwoord, ”veroorloof my om te sê dat die rede

duidelik is: dit is in die mag van geesdrif geleë. Ons op die verhoog praat

van denkbeeldige dinge asof dit werklik is en u in die kansel praat van werklikhede

asof dit denkbeeldig is.”

Die onderwyser het in sy arbeid met werklikhede te doene en hy moet

daaroor praat met al die mag en geesdrif wat deur ’n kennis van hul werklikheid

en belangrikheid ingeboesem kan word.

Elke onderwyser moet toesien dat sy werk tot bepaalde resultate neig.

Voordat hy probeer om’ ’n vak aan te bied, moet hy ’n duidelike plan in gedagte

hê en moet presies

- 234 -

weet wat hy graag wil bereik. Hy moet nie met die voorstelling van enige

onderwerp tevrede wees totdat die student die onderliggende beginsel verstaan,

die waarheid daarvan insien en duidelik kan verklaar wat hy geleer

het nie.

Solank die groot doel van die opvoeding in die oog gehou word, moet

jongmense aangespoor word om net sover te vorder as wat bulle vermoë

sal toelaat. Maar alvorens hulle die hoë studievertakkinge aandurf, laat hulle

die nederiger vlak bemeester. Dit word alte dikwels nagelaat. Selfs onder

190 E.G.White - Opvoeding

Metodes van Onderrig

191

studente in die hoërskole en kolleges is daar ’n groot gebrek aan kennis van

die gewone vertakkinge van die opvoeding. Baie studente wy hul tyd aan

die hoër wiskunde wanneer hulle nie in staat is om eenvoudige boekhouwerk

te doen nie. Baie bestudeer die spraakkuns met die oog daarop om die

swier van redevoering te verwerf wanneer hulle nie op ’n verstaanbare en

treffende wyse kan lees nie. Baie wat die studie van die retorika voltooi het,

slaag nie in die opstel en spelling van ’n gewone brief nie.

’n Deeglike kennis van, die grondvereistes vir die opvoeding moet nie net

die voorwaarde vir toelating tot ’n hoër kursus wees nie, maar steeds die

toets vir voortsetting en bevordering.

En in elke vertakking van die opvoeding is daar belangriker doelstellinge

om te bereik as die wat deur ’n bloot tegniese kennis verwesenlik kan word.

Neem taal, byvoorbeeld. Belangriker as die aanleer van vreemde tale, lewend

of dood, is die vermoë om jou moedertaal maklik en akkuraat te kan

skryf en praat; maar geen opleiding wat uit ’n kennis van grammatikale reëls

verkry word, is vergelykbaar met die belangrikheid van taalstudie uit ’n hoër

oogpunt nie. Met hierdie studie hang, in ’n groot mate die lief en leed van

die lewe saam.

- 235 -

Die hooftaalvereiste is dat dit suiwer, vriendelik en opreg moet wees - “die

uiting van ’n innerlike bekoring.” God sê: “Alles wat waar is, alles wat eerbaar

is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is -

watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.” Filippense 4:8. En

as die gedagtes van so ’n aard is, sal die uitdrukking ook sodanig wees.

Die beste skool vir hierdie taalstudie is die huiskring; maar aangesien die

werk van die huis so dikwels afgeskeep word, berus dit by die onderwyser

om sy leerlinge regte praatgewoontes te help vorm.

Die onderwyser kan veel doen om daardie slegte gewoonte te ontmoedig,

die vloek van die samelewing, die buurt en die huis - die gewoonte van

agterklap, skinderpraatjies, gemene kritiek. In dié verband moet geen moeite

ontsien word nie. Prent die student die feit in dat hierdie gewoonte ’n gebrek

aan kultuur, verfyning en ware goedhartigheid openbaar; dit maak ’n mens

ongeskik vir sowel die geselskap van die werklik opgevoede en verfynde

mense in hierdie wêreld as vir omgang met die heiliges van die hemel.

Ons dink met afsku aan die mensvreter wat smul aan die nog warm, sidderende

vleis van sy slagoffer; maar is die gevolge van selfs hierdie gewoonte

vreesliker as die foltering en verderf wat deur die wanvoorstelling van

motiewe, die beswaddering van reputasies, die versnippering van karakters

bewerkstellig word? Laat die kinders en jongmense ook, leer wat God oor

hierdie dinge sê:

“Dood en lewe is in die mag van die tong.” Spreuke 18:2l.

In die Skrif word kwaadsprekers saam met “haters van God” geklassifiseer,

met “uitvinders van slegte dinge,” met diegene wat “sonder natuurlike liefde,

onversoenlik, onbarmhartig,” “vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaad -

- 236 -

aardigheid” is. Dit is “die verordeninge van God ... dat die wat sulke dinge

doen, die dood verdien.” Romeine 1:30, 31, 29, 32. Hy vir wie God as burger

van Sion reken, is hy wat “met sy hart die waarheid spreek; wat nie rondgaan

met laster op sy tong nie,” “geen smaadrede uitspreek teen sy naaste nie.”

Psalm 15:2, 3.

Gods Woord veroordeel ook die gebruik van daardie betekenislose uitdrukkings

en kragterme wat aan vloektaal grens. Dit veroordeel die bedrieglike

komplimente, die omseiling van waarheid, die oordrywing, die wanvoorstelo

lings in die handel, wat in die samelewing en die sakewêreld algemeen

is. “Laat julle woord wees: Ja ja, nee nee. Wat meer as dit is, is uit die Bose.”

Matthéüs 5:3 7.

“Soos een wat onverskillig vuurpyle, dodelike pyle afskiet, so is die man

wat sy naaste bedrieg en sê: Ek speel somaar.” Spreuke 26:18, 19.

Nou verwant aan skinderpraatjies is die bedekte insinuasie, die sluwe

toespeling, waardeur die onreines van hart trag om die kwaad in te wurm

wat hulle nie openlik durf uitspreek nie. Die jeug moet geleer word om elke

toenadering van hierdie gebruike te vermy soos hulle me laatsheid sou vermy.

In die taalgebruik is daar miskien geen vergryp wat oud en jonk so geredelik

in hulself oorsien as haastige, ongeduldige woorde nie. Hulle beskou

dit as ’n voldoende verskoning om te sê: “Ek was nie op my hoede nie en het

nie werklik bedoel wat ek gesê het nie.” Maar Gods Woord neem dit nie lig op

nie. Die Skrif sê:

“Het jy ’n man gesien wat haastig is in sy woorde? Vir ’n dwaas is daar meer

hoop as vir hom.” Spreuke 29:20.

“’n Afgebreekte stad sonder muur, so is ’n man wat sy gees nie kan inhou

nie.” Spreuke 25:28.

In een oomblik, deur die haastige, driftige, onverskillige

- 237 -

tong, kan kwaad aangerig word wat die berou van ’n hele lewenstyd nie

ongedaan kan maak nie. O die gebroke harte, die vervreemde vriende, die

192 E.G.White - Opvoeding

Metodes van Onderrig

193

verwoeste lewens wat gevolg het op die krasse, haatige woorde van diegene

wat hulp en genesing kon gebring het!

“Daar is een wat onverskillig woorde uitspreek soos swaardsteke, maar die

tong van die wyse is genesing.” Spreuke 12:18.

Een van die karaktertrekke wat veral in elke kind gekoester en aangekweek

moet word, is daardie onbaatsugtigheid wat aan die lewe so ’n onbewuste

bekoring verleen. Van alle voortreflikhede van die karakter is dit een van die

lieflikstes en vir elke ware lewenswerk is dit een van die essensiëelste kwalifikasies.

Kinders het waardering, meegevoel en bemoediging nodig, maar versigtigheid

moet aan die dag gelê word om nie ’n liefde vir lof by hulle te

wek nie. Dit is nie verstandig om aan hulle spesiale aandag te gee of om hul

oulike uitdrukkings voor hulle te herhaal nie. Die ouer of onderwyser wat

die ware karakterideaal en die moontlikhede van prestasie voor oë hou, kan

nie selfvoldaanheid koester of aanmoedig nie. Hy sal nie by jongmense die

verlange of pogings aanmoedig om hulle aanleg of vaardigheid ten toon te

stel nie. Hy wat hoër kyk as wat hy self is, sal nederig wees; tog sal hy ’n waardigheid

besit wat nie deur uiterlike vertoon of menslike grootheid oorbluf of

van stryk gebring word nie.

Dit is nie deur willekeurige wette of reëls dat die bekoorlikhede van die

karakter ontwikkel word nie. Dit geskied deur in die atmosfeer te woon van

dit wat rein, edel en waaragtig is. En waar daar ook al reinheid van hart en

karakteradel is, sal dit deur ’n rein en ede! handelwyse en spraak geopenbaar

word.

“Hy wat reinheid van hart liefhet, wie se lippe aangenaam is - die koning is

sy vriend.” Spreuke 22:11.

- 238 -

Soos met taal, so met elke ander studierigting; dit kan sodanig behartig

word dat dit tot die versterking en opbou van die karakter sal strek.

Aangaande geen studierigting is dit in ’n groter mate waar as die geskiedenis

nie. Laat dit uit die Goddelike oogpunt betrag word.

Soos dit te dikwels geleer word, is die geskiedenis weinig meer as ’n verslag

van die opkoms en val van konings, hofintriges, die oorwinnings en

neerlae van leër - magte - ’n verhaal van ambisie en hebsug, van misleiding,

wreedheid en bloedvergieting. Wanneer dit op hierdie wyse onderrig word,

kan dit nie anders as nadelig wees nie. Die diep bedroewende herhaling van

misdade en gruwels, die afskuwelikhede, die wreedaardighede wat uitgebeeld

word, saai saad wat in baie lewens in ’n oes van euwels vrugte dra.

Veel beter is dit om in die lig van Gods Woord die oorsake vas te stel wat

die opkoms en ondergang van koninkryke beheers. Laat die jongmens hierdie

oorkondes bestudeer en sien hoe die ware voorspoed van nasies met die

aanname van die Goddelike beginsels saamhang. Laat hom die geskie. denis

van die groot hervormingsbewegings bestudeer en sien hoe dikwels hierdie

beginsels, hoewel verag en gehaat, met hul pleitbesorgers aan die kerker en

die skavot uitgelewer, juis deur dié opofferings getriomfeer het.

So ’n studie sal breë, omvattende insigte in die lewe verleen. Dit sal die

jeug help om iets van sy verhoudinge en samehang te begryp, hoe wonderlik

ons in die groot broederskap van die samelewing en volke saamgesnoer

is en in watter groot mate die onderdrukking en ontaarding van een lid verlies

vir almal beteken.

In syferstudie moet die werk prakties gemaak word. Laat elke jongmens en

elke kind geleer word, nie net om denkbeeldige probleme op te los nie, maar

om ’n akkurate ver-

- 239 -

slag van sy eie inkomste en uitgawes by te hou. laat hom die regte gebruik

van geld leer deur dit te gebruik. Of dit deur hul ouers of hul eie verdienste

gefinansier word, laat seuns en dogters leer om hul eie klere, hul boeke en

ander benodigdhede te kies en te koop; en deur ’n verslag van hul uitgawes

by te hou, sal hulle leer, soos hulle op geen ander manier kan leer nie, wat

die waarde en die gebruik van geld is. Hierdie opleiding sal hulle help om

ware besparing enersyds van suinigheid en andersyds van kwistigheid te

onderskei. As dit reg behartig word, sal dit gewoontes van welwillendheid

aanmoedig. Dit sal help om jongmense te leer gee, nie, terwyl hulle gevoelens

opgesweep is, uit die blote aandrif van die oomblik nie, maar gereeld en

stelselmatig.

Op dié manier kan elke studierigting ’n hulpmiddel ter oplossing van daardie

grootste van alle probleme word: die opleiding van manne en vroue vir

die beste nakoming van lewensverantwoordelikhede.

194 E.G.White - Opvoeding

KARAKTERBOU

195

Gedrag

“DIE LIEFDE ... HANDEL NIE

ONWELVOEGLIK NIE.”

- 240 -

DIE waarde van hoflikheid word te min besef. Baie wat vriendelik van hart

is, het ’n gebrek aan vriendelike maniere. Aan baie wat deur hul opregtheid

en regskapenheid respek afdwing, ontbreek dit treurig aan hartlikheid. Hierdie

gebrek skend hul eie geluk en doen afbreuk aan hul diens vir andere.

Baie van die lewe se lieflikste en nuttigste ondervindings word, dikwels bloot

weens ’n gebrek aan bedagsaamheid, deur die onhoflikes opgeoffer.

Veral blymoedigheid en hoflike maniere moet deur ouers en onderwysers

aangekweek word. Almal kan ’n opgewekte gesig, ’n sagte stem, ’n hoflike

houding besit en dié is magselemente. Kinders voel aangetrokke tot ’n blymoedige,

sonnige geaardheid. Toon vriendelikheid en hoflikheid aan hulle

en hulle sal dieselfde gees teenoor u en teenoor mekaar aan die dag lê.

Ware hoflikheid word nie deur die blote nakoming van gedragsreëls geleer

nie. ’n Fatsoenlike houding moet te alle tye gehandhaaf word; waar beginsels

nie gekompromitteer word nie, sal bedagsaamheid teenoor andere

tot die nakoming van gebruiklike gewoontes lei; maar ware hoflikheid vereis

geen opoffering van beginsels aan konvensionele gebruike nie. Dit verontagsaam

kaste. Dit leer selfrespek, agting vir die waardigheid van die mens as

mens, ’n eerbied vir elke lid van die groot menslike broederskap.

- 241 -

Daar is ’n gevaar dat die waarde van bloot uiterlike maniere en vorm oorskat

en te veel tyd aan opvoeding in hierdie rigting bestee sal word. Die lewe

van kragtige inspanning wat van elke jongmens vereis word, die harde, dikwels

onaangename werk wat selfs die lewe se gewone pligte verg en soveel

te meer om die wêreld se las van onkunde en ellende te verlig - hierdie dinge

bied min ruimte vir konvensionele gedrag.

Baie wat groot nadruk op gedragsreëls lê, toon min respek vir enigiets, hoe

voortreflik ook al, wat nie daarin slaag om hulle kunsmatige standaard te bereik

nie. Dit is valse opvoeding. Dit koester kritiese hoogmoed en bekrompe

eksklusiwiteit.

Die wese van ware beleefdheid is om teenoor andere bedagsaam te wees.

Die essensiële, blywende opvoeding is die wat simpatie verbreed en algemene

goedhartigheid bevorder. Daardie sogenaamde kultuur wat nie by

’n jongmens ontsag vir sy ouers inboesem nie, vol waardering vir hul voor-

196 E.G.White - Opvoeding

Gedrag

197

treflikhede, verdraagsaam teenoor hul tekortkominge en hulpvaardig in hul

behoeftes; wat hom nie hoflik en teer, edelmoedig en behulpsaam teenoor

die jonges, die oues van dae en die minder bevoorregtes en beleefd teenoor

almal, maak nie, is ’n mislukking.

Ware verfyndheid van gees en gedrag word eerder in die skool van die

Goddelike Onderwyser geleer as deur pasklaar reëls na te kom. Sy liefde wat

die hart deurtrek, bedeel die karakter toe met daardie verfynende trekke wat

dit na die gelykvormigheid van Sy eie fatsoeneer. Hierdie opvoeding verleen

’n hemelse waardigheid en ’n aanvoeling vir wat welvoeglik is. Dit skep ’n lieflike

geaardheid en ’n sagsinnige houding wat nooit deur die oppervlakkige

vernis van die deftige kringe geëwenaar kan word nie.

Die Bybel beveel hoflikheid en dit bied baie illustrasies van die onselfsugtige

gees, die sagmoedige bekoring, die

- 242 -

minsame gemoed wat ware beleefdheid kenmerk. Dié is maar weerkaatsings

van die karakter van Christus. Al die werklike teerheid en hoflikheid in die

wêreld, selfs onder diegene wat Sy Naam nie huldig nie, is uit Hom. En Hy

verlang dat hierdie karaktertrekke volkome in Sy kinders weerkaats moet

word. Dit is Sy doel dat die mense in ons Sy skoonheid sal aanskou.

Die waardevolste verhandeling wat ooit oor gedragsreëls op skrif gestel

is, is die kosbare onderrig wat deur die Heiland gegee is, in die uitspraak van

die Heilige Gees deur die apostel Paulus - woorde wat onuitwisbaar in die

geheue van elke mens, jonk of oud, geskryf behoort te word:

“Soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê.” Johannes

13:34.

“Die liefde is lankmoedig en vriendelik;

die liefde is nie jaloers nie;

die liefde praat nie groot nie,

is nie opgeblase nie,

handel nie onwelvoeglik nie,

soek nie sy eie belang nie,

word nie verbitterd nie,

reken die kwaad nie toe nie,

is nie bly oor die ongeregtigheid nie,

maar is bly saam met die waarheid.

Dit bedek alles,

glo alles,

hoop alles,

verdra alles.

Die liefde vergaan nimmermeer.” 1 Korinthiërs 13:48.

’n Ander kosbare voortreflikheid wat versigtig gekoester moet word, is

eerbied. Ware eerbied teenoor God word deur ’n gewaarwording van Sy

oneindige grootheid en ’n besef van Sy teenwoordigheid ingeboesem. Met

hierdie gewaarwording van die Onsienlike moet die hart van elke kind diep

beïndruk word. Die kind moet geleer word om die tyd en plek van gebed en

die dienste van openbare aanbid -

- 243 -

ding as heilig te beskou, omdat God daar is. En namate eerbied in die houding

en gesindheid geopenbaar word, sal die gevoel wat dit in die hand werk,

verdiep word.

Dit sou vir jonk en oud betaam om dikwels daardie woorde uit die Heilige

Skrif te bestudeer en te oordink en te herhaal wat toon hoe die plek geag

moet word wat Gods spesiale teenwoordigheid geniet.

“Trek jou skoene van jou voete af,” het Hy Moses by die brandende bos

beveel, “want die plek waar jy op staan, is heilige grond,” Exodus 3:5.

Jakob, nadat hy die visioen van die engele aanskou het, het uitgeroep:

“Waarlik, die Here is op hierdie plek en ek het dit nie geweet nie. ... Dit is

hier niks anders as ’n huis van God nie en dit is hier die poort van die hemel.”

Genesis 28:16, 17.

“Die Here is in sy heilige tempel - swyg voor Hom, o ganse aarde!” Habakuk

2:20.

“Want die Here is ’n grote God,

ja, ’n groot Koning bo al die gode. ...

Kom. laat ons aanbid en neerbuk;

laat ons kniel voor die Here wat ons gemaak het,”

“Hy het ons gemaak en ons is syne,

sy volk en die skape van sy weide.

Gaan sy poorte in met lof,

sy voorhowe met lofgesang;

loof Hom, prys sy Naam.” Psalms 95:3-6; 100:3, 4.

Eerbied moet ook vir die Naam van God betoon word.

Nooit moet daardie Naam ligtelik of onnadenkend uitgespreek word nie.

Selfs in gebed moet die veelvuldige of onnodige herhaling daarvan vermy

word. “Sy Naam is heilig en vreeslik.” Psalm 111:9. Wanneer engele dit

uitspreek, bedek hulle hul aangesigte. Met watter eerbied behoort ons, wat

gevalle en sondig is, dit nie op ons lippe te neem nie!

- 244 -

198 E.G.White - Opvoeding

Gedrag

199

Ons moet Gods Woord eerbiedig. Vir die gedrukte boek moet ons ontsag

hê en dit nooit vir alledaagse gebruik aanwend, of dit onverskillig hanteer

nie. En nooit moet daar vir die grap uit die Skrif aangehaal, of dele geparafraseer

word om ’n gevatte opmerking kwyt te raak nie. “Elke woord van God is

gelouter;” “silwer wat gelouter is in ’n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe

maal.” Spreuke 30:5; Psalm 12:7.

Bowenal, laat kinders geleer word dat ware eerbied deur gehoorsaamheid

getoon word. God het niks beveel wat onnodig is nie en daar is geen ander

manier om eerbied te openbaar wat Hom so behaag as gehoorsaamheid aan

wat Hy gespreek het nie.

Eerbied moet aan Gods verteenwoordigers betoon word - aan predikante,

onderwysers en ouers wat geroep is om namens Hom te spreek en op te tree.

Deur die respek wat teenoor hulle aan die dag gelê word, word Hy vereer.

En God het veral ’n tere agting vir die oues van dae beveel. Hy sê: “Grysheid

is ’n sierlike kroon; dit word gevind op die weg van geregtigheid.” Spreuke

16:31. Dit vertel van veldslae wat gelewer en oorwinnings wat behaal is; van

laste gedra en versoekings weerstaan. Dit vertel van vermoeide voete na aan

hul rus, van plekke wat spoedig leeg sal wees. Help die kinders om hieraan te

dink en hulle sal deur hul hoflikheid en respek die weg van die oues van dae

gelykmaak en bekoring en skoonheid in hul jong lewens bring soos hulle

aan die bevel gehoor gee: “Vir die grys hare moet jy opstaan en die persoon

van ’n grysaard eer.” Levitikus 19:32.

Vaders en moeders en onderwysers moet meer volkome die verantwoordelikheid

waardeer wat God op hulle geplaas het, deur hulle, vir die

kind, Sy eie verteenwoordigers te maak. Die karakter wat in die kontak van

die daaglikse

- 245 -

lewe geopenbaar word, sal, ten goede of ten kwade, vir die kind daardie

woorde van God vertolk:

“Soos ’n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die Here Hom oor

die wat Hom vrees.” Psalm 103:13. “Soos iemand wat deur sy moeder getroos

word, so sal Ek julle troos.” Jesaja 66:13.

