02.05.2013 Views

Nuwe Verbond.indd - Aramaic Peshitta Bible Repository

Nuwe Verbond.indd - Aramaic Peshitta Bible Repository

Nuwe Verbond.indd - Aramaic Peshitta Bible Repository

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Pad van Waarheid tot die Lewe

Die Nuwe Verbond

Afrikaanse vertaling van die Nuwe Verbond

deur

Gerrie C Coetzee

vanuit die Aramese oorspronklike teks.

Hierdie boek bevat die Naam en Woorde van die Enigste, Lewende,

Skepper God.

Hanteer asseblief met respek.

September 2009

Kopiereg 2009 op die vertaling deur Gerrie C Coetzee.

Ek glo dat Kopiereg op die inhoud en boodskap van hierdie Boek aan die

Lewende God alleen toekom. Hy wat dit ingegee en geskryf het. U mag

dit dupliseer in enige formaat, solank u geen vergoeding vra vir enige deel,

insluitende die materiaal waarop dit gedupliseer word, nie.

As jy wil dupliseer, dan saai jy!

Geen deel hiervan mag verkoop word in enige vorm, behalwe deur die

Uitgewer en kopiereghouer op die vertaling, nie, en nooit vir ‘n wins nie.

ISBN Nr. 978-0-620-45041-6

Gedruk deur:

Inhoudsopgawe - Nuwe Verbond

Naam Bladsy

I. Voorwoord tot die Nuwe Verbond ......................... i

II. Opmerkings - Redes vir vertalings ......................... ii

III. Betekenis van Name ............................................... xiv

IV. Name en afkortings van Boeke ............................... xxiii

1. Mattityahu (Mattheus) ............................................ 2

2. Markos (Markus) .................................................... 54

3. Luka ........................................................................ 86

4. Yoganan (Johannes) ............................................... 140

5. Handelinge ............................................................. 181

6. Romeine ................................................................. 232

7. 1 Korinthiërs .......................................................... 255

8. 2 Korinthiërs ......................................................... 276

9. Galatiërs (Galasiërs) .............................................. 290

10. Efesiërs .................................................................. 298

11. Filippense .............................................................. 307

12. Kolossense ............................................................ 313

13. 1 Thessalonisense .................................................. 319

14. 2 Thessalonisense .................................................. 325

15. 1 Timotheos (Timotheus) ....................................... 329

16. 2 Timotheos (Timotheus) ....................................... 336

17. Titos (Titus) ............................................................ 341

18. Filemon ................................................................... 345

19. Hebreërs .................................................................. 347

20. Ya’akov (Jakobus) ................................................... 364

21. 1 Kefa (Petrus) ........................................................ 370

22. 2 Kefa (Petrus) ........................................................ 377

23. 1 Yoganan (Johannes) .............................................. 382

24. 2 Yoganan (Johannes) .............................................. 389

25. 3 Yoganan (Johannes) .............................................. 391

26. Y’hudah (Judas) ...................................................... 393

27. Openbaring .............................................................. 396

Voorwoord

Is daar plek vir nog ‘n vertaling? Hierdie vertaling is gedoen met net een doel en

motief: Om die waarheid van die Openbaring van die lewende God, op ‘n duidelike

en verstaanbare manier deur te gee, vanuit die mees oorspronklike teks beskikbaar.

Hoeveel keer het u al gehoor: Die Bybel sê ‘so,’ maar eintlik staan daar ‘dit?’ Hierdie

glo ek is dit wat daar werklik staan, sonder dat iemand die Grieks, Hebreeus of

Aramees hoef na te slaan om te sien wat daar staan. Díe vertaling is vir díe wat die

volheid van die waarheid soek en dit hoër ag as tradisie en gewoonte. Soms is makliker

leesbaarheid ingeboet vir die mees akkurate, betekenisvolle vertaling.

Hierdie vertaling van die Nuwe Verbond is gedoen vanuit die Aramese Nuwe Testament

(Peshitta), wat vanaf die eerste eeu in gebruik is en onveranderd beskikbaar is. Ek

het uitsluitlik dié bron gebruik as die mees betroubare bron, nadat ek al die bewyse

vir ‘n Griekse oorsprong gesoek en nie gekry het nie, maar wel die bewyse van die

Aramese oorspronklike skrywes. Daar is by my geen twyfel dat die Nuwe Verbond

deur Hebreërs, wie se taal een van die Aramese dialekte was, in hulle eie taal, Aramees,

geskryf is nie; hoofsaaklik aan Aramees-sprekende Hebreërs, in die land van Yisra’el,

sowel as op ander plekke. Hierdie is nie die plek vir die bewysplasings nie, maar dit

is beskikbaar op aanvraag. Hiervoor het ons die wysheid van die Gees van God nodig.

Dit is geskryf deur mense wat in en vanuit die Joodse kultuur en taal geleef en geskryf

het. Elke begrip en woord is dus vanuit die Joodse (Hebreeuse / Aramese) begrip,

eerder as die Griekse of Hellenistiese, geneem en die betekenis daarvolgens gegee. Ek

het verkies om die oorspronklike name (meestal oorgedra vanuit die antieke Hebreeus

waarin die Ou Verbond geskryf is) te gebruik, met die betekenis van elkeen in ‘n

lys. Dit is ‘n studie wat op sy eie openbaringswaarhede bevat. Daar is ‘n profetiese

boodskap in die name wat nie verander kan word nie.

In die ‘Opmerkings’ bedank ek die bronne wat ‘n deel uitmaak van my studie oor die

korrekte vertalings. Ek is oortuig en getuig daarvan dat die opdrag wat ek ontvang

het, uitgevoer is; nl. Om vers vir vers en woord vir woord dít, wat God vir ons wil sê,

in Afrikaans weer te gee, as Sy Boodskap en Verbond. Ek glo dat die openbaring van

elke woord se dieper betekenis gaan lei tot ‘n dieper studie van die Karakter van God

en van Sy gemanifesteerde Teenwoordigheid waarmee Hy ons wil seën. Die menslike

foute neem ons ten volle verantwoordelikheid voor.

Aan (Yahuah), wat Is, kom al die lof, eer en aanbidding toe. Hierdie is Sy

Boodskap en Sy wil. Nie een van ons het die reg tot enige roem daarin nie, maar ek

wil dankie sê vir my vrou, Hanlie, wat die heelpad saam met my gestry het en gedeel

het deur toetsing, hertoetsing en nog toetsing van die werk en saam met die kinders

hierdie eerste sewe jaar, (vir die Nuwe Verbond), bewus was daarvan dat ons nie tyd

vir baie ander dinge gehad het nie. Dankie ook aan elkeen van die kinders van God

wat gehelp proeflees het en julle voortdurende insprake. Julle beloning wag vir julle.

“Hulle aan wie Hy nie verkondig is nie, sal sien en hulle wat nie gehoor het nie, sal

verstaan.”

i

Opmerkings

ii

Opmerkings

Redes vir groot veranderinge asook ‘n paar verklarings van woorde.

Hierdie is geensins volledig of omvattend nie, aangesien ek nie dink dit is

die plek vir ‘n konkordansie in die Bybel self nie.

Opmerkings

Geen alternatiewe betekenisse word in die vertaling gegee nie, want hierdie is wat ek

glo (Yahuah), die Enigste God, Skepper van die heelal, wou sê.

Hierdie is miskien nie ‘n maklik leesbare vertaling nie aangesien dit gerig is op die

ware betekenisse en leringe waardeur ons die Ware en Enigste God kan leer ken. Ek

vertrou met my hele wese dat díe volgelinge van Yeshua, Die Gesalfde Een, wat ‘n

volledig gehoorsame lewe begeer, die volheid van die waarheid deur díe vertaling sal

kan vind. Dit is die naaste aan die oorspronklike betekenisse wat ons in Afrikaans kon

weergee en vertrou dat die Gees dit in U sal laat lewe soos in ons in die paar jaar wat

ons daarmee besig is.

Wanneer ons die begrip ‘Hebreeus(e)’ gebruik, verwys dit na en sluit dit Aramees

in wat die eintlike taal is wat Yeshua gepraat het (‘Chaldeen’) en waarin die Nuwe

Verbond geskryf is. Sommige boeke is in ander Aramese dialekte geskryf.

Dit was ‘n groot versoeking om die oorspronklike Hebreeuse / Aramese woorde te

gebruik wat meeste mense ken - soos Shalom, Amen en Halleluyah - maar dan sou dit

wees ten koste van die volle Afrikaanse betekenis wat ryker is as wat meeste mense,

wat die Hebreeuse woord ken, weet. Dit is ‘n Afrikaanse vertaling met die duidelikste

betekenis van die woorde wat ons kon gee in Afrikaans. Dit het ook beteken dat

bekende (maar onverstaanbare) geestelike terme verander moes word na verstaanbare

en meer volledige betekenisse. Dit sal aanvanklik vreemd klink vir sommige, maar

soos met alles sal U gou daaraan gewoond raak en sal die ryker betekenis u lewe

verryk. Dit is ook nodig om sekere Hebreeuse idiomatiese uitdrukkings met die

betekenis te vertaal, anders word dit nie verstaan nie. Elke keer as U die Woord lees

sal dit ‘n studie wees.

Ons het ook nie verduidelikings bygegee nie, aangesien dit nie in ‘n vertaling die plek

is daarvoor nie, alhoewel die versoeking soms groot was. Ons is oortuig daarvan dat

dit wat gedoen is, volgens ons, die beste moontlike vertaling is van die boodskap wat

(Yahuah) aan ons wou oordra en as ons oortuig word van ‘n beter vertaling van

‘n woord sal dit so verander word.

Die volgende verduidelikings, glo ek egter, is noodsaaklik aangesien dit ‘n verskil

maak aan die ware betekenis. Objektief (volgens die betekenis van die woord) en

sonder dogmatiese en teologiese betekenisse en afleidings daaraan geheg, is dit nodig

om te kyk na die volgende begrippe en hulle betekenisse.

Wanneer na die vertaling gekyk word moet eerstens onthou word dat die meeste van

die skrywers Hebreërs, (Jode wat hoofsaaklik Aramees gepraat het) was, wat vanuit

‘n Aramese idioom en Godsbegrip geskryf het – al mag dit wees dat ‘n sekere boek of

gedeelte in Grieks, die taal van dele van die wêreld, vertaal is, is dit slegs ‘n vertaling

en nie die oorspronklike, wat tog in die mense se taal sou wees nie, nl. Aramees.

Yeshua het Aramees gepraat! (Aramees was die algemene taal (lingua franca) in die

hele streek vanaf 800 voor Yeshua tot 300 na Yeshua.)

Besoek en kyk asb na: www.aramaicpeshitta.com

www.aramaicnt.com and others.

iii

Opmerkings

Die vertaling:

Die vertaling van hierdie Nuwe Verbond is gedoen direk vanaf die oorspronklike

‘Peshitta,’ (beteken ‘reguit’), Aramese Nuwe Testament. Die Gwilliams-Pinkerton

1920 kritiese uitgawe van die Peshitta, met verwysings na die 1905 Peshitta uitgawe,

is gebruik met verwysings ook na die ‘Khabouris’ (Oosterse Peshitta manuskrip,

gekopieër vanaf ‘n vierde eeuse manuskrip). Die basis vir 2 Kefa, 2 en 3 Yoganan

Y’hudah en Openbaring is geneem vanaf John Gwynn se uitgawe van die Algemene

Briewe vanaf “The Crawford Aramaic manuscript.” Waarom sou Arameërs wat

Aramees gepraat het, vir meestal Arameërs, in ‘n ander taal skryf? Ek het “The

Peshitta Aramaic-English New Testament - An Interlinear Translation” deur Glenn

David Bauscher - Copyright © 2006 - Lulu Publishing - vergelykenderwys gebruik

saam met die ‘Lamsa’ volledige Bybel, vanuit Aramees in Engels vertaal - Copyright

© Dr. George Mamishisho Lamsa en Dr. Paul Younan se “Interlinear of The Gospels

and Acts,” nadat die vertaling gemaak is.

Die ‘Textus Receptus’, Byzantynse-era manuskripte, met ‘Stephens 1550’ as hoofbron,

het ek as verwysings gebruik, maar slegs die ‘Peshitta’ as bron vir die vertaling. Ek het

uitsluitlik dié bron gebruik, as die mees betroubare bron volgens ons. Die ander hoof

Griekse kodekse is in verwysings gebruik en meestal om die vertaling vanaf Aramees

aan te dui. Hierdie is nie ‘n veranderde vertaling nie, maar woord vir woord nuut.

Vir die betekenisse van woorde uit die Hebreeus / Aramees of Grieks het ek die

volgende woordeboeke en Konkordansies gebruik.

1. Strong’s Exhaustive Concordance by James Strong, S.T.D.,LL.D., 1890.

2. Thayer’s Greek Definitions – from e-sword.

3. Ancient Hebrew Lexicon of the Bible Copyright © 2006 Ancient

Hebrew Research Center ISBN: 1589397762 Author: Jeff A. Benner

4. COMPREHENSIVE ARAMAIC LEXICON at the Hebrew Union

College – Jewish Institute of Religion - Cincinnati, USA - Internet.

5. Vir die Hebreeuse name se transliterasie het ek grootliks die “Jewish

New Testament: a translation of the New Testament that expresses its

Jewishness / by David H. Stern. Jewish New Testament Publications, ©

1989,” gebruik.

6. Vincent’s Word Studies - Marvin R. Vincent, D.D.

7. Vir die onbeskryflike hulp en gemak wat e-Sword® van Rick Meyers

verskaf het in die opsoek, naslaan en toets van woorde, is ons baie

dankbaar. Verkrygbaar by www.e-sword.com

8. Groot Woordeboek – Kritzinger, Steyn, Schoonees en Cronjé – J.L van

Schaik Bpk. Pretoria.

9. Pharos Afrikaans-Engels/Engels-Afrikaanse Woordeboek/Dictionary

Uitgegee deur Pharos Woordeboeke - ‘n druknaam van NB-Uitgewers

www.pharos.co.za - Kopiereg © 2008 streng voorbehou

10. Brown-Driver-Briggs’ Hebrew Definitions.

iv

Opmerkings

1. Alle persoonlike name is die direkte Griekse of Hebreeuse / Aramese transliterasie,

afhangende of dit ‘n Griekse, Hebreeuse of Aramese oorspronklike woord is. (Let

op dat ons die harde keelklank ‘g’ in Hebreeuse woorde as ‘g’ deurgee, omdat dit in

Afrikaans reg uitgespreek word soos in die oorspronklike - uitgespreek soos die g

in ‘gaan’ en ‘geloof.’) Meeste verskil van die tradisionele Afrikaanse name, wat nie

regtig rede het waarom dit so verander is nie. Besluit wat jy wil gebruik. Persoonlik

glo ek nie ‘n naam kan verander word nie aangesien die betekenis, wat so verlore

gaan, deel is van die profetiese boodskap in die Bybel. In die algemeen het ons die

name wat oorspronklik Hebreeus is, so behou en nie die Griekse eweknie gegee nie

– hulle was immers Hebreeus – meestal volgens die Hebreeuse transliterasie van Dr.

David Stern (Complete Jewish Bible). Die Aramese name is so naby as moontlik

aan die oorspronklike behou, met baie leenwoorde vanuit die Grieks! Kyk ook na

die volledige lys name met betekenisse om die boodskap daarin te verstaan. Die

beste voorbeeld is die naam van Yeshua - Hier gebruik ek glad nie die Griekse

transliterasie nie, aangesien dit geen betekenis het nie. Hierdie transliterasies (soos

Jesus) sal ons nooit slegpraat of verwerp nie, aangesien die persone wat dit gebruik

‘n verwysing in hulle gees het na die regte persoon, nl. Yeshua, van Natzeret, die

Seun van God. Dit is jou besluit, wat jy gebruik, sonder om ander te oordeel, wat

anders besluit. Hoekom iets anders as die regte Naam gebruik as jy dit ken? In die

oorspronklike Aramese Nuwe Verbond is Sy Naam geskryf as - Yeshua!!

2. Here / Heer - Hierdie is ‘n ou Afrikaanse woord, wat nie regtig meer in Afrikaans

volgens sy regte betekenis gebruik word nie. Dit is ‘n respekvolle aanspreekvorm

- Meneer of meer korrek, soos ons dit gebruik het - Meester. Dit is egter ook in

die ander vertalings gebruik om , die Naam van God, te vertaal, waar dit veral

in die Ou (Eerste) Verbond gebruik is en deur die Jode as ‘Adonai’ (Meester) of

‘HaShem’ (Die Naam) uitgespreek word, omdat hulle glad nie die Naam van God

gebruik nie. Hulle is bang hulle gebruik dit sonder erns en gebruik dit liewers

nooit nie. Dit is egter nie ‘n wet in die Bybel nie! Ons gebruik die oorspronklike

Hebreeus - op al hierdie plekke en u kan self besluit of u dit as YAHUAH

(YOD, HE, WAV, HE, word volgens Hebreeuse taalreëls so uitgespreek) gaan

uitspreek of as Yehovah of Yahweh. Ek wil tog graag ‘n vermaning plaas op die los

en vas gebruik van God se eie Naam – Ek glo die gebruik daarvan is toepaslik in die

Woord self, asook in leringe vanuit die Woord, maar nie daarbuite nie. Wanneer na

God in die algemeen verwys word, behoort “God” (kyk asb na punt 3 hier onder),

of verkieslik “Skepper-God,” gebruik te word. Sy Naam is steeds afgesonderd en

moet afgesonderd bly en gebruik word. In Aramees, Nuwe en Ou verbond, word

Maryah gebruik, wat dieselfde beteken - Meester Yah. -“Ena na” (Ek

Is), glo ek is ‘n Goddelike uitspraak en vertaal ek dit deurgans as Ek Is .

3. God. - Die gebruik van die woord in die Bybel word gedoen op grond van die

vertaling van die Hereeuse woord eloha “God” en sy meervoud, elohim en is

die algemene woord wat na God of god verwys. Net in Iyov word eloha 40 keer

gevind, maar weinig elders. Dit word selde gebruik as verwysing na ‘n afgod of

v

Opmerkings

enige god soos in Dan 11:37 en 2 Kron 32:15. In alle ander gevalle verwys dit slegs

na , die God van Yisra’el. Deu 32:15; Ps 50:22; 139:19; Spr 30:5; Iyo 3:4, 23.

Daar is mense wat eerder die woord elohim gebruik - jy is welkom - ek vra net: As

elohim se Afrikaanse vertaling God is, soos dit ook is, dan is dit mos irrelevant. Die

woord ‘God’ in hierdie Bybel is die Afrikaanse vertaling van die woorde ‘elohim’

en ‘eloha.’ Die meervoud, elohim, word nie net vir “gode” (Eks 12:12; 18:11; 20:3)

gebruik nie, maar meer as 2,000 keer verwysend na die ware God. Baie keer met

die voorvoegsel, ha-elohim, wat dit DIE God of die ware God maak. Soms word

die woord met ‘n meervoud werkwoord of byvoeglike naamwoord gebruik, soos

in Gen 20:13; 35:7; Eks 32:4,8; Ps 58:12; 2 Sh’m 7:23 en baie in die uitdrukking

elohim hayyim, “die lewende God.” In die groot meerderheid van gevalle word

dit egter aangaande die God van Yisra’el in die enkelvoud gebruik, al is dit in die

meervoud. Meeste studente neem dit as ‘n abstrakte idee, daarom die meervoud.

Dan beteken dit ‘Goddelikheid’. Die woord, elohim, word ook gebruik om iemand

uitermate groot te beskryf, soos die gees van Sh’mu’el (1 Sh’m 28:13 en geeste

Yes 8:19), die huis van Dawid (Z’kh 12:8), die berg van Bashan (Ps. 68:16) en

Ragel se kompetisie met haar suster (Gen. 30:8). Dit is die algemene begrip ‘God’

en nie Sy persoonlike Naam, wat slegs is, nie! Let op Yog 10:33-36.

4. Alhoewel dit miskien volgens taalreëls nie heeltemal korrek is nie, het ek besluit om

die besitlike en ander voornaamwoorde deurgaans met hoofletters te skryf, wanneer

dit na God of Yeshua verwys, om ‘n duidelike verskil aan te dui, aangesien daar

soms ook na ander persone in die sinne verwys word.

5. Mat 1:16 – Hierdie Yosef is nie Miryam se verloofde / man nie, maar haar voog of

vader. Die woord kan vertaal word as voog / vader / man en dit los die probleem op

van die 14 geslagte, wat die volgende verse as feit stel.

6. Mat 2:2 Oral in die Nuwe Verbond waar ‘Jode’ vertaal is, kan eintlik die letterlike

vertaling van ‘Y’hudahi’ – mense van Y’hudah vertaal word. Dit verwys dus ook

nie noodwendig na die Jood as godsdiensgroep nie, maar as inwoners van die

provinsie van Y’hudah.

7. Mat 3:6 en ander = Doop = ‘whelmed’ of ‘Immersed’ = volledig omvou (indompel

of ingedruk) - die woord het ook nie net te doen met water nie, maar ook met die

Gees en selfs die Vader, Matt 28:19 - waarin ons omvou (volledig gedompel) moet

word. Dit is nie uit oorsprong ‘n ‘geestelike’ woord nie, maar ‘n gewone woord in

die Aramees, , en in die Grieks, βαπτίζω, wat beteken om in of onder te druk

of te plaas. Net so, is die betekenis van die Afrikaanse woord, ‘doop,’ nie geestelik

nie, maar ‘n gewone woord wat in sy gewone betekenis verstaan moet word. Hoe

doop jy jou beskuit? Tradisie en gemaksgebruike het die betekenis verander wat

nooit die waarheid kan verander nie.

8. Mat 5:29:30 en Mar 9:43-47 - Hier is ‘n Aramese idioom “ruk dit uit / kap dit af en

gooi dit weg” wat beteken: “Stop dit en laat dit staan,” en nie ‘n opdrag is om dit

fisies af te kap nie. Geen Arameër loop blind rond met afgekapte hande nie!

vi

Opmerkings

9. Mat 6:2 –’geveinsdes’ is ‘n voorbeeld van ‘n woord, wat se betekenis korrek is,

maar so hoogdrawend is vir ‘n betekenis, wat eintlik neerhalend moet wees. Die

oorspronklike verduidelikende betekenis “aannemers van gesigte” word deurgegee

as ‘toneelspelers van ‘n vals karakter.’

10. In Mat 6:14 en 15 asook regdeur die Nuwe Verbond waar die woord “vergewe” of

“vergifnis” gebruik word, moet die dieper betekenis verstaan word. Die Aramees

is en ek som die volledige verduideliking op met ‘n paar woorde: weg te

stuur, vergeet, opgee, aflê, agterlaat en meer. Jou sonde word weggevat, verwyder,

alleen gelos en nie meer in ag geneem nie – dit is wat vergewe is!

11. [γραμματεύς] word tradisioneel vertaal met Skrifgeleerde, maar is meer

korrek - ‘n skrywer, dit is, (professioneel) transkribeerder of sekretaris of stadsklerk.

In daardie tyd was hulle egter ook die leraars en kundiges van die Wet en leer van

Judaïsme – en dus leraars van die wet.

12. Dissipel = ‘n direkte transliterasie en ‘n woord wat nie ten volle verstaan word in

Afrikaans nie. Ek gebruik die beskrywende ‘studentevolgeling.’ Iemand wat leer

deur te volg en te luister.

13. Vertroue = aktiewe geloof – die woord glo en geloof in ‘n passiewe vorm word

baie weinig gebruik in die Nuwe Verbond. Geloof is om te weet - vertroue is om

te doen. - [Πίστις] - word hiervolgens in sy korrekte betekenis vertaal, wat

die waarheid insluit. Vertroue in die waarheid. Dit is ook ‘n beter weergawe van

die Hebreeuse (emunah) begrip uit die Ou Verbond, wat nooit ‘n passiewe geloof

verkondig nie, asook van die Nuwe Verbond, waar God net so ‘n “doen geloof” vra

= Vertroue.

14. sinagoges = Die naaste begrip wat ons het is die gemeentes of bymekaarkomplekke

– die sinagoge is egter baie meer as dit – ‘n bymekaarkomplek van die mans, 3 maal

per dag, om die Boodskap van God te oordink en ‘n simbool van hulle eenheid en

afhanklikheid. As die gemeente só die sentrum van ons lewe was dan kon ons dit

met die gemeente vergelyk. Ek gebruik ‘sinagoges’ waar dit ongetwyfeld Joodse

bymekaarkomplekke is en indien nie, ‘plekke van bymekaarkoms.’

15. Hel - Mat 10:28, Luka 12:5 en ander plekke verwys eintlik na die vallei van Gei-

Hinnom buite Yerushalayim. Dit is ‘n geestelike analogie na die verval en dood

wat daar heers.

Die woord She’ol [Hades in Grieks] Mat 1:18, Luk 16:22-23 ens. is behou in die

vertaling aangesien die presiese plek waar of wat dit is en die verklaring daarvan

nie duidelik in die Skrif uitgelê word nie.

16. Mat 11:4 - Yesha’yahu se 7 voorspellings oor Die Gesalfde Een – behalwe een

– sodat die rede en doel van die Koninkryk verstaan kon word.

vii

Opmerkings

17. Mat 13:25 – Darrel = ‘n vals graan, wat lyk net soos graan, maar ‘n onkruid is.

18. Mat 16:16 - Die Gesalfde Een - Mashiag - verwys baie spesifiek na die Een wat

belowe is regdeur die Ou Verbond - die vervulling van die belofte. Dit is nodig

om dit direk, persoonlik en spesifiek te maak. ‘Christus’ soos dit in die ander

vertalings gebruik word is ‘n transliterasie van die Grieks. Dit word deur baie

mense verkeerdelik as ‘n naam of van vir die Verlosser gebruik. Dit is meer as

‘n naam, dit is die vervulling van ‘n belofte, die Versekerde Verwagting wat waar

geword het. Die Gesalfde Een van God wat gekom het.

19. Matt 21:9 / 22:44- Hierdie aanhaling is uit Ps 118:25-26 en regverdig dat die

persoonlike Naam van God gebruik word, soos dit bedoel is. Kurios - Meester

is die Griekse vervanging van wat die mense eintlik sou geskree het. In hierdie

aanhaling, asook ander, glo ek die persoonlike Naam van God word gebruik en

nie die verwysing na heerser of meester nie. In al sulke gevalle, gebruik ek die

Hebreeuse karakters, en moet die leser self besluit of hy dit uitspreek as

YAHUAH, Yahweh of Yehovah. Hier is dit egter NIE Meester of Here nie.

20. In die vrae en antwoorde, in veral Mat 22, maar ook elders, is die woord wat

gebruik word vir ‘n vraag vra, eintlik ‘n vraag met die doel vir ‘n debat - of ‘n

strikvraag – ‘n vraag met die doel om iemand vas te vang in sy eie woorde sodat

die persoon kan bewys hy is verkeerd en dus dat die een wat die vraag vra reg is.

Die antwoord word dus uit die geskrifte verwag, om aanvaar te word. Die woord

toets is hier beter as versoek, omdat dit gaan oor die toets van die waarheid wat

geleer word. Daarom haal Yeshua gereeld die Ou Verbond aan as bewys waarteen

hulle nie kan antwoord nie.

21. Mat 23:5 - t’fillin is klein leer dosies wat perkament rolletjies bevat met aanhalings

uit die Tanakh (Ou (Eerste) Verbond) daarop, Deut 6:4–9, 11:13–20, Eks 13:1-

Godsdienstige Jode bind een om hulle arm en een op die voorkop vas, tydens die

weeklikse diens of gebede, as ‘n letterlike vervulling van Deut 6:8. Aangesien dit

‘n geestelike opdrag is, is die fisiese doen daarvan nie deel van die wet van God

nie. Die waarheid van die wet en Woord is in die vertrou en doen en nie net in een

van die twee nie.

22. Gebedstossel -tzitzit / tzitziyot - Onderhoudende Joodse mans in Yeshua se tyd

en vandag, dra tossels aan die onderkant van hulle klere, in gehoorsaamheid aan

Num 15:37–41. Hulle doel is om ander en hulleself te herinner om gehoorsaam te

wees aan God se opdragte. Omdat dit nie net vir dekorasie is nie, kan dit nie net

met soom vertaal word nie. Dit is ‘n gebedstossel. Vandag word dit meer net na die

sinagoges gedra in ‘n rituele kleed bo-oor die klere of ‘n klein onderkleed met die

tossels aan. Yeshua het egter, soos in daardie tyd die gebruik was, syne aan sy bokleed

vas gedra. (vertaal uit JNT Commentary - Dr. David Stern.)

viii

23. Mat 26:49 - Ek glo vir geen oomblik dat Y’hudah die Griekse groet hier saam met

die Aramese titel gebruik het nie, maar deurgaans die Aramees, wat tog sy taal was

- dit moet dus Shalom lui wat ‘Vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid’

beteken en veiligheid insluit.

24. Mat 26:63 - die verpligte eed van waarheid. Die wet bepaal dat jy nie mag stilbly

as jy die waarheid ken nie. Dit is die rede waarom Yeshua hier moes antwoord, om

nie die wet te verbreek nie. Lev 5:1

25. Kruis – eintlik houtpaal – dit is bewys dat die paal of boom in daardie tyd met ‘n

dwarspaal, in verskillende vorms, gebruik is deur die Romeine as ‘n instrument vir

die doodstraf. Ek het ‘n probleem met die betekenis wat sommige van die kerke

daaraan gee. Dit is primêr ‘n instrument vir die doodstraf. Op verskeie plekke

verwys dit net na die dwarsbalk wat gedra is en waaraan die persoon vasgemaak

word voordat dit teen ‘n boom of paal opgelig word. Mat 27:31; Mar 15:20;

Luk 23:26; Yog 19:17.

26. Mar 1:16 ; Mat 4:18 ; Luk 5:1 - Meer van Kinneret is die naam van die varswater

meer wat in die Yardenrivier gevorm word in die Galil; dit word so genoem, want dit

is in die vorm van ‘n harp (Heb. Kinnor). Ander vertalings van die Bybel identifiseer

dit as die see van Galiléa en die Griekse teks soms as die see van Tiberias.

27. Mar 2:23 en ander plekke – Shabbat. Dit het nie eerstens te make met die dag

waarop dienste gehou word nie. ‘n Mens is welkom om op enige dag byeenkomste

te hou, maar verwys elke keer na die dag wat God vir Homself afgesonder het lank

voor die wet aan Moshe gegee is of die volk Yisra’el bestaan het – reeds van die

skepping af. Gen 2:3. Dié sewende dag, wat nog nooit êrens deur God in die Skrif

verander is as die dag wat vir Hom afgesonderd is nie. Hier gebruik ons die naam

Shabbat met hoofletters omdat dit die naam van die dag is wat, as dit vertaal sou

word, Rusdag, sal wees. Aangesien Roomse tradisie die rusdag as die eerste dag

van die week beskou is dit nodig om die oospronklike Hebreeuse transliterasie te

gebruik om die regte dag aan te dui.

28. Mar 6:37 – Een denari was ongeveer die loon vir ‘n dag.

Opmerkings

29. Luk 4:21 en elders: Die woord wat vertaal word met ‘vervul’ beteken om vol te

maak of volledig te maak of die doel bereik en nie dat dit verval het nie. Dit is baie

belangrik vir die ganse Nuwe Verbond en om meeste van die verwysings daarin na

veral die wet en opdragte van God (Torah en Mitzvot), reg te verstaan. Niks wat

God verklaar het om vir alle tye te wees verval nie, maar word volledig gemaak en

meer volledig in waarde en betekenis deurgegee.

30. Luk 11:34; Mat 6:22-23 – Nog ‘n Aramese spreekwoord wat nie sin maak as dit

gewoon vertaal word nie – “Goeie oog” beteken om vrygewig te wees en ‘n “Bose

oog” om suinig te wees. Die betekenis is duidelik in die res van Mat 6.

ix

Opmerkings

31. Luk 12:6: Assarion = ‘n Romeinse geldstuk van die tyd.

32. Bely – Die korrekte konsep van belydenis is drieledig en moet al drie bevat om

reg te wees. 1. Te weet wat dit is wat ek gedoen het en hoekom dit verkeerd is.

2. Te erken dat ek verkeerd gedoen het en 3. dit af te staan met ‘n vaste voorneme

om dit deur Sy krag nie weer te doen nie. Met ander woorde te erken en daarmee

te breek.

33. Luk 19:13 – manim = meervoud van maneh. Een maneh was ongeveer drie maande

se loon in daardie tyd.

34. Hebreeus “Galilah” – die sterkste negatiewe uitdrukking in Hebreeus. Dit beteken

“Dit is vervloek” of Godslasterlik. Die KJV vertaal dit “God forbid” en die CJB

“Heaven forbid”. Ek gee dit weer as “’n Verwerplike gedagte!”

35. Luka 22:8 – Die Pesag hier verwys na die ‘seder’– of volgorde en uitleg van die

Pesagmaaltyd wat daarop gerig is om die volle betekenis en redes aan die deelnemers

deur te gee en wat die standaard manier is waarop die Pesag gevier word. Pesag kan

ook verwys na die Voorbereidingsdag van die Fees van ongesuurde brode of na die

hele fees. Dit is belangrik om te let daarop dat die Pesag – tradisioneel ‘Paasfees’

– nie dieselfde is as “Easter”, wat ‘n heidense oorsprong het en die verkeerdelike

herdenking van ‘n Vrydag tot Sondag kruisiging en opstanding het nie. Let op die 3

dae en nagte van Mat 12:38 tot 40. Bestudeer Deut 12:30–32 en Lev 23:4-8.

36. Luka 22:17 – Die beker wat hier genoem word is die 2 de beker van 4 wat tydens die

Pesagete gebruik word - die beker van bevryding uit gebondenheid - en wat verwys

na die 4 beloftes van God in Eks 6:6-7. In vers 20 waar die herstelde nuwe verbond

ingestel word, word die derde beker gebruik - of die beker van verlossing.

37. Yog 1:1 en ander soos ‘λογος’ beteken nie net die gesproke of geskrewe

woord nie, maar sluit die betekenis, rede, motief en argument agter die woord

in, dus die boodskap. Ek besef dat ‘n tradisionele konsep hier ter sprake is, maar

‘Woord’ gee nie die volledige betekenis deur nie.

38. : Geregtigheid en regverdiges: Hierdie is regstermes en het albei dieselfde

gevolg, naamlik dat die persoon onskuldig is, volgens die wet. Ek het verkies om

dit in die meeste gevalle te vertaal met die resultaat nl. Om onskuldig te wees of

onskuldiges. Soms is dit vanuit die betekenis van pas en meer korrek om

dit as onpartydig en opreg te vertaal = reg volgens die wet = onskuldig.

39. Yog 12:11 – ‘n Woord wat deur die Griekse vertalers vanuit die Aramees verkeerd

verstaan is, is die gebruik in Hebreeus en Aramees van die woord wat gewoonlik

met ‘om te gaan’ vertaal word, maar dikwels idiomaties gebruik word en aandui dat

aksie voortgaan en meer en meer gedoen word.

x

Opmerkings

40. Hand 2:1 – Pinksterfees. Hierdie is ‘n afgeleide Afrikaanse woord van die

“Pentacost” ervaring op hierdie dag. Hierdie is egter die Joodse Shavu’ot, Fees

van weke, (Lev 23:15-16), en die Gees van Afsondering is nog nie uitgestort

wanneer die dag en tyd genoem word nie! Hulle het soos dit die gebruik was vir die

Shavu’ot fees bymekaargekom. Shavu’ot was die 2de van 3 feeste waar die mans

moes opgaan na Yerushalayim. Dit is ook genoem die “Fees van die oes” of “Dag

van die eerste vrugte.” Hierdie is ook die dag waarop aanvaar word dat die Wet op

die Berg Sinai aan Moshe gegee is. Die vergelyking met Sinai en wat verder op die

dag gebeur het by Sinai en hier waar die studentevolgelinge bymekaar was, is ‘n

studie wat die moeite werd is.

41. Hand 7 – Stefanos maak skynbaar ‘n paar foute in sy relaas tot verdediging voor

die Raad (Sanhedrin). Ek is egter redelik oortuig dat dit nie foute is nie, maar

aanhalings uit die Samaritaanse pentateug wat verskil van die Masoretiese Hebreeuse

en Aramese teks. Dit is ook dus redelik moontlik dat hy self ‘n Samaritaan (van

Shomron) was. (Die Joodse geleerdes, Avraham Spero en Ya’akov Jervell, stem

saam.)

In vs. 2 spreek hy hulle aan in ‘n vorm as mede Hebreër. Broers en Vaders.

In vs. 4 haal hy aan dat Avraham ná sy pa se dood getrek het.

Gen 11:26 = Terag is 70 toe Avraham gebore is.

Gen 12:4 = Avraham was 75 toe hy Haran verlaat het. Terag was dus 145.

Gen 11:32 sê dat Terag dood is op 205. Die Shomron pentateug sê dat hy dood is

op 145.

In vs. 16 sê hy dat Avraham in Sh’khem begrawe is wat ook ‘n Shomron tradisie is

In vs. 47-50 is daar ‘n amper anti-tempel vergelyking wat ook sterk Shomron

(Samaritaans) was.

42. Hand 9 en oral verder in die Nuwe Verbond: Sha’ul, was ‘Paulus’ se werklike

naam, alhoewel hy in Grieks ook ‘Paulos’ genoem is. Hy was egter ‘n Jood en het

‘n Jood gebly, al het hy onder die ander nasies gewerk, het sy naam nooit verander

nie en ons gebruik konsekwent sy enigste werklike naam, nl. Sha’ul.

43. Hand 19:24 – Die godin waarvan hier gepraat word is Artemis, ‘n Griekse godin,

wat deur die mense in Asië, aanbid is as Diana, een van die Romeinse godinne.

Efese was die middelpunt van haar aanbidding en haar tempel een van die sewe

antieke wonders.

44. Hand 20:7 – Hierdie vers, en ander met dieselfde strekking, kan maklik anders

vertaal en uitgelê word sonder om die betekenis te verander en ‘n beter begrip van

die praktyke van daardie tyd te gee as: “Hulle het met die Shabbat afsluitingsete

(Shabbataand - Motza’ei-Shabbat) bymekaargekom om saam te eet en vir ‘n

boodskap, waar hulle altyd die ete ingelei het met die dankgebed oor die brood en

wyn en so die Meester onthou het volgens Sy opdrag.”

Aangesien die dag na sononder begin is dit die eerste dag van die week. Die “eerste

xi

Opmerkings

xii

dag van die week” wanneer die studentevolgelinge bymekaargekom het was dus op

Shabbat-aand (Saterdagaand) en makliker verstaanbaar hoe Sha’ul tot middernag

kon praat. Die eerste dag van die week se dag was ‘n gewone werksdag. In die

Nuwe Verbond is daar geen opdrag of aanduiding wanneer dienste gehou moet

word nie, jy is welkom om dienste op enige dag te hou. “Die dag van die Here,” dus

Shabbat, is egter vasgestel in die Ou-Verbond en nog nie verander nie maar deur

Yeshua, Sha’ul en die eerste kerk erken. Handelinge en Yesha’yahu 58:13.

45. In Romeine, asook Galasiërs, is die vertaling van die konsep van “wet” nie so

eenvoudig nie en deurgaans, veral in Rom 3, 4 en 7 en Gal 3, praat Sha’ul van die

wet as daardie leë werke wat nie met vertroue gepaard gaan nie. (Wettiesheid) – ‘n

woord en begrip wat nie in sy tyd bestaan het nie en waarvoor daar geen woord is

nie. Dit gee, en het deur die eeue heen die indruk gegee, dat die wet niks goeds is

nie. Dit sou egter van Sha’ul self en die ander Bybelskrywers leuenaars maak as dit

sou waar wees, om nie eens te praat van die karakter van God, wat ‘n defektiewe

wet sou gegee het nie. ‘n Studie van Handelinge alleen sou wys dat Sha’ul en die

ander afgevaardigdes aan die wet getrou was en dit gevolg het, ook die feeste en

Shabbat.

Lev 18:5, Deut 30:11-14, Hand 10:6-8, Hand 7:12. Nee, die wettiese navolging of

wettiese werke en dade is wat as leeg beskou word en nie die nakoming van die

wet uit vertroue in Yeshua nie. Die wet word ook in hierdie lig juis vir gelowiges

gegee en nie vir ongelowiges nie. Die wet is nie tot redding nie, maar vir die wat

gered is. Ek skryf dit nie in die teks in nie, maar die “wet” moet hier telkens gelees

word as wettiese navolging van die wet. Romeine 8:1 en 2 som dit op en alles kan

in konteks verstaan word as die betekenis saam met die teks gelees word. “Daar is

nie veroordeling vir die wat in gehoorsaamheid aan die wet leef nie, soos deur die

Gees uitgelê in vertroue, wat deur Yeshua kom, en nie langer beheer word deur die

dooie letter waarvan ons bevry is deur die verpligting van werke van die wet wat

ons mislei tot sonde, veroordeel en skuldig laat voel nie.” Die oordeel en kras taal

van Galasiërs is teen hulle wat dink hulle verlossing is in die nakoming van die

letter van die wet, sonder vertroue. Die wetteloosheid van ons dag spruit ook uit

die verkeerde leringe oor die wet van God. 1 Yog 2:3-6

46. 1 Kor 6:12 & 13. – Hierdie 2 stellings is Gnostiese spreuke van daardie tyd wat nou

nog eggo in die Humanistiese leringe. “Ek kan doen net wat ek wil” en vs 13 wat

gelykstaande is aan “As dit goed lyk – doen dit.” Hier word dit as teenoorgestelde

van die seksuele wette gestel. Kyk weer na punt 45. bo.

48. Ef 5:25-27 kan slegs reg verstaan word vanuit die Joodse en eerste Kerk se gebruik,

waar die bruid die ‘Mikveh’ = reinigingsdoop, waardeur sy afgesonder word vir

haar man, net voor die huweliksseremonie, ondergaan.

Opmerkings

49. Ek vertaal / [δόξα] – (“heerlikheid” in die ou vertalings) met “eer,

lof en aanbidding” wat ‘n meer volledige betekenis gee as dit verwys na dit wat

ons vir God bring of enige verwysing rondom die mens. δόξα word gebruik in die

LXX (Septuagint) om die “Sh’khinag” te vertaal wat ‘n dieper betekenis vanuit die

Hebreeus het nl. die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van God, wat ek dan op die

toepaslike plekke so deurgee.

50. 1 Tim 5:6 - Weduwees wat die “arena aanbid” - Jastrow’s Targum

Dictionary - arena, gladiatorial shows or theatre - cacophemistic appellation of all

kinds of gentile sports. - he who attends the arena as a spectator is like a murderer

(countenancing bloodshed).

51. 1 Yog 5:7-8 – Dat hier ‘n duidelike en blatante invoeging van ‘n ekstra deel (“Want

daar is drie wat getuig in die hemel: Die Vader en die Woord en die Gees van

Afsondering, en die drie is een”) gemaak is om ‘n teologiese punt te maak oor die

“drie-eenheid” het ek min twyfel. Ek stem saam met Dr. David Stern en Dr. Bruce

Mezger en haal hulle vrylik in Afrikaans aan: “Dat hierdie woorde oneg is en geen

reg het in die Nuwe Testament nie is duidelik.” Die redes wat aangegee word (en

wat ek as feite gevind het) is:

1. Die gedeelte is in geen betroubare geskrif ouer as die veertiende eeu te vind nie.

2. Dit was onbekend aan die vierde-eeuse Griekse vaders wat dit andersins sou

gebruik het in daardie tyd se drie-eenheids kontroversies en debatte.

3. Die gedeelte word nie gevind in geskrifte of aanhalings voor die 4 de eeu nie.

4. Die gedeelte maak ‘n onnatuurlike breuk in die betekenis en sin. (A Textual

Commentary on the Greek New Testament, New York: United Bible Societies,

Corrected edition 1975, pp 715-717 )

Vir my is die belangrikste: Dit staan nie in die Aramese oorspronklike teks nie.

52. Openb 8:3 en elders. Wanneer aankondigings gemaak word met blaasinstrumente

is ek oortuig dat dit die oorspronklike “Shofar” = ramshoring, moet wees. Dit is

egter ‘n Joodse gebruik en het daarom verlore gegaan in die vertalings van Grieks

en ander tale wat “trompet” gebruik het as hulle verstaanbare eweknie.

53. Die woord heilig en heiliges – Ek gebruik in beide gevalle die betekenis van die

woorde – nl. Om afgesonderd te wees van sonde, afgesonderd tot God.

54. Openb 19:1 en elders - Halleluyah = Geskryf in die meervoud imperatief =

opdragvorm. Yah is ‘n verkorte vorm van . Hallel = Om te skyn; sprankel;

groot te praat; feesviering; (99x) sing; helder en sigbaar; feesvier; betowerend te

wees; laf; helder klank. Die opdragvorm gee dit ‘n betekenis van Sing! Lofprys! tot

! Met ander woorde – Lofprys alleen.

xiii

- Artemis

Uitspraak van Eiename:

Die uitspraak van die name moet volgens Afrikaanse uitspraak gedoen word en nie

Engels nie. Veral die ‘g’ klank moet altyd as ‘n keelklank uitgespreek word en nooit

soos in die Engelse ‘ghoen’ nie. Die spelling van die woorde is gedoen met die uitspraak

in gedagte. ‘n ‘H’ aan die begin van ‘n woord word amper sonder uitsondering ook as

‘n sagte ‘g’ uitgespreek. Die klem is meestal op die laaste lettergreep. ‘ in ‘n woord

word as die “’n” klank uitgespreek. ‘ vooraan ‘n woord is die Hebreeuse ‘Ayin en

word in die moderne uitspraak soms nie uitgespreek nie. In die antieke uitspraak is dit

egter ‘n g-klank. Meer akkuraat sal u almal as ‘g’ uitspreek in die Ou Verbond. ‘kh’

word in baie gevalle as ‘g’ uitgespreek maar aan die einde van ‘n woord as ‘k’.

YHWH - YAHUAH - EK IS -

Die enigste Lewende Skepper God

se persoonlike Naam.

Abaddon - Vernietiger

Abba - vader [verhoudings woord]

Abiléne -vlei van gras

Apsinthos - Wildeals / bitter

Adam - Die rooi aarde / grond

Addi - ornament

Adramuttenos (Adramíttium) - ek sal in

die dood bly

Adriaties - sonder hout

Aeneas (Enéas) - prysenswaardig

Agaia (Acháje) - moeilikheid

Agaikos (Acháïcus) - behoort aan

Agaia

`Agav (Agabus) - sprinkaan

Agaz (Agas) - besitter

Agrippas (Agríppa) - soos ‘n held

Aharon (Aäron) - ligbringer

Aiguptos (Egipte) - dubbel waterbane

Ako - tekort / kort

Akulas (Aquila) - ‘n arend

Aleksandros (Aleksander) - mensverdediger

Alfaios (Alféüs) - verandering

Amfipolis - stad omring deur see

Amma’us (Émmaüs) - warm baddens

`Amora (Gamora) - ‘n vernietigde hoop

Amon - bouer / argitek

Amotz (Amos) - sterk

`Amminadav (Amminadab) - prins

se mense / mense van vryheid

xiv

Betekenis van Name

Amplias - groot

Andreas - manlik

Andronikos (Andronícus) - man

van oorwinning

`Anan (Annas) - nederig

Antiogeia (Antiogië) - gedryf teen

Antipas - soos die vader

Antipatris - vir die voorvader

Apelles - geroepe

Apfia - vrugbaar

Apollo - son / vernietig totaal

Apollonia (Apollónië) - Apollo s’n

Apollos - gegee deur Apollo

Apollyon - Vernietiger

Arabië - om donker te word

Aram (Ram) - hoogland / opgelig

‘Aram Naharayim (Mesopotamia) -

tussen twee riviere

Ares rots (Areopagus) - Marsheuwel

Griekse god van oorlog

Aretas - graveerder

Argelaus (Archeláüs) - prins van die

mense

Argippos (Agrippa) - perdemeester

Aristargos (Aristárchus) - die beste

heerser

Aristoboulos (Aristobúlus) - die beste

raadgewer

Arpagshad (Arpágsad) - vesting van die

Galdeërs

Artemas - geskenk van Artemis

Artemis (Diana) [godin] - volledige lig

- vloei beperkend

Asa - doktor of genesing

Ashdod - ‘n sterk vesting

Asher (Aser) - geseënd / gelukkig

Asië - na die ooste draai

Asoenkritos (Asínkritus) - onvergelykbaar

Assos (Assus) - om nader te kom

Athenai (Athene) - onsekerheid

Attaleia (Attálië) - Yah se verwagte

seisoen

Augustos (Augustus) - vereerde

Avihud (Abiud) - my vader is verhewe

koninklikheid

Aviyah (Abia) - my vader is

Avraham (Abraham) - vader van ‘n

menigte

`Azah (Gasa) - die versterkte

`Azur (Asor) - behulpsaam

Ba’al - ‘n meester

Ba’al-Zibbul (Beëlsebul) - god van mis

god van die vlieg

Balak - vernietiger / vermorser

Bar-Abba (Barábbas) seun van die

vader

Bar-Nabba (Barnabas)- seun van rus

Bar-Sabba[Tseba] (Bársabas) – seun

van ‘om tevrede te stel’

Bar-Talmai (Bartholoméüs) - Seun van

Talmai

Bar-Timai (Bartiméüs) - seun van die

onreine

Bar-Y’hoshua (Bar-Jesus) - seun van

‘het verlos’

Barak - weerlig

Bavel (Babel-Babilon) - verwarring

Beit-Anyah (Betánië) - huis van dadels

- huis van ellende

Beit-Habarah - Ponthuis

Beit-Legem(Betlehem) - huis van brood

Beit-Pagei (Bétfagé) - huis van onryp

vye

Beit-Tzaidah (Betsáida) - huis van vis

- jaghuis

Asa - Eli

Beit-Tzaitha (Olyfberg) - huis van

olywe

Beit-Zata (Betésda) - huis van

Ar.= Beit-Hesda onverdiende guns

Belial - waardeloos. Bynaam van Satan

Benyamin (Benjamin) - seun van goeie

geluk / seun v regterhand

Berekhyah (Berégja) - die knie (seën)

van

Bernike (Berníce) - bring oorwinning

Beroia (Beréa) - goed gewater

Bil’am (Bileam) - vreemdeling

Bithunia (Bithínië) - ‘n geweldadige

bestorming

Blastos (Blastus) - ontkiem

B’nei-Regesh - seuns van donder

Bo’az (Boas) - in hom is krag

Dalmanuta - stadige vuurstoker

Dalmatia - ‘n priesterlike kleed

Damaris - sag rustig

Dammesek (Damaskus) - stil is die

sakwewer

Dani’el (Daniël) - regter van die

Magtige God

Dawid - om lief te hê

Demas - heerser oor mense

Demetrios - behoort aan Ceres

Denarion (mv. denarii) - wat tien bevat

= geldeenheid - dagloon

Derbe - leerlooier

Dionusios - losbol

Diotrefes - gevoer deur Jupiter

Dragma - silwer geldstuk - om vas te

vang

Drousilla (Drusílla) - natgemaak deur

die dou

Duiwel - Leuenaar

Efesos (Efese) - toegelaat

Elamiete [Perse] - weggesteek / vêr

El’azar (Eleásar) - Magtige God is sy

alt. [Eli’ezer] helper

Eli - om na bo te styg

xv

El’gud - Halfai

El’igud (Eliud) - Magtige God van

verhewe koninklikheid

Elisha (Elisa) - Magtige God is sy

verlossing

Elisheva (Elisabet) - Magtige God van

bevryding

Eliyahu (Elia) - my God is

Elmodam - maatstaf

Eloha/Elohim - algemene word vir God

Elumas (Élimas) - wyse man

Elyakim (Éljakim) - opgelig deur die

Magtige God

Enosh (Enos) - sterflike mens

Epaenetos (Epénetus) - lofwaardig

Epafras - lieflik

Epafroditos - lieflik

Epikourios (Epikuréïes) - helper

- verdediger

Er - waaksaam

Erastos - geliefde

Esav (Esau) - rof om aan te vat - harig

Ethiopië - gebrande gesig = swart

Eubulos - wys versigtig

Eufrates - (Eufraat) - goeie en

oorvloedige rivier

Eunike (Eunice) - goeie oorwinning

Euodia - welriekend

Eurokludon - geweldadige opskudding

Eutugos (Eútichus) - goeie geluk

Ever (Heber) - die streek anderkant

Farao - sy naaktheid - titel v Egiptiese

konings

Fariseër - om te skei / te verstrooi

Felix - vrolik gelukkig

Festos (Festus) - ‘n fees

Filadelfeia (Filadelfía) - familieliefde

Filemon - een wat vriendelik is

Filetos - lieftallig

Filippoi (Filippi) - lief vir perde

Filippos (Filippus) - lief vir perde

Filologos (Filólogus) - hy wat die

boodskap liefhet

Flegon - brandend

xvi

Foinix (Fenix) - palmboom

Foegellos - ‘n Klein vlugteling

Foibe (Fébé) - stralend

Foinike (Fenícië)- land v palmbome

Fortounatos (Fortunátus) - goed gevrag

Frugia (Frigië) - droog / onvrugbaar

Gabta (Gábbata) - opgelig / platform

Gad - ‘n groep

Gaios (Gaius) - meester

Gakal-D’ma (Akeldáma) - bloedgrond

Galatia - land van die Galli (Gauls)

Galatikos - behoort aan Galatia

Galil (Galiléa) - sirkel (as roete)

Gallioon(Gállio) - een wat op melk leef

Gamali’el (Gamáliël) - my beloning is

die Magtige God

Gananyah (Ananías) - het guns

bewys

Gan’Eden (Paradys) - Tuin van Eden

(Judaisme se verwysing na die

plek v dooie afgesonderdes)

Ganok (Henog) - toegewyd / ingelyf

Garran (Haran) - bergklimmer

Gat-Sh’manim (Getsémané) - oliepars

Gavri’el (Gabriël) - man van God

Gergesenos of Gadara - bly op klei

- beloning aan die einde

Gesli (Esli) - opsygesit vir

Getzron (Hesron) - binnehof

Gid’on (Gideon) - die een wat afsny

- vegter

Gios (Chios) - sneeuagtig

Gog - berg

Gulgolta (Gólgota) - kopbeen

Hades - god vd onderwêreld (Pluto)

- ongespesifiseerde plek van die

dood

Ha’Elyon - die Allerhoogste God

HaG’vurah - Die Krag

HaG’dulah - Die Grootheid

HaG’dulah BaM’romim - Die Grootheid

in die hoogte

HaKadosh - die Afgesonderde Een

Halfai (Alféüs) - verandering

Hamor - ‘n esel

HaM’vorakh - Die Geseënde

Hannah (Anna) - begunstigde

Hanokh (Henog) - toegewyd

HaShem - Die Naam

Har Megiddon (Armagéddon) - stad of

heuwel van Megiddo

Havah (Eva) - lewegewer

Hermas - sien Hermes

Hermes (Mercurius) - boodskapper van

die gode

Hermogenes - Gebore van Hermes

Herodes - heldhaftig

Herodias - heldhaftig

Herodion - heldhaftig

Hetzron (Hesron) - binnehof

Hevel (Abel) - van korte duur / tydelik

- leegheid

Hierapolis - afgesonderde stad

Hizkiyahu (Hiskia) - versterk

Hoshea (Hoséa) - bevryder

Hoshana Rabbah - die groot ‘Red ons

asseblief’ (laaste dag v Sukkot)

Hoemenaios - behoort aan ‘god van

huwelike’

Idumea - rooi / van Edom

Ikonion (Ikónium) - klein beeldjie

Illurikon (Illírikum) - lirieke strook

Isra’el [Yisra’el] (Israel) - Hy sal heers

as magtige God

Italië - soos ‘n kuit

Ituraia (Ituréa) - hy sal reël

- verby die grense

Iyov (Job) - gehaat / vervolg

Izevel (Jesebel) - onversierd

- seksuele onthouding

Jakinth - donker blou steen

Jaspis - diamante

Kaisareia (Cesaréa) - van die Keiser

- afgesny

Kaisareia-Filippoi (Cesaréa-Filippi) -

Keiser lief vir perde

Kanah (Kana) - plek van riete

Kandake (Kandacé) - prins v slawe

Hamor - Kupros

Kappadokia (Kappadocië) - provinsie

van goeie perde

Karpos - vrugte

Kasdim (Chaldéërs) - astroloog

Kayafa(Kájafas) - soos om goed te keur

Kayin (Kaïn) - vervaardiger / smit

Kefa (Petrus) - rots of klip

Keinan (Kainan) - vasgestel

Kena’an (Kanaan) - vernederd

Kengreai (Kenchreë) - emmer koring

K’far-Nagum (Kapérnaüm) - dorpie van

gemaklikheid

Kidron (kedron) - donkerkleur plek

Kilikia (Cilícië) land van Kelix

Kinneret (Galiléa) - soos ‘n harp

Kish (Kis) - ‘n strik

Kiyoen (Remfan) - afgodsbeeld =

inmekaargekrimp

Klaude (Clauda) - verlam

Klaudia - verlam

Klaudios (Claudius) - verlam

Klemes (Clemens) - goedgunstig

Kleopas - van ‘n verhewe vader

Kloë (Chloë) - ‘n groen krui

K’lofah (Klopas) - wat ek omruil

Knidos (Cnidus) - met netels slaan

Kolossai (Kolosse) - iets buitensporig

verkeerd

Korag - bles wees / ys

Korazin (Górasin) - oond van rook

Korinthos (Korinthe) - ten volle

bevredig

Kornelios (Cornelius) - van ‘n horing

Koros (mud) - ‘n diep ronde houer

- 350 - 400 l maat

Kos - ‘n openbare tronk

Kosam - voorspelling / lot

Krete - vleeslik / met vleis

Kretense - van Krete

Kreskes - groeiende

K’riot (Iskáriot) - man van die stad

Krispos (Crispus) - gekrul

Kuartos (Quartus) - vierde

Kupros (Ciprus) - bloeisel / liefde

xvii

Kurene - Nikanor

Kurene (Ciréne) - oppermag van die

Toom

Kuza (Gusa) - siener / profeet

Laodikeia (Laodicéa) - oordeel wat reg

is vanuit die mense

Lasaia (Laséa) - boskasie

Lebbaios (Lebbéüs) - man van hart

Lemekh (Lameg) - kragtig

- tot hy afgebring is

Lepton (oortjie) - ‘n skub

- baie klein geldeenheid

Levi - aangeheg

Libue (Libië) - huilend / bedroef

Linos - ‘n net

Lisanias - wat smart wegdryf

Loïs - aangenaam

Lot - ‘n toedekking / skeiding

Loukios (Lúcius) - helder / wit / lig

Lud (Lidda) - tweedrag

Ludia (Lídia) - volhard

Lukaonia (Likaónië) - wolfland

Luka - Liggewend

Lukia (Licië) - wolfagtig

Lusias (Lísias) - loslater

Lustra (Listre) - Hou vir loskoop

Magat (Maät) - klein

Magog - bedekking

Mahalal’el(Mahaláleël) - lofprysing van

die Magtige God

Makedonia (Macedónië) - uitgestrekte

land

Mal’ah (Meléas) - my liewe vriend

Malki (Melgi) - my koning

Malki-Tzedek (Melgisedek) - Koning

van wat onskuldig reg is

Mammon - verpersoonliking van

rykdom = geldgod

man (manna) - wat is dit?

Manah (Mainan) - waarsêer

maneh / manim(mv.) - geldeenheid

Markos (Markus) - ‘n verdediging

Martha - sy was rebels / minnares

Mashiag (Christus) - Die Gesalfde Een

Mattan - geskenk

xviii

Mattat - geskenk van God

Mattatah (Máttata) - vrygewendheid

Mattityahu (Matthéüs) - geskenk van

(Mattatias)

Mede - van die middelland

Megiddo - Plek van skares

Melekh (Malchus) - koning / koninkryk

Melite - heuning

Menagem (Manáen) - vertrooster

Metushelag (Metúsalag) - met sy dood

sal daar ‘n uitstorting wees

Migdala (Mágdala) - toring

Mikha’el (Migael) - Wie is soos die

Magtige God?

Mikveh (bad) - doopplek met vloeiende

water by sinagoges

Miletos (Miléte) - suiwer fyn wit wol

Miryam (Maria) - bitter / rebéls

Mitulene (Mitiléne) - vermink

M’nasheh(Manasse) - om te laat vergeet

Mnason - om te onthou

Molek (Molog) - koning = hoofgod

van die Ammoniete

Moshe (Moses) - uitgehaal

Mura (Mira) - mirre / mirtesous

Musia (Mísië) - land v strandbome

Na’aman (Naäman) - aangenaamheid

Naftali - my stoei

Naggai - verligtend

Nagor (Nahor) - om te snork

Nagshon (Nagson) - towenaar

Nagum (Nahum) - gemaklik

Na’im (Nain) - mooi plek

Nakdimon (Nikodémus) - oorwinnaar

tussen sy mense

Narkissos (Narcíssus) - dwaasheid

Natan - gegee

Natan’el (Natánael) - geskenk van die

Magtige God

Natzeret (Násaret) - beskermde een

Neapolis - nuwe stad

Nereus - kompakte massa

Neriyah (Nerija) - is my lamp

Nikanor - oorwinnaar

Nikolaos - oorwinnaar vd mense

Nikolaïete - vernietiger v mense

- volgelinge v Nikolaos

Nikopolis - stad van oorwinning

Ninveh (Ninevé) - om te skud

Noag - rus

Numfas (Nimfas) - gee as bruid

Onesiforos - winsdraer

Onesimos - voordelig / bruikbaar

Olumpas (Olímpas) - hemels

Ourbanos (Urbánus) - van die stad

- beleefd

Oved (Obed) - om te dien

Pafos - kokend / warm

Pamfulia (Pamfilië) - van elke stam

Parmenas - blywend

Parthia - beloofde eed

Parthiane(Parthers) - inwoners v Parthia

Patara - vloek / verstrooi

Patmos - my moord

Patrobas - vaderlik

Paulos (Paulus) - klein

Peleg - aardskudding / verdeling

Peretz (Peres) - deurbreek / bres

Pergamos (Pérgamum) - opgelig

Perge - aards

Persië - suiwer / skitterend

Persis - vrou van Persië

Pesag - ontheffing / verbygaan

Pilatos (Pilatus) - gewapen met ‘n spies

Pisidia (Pisídië) - soos pik

Piton (luislang) - waarsêergees

Poblios (Públius) - gewild

Pontios (Pontius) - uit die see

Pontos (Pontus) - die see

Porkios (Porcius) - varkagtig

Potioloi (Putéoli) - swaelfonteine

P’nu’el (Fánuel) - gesig van die Magtige

God

Priskilla[Priska] (Priscílla) - baie oud

Progoros (Próchorus) - koorleier

Psalms - om ‘n snaar instrument te speel

Ptolemais - soos oorlog

Pudes - beskeie

Nikolaos - Shalomé

Quadrans (oortjie) - kwart van as

- kleinste geldstuk

Quirinus (Cirénius) - kryger

Rabbuli (Rabboeni) - my Meester

Ragav (Ragab) - in alle rigtings / Trots

Ragel - ooi / skaap

Ram - hoog

Ramah (Rama) - heuwel / hoë plek

Ramatayim (Arimathéa) - hoogte

Reisha (Resa) - kop

Regav’am (Rehábeam) - vermeerderer

van mense

Region (Régium) - deurbreek

Re’u (Rehu) - assosieer met / vriend

Re’uven (Ruben) - Let op! ‘n Seun

Rhode - roos

Rhodos (Rhodus) - roserig

Rivkah (Rebekka) - geboei deur

mooiheid

Rome - sterkte / krag

Rosh-Hodesh - Nuwemaanfees

Roufos (Rufus) - rooi

Rut - ‘n vriendin

Sadduseërs [Godsdiensparty] - die

onskuldige regverdiges

Salamis - sout

Salmon - met klere behang

Salmone - aangetrek

Samos - sanderige steil oewer

Samothrake (Samothráce) - teken van

vodde klere

Sarah - koningin of prinses

Sardeis (Sardis) - rooies

Sardius - robyne

Satan - Valse aanklaer

S’dom (Sodom) - om te verbrand

Sekundos (Secúndus) - gelukkig

Seleukeia (Seleúcië) - wit lig

Sergios - aardgebore / gebore wonder

Serug - ineengevleg / rankplant

Shabbat (Rusdag) - ophou werk

Shalem - vredevol

Shalomé - vredevol veilig wees

xix

Sh’altiël - Ya’akov

Sh’altiël (Seáltiël) - ek het van die

Magtige God gevra

Shappirah (Saffíra) - saffier

Sharon (Saron) - vlakte / eenvoudig

Sha’ul (Saulus) - het begeer

Shavu’ot - [fees van] weke

Shelah (Sela) - spiespunt / loot

Shem (Sem) - Naam / karakter en

outoriteit

She’ol - ongespesifiseerde plek van die

dood

Shet (Set) - in die plek van

Shiloag (Silóam) - uitgestuur

Shim‛I (Sémeï) - beroemd

Shim’on (Sim(e)on) - om te luister

Shimshon (Simson) - sonlig

Sh’khem (Sígar) - alkoholiese drank

Shlomo (Salomo) - vredevol

Sh’mu’el (Samuel) - gehoor deur God

- sy naam is van God

Shofar - ramshoring

Shomron (Samaria) - wagpos

Shoshanah - ‘n lelie

Sila (Silas) - van hout

Sinai - doringagtig

Siro-Fenisië - verhoogde palm

Skevas (Skeva) - gedagteleser

Smarag (Emerald) - helder groen

Smurna (Smirna) - mirre

Sopatros(Sópater) - redder van sy vader

- veilige vader

Sosipatros (Sosípater) - redder van sy

vader

Sosthenes - redder van sy nasie

Spania (Spanje) - skaarsheid

Stagus (Stáchis) - graankop

Stefanas - gekroon

Stefanos (Stéfanus) - gekroon

Stoikos (Stoïsyne) - van die stoep

Sukkot - (Fees van) bedekkings

- (Fees van) tabernakels

Suntuge - met toeval

Surakousai (Sirakúse) - ‘n Suriaanse

hofsaak

xx

Suria (Sírië) - opgelig / verhewe

Surtis (Sirtis) - sleep

Susanna - ‘n lelie

Tabernakel - tentwoning

Taddai (Thaddéüs) - dapper

Talmai - bo-rand / waterskeiding

Tamar - palmboom

Tarsos (Tarsus) - ‘n plat mandjie

Tavita (Tabita) - gasel ooi

Terag (Tera) - om te vertraag / stasie

Tertios (Tértius) - derde

Tertullos (Tertúllus) - drie maal hard

gemaak

Thaddaios (Thaddéüs) - dapper

Theofilos(Theófilus) - vriend v God

Thessalonike (Thessaloníka) -

oorwinning deur valsheid

Thuateira (Thiatíra) - reuk v lyding

Tiberias - van die Tiber (riviergod)

Timai (Timéüs) - die onreine

Timon - eerbaar

Timotheos - kosbaar vir God

Titos - verpleër

Todah (Theudas) - Godgegewe

T’oma (Thomas) - tweeling

Tragonitus - onherbergsame streek

Troas - ‘n Trojaan

Troefaina (Triféna) - weelderig

Troefosa (Trifósa) - disintegrasie deur

weelde

Trofimos (Trófimus) - Voedsaam

Trogullion (Trogíllion) - wegsteekgoed

Tugikos (Tíchikus) - Noodlottig

Turannos (Tiránnus) - opperheerser

Tzaddik - Die Onskuldige

Tzadok (Sadok) - regverdig / onskuld

Tzarfat (Sarfat) - smelt / verfyn

Tzidon (Sidon) - om vis te vang

Tziyon (Sion) - ‘n leidende pilaar

Tzor (Tirus) - rots

Tzva’ot - Hemelse Leërmag

Uríyah (Uria) - lig van

`Uziyahu (Ussia)- die krag van

Ya’akov - hakskeenvanger - mislei

Yafo (Joppe) - mooi

Ya’ir (Jaïrus) - wie verlig

Yakhin (Agim) - lig op / verhef

Yambres - skuimende geneesheer

Yannai (Janna) - om te onderdruk

Yannes - Hy’s gegrief

Yarden (Jordaan) - stukkie wat

bygevoeg is

Yasoon (Jason) - een wat sal genees

Yered (Jered) - neerdaling

Yerigo - plek wat lekker ruik

Yerusalayim (Jerusalem) - in vrede

gevorm / dubbel vrede

Yesha’yahu (Jesaja) - red / help

Yeshua (Jesus) - is verlossing

Y’hoshafat (Jósafat) - vir wie

oordeel

Y’hoshe(Joses) - sal hom onderhou

Y’hoshua (Josua) - het verlos

Y’hudah (Juda(s)) - hy sal geprys word

Yiftag (Jefta) - hy sal oopmaak

Yirmeyahu (Jeremia) - sal opstaan

Yishai (Isai) - ryk / prominent

Yissakhar (Issaskar) - beloning

Yitz’gak (Isak) - om te lag

Y’khanyahu (Jegónia) - vir wie

vestig / daarstel

Yo’el (Joël) - vir wie God is

Yoganah (Johanna) - gee Sy

onverdiende guns

Yoganan (Johannes) - het Sy

onverdiende guns gegee / geseën

Yom-Kippur - Fees van toedekking

- Fees van verootmoediging

Yonah (Jona) - duif

Yonan (Jonan) - is ‘n goedgunstige

gewer

Yoram (Joram) - vir wie opgelig

het

Yosef (Josef) - hy sal byvoeg

Yoshiyah (Josia) - vir wie

gesondmaak

Yafo - Z’vulun

Yoshiyahu (Josia) - vir wie

gesondmaak

Yosi (Joses) - sal deur onderhou

word

Yotam (Jotam) - is volmaak

Youlia (Julia) - sagharig

Youlios (Július) - sagharig

Younias (Júnias) - jonk

Youstos (Justus) - regverdig

Zakkai (Saggéüs) - suiwer

Zavdai (Sebedéüs) - my geskenk

Zenas - Jupiter

Zerag (Serag) - opkomend

Zeus (Jupiter) - vader van hulp

Z’kharyah (Sagaría) - het onthou

Z’rubavel (Serubbábel) - Gebore in

Bavel

Z’vulun (Sébulon) - blyplek

xxi

xxii

Name en Afkortings van Bybelboeke

Die Wet:

Genesis - Gen

Eksodus - Eks

Levitikus - Lev

Numeri - Num

Deuteronomium - Deut

Die Profete:

Y’hoshua (Josua) - Y’ho

Rigters - Rig

Sh’mu’el (Samuel) - 1 Sh’

- 2 Sh’

Konings - 1 Kon

- 2 Kon

Yesha’yahu (Jesaja) - Yes

Yirmeyahu (Jeremia) - Yir

Yegezk’el (Esegiël) - Yeg

Hoshea (Hosea) - Hos

Yo’el (Joël) - Yo’

‘Amos (Amos) - ‘Am

‘Ovadyah (Obadja) - ‘Ov

Yonah (Jona) - Yon

Mikhah (Miga) - Mik

Nagum (Nahum) - Nag

Havakuk (Habakuk) - Hav

Tz’fanyah (Sefanja) - Tz’f

Hagai (Haggai) - Hag

Z’kharyah (Sagaria) - Z’kh

Mal’akhi (Maleagi) - Mal

Die Geskrifte:

Psalms - Ps

Spreuke - Spr

Iyov (Job) - Iyo

Lied van Liedere - LvL

Rut - Rut

Klaagliedere - Kla

Prediker - Pre

Ester - Est

Dani’el (Daniël) - Dan

‘Ezra (Esra) - ‘Ez

Negemyah (Nehemia) - Neg

Kronieke - 1 Kro

- 2 Kro

Die Goeie Nuus:

Mattityahu (Mattheus) - Mat

Markos (Markus) - Mar

Luka - Luk

Yoganan (Johannes) - Yog

Handelinge - Hand

Briewe:

Romeine - Rom

Korinthiërs - 1 Kor

- 2 Kor

Galasiërs - Gal

Efesiërs - Efe

Filippense - Fil

Kolossense - Kol

Thessalonisense - 1 Thes

- 2 Thes

Timotheos (Timotheus) - 1 Tim

- 2 Tim

Titos (Titus) - Tit

Filemon - File

Algemene briewe:

Hebreërs - Heb

Ya’akov (Jakobus) - Ya’a

Kefa (Petrus) - 1 Kef

- 2 Kef

Yoganan (Johannes) - 1 Yog

- 2 Yog

- 3 Yog

Y’hudah (Judas) - Y’hu

Openbaring - Open

xxiii

xxiv

Die Nuwe Verbond

Vertaal vanuit die oorspronklike Peshitta, vanuit Aramees, soos wat

Yeshua, Sy studentevolgelinge en die eerste gelowiges gepraat het.

“Let op! Daar kom dae, sê , dat Ek oor die huis van Yisra’el en oor die huis van

Y’hudah ‘n nuwe verbond tot sy doel sal bring, nie volgens die verbond wat Ek vir

hulle vaders gegee het op die dag toe Ek hulle aan die hand gegryp het om hulle uit

Egipte uit te lei nie; omdat hulle nie voortgegaan het in My verbond nie en Ek het

hulle verwerp, sê . Hierdie is die verbond wat Ek ná dié dae sal gee vir die huis

van Israel, sê : Ek sal my wette in hulle begrip gee en dit op hulle verstand, wil

en emosie skryf en Ek sal vir hulle ‘n God wees en hulle sal vir My ‘n volk wees en

hulle sal nie meer elkeen sy medemens en elkeen sy broer leer en sê: ‘Ken ’ nie,

want hulle almal sal My ken, vanaf hulle kleinste tot hulle oudste. Ek sal hulle reinig

van hulle booshede en hulle sondes nie meer onthou nie.”

Yir 31:31,33 Hebr 8:8-12

“As sommige van die takke afgesny is, en jy wat ‘n wilde olyfboom is, in hulle plek

ingeënt is en deel gekry het aan die wortel en die vettigheid van die olyfboom, moet

jou dan nie teen die takke verhoog nie en as jy jou verhoog, dit is nie jy wat die wortel

dra nie, maar die wortel vir jou!”

Rom 11:17,18

1

Mattityahu

2

Die eerste boek van die Nuwe Verbond

Die Goeie Boodskap oor Yeshua, Die Gesalfde Een, geskryf

deur Mattityahu, een van die twaalf afgevaardigdes van

Yeshua, ook genoem Levi.

Mattityahu

{ Die geskenk van }

( Matthéüs )

Dit is bes moontlik geskryf in sy huistaal, Aramees, aan die

Aramees-sprekende Jode tussen die jare 60 – 65, voor die

vernietiging van Yerusalayim in 70.

In Afrikaans vertaal vanuit die oorspronklike Aramese ‘Peshitta’ -

die taal wat Yeshua gepraat het.

Mattityahu

1 1 Die boekrol van die geslagsregister van Yeshua, Die Gesalfde Een, Seun van

Dawid, Seun van Avraham:

2 Avraham was die vader van Yitz’gak; Yitz’gak was die vader van Ya’akov; Ya’akov

was die vader van Y’hudah en sy broers;

3 Y’hudah was die vader van Peretz en Zerag by Tamar; Peretz was die vader van

Hetzron; Hetzron was die vader van Aram;

4 Aram was die vader van `Amminadav; `Amminadav was die vader van Nagshon;

Nagshon was die vader van Salmon;

5 Salmon was die vader van Bo’az by Ragav; Bo’az was die vader van Oved by Rut;

Oved was die vader van Yishai;

6 Yishai was die vader van Dawid, die koning; Dawid was die vader van Shlomo by

die vrou van Uríyah;

7 Shlomo was die vader van Regav’am; Regav’am was die vader van Aviyah; Aviyah

was die vader van Asa;

8 Asa was die vader van Y’hoshafat; Y’hoshafat was die vader van Yoram; Yoram was

die vader van `Uziyahu;

9 `Uziyahu was die vader van Yotam; Yotam was die vader van Agaz; Agaz was die

vader van Hizkiyahu;

10 Hizkiyahu was die vader van M’nasheh; M’nasheh was die vader van Amon; Amon

was die vader van Yoshiyah;

11 Yoshiyah was die vader van Y’khanyahu en sy broers in die tyd van die gevangeskap

na Bavel.

12 Na die Baveloniese gevangeneskap was Y’khanyahu die vader van Sh’altiël;

Sh’altiël was die vader van Z’rubavel;

13 Z’rubavel was die vader van Avihud; Avihud was die vader van Elyakim; Elyakim

was die vader van `Azur;

14 `Azur was die vader van Tzadok; Tzadok was die vader van Yakhin; Yakhin was

die vader van El’igud;

15 El’igud was die vader van El’azar; El’azar was die vader van Mattan; Mattan was

die vader van Ya’akov;

16 Ya’akov was die vader van Yosef, die vader van Miryam, uit wie gebore is dié

Yeshua wat Die Gesalfde Een genoem is.

17 Al die geslagte vanaf Avraham tot by Dawid was daarom veertien; veertien geslagte

vanaf Dawid tot by die Baveloniese gevangeskap en veertien geslagte vanaf die

Baveloniese gevangeskap tot by Die Gesalfde Een.

18 So het die geboorte van Yeshua, Die Gesalfde Een, gebeur: Terwyl Sy moeder,

Miryam, verloof was aan Yosef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind

deur die toedoen van die Gees van Afsondering.

19 Yosef, haar man, wat ‘n man was wat gedoen het wat reg is en haar nie openbaar

wou maak nie, het oorweeg om in die geheim van haar te skei,

20 maar terwyl hy dit oorweeg het, verskyn daar ‘n boodskapper van in ‘n droom

aan hom en sê: “Yosef, seun van Dawid, moenie bang wees om Miryam te vat as jou

vrou nie, want wat in haar verwek is, is van die Gees van Afsondering.

3

Mattityahu

21 Sy sal geboorte gee aan ‘n Seun en jy moet Hom Yeshua noem, want dit is Hy wat

Sy mense van hulle sondes sal red.”

22 Al hierdie dinge het gebeur, sodat die woord vervul sou word wat deur die

profeet gesê het:

23 “Let op, die maagd sal swanger word en geboorte gee aan ‘n Seun en hulle sal Hom

Immanu’el noem.” Yes 7:14wat beteken: Ons Magtige God is by ons.

24 Toe Yosef wakker word, het hy gedoen wat die boodskapper van hom beveel

het om te doen en haar gevat as sy vrou,

25 maar hy het nie ‘n intieme verhouding met haar gehad voordat sy nie geboorte

gegee het aan haar eerste seun nie en hy het Hom Yeshua genoem.

2 1 Toe Yeshua in Beit-Legem, in die land van Y’hudah gebore is, in die tyd toe

Herodes koning was, het daar geleerde manne uit die Ooste in Yerushalayim

aangekom

2 en gevra: “Waar is die Koning van die Jode, wat gebore is, want ons het Sy ster in

die Ooste gesien en gekom om Hom te aanbid?”

3 Toe koning Herodes dit hoor, was hy ontsteld en die hele Yerushalayim saam met

hom.

4 Hy het al die hoofpriesters en die leraars van die wet van die volk bymekaar laat

kom en vir hulle gevra: “Waar sou Die Gesalfde Een gebore word?”

5 “Te Beit-Legem in Y’hudah,” het hulle geantwoord, “want so is dit geskryf in die

profete:

6 ‘En jy, Beit-Legem, in die land van Y’hudah, is nie die geringste onder die konings

van Y’hudah nie, want uit jou sal die Koning voortkom wat vir My volk Yisra’el ‘n

4

Herder sal wees’.”

Mik 5:1,2

7 Toe het Herodes die geleerde manne in die geheim laat roep en hulle gevra watter

tyd die ster aan hulle verskyn het.

8 Hy het hulle na Beit-Legem gestuur met die opdrag: “Soek noukeurig na die Seun en

wanneer julle Hom kry, laat my weet sodat ek ook kan gaan en Hom aanbid.”

9 Nadat hulle na die koning geluister het, het hulle weggegaan en die ster wat hulle in

die Ooste gesien het, het voor hulle uitgegaan, totdat dit oor die plek waar die Seun

was, stilgestaan het.

10 Hulle was vol vreugde om die ster te sien.

11 Hulle het die huis ingegaan en die Seun by Miryam, sy moeder, gesien en neergeval

en Hom aanbid. Hulle het hulle skatte oopgemaak en vir Hom geskenke van goud,

mirre en wierook aangebied.

12 Hulle is in ‘n droom gewaarsku om nie na Herodes terug te gaan nie en hulle het

met ‘n ander pad na hulle land toe teruggegaan.

13 Nadat hulle weg is, verskyn daar ‘n boodskapper van in ‘n droom aan Yosef

en sê: “Staan op, neem die kind en sy moeder en vlug na Egipte en bly daar, totdat

ek vir jou sal sê, want Herodes gaan die kind soek om Hom te vernietig.”

14 Hy het opgestaan, die kind en sy moeder in die nag geneem en na Egipte gevlug,

15 waar hy gebly het tot Herodes se dood. Dit het gebeur sodat die woord vervul

sou word wat deur die profete gesê het: Hos 11:1 “Uit Egipte het Ek My Seun

geroep.”

16 Toe Herodes agterkom dat hy deur die geleerde manne mislei is, was hy woedend

en het opdrag gegee dat al die seuns van twee jaar en jonger, in Beit-Legem en in al

die omstreke daarvan, doodgemaak moet word, ooreenkomstig die tyd wat hy van

die geleerde manne uitgevind het.

17 Op hierdie manier is die woorde wat deur die profeet Yirmeyahu gesê is vervul:

18 Yir 31:14 “’n Stem is in Ramah gehoor: geween en harde weeklaag; dit was Ragel

wat oor haar kinders ween en weier om vertroos te word, omdat hulle nie meer leef

nie.”

19 Toe Herodes dood is het daar ‘n boodskapper van in ‘n droom aan Yosef in

Egipte verskyn

20 en gesê: “Staan op, neem die Seun en Sy moeder en gaan na die land van Yisra’el,

want hulle wat die lewe van die Seun gesoek het, is dood.”

21 Yosef het opgestaan, die Seun en Sy moeder gevat en na die land van Yisra’el

gegaan.

22 Toe hy egter hoor dat Argelaus sy vader Herodes opgevolg het as koning oor

Y’hudah, was hy bang om daarheen te gaan. Dit het in ‘n droom na hom gekom om

na die streek van die Galil te gaan

23 en hy het gaan woon in ‘n stad met die naam van Natzeret sodat vervul sou word

wat deur die profeet gesê is, dat Hy Natzeréner genoem sou word.

3 1 Tydens daardie dae het Yoganan, die Doper, in die wildernis van Y’hudah

aangekom en die boodskap verkondig

2 en gesê: “Draai weg van julle sondes na God toe, want die Koninkryk van die hemel

is naby!”

3 Dit is die man van wie die profeet Yesha’yahu gepraat het toe hy gesê het: “Die stem

van een wat uitroep: ‘Berei die weg van in die wildernis voor en maak Sy paaie

gelyk!’”

Yes 40:3

Mattityahu

4 Hierdie Yoganan het klere gedra van kameelhare en ‘n leergordel om sy heupe en sy

kos was sprinkane en heuning uit die veld.

5 Mense vanaf Yerushalayim, vanaf die hele Y’hudah en van die hele omtrek van die

Yarden, het uitgegaan na hom toe.

6 Met erkenning en aflegging van hulle sondes, is hulle deur hom in die Yarden- rivier

gedoop,

7 maar toe Yoganan baie van die Fariseërs en Saduseërs sien kom om deur hom gedoop

te word, sê hy vir hulle: “Nageslag van Adders! Wie het julle gewaarsku om te vlug

van die komende straf?

8 Produseer daarom vrugte wat waardig is aan een wat weggedraai het van sy sondes

na God toe,

9 en moenie dink en in julleself sê: ‘Avraham is ons Vader nie,’ want ek sê vir julle dat

God uit hierdie klippe kinders vir Avraham kan opwek!

5

Mattityahu

10 Let op, die byl is ook alreeds teen die wortel van die bome neergelê, gereed om

te kap; elke boom wat daarom nie goeie vrugte dra nie, word afgekap en val in die

vuur!

11 Ek doop julle in water sodat julle van die sonde kan wegdraai na God toe, maar

die Een wat ná my kom, wie se sandale ek nie eens waardig is om aan te dra nie, is

kragtiger as ek. Hy sal julle doop in die Gees van Afsondering en in vuur.

12 Sy hooivurk is by Hom en Hy maak Sy dorsvloer deeglik skoon en Sy graan maak

Hy in Sy skure bymekaar en die kaf sal Hy verbrand in die onuitblusbare vuur!”

13 Toe het Yeshua van die Galil na die Yarden gekom om deur Yoganan gedoop te

word,

14 maar Yoganan het Hom geweier en gesê: “Ek het nodig om deur U gedoop te word

en U het na my toe gekom?”

15 Yeshua het hom geantwoord en gesê: “Laat dit nóu so wees, want ons moet alles

doen wat die onpartydigheid en opregtheid vereis.” Daarna het Yoganan Hom

toegelaat.

16 Nadat Yeshua gedoop is, het Hy opgekom uit die water uit en op daardie oomblik

gaan die hemele vir Hom oop en hy sien die Gees van God soos ‘n duif afkom en

op Hom kom

17 en let op, ‘n Stem uit die hemel wat sê: “Let op! Dit is My Seun, Wie Ek liefhet,

in Wie Ek verheug is.”

4 1 Toe is Yeshua, deur die Gees, na die wildernis gelei om getoets te word deur die

duiwel.

2 Nadat Yeshua vir veertig dae en nagte gevas het, was Hy honger

3 en die versoeker het nadergekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is,

beveel dan hierdie klippe om brood te word.”

4 Hy antwoord egter: “Daar is geskrywe: ‘’n mens leef nie van brood alleen nie, maar

6

van elke Woord wat uit die mond van God kom’.”

Deut 8:3

5 Toe bring die duiwel Hom na die afgesonderde stad en laat Hom op die hoogste punt

van die tempel staan

6 en sê vir Hom: “As U die Seun van God is, spring af, want daar is geskrywe: ‘Hy

sal Sy engele bevel gee aangaande U. Hulle sal U op hulle hande dra sodat U nie U

Ps 91:11,12

voete teen die klippe kan stamp nie’.”

7 Yeshua antwoord hom: “Daar is egter óók geskrywe: ‘Jy mag , jou God, nie

toets nie’.”

Deut 6:16

8 Weereens neem die duiwel Hom op na die hoë punt van menslike ambisies en wys

Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle volle eer, lof en aanbidding

9 en sê vir Hom: “Al hierdie dinge sal ek aan U gee, as U sal neerval en my aanbid.”

10 Toe sê Yeshua vir hom: “Gaan weg, jou Satan, want daar is geskrywe: ‘Aanbid

, jou God, en dien Hom alleen’.”

Deut 6:13

11 Daarna het die duiwel Hom alleen gelaat, en let op, engele het nadergekom en Hom

bedien.

12 Toe Yeshua gehoor het dat Yoganan oorgegee was, het Hy na die Galil gegaan

Mattityahu

13 en Hy het Natzeret verlaat en gaan bly in K’far-Nagum aan die see, naby die grens

tussen Z’vulun en Náftali

14 sodat vervul sou word wat Yesha’yahu, die profeet, gesê het:

15 “Die land Z’vulun en die land Náftali, in die rigting van die see, oorkant die Yarden,

Galil van die ander nasies,

16 die volk wat in duisternis leef, het ‘n groot lig gesien; Yes 8:23-9:2 oor hulle wat in die

omgewing van die skadu van die dood leef, vir hulle het ‘n lig opgegaan.”

17 Van daardie tyd af aan het Yeshua begin om te verklaar: “Draai weg van julle

sondes af na God toe, want die Koninkryk van die hemele is naby!”

18 Terwyl Yeshua langs die see van Kinneret loop, sien Hy twee broers wat vissermanne

was, Shim’on wat genoem is, Kefa, en Andreas, sy broer, besig om ‘n net in die see

uit te gooi.

19 Yeshua sê vir hulle: “Kom, volg My en Ek sal julle vissers van mense maak.”

20 Hulle het dadelik hulle nette laat staan en agter Hom aangegaan.

21 Toe Hy daarvandaan verder gaan, het Hy twee ander broers gesien, Ya’akov, die

seun van Zavdai en Yoganan, sy broer, in die skuit saam met hulle vader Zavdai,

besig om hulle nette reg te maak en Hy het hulle geroep.

22 Hulle het dadelik die skuit en hulle vader verlaat en saam met Yeshua gegaan.

23 Yeshua het oor die hele Galil gegaan en in hulle byeenkomste geleer; die goeie

boodskap van die Koninkryk verkondig en mense van elke siekte en kwaal genees.

24 Woord aangaande Hom is versprei oor die hele Sirië en hulle het almal wat siek

was na Hom gebring, hulle wat siek geword het van allerhande siektes en gekwel

was deur ernstige pyne, hulle wat vasgevang was in die mag van demone, mense

wat van hulle koppe afgegaan het en verlamdes en Hy het hulle gesondgemaak.

25 Groot groepe mense het Hom gevolg vanaf die Galil, die Tien Dorpe, Yerushalayim,

Y’hudah en van oorkant die Yarden af.

5 1 Toe Hy die skare mense sien, het Yeshua met ‘n heuwel opgegaan. Nadat Hy gaan

sit het, het Sy studentevolgelinge na Hom toe gekom

2 en Hy het Sy mond oopgemaak en hulle geleer en gesê:

3 “Hoe uitermate gelukkig is dié wat arm van gees is,

want aan hulle behoort die Koninkryk van die hemel.

4 Hoe uitermate gelukkig is dié wat treur,

want hulle sal vertroos word.

5 Hoe uitermate gelukkig is die saggeaardes,

Ps 37:11

want hulle sal die land erf.

6 Hoe uitermate gelukkig is dié wat honger en dors na onpartydigheid en opregtheid,

want hulle sal versadig word.

7 Hoe uitermate gelukkig is dié wat aktief omgee,

want vir hulle sal omgegee word.

8 Hoe uitermate gelukkig is dié wat rein van verstand, wil en emosie is,

want hulle sal God sien.

9 Hoe uitermate gelukkig is die vredemakers,

want hulle sal kinders van God genoem word.

7

Mattityahu

10 Hoe uitermate gelukkig is dié wat vervolg word, omdat hulle onpartydigheid en

opregtheid najaag,

want aan hulle behoort die Koninkryk van die hemel.

11 Hoe uitermate gelukkig is julle wanneer mense julle beledig, vervolg en allerhande

bose valshede teen julle praat as gevolg van My.

12 Verbly en verheug julle, omdat julle beloning groot is in die hemel, want net so het

hulle die profete voor julle vervolg.

13 Julle is sout vir die land, maar as sout laf geword het, hoe kan dit weer sout gemaak

word? Dit is vir niks meer goed nie as om buite gegooi te word vir mense om op

te trap.

14 Julle is lig vir die wêreld. ‘n Dorp wat bo-op ‘n berg gebou is, kan jy nie wegsteek

nie.

15 Hulle steek nie ‘n lamp aan en sit dit onder ‘n mandjie nie, maar op ‘n staander,

sodat dit vir almal wat in die huis is, lig gee.

16 Laat julle lig op dieselfde manier skyn voor mense sodat hulle die goeie dinge wat

julle doen kan sien en julle Vader wat in die hemel is eer, lof en aanbidding bring.

17 Moenie dink dat Ek gekom het om die Wet of die Profete te vernietig nie. Ek het

nie gekom om te vernietig nie, maar om volledig te maak,

18 want dit is waar wat Ek vir julle sê: ‘Totdat die hemel en die aarde verby sal gaan,

sal nie een ‘yud’ of een ‘strepie’ van die wet verbygaan, voordat dit alles klaar

gebeur het nie.’

19 Enige een, wat daarom aan een van die minste van hierdie opdragte ongehoorsaam

is en ander só leer, sal die minste genoem word in die Koninkryk van die hemel,

maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die Koninkryk van

die hemel,

20 want Ek sê vir julle dat, as julle onpartydigheid en opregtheid nie baie meer is

as dié van die leraars van die wet en die Fariseërs nie, julle sekerlik nie in die

Koninkryk van die hemel sal ingaan nie!

21 Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: ‘Moenie moord pleeg

nie,’

8

Eks 20:13 en dat elkeen wat moordpleeg, verantwoording moet doen voor die

gereg,

22 maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broer sonder rede kwaad is, verantwoording

moet doen voor die gereg en elkeen wat vir sy broer sê: ‘Ek spoeg op jou!’ is

veroordeeld voor die vergadering en elkeen wat sê: ‘Jou dwaas!’ is veroordeeld tot

die vuur van die Hel.

23 As jy dan jou offer na die altaar toe bring en jy daar onthou dat jou broer iets teen

jou hou,

24 los jou offer daar by die altaar en gaan herstel die verhouding met jou broer en kom

dan en offer jou offer.

25 Kom gou tot ‘n vergelyk met iemand wat jou hof toe vat terwyl jy nog saam met

hom op die pad is sodat hy jou nie miskien oorgee aan die regter en die regter jou

oorgee aan die belastinggaarders en jy in die gevangenis gegooi word nie!

26 Dit is waar wat Ek vir jou sê, jy sal daar sekerlik nie uitkom, voordat jy nie die

laaste deel van ‘n sent betaal het nie.

Mattityahu

27 Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: ‘Moenie egbreuk pleeg

Eks 20:13

nie,’

28 maar Ek sê vir julle dat ‘n man wat na ‘n vrou kyk met die doel om haar te begeer,

daardie oomblik, egbreuk pleeg met haar in sy gedagtes, wil en emosie.

29 As jou regteroog jou laat sondig, ruk dit uit en gooi dit weg! Dit is vir jou beter dat

jy een van jou ledemate verloor as dat jou hele liggaam in die Hel gegooi word.

30 As jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg! Dit is vir jou beter dat

jy een van jou ledemate verloor as dat jou hele liggaam in die Hel gegooi word.

31 Daar word gesê: Deut 24:1 ‘Elkeen wat van sy vrou skei, moet vir haar ‘n skeibrief

gee,’

32 maar Ek sê vir julle dat enige een wat van sy vrou skei, behalwe as gevolg van

seksuele immoraliteit, maak dat sy egbreuk pleeg en elkeen wat ‘n geskeide trou,

pleeg egbreuk.

33 Verder het julle gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: ‘Jy moenie jou eed

Lev 19:12

verbreek nie,’ en, ‘ jy moet jou beloftes aan hou,’

34 maar Ek sê vir julle: Lê hoegenaamd nie ‘n eed af nie; nie ‘by die hemel’ nie, omdat

dit die troon van God is;

35 ook nie ‘by die aarde’ nie, omdat dit Sy voetstoel is; Yes 66:1 ook nie ‘by Yerushalayim’

Ps 48:2

nie, omdat dit die stad van die groot Koning is

36 en moet ook nie by jou kop ‘n eed aflê nie, omdat jy nie een haar wit of swart kan

maak nie.

37 Laat slegs julle ‘Ja’ ‘n eenvoudige ‘Ja’ wees en julle ‘Nee’ ‘n eenvoudige ‘Nee’.

Enige iets meer as dit het sy oorsprong in die Bose een.

38 Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘’n Oog in ruil vir ‘n oog en ‘n tand in ruil vir ‘n

Eks 21:24

tand,’

39 maar Ek sê vir julle dat julle nie moet opstaan teen ‘n bose persoon nie, maar as

iemand jou op jou regterwang slaan, draai vir hom ook die linkerwang!

40 As iemand jou vir jou hemp wil dagvaar, laat hom die bokleed ook vat

41 en as enige een van jou een myl afdwing, loop twee myl saam met hom.

42 As iemand jou iets vra, gee dit vir hom en moenie weier as hy van jou wil leen

nie.

43 Julle het gehoor dat daar vroeër gesê is: ‘Jy moet jou naaste liefhê en jou vyand

Lev 19:18

haat,’

44 maar Ek sê vir julle: Julle moet hulle wat julle haat, liefhê; seën die wat julle

vervloek; doen goed aan die wat julle haat en bid oor die wat julle met geweld vat

en julle vervolg

45 sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemel is, want Hy laat Sy

son skyn oor slegte en goeie mense en Hy stuur reën na onskuldiges en skuldiges.

46 Watter beloning ontvang julle as julle net dié liefhet wat vir julle lief is? Selfs die

tollenaars doen dit!

47 As julle net vriendelik is met julle vriende, wat besonders doen julle dan? Maak die

belastinggaarders nie ook so nie?

48 Daarom, moet jy volmaak wees net soos julle Vader in die hemel volmaak is.”

9

Mattityahu

6 1 “Gee aandag daaraan om nie jul liefdadigheid voor mense te gee om deur hulle

gesien te word nie, anders is daar geen beloning vir julle by jul Vader in die hemel

nie.

2 Daarom, wanneer jy liefdadigheid bewys, moenie ‘n ramshoring blaas om dit aan te

kondig soos die toneelspelers van ‘n vals karakter in die sinagoges en op die strate

doen sodat hulle mense se lof kan ontvang, nie. Dit is waar wat Ek vir julle sê, hulle

het hulle beloning reeds ontvang,

3 maar jy, as jy liefdadigheid gee, laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand

doen nie

4 sodat jou liefdadigheid geheim sal wees en jou Vader wat sien wat jy in die geheim

doen, sal jou in die openbaar beloon.

5 Wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die toneelspelers van ‘n vals karakter wat hou

daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die strate te staan en bid om deur

die mense gesien te word nie. Dit is waar wat Ek vir julle sê, dat hulle hul beloning

reeds ontvang het,

6 maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou private kamer, sluit jou deur en bid in die

geheim tot jou Vader en jou Vader wat sien wat in die geheim gedoen word, sal jou

in die openbaar beloon.

7 Wanneer julle bid, gebruik nie mooi klinkende herhaling van woorde soos die

heidene wat dink dat God hulle beter sal hoor as hulle baie woorde gebruik, nie.

8 Moet dan nie wees soos hulle nie, want julle Vader weet wat julle nodig het voordat

julle Hom vra.

9 Julle moet dan so bid: ‘Ons Vader wat in die hemel is, U Karakter en Outoriteit is

afgesonderd;

10 Laat U Koninkryk kom, laat U wil gedoen word, op die aarde soos in die hemel.

11 Gee ons die brood wat ons vandag nodig het.

12 Vergewe wat ons verkeerd gedoen het, soos ons ook hulle wat aan ons verkeerd

gedoen het, vergewe

13 en bring ons nie in toetsing nie, maar bevry ons van boosheid, want aan U behoort

die Koningskap, die wonderwerkende krag, die eer, lof en aanbidding tot in

ewigheid,’

14 want as julle ander hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook

vergewe,

15 maar as julle ander se oortredinge nie vergewe nie, het julle Vader julle oortredinge

ook nie vergewe nie.

16 Wanneer julle vas, moenie treurig lyk soos die toneelspelers van ‘n vals karakter

nie, want hulle misvorm hul gesigte sodat mense kan sien dat hulle vas. Dit is waar

wat Ek vir julle sê, hulle het reeds hul beloning ontvang,

17 maar jy, wanneer jy vas, was jou gesig en salf jou kop

18 sodat niemand sal sien dat jy vas nie, behalwe jou Vader wat in die geheim is en jou

Vader wat sien wat in die geheim gedoen word, sal jou in die openbaar beloon.

19 Moenie vir julle skatte opgaar hier op die aarde, waar motte en roes vernietig en

waar diewe inbreek en steel nie,

10

Mattityahu

20 maar stoor vir julleself skatte in die hemel, waar mot of roes nie verniel nie en waar

diewe nie inbreek en steel, nie,

21 want waar julle rykdom is, daar sal julle gedagtes, wil en emosie ook wees.

22 Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan goed is (vrygewig), sal jou

hele liggaam goed verlig wees,

23 maar as jou oog boos is (suinig), sal jou hele liggaam vol donkerte wees. As die lig

in jou dan duisternis is, hoe groot is die donkerte nie!

24 Geen man kan vir twee meesters werk nie, want hy sal òf die een haat en van die

ander een hou, òf hy sal getrou wees aan die eerste een en die ander een verwaarloos.

Dit is nie moontlik om vir God én vir Mammon (geld) te werk nie!

25 Daarom sê Ek vir julle: Moenie bekommerd wees oor julleself, wat julle sal eet of

drink nie, of oor julle liggaam, wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as kos

en die liggaam meer as klere nie?

26 Kyk na die voëls in die lug! Hulle saai nie en hulle maai ook nie en hulle stoor nie

kos in skure nie en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd

as hulle nie?

27 Wie van julle kan deur bekommerd te wees, een el by sy lengte byvoeg?

28 Waarom bekommerd wees oor klere? Dink ernstig aan die lelies van die veld en

hoe hulle groei; hulle werk nie hard nie en hulle spin nie

29 en tog sê Ek vir julle, dat selfs nie eens Shlomo, in al sy eer en lof soos een van

hulle aangetrek was nie.

30 As dit dan is hoe God die gras van die veld, wat vandag daar is en môre in ‘n oond

gegooi word, aantrek, hoeveel te meer nie vir julle nie? Hoe min vertroue het julle

nie!

31 Daarom moet julle nie bekommerd wees en vra: ‘Wat sal ons eet, of wat sal ons

drink, of wat sal ons aantrek nie,’

32 want dit is die ander nasies wat konsentreer op al hierdie dinge. Julle hemelse

Vader weet dat julle ook al hierdie dinge nodig het.

33 Soek egter eerste die Koninkryk van God en Sy onpartydigheid en opregtheid en al

hierdie dinge sal ook vir julle bygesit word.

34 Bekommer julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge

bekommer. Elke dag het genoeg aan sy eie booshede.”

7 1 “Moenie oordeel nie sodat julle nie geoordeel word nie,

2 want volgens die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word en met die

maat waarmee julle meet, sal dit vir julle uitgemeet word.

3 Waarom sien jy die splinter in jou broer se oog, maar die plank in jou eie oog merk

jy nie op nie?

4 Hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Laat my die splinter uit jou oog uithaal en let op, daar

is ‘n plank in jou eie oog?

5 Toneelspeler van ‘n valse karakter, haal eers die plank uit jou eie oog uit, dan sal jy

kan sien om ‘n splinter uit jou broeder se oog uit te haal!

11

Mattityahu

6 Hang nie oorringe aan honde nie en gooi nie julle pêrels voor wildevarke nie. As

julle dit doen dan mag hulle dit net miskien onder hulle pote vertrap en omdraai en

julle deurboor.

7 Hou aan om te vra en dit sal vir julle gegee word; hou aan om te soek en julle sal

vind; hou aan om te klop en daar sal vir julle oopgemaak word,

8 want elkeen wat aanhou vra, ontvang; en hy wat aanhou soek, vind; en vir hom wat

aanhou klop, sal oopgemaak word.

9 Wie is daar tussen julle wat, as sy seun vir hom ‘n brood vra, vir hom ‘n klip sal

aanbied;

10 of as hy vir ‘n vis vra, vir hom ‘n slang sal aanbied?

11 As julle, alhoewel julle boos is, dan weet om goeie geskenke vir julle kinders te

gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, aanhou om goeie dinge te

gee vir die wat aanhou om Hom te vra!

12 Alles wat jy wil hê ander mense vir jou moet doen, doen net so vir hulle, want dit

is die Wet en die Profete.

13 Gaan in deur die nou hek, want die hek wat na vernietiging lei is breed en die pad

wyd en baie gaan in.

14 Hoe nou is die hek en streng die pad wat na die lewe lei en daar is min wat dit

vind!

15 Pas op vir die vals profete! Hulle kom in skaapsklere na julle toe maar van binne

is hulle plunderende wolwe.

16 Julle sal hulle aan hulle vrugte uitken. Pluk ‘n mens druiwe van ‘n doringbos of

vye van distels?

17 Net so dra elke goeie boom bruikbare vrugte, maar ‘n waardelose boom dra verrotte

vrugte.

18 Dit is nie moontlik vir ‘n goeie boom om verrotte vrugte te dra nie en vir ‘n

waardelose boom om bruikbare vrugte te dra nie.

19 Elke boom wat nie bruikbare vrugte dra nie, word uitgekap en val in die vuur.

20 Daarom sal julle hulle aan hulle vrugte ken.

21 Nie elkeen wat vir My sê: ‘My Meester, my Meester,’ sal ingaan in die Koninkryk

van die hemel nie, maar hy wat die wil van My Vader, wat in die hemel is, doen.

22 Op daardie dag sal baie vir My sê: ‘My Meester, my Meester, het ons nie in U

Outoriteit en Karakter geprofeteer en in U Outoriteit en Karakter demone uitgedryf

en in U Outoriteit en Karakter baie kragtige dade gedoen nie?’

23 Dan sal Ek vir hulle sê: ‘Ek het van die begin van tyd af nie met julle ‘n

verbondsooreenkoms gehad nie. Gaan ver weg van My af, julle wat die boosheid

Ps 6:9

werk!’

24 Daarom, elkeen wat na hierdie boodskappe van My luister en dit doen, sal vergelyk

word met ‘n wyse man wat sy huis op ‘n soliede rots bou,

25 en die reën het geval en die waterstrome het aangestorm en die winde het teen

daardie huis gewaai en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die soliede

rots.

26 Elkeen wat hierdie boodskappe van My hoor en dit nie gehoorsaam nie, sal vergelyk

word met ‘n dwase man wat sy huis op sand bou

12

Mattityahu

27 en die reën het geval en die waterstrome het aangestorm en die winde het teen

daardie huis gewaai en dit het inmekaar geval en sy val was groot.”

28 Toe Yeshua die boodskappe klaar gebring het, was die skare verslae oor Sy

leringe,

29 want Hy het hulle geleer soos een wat self outoriteit het en nie soos die leraars van

die wet en die Fariseërs nie.

8 1 Toe Hy van die berg afkom, het ‘n groot skare mense Hom gevolg

2 en let op, ‘n sekere melaatse man het gekom en voor Hom neergeval en gesê: “My

Meester, as U wil, is U instaat om my te reinig.”

3 Yeshua het Sy hand uitgesteek, aan hom geraak en gesê: “Ek wil, wees rein” en in

daardie oomblik is sy melaatsheid gereinig.

4 Yeshua sê vir hom: “Wees versigtig wat jy aan iemand sê, maar gaan wys jouself aan

die priester en offer die offer wat Moshe beveel het, tot ‘n getuienis vir hulle.”

5 Toe Yeshua K’far-Nagum binnegaan, kom daar ‘n kaptein oor honderd na Hom toe

en vra ernstig van Hom

6 en sê: “My Meester, my seun lê tuis verlam en word ernstig gepynig.”

7 Daarop sê Yeshua vir hom: “Ek sal gaan en hom gesond maak.”

8 Die kaptein oor honderd antwoord en sê: “My Meester, ek is nie waardig dat U

onder my dak inkom nie, maar sê slegs ‘n woord en my seun sal gesond wees,

9 want ekself is ook ‘n man onder outoriteit en ek het soldate onder my en vir hierdie

een sê ek: ‘Gaan!’ en hy gaan en vir ‘n ander een: ‘Kom!’ en hy kom en vir my slaaf:

‘Doen dit!’ en hy doen dit.”

10 Toe Yeshua dit hoor, was Hy beïndruk en het aan die wat saam met Hom gekom het

gesê: “Sowaar Ek sê vir julle, selfs in Yisra’el het Ek so ‘n vertroue nie gevind nie,

11 want Ek sê vir julle dat baie vanaf die ooste en vanaf die weste sal kom en saam

met Avraham, Yitz’gak en Ya’akov sal aansit in die Koninkryk van die hemel,

12 maar die kinders van die koninkryk sal uitgegooi word in die duisternis daar buite.

Daar sal ‘n gehuil wees en ‘n gekners van tande.”

13 Toe sê Yeshua vir die kaptein oor ‘n honderd: “Gaan; en dit sal vir jou wees soos jy

vertrou het;” en sy seun het op daardie oomblik gesond geword.

14 Yeshua het in die huis van Kefa gekom en gesien dat Kefa se skoonmoeder deur

koors platgetrek is.

15 Hy het haar hand aangeraak, die koors het haar verlaat en sy het opgestaan en hom

bedien.

16 Toe dit aand geword het, het hulle baie na Hom toe gebring wat van demone besete

was en Hy het hulle demone met ‘n woord uitgedryf en almal wat siek was, het Hy

gesondgemaak.

17 So is vervul wat gesê is deur Yesha’yahu, die profeet, wat gesê het: “Hy sal ons

Yes 53:4

pyne vat en ons siektes dra.”

18 Toe Yeshua die groot klomp mense rondom Hom sien, het Hy opdrag gegee dat

hulle na die seestrand toe gaan.

19 ‘n Sekere leraar van die wet het nadergekom en vir Hom gesê: “Leermeester, ek sal

U volg waar U ook al mag gaan.”

13

Mattityahu

20 Yeshua sê vir hom: “Vir die jakkalse is daar gate en skuilings vir die voëls in die

lug, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy Sy kop kan neerlê nie.”

21 ‘n Ander een van Sy studentevolgelinge het vir Hom gesê: “My Meester, gee my

toestemming om eers te gaan en my vader te begrawe,”

22 maar Yeshua sê vir hom: “Volg My en laat die dooies hulle dooies begrawe.”

23 Toe klim Hy in die skuit en Sy studentevolgelinge saam met Hom

24 en let op, daar was ‘n groot aardbewing sodat die golwe op die see bo-oor die boot

geslaan het, maar Hy het geslaap.

25 Toe kom Sy studentevolgelinge nader en maak Hom wakker en sê: “Ons Meester,

red ons, ons word vernietig!”

26 Yeshua sê vir hulle: “Waarom is julle bang, vertroueloses?” Toe staan Hy op,

bestraf die wind en die see en daar was ‘n groot kalmte.

27 Die manne was geskok en het gesê: “Wie is Hy, dat die wind en die see Hom

gehoorsaam?”

28 Toe Hy aan die oorkant kom, in die gebied van die Gergesenos, het twee

demoonbesetenes, wat so boos was dat niemand met daardie pad kon verbygaan

nie, vanuit die grafte gekom en Hom ontmoet

29 en hulle het uitgeroep en gesê: “Wat het ons met Jou te doen, Yeshua, Seun van

God? Het Jy voor die bepaalde tyd hierheen gekom om ons te pynig?”

30 Daar was ‘n groot trop varke wat ‘n ent van hulle af gewei het.

31 Daardie demone het Hom gesmeek en gesê: “As Jy ons uitdryf, gee ons toestemming

om in die trop varke te vaar.”

32 Yeshua sê vir hulle: “Gaan!” Toe gaan hulle uit en gaan in die trop varke in en toe

storm die hele trop varke van die krans af in die meer in en sterf in die water.

33 Hulle wat hulle opgepas het, het ook weggehardloop en in die stad gekom en hulle

het alles vertel, ook wat met die besetenes gebeur het.

34 Die hele stad het uitgekom om Yeshua te ontmoet en toe hulle Hom sien, smeek

hulle dat Hy uit hulle gebied uit moet weggaan.

9 1 Hy het in die boot geklim, oorgevaar en in Sy dorp aangekom.

2 Hulle het ‘n verlamde, wat bedlêend was, na Yeshua gebring. Toe Yeshua hulle

vertroue sien, sê Hy aan die verlamde: “Wees bemoedig seun, jou sondes is

vergewe.”

3 Sommige van die leraars van die wet het hierop by hulleself gesê: “Hierdie man

praat kwaad teen God.”

4 Yeshua het geweet wat hulle dink en sê: “Waarom bedink julle bose dinge in julle

gedagtes,

5 want wat is makliker: ‘Om te sê, jou sondes is vergewe, of om te sê, staan op en

loop?’

6 maar sodat julle kan weet dat die Seun van die mens outoriteit het op aarde om

sondes te vergewe, sê Ek vir die verlamde man: ‘Staan op, tel op jou bedmat en

gaan na jou huis toe’”

7 en hy het opgestaan en huis toe gegaan.

14

8 Toe die skare dit sien, was hulle bang en het eer, lof en aanbidding aan God gebring

wat so ‘n outoriteit aan die mens gegee het.

9 Toe Yeshua daarvandaan verder gaan, sien Hy ‘n man, wie se naam Mattityahu

was, by die belastingstalletjie sit en Hy sê vir hom: “Kom saam met My.” Hy het

opgestaan en saam met Hom gegaan.

10 Toe hulle in die huis aan tafel skuinsgelê het, het daar baie belastinggaarders en

sondaars saam met Yeshua en Sy studentevolgelinge aan tafel kom skuinslê.

11 Toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir die studentevolgelinge: “Waarom eet julle

Meester saam met belastinggaarders en sondaars?”

12 Toe Yeshua dit gehoor het sê Hy vir hulle: “Die wat gesond is, het nie die dokter

nodig nie, maar die wat siek geword het,

13 maar gaan leer wat hierdie beteken: ‘Ek vereis aktiewe omgee en nie offers

nie,’want Ek het nie gekom om onskuldiges te roep nie, maar sondaars.”

Mattityahu

Hos 6:6

14 Toe kom die studentevolgelinge van Yoganan na Hom toe en sê: “Waarom vas ons

en die Fariseërs dikwels, maar U studentevolgelinge vas nie?”

15 Yeshua sê vir hulle: “Hoe kan die bruilofsgaste vas solank as die bruidegom by

hulle is? Daar sal egter ‘n dag kom wanneer die bruidegom van hulle af weggevat

word en dan sal hulle vas.

16 Niemand sit ‘n nuwe stuk lap op ou klere sodat die aangelapte stuk nie afskeur en

daar ‘n groter skeur kom nie.

17 Net so gooi hulle ook nie nuwe wyn in ou leersakke sodat die sakke nie breek en

die wyn mors en die sakke vernietig word nie. ‘n Mens gooi egter nuwe wyn in

nuwe sakke en albei word bewaar.”

18 Terwyl Hy hierdie dinge vir hulle sê, kom daar ‘n sekere heerser en buig voor Hom

neer en sê: “My dogter is in hierdie uur dood, maar kom lê U hand op haar en sy

sal lewe.”

19 Yeshua en sy studentevolgelinge het opgestaan en hom gevolg,

20 en let op, ‘n vrou wat twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, het van agter af

gekom en die gebedstossel van Sy kleed aangeraak,

21 want sy het in haarself gesê: “Selfs as ek net Sy klere kan aanraak, sal ek gesond

word.”

22 Yeshua het omgedraai en haar gesien en gesê: “Wees bemoedig My dogter, jou

vertroue het jou gered;” en die vrou is van daardie oomblik af genees.

23 Yeshua het by die huis van die heerser gekom en die weeklaers en die groep

omgekrapte mense gesien.

24 Hy sê vir hulle: “Gaan julle weg, want die dogter is nie dood nie, maar slaap.”

Hulle het vir Hom gelag.

25 Nadat Hy die skare uitgestuur het, het Hy ingegaan, haar hand vasgevat en die

dogter laat opstaan.

26 Die gerug hiervan het deur die hele gebied versprei.

27 Toe Yeshua daarvandaan verder gaan, het twee blindes Hom gevolg wat uitgeroep

en gesê het: “Gee om vir ons, Seun van Dawid!”

15

Mattityahu

28 Nadat Hy in die huis ingegaan het, kom die blindes na Hom toe en Yeshua sê vir

hulle: “Vertrou julle dat Ek in staat is om dit te doen?” Hulle sê vir Hom: “Ja, ons

Meester.”

29 Toe raak Hy hulle oë aan en sê: “Laat dit vir julle wees net soos julle vertrou”

30 en onmiddellik het hulle oë oopgegaan en Yeshua het hulle ernstig beveel en gesê:

“Let op dat niemand daarvan weet nie.”

31 Hulle het egter weggegaan en dit in die hele gebied bekend gemaak.

32 Terwyl hulle weggaan, bring hulle ‘n doofstom persoon, wat deur ‘n demoon

beheer word, na Yeshua toe

33 en nadat die demoon uitgegaan het, het die doofstom persoon gepraat. Die skare

mense het hulle verwonder en gesê: “So iets is nog nooit in Yisra’el gesien nie,”

34 maar die Fariseërs het gesê: “Deur die prins van die demone dryf Hy die demone

uit.”

35 Yeshua het rondgegaan na al die stede en dorpe en in hulle sinagoges geleer en die

goeie boodskap van die Koninkryk verkondig en elke siekte en elke pyn onder die

mense genees.

36 Toe Hy die groot groep mense sien, het Hy aktief vir hulle omgegee, omdat hulle

uitgeput was en rondgedwaal het, soos skape wat geen herder het nie.

37 Toe sê Hy vir sy studentevolgelinge: “Die oes is groot en die arbeiders is min.

38 Vra daarom van die Meester van die oes, om werkers uit te stuur na Sy oes.”

10 1 Hy het Sy twaalf studentevolgelinge na Hom toe geroep en aan hulle outoriteit

gegee oor vuil geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke pyn te genees.

2 Hierdie was die name van die twaalf afgevaardigdes: Eerstens, Shim’on wat genoem

word Kefa en Andréas, sy broer; Ya’akov, die seun van Zavdai, en Yoganan, sy

broer;

3 Filippos en die seun van (Bar)-Thalmai; T’oma en Mattityahu, die belastinggaarder;

Ya’akov, die seun van Alfaios en Lebbaios wat genoem word Thaddaios;

4 Shim’on die Yweraar en Y’hudah van K’riot, wat Hom oorgegee het.

5 Yeshua het hierdie twaalf gestuur en hulle opdrag gegee en gesê: “Moenie, op pad na

die ander volke toe gaan nie en moenie in ‘n stad van Shomron ingaan nie,

6 maar gaan spesifiek na die verlore skape van die huis van Yisra’el

7 en wanneer julle gaan, kondig aan en sê: ‘Die koninkryk van die hemel het naby

gekom.’

8 Genees siekes, reinig melaatses, dryf demone uit. Sonder betaling is dit ontvang,

sonder betaling moet dit gegee word.

9 Moenie goud of silwer of koper in julle beurse hou nie,

10 geen sak vir die pad of twee kledingstukke of sandale of ‘n wandelstok nie, want

die arbeider is sy versorging waardig,

11 maar in watter stad of dorp julle ook al ingaan, onderskei wie waardig is en bly dan

dáár totdat julle vertrek.

12 Wanneer julle in ‘n huis ingaan, spreek vrede, gesondheid, voorspoed en

vergenoegdheid oor die huishouding

16

Mattityahu

13 en as die huis dit waardig is, sal julle seëning (vrede, gesondheid, voorspoed en

vergenoegdheid) daarop rus, maar as dit nie waardig is nie, sal julle seëning na julle

toe terugkom.

14 Wanneer iemand julle nie ontvang en nie na julle boodskap luister nie, gaan uit

daardie huis of daardie stad uit en skud die stof van julle voete af.

15 Dit is waar wat Ek vir julle sê: ‘In die oordeelsdag sal dit vir die land van S’dom

en `Amora meer uithoudbaar wees as vir daardie stad.’

16 Let op, Ek stuur julle soos skape tussen die wolwe in. Wees daarom slinks soos

slange en onskuldig soos duiwe,

17 maar wees versigtig vir die mense, want hulle sal jul oorlewer aan die howe en in

hulle sinagoges sal hulle julle gésel.

18 Hulle sal julle ook voor streeksleiers en konings bring, om My ontwil, tot ‘n

getuienis vir hulle en vir die ander nasies,

19 maar wanneer hulle julle arresteer, moenie bekommerd wees oor hoe, of wat, julle

sal sê nie, want wat julle moet sê sal op daardie oomblik vir julle gegee word,

20 want dit sal nie julle wees wat praat nie, maar die Gees van julle Vader wat in julle

praat.

21 ‘n Broer sal sy broer tot die dood oorlewer en die vader sy kind; en die kinders sal

teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaak

22 en almal sal julle haat ter wille van My Outoriteit en Karakter, maar wie ookal

uithou tot die einde toe, hy sal gered word.

23 Wanneer hulle julle vervolg in hierdie stad, vlug na ‘n ander toe, want dit is waar

wat Ek vir julle sê: ‘Julle sal nie die stede van die huis van Yisra’el voltooi, voordat

die Seun van die mens sal gaan nie.’

24 Daar is nie ‘n leerling groter as sy leermeester nie en net so ook nie ‘n dienskneg

groter as sy meester nie.

25 Dit is vir die studentevolgeling genoeg dat hy soos sy leermeester sal wees en die

dienskneg soos sy meester. As hulle die meester van die huis Ba’al-Zibbul genoem

het; hoeveel te meer sy huisgenote!

26 Wees daarom nie bang vir hulle nie, want daar is niks bedek wat nie openbaar sal

word nie; en geheim wat nie bekend sal word nie.

27 Wat Ek ookal vir julle in die donker vertel, sê dit in die lig; en enige iets wat julle

in julle oor hoor, verkondig dit op die dakke.

28 Moenie bang wees vir hulle wat die liggaam doodmaak, maar die gees nie kan

doodmaak nie, maar wees eerder bang vir Hom wat die gees sowel as die liggaam

kan vernietig in die hel.

29 Word twee mossies nie vir ‘n assarion verkoop nie? Nie een van hulle sal op die

grond val sonder julle Vader se wil nie,

30 maar julle, al die hare van julle kop, is ook almal getel.

31 Wees daarom nie bang nie, want julle is belangriker as baie mossies.

32 Elkeen dan wat My sal erken voor die mense, hom sal Ek ook erken voor my Vader

wat in die hemel is,

33 maar elkeen wat My ontken voor die mense, hom sal Ek ook ontken voor my Vader

wat in die hemel is.

17

Mattityahu

34 Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie

gekom om vrede te bring nie, maar ‘n swaard,

35 want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ‘n man en sy vader; en tussen ‘n

dogter en haar moeder; en tussen ‘n skoondogter en haar skoonmoeder;

36 en die vyande van ‘n mens sal die kinders van sy huishouding wees.

Mik 7:6

37 Wie ‘n vader of moeder meer liefhet as vir My, is My nie waardig nie; en wie ‘n

seun of dogter meer liefhet as vir My, is My nie waardig nie;

38 en elkeen wat nie sy kruis optel en My volg nie, is My nie waardig nie.

39 Wie ookal sy lewe self verloor om My ontwil, sal dit vind. Wie ookal sy lewe self

vind, sal dit verloor.

40 Wie ookal julle ontvang, ontvang My; en wie ookal My ontvang, ontvang Hom

wat My gestuur het.

41 Wie ookal ‘n profeet ontvang in die outoriteit en karakter van die Profeet, sal ‘n

beloning van die Profeet ontvang en wie ‘n onskuldige ontvang in die outoriteit en

karakter van die Onskuldige, sal ‘n beloning van die Onskuldige Een ontvang

42 en elkeen wat aan een van hierdie kleintjies net ‘n koppie koue water gee om te

drink, in die karakter en outoriteit van ‘n studentevolgeling, dit is waar, Ek sê vir

julle, hy sal nie sy beloning verloor nie.”

11 1 Dit was nadat Yeshua Sy bevele aan Sy twaalf studentevolgelinge voltooi het,

dat Hy daarvandaan weggegaan het om in húlle stede te leer en te verkondig.

2 Toe Yoganan in die gevangenis gehoor het van die dade van Die Gesalfde Een, het

hy deur die hand van sy studentevolgelinge gestuur

3 en vir Hom gevra: “Is U Hy wat kom, of moet ons ‘n ander verwag?”

4 Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Gaan vertel aan Yoganan daardie dinge wat julle

hoor en sien:

5 die blindes sien, die kreupeles loop, die melaatses word rein, die dowes hoor, Yes35:5,6

Yes 61:1

die dooies staan op,

18

Yes 26:14 die armes hoor die goeie boodskap

6 en geseënd is elkeen wat nie deur My sal struikel nie.”

7 Toe hulle weg is, begin Yeshua vir die skare aangaande Yoganan te sê: “Wat het julle

uitgegaan om in die wildernis te sien? ‘n Riet wat deur die wind geswaai word?

8 Indien nie, wat het julle uitgegaan om te sien? ‘n Man wat ‘n lang sagte kleed dra?

Let op, die wat sagte klere dra, is in die huise van konings.

9 Wat anders het julle uitgegaan om te sien? ‘n Profeet? Ja. Ek sê vir julle, meer as ‘n

profeet.

10 Dit is hy van wie daar geskrywe is: ‘Let op, Ek stuur my boodskapper voor U

Mal 3:1

Teenwoordigheid uit, om U pad voor U uit voor te berei.’

11 Ek sê vir julle die waarheid: ‘Onder die wat uit vroue gebore is, het daar nie

een opgestaan wat groter is as Yoganan, die Doper, nie, maar die kleinste in die

Koninkryk van die hemel, is groter as hy.’

12 Vanaf die dae van Yoganan die doper af tot nou toe word die Koninkryk van die

hemel met geweld gelei, en geweldenaars gryp dit,

13 want al die profete en die wet het tot by Yoganan geprofeteer

14 en as julle bereid is om dit te aanvaar: hy is Eliyahu wat sou kom.

15 Wie ookal ‘n oor het wat wil hoor, laat hom hoor,

16 maar waarmee sal Ek hierdie geslag vergelyk? Dit is net soos kinders wat in die

strate sit en na hulle maats roep

17 en sê: ‘Ons het vir julle gesing en julle het nie gedans nie; ons het vir julle gehuil

en julle het nie getreur nie,’

18 Yoganan het gekom en niks geëet of gedrink nie en hulle sê: Hy het ‘n demoon in

hom.

19 Die Seun van die mens het gekom; al etende en drinkende, en hulle sê: ‘Let op,

‘n vraat en ‘n wynsuiper, ‘n vriend van belastinggaarders en sondaars.’ Wysheid is

regverdig deur die werke wat dit voortbring.”

20 Toe begin Yeshua die stede waarin die meeste van Sy kragtige dade plaasgevind

het, aanspreek, omdat hulle nie erken en omgedraai het van hulle sonde na God toe

nie

21 en Hy sê: “Wee jou, Kórasin; wee jou, Beit-Tzaidah! want as in Tzor en Tzidon die

kragtige dade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle lankal in sak

en as erken en omgedraai het van hulle sonde na God toe,

22 maar Ek sê vir julle, dit sal vir Tzor en Tzidon meer uithoudbaar wees in die

oordeelsdag as vir julle;

23 en jy, K’far-Nagum, wat tot die hemel toe opgelig is, jy sal tot She’ol toe neergedruk

word, want as in S’dom die kragtige dade plaasgevind het wat in jou plaasgevind

het, sou hy bly bestaan het tot vandag toe,

Yes 14:13,15

24 maar Ek sê vir julle dat dit vir die land van S’dom meer uithoudbaar sal wees in

die oordeelsdag as vir jou.”

25 By daardie geleentheid het Yeshua geantwoord en gesê: “Ek dank U, My Vader,

Meester van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge weggesteek het vir die wyse

en intelligente en dit aan eenvoudiges geopenbaar het.

26 Ja, My Vader, want so was dit U begeerte om te doen.

27 Alles is aan My oorgegee deur My Vader en niemand ken die Seun ten volle nie,

behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader ten volle nie, behalwe die Seun en

elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar.

28 Kom na My toe, almal wat moeg gewerk en gedwing word om laste te dra en Ek

sal julle rus gee.

29 Neem My juk op julle en leer van My, want Ek is vredevol en nederig van verstand,

wil en emosie en julle sal rus vind vir julle gees,

Yir 6:16

Mattityahu

30 want My juk is aangenaam en My las is lig.”

12 1 In daardie tyd het Yeshua op die Shabbat deur die graanland geloop en Sy

studentevolgelinge was honger en het are begin pluk en geëet,

2 maar toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir Hom: “Let op, U studentevolgelinge doen

wat nie toegelaat is om op die Shabbat te doen nie.”

3 Hy sê egter vir hulle: “Het julle nie gelees wat Dawid gedoen het toe hy honger was

nie; hy en die wat saam met hom was;

19

Mattityahu

4 hoe hy in die huis van God ingegaan het en die brode van die tafel van geëet

het, wat nie vir hom of die wat saam met hom was, toegelaat was om te eet nie, maar

slegs vir die priesters?

5 Of het julle nie in die wet gelees dat, op die Shabbat, die priesters in die tempel die

Shabbat ontheilig en tog onskuldig is nie?

6 Ek sê egter vir julle: Een groter as die tempel, is hier,

7 maar as julle verstaan het wat dit beteken: ‘Ek wil aktiewe omgee hê en nie offerandes

nie,’ Hos 6:6 sou julle nie die onskuldiges veroordeel het nie,

8 want die Seun van die mens is Meester van die Shabbat.”

9 Yeshua het daarvandaan weggegaan na hulle sinagoge toe.

10 Daar was ‘n persoon met ‘n verdroogde hand en hulle het Hom gevra sodat hulle

Hom kon aankla en gesê: “Is dit toelaatbaar om op die Shabbat gesond te maak?”

11 Hy sê vir hulle: “Wie is daar onder julle wat een skaap het en as dit op die Shabbat

in ‘n gat val, dit nie sal gryp en uithaal nie?

12 Hoeveel meer is ‘n mens dan nie as ‘n skaap nie! Daarom is dit toelaatbaar om op

die Shabbat goed te doen.”

13 Toe sê Hy vir daardie man: “Steek jou hand uit!” Hy het dit uitgesteek en dit is

genees, net soos die ander een.

14 Die Fariseërs het uitgegaan en vergader teen Hom, om Hom te vernietig,

15 maar Yeshua het dit geweet en Hy het daarvandaan onttrek en ‘n groot klomp

mense het saam met Hom gegaan en Hy het hulle almal gesond gemaak

16 en hulle gewaarsku om Hom nie bekend te maak nie

17 sodat dit wat Yesha’yahu die profeet gesê het, vervul sou word toe hy gesê het:

18 “Let op, my Dienskneg in Wie Ek vreugde vind, die Een wat Ek liefhet, waarna

My Gees verlang het! Ek sal My Gees op Hom sit en Hy sal oordeel aan die nasies

verkondig.

19 Hy sal nie stry of uitroep nie en niemand sal Sy stem op die strate hoor nie.

20 ‘n Gekneusde riet sal Hy nie afbreek nie en ‘n flikkerende lamp, sal Hy nie uitblus

nie, totdat Hy die oordeel van onskuld sal bring

Yes 42:1-4

21 en in Sy Outoriteit en Karakter sal die nasies hoop.”

22 Toe het hulle ‘n demoonbesetene wat blind en stom was, na Hom toe gebring en Hy

het hom gesondgemaak sodat die blind en stomme kon sien en praat

23 en al die mense was verwonderd en het gesê: “Is Hy nie die Seun van Dawid

nie?”

24 Toe die Fariseërs dit egter hoor, sê hulle: “Díe Een dryf nie demone uit nie, behalwe

deur Ba’al-Zibbul, die prins van die demone,”

25 maar Yeshua het hulle denke geken en vir hulle gesê: “Elke koninkryk wat teen

homself verdeeld is, word vernietig en elke stad of huis wat teen homself verdeeld

is, sal nie bly staan nie

26 en as die Satan die Satan uitdryf, dan is hy teen homself verdeeld en hoe kan sy

koninkryk dan bly staan?

27 As Ek deur Ba’al-Zibbul die demone uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit?

Hieroor sal hulle julle regters wees

20

Mattityahu

28 en as Ek deur die Gees van God die demone uitdryf, dan het die Koninkryk van

God naby julle gekom.

29 Of hoe kan iemand in die huis van ‘n magtige man ingaan en sy goed plunder, as hy

nie eers die magtige man vasgebind het nie? Dán kan hy sy huis plunder.

30 Wie ookal nie saam met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My

bymekaarmaak nie, jaag uitmekaar.

31 As gevolg hiervan sê Ek vir julle: Elke sonde en kwaadpraat sal die mense vergewe

word, maar die kwaadpraat teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie

32 en elkeen wat ‘n woord praat teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word,

maar elkeen wat praat teen die Gees van Afsondering, dit sal hom nie vergewe word

nie; nie in hierdie wêreld nie en ook nie in die wêreld wat voorberei word nie.

33 Maak òf die boom goed en sy vrugte goed, òf maak die boom sleg en sy vrugte

sleg, want aan die vrugte word die boom geken.

34 Kinders van Adders, hoe is dit moontlik dat julle voordelige dinge kan praat terwyl

julle waardeloos is? Want uit die volheid van die verstand, wil en emosie praat die

mond.

35 Die bruikbare mens bring uit die goeie skat bruikbare dinge te voorskyn; en die

bose mens bring uit die bose skat bose dinge te voorskyn,

36 want Ek sê vir julle dat van elke waardelose woord wat mense praat, sal hulle ‘n

antwoord moet gee in die oordeelsdag,

37 want deur jou woorde sal jy onskuldig beskou word en deur jou woorde sal jy

skuldig bevind word.”

38 Toe antwoord sommige van die leraars van die wet en Fariseërs en sê vir Hom:

“Leermeester, ons wil ‘n teken van U sien.”

39 Hy antwoord hulle egter en sê: “’n Slegte en owerspelige geslag soek na ‘n teken

en geen teken sal aan dit gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Yonah,

40 want net soos Yonah drie dae en drie nagte in die maag van die vis was, Yon 1:17 net só

sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die middel van die aarde wees.

41 Die manne van Ninveh sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en

dit veroordeel, want hulle het erken en weggedraai van sonde na God toe met die

verkondiging van Yonah en meer as Yonah is hier!

42 Die koningin van die Suide sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en

dit veroordeel, want sy het gekom van die eindes van die aarde af om die wysheid

van Shlomo te hoor en meer as Shlomo is hier!

43 Wanneer ‘n vuil gees uit die mens uitgegaan het, dwaal hy rond in plekke waar nie

water is nie en begeer rus en vind dit nie.

44 Dan sê hy: ‘Ek sal teruggaan na my huis vanwaar ek uitgegaan het’ en hy gaan en

vind dit leeg, uitgevee en versier.

45 Dan gaan hy en bring sewe ander geeste, slegter as hyself, saam met hom, en hulle

gaan in en woon daar en die einde van daardie mens word erger as die begin. Só sal

dit ook met hierdie bose geslag gedoen word.”

46 Terwyl Hy nog met die mense praat, staan Sy moeder en broers buite en wou graag

met Hom praat

21

Mattityahu

47 en iemand sê vir Hom: “Let op, U moeder en U broers is buite en wil graag met

U praat,”

48 maar Hy antwoord en sê vir die een wat dit vir Hom gesê het: “Wie is My moeder

en wie is My broers?”

49 Hy steek sy hand na Sy studentevolgelinge uit en sê: “Let op! My moeder en My

broers,

50 want elkeen wat die wil doen van My Vader wat in die hemel is, dié is My broer

en suster en moeder.”

13 1 Daardie selfde dag het Yeshua uit die huis uitgegaan en langs die see gaan sit

2 en ‘n groot groep mense het by Hom bymekaargekom sodat Hy in ‘n boot geklim en

gaan sit het en die hele skare mense het op die strand gestaan.

3 Hy het baie dinge deur vergelykende stories aan hulle vertel en gesê: “Let op, ‘n

saaier het uitgegaan om te saai

4 en terwyl hy saai, val sommiges langs die pad en ‘n voël het gekom en dit opgeëet.

5 Ander het op die rots geval waar daar nie baie grond was nie en dit het dadelik

opgekom, omdat daar nie diep grond was nie.

6 Toe die son opkom en dit warm word, het dit verdroog, omdat dit nie wortels gehad

het nie.

7 Ander het tussen die dorings geval en die dorings het opgekom en dit verstik.

8 Ander het in die goeie grond geval en vrugte gegee: die een honderd-, die ander

sestig-, die ander dertigvoudig.

9 Wie ookal ‘n oor het wat hoor: laat hom hoor!”

10 Die studentevolgelinge het gekom en vir Hom gesê: “Waarom praat U met hulle

deur vergelykende stories?”

11 Hy antwoord en sê vir hulle: “Aan julle is gegee om die geheime van die Koninkryk

van die hemel te ken, maar dit is nie aan hulle gegee nie,

12 want aan die een wat het, sal gegee word, en dit sal vermeerder

13 en van die een wat nie het nie, sal ook dit wat hy het, weggevat word. Daarom praat

Ek met hulle deur vergelykende stories, omdat hulle sien, maar nie sien nie; en hoor,

maar nie hoor nie en ook nie verstaan nie

14 en in hulle is die profesie van Yesha’yahu vervul wat sê: ‘Horende sal julle hoor en

nie verstaan nie; en siende sal julle sien, en nie ken nie,

15 want die verstand, wil en emosie van hierdie volk het dig geword; en met hulle ore

het hulle skaars gehoor; en hulle het hul oë toegemaak sodat hulle nie met die oë sou

sien en met die ore hoor en met die verstand, wil en emosie verstaan en hulle sonde

22

erken en wegdraai na God toe en Ek hulle genees nie,’

Yes 6:9-10

16 maar julle oë is geseën, omdat hulle sien; en julle ore, omdat hulle hoor.

17 Dit is waar, Ek sê vir julle, baie profete en onskuldiges het begeer om te sien wat

julle sien en het dit nie gesien nie en om te hoor wat julle hoor en het dit nie gehoor

nie,

18 maar luister julle na die vergelykende storie van die saad.

19 Elkeen wat die boodskap van die Koninkryk hoor en nie verstaan nie, in hom kom

die Bose Een en gryp weg wat in sy verstand, wil en emosie gesaai is; dit is wat

langs die pad gesaai is.

20 Dit wat op die rots gesaai is: dit is hy wat die boodskap hoor en dit in ‘n kort rukkie

met blydskap aanvaar,

21 maar hy het geen wortel in homself nie en is net vir ‘n tyd en as daar moeilikheid

en vervolging kom ter wille van die boodskap, val hy dadelik uitmekaar.

22 Dit wat tussen die dorings gesaai is: dit is hy wat die boodskap hoor, maar die dinge

van hierdie wêreld en die misleiding van rykdom versmoor die boodskap en hy is

sonder vrugte.

23 Die wat op die goeie grond gesaai is: dit is hy wat My boodskap hoor en verstaan

en vrugte dra: sommige ‘n honderd-, sommige sestig-, sommige dertigvoudig.”

24 ‘n Ander vergelykende storie het Hy aan hulle vertel en gesê: “Die Koninkryk van

die hemel is soos ‘n man wat goeie saad in sy land gesaai het,

25 maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en darrel (vals koring) tussen die

koring gesaai en weggegaan.

26 Toe die blare opgroei en die spruitjies vrugte vorm, toe verskyn die darrel ook.

27 Die diensknegte van die meester van die huis het na hom toe gekom en vir hom

gesê: ‘Ons meester, let op, het u dan nie goeie saad in u land gesaai nie? Waar kom

die darrel dan vandaan?’

28 Hy antwoord hulle: ‘’n Vyandige persoon het dit gedoen.’ Die diensknegte sê vir

hom: ‘Wil u hê dat ons moet gaan en dit uitsoek?’

29 Hy antwoord hulle: ‘Is dit nie dat as julle die darrel bymekaarmaak, julle ook saam

met hulle die graan sal ontwortel nie?’

30 Laat altwee saam groei tot die oestyd toe en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê:

Maak eers die darrel bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar maak

die graan bymekaar in my skuur.”

31 ‘n Ander vergelykende storie het Hy vir hulle vertel en gesê: “Die Koninkryk van

die hemel is soos ‘n mosterdsaad wat ‘n man vat en in sy land saai.

32 Hierdie is die kleinste van alle sade, maar as dit gegroei het, is dit die grootste

van alle kruie en word dit ‘n boom sodat ‘n voël van die hemel kom en sit op sy

takke.”

33 ‘n Ander vergelykende storie het Hy hulle vertel: “Die Koninkryk van die hemel

is soos suurdeeg wat ‘n vrou neem en in drie mate meel inwerk totdat dit alles

ingesuur is.”

34 Al hierdie dinge het Yeshua deur vergelykende stories vir die skare gesê en sonder

vergelykende stories het Hy vir hulle niks gesê nie

35 sodat dit wat deur die profeet gesê is vervul sou word wat sê: “Ek sal My mond

oopmaak deur vergelykende stories en Ek sal dinge sê wat verborge was van die

grondlegging van die wêreld af.”

Ps 78:2

Mattityahu

36 Toe het Yeshua die skare gelos en huis toe gegaan en Sy studentevolgelinge het na

Hom toe gekom en vir Hom gesê: “Verduidelik vir ons die vergelykende storie van

die darrel (valskoring) en die land.”

23

Mattityahu

37 Hy het geantwoord en vir hulle gesê: “Hy wat die goeie saad gesaai het, is die Seun

van die mens,

38 en die land is die wêreld. Die goeie saad is die kinders van die Koninkryk, maar die

vals saad is die kinders van die Bose Een.

39 Meer nog, die vyand wat hulle gesaai het, is Satan. Die oestyd is die einde van die

wêreld en die maaiers is die engele.

40 Daarom, net soos die darrel (vals koring) bymekaargemaak en in die vuur verbrand

word, so sal dit wees aan die einde van hierdie wêreld:

41 Die Seun van die mens sal Sy boodskappers uitstuur en hulle sal uit Sy Koninkryk

bymekaarmaak al die struikelblokke en die doeners van boosheid

42 en hulle in die intensiteit van vuur gooi. Daar sal gehuil wees en gekners van

tande.

43 Dan sal die onskuldiges skyn soos die son in die Koninkryk van hulle Vader. Wie

ookal ‘n oor het wat wil hoor, laat hom hoor.

44 Weer: Die Koninkryk van die hemel is soos ‘n skat wat weggesteek is in ‘n stuk

grond, wat ‘n man kry en geheim hou en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop

alles wat hy het en koop daardie grond.

45 Weer: Die Koninkryk van die hemel is soos ‘n handelaar wat mooi pêrels soek

46 en toe hy ‘n sekere pêrel vind wat voor die hand liggend baie kosbaar is, gaan hy

weg en verkoop alles wat hy het en koop dit.

47 Weer: Die Koninkryk van die hemel is soos ‘n net wat in die see gegooi word en

van alle soorte bymekaarmaak

48 en toe dit vol was, het hulle dit op die strand uitgebring en gaan sit en dit uitgesoek.

Die goeies het hulle in houers gesit en die slegtes uitgegooi.

49 So sal dit wees aan die einde van die wêreld: die engele sal uitgaan en die slegte

mense van die onskuldiges afskei

50 en hulle in die intensiteit van vuur gooi. Daar sal gehuil wees en gekners van

tande.”

51 Yeshua sê vir hulle: “Het julle ál hierdie dinge verstaan?” Hulle antwoord Hom:

“Ja, ons Meester!”

52 Hy sê vir hulle: “As gevolg hiervan is elke leraar van die wet, wat opgelei word

vir die Koninkryk van die hemel, soos die meester van ‘n huis wat uit sy skat nuwe

en ou dinge bring.”

53 Dit was nadat Yeshua klaar was met hierdie vergelykende stories, dat Hy

daarvandaan weggegaan het

54 en Hy het in Sy stad gekom en hulle in hulle sinagoge geleer sodat hulle verslae

was en gesê het: “Van waar kry Hy hierdie wysheid en wonderwerke vandaan?

55 Is hierdie nie die seun van die skrynwerker nie? Is die naam van sy moeder nie

Miryam en dié van sy broers Ya’akov, Yosef, Shim’on en Y’hudah nie?

56 Al Sy susters, let op, is hulle nie almal by ons nie? Van waar kry Hy dan al hierdie

dinge?”

57 Hulle het aanstoot geneem, maar Yeshua sê vir hulle: “Daar is nie ‘n profeet wat

verag word nie, behalwe in sy tuisdorp en in sy huis.”

58 Hy het, vanweë hulle gebrek aan vertroue, nie baie wonderwerke daar gedoen nie.

24

Mattityahu

14 1 In daardie tyd het Herodes, die heerser oor ‘n kwart van die land, van Yeshua

se bekendheid gehoor,

2 en aan sy onderdane gesê: “Hierdie is Yoganan, die doper. Hy het uit die dood uit

opgestaan en daarom doen Hy dié wonderwerke,”

3 want Herodes het Yoganan gevang, hom vasgebind en in die tronk gesit as gevolg

van Heródias, die vrou van Filippos, sy broer,

4 want Yoganan het vir hom gesê: “Dit is nie reg volgens die wet dat sy jou vrou is

nie.”

5 Hy wou hom doodmaak, maar hy het die mense gevrees, omdat hulle hom as ‘n

profeet beskou het.

6 Tydens Herodes se verjaarsdag by die huis het die dogter van Herodias tussen die

gaste gedans en Herodes plesier.

7 As gevolg hiervan het hy met ‘n eed beloof om vir haar enige iets te gee wat sy sou

vra.

8 Omdat sy deur haar moeder beveel is, het sy gesê: “Gee my hier, op ‘n bord, die kop

van Yoganan, die Doper.”

9 Dit het die koning hartseer gemaak, maar ter wille van die eed en die gaste het hy

bevel gegee dat dit vir haar gegee moes word

10 en hy het gestuur om Yoganan in die gevangenis te onthoof.

11 Sy kop is op ‘n bord gebring en aan die meisie gegee en sy het dit vir haar moeder

gebring.

12 Sy studentevolgelinge het gekom, sy lyk weggevat, dit begrawe en gegaan en dit

aan Yeshua vertel.

13 Toe Yeshua dit hoor, het Hy daarvandaan in ‘n skuit vertrek na ‘n verlate plek om

alleen te wees. Toe die skare dit hoor, het hulle Hom oor land gevolg vanuit die

stede.

14 Yeshua het afgekom, die groot skare gesien en het aktief omgegee vir hulle en Hy

het hulle siekes gesondgemaak,

15 maar toe dit aand geword het, kom Sy studentevolgelinge na Hom toe en sê vir

Hom: “Die plek is ‘n wildernis, en dit is al laat; stuur die skare weg sodat hulle na

die dorpies kan gaan en vir hulle kos kan koop.”

16 Hy sê egter vir hulle: “Dit is nie nodig vir hulle om weg te gaan nie; gee julle vir

hulle iets om te eet,”

17 maar hulle sê vir Hom: “Ons het niks hier nie behalwe vyf brode en twee visse.”

18 Yeshua sê vir hulle: “Bring hulle hier vir My.”

19 Hy het die skare beveel om op die grond skuins te lê en Hy neem daardie vyf

brode en die twee visse, kyk op na die hemel, seën dit, breek dit en gee dit aan die

studentevolgelinge en die studentevolgelinge sit dit voor aan die skare.

20 Almal het geëet en was versadig en hulle het die oortollige stukke opgetel: twaalf

mandjies vol.

21 Dié wat geëet het was omtrent vyf duisend mans, buiten die vroue en kinders.

22 Dadelik het Yeshua sy studentevolgelinge in die boot laat klim om voor Hom uit te

gaan na die oorkant, terwyl Hy die skare wegstuur.

25

Mattityahu

23 Nadat Hy die skare weggestuur het, klim Hy alleen op met die berg om te bid en

toe dit donker geword het, was Hy alleen daar.

24 Die boot was alreeds ‘n afstand van die land af, terwyl dit hewig rondgeslinger is

deur die golwe, want die wind was teen hulle,

25 maar in die vierde nagwaak het Yeshua na hulle toe aangekom, terwyl Hy op die

water geloop het.

26 Sy studentevolgelinge het gesien dat Hy op die water loop en hulle was ontsteld en

sê: “Dit is ‘n visioen” en hulle het uitgeroep van vrees,

27 maar Yeshua het dadelik met hulle gepraat en gesê: “Wees bemoedig, Ek Is !

Moenie vrees nie.”

28 Kefa antwoord en sê vir Hom: “My Meester, as dit U is, beveel my om op die water

na U toe te kom.”

29 Yeshua sê vir hom: “Kom!” Kefa klim van die skuit af en loop op die water na

Yeshua toe

30 en toe hy sien dat die wind sterk was, het hy bang geword en toe hy begin sink, roep

hy uit en sê: “My Meester, red my!”

31 Ons Meester het in ‘n oogwink Sy hand uitgesteek en hom vasgehou en vir hom

gesê: “O, klein van vertroue, waarom het jy getwyfel?”

32 Toe hulle in die skuit klim, het die wind gaan lê.

33 Die wat in die skuit was, kom en val voor Hom neer en sê: “Waarlik, U is die Seun

van God!”

34 Hulle het oorgevaar en in die streek van Kinneret gekom

35 en die manne van daardie plek het Hom herken, na al die dorpies rondom hulle

uitgestuur en almal wat baie siek was, na Hom toe gebring

36 en hulle het Hom versoek om maar net die gebedstossels van Sy kleed te mag

aanraak en almal wat dit aangeraak het, is genees.

15 1 Toe kom daar Fariseërs en leraars van die wet, vanaf Yerushalayim, na Yeshua

toe en sê:

2 “Waarom oortree U studentevolgelinge die tradisionele wet van die oudstes en was

nie hulle hande wanneer hulle brood eet nie?”

3 Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Waarom oortree julle ook die opdragte van God

ter wille van julle tradisionele wet?

4 Want God het opdrag gegee en gesê: ‘Eer jou vader en jou moeder Eks 20:12 en hy wat

sleg praat van vader of moeder, moet die dood sterf,’

Eks 21:17

5 maar julle sê: ‘Elkeen wat aan vader of moeder sê: ‘dit wat u van my as voordeel kon

kry, het ek as ‘n offer gegee,’ eer so nie sy vader of moeder nie.

6 Julle kanselleer die wette van God deur julle tradisionele wette.

7 Aannemers van die persoon, Yesha’yahu het reg oor julle geprofeteer toe hy gesê

het:

8 ‘Hierdie mense eer My met hulle lippe, maar hulle verstand, wil en emosie is baie

ver van My af.

9 Hulle aanbidding tot My is doelloos, terwyl hulle leringe leer van die wette van

Yes 29:13

mense’.”

26

Mattityahu

10 Hy het die skare na Hom toe geroep en vir hulle gesê: “Luister en verstaan!

11 Dit is nie wat in die mond ingaan, wat die mens onrein maak nie, maar dit wat uit

die mond uitgaan, maak die mens onrein.”

12 Toe kom Sy studentevolgelinge nader en sê vir Hom: “Weet U dat die Fariseërs,

wat hierdie gehoor het, aanstoot geneem het?”

13 Hy antwoord egter en sê vir hulle: “Elke plant wat My Vader wat in die hemel is

nie geplant het nie, sal vernietig word.

14 Laat hulle staan; hulle is blinde gidse van die blindes, maar as ‘n blinde ‘n ander

blinde lei, sal altwee in die sloot val.”

15 Shim’on Kefa antwoord en sê vir Hom: “My Meester, verduidelik vir ons hierdie

vergelykende storie,”

16 maar Hy sê vir hulle: “Verstaan julle tot nou toe steeds nie?

17 Verstaan julle nog nie dat alles wat in die mond ingaan, deur die maag gaan en in

die privaatheid uitgewerp word nie?

18 Alle dinge wat egter uit die mond uitgaan, kom uit die verstand, wil en emosie en

dit maak die mens onrein,

19 want uit die verstand, wil en emosie kom daar bose gedagtes: moord, egbreuk,

seksuele immoraliteit, diefstal, valse getuienis en laster.

20 Dit is hierdie dinge wat die mens onrein maak, maar om met ongewaste hande te

eet, maak nie die mens onrein nie.”

21 Yeshua het daarvandaan weggegaan en by die gebiede van Tzor en Tzidon

gekom.

22 Let op, ‘n Kena’anitiese vrou wat van daardie area gekom het, het na Hom geroep

en gesê: “Wees my goedgunstig, my Meester, Seun van Dawid! My dogter word erg

deur ‘n demoon gedryf,”

23 maar Hy het haar nie ‘n woord geantwoord nie. Toe kom Sy studentevolgelinge

nader en vra Hom en sê: “Stuur haar weg, want sy skree agter ons aan.”

24 Hy antwoord egter en sê vir hulle: “Ek is nie gestuur nie, behalwe na die afgedwaalde

skape van die huis van Yisra’el,”

25 maar sy kom en val voor Hom neer en sê: “My Meester, help my!”

26 Hy sê vir haar: “Dit is nie goed om die brood van die kinders te vat en dit vir die

honde te gooi nie,”

27 maar sy sê: “Ja, my Meester, selfs die honde eet van die krummels wat van hulle

base se tafel afval en hulle leef.”

28 Toe sê Yeshua vir haar: “O Vrou, groot is jou vertroue; dit sal vir jou gedoen word

soos jy wil” en haar dogter is genees van daardie oomblik af.

29 Yeshua het daarvandaan weggegaan en langs die see van Kinneret gekom en Hy

het die berg opgeklim en daar gaan sit

30 en daar kom ‘n groot skare na Hom toe met kreupeles, blindes, dowes, stommes,

gebreklikes en baie ander saam met hulle en hulle het dié by die voete van Yeshua

neergesit en Hy het hulle gesondgemaak,

31 sodat die skare verbaas was om te sien dat stommes praat, gebreklikes gesond

word, kreupeles loop en blindes sien; en hulle het die God van Yisra’el verhewe

verklaar.