Gelukkig die kind in wie sodanige woorde liefde en dankbaarheid en vertroue

wek; die kind vir wie die teerheid, regverdigheid en lankmoedigheid

van vader en moeder en onderwyser die liefde, regverdigheid en lankmoedigheid

van God vertolk; die kind wat deur vertroue, onderwerping en eerbied

teenoor sy aardse beskermers leer om sy God te vertrou, te gehoorsaam

en te eerbiedig. Hy wat kind of leerling so ’n gawe toebring, het aan

hom ’n skat kosbaarder as die rykdom van ai die eeue bemaak - ’n skat so

blywend soos die ewigheid self.

200 E.G.White - Opvoeding

KARAKTERBOU

201

Die Verhouding Tussen Kleredrag

en Opvoeding

“MET BEHOORLIKE KLEDING,” “LOU-

TER HEERLIKHEID IS DIE KONING SE

DOGTER DAARBINNE.”

- 246 -

GEEN OPVOEDING kan volledig wees wat nie die regte beginsels oor kleredrag

leer nie. Sonder sodanige onderrig word die werk van opvoeding te

dikwels vertraag en verdraai. Liefde vir kleredrag en modesug behoort tot

die onderwyser se gedugste mededingers en doeltreffendste hinderpale.

Die mode is ’n gebiedster wat met ’n ysere hand regeer. In so baie huise

word die krag en tyd en aandag van ouers en kinders in beslag geneem om

aan haar eise te voldoen. Die rykes is naywerig om mekaar te oortref deur

aan haar immer wisselende style te voldoen; die middel - en armer stand

streef daarna om die standaard by te kom van diegene wat veronderstel is

om hul meerderes te wees. Waar middele en krag beperk is en die strewe na

deftigheid groot is, word die las byna ondraaglik.

By baie maak dit nie saak hoe betaamlik, of selfs hoe mooi, ’n kledingstuk

is nie; laat die modes verander en dan moet dit oorgemaak of opsy gewerp

word. Die lede van die huisgesin word tot eindelose arbeid gedoem. Daar is

geen tyd om die kinders op te voed nie, geen tyd vir gebed of Bybelstudie

nie, geen tyd om die kleintjies te help om God deur Sy werke te leer ken nie.

- 247 -

Daar is geen tyd en geen geld vir liefdadigheid nie. En dikwels word die

tafel by die huis afgeskeep. Die voedsel word swak gekies en haastig berei

en daar word net gedeeltelik aan die vereistes van die natuur voldoen. Die

gevolg is verkeerde diëetgewoontes, wat siekte veroorsaak of tot onmatigheid

lei.

Die liefde vir vertoon bring spandabelheid voort en by baie jongmense

maak dit die aspirasies na ’n edeler lewe dood. In plaas van ’n opvoeding te

probeer kry, begin hulle al vroegtydig met die een of ander werk, sodat hulle

geld kan verdien om hul geesdrif vir kleredrag te botvier.

En deur hierdie drang word menige jong meisie tot haar ondergang verlei.

In menige huis word die gesinsmiddele oorbelas. Die vader, onbevoeg om

aan die eise van die moeder en kinders te voldoen, word tot oneerlikheid

versoek en weer eens is skande en ondergang die gevolg.

202 E.G.White - Opvoeding

Die Verhouding Tussen Kleredrag en Opvoeding

203

Selfs die dag en dienste van aanbidding spring nie die mode se heerskappy

vry nie. Dit bied eerder ’n geleentheid vir die groter openbaring van haar

mag. Van die kerk word ’n paradegrond gemaak en die modes meer as die

preek bestudeer. Die armes, wat nie aan die eise van die gebruiklike kan voldoen

nie, bly heeltemal van die kerk af weg. Die rusdag word met leeglêery

deurgebring en die jeug dikwels in geselskap wat bederf.

Op skool word die dogters deur onpaslike en ongemaklike klere vir of

studie of ontspanning onbevoeg gemaak. Hulle gedagtes is verstrooid en

die onderwyser het ’n moeilike taak om hul belangstelling te wek.

Om die betowering van die mode te verbreek, kan die onderwyser geen

doeltreffender middel vind as kontak met die natuur nie. Laat leerlinge die

genot smaak wat by rivier of meer of see te vinde is; laat hulle die randjies

klim, die heerlikheid van die sonsondergang aanskou, die skatte van

- 248 -

woud en veld ontdek; laat hulle die genot leer om plante en blomme te

kweek; en dan sal die belangrikheid van ’n bykomende lint of valletjie tot

niksbeduidendheid versink.

Laat die jeug sien dat in kleredrag, soos in diëet, die eenvoudige leefwyse

onmisbaar vir verhewe denke is. Bring hulle daartoe om in te sien hoeveel

geleer en gedoen moet word; hoe kosbaar die dae van die jeug as voorbereiding

vir die lewenstaak is. Help hulle om te sien watter skatte daar in die

Woord van God, in die boek van die natuur en in die verslae van edele lewens

is.

Laat hulle gedagtes gevestig word op die lyding wat hulle kan verlig. Help

hulle om te besef dat die besteder deur eike rand wat op vertoonsug verkwis

word, die middele ontneem word om die hongeriges te voed, die naaktes te

klee en die bedroefdes te vertroos.

Hulle kan nie bekostig om die lewe se heerlike geleenthede mis te loop,

hul verstande te verdwerg, hul gesondheid te ruïneer en hul geluk te laat

skipbreuk ly en dit ter wille van gehoorsaamheid aan die bevele wat geen

grondslag in dierede, gerief of bevalligheid het nie.

Terselfdertyd moet die jeug geleer word om die les van die natuur te

erken: “Alles het Hy mooi gemaak op sy tyd.” Prediker 3:11. Deur kleredrag,

soos met alle ander dinge, is dit ons voorreg om ons Skepper te vereer. Hy

verlang dat ons klere nie slegs netjies en gesond sal wees nie, maat geskik

en betaamlik.

’n Mens se karakter word aan die styl van sy kleredrag geoordeel. ’n Verfynde

smaak, ’n gekultiveerde verstand, sal in die keuse van eenvoudige en

paslike klere geopenbaar word. Kuise eenvoud in kleredrag, sal, wanneer dit

met ’n beskeie houding gepaard gaan, baie daartoe bydra om ’n jong dame

te omring met daardie atmosfeer van heilige ingetoënheid wat vir haar ’n

skild teen ’n duisend gevare sal wees.

- 249 -

Laat dogters geleer word dat die kuns om goed aan te trek die vermoë

insluit om hul eie klere te maak. Dit is ’n ambisie wat elke dogter behoort te

koester. Dit sal ’n middel tot bruikbaarheid en selfstandigheid wees wat sy

nie kan bekostig om mis te loop nie.

Dit is reg om die skoonheid lief te hê en te begeer; maar God verlang dat

ons eers die mees verhewe skoonheid moet liefhê en soek - dié wat onverganklik

is. Die keurigste voortbrengsels van die menslike vernuf besit geen

skoonheid wat vergelyk kan word met daardie karaktersieraad wat in Sy oë

“baie kosbaar” is nie.

Laat die jeug en klein kindertjies geleer word om vir hulle daardie koninklike

kleed te kies wat op die weefstoel van die hemel geweef is - ”rein en

blink fyn linne” (Openbaring 19:8), wat al die heiliges van die aarde sal dra.

Dié kleed, Christus se eie vlekkelose karakter, word vrylik aan elke mens gebied.

Maar almal wat dit ontvang, sal dit hier ontvang en dra.

Laat die kinders geleer word dat soos hulle hul verstande vir rein, liefdevolle

gedagtes oopstel en liefdevolle en hulpvaardige dade verrig, hulle Sy

pragtige karakterkleed aantrek. Hierdie drag sal hulle hier lieflik en bemind

maak en in die hiernamaals hul toegangskaart tot die paleis van die Koning

wees. Sy belofte is:

“Hulle sal saam met My in wit klere wandel, omdat hulle dit waardig is.”

Openbaring 3:4.

204 E.G.White - Opvoeding

KARAKTERBOU

205

Die Sabbat

“HULLE SAL ’n TEKEN WEES TUSSEN

MY EN JULLE, DAT JULLE KAN WEET

DAT EK DIE HERE JULLE GOD IS.”

- 250 -

DIE waarde van die Sabbat as middel tot opvoeding is bokant berekening.

Wat God ook al van ons eis, gee Hy weer terug, verryk, verheerlik met Sy eie

glorie. Die tiende wat Hy van Israel opgevra het, is daaraan toegewy om, in

sy heerlike skoonheid, die patroon van Sy tempel in die hemele, die teken

van Sy teenwoordigheid op die aarde, onder die mense te bewaar. So word

die gedeelte van ons tyd wat Hy opeis, weer aan ons teruggegee, met Sy

Naam en seël daarop. Dit is ,,’n teken,” sê Hy, “tussen My en julle, dat julle kan

weet dat Ek die Here julle God is,” “want in ses dae het die Here die hemel

en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is en op die sewende dag

het Hy gerus. Daarom het die Here die sabbatdag geseën en dit geheilig.”

Esegiël 20:20; Exodus 20:11. Die Sabbat is ’n teken van skeppende en verlossende

mag; dit vestig die aandag op God as die bron van lewe en kennis;

dit roep die oorspronklike heerlikheid van die mens voor die gees en getuig

sodoende van Gods doel om ons na Sy eie beeld te herskep.

Sowel die Sabbat as die huisgesin is in Eden ingestel en in Gods voorneme

is hulle onskeidbaar aan mekaar verbind. Op hierdie, meer as op enige ander

dag, is dit vir ons moontlik om die lewe van Eden te voer. Dit was Gods plan

vir die gesinslede om in werk en studie, in godsdiens en

- 251 -

ontspanning, saam te wees, met die vader as priester van sy huiskring en

sowel vader as moeder hul kinders se onderwysers en metgeselle. Maar die

gevolge van die sonde het, deur die lewensomstandighede te verander, hierdie

omgang in ’n groot mate verhinder. Dikwels sien die vader skaars sy

kinders se gesigte gedurende die week. Hy word byna heeltemal die geleentheid

vir kameraadskap of onderrig ontneem. Maar Gods liefde het aan die

vereistes van harde arbeid perke gestel. Oor die Sabbat plaas Hy Sy genadige

hand. Op Sy eie dag bewaar Hy vir die gesin die geleentheid vir gemeenskap

met Hom, met die natuur en met mekaar.

Aangesien die Sabbat ’n gedenkteken van skeppingsmag is, is dit by uitstek

die dag wanneer ons God deur Sy werke moet leer ken. In die verstande

van die kinders moet bloot die gedagte aan die Sabbat al aan die skoonheid

van natuurlike dinge verbonde wees. Gelukkig is die huisgesin wat op die

206 E.G.White - Opvoeding

KARAKTERBOU

207

Sabbat na die plek van aanbidding kan gaan soos Jesus en Sy dissipels na die

sinagoge gegaan het - oor die veld, langs die oewers van die meer of deur

bosstreke. Gelukkig die vader en moeder wat Gods geskrewe Woord aan hul

kinders kan leer met illustrasies uit die oop bladsye van die boek van die

natuur; wat onder die groen bome, in die vars, skoon lug, kan saamkom om

die Woord te bestudeer en om tot lof van die Vader omhoog te sing.

Deur sulke deelgenootskap kan ouers hul kinders aan hul harte bind en

sodoende aan God, deur bande wat nooit verbreek kan word nie.

As middel tot intellektuele opleiding is die geleenthede van die Sabbat

van onberekenbare waarde. Laat die Sabbatskoolles geleer word, nie deur

op Sabbatoggend vlugtig na die Skrifdeel van die les te kyk nie, maar deur

versigtige studie vir die volgende week op Sabbatmiddag, met daag -

- 252 -

likse hersiening of toeligting gedurende die week. Sodoende sal die les in

die geheue vasgelê word, ’n skat wat nooit heeltemal tot niet sal gaan nie.

Wanneer hulle na die preek luister, laat die ouers en kinders op die teks en

die aangehaalde skrifgedeeltes let en op soveel moontlik van die gedagtegang,

om dit tuis teenoor mekaar te herhaal. Dit sal baie daartoe bydra om

die vermoeienis te verlig waarmee kinders so dikwels na ’n preek luister en

dit sal by almal ’n gewoonte van oplettendheid en samehangende denke

aankweek.

Oorpeinsing van die temas wat so geopper word, sal vir die student skatte

oopstel waarvan hy nog nooit gedroom het nie. Hy sal in sy eie lewe die

werklikheid bewys van die ondervinding wat in die Skrif beskrywe word:

“Toe u woorde gevind is, het ek hulle opgeëet en u woord was vir my

vreugde en vrolikheid vir my hart.” Jeremia 15:16.

“Ek wil ... u insettinge oordink.” “Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn

goud. ... Ook word u kneg daardeur gewaarsku; in die onderhouding daarvan

is groot loon.” Psalm 119:47, 48; 19:11, 12.

Geloof en Gebed

“DIE GELOOF DAN IS ’n VASTE VER-

TROUE OP DIE DINGE WAT ONS HOOP,”

“GLO DAT JULLE DIT SAL ONTVANG en

JULLE SAL DIT VERKRY,”

- 253 -

GELOOF is vertroue op God - om te glo dat Hy ons liefhet en die beste weet

wat tot ons voordeel strek. En so dan, in plaas van ons eie weg, lei dit ons om

Syne te kies. In plaas van ons onkunde, neem dit Sy wysheid aan; in plaas van

ons swakheid, Sy krag; in plaas van ons sondigheid, Sy geregtigheid. Ons lewens,

ons self, is reeds Syne; geloof erken Sy eiendomsreg en neem die seën

daarvan aan. Waarheid, regskapenheid, reinheid, is al as geheime tot lewensukses

aangewys. Dit is geloof wat ons van hierdie beginsels in besit stel.

Elke goeie impuls of aspirasie is die gawe van God; geloof ontvang van

God daardie lewe wat alleen ware groei en doelmatigheid kan baar.

Hoe om geloof te beoefen, moet baie duidelik gemaak word. Vir elke belofte

van God is daar voorwaardes. Indien ons bereid is om Sy wil te doen,

is al Sy krag ons krag. Watter gawe Hy ook: al belowe, is in die belofte self

aanwesig. “Die saad is die woord van God.” Lukas 8:11. So seker as wat die

eikeboom in die akker is, so gewis is die gawe van God in Sy belofte. As ons

die belofte aanneem, het ons die gawe.

Die geloof wat ons in staat stel om Gods gawes te ontvang, is op sigself

’n gawe, waarvan ’n sekere mate aan elke mens geskenk word. Dit groei namate

dit beoefen

- 254 -

word deur jou die Woord van God toe te eien. Om geloof te versterk, moet

ons dit dikwels met die Woord in aanraking bring.

In die studie van die Bybel, moet die student gelei word om die krag van

Gods Woord te besef. Met die skepping het Hy “gespreek en dit was; Hy het

gebied en dit staan.” “Die dinge wat nie bestaan nie, roep [Hy] asof hulle

bestaan” (Psalm 33:9; Romeine 4:17); want as Hy hulle roep bestaan hulle.

Hoe dikwels het diegene wat die Woord van God vertrou het, hoewel hulle

self totaal hulpeloos was, die mag van die ganse wêreld weerstaan - Henog,

rein van hart, heilig in sy lewe, het aan sy geloof vasgehou in die triomf van

geregtigheid teen ’n korrupte en spottende geslag; Noag en sy huisgesin

teen die mense van sy tyd, mense van die grootste fisieke en verstandelike

krag en in hul sedes die meeste ontaard; die kinders van Israel by die Skelf-

208 E.G.White - Opvoeding

Geloof en Gebed

209

see, ’n hulpelose, vreesbevange menigte van slawe, teen die magtigste leërmag

van die magtigste nasie op die aardbol; Dawid, ’n herderseun, met Gods

belofte van die troon, teen Saul, die gevestigde vors en daarop gesteld om

aan sy mag vas te klem; Sadrag en sy metgeselle in die vuur en Nebukadnesar

op die troon; Daniël onder die leeus, sy vyande in die hoë posisies van die

koninkryk; Jesus aan die kruis, terwyl die Joodse priesters en heersers selfs

die Romeinse goewerneur dwing om hulle wil ten uitvoer te bring; Paulus

in kettings, uitgelei na ’n misdadiger se dood, Nero die dwingeland van ’n

wêreldryk.

Sulke voorbeelde word nie net in die Bybel gevind nie. Hulle is oorvloedig

in elke verslag van die menslike vooruitgang. Die Waadtlanders en die

Hugenote, Wiclif en Huss, Jeronimus en Luther, Tindal en Knox, Zinzendorf

en Wesley, met ’n menigte van andere, het getuig van die mag Van Gods

Woord teen menslike mag en beleid ter ondersteuning van die kwade. Hierdie

mense is die wêreld

- 255 -

se ware adel. Dit is sy koninklike lyn. In hierdie lyn word die jeug van vandag

geroep om hul plekke in te neem.

Geloof is nodig in die kleiner, nie minder nie as in die groter sake van die

lewe. In al ons daaglikse belange en beroepe word die onderskragende krag

van God vir ons ’n werklikheid deur ’n blywende vertroue.

Uit die menslike gesigspunt beskou, is die lewe vir almal ’n onbeproefde

pad. Dit is ’n weg waarop ons elkeen, wat ons dieper ondervindings betref,

alleen wandel. In ons innerlike lewe kan geen ander mens ten volle indring

nie. Soos die klein kindjie daardie reis begin onderneem waartydens hy,

vroeër of later, sy eie koers moet kies en self oor die lewensvraagstukke vir

die ewigheid beslis, hoe ernstig moet die poging wees om sy vertroue op die

sekere Gids en Helper te vestig!

As ’n skild teen versoeking en ’n inspirasie tot kuisheid en waarheid, kan

geen ander invloed die besef van Gods teenwoordigheid ewenaar nie. “Alles

is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.” Hy is dit “wat

te rein is van oë om die kwaad aan te sien en die onreg nie kan aanskou nie.”

Hebreërs 4:13; Habakuk 1:13. Hierdie gedagte was Josef se skild te midde

van die korrupsies van Egipte. Op die lokmiddele van versoeking was sy antwoord

standvastig: “Hoe kan ek dan hierdie groot kwaad doen en sondig

teen God?” Genesis 39:9. So ’n skild sal die geloof, indien dit gekoester word,

vir elke siel bring.

Net die besef van Gods teenwoordigheid kan die vrees verban wat, vir die

bangerige kind, die lewe ’n las sou maak. Laat hom hierdie belofte in sy geheue

vaslê: “Die Engel van die Here trek ’n laer rondom die wat Hom vrees en

red hulle uit” Psalm 34:8. Laat hom daardie wonderlike verhaal lees van Elisa

in die stad in die berge en, tussen hom en die menigte bewapende vyande,

’n magtige leërskare van engele wat hom omring het. Laat hom lees hoe aan

Petrus in

- 256 -

die gevangenis en tot die dood veroordeel, Gods engel verskyn het; hoe,

by die bewapende wagte, die massiewe deure en groot ysterpoort met hul

grendels en tralies verby, die engel Gods dienskneg veilig uitgelei het. Laat

hom van daardie toneel op die see lees, toe tot die soldate en matrose, deur

die storm geteister, uitgeput deur werk en waaksaamheid en ’n langdurige

vas, deur Paulus die gevangene, op sy pad na sy verhoor en onthoofding,

daardie manjifieke woorde van moed en hoop gespreek is: “Nou vermaan

ek julle om moed te hou, want daar sal hoegenaamd geen verlies van lewe

onder julle wees nie. ... Want daar het in hierdie nag by my gestaan ’n engel

van die God aan wie ek behoort, wat ek ook dien. En hy het gesê: Moenie

vrees nie, Paulus; jy moet voor die keiser staan en kyk, God het aan jou

geskenk almal wat saam met jou vaar.” In die geloof van hierdie belofte het

Paulus sy makkers dié versekering gegee: “Want van niemand onder julle sal

’n haar van sy hoof val nie.” So het dit ook gebeur. Omdat daar op dié skip een

man was deur wie God kon werk, is die hele vaartuig vol heidense soldate en

matrose bewaar. “So het almal behoue aan land gekom.” Handelinge 27:22-

24, 34, 44.

Hierdie dinge is nie geskrywe bloot sodat ons kan lees en ons daaroor verwonder

nie, maar sodat dieselfde geloof wat van ouds oor Gods diensknegte

vaardig was, in ons kan werk. Op ’n geensins minder treffende wyse as wat

Hy toe gehandel het nie, sal Hy nou werk waar daar ook al gelowige harte is

om kanale vir Sy mag te wees.

Laat die wat sonder selfvertroue is, wie se gebrek aan selfstandigheid hulle

vir sorge en verantwoordelikheid laat terugdeins; geleer word om hulle op

God te verlaat. Sodoende sal menigeen wat andersins net ’n statistiek in die

wêreld sou wees, miskien net ’n hulpelose las, saam met die apostel Paulus

sê: “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.” Filippense 4:13.

- 257 -

Ook vir die kind wat maklik gekrenk voel, hou die geloof kosbare lesse in.

Die neiging om kwaad te weerstaan of onreg te wreek, word dikwels deur

’n skerp regverdig. heidsin en ’n aktiewe, ywerige gees aangevuur. Laat daar

210 E.G.White - Opvoeding

Geloof en Gebed

211

aan so ’n kind geleer word dat God die ewige bewaarder van die reg is. Hy

is teer besorg oor die wesens wat Hy so liefgehad het dat Hy Sy dierbaarste

Beminde gegee het om hulle te red. Hy sal teen elke kwaaddoener optree.

“Wie julle aanraak, raak sy oogappel aan.” Sagaria 2:8. “Laat jou weg aan die

Here oor en vertrou op Hom en Hy sal dit uitvoer; en Hy sal jou geregtigheid

laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middag.” Psalm 37:5, 6.

“So is die Here dan ’n rotsvesting vir die verdrukte, ’n rotsvesting in tye van

benoudheid. En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U

soek, nie verlaat nie, o Here!” Psalm 9:10, 11.

Die barmhartigheid wat God teenoor ons openbaar, beveel Hy ons om aan

andere te betoon. Laat die impulsiewe. die selfvoldane, die wraaksugtige,

die Sagmoedige en Nederige aanskou, soos ’n lam ter slagting gelei, sonder

weerwraak soos ’n skaap wat stom is voor sy skeerders. Laat hulle Hom aanskou

wat weens ons sondes deurboor en met ons droefheid belas is en hulle

sal leer om te verduur, stil te bly en te vergewe.

Deur die geloof in Christus, kan elke karakterleemte aangevul, elke besoedeling

gereinig, elke fout reggestel en elke voortreflikheid ontwikkel word.

“Julle het die volheid in Hom.” Kolossense 2:10. Gebed en geloof is nou

verwant en dit moet saam bestudeer word. In die gebed van die geloof is

daar ’n Goddelike wetenskap; dit is ’n wetenskap wat elkeen moet verstaan

wat van sy lewenswerk ’n sukses wil maak. Christus sê: “Alles wat julle in die

gebed vra, glo dat julle dit sal

9

- 258 -

ontvang en julle sal dit verkry.” Markus 11:24. Hy stel dit duidelik dat ons versoeke

volgens Gods wil moet wees; ons moet die dinge vra wat Hy belowe

het en wat ons ook al ontvang, moet aangewend word om Sy wil te doen. As

die voorwaardes nagekom word, is die belofte ondubbelsinnig.

Om vergifnis vir sonde, om die Heilige Gees, om ’n Christelike geaardheid,

om wysheid en krag om Sy werk te doen, om enige gawe wat Hy belowe het,

kan ons vra; dan moet ons glo dat ons ontvang en God daarvoor dank dat

ons dit ontvang het.

Ons hoef na geen uiterlike bewys vir die seën te soek nie. Die gawe is in

die belofte geleë en ons kan met ons werk voortgaan, versekerd dat wat God

belowe het, Hy in staat is om ten uitvoer te bring en dat die gawe, wat ons

reeds besit, verwesenlik sal word wanneer ons dit die nodigste het.

Om so volgens Gods Woord te lewe, beteken die oorgawe van die hele

lewe aan Hom. Daar sal ’n voortdurende gevoel van behoefte en afhanklik-

heid wees, ’n hartehunkering na God. Gebed is ’n noodsaaklikheid: want dit

is die lewe van die siel. Gesinsgebed, openbare gebed, het hul plek; maar dit

is stille gemeenskap met God wat die sielelewe onderhou.

Dit was op die berg saam met God dat Moses die patroon gesien het van

daardie wonderlike gebou wat die verblyfplek vir Sy heerlikheid sou wees.

Dit is op die berg saam met God - op die stille plek van sielsgemeenskap -

waar ons Sy heerlike ideaal vir die mensdom moet oorpeins. Sodoende sal

ons in staat gestel word om ons karaktergebou op so ’n manier te vorm dat

aan ons Sy belofte vervul mag word: “Ek sal in hulle woon en onder hulle

wandel en Ek sal hulle God wees en hulle sal vir My ’n volk wees.” 2 Korinthiërs

6:16.

- 259 -

Dit was tydens ure van eensame gebed dat Jesus in Sy aardse lewe wysheid

en krag ontvang het. Laat die jongmense Sy voorbeeld volg deur met

dagbreek en in die aandskemering ’n stille tyd vir gemeenskap met hul Vader

in die hemel te vind. En laat hulle dwarsdeur die dag hul harte tot God ophef.

Met elke tree van ons weg sê Hy:

“Want Ek, die Here jou God, gryp jou regterhand aan ... Wees nie bevrees

nie, Ek help jou.” Jesaja 41:13. As ons kinders hierdie lesse in die daglumier

van hul jare leer, watter varsheid en krag, watter vreug en lieflikheid, sou in

hulle lewens ingebring word!

Dié is lesse wat net hy kan oordra wat dit self geleer het. Dit is omdat so

baie ouers en onderwysers voorgee om die Woord van God te glo, terwyl

hulle lewens die krag daarvan verloën, dat die onderwysing van die Skrif nie

’n groter uitwerking op die jeug het nie. By tye word jongmense daartoe

gebring om die mag van die Woord te voel. Hulle sien die kosbaarheid van

Christus se liefde in. Hulle sien die skoonheid van Sy karakter, die moontlikhede

van ’n lewe wat aan Sy diens gewy word. Maar in teenstelling hiermee

sien hulle die lewe van diegene wat voorgee om Gods voorskrifte na te

kom. Van hoeveel is die woorde waar wat tot die profeet Esegiël gespreek

is:

Jou volk “spreek die een met die ander, elkeen met sy broer en sê: Kom tog

en hoor wat die woord is wat van die Here uitgaan. En hulle kom na jou toe

soos ’n volk saamstroom en sit voor jou as my volk en hoor jou woorde, maar

hulle doen dit nie; want hulle maak liefdesverklaringe met hulle mond, maar

hulle hart gaan agter hulle onregverdige wins aan. En kyk, jy is vir hulle soos

’n minnelied,

- 260 -

212 E.G.White - Opvoeding

Geloof en Gebed

213

soos een skoon van stem, wat goed op die snare speel: hulle hoor jou woorde,

maar hulle doen dit nie.” Esegiël 33:30-32.

Dit is een ding om die Bybel as ’n boek van goeie sedelesse te behandel,

om daarop ag te slaan in soverre dit met die tydgees en ons posisie in die

wêreld strook; dit is ’n ander saak om dit aan te sien vir wat dit werklik is - die

Woord van die lewende God, die Woord wat ons lewe is, die Woord wat ons

handelwyse, ons woorde en ons denke moet formeer. Om die Woord van

God as enigiets minder as dit te beskou, is om dit te verwerp. En hierdie verwerping

deur diegene wat voorgee om dit te glo, is een van die hoofoorsake

vir skeptisisme en ongeloof onder die jeug.

’n Intensiteit soos wat nog nooit tevore gesien is nie, pak die wêreld beet.

In vermaak, geldmakery, die wedywering om mag, die stryd om die bestaan,

is daar ’n vreeslike mag wat liggaam en verstand en siel in beslag neem. Te

midde van hierdie dolle gejaag spreek God. Hy beveel ons om eenkant toe

te kom om sielsgemeenskap met Hom te hê. “Laat staan en weet dat Ek God

is.” Psalm 46:11.

Baie, selfs in hulle tyd vir gebed, slaag nie daarin om die seën van ware gemeenskap

met God te ontvang nie. Hulle is oorhaastig. Met gejaagde skrede

dring hulle deur die kring van Christus se lieflike teenwoordigheid, talm miskien

’n oomblik in die heilige omgewing, maar hulle wag nie vir raad nie.

Hulle het geen tyd om by die Goddelike Leermeester te vertoef nie. Met hulle

laste keer hul weer na hulle werk terug.

Hierdie werkers kan nooit die hoogste sukses behaal alvorens hulle die

geheim van krag geleer het nie. Hulle moet hulself tyd gun om te dink, bid

en vir ’n hernuwing

- 261 -

van fisieke, verstandelike en geestelike krag op God te wag. Hulle het die

opheffende invloed van Sy Gees nodig. As hulle dit ontvang, sal hulle met

nuwe lewe verkwik word. Die vermoeide gestel en moeë brein sal verfris, die

oorlaaide hart ligter gemaak word.

Nie ’n oomblikkie van stilstand in Sy teenwoordigheid nie, maar persoonlike

aanraking met Christus, om in kameraadskap saam met Hom te gaan sit -

dit is ons behoefte. Gelukkig sal dit wees vir die kinders van ons huisgesinne

en die studerendes van ons skole as ouers en onderwysers in hul eie lewens

die kosbare ondervinding sal leer wat in hierdie woorde van Hooglied uitgebeeld

is:

“Soos ’n appelboom onder die bome van die bos,

so is my beminde onder die seuns.

Ek het verlang om in sy skaduwee te sit,

en sy vrugte is soet vir my verhemelte.

Hy het my in die wynhuis ingebring,

en sy vaandel oor my was die liefde.” Hooglied 2:3,4.

214 E.G.White - Opvoeding

KARAKTERBOU

215

Die Lewenstaak

“MAAR EEN DING.”

- 262 -

SUKSES in enige rigting vereis ’n spesifieke doel. Hy wat in die lewe ware

sukses wil behaal, moet voortdurend die doel wat sy strewe waardig is, in

die oog hou. So ’n doel word voor vandag se jongmense gestel. Die hemelse

strewe om in hierdie geslag die evangelie aan die wêreld te verkondig, is die

edelste wat enige mens kan aangryp. Dit stel ’n arbeidsveld oop vir elkeen

wie se hart Christus aangeraak het.

Gods voorneme vir die kinders wat langs ons vuurherde grootword, is

wyer, dieper, hoër, as wat ons beperkte visioen ingeneem het. Uit die nederigste

lot is diegene wat Sy oë getrou bevind het, in die verlede al geroep

om in die wêreld se hoogste posisies vir Hom getuies te wees. En menige

jongeling vandag, wat soos Daniël in sy Judese ouerhuis opgroei en Gods

Woord en Sy werke bestudeer, terwyl hy die lesse van getroue diens leer,

sal nog in wetgewende vergaderings, geregshowe of in koninklike howe vir

die Koning van die konings as getuie staan. Menigtes sal tot ’n wyer diens

geroep word. Die hele wêreld gaan vir die evangelie oop. Ethiopië strek die

hande na God uit. Uit Japan en China en Indië, uit die steeds verduisterde

lande van ons eie kontinent, uit elke oord van hierdie wêreld van ons, kom

die hulpgeroep van sondebelaste harte vir ’n kennis van die God van liefde.

Miljoene der miljoene het nog nooit eers van God gehoof of van Sy

- 263 -

liefde wat in Christus geopenbaar is nie. Hulle is daarop geregtig om hierdie

kennis te ontvang. Hulle het saam met ons ’n gelyke aanspraak op die Heiland

se genade. En dit berus by ons wat die kennis ontvang het, saam met

ons kinders aan wie ons dit kan meedeel, om op hulle geroep te antwoord.

Aan elke huisgesin en elke skool, aan elke ouer, onderwyser en kind op wie

die lig van die evangelie geskyn het, word in hierdie krisis die vraag gestel

wat tot Ester, die koningin tydens daardie belangrike krisis in Israel se geskiedenis

gerig is; “Wie weet of jy nie met die oog op ’n tyd soos hierdie tot die

koninklike waardigheid geraak het nie?” Ester 4:14.

Diegene wat dink aan die gevolge daarvan om die evangelie te bespoedig

of in die wiele te ry, dink daaraan in verhouding tot hulleself en tot die

wêreld. Min dink aan die verband met God. Min bepeins die lyding wat die

sonde ons Skepper aangedoen het. Die ganse hemel het tydens Christus se

foltering gely, maar daardie lyding het nie met Sy openbaarmaking as mens

216 E.G.White - Opvoeding

Die Lewenstaak

217

begin of geëindig nie. Die kruis is ’n openbaring aan ons afgestompte gewaarwording

van die pyn wat sonde, reg van sy ontstaan af, tot die hart van

God gebring het. Elke afwyking van wat reg is, elke wrede daad, elke mislukking

van die mensdom om Sy ideaal te bereik, bring vir Hom droefheid. Toe

Israel die onheil oorgekom het wat die gewisse gevolg van verwydering van

God was - onderwerping deur hul vyande, wreedheid en die dood - is daar

van Hom gesê dat Hy “ongeduldig geword [het] oor die moeite van Israel.”

“In al hulle benoudheid was Hy benoud, ... en Hy het hulle opgehef en hulle

gedra, al die dae van die ou tyd.” Rigters 10:16; Jesaja 63:9.

Sy Gees “tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.” Terwyl “die hele

skepping tesame sug en tesame in barensnood is” (Romeine 8:26,22), word

die hart van die ewige Vader in meegevoel seer. Ons wêreld is ’n ontsaglike

groot

- 264 -

melaatse gestig, ’n toneel van ellende waaroor ons nie eens durf om ons

gedagtes te Iaat gaan nie. As ons dit kon begryp soos dit werklik is, sou die

las te ontsettend wees. Tog voel God dit alles. Om die sonde en sy gevolge te

vernietig, het Hy Sy Dierbaarste gegee en Hy het dit in ons mag gestel om,

deur samewerking met Hom, hierdie toneel van ellende te beëindig. “En hier-

die evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ’n

getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.” Matthéüs 24:14.

“Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom”

(Markus 16:15), is Christus se bevel aan Sy volgelinge. Nie dat almal

geroep is om in die gewone sin van die woord predikante of sendelinge te

wees nie; maar almal kan Sy medewerkers wees om die “blye ryding” aan hul

medemens te verkondig. Aan almal, groot of klein, geleerd of onkundig, oud

of jonk, word die bevel gegee.

Gedagtig aan dié bevel, kan ons ons seuns en dogters vir ’n lewe van fatsoenlike

konvensionaliteit opvoed, ’n lewe wat voorgee om Christelik te wees,

maar wat Sy selfopoffering kortkom, ’n lewe oor wie die uitspraak van Hom

wat die waarheid is, moet wees: “Ek het jullIe nooit geken nie”?

Duisende handel so. Hulle wil graag vir hul kinders die voordele van die

evangelie verkry, terwyl hulle die gees daarvan verloën. Maar dit kan nie

gebeur nie. Diegene wat die voorreg van sielsgemeenskap met Christus in

diens verwerp, verwerp die enigste opleiding wat ’n geskiktheid vir deelname

saam met Hom aan Sy heerlikheid voorsien. Hulle verwerp die opleiding wat

in hierdie lewe karakterkrag en -adel verleen. Menige vader en moeder, wat

hul kinders van Christus se kruis teruggehou het, het te Iaat geleer dat hulle

hul sodoende aan die vyand van God en die mens oorgegee het. Hulle het

hul ondergang verseël, nie net vir die toekomstige lewe nie, maar ook vir die

teenswoordige. Die versoeking het hulle oorweldig. Hulle het as

- 265 -

vloek vir die wêreld grootgeword, ’n verdriet en ’n skande vir diegene wat

aan hulle hul bestaan gegee het.

Selfs wanneer hulle probeer om vir die diens van God ’n voorbereiding te

ontvang, word baie deur verkeerde opvoedingsmetodes van koers gebring.

Die lewe word te veel beskou as iets wat uit afgebakende tydperke bestaan,

die tydperk om te studeer en die tydperk om te doen - van voorbereiding en

van prestasie. Ter voorbereiding vir ’n lewe van diens, word jongmense skool

toe gestuur om deur ’n studie van boeke kennis te verwerf. Van die verantwoordelikhede

van die alledaagse lewe afgesny, raak hulle in studie verdiep

en dikwels verloor hulle die doel daarvan uit die oog. Die gloed van hul vroeë

toewyding koel af en te veel raak met die een of ander persoonlike, selfsugtige

ambisie behep. Na afstudering vind duisende uit dat hulle uit voeling

met die lewe geraak het. Hulle het so lank met die abstrakte en die teoretiese

omgegaan dat wanneer die hele wese gewek moet word om die felle stryd

van die werklike lewe die hoof te bied, hulle onvoorbereid is. In plaas van die

edele werk wat hulle beplan het, word hul kragte in beslag geneem deur ’n

sparteling bloot om te bestaan. Na herhaalde teleurstellings, selfs wanhopig

om ooit ’n eerlike heenkome te vind, beland baie in twyfelagtige en misdadige

gewoontes. Die wêreld word beroof van die diens wat dit kon verkry het

en God word beroof van die siele wat Hy graag wou ophef, veredel en as Sy

eie verteenwoordigers vereer.

Baie ouers begaan die fout om op die gebied van die onderwys onder

hul kinders te diskrimineer. Hulle maak byna enige opoffering om die beste

voordele te verkry vir die een wat slim en bekwaam is. Maar hierdie geleent-

hede word nie as ’n noodsaaklikheid beskou vir die wat minder belowend is

nie. Weinig opvoeding word vir die uitvoering van die lewe se gewone pligte

noodsaaklik geag.

- 266 -

Maar wie is daartoe in staat om uit ’n huisgesin van kinders die een uit te

soek op wie die belangrikste verantwoordelikhede sal rus? Hoe dikwels het

die menslike oordeel al op dié gebied homself verkeerd bewys! Onthou die

ondervinding van Samuel toe hy gestuur is om uit die seuns van Isai een

te salf wat koning oor Israel sou wees. Sewe jongmanne van edele gestalte

het voor hom verbygegaan. Toe hy kyk na die eerste een met sy bevallige

218 E.G.White - Opvoeding

Die Lewenstaak

219

gelaatstrekke, goed ontwikkelde liggaamsbou en prinslike houding, het die

profeet uitgeroep: “Gewis, hier staan voor die Here sy gesalfde!” Maar God

het gesê: “Kyk nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom

te gering. Want nie wat die méns sien, sien God nie; want die mens sien aan

wat voor oë is, maar die Here sien die hart aan.” So het die getuienis oor al

sewe gelui: “Die Here het hulle nie uitgekies nie.” 1 Samuel 16:6, 7, 10. En nie

alvorens Dawid van die kudde af weggeroep is, is die profeet toegelaat om

sy sending te volbring nie.

Die ouer broers, uit wie Samuel sy keuse sou gedoen het, het nie die bevoegdhede

besit wat na Gods oordeel in ’n heerser oor Sy volk nodig sou

wees nie. Hulle is, hoogmoedig, egosentries, selfversekerd, opsy gesit ten

gunste van die een wat hulle onbelangrik geag het, iemand wat die eenvoud

en opregtheid vansy kinderjare bewaar het en wat, hoewel hy in sy

eie oë gering was, deur God vir die verantwoordelikhede van die koninkryk

opgelei kon word. So ook vandag sien God, in menige kind wat die ouers sou

verbygaan, bekwaamhede ver verhewe bokant die wat geopenbaar word

deur ander wat veronderstel is om groot belofte in te hou.

En wie is in staat, wat die moontlikhede van die lewe betref, om te besluit

wat groot en wat klein is? Hoe menige arbeider in die nederige posisies van

die lewe het, deur werkinge tot seën van die wêreld aan die gang te sit, resultate

bereik wat konings kon beny!

Laat elke kind dan ’n opvoeding vir die hoogste diens

- 267 -

ontvang. “Saai jou saad in die môre en laat teen die aand jou hand nie rus nie;

want jy weet nooit watter een sal geluk nie, hierdie of daardie.” Prediker 11:6.

Die spesifieke plek wat in die lewe aan ons toegeken is, word deur ons

vermoëns bepaal. Nie almal bereik dieselfde ontwikkeling of doen dieselfde

werk ewe doeltreffend nie. God verwag nie dat die hisop dieselfde afmetings

as die seder, of die olyfboom die hoogte van die statige palm moet bereik

nie. Maar elkeen moet net so hoog mik as wat die vereniging van die menslike

met die Goddelike mag dit vir hom moontlik maak om by te kom.

Baie word nie wat hulle kon gewees het nie, omdat hulle nie die vermoë

inspan wat in hulle is nie. Hulle gryp nie,soos hulle kan, die Goddelike krag

aan nie. Baie word afgekeer van die rigting waarin hulle die waaragtigste

sukses sou kon behaal. Omdat hulle groter eer of ’n aangenamer taak soek,

durf hulle iets aan waarvoor hulle nie geskik is nie. Menige persoon wie se

talente by ’n ander nering aangepas is, is eersugtig om tot ’n professie toe te

tree; en hy wat as boer, ambagsman of verpleër suksesvol kon gewees het,

vul onvoldoende dieposisie van ’n predikant, ’n prokureur of ’n geneesheer.

Daar is andere weer wat miskien ’n verantwoordelike beroep kon gevolg het,

maar wat, weens gebrek aan energie, inspanning of deursettingsvermoë,

hulle met ’n makliker posisie vergenoeg het.

Ons moet Gods plan vir die lewe versigter volg. Om ons beste te lewer in

die werk wat byderhand is, om ons weë aan God oor te gee en om op die

aanduidings van Sy voorsienigheid te let - dit is reëls wat veilige leiding in die

keuse van ’n beroep verseker.