27

Mattityahu

32 Toe het Yeshua sy studentevolgelinge na Hom toe geroep en vir hulle gesê: ‘Ek

voel jammer vir hierdie menigte. Let op, hulle bly al drie dae by My en daar is niks

vir hulle om te eet nie en Ek is nie gewillig om hulle weg te stuur terwyl hulle vas

nie, sodat hulle nie miskien op die pad flou word nie.

33 Sy studentevolgelinge sê vir Hom: “Waar sal ons in dié wildernis genoeg brode

vandaan kry om so ‘n groot skare te versadig?”

34 Yeshua sê vir hulle: “Hoeveel brode het julle?” Hulle antwoord: “Sewe; en ‘n paar

klein vissies.”

35 Hy het die skare beveel om op die grond te gaan sit vir ‘n maaltyd.

36 Hy vat die sewe brode en die visse, gee lof, breek dit en gee dit aan Sy

studentevolgelinge en die studentevolgelinge gee dit aan die skare

37 en hulle het almal geëet en was versadig. Hulle het die oortollige stukke opgetel en

sewe mandjies volgemaak

38 en die wat geëet het, was vier duisend mans, sonder die vroue en kinders.

39 Hy het die mense weggestuur, in die skuit geklim en in die gebied van Migdala

gekom.

16 1 Die Fariseërs en Sadduseërs het nadergekom om Hom te toets en het Hom

gevra om vir hulle ‘n teken uit die hemel te wys,

2 maar Hy antwoord en sê vir hulle: “In die aand sê julle: ‘Dit sal mooi weer wees,

want die lug is rooi’

3 en in die oggend sê julle: ‘Daar sal vandag ‘n storm wees, want die lug is rooi en

deinserig.’ Toneelspelers van ‘n vals karakter, julle weet goed hoe om die sigbare

tekens in die lug te onderskei en julle kan nie die tekens van hierdie tye onderskei

nie?

4 ‘n Slegte en owerspelige geslag vereis ‘n teken en geen teken sal aan dit gegee word

nie, behalwe die teken van Yonah, die profeet.” Hy het hulle verlaat en weggegaan

5 en toe Sy studentevolgelinge na die oorkant gegaan het, het hulle vergeet om brood

saam te vat,

6 maar Hy sê vir hulle: “Let op na, en wees versigtig vir, die suurdeeg van die Fariseërs

en Sadduseërs.”

7 Hulle het dit onder mekaar bespreek en gesê: “Dit is omdat ons geen brood gebring

het nie,”

8 maar Yeshua het dit geweet en vir hulle gesê: “Wat bespreek julle onder mekaar,

kleintjies in vertroue, dat julle geen brood gebring het nie?

9 Verstaan julle tot nou toe nog nie en onthou julle ook nie die vyf brode en die vyf

duisend en hoeveel groot mandjiesvol julle opgetel het nie?

10 Ook nie die sewe brode van die vier duisend en hoeveel ronde mandjiesvol julle

opgetel het nie?

11 Hoe is dit dat julle nie verstaan dat Ek nie oor brood met julle gepraat het nie, maar

om op te pas vir die suurdeeg van die Fariseërs en Sadduseërs?”

12 Toe het hulle verstaan dat Hy nie gesê het dat hulle moes oppas vir die suurdeeg

van brood nie, maar vir die leringe van die Fariseërs en Sadduseërs.

28

Mattityahu

13 Toe Yeshua in die gebied van Kaisareia-Filippoi kom, vra Hy Sy studentevolgelinge

en sê: “Wie sê die mense dat Ek, die Seun van die mens, is?”

14 Hulle antwoord: “Sommige sê Yoganan, die Doper, maar ander Eliyahu en ander

Yirmeyahu of een van die profete.”

15 Hy sê vir hulle: “Maar julle, wie sê julle is Ek?”

16 Shim’on Kefa antwoord en sê: “U is die Gesalfde Een, die Seun van die Lewende

God.”

17 Yeshua antwoord en sê vir hom: “Jy is geseënd, Shim’on, seun van Yoganan, want

vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar My Vader wat in die hemel is

18 en Ek sê ook vir jou: ‘Jy is Kefa, en op hierdie rots sal Ek my vergadering van

uitgeroeptes (Kerk) bou en die hekke van She’ol sal nie daarteen kan staan nie.

19 Ek sal aan jou die sleutels van die Koninkryk van die hemel gee; en wat jy ook op

die aarde mag vasbind, sal vasgebind wees, soos dit in die hemel reeds vasgebind is

en wat jy ook op die aarde mag losmaak, sal losgemaak wees soos dit in die hemel

reeds losgemaak is’.”

20 Toe het Hy Sy studentevolgelinge bevel gegee dat hulle vir niemand mag sê dat Hy

die Gesalfde Een is nie.

21 Van toe af aan het Yeshua begin om Sy studentevolgelinge in te lig dat Hy voorbereid

is om na Yerushalayim te gaan en baie moes ly deur die oudstes, die hoofpriesters en

die leraars van die wet en vermoor sal word en op die derde dag sal opstaan.

22 Kefa vat Hom eenkant en begin Hom bestraf en sê: “Mag dit ver van U wees, my

Meester, dat hierdie met U sal gebeur,”

23 maar Hy het weggedraai en vir Kefa gesê: “Gaan weg van agter My, Satan! Jy is

vir My ‘n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge

van mense.”

24 Toe sê Yeshua vir Sy studentevolgelinge: “As enige iemand agter My aan wil kom,

moet hy homself ontken en sy kruis opneem en saam met My gaan,

25 want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor, maar elkeen wat sy lewe om My

ontwil verloor, sal dit vind,

26 want watter voordeel is daarin dat ‘n mens die hele wêreld wen, maar aan sy gees

kortkom? Of wat sal ‘n mens gee in ruil vir sy gees?

27 Want die Seun van die mens is op die punt om saam met Sy engele in die

Gemanifesteerde Teenwoordigheid van Sy Vader te kom en dan sal Hy man vir man

beloon volgens sy dade.

28 Dit is waar, Ek sê vir julle, daar is sommige van die wat hier staan, wat die dood nie

sal smaak voordat hulle die Seun van die mens sien kom met Sy Koninkryk nie.”

17 1 Ná ses dae het Yeshua vir Kefa, Ya’akov en Yoganan, sy broer, teen ‘n hoë berg

opgevat in afsondering

2 en Yeshua het voor hulle van voorkoms verander en Sy gesig het geskyn soos die

son, maar Sy klere het stralend wit geword

3 en Moshe en Eliyahu het aan hulle verskyn, in gesprek met Hom.

4 Kefa antwoord en sê vir Yeshua: “My Meester, dit is goed dat ons hier is; as U wil, sal

ons hier drie afskortings opslaan: een vir U en een vir Moshe en een vir Eliyahu.”

29

Mattityahu

5 Terwyl hy nog praat, let op, ‘n helder verligte wolk oordek hulle en ‘n Stem sê uit die

wolk: “Dit is My Seun wat Ek liefhet, met wie Ek baie tevrede is. Luister na Hom!”

6 Toe die studentevolgelinge dit hoor, het hulle op hul gesigte neergeval en was baie

bang

7 en Yeshua het nadergekom en hulle aangeraak en gesê: “Staan op, julle moenie bang

wees nie.”

8 Hulle lig hulle oë op maar sien niemand meer nie, behalwe Yeshua alleen

9 en terwyl hulle van die berg afklim, het Yeshua hulle beveel en vir hulle gesê: “Julle

mag voor niemand iets van die visioen sê totdat die Seun van die mens uit die dood

uit opgestaan het nie.”

10 Sy studentevolgelinge vra Hom en sê: “Waarom sê die leraars van die wet dan dat

Eliyahu eers moet kom?”

11 Yeshua antwoord en sê: “Eliyahu kom eers sodat alles mag eindig,

12 maar Ek sê vir julle, let op, Eliyahu het alreeds gekom en hulle het hom nie erken

nie, maar aan hom alles gedoen wat hulle wou. Net só sal die Seun van die mens

ook deur hulle ly.”

13 Toe verstaan die studentevolgelinge dat Hy met hulle van Yoganan, die Doper,

gepraat het.

14 Toe hulle by die skare kom, kom daar ‘n man na Hom toe en kniel voor Hom

15 en sê vir Hom: “My Meester, ontferm U oor my seun, want hy is waansinnig en ly

baie, want hy val dikwels in die vuur en in die water

16 en ek het hom na U studentevolgelinge gebring en hulle kon hom nie gesondmaak

nie.”

17 Yeshua antwoord en sê: “O vertrouelose en misleide geslag, tot wanneer sal Ek by

julle wees, tot wanneer sal Ek julle verdra? Bring hom hier na My toe.”

18 Yeshua bestraf die demoon en hy het uit hom uitgegaan en die seun het gesond

geword van daardie oomblik af.

19 Toe kom die studentevolgelinge afsonderlik na Yeshua toe en sê: “Waarom kon ons

hom nie uitdryf nie?”

20 Yeshua antwoord hulle: “Deur julle gebrek aan vertroue. Dit is waar wat Ek vir

julle sê, as julle vertroue in julle het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg

sê: ‘Beweeg weg van hierdie plek af’ en hy sal beweeg en niks sal vir julle moeilik

wees nie,

21 maar hierdie soort gaan nie uit, behalwe deur gebed en vas nie.”

22 Terwyl hulle in die Galil reis, het Yeshua vir hulle gesê: “Die Seun van die mens

sal oorgegee word in die hande van die mense,

23 hulle sal Hom vermoor en op die derde dag sal Hy opstaan” en dit het hulle baie

bedroef gemaak.

24 Toe hulle in K’far-Nagum kom, het die wat die tempelbelasting (dubbel dragma)

ontvang, na Kefa gegaan en vir hom gesê: “Betaal julle Leermeester nie die

tempelbelasting nie?”

25 Hy sê vir hulle: “Ja.” Toe Kefa in die huis inkom, spring Yeshua hom voor en sê

vir hom: “Wat dink jy, Shim’on? Van wie neem die konings van die aarde tol of

belasting: van hulle seuns of van ander?”

30

26 Shim’on sê vir Hom: “Van die ander.” Yeshua sê vir hom: “Dan is die seuns vry,

27 maar sodat ons hulle geen aanstoot mag gee nie, gaan na die see toe, gooi ‘n hoek

uit en neem die eerste vis wat opkom en as jy sy bek oopmaak, sal jy ‘n shekel kry;

neem dit en gee dit aan hulle vir My en vir jou.”

18 1 In daardie tyd het die studentevolgelinge na Yeshua gekom en gesê: “Wie is

regtig die grootste in die Koninkryk van die hemel?”

2 Yeshua roep ‘n seun en laat hom tussen hulle staan

3 en Hy sê: “Waarlik, Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos kinders word nie,

sal julle nie in die Koninkryk van die hemel ingaan nie!

4 Elkeen dan wat hom verneder om te wees soos hierdie seun, hy is die grootste in die

Koninkryk van die hemel

5 en wie ookal kinders soos dié in My Outoriteit en Karakter ontvang, ontvang My,

6 en elkeen wat ‘n oortreding begaan teenoor een van hierdie kleintjies, wat in My

vertrou, vir hom is dit beter dat ‘n donkie se meulsteen aan sy nek gehang word en

hy wegsink in die diepte van die see.

7 Wee die wêreld weens oortredinge! Dit is wel noodsaaklik dat daar struikelblokke

kom, maar wee die mens deur wie die struikelblokke kom.

8 As jou hand of jou voet vir jou ‘n struikelblok is, kap dit af en gooi dit weg van jou

af, want dit is vir jou beter om die lewe in te gaan, kreupel of vermink, as om twee

hande of voete te hê en in die ewige vuur te val;

9 en as jou oog vir jou ‘n struikelblok is, ruk dit uit en gooi dit weg van jou af. Dit is

vir jou beter om met een oog die lewe in te gaan, as om twee oë te hê en in die Hel

van vuur te val.

10 Pas op dat julle nie een van hierdie kleintjies verag nie, want Ek sê vir julle dat

hulle engele in die hemel altyd die Teenwoordigheid van My Vader, wat in die

hemel is, sien,

11 want die Seun van die mens het gekom om te red, wie ookal verlore was.

12 Wat dink julle? As iemand ‘n honderd skape het en een van hulle dwaal weg, sal hy

nie die nege en negentig laat staan en op die heuwels die weggedwaalde een gaan

soek nie?

13 As hy hom kry, waarlik Ek sê vir julle, dat hy blyer is oor hom as oor die nege en

negentig wat nie weggedwaal het nie.

14 Net so is dit nie die begeerte van julle Vader wat in die hemel is, dat een van hierdie

kleintjies verlore sal gaan nie,

15 maar as jou broer teenoor jou oortree, gaan wys hom tereg; slegs tussen jou en

hom. As hy vir jou luister, dan het jy jou broer gewen,

16 maar as hy nie luister nie, vat nog een of twee saam met jou sodat in die mond van

twee of drie getuies elke woord bevestig kan word,

Deut 19:15

Mattityahu

17 maar as hy nie na hulle luister nie, sê dit aan die gemeente en as hy ook nie na

die gemeente luister nie, laat hom vir jou wees soos die belastinggaarder en die

ongelowige.

31

Mattityahu

18 Waarlik Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde vasbind, sal vasgebind wees,

soos dit reeds in die hemel is en alles wat julle op die aarde losmaak, sal losgemaak

wees, soos dit reeds in die hemel is.

19 Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat

julle mag vra, sal dit vir hulle gedoen word vanaf die Teenwoordigheid van My

Vader wat in die hemel is,

20 want waar twee of drie in My Outoriteit en Karakter bymekaarkom, daar is Ek

saam met hulle.”

21 Toe kom Kefa na Hom en sê: “My Meester, hoeveel keer sal ek my broer vergewe

as hy teen my ‘n oortreding begaan? Tot sewe maal toe?”

22 Yeshua sê vir hom: “Ek sê vir jou, nie tot sewe maal toe nie, maar tot sewentig

maal sewe keer toe.

23 As gevolg hiervan word die Koninkryk van die hemel vergelyk met ‘n koning wat

sy diensknegte se rekenings bereken het

24 en toe hy begin bereken, bring hulle een na hom toe wat tien duisend talente

geskuld het

25 en omdat hy niks gehad het om mee te betaal nie, gee sy meester bevel dat hy, sy

vrou, sy kinders en alles wat hy het, verkoop moet word en hy terugbetaal word.

26 Daardie slaaf val voor hom neer op sy gesig en sê: ‘My meester, wees geduldig met

my en ek sal u alles betaal.’

27 Die meester het meegevoel gehad vir daardie dienskneg en hom vrygelaat en sy

skuld vergewe,

28 maar toe daardie slaaf uitgaan en een van sy medeslawe vind wat hom honderd

denarii geskuld het, gryp hy hom aan die keel en sê: ‘Betaal my wat jy my skuld.’

29 Sy mededienskneg val aan sy voete neer en smeek van hom en sê: ‘Wees geduldig

met my en ek sal jou terugbetaal,’

30 maar hy wou nie, maar het gegaan en hom in die tronk gegooi totdat hy, wat hy

hom skuld, betaal het.

31 Toe sy medeslawe sien wat gebeur het, was hulle baie bedroef en hulle het gegaan

en aan hulle meester verslag gedoen oor alles wat gebeur het.

32 Toe roep sy meester hom en sê vir hom: ‘Jou bose slaaf, al daardie skuld het ek jou

vergewe, omdat jy my gevra het;

33 moes jy nie net so meegevoel met jou medeslaaf gehad het, soos ek vir jou gehad

het nie?’

34 Sy meester was kwaad en het hom oorgegee aan die martelaars totdat hy alles

betaal het wat hy hom verskuldig was.

35 Net so sal My Hemelse Vader ook aan julle doen as julle nie elkeen sy broer in

verstand, wil en emosie sy oortredinge vergewe nie.”

19 1 Dit was toe Yeshua klaar gepraat het, dat Hy van die Galil af vertrek het en deur

die Yarden in die gebied van Y’hudah gekom het

2 en ‘n groot klomp mense het Hom gevolg en Hy het hulle daar gesondgemaak.

3 Fariseërs het na Hom toe gekom om Hom te toets en vir Hom gesê: “Is dit volgens

die wet vir ‘n man om oor enige rede van sy vrou te skei?”

32

Mattityahu

4 Hy antwoord egter en sê vir hulle: “Het julle nie gelees dat Hy wat hulle in die begin

Gen 1:27;5:2

gemaak het, hulle man en vrou gemaak

5 en gesê het: ‘Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en aan sy vrou

Gen 2:24

vaskleef en hulle twee sal een vlees wees’

6 sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees, nie? Wat God dan een gemaak het,

laat geen mens dit skei nie.”

7 Hulle sê vir Hom: “Waarom het Moshe dan beveel om ‘n skeibrief te gee en haar

Deut 24:1,3

weg te stuur?”

8 Hy sê vir hulle: “Omdat Moshe julle weens die ongevoeligheid van julle verstand,

wil en emosie toegelaat het om van julle vroue te skei, maar van die begin af was

dit nie so nie.

9 Ek sê vir julle, dat wie ookal van sy vrou skei, anders as oor seksuele immoraliteit

en ‘n ander een trou, egbreuk pleeg; en wie ookal met die geskeide vrou trou, pleeg

egbreuk.”

10 Sy studentevolgelinge sê vir Hom: “As dit die aanklag tussen ‘n man en ‘n vrou is,

dan is dit nie raadsaam om ‘n vrou te vat nie,”

11 maar Hy sê vir hulle: “Nie almal begryp hierdie boodskap nie, maar net dié aan

wie dit gegee is.

12 Daar is onbekwames wat van hulle moeders se baarmoeder af so gebore is en

daar is persone wat deur die mense onbekwaam gemaak is en daar is persone wat

hulleself onbekwaam gemaak het ter wille van die Koninkryk van die hemel. Wie

dit kan aanvaar, laat hom dit ontvang.”

13 Toe bring hulle kinders na Hom toe sodat Hy Sy hand op hulle kan lê en vir hulle

bid en Sy studentevolgelinge het hulle bestraf,

14 maar Yeshua sê vir hulle: “Laat die kinders na My toe kom en moet hulle nie verbied

nie, want aan dié wat só is soos hulle behoort die Koninkryk van die hemel.”

15 Hy het Sy hand op hulle gelê en daarvandaan weggegaan.

16 Daar kom een na Hom toe en sê vir Hom: “Goeie Leermeester, watter goeie ding

moet ek doen sodat ek ewige lewe kan hê?”

17 Hy sê vir hom: “Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe Een,

naamlik God, maar as jy in die lewe wil ingaan, gehoorsaam die opdragte.”

18 Hy vra vir Hom: “Watter?” Yeshua sê vir hom:

33

Eks 20:13-16 “Jy mag nie moord pleeg

nie, jy mag nie egbreek pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie vals getuienis

gee nie;

19 eer en respekteer jou vader en moeder Eks 20:12 en wees vir jou naaste lief net soos

Lev 19:18

vir jouself.”

20 Die jongman sê vir Hom: “Al hierdie dinge het ek onderhou van kindsbeen af, wat

kom ek kort?”

21 Yeshua sê vir hom: “As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou besittings en gee

dit aan die armes en jy sal ‘n skat in die hemel hê; en kom hier, volg My,”

22 maar toe die jongman dié boodskap hoor, het hy bedroef weggegaan, want hy het

baie besittings gehad.

23 Yeshua sê vir Sy studentevolgelinge: “Dit is waar, Ek sê vir julle, dit is moeilik vir

‘n ryk man om in die Koninkryk van die hemel in te gaan.

Mattityahu

24 Ek sê weer vir julle, dit is makliker vir ‘n kameelhaartou om deur die oog van ‘n

naald te gaan as vir ‘n ryk man om in die Koninkryk van God in te gaan.”

25 Toe sy studentevolgelinge dit hoor, was hulle baie verbaas en sê: “Wie kan dan

lewe?”

26 Yeshua het na hulle gekyk en vir hulle gesê: “Vir mense is dit nie moontlik nie,

maar by God is alle dinge moontlik.”

27 Toe antwoord Kefa en sê vir Hom: “Let op, ons het alles verlaat en saam met U

gekom, wat sal dan vir ons gedoen word?”

28 Yeshua sê vir hulle: “Dit is waar, Ek sê vir julle, dat julle wat saam met My

ingegaan het in die Nuwe Wêreld, wanneer die Seun van die mens op Sy troon

van Gemanifesteerde Teenwoordigheid sit, ook op twaalf trone sal sit en die twaalf

stamme van Yisra’el sal oordeel

29 en elkeen wat ‘n huis of ‘n broer of ‘n suster of ‘n vader of ‘n moeder of ‘n vrou

of kinders of dorpe ter wille van My Outoriteit en Karakter verlaat het, sal elkeen

honderd maal soveel ontvang en die ewige lewe erf,

30 maar baie wat eerste is, sal laaste wees en die wat laaste is, sal eerste wees,

20 1 want die Koninkryk van die hemel is soos ‘n huiseienaar wat vroeg in die

oggend uitgegaan het om werkers vir sy wingerd te huur

2 en hy het met die arbeiders ‘n ooreenkoms aangegaan vir een denarion as dagloon

en hulle na sy wingerd gestuur.

3 Ongeveer die derde uur gaan hy uit en sien ander ledig op die mark staan

4 en hy sê vir hulle: ‘Gaan julle ook in my wingerd in en ek sal aan julle gee wat reg is’

5 en hulle het gegaan. Hy het weer ongeveer die sesde en die negende uur uitgegaan

en dieselfde gedoen.

6 Amper op die elfde uur van die dag gaan hy uit en vind nog ander ledig staan en sê

vir hulle: ‘Hoekom staan julle die hele dag hier ledig?’

7 Hulle antwoord hom: ‘Omdat niemand ons gehuur het nie.’ Hy sê vir hulle: ‘Gaan

julle ook in die wingerd in en wat reg is, sal julle ontvang.’

8 Toe die aand aanbreek, sê die eienaar van die wingerd vir sy bestuurder: ‘Roep die

arbeiders en betaal hulle hul loon en begin van die laastes af tot by die eerstes.’

9 Die wat omtrent die elfde uur begin het, het gekom en elkeen een denarion

ontvang

10 en toe die eerstes kom het hulle gehoop dat hulle meer sal ontvang en hulle het ook

elkeen een denarion ontvang.

11 Toe hulle dit ontvang het, kla hulle by die huisheer

12 en het gesê: ‘Hierdie laastes het een uur gewerk en u het hulle gelyk behandel met

ons wat die las van die dag en die hitte gedra het,’

13 maar hy antwoord en sê vir een van hulle: ‘Vriend, ek doen jou geen kwaad aan nie.

Het jy nie met my ooreengekom vir een denarion nie?

14 Neem joune en gaan. Ek wil aan hierdie laaste groep gee net soos aan jou,

15 of is dit nie reg van my om met my eie besittings te maak wat ek wil nie? Het jy ‘n

bose oog (suinig), omdat ek goed is?’

34

Mattityahu

16 Net so sal die wat laaste is, eerste wees, en die wat eerste is, laaste, want baie is

geroep, maar min is gekies.”

17 Toe Yeshua gereed was om op te gaan na Yerushalayim, het Hy die twaalf

studentevolgelinge eenkant geneem op die pad en vir hulle gesê:

18 “Let op, ons gaan op na Yerushalayim en die Seun van die mens sal oorgelewer

word aan die hoofpriesters en leraars van die wet en hulle sal Hom tot die dood

veroordeel

19 en Hom oorlewer aan die nie-Jode en hulle sal Hom spot, gésel en kruisig; en op

die derde dag sal Hy opstaan.”

20 Toe kom die moeder van die seuns van Zavdai met haar seuns na Hom toe en val

voor Hom neer om iets van Hom te vra

21 maar Hy sê vir haar: “Wat begeer jy?” Sy antwoord Hom: “Sê dat hierdie twee

seuns van my in U Koninkryk, een aan U regter en een aan U linkerhand, mag sit.”

22 Yeshua antwoord en sê: “Julle weet nie wat julle vra nie. Kan julle die beker drink

wat Ek gereed is om te drink en gedoop word met die doop waarmee Ek gedoop

word?” Hulle sê vir Hom: “Ons kan.”

23 Hy sê vir hulle: “My beker sal julle drink en met die doop waarmee Ek gedoop

word, sal julle gedoop word, maar om te sit aan My regter en aan My linkerhand is

nie Myne om te gee nie, behalwe aan hulle vir wie dit, deur My Vader, voorberei is.”

24 Toe die tien dit hoor, was hulle kwaad vir die twee broers.

25 Yeshua het hulle geroep en vir hulle gesê: “Julle weet dat die heersers van die

nasies baas speel oor hulle en die leiers outoriteit het oor hulle,

26 maar só moet dit onder julle nie wees nie, maar elkeen wat onder julle groot wil

word, moet julle dienaar wees

27 en wie ookal tussen julle die eerste wil wees, moet julle slaaf wees;

28 net soos die Seun van die mens nie gekom het om bedien te word nie, maar om te

dien en Homself te gee as ‘n losprys vir baie.”

29 Toe Yeshua uit Yerigo uitgaan, het ‘n groot skare mense saam met Hom gegaan

30 en let op, twee blindes het langs die pad gesit en toe hulle hoor dat Yeshua verbygaan,

skreeu hulle uit en sê: “Ons Meester, gee om vir ons, Seun van Dawid!”

31 Die skare het hulle bestraf, dat hulle moes stilbly, maar hulle het al harder geskree

en gesê: “Ons Meester, gee om vir ons, Seun van Dawid!”

32 Yeshua het gestop en roep hulle en sê: “Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?”

33 Hulle antwoord Hom: “Ons Meester, dat ons oë geopen mag word.”

34 Yeshua het vir hulle baie jammer gevoel en hulle oë aangeraak en in ‘n oomblik is

hulle oë oopgemaak en hulle het Hom gevolg.

21 1 Sodra hulle naby Yerushalayim gekom het en Beit-Pagei langs die Olyfberg

genader het, het Yeshua twee studentevolgelinge uitgestuur

2 en vir hulle gesê: “Gaan na daardie dorpie reg voor julle en dadelik sal julle ‘n

donkiemerrie vind wat vasgemaak is, en ‘n vul by haar. Maak hulle los en bring

hulle vir My

3 en as iemand vir julle iets sê, moet julle antwoord: ‘Ons Meester het hulle nodig’ en

dadelik sal hy hulle hierheen stuur.”

35

Mattityahu

4 Hierdie het gebeur sodat dit vervul sou word wat deur die profeet gesê is, wat sê:

5 “Sê vir die dogter van Tziyon: Kyk! Jou Koning kom na jou toe, nederig en Hy ry

Z’kh 9:9

op ‘n donkie en op ‘n vul, die vul van ‘n donkie merrie.”

6 Die studentevolgelinge het gegaan en gedoen net soos Yeshua hulle beveel het;

7 hulle het die donkiemerrie en die vul gebring en hulle klere bo-op die vul gelê en

Yeshua het daarop gery.

8 ‘n Groot menigte mense het hulle klere op die pad oopgesprei, maar ander het takke

van die bome afgekap en op die pad neergelê.

9 Die skare wat voor geloop en dié wat gevolg het, het uitgeskree en gesê: “Red ons

nou, Seun van Dawid! Geseënd is Hy wat kom in die Outoriteit en Karakter van

. U in die hoogste hemel: Ps 118:25-26 Red ons nou!”

10 Toe Hy in Yerushalayim inkom, is die hele stad omgekrap en hulle het gesê: “Wie

is Hy?”

11 Die skare sê: “Dit is Yeshua, die Profeet, wat van Natzeret in die Galil is.”

12 Yeshua het in die tempel van God ingegaan en almal wat in die tempel verkoop

en koop, uitgejaag en die tafels van die geldwisselaars en die sitplekke van die

duiweverkopers omgegooi

13 en Hy sê vir hulle: “Daar is geskrywe: My huis moet ‘n huis van gebed genoem

word,

36

Yes 56:7 Yir 7:11

maar julle het dit ‘n grot vir plunderaars gemaak.”

14 Hulle het blindes en kreupeles na Hom toe gebring in die tempelarea en Hy het

hulle gesondgemaak,

15 maar toe die hoofpriesters en leraars van die wet die wonderwerke sien wat Hy

gedoen het en die kinders in die tempelarea uitroep en sê: “Red ons nou, Seun van

Dawid,” Ps 118:25 het dit vir hulle boos gelyk

16 en hulle sê vir Hom: “Hoor U wat hulle daar sê?” Yeshua antwoord hulle: “Ja,

het julle nooit gelees: ‘Uit die mond van babas en suigelinge het U ‘n lied van

lofprysing gekomponeer,’ Ps 8:3 nie?”

17 Hy het weggegaan van hulle af en uit die stad uitgegaan na Beit-Anyah en daar

oornag.

18 Vroegoggend het Hy teruggegaan na die stad toe en Hy was honger

19 en Hy sien ‘n vyeboom langs die pad en gaan daarheen, maar Hy het niks daaraan

gevind nie behalwe blare en Hy sê vir dit: “Daar sal nooit weer vrugte aan jou wees

tot in ewigheid nie” en onmiddellik het die vyeboom verdroog.

20 Toe die studentevolgelinge dit sien, was hulle verwonderd en sê: “Hoe het die

vyeboom in ‘n oogwink verdroog?”

21 Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Dit is waar, Ek sê vir julle, as julle vertroue in julle

het en nie twyfel nie, sal julle nie slegs doen wat met die vyeboom gebeur het nie,

maar al sê julle vir hierdie berg: ‘Lig jou op en gooi jou in die see,’ sal dit gebeur

22 en alles wat julle ookal in gebed vra en julle vertrou, sal julle ontvang.”

23 Toe Yeshua in die tempel ingegaan het, kom die hoofpriesters en die oudstes van

die volk na Hom toe terwyl Hy besig was om te leer en hulle sê vir Hom: “In watter

outoriteit doen U hierdie dinge en wie het aan U hierdie outoriteit gegee?”

24 Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Ek sal julle ook een ding vra en as julle My

antwoord, sal Ek julle sê in watter outoriteit Ek hierdie dinge doen.

25 Die doop van Yoganan, waar was dit vandaan, uit die hemel of uit mense?” Hulle

het dit eenkant bespreek en gesê: “As ons sê: ‘Uit die hemel,’ dan sal Hy ons vra:

‘Waarom het julle hom nie geglo nie?’

26 en as ons sê: ‘Uit mense,’ dan moet ons oppas vir die skare, want almal beskou

Yoganan as ‘n profeet.”

27 Hulle antwoord en sê vir Hom: “Ons weet nie.” Yeshua sê vir hulle: “Dan sê Ek

ook nie vir julle in watter outoriteit Ek hierdie dinge doen nie,

28 maar hoe lyk dit vir julle? Daar was ‘n sekere man wat twee seuns gehad het en hy

roep die eerste een en sê vir hom: ‘My seun, gaan werk vandag in die wingerd,’

29 maar hy antwoord en sê: ‘Ek wil nie,’ maar later het hy berou gehad en gegaan.

30 Hy het na die tweede gegaan en vir hom net so gesê en hy antwoord en sê: ‘Ja, my

meester’ en hy het nie gegaan nie.

31 Wie van hierdie twee het die wil van hulle vader gedoen?” Hulle antwoord Hom:

“Die eerste.” Yeshua sê vir hulle: “Dit is waar, Ek sê vir julle, die belastinggaarders

en die prostitute gaan voor julle uit die Koninkryk van God in,

32 want Yoganan het na julle toe gekom met die pad van regverdigheid, en julle het

hom nie vertrou nie; maar die belastinggaarders en die prostitute het hom vertrou en

julle het dit gesien en tog nie later berou gekry om hom te vertrou nie.

33 Luister na ‘n ander vergelykende storie: Daar was ‘n sekere huiseienaar wat ‘n

wingerd geplant het en hy het ‘n heining daarom gesit, ‘n parskuip daarin gegrawe,

‘n wagtoring gebou, die sorg aan werkers oorgegee en na ‘n ander land gereis.

34 Toe die vrugteseisoen aangebreek het, stuur hy sy slawe na die werkers om van die

vrugte van sy wingerd aan hom te stuur

35 en die boere het sy slawe gevat, een geslaan, ‘n ander een doodgemaak en ‘n ander

een gestenig.

36 Weer het hy ander slawe gestuur, meer as die eerstes en hulle het met hulle net so

gemaak.

37 Laastens het hy sy seun na hulle toe gestuur en gesê: ‘Hulle sal my seun

respekteer,’

38 maar toe die werkers die seun sien, het hulle onder mekaar gesê: ‘Dit is die

erfgenaam; kom ons maak hom dood en neem sy erfdeel vir ons’

39 en hulle het hom gegryp en uit die wingerd uitgelei en hom doodgemaak.

40 Wanneer die meester van die wingerd dan kom, wat sal hy met daardie werkers

doen?”

41 Hulle het vir Hom gesê: “Baie sleg; hy sal hulle vernietig en die wingerd oorgee

aan die sorg van ander werkers wat aan hom die vrugte in seisoen sal gee.”

42 Yeshua sê vir hulle: “Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: ‘Die steen wat die bouers

verwerp het, dit het die hoof hoeksteen geword. Hy het van die Teenwoordigheid

van gekom en is wonderbaar in ons oë?’

Ps 118:22-23

Mattityahu

43 Deur dit sê Ek vir julle: ‘Die koninkryk van God sal van julle weggevat word en

aan ‘n volk gegee word wat vrugte sal dra

44 en wie ookal op hierdie steen val, sal stukkend breek en elkeen op wie hy val, dié

sal tot poeier gemaal word’.”

37

Mattityahu

45 Toe die hoofpriesters en die Fariseërs sy vergelykende stories hoor, het hulle geweet

dat Hy teen hulle gepraat het

46 en hulle het probeer om Hom te vang, maar hulle was bang vir die skare, omdat dié

Hom as ‘n profeet beskou het.

22 1 Yeshua het weer gepraat deur ‘n vergelykende storie en gesê:

2 “Die Koninkryk van die hemel is soos ‘n koning wat ‘n huweliksfees vir sy seun

voorberei

3 en sy slawe uitgestuur het om die genooides na die huweliksfees te roep en hulle het

gekies om nie te kom nie.

4 Weer het hy ander slawe uitgestuur met die boodskap: ‘Sê vir die genooides: Let op,

my feesmaal is voorberei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed:

kom na die huweliksfees.’

5 Hulle het egter minagting gewys en gegaan, een na sy lande en ‘n ander na sy

besigheid

6 en ander het sy slawe gegryp, mishandel en doodgemaak.

7 Toe die koning dit hoor, het hy woedend geword en sy soldate gestuur en daardie

moordenaars uitgewis en hulle stad aan die brand gesteek.

8 Toe sê hy vir sy diensknegte: ‘Die huweliksfees is gereed, maar die genooides was

dit nie waardig nie,

9 gaan daarom na die einde van die paaie en nooi almal wat julle vind na die

huweliksfees.’

10 Daardie slawe het uitgegaan op die paaie en almal bymekaargemaak wat hulle

gevind het, slegtes sowel as goeies, en hulle het die plek van die huweliksfees

volgemaak.

11 Toe die koning ingaan om die gaste te sien, sien hy daar iemand wat nie ‘n

huwelikskleed aan het nie

12 en hy sê vir hom: ‘My vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n huwelikskleed

aan?’ Hy was sprakeloos.

13 Toe sê die koning vir sy dienaars: ‘Bind sy hande en voete vas en gooi hom in die

duisternis daar buite.’ Daar sal ‘n gehuil wees en ‘n gekners van die tande,

14 want baie is uitgenooi, maar min is gekies.”

15 Toe gaan die Fariseërs en hou vergadering oor hoe om Hom, in wat Hy sê, te vang

16 en hulle stuur hul studentevolgelinge saam met die Herodiane na Hom toe en sê:

“Leermeester, ons weet dat U Waarheid is en die Pad van God in regverdigheid leer

en U aan niemand steur nie, want U sien geen van die mense se uiterlike aan nie;

17 sê daarom vir ons, wat dink U: Is dit volgens die wet om aan die Keiser belasting

te betaal of nie?”

18 Yeshua het egter hulle boosheid geken en gesê: “Toneelspelers van ‘n vals karakter,

waarom toets julle My?

19 Wys My die denarion waarmee die belasting betaal word” en hulle gee vir Hom

‘n denarion.

20 Yeshua vra vir hulle: “Wie se beeld en inskripsie is dié?”

38

21 Hulle antwoord: “Die keiser s’n.” Hy sê vir hulle: “Gee daarom aan die keiser wat

die keiser s’n is en aan God wat God s’n is.”

22 Toe hulle dit hoor, was hulle verwonderd en het Hom verlaat en weggegaan.

23 Op dieselfde dag kom die Sadduseërs en hulle sê vir Hom: “Daar is geen opstanding

van die dooies nie.” Hulle vra vir Hom

24 en sê: “Leermeester, Moshe het vir ons gesê, dat as enige man sonder kinders sterf,

mag sy broer sy vrou vat en saad vir sy broer verwek.

Deut 25:5-6

25 Daar was nou by ons sewe broers. Die eerste het getrou en gesterf en geen seuns

gehad nie. Hy het sy vrou vir sy broer agtergelaat

26 en net so ook die tweede en die derde tot by die sewende

27 en na almal het die vrou ook gesterf.

28 Daarvolgens dan, in die opstanding, van watter een van die sewe sal sy die vrou

wees, want almal het haar gevat?”

29 Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Julle fouteer, omdat julle die Skrifte nie verstaan

en ook nie die wonderwerkende krag van God nie,

30 want in die opstanding van die dooies vat hulle nie vrouens en is vrouens ook nie

vir mans nie, maar hulle is net soos die engele van God in die hemel.

31 Wat die opstanding van die dooies egter aanbetref; het julle nie gelees wat vanaf

God vir julle gesê is nie; Wie gesê het:

32 ‘Ek Is , die God van Avraham en die God van Yitzchak en die God van

Ya’akov’? Eks 3:6 God is nie ‘n God van dooies nie, maar van lewendes.”

33 Toe die skare dit hoor, was hulle stomgeslaan oor Sy leringe,

34 maar toe die Fariseërs hoor dat Hy die Sadduseërs stil gemaak het, het hulle almal

saam vergader

35 en een van hulle, ‘n kenner van die wet, het ‘n vraag gestel om Hom te toets:

36 “Leermeester, watter bevel is die grootste in die Torah (Instruksies)?”

37 Yeshua antwoord hom: “Jy moet , jou God, liefhê vanuit jou hele verstand, wil

en emosie, vanuit jou hele gees, vanuit al jou kragte en vanuit al jou verbeelding en

begrip.

Lev 19:18

Mattityahu

38 Dit is die eerste en grootste opdrag

39 en die tweede, wat net soos dit is: Deut 6:5 Jy moet jou naaste liefhê net soos jouself.

40 Aan hierdie twee opdragte hang die hele Torah (eerste 5 boeke) en die Profete.”

41 Yeshua vra vir die Fariseërs, wat bymekaargekom het,

42 en sê: “Wat sê julle van Die Gesalfde Een? Wie se seun is Hy?” Hulle antwoord

Hom: “Dawid s’n.”

43 Hy sê vir hulle: “Hoe is dit dan dat Dawid Hom in die Gees, ‘my Meester ’

noem, as hy sê:

44 ‘my Meester het vir my Meester gesê: Sit aan My Regterhand totdat Ek U

Ps 110:1

vyande onder U voete sit?’

45 As Dawid Hom dan ‘my Meester ’ noem, hoe is Hy dan sy seun?”

46 Niemand kon Hom ‘n antwoord gee nie en ook het niemand van daardie dag af dit

meer gewaag om aan Hom vrae te vra nie.

39

Mattityahu

23 1 Toe het Yeshua met die mense en Sy studentevolgelinge gepraat

2 en vir hulle gesê: “Die leraars van die wet en die Fariseërs het gaan sit op die stoel

van Moshe,

3 daarom moet julle alles wat hulle vir julle sê om te onderhou, onderhou en doen,

maar moenie doen soos hulle doen nie, want hulle praat en doen nie;

4 want hulle bind swaar laste en sit dit op die skouers van die mense, maar hulle is nie

gewillig om hulle vinger te verroer en daaraan te raak nie,

5 maar alles wat hulle doen, doen hulle om deur die mense gesien te word. Hulle maak

hul wetkassies breed en die blou draad gebedstossels aan hulle klere lank.

6 Hulle is lief vir die eerste klas sitplekke by feeste en die eerste klas sitplekke in

sinagoges,

7 die groetwense in die stadsplein en om deur die mense ‘rabbi’ genoem te word,

8 maar julle, laat julle nie ‘my leermeester’ noem nie, want Een is julle leermeester

en julle is almal broers.

9 Julle moenie julleself op die aarde vader noem nie, want een is julle Vader: Hy wat

in die hemel is.

10 Julle moet julle ook nie leiers laat noem nie, want een is julle Leier: Die Gesalfde

Een,

11 maar hy wat groot is onder julle moet julle dienskneg wees,

12 maar enige een wat homself verhoog, sal verneder word en wie homself verneder,

sal verhoog word,

13 maar wee julle, leraars van die wet en Fariseërs, toneelspelers van vals karakters,

wat die huise van die weduwees verteer deur ‘n offer van lang herhaling van woorde

in julle gebede; as gevolg hiervan sal julle ‘n groter oordeel ontvang.

14 Wee julle, leraars van die wet en Fariseërs, toneelspelers van vals karakters, want

julle maak die Koninkryk van die hemel toe voor die mense; omrede julle self nie

ingaan nie, laat julle nie toe dat hulle wat wil, ingaan nie.

15 Wee julle, leraars van die wet en Fariseërs, toneelspelers van vals karakters, want

julle loop rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het,

maak julle hom ‘n kind van die hel, twee maal erger as julleself.

16 Wee julle, blinde gidse, wat sê: ‘Wie ‘n eed sweer by die tempel; dit is niks nie,

maar wie ‘n eed sweer by die goud van die tempel, hy is onder verpligting.’

17 Julle dwase en blindes, want wat is meer: die goud, of die tempel wat die goud

afsonder?

18 ‘Wie ‘n eed sweer by die altaar; dit is niks nie; maar wie ‘n eed sweer by die

offerande bo-op dit, hy is onder verpligting.’

19 Julle dwase en blindes, want wat is meer: die offerande, of die altaar wat die offer

afsonder?

20 Wie dus ‘n eed sweer by die altaar, sweer ‘n eed dáárby en by alles wat daarop is

21 en wie ‘n eed sweer by die tempel, sweer ‘n eed dáárby en by Hom wat daarin

woon

22 en wie ‘n eed sweer by die hemel, sweer ‘n eed by die troon van God en by Hom

wat daarop sit.

40

23 Wee julle, leraars van die wet en Fariseërs, toneelspelers van vals karakters, want

julle gee tiendes van kruisement, anys en koljander en die meer gewigtige dinge van

die wet laat julle ná: die oordeel wat reg is, die omgee en die vertroue. Hierdie dinge

is nodig vir julle om te doen; moenie hierdie dinge nalaat nie.

24 Blinde gidse, wat die muggies uitsif, maar die kamele insluk!

25 Wee julle, leraars van die wet en Fariseërs, toneelspelers van vals karakters, want

julle maak die buitekant van die beker en die bord skoon, maar binnekant is dit vol

uitbuitery en onregverdigheid.

26 Blinde Fariseërs, maak eers die binnekant van die beker en die bord skoon sodat

die buitekant daarvan ook skoon kan wees.

27 Wee julle, leraars van die wet en Fariseërs, toneelspelers van vals karakters, want

julle is net soos wit gekalkte grafte wat van buite af mooi lyk, maar van binne vol

dooies se bene en alle korrupsie is

28 en net so lyk julle ook wel onskuldig van buite vir die mense, maar van binne is

julle vol boosheid en toneelspelers van vals karakters.

29 Wee julle, leraars van die wet en Fariseërs, toneelspelers van vals karakters, want

julle bou die grafte van die profete en versier die grafstene van die onskuldiges

30 en julle sê: ‘As ons in die dae van ons vaders geleef het, sou ons geen deel met

hulle gehad het aan die bloed van die profete nie.’

31 Dus getuig julle teen julleself dat julle kinders is van die wat die profete vermoor

het

32 en julle voltooi die kwota van julle vaders!

33 Slange, kinders van adders, hoe sal julle ontsnap van die oordeel van die hel?

34 Let op, om hierdie rede stuur Ek profete, wyse manne en leraars van die wet na

julle toe, en julle sal van hulle doodmaak en kruisig; en van hulle in julle sinagoges

gésel, en van stad na stad die ander vervolg

35 sodat oor julle al die onskuldige bloed wat vergiet is op die aarde kan kom, vanaf

die bloed van die onskuldige Hevel tot by die bloed van Z’kharyah, die seun van

Berekhyah, wat julle tussen die tempel en die altaar vermoor het.

36 Dit is waar, Ek sê vir julle, al hierdie dinge sal oor hierdie geslag kom.

37 Yerushalayim, Yerushalayim, jy wat die profete vermoor en dié wat na jou toe

gestuur is stenig, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos ‘n hen

haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak en julle wou nie!

38 Let op, julle huis word verlaat en vir julle woes gelaat,

Yir 22:5

Mattityahu

39 want Ek sê vir julle: Julle sal My van nou af nie weer sien nie, totdat julle sal sê:

Ps 118:26

‘Geseënd is Hy wat kom in die Outoriteit en Karakter van !’”

24 1 Yeshua het uit die tempel uitgegaan om te vertrek en Sy studentevolgelinge het

nadergekom en vir Hom die argitektuur van die tempel gewys,

2 maar Hy sê vir hulle: “Sien julle al hierdie dinge? Waarlik Ek sê vir julle, daar sal

op hierdie plek sekerlik geen klip op ‘n ander gelos word, wat nie afgebreek sal

word nie.”

41

Mattityahu

3 Ook toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die studentevolgelinge alleen na Hom

toe en sê: “Vertel vir ons, wanneer sal hierdie dinge wees en wat is die teken van U

koms en van die einde van die wêreld?”

4 Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Pas op dat niemand julle mislei nie,

5 want baie sal in My Naam kom en sê: ‘Ek Is , Die Gesalfde Een,’ en hulle sal

baie mislei.

6 Julle sal hoor van oorloë en van verslae van oorloë. Onderskei, moenie bang word

nie, want dit is nodig vir al daardie dinge om te gebeur, maar dit is nog nie heeltemal

die einde nie,

7 want nasie sal teen nasie opstaan en koninkryk teen koninkryk en daar sal hongersnode

wees en plae en aardbewings op verskillende plekke,

8 maar al hierdie dinge is die begin van smarte.

9 Dan sal hulle julle oorgee om te ly en julle doodmaak en julle sal onder al die nasies

gehaat word ter wille van My Outoriteit en Karakter

10 en dan sal baie omgekeer word en hulle sal mekaar verraai en mekaar haat.

11 Baie vals profete sal opstaan en baie mense mislei

12 en deur die oorvloed van boosheid, sal die liefde van baie afkoel,

13 maar wie vasstaan tot die einde toe, hy sal die lewe hê.

14 Hierdie goeie boodskap van die Koninkryk, sal verkondig word in die hele wêreld

tot getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.

15 Wanneer julle dan die teken van die gruwel van die vernietiging, waarvan gepraat

is deur die profeet Dani’el, Dan 9:27;11:31 sien staan in die plek wat afgesonder is, moet

die leser verstaan,

16 dan moet dié wat in Y’hudah is, vlug na die berge;

17 wie op die dak is, moenie afkom om iets uit sy huis te vat nie

18 en wie in die veld is, moenie terugdraai om sy klere te vat nie.

19 Wee die vroue wat swanger is en die wat nog borsvoed in daardie dae,

20 maar bid dat julle ontvlugting nie in die winter of op die Shabbat sal wees nie,

21 want daar sal dan groot lyding wees soos daar van die begin van die aarde af tot

Yo’ 2:2 ; Dan 12:1

nou toe nie was nie en ook nie sal wees nie.

22 As daardie dae nie verkort sou word nie, sou geen liggaam gered word nie, maar

ter wille van die wat gekies is, sal daardie dae verkort word.

23 Wanneer iemand dán vir julle sê: ‘Let op, hier is Die Gesalfde Een!’ of, ‘Daar!’

moet dit nie glo nie,

24 want daar sal vals gesalfdes en profete van leuens opstaan en hulle sal groot tekens

gee om, as dit moontlik was, ook die wat gekies is te mislei.

25 Let op! Ek sê dit vir julle vooruit.

26 As hulle dan vir julle sê: ‘Kyk, Hy is in die wildernis,’ moenie gaan nie; of let op,

‘Hy is in ‘n geheime kamer;’ moet dit nie glo nie,

27 want net soos die weerlig uitslaan in die ooste en tot in die weste sigbaar is, so sal

ook die koms van die Seun van die mens wees.

28 Waar die karkas ookal lê, daar sal die aasvoëls versamel

42

Mattityahu

29 en dadelik ná die lyding van daardie dae sal die son verduister word, die maan

sal sy lig nie gee nie,

43

Yes 13:10; Yeg 32:7 die sterre sal uit die hemel val, die magte van die

Yes 34:4; Hag 2:6

hemele sal omgekrap word

30 en dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn en dan sal

al die stamme van die aarde treur Z’kh 12:10,14 en die Seun van die mens sien kom

op die wolke van die hemel Dan 7:13-14 met baie wonderwerke en eer, aanbidding en

lofprysinge.

31 Hy sal Sy boodskappers uitstuur met groot ramshorings Yes 27:13 en hulle sal Sy

gekose bymekaarmaak uit die vier windstreke, van die een uiterste van die hemele

af tot by die ander uiterste daarvan.

32 Leer van die vyeboom hierdie vergelykende storie: Teen die tyd dat sy tak sag word

en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is.

33 Net so verstaan julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat Hy naby is, voor

die deur.

34 Dit is waar, Ek sê vir julle, hierdie tydperk sal nie verbygaan voordat al hierdie

dinge gebeur het nie.

35 Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my boodskappe sal nie verbygaan nie,

36 maar wat betref daardie dag en die uur weet niemand nie, selfs nie die boodskappers

van die hemel nie, maar slegs die Vader alleen,

37 maar net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die

mens wees,

38 want net so was hulle voor die vloed; hulle het geëet en gedrink, vroue en mans

gevat, tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het

39 en nie verstaan het voordat die vloed gekom en almal weggevat het nie. Net so sal

ook die koms van die Seun van die mens wees.

40 Dan sal daar twee in die veld wees; die een sal weggelei word en die een sal gelos

word.

41 Twee vroue sal in die meulhuis maal; die een sal weggelei word en die een sal

gelos word.

42 Word dan wakker, omdat julle nie weet watter uur julle Meester kom nie,

43 maar weet dit: as die huiseienaar geweet het watter tyd die dief sou kom, sou hy

wakker gewees het en nie toegelaat het dat in sy huis ingebreek word nie.

44 Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom daardie uur

wat julle dit nie verwag het nie.

45 Wie is dan die getroue en wyse slaaf vir wie sy meester oor sy huishouding aangestel

het om hulle hul kos op die regte tyd te gee?

46 Geseënd is daardie slaaf vir wie sy meester, as hy kom, só besig sal vind.

47 Dit is waar, Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel,

48 maar as daardie slaaf boos is en in sy gedagtes sê: ‘My meester neem lank om te kom’

49 en hy sy medeslawe begin slaan en saam met die dronkaards eet en drink,

50 dan sal die meester van daardie slaaf op ‘n dag kom dat hy dit nie verwag nie en

op ‘n uur wat hy nie weet nie

51 en hy sal hom vreeslik slaan en sy deel sit by die toneelspelers van vals karakters.

Daar sal ‘n gehuil wees en gekners van tande.”

Mattityahu

25 1 “Dan sal die Koninkryk van die hemel wees soos tien maagde wat hulle lampe

gevat en uitgegaan het om die bruidegom en bruid te ontmoet,

2 maar vyf van hulle was wys en vyf was dwaas.

3 Die wat dwaas was het hulle lampe gevat en nie olie saamgevat nie,

4 maar die wyses het olie in hulle houers saam met hulle lampe gevat.

5 Toe die bruidegom vertraag is om te kom, het hulle almal moeg geword en geslaap,

6 maar in die middel van die nag was daar ‘n uitroep: ‘Let op! Die bruidegom kom;

gaan uit om hom te ontmoet!’

7 Toe staan al daardie maagde op en berei hulle lampe voor.

8 Die dwases sê aan die wyses: ‘Gee vir ons van julle olie, let op, ons lampe het

uitgegaan,’

9 maar die wyses antwoord en sê: ‘Hoekom, daar is nie genoeg vir ons en vir julle nie.

Gaan na die verkopers en koop vir julleself.’

10 Terwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom en die wat gereed was, het

saam met hom ingegaan na die troulokaal en die deur is toegemaak.

11 Agterna kom ook die ander maagde en sê: ‘Ons meester, ons meester, maak vir

ons oop,’

12 maar hy antwoord en sê vir hulle: ‘Dit is waar, ek sê vir julle, ek het nie ‘n

verbondsverhouding met julle nie.’

13 Word dan wakker, omdat julle die dag en die uur nie weet nie.

14 Dit is net soos ‘n man wat op reis gaan en sy slawe roep en sy besittings aan hulle

oorhandig

15 en aan die een gee hy vyf talente en aan die ander twee en aan die ander een, aan

elkeen na sy vermoë en hy het dadelik na ‘n ander land vertrek.

16 Die een wat die vyf talente gekry het, het daarmee gaan handeldryf en vyf ander

talente bygekry.

17 Net so het die een wat die twee gekry het, self ook twee ander bygekry,

18 maar hy wat die een ontvang het, het gegaan en in die grond gegrawe en sy meester

se geld begrawe.

19 Ná ‘n lang tyd het die slawe se meester gekom en hulle rekening uitgewerk

20 en die een wat die vyf talente ontvang het, kom en bring nog vyf talente en sê: ‘My

meester, vyf talente het u vir my gegee; ek het nog vyf talente bygevoeg’

21 en sy meester sê vir hom: ‘Goed so, goeie en betroubare slaaf, oor ‘n bietjie was jy

betroubaar, oor baie sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou meester.’

22 Die een wat die twee talente ontvang het, kom ook en sê: ‘My meester, twee talente

het u aan my gegee; ek het nog twee talente bygevoeg.’

23 Sy meester sê vir hom: ‘Goed so, goeie en betroubare slaaf, oor ‘n bietjie was jy

betroubaar, oor baie sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou meester.’

24 Die een wat een talent ontvang het, kom ook en sê: ‘My meester, ek het u geken,

dat u ‘n harde man is wat oes waar u nie gesaai het nie en bymekaarmaak waar u

nie gedors het nie

25 en ek was bang. Ek het gegaan en u talent in die grond begrawe. Let op! dit wat

aan u behoort.’

44

Mattityahu

26 Sy meester antwoord en sê vir hom: ‘Jou slegte en lui slaaf, jy het geweet dat ek oes

waar ek nie gesaai het nie en bymekaarmaak waar ek nie gedors het nie.

27 Dit was jou plig om my geld by die geldwisselaars in te gee en ek sou by my koms

wat aan my behoort, met rente ontvang het.

28 Neem dan die talent van hom af weg en gee dit aan die een wat die tien talente het,

29 want aan elkeen wat het, sal gegee word en dit sal vir hom vermenigvuldig word,

maar van hom wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het,

30 en gooi die nuttelose slaaf uit in die buitenste duisternis; daar sal ‘n gehuil wees en

gekners van tande.’

31 Wanneer die Seun van die mens in Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid kom en

al die afgesonderde engele saam met Hom, dan sal Hy sit op Sy troon van eer, lof

en aanbidding

32 en voor Hom sal al die nasies bymekaargemaak word en Hy sal hulle van mekaar

skei net soos die skaapwagter die skape van die bokke skei

33 en Hy sal die skape aan Sy regterhand en die bokke aan Sy linkerhand laat staan.

34 Dan sal die Koning vir dié aan Sy regterhand sê: ‘Kom, julle geseëndes van My

Vader, kom erf die Koninkryk wat vir julle voorberei is vanaf die ontstaan van die

heelal af,

35 want Ek het honger gehad en julle het vir My kos gegee; Ek het dors gehad en julle

het vir My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling en julle het My ontvang;

36 Ek was kaal en julle het My aangetrek; Ek was siek en julle het My versorg; Ek was

in die tronk en julle het My besoek.’

37 Dan sal die onskuldiges Hom antwoord en sê: ‘Ons Meester, wanneer het ons U

honger gesien en gevoed; of dors en te drinke gegee

38 en wanneer het ons gesien dat U ‘n vreemdeling is en U ontvang; of kaal en U

aangetrek

39 en wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’

40 Die Koning sal antwoord en vir hulle sê: ‘Dit is waar, Ek sê vir julle, in die mate

waarin julle dit gedoen het vir een van die onbelangrikste van hierdie broers van

My, het julle dit vir My gedoen.’

41 Dan sal Hy ook vir dié aan Sy linkerhand sê: ‘Gaan weg van My, julle vervloektes,

in die ewige vuur in wat voorberei is vir die duiwel en sy engele,

42 want Ek het honger gehad en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad

en julle het My nie te drinke gegee nie;

43 Ek was ‘n vreemdeling en julle het My nie ontvang nie; kaal en julle het My nie

aangetrek nie; siek en in die tronk en julle het nie vir my gesorg nie.’

44 Dan sal hulle Hom ook antwoord en sê: ‘Ons Meester, wanneer het ons U honger

gesien of dors of ‘n vreemdeling of kaal of siek of in die tronk en U nie bedien nie?’

45 Dan sal Hy hulle antwoord en vir hulle sê: ‘Dit is waar, Ek sê vir julle, in die mate

waarin julle dit nie gedoen het vir een van hierdie onbelangrikes nie, het julle dit

ook nie vir My gedoen nie’

46 en hulle sal weggaan in die ewige marteling in, maar die onskuldiges in die ewige

lewe in.”

45

Mattityahu

26 1 Dit was toe Yeshua al hierdie dinge klaar gesê het, dat Hy vir vir Sy

studentevolgelinge sê:

2 “Julle weet oor twee dae is die Pesag en die Seun van die mens sal oorgelewer word

om gekruisig te word.”

3 In daardie tyd kom die hoofpriesters en die leraars van die wet en die oudstes van die

volk in die paleis van die hoofpriester, wat Kayafa genoem word, bymekaar

4 en hulle het ‘n vergadering gehou oor Yeshua, dat hulle Hom deur misleiding sou

vang en vermoor.

5 Hulle het gesê: “Nie tydens die fees nie sodat daar nie ‘n oproer onder die mense

ontstaan nie.”

6 Toe Yeshua in Beit-Anyah, in die huis van Shim’on, die pottebakker was,

7 kom ‘n vrou na Hom toe met ‘n fles geparfumeerde olie wat baie duur is en gooi dit

op sy kop uit terwyl Hy aan die tafel skuinsgelê het,

8 maar toe Sy studentevolgelinge dit sien, was hulle ontsteld en sê: “Hoekom dit

mors,

9 want dit kon vir baie verkoop en die geld dan aan die armes gegee word?”

10 Yeshua het dit geweet en sê vir hulle: “Waarom val julle die vrou lastig omdat sy

‘n pragtige daad vir My gedoen het?

11 Die bedelaars het julle altyd by julle, maar nie altyd vir My nie,

12 want toe sy hierdie aromatiese olie op My liggaam uitgegooi het, het sy dit gedoen

asof vir My begrafnis.

13 Dit is waar, Ek sê vir julle, oral in die hele wêreld, waar hierdie goeie boodskap

van My verkondig sal word, sal ook gepraat word van wat sy gedoen het, tot ‘n

herinnering aan haar.”

14 Toe gaan een van die twaalf, genoem Y’hudah van K’riot, na die hoofpriesters

15 en sê vir hulle: “Wat is julle gewillig om my te gee en ek sal Hom aan julle

46

oorlewer?” Hulle het hom dertig silwerstukke belowe

Z’kh 11:12

16 en van toe af het hy ‘n geleentheid gesoek om Hom oor te lewer.

17 Aan die begin van die Fees van Ongesuurde Brode kom die studentevolgelinge na

Yeshua en sê vir Hom: “Waar wil U hê moet ons vir U voorberei om die Pesagmaal

te eet?”

18 Hy antwoord: “Gaan na die stad, na ‘n sekere persoon en sê vir hom: ‘Die

Leermeester laat weet: My tyd is naby, Ek sal saam met My studentevolgelinge by

jou die Pesag hou’.”

19 Die studentevolgelinge het gedoen net soos Yeshua hulle beveel het en hulle het

die Pesagmaal voorberei.

20 Toe dit aand geword het, het Hy saam met die twaalf studentevolgelinge skuinsgelê

by die tafel

21 en terwyl hulle eet, sê Hy: “Dit is waar, Ek sê vir julle, een van julle sal My oorlewer.”

22 Toe word hulle baie bedroef en elkeen van hulle begin vir Hom vra: “Is dit miskien

ek, my Meester?”

23 Hy antwoord en sê: “Hy wat sy hand saam met My in die bak indoop, dit is hy wat

My sal verraai.

Mattityahu

24 Die Seun van die mens gaan weg soos daar van Hom geskrywe is, maar wee

daardie man deur wie die Seun van die mens oorgelewer word! Dit sou vir daardie

man goed gewees het as hy nie gebore is nie.”

25 Y’hudah, wat Hom sou oorlewer, antwoord en sê: “Is dit dan ek, my Meester?” Hy

antwoord hom: “Jy self het dit gesê.”

26 Terwyl hulle eet, vat Yeshua die brood, dank daarvoor, breek dit en gee dit aan Sy

studentevolgelinge en sê: “Neem, eet, dit is My Liggaam.”

27 Hy vat ook die beker, dank daarvoor, gee dit aan hulle, en sê: “Drink almal daaruit,

28 want dit is My bloed, van die Nuwe Verbond, wat vir baie uitgestort word tot

Yir 31:30-33

vryspraak van sondes,

29 maar Ek sê vir julle: Ek sal van nou af glad nie weer van hierdie vrug van die

wynstok drink, tot op daardie dag wanneer Ek dit nuut saam met julle sal drink in

die Koninkryk van My Vader nie.”

30 Hulle het lofliedere gesing en uitgegaan na die Olyfberg.

31 Toe sê Yeshua vir hulle: “Julle sal almal in hierdie nag aanstoot aan My neem,

want daar is geskrywe: ‘Ek sal die skaapwagter slaan, en die skape van die kudde

Z’kh 13:7

sal uitmekaar gejaag word,’

32 maar nadat Ek opgestaan het, sal Ek voor julle uit na die Galil gaan.”

33 Kefa antwoord en sê vir Hom: “Al sou almal ook teen U aanstoot neem, ek sal

nooit aanstoot neem nie.”

34 Yeshua sê vir hom: “Dit is waar, Ek sê vir jou, in hierdie nag, sal jy My drie maal

ontken voordat die haan sou kraai.”

35 Kefa sê vir Hom: “Selfs al moet ek saam met U sterf, ek sal U nooit ontken nie!”

Al die studentevolgelinge het ook so gesê.

36 Toe kom Yeshua saam met hulle in ‘n plek genoem Gat-Sh’manim en Hy sê vir die

studentevolgelinge: “Sit hier terwyl Ek gaan om te bid.”

37 Hy vat Kefa en die twee seuns van Zavdai saam en begin bedroef en benoud word.

38 Hy sê vir hulle: “My verstand, wil en emosie is diep bedroef tot die dood toe; bly

hier en waak saam met My.”

39 Hy het ‘n entjie onttrek en op Sy gesig geval en gebid en gesê: “My Vader, as dit

moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar

soos U wil.”

40 Hy gaan na die studentevolgelinge en vind hulle aan die slaap en Hy sê vir Kefa:

“Kon julle nie een uur saam met My waak nie?

41 Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is gewillig, maar die

vlees is swak.”

42 Weer het Hy vir die tweede maal gaan bid en gesê: “My Vader, as hierdie beker nie

by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat dit wees soos U wil.”

43 Hy gaan na hulle toe en vind hulle weer aan die slaap, want hulle oë was swaar

44 en Hy het weer van hulle af weggegaan en vir die derde maal gaan bid en dieselfde

woorde gesê.

45 Toe kom Hy by Sy studentevolgelinge en sê vir hulle: “Slaap maar voort en word

verfris. Let op! Die uur is naby en die Seun van die mens word oorgegee in die

hande van sondaars.

47

Mattityahu

46 Staan op, laat ons gaan; let op, hy wat My oorlewer is hier.”

47 Terwyl Hy nog praat, kom Y’hudah, een van die twaalf vanaf die hoofpriesters en

oudstes van die volk af en saam met hom ‘n groot skare met swaarde en stokke.

48 Die een wat Hom oorlewer, Y’hudah, het vir hulle ‘n teken gegee en gesê: “Die een

wat ek sal soen, dit is Hy, gryp Hom!”

49 Hy roep dadelik na Yeshua en sê: “Vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid,

My Meester” en hy soen Hom,

50 maar Yeshua sê vir hom: “Het jy hiervoor gekom, My vriend?” Toe kom hulle

nader en slaan die hande aan Yeshua en gryp Hom

51 en een wat saam met Yeshua was, het sy hand uitgesteek, sy swaard uitgetrek en hy

het die slaaf van die hoofpriester geslaan en sy oor afgesny.

52 Toe sê Yeshua vir hom: “Sit jou swaard in sy plek terug, want almal wat die swaard

vat, sal deur die swaard doodgemaak word.

53 Of dink jy nie dat Ek die vermoë het om op hierdie oomblik My Vader te bid en Hy

meer as twaalf legioene van engele tot My beskikking sal stel nie?

54 Hoe sou die voorspellings van die Skrifte dan vervul word dat dit só moet wees?”

55 In dieselfde tyd het Yeshua vir die mense gesê: “Het julle soos teen ‘n dief uitgekom

met swaarde en stokke om My te vang? Daagliks het Ek langs julle gesit en leer in

die tempel en julle het My nie gevang nie,”

56 maar dit het alles gebeur sodat die Skrifte van die profete vervul sou word. Toe het

al die studentevolgelinge van Hom af weggegaan en gevlug

57 en die wat Yeshua gevange geneem het, het Hom weggevat na Kayafa, die

hoofpriester, waar die leraars van die wet en die oudstes bymekaar was.

58 Shim’on Kefa het Hom van ‘n afstand af gevolg tot by die paleis van die hoofpriester

en hy het ingegaan en by die wagte gaan sit om die resultaat te sien.

59 Die hoofpriesters, die oudstes en die hele Joodse Raad het getuienisse teen Yeshua

gesoek om Hom dood te maak

60 en niks gevind nie. Alhoewel daar baie met onwaar getuienis gekom het, het hulle

niks gevind nie. Eindelik kom daar twee

61 en sê: “Hierdie man het gesê: ‘Ek is by magte om die tempel van God af te breek

en dit in drie dae op te bou’.”

62 Die hoofpriester staan op en sê vir Hom: “Het U nie eers een antwoord vir hulle

wat teen U getuig nie?”

63 maar Yeshua het stilgebly en die hoofpriester antwoord en sê vir Hom: “Ek eis ‘n

eed van U by die Lewende God dat U vir ons sê of U Die Gesalfde Een, die Seun

van God, is?”

64 Yeshua antwoord hom: “U het dit gesê, maar Ek sê vir julle: Van nou af aan, sal

julle die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van Krag en ook sien kom op

Dan 7:13

die wolke van die hemel.”

65 Toe skeur die hoofpriester sy kleed en sê: “Let op, Hy praat kwaad teen God!

Waarvoor het ons nog getuies nodig? Julle het Sy kwaadpraat teen God gehoor!

66 Wat dink julle?” Hulle antwoord en sê: “Hy verdien die dood.”

67 Toe het hulle in Sy gesig gespoeg en Hom teen die kop geslaan en ander het Hom

geklap

48

Mattityahu

68 en gesê: “Profeteer vir ons, Gesalfde Een! Wie is dit wat U slaan?”

69 Kefa het buite in die binnehof gesit en ‘n slavin het na hom toe gekom en gesê: “Jy

was ook saam met Yeshua, die Een van die Galil,”

70 maar hy het dit voor almal ontken en gesê: “Ek weet nie waarvan jy praat nie.”

71 Terwyl hy uitgaan na die stoep toe, sien ‘n ander slavin hom en sê aan dié wat daar

was: “Hierdie een was ook by Yeshua, van Natzeret.”

72 Met ‘n eed ontken hy dit weer: “Ek ken die man nie.”

73 ‘n Rukkie later kom dié wat daar staan en sê vir Kefa: “Waarlik, jy is ook éen van

hulle, want ook deur jou uitspraak is dit duidelik.”

74 Toe begin hy vloek en sweer: “Ek ken die man nie” en dadelik het die haan

gekraai,

75 en Kefa het die woord van Yeshua onthou wat Hy vir hom gesê het: “Voordat die

haan kraai, sal jy My drie maal ontken” en hy het buitentoe gegaan en bitterlik

gehuil.

27 1 Met dagbreek het die Raad al die hoofpriesters en die oudstes van die volk

bymekaargekry en teen Yeshua vergader oor hoe om Hom dood te maak

2 en hulle het Hom vasgebind en weggevat en Hom oorgelewer aan Pilatos, die

goewerneur.

3 Toe Y’hudah, die een wat Hom oorgelewer het, sien dat Hy veroordeel is, het hy

berou gekry en die dertig silwerstukke teruggebring na die hoofpriesters en die

oudstes

4 en gesê: “Ek het gesondig deur onskuldige bloed oor te lewer,” maar hulle sê: “Wat

gaan dit ons aan wat jy ontdek?”

5 Hy het die silwerstukke in die tempel neergegooi en onttrek, weggegaan en homself

opgehang,

6 maar die hoofpriesters het die silwerstukke geneem en gesê: “Dit is nie reg volgens

die wet om dit in die offerhande te gooi nie, omdat dit geld is wat bloed gekoop

het.”

7 Die raad het besluit dat hulle die stuk grond van ‘n pottebakker daarmee koop as ‘n

begraafplaas vir vreemdelinge.

8 Daarom is dié stuk grond Bloedgrond genoem, tot vandag toe.

9 Toe is vervul wat gesê is deur die profeet, wat gesê het: “Ek het dertig silwerstukke

gevat van die kinders van Yisra’el; die waarde van die Kosbare Een, waarop hulle

ooreengekom het

10 en ek het dit vir hulle gegee vir die grond van die pottebakker, soos my beveel

Z’kh 11:12-13

het.”

11 Yeshua het voor die goewerneur gestaan en die goewerneur het Hom gevra en gesê:

“Is U die Koning van die Jode?” Yeshua antwoord hom: “U sê dit.”

12 Terwyl Hy deur die hoofpriesters en die oudstes beskuldig word, het Hy niks

geantwoord nie.

13 Toe sê Pilatos vir Hom: “Hoor U nie hoeveel hulle teen U getuig nie?”

14 Hy het hom op geen enkele woord geantwoord nie sodat die goewerneur hom baie

bewonder het.

49

Mattityahu

15 By elke fees was die goewerneur gewoond om een gevangene, hulle keuse, vir die

mense vry te laat

16 en in daardie tyd het hulle ‘n prominente gevangene gehad wat Bar-Abba genoem is.

17 Omdat hulle dan byeengekom het, sê Pilatos vir hulle: “Wie wil julle hê moet ek vir

julle vrylaat: ‘Bar-Abba, of Yeshua wat genoem word ‘Die Gesalfde Een’?”

18 Hy het geweet dat hulle Hom uit afguns oorgelewer het.

19 Terwyl hy op die regstoel sit, het sy vrou na hom toe gestuur en gesê: “Moet niks

te doen hê met dié Onskuldige Een nie, want ek het vandag in ‘n droom baie gely

as gevolg van Hom.”

20 Die hoofpriesters en die oudstes het die skare oortuig dat hulle Bar-Abba moes vra,

maar Yeshua vernietig.

21 Die goewerneur antwoord en sê vir hulle: “Wie van die twee wil julle hê moet ek

vir julle vrylaat?” Hulle antwoord: “Bar-Abba!”

22 Pilatos sê vir hulle: “Wat moet ek dan met Yeshua, wat genoem word ‘Die Gesalfde

Een,’ doen?” Hulle sê almal vir hom: “Hang Hom aan ‘n kruis!”

23 Die goewerneur sê: “Watter boosheid het Hy dan gedoen?” Hulle skree egter harder

en sê: “Laat Hom gekruisig word!”

24 Toe Pilatos besef dat niks help nie, maar eerder ‘n oproer veroorsaak word, het

hy water gevat en sy hande voor die skare gewas en gesê: “Ek is onskuldig aan die

bloed van hierdie Onskuldige Een; soos julle kan sien”

25 en die hele volk antwoord en sê: “Sy bloed is op ons en op ons kinders!”

26 Toe laat hy Bar-Abba vir hulle vry, maar Yeshua het hy laat gésel met swepe en

oorgelewer om gekruisig te word.

27 Daarop neem die goewerneur se soldate Yeshua met hulle saam in die paleiswag se

kwartiere in en bring die hele afdeling soldate rondom Hom bymekaar,

28 trek Sy klere uit en gooi ‘n skarlaken rooi mantel om Hom.

29 Hulle vleg ‘n kroon van dorings en sit dit op Sy kop en ‘n riet in Sy regterhand en

kniel voor Hom en spot Hom en sê: “Wees gegroet, Koning van die Jode”

30 en hulle spoeg op Hom en gryp die riet en slaan Hom op Sy kop.

31 Nadat hulle Hom gespot het, trek hulle die mantel uit en trek Sy klere vir Hom aan

en vat Hom weg om gekruisig te word.

32 Terwyl hulle uitgaan, vind hulle ‘n man van Kurene, met die naam van Shim’on en

dwing hom om Sy kruis te dra

33 en hulle het gekom by ‘n plek wat Gulgolta genoem word; dit beteken: Plek van

die kopbeen.

34 Hulle het vir Hom asyn, met ‘n doofmiddel gemeng, gegee om te drink en toe Hy

dit proe, wou Hy nie drink nie,

35 maar toe hulle Hom gekruisig het, het hulle Sy klere verdeel deur die lot te werp.

36 Hulle het gaan sit om daar oor Hom wag te hou

37 en bokant sy kop het hulle sy oortreding neergeskryf:

HY IS YESHUA, DIE KONING VAN DIE JODE.

38 Saam met Hom is twee diewe gekruisig, een aan die regter en een aan die

linkerkant.

Ps 22:8

39 Die verbygangers het Hom beledig terwyl hulle hulle koppe skud

50

Mattityahu

40 en sê: “U wat die tempel afbreek en in drie dae opbou, red Uself! As U die Seun

van God is, kom van die kruis af!”

41 Net so het ook die hoofpriesters saam met die leraars van die wet, die oudstes en

die Fariseërs gespot en gesê:

42 “Ander het Hy gered, Homself kan Hy nie red nie. As Hy die Koning van Yisra’el

is, laat Hom nou van die kruis afkom en ons sal in Hom vertrou.”

43 “Hy het op God vertrou; laat Hy Hom nou red as Hy so wil;

51

Ps 22:9 want Hy het gesê:

‘Ek is die Seun van God’.”

44 Net so ook het die diewe wat saam met Hom gekruisig is, Hom ook beledig.

45 Van die sesde uur (twaalf uur middag) af het daar duisternis oor die hele aarde

gekom tot die negende uur (drie uur) toe

46 en omtrent die negende uur het Yeshua met ‘n harde stem uitgeroep en gesê: “My

God! My God! Waarom het U My gespaar (duur dit voort)?”

47 Sommige van die wat daar staan, hoor dit en sê: “Hy roep vir Eliyahu.”

48 Toe hardloop daar dadelik een van hulle en vat ‘n spons, maak dit vol asyn, sit dit

Ps 69:22

op ‘n riet en gee vir Hom om te drink,

49 maar die ander sê: “Neem dit weg, laat ons sien of Eliyahu kom om Hom te

verlos,”

50 maar Yeshua het weer met ‘n harde stem uitgeroep en Sy Gees het Hom verlaat.

51 Onmiddelik het die gordyn in die tempel in twee geskeur, van bo na onder, die

aarde het gebewe, die rotse het oopgebreek,

52 die grafte het oopgegaan en baie liggame van die afgesonderdes, het opgestaan.

53 Hulle het weggegaan van die grafte af en ná Sy opstanding het hulle in die

afgesonderde stad ingekom en aan baie verskyn.

54 Toe die hoofman oor ‘n honderd en die wat saam met hom by Yeshua waggehou

het, die aardbewing sien en die dinge wat daar gebeur, het hulle baie bang geword

en gesê: “Waarlik, hierdie is die Seun van God.”

55 Daar was baie vroue wat van ver af gekyk het, wat vir Yeshua van die Galil af

gevolg en Hom versorg het.

56 Tussen hulle was daar Miryam van Migdala en Miryam, die moeder van Ya’akov

en Yosef en die moeder van die seuns van Zavdai.

57 Toe dit aand geword het, het daar ‘n ryk man van Ramatayim gekom met die naam

van Yosef, wat self ook ‘n studentevolgeling van Yeshua was.

58 Hy het na Pilatos gegaan en die liggaam van Yeshua gevra en Pilatos het beveel dat

die liggaam aan hom oorgegee moes word

59 en Yosef het die liggaam geneem en dit met skoon linne toegedraai

60 en dit in sy nuwe graf gesit, wat hy in die rots uitgekap het; ‘n groot steen teen die

ingang van die graf gerol en weggegaan.

61 Miryam van Migdala en die ander Miryam was daar en hulle het oorkant die graf

gesit.

62 Die volgende dag, ná die voorbereiding, gaan die hoofpriesters en die Fariseërs

saam na Pilatos

63 en sê: “Ons meester, ons onthou dat dié misleier, toe Hy gelewe het, gesê het: ‘Ek

sal na drie dae opstaan’.”

Mattityahu

64 “Gee dan bevel dat die graf verseker word tot die derde dag toe, dat Sy

studentevolgelinge nie miskien in die nag kom, Hom steel en vir die mense sê Hy

het opgestaan uit die dood uit nie en die laaste misleiding sal erger wees as die

eerste.”

65 Pilatos sê vir hulle: “Daar is vir julle wagte, gaan verseker dit volgens wat julle

verstaan”

66 en hulle het weggegaan en die graf saam met die wag verseker deur ‘n seël op die

steen te sit.

28 1 Tydens die aand van die Shabbat, toe die eerste dag van die week aanbreek,

kom Miryam van Migdala en die ander Miryam om na die graf te kyk.

2 Let op! Daar was ‘n groot aardbewing, want ‘n engel van het uit die hemel

afgekom en die steen van die ingang af weggerol en daarop gaan sit.

3 Sy voorkoms was soos weerlig en sy klere so wit soos sneeu.

4 As gevolg van vrees vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword,

5 maar die boodskapper sê vir die vroue: “Moenie bang wees nie, want ek weet julle

soek Yeshua wat gekruisig is.

6 Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan net soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek

waar ons Meester gelê het

7 en gaan vinnig, sê vir Sy studentevolgelinge: ‘Hy het opgestaan uit die dood en gaan

voor julle uit na die Galil. Daar sal julle Hom sien.’ Let op, ek het vir julle gesê.”

8 Hulle het dadelik weggegaan van die graf af, bang en met groot blydskap en

gehardloop om dit aan Sy studentevolgelinge te vertel.

9 Let op! Yeshua ontmoet hulle en sê: “Vrede, gesondheid, voorspoed en

vergenoegdheid!” Hulle het gekom en Sy voete vasgehou en Hom aanbid.

10 Toe sê Yeshua vir hulle: “Moenie bang wees nie. Gaan en vertel vir My broers dat

hulle na die Galil moet gaan en daar sal hulle My sien.”

11 Terwyl hulle op pad was, het sommiges van die wag in die stad ingegaan en aan die

hoofpriesters alles vertel wat gebeur het

12 en hulle het voldoende geld gevat en dit vir die soldate gegee en saam met die

oudstes bymekaargekom en vergadering gehou

13 en vir hulle gesê: “Julle moet sê: ‘Sy studentevolgelinge het in die nag gekom en

Hom gesteel terwyl ons aan die slaap was’

14 en as dit aan die goewerneur rapporteer word, sal ons hom tevrede stel, julle moenie

bekommerd wees nie.”

15 Hulle het die geld gevat en gedoen soos hulle beveel is en hierdie storie is versprei

onder die Jode, tot vandag toe.

16 Die elf studentevolgelinge het na die Galil gegaan, na die berg waar Yeshua met

hulle afgespreek het

17 en toe hulle Hom sien, het hulle neergeval voor Hom in aanbidding, maar sommige

het getwyfel.

18 Yeshua het nadergekom en met hulle gepraat en vir hulle gesê: “Alle outoriteit in

die hemel en op aarde is aan My gegee en soos die Vader My gestuur het, so stuur

ek julle.

52

Mattityahu

19 Gaan daarvolgens, maak studentevolgelinge van al die nasies, doop hulle in die

Outoriteit en Karakter van die Vader en die Seun en die Gees van Afsondering

20 en onderrig hulle sodat hulle alles sal gehoorsaam wat Ek julle beveel het en let op,

Ek is saam met julle al die dae tot aan die einde van die heelal. Dit is waar.”

53

Markos

54

Die tweede boek van die Nuwe Verbond

Die Goeie boodskap oor Yeshua, Die Gesalfde Een, geskryf

deur Markos.

Markos

{ ‘n merk, teken of teiken }

( Markus )

Dit is bes moontlik in Aramees geskryf in die jare 50’s.

In Afrikaans vertaal vanuit die oorspronklike Aramese ‘Peshitta’ -

die taal wat Yeshua gepraat het.

1 1 Die begin van die goeie boodskap van Yeshua, Die Gesalfde Een, die Seun van

God.

2 Sóos dit geskryf is in Yesha’yahu die Profeet: “Let op, Ek sal my boodskapper voor

U Teenwoordigheid uitstuur, om U pad voor te berei.”

3 ‘n Stem wat uitroep: “Berei die weg van die Meester in die wildernis voor en

maak Sy paaie reguit!”

Yes 40:3

Markos

4 Yoganan was in die wildernis al dopend en het die doop van berou, erkenning en

aflegging verkondig vir die bevryding van sondes.

5 Die hele streek van Y’hudah en die inwoners van Yerushalayim het uitgegaan na

hom toe en hy het almal in die Yardenrivier gedoop, wanneer hulle hul sondes erken

en aflê.

6 Yoganan was aangetrek met klere van kameelhare en ‘n gordel van leer om sy heup

en sy kos was sprinkane en heuning van die veld.

7 Hy het verkondig en gesê: “Let op, ná my kom Een wat magtiger is as ek en ek is

nie waardig om af te buk en sy sandaal se band los te maak nie.

8 Ek het julle in water gedoop, maar Hy sal julle in die Gees van Afsondering doop.”

9 Dit was in daardie dae dat Yeshua van Natzeret in die Galil, gekom het en Hy deur

Yoganan in die Yarden gedoop is

10 en dadelik, toe Hy opkom uit die water uit, sien hy die hemele skeur en die Gees

soos ‘n duif op Hom neerdaal

11 en daar was ‘n stem uit die hemel: “Jy is my Seun, wie Ek lief het, waarmee Ek

tevrede is.”

12 Dadelik het die Gees Hom uitgedryf na die wildernis toe.

13 Hy was daar in die wildernis vir veertig dae terwyl Hy getoets is deur Satan. Hy

was saam met die wilde diere en die engele het Hom bedien.

14 Nadat Yoganan gevang is, het Yeshua na die Galil gekom en die goeie boodskap

van die Koninkryk van God verkondig

15 en gesê dat die tyd vanself vol geloop en die Koninkryk van God naby gekom het;

draai om na God toe en vertrou in die goeie boodskap.

16 Terwyl Hy langs die see van Kinneret loop, sien Hy vir Shim’on en Andréas, sy

broer, besig om ‘n net in die see te gooi, want hulle was vissers

17 en Yeshua sê vir hulle: “Kom agter My aan en Ek sal julle vissers van mense

maak”

18 en dadelik het hulle hul nette laat staan en Hom gevolg.

19 ‘n Entjie verder aan, sien Hy vir Ya’akov, die seun van Zavdai en Yoganan, sy

broer, asook dié in die boot besig om hulle nette heel te maak

20 en Hy het hulle geroep en dadelik het hulle hul vader, Zavdai, in die skuit saam met

die huurlinge laat staan en Hom gevolg.

21 Toe hulle K’far-Nagum binnegekom het, het Hy dadelik, op die Shabbat, in hulle

sinagoge lering gegee

22 en hulle was stomgeslaan oor Sy leer, want Hy het hulle geleer soos Een wat

outoriteit het en nie soos hulle leraars van die wet nie.

23 Daar was in hulle sinagoge ‘n man met ‘n vuil gees in hom en hy het uitgeskree

55

Markos

24 en gesê: “Wat wil U van ons hê, Yeshua, Natzerener? Het U gekom om ons te

vernietig? Ek weet wie U is: die Afgesonderde Een van God!”

25 Yeshua het hom beveel en gesê: “Hou jou mond toe en gaan uit hom uit!”

26 Die vuil gees het hom neergegooi en met ‘n harde stem geskree en uit hom

uitgegaan.

27 Almal was verbaas en het dit onder mekaar bespreek en gevra: “Wat is dit? Watse

nuwe leringe is dit; en dít met outoriteit; Hy beveel selfs die vuil geeste en hulle

gehoorsaam Hom?”

28 Onmiddellik het die nuus oor Hom versprei in die hele streek van die Galil.

29 Hulle het uit die sinagoge uitgegaan en saam met Ya’akov en Yoganan na die huis

van Shim’on en Andreas gegaan.

30 Die skoonmoeder van Shim’on het siek gelê met koors en hulle het Hom gesê van

haar.

31 Hy gaan na haar toe, vat haar hand, lig haar op en dadelik het die koors haar verlaat

en sy het hulle bedien.

32 In die aand toe die son ondergegaan het, het hulle almal na Hom toe gebring wat

siek en deur demone beheer was

33 en die hele dorp het by die deur bymekaargekom.

34 Hy het baie gesond gemaak wat ‘n verskeidenheid siektes gehad het, baie bose

geeste uitgedryf en die bose geeste nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle Hom

geken het.

35 Baie vroeg in die oggend, het Hy opgestaan en uitgegaan na ‘n afgesonderde plek

en daar het Hy gebid.

36 Shim’on en die wat by hom was, het Hom gesoek

37 en toe hulle Hom kry, sê hulle vir Hom dat almal na Hom soek

38 en Hy sê vir hulle: “Ons gaan na die dorpe en stede naby ons sodat ek ook daar kan

verkondig, want hiervoor het Ek gekom.”

39 Hy het in al hulle sinagoges gepraat in die hele Galil en demone uitgedryf.

40 Daar kom ‘n melaatse na Hom toe, val neer by Sy voete en smeek van Hom en sê

vir Hom: “As U wil, is U in staat om my te reinig.”

41 Yeshua het vir hom omgegee en Sy hand uitgesteek en hom aangeraak en vir hom

gesê: “Ek wil, word gereinig!”

42 Op daardie oomblik het die melaatsheid van hom af weggegaan en hy is gereinig

43 en Hy het hom ernstig gewaarsku en hom weggestuur

44 en vir hom gesê: “Wees versigtig dat jy absoluut niks aan iemand sê nie, maar gaan

wys jouself aan die priester en offer wat Moshe beveel het vir jou reiniging, tot ‘n

getuienis vir hulle,”

45 maar toe hy uitgegaan het, begin hy baie verkondig en verslag doen oor die

gebeurtenis, sodat Yeshua nie meer openlik in ‘n dorp kon ingaan nie, maar Hy was

in verlate plekke en hulle het van elke plek af na Hom toe gekom.

56

Markos

2 1 Na ‘n paar dae het Hy weer in K’far-Nagum ingegaan en toe hulle gehoor het dat

Hy in ‘n huis was,

2 het baie bymekaargekom sodat daar selfs voor die deur nie meer plek was nie en Hy

het met hulle oor die boodskap gepraat.

3 Hulle het ‘n verlamde man tussen vier mans gedra en na Hom toe gebring.

4 Omdat hulle weens die skare nie naby Hom kon kom nie, gaan hulle op die dak

op en maak die dakteëls van die plek waar Yeshua was oop en laat die draagbaar,

waarop die verlamde lê, sak.

5 Toe Yeshua hulle vertroue sien, sê Hy vir die verlamde: “My seun, jou sondes is vir

jou vergewe!”

6 Daar was van die leraars van die wet en die Fariseërs wat daar gesit het en in hulle

gedagtes gedink het:

7 “Wie is Hy om so boos te praat teen God? Wie kan sondes vergewe behalwe God

alleen?”

8 Yeshua het in Sy gees geweet dat hulle hierdie dinge by hulleself dink en Hy sê vir

hulle: “Wat redeneer julle oor hierdie dinge in julle gedagtes?

9 Wat is makliker, om vir die verlamde te sê: Jou sondes is vergewe, of om te sê: Staan

op, tel jou draagbaar op en loop?

10 Maar sodat julle kan weet dat die Seun van die mens outoriteit het om op die aarde

sondes te vergewe,” sê Hy vir die verlamde:

11 “Vir jou sê ek: Staan op, tel jou bed op en gaan na jou huis toe.”

12 Hy het in ‘n oomblik opgestaan, sy draagbaar opgetel en voor almal se oë uitgegaan

sodat almal verbaas was en aan God lof, eer en aanbidding gebring en gesê het: “So

iets het ons nog nooit gesien nie!”

13 Hy het weer uitgegaan na die see toe en al die mense het na Hom toe gekom en Hy

het hulle geleer.

14 Toe Hy verbygaan, sien Hy vir Levi, die seun van Halfai, by die plek van belastingvordering

sit en Hy sê vir hom: “Volg My” en hy het opgestaan en Hom gevolg.

15 Dit was terwyl Hy in sy huis aan tafel skuinsgelê het vir ete, dat baie belastinggaarders

en sondaars gekom en saam met Yeshua en Sy studente-volgelinge aan tafel

skuinsgelê het, want daar was baie wat Hom gevolg het.

16 Toe die leraars van die wet en die Fariseërs Hom saam met die belastinggaarders en

sondaars sien eet, sê hulle vir Sy studentevolgelinge: “Hoe is dit dat Hy saam met

die belastinggaarders en sondaars eet en drink?”

17 Toe Yeshua hulle hoor, sê Hy vir hulle: “Die wat gesond is, het nie ‘n behoefte aan

die dokter nie, maar die wat siek is het sieker geword. Ek het nie gekom om die

onskuldiges te roep nie, maar sondaars.”

18 Die studentevolgelinge van Yoganan en dié van die Fariseërs was besig om te vas

en hulle kom en sê vir Hom: “Waarom vas die studentevolgelinge van Yoganan en

dié van die Fariseërs, maar U studentevolgelinge vas nie?”

19 Yeshua sê vir hulle: “Kan die lede van die bruidsgroep vas terwyl die bruidegom

by hulle is? Nee,

57

Markos

20 maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle af weggevat word; en in

daardie dae sal hulle vas.

21 Niemand werk ‘n nuwe stuk lap op ou klere nie; anders skeur sy nuwe stuk

heeltemal van die oue af en daar kom ‘n erger skeur

22 en niemand gooi nuwe wyn in ou leersakke nie; anders sal die nuwe wyn die sakke

laat bars en die wyn uitloop en die sakke vergaan, maar jy gooi nuwe wyn in nuwe

sakke.”

23 Dit was toe Yeshua op die Shabbat deur die graanland geloop het, dat Sy

studentevolgelinge geloop en are afgepluk het

24 en die Fariseërs sê vir Hom: “Let op, waarom doen hulle op die Shabbat wat nie

volgens die wet is nie?”

25 Yeshua sê vir hulle: “Het julle nooit gelees wat Dawid gedoen het toe hy in ‘n groot

nood was en hy en die wat by hom was, honger was nie?

26 Hoe hy in die huis van God ingegaan het, toe Evyatar die hoofpriester was, en die

brode van die altaar van die Meester geëet het, wat niemand behalwe die priesters

volgens die wet mag eet nie, en ook vir die wat saam met hom was, gegee het?”

27 Hy sê vir hulle: “Die Shabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die Shabbat

nie.

28 Daarom is die Seun van die mens ook Meester van die Shabbat.”

3 1 Yeshua het weer die sinagoge ingegaan en daar was ‘n sekere man met ‘n

verdroogde hand

2 en hulle het Hom dopgehou, sodat as Hy hom op die Shabbat gesond sou maak,

hulle Hom kon aankla.

3 Hy sê vir die man met die verdroogde hand: “Staan op tussen hulle,”

4 maar Hy sê ook vir hulle: “Is dit reg volgens die wet om op die Shabbat te doen wat

goed is of wat sleg is, om ‘n lewe te red of te vernietig?” Hulle was egter stil.

5 Terwyl Hy beide met woede en hartseer oor die blindheid van hulle verstand rondkyk

na hulle, sê Hy vir die man: “Steek jou hand uit!” en hy het dit uitgesteek en sy hand

is genees

6 en die Fariseërs het dadelik uitgegaan en saam met die Herodiane teen Hom beraad,

hoe hulle Hom kon vernietig.

7 Yeshua het saam met Sy studentevolgelinge na die see toe gegaan en baie mense het

Hom gevolg uit die Galil, Y’hudah,

8 Yerushalayim, Iduméa en die gebied oorkant die Yarden en van rondom Tzor en

Tzidon het baie mense na Hom toe gekom toe hulle hoor wat Hy alles doen.

9 Hy het vir Sy studentevolgelinge gesê om vir Hom ‘n boot te bring vanweë die

menigte mense, sodat hulle Hom nie kon verdring nie,

10 want Hy het baie gesond gemaak totdat hulle Hom toegeval het om aan Hom te raak

11 en die wat gepla was deur vuil geeste het, wanneer hulle Hom sien, neergeval en

uitgeskree en gesê: “U is die Seun van God!”

12 Hy het hulle streng bestraf sodat hulle Hom nie openbaar maak nie.

13 Hy het by ‘n berg opgegaan en die wat Hy wou na Hom geroep en hulle het na

Hom toe gekom.

58

Markos

14 Hy het twaalf gekies sodat hulle by Hom kon wees en sodat Hy hulle kon uitstuur

om te verkondig

15 en dat hulle die outoriteit kan ontvang om siektes te genees en demone uit te dryf.

16 Shim’on, vir wie Hy Kefa genoem het;

17 Ya’akov, die seun van Zavdai, en Yoganan, die broer van Ya’akov; hulle het Hy

genoem B’nei-Regesh, dit is: Seuns van donder.

18 Andréas, Filippos, Bar-Talmai, Mattityahu, T’oma, Ya’akov, die seun van Halfai,

Taddai, Shim’on die jaloerse

19 en Y’hudah van K’riot, wie Hom sou verraai. Hulle het in die huis ingegaan

20 en weer het ‘n menigte mense bymekaargekom sodat hulle nie brood kon eet nie.

21 Toe Sy familie dit hoor, gaan hulle uit om beheer oor Hom te neem, want hulle het

gesê: “Hy is van sy verstand af.”

22 Die leraars van die wet, wat van Yerushalayim af gekom het, het gesê: “Hy het Ba’al-

Zibbul in Hom,” en: “Deur die heerser van die demone dryf Hy die demone uit.”

23 Yeshua het hulle geroep en vir hulle deur vergelykende stories gesê: “Hoe is Satan

in staat om Satan uit te dryf?

24 As ‘n koninkryk teen homself verdeeld is, is dit nie moontlik vir daardie koninkryk

om staande te bly nie;

25 en as ‘n huis teen homself verdeeld is, is dit nie moontlik vir daardie huis om

staande te bly nie;

26 en as hy wat Satan is teen homself opstaan en verdeeld is, is dit nie moontlik vir

hom om staande te bly nie, maar dit sal sy einde wees.

27 Niemand kan in die huis van ‘n sterk man ingaan en sy waardevolle besittings roof

as hy nie eers die sterk man vasbind nie; en dan kan hy sy huis beroof.

28 Waarlik, Ek sê vir julle dat alle sondes die kinders van die mens vergewe word en

al die kwaadpraat teen God wat hulle mag kwaadpraat,

29 maar wie ookal teen die Gees van Afsondering kwaad gepraat het, het geen vergifnis

tot in ewigheid nie, maar is skuldig tot ‘n ewige oordeel;”

30 omdat hulle gesê het: “Hy het ‘n onrein gees in Hom.”

31 Sy broers en Sy moeder het gekom en buite gestaan en iemand gestuur om Hom

na hulle toe te roep

32 en ‘n menigte mense het rondom Hom gesit en hulle sê vir Hom: “U moeder en U

broers is buite en soek na U.”

33 Hy antwoord en sê vir hulle: “Wie is My moeder en wie is My broers?”

34 Hy het gekyk na dié wat rondom Hom sit, en sê: “Let op, My moeder en let op,

My broers,

35 want wie ookal die wil van God doen, is My broer, My suster en My moeder!”

4 1 Hy het weer langs die see begin leer en ‘n groot menigte mense het by Hom

bymekaargekom sodat Hyself in ‘n boot op die see gaan sit het en al die mense het

op die grond langs die see gestaan.

2 Hy het hulle baie deur vergelykende stories geleer en vir hulle in Sy leringe gesê:

3 “Luister: Let op, ‘n saaier het uitgegaan om te saai,

4 en terwyl hy saai, het sommige langs die pad geval en ‘n voël het gekom en dit geëet,

59

Markos

5 maar ander saad het op die rots geval waar nie baie grond was nie en dit het vinnig

ontkiem, omdat dit geen diep grond gehad het nie,

6 maar toe die son opkom, is dit verskroei en omdat dit geen wortel gehad het nie, het

dit opgedroog.

7 Ander het tussen die dorings geval en die dorings het opgekom en dit versmoor en

dit het geen vrug gedra nie.

8 Ander het in die goeie grond geval en dit het opgekom en gegroei en vrug gedra: een

dertig, een sestig en een honderdvoudig.”

9 Hy sê vir hulle: “Wie ore het wat hoor, laat hom hoor,”

10 maar toe Hy alleen was, het die wat saam met die twaalf, naby Hom was, Hom

aangaande die vergelykende storie gevra

11 en Yeshua sê vir hulle: “Aan julle is dit gegee om die geheime van die Koninkryk

van God te ken, maar vir hulle wat buite is, is alles in vergelykende stories

12 sodat ‘hulle herhaaldelik kyk en nie sien nie; en herhaaldelik hoor en nie verstaan

nie sodat hulle nie dalk omdraai na God toe en die sondes hulle vergewe word

Yes 6:9-10

nie.’”

13 Hy sê vir hulle: “Verstaan julle nie hiérdie vergelykende storie nie en hoe sal julle

enige vergelykende storie verstaan?

14 Die saaier wat saai, saai die boodskap,

15 maar hulle wat langs die pad is, is dié waar die boodskap gesaai word, maar sodra

hulle dit gehoor het, kom Satan dadelik en neem die boodskap weg wat in hulle

verstand gesaai is.

16 Die wat op rotsagtige plekke gesaai word, is hulle wat, as hulle die boodskap hoor,

dit dadelik met vreugde aanneem,

17 maar geen wortel in hulleself het nie; hulle is net vir ‘n tyd en wanneer daar druk

of vervolging kom ter wille van die boodskap, gee hulle aanstoot.

18 Die wat tussen die dorings gesaai word; dit is húlle wat die boodskap hoor

19 en die belange van hierdie wêreld, die misleiding van rykdom en al die ander

begeertes wat inkom, versmoor die boodskap en dit word onvrugbaar.

20 Húlle wat op die goeie grond gesaai is, is húlle wat die boodskap hoor, aanvaar en

vrugte dra: een dertig, een sestig en een honderdvoudig.”

21 Hy sê vir hulle: “Iemand bring nie ‘n lamp om dit onder die maatemmer of onder

die bed te sit nie. Moet dit nie op die lampstaander gesit word nie?

22 Daar is niks weggesteek wat nie geopenbaar sal word nie en daar is niks geheims

wat nie uitgevind sal word nie.

23 As iemand ore het sodat hy kan hoor, laat hom hoor.”

24 Hy het ook vir hulle gesê: “Oorweeg dit wat julle hoor; met die maat waarmee julle

meet, sal vir julle gemeet word en bygevoeg word vir julle wat hoor,

25 want wie het, vir hom sal gegee word en wie nie het nie, van hom sal weggevat

word, ook wat hy het.”

26 Hy het ook gesê: “Die Koninkryk van God is net soos ‘n mens wat saad oor die

grond gooi

27 en hy gaan slaap en staan op, nag en dag, en die saad ontkiem en word groot,

wanneer hy nie bewus is daarvan nie.

60

Markos

28 Vanself bring die aarde vrug voort, eers ‘n halm, dan ‘n aar, dan die volle koring

in die aar,

29 maar wanneer die vrug gereed is, steek hy die sekel dadelik in, omdat die oes daar is.”

30 Hy het ook gesê: “Waarmee kan ons die Koninkryk van God vergelyk? Met watter

soort vergelykende storie moet ons dit voorstel deur analogie?

31 Dit is soos ‘n mosterdsaad, wat die kleinste is van al die graansaad op die aarde

32 en wanneer dit gesaai is, groei dit en word groter as al die kruie en vorm groot

takke, sodat die voëls van die hemel onder sy skaduwee nes kan maak.”

33 Yeshua het met vergelykende stories soos hierdie met hulle gepraat volgens wat

hulle kon verstaan

34 en sonder vergelykende stories het Hy nie met hulle gepraat nie, maar afsonderlik

het Hy alles vir Sy studentevolgelinge verduidelik.

35 Op daardie dag, toe dit aand geword het, het Hy vir hulle gesê: “Laat ons oorvaar

na die ander kant toe.”

36 Hulle het die skare verlaat en Hom, in die boot waarin Hy was gevat en daar was

ander bote saam met hulle.

37 Daar was ‘n groot storm en die golwe en wind het in die boot in geslaan en dit was

naby aan vol.

38 Yeshua was agter in die skuit aan die slaap op ‘n kussing en hulle het Hom wakker

gemaak en vir Hom gesê: “Ons Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?”

39 Hy het opgestaan, die wind bestraf en vir die see gesê: “Wees stil!” en die wind het

gaan lê en daar het ‘n groot kalm weer gekom.

40 Hy sê vir hulle: “Waarom is julle so vreesagtig? Waarom is daar nie vertroue in

julle nie?”

41 Hulle was bang, met ‘n groot vrees en het vir mekaar gevra: “Wie is Hy, dat selfs

die wind en die see Hom gehoorsaam?”

5 1 Hulle het aan die oorkant van die meer, in die streek van die Gadaréners, gekom

2 en toe Hy uit die boot uitklim, kom daar uit die grafte ‘n man met ‘n onrein gees

Hom tegemoet.

3 Hy het tussen die grafte gebly en niemand kon hom met kettings vasbind nie,

4 want wanneer hy ookal met voetboeie en kettings vasgebind is, het hy die kettings

gebreek en die voetboeie afgesny en niemand kon hom temper nie

5 en sonder ophou, nag en dag, het hy in die heuwels en in die grafte aangehou om te

skree en homself met ‘n klip te sny.

6 Toe hy Yeshua van ver af sien, hardloop hy en val voor Hom neer

7 en skree met ‘n harde stem en sê: “Wat het U met my te doen, Yeshua, Seun van die

Allerhoogste God (Ha’Elyon). Ek beroep my tot U by God dat U my nie sal martel

nie,”

8 want Hy het vir hom gesê: “Onrein gees, gaan uit die man uit!”

9 Hy vra vir hom: “Wat is jou naam?” en hy antwoord en sê: “Legioen is ons naam,

want ons is baie”

10 en hulle het Hom baie gesmeek om hulle nie uit die streek uit weg te stuur nie.

11 Naby die berg was daar ‘n groot trop varke aan die wei

61

Markos

12 en al die bose geeste het Hom gesmeek en gesê: “Stuur ons na die varke sodat ons

in hulle kan ingaan.”

13 Hy het hulle toegelaat en die vuil geeste het uitgegaan, in die varke ingegaan en die

trop het na ‘n oorhangsel gehardloop en in die see geval en omtrent twee duisend

het in die see verdrink.

14 Die oppassers van die varke het gevlug en dit in die stad en omgewing geraporteer

en hulle het uitgekom om te sien wat gebeur het.

15 Hulle kom by Yeshua en sien die een wat die bose geeste beheer het, aangetrek,

respekvol sit, in wie Legio was en hulle was bang.

16 Die wat dit gesien het, gee toe verslag oor wat gebeur het met die een wat deur die

bose gees beheer was en ook met die varke

17 en hulle het Hom begin vra om weg te gaan van hulle kus af.

18 Nadat Hy in die boot geklim het, het die man, wat deur die bose geeste beheer was,

Hom gevra om by Hom te bly,

19 maar Yeshua het hom nie toegelaat nie, maar vir hom gesê: “Gaan na jou huis en

jou mense toe en maak aan hulle bekend alles wat vir jou gedoen het en dat Hy

omgegee het vir jou.”

20 Hy het weggegaan en in die gebied van die tien stede begin verkondig watter groot

dinge Yeshua vir hom gedoen het en almal was verwonderd.

21 Nadat Yeshua in die boot oorgevaar het na die ander kant toe, het baie mense by

Hom bymekaargekom terwyl Hy langs die see was

22 en daar kom een van die hoofde van die sinagoge, met die naam van Ya’ir, na hom

toe en toe hy Hom sien, val hy voor Sy voete neer

23 en smeek dringend van Hom en sê: “My dogter is baie siek gemaak; kom lê U hand

op haar en sy sal gesond word en lewe.”

24 Yeshua het saam met hom gegaan en ‘n groot klomp mense het Hom gevolg en om

Hom gedruk van alle kante af.

25 Daar was ‘n sekere vrou wat twaalf jaar lank bloedvloeiing gehad het,

26 wat baie onder baie geneeshere gely het, al haar besittings uitgegee het en niks het

gehelp nie, maar dit het, inteendeel, erger geword.

27 Toe sy van Yeshua gehoor het, het sy tussen die druk van die skare van agter af

gekom en Sy kleed aangeraak,

28 want sy het gesê: “As ek Sy klere kan aanraak, sal ek lewe.”

29 Dadelik het die bron van haar bloed opgedroog en sy het aan haar liggaam geweet

dat sy van haar siekte genees is.

30 Dadelik het Yeshua in Homself geweet dat krag van Hom af uitgegaan het en Hy

draai Hom om onder die skare en sê: “Wie het my klere aangeraak?”

31 Sy studentevolgelinge antwoord Hom: “U sien dat die skare U van alle kante af

druk, en U sê: ‘Wie het My aangeraak’?”

32 Hy het rondgekyk om te sien wie dit gedoen het,

33 maar die vrou, wat bang was en gebewe het omdat sy geweet het wat met haar

gebeur het, kom en val voor Hom neer en vertel Hom die hele waarheid.

34 Hy sê vir haar: “My dogter, jou vertroue het jou lewe gegee. Gaan in vrede,

vergenoegdheid, gesondheid en voorspoed en wees genees van jou siekte.”

62

Markos

35 Terwyl Hy nog praat, kom daar mense van die hoof van die sinagoge se huis en sê:

“U dogter is dood. Waarom val u die Leermeester nog lastig?”

36 Yeshua het die woorde gehoor wat hulle gesê het en Hy sê vir die hoof van die

sinagoge: “Moenie vrees nie; hou net aan vertrou.”

37 Hy het niemand toegelaat om saam met Hom te gaan nie, behalwe Shim’on Kefa,

Ya’akov en Yoganan, die broer van Ya’akov.

38 Hulle kom by die huis van die hoof van die sinagoge en sien die wat omgekrap

was, huil en weeklaag.

39 Hy het ingegaan en sê vir hulle: “Waaroor is julle omgekrap en huil julle? Die kind

is nie dood nie, maar slaap.”

40 Hulle het vir Hom gelag, maar Hy het almal uitgejaag en die vader van die kind, die

moeder en die wat by Hom was, saamgevat en ingegaan na waar die meisie lê.

41 Hy vat die meisie aan haar hand en sê vir haar: “Jong meisie, staan op!”

42 Dadelik het die jong meisie opgestaan en rondgeloop, want sy was ‘n dogter van

twaalf jaar oud en hulle was verstom met groot verbasing.

43 Hy het hulle streng beveel dat hulle niemand daarvan vertel nie en vir hulle gesê

om vir haar iets te gee om te eet.

6 1 Hy het daarvandaan weggegaan en in die dorp gekom en Sy studentevolgelinge

het by Hom gebly.

2 Toe dit Shabbat word, begin Hy om in die sinagoge te leer en baie wat Hom gehoor

het, was verwonderd en sê: “Waar kry Hy hierdie dinge en watter wysheid is aan

Hom gegee, dat sulke wonderwerke deur Sy hande gedoen kan word?

3 Is Hy nie net die skrynwerker, die seun van Miryam, die broer van Ya’akov, Yosi,

Y’hudah en Shim’on nie en is sy susters nie hier tussen ons nie?” en hulle was

1 Kor 1:23

agterdogtig oor Hom.

4 Yeshua sê vir hulle: “Daar is nie ‘n profeet sonder eer nie, behalwe in sy tuisdorp,

by sy familie en in sy huis.”

5 Hy kon geen kragtige dade daar beoefen nie, behalwe om ‘n paar siekes die hande

op te lê en hulle gesond te maak

6 en Hy was verwonderd oor hulle gebrek aan vertroue en het na die dorpies rondom

gegaan en geleer.

7 Hy het die twaalf geroep en begin om hulle twee-twee uit te stuur en hulle outoriteit

gegee oor vuil geeste: om hulle uit te dryf

8 en Hy het hulle beveel om niks op die pad saam te vat nie behalwe miskien net ‘n

staf; geen sak, geen brood en geen koper in hulle beursie nie,

9 maar hulle moet sandale aan hulle voete trek en nie twee kledingstukke aantrek

nie.

10 Hy het ook vir hulle gesê: “In watter huis julle ookal mag ingaan, bly dáár totdat

julle daarvandaan vertrek

11 en almal wat julle nie ontvang of selfs nie na julle luister nie, wanneer julle weggaan

van daardie plek af, skud die stof onder julle voete af, tot ‘n getuienis teen hulle. Dit

is waar, Ek sê vir julle, dit sal vir S’dom en vir ‘Amora meer uithoudbaar wees in

die dag van oordeel as vir daardie dorp.”

63

Markos

12 Hulle het uitgegaan en verkondig dat mense moet omdraai van hulle sondes na

God toe

13 en hulle het baie bose geeste uitgedryf, baie siekes met olie gesalf en hulle genees.

14 Die koning, Herodes, het van Yeshua gehoor, want Sy Naam het bekend geword, en

hy het gesê: “Hy is Yoganan die Doper wat uit die dood uit opgestaan het, daarom

werk dié kragte in Hom.”

15 Ander het gesê: “Hy is Eliyahu;” en nog ander het gesê: “Hy is ‘n profeet, net soos

een van die profete,”

16 maar toe Herodes dit hoor, sê hy: “Yoganan wat ek onthoof het, dit is hy wat uit

die dood uit opgestaan het,”

17 want Herodes self het gestuur en Yoganan gevang en hom in die tronk vasgebind,

deur toedoen van Herodias, die vrou van Filippos, sy broer, omdat hy met haar

getrou het,

18 want Yoganan het aan Herodes gesê dat dit nie reg is volgens die wet om sy broer

se vrou te vat nie.

19 Herodias het hom gedreig en wou hom doodmaak en sy kon nie,

20 want Herodes was bang vir Yoganan omdat hy gesien het dat hy ‘n onskuldige en

afgesonderde man was en hy het hom beskerm. Hy het na hom geluister en baie vir

hom gedoen. Hy het graag na hom geluister.

21 Op ‘n geskikte dag, toe Herodes op sy verjaarsdag vir sy edelmanne, die kapteins

en die leiers van die Galil, ‘n feesmaal gegee het,

22 en die dogter van dieselfde Herodias ingekom en gedans het en sy Herodes en die

wat saam aan tafel was plesier het, het die koning vir die meisie gesê: “Vra my net

wat jy wil en ek sal dit vir jou gee.”

23 Hy het vir haar met ‘n eed belowe: “Net wat jy my vra, sal ek jou gee, tot en met

die helfte van my koninkryk.”

24 Toe gaan sy uit en sê vir haar moeder: “Wat sal ek vir hom vra?” Sy sê: “Die kop

van Yoganan die Doper”

25 en dadelik haas sy haar in na die koning toe en vra hom en sê: “Ek wil hê dat u

dadelik vir my die kop van Yoganan die Doper op ‘n bord sal gee.”

26 Die koning was intens bedroef, maar as gevolg van die eed en die wat saam aan

tafel was, het hy gekies om haar nie te weier nie

27 en die koning stuur dadelik die laksman met die opdrag om sy kop te bring. Hy het

gegaan en hom in die tronk onthoof

28 en sy kop op ‘n bord gebring en dit aan die meisie gegee en die meisie het dit aan

haar moeder gegee.

29 Toe sy studentevolgelinge dit hoor, het hulle gekom en sy lyk weggeneem en dit

in ‘n graf gesit.

30 Die wat uitgestuur is, het by Yeshua saamgekom en aan Hom alles wat hulle gedoen

het vertel en alles wat hulle ander geleer het

31 en Hy sê vir hulle: “Kom, julle, ons sal alleen na die platteland toe gaan dat julle

kan rus,” want daar was baie wat kom en gaan en hulle het selfs geen geleentheid

gehad om te eet nie.

32 Hulle het alleen met die boot na ‘n verlate plek gegaan

64

Markos

33 en die menigte mense het hulle sien weggaan en baie het Hom herken en te voet

van al die stede af aangehardloop voor Hom uit na daardie plek toe.

34 Yeshua het uitgeklim, die baie mense gesien en vir hulle omgegee omdat hulle soos

skape sonder ‘n herder was en Hy het begin om hulle baie dinge te leer.

35 Toe dit laat geword het, het Sy studentevolgelinge na Hom toe gekom en vir Hom

gesê: “Die plek is verlate en dit is reeds laat.

36 Stuur hulle weg sodat hulle na die mark en dorpe rondom kan gaan om brood vir

hulleself te koop, want daar is niks vir hulle om te eet nie,”

37 maar Hy sê vir hulle: “Gee julle vir hulle iets om te eet.” Hulle sê vir Hom: “Moet

ons gaan en vir twee honderd denarii brood koop en vir hulle gee om te eet?”

38 Hy sê vir hulle: “Gaan kyk hoeveel brode julle hier het” en toe hulle gaan kyk het,

kom hulle en sê: “Vyf brode en twee visse.”

39 Hy het hulle beveel om almal op die gras te laat sit

40 en hulle het gaan sit in groepe van honderd en van vyftig.

41 Hy neem toe die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en seën, breek

die brode en gee dit aan Sy studentevolgelinge om dit voor te sit en Hy het ook die

twee visse onder almal verdeel.

42 Almal het geëet en was versadig

43 en hulle het twaalf mandjies vol van die gebreekte stukke vis opgetel.

44 Hulle wat van die brood geëet het, was ongeveer vyf duisend manne.

45 Dadelik het Hy Sy studentevolgelinge in die boot laat klim en hulle vooruit laat

vaar na die oorkant, na Beit-Tzaidah, terwyl Hy die mense wegstuur.

46 Nadat Hy hulle weggestuur het, het Hy in die heuwels ingegaan om te bid.

47 Teen die aand, was die boot in die middel van die see en Hy alleen op die land.

48 Hy het gesien dat hulle swaar roei, want die wind was teen hulle en omtrent die

vierde wagbeurt het Hy al lopend op die see na hulle toe gekom en wou by hulle

verbygaan.

49 Hulle het Hom op die water sien loop en het gedink dat Hy ‘n vals of openbare

visioen was en hulle het uitgeroep,

50 want hulle het Hom almal gesien en was bang. Dadelik praat Hy met hulle en sê vir

hulle: “Wees bemoedig, Ek Is ; moenie bang wees nie.”

51 Hy het nadergekom en by hulle in die skuit geklim, die wind het gaan lê en hulle

was in hulleself uitermate verbaas en verwonderd,

52 want hulle het Hom nie herken van die brood nie, omdat hulle verstand verhard

was.

53 Nadat hulle oorgevaar het na die anderkant toe, het hulle by die land van Ginosar

gekom.

54 Toe hulle uit die boot klim, het die mense van die plek Hom dadelik herken

55 en in daardie hele streek het hulle rondgehardloop en die wat siek was op beddens

begin dra na die plek waar hulle gehoor het dat Hy is.

56 Waar Hy ookal ingegaan het in dorpe of stede, het hulle die wat siek was, op die

strate neergesit en Hom gesmeek om, al was dit maar die gebedstossel van Sy kleed,

aan te raak; en almal wat Hom aangeraak het, het gesond geword.

65

Markos

7 1 Die Fariseërs en leraars van die wet, wat van Yerushalayim af gekom het, het by

Hom bymekaargekom

2 en gesien dat sommige van Sy studentevolgelinge met seremonieel ongewaste hande

brood eet en daarmee fout gevind,

3 want die Fariseërs en almal van Y’hudah eet nie as hulle nie hulle hande seremonieel

gewas het nie omdat hulle vashou aan die tradisie van die oudstes.

4 Wanneer hulle van die markplein af kom, eet hulle nie as hulle nie seremonieel

gewas het nie; en daar is baie ander dinge wat hulle vir hulleself aangeneem het om

te onderhou: die seremoniële was van bekers, potte, koperware en beddens.

5 Die Fariseërs en die leraars van die wet vra vir Hom: “Waarom leef U

studentevolgelinge nie volgens die tradisies van die oudstes nie, maar eet brood met

ongewaste hande?”

6 Hy antwoord en sê vir hulle: “Yesha’yahu het reg geprofeteer oor julle, toneelspelers

van ‘n vals karakter, soos geskrywe is: ‘Hierdie volk eer My met die lippe, maar

hulle gedagtes en wil is ver van My af

7 en verniet vereer hulle My deur leringe te leer wat opdragte van mense is,’

66

Yes 29:13

8 want julle verwerp die opdragte van God, maar behou die tradisies van mense: die

seremoniële was van potte en bekers, en baie ander dinge, dit doen julle.”

9 Hy sê vir hulle: “Julle verwerp wel die opdragte van God om sodoende julle tradisies

te bevestig,

10 want Moshe het gesê: ‘Eer jou vader en jou moeder Eks 20:12 ; Deut 5:16 en: Hy wat sleg

praat van vader of moeder, Eks 21:17; Lev 20:9 moet die dood sterf,’

11 maar julle sê: ‘As ‘n mens aan vader of moeder sê: Wat ek vir u tot voordeel kon

gee is my offergawe,’

12 dan laat julle hom niks meer doen vir sy vader of sy moeder nie.

13 Julle verwerp die boodskap van God deurdat julle julle tradisies red; en julle doen

baie soortgelyke dinge.”

14 Yeshua het na die hele menigte mense geroep en vir hulle gesê: “Luister almal na

My en verstaan:

15 Daar is niks wat van buite af in die mens ingaan wat die vermoë het om hom onrein

te maak nie, behalwe dit wat uit hom uitgaan, dít is wat die mens onrein maak.

16 Wie ookal ‘n oor het wat kan hoor, laat hom hoor!”

17 Toe Hy in die huis ingegaan het, weg van die skare af, vra Sy studentevolgelinge

Hom oor daardie vergelykende storie

18 en Hy sê vir hulle: “Is julle net so sonder begrip. Weet julle nie dat niks wat van

buite af in die mens ingaan, hom onrein kan maak nie

19 omdat dit nie ingaan in sy verstand nie, maar in die maag en in privaatheid uitgewerp

word, wat alle kos reinig?

20 Wat uit die mens uitgaan, dit maak die mens onrein,

21 want uit die binneste, uit die verstand, wil en emosie van die mens, kom die bose

gedagtes: egbreuk, seksuele immoraliteit, diefstal, moord,

22 gierigheid, boosheid, misleiding, onbeheerbaarheid, ‘n bose oog (suinigheid),

lastering, trots en doellose dinge.

Markos

23 Al hierdie booshede kom uit die binneste en maak die mens onrein.”

24 Yeshua het van daar af opgestaan en gekom by die gebied van Tzor en Tzidon en

Hy het in ‘n huis ingegaan sodat niemand dit sou weet nie, maar dit was onmoontlik

om ongesiens te bly,

25 want ‘n sekere vrou, wie se dogtertjie ‘n onrein gees gehad het, het dadelik van

Hom gehoor en gekom en voor sy voete neergeval.

26 Sy was egter ‘n nie-Joodse vrou, gebore in Siro-Fenisië en sy het Hom gesmeek

om die demoon uit haar dogter uit te dryf.

27 Yeshua sê vir haar: “Laat eers die kinders versadig word, want dit is nie reg om die

kinders se brood te vat en dit vir die honde te gooi nie.”

28 Sy antwoord en sê vir Hom: “Ja, my Meester, selfs die honde eet onder die tafel

van die kinders se krummels.”

29 Yeshua sê vir haar: “Gaan, as gevolg van hierdie woord het die demoon uit jou

dogter uitgegaan.”

30 Sy het huistoe gegaan, haar dogter het op die bed gelê en die demoon was uit haar

uitgedryf.

31 Yeshua het weer uit die gebied van Tzor en Tzidon vertrek en by die see van

Kinneret gekom, by die gebied van die tien stede.

32 Hulle bring ‘n sekere dowe, wat stom is, na Hom toe en smeek Hom om hom die

hande op te lê

33 en Hy vat hom alleen eenkant toe, weg van die menigte mense af en steek Sy

vingers in sy ore en spoeg en raak sy tong aan

34 en Hy kyk op na die hemel, sug en sê vir hom: “Wees oop!”

35 Dadelik het sy gehoor oopgegaan en die band van sy tong af losgebreek en hy het

duidelik gepraat.

36 Hy het hulle gewaarsku om dit aan niemand te sê nie, maar hoe meer Hy hulle

waarsku, hoe meer het hulle dit verkondig.

37 Hulle was uitermate verbaas en het gesê: “Alles wat Hy doen is goed: Hy laat die

dowes hoor en die stommes praat.

8 1 In daardie dae, toe daar baie mense was en hulle niks gehad het om te eet nie, het

Yeshua Sy studentevolgelinge geroep en vir hulle gesê:

2 “Ek gee om vir hierdie mense, want hulle bly al drie dae by My en het niks om te

eet nie

3 en as Ek hulle, sonder om te eet, huistoe stuur, sal hulle op die pad flou word, want

sommige van hulle kom van ver af.”

4 Sy studentevolgelinge antwoord Hom: “Waarvandaan is dit moontlik vir ‘n mens

om hulle in hierdie verlate plek te kan versadig met brood?”

5 Hy vra vir hulle: “Hoeveel brode het julle?” Hulle sê: “Sewe.”

6 Hy gee aan die skare mense bevel om op die grond te gaan skuinslê, neem die sewe

brode, en nadat Hy dit geseën het, breek Hy dit en gee dit aan Sy studentevolgelinge

om dit te bedien en hulle het die menigte mense bedien.

7 Hulle het ook ‘n paar klein vissies gehad en nadat Hy hulle ook geseën het, sê Hy

dat hulle dit ook moet bedien.

67

Markos

8 Hulle het geëet tot versadiging en die stukkies wat oorgebly het opgetel; sewe

mandjies vol.

9 Die mans wat geëet het, was vier duisend,

10 en Hy het hulle weggestuur. Dadelik het Hy saam met Sy studentevolgelinge in die

boot geklim en na die Dalmanuta streek gegaan.

11 Die Fariseërs het uitgegaan en Hom uitgevra en van Hom ‘n teken uit die hemel

gevra om Hom te toets.

12 Hy sug swaar in Sy Gees en sê: “Waarom begeer hierdie geslag ‘n teken? Dit is

waar, Ek sê vir julle, aan hierdie geslag sal sekerlik geen teken gegee word nie.”

13 Hy het van hulle af weggegaan, in die boot geklim en na die oorkant toe gegaan

14 en hulle het vergeet om brood te vat en het nie meer as een koek by hulle in die

boot gehad nie.

15 Hy het hulle beveel en sê vir hulle: “Let op en wees versigtig vir die suurdeeg van

die Fariseërs en die suurdeeg van Herodes.”

16 Toe bespreek hulle onder mekaar en sê: “Dit is omdat ons nie brood het nie.”

17 Yeshua het geweet en Hy sê vir hulle: “Waarom bespreek julle dat julle nie brood

het nie? Begryp of verstaan julle nog steeds nie? Is julle verstand nog hard?

18 Het julle oë en sien julle nie? Het julle ore en hoor julle nie? Onthou julle nie

19 toe Ek die vyf brode vir die vyf duisend gegee het; hoeveel mandjies vol stukke

julle opgetel het nadat hulle versadig was nie?” Hulle sê vir Hom: “Twaalf.”

20 “En die sewe vir die vier duisend; hoeveel mandjies vol stukke het julle opgetel

nadat hulle versadig is?” Hulle sê: “Sewe.”

21 Hy sê vir hulle: “Hoe is dit dat julle tot nou toe nie verstaan nie?”

22 Hy het in Beit-Tzaidah gekom en hulle het ‘n blinde man na Hom gebring en Hom

gesmeek om hom aan te raak.

23 Hy vat die blinde by die hand en lei hom uit buitekant die dorp. Hy spoeg in sy oë

en lê hom die hande op en vra vir hom wat hy sien.

24 Hy kyk en sê: “Ek sien die mense soos bome wat loop.”

25 Hy lê weer Sy hand op sy oë en hy is genees en het alles duidelik gesien.

26 Hy het hom na sy huis toe gestuur en gesê: “Moenie in die dorp ingaan of dit aan

iemand in die dorp vertel nie.”

27 Yeshua en Sy studentevolgelinge het uitgegaan na die dorpe van Kaisareia-Filippoi

en op die pad vra Hy Sy studentevolgelinge en sê vir hulle: “Wat sê die mense van

My; Wie Ek is?”

28 “Sommige sê Yoganan die Doper en ander: Eliyahu, maar ander: Een van die

profete.”

29 Yeshua sê vir hulle: “Maar julle, wie sê julle is Ek?” Shim’on antwoord en sê vir

Hom: “U is Die Gesalfde Een, die Seun van die Lewende God.”

30 Hy het hulle verbied om enige iemand van Hom te vertel.

31 Hy het hulle begin leer dat die Seun van die mens voorbereid is om baie dinge

te ly en verwerp te word deur die oudstes, hoofpriesters en leraars van die wet en

doodgemaak sal word en ná drie dae opstaan.

32 Hierdie boodskap het Hy openlik en duidelik gebring en Kefa het Hom eenkant

gevat en Hom begin aanspreek,

68

Markos

33 maar Hy het Hom omgedraai en terwyl Hy Sy studentevolgelinge aankyk, het Hy

Kefa bestraf en gesê: “Gaan weg agter My, Satan, want jy bedink nie die dinge van

God nie, maar dié van die mense!”

34 Yeshua roep die skare mense saam met Sy studentevolgelinge na Hom toe en sê vir

hulle: “Wie ookal agter My aan wil kom, moet homself misken en sy kruis opneem

en My volg.

35 Elkeen wie besluit om sy lewe te red, sal dit verloor; maar hy wat sy lewe om My

en om die goeie boodskap se ontwil verloor, hy sal dit red,

36 want wat se voordeel is dit vir ‘n mens as hy die hele wêreld ontvang en sy gees

skade ly?

37 Of wat sal ‘n mens gee in ruil vir sy lewe?

38 Elkeen wat hom vir My en My boodskappe skaam in hierdie owerspelige en sondige

geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom net so ook skaam wanneer Hy kom

in die gemanifesteerde Teenwoordigheid van Sy Vader, saam met Sy afgesonderde

engele.”

9 1 Hy sê vir hulle: “Dit is waar, Ek sê vir julle, daar is sommige van dié wat

hier staan, wat nie die dood sal smaak, voordat hulle die Koninkryk van God met

kragtige werke sien kom het nie.”

2 Ná ses dae het Yeshua net vir Kefa, Ya’akov en Yoganan saamgevat, op teen ‘n hoë

berg, in afsondering, en Hy het voor hulle van gedaante verander.

3 Sy klere het stralend, wit soos sneeu, geword, witter as wat enige een op aarde dit

kan bleik.

4 Eliyahu en Moshe het aan hulle verskyn terwyl hulle met Yeshua gepraat het.

5 Kefa sê vir Hom: “My Meester, dit is goed dat ons hier is. Laat ons drie tente maak:

een vir U en een vir Moshe en een vir Eliyahu,”

6 maar hy het nie geweet wat hy sê nie, want hulle was in respekvolle vrees.

7 Daar was ‘n wolk wat hulle omvou en uit die wolk kom ‘n stem wat sê: “Dit is My

Seun wat Ek liefhet, luister na Hom!”

8 Die studentevolgelinge kyk op van die stilte daarna en sien niemand by hulle nie,

behalwe net Yeshua.

9 Terwyl hulle van die berg afklim, beveel Hy hulle om aan niemand te vertel wat

hulle gesien het, voordat die Seun van die mens opgestaan het uit die dood uit, nie.

10 Hulle het die boodskap vir hulleself gehou en onder mekaar bespreek wat die

stelling ‘opstaan uit die dood uit’ is.

11 Hulle vra Hom en sê: “Waarom sê die leraars van die wet dat Eliyahu eers moet

kom?”

12 Hy antwoord en sê vir hulle: “Eliyahu kom inderdaad eers om alles te herstel en net

so staan daar van die Seun van die mens geskrywe dat Hy baie moet ly en verwerp

word.

13 Ek sê vir julle dat Eliyahu ook reeds gekom het en hulle het aan hom gedoen soveel

as wat hulle wou, soos van hom geskrywe is.”

14 Toe Hy by die studentevolgelinge kom, sien Hy baie mense om hulle en leraars van

die wet wat met hulle debatteer

69

Markos

15 en dadelik, toe al die mense Hom sien, was hulle baie verbaas en het na Hom toe

gehardloop en Hom vrede toegewens.

16 Hy vra die leraars van die wet: “Wat debatteer julle met hulle?”

17 Een uit die skare mense antwoord en sê: “Meester, ek het my seun, wat ‘n stom

gees het, na U gebring;

18 en wanneer dit oor hom kom gooi dit hom neer, slaan hom, hy kners op sy tande

en word swakker en ek het U studentevolgelinge gevra om hom uit te dryf en hulle

kon nie.”

19 Yeshua antwoord en sê vir hom: “O geslag sonder vertroue, hoe lank sal Ek by julle

wees, hoe lank moet Ek uithou met julle? Bring hom na My toe.”

20 Hulle bring hom na Hom toe en dadelik, toe hy Hom sien, gooi die gees hom dat

hy op die grond val en rond wriemel met skuim in die mond.

21 Yeshua vra vir sy vader: “Hoe lank is dit al dat dit met hom gebeur?” en hy sê:

“Vanaf sy kinderdae af;

22 en baie keer het hy hom in die vuur en in die water gegooi om hom te vernietig,

maar enige iets wat U kán doen om ons te help, gee om vir ons.”

23 Yeshua sê vir hom: “As jy kan vertrou, alles is moontlik vir die een wat vertrou.”

24 Dadelik roep die vader van die kind uit terwyl hy huil en sê: “Ek vertrou, my

Meester, help my tekort aan vertroue!”

25 Toe Yeshua sien dat ‘n menigte mense aangehardloop kom en naby hulle

bymekaarkom, bestraf Hy die onrein gees en sê vir hom: “Dowe gees wat nie praat

nie, Ek beveel jou, gaan uit hom uit en kom hierna nie weer in hom in nie.”

26 Skreeuend en met stuiptrekkings het hy uitgegaan en die seun het soos ‘n dooie

geword sodat baie gesê het: “Hy is dood,”

27 maar Yeshua het sy hand gevat en hom opgelig.

28 Toe Hy in die huis kom, vra Sy studentevolgelinge Hom privaat: “Waarom was ons

nie in staat om hom uit te dryf nie?”

29 Hy sê vir hulle: “Hierdie soort kan uit niks uitgaan, behalwe deur gebed en vas nie.”

30 Toe hulle daarvandaan weggegaan het, deur die Galil, wou Hy nie dat iemand Hom

moes herken nie,

31 omdat Hy Sy studentevolgelinge geleer en vir hulle gesê het: “Die Seun van die

mens word oorgegee in die hande van die mense en hulle sal Hom doodmaak en

nadat Hy doodgemaak is, sal Hy op die derde dag opstaan.”

32 Hulle het wat gesê is nie verstaan nie en was bang om Hom te vra.

33 Hy het in K’far-Nagum gekom en nadat hulle in die huis gekom het, vra Hy vir

hulle: “Wat het julle op die pad bespreek?”

34 Hulle het stilgebly, want hulle het op die pad met mekaar geredeneer oor wie die

grootste is.

35 Yeshua het gaan sit, die twaalf geroep en vir hulle gesê: “Hy wat eerste wil wees,

sal laaste wees en almal se dienskneg.”

36 Hy vat ‘n kind en laat hom tussen hulle staan en sit hom op Sy skouers en sê vir hulle:

37 “Elkeen wat iemand soos dié seun ontvang in My Outoriteit en Karakter, ontvang

My en elkeen wat My ontvang, ontvang My nie as hy nie Hom wat My gestuur het

ontvang nie.”

70

Markos

38 Yoganan sê vir Hom: “Leermeester, ons het iemand gesien wat in U Karakter en

Outoriteit demone uitdryf en ons het hom verbied, omdat hy nie saam met ons

uitgegaan het nie.”

39 Yeshua sê vir hulle: “Moet hom nie verbied nie, want daar is niemand wat ‘n

wonderwerk in My Karakter en Outoriteit kan doen en dan gou van My kan

kwaadpraat nie.

40 Daarom, wie ookal nie teen jou is nie, is vir jou.

41 Elkeen wat vir julle net ‘n beker water gee om te drink, omdat julle in die Outoriteit

en Karakter van Die Gesalfde Een kom, dit is waar, Ek sê vir julle, hy sal sy beloning

sekerlik nie verloor nie

42 en elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My vertrou, laat struikel, dit is beter

vir hom as ‘n meulsteen van ‘n donkie om sy nek gehang en hy in die see gegooi

word.

43 As jou hand jou verlei om te sondig, kap dit af. Dit is beter vir jou om vermink die

lewe in te gaan, as om twee hande te hê en hel toe te gaan,

Yes 66:24

44 waar hulle wurm nie doodgaan en hulle vuur nie geblus word nie.

45 As jou voet jou verlei om te sondig, kap dit af. Dit is beter vir jou om kreupel die

lewe in te gaan, as om twee voete te hê en hel toe te gaan,

Yes 66:24

46 waar hulle wurm nie doodgaan en hulle vuur nie geblus word nie.

47 As jou oog jou verlei om te sondig, pluk dit uit. Dit is beter vir jou om met een

oog die Koninkryk van God in te gaan, as om twee oë te hê en in die hel van vuur

te val,

Yes 66:24

48 waar hulle wurm nie doodgaan en hulle vuur nie geblus word nie.

49 Alles sal met vuur voorberei word en elke offerande sal met sout voorberei word.

50 Die sout is uitstekend, maar as die sout smaakloos geword het, waarmee sal julle

dit voorberei? Julle moet sout in julle hê en in vrede wees met mekaar.”

10 1 Hy het opgestaan en daarvandaan na die anderkant van die Yarden, na die grens

van Y’hudah gegaan en ‘n menigte mense het by Hom saamgekom en, soos Sy

gewoonte was, het Hy hulle weer geleer.

2 Die Fariseërs het na Hom toe gekom om Hom te toets en hulle vra Hom of dit reg is

volgens die wet vir ‘n man om van sy vrou te skei?

3 Hy sê vir hulle: “Wat het Moshe julle beveel?”

4 Hulle het gesê: “Moshe het ons toegelaat om met die skrywe van ‘n skeibrief te

Deut 24:1-3

skei.”

5 Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Ter wille van die hardheid van julle harte het hy

vir julle hierdie opdrag geskryf,

6 maar van die begin van die skepping af,

71

Gen 1:27; 5:2 het God hulle man en vrou

gemaak.

7 Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder agterlaat en vashou aan sy vrou

8 en hulle twee sal een vlees wees Gen 2:24 sodat hulle daarna nie meer twee nie, maar

een vlees is.

9 Dit wat God dan so verenig het, mag geen mens skei nie.”

10 In die huis het Sy studentevolgelinge Hom weer oor hierdie saak gevra

Markos

11 en Hy sê vir hulle: “Wie van sy vrou skei en ‘n ander trou, pleeg egbreuk;

12 en as ‘n vrou haar man skei en aan ‘n ander behoort, pleeg sy egbreuk.”

13 Hulle het kinders na Hom toe gebring sodat Hy hulle kon aanraak en die

studentevolgelinge het dié wat hulle gebring het, aangespreek,

14 maar toe Yeshua dit sien, was dit vir Hom boos en Hy sê vir hulle: “Laat die kinders

na My toe kom en moet hulle nie verbied nie, want diésulkes is die Koninkryk van

God.

15 Dit is waar, Ek sê vir julle, elkeen wat nie die Koninkryk van God soos ‘n kind

ontvang nie, sal nie daar ingaan nie.”

16 Hy het hulle in Sy arms opgetel, Sy hande op hulle gelê en hulle geseën.

17 Toe Hy op pad gereis het, hardloop een en val op die knieë neer en vra Hom:

“Goeie Leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te erf?”

18 Yeshua sê vir hom: “Waarom noem jy My goed? Daar is nie een goed nie, behalwe

net die Een, God.

19 Jy ken die wet: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie

steel nie, jy mag nie valse getuienis gee nie, jy mag nie bedrog pleeg nie; eer jou

vader en moeder,”

20 maar hy antwoord en sê vir Hom: “Leermeester, al hierdie dinge het ek gehoorsaam

van my jeug af.”

21 Yeshua het na hom gekyk en was lief vir hom en sê vir hom: “Een ding kom jy kort.

Gaan verkoop alles wat jy het en gee dit aan die armes en jy sal ‘n skat in die hemel

hê; kom dan hier, neem die kruis op en volg My.”

22 Hy het egter treurig geword oor dié woord en bedroef weggegaan, want hy het baie

rykdom gehad.

23 Yeshua kyk rond en sê vir Sy studentevolgelinge: “Hoe moeilik is dit vir hulle wat

rykdom besit, om in die Koninkryk van God in te gaan!”

24 Die studentevolgelinge was verstom oor Sy woorde en Yeshua antwoord weer en

sê vir hulle: “Seuns! Hoe moeilik is dit vir die wat op hulle rykdom staatmaak, om

in die Koninkryk van God in te gaan!

25 Dit is makliker vir ‘n kameelhaartou om deur die oog van ‘n naald te gaan as vir ‘n

ryke om in die Koninkryk van God in te gaan.”

26 Hulle was uitermate verbaas en het vir mekaar gesê: “Wie is in staat om gered te

word?”

27 Yeshua het stip na hulle gekyk en vir hulle gesê: “By mense is dit onmoontlik, maar

nie by God nie, want by God is alle dinge moontlik.”

28 Kefa begin en sê: “Let op, ons het alles verlaat en aan U vasgehou.”

29 Yeshua antwoord en sê: “Dit is waar, Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of

broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van My en

van My goeie boodskap verlaat het nie,

30 of hy ontvang nou in hierdie tyd honderd maal soveel huise, broers, susters,

moeders, kinders en grond, saam met vervolginge en in die wêreld wat kom, die

ewige lewe,

31 maar baie wat eerste is, sal laaste wees, en die wat laaste is, eerste.”

72

Markos

32 Toe hulle op die pad was wat opgegaan het na Yerushalayim, het Yeshua voor hulle

uitgegaan en hulle was verstom. Hulle wat gevolg het was in eerbied bang. Hy het

die twaalf by Hom gevat en aan hulle die dinge wat op die punt staan om met Hom

te gebeur, begin vertel.

33 “Let op, ons gaan op na Yerushalayim en die Seun van die mens sal oorgegee

word aan die hoofpriesters en die leraars van die wet en hulle sal Hom tot die dood

veroordeel en Hom oorgee aan die nie-Jode.

34 Hulle sal Hom spot, Hom gésel, in Sy gesig spoeg, Hom doodmaak en op die derde

dag sal Hy opstaan.”

35 Ya’akov en Yoganan, die seuns van Zavdai, het na Hom toe gekom en gevra:

“Leermeester, ons begeer dat U vir ons doen wat ons U vra.”

36 Hy sê vir hulle: “Wat moet Ek vir julle doen?”

37 Hulle antwoord Hom: “Gee aan ons dat een aan U regterkant en een aan U linkerkant

mag sit in U plek van eer, lof en aanbidding.”

38 Yeshua sê vir hulle: “Julle verstaan nie wat julle vra nie. Is julle instaat om van die

beker te drink wat Ek drink en gedoop te word met die doop waarmee Ek gedoop

word?”

39 Hulle antwoord Hom: “Ons is in staat,” maar Yeshua sê vir hulle: “Die beker wat Ek

drink, sal julle drink en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word;

40 maar om te sit aan My regterkant en aan My linkerkant, is nie vir My om te gee nie,

behalwe vir hulle vir wie dit voorberei is.”

41 Toe die tien dit hoor, begin hulle ernstig kla oor Ya’akov en Yoganan,

42 maar Yeshua het hulle na Hom toe geroep en vir hulle gesê: “Julle is bewus daarvan

dat die wat beskou word as heersers oor die nasies, oor hulle baasspeel en dat hulle

groot manne outoriteit het oor hulle,

43 maar so moet dit onder julle nie wees nie, maar die wat onder julle groot wil word,

moet julle dienaar wees

44 en die wat onder julle die eerste wil word, moet almal se slaaf wees,

45 want selfs die Seun van die mens het ook nie gekom om bedien te word nie, maar

om te dien en Sy lewe te gee as ‘n afkoopprys vir baie.”

46 Hulle het in Yerigo gekom en toe Yeshua en Sy studentevolgelinge en ‘n groot

menigte mense uit Yerigo uitgaan, sit Timai, die seun van Timai (Bar-Timai), ‘n

blinde man, langs die pad en bedel

47 en toe hy hoor dat dit Yeshua van Natzeret was, begin hy om uit te roep en te sê:

“Seun van Dawid, Yeshua, gee om vir my!”

48 Baie het hom aangespreek, dat hy moet stilbly, maar hy het al harder uitgeroep:

“Seun van Dawid, gee om vir my!”

49 Yeshua gaan staan en sê dat hy geroep moes word en hulle roep die blinde en sê vir

hom: “Wees bemoedig, staan op! Hy roep jou.”

50 Die blinde man gooi sy kleed af, staan op en kom na Yeshua toe.

51 Yeshua sê vir hom: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” Die blinde sê vir Hom:

“Leermeester, dat ek kan sien.”

52 Yeshua sê vir hom: “Sien! Jou vertroue het jou gered” en dadelik het dit duidelik

geword en hy het op die pad weggegaan.

73

Markos

11 1 Toe hulle naby Yerushalayim kom, by Beit-Pagei en Beit-Anyah, langs die

Olyfberg, stuur Hy twee van Sy studentevolgelinge

2 en sê vir hulle: “Gaan na die dorp reg oorkant ons en dadelik as julle inkom, sal julle

‘n vul, waar geen mens op gesit het nie, vind wat vasgemaak is. Maak hom los en

bring hom

3 en as iemand vir julle vra: ‘Waarom doen julle dit?’ moet julle antwoord: ‘Hy is

nodig vir ons Meester;’ en dadelik sal hy hom hierheen stuur.”

4 Hulle het gegaan en die vul vasgemaak gekry aan die hek, buitekant in die straat en

hom losgemaak.

5 Van die mense wat daar staan sê vir hulle: “Wat doen julle om die vul los te maak?”

6 Hulle antwoord hul net soos Yeshua beveel het en hulle het hulle toegelaat.

7 Hulle het die vul na Yeshua gebring en hulle klere daarop gegooi en Yeshua het op

hom gery,

8 maar baie het hulle klere op die pad uitgesprei en ander het takke afgekap van die

bome af en op die pad uitgesprei.

9 Die wat voor geloop en die wat gevolg het, het uitgeskree en gesê:

“Red ons nou, Seun van Dawid! Geseënd is Hy wat kom in die Outoriteit en Karakter

van .

10 Geseënd is die Koninkryk wat kom van ons vader Dawid. Red ons nou, Ps 118:25-26 U,

in die hoogste!”

11 Yeshua het Yerushalayim binnegegaan en in die tempel gekom en Hy het na alles

gekyk. Toe dit aand was, het Hy saam met die twaalf uitgegaan na Beit-Anyah.

12 Die volgende dag, toe hulle uit Beit-Anyah uitgaan, was Hy honger

13 en Hy sien van ver af ‘n vyeboom met blare aan en Hy het daarheen gegaan in

die verwagting om iets daaraan te kry om te eet en toe Hy by dit kom, kry Hy niks

behalwe blare nie, want dit was nie die seisoen van vye nie.

14 Hy sê vir dit: “Van nou af tot in ewigheid sal niemand van jou ‘n vrug eet nie!” Sy

studentevolgelinge het dit gehoor en hulle het in Yerushalayim gekom.

15 Yeshua het in die tempel ingegaan en Hy het begin om die wat in die tempel

verkoop en koop uit te jaag en die tafels van die geldwisselaars en die stoele van die

duiweverkopers om te gooi.

16 Hy het niemand toegelaat om enige handelsvoorwerp in die tempel te dra nie

17 en Hy het geleer en vir hulle gesê: “Is daar nie geskrywe: ‘My huis moet ‘n huis

van gebed genoem word vir al die nasies nie,’ Yes 56:7 maar julle het dit ‘n grot vir

Yir 7:11

plunderaars gemaak.”

18 Die leraars van die wet en die hoofpriesters het dit gehoor en gesoek hoe hulle

Hom kon vernietig, want hulle was bang vir Hom, omdat al die mense verstom was

oor Sy leringe.

19 Toe dit aand word, het hulle uitgegaan, buitekant die stad

20 en in die oggend toe hulle verbygaan, sien hulle die vyeboom: verdroog van die

wortels af

21 en Shim’on het onthou en vir Hom gesê: “Leermeester, let op, die vyeboom wat U

vervloek het, is verdroog.”

74

Markos

22 Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Julle moet vertroue wat van God is in julle hê,

23 want, dit is waar, Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: ‘Lig jouself op

en werp jou in die see’ en nie in sy gedagtes twyfel nie, maar vertrou dat wat hy sê,

sal gebeur, dit sal vir hom gedoen word; net wat hy sê.

24 Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, vertrou dat julle besig is

om dit te ontvang en dit sal so wees vir jou

25 en wanneer julle staan en bid, vergewe as julle iets teen iemand het sodat julle

Vader wat in die hemel is, julle ook julle oortredinge kan vergewe,

26 maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook nie julle

oortredinge vergewe nie.”

27 Hulle het weer in Yerushalayim gekom en terwyl Hy in die tempel loop, kom die

hoofpriesters en die leraars van die wet en die oudstes na Hom toe

28 en sê vir Hom: “In watter outoriteit doen U hierdie dinge en wie het vir U hierdie

outoriteit gegee om hierdie dinge te doen?”

29 Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Ek sal julle ook een vraag vra, en antwoord julle

My, dan sal Ek julle sê in watter outoriteit Ek hierdie dinge doen:

30 Die doop van Yoganan: Van waar was dit, vanaf die hemel of vanaf mense? Vertel

My.”

31 Hulle het by hulleself geredeneer en gesê: “As ons sê: ‘Vanaf die hemel,’ sal Hy sê:

‘Waarom het julle hom dan nie geglo nie?’

32 As ons sê: ‘Van mense,’ dan was hulle vir die mense bang, want almal het Yoganan

as ‘n ware profeet beskou.”

33 Hulle antwoord en sê vir Yeshua: “Ons weet nie” en Yeshua antwoord en sê vir

hulle: “Dan sê Ek ook nie vir julle in watter outoriteit Ek hierdie dinge doen nie.”

12 1 Hy het begin om deur ‘n vergelykende storie vir hulle te sê: “’n Sekere man

het ‘n wingerd geplant, ‘n heining rondom gesit, ‘n parskuip gegrawe, ‘n wagtoring

gebou en die sorg daarvan aan werkers oorgegee en na ‘n ander land gegaan.

2 In die tyd dat hy vrugte van die wingerd kon ontvang, stuur hy sy slaaf na die

werkers toe,

3 maar hulle het hom gevat en geslaan en hom met niks weggestuur.

4 Weer het hy ‘n ander slaaf na hulle toe gestuur en op dieselfde manier het hulle hom

met klippe gegooi en gesny en hom in skande weggestuur.

5 Weer het hy ‘n ander een gestuur en hom het hulle doodgemaak. Ook baie ander,

sommige het hulle geslaan en ander doodgemaak.

6 Hy het ook nog een seun gehad, waarvoor Hy baie lief was, en hom laaste na hulle

toe gestuur en gesê: ‘Hulle sal skaam wees voor my seun,’

7 maar daardie werkers het by hulleself gesê: ‘Dit is die erfgenaam; laat ons hom

doodmaak en die erfenis sal ons s’n wees.’

8 Hulle het hom gevat en doodgemaak en buitekant die wingerd uitgegooi.

9 Wat sal die meester van die wingerd dan doen? Hy sal kom en die werkers vernietig

en die wingerd aan ander gee.

10 Het julle selfs ook nie hierdie Skrif gelees nie: ‘Die steen wat die bouers verwerp

het, dit het ‘n hoeksteen geword?

75

Markos

11 Hy het van die Teenwoordigheid van af gekom en dit is wonderlik in ons

Ps 118:22-23

oë’.”

12 Hulle het gesoek om Hom te vang, maar was bang vir die mense, want hulle het

verstaan dat Hy die vergelykende storie aangaande hulle vertel het en hulle het Hom

gelos en weggegaan.

13 Sommige van die leraars van die wet en van die Herodiane het na Hom toe gestuur

om Hom te vang op wat Hy sê.

14 Hulle kom en sê vir Hom: “Leermeester, ons weet dat U Waarheid is en U aan

niemand steur nie, want U sien nie die persoon van mense raak nie, maar U leer die

pad van God in waarheid. Is dit reg volgens die wet om aan die keiser belasting te

betaal of nie? Moet ons betaal of nie?”

15 Hy het egter hulle valsheid geken en vir hulle gesê: “Waarom toets julle My? Bring

vir My ‘n denarion, dat Ek dit kan sien.”

16 Hulle het dit gebring en Hy sê vir hulle: “Wie se beeld en inskripsie is die?” Hulle

antwoord Hom: “Die keiser s’n.”

17 Toe antwoord Yeshua en sê vir hulle: “Gee aan die keiser wat die keiser s’n is en

aan God wat God s’n is” en hulle was verwonderd oor Hom.

18 Die Saduseërs kom ook na Hom toe, dié wat sê dat daar geen opstanding uit die

dood is nie, en hulle vra Hom en sê:

19 “Leermeester, Moshe het vir ons geskryf dat as iemand se broer doodgaan en ‘n

vrou agterlaat en geen seuns nalaat nie, moet sy broer sy vrou vat en seuns hê

Deut 25:5-6

terwille van sy broer.

20 Daar was sewe broers en die eerste het ‘n vrou geneem en doodgegaan sonder om

‘n seun na te laat

21 en die tweede het haar gevat en gesterf en hy het ook geen seuns nagelaat nie en

die derde net so

22 en al sewe het haar gevat en geen seuns nagelaat nie. Laaste van almal is die vrou

ook dood.

23 In die opstanding dan, wie van hulle se vrou sal sy wees, want al sewe het haar as

vrou gehad?”

24 Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Is dit nie die rede dat julle dwaal nie, dat julle

die Skrifte en ook die krag van God nie ken nie?

25 Wanneer hulle uit die dood opstaan, vat hulle nie vrouens nie en word hulle nie

mans se vrouens nie, maar is hulle net soos die engele in die hemel.

26 Wat die dooies aanbetref, dat hulle opstaan, het julle nie gelees in die Skrifte van

Moshe, hoedat God vir hom vanaf die doringbos gesê het: ‘Ek Is , die God van

Eks 3:6

Avraham, die God van Yitz’gak en die God van Ya’akov nie?’

27 Hy is nie God van die dooies nie, maar God van lewendes. Daarvolgens dwaal

julle grootliks.”

28 Een van die leraars van die wet, wat nader gekom het en gehoor het wat hulle

bespreek, sien dat Hy hulle goed geantwoord het en hy vra vir Hom: “Watter een is

die eerste opdrag van almal?”

29 Yeshua antwoord hom: “Die eerste van al die opdragte is: Luister, Yisra’el,

is ons God, is Een;

76

Markos

30 en jy moet jou God liefhê vanuit jou hele verstand, wil en emosie; vanuit jou

hele gees; vanuit al jou begrip en verbeelding en vanuit al jou krag. Dit is die eerste

Deut 6:4-5

opdrag

31 en die tweede, wat net soos hy is, is: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is

Lev 19:18

geen ander opdrag groter as hierdie nie.”

32 Die leraar van die wet sê vir Hom: “Uitstekend, Leermeester, U het met waarheid

gesê dat God Een is en dat daar geen ander is behalwe Hy nie

33 en om Hom lief te hê vanuit die hele verstand, wil en emosie, vanuit die hele gees,

vanuit al die begrip en verbeelding en vanuit al die kragte en om die naaste lief te hê

soos jouself, is belangriker as enige brandoffers en offerhandes.”