Hy wat van die hemel at gekom het om ons voorbeeld te wees, het byna

dertig jaar van Sy lewe in gewone handearbeid deurgebring; maar gedurende

hierdie tyd het Hy die Woord eh werke van God bestudeer en almal

gehelp en

- 268 -

geleer vir wie Sy invloed kon bereik. Toe Sy openbare bediening begin het,

het Hy rondgegaan, die siekes genees, die bedroefdes vertroos en die evangelie

aan die armes verkondig. Dit is al Sy volgelinge se taak.

“Maar die oudste onder julle,” het Hy gesê, “moet word soos die jongste en

wie ’n leier is, soos een wat dien. Want ... Ek is onder julle soos een wat dien.”

Lukas 22:26, 27.

Liefde en lojaliteit aan Christus is die bron van alle ware diens. In die hart

wat deur Sy liefde aangeraak is, word daar ’n verlange verwek om vir Hom te

arbei. Laat hierdie verlange aangespoor en reg gelei word. Of dit in die huis,

die buurt of die skool is, moet die teenwoordigheid van die armes, die geteisterdes,

die onkundiges of die minder bevoorregtes nie as ’n ongelukkige toedrag

van sake beskou word nie, maar as ’n kosbare geleentheid vir diens.

In hierdie werk, soos in elke ander soort, word vaardigheid tydens die werk

self opgedoen. Dit is deur in die gewone pligte van die lewe opgelei te word

om die behoeftiges en die lydendes te dien, dat doeltreffendheid verseker

word. Hiersonder is die pogings wat die beste bedoel word, dikwels nutteloos

en selfs skadelik. Dit is in die water en nie op die land nie, waar mense

leer om te swem.

Nog ’n verpligting, wat alte dikwels geringgeskat word - een wat duidelik

gemaak moet word aan die jeugdige wat tot die aansprake van Christus ontwaak

het - is die verplig. ting van kerkverband.

Baie heg en heilig is die verhouding tussen Christus en Sy Kerk - Hy is die

bruidegom en die Kerk die bruid; Hy is die hoof en die Kerk die liggaam. ’n

Verbintenis met Christus sluit dus ’n verbintenis met Sy Kerk in.

Die Kerk is vir diens georganiseer; en in ’n lewe van diens vir Christus is

220 E.G.White - Opvoeding

Die Lewenstaak

221

kerkverband een van die eerste stappe.

- 269 -

Lojaliteit teenoor Christus vereis die getroue nakoming van gemeentelike

pligte. Dit is ’n belangrike deel van ‘u mens se opleiding; en in ’n gemeente

wat met die Meester se lewe deurtrek is, sal dit regstreeks tot strewe vir die

wêreld daar buite lei.

Daar is baie rigtings waarin jongmense ’n geleentheid vir hulpvaardige

optrede kan vind. Laat hulle hul in groepe vir Christelike diens organiseer

en die samewerking sal nuttig en bemoedigend wees. Ouers en onderwysers

sal deur in die jongmense se werk belang te stel, in staat wees om hulle

die voordeel van hul eie breër ondervinding te gee en kan hulle help om hul

pogings vir die goeie doelmatig te maak.

Dit is bekendheid wat simpatie verwek en simpatie is die bron van doeltreffende

diens. Om by die kinders en jongmense meegevoel en die gesindheid

van diens te wek vir die lydende miljoene op “plekke anderkant” hulle, laat

hulle met hierdie lande en hul mense bekend raak. In hierdie rigting kan baie

in ons skole verrig word. In plaas dat daar oor die prestasies van die Alexanders

en die Napoleons van die geskiedenis uitgewei word. laat die leerlinge

die lewens bestudeer van manne soos die ‘apostel Paulus en Martin Luther,

Moffat en Livingstone en Carey en die geskiedenis van die sendingwerk wat

tans daagliks ontluik. In plaas van hul geheues met ’n rits name en teorieë

te belas wat geen betrekking op hul lewens het nie en waaraan hulle, sodra

hulle uit die klaskamer uit is, selde ’n gedagte wy, laat hulle alle lande in die

lig van die sendingtaak bestudeer en met die volkere en hul behoeftes vertroud

raak.

In hierdie sluitingswerk van die evangelie is daar ’n ontsaglike groot veld

wat in besit geneem moet word; en, meer as ooit tevore, is dit die werk om

helpers van onder die gewone volk te werf. Sowel die jeug as die wat ouer

- 270 -

is, sal uit die veld, uit die wingerd en uit die werkswinkel geroep en deur die

Meester uitgestuur word om Sy boodskap oor te dra. Baie van hulle het min

geleenthede vir opleiding gehad; maar Christus sien in hulle kwalifikasies

wat hulle daartoe in staat sal stel om Sy doel te verwesenlik. As hulle die

arbeid met hart en siel aanpak en voortdurende leerders bly, sal Hy hulle

toerus om vir Hom te werk.

Hy wat die dieptes van die wêreld se ellende en wanhoop ken, weet deur

watter middele Hy verligting kan bring. Hy sien aan alle kante siele wat in die

duisternis verkeer, belas met sonde en droefheid en pyn. Maar Hy sien ook

hul moontlikhede raak; Hy sien die hoogtes wat hulle kan bereik. Hoewel

mense hul genadegawes misbruik, hul talente verkwis en die waardigheid

van hul Goddelike mensheid kwytgeraak het, moet die Skepper in hulle red

ding verheerlik word.

Die las om op die ruwe plekke van die aarde vir hierdie behoeftiges te

werk, lê Christus op diegene wat meegevoel vir die onkundiges kan koester

en vir diegene wat op afgeleë plekke woon. Hy sal teenwoordig wees om dié

te help wat vir jammerhartigheid vatbaar is, hoewel hul hande miskien grof

en onbedrewe is. Hy sal werk deur diegene wat genade in ellende en wins in

verlies kan bespeur. Wanneer die Lig van die wêreld verbygaan, sal voorregte

in swaarkry, orde in verwarring, sukses in skynbare mislukking raakgesien

word. Rampe sal as vermomde seëninge beskou word; smart as genadebewyse.

Arbeiders uit die gewone volk, wat die sorge van hul medemens deel,

soos hul Meester die sorge van die ganse mensdom gedeel het, sal deur die

geloof sien hoe Hy met hulle saamwerk!

“Naby is die groot dag van die Here, naby en baie haastig,” Sefanja 1:14. En

’n wêreld moet gewaarsku word:

Met die voorbereiding wat hulle kan verkry, behoort

- 271 -

duisende derduisende jongmense en die wat ouer is, hulle aan hierdie werk

te wy. Alreeds reageer baie harte op die roepstem van die Meesterwerker

en hul getalle sal toeneem. Laat elke Christelike opvoeder aan sulke werkers

simpatie betoon en samewerking verleen. Laat hom die jongmense onder sy

sorg aanmoedig en bystaan met hul voorbereiding om hulle by dié geledere

aan te sluit.

Daar is geen werkrigting waarin dit vir die jeug moontlik is om groter voordeel

te verkry nie. Almal wat aan die bediening deel het, is Gods helpende

hand. Hulle is medewerkers van die engele; of, liewers, hulle is die menslike

bemiddelinge deur wie die engele hul sending kan volbring. Engele spreek

deur hul stemme en werk deur hul hande. En die menslike arbeiders wat met

die hemelse verteenwoordigers saamwerk, geniet die voordeel van hulle opvoeding

en ondervinding. Watter “universiteitskursus” kan, as ’n middel tot

opvoeding, dit ewenaar?

Met so ’n leër van werkers as wat ons jongmense, reg opgelei, kan voorsien,

hoe snel sou die boodskap van ’n gekruisigde, verrese en spoedig komende

Heiland nie na die hele wêreld uitgedra kon word nie! Hoe gou sou die einde

nie kon kom nie - die einde van lyding en droefheid en sonde! Hoe spoedig

sou ons kinders, in plaas van ’n besitting hier, met sy verderf van sonde en

222 E.G.White - Opvoeding

Hoofstuk 8

223

pyn, hulle erfenis kon ontvang, waarvan daar gesê word: “Die regverdiges sal

die aarde besit en vir ewig daarop woon;” waar “geen inwoner sal sê: Ek is siek

nie,” “en daarin sal nie meer gehoor word die stem van geween of die stem

van geskreeu nie.” Psalm 37:29; Jesaja 33:24; 65:19.

DIE ASSISTENT - ONDERWYSER

“Soos die Vader My gestuur het,

stuur Ek julle ook.”

224 E.G.White - Opvoeding

DIE ASSISTENT - ONDERWYSER

225

Voorbereiding

“LÊ JOU DAAROP TOE OM JOU

BEPROEF VOOR GOD TE STEL.”

- 275 -

DIE kind se eerste onderwyseres is die moeder. Gedurende die tydperk van

sy grootste ontvanklikheid en snelste ontwikkeling is sy opvoeding hoofsaaklik

in haar hande. Aan haar word die eerste geleentheid gegee om die karakter

ten goede of ten kwade te vorm. Sy moet die waarde van haar geleentheid

begryp en, bo elke ander onderwyser, bevoeg wees om dit die beste

te benut. Tog is daar niemand anders wie se opleiding so min aandag geniet

nie. Die een wie se invloed in die opvoeding die sterkste en verreikendste is,

is die persoon vir wie se hulp daar die minste stelselmatige moeite gedoen

word.

Diegene aan wie die sorg van die klein kindjie toevertrou word, is alte

dikwels onkundig omtrent sy liggaamlike behoeftes; hulle weet min van

die gesondheidswette of die beginsels van ontwikkeling. Ook is hulle nie

beter toegerus om vir sy verstandelike en geestelike groei te sorg nie. Hulle

is miskien bevoeg om sake te doen of in die samelewing uit te blink; hulle

het dalk lofwaardige prestasies op die gebied van die letterkunde en die

wetenskap behaal; maar van ’n kind se opvoeding dra hulle min kennis. Dit is

hoofsaaklik te wyte aan hierdie gebrek, veral weens die vroeë verwaarlosing

van liggaamlike ontwikkeling, dat so ’n groot deel van die mensdom in hul

kinderjare omkom en van diegene wat volwassenheid bereik, daar so baie is

vir wie die lewe net ’n las is.

- 276 -

Op vaders sowel as moeders rus ’n verantwoordelikheid vir die kind se

vroeë asook sy latere opleiding en vir beide ouers is die eise van sorgvuldige

en deeglike voorbereiding uiters dringend. Voordat hulle die moontlikhede

van vaderskap en moederskap op hulle neem, moet manne en vroue met

die wette van liggaamlike ontwikkeling bekend raak - met die fisiologie en

die gesondheidsleer, met die strekking van voorgeboortelike invloede, met

die oorerflikheidewette, sanitasie, kleredrag, oefening en die behandeling

van siektes; hulle moet ook die wette van verstandelike ontwikkeling en sedelike

opleiding verstaan.

Hierdie opvoedingswerk het die Oneindige van soveel belang geag dat

boodskappers van Sy troon al gestuur is na iemand wat ’n moeder sou wees,

om die vraag te beantwoord: “Hoe [moet] ons ... maak met die seun?” (Rigters

226 E.G.White - Opvoeding

Voorbereiding

227

13:8) en om ’n vader omtrent die opvoeding van ’n beloofde seun te onderrig.

Nooit sal die opvoeding alles bereik wat dit kan en behoort te bereik alvorens

die belangrikheid van die ouers se werk ten volle erken word en hulle ’n

opleiding vir die heilige verantwoordelikhede daarvan ontvang nie.

Die behoefte aan voorbereidende opleiding vir die onderwyser word algemeen

erken; maar min begryp die aard van die voorbereiding wat die heel

noodsaaklikste is. Hy wat die verantwoordelikheid insien wat met die opvoeding

van die jeug saamhang, sal besef dat onderrig in die wetenskaplike en

literêre rigting alleen nie voldoende kan wees nie. Die onderwyser moet omvattender

opleiding hê as wat uit die studie van boeke verkry kan word. Hy

moet nie net verstandelike krag besit nie, maar ook veel omvattende denke;

nie net ’n ongeskonde siel hê nie maar ook ’n groot hart.

Net Hy wat die verstand geskep en sy wette bepaal het, kan die behoeftes

daarvan volkome begryp of sy ontwikke -

- 277 -

ling rig. Die opvoedkundige beginsels wat Hy gegee het, is die enigste veilige

gids. ’n Kwalifikasie wat vir elke onderwyser noodsaaklik is, is ’n kennis van

hierdie beginsels en so ’n aanname daarvan as wat dit ’n beherende mag in

sy eie lewe sal maak.

Ondervinding van die praktiese lewe is onontbeerlik. Orde, deeglikheid,

stiptheid, selfbeheersing, ’n opgeruimde humeur, gelykmoedigheid, selfopoffering,

integriteit en hoflikheid is noodsaaklike kwalifikasies.

Omdat daar soveel goedkoop karakters is, soveel van die namaaksel rondom

die jeug, bestaan daar des te meer ’n behoefte dat die onderwyser se

woorde, houding en gedrag die verhewe en die waaragtige moet voorstel.

Kinders kom aanstellings of enige ander swakheid of gebrek gou agter. Die

onderwyser kan die agting van sy leerlinge op geen ander manier afdwing

as deur in sy eie karakter die beo ginsels te openbaar wat hy trag om hulle te

leer nie. Net namate hy dit in sy daaglikse omgang met hulle doen, kan hy op

hulle ’n permanente invloed ten goede hê.

Vir byna elke ander bevoegheid wat tot sy sukses bydra, is die onderwyser

in ’n groot mate van liggaamlike krag afhanklik. Hoe beter sy gesondheid,

hoe beter sal sy werk wees.

So vermoeiend is sy verantwoordelikhede dat ’n spesiale poging van sy

kant vereis word om lewenskrag en varsheid te bewaar. Dikwels raak hy afgemat

in hart en verstand, met die byna onweerstaanbare neiging tot bedruktheid,

kilheid of prikkelbaarheid. Dit is sy plig om nie net sulke buie te

weerstaan nie, maar ook om hul oorsaak te vermy. Hy moet die hart rein en

lieflik en vol vertroue en simpatiek bewaar. Om altyd standvastig en kam en

opgewek te wees, moet hy die krag van brein en senuwee behou.

- 278 -

Omdat gehalte in sy werk baie belangriker as hoeveelheid is, moet hy

teen te groot inspanning waak - teen die aanpak van te veel in sy eie diensrigting;

teen die opneem van ander verantwoordelikhede wat hom vir sy

werk ongeskik sou maak; en teen deelname aan vermaak en sosiale plesier

wat uitput eerder as om te verkwik.

Oefening in die buitelug, veral nuttige arbeid, is een van die beste metodes

om liggaam en verstand te ontspan; en die onderwyser se voorbeeld

sal sy leerlinge met ’n belangstelling in en respek vir handearbeid besiel.

In elke opsig moet die onderwyser nougeset die beginsels van gesondheid

nakom. Hy moet dit doen, nie net vanweë die verband met sy eie bruikbaarheid

nie, maar ook weens die invloed daarvan op sy leerlinge. Hy moet

in alle dinge matig wees; in diëet, kleredrag, arbeid, ontspanning, moet hy ’n

voorbeeld wees.

Met fisieke gesondheid en opregtheid van karakter moet die kwalifikasies

van hoë geleerdheid gepaard gaan. Hoe meer ware kennis die onderwyser

besit, hoe beter sal sy werk wees. Die klaskamer is geen plek vit oppervlakkige

werk nie. Geen onderwyser wat met oppervlakkige kennis tevrede is, sal

’n hoë mate van doeltreffendheid bereik nie.

Maar die onderwyser se bruikbaarheid is nie soseer afhanklik van die werklike

hoeveelheid kennis wat hy verwerf het as die standaard waarop hy mik

nie. Die ware onderwyser is nie tevrede met flou gedagtes, ’n lui verstand

of ’n slordige geheue nie. Hy streef voortdurend na groter bekwaamhede

en beter metodes. Sy lewe is ’n voortdurende wasdom. In die werk van so ’n

onderwyserbestaan daar ’n varsheid, ’n lewegewende krag wat sy leerlinge

wakker maak en inspireer. .

Die onderwyser moet ’n slag met sy werk hê. Hy moet die wysheid en takt

besit wat vereis word om met verstande

- 279 -

te kan werk. Hoe groot sy wetenskaplike kennis ook al is, hoe uitmuntend sy

bevoegdhede in ander rigtings, sal sy pogings, as hy nie die agting en vertroue

van sy leerlinge wen nie, tevergeefs wees.

Onderwysers word benodig wat skerpsinnig elke geleentheid om goed te

doen, kan raaksien en gebruik; wat met geesdrif egte waardigheid verbind,

wat in staat is om beheer uit te oefen en “bekwaam om te onderrig,” wat tot

228 E.G.White - Opvoeding

Voorbereiding

229

denke besiel energie opwek en moed en lewe toebedeel.

’n Onderwyser se opleiding was miskien beperk, sodat hy nie na wense die

kwalifikasies van hoë geleerdheid besit nie; nogtans, as hy ’n ware insig in

die menslike natuur het; as hy ’n egte liefde vir sy werk koester, ’n waardering

vir hoe groot dit is en ’n vasberadenheid om te verbeter; as hy gewillig is om

ernstig en volhardend te arbei, sal hy die behoeftes van sy leerlinge begryp

en, deur sy simpao tieke, progressiewe gees, hulle aanspoor om te volg soos

hy trag om hulle voorwaarts en opwaarts te lei.

Die kinders en jongmense in die onderwyser se sorg verskil hemelsbreed

in geaardheid, gewoontes en opvoeding. Sommige het geen bepaalde

doel of vaste beginsels nie. Hulle moet wakker gemaak word om hul

verantwoordelikhede en moontlikhede te begryp. Min kinders is tuis reg

opgevoed. Sommige was huishoudelike troeteldiertjies. Hulle hele opvoeding

was oppervlakkig. Omdat hulle toegelaat is om hul neigings te volg en

verantwoordelikhede en die dra van laste te vermy, het hulle ’n gebrek aan

standvastigheid, deursettingsvermoë en selfverloëning. Diesulkes beskou

dikwels alle dissipline as ’n onnodige beperking. Ander is berispe en ontmoedig.

Willekeurige beperkings en ruheid het hardnekkigheid en uittarting

in hulle ontwikkel. As hierdie misvormde karakters herskep word, moet die

werk, in die meeste gevalle, deur die onderwyser verrig word. Om dit suksesvol

te doen, moet hy die simpatie en insig hê wat

- 280 -

hom in staat sal stel om die foute en swakhede wat hulle in sy leerlinge openbaar,

tot by hul oorsaak na te speur. Hy moet ook die takt en kundigheid,

die geduld en fermheid besit wat hom in staat sal stel om aan elkeen die

nodige hulp te verleen - vir die weifelagtiges en gemaksugtiges, sodanige

bemoediging en bystand as wat ’n prikkel tot inspanning sal wees; vir die

mismoediges, meegevoel en waardering wat vertroue sal skep en dus tot

inspanning aanspoor.

Onderwysers slaag dikwels nie daarin om voldoende met hulle leerlinge

op sosiale gebied te verkeer nie. Hulle openbaar te min simpatie en teerheid

en te veel van die waardigheid van ’n strenge regter. Hoewel die onderwyser

ferm en beslis moet wees, moet hy nie veeleisend of ’n diktator wees nie. Om

kras en vitterig te wees, om hom op ’n afstand van sy leerlinge te hou of om

hulle met onverskilligheid te behandel, is om die weë te sluit waarlangs hy

hulle ten goede kan beinvloed.

In geen omstandighede moet die onderwyser partydigheid openbaar nie.

Om die minsame, aantreklike leerling te begunstig en krities, ongeduldig of

sonder medelye te staan teenoor die wat aanmoediging en hulp die meeste

nodig het, is om ’n totale wanbegrip van die onderwyser se werk te openbaar.

Dit is in die hantering van die verkeerdes, die moeilikes, dat die karakter

getoets en daar getoon word of die onderwyser werklik vir sy posisie ge

kwalifiseerd is.

Groot is die verantwoordelikheid van diegene wat die leiding van ’n menslike

siel op hom neem. Die ware vader en moeder beskou dit as ’n toevertroude

pand waarvan hulle nooit heeltemal vrygestel kan word nie. Die lewe

van die kind, van sy vroegste tot sy laaste dag, voel die mag van daardie

band wat hom aan die ouer se hart bind; die dade, die woorde, selfs die blik

van die ouer, gaan voort om die

- 281 -

kind ten goede of ten kwade te vorm. Die onderwyser deel hierdie verantwoordelikheid

en hy moet voortdurend die heiligheid daarvan besef en die

doel van sy werk voor oë hou. Hy moet nie net die daaglikse take afhandel

om sy werkgewers te behaag, om die posisie van die skool te handhaaf nie;

hy moet die hoogste voordeel van sy leerlinge as indiwidue in ag neem, die

pligte wat die lewe hulle sal oplê, die diens wat dit vereis en die voorbereiding

wat geverg word. Die werk wat hy dag na dag doen, sal ’n invloed op sy

leerlinge uitoefen en deur hulle op andere, wat nie sal ophou om uit te brei

en sterker te word tot die einde van die tyd nie. Die vrugte van sy werk moet

hy op daardie groot dag teenkom, wanneer elke woord en daad deur God

onder beskouing geneem sal word.

Die onderwyser wat dit besef, sal nie voel dat sy werk afgehandel is sodra

hy met die daaglikse roetine van onderrig klaar is en sy leerlinge ’n tyd lank

onder sy sorg uitgaan nie. Hy sal hierdie kinders en jongmense op sy hart

dra. Hoe om vir hulle die edelste standaard van prestasie te verseker, sal sy

voortdurende studie en strewe wees.

Hy wat die geleenthede en voorregte van sy werk insien, sal niks toelaat

- om in die weg van ernstige pogings tot selfverbetering te staan nie. Hy sal

geen moeite ontsien om die hoogste standaard van voortreflikheid te bereik

nie. Alles wat hy verlang sy leerlinge moet word, sal hy self strewe om te

wees.

Hoe dieper die verantwoordelikheidsin en hoe ernstiger die pogings tot

selfverbetering, hoe duideliker sal die onderwyser sy bruikbaarheid besef en

hoe meer sal dit hom berou oor die gebreke wat dit in die wiele ry. Soos hy

die grootheid van sy werk betrag, die moeilikhede en moontlik-

- 282 -

230 E.G.White - Opvoeding

DIE ASSISTENT - ONDERWYSER

231

hede daarvan, sal sy hart dikwels uitroep: “Wie is tot hierdie dinge bekwaam?”

Geagte onderwyser, soos u u behoefte aan krag en leiding oordink - ’n behoefte

waarin daar uit geen menslike bron voorsien kan word nie - versoek

ek u om te let op die beloftes van Hom wat ’n wonderlike Raadsman is.

“Kyk, Ek het voor jou ’n geopende deur gegee en niemand kan dit sluit nie.”

Openbaring 3:8.

“Roep My aan en Ek sal jou antwoord.” “Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande

die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.”

Jeremia 33:3; Psalm 32:8.

“Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.” Matthéüs

28:20.

As die hoogste voorbereiding vir u werk, wys ek u op die woorde, die lewe,

die metodes, van die Prins van leermeesters. Ek vra u, let op Hom. Hier is u

ware ideaal. Aanskou dit, oordink dit, totdat die Gees van die Goddelike Leermeester

van u hart en lewe besit sal neem.

As u “soos in ’n spieël die heerlikheid van die Here aanskou,” sal u “van

gedaante verander [word] na dieselfde beeld.” 2 Korinthiërs 3:18.

Dit is die geheim van mag oor u leerlinge. Weerkaats Hom.

Samewerking

“WANT ONS IS MEKAAR

SE LEDE.”

- 283 -

IN karakterbou is daar geen ander invloede wat soveel tel as die invloed van

die huis nie. Die onderwyser se werk moet die ouers s’n aanvul, maar mag nie

die plek daarvan inneem nie. In alles wat die welvaart van die kind raak, moet

dit die ouers en die onderwysers se strewe wees om saam te werk.

Die taak van samewerking moet by die vader en die moeder self begin, in

die huislike lewe. In die opvoeding van hul kinders het hulle ’n gesamentlike

verantwoordelikheid en dit moet hulle voortdurende strewe wees om saam

op te tree. Laat hulle hul aan God oorgee en van Hom hulp soek om mekaar

te onderskraag. Laat hulle hul kinders leer om aan God getrou te wees, getrou

aan beginsel en gevolglik getrou aan hulself en aan almal wat met hulle

verband hou. Met so ’n opleiding sal kinders nie, wanneer hulle skool toe

gestuur word, ’n bron van rusversteuring of besorgdheid wees nie. Hulle sal

’n steunpilaar wees vir hulle onderwysers en ’n voorbeeld en bemoediging

vir hulle medeleerlinge.

Ouers wat hierdie opvoeding verskaf, is nie diegene wat geneig sal wees

om die onderwyser te kritiseer nie. Hulle voel dat sowel die belange van hul

kinders as regverdigheid teenoor die skool vereis dat hulle, sover moontlik,

die een wat hulle verantwoordelikheid deel, moet onderskraag en eer.

- 284 -

Baie ouers skiet hier kort. Deur hul haastige, ongegronde kritiek word

die invloed van die getroue, selfopofferende onderwyser dikwels so te sê

vernietig. Baie ouers wie se kinders deur verwenning bederf is, laat aan die

onderwyser die onaangename taak oor om hulle nalatigheid reg te sien; en

dan maak hulle deur hul eie optrede sy taak byna hopeloos. Hulle kritiek en

vitterigheid in verband met die skoolbestuur werk weerspannigheid by die

kinders in die hand en sterk hulle in verkeerde gewoontes.

As kritiek of ’n voorstel oor die onderwyser se werk nodig word, moet dit

aan hom persoonlik gerig word. As dit sonder uitwerking is, laat die saak

verwys word na diegene wat vir die bestuur van die skool verantwoordelik is.

Niks moet gesê of gedoen word om die kinders se agting te verswak vir die

persoon van wie hul welsyn in so ’n groot mate afhang nie.

Die ouers se intieme kennis van sowel die karakter van die kinders as hulle

besondere liggaamskenmerke en gebreke sal, as dit aan die onderwyser

meegedeel word, hom tot hulp strek. Dit moet betreur word dat soveel dit

232 E.G.White - Opvoeding

Samewerking

233

nie besef nie. Deur baie ouers word min belangstelling getoon of om hulle

van die onderwyser se kwalifikasies te vergewis of om met hom in sy taak

saam te werk.

Omdat ouers hulle so selde op hoogte van die onderwyser stel, is dit des te

belangriker dat die onderwyser met die ouers moet probeer kennis maak. Hy

moet sy leerlinge se tuistes besoek en ’n kennis opdoen van die invloede en

omgewing te midde waarvan hulle woon. Deur per soonlik met hul huise en

lewens in aanraking te kom, kan hy die bande versterk wat hom aan sy leerlinge

bind en leer hoe om met groter welslae hul verskillende geaardhede en

temperamente te hanteer.

Namate hy ’n belangstelling in die huislike opvoeding

- 285 -

toon, deel die onderwyser ’n dubbele voordeel mee. Baie ouers, verdiep in

hul werk en sorge, verloor hul geleenthede uit die oog om die lewens van

hul kinders ten goede te beïnvloed. Die onderwyser kan veel doen om hierdie

ouers tot hul moontlikhede en voorregte te laat ontwaak. Hy sal andere

vind vir wie die besef van hul verantwoordelikheid ’n groot las is, so gretig is

hulle dat hul kinders goeie en nuttige manne en vroue sal word. Dikwels kan

die onderwyser hierdie ouers help om hulle las te dra en deur met mekaar

te beraadslaag, sal sowel onderwyser as ouers bemoedig en versterk word.

In die huislike opvoeding van die jeug is die beginsel van samewerking

van onskatbare waarde. Vanaf hul vroegste jare moet kinders daartoe gebring

word om te voel dat hulle ’n deel van die huisfirma is. Selfs die kleintjies

moet opgelei word om aan die daaglikse werk deel te hê en hulle moet voel

dat hulle hulp nodig is en waardeer word. Die groter kinders moet hul ouers

se assistente wees en hulle planne sowel as hulle verantwoordelikhede en

laste deel. Laat vaders en moeders die tyd neem om hul kinders te leer, laat

hulle toon dat hulle hul hulp op prys stel, dat hulle graag in hul vertroue

geneem wil word en hul geselskap geniet en die kinders sal nie traag wees

om te reageer nie. Nie net die ouers se las sal verlig word en die kinders ’n

praktiese opleiding van onskatbare waarde ontvang nie, maar daar sal ’n verstewiging

van die huislike bande en selfs ’n verdieping van die karakterfondamente

wees.

Samewerking moet die gesindheid van die klaskamer wees, die wet van

sy lewe. Die onderwyser wat sy leerlinge se samewerking verkry, bekom ’n

hulpmiddel van onskatbare waarde om die orde te handhaaf. Deur diens in

die klaskamer sal menige seun wie se rusteloosheid tot wanorde en insubordinasie

lei, ’n veiligheidsklep vir sy oortollige energie vind. Laat die ouer

kinders die jongeres help, die

- 286 -

sterkes die swakkes; en, waar moontlik, laat elkeen gevra word om iets te

doen waarin hy uitmunt. Dit sal selfrespek aanmoedig en ’n verlange om

nuttig te wees.

Dit sou die jeug, asook ouers en onderwysers, tot nut strek om die les van

samewerking te bestudeer soos dit in die Skrif geleer word. Onder die baie

uitbeeldinge daarvan let op die bou van die tabernakel - daardie aanskouingsles

van karakterbou - waarin die hele volk hul verenig het, “elkeen wie se

hart hom opgewek en elkeen wie se gees hom aangedryf het.” Exodus 35:

21. Lees hoe die muur van Jerusalem deur die teruggekeerde gevangenes

herbou is, te midde van armoede, moeilikheid en gevaar en hoe die taak met

sukses volbring is, want “die volk was met hulle hart in die werk.” Nehemia

4:6. Let op die rol wat in die Heiland se wonderwerk met die voeding van

die menigte deur die dissipels gespeel is. Die voedsel het in die hande van

Christus vermeerder, maar die dissipels het die brode ontvang en aan die

wagtende menigte gegee.

“Ons is mekaar se lede.” “Namate elkeen ’n genadegawe ontvang het,

moet julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die veelvuldige

genade van God.” Efesiërs 4:25; 1 Petrus 4:10.

Met vrug sou die woorde van die afgodbouers van ouds, met ’n waardiger

doel, deur vandag se karakterbouers as slagspreuk oorgeneem kon word:

“Die een het die ander gehelp en aan sy metgesel gesê: Wees sterk!” Jesaja

41:6.

234 E.G.White - Opvoeding

DIE ASSISTENT - ONDERWYSER

235

Dissipline

LEI OP, VERMAAN, SPOOR

AAN, WEES LANKMOEDIG.

- 287 -

EEN van die eerste lesse wat ’n kind sal moet leer, is die les van gehoorsaamheid.

Voordat hy oud genoeg is om te redeneer, kan hy geleer word om

gehoorsaam te wees. Deur tere, volhardende pogings moet die gewoonte

gevestig word. So, in ’n groot mate, kan daardie latere konflikte tussen wil en

gesag voorkom word wat soveel doen om vervreemding en bitterheid teenoor

ouers en onderwysers te skep en te dikwels weerstand teen alle gesag,

menslik en Goddelik.

Die doel van dissipline is die opvoeding van die kind vir selfregering. Hy

moet selfstandigheid en selfbeheersing geleer word. Daarom, sodra hy daartoe

in staat is om te verstaan, moet sy rede aan die kant van gehoorsaamheid

gewerf word. Laat alle optrede teenoor hom sodanig wees dat dit toon

dat gehoorsaamheid regverdig en redelik is. Help hom om in te sien dat alle

dinge aan wette onderhewig is en dat ongehoorsaamheid uiteindelik tot

rampspoed en smart lei. As God sê: “Jy mag nie,” waarsku Hy ons in liefde

teen die gevolge van ongehoorsaamheid, om ons van nadeel en verlies te

red.

Help die kind om in te sien dat ouers en onderwysers verteenwoordigers.

van God is en dat as hulle in harmonie met Hom optree, hul wette tuis en op

skool ook Syne is. Soos die kind aan ouers en onderwysers gehoorsaamheid

moet betoon, so moet dié op hulle beurt, gehoorsaamheid aan God betoon.

- 288 -

Om die kind se ontwikkeling te rig sonder om dit deur oormatige beheer

te strem, moet die oorwoë strewe van sowel die ouer as onderwyser wees. Te

veel beheer is net so sleg as te min. Die poging om ’n kind se “wil te breek,” is

’n verskriklike fout. Verstande is verskillend saamgestel; hoewel dwang uiterlike

onderwerping mag verseker, is die gevolg by baie kinders ’n beslister opstandigheid

in die hart. Selfs al sou die ouer of onderwyser daarin slaag om

die beheer te verkry wat hy wil hê, is die gevolge miskien nie minder nadelig

vir die kind nie. Die dissipline van die mens wat die jare van redelike denke

bereik het, moet verskil van die opleiding van ’n redelose dier. Die dier word

net onderwerping aan sy meester geleer. Vir die dier is die baas verstand,

oordeel en wil. Hierdie metode, wat soms vir die opvoeding van kinders

aangewend word, maak van hulle weinig meer as outomate. Verstand, wil,

236 E.G.White - Opvoeding

Dissipline

237

gewete, is onder iemand anders se beheer. Dit is nie Gods plan dat enige verstand

so gedomineer moet word nie. Diegene wat indiwidualiteit verswak of

vernietig, neem ’n verantwoordelikheid op hulle wat net kwaad tot gevolg

kan hê. Terwyl hulle onder gesag verkeer, lyk die kinders miskien soos goed

gedrilde soldate; maar wanneer die aanvoering ophou, sal daar bevind word

dat die karakter krag en standvastigheid kortkom. Omdat hy nooit geleer is

om homself in toom te hou nie, erken die jongmens geen beperking buiten

die vereistes van ouers of onderwyser nie. As dit verwyder word, weet hy nie

hoe om sy vryheid te gebruik nie en hy gee hom dikwels oor aan botviering

wat sy ondergang beteken.

Omdat die oorgee van die wil vir sommige leerlinge soveel moeiliker as

vir andere is, moet die onderwyser dit so maklik as moontlik maak om aan

sy vereistes gehoorsaam te wees. Die wil moet gelei en gevorm, maar nie

geïgnoreer

- 289 -

of verpletter word nie. Bewaar die krag van die wil; in die lewenstryd sal dit

benodig word.

Elke kind moet die ware krag van die wil verstaan. Hy moet gelei word

om in te sien hoe groot die verantwoordelikheid is wat met hierdie gawe

saamhang. Die wil is die beheerrnag in die natuur van die mens, die mag van

besluit of keuse. Elke mens wat redeneringsvermoë besit, het die mag om te

kies wat reg is. In elke lewensondervinding is Gods woord aan ons; “Kies dan

vir julle vandag wie julle wil dien.” Josua 24:15. Elkeen kan sy wil aan die kant

van Gods wil plaas, kan kies om Hom te gehoorsaam en deur hom so aan

Goddelike bemiddelinge te verbind, mag hy staan waar niks hom kan dwing

om kwaad te doen nie. In elke jong persoon, elke kind, is die mag geleë om,

met die hulp van God, ’n karakter van integriteit te vorm en ’n nuttige lewe

te lei.

Die ouer of onderwyser wat deur sulke onderrig die kind tot selfbeheersing

oplei, sal die behulpsaamste en permanent suksesvolste wees. Vir die oppervlakkige

waarnemer mag sy werk nie die doeltreffendste vertoon nie; dit

mag miskien nie so hooggeag word as die van die persoon wat die kind se

verstand en wil onder absolute gesag bewaar nie; maar die jare wat volg, sal

die resultate van die beter opleidingsmetode toon.

Die wyse opvoeder sal, in sy optrede teenoor sy leerlinge, trag om vertroue

in te boesem en eersin te versterk. Kinders en jongmense baat daarby wanneer

hulle vertrou word. Baie, selfs onder die klein kindertjies, het ’n verhewe

eersin; almal verlang om met vertroue en respek behandel te word en dit is

hulle reg. Hulle moet nie daartoe gebring word om te voel dat hulle nie kan

in - en uitgaan sonder om dopgehou te word nie. Agterdog demoraliseer en

bring juis die euwels voort wat dit trag om te verhoed. In plaas van voortdurend

op die uitkyk te wees, asof hulle die kwade verwag, sal onderwysers

wat met hul leerlinge in kontak

9a

- 290 -

is, die werkinge van die rustelose verstand bespeur en invloede aan die gang

sit wat die euwel sal teenwerk. Laat die jongmense voel dat hulle vertrou

word en daar is min wat nie sal trag om te bewys dat hulle die vertroue waardig

is nie.

Volgens dieselfde beginsel is dit beter om te versoek as om te beveel; wie

op hierdie wyse aangespreek word, het dan ’n geleentheid om te toon dat hy

aan die regte beginsels lojaal is. Sy gehoorsaamheid is die gevolg van keuse

eerder as van dwang.

Die reëls wat in die klaskamer geld, moet sover moontlik die stem van die

skool verteenwoordig. Elke beginsel wat daarby betrokke is, moet op so ’n

wyse aan die student voorgelê word dat hy van die regverdigheid daarvan

oortuig kan wees. Sodoende sal hy ’n verantwoordelikheid voel om toe te

sien dat die reëls wat hy self help opstel het, gehoorsaam word.

Reëls moet min en weldeurdag wees; en wanneer dit eers ingestel is, moet

daaraan uitvoering gegee word. Wat dit ook al onmoontlik vind om te verander,

leer die verstand om te erken en hom daarby aan te pas; maar die

moontlikheid van verwenning wek begeerte, hoop en onsekerheid en die

gevolge is rusteloosheid, knorrigheid en insubordinasie.

Daar moet duidelik gemaak word dat die regering van God geen kompromis

met die kwade ken nie. Nog in die huis nog op skool moet ongehoorsaamheid

geduld word. Geen ouer of onderwyser wat die welsyn op die hart

dra van diegene wat in sy sorg is, sal ’n kompromis aangaan met die hardnekkige

eiesinnigheid wat gesag trotseer of sy toevlug tot voorwendsels of

ontwyking neem om gehoorsaamheid vry te spring nie. Dit is nie liefde nie

maar sentimentaliteit wat met kwaaddoenery speel en probeer om deur ’n

gesoebat of omkoopgeskenke inskiklikheid te verkry en uiteindelik die een

of ander plaasvervanger aanneem in die plek van wat vereis is.

- 291 -

“Die sotheid van die dwase is bedrog.” Spreuke 14:8. Ons moet daarteen

waak om sonde lig op te neem. Verskriklik is die mag wat dit oor die oortreder

het. “Sy eie ongeregtighede vang hom, die goddelose en in die vang

238 E.G.White - Opvoeding

Dissipline

239

strikke van sy sonde word hy vasgehou.” Spreuke 5:22. Die grootste kwaad

wat ’n kind of jongmens aangedoen kan word, is om hom toe te laat om in

die slawerny van ’n slegte gewoonte vasgeketting te word.

Die jeug het ’n ingebore liefde vir vryheid; hulle verlang om ongebonde

te wees; en hulle sal moet verstaan dat dié onberekenbare seëninge net in

gehoorsaamheid aan die wet van God geniet kan word. Hierdie wet is die

bewaarder van ware vryheid en ongebondenheid. Dit dui daardie dinge aan

wat ontaarding bring en verslaaf en verbied dit en sodoende verleen dit aan

die gehoorsames beskerming teen die mag van die bose.

Die psalmdigter sê: “Dan wil ek ... in die ruimte wandel, want ek soek u

bevele.” “Ja, u getuienisse is my verlustiging, my raadsmanne.” Psalm 119:44,

45, 24.

In ons pogings om die kwade reg te stel, moet ons teen die neiging waak

om fout te soek of te sensureer. Voortdurende berisping verbyster maar

hervorm nie. Vir baie verstande en dikwels diegene wat die fynste ontvanklikheid

besit, is ’n atmosfeer van onsimpatieke kritiek noodlottig vir inspanning.

Blomme ontluik nie onder die asem van ’n verwelkende wind nie.

’n Kind wat dikwels oor die een of ander besondere fout tereggewys

word, beskou naderhand daardie fout as sy eienaardigheid, waarteen dit

tevergeefs is om te stry. Sodoende word mismoedigheid en radeloosheid

geskep, wat dikwels onder die skyn van traak-my-nieagtigheid of bravade

weggesteek word.

Die ware doel van teregwysing word net verwesenlik wanneer die oortreder

self daartoe gebring word om sy fout in te sien en sy wil gewerf word

om dit uit die weg

- 292 -

te ruim. Wanneer dit bereik is, wys hom op die bron van vergifnis en krag.

Probeer om sy selfrespek behoue te laat bly en hom met moed en hoop te

besiel.

Hierdie werk is de fynste en omsigtigste, die moeilikste, wat ooit aan

mense opgedra is. Dit vereis die delikaaste takt, die teerste gevoeligheid, ’n

kennis van die menslike natuur en ’n geloof en geduld uit die hemel gebore,

wat gewillig is om te werk en te waak en te wag. Geen werk kan belangriker

as dit wees nie.

Diegene wat graag andere wil beheer, moet eers hulself beheers. Om

driftig met ’n kind of jongmens te werk, sal net ’n wrok by hom wek. Wanneer

’n ouer of onderwyser ongeduldig word en in die gevaar verkeer om

onverstandig te praat, laat hom stilbly. Daar is ’n wonderlike mag in swye.

Die onderwyser moet verwag om dwarse geaardhede en harde harte teen

te kom. Maar in sy optrede teenoor hulle moet hy nooit vergeet dat hy self

ook eenmaal ’n kind, met ’n behoefte aan dissipline, was nie. Selfs nou, met al

sy voordele van ouderdom, opvoeding en ondervinding, begaan hy dikwels

foute en het genade en verdraagsaamheid nodig. In die opleiding van jongmense,

moet hy daaraan dink dat hy met diegene werk wat neigings tot die

kwaad het, soortgelyk aan sy eie. Hulle het byna alles om te leer en dit is vir

sommige baie moeiliker om te leer as vir andere. Met die dom leerling moet

hy geduldig wees en hom nie vir sy onkunde teregwys nie, maar elke geleentheid

benut om hom aan te moedig. Met sensitiewe, senuweeagtige leerlinge

moet hy baie teer handel. ’n Besef van sy eie tekortkominge behoort

hom voortdurend medelye en verdraagsaamheid te laat openbaar teenoor

diegene wat ook met moeilikhede worstel.