34 Toe Yeshua sien dat hy wyslik geantwoord het, sê Hy vir hom: “Jy is nie ver van

die Koninkryk van God nie” en niemand het verder gewaag om aan Hom vrae te

stel nie.

35 Terwyl Yeshua in die tempel leer, antwoord Hy en sê: “Hoe is dit dat die leraars van

die wet sê dat Die Gesalfde Een die seun van Dawid is,

36 want Dawid self het deur die Gees van Afsondering gesê: ‘ het vir my Meester

gesê: Sit aan my regterkant totdat Ek U vyande ‘n voetbank onder U voete gemaak

Ps 110:1

het.’

37 Daarvolgens noem Dawid self Hom, my Meester; waarvandaan is Hy dan sy

seun?” Baie mense het met plesier na Hom geluister

38 en Hy het vir hulle in Sy leringe gesê: “Pas op vir daardie leraars van die wet wat

daarvan hou om in lang klere rond te loop,

39 hou van die beste sitplekke in die sinagoges en die beste plekke by die feeste en

hou van groete op die strate,

40 hulle wat die huise van die weduwees verslind vir ‘n offerhande en hulle gebede

lank uitrek. Hulle sal ‘n groter oordeel ontvang.”

41 Toe Yeshua naby die skatkamer gaan sit, sien Hy hoe die mense geld in die

skatkamer ingooi en baie rykes het baie ingegooi.

42 Daar kom een arm weduwee en gooi twee klein geldstukkies in, dit is, ‘n

quadrans.

43 Yeshua roep Sy studentevolgelinge na Hom toe en sê vir hulle: “Dit is waar, Ek

sê vir julle, hierdie arm weduwee het meer ingegooi as almal wat in die skatkamer

ingegooi het,

44 want hulle het almal uit hulle oorvloed ingegooi, maar sy het uit haar gebrek

ingegooi, alles wat sy gehad het.”

13 1 Terwyl Hy uit die tempel uitgaan, sê een van Sy studentevolgelinge vir Hom:

“Leermeester, Let op, kyk watter klippe en watter argitektuur!”

2 Yeshua antwoord en sê vir hom: “Kyk jy na hierdie groot strukture? Daar sal sekerlik

nie een klip op die ander gelos word wat nie afgebreek sal word nie!”

3 Toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, regoor die tempel, het Kefa, Ya’akov, Yoganan

en Andréas privaat vir Hom gevra:

4 “Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge gebeur en wat is die teken wanneer al hierdie

dinge nader kom om vervul te word?”

77

Markos

5 Yeshua begin om vir hulle te sê: “Pasop dat niemand julle laat afdwaal nie,

6 want baie sal in My Karakter en Outoriteit kom en sê: ‘Ek Is ’ en hulle sal baie

mislei,

7 maar wanneer julle hoor van oorloë en verslae van gevegte, moenie bang wees nie,

want dit sal gebeur, maar dit is nog nie die einde nie,

8 want volksgroep sal teen volksgroep opstaan en koninkryk teen koninkryk; daar sal

aardbewings wees op verskillende plekke en daar sal hongersnode wees en oproere.

Hierdie dinge is die begin van die geboortepyne.

9 Wees versigtig vir julleself, want hulle sal julle oorlewer aan die regters en in plekke

van bymekaarkoms sal julle geslaan word en gebring word om voor heersers en

konings te staan terwille van My, tot ‘n getuienis vir hulle.

10 Die goeie boodskap moet eers aan al die volksgroepe verkondig word

11 en wanneer hulle julle wegvat om julle oor te lewer, moenie julle vooraf bekommer

oor wat julle sal sê of daaroor dink nie, behalwe wat julle in daardie uur gegee word,

dit moet julle sê, want dit is nie julle wat praat nie, maar die Gees van Afsondering.

12 Broer sal broer tot die dood oorlewer; die vader sy kind; en die kinders sal teen

hulle ouers opstaan en hulle doodmaak;

13 en julle sal deur almal gehaat word ter wille van My Outoriteit en Karakter, maar

wie uithou tot die einde toe, hy sal gered word.

14 Wanneer julle dan die teken van die gruwel van die vernietiging, waarvan gepraat

is deur die profeet Dani’el,

78

Dan 9:27; 11:31; 12:11 sien staan in die plek waar hy nie mag nie,

moet die leser verstaan, dan moet dié wat in Y’hudah is, vlug na die berge

15 en wie ookal op die dak is, moenie afkom en ingaan om iets uit sy huis weg te vat nie;

16 en wie ookal op die land is, moenie omdraai na wat agter is om sy klere op te tel nie,

17 maar wee haar wat verwagtend is en die wat nog voed, in daardie dae.

18 Bid egter dat julle vlug nie in die winter sal wees nie,

19 want in daardie dae sal daar moeilikhede wees soos daar nie was van die begin van

die skepping wat God geskape het tot nou toe nie Yo’ 2:2; Dan 12:1 en daar ook nooit sal

wees nie.

20 As dié dae nie verkort het nie, sou niemand geleef het nie, maar ter wille van

die wat gekies is, wat Hy gekies het, het Hy die dae verkort.

21 Wanneer iemand vir julle sê: ‘Let op, hier is Die Gesalfde Een!’ en: ‘Let op, daar

gaan Hy!’ moet dit nie glo nie,

22 want daar sal vals gesalfdes en profete wat lieg opstaan en hulle sal tekens en

wonders doen en, as dit moontlik was, selfs ook die wat gekies is, mislei

23 maar julle moet daarop let. Let op, Ek het vooruit gegaan en julle alles vertel,

24 maar in daardie dae, ná dié moeilikhede, sal die son donker word en die maan sal

nie sy lig gee nie

25 en die sterre sal uit die hemele val en Yes 13:10 ; Yeg 32:7 ; Yo’ 2:10 ; 4:15 ; Hag 2:6,21 die kragte van

die hemele sal geskud word.

26 Dan sal hulle die Seun van die mens sien wanneer Hy kom op die wolke met groot

Dan 7:13-14

krag en met lof, eer en aanbidding.

27 Dan sal Hy Sy engele uitstuur en die wat Hy gekies het uit die vier windstreke

bymekaarmaak, van die begin van die aarde af tot by die begin van die hemel.

Markos

28 Leer die allegorie van die vyeboom: Wanneer sy tak sag word en sy blare uitspruit,

weet julle dat die somer hier is

29 en net so weet julle ook, wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, dat dit naby is,

voor die deur.

30 Dit is waar, Ek sê vir julle, hierdie familie sal nie verbygaan voordat al hierdie

dinge gebeur het nie.

31 Die hemele en die aarde sal verbygaan, maar My boodskap sal nooit verbygaan nie,

32 maar van daardie dag en dié uur weet niemand nie, selfs nie die engele in die hemel

of die Seun nie, behalwe net die Vader.

33 Wees versigtig, wees waaksaam en bid, want julle weet nie wanneer dit tyd is nie.

34 Dit is soos ‘n man wat na die buiteland reis, wat sy huis agtergelaat en vir sy slawe

outoriteit gegee het, vir elkeen sy werk en aan die deurwagter opdrag gegee het om

waaksaam te wees.

35 Wees dan waaksaam, want julle weet nie wanneer die meester van die huis kom

nie: in die laat middag of middernag of met die kraai van die haan of vroeg in die

oggend nie;

36 dat hy nie miskien in die stilte kom en julle aan die slaap kry nie.

37 Wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: Wees waaksaam!”

14 1 Oor twee dae sal dit Pesag en die Fees van Ongesuurde Brode wees. Die

hoofpriesters en die leraars van die wet het gesoek hoe hulle Hom slinks kon vang

en doodmaak,

2 maar hulle het gesê: “Nie tydens die fees nie, want die mense sal in oproer kom.”

3 Terwyl Hy in Beit-Anyah was, in die huis van Shim’on, die pottebakker, en skuinslê

by die tafel, kom daar ‘n vrou met ‘n alabaste fles met geparfumeerde olie: die beste,

baie waardevolle nardussalf, en sy maak dit oop en gooi dit af op Yeshua se kop,

4 maar daar was sommige van Sy studentevolgelinge wat by hulleself ontevrede was

en het gesê: “Hoekom is die geparfumeerde olie gemors,

5 want dit kon moontlik vir meer as drie honderd denarii verkoop en die geld aan die

armes gegee word?” en hulle was verontwaardig teenoor haar.

6 Yeshua sê egter: “Los haar uit; waarom gee julle haar moeilikheid? Sy het ‘n mooi

daad vir My gedoen,

7 want julle het altyd die armes by julle en wanneer julle so kies, kan julle aan hulle

goed doen, maar Ek is nie altyd by julle nie.

8 Dit wat vir haar moontlik was, het sy gedoen. Sy het vooruit My liggaam vir die

begrafnis gesalf.

9 Dit is waar, Ek sê vir julle, oral waar hierdie goeie boodskap van My oor die hele

wêreld verkondig word, daar sal ook gepraat word van wat sy gedoen het, tot ‘n

nagedagtenis aan haar.”

10 Y’hudah van K’riot, een van die twaalf, het na die hoofpriesters gegaan met die

doel om Hom aan hulle oor te lewer.

11 Toe hulle dit hoor, was hulle bly en het belowe om hom geld te gee en hy het na ‘n

geleentheid gesoek om Hom oor te lewer.

79

Markos

12 Op die eerste dag van die Fees van Ongesuurde Brode, wanneer hulle gewoonlik

die Pesaglam geslag het, sê Sy studentevolgelinge vir Hom: “Waar wil U hê moet

ons vir U gaan voorberei, dat U die Pesag kan eet?”

13 Hy stuur twee van Sy studentevolgelinge en sê vir hulle: “Gaan na die stad toe en

let op, ‘n man wat ‘n kruik water dra, sal julle ontmoet. Gaan agter hom aan

14 en waar hy ook mag ingaan, moet julle vir die meester van die huis sê: Die Leermeester

vra: ‘Waar is die vertrek waar Ek met My studentevolgelinge die Pesag kan eet?’

15 Let op, hy sal vir julle ‘n groot bovertrek wys, klaar gereed gemaak. Daar moet

julle vir ons voorberei.”

16 Sy studentevolgelinge het gegaan en in die stad gekom en dit gevind net soos Hy

vir hulle gesê het en hulle het die Pesag voorberei.

17 Toe dit aand was, het Hy saam met die twaalf gekom

18 en terwyl hulle skuinslê aan tafel en eet, sê Yeshua: “Dit is waar, Ek sê vir julle, een

van julle, wat saam met My eet, sal My oorlewer.”

19 Toe het hulle begin moedeloos word en een vir een aan Hom gevra: “Is dit miskien

ek?”

20 Hy antwoord en sê vir hulle: “Een van die twaalf wat saam met My indoop in die

gereg.

21 Die Seun van die mens gaan net soos daar van Hom geskrywe is, maar wee daardie

man deur wie se hand die Seun van die mens oorgelewer word! Dit sou vir die man

beter gewees het as hy nie gebore is nie.”

22 Terwyl hulle eet, vat Yeshua ongesuurde brood, dank, breek dit en gee dit vir hulle

en sê: “Vat, hierdie is My liggaam.”

23 Hy vat ‘n beker, dank, seën dit en gee dit vir hulle en hulle het almal daaruit

gedrink.

24 Hy sê vir hulle: “Hierdie is My bloed van die nuwe verbond, wat in ruil vir baie

uitgestort word.

25 Dit is waar, Ek sê vir julle, Ek sal nie weer van die vrug van die wingerd drink, tot

op daardie dag dat Ek dit nuut sal drink in die Koninkryk van God nie.”

26 Hulle het lofsange gesing en uitgegaan na die Olyfberg

27 en Yeshua sê vir hulle: “Julle sal almal in hierdie nag skaam wees vir My, want daar

Z’kh 13:7

is geskrywe: ‘Ek sal die Skaapwagter slaan en die skape sal verstrooi word,’

28 maar wanneer Ek opgestaan het, sal Ek voor julle uitgaan na die Galil.”

29 Kefa sê vir Hom: “As almal sou skaam wees vir U, nie ek nie.”

30 Yeshua sê vir hom: “Dit is waar, Ek sê vir jou, vandag, in hierdie nag, voordat die

haan twee maal kraai, sal jy My drie maal ontken,”

31 maar hy het meer en meer aangehou en gesê: “Al moet ek saam met U doodgemaak

word, ek sal U nooit ontken nie, my Meester” en almal het net soos hy gepraat.

32 Hulle het gekom by die plek wat genoem word Gat-Sh’manim en Hy sê vir Sy

studentevolgelinge: “Sit hier terwyl Ek gaan bid.”

33 Hy vat vir Kefa, Ya’akov en Yoganan saam met Hom en het hoogs ontsteld en

swaarmoedig begin word

34 en Hy sê vir hulle: “My Gees is tot die dood toe bedroef; bly hier en wees

waaksaam.”

80

Markos

35 Hy gaan ‘n bietjie verder, val op die grond en bid dat, as dit moontlik was, dié uur

by Hom sou verbygaan;

36 en Hy sê: “Vader, My Vader, alle dinge is vir U moontlik; laat hierdie beker by My

verbygaan; nogtans nie My wil nie, maar U wil.”

37 Hy kom en vind hulle terwyl hulle slaap en sê vir Kefa: “Shim’on, slaap jy? Was

jy nie in staat om een uur te waak nie?

38 Waak en bid, dat julle nie getoets word nie. Die gees is wel gewillig en gereed,

maar die vlees is swak.”

39 Weer het Hy gegaan en dieselfde woorde gebid

40 en toe Hy terugkom, vind Hy hulle weer terwyl hulle slaap, want hulle oë was

swaar en hulle het nie geweet wat om vir Hom te sê nie.

41 Hy kom vir die derde keer en sê vir hulle: “Slaap nou maar en rus. Dit is genoeg!

Die einde en die uur het gekom. Let op, die Seun van die mens is oorgelewer in die

hande van die sondaars.

42 Staan op, laat ons gaan; let op, hy is naby wat My oorgee.”

43 Terwyl Hy nog praat, kom Y’hudah, van K’riot, wat een van die twaalf was en

saam met hom baie mense met swaarde en stokke, gestuur deur die hoofpriesters,

die leraars van die wet en die oudstes.

44 Die een wat Hom sou oorgee, het ‘n teken met hulle afgespreek en gesê: “Die een

wat ek sal soen is Hy; gryp Hom en neem Hom onder bewaking weg.”

45 Toe hy nader kom, gaan hy dadelik na Hom toe en sê: “Leermeester, Leermeester!”

en soen Hom.

46 Hulle het hande aan Hom geslaan en gryp Hom,

47 maar een van die wat naby gestaan het, het sy swaard uitgetrek en die slaaf van die

hoofpriester geslaan en sy oor afgekap.

48 Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Het julle soos teen ‘n rower gekom met swaarde

en stokke om My te vang?

49 Ek was elke dag by julle in die tempel en het geleer en julle het My nie gevang nie,

maar hierdie het gebeur dat die Skrifte vervul sou word.”

50 Toe het Sy studentevolgelinge Hom in die steek gelaat en gevlug.

51 ‘n Jongman het ‘n linnekleed om sy kaal lyf gegooi en Hom gevolg; en hulle het

hom gegryp,

52 maar hy het die linnekleed agtergelaat en kaal gevlug.

53 Hulle het Yeshua na Kayafas, die hoofpriester, gebring en al die hoofpriesters en

die oudstes en die leraars van die wet by hom bymekaargebring,

54 maar Shim’on het Hom op ‘n afstand gevolg tot binne-in die voorhof van die hoofpriester

en het saam met die diensknegte gaan sit en hom by die vuur warm gemaak.

55 Die hoofpriesters en almal wat vergader het, het getuienis teen Yeshua gesoek om

Hom dood te maak en hulle het niks gekry nie,

56 terwyl baie teen Hom getuig het, was hulle getuienisse nie waardig nie.

57 Mense het teen Hom opgestaan en leuens teen Hom getuig en gesê:

58 “Ons het Hom hoor sê: Ek sal hierdie tempel wat met hande gemaak is, afbreek en

in drie dae ‘n ander een bou wat nie met hande gemaak is nie”

59 en selfs hieroor was hulle getuienis nie waardig nie.

81

Markos

60 Die hoofpriester het opgestaan tussen hulle en vir Yeshua gevra en gesê: “Antwoord

U nie een van die wat getuienis teen U bring nie?”

61 Hy was egter stil en het niks geantwoord nie. Weer vra die hoofpriester vir Hom en

sê: “Is U Die Gesalfde Een, die Seun van Die Geseënde Een (Bar-HaM’vorakh)?”

62 Yeshua sê vir hom: “Ek Is Eks 3:14 en julle sal die Seun van die mens aan die

regterhand van Die Krag (HaG’vurah) sien sit en kom met die wolke van die

Dan 7:13 ; Ps 110:1

hemel.”

63 Die hoofpriester skeur sy klere in twee en sê: “Hoekom het ons nog getuienis

nodig!

64 Let op! Uit Sy mond het julle die godslastering gehoor; hoe lyk dit vir julle?”

Almal van hulle het geoordeel dat Hy die doodsvonnis verdien

65 en sommige het begin om Hom in die gesig te spoeg en sy gesig toe te maak en

Hom te slaan en vir Hom te sê: “Profeteer!” en die soldate het Hom op Sy ken

geslaan.

66 Terwyl Kefa onder in die binneplaas was, kom daar ‘n sekere slavin van die

hoofpriester

67 en sy sien vir Kefa, besig om hom warm te maak en kyk stip na hom en sê: “Jy was

ook by die Natzerener, Yeshua,”

68 maar hy het dit ontken en gesê: “Ek weet nie wat jy sê nie” en hy het na buite, na

die stoep, gegaan en die haan het gekraai.

69 Daardie slavin het hom weer gesien en begin om aan die wat daar staan, te sê dat

hy een van hulle is,

70 maar hy het dit weer ontken en ‘n bietjie later sê die wat daar staan weer vir

Kefa: “Waarlik, jy behoort by hulle, want jy is ook van die Galil en jou spraak is

dieselfde.”

71 Toe begin hy vloek en sweer: “Ek ken nie daardie man, van wie julle praat, nie”

72 en op daardie oomblik kraai die haan vir die tweede keer en Shim’on het die woord

onthou wat Yeshua vir hom gesê het: “Voor die haan twee maal gekraai het, sal jy

My drie maal ontken” en hy het begin huil.

15 1 Dadelik in die oggend, het die hoofpriesters vergadering gehou saam met die

oudstes, die leraars van die wet en die hele Raad. Hulle het Yeshua vasgebind, Hom

gebring en aan Pilatos oorgelewer.

2 Pilatos het Hom gevra: “Is U die Koning van die Jode?” Hy het geantwoord en vir

hom gesê: “U het dit gesê.”

3 Die hoofpriesters het Hom van baie dinge beskuldig.

4 Pilatos het Hom weer gevra en gesê: “Gee U nie ‘n antwoord nie? Kyk hoe baie

teen U getuig,”

5 maar Yeshua het geen antwoord gegee nie sodat Pilatos gewonder het.

6 Hy het ‘n tyd daargestel op elke fees om vir hulle een gevangene, die een waarvoor

hulle gevra het, los te laat.

7 Daar was een genaamd Bar-Abba, wat saam met mede-oproermakers gevang is;

hulle wat in die opstand ‘n moord gepleeg het.

8 Die skare het uitgeroep en begin vra dat hy vir hulle sou doen soos altyd.

82

9 Pilatos antwoord en sê: “Wil julle hê dat ek vir julle die Koning van die Jode moet

vrylaat?”

10 Want Pilatus het geweet dat die hoofpriesters Hom uit afguns oorgelewer het,

11 maar die hoofpriesters het die skare al hoe meer aangehits dat hy eerder Bar-Abba

vir hulle moes vrylaat.

12 Pilatos sê vir hulle: “Wat wil julle dan hê moet ek doen met Hom wat julle ‘Koning

van die Jode’ noem?”

13 Weereens skree hulle: “Kruisig Hom!”

14 Pilatos sê vir hulle: “Watter kwaad het Hy gedoen?” Hulle skree toe nog harder:

“Kruisig Hom!”

15 Omdat Pilatos die skare wou tevrede stel, het hy Bar-Abba vir hulle losgelaat en

nadat hy Yeshua laat gésel het, het hy Hom oorgegee om gekruisig te word.

16 Die soldate lei Hom weg na die binneplaas van die hoofkwartier en hulle roep die

hele leërafdeling bymekaar,

17 trek vir Hom ‘n pers kleed aan en vleg en sit vir Hom ‘n kroon van dorings op.

18 Hulle begin Hom salueer met “Wees gegroet, Koning van die Jode!”

19 Hulle het Hom met ‘n riet op die kop geslaan en op Hom gespoeg en op die knieë

geval en Hom ‘aanbid’.

20 Nadat hulle Hom gespot het, trek hulle die pers kleed uit en trek vir Hom sy eie

klere aan en hulle lei Hom weg om Hom te kruisig

21 en hulle het ‘n sekere Shim’on van Kurene, wat van die veld af gekom het, die

vader van Aleksandros en Roufos, gedwing om Sy kruis te dra.

22 Hulle het Hom gebring op die plek Gulgolta, wat vertaal word as: Die kopbeen.

23 Hulle gee vir Hom wyn gemeng met mirre om te drink, maar Hy het dit nie gedrink

nie.

24 Toe hulle Hom gekruisig het, het hulle Sy klere verdeel deur die lot te werp oor

wat elkeen moes kry.

25 Dit was die derde uur (nege-uur die oggend) toe hulle Hom gekruisig het

26 en op die inskripsie met die rede vir Sy dood is geskryf:

‘DIE KONING VAN DIE JODE.’

27 Saam met Hom het hulle ook twee rowers gekruisig, een aan Sy regterkant en een

aan sy linkerkant

28 en die Skrif is vervul wat sê: ‘En Hy is by die wetteloses gereken.’

Yes 53:12

Markos

29 Die verbygangers het kwaadgepraat van Hom, terwyl hulle hul kop skud en sê: “O!

Vernietiger van die tempel en die een wat dit in drie dae opbou,

30 red Uself en kom van die kruis af!”

31 Net so het die hoofpriesters ook onder mekaar en met die leraars van die wet gespot

en vir mekaar gesê: “Ander het Hy gered, Homself kan Hy nie red nie.

32 Gesalfde Een, Koning van Yisra’el, kom nou van die kruis af sodat ons kan sien en

ons sal vertrou!” Ook die wat saam met Hom gekruisig is, het Hom beledig.

33 Toe die sesde uur (12 uur middag) aanbreek, kom daar duisternis oor die hele aarde

tot die negende uur (3 uur die middag) toe

83

Markos

34 en in die negende uur het Yeshua met ‘n harde stem uitgeroep en gesê: “Eil!, Eil!,

Lemana sh’vakthani?” wat beteken: “My God, My God, waarom het U My gespaar

(duur dit voort)?”

35 Sommige wat daar staan, hoor dit en sê dat Hy na Eliyahu roep.

36 Toe hardloop een en maak ‘n spons vol asyn, sit dit op ‘n riet vas om Hom te laat

drink; Ps 69:22 en hulle sê: “Los Hom alleen, laat ons sien of Eliyahu kom om Hom af

te haal,”

37 maar Yeshua het in ‘n harde stem uitgeroep en Sy asem uitgeblaas

38 en die gordyn in die tempel het in twee geskeur van bo tot onder.

39 Toe die kaptein oor ‘n honderd, wat by Hom staan, sien hoe Hy skree en Sy gees

oorgee, sê hy: “Waarlik, hierdie Man is die Seun van God.”

40 Daar was ook vroue wat dit van ver af dopgehou het. Onder hulle was Miryam van

Migdala, Miryam, die moeder van die jonger Ya’akov en Yosi, en Shalomé

41 en hulle wat Hom gevolg en Hom versorg het toe Hy in die Galil was, asook baie

ander vroue wat saam met Hom opgegaan het na Yerushalayim.

42 Toe dit aand geword het en omdat dit die voorbereiding was, net voor die Shabbat,

43 kom daar ‘n geëerde lid van die Joodse raad, Yosef van Ramatayim, wat self ook

die Koninkryk van God verwag het en gaan openlik na Pilatos om die liggaam van

Yeshua te vra.

44 Pilatos het gewonder of dit genoeg tyd was vir Hom om dood te wees en hy het die

kaptein oor ‘n honderd geroep en navraag gedoen of Hy reeds dood is

45 en toe hy dit van die kaptein oor ‘n honderd verneem het, het hy die liggaam aan

Yosef gegee.

46 Yosef het linne gekoop, Hom afgehaal, in die linne toegedraai en Hom neergelê in

‘n graf wat uitgekap was in ‘n rots en hy het ‘n klip voor die opening van die graf

gerol.

47 Miryam van Migdala en Miryam, die moeder van Yosi, het gesien waar Hy neergelê

is.

16 1 Toe die Shabbat verby was, het Miryam van Migdala, Miryam, die moeder van

Ya’akov en Shalomé, soet speserye gekoop om Hom te gaan salf.

2 Baie vroeg op die eerste dag van die week, met die opkoms van die son, kom hulle

by die graf

3 en hulle sê vir mekaar: “Wie sal vir ons die klip voor die opening van die graf wegrol?”

4 Toe hulle opkyk, sien hulle dat die klip weggerol is, want dit was baie groot.

5 Hulle het in die graf ingegaan en sien ‘n jongman, met ‘n lang wit kleed, aan die

regterkant sit en hulle was verskrik,

6 maar hy sê vir hulle: “Moenie bang wees nie. Julle soek Yeshua van Natzeret wat

gekruisig is. Hy het opgestaan. Hy is nie hier nie! Let op, die plek waar Hy neergelê

was,

7 maar gaan sê vir Sy studentevolgelinge en vir Kefa, let op, Hy sal voor julle uitgaan

na die Galil. Daar sal julle Hom sien, net soos Hy vir julle gesê het.”

8 Toe hulle hoor, het hulle vinnig uitgegaan en weggehardloop van die graf af, maar in

skok en met bewing het hulle vir niemand iets gesê nie, want hulle was bang.

84

9 Toe Hy opgestaan het, vroeg op die eerste dag van die week, het Hy eerste verskyn

aan Miryam van Migdala, uit wie Hy sewe demone gedryf het.

10 Sy het gegaan en dit vertel aan die wat saam met Hom was, terwyl hulle treur en huil

11 en toe hulle hoor dat Hy lewe en aan hulle verskyn het, het hulle dit nie geglo nie.

12 Hierna het Hy in ‘n ander gedaante verskyn aan twee van hulle terwyl hulle na ‘n

dorpie toe geloop het.

13 Hulle het gegaan en dit aan die ander vertel, maar dié het hulle ook nie geglo nie.

14 Daarna het Hy aan die elf verskyn toe hulle by die tafel skuins gelê het en die

gebrek aan hulle vertroue en hardheid van verstand veroordeel, omdat hulle die wat

Hom vroeër gesien het, nie geglo het nie

15 en Hy het vir hulle gesê: “Gaan na die hele wêreld en verkondig My goeie boodskap

in die ganse skepping.

16 Wie ookal vertrou en gedoop word, sal lewe, maar hy wat nie vertrou nie, is

veroordeel.

17 Hierdie tekens sal dié wat vertrou vergesél: In My Karakter en Outoriteit sal hulle

demone uitdryf, met nuwe tale sal hulle praat,

18 hulle sal slange optel en as hulle iets giftigs drink, sal dit hulle geen kwaad aandoen

nie. Hulle sal die hande lê op siekes en hulle sal gesond word.”

19 Nadat Yeshua, ons Meester, met hulle gepraat het, het Hy opgegaan na die hemel

en het gaan sit aan die regterhand van God,

Ps 110:1 ; Mar 14:62

Markos

20 maar hulle het uitgegaan en in elke plek verkondig en ons Meester het hulle gehelp

en die boodskap bevestig deur die tekens wat hulle gedoen het.

85

Luka

86

Die derde boek van die Nuwe Verbond

Die Goeie boodskap oor Yeshua, Die Gesalfde Een, geskryf

deur Luka, ‘n mediese dokter.

Luka

{ Helder, wit, Liggewend }

( Lukas )

Dit is in die Siries-Aramese dialek geskryf voor

die vernietiging van Yerushalayim. Luka was ‘n

Arameessprekende van Sirië.

In Afrikaans vertaal vanuit die oorspronklike Aramese ‘Peshitta’ -

die taal wat Yeshua gepraat het.

Luka

1 1 Omdat baie gewillig was om ‘n weergawe op te stel oor die dinge waarvan ons

oortuig is,

2 soos die dinge wat aan ons oorgedra is deur hulle wat van die begin af ooggetuies en

diensknegte was van die Boodskap.

3 Hy het ook aan my verskyn, omdat ek almal van hulle versigtig genader het, sodat

ek alles in sy regte plek vir u kon neerskryf, hoogeerbare Theofilos,

4 sodat u die waarheid kan ken van die boodskap waarin u onderrig is oor hierdie

dinge.

5 In die dae van Herodes, koning van Y’hudah, was daar ‘n sekere priester met die

naam van Z’kharyah, uit die afdeling van die huis van Aviyah en sy vrou, haar naam

was Elisheva, uit die nageslag van Aharon.

6 Hulle was albei onskuldig voor God en het in al die opdragte en oordele van

onberispelik geleef.

7 Hulle het nie ‘n seun gehad nie, omdat Elisheva onvrugbaar was en albei was al ver

gevorderd in jare.

8 Dit was terwyl hy sy priesterlike funksie voor God uitgevoer het, toe dit sy afdeling

se beurt was,

9 dat hy deur lot verkies is (volgens die priesterlike gebruik) om in te gaan in die

tempel van en wierook te brand

10 en die hele skare mense was buite, besig om te bid op die tyd wat die wierook

aangesteek word.

11 Daar verskyn toe aan Z’kharyah ‘n boodskapper van , aan die regterkant van

die wierookaltaar.

12 Z’kharyah was ontsteld toe hy hom sien; vrees het hom oorval

13 en die boodskapper sê vir hom: “Moenie bang wees nie Z’kharyah, want jou gebed

is gehoor; jou vrou Elisheva sal vir jou geboorte gee aan ‘n seun en jy moet hom

Yoganan noem

14 en daar sal vir jou blydskap en vreugde wees en baie sal bly wees oor sy geboorte,

15 want hy sal groot wees voor . Hy mag geen wyn en sterk drank drink nie en

hy sal vol wees van die Gees van Afsondering reeds vanaf die baarmoeder van sy

moeder af

16 en hy sal baie van die kinders van Yisra’el laat terugdraai na hulle God

17 en hy sal voor Hom uitgaan in die gees en die krag van Eliyahu, die profeet, om die

verstand, wil en emosie van die vaders terug te draai Mal 4:5-6 na die kinders en die wat

nie oortuig is nie, tot die kennis van die Regverdige Een, om vir ‘n volk voor

te berei wat volmaak is.”

18 Z’kharyah sê vir die boodskapper: “Hoe sal ek weet dat dit so is, want ek is oud en

my vrou is al ver gevorderd in jare?”

19 Die boodskapper antwoord en sê vir hom: “Ek is Gavri’el, wat staan in die

Teenwoordigheid van God Yes 63:9; Open 8:3 en ek is gestuur om met jou te praat en vir

jou hierdie boodskap te bring.

20 Van nou af sal jy stom wees en nie kan praat nie tot op die dag dat hierdie dinge

gebeur, omdat jy my woorde, wat op hulle tyd vervul sal word, nie geglo het nie.”

87

Luka

21 Die mense wat buite staan het vir Z’kharyah gewag en het gewonder oor die

vertraging in die tempel,

22 maar toe hy uitkom en nie met hulle kon praat nie, het hulle verstaan dat hy ‘n

visioen in die tempel ervaar het. Hy het stom gebly en aangehou deur tekens en

gebare met hulle kommunikeer.

23 Toe die tydperk van sy diens vervul was, het hy huis toe gegaan.

24 Dit was na hierdie tyd dat Elisheva, sy vrou, swanger geword en haar vir vyf

maande afgesonder en gesê het:

25 “Hierdie dinge het vir my op hierdie tyd gedoen toe Hy besluit het om my

vernedering voor die mense weg te vat.”

26 In die sesde maand is die boodskapper Gavri’el vanaf die Teenwoordigheid van

God gestuur na ‘n dorp in die Galil met die naam van Natzeret,

27 na ‘n maagd wat verloof was aan ‘n man met die naam van Yosef, van die huis van

Dawid; die maagd se naam was Miryam.

28 Die boodskapper het haar genader en gesê: “Vrede, vreugde, oorvloed en

vergenoegdheid, hoogs geëerde vrou! Ons Meester is met jou; onder die vroue is

jy geseënd.”

29 Toe sy hom sien, was sy hoogs ontsteld oor sy woorde en sy het geredeneer: “Wat

se groet is dit.”

30 Die boodskapper sê vir haar: “Moenie bang wees nie, Miryam, want jy het

onverdiende guns by God gevind,

31 want let op, jy sal swanger word en geboorte gee aan ‘n Seun en die Naam wat jy

Hom moet gee is Yeshua.

32 Hy sal magtig wees en die Seun van Ha’Elyon (die Allerhoogste) genoem word en

God sal aan Hom die troon van Sy vader Dawid gee

33 en Hy sal heers oor die huis van Ya’akov tot in ewigheid en aan Sy Koninkryk sal

daar geen einde wees nie.”

34 Miryam sê vir die boodskapper: “Hoe kan dit wees, aangesien ‘n man nie ‘n

verbondsverhouding met my het nie?”

35 Die boodskapper antwoord haar en sê: “Die Gees van Afsondering sal oor jou kom,

die wonderwerkende krag van Ha’Elyon (die Allerhoogste) sal op jou rus en daarom

sal die Afgesonderde wat uit jou gebore word, Seun van God genoem word.

36 Let op, Elisheva, jou bloedverwant, is self ook swanger met ‘n seun in haar hoë

ouderdom en hierdie is die sesde maand vir háar wat onvrugbaar genoem is,

37 omdat niks vir God onmoontlik is nie.”

38 Miryam sê: “Let op! Ek is die slavin van . Laat dit gedoen word met my soos

u gesê het.” Die boodskapper het van haar af weggegaan.

39 In daardie tyd het Miryam opgestaan, haastig na ‘n dorp in die bergstreek van

Y’hudah gegaan

40 en sy het in die huis van Z’kharyah ingegaan en vrede oor Elisheva gebid.

41 Dit was toe Elisheva Miryam se groet hoor, dat die baba in haar baarmoeder

gespring het en Elisheva is gevul met die Gees van Afsondering

42 en het met ‘n harde stem uitgeroep en vir Miryam gesê: “Geseënd is jy onder die

vroue; en geseënd is die vrug wat in jou baarmoeder is

88

Luka

43 en vanwaar is dit vir my, dat die moeder van my Meester na my toe kom?

44 Let op, toe die geluid van jou groet in my ore kom, het die baba in my baarmoeder

gespring van vreugde

45 en gelukkig is sy wat vertrou het dat dit wat vanuit die Teenwoordigheid van

aan haar gesê is, vervul sal word.”

46 Miryam het gesê: “My verstand, wil en emosie maak groot

47 en my gees spring van vreugde oor God, my Verlosser,

48 omdat Hy die nederige stand van sy slavin raakgesien het,

89

1 Sh’ 1:11; 2:1 want let wel,

van nou af sal al die geslagte my gelukkig noem,

49 want Hy wat magtig is, doen groot dinge aan my. Afgesonderd is Sy Naam

50 en Sy aktiewe omgee is vir altyd van geslag tot geslag Ps 103:17; 111:9 vir dié wat Hom

respekvol vrees.

51 Hy het oorwinning gebring deur Sy arm. Hy verstrooi dié wat trots is in die opinies

van hulle verstand, wil en emosie.

52 Hy gooi magtiges neer van trone af en het die nederiges opgelig.

53 Hy het die wat honger is gevul met goeie dinge en stuur rykes weg met leë hande.

54 Hy het Sy dienskneg, Yisra’el, gehelp en het Sy aktiewe omgee onthou

55 soos Hy tot ons vaders gesê het; aan Avraham en sy saad tot in ewigheid.”

56 Miryam het ongeveer drie maande by Elisheva gebly en teruggegaan na haar huis

toe.

57 Dit was tyd dat Elisheva sou geboorte gee en sy het geboorte gegee aan ‘n seun.

58 Toe haar bure en familie gehoor het dat die Meester se aktiewe omgee groot was

vir haar, was hulle verheug saam met haar

59 en op die agtste dag het hulle gegaan om die kind te besny en hulle wou hom

Z’kharyah noem, na die naam van sy vader

60 en sy moeder antwoord en sê: “Nee, hy moet Yoganan genoem word.”

61 Hulle sê vir haar: “Daar is niemand in jou familie wat hierdie naam genoem word

nie.”

62 Hulle beduie vir sy vader om te bepaal hoe hy wou hê dat hy genoem moes word.

63 Hy vra toe ‘n skryfbord en skryf: “Yoganan is sy naam.” Almal was verwonderd

64 en onmiddellik is sy mond en sy tong geopen en het hy goed gepraat van God

65 en daar het ‘n respekvolle vrees gekom oor almal wat rondom hulle gewoon het en

in al die berge van Y’hudah het hulle gepraat oor al hierdie dinge.

66 Almal wat dit gehoor het, het dit in hulle gedagtes oordink: “Wat gaan hierdie seun

word?” Die hand van was met hom.

67 Z’kharyah, sy vader, is gevul met die Gees van Afsondering en het geprofeteer en

gesê:

68 “Geseënd is , die God van Yisra’el, Ps 41:14; 72:18; 106:48 wat Sy volk besoek en hulle

losgekoop het

69 en ‘n horing van bevryding vir ons opgewek het in die huis van Dawid, Sy

dienskneg,

70 net soos Hy gesê het deur die mond van Sy afgesonderde profete van ewigheid

af:

71 ‘Dat Hy ons sal red van ons vyande en uit die hand van almal wat ons haat.

Luka

72 Hy het die aktiewe omgee vir ons vaders gebring en Sy afgesonderde verbond

onthou,

73 die eed wat Hy gesweer het aan Avraham, ons vader, om aan ons te gee

74 dat Hy ons sal red uit die hand van ons vyande en dat ons sonder vrees voor Hom

sal aanbid,

75 al ons dae, in regverdigheid en onpartydigheid en opregtheid.

76 Jy, seun, sal ‘n profeet van Ha’Elyon (die Allerhoogste) genoem word, want jy sal

Mal 3:1; Yes 40:3

voor die Persoon van uitgaan om Sy pad voor te berei’

77 sodat Hy die kennis van lewe kan gee aan Sy mense in die vergifnis van hulle

sondes,

78 deur die meevoelende omgee van ons God waarin die Manifestasie vanaf die hemel

ons sal besoek,

79 om te skyn oor dié wat in duisternis en in die skaduwee van die dood sit sodat Hy

ons voete kan begelei op die pad van vrede.”

80 Die kind het gegroei, is versterk in die Gees en hy het in die wildernis gebly tot op

die dag van sy openbare verskyning aan Yisra’el.

2 1 Dit het gebeur in daardie dae dat daar ook ‘n bevel uitgegaan het vanaf keiser

Augustos, dat al die lande in sy ryk opgeskryf moes word.

2 Hierdie eerste sensus het plaasgevind toe Quirinus geheers het oor Sirië

3 en almal het gegaan, elkeen om in sy stad geregistreer te word.

4 Yosef het ook opgegaan vanaf die stad Natzeret, in die Galil, na die stad van Dawid,

wat Beit-Legem genoem word, in Y’hudah, omdat hy van die huis en geslag van

Dawid was,

5 om hom daar te laat registreer saam met Miryam, sy bruid, wat swanger was.

6 Dit was dat, terwyl hulle daar was, die tyd vervul is dat sy geboorte moes gee;

7 en sy het geboorte gegee aan haar eersgebore Seun en Hom in doeke toegedraai en

Hom in ‘n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek was om in oor te bly nie.

8 Daar was skaapwagters wat in die streek gebly het en in die nag oor hulle skape wag

gehou het

9 en let op, daar staan ‘n boodskapper van by hulle en die Gemanifesteerde

Teenwoordigheid van het oor hulle geskyn en hulle was baie bang.

10 Die boodskapper sê vir hulle: “Moenie bang wees nie, let op, ek verkondig aan

julle groot vreugde wat vir die ganse heelal sal wees,

11 want vandag is vir julle die Verlosser, wat , Die Gesalfde Een is, in die stad

van Dawid gebore

12 en dit is vir julle die teken: julle sal ‘n Baba kry wat in doeke toegedraai in ‘n krip lê.”

13 Skielik verskyn daar saam met die boodskapper die groot leermag uit die hemel,

wat die lofprysinge van God uitroep en sê:

14 “Eer, lof en aanbidding aan God in die hemele en op aarde: vrede, vergenoegdheid,

gesondheid en voorspoed en goeie nuus aan die mense!”

15 Dit was, terwyl die boodskappers van hulle af weggegaan het na die hemel, dat die

skaapwagters onder mekaar gepraat en gesê het: “Laat ons na Beit-Legem gaan en

hierdie ding sien wat gebeur het, wat aan ons bekend gemaak het.”

90

Luka

16 Hulle het haastig gegaan en vir Yosef en Miryam gevind, saam met die kind wat

in die krip lê

17 en nadat hulle dit gesien het, het hulle die boodskap wat aan hulle bekend gemaak

is aangaande Hom, dié Kind, bekend gemaak

18 en almal wat dit gehoor het, het hulle verwonder oor wat die skaapwagters aan

hulle vertel het,

19 maar Miryam het al hierdie woorde bewaar en in haar gedagtes oordink.

20 Die skaapwagters het teruggegaan en God geëer, geloof en geprys vir alles wat

hulle gehoor en gesien het, net soos aan hulle gesê is.

21 Toe die agt dae vervul is waarop hulle die Kind moes besny, het hulle Hom Yeshua

genoem, die Naam wat deur die boodskapper gegee is voor Sy vorming in die

baarmoeder

22 en sodra die dae van haar reiniging, volgens die wet van Moshe, vervul was, het

hulle Hom na Yerushalayim gevat om Hom op te dra voor ,

23 net soos geskrywe is in die wet van : “Elke manlike kind wat die baarmoeder

Eks 13:2, 12, 15

open, sal afgesonderd vir genoem word”

24 en om die offer te bring volgens wat gesê is in die wet van : ‘ ‘n paar tortelduiwe

Lev 12:8

of twee jong duiwe.’

25 Daar was ‘n man in Yerushalayim met die naam van Shim’on en hierdie man was

regverdig, onpartydig en opreg en het die troos van Yisra’el verwag en die Gees van

Afsondering was op hom.

26 Die Gees van Afsondering het aan hom openbaar dat hy die dood nie sou sien

voordat hy Die Gesalfde Een van gesien het nie.

27 Gelei deur die Gees het hy in die tempel gekom en die ouers ontmoet wat die Kind,

Yeshua, inbring om met Hom te doen volgens die opdrag van die wet,

28 en hy het Hom in sy arms geneem en God geseën en gesê:

29 “Nou my Meester, laat U slaaf in vrede gaan, volgens U woord,

30 let op, my oë het U Omgee gesien;

31 Hom wat U voorberei het in die teenwoordigheid van al die volke;

32 ‘n Lig vir openbaring aan die ander nasies en Gemanifesteerde Teenwoordigheid

aan U volk, Yisra’el.”

33 Yosef en Sy moeder was verwonderd oor die dinge wat van Hom gesê is

34 en Shim’on het hulle geseën en vir Miryam, Sy moeder gesê: “Let op! Hierdie Een

is bestem vir die val en opstaan van baie in Yisra’el en as ‘n teken wat weerspreek

sal word,

35 maar ‘n spies sal deur jou eie gees gaan sodat die gedagtes, wil en emosies van baie

openbaar kan word.”

36 ‘n Profetes, Hannah, die dogter van P’nu’el, uit die stam van Asher, was baie vêr

gevorderd in jare en het van haar huwelik af sewe jaar lank saam met haar man

gelewe;

37 sy was ‘n weduwee van ongeveer vier en tagtig jaar. Sy het nie die tempel verlaat

nie en met vas en gebed gedien, nag en dag.

38 Sy het in dieselfde uur daar gestaan en gedank en aanaande Hom gepraat met

almal wat die bevryding van Yerushalayim verwag het.

91

Luka

39 Toe hulle alles voltooi het wat volgens die wet van God was, het hulle teruggegaan

na die Galil, na hulle dorp Natzeret

40 en die Seun het gegroei en sterk geword in die Gees en Hy is gevul met wysheid en

die onverdiende guns van God was op Hom.

41 Sy mense het elke jaar met die fees van Pesag na Yerushalayim gegaan

42 en toe Hy ‘n Seun van twaalf jaar oud was, het hulle, soos hulle gewoond was, na

die fees opgegaan.

43 Nadat die tyd van die fees vir hulle verby was en hulle besig was om terug te gaan,

het die Seun Yeshua in Yerushalayim agtergebly en Yosef en sy moeder het dit nie

geweet nie,

44 maar hulle het gedink dat Hy by die kinders van hulle vriende was en het ‘n dagreis

ver gegaan voordat hulle Hom onder die familie en die bekendes gesoek het.

45 Toe hulle Hom nie kry nie, het hulle teruggegaan na Yerushalayim, Hom gesoek

46 en na die derde dag het hulle Hom in die tempel gekry, terwyl Hy tussen die

leermeesters sit en na hulle luister en hulle uitvra,

47 maar almal wat Hom gehoor het, was verwonderd oor Sy insig en Sy besprekings.

48 Toe hulle Hom sien, was hulle verslae en Sy moeder sê vir Hom: “My Seun, waarom

maak Jy so met ons? Let op! Jou vader en ek het jou in benoudheid gesoek.”

49 Hy sê vir hulle: “Hoekom is dit dat u na My gesoek het? Het u nie geweet dat Ek

in die huis van My Vader besig moet wees nie?”

50 Hulle het die stelling wat Hy teenoor hulle gemaak het, nie verstaan nie

51 en Hy het saam met hulle gegaan en in Natzeret gekom en Hy was gehoorsaam aan

hulle. Sy moeder het al hierdie woorde in haar verstand, wil en emosie bewaar

52 en Yeshua het gegroei in liggaam, in wysheid en in aanvaarding by God en die mense.

3 1 Tydens die vyftiende jaar van die regering van keiser Tiberius; toe Pontios Pilatos

goewerneur was van Y’hudah, Herodes (heerser oor ‘n kwart van die land) van die

Galil en Filippos, sy broer, (heerser oor ‘n kwart van die land) van Ituraia en die

streek Tragonitus en Lisanias (heerser oor ‘n kwart van die land) van Abilene,

2 toe `Anan en Kayafa hoofpriesters was, was die woord van God op Yoganan, die

seun van Z’kharyah, in die wildernis

3 en hy het gekom na die hele gebied rondom die Yarden en die doop van berou,

belydenis en laat staan verkondig tot vergifnis van sondes,

4 soos geskrywe is in die boek van die woorde van Yesha’yahu, die profeet, waar hy

sê: “Die stem wat uitroep: ‘Berei die pad van in die wildernis en maak ‘n pad

vir ons God reguit op die vlakte.

5 Elke vallei moet opgevul, elke berg en hoë plek gelyk gemaak word, die rowwe

plekke sal glad wees en die moeilike plekke, ‘n vlakte

Yes 40:3-5

6 en almal sal die Lewe van God sien’.”

7 Hy sê vir die skares mense wat uitgegaan het om deur hom gedoop te word:

“Addergeslag! Wie het julle gewaarsku om te vlug van die wraak wat kom?

8 Dra daarom vrugte wat by die berou en belydenis pas en moenie begin om by

julleself te sê: ‘Avraham is ons vader’ nie, want ek sê vir julle dat God die vermoë

het om uit hierdie klippe kinders vir Avraham te laat opstaan.

92

Luka

9 Let op, die byl lê ook alreeds teen die wortel van die bome. Elke boom wat daarom

nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en val in die vuur”

10 Die skare mense het hom gevra en gesê: “Wat moet ons daarom doen?”

11 Hy antwoord en sê vir hulle: “Wie twee kledingstukke het, moet gee aan hom wat

nie het nie; en wie kos het, moet dieselfde doen.”

12 Belastinggaarders het ook gekom om gedoop te word en vir hom gevra:

“Leermeester, wat moet ons doen?”

13 Hy antwoord hulle: “Moenie meer verwag as wat vir julle voorgeskryf is om in te

vorder nie.”

14 Die soldate het hom ook gevra en gesê: “En ons, wat moet ons doen?” en hy sê

vir hulle: “Julle moet niemand seermaak of onreg aandoen nie en wees tevrede met

julle salaris.”

15 Wanneer die mense aan Yoganan gedink het, het almal in hulle verstand, wil en

emosie bereken of Yoganan nie miskien Die Gesalfde Een was nie.

16 Yoganan antwoord en sê vir hulle: “Let op, ek doop julle met water, maar Hy kom

wat kragtiger is as ek, wie se sandaalbande ek nie waardig is om los te maak nie; Hy

sal julle doop in die Gees van Afsondering en in vuur.

17 Hy wat ‘n hooivurk in Sy hand hou, Sy dorsvloer deeglik skoonmaak en die koring

bymekaarmaak in Sy skure, maar die kaf met ‘n onuitblusbare vuur verbrand.”

18 Net so het hy ook baie ander dinge geleer en hy het die goeie boodskap aan die

mense verkondig,

19 maar toe Herodes, (heerser oor ‘n kwart van die land), deur hom tereggewys is oor

Herodias, die vrou van Filippos, sy broer en oor al die bose dinge wat hy gedoen het,

20 het hy by alles nog bygevoeg om vir Yoganan in die tronk op te sluit.

21 Dit het gebeur dat, terwyl hy al die mense gedoop het, hy Yeshua ook gedoop het.

Terwyl Hy besig was om te bid, het die hemel oopgegaan

22 en die Gees van Afsondering het in fisiese vorm, soos ‘n duif, op Hom neergedaal

en ‘n stem het uit die hemel gekom wat sê: “Jy is my Seun, wat Ek liefhet; in Wie

Ek tevrede is.”

23 Yeshua self was omtrent dertig jaar oud en Hy was beskou as die seun van Yosef,

die seun van Eli,

24 die seun van Mattat, die seun van Levi, die seun van Malki, die seun van Yannai,

die seun van Yosef,

25 die seun van Mattityahu, die seun van Amotz, die seun van Nagum, die seun van

Gesli, die seun van Naggai,

26 die seun van Magat, die seun van Mattityahu, die seun van Shim‛I, die seun van

Yosef, die seun van Y’hudah,

27 die seun van Yoganan, die seun van Reisha, die seun van Z’rubavel, die seun van

Sh’altiel, die seun van Neriyah,

28 die seun van Malki, die seun van Addi, die seun van Kosam, die seun van Elmodam,

die seun van Er,

29 die seun van Y’hoshe, die seun van Eli’ezer, die seun van Yoram, die seun van

Mattat, die seun van Levi,

93

Luka

30 die seun van Shim’on, die seun van Y’hudah, die seun van Yosef, die seun van

Yonan, die seun van Elyakim,

31 die seun van Mal’ah, die seun van Manah, die seun van Mattatah, die seun van

Natan, die seun van Dawid,

32 die seun van Yishai, die seun van Oved, die seun van Bo’az, die seun van Salmon,

die seun van Nagshon,

33 die seun van `Amminadav, die seun van Ram, die seun van Getzron, die seun van

Peretz, die seun van Y’hudah,

34 die seun van Ya‛akov, die seun van Yitzchak, die seun van Avraham, die seun van

Terag, die seun van Nagor,

35 die seun van Serug, die seun van Re’u, die seun van Peleg, die seun van Ever, die

seun van Shelah

36 die seun van Keinan, die seun van Arpagshad, die seun van Shem, die seun van

Noag, die seun van Lemekh,

37 die seun van Metushelag, die seun van Ganok, die seun van Yered, die seun van

Mahalal’el, die seun van Keinan,

38 die seun van Enosh, die seun van Shet, die seun van Adam, die seun van God.

4 1 Yeshua, vol van die Gees van Afsondering, het teruggekeer van die Yarden af en

is deur die Gees in die wildernis ingelei,

2 waar Hy veertig dae lank deur die Duiwel (Valse Aanklaer) getoets is. Hy het niks

geëet in dié dae nie en na afloop van dié tydperk, was Hy honger.

3 Die Duiwel sê vir Hom: “As jy die Seun van God is, sê vir hierdie klip om brood

te word.”

4 Yeshua antwoord en sê vir hom: “Dit is geskrywe dat die mens nie van brood alleen

Deut 8:3

sal lewe nie, maar van elke verklaring van God.”

5 Satan vat Hom op teen ‘n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld

in ‘n oogwink

6 en die Duiwel sê vir Hom: “Ek sal vir jou al hierdie outoriteit en eer, lof en aanbidding

gee, want dit is aan my oorgegee en ek gee dit aan wie ek wil.

7 As jy voor my neerval in aanbidding, sal alles joune wees.”

8 Yeshua antwoord en sê vir hom: “Daar is geskrywe: ‘Jy moet jou God aanbiden

Deut 6:13-14

Hom alleen dien’.”

9 Hy bring Hom na Yerushalayim en laat Hom staan op die hoogste punt van die

tempel en sê vir Hom: “As jy die Seun van God is, gooi jouself hiervandaan af,

10 want daar is geskrywe: ‘Hy sal Sy engele bevel gee aangaande U om U te

beskerm;

Ps 91:11-12

11 hulle sal U op die hande dra sodat U nie U voet teen ‘n klip stamp nie’.”

12 Yeshua antwoord en sê vir hom: “Dit is gesê: ‘Jy mag jou God nie versoek

Deut 6:16

nie’.”

13 Toe die Duiwel klaar was met al sy versoekings, het hy van Sy Teenwoordigheid

af weggegaan vir ‘n tyd.

14 Yeshua het in die krag van die Gees na die Galil teruggegaan en ‘n verslag oor Hom

het deur die hele streek uitgegaan

94

Luka

15 en Hy het in hulle byeenkomste geleer en almal het Hom geloof.

16 Hy kom in Natzeret waar Hy opgegroei het en soos Hy gewoond was, gaan Hy op

die Shabbat na die sinagoge en staan op om te lees

17 en die boekrol van die profeet Yesha’yahu is aan Hom gegee en toe Hy die boekrol

oopmaak, vind Hy die plek waar geskrywe is:

18 “Die Gees van is op My en as gevolg daarvan het Hy My gesalf met die doel

om die goeie boodskap aan die armes te verkondig; Hy het My gestuur om die wat

gebroke is van verstand, wil en emosie te genees; om aan die wat gevangenes is

vryheid te verkondig en aan blindes herstel van sig; om die wat depressief is, te

herstel met vergifnis en

Yes 61:1-2 ; 58:6

19 om ‘n tydperk aanvaarbaar vir aan te kondig.”

20 Hy het die boekrol opgerol en aan die assistent gegee en gaan sit, maar die oë van

almal in die sinagoge was vasgenael op Hom.

21 Hy begin en sê vir hulle: “Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul.”

22 Almal het daartoe getuig en was verwonderd oor die woorde van onverdiende guns

wat uit Sy mond kom en hulle sê: “Is Hy nie die seun van Yosef nie?”

23 Yeshua sê vir hulle: “Julle sal sonder twyfel vir My hierdie idioom aanhaal:

‘Geneesheer, genees Uself!’ Alles wat ons hoor wat U in K’far-Nagum gedoen het,

doen dit hier in U tuisdorp ook.”

24 Hy sê ook: “Dit is waar, Ek sê vir julle, geen profeet is aanvaar in sy tuisdorp nie,

25 maar waarlik, Ek sê vir julle, daar was baie weduwees in Yisra’el in die tyd van

Eliyahu toe die hemel toegesluit was vir drie jaar en ses maande, toe daar ‘n groot

hongersnood gekom het in die hele land,

26 en Eliyahu is nie na een van hulle gestuur nie, maar na ‘n weduwee in Tzarfat in

Tzidon.

27 Daar was baie melaatses in Yisra’el in die tyd van die profeet Elisha en nie een van

hulle is gereinig nie, behalwe Na’aman, die Arameër.”

28 Almal in die sinagoge is met woede gevul toe hulle dit hoor

29 en hulle het opgestaan en Hom uit die stad uitgedryf en Hom gelei tot op die rand

van die berg waarop hulle stad gebou was, om Hom van die punt af te gooi,

30 maar Hy het in die middel, reg deur hulle, geloop en weggegaan.

31 Hy het afgegaan na K’far-Nagum, ‘n stad in die Galil en hulle op die Shabbat

geleer

32 en hulle was verwonderd oor Sy lering, want Hy het gepraat met outoriteit.

33 In die sinagoge was daar ‘n man met ‘n onrein demoniese gees en hy het met ‘n

harde stem geskree

34 en gesê: “Los ons uit! Wat het jy met ons te doen, Yeshua van Natzeret? Het jy

gekom om ons uit te wis? Ek weet wie jy is: die Afgesonderde Een van God!”

35 Yeshua het dit bestraf en gesê: “Hou jou mond toe en gaan uit hom uit!” Die

demoon het hom tussen hulle neergegooi en uit hom uitgegaan sonder om hom seer

te maak.

36 ‘n Verbaasdheid kom oor almal en hulle praat onder mekaar en sê: “Watse woord is

dit, dat Hy met outoriteit en mag die vuil geeste beveel en hulle gaan uit!”

37 Daar het ‘n verslag aangaande Hom uitgegaan na die ganse omliggende gebied.

95

Luka

38 Toe Hy uit die sinagoge uitgegaan het, het Hy in Shim’on se huis gekom. Shim’on

se skoonmoeder het ‘n baie hoë koors gehad en hulle het Hom gevra vir haar

onthalwe

39 en Hy staan op oor haar en bestraf die koors, dit het haar verlaat en sy het onmiddellik

opgestaan en hulle bedien.

40 Toe die son ondergaan, het almal hulle siekes wat siek was van allerhande

siektes, na Hom toe gebring en Hy het op almal van hulle die hand gelê en hulle

gesondgemaak

41 en demone het ook uit baie uitgegaan en geskree en gesê: “Jy is Die Gesalfde Een,

die Seun van God!” Hy het hulle bestraf en hulle nie toegelaat om te sê dat hulle

geweet het dat Hy Die Gesalfde Een is nie.

42 Met die breking van die dag, het Hy uitgegaan en na ‘n eensame plek vertrek en die

mense het Hom gesoek en by Hom gekom en wou Hom teëhou, dat Hy nie vanuit

hulle midde sou weggaan nie,

43 maar Yeshua het vir hulle gesê: “Dit is op My gelê om ook aan die ander stede

die goeie boodskap van die Koninkryk van God te bring, want dit is waarvoor Ek

gestuur is.”

44 Hy het in die sinagoges van die Galil die boodskap verkondig.

5 1 Dit het gebeur dat die skare mense rondom Hom bymekaargekom het om die

Boodskap van God te hoor. Hy het langs die meer van Kinneret gestaan

2 en Hy sien twee bote langs die meer lê en die vissers wat van hulle afgekom het, was

besig om die nette te was.

3 Hy klim in een van die bote, wat aan Shim’on Kefa behoort het en vra hom om ‘n entjie

van die land af weg te vaar en Hy het gaan sit en die mense vanuit die boot geleer

4 en toe Hy klaar gepraat het, sê Hy vir Shim’on: “Vaar uit na die diep water en laat

julle nette sak vir ‘n vangs.”

5 Shim’on antwoord en sê vir Hom: “Leermeester, ons het die hele nag hard gewerk

en niks gevang nie, maar op U woord sal ek die net laat sak.”

6 Toe hulle dit gedoen het, het hulle ‘n baie groot hoeveelheid visse gevang, tot hulle

net wou skeur

7 en hulle wys vir hulle medewerkers in die ander boot om hulle te kom help en toe hulle

gekom het, het hulle altwee die bote so vol gemaak, dat hulle amper gesink het.

8 Toe Shim’on Kefa dit sien, val hy neer by die voete van Yeshua en sê: “Ek smeek

van U my Meester, gaan weg van my, want ek is ‘n sondaar!”

9 ‘n Diepe respek het hom en almal wat by hom was aangegryp, oor die hoeveelheid

vis wat hulle gevang het;

10 en net so ook vir Ya’akov en Yoganan, die seuns van Zavdai, wat Shim’on se

medewerkers was en Yeshua sê vir Shim’on: “Moenie bang wees nie; van nou af sal

jy mense vang tot verlossing.”

11 Hulle het die bote aan land gebring, alles agtergelaat en Hom gevolg.

12 Terwyl Yeshua in een van die dorpe was, kom daar ‘n man, oortrek met melaatsheid

en toe hy Yeshua sien, val hy op sy gesig en smeek Hom en sê: “My Meester, as U

wil, kan U my reinig.”

96

Luka

13 Yeshua steek Sy hand uit en raak hom aan en sê: “Ek wil, wees gereinig!” In ‘n

oomblik het die melaatsheid van hom af weggegaan en hy was rein

14 en Hy beveel hom om dit aan niemand te vertel nie, maar, sê Hy: “Gaan wys jouself

aan die priester, vir hulle tot ‘n getuienis en offer vir jou reiniging, net soos Moshe

beveel het.”

15 Sy bekendheid het al hoe meer versprei en groot groepe mense het bymekaargekom

om te luister na Hom en deur Hom van hulle siektes gesondgemaak te word,

16 maar Hy het Hom na verlate plekke onttrek en gebid.

17 Dit het gebeur op een van die dae toe Yeshua besig was om te leer en Fariseërs en

leraars van die wet uit al die dorpe van die Galil, Y’hudah en uit Yerushalayim daar

gesit het en die krag van om te genees by Hom was.

18 Manne het ‘n verlamde man op ‘n draagbaar gebring en hulle het ‘n plek gesoek

om hom in te bring en voor Hom neer te sit

19 en toe hulle nie ‘n pad kon vind om hom in te bring nie, as gevolg van die menigte

mense, klim hulle op die dak en laat hom met die bed, deur die teëls, tussen hulle

in, voor Yeshua afsak.

20 Toe Yeshua hulle vertroue sien, sê Hy vir die verlamde man: “Man, jou sondes is

vir jou vergewe.”

21 Die leraars van die wet en die Fariseërs het dit ernstig oordink en gesê: “Wie is Hy

wat so kwaadpraat van God? Wie kan sondes vergewe behalwe God alleen?”

22 Yeshua het hulle gedagtes geken en Hy antwoord en sê vir hulle: “Wat bedink julle

in jul gedagtes?

23 Wat is makliker, om te sê: ‘Jou sondes is vir jou vergewe;’ of om te sê: ‘Staan op

en loop?’

24 Sodat julle egter kan sien dat die Seun van die mens outoriteit het om op aarde

sondes te vergewe,” sê Hy vir die verlamde man: “Ek sê vir jou, staan op, tel jou

draagbaar op en gaan na jou huis toe.”

25 Hy staan toe onmiddellik voor hulle op, tel die draagbaar op waarop hy gelê het en

gaan na sy huis toe, terwyl hy God loof.

26 Verwondering het almal aangegryp. Hulle het God geloof, is met respekvolle vrees

vervul en het gesê: “Ons het vandag wonders gesien.”

27 Ná hierdie dinge het Yeshua uitgegaan en ‘n belastinggaarder, met die naam van

Levi, by die belastinghuis sien sit en vir hom gesê: “Volg My”

28 Hy het alles agtergelaat, opgestaan en Hom gevolg.

29 Levi het ‘n groot ontvangs vir Hom in sy huis gegee en daar was ‘n groot skare

tollenaars en ander wat saam met hulle aan tafel skuinsgelê het.

30 Die leraars van die wet en die Fariseërs het by Sy studentevolgelinge gekla en gesê:

“Waarom eet en drink julle saam met die belastinggaarders en sondaars?”

31 Yeshua antwoord hulle en sê: “Die wat gesond is, het die dokter nie nodig nie, maar

die wat siek is of siek word.

32 Ek het nie gekom om onskuldiges te roep nie, maar sondaars tot erkenning, berou

en omkeer.”

33 Hulle sê vir Hom: “Waarom vas en bid Yoganan se studentevolgelinge getrou; so

ook dié van die Fariseërs; maar U s’n eet en drink?”

97

Luka

34 Hy sê vir hulle: “Kan julle die bruidshulp dan laat vas solank as die bruidegom by

hulle is?

35 Daar kom egter ‘n tyd wanneer die Bruidegom van hulle af weggevat sal word; dan

sal hulle vas, in daardie tyd.”

36 Hy het vir hulle ‘n vergelykende storie vertel: “Niemand skeur ‘n lap van ‘n nuwe

kleed af en sit dit op ‘n ou kleed nie; anders hou die nuwe aan met skeur en die lap

wat van die nuwe af kom, pas nie by die oue nie.

37 Niemand gooi nuwe wyn in ou leersakke nie; anders sal die nuwe wyn die sakke

skeur en dit sal uitloop en die sakke sal ook vernietig wees,

38 maar nuwe wyn moet in nuwe sakke gegooi word en altwee word bewaar.

39 Niemand wat ou wyn gedrink het, wil dadelik nuwe wyn hê nie, want hy sê: ‘Die

oues is soet’.”

6 1 Dit was op die Shabbat dat Yeshua deur die graan geloop het. Sy studentevolgelinge

het are gepluk en met hulle hande uitgevryf en geëet.

2 Sommige van die Fariseërs sê vir hulle: “Hoekom doen julle, wat nie toegelaat is om

op die Shabbat gedoen te word nie?”

3 Yeshua antwoord hulle en sê: “Het julle nie gelees wat Dawid gedoen het toe hy

honger was nie, hy en die wat by hom was,

4 hoe hy in die huis van God ingegaan en die brode van die tafel van gevat en

geëet het en ook aan die wat by hom was, gegee het, wat nie reg was dat hulle dit

mag eet nie, maar net die priesters alleen?”

5 Hy sê vir hulle: “Die Seun van die mens is die Meester van die Shabbat.”

6 Dit het gebeur op ‘n ander Shabbat dat Hy weer in die sinagoge ingegaan en geleer

het en daar was ‘n man en sy regterhand was uitgedroog.

7 Die leraars van die wet en die Fariseërs het Hom dopgehou, of Hy op die Shabbat

sou gesondmaak sodat hulle Hom kon beskuldig,

8 maar Hy het hulle planne geken en sê vir die man met die verdorde hand: “Kom hier

na die middel toe” en hy het daar kom staan.

9 Yeshua sê vir hulle: “Ek vra vir julle wat is reg om op die Shabbat te doen: om goed

te doen of kwaad; om ‘n lewe te red of te vernietig?”

10 Hy het na hulle almal gekyk en sê vir hom: “Maak reguit jou hand en hy steek dit

uit en sy hand is herstel, soos die ander een,

11 maar hulle is met jaloesie vervul en het onder mekaar bespreek wat hulle met

Yeshua moet doen.

12 Dit het in daardie dae gebeur dat Yeshua uitgegaan het na ‘n berg om te bid en Hy

was die hele nag in gebed tot God

13 en toe dit dag geword het, het Hy Sy studentevolgelinge na Hom toe geroep en

twaalf uit hulle gekies, wat Hy afgevaardigdes genoem het:

14 Shim’on, wat Hy Kefa genoem het en Andréas, sy broer; Ya’akov en Yoganan;

Filippos en die seun van (Bar-)Talmai;

15 Mattityahu en T’oma; Ya’akov die seun van Halfai en Shim’on wat Yweraar

genoem word;

16 Y’hudah, die seun van Ya’akov en Y’hudah van K’riot, wat die verraaier geword het.

98

Luka

17 Yeshua het saam met hulle afgeklim en in die vallei gaan staan en daar was ‘n

menigte van Sy studentevolgelinge en ‘n groot menigte mense van die hele Y’hudah,

Yerushalayim en van die kus van Tzor en Tzidon af,

18 wat gekom het om Sy boodskap te hoor en van hulle siektes gesondgemaak te word

en ook die wat lastig geval was deur onrein geeste, is genees.

19 Al wat die skare begeer het was om aan Hom te raak, omdat krag voortdurend uit

Hom uitgegaan en almal gesondgemaak het.

20 Toe slaan Hy sy oë op oor Sy studentevolgelinge en sê: “Uitermate gelukkig is

julle, armes, want aan julle behoort die Koninkryk van God.

21 Uitermate gelukkig is julle wat nou huil, want julle sal lag. Uitermate gelukkig is

julle wat nou honger het, want julle sal versadig word.

22 Uitermate gelukkig is julle wanneer die mense julle haat en wanneer hulle julle

verdeel, uitsluit, onteer en julle karakter en outoriteit verwerp as sleg, ter wille van

die Seun van die mens.

23 Verheug jou in daardie dag en spring op van vreugde, want julle beloning is groot

in die hemel, want hulle vaders het net so aan die profete gedoen!

24 Wee julle, rykes, want julle het jul vertroosting ontvang.

25 Wee julle wat versadig is, want julle sal honger ly. Wee julle wat nou lag, want julle

sal treur en huil.

26 Wee julle wanneer die mense alles wat goed is van julle praat, want hulle vaders

het die vals profete net so behandel,

27 maar Ek sê vir julle wat luister: Julle moet jul vyande liefhê en goed doen aan dié

wat julle haat.

28 Seën dié wat julle vervloek en bid oor die wat julle met geweld wegvat.

29 Aan hom wat jou op die wang slaan, moet jy ook die ander een aanbied; en aan

hom wat jou klere vat, moet jy ook die boklere nie weier nie.

30 Gee aan almal wat jou iets vra en eis jou goed nie terug van hom wat dit vat nie.

31 Net soos julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle ook aan

hulle doen.

32 As julle dié liefhet wat julle liefhet, watter goedheid het julle, want die sondaars het

ook dié lief wat vir hulle liefhet?

33 As julle goed doen aan die wat julle goed behandel, watter goedheid het julle, want

die sondaars doen ook dieselfde?

34 As julle leen aan dié van wie julle hoop om terug te ontvang, watter soort goedheid

het julle? Selfs die sondaars leen ook aan die sondaars, om dieselfde terug te

ontvang.

35 Julle moet julle vyande liefhê en hulle goed behandel, uitleen en moenie iemand

se verwagting afsny nie en julle beloning sal groot wees en julle sal kinders van

die Allerhoogste (Ha’Elyon) wees, want Hyself is welwillend teenoor die boses en

ongelowges.

36 Gee aktief om, net soos julle Vader ook aktief omgee

37 en julle moenie oordeel nie, dan sal julle nie geoordeel word nie. Julle moenie

veroordeel nie, dan sal julle nie veroordeel word nie. Spreek vry en julle sal

vrygespreek word.

99

Luka

38 Gee en aan julle sal gegee word, ‘n goeie maat wat ingestamp en oorlopend is, sal

hulle in julle skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir

julle gemeet word.”

39 Hy het vir hulle ‘n vergelykende storie vertel: “Is dit moontlik vir ‘n blinde om ‘n

blinde te lei? Sal albei van hulle nie in ‘n sloot val nie?

40 Daar is nie ‘n studentevolgeling groter as sy leermeester nie. Elkeen wat volmaak

gemaak is, sal soos sy leermeester wees.

41 Hoekom merk jy die splinter op in die oog van jou broer, maar die balk in jou eie

oog, is nie vir jou duidelik nie?

42 Of hoe kan jy vir jou broer sê: ‘My broer, laat my toe om die splinter wat in jou oog

is, uit te haal,’ want let op, die plank wat in jou oog is, sien jy nie? Toneelspelers van

‘n vals karakter, haal eers die plank uit jou oog uit, dan sal vir jou die vermoë gegee

word om die splinter uit jou broeder se oog uit te haal.

43 Dit is nie ‘n goeie boom wat slegte vrugte dra nie; en ook nie ‘n slegte boom wat

goeie vrugte dra nie,

44 want elke boom word geken aan sy vrugte, omdat hulle nie vye pluk van dorings

nie en hulle pluk ook nie druiwe van ‘n bos nie.

45 Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy verstand, wil en emosie te voorskyn

wat goed is en die bose mens bring uit die bose skat van sy verstand, wil en emosie

te voorskyn wat boos is, want uit die volheid van die verstand, wil en emosie praat

die lippe.

46 Hoekom noem julle My: ‘My Meester, my Meester,’ en doen nie wat Ek sê nie?

47 Elke persoon wat na My toe kom, my boodskap gehoor het en dit doen; Ek sal julle

wys soos wie hy is:

48 Hy is soos ‘n man wat ‘n huis bou, wat diep gegrawe en die fondament op die rots

gelê het; en toe daar ‘n vloed kom slaan die vloed teen die huis aan en kon dit nie

skud nie, want sy fondament was op die rots.

49 Hy wie dit hoor en dit nie doen nie, is soos ‘n man wat ‘n huis sonder fondament

op die grond bou; en toe die rivier daarteen slaan, het dit in ‘n oomblik geval en die

val van daardie huis was groot.”

7 1 Nadat Hy klaar gepraat het met die mense, het Hy K’far-Nagum binnegegaan.

2 Die slaaf van ‘n sekere kaptein oor ‘n honderd, wat vir hom kosbaar was, was baie

siek en het op sterwe gelê.

3 Hy het van Yeshua gehoor en oudstes van die Jode na Hom toe gestuur met die

versoek dat Hy moes kom en die lewe van sy slaaf moes red.

4 Toe hulle by Yeshua kom, het hulle Hom ernstig versoek en gesê: “Hy is waardig

dat U dit vir hom doen,

5 want hy het ons volk lief en het self die sinagoge vir ons gebou.”

6 Yeshua het saam met hulle gegaan, maar toe Hy nie ver van die huis af was nie, stuur

die kaptein oor ‘n honderd vriende na Hom om vir Hom te sê: “My Meester, moenie

moeite doen nie, want ek is nie waardig dat U onder my dak inkom nie.

7 Daarom het ek my ook nie by regte geag om na U te gaan nie, maar sê ‘n woord en

my dienskneg sal gesond word,

100

Luka

8 want ek is ook ‘n man wat onder outoriteit gesit is en ek het soldate onder my; en vir

hierdie een sê ek: ‘Gaan!’ en hy gaan; en vir ‘n ander een: ‘Kom!’ en hy kom; en vir

my slaaf: ‘Doen dit!’ en hy doen dit.”

9 Toe Yeshua dit hoor, het Hy hom verwonder oor hom en Hy draai Hom om en sê vir

die mense wat saam met Hom loop: “Ek sê vir julle, selfs nie in Yisra’el het Ek so

‘n groot vertroue gekry nie.”

10 Toe die wat gestuur was, teruggaan in die huis, vind hulle die siek slaaf reeds

gesond.

11 Dit het gebeur dat Hy die volgende dag na ‘n dorp met die naam van Na’im gegaan

het en Sy studentevolgelinge en ‘n skare mense saam met Hom.

12 Toe Hy die poort van die dorp nader, sien Hy daar word ‘n dooie uitgedra, die

enigste seun van sy moeder, ‘n weduwee en baie mense van die dorp was saam met

haar.

13 Yeshua het haar gesien en het aktief omgegee vir haar en vir haar gesê: “Moenie

huil nie!”

14 Hy het nader gegaan, die draagbaar aangeraak en die draers het gaan staan en Hy

sê: “Jongman, Ek sê vir jou, staan op!”

15 Hy wat dood was het regop gesit, begin praat en Hy het hom vir sy moeder

gegee.

16 Vrees het almal aangegryp en hulle het God vereer, geloof en aanbid en gesê: “’n

Groot profeet het tussen ons opgestaan en God het Sy volk besoek.”

17 Hierdie boodskap aangaande Hom het uitgegaan in die hele Y’hudah en in die

omliggende gebied.

18 Die studentevolgelinge van Yoganan het hom oor al hierdie dinge ingelig

19 en Yoganan het twee van sy studentevolgelinge na hom toe geroep en hulle na Yeshua

gestuur en gesê: “Is U die Een wat sou kom, of moet ons vir ‘n ander een wag?”

20 Die manne het by Hom gekom en vir Hom gesê: “Yoganan die Doper het ons na U

gestuur en gesê: ‘Is U die Een wat sou kom, of moet ons vir ‘n ander Een wag?’”

21 In daardie uur het Hy baie mense genees van siektes, plae, bose geeste en aan baie

blindes hulle sig gegee.

22 Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Gaan vertel aan Yoganan alles wat julle gesien

en gehoor het:

101

Yes 35:5-6; 26:19; 61:1 Hulle wat blind was, sien; hulle wat lam was, loop;

hulle wat melaats was, word gereinig; hulle wat doof was, hoor; hulle wat dood was,

staan op; aan hulle wat arm was, word die goeie boodskap verkondig

23 en geseënd is hy wat nie oor My aanstoot neem nie.”

24 Nadat die boodskappers van Yoganan weggegaan het, begin Hy om vir die mense

aangaande Yoganan te sê: “Wat het julle uitgegaan in die wildernis om te sien? ‘n

Riet wat deur die wind geskud word?

25 Wat het julle egter uitgegaan om te sien? ‘n Man aangetrek in sagte klere? Let op!

Die wat eerbare klere het en in luuksheid leef, is in die huis van ‘n koning.

26 Andersins, wat het julle uitgegaan om te sien? ‘n Profeet? Ja, Ek sê vir julle, nog

baie meer as ‘n profeet!

27 Dit is hy van wie daar geskrywe is: ‘Let op! Ek stuur My boodskapper voor U

Mal 3:1

Teenwoordigheid uit, wat U pad voor U voorberei.’

Luka

28 Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, is daar geen profeet groter as

Yoganan die Doper nie, maar die kleinste in die Koninkryk van God is groter as

hy.”

29 Al die mense wat dit gehoor het, asook die belastinggaarders, het deurdat hulle

hulle laat doop het met die doop van Yoganan, verklaar dat God reg is,

30 maar die Fariseërs en die leraars van die wet het God se wil verwerp in hulle

verstand, wil en emosie, want hulle is nie deur hom gedoop nie.

31 “Waarmee sal Ek daarom die mense van hierdie geslag vergelyk en soos wie is

hulle?”

32 Hulle is net soos seuns wat in die strate sit en na hulle vriende roep en sê: ‘Ons het

vir julle gesing en julle het nie gedans nie; ons het vir julle geskree en julle het nie

gehuil nie,’

33 want Yoganan die Doper het gekom en het nie brood geëet of wyn gedrink nie en

julle sê: ‘Hy het ‘n demoon.’

34 Die Seun van die mens het gekom en Hy eet en drink en julle sê: ‘Let op! Dié mens

is ‘n vraat en ‘n wynsuiper, ‘n vriend van belastinggaarders en sondaars.’

35 Wysheid word regverdig deur sy werke.”

36 Een van die Fariseërs het Hom genooi om by hom te eet en Hy het in die huis van

die Fariseër gegaan en aan tafel gaan skuinslê.

37 ‘n Vrou in die stad, ‘n sondares, wat agtergekom het dat Hy in die Fariseër se huis

bly, het ‘n albaste fles met geparfumeerde olie gebring

38 en agter Hom by sy voete gaan staan en gehuil en Sy voete begin natmaak met haar

trane en hulle afgedroog met die hare op haar kop en sy het Sy voete gesoen en met

gegeurde olie gesalf.

39 Toe die Fariseër wat Hom genooi het, dit sien, het hy in sy gees gedink en gesê:

“As Hy ‘n profeet was, sou Hy geweet het wie sy, wat Hom aanraak, is en wat haar

reputasie as sondaar is.”

40 Yeshua antwoord en sê vir hom: “Shim’on, Ek het iets om aan jou te sê.” Hy sê vir

hom: “Leermeester, sê dit.”

41 Yeshua sê vir hom: “Twee skuldenaars het ‘n landeienaar geld geskuld; die een het

vyf honderd denarii geskuld en die ander een vyftig,

42 maar hulle kon dit nie betaal nie en hy het albei vrygeskeld. Wie sê jy, sal

daarvolgens, hom die meeste liefhê?”

43 Shim’on antwoord en sê: “Ek veronderstel dié een wie hy die meeste vrygeskeld

het” en Hy antwoord hom: “Jy het reg geoordeel.”

44 Hy draai na die vrou toe en sê vir Shim’on: “Sien jy hierdie vrou? Ek het in jou

huis ingekom; jy het nie water vir My voete gegee nie, maar sy het met haar trane

My voete natgemaak en met die hare van haar kop afgedroog.

45 Jy het My nie ‘n soen gegee nie, maar let op, vandat sy ingekom het het sy nie

opgehou om My voete te soen nie.

46 Jy het nie My kop met olyfolie gesalf nie, maar sy het My voete met gegeurde olie

gesalf.

47 Daarom sê Ek vir jou dat haar baie sondes vergewe is, want sy het baie liefgehad,

maar hy vir wie ‘n bietjie vergewe is, het minder lief.”

102

Luka

48 Hy sê vir daardie vrou: “Jou sondes is vir jou vergewe.”

49 Toe begin die wat aan tafel was, in hulle gees sê: “Wie is hierdie wat selfs sondes

vergewe?”

50 Yeshua sê vir die vrou: “Jou vertroue het vir jou lewe gegee; gaan in vrede,

vergenoegdheid, gesondheid en voorspoed.”

8 1 Dit was na hierdie dinge dat Yeshua rondgereis het deur stad en dorp en Hy het

die boodskap verkondig, die Koninkryk van God aangekondig en die twaalf was

saam met Hom,

2 asook vroue wat genees was van bose geeste en siektes: Miryam, wat Migdalit

genoem word, uit wie sewe demone uitgegaan het,

3 Yoganah, die vrou van Kuza, ‘n kommissaris van Herodes, Shoshanah en baie ander

wat Hom met hulle eie besittings bedien het.

4 Toe daar ‘n groot groep mense vergader wat uit die verskillende stede na Hom toe

gekom het, sê Hy vir hulle deur ‘n vergelykende storie:

5 “’n Saaier het uitgegaan om sy saad te saai en terwyl hy saai, val sommige langs die

pad en is vertrap en ‘n voël het dit opgeëet.

6 Ander saad het op die rots geval en onmiddellik ontkiem en toe verdroog, omdat dit

geen vog gehad het nie.

7 Ander saad het tussen die dorings geval en die dorings het saam gegroei en het dit

versmoor.

8 Ander saad het in die goeie en uitstekende grond geval en ontkiem en honderdvoudige

vrug gelewer.” Nadat Hy dit gesê het, roep Hy uit: “Wie ‘n oor het wat wil hoor,

laat hom hoor!”

9 Sy studentevolgelinge het Hom gevra en gesê: “Wat is hierdie vergelykende storie?”

10 Hy antwoord: “Aan julle is gegee om die geheime van die Koninkryk van God

te ken, maar met die ander word deur vergelykende stories gepraat sodat hulle,

Yes 6:9

kykende, nie sien nie; en horende, nie verstaan nie.

11 Hierdie is die vergelykende storie: Die saad is die boodskap van God.

12 Dié langs die pad is die wat hoor. Daarna kom die vyand en vat die boodskap uit

hulle verstand, wil en emosie weg sodat hulle nie vertrou en sal lewe nie.

13 Dié op die rots is hulle wat die boodskap met vreugde ontvang wanneer hulle dit

hoor, maar hulle het geen wortel nie, aangesien hulle net vir ‘n tyd vertrou en in die

tyd van toetsing val hulle weg.

14 Wat in die dorings geval het, is die wat gehoor het en hulle gaan weg en word

versmoor deur die bekommernisse, rykdom en begeertes van die wêreld en dra geen

vrugte nie.

15 Wat in die vrugbare grond val; dit is dié wat die boodskap met ‘n skoon en goeie

verstand, wil en emosie hoor en daaraan vashou en voortdurend vrugte dra met

geduld.

16 Niemand steek ‘n lamp aan en bedek dit met ‘n houer of sit dit onder ‘n bed nie,

maar hy sit dit op ‘n lampstaander sodat almal wat inkom, die lig kan sien,

17 want daar is niks bedek wat nie openbaar sal word nie, of weggesteek wat nie

bekend sal word en geopenbaar word nie.

103

Luka

18 Wees daarom versigtig hoe julle luister, want wie ookal het, aan hom sal gegee

word en elkeen wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook dit wat hy dink

hy het.”

19 Sy moeder en broers het na Hom toe gekom en weens die skare mense kon hulle

nie met Hom praat nie.

20 Hulle sê vir Hom: “U moeder en U broers staan buite en wil U sien,”

21 maar Hy antwoord en sê vir hulle: “Hierdie is My moeder en My broers, hulle wat

die boodskap van God hoor en dit doen.”

22 Dit was op een van dié dae dat Hy en Sy studentevolgelinge in ‘n boot geklim en

Hy vir hulle gesê het: “Laat ons oorgaan na die oorkant van die meer.”

23 Terwyl hulle seil, het Yeshua geslaap en daar was ‘n stormwind oor die meer en die

boot was in gevaar om te sink.

24 Hulle het gekom en Hom wakker gemaak en gesê: “Ons Meester, ons Meester, ons

word vernietig!” Hy het opgestaan en die wind en die golwe van die see bestraf en

hulle het opgehou en daar het ‘n kalmte gekom.

25 Hy sê vir hulle: “Waar is julle vertroue?” Hulle was egter in respekvolle vrees en

verwonderd en het vir mekaar gesê: “Wie is Hy dan, dat Hy ook die winde en die

water beveel en hulle gehoorsaam Hom!”

26 Hulle het geseil en aangekom in die gebied van die Gadareners, wat oorkant die

Galil is.

27 Toe Hy uitklim op die land, kom ‘n sekere man uit die stad na Hom toe, wat vir ‘n

lang tyd ‘n demoon in hom gehad het, geen klere gedra het nie en ook nie in ‘n huis

gebly het nie, maar by die grafte.

28 Toe hy Yeshua sien, skreeu hy uit en val voor Hom neer en sê met ‘n harde stem:

“Wat het ek met U te doen, Yeshua, Seun van die Allerhoogste God? Ek smeek U,

moet my nie straf nie,”

29 want Yeshua het die vuil gees beveel om uit die man uit te gaan. Dit was ‘n lang tyd

wat hy besete was en hulle het hom in kettings geboei en in voetboeie vasgemaak en

hy het die kettings uitmekaar geruk en die demoon het hom na die wildernis gedryf.

30 Yeshua vra vir hom: “Wat is jou outoriteit en karakter?” Hy antwoord: “Legio,”

want baie demone het in hom ingegaan.

31 Hulle het Hom gesmeek dat Hy hulle nie sou beveel om in die bodemlose put in

te gaan nie.

32 Daar was ‘n groot trop varke wat op die berg gewei het en hulle smeek Hom dat Hy

hulle sou toelaat om in hulle in te gaan en Hy het hulle toegelaat.

33 Die demone gaan uit die man uit en in die varke in en dadelik het die trop van die

oorhangsel af in die meer afgestorm en verdrink.

34 Toe die wagters sien wat gebeur het, het hulle gevlug en dit in die stad en in die

omgewing gaan vertel.

35 Die manne het uitgegaan om te sien wat gebeur het en hulle het by Yeshua gekom en

die man, uit wie die demone uitgegaan het, gesien sit by Yeshua se voete, aangetrek

en by sy verstand; en hulle was respekvol bang.

36 Die wat dit gesien het, het aan hulle vertel hoe die een wat deur demone beheer is,

bevry is

104

Luka

37 en al die Gadareners het Hom gevra om van hulle af weg te gaan, want ‘n groot

vrees het hulle aangegryp. Yeshua het in die boot geklim en teruggegaan van hulle

af weg.

38 Die man wat bevry is van die demone, het egter gepleit om by Hom te kan bly,

maar Yeshua het hom laat gaan en gesê:

39 “Gaan terug na jou huis toe en vertel al die groot dinge wat God aan jou gedoen

het.” Hy het gegaan en deur die hele stad verkondig watter groot dinge Yeshua aan

hom gedoen het.

40 Toe Yeshua terugkom, het ‘n groot skare mense Hom ontvang, want hulle het na

Hom gesoek.

41 ‘n Man met die naam van Ya’ir, hoof van die sinagoge, val voor die voete van

Yeshua neer en versoek Hom om na sy huis toe te kom,

42 want sy enigste dogter, van ongeveer twaalf jaar oud, het op sterwe gelê. Terwyl

Yeshua saam met hom gaan, het ‘n groot skare mense om Hom aangedruk

43 en ‘n sekere vrou, wat twaalf jaar lank bloedvloeiing gehad het en alles wat sy het

aan dokters uitgegee het en deur niemand gesondgemaak kon word nie,

44 het van agter af gekom en die gebedstossel aan Sy kleed aangeraak en onmiddellik

het haar vloei van bloed gestop.

45 Yeshua sê: “Wie het aan My geraak?” Toe almal dit ontken, sê Shim’on Kefa en die

wat saam met hom was: “Ons Meester, die mense druk teen U aan en U sê: ‘Wie is

dit wat aan My geraak het?’”

46 Hy sê: “Iemand het aan My geraak, want Ek weet dat krag vanaf My uitgegaan

het.”

47 Toe die vrou sien dat dit nie Sy aandag ontsnap het nie, kom sy bang en val

aanbiddend voor Hom neer en maak bekend voor al die mense waarom sy aan Hom

geraak het en hoe sy onmiddellik gesond geword het.

48 Yeshua sê vir haar: “Wees bemoedig, My dogter, jou vertroue het vir jou lewe

gegee. Gaan in vrede, vergenoegdheid, gesondheid en voorspoed.”

49 Terwyl Hy nog praat, kom daar ‘n man van die huis van die hoof van die sinagoge

en sê vir hom: “U dogter is dood, moenie die Leermeester pla nie.”

50 Yeshua het dit gehoor en sê vir die vader van die meisie: “Moenie bang wees nie.

Vertrou net; en sy sal lewe.”

51 Yeshua het by die huis gekom en niemand toegelaat om saam met Hom in te gaan

nie, behalwe Shim’on, Ya’akov, Yoganan en die vader en moeder van die meisie

52 en almal het gehuil en oor haar getreur, maar Yeshua sê: “Moenie huil nie; sy is nie

dood nie, maar slaap.”

53 Hulle het vir Hom gelag, want hulle het geweet dat sy dood is.

54 Hy het almal uitgestuur na buite en haar aan haar hand vasgehou en na haar geroep

en gesê: “Dogtertjie, staan op!”

55 Haar gees het teruggekom en sy het onmiddellik opgestaan. Hy het hulle beveel

om vir haar kos te gee

56 en haar ouers was verstom, maar Hy het hulle gewaarsku om aan niemand te sê

wat gebeur het nie.

105

Luka

9 1 Yeshua roep die twaalf en gee aan hulle krag en outoriteit oor al die demone en

siektes om die siektes gesond te maak

2 en Hy het hulle uitgestuur om die Koninkryk van God te verkondig en die siekes

gesond te maak

3 en vir hulle gesê: “Vat niks saam nie; geen staf of beursie vir die pad, of brood of

geld nie en moenie twee kledingstukke by julle hê nie.

4 In watter huis julle ook mag ingaan, bly dáár en gaan van dáár af uit

5 en as iemand julle nie ontvang nie, wanneer julle van daardie stad af weggaan, skud

die stof van julle voete af, tot ‘n getuienis teen hulle.”

6 Die afgevaardigdes het uitgegaan na die dorpe en stede en in elke plek die goeie

boodskap verkondig en siekes gesondgemaak.

7 Herodes, die heerser oor ‘n kwart van die land, hoor toe van al die dinge wat deur

Hom gedoen is en hy was verwonder daaroor, omdat sommige gesê het dat Yoganan

uit die dode opgestaan het,

8 maar ander dat Eliyahu verskyn het en ander dat een van die ou profete opgestaan

het.

9 Herodes het gesê: “Yoganan het ek onthoof, maar wie is hierdie man van wie ek

sulke dinge hoor?” Hy het begeer om Hom te sien.

10 Toe die afgevaardigdes terugkom, het hulle aan Yeshua alles wat hulle gedoen het

vertel en Hy vat hulle alleen na ‘n verlate plek in die streek van Beit-Tzaidah,

11 maar toe die mense dit te wete kom, het hulle Hom gevolg en Hy het hulle ontvang

en met hulle gepraat oor die Koninkryk van God en die wat genesing nodig gehad

het, gesondgemaak.

12 Toe die dag einde se kant toe staan, kom Sy studentevolgelinge na Hom en sê vir

Hom: “Stuur die mense weg sodat hulle na die dorpe en plase in die omtrek kan

gaan om te oornag en kos te kry, want ons is hier in ‘n verlate plek.”

13 Yeshua sê vir hulle: “Gee julle vir hulle kos,” maar hulle sê: “Daar is nie meer as

vyf brode en twee visse by ons nie, tensy ons kos gaan koop vir al hierdie mense,”

14 want daar was omtrent vyf duisend mans, maar Hy sê vir Sy studentevolgelinge:

“Laat hulle in groepe van vyftig sit.”

15 Sy studentevolgelinge het dit so gedoen en almal laat sit.

16 Yeshua vat die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel, seën dit, breek dit

en gee dit aan die studentevolgelinge om aan die mense voor te sit;

17 en hulle het almal geëet en is versadig; en hulle het 12 mandjies vol van die

oortollige stukke opgetel.

18 Toe Hy alleen was, besig om te bid, was die studentevolgelinge by Hom en Hy vra

hulle en sê: “Wie sê die mense is Ek?”

19 Hulle antwoord en sê: “Yoganan die Doper, ander weer Eliyahu, ander weer dat

een van die ou profete opgestaan het.”

20 Hy sê vir hulle: “Maar julle, wie sê julle is Ek?” Shim’on antwoord en sê: “Die

Gesalfde Een van God!”

21 Hy het hulle ernstig gewaarsku om dit aan niemand te vertel nie.

106

Luka

22 Hy sê vir hulle: “Die Seun van die mens gaan baie ly en verwerp word deur die

oudstes en hoofpriesters en leraars van die wet, hulle sal Hom vermoor en op die

derde dag sal Hy opstaan.”

23 Hy sê voor almal: “Wie ookal agter My aan wil kom, moet homself ontken en sy

kruis elke dag opneem en My volg,

24 want wie sy lewe wil red, sal dit vernietig, maar hy wie se lewe om My ontwil

vernietig word, hy sal dit red,

25 want watter voordeel is dit vir ‘n mens as hy die hele wêreld kry, maar sy lewe

vernietig of verloor?

26 Wie ookal hom skaam vir My en My boodskap, vir hom sal die Seun van die mens

Hom skaam wanneer Hy in die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van Sy Vader en

van die afgesonderde engele kom.

27 Ek sê vir julle in waarheid: Daar is sommige van die wat hier staan, wat die dood

sekerlik nie sal smaak, voordat hulle die Koninkryk van God gesien het nie.”

28 Dit het gebeur omtrent agt dae ná hierdie boodskap, dat Hy vir Kefa, Yoganan en

Ya’akov saamgeneem het teen ‘n berg op om te bid

29 en terwyl Hy in gebed was, het die voorkoms van Sy gesig verander en Sy klere

het glansend wit geword.

30 Let op, twee manne het met Hom gepraat, hulle was Moshe en Eliyahu.

31 Hulle het in die Gemanifesteerde Teenwoordigheid verskyn en van Sy weggaan,

wat in Yerushalayim vervul sou word, gepraat,

32 maar Kefa en die wat saam met hom was, was deur die slaap en het met moeite

wakker geword en Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid gesien en die twee manne

wat by Hom staan.

33 Terwyl hulle van Hom weggaan, sê Shim’on vir Yeshua: “Leermeester, dit is goed

dat ons hier is; laat ons dan drie tente maak, een vir U, vir Moshe een en een vir

Eliyahu.” Hy het nie geweet wat hy sê nie.

34 Nadat hy dit gesê het, kom daar ‘n wolk en vorm ‘n tent rondom hulle; en hulle het

bang geword toe hulle Moshe en Eliyahu in die wolk sien ingaan;

35 en daar kom ‘n stem uit die wolk wat sê: “Dit is My Seun waarvoor Ek lief is;

luister na Hom!”

36 Na die stem, was Yeshua alleen en hulle het stilgebly en aan niemand in daardie

dae enige iets vertel van wat hulle gesien het nie.

37 Dit het gebeur dat toe hulle die volgende dag van die berg afkom, ‘n groot skare

mense Hom ontmoet.

38 ‘n Man roep vanuit die mense en sê: “Leermeester, ek smeek U, herstel my seun

tot my, want hy is my enigste.

39 ‘n Gees kom skielik oor hom en hy gil onverwags en kners op sy tande en hy word

siek en hy gaan moeilik van hom weg wanneer hy hom aanval;

40 en ek het U studentevolgelinge gesmeek om hom uit te dryf en hulle kon nie.”

41 Yeshua antwoord en sê: “O! Korrupte geslag sonder vertroue, hoe lank sal Ek by

julle wees en julle verdra? Bring jou seun hier.”

42 Toe hy naderkom aan Hom, gooi die demoon hom neer en laat hom inmekaartrek en

Yeshua het die vuil gees bestraf, die seun genees en hom aan sy vader teruggegee.

107

Luka

43 Almal was verwonderd oor die majesteit van God. Toe almal verwonderd was oor

alles wat Yeshua gedoen het, sê Hy vir Sy studentevolgelinge:

44 “Laat die boodskap insink wat ek in julle ore gee, want die Seun van die mens gaan

oorgegee word in die hande van die mense,”

45 maar hulle het nie verstaan wat gesê is nie, omdat dit vir hulle verborge was sodat

hulle dit nie sou verstaan nie; en hulle was bang om Hom iets te vra daaroor.

46 Daar het ‘n debat onder hulle ontstaan oor wie van hulle die grootste was,

47 maar Yeshua, wat die oorwegings van hulle verstand, wil en emosie geken het,

neem ‘n seun en laat dié by Hom staan

48 en sê vir hulle: “Wie dan ‘n kind soos hierdie ontvang in My Karakter en Outoriteit,

ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het, want wie die

kleinste onder julle almal is, hy sal groot wees.”

49 Yoganan antwoord en sê: “Ons Meester, ons het iemand gesien wat in U Karakter

en Outoriteit ‘n demoon uitdryf en ons het hom verbied, omdat hy U nie saam met

ons volg nie.”

50 Yeshua sê vir hulle: “Moet hom nie verbied nie, want wie nie teen julle is nie, is

vir julle.”

51 Toe die dae van Sy opgaan nader kom, het Hy Homself voorberei om na

Yerushalayim te gaan

52 en boodskappers voor Hom uitgestuur. Hulle het vertrek en in ‘n dorp in Shomron

ingegaan om vir Hom voor te berei

53 en hulle het Hom nie ontvang nie, omdat Hy na Yerushalayim op pad was.

54 Toe Sy studentevolgelinge, Ya’akov en Yoganan, dit sien, sê hulle: “Ons Meester,

wil U hê ons moet vuur van die hemel af roep en hulle verteer, net soos Eliyahu

gedoen het?”

55 Hy draai Hom om en bestraf hulle en sê: “Julle weet nie van watter gees julle is

nie,

108

2 Kon 1:9-16

56 want die Seun van die mens het nie gekom om die mense se lewens te vernietig nie,

maar om lewe te gee” en hulle het na ‘n ander dorp gereis.

57 Terwyl hulle op pad was, sê iemand vir Hom: “My Meester, ek sal saam met U

gaan, waar U ook mag gaan!”

58 Toe sê Yeshua vir hom: “Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel het neste,

maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy Sy kop kan neerlê nie.”

59 Hy sê vir ‘n ander een: “Kom, volg My,” maar hy antwoord: “My Meester, laat my

toe om eers my vader te gaan begrawe.”

60 Yeshua sê vir hom: “Laat die dooies hulle eie dooies begrawe, maar gaan jy, en

kondig die Koninkryk van God aan.”

61 ‘n Ander een sê vir Hom: “My Meester, ek sal U volg, maar laat my eers toe om

totsiens te sê aan die kinders wat in my huis is.”

62 Yeshua antwoord hom: “Niemand wat sy hand aan die ploeg of juk slaan en agtertoe

kyk, is waardig vir die Koninkryk van God nie.”

10 1 Ná hierdie dinge het Yeshua sewentig ander aangestel vanuit Sy studentevolgelinge

en hulle twee-twee voor Hom uitgestuur na elke stad en plek waarheen

Hy voorberei het om te gaan.

2 Hy sê vir hulle: “Die oes is groot en die werkers is min. Bid daarvolgens die Meester

van die oes om arbeiders in Sy oes uit te stuur.

3 Let op! Gaan, Ek stuur julle soos lammers tussen wolwe.

4 Neem geen beurs of reissak of sandale nie en groet niemand op die pad nie,

5 maar in watter huis julle ook al mag ingaan, sê eers: ‘Vrede, gesondheid, voorspoed

en vergenoegdheid vir hierdie huis;’

6 en as daar ‘n seun van vrede is, sal julle vrede op hom rus; anders sal dit na julle toe

terugkom.

7 Bly dan in dieselfde huis en eet en drink wat hulle het, want die werker verdien sy

loon. Moenie wissel van huis tot huis nie

8 en in watter stad julle ook mag ingaan en hulle ontvang julle, eet wat aan julle

voorgesit word

9 en genees die siekes wat daarin is en sê vir hulle: ‘Die Koninkryk van God is naby

julle,’

10 maar in watter stad julle ook al ingaan en hulle jul nie ontvang nie, gaan uit in sy

strate en sê:

11 ‘En die stof wat uit julle stad aan ons vassit, vee ons vir julle af; meer nog moet

julle dit weet dat die Koninkryk van God naby julle gekom het.’

12 Ek sê vir julle: Vir S’dom sal dit meer uithoudbaar wees in dié dag as vir daardie

stad.

13 Wee jou, Korazin! Wee jou, Beit-Tzaidah! Want as die kragtige dade in Tzor en

Tzidon gebeur het wat in julle plaasgevind het, het hulle lankal in sak en as gesit,

hulle sonde besef en berou gehad,

14 maar vir Tzor en Tzidon sal dit in die oordeel meer uithoudbaar wees as vir julle.

15 Vir jou, K’far-Nagum, wat tot die hemel toe verhoog is, jy sal tot She’ol toe

afgegooi word.

Yes 14:13,15

Luka

16 Wie na julle luister, luister na My; en wie julle verwerp, verwerp My; en wie My

verwerp, verwerp Hom wat My gestuur het.”

17 Die sewentig wat Hy gestuur het, het met vreugde teruggekom en gesê: “Ons

Meester, selfs die demone is onderworpe aan ons in U Karakter en Outoriteit,”

18 maar Hy sê vir hulle: “Ek het die Satan soos ‘n weerligstraal uit die hemel sien

val.

19 Let op! Ek het vir julle die outoriteit gegee om op slange en skerpioene te trap en

oor al die krag van die vyand en niks sal julle skade doen nie.

20 Meer nog, julle moenie bly wees dat die demone aan julle onderworpe is nie, maar

wees bly dat julle name in die hemel opgeskryf is.”

21 Op daardie oomblik het Yeshua deur die Gees van Afsondering gespring van

vreugde en gesê: “Ek dank U, My Vader, Meester van die hemel en die aarde, dat U

hierdie dinge weggesteek het vir wyse en slim mense en dit aan kinders geopenbaar

het. Ja, My Vader, want so was dit U wil.”

109

Luka

22 Hy het Hom omgedraai na Sy studentevolgelinge en vir hulle gesê: “Alles is aan

My oorgegee deur My Vader; en niemand weet wie die Seun is nie, behalwe die

Vader; en wie die Vader is nie, behalwe die Seun en h‎ý aan wie die Seun dit wil

openbaar.”

23 Hy draai na Sy studentevolgelinge alleen en sê vir hulle: “Uitermate gelukkig is

die oë wat sien wat julle sien,

24 want Ek sê vir julle, baie profete en konings het begeer om te sien wat julle sien en

het dit nie gesien nie; en om te hoor wat julle hoor en het dit nie gehoor nie.”

25 Let op! ‘n Sekere leraar van die wet het opgestaan om Hom te toets en gesê:

“Leermeester, wat moet ek doen om die ewige lewe te erf?”

26 Yeshua sê vir hom: “Wat is in die wet geskryf? Hoe lees jy?”

27 Hy antwoord en sê vir Hom: “Jy moet jou God liefhê vanuit jou hele verstand,

wil en emosie en vanuit jou hele gees en vanuit al jou vermoëns en vanuit jou hele

Deut 6:5; Lev 19:18

verbeelding; en jou medemens net soos jouself.”

28 Yeshua sê vir hom: “Jy het reg geantwoord; doen dit; en jy sal lewe,”

29 maar hy wou homself onskuldig verklaar en sê vir Hom: “En wie is my

medemens?”

30 Yeshua sê vir hom: “’n Sekere man het afgegaan van Yerushalayim na Yerigo en boewe

het hom aangeval, hom beroof, geslaan en hom half dood gelos en weggegaan.

31 Dit het gebeur dat ‘n sekere priester met daardie pad afgekom het en toe hy hom

sien, gaan hy verby

32 en net so het ook ‘n Leviet by dié plek gekom en hom gesien en verbygegaan,

33 maar ‘n sekere man van Shomron wat op reis was, het op hom afgekom en toe hy

hom sien, het hy vir hom omgegee

34 en na hom toe gegaan, sy wonde verbind en olyfolie en wyn daarop gegooi. Hy het

hom toe op sy eie dier geplaas en hom na ‘n herberg gevat en vir hom gesorg.

35 Toe hy die volgende oggend weggaan, haal hy twee denarii uit en gee dit aan die

herbergier en sê vir hom: ‘Sorg vir hom en enige onkoste wat jy nog meer mag hê,

sal ek jou betaal as ek terugkom.’

36 Daarvolgens, wie van hierdie drie, dink jy, was die medemens van hom wat onder

die boewe verval het?”

37 Hy antwoord toe: “Hy wat vir hom omgegee het.” Yeshua sê vir hom: “Gaan en

doen jy net so.”

38 Dit was terwyl hulle gereis het, dat hulle in ‘n sekere dorp gekom het en ‘n vrou

met die naam van Martha het Hom in haar huis ontvang.

39 Sy het ‘n suster gehad met die naam van Miryam en dié het langs die voete van ons

Meester gesit en na Sy boodskap geluister,

40 maar Martha was baie besig om gereed te staan om te bedien. Sy kom toe na Hom

toe en sê: “My Meester, gee U nie om dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê

dan vir haar dat sy my moet help.”

41 Yeshua antwoord en sê vir haar: “Martha, Martha, jy is bekommerd en omgekrap

oor baie dinge,

42 maar een ding is nodig; Miryam het die voordelige deel vir haarself gekies, wat nie

van haar weggeneem sal word nie.”

110

Luka

11 1 Dit was dat terwyl Hy op ‘n sekere plek besig was om te bid, nadat Hy klaar

gebid het, een van Sy studentevolgelinge vir Hom sê: “Ons Meester, leer ons bid,

soos Yoganan ook sy studentevolgelinge geleer het.”

2 Hy sê vir hulle: “Wanneer julle bid, sê: Ons Vader wat in die hemel is,

3 U Naam bly afgesonderd; Laat U Koninkryk kom; Laat U besluite uitgevoer word,

net soos in die hemel, so ook op die aarde; gee vir ons dié brood wat ons nodig het

elke dag;

4 en vergewe ons sondes, want selfs ons vergewe ook elkeen wat teenoor ons skuldig

is; en bring ons nie waar ons getoets word nie, maar bevry ons van die bose een.”

5 Hy sê vir hulle: “Wie van julle het ‘n vriend en sal om middernag na hom toe gaan

en vir hom sê: ‘Vriend, leen my drie brode,

6 want ‘n vriend van my wat op reis was het by my aangekom en ek het niks om aan

hom voor te sit nie,’

7 Die aan die binnekant mag dalk antwoord en sê: ‘Moenie my pla nie; let op, die deur

is al gesluit en my kinders is al saam met my in die bed; ek kan nie opstaan om vir

jou te gee nie.’

8 Ek sê vir julle, al sou hy nie opstaan en vir hom gee omdat hy sy vriend is nie, sal

hy tog ter wille van sy aanhoudendheid opstaan en hom gee soveel as wat hy nodig

het.

9 Ek sê vir julle: Hou aan vra en vir julle sal gegee word; hou aan soek en julle sal

vind; hou aan klop en vir julle sal oopgemaak word,

10 want elkeen wat aanhou vra, ontvang; en hy wat aanhou soek, vind; en vir hom wat

aanhou klop, sal oopgemaak word.

11 Watter vader hier sal, as sy seun brood vra, vir hom ‘n klip gee; of in plaas van ‘n

vis, vir hom ‘n slang gee;

12 of as hy ‘n eier vra, vir hom ‘n skerpioen gee?

13 As julle wat sleg is, weet om goeie geskenke vir julle kinders te gee, hoeveel te

meer sal julle Vader die Gees van Afsondering vanaf die hemel gee aan die wat

Hom vra?”

14 Toe Hy ‘n stommakende demoon uitgedryf het, was dit dat toe die demoon uitgaan,

die stom man gepraat het en die mense was verwonderd,

15 maar sommige van hulle het gesê: “Deur Ba’al-Zibbul, die heerser van die duiwels,

dryf Hy die demone uit.”

16 Ander het Hom egter getoets en van Hom ‘n teken uit die hemel verwag,

17 maar omdat Yeshua hulle gedagtes geken het, het Hy vir hulle gesê: “Elke realm

wat teen homself verdeeld is, sal vernietig word; en elke huis wat teen sy natuur

verdeel is, val.

18 As die Satan teen homself verdeeld is, hoe kan sy koninkryk bly staan, want julle

sê dat Ek deur Ba’al-Zibbul die demone uitdryf?

19 Indien Ek deur Ba’al-Zibbul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle

uit? Daarom sal hulle jul regters wees,

20 maar as Ek deur die vinger van God die duiwels uitdryf, dan het die Koninkryk van

God naby julle gekom.

111

Luka

21 Wanneer ‘n sterk man, goed bewapen, sy huis bewaak, is sy besittings in vrede en

oorvloed,

22 maar wanneer een kom wat sterker as hy is en hom oorwin, neem hy al sy wapens,

waarop hy vertrou het, weg en deel sy buit uit.

23 Hy wat nie saam met My is nie, is teen My; en hy wat nie saam met My

bymekaarmaak nie, verstrooi.

24 Wanneer ‘n vuil gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur droë plekke en

soek rus en as hy dit nie vind nie, sê hy: ‘Ek sal teruggaan na my huis vanwaar ek

uitgegaan het’

25 en as hy kom en dit uitgevee en in orde vind,

26 dan gaan hy en bring sewe ander geeste, boser as hy self en hulle kom in en woon

daar; en die einde van daardie mens sal erger wees as die begin.”

27 Terwyl Hy dit sê, het ‘n vrou uit die mense met ‘n harde stem vir Hom gesê:

“Gelukkig is die baarmoeder wat U gedra het en die borste wat U gevoed het.”

28 Hy sê vir haar: “Gelukkig is hulle wat die boodskap van God hoor en dit doen.”

29 Toe die skare saamdrom, begin Hy en sê: “Hierdie geslag is boos; dit soek na ‘n teken

en geen teken sal aan dit gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Yonah,

30 want net soos Yonah ‘n teken geword het vir die mense van Ninveh, so sal die Seun

van die mens ook wees vir hierdie geslag.

31 Die koningin van die Suide sal in die oordeel opstaan saam met die manne van

hierdie geslag en hulle veroordeel, want sy het gekom van die eindes van die aarde

af om die wysheid van Shlomo te hoor, en let op! Meer as Shlomo is hier!

32 Die manne van Ninveh sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en

dit veroordeel, want hulle het deur die verkondiging van Yonah berou gehad en

verander; en let op! Meer as Yonah is hier!

33 Niemand steek ‘n lamp op en sit dit in ‘n geheime plek of sit dit onder die mandjie

nie, maar op die lampstaander, sodat dié wat inkom, sy lig kan sien.

34 Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan helder (goed) is, is jou hele

liggaam ook verlig, maar as dit boos is, is jou liggaam vol duisternis.

35 Wees versigtig dat die lig in jou nie duisternis is nie.

36 As jou hele liggaam dan vol lig is en nie enige deel het wat donker is nie, sal dit

heeltemal helder wees en net soos ‘n helder lamp vir jou lig gee.”

37 Terwyl Hy praat, het ‘n sekere Fariseër Hom genooi om by hom te kom eet en Hy

het ingegaan en aan tafel gaan skuinslê.

38 Toe die Fariseër dit sien, was hy verwonderd, omdat Hy nie voor die maaltyd eers

gewas het nie,

39 maar Yeshua sê vir hom: “Nou, julle Fariseërs, julle maak die buitekant van die beker

en die bord skoon, maar aan die binnekant is julle vol verkragting en boosheid.

40 Dwase, het Hy wat die buitekant gemaak het, nie die binnekant ook gemaak nie?

41 Daarteenoor, wat jy ookal het, gee dit as aalmoese en let op, alles sal vir jou rein

wees.

42 Tog, wee julle, Fariseërs, want julle gee tiendes van kruisement, wynruit (dille)

en elke soort krui en julle ignoreer die regverdige oordeel en die liefde van God.

Hierdie dinge moet julle doen sonder om die ander na te laat.

112

Luka

43 Wee julle, Fariseërs, want julle is lief vir die eersteklas sitplekke in die sinagoges

en vir die openbare groete op straat.

44 Wee julle, leraars van die wet en Fariseërs, toneelspelers van ‘n vals karakter, want

julle is net soos versteekte grafte en die mense wat daaroor loop, weet dit nie.”

45 Toe antwoord een van die kenners van die wet en sê vir Hom: “Leermeester, as U

só praat, beledig U ons ook.”

46 Hy sê: “Wee julle ook, kenners van die wet, want julle oorlaai die mense met laste

wat pynlik is om te dra en self verroer julle nie een vinger om te help nie.

47 Wee julle, want julle bou die grafte van die profete en julle vaders het hulle

gedood.

48 Julle gee hierdeur getuienis van die dade van julle vaders en keur dit goed, want

hulle het hul gedood en julle bou hulle grafte.

49 Daarom het die wysheid van God ook gesê: ‘Ek sal profete en afgevaardigdes na

hulle stuur en van dié sal hulle doodmaak en vervolg

50 sodat van hierdie geslag die bloed van al die profete wat vergiet is van die

grondlegging van die wêreld af, opgeëis kan word.

51 Van die bloed van Hevel af tot met die bloed van Z’kharyah wat doodgemaak is

tussen die altaar en die Afgesonderde plek.’ Ja, Ek sê vir julle, dit sal opgeëis word

van hierdie geslag.

52 Wee julle, kenners van die wet, want julle het die sleutel van die kennis weggeneem.

Self het julle nie ingegaan nie en die wat wou ingaan, het julle gekeer.”

53 Nadat Hy dit aan hulle gesê het, het die leraars van die wet en die Fariseërs begin

om ernstig aanstoot te neem teen Hom en Sy woorde verkleineer

54 en misleidend teenoor Hom opgetree op baie maniere, terwyl hulle gesoek het na

iets uit Sy mond sodat hulle Hom kon beskuldig.

12 1 Terwyl ‘n groot menigte van mense bymekaargekom het sodat hulle mekaar

vertrap het, begin Yeshua om vir Sy studentevolgelinge te sê: “Eerstens moet julle

versigtig wees onder julleself vir die suurdeeg van die Fariseërs, dit is, hulle vals

toneelspel.

2 Daar is niks weggesteek wat nie geopenbaar sal word nie en geheim wat nie bekend

sal word nie.

3 Alles wat julle in die donker sal sê, sal in die lig gehoor word; en wat julle in die

binnekamers in die ore gefluister het, sal op die dakke verkondig word,

4 maar Ek sê vir julle, My vriende: Moenie bang wees vir hulle wat die liggaam

doodmaak en daarna niks meer kan doen nie,

5 maar Ek sal julle wys wie julle moet vrees: vrees Hom wat, nadat Hy doodgemaak

het, die outoriteit het om in die hel te werp; ja, Ek sê vir julle, vrees Hom!

6 Word vyf mossies nie vir twee assarii verkoop nie? Nie een van hulle is voor God

vergete nie,

7 maar selfs die hare van julle kop is almal getel. Wees dan nie bang nie: Julle is meer

werd as baie mossies.

8 Ek sê vir julle: Elkeen wat My sal erken voor die mense, hom sal die Seun van die

mens ook erken voor die engele van God,

113

Luka

9 maar hy wat My ontken voor mense, sal ontken word voor die engele van God.

10 Elkeen wat ‘n woord teen die Seun van die mens sal sê, dit sal hom vergewe

word, maar vir hom wat sleg gepraat het teen die Gees van Afsondering, sal dit nie

vergewe word nie.

11 Wanneer hulle julle sal bring voor die vergaderings van die owerhede en die

outoriteite, moet julle nie angstig wees oor hoe julle jul sal verdedig, of wat julle

sal sê nie,

12 want die Gees van Afsondering sal julle in daardie oomblik leer wat julle moet

sê.”

13 ‘n Man uit die skare sê vir Hom: “Leermeester, sê vir my broer dat hy die erfenis

met my moet deel,”

14 maar Yeshua sê vir hom: “Man, wie het My as regter of verdeler oor julle

aangestel?”

15 Hy sê vir Sy studentevolgelinge: “Wees versigtig vir begeerlikhede, want lewe

bestaan nie uit die oorvloed van besittings nie.”

16 Hy vertel vir hulle hierdie vergelykende storie: “ ‘n Sekere ryk man se grond het

baie voortgebring

17 en hy het by homself gedink en gesê: ‘Wat sal ek doen, want ek het geen plek

waarin ek my oes kan bymekaarmaak nie?’

18 Hy sê: ‘Dit sal ek doen: ek sal my skure afbreek en groter skure bou en ek sal al my

opbrengste en my goed daarin bymekaarmaak

19 en ek sal vir myself sê: Gees, jy het baie goed wat gestoor is en wat baie jare sal

hou; rus, eet, drink en wees vrolik,’

20 maar God het vir hom gesê: ‘Jou dwaas, in hierdie nag sal jou gees van jou

teruggeneem word en wat jy voorberei het, wie s’n sal dit wees?’

21 So gaan dit met hom wat vir homself skatte bymekaarmaak en nie ryk is in God

nie.”

22 Hy het vir Sy studentevolgelinge gesê: “Daarom sê Ek vir julle: Moenie angstig

wees oor julle lewe nie, oor wat julle sal eet, of oor julle liggaam, wat julle sal

aantrek nie.

23 Die gees is belangriker as kos en die liggaam as klere.

24 Let op die kraaie, want hulle saai nie en hulle oes nie; hulle het geen opgaar plek of

skuur nie en tog voed God hulle. Hoeveel meer is julle nie werd as die voëls nie!

25 Wie onder julle kan, deur strewe om vir homself te sorg, een el by sy lengte bysit?

26 As julle dan nie eens die kleinste kan doen nie, waarom probeer julle vir julleself

sorg in die ander dinge?

27 Let op hoe die lelies groei: hulle werk nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle, selfs

Shlomo in al sy eer en lof was nie aangetrek soos een van hulle nie.

28 As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en môre in ‘n oond gegooi

word, so aantrek, hoeveel beter is Hy nie vir julle nie, julle met min vertroue!

29 Julle moet ook nie soek na wat julle sal eet of drink nie en julle moenie onrustig

wees daaroor nie,

30 want al hierdie dinge soek die volke van die wêreld en julle Vader weet dat julle

hierdie dinge nodig het.

114

Luka

31 Soek in plaas daarvan die Koninkryk van God; en al hierdie dinge sal vir julle

bygesit word.

32 Moenie bang wees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het dit gewil om aan julle

die Koninkryk te gee.

33 Verkoop julle besittings en gee aan die behoeftiges; maak vir julle beurse wat nie

oud word nie, belê wat nie faal nie in die hemel, waar geen dief naby kom of mot

dit vernietig nie,

34 want waar julle rykdom is, daar sal julle gedagtes, wil en emosie ook wees.

35 Laat julle heupe vasgegord wees en julle lampe aan die brand.

36 Julle moet wees soos mense wat op hulle meester wag wanneer hy van die huwelik

af terugkom sodat as hy kom en klop, hulle dadelik vir hom kan oopmaak.

37 Baie gelukkig is daardie slawe vir wie hulle meester waaksaam sal vind as hy kom.

Dit is waar, Ek sê vir julle, hy sal sy heupe vasgord en hulle aan tafel laat teruglê en

hulle kom bedien;

38 en as hy in die tweede of in die derde wagskof kom, gelukkig is daardie slawe wat

hy só kry,

39 maar verstaan dít: as die eienaar van die huis geweet het in watter uur die dief sou

kom, sou hy waaksaam gewees het en nie in sy huis laat inbreek het nie.

40 Net so moet julle ook gereed wees, omdat die Seun van die mens in ‘n oomblik

kom wanneer julle dit nie verwag nie.”

41 Shim’on Kefa sê vir Hom: “Ons Meester, vertel U hierdie vergelykende storie vir

ons of ook vir almal?”

42 Yeshua sê vir hom: “Wie is dan die betroubare en wyse bestuurder wat die meester

oor sy huishouding sal aanstel om vir hulle hulle deel op die regte tyd te gee?

43 Baie gelukkig is daardie slaaf vir wie sy meester, as hy kom, só besig sal vind.

44 Waarlik, Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel,

45 maar as daardie slaaf in sy hart sê: My meester neem tyd om te kom en hy die

diensknegte en diensmaagde begin slaan, begin eet, drink en dronk word,

46 dan sal die meester van daardie slaaf kom, op ‘n dag dat hy dit nie verwag nie en

in ‘n oomblik dat hy dit nie weet nie; en hy sal hom afsny en sy deel bereken by dié

sonder vertroue.

47 Daardie slaaf wat die wil van sy meester geken het en nie vir hom voorberei het

volgens sy wil nie, sal met baie slae geslaan word,

48 maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal min geslaan

word en elkeen aan wie baie gegee is, van hom sal baie terug verwag word; en aan

hom wie baie toevertrou is, van hom sal hulle baie meer vra.

49 Ek het gekom om vuur op die aarde te gooi en Ek wens dat dit reeds gebrand het

50 maar Ek het ‘n doop om mee gedoop te word en Ek is in ‘n groot stryd totdat dit

voltooi is!

51 Dink julle dat Ek gekom het om vrede in die wêreld te bring? Nee, Ek sê vir julle,

eerder verdeeldheid,

52 want van nou af sal daar verdeeldheid wees in ‘n huis van vyf, drie teen twee en

twee teen drie.

115

Luka

53 Die vader sal verdeeld wees teen die seun en die seun teen die vader; die moeder teen

die dogter en die dogter teen die moeder; die skoonmoeder teen haar skoondogter en

Mik 7:6

die skoondogter teen haar skoonmoeder.”

54 Hy het ook vir die mense gesê: “Wanneer julle ‘n wolk in die weste sien opkom, sê

julle dadelik: ‘Dit gaan reën!’ en dit is so

55 en wanneer die suidewind waai, sê julle: ‘Dit sal warm wees!’ en dit is so.

56 Toneelspelers van ‘n vals karakter, die voorkoms van die aarde en die lug kan julle

interpreteer, maar hoe is dit dat julle hierdie tye nie kan interpreteer nie?

57 Waarom onderskei julle nie ook vir julleself wat waarheid is nie?

58 Terwyl jy met jou aanklaer na die owerheid gaan, doen moeite op die pad om van hom

af losgekoop te word sodat hy jou nie miskien voor die regter sleep en die regter jou

oorgee aan die geregsdienaar en die geregsdienaar jou in die gevangenis gooi nie.

59 Ek sê vir jou, jy sal daar sekerlik nie uitkom voordat jy die laaste lepton (kleinste

geldstukkie) ook betaal het nie.”

13 1 In dieselfde tyd, was daar mense wat Hom vertel het van die mense van die

Galil, wie se bloed Pilatos gemeng het met hulle offers

2 en Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Dink julle dat hierdie manne van die Galil

groter sondaars was as almal van die Galil, omdat dit met hulle gebeur het?

3 Nee, Ek sê vir julle; inteendeel, as julle nie berou toon en omdraai nie, sal julle almal

net so vernietig word.

4 Of daardie agttien wat dood is toe die toring van Shiloag op hulle geval het, dink

julle dat hulle meer sondig was as al die mense wat in Yerushalayim bly?

5 Nee, Ek sê vir julle; inteendeel, as julle nie berou toon en omdraai nie, sal julle almal

net so doodgaan.”

6 Hy het hierdie vergelykende storie vertel: “’n Sekere man het ‘n vyeboom gehad

wat in sy wingerd geplant was en hy het gekom en vrugte daaraan gesoek en niks

gekry nie.

7 Hy sê vir die wat die wingerd snoei: Let op! Vir drie jaar kom ek om vrugte aan

hierdie vyeboom te soek en ek kry niks nie; kap hom uit. Hoekom moet hy nog die

grond onvrugbaar maak?

8 ‘n Snoeier sê egter vir hom: Meester, laat hom nog een jaar staan terwyl ek hom

snoei en kompos gooi

9 en miskien sal hy vrugte dra, anders kan u hom volgende jaar uitkap.”

10 Terwyl Yeshua op die Shabbat in een van die sinagoges geleer het,

11 was daar ‘n vrou wat agttien jaar lank ‘n gees van siekte gehad het. Sy was

inmekaargebuig en dit was vir haar onmoontlik om regop te kom.

12 Yeshua het haar gesien, haar geroep en vir haar gesê: “Vrou, jy is van jou stryd

bevry.”

13 Hy het Sy hande op haar gelê en onmiddellik het sy regop gestaan en eer aan God

gebring,

14 maar die hoof van die sinagoge, verontwaardig omdat Yeshua op die Shabbat

gesondgemaak het, antwoord en sê vir die mense: “Daar is ses dae waarop ‘n mens kan

werk; kom dan op dié dae om gesondgemaak te word en nie op die Shabbat nie.”

116

Luka

15 Daarop antwoord Yeshua hom en sê: “Jou toneelspeler van ‘n vals karakter, maak

almal van julle nie op die Shabbat sy os of donkie van die krip af los en lei hom weg

om te laat drink nie?

16 Hierdie is egter ‘n dogter van Avraham, wat die duiwel - let op! - agttien jaar

lank gebind het. Is dit teen die wet dat sy op die Shabbat bevry word van hierdie

band?”

17 Nadat Hy dit gesê het, het al sy teëstanders skaam geword en al die mense was

verheug oor al die wonderwerke wat deur Sy hand gebeur het.

18 Yeshua het gesê: “Soos wat is die Koninkryk van God en waarmee sal Ek dit

vergelyk?

19 Dit is soos ‘n mosterdsaad wat ‘n man gevat en in sy tuin geplant het; en dit het

gegroei en ‘n groot boom geword en die voëls van die hemel het nes gemaak in sy

takke.”

20 Weer het Yeshua gesê: “Waarmee sal Ek die Koninkryk van God vergelyk?

21 Dit is soos suurdeeg wat ‘n vrou neem en in drie mate (13,5 liter) meel inwerk,

totdat dit heeltemal ingesuur is.”

22 Hy het deur stede en dorpe gegaan en geleer op Sy reis na Yerushalayim.

23 ‘n Man vra Hom of daar min is wat die lewe het.

24 Yeshua sê vir hulle: “Stry hard om in te gaan deur die smal hek, want, sê Ek vir

julle, baie sal probeer om in te gaan en sal nie kan nie.

25 Die tyd kom wat die Meester van die huis sal opstaan en die deur sluit; en julle sal

buite staan en begin om aan die deur te klop en te sê: ‘Ons Meester, ons Meester,

maak vir ons oop’ en Hy sal antwoord en vir julle sê: ‘Ek weet nie waar julle vandaan

is nie.’

26 Dan sal julle begin sê: ‘Ons het saam met U geëet en gedrink en U het op ons strate

geleer.’

27 Hy sal vir julle sê: ‘Ek ken julle nie vanwaar julle is nie. Gaan weg van My, julle

werkers van die leuen!’

28 Daar sal ‘n gehuil wees en ‘n gekners van die tande, wanneer julle Avraham,

Yitz’gak, Ya’akov en al die profete in die Koninkryk van God sal sien, maar julle

sal uitgegooi word.

29 Hulle sal kom van die ooste, van die weste, van die noorde en die suide en teruglê

in die Koninkryk van God

30 en let op, daar is die laaste, wat eerste sal wees; en daar is die eerstes wat laaste

sal wees.”

31 In daardie tyd het sommige van die Fariseërs na Hom toe gekom en vir Hom gesê:

“Gaan weg en vertrek hiervandaan, want Herodes wil U doodmaak.”

32 Yeshua sê vir hulle: “Gaan vertel daardie jakkals: Let op! Ek dryf demone uit en

maak gesond, vandag, môre en op die derde dag is Ek klaar.

33 Nogtans is dit reg vir My dat Ek vandag en môre werk en die volgende dag verder gaan,

want dit kan nie gebeur dat ‘n profeet buite Yerushalayim doodgemaak word nie.

34 Yerushalayim, Yerushalayim, jy wat die profete doodmaak en die wat na jou gestuur

is, stenig; hoe dikwels wou Ek jou kinders, net soos ‘n hen haar kuikens, onder die

vlerke bymekaarmaak; en julle wou nie.

117

Luka

35 Let op! Julle huis word vir julle leeg gelaat. Ek sê vir julle, dat julle My nie sal sien

nie totdat die dag kom wanneer julle sal sê: ‘Geseënd is Hy wat kom in die Karakter

Ps 118:26

en Outoriteit van !’”

14 1 Dit was toe Hy in die huis van een van die leiers van die Fariseërs ingegaan het

om brood te eet op die Shabbat, dat hulle Hom fyn dopgehou het.

2 Let op! Daar was ‘n man wat van water geswel was voor Hom.

3 Yeshua het geantwoord en vir die leraars van die wet en die Fariseërs gesê: “Sekerlik

is dit reg volgens die wet om op die Shabbat te genees?”

4 Hulle het egter stilgebly. Toe vat Hy hom, maak hom gesond en laat hom gaan.

5 Hy sê vir hulle: “Wie van julle se seun of os sal op die Shabbat in ‘n put val, wat dit

nie dadelik sal uittrek nie?”

6 Hulle was nie instaat om Hom daarop te antwoord nie.

7 Toe Hy sien hoe hulle die beste plekke uitkies, vertel Hy aan die gaste ‘n vergelykende

storie:

8 “Wanneer jy deur iemand na ‘n fees uitgenooi is, moenie op die belangrikste plek

gaan sit nie, ingeval hy iemand daar wil laat sit wat waardiger is as jy

9 en hy wat jou en hom genooi het, kom en vir jou sê: ‘Maak plek vir hierdie man.’

Dan sal jy met skaamte opstaan en op die agterste plek gaan sit,

10 maar wanneer jy genooi is, gaan sit op die agterste plek sodat wanneer hy kom wat

jou genooi het, vir jou kan sê: ‘Vriend, gaan op na ‘n meer eerbare posisie!’ Dan sal

jy eer en lof hê voor almal wat saam met jou aan tafel is,

11 want elkeen wat homself oplig, sal verneder word; en wie homself verneder, sal

opgelig word.”

12 Hy sê ook vir die man wat Hom genooi het: “Wanneer jy ‘n fees of aandete gee,

moenie jou vriende of jou broers of familie of ryk bure nooi nie sodat hulle jou nie

miskien ook eendag weer nooi en jy so jou beloning ontvang nie,

13 maar wanneer jy ‘n ontvangs hou, nooi armes, verminktes, kreupeles en blindes

14 en jy sal gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou mee terug te betaal nie, want

dit sal jou beloon word in die opstanding van die onskuldiges.”

15 Toe een wat daar sit, dit hoor, sê hy vir Hom: “Gelukkig is hy wat brood eet in die

Koninkryk van God.”

16 Yeshua sê vir hom: “’n Man het ‘n groot ete gegee en baie mense uitgenooi

17 en op die tyd van die ete het hy sy slaaf uitgestuur om vir die genooides te sê:

‘Kom, let op, want alles is nou gereed.’

18 Almal het hulleself eenparig begin verskoon. Die eerste het vir hom gesê: ‘Ek het

‘n stuk grond gekoop en ek moet noodgedwonge uitgaan om daarna te kyk. Ek vra

u om my te verskoon.’

19 ‘n Ander een het gesê: ‘Ek het vyf paar osse gekoop en gaan hulle toets. Ek vra u

om my te verskoon.’

20 ‘n Ander een het gesê: ‘Ek het ‘n vrou getrou en daarom kan ek nie kom nie.’

21 Daardie slaaf het gekom en dié dinge aan sy werkgewer vertel. Toe het die eienaar van

die huis kwaad geword en vir sy slaaf gesê: ‘Gaan haastig uit na die markplein en die

strate van die stad en bring die armes, verminktes, kreupeles en blindes in hierheen’.

118

Luka

22 Die slaaf het gesê: ‘My meester, wat u beveel het, is gedoen en daar is nog plek.’

23 Toe sê die meester vir die slaaf: ‘Gaan uit op die hoofpaaie en na die grense en

oortuig hulle om in te kom sodat my huis vol kan wees,

24 want ek sê vir julle dat nie een van daardie mense wat genooi is, sal proe van my

ete nie.’”

25 Baie mense het saam met Hom geloop en Hy het Hom omgedraai en vir hulle

gesê:

26 “As iemand na My toe kom en hy het nie sy vader, moeder, vrou, kinders, broers en

susters, ja, selfs ook sy eie lewe minder lief nie, kan hy nie My studente-volgeling

wees nie.

27 Elkeen wat nie sy eie kruis dra en agter My aan kom nie, kan nie my studentevolgeling

wees nie.

28 Wie van julle wat ‘n toring wil bou, gaan nie eers sit en bereken die koste, of hy

instaat is om dit te voltooi nie?

29 Indien nie, as hy die fondament gelê het en nie in staat is om dit te voltooi nie, sal

almal wat dit sien, met hom begin spot

30 en sê: ‘Hierdie man het begin bou en kon nie klaarkry nie.’

31 Of watter koning wat optrek om teen ‘n ander koning langs hom oorlog te maak,

gaan nie eers oorweeg of hy in staat is om met tien duisend die een te ontmoet wat

met twintig duisend teen hom kom nie?

32 Indien nie, stuur hy afgevaardigdes, terwyl die ander een nog ver is en vra vir

vredesvoorwaardes.

33 Net so kan ook niemand van julle, wat nie afsien van al sy besittings, my

studentevolgeling wees nie.

34 Sout is uitstekend, maar selfs sout word laf; waarmee sal dit smaaklik gemaak

word?

35 Dit is nie bruikbaar vir die grond of vir kompos nie. Hulle gooi dit buitekant weg.

Wie ‘n oor het wat kan hoor, laat hom hoor.”

15 1 Die belastinggaarders en sondaars het na Hom toe gekom om na Hom te luister

2 en die Fariseërs en die leraars van die wet het gekla en gesê: “Hierdie man ontvang

sondaars en eet saam met hulle.”

3 Yeshua vertel vir hulle hierdie vergelykende storie:

4 “Watter man onder julle wat honderd skape het en een van hulle raak weg, laat nie

die nege en negentig in die wildernis staan en gaan soek die een wat weg is totdat

hy dit kry nie?

5 Wanneer hy dit kry, sit hy dit met vreugde op sy skouers,

6 en wanneer hy by die huis kom, roep hy sy vriende en bure bymekaar en sê vir hulle:

‘Wees saam met my bly, want ek het my skaap gekry wat weg was.’

7 Ek sê vir julle dat daar dieselfde vreugde sal wees in die hemel oor een sondaar wat

terugkom huistoe, méer as oor nege en negentig onskuldiges wat nie nodig het om

huistoe te kom nie.

8 Of watter vrou wat tien zuzin het; as een zuza wegraak, steek nie ‘n lamp op en vee

die huis uit en soek versigtig totdat sy dit kry nie?

119

Luka

9 Wanneer sy dit kry, roep sy haar vriendinne en buurvroue bymekaar en sê: ‘Wees

verheug saam met my, want ek het die zuza gekry wat weg was.’

10 So, sê Ek vir julle, is daar vreugde voor die engele van God oor een sondaar wat

terugkeer huistoe.”

11 Weer sê Yeshua vir hulle: “’n Sekere man het twee seuns gehad

12 en die jongste seun sê vir hom: ‘My vader, gee my die deel van u boedel wat my

toekom.’ Hy het sy rykdom tussen hulle verdeel en

13 na ‘n paar dae het die jongste seun alles wat na hom toe gekom het bymekaargemaak

en weggegaan na ‘n ver land en daar sy besittings uitgemors deur spandabelrig te

leef.

14 Toe hy alles uitgemors het wat syne was, kom daar ‘n swaar hongersnood in daardie

land en hy het begin swaarkry.

15 Toe het hy hom by een van die mense van daardie land gaan voeg en dié het hom

na sy veld gestuur om varke te versorg.

16 Hy het begeer om sy maag vol te maak met die peule wat die varke eet en niemand

het vir hom gegee nie.

17 Toe hy tot homself kom, het hy gesê: ‘Hoeveel gehuurde werkers is in die huis

van my vader wat ‘n oorvloed brood vir hulleself het en hier gaan ek dood van die

honger!

18 Ek sal opstaan en na my vader gaan en ek sal vir hom sê: ‘My vader, ek het

gesondig teen die hemel en voor u;

19 en ek is nie meer waardig om u seun genoem te word nie; maak my net soos een

van u gehuurde werkers.’

20 Hy het opgestaan en na sy vader gegaan, maar toe hy nog ver weg was, het sy vader

hom gesien en omgegee vir hom en gehardloop, hom omhels en gesoen.

21 Sy seun sê vir hom: ‘My vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u en ek is

nie langer waardig om u seun genoem te word nie.’

22 Sy vader sê egter vir sy slawe: ‘Bring die beste klere en trek dit vir hom aan, sit ‘n

ring aan sy hand, skoene aan sy voete

23 en bring die vetgemaakte vee en slag dit en laat ons eet en bly wees,

24 want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was weg

en is gevind.’ Hulle het begin feesvier.

25 Sy oudste seun was in die veld en terwyl hy nader na die huis toe kom, hoor hy

baie musiek

26 en hy roep een van die jongmanne en vra wat dit beteken.

27 Dié sê toe vir hom: ‘U broer het gekom en u vader het die vetgemaakte kalf geslag,

omdat hy hom gesond teruggekry het.’

28 Hy het kwaad geword en wou nie ingaan nie. Sy vader gaan toe uit en pleit by

hom,

29 maar hy antwoord en sê vir sy vader: ‘Let op! Ek dien u so baie jare en ek het nooit

u bevele oortree nie en vir my het u nooit ‘n bokkie gegee sodat ek saam met my

vriende bly kon wees nie,

30 maar toe hierdie seun van u kom, wat u besittings verslind het met hoere, het u vir

hom die vetgemaakte kalf geslag.’

120

Luka

31 Sy vader sê egter vir hom: ‘My seun, jy is altyd by my; en alles wat myne is, is

joune.

32 Dit was reg van ons om vrolik en bly te wees, want hierdie broer van jou was dood

en het weer lewendig geword; en hy was weg en is gevind.’”

16 1 Hy het vir Sy studentevolgelinge ‘n vergelykende storie vertel: “Daar was ‘n

sekere ryk man wat ‘n bestuurder gehad het en hy is by hom daarvan beskuldig dat

hy sy besittings vermors.

2 Sy meester roep hom en sê vir hom: ‘Wat is dit wat ek van jou hoor? Gee verslag van

jou administrasie, want jy sal nie meer bestuurder kan wees nie.’

3 Die bestuurder sê by homself: ‘Wat sal ek doen, want my meester het die administrasie

van my af weggevat. Ek kan nie spit nie en ek skaam my om te bedel.

4 Ek weet wat ek sal doen sodat wanneer die administrasie van my weggeneem word,

hulle my in hulle huise sal ontvang.’

5 Hy roep almal wat sy meester geld skuld, een vir een, en sê vir die eerste: ‘Hoeveel

skuld jy my meester?’

6 Hy antwoord: ‘ ‘n Honderd vate olie.’ Hy sê vir hom: ‘Neem jou nota, gaan sit en

skryf gou vyftig.’

7 Daarna sê hy vir ‘n ander een: ‘En jy, hoeveel skuld jy my meester?’ Hy antwoord: ‘

‘n Honderd koros koring.’ Toe sê hy vir hom: ‘Neem jou nota en skryf tagtig.’

8 Die meester het die onetiese bestuurder geprys, omdat hy verstandig gehandel het, want

die kinders van hierdie wêreld is wyser as die kinders van die lig in hierdie geslag.

9 Ek sê vir julle: Maak vir julle vriende deur die onetiese Mammon sodat wanneer dit

uitgegee is, hulle jul in die ewige tente kan ontvang.

10 Hy wat vertrouenswaardig is met min, is ook met baie vertrouenswaardig; en hy

wat boos doen met min, doen ook boos met baie.

11 As julle dan nie vertrouenswaardig was met die bose Mammon nie, wie sal aan

julle die ware dinge toevertrou?

12 As julle nie vertrouenswaardig was met ‘n ander se besittings nie, wie sal aan julle

jul eie gee?

13 Geen dienskneg kan twee meesters dien nie, want hy sal òf die een haat en die

ander een liefhê, òf die een eer en die ander een verwaarloos. Julle kan nie ‘n slaaf

wees van God én van geld nie.”

14 Al hierdie dinge het die Fariseërs, wat begeer het na geld, ook gehoor en Hom

openlik verkleineer.

15 Yeshua sê vir hulle: “Julle regverdig julleself voor die mense, maar God ken julle

gedagtes, wil en emosies, want wat by die mens hoog geag word, is verwerplik voor

God.

16 Die wet en die profete is tot by Yoganan; van toe af word die goeie boodskap van

die Koninkryk van God aangekondig en elkeen druk om in te gaan,

17 maar dit is makliker vir die hemel en die aarde om verby te gaan as dat een strepie

van ‘n letter van die wet sou wegval.

18 Elkeen wat van sy vrou skei en ‘n ander een trou, pleeg egbreuk en elkeen wat trou

met die vrou wat van haar man geskei is, pleeg egbreuk.

121

Luka

19 Daar was ‘n sekere ryk man en hy het purper klere en wit linne gedra en het elke

dag uitspattig fees gevier.

20 Daar was ook ‘n sekere arm man met die naam van El’azar, vol swere, wat voor

sy poort gelê het

21 en hy het begeer om sy maag te vul met die krummels wat van die ryk man se tafel

afval, maar die honde het ook gekom en sy swere gelek.

22 Toe die arm man sterf, is hy deur die engele weggedra na die arms van Avraham en

die ryk man het ook gesterwe en is begrawe.

23 Terwyl hy gely het in She’ol, het hy sy oë opgelig en hy sien Avraham ver weg en

El’azar aan sy bors.

24 Hy roep uit in ‘n harde stem en sê: ‘My vader Avraham, gee om vir my en stuur

El’azar, dat hy die punt van sy vinger in water kan indruk en my tong afkoel, want

ek word gemartel in hierdie vuur.’

25 Avraham antwoord hom: ‘My seun, onthou dat jy jou goeie dinge in jou lewe

ontvang het en net so El’azar die slegte, maar nou word hy getroos, maar jy ly.

26 Meer nog: Daar is tussen ons en julle ‘n groot gaping vasgestel sodat die wat

hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat dáár is, nie na ons kan

oorkom nie.’

27 Hy sê vir hom: ‘Daarom smeek ek van u my vader, om hom na my vader se huis

te stuur,

28 want ek het vyf broers, om hulle dringend te waarsku sodat hulle nie ook in hierdie

plek van marteling kom nie.’

29 Avraham sê vir hom: ‘Hulle het Moshe en die Profete; laat hulle na dié luister.’

30 Hy sê vir hom: ‘Nee, my vader Avraham, maar as iemand uit die dode na hulle

gaan, sal hulle omdraai van die verkeerde na God toe.’

31 Avraham sê vir hom: ‘As hulle na Moshe en die Profete nie luister nie, sal hulle ook

nie na hom luister nie, al sou iemand ook uit die dood uit opstaan.’”

17 1 Yeshua sê vir Sy studentevolgelinge: “Dit is onmoontlik dat die geleenthede

om te struikel nie sal kom nie, maar wee hom deur wie hulle kom.

2 Dit is beter vir hom as ‘n maalsteen vir ‘n donkie om sy nek gehang en hy in die see

gegooi word, as dat hy een van hierdie kleintjies sou laat struikel.

3 Beskerm julle lewens. As jou broer sou sondig, bestraf hom en as hy berou het en

omdraai, vergewe hom

4 en as hy sewe maal op ‘n dag teen jou sondig en sewe maal op ‘n dag na jou toe

terugkom en sê: Ek is jammer, moet jy hom vergewe.”

5 Die afgevaardigdes vra vir die Meester: “Vermeerder ons vertroue.”

6 Hy sê vir hulle: “As julle vertroue gehad het soos ‘n mosterdsaad, sou julle vir

hierdie wildevyeboom sê: ‘Word ontwortel en in die see geplant’ en hy sou aan julle

gehoorsaam wees.

7 Wie is daar van julle wat ‘n slaaf het wat ploeg of vee oppas en as hy inkom van die

veld af vir hom sal sê: ‘Kom sit dadelik aan by die tafel?’

8 Hy sê eerder vir hom: ‘Berei my aandete voor, trek jou voorskoot aan en bedien my

totdat ek klaar geëet en gedrink het en daarna kan jy eet en drink.’

122

Luka

9 Bedank hy daardie slaaf, omdat hy gedoen het wat hom beveel is? Ek dink nie so

nie.

10 So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, moet julle sê: ‘Ons

is onwaardige slawe, want ons het slegs gedoen wat ons verplig was om te doen’.”

11 Dit was so dat Yeshua deur Shomron na die Galil gegaan het op sy reis na

Yerushalayim.

12 Toe Hy naderkom om in ‘n sekere dorpie in te gaan, kom tien melaatse mans, wat

op ‘n afstand gebly het, na Hom toe

13 en hulle het hulle stemme verhef en gesê: “Yeshua, ons Leermeester, gee om vir

ons!”

14 Toe Hy hulle sien, sê Hy vir hulle: “Gaan wys julleself aan die priesters,” en terwyl

hulle weggaan, het hulle rein geword.

15 Toe een van hulle sien dat hy rein was, het hy teruggegaan na Hom en met ‘n harde

stem eer aan God gegee

16 en op sy gesig neergeval by Yeshua se voete en Hom gedank en hy was van

Shomron.

17 Yeshua antwoord en sê: “Is daar nie tien wat rein geword het nie en waar is die

nege?

18 Het hulle nagelaat om eer, lof en aanbidding aan God te kom gee, behalwe hierdie

vreemdeling?”

19 Hy sê vir hom: “Staan op en gaan; jou vertroue het jou genees.”

20 Toe sommige Fariseërs hom vra wanneer die Koninkryk van God kom, het Hy

hulle geantwoord en gesê: “Die Koninkryk van God kom nie sigbaar nie

21 en hulle sal ook nie sê: ‘Let op! Hier!’ of: ‘Let op! Daar!’ nie, want let op! Die

Koninkryk van God is in sommige van julle.”

22 Hy sê vir Sy studentevolgelinge: “Die tyd sal kom wanneer julle sal begeer om een

van die dae van die Seun van die mens te sien en julle sal dit nie sien nie

23 en as hulle vir julle sal sê: ‘Hier is Hy!’ of: ‘Daar is Hy!’ Moenie gaan nie,

24 want presies net soos die weerlig wat aan die hemel blits en alles onder die hemel

word verlig, net so sal die Seun van die mens op Sy dag wees,

25 maar eers moet Hy baie lyding ervaar en verwerp word deur hierdie geslag.

26 Net soos dit was in die dae van Noag, net so sal dit ook wees in die dae van die

Seun van die mens:

27 hulle het geëet, gedrink, getrou en in die huwelik weggegee tot op die dag dat Noag

in die ark ingegaan het, die vloed gekom en almal vernietig het.

28 Ook net soos dit was in die dae van Lot: hulle het geëet, gedrink, gekoop, verkoop,

geplant en gebou,

29 maar op die dag toe Lot uit S’dom weggegaan het, het vuur en swawel vanuit

die hemel laat reën en almal vernietig.

30 Net so sal dit wees in daardie dag wanneer die Seun van die mens geopenbaar

word.

31 In daardie dag moet hy wat op die dak is en sy besittings in die huis, nie afkom om

dit weg te vat nie; en so ook moet hy wat op die landery is, nie terugdraai nie.

32 Onthou die vrou van Lot!

123

Luka

33 Wie ookal kies om sy lewe te red, sal dit verloor; en elkeen wat dit self verloor,

sal dit vind.

34 Ek sê vir julle: In daardie nag sal daar twee op een bed wees; die een sal weggevoer

word en die ander een sal gelos word.

35 Twee vroue sal saam maal; die een sal weggevoer word en die ander een gelos

word.

36 Twee sal op die landery wees; die een sal weggevoer word en die ander een gelos

word.”

37 Hulle antwoord en sê vir Hom: “Waarheen, ons Meester?” Hy sê vir hulle: “Waar

ookal die karkasse lê, daar sal die aasvoëls saamkom.”

18 1 Hy het ook vir hulle ‘n vergelykende storie vertel dat ‘n mens altyd moet bid

en nie moeg word nie:

2 “Daar was ‘n sekere regter in ‘n stad wat God nie geëer of gevrees en ‘n mens nie

respekteer het nie.

3 Daar was ook in daardie stad ‘n sekere weduwee en sy het aanhoudend na hom

gekom en gesê: ‘Bevry my van my teëstander in my hofsaak.’

4 Vir ‘n tydperk wou hy nie, maar daarna het hy by homself gesê: ‘Al vrees of eer ek

God ook nie en al respekteer ek ‘n mens nie,

5 tog sal ek, omdat hierdie weduwee my uitput, vir haar intree sodat sy my nie

versondig nie.’”

6 Ons Meester sê: “Hoor wat die bose regter sê.

7 Sal God dan nie verdediging bring vir dié wat Hy gekies het, wat dag en nag tot Hom

roep en geduldig wees met hulle nie?

8 Ek sê vir julle dat Hy gou hulle verdediging sal bewerk; en tog, as die Seun van die

mens kom, sal Hy vertroue op die aarde vind?”

9 Hy het vir húlle wat op hulleself vertrou, dat hulle onskuldig is en neerkyk op ander,

hierdie vergelykende storie vertel:

10 “Twee mans het opgegaan na die tempel om te bid, die een ‘n Fariseër en die ander

‘n belastinggaarder.

11 Die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: ‘O God, ek dank U dat ek nie

soos die ander mense is nie: Afpersers, onderdrukkers, egbrekers en nie soos hierdie

belastinggaarder nie.

12 Ek vas twee keer gedurende die week en ek gee ‘n tiende van alles wat ek ontvang.’

13 Die belastinggaarder het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel oplig nie,

maar het op sy bors geslaan en gesê: ‘O God, wys my, die sondaar, onverdiende guns!’

14 Ek sê vir julle, hiérdie man het onskuldig na sy huis gegaan, eerder as die Fariseër,

want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word; en hy wat homself verneder,

sal verhoog word.”

15 Toe het hulle ook die babas na Hom toe gebring sodat Hy hulle kon aanraak, maar

toe die studentevolgelinge dit sien, het hulle hul verbied,

16 maar Yeshua self het hulle na Hom toe geroep en gesê: “Laat die kinders na My

toe kom en moenie hulle wegstuur nie, want aan dié wat soos hulle is, behoort die

Koninkryk van God.

124

Luka

17 Dit is waar, Ek sê vir julle, elkeen wat nie die Koninkryk van God soos ‘n klein

kindjie ontvang nie, sal nooit daar ingaan nie.”

18 ‘n Sekere leier vra Hom en sê: “Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige

lewe te erf?”

19 Yeshua sê vir hom: “Waarom noem jy My goed? Daar is nie een goed nie behalwe

die Een God.

20 Jy ken die opdragte:

125

Eks 20:12-16; Deut 5:16-20 Jy mag nie moord pleeg nie; jy mag nie

egbreek nie; jy mag nie steel nie; jy mag nie ‘n vals getuienis gee nie; eer jou vader

en jou moeder.”

21 Hy sê vir Hom: “Al hierdie dinge gehoorsaam ek van my kinderdae af.”

22 Toe Yeshua dit hoor, antwoord Hy hom: “Nog een ding kom jy kort; verkoop alles

wat jy het en gee dit vir die armes en jy sal ‘n skat in die hemel hê; kom dan hier,

volg My.”

23 Toe hy dit hoor, het hy diep bedroef geword, want hy was baie ryk.

24 Toe Yeshua sien dat hy diep bedroef geword het, sê Hy: “Hoe moeilik is dit vir

hulle wat rykdom besit om in die Koninkryk van God in te gaan,

25 want dit is makliker vir ‘n kameelhaartou om deur die oog van ‘n naald te gaan as

vir ‘n ryk man om in die Koninkryk van God in te gaan.”

26 Die wat dit gehoor het sê vir Hom: “Wie kan dan die lewe hê?”

27 Yeshua antwoord: “Dit wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik.”

28 Shim’on Kefa sê vir Hom: “Let op! Ons het alles gelos en U gevolg.”

29 Yeshua sê vir hom: “Waarlik, Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of ouers of

broers of vrou of kinders verlaat het ter wille van die Koninkryk van God,

30 wat nie eksponensieel méér in hierdie tyd sal ontvang nie en die ewige lewe in die

wêreld wat kom.”