Die Heiland se reël: “Soos julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, so

moet julle ook aan hulle doen”

- 293 -

(Lukas 6:31), moet die reël van almal wees wat die opleiding van kinders en

jeugdiges onderneem. Hulle is die jonger lede van die Here se huisgesin,

mede - erfgename van die genade van die lewe. Christus se reël moet onskendbaar

teenoor die domkop, die jongstetjie, die knoeier en selfs teenoor

die sondebok en die oproermaker gehandhaaf word.

Hierdie reël sal die onderwyser daartoe lei om, sover moontlik, nie die

foute en sondes van ’n leerling openbaar te maak nie. Hy sal probeer om

nie teregwysing of straf in die teenwoordigheid van andere toe te dien nie.

Hy sal ’n leerling nie uit die skool sit voordat elke poging vir sy hervorming

aangewend is nie. Maar wanneer dit duidelik word dat die leerling self geen

voordeel ontvang nie, terwyl sy trotsering van of minagting vir gesag daartoe

neig om die regering van die skool omver te werp en sy invloed andere

aantas, dan word sy uitsetting ’n noodsaaklikheid. Tog sou die skande van

openbare uitsetting baie tot volslae roekeloosheid en ondergang dryf. In die

meeste gevalle, wanneer verwydering onvermydelik geword het, hoef die

saak nie openbaar gemaak te word nie. In oorleg en medewerking met die

ouers, laat die onderwyser privaat vir die leerling se onttrekking reëlings tref.

In hierdie tyd van besondere gevaar vir die jeug, omring versoekings hulle

van alle kante; en terwyl dit maklik is om weg te dryf, is die kragtigste inspanning

nodig om teen die stroom in te beur. Elke skool behoort ’n “vrystad”

vir versoekte jongmense te wees, ’n plek waar hul dwaashede geduldig

en verstandig gehanteer word. Onderwysers wat hul verantwoordelikhede

240 E.G.White - Opvoeding

Dissipline

241

besef, sal alles uit hul eie harte en lewens verban wat hulle daarvan sou weerhou

om suksesvol met die moedswilliges en ongehoorsames te werk. Liefde

en teerheid, geduld en selfbeheersing, sal te alle tye die wet van hul spraak

wees. Genade en

- 294 -

medelye sal met geregtigheid vermeng wees. Wanneer dit nodig is om tereg

te wys, sal hulle taal nie oordrewe wees nie, maar nederig. Vriendelik sal hulle

voor die kwaaddoener sy foute stel en hom bystaan om tot verhaal te kom.

Elke ware onderwyser sal voel dat as hy ooit moet fouteer, dit beter is om aan

die kant van genade as aan die kant van strengheid kort te skiet.

Baie jeugdiges wat die mense meen onverbeterlik is, is in hul harte nie so

hard as wat hulle lyk nie. Baie wat as hopeloos beskou word, kan deur verstandige

dissipline herwin word. Dit is dikwels dié wat die geredelikste onder

vriendelikheid verteder. Laat die onderwyser die vertroue van die versoekte

wen en deur die goeie in sy karakter raak te sien en te ontwikkel, kan hy, in

baie gevalle, die kwaad regsien sonder om aandag daarop te vestig.

Die Goddelike Leermeester verdra die afgedwaaldes deur al hulle hardnekkigheid.

Sy liefde verkoel nie; Sy pogings om hulle te wen, hou nie op nie.

Met uitgestrekte arms wag Hy om oor en oor die afgedwaaldes, die opstandiges

en selfs die afvalliges te verwelkom. Sy hart word aangedaan vanweë

die hulpeloosheid van die klein kindjie wat aan ruwe behandeling onderwerp

word. Die uitroep van menslike lyding bereik nooit tevergeefs Sy oor

nie. Hoewel almal in Sy oë kosbaar is, ontvang die ruwes, die norses, die

hardnekkiges, die meeste Sy simpatie en liefde; want Hy gaan die gevolg

tot by sy oorsaak na. Die een wat die maklikste versoek word en die meeste

geneig is om te fouteer, is die spesiale ontvanger van Sy besorgdheid.

Elke ouer en elke onderwyser moet die eienskappe koester van Hom wat

Hom met die geval van die beproefdes, die lydendes en die versoektes vereenselwig.

Hy moet een wees wat “kan saamvoel met die onwetendes en

dwalendes, omdat hy self ook met swakheid bevange is.” Hebreërs 5:2. Jesus

behandel ons veel beter as wat ons ver-

- 295 -

dien; en net soos Hy ons behandel het, moet ons ook andere behandel. Die

optrede van geen ouer of onderwyser kan geregverdig word as dit anders is

as wat die Heiland s’n onder dergelike omstandighede sou gewees het nie.

Om die Dissipline van die Lewe die Hoof te Bied

Na die dissipline van huis en skool, moet almal die strawwe dissipline van

die lewe tegemoetgaan. Hoe om dit verstandig die hoof te bied, is ’n les wat

aan elke kind en elke jongmens baie duidelik gemaak moet word. Dit is waar

dat God ons liefhet, dat Hy vir ons geluk werk en dat, as die mense altyd

aan Sy wet gehoorsaam was, ons nooit lyding sou geken het nie; en dit is

nie minder waar nie dat daar, as gevolg van sonde, in hierdie wêreld lyding,

moeilikheid en laste tot elke lewe kom. Ons kan die kinders en die jeug ’n

lewenslange weldaad bewys deur hulle te leer hoe om hierdie moeilikhede

en laste dapper te verduur. Hoewel ons aan hulle medelyde moet betoon,

laat dit nooit van so ’n aard wees dat dit selfbejammering in die hand werk

nie. Wat hulle nodig het, is dit wat stimuleer en versterk eerder as om swak

te maak.

Hulle moet geleer word dat hierdie wêreld nie n paradeterrein is nie, maar

’n slagveld. Almal word geroep om soos goeie krygsmanne hardheid te verduur.

Hulle moet manhaftig en sterk wees. Laat hulle geleer word dat die

ware toets vir die karakter gevind word in die gewilligheid om laste te dra,

om die harde plek in te neem, om die werk te verrig wat gedoen moet word,

al sou dit geen aardse erkenning of beloning meebring nie.

Die regte manier om beproewing die hoof te bied, is nie deur dit te probeer

ontwyk nie, maar om dit te transformeer. Dit is op alle dissipline van toepassing,

die vroeëre sowel as die latere. Die verwaarlosing van die kind se vroegste

opvoeding en die gevolglike versterking van foutiewe neigings, maak die

opleiding van sy latere lewe

- 296 -

moeiliker en dit veroorsaak dat dissipline te dikwels ’n pynlike proses is. Vir

die laer natuur moet dit pynlik wees, omdat dit in lynregte teenspraak met

die natuurlike begeertes en neigings is; maar die pyn kan in ’n hoër vreugde

uit die oog verloor word.

Laat die kind en jongmens geleer word dat elke vergissing, elke fout, elke

moeilikheid wat oorwin word, ’n vastrapplek tot beter en hoër dinge word.

Dit is deur sulke ondervindings dat almal wat nog ooit die lewe die moeite

werd gemaak het, welslae behaal het.

“The heights by great men reached and kept

Were not attained by sudden flight,

But they, while their compaaions slept,

Were toiling upward in the night.

“We rise by things that are under our feet;

By what we have mastered of good or gain;

By the pride deposed and the passion slain,

242 E.G.White - Opvoeding

Hoofstuk 9

243

And the vanquished ills that we hourly meet.

“All common things, each day’s events,

That with the hour begin and end,

Our pleasures and our discontents,

Are rounds by which we may ascend.”

Ons moet nie “let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want

die sigbare dinge is tydelik, maar die on sigbare ewig.” 2 Korinthiërs 4:18. Die

ruil wat ons aangaan deur selfsugtige verlangens en neigings te ontsê, is ’n

verruiling van die waardelose en verganklike vir die kosbare en blywende.

Dit is geen opoffering nie, maar eindelose wins.

“Iets beters” is die wagwoord van opvoeding, die wet van alle ware lewe.

Wat Christus ons ook al vra om van afstand te doen, Hy bied in die plek daarvan

iets beters aan. Dikwels koester die jeug doelstellings, belange en vorme

van plesier wat miskien nie verkeerd lyk nie, maar

- 297 -

wat nie aan die hoogste voortreflikheid beantwoord nie. Hulle keer die lewe

van sy edelste doelstellings af. Willekeurige maatreëls of direkte veroordeling

kan dalk tevergeefs wees om hierdie jongmense te laat afsien van wat

vir hulle kosbaar is. Laat hulle aandag op iets beters as vertoon, ambisie of

selfvertroeteling gevestig word. Bring hulle in aanraking met ’negter skoonheid,

met meer verhewe beginsels en edeler lewens. Laat hulle Hom aanskou

wat “geheel en al die lieflikheid self” is. Wanneer die oë eers op Hom gevestig

is, vind die lewe sy middelpunt. Die geesdrif, die edelmoedige toewyding,

die hartstogtelike ywer van die jeug vind hier hul ware doel. Plig word ’n

vreugde, opoffering ’n plesier. Om Christus te vereer, om soos Hy te word, om

vir Hom te werk, is die lewe se hoogste ambisie en sy grootste vreug.

“Want die liefde van Christus dring ons.” 2 Korinthiërs 5:14.

DIE HOËR KURSUS

“Van ouds af tog het niemand

dit gehoor of verneem nie,

geen oog het ’n God gesien

wat werksaam is vir wie op

Hom wag nie.”

244 E.G.White - Opvoeding

DIE HOËR KURSUS

245

Die Skool van die Hiernamaals

“EN HULLE SAL SY AANGESIG

SIEN en SY NAAM SAL OP

HULLE VOORHOOFDE WEES.”

- 301 -

DIE hemel is ’n skool; sy studieveld, die heelal; sy onderwyser, die Oneindige.

’n Tak van hierdie skool is in Eden gestig; en, wanneer die verlossingsplan

voltooi is, sal opvoeding weer in die skool van Eden onderneem word.

“Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ’n mens

nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet.” 1 Korinthiërs

2:9. Net deur Sy woord kan ’n kennis van hierdie dinge verkry word; en selfs

dit bring net ’n gedeeltelike openbaring.

Die profeet van Patmos het die ligging van die hiernamaalse skool soos

volg beskrywe:

“En ek het ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel

en die eerste aarde het verbygegaan. ... En ek, Johannes, het die heilige stad,

die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ’n

bruid wat vir haar man versier is.” Openbaring 21:1, 2.

“En die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want

die heerlikheid van God het hom verlig en die Lam is sy lamp.” Openbaring

21:23.

Tussen die skool wat in die begin te Eden gestig is en die skool van die

hiernamaals, lê die ganse bestek van hierdie wêreld se geskiedenis - die

geskiedenis van menslike oortreding en smart, van Goddelike offerande en

van oor-

- 302 -

winning oor die dood en sonde. Nie al die omstandighede van daardie

eerste skool van Eden sal in die skool van die toekomstige lewe te vinde

wees nie. Geen boom van die kennis van goed en kwaad sal ’n geleentheid

tot versoeking bied nie. Geen versoeker is daar nie, geen moontlikheid van

die kwade nie. Elke karakter het die toets van die bose deurstaan en geeneen

is meer vir sy mag ontvanklik nie.

“Aan hom wat oorwin,” sê Christus, “sal Ek gee om te eet van die boom van

die lewe wat binne - in die paradys van God is.” Openbaring 2:7. Die gawe

van die boom van die lewe in Eden was voorwaardelik en dit is uiteindelik

onttrek. Maar die geskenke van die toekomstige lewe is absoluut en ewig.

Die profeet aanskou “’n suiwer rivier van die water van die lewe, helder

246 E.G.White - Opvoeding

Die Skool van die Hiernamaals

247

soos kristal, wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam.” “En weerskante

van die rivier was die boom van die lewe.” “En daar sal geen dood

meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees

nie, want die eerste dinge het verbygegaan.” Openbaring 22:1,2; 21:4.

“En jou volk sal almal regverdiges wees,

vir ewig sal hulle die land besitas

lote deur My geplant,

’n werk van my hande,

tot my verheerliking.” Jesaja 60:21.

Nadat die mens weer tot Sy teenwoordigheid herstel is, sal hy, soos in die

begin, deur God onderrig word: “Daarom sal my volk my Naam leer ken; daarom

sal hulle weet op dié dag dat dit Ek is wat spreek: Hier is Ek!” Jesaja 52:6.

“Kyk, die tabernakel van God is by die mense en Hy sal by hulle woon en

hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.” Openbaring

21:3.

- 303 -

“Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom en hulle het hul klere gewas

en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam. Daarom is hulle voor die

troon van God en dien Hom dag en nag in sy tempel. ... Hulle sal nie meer

honger en nie meer dors hê nie en nooit sal die son of enige hitte op hulle

val nie; want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en

hulle na lewende waterfonteine lei en God sal alle trane van hulle oë afvee.”

Openbaring 7:14-17.

“Want nou sien ons deur ’n spieël in ’n raaisel, maar eendag van aangesig

tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos

ek ten volle geken is.” 1 Korinthiërs 13:12.

“En hulle sal sy aangesig sien en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees.”

Openbaring 22:4.

Daar, wanneer die voorhangsel wat ons uitsig verdonker, weggeneem

word en ons oë daardie skone wêreld betrag waarop ons tans deur die mikroskoop

’n blik kry; wanneer ons die heerlikheid van die hemele aanskou,

wat tans van ver af deur die teleskoop bespied word; wanneer die klad van

sonde verwyder is en die ganse aarde in “die lieflikheid van die Here onse

God” sal verskyn, watter veld sal daar nie vir ons studie oopgestel word nie!

Daar sal die student van die wetenskap die oorkondes van die skepping kan

lees en geen aandenking van die wet van die kwaad bespeur nie. Hy sal na

die musiek van die natuur se stemme kan luister en geen noot van weeklag

of ondertoon van smart verneem nie. In alle geskape dinge sal hy een

handskrif kan lees - in die geweldige heelal staan “Gods naam in groot letters

geskrywe,” en in aarde, see of lug bly geen enkele teken van boosheid oor

nie.

Daar sal die Eden-lewe gevoer word, die lewe in tuin en veld. “En hulle sal

huise bou en bewoon en wingerde plant en die vrug daarvan eet: hulle sal

nie bou dat ’n

- 304 -

ander dit bewoon nie; hulle sal nie plant dat ’n ander dit eet nie; want die dae

van my volk sal wees soos die dae van die bome en my uitverkorenes sal die

werk van hulle hande self geniet.” Jesaja 65:21, 22.

Daar sal niks wees wat “kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige

berg nie, sê die Here.” Jesaja 65:25. Daar sal die mens tot sy verlore koningskap

herstel word en die laer orde van wesens sal weer eens sy heerskappy

erken; wat kwaai is, sal verteder en wat skugter is, vol vertroue word.

Daar sal vir die student ’n geskiedenis van ’n oneindige draagwydte en

onuitspreeklike rykdom oopstaan. Hier, van die uitkykpunt van Gods Woord,

word aan die student ’n kykie oor die ontsaglike groot geskiedenisveld gebied

en kan hy ’n mate van kennis opdoen omtrent die beginsels wat die

verloop van menslike gebeurtenisse beheer. Maar sy uitsig is nog beneweld

en sy kennis onvolledig. Nie alvorens hy in die lig van die ewigheid staan, sal

hy alle dinge duidelik sien nie.

Dan sal die verloop van die groot stryd oopgestel word wat gebore is

voordat die tyd begin het en wat eers eindig wanneer die tyd sal ophou. Die

geskiedenis van die aanvang van sonde; van noodlottige valsheid met sy

verdraaide werkwyse; van waarheid wat, terwyl dit nie van sy eie reguit baan

afwyk nie, dwaling tegemoetgegaan en oorwin het - alles sal openbaar gemaak

word. Die voorhangsel wat tussen die sigbare en die onsigbare wêreld

hang, sal opsy getrek en wonderlike dinge geopenbaar word.

Nie eerdat die voorslenighede van God in die lig van die ewigheid gesien

word, salons begryp wat ons aan die sorg en tussenkoms van Sy engele verskuldig

is nie. Hemelse wesens het ’n aktiewe rol in menslike sake gespeel.

Hulle het in ’n gewaad verskyn wat soos weerlig gestraal het; hulle het as

mense gekom, soos reisigers geklee. Hulle

- 305 -

het gasvryheid van menslike huisgesinne ontvang; hulle het as gidse opgetree

vir reisigers wat deur die donker oorval is. Hulle het die verderwer se

voorneme gedwarsboom en die slag van die vernietiger afgewend.

Hoewel die heersers van hierdie wêreld dit nie weet nie, was engele al

248 E.G.White - Opvoeding

Die Skool van die Hiernamaals

249

dikwels sprekers in hul raadsittinge. Menseoë het hulle aanskou. Menseore

het na hulle oproepe geluister. In die raadsaal en die geregshof het hemelse

boodskappers die saak van die vervolgdes en die onderdruktes verdedig.

Hulle het voornemens verydel en euwels gestuit wat vir Gods kinders onreg

en lyding sou gebring het. Aan die studente in die hemelse skool sal al hierdie

dinge ontbloot word.

Elke verloste sal die bediening van engele in sy eie lewe begryp. Die engel

wat vanaf sy eerste oomblik sy bewaker was; die engel wat oor sy voetstappe

waggehou en sy hoof in die dag van gevaar bedek het; die engel wat hom

in die dal van doodskaduwee vergesel het, wat op sy rusplek gelet het, wat

die eerste was om hom op die opstandings môre te begroet - hoe sal dit

nie wees om met hom te praat en om die geskiedenis van Goddelike tussen

trede in die indiwiduele lewe te verneem nie, van hemelse samewerking in

elke taak vir die mens!

Al die verleenthede van die lewensondervinding sal dan duidelik gemaak

word. Waar net verwarring en teleurstellings, gebroke voornemens en gedwarsboomde

planne hulle aan ons voorgedoen het, sal ’n groot, alles beheersende,

oorwinnende doel, ’n Goddelike harmonie, gesien word.

Daar sal almal wat met ’n onbaatsugtige gees gewerk het, die vrugte van

hul arbeid aanskou. Die uitwerking van elke gesonde beginsel en edel daad

sal sigbaar word. Ons sien ietsie daarvan hier. Maar hoe min van die gevolg

van die wêreld se edelste werk word in hierdie lewe aan die dader geopenbaar!

Hoe baie swoeg onselfsugtig en onver -

- 306 -

moeid vir diegene wat buite hulle bereik en kennis uitbeweeg! Ouers en

onderwysers lê hul hoofde neer in hul laaste rus en dit lyk asof hulle lewens-

werk vergeefs verrig is; hulle weet nie dat hul getrouheid die seëls losgemaak

het van seënende fonteine wat nooit kan ophou vloei nie; net deur

die geloof sien hulle hoe die kinders wat hulle opgevoed het, ’n seën en besieling

vir hul medemens word en die invloed hom duisendvoudig herhaal.

Menige werker stuur boodskappe van krag en hoop en moed die wêreld in,

woorde wat seëninge na harte in elke land dra; maar van die gevolge weet hy,

wat in eensaamheid en onbekendheid voortswoeg, weinig. So word gawes

geskenk, laste gedra en arbeid verrig. Mense saai die saad waarvan andere,

bokant hul grafte, geseënde oeste maai. Hulle plant bome, sodat andere die

vrugte kan eet. Hulle is hier tevrede om te weet dat hulle bemiddelinge ten

goede aan die gang gesit het. In die hiernamaals sal die aksie en reaksie van

dié dinge duidelik word.

Van elke gawe wat God gegee het, wat mense tot onselfsugtige inspanning

lei, word ’n verslag in die hemel bewaar. Om dit sy wydverspreidende

strekking na te speur, om diegene te sien wat deur ons pogings opgehef

en veredel is, om in hulle geskiedenis die uitwerking van ware beginsels te

aanskou - dit sal een van die studierigtings en belonings van die hemelse

skool wees.

Daar sal ons ken net soos ons geken is. Daar sal die liefde en simpatie

wat God in die siel geplant het, hul egste en lieflikste uiting vind. Die reine

omgang met heilige wesens, die harmonieuse gesellige verkeer met die

geseënde engele en met die getrou es van alle eeue, die heilige gemeenskap

wat “elke geslag in die hemele en op die aarde” saambind - al hierdie dinge is

onder die ervarings van die hiernamaals.

- 307 -

Musiek sal daar wees en sang, sulke musiek en sang soos geen sterfling

se oor, behalwe in die visioene van God, nog ooit gehoor of verstand kon

bedink nie.

“En die wat sing sowel as die wat vrolik is,” sal daar wees. Psalm 87:7. “Hulle

daar hef hul stem op, hulle jubel; vanweë die majesteit van die Here.” Jesaja

24:14.

“Want die Here vertroos Sion; Hy vertroos al sy puinhope en maak sy

woestyn soos Eden en sy wildernis soos die tuin van die Here; vreugde en

blydskap sal daarin gevind word, danksegging en die klank van liedere.” Jesaja

51:3.

Daar sal elke vermoë ontwikkel, elke talent vermeerder word. Die geweldigste

ondernemings sal uitgevoer, die mees verhewe aspirasies bereik, die

hoogste ambisies verwesenlik word. En nog steeds sal daar nuwe hoogtes

verrys om te oorwin, nuwe wondere om die verbeelding aan te gryp, nuwe

waarhede om te verstaan, vars onderwerpe om die kragte van liggaam en

verstand en siel uit te lok.

Al die skatte van die heelal sal vir Gods kinders oop lê om te bestudeer. Met

onuitspreeklike blydskap salons die vreugde en die wysheid van ongevalle

wesens betree. Ons sal die skatte deel wat verwerf is deur eeue na eeue Gods

handewerk te betrag. Die jare van die ewigheid sal, soos hul voortrol, aanhoudend

nog heerliker openbarings bring. “Ver bo alles wat ons bid of dink”

(Efesiërs 3:20), vir ewig en altoos, sal die gawes van God aan ons geskenk

word.

“Sy diensknegte sal Hom dien.” Openbaring 22:3. Die lewe op aarde is die

begin van die lewe in die hemel; die opvoeding op aarde is ’n eerste stap

250 E.G.White - Opvoeding

Die Skool van die Hiernamaals

251

in die beginsels van die hemel; die lewenswerk hier is ’n opleiding vir die

lewenswerk daar. Wat ons tans is, in karakter en heilige diens, is die gewisse

voorafskaduwing van wat ons sal wees.

- 308 -

“Die Seun van die mens [het] nie gekom ... om gedien te word nie, maar

om te dien.” Matthéüs 20:28. Christus se werk hier benede is Sy werk omhoog

en ons beloning omdat ons in hierdie wêreld saam met Hom gearbei het, sal

die groter mag en wyer voorreg wees om in die komende wêreld met Hom

saam te werk.

“Julle is my getuies, spreek die Here en Ek is God.” Jesaja 43:12. Dit sal ons

ook in die ewigheid wees.

Met watter doel is die groot stryd toegelaat om deur al die eeue heen

voort te gaan? Waarom is Satan se bestaan nie by die aanvang van sy rebellie

kortgeknip nie? Dit was sodat die heelal oortuig kan word van Gods

regverdigheid in Sy optrede teen die bose; sodat sonde ’n ewige veroordeling

kan ontvang. In die verlossingsplan is daar hoogtes en dieptes wat die

ewigheid self nooit kan uitput nie, wonderwerke waarin die engele graag

’n insae wil kry. Die verlostes alleen, van alle geskape wesens, het in hul eie

ondervinding die werklike stryd met die sonde geken; hulle het met Christus

saamgewerk en, soos selfs die engele nie kon doen nie, tot gemeenskap met

Sy lyde toegetree; sal hulle geen getuienis oor die wetenskap van verlossing

hê om te lewer nie-niks wat vir ongevalle wesens van waarde sal wees nie?

Selfs nou word “aan die owerhede en magte in die hemele die menigvuldige

wysheid van God bekend gemaak.” En Hy het ons “saam opgewek en

saam laat sit in die hemele ... sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die

uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus

Jesus.” Efesiërs 3:10; 2:6, 7.

“In sy paleis sê elkeen: Heerlikheid!” (Psalm 29:9) en die lied wat die losgekooptes

sal sing - die lied van hul ondervinding - sal die heerlikheid van God

verklaar: “Groot en wonderlik is li werke, Here God, Almagtige;

- 309 -

regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges! Wie sal U nie

vrees nie, Here en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig.” Openbaring

15:3, 4.

Tydens ons lewens hier, aards, deur sonde beperk soos dit ook mag wees,

is die grootste vreugde en die hoogste opvoeding in diens geleë. En in die

toestand wat kom, onbelemmerd deur die beperking van ’n sondige mensheid,

is dit in diens waar ons grootste vreugde en ons hoogste opvoeding

gevind sal word - om te getuig en altyd namate ons getuig, opnuut te leer

van “die rykdom van die heerlikheid van hierdie verborgenheid ... dit is Christus

onder julle, die hoop van die heerlikheid.” Kolossense 1:27.

“Dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons,

as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is.”

1 Johannes 3:2.

Dan, in die gevolge van Sy werk, sal Christus die beloning daarvoor sien.

In daardie groot menigte wat geen mens kan tel nie en “sonder gebrek voor

sy heerlikheid” (Judas 24) gestel is met gejuig, sal Hy wie se bloed ons verlos

en wie se lewe ons onderrig het, “die moeitevolle lyde van sy siel ... sien en

versadig word.” Jesaja 53:11.