31 Hy het die twaalf gelei en vir hulle gesê: “Let op! Ons gaan op na Yerushalayim; en

alles sal vervul word wat in die profete geskrywe is oor die Seun van die mens,

32 want Hy sal oorgelewer word aan die nie-Jode en hulle sal Hom spot en in Sy gesig

spoeg.

33 Hulle sal Hom gésel en Hom mishandel en Hom doodmaak en op die derde dag

sal Hy opstaan.’

34 Hulle het niks hiervan verstaan nie. Die betekenis was vir hulle verborge en hulle

het nie begryp wat gesê is nie.

35 Terwyl hulle Yerigo nader, sit daar ‘n sekere blinde man langs die pad en bedel.

36 Toe hy ‘n skare mense hoor verbygaan, vra hy wie dit is.

37 Hulle sê vir hom: “Yeshua, van Natzeret, gaan verby.”

38 Hy skree uit en sê: “Yeshua, Seun van Dawid, gee om vir my!”

39 Die wat voor Yeshua geloop het, bestraf hom dat hy moet stilbly, maar hy het al

harder geskree: “Seun van Dawid, gee om vir my!”

40 Yeshua het stil gaan staan en beveel dat hy na Hom gebring moes word; en toe hy

naby kom, vra Hy

41 en sê vir hom: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” Hy antwoord: “My Meester,

dat ek kan sien.”

42 Yeshua sê vir hom: “Sien! Jou vertroue het jou gered.”

Luka

43 Onmiddellik het hy gesien en Hom gevolg, terwyl hy God loof; en almal wat dit

gesien het, het God geloof, geëer en aanbid.

19 1 Toe Yeshua Yerigo ingegaan het en besig was om deur te loop,

2 het ‘n sekere man met die naam van Zakkai, ‘n ryk man en hoof van die

belastinggaarders,

3 begeer om te sien wie Yeshua was, maar as gevolg van die mense kon hy nie, want

Zakkai was kort.

4 Hy het vooruit gehardloop en in ‘n wildevyeboom geklim sodat hy Yeshua kon sien,

want Hy sou daar verbygaan.

5 Toe Hy op daardie plek kom, sien Yeshua hom en sê vir hom: “Zakkai, maak gou en

klim af, want Ek moet vandag in jou huis bly.”

6 Hy het haastig afgeklim en Hom ontvang terwyl hy hom verheug

7 en almal wat dit gesien het, het gemurmureer en gesê: “Hy het by ‘n sondige man

ingegaan en gebly.”

8 Zakkai het opgestaan en vir Yesua gesê: “My Meester, let op! Die helfte van my

besittings gee ek vir die armes en aan elkeen van wie ek iets gevat het, gee ek dit

vierdubbel terug.”

126

Eks 21:37; 2 Sh’ 12:6

9 Yeshua sê vir hom: “Vandag het die lewe na hierdie huis gekom, omdat hierdie man

ook ‘n seun van Abraham is,

10 want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red Yeg 34:16 wat verlore is.”

11 Terwyl hulle na hierdie dinge luister, het Hy ook ‘n vergelykende storie bygesit,

omdat Hy Yerushalayim genader het en hulle verwag het dat die Koninkryk van

God op die punt was om openbaar te word.

12 Hy het gesê: “’n Man van hoë stand het na ‘n ver land gereis om ‘n koningskap te

ontvang en dan terug te kom

13 en hy roep tien van sy slawe, gee vir hulle tien manim en sê vir hulle: ‘Dryf handel

totdat ek kom.’

14 Die mense van sy stad het hom egter gehaat en afgevaardigdes agter hom aangestuur

om te sê: ‘Ons wil nie hê dat hierdie man koning oor ons moet wees nie.’

15 Toe hy terugkom, nadat hy die koningskap ontvang het, sê hy dat daardie slawe

aan wie hy die geld gegee het, na hom toe moes kom sodat hy kon weet watter wins

elkeen deur handel verdien het.

16 Die eerste het nader gekom en gesê: ‘My meester, u maneh het tien manim wins

gemaak.’

17 Hy sê vir hom: ‘Uitstekend, goeie slaaf. Omdat jy in die kleinste ding betroubaar

was, ontvang jy outoriteit oor tien stede.’

18 Die tweede kom en sê: ‘My meester, u maneh het vyf manim bygevoeg.’

19 Hy sê ook vir hierdie een: ‘Jy sal heerser wees oor vyf stede.’

20 ‘n Ander een kom en sê: ‘My meester, let op! U maneh wat ek gehad het, het ek in

fyn linne bewaar,

21 want ek was bang vir u, omdat u ‘n strawwe man is. U vat wat u nie gegee het nie;

en oes wat u nie gesaai het nie.’

Luka

22 Hy sê vir hom: ‘Uit jou mond sal ek jou oordeel, bose slaaf! Jy het geweet dat ek ‘n

strawwe man is wat vat wat ek nie gegee het nie en maai wat ek nie gesaai het nie.

23 Waarom het jy dan nie my geld in die bank gesit nie? Dan kon ek dit by my koms

met rente ingevorder het.’

24 Aan die wat by hom staan, sê hy: ‘Neem die maneh van hom af weg en gee dit aan

hom wat tien manim het.’

25 Hulle sê vir hom: ‘Ons meester, hy het tien manim!’

26 Ek sê vir julle: ‘Aan elkeen wat het, sal gegee word, maar van hom wat nie het nie,

sal weggeneem word, ook wat hy het.’

27 ‘Meer nog, bring daardie teëstanders van my, wat nie wou hê dat ek oor hulle moes

heers nie, hier en maak hulle voor my dood.’”

28 Toe Yeshua dit gesê het, gaan Hy uit na die wat voor Hom uitgaan na

Yerushalayim

29 en toe Hy naby Beit-Pagei en Beit-Anyah kom, langs die berg wat D’Beit-Tzaida

(Olyfberg) genoem word, het Hy twee van Sy studentevolgelinge uitgestuur

30 en Hy sê vir hulle: “Gaan na die dorp wat reg oorkant ons is en as julle inkom, let

op, julle sal ‘n vul vind wat vasgemaak is, waarop geen mens nog ooit gery het nie.

Maak hom los en bring hom.

31 As iemand julle vra: ‘Waarom maak julle hom los?’ moet julle sê dat hy nodig is

vir ons Meester.”

32 Die wat gestuur was, gaan toe en vind dit net soos Hy vir hulle gesê het.

33 Toe hulle die vul losmaak, sê die eienaars vir hulle: “Waarom maak julle die vul

los?”

34 Hulle sê vir hulle: “Hy is nodig vir ons Meester.”

35 Hulle bring hom na Yeshua toe, Z’kh 9:9 lê hulle klere op die vul en laat Yeshua daarop

sit.

36 Soos Hy ry, strooi hulle hul klere op die pad.

37 Toe Hy reeds naby die afdraend van die Olyfberg is, begin die groot groep

studentevolgelinge God luidkeels met blydskap prys oor al die wonderdade wat

hulle gesien het,

38 terwyl hulle sê: “Geseënd is die Koning wat kom in die Karakter en Outoriteit van

, vrede in die hemel en eer, lof en aanbidding Ps 118:26 in die hoogste hemel!”

39 Sommige van die Fariseërs tussen die mense sê vir Hom: “Leermeester, bestraf U

studentevolgelinge!”

40 Hy antwoord en sê vir hulle: “Ek sê vir julle, as hulle stilbly, sal die klippe hardop

uitroep.”

41 Toe Hy naby kom en die stad sien, het Hy daaroor gehuil

42 en gesê: “As jy tog maar dit wat nodig is vir jou vrede, gesondheid, voorspoed en

vergenoegdheid geken het, ook in hierdie dag van jou, maar nou is dit vir jou oë

weggesteek,

43 want daar sal dae oor jou kom dat jou vyande jou sal omsingel en jou sal indruk

van alle kante af.

44 Hulle sal jou en jou kinders in jou, vernietig en hulle sal in jou nie een klip op ‘n

ander laat bly nie, omdat jy die gekose tyd van jou besoek, nie geken het nie.”

127

Luka

45 Toe Hy in die tempel ingegaan het, het Hy begin om die verkopers en kopers uit

te jaag.

46 Hy sê vir hulle: “Daar is geskrywe: ‘My huis is ‘n huis van gebed

128

Yes 56:7 maar julle

Yir 7:11

het dit ‘n grot vir rowers gemaak’.”

47 Hy was elke dag besig om in die tempel te leer en die hoofpriesters en die leraars

van die wet het saam met die oudstes van die volk geleentheid gesoek om Hom

dood te maak

48 en hulle het geen manier gevind om dit te doen nie, want al die mense het Hom

aangehang en na Hom geluister.

20 1 Dit was in een van die dae, terwyl Hy besig was om die mense in die tempel te

leer en om hoop te verkondig, dat die hoofpriesters en die leraars van die wet saam

met die oudstes om Hom staan,

2 en hulle vir Hom sê: “Sê vir ons met watter outoriteit U hierdie dinge doen en wie

dit is wat U hierdie outoriteit gegee het?”

3 Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Ek sal julle ook een ding vra: Sê vir My:

4 Die doop van Yoganan; was dit vanuit die hemel of vanuit mense?”

5 Toe het hulle onder mekaar geredeneer en gesê: “As ons sê: ‘Vanuit die hemel,’ sal

Hy sê: ‘Waarom het julle hom dan nie vertrou nie?’

6 As ons sê: ‘Vanuit mense,’ sal al die mense ons stenig, want hulle is daarvan oortuig

dat Yoganan ‘n profeet is.”

7 Hulle antwoord Hom: “Ons weet nie van waar dit is nie.”

8 Yeshua sê vir hulle: “Dan sê Ek ook nie vir julle deur watter outoriteit Ek hierdie

dinge doen nie.”

9 Hy begin om vir die mense hierdie gelykenis te vertel: “’n Sekere man het ‘n wingerd

geplant en dit aan werkers oorhandig en vir ‘n lang tyd na ‘n ander land gegaan.

10 In die seisoen het hy ‘n slaaf na die werkers toe gestuur, dat hulle hom van die

vrug van die wingerd sou gee, maar die werkers het hom geslaan en kaalgestroop

weggestuur.

11 Hy het weer ‘n ander slaaf gestuur en hulle het hom net so geslaan en onteer en

hom weggestuur as kaal.

12 Hy het weer ‘n derde gestuur en hulle het ook hierdie een gewond en uitgegooi.

13 Die eienaar van die wingerd sê: ‘Wat sal ek doen? Ek sal my seun stuur waarvoor

ek lief is; sonder twyfel sal hulle hom sien en skaam wees.’

14 Toe die werkers hom sien, het hulle ondermekaar bespreek en gesê: ‘Dit is die

erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak sodat die erfporsie ons s’n kan wees.’

15 Hulle het hom buitekant, uit die wingerd gegooi en hom vermoor. Wat sal die

eienaar van die wingerd daarom aan hulle doen?

16 Hy sal kom en daardie werkers vernietig en die wingerd aan ander gee.” Toe hulle

dit hoor, sê hulle: “’n Verwerplike gedagte!”

17 Hy het na hulle gekyk en gesê: “Wat beteken dan hierdie woord wat geskryf is: die

Ps 118:22

steen wat die bouers verwerp het, dit het die hoof hoeksteen geword?

18 Elkeen wat oor hierdie steen val, sal gebreek word, maar elkeen op wie dit val, dié

sal hy uitmekaar laat spat.”

19 Die hoofpriesters en die leraars van die wet wou op daardie oomblik die hande op

Hom kry, want hulle het geweet dat Hy hierdie vergelykende storie op hulle gerig

het, maar hulle was bang vir die mense

20 en hulle het spioene gestuur wat voorgegee het om onskuldig te wees sodat hulle

Hom op ‘n woord kon betrap, om Hom oor te lewer aan die regter en aan die

outoriteit van die goewerneur.

21 Hulle het Hom gevra en gesê: “Leermeester, ons weet dat U reg praat en leer en die

persoon nie aanneem nie, maar die ware pad van God leer;

22 is dit volgens die wet vir ons om aan die keiser belasting te betaal of nie?”

23 Hy het egter deur hulle listigheid gesien en vir hulle gesê: “Waarom toets julle

My?

24 Wys My ‘n denarion. Wie se beeld en naam het dit op?” Hulle antwoord en sê:

“Die keiser s’n.”

25 Yeshua sê vir hulle: “Gee dan aan die keiser wat die keiser s’n is en aan God wat

God s’n is.”

26 Hulle kon Hom nie voor die mense op ‘n woord betrap nie en verwonderd oor Sy

antwoord, het hulle stilgebly.

27 Sommige van die Sadduseërs het gekom, hulle wat sê daar is geen opstanding nie

en Hom gevra

28 en vir Hom gesê: “Leermeester, Moshe het vir ons geskryf: ‘As iemand se broer

doodgaan en ‘n vrou agterlaat sonder seuns, dan moet sy broer die vrou neem en vir

sy broer ‘n seun verwek.’

Deut 25:5

Luka

29 Nou, daar was sewe broers, en die eerste het die vrou gevat en kinderloos gesterf.

30 Die tweede het sy vrou gevat en hy het ook kinderloos gesterf

31 en die derde het haar ook gevat en net so het al sewe gesterf en geen kinders

nagelaat nie.

32 Ten laaste het die vrou ook gesterf.

33 In die opstanding dan, wie van hulle se vrou sal sy wees aangesien al sewe met

haar getrou het?”

34 Yeshua sê vir hulle: “Die seuns van hierdie wêreld vat vrou en vrouens word vir

mans gegee,

35 maar die wat waardig geag word vir daardie wêreld en vir die opstanding uit die

dood, vat nie vrou nie en vrouens nie vir mans nie,

36 want hulle kan ook nie meer sterf nie, want omdat hulle kinders van die opstanding

is, is hulle soos die engele en ook kinders van God.

37 Ook Moshe het by die doringstruik verklaar dat die wat dood is opstaan toe hy

die God van Avraham, die God van Yitz’gak en die God van Ya’akov Eks 3:6 genoem het.

38 Hy is tog nie ‘n God van dooies nie, maar van lewendes, want almal van hulle is

lewend vir Hom.”

39 Sommige van die leraars van die wet antwoord en sê: “Leermeester, U het goed

geantwoord.”

40 Hulle het nie gewaag om Hom enige iets meer te vra nie.

41 Hy sê vir hulle: “Hoe is dit dat die leraars van die wet sê dat Die Gesalfde Een die

seun van Dawid is?

129

Luka

42 Dawid self sê in die boek van die Psalms: ‘het vir my Meester gesê: Sit aan

My regterhand

Ps 110:1

43 totdat Ek U vyande onder U voete gesit het.’

44 As Dawid Hom daarvolgens, my Meester noem, hoe is Hy sy seun?”

45 Terwyl al die mense luister, sê Hy vir Sy studentevolgelinge:

46 “Wees versigtig vir daardie leraars van die wet wat graag in lang klere rondloop

en hou van hartlike groete in openbare plekke en van die beste sitplekke in die

sinagoges en die beste plekke by die feeste.

47 Hulle wat die huise van die weduwees verteer, as ‘n offer om hulle gebede op te sê,

sal ‘n erger oordeel ontvang.”

21 1 Yeshua het gekyk na die rykes wat hulle offers in die skatkamer gegooi het

2 en Hy sien ook ‘n arm weduwee wat twee klein geldstukkies (shemonas) ingooi.

3 Hy sê: “Die realiteit sê Ek vir julle, is dat hierdie arm weduwee meer as almal

ingegooi het,

4 want hulle almal het uit die oorvloed wat hulle het by die offerkamer van God

ingegooi, maar sy het uit haar behoefte, alles ingegooi wat sy besit.”

5 Toe sommige oor die tempel praat, sy mooi klippe en versierings van geskenke, sê

Yeshua vir hulle:

6 “Die tyd sal kom dat al hierdie dinge wat julle na kyk afgebreek sal word en daar nie

een klip op ‘n ander gelaat sal word nie.”

7 Hulle vra Hom en sê: “Leermeester, wanneer sal hierdie dinge gebeur en watter

teken sal daar wees voor dit gaan gebeur?”

8 Hy sê vir hulle: “Pas op dat julle nie mislei word nie, want baie sal in My Outoriteit

kom en sê: ‘Ek Is , Die Gesalfde Een’ en: ‘Die tyd is naby!’ Moenie agter hulle

aan gaan nie.

9 Wanneer julle hoor van oorloë en onstabiliteit, moenie bang wees nie, want dié

dinge moet eers gebeur, maar die einde het nog nie gekom nie.

10 Nasie sal opstaan teen nasie en koninkryk teen koninkryk;

11 en groot aardbewings sal op verskillende plekke wees, hongersnode, epidemies,

paniek en angs en daar sal ook groot tekens aan die hemel kom en daar sal groot

storms wees,

12 maar voor al hierdie dinge sal hulle die hande aan julle slaan en julle vervolg en

oorlewer aan vergaderings en tronke en julle voor konings en goewerneurs bring ter

wille van My Karakter en Outoriteit.

13 Dit sal met julle gebeur as ‘n getuienis.

14 Maak dit vas in julle verstand, wil en emosie dat julle nie vooraf geleer sal word

oor ‘n antwoord nie,

15 want Ek sal aan julle ‘n mond van wysheid gee waarteen al julle teëstanders nie

sal kan staan nie.

16 Julle sal egter ook oorgelewer word deur julle ouers, broers, familie en julle vriende

en hulle sal sommige van julle doodmaak.

17 Julle sal deur almal gehaat word ter wille van My Karakter en Outoriteit

18 en geen haar van julle kop sal aangeraak word nie.

130

Luka

19 Deur julle volharding sal julle julle lewe in besit neem

20 en wanneer julle sien dat Yerushalayim omsingel is deur troepe, dan moet julle

weet dat sy vernietiging naby is.

21 Dan moet die wat in Yhudah is, na die berge vlug en die wat binne is ontsnap en

die wat in die dorpies is, moenie daar ingaan nie,

22 want dit sal die dae van wraak wees sodat alles wat geskrywe is, vervul kan word.

23 Wee die vroue wat swanger is en die wat nog borsvoed in daardie dae, want daar

sal ‘n groot lyding in die land wees en wraak oor hierdie volk.

24 Hulle sal deur die punt van die swaard val en as gevangenes weggeneem word na

al die streke en Yerushalayim sal vertrap word deur die nasies totdat die vasgestelde

Deut 3:35

tyd van die ander nasies voltooid is.

25 Daar sal tekens wees aan die son, aan die maan en aan die sterre en op die aarde die

lyding van nasies en die saamgryp van hande oor die harde dreuning van die see;

26 en ‘n aardbewing wat mense se gees van angs sal uitdryf oor wat oor die aarde gaan

Hag 2:6,21

kom; en die leërmagte van die hemel sal geskud word.

27 Dan sal hulle Hom sien; die Seun van die mens wat kom in wolke, met baie kragtige

Dan 7:13-14

dade en die Gemanifesteerde Teenwoordigheid.

28 Wanneer hierdie dinge begin gebeur, wees bemoedig en lig julle koppe op, omdat

julle verlossing naby is.”

29 Hy vertel vir hulle ‘n vergelykende storie: “Let op na die vyeboom en al die bome,

30 dat, wanneer hulle bot, verstaan julle dadelik van hulle, dat die somer naby is.

31 Net so moet julle ook weet dat die Koninkryk van God naby is wanneer julle

hierdie dinge sien gebeur.

32 Dit is waar, Ek sê vir julle, hierdie famiie sal nie verbygaan voordat al hierdie dinge

gebeur het nie.

33 Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar My boodskap sal nooit verbygaan nie,

34 maar wees versigtig in julle gees, dat julle verstand, wil en emosie nooit koud word

deur brassery, dronkenskap en die bekommernisse van die wêreld en daardie dag

julle skielik oorval nie,

35 want dit sal soos ‘n valstrik kom oor almal wat oral op die aarde woon.

36 Wees daarom te alle tye waaksaam en bid sodat julle waardig geag mag word om al

hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan.”

37 Gedurende die dag het Hy lering gegee in die tempel en snags het Hy uitgegaan en

oornag op die berg wat die Olyfberg genoem word.

38 Al die mense het vroeg in die oggend na die tempel gekom om na Sy Boodskap te

luister.

22 1 Die Fees van Ongesuurde Brode, wat Pesag genoem word, was naby

2 en die hoofpriesters en die leraars van die wet het ‘n manier gesoek om Hom dood

te maak, want hulle was bang vir die mense.

3 Die Satan het in Y’hudah, wat K’riot genoem word en een van die twaalf was,

ingegaan

4 en hy het gegaan en met die hoofpriesters, die leraars van die wet en kapteins van

die tempelwag gepraat om Hom aan hulle oor te lewer.

131

Luka

5 Hulle was verheug en het met hom ooreengekom om vir hom geld te gee

6 en hy het ‘n ooreenkoms met hulle aangegaan en na ‘n geleentheid gesoek, sonder

‘n skare, om Hom oor te lewer.

7 Die dag van die ongesuurde brode het gekom waarop dit gewoonte was om die

Pesaglam te slag

132

Eks 12:3-14

8 en Yeshua stuur vir Kefa en Yoganan en sê: “Gaan berei die Pesagete vir ons voor,

dat ons dit kan eet.”

9 Hulle sê vir Hom: “Waar wil U hê moet ons dit voorberei?”

10 Hy antwoord hulle: “Let op! Wanneer julle die stad ingaan, sal ‘n man julle ontmoet

wat ‘n erdekruik water dra, volg hom

11 en waar hy ookal ingaan, sê vir die eienaar van die huis: ‘Ons Leermeester vra: Is

daar ‘n kamer waar Ek die pesagete saam met My studentevolgelinge kan eet?’

12 Let op, hy sal julle ‘n groot bokamer wys wat gemeubeleerd is. Daar moet julle dit

voorberei.”

13 Hulle het gegaan en dit gevind net soos Hy vir hulle gesê het en die Pesagete

voorberei.

14 Toe dit tyd was, het Yeshua gekom en aan tafel gaan skuinslê en die twaalf

afgevaardigdes saam met Hom

15 en Hy sê vir hulle: “Ek het met ‘n groot begeerte begeer om hierdie Pesagete, voor

My lyding, saam met julle te eet,

16 want Ek sê vir julle: Ek sal nie weer daarvan eet voordat dit in die Koninkryk van

God volledige betekenis kry nie.”

17 Hy vat ‘n beker, dank en sê: “Vat dit en verdeel dit onder julle,

18 want Ek sê vir julle: Ek sal nie weer drink van die vrug van die wingerd totdat die

Koninkryk van God gekom het nie.”

19 Hy neem brood en nadat Hy die dankgebed daaroor gebid het, breek Hy dit, gee dit

aan hulle en sê: “Dít is My liggaam, wat in die plek van julle persone gegee word;

hierdie moet julle doen tot My gedagtenis.”

20 Net so ook vir die beker ná die ete sê Hy: “Hierdie beker is Yir 31:30-34 die nuwe

verbond in my bloed, Eks 24:3-8 wat om julle onthalwe gestort sal word.

21 Nogtans, let op, die hand van hom wat My uitlewer, is aan tafel.

22 Die Seun van die mens gaan wel, soos wat bepaal is, tog, wee daardie man deur

wie Hy oorgelewer word!”

23 Toe begin hulle onder mekaar vra; wie van hulle kon tog beplan om dit te doen,

24 maar daar het ook ‘n bakleiery onder hulle ontstaan oor wie van hulle groot was.

25 Yeshua sê vir hulle: “Die konings van die nasies is baas oor hulle en die wat hulle

beheer, word weldoeners genoem,

26 maar so moet julle nie wees nie. Die grootste onder julle moet word soos die

kleinste; en wie ‘n leier is, soos een wat bedien,

27 want wie is groter: die een wat aan tafel is, of die een wat bedien? Is dit nie hy wat

aan tafel is nie? Ek self is egter onder julle soos Een wat bedien.

28 Dit is julle wat volhardend by My gebly het deur My toetsinge

29 en Ek belowe julle ‘n Koninkryk, net soos My Vader My belowe het,

30 sodat julle kan eet en drink aan My tafel in My Koninkryk en op trone sit om die

twaalf stamme van Yisra’el te oordeel.”

31 Yeshua sê vir Shim’on: “Shim’on, let op! Satan het gevra om julle soos graan te

sif,

Amos 9:9

Luka

32 maar Ek het vir jou gebid, dat jou vertroue nie sal faal nie en as jy die dag herstel

is, moet jy jou broers versterk.”

33 Shim’on sê vir Hom: “My Meester, ek is gereed om saam met U in die tronk en in

die dood in te gaan.”

34 Yeshua sê vir hom: “Ek sê vir jou, Shim’on, die haan sal vandag nie kraai voordat

jy drie maal ontken het dat jy My ken nie.”

35 Hy sê vir hulle: “Toe Ek julle uitgestuur het sonder beursie, reissak of skoene, het

julle enige tekort gehad?” Hulle antwoord: “Niks nie.”

36 Toe sê Hy vir hulle: “Van nou af, wie ‘n beursie het, laat hom dit vat en so ook ‘n

reissak en wie nie ‘n swaard het nie, moet sy baadjie verkoop en ‘n swaard koop,

37 want Ek sê vir julle dat ook dit wat geskrywe is in My vervul moet word: ‘En Hy is

saam met misdadigers gereken,’ Yes 53:12 want alles wat My aangaan, sal gebeur.”

38 Hulle sê vir Hom: “Ons Meester, let op! Hier is twee swaarde.” Hy antwoord hulle:

“Dis nou genoeg!”

39 Hy het uitgegaan en volgens gewoonte na die Olyfberg gegaan. Sy studentevolgelinge

het Hom ook gevolg.

40 Toe Hy aankom op die plek, sê Hy vir hulle: “Bid dat julle nie getoets word nie”

41 en Hy het Hom ‘n klipgooi ver van hulle af onttrek, neergekniel, gebid

42 en gesê: “Vader, as U so wil, neem hierdie beker van My af weg! Laat dit nogtans

wees volgens U wil en nie Myne nie!”

43 ‘n Engel uit die hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk

44 en in spanningsangs het Hy meer intens gebid en Sy sweet was soos bloeddruppels

en Hy het op die grond neergeval.

45 Hy het opgestaan van Sy gebed af en by Sy studentevolgelinge gekom en hulle aan

die slaap gevind van angs,

46 en Hy sê vir hulle: “Hoekom slaap julle? Staan op en bid, dat julle nie getoets word

nie.”

47 Terwyl Hy nog praat, let op, daar kom ‘n groep mense en hy wat Y’hudah genoem

word, een van die twaalf, het voor hulle uitgeloop na Yeshua toe en Hom gesoen, as

‘n teken wat hy vir hulle gegee het: “Wie ek ookal soen, dit is Hy.”

48 Yeshua sê vir hom: “Y’hudah, verraai jy die Seun van die mens met ‘n soen?”

49 Toe die wat by Hom was, sien wat gaan gebeur, sê hulle vir Hom: “Ons Meester,

moet ons hulle met swaarde slaan?”

50 Een van hulle het die slaaf van die hoofpriester geslaan en sy regteroor afgesny,

51 maar Yeshua het geantwoord en gesê: “Genoeg vir nou!” Hy het die oor van die een

wat gewond is aangeraak en hom gesondgemaak.

52 Yeshua sê vir hulle wat na Hom toe gekom het, die hoofpriesters en oudstes en

kaptein van die tempelwagte: “Het julle opgetrek teen My soos teen ‘n rower met

swaarde en knopkieries om My te vang?

133

Luka

53 Elke dag was Ek saam met julle in die tempel en julle het nie die hande aan My

geslaan nie, maar hierdie is julle en die prins van die duisternis se uur.”

54 Hulle het Hom gevang en Hom gebring in die huis van die hoofpriester, maar

Shim’on het op ‘n afstand gevolg.

55 Hulle het ‘n vuur in die middel van die binneplaas aangesteek en om dit gaan sit en

Shim’on het saam met hulle gesit.

56 ‘n Sekere slavin het hom by die vuur sien sit en nadat sy hom stip aangekyk het, sê

sy: “Hierdie man was ook saam met Hom.”

57 Hy het dit ontken en gesê: “Vrou, ek ken Hom nie.”

58 Kort daarna sien ‘n ander een hom en sê: “Jy is ook een van hulle,” maar Kefa

antwoord: “Ek is nie.”

59 Ná ongeveer ‘n uur het ‘n ander een daaroor gestry en gesê: “Sekerlik, hierdie man

was ook saam met Hom, want hy is ook van die Galil.”

60 Kefa antwoord: “Man, ek weet nie wat jy sê nie.” Onmiddellik toe hy praat, het ‘n

haan gekraai.

61 Yeshua het omgedraai en na Kefa gekyk en Shim’on het die woord van ons Meester

onthou wat Hy vir hom gesê het: “Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal

ontken.”

62 Shim’on het buitentoe gegaan en bitterlik gehuil.

63 Die manne wat Yeshua gevange gehou het, het Hom gespot, toegegooi,

64 in Sy gesig geslaan en gesê: “Profeteer wie dit is wat U geslaan het”

65 en ook baie ander bose dinge teen Hom gesê.

66 Toe die dag breek, het die oudstes van die volk, die hoofpriesters en die leraars van

die wet vergader en Hom na die plek van hulle Raad gebring

67 en vir Hom gevra: “As U Die Gesalfde Een is, sê vir ons.” Hy antwoord hulle: “As

Ek julle antwoord, sal julle My nie glo nie

68 en ook as Ek vra, sal julle My nie antwoord of loslaat nie.

69 Van nou af aan sal die Seun van die mens sit aan die regterhand van Die Krag

Ps 110:1

(HaG’vurah) van God,”

70 Hulle vra almal: “Is U daarom die Seun van God?” Yeshua sê vir hulle: “Julle sê

self Ek Is .”

71 Hulle het gesê: “Hoekom het ons nog getuies nodig, want ons het dit self uit Sy

mond gehoor.”

23 1 Hulle het almal opgestaan en Hom na Pilatos begelei.

2 Hulle het begin om opgesweep te raak om Hom sleg te maak en gesê: “Ons het

gevind dat hierdie man ons mense verlei en verbied om aan die keiser belasting te

betaal; en Hy sê van Homself dat Hy Koning, Die Gesalfde Een, is.”

3 Pilatos vra Hom en sê vir Hom: “Is U die koning van die Jode?” Hy antwoord hom

en sê: “U sê dit.”

4 Pilatos sê toe vir die hoofpriesters en vir die skare mense: “Ek vind geen motief of

oortreding in hierdie Man nie,”

5 maar hulle het geskree en gesê: “Hy maak die mense oproerig met Sy leer, die hele

Y’hudah deur, vandat Hy in die Galil begin het tot hier toe.”

134

Luka

6 Toe Pilatos hoor van die Galil, vra hy of die Man van die Galil af is

7 en nadat hy verstaan het dat Hy uit die outoriteitsgebied van Herodes was, stuur hy

Hom na Herodes, wat self ook in daardie dae in Yerushalayim was.

8 Toe Herodes Yeshua sien, was hy baie bly, want hy was al vir ‘n lang tyd begerig om

Hom te sien, omdat hy baie van Hom gehoor het. Hy het gehoop om een of ander

wonderwerk te sien wat deur Hom gedoen word

9 en hy het Hom oor baie sake uitgevra, maar Yeshua het hom niks geantwoord nie.

10 Die hoofpriesters en die leraars van die wet het gestaan en Hom heftig beskuldig.

11 Herodes en sy diensnegte het Hom gespot en nadat hy Hom beledig het, gooi hulle

‘n pers kleed om Hom en stuur Hom terug na Pilatos.

12 Pilatos en Herodes het op daardie dag vriende geword, want hulle was vantevore

in vyandskap teenoor mekaar.

13 Pilatos roep die hoofpriesters, die leiers en die mense bymekaar

14 en sê vir hulle: “Julle het hierdie Man na my toe gebring as Een wat die mense laat

wegdraai en let op, ek het in julle teenwoordigheid ondersoek ingestel en in hierdie

Man geen motief of skuld gevind van die dinge waarvan julle Hom beskuldig nie

15 en ook nie Herodes nie, want ek het Hom na hom toe gestuur en daar is niks deur

Hom gedoen wat die dood verdien nie.

16 Ek sal Hom daarvolgens dissiplineer en Hom loslaat.”

17 Dit was gewoonte om een man vir hulle op die fees vry te laat,

18 maar die hele skare skree saam en sê: “Vat Hom weg en laat Bar-Abba vir ons vry!”

19 Hy is in die tronk gegooi oor ‘n sekere opstand wat in die stad gebeur het en vir

‘n moord.

20 Daarna praat Pilatos weer met hulle, omdat hy Yeshua wou vrylaat,

21 maar hulle het aangehou skree en gesê: “Kruisig Hom, kruisig Hom!”

22 Vir die derde keer sê hy vir hulle: “Watter boosheid het Hy dan gedoen? Ek het

niks in Hom gevind wat die dood verdien nie. Ek sal Hom daarvolgens dissiplineer

en vrylaat.”

23 Hulle het aangehou met ‘n harde geskree en gevra dat Hy gekruisig moes word; en

hulle geskree en dié van die hoofpriesters het die oorhand gekry.

24 Toe gee Pilatos uitspraak dat hulle eis toegestaan moet word.

25 Hy het dié een vir hulle vrygelaat wat oor opstand en moord in die tronk gegooi is,

die een wat hulle gevra het, maar Yeshua het hy aan hulle wil oorgelewer.

26 Terwyl hulle Hom weglei, gryp hulle ‘n sekere Shim’on van Kirene, wat van ‘n

dorpie af gekom het en sit die kruis op hom om dit agter Yeshua aan te dra.

27 ‘n Groot hoeveelheid mense het Hom gevolg, asook vroue wat treur en oor Hom

gehuil het.

28 Yeshua het Hom omgedraai na hulle toe en vir hulle gesê: “Dogters van

Yerushalayim, moenie oor My huil nie, maar huil oor julleself en oor julle kinders.

29 Let op, daar kom dae waarin hulle sal sê: ‘Gelukkig is dié wat nie kinders kan hê

nie, die baarmoeder wat nie geboorte gegee het nie en die borste wat nie gevoed

het nie.’

30 Dan sal hulle begin om vir die berge te sê: ‘Val op ons!’ en vir die heuwels: ‘Bedek

Hos 10:8

ons!’

135

Luka

31

136

Yeg 21:1-12 As hulle hierdie dinge doen aan die groen hout, wat sal met die droë hout

gebeur?”

32 Daar is ook twee ander, wat boosdoeners was, saam met Hom weggelei om

doodgemaak te word.

33 Toe hulle op ‘n sekere plek kom wat ‘Kopbeen’ genoem word, het hulle Hom daar

gekruisig; en die boosdoeners, een aan die regter en een aan die linkerkant.

34 Yeshua het gesê: “Vader, vergeef hulle, want hulle verstaan nie wat hulle doen nie.”

Ps 22:19

Hulle het Sy klere verdeel en die lot daaroor gegooi.

Ps 22:8

35 Die mense het gestaan en kyk en saam met die leiers het hulle ook gespot

en gesê: “Ander het Hy gered; laat Hy Homself red as Hy Die Gesalfde Een, die

gekose een van God, is.”

Ps 69:22

36 Ook die soldate het Hom gespot en gekom en vir Hom suurwyn aangebied

37 en gesê: “As U die Koning van die Jode is, red Uself.”

38 Daar was ook ‘n opskrif bokant Hom geskrywe in Griekse, Romeinse en Hebreeuse

letters: ‘HY IS DIE KONING VAN DIE JODE.’

39 Een van die boosdoeners wat saam met Hom gekruisig is, het kwaadgepraat teen

Hom en gesê: “As U Die Gesalfde Een is, verlos Uself en ons,”

40 maar die ander een bestraf hom en sê: “Vrees en respekteer jy God ook nie, terwyl

jy onder dieselfde veroordeling is.

41 Ons tog regverdiglik, want ons ontvang wat ons verdien vir ons dade, maar Hy het

niks verkeerds gedoen nie?”

42 Hy sê vir Yeshua: “Onthou my, my Meester, wanneer U in U Koninkryk kom.”

43 Yeshua sê vir hom: “Dit is waar, Ek sê vir jou, dat jy vandag saam met My in die

Paradys (Gan’Eden) Gen 2:8 sal wees.’

44 Dit was ongeveer die sesde uur (twaalfuur) en daar het duisternis oor die hele aarde

Amos 8:9

gekom, tot die negende uur (drieuur) toe.

45 Die son het donker geword en die gordynskeiding van die tempel het middeldeur

geskeur

46 en Yeshua het met ‘n harde stem uitgeroep en gesê: “My Vader, in U hande lê Ek

My gees neer!” Ps 31:6 Toe Hy dit gesê het, is Hy dood.

47 Toe die kaptein oor ‘n honderd sien wat daar gebeur, het hy God geprys en gesê:

“Waarlik, hierdie man was Die Onskuldige Een.”

48 Al die mense wat bymekaargekom het vir die gebeurtenis, het op hulle borste

geslaan toe hulle sien wat gebeur het en weggegaan.

49 Almal wat Yeshua geken het, het op ‘n afstand gestaan, asook die vroue wat Hom

van die Galil af gevolg het, het hierdie dinge ervaar.

50 ‘n Sekere man met die naam van Yosef, ‘n lid van die Joodse Raad, van Ramatayim,

‘n stad van Y’hudah, ‘n goeie en regverdige man,

51 wat nie met hulle besluit en uitvoering saamgestem het nie, wat ook self die

Koninkryk van God verwag het,

52 het na Pilatos gegaan en die liggaam van Yeshua gevra,

53 dit afgehaal, in linne toegedraai en dit in ‘n graf gesit wat uit rots gekap was,

waarin niemand nog ooit gelê het nie.

54 Dit was die dag van voorbereiding en die Shabbat was op die punt om te begin.

Luka

55 Die vroue wat saam met Hom van die Galil af gekom het, het ook saamgegaan en

die graf gesien en hoe Sy liggaam neergesit is.

56 Toe het hulle teruggegaan en speserye en salf voorberei en op die Shabbat gerus

Eks 20:8-11; Deut 5:11-15

volgens die opdrag.

24 1 Vroeg in die oggend, op die eerste dag van die week, terwyl dit nog donker

was, het hulle en ander vrouens saam met hulle, die speserye gebring wat deur hulle

voorberei is en by die graf gekom

2 en gevind dat die steen voor die graf weggerol is.

3 Hulle het ingegaan en nie die liggaam van Yeshua gekry nie

4 en terwyl hulle gewonder het hieroor, let op, staan daar twee manne oor hulle in

glansblink klere.

5 Hulle het baie bang geword en met hulle gesigte na die aarde gebuig. Die manne sê

vir hulle: “Waarom soek julle Die Lewe tussen die dooies?

6 Hy is nie hier nie; Hy het opgestaan. Onthou wat Hy vir julle vertel het toe Hy nog

in die Galil was:

7 Hy het gesê: ‘Die Seun van die mens moet oorgelewer word in die hande van sondige

mense, gekruisig word en op die derde dag sal Hy opstaan’.”

8 Die vrouens het Sy woorde onthou.

9 Hulle gaan terug van die graf af en vertel dit alles aan die elf en aan al die ander.

10 Dit was Miryam van Migdala, Yoganah en Miryam, die moeder van Ya’akov, en

die ander vroue saam met hulle wat dit aan die afgevaardigdes vertel het.

11 Hulle woorde was vir hulle soos ydel praatjies en hulle het hulle nie geglo nie,

12 maar Shim’on het opgestaan en na die graf toe gehardloop en toe hy kyk, sien

hy die doeke alleen lê en hy het weggegaan, wonderend in sy gees oor wat gebeur

het.

13 Let op! Twee van hulle was daardie dag op pad na ‘n dorp wat sewe en ‘n half myl

(12 Km) van Yerushalayim af is, met die naam van Amma’us.

14 Hulle het met mekaar gepraat oor al hierdie dinge wat gebeur het

15 en terwyl hulle praat en dit bespreek, ontmoet Yeshua hulle en loop saam met

hulle,

16 maar hulle oë is toegemaak sodat hulle Hom nie kon herken nie.

17 Hy sê vir hulle: “Wat is hierdie sake waaroor julle loop en praat met mekaar en

waaroor julle so treurig is?”

18 Een van hulle met die naam van Kléopas antwoord en sê vir Hom: “U is inderdaad

alleen ‘n vreemdeling in Yerushalayim dat U nie van die dinge weet wat in hierdie

dae daar gebeur het nie.”

19 Hy sê vir hulle: “Watter dinge?” Hulle antwoord Hom: “Aangaande Yeshua, van

Natzeret, wat ‘n profeet was, kragtig in daad en boodskap voor God en voor die

hele nasie.

20 Hoe die hoofpriesters en leiers Hom oorgelewer en veroordeel het tot die dood en

Hom gekruisig het.

21 Ons het gehoop dat dit Hy was wat Yisra’el sou bevry en let op, dit is vandag, die

derde dag vandat dit plaasgevind het

137

Luka

22 en sommige vroue uit ons geledere het ons ook verstom nadat hulle vroeër by die

graf was

23 en toe hulle Sy liggaam nie kry nie, het hulle gekom en gesê dat hulle ook engele

daar gesien het wat sê dat Hy lewe.

24 Sommige van die wat saam met ons was, het na die graf gegaan en dit net so gevind

soos die vroue gesê het, maar hulle het Hom nie gesien nie.”

25 Toe sê Yeshua vir hulle: “O! Onverstandiges, met verstand, wil en emosie wat

stadig is om alles wat die profete gesê het te vertrou!

26 Moes Die Gesalfde Een nie hierdie dinge deurgaan en in Sy gemanifesteerde

Teenwoordigheid ingaan nie?”

27 Hy het begin om vanaf Moshe en al die profete vir hulle uit al die Skrifte, die dinge

wat op Hom betrekking het, deeglik te verduidelik

28 en toe hulle naby die dorp kom waarheen hulle op pad was, het Hy aangekondig

dat Hy na ‘n plek verder gaan.

29 Hulle het Hom teruggehou en vir Hom gesê: “Bly by ons, want die dag is besig om

verby te gaan en dit word donker” en Hy het ingegaan om by hulle te bly.

30 Dit het gebeur dat toe Hy saam met hulle aan tafel skuinslê, Hy die brood vat, dank,

dit breek en dit aan hulle gee.

31 Onmiddellik is hulle oë geopen en hulle het Hom herken; en Hy het opgegaan voor

hulle weg.

32 Hulle sê vir mekaar: “Was ons verstand nie onnosel in ons toe Hy met ons op die

pad gepraat en vir ons die Skrifte oopgemaak het nie?”

33 Toe staan hulle dadelik op en gaan terug na Yerushalayim en vind die elf en die wat

saam met hulle bymekaar was,

34 wat sê: “Ons Meester het waarlik opgestaan en aan Shim’on verskyn.”

35 Hulle het ook vertel wat op die pad gebeur het en hoe Hy aan hulle bekend geword

het by die breking van die brood.

36 Terwyl hulle hierdie dinge vertel, staan Yeshua tussen hulle en Hy sê vir hulle:

“Vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid vir julle! Ek Is , moenie

bang wees nie.”

37 Hulle het geskrik, was in vrees en het gedink dat hulle ‘n gees sien.

38 Yeshua sê vir hulle: “Waarom is julle geskud en kom daar allerhande gedagtes op

by julle?

39 Kyk na my hande en my voete, dat dit Ek is. Vat aan My en wees seker, want ‘n

gees het nie vleis en bene soos julle sien dat Ek het nie.”

40 Toe Hy hierdie dinge gesê het, wys Hy vir hulle Sy hande en Sy voete

41 en steeds het hulle, van vreugde, nie geglo nie en hulle verwonder en Hy sê vir

hulle: “Het julle iets hier om te eet?”

42 Toe gee hulle vir Hom ‘n stuk gebraaide vis en ‘n heuningkoek

43 en Hy het dit gevat en voor hulle geëet.

44 Hy sê vir hulle: “Hierdie is die boodskap wat Ek met julle gedeel het toe Ek nog

by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moshe, die profete en

die psalms, volledig gemaak moet word.”

45 Toe maak Hy hulle verstand oop om die Skrifte te verstaan

138

Luka

46 en Hy sê vir hulle: “So is dit geskrywe en so was dit reg om te gebeur, dat Die

Gesalfde Een moes ly en op die derde dag uit die dood uit opstaan;

47 en in Sy Karakter en Outoriteit moet die erken, berou en wegdraai tot vergifnis van

sonde verkondig word in al die nasies, beginnende by Yerushalayim

48 en julle is getuies van hierdie dinge.

49 Ek sal die belofte van my Vader oor julle stuur, maar julle moet in die stad

Yerushalayim bly totdat julle aangetrek is met wonderwerkende krag van bo.”

50 Hy het hulle gevat tot by Beit-Anyah en Hy het Sy hande opgelig en hulle geseën

51 en terwyl Hy hulle seën, is Hy van hulle afgeskei en het Hy die hemel in

opgegaan.

52 Hulle het neergeval in aanbidding van Hom en na Yerushalayim teruggegaan te

midde van groot vreugde.

53 Hulle was te alle tye in die tempel terwyl hulle God geloof en goed gepraat het van

Hom. Dit is waar.

139

Yoganan

140

Die vierde boek van die Nuwe Verbond

Die Goeie boodskap oor Yeshua, Die Gesalfde Een,

geskryf deur Yoganan, een van die twaalf afgevaardigdes

van Yeshua.

Yoganan

{ gee onverdiende guns }

( Johannes )

Dit is in Aramees, Yoganan se huistaal, teen die einde van

die eerste eeu geskryf.

In Afrikaans vertaal vanuit die oorspronklike Aramese ‘Peshitta’ -

die taal wat Yeshua gepraat het.

Yoganan

1 1 In die oorsprong het die Boodskap reeds bestaan en daardie Boodskap het saam

met God bestaan en God self was daardie Boodskap.

2 Hierdie Een het in die oorsprong saam met God bestaan.

3 Alles was in Sy hand en sonder Hom het niks bestaan van wat ontstaan het nie.

4 In Hom was die Lewe en die Lewe was die Lig vir die mense

5 en daardie Lig skyn in die duisternis en die duisternis het dit nie oorweldig nie.

6 Daar was ‘n man wat van God gestuur is, met die naam Yoganan.

7 Hy het as ‘n getuienis gekom om van die Lig te getuig sodat almal deur hom sou

vertrou.

8 Hy was nie die Lig nie, maar hy moes van die Lig getuig,

9 die Lig van waarheid, wat elke mens wat in die wêreld inkom, verlig.

10 Hy was ín die wêreld en die wêreld bestaan deur Sy hand en die wêreld het Hom

nie geken nie.

11 Hy het na wat Syne is, gekom en Sy eie het Hom nie ontvang nie,

12 maar aan dié wat Hom ontvang het, aan hulle het Hy die outoriteit gegee om

kinders van God te word, aan hulle wat in Sy Outoriteit en Karakter vertrou,

13 die wat nie vanuit die bloed, of vanuit die begeerte van die vlees, of vanuit die

begeerte van ‘n man nie, maar vanuit God, gebore is.

14 Die Boodskap het Vlees geword en het onder ons gebly en ons het Sy Gemanifesteerde

Teenwoordigheid gesien, ‘n Gemanifesteerde Teenwoordigheid soos van die

Enigste Uniekgeborene wat vanaf die Vader kom; Wie vol van onverdiende guns

en waarheid is.

15 Yoganan het van Hom getuig en uitgeroep en gesê: “Dit is Hy van Wie ek gesê het

dat Hy ná my kom en tog voor my was, want Hy is belangriker as ek.”

16 Vanuit Sy volheid, het ons almal onverdiende guns op onverdiende guns ontvang,

17 want die wet is via Moshe gegee; die onverdiende guns en die waarheid het via

Yeshua, Die Gesalfde Een, bestaan.

18 Niemand het God nog ooit gesien nie. Die enigste Uniekgebore God wat aan die

bors van die Vader is, dié het Hom bekend gemaak.

19 Dit is die getuienis van Yoganan: Toe die Jode, priesters en Leviete uit Yerushalayim

gestuur het om hom te vra: “Wie is u?”

20 Hy het erken het en nie ontken het nie, maar erken: “Ek is nie Die Gesalfde Een nie.”

21 Hulle vra hom weer: “Wie dan? Is u Eliyahu?” Hy sê: “Ek is nie.” “Is u die profeet?”

Hy antwoord: “Nee.”

22 Hulle vra vir hom: “Wie is u dan sodat ons ‘n verklaring kan gee aan dié wat ons

gestuur het. Wat sê u van uself?”

23 Hy sê: “Ek is die stem van een wat roep in die wildernis: ‘Berei die pad van

voor,’ Yes 40:3 soos Yesha’yahu, die profeet, gesê het!”

24 Die wat gestuur is, was uit die Fariseërs

25 en hulle vra hom en sê vir hom: “Hoekom doop u dan as u nie Die Gesalfde Een of

Eliyahu of die profeet is nie?”

26 Yoganan antwoord hulle en sê: “Ek doop in water, maar Hy staan tussen julle vir

Wie julle nie ken nie,

141

Yoganan

27 dit is Hy wat ná my kom en Hyself was voor my, Wie se sandaalband ek nie

waardig is om los te maak nie.”

28 Dit het gebeur by Beit-Anyah, aan die oorkant van die Yarden, waar Yoganan besig

was om te doop.

29 Die volgende dag sien Yoganan Yeshua na hom toe kom en hy sê: “Let op! Hy is

die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegvat!

30 Dit is Hy van Wie ek gesê het: ‘Die man wat ná my kom, Hy was voor my, want

Hy is belangriker as ek.’

31 Ek het Hom nie geken nie, maar ek het gekom en in water gedoop sodat Hy aan

Yisra’el gemanifesteer sou word.”

32 Yoganan het getuig en gesê: “Ek het die Gees soos ‘n duif uit die hemel sien afkom

en op Hom bly.

33 Ek het Hom nie geken nie, maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, het

vir my gesê: ‘Hy op Wie jy die Gees sien afkom en bly, dit is Hy wat in die Gees

van Afsondering doop’

34 en ek hét gesien en getuig dat hiérdie die Seun van God is.”

35 Op ‘n ander dag het Yoganan weer daar gestaan met twee van sy studentevolgelinge

36 en hy sien Yeshua loop en sê: “Let op, die Lam van God!”

37 Die twee studentevolgelinge het hom dit hoor sê en Yeshua gevolg.

38 Yeshua het omgedraai en hulle gesien wat Hom volg en vir hulle gevra: “Wat soek

julle?” Hulle antwoord Hom: “Leermeester, waar is U tuis?”

39 Hy sê vir hulle: “Kom kyk.” Hulle het gegaan en gesien waar Hy bly en dié dag by

Hom gebly. Dit was omtrent die tiende uur (vieruur).

40 Andreas, die broer van Shim’on, was self een van hulle wat dit by Yoganan gehoor

en Hom gevolg het.

41 Hy het eerste vir Shim’on, sy broer, gesien en vir hom gesê: “Ons het Die Gesalfde

Een gevind.”

42 Hy het hom na Yeshua toe gebring en Yeshua het na hom gekyk en gesê: “Jy is

Shim’on, die seun van Yoganan; jy sal Kefa genoem word.”

43 Die volgende dag wou Yeshua na die Galil gaan en Hy ontmoet vir Filippos en sê

vir hom: “Volg My.”

44 Filippos was van Beit-Tzaidah, die stad van Andreas en Kefa.

45 Filippos het vir Natan’el gekry en vir hom gesê: “Ons het Hom gevind van Wie

Moshe in die wet en van Wie ook die profete geskryf het. Hy is Yeshua, die seun

van Yosef van Natzeret.”

46 Natan’el vra vir hom: “Kan daar uit Natzeret iets goeds wees?” Filippos antwoord

hom: “Kom kyk.”

47 Yeshua sien Natan’el toe hy na Hom toe aankom en sê van hom: “Let op, waarlik

‘n seun van Yisra’el in wie daar geen misleiding is nie.”

48 Natan’el vra vir Hom: “Waarvandaan ken U my?” Yeshua antwoord en sê vir hom:

“Voordat Filippos jou geroep het, toe jy onder die vyeboom was, het Ek jou gesien.”

49 Natan’el antwoord en sê vir Hom: “Leermeester, U is die Seun van God, U is die

Koning van Yisra’el!”

142

Yoganan

50 Yeshua sê vir hom: “Vertrou jy omdat Ek vir jou gesê het: ‘Ek het jou onder die

vyeboom gesien?’ Jy sal groter dinge sien as dit.”

51 Hy sê vir hom: “Dit is ‘n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê, van nou af sal julle

die hemel oopgemaak sien en die engele van God wat opgaan en afgaan op die Seun

Gen 28:12

van die mens.”

2 1 Op die Derde Dag was daar ‘n bruilofsfees in Kanah, ‘n stad in die Galil en die

moeder van Yeshua was daar.

2 Yeshua self en Sy studentevolgelinge is ook na die bruilofsfees genooi.

3 Die wyn was te min en Yeshua se moeder sê vir Hom: “Hulle het nie wyn nie.”

4 Yeshua sê vir haar: “Wat het ons in gemeen, vrou? My tyd het nog nie gekom nie.”

5 Sy moeder sê vir die diensknegte: “Wat Hy ookal vir julle sê, dit moet julle doen.”

6 Daar was ses klip waterkanne vir die Joodse seremoniële reinigings, wat elkeen ‘n

honderd tot ‘n honderd en vyftig liters hou.

7 Yeshua sê vir hulle: “Maak die kanne vol water.” Hulle het hul tot by die rand toe

volgemaak.

8 Hy sê vir hulle: “Skep nou uit en vat dit vir die seremoniemeester.” Hulle het dit

gevat.

9 Toe die seremoniemeester die water, wat wyn geword het, proe (hy het nie geweet

waar dit vandaan kom nie, maar dié wat bedien en die water geskep het, het geweet),

roep die seremoniemeester die bruidegom

10 en sê vir hom: “Alle mense sit eers die goeie wyn voor en, wanneer hulle goed

gedrink het, dan die slegte, maar u het die goeie wyn tot nou toe gehou.”

11 Hierdie eerste een van Sy wonderwerke het Yeshua in Kanah in die Galil gedoen

en Hy het Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid gewys en Sy studentevolgelinge

het in Hom vertrou.

12 Daarna het Hy na K’far-Nagum afgegaan, saam met Sy moeder, Sy broers en Sy

studentevolgelinge en hulle was ‘n paar dae daar.

13 Pesag van die Jode was naby en Yeshua het na Yerushalayim opgegaan

14 en Hy het die verkopers van beeste, skape, duiwe en die geldwisselaars wat daar

sit, in die tempel gekry.

15 Hy het vir Homself ‘n sweep van tou gemaak en almal uit die tempel uitgedryf,

asook die skape en die beeste en die geldstukke van die wisselaars het Hy uitgegooi

en hulle tafels omgekeer

16 en vir die duiweverkopers het Hy gesê: “Vat hierdie goed hier uit; moenie die huis

van My Vader ‘n huis vir handeldryf maak nie.”

17 Sy studentevolgelinge het egter onthou dat daar geskrywe is: “Die ywer vir U huis

Ps 69:10

het My verteer.”

18 Hierop antwoord die Jode en sê vir Hom: “Watter wonderteken wys U vir ons, dat

U hierdie dinge doen?”

19 Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Breek hierdie tempel af en in drie dae sal Ek dit

oprig.”

20 Die Jode sê vir Hom: “Ses en veertig jaar lank word aan hierdie tempel gewerk en

U sal dit in drie dae oprig?”

143

Yoganan

21 Hy het dit gesê aangaande die tempel van Sy liggaam

22 en nadat Hy uit die graf uit opgestaan het, het Sy studentevolgelinge onthou dat

Hy dit vir hulle gesê het en hulle het die Skrif vertrou en die boodskap wat Yeshua

gebring het.

23 Terwyl Hy in Yerushalayim gebly het tydens die fees van Pesag, het baie in Sy

Outoriteit en Karakter vertrou, omdat hulle die wondertekens wat Hy doen, gesien

het,

24 maar Yeshua self het h‎‎úlle

nie vertrou nie, omdat Hy almal geken het

25 en omdat Hy nie nodig gehad het dat iemand oor enige iemand sou getuig nie, want

Hy self het geweet wat in die mens is.

3 1 Een van die Fariseërs, met die naam van Nakdimon, ‘n leier van die Jode, het

daar gebly.

2 Hierdie man het in die nag na Yeshua toe gekom en vir Hom gesê: “Leermeester, ons

weet dat U ‘n leermeester is wat vanaf God gekom het, want niemand kan hierdie

wondertekens doen wat U doen, as God nie by hom is nie.”

3 Yeshua antwoord en sê vir hom: “Dit is ‘n tydlose waarheid wat Ek vir jou sê: As

iemand nie van bo af gebore word nie, is dit onmoontlik vir hom om die Koninkryk

Ya’a 1:18; Tit 3:5

van God te sien.”

4 Nakdimon vra vir Hom: “Hoe is dit moontlik vir ‘n mens, as hy oud is, om gebore

te word? Is dit nie onmoontlik vir ‘n man om ‘n tweede keer in die baarmoeder van

sy moeder in te gaan en gebore te word nie?”

5 Yeshua antwoord en sê vir hom: “Dit is ‘n tydlose waarheid wat Ek vir jou sê:

As iemand nie gebore word uit water en Gees nie, is dit onmoontlik dat hy in die

Koninkryk van God kan ingaan.

6 Dit wat uit die vlees gebore is, is vlees en dit wat uit die Gees gebore is, is gees.

7 Moenie verbaas wees dat Ek vir jou gesê het dat dit nodig is vir julle om van bo af

gebore te word nie.

8 Die Gees blaas waar Hy wil en jy hoor Sy Stem, maar jy weet nie vanwaar Hy kom

en waarheen Hy gaan nie. Net so is elkeen wat uit die Gees gebore is.”

9 Nakdimon antwoord en sê vir Hom: “Hoe is dit moontlik vir hierdie dinge om te

gebeur?”

10 Yeshua antwoord en sê vir hom: “Jy is die leermeester van Yisra’el en jy weet

hierdie dinge nie?

11 Dit is ‘n tydlose waarheid wat Ek vir jou sê: Ons sê wat Ons verstaan en Ons getuig

van wat Ons gesien het en julle aanvaar nie Ons getuienis nie.

12 As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle dit nie glo nie, hoe sal julle My glo

as Ek julle van die hemelse vertel?

13 Niemand het opgegaan in die hemel in nie, behalwe Hy wat uit die hemel uit

afgekom het, naamlik die Seun van die mens: Hy wat in die hemel is

14 en net soos Moshe die slang in die wildernis opgelig het, so sal die Seun van die

Num 21:6-9

mens opgelig word

15 sodat elke mens wat in Hom vertrou, nie verlore sal wees nie, maar die ewige lewe

sal hê,

144

16 want op dié manier het God die wêreld liefgehad: Só, dat Hy Sy enigste uniekgebore

Seun opgegee het sodat elkeen wat in Hom vertrou, nie verlore sal wees nie, maar

die ewige lewe sal hê,

17 want God het nie Sy Seun in die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie,

maar sodat Hy lewe aan die wêreld kan gee deur Sy hand.

18 Wie ookal in Hom vertrou, word nie geoordeel nie, maar hy wat nie vertrou nie, is

nou alreeds veroordeel, omdat hy nie vertrou het in die Karakter en Outoriteit van

die enigste Uniekgebore Seun van God nie.

19 Dit is die veroordeling: Die Lig het in die wêreld gekom en die mense het die

duisternis eerder liefgehad as die Lig, want hulle dade was boos,

20 want elkeen wat doen wat haatlik is, haat die Lig en kom nie na die Lig nie sodat

sy dade nie veroordeel kan word nie,

21 maar hy wat die waarheid doen, kom na die Lig sodat sy dade openbaar kan word,

dat hulle deur God gedoen is.”

Yes 59:2

Yoganan

22 Na hierdie dinge het Yeshua en Sy studentevolgelinge na die streek van Y’hudah

gegaan en daar het Hy saam met hulle gewerk en gedoop,

23 maar Yoganan was ook besig om te doop in Einayim, langs Shalem, omdat daar

water was en baie mense aangehou kom het en gedoop is,

24 want Yoganan was nog nie in die tronk gegooi nie.

25 Daar het tussen ‘n studentevolgeling van Yoganan en ‘n sekere Jood ‘n strydvraag

ontstaan oor die seremoniële reiniging

26 en hulle het na Yoganan gekom en vir hom gesê: “Leermeester, Hy wat saam met

u oorkant die Yarden was, van Wie u getuig het, let op, Hy doop ook en baie gaan

na Hom toe.”

27 Yoganan antwoord en sê vir hulle: “’n Mens kan niks ontvang uit sy eie wil,

behalwe as dit vir hom uit die hemel gegee is nie.

28 Julle is my getuies dat ek gesê het: ‘Ek is nie Die Gesalfde Een nie, maar ek is een

wat voor Hom uitgestuur is.

29 Hy wat die bruid het, is die bruidegom, maar die vriend van die bruidegom, wat na

hom staan en luister, verheug hom baie oor die stem van die bruidegom; daarom, let

op, is my vreugde volledig.

30 Dit is nodig vir Hom om meer te word en vir my om minder te word.

31 Hy wat van bo kom, is hoër as almal; hy wat van die aarde is, is vanuit die grond

en praat vanuit die aarde. Hy wat uit die hemel kom, is hoër as almal.

32 Dit wat Hy gesien en gehoor het, dit getuig Hy en niemand aanvaar Sy getuienis

nie.

33 Wie Sy getuienis aanvaar, verklaar dat God waar is,

34 want Hy wat deur God gestuur is, bring die boodskappe van God, want God het nie

Sy Gees in mate gegee nie.

35 Die Vader het die Seun lief en het alles in Sy hand gegee.

36 Wie ookal in die Seun vertrou, het die ewige lewe en wie ookal die Seun ongehoorsaam

is, sal die lewe nie sien nie, maar die woede van God sal teen hom staan.”

145

Yoganan

4 1 Yeshua het geweet dat die Fariseërs gehoor het dat Hy baie studentevolgelinge

gemaak het en meer gedoop het as Yoganan,

2 alhoewel Yeshua self nie gedoop het nie, maar wel Sy studentevolgelinge.

3 Hy het weggegaan uit Y’hudah en weer na die Galil gegaan,

4 maar dit was nodig vir Hom om deur Shomron te gaan.

5 Hy kom by ‘n stad van Shomron, wat Sh’khem genoem word, langs die dorpie wat

Ya’akov aan sy seun Yosef gegee het.

146

Gen 33:19, Y’ho 24:32

6 Die fontein van Ya’akov was ook daar. Yeshua het toe, omdat Hy moeg was van die

reis, by die fontein gaan sit. Dit was omtrent die sesde uur (twaalfuur die middag).

7 ‘n Vrou van Shomron kom om water te trek. Yeshua vra vir haar: “Gee vir My water

om te drink,”

8 want Sy studentevolgelinge het na die stad gegaan om vir hulleself kos te koop.

9 Die vrou van Shomron vra vir Hom: “Hoe is dit dat U, wat ‘n Jood is, van my iets

vra om te drink, terwyl ek ‘n vrou van Shomron is?” Want die Jode assosieer nie met

die mense van Shomron nie.

10 Yeshua antwoord en sê vir haar: “As jy die geskenk van God geken het en geweet

het Wie Hy is wat vir jou sê: ‘Gee vir My iets om te drink,’ sou jy Hom gevra het vir

wat Hy het en Hy sal vir jou lewende water gee.”

11 Die vrou sê vir Hom: “My Meester, U het nie eens ‘n emmer nie en die put is diep,

van waar het U dié lewende water?

12 Is U groter as ons vader Ya’akov, wat die put aan ons gegee het en self saam met

sy seuns en vee daaruit gedrink het?”

13 Yeshua antwoord en sê vir haar: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors

word,

14 maar elkeen wat sal drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit

dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom ‘n fontein van water

word wat sal opspring tot die ewige lewe.”

15 Die vrou sê vir Hom: “My Meester, gee vir my daardie water sodat ek nie dors kry

en hier hoef te kom trek nie.”

16 Yeshua sê vir haar: “Gaan roep jou man en kom hier.”

17 Die vrou antwoord en sê: “Ek het nie ‘n man nie.” Yeshua sê vir haar: “Jy het

korrek geantwoord: ‘Ek het nie ‘n man nie,’

18 want jy het vyf mans gehad en die een wat jy nou het, is nie jou man nie. Jy het die

waarheid gepraat.”

19 Die vrou sê vir Hom: “My Meester, ek sien dat U ‘n profeet is.

20 Ons vaders het op hierdie berg aanbid en julle sê dat die plek waar ons moet aanbid,

in Yerushalayim is.”

Deut 11:29; Y’ho 8:33

21 Yeshua sê vir haar: “Vrou, vertrou My, daar kom ‘n tyd wanneer julle die Vader nie

op hierdie berg en ook nie in Yerushalayim sal aanbid nie.

22 Julle aanbid wat julle nie ken nie; Ons aanbid wat Ons ken: Hy wat Lewe is, is

vanuit die Jode,

23 maar daar kom ‘n tyd, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in Gees

en Waarheid sal aanbid, want die Vader soek dié wat Hom só aanbid.

Yoganan

24 God is Gees en dit is toepaslik dat die wat Hom aanbid, in Gees en Waarheid

aanbid.”

25 Die vrou sê vir Hom: “Ek weet dat Die Gesalfde Een kom en wanneer Hy kom, sal

Hy ons alle dinge leer.”

26 Yeshua sê vir haar: ‘Ek Is , Eks 3:14 Ek wat met jou praat!’

27 Terwyl Hy praat kom Sy studentevolgelinge en hulle was verbaas dat Hy met ‘n

vrou praat. Tog het niemand gesê: ‘Wat soek jy?’ of: ‘Waarom praat U met haar?’

nie.

28 Die vrou het haar waterkan gelos en die stad ingegaan en vir die mense gesê:

29 “Kom kyk, ‘n man wat my alles vertel wat ek gedoen het. Is Hy Die Gesalfde

Een?”

30 Hulle het uit die stad uitgegaan en na Hom toe gekom.

31 Te midde van hierdie dinge het Sy studentevolgelinge by Hom aangedring en gesê:

“Ons Meester, eet,”

32 maar Hy sê vir hulle: “Ek het kos om te eet wat julle nie van weet nie.”

33 Die studentevolgelinge vra vir mekaar: “Het iemand dalk vir Hom ete gebring?”

34 Yeshua sê vir hulle: “My persoonlike kos is om die wil te doen van Hóm wat My

gestuur het en om Sy werk te voltooi.

35 Sê julle nie: ‘Dit is nog vier maande, dan kom die oes nie?’ Let op! Ek sê vir julle,

lig julle oë op en kyk na die lande, dat hulle nou reeds wit is van die oes.

36 Wie ookal oes, ontvang beloning en vergader vrug vir die ewige lewe; en die een

wat saai en die een wat oes sal saam bly wees,

37 want hierin is ‘n woord van waarheid: ‘Die een saai; en ‘n ander oes.’

38 Ek het julle gestuur om dit waarvoor julle nie gewerk het nie te oes, maar ander het

gewerk, en julle het ingekom op hulle werk.”

39 Baie van die mense van Shomron, uit daardie stad, het in Hom vertrou as gevolg van

die boodskap van die vrou wat getuig het: “Hy het my alles vertel wat ek gedoen het.”

40 Toe die mense van Shomron by Hom kom, het hulle Hom gevra om by hulle te bly

en Hy het twee dae daar gebly.

41 Baie het op grond van Sy boodskap vertrou

42 en aan die vrou gesê: “Ons vertrou nie nou op grond van wat jy gesê het nie, want

ons het self gehoor en ons weet dat Hy waarlik Die Gesalfde Een, die Lewegewer

van die wêreld, is.”

43 Ná die twee dae het Hy van daar af weggegaan na die Galil toe,

44 want Yeshua self het getuig dat ‘n profeet nie in sy stad eer ontvang nie.

45 Toe Hy in die Galil kom, het die mense van die Galil Hom ontvang, omdat hulle al

die wonderwerke gesien het wat Hy in Yerushalayim op die fees gedoen het, want

hulle het ook na die fees gegaan.

46 Yeshua het weer in Kanah, in die Galil, gekom, waar Hy die water wyn gemaak

het en ‘n dienskneg van ‘n sekere koning, wie se seun siek was, het in K’far-Nagum

gebly.

47 Hy het gehoor dat Yeshua vanuit Y’hudah in die Galil aangekom het en na Hom

toe gegaan en Hom gesmeek om af te kom en sy seun gesond te maak, want hy het

op sterwe gelê.

147

Yoganan

48 Yeshua sê vir hom: “As julle nie tekens en wonders sien nie, sal julle nooit vertrou

nie.”

49 Die koning se dienskneg sê vir Hom: “My Meester, kom af, anders sal die kind

sterf.”

50 Yeshua antwoord hom: “Gaan, jou seun lewe!” Die man het dit wat Yeshua vir hom

gesê het vertrou, en hy het gegaan.

51 Terwyl hy op pad was huis toe, kom sy slaaf hom tegemoet en bring die goeie nuus

en sê: “U seun leef!”

52 Hy vra van hulle die tyd waarop hy genees is en hulle sê vir hom: “Gister, die

sewende uur (om eenuur die middag), het die koors hom verlaat.”

53 Die vader het geweet dat dit dieselfde tyd was waarop Yeshua vir hom gesê het:

‘Jou seun leef!’ Hyself en sy hele huis het vertrou.

54 Hierdie was die tweede wonderteken wat Yeshua gedoen het toe Hy uit Y’hudah

in die Galil gekom het.

5 1 Na hierdie dinge was daar ‘n fees van die Jode en Yeshua het opgegaan na

Deut 16:16

Yerushalayim.

2 In Yerushalayim is daar ‘n sekere doopbad met vyf afdakke, wat in Aramees, Beit-

Hesda genoem word,

3 waarby baie siekes gelê het: blindes, kreupeles en lammes, wat op die roering van

die water gewag het,

4 want ‘n engel het van tyd tot tyd in die doopbad afgekom en die water geroer. Die

een wat dan die eerste ingaan ná die roering van die water, het gesond geword; van

watter siekte ookal op hom was.

5 Daar was egter ‘n sekere man, wat agt en dertig jaar aan sy siekte gely het.

6 Yeshua het hom gesien lê en Hy het geweet dat hy al ‘n lang tyd so is. Hy vra vir

hom: “Wil jy gesond word?”

7 Die sieke antwoord Hom en sê: “O, my Meester, ek het niemand om my in die

doopbad te sit as die water geroer word nie en terwyl ek op pad is, gaan ‘n ander

een voor my in.”

8 Yeshua sê vir hom: “Staan op, tel jou bedmat op en loop.”

9 Dadelik het die man gesond geword en sy bedmat opgetel en geloop; en daardie dag

was Shabbat.

10 Die Jode sê vir hom wat genees is: “Dit is Shabbat; dit is nie toegelaat vir jou om

Yir 17:21–22; Neg 13:19

jou bedmat te dra nie.”

11 Hy antwoord en sê vir hulle: “Hy wat my gesondgemaak het, Hy het vir my gesê:

‘Tel jou bedmat op en loop’.”

12 Hulle vra hom: “Wie is die man wat vir jou gesê het: Tel jou bedmat op en loop?”

13 Hy wat gesond geword het, het nie geweet Wie Yeshua was nie, want Hy het

Homself stilweg in die groot skare wat daar was, onttrek.

14 Na ‘n tyd het Yeshua hom in die tempel gekry en vir hom gesê: “Let op, jy is gesond;

moenie aanhou sondig nie sodat daar nie iets ergers as tevore met jou gebeur nie.”

15 Die man het gegaan en aan die Jode vertel dat dit Yeshua was wat hom gesondgemaak

het

148

Yoganan

16 en hieroor het die Jode Yeshua vervolg en beplan om Hom dood te maak, omdat

Hy dit op die Shabbat gedoen het.

17 Yeshua self sê vir hulle: “My Vader is tot nou toe besig om te werk en Ek is ook

besig om te werk.”

18 Hieroor het die Jode toe nog ernstiger beplan om Hom dood te maak, omdat Hy nie

net die Shabbat verbreek het nie, maar ook omdat Hy beweer het dat God Sy Vader

is en daardeur gesê het dat Hy self ook gelyk is aan God.

19 Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Dit is ‘n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê: Die

Seun kan niks uit Sy eie wil doen nie behalwe wat Hy die Vader sien doen, want die

dinge wat die Vader doen, dit doen die Seun ook, net soos Hy,

20 want die Vader het Sy Seun lief en wys Hom alles wat Hyself doen en groter werke

as hierdie sal Hy Hom wys sodat julle verwonderd kan wees,

21 want net soos die Vader die wat dood is opwek en vir hulle lewe gee, net so gee die

Seun ook lewe vir wie Hy wil.

22 Dit is nie die Vader wat die mens oordeel nie, maar Hy het al die veroordeling aan

die Seun gegee

23 sodat almal die Seun kan eer, net soos hulle die Vader eer. Wie die Seun nie eer nie,

eer nie die Vader wat Hom gestuur het nie.

24 Dit is ‘n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê: Wie ookal My boodskap hoor en

Hom vertrou wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die veroordeling

nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.

25 Dit is ‘n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê: Daar kom ‘n tyd, en dit is nou,

wanneer die wat dood is die Stem van die Seun van God sal hoor en die wat dit

hoor, sal lewe,

26 want net soos die Vader lewe het in Homself, net so het Hy aan die Seun ook gegee

om lewe in Homself te hê.

27 Hy het aan Hom outoriteit gegee om ook te veroordeel,

28 omdat Hy die Seun van die mens is. Moenie julle hieroor verwonder nie, want daar

kom ‘n tyd wanneer almal wat in die grafte is, Sy stem sal hoor

29 en sal uitgaan; die wat goed gedoen het, in die opstanding van die lewe in; en die

wat bose dade gedoen het, in die opstanding van die veroordeling in.

30 Ek kan niks uit My eie wil doen nie. Volgens wat Ek gehoor het, oordeel Ek en My

oordeel is regverdig, omdat Ek nie M‎ý wil begeer nie, maar die wil van Hom wat

My gestuur het.

31 As Ek van Myself getuig, dan is My getuienis nie waar nie.

32 Daar is ‘n ander een wat van My getuig en Ek weet dat die getuienis wat hy

aangaande My gee, waar is.

33 Julle het na Yoganan toe gestuur en hy het van die Waarheid getuig.

34 Ek aanvaar nie die getuienis van ‘n mens nie, maar Ek sê dit sodat julle kan lewe.

35 Hy was ‘n brandende en skynende lamp en julle wou grootpraat oor die tydjie in

sy lig,

36 maar Ek het ‘n groter getuienis as dié van Yoganan, want die werke wat die Vader

My gegee het om te voltooi, die werke wat Ek doen, getuig self van My dat die

Vader My gestuur het

149

Yoganan

37 en die Vader wat My gestuur het, Hy getuig van My.

150

Yir 29:23 Julle het nog nooit van

ewigheid af Sy stem gehoor of Sy voorkoms gesien nie

38 en julle het Sy Boodskap nie as iets wat bly in julle nie, omdat julle Hom wat Hy

gestuur het, nie vertrou nie.

39 Ondersoek die Skrifte, want in h‎‎úlle

hoop julle, dat julle die ewige lewe het en

hulle getuig van My

40 en julle wil nie na My toe kom om die ewige lewe te kry nie.

41 Ek ontvang nie eer, lof en aanbidding van mense nie,

42 maar Ek ken julle, dat die liefde van God nie in julle is nie.

43 Ek het gekom in die Outoriteit en Karakter van My Vader; en julle aanvaar My nie.

As ‘n ander een in Sy eie karakter en outoriteit kom, hóm sal julle aanvaar.

44 Hoe kan julle vertrou? Julle aanvaar eer en lof van mekaar en die eer en lof wat van

die Een God kom, aanvaar julle nie.

45 Dink julle dat Ek julle by die Vader aankla? Daar is een wat julle aankla, Moshe

op wie julle hoop;

46 want ás julle Moshe vertrou het, sou julle My vertrou, want hy het van My

Gen 49:10, Num 24:17; Deut 18:15–18

geskryf.

47 As julle sy geskrifte nie vertrou nie, hoe sal julle My boodskap vertrou?”

6 1 Na hierdie dinge het Yeshua na die oorkant van die see van Kinneret, dit is, die

see van Tiberias, gegaan

2 en ‘n groot skare mense het saam met Hom gegaan, omdat hulle die wondertekens

gesien het wat Hy vir die siekes gedoen het.

3 Yeshua het opgegaan met ‘n berg en daar saam met Sy studentevolgelinge gaan sit.

4 Die Pesagfees van die Jode was naby.

5 Yeshua het Sy oë opgelig en gesien dat ‘n groot groep mense na Hom toe kom en Hy

vra vir Filippos: “Waar kan ons gaan brood koop sodat hierdie mense kan eet?”

6 Hy het dit gesê om hom te toets, want Hy het geweet wat Hyself beplan het om te

doen.

7 Filippos antwoord Hom: “Brood vir een honderd denarii sal nie genoeg wees sodat

elkeen van hulle ‘n stukkie kan kry nie.”

8 Een van Sy studentevolgelinge, Andreas, Shim’on Kefa se broer, sê vir Hom:

9 “Hier is ‘n seun wat vyf garsbrode en twee visse het, maar wat is dit vir so baie

mense?”

10 Yeshua sê vir hulle: “Laat al die mense gaan sit.” Daar was baie gras op dié plek en

hulle het gaan sit; ongeveer vyf duisend manne in getal.

11 Yeshua vat die brode en nadat Hy gedank het, deel Hy dit uit aan die wat daar sit;

so ook die visse, soveel as hulle wou hê.

12 Nadat hulle versadig was, sê Hy vir Sy studentevolgelinge: “Maak die stukke

bymekaar wat oorgebly het sodat niks verlore gaan nie.”

13 Hulle het bymekaargemaak en twaalf groot mandjies volgemaak met stukke wat

oorgebly het by dié wat die vyf garsbrode geëet het.

14 Die mense wat die wonderteken, wat Yeshua gedoen het, gesien het, het gesê: “Hy

Deut 18:15, 18

is waarlik die Profeet wat in die wêreld sou kom.”

Yoganan

15 Yeshua het geweet dat hulle gereed was om Hom te kom gryp, om Hom koning te

maak en Hy het Homself onttrek in daardie berg, Hy alleen.

16 Toe dit aand geword het, het Sy studentevolgelinge afgegaan na die see toe

17 en nadat hulle in die boot geklim het, het hulle na die oorkant van die see gevaar

na K’far-Nagum. Dit het donker geword en Yeshua het nog nie by hulle aangesluit

nie.

18 Die see het onstuimig geword teen hulle, omdat ‘n sterk wind gewaai het.

19 Nadat hulle ongeveer vyf of ses kilometer geroei het, sien hulle Yeshua op die meer

loop en toe Hy naby die boot kom, was hulle bang,

20 maar Yeshua sê vir hulle: “Ek Is , Eks 3:14 moenie bang wees nie.”

21 Hulle het Hom in die boot ontvang en dadelik het die boot by die land aangekom

waarheen hulle op pad was.

22 Die volgende dag sien die mense, wat oorkant die see gestaan het, dat daar geen

ander boot was nie, behalwe daardie een waarin Sy studentevolgelinge gegaan het

en dat Yeshua nie saam met Sy studentevolgelinge in die boot geklim het nie,

23 maar ander bote het van Tiberias af aangeland, naby die plek waar hulle die brood

geëet het waarvoor die Meester gedank het.

24 Nadat die mense dan gesien het dat nie Yeshua of Sy studentevolgelinge daar is

nie, het hulle self ook in die bote geklim en na K’far-Nagum gegaan om Yeshua te

soek

25 en toe hulle Hom oorkant die see gekry het, vra hulle vir Hom: “Leermeester,

wanneer het U hier aangekom?”

26 Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Dit is ‘n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê:

Julle soek My nie omdat julle wondertekens gesien het nie, maar omdat julle van

die brood geëet en versadig geword het.

27 Moenie werk vir die kos wat tot niet gaan nie, maar vir die kos wat aanhou tot in

die ewige lewe, wat die Seun van die mens vir julle sal gee, want dit is op Hom wat

die Vader Sy seël as God geplaas het.”

28 Hulle vra vir Hom: “Wat moet ons doen om in die diens van God te werk?”

29 Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Dít is die dienswerk van God, dat julle in Hom

vertrou wat Hy gestuur het.”

30 Hulle sê vir Hom: “Watter wonderteken doen U sodat ons kan sien en U vertrou?

Watter teken sal U doen?

31 Ons vaders het ‘manna’ in die wildernis geëet, soos geskrywe is: ‘Hy het vir hulle

Ps 78:24; Neg 9:15

brood uit die hemel gegee om te eet.’”

32 Yeshua sê vir hulle: “Dit is ‘n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê: Dit is nie Moshe

wat die brood uit die hemel uit vir julle gegee het nie, maar My Vader gee vir julle

Eks 16:4,15; Num 11:8; Ps 105:40

die Brood van Waarheid vanuit die hemel,

33 want die Brood van God, is Hy wat vanuit die hemel afgekom het en aan die wêreld

die lewe gee.”

34 Hulle antwoord Hom: “Ons Meester, gee altyd vir ons hierdie Brood.”

35 Yeshua sê vir hulle: “Ek Is , die Brood van Lewe; wie na My toe kom, sal nooit

honger wees nie en wie in My vertrou, sal nooit dors wees nie, tot in ewigheid,

36 maar Ek het vir julle gesê dat julle My gesien het en julle vertrou nie.

151

Yoganan

37 Almal wat die Vader vir My gegee het, sal na My toe kom en Ek sal hom wat na

My toe kom, nie wegwys nie,

38 want Ek het uit die hemel afgekom, nie om My wil te doen nie, maar die wil van

Hom wat My gestuur het.

39 Dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat Ek niemand, wat Hy My gegee het,

sal vernietig nie, maar Ek hom sal opwek in die laaste dag.

40 Dit is die wil van My Vader: Dat elkeen wat die Seun sien en in Hom vertrou, die

ewige lewe sal hê en Ek sal hom opwek in die laaste dag.”

41 Die Jode het oor Hom gemurmureer, omdat Hy gesê het: ‘Ek Is , die Brood wat

vanuit die hemel afgekom het’

42 en hulle het gesê: “Is Hy nie Yeshua, die seun van Yosef, Wie se vader en moeder

ons ken nie? Hoe kan Hy dan sê: ‘Ek het vanuit die hemel afgekom?’”

43 Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Moenie onder mekaar murmureer nie.

44 Niemand kan na My toe kom, as die Vader, wat My gestuur het, hom nie trek nie

en Ek sal hom laat opstaan in die laaste dag.

45 Dit is geskrywe in die profete: ‘Almal sal deur God geleer word.’

152

Yes 54:13 Daarom sal

elkeen, wat dit van die Vader gehoor en geleer het, na My toe kom.

46 Niemand het die Vader gesien nie, behalwe Hy wat van God af kom, Hy het self

die Vader gesien.

47 Dit is ‘n ewige waarheid wat Ek vir julle sê: Hy wat in My vertrou, het die ewige

lewe.

48 Ek Is , die Brood van Lewe.

49 Julle vaders het die ‘manna’ in die wildernis geëet en het doodgegaan.

50 Hierdie is die Brood wat vanuit die hemel afgekom het sodat iemand daarvan kan

eet en nie doodgaan nie.

51 Ek Is , die Lewende Brood, wat vanuit die hemel afgekom het. As iemand van

hierdie Brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. Die Brood wat Ek sal gee, is My

liggaam, wat Ek ter wille van die lewe van die wêreld, sal gee.”

52 Die Jode het onder mekaar baklei en gesê: “Hoe kan Hy Sy liggaam vir ons gee

om te eet?”

53 Yeshua sê vir hulle: “Dit is ‘n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê: As julle nie die

liggaam van die Seun van die mens eet en Sy bloed drink nie, het julle geen lewe

in julleself nie.

54 Wie ookal van My liggaam eet en My bloed drink, het die ewige lewe en Ek sal

hom laat opstaan in die laaste dag,

55 want My liggaam is ware kos, en My bloed is ware drank.

56 Wie My liggaam eet en My bloed drink, bly in My en Ek in hom.

57 Net soos die Lewende Vader My gestuur het en Ek as gevolg van die Vader lewe,

net so sal hy wat My eet, ook as gevolg van My lewe.

58 Hierdie is die Brood wat vanuit die hemel afgekom het; nie soos julle vaders wat

die ‘manna’ geëet en doodgegaan het nie; wie hierdie Brood eet, sal tot in ewigheid

lewe.”

59 Hierdie dinge het Hy in die sinagoge gesê toe Hy in K’far-Nagum lering gegee

het.

Yoganan

60 Baie van Sy studentevolgelinge wat gehoor het, het gesê: “Hierdie boodskap is

moeilik, wie kan dit verstaan?”

61 Yeshua het in Sy Gees geweet dat Sy studentevolgelinge hieroor murmureer en Hy

vra vir hulle: “Is dit vir julle ‘n struikelblok?

62 Julle sal daarom waarlik die Seun van die mens sien opvaar na die plek waar Hy

aan die begin was.

63 Die Gees is dit wat lewend maak, dit is tot geen voordeel vir die liggaam nie; die

dinge waaroor Ek met julle gepraat het, is Gees en is Lewe,

64 maar daar is sommige onder julle wat nie vertrou nie,” want Yeshua het van die

begin af geweet wie hulle was wat nie vertrou nie en wie hy was wat Hom sou

oorgee.

65 Hy sê vir hulle: “Om hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My toe kan

kom, as dit nie vir hom deur My Vader gegee is nie.”

66 As gevolg van hierdie woorde het baie van Sy studentevolgelinge teruggegaan en

nie meer saam met Hom geloop nie.

67 Yeshua vra vir die twaalf: “Wil julle ook weggaan?”

68 Shim’on Kefa antwoord en sê: “My Meester, na wie toe sal ons gaan? U het die

boodskap van die ewige lewe

69 en ons vertrou en weet dat U Die Gesalfde Een, die Seun van die Lewende God

is.”

70 Yeshua antwoord hulle: “Het Ek julle twaalf nie gekies nie? Een van julle is ‘n

Satan!”

71 Hy het dit gesê van Y’hudah, die seun van Shim’on van K’riot, want hy, wat een

van die twaalf was, sou Hom oorgee.

7 1 Na hierdie dinge het Yeshua in die Galil geloop, want Hy wou nie in Y’hudah

loop nie, omdat die mense van Y’hudah beplan het om Hom dood te maak

Lev 23:33-43; Num 29:12-39; Deut 16:13-16

2 en die fees van die Jode, Sukkot, was naby.

3 Sy broers het vir Hom gesê: “Gaan hiervandaan en gaan na Y’hudah sodat U

studentevolgelinge die wonderdade wat U doen, kan sien,

4 want niemand doen iets in die geheim en begeer dat dit bekend sal wees nie. As U

hierdie dinge doen, wys Uself aan die wêreld,”

5 want ook Sy broers het nie in Hom vertrou nie.

6 Yeshua sê vir hulle: “My tyd het nog nie gekom nie, maar julle tyd is altyd gereed.

7 Die wêreld kan julle nie haat nie, maar hy haat My, omdat Ek van hom getuig, dat

sy dade boos is.

8 Gaan julle op na die fees. Ek gaan nie nou op na hierdie fees nie, omdat my tyd nog

nie afgehandel is nie.”

9 Hy het hierdie dinge gesê en in die Galil gebly,

10 maar nadat Sy broers opgegaan het na die fees, het Hy ook opgegaan, nie openlik

nie, maar in die geheim.

11 Die mense van Y’hudah het Hom op die fees gesoek en gevra: “Waar is Hy?”

12 Daar is baie oor Hom gefluister onder die mense. Sommige het gesê: “Hy is goed,”

maar ander het gesê: “Nee, Hy mislei die mense.”

153

Yoganan

13 Tog het niemand openlik oor Hom gepraat nie, omdat hulle bang was vir dié van

Y’hudah.

14 Toe die fees halfpad was, het Yeshua opgegaan na die tempel en geleer

15 en die Jode het hulle verwonder en gevra: “Hoe ken hierdie man die boekrolle,

terwyl Hy nie geleer het nie?”

16 Yeshua antwoord en sê: “Wat Ek leer is nie van My af nie, maar van Hom wat My

gestuur het.

17 Wie ookal besluit om Sy wil te doen, verstaan My lering, of dit vanuit God is en of

Ek vir My eie plesier praat.

18 Hy wat uit die plesier van sy gedagtes praat, soek sy eie verering, maar Hy wat

die eer en lof soek van dié Een wat Hom gestuur het, Hy is getrou en daar is geen

valsheid in Hom nie.

19 Is dit nie Moshe wat vir julle die wet gegee het nie? Tog hou nie een van julle die

wet nie.

20 Waarom beplan julle om My dood te maak?” Die skare mense antwoord en sê:

“Daar is ‘n demoon in U. Wie beplan om U dood te maak?”

21 Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Ek het een daad gedoen en julle is almal

verwonderd.

22 Vir hierdie rede het Moshe julle die besnydenis gegee,

154

Lev 12:3 nie dat dit van Moshe

is nie, maar van die vaders Gen 17:1-27; 21:4 en julle besny ‘n seun op die Shabbat.

23 As ‘n seun besny word op die Shabbat omdat die wet van Moshe nie gebreek

moet word nie; hoe kla julle teen My omdat Ek ‘n volledige mens op die Shabbat

gesondgemaak het?

24 Moenie oordeel volgens vals voorwendsels nie, maar oordeel met ‘n regverdige

oordeel.”

25 Die inwoners van Yerushalayim sê: “Is dit nie Hy wat hulle beplan om dood te

maak nie

26 en let op, Hy praat openlik en hulle sê niks vir Hom nie? Is dit moontlik dat die

oudstes weet dat Hy waarlik Die Gesalfde Een is?

27 Ons weet van waar hierdie Een is, maar Die Gesalfde Een, wanneer Hy kom, sal

Mik 5:1

niemand weet van waar Hy is nie.”

28 Yeshua verhef Sy stem, terwyl Hy in die tempel leer, en sê: “Julle ken My en julle

weet ook van waar Ek is; tog het Ek nie uit Myself gekom nie, maar Hy wat My

gestuur het, is Waar, vir wie julle nie ken nie,

29 maar Ek ken Hom, omdat Ek een met Hom is en Hy My gestuur het.”

30 Hulle wou Hom gryp en niemand het die hand aan Hom geslaan nie, omdat Sy tyd

nog nie gekom het nie,

31 maar baie van die mense het in Hom vertrou en gevra: “Wanneer Die Gesalfde Een

kom, sal Hy meer wondertekens doen as wat hierdie man gedoen het?”

32 Die Fariseërs het gehoor dat die mense hierdie dinge van Hom sê en die Fariseërs

en die hoofpriesters het tempelwagte gestuur om Hom te vang.

33 Yeshua het gesê: “Ek is nog ‘n kort tydjie by julle en Ek gaan om by Hom te wees

wat My gestuur het.

34 Julle sal My soek en My nie kry nie en na waar Ek is, kan julle nie gaan nie.”

35 Daarop sê die Jode onder hulleself: “Waar berei Hy voor om heen te gaan, dat ons

nie by Hom kan wees nie? Berei Hy voor om na ‘n streek van die nie-Jode te gaan

en húlle te leer?

36 Wat beteken hierdie woord wat Hy gesê het: ‘Julle sal My soek en My nie kry nie

en na waar Ek is, kan julle nie gaan nie’?”

37 Op die laaste groot dag (Hoshana Rabbah) van die fees, het Yeshua opgestaan en

Yes 12:3

verklaar: “As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!

38 Elkeen wat in My vertrou, soos die Skrif sê: ‘Riviere van lewende water sal uit sy

binneste vloei’.”

Yes 44:3; 55:1; 58:11

39 Dit het Hy gesê van die Gees, waarvoor dié wat in Hom vertrou, voorberei word

om te ontvang, want die Gees was nog nie gegee nie, omdat Yeshua nog nie opgelig

en vereer is nie.

40 Baie van die mense wat Sy woorde gehoor het, het gesê: “Hy is waarlik die

profeet.”

41 Ander het gesê: “Hy is Die Gesalfde Een” en ander het gevra: “Kan Die Gesalfde

Een uit die Galil kom?

42 Sê die Skrif nie dat Die Gesalfde Een uit die geslag van David 2 Sh’ 7:12 en uit Beit-

Legem, Mik 5:1 die dorp van Dawid, kom nie?”

Yir 23:5-6

43 Daar was verdeeldheid oor Hom onder die skare mense

44 en sommige onder hulle wou Hom vang, maar niemand het die hand aan Hom

geslaan nie.

45 Daardie tempelwagte het by die hoofpriesters en die Fariseërs gekom en die

priesters vra vir hulle: “Waarom het julle Hom nie gebring nie?”

46 Die tempelwagte antwoord hulle: “Nog nooit het ‘n mens gepraat soos hierdie man

praat nie.”

47 Die Fariseërs vra vir hulle: “Is julle ook mislei?

48 Het iemand uit die leiers of die Fariseërs in Hom vertrou?

49 Hierdie mense daarenteen, wat die wet nie ken nie, is vervloek!”

50 Nakdimon, hy wat in die nag na Hom toe gegaan het, wat een van hulle was, sê

vir hulle:

51 “Oordeel ons wet die mens sonder om eers by hom te hoor en te weet wat hy

doen?”

52 Hulle antwoord en sê vir hom: “Is jy ook uit die Galil? Ondersoek en sien dat daar

geen profeet uit die Galil opstaan nie.”

2 Kon 14:25

Yoganan

53Toe gaan elkeen na sy huis toe,

8 1 maar Yeshua het na die Olyfberg gegaan en in die oggend weer na die tempel

gegaan.

2 Toe al die mense na Hom toe gekom het, het Hy gaan sit en hulle geleer,

3 maar die leraars van die wet en die Fariseërs het ‘n vrou wat in egbreuk betrap is na

Hom toe gebring en toe hulle haar tussen hulle laat staan het,

4 vir Hom gesê: “Leermeester, hierdie vrou is openlik in die daad van egbreuk

betrap.

Lev 20:10; Deut 22:22

5 In die wet van Moshe het hy ons beveel om sulkes te stenig.

155

Yoganan

6 Wat sê U gevolglik?” Dit het hulle gesê om Hom te toets sodat hulle iets het om

Hom op aan te kla.

7 Toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy opgestaan en vir hulle gesê: “Laat dié een

onder julle wat sonder sonde is, die eerste klip na haar gooi”

8 en terwyl Hy weer afbuk, het Hy op die grond geskryf.

9 Toe hulle dit hoor, het hulle, een vir een weggegaan, beginnende by die oudste, en

die vrou wat daar tussen hulle gestaan het is alleen gelos.

10 Toe Yeshua opstaan, vra Hy vir die vrou: “Waar is hulle? Het niemand jou

veroordeel nie?”

11 Sy antwoord: “Nie een nie, Meester ,” en Yeshua sê: “Ek veroordeel jou ook

nie. Gaan en van nou af, sondig nie meer nie.”

12 Yeshua het weer met hulle gepraat en gesê: “Ek Is , die Lig van die wêreld;Dan

2:22 wie ookal My volg, sal nie in die duisternis loop nie, maar sal die Lig van die

lewe vind”

156

Yes 9:1; Mal 4:2

13 Die Fariseërs het vir Hom gesê: “U getuig van Uself, U getuienis is nie waar nie.”

14 Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Al getuig Ek ook van Myself, My getuienis is

waar, omdat Ek weet van waar Ek gekom het en waarheen Ek gaan, maar julle weet

nie van waar Ek gekom het en waarheen Ek gaan nie.

15 Julle oordeel volgens die vlees. Ek oordeel niemand nie

16 en al oordeel Ek, My oordeel is waar, omdat Ek nie alleen is nie, maar Ek en die

Vader wat My gestuur het,

17 en dit is ook in julle wet geskrywe, Deut 17:15; 19:15 dat die getuienis van twee mense

waar is.

18 Ek Is . Ek, wat van Myself getuig en die Vader wat My gestuur het, getuig van

My.”

19 Hulle vra vir Hom: “Waar is U Vader?” Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Julle

ken nie My of My Vader nie. As julle My geken het, sou julle My Vader ook geken

het.”

20 Hierdie dinge het Yeshua in die skatkamer gesê, terwyl Hy in die tempel geleer het

en niemand het Hom gevang nie, omdat Sy tyd nog nie gekom het nie.

21 Yeshua het weer met hulle gepraat: “Ek beweeg aan, en julle sal My soek en in julle

sonde sterwe. Daar waarheen Ek gaan, kan julle nie kom nie.”

22 Die Jode het gevra: “Sal Hy Homself nou doodmaak?” want Hy het gesê: “Waarheen

Ek gaan, kan julle nie kom nie?”

23 Hy sê vir hulle: “Julle is van benede, Ek is van bo. Julle is uit hierdie wêreld, Ek is

nie uit hierdie wêreld nie.

24 Ek het vir julle gesê dat julle in julle sondes sal sterwe, want as julle nie vertrou Ek

Is Eks 3:14 nie, sal julle in jul sondes sterf.”

25 Die Jode vra: “Wie is U?” Yeshua antwoord hulle: “Wie Ek vir julle van die begin

af gesê het.

26 Ek het baie dinge om van julle te sê en te oordeel, maar Hy wat My gestuur het, is

Waar en dít wat Ek van Hom gehoor het, dít sê Ek in die wêreld.”

27 Hulle het nie verstaan dat Hy met hulle van die Vader gepraat het nie.

Yoganan

28 Yeshua het weer met hulle gepraat: “Wanneer julle die Seun van die mens opgelig

het, dan sal julle weet: Ek Is Eks 3:14 en dat Ek niks doen vir My eie plesier nie,

maar net dit wat My Vader My geleer het, dit sê Ek.

29 Hy wat My gestuur het, is saam met My. Die Vader het My nie alleen gelos nie,

omdat Ek altyd doen wat Hom tevrede stel.”

30 Terwyl Hy hierdie dinge sê, het baie in Hom vertrou.

31 Yeshua sê vir die Jode wat in Hom vertrou het: “As julle voortdurend in My

boodskap bly, dan is julle ware studentevolgelinge van My

32 en julle sal die waarheid ken en daardie waarheid sal julle vrymaak.”

33 Hulle antwoord Hom: “Ons is die nageslag van Avraham en van die ou tyd af het

ons niemand as slawe gedien nie; hoe kan U sê: Julle sal vry wees?”

34 Yeshua antwoord hulle: “Dit is ‘n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê: Elkeen wat

sonde doen, is ‘n slaaf van die sonde

35 en die slaaf bly nie vir altyd in die huis nie, maar die seun bly vir altyd.

36 As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.

37 Ek weet dat julle die nageslag van Avraham is, maar julle beplan om My dood te

maak, omdat julle My boodskap nie begryp nie.

38 Ek praat van wat Ek by Mý Vader gesien het; julle doen wat julle by júlle vader

gesien het.”

39 Hulle antwoord en sê vir Hom: “Ons vader is Avraham.” Yeshua sê vir hulle: “As

julle die kinders van Avraham was, sou julle doen wat Avraham gedoen het,

40 maar nou, let op, julle beplan om My dood te maak. Dit is Ek wat aan julle die

waarheid vertel, wat Ek van God gehoor het. Dit het Abraham nie gedoen nie,

41 maar julle doen die dade van julle vader.” Hierop sê hulle vir Hom: “Ons is nie uit

seksuele immoraliteit gebore nie; ons het een Vader, naamlik God.”

42 Yeshua sê vir hulle: “As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het van

God af uitgegaan, want Ek het ook nie uit My eie plesier gekom nie, maar Hy het

My gestuur.

43 Waarom verstaan julle nie wat Ek sê nie? Omdat julle nie My boodskap kan hoor

nie.

44 Julle is van julle vader, die duiwel, en julle begeer om julle vader se wil te doen.

Hy was ‘n moordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar

in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy lieg, praat hy uit wat syne is, want hy is

vanuit valsheid en die vader daarvan,

45 maar julle vertrou nie in My nie, Ek, wat die waarheid praat.

46 Wie van julle oortuig My van sonde? As Ek die waarheid praat, waarom vertrou

julle My nie?

47 Wie ookal van God is, luister na die woorde van God; daarom luister julle nie,

omdat julle nie van God is nie.”

48 Die Jode antwoord en sê vir Hom: “Is ons nie reg as ons sê dat U van Shomron is

en dat U ‘n demoon het nie?”

49 Yeshua antwoord: “Ek het nie ‘n demoon nie, maar Ek eer My Vader, en julle

onteer My.

50 Ek soek nie eer, lof en aanbidding vir My nie, daar is Een wat soek en oordeel.

157

Yoganan

51 Dit is ‘n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê, wie ookal My boodskap uitvoer, sal

die dood tot in ewigheid nooit sien nie.”

52 Die Jode sê vir Hom: “Nou weet ons dat U ‘n demoon het. Avraham en die profete

is dood, en U sê: Wie ookal my boodskap uitvoer, sal die dood tot in ewigheid nooit

sien nie.

53 Is U groter as ons vader Avraham, wat dood is en as die profete wat dood is? Wat

dink U van Uself?”

54 Yeshua sê vir hulle: “As Ek eer en lof aan Myself bring, is My eer en lof niks nie;

dit is My Vader wat My vereer en loof, van Wie julle sê dat Hy julle God is;

55 en julle ken Hom nie, maar Ek ken Hom en as Ek sê dat Ek Hom nie ken nie, sal Ek

soos julle ‘n leuenaar wees, maar Ek ken Hom en voer Sy boodskap uit.

56 Avraham, julle vader, het begeer om My dag te sien; en hy het dit gesien en hom

verheug.”

57 Die Jode sê vir Hom: “U is nog nie vyftig jaar oud nie en het U Avraham

gesien?”

58 Yeshua sê vir hulle: “Dit is ‘n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê: Ek Is

voordat Avraham bestaan het.”

158

Eks 3:14

59 Hulle het klippe opgetel om Hom te stenig, Lev 24:15-16 maar Yeshua het Homself

weggesteek en tussen hulle deurgeloop by die tempel uit.

9 1 Terwyl Hy verbygaan, sien Hy ‘n man wat blind is van sy geboorte af.

2 Sy studentevolgelinge vra vir Hom en sê: “Leermeester, wie het gesondig, hierdie

man of sy ouers, dat hy blind gebore is?”

3 Yeshua antwoord: “Nie hy of sy ouers het gesondig nie, maar sodat dit wat God

doen, in hom openbaar kan word.

4 Vir My is dit gepas om die werk te doen van Hom wat My gestuur het, so lank as dit

dag is; die nag kom wanneer ‘n mens nie kan werk nie.

5 So lank as Ek in die wêreld is, is Ek die Lig van die wêreld.”

6 Nadat Hy dit gesê het, spoeg Hy op die grond, maak klei van die spoeg en smeer die

klei aan die oë van die blinde man

7 en Hy sê vir hom: “Gaan was jou in die doopbad van Shiloag.” Hy het gegaan, hom

gewas en siende teruggekom.

8 Toe het die bure en die wat vroeër gesien het dat hy blind was, gesê: “Is hy nie die

een wat gesit en bedel het nie?”

9 Sommige sê: “Dit is hy;” ander weer: “Hy lyk na hom;” hyself het gesê: “Dit is ek.”

10 Hulle vra vir hom: “Hoe is jou oë oopgemaak?”

11 Hy antwoord en sê vir hulle: “’n Man met die naam Yeshua, het klei gemaak, op

my oë gesmeer en vir my gesê: ‘Gaan was jou in die waters van Shiloag.’ Ek het

gegaan, my gewas en ek sien.”

12 Hulle vra vir hom: “Waar is Hy?” Hy sê: “Ek weet nie.”

13 Hulle neem hom, die man wat vroeër blind was, na die Fariseërs.

14 Dit was Shabbat toe Yeshua die klei gemaak en sy oë oopgemaak het.

15 Die Fariseërs vra hom weer: “ Hoe het sig na jou toe gekom?” Hy antwoord hulle:

“Hy het klei op my oë gesit, ek het my gewas en ek sien.”

Yoganan

16 Sommige van die Fariseërs sê: “Hierdie man kom nie van God nie, omdat Hy die

Shabbat nie hou nie;” ander sê: “Hoe kan ‘n sondige mens sulke wondertekens

doen?” Daar was verdeeldheid onder hulle.

17 Hulle het weer met die blinde man gepraat: “Wat sê jy van Hom, wat jou oë

oopgemaak het?” Hy antwoord: “Ek sê Hy is ‘n profeet.”

18 Die Jode het nie geglo dat hy blind was en siende geword het nie, totdat hulle die

ouers, van hom wat kon sien, geroep het.

19 Hulle vra vir hulle: “As dit julle seun is, van wie julle gesê het dat hy blind gebore

is, hoe sien hy dan nou?”

20 Sy ouers antwoord en sê: “Ons weet dat hy ons seun is en dat hy blind gebore is,

21 maar hoe hy nou sien, weet ons nie; of wie sy oë oopgemaak het, weet ons nie. Hy

is self volwasse, vra hom; hy sal vir homself praat.”

22 Dit het sy ouers gesê, omdat hulle bang was vir die Jode, want die Jode het reeds

ooreengekom dat as iemand Hom as Die Gesalfde Een bely, hy uit die sinagoge

geban sou word.

23 Daarom het sy ouers gesê: “Hy is volwasse, vra hom.”

24 Hulle roep toe die man wat blind was vir die tweede keer en sê vir hom: “Gee aan

God die eer, lof en aanbidding,

159

Y’ho 7:19 want ons weet dat hierdie Man ‘n sondaar is.”

25 Hy antwoord en sê vir hulle: “Of Hy ‘n sondaar is, weet ek nie, maar een ding weet

ek: ek was blind en let op, nou sien ek.”

26 Weer vra hulle vir hom: “Wat het Hy vir jou gedoen? Hoe het Hy jou oë

oopgemaak?”

27 Hy antwoord hulle: “Ek het julle vertel en julle het nie geluister nie. Waarom wil

julle dit weer hoor? Wil julle ook Sy studentevolgelinge word?”

28 Hulle het hom beledig en vir hom gesê: “Jy is Sy studentevolgeling; ons is

studentevolgelinge van Moshe.

29 Ons weet dat God met Moshe gepraat het, maar ons weet nie van waar Hy is nie.”

30 Die man antwoord en sê: “Hierin is dit vreemd dat julle nie weet van waar Hy is

nie en Hy het my oë oopgemaak.

31 Ons weet dat God nie na die stem van ‘n sondaar luister nie, maar Hy luister na

iemand wat God respekvol vrees, aanbid en Sy wil doen.

32 Van ewigheid af is daar nog nooit gehoor dat iemand die oë van ‘n blindgebore

mens oopgemaak het nie.

33 As Hy nie van God was nie, sou Hy dit nie kon doen nie.”

34 Hulle antwoord en sê vir hom: “Jy is volledig in sonde gebore en leer j‎‎ý

ons?”

Hulle het hom uitgegooi.

35 Yeshua het gehoor dat hulle hom uitgegooi het en toe Hy hom kry, vra Hy vir hom:

“Vertrou jy in die Seun van God?”

36 Hy wat genees is antwoord en sê: “Wie is Hy, my Meester, dat ek in Hom kan

vertrou?”

37 Yeshua sê vir hom: “Jy het Hom gesien en Hy wat met jou praat, dit is Hy.”

38 Hy sê: “Ek vertrou, my Meester,” en hy het voor Hom neergeval in aanbidding.

39 Yeshua sê: “Dit is om hierdie wêreld te oordeel dat Ek gekom het sodat die wat nie

sien nie, mag sien; en die wat sien, blind mag wees.”

Yoganan

40 Dié van die Fariseërs wat by Hom was, het dit gehoor en vir Hom gevra: “Is ons

ook blind?”

41 Yeshua antwoord hulle: “As julle blind was, sou julle geen sonde hê nie, maar nou

Yir 2:35

sê julle: ‘Ons sien!’ Daarom bly julle sonde.”

10 1 “Dit is ‘n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê: Wie nie by die hek in die

skaapkraal ingaan nie, maar van ‘n ander plek af inklim, hy is ‘n dief en ‘n rower,

2 maar hy wat by die hek ingaan, is die herder van die skape.

3 Vir hom maak die hekwag oop en die skape luister na sy stem. Hy roep sy eie skape

by hulle naam en lei hulle uit.

4 Wanneer hy sy eie skape uitgelei het, loop hy voor hulle uit en die skape volg hom,

omdat hulle sy stem ken.

5 Hulle sal nie saam met ‘n vreemdeling gaan nie, maar weghardloop, omdat hulle die

stem van die vreemdeling nie ken nie.”

6 Hierdie vergelykende storie het Yeshua vir hulle vertel, maar hulle het nie verstaan

wat dit was wat Hy vir hulle gesê het nie.

7 Yeshua het weer vir hulle gesê: “’n Tydlose waarheid sê Ek vir julle: Ek is , die

Hek van die skape.

8 Almal wat gekom het, is diewe en rowers,

160

Yir 23:1-2 maar die skape het nie na hulle

geluister nie.

9 Ek Is , die Hek en as iemand deur My ingaan, sal hy lewe en hy sal ingaan en

uitgaan en weiding kry.

10 Die dief kom nie, as net om te steel, dood te maak en te vernietig nie. Ek het

gekom, dat hulle lewe kan hê en watter oorvloed daar ookal vir hulle is.

11 Ek Is , die goeie Herder. Yeg 34:23; 37:24; Ps 23 Die goeie Herder lê Sy lewe neer vir

Sy skape,

12 maar die huurling wat nie ‘n herder is nie, wanneer hy ookal die wolf sien kom, los

hy die skape en hardloop weg,

13 maar die huurling hardloop weg, omdat hy ‘n huurling is en nie vir die skape

omgee nie en die wolf kom bytend na die skape en jaag hulle uitmekaar.

14 Ek Is , die goeie Herder, Ek ken My eie en My eie ken My,

15 net soos My Vader My ken en Ek My Vader ken en Ek My lewe aflê ter wille van

die skape,

16 maar Ek het nog ander skape wat nie van hierdie kraal was nie. Ek moet hulle ook

bring. Hulle sal ook na My stem luister en die ganse kudde sal een wees en een

Gen 12:3; 18:14; 26:4; Yes 11:10; 54:1-3; ‘Am 9:11

Herder.

17 Daarom is die Vader tevrede met My, omdat Ek My lewe aflê om dit weer op te

neem.

18 Niemand vat dit by My af nie, maar Ek lê dit uit Myself af. Ek het die outoriteit om

dit af te lê en Ek het die outoriteit om dit weer op te neem. Hierdie opdrag het Ek

Yes 53:1-12; Ps 16:8-11

van My Vader ontvang.”

19 Weer was daar verdeeldheid onder die Jode oor hierdie boodskap

20 en baie van hulle het gesê: “Hy het ‘n demoon en is mal, wat luister julle na

Hom?”

Yoganan

21 Ander het weer gesê: “Hierdie is nie woorde van iemand wat besete is nie; kan ‘n

demoon die oë van blindes oopmaak?”

22 Dit was die Ganukkahfees in Yerushalayim en dit was winter

23 en Yeshua het in die tempel, in die pilaargang van Shlomo, geloop.

24 Die Jode het Hom omring en vir Hom gesê: “Hoe lank hou U ons in onsekerheid?

As U Die Gesalfde Een is, sê dit vir ons reguit.”

25 Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Ek het dit vir julle gesê en julle glo nie. Die dade

wat Ek in die Outoriteit en Karakter van My Vader doen, dié getuig van My,

26 maar julle glo nie, want julle is nie van My skape nie, net soos Ek vir julle gesê

het.

27 My skape hoor My stem, Ek ken hulle en hulle loop saam met My.

28 Ek gee ook aan hulle die ewige lewe en hulle sal vir ewig nie vernietig word nie en

niemand sal hulle uit My hand ruk nie.

29 My Vader, wat hulle aan My gegee het, is groter as almal en niemand kan hulle uit

die hand van My Vader ruk nie.

Deut 6:4

30 Ek en My Vader, Ons is Een.”

31 Die Jode het weer klippe opgetel om Hom te stenig.

32 Yeshua antwoord hulle: “Ek het vir julle baie, uitstekende dade van die

Teenwoordigheid van My Vader af gewys. Oor watter een van dié dade stenig julle

My?”

33 Die Jode antwoord Hom en sê: “Dit is nie oor ‘n goeie daad dat ons U stenig nie,

maar oor kwaadpraat van God, omdat U wat ‘n mens is, Uself God maak.”

34 Yeshua antwoord hulle: “Is daar nie in julle wet geskrywe: ‘Ek het gesê, julle is

Ps 82:1-8

gode,’ nie?

35 As dit húlle elohim (god) noem tot wie die Woord van Elohim (God) gekom het, en

die Skrif nie gebreek kan word nie,

36 sê julle vir Hom wat die Vader afgesonder en in die wêreld ingestuur het: ‘U praat

kwaad teen God,’ omdat Ek gesê het: ‘Ek is die Seun van Elohim (God)’?

37 As Ek nie die dade van My Vader doen nie, moet julle My nie vertrou nie,

38 maar as Ek dit doen, al vertrou julle My nie, vertrou die dade, dat julle kan weet en

vertrou dat die Vader in My is en Ek in Hom.”

39 Hulle het weer probeer om Hom te gryp en Hy het uit hulle hand uit weggekom.

40 Hy het weer na die anderkant van die Yarden gegaan na die plek waar Yoganan eers

gedoop het en Hy het daar gebly.

41 Baie het na Hom toe gekom en gesê: “Yoganan het nie een wonderteken gedoen

nie, maar alles wat Yoganan van hierdie Man gesê het, is waar.”

42 Baie het in Hom vertrou.

11 1 ‘n Sekere El’azar van die dorp Beit-Anyah, Miryam en Martha se broer, was

siek

2 en dit was dié Miryam wat Yeshua se voete gesalf het met welriekende olie en

afgedroog het met haar hare, wie se broer, El’azar, siek was.

3 Die twee susters het na Yeshua gestuur en gesê: “Ons Meester, let op, hy vir wie U

liefhet, is siek.”

161

Yoganan

4 Yeshua sê egter: “Hierdie siekte is nie van die dood nie, maar tot die eer, lof en

aanbidding van God sodat die Seun van God daardeur vereer en geloof kan word.”

5 Yeshua het Martha, Miryam en El’azar liefgehad.

6 Toe Hy hoor dat hy siek is, het Hy nog twee dae in die plek waar Hy was, gebly.

7 Daarna sê Hy vir die studentevolgelinge: “Kom, ons moet weer na Y’hudah toe

gaan.”

8 Die studentevolgelinge sê vir Hom: “Leermeester, die Jode wil U nou stenig en U

gaan weer terug daarheen?”

9 Yeshua sê vir hulle: “Is daar nie twaalf ure in die dag nie? As iemand in die dag loop,

struikel hy nie, omdat hy die lig van hierdie wêreld sien,

10 maar as iemand in die nag loop, struikel hy, omdat die lig nie in hom is nie.”

11 Nadat Hy dit gesê het, sê Hy vir hulle: “El’azar, ons vriend, slaap, maar Ek gaan

om hom wakker te maak.”

12 Hierop sê Sy studentevolgelinge: “Meester, as hy slaap, sal hy gesond word.”

13 Yeshua het egter gepraat van sy dood, terwyl hulle gedink het dat Hy van lê en

slaap praat.

14 Toe sê Yeshua vir hulle reguit: “El’azar is dood.

15 Ek is bly, om julle ontwil, dat Ek nie daar was nie sodat julle kan vertrou, maar

gaan daarheen.”

16 Toe sê T’oma, wat ‘Tweeling’ genoem word, vir sy mede-studentevolgelinge:

“Laat ons ook gaan om saam met Hom te sterf.”

17 Met Yeshua se aankoms in Beit-Anyah, het Hy gevind dat hy al vier dae in die graf

was.

18 Beit-Anyah was langs Yerushalayim, ongeveer drie kilometer weg

19 en baie van die Jode het na Martha en Miryam toe gekom om hulle oor hul broer

te vertroos.

20 Toe Martha hoor dat Yeshua gekom het, het sy uitgegaan om Hom te ontmoet, maar

Miryam het in die huis gesit.

21 Martha sê vir Yeshua: “My Meester, as U hier was, sou my broer nie gesterf het nie,

22 maar selfs nou weet ek dat alles wat U van God vra, God vir U sal gee.”

23 Yeshua sê vir haar: “Jou broer sal opstaan.”

24 Martha sê vir Hom: “Ek weet dat hy sal opstaan in die opstanding op die laaste

dag.”

25 Yeshua antwoord haar: “Ek Is , die Opstanding en die Lewe; wie in My vertrou,

sal lewe al het hy ook gesterf;

26 en elkeen wat lewe en in My vertrou, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy

dit?”

27 Sy antwoord Hom: “Ja, my Meester, ek vertrou dat U Die Gesalfde Een is, die Seun

van God, wat in die wêreld gekom het.”

28 Nadat sy dit gesê het, gaan sy en roep Miryam, haar suster, eenkant en sê: “Ons

Leermeester het gekom en Hy roep jou.”

29 Toe Miryam dit hoor, het sy vinnig opgestaan en na Hom toe gegaan.

30 Yeshua het nog nie by die dorp gekom nie, maar was op die plek waar Martha Hom

ontmoet het.

162

Yoganan

31 Toe die Jode, wat by haar in die huis was en haar vertroos het, sien dat Miryam

vinnig opstaan en uitgaan, het hulle saam met haar gegaan en gedink dat sy na die

graf toe gaan om daar te huil.

32 Toe Miryam by Yeshua kom en Hom sien, val sy voor Sy voete neer en sê vir Hom:

“O! as my Meester hier was, sou my broer nie gesterf het nie.’

33 Toe Yeshua haar en die Jode wat saam met haar gekom het sien huil, is Hy kragtig

aangeraak in Sy Gees en was Hy van binne omgekrap.

34 Hy het gevra: “Waar het julle hom neergelê?” Hulle sê vir Hom: “Ons Meester,

kom kyk.”

35 Yeshua het gehuil.

36 Die Jode het gesê: “Kyk, hoe lief het Hy hom gehad!”

37 Sommige van hulle sê: “Kon Hy wat die oë van die blinde man oopgemaak het, nie

verhoed het dat hierdie man sterf nie?”

38 Yeshua is kragtig geraak in Homself en het by die graf gekom. Die graf was ‘n grot,

met ‘n klip voor die ingang geplaas.

39 Yeshua sê: “Neem die klip weg.” Martha, die suster van die man wat dood is, sê vir

Hom: “Meester, hy ruik al, want dit is reeds vier dae.”

40 Yeshua sê vir haar: “Het Ek nie vir jou gesê, as jy aanhou vertrou, sal jy die

Gemanifesteerde Teenwoordigheid van God sien nie?”

41 Hulle vat die klip weg en Yeshua lig Sy oë op na bo en sê: “Vader, Ek dank U dat

U My gehoor het,

42 en Ek weet dat U My altyd hoor, maar ter wille van die skare mense wat hier staan,

sê Ek dit sodat hulle kan vertrou dat U My gestuur het.”

43 Nadat Hy dit gesê het, het Hy met ‘n harde stem uitgeroep: “El’azar, kom uit!”

44 Hy wat gesterf het, het uitgekom met grafdoeke aan sy hande en voete gebind en

sy gesig was toegedraai met ‘n doek. Yeshua sê vir hulle: “Maak hom los en laat

hom gaan.”

45 Baie van die Jode wat na Miryam toe gekom het, het in Hom vertrou toe hulle sien

wat Yeshua gedoen het,

46 maar sommige van hulle het na die Fariseërs gegaan en hulle vertel wat Yeshua

gedoen het.

47 Die hoofpriesters en die Fariseërs het bymekaargekom en gesê: “Wat sal ons doen,

hierdie man doen baie wondertekens?

48 As ons Hom so sal toelaat, sal almal in Hom vertrou en die Romeine sal kom en

ons posisie en ons nasie wegvat.”

49 Een van hulle, wie se naam Kayafa was, wat daardie jaar hoofpriester was, sê vir

hulle: “Julle verstaan niks nie

50 en bereken nie dat dit vir ons voordelig is dat Een man in die plek van die nasie

doodgemaak word en die hele nasie nie vernietig word nie.”

51 Dit het hy nie uit homself gesê nie, maar omdat hy daardie jaar die hoofpriester

was, het hy geprofeteer dat Yeshua voorberei word om in die plek van die nasie

doodgemaak te word

52 en nie alleen vir die nasie nie, maar ook om die verstrooide kinders van God

bymekaar te bring as een.

163

Yoganan

53 Van dié dag af aan het hulle beplan om Hom dood te maak.

54 Yeshua het nie meer openlik onder die Jode beweeg nie, maar daarvandaan

weggegaan na die streek naby die wildernis, na ‘n stad wat Efrayim genoem word

en Hy het daar gebly saam met Sy studentevolgelinge.

55 Die Pesagfees van die Jode was naby en baie het uit die dorpies na Yerushalayim

opgegaan voor die Pesag, om hulle lewe te reinig.

Neg 9:10-13

56 Hulle het Yeshua gesoek en terwyl hulle in die tempel staan, sê hulle vir mekaar:

“Wat dink julle, sal Hy na die fees toe kom?”

57 Die hoofpriesters en die Fariseërs het ook ‘n bevel gegee dat, indien iemand weet

waar Hy is, hy dit moes bekend maak sodat hulle Hom kon vang.

12 1 Ses dae voor die Pesag het Yeshua na Beit-Anyah gegaan waar El’azar, wat

dood was en wat Yeshua uit die dood uit laat opstaan het, was.

2 Hulle het daar vir Hom ‘n ete gegee en Martha het bedien terwyl El’azar een van dié

was wat saam met Hom aan tafel was.

3 Miryam vat ‘n albasterfles welriekende olie, die beste, baie kosbare, egte nardusolie,

salf die voete van Yeshua en droog Sy voete met haar hare af. Die hele huis is gevul

met die reuk van die geurige olie.

4 Y’hudah, van K’riot, een van Sy studentevolgelinge, wat op die punt was om Hom

oor te gee, vra:

5 “Waarom is hierdie welriekende olie nie vir drie honderd denarii verkoop en die

geld aan die armes gegee nie?”

6 Dit het hy gesê, nie omdat hy vir die armes omgegee het nie, maar omdat hy ‘n dief

was en die beursie gehou het en dit wat ingegooi is, gedra het.

7 Yeshua sê: “Los haar, sy het dit bewaar vir die dag van my begrafnis,

8 want die armes het julle altyd tussen julle, Deut 5:11 maar vir My het julle nie altyd nie.”

9 Baie mense uit Y’hudah het gehoor dat Hy daar is en het gekom, nie alleen om vir

Yeshua te sien nie, maar ook vir El’azar, wat Hy uit die dood uit opgewek het.

10 Die hoofpriesters het besluit om El’azar ook dood te maak,

11 omdat baie van die Jode as gevolg van hom weggedraai het en meer in Yeshua

vertrou het.

12 Die volgende dag het baie feesgangers, toe hulle hoor dat Yeshua na Yerushalayim

kom,

13 palmtakke gevat en uitgegaan om Hom te ontmoet en uitgeroep: Ps 118:25 “Red ons

nou! Geseënd is Hy wat kom in die Outoriteit en Karakter van , die Koning van

”Ps 118:26

Yisra’el.

14 Yeshua het ‘n donkie gekry en daarop gaan sit, soos geskrywe is:

15 “Moenie bang wees nie, dogter van Tziyon! Let op! Jou Koning kom na jou toe en

Z’kh 9:9

Hy ry op die vul van ‘n donkie.”

16 Sy studentevolgelinge het hierdie dinge eers nie verstaan nie, maar nadat Yeshua

vereer is, het hulle onthou dat hierdie dinge van Hom geskrywe is en dat hulle dit

aan Hom sou doen.

17 Toe het die mense, wat by Hom was toe Hy El’azar uit die graf geroep en hom uit

die dood uit opgewek het, daarvan getuig.

164

Yoganan

18 Dit is hoekom die groot skare mense voor Hom uitgegaan het, omdat hulle gehoor

het dat Hy hierdie wonderteken gedoen het.

19 Die Fariseërs het vir mekaar gesê: “Sien julle dat julle geen vordering maak nie?

Kyk, die hele wêreld loop agter Hom aan.”

20 Daar was ook nie-Jode onder díe wat opgekom het om op die fees te aanbid.

21 Hulle het na Filippos gegaan wat van Beit-Tzaidah, in die Galil, was en hom gevra

en gesê: “Meneer, ons wil graag vir Yeshua sien.”

22 Filippos kom en sê dit vir Andreas en Andreas en Filippos vertel dit weer vir

Yeshua.

23 Yeshua antwoord hulle en sê: “Die tyd het gekom dat die Seun van die mens vereer

en geloof moet word.

24 Dit is ‘n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê: As die graankorrel nie in die grond

val en doodgaan nie, bly dit alleen, maar as dit doodgaan, dra dit baie vrug.

25 Wie sy lewe liefhet, sal dit vernietig, maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal

dit bewaar vir die ewige lewe.

26 As iemand My dien, laat hom My volg en waar Ek is, daar sal hy wat my dien, ook

wees; en as iemand My dien, sal die Vader hom eer.

27 Let op, My Gees is nou ontsteld en wat sal Ek sê? Vader, red My uit hierdie tyd?

Maar dit is juis as gevolg hiervan dat Ek in hierdie tyd gekom het.

28 Vader, bring eer en lof aan U Naam!” Daar is toe ‘n stem uit die hemel gehoor: “Ek

hét dit vereer en geloof en Ek vereer en loof dit.”

29 Die mense wat daar gestaan en dit gehoor het, het gesê dat daar ‘n donderslag was.

Ander het gesê: “’n Boodskapperengel het met Hom gepraat.”

30 Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Hierdie Stem het nie gekom vir My nie, maar

om julle ontwil.

31 Nóu is dit die oordeel oor hierdie wêreld, nóu sal die heerser van hierdie wêreld

uitgegooi word.

32 Wanneer Ek van die grond af opgelig word, sal Ek almal na My toe trek.”

33 Dit het Hy gesê om aan te dui watter dood Hy sal sterf.

34 Die skare mense antwoord Hom: “Ons het uit die wet gehoor dat Die Gesalfde Een

tot in ewigheid bly en hoe sê U dat die Seun van die mens opgelig moet word? Wie

is hierdie Seun van die mens?”

35 Yeshua sê vir hulle: “Die Lig sal nog net vir ‘n klein rukkie by julle wees. Loop

terwyl julle nog die Lig het sodat die duisternis julle nie oorval nie. Wie in die

duisternis loop, weet nie waarheen hy gaan nie.

36 So lank as julle die Lig by julle het, vertrou in die Lig sodat julle kinders van die

Lig kan wees.” Hierdie dinge het Yeshua gesê, weggegaan en Homself vir hulle

weggesteek.

37 Terwyl Hy al hierdie wondertekens voor hulle gedoen het, het hulle nie in Hom

vertrou nie

38 sodat die boodskap van die profeet Yesha’yahu vervul sou word wat gesê het:

“My Meester, wie het ons verkondiging vertrou en aan wie is die arm van

Yes 53:1-12

geopenbaar?”

39 Daarom kon hulle nie vertrou nie, omdat Yesha’yahu óók gesê het:

165

Yoganan

40 “Hy het hulle oë blind gemaak en hulle verstand, wil en emosie verhard sodat hulle

nie met die oë sou sien en met die verstand verstaan en hulle omdraai en Ek hulle

Yes 6:10

gesondmaak nie.”

41 Dit het Yesha’yahu gesê toe hy Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid gesien en

Yes 6:1-3

van Hom gepraat het.

42 Baie van die leiers het ook in Hom vertrou, maar ter wille van die Fariseërs het

hulle dit nie bekendgemaak nie sodat hulle nie uit die sinagoges geban sou word

nie,

43 want hulle het die lofprysing van mense meer liefgehad as die lofprysing van

God.

44 Yeshua het uitgeroep en gesê: “Wie in My vertrou, vertrou nie in My nie, maar in

Hom wat My gestuur het;

45 en wie My sien, sien Hom wat My gestuur het.

46 Ek, die Lig, het in die wêreld gekom sodat elkeen wat in My vertrou, nie in die

duisternis sou bly nie.

47 Wie ookal My boodskap hoor en dit nie doen nie, Ek veroordeel hom nie, want Ek

het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie, maar dat Ek lewe aan die wêreld

kan gee.

48 Wie My ookal verwerp en My boodskap nie ontvang nie, het een wat hom veroordeel:

Die boodskap wat Ek gebring het, dit sal hom veroordeel in die laaste dag,

49 want Ek het nie uit Myself gepraat nie, maar die Vader wat My gestuur het, Hy het

vir My opdragte gegee oor wat Ek moet sê en hoe Ek dit moet sê.

50 Ek weet dat Sy opdragte die ewige lewe is, daarom sê Ek net dít soos wat die Vader

vir My gesê het om te sê.”

13 1 Voor die Pesagfees het Yeshua geweet dat die tyd aangebreek het dat Hy uit

hierdie wêreld na die Vader toe sou weggaan. Hy het Sy eie mense in die wêreld

liefgehad, hulle liefgehad tot die einde toe.

2 By die maaltyd is Satan in die gedagtes van Y’hudah, die seun van Shim’on, van

K’riot geplant sodat hy Hom sou oorgee.

3 Yeshua, wetende dat die Vader alles in Sy hande gegee het en dat Hy van God

uitgegaan het en na God toe teruggaan,

4 het van die ete af opgestaan, Sy bo-klere uitgetrek en ‘n handdoek om Hom

vasgemaak.

5 Hy vat water in ‘n wasskottel en begin om die voete van die studentevolgelinge te

was en af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het.

6 Toe Hy by Shim’on Kefa kom, vra Shim’on vir Hom: “Gaan my Meester my voete

vir my was?”

7 Yeshua antwoord en sê vir hom: “Wat Ek doen, verstaan jy nie nou nie, maar jy sal

dit later verstaan.”

8 Shim’on Kefa sê vir Hom: “U sal my voete in der ewigheid nie was nie!” Yeshua

antwoord hom: “As Ek jou nie was nie, is daar geen deel vir jou by My nie.”

9 Shim’on Kefa sê vir Hom: “Daarom my Meester, nie net my voete nie, maar ook

my hande en my kop.”

166

Yoganan

10 Yeshua sê vir hom: “Hy wat gewas is, het niks anders nodig as om die voete te was

nie, want hy is reeds volkome skoon en julle is heeltemal skoon, maar nie almal

Eks 30:20

nie,”

11 want Yeshua het geweet wie Hom sou oorgee. Daarom het Hy gesê: ‘Julle is nie

almal skoon nie.’

12 Nadat Hy hulle voete gewas en Sy bo-klere aangetrek het, het Hy weer aan tafel

gaan skuinslê en vir hulle gesê: “Verstaan julle wat Ek vir julle gedoen het?

13 Julle noem My ‘Leermeester’ en ‘My Meester,’ en dit is reg so, want Ek is dit.

14 As Ek dan, julle Leermeester en julle Meester, julle voete gewas het, hoeveel te

meer moet julle nie mekaar se voete was nie,

15 want hierdie voorbeeld het Ek vir julle gegee sodat net soos Ek aan julle gedoen

het, net so moet julle ook doen.

16 Dit is ‘n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê: Daar is nie ‘n slaaf groter as sy

meester nie en ook nie ‘n afgevaardigde groter as die een wat hom gestuur het nie.

17 As julle hierdie dinge verstaan, is julle geseënd as julle dit doen.

18 Ek praat nie van julle almal nie, want Ek weet wie Ek gekies het, maar dat die

Skrif vervul kan word: ‘Hy wat saam met My brood eet, het sy hakskeen teen My

Ps 41:10

opgelig.’

19 Van nou af sê Ek dit aan julle voordat dit gebeur sodat wanneer dit gebeur, julle

Eks 3:14

kan vertrou: Ek Is .

20 Dit is ‘n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê: Wie iemand ontvang wat Ek stuur,

ontvang My en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.”

21 Nadat Yeshua dit gesê het, het Hy in Sy Gees kragtig ontsteld geword en getuig en

gesê: “Dit is ‘n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê: Een van julle sal My oorgee.”

22 Hierop het die studentevolgelinge na mekaar gekyk, omdat hulle nie geweet het

van wie Hy dit gesê het nie.

23 Een van Sy studentevolgelinge, hy vir wie Yeshua liefgehad het, het aan die tafel

teen die bors van Yeshua aangelê.

24 Shim’on Kefa beduie vir hom dat hy moet uitvind wie dit is van wie Hy praat,

25 en hy het geval teen die bors van Yeshua en vir Hom gesê: “My Meester, wie is

dit?”

26 Yeshua antwoord en sê: “Dit is die een aan wie Ek die stukkie brood sal gee as Ek

dit ingedoop het,” en Hy doop die stukkie brood in en gee dit aan Y’hudah, die seun

van Shim’on, van K’riot.

27 Na die brood het die Satan in hom ingegaan en Yeshua sê vir hom: “Wat jy doen,

doen dit gou.”

28 Niemand, van die wat aan tafel was, het verstaan waarom Hy dit vir hom gesê het

nie,

29 want die manne het gedink, omdat Y’hudah die beurs gehou het, dat Yeshua vir hom

sê: ‘Koop wat ons nodig het vir die fees;’ of dat hy iets aan die armes moes gee.

30 Y’hudah het net nadat hy die stukkie brood geneem het, dadelik uitgegaan, maar

dit was nag toe hy uitgegaan het.

31 Toe hy uit was, sê Yeshua: “Nou is die Seun van die mens vereer en geloof; en God

is in Hom vereer en geloof.

167

Yoganan

32 As God in Hom vereer en geloof is, sal God Hom ook in Homself vereer en loof en

Hom onmiddellik vereer en loof.

33 My kinders, nog ‘n klein tydjie is Ek by julle. Julle sal My soek, en soos Ek vir

die Jode gesê het: ‘Waar Ek heengaan, kan julle nie kom nie;’ so sê Ek nou ook vir

julle.

34 ‘n Nuwe opdrag gee Ek vir julle, dat julle mekaar moet liefhê; net soos Ek julle

liefgehad het, Lev 19:18 so moet julle ook mekaar liefhê.

35 Hieraan sal almal weet dat julle My studentevolgelinge is, as julle liefde vir mekaar

het.”

36 Shim’on Kefa vra vir Hom: “Ons Meester, waar gaan U heen?” Yeshua antwoord

en sê vir hom: “Waar Ek heengaan, kan jy nie nou saam met My gaan nie, maar later

sal jy saam met My gaan.”

37 Shim’on Kefa sê vir Hom: “My Meester, waarom kan ek nie nou saam met U gaan

nie? Ek sal my lewe vir U neerlê.”

38 Yeshua antwoord hom: “Sal jy jou lewe vir My neerlê? Dit is ‘n tydlose waarheid

wat Ek vir jou sê: ‘n Haan sal nie kraai voordat jy My drie maal ontken het nie.”

14 1 “Laat julle verstand, wil en emosie nie ontsteld wees nie; vertrou in God en

vertrou in My.

2 In die huis van My Vader is daar baie blyplekke en as dit nie so was nie, sou Ek dit

vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek voor te berei

3 en as Ek gegaan en vir julle plek voorberei het, kom Ek weer en sal julle saam met

My vat sodat julle ook kan wees waar Ek is.

4 Waarheen Ek gaan, weet julle en die pad ken julle.”

5 T’oma sê vir Hom: “Ons Meester, ons weet nie waarheen U gaan nie en hoe kan ons

die pad ken?”

6 Yeshua antwoord hom: “Ek Is , die Pad, die Waarheid en die Lewe; niemand

gaan na My Vader toe nie, behalwe deur My.

7 As julle My geken het, sou julle My Vader ook geken het; en van nou af ken julle

Hom en het julle Hom gesien.”

8 Filippos sê vir Hom: “Ons Meester, wys ons die Vader en dit sal vir ons genoeg wees.”

9 Yeshua sê vir hom: “Ek is hierdie hele tyd by julle en het jy My nie geken nie,

Filippos? Wie ookal My gesien het, het die Vader gesien en hoe sê jy: ‘Wys ons die

Vader?’

10 Vertrou jy nie dat Ek in My Vader is en My Vader in My nie? Die woorde wat Ek

met julle praat, sê Ek nie uit Myself nie, maar die Vader wat in My bly, Hy doen

die dade.

11 Vertrou My dat Ek in die Vader is en die Vader in My of anders, vertrou My ter

wille van die dade self.

12 Dit is ‘n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê: Wie in My vertrou, die dade wat Ek

gedoen het, sal hy ook doen; en hy sal groter dade doen as dit, omdat Ek na My

Vader toe sal gaan.

13 Enige iets wat julle ookal in My Outoriteit en Karakter mag vra, dit sal Ek doen

sodat die Vader in die Seun vereer en geloof kan word.

168

14 As julle iets in My Outoriteit en Karakter vra, sal Ek dit doen.

15 As julle My liefhet, voer voortdurend My opdragte uit.

16 Ek sal die Vader vra en Hy sal vir julle ‘n ander Bevryder en Lewegewer gee, om

by julle te bly tot in ewigheid.

17 Hy is die Gees van die Waarheid, wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit

Hom nie gesien het of Hom geken het nie, maar julle ken Hom, omdat Hy by julle

bly en in julle is.

Num 11:17-29; Rig 6:34; Gen 41:38

Yoganan

18 Ek sal julle nie as weeskinders los nie, want Ek sal na julle toe kom na ‘n kort

rukkie.

19 Die wêreld sal My nie sien nie, maar julle sal My sien, omdat Ek lewe sal julle

ook lewe.

20 In dié dag sal julle weet dat Ek in My Vader is; en julle in My; en Ek in julle.

21 Wie ookal My opdragte het en dié uitvoer, dit is hy wat My liefhet; en wie My

liefhet, hóm sal My Vader liefhê; en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.”

22 Y’hudah, nie die een van K’riot nie, vra vir Hom: “My Meester, hoe is dit dat U

Uself aan ons sal openbaar en nie aan die wêreld nie?”

23 Yeshua antwoord en sê vir hom: “As iemand My liefhet, sal hy My boodskap

gehoorsaam en My Vader sal hom liefhê en Ons sal na hom toe kom en by hom

blyplek maak.

24 Hy wat My nie liefhet nie, gehoorsaam nie My boodskappe nie en hierdie boodskap

wat julle hoor, is nie Myne nie, maar is van die Vader af wat My gestuur het.

25 Hierdie dinge het Ek vir julle gesê, terwyl Ek by julle is,

26 maar die Bevryder en Lewegewer, die Gees van Afsondering, wat My Vader in My

Outoriteit en Karakter sal stuur, sal julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek

vir julle gesê het.

27 Vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid los Ek vir julle My Vrede,

gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid gee Ek aan julle. Ek gee nie aan julle

soos die wêreld gee nie. Laat julle verstand, wil en emosie nie ontsteld word en

bang wees nie.

28 Julle het gehoor dat Ek vir julle gesê het: ‘Ek gaan weg en Ek kom weer na julle

toe.’ As julle My liefgehad het, sou julle bly wees dat Ek gesê het: ‘Ek gaan na My

Vader toe, omdat My Vader groter is as Ek.’

29 Nou, let op, Ek het dit vir julle gesê voordat dit gebeur sodat julle kan vertrou

wanneer dit gebeur het.

30 Ek sal nie meer baie met julle praat nie, want die prins van hierdie wêreld kom en

hy het niks wat hy teen My kan bewys nie,

31 maar dat die wêreld kan weet dat Ek My Vader liefhet en doen net soos die Vader

My geleer het: Staan op, dat ons hiervandaan weggaan.”

15 1 “Ek Is , die ware Wingerdstok en My Vader is die Wingerdboer.

2 Elke tak wat in My nie vrugte dra nie, sny Hy weg en elke tak wat vrugte dra, dié

snoei Hy sodat dit meer vrugte kan dra.

3 Julle is nou reeds rein deur die boodskap wat Ek vir julle gebring het.

169

Yoganan

4 Bly voortdurend in My, soos Ek in julle. Net soos die tak geen vrugte kan dra uit

homself, as dit nie in die wingerdstok bly nie, net so julle ook as julle nie voortdurend

in My bly nie.

5 Ek Is , die Wingerdstok, julle is die takke. Wie voortdurend in My bly en Ek in

hom, hy dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.

6 As ‘n sekere persoon nie voortdurend in My bly nie, word hy buite weggegooi

soos ‘n tak en verdroog en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur om te

verbrand.

7 As julle voortdurend in My bly en wat Ek gesê het in julle, sal julle vra net wat julle

wil en dit sal vir julle gedoen word.

8 Hierin is My Vader vereer en geloof, dat julle baie vrugte dra en so sal julle My

studentevolgelinge wees.

9 Net soos die Vader My voortdurend liefhet, het Ek julle ook net so voortdurend lief.

Hou aan in My vriendskap.

10 As julle My opdragte uitvoer, sal julle in My liefde bly, net soos Ek die opdragte

van My Vader uitvoer en in Sy liefde bly.

11 Dit het Ek vir julle gesê sodat My vreugde voortdurend in julle kan bly en julle

vreugde volledig kan wees.

12 Dit is My opdrag, dat julle mekaar voortdurend moet liefhê net soos Ek julle

liefgehad het.

13 Daar is nie groter liefde as dit nie; dat iemand sy lewe sal neerlê ter wille van sy

vriende.

14 Julle is My vriende as julle alles sal doen wat Ek julle beveel.

15 Hierna noem Ek julle nie meer slawe nie, omdat die slaaf nie weet wat sy meester

doen nie, maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van My Vader

hoor, aan julle bekendmaak.

16 Julle het My nie gekies nie, maar Ek kies julle en stel julle aan om vrugte te gaan

dra wat blywend is sodat wat julle die Vader ook al in My Outoriteit en Karakter

vra, Hy julle sal gee.

17 Hierdie dinge beveel Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê

18 en as die wêreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het.

19 As julle van die wêreld was, sou die wêreld sy eie liefgehad het, maar omdat julle

nie van die wêreld is nie, maar Ek julle uit die wêreld uitgekies het, daarom haat

die wêreld julle.

20 Onthou die boodskap wat Ek vir julle gebring het: ‘Daar is nie ‘n slaaf wat groter

is as sy meester nie.’ As hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg. As hulle

My boodskap gehoorsaam het, sal hulle julle s’n ook gehoorsaam.

21 Al hierdie dinge sal hulle aan julle doen ter wille van My Outoriteit en Karakter,

omdat hulle Hom nie ken wat My gestuur het nie.

22 As Ek nie gekom en met hulle gepraat het nie, sou hulle geen sonde hê nie, maar

nou het hulle geen verskoning vir hulle sonde nie.

23 Wie My ookal haat, haat ook My Vader.

24 As Ek nie die dade voor hulle oë gedoen het wat niemand anders gedoen het nie,

sou hulle geen sonde hê nie

170

Yoganan

25 sodat die boodskap wat geskryf is in hulle wet, vervul moes word: “Hulle het My

sonder oorsaak gehaat, maar nou het hulle gesien en ook My en selfs My Vader

Ps 35:19; 69:5

gehaat,”

26 Wanneer die Bevryder en Lewegewer gekom het, wat Ek vir julle van My Vader

se Teenwoordigheid af sal stuur, die Gees van die Waarheid, Hy wat van die

Teenwoordigheid van My Vader af uitgaan, sal Hy van My getuig,

27 maar julle getuig ook, julle wat van die begin af saam met My is.”

16 1 “Hierdie dinge het Ek vir julle gesê sodat julle dit nie vir julle mag aantrek

nie,

2 want hulle sal julle uit die plekke van bymekaarkoms uitgooi. Daar kom ‘n tyd dat

elkeen wat julle doodmaak, sal dink dat hy ‘n offer aan God bring.

3 Hulle sal hierdie dinge doen, omdat hulle nie die Vader of vir My ken nie,

4 maar hierdie dinge het Ek vir julle gesê sodat wanneer die tyd kom, julle kan onthou

dat Ek dit vir julle gesê het, maar Ek het dit nie van die begin af vir julle gesê nie,

omdat Ek saam met julle was,

5 maar nou gaan Ek om by Hom te wees wat My gestuur het en nie een van julle vra

My: ‘Waar gaan U heen,’ nie?

6 Omdat Ek hierdie dinge vir julle gesê het, het julle gedagtes, wil en emosie vol

hartseer geraak,

7 maar Ek sê vir julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan, want as

Ek nie weggaan nie, sal die Bevryder en Lewegewer nie na julle toe kom nie, maar

as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle toe stuur.

8 Wanneer Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig aangaande sonde, aangaande

onpartydigheid en opregtheid en aangaande oordeel:

9 Aangaande sonde, omdat hulle nie in My vertrou nie;

10 aangaande onpartydigheid en opregtheid, omdat Ek na My Vader toe gaan en julle

My nie meer sal sien nie;

11 aangaande oordeel, omdat die prins van hierdie wêreld veroordeel is.

12 Ek het nog baie dinge om vir julle te sê, maar julle kan dit nie nou ontvang nie,

13 maar wanneer Hy, die Gees van die Waarheid, gekom het, sal Hy julle in die hele

waarheid lei, want Hy sal nie uit Homself praat nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy

sê en die toekoms aan julle openbaar.

14 Hy sal My vereer en loof, omdat Hy, uit wat aan My behoort sal vat en aan julle

sal wys.

15 Alles wat My Vader het, is Myne; daarom het Ek gesê dat Hy dit sal neem uit wat

aan My behoort en aan julle wys.

16 ‘n Kort rukkie en julle sal My nie sien nie en weer ‘n kort rukkie en julle sal My

sien, omdat Ek na die Vader gaan.”

17 Sy studentevolgelinge het onder mekaar gevra: “Wat is dit wat Hy vir ons sê: ‘ ‘n

Kort rukkie en julle sal My nie sien nie en weer vir ‘n kort rukkie sal julle My sien

en Ek gaan na My Vader?’”

18 Hulle het ook gevra: “Wat is dit wat Hy sê: ‘n Kort rukkie? Ons verstaan nie wat

Hy sê nie.”

171

Yoganan

19 Yeshua het geweet dat hulle Hom wou vra en Hy sê vir hulle: “Vra julle vir mekaar

daaroor dat Ek gesê het: ‘n Kort rukkie en julle sal My nie sien nie en weer ‘n kort

rukkie en julle sal My sien?

20 Dit is ‘n tydlose waarheid wat Ek vir julle sê: Julle sal huil en treur, maar die wêreld

sal bly wees; julle sal bedroef wees, maar julle droefheid sal in blydskap verander.

21 ‘n Vrou het droefheid in haar wanneer sy geboorte gee, omdat haar tyd gekom het,

maar wanneer die seun gebore is, onthou sy nie meer haar droefheid nie, as gevolg

van die blydskap dat ‘n seun in die wêreld gebore is.

22 Julle het ook nou droefheid, maar Ek sal julle weer sien en julle verstand, wil en

emosie sal bly word en niemand sal julle blydskap van julle af wegvat nie.

23 In daardie dag sal julle My niks vra nie. Dit is ‘n ewige waarheid wat Ek vir julle sê:

Alles wat julle My Vader sal vra in My Outoriteit en Karakter, sal Hy vir julle gee.

24 Tot nou toe het julle niks in My Outoriteit en Karakter gevra nie. Vra en julle sal

ontvang sodat julle blydskap volkome kan wees.

25 Hierdie dinge het Ek deur vergelykende stories vir julle gesê, maar daar kom ‘n tyd

wanneer Ek nie meer deur vergelykende stories met julle sal praat nie, maar julle

openlik van die Vader sal vertel.

26 In daardie dag sal julle in My Outoriteit en Karakter vra en Ek sê nie vir julle dat

Ek die Vader namens julle sal vra nie,

27 want die Vader self het julle lief, omdat julle My liefgehad het en vertrou het dat

Ek vanuit eenheid met God uitgegaan het.

28 Ek het vanuit eenheid met die Vader uitgegaan en in die wêreld gekom en Ek

verlaat weer die wêreld en gaan om by die Vader te wees.”

29 Sy studentevolgelinge sê vir Hom: “Let op, nou praat U reguit en gebruik geen

vergelykende stories nie.

30 Nou weet ons dat U alles weet en U nie nodig het dat iemand hulle vrae in woorde

omsit nie. Dit is daarom dat ons vertrou dat U vanaf God uitgegaan het.”

31 Yeshua antwoord hulle: “Vertrou julle?

32 Let op, die tyd kom en het nou reeds gekom dat julle uitmekaar gejaag sal word,

elkeen na sy plek toe en My alleen sal los. Ek sal nie alleen wees nie, omdat die

Vader by My is.

33 Hierdie dinge het Ek vir julle gesê sodat julle ín My vrede, gesondheid, voorspoed

en vergenoegdheid kan hê. In die wêreld sal julle lyding hê, maar wees versterk, Ek

het die wêreld oorwin.”

17 1 Nadat Yeshua hierdie dinge gesê het, het Hy Sy oë na die hemel opgelig en

gesê: “My Vader, die tyd het gekom. Bring eer en lof aan U Seun sodat U Seun U

kan eer en loof,

2 soos U Hom outoriteit oor alle vlees gegee het sodat Hy aan alle vlees wat U Hom

gegee het, die ewige lewe kan gee.

3 Dít is die ewige lewe, dat hulle U sal ken, Yir 31:33 want U alleen is die God van

Waarheid en Hom wat U gestuur het, Yeshua, Die Gesalfde Een.

4 Ek het U vereer en geloof op die aarde. Die dade wat U My gegee het om te doen,

het Ek voltooi.

172

Yoganan

5 Nou, Vader, vereer en loof My in eenheid met Uself met die Gemanifesteerde

Teenwoordigheid wat Ek by U gehad het voordat die heelal was.

6 Ek het U Outoriteit en Karakter geopenbaar aan die mense wat U My uit die wêreld

gegee het. Hulle het aan U behoort, U het hulle aan My gegee en hulle het U

boodskap gehoorsaam.

7 Nou weet Ek dat alles wat U My gegee het, uit U Teenwoordigheid kom,

8 want die boodskappe wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee en hulle het dit

ontvang en waarlik erken dat Ek vanuit eenheid met U uitgegaan het.

9 Ek bid vir hulle, Ek het nie vir die wêreld gebid nie, maar vir dié wat U My gegee

het, omdat hulle aan U behoort en vertrou het dat U My gestuur het.

10 Alles wat Myne is, is U s’n en wat U s’n is, is Myne en Ek is in hulle vereer en

geloof.

11 Van nou af is Ek nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld en Ek kom

na U toe, Afgesonderde Vader, bewaar hulle in U Outoriteit en Karakter, wat U vir

My gegee het sodat hulle een kan wees, net soos Ons.

12 Toe Ek saam met hulle in die wêreld was, het Ek hulle in U Outoriteit en Karakter

bewaar. Oor die wat U My gegee het, het Ek wag gehou en nie een van hulle is

vernietig nie, behalwe die seun van die vernietiging sodat die Skrifte vervul sou

Ps 41:10

word,

13 maar nou kom Ek na U toe en Ek sê hierdie dinge in die wêreld sodat My blydskap

volkome in hulle kan wees.

14 Ek het U boodskap aan hulle gegee en die wêreld het hulle gehaat, omdat hulle nie

vanuit die wêreld is nie, net soos Ek nie vanuit die wêreld is nie.

15 Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld uit vat nie, maar dat U hulle teen die bose

beskerm.

16 Hulle is nie vanuit die wêreld nie, net soos Ek nie vanuit die wêreld is nie.

17 Vader, sonder hulle af in U waarheid, want U boodskap is die waarheid.

18 Net soos U My in die wêreld ingestuur het, net so het Ek hulle ook in die wêreld

ingestuur

19 en Ek sonder Myself af vir hulle sodat hulle ook in waarheid afgesonderd kan wees.

20 Ek bid egter nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle boodskap in

My sal vertrou

21 sodat hulle almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U is en dat hulle

ook in Ons een mag wees

22 en Ek het aan hulle die Gemanifesteerde Teenwoordigheid gegee wat U My gegee

het sodat hulle een kan wees, net soos Ons Een is sodat die wêreld kan vertrou dat

U My gestuur het.

23 Ek in hulle en U in My sodat hulle volledig een kan wees en sodat die wêreld kan

weet dat U My gestuur het en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.

24 Vader, Ek wil dat hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees waar Ek

is sodat hulle My Gemanifesteerde Teenwoordigheid kan sien, wat U My gegee het,

omdat U My liefgehad het, van voor die vorming van die wêreld af.

25 My Regverdige Vader, al het die wêreld U nie geken nie, tog het Ek U geken en

hulle hier het verstaan dat U My gestuur het.

173

Yoganan

26 Ek het U Outoriteit en Karakter aan hulle openbaar en sal voortgaan om dit te

openbaar sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle sal wees en Ek in

hulle.

18 1 Nadat Yeshua hierdie dinge gesê het, het Hy en Sy studentevolgelinge na ‘n

tuin oorkant die Kidronspruit gegaan en Hy en Sy studentevolgelinge het saam daar

ingegaan,

2 maar Y’hudah, die een wat Hom sou oorgee, het ook die plek geken, omdat Yeshua

en Sy studentevolgelinge gereeld daar bymekaargekom het.

3 Daarom het Y’hudah die afdeling soldate en die tempelwagte vanaf die hoofpriesters

en die Fariseërs gelei en daarheen gegaan met lanterns, fakkels en wapens.

4 Omdat Yeshua alles geweet het wat met Hom sou gebeur, het Hy uitgegaan en vir

hulle gevra: “Wie soek julle?”

5 Hulle antwoord Hom: “Yeshua, van Natzeret.” Yeshua sê vir hulle:

174

Eks 3:14 “Ek Is

.” Y’hudah, die een wat Hom sou oorgee, het by hulle gestaan.

6 Toe Yeshua vir hulle sê: “Ek Is ,” het hulle agteruit beweeg en op die grond

neergeval.

7 Yeshua vra hulle toe weer: “Wie soek julle?” Hulle sê: “Yeshua, van Natzeret.”

8 Yeshua sê vir hulle: “Ek het vir julle gesê Ek Is . As julle My dan soek, laat

hierdie ander weggaan”

9 sodat die woord vervul sou word wat Hy gesê het: “Uit die wat U My gegee het, het

Ek nie een verloor nie.”

10 Shim’on Kefa het ‘n swaard gehad, dit uitgetrek en die slaaf van die hoofpriester

geslaan en sy regteroor afgekap. Die naam van die slaaf was Melekh.

11 Hierop sê Yeshua vir Kefa: “Steek jou swaard in die skede. Sal Ek dan nie die

beker, wat die Vader My gegee het, drink nie?”

12 Toe het die afdeling soldate, hulle bevelvoerder en die tempelwagte van die Jode

Yeshua gegryp, Hom vasgebind

13 en Hom weggelei, eers na `Anan, want Hy was die skoonvader van Kayafa, wat

daardie jaar hoofpriester was.

14 Dit was Kayafa wat aan die Jode die raad gegee het dat dit voordelig is dat een man

in die plek van die volk doodgemaak word.

15 Shim’on Kefa en ‘n ander studentevolgeling het Yeshua gevolg en die ander

studentevolgeling was bekend by die hoofpriester en het saam met Yeshua ingegaan

in die binneplaas van die hoofpriester,

16 maar Shim’on het buitekant naby die deur bly staan. Die ander studentevolgeling,

wat bekend was met die hoofpriester, het uitgegaan en met die deurwagster gepraat

en Kefa ingebring.

17 Toe vra die slavin, die deurwagster, vir Kefa: “Is jy nie ook een van die

studentevolgelinge van hierdie man nie?” Hy sê: “Ek is nie.”

18 Die slavinne en die tempelwagte het by ‘n vuur gestaan wat hulle gemaak het, want

dit was koud en hulle het hulle warm gemaak. Kefa het by hulle gestaan en hom

warm gemaak.

19 Die hoofpriester ondervra Yeshua oor Sy studentevolgelinge en oor Sy leer.

Yoganan

20 Yeshua antwoord hom: “Ek het openlik met die mense gepraat. Ek het altyd in

die sinagoges geleer en in die tempel waar die Jode altyd bymekaarkom en in die

geheim het Ek niks gesê nie.

21 Hoekom vra u My? Vra vir hulle wat gehoor het wat Ek vir hulle gesê het. Let op,

hulle weet alles wat Ek gesê het.”

22 Toe Hy dit sê, het een van die wagte wat daar staan, Yeshua op die wang geklap en

gesê: “Antwoord U die hoofpriester so?”

23 Yeshua antwoord hom: “As Ek boos gepraat het, getuig wat boos was, maar as Ek

reg gepraat het, waarom slaan jy My?”

24 Hierna het `Anan Hom, steeds vasgebind, na Kayafa, die hoofpriester, gestuur.

25 Shim’on Kefa het gestaan en hom warm gemaak en hulle vra vir hom: “Is jy nie

ook een van Sy studentevolgelinge nie?” Hy ontken dit toe en sê: “Ek is nie.”

26 Een van die hoofpriester se slawe, wat familie was van die man wie se oor Kefa

afgekap het, vra: “Het ek jou nie in die tuin by Hom gesien nie?”

27 Weer het Kefa dit ontken en dadelik het die haan gekraai.

28 Toe neem hulle Yeshua vanaf Kayafa na die goewerneur se kantore. Dit was reeds

skemeroggend en hulle het self nie in die kantore ingegaan nie sodat hulle nie onrein

sou wees voordat hulle die Pesagmaal geëet het nie.

29 Pilatos het na hulle toe uitgekom en gevra: “Watter aanklag bring julle teen hierdie

Man in?”

30 Hulle antwoord en sê vir hom: “As Hy geen boosdoener was nie, sou ons Hom nie

aan u oorgelewer het nie.”

31 Pilatos sê vir hulle: “Vat julle Hom en oordeel Hom volgens julle wet.” Waarop die

Jode vir hom sê: “Dit is nie wettig vir ons om iemand dood te maak nie”

32 sodat dit wat Yeshua gesê het om aan te dui watter dood Hy sou sterf vervul sou

word.

33 Pilatos gaan toe weer in die goewerneur se kantore in en roep Yeshua en vra vir

Hom: “Is U die Koning van die Jode?”

34 Yeshua antwoord hom: “Sê u dit uit uself, of het ander dit van My vir u gesê?”

35 Pilatos antwoord: “Is ek dan ‘n Jood? U eie volk en die hoofpriesters het U aan my

oorgegee. Wat het U gedoen?”

36 Yeshua antwoord: “My Koninkryk is nie van hierdie wêreld af nie. As My

Koninkryk van hierdie wêreld af was, sou My dienaars geveg het sodat Ek nie aan

die Jode oorgelewer word nie, maar nou is My Koninkryk nie van hier nie.”

37 Pilatos sê toe vir Hom: “Dan is U tog ‘n Koning?” Yeshua antwoord: “U sê dat Ek

‘n Koning is. Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom, om vir

die waarheid te getuig. Elkeen wat uit die waarheid is, luister na My stem.”

38 Pilatos vra vir Hom: “Wat is waarheid?” Toe hy dit gesê het, gaan hy weer uit na

die Jode toe en sê vir hulle: “Ek vind geen skuld in Hom nie,

39 maar julle het ‘n gewoonte dat ek vir julle op die Pesag iemand moet vrylaat. Wil

julle daarom hê dat ek vir julle die Koning van die Jode moet vrylaat?”

40 Almal het uitgeskreeu en gesê: “Nie vir Hom nie, maar vir Bar-Abba!” Bar-Abba

was ‘n rower.

175

Yoganan

19 1 Toe gésel Pilatos vir Yeshua.

2 Die soldate het ‘n kroon van dorings gevleg, dit op Sy kop gesit en ‘n pers kleed vir

Hom aangetrek

3 en gesê: “Wees gegroet, Koning van die Jode” en hulle het Hom in die gesig

geklap.

4 Pilatus gaan toe weer na buite en sê vir hulle: “Let op, ek bring Hom vir julle uit na

buite sodat julle kan weet dat ek in Hom geen skuld vind nie, niks nie.”

5 Yeshua het uitgekom na buite toe en die doringkroon en die pers kleed gedra en

Pilatos sê vir hulle: “Let op, hier is die Man!”

6 Toe die hoofpriesters en die wagte Hom sien, skree hulle en sê: “Kruisig Hom,

kruisig Hom!” Pilatos sê vir hulle: “Vat julle Hom en maak Hom dood aan ‘n kruis,

want ek vind geen skuld in Hom nie.”

7 Die Jode antwoord hom: “Ons het ‘n wet en volgens ons wet moet Hy doodgemaak

word, omdat Hy Homself die Seun van God gemaak het.”

8 Toe Pilatus dit hoor, het hy nog banger geword

9 en weer in die kantore ingegaan en vir Yeshua gevra: “Van waar is U?” maar Yeshua

het hom geen antwoord gegee nie.

10 Hierop sê Pilatos vir Hom: “Praat U nie met my nie? Weet U nie dat ek outoriteit

het om U dood te maak aan die kruis en outoriteit het om U los te laat nie?”

11 Yeshua antwoord: “U sou geen outoriteit oor My hê as dit nie van bo vir u gegee is

nie. Daarom het hy wat My aan u oorgee, groter sonde as u.”

12 Hierop het Pilatos probeer om Hom los te laat, maar die Jode het geskree en gesê:

“As u Hom loslaat, is u nie die keiser se vriend nie. Elkeen wat homself koning

maak, is in opstand teen die keiser.”

13 Toe Pilatus dit hoor, het hy Yeshua buitentoe gebring en op die regterstoel gaan sit

in die plek wat Plaveisel genoem word, maar in Aramees ‘Gabta.’

14 Dit was omtrent sesuur en die voorbereiding vir die Pesag en hy sê vir die Jode:

“Let op, hier is julle Koning!”

15 Hulle roep egter uit: “Vat Hom weg, vat Hom weg, kruisig Hom, kruisig Hom!”

Pilatos vra vir hulle: “Moet ek julle Koning kruisig?” Die hoofpriesters antwoord:

“Ons het geen koning behalwe die keiser nie.”

16 Toe het hy Hom aan hulle oorgegee om aan ‘n kruis doodgemaak te word. Hulle

het Yeshua gevat en Hom weggelei.

17 Hy het Sy kruis gedra en uitgegaan na die plek wat Skedel genoem word; in

Aramees: Gulgolta,

18 waar hulle Hom doodgemaak het aan ‘n kruis en saam met Hom twee ander; een

aan elke kant en Yeshua in die middel.

19 Pilatos het ook ‘n opskrif geskryf en dit op die paal gesit. Daar is geskryf: YESHUA,

VAN NATZARET, DIE KONING VAN DIE JODE.

20 Baie van die Jode het hierdie opskrif gelees, omdat die plek waar Yeshua aan die

kruis gehang het, naby die stad was. Dit is in Hebreeus, Grieks en Latyns geskryf

21 en die hoofpriesters van die Jode het vir Pilatos gesê: “Moenie skryf: ‘Die Koning

van die Jode’ nie, maar, ‘dat Hy gesê het: Ek is die Koning van die Jode’.”

176

Yoganan

22 Pilatos het geantwoord: “Wat ek geskryf het, het ek geskryf.”

23 Nadat die soldate Yeshua gekruisig het, vat hulle Sy klere en deel dit in vier; vir

elke soldaat ‘n deel, maar die onderkleed was oor. Die onderkleed was sonder ‘n

naat, van bo af in een stuk geweef.

24 Hieroor het hulle vir mekaar gesê: “Laat ons dit nie skeur nie, maar laat ons die

lot daaroor werp, wie s’n dit sal wees” sodat die Skrif vervul sou word wat sê:

“Hulle het My klere onder mekaar verdeel en oor My gewaad het hulle die lot

gewerp.”

177

Ps 22:19 Hierdie dinge het die soldate gedoen.

25 Naby Yeshua se kruis het Sy moeder, Sy moeder se suster, Miryam - die vrou van

K’lofah en Miryam van Migdala gestaan.

26 Yeshua het Sy moeder en die studentevolgeling wat Hy liefgehad het, by haar sien

staan en Hy sê vir sy moeder: “Vrou, let op! Hy is U seun!”

27 Daarop sê Hy vir die studentevolgeling: “Let op! Sy is jou moeder!” Van daardie

oomblik af het die studentevolgeling haar by homself ontvang.

28 Hierna, omdat Hy geweet het dat alles reeds tot sy doel gebring is sodat die Skrif

vervul sou word, het Yeshua gesê: “Ek is dors!”

29 Daar het ‘n houer vol suurwyn gestaan en hulle het ‘n spons vol suurwyn gemaak

en hisop omgebind en na Sy mond toe gebring.

30 Toe Yeshua die suurwyn geneem het, sê Hy: “Dit is afgehandeld!” Hy het Sy kop

afgebuig en Sy Gees oorgegee.

31 Sodat die liggame nie op die Shabbat aan die kruis sou bly nie, aangesien dit die

voorbereidingsdag was, Deut 21:22-23 want die dag was ‘n spesiale Shabbat, het die Jode

Pilatos gevra dat hulle bene gebreek en hulle weggevat moes word.

32 Die soldate het toe gekom en die bene van die eerste een gebreek en van die ander

een wat saam met Hom aan die kruis doodgemaak is,

33 maar toe hulle by Yeshua kom en sien dat Hy alreeds dood is, het hulle nie Sy bene

gebreek nie,

34 maar een van die soldate het met ‘n spies in Sy sy ingesteek en dadelik het daar

bloed en water uitgekom.

35 Die een wat dit gesien het, het daarvan getuig en sy getuienis is waar en hy weet

dat hy die waarheid praat sodat julle kan vertrou,

36 want hierdie dinge het gebeur sodat die Skrif vervul sou word wat sê: “Nie een van

Num 9:12; Eks 12:46; Ps 34:21

Sy bene sal gebreek word nie.”

Z’kh 12:10

37 ‘n Ander Skrif sê weer: “Hulle sal na Hom kyk in Wie hulle gesteek het.”

38 Na hierdie dinge het Yosef van Ramatayim, wat in die geheim ‘n studentevolgeling

van Yeshua was, omdat hy bang was vir die Jode, vir Pilatos gevra of hy die liggaam

van Yeshua mag wegvat en Pilatos het toestemming gegee. Hy het toe gegaan en die

liggaam van Yeshua weggevat.

39 Nakdimon, wat eers in die nag na Yeshua gegaan het, het ook gekom met ‘n

mengsel van mirre en aalwyn van omtrent vyftig kilogram.

40 Hulle het toe die liggaam van Yeshua gevat en dit in linnedoeke toegedraai saam

met die soet speserye, volgens die begrafnis tradisie van die Jode.

41 Daar was op die plek waar Hy aan die kruis doodgemaak is, ‘n tuin en in die tuin

‘n nuwe graf, waar nog nooit iemand in neergelê was nie.

Yoganan

42 Daar het hulle Yeshua toe neergelê omdat die Shabbat nader gekom het en omdat

die graf naby was.

20 1 Op die eerste dag van die week kom Miryam van Migdala vroeg in die oggend,

terwyl dit nog donker was, by die graf en sien dat die steen van die graf verwyder

is.

2 Sy hardloop en kom by Shim’on Kefa en by díe ander studentevolgeling vir wie

Yeshua lief was en sê vir hulle: “Hulle het ons Meester uit die graf uit weggevat en

ek weet nie waar hulle Hom neergelê het nie.”

3 Kefa en die ander studentevolgeling gaan uit en kom by die graf.

4 Die twee het saam gehardloop, maar die ander studentevolgeling het voor Shim’on

gehardloop en eerste by die graf gekom

5 en hy het gekyk en die linnedoeke sien lê, maar hy het nie ingegaan nie.

6 Shim’on Kefa het n‎á hom aangekom en in die graf ingegaan en die linnedoeke

gesien waar dit lê

7 en die handdoek, wat oor Sy kop was, sien hy nie by die linnedoeke lê nie, maar

opgerol op ‘n plek eenkant.

8 Toe het ook die ander studentevolgeling, wat eerste by die graf gekom het, ingegaan

en hy het gesien en vertrou.

9 Die studentevolgelinge het weer huis toe gegaan,

10 want hulle het nog nie vanuit die Skrifte verstaan dat Hy uit die dood uit moes

Ps 16:10; Yes 53:9-12

opstaan nie,

11 maar Miryam het by die graf gestaan, hardop gehuil en al huilende, ingekyk in die

graf in

12 en twee engele daar gesien sit met wit klere aan, een by die kussing en een by die

voete waar die liggaam van Yeshua gelê het,

13 en hulle vra vir haar: “Vrou, waarom huil jy?” Sy antwoord hulle: “Omdat hulle my

Meester weggevat het en ek weet nie waar hulle Hom neergelê het nie.”

14 Toe sy dit gesê het, draai sy om agtertoe en sien Yeshua staan en sy het nie geweet

dat dit Yeshua was nie.

15 Yeshua vra vir haar: “Vrou, waarom huil jy? Wie soek jy?” Sy het gedink dat dit

die tuinier was en antwoord hom: “Meneer, as u Hom weggevat het, sê vir my waar

u Hom neergesit het en ek sal Hom wegvat.”

16 Yeshua sê vir haar: “Miryam!” Sy draai om en sê vir Hom: “Rabbuli!” (in Aramees)

wat beteken ‘my Leermeester.’

17 Yeshua sê vir haar: “Moenie My vashou nie, want Ek het nog nie opgegaan om by

My Vader te wees nie, maar gaan na My broers toe en sê vir hulle: ‘Ek gaan op na

My Vader en julle Vader; en My God en julle God’.”

18 Miryam van Migdala het aan die studentevolgelinge gaan vertel dat sy die Meester

gesien het en dat Hy dit vir haar gesê het.

19 Toe dit aand was op daardie eerste dag van die week en die deure, waar die

studentevolgelinge gebly het uit vrees vir die Jode, gesluit was, het Yeshua

gekom, tussen hulle gestaan en vir hulle gesê: “Vrede, gesondheid, voorspoed en

vergenoegdheid vir julle!”

178

Yoganan

20 Nadat Hy dit gesê het, wys Hy vir hulle Sy hande en Sy sy en die studentevolgelinge

was bly, omdat hulle ons Meester gesien het.

21 Yeshua sê weer vir hulle: “Vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid vir

julle! Net soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.”

22 Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: “Ontvang die Gees van

Afsondering.

23 As julle iemand hulle sondes vergewe, dan is dit hulle vergewe. As julle iemand

hulle sondes laat behou, dan is dit gehou.”

24 T’oma, wat genoem is Tweeling, een van die twaalf, was nie saam met hulle toe

Yeshua gekom het nie.

25 Die studentevolgelinge het vir hom gesê: “Ons het ons Meester gesien,” maar hy

het hulle geantwoord: “As ek nie in Sy hande die spykerwonde sien en my vinger in

die spykerwonde steek en my hand in Sy sy steek nie, dan sal ek nie vertrou nie.”

26 Na agt dae was Sy studentevolgelinge weer binne en T’oma was saam met hulle

en terwyl die deure gesluit was het Yeshua gekom en tussen hulle gestaan en gesê:

“Vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid vir julle!”

27 Hy sê vir T’oma: “Sit jou vinger hier en let op, My hande en bring jou hand en

steek dit in My sy en moenie ongelowig wees nie, maar met vertroue.”

28 T’oma antwoord en sê vir Hom: Yes 9:5-6; Yir 23:5-6; Mik 5:1-2; Spr 30:4 “My Meester en my God!”

29 Yeshua sê vir hom: “Noudat jy My gesien het, het jy vertrou. Geseënd is díe wat

nie gesien het nie en tog vertrou.”

30 Nog baie ander wondertekens, wat nie in hierdie boek opgeskryf is nie, het Yeshua

in die teenwoordigheid van Sy studentevolgelinge gedoen,

31 maar hierdie is opgeskryf sodat julle kan vertrou dat Yeshua Die Gesalfde Een is,

die Seun van God en wanneer julle vertrou, daar vir julle ewige lewe sal wees in Sý

Outoriteit en Karakter.

21 1 Na hierdie dinge het Yeshua weer aan Sy studentevolgelinge verskyn by die see

van Tiberias. Só het Hy verskyn:

2 Shim’on Kefa, T’oma, (wat Tweeling genoem is), Natan’el van Kanah in die Galil,

die seuns van Zavdai en twee ander van Sy studentevolgelinge was saam.

3 Shim’on Kefa sê vir hulle: “Ek gaan visvang.” Hulle sê vir hom: “Ons kom saam

met jou,” en hulle het dadelik uitgegaan en in die boot geklim en in daardie nag het

hulle niks gevang nie.

4 Met dagbreek staan Yeshua op die strand, maar die studentevolgelinge het nie gesien

dat dit Yeshua was nie.

5 Yeshua vra vir hulle: “Seuns, het julle enige iets om te eet?” Hulle antwoord Hom:

“Nee.”

6 Hy sê vir hulle: “Gooi die net aan die regterkant van die boot en julle sal kry.” Hulle

het ingegooi en as gevolg van die hoeveelheid visse kon hulle dit nie intrek nie.

7 Daarop sê die studentevolgeling, die een vir wie Yeshua liefgehad het, vir Kefa:

“Dit is ons Meester!” Toe Shim’on Kefa hoor dat dit ons Meester is, trek hy sy bokleed

aan en maak sy lende vas, want hy was kaal en gooi homself in die see om na

Yeshua te gaan,

179

Yoganan

8 maar die ander studentevolgelinge het met die boot gekom en die net met die visse

gesleep, want hulle was nie ver van die land nie, maar omtrent ‘n honderd meter.

9 Toe hulle geland het, sien hulle brandende kole uitgesit met vis en brood wat daarop

lê.

10 Yeshua sê vir hulle: “Bring van die visse wat julle nou-net gevang het.”

11 Shim’on Kefa het in die skuit geklim en die net op die land getrek, honderd drie en

vyftig groot visse en alhoewel daar so baie was, het die net nie geskeur nie.

12 Yeshua sê vir hulle: “Kom eet!” Niemand van die studentevolgelinge het gewaag

om Hom te vra: “Wie is U?” nie, omdat hulle geweet het dat Hy ons Meester was.

13 Yeshua het gekom en die brood en die vis gevat en dit vir hulle gegee.

14 Dit was die derde keer dat Yeshua aan Sy studentevolgelinge verskyn het nadat Hy

opgestaan het uit die dood.

15 Nadat hulle geëet het, vra Yeshua vir Shim’on Kefa: “Shim’on, seun van Yoganan,

het jy My lief, meer as hulle hier?” Hy antwoord Hom: “Ja, my Meester, U weet dat

ek U liefhet.” Hy sê vir hom: “Wees ‘n herder vir My lammers.”

16 Hy vra hom weer die tweede keer: “Shim’on, seun van Yoganan, het jy My lief?”

Hy antwoord Hom: “Ja, my Meester, U weet dat ek U liefhet.” Hy sê vir hom:

“Wees ‘n herder vir My skape.”

17 Hy vra hom die derde maal: “Shim’on, seun van Yoganan, het jy My lief?” Kefa het

hartseer geword, omdat Hy hom die derde keer vra: “Het jy My lief?” Hy antwoord

Hom: “Meester, U onderskei alles, U weet dat ek U liefhet.” Yeshua sê vir hom:

“Wees ‘n herder vir My ooie.”

18 “Dit is ‘n tydlose waarheid wat Ek vir jou sê: Toe jy jonger was, het jy jouself

aangetrek en gegaan waar jy wou, maar wanneer jy oud geword het, sal jy jou hande

uitsteek en ‘n ander een sal jou aantrek en vat waarheen jy nie wil nie.”

19 Dit het Hy gesê om aan te dui deur hoedanige dood hy God sou vereer en loof en

nadat Hy dit gesê het, sê Hy vir hom: “Kom, volg My.”

20 Shim’on Kefa het omgedraai en die studentevolgeling gesien volg vir wie Yeshua

liefgehad het, die een wat by die maaltyd op sy bors geleun en gevra het: “Meester,

wie is die een wat U sal oorgee?”

21 Toe Kefa hom sien, vra hy vir Yeshua: “My Meester, wat van hierdie een?”

22 Yeshua antwoord hom: “As Ek wil hê dat hy bly totdat Ek kom, wat gaan dit jou

aan? Volg jy My.”

23 Hierdie boodskap het toe onder die broers uitgegaan dat daardie studente- volgeling

nie sou doodgaan nie, maar Yeshua het nie vir hom gesê dat hy nie sou doodgaan

nie, maar: ‘As Ek wil hê dat hy bly totdat Ek kom, wat gaan dit jou aan?’

24 Dit is daardie studentevolgeling wat van hierdie dinge getuig en dit neergeskryf het

en ons weet dat sy getuienis waar is.

25 Daar is ook nog baie ander dinge wat Yeshua gedoen het, maar as hulle almal

neergeskrywe moes word, sou die wêreld self, dink ek, nie die geskrewe boeke kon

bevat nie.

180

Die vyfde boek van die Nuwe Verbond

Die Handelinge (Dade) van die Afgevaardigdes van Yeshua,

Die Gesalfde Een, geskryf deur Luka, ‘n mediese dokter.

Handelinge

( Handelinge )

Dit is in die Siries-Aramese dialek aan Theofilos geskryf,

bes moontlik die hoofpriester vanaf 37 - 41. Luka was ‘n

Arameessprekende van Sirië.

In Afrikaans vertaal vanuit die oorspronklike Aramese ‘Peshitta’ -

die taal wat Yeshua gepraat het.

Handelinge

181

Handelinge

1 1 Die eerste boek, O Theofilos, het ek geskryf oor alles wat Yeshua, Die Gesalfde

Een, begin doen en leer het

2 tot op die dag dat Hy na bo geneem is, nadat Hy vir die afgevaardigdes, wat Hy deur

die Gees van Afsondering gekies het, opdragte gegee het.

3 Hulle aan wie Hy, ná Sy lyding, Homself lewend gewys het deur baie bewyse,

terwyl Hy tydens veertig dae aan hulle verskyn en oor die Koninkryk van God

gepraat het.

4 Terwyl Hy saam met hulle brood geëet het, het Hy hulle beveel om nie van

Yerushalayim af weg te gaan nie, maar om: Luk 24:49 “Te wag op die belofte van die

Vader, wat julle van My gehoor het,

5 want Yoganan het met water gedoop, maar julle sal nie baie dae hierna nie, met die

Luk 3:16

Gees van Afsondering gedoop word.”

6 Toe hulle saam met Hom was, vra hulle Hom en sê: “Ons Meester, gaan U in hierdie

Yes 9:5-6

tyd die koninkryk van Yisra’el herstel?”

7 Hy antwoord hulle: “Dit is nie vir julle om die vasgestelde tye te ken wat die Vader

Deut 29:28

deur Sy eie Outoriteit bepaal het nie,

8 maar wanneer die Gees van Afsondering oor julle kom sal julle krag ontvang en julle

sal My getuies wees in Yerushalayim en in die hele Y’hudah en ook in Shomron en

tot by die grense van die aarde.”

9 Nadat Hy hierdie dinge gesê het, het hulle gesien hoe Hy opgelig word in ‘n wolk in

Dan 7:13

en Hy was verberg vir hulle oë.

10 Terwyl hulle nog na die hemel kyk waarheen Hy weggaan, staan daar twee mans

in wit klere langs hulle,

11 wat vir hulle sê: “Manne van die Galil, waarom staan julle en kyk na die hemel?

Hierdie Yeshua wat van julle af opgevat is in die hemel, sal net so kom soos julle

Z’kh 14:3-5

Hom na die hemel sien weggaan het.”

12 Na dit gaan hulle van die berg af wat genoem word Beit-Tzeitha, wat langs

Yerushalayim is, omtrent drie kilometer, terug na Yerushalayim

13 en toe hulle daar kom, gaan hulle na die bovertrek waar Kefa, Ya’akov, Yoganan,

Andreas, Filippos en T’oma, Bar-Talmai en Mattityahu, Ya’akov, die seun van

(Bar)-Halfai, Shim’on die Yweraar en Y’hudah, die seun van Ya’akov, gebly het.

14 Hulle het almal as een volhard in gebed, in een gees saam met die vroue en met

Miryam, die moeder van Yeshua en saam met Sy broers.

15 In daardie dae het Kefa tussen die studentevolgelinge, dié wat bymekaar was, was

omtrent honderd en twintig manne, opgestaan en gesê:

16 “Broers, dit was reg dat die Skrif vervul moes word wat die Gees van Afsondering

vooruit deur die mond van Dawid gesê het aangaande Y’hudah; hy wat die gids was

vir húlle wat Yeshua gevang het,

17 want hy is saam met ons getal gereken en het ‘n deel van hierdie dienswerk gekry.

18 Dit is hy wat vir hom ‘n stuk grond met die loon van sonde gekoop het en vooroor

op die grond geval, oopgebars en al sy ingewande uitgeval het

19 en dit het bekend geword aan al die inwoners van Yerushalayim sodat daardie stuk

grond in die taal van die streek Gakal-D’ma genoem is, dit is ‘Bloedgrond,’

182

Handelinge

20 want daar staan geskrywe in die boek van die Psalms: ‘Laat sy woonplek verlate

wees en laat daar niemand in woon nie! Ps 69:26 en ‘n ander een sal sy dienswerk

Ps 109:8

vat.’

21 Dit is daarom reg dat een vanuit die manne wat al die tyd, waarin ons Meester

Yeshua by ons in en uitgegaan het, saam met ons was,

22 van die doop van Yoganan af tot op die dag dat Hy van ons af opgeneem is, saam

met ons getuie sal wees van Sy opstanding.”

23 Hulle het twee voorgestel: Yosef, die seun van (Bar-)Sabba, wat genoem word

Youstos en Mattityahu

24 en toe hulle gebid het, het hulle gesê: “U, , weet wat is in die gedagtes, wil en

emosie van almal, wys uit hierdie twee, die een aan wat U gekies het

25 om deel aan hierdie dienswerk en pos as afgevaardigde te kry, waarvan Y’hudah

afgewyk het om na sy eie plek te gaan.”

26 Hulle het die lot gegooi en die lot het op Mattityahu geval en hy is gekies om

afgevaardigde, saam met die elf, te wees.

2 1 Toe die dae van die Fees van weke (Shavu’ot) Eks 34:22; Deut 16:9-10; Lev 23 vervul was,

was hulle almal as een bymekaar

2 en daar kom skielik uit die hemel ‘n klank soos van ‘n magtige stormwind en dit het

die hele huis gevul waarin hulle gesit het.

3 Daar verskyn aan hulle tonge soos van vuur, wat self verdeel en op elkeen van hulle

gaan sit

4 en hulle is almal volgemaak met die Gees van Afsondering Num 11:29; Luk 24:49 en het

begin praat in verskillende tale, soos die Gees aan hulle gegee het om te praat.

5 Daar het ook in Yerushalayim manne gebly wat God respekvol gevrees het, Jode uit

elke nasie wat onder die hemel is.

6 Toe daardie stemme kom, het ‘n groot skare mense saamgedrom en was verward,

want elkeen het gehoor hoe hulle in sy eie taal praat.

7 Hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: “Let op! Is almal wat daar

praat, dan nie van die Galil nie

8 en hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie geboortetaal?

9 Parthiane, Mede, Elamiete (Perse), die inwoners van ‘Aram Naharayim, Y’hudah,

Kappadokia en van die streke van Pontos en Asië,

10 van die streke van Frugia, Pamfulia, Egipte en van die streke van Libue wat naby

Kurene is en die wat gekom het van Rome, Jode sowel as proseliete,

11 die vanaf Krete en Arabiere. Let op, ons hoor van hulle wat in ons eie tale oor die

groot dade van God praat!”

12 Hulle was almal verbaas en verward en sê die een vir die ander: “Wat is hierdie

gebeurtenis?”

13 Ander het met hulle gespot en gesê: “Hulle het nuwe wyn gedrink en is dronk.”

14 Na dit het Shim’on Kefa opgestaan, saam met die elf afgevaardigdes en sy stem

verhef en vir hulle gesê: “Joodse manne en almal wat in Yerushalayim bly, verstaan

wat dit beteken! Luister na my woorde,

183

Handelinge

15 want hulle is nie dronk soos julle aanneem nie, omdat dit maar die derde uur (negeuur

in die oggend) is, maar let op,

16 hiérdie is wat deur die profeet Yo’el gesê is:

17 ‘Dit sal gedoen word in die laaste dae, sê God: Ek sal My Gees uitstort op alle

mense en julle seuns en julle dogters sal profeteer en julle jongmense sal visioene

sien en julle oumense sal drome droom

18 en ook op My slawe en slavinne sal Ek in dié dae van My Gees uitstort en hulle

sal profeteer.

19 Ek sal tekens bo in die hemel gee en wondertekens onder op die aarde: Bloed, vuur

en rookwolke.

20 Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en

ontsagwekkende dag van kom

21 en dit sal wees dat elkeen wat die Outoriteit en Karakter van aanroep, lewe

sal ontvang.’

Yo’ 3:1-5

22 Manne van Yisra’el, luister na hierdie boodskap! Yeshua, van Natzeret, die Man

wat vanaf God aan julle verskyn het met magtige dade, tekens en wonderwerke, wat

God, soos julle self weet, deur Sy hand onder julle gedoen het;

23 hierdie Een, wat in die voorkennis en wil van God, hiérvoor tot Hom afgesonder

was, wat julle oorgelewer het in die hande van die bose, Hom gekruisig en vermoor

het,

24 maar God het Hom opgewek en die bande van She’ol vernietig, Ps 116:3 omdat dit nie

moontlik was om Hom in She’ol gevange te hou nie,

25 want Dawid sê aangaande Hom: ‘Van vroeg af het ek altyd my Meester aan my

regterhand gesien sodat ek nie onrustig sou wees nie.

26 Hieroor is my verstand, wil en emosie verheug en my tong spring van vreugde, en

ook my liggaam sal rus in versekerde verwagting,

27 omdat U nie my gees in She’ol agtergelaat het en aan U rein een vernietiging laat

sien het nie.

28 U het aan My die pad van lewe bekend gemaak, U sal My vervul, O Vreugde, met

Ps 16:8-11

U Teenwoordigheid.’

29 Broers, ek kan openlik met julle praat oor die stamvader Dawid, dat hy dood is en

1 Kon 2:10

ook begrawe is en sy graf is by ons tot vandag toe.

30 Omdat hy ‘n profeet was en geweet het dat God vir hom met ‘n eed gesweer het:

‘Een uit die vrug van jou liggaam sal Ek op jou troon laat sit,’

Ps 132:11; 2 Sh’ 7:12-13

31 het hy, deur dit vooruit te sien, gepraat van die opstanding van Die Gesalfde Een,

dat Hy nie in She’ol gelos sal word nie en Sy liggaam ook nie verderwing sal sien

nie.

32 Hierdie Yeshua is deur God opgewek, waarvan ons almal getuies is.

33 Hy is tot by die regterhand van God verhoog en het van die Vader ‘n belofte

aangaande die Gees van Afsondering ontvang, en dít uitgestort, wat julle nou hier

sien en hoor,

34 want Dawid het nie in die hemele opgevaar nie, maar hy self sê: ‘ het vir my

Meester gesê: Sit aan My regterhand

Ps 110:1

35 totdat Ek U vyande gemaak het ‘n voetstoel vir U voete.’

184

Handelinge

36 Laat die hele huis van Yisra’el daarom waarlik weet dat God hierdie Yeshua,

en Die Gesalfde Een gemaak het, Wie julle gekruisig het.”

37 Toe hulle hierdie dinge hoor, is hulle verstand, wil en emosie diep getref en hulle

het vir Shim’on en die ander afgevaardigdes gesê: “Wat moet ons doen, broers?”

38 Shim’on sê vir hulle: “Draai weg van julle sondes na God toe en laat elkeen van

julle gedoop word in die Outoriteit en Karakter van Yeshua, tot bevryding van

sondes sodat julle die geskenk van die Gees van Afsondering kan ontvang,

39 want die belofte was vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, die

wat God sal roep.”

40 Met baie ander boodskappe het hy teenoor hulle getuig en hulle uitgenooi en gesê:

“Word gered uit hierdie verdraaide geslag.”

41 Dié mense onder hulle wat sy boodskap gewilliglik aanvaar het en vertrou het, is

gedoop en daar is op dié dag omtrent drie duisend geeste bygevoeg.

42 Hulle het aangehou in die leer van die afgevaardigdes en is deelgenote gemaak in

gebed en in die breking van die brood, as Liggaam.

43 Vrees en respek het op elkeen gekom en baie tekens en wonderwerke het deur die

hand van die afgevaardigdes gebeur in Yerushalayim.

44 Almal wat vertrou het, was soos een en het alles gemeenskaplik besit

45 en die wat besittings gehad het, het dit verkoop en onder almal verdeel, volgens

wat nodig was.

46 Voortdurend, dag vir dag, het hulle een van gees, ernstig aangehou in die tempel,

van huis tot huis brood gebreek en hulle kos in vreugde ontvang en in eenvoudigheid

van verstand, wil en emosie, geniet,

47 terwyl hulle God prys soos hulle omgee ontvang by al die mense. Ons Meester het

daagliks, die wat tot lewe gekom het by die gemeente gevoeg.

3 1 Dit was toe Shim’on Kefa en Yoganan saam opgegaan het na die tempel, op die

uur van die middaggebed, rondom drieuur,

2 dat hulle ‘n sekere man aangedra het, let op, wat van sy moeder se baarmoeder af

kreupel was en wat gereeld neergesit is langs die tempelpoort, wat die Mooipoort

genoem word, om ‘n daad van omgee te vra van dié wat in die tempel ingaan.

3 Toe hy sien dat Shim’on en Yoganan op die punt was om die tempel in te gaan, het

hy vir ‘n daad van omgee gebedel

4 en Shim’on en Yoganan het hom stip aangekyk vir hom gesê: “Kyk na ons.”

5 Hy het sy oë op hulle gehou in die verwagting dat hy iets van hulle sou kry.

6 Shim’on sê vir hom: “Silwer en goud het ek nie, maar wat ek het, dit gee ek vir jou:

In die Outoriteit en Karakter van Yeshua, Die Gesalfde Een, van Natzeret, staan op

en loop!”

7 Hy het sy regterhand gevat en hom opgetrek en onmiddellik is sy bene en voete

genees.

8 Hy het opgespring, gestaan, rondgeloop en saam met hulle in die tempel ingegaan

terwyl hy rondloop, spring en God prys.

9 Al die mense het gesien hoe hy rondloop en God prys

185

Handelinge

10 en hulle het hom herken, dat hy die bedelaar was wat elke dag by die Mooipoort

van die tempel gesit het om omgeedade te vra. Hulle was vol verwondering en

verwarring oor die ding wat gebeur het.

11 Terwyl hy aan Kefa en Yoganan vasgehou het, het al die mense uitermate verbaas

na hulle toe gehardloop in die pilaargang, wat Shlomo s’n genoem word.

12 Toe Kefa dit sien, antwoord hy hulle en sê: “Seuns van Yisra’el, waarom is julle

hieroor verwonderd, of waarom kyk julle ons aan asof ons deur ons eie vermoë of

outoriteit gemaak het dat hy loop?

13 Die God van Avraham, Yitz’gak en Ya’akov,

186

Eks 3:6,15 die God van ons vaders, het

Sy Seun Yeshua eer, lof en aanbidding gegee, Hom wat julle oorgelewer en voor

Yes 42-53

Pilatos verwerp het, toe hý reg geoordeel het om Hom los te laat,

14 maar julle het die Afgesonderde en Onskuldige Een verwerp en gevra dat ‘n

moordenaar aan julle gegee sou word

15 en Hom, die Heerser van lewe, het julle doodgemaak, Wie God uit die dood uit laat

opstaan het, waarvan ons almal Sy getuies is.

16 Deur vertroue in Sy Outoriteit en Karakter is hierdie man, wat julle sien en ken, herstel

en genees; en vertroue in Hom het hom hierdie gesondheid gegee voor julle almal.

17 Nou, broers, ek weet dat julle dit in misleiding gedoen het, net soos julle leiers

18 en God het op dié manier vervul wat Hy vooraf aangekondig het deur die mond van

al Sy profete, dat Sy Gesalfde Een sou ly.

19 Erken julle skuld, lê dit af en draai om, terug na God toe sodat julle sondes uitgevee

mag word, tye van rus vanaf die Teenwoordigheid van vir julle mag kom

20 en Hy die Een sal stuur wat vooraf vir julle voorberei is: Yeshua, Die Gesalfde

Een.

21 Die hemel moet Hom ontvang tot op die tyd van die einde van alle dinge, waarvan

Yes 11:1-12

God van ouds af gepraat het deur die mond van al Sy afgesonderde profete,

22 want Moshe het gesê: ‘sal vir julle ‘n Profeet, net soos ek is, uit julle broers

laat opstaan; luister na alles wat Hy vir julle sal sê

23 en elke gees wat nie na dié Profeet luister nie, sal vanuit die mense vernietig

Deut 18:15-19

word.’

24 Ook het al die profete, van Sh’mu’el af en na hom, almal gepraat en ook hierdie

dae aangekondig.

25 Julle is kinders van die profete en van die verbond wat God met ons vaders gesluit

het toe Hy vir Avraham gesê het: ‘In jou saad sal al die families van die aarde geseën

Gen 22:18; 26:4

wees.’

26 God het Sy Seun eerste vir julle aangestel en gestuur as ‘n Seën vir julle, as julle

wegdraai van julle booshede, terug na God toe.”

4 1 Terwyl hulle hierdie woorde met die mense gepraat het, het die priesters en die

Sadduseërs en die tempelleiers teen hulle opgestaan,

2 woedend, omdat hulle die mense leer en verkondig dat Die Gesalfde Een opgestaan

het uit die dood.

3 Hulle het hulle hande aan hulle geslaan en hulle gehou tot die volgende dag toe,

want dit was al aand.

Handelinge

4 Baie van die wat die boodskap gehoor het, het vertrou en die getal mans was omtrent

vyf duisend.

5 Die volgende dag kom hulle leiers, oudstes en leraars van die wet bymekaar,

6 asook `Anan, die hoofpriester, Kayafa, Yoganan, Alexandros en die wat van die

families van die hoofpriesters was

7 en toe hulle hul tussen hulle laat staan het vra hulle vir hulle: “Deur watter krag of

in wie se outoriteit en karakter doen julle dit?”

8 Toe antwoord Shim’on Kefa, vol van die Gees van Afsondering, hulle: “Leiers van

die volk en oudstes van die huis van Yisra’el, luister:

9 As ons vandag geoordeel word deur julle oor ‘n goeie daad aan ‘n siek man, waardeur

hy gesond geword het,

10 laat dit bekend wees aan julle almal en aan al die mense van Yisra’el dat deur die

Outoriteit en Karakter van Yeshua, Die Gesalfde Een, van Natzeret; Hom wat julle

gekruisig het; Hom wat God uit die dood laat opstaan het; deur Hom staan hierdie

man gesond voor julle.

11 Hy is die Steen wat deur julle, die bouers, verwerp is

187

Ps 118:22 en Hy is die hoof

Hoeksteen

12 en die verlossing is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander outoriteit

en karakter onder die hemel wat vir die mens gegee is, waardeur dit moontlik is om

te lewe nie.”

13 Toe hulle die redenasie sien wat Kefa en Yoganan het en dat hulle dit openlik

verkondig en hulle verstaan dat hulle ongeleerde manne was wat nie die boekrolle

geleer het nie, was hulle verwonderd en het hulle herken dat hulle saam met Yeshua

geleef het,

14 maar omdat hulle die man wat kreupel was en genees is, by hulle sien staan, kon

hulle niks daarteen sê nie.

15 Toe beveel hulle dat hulle buite die vergadering gevat word en sê vir mekaar:

16 “Wat moet ons met hierdie manne doen, want let op, dit is duidelik vir al die

inwoners van Yerushalayim dat daar ‘n openlike wonderwerk deur hulle gebeur het;

ons kan dit nie ontken nie,

17 maar, dat dit nie nog meer onder die mense versprei word nie, laat ons hulle dreig

om nie meer in hierdie Outoriteit en Karakter met enige mens te praat nie.”

18 Hulle het hulle geroep en hulle bevel gegee om glad nie weer in die Karakter en

Outoriteit van Yeshua te praat of te leer nie.

19 Shim’on Kefa en Yoganan antwoord hulle en sê: “Of dit reg is voor God om júlle

meer gehoorsaam te wees as vir God, moet julle self oordeel,

20 want vir ons is dit onmoontlik om nie te praat oor wat ons gesien en gehoor het

nie.”

21 Hulle het hul gedreig en vrygelaat, aangesien hulle geen rede kon vind om hulle te

straf nie, want al die mense het God geprys oor wat gebeur het,

22 want die man met wie hierdie wonderteken van genesing gebeur het, was meer as

veertig jaar oud.

23 Nadat hulle vrygelaat is, het hulle na hul broers gegaan en alles vertel wat die

priesters en die oudstes vir hulle gesê het.

Handelinge

24 Toe hulle dit hoor, het hulle in een gesindheid hulle stemme tot God opgelig en

gesê: “, U is God wat die hemel, die aarde, die see en alles wat daarin is, gemaak

Ps 146:6

het,

25 wat deur die Gees van Afsondering in die mond van U seun Dawid gesê het:

‘Waarom is die nasies verwoed en beplan die mense dit wat leeg is?

26 Die konings van die aarde het opgestaan en die leiers het as een vergader teen

Ps 2:1-2

en teen Sy Gesalfde,’

27 want Herodes en Pontios Pilatos, saam met nasies en die mense van Yisra’el het

waarlik in hierdie stad vergader teen U afgesonderde Seun Yeshua, wat U gesalf

het,

28 om alles te doen wat U hand en U doel vooruit bepaal het om te gebeur.

29 Ook nou, , let op hulle dreigemente en gee aan U diensknegte om openlik U

boodskap te verkondig,

30 deurdat U U hand uitsteek om genesing, wonderwerke en tekens deur die Outoriteit

en Karakter van U Afgesonderde Seun, Yeshua, te gee.”

31 Terwyl hulle bid en ernstig smeek, is die plek geskud waar hulle saam was en hulle

is elkeen volgemaak met die Gees van Afsondering en het die boodskap van God

openlik verkondig.

32 Die groot groep mense wat vertrou het, was een van gedagte, wil, emosie en van

gees en nie een het sy besittings vir homself toegeeïen nie, maar almal het alles met

mekaar gedeel.

33 Met groot wonderwerkende krag het die afgevaardigdes aangehou getuig van die

opstanding van Yeshua, Die Gesalfde Een, en groot guns was oor hulle almal.

34 Niemand van hulle was behoeftig nie, want almal wat grond of huise besit het, het

dit verkoop en die opbrengs van wat verkoop is gebring

35 en aan die voete van die afgevaardigdes neergesit en dit is uitgedeel aan elkeen,

volgens wat hy nodig gehad het.

36 So het ook Yosef, wie se bynaam onder die afgevaardigdes Bar-Nabba was, wat

beteken seun van vertroosting, ‘n Leviet van geboorte, vanaf Kupros,

37 ‘n stuk grond gehad en dit verkoop en die geld gebring en aan die voete van die

afgevaardigdes neergesit.

5 1 ‘n Man met die naam van Gananyah het, saam met sy vrou Shappirah, ‘n eiendom

verkoop

2 en, met die medewete van sy vrou, van die prys teruggehou en ‘n sekere deel gebring

en aan die voete van die afgevaardigdes neergesit.

3 Shim’on sê vir hom: “Gananyah, waarom het die Satan jou verstand, wil en emosie

hierdeur volgemaak om vir die Gees van Afsondering te lieg en om van die prys van

die grond terug te hou?

4 Was dit nie joune totdat dit verkoop is nie? Toe dit verkoop is, was die inkomste nie

onder jou outoriteit nie? Waarom is dit dat jy hierdie saak in jou gedagtes en wil

besluit het? Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God.”

5 Toe Gananyah hierdie boodskap hoor, het hy dood neergeval en ‘n groot vrees het

oor almal gekom wat dit gehoor het.

188

Handelinge

6 Toe het die jongmanne onder hulle opgestaan, hom opgetel, uitgedra en begrawe.

7 Drie ure later kom ook sy vrou in, onbewus van wat gebeur het.

8 Shim’on vra vir haar: “Sê vir my, het julle die grond vir soveel verkoop?” en sy sê:

“Ja, vir soveel.”

9 Shim’on sê vir haar: “Omdat julle ooreengekom het om die Gees van te toets, let

op, die voete van díé wat jou man begrawe het, is by die deur en hulle sal jou uitdra.”

10 Onmiddellik het sy voor hulle voete neergeval en is dood en die jongmanne het

ingekom, haar dood gekry, haar uitgedra en by haar man begrawe

11 en groot vrees het oor die hele gemeente gekom; oor almal wat dit gehoor het.

12 Deur die hande van die afgevaardigdes het daar baie wonderwerke en tekens onder

die mense gebeur en hulle het almal bymekaargekom in die pilaargang van Shlomo

13 en niemand van die ander het dit gewaag om met hulle te vereenselwig nie, maar

die mense het voortgegaan om hulle hoog te ag.

14 Baie het bygekom wat in vertrou, skares van manne, sowel as vroue

15 sodat hulle die siekes op die strate uitgedra en in groepe gelê het sodat, as Shim’on

kom, ten minste sy skaduwee op hulle sou val.

16 Baie mense het na hulle toe gekom van ander stede wat rondom Yerushalayim

is en siekes en mense wat deur onrein geeste gepla was, gebring en hulle is almal

gesondgemaak.

17 Die hoofpriester en almal wat by hom was van die leer van die Sadduseërs, was

vol jaloesie

18 en hulle het die hande aan die afgevaardigdes geslaan, hulle gevang en vasgebind

in die openbare tronk.

19 Toe, in die nag, het ‘n Boodskapper van die deure van die tronk oopgemaak

en hulle uitgelei en vir hulle gesê:

20 “Gaan staan in die tempel en sê vir die mense al hierdie woorde van lewe.”

21 Hulle het met sonsopkoms uitgegaan en in die tempel ingegaan en begin leer, maar

die hoofpriester en die wat saam met hom was, het gekom en die Raad en al die

oudstes van Yisra’el bymekaargeroep en hulle het na die tronk toe gestuur om die

afgevaardigdes te laat haal.

22 Toe die wat gestuur is hulle nie in die tronk kry nie, het hulle teruggegaan

23 en gesê “Ons het die tronk in alle sekuriteit toegesluit gekry en die wagte het buite

voor die deure gestaan, maar daar was niemand binne nie.”

24 Toe die hoofpriester, die kaptein van die tempelwagte en die hoofpriesters hierdie

boodskap hoor, was hulle verward daaroor en het gewonder wat dit is.

25 Iemand kom en rapporteer aan hulle: “Let op, die selfde manne wat julle in die

tronk gesit het, staan in die tempel en leer die mense.”

26 Daarop gaan die kaptein van die tempelwag en sy ondergeskiktes en bring hulle,

maar nie met geweld nie, want hulle was bang dat die mense hulle sou stenig.

27 Hulle het hulle gebring en voor die hele Raad laat staan en die hoofpriester het

hulle gevra:

28 “Het ons julle nie met ‘n opdrag beveel om niemand in dié Outoriteit en Karakter

te leer nie? Let op, julle het Yerushalayim volgemaak met julle leer en julle wil ons

verantwoordelik maak vir die bloed van hierdie Man.”

189

Handelinge

29 Shim’on en die afgevaardigdes antwoord hulle en sê: “Dit is nodig om aan God

meer gehoorsaam te wees as aan mense.

30 Die God van ons voorvaders

190

Eks 3:15 het Yeshua, wat julle vermoor het deur Hom aan

Deut 21:22-23

‘n hout op te hang, laat opstaan.

31 Hom het God as Hoof en Lewegewer aangestel en Hom aan Sy regterhand verhef

om aan Yisra’el erkenning, berou en vergifnis van sondes te gee

32 en ons, asook die Gees van Afsondering wat God gegee het aan die wat vertrou in

Hom, is Sy getuies van hierdie dinge.”

33 Toe hulle hierdie woorde hoor, was hulle woedend met ‘n passie en hulle het

oorweeg om hulle dood te maak.

34 Een van hulle, ‘n Fariseër met die naam van Gamali’el, wat die wet geleer het en

deur almal hoog in aansien was, het opgestaan

35 en beveel dat die afgevaardigdes ‘n rukkie uitgevat word en vir hulle gesê: “Manne

van Yisra’el, let op julleself wat reg is om te doen met hierdie manne,

36 want voor hierdie het Todah opgestaan en gesê dat hy iets besonders was. By hom

het ‘n aantal mense, omtrent vier honderd, aangesluit. Hy is gedood en almal wat na

hom geluister het, is uitmekaargejaag en het tot niks gekom nie.

37 Ná hom het Y’hudah, van die Galil, opgestaan, in die dae van die inskrywing vir

belasting en ‘n aansienlike getal mense laat afdwaal agter hom aan. Ook hý is dood

en almal wat na hom geluister het, is uitmekaar.

38 Nou sê ek vir julle, bly weg van hierdie manne en los hulle uit, want as hierdie

beweging of hierdie dade vanuit mense is, sal hulle uitmekaarspat en verbygaan,

39 maar as dit vanuit God is, kan julle dit nie vernietig nie sodat dit nie dalk gevind

word dat julle teen God staan nie.”

40 Hulle is deur hom oortuig en nadat hulle die afgevaardigdes ingeroep het, het hulle

hul laat slaan en hulle beveel om nie in die Outoriteit en Karakter van Yeshua te

praat nie en hulle vrygelaat.

41 Hulle het van hulle af weggegaan, verheug dat hulle waardig geag is om ter wille

van Sy Karakter en Outoriteit oneer te ly

42 en hulle het nie opgehou om elke dag in die tempel en aan huis te leer en die goeie

boodskap te verkondig aangaande Yeshua Die Gesalfde Een nie.

6 1 In daardié dae, toe die studentevolgelinge vermeerder het, het daar ‘n klagte

ontstaan vanaf die Hellenistiese studentevolgelinge teenoor die Hebreërs, dat hulle

weduwees in die daaglikse versorging oorgesien is.

2 Toe het die twaalf afgevaardigdes die hele vergadering van studentevolgelinge

bymekaargeroep en gesê: “Dit is nie aanvaarbaar dat ons die boodskap van God

nalaat, om tafels te bedien nie.

3 Soek daarom, my broers en kies sewe manne vanuit julle, waarop die getuienis is,

vol van die Gees van en wysheid, wat ons oor hierdie saak sal aanstel

4 en ons sal voortgaan in gebed en die voortdurende bediening van die boodskap.”

5 Die gedagte het byval gevind by almal en hulle het gekies: Stefanos, ‘n man vol

van die Gees van Afsondering en vertroue, Filippos, Progoros, Nikanor, Timon,

Parmenas en Nikolaos, ‘n proseliet uit Antiogeia.

6 Hulle het hulle voor die afgevaardigdes laat staan en nadat hulle gebid het, het hulle

hul die hande opgelê.

7 Die boodskap van God is opgelig en die getal studentevolgelinge het baie vermeerder

in Yerushalayim en baie vanaf Y’hudah het gehoorsaam geword aan die waarheid.

8 Stefanos, vol van onverdiende guns en krag, het wonderwerke en tekens onder die

mense gedoen

9 en daar het sommige van die sinagoge van die Bevryde Slawe, soos dit genoem is,

opgestaan en van die Kureners en Alexandryne en van die mense van Kilikia en

Asië en hulle het met Stefanos gedebateer,

10 maar hulle kon nie teen die wysheid en die Gees waardeur hy gepraat het, staan

nie.

11 Toe stuur hulle manne en beveel hulle om te sê: “Ons het hom kwaad hoor praat

teen Moshe en teen God.”

12 Hulle het die mense en die oudstes en die leraars van die wet opgesweep en op hom

afgekom en hom gegryp en voor die Raad gebring

13 en hulle het valse getuies aangestel om te sê: “Dié man hou nie op om kwaad te

praat teen die wet en hierdie afgesonderde plek nie,

14 want ons het hom hoor sê: ‘Hierdie Yeshua, van Natzeret, sal hierdie plek afbreek

en die gebruike wat Moshe aan ons oorgegee het, verander.’”

15 Terwyl almal wat in die Raad sit, hom stip dophou, sien hulle dat sy gesig soos die

gesig van ‘n engel is.

7 1 Die hoofpriester vra vir hom of die dinge so is.

2 Hy sê egter: “Broers en vaders, luister! Die God van eer, lof en aanbidding het

verskyn aan ons vader Avraham toe hy in ‘Aram Naharayim was, voordat hy in

Gen 15:7

Garran gewoon het,

3 en vir hom gesê: ‘Trek uit jou land en uit die teenwoordigheid van die kinders van

jou familie en kom na die land wat Ek jou sal wys.’

Gen 12:1

4 Toe het Avraham uitgetrek uit die land van die Kasdim en in Garran gaan woon en

ná die dood van sy vader het Hy hom daarvandaan laat trek na hierdie land waarin

julle nou bly

5 en Hy het hom geen erfdeel daarin gegee nie, selfs nie ‘n voetspoor nie, Deut 2:5 maar

Hy het belowe om dit aan hom en sy nageslag ná hom as erfenis te gee, toe hy nog

geen seun gehad het nie.

Gen 12:7; 13:15; 15:4,7,18-21

6 God het vir hom gesê dat sy nageslag vreemdelinge in ‘n vreemde land sou wees

en dat die mense hulle tot slawe sou maak en sou mishandel vir vier honderd jaar

lank

7 en die nasie vir wie hulle slawe sal wees, sal Ek oordeel, het God gesê en daarna sal

hulle uittrek en My in hierdie plek dien.

Gen 15:13-16

Handelinge

8 Hy het hom die verbond van die besnydenis gegee en hy het die vader van Yitz’gak

geword en hom op die agtste dag besny en Yitz’gak het die vader van Ya’akov

geword en Ya’akov van die twaalf vaders

9 en hulle, ons vaders, was jaloers op Yosef en het hom na Egipte toe verkoop, maar

Gen 37:11,28 ; 39:1-3,21,23

God was met hom

191

Handelinge

10 en het hom uit al sy moeilikhede verlos en hom onverdiende guns en wysheid gegee

voor Farao, die koning van Egipte en dié het hom aangestel as hoof administrateur

Gen 41:37-44

oor Egipte en oor sy hele huis.

11 Daar het ‘n hongersnood en groot benoudheid oor die hele Egipte en Kena’an

Gen 41:54 ; 42:5

gekom en daar was niks om ons vaders te versadig nie,

12 maar toe Ya’akov hoor dat daar graan in Egipte was, het hy ons vaders eerste

uitgestuur

13 en die tweede keer het Yosef hom aan sy broers bekend gemaak

192

Gen 45:1 en Yosef se

familie het aan Farao bekend geword.

14 Toe het Yosef gestuur en sy vader Ya’akov en sy hele familie laat roep, vyf en

Gen 46:27 ; Eks 1:5

sewentig mense.

15 Ya’akov het afgegaan na Egipte en is daar dood, hy en ons vaders

16 en hy is oorgeplaas na Sh’khem en begrawe in die graf wat Avraham met silwer

gekoop het van die seuns van Hamor.

17 Namate die tyd van die belofte wat God aan Avraham met ‘n eed beloof het, nader

gekom het, het die volksmense toegeneem en vermeerder in Egipte,

18 totdat daar ‘n ander koning opgestaan het oor Egipte, wat nie vir Yosef geken het

Eks 1:7-8

nie.

19 Hy het listig met ons nasie te werk gegaan en ons vaders wreed behandel deur hulle

te verplig om hul babas buite te gooi sodat hulle dit nie sou oorleef nie.

20 Op die bepaalde tyd is Moshe, wat spesiaal was vir God, gebore. Drie maande lank

is hy in die huis van sy vader grootgemaak,

21 maar toe hy buite gesit is deur sy moeder, het Farao se dogter hom gevind en hom

as haar seun grootgemaak.

22 Moshe is opgelei in al die wysheid van die Egiptenare en was voorbereid in

redevoering en in dade

23 en nadat hy die ouderdom van veertig jaar bereik het, het dit in sy gedagtes, wil en

emosie opgekom om sy broers, die kinders van Yisra’el, te besoek.

24 Toe hy sien dat een uit sy stam verkeerd behandel word, het hy hom verdedig en die

man wat mishandel is, gewreek deur die man van Egipte dood te maak.

25 Hy het gedink dat sy broers, die kinders van Yisra’el, sou verstaan dat God hulle

deur sý hand bevryding sou gee, maar hulle het dit nie verstaan nie

26 en ‘n ander dag het hy by hulle aangekom terwyl hulle besig was om onderling

te baklei en hy het by hulle aangedring om vrede te maak en gesê: ‘Manne, julle is

broers, waarom behandel julle mekaar verkeerd?’

27 Hy wat sy naaste verkeerd behandel het, het hom weggestamp en gesê: ‘Wie het

jou as leier en regter oor ons aangestel?

Eks 2:14

28 Wil jy my ook doodmaak soos jy gister die Egiptenaar doodgemaak het?’

29 Moshe het op hierdie woord gevlug en ‘n vreemdeling geword in die land van

Eks 2:22 ; 18:3-4

Mídian, waar hy twee seuns gehad het.

30 Nadat veertig jaar verloop het, het Die Engel van aan hom verskyn in die

wildernis by die berg Sinai, in die vlamme van ‘n brandende bos.

31 Moshe het dit gesien en hom oor die gesig verwonder en toe hy nader gaan om dit

te ondersoek, het die stem van vir hom gesê:

Handelinge

32 ‘Ek is , die God van jou vaders, die God van Avraham, die God van Yitz’gak

en die God van Ya’akov,’ maar Moshe het bang geword en nie gewaag om te kyk

na die verskynsel nie.

33 sê vir hom: ‘Trek die skoene van jou voete af, want die plek waarop jy staan,

is afgesonderde grond.

34 Ek het gekyk en die mishandeling van my volk wat in Egipte is, gesien en hulle

gekerm gehoor en afgekom om hulle te bevry en nou, kom hier, Ek sal jou na Egipte

Eks 3:1-10

toe stuur.’

35 Hierdie Moshe wat hulle verwerp het deur te sê: ‘Wie het jou aangestel as ‘n

heerser en regter?’ hóm het God as heerser en bevryder gestuur deur die hand van

Die Engel wat aan hom verskyn het in die struik.

36 Dit is hy wat hulle uitgelei en tekens, wonderwerke en magtige dade in Egipte, die

Rietsee en veertig jaar lank in die wildernis gedoen het.

37 Dit is dié Moshe wat aan die kinders van Yisra’el gesê het: ‘ julle God sal

vir julle ‘n Profeet, net soos ek is, vanuit julle broers verwek; julle moet na Hom

Deut 18:15

luister.’

38 Dit is hy wat in die byeenkoms in die wildernis saam met Die Engel was, wat met

hom op die berg Sinai gepraat het en saam met ons vaders was. Hy het die lewende

Woorde van God ontvang om aan ons te gee.

39 Hom wou ons vaders nie gehoorsaam nie, maar hulle het hom verwerp en met hulle

verstand, wil en emosie na Egipte toe teruggedraai

40 toe hulle vir Aharon gesê het: ‘Maak vir ons gode wat voor ons uit sal gaan, want

ons weet nie wat van hierdie Moshe, wat ons uit Egipte uitgelei het, geword het

Eks 32:1, 23

nie.’

41 Hulle het in daardie dae ‘n kalf gemaak en aan die afgodsbeeld ‘n offer gebring en

hulle in die werke van hulle hande verheug,

42 maar God het Hom omgedraai en hulle oorgegee om die sterre van die hemel te

aanbid,

193

Yir 19:13 soos geskrywe is in die boekrol van die profete: ‘Huis van Yisra’el,

dit is nie vir My dat julle slagoffers en offers gebring het gedurende veertig jaar in

die wildernis nie!

43 Julle het die tent van Molek saamgevat en die ster van julle god Kiyoen (Remfan),

die beelde wat julle gemaak het, om te aanbid. Ek sal julle in ballingskap tot

’Am 5:25-27

anderkant Bavel wegvoer.’

44 Die tent van die Getuienis was onder ons vaders in die wildernis, net soos Hy, wat

met Moshe gepraat het, hom beveel het om dit te maak volgens die bloudrukplan

wat hy gesien het,

45 wat deur ons vaders ontvang is en saam met Y’hoshua ingebring is in die land wat

hulle in besit geneem het van die nasies, wat God voor ons vaders uitgedryf het, tot

op die dae van Dawid,

46 wat onverdiende guns gekry het voor God en gevra het om ‘n blyplek vir die God

van Ya’akov te voorsien.

47 Shlomo het ‘n huis vir Hom gebou,

48 maar Ha’Elyon (die Allerhoogste) bly nie in mensgemaakte tempels nie, net soos

die profeet sê:

Handelinge

49 ‘Die hemel is My troon en die aarde die voetstoel vir My voete. Waar is die huis

wat julle vir My sal bou, sê , of waar is die plek van My rus?

Yes 66:1-2

50 Het My hand nie al hierdie dinge gemaak nie?’

51 Julle hardnekkiges Eks 32:9; 33:3,5 en onbesnedenes van verstand, wil, emosie en ore,

Lev 26:41; Yir 6:10; 9:25 Yes 63:10

julle hou aan om altyd die Gees van afsondering teë te staan.

Net soos julle vaders, so doen julle ook.

52 Watter een van die profete is nie deur julle vaders vervolg nie? Hulle het dié gedood

wat vooraf die koms van die Onskuldige (Tzaddik) aangekondig het, van wie julle

nou verraaiers en moordenaars geword het;

53 julle wat die wet deur die bemiddeling van engele ontvang het en dit tog nie

gehoorsaam het nie!”

54 Toe hulle dit hoor, was hulle na verstand, wil en emosie woedend en het op die

tande gekners oor hom,

55 maar hy, vol van vertroue en die Gees van Afsondering, het aanhou kyk na die

hemel en die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van God gesien en Yeshua wat

staan aan die regterhand van God

56 en hy het gesê: “Let op! Ek sien die hemele geopend en die Seun van die mens aan

die regterhand van God staan.”

194

Ps 110:1

57 Hulle het egter met ‘n harde stem geskree en hulle ore toegestop en soos een man

op hom afgestorm.

58 Hulle het hom gegryp en buitekant die stad gevat en hom gestenig Deut 17:2-7 en die

wat teen hom getuig het, het hulle klere neergesit by die voete van ‘n jongman met

die naam van Sha’ul.

59 Hulle het Stefanos gestenig terwyl hy uitroep en sê: “Ons Meester, Yeshua, ontvang

my gees!”

60 Hy het op sy knieë neergeval en met ‘n harde stem uitgeroep: “Ons Meester, hou

nie hierdie sonde teen hulle nie!” en met dié woorde is hy dood.

8 1 Sha’ul het ook saamgestem en deelgeneem aan sy moord en daar was in dié

tyd ‘n groot vervolging teen die gemeente in Yerushalayim en almal, behalwe die

afgevaardigdes, is verstrooi oor die dorpies van Y’hudah en Shomron.

2 Manne wat vertrou, het Stefanos gevat en begrawe en baie oor hom gerou,

3 maar Sha’ul het die gemeente vervolg en in huise ingegaan en manne en vroue

uitgesleep en aan die tronk oorgegee.

4 Díe wat verstrooi is, het reisende die boodskap van God verkondig,

5 maar Filippos het afgegaan na ‘n stad van Shomron en aangaande Die Gesalfde Een

aan hulle verkondig.

6 Die mense het, soos hulle sy boodskap hoor, geluister en was oortuig van wat hy sê,

omdat hulle die wondertekens gesien het wat hy doen,

7 want uit baie van die wat onrein geeste gehad het, het die geeste uitgegaan terwyl

hulle met ‘n harde stem geskree het en baie wat lam en kreupel was, het gesond

geword

8 en daar was groot blydskap in daardie stad.

9 ‘n Sekere man, met die naam van Shim’on, het vóór dit, in die stad, die mense van

Handelinge

Shomron mislei met towery en beweer dat hy ‘Die groot god’ is.

10 Almal, van klein tot groot, het tot hom gebid en gesê: “Hy is die groot krag van

God”

11 en almal was deur hom oortuig, omdat hy hulle vir ‘n lang tyd deur sy towerye

verstom het,

12 maar toe hulle vertrou wat Filippos verkondig het aangaande die Koninkryk van

God in die Outoriteit en Karakter van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, is

hulle gedoop, manne sowel as vroue.

13 Shim’on self het ook vertrou en nadat hy gedoop is, het hy gedurig by Filippos

gebly en hy was verstom en verslae toe hy die tekens en wonderwerke sien wat deur

sy hand gebeur.

14 Toe die afgevaardigdes in Yerushalayim hoor dat Shomron die boodskap van God

aanvaar het, het hulle Shim’on Kefa en Yoganan na hulle toe gestuur.

15 Húlle het afgegaan en vir hulle gebid sodat hulle die Gees van Afsondering kan

ontvang,

16 want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in

die Outoriteit en Karakter van ons Meester, Yeshua.

17 Hulle het toe die hande op hulle gelê en hulle het die Gees van Afsondering

ontvang

18 en toe Shim’on sien dat, deur die handoplegging van die afgevaardigdes, die Gees

van Afsondering gegee word, het hy vir hulle geld gebring

19 en gesê: “Gee vir my ook hierdie outoriteit sodat as ek iemand die hande oplê, hulle

die Gees van Afsondering kan ontvang.”

20 Shim’on Kefa sê vir hom: “Jou geld sal saam met jou na die vernietiging gaan, omdat

jy gedink het dat jy die geskenk van God met wêreldse besittings kan verkry.

21 Jy het geen deel of breukdeel aan hierdie vertroue nie, want jou verstand, wil en

emosie is nie opreg voor God nie.

22 Draai weg van hierdie boosheid van jou en vra van God en miskien sal Hy jou die

valsheid van jou verstand, wil en emosie vergewe,

23 want ek sien dat jy in ‘n woede van bitterheid en bande van boosheid is.”

24 Shim’on het geantwoord en gesê: “Bid julle tot Godvir my sodat niks van wat julle

gesê het, oor my mag kom nie.”

25 Nadat Shim’on Kefa en Yoganan getuig en die boodskap van God verkondig het,

het hulle na Yerushalayim teruggegaan en die goeie boodskap in baie dorpe van

Shomron verkondig.

26 ‘n Boodskapperengel van het met Filippos gepraat en gesê: “Staan op en gaan

na die suide, op die stil pad wat afloop van Yerushalayim na `Azah.”

27 Hy het opgestaan en gegaan en ‘n gelowige van Ethiopië, ‘n staatsamptenaar met

baie outoriteit, wat oor al Kandake, die koningin van die Ethiopiërs, se skatte was

en wat na Yerushalayim gekom het om te aanbid, ontmoet.

28 Hy was op pad terug en het op sy wa gesit en die profeet Yesha’yahu gelees.

29 Toe sê die Gees vir Filippos: “Gaan na die wa toe en bly by hom.”

30 Toe hy naderkom hoor hy wat hy in die profeet Yesha’yahu lees en hy sê vir hom:

“Verstaan u dit wat u lees?”

195

Handelinge

31 Hy antwoord: “Hoe kan ek verstaan as iemand my nie leer nie?” Toe nooi hy

Filippos om op te klim en by hom te kom sit.

32 Die gedeelte van die Skrif wat hy besig was om te lees, was dít: ‘Hy is soos ‘n

skaap wat gelei word om geslag te word en soos ‘n lam wat stom is voor die een wat

hom skeer, so maak Hy Sy mond nie oop nie.

33 In Sy vernedering in gevangenis is Hy regverdige oordeel ontneem en wie sal

Yes 53:7-8

vertel van Sy tyd, want Sy lewe word van die aarde weggeneem?’

34 Die gelowige antwoord en sê vir Filippos: “Ek smeek u, van wie sê die profeet dit,

van homself of van iemand anders?”

35 Filippos het sy mond oopgemaak en van hierdie Skrif af begin en aangaande ons

Meester, Yeshua, aan hom verkondig.

36 Terwyl hulle op pad is, kom hulle by water en die staatsamptenaar sê vir hom: “Let

op! Daar is water, wat verhinder my om gedoop te word?”

37 Filippos sê: “As u vertrou met u hele verstand, wil en emosie, is dit geoorloof.” Hy

antwoord en sê: “Ek vertrou dat Yeshua, Die Gesalfde Een, die Seun van God is.”

38 Hy het beveel dat die wa moes stilhou en hulle altwee, Filippos en die staatsamptenaar,

het in die water afgeklim en hy is gedoop.

39 Toe hulle uit die water opklim, het die Gees van Filippos weggevat en

die staatsamptenaar het hom nie meer gesien nie, maar hy het verder gereis met

blydskap,

40 maar Filippos is in Ashdod gekry en hy het van daar af gereis en in al die stede

verkondig, totdat hy in Kaisareia gekom het.

9 1 Sha’ul, wat steeds dreigemente en moord geblaas het teen die studente-volgelinge

van ons Meester,

2 het van die hoofpriester briewe gevra aan die sinagoges in Dammesek sodat, as hy

mense sou kry wat van die Weg was, manne, sowel as vroue, hy hulle vasgebind na

Yerushalayim kon bring.

3 Op die pad, naby Dammesek, is hy skielik omring met ‘n helder lig vanuit die hemel

4 en hy val op die grond en hoor ‘n stem vir hom sê: “Sha’ul, Sha’ul, waarom vervolg

jy My? Dit is hard vir jou om teen die aansporings te skop”

5 Hy sê: “Wie is U, my Meester? Ons Meester antwoord: “Ek Is Yeshua van

Natzeret, wat jy vervolg.”

6 “Staan op en gaan in die stad in en daar sal vir jou gesê word wat jy moet doen.”

7 Die manne wat saam met hom gereis het, het sprakeloos gestaan terwyl hulle wel die

stem hoor, maar niemand sien nie.

8 Toe staan Sha’ul van die grond af op en maak sy oë oop, maar hy kon niks sien nie

en hulle het hom aan die hand gelei en in Dammesek ingebring

9 en vir drie dae het hy niks gesien nie en niks geëet of gedrink nie.

10 Daar was ‘n studentevolgeling in Dammesek met die naam van Gananyah en het

vir hom in ‘n visioen gesê: “Gananyah!” Hy antwoord: “Dit is ek, my Meester.”

11 Ons Meester sê vir hom: “Staan op en gaan na die straat wat genoem word

Reguitstraat en doen navraag, in die huis van Y’hudah, na ‘n man van Tarsos met

die naam van Sha’ul, want let op, hy bid.

196

Handelinge

12 Hy sien in ‘n visioen ‘n man met die naam van Gananyah inkom, wat hom die

hande oplê sodat hy weer kan sien.”

13 Gananyah antwoord: “My Meester, ek het van baie mense aangaande hierdie man

gehoor, hoeveel boosheid hy aan die afgesonderdes in Yerushalayim gedoen het

14 en let op, ook hier het hy outoriteit van die hoofpriesters om almal te vang wat

hulle beroep op U Outoriteit en Karakter.”

15 sê vir hom: “Staan op en gaan, want hy is vir My ‘n gekose instrument om

My Outoriteit en Karakter te neem voor nasies, konings, asook die kinders van

Yisra’el,

16 want Ek sal hom wys hoeveel hy vir My Karakter en Outoriteit moet ly.”

17 Toe het Gananyah gegaan en in die huis gekom en hom die hande opgelê en gesê:

“Sha’ul, my broer, ons Meester, Yeshua; Hy wat aan jou verskyn het op die pad toe

jy gekom het, het my gestuur sodat jou oë oopgemaak kan word en jy met die Gees

van Afsondering gevul kan word.”

18 Dadelik het daar iets soos skubbe van sy oë afgeval en hy kon onmiddellik sien en

hy het opgestaan en is gedoop.

19 Nadat hy kos geneem het, het hy weer sterk geword en Sha’ul was ‘n paar dae saam

met die studentevolgelinge in Dammesek.

20 Hy het dadelik in die sinagoges van die Jode verkondig aangaande Yeshua, dat Hy

die Seun van God is

21 en almal wat hom gehoor het, was verstom en het gesê: “Is hy nie die man wat in

Yerushalayim dié wat hierdie Outoriteit en Karakter aanroep vervolg het nie en hierheen

gekom het met die doel om hulle vasgebind na die hoofpriesters te bring nie?”

22 Sha’ul het al kragtiger geword en die Jode wat in Dammesek bly, verontrus deur te

bewys dat hierdie Een Die Gesalfde Een is,

23 maar ná ‘n geruime tyd het die Jode beraadslaag om hom dood te maak.

24 Hulle plan wat hulle aan hom wou doen is aan Sha’ul gewys. Hulle het die poorte

dag en nag opgepas sodat hulle hom kon doodmaak.

25 Toe het die studentevolgelinge hom gevat en in die nag in ‘n mandjie vanaf die

muur laat afsak.

26 Hy het aangegaan na Yerushalayim en by die studentevolgelinge probeer aansluit,

maar almal was bang vir hom en het nie vertrou dat hy ‘n studentevolgeling was nie.

27 Bar-Nabba het hom gevat en na die afgevaardigdes gebring en aan hulle vertel

presies hoe hy op die pad vir gesien en Hy met hom gepraat het en hoe hy in

Dammesek vrymoediglik in die Outoriteit en Karakter van Yeshua gepraat het.

28 Hy het saam met hulle in en uit Yerushalayim gegaan

29 en vrymoediglik in die Outoriteit en Karakter van Yeshua gepraat en ook met die

Griekssprekende Jode gedebateer, maar hulle het probeer om hom dood te maak.

30 Toe die broers dit agterkom, het hulle hom in die nag na Kaisareia gevat en hom

weggestuur na Tarsos toe.

31 Hierna het die gemeentes deur die hele Y’hudah, die Galil en Shomron vrede,

gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid gehad en is opgebou. Hulle het

voortgegaan in die vrees en respek van en het gegroei in die ondersteuning van

die Gees van Afsondering.

197

Handelinge

32 Toe Shim’on oral rondgegaan het, het hy ook gekom by die afgesonderdes wat in

Lud woon

33 en het ‘n sekere man daar gekry met die naam van Aeneas, wat verlam was en al

agt jaar lank bedlêend was.

34 Shim’on sê vir hom: “Aenea (geteisterde), Yeshua, Die Gesalfde Een, maak jou

gesond; staan op en maak jou bed reg!” Hy het onmiddellik opgestaan

35 en al die inwoners van Lud en die Sharon het gesien en hulle het omgedraai na

God toe.

36 In Yafo was daar ‘n studentevolgeling met die naam van Tavita, wat ryk was in

omgee vir ander en van goeie dade wat sy gedoen het,

37 maar in dié dae het sy siek geword en is dood en hulle het haar gewas en in ‘n

boonste vertrek neergelê.

38 Lud is langs Yafo en die studentevolgelinge het gehoor dat Shim’on daar was en

het twee manne na hom gestuur wat hom moes smeek om sonder uitstel na hulle

toe te kom.

39 Shim’on het opgestaan en saam met hulle gegaan. Toe hy daar kom, bring hulle

hom in die boonste vertrek en al die weduwees kom by hom staan en huil en wys

hom die jasse en klere wat Tavita vir hulle gemaak het toe sy nog by hulle was.

40 Shim’on het almal buitentoe gestuur, gekniel en gebid en hy het hom na die liggaam

gedraai en gesê: “Tavita, staan op!” en sy het haar oë oopgemaak, vir Shim’on

gesien en regop gesit.

41 Hy gee haar sy hand en laat haar opstaan. Daarop roep hy die afgesonderdes en die

weduwees en gee haar lewendig vir hulle

42 en dit het bekend geword in die hele stad en baie het in ons Meester vertrou.

43 Hy het ‘n geruime tyd by ‘n sekere Shim’on, ‘n leerlooier, in Yafo gebly.

10 1 Daar was in Kaisareia ‘n sekere man met die naam van Kornelios, ‘n kaptein

oor honderd van die leërafdeling wat ‘Italiaans’ genoem is.

2 Saam met sy hele huis was hy opreg en onpartydig en het God aanbid en het baie

deur omgee gesorg vir die mense en het altyddeur leiding van God gevra.

3 Hy het in ‘n gesig omtrent drieuur die middag duidelik ‘n boodskapper van God na

hom toe sien kom en vir hom sê: “Kornelios!”

4 Hy het die oë baie bang op hom gehou en gesê: “Wat is dit, my meester?” Toe

antwoord hy hom: “Jou gebede en jou omgee dade het voor God in herinnering

gekom.

5 Stuur dan nou manne na Yafo en laat vir Shim’on haal, wat ook Kefa genoem

word.

6 Let op, hy bly by ‘n sekere Shim’on, ‘n leerlooier, wie se huis by die see is. Hy sal

jou sê wat jy moet doen.”

7 Toe die boodskapper wat met Kornelios gepraat het, weg is, roep hy twee van sy

huisbediendes en ‘n toegewyde soldaat wat met hom saamgestem het

8 en vertel hulle alles wat hy gesien het en stuur hulle na Yafo.

9 Die volgende dag, terwyl hulle op pad was, naby die stad, het Shim’on omtrent

twaalfuur die middag op die dak geklim om te bid

198

Handelinge

10 en hy het honger geword en wou eet en terwyl dit vir hom voorberei is, het daar ‘n

geesvervoering oor hom gekom:

11 Hy sien die hemel oopgemaak en ‘n voorwerp soos ‘n groot laken na hom toe

afkom, wat aan die vier hoeke vasgebind is en op die aarde laat sak word.

12 Daarin was al die viervoetige diere van die aarde, kruipende diere en die voëls van

die hemel

13 en daar kom ‘n stem na hom toe: “Staan op, Shim’on, slag en eet!”

14 Shim’on sê: “Nooit nie, my Meester, want ek het nog nooit iets vuils of onreins

geëet nie.”

15 Weer het die stem vir die tweede keer na hom gekom: “Wat God rein gemaak het,

mag jy nie vuil ag nie.”

16 Dit het drie maal gebeur en die voorwerp is weer in die hemel in opgevat.

17 Terwyl Shim’on nog by homself gewonder het oor wat die visioen, wat hy gesien

het, kon beteken, het die manne wat deur Kornelios gestuur is aangekom en verneem

na die huis van Shim’on en by die hek gaan staan

18 en hulle roep en vra of Shim’on, wat ook Kefa genoem word, daar bly.

19 Terwyl Kefa nadink oor die visioen, sê die Gees vir hom: “Let op! Daar is drie

manne wat jou soek.

20 Staan op, klim af en gaan saam met hulle sonder om te twyfel, want dit is Ek wat

hulle gestuur het.”

21 Toe het Shim’on afgeklim na die manne en gesê: “Dit is ek wat julle soek. Hoekom

het julle gekom?”

22 Hulle sê vir hom: “Kornelios, ‘n kaptein oor honderd, ‘n goeie en Godaanbiddende

man, wat ‘n goeie naam het by al die Jode, het ‘n openbaring ontvang deur ‘n

afgesonderde boodskapper, om u te laat haal na sy huis toe, om te hoor wat u sal sê.”

23 Shim’on het hulle ingenooi en onthaal waar hy gebly het en die volgende dag het

Kefa saam met hulle gegaan en sekere van die broers uit Yafo het saam met hom

gegaan.

24 Die dag daarna het hulle in Kaisareia aangekom waar Kornelios hulle verwag het,

terwyl sy familie en goeie vriende by hom bymekaar was.

25 Toe Shim’on inkom, het Kornelios hom tegemoetgegaan en aan sy voete neergeval

uit eerbetoning,

26 maar Shim’on het hom opgetel en gesê: “Staan op, ek is self ook net ‘n mens.”

27 Terwyl hy met hom praat, gaan hy in en kry baie wat bymekaargekom het

28 en hy sê vir hulle: “Julle weet dat dit nie toegelaat word vir ‘n Joodse man om met

iemand van ‘n ander volk te assosieer of om hom te besoek nie, maar God het my

gewys dat ek geen mens vuil of onrein mag noem nie.

29 Daarom het ek, toe ek geroep is, dadelik gekom. Ek vra dan om watter rede julle

my laat roep het.”

30 Kornelios sê: “Vier dae gelede, omtrent hierdie uur, was ek besig om te vas en

drieuur die middag het ek in my huis gebid en skielik staan daar ‘n man voor my

in wit klere

31 en sê: ‘Kornelios, jou gebed is gehoor en jou omgee dade is voor God in herinnering

gebring.

199

Handelinge

32 Stuur dan na Yafo en laat Shim’on, wat ook Kefa genoem word, haal. Hy bly in die

huis van Shim’on, ‘n leerlooier, naby die see; as hy kom, sal hy met jou praat.’

33 Ek het onmiddellik na u gestuur en u het goed gedoen om te kom. Let op, ons is

almal voor u om alles te hoor wat van die Teenwoordigheid van God aan u beveel

is.”

34 Shim’on het sy mond oopgemaak en gesê: “In waarheid verstaan ek dat God geen

aannemer van die persoon is nie,

35 maar dat in elke nasie dié een wat Hom vrees en onpartydig en opreg is, aanvaarbaar

is vir Hom.

36 Dít is die boodskap wat Hy gestuur het aan die kinders van Yisra’el toe Hy die

goeie nuus van vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid verkondig het

deur Yeshua, Die Gesalfde Een; Hy wat van almal is.

37 Julle ken die boodskap wat in die hele Y’hudah was, wat vanuit die Galil begin het,

ná die doop wat Yoganan verkondig het,

38 aangaande Yeshua van Natzeret, wat God gesalf het met die Gees van Afsondering

en met krag. Hy het rondgegaan en almal genees wat onderdruk was deur die Bose

een, omdat God met Hom was.

39 Ons is getuies van alles wat Hy gedoen het in die gebied van Y’hudah en in

Deut 21:23

Yerushalayim; Hom het hulle vermoor deur Hom aan ‘n hout op te hang.

40 Hom het God op die derde dag laat opstaan en gegee dat Hy openlik verskyn,

41 nie aan al die mense nie, maar aan ons wat vooraf deur God as Sy getuies gekies

is, aan ons wat saam met Hom geëet en gedrink het, nadat Hy uit die dood uit

opgestaan het.

42 Hy het ons beveel om aan die mense te verkondig en te getuig dat dit Hy is wat deur

God aangestel is as Regter van wat lewe en wat dood is.

43 Van Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom vertrou, vergifnis van sondes

deur Sy Karakter en Outoriteit sal ontvang.”

44 Terwyl Shim’on besig was om te praat, het die Gees van Afsondering op almal

gekom wat die boodskap gehoor het

45 en dié broers vanuit die besnydenis, wat saam met Shim’on gekom het, was verstom

en verbaas dat die geskenk van die Gees van Afsondering ook oor die ander nasies

uitgestort is,

46 want hulle het gehoor hoe hulle in verskillende tale praat en God grootmaak en

Shim’on sê:

47 “Niemand kan die water keer, dat hierdie mense, wat net soos ons die Gees van

Afsondering ontvang het, nie gedoop word nie?”

48 Toe het hy beveel dat hulle gedoop moet word in die Karakter en Outoriteit van

ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een. Hulle het hom toe gevra om nog ‘n paar

dae te bly.

11 1 Die Afgevaardigdes en die broers wat in Y’hudah was, het gehoor dat die ander

nasies ook die boodskap van God aanvaar het

2 en toe Shim’on opgaan na Yerushalayim, het die wat uit ‘die besnydenis groep’ was,

hom teëgestaan

200

Handelinge

3 en gesê: “Jy het in die teenwoordigheid van onbesnede manne ingegaan en saam

met hulle geëet.”

4 Shim’on het tussenbeide getree en vir hulle gesê:

5 “Toe ek in die stad Yafo in gebed was, het ek in ‘n visioen ‘n voorwerp, soos ‘n groot

laken, uit die hemel sien neerdaal, wat aan die vier hoeke uit die hemel afgesak het

en dit het tot by my gekom.

6 Ek het daarna gekyk en diere daarin gesien; viervoetige diere van die aarde, kruipende

diere en die voëls van die hemel

7 en ek het ‘n stem vir my hoor sê: ‘Shim’on, staan op en eet!’

8 Ek het geantwoord: ‘Nooit nie, my Meester, want ek het nog nooit iets vuils of

onreins geëet nie.’

9 Die stem het weer uit die hemel geantwoord: ‘Wat God rein gemaak het, mag jy nie

vuil ag nie.’

10 Dit het drie maal gebeur en alles is weer opgetrek in die hemel in

11 en dadelik sien ek drie manne, wat van Kaisareia af na my toe gestuur is, voor die

ingang staan waar ek gebly het.

12 Die Gees het vir my gesê dat ek saam met hulle moes gaan sonder om te twyfel.

Hierdie ses broers het ook saam met my gegaan en ons het in die man se huis

ingegaan

13 en hy het aan ons verduidelik hoe die boodskapper in sy huis verskyn en vir hom gesê

het: ‘Stuur manne na Yafo en laat vir Shim’on haal, wat ook Kefa genoem word,

14 wat vir jou woorde sal bring waardeur jy en jou hele huis lewe sal ontvang.’

15Terwyl ek daar besig was om te praat, het die Gees van Afsondering op hulle gekom

net soos in die begin op ons

16 en ek is herinner aan die woord van die Meester, dat Hy gesê het: ‘Yoganan het met

water gedoop, maar julle sal met die Gees van Afsondering gedoop word.’

17 As God daarom aan hulle, wat in die Meester Yeshua, Die Gesalfde Een, vertrou het,

dieselfde geskenk gegee het soos aan ons, wie was ek dan, dat ek God kon keer?”

18 Toe hulle dit hoor, was hulle stil en het eer, lof en aanbidding aan God gebring

en gesê: “Miskien het God ook aan die ander nasies die erkenning, belydenis en

wegdraai van sonde na God toe, tot die lewe, gegee.”

19 Die wat verstrooi was, deur die vervolging wat na Stefanos ontstaan het, het

Foinike bereik, asook die streek van Kupros en Antiogeia, sonder om aan iemand

die boodskap te bring, behalwe tot die Jode alleen,

20 maar daar was sommige van hulle, manne van Kupros en Kurene, wat in Antiogeia

gekom het en met die Grieke gepraat het en aangaande ons Meester Yeshua

verkondig het

21 en die hand van was met hulle en ‘n groot getal het vertrou en het omgedraai

na toe.

22 Toe die boodskap hiervan die gemeente, wat in Yerushalayim was, se ore bereik,

het hulle Bar-Nabba afgestuur na Antiogeia.

23 Toe hy daar kom en die onverdiende guns van God sien, was hy verheug en het

almal aangemoedig om met hulle hele verstand, wil en emosie aan ons Meester vas

te hou,

201

Handelinge

24 want hy was ‘n goeie man en vol van die Gees van Afsondering en vertroue en baie

mense is by ons Meester bygevoeg

25 en hy het na Tarsos vertrek om Sha’ul te soek

26 en toe hy hom kry, het hy hom saam met hom na Antiogeia gebring en hulle het ‘n

hele jaar lank as een saam in die gemeente bymekaargekom en baie mense geleer

en die studentevolgelinge is in Antiogeia vir die eerste keer ‘volgelinge van Die

Gesalfde Een’ genoem.

27 In dié dae het daar profete van Yerushalayim na Antiogeia afgekom

28 en een van hulle met die naam van Agav het opgestaan en deur die Gees te kenne

gegee dat daar ‘n groot hongersnood oor die hele land sou kom, wat ook gebeur het

onder keiser Klaudios.

29 Die studentevolgelinge het besluit dat elkeen van hulle na sy vermoë iets sou stuur

tot versorging van die broers wat in Y’hudah bly,

30 wat hulle deur die hande van Bar-Nabba en Sha’ul, aan die oudstes gestuur het.

12 1 Daardie tyd het koning Herodes, wat die bynaam Agrippas gehad het, sy hande

aan mense uit die gemeente geslaan om hulle kwaad aan te doen.

2 Hy het Ya’akov, die broer van Yoganan, met die swaard vermoor

3 en toe hy sien dat dit die Jode tevrede stel, het hy verder ook vir Shim’on Kefa

gevang, maar dit was die dae van ongesuurde brood.

4 Hy het hom gearresteer en hom in die tronk gesit en oorgegee aan sestien soldate,

om wag te hou oor hom, om hom ná die Pesagfees aan die mense van Y’hudah oor

te lewer.

5 Terwyl Shim’on in die tronk bewaak is, het die gemeente sonder ophou tot God vir

hom gebid.

6 Die nag, voor sonsopkoms, voordat Herodes hom wou oorgee, het Shim’on tussen twee

soldate geslaap, met twee kettings vasgemaak en ander het voor die deur wag gestaan.

7 Daar staan ‘n engel van by hom en ‘n lig skyn in die hele plek en hy stamp

hom in die sy, maak hom wakker en sê: “Staan vinnig op” en die kettings het van

sy hande afgeval.

8 Die engel sê vir hom: “Bind jou gordel vas en trek jou sandale aan!” Hy het dit

gedoen. Verder sê hy vir hom: “Gooi jou bo-kleed om en volg my!”

9 Hy het uitgegaan en hom gevolg, maar hy het nie geweet dat wat deur die engel

plaasgevind het, regtig was nie, maar hy het gedink dat hy ‘n visioen sien

10 en toe hulle by die eerste en die tweede wag verbygegaan het, kom hulle by die

ysterhek en dit het vanself vir hulle oopgegaan. Hulle het buitekant gekom, een

straat ver gegaan en skielik het die engel weggegaan van hom af.

11 Toe besef Shim’on en sê: “Nou weet ek in waarheid dat Sy engel gestuur en

my gered het uit die hand van koning Herodes en uit dit wat die Joodse manne teen

my beplan het.”

12 Terwyl hy dit oordink, kom hy by die huis van Miryam, die moeder van Yoganan,

wat ook Markos genoem word, omdat baie in gebed bymekaar was.

13 Hy het aan die buitedeur geklop en ‘n diensmeisie met die naam van Rhode het

gegaan om dit te antwoord

202

Handelinge

14 en sy het die stem van Shim’on herken en in haar blydskap nie die deur oopgemaak

nie, maar na binne gehardloop en aangekondig dat Shim’on voor die deur staan.

15 Hulle sê egter vir haar: “Jy is deurmekaar,” maar sy het volhard dat dit so is.

Daarop sê hulle: “Miskien is dit sy engel.”

16 Shim’on het aangehou met klop en toe hulle oopmaak, sien hulle hom en was

verwonderd teenoor mekaar.

17 Hy het vir hulle met die hand gewys om stil te bly en ingekom en aan hulle vertel

hoe hom uit die tronk uitgebring het en hy sê: “Vertel dit aan Ya’akov en die

broers” en hy het uitgegaan na ‘n ander plek toe.

18 Toe dit oggend was, was daar ‘n groot oproer onder die soldate oor wat van Shim’on

geword het!

19 Toe Herodes hom gesoek en nie gekry het nie, het hy die wagte veroordeel en

beveel dat hulle doodgemaak moes word en hy het van Y’hudah na Kaisareia

gegaan en daar gebly.

20 Omdat hy in vyandskap was met die mense van Tzor en Tzidon, het hulle saamgespan

en na hom gekom en nadat hulle Blastos, die koning se hofdienaar, omgepraat het,

vrede gevra, omdat hulle land voorsiening uit die koning s’n ontvang het.

21 Op ‘n bepaalde dag het Herodes ‘n koninklike kleed aangetrek en op die regstroon

gaan sit en met die skare gepraat,

22 maar al die mense het uitgeroep en gesê: “’n Stem van ‘n god en nie van ‘n mens

nie!”

23 Omdat hy nie die eer, lof en aanbidding aan God gegee het nie, het ‘n engel van

hom onmiddellik geslaan en hy is deur wurms opgeëet en is dood,

24 maar die goeie boodskap van God is verkondig en het gegroei.

25 Bar-Nabba en Sha’ul het vanaf Yerushalayim teruggekeer na Antiogeia, nadat

hulle hul dienswerk voltooi het en hulle het Yoganan saamgeneem, wat ook Markos

genoem word.

13 1 Daar was in die plaaslike gemeente in Antiogeia sekere profete en leraars,

naamlik Bar-Nabba, Shim’on (wat Swart genoem word), Loukios (van Kurene),

Menagem (seun van dié wat Herodes, die heerser oor vier streke, grootgemaak het)

en Sha’ul.

2 Terwyl hulle besig was om God te aanbid en te vas, het die Gees van Afsondering

vir hulle gesê: “Sonder Bar-Nabba en Sha’ul vir My af vir die werk waarvoor Ek

hulle geroep het.”

3 Nadat hulle gevas, gebid en hulle die hande opgelê het, het hulle hul gestuur.

4 Hulle het, nadat hulle deur die Gees van Afsondering uitgestuur is, afgegaan na

Seleukeia en daarvandaan op die see gevaar na Kupros.

5 Toe hulle in Salamis gekom het, het hulle die boodskap van ons Meester in die

sinagoges van die Jode verkondig en Yoganan het hulle bedien.

6 Hulle het die eiland deurkruis tot by Pafos en ‘n towenaar gevind, ‘n valse profeet,

‘n Jood met die naam van Bar-Y’hoshua. (Ar. Bar-Shuma)

7 Hy was by die goewerneur Sergios Paulos, ‘n verstandige man. Dié het Bar-Nabba

en Sha’ul laat roep en het begeer om die boodskap van God te hoor,

203

Handelinge

8 maar hierdie towenaar, Bar-Shuma, wie se naam na Elumas vertaal, het hulle

teëgestaan, want hy wou die goewerneur wegdraai van die vertroue.

9 Sha’ul, wat ook Paulos genoem is, vol van die Gees van Afsondering, het stip na

hom gekyk

10 en gesê: “O, een vol van alle misleiding en alle boosheid, seun van die duiwel en

vyand van alle onpartydigheid en opregtheid, sal jy nie ophou om die reguit paaie

van te verdraai nie?

204

Spr 10:9

11 Die hand van is nou op jou en jy sal blind wees en die son ‘n tyd lank nie

sien nie;” en onmiddellik het daar donkerte en duisternis op hom geval en hy het

rondgeloop en gesoek na iemand wat hom aan die hand kon lei.

12 Toe die goewerneur dan sien wat daar gebeur het, was hy verstom en het vertrou

in die leer van ,

13 maar Sha’ul en Bar-Nabba het weggevaar van Pafos en by Perge in Pamfulia

gekom. Yoganan Markos het hulle verlaat en na Yerushalayim teruggegaan,

14 maar hulle het van Perge af verder gegaan en in Antiogeia in Pisidia gekom en

hulle het op die Shabbat in die sinagoge ingegaan en gaan sit

15 en ná die lees van die wet en die profete het die oudstes van die sinagoge na hulle

gestuur en gesê: “Broers, as julle ‘n boodskap van ondersteuning het, praat met die

mense!”

16 Toe staan Sha’ul op, wink met die hand en sê: “Manne van Yisra’el en julle wat

God aanbid, luister!

17 Die God van hierdie mense het ons vaders gekies en die mense opgelig en

vermeerder toe hulle vreemdelinge in Egipte was en hulle met ‘n verhewe arm daar

Eks 6:6; 12:51

uitgelei.

18 Hy het hulle veertig jaar in die wildernis versorg

Num 14:34

19 en Hy het sewe nasies in die land Kena’an uitgewis Deut 7:1 en hulle land aan hulle

gegee as erfenis.

20 Vir vier honderd en vyftig jaar lank het Hy vir hulle regters gegee Rig 2:16 tot by

Sh’mu’el, die profeet.

21 Hierna het hulle gevra vir ‘n koning en God het vir hulle Sha’ul, die seun van Kish,

‘n man uit die stam van Benyamin, vir veertig jaar gegee.

22 Hy het hom verwyder en Hy het Dawid vir hulle opgelig as koning, van wie Hy

ook gesê en getuig het: “Ek het Dawid, die seun van Yishai, ‘n man na My gedagtes

Ps 89:21; 1 Sh’ 13:14

en wil gevind, wat My begeertes sal doen.

23 Uit die nageslag van hierdie man het God, volgens die belofte, Yeshua as Verlosser

laat opstaan vir Yisra’el.

Yes 11:1-4; Yir 23:5,6; Ps 89:4,5

24 Hy het Yoganan gestuur om, voor Sy koms, die doop van berou oor sonde en

omdraai na God aan al die mense van Yisra’el te verkondig

25 en toe Yoganan aan die einde van sy bediening gekom het, het hy gesê: ‘Wie dink

julle is ek? Ek is dit nie, maar kyk, Hy kom ná my, wie se bande van Sy sandale ek

nie waardig is om los te maak nie.’

26 Broers, kinders van die geslag van Avraham en dié wat God saam met julle aanbid;

vir julle is hierdie Boodskap van lewe gestuur,

Handelinge

27 want die inwoners van Yerushalayim en hulle leiers het Hom nie herken nie en ook

nie die skrifte van die profete wat elke Shabbat gelees word nie, maar hulle het Hom

veroordeel en dit wat geskryf is vervul.

28 Alhoewel hulle niks gekry het wat die dood verdien nie, het hulle van Pilatos gevra

dat Hy doodgemaak moes word.

29 Toe hulle alles vervul het wat oor Hom geskrywe is, het hulle Hom van die kruishout

afgehaal

205

Deut 21:23 en in ‘n graf gesit,

30 maar God het Hom uit die graf uit laat opstaan

31 en gedurende baie dae het Hy verskyn aan die wat saam met Hom opgegaan het

van die Galil na Yerushalayim en hulle is nou Sy getuies by die mense.

32 Ons bring ook vir julle die goeie boodskap, dat die belofte wat aan ons vaders

gedoen is,

33 let op, deur God aan ons, hulle kinders, vervul is, deur Yeshua te laat opstaan,

soos daar ook in die tweede psalm geskrywe is: ‘U is My Seun, vandag het Ek U

Ps 2:7

voortgebring.’

34 So het God Hom laat opstaan uit die graf sodat Hy nie meer tot verderwing sou

terugkeer nie; soos dit sê: ‘Ek sal aan julle gee die onverdiende guns van die getroue

Yes 55:3

Dawid.’

35 Weer sê Hy op ‘n ander plek: Ps 16:10 ‘U sal U Reine nie gee om verderwing te sien

nie,’

36 want nadat Dawid sy eie geslag volgens die raad van God gedien het, is hy dood en

is hy by sy vaders weggelê en het verderwing gesien,

37 maar Hy wat deur God opgewek is, het geen verderwing gesien nie.

38 Daarom moet julle weet, broers, dat deur hierdie Man, die bevryding van sondes

aan julle verkondig word

39 en dat elkeen wat vertrou, deur Hom onskuldig verklaar word van alles waarvan

julle deur die wet van Moshe nie onskuldig verklaar kon word nie.

40 Wees dan versigtig dat dit wat die profete gesê het nie oor julle kom nie:

41 Hav 1:5 ‘Let op, julle bespotters en wees verwonderd en word vernietig, want Ek gaan

iets in julle tyd doen, iets wat julle sekerlik nie sal glo as iemand julle dit vertel

nie’.”

42 Toe hulle van hulle af weggaan, het hulle van ander nasies hul gevra dat hulle op

‘n ander Shabbat met hulle hierdie woorde sou praat.

43 Toe die sinagoge uit was, het baie van die Jode en vreemdelinge, wat aanbidders

van God was, saam met Sha’ul en Bar-Nabba gegaan. Dié het met hulle gepraat en

hulle oortuig om in die onverdiende guns van God te bly.

44 Die volgende Shabbat het die hele stad saamgekom om die boodskap van God te

hoor,

45 maar toe die Jode die skare mense sien, is hulle met woede vervul en het met bose

woorde weerspreek wat deur Sha’ul gesê is.

46 Sha’ul en Bar-Nabba het reguit, openlik, gepraat en gesê: “Dit was noodsaaklik

dat die boodskap van God eerste aan julle verkondig moes word, maar julle het dit

verwerp en teen julleself besluit dat julle nie die ewige lewe werd is nie. Let op! Ons

draai na die ander nasies toe,

Handelinge

47 want so het ons Meester ons beveel, soos dit geskryf is: ‘Ek het U ‘n Lig vir die

Yes 49:6

nasies gemaak, om tot lewe te wees tot aan die eindes van die aarde’.”

48 Toe dié van ander nasies dit hoor, was hulle verheug en hulle het God geloof, geëer

en aanbid en almal wat benoem was tot die ewige lewe, het vertrou.

49 Die boodskap van is deur die hele streek versprei,

50 maar die Jode het die belangrike manne en die gesiene godsdienstige vroue van die

stad opgesweep en teen Sha’ul en Bar-Nabba ‘n vervolging begin en hulle uit hulle

gebied verdryf.

51 Toe hulle weggaan het hulle die stof van hulle voete teen hulle afgeskud en na

Ikónion gegaan.

52 Die studentevolgelinge is vervul met blydskap en met die Gees van Afsondering.

14 1 Aangekom, het hulle in die sinagoge van die Jode ingegaan en so gepraat dat

baie Jode, sowel as Grieke, vertrou het,

2 maar die ongelowige Jode het die van ander nasies teen die broers opgestook om

hulle kwaad aan te doen.

3 Hulle het ‘n lang tyd daar gebly en vrymoediglik in die openbaar aangaande

gepraat en Hy het, deur tekens en wonders deur hulle hande te doen, getuienis gegee

aangaande die boodskap van Sy onverdiende guns.

4 Die mense van die stad was egter verdeeld; sommige saam met die Jode en ander

saam met die afgevaardigdes.

5 Daar was egter ‘n besluit van die ander nasies en ook die Jode, saam met hulle leiers,

om hulle aan te val en met klippe te stenig.

6 Toe hulle dit te wete kom het hulle na die stede van Lukaonia: Lustra, Derbe en die

dorpies rondom, gevlug.

7 Daar het hulle die goeie boodskap verkondig.

8 In Lustra het daar ‘n sekere man gesit wat nie sy voete kon gebruik nie. Kreupel, van

geboorte af, het hy nog nooit geloop nie.

9 Hy het geluister terwyl Sha’ul praat en Sha’ul het hom stip dopgehou en, toe hy sien

dat hy die vertroue het om lewe te ontvang,

10 met ‘n harde stem vir hom gesê: “Vir jou sê ek in die Karakter en Outoriteit van ons

Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, staan regop op jou voete!” Hy het opgespring

en rondgeloop,

11 maar toe die mense sien wat Sha’ul gedoen het, verhef hulle hul stem en sê in die

taal van die land: “Die gode het soos mense geword en afgekom na ons toe.”

12 Hulle het vir Bar-Nabba, meester van die gode (Zeus, Júpiter) genoem en vir

Sha’ul, Hermes (Mercurius), omdat hy die boodskapper was.

13 Die priester van die meester van die gode, wie se tempel buite hulle stad was, het

bulle en kranse na die poorte gebring en wou ‘n offer bring aan hulle,

14 maar toe die afgevaardigdes, Bar-Nabba en Sha’ul, dit hoor, het hulle hul klere

geskeur en onder die mense ingehardloop en uitgeroep

15 en gesê: “Manne, waarom doen julle hierdie dinge? Ons is net sulke mense met

passies soos julle en ons verkondig die goeie boodskap dat julle julle van hierdie

nuttelose dinge moet wegdraai na die Lewende God, wat die hemel, die aarde, die

206

Handelinge

Ps 146:6

see en alles wat daarin is, gemaak het.

16 Hy het in die geslagte wat verby is, toegelaat dat al die nasies op hulle eie paaie

loop,

17 terwyl Hy Homself nie sonder getuienis gelaat het nie, deur baie te doen: Van die

hemel af vir ons reën en vrugbare tye te gee en ons verstand, wil en emosie te vul

met vreugde en vrolikheid.”

18 Selfs met hierdie woorde het hulle met moeite die mense verhinder om aan hulle

te offer,

19 maar daar het Jode vanaf Antiogeia en Ikonion gekom en hulle het, nadat hulle die

skare omgepraat het, Sha’ul gestenig en hom buite die stad gesleep, met die gedagte

dat hy dood is.

20 Toe die studentevolgelinge egter rondom hom kom staan, het hy opgestaan en in

die stad ingegaan en die volgende dag saam met Bar-Nabba na Derbe vertrek.

21 Terwyl hulle die goeie nuus verkondig het aan die mense in daardie stad, het hulle

baie studentevolgelinge geleer en hulle het teruggegaan na Lustra, Ikonion en

Antiogeia

22 en die gees van die studentevolgelinge versterk en hulle opgeroep om te volhard

in vertroue deur te sê: “Dit is nodig om deur baie vervolging in die Koninkryk van

God in te gaan.”

23 Hulle het in elke gemeente vir hulle oudstes gekies, terwyl hulle saam met hulle

gebid en gevas het en hulle opgedra het aan ons Meester in wie hulle vertrou het.

24 Toe gaan hulle deur die land Pisidia en kom in Pamfulia

25 en nadat hulle die boodskap van in Perge verkondig het, het hulle afgegaan

na Attaleia

26 en daarvandaan het hulle gevaar na Antiogeia, waar hulle aan die onverdiende guns

van opgedra is vir die werk wat hulle voltooi het.

27 Toe hulle daar kom en die gemeente saamgeroep het, het hulle verslag gedoen van

al die dinge wat God deur hulle gedoen het en dat Hy ‘n deur van vertroue vir die

ander nasies oopgemaak het

28 en hulle het ‘n lang tyd daar by die studentevolgelinge gebly.

15 1 Manne wat van Y’hudah af gekom het, het die broers geleer “As julle nie besny

word, volgens die tradisie van die wet nie, kan julle nie lewe hê nie.”

2 Hieroor het daar ‘n groot opstand en woordewisseling van die kant van Sha’ul en

Bar-Nabba teen hulle ontstaan en daar is besluit dat Sha’ul, Bar-Nabba en nog sekere

ander van hulle, sou opgaan na die afgevaardigdes en oudstes in Yerushalayim, in

verband met hierdie vraagstuk.

3 Hulle is hierop deur die gemeente uitgestuur en het deur Foinike en Shomron gegaan

en vertel van die ander nasies se wegdraai van sondes na God toe en dit het groot

blydskap vir al die broers gebring.

4 By hulle aankoms in Yerushalayim is hulle deur die gemeente, die afgevaardigdes

en die oudstes ontvang en hulle het verslag gedoen van al die dinge wat God deur

hulle gedoen het,

207

Handelinge

5 maar sommige gelowiges uit die party van die Fariseërs het opgestaan en gesê:

“Dit is noodsaaklik dat hulle besny word en beveel word om die wet van Moshe te

onderhou.”

6 Die afgevaardigdes en die oudstes het bymekaargekom om hierdie saak te

ondersoek

7 en toe daar ‘n groot woordewisseling begin, het Shim’on opgestaan en vir hulle

gesê: “Broers, julle weet dat God van die begin af gekies het dat die nasies deur my

mond die goeie boodskap sal hoor en vertrou

8 en God, wat die verstand, wil en emosie ken, het aangaande hulle getuig deur aan

hulle die Gees van Afsondering te gee net soos aan ons.

9 Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie, aangesien Hy hulle verstand,

wil en emosie gereinig het deur vertroue.

10 Nou waarom toets julle God deur op die nek van die studentevolgelinge ‘n juk te

lê wat, nie ons vaders of ons, in staat was om te dra nie?

11 Ons vertrou, dat ons deur die onverdiende guns van ons Meester, Yeshua, Die

Gesalfde Een, ook lewe ontvang op dieselfde manier as hulle.”

12 Almal in die byeenkoms het stilgebly en na Bar-Nabba en Sha’ul geluister, terwyl

hulle van al die tekens en wonders vertel wat God deur hulle onder die nasies

gedoen het.

13 Toe hulle stilgebly het, staan Ya’akov op en sê: “Broers, luister na my!

14 Shim’on het vertel presies hoe God in die begin besluit het om mense uit die ander

nasies vir Sy Karakter en Outoriteit aan te neem

15 en dit stem ooreen met die boodskap wat die profete geskrywe het:

16 ‘Daarna sal Ek terugkom en die gevalle tent van Dawid weer herbou en wat daarvan

vernietig is, sal Ek weer herbou en herstel

17 sodat die oorblyfsel van die mense kan soek, uit al die nasies oor wie My

`Am 9:11-12

Outoriteit en Karakter uitgeroep is, sê , wat al hierdie dinge doen.’

18 God se werke is van ewigheid af bekend.

19 As gevolg hiervan sê ek dat ons die wat vanuit die ander nasies, na God toe gedraai

word, nie verder moet belas nie,

20 maar aan hulle skrywe dat hulle hul moet afsonder van die dinge wat deur afgode

besoedel is, van alle seksuele immoraliteit, van wat verwurg is en van bloed,

21 want van die vroegste geslagte af het Moshe diegene wat hom, in elke stad,

verkondig, terwyl hy elke Shabbat in die sinagoges gelees word.”

22 Toe het die afgevaardigdes en die oudstes saam met die hele gemeente manne

vanuit hulle gekies en na Antiogeia gestuur saam met Sha’ul en Bar-Nabba; naamlik

Y’hudah, wat genoem word Bar-Sabba en Sila, manne wat leiers onder die broers

was.

23 Deur hulle hand het hulle dít geskryf: “Die afgevaardigdes, die oudstes en die

broers; aan die broers uit die nasies in Antiogeia, Sirië en Kilikia: Vrede, gesondheid,

voorspoed en vergenoegdheid!

24 Ons hoor dat sommige wat vanaf ons uitgegaan het, julle met boodskappe ontstel

en julle gees omgekrap het deur te sê dat julle die wet moet onderhou en besny moet

word, wat ons hulle nie beveel het nie.

208

Handelinge

25 As gevolg hiervan het ons met een gesindheid besluit om manne te kies en na julle

te stuur saam met ons vriende, Bar-Nabba en Sha’ul, wat ons liefhet.

26 Manne wat hulleself oorgegee het ter wille van die Outoriteit en Karakter van ons

Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een.

27 Ons het vir Y’hudah en Sila uitgestuur om deur woorde dieselfde dinge te sê,

28 want die Gees van Afsondering en ons het besluit om geen las op julle te lê, behalwe

wat nodig is nie:

29 Dat julle wegbly van afgodsoffers, van bloed, van wat verwurg is en van alle

seksuele immoraliteit. As julle dit streng nakom, sal julle getrou wees in ons

Meester.”

30 Hulle wat weggestuur is het in Antiogeia gekom en hulle het die mense

bymekaargeroep en die brief oorhandig.

31 Toe hulle dit gelees het, was hulle verheug en was bemoedig.

32 Y’hudah en Sila, wat self ook profete was, het die broers met baie boodskappe

bemoedig en versterk.

33 Nadat hulle ‘n tyd daar deurgebring het, het die broers hulle met vrede, gesondheid,

voorspoed en vergenoegdheid na die afgevaardigdes laat teruggaan,

34 maar Sila het besluit om daar te bly.

35 Sha’ul en Bar-Nabba het in Antiogeia gebly en geleer en saam met nog baie ander

die boodskap van God verkondig.

36 ‘n Paar dae daarna het Sha’ul vir Bar-Nabba gesê: “Kom ons gaan terug en besoek

ons broers in al die stede waarin ons die boodskap van God verkondig het, om te

sien hoe dit met hulle gaan.

37 Bar-Nabba wou vir Yoganan, wat Markos genoem word, saamvat,

38 maar Sha’ul het dit nie reg geag om hóm saam te vat wat hulle van Pamfulia af

verlaat het en nie saam met hulle gegaan het nie.

39 As gevolg van hierdie verskil het hulle van mekaar geskei en het Bar-Nabba vir

Markos saamgevat en na Kupros geseil,

40 maar Sha’ul het Sila gekies en vertrek, nadat hy deur die broers aan die onverdiende

guns van God opgedra is.

41 Hy het na Sirië en Kilikia gegaan en die gemeentes versterk.

16 1 Hy het ook in Derbe en Lustra gekom waar ‘n studentevolgeling met die naam

van Timotheos was, die seun van ‘n Joodse vrou, wat vertrou het en sy vader was

‘n Arameër.

2 Al die studentevolgelinge vanaf Lustra en Ikonion het van hom getuig.

3 Sha’ul wou hê dat hy saam met hom moes gaan en hy het hom gevat en besny ter

wille van die Jode wat in daardie streke was, want hulle het almal geweet dat sy

vader ‘n Arameër was.

4 Op hulle reis deur die stede het hulle die boodskap verkondig en geleer dat hulle

die wette wat deur die afgevaardigdes en die oudstes in Yerushalayim vasgestel is,

moet gehoorsaam.

5 Hierdeur is die gemeentes versterk in vertroue en hulle het elke dag vermeerder in

getal.

209

Handelinge

6 Hulle het deur die streke van Frugia en Galatikos gegaan en die Gees van Afsondering

het hulle verbied om in Asië die boodskap te verkondig

7 en toe hulle by Musia kom, wou hulle na Bithunia gaan, maar die Gees van Yeshua

het hulle nie toegelaat nie.

8 Toe hulle van Musia af weggaan, het hulle na die Troas-streek afgegaan.

9 Deur ‘n visioen in die nag het daar ‘n Makedoniër by Sha’ul gestaan wat hom smeek

en sê: “Kom na Makedonia en help ons!”

10 Toe Sha’ul die visioen gesien het, het ons dadelik beplan om na Makedonia te

gaan, omdat ons oortuig was dat ons Meester ons geroep het om die goeie boodskap

aan hulle te verkondig.

11 Ons het vertrek vanaf Troas reguit na Samothrake en die volgende dag by Neapolis

gekom

12 en daarvandaan na Filippi, wat die belangrikste stad van daardie deel van Makedonia,

‘n Romeinse kolonie, is. Ons het in hierdie stad ‘n paar dae deurgebring

13 en op die Shabbat het ons uitgegaan, buitekant die stad, langs ‘n rivier, na waar

ons die bidplek gesien het en ons het gaan sit en met die vroue gepraat wat daar

bymekaargekom het.

14 ‘n Sekere vrou met die naam van Ludia, ‘n verkoopster van fyn purper van die stad

Thuateira, ‘n vrou wat God aanbid, het geluister; die Meester het haar verstand, wil

en emosie oopgemaak om te reageer op wat Sha’ul gesê het.

15 Nadat sy en die kinders van haar huis gedoop is, het sy by ons aangedring en gesê:

“As u oortuig is daarvan dat ek in ons Meester vertrou, kom dan in my huis en bly

daar” en sy het baie by ons aangedring.

16 Terwyl ons op pad was na die bidplek, ontmoet ons ‘n sekere slavin, met die Piton-

(luislang)-gees, wat die toekoms kon voorspel, wat vir haar eienaars groot wins

ingebring het deur waarsêery.

17 Sy het Sha’ul en ons gevolg en uitgeskree en gesê: “Hierdie manne is slawe van

Ha-Elyon, (die Allerhoogste God) en hulle verkondig aan julle die pad van lewe.”

18 Dit het sy vir baie dae gedoen en Sha’ul het kwaad geword, hom omgedraai en

vir die gees gesê: “Ek beveel jou in die Outoriteit en Karakter van Yeshua, Die

Gesalfde Een, om uit haar uit te gaan” en hy het op daardie oomblik uitgegaan.

19 Toe haar meesters sien dat die hoop van hulle besigheid uit haar uitgaan, het hulle

Sha’ul en Sila gegryp en hulle na die markplein gesleep

20 en hulle voor die regters en hoofde van die stad gebring en gesê: “Hierdie manne

bring groot moeilikheid in ons stad, omdat hulle Jode is.

21 Hulle verkondig gebruike wat vir ons nie wettig is om aan te neem of te doen nie,

omdat ons Romeine is.

22 ‘n Groot skare het teen hulle bymekaargekom en die regters het hulle klere laat

afskeur en beveel om hulle te gésel.

23 Nadat hulle hul baie houe gegee het, het hulle hul in die tronk gegooi en die

tronkbewaarder beveel om hulle veilig te bewaak.

24 Toe hy só ‘n bevel ontvang, het hy hulle in die binneste tronksel gegooi en hulle

voete in die houtblok vasgemaak.

210

Handelinge

25 In die middel van die nag was Sha’ul en Sila besig om te bid en tot God te sing en

die gevangenes het na hulle geluister.

26 Skielik kom daar ‘n groot aardbewing sodat die fondasies van die tronk geskud het

en onmiddellik het al die deure oopgegaan en almal se boeie het losgeval.

27 Toe die tronkbewaarder wakker word en hy sien dat die deure van die tronk oop

was, het hy ‘n swaard gevat en wou homself doodmaak, omdat hy gedink het dat

die gevangenes ontsnap het,

28 maar Sha’ul het met ‘n harde stem geroep en gesê: “Moenie jouself kwaad aandoen

nie, want ons is almal hier.”

29 Hy het ‘n lamp aangesteek, na binne gespring en bewende voor Sha’ul en Sila neergeval

30 en hy het hulle na buite gebring en gesê: “My meesters, wat moet ek doen sodat

ek kan lewe?”

31 Hulle sê vir hom: “Vertrou in ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een en jy sal

lewe, jy en jou huisgesin.”

32 Hulle het aan hom die boodskap van verkondig en aan al die lede van sy huis.

33 Daardie tyd van die nag het hy hulle gevat en hulle wonde gewas en hy is dadelik

gedoop, hy en al die lede van sy huis.

34 Toe bring hy hulle in sy huis en sit vir hulle kos voor en hy het gespring van

vreugde, saam met sy hele huisgesin, omdat hulle tot vertroue in God gekom het.

35 Toe dit dag word, stuur die regters die polisie en sê: “Laat daardie manne los.”

36 Die tronkbewaarder het die boodskap aan Sha’ul oorgedra: “Die regters het laat

weet dat julle losgelaat moet word; gaan dan nou weg en reis in vrede, gesondheid,

voorspoed en vergenoegdheid!”

37 Sha’ul sê vir hom: “Hulle het ons in die openbaar onveroordeeld geslaan, ons wat

Romeinse burgers is, ons in die tronk gegooi en wil hulle ons nou in die geheim

uitstuur? Nee! Laat hulle self kom en ons uitlei.”

38 Die polisie het hierdie woorde aan die regters oorgedra en dié het bang geword toe

hulle hoor dat hulle Romeine was.

39 Daarop het hulle gekom en hulle uitgelei met die versoek om uit die stad uit weg

te gaan.

40 Nadat hulle die tronk verlaat het, het hulle na die huis van Ludia gegaan en hulle

het die broers gesien, hulle versterk en weggegaan.

17 1 Hulle het deur Amfipolis en Apollonia gereis en in Thessalonike gekom, waar

‘n sinagoge van die Jode was.

2 Volgens sy gewoonte het Sha’ul ingegaan en vir drie Shabbatte lank met hulle uit

die Skrifte gepraat

3 en dit uitgelê en gewys dat Die Gesalfde Een moes ly en uit die dood uit opstaan, en

gesê: “Hierdie Yeshua wat ek aan julle verkondig, is Die Gesalfde Een.”

4 Sommige van hulle is oortuig en het by Sha’ul en Sila aangesluit, asook ‘n groot

getal van die gelowige Grieke en nie min van die belangrike vrouens nie.

5 Die Jode was jaloers en het bose manne vanuit die strate saamgevat, ‘n skare mense

bymekaargemaak en die stad in oproer gebring. Hulle het die huis van Yasoon

aangeval en probeer om hulle uit te bring van daar en aan die mense oor te gee.

211

Handelinge

6 Toe hulle hul nie daar kry nie, het hulle Yasoon en die broers wat daar was na die

goewerneur gesleep en geskree: “Die mense wat die wêreld in opstand bring, het

ook hierheen gekom

7 en Yasoon het hulle ontvang en hulle oortree almal die bepalings van die keiser en

sê dat daar ‘n ander koning is, naamlik Yeshua.”

8 Die goewerneur en al die mense was verontrus toe hulle dit gehoor het

9 en hulle het borg van Yasoon en die ander ontvang en hulle losgelaat.

10 Die broers het dadelik, toe dit nag word, vir beide Sha’ul en Sila na Beroia

weggestuur en toe hulle daar kom, het hulle in die sinagoge van die Jode ingegaan.

11 Hierdie Jode was meer edel as dié in Thessalonike; hulle het elke dag die boodskap

met gretigheid ontvang, terwyl hulle uit die Skrifte onderskei het om te sien of

hierdie dinge so was.

12 Baie van hulle het vertrou, asook baie van die Griekse manne en van die belangrike

Griekse vroue!

13 Toe die Jode van Thessalonike gehoor het dat die boodskap van God ook in Beroia

deur Sha’ul verkondig is, het hulle gekom en nie opgehou om die mense daar op te

sweep en te verontrus nie.

14 Die broers het Sha’ul toe dadelik weggestuur om in die rigting van die see te gaan,

maar Sila en Timotheos het daar gebly.

15 Die wat saam met Sha’ul gegaan het, het saam met hom tot by Athenai gegaan, en

nadat hulle ‘n brief ontvang het aan Sila en Timotheos om so gou as moontlik na

hom te kom, het hulle vertrek.

16 Terwyl Sha’ul in Athenai vir hulle wag, het sy gees in hom opstandig geword toe

hy sien dat die hele stad vol afgode was.

17 Hy het elke dag in die sinagoge met die Jode en met die godsdienstige mense

gepraat en op die mark met dié wat hom ontmoet.

18 Sommige van die volgelinge van Epikourios en die Stoikos filosowe, het met hom

gedebateer. Sommige het gesê: “Wat probeer hierdie storiemaker tog sê?” Ander

weer: “Dit lyk of hy ‘n verkondiger is van vreemde gode”, omdat hy aan hulle die

goeie boodkap van Yeshua en Sy opstanding verkondig het.

19 Hulle het hom gevat na die plek van oordeel, wat genoem word: Arios-Pagos (Rots

van Ares - Marsheuwel) en gesê: “Ons wil weet wat hierdie nuwe leer is wat deur

u verkondig word?

20 Jy het vreemde woorde in ons gehoor gesaai en ons wil weet wat hierdie dinge

is.”

21 Al die Atheners en die vreemdelinge wat by hulle gewoon het, het al hulle vrye tyd

gebruik om te praat of te luister na iets nuuts.

22 Sha’ul het opgestaan op die Rots van Ares en gesê: “Manne van Athenai, ek sien

dat julle in elke opsig uitblink in die aanbidding van demone.

23 Terwyl ek geloop het en die plekke van julle aanbidding gesien het, het ek ook

‘n altaar gevind waarop geskrywe is: ‘Aan ‘n onbekende god’. Hom wat julle dan

aanbid en nie ken nie; Hom verkondig ek aan julle.

24 Die God wat die heelal gemaak het en alles wat daarin is. Hy is Meester van die

hemele en van die aarde; woon nie in tempels wat met hande gemaak is nie;

212

Handelinge

25 ook word Hy nie deur mensehande gedien en het Hy niks nodig nie, omdat Hy self

aan almal lewe en gees gee.

26 Hy het uit een bloed die hele mensdom op die aarde gemaak, om oor die hele aarde

te bly, terwyl Hy vooraf bepaalde tye in Sy opdragte uitgestip en grense vir hulle

blyplek vasgestel het

27 sodat hulle God kon soek en navraag doen en Hom deur Sy skepping kon vind,

want Hy is nie ver van elkeen van ons af nie,

28 want deur Hom het ons lewe, beweeg ons en bestaan ons, soos sommige van julle

wyses ook gesê het: ‘Ons is van Sy nageslag.’

29 As ons dan die nageslag van God is, kan ons mos nie dink dat God aan goud, silwer

en steen, die beeldwerk van menslike kuns en uitvinding, gelyk is nie.

30 God het die tye van misleiding verban en beveel alle mense nou, dat elkeen op elke

plek moet erken en bely en wegdraai van die sonde na God toe,

31 omdat Hy ‘n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in onpartydigheid en opregtheid

sal oordeel deur die Man wat Hy aangestel het en Hy het Sy vertrouenswaardigheid

aan almal bewys, deur Hom uit die dood uit te laat opstaan.”

32 Toe hulle van die opstanding uit die dood hoor, het sommige begin spot en ander

het gesê: “Ons sal u op ‘n ander tyd daaroor hoor.”

33 So het Sha’ul van hulle af weggegaan,

34 maar sommige manne het by hom aangesluit en vertrou, onder wie ook Dionusios,

die Aresraadslid en ‘n vrou met die naam van Damaris en ander saam met hulle.

18 1 Toe Sha’ul uit Athene weggegaan het, het hy in Korinthos gekom,

2 waar hy ‘n Jood gevind het met die naam van Akulas, afkomstig van Pontos, wat

onlangs, met sy vrou Priskilla, vanaf Italië gekom het, omdat keiser Klaudios beveel

het dat al die Jode uit Rome moes weggaan. Hy het hulle besoek

3 en omdat hy van dieselfde ambag was, het hy by hulle gebly en gewerk, want hulle

was tentmakers.

4 Hy het elke Shabbat in die sinagoge gepraat en Jode, sowel as nie-Jode, oortuig

5 en toe Sila en Timotheos vanaf Makedonia gekom het, was Sha’ul onderdruk in die

boodskap, omdat die Jode teen hom gestaan het en kwaadgepraat het toe hy getuig

het dat Yeshua Die Gesalfde Een is.

6 Hy het sy klere afgeskud en vir hulle gesê: “ Yeg 18:16-19 Van nou af is ek skoon daarvan;

ek gaan na die ander nasies toe.”

7 Hy het daarvandaan weggegaan en in die huis gekom van ‘n man met die naam van

Titos, wat God aanbid het, wie se huis langs die sinagoge was.

8 Krispos, die leier van die sinagoge, saam met sy hele huisgesin, het in ons Meester

vertrou, asook baie van die Korinthiërs, wat gehoor het, het vertrou en is gedoop.

9 het in die nag, deur ‘n visioen, aan Sha’ul gesê: “Moenie bang wees nie, maar

hou aan praat en moenie stilbly nie,

10 want Ek is by jou en niemand kan jou kwaad aandoen nie, want Ek het baie mense

in hierdie stad.”

11 Hy het ‘n jaar en ses maande lank in Korinthos gebly en vir hulle die boodskap

van God geleer

213

Handelinge

12 en toe Gallioon goewerneur van Agaia was, het die Jode soos een teen Sha’ul

opgestaan en hom voor die regbank gebring

13 en gesê: “Hierdie man oortuig die mense om God te aanbid op wyses buite die wet.”

14 Toe Sha’ul versoek het om sy mond oop te maak en te praat, sê Gallioon vir die

Jode: “As dit ‘n beskuldiging van boosheid of bedrog of haatlikheid was, dan sou

ek rede hê om julle te ontvang, o Jode,

15 maar as die aanklag is oor ‘n boodskap of oor name of oor julle wet, moet julle

toesien, want ek gaan nie oor hierdie sake oordeel nie.”

16 Hy het hulle voor die regbank weggejaag

17 en al die nie-Jode het vir Sosthenes, die leier van die sinagoge, gegryp en hom voor

die hof geslaan en Gallioon het dit gesien.

18 Nadat Sha’ul baie dae daar gebly het, het hy die broers gegroet en saam met Priskilla

en Akulas na Sirië weggeseil. In Kengreai het hy sy hare geskeer, as gevolg van ‘n

gelofte wat hy aan homself gemaak het.

19 Hy het in Efesos aangekom en Sha’ul het in die sinagoge ingegaan en met die Jode

gepraat

20 en hulle het gevra dat hy langer by hulle moes bly en hy het nie ingestem nie

21 en hulle toe gegroet en gesê: “Dit is altyd nodig vir my om die opkomende fees

in Yerushalayim te vier en as God wil sal ek weer na julle toe terugkom.” Hy het

Akulas en Priskilla in Efesos agtergelaat

22 en het per see in Kaisareia aangekom, opgegaan en die gemeente gegroet en

afgereis na Antiogeia.

23 Nadat hy ‘n redelike tyd lank gebly het, het hy vertrek en een na die ander in die

streke van Galatia en Frugia gereis en al die studentevolgelinge versterk

24 en ‘n Joodse man met die naam van Apollos, wat in Alexandreia gebore is, ‘n

welsprekende man, bekend met die skrifte en onderrig in die Woord, het in Efesos

aangekom.

25 Hy is opgelei in die pad van en, vurig van gees, het hy volledig aangaande

Yeshua gepraat en geleer, maar het nog net van die doop van Yoganan geweet.

26 Hy het openlik en reguit in die sinagoge begin praat, maar nadat Akulas en Priskilla

hom gehoor het, het hulle hom gevat en hom die pad van volledig uitgelê.

27 Toe hy na Agaia wou gaan, het hulle die broers aangemoedig en aan die

studentevolgelinge geskryf om hom te ontvang. Daar aangekom, het hy al die

studentevolgelinge baie gehelp deur onverdiende guns,

28 want hy het in die openbaar kragtig lering gegee teenoor die Jode, terwyl hy deur

die Skrifte gewys het dat Yeshua Die Gesalfde Een is.

19 1 Terwyl Apollos in Korinthos was, het Sha’ul deur die boonste gebiede gereis

en in Efesos gekom waar hy ‘n paar studentevolgelinge gevra het:

2 “Het julle die Gees van Afsondering ontvang toe julle tot vertroue gekom het?” Hulle

antwoord hom: “Ons het nog nie eens gehoor dat daar ‘n Gees van Afsondering is

nie.”

3 Hy vra vir hulle: “In watter doop is julle dan gedoop?” Hulle antwoord: “In die doop

van Yoganan.”

214

Handelinge

4 Sha’ul sê vir hulle: “Yoganan het gedoop in die doop van berou oor en wegdraai van

die sonde en aan die mense gesê dat hulle moes vertrou in die Een wat ná hom kom,

dit is in Die Gesalfde Een, Yeshua.”

5 Toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Outoriteit en Karakter van ons Meester,

Yeshua, Die Gesalfde Een

6 en Sha’ul het hulle die hand opgelê en die Gees van Afsondering het op hulle gekom

en hulle het in verskeie tale gepraat en geprofeteer.

7 Hulle was twaalf manne.

8 Sha’ul het in die sinagoge ingegaan en vrymoediglik vir drie maande met hulle

geredeneer en hulle oortuig van die Koninkryk van God,

9 maar toe sommige hulle verhard en nie vertrou nie en voor die mense aanhou

kwaadpraat van die Weg van God, het hy van hulle af onttrek en elke dag met

die studentevolgelinge afsonderlik besprekings gehou in die skool van ‘n sekere

Turannos.

10 Dit het twee jaar lank aangehou, totdat almal wat in Asië gebly het die boodskap

van gehoor het, Arameërs, sowel as Jode.

11 God het baie wonderwerke deur die hande van Sha’ul gedoen

12 sodat selfs wanneer handdoeke of voorskote wat aan sy lyf was, op die siekes gelê

is, die siektes van hulle af weggegaan en demone uit hulle uitgegaan het.

13 Sommige van die rondreisende Jode, duiwelbesweerders, het dit gewaag om die

Naam van ons Meester, Yeshua, te noem oor die wat bose geeste gehad het en te sê:

“Ons dryf jou uit in die Naam van die Yeshua wat Sha’ul verkondig!”

14 Dit is deur sewe seuns van ‘n sekere Skevas, ‘n Joodse hoofpriester, gedoen,

15 maar hierdie bose demoon het geantwoord en gesê: “Yeshua ken ek; en Sha’ul ken

ek, maar julle, wie is julle?”

16 Toe spring die man, in wie die bose gees was, op hulle en oormeester en gooi hulle

neer sodat hulle kaal en gewond uit daardie huis weggevlug het.

17 Dit het bekend geword aan al die Jode en Arameërs wat in Efesos bly en vrees

het op hulle almal gekom en die Outoriteit en Karakter van die Meester Yeshua is

grootgemaak.

18 Baie van die wat vertrou het, het gekom en erken wat hulle gedoen het en dat dit

verkeerd was

19 en heelwat van die wat met towery omgegaan het, het die boekrolle saamgebring

en voor almal verbrand en hulle het die waarde daarvan bereken en gevind dat dit

vyftig duisend silwerstukke was.

20 So het die vertroue in God kragtig in krag gegroei.

21 Toe hierdie dinge verby was, het Sha’ul in sy gedagtes besluit om na Makedonia

en Agaia te gaan en dan na Yerushalayim. Hy het gesê: “Nadat ek daar was, is dit

nodig dat ek Rome ook sien.”

22 Toe stuur hy twee van sy helpers, Timotheos en Erastos, na Makedonia, terwyl hy

self nog ‘n tyd lank in Asië bly.

23 Daardie tyd het daar ‘n groot opskudding gekom oor die Pad van God,

24 want iemand met die naam van Demetrios, ‘n silwersmid, maker van silwertempeltjies

van Artemis, het vir die ambagsmanne ‘n aansienlike inkomste voorsien.

215

Handelinge

25 Toe hy hulle en die werkers in dieselfde bedrywe, bymekaargeroep het, sê hy:

“Manne, julle weet dat ons profyt alles uit hierdie besigheid is

26 en julle sien en hoor dat nie alleen in Efesos nie, maar byna in die hele Asië, hierdie

Sha’ul baie mense oortuig en laat wegdraai het deur te sê dat dít wat met hande

gemaak word, geen gode is nie.

27 Nou is daar nie alleen gevaar dat hierdie ambag van ons verag sal word nie, maar

ook dat die tempel van die groot godin Artemis as minder gereken sal word en dat

haar wonderlikheid wat die hele Asië, ja, die wêreld, vereer, verag sal word.”

28 Toe hulle dit hoor, is hulle met woede vervul en het geskree en gesê: “Groot is

Artemis van die Efesiërs!”

29 Daarop raak die hele stad in oproer en hulle storm soos een man na die teater en

sleep vir Gaios en Aristargos, manne van Makedonia wat saam met Sha’ul gereis

het, saam.

30 Toe Sha’ul tussen die mense wou ingaan, het die studentevolgelinge hom gekeer.

31 Leiers van Asië, wat sy vriende was, het ook ‘n boodskap vir hom gestuur en hom

versoek dat hy nie in die teater moes ingaan nie.

32 Die skare het deurmekaar geskree, sommige dit en ander dat, want hulle was

deurmekaar en die meeste het nie geweet waaroor hulle bymekaargekom het nie,

33 maar die Jode het Alexandros vanuit die mense vorentoe gestoot en Alexandros het

met die hand ‘n teken gegee en wou hom by die mense verdedig.

34 Toe hulle herken dat hy ‘n Jood is, gaan daar een geroep van almal op, terwyl hulle

omtrent twee ure lank skree: “Groot is Artemis van die Efesiërs!”

35 Die stadsklerk het die skare stilgemaak en gesê: “Efesiërs, watter mens is daar tog

wat nie weet dat die stad van die Efesiërs die dienaars is van die groot godin Artemis

en van die beeld wat uit die hemel geval het nie?

36 Terwyl dit dan nie weerspreek kan word nie, behoort julle rustig te word en niks

haastigs te doen nie,

37 want julle het hierdie manne gebring, wat nie tempelrowers is nie en ook nie kwaad

gepraat het teen julle godin nie.

38 As Demetrios en sy ambagsmanne dan ‘n saak teen iemand het, die hofsittings

word gehou en daar is regters: laat hulle mekaar aankla,

39 maar as julle nog iets anders verlang, sal dit in die wettige vergadering besluit

word,

40 want ons loop gevaar om oor die oproer van vandag tot verantwoording geroep te

word, aangesien daar geen grond is waarop ons sal kan rekenskap gee van hierdie

deurmekaarspul nie.”

41 Met hierdie woorde het hy die skare laat gaan.

20 1 Nadat die oproer verby was, het Sha’ul die studentevolgelinge na hom toe laat

kom, hulle vertroos, gesoen en na Makedonia vertrek.

2 Nadat hy deur daardie streke gegaan en hy hulle met baie boodskappe bemoedig het,

het hy in Griekeland gekom,

3 waar hy drie maande gebly het. Toe die Jode teen hom saamgesweer het, terwyl hy

juis na Sirië wou afvaar, het hy besluit om deur Makedonia terug te gaan.

216

Handelinge

4 Tot in Asië het Sopatros van Beroia, dié van Thessalonike, Aristargos en Sekundos,

Timotheos en Gaios van Derbe saam met hom gegaan, maar Tugikos en Trofimos,

uit Asië,

5 het vooruitgegaan en in Troas op ons gewag.

6 Ná die dae van die ongesuurde brode het ons van Filippi af geseil en in vyf dae by

hulle in Troas gekom, waar ons sewe dae lank gebly het.

7 Op die eerste dag van die week, toe ons vergader het om die brood van Yeshua se

herdenking te breek, het Sha’ul met hulle gepraat en omdat hy die volgende dag sou

vertrek, het hy sy boodskap verleng tot middernag toe.

8 Daar was baie lampe wat gebrand het in die boonste vertrek waar ons bymekaargekom

het

9 en ‘n jongman met die naam van Eutugos het in die venster gesit en luister en is

oorval met ‘n diep slaap toe Sha’ul nog lank gepraat het en in sy slaap het hy vanaf

die derde verdieping geval en is dood opgetel.

10 Toe gaan Sha’ul ondertoe en val op hom en slaan sy arms om hom en sê: “Moenie

verontrus wees nie, want sy gees is in hom.”

11 Hy het toe boontoe gegaan, brood gebreek en geëet en nadat hy nog ‘n geruime tyd

gepraat het; tot dagbreek toe; het hy vertrek.

12 Hulle het die seun lewend huis toe geneem en hulle saam met hom verheug,

13 maar ons het vooruit op die skip gegaan en afgevaar na Assos, waar ons van plan

was om Sha’ul aan boord te neem, want so het hy dit beplan, omdat hy self te voet

wou gaan.

14 Toe hy ons dan in Assos ontmoet, het ons hom aan boord geneem en by Mitulene

gekom.

15 Die volgende dag het ons van daar af weggevaar en teenoor Gios gekom en die dag

daarna na Samos oorgevaar en in Trogullion oorgebly en die dag daarop by Miletos

gekom,

16 want Sha’ul het besluit om by Efesos verby te vaar sodat hy nie in Asië tyd sou

spandeer nie, want hy het gou gemaak om, as dit vir hom moontlik was, die fees van

weke (Shavu’ot) in Yerushalayim te vier.

17 Hy het van Miletos af na Efesos gestuur en die oudstes van die gemeente laat roep.

18 Toe hulle by hom kom, sê hy vir hulle: “Julle weet self hoe ek, van die eerste dag

dat ek in Asië aangekom het, die hele tyd by julle was

19 as slaaf vir God, met alle nederigheid, baie trane en toetse wat oor my gekom het

deur die samewerings van die Jode.

20 Ek het niks wat goed is vir julle gees; om dit aan julle te verkondig en julle te leer

in die openbaar en in julle huise, nagelaat nie,

21 terwyl ek teenoor die Jode, sowel as die Arameërs, getuig het om terug te draai huis

toe: wat in die Teenwoordigheid van God is; en van vertroue: wat in ons Meester,

Yeshua, Die Gesalfde Een is.

22 Nou gaan ek gebind deur die Gees na Yerushalayim en wat my daar sal oorkom,

weet ek nie,

23 behalwe dat die Gees van Afsondering in elke stad getuig en sê dat kettings en

vervolging vir my voorberei word.

217

Handelinge

24 Ek beskou nie my lewe vir myself as iets nie sodat ek my wedloop en die dienswerk

wat ek van ons Meester Yeshua ontvang het, om te getuig van die goeie boodskap

van die onverdiende guns van God, kan voltooi.

25 Nou weet ek dat niemand van julle onder wie ek rondgegaan en die Koninkryk

verkondig het, my gesig weer sal sien nie.

26 Daarom getuig ek teenoor julle vandag dat ek skoon is van elkeen van julle se

bloed,

27 want ek het nie nagelaat om aan julle die hele wil van God te wys nie.

28 Gee dan aandag aan julleself en aan die hele kudde waaroor die Gees van

Afsondering julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te

versorg, wat Hy met Sy bloed gekoop het.

29 Ek weet, dat ná my vertrek, kragtige wolwe onder julle sal inkom wat geen omgee

vir die kudde het nie.

30 Uit julleself sal daar manne opstaan wat verdraaide dinge praat om die

studentevolgelinge weg te trek agter hulle aan.

31 Daarom moet julle waaksaam wees en onthou dat ek drie jaar lank nag en dag nie

opgehou het om een en almal met trane te waarsku nie.

32 Nou, broers, dra ek julle op aan God en aan die boodskap van Sy onverdiende

guns, wat in staat is om julle op te bou en julle ‘n erfdeel te gee saam met al die

afgesonderdes.

33 Silwer, goud of klere het ek nie begeer nie,

34 maar julle weet self dat hierdie hande voorsien het in my, en die wat by my was,

se behoeftes.

35 Ek het julle in alles gewys dat ons, deur so te werk, die swakkes moet help en die

boodskap van ons Meester Yeshua moet onthou, dat Hy gesê het: ‘Sy seën vir hom

wat gee, meer as vir hom wat ontvang’.”

36 Nadat hy dit gesê het, het hy gekniel en saam met almal by hom gebid

37 en almal het baie gehuil en Sha’ul om die nek geval en hom gesoen,

38 al te meer bedroef oor die boodskap wat hy gebring het, dat hulle sy gesig nie weer

sou sien nie en hulle het hom tot by die skip begelei.

21 1 Ons het van hulle afskeid geneem en reguit koers gehou na Kos toe, die

volgende dag het ons by Rhodos gekom en daarna by Patara,

2 waar ons ‘n skip gekry het wat na Foinike sou seil en daarop geklim en weggevaar.

3 Toe het ons Kupros aan die linkerhand verbygegaan, na Sirië gevaar en by Tzor

geland, want daar sou die skip sy vrag aflaai.

4 Toe ons studentevolgelinge daar vind, het ons sewe dae lank daar gebly en hulle het

elke dag vir Sha’ul deur die Gees gesê om nie na Yerushalayim te gaan nie,

5 maar aan die einde van die tydperk, het ons op die pad uitgegaan om verder te reis,

terwyl almal, met vroue en kinders, saam met ons tot buitekant die stad gegaan het,

op die strand gekniel en gebid het.

6 Ons het mekaar gesoen, aan boord die skip gegaan en hulle het teruggegaan huis toe.

7 Ons het vanaf Tzor gevaar en by Ako (Ptolemais) gekom en ons het groete aan die

broers oorgedra en een dag by hulle gebly.

218

Handelinge

8 Die volgende dag het ons vertrek en in Kaisareia aangekom. Ons het ingegaan in die

huis van Filippos, die verkondiger van die goeie boodskap, wat een van die sewe

was en by hom gebly.

9 Hy het vier ongetroude dogters gehad wat geprofeteer het.

10 Nadat ons reeds ‘n geruime tyd daar oorgebly het, het ‘n profeet met die naam van

Agav van Y’hudah af gekom

11 en hy het by ons gekom en Sha’ul se leergordel gevat en sy eie hande en voete

vasgebind en gesê: “Dít sê die Gees van Afsondering: So sal die Jode die man wie se

leergordel hierdie is, in Yerushalayim vasbind en in die hande van die ander nasies

oorgee.”

12 Toe ons dit hoor, het ons saam met die mense van die plek by hom aangedring om

nie op te gaan na Yerushalayim nie,

13 maar Sha’ul het geantwoord: “Wat doen julle deur te huil en my gedagtes, wil en

emosie te verkrummel? Ek is bereid om nie alleen gebind te word nie, maar ook

om in Yerushalayim dood te gaan ter wille van die Outoriteit en Karakter van ons

Meester, Yeshua!”

14 Toe hy dan nie oor te haal was nie, was ons stil en het gesê: “Laat dit wees volgens

die wil van ons Meester!”

15 Ná hierdie tyd het ons voorberei om na Yerushalayim op te gaan

16 en van die studentevolgelinge van Kaisareia het ook saam met ons gegaan en ons

by ‘n sekere Mnason van Kupros gebring, een van die eerste studentevolgelinge,

om ons in sy huis te ontvang.

17 Toe ons in Yerushalayim kom, het die broers ons met blydskap ontvang

18 en die volgende dag het Sha’ul saam met ons na Ya’akov se huis gegaan en al die

oudstes was daar bymekaar.

19 Nadat ons groete oorgedra het, het hy alles vertel wat God onder die ander nasies

deur sy bediening gedoen het.

20 Toe hulle dit hoor, het hulle God geloof en vir hom gesê: “Jy sien, broer, hoeveel

tienduisendtalle Jode daar is wat tot vertroue gekom het en almal is ywerig vir die wet.

21 Dit is, aangaande jou, aan hulle vertel dat jy al die Jode onder die ander nasies leer

om hulle af te sonder van Moshe deur te sê dat hulle hulle kinders nie moet besny

nie en ook nie volgens die gebruike van die wet moet leef nie.

22 Omdat hierdie dinge deur hulle wat hierheen kom gehoor is,

23 doen dan wat ons vir jou sê: Ons het vier manne wat ‘n gelofte gedoen het tot

reinheid;

24 vat hulle en reinig jou saam met hulle en betaal die kostes vir hulle sodat hulle hul

koppe kan skeer en almal kan weet dat daar niks, in wat van jou vertel word, is nie,

maar dat jy self ook die wet uitvoer en gehoorsaam.

25 Aangaande die wat vertrou uit die ander nasies het ons geskryf en besluit dat hulle

hulle moet weghou van afgodsoffers, van seksuele immoraliteit, van bloed en van

wat verwurg is.”

26 Toe het Sha’ul die manne gevat en op die volgende dag hom saam met hulle

gereinig en in die tempel gegaan om bekend te maak tot wanneer die dae van die

reiniging sou aanhou en die offer vir elkeen van hulle gebring moes word.

219

Handelinge

27 Toe die sewende dag aanbreek, het die Jode van Asië hom in die tempel gesien en

al die mense opgesweep en die hande aan hom geslaan

28 en geskree: “Manne van Yisra’el, help! Dit is die man wat in al die plekke aan

almal dinge leer teen ons mense, die wet en hierdie plek. Hy het ook nie-Jode in die

tempel ingebring en hierdie afgesonderde plek onrein gemaak,

29 want hulle het Trofimos, die Efesiër, vantevore in die stad by hom gesien en gedink

dat Sha’ul hom in die tempel ingebring het.

30 Toe kom die hele stad in oproer en die mense het gehardloop en vir Sha’ul gegryp

en hom uit die tempel uitgesleep en dadelik die deure gesluit,

31 maar terwyl hulle probeer het om hom dood te maak, het ‘n berig, dat die hele stad

in oproer is, die bevelvoerder oor ‘n duisend van die Romeinse bataljon bereik.

32 Hy het dadelik soldate en kapteins oor honderd geneem en afgehardloop na hulle

en toe hulle die bevelvoerder oor ‘n duisend en die soldate sien, het hulle opgehou

om Sha’ul te slaan.

33 Daarop kom die bevelvoerder oor ‘n duisend nader en neem hom gevange en

beveel dat hy met twee kettings vasgebind moet word en het gevra wie hy was en

wat hy gedoen het,

34 maar onder die skare het sommige dit en sommige iets anders geskree en omdat hy

weens hulle geskree geen sekerheid kon verkry wat die waarheid is nie, het hy bevel

gegee dat hy na die kamp gebring moes word.

35 Toe hy op die trappe kom, moes hy deur die soldate gedra word weens die aggressie

van die mense,

36 want al die mense het gevolg en geskree: “Hang hom!”

37 Net voor hy in die kamp ingebring sou word, vra Sha’ul die bevelvoerder oor

‘n duisend: “Is dit my geoorloof om vir u iets te sê?” en hy sê vir hom: “Ken jy

Grieks?

38 Is jy dan nie die man van Egipte wat ‘n tyd gelede oproer gemaak het en die vier

duisend booswigte na die woestyn toe uitgelei het nie?”

39 Sha’ul antwoord: “Ek is ‘n Joodse man van Tarsos, ‘n belangrike stad in Kilikia,

waar ek gebore is en ek versoek u om my toe te laat om met die mense te praat.”

40 Toe hy toestemming gee, gaan Sha’ul op die trappe staan en wys met die hand vir die

mense en nadat hulle stil was, het hy met hulle in Aramees gepraat en vir hulle gesê:

22 1 “Broers en vaders, luister nou na my verdediging teenoor julle!”

2 Toe hulle hoor dat hy met hulle in Aramees praat, was hulle nog stiller en hy sê:

3 “Ek is opgevoed in hierdie stad aan die voete van Gamali’el en is volmaak geleer in

die tradisies van ons vaders. Ywerig vir God, net soos julle almal is,

4 wat hierdie ‘Die Weg’ vervolg het tot die dood toe en manne, asook vroue, geboei

en aan tronke oorgegee het,

5 soos ook die hoofpriester en die hele raad van oudstes my getuies is, van wie ek ook

briewe aan die broers in Dammesek ontvang het sodat ek ook daar die wat daar was,

geboeid na Yerushalayim kon bring sodat hulle met die dood gestraf kon word.

6 Terwyl ek op pad was naby Dammesek, het daar op die middaguur skielik ‘n helder

lig uit die hemel om my geskyn

220

Handelinge

7 en ek het op die grond geval en ‘n stem vir my hoor sê: ‘Sha’ul, Sha’ul, waarom

vervolg jy My?’

8 Ek het geantwoord en gesê: ‘Wie is U, my Meester?’ Hy het vir my gesê: ‘Ek is

Yeshua, van Natzeret, wat jy vervolg.’

9 Die manne wat saam met my was, het die helder lig gesien, maar die stem van Hom

wat met my gepraat het, nie gehoor nie

10 en ek het gesê: ‘Wat moet ek doen, my Meester?’ Ons Meester het vir my gesê:

‘Staan op en gaan na Dammesek en daar sal vir jou gesê word alles wat jou beveel

sal word om te doen.’

11 Toe ek weens die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van daardie Lig nie kon sien

nie, is ek deur dié wat saam met my was by die hand gelei en het in Dammesek

gekom.

12 ‘n Sekere Gananyah, ‘n opregte en onpartydige man volgens die wet, wat ‘n goeie

getuienis gehad het by al die Jode wat daar bly,

13 het na my toe gekom en vir my gesê: ‘Sha’ul, broer, maak oop jou oë!’ Op dieselfde

oomblik is my oë oopgemaak en ek het gesien.