252 E.G.White - Opvoeding

Register van Skriftuurplase

253

*Let wel, die bladsynommers stem ooreen met die bladsynommers wat verskyn tussen

koppeltekens bv. - 7 -

Kyk Voorwoord

Genesis

1: 1 BL 134

2 BL 134

5 BL 129

27 BL 130

2:8, 9, 15 BL 21

9-17 BL 23

3:3-5 BL 24

5, 6 BL 25

15 BL 27

17-19 BL 26

8:22 BL 105

9:16 BL 115

18:19 BL 187

28:16, BL 143

22 BL 138

32:29 BL 147

39:9 BL 255

48:15, 16 BL 147

49:7 BL 148

22-26 BL 53

Exodus

3:5 BL 243

15:1, 2 BL 162

15:6-11 BL 162

15:18-21 BL 162

15:21 BL 39

16:3 BL 38

20:11 BL 250

25:8 BL 35

31:1-6 BL 37

34:6 BL 22, 35, 40

35 :21 BL 286

Levitikus

19:32 BL 244

Levitikus

26:3-6 BL 141

27:30, 32 BL 138

Numeri

10:35, 36 BL 39

11:16, 17 BL 37

13:30, 31 BL 149

21:16-18 BL 162

23:7-23 BL 161

24:4-6 BL 161

24:16-19 BL 161

Deuteronomium

1:15 BL 37

4:6 BL 40

4:6 BL 174, 229

6:6, 7 BL 40, 187

6:7 BL 186

8:2, 5 BL 39

10:8 BL 148

10:9 BL 149

11:22-25 BL 48

12:19 BL 149

23:14 BL 38

26:19 BL 40

28:10 BL 40

28:20, 32 BL 143

29:29 BL 171

32:10-12 BL 40

32:47 BL 174

34:10 BL 64

Josua

24:15 BL 289

Rigters

10:16 BL 263

13:8 BL 276

8:5

1 Samuel

BL 50

16:6, 7,

10

BL 266

22:2 BL

2 Samuel

152

8:15 BL

1 Konings

152

19:21 BL

2 Konings

58

2:2 BL 59

6-15 BL 60

6:1-7 BL

1 Kronieke

217

29:15 BL

2 Kronieke

165

20:1-4, 12 BL 163

20:14-17,

20

BL 163

4:6

Nehemia

BL 286

9:6 BL

Ester

130

4:14 BL

Job

263

1:8-12 BL 155

2:5-7 BL 155

10:1 BL 155

12:7, 8 BL 117

12:13 BL 13, 14

13:15 BL 156

14:13 BL 155

19:7-21, BL 156

19:25-27 BL 156

22:21 BL 14

254 E.G.White - Opvoeding

Register van Skriftuurplase

255

Job

23:3-10 BL 156

26:7-14 BL 131

28:15-18 BL 18

29:4-16 BL 142

29:21-25 BL 142

31:32 BL 142

33:24 BL 115

34:22 BL 144

37:16 BL 15, 21

38:4-27 BL 160

38:7 BL 22, 161

38:31, 32 BL 160

42:10-12 BL 156

Psalms

3:5-7 BL 165

9:10, 11 BL 257

11:4 BL 132

12:7 BL 244

15:2, 3 BL 236

15:2-4 BL 141

15:5 BL 229

17:4 BL 190

19:8 BL 229

19:11, 12 BL 252

23:1-4 BL 164

27:1 BL 164

29:9 BL 308

32:8 BL 282

33:9 BL 129, 254

34:8 BL 255

36:10 BL 197

37:5, 6 BL 257

37:18,19 BL 141

37:29 BL 271

41:2, 3 BL 141

42:12 BL 164

46:2 BL 165

46:3, 5-8 BL 165

Psalms

46:11 BL 260

48:15 BL 165

50:1-6 BL 181

50:21 BL 144

51:3-9 BL 165

63:2-8 BL 164

73:9-11 BL 144

78:37-39 BL 45

87:7 BL 307

90:17 BL 80

91:9, 10 BL 181

95:3-6 BL 243

97:2 BL 169

100:3, 4 BL 243

103:13 BL 245

104:12,18 BL 118

104:27-30 BL 131

105:21,22 BL 53

105:42-45 BL 40

106:34-36 BL 45

111:8 BL 30

111:9 BL 243

113:2, 3 BL 166

113:5, 6 BL 132

116:1-8 BL 166

119:11 BL 190

119:24,44 BL 291

119:45 BL 291

119:47 BL 252

119:48 BL 252

119:72 BL 137

119:104 BL 48

119:112 BL 48

126:6 BL 105

139:2-6 BL 133

139:7-10 BL 132

139:14 BL 201

145:16 BL 118

Spreuke

2:6 BL 14

3:1, 2 BL 197

3:9, 10 BL 140

3:17 BL 206

4:7 BL 22 5

4:14 BL 136

4:22 BL 197

5:22 BL 291

6:6 BL 117

6:28 BL 136

8:18 BL 69, 143

10:22 BL 142

11:15 BL 136

11:24, 25 BL 140

12:18 BL 237

13:4 BL 135

13:11 BL 136

13:20 BL 136

14: 8 BL 291

14:23 BL 135

14:34 BL 47, 175

15:1 BL 114

15:2 BL 225

16:12 BL 175

16:24 BL 197

16:31 BL 244

17:22 BL 197

17:27 BL 135

18:21 BL 235

18:24 BL 136

19:17 BL 141

20:3, 19 BL 135

20:28 BL 175

21: 6 BL 136

22:7, 16 BL 136

22:11 BL 237

22:29 BL 135

23:4, 5 BL 140

Spreuke

23:7 BL 149

23:10, 11 BL 136

23:21 BL 135

25:28 BL 236

26:2 BL 146

26:18, 19 BL 236

26:27 BL 136

27:18 BL 219

28:20 . BL 136

29:20 BL 236

30:5 BL 244

31:13, BL 217

31:15-17 BL 217

31:20 BL 217

31:27, 30 BL 217

31:31 BL 217

Prediker

2:4-12, BL 153

2:17, 18 BL 153

3:11 BL 198, 248

3:14 BL 50

5:7 BL 144

5:8 BL 219

7:12 BL 126

10:17 BL 206

11:1 BL 140

6 BL 105, 267

Hooglied

2:3, 4 BL 261

2:11-13 BL 160

5:10,16 BL 69

8:7, 6 BL 93

Jesaja

1:17 BL 141

1:18 BL 231

3:10, 11 BL 146

7:15 BL 231

9:5 73

Jesaja

11:4 BL 182

13:19 BL 176

14:23 BL 176

24:1-8 BL 180

24:14 BL 307

25:8,9 BL 182

26:1-4 BL 167

26:20 BL 181

28:10 . BL 123

28:26 BL 219

32:20 . BL 109

33:6 BL 229

33:15-17 BL 141

33:20 . 22 BL 182

33:24 BL 271

35:8 BL 170

35:10 BL 167

40:12 BL 35

40:26-29 BL 116

41:6 BL 286

41:l0,13 BL 116

41:13 BL 259

43:12 BL 154, 308

43:21 BL 174

45:5 BL 174

47:1-5 BL 176

51:3 BL 161, 307

52:6 BL 302

53:11 BL 309

54:9, 10 BL 115

54:14 BL 182

54:17 BL 155

55:11 BL 105

57:16-19 BL 147

60:18 BL 182

60:21 BL 302

61:11 BL 105

63:9 BL 263

Jesaja

65:19 BL 271

65:21, 22, BL 304

65:25 BL 304

66:13 BL 245

Jeremia

4:19, 20 BL 181

4:23-26 BL 181

6:19 BL 146

15:16 BL 252

17:11 BL 143

29:11 BL 21, 101

30:7 BL 181

30:17, 18 BL 182

31:12 BL 167

33:3 BL 127, 282

51:13 BL 176

Esegiël

1:4, 26 BL 178

10:8 BL 178

12:27, 28 BL 184

20:20 BL 250

20:37 BL 174

21:26. 27 BL 179

33:30-32 BL 260

34:3, 4 176

Daniël

1:19, 20 BL 55

2:21, 38 BL 175

2:47 BL 56

4:11, 12 BL 175

4:27 BL 174

4:30, 31 BL 176

6:5, 26-28 BL 56

7:13 132

Hosea

6:3 BL 106

8:12 BL 127

12:5 BL 147

256 E.G.White - Opvoeding

Register van Skriftuurplase

257

Joël

1:12 180

1:15-18 180

Amos

5:11 143

Miga

4:10-12 182

Nahum

1:3 131

Habakuk

1:13 255

2:20 243

3:3 22

Sefanja

1:14 270

Haggai

1:5-10 143

2:16 143

Sagaria

2:8 257

5:1-4 144

Maleagi

2:5, 6 148

3:8 143

3:10 138

3:10-12 140

4:2 106

Matthéüs

4:4 126

5:37 236

6:26 117

31-33 138

7:12 136

10:8 80

11:11 158

28 80

13:28 101

16:22 88

18:3 114

Matthéüs

20:28 308

22:39 16

24:6, 7 179

14 264

25:40 139

28:20 94, 96

28:20 282

Markus

3:17 87

4:26-28 104

4:28 106

8:36, 37 145

11:24 258

12:42 109

13:34 . 138

16:7 90

15 264

Lukas

2:40 78

3:38 33, 130

4:18, 19 113

32 81

6:31 292

38 103, 140

8:11 105, 253

10:27 16, 228

12:23 200

24 117

33 145

16:9 145

22:26, 27 268

22:27 103

31-34 89

27:30, 32 138

Johannes

1:3 134

1:4, 14 28

1:9 29, 134

Johannes

3:17 79

3:19 74

3:30 157

4:14 83

6:63 126

6:64 92

7:37 116

7:37 83

7:38 83

7:46 81

12:24 110

12:32 192

13:15 78

13:34 242

14:26 94

15:10 78

15:15 94

16:7 94

16:13 134

16:13-15 94

16:23 95

17:3 126

17:6 87

17:21-23 86

21:17, 22 90

Handelinge

4:13 95

10:38 80

13:22 48

14:17 66

16:28 66

17:23 67

17:26 67

17:27 67

26, 27 174

20:34 66

26:28, 29 67

27:22-24 256

Handelinge

27:34, 44 256

Romeine

1:14 66, 139

1:20 134

1:29-32 236

4:17 254

8:22, 26 263

8:28 154

8:34 95

8:35-39 70

16:25 126

1 Korinthiërs

2:9 301

2:11 134

3:9 138

3:Il 30

3:16, 17 36

3:17 201

4:2 139

4:9 154

4:12, 13 68

6:19 201

10:11 50

13:4 114

13:4-8 242

13:12 303

15:42, 43 110

15:57 126

2 Korinthiërs

3:18 282

4:6 22, 28

4:18 296

5:14 66, 297

5:17 172

5:19 28

6:10 68

6:16 258

9:6 109

2 Korinthiërs

10:12 226

11:26, 27 68

Galasiërs

5:13 139

6:1 113

6:8 109

Efesiërs

2:6, 7 308

3:10 308

3:20 307

4:24 27

4:25 286

Filippense

3:7, 8 68

3:8-10 192

4:8 235

4:13 70, 256

Kolossense

1:16, 17 132

1:19 30

1:27 172, 309

2:3 13

2:10 2576

3:23, 24 22

1 Thessalonicense

2:19, 20 70

2 Thessalonicense

1:11 134

1 Timótheüs

4:8 145

2 Timótheüs

2:15 61

3:16, 17 171

4:7 68

Hebreërs

1:3 132

1:14 103

2:7 20

Hebreërs

2:18 78

4: 3 130

4:13 255

4:15 78

5:2 294

6:7, 8 216

6:11:3 134

6:27 63

6:32-40 158

Jakobus

1:5 191, 231

1:17 50

1 Petrus

1:10-12 183

1:12 127

4:8 114

4:10 286

4:11 226

1 Johannes

1:2 84

3:1-3 88

3:2 309

Judas

24 309

Openbaring

1:1, 3 191

1:17, 18 83

2:7 302

3:4 249

3:8 282

7:14-17 30,

15:3, 4. 309

19:8 249

21:1, 2, 23 301

21:3, 4. 302

21:6 83

22:1. 2 302

22:3 125, 303

258 E.G.White - Opvoeding

Algemene Bladwyser

259

AANSKOUINGSLESSE 34-43, 47,

120, 144, 175, 185, 186

Christus se gebruik van 102

Kyk ook Natuuronderwys

Aarde, die nuwe 301

Gods doel vir die 22, 174

oorspronklike toestand 22

Aardrykskunde, saam met sending

studie 269

Abraham as onderwyser 187

Adam, opvoeding van 14-17, 20-22,

25-27

versoeking van 23 - 25

Afgodery, van Israel 45

van Salomo 49, 50

Agterdog 289, 290

Ambagsopleiding, deel van opvoeding

34, 37, 47, 52, 58, 62, 85, 214-222

te Eden 21

voorbeelde 66, 77, 217, 267

Ambagte, opleiding in die skole 47,

218

Anargie 228

Apostels, opleiding 84-96

verskeidenheid 85

Arbeid, waardigheid van 214-217,

222

Arend, les geleer van die 118

Armes, Gods voorsiening vir 43, 44,

139, 141, 220

Asemhaling 198, 199

Atletiese sportsoorte 210

BABILON, opkoms en val van 175,

176, 183

Barmhartigheid 257, 294

Berisping 291

Beroep, keuse van 220, 267

Biografie van die Bybel, Abraham

187

Daniël 54-57

Dawid 48, 152

Elia 151

Elisa 58-61

Jakob 147

Job 155, 156

Johannes 87

Johannes die Doper 157

Jonatan 157

Josef 51-54, 57

Judas 91, 92

Kaleb 149

Levi 148

Moses 61-64, 68, 69

Paulus 64-70

Petrus 88-91

Salomo 48, 49, 153

Blymoedigheid 197, 240

Boeke, skadelike 188, 190, 226, 227

verkeerde gebruik van 189

Boekkennis 230, 265

Bome, lesse van 113, 116, 119, 175,

267

Boom, ‘n simbool van regering 175

van kennis 23-25

Buitelug, lewe in die 42, 52, 58, 62,

63, 208, 211

werk vir die onderwyser in die 278

Bybel, as letterkunde 188, 18

as opvoeder 17, 47, 52, 55, 65, 123-

192

bestek van styl en onderwerpe 125

eerbied vir 244

‘n volmaakte geheel 123

sy eie uitlêer 190

verhale van die 185

voorskrif vir die lewe 189, 260

260 E.G.White - Opvoeding

Algemene Bladwyser

261

Bybelillustrasies uit die natuur 102,

104-110, 113-120, 175

Bybelonderrig en -studie, Abraham

187

die doel van 189, 254

die Sabbat 251

geestelik 124-127, 171, 188, 192

geleenthede vir 191

gesins- 185, 186

gevolge van 192, 252-256

“hoër kritiek” 227

Jesus se voorbeeld 76, 77, 81, 82,

85, 102, 185

omvattende 190

oorspronklike studie 188

verstandelike ontwikkeling 123,

124, 171, 188, 189

vers-vir-vers- 189

CHRISTUS, as teregwyser 79, 88-92,

294

die mag van Sy onderrig 81, 94, 95

doel van Sy sending 27-29, 73, 74,

76

en die wet 76

het die moontlikhede van die

mens erken 80, 270

lig, van die hele mensdom 29

van die wêreld se leermeesters 13,

73

medelye van 78-80, 294

ons is volmaak in 192, 257

toestand van wêreld by Sy koms

74-76

Kyk ook Jesus; Gebed

DANIËL, die boek 191

lewe 54-57, 254

Dawid, geloof 254

liedere 164, 165

opvoeding 49, 152

sonde 48

Diëet, aantal maaltye 205

gereeldheid 205 haastig eet 206

keuse, kombinasie 205 ooreet 205

stimulerende 203

van Daniël 55

van Israel in die woestyn 38

verhouding van, tot onmatigheid

202-204, 247

tot verstandelike ontwikkeling

204-206, 216

voedingswaarde van kos soorte

204

Diens 139

beloning vir 103, 306, 308, 309

die grondslag van verpligting 137,

139

die hoogste 262-271

die hoogste opvoeding 264,

270, 271, 309

doel van die kerk 268

doel van opvoeding 13, 65-70

in die natuur geleer 103

motief vir 226, 268

onerkende 116, 117, 306

opleiding vir 212-222, 268

organisasie vir 269

wet van die lewe 16, 80

Dissipline, die Heiland se reël en

voorbeeld 292, 294

eersin 289

en organisasie van Israel 37, 38

openbare 293

opvoeding van die wil 288, 289

reëls, handhawing van 290

van die lewe 85, 151-154, 295-297

van die huis en skool, die doel van

287, 291

versoeke, bevele 290

Doel, die ware 13, 18, 145, 222, 262,

267, 297

Doelloosheid 190, 202

Dwaling, vermenging van, met waarheid

231

EDEN, skool van 14, 15, 20-22, 30

skool van, herstel 301-303

Eenheid 86, 95

Eenvoud, in kinderopvoeding 107,

211

in onderwys 233

van Jesus se lewe 77, 107

Eenvoudige leefwyse, verhewe

denke 202, 248

Eerbied 242-245

Eersin by die kind 289

Einde van die wêreld 179-184, 264

Elia, een mislukking 151

Elisa, opleiding en werk 58-61, 255

Engele, beskermers 255, 256,

304, 305

in Eden 21

liedere 168

medewerkers, onderwysers 271

ons metgeselle 127

tussengangers in menslike sake

179, 304, 305

Evangelie, gevolge van die gee

van, aan die wêreld 264

in die natuur 27, 101

ons verantwoordelikheid 263

sluitings werk van 269, 270

werk van, die hoogste opvoeding

271

Evangelie opdrag, aan almal 264

Evangelisering van die wêreld 95, 96,

262-271

Ewolusie, van die aarde 128

van die mens 130

FEESTE van Israel 41-43

Fiksie 227

Fisiologie 195-201

Fouterendes, Christus se werk vir 78,

79, 97-94, 270, 294

ons werk vir, illustrasie uit die natuur

113

plig van ouers en onderwysers

271, 279, 291-294

GEBED, antwoorde op 258

Christus se 80, 259

eerbied tydens 243

stille 258

van geloof 257, 258

voorbeelde 47, 64

Gedrag 240-245

Gedragsreëls en hoflikheid 240, 241

waardevolste verhandeling oor

242

Geesdrif 233

Geheue-opleiding 127, 189

oormatige 226, 230, 231

Gehoorsaamheid, hoe om te leer

287, 290

uitdrukking van eerbied 244

Gekrenktheid 256, 257

Geld, om die gebruik van, te leer 239

Geloof, beloning van 156, 254

Bybelse bewyse vir 169

definisie van 253

die saaier 105

en rede 24, 231

geheim van krag 54, 80, 254

God trag om te bemoedig 34

262 E.G.White - Opvoeding

Algemene Bladwyser

263

hoe om, te beoefen 253, 257,

258

les oor, van die arend geleer 118,

119

onderrig aangaande, vir die kind

255-257

sleutel van kennis 24 voorbeelde

van 54, 63, 149, 254, 256

Gelykenis van die groeiende saad

104-107

Gemeenskap met Christus 63, 65, 69,

87, 120, 127, 192, 264, 270,

271, 297

Gemeenskap met God 14, 21, 28, 30,

84

deur Bybelstudie 127, 192

deur die natuur 100, 108, 120

deur gebed 80, 258

Geneesheer, ambagsopleiding vir

die 220

Genesing, natuurlike, geestelike 113

Geologie en die Mosaïese verslag

128, 129

Gerubs, visioen aangaande die 177

Gesellige verkeer, hiernamaals 306

Geselskap, Goddelike 127, 271

Gesin, die en die Sabbat 250

Gesinskool 20-22, 33, 40, 41, 45, 77,

84, 85, 186, 250, 251, 275,

283, 285

Kyk ook Huis

Geskiedenis, Bybelse ,47, 173-178,

183, 184, 238

filosofie van die 173, 174

studie van die, in die hiernamaals

304

Gesondheid, invloed van verstand

op liggaam 197

liggaamlike 195

onderwyser moet bewaar 277

Gesondheidsleer as vak 195-200

Getuies vir God 154-158, 262

in die hiernamaals 308, 309

Gewoonte 291

God, bron en instandhouer van alle

dinge 99, 100, 104, 130, 131

eerbied vir 242-244

lyding van, weens sonde 263

‘n persoonlike wese 131-13 3

‘n valse begrip van 75

ouers, onderwysers, moet verteenwoordig

244, 245, 287

Sy grootheid onbegrypbaar 169

Godsdiens in Christus se tyd 74, 75

Groei, Goddelike bemiddeling in

104, 105

wette van 104-106

Grond, eienaarskap van, Israel se 43

vir gebruik deur skole 212, 218

HAASTIGE taal 236

Handearbeid, vir die onderwyser 278

Heiden, aanspraak van, op Christene

262, 263

Heidense skrywers 226

Heiligdom van Israel, illustrasie van

karakterbou 35, 36, 258

Heilige Gees, aanskouingsles aangaande

106

as onderwyser 95, 134

verteenwoordiger van God 132

Hemel, die, ‘n skool 301

opvoeding vir die 13, 16, 19,

127

Hemelse verslag 306

Henog, geloof van 254

“Hoër kritiek” 227

Hoflikheid, Christus die bron van 241

onderskei van gedragsreëls 240-

242

van Daniël 56

van Paulus 67

Huis, invloed van die 52, 54, 55, 58,

61, 283

Kyk ook Gesin skool

Huishoudelike pligte, opleiding 216

Huislike opvoeding 185-187, 196,

202, 216, 217, 235, 240, 242

ILLUSTRASIES 233

Kyk ook Aanskouingslesse

Indiwidualiteit, opvoeding ontwikkel

17, 57, 231, 232

Inspanning 232

Invloed, krag van, in kinderjare 52,

55, 58, 61, 119

Isai, seuns van, Samuel se keuse 266

Israeliete, opvoeding van 33-70

JAKOB, vergelding, herstel van 147

Jesus, as leermeester 73-96, 102, 231,

241, 294

kinderjare 77, 107, 185

Job, beproewing van 155, 156

‘n suksesvolle loopbaan 142

Jode, opvoeding van, in tyd van

Christus 64, 65, 74-77

Jogebed, moeder van Moses 61

Johannes, die dissipel, opleiding van

87

Johannes die Doper, ‘n voorbeeld

van selfopoffering 157, 158

Jonatan, die getroue vriend 157

Jongmense groepe, vir Christelike

diens georganiseer 269

Josef 51-54, 56, 57, 255

Judas, Christus se handelwyse met

91-93

KALEB en Josua, geloof van 149

Karakter, beproewing 23, 52, 53, 295,

296

Bybelstudie 17, 18, 126, 127, 172,

183, 184, 192

die hoogste doel 17-19, 81, 225

die hoogste skoonheid 249

geloof en gebed 258

in kleredrag geopenbaar 248

invloed, op, van onselfsugtigheid

16

is krag 41, 79, 81, 277, 282

landbou werk 112

lesse uit die ontwikkeling van saad

105, 106, III

selfdissipline 57, 296

volledig in Christus 257

voorbeeld en samesyn 87, 237

Kyk ook Voorbeeld

Karakterbou. fondament, patroon,

228, 229

gevare betreffende 225-228

simbool van 35, 36, 258

Karakter ideaal. die hoogste 18, 73

Kennis, deur Christus 27-30, 73, 76

geloof as sleutel van 24

van God, grondslag van opvoeding

13-19, 21, 34, 81

van goed en kwaad 23-27, 231

Kerk, doel van 268

pligte 268

Kerkbywoning, verhinder deur 247

Keuse, die mag van 23, 178,289

Kinderjare, Jesus 77, 107, 185

Josef 52

Moses 61

264 E.G.White - Opvoeding

Algemene Bladwyser

265

Kinderopvoeding, aanskouingsles

uit groei van saad 106

Klein dingetjies, getrouheid 111 53,

58, 61

Gods werk volmaak 114

Kleredrag, gesonde 199

smaak en netheid in 248

teenwerkende invloede 247, 248

versotheid op 246-248

Kleremakery 216-218, 248, 249

Kompensasie, die lewe se grootste,

68-70, 305, 306, 309

Koningskap, deur mens verlore en

herstel 26, 304

Konsentrasie 189

Kookkuns, ‘11 vertakking van

opvoeding 216, 218

Krag terme 236

Krisis, naderende 179

Kritiek, oor kinders en jongmense

291

oor onderwyser 283, 284

LANDBOU 34, 43, 219, 220

geleentheid vir die werkloses 220

karakterontwikkeling 112

lesse uit die Ill, 112

Kyk ook Saad saai

Landelike lewe, wette aangaande,

Israel se 43, 44

Ledigheid 190, 202, 210

Leer deur te doen 111, 268, 271

Leermeesters, groot, lig van Christus

13, 73

Leesstof en sedelike beginsels 226,

227

ongesonde 188, 190, 226, 227

sekulêre, met Bybel vergelyk 188,

189

vloedgolf van 189

Levi, vloek van, karakter verandering

148

Leviete, onderhoud en voorregte

148

Lewe, God die bron van die 99, 104,

108, 197

Lewenswerk 262-271

Liefde, die dryfkrag 293, 294, 297

die grondslag van opvoeding en

verlossing 16

die wet van God 16, 65, 76, 77, 287

kan genees 114

Lig van die wêreld 13, 14, 29, 57, 58,

73

Liggaamlike opvoeding, asemhaling

198

belangrikheid van 195, 196, 277

Israeliete ‘n voorbeeld 38

kleredrag 199

liggaamshouding 198

sindelikheid, sonlig, ventilasie 200

spraak onderrig 199

Liggaamsoefening 210, 217

Lof, aan God 66, 161-163, 168

liefde vir 237

MAAI wat ons saai 108, 109, 306

Manne met gewete getrou soos

kompasnaald aan pool 57

Matigheid 38, 55

hulpmiddele tot 202-206

onderrig tuis en op skool 202, 278

Meegevoel, insig 66, 78, 212, 231,

269, 270, 280, 292

van God met menslike lyding 263

Meesterskap 52, 53, 56, 57, 66, 204,

222, 254, 255, 295, 296

Metodes van onderwys 41, 76-96,

119, 120, 185-192, 230-239

Milddadigheid, die aankweek van

139-144, 239, 248

lesse aangaande saad saai 109

Militêre skole van Egipte 65

Modelskool in Eden 20, 22, 30, 33

Modes, invloed van, op opvoeding

246, 247

‘n teen invloed 247-249

Moeder, as opvoedster 275

opleiding vir 276

van Moses 61

Moses 61-64, 68, 69

Musiek en sang, in die hiernamaals

307

in opvoeding 167, 168

van Israel van ouds 39, 42, 47

NASIONALE voorspoed, die grondslag

daarvan 47, 48, 174

Natuur, die, aanpassing van middele

by doel 119, 133, 198

en die openbaring 128

Goddelike werking in 99, 100, 104,

108, 130, 131, 197, 198

openbaring van God 16, 17, 99

wette van, Goddelike 196

Natuurlike vermoëns 138, 233, 267

Natuur onderwys, Christus se aanwending

van 102

in die hiernamaals 303

in Eden 15-17, 20-22

in teenstelling met modes 247

kennis van goed en kwaad 26, 27

onvoldoende 17, 101, 134

op die Sabbat 251

sleutel tot die Bybel 120

voortgesit 34, 35, 41, 42, 52,

62-66, 77, 99-120, 208

Nederigheid 237

Noag, geloof van 254

Noukeurigheid, deur ambagsopleiding

222

OEFENING, liggaamlike 207-213

Oes, lesse uit die 105-110

van die lewe 305, 306

Onbaatsugtigheid 237

grondslag van ontwikkeling 16

Onderrig, aardrykskunde 269

boekhou 239

deeglikheid 234

eenvoud 233

geesdrif 233

geskiedenis 238

persoonlike element 10 231,

232, 278, 281

taal 234-237

van fisiologie 195-201

Kyk ook Bybelonderrig; Natuur

onderwys

Onderskeid tussen reg en verkeerd

231

Onderwyser, administratiewe bekwaamheid

279

die hoogste voorbereiding 282

geleerdheid van die 278

kwalifikasies van 240, 277

liggaamskrag 277

samewerking met leerlinge 285

samewerking met ouers 284

321

self verbetering 281

sosiale verhouding met leerlinge

212, 213, 280, 284

voorreg en verantwoordelikheid

266 E.G.White - Opvoeding

Algemene Bladwyser

267

van 19, 29, 30, 244, 245, 281,

287

Kyk ook Dissipline

Onderwysers, in die tyd van Paulus

en van Christus 64, 65, 74-77

in skole van profete 46

van die skool van die hiernamaals,

302 303

Onderwysmetodes, van Christus 76-

96, 102, 231, 294

voorbereidende 29, 30, 41, 187,

188, 201, 247

Ongeloof, oorsake 227, 228, 259

Onmatigheid, oorsake en genesing

van 202-204

Onselfsugtigheid, illustrasies 154-

158

Ontspanning, deur nuttige arbeid

215

doel van 207

samewerking van onderwyser 212

vir die onderwyser 278

Ontwikkeling, allesomvattende 232

drievoudige 13, 16, 195

onselfsugtigheid lê, ten grondslag

16

Oordrywing 236

Oorpeinsing 127, 189, 191, 252

Oorwinning, deur neerlaag 62-64,

68, 69, 147-149, 151

verkryging van 162, 163, 165, 168,

256, 258

Openbare aanbidding, eerbied

gedurende 243

‘n middel tot opvoeding 168, 252

wegbly van, ‘n oorsaak 247

Openbaring, die studie van 191

Opstanding, simbool van 110

Opvoeding, ambagsopleiding 214-

222

bemeestering van die grondslae

234-239

bron 13-17, 21, 22, 34, 44

Christus se metode 73-96, 102,

231, 241, 267-271, 294

doel 13, 17, 18, 44, 81, 84, 145, 221,

222, 262

foute in 45, 49, 50, 74, 77, 189, 207,

208, 225-228, 230, 234, 259,

264-266

hoër, die ware 14, 18, 30, 66, 83, 87,

271, 282

illustrasies van ware 51-70

omvang 13, 16, 18, 19, 21, 38, 41,

225, 232, 233

onderrig deur aanskouingslesse

41, 102, 144, 185, 186

van Israel 33-50

van Jesus 77, 107, 185, 267, 268

van onderwysers 46, 276-282

verhouding van, tot verlossing 15,

16, 18, 19, 28-30, 84, 126, 172

vir ouers 34, 275, 276

Kyk ook Natuur; Bybel

Ou Testamentiese Skrif, studie van

die 191

Ouers, Abraham se voorbeeld 187

as onderwysers 33, 40, 41, 185-

187, 196, 235, 240, 275, 280

Christus se 294

opvoeding van 34, 276

samewerking van, in die gesin 283,

285

met die onderwyser 284

verteenwoordigers van God 244,

245, 287

Oues van dae, respek vir die 241

PALMBOOM 116

Partytjies, vermaaklikhede- 211

Paulus 64-70, 254, 256

Persoonlike element in die onder

wys 78-80, 84-96, 231

Petrus, opleiding van 88-91, 255, 256

Plesiersoekery 183, 207, 211

Poësie 47

van die Bybel 159-161

Politieke ambisie 49

Pool, manne met gewete getrou

soos kompasnaald aan 57

Preek, om, in die geheue vas te lê 252

Profesie, gawe van die, aan Daniël 56

in skole van ouds 47

van die wêreld se slottonele 180-

182

vervulling van 178

voordele van studie van die 183,

184

RAMPE, seëninge 270

Rede en geloof 24, 231

Reëls, moet die ondersteuning van

die skool hê 290

toepassing 290

Reënboog 115

Regering, doel van 174, 175

simbool van 175

Rekeninge, onderrig aangaande 238,

239

Rentmeesterskap 57, 137

Rivier en spruitjie, onerkende helpers

116, 117

en vlakte, beloning vir diens 103

SAADSAAI, lesse uit 104-112

Sabbat, middel in opvoeding 250-

252

Sake, kapitaal, die beste 137

rentmeesterskap 137-139

wins en verlies 140-145

Sakebeginsels 135, 136

Saligsprekinge 79

Salomo, lewensondervinding van

48, 49, 152-154

Samewerking, met Christus en Sy

engele 270, 271

met God, Bybelse voorbeelde 37,

286

in ons werk 214, 215, 271

van onderwysers en leerlinge 212,

213, 285

van ouers en kinders 283, 285

van ouers en onderwysers 283,

284, 293

Sang 39, 42, 47, 186, 251

die Heiland se 166

die oudste 161, 162

in die laaste krisis 166, 167

is daad van aanbidding 168

liedere van Dawid 164, 165

‘n opvoedings middel 162, 167,

168

om versoeking die hoof te bied

166, 168

Sanitasie, onder Israeliete 38

op skool en tuis 200, 207

Satan, beskuldiger 154, 155

saai wantroue 23-25

werkswinkel van 190

Selfbeheersing, deur ouers en onderwysers

292

doel van dissipline 287-290

verhouding van, tot gesondheid

en matigheid 197, 203, 204,

268 E.G.White - Opvoeding

Algemene Bladwyser

269

206

Self onderhoud deur studente 221,

265

Selfopoffering, ander voorbeelde

154-158

Christus se voorbeeld 80

illustrasie uit saad saai 110

Paulus ‘n voorbeeld van 65-70

voorwaarde van gemeenskap met

Christus 264

Selfsug, as motief in opvoeding 225,

226

gevolge 264

Judas ‘n voorbeeld van 91-93

Selfvertroue, dié sonder, geloof

verleen hulp aan 256

Sendeling, elke Christen ‘n 264

Sendingwerk, buitelandse, studie

van 269

opleiding vir 221, 268-271

Skeppings dae 129

Skinder, kannibalisme 235

Skole, omgewing 20, 21, 33, 34, 211

ongesonde toestande 207, 208

terreine, verfraaiing 212

van Israel 34-50

van patriarge 33

vir ambagsopleiding 218

Skool, die hemel 301

van Eden 20-22

herstel 301-304

vir vakmanne, Israel se, in die

woestyn 37

Kyk ook Ambagsopleiding

Skoonheid 41

alle, ‘n weerkaatsing van Christus

192

deur gehoorsaamheid aan wet

198

die mees verhewe 249

van die Bybel 188

Skrif, vir die grap aangehaal uit die

244

Kyk ook Bybel

Slaap 205

Sleutel, tot die Bybel 120, 126

van kennis 24

Sonde, aard en gevolge 15, 23-26,

28, 29, 143-150, 263

mag van die 291

Sondvloed, die en die geologie 129

Sosiale samesyn van Israel 41-43

Sosiale verhouding van onderwyser

en leerling 212, 213, 280, 284

Spioene, die twaalf, verslag van 149

Spiritisme, die leer van die 227, 228

Spraak onderrig 199

Staats kuns 53, 56, 69

Sterre, lesse van 115

Stryd, die groot 154, 190

in die mens geopenbaar 29

in die natuur geopenbaar 26, 101

ons studie tema in die hiernamaals

304

Sukses 29, 52, 53, 56, 57, 60, 61, 68-

70, 142, 145, 222, 262, 267,

271, 306-309

TAALSTUDIE 234-237

Tekens van die tye 179

Tempel, die lewende 35, 36, 201, 258

Teologie, wat Christus omtrent die,

geleer het 81

Teologiese skole in die dae van

Christus 64, 65, 77, 85

Teregwysing, Christus se voorbeeld

van 79, 89-92

doel van 291

hoe om te gee 294

Tiende betaling 44, 138, 250

Toespeling 236

Toewyding 57, 258

Tuinbou 21, 111, 112, 212, 213, 219,

247, 248

Twyfel, bron van 24, 25

gevolge 26

UITGEWORPENES, Christus se werk

vir 79, 80, 270

Uitsit van leerlinge 293

Uitvoerende aanleg 17, 220, 222, 279

VERBORGENHEDE, in die Bybel

169”172

in die natuur 101, 134, 170

in karakter van God 132, 169

Vergelding 108, 109, 146-151

Vergelykings 120

Kyk ook Aanskouingslesse;

Natuuronderwys

Verleenthede duidelik gemaak 305

Verlossing, die eerste belofte 27

doel van die 15, 16, 28, 29

in die natuur geleer 27, 101, 113,

115

plan van, sleutel tot die Bybel 126

Sabbat ‘n teken van 250

verhouding van, tot opvoeding 16,

17, 28-30, 126, 172

Vermaaklikheid, gevare betrokke by

207, 210

Verpleging, opleiding vir 218

Versoeke, bevele 290

Versoeking, beveiliging teen 166,

168, 190, 203, 204, 213, 214,

218, 219, 255

Christus onderworpe aan 78

die eerste 24

waarom toegelaat 23

Verspreiding van volkere, doel van

die 174

Verstand, invloed van, op die

liggaam 197

Vertoonsug 247, 248

Voëls leer ons vertrou 118

Volkomenheid in Christus 257

Voorbeeld, die krag van onderrig 41,

49, 56, 57, 78, 79, 87, 150, 158,

259, 277, 282

Voorbereidingskool van die aarde 19

Vrees, verbanning van 255

Vryheid deur gehoorsaamheid aan

wet 291

WAARNEMING, geleer in studie van

die natuur 119

in ambagsopleiding 220

Waterlelie 119

Wedywering 226

Wet van diens 103

Wet van God, aan Israel geleer 34-36,

38-40, 42, 47

een oortreding 25, 26, 150

geld orals 99, 103, 287

grondslag vir nasionale voorspoed

69, 76, 174, 183, 228, 229

grondslag van karakter 228, 229

in Eden geleer 22

in sakelewe 135-145

is liefde 16, 65, 76, 77, 287

onderrig van kinders aangaande

185, 186

vryheid 291

270 E.G.White - Opvoeding

271

Wetenskap en die Bybel 128-134

325

gevolge van valse 227

Goddelike 126, 257

menslike, nie Christus se tema nie

81

Wetenskaplikes, teenstrydige teorieë

van 130

Wette, van groei 104-110

van natuur, Goddelik 104-110

Werkers vir Christus, opleiding van

262-271

uit die gewone volk 85, 270

Werkloses, geleentheid vir 220

Wil, opleiding van die 288, 289

vryheid van die 23, 289

Wins en verlies 140-145

Wonderwerk van die brode 107, 108

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!