14 Toe het hy gesê: ‘Die God van ons vaders

221

Eks 3:15 het jou gekies om Sy wil te ken en

die Onskuldige Een Yes 53:11 te sien en die stem uit Sy mond te hoor

15 en jy sal by al die mense vir Hom ‘n getuie wees van wat jy gesien en gehoor het.

16 Nou, waarom wag jy? Staan op, word gedoop en wees gereinig van jou sondes,

terwyl jy jou op Sy Outoriteit en Karakter beroep.’

17 Ek het teruggekom na Yerushalayim en het in die tempel gebid

18 en ek het Hom in ‘n visioen gesien en Hy het vir my gesê: ‘Maak gou en gaan haastig

uit Yerushalayim uit, want hulle sal jou getuienis aangaande My nie aanvaar nie.’

19 Ek het gesê: ‘My Meester, hulle weet self dat ek besig was om die wat in U vertrou,

in die tronk te gooi en in die vergaderplekke te slaan;

20 en toe die bloed van Stefanos, U getuie, vergiet is, het ek ook self bygestaan en sy

moord goedgekeur en die klere opgepas van die wat hom doodgemaak het.’

21 Hy het vir my gesê: ‘Gaan, want Ek stuur jou ver weg na die ander nasies’.”

22 Tot hiertoe het hulle na hom geluister; toe lig hulle hul stemme en sê: “Weg van die

aarde af met so ‘n mens, want dit is nie reg vir hom om te lewe nie!”

23 Hulle het geskree, hulle klere rondgewaai en stof deur die lug gegooi.

24 Die bevelvoerder oor ‘n duisend beveel toe dat hy in die kamp ingebring moes

word en het gesê dat hulle hom met sweepslae moes ondersoek sodat hy kon uitvind

om watter rede hulle so teen hom skree,

25 maar terwyl hulle hom met die bande uitrek, sê Sha’ul vir die kaptein oor honderd

wat daar staan: “Is dit wettig om ‘n Romeinse burger, en dit sonder ‘n hofsaak, met

‘n sweep te slaan?”

26 Toe die kaptein oor honderd dit hoor, gaan vertel hy dit vir die bevelvoerder oor ‘n

duisend en sê: “Wat doen u, want hierdie man is ‘n Romein?”

27 Die bevelvoerder oor ‘n duisend het na hom toe gekom en gevra: “Sê vir my of jy

‘n Romein is?” En hy antwoord: “Ja.”

28 Toe sê die owerste oor duisend: “Ek het hierdie burgerskap vir ‘n groot bedrag

bekom!” Sha’ul sê egter vir hom: “Maar ek is dit deur geboorte.”

Handelinge

29 Die wat hom sou ondersoek het hom dadelik losgemaak en die bevelvoerder oor

‘n duisend was ook bang, omdat hy nou weet dat hy ‘n Romein was en hy hom

vasgebind het.

30 Die volgende dag wou hy met sekerheid weet waarvan hy deur die Jode beskuldig

is en hy het hom van sy boeie losgemaak en beveel dat die hoofpriesters en hulle

hele raad moes vergader en hy het Sha’ul afgebring en voor hulle laat staan.

23 1 Sha’ul het die vergadering stip aangekyk en gesê: “Broers, ek het met ‘n

volkome goeie gewete voor God geleef tot op hierdie dag.”

2 Die priester, Gananyah, het dié wat langs hom staan beveel om hom op die mond

te slaan.

3 Toe sê Sha’ul vir hom: “God sal jou slaan, wit gewaste muur! Jy sit om my volgens

die wet te oordeel en beveel jy, in stryd met die wet, dat ek geslaan moet word?”

4 Die wat langs hom staan, sê: “Beskuldig jy die priester van God?”

5 Sha’ul sê: “Ek het nie geweet, broers, dat hy priester is nie, want daar staan geskrywe:

Eks 22:27

‘Van ‘n heerser van jou mense mag jy nie kwaad praat nie’.”

6 Toe Sha’ul besef dat die een deel uit Sadduseërs en die ander uit Fariseërs bestaan,

het hy in die Raad uitgeroep: “Broers, ek is ‘n Fariseër, die seun van ‘n Fariseër en

oor die hoop van die opstanding van die wat dood is word ek geoordeel.”

7 Toe hy dit sê, het daar ‘n stryery ontstaan tussen die Fariseërs en die Sadduseërs en

die mense het verdeeld geraak,

8 want die Sadduseërs sê dat daar geen opstanding is nie en ook geen engel of gees

nie, maar die Fariseërs bely almal.

9 Daar was ‘n groot geraas en die leraars van die wet, van die party van die Fariseërs,

het opgestaan en met hulle argumenteer en gesê: “Ons vind geen boosheid in hierdie

man nie en as ‘n gees of ‘n engel met hom gepraat het, wat daarvan?”

10 Toe daar ‘n groot stryery ontstaan het en die bevelvoerder oor ‘n duisend bang was

dat Sha’ul deur hulle verskeur sou word, het hy die Romeinse soldate beveel om te

gaan en hom met geweld weg te neem onder hulle uit en in die kamp in te bring.

11 Toe dit nag was, het ons Meester by Sha’ul gestaan en gesê: “Wees sterk, want net soos

jy aangaande My in Yerushalayim getuig het, net so moet jy ook in Rome getuig.”

12 Met dagbreek het sommige van die Jode bymekaargekom en hulleself met ‘n eed

verbind deur te sê dat hulle nie sou eet of drink voordat hulle Sha’ul doodgemaak

het nie.

13 Daar was meer as veertig wat hierdie verbond met ‘n eed gemaak het.

14 Hulle het na die priesters en die oudstes toe gegaan en gesê: “Ons het ons met ‘n

eed tot vervloeking verbind om niks te eet, totdat ons Sha’ul doodgemaak het nie.

15 Vra nou, saam met die leiers van die Raad, aan die bevelvoerder oor ‘n duisend om

hom môre af te bring na u toe, asof u sy optrede noukeuriger wil ondersoek en ons

is gereed om hom dood te maak voordat hy by u kom.”

16 Die seun van Sha’ul se suster het van die hinderlaag gehoor en het in die kamp

ingegaan en dit aan Sha’ul vertel.

17 Sha’ul het een van die kapteins oor honderd nader geroep en gesê: “Vat hierdie

jongman na die bevelvoerder oor ‘n duisend, want hy het iets om hom te vertel.”

222

Handelinge

18 Daarop vat hy hom saam en bring hom by die bevelvoerder oor ‘n duisend en sê:

“Die gevangene, Sha’ul, het my geroep en gevra om hierdie jongman na u toe te

bring, omdat hy iets het om aan u te vertel.”

19 Daarop vat die bevelvoerder oor ‘n duisend hom by die hand en gaan eenkant toe

en vra: “Wat het jy om aan my te vertel?”

20 Die jongman sê vir hom: “Die Jode het ooreengekom om u te vra om Sha’ul môre

af te bring na die Raad, asof hulle hom meer noukeurig wil ondervra.

21 U moet hulle nie vertrou nie, want let op, meer as veertig man onder hulle, wat

hulleself met ‘n eed verbind het om nie te eet of te drink, totdat hulle hom dood

gemaak het nie, lê hom voor en let op, hulle is nou gereed en wag op u belofte.”

22 Die bevelvoerder oor duisend het die jongman laat gaan en hom beveel: “Vertel aan

niemand dat jy my ingelig het nie.”

23 Hy het twee van die kapteins oor honderd na hom geroep en gesê: “Kry twee

honderd soldate en sewentig ruiters en twee honderd regshandige skuts, gereed om

die derde uur (negeuur) vanaand na Kaisareia te gaan,

24 asook pakdiere sodat hulle Sha’ul daarop kan sit en veilig deurkry na Felix, die

goewerneur.”

25 Hy het ‘n brief, wat hy vir hulle by hom gegee het, as volg geskryf:

26 “Klaudios Lusias aan die hoogedele goewerneur Felix: Groete!

27 Hierdie man is deur die Jode gevang om hom dood te maak en ek het hom met die

soldate gehelp en hom gered toe ek verneem dat hy ‘n Romein is.

28 Toe ek te wete wou kom wat die aanklag was waarvan hulle hom beskuldig, het ek

hom na hulle Raad afgebring

29 en uitgevind dat hy beskuldig word oor strydvrae van hulle wet, maar dat hy nie

aangekla word van iets wat die dood of gevangenisskap verdien nie.

30 Omdat aan my gerapporteer is dat daar deur die Jode ‘n komplot teen die man

gesmee word, het ek hom dadelik na u gestuur en ook sy aanklaers gevra om, wat

hulle teen hom het, voor u te bring. Gesondheid!”

31 Daarop het die soldate vir Sha’ul gevat, soos hulle beveel is en hom in die nag na

Antipatris gebring.

32 Die volgende dag het die ruiters die voetsoldate teruggestuur kamp toe

33 en hulle het hom afgebring na Kaisareia toe, die brief aan die goewerneur oorhandig

en Sha’ul voor hom gebring.

34 Toe die goewerneur die brief lees, vra hy uit watter provinsie hy was en toe hy

verneem dat hy uit Kilikia is,

35 sê hy vir hom: “Ek sal jou aanhoor wanneer jou aanklaers ook aangekom het.” Toe

gee hy bevel dat hy in die paleis van Herodes bewaak moes word.

24 1 Na vyf dae het die hoofpriester, Gananyah, die oudstes en ‘n sekere advokaat,

Tertullos, afgekom en hulle saak oor Sha’ul by die goewerneur gebring.

2 Toe hy geroep is, begin Tertullos hom beskuldig en sê: “Deur u leef ons in oorvloed

van rustigheid en deur u versorging het hierdie nasie uitstekende stabiliteit,

3 en ons almal, in elke plek, ontvang u onverdiende guns, Hoogedele Felix,

223

Handelinge

4 maar om u nie moeg te maak met baie dinge nie, versoek ek u om ons eenvoudigheid

kortliks aan te hoor,

5 want ons het gevind dat hierdie man ‘n verleier en ‘n opstoker is van moeilikheid

onder al die Jode in die wêreld en ‘n leier is van die sekte van die Natzeréners

6 en probeer het om ons tempel te ontheilig. Ons het hom gevang en wou hom volgens

ons wet oordeel,

7 maar Lusias, die bevelvoerder oor ‘n duisend, het gekom en hom met groot geweld

uit ons hande gevat en na u gestuur

8 en beveel dat sy aanklaers voor u moet kom. U sal self, ná ondervraging, kan leer

van al hierdie dinge waarvan ons hom beskuldig.”

9 Toe het die Jode ook saam uitgeroep en gesê: “Hierdie dinge is so.”

10 Nadat die goewerneur vir hom gewys het om te praat, het Sha’ul geantwoord:

“Omdat ek weet dat u al baie jare lank oor hierdie nasie regter is, verdedig ek my

saak met blydskap.

11 Soos u mag weet is dit nie meer as twaalf dae sedert ek opgekom het na Yerushalayim

om te aanbid nie

12 en hulle het my ook nie in die tempel gekry, besig om met iemand te praat of ‘n

skare bymekaar te maak in hulle sinagoges of in die stad nie.

13 Hulle het ook nie die dinge waarvan hulle my nou beskuldig, voor u bewys nie,

14 tog erken ek voor u, dat ek volgens die leer waarvan hulle praat, die God van my

vaders dien, terwyl ek voortgaan om alles te vertrou wat in die wet en in die profete

geskrywe is,

15 terwyl ek ‘n versekerde verwagting van God het, wat hulle self ook verwag, dat

daar ‘n opstanding sal wees van die wat dood is, beide van onskuldiges sowel as

die bose.

16 Daarom oefen ek my ook voortdurend om altyd voor God en die mense ‘n rein

gewete te hê,

17 maar ná baie jare het ek gekom om ‘n omgeegeskenk aan my nasie te bring en

offers.

18 Hiermee was ek besig, nie met mense of met ‘n oproer nie, toe sekere Jode uit Asië

my in die tempel gekry het, nadat ek gereinig is.

19 As hulle, die Jode van Asië, mense opgestook het, behoort hulle hier voor u te wees

om aanklagte in te bring as hulle iets teen my het.

20 Of laat hierdie manne self sê of hulle enige verkeerde dade in my gekry het toe ek

voor hulle Raad gestaan het,

21 behalwe oor hierdie een stelling wat ek uitgeroep het terwyl ek tussen hulle

gestaan het, naamlik: ‘Oor die opstanding van die dode word ek vandag voor u

geoordeel’!”

22 Omdat Felix die dinge aangaande ‘die Weg’ ten volle geken het, het hy uitgestel en

gesê: “Wanneer die bevelvoerder oor ‘n duisend afkom, sal ek julle saak aanhoor.”

23 Hy het ook die kaptein oor honderd beveel om Sha’ul te bewaak, met vryheid, en

dat hy niemand van sy eie mense moes verhinder om hom te bedien nie.

24 ‘n Paar dae later het Felix, saam met Drousilla, sy vrou, wat ‘n Jodin was, gekom en

Sha’ul laat haal en na hom aangaande die vertroue in Die Gesalfde Een geluister,

224

Handelinge

25 maar toe hy praat oor onpartydigheid, opregtheid, afgesonderdheid en die komende

oordeel, het Felix baie bang geword en geantwoord: “Gaan weg vir nou en as ek ‘n

kans kry, sal ek jou laat roep.”

26 Hy het ook gehoop dat Sha’ul hom geld sou gee om hom los te laat. Daarom het hy

hom ook gereeld laat haal en met hom gepraat,

27 maar twee jaar het verbygegaan en toe kry Felix vir Porkios Festos as opvolger

en omdat Felix aan die Jode ‘n guns wou bewys, het hy Sha’ul as gevangene

agtergelaat.

25 1 Toe Festos in Kaisareia aangekom het, het hy na drie dae opgegaan na

Yerushalayim.

2 Die hoofpriesters en die leiers van die Jode het hom oor Sha’ul ingelig en hom,

3 as ‘n guns, gevra om hom na Yerushalayim te bring. (Terwyl hulle ‘n hinderlaag

beplan om hom op die pad dood te maak.)

4 Daarop het Festos geantwoord dat Sha’ul in Kaisareia bewaak word en dat hy self

spoedig daarheen sou gaan.

5 “Laat dan dié onder julle,” sê hy, “wat bevoeg is, saamgaan en as daar iets verkeerds

in hierdie man is, hom beskuldig.”

6 Nadat hy agt of tien dae onder hulle gebly het, het hy na Kaisareia afgegaan en die

volgende dag op die regterstoel gaan sit en bevel gegee dat Sha’ul gebring moes

word.

7 Toe hy kom, het die Jode wat van Yerushalayim afgekom het, rondom hom gestaan en

baie en ernstige beskuldigings teen Sha’ul gemaak, wat hulle nie kon bewys nie.

8 Tot sy verdediging het Sha’ul gesê: “Ek het geen oortreding teen die wet van die

Jode of teen die tempel of teen die keiser begaan nie.”

9 Omdat Festos aan die Jode ‘n guns wou bewys, het hy geantwoord en vir Sha’ul gesê:

“Wil jy na Yerushalayim opgaan en daar voor my oor hierdie dinge teregstaan?”

10 Toe sê Sha’ul: “Ek staan voor die regterstoel van die keiser waar ek geoordeel moet

word. Teen die Jode het ek nie gesondig nie, soos u ook weet,

11 want as ek oortree het of iets gedoen het wat die dood verdien, weier ek nie om te

sterwe nie, maar as daar niks is in die dinge waarvan hulle my beskuldig nie, dan

kan niemand my aan hulle, by wyse van guns, oorlewer nie. Ek appelleer tot die

keiser!”

12 Toe antwoord Festos, nadat hy met die Raad gepraat het: “Na die keiser het jy

appelleer; na die keiser sal jy gaan!”

13 Ná verloop van ‘n paar dae het koning Agrippas en Bernike in Kaisareia aangekom

om na Festos se welstand te vra.

14 Toe hulle verskeie dae daar deurgebring het, het Festos die saak van Sha’ul aan die

koning voorgelê en gesê: “Hier is ‘n man, deur Felix as gevangene agtergelaat,

15 teen wie die hoofpriesters en die oudstes van die Jode, toe ek in Yerushalayim was,

‘n oordeel gevra het

16 en ek het hulle geantwoord dat dit nie by die Romeine gewoonte is om enige mens

aan die dood prys te gee, voordat die beskuldigde die aanklaers voor hom gehad het

en geleentheid tot verdediging in verband met die beskuldigings gekry het nie.

225

Handelinge

17 Toe hulle dan hier vergader het, het ek sonder enige uitstel die volgende dag op die

regterstoel gaan sit en bevel gegee om die man te bring.

18 Sy aanklaers het teen hom gestaan en kon geen bose beskuldiging teen hom bewys

soos ek verwag het nie,

19 maar hulle het met hom sekere twisvrae oor hulle eie godsdiens gehad en oor ‘n

sekere Yeshua wat dood is, van wie Sha’ul verklaar het dat Hy lewe.

20 Omdat ek nie geweet het wat om te doen nie, het ek gevra of hy na Yerushalayim

wou gaan en daar oor hierdie dinge teregstaan,

21 maar hy het geappelleer om in bewaring te bly vir ‘n keiserlike verhoor en ek het

beveel dat hy in bewaring moes bly, totdat ek hom na die keiser kon stuur.”

22 Agrippas sê vir Festos: “Ek sou self ook graag die man wil hoor.” Toe antwoord

hy: “Môre sal u hom hoor.”

23 Die volgende dag het Agrippas en Bernike toe met groot vertoon in die gehoorsaal

ingekom saam met die bevelvoerders oor ‘n duisend en die leiers van die stad. Op

bevel van Festos is Sha’ul ingebring.

24 Toe sê Festos: “Koning Agrippas en al die manne wat hier saam met ons is, u sien

hierdie man oor wie al die Jode in Yerushalayim en ook hier met my gepraat het en

uitgeroep het dat hy nie langer behoort te lewe nie,

25 maar omdat ek gevind het dat hy niks gedoen het wat die dood verdien nie en hy

self ook na die keiser appelleer het, het ek besluit om hom te stuur,

26 maar ek kan niks beslis oor hom aan die keiser skryf nie. Daarom het ek hom voor

u gebring en veral voor u, koning Agrippas sodat ek ná die ondersoek sal weet wat

ek moet skryf,

27 want dit is nie reg om ‘n gevangene te stuur en nie die beskuldigings teen hom te

skryf nie.”

26 1 Agrippas sê toe vir Sha’ul: “Jy het toestemming om vir jouself te praat.” Toe

steek Sha’ul sy hand uit en verantwoord homself en sê:

2 “Ek ag myself gelukkig, koning Agrippas, dat ek my vandag voor u gaan verantwoord

in verband met alles waarvan ek deur die Jode beskuldig word,

3 veral omdat ek weet dat u bekend is met al die vraagstukke en die wette van die

Jode. Daarom versoek ek u om my geduldig aan te hoor.

4 My lewe van my jeug af, in my land en in Yerushalayim, ken al die Jode, as hulle

daarvan wil getuig,

5 omdat hulle my van dié tyd af geken het, hoe ek volgens die leer van die Fariseërs

geleef het.

6 Nou word ek aangekla oor die versekerde verwagting op die belofte wat God aan

die vaders gemaak het,

7 wat ons twaalf stamme, wat ernstig dag en nag bid, verwag om te kom. Oor hierdie

versekerde verwagting, koning Agrippas, word ek deur die Jode aangekla.

8 Hoekom word dit deur u as ongelooflik beskou dat God die dooies laat opstaan?

9 Vanuit myself het ek gedink dat ek baie opponerende dinge teen die Outoriteit en

Karakter van Yeshua die Natzeréner moes doen,

226

Handelinge

10 wat ek ook in Yerushalayim gedoen het. Ek het ook baie van die wat afgesonderd

was in tronke opgesluit, nadat ek van die hoofpriesters die outoriteit gekry het en,

as hulle doodgemaak is, het ekself daarvoor gestem

11 en in al die sinagoges het ek hulle gereeld gemartel en gedwing om kwaad te praat

teen die Karakter en Outoriteit van Yeshua en ek het hulle in oormatige woede

vervolg, selfs tot in die buitelandse stede.

12 Ek was dáarvoor op pad na Dammesek, met outoriteit en toestemming van die

hoofpriesters,

13 toe het ek, o koning, in die middel van die dag, op die pad, ‘n lig uit die hemel,

sterker as die glans van die son, gesien, wat rondom my en die wat saam met my

gereis het, skyn.

14 Ons het almal op die grond neergeval en ek het ‘n stem gehoor wat met my praat

en in Aramees sê: ‘Sha’ul, Sha’ul, waarom vervolg jy My? Dit is hard vir jou om

teen die aansporings te skop.’

15 Toe sê ek: ‘Wie is U, my Meester?’ Ons Meester sê vir my: ‘Ek is Yeshua, die

Natzeréner, wat jy vervolg.

16 Hy sê ook vir my: “Staan op, op jou voete, want om hierdie rede het Ek aan jou

verskyn om jou aan te stel as ‘n bedienaar en getuie van die dinge wat jy gesien het

en van die dinge waarin Ek nog aan jou sal verskyn

17 en Ek sal jou verlos van die Jode en van die ander nasies waarheen Ek jou stuur,

18 om hulle oë oop te maak sodat hulle hul wegdraai van die duisternis na die lig en

van die outoriteit van die Satan na God toe en hulle sal bevryding van sondes en ‘n

erfdeel onder die afgesonderdes kan kry, deur vertroue in My.’

19 As gevolg hiervan, koning Agrippas, het ek nie gestry teen die hemelse visioen nie,

20 maar het ek aan die mense in Dammesek eerste, in Yerushalayim en in die dorpies

van Y’hudah, asook aan die ander nasies verkondig om weg te draai van die sonde,

na God toe en die dade te doen wat pas by een wat teruggedraai het na God toe.

21 As gevolg van hierdie dinge het die Jode my in die tempel gevang en my probeer

doodmaak.

22 God het my tot op hierdie dag gehelp en let op, ek staan en getuig aan klein en

groot en sê niks anders as wat die profete en ook Moshe gesê het, wat sou gebeur

nie:

23 Dat Die Gesalfde Een moes ly en die Oorsprong sal wees van die opstanding uit

die dood en lig verkondig aan die mense en die ander nasies.”

24 Terwyl hy hom so verantwoord, sê Festos met ‘n harde stem: “Jy is mal, Sha’ul; die

baie geleerdheid maak jou mal.”

25 Sha’ul sê: “Ek is nie mal nie, hoogedele Festos, maar ek praat woorde van waarheid

en integriteit,

26 want die koning, met wie ek ook vrymoediglik praat, weet van hierdie dinge, want

ek is oortuig dat niks van hierdie dinge hom ontgaan het nie, want dit het nie in die

geheim gebeur nie.

27 Vertrou u die profete, koning Agrippas? Ek weet dat u vertrou.”

28 Toe sê Agrippas vir Sha’ul: “Jy wil my in ‘n kort tydjie oortuig om ‘n volgeling van

Die Gesalfde Een te word.”

227

Handelinge

29 Sha’ul sê: “Of dit ‘n kort tydjie neem of ‘n lang tyd, ek bid tot God dat nie alleen u

nie, maar ook almal wat my vandag hoor, net so mag word soos ek is, behalwe vir

hierdie kettings.”

30 Die koning, die goewerneur, Bernike en die wat saam met hulle gesit het, het

opgestaan

31 en toe hulle uitgaan, praat hulle met mekaar en sê: “Hierdie man het niks gedoen

wat die dood of boeie verdien nie.”

32 Agrippas sê vir Festos: “Hierdie man kon losgelaat word as hy nie tot die keiser

geappelleer het nie.”

27 1 Festos het aangaande hom beveel dat hy na die keiser gestuur moet word na

Italië, en hulle het Sha’ul en die ander gevangenes saam met hom, oorgegee aan ‘n

kaptein oor honderd van die keiserlike regiment, met die naam van Youlios.

2 Toe dit tyd was vir ons om te gaan, het ons aan boord ‘n skip van Adramuttenos

gegaan, wat op pad was na die gebied van Asië en Aristargos van Makedonia, ‘n

man van Thessalonike, het saam met ons opgeklim.

3 Die volgende dag het ons by Tzidon aangeland en Youlios het Sha’ul met omgee

behandel en hom toegelaat om na sy vriende toe te gaan en verfris te word.

4 Daarvandaan het ons weggeseil, onderkant Kupros verby, omdat die winde teen ons

was.

5 Ons het ook die see langs Kilikia en Pamfulia deurgevaar en by Mura in Lukia

aangekom.

6 Daar het die kaptein oor honderd ‘n skip van Alexandria gekry, wat na Italië sou vaar

en ons daarop gesit,

7 maar baie dae lank het ons stadig gevaar en met moeite regoor die eiland Knidos

gekom en omdat die wind ons nie toegelaat het nie, onderkant Kreta langs gevaar,

oorkant die stad Salmone.

8 Toe ons dit met moeite verbygeseil het, kom ons by ‘n plek wat Mooi-hawens

genoem word, naby die stad Lasaia,

9 maar omdat baie tyd verbygegaan het en dit al gevaarlik geword het om te seil en die

vasdag van ‘Yom-Kippur’ ook al verby was, het Sha’ul aanbeveel

10 en gesê: “Manne, ek het gesien dat die reis met beserings en groot skade gepaard

sal gaan, nie alleen vir die vrag en die skip nie, maar ook vir ons lewens.”

11 Die kaptein oor honderd het egter meer na die skeepskaptein en die eienaar geluister

as na die woorde van Sha’ul.

12 Omdat die hawe nie geskik was om daar te oorwinter nie, het die meerderheid ook

aangeraai om daarvandaan weg te vaar en indien moontlik Foinix, ‘n hawe in Krete,

wat ooplê na die suide, te bereik om te oorwinter.

13 Toe die suidewind waai, het hulle gedink dat hulle hul plan kon uitvoer en die

ankers gelig en teen Krete verbygeseil,

14 maar nie lank daarna nie is ‘n tifoonwind wat Tifoon Eurokludon genoem is, op

ons neergegooi.

15 Toe die skip vasgevang is en nie teen die wind kon opseil nie, het ons dit in die

wind se hande oorgegee,

228

Handelinge

16 maar toe ons onderkant ‘n eilandjie kom wat Klaude genoem word, kon ons slegs

met kragtige moeite die reddingsbootjie onder beheer hou

17 en nadat hulle dit opgetrek het, het hulle toue gebruik om die skip onderom vas te

bind en omdat hulle bang was om op die sandbanke te lande te kom, het hulle die

seile laat sak en so rondgedrywe.

18 Terwyl ons die volgende dag geweldig deur die storm geteister is, het ons van die

vrag oorboord gegooi;

19 en op die derde dag het ons met ons eie hande die skeepstoerusting oorboord

gegooi.

20 Omdat die storm baie dae geduur het en nie die son, die maan of die sterre baie dae

lank geskyn het nie, is eindelik alle hoop om gered te word, verloor.

21 Toe hulle nie in staat was om die saak te beheer nie, het Sha’ul tussen hulle

opgestaan en gesê: “Manne, as julle my vertrou het en nie van Krete afgevaar het

nie, sou hierdie ramp en skade gespaar gewees het,

22 maar nou vermaan ek julle om moed te hou, want daar sal hoegenaamd geen verlies

van lewe onder julle wees nie, maar alleen van die skip,

23 want daar het in hierdie nag ‘n boodskapper, van die God aan wie ek behoort en

wat ek ook dien, by my gestaan

24 en hy het gesê: “Moenie bang wees nie, Sha’ul; jy moet voor die keiser staan. Let

op! God het almal wat saam met jou vaar as ‘n guns aan jou gegee.

25 Daarom, hou moed, manne, want ek vertrou God dat dit so sal wees soos vir my

gesê is,

26 maar ons moet op ‘n sekere eiland strand.”

27 Op die veertiende nag, terwyl ons nog in die Adriatiese See ronddrywe, het die

matrose omtrent middernag vermoed dat hulle naby land is

28 en hulle het die anker uitgegooi en ses en dertig en ‘n half meter gekry en nadat

hulle ‘n bietjie verder gegaan het, sewe en twintig en ‘n half meter.

29 Omdat hulle bang was dat hulle miskien op rotsagtige plekke kon strand, het hulle

van die agterskip af vier ankers uitgegooi en gewens dat dit dag moet word,

30 maar die matrose het probeer om van die skip af te vlug en die reddingsbootjie in

die see laat sak onder die voorwendsel dat hulle die skip aan land wou vasmaak.

31 Toe Sha’ul dit sien, sê hy vir die kapein oor honderd en die soldate: “As hierdie

manne nie op die skip bly nie, kan julle nie gered word nie.”

32 Daarop het die soldate die toue van die reddingsbootjie afgekap en hom laat dryf,

33 maar teen dagbreek het Sha’ul almal aangemoedig om te eet en gesê: “Dit is vandag

die veertiende dag van gevaar sonder dat julle iets geëet het,

34 daarom vra ek julle om kos te eet, vir die behoud van julle lewe, want van niemand

onder julle sal ‘n haar van sy kop val nie.”

35 Toe hy dit gesê het, vat hy brood, dank God in die teenwoordigheid van almal,

breek dit en begin eet

36 en hulle het almal moed geskep en kos geëet.

37 Ons was altesaam twee honderd ses en sewentig mense op die skip.

38 Nadat hulle met kos versadig is, het hulle die skip ligter gemaak deur die graan in

die see te gooi.

229

Handelinge

39 Toe dit dag word, het die matrose die land nie herken nie, maar hulle het ‘n baai

gesien wat ‘n strand het, waarop hulle van plan was om die skip te laat strand as

hulle kon.

40 Hulle het die ankers losgemaak en in die see gelos en terselfdertyd die roertoue

losgemaak. Hulle het die klein boseil teen die wind opgetrek en op die strand

afgestuur

41 en die skip het op ‘n prominente plek gestrand tussen twee diep kanale van die see

en die skip was vas. Die voorskip het vasgeraak en onbeweeglik bly sit, maar die

agterskip is deur die geweld van die branders uitmekaargeslaan.

42 Die soldate wou die gevangenes doodmaak sodat niemand kon wegswem en

ontsnap nie,

43 maar die kaptein oor honderd wou Sha’ul red en het hulle gekeer in hulle voorneme

en beveel dat die wat kon swem, eerste in die see moes spring om aan land te kom

44 en die ander, sommige op planke en sommige op stukke van die skip. Op die

manier het almal veilig aan land gekom.

28 1 Eers agterna het ons geleer dat die eiland Melite genoem word.

2 Die ongekultiveerde mense wat daar gewoon het, het ons buitengewone goedheid

en liefde bewys, want hulle het ‘n groot vuur aangesteek weens die koue en die reën

en ons almal daarby verwelkom.

3 Sha’ul het ‘n bondel droë hout bymekaargemaak en op die vuur gesit en ‘n adder het

weens die hitte uitgekom en aan sy hand vasgebyt

4 en toe die inboorlinge die gevaarlike dier aan sy hand sien hang, sê hulle vir mekaar:

“Hierdie man is beslis ‘n moordenaar, wat die regverdige oordeel nie laat lewe nie,

al is hy uit die see gered.”

5 Sha’ul het die adder in die vuur afgeskud en geen kwade gevolge gehad nie.

6 Hulle het verwag dat hy sou opswel of skielik dood neerval, maar nadat hulle lank

gewag het en gesien het dat niks kwaads met hom gebeur nie, het hulle van gedagte

verander en gesê dat hy ‘n god is.

7 Die hoof van die eiland, wie se naam Poblios was, het in die omgewing van

daardie plek ‘n stuk grond gehad en hy het ons ontvang en drie dae lank vriendelik

gehuisves,

8 maar Poblios se vader het siek gelê aan koors en disenterie en Sha’ul het ingegaan

na hom toe en nadat hy gebid het, hom die hande opgelê en hom gesondgemaak.

9 Hierna het ook die ander op die eiland wat siektes gehad het, na hom gekom en is

gesondgemaak.

10 Hulle het ons ook baie hoog geag en toe ons sou wegvaar, ons, van dit wat ons

nodig het, voorsien.

11 Ná drie maande het ons weggevaar in ‘n skip van Alexandria met die skeepsmerk

“Tweeling,” wat op die eiland oorwinter het

12 en ons het by die stad Surakousai geland en drie dae lank gebly.

13 Daarvandaan het ons rondgeseil en by die stad Region aangekom, ‘n dag later

het die suidewind opgekom en op die tweede het ons Potioloi bereik, ‘n stad van

Italië,

230

14 waar ons broers gevind het wat ons gevra het om sewe dae by hulle te bly en toe

het ons na Rome gegaan.

15 Die broers wat van ons koms gehoor het, het ons tegemoetgekom by die Appiosmark

en die Drie Herberge en toe Sha’ul hulle sien, het hy God geloof en is bemoedig.

16 Ons het Rome binnegegaan en die kaptein oor honderd het Sha’ul toegelaat om op

sy eie te bly, met ‘n soldaat wat hom moes oppas.

17 Ná drie dae het Sha’ul die leiers van die Jode saamgeroep en, nadat hulle

bymekaargekom het, vir hulle gesê: “Broers, alhoewel ek niks gedoen het teen ons

mense of die wet van ons vaders nie, is ek in Yerushalayim as gevangene oorgegee

in die hande van die Romeine.

18 Hulle het my ondersoek en wou my loslaat, omdat daar by my geen oortreding was

wat die dood verdien nie,

19 maar toe die Jode dit teenstaan, was ek verplig om na die keiser te appelleer, nie

asof ek iets het om my mense van te beskuldig nie.

20 Om hierdie rede dan het ek gevra om u te sien en met u te praat, want dit is oor die

versekerde verwagting van Yisra’el dat ek met hierdie ketting geboei is.”

21 Hulle het vir hom gesê: “Ons het geen briewe oor u van Y’hudah ontvang nie, ook

het geen van die broers hier aangekom en iets kwaads oor u berig nie,

22 maar ons begeer om van u te hoor, wat u opinie is aangaande hierdie lering, want

dit is aan ons bekend dat niemand dit aanvaar nie.”

23 Hulle het vir hom ‘n dag bepaal en baie het na die plek toe gekom waar hy bly.

Van dagbreek tot die aand toe het hy die dinge vir hulle verduidelik en in diepte

getuienis gegee aangaande die Koninkryk van God en vanuit die wet van Moshe en

die profete, het hy hulle probeer oortuig aangaande Yeshua.

24 Sommige was oortuig van wat gesê is, maar ander was nie oortuig nie.

25 Hulle was onder mekaar verdeeld en het uitmekaargegaan, nadat Sha’ul vir hulle

gesê het: “Tereg het die Gees van Afsondering deur Yesha’yahu, die profeet, teen

julle vaders gepraat

26 toe hy gesê het: ‘Gaan na hierdie volk en sê: ‘Julle sal aanhou hoor, maar nooit

verstaan nie en julle sal aanhou kyk en nooit sien nie,’

27 want die verstand, wil en emosie van hierdie mense het hard geword en hulle ore

het hulle afgestomp en hulle oë het hulle toegemaak sodat hulle nie miskien met

die oë sou sien en met die ore hoor en met die verstand, wil en emosie verstaan en

wegdraai van die sonde na My toe en Ek hulle vergewe nie.’

Yes 6:9-10

Handelinge

28 Laat dit dan verseker aan julle bekend wees dat die verlossing van God aan die

ander nasies gestuur is en hulle luister daarna.”

29 Toe hy dit gesê het, het die Jode weggegaan en baie het onder mekaar debateer.

30 Sha’ul het twee volle jare in sy eie gehuurde huis gebly en almal ontvang wat na

hom toe gekom het,

31 terwyl hy die Koninkryk van God verkondig en openlik lering gegee het aangaande

ons Meester Yeshua, Die Gesalfde Een, sonder verhindering.

231

Romeine

232

Die sesde boek van die Nuwe Verbond

Die brief van Sha’ul, slaaf en afgevaardigde van Yeshua,

Die Gesalfde Een, aan die gemeente in Rome.

Romeine

{Rome - Die hoofstad van die Romeinse Republiek & Ryk}

(Geskryf aan die kinders van God, wat as gemeentes in

verskillende huise bymekaargekom het, in Rome.)

Dit is geskryf te Korinthos terwyl Sha’ul by Gaios gebly het

in 56-58 en is na Rome geneem deur Foibe van Kengreai.

In Afrikaans vertaal vanuit die oorspronklike Aramese ‘Peshitta’ -

die taal wat Yeshua gepraat het.

1 1 Sha’ul, ‘n geroepe slaaf van Yeshua, Die Gesalfde Een, ‘n afgevaardigde,

afgesonder vir die goeie boodskap van God

2 wat Hy van die begin af deur sy profete beloof het, in die afgesonderde Skrifte,

3 aangaande Sy Seun, wat na die vlees gebore is uit die saad van Dawid

4 en deur die Gees van Afsondering met krag openbaar is deur die opstanding uit die

dood as die Seun van God: Yeshua, Die Gesalfde Een, ons Meester.

5 In Hom het ons onverdiende guns en die amp as afgevaardigde vir alle nasies

ontvang, sodat hulle die vertroue van Sy outoriteit en karakter kan gehoorsaam,

6 want ook julle is geroep, vanuit hulle, deur Yeshua, Die Gesalfde Een.

7 Aan al die wat in Rome is waarvoor God lief is, geroep en afgesonder: Onverdiende

guns vir julle en vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid, van God ons

Vader en van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een!

8 In die eerste plek dank ek my God in Yeshua, Die Gesalfde Een, vir julle almal,

omdat julle vertroue gehoor word in die hele wêreld,

9 want God, wat ek in my gees dien deur die goeie boodskap van Sy Seun, is my

getuie hoe ek julle altyd ononderbroke onthou in my gebede.

10 Ek soek guns dat daar nou vir my ‘n manier, deur die wil van God, oopgemaak sal

word, om na julle toe te kom,

11 want ek begeer sterk om julle te sien sodat ek vir julle ‘n geskenk vanaf die Gees

kan gee sodat julle versterk kan word.

12 Saam sal ons bemoedig kan word deur julle, sowel as my, vertroue.

13 Ek wil dat julle weet, broers, dat ek dikwels beplan het om na julle toe te kom en

tot nou toe verhinder is sodat daar ook onder julle vir my vrug kan wees, soos onder

die ander nasies.

14 Teenoor Grieke sowel as barbare, teenoor wyse sowel as oningeligte mense, is ek

verskuldig om te verkondig.

15 Daarom doen ek moeite om ook aan julle wat in Rome is, die goeie boodskap te

verkondig,

16 want ek skaam my nie oor die goeie boodskap nie, want dit is die krag van God tot

redding vir elkeen wat aanhou daarin vertrou, of dit eerstens vir die Jood is of vir

die Arameërs,

17 want daarin word die onpartydigheid en opregtheid van God geopenbaar deur

vertroue tot vertroue volgens wat geskrywe is: “Die onskuldige sal vanuit vertroue

lewe,”

Hav 2:4

Romeine

18 want die woede van God word van die hemel af geopenbaar oor al die boosheid en

onregverdigheid van hulle wat die waarheid in boosheid verhoed,

19 omdat kennis van God aan hulle openbaar is, want God het dit aan hulle openbaar.

20 Die geheime van God, asook Sy ewige krag en Goddelikheid, word van die

skepping van die heelal af aan Sy skepsele deur intelligensie openbaar sodat hulle

Ps 19:2-3

geen verskoning het nie,

21 omdat hulle God geken het en Hom nie as God vereer, geloof en aanbid het,

Ps 14:1

of Hom gedank het nie, maar hulle het gebrekkig geword in hul redenering en hulle

verstand, wil en emosie het dof geword, sonder begrip.

233

Romeine

22 Toe hulle in hulleself gedink het hulle is wys, het hulle kranksinning geword

23 en die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van die onverderflike God verander om

te lyk soos die beeld van ‘n verderfbare mens en die beelde van voëls, viervoetige

Eks 20:4

diere en reptiele.

24 As gevolg daarvan het God hulle oorgegee aan die vuil begeertes van hulle verstand,

wil en emosie om hulle liggame onder mekaar te onteer

25 en hulle het die waarheid van God verruil vir die valsheid en hulle het dinge wat

geskep is vereer en gedien, meer as hulle Skepper, wat al die lofprysing en seën

toekom tot in alle ewigheid. Dit is waar!

26 Daarom het God hulle oorgegee aan siektes van skande, want hulle vroue het die

natuurlike seksuele omgang verander na die onnatuurlike

27 en net so het ook die mans die natuurlike seksuele begeertes na die vrou opgegee en

brand in hulle begeertes na mekaar. Manne het met manne skandelike dade gepleeg

en in hulle persoon die toepaslike straf van hulle misleiding gekry

28 en omdat hulle in hulleself besluit het om God nie te ken nie, het God hulle oorgegee

aan ‘n waardelose denke sodat hulle doen wat nie reg is nie:

29 hulle is vol van allerhande onregverdigheid, seksuele immoraliteit, boosheid, bitterheid,

begeertes na meer, vol jaloesie, moord, stryery, misleiding, bose redenering,

30 klagtes, skinder, haters van God, beledigings, trots, grootpraat, uitvindings van

boosheid, redeloosheid en ongehoorsaamheid aan hulle ouers

31 en omdat daar geen stabiliteit in hulle is nie, is daar geen liefde, vrede of omgee

in hulle nie.

32 Hulle wat, terwyl hulle die oordele van God ken, dat die wat sulke dinge doen,

veroordeel is tot die dood, nie alleen self dié dinge doen nie, maar ook verbind is

aan hulle wat dit doen.

2 1 As gevolg hiervan is daar nie ‘n verskoning vir jou, o mens wat jou naaste

veroordeel nie, want waaroor jy jou naaste oordeel, is jyself skuldig aan, want jy

wat oordeel, doen dieselfde dinge,

2 maar ons weet dat die oordeel van God in waarheid bestaan oor die wat sulke dinge

voortdurend doen.

3 Hoekom dink jy, o mens wat húlle veroordeel wat sulke dinge voortdurend doen, en

dit sélf doen, dat jy die oordeel van God sal ontvlug?

4 Of waag jy dit teen die rykdom van Sy sagte goeddoen en teen die geduld van

Sy Gees en teen die plek wat Hy vir jou gegee het; en besef jy nie dat die sagte

goedheid van God jou wil lei om weg te draai van die sonde na God toe nie?

5 As gevolg van die onsensitiwiteit van jou verstand, wil en emosie wat nie wil

wegdraai van sonde nie, versamel jy vir jou ‘n skat van toorn vir die dag van die

toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God;

Ps 62:13; Spr 24:12; Iyov 34:11

6 Hy wat elkeen beloon volgens sy dade:

7 Aan die wat deur die geduldige volharding in goeie werke die Gemanifesteerde

Teenwoordigheid, waarde en onverganklikheid soek, gee Hy die ewige lewe,

8 maar aan die wat die waarheid weerstaan en nie gehoorsaam nie, maar aan die bose

gehoorsaam is, gee Hy woede, toorn,

234

9 lyding en moeilikheid; aan elke mens wat die bose aanhou doen, eerstens aan die

Jood en ook aan die Arameër,

10 maar die Gemanifesteerde Teenwoordigheid, eer, vrede, gesondheid, voorspoed en

vergenoegdheid vir elkeen wat aanhou goed doen, eerstens vir die Jood en ook vir

die Arameër,

11 want daar is geen aanneming van die persoon by God nie.

12 Hulle wat sonder die geskrewe wet gesondig het, sal ook sonder die geskrewe

wet vernietig word; en hulle wat met die geskrewe wet gesondig het, sal deur die

geskrewe wet veroordeel word,

13 want dit is nie die hoorders van die geskrewe wet wat by God onskuldig is nie,

maar die wat die wet doen, word onskuldig verklaar.

14 Wanneer die ander nasies, wat nie die geskrewe wet het nie, van nature die dinge

van die geskrewe wet doen, is hulle vir hulleself die geskrewe wet, al het hulle nie

die geskrewe wet gehad nie.

15 Daardeur wys hulle dat die doen van die geskrewe wet op hulle verstand, wil

en emosie geskrywe staan Yir 31:32 en hulle gewete saam getuienis gee terwyl hulle

redevoering elkeen beskuldig of verdedig,

16 in die dag wanneer God die geheime van die mense, volgens my goeie boodskap,

deur Yeshua, Die Gesalfde Een, sal oordeel.

17 As jy jouself ‘n Jood noem en steun op die geskrewe wet en jou beroem op God,

18 dat jy Sy wil ken en die dinge wat reg is onderskei wat vir jou vanuit die wet geleer

is

19 en jy is oortuig in jouself dat jy ‘n gids is vir die blindes, ‘n lig vir die wat in

duisternis is,

20 ‘n instrukteur vir die wat begrip kortkom, ‘n leermeester van kinders, omdat jy die

model van die kennis en die waarheid in die geskrewe wet het;

21 jy dan, wat ‘n ander leer, leer jy jouself nie? Jy wat verkondig: ‘Jy mag nie steel

nie’, Eks 20:13 steel jy?

22 Jy wat sê: ‘Jy mag nie owerspel pleeg nie’, Eks 20:13 pleeg jy owerspel? Jy wat afgode

verafsku, plunder jy die afgesonderde plek?

23 Jy wat jou op die geskrewe wet beroem, beledig jy God deur die geskrewe wet te

oortree?

24 Volgens wat geskryf is: ‘Dit is as gevolg van julle dat die ander nasies sleg praat

van die Outoriteit en Karakter van God,’

Yes 52:5, Yeg 36:20

Romeine

25 want die besnydenis is wel ‘n voordeel as jy die geskrewe wet volkome gehoorsaam,

maar as jy afwyk van die geskrewe wet, het jou besnydenis onbesnedenheid

geword.

26 As die onbesnedene die opdragte van die geskrewe wet nakom, let op, sy

onbesnedenheid word gereken as besnydenis

27 en sal hy wat onbesnede is en die opdragte van die geskrewe wet volkome doen

deur sy natuur, jou wat besny is en die wet op skrif het, maar dit oortree, nie oordeel

nie?

28 Hy is nie ‘n Jood wat dit in die uiterlike is nie; en dít is nie besnydenis wat in die

Lev 26:41, Deut 10:16, Yir 9:24

die vlees gesien word nie.

235

Romeine

29 Inteendeel, hy is ‘n Jood wat dit in die binneste is en besnydenis is dié van die

verstand, wil, emosie en die gees, nie volgens die geskrewe nie sodat sy eer en lof

nie van mense is nie, maar van God.

3 1 Wat is daarom die voortreflikheid van die Jood, of wat is die voordeel van die

besnydenis?

2 Baie, in alle opsigte: Eerstens, dat aan hulle die Woorde van God Ps 147:19-20 toevertrou

is,

3 want wat daarvan as sommige nie vertrou het nie? Sal hulle gebrek aan vertroue

miskien die vertrouenswaardigheid van God vernietig?

4 ‘n Verwerplike gedagte! God is waarheid en elke mens ‘n leuenaar, soos geskrywe

Ps 51:6

is: “U is regverdig in U woorde en onskuldig as hulle U oordeel.”

5 As ons boosheid die regverdigheid van God bevestig, wat sal ons sê? Is God dan nie

onregverdig om Sy woede oor ons te bring, nie? Ek praat soos die mense.

6 ‘n Verwerplike gedagte! Hoe anders sal God die wêreld oordeel?

7 As die waarheid van God deur my valsheid vergroot is tot Sy eer, lof en aanbidding,

waarom word ek dan steeds as sondaar geoordeel?

8 Of is dit soos kwaad gepraat word van ons deur hulle wat in die oordeel veroordeel

sal word en beweer dat ons sê: ‘Laat ons boosheid doen sodat daar goed van kan

kom?’

9 Word ons dan as beter beskou, omdat ons ‘n voordeel het? Ons het aangaande die

Jode, sowel as Arameërs, bepaal dat hulle almal onder sonde is,

10 net soos geskrywe is: ‘Daar is niemand onskuldig nie, selfs nie een nie,

11 ook nie iemand wat verstaan nie, ook nie iemand wat God soek nie!

12 Hulle het almal saam afgewyk en is verwerp. Daar is niemand wat goed doen nie,

Ps 14:1-3, 53:2-4

nie een nie.’

13 ‘Hulle kele is oopgemaakte grafte en hulle tonge is misleidend.’

236

Ps 5:10 ‘Die gif van

Ps 140:4

Egiptiese kobras is onder hulle lippe.’

Ps 10:7

14 ‘Hulle monde is vol vervloeking en bitterheid’

15 en ‘hulle voete is ywerig om bloed te stort.

16 Teëspoed en ellende is op hulle pad,

17 en die pad van vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid het hulle nie

Yes 59:7-8, Spr 1:16

geken nie.’

Ps 36:2

18 ‘Die respekvolle vrees vir God is nie voor hulle oë nie.’

19 Ons weet dat alles wat die geskrewe wet gesê het, gesê is vir die wat in die geskrewe

wet is sodat elke mond toegemaak en die hele wêreld voor God skuldig sal wees

20 op grond daarvan dat uit die doen van die skrifelike wet niemand voor Hom

onskuldig verklaar sal word nie, Ps 143:2 want deur die geskrewe wet is die sonde

bekendgemaak,

21 maar nou word die onpartydigheid en opregtheid van God geopenbaar sonder die

geskrewe wet en die Wet en die Profete getuig daarvan.

22 Die onpartydigheid en opregtheid, wat van God kom, is deur die vertroue van

Yeshua, Die Gesalfde Een, vir elke persoon wat aanhou vertrou in Hom, want daar

is geen onderskeid nie,

Romeine

23 want almal van hulle het gesondig en kom die Gemanifesteerde Teenwoordig-heid

van God kort

24 en hulle word onskuldig verklaar deur Sy onverdiende guns sonder koste en deur

die verlossing wat in Die Gesalfde Een, Yeshua, is.

25 Hom, wat God vroeër gegee het as die toedekking van sonde deur die vertroue van

Sy bloed ter wille van ons sondes wat ons vroeër gepleeg het

26 in die ruimte wat God ons gegee het deur die geduld van Sy Gees vir die

demonstrasie van Sy oordeel wat in die teenwoordige tyd is, waardeur Hy wys dat

Hy die Regverdige Een is en deur regverdigheid die een wat in die vertroue van ons

Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een is, onskuldig verklaar.

27 Waar is dan die roem? Dit is uitgeskakel. Deur watter wet? Dié van doen van die

wet? Nee, maar deur die wet van vertroue.

28 Ons kom dus tot die gevolgtrekking dat die mens onskuldig verklaar word deur

vertroue en nie deur die doen van die geskrewe wet nie.

29 Of is God net God van die Jode en nie ook van die ander nasies nie? Ja, ook van

die ander nasies,

30 want daar is net een God, Deut 6:4 wat die besnedenes deur vertroue en die onbesnedenes

deur vertroue onskuldig verklaar.

31 Verwyder ons daardeur die geskrewe wet deur vertroue? ‘n Verwerplike gedagte!

Inteendeel, ons bevestig die wet.

4 1 Wat sê ons daarom van wat Avraham, hoof van die vaders, deur die vlees verkry

het?

2 As Avraham vanuit die dade onskuldig verklaar is, het hy iets om op te roem, maar

nie in die Teenwoordigheid van God nie,

3 want wat sê die Skrifte? ‘Avraham het God vertrou; en dít is hom tot onpartydigheid

Gen 15:6

en opregtheid gereken,

4 maar aan hom wat werk, word die beloning nie na onverdiende guns bereken nie,

maar na verdienste;

5 aan hom egter wat nie werk nie, maar slegs vertrou in die Een wat die sondaar

onskuldig verklaar, word sy vertroue vir hom tot onpartydigheid en opregtheid

gereken.

6 Soos Dawid ook die mens, vir wie God as onpartydig en opreg bereken sonder eie

dade, gelukkig ag as hy sê:

7 “Geseënd is hulle wie se booshede verwyder is en wie se sondes toegedek is.

Ps 32:1-2

8 Geseënd is die man vir wie God die sonde nie bereken nie.”

9 Hierdie seën dan, is dit op die besnedenes of ook op die onbesnedenes. Want ons sê:

‘Deur Avraham se vertroue is hy onpartydig en opreg gereken.’

10 Hoe is dit dan bereken? Toe hy besnede of onbesnede was? Nie as besnedene nie,

maar as onbesnedene.

11 Hy het die teken van die besnydenis ontvang as ‘n seël van sy onpartydigheid

en opregtheid deur vertroue, toe hy nog nie besny is nie sodat hy die vader sal

wees van almal wat vertrou, terwyl hulle onbesnede is sodat dit ook vir hulle as

onpartydigheid en opregtheid gereken sal word

237

Romeine

12 en net so ook ‘n vader van dié besnedenes is wat nie alleen fisies besny is nie,

maar ook loop in die voetspore van vertroue van ons vader Avraham, toe hy nog

onbesnede was,

13 want die belofte dat hy erfgenaam van die wêreld sou wees, het nie Avraham of sy

nageslag Gen 15:3-5 deur die geskrewe wet verkry nie, maar deur die onpartydigheid en

opregtheid wat uit vertroue kom,

14 want as hulle erfgename is vanuit die geskrewe wet, dan het vertroue geen doel nie

en is die belofte gekanseleer,

15 want die geskrewe wet bring straf, maar waar geen geskrewe wet is nie, is daar ook

geen oortreding van die geskrewe wet nie.

16 As gevolg hiervan sal iemand deur vertroue, wat uit onverdiende guns is, onskuldig

verklaar word en sal die belofte seker wees vir al sy saad; nie alleen vir die wat uit

die geskrewe wet is nie, maar ook vir die wat uit die vertroue van Avraham is, die

vader van ons almal.

17 Net soos geskrywe is: “Ek het jou as ‘n vader van baie nasies aangestel.” Gen 17:5 Dit

ís hy voor God, omdat hy vertrou het dat Hy die Een is wat lewe gee aan dit wat

dood is en hulle wat nie is nie, roep asof hulle is.”

18 Hy het verby enige hoop vertrou dat hy vader sou word van baie nasies volgens wat

gesê is: “Soveel sal jou nageslag wees”

238

Gen 15:5

19 en sy vertroue het nie verswak nie, al was hy omtrent honderd jaar oud, toe hy na

sy eie liggaam, wat alreeds dood was en na die dooie toestand van die baarmoeder

van Sarah, gekyk het.

20 Hy het nie asof vanuit ‘n gebrek aan vertroue aan die belofte van God getwyfel nie,

maar hy is versterk in vertroue en het aan God die lofprysing gegee

21 en het bevestig dat God die vermoë het om te doen wat Hy hom beloof het.

22 As gevolg hiervan is dit vir hom bereken tot onpartydigheid en opregtheid,

Gen 15:6

23 maar dit is nie alleen om sy ontwil geskrywe dat sy vertroue vir hom bereken is tot

onpartydigheid en opregtheid nie,

24 maar ook om ons ontwil vir wie dit bereken sal word; vir wie vertrou in Hom wat

ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, uit die dood uit opgewek het.

25 Hy wat oorgelewer is ter wille van ons sondes en opgestaan het om ons onskuldig

te verklaar.

5 1 Omdat ons onskuldig verklaar is, sal daar daarom deur vertroue, vir ons vrede,

gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid by God wees deur ons Meester, Yeshua,

Die Gesalfde Een,

2 want in Hom is ons, deur vertroue, nader gebring aan hierdie onverdiende guns,

waarin ons staan en ons verheug ons in die versekerde verwagting van die

Gemanifesteerde Teenwoordigheid van God.

3 Nie alleen so nie, maar ons verheug ons ook in die pyniginge, omdat ons weet dat

die pyniginge, uithouvermoë in ons vervolmaak,

4 en die uithouvermoë vervolmaak ondervinding en die ondervinding vervolmaak

versekerde verwagting

5 en die versekerde verwagting beskaam nie, omdat die oorlopende liefde van God

reeds in ons verstand, wil en emosie uitgestort is deur die Gees van Afsondering wat

aan ons gegee is.

6 Waarlik, Die Gesalfde Een het ter wille van ons swakheid, op díé tyd, in die plek

van bose mense gesterf.

7 Iemand sal moeilik vir ‘n bose sterf; vir ‘n goeie mens sal iemand miskien nog die

moed hê om te sterf.

8 Hierin wys God Sy liefde vir ons: dat Die Gesalfde Een in ons plek gesterf het toe

ons sekerlik nog sondaars was.

9 Hoeveel te meer sal ons, nou dat ons onskuldig verklaar is in Sy bloed, deur Hom

gered word van die toorn,

10 want as ons verhouding met God, terwyl ons nog vyande was, deur die dood van Sy

Seun, herstel is, hoeveel te meer sal ons deur Sy lewe leef, noudat ons verhouding

herstel is

11 en nie alleen dit nie, maar ons roem ook in God deur ons Meester, Yeshua, Die

Gesalfde Een, want dit is in Hom wat ons nou die herstel van ons verhouding

ontvang het,

12 net soos deur die hand van een mens die sonde in die heelal ingekom het

Romeine

Gen 2:17

en deur die sonde die dood; Gen 3:19 en die dood so na alle mense toe deurgekom het,

omdat almal gesondig het,

13 want tot by die geskrewe wet was daar al sonde in die wêreld, maar dit is nie as

sonde toegereken nie omdat daar geen geskrewe wet was nie,

14 maar die dood het geheers van Adam af tot by Moshe, ook oor hulle wat nie presies

gesondig het in die oortreding van ‘n opdrag soos Adam, wat ‘n beeld is van Hom

wat sou kom, nie.

15 Die onverdiende geskenk is nie dieselfde as die oortreding nie, want as deur die

oortreding van die één baie dood is, hoeveel te meer het die onverdiende guns van

God in oorvloed na baie gekom deur die geskenk, deur onverdiende guns, van die

een Mens, Yeshua, Die Gesalfde Een.

16 Die geskenk is nie dieselfde as die gevolg van één se sonde nie, want deur één het

oordeel gekom tot verdoeming, maar die onverdiende geskenk is vir baie oortredinge

tot verklaring van onskuld,

17 want as die dood, as gevolg van die oortreding van die één, geheers het deur die

één, veel meer sal hulle, wat die oorvloedigheid van die onverdiende guns, wat die

geskenk van onpartydigheid en opregtheid is, ontvang, heers in die lewe deur die

Één, Yeshua, Die Gesalfde Een.

18 Daarom dan, net soos alle mense skuldig bevind is deur een se oortreding, so ook

sal daar deur die onpartydigheid en opregtheid van Een, oorwinning tot lewe wees

vir alle mense,

19 want net soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie sondaars geword

het, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie onskuldig word.

20 Die geskrewe wet is bygevoeg sodat die sonde meer sou word en waar die sonde

meer geword het, het die onverdiende guns nog uitermate meer geword

239

Romeine

21 sodat, net soos die sonde geheers het deur die dood, so ook die onverdiende guns

kan heers deur onpartydigheid en opregtheid tot die ewige lewe deur ons Meester,

Yeshua, Die Gesalfde Een.

6 1 Wat sal ons daarom sê? Sal ons in die sonde bly sodat die onverdiende guns meer

kan word?

2 ‘n Verwerplike gedagte! Hoe kan enige een van ons wat dood is vir die sonde, weer

daarin leef?

3 Of weet julle nie dat díe van ons wat in Die Gesalfde Een, Yeshua, gedoop is, in Sy

dood gedoop is nie?

4 Ons is saam met Hom begrawe in die doop tot die dood sodat net soos Die Gesalfde

Een uit die dood uit opgestaan het deur die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van

Sy Vader, ons ook net so in ‘n nuwe lewe kan leef,

5 want as ons een geword het met Hom deur dieselfde dood as Hy, sal ons ook een

wees met Hom in dieselfde opstanding as Hy.

6 Ons weet dat ons ou mens saam met Hom gekruisig is sodat die liggaam van die

sonde vernietig sou word sodat ons nie langer ‘n slaaf van die sonde sal wees nie,

7 want hy wat dood is, het homself van die sonde bevry.

8 As ons daarom saam met Die Gesalfde Een dood is, laat ons vertrou dat ons saam

met Die Gesalfde Een sal lewe,

9 omdat ons weet dat Die Gesalfde Een opgestaan het uit die dood en nie weer sal sterf

nie en die dood het geen outoriteit oor Hom nie.

10 Hy wat dood is vir die sonde, het een maal gesterf en omdat Hy leef, leef Hy vir

God.

11 Net so moet julle ook julleself beskou as dood vir die sonde en dat julle leef vir God

in eenheid met ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een.

12 Daarom sal die sonde nie in julle dooie liggame heers, asof julle aan sy begeertes

gehoorsaam sou wees nie.

13 Moet ook nie julle lede aanbied as wapens vir boosheid tot sonde nie, maar bied

julleself aan vir God as mense wat uit die dood uit lewend is en julle lede sal wapens

wees vir die onpartydigheid en opregtheid van God.

15 Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die geskrewe wet is nie, maar

onder die onverdiende guns? ‘n Verwerplike gedagte!

16 Weet julle nie dat julle, aan wie julle ookal julself aanbied om gehoorsaam te

wees, sy slaaf is om aan hom gehoorsaam te wees nie; òf dit die sonde, òf die

onpartydigheid en opregtheid is waarna jy luister?

17 Dank God dat julle slawe van die sonde was en vanuit julle verstand, wil en emosie

gehoorsaam geword het aan die voorbeeld van die leer wat aan julle gebring is

18 en toe julle vrygemaak is van die sonde, het julle slawe geword van die

onpartydigheid en opregtheid.

19 Ek praat menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees, want net soos

julle jul liggaamsdele as slawe aangebied het van die onreinheid en boosheid, so

moet julle nou ook jul lede aanbied as slawe van die onpartydigheid, opregtheid en

afsondering,

240

Romeine

20 want toe julle slawe geword het van die sonde, het julle vry geraak van die

onpartydigheid en opregtheid.

21 Watter vrug het julle toe gehad, waaroor julle jul nou skaam, want die uiteinde

daarvan is die dood?

22 Nou, omdat julle vrygemaak is van die sonde en slawe geword het van God, is julle

vrug afgesonderdheid, want die uiteinde daarvan is die ewige lewe.

23 Die eindproduk van die sonde is die dood, maar die geskenk van God is die ewige

lewe, in ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een.

7 1 Asof julle nie weet nie, my broers, want ek praat met díé wat die geskrewe wet

verstaan, dat die geskrewe wet outoriteit het oor die mens so lank as wat hy lewe.

2 Net soos die getroude vrou in die geskrewe wet aan haar meester gebonde bly solank

hy leef, maar as die man dood is, is sy losgemaak van die geskrewe wet van haar

man.

3 As sy weggaan vir ‘n ander man terwyl haar meester leef, sal sy vir hom ‘n egbreekster

wees, maar as haar meester sou sterf, is sy vry van die geskrewe wet, sodat sy nie ‘n

egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie.

4 Nou, my broers, is julle ook dood vir die geskrewe wet, deur die liggaam van Die

Gesalfde Een, om aan ‘n ander te mag behoort, naamlik aan Hom wat uit die dood

uit opgestaan het sodat julle vir God vrugte kan dra,

5 want toe ons in die ou natuur was, het die siektes van die sonde wat deur die geskrewe

wet kom, ywerig in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra,

6 maar nou is ons vrygespreek van dié geskrewe wet en het ons dit wat ons beheer

afgesterf sodat ons van nou af slawe is van wat nuut is uit die Gees en nie van die

oue wat uit die geskrewe letter is nie.

7 Wat sal ons daarom sê? Is die geskrewe wet sonde? ‘n Verwerplike gedagte! Ek sou

nie weet wat is sonde anders as deur die wet nie, want ek sou ook nie begeerte geken

Eks 20:14, Deut 5:18

het as die wet nie gesê het: “Jy mag nie begeer nie.”

8 Die sonde het die geleentheid aangegryp deur die voorskrifte en in my allerhande

begeertes gewerk, want sonder die wet was die sonde dood.

9 Aan die begin was ek lewend sonder die geskrewe wet, maar toe die opdragte kom,

het die sonde gelewe en ek het gesterf

10 en die opdragte tot lewe, was vir my tot die dood,

11 want die sonde het die geleentheid aangegryp deur my te mislei deur die opdragte

en my daardeur gedood.

12 Daarom is die geskrewe wet afgesonderd en die opdragte is afgesonderd, regverdig

en goed.

13 Was die goeie daarom vir my tot die dood? ‘n Verwerplike gedagte! Dit was sodat

sonde deur die goeie, vervolmaak deur die dood, in my as sonde openbaar kon word

sodat sonde des te meer veroordeel kon word deur die opdragte,

14 want ons weet dat die geskrewe wet vanuit die gees is, maar ek is vanuit die vlees,

verkoop aan die sonde,

15 want wat ek doen, verstaan ek nie en dit is ook nie enige iets wat ek gekies het nie,

maar dit wat ek gehaat het, dit het ek gedoen.

241

Romeine

16 As ek enige iets doen wat ek nie wil nie, dan getuig ek dat die geskrewe wet goed

is,

17 maar nou is dit nie ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my bly,

18 want ek weet dat in my, dit is in my vlees, die goeie nie bly nie, want dit is maklik

vir my om bly te wees oor die goeie, maar ek kan dit nie doen nie,

19 want die goeie wat ek gekies het om te doen, het ek nie gedoen nie, maar die bose

wat ek nie wou doen nie, dit het ek gedoen.

20 As ek enige iets doen wat ek nie wou nie, dan was dit nie ek wat dit gedoen het nie,

maar die sonde wat in my bly.

21 Ek vind dus ‘n wet, wat met my gewete saamstem, wat kies om die goeie te doen,

omdat die bose naby my is,

22 want ek verheug my in die wet van God vanuit die innerlike mens,

23 maar ek sien ‘n ander wet in my lede wat oorlog maak teen die wet van my gewete

en my gevange hou aan die wet van die sonde wat in my lede is.

24 Ek is ‘n ellendige mens! Wie sal my red uit hierdie liggaam van die dood?

25 Ek dank God: Deur ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een! Daarom is ek nou met

my gewete ‘n slaaf van God se wet, maar in my vlees ‘n slaaf van die wet van die

sonde.

8 1 Daarom is daar geen veroordeling in Yeshua, Die Gesalfde Een, vir dié wat nie

in die vlees leef nie,

2 want die wet van die Gees van lewe, wat in Yeshua, Die Gesalfde Een, is, het jou

vrygemaak van die wet van die sonde en van dood,

3 want omdat die wet swak was, deur die sieklikheid van die vlees, het God Sy Seun

in die vorm van die sondige vlees gestuur, as gevolg van sonde, om die sonde in Sy

vlees te veroordeel

4 sodat die opregtheid en onpartydigheid van die wet volledig gemaak kon word in

ons sodat ons nie na die vlees leef nie, maar na die Gees,

5 want die wat in die vlees is, word deur daardie vlees beheer, maar die wat van die

Gees is, word deur daardie Gees beheer,

6 want die gedagtes van die vlees is dood, maar die gedagtes van die Gees is lewe,

vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid,

7 omdat die gedagtes van die vlees, vyandskap teen God is, want dit is nie gehoorsaam

aan die wet van God nie, want dit is ook nie moontlik nie.

8 Die wat in die vlees is, kan God nie tevrede stel nie,

9 maar julle is nie in die vlees nie, maar in die Gees, as die Gees van God waarlik in

julle bly, maar as iemand die Gees van Die Gesalfde Een nie het nie, behoort hy nie

aan Hom nie.

10 As Die Gesalfde Een in julle is, dan is die liggaam dood vir die doel van sonde,

maar die Gees is lewend vir die doel van die onpartydigheid en opregtheid

11 en as die Gees van Hom wat ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een uit die dood

uit laat opstaan het, in julle bly, dan sal Hy wat Yeshua, Die Gesalfde Een uit die

dood laat opstaan het, ook aan julle dooie liggame lewe gee deur Sy Gees wat in

julle bly.

242

Romeine

12 Nou, my broers, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie,

13 want as julle na die vlees lewe, sal julle sterf; en as julle in die Gees die praktyke

van die liggaam doodmaak, sal julle lewe,

14 want dié wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.

15 Julle het nie ‘n gees van slawerny ontvang om weer te vrees nie, maar julle het die

Gees van plasing as kinders ontvang, deur wie ons uitroep: “Vader, ons Vader!”

16 Daardie Gees getuig tot ons gees dat ons kinders van God is

17 en as ons kinders is, dan ook erfgename. Erfgename van God en mede-erfgename

van Yeshua, Die Gesalfde Een, want as ons saam met Hom ly, sal ons ook saam met

Hom die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van God smaak,

18 want ek verklaar dat die lyding van hierdie tyd nie vergelyk kan word met die

Gemanifesteerde Teenwoordigheid van God wat aan ons geopenbaar sal word nie,

19 want die skepping wag in versekerde verwagting en afwagting op die

openbaarmaking van die kinders van God,

20 want die skepping is onderworpe aan die waardeloosheid, nie uit keuse nie, maar

onder Hom wat dit gehoorsaam gemaak het, in die versekerde verwagting

21 dat ook die skepping vrygemaak sal word van die slawerny van vernietiging tot die

vryheid van die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van God saam met die kinders

van God,

22 want ons weet dat alles wat geskep is kreun en in geboortepyn is tot nou toe

23 en nie alleen hulle nie, maar ook ons wat die eersteling vrugte van die Gees in ons

het, kreun ook in onsself in afwagting op die plasing as kinders en die bevryding

van ons liggame,

24 want ons leef in versekerde verwagting, maar die versekerde verwagting wat gesien

word, is geen verwagting nie, want waarom verwag iemand dit wat hy sien?

25 As ons verwag wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met geduld.

26 Net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie wat nodig is,

waarvoor ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitgesproke

kreuninge

27 en Hy wat die verstand, wil en emosie ondersoek, weet wat die bedoeling van die

Gees is, omdat Hy, ooreenkomstig die wil van God, vir die afgesonderdes intree.

28 Ons weet dat, vir hulle wat God liefhet,

243

Deut 6:5 Hy hulle in alles help vir die goeie,

vir hulle wat Hy opsy gesit het om geroep te word,

29 want die wat Hy vooruit geken het, dié het Hy ook vooruit gevorm om te lyk net

soos die beeld van Sy Seun sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broers

30 en die wat Hy vooruit gevorm het, dié het Hy ook geroep en die wat Hy geroep het,

dié het Hy ook onskuldig verklaar en die wat Hy onskuldig verklaar het, dié het Hy

ook Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid gegee.

31 Wat sal ons daarom van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie is teen ons?

32 As Hy selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom, in plaas van ons almal,

oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ook vir ons alles gee nie?

33 Wie sal beskuldigings inbring teen dié wat God gekies het? God verklaar onskuldig.

34 Wie is dit wat veroordeel? Die Gesalfde Een is Hy wat gesterf het, meer nog, wat ook

opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons onthalwe intree.

Romeine

35 Wat sal my skei van die liefde van Die Gesalfde Een: Lyding, gevangenskap,

vervolging, hongersnood, naaktheid, gevaar of die swaard?

36 Soos geskrywe is: “Om U ontwil word ons die hele dag lank doodgemaak, ons is

gereken as skape vir die slagting,”

244

Ps 44:23

37 maar in al hierdie dinge oorwin ons, deur Hom wat ons liefhet,

38 want ek is oortuig daarvan dat geen dood of lewe of engel of outoriteit of leërmag

of dinge wat nou bestaan of dinge wat sal kom

39 of hoogte of diepte of enige ander skepsel instaat is om my af te sny van die liefde

van God, wat daar in ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, is nie.

9 1 Ek praat die waarheid in eenheid met Die Gesalfde Een en ek lieg nie; my gewete

getuig vir my in eenheid met die Gees van Afsondering,

2 dat dit vir my ‘n groot droefheid is en ‘n onophoudelike smart vir my denke, wil en

emosie,

3 want ek het gebid dat ekself, ter wille van my broers, my bloedverwante na die

vlees, vernietig sou word weg van Die Gesalfde Een af.

4 Hulle wat Yisra’el is, het ontvang: die plasing tot kinders, Eks 4:22 die Gemanifesteerde

Teenwoordigheid van God, Eks 13:31, Eks 40:36-38, Yeg 1:28 die verbond, Gen 17, Eks 19-24, Yir 31:30 die

geskrewe wet, Eks–Deut, Heb 8:6 die dienswerk daarin, Eks 25-27 2 Kor 1:20

die beloftes

5 en die vaders; en vanuit hulle het Die Gesalfde Een in die vlees verskyn, Luk 1:26-35 Hy

wat God oor alles is, Yes 9:5-6 tot Wie lofprysing en seën is vir ‘n tydlose ewigheid!

Dit is waar.

6 Dit is nie asof die boodskap van God gefaal het nie, want nie almal wat vanuit

Yisra’el is, is Yisra’el nie.

7 Ook nie omdat hulle almal Avraham se nageslag is, 2 Kron 20:7, Ps 105:6 is hulle kinders nie;

want dit is gesê: “in Yitz’gak Gen 21:12 sal hulle jou nageslag genoem word.”

8 Dit is: Nie die wat kinders van die vlees is, is kinders van God nie, maar die kinders

van die belofte word gereken as nageslag,

9 want dit is die boodskap van die belofte: “Op die bepaalde tyd sal Ek kom; en Sarah

Gen 18:14

sal ‘n seun hê.”

10 Nie alleen dit nie, maar ook met Rivkah wat swanger was, deur een daad met ons

vader Yitz’gak,

11 voordat haar kinders gebore is en nog nie enige goed of kwaad gedoen het nie, is

die keuse van God openbaar sodat dit kon staan, nie vanuit dade nie, maar vanuit

Hom wat roep,

Gen 25:23

12 is gesê: “Die oudste sal ‘n slaaf wees van die jongste.”

Mal 1:2-3

13 Net soos geskrywe is: “Ya’akov het Ek liefgehad en Esav het Ek gehaat.”

14 Wat sal ons daarom hieroor sê? Dat daar boosheid is by God? Deut 32:4 ‘n Verwerplike

gedagte!

15 Let op, ook vir Moshe sê Hy: “Ek sal liefde wys vir wie ookal Ek lief is en My

Eks 33:19

ontferming wys oor wie ookal Ek my ontferm.”

16 Gevolglik hang dit nie af van die een wat wil of deur die een wat hardloop nie,

maar van God wat Omgee is,

Romeine

17 want Hy sê in die Skrif vir Farao: “Om hierdie rede het Ek jou laat opstaan, sodat

Ek in jou my krag kan wys en sodat My Karakter en Outoriteit bekend gemaak kan

Eks 9:16, 14:4

word op die hele aarde.”

18 So wys Hy dan Sy omgee oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil.

19 Sonder twyfel sal jy sê: “Waarom vind Hy fout, want wie is dit wat teen Sy wil

staan?”

20 Wie is jy daarom o mens, wat vir God ‘n antwoord teruggee? Sê die een wat

gevorm is aan die Een wat hom gevorm het: “Waarom het U my op dié manier

Yes 29:16, 45:9

gevorm?”

21 Of het die pottebakker nie outoriteit oor die klei, om uit dieselfde bol die een

voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?

22 As God Sy woede wou wys en Sy mag bekend maak, het Hy baie geduld gewys in

woede teen houers van woede wat volmaak gemaak is vir die vernietiging,

23 en Sy liefde loop oor op die voorwerpe van omgee wat voorberei is vir Sy

Gemanifesteerde Teenwoordigheid,

24 vir ons wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die ander

nasies.

25 Net soos dit ook in Hoshea sê: “Ek sal die wat nie My volk was nie: ‘My volk’

Hos 2:25

noem en vir wie nie liefde gegee is nie: ‘jy wat Ek liefhet’;

26 en in die plek waar hulle nie ‘My volk’ genoem is nie, daar sal hulle genoem word

Hos 2:1

‘kinders van die lewende God’.”

27 Yesha’yahu het teen die kinders van Yisra’el verkondig: “Al is die getal van die

seuns van Yisra’el soos die sand van die see, net ‘n oorblyfsel sal gered word.

Yes 10:22-23

28 Hy het dit kortgeknip en afgesny en sal dit doen op die aarde.”

29 Soos Yesha’yahu vroeër gesê het: “As -Tzva’ot (Yahuah van die hemelse

leermag) nie vir ons ‘n oorblyfsel oorgelos het nie, sou ons geword het soos S’dom

Yes 1:9

en wees net soos ‘Amora.”

30 Wat sal ons daarom sê? Dat die ander nasies, wat die onpartydigheid en opregtheid

nie nagejaag het om dit te verkry nie, die onpartydigheid en opregtheid ontvang het,

dié onpartydigheid en opregtheid wat vanuit vertroue is,

31 maar Yisra’el, wat agter die geskrewe wet van onpartydigheid en opregtheid

aangehardloop het, het nie die wet van onpartydigheid en opregtheid verkry nie.

32 Om watter rede? Omdat dit nie vanuit vertroue was nie, maar vanuit die dade van

Yes 8:14

die geskrewe wet, dat hulle gestruikel het oor die Steen van struikeling.

33 Net soos geskryf is: Yes 28:16 “Let op! Ek het ‘n Steen van struikeling en ‘n Steen

van oortreding in Tziyon gelê en wie ookal in Hom vertrou, sal nie beskaam word

nie.”

10 1 My broers, die begeerte van my verstand, wil en emosie en my intrede voor

God vir hulle, is vir hulle onthalwe, dat hulle gered mag word,

2 want ek getuig van hulle, dat hulle ‘n ywer vir God in hulle het, maar nie in kennis nie,

3 omdat hulle die onpartydigheid en opregtheid van God nie ken nie, maar hulle eie

onpartydigheid en opregtheid probeer oprig, daarom het hulle die onpartydigheid en

opregtheid van God nie gehoorsaam nie,

245

Romeine

4 want die einddoel van die geskrewe wet is Die Gesalfde Een tot onpartydigheid en

opregtheid aan elkeen wat vertrou,

5 want Moshe beskryf die onpartydigheid en opregtheid wat uit die wet is: “Die mens

wat hierdie dinge doen, sal daarin lewe.”

246

Lev 18:5

6 Die onpartydigheid en opregtheid wat uit vertroue is, sê dit so: “Moenie in jou

gedagtes, wil en verstand sê nie: ‘Wie het opgegaan na die hemel en Die Gesalfde

Een afgestuur?

7 Wie het in die bodemlose put van She’ol neergedaal en Die Gesalfde Een uit die

dood uit opgebring?’

8 Daarteenoor, wat sê dit? Deut 30:11-14 “Naby jou is die antwoord, in jou mond en in jou

verstand.” Dit is die boodskap van vertroue wat ons verkondig:

9 As jy met jou mond ons Meester, Yeshua, verklaar en met jou verstand, wil en

emosie vertrou dat God Hom uit die dood uit opgewek het, sal jy lewe hê,

10 want die verstand, wil en emosie wat in Hom vertrou, is onskuldig verklaar en die

mond wat Hom bely lewe,

11 want die Skrif sê: “Elkeen wat in Hom vertrou, sal nie beskaam word nie.”

Yes 28:16

12 Hierin maak Hy nie ‘n onderskeid tussen Jood en nie-Jood nie, want is Een

vir almal van hulle en is waardevol vir almal wat Hom aanroep,

13 want elkeen wat hom op die Karakter en Outoriteit van beroep, Yo’el 3:5 sal lewe hê.

14 Hoe sal hulle hul dan beroep op Hom, behalwe as hulle in Hom vertrou? Hoe sal

hulle in Hom vertrou as hulle Hom nie gehoor het nie? Of hoe sal hulle hoor sonder

een wat verkondig?

15 Of hoe kan hulle verkondig as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is:

“Hoe lieflik is die voete van die boodskapper van vrede, gesondheid, voorspoed,

Yes 52:7

vergenoegdheid en van die boodskapper van goeie dinge,”

16 maar dit is nie almal wat die goeie boodskap gehoorsaam het nie, want Yesha’yahu

Yes 53:1

het gesê: “My Meester, wie glo ons verslag?”

17 Daarom: Vertroue is deur een wat luister, een wat luister na wat God sê.

18 Ek sê egter: “Het hulle nie gehoor nie?” Let op, hulle verslag het uitgegaan oor die

Ps 19:2-5

hele aarde en hulle woorde tot by die eindes van die wêreld.”

19 Ek sê egter: “Miskien het Yisra’el nie verstaan nie?” Moshe het vroeër gesê: “Ek

sal julle jaloers maak op dié wat geen volk is nie; en Ek sal julle kwaadmaak teen ‘n

Deut 32:21

nasie wat nie gehoorsaam is nie.”

20 Yesha’yahu sê openlik: “Ek het verskyn aan hulle wat nie na My gesoek het nie en

Ek is gevind deur die wat nie na My gevra het nie.”

Yes 65:1, Rom 9:30

21 Vir Yisra’el sê Hy: “Die hele dag lank het Ek my hande uitgehou na mense wat

Yes 65:2, Rom 9:31

twissoekerig en ongehoorsaam is.”

11 1 Sê ek dat God Sy volk weggestoot het? ‘n Verwerplike gedagte, want ek is

ook vanuit Yisra’el, Ps 105:6, 2 Kron 20:7 van die nageslag van Avraham, van die stam van

Binyamin.

2 God het Sy volk wat Hy van die begin af geken het, Ps 94:14, 1 Sh’ 12:22 nie weggestoot

nie. Of weet julle nie wat die Skrif in die gedeelte oor Eliyahu sê toe hy by God oor

Yisra’el gekla het nie?

Romeine

3 “My Meester, hulle het U profete vermoor en U altare omgegooi; ek het alleen

1 Kon 19:10,14

oorgebly, en hulle soek my lewe!”

4 Dit is vir hom deur openbaring gesê:

247

1 Kon 10:18 ”Let op, Ek het vir Myself sewe duisend

manne uitgehou wat nie die knie voor Ba’al gebuig en hom aanbid het nie.”

5 Dit is ook dieselfde in die teenwoordige tyd: Daar is ‘n oorblyfsel gekies uit

onverdiende guns,

6 maar as dit uit onverdiende guns is, dan is dit nie vanuit dade nie, anders is

onverdiende guns geen onverdiende guns nie, maar as dit uit dade is, dan is dit nie

meer onverdiende guns nie, anders is dade geen dade meer nie.

7 Hoekom het Yisra’el dan nie dit gevind waarna hulle gesoek het nie, behalwe die

gekoses, maar die ander is verblind in hulle verstand, wil en emosie.

8 Net soos geskryf is: “God het hulle ‘n gees van irritasie gegee, oë wat nie sien nie

Deut 29:3, Yes 29:10

en ore wat nie hoor nie, tot vandag toe.”

9 Dawid sê weer: “Hulle tafel sal vir hulle ‘n valstrik wees en hulle beloning ‘n

oortreding.

10 Laat hulle oë donker word, anders sal hulle sien en hulle rug sal aanhoudend

Ps 69:23-24

oorgebuig wees,”

11 maar ek sê: “Het hulle gestruikel sodat hulle geval het?” ‘n Verwerplike gedagte!

Inteendeel, deur hulle oortreding was daar lewe vir die ander nasies tot hulle

Deut 32:21

afguns

12 en as hulle oortreding waardevol vir die wêreld is en hulle veroordeling waardevol

is vir die ander nasies, hoeveel te meer nie hulle volheid nie!

13 Want aan julle ander nasies sê ek; ek wat die afgevaardigde na die ander nasies is;

ek eer my dienswerk,

14 om miskien my volksgenote jaloers te maak en sommige van hulle te red,

15 want as hulle verwerping die herstel van die verhouding vir die wêreld is, hoeveel

te meer sal hulle terugkeer nie lewe uit die dood, wees nie?

16 As die eerste vrugte afgesonderd is, Num 15:20-21 dan ook die geheel en as die wortel

afgesonderd is, dan die takke ook.

17 As sommige van die takke afgesny is en jy wat ‘n wilde olyfboom is, in hulle plek

ingeënt is en deel gekry het aan die wortel en die vettigheid Rut 1:16 van die olyfboom,

18 moet jou dan nie teen die takke verhoog nie en as jy jou verhoog; dit is nie jy wat

die wortel dra nie, maar die wortel vir jou!

19 Sonder twyfel sal jy sê: “Die takke is afgesny sodat ek in hulle plek ingeënt kon

word.”

20 Goed! Hulle is afgesny omdat hulle nie vertrou het nie, maar jy staan deur vertroue.

Moenie arrogant wees in jou gedagtes nie, maar vrees,

21 want as God die natuurlike takke nie gespaar het nie, sal Hy jou ook sekerlik nie

spaar nie.

22 Kyk hierdeur na die goeddoen met sagtheid en die strengheid van God: strengheid

oor die wat geval het, maar goeddoen met sagtheid oor jou as jy in Sy goedheid bly,

anders sal jy ook afgesny word,

23 maar ook hulle sal, as hulle nie in hulle tekort aan vertroue bly nie, ingeënt word,

want God is magtig om hulle weer in te ent,

Romeine

24 want as jy afgekap is van die olyfboom wat van nature wild is en teen die natuur in

op die mak olyfboom ingeënt kan word, hoeveel te meer kan hulle dan wat dit van

nature is, op hul natuurlike olyfboom ingeënt word?

25 Ek wil hê, my broers, dat julle hierdie geheimenis moet ken sodat julle nie wys mag

wees in julle opinie van julleself nie: dat die verblinding gedeeltelik oor Yisra’el se

verstand, wil en emosie gekom het, totdat die volheid van die ander nasies ingegaan

het;

26 en dan sal die hele Yisra’el gered word, soos geskrywe is: “Die Verlosser sal uit

Yes 59:20-21

Tziyon kom en sal die boosheid wegdraai van Ya’akov af

27 en dan sal My verbond, wat uit My Teenwoordigheid kom, met hulle wees, wanneer

Ek hulle sondes vergewe.”

248

Yes 27:9

28 Wat die goeie boodskap betref, is hulle vyande ter wille van julle, maar wat betref

dat hulle gekies is, is hulle díé waarvoor Ek lief is ter wille van die vaders,

29 want God verander nie in Sy geskenke en in Sy roeping nie,

30 want soos julle ook vroeër aan God ongehoorsaam was, maar nou voorkeur ontvang

het as gevolg van hulle ongehoorsaamheid,

31 so het hulle ook nou ongehoorsaam geword om deur julle omgeedaad aan hulle, so

ook God se omgeedaad te kan ontvang,

32 want God het hulle almal in die ongehoorsaamheid ingesluit, om vir almal te kan

omgee.

33 O! Die diepte van die rykdom, wysheid en kennis van God, want die mens het nie

Sy oordele opgesoek en Sy paaie nie nagevolg nie,

Yes 40:13

34 want wie het die gedagtes van geken, of wie was Sy raadgewer?

35 Wie het eers iets vir Hom gegee en dan iets terug ontvang?

Iyov 41:3

36 Want vanuit Hom en in Hom en deur Hom is alle dinge tot Sy lofprysing en seën

tot in tydlose ewigheid. Dit is waar.

12 1 Daarom smeek ek julle, my broers, deur die guns van God, dat julle jul liggame

beskikbaar stel as lewende, afgesonderde en aanvaarbare offers vir God; dit is julle

logiese dienswerk

2 en moenie hierdie wêreld navolg nie, maar word verander deur die vernuwing van

julle denke en julle sal kan onderskei wat die goeie, aanvaarbare en volmaakte wil

van God is.

3 Deur die onverdiende guns wat aan my gegee is, sê ek vir julle almal, dat julle

nie van julself meer moet dink as wat ‘n mens behoort te dink nie, maar dat julle

aan julself dink in nederigheid volgens die maat van vertroue wat God aan elkeen

uitgedeel het,

4 want net soos ons in een liggaam baie lede het, maar die lede nie almal dieselfde

funksie het nie,

5 net so is ons almal saam een liggaam in Die Gesalfde Een, maar elkeen afsonderlik

lede van mekaar.

6 Ons het verskillende gawes volgens die onverdiende guns wat aan ons gegee is: daar

is dié van profesie, na die maat van sy vertroue;

7 daar is dié van bediening, vir die een in Sy bediening; daar is dié van lering, wie in

Sy lering is;

8 daar is dié van ‘n vertrooster, wat in Sy vertroosting is; ‘n gewer in vrygewigheid;

‘n leier met ywerigheid; daar is dié vir een wat omgeedade bewys met

blymoedigheid.

9 Laat jou liefde sonder misleiding wees, haat wat boos is en klou aan die goeie;

10 wees jy aangetrokke teenoor jou broers en wees lief vir mekaar; gaan jy voor in die

verering van mekaar;

11 wees jy fluks en nie lui nie; wees jy entoesiasties van gees in jou werk vir die

Meester;

12 wees jy vreugdevol in die versekerde verwagting; hou uit in jou moeilikheid;

volhard jy voortdurend in gebed;

13 wees jy ‘n deelgenoot aan die behoeftes van die afgesonderdes; wees jy gasvry

teenoor vreemdelinge;

14 seën dié wat jou vervolg, seën en moenie vervloek nie;

15 wees bly saam met die wat bly is en huil saam met die wat huil;

16 wat jy ookal van jouself dink, dink net so van jou broers; moenie jouself hoog ag

nie, maar assosieer met die nederiges; moenie wys wees in jou eie opinie nie;

17 moenie iemand se boosheid met boosheid terugbetaal nie, maar dit moet vir jou

belangrik wees om goed te doen voor alle mense.

18 As dit moontlik is, sover dit van jou afhang, maak vrede met alle mense.

19 Moenie self wraak neem nie, julle wat ons liefhet, maar gee plek vir die wraak,

want daar is geskrywe: “As jy nie self oordeel sal uitspreek nie, sal Ek namens jou

Deut 32:41

oordeel, sê God.”

20 As jou vyand honger het, gee hom iets om te eet; as hy dors het, gee hom iets om te

drink, want deur dit te doen sal jy vurige kole ophoop op sy kop.

Spr 25:21-22

Romeine

21 Laat jou nie deur die bose oorweldig nie, maar oorkom die bose deur die goeie.

13 1 Elke gees moet aan die hoër outoriteite gehoorsaam wees, want daar is geen

outoriteit, as dit nie vanaf God is nie en daardie selfde outoriteit, wat van God is,

is onder bevel.

2 Daarom, wie ookal teen die outoriteite opstaan, staan teen die opdragte van God en

die wat dit teëstaan, sal hulle oordeel ontvang,

3 want die regters hou geen vrees in vir die wat goed doen nie, maar vir die bose. As

jy nie bang wil wees vir die outoriteit nie, doen wat goed is en jy sal lof van hom

af ontvang,

4 want hy is die uitvoerder van God vir jou ten goede, maar as jy doen wat boos is,

wees dan bang, want hy dra nie verniet die swaard nie, want hy is ‘n uitvoerder van

God, ‘n vergelder van die woede, om die een wat boosheid doen, te straf.

5 As gevolg hiervan is dit noodsaaklik vir ons om gehoorsaam te wees, nie alleen ter

wille van die wraak nie, maar ter wille van die gewete,

6 want daarom betaal julle ook belasting, want hulle is uitvoerders van God wat vir

hierdie dinge aangestel is.

249

Romeine

7 Beloon daarom elke pesoon soos wat aan hom verskuldig is: belasting aan die

waaraan belasting verskuldig is, invoerbelasting aan die waaraan invoerbelasting

verskuldig is, respek aan die wat respek toekom, eer aan die wat eer toekom.

8 Moenie iemand enige iets skuld nie, behalwe om mekaar lief te hê, want hy wat ‘n

ander liefhet, het die wet volledig gemaak.

9 Want dít: Jy mag nie egbreek nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie steel nie,

jy mag nie begeer nie en watter ander opdrag ook al, word in hierdie boodskap

volledig gemaak: Eks 20:13-14, Lev 19:18 ‘Jy moet jou medemens liefhê soos jouself.’

10 Liefde doen nie kwaad aan sy medemens nie, want liefde is die vervolmaking van

die geskrewe wet.

11 Weet ook dit: weet watter tyd dit is en watter uur dit is, om van nou af wakker

te wees uit ons slaap, want ons Lewe het nou nader aan ons gekom as toe ons

aanvanklik vertrou het.

12 Die nag het van nou af verby gegaan en die dag het aangebreek. Laat ons daarom

die dade van die duisternis van ons afwerp en die wapens van die lig aantrek.

13 Laat ons op die regte manier leef soos mense in die dag, nie in partytjies,

dronkenskap, seksuele immoraliteit, bakleiery en jaloesie nie,

14 maar trek ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, aan en moenie konsentreer op

die begeertes van die vlees nie.

14 1 Steek jou hand uit na hom wat swak is in vertroue en moenie verdeel word deur

julle verskille nie,

2 want daar is hy wat vertrou dat hy alles mag eet en hy wat swak is, eet groente.

3 Hy wat eet, moet hom wat nie eet nie, nie verag nie; en hy wat nie eet nie, moet hom

wat eet, nie oordeel nie, want God het hom aanvaar.

4 Wie is jy wat die bediende oordeel wat nie joune is nie? Hy staan of val met

betrekking tot sy eie meester, maar sy eie meester het mag om hom te bevestig.

5 Daar is een wat onderskei tussen dae en daar is een wat alle dae oordeel. Laat elkeen

in sy eie denke seker wees.

6 Wie ookal watter dag hoog ag, ag dit hoog vir sy Meester; en hy wat die dag nie hoog

ag nie, ag dit nie hoog nie, vir sy Meester; en wie eet, eet tot eer van sy Meester en

dank God en wie nie eet nie, hy eet nie, tot eer van sy Meester en dank God,

7 want daar is niemand van ons wat vir homself leef nie en niemand gaan dood vir

homself nie,

8 want as ons lewe, leef ons vir ons Meester; en as ons doodgaan, gaan ons dood vir

ons Meester; of ons dan lewe en of ons doodgaan, ons behoort aan ons Meester.

9 Vir hierdie rede het Die Gesalfde Een ook gesterf, opgestaan en weer lewend geword

sodat Hy sal wees vir die wat lewe en die wat dood is.

10 Jy, waarom oordeel jy jou broer? Of selfs jy, waarom verag jy jou broer? Want ons

sal almal voor die regterstoel van Die Gesalfde Een staan.

11 Soos daar geskryf is: “So waar as Ek leef, sê , voor My sal elke knie buig, en

Yes 45:23

elke tong sal My bely.”

12 Daarvolgens sal elkeen van ons aangaande sy lewe aan God rekenskap gee.

250

Romeine

13 Laat ons mekaar van nou af nie meer oordeel nie, maar besluit liewer dít: om nie

Lev 19:14

vir jou broer ‘n struikelblok neer te sit nie.

14 Ek weet en is oortuig daarvan deur Yeshua dat niks voor Hom onrein is nie,

maar hy wat reken dat iets onrein is, vir hom alleen is dit onrein.

15 As jy jou broer deur kos grief, leef jy nie in liefde nie. Moenie deur jou kos, hom

vir wie Die Gesalfde Een gesterf het, vernietig nie

16 en laat so nie kwaad gepraat word van wat vir ons goed is nie,

17 want die Koninkryk van God is nie eet en drink nie, maar onpartydigheid,

opregtheid, vrede, gesondheid, voorspoed, vergenoegdheid en vreugde in die Gees

van Afsondering,

18 want wie ookal Die Gesalfde Een hierin dien, is pragtig voor God en goedgekeur

voor die mense.

19 Laat ons nou vrede en om mekaar op te bou, najaag

20 en nie ter wille van kos ‘n dienskneg van God vernietig nie, want alles is wel rein,

maar dit is boos vir ‘n mens om dit te eet as dit tot struikeling is.

21 Dit is goed om geen vleis te eet, of wyn te drink, of om iets te doen waardeur jou

broer omver gewerp word nie.

22 Jy wat vertroue in jou gees het, hou dit voor God. Gelukkig is hy wat homself nie

oordeel in wat hy besluit het nie,

23 want wie ookal twyfel en eet, is veroordeel, omdat dit nie uit vertroue is nie en alles

wat nie uit vertroue is nie, is sonde.

15 1 Ons wat sterk is, is dit verskuldig om die swakhede van die wat nie sterk is nie

te dra en nie onsself tevrede te stel nie,

2 want elkeen van ons moet ons medemens tevrede stel in dit wat goed is tot

opbouing,

3 want ook Die Gesalfde Een het Homself nie tevrede gestel nie, maar net soos

Ps 69:10

geskrywe is: “Die verwyte van die wat U beledig, het op My geval,”

4 want alles wat van die ou tyd af geskryf is, is geskryf vir ons tot lering sodat ons deur

volhardende geduld en vertroosting vanuit die Skrifte ‘n versekerde verwagting kan

hê.

5 Mag die God van volhardende geduld en vertroosting gee dat julle mekaar met

gelykheid ag in Yeshua Die Gesalfde Een

6 sodat julle God, die Vader van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, met een

gedagte en uit een mond kan eer, loof en aanbid.

7 As gevolg hiervan moet julle mekaar aanvaar en verdra, net soos Die Gesalfde Een

julle ook aanvaar het tot die eer, lof en aanbidding van God.

8 Ek sê dat Yeshua, Die Gesalfde Een, ‘n dienaar geword het van die besnydenis ter

wille van die waarheid van God, om so die belofte aan die vaders te bevestig.

9 Die ander nasies sal ter wille van Sy onverdiende guns God kan eer, loof en aanbid,

soos geskrywe is: “Ek sal U loof saam met die ander nasies en tot U Outoriteit en

2 Sh’ 22:50, Ps 18:50

Karakter lofprysing sing”

Deut 32:43

10 en ook sê dit: “Verbly julle, nasies, saam met Sy volk”

Ps 117:1

11 en ook sê dit: “Loof , alle nasies, en prys Hom, alle volke”

251

Romeine

12 en Yesha’yahu sê ook: “Daar sal ‘n wortel van Yishai kom, wat opstaan om oor die

Yes 11:10

nasies te heers en in Hom sal die nasies hoop.”

13 Die God van hoop sal julle vol maak met alle blydskap, vrede, gesondheid,

voorspoed en vergenoegdheid deur die vertroue sodat julle oorvloedig kan wees in

Sy versekerde verwagting deur die krag van die Gees van Afsondering!

14 Ek is ook, my broers, oortuig oor julle, dat julle self ook vol is van wat goed is en

vol van alle kennis, in staat om ook ander te leer,

15 maar ek het ‘n bietjie vrymoediglik aan julle geskryf, my broers, om julle te

herinner, volgens die onverdiende guns wat aan my gegee is deur God

16 dat ek ‘n dienaar van Yeshua, Die Gesalfde Een, onder die ander nasies kan wees

en ek kan werk vir die goeie boodskap van God sodat die offer van die ander nasies

miskien aanvaar kan word en afgesonder word deur die Gees van Afsondering.

17 Dit is daarom vir my ‘n trots in Yeshua, Die Gesalfde Een, tot God,

18 want ek waag nie om enige iets te sê anders as wat Die Gesalfde Een deur my

gedoen het ten aanhoring van die ander nasies, deur boodskap en daad,

19 deur die krag van tekens en wonderwerke en deur die krag van die Gees van God,

om so die verkondiging van die goeie boodskap van Die Gesalfde Een te voltooi

van Yerushalayim af tot by Illurikon nie,

20 terwyl ek daarop konsentreer om nie die goeie boodskap te verkondig waar Die Gesalfde

Een se Naam uitgeroep is nie, om so nie op ‘n vreemde fondament te bou nie,

21 maar net soos geskrywe is: “Hulle aan wie Hy nie verkondig is nie, sal Hom sien

Yes 52:15

en hulle wat nie gehoor het nie, sal oortuig wees.”

22 Daarom is ek ook baie keer verhinder om na julle toe te kom,

23 maar nou dat ek geen plek meer het in hierdie streke nie en al baie jare die begeerte

het om na julle toe te kom,

24 hoop ek om na julle toe te kom en julle te sien wanneer ek na Spania gaan en

wanneer ‘n paar van julle my daarheen sal vergesel, sal ek verheug wees om julle

te sien.

25 Nou gaan ek egter na Yerushalayim om die afgesonderdes te bedien,

26 want die wat in Makedonia en Agaia is het dit goedgedink om te deel met die armes

onder die afgesonderdes in Yerushalayim.

27 Hulle was gewillig, omdat hulle dit ook aan hulle verskuldig is, want as hulle in die

geestelike deelgenote gemaak is met die ander nasies, is hulle ook verskuldig om

hulle met die fisiese te dien.

28 Wanneer ek dit dus afgehandel het en vir hulle hierdie vrug oorgegee het, sal ek by

julle verbygaan Spania toe.

29 Ek weet dat wanneer ek na julle toe kom, ek met die volle seën van die goeie

boodskap van Die Gesalfde Een sal kom,

30 maar ek versoek julle, my broers, in ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een en in

die liefde van die Gees, om saam met my, vir my, in gebed by God te stry

31 sodat ek verlos mag word van die ongehoorsame mense in Y’hudah en sodat my

bediening aan die afgesonderdes wat in Yerushalayim is, goed ontvang sal word

32 en ek na julle toe sal kom met blydskap, in die wil van God en saam met julle

verkwik word.

252

Romeine

33 God van vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid bly by julle almal! Dit

is waar!

16 1 Ek vertrou aan julle toe, ons suster Foibe, wat ‘n diensmaagd is van die

gemeente in Kengreai

2 sodat julle haar kan aanvaar in ons Meester, soos dit by afgesonderdes pas en haar

help in elke saak waarin sy julle hulp mag vra, want sy was ook vir baie ‘n hulp en

ook vir my.

3 Groet Priskilla en Akulas, my medewerkers in Yeshua, Die Gesalfde Een,

4 wat ter wille van my lewe hulle nekke gewaag het en nie ek alleen dank hulle nie,

maar ook al die gemeentes van die ander nasies.

5 Groet ook die gemeente by hulle aan huis. Groet Epaenetos, waarvoor ons lief is,

wat die eerste vrug vanuit Agaia vir Die Gesalfde Een is.

6 Groet Miryam wat hard gewerk het onder julle.

7 Groet Andronikos en Younias, my familie en medegevangenes, wat geken is deur

die afgevaardigdes en reeds voor my in Die Gesalfde Een was.

8 Groet Amplias, wat ek liefhet in die Meester.

9 Groet Ourbanos, ons medewerker in Die Gesalfde Een en Stagus, waarvoor ek lief

is.

10 Groet Apelles, gekies in Die Gesalfde Een. Groet hulle wat van die huis van

Aristoboulos is.

11 Groet Herodion, my familie. Groet hulle wat van die huis van Narkissos is, hulle

wat in die Meester is.

12 Groet Troefaina en Troefosa, wat in ons Meester gearbei het. Groet Persis, waarvoor

ek lief is, wat hard gewerk het in die Meester.

13 Groet Roufos, wat gekies is deur die Meester, sy moeder en myne.

14 Groet Asoenkritos, Flegon en die broers wat saam met hulle is en vir Hermas,

Patrobas en Hermes.

15 Groet Filologos, Youlia, Nereus en sy suster, Olumpas en al die afgesonderdes wat

saam met hulle is.

16 Groet mekaar met ‘n afgesonderde soen. Al die gemeentes van Die Gesalfde Een

groet julle,

17 maar ek versoek julle, my broers, wees versigtig vir hulle wat verdeeldheid en

struikeling veroorsaak buite die leringe wat julle geleer het, dat julle sal wegbly van

hulle af,

18 want sulke mense dien nie ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een nie, maar hulle

eie maag en hulle mislei die verstand, wil en emosie van die reines deur hulle soet

woorde en seëninge.

19 Julle gehoorsaamheid het oral bekend geword. Daarom verbly ek my oor julle en

ek wens dat julle wys mag wees oor wat goed is, maar onskuldig oor wat boos is.

20 Die God van vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid sal die Satan

spoedig onder julle voete verbrysel. Gen 3:15 Die onverdiende guns van ons Meester

Yeshua, Die Gesalfde Een, sal by julle bly!

253

Romeine

21 Timotheos, my medewerker, groet julle en Loukios en Yasoon en Sosipatros, my

broers.

22 Ek, Tertios, wat die brief neergeskryf het, groet julle in die Meester.

23 Gaios, my gasheer, asook die hele gemeente, groet julle. Erastos, die tesourier van

die stad en die broer Kuartos groet julle.

24 Aan God, wat in staat is om my goeie boodskap aan julle te bevestig, wat aan julle

verkondig is aangaande Yeshua, Die Gesalfde Een, volgens die openbaring van die

geheimenisse wat van die tye van die wêreld af weggesteek is,

25 maar in hierdie tyd geopenbaar is en deur Skrifte van die profete en deur die opdrag

van die ewige God, onder al die nasies vir die aanhoor deur vertroue, geleer is.

26 Aan die alleenwyse Een, die eer, lof en aanbidding deur Yeshua, Die Gesalfde Een,

tot in tydlose ewigheid! Dit is waar!

27 Die onverdiende guns van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een bly by julle

almal! Dit is waar!

254

Die sewende boek van die Nuwe Verbond

Die eerste brief van Sha’ul, slaaf en afgevaardigde van

Yeshua, Die Gesalfde Een, aan die gemeente in Korinthos.

1 Korinthiërs

{ 1 Korinthiërs }

( Geskryf aan die kinders van God wat, as gemeentes, in

huise bymekaar gekom het )

Dit is waarskynlik die tweede brief (die eerste het ons nie),

geskryf vanaf Efesos in die jaar 57.

In Afrikaans vertaal vanuit die oorspronklike Aramese ‘Peshitta’ -

die taal wat Yeshua gepraat het.

1 Korinthiërs

255

1 Korinthiërs

1 1 Sha’ul, geroepe en afgevaardigde van Yeshua, Die Gesalfde Een, in die wil van

God; en die broer Sosthenes,

2 aan die gemeente van God wat in Korinthos is, geroepe en afgesonderd; wat in

Yeshua, Die Gesalfde Een, afgesonder is, saam met almal wat die Outoriteit en

Karakter van ons Meester Yeshua, Die Gesalfde Een, in elke plek aanroep, hulle

Meester sowel as ons s’n:

3 Onverdiende guns vir julle en vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid van

God, ons Vader en ons Meester Yeshua, Die Gesalfde Een!

4 Ek dank my God elke keer namens julle vir die onverdiende guns van God wat vir

julle in Die Gesalfde Een, Yeshua, gegee word,

5 want in alle opsigte is julle in Hom verryk, in elke onderwerp en in alle kennis,

6 net soos die getuienis aangaande Die Gesalfde Een bevestig is in julle,

7 want julle kom geen geestelike gawe kort nie, maar julle verwag die openbaarmaking

van ons Meester Yeshua, Die Gesalfde Een,

8 wat julle ook sal laat vasstaan tot die einde toe, om in die dag van ons Meester

Yeshua, Die Gesalfde Een, sonder beskuldiging te wees.

9 God is vertrouenswaardig, want deur Hom is julle geroep tot die gemeenskap met

Sy Seun Yeshua, Die Gesalfde Een, ons Meester,

10 maar ek versoek julle, broers, deur die Outoriteit en Karakter van ons Meester,

Yeshua, Die Gesalfde Een, om almal uit een mond te praat en dat daar nie

verdeeldheid tussen julle sal wees nie, maar dat julle volmaak sal word in dieselfde

gedagtes en in dieselfde opinie,

11 want ek is laat weet deur die huis van Kloë aangaande julle, my broers, dat daar

verskille onder julle is.

12 Dit sê ek, dat daar sommige van julle is wat sê: “Ek is van Sha’ul.” Ander sê: “Ek

is van Apollos.” Ander sê: “Ek is van Kefa.” Ander sê: “Ek is van Die Gesalfde

Een.”

13 Het Die Gesalfde Een homself verdeel? Is Sha’ul miskien vir julle gekruisig? Of is

julle in die outoriteit en karakter van Sha’ul gedoop?

14 Ek dank my God dat ek niemand van julle gedoop het nie, behalwe Krispos en

Gaios

15 sodat niemand kan sê dat ek in my outoriteit en karakter gedoop het nie.

16 [Ek het ook nog die huisgesin van Stefanas gedoop.] Verder weet ek nie of ek

iemand anders gedoop het nie,

17 want Die Gesalfde Een het my nie gestuur om te doop nie, maar om die goeie

boodskap te verkondig, nie met wysheid van woorde nie sodat die kruis van Die

Gesalfde Een nie verwerp mag word nie,

18 want die boodskap van die kruis is dwaasheid vir die wat besig is om vernietig te

word, maar vir ons wat lewe het, is dit die krag van God,

19 want daar is geskrywe: “Ek sal die wysheid van die wyses vernietig en die opinies

van die slimmes wegvat.”

256

Yes 29:14

20 Waar is die wyse? Waar is die leraars van die wet? Waar is die debateerder van hierdie

wêreld? Let op, het God nie die wysheid van hierdie wêreld as dwaas bewys nie?

1 Korinthiërs

21 Aangesien God deur Sy wysheid bepaal het dat die wêreld deur sy eie wysheid,

God nie sal ken nie, het God dit goedgedink om deur die dwaasheid van die

verkondiging, aan die wat vertrou, lewe te gee.

22 Omdat die Jode ‘n teken vra en die Arameërs wysheid soek,

23 verkondig ons Die Gesalfde Een wat gekruisig is, ‘n verleentheid vir die Jode en

dwaasheid vir die Arameërs,

24 maar vir die wat geroep is, Jode sowel as Arameërs, is Hy Die Gesalfde Een, die

krag en wysheid van God,

25 want wat dwaas is by God, is wyser as die mens en wat swak is by God, is sterker

as die mens.

26 Kyk na julle eie roeping, my broers: Nie baie onder julle is wys na die vlees nie; nie

baie onder julle is sterk nie; nie baie onder julle is uit ‘n hoë familie nie,

27 maar wat dwaas is by die wêreld, het God gekies om die wyse te beskaam en wat

swak is by die wêreld, het God gekies om die wat sterk is, te beskaam

28 en wat van ‘n lae stand is by die wêreld en verag is, het God gekies; en wat niks is

nie, om wat iets is, waardeloos te maak

29 sodat niemand voor Hom sou roem nie.

30 Vanuit Hom is julle in eenheid met Die Gesalfde Een, Yeshua, wat vir ons

geword het: Die Wysheid van God, Onpartydigheid, Opregtheid, Afsondering en

Verlossing,

Yir 9:22-23, Ps 34:3

31 sodat, net soos geskrywe is: “Die wat roem, moet in roem.”

2 1 Ek, toe ek by julle gekom het, my broers, het nie aan julle die geheimenis van

God kom verkondig met ‘n verhewe boodskap of geleerdheid nie,

2 want ek het besluit om niks anders onder julle te ken nie as Yeshua, Die Gesalfde

Een, en Hom as gekruisigde.

3 Ek het ook in baie vrees en in bewing by julle gekom

4 en my boodskap en my verkondiging was nie in oorredende woorde van wysheid

nie, maar in die demonstrasie van die Gees en wonderwerkende krag

5 sodat julle vertroue nie in wysheid van mense sou wees nie, maar in die krag van

God.

6 Ons praat wysheid onder die volwassenes, maar ‘n wysheid nie van hierdie wêreld,

of van hierdie wêreld se outoriteite, wat vergaan nie,

7 maar ons praat die geheime wysheid van God, wat weggesteek was en wat God

van voor die ontstaan van die aarde af beplan het, om ons in die gemanifesteerde

Teenwoordigheid te bring,

8 wat niemand van die heersers van hierdie wêreld geken het nie, want as hulle dit

geken het, sou hulle die Meester van die Gemanifesteerde Teenwoordigheid nie

gekruisig het nie,

9 maar soos geskrywe is: “Die oog het nie gesien en die oor het nie gehoor en dit het

nie in die gedagtes van ‘n mens opgekom, dít wat God voorberei het vir dié wat

Yes 64:3, 52:15

Hom liefhet nie.”

10 God het dit aan ons deur Sy Gees openbaar, want die Gees ondersoek alle dinge,

ook die diepste van God,

257

1 Korinthiërs

11 want wie ken die innerlike van die mens, as dit nie die gees van die mens is wat

in hom is nie? Net so weet ook niemand wat ín God is nie, behalwe die Gees van

God,

12 maar ons het nie die gees van die wêreld ontvang nie, maar die Gees wat vanuit

God is sodat ons kan verstaan wat God vir ons uit onverdiende guns gegee het.

13 Dit wat ons ook oor praat, nie met argumente wat die menslike wysheid leer nie,

maar met dié wat die Gees van Afsondering leer sodat ons geestelike dinge met

geestelike vergelyk.

14 Die natuurlike mens aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie, want dit is

vir hom dwaasheid en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit deur die gees geken

word,

15 maar die geestelike mens beoordeel alle dinge, maar self word hy deur niemand

beoordeel nie.

16 “Want wie het die gedagtes van geken, dat hy Hom sou kon leer?”

258

Yes 40:13 Ons

hét egter die gedagtes van Die Gesalfde Een.

3 1 Ek, my broers, kon nie met julle praat soos met geestelikes nie, maar soos met

vleeslikes, soos met babas in Die Gesalfde Een.

2 Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste kos nie, want julle was nog nie daartoe

in staat nie en julle is nou nog nie daartoe in staat nie,

3 omdat julle nog steeds vleeslik is, want aangesien daar onder julle jaloesie,

argumentering en verdeeldheid is, is julle nie vleeslik en lewe julle nie na die

menslike nie?

4 Wanneer die een sê: “Ek is van Sha’ul;” en die ander: “Ek is van Apollos”, let op,

is julle nie vleeslik nie?

5 Wie is Sha’ul dan, en wie Apollos; anders as dienaars deur wie julle vertrou het; en

elkeen soos wat aan hom gegee het.

6 Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei.

7 So is hy wat plant of hy wat natmaak dus niks nie, maar God wat laat groei,

8 maar hy wat plant en hy wat natmaak, is dieselfde, maar elkeen sal sy loon volgens

sy arbeid ontvang,

9 want ons is medewerkers van God en julle is die oes van God, die gebou van God.

10 Vanuit die onverdiende guns van God wat aan my gegee is, het ek soos ‘n wyse

argitek die fondament gelê en ‘n ander bou daarop, maar elkeen moet oplet hóe hy

daarop bou,

11 want niemand kan ‘n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Yeshua, Die

Gesalfde Een.

12 As enige iemand op dié fondament bou: Goud, silwer, kosbare stene, hout, gras of

stoppels;

13 elkeen se dade sal aan die lig kom, want die dag sal dit uitwys, omdat dit deur vuur

openbaar gemaak word en die vuur sal elkeen se werk toets.

14 Wie se dade sal bly staan wat hy daarop gebou het, sal sy beloning kry;

15 as iemand se dade verbrand word, sal hy skade ly; hy self sal ontsnap, maar soos

deur vuur heen.

1 Korinthiërs

16 Weet julle nie dat julle ‘n tempel van God is en dat die Gees van God in julle bly nie?

17 Wie ookal die tempel van God vernietig, hom sal God vernietig, want die tempel

van God is afgesonderd en dít is julle.

18 Laat niemand homself mislei nie: As iemand dink dat hy wys is onder julle in

hierdie wêreld, laat hom dwaas word sodat hy wys kan wees,

19 want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God, want daar is geskrywe:

Iyov 5:13

“Hy vang die wyse mense in hulle eie slimmigheid”

Ps 94:11

20 en ook: “ ken die redenasies van die wyses, dat dit leeg is.”

21 Daarom, laat niemand op mense roem nie, want alles behoort aan julle;

22 of dit Sha’ul is of Apollos of Kefa of die wêreld of lewe of dood of wat ís of wat

nog sal wees; alles behoort aan julle,

23 maar julle behoort aan Die Gesalfde Een; en Die Gesalfde Een aan God.

4 1 Laat ons op hierdie manier deur julle gereken word as dienaars van Die Gesalfde

Een en toesighouers oor die geheime van God.

2 Van nou af word dit hier van die toesighouers verwag dat hulle vertrouenswaardig

bevind sal word,

3 maar vir my beteken dit weinig of ek deur julle of deur ‘n menslike oordeel beoordeel

word; daarenteen beoordeel ek myself nie eens nie,

4 want ek het niks in myself wat my pla nie. Dit verklaar my egter nie onskuldig nie,

Ps 19:13

maar my regter is .

5 Daarom moet julle niemand voor die tyd oordeel, voordat kom, wat die geheime

dinge van die duisternis in die lig sal bring en die motiewe van die verstand, wil en

emosie openbaar sal maak nie en dan sal elkeen lof van God ontvang.

6 In hierdie dinge, broers, het ek myself en Apollos as voorbeelde gebruik om julle

ontwil sodat julle kan leer om nie meer af te lei as wat geskrywe is nie sodat julle

nie, die een of die ander, ophef teenoor ‘n derde nie,

7 want wie ondersoek jou? Wat het jy wat nie vir jou gegee is nie en as dit vir jou

gegee is, waarom roem jy asof dit nie vir jou gegee is nie?

8 Julle is alreeds uit julleself versadig! Julle het alreeds ryk geword! Julle heers ook

onafhanklik van ons! O, dat julle tog maar geheers het sodat ons saam met julle kon

heers,

9 want ek dink dat God ons afgevaardigdes aan die einde geplaas het asof tot die dood

veroordeel, om ‘n skouspel te word vir die wêreld, die engele en die mense!

10 Ons is dwaas ter wille van Die Gesalfde Een, maar julle is verstandig in Die

Gesalfde Een. Ons is swak, maar julle sterk. Julle word geëer, maar ons verag.

11 Tot op hierdie oomblik ly ons honger en dors, is ons kaal, word ons mishandel en

het ons nie ‘n huis nie

12 en is ons moeg van werk met ons eie hande; word ons uitgeskel, seën ons; word

ons vervolg, hou ons dit uit;

13 word ons beskuldig, smeek ons van hulle; ons het soos vuilgoed van die wêreld

geword, die afskraapsel van almal tot nou toe.

14 Ek skrywe hierdie dinge nie om julle skaam te maak nie, maar soos aan liewe

kinders gee ek ‘n waarskuwing,

259

1 Korinthiërs

15 want al sou julle tien duisend instrukteurs in Die Gesalfde Een hê, het julle

daarenteen nie baie vaders nie, want in Die Gesalfde Een, Yeshua, het ek julle vader

geword deur die goeie boodskap.

16 Daarvolgens doen ek ‘n beroep op julle, word my nabootsers.

17 Daarom het ek Timotheos, waarvoor ek lief is en wat ‘n getroue seun in is, na

julle gestuur, om aan julle my lewenswyse in Die Gesalfde Een oor te dra, soos ek

oral in elke gemeente leer.

18 Sodra ek nie na julle toe gekom het nie, het sommige arrogant geword,

19 maar, as wil, sal ek gou na julle toe kom en dan sal ek sien, nie wat die

opgeblase sê nie, maar hulle krag;

20 want die Koninkryk van God bestaan nie uit wat gesê word nie, maar in

wonderwerkende krag.

21 Wat wil julle hê? Moet ek met ‘n stok na julle toe kom of met omgee en in ‘n gees

van sagtheid?

5 1 Seksuele immoraliteit onder julle word in kort gerapporteer; en seksuele

immoraliteit van so ‘n aard as wat selfs onder die ander nasies nie genoem word

Lev 18:8

nie: Dat iemand die vrou van sy vader gevat het.

2 Julle is trots en moet eerder treur sodat hy, wat hierdie daad gedoen het, verwyder

word tussen julle uit,

3 want ek self, liggaamlik afwesig, maar in die gees teenwoordig, het hom wat so iets

gedoen het, alreeds geoordeel, asof ek teenwoordig was.

4 In die outoriteit en karakter van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, as julle

vergader en my gees saam met julle, in die krag van ons Meester, Yeshua, Die

Gesalfde Een,

5 lewer so iemand aan die Satan oor tot vernietiging van die menslike natuur sodat die

gees gered kan word in die dag van ons Meester Yeshua.

6 Julle grootpratery is nie goed nie. Weet julle nie? “Dit neem ‘n klein bietjie suurdeeg

om die hele baksel deeg te fermenteer.”

7 Gooi daarvolgens die ou suurdeeg uit sodat julle ‘n nuwe deeg kan wees, soos wat

julle eintlik ongesuurde brood is, want ons Pesaglam, Die Gesalfde Een, is vir ons

Yes 53:7-8

geslag.

8 So laat ons dan die fees hou, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van boosheid

en bitterheid nie, maar met die suurdeeg van reinheid en afgesonderdheid.

9 Ek het vir julle in ‘n brief geskryf om nie met seksueel immorele mense te meng nie;

10 dit beteken nie die seksueel immorele mense van hierdie wêreld of die gierigaards

of skelms of afgodedienaars nie, want dan sou julle uit die wêreld moet uitgaan,

11 maar dít het ek aan julle geskryf: Om nie te meng met iemand wat ‘n broer genoem

word en dan ‘n seksueel immorele mens is of ‘n gierigaard of ‘n afgodedienaar of

‘n kwaadprater of ‘n dronkaard of ‘n skelm is nie. Met so iemand moet julle selfs

nie saam brood eet nie,

12 want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel die wat binne is,

13 maar die wat buite is, oordeel God.

260

Deut 13:6; 17:7,12; 19:19;21:21; 24:7 Verwyder die bose een

onder julle uit.

1 Korinthiërs

6 1 Waag sekeres van julle wat ‘n saak teen ‘n ander het, om ‘n oordeel te gaan soek

voor die boses en nie voor die afgesonderdes nie?

2 Weet julle nie dat die afgesonderdes die wêreld sal oordeel nie? As die wêreld deur

julle geoordeel gaan word, is julle dan onbevoeg om in hierdie kleinste van dinge

te oordeel?

3 Weet julle nie dat ons engele oordeel nie, hoeveel te meer die wat van dié lewe is?

4 As julle dan regsake het oor dinge van dié lewe, moet julle persone daaroor laat sit

wat geen stand in die gemeente het nie?

5 Ek sê dit nou vir julle so: Is daar dan nie een wyse onder julle, wat in staat is om

uitspraak tussen sy broers te maak nie?

6 Broer verskil met broer en dit selfs voor die wat nie vertrou nie?

7 In dat julle regsake met mekaar het, het julle julself klaar geoordeel. Waarom nie

eerder verkeerd behandel word nie? Waarom nie eerder ingedoen word nie?

8 Julle doen egter verkeerd en bedrieg ook julle broers.

9 Of weet julle nie dat bose mense nie die Koninkryk van God sal erf nie? Moenie

mislei wees nie! Geen persoon wat vrye seksuele gemeenskap beoefen of beelde

aanbid of buite sy huwelik seksuele gemeenskap het of seksuele molesteerders of

homoseksuele

10 of valses of diewe of dronkaards of moeilikheidmakers of uitbuiters sal die

Koninkryk van God erf nie.

11 V‎‎án

hierdie dinge was in elkeen van julle, maar julle is skoon deur die doop, julle

is afgesonderd, julle is onskuldig verklaar in die Outoriteit en Karakter van ons

Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een en deur die Gees van ons God.

12 “Alles is vir my wettig?” Nie alles is tot voordeel nie. “Alles is vir my wettig?”

Maar ek sal geen persoon outoriteit oor my laat neem nie.

13 “Die kos is vir die maag en die maag is vir die kos,” maar God sal die een sowel as

die ander vernietig en die liggaam is nie vir seksuele immoraliteit nie, maar vir ons

Meester en ons Meester vir die liggaam.

14 God het ook ons Meester laat opstaan en laat ons opstaan deur Sy wonderwerkende

krag.

15 Weet julle nie dat julle liggame lede van Die Gesalfde Een is nie? Sal ek daarvolgens

die lede van Die Gesalfde Een vat en dit lede van ‘n hoer maak? ‘n Verwerplike

gedagte!

16 Of weet julle nie dat hy wat hom vaskleef aan ‘n hoer, met haar een liggaam is nie,

Gen 2:24

want dit sê dat hulle altwee een vlees sal wees,”

17 maar wie aan ons Meester vashou, is van een Gees met Hom.

18 Vlug vir seksuele immoraliteit. Enige sonde wat ‘n mens doen, is buite die liggaam,

maar wie seksuele immoraliteit beoefen sondig teen sy eie liggaam.

19 Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel van die Gees van Afsondering is wat

in julle bly, wat julle van God gekry het nie? Julle behoort nie aan julleself nie,

20 want julle is gekoop vir ‘n prys. Bring daarom eer, lof en aanbidding aan God in

julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.

261

1 Korinthiërs

7 1 Na aanleiding van dit waaroor julle aan my geskryf het: Dit is goed vir ‘n man

om nie by ‘n vrou te kom nie,

2 maar as gevolg van die seksuele immoraliteit, laat ‘n man ‘n vrou vat en ‘n vrou

haar man vat.

3 Die man moet aan die vrou die liefde wat verskuldig is gee en net so ook die vrou

aan haar man.

4 Die vrou het nie outoriteit oor haar eie liggaam nie, maar die man; en net so ook het

die man nie outoriteit oor sy eie liggaam nie, maar die vrou.

5 Onthou julle nie aan mekaar nie, behalwe as julle albei saamstem oor ‘n bepaalde

tyd met die doel om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom terug na plesier sodat

die Satan julle nie toets deur die begeertes van julle liggame nie,

6 maar dit sê ek aan die swakkeres, nie by wyse van opdrag nie,

7 want ek wens dat alle mense soos ek was in reinheid, maar elkeen het sy eie geestelike

gawe van God, die een so, maar die ander weer anders.

8 Vir die ongetroudes en die weduwees sê ek, dit is voordelig as hulle bly soos ek,

9 maar as hulle nie kan volhard nie, moet hulle trou, want dit is beter om te trou as om

van begeerte te brand

10 en aan die getroudes beveel ek, nie ek nie, maar die Meester, dat die vrou nie van

haar man mag weggaan nie

11 en as sy tog van hom af weggaan, moet sy ongetroud bly, of haar verhouding met

haar man herstel en die man moet sy vrou nie in die steek laat nie.

12 Vir die ander sê ek, nie my Meester nie, as enige broer ‘n ongelowige vrou het en

sy dit goeddink om saam met hom te bly, moet hy haar nie verwerp nie

13 en as enige vrou ‘n ongelowige man het en hy dit goeddink om saam met haar te

bly, moet sy hom nie verwerp nie,

14 want die ongelowige man is afgesonder deur die vrou en die ongelowige vrou is

afgesonder deur die man, want anders sou julle kinders ‘onrein’ wees, maar nou is

hulle afgesonder.

15 As die ongelowige wil weggaan, laat hom weggaan. In sulke gevalle is die broer of

suster nie as slaaf gebind nie, maar God het ons tot vrede, gesondheid, voorspoed

en vergenoegdheid geroep,

16 want hoe weet jy, vrou, of jy die man sal red; of hoe weet jy, man, of jy die vrou

sal red?

17 Elkeen moet leef met dit wat hom gegee het, net soos elkeen was toe God hom

geroep het en so beveel ek in al die gemeentes.

18 Was iemand besny toe hy geroep is, moet hy nie terugkeer na onbesnedenheid nie.

Was iemand onbesny toe hy geroep is, moet hy hom nie laat besny nie.

19 Die besnydenis is niks en die onbesnedenheid is niks, maar die uitvoer van die

opdragte van God.

20 Laat elkeen in dié roeping bly waarin hy geroep is.

21 Is jy as slaaf geroep, moenie dat dit jou pla nie, maar as jy vryheid kan verkry, kies

self om te dien,

262

1 Korinthiërs

22 want die slaaf wat in ons Meester geroep is, is ‘n vrygemaakte van God; net so is

ook hy wat as vryman geroep is, ‘n slaaf van Die Gesalfde Een.

23 Julle is met ‘n prys gekoop; moenie slawe van mense wees nie.

24 Laat elkeen, broers, in dít waarin hy geroep is bly voor God.

25 In verband met die maagde het ek geen outoriteit van die Meester nie, maar ek gee

my advies as iemand wat deur die guns van ons Meester vertrouenswaardig is.

26 Ek dink dat dit goed is, vanweë die onderdrukking wat op hande is, dat dit goed is

vir ‘n mens om so te bly.

27 Is jy aan ‘n vrou verbonde, moenie soek om los te wees nie; is jy los van ‘n vrou,

moenie ‘n vrou soek nie,

28 maar as jy ‘n vrou vat, sondig jy nie; en as ‘n maagd trou, sondig sy nie, maar sulke

mense sal moeilikheid hê aan die vlees en ek wil julle dit spaar.

29 Dit sê ek, broers, die bepaalde tyd is kort; van nou af moet ook die wat vroue het,

wees asof hulle nie het nie;

30 en die wat huil, asof hulle nie huil nie; en die wat bly is, asof hulle nie bly is nie;

en die wat koop, asof hulle dit nie kry nie;

31 en die wat hierdie wêreld gebruik, asof hulle nie vasgevang is daarin nie, want die

toestand van hierdie wêreld gaan verby.

32 As gevolg hiervan wil ek hê dat julle sonder sorg moet wees. Die ongetroude gee

om vir die dinge van sy Meester, hoe hy sy Meester kan tevrede stel,

33 maar die getroude gee om vir die dinge van die wêreld, hoe hy die vrou sal tevrede stel.

34 Daar is ook verskil tussen ‘n vrou en ‘n maagd: Die ongetroude gee om vir die

dinge van haar Meester, om afgesonderd te wees na liggaam sowel as na gees, maar

die getroude gee om vir die dinge van die wêreld, hoe sy haar man sal tevrede stel.

35 Ek sê hierdie dinge vir julle eie voordeel, nie om julle te beperk nie, maar dat julle

getrou aan julle Meester sal wees op ‘n mooi manier en nie aandag gee aan die

wêreld nie.

36 As iemand meen dat hy tot skande gemaak word deur sy maagdelike dogter as sy

oor die fleur van haar jeug is en hy haar nie vir ‘n man gegee het nie en dit is gepas

om haar te gee, sondig hy nie. Sy mag trou.

37 Hy wat waarlik vasstaan in sy gedagtes en nie onder dwang verkeer vir plesier nie,

maar outoriteit het oor sy eie wil en dit in sy eie verstand, wil en emosie besluit het

om sy dogter ‘n maagd te hou, hy doen goed.

38 Daarom, hy wat sy maagdelike dogter in die huwelik uitgee, doen goed, maar hy

wat nie sy maagdelike dogter in die huwelik uitgee nie, doen beter.

39 ‘n Vrou is deur die geskrewe wet gebind solank as wat haar man lewe, maar as die

man dood is, is sy vry om te trou met wie sy wil, solank hy in ons Meester is.

40 Sy is egter gelukkiger as sy so bly, volgens my opinie en ek dink dat ek ook die

Gees van God het.

8 1 Aangaande die offers wat aan afgode geoffer word weet ons dat ons almal kennis

het. Die kennis blaas op, maar die liefde bou op.

2 As iemand dink dat hy enige iets ken, ken hy nog niks soos ‘n mens dit behoort te

ken nie,

263

1 Korinthiërs

3 maar as iemand God liefhet, dié word deur Hom geken.

4 Aangaande kos daarom, wat aan afgode geoffer is, weet ons dat ‘n afgod niks in die

Deut 6:4

wêreld is nie en dat daar geen ander God is nie, behalwe Een,

5 want al is daar ook sogenaamde “gode,” of dit in die hemel en of dit op die aarde is,

soos daar dan ook baie “gode” en baie “meesters” is,

6 is daar vir ons Een God-die-Vader, vanuit wie alles is en ons is in Hom en een ,

Yeshua, Die Gesalfde Een, want alles is deur Hom en ook ons is in Sy hand.

7 Nie almal het dié kennis nie. Meer nog, sommige wat nou nog bewus is van die

afgod, eet dit as ‘n afgodsoffer en hulle gewete, wat swak is, word besoedel,

8 maar kos bring ons nie nader aan God nie, want as ons eet, baat ons niks nie en as

ons nie eet nie, verloor ons niks nie.

9 Wees versigtig dat hierdie sterkte van julle nie miskien ‘n struikelblok word vir die

wat swak is nie,

10 want as iemand jou wat kennis het, aan tafel sien in ‘n afgodstempel, sal sy gewete,

as hy ‘n swak man is, nie aangemoedig word om van die kos wat aan die afgode

geoffer is te eet nie?

11 Moet die swak broer vir wie Die Gesalfde Een gesterf het, vernietig word deur jou

kennis?

12 As jy op dié manier jou broers onderdruk en op hulle gewete wat swak is trap,

sondig julle teen Die Gesalfde Een.

13 Daarom, as kos my broer laat struikel, sal ek vir ewig geen vleis eet nie, om nie

sonde na my broer toe te bring nie.

9 1 Is ek nie vry nie? Is ek nie ‘n afgevaardigde nie? Het ek Yeshua, Die Gesalfde

Een, ons Meester, nie gesien nie? Is julle nie my werk in my Meester nie?

2 As ek nie vir ander ‘n afgevaardigde was nie, is ek dit vir julle; en julle is die seël

op my amp as afgevaardigde.

3 My antwoord vir die wat my beoordeel, is dít:

4 Hoekom mag ons nie eet en drink nie?

5 Is dit nie reg vir ons om ‘n suster as vrou met ons saam te vat op reis, soos die ander

afgevaardigdes, die broers van ons Meester en Kefa nie?

6 Of is dit net ek en Bar-Nabba wat nie die outoriteit het om nie hande-arbeid te doen

nie?

7 Wie baklei in ‘n oorlog op eie koste? Wie plant ‘n wingerd en eet nie van sy vrug

nie? Of wie pas ‘n kudde op en gebruik nie van die melk van die kudde nie?

8 Sê ek dit miskien menslikerwys? Let op, die geskrewe wet sê ook hierdie dinge,

9 want in die geskrewe wet van Moshe is geskryf: “Jy mag nie ‘n os wat besig is om

te dors, muilband nie.” Deut 25:4 Is dit oor osse wat God besorg is?

10 Dit word verstaan dat Hy dit vir ons onthalwe sê en dit vir ons geskryf is, omdat hy

wat ploeg, met versekerde verwagting moet ploeg en hy wat dors, met versekerde

verwagting vir ‘n oes.

11 As ons geestelik by julle gesaai het, is dit ‘n groot ding as ons van die fisiese vanaf

julle sal oes?

264

1 Korinthiërs

12 As ander die outoriteit oor julle het, is dit nie te meer gepas vir ons nie? Ons het nie

hierdie outoriteit gebruik nie, maar alles verdra om nie ‘n hindernis te wees vir die

goeie boodskap van Die Gesalfde Een nie.

13 Weet julle nie dat dié wat in die afgesonderde tempel werk, vanuit die afgesonderde

tempel voorsien word nie en dat die wat by die altaar bedien, met die altaar deel nie?

14 Op die manier het ons Meester ook beveel dat die wat die goeie boodskap verkondig,

vanuit die goeie boodskap moet lewe,

15 maar ék is nie gewoond aan een van díe dinge nie en ek skryf ook nie met die doel

dat dit vir my gedoen word nie, want dit sou vir my beter wees om dood te gaan as

dat iemand my eer en lof tot niks sou maak nie,

16 want as ek ook die goeie boodskap verkondig, is dit vir my geen roem nie, want die

dringendheid is op my gelê; en wee my as ek die goeie boodskap nie verkondig nie!

17 As ek dit vrywillig doen, het ek loon, maar as ek dit onwillig doen, is ‘n

verantwoordelikheid aan my toevertrou.

18 Watter loon het ek daardeur? Dat as ek die goeie boodskap verkondig, ek die goeie

boodskap van Die Gesalfde Een kosteloos bring en nie my outoriteit in die goeie

boodskap gebruik nie,

19 want alhoewel ek vry is van alles, het ek my ‘n slaaf van almal gemaak om baie

te wen.

20 Ek was by die Jode, as ‘n Jood, om die Jode te wen; by die wat onder die geskrewe

wet is, soos een wat onder die geskrewe wet is, om die wat onder die geskrewe wet

is, te wen.

21 Vir die wat sonder die geskrewe wet is, soos een sonder wet, terwyl ek nie vir God

sonder die wet is nie, maar in die wet van Die Gesalfde Een sodat ek ook die wat

sonder die wet is, kan wen.

22 Ek was by die swakkes as swak om die swakkes te wen; vir almal het ek alles

geword om almal te red,

23 maar dit het ek gedoen sodat ek ‘n deelgenoot van die goeie boodskap kan wees.

24 Weet julle nie dat die wat in die stadion hardloop, wel almal hardloop, maar dat een

die prys kry nie? Hardloop op so manier dat julle dit sal kry.

25 Elkeen wat aan ‘n kompetisie deelneem, dissiplineer sy gedagtes: Húlle om ‘n

verganklike kroon te ontvang, maar ons ‘n onverganklike.

26 Ek hardloop daarvolgens soos een wat nie onseker is nie, ek neem deel soos een

wat nie in die lug slaan nie,

27 maar ek dissiplineer my liggaam en maak dit gehoorsaam sodat ek nie, terwyl ek

vir ander verkondig het, self verwerplik sou wees nie.

10 1 Ek wil hê dat julle moet weet, my broers, dat ons vaders almal onder die wolk

was

265

Eks 13:21-22 Eks 14:19-31

en almal deur die see gegaan het,

2 almal deur Moshe ingedoop is in die wolk en in die see,

Eks 16:4-36

3 almal dieselfde geestelike kos geëet het

4 en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ‘n

geestelike Rots wat saam met hulle was, Eks 17:1-7, Ps 105:41 maar die Rots was Die

Gesalfde Een.

1 Korinthiërs

5 Nogtans was God met die meeste van hulle nie tevrede nie, want hulle het geval in

Num 14:27-38; 26:63-65

die wildernis.

6 Hierdie dinge is ‘n voorbeeld vir ons, dat ons nie begerig moet wees na boosheid

soos hulle begeer het nie;

7 en ook nie dienaars van afgode moet wees soos sommige van hulle was nie; soos

geskrywe is: “Die mense het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan om te

Eks 32:6

speel.”

8 Laat ons ook nie seksueel immoreel wees soos sommige van hulle seksueel immoreel

was nie en daar het op een dag drie en twintig duisend geval.

9 Laat ons ook nie ook Die Gesalfde Een toets soos sommige van hulle Hom getoets

Num 21:4-6

het nie en slange het hulle vernietig.

10 Ons moet ook nie kla soos sommige van hulle gekla het nie en deur die vernietiger

Eks 12:23 Num 17:6-15

vernietig is.

11 Al hierdie dinge het gebeur as voorbeeld vir ons en is opgeskryf Dan 12:13 as ‘n

waarskuwing aan ons, want die einde van die wêreld het by ons aangekom.

12 Van nou af, elkeen wat dink dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.

13 Geen versoeking het na julle gekom behalwe van ‘n mens nie, maar God is

vertrouenswaardig, wat nie sal toelaat dat julle bo julle vermoë versoek word nie,

maar Hy sal vir die versoeking ook uitkoms gee sodat julle dit sal kan verdra.

14 Om hierdie rede, julle waarvoor ek lief is, vlug weg van die diens aan afgode.

15 Ek praat soos met intelligente mense; oordeel self wat ek sê:

16 Die beker van danksegging wat ons oor bid, is dit nie deelname aan die

Teenwoordigheid van die bloed van Die Gesalfde Een nie? Die brood wat ons breek,

is dit nie deelname aan die Teenwoordigheid van die liggaam van Die Gesalfde Een

nie?

17 Net soos dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons deel almal van die

een brood.

18 Let op die fisiese Yisra’el: het die wat die offers eet, nie deel aan die altaar nie?

19 Wat sê ek dus? Dat ‘n afgod enige iets is, of dat ‘n afgodsoffer enige iets is? Nee!

20 Dit wat die mense offer, offer hulle aan demone en nie aan God nie en ek wil nie

hê dat julle deel moet kry aan demone nie.

21 Julle kan nie die beker van ons Meester drink en die beker van demone nie. Julle

kan nie deel hê aan die tafel van ons Meester en aan die tafel van demone nie.

22 Of wil ons die jaloesie van ons Meester opwek? Is ons sterker as Hy?

23 “Alles is vir my geoorloof,” maar nie alles is voordelig nie; “alles is vir my

geoorloof,” maar nie alles bou óp nie.

24 Niemand moet sy eie belange soek nie, maar óók die belange van sy naaste.

25 Jy mag alles wat in die slaghuis verkoop word eet sonder navraag, ter wille van

die gewete,

26 want die aarde behoort aan en alles wat dit volmaak.

27 As een van die ongelowiges julle nooi en julle wil gaan, eet dan alles wat vir julle

voorgesit word, sonder om navraag te doen, ter wille van die gewete,

28 maar as iemand aan julle sê: “Dit is geoffer”, mag jy dit nie eet nie, as gevolg van

dit wat hy vir jou gesê het en ter wille van die gewete.

266

29 Ek sê nie jou gewete nie, maar die van die een wat jou vertel het, want waarom

word my vryheid geoordeel deur ‘n ander se gewete?

30 As ek in onverdiende guns optree, waarom word ek sleg van gepraat oor iets

waarvoor ek dank?

31 Of julle dan eet of drink of enige iets doen, doen alles tot eer, lof en aanbidding

van God.

32 Wees sonder oortreding vir die Jode, die Arameërs of vir die gemeente van God;

33 net soos ek almal in alles tevrede stel en nie my eie voordeel soek nie, maar dié van

baie sodat hulle lewe mag hê.

11 1 Word my nabootsers, net soos ek ook Die Gesalfde Een naboots.

2 Ek prys julle, my broers, dat julle my in alles onthou en die opdragte uitvoer soos

ek dit aan julle oorgegee het,

3 maar ek wil hê dat julle moet weet dat Die Gesalfde Een die hoof is van elke man en

die man is die hoof van die vrou en God is die hoof van Die Gesalfde Een.

4 Elke man wat bid of profeteer met sy kop toegemaak, onteer sy kop;

5 en elke vrou wat bid of profeteer met haar kop ontbloot, onteer haar kop, want sy is

net soos een wie se kop geskeer is,

6 want as ‘n vrou se kop nie toegemaak is nie, laat sy dan ook haar kop skeer, maar

as dit vir ‘n vrou lelik is om haar hare te sny of te skeer, laat sy haar kop heeltemal

toemaak.

7 ‘n Man is nie verplig om sy kop toe te maak nie, omdat hy die beeld, eer en lof van

God is, maar die vrou is die eer en lof van die man,

Gen 2:21-23

8 want die man is nie vanuit die vrou nie, maar die vrou vanuit die man,

9 en die man is ook nie ter wille van die vrou geskape nie, maar die vrou ter wille van

Gen 2:18

die man.

10 Daarom moet die vrou ‘n aanduiding van outoriteit oor haar kop hê ter wille van

die engele.

Yes 6:2

1 Korinthiërs

11 Tog is die man nie afsonderlik van die vrou nie en die vrou ook nie afsonderlik van

die man in ons Meester nie,

12 want net soos die vrou vanuit die man is, so is ook die man deur die vrou, maar

alles is vanaf God.

13 Oordeel onder julleself: Is dit reg vir ‘n vrou om met onbedekte kop tot God te

bid?

14 Of leer die natuur self julle nie dat as ‘n man sy hare laat groei, dit vir hom ‘n oneer

is nie,

15 en wanneer ‘n vrou haar hare laat groei, dit vir haar ‘n eer en lof is, omdat haar hare

vir haar gegee is as ‘n bedekking?

16 As iemand hieroor wil stry; nie ons of die gemeentes van God het so ‘n gebruik nie,

17 maar in die gee van die volgende opdrag, kan ek julle nie loof nie, omdat dit nie

tot julle voordeel is dat julle bymekaargekom het nie, maar julle het tot gemeenheid

afgedaal.

18 In die eerste plek hoor ek dat, as julle bymekaarkom in die gemeente, daar

verdeeldheid onder julle is en sekere dinge glo ek,

267

1 Korinthiërs

19 want daar sál ook verskille onder julle wees sodat die wat goedgekeur word onder

julle bekend mag word.

20 Wanneer julle so bymekaarkom, dan is dit nie volgens wat reg is dat julle op die

dag van ons Meester eet en drink nie,

21 want elkeen eet voor die ander, op sy eie en die een ly honger, terwyl die ander

dronk is.

22 Het julle dan nie huise om in te eet en te drink nie? Of verag julle die gemeente van

God en maak julle dié skaam wat nie het nie? Wat sal ek vir julle sê? Sal ek julle

loof? Hierin loof ek julle nie,

23 want ek het van ons Meester gekry wat ek ook aan julle oorgegee het, dat ons

Meester, Yeshua, in die nag waarin Hy oorgegee is, brood gevat het

24 en Hy het dit geseën, dit gebreek en gesê: ‘Vat en eet; dit is My Liggaam wat vir

julle gebreek word; so moet julle doen om aan My te dink.’

25 Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: ‘Hierdie beker is die nuwe verbond

in My Bloed;

268

Yir 31:30-33, Mat 26:28 so moet julle dit doen, elke keer as julle drink om aan

My te dink,’

26 want elke keer as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, onthou julle die

dood van ons Meester, totdat Hy kom.

27 Wie, daarom, eet van die brood van en van Sy beker drink, en nie daaraan

waardig is nie, is skuldig aan die liggaam en die bloed van .

28 Laat elkeen sy verstand, wil en emosie as gevolg hiervan ondersoek en dan van die

brood eet en uit die beker drink,

29 want wie ookal eet en drink terwyl hy onwaardig is, eet en drink ‘n oordeel oor

homself, as hy die liggaam van nie erken nie.

30 As gevolg hiervan is daar baie onder julle wat siek en sieklik is en baie sterf,

31 want as ons onsself beoordeel het, sou ons nie geoordeel word nie,

32 maar as ons geoordeel word deur ons Meester, word ons ernstig gestraf sodat ons

nie saam met die wêreld veroordeel mag word nie.

33 Van nou af, my broers, as julle bymekaarkom om te eet, wag vir mekaar

34 en as iemand honger het, laat hom by die huis eet sodat julle nie tot ‘n oordeel

bymekaarkom nie. Aangaande die ander sake sal ek opdragte gee wanneer ek kom.

12 1 Wat die geestelike dinge betref, my broers, wil ek dat julle weet,

2 dat toe julle ongelowiges was, julle sonder onderskeiding gelei is deur afgode wat

Ps 115:4-9

stom is.

3 Daarom sê ek vir julle dat niemand wat deur die Gees van God praat, Yeshua ‘n

vervloeking noem nie en niemand kan sê dat Yeshua is nie, behalwe deur die

Gees van Afsondering.

4 Daar is ‘n verskeidenheid van gawes, maar die Gees is Een

5 en daar is ‘n verskeidenheid van bedieninge, maar is Een

6 en daar is ‘n verskeidenheid van wonderwerke, maar een God wat alles in elke

persoon werk,

7 maar aan elke persoon word die manifestasie van die Gees gegee 1 Kefa 4:10 soos dit

hom help.

1 Korinthiërs

8 Daar word aan hom, in die Gees, ‘n boodskap van wysheid gegee, maar aan ‘n ander

‘n boodskap van kennis in hom deur die Gees;

9 aan ‘n ander vertroue in hom deur die Gees, aan ‘n ander die gawe van gesondmaking

in hom deur die Gees,

10 maar aan ‘n ander wonderwerke, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding

van geeste, aan ‘n ander verskillende tale en aan ‘n ander die vertaling van tale.

11 Al hierdie dinge doen die een Gees en deel uit aan elkeen soos Hy wil,

12 want net soos die liggaam een is en baie ledemate het, maar al die dele van die

liggaam, al is hulle baie, een liggaam is; so ook met Die Gesalfde Een,

13 want ons is ook almal deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of

Arameërs, slawe of vrymanne is; en ons is almal van een Gees gegee om te drink,

14 want ook die liggaam is nie een ledemaat nie, maar baie.

15 As die voet sou sê: ‘Omdat ek nie die hand is nie, is ek nie deel van die liggaam

nie’, is hy daarom nie deel van die liggaam nie?

16 en as die oor sou sê:’ Omdat ek nie die oog is nie, is ek nie deel van die liggaam

nie’, is hy daarom nie deel van die liggaam nie?

17 As die hele liggaam ‘n oog was, waar sou die gehoor wees? As alles gehoor was,

waar sou die reuk wees?

18 Nou het God egter elkeen van die ledemate in die liggaam gesit, net soos Hy wil.

19 As almal een ledemaat was, waar sou die liggaam wees?

20 Nou is daar egter baie ledemate, maar net een liggaam.

21 Die oog kan nie vir die hand sê: ‘Ek het jou nie nodig nie;’ of ook die kop vir die

voete: ‘Ek het julle nie nodig nie,’

22 maar veel eerder is dié ledemate van die liggaam, wat as swak beskou word,

noodsaaklik;

23 en dié ledemate van die liggaam wat ons dink skandelik is, gee ons oorvloediger

waarde en die minder mooi, oorvloediger elegansie,

24 terwyl ons mooi gevormde ledemate dit nie nodig het nie, maar God het die liggaam

saamgestel en aan die ledemaat wat klein is oorvloediger waarde gegee

25 sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die ledemate

dieselfde vir mekaar mag omgee.

26 Nou, as een ledemaat ly, sal almal die pyn deel en as een ledemaat hom verheug,

verheug al die ledemate hulle saam,

27 maar julle is die liggaam van Die Gesalfde Een en ledemate op julle plekke.

28 God het in Sy gemeente geplaas: Eerstens afgevaardigdes, na hulle profete, na hulle

leermeesters, na hulle werkers van wonderwerke, na hulle gawes van gesondmaking,

helpers, leiers en verskillende tale.

29 Is almal van hulle afgevaardigdes? Is almal van hulle profete? Is almal van hulle

leermeesters? Is almal van hulle werkers van wonderwerke?

30 Het almal van hulle die gawes van gesondmaking? Praat almal van hulle in tale?

Vertaal almal van hulle?

31 As julle ywerig is na die groter gawes sal ek vir julle ‘n beter manier wys:

269

1 Korinthiërs

13 1 As ek al die tale van mense en engele praat en ek het nie liefde in my nie, dan

sal ek kletterende koper of ‘n rasende simbaal word.

2 As ek profesieë in my het en al die geheime ken en al die kennis het en as ek al die

vertroue in my het sodat ek berge kon verwyder, maar ek het nie liefde in my nie,

sal ek niks wees nie.

3 As ek alles wat ek het vir die armes gee en as ek my liggaam oorgee om verbrand te

word en ek het nie liefde in my nie, dan is dit vir my geen voordeel nie.

4 Liefde is geduldig en sag. Liefde is nie jaloers nie. Liefde word nie omvergewerp

nie, is nie opgeblase nie,

5 doen nie wat skandelik is nie, soek ook nie sy eie belange nie, word ook nie gou

opgewerk nie, hou hom ook nie op met die bose nie,

6 verheug hom nie in die bose nie, maar verheug hom in die waarheid;

7 hou alles uit, vertrou alles, hoop alles, verdra alles.

8 Liefde faal nooit nie, want profesieë sal ophou en tale sal stilgemaak word en kennis

sal niks wees nie,

9 want ons ken ‘n bietjie van baie en ons profeteer ‘n bietjie van baie,

10 maar as die volmaaktheid gekom het, dan sal wat gedeeltelik is, niks wees nie.

11 Toe ek ‘n kind was, het ek gepraat soos ‘n kind, is gelei soos ‘n kind, het gedink

soos ‘n kind, maar toe ek ‘n man geword het, het ek opgehou met hierdie dinge van

‘n kind.

12 Nou sien ons soos in ‘n spieël in vergelykende stories, maar dan van gesig tot

gesig. Nou ken ek ‘n bietjie van baie, maar dan sal ek ken, net soos ek geken is.

13 Van hierdie dinge is daar drie wat voortgaan: Vertroue, versekerde verwagting en

liefde, maar die grootste hiervan is liefde.

14 1 Hardloop agter liefde aan en wees ywerig na gawes van die Gees, maar veral

om te profeteer,

2 want hy wat in ‘n taal praat, praat nie met mense nie, maar met God, want niemand

verstaan wat hy sê nie, maar deur die Gees praat hy geheime,

3 maar hy wat profeteer, praat woorde van opbouing, aanmoediging en vertroosting

tot mense.

4 Hy wat in ‘n taal praat, bou homself op, maar hy wat profeteer, bou die gemeente

op.

5 Ek wens dat julle almal in tale mag praat, maar meer nog dat julle profeteer, want hy

wat profeteer, is groter as hy wat in tale praat, of anders moet hy dit vertaal. As hy

vertaal, word die gemeente opgebou.

6 Nou, my broers, as ek na julle toe kom en in tale praat, tot watter voordeel sal ek vir

julle wees as ek nie met julle praat òf deur ‘n openbaring, òf deur kennis, òf deur

profesie, òf deur lering nie?

7 Selfs vir lewelose dinge wat ‘n klank gee, ‘n fluit of ‘n harp, as hulle nie ‘n verskil in

note maak nie, hoe sal ‘n mens weet wat op die fluit of harp gespeel word?

8 Ook, as die ramshoring ‘n onduidelike klank gee, wie sal klaarmaak vir die geveg?

9 Net so ook julle, as julle woorde in tale praat en dit nie vertaal nie, hoe sal ‘n mens

enige iets weet wat jy sê? Julle sal wees soos een wat in die lug praat.

270

1 Korinthiërs

10 Let op, daar is baie soorte tale in die wêreld en geeneen daarvan is sonder klank

nie.

11 As ek nie die betekenis van die taal ken nie, is ek vir die een wat praat ‘n vreemdeling

en die een wat praat sal vir my ‘n vreemdeling wees.

12 So moet julle ook, terwyl julle ‘n ywer het na die gawes van die Gees, oorvloediglik

soek na dit wat die gemeente sal opbou.

13 Laat hom wat in tale praat, bid dat hy dit kan vertaal,

14 want as ek in tale bid, dan bid my gees, maar my verstand is vrugteloos.

15 Wat sal ek daarom doen? Ek sal bid met my gees en ek sal ook bid met my verstand.

Ek sal sing met my gees en ek sal ook sing met my verstand.

16 Anders, as jy met die gees ‘n seën uitspreek, hoe sal hy wat nog onkundig is, ‘Dit

is waar’ sê op jou seën, aangesien hy nie verstaan wat jy sê nie,

17 want jou seën is wel goed, maar die ander een word nie opgebou nie.

18 Ek dank my God dat ek meer in tale praat as julle almal,

19 maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand praat om ook

ander te leer, as tien duisend woorde in tale.

20 My broers, moenie kinders in julle verstaansvermoë wees nie, maar wees babas tot

boosheid en wees ten volle volwasse in julle verstaansvermoë.

21 In die wet is geskryf: “Ek sal deur vreemde spraak en deur ‘n ander taal met hierdie

Yes 28:11-12

mense praat en dan sal hulle ook nie na My luister nie, sê .”

22 Dus is tale vasgestel, nie as ‘n teken vir die wat vertrou nie, maar vir die ongelowiges,

maar profesie is nie vir die ongelowiges nie, maar vir die wat vertrou.

23 Daarom, as die hele gemeente bymekaarkom en hulle sou almal in tale praat en die

oningeligtes of ongelowiges kom in, sal hulle nie sê dat julle kranksinnig geword

het nie?

24 As almal van julle sal profeteer en daar ‘n ongelowige of ‘n oningeligte inkom, dan

word hy deur almal ondersoek en deur almal aangespreek

25 en die geheime van sy denke, wil en emosie word openbaar en dan sal hy op sy

gesig neerval, God aanbid en sê dat God werklik in julle is.

26 Daarom sê ek, my broers, dat wanneer julle bymekaarkom, wie van julle ookal ‘n

Psalm het, laat hom praat, of wie ookal ‘n lering of ‘n taal of ‘n openbaring of ‘n

vertaling het, laat alles wees tot opbouing.

27 As mense in ‘n taal praat, laat dit dan wees twee of hoogstens drie; laat elkeen praat

en laat een vertaal,

28 maar as daar geen vertaler is nie, laat hy wat in ‘n taal praat in die gemeente stilbly

en laat hy net met homself en met God praat.

29 Laat twee of drie profete praat en laat die ander dit onderskei

30 en as daar iets geopenbaar word aan ‘n ander een wat sit, laat die eerste een

stilbly,

31 want julle kan almal een vir een profeteer sodat almal kan leer en almal versterk

word,

32 want die gees van die profeet is aan die profeet gehoorsaam,

33 want God is nie ‘n God van onbeheersdheid nie, maar van vrede, gesondheid,

voorspoed en vergenoegdheid. Soos in al die gemeentes van die afgesonderdes,

271

1 Korinthiërs

34 moet julle vrouens in die gemeentes stilbly, want dit is hulle nie toegelaat om te

Gen 3:16

praat nie, maar om gehoorsaam te wees, net soos die geskrewe wet sê.

35 As hulle iets wil leer, laat hulle by die huis hulle eie mans vra, want dit is skandelik

vir daardie vrou om in die gemeente te praat.

36 Of het die boodskap van God van julle af uitgegaan, of het dit tot julle alleen

gekom?

37 As iemand onder julle dink dat hy ‘n profeet, of van die Gees is, laat hy weet dat

wat ek vir julle skryf, opdragte van ons Meester is,

38 maar as iemand nie weet nie, stel hom in kennis.

39 Daarom, my broers, beywer julle om te profeteer en moenie die praat in tale verbied

nie,

40 maar laat alles in ordentlikheid en met orde gedoen word.

15 1 My broers, ek leer julle die goeie boodskap wat ek aan julle verkondig het, wat

julle ook aanvaar het, waarin julle ook staan,

2 waardeur julle lewe het, dié wat die boodskap onthou wat ek aan julle verkondig het,

anders het julle sonder rede vertrou.

3 Ek het van die begin af aan julle oorgedra wat ek ook ontvang het, dat Die Gesalfde

Yes 52:13-

Een vir ons sondes gesterf het, net soos dit geskryf is;

4 dat Hy begrawe is

272

Yes 53:9a Lev 23:9-15, Yes 53:10-12, Ps 16:9-11

en dat Hy na drie dae opgestaan het,

net soos geskryf is;

5 en dat Hy aan Kefa verskyn het; daarna aan die twaalf.

6 Daarna het Hy verskyn aan meer as vyf honderd broers by een geleentheid, waarvan

baie nou nog lewe, maar sommige reeds dood is.

7 Daarna het Hy verskyn aan Ya’akov; daarna aan al die afgevaardigdes;

8 en laaste van almal, asof aan ‘n verstote baba, het Hy ook aan my verskyn,

9 want ek is die geringste van die afgevaardigdes, wat nie werd is om ‘n afgevaardigde

genoem te word nie, omdat ek die gemeente van God vervolg het,

10 maar deur die onverdiende guns van God is ek wat ek is en Sy onverdiende guns

aan my was nie tevergeefs nie, maar ek het meer gewerk as hulle almal; nogtans nie

ek nie, maar die onverdiende guns van God wat by my is.

11 Daarom, of dit nou ek is of hulle, so verkondig ons en so het julle vertrou.

12 As Die Gesalfde Een verkondig word wat uit die dood uit opgestaan het, hoe sê

sommige onder julle dat daar nie lewe is vir die dooies nie?

13 As daar geen lewe vir die dooies is nie, dan is Die Gesalfde Een ook nie opgewek

nie

14 en as Die Gesalfde Een nie opgewek is nie, dan is ons verkondiging waardeloos en

waardeloos ook julle vertroue,

15 maar dan word ons valse getuies van God bevind, omdat ons van God getuig het

dat Hy Die Gesalfde Een opgewek het, terwyl Hy Hom nie opgewek het nie,

16 want as die wat dood is nie weer sal lewe nie, dan lewe selfs Die Gesalfde Een

ook nie;

17 en as Die Gesalfde Een nie lewend is nie, dan is julle vertroue leeg en is julle nog

in julle sondes

1 Korinthiërs

18 en dan het ook die wat in Die Gesalfde Een dood is, sonder twyfel vergaan.

19 As ons net in hierdie lewe op Die Gesalfde Een ‘n versekerde verwagting het, dan

is ons die bejammerenswaardigste van alle mense,

20 maar nou, Die Gesalfde Een ís opgewek uit die dood uit en Hy is die eersteling

vrug van die wat dood is.

21 Net soos die dood deur ‘n mens gekom het, net so het die lewe van die wat dood

is, deur ‘n Mens gekom,

22 want net soos alle mense deur Adam doodgaan, net so sal hulle ook almal in Die

Gesalfde Een lewe.

23 Elke persoon in sy orde: Die eersteling vrug is Die Gesalfde Een, daarna die wat

aan Die Gesalfde Een behoort, wanneer Hy kom

24 en dan kom die einde, wanneer Hy die Koninkryk aan God die Vader oorgee,

wanneer Hy elke heerser en elke outoriteit en alle kragte vernietig het,

25 want Hy gaan heers, totdat Hy al Sy vyande onder Sy voete

273

Ps 110:1 gesit het.

26 Die laaste vyand wat Hy vernietig, is die dood.

27 “Want Hy het alles ondergeskik gestel onder Sy voete,” Ps 8:6-7 maar wanneer

Hy sê dat alles ondergeskik gemaak is, is dit duidelik dat Hy wat alles aan Hom

ondergeskik gemaak het, uitgesonder is

28 en wanneer alles ondergeskik aan Hom gemaak is, dan sal ook die Seun Homself

ondergeskik maak aan die Een wat alles ondergeskik aan Hom gemaak het sodat

God alles in almal kan wees.

29 Anders, wat sal dit hulle baat wat hulle vir die dooies laat doop, as die dooies nie

weer sal lewe nie? Waarom laat hulle hul nog vir die dooies doop?

30 Waarom leef ons ook elke oomblik in gevaar?

31 So waar as wat ek roem op julle in Die Gesalfde Een, Yeshua, ons Meester, sterf

ek daagliks, broers.

32 As ek in Efesos as mens vir wilde diere gegooi is, watter voordeel was dit vir my?

As die dooies nie opgewek word nie, laat ons dan eet en drink, want môre sterf

Yes 22:13, 56:12

ons!

33 Moenie mislei wees nie; bose gesprekke korrup goeie denke.

34 Maak julle verstand, wil en emosie wakker in onskuld en moenie sondig nie, want

daar is sommige wat nie die kennis van God in hulle het nie. Ek sê dit tot julle

skande.

35 Iemand van julle sal sê: ‘Hoe staan die dooies op en in watter liggaam verskyn

hulle?’

36 Dwaas! Die saad wat jy saai, kan nie lewendig word as dit nie doodgegaan het nie;

37 en dit wat jy saai is nie die liggaam wat sal word nie, maar ‘n kaal korrel, van graan

of van gars of van ‘n ander graan,

38 maar God gee dit ‘n liggaam net soos Hy wil en aan elkeen van die saad ‘n liggaam

volgens sy natuur.

39 Elke vlees is nie dieselfde as ander vlees nie, maar die vlees van mense is anders as

die vlees van ‘n bees, wat anders is as dié van voëls, wat anders is as dié van visse;

40 en daar is ‘n hemelse liggaam en ‘n aardse liggaam, maar die eer en lof van die

hemelse is anders as dié van die aardse.

1 Korinthiërs

41 Die son se eer en lof is anders as die eer en lof van die maan en anders as die eer en

lof van die sterre en die een ster verskil in eer en lof van die ander ster.

42 So is ook die lewe vir díe wat sterf: gesaai wat kan vergaan, opgewek wat nie kan

vergaan nie;

43 gesaai in oneer, opgewek in eer en lof; gesaai in swakheid, opgewek in krag;

44 gesaai in ‘n natuurlike liggaam, opgewek in ‘n geestelike liggaam. Daar bestaan ‘n

natuurlike liggaam en daar bestaan ‘n geestelike liggaam.

45 So is daar ook geskryf: Die eerste mens, Adam, was ‘n lewende gees; Gen 2:7 die

laaste ‘Adam’, ‘n Lewegewende Gees.

46 Die geestelike is nie eerste nie, maar die natuurlike, daarna die geestelike.

47 Die eerste mens was stof vanuit die grond, die tweede Mens vanaf die

hemel.

48 Soos die man van stof was, so is ook dié vanuit stof en soos die hemelse Man is,

so is ook dié hemelse

49 en net soos ons die beeld van die stoflike een gedra het, so sal ons ook die beeld

van die hemelse Een dra,

50 maar dit sê ek, broers, dat dit nie moontlik is vir vlees en bloed om die Koninkryk

van God te beërwe nie; ook beërwe dit wat vergaan nie dit wat nie kan vergaan

nie.

51 Let op! Ek vertel vir julle ‘n geheim: Nie almal van ons sal doodgaan nie, maar ons

sal almal verander word,

52 skielik, soos die knip van ‘n oog, by die laaste ramshoring, wanneer dit sal blaas en

die dooies onverganklik opgewek sal word en ons verander sal word,

53 want dit wat kan vergaan moet aangetrek word met wat nie kan vergaan nie, en dit

wat kan doodgaan moet aangetrek word met wat nie kan doodgaan nie

54 en wanneer dit wat vergaan aangetrek is met wat nie vergaan nie; en dit wat

doodgaan met wat nie kan doodgaan nie, dan sal die boodskap wat geskryf is vervul

Yes 25:8

word: “Die dood is ingesluk in die oorwinning.”

Hos 13:14

55 “Dood, waar is jou angel? She’ol, waar is jou oorwinning?”

56 Die angel van die dood is die sonde en die krag van die sonde is die geskrewe

wet,

57 maar dank God, wat ons die oorwinning gee deur ons Meester, Yeshua, Die

Gesalfde Een.

58 Van nou af, my broers, waarvoor ek lief is, wees standvastig, moenie geskud word

nie, maar wees altyd oorvloedig in die werk van , omdat julle weet dat julle

werk in nie tevergeefs is nie.

16 1 Aangaande die dinge wat vir die afgesonderdes bymekaargemaak is, moet julle

ook net so doen soos ek vir die gemeentes van Galatia beveel het.

2 Op elke eerste dag van die week moet elkeen van julle in sy huis eenkant sit en hou

dit wat hy kan sodat wanneer ek kom, daar nie insamelings hoef te wees nie.

3 Wanneer ek arriveer het, sal ek die persone wat julle gekies het, met briewe stuur om

dit wat julle gegee het na Yerushalayim te bring,

4 maar as dit toepaslik is dat ek ook gaan, kan hulle saam met my reis,

274

1 Korinthiërs

5 maar ek sal na julle toe kom wanneer ek vanaf die stad gekom het, want ek gaan

deur Makedonia

6 en miskien sal ek by julle oorbly of oorwinter sodat julle saam met my kan gaan

waarheen ek ook al mag gaan.

7 Ek verkies om julle nie die keer net in die verbygaan te sien nie, maar ek hoop om

‘n tyd lank by julle te bly as my Meester dit toelaat,

8 maar ek sal in Efesos bly tot die Fees van weke (Shavu’ot),

9 want ‘n groot deur het vir my oopgegaan, vol geleenthede en daar is baie wat my

teëstaan.

10 As Timotheos na julle toe kom, kyk dat hy sonder vrees by julle is, want hy versorg

die werke van , net soos ek.

11 Laat niemand hom dan minag nie, maar vergesel hom in vrede, gesondheid,

voorspoed en vergenoegdheid sodat hy na my toe kan kom, want ek, saam met die

broers, wag vir hom.

12 Met betrekking tot die broer Apollos: Ek het hom baie gevra om saam met die

broers na julle te gaan en hy het sonder twyfel nie die begeerte gehad om nou te

gaan nie, maar hy sal gaan wanneer hy tyd het.

13 Wees waaksaam, staan in vertroue, wees dapper, wees sterk,

14 doen alles in liefde

15 en ek vra julle, broers, julle weet dat die huisgesin van Stefanas die eersteling vrug

van Agaia is en dat hulle hulself tot diens van die afgesonderdes gemaak het,

16 dat julle ook gehoorsaam moet wees aan sulke mense en aan elkeen wat saam met

hulle werk en arbei.

17 Ek verbly my omdat Stefanas, Fortounatos en Agaikos hier aangekom het, omdat

hulle opgemaak het vir my gemis aan julle,

18 want hulle het my gees verkwik soos ook julle s’n. Erken daarvolgens sulke

manne.

19 Al die gemeentes van Asië groet julle. Akulas en Priskilla, saam met die gemeente

wat in hulle huis is, stuur vir julle baie groete in ons Meester.

20 Al die broers groet julle. Groet mekaar met ‘n afgesonderde soen.

21 Sha’ul se groete, met my eie hand:

22 Wie ookal nie ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, lief het nie, laat hom

vervloek wees! Ons Meester kom!

23 Die onverdiende guns van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, is by julle!

24 My liefde is by julle almal in Die Gesalfde Een, Yeshua!

275

2 Korinthiërs

276

Die agste boek van die Nuwe Verbond

Die tweede brief van Sha’ul, slaaf en afgevaardigde van

Yeshua, Die Gesalfde Een, aan die gemeente in Korinthos.

2 Korinthiërs

{ 2 Korinthiërs }

( Geskryf aan die kinders van God wat, as gemeentes, in

huise bymekaar gekom het )

Dit is waarskynlik die derde brief en is geskryf toe

Timotheos saam met hom was te Filippi in die jaar 58 en is

deur Titos afgelewer.

In Afrikaans vertaal vanuit die oorspronklike Aramese ‘Peshitta’ -

die taal wat Yeshua gepraat het.

1 1 Sha’ul, ‘n afgevaardigde van Yeshua, Die Gesalfde Een, deur die wil van God; en

die broer, Timotheos, aan die gemeente van God wat in Korinthos is en aan al die

afgesonderdes wat in die hele Agaia is:

2 Onverdiende guns vir julle en vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid van

God-ons-Vader en ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een.

3 Aanbiddingswaardig is God-die-Vader, ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, die

Vader van omgee en die God van alle ondersteuning en vertroosting,

2 Korinthiërs

Ps 94:19

4 wat ons ondersteun en troos in al ons beproewing sodat ons die wat in enige

beproewing is, kan ondersteun en troos deur die ondersteuning en vertroosting

waarmee ons self deur God ondersteun en getroos word.

5 Net soos die lyding van Die Gesalfde Een oorvloedig in ons is, so is ons ondersteuning

en troos ook oorvloedig deur Die Gesalfde Een,

6 maar as ons ook ly, is dit ter wille van julle ondersteuning, troos en redding dat ons

ly; en as ons ook ondersteun en getroos word, is dit vir julle tot ondersteuning, troos

en redding, deurdat julle dieselfde lyding verduur wat ons ook ondergaan.

7 Ons versekerde verwagting vir julle is vas, want ons weet, dat as julle deelgenote is

aan die lyding, net so ook aan die ondersteuning en troos.

8 Ons wil dat julle weet, broers, aangaande die beproewing wat in Asië oor ons gekom

het; dat ons grootliks beproef was, vêr bo ons kragte sodat ons lewe op die punt was

om te vergaan.

9 Aangaande onsself, het ons die oordeel van die dood ervaar sodat ons nie op onsself

sou vertrou nie, maar op God, wat die dooies opwek;

10 Hy, wat ons gered het van ‘n geweldadige dood, op wie ons hoop, dat Hy ons ook

voortdurend sal red,

11 deur die hulp van julle gebede vir ons persoonlik; dat Sy geskenk vir ons tot guns,

ter wille van baie, sal wees; en baie Hom mag bely, as gevolg van ons,

12 want ons roem is dit: Die getuienis van ons gewete: Dat ons in vrygewigheid,

reinheid en die onverdiende guns van God aangewend is, veral teenoor julle en

hulle by julle en in die wêreld, nie in vleeslike wysheid nie.

13 Ons het aan julle niks anders geskryf as wat julle weet en mee saamstem nie, maar

ek vertrou dat julle tot die end sal saamstem.

14 Net soos julle ook, met ‘n bietjie van baie, saamgestem het, dat ons julle roem is,

net soos julle ook ons roem is in die dag van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde

Een.

15 In hierdie vertroue wou ek eerste na julle toe kom sodat julle twee keer onverdiende

guns kan ontvang;

16 dat ek by julle verby, deurgaan na Makedonia, om weer vanaf Makedonia by julle

aan te kom en julle saam met my na Y’hudah gaan.

17 Het ek dit haastig beplan toe ek dit beplan het? Of wat ek beplan, beplan ek na die

vlees sodat daarin ‘n ja ja, en nee nee, (onsekerheid) is?

18 God is vertrouenswaardig, dat ons boodskap vir julle nie ja en nee was nie,

19 want die Seun van God, Yeshua, Die Gesalfde Een, wat deur ons aan julle verkondig

is, deur my, Sila en Timotheos, was nie ja en nee nie, maar was ja in Hom,

277

2 Korinthiërs

20 want al die beloftes van God is ja in Hom, Die Gesalfde Een. As gevolg hiervan,

deur Hom, gee ons die “dit is waar,” tot eer, lof en aanbidding van God,

21 maar ons bevestig God by julle, in eenheid met Die Gesalfde Een, wat ons gesalf

het,

22 wat ook Sy seël op ons gesit het en die Gees as deposito in ons verstand, wil en

emosie gegee het.

23 Ek getuig teenoor God, uit my gees, dat ek, om julle te spaar, nog nie na Korinthos

gekom het nie;

24 nie omdat ons meesters oor julle vertroue is nie, maar ons is helpers aan julle

blydskap, want dit is deur vertroue dat julle staan.

2 1 Dit het ek by myself besluit, om nie weer in droefheid na julle toe te kom nie,

2 want as ek julle bedroef maak, wie is daar om my bly te maak, anders as hy wat deur

my bedroef gemaak is?

3 Ek het dit so aan julle geskrywe, dat ek nie by my koms droefheid mag ondervind

deur hulle oor wie ek my moes verbly nie, omdat ek julle almal vertrou, dat my

blydskap van julle almal af is.

4 Vanuit groot lyding en ‘n verstand, wil en emosie vol droefheid skryf ek hierdie

dinge aan julle deur baie trane, nie dat julle bedroef moet word nie, maar dat julle

mag weet van die oorvloedige liefde wat ek vir julle het,

5 maar as iemand droefheid veroorsaak het, dan is dit nie vir my wat hy bedroef het

nie, maar, sonder om te vergroot, vir julle almal.

6 Vir so iemand is dit genoeg m deur baie aangespreek te word;

7 en nou, daarenteen, is dit nodig om hom te vergewe en op te hef, dat so iemand nie

miskien deur ‘n oormaat droefheid verslind word nie.

8 As gevolg hiervan versoek ek julle om julle liefde aan hom te bevestig,

9 want daarom het ek ook geskryf om julle te toets, of julle in alles gehoorsaam is.

10 Vir wie julle iets vergewe, vergeef ek ook, want wie ek ook vergeef het, wat ek

ookal vergeef het, was om julle ontwil in die Teenwoordigheid van Die Gesalfde

Een

11 sodat ons nie deur die Satan oorval sou word nie, want ons ken sy metodes.

12 Toe ek in Troas gekom het met die goeie boodskap van Die Gesalfde Een en ‘n

deur vir my, deur , oopgemaak is,

13 het ek geen rus vir my gees gehad nie, omdat ek my broer Titos nie daar gekry het

nie, maar ek het van hulle afskeid geneem en na Makedonia vertrek.

14 Dank aan God wat ons, altyd in eenheid met Die Gesalfde Een, ‘n skouspel maak

en deur ons, die aangename reuk van Sy kennis op elke plek bekend maak,

15 want ons is die aangename soet geur in Die Gesalfde Een tot God onder die wat

lewe het en onder die wat besig is om verlore te gaan;

16 vir die laaste die stank van dood tot die dood en vir die eerste ‘n aangename reuk

van die lewe tot die lewe en wie sal waardig wees aan hierdie dinge?

17 Ons het nie soos ander die boodskap van God verdraai nie, maar dit in waarheid

volgens dit wat vanaf God is, in die Teenwoordigheid van God, in eenheid met Die

Gesalfde Een, verkondig.

278

3 1 Begin ons weer om aan julle te wys wat onsself is? Asof ons, soos sommige,

aanbevelingsbriewe aangaande ons nodig het aan julle of, dat julle sou skryf om te

beveel aangaande ons?

2 Julle is ons brief, geskryf in ons verstand, wil en emosie, geken en gelees deur

almal,

3 want julle weet dat julle Die Gesalfde Een se brief is deur ons dienswerk, geskryf nie

met ink nie, maar met die Gees van die lewende God; nie op kliptafels nie, maar op

die vleestafels van die verstand, wil en emosie.

Eks 24:12, Spr 3:3, 7:3, Yir 31:32

4 Só ‘n vertroue het ons, deur Die Gesalfde Een, by God.

5 Nie dat ons uit onsself genoeg is om enige iets van onsself te dink nie, maar ons

krag is uit God,

6 wat ons waardig gemaak het om bedienaars van die nuwe verbond te wees, nie deur

wat geskryf is nie, maar deur die Gees, want die geskrewe woord maak dood, maar

die Gees gee lewe.

7 As die bediening van die dood, die geskrewe woord wat op klippe gegraveer is,

in die Gemanifesteerde Teenwoordigheid gekom het, sodat die seuns van Yisra’el

nie kon kyk na die gesig van Moshe nie as gevolg van die Gemanifesteerde

Teenwoordigheid op sy gesig, wat verbygaan,

8 hoeveel te meer sal die bediening van die Gees dan nie in die Gemanifesteerde

Teenwoordigheid wees nie?

9 As die bediening wat veroordeel, in eer, lof en aanbidding was, hoeveel meer is die

bediening wat onpartydig en opreg maak, oorvloedig in eer, lof en aanbidding,

10 want as gevolg van die alles oortreffende eer, lof en aanbidding, is, wat vroeër eer,

lof en aanbidding was, ook nie meer in eer, lof en aanbidding nie,

11 want as daar eer, lof en aanbidding was in wat moes vergaan, is daar baie meer eer,

lof en aanbidding in wat bly.

12 Daarom, omdat ons hierdie versekerde verwagting het, tree ons al hoe meer met

vrymoedigheid op,

13 nie soos Moshe nie, wat ‘n bedekking oor sy gesig gesit het sodat die mense van

Yisra’el nie kon kyk na die beëindiging van dit wat tot ‘n einde gekom het nie,

14 maar hulle is verblind in hulle begrip, want tot op hierdie dag toe bly dieselfde

bedekking oor hulle by die lees van die Ou Verbond en word dit nie openbaar dat dit

besig is om deur Die Gesalfde Een vernietig te word nie.

15 Tot vandag toe, wanneer Moshe gelees word, word die bedekking oor hulle

Yog 5:39-40, Yoel 3:5

verstand, wil en emosie gelê

16 en wanneer enige iemand van hulle na toe draai, word die bedekking van hom

af weggeneem.

Eks 34:34

2 Korinthiërs

17 is die Gees en waar die Gees van is, daar is vryheid.

18 Meer nog, almal van ons, met onbedekte gesig, sien die Gemanifesteerde

Teenwoordigheid van , soos in ‘n spieël en word voortdurend verander na Sy

beeld, tot meer en meer van Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid, deur , die

Gees.

279

2 Korinthiërs

4 1 As gevolg hiervan maak dit ons nie moeg in hierdie bediening wat ons het nie,

omdat aktiewe omgee in ons is.

2 Ons verwerp die geheime skandes en ons leef nie in misleiding of verwerping van

die boodskap van God nie, maar in die openbaring van die waarheid, wys ons, voor

God, ons gees aan elke mens se gedagtes,

3 maar as ons goeie boodskap nog bedek is, is dit bedek vir die wat besig is om verlore

te gaan,

4 húlle, vir wie die god van hierdie wêreld die intellek verblind het, omdat hulle

nie vertrou nie sodat die lig van die goeie boodskap van die Gemanifesteerde

Teenwoordigheid van Die Gesalfde Een, wat die Beeld van God is, nie op hulle sou

skyn nie,

5 want ons verkondig nie onsself nie, maar Die Gesalfde Een, Yeshua, ons Meester,

maar onsself as julle slawe, ter wille van Yeshua,

6 omdat God, Hy wat gesê het dat daar uit donkerte lig moet skyn, Gen 1:3 dit in ons

verstand, wil en emosie laat deurskyn het, dat ons opgehelder sal word met die

kennis van die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van God in die Teenwoordigheid

van Yeshua, Die Gesalfde Een,

7 maar ons het hierdie skat in kleihouers sodat die grootheid van die krag vanaf God

mag wees en nie uit ons nie.

8 In alles word ons verdruk, maar ons is nie platgedruk nie; ons is lastig geval, maar

nie veroordeel nie;

9 ons is vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; ons is neergegooi, maar nie verslaan nie.

10 Elke keer dra ons die sterwe van ons Meester, Yeshua, in ons liggame sodat ook die

lewe van Die Gesalfde Een in ons liggame gewys kan word,

11 want as ons wat lewe, aan die dood oorgelewer word om Yeshua se ontwil, sal ook,

net so, die lewe van Yeshua in hierdie sterflike liggame openbaar word.

12 So is die dood aktief in ons, maar die lewe in julle.

13 Daarom, ook ons wat dieselfde Gees van vertroue het, soos geskrywe is: “Ek het

vertrou en daarom het ek ook gepraat,” Ps 116:10 vertrou ons en praat ons ook,

14 want ons weet dat Hy wat ons Meester Yeshua opgewek het, ons ook deur Yeshua

sal opwek en ons saam met julle na Hom toe sal bring,

15 want dit is alles om julle ontwil en wanneer die onverdiende guns meer word, sal

die dankbaarheid baie meer word tot die eer, lof en aanbidding van God.

16 As gevolg hiervan maak dit ons nie moeg nie, selfs as ons uiterlike liggaam vernietig

word, daarenteen word die innerlike dag ná dag nuut gemaak,

17 want terwyl die huidige lyding lig en van korte duur is, berei dit vir ons ‘n groot en

grenslose eer en lof vir ‘n tydlose ewigheid voor.

18 Ons verheug ons nie in die sigbare dinge nie, maar in die onsigbare, want die

sigbare dinge is vir ‘n tyd, maar die onsigbare is ewig.

5 1 Ons weet dat, as ons aardse huis, die liggaam, vernietig sal word, ons ‘n gebou het

wat vanaf God is, ‘n huis nie met hande gemaak nie, in die hemel, vir ewig,

2 want ook hieroor word ons gemaak om te kreun en verlang ons om ons huis wat

vanuit die hemel is, aan te trek

280

2 Korinthiërs

3 sodat wanneer ons aangetrek is, ons nie kaal bevind mag word nie,

4 want terwyl ons nou nog in díe liggaam is, word ons gemaak om te kreun deur sy

gewig en ons wil dit nie uittrek nie, maar oor dit aantrek sodat sy sterflikheid deur

die lewe verslind kan word,

5 maar Hy wat ons hiervoor voorberei het, is God, wat ook vir ons die deposito van

Sy Gees gegee het.

6 Daarom, omdat ons weet en oortuig is daarvan dat, solank as wat ons in die liggaam

bly, ons verwyderd is van ons tuiste, van ons Meester,

7 want ons leef deur vertroue en nie deur wat ons sien nie,

8 vertrou en verlang ons as gevolg hiervan, om uit die liggaam uit te gaan en by ons

Meester te wees.

9 Ons is toegewyd daaraan om, of ons afwesig of tuis is, Hom tevrede te stel,

10 want ons gaan almal staan voor die troon van Die Gesalfde Een sodat elkeen

betaling kan ontvang volgens alles wat hy in die liggaam gedoen het; of dit goed is

of boos.

11 Omdat ons daarom die vrees en respek van ons Meester ken, oortuig ons mense.

Voor God is ons openbaar en ek hoop om ook tot julle begrip openbaar te wees,

12 want ons prys onsself nie weer aan by julle nie, maar ons gee vir julle ‘n geleentheid

om te roem oor ons, in die teenwoordigheid van hulle wat hulle op die uiterlike

beroem en nie op die verstand, wil en emosie nie,

13 want as ons kranksinnig is, is dit vir God en as ons normaal is, is dit vir julle,

14 want die liefde van Die Gesalfde Een dring by ons aan om so te redeneer: Dat as

Een in die plek van elke persoon gesterf het, dan het elke persoon saam met Hom

gesterf.

15 Hy het in die plek van elke persoon gesterf sodat die wat lewe, nie vir hulleself sal

lewe nie, maar vir Hom wat vir elkeen gesterf en opgestaan het.

16 Van nou af ken ons niemand meer na die uiterlike nie. Selfs al het ons ook Die

Gesalfde Een na die uiterlike geken, ken ons Hom nou nie meer so nie.

17 Alles wat daarom in eenheid met Die Gesalfde Een is, is ‘n nuwe skepping, die ou

orde het daarmee verbygegaan

18 en alles het nuut geword vanaf God; Hy wat ons verhouding met Homself herstel

het deur Yeshua, Die Gesalfde Een en vir ons die bediening gegee het om dié

verhouding te herstel,

19 want God, in eenheid met Die Gesalfde Een, het die verhouding van die wêreld met

Sy majesteit herstel en nie hulle sondes vir hulle bereken nie en ons eie boodskap

van die herstel van die verhouding in ons gesit.

20 Daarom is ons ambassadeurs namens Die Gesalfde Een, asof God julle uitnooi

deur ons. Daarom vra ons julle, namens Die Gesalfde Een: Laat julle verhouding

met God herstel,

21 want Hy wat geen sonde geken het nie, het Homself in jou plek sonde gemaak

sodat ons deur Hom, die opregtheid en onpartydigheid van God kan word.

281

2 Korinthiërs

6 1 As helpers smeek ons julle dat die onverdiende guns van God, wat julle ontvang

het, nie waardeloos in julle word nie,

2 want Hy sê: “In die aanvaarbare tyd het Ek jou geantwoord en in die dag van redding

het Ek jou gehelp.” Yes 49:8 Let op! Nou is dit die aanvaarbare tyd en nou is dit die dag

van redding.

3 Waarom sal jy aan enige iemand ‘n rede gee tot struikeling, as dit nie ‘n tekortkoming

in ons bediening sou wees nie,

4 maar in alles wys ons onsself as dienaars van God, met baie verwagtende uithou, in

vervolginge, in benoudheid, in gevangenskap,

5 in houe, in kettings, in oproere, in harde werk, in slapeloosheid, in honger,

6 in reinheid, in kennis, in geduld, in sagte goedheid, in die Gees van Afsondering, in

liefde sonder misleiding,

7 in die boodskap van die waarheid, in die wonderwerkende krag van God, deur die

wapens van opregtheid en onpartydigheid in die regter- en linkerhand;

8 deur eer en oneer, deur lofprysing en berisping; asof misleiers en tog waar;

9 asof onbekendes en tog bekend; asof een wat doodgaan en let op, ons lewe; asof ons

gestraf word en tog nie sterwend nie;

10 asof bedroef is, maar ons verheug ons altyd; asof arm, maar wat baie ander ryk

maak; asof mense wat niks het nie en tog alles besit.

11 Ons het ons mond teenoor julle oopgemaak, Korinthiërs en ons denke, wil en

emosie groter oopgemaak.

12 Ons beperk julle nie, maar die beperking is in julle omgee,

13 maar ek praat soos met kinders: Betaal my beloning wat by julle is en vergroot

julle liefde vir my.

14 Moenie saam met ongelowiges gejuk wees nie. Watter deel het onpartydigheid en

opregtheid met die bose en watter gemeenskap het lig met die duisternis?

15 Of watter ooreenstemming het Die Gesalfde Een met Satan; of watter deelname het

die wat vertrou met die ongelowige?

16 Watter ooreenkoms het die tempel van God met demone? Julle is die tempel van

die lewende God, net soos gesê is: Lev 26:12, Eks 6:7, Yir 31:32, Yeg 37:27 “Ek sal in hulle bly en

Ek sal in hulle leef en Ek sal hulle God wees en hulle sal vir My ‘n volk wees.”

17 As gevolg hiervan, sê , gaan van tussen hulle uit, skei jou af van hulle, raak nie

die dinge aan wat onrein is nie Yes 52:11 Yeg 20:34,41

en Ek sal julle ontvang

18 en Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, sê ,

2 Sh’ 7:14, Yes 43:6

wat almal vashou.

7 1 Julle waarvoor ons lief is; omdat daar vir ons hierdie beloftes is, laat ons onsself

daarom reinig van alle vuilheid van die vlees en die gees en laat ons groei in

afgesonderdheid uit respekvolle vrees vir God.

2 Wees geduldig met ons, broers. Ons het aan niemand boos gedoen nie; ons het

niemand korrup gemaak nie; ons het niemand ingedoen nie.

3 Ek sê dit nie om te veroordeel nie, want ek het vroeër gesê dat julle in ons gedagtes,

wil en emosie is om as een te sterf en te leef.

282

2 Korinthiërs

4 Ek het groot vrymoedigheid teenoor julle. My roem oor julle is groot. Ek is ten volle

vertroos en versterk en ek loop oor van blydskap te midde van al my lyding.

5 Vandat ons ook na Makedonia gekom het, was daar geen rus vir ons vlees nie, maar

is ons in alles gemartel; van buite ‘n stryd, van binne vrees,

6 maar God wat die vernederde versterk en vertroos, het ons versterk en vertroos deur

die koms van Titos;

7 en nie alleen deur sy koms nie, maar ook deur die lafenis waarmee hy deur julle

ondersteun is, want hy het aan ons vertel van julle liefde vir ons, julle treur oor en

julle ywer namens ons. Toe ek dit hoor was my blydskap groot.

8 Alhoewel ek julle deur ‘n brief treurig gemaak het, is ek nie jammer nie, al was ek

ook vroeër jammer, want ek het gesien dat daardie brief, al was dit vir ‘n kort tydjie,

julle treurig gemaak het.

9 Nou is ek bly, nie omdat julle treurig gemaak is nie, maar omdat julle treurig gemaak

is tot die punt van terugdraai na God toe, want julle was treurig soos God dit wou,

sodat julle deur ons geen skade gely het nie,

10 want treurigheid wat van God is bring jammerwees van die gees en werk ‘n

onberoubare terugdraai na lewe, maar die jammer van die wêreld, werk die dood,

11 want let op! Hierdie ding het gebeur dat julle treurig gemaak is deur God, hoeveel

te meer het ek gretigheid, verskoning, woede, vrees, liefde, ywer en vergelding in

julle veroorsaak. In alles het julle bewys dat julle in die saak rein is.

12 Daarom, het ek ook hierdie aan julle geskryf, nie ter wille van wat verkeerd is nie,

of ter wille van hom wat verkeerd gedoen het nie, maar dat julle toewyding aan ons

geken kan word in die Teenwoordigheid van God.

13 As gevolg hiervan is ons versterk en vertroos en vanuit ons vertroosting verbly ons

ons al hoe meer in die vreugde van Titos, wie se gees deur julle almal verkwik is,

14 want as ek oor julle by hom oor iets geroem het, is ek nie skaam gemaak nie, maar soos

ons alles in waarheid vir julle gesê het, so is ook ons roem by Titos in waarheid gevind

15 en sy innerlike omgee vermeerder as hy julle almal se gehoorsaamheid onthou, hoe

julle hom met respekvolle vrees ontvang het.

16 Ek verbly my dat ek in alles in julle kan vertrou.

8 1 Ons maak aan julle bekend, broers, die onverdiende guns van God wat aan die

gemeentes van Makedonia gegee is,

2 dat, onder baie toetse van stryd, hulle oorvloedig was in blydskap en dat, die diepte

van hulle armoede, oorvloedig gemaak is in die rykdom van hulle vrygewigheid,

3 want hulle was na vermoë, ek getuig dit, bo vermoë, uit hulleself gewillig.

4 Hulle het ons met groot erns gesmeek dat ons hulle geskenk en hulle deel in die

bediening aan die afgesonderdes, moet ontvang;

5 en het nie slegs gedoen soos ons verwag het nie, maar het hulleself eers aan ons

Meester geoffer, en aan ons deur die wil van God,

6 waardeur ons Titos versoek het dat hy, net soos hy reeds begin het, net so ook by

julle hierdie geskenk moet voltooi,

7 maar soos julle in alles oorvloedig is: in vertroue, in die boodskap, in kennis, in alle

erns en in julle liefde vir ons; laat julle ook in hierdie geskenk oorvloedig wees.

283

2 Korinthiërs

8 Ek sê dit nie as ‘n bevel nie, maar om deur die erns van ander ook die egtheid van

julle liefde te toets,

9 want julle ken die onverdiende guns van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een,

dat Hy, alhoewel Hy ryk was, ter wille van julle arm geword het sodat julle deur sy

armoede ryk kan word.

10 Hierin gee ek slegs my raad, want dit is beter vir julle, omdat julle alreeds ‘n jaar

gelede begin het, nie alleen om te wil nie, maar ook om te doen,

11 maar voltooi nou die daad ook sodat, net soos die bereidheid om te wil daar was,

julle so ook deur die daad kan voltooi uit wat julle besit,

12 want as die gewilligheid daar is, is dit aanvaarbaar volgens wat iemand het, nie

volgens wat hy nie het nie,

13 want ek bedoel nie dat daar vir ander verligting moet wees en vir julle stryd nie,

14 maar dat volgens gelykheid julle oorvloed hulle tekort kan aanvul in hierdie tyd

sodat ook hulle oorvloed julle tekort kan aanvul en daar gelykheid is.

15 Soos geskrywe is: “Hy wat oorvloed gehad het, het nie te veel gehad nie en hy wat

Eks 16:18

min gehad het, het nie tekort gehad nie,”

16 maar dank aan God, wat dieselfde omgee vir julle in die gedagtes, wil en emosie

van Titos gegee het,

17 want hy het ons versoek aanvaar en omdat hy baie ernstig was, het hy uit eie keuse

na julle toe vertrek.

18 Ons het ook die broer saam met hom gestuur, wie aangeprys word in die goeie

boodskap, deur al die gemeentes.

19 Hy is ook so, deur die gemeentes, gekies om saam met ons te reis in hierdie

onverdiende guns van dienswerk, wat deur ons gedoen word, tot die eer, lof en

aanbidding van God en vir ons ondersteuning en versterking,

20 om te verhoed dat iemand ons sou beskuldig in verband met hierdie oorvloedigheid,

wat deur ons bedien word,

21 want ons neem in ag wat goed is, nie alleen in die Teenwoordigheid van God nie,

Spr 3:4

maar ook voor die mense.

22 Ons het ook ons broer, wie se erns baie keer en in baie dinge getoets is, maar nou

nog ernstiger is deur sy groot vertroue in julle, saam met hulle gestuur;

23 asook Titos, wat my deelgenoot en medewerker vir julle is; asook ons broers, hulle

is afgevaardigdes van die gemeentes, tot eer, lof en aanbidding van Die Gesalfde

Een.

24 Bewys daarvolgens aan hulle julle liefde en waaroor ons roem oor julle, ook voor

die gemeentes.

9 1 Aangaande die dienswerk teenoor die afgesonderdes is dit eintlik oorbodig vir

my om aan julle te skryf,

2 want ek weet dat julle denke gereed is; waaroor ek oor julle by die mense van

Makedonia roem; dat Agaia ‘n jaar gelede gereed gemaak het en dat die ywer wat

van julle uitgegaan het, baie ander opgewek het,

3 maar ek het die broers gestuur sodat ons roem oor julle in hierdie geval nie leeg mag

wees nie sodat julle gereed sal wees, soos ek gesê het,

284

2 Korinthiërs

4 sodat wanneer die manne van Makedonia saam met my kom en julle miskien nie

voorbereid is nie, ons, om nie te sê julle, nie beskaam word in hierdie vertroue

waarin ons roem nie.

5 As gevolg hiervan het ek dit dus nodig geag om die broers te vra om vooruit te gaan

na julle toe en julle vroeër aangekondigde seëning vooraf reg te kry sodat dit gereed

kan wees as ‘n seëning en nie as iets wat afgepers is nie.

6 Meer nog, dit: Wie spaarsamig saai, sal ook spaarsamig oes en wie volop saai, sal

ook volop oes.

7 Elkeen gee soos hy besluit het in sy verstand, wil en emosie, nie treurig of uit

Spr 22:8

verpligting nie, want God het ‘n vreugdevolle gewer lief

8 en God is in staat om alle onverdiende guns in julle te vermeerder sodat julle altyd

in alles genoeg kan hê en julle oorvloedig kan wees in elke goeie werk.

9 Soos geskrywe is: “Hy het uitgedeel en aan die armes gegee, Sy onpartydigheid en

Ps 112:9

opregtheid bly tot in ewigheid.”

10 Meer nog, Hy wat saad gee aan die saaier, gee brood om te eet en Hy sal julle saad

gee en vermeerder en die vrug van julle onpartydigheid en opregtheid vermeerder

11 sodat julle in alles verryk kan word met die volle regte van ‘n erfgenaam, wat deur

ons dankbaarheid tot God volmaak gemaak word,

12 omdat die bediening van hierdie dienswerk nie alleen voorsien in die behoeftes van

die afgesonderdes nie, maar ook óorvloei tot baie dankbaarheid tot God.

13 Deur die ervaring van hierdie diens, eer, loof en aanbid hulle God dat julle onderwerp

het aan die erkenning van die goeie boodskap van Die Gesalfde Een en julle deelgenote

geword het in julle reg op volle erfgenaamskap met hulle en met almal

14 en hulle bring ‘n gebed vir julle, met die liefde van baie vanweë die oorvloedige

onverdiende guns van God wat op julle is,

15 maar dank God vir sy onbeskryflike geskenk.

10 1 Ek, Sha’ul, versoek julle deur die rustige kalmte en sagtheid van Die Gesalfde

Een, ek wat tussen julle sag is teenoor julle, maar in my afwesigheid vrymoedig is

teenoor julle;

2 ek smeek dan dat as ek teenwoordig is, ek my nie op reguit openlikheid hoef te

beroep, soos wat ek beplan om reguit te wees teen sommige wat reken dat ons

volgens die vleeslike lewe nie,

3 want hoewel ons in die uiterlike liggaam lewe, maak ons nie oorlog volgens die

vleeslike nie,

4 want die wapens van ons oorlog is nie van die vlees nie, maar vanuit die krag van

God en daarmee onderwerp ons rebelse vestings,

5 ons breek argumente en elke hoë skeiding wat opgerig word teen die kennis van God

af en neem elke gedagte gevange tot gehoorsaamheid aan Die Gesalfde Een

6 en ons is voorbereid om die straf uit te oefen op almal wat nie gehoorsaam nie,

wanneer julle gehoorsaamheid volkome is.

7 Julle kyk na die oppervlakkige. As iemand by homself vertrou dat hy aan Die

Gesalfde Een behoort, laat hy in sy verstand en wil weet, dat net soos hy aan Die

Gesalfde Een behoort, ons ook net so,

285

2 Korinthiërs

8 want al sou ek ook nog meer roem oor outoriteit wat ons Meester my gegee het, sal ek

my nie skaam nie, want dit is vir ons gegee om julle op te bou en nie te vernietig nie.

9 Ek vermy dit egter, anders sou dit lyk asof ek julle deur my briewe wil bang maak,

10 want daar is mense wat sê: “Die briewe is gewigtig en kragtig, maar die koms in

die vlees is kragteloos en die boodskap verwerplik.”

11 Laat hom wat so praat daaraan dink dat ons dieselfde wat ons sê deur die briewe in

ons afwesigheid, dieselfde ook in dade doen as ons aanwesig is,

12 want ons waag nie om onsself te tel by, of te vergelyk met, sommige van die wat

hulleself aanbeveel nie, maar die wat hulle met hulself vergelyk, is nie wys nie,

13 maar ons sal nie oormatig roem nie, maar volgens die maat van die standaard wat

God vir ons gegee het wat tot by julle kom,

14 want dit is nie asof ons nie by julle uitgekom het nie, want ons het onsself uitgerek

om by julle aan te kom met die goeie boodskap van Die Gesalfde Een.

15 Ons roem nie buite ons mate in die werk van ander nie, maar ons het ‘n aktiewe

verwagting dat, wanneer julle vertroue toeneem, ons tussen julle verhoog sal word

en ons verder sal gaan,

16 om ook die goeie boodskap te verkondig in plekke verder as julle, nie om in die

mate van ander nie, maar in wat ons gewen het, te roem.

17 Hy wat roem, moet in roem,

286

Yir 9:23

18 want hy wat homself aanbeveel, is nie aanvaarbaar nie, maar hy wat deur

aanbeveel word.

11 1 Ek wens julle wil my net ‘n kort rukkie verdra, terwyl ek in dwaasheid praat!

Verdra my tog maar,

2 want ek is jaloers oor julle met God se jaloesie, want ek het julle afgegee om te trou

met Een Man; om julle as ‘n rein maagd aan Die Gesalfde Een voor te stel,

3 maar ek is bang dat, net soos die slang Havah, Gen 3:1-7 deur sy listigheid mislei het,

julle denke net so korrup gemaak is, weg van die eenvoudigheid wat by Die Gesalfde

Een is,

4 want as iemand kom en ‘n ander Yeshua verkondig as wat ons verkondig het, of as

julle ‘n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ‘n ander goeie boodskap as

wat julle ontvang het, kan julle maklik oortuig word,

5 want ek dink nie ek het in enige iets tekort gekom teenoor dié ‘afgevaardigdes’ wat

vooruitgaan nie,

6 want selfs al is ek ook eenvoudig in my spraak, nie in my kennis nie, is dit in alles

aan julle openbaar.

7 Of het ek teen julle verkeerd gedoen deur my te verneder sodat julle verhoog kan

word en ek die goeie boodskap van God gratis aan julle verkondig het?

8 Ek het ander gemeentes beroof, deur vergoeding te kry, om julle te bedien;

9 en toe ek by julle was en gebrek gehad het, het ek niemand lastig geval nie, want die

broers wat van Makedonia af gekom het, het in my gebrek voorsien en ek het my in

alles weerhou om nie vir julle ‘n las te wees nie en sal my weerhou.

10 Die waarheid van Die Gesalfde Een is in my, sodat hierdie roem in die streke van

Agaia nie van my weggevat sal word nie.

2 Korinthiërs

11 Om watter rede? Omdat ek julle nie liefhet nie? God self weet.

12 Wat ek doen, sal ek voortgaan om te doen; om die beskuldigings af te sny van die

wat ‘n geleentheid soek om te roem, dat hulle dieselfde as ons gesien mag word,

13 want sulke mense is valse afgevaardigdes, misleidende werkers, wat hulleself

voordoen as afgevaardigdes van Die Gesalfde Een

14 en geen wonder nie, as hy, wat Satan is, homself voordoen as ‘n engel van lig!

15 Daarom is dit niks groots wanneer sy diensknegte hulle ook voordoen as diensknegte

van onpartydigheid en opregtheid nie, maar hulle einde sal wees volgens hulle

dade.

16 Ek sê weer dat niemand moet dink dat ek dwaas is nie; of anders, ontvang my as ‘n

dwaas sodat ek ook ‘n bietjie kan roem.

17 Alles wat ek sê, sê ek nie vanuit ons Meester nie, maar in dwaasheid op hierdie

geleentheid van roem.

18 Aangesien baie na die uiterlike roem, sal ek ook roem,

19 want julle luister graag na die dwase, omdat julle so wys is!

20 Julle verdra dit as iemand slawe van julle maak, as iemand julle verteer, as iemand

van julle vat, as iemand hom opblaas oor julle, as iemand julle in die gesig slaan.

21 Tot my oneer moet ek erken dat ons daarvoor te swak was, maar as iemand dit

waag, ek praat in dwaasheid, waag ek dit ook.

22 Is hulle Hebreërs? Ek is ook. Is hulle Yisra’eliete? Ek is ook. Is hulle die saad van

Avraham? Ek is ook.

23 Is hulle diensknegte van Die Gesalfde Een? Ek praat soos ‘n dwaas, ek nog meer,

deur oorvloediger werk, in ontelbare slaanwonde, in baie meer tronke, gereeld by

die dood.

24 Vyf maal het ek veertig houe op een na van die Jode gekry.

25 Drie maal is ek met stokke geslaan, een maal is ek gestenig, drie maal het ek

skipbreuk gely, ‘n nag en ‘n dag het ek sonder ‘n skip op die diepsee deurgebring,

26 gereeld op reis in gevaar van riviere, in gevaar van rowers, in gevaar van my

eie mense, in gevaar van die ander nasies, in gevaar in die stad, in gevaar in die

wildernis, in gevaar op see, in gevaar onder vals broers,

27 in harde werk en in uitputting, gereeld in slapeloosheid, in honger en dors, dikwels

sonder kos, in koue en naaktheid,

28 behalwe dit alles en die skares wat om my is, my daaglikse bekommernisse en die

omgee vir al die gemeentes.

29 Wie ly en ek ly nie ook nie? Vir wie word ‘n struikelblok in die pad gesit en ek is

nie aan die brand (woedend) nie?

30 As daar geroem moet word, sal ek in my swakheid roem.

31 Hy weet, die God en Vader van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, geseënd

tot in tydlose ewigheid, dat ek nie lieg nie.

32 In Dammesek het die hoof van die weermag van koning Aretas, die stad bewaak

om my te vang

33 en ek is in ‘n mandjie, deur ‘n venster in die muur, neergelaat en het ontsnap uit

hulle hande.

287

2 Korinthiërs

12 1 Om te roem is nodig, maar nie voordelig nie, want ek sal kom by visioene en

openbarings van ons Meester.

2 Ek het ‘n man geken, in eenheid met Die Gesalfde Een, wat veertien jaar gelede

weggeruk is tot in die derde hemel; of dit in die liggaam was, of buite die liggaam,

weet ek nie, God weet dit

3 en ek het so ‘n man geken; of dit in die liggaam of buite die liggaam was, weet ek

nie, God weet dit;

4 wat weggeruk is na Gan’Eden (Paradys) en onuitspreekbare woorde gehoor het wat

‘n mens nie mag uiter nie.

5 Oor so ‘n man sal ek roem, maar oor myself sal ek nie roem nie, behalwe net in

lyding,

6 want as ek wou roem, sou ek nie ‘n dwaas wees nie, want ek sou die waarheid praat,

maar ek doen dit nie sodat niemand my hoër mag reken as wat hy van my sien of

wat hy van my af hoor nie.

7 ‘n Doring is vir my in die vlees gegee sodat ek nie grootkop sou kry oor die

uitermatige grootheid van die openbaringe nie, ‘n boodskapper van die Satan, om

my met die vuis te slaan sodat ek nie grootkop sou kry nie.

8 Hieroor het ek drie maal van my Meester gevra om dit van my weg te vat

9 en Hy het vir my gesê: “My onverdiende guns is vir jou genoeg, want my

wonderwerkende krag word in swakheid volmaak gemaak.” Daarom sal ek met

blydskap in my swakhede roem sodat die krag van Die Gesalfde Een op my kan

rus.

10 As gevolg hiervan verbly ek my in lyding, in beledigings, in beproewings, in

vervolginge en in gevangenskap om die persoon van Die Gesalfde Een se onthalwe,

want as ek swak is, dan is ek sterk.

11 Let op; al roemende het ek dwaas geword. Julle het my daartoe gedwing, want

ek moes deur julle aanbeveel word, omdat ek in niks terugstaan by dié ‘groot

afgevaardigdes’ nie, al is ek niks nie.

12 Die tekens van ‘n afgevaardigde het ek onder julle gedoen met alle geduld en deur

heldedade, wonderwerke en wonderwerkende krag,

13 want wat is daar waarin julle oortref word deur die ander gemeentes, behalwe dat

ek persoonlik nie vir julle ‘n las was nie? Vergewe my hierdie verkeerdheid.

14 Let op! Ek is gereed om die derde keer na julle toe te kom en ek sal nie vir julle ‘n

las wees nie, want ek soek nie julle besittings nie, maar julle self, want dit is nie die

kinders wat vir die ouers moet opgaar nie, maar die ouers vir die kinders

15 en ek sal met vreugde kostes dra, ja, myself weggee ter wille van julle gees, selfs

al het julle my al minder lief, soos ek julle meer liefhet.

16 Miskien was ek nie ‘n las vir julle nie, maar omdat ek vernuftig was, het ek julle

met vernuf gevang.

17 Het ek my nie dalk vanuit julle bevoordeel deur een van die wat ek na julle gestuur

het nie?

18 Ek het Titos gevra en die broer saamgestuur. Het Titos hom dan vanuit julle

bevoordeel? Het ons nie in dieselfde Gees, in dieselfde pad geloop nie?

288

19 Dink julle weer dat ons onsself by julle verdedig? Ons praat in die teenwoordigheid

van God, in eenheid met Die Gesalfde Een en dit alles, tot julle waarvoor ons lief

is, se opbouing,

20 want ek vrees dat ek julle by my koms miskien nie sal kry soos ek wens nie; en

dat ek deur julle gevind sal word soos julle nie wens nie; dat daar stryery, jaloesie,

woede, verdeeldheid, kwaadpratery, skinder, ontevredenheid, verwaand-heid en

onstabiliteit sal wees;

21 dat my God my nie weer by julle sal verneder en ek sal treur oor baie van die

wat vroeër gesondig het en nie erken, berou en weggedraai het van die onreinheid,

seksuele oortredings en ongebondenheid wat hulle gedoen het, nie.

13 1 Hierdie is die derde keer dat ek na julle toe kom. In die mond van twee of drie

getuies sal alles vasstaan wat gesê word.

Deut 19:15

2 Korinthiërs

2 Ek het dit vroeër gesê en ek sê dit voor die tyd, soos toe ek die tweede keer daar

teenwoordig was, en ek skryf dit nou in my afwesigheid aan die wat vroeër gesondig

het en aan al die ander, dat as ek weer kom, ek nie sal spaar nie,

3 aangesien julle ‘n bewys soek dat Die Gesalfde Een in my praat. Hy is nie swak

teenoor julle nie, maar magtig onder julle,

4 want al is Hy gekruisig in swakheid, lewe Hy deur die krag van God, want ons is

ook swak in eenheid met Hom, maar ons leef saam met Hom, vir julle, deur die

wonderwerkende krag van God.

5 Ondersoek julleself of julle in vertroue staan. Toets julleself. Of is julle nie bewus

dat Yeshua, Die Gesalfde Een, in julle is nie? Indien nie, is julle waardeloos!

6 Ek verwag egter dat julle sal sien dat ons nie waardeloos is nie.

7 Ek bid tot God dat daar geen boosheid in julle mag wees nie, soos die bewyse

mag lyk nie, maar dat julle kan doen wat goed is, maar ons soos verwerplikes kan

wees,

8 want ons kan niks teen die waarheid doen nie, maar ter wille van die waarheid,

9 want ons is bly as ons swak is en julle sterk en hieroor bid ons ook, dat julle volmaak

word.

10 As gevolg hiervan skryf ek hierdie dinge in my afwesigheid sodat ek nie, as ek

teenwoordig is, ernstig hoef op te tree, volgens die outoriteit wat my Meester my

gegee het, om julle op te bou en nie af te breek nie.

11 Van nou af, broers, wees bly, word volmaak gemaak, word opgebou, wees een

van denke, leef in vrede en die God van liefde, vrede, gesondheid, voorspoed en

vergenoegdheid sal by julle wees.

12 Groet mekaar met ‘n afgesonderde soen.

13 Al die afgesonderdes groet julle.

14 Die vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid van ons Meester, Yeshua,

Die Gesalfde Een en die liefde van God en die gemeenskap van die Gees van

Afsondering bly by julle almal! Dit is waar!

289

Galatiërs

290

Die negende boek van die Nuwe Verbond

Die brief van Sha’ul, slaaf en afgevaardigde van Yeshua,

Die Gesalfde Een, aan die gemeentes in die Galatia-streek

in Asië.

Galatiërs

{ Galasiërs }

(Geskryf aan die kinders van God wat, as gemeentes, in

huise bymekaar gekom het.)

Dit is geskryf vanaf Korinthos in 57 of 58.

In Afrikaans vertaal vanuit die oorspronklike Aramese ‘Peshitta’ -

die taal wat Yeshua gepraat het.

Galatiërs

1 1 Sha’ul, ‘n afgevaardigde, nie vanaf mense of deur ‘n mens nie, maar deur Yeshua,

Die Gesalfde Een en God-die-Vader wat Hom uit die dood uit opgewek het

2 en al die broers wat by my is; aan die gemeente in Galatia:

3 Onverdiende guns vir julle en vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid van

God-die-Vader en van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een,

4 Hy wat Homself gegee het terwille van ons sondes, om ons te bevry uit hierdie bose

wêreld, volgens die wil van God, ons Vader,

5 aan wie die eer, lof en aanbidding toekom vir ‘n tydlose ewigheid! Dit is waar.

6 Ek verwonder my dat julle so vinnig weggedraai word van Die Gesalfde Een af. Hy

het julle deur Sy onverdiende guns geroep. Na ‘n ander ‘goeie boodskap’,

7 wat nie bestaan nie, is daar sommige mense wat julle lastig val en die goeie boodskap

van Die Gesalfde Een wil verdraai.

8 Selfs as ons, of ‘n boodskapper uit die hemel, vir julle ‘n goeie boodskap verkondig

anders as die goeie boodskap wat ons aan julle verkondig het, sal hy vervloek

wees!

9 Net soos wat ons dit van die begin af sê, sê ek nou ook weer: As iemand aan julle

‘n goeie boodskap verkondig anders as die wat julle ontvang het, sal hy vervloek

wees!

10 Soek ek inderdaad nou die aanvaarding van mense, of van God? Of probeer ek om

mense tevrede te stel? Want as ek tot nou toe mense tevrede gestel het, dan is ek nie

‘n slaaf van Die Gesalfde Een nie,

11 maar ek verklaar teenoor julle, my broers, dat die goeie boodskap wat deur my

verkondig is, nie ‘n goeie boodskap vanaf die mens is nie,

12 want ek het dit ook nie vanaf ‘n mens gekry of geleer nie, maar deur ‘n openbaring

vanaf Yeshua, Die Gesalfde Een,

13 want julle het gehoor van my vroeëre lewenswyse, wat in Judaïsme was, dat ek die

gemeente van God uitermate vervolg en dit vernietig het

14 en dat ek in Judaïsme uitgestyg het ver bo baie volksgenote van my eie ouderdom

en baie ywerig was aangaande die leringe van my voorvaders.

15 Toe God dit egter goed gedink het, wat my afgesonder het van die baarmoeder van

my moeder af en my deur Sy onverdiende guns geroep het,

16 om Sy Seun in my te openbaar sodat ek Hom onder die ander nasies sou verkondig,

het ek dit nie dadelik aan vlees en bloed openbaar nie

17 en ook nie na Yerushalayim opgegaan na die wat voor my afgevaardigdes was nie,

maar na Arabië gegaan en weer teruggekom na Dammesek.

18 Na drie jaar het ek na Yerushalayim opgegaan om Kefa te ontmoet en vyftien dae

by hom gebly

19 en ek het geen ander van die afgevaardigdes gesien nie, behalwe Ya’akov, die broer

van ons Meester.

20 Hierdie dinge wat ek vir julle skryf: Let op! In die Teenwoordigheid van God, ek

lieg nie!

21 Na hierdie dinge het ek na die streke van Sirië en Kilikia gegaan

22 en my gesig was onbekend by die gemeentes van die Gesalfde Een in Y’hudah,

291

Galatiërs

23 maar hulle het slegs gehoor: hy wat ons vroeër vervolg het, let op, verkondig nou

die vertroue wat hy vroeër omvergegooi het

24 en hulle het God geloof en prys vir my.

2 1 Na veertien jaar, het ek weer na Yerushalayim opgegaan saam met Bar-Nabba, en

ook vir Titos saamgevat,

2 maar ek het opgegaan op grond van ‘n openbaring en aan hulle die goeie boodskap

voorgelê wat ek onder die ander nasies verkondig; asook afsonderlik aan die wat in

aansien was sodat ek nie miskien tevergeefs sou loop of geloop het nie,

3 maar ook Titos, wat by my was, is nie gedwing om besny te word nie, alhoewel hy

‘n Arameër is,

4 ten spyte van valse broers, wat ingesluip het om op ons vryheid te spioeneer wat ons

in Die Gesalfde Een, Yeshua, het sodat hulle ons slawe kon maak;

5 teenoor wie ons egter nie ‘n oomblik in ondergeskiktheid toegegee het nie sodat die

waarheid van die goeie boodskap by julle kon voortgaan.

6 Die wat in aansien was, (wat hulle was, maak by my geen verskil nie, want God neem

nie die uiterlike persoon van die mens aan nie), het niks vir my bygevoeg nie,

7 maar, inteendeel, hulle het gesien dat aan my die goeie boodskap vir die onbesnedenes

toevertrou is, net soos aan Kefa dié vir die besnedenes,

8 want Hy wat Kefa bekragtig het as die afgevaardigde vir die besnedenes, het my ook

bekragtig as afgevaardigde vir die ander nasies.

9 Toe hulle die onverdiende guns herken wat aan my gegee is, het Ya’akov, Kefa

en Yoganan, wat as pilare beskou is, aan my en Bar-Nabba die regterhand van

gemeenskap gegee sodat ons na die ander nasies, maar hulle na die besnedenes,

kon gaan.

10 Ons moes slegs ook die armes onthou, wat vir my belangrik was om te doen,

11 maar toe Kefa in Antiogeia gekom het, het ek hom in sy gesig teëgestaan, omdat

hulle deur hom gestruikel het,

12 want voordat sommige van Ya’akov af gekom het, het hy saam met die ander

nasies geëet, maar ná hulle koms het hy hom onttrek en hom eenkant gehou omdat

hy bang was vir die wat uit die besnydenis is

13 en saam met hom het ook ander van die Jode toegegee hieraan sodat selfs Bar-

Nabba hom laat lei het deur hulle valse toneelspel.

14 Toe ek egter sien dat hulle nie opreg optree volgens die waarheid van die goeie

boodskap nie, het ek vir Kefa ten aanskoue van almal gesê: “As jy wat ‘n Jood is,

soos ‘n Arameër leef en nie soos ‘n Jood nie, waarom dwing jy die ander nasies om

soos Jode te lewe?

15 Ons wat van nature Jode en nie sondaars vanuit die ander nasies is nie,

16 weet dat die mens nie onskuldig verklaar word vanuit die doen van die geskrewe

wet nie, maar deur die vertrouenswaardigheid van Yeshua, Die Gesalfde Een. Ook

ons het in Die Gesalfde Een, Yeshua, vertrou sodat ons onskuldig verklaar kan word

vanuit die vertroue van Die Gesalfde Een en nie vanuit die doen van die geskrewe

wet nie, omdat uit die doen van die geskrewe wet geen mens onskuldig verklaar sal

Ps 143:2

word nie,”

292

Galatiërs

17 maar as ons, wat begeer om in eenheid met Die Gesalfde Een, onskuldig verklaar

te word, self ook gevind word om sondaars te wees, is Die Gesalfde Een dan ‘n

bedienaar van die sonde? ‘n Verwerplike gedagte!

18 Want as ek weer opbou wat ek afgebreek het, dan wys ek myself dat ek die verbond

oortree,

19 want ek het deur die geskrewe wet vir die geskrewe wet gesterf om vir God te

leef.

20 Ek is saam met Die Gesalfde Een gekruisig en van toe af aan is dit nie meer ék

wat self leef nie, maar Die Gesalfde Een leef in my. Dit wat ek nou in die menslike

natuur leef, leef ek deur die vertroue van die Seun van God wat ons liefgehad het en

Rom 6:1-8:13

Homself vir ons gegee het.

21 Ek verwerp nie die onverdiende guns van God nie, want as daar onpartydigheid

en opregtheid deur die geskrewe wet is, dan het Die Gesalfde Een sonder rede

gesterf.

3 1 O, dwase Galatiërs, wie het julle laat uitval, want let op, soos Hy voor julle oë as

die Ambagsman uitgebeeld is, Yeshua, Die Gesalfde Een, toe Hy gekruisig is,

2 wil ek alleen dit van julle weet: Het julle die Gees ontvang vanaf die doen van die

geskrewe wet of vanaf die vertroue in wat julle gehoor het?

3 Is julle so dwaas? Dat julle met die Gees begin het en nou met die menslike natuur

eindig?

4 Het julle al hierdie dinge sonder rede gely? O, dat dit sonder rede was!

5 Voorsien Hy daarvolgens aan julle die Gees en werk wonderwerkende kragte onder julle

vanuit die doen van die geskrewe wet of vanuit die vertroue in wat julle gehoor het,

6 net soos Avraham in God vertrou het en dit vir hom tot onpartydigheid en opregtheid

Gen 15:6

bereken is?

7 Weet daarom dat dié wat uit die vertroue is, húlle is kinders van Avraham.

8 God het van voor dít af geweet dat die ander nasies vanuit vertroue onskuldig

verklaar sou word, voordat aan Avraham die goeie boodskap verkondig is, soos die

Gen 12:3

afgesonderde Skrifte sê: “In jou sal al die nasies geseën word.”

9 So word die wat vertrou, geseën saam met die vertrouende Avraham,

10 want almal wat vanuit ‘die doen van die geskrewe wet’ is, is onder ‘n vloek, want

daar is geskryf: “Vervloek is elkeen wat nie voortdurend alles sal doen wat in hierdie

Deut 27:26

wet geskryf is nie.”

11 Dat ‘n mens nie deur die geskrewe wet by God onskuldig verklaar word nie, is

Hav 2:4

openbaar, want dit is geskrywe: “Die onskuldige sal deur vertroue leef,”

12 maar die geskrewe wet was nie vanuit vertroue nie, maar wie ookal dié dinge doen

Lev 18:5

wat daarin geskrywe is, sal daarin lewe.”

13 Die Gesalfde Een het ons losgekoop

293

Deut 27-28 vanuit die vloek van die geskrewe wet

en in ons plek ‘n vloek geword, want daar is geskryf: “Vervloek is elkeen wat aan

Deut 21:22-23

‘n hout hang”

14 sodat die seën van Avraham onder die ander nasies kan kom in eenheid met

Die Gesalfde Een, Yeshua en dat ons die belofte van die Gees deur vertroue mag

ontvang.

Galatiërs

15 Broers, ek praat menslikerwys: Dat ‘n menslike verbond, as dit bekragtig is, nie

deur ‘n mens verwerp word of enige iets daarin verander nie.

16 Die beloftes is aan Avraham belowe en aan sy Saad. Hy sê nie vir hom: ‘Aan jou

sade,’ asof dit na baie wys nie, maar “Aan jou Saad,” Gen 12:7, 13:15, 17:7, 24:7 soos na Een:

Hom wat Die Gesalfde Een is,

17 maar ek sê dít: Dat die verbond wat deur God, in Die Gesalfde Een, van die begin

af bekragtig is, nie deur die geskrewe wet, wat vier honderd en dertig jaar later

gekom het, gekanselleer is om so die belofte tot niet te maak nie,

18 maar as die erfenis vanuit die geskrewe wet is, dan is dit nie meer vanuit die belofte

nie, maar God het dit aan Avraham deur ‘n belofte gegee.

19 Hoekom dan die geskrewe wet? Dit is bygevoeg omrede die afdwaling, totdat die

Saad sou kom, Hom vir wie die belofte gemaak is en daardie geskrewe wet is deur

engele gegee in die hand van ‘n tussenganger,

20 maar daar is nie ‘n ander Tussenganger nie, maar God is Een.

21 Is die wet daarom teenoorgesteld aan die beloftes van God? ‘n Verwerplike

gedagte! Want as daar ‘n wet gegee was wat in staat is om lewe te gee, dan sou die

onpartydigheid en opregtheid waarlik vanaf die wet wees.

22 Die Skrif het alles ingesluit onder die sonde sodat die belofte, deur die vertroue van

Yeshua, Die Gesalfde Een, aan die wat vertrou, gegee kon word,

23 maar voordat die vertroue gekom het, is daar deur die wet oor ons waggestaan,

terwyl ons ingesluit was in die vertroue wat op die punt was om geopenbaar te

word.

24 Die geskrewe wet was dus vir ons ‘n gids na Die Gesalfde Een toe sodat ons

onskuldig verklaar kan word deur vertroue,

25 maar toe die vertroue gekom het, was ons nie onder ‘n gids nie,

26 want julle is almal kinders van God deur die vertroue van Yeshua, Die Gesalfde

Een,

27 want julle almal wat in Die Gesalfde Een gedoop is, het Die Gesalfde Een

aangetrek.

28 Daar is nie Jood of Arameër nie, daar is nie slaaf of vryman nie, daar is nie man en

vrou nie, want julle is almal een in eenheid met Die Gesalfde Een, Yeshua.

29 As julle aan Die Gesalfde Een behoort, dan is julle die saad van Avraham en volgens

die belofte, erfgename.

4 1 Ek sê: So lank as die erfgenaam ‘n kind is, verskil hy nie van die slawe nie, terwyl

hy hulle almal se meester is,

2 maar hy staan onder voogde en toesighouers tot op die tyd, soos deur sy vader

bepaal is.

3 So was ons ook, toe ons kinders was, in slawerny onder die beginsels van die

wêreld,

4 maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun gestuur. Hy was vanuit

‘n vrou, onder die geskrewe wet,

5 om die wat onder die geskrewe wet was, los te koop en ons die posisie as kinders

kon ontvang,

294

Galatiërs

6 maar omdat julle kinders is, het God die Gees van Sy Seun in julle verstand, wil en

emosie gestuur, wat uitroep: ‘Vader, ons Vader!’

7 Daarom is julle nie slawe nie, maar kinders; en as julle kinders is, dan ook erfgename

van God deur Yeshua, Die Gesalfde Een,

8 maar toe julle God nie geken het nie, het julle daardie gedien wat van nuture geen

god is nie,

9 maar nou dat julle God ken en spesifiek, omdat julle deur God geken is, draai julle

weer terug na die siek en swak beginsels om weer van voor af aan hulle onderworpe

te wees.

10 Julle hou dae, maande, vasgestelde tye en jare.

11 Ek is bang dat ek miskien doelloos aan julle gewerk het.

12 Broers, ek smeek julle, word soos ek, want ek het soos julle geword. Julle het geen

onreg aan my gedoen nie,

13 maar julle weet dat ek vroeër deur my swakheid van liggaam die goeie boodskap

aan julle verkondig het

14 en julle het die toets aan my liggaam nie verag of verwerp nie, maar julle het my

ontvang as ‘n boodskapper van God, asóf Die Gesalfde Een, Yeshua self.

15 Waar is dan julle lofverklaring? Want ek getuig van julle dat julle, as dit moontlik

was, julle oë sou uitgrawe en vir my sou gee.

16 Het ek julle vyand geword, omdat ek aan julle die waarheid verkondig het?

17 Hulle wedywer na julle nie vir julle beswil nie, maar om julle te onderdruk sodat

julle hulle kan navolg.

18 Dit is goed as julle streef na iets goeds en nie alleen wanneer ek by julle is nie.

19 My kinders, vir wie ek weer van voor af in geboortepyne is, totdat Die Gesalfde

Een in julle gevorm word,

20 ek verkies om nou by julle te wees en my stem te verander, omdat ek nie raad het

met julle nie.

21 Julle wat onder die geskrewe wet wil wees, sê vir my, verstaan julle nie wat die

geskrewe wet sê nie?

22 Want daar is geskrywe: “Avraham het twee seuns gehad, een vanuit ‘n slavin en

Gen16, 21:1-21

een vanuit ‘n vry vrou,

23 maar hy wat vanuit die slavin gebore is, is na die vlees gebore, maar die een vanuit

Gen 18:9-15

die vry vrou deur die belofte.

24 Hierdie is ‘n illustrasie van twee verbonde: Een, wat kom van die berg Sinai, wat

geboorte gee in slawerny: dit is Hagar,

25 want Hagar staan vir die berg Sinai wat in Arabië is en kom ooreen met die

Yerushalayim van nou wat saam met haar kinders in slawerny is,

26 maar Yerushalayim daarbo is vry: wat ons moeder is,

27 want daar is geskryf: “Verbly jou, onvrugbare wat nie voortbring nie! Breek uit en

roep, jy wat geen geboortepyne het nie, want die kinders van die eensame is meer

Yes 54:1

as van haar wat ‘n man het!”

28 Ons, my broers, is egter net soos Yitz’gak, kinders van die belofte,

29 maar net soos toe hy wat na die menslike natuur gebore is, hom wat na die Gees

was, vervolg het, net so is dit ook nou,

295

Galatiërs

30 maar wat sê die Skrif? ‘Gooi die slavin en haar seun uit, want die seun van die

Gen 21:10

slavin sal nie saam met die seun van die vry vrou erf nie’.

31 Ons is daarom, my broers, nie kinders van die slavin nie, maar van die vry vrou.

5 1 Daarom, staan vas in die vryheid waarmee Die Gesalfde Een ons vrygemaak het

en moenie weer in die juk van slawerny gejuk word nie.

2 Let op! Ek, Sha’ul, sê vir julle dat as julle jul laat besny, Die Gesalfde Een vir julle

geen voordeel inhou nie

3 en ek getuig dit weer aan elke mens wat besny is, dat hy verskuldig is om die hele

geskrewe wet na te kom.

4 As jy onskuldig verklaar wil word deur die wet, is jy afgesny van Die Gesalfde Een.

Julle het weggeval van die onverdiende guns af,

5 want dit is deur die Gees, vanuit vertroue, dat ons ‘n aktiewe verwagting het tot

onpartydigheid en opregtheid,

6 want in eenheid met Die Gesalfde Een, Yeshua, is nòg die besnydenis nòg die

onbesnedenheid enige iets, maar vertroue wat deur liefde volmaak gemaak is.

7 Julle het goed gehardloop. Wie het julle verhinder om die waarheid te gehoorsaam?

8 Julle oortuiging is nie vanaf Hom wat julle geroep het nie.

9 ‘n Bietjie suurdeeg maak al die deeg suur.

10 Ek vertrou dat, in eenheid met die Meester, julle nie ander dinge sal oorweeg nie,

maar die een wat dit vir julle moeilik maak, sal die oordeel dra; wie dit ookal mag

wees.

11 Ek, my broers, as ek steeds die besnydenis verkondig, waarom word ek nog

vervolg? Dan is die struikelblok van die kruisiging tog vernietig!

12 Ek wens, dat dié wat julle moeilikheid gee, alles wil afsny!

13 Want julle is tot vryheid geroep, my broers; moet net nie dat julle vryheid ‘n

geleentheid wees vir die vleeslike natuur nie, maar julle behoort mekaar deur liefde

te dien,

14 want die hele geskrewe wet word deur een boodskap volledig gemaak: “Jy moet

Lev 19:18

jou medemens liefhê net soos jouself,”

15 maar as julle mekaar byt en opeet, pas op dat julle nie deur mekaar verslind word nie.

16 Ek sê: Leef in die Gees, dan sal julle nooit die begeertes van die menslike natuur

uitvoer nie,

17 want die menslike natuur begeer die teenoorgestelde as die Gees en die Gees die

teenoorgestelde as die menslike natuur. Hulle staan teenoor mekaar sodat julle nie

kan doen wat julle wil doen nie,

18 maar as julle in die Gees gelei word, is julle nie onder die wet nie,

19 maar die dade van die menslike natuur is bekend; dit is: Seksuele oortredings,

onreinheid, owerspel,

20 aanbidding van afgode, towery, haat, vyandskap, wedywering, woede, naywer,

tweedrag, verdeeldheid,

21 jaloesie, moord, dronkenskap, orgies en soortgelyke dinge; en dat die wat hierdie

dinge doen, soos ek vroeër gesê het en nou weer sê, nie die Koninkryk van God sal

erf nie.

296

Galatiërs

22 Die vrugte van die Gees is liefde, blydskap, vrede, gesondheid, voorspoed en

vergenoegdheid, geduld, sagte omgee, goedheid, vertroue,

23 nederigheid en volharding. Teen sulke dinge is die wet nie opgestel nie,

24 maar dié wat aan Die Gesalfde Een behoort, het die menslike natuur met al sy

siektes en begeertes gekruisig.

25 Ons moet daarom in die Gees leef en aan die Gees oorgee

26 en laat ons nie sonder lof en eer wees nie; mekaar slegmaak en jaloers wees op

mekaar nie.

6 1 My broers, as een van julle deur een of ander oortreding oorval word, moet julle

wat in die Gees is, so een herstel met die gees van sagtheid en nederigheid, en wees

versigtig, dat jy nie ook getoets word nie.

2 Dra mekaar se laste, want so vervul jy die wet van Die Gesalfde Een,

3 want as iemand dink dat hy iéts is, terwyl hy niks is nie, mislei hy homself,

4 maar ‘n man moet sy eie dade toets, dan sal hy in homself kan roem en nie ander

nie,

5 want elkeen moet sy eie taak dra.

6 Hy wat in die boodskap lering ontvang, moet van alles wat goed is deel met hom

wat vir hom lering gee.

7 Moenie ‘n fout maak nie, God laat Hom nie beskaam nie, want enige iets wat die

mens saai, dit sal hy ook oes.

8 Hy wat in sy menslike natuur saai, sal vanuit die menslike natuur vernietiging oes,

maar hy wat in die Gees saai, sal vanuit die Gees die ewige lewe oes.

9 Wanneer ons doen wat goed is, moenie dat dit moeitevol wees nie, want op die

bepaalde tyd sal ons self oes as ons nie moeg word nie.

10 Nou, daarom, terwyl ons tyd het, laat ons aan almal goed doen, maar spesifiek aan

die familie van hulle wat vertrou.

11 Sien die skrif wat ek met my eie hand aan julle skryf.

12 Díé wat in die menslike natuur wil roem, dié dwing julle om julle te laat besny,

want net in die besnydenis sal hulle nie vervolg word in Die Gesalfde Een nie,

13 want hulle wat besny word, gehoorsaam self ook nie die wet nie, maar hulle wil dat

julle besny word, sodat hulle in julle liggame kan roem,

14 maar wat my aanbetref: Ek sal nie roem nie, behalwe in eenheid met die kruisiging

van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, deur wie die wêreld vir my gekruisig

is en ek vir die wêreld,

15 want nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid het enige krag, maar ‘n nuwe

skepping.

16 Vir díé wat met díe pad saamstem: vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid

en aktiewe omgee sal oor julle wees en oor die Yisra’el van God!

17 Daarom moet niemand probleme op my plaas nie, want ek het die merke van die

Meester Yeshua in my liggaam ontvang.

18 Die onverdiende guns van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, bly met julle

gees, my broers! Dit is waar!

297

Efesiërs

298

Die tiende boek van die Nuwe Verbond

Die brief van Sha’ul, slaaf en afgevaardigde van Yeshua,

Die Gesalfde Een, aan die gemeente in Efesos.

Efesiërs

{ Efesiërs }

( Geskryf aan die kinders van God wat, as gemeentes, in

huise bymekaar gekom het )

Dit is geskryf vanaf Rome tydens Sa’ul se gevangenskap in

die jaar 62.

In Afrikaans vertaal vanuit die oorspronklike Aramese ‘Peshitta’ -

die taal wat Yeshua gepraat het.

Efesiërs

1 1 Sha’ul, ‘n afgevaardigde van Yeshua, Die Gesalfde Een, deur die wil van God, aan die

afgesonderdes wat in Efesos is; afgesonder en getrou in Yeshua, Die Gesalfde Een:

2 Vrede, vergenoegdheid, gesondheid en voorspoed vir julle en onverdiende guns

vanaf God, ons Vader en ons Meester Yeshua, Die Gesalfde Een!

3 Geseënd is God, die Vader van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, wat ons

geseën het met al die seëninge van die Gees in die hemel, in eenheid met Die

Gesalfde Een

4 net soos Hy ons vroeër, in eenheid met Hom gekies het, van voor die ontstaan van

die wêreld af, om afgesonderd en sonder vlek in Sy Teenwoordigheid te wees en ons

vroeër in liefde vir Homself aangestel het

5 en ons as kinders vasgestel het deur Yeshua, Die Gesalfde Een, want dit stel Sy wil

tevrede

6 sodat die eer en lof van Sy onverdiende guns geprys kan word, wat oorvloei op ons

deur die Een wat Hy liefhet,

7 want in Hom is daar vir ons vryspraak en deur Sy bloed die vergifnis van sondes

volgens die rykdom van Sy onverdiende guns,

8 wat oorvloedig in ons is in alle wysheid en verstandelike insig.

9 Hy het ook aan ons die geheime van Sy wil geleer, dit wat Hy vroeër besluit het om

in Homself te doen

10 vir die administrasie van die einde van tye; dat alle dinge, die hemel en in die aarde,

deur Die Gesalfde Een van voor af nuut gemaak word.

11 In eenheid met Hom is ons gekies soos Hy ons vroeër aangestel het en het Hy gewil

dat Hy alles sal doen volgens die raad van Sy wil,

12 sodat ons, wat eerste ‘n versekerde verwagting in Die Gesalfde Een gehad het, kan

wees tot eer en lof van Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid,

13 dat julle ook, die boodskap van die waarheid, die goeie boodskap van julle redding

deur Hom, gehoor het, in wie julle vertrou het en julle geseël is in die Gees van

Afsondering wat belowe is,

14 wat die waarborg is van ons erfenis, tot die losprys van hulle wat gered is en vir die

eer en lof van Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid.

15 Om hierdie rede, let op, vandat ek gehoor het van julle vertroue wat in ons Meester

Yeshua is en julle liefde tot die afgesonderdes,

16 hou ek nie op om dankie te sê vir julle en om julle te onthou in my gebede nie

17 sodat die God van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, die Vader van eer, lof

en aanbidding, aan julle die Gees van wysheid en openbaring gee saam met kennis

van Hom

18 en dat die oë van julle verstand wil en emosie verhelder sal word sodat julle kan

weet wat die versekerde verwagting van Sy roeping en wat die rykdom van Sy

erfdeel van eer en lof is onder die afgesonderdes;

19 en wat die oorvloedige grootheid van Sy wonderwerkende krag is, in ons wat

vertrou, volgens die effektiewe aksie van Sy krag

20 wat Hy gewerk het in Die Gesalfde Een toe Hy Hom uit die dood uit opgewek het

Ps 110:1

en Hom laat sit het aan Sy regterhand in die hemel,

299

Efesiërs

21 vêr bo alle heersers en outoriteit en wonderwerkende kragte en meesters en elke naam

wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in dié een wat kom.

22 Hy het alles in gehoorsaamheid onder Sy voete gesit Ps 8 en Hom wat hoër as alles

is, as Hoof oor die gemeente gegee,

23 wat Sy Liggaam is, die volledigheid van Hom wat alles in almal volledig maak.

2 1 Wat selfs julle volledig maak, wat dood was in julle sondes en in julle

dwaashede

2 waarin julle vroeër geleef het, volgens die sekulêre lewe van hierdie wêreld en

volgens die heersers, die outoriteit van die lug en van hierdie gees wat ywerig is in

die kinders van ongehoorsaamheid,

3 in daardie werke waarin ons ook een of ander tyd aan die begin betrokke was, in die

begeertes van ons menslike natuur en toe ons die wil van ons menslike natuur en

van ons eie gedagtes gedoen het. Ons was ook volkome kinders van die wraak, net

soos ook die ander,

4 maar God, wat ryk is in omgee, het, as gevolg van Sy groot liefde waarmee Hy ons

liefgehad het,

5 toe ons dood was in ons sonde, vir ons lewe gegee saam met Die Gesalfde Een en

ons deur Sy onverdiende guns gered

6 en ons saam met Hom opgewek en ons saam met Hom laat sit in die hemel in Die

Gesalfde Een, Yeshua,

7 om aan die tydperk wat kom, die oorvloedige rykdom van Sy onverdiende guns in

goedheid met sagtheid, wat oor ons gekom het in Die Gesalfde Een, Yeshua, te kan

wys,

8 want dit is deur Sy onverdiende guns dat ons gered is, deur die vertroue en dit is nie

uit julleself nie, dit is ‘n geskenk van God.

Yir 9:23

9 Nie vanuit dade nie sodat niemand kan roem nie,

10 want ons is Sy skepsele, wat geskape is in Die Gesalfde Een, Yeshua, vir die goeie

dade wat God van die begin af voorberei het vir ons om in te leef.

11 As gevolg hiervan, onthou dat julle vroeër nie-Jode in die vlees was en ‘onbesnydenis’

genoem is deur dié wat ‘die besnydenis’ genoem word, en ‘n werk is wat aan die

vlees met hande gedoen word;

12 dat julle in daardie tyd sonder Die Gesalfde Een was, vreemdelinge van die nasionale

lewe van Yisra’el en vreemdelinge aan die verbond van die belofte, sonder aktiewe

verwagting en sonder God in die wêreld.

13 Nou, in Die Gesalfde Een, Yeshua, het julle wat vroeër op ‘n afstand was, naby

gekom deur die bloed van Die Gesalfde Een,

14 want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding

vernietig het.

15 In Sy Liggaam het Hy die haat tot niet gemaak, die wet van opdragte in Sý opdragte

gekanseleer sodat Hy vir die twee, in Sy liggaam, een nuwe mens kon skep en Hy

het vrede gemaak.

16 Hy het die twee se verhouding met God herstel in Een liggaam en deur Sy kruisiging

die haat doodgemaak.

300

Efesiërs

17 Hy het gekom en die goeie boodskap van vrede, vergenoegdheid, gesondheid en

Yes 57:19

voorspoed aan julle wat vêr was en aan die wat naby was verkondig,

18 want in Hom is daar vir ons albei toegang deur een Gees tot die Vader.

19 Daarom is julle nie meer vreemdelinge en besoekers nie, maar inwoners van die

stad van die Afgesonderde Een en kinders van die familie van God.

20 Julle word opgebou op die fondasie van die afgevaardigdes en die profete, met

Ps 118:22-23, Yes 2:16

Yeshua, Die Gesalfde Een, self die Hoeksteen van die gebou.

21 In Hom word die hele gebou aanmekaar gesit en dit groei tot ‘n afgesonderde

tempel in eenheid met ,

22 terwyl julle ook vir Hom gebou word tot ‘n blyplek van God in die Gees.

3 1 Om hierdie rede is ek, Sha’ul, die gevangene van Die Gesalfde Een, Yeshua, vir

júlle van ander nasies, se ontwil.

2 As julle gehoor het van die toepassing van die onverdiende guns van God wat aan

my gegee is tussen julle,

3 dat Hy aan my deur ‘n openbaring die geheim, soos ek vroeër in kort geskryf het,

geleer het;

4 waardeur julle, as julle dit lees, my insig in die geheim van Die Gesalfde Een kan

verstaan,

5 wat in ander generasies nie aan die kinders van die mens bekend gemaak is soos dit

nou aan Sy afgesonderde afgevaardigdes en profete openbaar word deur die Gees

nie:

6 dat die ander nasies mede-erfgename is, lede van Sy liggaam en van die belofte wat

in Hom gegee is deur die goeie boodskap.

7 Dit waarvan ek ‘n bedienaar geword het, volgens die geskenk van die onverdiende

guns van God wat aan my gegee is volgens die aksie van Sy wonderwerkende krag.

8 Aan my, die geringste van al die afgesonderdes, is hierdie onverdiende guns gegee

om onder die ander nasies die goeie boodskap van die rykdom van Die Gesalfde

Een, wat nie ondersoek word nie, te verkondig

9 en ek elke persoon die lig laat sien deur die toepassing van die geheim, wat verborge

was vir die wêreld, in God, Skepper van alles

10 sodat die groot en omvattende wysheid van God, deur die heersers en outoriteite

wat in die hemele is, deur die gemeente geken sal word.

11 Dit wat Hy voorbereid gehad het vanaf ewigheid en uitgevoer het in Yeshua, Die

Gesalfde Een, ons Meester,

12 in wie ons vrymoedigheid en toegang het, in die versekering van Sy vertroue.

13 As gevolg hiervan vra ek dat julle nie swak word deur my beproewinge ter wille

van julle nie, want dit is julle eer en lof

14 en ek buig my knieë voor die Vader van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een,

15 vanaf wie elke vaderskap in die hemele en op die aarde sy karakter en outoriteit

ontvang

16 sodat Hy aan julle kan gee volgens die rykdom van Sy Gemanifesteerde

Teenwoordigheid om met wonderwerkende krag in Sy Gees te bevestig, dat in julle

innerlike mens,

301

Efesiërs

17 Die Gesalfde Een deur vertroue mag bly en dan in julle verstand, wil en emosie, in

liefde, julle wortel en fondasie bevestig

18 sodat julle saam met al die afgesonderdes kan ontdek wat die breedte, lengte,

diepte en hoogte is

19 en julle die grootheid van die kennis van die liefde van Die Gesalfde Een kan ken

en gevul word met al die volheid van God.

20 Aan Hom wat meer as kragtig is, om vir ons te doen ver bo alles wat ons vra of

dink, volgens Sy wonderwerkende krag wat in ons werk,

21 die eer, lof en aanbidding in Sy gemeente, in eenheid met Die Gesalfde Een,

Yeshua, deur alle geslagte vir tydlose ewigheid! Dit is waar!

4 1 Daarom doen Ek ‘n beroep op julle, ek, ‘n gevangene in eenheid met ons Meester,

om waardig te leef aan die roeping waarmee julle geroep is:

2 In alle nederigheid van gedagte, stil, met verdraagsaamheid en met geduld teenoor

mekaar in liefde.

3 Wees ywerig om die eenheid van die Gees te beskerm deur die bande van vrede,

4 dat julle in een liggaam en in een Gees sal wees, net soos toe julle geroep is in een

versekerde verwagting van julle roeping,

5 want daar is een , een vertroue, een doop,

6 een God-die-Vader van almal, wat oor almal en by almal en in ons almal is.

7 Aan elkeen van ons is onverdiende guns gegee volgens die grootte van die geskenk

van Die Gesalfde Een.

8 As gevolg hiervan word gesê: “Hy het opgevaar na die hoogte en het die gevangenskap

Ps 68:19

gevange geneem en geskenke aan die mense gegee.”

9 Dít: ‘Hy het opgevaar’, wat beteken dit anders as dat Hy ook eers afgekom het na

die laer dele van die aarde?

10 Die Een wat afgekom het, is dieselfde Een wat opgegaan het vêr bo al die hemele

sodat Hy alles kon herstel

11 en Hy het sommige as afgevaardigdes, sommige as profete, sommige as boodskappers

van die goeie boodskap en sommige as herders en sommige as leermeesters

gegee,

12 om die afgesonderdes volledig te maak vir hulle dade in die bediening tot opbouing

van die liggaam van Die Gesalfde Een,

13 totdat ons almal een sal wees in vertroue en in kennis van die Seun van God, een

man, tot die mate van die volgroeidheid van Die Gesalfde Een.

14 Ons sal ook nie meer kinders wees wat geskud word en gepla word deur elke wind van

lering nie; deur die bedrog van mense, wat deur slinksheid beplan om te mislei nie,

15 maar ons is standvastig in liefde, dat alles waarmee ons besig is mag vermeerder in

Die Gesalfde Een, wat die Hoof is

16 en vanuit Hom is die hele liggaam inmekaargepas en een gemaak by elke ligament,

volgens die gawe wat elke ledemaat na mate ontvang het, vir die groei van Sy

liggaam sodat Sy gebou in liefde voltooi kan word.

17 Dit sê ek en getuig ek in , dat julle van nou af nie langer moet leef soos dié

ander van ander nasies, wat leef in die leegheid van hulle denke, nie.

302

Efesiërs

18 Hulle is donker in hulle intellek en vreemdelinge aan die lewe van God, want hulle

het nie kennis nie, as gevolg van die blindheid van hulle verstand, wil en emosie;

19 hulle wat hulle hoop afgesny het en hulle gees oorgegee het aan wellustigheid en

die ontwikkeling van allerhande onreinhede in hulle gulsigheid,

20 maar julle het nie so geleer van Die Gesalfde Een nie,

21 as julle inderdaad na Hom geluister het en deur Hom geleer is, aangesien alles wat

waarheid is in Yeshua is:

22 Dat julle, die vorige optrede van die ou mens moet afgooi wat korrup is deur die

begeertes van misleiding.

23 Julle moet die gees van julle denke voortdurend vernuwe

24 en die nuwe mens aantrek wat in God, in onpartydigheid, opregtheid en in die

reinheid van die waarheid geskape is.

25 As gevolg hiervan, gooi die leuens af en praat die waarheid, elkeen met sy

medemens, Sag 8:16 want ons is mekaar se ledemate.

26 Word kwaad en moenie sondig nie; Ps 4:5 laat die son nie ondergaan oor julle woede

nie

27 en gee ook geen plek aan die Lasteraar nie.

28 Hy wat gesteel het, moet van nou af nie steel nie, maar laat hom hard werk met sy

hande en maak wat goed is sodat hy iets kan hê om te gee aan die een wat gebrek het.

29 Laat daar geen haatlike woorde uit julle mond uitgaan nie, maar wat goed is en

bruikbaar vir die nodige opbouing sodat jy onverdiende guns kan gee aan die wat

dit hoor

30 en moet ook nie die Gees van Afsondering van God, in Wie julle verseël is tot die

dag van bevryding, droewig maak nie.

31 Alle bitterheid, woede, toorn, geskree en beledigings moet van julle af weggevat

word, saam met alle boosheid,

32 maar wees sag en vol omgee teenoor mekaar; vergewe mekaar net soos God ons

ook in Die Gesalfde Een vegewe het.

5 1 Wees julle daarom nabootsers van God soos kinders waarvoor Hy lief is

2 en leef in liefde, net soos Die Gesalfde Een ons ook liefgehad het en Homself vir ons

oorgegee het as ‘n offer en slagoffer aan God tot ‘n soet reuk,

3 maar seksuele oortredinge en alle onreinheid of gulsigheid moet onder julle selfs nie

genoem word nie, soos dit gepas is by afgesonderdes.

4 Ook nie beledigende, dwase, growwe of onsinnige praatjies, wat nie nodig is nie,

maar eerder van dankbaarheid,

5 want hierdie weet julle, dat daar vir die seksuele oortreder of onreine of gierigaard,

wat ‘n afgodsaanbidder is, nie ‘n erfporsie is in die Koninkryk van Die Gesalfde

Een en van God nie.

6 Laat niemand julle met leë woorde mislei nie, want daardeur kom die woede van

God oor die kinders van die ongehoorsaamheid.

7 Daarom, word nie vennote saam met hulle nie,

8 want julle was eers duisternis, maar nou is julle lig in eenheid met ons Meester. Leef

daarom soos kinders van die Lig,

303

Efesiërs

9 want die vrug van die Lig bestaan in alle goedheid, onpartydigheid, opregtheid en

waarheid.

10 Onderskei wat voor ons Meester aanvaarbaar is

11 en moet ook nie gemeenskap hê met diensknegte van die duisternis nie, want daar

is geen vrug in hulle nie, maar jy moet hulle bestraf,

12 want wat hulle in die privaatheid doen is afskuwelik, selfs om te noem,

13 maar alles word uitgewys vanuit die lig en word openbaar, want alles wat iets

openbaar, is lig.

14 Daarom word dit gesê: “Word wakker, jy wat slaap en staan op vanuit die wat dood

is en Die Gesalfde Een sal jou verlig.”

15 Kyk daarom presies hoe julle leef: eerbaar, nie soos dwase nie, maar soos wyses

16 wat hulle geleenthede uitkoop, omdat die dae boos is.

17 As gevolg hiervan moet julle nie dwaas word nie, maar verstaan wat die wil van

die Meester is.

18 Moenie dronk word van wyn nie, daarin is losbandigheid, maar word voortdurend

met die Gees vervul.

19 Praat met julleself in psalms, lofliedere en liedere van die Gees en sing in julle

gedagtes en emosie tot .

20 Gee altyd dank tot God-die-Vader vir almal, in die Karakter en Outoriteit van ons

Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een,

21 en wees aan mekaar gehoorsaam in die liefde van Die Gesalfde Een.

22 Vroue, wees aan julle eie mans gehoorsaam, net soos aan ons Meester,

23 want die man is die hoof van die vrou, net soos Die Gesalfde Een ook Hoof is van

die gemeente; en Hy is die Redder van die liggaam,

24 maar soos die gemeente aan Die Gesalfde Een gehoorsaam is, op dieselfde manier

moet die vroue ook in alles, aan hul eie mans wees.

25 Mans julle moet julle eie vroue liefhê, net soos Die Gesalfde Een ook die gemeente

liefgehad en Homself om haar ontwil oorgegee het,

26 om dit af te sonder en te reinig in die wassing met water(Mikveh) en in die

Woord

27 en Hy sal die gemeente vir Hom bevestig, wanneer dit vol lof en eer, sonder vlek

of kreukel of enige iets soortgelyks is, maar dit moet afgesonderd en sonder fout

Hoogl 4:7

wees.

28 Op dié manier moet mans hulle eie vroue liefhê soos hul eie liggame. Wie sy eie

vrou liefhet, het homself lief,

29 want niemand het ooit sy eie liggaam gehaat nie, maar hy voed en sorg vir sy eie,

net soos die Meester vir die gemeente,

30 want ons is ledemate van Sy liggaam, van Sy vlees en van Sy bene.

31 “Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en hom aan sy vrou verbind

Gen 2:24

en hulle twee sal een liggaam wees.”

32 Hierdie geheim is groot, maar ek sê dit met die oog op Die Gesalfde Een en die

gemeente,

33 maar oók vir elkeen van julle, wat oók afsonderlik sy eie vrou moet liefhê, net soos

homself, maar die vrou moet haar man respekteer.

304

Efesiërs

6 1 Kinders, gehoorsaam jul ouers in eenheid met ons Meester, want dit is reg.

2 Hierdie is die eerste opdrag met ‘n belofte: Deut 5:16 “Eer en respekteer jou vader en

jou moeder

Eks 20:12

3 sodat dit met jou goed mag gaan en jou lewe lank mag wees op die aarde.”

4 Vaders, moenie julle kinders kwaad maak nie, maar maak hulle groot in die

Gen 18:19

dissiplinêre tug en in die leringe van ons Meester.

5 Slawe, gehoorsaam julle meesters na die vlees, met respekvolle vrees en bewing en

in eenvoudigheid van verstand, wil en emosie, soos Die Gesalfde Een;

6 nie wat nodig het om dopgehou te word soos mensebehaers nie, maar soos slawe

van Die Gesalfde Een wat die wil van God doen

7 en dien hulle vanuit jou hele wese in liefde, soos ons Meester en nie mense nie.

8 Soos julle weet, sal elkeen, vir die goeie wat hy doen, beloning van ons Meester kry,

of hy ‘n slaaf of ‘n vryman is.

9 So ook julle, meesters; doen dieselfde teenoor hulle en vergewe hulle oortredinge,

omdat julle weet dat ook julle eie Meester in die hemel is en by Hom is geen

partydigheid nie.

10 Daarom, my broers: Wees versterk in ons Meester en in die grootheid van Sy

krag.

11 Trek al die wapenrusting van God aan, sodat julle in staat is om staande te kan bly

teen die strategiëe van die duiwel,

12 want julle geveg is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die heersers, teen die

outoriteite, teen die heersers van hierdie wêreld van duisternis en teen bose geeste

onder die hemel.

13 Daarom, trek al die wapenrusting van God aan sodat julle in staat sal wees om die

Bose een te konfronteer en wanneer julle gereed is in alle dinge, sal julle staan.

14 Staan daarom en maak die gordel van waarheid Yes 11:5 om julle heupe vas en trek die

Yes 59:17

borsplaat van onpartydigheid en opregtheid aan

15 en bind die skoene aan julle voete vas in voorbereiding vir die goeie boodskap van

Yes 52:7

vrede, vergenoegdheid, gesondheid en voorspoed.

16 By dit alles tel die skild van vertroue op sodat julle die krag sal hê om al die

brandende pyle van die Bose te kan uitblus.

17 Sit die kopskerm van verlossing op Yes 59:17 en vat die swaard van die Gees, wat die

Boodskap van God is.

18 In alle gebede en in alle begeertes, bid by elke geleentheid in die Gees. Wees elke

oomblik waaksaam in gebed, in Hom, terwyl julle voortdurend bid en intree vir die

afgesonderdes

19 en vir my sodat ‘n boodskap vir my gegee mag word as ek my mond oopmaak om

openlik die geheime van die goeie boodskap te verkondig,

20 waarvoor ek ‘n ambassadeur in kettings is sodat ek dit met vrymoedigheid mag sê

soos dit vir my nodig is om te praat.

21 Tugikos, die broer waarvoor ons lief is en ‘n vertrouenswaardige dienaar in die

Meester is, sal julle alles vertel wat ek doen sodat julle ook my omstandighede kan

ken.

305

Efesiërs

22 Ek sal hom juis hiervoor na julle toe stuur, dat julle ons omstandighede kan ken en

hy julle gedagtes, wil en emosie kan versterk en vertroos.

23 Vrede, vergenoegdheid, gesondheid en voorspoed vir ons broers en liefde, saam

met vertroue, vanaf God-die-Vader en van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een!

24 Die onverdiende guns bly saam met almal wat ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde

Een sonder korrupsie liefhet! Dit is waar!

306

Die elfde boek van die Nuwe Verbond

Die brief van Sha’ul, slaaf en afgevaardigde van Yeshua,

Die Gesalfde Een, aan die gemeente in Filippoi.

Filippense

{ Filippense }

( Geskryf aan die kinders van God wat, as gemeentes, in

huise bymekaar gekom het )

Dit is geskryf vanaf Rome tydens Sha’ul se gevangenskap in

die jaar 62-63.

In Afrikaans vertaal vanuit die oorspronklike Aramese ‘Peshitta’ -

die taal wat Yeshua gepraat het.

Filipense

307

Filipense

1 1 Sha’ul en Timotheos, slawe van Yeshua, Die Gesalfde Een, aan al die afgesonderdes

wat in Die Gesalfde Een, Yeshua, in Filippoi is, saam met die oudstes en dié wat

bedien:

2 Onverdiende guns vir julle en vrede, vergenoegdheid, gesondheid en voorspoed van

God ons Vader en van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een!

3 Ek dank my God elke keer as ek aan julle dink.

4 Ek bid in al my gebede, oor julle almal, terwyl ek met blydskap intree

5 vir julle vennootskap met die goeie boodskap van die eerste dag af tot nou toe,

6 omdat ek vertrou aangaande dit, dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal

vervolmaak tot op die dag van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een.

7 Dit is vir my reg om so van julle almal te dink, omdat ek julle in my gedagtes, wil

en emosie hou, aangesien julle almal in my boeie, sowel as in die verdediging en

bevestiging van die goeie boodskap, my deelgenote in die onverdiende guns is,

8 want God is my getuie hoe lief ek vir julle is met die omgee van Yeshua, Die

Gesalfde Een.

9 Dit bid ek: Dat julle liefde mag vermeerder en meer oorvloedig mag word in kennis

en alle begrip van die Gees,

10 om die dinge te onderskei wat paslik is en julle rein, sonder aanklag, mag wees op

die dag van Die Gesalfde Een,

11 volgemaak met die vrugte van onpartydigheid en opregtheid wat daar is in Yeshua,

Die Gesalfde Een, tot eer, lof, en aanbidding van God.

12 Ek wil hê dat julle moet weet, my broers, dat my omstandighede, al hoe meer tot

voordeel van die goeie boodskap gekom het,

13 deurdat my ‘boeie in Die Gesalfde Een’ bekend geword het by die hele paleis en

by al die ander.

14 ‘n Menigte van die broers wat in ons Meester is, het deur my, boeie vrymoedige

vertroue gekry en al hoe meer gewaag om die boodskap van God sonder vrees te

verkondig.

15 Sommige verkondig Die Gesalfde Een wel ook uit jaloesie en tweespalt, maar

sommige in goedgesindheid en in liefde,

16 want hulle weet dat ek aangestel is om uit te gaan in verdediging van die goeie

boodskap,

17 maar dié wat uit tweespalt Die Gesalfde Een verkondig, is nie opreg nie, maar hoop

om lyding by my gevangenskap by te voeg.

18 Hierin het ek my verheug en verheug ek my, dat in elke geval: Of dit uit voorgee,

of uit waarheid is, die Gesalfde Een verkondig word.

19 want ek weet dat hierdie dinge vir my tot lewe gevind sal word deur julle gebed en

deur die geskenk van die Gees van Yeshua, Die Gesalfde Een,

308

Iyov 13:16

20 net soos ek ‘n versekerde verwagting en afwagting het om in niks beskaam te word

nie, maar dat Die Gesalfde Een, soos altyd, so ook nou, met vrymoedige openheid

groot gemaak sal word in my liggaam, of dit deur die lewe of deur die dood is,

21 want my lewe ís Die Gesalfde Een en as ek sterf is dit tot my voordeel.

Filipense

22 As daar ook vrug is op my werk in dié lewe van die vlees, weet ek nie wat ek sal

kies nie,

23 want ek word van weerskante gedring: om weg te gaan, want ek het ‘n begeerte om

by Die Gesalfde Een te wees, want dit is baie voordeliger vir my,

24 maar ek word ook gedring om in my liggaam te bly, ter wille van julle,

25 en dit weet ek verseker, dat ek sal bly en by julle almal sal bly, vir julle blydskap

en vir julle groei in vertroue.

26 Wanneer ek weer na julle toe kom sal ek julle roem in Die Gesalfde Een, Yeshua,

alleen, oorvloedig kan maak.

27 Wees gelei soos dit die goeie boodskap van Die Gesalfde Een pas sodat, of ek kom

en julle sien, en of ek afwesig is en van julle omstandighede hoor, dat julle in een

gees en in een denke, wil en emosie staan en julle algemeen bekend is as één in die

vertroue van die goeie boodskap

28 en julle in niks rondgeskud sal word deur hulle wat ons teëstaan nie; as ‘n

demonstrasie van hulle vernietiging, maar vir julle lewe

29 en dit word vanaf God vir julle gegee, dat julle deur vertroue nie net in Hom, Die

Gesalfde Een, vertrou nie, maar ook vir Hom sal ly

30 en julle dieselfde stryd sal deurmaak as wat julle in my gesien het en nou van my

hoor.

2 1 As daar daarom vir julle enige vertroosting en versterking in eenheid met Die

Gesalfde Een is; of as daar vólmaking van die verstand, wil en emosie met liefde is;

of as daar gemeenskap met die Gees is; of as daar sagte omgee en bejammering is,

2 maak my blydskap volledig deur een gedagte te hê; een liefde; een gees; een intellek.

3 Moet niks doen uit tweespalt of in leë eer en lof nie, maar in nederigheid van gedagte

moet die een sy naaste hoër ag as homself.

4 Moet ook nie elkeen vir sy eie dinge omgee nie, maar elkeen ook vir díe van sy

naaste;

5 en hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Die Gesalfde Een, Yeshua is:

6 Hy wat, terwyl Hy in die afbeelding van God was, dit geen roof geag het om aan

God gelyk te wees nie,

7 maar Homself gestroop en die gestalte van ‘n slaaf aangeneem het in die vorm van

‘n mens en gevind is in die gedaante van ‘n man.

8 Hy het Homself verneder Ps 40:8,9 en was gehoorsaam tot die dood toe, die dood om

gekruisig te word.

9 Daarom het God Hom ook uitermate opgelig Ps 110:1 en aan Hom die Naam gegee wat

bo elke naam is

10 sodat in die Naam van Yeshua, elke knie sal buig Yes 45:23 van dié wat in die hemel en

dié wat op die aarde en dié wat onder die aarde is

11 en elke tong sal erken dat Yeshua, Die Gesalfde Een is, tot eer, lof en

aanbidding van God, Sy Vader.

12 Daarom, julle waarvoor ek liefhet, soos julle altyd gehoorsaam was, nie in my

teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, meer as ooit,

Ps 2:11

doen die diens van julle lewe met vrees en bewing,

309

Filipense

13 want God werk versigtig in julle om te begeer asook om dit te doen waarna julle

begeer.

14 Doen alles sonder om te kla en sonder verdeeldheid

15 sodat julle volmaak en onberispelik kan wees, as gereinigde kinders van God wat

in ‘n harde en verdraaide geslag leef, Deut 32:5 onder wie julle skyn soos ligte in die

wêreld,

16 want julle staan in die plek van lewe vir hulle, vir my om oor te roem in die dag van

Die Gesalfde Een, want ek het nie verniet gehardloop of vir niks gewerk nie,

17 maar al word ek as ‘n drankoffer uitgegooi oor julle offer en die diens van julle

vertroue, verbly en verheug ek my saam met julle almal.

18 Net so moet julle ook saam met my bly wees en julle verheug.

19 Ek verwag, in eenheid met ons Meester, Yeshua, om Timotheos gou na julle te

stuur sodat dit vir my ook verfrissend kan wees wanneer ek van julle hoor,

20 want ek het niemand anders hier wat net soos ek ernstig omgee vir julle nie,

21 want hulle soek almal hul eie belange, nie dié van Die Gesalfde Een, Yeshua nie.

22 Die bewys van hiérdie een ken julle, dat hy, soos ‘n kind by sy vader, saam met my

in diens van die goeie boodskap is.

23 Ek verwag om hom gou te stuur, sodra ek sien hoe dit met my sal gaan

24 en ek vertrou op my Meester dat ek self ook gou na julle toe sal kom.

25 Nou het ‘n saak my genoodsaak om Epafroditos, my broer, medewerker en julle

afgevaardigde en bedienaar van my behoefte, na julle te stuur,

26 omdat hy na julle almal verlang het en besorg was, omdat julle gehoor het dat hy

siek was;

27 want hy was ook siek, naby die dood, maar God het vir hom omgegee, en nie vir

hom alleen nie, maar ook vir my sodat ek nie droefheid op droefheid sou hê nie.

28 Daarom het ek hom gretiglik gestuur sodat julle hom kan sien en julle verbly en

ek ‘n bietjie sal rus.

29 Ontvang hom daarom in in alle vreugde en hou sulke manne in hoë eer,

30 want ter wille van die werk van Die Gesalfde Een het hy tot naby die dood

gekom en sy lewe nie in ag geneem, om te voltooi wat julle kortgekom het in die

dienslewering aan my, nie.

3 1 Daarom, my broers, verbly julle in eenheid met ons Meester. Dit is vir my nie

moeite om dieselfde dinge aan julle te skryf nie, want dit beskerm julle.

2 Wees versigtig vir honde; wees versigtig vir werkers van boosheid; wees versigtig

vir die vleeslike besnyers,

3 want óns is die besnydenis, die van ons wat God in die Gees dien en roem in Yeshua,

Die Gesalfde Een en ons vertrou nie op die vlees nie;

4 alhoewel ek ook rede het om te vertrou op die vleeslike. As iemand anders dink dat

hy op die vleeslike kan vertrou, ek nog meer:

5 Besny op die agtste dag, Gen 17:8-12 vanuit die familie van Yisra’el, vanuit die stam van

Benyamin; ‘n Hebreër, seun van ‘n Hebreër; in die geskrewe wet ‘n Fariseër;

6 in ywer, ‘n vervolger van die gemeente; volgens die onpartydigheid en opregtheid

wat in die wet vereis word, onberispelik,

310

Filipense

7 maar hiérdie, wat vir my voordele was, beskou ek as verliese, as gevolg van Die

Gesalfde Een.

8 Ek beskou ook al hierdie dinge as verlies ter wille van die verhewe kennis van

Yeshua, Die Gesalfde Een, my Meester, ter wille van wie ek alles verloor het en as

gemors beskou het, om Die Gesalfde Een as wins te verkry

9 en dat ek in eenheid met Hom gevind sal word, nie met my onpartydigheid en

opregtheid wat uit die geskrewe wet is nie, maar dié wat deur die vertroue van Die

Gesalfde Een is, die onpartydigheid en opregtheid wat uit God is

10 sodat ek deur dit Yeshua kan ken en die wonderwerkende krag van Sy opstanding

en kan deel aan Sy lyding en ek gelykvormig gemaak word aan Sy dood,

11 dat ek miskien by die opstanding uit die dood kan kom.

12 Nie dat ek dit noual gekry het of al volmaak gemaak is nie, maar ek hardloop asof

ek dit in besit kan neem, waarvoor ek ook deur Yeshua, Die Gesalfde Een, in besit

geneem is.

13 My broers, ek reken nie dat ek dit self in besit geneem het nie, maar een ding weet

ek: Dit wat agter my is het ek vergeet en ek strek my uit na wat voor is

14 en hardloop na die doel om die prys te verkry van die hoogste roeping van God in

Yeshua, Die Gesalfde Een.

15 Daarom, laat almal wat volwasse geword het, deur hierdie dinge oortuig wees; en

as julle van iets anders oortuig is, sal God ook dit aan julle openbaar.

16 Laat ons egter daarby kom en op een pad volg, in een gesindheid.

17 Volg my na, my broers en let op na dié wat leef volgens die voorbeeld wat julle in

ons gesien het,

18 want daar is baie wat anders leef, van wie ek dit baie vir julle gesê het en nou ook

huilend sê: Hulle is vyande van die kruis van Die Gesalfde Een.

19 Hulle einde is die vernietiging; hulle god is die maag en hulle eer en lof is in hulle

skande, deurdat hulle aardse dinge bedink,

20 maar ons besigheid is in die hemel en van daar kyk ons ook vir die Lewegewer: ons

Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een,

21 want Hy sal ons vernederde liggaam verander, om te wees volgens die beeld van Sy

liggaam van lof en eer volgens Sy groot krag, waardeur alles aan Hom gehoorsaam

gemaak word.

4 1 Daarom, my broers waarvoor ek lief is; my blydskap en kroon, staan op dié

manier vas in ons Meester.

2 Ek doen ‘n beroep op Euodia en Suntuge om een van gedagte te wees in ons

Meester

3 en ek vra jou, wat opreg die juk saam met my dra; help hierdie wat saam met my

gestoei het in die goeie boodskap; saam met Klemes en my ander medewerkers wie

se name in die boekrol van die lewe geskryf is.

4 Verheug julle in eenheid met ons Meester; ek sê weer: Verheug julle!

5 Laat alle mense julle nederigheid sien. Ons Meester is naby.

6 Wees oor niks bekommerd nie, maar maak julle begeertes elke keer deur gebed,

versoeke en danksegging by God bekend

311

Filipense

7 en die vrede, vergenoegdheid, gesondheid en voorspoed van God, Hy wat ver bo alle

intelligensie is, sal julle gedagtes, wil, emosie en julle begrip beskerm in eenheid

met Yeshua, Die Gesalfde Een.

8 Daarom, my broers: Voed julleself met alles wat waar is, alles wat eerbaar is,

alles wat onskuldig en opreg is, alles wat skoon is, alles wat mooi is, alles wat

prysenswaardig is en daardie werke van lof en eer, wat geprys word.

9 Hierdie dinge wat julle geleer, ontvang, gehoor en in my gesien het, doen dit, en die

God van vrede, vergenoegdheid, gesondheid en voorspoed sal by julle wees.

10 Ek het my baie in ons Meester verbly, dat julle besorg geraak het oor my; net soos

julle besorg was, maar julle was nie instaat nie.

11 Nie dat ek dit sê omdat ek behoefte het nie, want ek het geleer dat, wat ek ookal

het, vir my genoeg sal wees.

12 Ek weet wat dit is om verneder te word; ek weet wat dit is om oorvloed in alles te

hê; en in alles leer ek: ook om versadig te wees, ook om honger te ly, in oorvloed

en in armoede,

13 want Ek is kragtig opgewasse teen alles, deur Die Gesalfde Een wat my krag

gee.

14 Nogtans het julle goed gedoen deur deel te hê in my laste,

15 maar weet ook, julle Filippense, dat by die aanvang van die goeie boodskap, toe

ek van Makedonia af vertrek het, geen gemeente deel gehad het in my rekening van

gee en ontvang nie, behalwe julle alleen

16 en ook in Thessalonike het julle, dit wat ek nodig gehad het, een of twee maal vir

my gestuur.

17 Nie dat ek geskenke soek nie, maar dat julle vrug mag vermeerder.

18 Ek het alles ontvang en daar is oorvloed en ek het meer as genoeg noudat ek van

Epafroditos ontvang het wat deur julle gestuur is, ‘n soet reukoffer, Gen 8:21, Eks

29:18 aanvaarbaar, wat God tevrede stel.

19 My God sal al julle behoeftes vervul deur Sy rykdom in die Gemanifesteerde

Teenwoordigheid van Yeshua, Die Gesalfde Een.

20 Aan God ons Vader die eer, lof en aanbidding vir tydlose ewigheid! Dit is waar!

21 Groet al die afgesonderdes wat in eenheid met Yeshua, Die Gesalfde Een is. Die

broers wat saam met my is, groet julle.

22 Al die afgesonderdes, maar veral die wat aan die keiserlike huis behoort, groet

julle.

23 Die onverdiende guns van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een bly by julle

almal! Dit is waar.

312

Die twaalfde boek van die Nuwe Verbond

Kolossense

Die brief van Sha’ul, slaaf en afgevaardigde van Yeshua,

Die Gesalfde Een, aan die gemeente in Kolossus.

Kolossense

{ Kolossense }

(Geskryf aan die kinders van God wat, as gemeentes, in

huise bymekaar gekom het.)

Dit is geskryf vanaf Rome tydens Sha’ul se gevangenskap

in die jaar 62.

In Afrikaans vertaal vanuit die oorspronklike Aramese ‘Peshitta’ -

die taal wat Yeshua gepraat het.

313

Kolossense

1 1 Sha’ul, ‘n afgevaardigde van Yeshua, Die Gesalfde Een, deur die wil van God,

en die broer Timotheos;

2 aan die afgesonderdes en broers wat vertrou in Yeshua, Die Gesalfde Een, wat in

Kolossus is: Onverdiende guns vir julle en vrede, vergenoegdheid, gesondheid en

voorspoed van God-ons-Vader!

3 Ons dank God, die Vader van ons Meester Yeshua, Die Gesalfde Een, elke keer as

ons vir julle bid,

4 vandat ons gehoor het van julle vertroue in Yeshua, Die Gesalfde Een, en julle liefde

vir al die afgesonderdes,

5 as gevolg van die versekerde verwagting wat vir julle opsy gesit is in die hemel,

waarvan julle van die begin af gehoor het in die boodskap van die waarheid van die

goeie boodskap.

6 Dit wat aan julle verkondig is, sowel as aan die hele wêreld, groei en vrugbaar

is, net soos onder julle, van die dag af dat julle dit gehoor het en geleer is van die

onverdiende guns van God in waarheid;

7 soos wat julle geleer het van Epafras, ons medeslaaf waarvoor ons lief is, wat ‘n

vertouenswaardige bedienaar van Die Gesalfde Een vir julle is,

8 wat ook vir ons vertel het van julle liefde in die Gees.

9 As gevolg hiervan hou ons ook nie op om, van die dag af dat ons dit gehoor het, vir

julle te bid en te vra dat julle volledig gemaak mag word met die kennis van Sy wil

in alle wysheid en begrip van die Gees nie

10 sodat julle mag leef volgens wat reg is en God in alle goeie dade tevrede stel en

julle vrug mag dra en vermeerder in die kennis van God;

11 en dat julle met alle krag versterk sal word volgens die grootheid van Sy

Gemanifesteerde Teenwoordigheid, om in alles uit te hou en geduldig te wees met

blydskap.

12 Dank God-die-Vader wat ons waardig gemaak het om deel te hê aan die erfdeel van

die afgesonderdes in die lig.

13 Hy het ons gered uit die outoriteit van die duisternis en ons gebring na die Koninkryk

van Sy Seun, wat Hy liefhet,

14 in Wie vir ons verlossing is en vergifnis van sondes.

15 Hy, wat die afbeelding is van die onsigbare God, die Eersgeborene van alles wat

geskep is.

16 Deur Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en

onsienlik is, of dit nou trone of heerskappye of heersers of outoriteite is, alle dinge

is deur Hom en vir Hom geskep.

17 Hy Is die Een wat voor alle dinge is en alles bestaan deur Hom.

18 Hy Is die Hoof van die liggaam, wat die gemeente is. Hy is die Hoof en die

Eersgeborene uit die dood sodat Hy in alles die Eerste kan wees,

19 want Hy wil dat in Hom alle volheid sal bly

20 en deur Hom alle verhoudings met Homself sou herstel en Hy het vrede gemaak

deur die bloed van Sy kruisiging; óf dit nou die dinge op die aarde is óf ook die

dinge in die hemele.

314

Kolossense

21 Ook vir julle wat vroeër vreemdelinge en vyande in julle gedagtes deur julle bose

werke was, het Hy nou vrede gegee

22 in Sy vleeslike liggaam en deur Sy dood, om julle afgesonderd, sonder skuld en

sonder aanklag voor Hom te laat staan

23 as julle voortgaan in julle vertroue, terwyl julle fondasie waar is en julle nie

wegbeweeg van die versekerde verwagting van die goeie boodskap af, wat julle

gehoor het en wat verkondig is aan elkeen in die skepping onder die hemel, waarvan

ek, Sha’ul, die bedienaar geword het nie.

24 Ek verheug my in lyding wat om julle onthalwe is en vul in my vlees aan dit wat ek

kortkom van die lyding van Die Gesalfde Een vir Sy liggaam, wat die gemeente is;

25 waarvan ek ‘n bedienaar geword het volgens die verantwoordelikheid van God wat

aan my gegee is vir julle, om die boodskap van God volledig te maak,

26 daardie geheime wat weggesteek was vir die wêreld en vir generasies, maar nou

geopenbaar is aan Sy afgesonderdes,

27 hulle aan wie God besluit het om bekend te maak wat die rykdom van die

Gemanifesteerde Teenwoordigheid onder die ander nasies is, dit is Die Gesalfde

Een wat in julle is, die versekerde verwagting van ons eer, lof en aanbidding.

28 Hom wat ons verkondig en leer en elke mens onderrig in alle wysheid sodat elke

mens volmaak in Yeshua, Die Gesalfde Een, kan staan,

29 want hierin werk ek ook hard en stry ek met die hulp van die krag wat vir my gegee

word.

2 1 Ek wil hê dat julle moet weet watter groot stryd ek het vir julle en vir die wat in

Laodikeia is en vir al die wat my gesig nie in die vlees gesien het nie

2 sodat hulle verstand, wil en emosie vertroos en versterk mag word en hulle in liefde

nader kan kom aan al die rykdom van die volle versekering en die insig van die

kennis van die geheime van God-die-Vader en van Die Gesalfde Een,

3 in Hom in Wie al die skatte van wysheid en kennis weggesteek is.

4 Dit sê ek sodat niemand julle mag verlei met die oortuiging van woorde nie.

5 Alhoewel ek ook na die liggaam afwesig, is ek by julle in die gees en ek verbly my

om julle goeie orde te sien en die standvastigheid van julle vertroue in Die Gesalfde

Een.

6 Daarom, net soos julle Die Gesalfde Een, Yeshua, die Meester, ontvang het, leef so

in eenheid met Hom,

7 soos julle jul wortels versterk en julle opgebou word in Hom en bevestig word in

vertroue. Mag julle oorvloedig wees in dit wat julle geleer het, met dankbaarheid.

8 Wees versigtig dat niemand julle beroof deur filosofieë en leë misleiding nie; volgens

die leringe van mense en volgens die beginsels van die wêreld en nie volgens Die

Gesalfde Een nie,

9 want in Hom bly die hele volheid van wat God is gesamentlik

10 en in Hom is julle ook volledig; Hy wat die Hoof is van elke heerser en outoriteit.

11 In Hom is julle besny met ‘n besnydenis wat nie met hande gedoen word nie, deur

die liggaam van die sondige natuur af te lê deur die besnydenis van Die Gesalfde

Lev 26:41, Deut 10:16, Yir 9:25, Yeg 44:7,9

Een.

315

Kolossense

12 Julle is in die doop saam met Hom begrawe en in dit is julle ook saam opgewek,

omdat julle vertroue het in die krag van God wat Hom uit die dood uit opgewek het.

13 Hy het vir julle, wat dood was deur julle sonde en die onbesnedenheid van julle

menslike natuur, lewe gegee saam met Hom en ons al ons sondes vergewe

14 en Hy het die geskrewe aanklag teen ons, wat vir ons nadelig was, deur Sy outoriteit,

uitgevee en uit ons midde weggevat en dit aan Sy kruis vasgeslaan.

15 Deur Sy liggaam af te lê het Hy die heersers en outoriteite gestroop en hulle in die

openbaar beskaam deur Sy wesenlike self.

16 Daarom, laat niemand julle pla oor eet of oor drink of oor die uitsondering van ‘n

fees of ‘n Nuwemaanfees (Rosh-Hodesh) of Shabbatte nie,

17 omdat dit ‘n skaduwee is van die dinge wat sou kom, maar die liggaam behoort

aan Die Gesalfde Een.

18 Laat niemand julle oordeel in nederigheid van gedagte nie, deur julle ondergeskik

te stel aan die aanbidding van die engele waardeur hy dinge aflei wat hy nie sien nie

en sonder oorsaak trots is deur sy gesindheid van die menslike natuur

19 en nie vashou aan die Hoof, uit wie die hele liggaam deur die gewrigte en ledemate

ondersteun en saamgebind word en groei met God se groei nie,

20 want as julle saam met Die Gesalfde Een die beginsels van die wêreld afgesterf het,

waarom leef julle nog asof julle in die wêreld geoordeel word:

21 moenie raak nie, moenie proe nie, moenie vashou nie?

22 Dit is alles dinge wat vernietig moet word en die opdragte en leringe van mense

Yes 29:13

is

23 en van buite lyk of hulle die woorde van wysheid het, in die skyn van nederigheid

en aanbidding van God en sonder die spaar van die liggaam; nie in dinge van eer

nie, maar in die behoeftes van die liggaam.

3 1 Daarom, as julle saam met Die Gesalfde Een opgestaan het, soek die dinge daarbo

Ps 110:1

waar Die Gesalfde Een is en aan die regterhand van God sit.

2 Word gevoed deur die dinge wat daarbo is, nie met dit wat op die aarde is nie,

3 want julle is dood en julle lewe is saam met Die Gesalfde Een weggesteek in God.

4 Wanneer Die Gesalfde Een, wat ons lewe is, openbaar word, dan sal julle ook saam

met Hom in die Gemanifesteerde Teenwoordigheid openbaar word.

5 Daarom, maak dood die aardse dele van julle liggaam, naamlik seksuele oortredings,

onreinheid, siektes, bose begeertes en gierigheid, wat afgodediens is,

6 want as gevolg van hierdie dinge kom die woede van God oor Sy ongehoorsame

kinders,

7 waarin julle ook vroeër geleef het toe julle daarin aangewend was,

8 maar nou moet julle al hierdie dinge afgooi: kwaad word, woede, boosheid,

kwaadpraat en vuil taal.

9 Moet ook nie vir mekaar lieg nie, gooi af die ou mens en sy dade

10 en trek die nuwe aan wat voortdurend nuut gemaak word in kennis, in die beeld

van sy Skepper,

11 waar daar nie Jood en Arameër, besnedene en onbesnedene, Griek en barbaar, of

slaaf en vryman is nie, maar Die Gesalfde Een alles en in almal is.

316

Kolossense

12 Daarom, as die wat gekies is deur God, afgesonder is, waarvoor Hy lief is, trek

onverdiende guns, omgee, sagte goedheid, nederigheid, sagtheid en geduld aan.

13 Verdra mekaar en vergewe mekaar en as die een teen die ander ‘n klagte het, net

soos Die Gesalfde Een julle vergeef het, so moet julle ook vergewe

14 en saam met dit alles trek die liefde aan wat die band tot volmaaktheid is

15 en die vrede van Die Gesalfde Een sal julle verstand, wil en emosie beheer, waartoe

julle geroep is in een liggaam en wees dankbaar teenoor Die Gesalfde Een

16 sodat Sy boodskap ryklik in julle kan bly in wysheid. Leer en onderrig mekaar in

die Psalms, in lofsange en in liedere van die Gees en sing in julle verstand, wil en

emosie met dankbaarheid tot God.

17 Alles wat julle doen in woord of in daad, doen dit in die Karakter en Outoriteit van

ons Meester Yeshua, Die Gesalfde Een en gee dank aan God-die-Vader deur Hom.

18 Vroue, wees aan julle eie mans gehoorsaam soos dit reg is in Die Gesalfde Een.

19 Mans, julle moet jul vroue liefhê en nie bitter wees teenoor hulle nie.

20 Kinders, julle moet julle ouers in alles gehoorsaam wees, want dit stel ons Meester

tevrede.

21 Vaders, moenie julle kinders kwaad maak nie sodat hulle nie moedeloos word

nie.

22 Slawe, julle moet jul meester na die vlees in alles gehoorsaam wees, nie net as jy

dopgehou word soos hulle wat mense tevrede stel nie, maar in ‘n suiwer verstand,

wil en emosie en in die respekvolle vrees van .

23 Doen alles wat julle doen uit julle hele verstand, wil en emosie soos vir ons Meester

en nie vir mense nie

24 en weet dat julle van ons Meester ‘n beloning in die erfporsie sal ontvang, want

julle dien , Die Gesalfde Een,

25 maar wie verkeerd doen, sal betaal volgens wat hy verkeerd doen en daar is geen

aanneming van die persoon nie.

4 1 Meesters, hanteer julle slawe met gelykheid en regverdigheid en weet dat julle

ook ‘n Meester in die hemel het.

2 Hou voortdurend aan in gebed, wees waaksaam daarin en gee dank.

3 Bid terselfdertyd ook vir ons, dat God vir ons die deur van die boodskap sal oopmaak

om die geheime van Die Gesalfde Een te verkondig, vir Wie ek ook in boeie is,

4 dat ek dit openbaar kan maak en praat op die manier waarop dit vir my nodig is.

5 Leef in wysheid teenoor die wat buite is en koop julle geleenthede uit.

6 Laat julle boodskap altyd met guns wees, met sout voorberei en wees bewus daarvan

hoe dit toepaslik is om elkeen te antwoord.

7 Al my omstandighede sal Tugikos, die broer waarvoor ons lief is; vertrouenswaardige

bedienaar en medeslaaf in ons Meester, aan julle vertel.

8 Ek het hom hiervoor na julle toe gestuur, om julle omstandighede te ken en om julle

verstand, wil en emosie te versterk en te vertroos,

9 saam met Onesimos, die vertrouenswaardige broer waarvoor ons lief is en wat

vanuit julle is en julle alles sal vertel wat by ons is.

317

Kolossense

10 Aristargos, my medegevangene, groet julle; en Markos, die seun van die oom van

Bar-Nabba, aangaande wie julle opdragte gekry het; as hy by julle kom, ontvang

hom;

11 ook Y’hoshua wat Youstos genoem word, manne wat uit die besnydenis is. Hulle

alleen is my medewerkers vir die Koninkryk van God en hulle was ‘n versterking

vir my.

12 Epafras, wat een van julle is en wat altyd hard stry vir julle in gebed sodat julle

volmaak en perfek mag staan in die volkome wil van God, ‘n slaaf van Die Gesalfde

Een, groet julle,

13 want ek getuig van hom dat hy ‘n groot ywer het vir julle en vir die wat in Laodikeia

en die wat in Hierapolis is.

14 Luka, die dokter, waarvoor ons lief is en Demas groet julle.

15 Groet die broers in Laodikeia en vir Numfas en die gemeente wat in sy huis is

16 en wanneer hierdie brief by julle gelees is, sorg dat dit ook in die gemeente van

Laodikeia gelees word en dat julle ook dié wat uit Laodikeia geskryf is, lees.

17 Sê vir Argippos: “Onthou die bediening wat jy ontvang het in ons Meester, dat jy

dit sal voltooi.”

18 Hierdie groete is in my eie, wat Sha’ul is, se hand. Onthou my gevangenskap. Die

onverdiende guns bly by julle! Dit is waar!

318

Die dertiende boek van die Nuwe Verbond

1 Thessalonisense

Die eerste brief van Sha’ul, slaaf en afgevaardigde

van Yeshua, Die Gesalfde Een, aan die gemeente in

Thessalonike.

1 Thessalonisense

{ 1 Thessalonisense }

(Geskryf aan die kinders van God wat, as gemeentes, in

huise bymekaar gekom het.)

Dit is bes moontlik Sha’ul se heel eerste brief aan ‘n

gemeente, geskryf vanaf Korinthos teen die einde van 52.

In Afrikaans vertaal vanuit die oorspronklike Aramese ‘Peshitta’ -

die taal wat Yeshua gepraat het.

319

1 Thessalonisense

1 1 Van Sha’ul, Sila en Timotheos aan die gemeente in Thessalonike; in eenheid met

God-die-Vader en ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een: Onverdiende guns vir

julle en vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid.

2 Ons dank God elke keer vir julle almal en ons word konstant herinner aan julle in

ons gebede

3 en ons noem julle dade in die Teenwoordigheid van God-die-Vader: Die dade van

julle vertroue, die harde werk van julle liefde en die geduld van julle versekerde

verwagting 1 Kor 13:13 op ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een,

4 want ons weet dat julle gekies is, my broers waarvoor God lief is,

5 omdat ons verkondiging van die goeie boodskap nie alleen in woord na julle toe

gekom het nie, maar ook in wonderwerkende krag, in die Gees van Afsondering en

in volle oortuiging, soos wat julle weet hoeveel ons om julle ontwil gedoen het, toe

ons tussen julle was.

6 Julle het ons en ons Meester nagevolg deurdat julle die boodskap, te midde van baie

vervolging, ontvang het met die blydskap van die Gees van Afsondering

7 en julle was ‘n voorbeeld vir al die wat vertrou in Makedonia en Agaia,

8 want vanuit julle is die boodskap van ons Meester gehoor, nie alleen in Makedonia

en Agaia nie, maar ook op elke plek waar julle vertroue in God bekend geword het

sodat ons nie nodig het om iets van julle te sê nie,

9 want hulle vertel self aangaande ons watter ontvangs ons by julle gehad het en hoe

julle na God gedraai is, weg van die vrees van afgode af, om die lewende en ware

God te dien,

10 terwyl julle Sy Seun uit die hemel verwag, Yes 9:5, Ps 2:7, Dan 7:13 Yeshua, wat Hy uit die

dood uit opgewek het. Hy is die Een wat ons verlos van die toorn wat kom.

2 1 Julle weet self, my broers, dat ons koms na julle toe nie vir niks was nie,

2 maar eerstens het ons, soos julle weet, in Filippoi gely en is mishandel en toe het ons

te midde van ‘n groot stryd met die vrymoedigheid van ons God aan julle die goeie

boodskap van Die Gesalfde Een verkondig,

3 want ons versterking en vertroosting was nie vanuit misleiding of vanuit onreinheid

of in bedrog nie,

4 maar net soos toe ons deur God goedgekeur is en vertrou is met Sy goeie boodskap,

so praat ons, nie om mense tevrede te stel nie, maar God wat ons denke, wil en

emosie toets,

5 want ons praat ook nooit met vleitaal, soos julle weet, of met uiterlike uitbuitery nie.

God is getuie.

6 Ons het ook nie eer en lof van mense gesoek nie; nie van julle en ook nie van ander

nie, wanneer ons as afgevaardigdes van Die Gesalfde Een vereer kon word,

7 maar ons was nederig onder julle. Soos ‘n moeder haar kinders versorg,

8 net so het ons na julle verlang, en nie net goed gedink om met julle die goeie

boodskap van God te deel nie, maar ook ons eie lewe, omdat ons vir julle lief is.

9 Julle onthou, broers, dat ons gearbei het en nag en dag hard gewerk het met ons

hande om nie ‘n las op enige een van julle te lê nie;

320

1 Thessalonisense

10 julle is saam met God getuies, hoe ons die goeie boodskap van God aan julle

verkondig het; suiwer en regverdig, sonder fout teenoor almal wat vertrou.

11 Net soos julle weet, hoe ons by elkeen van julle gepleit het, net soos ‘n vader by sy

kinders, julle verstand, wil en emosie vol gemaak het en julle versoek het

12 om te leef soos dit gepas is, vir God; Hy wat julle na Sy Koninkryk en Sy

Gemanifesteerde Teenwoordigheid geroep het.

13 Ook as gevolg hiervan dank ons God sonder ophou, dat julle die boodskap van

God wat julle van ons af ontvang het, nie ontvang het as die boodskap van mense

nie, maar, soos dit waarlik is, as die boodskap van God wat ook deur dade werk in

julle wat vertrou,

14 maar julle, my broers, het navolgers geword van die gemeentes van God wat in

eenheid met Yeshua, Die Gesalfde Een, in Y’hudah is, omdat julle ook dieselfde

dinge gely het onder julle eie volksgenote, net soos hulle gely het onder die inwoners

van Y’hudah,

15 die wat ons Meester, Yeshua en hulle eíe profete vermoor het, ons vervolg het, God

nie tevrede stel nie en alle mense teëstaan,

16 want hulle verbied ons om met die ander nasies te praat sodat hulle kan lewe. Hulle

sondes word só volledig gemaak, maar die toorn sal oor hulle kom tot die einde

toe.

17 Ons, my broers, was ‘n kort tydjie van julle af weg in persoon, nie in denke, wil en

emosie nie en het ons al hoe meer moeite gedoen om julle in baie liefde te sien

18 en ons het begeer om na julle toe te kom. Ek Sha’ul, meer as een maal, maar Satan

het my verhinder.

19 Wie anders as julle is ons hoop, blydskap of kroon van ons lof en eer in die

Teenwoordigheid van ons Meester, Yeshua, by Sy koms?

20 Want julle is ons eer, lof en blydskap.

3 1 Omdat ons dit nie weerstaan het nie, het ons gekies om alleen in Athenai agter

te bly

2 en ons het Timotheos, ons broer en bedienaar van God en ons medewerker in die

goeie boodskap van Die Gesalfde Een, gestuur om julle te versterk en navraag te

doen by julle aangaande julle vertroue

3 sodat niemand van julle hoop mag verloor deur sulke lyding nie, want julle is bewus

daarvan dat dit hiervoor is dat ons aangestel is,

4 want ook toe ons by julle was, het ons julle vooruit gesê dat ons vervolg sal word,

soos julle weet dit ook gebeur het.

5 As gevolg hiervan het ek nie teruggehou om na julle te stuur en te hoor van julle

vertroue nie sodat die Versoeker julle nie toets en ons harde werk waardeloos sou

wees nie,

6 maar nou, sedert Timotheos van julle af by ons aangekom het en ons goeie nuus

aangaande julle vertroue en liefde gegee het en dat julle altyd ‘n goeie herinnering

aan ons het en begeer om ons te sien, net soos ons ook vir julle,

7 is ons deur julle, broers, versterk en vertroos oor al ons teëspoed en smart as gevolg

van julle vertroue,

321

1 Thessalonisense

8 want nou leef ons, as julle sal vasstaan in ons Meester,

9 want watter dank kan ons namens julle aan God betaal, vir al die blydskap waarmee

ons ons verbly om julle ontwil,

10 behalwe dat ons nag en dag al hoe ernstiger voor God bid om julle gesigte te sien

en te voltooi wat aan julle vertroue kortkom,

11 maar God-ons-Vader en ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een sal ons pad na julle

toe aanwys.

12 Mag Hy julle liefde vir mekaar en vir almal vermeerder en vergroot, soos ons julle

lief het

13 en mag Hy julle verstand, wil en emosie versterk om onberispelik te wees in

afgesonderdheid in die Teenwoordigheid van God ons Vader by die koms van ons

Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, wat saam met al Sy afgesonderdes is.

4 1 Daarom, my broers, vra ons van julle en bid ons ernstig vir julle in ons Meester,

Yeshua, dat julle al hoe meer mag groei, soos julle van ons ontvang het hoe julle

moet leef en God tevrede stel,

2 want julle weet watter opdragte ons julle in ons Meester, Yeshua gegee het,

3 want dít is die wil van God: julle afsondering en dat julle moet wegbly van alle

seksuele oortredings

4 en dat elkeen van julle sal weet dat ‘n persoon sy maat moet hê in afsondering en

eer,

5 nie in hartstogtelike begeertes soos die ander nasies wat God nie ken nie.

6 Niemand moet hierin te vêr gaan en sy broer bedrieg nie, omrede ons Meester die

Wreker is van al hierdie dinge, net soos ons vroëer vir julle gesê en getuig het,

7 want God het julle nie tot onreinheid geroep nie, maar tot afsondering.

8 Gevolglik, wie ookal bedrieg, bedrieg nie ‘n mens nie, maar vir God wat Sy Gees

van Afsondering in julle gee.

9 Aangaande die liefde vir die broers het julle nie nodig dat ons vir julle skryf nie,

want julle is self deur God geleer om mekaar lief te hê;

10 en julle doen dit ook aan al die broers in die hele Makedonia, maar ons versoek

julle, broers, om meer oorvloedig te wees

11 en wees ywerig daarin om vredevol te wees en julle eie dinge te doen en met julle

eie hande te werk, net soos ons julle beveel het

12 sodat julle ordentlik kan leef teenoor die wat buite is en nie van iemand afhanklik

is nie.

13 Broers, ek wil hê dat julle moet weet dat julle nie moet rou oor die wat dood is soos

die res van die mensdom wat geen versekerde verwagting het nie,

14 want as ons vertrou dat Yeshua gesterf en opgestaan het, dan net so, dat God die

wat in Yeshua dood is, saam met Hom bring,

15 want dit sê ons vir julle na aanleiding van die boodskap van ons Meester, dat ons wat in

die lewe oorbly wanneer ons Meester kom, die wat dood is, nie sal vóór wees nie,

16 want Hy, ons Meester, sal vanaf die hemel afkom met ‘n bevel, met die stem

van die hoof engel en met die geklank van die trompet van God en die wat in Die

Gesalfde Een gesterf het, sal eerste opstaan

322

1 Thessalonisense

17 en dan sal ons wat nog in die lewe is, saam met hulle as een in die wolke ingedra

word na ‘n ontmoeting met ons Meester in die lug en op die manier sal ons vir altyd

by ons Meester wees.

18 Versterk mekaar daarom met hierdie boodskap.

5 1 Aangaande die tye en seisoene, my broers, het julle nie nodig dat aan julle geskryf

word nie,

2 want julle weet self goed dat die dag van kom net soos Amos 5:18-20, Tz’f 1:7,14 ‘n dief

in die nag.

3 Wanneer hulle sal sê: Daar is vrede en stilte! dan sal ‘n onverwagte vernietiging op

hulle afkom soos die geboortepyne op ‘n swanger vrou Yes 13:6-8; Miga 4:9 en hulle sal nie

ontsnap nie,

4 maar julle, broers, is nie in die duister nie sodat dié dag julle nie soos ‘n dief sou

oorval nie.

5 Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag en julle is nie kinders van

die nag en ook nie kinders van die duisternis nie.

6 Laat ons daarom nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waaksaam en nugter

wees,

7 want die wat slaap, slaap in die nag; en die wat dronk is, is in die nag dronk,

8 maar ons wat van die kinders van die dag is, laat ons waaksaam in ons gedagtes

wees; trek voortdurend die borsplaat van vertroue en liefde aan en die helm van die

Yes 59:17

versekerde verwagting van lewe,

9 want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die lewe te verkry in ons

Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een;

10 Hy wat in ons plek gesterf het sodat ons, of ons lewe en of ons doodgaan, in

eenheid met Hom kan lewe.

11 As gevolg hiervan, versterk en vertroos mekaar en bou die een die ander op, soos

julle ook doen.

12 Ons smeek julle broers, erken die onder julle wat hard werk en julle voorgangers

in ons Meester is en julle leer

13 en beskou hulle, wat onder julle werk, in groter liefde, met die hoogste agting. Leef

in vrede met hulle,

14 maar ons smeek julle, broers, korrigeer dié wat verkeerd doen, moedig die wat swak

van gees is aan, dra die laste van die swakkes en wees geduldig teenoor almal.

15 Pas op dat niemand ‘n ander boosheid terugbetaal vir boosheid nie, maar jaag altyd

ná wat goed is, teenoor mekaar asook teenoor almal.

16 Verbly julle altyd.

17 Bid sonder ophou.

18 Gee dank in alles, want dit is die wil van God, in eenheid met Yeshua, Die Gesalfde

Een, in julle.

19 Blus die Gees nie uit nie.

20 Verwerp nie profesieë nie.

21 Ondersoek alle dinge en hou vas wat uitstekend is.

22 Vlug weg van elke ding wat boos is,

323

1 Thessalonisense

23 maar Hy, die God van vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid, sal julle

almal volkome afsonder en julle volkome: Gees, verstand, wil, emosie en liggaam,

geheel en al foutloos beskerm tot by die koms van ons Meester, Yeshua, Die

Gesalfde Een!

24 Hy wat julle geroep het, is vertrouenswaardig; dit is Hy wat dit sal doen.

25 My broers, bid vir ons.

26 Groet al ons broers met ‘n afgesonderde soen.

27 Ek bind julle deur ‘n belofte in ons Meester dat hierdie brief aan al die afgesonderde

broers gelees sal word.

28 Die onverdiende guns van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een bly by julle!

Dit is waar.

324

Die veertiende boek van die Nuwe Verbond

2 Thessalonisense

Die tweede brief van Sha’ul, slaaf en afgevaardigde

van Yeshua, Die Gesalfde Een, aan die gemeente in

Thessalonike.

2 Thessalonisense

{ 2 Thessalonisense }

(Geskryf aan die kinders van God wat, as gemeentes, in

huise bymekaar gekom het.)

Dit is geskryf kort na die eerste brief, vanaf Korinthos, in

52-53.

In Afrikaans vertaal vanuit die oorspronklike Aramese ‘Peshitta’ -

die taal wat Yeshua gepraat het.

325

2 Thessalonisense

1 1 Van Sha’ul, Sila en Timotheos aan die gemeente van die Thessalonisense wat in

eenheid met God-ons-Vader en ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een is:

2 Onverdiende guns vir julle en vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid van

God-ons-Vader en ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een!

3 Ons is dit verskuldig om God elke keer aangaande julle te dank, my broers, soos

wat nodig is, omdat julle vertroue al hoe meer groei en julle almal se liefde, elkeen

teenoor mekaar, groter word,

4 soos ons self oor julle roem in die gemeentes van God, vanweë jul vertroue en

uithou, te midde van al julle vervolginge en die lyding wat julle deurgaan,

5 as ‘n demonstrasie van die regverdige oordeel van God, dat julle die Koninkryk van

God waardig mag wees, waarvoor julle ook ly;

6 en as dit reg is by God, om die wat julle lyding gee, met lyding te beloon;

7 en julle wat lyding ontvang, saam met ons, lewe ontvang deur die openbaring van

ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, vanuit die hemel met die leermag van Sy

engele,

8 wanneer Hy in ‘n brandende vuur, vergelding uitvoer op die wat God nie ken nie en

op die wat die goeie boodskap van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een nie erken

het nie.

Yes 66:15, Yir 10:25, Ps 79:6

9 Hulle sal gestraf word met die oordeel van ‘n ewige vernietiging, Yes 2:10, 19, 21 weg van

die gesig van die Meester en van Sy kragtige Gemanifesteerde Teenwoordig-heid af,

10 op daardie dag, wanneer Hy kom om eer, lof en aanbidding te ontvang van Sy

afgesonderdes en Sy wonders in die wat Hom vertrou te wys, want julle het ons

getuienis teenoor julle vertrou.

11 As gevolg hiervan bid ons ook elke keer vir julle dat God julle waardig mag ag aan

julle roeping en dat Hy julle volledig maak in die plesier van goedheid en dade van

vertroue in wonderwerkende krag

12 sodat die Karakter en Outoriteit van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een in

julle vereer en geloof kan word, volgens die onverdiende guns van ons God en ons

Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een en júlle in Hom.

2 1 Ons vra julle, my broers, aangaande die koms van ons Meester, Yeshua, Die

Gesalfde Een en aangaande ons bymekaarkoms by Hom,

2 om nie gou in julle gedagtes geskud te word nie; ook nie omgekrap te word deur

boodskap of gees of brief wat, asof van ons af, sou kom nie; dat naamlik, let op, die

dag van Die Gesalfde Een aangebreek het.

3 Laat niemand julle op enige manier mislei nie, omdat ‘n opstand eers moet kom en

die man van sonde eers geopenbaar moet word, die seun van vernietiging,

4 die teëstander wat homself hoër lig bo elke ding wat God genoem word of ‘n

voorwerp van aanbidding is, net soos hy in die tempel van God as God sal sit en

Yeg 28:2

voorgee dat hy God is.

5 Onthou julle nie dat ek hierdie dinge vir julle gesê het toe ek nog by julle was nie?

6 Nou weet julle wát beheer sodat hy op sy aangewese tyd geopenbaar kan word,

7 want die geheime van die boosheid is alreeds aktief aan die werk, net totdat hy wat

nou beheer, verwyder word;

326

2 Thessalonisense

8 en dan sal die Bose Een geopenbaar word; hy wat met die asem van ons Meester,

Yeshua, se mond Yes 11:4, Iyov 4:9 vernietig sal word en deur die openbaring van Sy koms

tot niet gemaak sal word.

9 Die koms van díé een is volgens die werking van Satan, in elke vals krag, tekens en

wonderwerke

10 en met elke misleiding van boosheid in wat vernietig word, want hulle het nie die

liefde vir die waarheid aanvaar waarin hulle lewe sou hê nie.

11 Daarom het God vir hulle die effektiewe werking van die misleiding gestuur, dat

hulle die leuen sal glo.

12 Almal wat nie vertrou het in die waarheid nie, maar boosheid gekies het, sal

geoordeel word.

13 Ons is dit verskuldig om God te alle tye vir julle te dank, my broers waarvoor ons

Meester lief is, dat God julle van die begin af gekies het tot lewe, in die afsondering

van die Gees en in vertroue van die waarheid,

14 waartoe Hy julle geroep het deur ons verkondiging van die goeie boodskap om die

eer en lof van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een te wees.

15 Daarom, my broers, wees standvastig en hou vas aan die opdragte wat julle geleer

het òf in die Boodskap òf in ‘n brief van ons

16 Mag ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een en God-ons-Vader, wat ons lief het

en vir ons ‘n ewige troos en versterking en ‘n goeie versekerde verwagting in

onverdiende guns gegee het,

17 julle verstand wil en emosie versterk en vertroos en mag Hy in elke woord en goeie

daad wees!

3 1 Van nou af, broers: Bid vir ons dat die boodskap van ons Meester mag voort

hardloop en op elke plek vereer en geloof mag word net soos by julle;

2 en dat ons gered sal word van bose en wrede mense, want nie almal vertrou nie,

3 maar is vertrouenswaardig. Hy wat julle sal beskerm en julle sal bevry van

boosheid.

4 Ons vertrou op julle in ons Meester, dat julle alles gedoen het en ook sal doen dit

wat ons julle beveel het.

5 Ons Meester sal julle verstand, wil en emosie lei na die verkondiging van die goeie

boodskap van Die Gesalfde Een en tot in die liefde van God in!

6 Ons beveel julle, my broers, in die Karakter en Outoriteit van ons Meester, Yeshua,

Die Gesalfde Een, dat julle jul afskei van elke broer wat sleg en boos leef en nie

volgens die opdragte wat hulle van ons ontvang het nie,

7 want julle weet self dat dit reg is om ons na te volg, want ons het nie sleg en boos

onder julle geleef nie;

8 ons het ook nie brood by iemand verniet geëet nie, maar ons het met harde werk en

inspanning nag en dag gewerk om niemand van julle tot las te wees nie.

9 Nie dat ons nie die outoriteit het nie, maar om deur ons lewe vir julle ‘n voorbeeld

voor te hou sodat julle ons kan navolg,

10 want ook toe ons by julle was, het ons julle dit beveel: as iemand nie wil werk nie,

moet hy ook nie eet nie,

327

2 Thessalonisense

11 want ons hoor dat sommige onder julle sleg en boos leef, dat hulle geen werk doen

nie, net mooi niks nie!

12 Aan sulke mense beveel en versoek ons deur ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde

Een, om stil te werk en hulle eie brood te eet,

13 maar julle, my broers, moenie moeg word om wat uitstekend is te doen nie

14 en as iemand nie gehoorsaam is aan ons boodskap in hierdie brief nie, skei hom van

julle af en hou geen gemeenskap met hom nie sodat hy skaam kan word

15 en beskou hom nie as ‘n vyand nie, maar waarsku hom as ‘n broer.

16 Hy, die Meester van vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid gee altyd

vir julle elkeen vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid! Ons Meester is

in alles by julle almal!

17 Groete, met my eie hand wat ‘n teken is in elke brief: Van Sha’ul. Dit is hoe ek

skryf.

18 Die onverdiende guns van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een bly by julle

almal! Dit is waar.

328

Die vyftiende boek van die Nuwe Verbond

Die eerste brief van Sha’ul, slaaf en afgevaardigde van

Yeshua, Die Gesalfde Een, aan Timotheos.

1 Timotheos

{ 1 Timotheus }

( Geskryf aan ‘n geestelike kind van Sha’ul en ‘n jong

gemeenteleier.)

Dit is geskryf vanaf Makedonia in 66-67.

1 Timotheos

In Afrikaans vertaal vanuit die oorspronklike Aramese ‘Peshitta’ -

die taal wat Yeshua gepraat het.

329

1 Timotheos

1 1 Sha’ul, ‘n afgevaardigde van Yeshua, Die Gesalfde Een, volgens die opdrag van

God, ons Lewegewer en van Die Gesalfde Een, ons Meester, Yeshua, ons Versekerde

Verwagting.

2 Aan Timotheos, ‘n ware seun in vertroue: Onverdiende guns, omgee, vrede,

gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid vanaf God-ons-Vader en Die Gesalfde

Een, Yeshua, ons Meester!

3 Soos ek jou gevra het toe ek na Makedonia op pad was, moet jy in Efesos wag om

sekere persone te beveel dat hulle nie ‘n ander leer moet leer nie

4 en nie moet toegee aan fabels en aan eindelose verslae van geslagsregisters, wat net

al hoe meer stryd produseer en nie opbouing in die vertroue tot God nie.

5 Die som van die opdragte is liefde, en dit vanuit ‘n skoon verstand, wil en emosie,

‘n goeie gewete en ware vertroue.

6 Sommige van hulle het afgedwaal van hierdie dinge af en na leë woorde toe

weggedraai.

7 Daarin wil hulle leraars van die geskrewe wet wees, terwyl hulle niks verstaan wat

hulle sê, of die dinge waaroor hulle praat, nie.

8 Ons weet dat die geskrewe wet goed is as iemand toelaat om volgens die geskrewe

wet gelei te word

9 en terwyl hy weet dat die geskrewe wet nie aangestel is vir die onskuldige nie,

maar vir die bose, vir die rebelse, vir die slegte, vir die sondaars, vir die wrede

mense, vir dié wat nie rein is nie, vir die wat hulle vaders en hulle moeders slaan,

vir moordenaars,

10 vir seksuele oortreders, vir mans wat by mans lê, vir diewe van kinders wat vry is,

vir leuenaars, vir hulle wat ‘n eed verbreek en vir enige een wat die gesonde leer,

11 van die goeie boodskap van die eer, lof en aanbidding tot die geseënde God,

waarmee ek toevertrou is, teëstaan.

12 Ek dank Hom wat my in staat gestel het, ons Meester Yeshua, Die Gesalfde Een,

wat my vertrouenswaardig geag en in Sy bediening aangestel het;

13 vir my wat vroeër ‘n kwaadprater, ‘n vervolger en ‘n belediger was, maar ek het

omgee ontvang, omdat ek in ongeloof nie verstaan het wat ek doen nie,

14 maar in my was die onverdiende guns van ons Meester oorvloedig saam met

vertroue en liefde wat in Yeshua, Die Gesalfde Een, is.

15 Dit is ‘n vertrouenswaardige boodskap en waardig om aanvaar te word, dat Yeshua,

Die Gesalfde Een, na die wêreld gekom het om sondaars te red, van wie ek die

voorste is,

16 maar daarom is aan my omgee bewys sodat Yeshua, Die Gesalfde Een, eerstens

in my al die langdurige geduld van Sy Gees sou wys, as voorbeeld vir hulle wat in

Hom sal vertrou tot die ewige lewe.

17 Aan die Koning van die uitspansel, aan Hom wat onvernietigbaar is en nie gesien

word nie, Wie Een God is, kom toe die waardigheid, die eer, lof en aanbidding vir

tydlose ewigheid. Dit is waar!

18 Hierdie mandaat gee ek aan jou, my kind Timotheos, volgens die profesieë wat

vroeër aangaande jou gebring is sodat jy daardeur die goeie geveg kan baklei

330

19 met vertroue en ‘n goeie gewete. Die wat hierdie verwerp het is leeg gemaak van

vertroue,

20 soos Humenaios en Alexandros, wat ek aan Satan oorgegee het sodat hulle

gedissiplineer kan word om nie kwaad te praat nie.

2 1 Daarom, vra ek dat eerste van alles, versoeke, gebede, intredes en dankgebede

gedoen moet word vir alle mense;

2 vir konings en heersers sodat ons ‘n stil en rustige lewe kan leef, in alle eerbied en

respek tot God, in reinheid,

Yir 29:7

1 Timotheos

3 want dit is goed en aanvaarbaar voor God, ons Lewegewer,

4 wat wil hê dat alle mense lewe sal hê Yeg 18:23 en sal terugkeer na die kennis van die

waarheid,

5 want God is Een Deut 6:4 en die Middelaar tussen God en die mense, die Mens, Yeshua,

Die Gesalfde Een, is Een.

6 Hy wat Homself gegee het as ‘n losprys vir elke persoon; ‘n Getuienis wat op die

bepaalde tyd gekom het,

7 waarvan ek aangestel is as verkondiger en afgevaardigde; ek praat die waarheid,

ek lieg nie dat ek die leermeester van die ander nasies is in vertroue van die

waarheid.

8 Daarom wil ek hê dat die mans op elke plek moet bid en afgesonderde, rein hande

oplig sonder woede en komplotte.

9 So ook moet die vroue hulleself versier met fatsoenlike, kuis klere. In skugterheid

en fatsoenlikheid sal hulle versiering wees, nie in vlegsels of goud of pêrels of in

mooi klere nie,

10 maar in goeie dade, soos dit by vroue pas wat bely om God te aanbid.

11 Laat ‘n vrou in stilte leer in alle gehoorsaamheid,

12 want ek laat die vrou nie toe om lering te gee of oor die man outoriteit te neem nie,

maar sy moet stil wees,

13 want Adam is eerste gevorm, daarna Havah

14 en Adam is nie mislei nie, maar die vrou is mislei en het die opdrag oortree,

15 maar sy lewe deur haar kinders, as hulle voortgaan in vertroue, liefde, afsondering

en fatsoenlikheid.

3 1 Dit is ‘n vertrouenswaardige boodskap: As iemand na gemeenteleierskap (as

oudste) verlang, begeer hy ‘n goeie werk.

2 ‘n Oudste moet: Onberispelik wees, die man van een vrou, van waaksame verstand,

nugter, met goeie optrede, gasvry, ‘n leermeester;

3 nie oortree aangaande wyn nie, nie vinnig om te slaan nie, maar sag, nie twissoekerig

of lief vir geld nie;

4 wat sy eie huis goed regeer en sy kinders in gehoorsaamheid hou in alle reinheid,

5 want as iemand nie weet hoe om sy eie huis te regeer nie, hoe kan hy die gemeente

van God lei?

6 Hy moet ook nie ‘n nuwe studentevolgeling wees nie sodat hy nie trots word en in

Yes 14:13-14, Yeg 28:1-19

dieselfde oordeel as Satan val nie,

331

1 Timotheos

7 maar hy moet ook ‘n goeie getuienis hê van buitestaanders sodat hy nie in skande en

in die strik van Satan val nie.

8 Net so moet die wat bedien, rein wees, nie uit twee monde praat nie, nie geneig wees

na baie wyn nie, geen vuilgewinsoekers wees nie,

9 maar wat die geheim van die vertroue in ‘n skoon gewete vashou.

10 Hulle moet ook eers getoets word; dan, as hulle onberispelik is, laat hulle bedien.

11 Net so moet die vroue fatsoenlik wees, waaksaam in hulle gedagtes,

vertrouenswaardig in alles en nie skinderaars wees nie.

12 Die bedienaars moet mans van een vrou wees en hulle kinders en eie huis goed

regeer,

13 want die wat aanhou om goed te bedien, koop vir hulleself ‘n eervolle plek en baie

vrymoedigheid in die vertroue van Yeshua, Die Gesalfde Een.

14 Ek skryf vir jou hierdie dinge in die verwagting om gou na jou toe te kom,

15 maar as ek vertraag word, dat jy kan weet hoe iemand moet leef in die huishouding

van God, wat die gemeente is van die lewende God; die pilaar en fondasie van die

waarheid.

16 Waarlik groot is hierdie Geheimenis van onpartydigheid en opregtheid: wat

openbaar is in die vlees, onskuldig verklaar is in die Gees, verskyn het aan engele,

verkondig is onder die nasies, vertrou is in die wêreld en Hy het opgegaan in eer,

lof en aanbidding.

4 1 Die Gees sê duidelik dat hulle in die laaste dae een vir een die vertroue sal verlaat

en na misleidende geeste en leringe van demone sal luister.

2 Dié wat in valse vorm mislei, leuens vertel en hulle gewete skroei.

3 Hulle verbied om te trou en onthou hulle van kos wat God geskep het om met

dankbaarheid gebruik te word deur die wat vertrou en die waarheid ken,

4 want elke ding wat deur God geskep is, is goed en niks is verwerplik as dit met

dankbaarheid ontvang word nie,

5 want dit word afgesonder deur die boodskap van God en gebed.

6 As jy hierdie dinge aan die broers voorhou, sal jy ‘n goeie bedienaar van Yeshua, Die

Gesalfde Een wees, soos jy grootgemaak is met boodskappe van vertroue en met

goeie leringe wat aan jou geleer is.

7 Bly weg van ouvroustories en oefen jouself in opregtheid en onpartydigheid,

8 want liggaamlike oefening is vir nou ‘n bietjie voordelig, maar onpartydigheid en

opregtheid is voordelig vir alles en dit het ‘n belofte van lewe, vir nou en vir die

tyd wat kom.

9 Dit is ‘n vertrouenswaardige boodskap en waardig om aanvaar te word.

10 As gevolg hiervan werk ons ook hard en word ons verwyt, omdat ons ‘n versekerde

verwagting het op die lewende God wat die Lewegewer is van alle mense, spesifiek

van dié wat vertrou.

11 Beveel en leer hierdie dinge.

12 Laat niemand jou jonkheid verag nie, maar wees ‘n voorbeeld vir die wat vertrou:

in boodskap, in optrede, in liefde, in vertroue en in reinheid.

13 Totdat ek kom, wees ywerig in lees, in gebed en in lering.

332

1 Timotheos

14 Verwaarloos nie die gawe wat in jou is nie, wat deur profesie en die handoplegging

van die oudstes aan jou gegee is.

15 Oordink hierdie dinge, leef in hierdie dinge sodat jy aan almal bekend kan wees

by wie jy kom.

16 Gee aandag aan jouself en jou leer en volhard daarin, want deur dit te doen, sal jy,

en die wat jou hoor, lewe.

5 1 ‘n Ouer man moet jy nie bestraf nie, Lev 19:32 maar versoek hom soos ‘n vader, die

wat jonk is soos jou broers,

2 ouer vroue soos moeders en die wat jonger is soos jou susters in alle reinheid.

3 Eer die weduwees wat werklik weduwees is

4 en as ‘n weduwee kinders of kleinkinders het, moet hulle verstaan dat hulle eerste

teenoor hulle eie huis aangewese moet wees en dat hulle vergoeding aan hulle ouers

moet betaal; want dit is aanvaarbaar in die Teenwoordigheid van God.

5 Die werklike weduwee wat alleen gelaat is, se verwagting is op God en volhard in

Yir 49:11

gebede en versoeke, nag en dag.

6 Sy wat die arena aanbid, is dood terwyl sy lewe.

7 Beveel hierdie dinge aan hulle sodat hulle onberispelik kan wees,

8 maar iemand, veral iemand wat deel is van dié wat vertrou, wat nie vir sy eie

huisgenote sorg nie, het die vertroue verwerp en is slegter as ‘n ongelowige.

9 ‘n Weduwee word gekies van nie minder as sestig jaar oud nie, wat die vrou van

een man was,

10 en getuienis het van goeie dade, as sy haar kinders grootgemaak het, gasvry was,

die afgesonderdes versorg het, dié met moeilikheid gehelp en in elke goeie daad

geleef het,

11 maar jy moet die jong weduwees wegwys, want hulle skei af van Die Gesalfde Een

en begeer om te trou

12 en hulle oordeel is vas, omdat hulle hul eerste vertroue verwerp het,

13 maar hulle leer ook ledigheid deur van huis tot huis rond te gaan; en nie alleen

luiheid nie, maar ook vermeerderde pratery en die opneem van nietighede en pratery

wat nie toepaslik is nie.

14 Daarom wil ek hê dat die jong weduwees moet trou, kinders kry, hulle huise lei en

die teëstanders geen geleentheid gee om kwaad te praat nie,

15 want tot nou toe het hulle alreeds een vir een afgedraai agter Satan aan.

16 As ‘n man of vrou wat vertrou, se familie weduwees het, moet dié hulle help en

laat die gemeente nie belas word nie sodat hulle genoeg het om die wat waarlik

weduwees is, te help.

17 Oudstes wat goed regeer, verdien dubbele eer, veral die wat hard werk in die

boodskap en in lering,

18 want die Skrif sê: “Jy mag ‘n os wat graan dors, nie muilband nie”

333

Deut 25:4 en: “Die

werker verdien sy beloning.”

19 Moenie ‘n klagte teen ‘n oudste aanvaar nie, behalwe op die getuienis van twee of

Deut 17:6, 19:15

drie.

20 Bestraf die wat sondig, voor almal sodat die ander ook kan vrees.

1 Timotheos

21 Ek getuig tot jou voor God en ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een en Sy gekose

engele, dat jy hierdie dinge gehoorsaam en laat jou gedagtes in niks bevooroordeeld

wees nie en doen niks uit aanvaarding van mense nie.

22 Moenie haastig iemand die hande oplê nie en moet ook nie deel in die sondes van

vreemdelinge nie. Hou jouself rein.

23 Moet van nou af aan nie langer water alleen drink nie, maar gebruik ‘n bietjie wyn

ter wille van jou maag en jou kroniese siekte.

24 Die sondes van sommige mense is baie duidelik en gaan voor hulle uit na die

oordeel, maar die van ander volg eers agterna.

25 Net so ook is die goeie werke baie duidelik; en selfs die wat nie is nie, kan nie ‘n

geheim bly nie.

6 1 Almal wat slawe is onder ‘n juk, moet hulle eie meesters in alle eer hou sodat die

Karakter en Outoriteit van God en die leer nie kwaad van gepraat word nie,

2 maar die wat meesters het wat vertrou, moet hulle nie verag, omdat hulle broers is

nie, maar moet hulle eerder dien, omdat hulle vertrou en die wat hulle verfris deur

hulle diens, geliefdes is. Leer en versoek hierdie dinge van hulle.

3 As daar enige persoon is wat iets anders leer en nie saamstem met die gesonde

boodskap van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een en die leer aangaande die

respekvolle vrees van God nie;

4 is hy trots en verstaan niks nie, maar is oneffektief in verskille en debatte waaruit

jaloesie, twis, kwaadpraat en ‘n bose verstand versterk word;

5 en ellende van mense wat hulle verstand korrup en van die waarheid beroof is en

dink dat geldmaak aanbidding tot God is; bly weg van hierdie dinge.

6 Ons voordeel uit die aanbidding van God is groot; in dit wat nodig is, want ons het

genoeg,

7 want ons het niks in die wêreld ingebring nie en ons weet dat ons ook niks daaruit

Iyov 1:21, Ps 49:17-18

kan uitvat nie,

8 daarom is kos en klere vir ons genoeg,

334

Spr 30:8

9 maar die wat begeer om ryk te wees word oorweldig deur versoekings en toetsinge en

dwase en bose begeertes en Spr 23:4 mense sink weg in korrupsie en in vernietiging,

10 want die wortel van al hierdie booshede is die liefde vir geld. Daar is sommige wat

dit begeer het, van die vertroue afgedwaal het en vir hulleself baie smarte gebring

het,

11 maar jy, O man van God, ontsnap vanuit hierdie dinge en hardloop na onpartydigheid

en opregtheid, na regverdigheid, na vertroue, na liefde, na volhardende geduld en

na nederige sagtheid.

12 Veg in die goeie geveg van vertroue en gryp na die ewige lewe; die dinge waartoe

jy ook geroep is en ‘n goeie erkenning wat jy erken het voor baie getuies.

13 Ek getuig teenoor jou voor God, wat aan alle dinge lewe gee en voor Yeshua, Die

Gesalfde Een, wat voor Pontios Pilatos die goeie getuienis getuig het,

14 dat jy die opdragte onbevlek en onberispelik uitvoer tot by die openbaring van ons

Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een;

1 Timotheos

15 Hy wat op Sy eie bepaalde tyd deur God openbaar sal word: Die Geseënde Een,

die Magtige Een, die Enigste Een, die Koning van die konings en die Meester van

Deut 10:17

krag,

16 Hy wat alleen onsterflik is en in ‘n ontoeganklike lig bly, wat geen mens gesien

het of kan sien nie; Hom aan wie eer en outoriteit vir ‘n tydlose ewigheid is. Dit is

waar!

17 Beveel die wat in dié wêreld ryk is om nie trots te wees nie Ps 62:10 en om ook nie

hulle vertroue te plaas op die onsekerheid van rykdom nie, maar op die lewende

God wat aan ons alles ryklik gee vir ons vertroosting en versterking;

18 en hulle moet goeie dade doen en ryk wees in goeie dade, gereed wees om te gee

en te deel

19 en hulle sal vir hulleself ‘n goeie fondasie lê vir die toekoms sodat hulle die ware

lewe mag aangryp.

20 O! Timotheos, bewaar wat aan jou toevertrou is en ontvlug van die dogters met

die leë stemme (onafgesonderde en nuttelose gepraat) en van die verdraaiings van

valse kennis,

21 want die wat dit verkondig het, het self van die vertroue af weggedwaal. Onverdiende

guns bly by jou! Dit is waar!

335

2 Timotheos

336

Die sestiende boek van die Nuwe Verbond

Die tweede brief van Sha’ul, slaaf en afgevaardigde van

Yeshua, Die Gesalfde Een, aan Timotheos.

2 Timotheos

{ 2 Timotheus }

( Geskryf aan ‘n geestelike kind van Sha’ul en ‘n jong

gemeenteleier.)

Dit is geskryf vanaf Rome tydens Sha’ul se gevangenis in

68 en afgelewer deur Tigikos.

In Afrikaans vertaal vanuit die oorspronklike Aramese ‘Peshitta’ -

die taal wat Yeshua gepraat het.

1 1 Sha’ul, ‘n afgevaardigde van Yeshua, Die Gesalfde Een, deur die wil van God en

deur die belofte van lewe, wat in Yeshua, Die Gesalfde Een, is.

2 Aan Timotheos, my kind, waarvoor ek lief is: Onverdiende guns, liefde, vrede,

gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid vanaf God-die-Vader en vanaf ons

Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een!

3 Ek dank God, wat ek van my voorouers af in ‘n skoon gewete aanbid. Ek onthou jou

onophoudelik, nag en dag, in my gebede

4 en ek begeer om jou te sien as ek aan jou trane dink sodat ek vol blydskap kan

wees.

5 Ek word herinner aan die opregte vertroue wat in jou is, wat eers in jou grootmoeder

Loïs en in jou moeder Eunike was en wat ek oortuig is, ook in jou is.

6 Om hierdie rede herinner ek jou daaraan om die gawe van God op te wek wat, deur

die oplegging van hande, in jou is,

7 want God het ons nie ‘n Gees van vrees gegee nie, maar van krag, liefde en

dissipline.

8 Daarom, skaam jou nie oor die getuienis van ons Meester en ook nie oor my, sy

gevangene nie, maar raak slaags met die bose, deur die krag van God;

9 Hy wat vir ons Lewe gegee het en ons geroep het met ‘n afgesonderde roeping, nie

volgens ons dade nie, maar volgens Sy wil en die onverdiende guns wat van voor

die tyd van die wêreld af, in eenheid met Yeshua, Die Gesalfde Een, aan ons gegee

is

10 en wat nou geopenbaar is deur die openbaring van ons Lewegewer, Yeshua, Die

Gesalfde Een, wat die dood vernietig het en die Lewe en die onvernietigbaarheid

gewys het deur die goeie boodskap;

11 Hy deur Wie ek aangestel is as verkondiger, afgevaardigde en leermeester van die

ander nasies.

12 Om hierdie rede verduur ek ook hierdie dinge en skaam ek my nie, want ek weet

in Wie ek vertrou het en ek is oortuig dat Hy in staat is om my vertroue te bewaar

tot daardié dag toe.

13 Hou, as bloudruk van opregte boodskappe, dié wat jy van my gehoor het in die

vertroue en liefde wat in Die Gesalfde Een, Yeshua is.

14 Behou jou goeie vertroue deur die Gees van Afsondering, wat in ons woon.

15 Jy weet dat, almal wat in Asië is, hulle van my af weggedraai het, onder wie

Foegellos en Hermogenes.

16 Mag die Meester Sy omgee wys vir die huis van Onesiforos, want hy het my

gereeld verkwik en hom nie oor my kettings geskaam nie,

17 maar ook toe hy in Rome gekom het, het hy my baie ywerig gesoek en gevind.

18 Mag ons Meester vir hom gee dat hy omgee sal vind by ons Meester in dié dag! Jy

weet spesifiek ook hoeveel hy my bedien het in Efesos.

2 1 Jy, daarom, my kind, word versterk in die onverdiende guns wat in Yeshua, Die

Gesalfde Een is

2 en die dinge wat jy van my gehoor het voor baie getuies, die dinge het ek ook aan

vertrouenswaardige manne toevertrou om ook ander te leer.

2 Timotheos

337

2 Timotheos

3 Verduur booshede soos ‘n goeie soldaat van Yeshua, Die Gesalfde Een.

4 Niemand wat ‘n soldaat is, is ook betrokke in die sake van die wêreld nie, om so die

een tevrede te stel wat hom gekies het.

5 As iemand meeding, word hy nie bekroon as hy nie volgens die reëls meegeding

het nie.

6 Dit is gepas dat die boer wat hard werk, eerste deur sy vrugte gevoed word.

7 Deurdink wat ek vir jou sê. Mag ons Meester vir jou insig gee in alle dinge!

8 Onthou Yeshua, Die Gesalfde Een, wat uit die dood uit opgestaan het; Hy wat uit

die saad van Dawid is, volgens my goeie boodskap,

9 waarin ek booshede ervaar het tot die punt van boeie soos ‘n boosdoener, maar die

boodskap van God is nie geketting nie.

10 As gevolg hiervan verdra ek alles ter wille van die wat gekies is sodat hulle

ook die lewe wat in Yeshua, Die Gesalfde Een is, kan vind saam met die ewige

Gemanifesteerde Teenwoordigheid.

11 Dit is ‘n betroubare boodskap, want as ons saam met Hom gesterf het, sal ons ook

saam met Hom lewe

12 en as ons volhardend ly, sal ons saam met Hom regeer, maar as ons Hom ontken,

sal Hy ons ook ontken

13 en as ons nie in Hom vertrou het nie, Hy bly vertrouenswaardig, want Hy kan

Homself nie ontken nie.

14 Herinner hulle aan hierdie dinge en beveel hulle voor ons Meester dat hulle geen

stryd oor woorde moet hê, wat geen voordeel inhou nie, tot die omverwerping van

dié wat dit hoor nie.

15 Let op jouself, dat jy jouself volmaak voor God aanbied, as ‘n werker wat hom nie

hoef te skaam nie, wat die boodskap van die waarheid reguit verkondig,

16 en leë, vrugtelose praatjies vermy, want hulle sal al meer by hulle boosheid byvoeg,

húlle wat daarin praat

17 en hulle boodskap sal baie aangryp soos ‘n verterende kanker. Een van hulle is

Hoemenaios en ‘n ander, Filetos,

18 hulle wat van die waarheid af weggedraai het en sê dat die opstanding uit die dood

alreeds plaasgevind het en hulle gooi die vertroue van sommige omver.

19 Die fondasie van God staan vas en hierdie is die seël: “ ken dié wat Syne

is;” Num 16:5, Nag 1:7 en: “Laat elkeen wat hom beroep op die Karakter en Outoriteit van

, homself afsonder van boosheid.”

338

Num 16:26

20 In ‘n groot huis is daar nie slegs artikels van goud en silwer nie, maar ook van hout

en klei; sommige tot eer, maar ander tot oneer.

21 Daarom, as iemand hom daarvan sal reinig, sal hy ‘n artikel tot eer wees, geskik vir

gebruik deur sy Meester en gereed vir elke goeie daad.

22 Vlug weg van al die begeertes van die jeug, hardloop na onpartydigheid en

opregtheid, vertroue, liefde, vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid, saam

met die wat hulle beroep op ons Meester met ‘n suiwer verstand, wil en emosie.

23 Bly weg van die woordestryd van dwase wat nie leiding het nie, omdat jy weet dat

dit ‘n stryd veroorsaak,

2 Timotheos

24 maar ‘n slaaf van ons Meester behoort nie te baklei nie, maar nederig te wees

teenoor almal, lerend en met langdurige geduld

25 sodat hy die wat teen hom stry in nederigheid kan leer sodat God hulle dalk sal gee

om weg te draai van hulle sonde en hulle die waarheid sal ken

26 en hulle gees sal onthou en losbreek van die strik van Satan waardeur hulle gevang

was om sy wil te doen.

3 1 Jy moet dít weet, dat daar in die laaste dae harde tye sal kom

2 en die mense sal lief wees vir hulleself en lief wees vir geld, grootpraters, trotsaards,

kwaadpraters teen God, nie lojaal aan hulle eie mense nie, verwerpers van die

onverdiende guns, boosaards,

3 slegpraters van ander, gevangenes van begeerte, wreedaards, haters van die goeie,

4 verraaiers, impulsief, arrogant, wat begeerte meer liefhet as die liefde van God.

5 Hulle het ‘n vorm van respek vir God en is vêr verwyderd van Sy krag. Verwyder

sulke mense van jou af,

6 want vanuit hulle is sommige wat van huis tot huis sluip en vroue wat begrawe is

onder sondes en deur allerhande begeertes gelei word, gevange neem;

7 wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie.

8 Net soos Yannes en Yambres teen Moshe opgestaan het, so staan ook hierdie mense

teen die waarheid op, mense wat hulle verstand korrup maak en uit die vertroue

verwerp word.

9 Hulle sal nie vooruitgaan nie, want hulle gekheid is aan elke mens bekend, net soos

ook hulle s’n bekend was.

10 Jy het my lering nagevolg, my gewoontes, my liefde, my volharding, my begeertes,

my vertroue, my aanhoudende geduld,

11 my vervolginge en my lyding en jy ken die dinge wat ek deurstaan het in Antiogeia,

in Ikonion en in Loestra; watter vervolginge ek ookal verdra het en my Meester het

my uit almal gered.

12 Almal wat kies om in die aanbidding van God, in eenheid met Yeshua, Die Gesalfde

Een te leef, word vervolg,

13 maar bose mense en verleiers sal byvoeg by hulle boosheid, soos hulle afdwaal en

mislei,

14 maar bly jy in daardie dinge wat jy geleer het en waarvan jy seker is, omdat jy weet

van wie jy geleer het

15 en omdat jy van kindsbeen af die afgesonderde Geskrifte geleer is wat jou wys kan

maak tot die lewe in die vertroue van Yeshua, Die Gesalfde Een.

16 Elke geskrif wat deur die Gees geskryf is, is voordelig vir lering, vir korreksie, vir

rigting en vir ‘n kursus in onpartydigheid en opregtheid

17 sodat die man van God volmaak kan wees, volmaak gemaak vir elke goeie daad.

4 1 Ek beveel jou, voor God en ons Meester Yeshua, Die Gesalfde Een; Hy wat die

lewende en dié wat dood is gaan oordeel by die openbaring van Sy Koninkryk:

2 Verkondig die boodskap; staan ywerig daarop, tydig en ontydig; berispe, spreek aan

met baie aanhoudende geduld en lering,

339

2 Timotheos

3 want daar kom ‘n tyd dat hulle die ware leer nie sal gehoorsaam nie, maar leermeesters

bymekaarmaak volgens hulle eie begeertes, wat hulle gehoor kan streel

4 en hulle sal hulle ore van die waarheid af wegdraai en na fabels toe draai.

5 Jy egter, wees waaksaam in alles. Verdra booshede; doen die werk van ‘n verkondiger

van die goeie boodskap en vervul jou bediening,

6 want ek word daarom as ‘n offer geoffer en die tyd van bevryding het aangebreek.

7 Ek het die goeie geveg baklei, my resies voltooi en my vertroue behou.

8 Van nou af is daar vir my opsy gesit die kroon van onpartydigheid en opregtheid

waarmee my Meester my sal beloon op die dag wat Hy die regverdige sal oordeel;

en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat Sy openbaring liefgehad het.

9 Doen moeite om gou na my toe te kom,

10 want Demas het my verlaat, uit liefde vir die huidige wêreld en het weggegaan na

Thessalonike; Kreskes na Galatia en Titos na Dalmatia.

11 Slegs Luka is by my. Vat vir Markos en bring hom saam met jou, want hy is vir my

geskik vir die bediening.

12 Tugikos het ek na Efesos gestuur.

13 As jy kom, moet jy die boektas bring wat ek by Karpos in Troas gelos het en die

boekrolle, veral dié rolle van perkament.

14 Alexander, die kopersmid, het my groot boosheid aangedoen. Mag ons Meester

hom beloon volgens sy dade!

15 Wees jy ook versigtig vir hom, want hy is baie arrogant teenoor ons boodskappe.

16 By my eerste verdediging het niemand my ondersteun nie, maar almal het my

verlaat. Mag dit nie teen hulle bereken word nie!

17 My Meester het my egter ondersteun en my in staat gestel sodat deur my die

verkondiging heeltemal voltooi kan word en al die ander nasies dit kan hoor, dat ek

uit die bek van die leeu bevry is

18 en my Meester sal my bevry van elke bose daad en sal aan my lewe gee in Sy

Koninkryk, wat in die hemel is, want tot Hom is die eer, lof en aanbidding vir

tydlose ewigheid! Dit is waar.

19 Groet Priska en Akulas en die huis van Onesiforos.

20 Erastos het in Korinthos gebly. Trofimos het ek siek in Miletos gelos.

21 Doen moeite om voor die winter te kom. Eubulos, Pudes, Linos, Klaudia en al die

broers groet jou.

22 Ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, is met jou gees! Onverdiende guns bly by

jou! Dit is waar.

340

Die sewentiende boek van die Nuwe Verbond

Die brief van Sha’ul, slaaf en afgevaardigde van Yeshua,

Die Gesalfde Een, aan Titos.

Titos

{ Titus }

( Geskryf aan ‘n geestelike kind van Sha’ul.)

Dit is geskryf vanaf Makedonia in 66 of 67.

In Afrikaans vertaal vanuit die oorspronklike Aramese ‘Peshitta’ -

die taal wat Yeshua gepraat het.

Titos

341

Titos

1 1 Sha’ul, ‘n slaaf van God en ‘n afgevaardigde van Yeshua, Die Gesalfde Een, in

die vertroue van die wat gekies is deur God en van kennis van die waarheid wat in

respekvolle eerbied tot God is,

2 in die versekerde verwagting van die ewige lewe wat die Ware God voor die tyd aan

die wêreld beloof het,

3 Hy het op Sy tyd Sy boodskap bekend gemaak, deur die verkondiging, wat aan my

toevertrou is, deur die opdrag van God, ons Lewegewer.

4 Aan Titos, my ware kind, volgens die innerlike vertroue: Onverdiende guns en vrede,

gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid van God-die-Vader en ons Meester,

Yeshua, Die Gesalfde Een, ons Lewegewer!

5 Om hierdie rede het ek jou in Krete agtergelaat sodat jy sou regmaak wat kortgekom

het en oudstes van stad tot stad sou aanstel soos ek jou beveel het:

6 Iemand wat onberispelik is, die man van een vrou is, kinders het wat vertrou, wat nie

beledigend is nie en nie sonder om hulle te onderwerp, immoreel leef nie,

7 want ‘n oudste moet, as iemand oor die huis van God aangestel, onberispelik wees,

ook nie beheer word deur sy eie denke nie, ook nie ‘n slegte humeur hê nie, ook nie

‘n oormatige wyndrinker wees nie, ook nie ‘n vinnige hand hê om te slaan nie, ook

nie ‘n vuilgewinsoeker wees nie.

8 Daarteenoor moet hy lief wees vir vreemdelinge, lief wees vir die goeie, hy moet

beskeie wees, regverdig, afgesonderd, homself weghou van begeertes,

9 die lering van die boodskap van vertroue moet vir hom belangrik wees sodat hy in

staat kan wees om met die gesonde leer te versterk en te vertroos, sowel as om dié

wat twissoekkerig is te berispe,

10 want daar is baie wat nie gehoorsaam is nie; hulle woorde is leeg en hulle mislei

die gedagtes van mense, veral dié wat vanuit die besnydenisleer is.

11 Hulle mond moet gestop word, want hulle vernietig baie huishoudings en leer wat

nie reg is nie, ter wille van vuil winste.

12 Een vanuit hulle, hul eie profeet, het gesê: “Die inwoners van Krete is altyd

leuenaars, bose wildediere, kinderlose baarmoeders.”

13 Hierdie getuienis wat hy gebring het, is waar. Daarom moet jy hulle skerp aanspreek

sodat hulle gesond kan wees in vertroue

14 en hulle nie oorgee aan Joodse fabels en opdragte van mense wat die waarheid

haat nie.

15 Alles is rein vir die wat rein is; vir die besoedeldes en ongelowiges is daar niks rein

nie, maar hulle denke en hulle gewete is besoedel.

16 Hulle verklaar dat hulle God ken, maar hulle verwerp Hom deur hulle dade en hulle

is vyande, sonder gehoorsaamheid en verwerp vir elke goeie werk.

2 1 Sê jy egter dít wat by die regte leer pas.

2 Leer dat die ou manne waaksaam moet wees in hulle gedagtes, beskeie, rein, suiwer

in vertroue, in liefde en in geduld.

3 Op dieselfde manier moet die ouer vroue in hulle optrede wees soos dit die aanbidding

van God pas en nie kwaadpraters of afhanklik van baie wyn nie, maar leraars van

wat goed is,

342

Titos

4 sodat hulle die jong vroue kan dissiplineer om hulle mans en kinders lief te hê,

5 kuis te wees, afgesonderd, om goed vir hulle huishoudings te sorg en hulle eie mans

te gehoorsaam sodat daar nie kwaad gepraat word teen die boodskap van God nie.

6 Doen ‘n beroep op die jong manne om net so ernstig te wees.

7 Wys jouself in alles as ‘n bloudruk vir goeie dade en in leringe. Laat jou spraak

opbouend wees,

8 wat ernstig is, nie korrup nie en laat geen mens dit minag nie sodat ons teëstanders

beskaam kan word omdat hulle niks ongunstig kan hê om teen ons te sê nie.

9 Slawe moet gehoorsaam wees aan hulle eie meesters en hulle in alles tevrede stel

en nie teëpraat nie;

10 hulle moet ook niks steel nie, maar in alles hulle goeie lojaliteit wys, om die leringe

van God, ons Lewegewer, in alles te versier,

11 want die Lewegewende onverdiende guns van God, is aan alle mense openbaar

12 en dit lei ons om boosheid en wêreldse begeertes te verwerp en in reinheid,

onpartydigheid en opregtheid en in die aanbidding van God in hierdie wêreld te leef,

13 terwyl ons uitkyk vir die geseënde, versekerde verwagting en die openbaring

van die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van die grote God en ons Lewegewer,

Yeshua, Die Gesalfde Een,

14 wat Homself in ons plek gegee het om ons los te koop uit alle boosheid en vir

Deut 14:2, Ps 135:4

Homself ‘n nuwe volk te reinig, wat ywerig is in goeie dade.

15 Sê hierdie dinge en vereis dit en spreek aan met alle outoriteit en laat niemand jou

verag nie.

3 1 Herinner hulle om heersers en outoriteite te gehoorsaam en hulle te onderwerp en

voorbereid te wees vir elke goeie werk;

2 om niemand te beledig nie, nie te wedywer nie, maar nederig te wees in alles en aan

alle mense hulle sagtheid te wys,

3 want ons was ook vroeër dwaas, sonder oortuiging, ons was mislei, slawe van

veranderende begeertes. Ons was betrokke in boosheid en jaloesie, verwerplik en

het mekaar gehaat,

4 maar toe Sy sagtheid en die liefdevolle goedheid van God, ons Lewegewer, openbaar

is,

5 het Hy ons Lewe gegee; nie op grond van die dade van onpartydigheid en opregtheid,

wat ons gedoen het nie, maar deur Sy eie liefde, deur die wassing van die geboorte

wat van bo af is en deur die vernuwing van die Gees van Afsondering;

6 dié Een wat Hy oorvloediglik oor ons uitgestort het, deur Yeshua, Die Gesalfde Een,

ons Lewegewer;

7 sodat ons deur Sy onverdiende guns onskuldig verklaar kan word en erfgename kan

word deur die versekerde verwagting van die ewige lewe.

8 Dit is ‘n vertrouenswaardige boodskap en ek wil hê dat jy hulle van hierdie dinge

sal verseker sodat die wat in God vertrou, ernstig kan wees om goeie werke te

ontwikkel; hierdie dinge is goed en voordelig vir die mense,

9 maar bly weg van dwase debatte, stories van geslagsregisters, twis en stryery oor die

wet, want dit is onvrugbaar en waardeloos.

343

Titos

10 Onttrek jou van ‘n verkondiger van vals leringe ná die eerste en tweede

waarskuwing,

11 wetende dat so iemand wat wegdwaal van wat reg is, sondig en homself

veroordeel.

12 Wanneer ek Artemas of Tugikos na jou toe gestuur het, doen moeite om na my toe

te kom in Nikopolis, want ek het besluit om daar te oorwinter.

13 Aangaande Zenas, die leraar van die wet en aangaande Apollos moet jy moeite

doen om hulle goed te versorg sodat hulle aan niks tekort het nie.

14 Hulle sal ons mense ook leer om goeie dade te ontwikkel in sake van nood sodat

hulle nie onvrugbaar mag wees nie.

15 Almal wat saam met my is, groet jou. Groet dié in vertroue waarvoor ons omgee.

Onverdiende guns bly by julle almal! Dit is waar.

344

Die agtiende boek van die Nuwe Verbond

Die brief van Sha’ul, slaaf en afgevaardigde van Yeshua,

Die Gesalfde Een, aan Filemon.

Filémon

{ Filémon }

( Geskryf aan ‘n geestelike kind van Sha’ul.)

Dit is geskryf aan ‘n persoon van aansien in Kolosse, vanaf

Rome toe Sha’ul in die tronk was en is deur Onesimos,

Filémon se wegloopslaaf, afgelewer.

In Afrikaans vertaal vanuit die oorspronklike Aramese ‘Peshitta’ -

die taal wat Yeshua gepraat het.

Filémon

345

Filémon

1 1 Sha’ul, ‘n gevangene van Yeshua, Die Gesalfde Een en die broer Timotheos; aan

Filemon, ons medewerker, waarvoor ons lief is,

2 aan Apfia, waarvoor ons lief is, aan Argippos, ons medewerker en aan die gemeente

wat in jou huis is:

3 Onverdiende guns vir julle en vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid van

God-ons-Vader en van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een!

4 Ek dank my God elke keer wanneer ek jou in my gebede onthou,

5 let op, vandat ek van jou liefde en vertroue gehoor het, wat jy teenoor ons Meester,

Yeshua en teenoor al die afgesonderdes het,

6 op só manier, dat die gemeenskap van jou vertroue vrug mag dra in dade en in

kennis van alles wat goed is in jou, in eenheid met Yeshua, Die Gesalfde Een.

7 Ons vreugde en versterking is groot, want deur jou liefde is die emosies van die

afgesonderdes verkwik.

8 As gevolg hiervan is my vrymoedigheid groot in Die Gesalfde Een om jou te beveel

wat reg is,

9 maar as gevolg van die liefde, smeek ek, Sha’ul, nou ‘n ou man, asook ‘n gevangene

van Yeshua, Die Gesalfde Een,

10 smeek ek jou, aangaande my kind, wat vir my gebore is in my kettings,

Onesimos,

11 hy wat vroeër vir jou waardeloos was, maar nou baie bruikbaar is vir jou en vir my.

12 Ek stuur hom vir jou, maar ontvang hom soos my seun.

13 Ek wou hom by my hou sodat hy my, in die kettings ter wille van die goeie

boodskap, in jou plek kan dien,

14 maar sonder jou goedkeuring wou ek niks doen nie sodat jou goedheid nie uit

verpligting sou wees nie, maar uit gewilligheid,

15 want miskien was hy om hierdie rede ‘n tydjie van jou af weg sodat jy hom vir

altyd kan hou,

16 van nou af nie as ‘n slaaf nie, maar méér as ‘n slaaf, as ‘n broer in die vlees

waarvoor ons lief is, hoeveel te meer joune, beide in die vlees en in ons Meester.

17 Daarom, as jy in eenheid met ons is, ontvang hom as myne.

18 As hy jou tekort gedoen het of iets skuld, sit dit op my rekening.

19 Ek, Sha’ul, het dit met my eie hand geskryf: Ek sal ten volle betaal, sonder om te

noem dat jy jou eie persoon aan my verskuldig is!

20 Ja, my broer, ek is verfris deur jou in ons Meester! Bevredig my liefde in Die

Gesalfde Een.

21 Omdat ek vertrou dat jy na my sal luister, het ek vir jou geskryf en ek weet dat jy

nog meer sal doen as wat ek gevra het,

22 maar saam met dit, berei ook verblyf voor vir my, want ek verwag dat ek deur julle

gebede aan julle gegee sal word.

23 Epafras, my medegevangene in Yeshua, Die Gesalfde Een, groet jou;

24 ook Markos, Aristargos, Demas en Luka, wat my help.

25 Die onverdiende guns van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, bly met julle

gees! Dit is waar.

346

Die negentiende boek van die Nuwe Verbond

Die brief van ‘n onbekende skrywer, aan die

Hebreeussprekendes wat vertrou in Die Gesalfde Een.

(Hebreeus is ‘n susterstaal van Aramees)

Hebreërs

{ Hebreërs }

( Geskryf in Hebreeus (Aramees) aan, bes moontlik Jode,

wat die offers en tempeldienste verstaan het.)

Dit is bes moontlik geskryf in die jaar 67, maar beslis voor

die vernietiging van die tempel in 70, waarskynlik vanaf

Italië.

In Afrikaans vertaal vanuit die oorspronklike Aramese ‘Peshitta’ -

die taal wat Yeshua gepraat het.

Hebreërs

347

Hebreërs

1 1 Oor alle onderwerpe en op allerhande maniere het God vroeër deur die profete

gepraat met ons vaders

2 en in hierdie laaste dae het Hy met ons gepraat deur Sy Seun, wat Hy as erfgenaam

van alles aangestel het; Ps 2:8 en déur Hom het Hy die uitspansel gemaak,

348

Yog 1:3, Kol 1:16

3 want Hy is die helder Skynsel van Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid en die

Beeld van Sy Wese Yog 14:9, Num 12:8 en hou alle dinge in stand deur die Woord van Sy

wonderwerkende krag. Hy, in Sy Persoon, het die reiniging van ons sondes volbring

en gaan sit aan die regterhand Ps 110:1 van HaG’dulah BaM’romim (Die Grootheid in

die Hoogte).

1 Kron 29:11

4 Díé Een is in alles groter as die engele, volgens die mate waarin die Naam (Ha-

Shem) wat Hy het, meer uitstekend is as hulle s’n,

5 want aan watter een van die engele het God ooit gesê: “Jy is My Seun, Ek het vandag

geboorte gegee aan Jou?” Ps 2:7 en ook: “Ek sal vir Hom ‘n Vader wees en Hy sal vir

2 Sh’ 7:14, Ps 89:27-28, 1 Kron 17:13, Luk 3:22

My ‘n Seun wees?”

6 Weer, wanneer Hy die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy ook: “Al die engele

Ps 97:7

van God moet Hom aanbid,”

7 maar van die engele praat Hy so: “Hy maak van Sy engele winde en van Sy bedienaars

Ps 104:4

vlamme van vuur,”

8 maar aangaande die Seun sê Hy: “U troon, o God, is vir tydlose ewigheid, die septer

Ps 89:15, 97:2, Yes 9:5-6

van U Koninkryk is ‘n reguit, suiwer septer.

9 U het onpartydigheid en opregtheid liefgehad en die boosheid gehaat. Daarom het

God, U God, U gesalf met die olie van vreugde bo U kamerade”

Ps 45:7-8

10 en weer: “U, het van die oorsprong af die fondasies van die aarde gelê en die

hemele is die werke van U hande.

11 Hulle sal verbygaan en U sal bly en hulle sal almal soos ‘n kledingstuk verslyt

12 en soos ‘n mantel sal U hulle toevou en hulle sal verander word, maar U is die

Ps 102:26-28

Ewige God en U jare sal nie ophou nie.”

13 Aan watter een van die engele het Hy ooit gesê: “Sit aan My regterhand, totdat Ek

U vyande ‘n voetstoel onder U voete gemaak het?”

Ps 110:1

14 Let op, is hulle nie almal dienende geeste wat vir dienswerk uitgestuur word ter

wille van dié wat die lewe sal beërwe nie?

2 1 As gevolg hiervan is ons dit verskuldig om meer aandag te gee aan wat ons

gehoor het sodat ons nie val nie,

2 want as ‘n boodskap, wat deur engele gebring is, vas gestaan het en elkeen wat dit

gehoor het en oortree het die regverdige beloning ontvang het,

3 hoe sal ons ontsnap, as ons die dinge ignoreer wat ons lewe is; die dinge wat eers

deur ons Meester verkondig is en toe deur hulle vanuit ons, wat Hom gehoor het,

aan ons bevestig is,

4 terwyl God vir hulle getuig deur tekens, in wonders, deur verskillende wonderwerke

en gawes van die Gees van Afsondering, wat gegee is volgens Sy wil,

5 want Hy het nie die komende wêreld, waarvan ons praat, gehoorsaam gemaak aan

die engele nie,

Hebreërs

6 maar soos die Skrifte getuig en sê: “Wat is die mens, dat U hom onthou, of ‘n

mensekind, dat U vir hom sorg?

7 U het hom ‘n klein bietjie minder as die engele gemaak; met lof, eer en waarde het

U hom gekroon en hom outoriteit gegee oor die werke van U hande.

8 U het alles in gehoorsaamheid onder sy voete gesit,”

349

Ps 8:5-7 want in dit: “alles in

gehoorsaamheid onder sy voete gesit,” het Hy niks uitgesonder wat nie aan hom

gehoorsaam gemaak is nie, maar nou sien ons nog nie dat alles aan hom gehoorsaam

is nie,

9 maar ons sien Hom, Yeshua, wat vir ‘n kort tydjie minder was as die engele, want

Hy word gekroon met die lyding van Sy dood, lof, eer en waarde, want deur Sy

onverdiende guns het God in die plek van elkeen die dood gesmaak,

10 want dit was vir Hom reg, ter wille van Wie alle dinge en deur Wie alle dinge is en

baie seuns in die lof en eer bring, dat die Prins van hulle lewe, deur lyding Homself

Yes 53:11

volmaak maak,

11 want Hy wat afsonder, sowel as hulle wat afgesonder word, is almal vanuit Een,

wat die rede is hoekom Hy Hom nie skaam om hulle Sy broers te noem nie,

12 wanneer Hy sê: “Ek sal U Karakter en Outoriteit aan My broers verkondig en in die

Ps 22:23

gemeente sal Ek U lof besing;”

13 en weer: “Ek sal op Hom vertrou;” Yes 8:17 en weer: “Let op! Ek en die kinders wat

Yes 8:18

God vir My gegee het.”

14 Daarom, aangesien die kinders deelgenote is aan vlees en bloed, het Hy aan

dieselfde ‘n deelgenoot geword sodat Hy deur die dood, die een tot niet kon maak

wat outoriteit oor die dood gehad het, wat Satan is

15 en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood in slawerny

gelewe het,

16 want dood het nie outoriteit oor engele ontvang nie, maar oor die saad van Avraham

Yes 41:8-9

het dit outorteit ontvang.

17 As gevolg hiervan was dit reg dat Hy in alles aan Sy broers gelyk moes word sodat

Hy aktief kan omgee en ‘n Hoofpriester wees, vertrouenswaardig aan die dinge van

Yes 53:12

God en om toedekking te maak vir die sondes van mense,

18 want hierin, dat Hy self gely het en versoek is, kan Hy dié help wat versoek word.

3 1 Daarom, my afgesonderde broers, wat geroep is met ‘n hemelse roeping; dink

hieraan: Die Afgevaardigde en Hoofpriester, wat ons erken en bely: Yeshua, Die

Gesalfde Een;

2 Hy wat vertrouenswaardig is teenoor die Een wat Hom aangestel het, soos Moshe

Num 12:7

in Sy hele huishouding,

3 want hierdie Een se lof en eer is baie meer as die van Moshe, soveel as wat hy wat

die huis gebou het, baie meer eer het as die huis,

4 want elke huis word deur iemand gebou, maar Hy wat voortdurend alles bou, is God.

5 Moshe was as ‘n dienskneg toevertrou met die hele huis, tot getuienis van wat nog

deur Hom gesê sou word,

6 maar Die Gesalfde Een as Seun oor Sy huis. Ons is Sy huis as ons die vrymoedigheid

en die trots van Sy goeie Boodskap tot die einde toe vashou.

Hebreërs

7 Omdat die Gees van Afsondering sê: “Vandag as julle Sy stem hoor,

8 verhard nie julle verstand, wil en emosie om Hom kwaad te maak, soos die wat

rebels is en soos in die dag van die toetsing in die wildernis,

9 toe julle vaders My getoets het, My beproef het en My dade veertig jaar lank gesien

het, nie.

10 As gevolg daarvan was Ek moeg vir daardie geslag en het gesê: ‘Hulle is ‘n volk

wat fouteer in die verstand, wil en emosie en húlle het My paaie nie geken nie,’

11 soos Ek in My woede ‘n eed geneem het: Ps 95:7-11 ‘Hulle sal nie in My rus ingaan

nie.”

12 Pas daarom op, my broers, dat daar nie in enige van julle ‘n bose en vertrouelose

verstand, wil en emosie is en hy van die Lewende God af wegdwaal nie,

13 maar verneem van mekaar elke dag, solank as dit vandag genoem word sodat

niemand van julle deur die misleiding van sonde verhard word nie,

14 want ons is aan Die Gesalfde Een verbind, as ons van die begin af tot die einde toe

aan hierdie ware verbond vashou.

15 Net soos wat gesê is: “Vandag as julle Sy stem hoor, verhard nie julle verstand, wil

en emosie om Hom kwaad te maak nie.”

Ps 95:7-8

16 Wie was dit dan wat gehoor het en Hom kwaad gemaak het? Was dit nie almal wat

Moshe uit Egipte gebring het nie?

17 Met wie was Hy veertig jaar lank teleurgesteld? Was dit nie in dié wat gesondig

het, wie se lyke in die wildernis geval het nie?

18 Aangaande wie het Hy ‘n eed geneem, dat hulle in Sy rus nie sal ingaan nie,

behalwe aan die wat nie oortuig is nie?

19 Ons sien dat hulle nie kon ingaan nie, omdat hulle nie vertrou het nie.

4 1 Daarom, laat ons vrees dat, terwyl die belofte nog bestaan om in Sy rus in te gaan,

een van julle te kort sal skiet om in te gaan,

2 want aan ons is die goeie boodskap ook verkondig presies net soos aan hulle,

maar die boodskap het die hoorders nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie

saamgegaan het met vertroue nie,

3 maar ons wat vertrou, gaan die rus in, net soos Hy gesê het: “Ek het ‘n eed geneem

in My woede, hulle sal nie in My rus ingaan nie;” Ps 95:11 want let op, die werke van

God was reeds vanaf die begin van die wêreld af,”

4 volgens wat Hy van die Shabbat gesê het: “God het op die sewende dag van al Sy

Gen 2:2

werke gerus”

Ps 95:11

5 en weer hier sê Hy: “Hulle sal in My rus nie ingaan nie.”

6 Daarom is daar ‘n geleentheid dat elke persoon kan ingaan en dié aan wie die goeie

boodskap vroeër verkondig is, het nie ingegaan nie, omdat hulle nie vertrou het

nie.

7 Hy het weer ‘n ander dag bepaal, na ‘n lang tyd, net soos wat van bo geskryf is, soos

Dawid gesê het: “Vandag as julle na Sy stem sal luister, verhard nie julle verstand,

wil en emosie nie,”

8 want as Y’hoshua, die seun van Nun, aan hulle rus gegee het, sou Hy nie agterna van

‘n ander dag gepraat het nie.

350

Hebreërs

9 So bly dit dus, vir die mense van God, om die Shabbat te hou,

10 want wie ookal in Sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke net soos God van

Syne.

11 Daarom, laat ons moeite doen om in te gaan in dié rus sodat ons nie dalk val soos

die wat nie oortuig is nie,

12 want die boodskap van God leef en is in alles genoeg en skerper as enige swaard

met twee snykante en dring deur tot by die skeiding van lewe, gees, gewrigte en van

murg en beoordeel die motiewe en gewete van die verstand, wil en emosie.

13 Niks wat geskep is, is onsigbaar in Sy Teenwoordigheid nie, maar alles is kaal en

ontbloot in die oë van Hom aan Wie ons verantwoording doen,

14 want daar is daarom vir ons ‘n Groot Hoofpriester wat opgegaan het na die hemel:

Yeshua, Die Gesalfde Een, die Seun van God; laat ons vashou aan Sy belydenis,

15 want ons het nie ‘n hoofpriester, wat nie in staat is om te vereenselwig met ons

swakhede nie, maar Een wat in alle opsigte getoets is net soos ons, maar sonder dat

Hy sonde het.

16 Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van Sy onverdiende guns gaan sodat

ons aktiewe omgee kan ontvang en ons sal onverdiende guns vind om te help in ‘n

tyd van lyding,

5 1 want elke hoofpriester, wat vanuit die mense is, is aangestel om in die plek van

mense aangaande die dinge van God op te tree; om offers en brandoffers vir die

sondes te bring.

2 Hy wat homself kan verneder en ly saam met die wat nie weet nie en die wat oortree,

omdat hy self ook met swakheid geklee is.

3 Hy is verskuldig om, net soos vir die mense, so ook vir homself te offer vir sy

sondes.

4 ‘n Mens het nie vir homself díé eer gevat nie, maar hy wat deur God geroep is, net

soos Aharon.

5 Net so het ook Die Gesalfde Een nie Sy lewe vereer om Hoofpriester te word

nie, maar vir Hóm wat gesê het: “Jy is My Seun, vandag het Ek jou in die lewe

Ps 2:7

gebring.”

6 Soos Hy ook op ‘n ander plek gesê het: “Jy is Priester vir ewig, volgens die beeld

Ps 110:4

van Malki-Tzedek.”

7 Ook toe Hy in die vlees geklee was het Hy gebede en versoeke met ‘n kragtige geroep

en trane aan Hóm geoffer, wat Hom uit die dood uit lewe kon gee en Hy is verhoor.

8 Alhoewel Hy die Seun is, het Hy gehoorsaamheid geleer deur vrees en lyding

9 en so is Hy volmaak gemaak en het Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, die

Rede vir die ewige lewe geword

10 en Hy is deur God as Hoofpriester aangestel, volgens die beeld van Malki-Tzedek.

11 Ons het baie te sê in ons redevoering aangaande Hom en dié Malki-Tzedek en dit

is moeilik om te verduidelik, omdat julle swak geword het in julle gehoor,

12 want alhoewel julle, vanweë die tyd wat julle geleer het, leermeesters behoort te

wees, het julle weer nodig dat ‘n mens julle moet leer wat die eerste beginsels van die

woorde van God is en het julle weer ‘n behoefte aan melk en nie aan vaste kos nie,

351

Hebreërs

13 maar elkeen wat melk drink, is nie bekend met die boodskap van onpartydigheid

en opregtheid nie, omdat hy ‘n baba is,

14 maar vaste kos is vir volwassenes, wat, deur oefening, hulle sintuie leer om goed

van kwaad te onderskei.

6 1 As gevolg hiervan, laat ons die aanvanklike boodskappe aangaande Die Gesalfde

Een, los en na die volmaaktheid aangaan. Of lê julle weer ‘n ander fondasie vir die

wegdraai van dooie werke en vir vertroue in God,

2 vir die leer van die doop, die handoplegging, die opstanding van dié wat dood is en

van die ewige oordeel?

3 Dit sal ons doen as dit toelaat,

4 maar dit is onmoontlik vir dié wat eenmaal in die doop afgegaan het, die hemelse

geskenk gesmaak het, die Gees van Afsondering ontvang het,

5 die goeie Boodskap van God en die krag van die toekomstige wêreld gesmaak het,

6 om weer te sondig en van voor af in erkenning en aflegging van skuld vernuwe te

word en die Seun van God van voor af te kruisig en veragtelik te word,

7 want die grond drink die reën wat gereeld daarop val in en laat die weiding groei,

bruikbaar vir hulle vir wie dit bewerk word. Dit ontvang ‘n seën van God,

8 maar as dit dorings en distels voortbring, word dit verwerp en is naby vervloeking,

maar sy einde is om verbrand te word.

352

Gen 3:17-18

9 Ons is egter aangaande julle, waarvoor ons lief is, van uitstekende dinge oortuig;

dinge wat met die lewe saamgaan, al praat ons só,

10 want God is nie boos, dat Hy julle dade sal ignoreer en die liefde wat julle in Sy

Naam gewys het, dat julle die afgesonderdes bedien het en nog bedien, nie.

11 Ons begeer van elkeen van julle dit: ywer vir die volmaaktheid van julle versekerde

verwagting, tot die einde toe

12 en dat julle nie sal verflou nie, maar dat julle navolgers sal wees van hulle wat deur

vertroue en langdurige geduld erfgename van die belofte geword het,

13 want toe God aan Avraham die belofte gegee het, het Hy, omdat Hy by geen

Gen 22:16

meerdere ‘n eed kon sweer nie, by Homself ‘n eed gesweer

14 en gesê: “Ek sal jou dubbel seën en jou met ‘n dubbel maat vermeerder.”

Gen 22:17

15 So was hy geduldig en het hy die belofte ontvang,

16 maar mense sweer ‘n eed by een wat groter as hulle is en die bevestiging deur ‘n

eed is vir hulle die einde van alle verskille.

17 Daarom het God, omdat Hy nog kragtiger aan die erfgename van die belofte die

onveranderlikheid van Sy wil wou wys, dit met ‘n eed bevestig

18 sodat ons deur twee onveranderlike dinge, waarin dit onmoontlik is dat God sou

lieg, groot vertroosting kan hê, ons wat in Hom skuiling gesoek het; en ons die

versekerde verwagting mag vasgryp wat aan ons belowe is.

19 Hy, wat vir ons soos ‘n anker is, wat vashou in ons lewe, wat nie beweeg sal word

nie en binnekant die skeidingsgordyn ingegaan het,

20 waar Yeshua vroeër ingegaan het namens ons en die ewige Priester geword het in

Ps 110:4

die beeld van Malki-Tzedek.

Hebreërs

7 1 Hierdie Malki-Tzedek was koning van Shalem, priester van God Ha’Elyon (die

Allerhoogste), wat vir Avraham ontmoet het by sy terugkoms na die slagting van die

Gen 14:18-20

konings en hom geseën het;

2 aan hom het Avraham ‘n tiende deel van alles uitgedeel. Sy naam word vertaal as,

koning van onpartydigheid en opregtheid en ook koning van Shalem, dit is, koning

Yes 9:5-6

van vrede, vergenoegdheid, gesondheid en voorspoed.

3 Sonder dat sy vader of sy moeder in die geslagsregister opgeteken is; ook nie sy

begin van dae of sy lewenseinde nie, maar net soos dié van die Seun van God, bly

sy priesterskap vir ewig,

4 maar hoeveel groter is hierdie man as Avraham, hoof van die vaders wat ‘n tiende

van die beste, vir hom gegee het.

5 Hulle wat uit die seuns van Levi die priesterskap ontvang, het ‘n opdrag om, volgens

die geskrewe wet, van die mense tiendes te neem, van hulle broers, alhoewel hulle

ook die nageslag van Avraham is,

6 maar hy wat nie in húlle geslagsregister opgeskryf is nie, het van Avraham tiendes

ontvang en die een, wat die belofte ontvang het, geseën.

7 Sonder enige teëspraak is dit die mindere wat deur die meerdere geseën word.

8 Hier ontvang sterflike mense tiendes, maar dáár een van wie die Skrifte getuig dat

hy lewe.

9 Om dit so te stel, het Levi, wat tiendes ontvang, deur Avraham tiendes gegee,

10 want hy was nog in die liggaam van sy vader toe hy Malki-Tzedek ontmoet het.

11 Daarom, as daar dan volledige afhandeling deur die Levitiese priesterskap was,

want met die oog daarop het die mense die geskrewe wet ontvang, waarom was dit

nog nodig dat ‘n ander priester moes opstaan, volgens die beeld van Malki-Tzedek?

Sê dit dat Hy volgens die beeld van Aharon sal wees?

12 Net soos daar ‘n verandering in die priesterskap gekom het, net so was daar ‘n

verandering in die wet,

13 want Hy van wie hierdie dinge gesê word, behoort aan ‘n ander stam, waaruit

niemand nog ooit by die altaar bedien het nie,

14 want dit is bekend dat ons Meester vanuit Y’hudah opgegroei het; ‘n stam waarvan

Moshe niks aangaande die priesterskap gesê het nie.

15 Nog baie duideliker is dit: dat hy sê dat ‘n ander Priester opstaan na die beeld van

Malki-Tzedek;

16 Hy wat dit nie was volgens die wet van opdragte, na die liggaamlike, nie, maar

deur die krag van lewe wat nie vernietig word nie,

17 want Hy getuig aangaande Hom: “U is Priester vir ewig volgens die beeld van

Ps 110:4

Malki-Tzedek,”

18 want daar was eers ‘n verandering aan die orde weens die onvermoë daarvan en dat

daar geen voordeel in was nie,

19 want die geskrewe wet het niks tot die doel gebring nie, maar ‘n versekerde

verwagting het in sy plek ingekom, waarin ons tot God nader, wat beter is as dit,

20 en Hy het dit aan ons bevestig deur ‘n eed,

353

Hebreërs

21 want húlle was priesters sonder ‘n eed, maar Hy met ‘n eed soos Hy, deur Dawid,

aan Hom gesê het: “ het ‘n eed gesweer en Hy sal nie lieg nie: U is Priester vir

ewig in die beeld van Malki-Tzedek,”

22 waarvolgens Yeshua van ‘n baie beter verbond die waarborg is.

23 Hulle het priesters geword in groot getalle, omdat hulle deur die dood verhinder is

om voort te gaan,

24 maar Hy, omdat Hy ewig is, gaan Sy Priesterskap nie verby nie

25 en kan Hy ewige lewe gee aan die wat deur Hom naderkom na God toe, want Hy

leef vir altyd en offer gebede in ons plek,

26 want so ‘n Hoofpriester is ook reg vir ons, rein, sonder boosaardigheid, sonder

ontering, wat afgesonderd is van sonde en wat hoër as die hemele opgelig is;

27 wat nie elke dag nodig het, soos die vorige hoofpriesters, om elke dag vir Sy eie

sondes offers te bring en dan vir dié van die mense nie, want Hy het dit eenmalig

gedoen deur Sy lewe te offer,

28 want die wet stel mense met swakhede as hoofpriesters aan, maar die boodskap van

die eed, wat ná die wet is, stel die Seun aan, wat vir ewig die doel bereik.

8 1 Die hoofpunt van dít alles: Ps 110:1 Ons hét so ‘n hoofpriester wat sit aan die

1 Kron 29:11

regterhand van die troon van HaG’dulah (die Grootheid) in die hemel,

2 Hy is die bedienaar van die Huis van Afsondering en van die ware Tabernakel

(tentwoning), wat God opgeslaan het en nie ‘n mens nie.

3 Elke hoofpriester word aangestel om geskenke en offers te bring. Daarom moes Hy

ook iets vir Homself hê om te offer,

4 want as Hy op aarde was, sou Hyself geen priester wees nie, omdat daar priesters is

wat die offerandes volgens die wet offer,

5 hulle wat ‘n voorbeeld en skaduwee van die hemelse bedien, net soos aan Moshe

gesê is toe hy die Tabernakel (tentwoning) gemaak het: “Let op dat jy alles maak

Eks 25:40

volgens die bloudrukplan wat op die berg aan jou verskyn het,”

6 maar nou het Yeshua, Die Gesalfde Een ‘n baie beter diens ontvang as daardie, net

soos die verbond waarvan Hy Tussenganger is; en van beter beloftes as wat gegee

is,

7 want as die eerste een sonder fout was, was daar nie plek vir hierdie tweede een

nie,

8 want Hy vind fout met hulle en het gesê: “Let op! Daar kom dae, sê , dat Ek

oor die huis van Yisra’el en oor die huis van Y’hudah ‘n nuwe verbond tot sy doel

sal bring,

9 nie volgens die verbond wat Ek vir hulle vaders gegee het op die dag toe Ek hulle aan

die hand gegryp het, om hulle uit Egipte uit te lei nie; omdat hulle nie voortgegaan

het in My verbond nie en Ek hulle verwerp het, sê .

10 Hierdie is die verbond wat Ek ná dié dae sal gee vir die huis van Israel, sê : Ek

sal my wette in hulle begrip gee en dit op hulle verstand, wil en emosie skryf en Ek

Yir 31:30-33

sal vir hulle ‘n God wees en hulle sal vir My ‘n volk wees

11 en hulle sal nie meer elkeen sy medemens en elkeen sy broer leer en sê: ‘Ken ’

nie, want hulle almal sal My ken, vanaf hulle kleinste tot hulle oudste.

354

Hebreërs

12 Ek sal hulle reinig van hulle booshede en hulle sondes nie meer onthou nie.”

13 Deurdat Hy sê ‘nuwe,’ het Hy die eerste as oud verklaar en dit wat verouderd en

oud is, is naby vernietiging.

9 1 In die eerste was daar ‘n orde van bediening en ‘n aardse Huis van Afsondering,

2 want in die eerste Tabernakel wat gemaak is, was: die lampstaander, Eks 25:31-39 die

tafel Eks 25:23-26 en die brood van Teenwoordigheid Eks 25:30 en dit is die Afgesonderde

plek genoem.

3 Agter die skeidingsgordyn, was die tweede Tabernakel, wat die Afgesonderde

Afsondering Eks 26:31-33 genoem word

4 en in dit was ‘n goue wierookaltaar Eks 30:10 en die ark van die verbond, Eks 25:10-22 oral

met goud oorgetrek, waarin die goue pot met die ‘man’ was

355

Eks 16:33 en die staf van

Aharon wat gebot het Num 17:25 Eks 34:1-4, 28-29

en die tafels van die verbond

5 en bo-op dit, die gérubs van die Gemanifesteerde Teenwoordigheid wat die deksel

van toedekking oorskadu het, maar daar is nie tyd dat ons oor elkeen van hierdie

Eks 25-40

dinge afsonderlik kan praat, wat op hierdie manier gemaak is nie.

6 Die priesters het elke keer in die buitenste Tabernakel ingegaan en hulle bediening

uitgevoer,

7 maar in die binneste van die Tabernakel, het die hoofpriester alleen, een maal per

jaar, met bloed, wat hy offer vir sy lewe en vir die oortredinge van die mense,

Lev 16

ingegaan.

8 Hierin het die Gees van Afsondering geleer dat die pad van Afsondering nog nie

openbaar is, solank as wat die eerste Tabernakel nog staan nie.

9 Dit was ‘n bloudrukplan vir daardie tyd waarin daar geskenke en offers gebring is,

wat hom, wat hulle offer, se gewete nie volkome kon maak nie,

10 maar deur kos en drank en verskillende reinigingswassinge, wat instellings van die

vlees is, wat vasgestel is tot op die tyd van hervorming,

11 maar Die Gesalfde Een, wat gekom het, het die Hoofpriester geword van die goeie

dinge wat Hy gedoen het en Hy het die groot en volmaakte Tabernakel binnegegaan,

wat nie met hande gemaak is nie en nie van hierdie geskepte dinge is nie.

12 Hy het ook nie ingegaan met die bloed van jaaroue bokke en kalwers nie, maar

met Sy eie bloed het Hy een maal ingegaan in die plek van Afsondering en ewige

loskoping verkry,

13 want as die besprinkeling, van die wat onrein is, met bloed van bulle en bokke en

die as van ‘n vers, hulle kan afsonder tot reiniging van die vlees,

14 hoeveel te meer sal die bloed van Die Gesalfde Een, wat Homself, sonder vlek,

deur die ewige Gees aan God geoffer het, ons gewete reinig van dooie werke, om

die lewende God te dien.

15 As gevolg hiervan is Hy Tussenganger van ‘n nuwe verbond, Yir 31:30 want in Sy

dood was Hy Verlossing vir díe wat teen die eerste verbond oortree het sodat ons

die belofte mag ontvang, díe wat geroep is tot ‘n ewige erfenis,

16 want waar daar ‘n testament is, wys dit die dood van hom wat dit opgestel het,

17 want dit is slegs geldig vir ‘n dooie, want solank die opsteller leef het dit geen

gebruik nie.

Hebreërs

18 As gevolg hiervan is selfs die eerste nie sonder bloed ingestel nie,

19 want toe al die opdragte van die wet deur Moshe aan al die mense beveel is, het hy

die bloed van ‘n kalf saam met water, skarlakenrooi wol, hisop en die boekrol gevat

en al die mense besprinkel

20 en vir hulle gesê: “Hierdie is die bloed van die verbond wat God julle beveel

het.”

Eks 24:8

21 Hy het ook op die Tabernakel en al die gereedskap van die tempeldiens, van die

bloed gesprinkel,

22 omdat alles met bloed gereinig word volgens die geskrewe wet en sonder die stort

van bloed is daar geen vergifnis nie.

23 Dit was dus nodig dat hierdie dinge, wat bloudrukplanne was van die dinge in die

hemel, deur hierdie offers gereinig moes word, maar die hemelse deur beter offers

as hierdie,

24 want Die Gesalfde Een het nie ingegaan in ‘n Afgesonderde Plek met hande

gemaak, ‘n bloudrukplan van die ware een nie, maar in die hemel waar Hy in die

Teenwoordigheid van God namens ons verskyn;

25 ook nie om Homself gereeld te offer, soos wat die hoofpriester elke jaar in die

Afgesonderde Afsondering ingegaan het met bloed wat nie sy eie is nie,

26 want dan moes Hy gereeld gely het, van die begin van die wêreld af, maar nou het

Hy een maal tydens die einde van die tye Homself geoffer, om die sonde deur Sy

offer te vernietig.

27 Net soos dit bepaal is vir die mens om een maal te sterf en na die dood is die

oordeel,

28 só is Die Gesalfde Een ook een maal geoffer en Sy liggaam geoffer vir die sondes

van baie, Yes 53:12 maar die tweede maal verskyn Hy, sonder ons sonde, vir die lewe

van hulle wat Hom verwag,

10 1 want die geskrewe wet was ‘n skaduwee van die goeie dinge wat sou kom,

nie die kern van die dinge nie, omdat die offers wat elke jaar gebring word, dié wat

hulle offer, nooit volmaak kan maak nie,

2 want as dit volmaak gemaak het, sou hulle sonder twyfel opgehou het om te offer, omdat

hulle geen gewete meer oor sondes sou hê nadat hulle een maal gereinig is nie,

3 maar deur die offers onthou hulle hul sondes elke jaar,

4 want dit is nie moontlik vir die bloed van bulle en jaaroud bokke om die sonde weg

Ps 50:13

te vat nie.

5 Daarom het Hy gesê, toe Hy in die wêreld inkom: “Offers en brandoffers wou U nie

gehad het nie, maar U het My met ‘n liggaam aangetrek.

6 Brandoffers van vrede vir sonde het U nie gevra nie.

7 Toe het Ek gesê: “Let op, Ek kom,” want in die begin van die Skrifte is dit van My

Ps 40:7-9

geskryf, “om U wil te doen, o God.”

8 Hierbo sê Hy: “Slagoffers, graanoffers, brandoffers, sond- en vredesoffers wil U nie

hê nie,” dit wat volgens die geskrewe wet geoffer word,

9 daarna het Hy gesê: “Let op! Ek kom om U wil te doen, o God.” Hierin skaf Hy die

eerste af om die tweede te vestig,

356

10 want in Sy wil word ons net een maal afgesonder deur die offer van die liggaam

van Yeshua, Die Gesalfde Een.

11 Elke hoofpriester staan elke dag om te bedien en dieselfde offers te bring wat van

die ou tyd af nooit die sondes kon verwyder nie,

12 maar Hy het een slagoffer ter wille van sonde gebring en gaan sit aan die regterhand

van God vir altyd,

Ps 110:1

13 wagtend verder, totdat Sy vyande ‘n voetbank onder Sy voete gemaak is,

14 want deur een offer het Hy vir altyd die wat daardeur afgesonder is, tot die doel

gebring.

15 Die Gees van Afsondering getuig ook vir ons, Wie sê:

16 “Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae, sê ; Ek sal my wette

Yer 31:32

gee in hulle begrip en in hulle verstand, wil en emosie sal Ek dit inskrywe

17 en hulle sondes en hulle oortreding sal Ek nie onthou nie,”

Yir 31:33

18 maar waar daar vergifnis van sonde is, is daar nie ‘n offer vir die sonde nodig nie.

19 Daarom is daar vir ons vrymoedigheid broers, om in die Afgesonderde plek in te

gaan deur die bloed van Yeshua

20 en deur die metode van Lewe, wat ons vernuwe het binne die skeidingsgordyn,

wat Sy liggaam is

21 en ons het ‘n Groot Priester oor die huis van God.

22 Laat ons nader gaan met ‘n opregte verstand, wil en emosie in sekerheid van

vertroue, terwyl ons verstand, wil en emosie besprenkel is en gereinig is van ‘n

bose gewete en ons liggaam gewas is met skoon water.

Yeg 36:25

23 Laat ons vashou aan die belydenis van ons versekerde verwagting en nie wankel

nie, want Hy wat dit beloof het, is vertrouenswaardig.

24 Neem mekaar in ag deur mekaar aan te moedig deur liefde en goeie werke.

25 Ons moenie ons byeenkomste, soos die gewoonte vir elke persoon is, staak nie,

maar kyk uit vir mekaar, al hoe meer namate julle daardie dag sien nader kom,

26 want as iemand opsetlik sondig, nadat hy die kennis van die waarheid ontvang het,

is daar nie ‘n offer wat agterna geoffer kan word vir sondes nie,

27 maar die verskriklike oordeel en ywerige vuur is gereed, wat die teëstanders sal

Yes 26:11

verteer.

28 As iemand teen die wet van Moshe oortree het, sterf hy op die getuienis van twee

of drie sonder oorsien.

Deut 17:6, 19:15

29 Hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy ontvang wat die Seun van God vertrap het

en die bloed van Sy verbond gewoon geag het, Eks 24:8 hy wie ook daardeur afgesonder

is en die Gees van onverdiende guns verag het?

30 Ons ken Hom wat gesê het: “My kom die wraak toe, Ek sal terugbetaal, sê ;”

en weer: “ sal Sy volk oordeel.”

Deut 32:5-36

Hebreërs

31 Dit is verskriklik erg om in die hande van die lewende God te val.

32 Onthou daarom die eerste dae waarin julle die doop ontvang het en julle ‘n groot

stryd van lyding deurstaan het met skande en droefheid

33 en julle ‘n bespotting gemaak is, omdat julle deelgenote geword het van die wat

hierdie dinge deurgemaak het

357

Hebreërs

34 en dit ook vir julle pynlik was, saam met die wat gevange geneem is en julle die

berowing van julle goed met blydskap aanvaar het, omdat julle geweet het dat julle

‘n beter besitting het in die hemel, wat nie verbygaan nie.

35 Moet daarom nie julle vrymoedigheid weggooi nie, want daar kom ‘n groot

beloning daarvoor,

36 want julle het geduld nodig om die wil van God te doen en die belofte te ontvang,

37 want daar is baie min tyd voordat Hy wat kom, sál arriveer en nie talm nie,

38 maar die onskuldiges sal vanuit My vertroue lewe en as hy dit opgee, is Ekself nie

met hom tevrede nie,”

358

Hav 2:3-4

39 maar ons is nie wanhopig, wat lei tot vernietiging nie, maar in vertroue, wat aan

ons lewe gee.

11 1 Vertroue is die oortuiging aangaande daardie dinge wat in versekerde verwagting

is, Hav 2:4 asof dit daardie dinge in aksie is, en die openbaring van die dinge wat nie

gesien word nie,

2 want deur dít was daar ‘n getuienis vir die mense van ouds.

3 Deur vertroue verstaan ons dat die wêreld gevorm is Gen 1:1-3,6,9,14,20,26; Ps 33:6 deur die

woorde van God en die dinge wat gesien kan word, bestaan vanuit die wat nie

gesien kan word nie.

4 Deur vertroue het Hevel ‘n baie beter offer aan God gebring as Kayin, waardeur

daar vir hom ‘n getuienis is dat hy onskuldig is en God self getuig oor sy offer en as

Gen 4:3-10

gevolg daarvan praat hy steeds terwyl hy dood is.

5 Deur vertroue is Hanokh weggevat om die dood nie te sien nie en hy is nie gekry nie,

omdat God hom weggevat het, want voordat hy weggevat is, was daar van hom die

Gen 5:24

getuienis dat hy God tevrede gestel het.

6 Sonder vertroue kan geen mens Hom tevrede stel nie, want hy wat nader aan God

gebring word, is dit verskuldig om te vertrou dat Hy Is en die Beloner is van dié

wat Hom soek.

7 Deur vertroue het Noag, toe daar met hom gepraat is oor die dinge wat nog nie

gesien is nie, aanbid en die ark vir homself gebou vir die lewe van die kinders in sy

huishouding, waardeur hy die wêreld veroordeel het en hy die erfgenaam geword

het van onpartydigheid en opregtheid, wat in vertroue is.

8 Deur vertroue het Avraham, toe hy geroep is, Gen 12:1-5 gehoorsaam weggetrek na die

plek wat hy, deur te gaan, as ‘n erfenis sou ontvang en het hy uitgegaan sonder om

Neg 9:7-8

te weet waarheen hy gaan.

9 Deur vertroue het hy as ‘n vreemdeling gaan woon in die land wat aan hom belowe

is en in tente gebly saam met Yitz’gak en Ya’akov, kinders van sy erfenis van die

Gen12:7, 13:15

belofte,

10 want hy het die stad, met fondasies deur God, die Argitek en Bouer, verwag.

11 Deur vertroue het Sarah, wat onvrugbaar was, ook die vermoë ontvang om bevrug

te word en toe sy oor die leeftyd was, het sy geboorte gegee, omdat sy seker was dat

Hy wat dit beloof het, vertrouenswaardig is.

12 Daarom is daar ook uit een wat gefaal het in ou ouderdom, soveel soos die sterre

van die hemel en soos die sand aan die seestrand, Gen 15:5-6, 22:17, Eks 22:13, Deut 1:10 wat nie

getel kan word nie, gebore.

13 In vertroue is hulle almal dood, sonder om die beloftes te ontvang, maar hulle het

dit op ‘n afstand gesien en daarin verheug en het erken dat hulle vreemdelinge en

nomades op aarde is,

1 Kron 29:15

14 want die wat sulke dinge sê, wys dat hulle vir hulle ‘n stad soek.

15 As hulle na dié stad waaruit hulle weggetrek het, gesoek het, was daar vir hulle tyd

om weer daarheen terug te gaan,

16 maar nou is dit duidelik dat hulle na ‘n beter een verlang, na dit wat in die hemel

is, daarom skaam God Hom nie vir hulle om húlle God genoem te word nie, want

Hy het vir hulle ‘n stad voorberei.

17 Deur vertroue het Avraham, toe hy getoets is, Yitz’gak geoffer en sy enigste seun

op die altaar gelê; hom wat hy as die belofte ontvang het,

18 aan wie gesê is: “In Yitz’gak sal jou saad genoem word.”

Gen 21:12

19 Hy het vrede gemaak in homself dat dit in God se hand is om uit die dood uit op te

wek, waaruit hy hom ook, om ‘n vergelyking te maak, terug ontvang het.

20 Deur vertroue van wat nog moet gebeur, het Yitz’gak vir Ya’akov en Esav geseën.

21 Deur vertroue het Ya’akov toe hy sterwend was, al die seuns van Yosef geseën en

Gen 47:31

neergebuig op die knop van sy staf.

22 Deur vertroue het Yosef, toe hy sterwend was, gepraat van die uittog van die kinders

van Yisra’el en opdrag gegee aangaande sy gebeente.

Gen 50:24

Hebreërs

23 Deur vertroue het Moshe se ouers hom, ná sy geboorte, drie maande lank

weggesteek, toe hulle gesien het dat die kind mooi was

359

Eks 2:1-10 en hulle was nie bang

vir die opdrag van die koning nie.

24 Deur vertroue het Moshe, toe hy grootgeword het, Eks 2:11 geweier om die seun van

Farao se dogter genoem te word.

25 Hy het vir homself verkies om in droefheid saam met die mense van God te wees,

eerder as om vir ‘n kort tydjie sonde te geniet

26 en die belediging van Die Gesalfde Een groter rykdom geag as die skatte van

Egipte, want hy het gefokus op die uitbetaling van die beloning.

27 Deur vertroue het hy weggegaan uit Egipte, sonder om bang te wees vir die woede

van die koning, want hy het uitgehou soos een wat God, die Onsienlike, sien.

28 Deur vertroue het hy die Pesag gehou en die bloed gesprinkel sodat hy wat die

eersgeborenes vernietig het hulle nie kon aanraak nie.

29 Deur vertroue het hulle deur die Rietsee gegaan, soos oor droë grond, terwyl die

Egipenare, toe hulle dit gewaag het, verswelg is.

30 Deur vertroue het die mure van Yerigo geval, nadat dit omring was vir sewe dae.

31 Deur vertroue het Ragav, die hoer, nie saam met die ongelowiges vergaan nie,

omdat sy die spioene in vrede ontvang het.

32 Wat sal ek nog meer sê? Daar is te min tyd om van Gid’on, Barak, Shimshon,

Yiftag, Dawid, Sh’mu’el en die ander profete,

33 wat deur vertroue koninkryke oorwin en regverdigheid gebring het, beloftes

Dan 6:23

ontvang het, die bekke van leeus toegemaak het,

Hebreërs

34 die krag van vuur uitgeblus het, die skerpte van die swaard ontvlug het, versterk is

vanuit siekte, kragtig in geveg geword en die kampe van die vyand omvergewerp

het, te vertel.

35 Hulle het aan vroue hulle kinders gegee wat opgestaan het uit die dood uit en

ander is deur marteling dood, sonder om bevryding te verwag sodat hulle ‘n beter

opstanding kan verkry.

36 Ander het die toets van bespottinge en géselinge deurstaan, ander is aan kettings

en selle oorgegee,

37 ander is gestenig, ander is in die helfte deurgesaag, ander is deur die swaard

dood, ander het rondgeloop in skaap- en in bokvelle, het gebrek gely, is verdruk en

geslaan.

38 Mense waaraan die wêreld nie waardig was nie; hulle was soos rondlopers in

verlate plekke, op berge, in grotte en gate in die grond

39 en alhoewel hulle almal getuienis van vertroue gehad het, het hulle die belofte nie

ontvang nie,

40 omdat God vooruit gesien het om ons te help, dat hulle nie sonder ons die

volmaaktheid sou bereik nie.

12 1 As gevolg hiervan, laat ook ons, wat so ‘n groot wolk van getuies rondom ons

het, elke las, en die sonde wat altyd gereed is vir ons, afgooi en met aanhoudende

geduld die resies hardloop wat voor ons lê;

2 en laat ons die oë hou op Yeshua, die Ontwerper en Voltooier Hav 2:4 van ons vertroue,

wat ter wille van die vreugde, die kruis verdra het, die skande ignoreer het en sit op

Ps 110:1

die regterkant van die troon van God.

3 Let op, daarom, hoeveel Hy van sondaars deurstaan het, hulle wat teëstaanders van

hulle eie lewe is sodat julle nie in julself onverskillig word en julle lewe verswak

nie.

4 Julle het tot nou toe nog nie met bloed weerstand gebied in julle stryd teen die sonde

nie

5 en julle het weggedwaal van die lering wat tot julle as seuns praat: “My seun, moenie

wegdraai van die vasgestelde pad van of verslap in jou lewe as jy deur Hom

gedissiplineer word nie,

6 want dissiplineer hom wat Hy liefhet en Hy ontvang hulle met wie Hy tevrede

Spr 3:11-12

is.”

7 Verduur daarom die dissipline, want God behandel julle as kinders. Watter seun

word nie deur sy vader gedissiplineer nie?

8 As julle nie gedissiplineer word, soos elke persoon gedissiplineer word nie, dan is

julle vreemdelinge en nie kinders nie.

9 As ons ons vaders, wat ons na die menslike liggaam dissiplineer, respekteer; hoeveel

te meer is ons nie verskuldig om ons aan die Vader van geeste te onderwerp nie en

ons sal lewe?

10 Want húlle het ons wel ‘n kort tydjie, soos hulle wil, gedissiplineer, maar God tot

ons voordeel sodat ons kan deel in Sy Afgesonderdheid,

360

11 maar elke dissiplinering, die oomblik wat dit gedoen word, lyk nie na ‘n saak van

blydskap nie, maar van treurigheid, maar later lewer dit vrugte op van vrede en van

opregtheid en onpartydigheid, deur dié wat deur Hom afgerig is.

12 Daarom, versterk jou hande en versterk die lam knieë

Yes 35:3

13 en maak reguit paaie vir julle voete Spr 4:26 sodat die lede wat kreupel is, nie wegval

nie, maar gesondgemaak word.

14 Jaag vrede na met elke mens en na afsondering, waarsonder niemand ons Meester

sal sien nie.

15 Wees waaksaam dat niemand onder julle, sonder die onverdiende guns van God

gevind word nie of dat ‘n wortel van bitterheid Deut 29:17 ranke voortbring en jou skade

aandoen en baie hierdeur besoedel word nie,

16 of dat iemand onder julle as seksuele oortreder en losbandig gevind word, soos

Esav, wat vir een maaltyd sy eersgeboortereg verkoop het, nie,

17 want julle weet dat hy, toe hy daarna die seën wou erf, verwerp is, omdat hy geen

herstel gevind het nie, al het hy dit met trane gesoek,

18 want hulle het nie nadergekom na die vuur wat brand en wat aangeraak kan word

nie en ook nie na die duisternis, die donker mis, of die storm,

19 die klank van die ramshoring en die geluid van stemme wat die hoorders verwerp

het, dat dit nie bygevoeg sou word om met hulle te praat nie,

20 want hulle kon niks van die opdrag verdra nie: “selfs as ‘n dier die berg aanraak,

Eks 19:12-13

moet dit gestenig word.”

21 So vreeslik was die gesig, dat Moshe gesê het: “Ek is bang en wankelend,”

Deut 9:19

22 maar julle het gekom by die berg Tziyon en die stad van die lewende God, die

hemelse Yerushalayim en vergadering van tien duisende engele,

23 by die gemeente van eersgeborenes wat in die hemel opgeskrywe is en by God, die

Regter van almal en by die geeste van die onskuldiges wat volmaak gemaak is

24 en by Yeshua, die Tussenganger van die nuwe verbond en die sprinkeling van

bloed wat beter praat as dié van Hevel.

25 Pas op, daarom, dat julle Hom wat met julle praat, nie verwerp nie, want as húlle

wat Hom verwerp, nie ontvlug het toe Hy op aarde met hulle gepraat het nie, hoeveel

minder óns wat Hom verwerp, nou dat Hy vanuit die hemel praat.

26 Wie se stem die aarde geskud het, maar nou het Hy belowe en gesê: “Nog een maal

sal Ek nie alleen die aarde skud nie, maar ook die hemel”

Hag 2:6

Hebreërs

27 en hierdie woord: ‘nog een maal,’ wys duidelik op die verandering van die dinge

wat geskud word sodat die wat nie geskud kan word nie kan oorbly.

28 Omdat ons daarom die onskudbare Koninkryk ontvang het, sal ons die onverdiende

guns ontvang, waardeur ons God sal dien en tevrede stel in respekvolle eer en in

aanbidding,

Deut 4:24, 9:3, Yes 33:14

29 want ons God is ‘n verterende vuur.

13 1 Laat die liefde vir broers voortgaan tussen julle.

2 Vergeet nie die goedheid teenoor vreemdelinge nie, want daardeur was sommige

waardig om onwetend, engele te onthaal.

361

Hebreërs

3 Onthou dié wat gevange geneem is, asof julle saam met hulle gevang is en dié wat

mishandel word, as mense wat hulle liggame dra.

4 Die huwelik is eerbaar in alle opsigte en hulle bed is rein, maar God sal seksuele

oortreders en egbrekers oordeel.

5 Julle gedagtes het nie geld liefgehad nie, maar laat, wat julle ookal het, vir julle

genoeg wees, want het gesê: “Ek sal jou nooit in die steek laat en jou hand laat

Deut 31:6

los nie.”

6 Ons sê met vrymoedigheid: “My Meester is my Helper, ek sal nie vrees nie; wat sal

Ps 27:1, 118:6

‘n mens aan my doen?”

7 Onthou julle gidse, die wat die boodskap van God aan julle verkondig; kyk na die

resultate van hulle optrede en volg hulle vertroue na.

8 Yeshua, Die Gesalfde Een, is gister en vandag en tot in ewigheid.

9 Moenie gelei word deur vreemde en veranderlike leringe nie, want dit is goed dat

die verstand, wil en emosie versterk word deur onverdiende guns, nie deur kos nie,

waarvan die wat daarin leef, geen voordeel het nie.

10 Ons het ‘n altaar, waarvan dié wat die Tabernakel bedien, geen outoriteit het om

van te eet nie.

11 Die diere, waarvan die bloed ter wille van die sonde, deur die hoofpriester in

die afgesonderde plek ingedra word,

362

Lev 16:27 se liggame word buitekant die kamp

verbrand.

12 Daarom het Yeshua ook, om die mense deur Sy eie bloed af te sonder, buitekant

die stad gely.

13 Daarom, moet ons ook uitgaan na Hom toe, buitekant die kamp, terwyl ons Sy

skande dra,

14 want ons het hier geen blywende stad nie, maar ons kyk uit vir die één wat kom.

15 Laat ons, deur Hom, altyd aan God ‘n lofoffer bring, wat die vrug van die lippe is

wat dank bring aan Sy Naam.

16 Vergeet ook nie liefdadigheid en om te deel met die armes nie, want met sulke

offers stel ‘n mens God tevrede.

17 Wees gehoorsaam aan julle leiers en onderwerp julle aan hulle, want hulle hou wag

oor julle lewens, as mense wat rekenskap moet gee sodat hulle dit met blydskap kan

doen en nie met klagtes nie, want dit is nie vir julle tot voordeel nie.

18 Hou aan bid vir ons, want ons vertrou dat ons ‘n goeie gewete het, omdat ons in

alles goed wil leef,

19 maar, spesiaal vra ek julle, om dit te doen sodat ek gouer na julle toe kan

terugkom.

20 Die God van vrede, vergenoegdheid, gesondheid en voorspoed, wat die groot

Herder van die skape, Yeshua, Die Gesalfde Een, ons Meester, deur die bloed van

die ewige verbond uit die dood uit gebring het;

21 Hy sal julle volmaak maak in elke goeie daad, om Sy wil te doen; en Hy sal in ons

alles wat uitstekend is voor Hom, deur Yeshua, Die Gesalfde Een, aan wie die lof,

eer en aanbidding toekom tot in tydlose ewigheid uitvoer! Waarlik!

22 Ek doen ‘n beroep op julle, broers, wees geduldig in julle gees met die boodskap

van opheffing, want ek het maar kort aan julle geskryf.

Hebreërs

23 Weet dat ons broer Timotheos vrygelaat is en, as hy gou kom, sal ek julle saam

met hom sien.

24 Groet al julle leiers en al die afgesonderdes. Almal wat van Italië is, groet julle.

25 Die onverdiende guns bly by julle almal! Dit is waar.

363

Ya’akov

364

Die twintigste boek van die Nuwe Verbond

Die brief is deur Ya’akov, die seun van Miryam, moeder van

Yeshua, Die Gesalfde Een, geskryf.

Ya’akov

{ Gryp aan die hakskeen / Mislei }

( Jakobus )

Dit is geskryf voordat Ya’akov, in die jaar 63, vermoor is.

In Afrikaans vertaal vanuit die oorspronklike Aramese ‘Peshitta’ -

die taal wat Yeshua gepraat het.

1 1 Ya’akov, ‘n dienskneg van God en van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde

Een, aan die twaalf stamme wat verstrooi is onder die nasies: Vrede, gesondheid,

voorspoed en vergenoegdheid!

2 Laat daar elke vreugde onder julle wees, my broers, wanneer julle deur allerhande

en baie versoekinge gaan,

3 omdat julle weet dat die toetsing van vertroue, vir julle volharding bereik,

Rom 5:2-5

4 maar die volharding moet self aanhou werk tot volmaaktheid sodat julle volmaak en

volledig kan wees en in niks kortkom nie,

5 maar as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal

vrylik gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word,

Spr 2:3-6

6 maar hy moet in vertroue vra, sonder om te twyfel, want hy wat twyfel, is soos die

golwe van die see wat deur die wind gepla word,

7 want só ‘n mens moenie dink dat hy enige iets van sal ontvang nie.

8 Wie ookal twyfel in sy gedagtes, het probleme in al sy doen en late.

9 Laat die arm broer roem dat hy opgelig word

10 en die ryke, in sy vernedering, want soos ‘n blom van die veld sal hy verbygaan,

11 want die son kom op met sy hitte en laat die plant wegdroog en sy blom afval,

en die grasie van sy voorkoms word so vernietig. So sal die ryke ook in sy lewe

wegkwyn.

12 Geseënd is die man wat volhard as hy getoets word, want as hy die toets deurstaan

het, sal hy die kroon van die lewe ontvang, wat God beloof, aan die wat Hom

liefhet.

13 Laat niemand, as hy versoek word, sê: “Ek word deur God versoek nie,” want God

is nie bekend met boosheid nie en Hy versoek nie die mens nie,

14 maar elkeen word getoets deur sy eie begeertes; hy begeer en word mislei.

15 Hierdie begeerte word verwagtend en gee geboorte aan sonde en as die sonde

ontwikkel het, gee dit geboorte aan die dood.

16 Moenie op ‘n dwaalspoor gelei word nie, my broers waarvoor ek lief is.

17 Alle geskenke wat goed en volmaak is, kom van bo af, vanaf die Vader van lig. By

Mal 3:6; 1Yog 1:5

Hom is daar geen verandering of skaduwee van wysiging nie.

18 Omdat Hy wou, het Hy geboorte gegee aan ons deur die boodskap van die waarheid

Rom 8:19-23

sodat ons die eerstelingoes van Sy skepping kan wees.

19 Elkeen van julle, my broers wat ek liefhet, moet gou wees om te luister, stadig om

te praat, stadig om kwaad te word,

Kla 7:9

Ya’akov

20 want die woede van ‘n man voer nie die onpartydigheid en opregtheid van God

uit nie.

21 As gevolg hiervan, raak ontslae van alle verwerplikheid en die oorvloed van

booshede en ontvang met nederigheid die boodskap wat ingeplant is in ons natuur,

wat in staat is om julle gees te red.

22 Wees ‘n doener van die boodskap en nie net ‘n hoorder wat jouself mislei nie,

23 want as iemand ‘n hoorder van die boodskap is en nie ‘n doener nie, is hy soos ‘n

man wat sy gesig in ‘n spieël sien,

24 want hy sien homself en gaan weg en vergeet hoe dit was,

365

Ya’akov

25 maar elkeen wat diep insien in die volmaakte wet van vryheid en daarin volhard,

omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n doener van die dade, sal

geseënd wees in wat hy doen.

26 As iemand dink dat hy God dien en nie sy tong in toom hou nie, Ps 34:14; 39:2; 141:3 mislei

hy sy eie denke, wil en emosie en die diens van hierdie man is leeg en doelloos.

27 Rein en afgesonderde bediening voor God-die-Vader is dít: om wese en weduwees

in hulle moeilikhede te besoek en jou eie lewe sonder besmetting van die wêreld te

Yes 1:15-16

hou.

2 1 My broers, laat julle nie die vertroue van eer, lof en aanbidding, van ons Meester,

Yeshua, Die Gesalfde Een vashou met aanneming van die persoon nie,

2 want as daar in julle bymekaarkomplekke ‘n man inkom met goue ringe of met ‘n

glansende kleed aan en daar kom ook ‘n arm man in met vuil klere aan

3 en julle opkyk na hom wat die glanskleed dra en vir hom sê: “Kom, sit u hier op

die goeie plek” en vir die arme sê julle: “Gaan, staan jy daar of sit hier voor ons

voetbank,”

4 let op, is julle dan nie in julleself verdeeld en het vertolkers van bose motiewe

geword nie?

5 Luister, my broers waarvoor ek lief is: Het God nie die armes van hierdie wêreld

gekies as rykes in die vertroue sodat hulle erfgename van die Koninkryk, wat Hy

beloof het aan die wat Hom liefhet, kan wees nie?

6 Maar julle het die arm man verneder. Is dit nie die rykes wat julle onderdruk en julle

voor die regbanke sleep nie?

7 Let op, is dit nie hulle wat die goeie Naam belaster wat oor julle uitgeroep is nie?

8 As julle die geskrewe wet van God hierin uitvoer soos dit geskryf is: Jy moet jou

naaste liefhê soos jouself, Lev 19:18 dan doen julle goed,

9 maar as julle partydig is, doen julle sonde en word julle deur die geskrewe wet

Deut 1:17

aangespreek as oortreders van die geskrewe wet.

10 Wie ookal die hele geskrewe wet gehoorsaam, maar in een ding struikel, word deur

Lev 4:2

die hele wet skuldig bevind,

11 want Hy wat gesê het: Jy mag nie egbreek nie, het ook gesê: Jy mag nie moord

pleeg nie.

366

Eks 20:13; Deut 5:17 As jy nie egbreek nie, maar moord pleeg, het jy ‘n oortreder

van die geskrewe wet geword.

12 Julle moet aanhou om só te praat en só te doen soos mense wat deur die geskrewe

wet van vryheid geoordeel sal word,

13 want die oordeel is sonder verskoning teenoor die wat nie omgee gee nie; met

omgee het jy heerskappy oor die oordeel.

14 Wat is die voordeel, my broers, as iemand sê dat hy die ‘geloof’ het, maar hy het

nie die dade nie? Kan sy ‘geloof’ hom red?

15 As ‘n broer of ‘n suster kaal is en nie kos vir die dag het nie

16 en enige van julle sou vir hulle sê: “Gaan heen in vrede, gesondheid, voorspoed en

vergenoegdheid, wees warm, wees versadig, maar julle gee hulle nie dit wat vir die

liggaam nodig is nie; watter voordeel het dit?

17 Net so is ook die ‘geloof’, as dit geen dade het nie, in homself dood,

18 want iemand sê vir jou: Jy en ek het ‘geloof’; ek het werke. Efe 2:8-10 Wys my jou

‘geloof’ sonder dade en ek sal jou my vertroue deur my dade wys.

19 Jy vertrou dat God één is. Deut 6:4 Jy doen goed. Die demone glo dit ook en hulle

bewe,

20 maar wil jy weet, o nietige mens, dat die ‘geloof’ sonder werke dood is?

21 Is Avraham, ons vader, nie vanuit sy dade onskuldig verklaar toe hy Yitz’gak, sy

seun, op die altaar gesit het nie?

Gen 22:1-19

Ya’akov

22 Sien jy dat sy vertroue sy dade bevestig het en dat sy vertroue volmaak geword het

deur dade?

23 Die Skrif is vervul wat sê: “Avraham het God vertrou en dit is hom tot onpartydig-heid

en opregtheid gereken Gen 15:6; Rom 4:3 en hy is ‘n vriend van God Yes 41:8; 2 Kro 20:7 genoem.”

24 Sien julle dat die mens onskuldig verklaar word deur dade en nie alleen deur die

‘geloof’ nie?

25 Is Ragav, die prostituut, Y’ho 2:8-21; 6:25 nie ook net so onskuldig verklaar deur haar

dade toe sy die boodskappers ontvang en met ‘n ander pad weggestuur het nie?

26 Net soos die liggaam sonder gees dood is, net so is ook die ‘geloof’ sonder dade

dood.

3 1 Daar moenie baie leermeesters onder julle wees nie, my broers, want julle weet

dat ons ‘n groter oordeel sal ontvang,

2 want ons almal struikel dikwels. Elkeen wat nie struikel in wat hy sê nie; hy is ‘n

volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam te beheer.

3 Let op! Ons sit stange in die perde se bekke sodat hulle ons gehoorsaam kan wees

en ons draai hulle hele liggaam daarmee.

4 Ook soos skepe, magtig en deur sterk winde voortgedryf, deur ‘n baie klein, harde

stukkie hout gestuur word net waarheen die stuurman wil;

5 net so is die tong ook ‘n klein ledemaatjie en het heerskappy. ‘n Klein vuurtjie steek

‘n groot woud aan die brand!

6 Die tong is ook ‘n vuur en die wêreld van boosheid soos ‘n oerwoud. Die tong

op sy eie onder die lede, besmet ons hele liggaam en dit steek die opeenvolgende

generasies aan, wat soos wiele voortrol en brand soos vuur,

7 want die natuur van alle soorte wilde diere, voëls, reptiele, sowel as seediere, word

getem deur die menslike natuur,

8 maar die mens is nie in staat om die tong te tem nie. Dit is onbeheerbaar boos, vol

dodelike gif.

9 Daarmee seën ons en die Vader en daarmee vervloek ons mense, wat gemaak

Gen 1:26-27

is na die beeld van God.

10 Uit dieselfde mond kom seëninge en vervloeking. Dit, my broers, behoort nie so

te wees nie.

11 Is dit moontlik dat uit dieselfde fontein vars en bitter water uitkom?

12 Of kan ‘n vyeboom, my broers, olywe dra, of ‘n wingerdstok, vye? Net so word

bitter water nie soet gemaak nie.

13 Wie is wys en intelligent onder julle? Laat hom sy goeie dade wys in ‘n mooi

lewenswyse, in die wysheid van nederigheid,

367

Ya’akov

14 maar as daar bittere jaloesie en selfsug in julle gedagtes, wil en emosies is, moenie

grootpraat en lieg teen die waarheid nie.

15 Hierdie wysheid kom nie van bo af nie, maar is aards, uit die denke van die self en

vanaf demone,

16 want waar jaloesie en selfsug is, daar is wanorde en allerhande bose dinge,

17 maar die wysheid van bo is Spr 8:22 rein, vol vrede, sag, gee aandag, vol van liefde en

goeie vrugte; sonder verdeeldheid of die aanneming van ‘n persoon,

18 maar vrugte van onpartydigheid en opregtheid Yes 32:17; Heb 12:11 in vrede, word gesaai

deur hulle wat vrede maak.

4 1 Waar kom bakleiery en stryery onder julle vandaan? Is dit nie vanuit julle

begeertes, wat in julle ledemate baklei nie?

2 Julle begeer ernstig en julle het nie. Julle pleeg moord en is jaloers en julle kan niks

kry nie. Julle stry en baklei en julle het nie, omdat julle nie vra nie.

3 Julle vra en julle ontvang nie, omdat julle met bose redes vra, om julle begeertes te

voed.

4 Egbrekers, weet julle nie dat die vriendskap met die wêreld vyandskap teen God

is nie? Wie daarom kies om ‘n vriend van hierdie wêreld te wees, is ‘n vyand van

God,

5 of dink julle miskien dat die Skrif sonder rede sê: ‘Die gees wat in ons woon, begeer

met jaloesie’?

6 Ons Meester gee ons groter onverdiende guns, want Hy sê dít: “God verneder die

Spr 3:34

trotses, maar aan die nederiges gee Hy onverdiende guns.”

7 Wees dan gehoorsaam aan God en staan op teen Satan en hy sal van julle af

wegvlug.

8 Kom nader na God toe en Hy sal nader kom na julle toe. Z’kh 1:3 Sondaars, reinig julle

hande; Yes 1:15-16; Ps 24:4 twyfelaars, sonder julle gedagtes, wil en emosies af!

9 Wees nederig, treur en huil. Laat julle gelag in rou verander word en julle blydskap

in droefheid.

10 Wees nederig voor en Hy sal julle oplig.

11 Broers, moenie teen mekaar praat nie. Hy wat teen sy broer praat en sy broer

oordeel, praat teen die wet en oordeel die wet en as jy die wet oordeel, is jy nie ‘n

doener van die wet nie, maar sy regter.

12 Hy wat die geskrewe wet gee en oordeel, is Een. Wie is instaat om aan jou lewe te

gee en te vernietig? Jy, wie is jy wat jou naaste oordeel?

13 Wat sal ons sê van hulle wat sê: “Vandag of môre sal ons na ‘n stad toe gaan en daar

een jaar werk en handel drywe en wins maak”

14 en hulle weet nie eens wat môre bring nie, Spr 27:1 want soos wat is ons lewe? Dit is

‘n mis wat vir ‘n kort tydjie verskyn en dan verdwyn en weggaan.

15 In plaas dat julle sê: “As wil en ons lewe, dan sal ons dit of dat doen,”

16 maar nou roem hulle in hul trots. Al sulke roem is boos.

17 Wie ookal weet wat goed is en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde.

368

5 1 O, julle rykes, ween en huil oor die ellendes wat oor julle kom.

2 Julle rykdom is verrot en stink en julle klere is deur die motte geëet.

3 Julle goud en silwer is verroes en hulle roes sal tot ‘n getuienis teen julle wees en

sal, soos ‘n vuur, julle vlees verteer, dit wat julle vir die laaste dae by julle bymekaar

gemaak het!

4 Let op! Die loon van die arbeiders, wat julle lande afgeoes het, wat deur julle bedrog

teruggehou is, roep uit Lev 19:13 en die geroep van die wat geoes het, het gekom tot in

die ore van Elohei-Tzva’ot (God van die hemelse leermag).

5 Julle het op die aarde uitspattig gelewe en julle ooreet. Julle het jul liggame vet

gevoer soos vir ‘n slagdag.

6 Julle het Die Onskuldige Een veroordeel en vermoor; Hy het nie teen julle weerstand

gebied nie.

7 Wees julle egter geduldig, my broers, tot by die koms van . Soos die plaasboer

die kosbare vrugte van die aarde afwag en geduld het daarmee totdat hy die vroeë-

en die laatreën ontvang het.

Deut 11:14; Yir 5:24; Yo’el 2:23

8 Julle moet ook net so geduldig wees, versterk julle verstand, wil en emosie, want die

koms van ons Meester kom nader.

9 Moenie kla oor mekaar nie, my broers sodat julle nie geoordeel word nie. Let op!

Die Regter staan voor die deur.

10 My broers, neem die profete wat in die Outoriteit en Karakter van gepraat het,

vir julle, as voorbeeld van geduld in julle lyding.

11 Let op! Ons noem hulle wat uithou en aanhou gelukkig. Julle het gehoor van die

volhardende geduld van Iyov en julle weet wat die einddoel van met hom was,

omdat vol omgee en onverdiende guns is.

Eks 34:6; Ps 103:8; 111:4

Ya’akov

12 Bo alles, my broers, moenie ‘n eed sweer nie: nie by die hemel nie, ook nie by die

aarde nie en ook nie by ‘n ander eed nie, maar laat julle “ja” ja wees en julle “nee”

nee sodat julle nie onder ‘n oordeel val nie.

13 Is daar iemand onder julle wat ly? Laat hom bid. Is iemand vrolik? Laat hom met

Psalms (musiek en instrumente) sing.

14 Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die oudstes van die gemeente roep en laat

hulle oor hom bid en hom in die Outoriteit en Karakter van ons Meester met olie salf

15 en die gebed van vertroue sal die sieke gesondmaak; ons Meester sal hom herstel

en as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.

16 Erken julle oortredinge teenoor mekaar Yes 59:1-2 en bid vir mekaar sodat julle genees

kan word. Die gebed van ‘n onskuldige is baie kragtig en effektief.

17 Eliyahu was ‘n mens onderworpe aan lyding, net soos ons, en hy het gebid dat dit nie

moes reën nie, en dit het op die aarde drie jaar en ses maande lank nie gereën nie;

18 en hy het weer gebid, 1 Kon 17:1; 18:42-45 en die hemel het reën gegee en die aarde het sy

vrugte gegee.

19 My broers, as een van julle van die pad van die waarheid afgedwaal het en iemand

hom van sy fout af laat omdraai na God toe,

20 laat hy weet dat die een wat ‘n sondaar van die foute van sy lewe, na God toe laat

Spr 10:12

omdraai, ‘n gees uit die dood sal red en ‘n menigte sondes sal bedek.

369

1 Kefa

370

Die een-en-twintigste boek van die Nuwe Verbond

Die eerste brief geskryf deur Kefa, een van die twaalf

afgevaardigdes van Yeshua, Die Gesalfde Een.

1 Kefa

{ Rots of Klip }

( 1 Petrus )

Dit is bes moontlik in die jaar 64, vanaf Bavel, geskryf.

In Afrikaans vertaal vanuit die oorspronklike Aramese ‘Peshitta’ -

die taal wat Yeshua gepraat het.

1 Kefa

1 1 Kefa, ‘n afgevaardigde van Yeshua, Die Gesalfde Een, aan die gekoses en die

pelgrims, wat verstrooid is in Pontos, Galatia, Kappadokia, Asië en Bithunia;

2 die wat gekies is volgens die voorkennis van God-die-Vader, deur die afsondering

van die Gees, dat hulle sal wees tot gehoorsaamheid en tot besprenkeling met die

bloed van Yeshua, Die Gesalfde Een: Onverdiende guns en vrede, gesondheid,

voorspoed en vergenoegdheid word vermenigvuldig vir julle!

3 Geseënd is God, die Vader van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, wat in Sy

groot omgee vir ons die geboorte gegee het van bo af, deur die opstanding van

Yeshua, Die Gesalfde Een uit die dood, tot die versekerde verwagting van lewe

4 en tot ‘n erfenis wat nie vernietig, besoedel of verwelk word nie, wat in die hemel

vir julle voorberei word,

5 terwyl julle deur die krag van God en vertroue in stand gehou word vir die lewens

wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.

6 Lewens waarin julle vir ewig sal verheug, alhoewel julle, vir ‘n kort tydjie, moeg

gemaak word deur allerhande versoekings wat skielik oor julle kom

7 sodat die egtheid van julle vertroue, wat baie kosbaarder is as fyngoud, wat vergaan,

maar deur vuur gesuiwer word, gewys mag word as prysenswaardig, kosbaar en tot

eer, lof en aanbidding by die openbaring van Yeshua, Die Gesalfde Een;

8 Hom vir Wie julle nie gesien het nie en Hom liefhet en deur Sy vertroue verbly julle

jul met ‘n heerlike blydskap wat nie uitgespreek word nie

9 sodat julle die einddoel van julle vertroue, die redding van julle gees, kan ontvang.

10 Die profete wat geprofeteer het aangaande hierdie lewens, het hierdie onverdiende

guns wat vir julle bestem is, ondersoek en nagevors.

11 Hulle het ondersoek na watter tyd of geleentheid die Gees van Die Gesalfde Een,

wat in hulle was, gewys het, toe Hy vooruit voorspel het van die lyding wat oor Die

Gesalfde Een sou kom en die Gemanifesteerde Teenwoordigheid daarna.

12 Aan hulle is geopenbaar sodat hulle nie hulleself nie, maar vir ons bedien het deur

dié dinge wat nou aangekondig is deur dié wat die goeie nuus aan julle verkondig

het in die Gees van Afsondering, wat vanuit die hemel gestuur is; dinge waaroor die

engele begeer om in te sien.

13 Daarom, bind die heup van julle verstand vas, wees volkome waaksaam en verwag

die onverdiende guns wat julle deel word by die openbaring van Yeshua, Die

Gesalfde Een

14 soos gehoorsame kinders en moenie weer deel kry aan julle vorige begeertes wat

julle sonder kennis begeer het nie,

15 maar wees afgesonderdes in al julle lewenswyses, soos wat Hy wat julle geroep

het, afgesonderd is,

16 omdat daar geskrywe is: Lev 11:44,45; 19:2; 20:7 “Wees afgesonderd, soos Ek afgesonderd

is.”

17 As julle jul op Hom as Vader beroep, wat onpartydig oordeel volgens elkeen se

dade, leef dan in respekvolle vrees gedurende dié tyd wat julle vreemdelinge is,

18 omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is

Yes 52:3

uit julle leë dade wat tradisioneel deur die vaders oorgedra is nie,

371

1 Kefa

19 maar deur die kosbare bloed van die Lam, waarin geen gebrek of vlek is nie, wat

Die Gesalfde Een is,

20 wat wel voor die tyd hiervoor aangestel is, voor die vorming van die wêreld, maar

in hierdie laaste tye geopenbaar is, om julle ontwil.

21 Julle, wat deur Hom, in God, wat Hom uit die dood uit opgewek en aan Hom

eer, lof en aanbidding gegee het, vertrou het sodat julle vertroue en versekerde

verwagting in God kan wees,

22 soos julle lewens afgesonder sal word in gehoorsaamheid aan die waarheid en

gevul word met liefde, sonder aanneming van ‘n persoon, sodat julle mekaar sal

liefhê uit ‘n skoon en volmaakte verstand, wil en emosie,

23 soos mense wat van bo af gebore is, nie uit verganklike saad nie, maar uit

onverganklike, deur die Lewende Boodskap van God, wat tot in ewigheid bly,

24 want alle vlees is soos gras en al die eer en lof van die mens soos ‘n veldblom. Die

gras verdor en die blom val af,

25 maar die Woorde van ons God bly tot in ewigheid Yes 40:6-8 en dit wat Hy gesê het is

die goeie boodskap wat aan julle verkondig is.

2 1 Daarom, gooi alle boosheid, alle misleiding, bevooroordeeldheid, afguns en alle

kwaadpratery af.

2 Verlang sterk, soos drinkende babas, na die suiwer en geestelike melk van die

boodskap, waardeur julle sterk kan groei vir die lewe,

Ps 34:9

3 as julle geproe en gesien het dat goed is,

4 Hy na Wie julle naderkom, die Lewende Steen, wat deur die mense verwerp is, maar

deur God gekies en kosbaar is.

5 Julle word net so as lewende stene opgebou en julle het ‘n geestelike tempel en

afgesonderde priesters geword, om geestelike offers te bring wat vir God aanvaarbaar

is deur Yeshua, Die Gesalfde Een.

6 Dit word gesê in die Skrifte: “Let op! Ek lê in Tziyon ‘n goedgekeurde en kosbare

Yes 28:16

Hoeksteen en die wat in Hom vertrou, sal nooit beskaam word nie.”

7 Vir die wat aanhou vertrou, is hierdie eer gegee, maar vir die wat nie vertrou nie

8 is Hy: “’n Klip van struikeling en ‘n Rots van aanstoot”

372

Yes 8:14 en hulle struikel daaroor

deurdat hulle nie die boodskap gehoorsaam nie, want hiervoor is hulle aangestel.

9 Julle is ‘n gekose nasie, Yes 43:20 om te dien as priesters in die Koninkryk, Yes 61:6 ‘n

afgesonderde volk, Eks 19:6 bymekaargemaak en bevry, om die lofprysinge van Hom,

wat julle uit die duisternis geroep het tot Sy wonderlike lig, te verkondig,

10 julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; vir wie niemand

Hos 2:25

omgegee het nie, maar nou word omgee oor julle uitgestort.

11 Julle vir wie ek liefhet, ek versoek julle, as tydelike bewoners en vreemdelinge, om

julle te onthóu van vleeslike begeertes Gen 23:4; Ps 39:13; 1 Kro 29:15 wat baklei teen die gees

12 en laat julle manier van lewe onder al die mense mooi wees sodat die wat van julle

kwaad praat, julle goeie dade kan sien en God kan eer, loof en aanbid in die dag van

beoordeling.

13 Wees dan ondergeskik aan alle mense ter wille van God; aan konings, as gevolg

van hulle outoriteit;

14 aan regters, want hulle is vanaf Hom gestuur om kwaaddoeners te straf en om die

wat goed doen, te prys,

15 want só is dit die wil van God, dat julle deur goed te doen, die monde van dwase

mense sal stilmaak,

16 soos vrymense en nie soos hulle wat die vryheid as ‘n verskoning vir die boosheid

gebruik nie, maar soos slawe van God.

17 Julle moet almal eer, die broers liefhê, God respekvol vrees en die koning eer.

18 Huisbediendes, wees aan julle meesters gehoorsaam met alle vrees, nie alleen aan

die wat goed en sag is nie, maar ook aan die harde en bose,

19 want daar is onverdiende guns vir iemand as hy, ter wille van die gewete voor God,

leed verdra wat van die Bose Een af kom,

20 want watter eer is daar as julle verdra wanneer julle as gevolg van dwaasheid

verkeerd doen en geslaan word? Maar, as julle verdra wanneer julle goed doen en

ly, dan word julle eer en lof voor God opgelig,

21 want hiertoe is julle geroep, omdat Die Gesalfde Een ook in julle plek gesterf het

en vir julle ‘n voorbeeld nagelaat het sodat julle in Sy voetspore kan volg.

22 Hy wat geen sonde gedoen het nie Yes 53:9 en in wie se mond geen bedrog gevind is

nie;

23 Hy wat beledig is en nie beledig het nie; Hy het gely en niemand gedreig nie, maar

het Sy oordeel oorgegee aan Hom wat regverdig oordeel;

24 Hy het al ons sondes Yes 53:4,12 in Sy liggaam op die kruishout Deut 21:22,23 opgelig, en as

ons dood is aan sondes, sal ons in Sy onpartydigheid en opregtheid lewe. Deur Sy

wonde is julle gesondgemaak,

Yes 53:5

1 Kefa

25 want julle was soos verdwaalde skape, maar nou het julle teruggedraai na die

Yes 53:6

Skaapwagter en Omgeegewer van julle lewe.

3 1 Net so moet julle vroue gehoorsaam wees aan jul eie mans sodat die wat nie die

boodskap gehoorsaam nie, deur jou mooi lewenswyse, sonder inspanning, gewen

kan word

2 wanneer hulle sien dat julle respekvol, met oorleg en goeie oordeel optree.

3 Julle versiering moenie uiterlik wees nie: Vlegsels in julle hare, juweliersware van

goud of fyn klere nie,

4 maar wees versier in die geheime van die gedagtes, wil en emosie van die mens, in

die onverganklike versiering van ‘n nederige gees wat baie kosbaar is voor God,

5 want net só het ook die afgesonderde vroue, wat ‘n versekerde verwagting op God

gehad het, vroeër hulleself versier en hulle was gehoorsaam aan hulle eie mans,

6 soos wat Sarah gehoorsaam was aan Avraham en hom ‘my meester’ genoem het; wie

se kinders julle geword het Gen 18:12 as julle goed doen en geen bedreiging vrees nie.

7 Julle manne moet op díé manier met hulle saamlewe: Met kennis en hulle as

swakkeres met eer behandel, omdat julle ook mede-erfgename van die geskenk van

ewige lewe is sodat julle nie in julle gebede mag struikel nie.

8 Die slotsom is dat almal van julle in harmonie met mekaar moet wees; ly saam met

die wat ly, wees lief vir mekaar en wees vol omgee en nederigheid.

373

1 Kefa

9 Vergeld geen persoon kwaad met kwaad of beledigings met beledigings nie, maar

inteendeel, in plaas van hierdie dinge, wees ‘n seën, want hiervoor is julle geroep

sodat julle die seën kan erf.

10 “Daarom, wie ookal die lewe begeer en lief is om goeie dae te sien, laat hom sy

tong weerhou van wat boos is en sy lippe moet geen bedrog praat nie.

11 Hy moet wegdraai van wat boos is en doen wat goed is; hy moet vrede soek en dit

najaag,

12 want die oë van is op die onskuldiges en Sy ore om hulle te hoor, maar die

gesig van is teen die boosheid.”

374

Ps 34:13-17

13 Wie is dit wat julle kwaad sal aandoen as julle ywerig is vir die goeie?

14 As julle ly ter wille van die onpartydigheid en opregtheid, is julle baie gelukkig en

moenie vir hulle wat julle terroriseer bang wees nie en moenie uitgelok word nie,

15 maar sonder , Die Gesalfde Een, Yes 8:12-13 af as God in julle verstand, wil en emosie

en wees gereed om elkeen wat ‘n verklaring vra van die versekerde verwagting van

julle vertroue, te antwoord met nederigheid en respekvolle vrees,

16 terwyl julle ‘n goeie gewete het sodat díe wat van julle kwaad praat soos van

kwaaddoeners, wat julle mooi lewenswyse verwerp wat in Die Gesalfde Een is,

beskaam mag word as mense,

17 want dit is vir julle tot voordeel, as dit die wil van God is dat julle ly wanneer julle

goed doen en nie wanneer julle kwaad doen nie,

18 want Die Gesalfde Een het ook eenmaal as gevolg van ons sondes gesterf. Die

Onskuldige Een, ter wille van sondaars, om julle na God toe te bring. Hy het gesterf

na liggaam, geleef in die Gees

19 en aan die geeste wat gevange gehou is in She’ol, verkondig;

20 die wat lank terug ongehoorsaam was in die dae van Noag, toe die langdurige

geduld van God beveel het dat daar ‘n ark gebou word, op die verwagting van hulle

berou en omkeer, waarin slegs agt ingegaan het en aan die lewe gehou is deur die

water.

21 Net so word julle ook in Hom deur die teenbeeld, die doop, gered, nie as ‘n aflegging

van die vuilheid van die vlees nie, maar wanneer julle God bely in ‘n skoon gewete

en deur die opstanding van Yeshua, Die Gesalfde Een,

22 Hy wat in die hemel in begelei en aan die regterhand van God is, Ps 110:1 en engele,

outoriteite en kragte is aan Hom onderwerp.

4 1 As Die Gesalfde Een daarom in julle plek na die liggaam gely het, het julle ook

dieselfde gesindheid verkry: dat elkeen wat aan sy vleeslike liggaam gesterf het,

opgehou het met alle sonde,

2 om gedurende die tyd wat hy in die vlees is, nie meer volgens menslike begeertes te

leef nie, maar volgens die wil van God,

3 want dit is genoeg dat julle in die tyd wat verby is, die wil van die ander nasies

uitgevoer het in julle lewens deur in losbandigheid, dronkenskap, hoereerdery,

orgies en in die aanbidding van demone te leef.

4 Let op, nou is hulle verbaas en beledig julle as julle nie saam met hulle in die

losbandigheid instorm nie.

5 Hulle sal rekenskap gee aan God, wat die lewende en die wat dood is, sal oordeel,

6 want as gevolg hiervan het Hy ook aan die dooies die goeie boodskap verkondig

sodat hulle in die vlees geoordeel kan word as mens, maar sal lewe deur God in die

Gees,

7 maar Hy, die Einde van alles, het gekom; as gevolg hiervan, wees beskaamd en word

wakker om te bid

8 en voor enige iets anders moet julle mekaar aanhou liefhê, want die liefde bedek ‘n

menigte sondes.

Spr 10:12

1 Kefa

9 Wys liefde teenoor vreemdelinge sonder om te kla.

10 Laat elkeen van julle sy naaste dien soos goeie hoofde van die unieke huis van

onverdiende guns van God, met die geestelike gawe wat hy ontvang het.

11 As iemand praat, laat dit wees volgens die woorde van God; as iemand dien, laat

dit wees vanuit die krag wat God hom gee sodat God in alles wat julle doen geëer,

geloof en aanbid kan word deur Yeshua, Die Gesalfde Een, aan wie die eer, lof,

aanbidding en krag toekom vir ‘n tydlose ewigheid. Dit is waar.

12 Julle vir wie ek lief is, verbaas julle nie oor die versoekings wat oor julle kom, asof

iets vreemds met julle gebeur nie, want dit is tot julle toetsing

13 maar verheug julle daarin dat julle deel aan die lyding van Die Gesalfde Een,

want net so sal julle jul ook verheug in die openbaring van Sy Gemanifesteerde

Teenwoordigheid en spring van vreugde.

14 As julle beledig word oor die Outoriteit en Karakter van Die Gesalfde Een, is julle

gelukkig, omdat die Gees van eer, lof en aanbidding van God op julle rus.

15 Solank niemand van julle as moordenaar, dief of boosdoener ly nie,

16 maar as iemand as ‘n volgeling van Die Gesalfde Een ly, moet hy hom nie skaam

nie, maar laat hom God daardeur loof in hierdie Naam,

17 want dit is die tyd dat die oordeel moet begin by die huis van God, maar as dit by

ons begin, wat sal die gevolg wees vir dié wat nie oortuig is van die goeie boodskap

van God nie?

18 As die onskuldige skaars kan lewe, Spr 11:31 waar sal die bose en sondaar gevind word?

19 As gevolg hiervan, laat die wat volgens die wil van God ly, hulle gees aan Hom

toevertrou deur goeie dade, soos aan ‘n vertrouenswaardige Skepper.

5 1 Ek beroep my op die oudstes onder julle, ek wat ‘n mede-oudste en getuie van

die lyding van Die Gesalfde Een is en deelgenoot is aan Sy Gemanifesteerde

Teenwoordigheid wat geopenbaar sal word:

2 Wees ‘n herder vir die kudde van God wat julle volg en versorg hulle geestelik, nie

uit dwang nie, maar met plesier; nie vir vuil wins nie, maar vanuit jou hele verstand,

wil en emosie;

3 nie as base oor die kudde nie, maar as uitstekende voorbeelde vir hulle

4 en wanneer die Hoofherder openbaar sal word, sal julle ‘n onverganklike kroon van

eer en lof van Hom ontvang.

5 Julle jongeres, moet aan julle oudstes gehoorsaam wees en wees almal streng

aangetrek met nederigheid in julle gedagtes teenoor mekaar, want God opponeer

die trotses,Spr 3:34 maar aan die nederiges gee Hy onverdiende guns.

375

1 Kefa

6 Wees verneder onder die kragtige hand van God sodat dit julle kan oplig op die

regte tyd.

Ps 55:23

7 Werp al julle bekommernisse op God, want Hy sorg vir julle.

8 Wees waaksaam en wakker, want julle teëstander, Satan, brul soos ‘n leeu en loop

rond en soek wie hy kan verslind.

9 Staan daarom teen hom, terwyl julle vasstaan in vertroue en weet dat julle broers oor

die wêreld dieselfde lyding ondergaan.

10 Die God van onverdiende guns, wat ons geroep het tot Sy ewige Gemanifesteerde

Teenwoordigheid deur Yeshua, Die Gesalfde Een; Hy wat vir ons gee dat, terwyl

ons hierdie klein stryd vir ‘n kort tydjie ly, om bekragtig te word, bevestig en vas in

Hom tot in ewigheid!

11 Aan Hom die eer, lof, aanbidding en die krag vir ‘n tydlose ewigheid! Dit is waar.

12 Hierdie paar dinge het ek gedink om aan julle, deur Sila, te skryf, van wie ek

oortuig is dat hy ‘n vertrouenswaardige broer is, en ek getuig dat hierdie die ware

onverdiende guns van God is, waarin julle staan.

13 Die gekose gemeente in Bavel en Markos, my seun, groet julle.

14 Groet mekaar met ‘n afgesonderde soen van liefde. Vrede, gesondheid, voorspoed

en vergenoegdheid vir julle almal wat in Die Gesalfde Een is!

Dit is waar!

376

Die twee-en-twintigste boek van die Nuwe Verbond

Die tweede brief geskryf deur Kefa, een van die twaalf

afgevaardigdes van Yeshua, Die Gesalfde Een.

2 Kefa

{ Rots of Klip }

( 2 Petrus )

2 Kefa

Dit is bes moontlik in die jaar 64, vanaf Bavel, geskryf.

In Afrikaans vertaal vanuit “John Gwynn’s edition of the General Epistles

from The Crawford Aramaic manuscript,” vanuit Aramees -

die taal wat Yeshua gepraat het.

377

2 Kefa

1 1 Shim’on Kefa, ‘n slaaf en afgevaardigde van Yeshua, Die Gesalfde Een, aan die

wat waardig geag is tot vertroue, gelyk aan ons in eer, deur die onpartydigheid en

opregtheid van ons Meester en ons Verlosser, Yeshua, Die Gesalfde Een:

2 Mag die onverdiende guns en vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid

vir julle vermeerder word deur die leringe van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde

Een!

3 As die Een wat vir ons al daardie dinge deur Sy lering, wat vanuit die Goddelike

krag is, saam met die lewe en die aanbidding van God, gegee het; het Hy ons geroep

in Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid en grootsheid in;

4 Hy wat deur hierdie groot en kosbare verklarings aan julle gegee het om deel te wees

aan hierdie Goddelike natuur wanneer julle vlug van die korrupsie van die begeertes

wat in die wêreld is.

5 Daar is nog dit: Wanneer julle met ywer alles gebring het, voeg by julle vertroue,

goedheid; en by die goedheid, kennis;

6 en by die kennis, volharding; en by die volharding, geduld; en by die geduld,

respekvolle vrees vir God;

7 en by die respekvolle vrees vir God, omgee vir die broers; en by die omgee vir die

broers, liefde,

8 want as julle hierdie dinge het en dit meer word, is hulle nie leeg of onvrugbaar in julle

nie, maar vestig dit julle in die leringe van ons Meester Yeshua, Die Gesalfde Een.

9 Hy wat hierdie dinge nie het nie, is blind en het vergeet van die reiniging van sy

vorige sondes.

10 Aangaande dit, broers, doen moeite om julle roeping en verkiesing seker te maak

deur goeie dade, want wanneer julle hierdie dinge doen, sal julle nooit val nie,

11 want só word daar ryklik vir julle ingang gegee in die ewige Koninkryk van ons

Meester en Verlosser, Yeshua, Die Gesalfde Een.

12 Ek word nie moeg om julle aan die waarheid van hierdie dinge te herinner nie,

wanneer julle dit ook goed weet en vasstaan in hierdie waarheid,

13 maar dit lyk vir my goed om so lank as wat ek in hierdie liggaam is, julle geheue

wakker te maak,

14 omdat ek weet dat ek spoedig my liggaam sal verlaat, soos ons Meester Yeshua,

Die Gesalfde Een, dit ook vir my gesê het

378

Yog 21:18,19

15 en ek sal moeite doen, dat julle ook voortdurend, nadat ek weg is, van hierdie dinge

‘n rekord sal maak,

16 want ons het nie slim uitgewerkte mites gevolg toe ons julle vertel het van die

wonderwerkende krag en koms van ons Meester Yeshua, Die Gesalfde Een, nie,

maar ons was ooggetuies van Sy grootheid,

17 want toe Hy van God-die-Vader die waardering, eer, lof en aanbidding ontvang het

toe die stem uit die wonderlike grootheid van Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid

tot Hom gekom het: “Hierdie is My Seun wat Ek liefhet, Hy waarmee Ek tevrede

is,”

18 het ons ook daardie stem uit die hemel gehoor kom toe ons saam met Hom op die

afgesonderde berg was

2 Kefa

19 en daar is óók vir ons die waarheid van die profetiese woord, waarmee julle goed

sal doen om daarna te kyk soos na ‘n lamp wat in ‘n donker plek skyn, totdat die dag

aanbreek en die son sal skyn in julle verstand, wil en emosie.

20 Eerstens moet julle dít weet, dat geen profesie uitgelê word deur die een wat dit

skryf nie,

21 want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens gebring nie, maar wanneer deur

die Gees van Afsondering beweeg, het die afgesonderde mense van God gepraat.

2 1 Daar was egter ook vals profete onder die mense, net soos daar onder julle vals

leraars sal wees; hulle wat dwaalleringe tot vernietiging bring en die Meester wat

hulle gekoop het ontken, terwyl hulle ‘n vinnige vernietiging oor hulleself bring.

2 Baie sal hulle afskuwelikhede navolg en as gevolg van hulle sal van die pad van die

waarheid kwaad gepraat word

3 en deur gierigheid en opgemaakte stories sal hulle uit julle ‘n wins maak; dié wie se

oordeel van die begin af nie passief is nie en hulle vernietiging nie slaap nie,

4 want as God die engele wat gesondig het, nie oorgesien het nie, maar hulle in

duisternis vasgeketting en afgegooi het in die dieptes, om vir die oordeel tot foltering

en pyniging gehou te word

5 en die ou wêreld nie oorgesien het nie, maar Noag, die prediker van onpartydigheid

en opregtheid, met sewe ander, beskerm het, toe Hy die vloed oor die wêreld van

Gen 6-9

goddelose mense gebring het

6 en deur die stede van S’dom en ‘Amora tot as te verbrand, hulle veroordeel het tot

uitwissing en as ‘n voorbeeld gestel het vir die wat in die toekoms goddeloos sou

Gen 19; Y’ho 7

wees;

7 [Hy het ook die onskuldige Lot gered, wat die vernedering van die verwerplike

lewenswyse van die wettelose mense gely het,

8 want terwyl hy gesien en gehoor het, is dié onskuldige man, wat onder hulle gebly

het, dag vir dag in sy onskuldige gees gepynig oor hulle wettelose dade;]

9 weet om dié wat Hom respekvol vrees te red uit die lyding, maar die bose te

hou vir die dag van oordeel terwyl hulle gefolter en gepynig word,

10 veral dié wat die vlees najaag in vuil begeerlikhede en teen outoriteit praat. Vermetel

en arrogant, bewe hulle nie vir Sy Teenwoordigheid as hulle kwaadpraat nie,

11 terwyl die engele, alhoewel groter in vermoëns en krag, geen oordeel van kwaadpraat

vanaf teen hulle bring nie,

12 maar hulle is soos redelose diere van natuur vir die mes en vernietiging; hulle praat

kwaad teen wat hulle nie ken nie. Hulle sal deur hulle korrupsie vernietig word

13 wanneer hulle wat boos is die loon van boosheid sal ontvang. Hulle idee van plesier

is sensuele begeertes in helder daglig. Hulle is besoedel en vol gebreke en wanneer

hulle hul liefdesmaal hou, vergryp hulle hulself,

14 terwyl hulle oë vol hoerery en sonde is, wat nie ophou nie, soos hulle dié met ‘n

onvaste gees verlei. Hulle het ‘n verstand, wil en emosie geoefen in gierigheid.

Hulle is kinders van die vervloeking.

15 Toe hulle die regte pad verlaat het, het hulle afgedwaal en die pad van Bil’am, die

seun van B’or,

379

Num 22 gevolg, wat die loon van die bose liefgehad het,

2 Kefa

16 maar bestraf is vir sy oortreding deur die stom donkie Num 22:22 wat gepraat het met

die stem van ‘n mens en die malligheid van die profeet verhoed het.

17 Hulle is fonteine sonder water, Yir 2:13 wolke gedryf deur ‘n storm, vir wie die

swartheid van die duisternis bewaar word,

18 want wanneer hulle leë verskrikkinge kwytraak, verlei hulle, deur die vuil begeertes

van die vlees, dié wat deur ‘n paar woorde ontvlug het van hulle wat in misleiding

se diens is.

19 Hulle belowe vir hulle vryheid, terwyl hulle self slawe van die korrupsie geword

het, want waardeur ‘n mens oorwin is, daarvan het hy ook ‘n slaaf geword,

20 want as hulle ontsnap het uit die verwerplikhede van die wêreld, deur die leringe

van ons Meester en Verlosser, Yeshua, Die Gesafde Een, en hulle weer verstrik word

daarin en oorweldig word, dan is die einde vir hulle erger as die begin,

21 want dit sou vir hulle beter wees as hulle nie die pad van onpartydigheid en

opregtheid geken het nie, as dat hulle, nadat hulle dit leer ken het, hulle later

omgedraai het van die afgesonderde opdragte wat aan hulle oorgegee is,

22 maar oor hulle het gekom wat die spreekwoord in waarheid sê: “Die hond het

omgedraai na sy eie braaksel” en “die sog, wat gewas is, na die rondrollery in

modder.”

3 1 Hierdie is nou die tweede brief wat ek vir júlle, wat ek liefhet, skryf, waarin ek

suiwer gedagtes wil opwek deur julle te herinner

2 om die profetiese woorde te onthou, wat deur die afgesonderde profete oorgedra is

en ons Meester en Verlosser se opdragte wat deur die afgevaardigdes is.

3 Soos julle reeds weet, dat daar in die laaste dae spotters sal kom wat spot terwyl

hulle volgens hulle eie begeertes leef

4 en sê: “Waar is die belofte van Sy koms, want vandat die vaders dood is, bly alles

net soos dit was van die begin van die skepping af?”

5 Hulle is opsetlik onkundig dat daar lank terug al hemele was en land wat vanuit

water en tussen water ontstaan het deur die boodskap van God,

6 waardeur die wêreld van daardie tyd met water oorstroom en vernietig is,

7 maar die huidige hemele en die aarde is deur dieselfde boodskap bewaar Yes 66:15 en

opsy gesit vir die vuur op die dag van oordeel en die vernietiging van bose mense.

8 Oor hierdie een ding moet julle, waarvoor ek lief is, nie onkundig wees nie: Dat een

Ps 90:4

dag by soos ‘n duisend jaar is en ‘n duisend jaar soos een dag.

9 vertraag nie die belofte soos sommige dit beskou as vertraging nie, maar Hy is

geduldig ter wille van julle, daarin dat Hy nie wil hê dat enige een vernietig moet

word nie, maar dat almal hulle sal omdraai na Hom toe,

10 maar die dag van Yes 13:9; Yir 46:10 sal kom soos ‘n dief in die nag, waarin die hemele

in stilte sal verbygaan, Yes 13:10; Yeg 32:7-8 maar die elemente vernietig word wanneer dit

aan die brand gesteek word en die aarde en die dade wat daarop is, openbaar sal

Yes 30:30; Ps 97:3,5

word.

11 Wanneer al hierdie dinge dan vernietig word, is dit nie reg vir julle om in julle

lewenswyse afgesonderd en in aanbidding tot God te wees nie?

380

12 Terwyl julle die koms van die dag van God verwag en ywerig begeer, wanneer die

hemele, wanneer deur vuur getoets, sal vergaan en die elemente, wanneer aan die

brand gesteek, sal smelt,

13 maar ons verwag volgens Sy belofte nuwe hemele en ‘n nuwe aarde waarin

onpartydigheid en opregtheid bly.

Yes 65:17; 66:22

2 Kefa

14 Daarom moet julle, waarvoor ek lief is, terwyl julle hierdie dinge verwag, moeite

doen dat julle vlekkeloos en skuldloos voor Hom gevind mag word in vrede,

gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid

15 en beskou die geduld van , as redding, net soos die broer waarvoor ons lief is,

Sha’ul, ook met die wysheid wat vir hom gegee is, aan julle geskryf het,

16 en soos in al sy briewe, praat hy oor hierdie dinge, waarvan sommige moeilik is

om te verstaan, wat die onkundiges en onstabiele mense verdraai, net soos die ander

Skrifte, tot hul eie vernietiging.

17 Daarom moet julle, waarvoor ons lief is en dit vooraf weet, versigtig wees dat julle

nie miskien meegesleep word deur die misleiding van wettelose mense en wegval

uit jul eie standvastigheid nie,

18 maar julle moet groei in die onverdiende guns en kennis van ons Meester en

Verlosser, Yeshua, Die Gesalfde Een en van God-die-Vader, aan Wie die eer, lof en

aanbidding nou en altyd toekom tot in ewigheid. Dit is waar!

381

1 Yoganan

382

Die drie-en-twintigste boek van die Nuwe Verbond

Die eerste brief geskryf deur Yoganan, een van die twaalf

afgevaardigdes van Yeshua, Die Gesalfde Een.

1 Yoganan

{ gee onverdiende guns (genade) }

(1 Johannes )

Dit is bes moontlik vanaf Efesos, in die tweede helfte van

die eerste eeu, geskryf.

In Afrikaans vertaal vanuit die oorspronklike Aramese ‘Peshitta’ -

die taal wat Yeshua gepraat het.

1 Yoganan

1 1 Ons het aan julle die goeie boodskap verkondig van Hom wat van die begin af

was, Hom Wie ons gehoor het, Wie ons met ons oë gesien en ervaar het en met ons

hande aangeraak het; Hy wat die Boodskap van Lewe is.

2 Die Lewe is geopenbaar en ons het gesien, ons getuig van en verkondig aan julle die

Ewige Lewe wat by die Vader was en aan ons openbaar is.

3 Wie ons gesien en gehoor het, openbaar ons ook aan julle sodat julle ook gemeenskap

met ons kan hê en ons gemeenskap is met die Vader en met Sy Seun, Yeshua, Die

Gesalfde Een

4 en ons skryf hierdie dinge aan julle sodat ons blydskap, wat in julle is, volmaak kan

wees.

5 Dít is die goeie boodskap wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God

is Lig en daar is absoluut geen duisternis in Hom nie.

6 As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en ons loop in duisternis, dan lieg ons

en is ons nie in die waarheid ingelig nie,

7 maar as ons in die Lig loop soos Hy in die Lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar

en die bloed van Yeshua, Sy Seun, Yes 1:16-17; Mal 3:2-4 reinig ons van al ons sondes.

8 As ons sou sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die Waarheid is nie

Ps 19:13-14; 139:23-24

in ons nie.

9 As ons ons sondes erken en laat staan, Hy is vertrouenswaardig en regverdig om ons

ons sondes te vergewe en Hy sal ons van alle boosheid reinig.

10 As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot leuenaar en is Sy

boodskap nie by ons nie.

2 1 Kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle sodat julle nie moet sondig nie; en as

iemand sondig, is daar vir ons die Verlosser van die vloek, Yeshua, Die Gesalfde

Een, die Onskuldige, by die Vader,

2 want Hy is die Vryspraak en Toedekking vir ons sondes en nie alleen vir ons s’n nie,

maar ook vir dié van die hele wêreld.

3 Hieraan weet ons dat ons Hom ken, as ons Sy opdragte uitvoer.

4 Hy wat sê: ‘Ek ken Hom,’ en Sy opdragte nie uitvoer nie, is ‘n leuenaar en die

waarheid is nie in hom nie,

5 maar wie ookal Sy boodskap voortdurend uitvoer, in hom het die liefde van God

waarlik volmaak geword, want hieraan weet ons dat ons in Hom is:

6 Hy wat sê dat hy voortdurend in Hom bly, vir hom is dit nodig om so te leef soos

wat Hy geleef het.

7 Julle vir wie ons lief is, dit is geen nuwe opdrag wat ek aan julle skryf nie, maar ‘n

ou opdrag, wat julle van die begin af gehad het. Die ou opdrag is die boodskap wat

Lev 19:18

julle gehoor het

8 en tog skryf ek aan julle ‘n nuwe opdrag, wat waar is in Hom en in julle, dat die

duisternis verby is en die waaragtige Lig begin skyn.

9 Daarom, wie ookal sê dat hy in die Lig is, terwyl hy sy broer haat, is steeds in die

duisternis.

10 Wie sy broer voortdurend liefhet, bly in die Lig en daar is geen oortreding in hom

nie,

383

1 Yoganan

11 maar hy wat sy broer haat, is in die duisternis en leef in die duisternis en weet nie

waarheen hy gaan nie, omdat die duisternis sy oë blind gemaak het.

12 Kinders, ek skryf vir julle, wie se sondes vergewe is deur toedoen van Sy Outoriteit

en Karakter.

13 Vaders, ek skryf vir julle, omdat julle Hom ken wat van die begin af is.

Jongmanne, ek skryf vir julle, omdat julle hom, die Bose Een, oorwin het.

Seuns, ek het vir julle geskryf, omdat julle die Vader ken.

14 Vaders, ek het aan julle geskryf, omdat julle Hom ken wat van die begin af is.

Jongmanne, ek het aan julle geskryf, omdat julle sterk is en die boodskap van God

in julle bly en julle die Bose Een oorwin het.

15 Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die

wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie,

16 want alles wat van die wêreld is, die begeertes van die vleeslike liggaam, die

smagtings van die oë en die arrogansie van die tydelike lewe, is nie uit die Vader

nie, maar is vanuit die wêreld.

17 Die wêreld en sy begeertes gaan verby, maar hy wat die wil van God doen, hou

aan tot in ewigheid.

18 My kinders, dit is die einde van die tyd en soos julle gehoor het, kom die vals

gesalfde en daar is nou reeds baie vals gesalfdes, waardeur ons weet dat dit die

einde van die tyd is.

19 Hulle het van ons af uitgegaan, maar hulle was nie deel van ons nie, want as hulle

deel van ons was, sou hulle by ons gebly het, maar hulle het van ons af uitgegaan

om te wys dat hulle nie van ons was nie.

20 Daar is ‘n salwing vir julle van HaKadosh (die Afgesonderde Een) en julle moet

elke persoon onderskei.

21 Ek het nie aan julle geskryf, omdat julle nie die waarheid ken nie, maar omdat julle

dit ken en omdat elke leuen nie vanuit die Waarheid is nie.

22 Wie is die leuenaar anders, as hy wat ontken dat Yeshua Die Gesalfde Een is? Dit

is die vals gesalfdes: Hy wat die Vader ontken, ontken ook die Seun.

23 Elkeen wat die Seun ontken, vertrou ook nie in die Vader nie. Wie ookal die Seun

bely, bely ook die Vader.

24 Wat julle van die begin af gehoor het, laat dit in julle bly. As dit wat julle van die

begin af gehoor het in julle bly, dan sal julle ook in die Seun en in die Vader bly;

25 en dit is die belofte wat Hy aan ons gemaak het, naamlik die ewige lewe.

26 Hierdie dinge het ek aan julle geskryf aangaande diegene wat julle verlei

27 en ook vir julle, dat as julle bly in die salwing wat julle van Hom ontvang het, julle

niemand nodig het om julle te leer nie, maar soos die Salwing wat van God is julle

aangaande alles leer en waar is en daar is geen leuen in Hom nie en soos Hy julle

geleer het, so moet julle in Hom bly.

28 Bly nou in Hom, my kinders sodat ons vrymoedigheid kan hê wanneer Hy verskyn

en nie skaam van Hom af wegdraai by Sy koms nie.

29 As julle weet dat Hy onpartydig en opreg is, dan weet julle dat elkeen wat onpartydig

en opreg leef, vanuit Hom is.

384

3 1 Let op hoe oorvloedig die liefde van die Vader vir ons is, dat Hy ons kinders

genoem het en ook kinders gemaak het! Om hierdie rede ken die wêreld ons nie,

omdat dit Hom ook nie ken nie.

2 Julle, vir wie ons lief is, ons is nou kinders van God en dit is tot nou toe nie geopenbaar

wat ons sal wees nie, maar ons weet dat ons, as Hy openbaar word, na Sy beeld sal

wees en Hom sal sien net soos Hy is

Yes 5:8

1 Yoganan

3 en elkeen wat hierdie versekerde verwagting in Hom het, reinig homself soos Hy

rein is,

4 maar elkeen wat sondig, doen boosheid, want die sonde is geheel en al boosheid

5 en julle weet dat Hy openbaar is om ons sondes weg te vat en dat daar geen sonde

in Hom is nie.

6 Elkeen wat in Hom bly, sondig nie. Elkeen wat aanhou sondig, het Hom nie gesien

en Hom nie geken nie.

7 Kinders, laat niemand julle mislei nie: wie onpartydig en opreg is, is onskuldig net

soos Hy, Die Gesalfde Een, onskuldig is.

8 Hy wat sonde doen, is vanuit Satan, want Satan is van die begin af ‘n sondaar. Vir

hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van Satan te vernietig.

9 Almal wat uit God gebore is, doen nie sonde nie, omdat Sy saad in hom bly en hy

kan nie aanhou sondig nie, want hy is uit God gebore.

10 Hierin word die kinders van God van die kinders van Satan onderskei: elkeen wat

nie voortdurend onpartydig en opreg is of sy broer voortdurend liefhet nie, is nie

van God nie,

11 want dit is die opdrag wat julle van die begin af gehoor het, dat julle mekaar moet

liefhê.

12 Nie soos Kayin wat van die Bose Een was en sy broer doodgemaak het nie. Waarom

het hy hom doodgemaak? Omdat sy dade boos was en dié van sy broer onskuldig.

13 Moenie verbaas wees as die wêreld julle haat nie, my broers.

14 Ons weet hierin dat ons weggegaan het vanuit die dood na die lewe toe, dat ons

die broers voortdurend liefhet. Hy wat sy broer nie voortdurend lief het nie, bly in

die dood.

15 Elkeen wat sy broer haat, vermoor ‘n persoon en julle weet dat die ewige lewe nie

in iemand wat ‘n persoon vermoor kan bly nie.

16 Hieraan ken ons Sy liefde teenoor ons, dat Hy Sy lewe in ons plek gegee het en dit

is reg vir ons om ons lewens ter wille van ons broers te gee.

17 Wie ookal besittings van die wêreld het en sien dat sy broer ‘n behoefte het en sy

omgee van hom weerhou, hoe bly die liefde van God in hom?

18 Kinders, laat ons mekaar nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die

daad en in waarheid

19 en hierdeur word ons bekend gemaak; dat ons uit die waarheid is en voordat Hy

kom, verseker ons ons verstand, wil en emosie,

20 want as ons verstand, wil en emosie ons veroordeel, God is groter as ons verstand,

wil en emosie en Hy weet alles.

385

1 Yoganan

21 Julle vir wie ons lief is, as ons verstand, wil en emosie ons nie veroordeel nie, dan

Ps 139:23-24

het ons vrymoedigheid teenoor God

22 en alles wat ons vra, sal ons van Hom af ontvang, omdat ons Sy opdragte uitvoer

en voor Hom goed doen.

23 Dit is Sy opdrag: dat ons moet vertrou in die Outoriteit en Karakter van Sy Seun,

Yeshua, Die Gesalfde Een en mekaar voortdurend liefhê soos Hy ons beveel het

24 en wie ookal Sy opdragte uitvoer, word deur Hom beskerm en Hy bly in hom.

Hieraan weet ons dat Hy in ons bly: Aan die Gees wat Hy ons gee.

4 1 Julle, vir wie ons lief is, vertrou nie elke gees nie, maar onderskei die geeste of

hulle vanuit God is, want baie vals profete het uitgegaan die wêreld in.

2 Hieraan word die Gees van God geken: Elke gees wat erken dat Yeshua, Die Gesalfde

Een, in die vlees gekom het, is vanuit God

3 en elke gees wat nie erken dat Yeshua, Die Gesalfde Een, in die vlees gekom het

nie, is nie vanuit God nie, maar dit is die gees van die vals gesalfde, waarvan julle

gehoor het dat hy kom en van nou af in die wêreld is.

4 Julle is kinders vanuit God en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is

as hy wat in die wêreld is.

5 Hulle is vanuit die wêreld, daarom praat hulle vanuit die wêreld en die wêreld luister

na hulle.

6 Ons is vanuit God. Hy wat God ken, luister na ons. Hy wat nie vanuit God is nie,

luister nie na ons nie. Hierdeur onderskei ons die Gees van waarheid en die gees

van misleiding.

7 Julle vir wie ons lief is, laat ons mekaar liefhê, want liefde is vanuit God en elkeen

wat liefhet, is vanuit God gebore en ken God,

8 omdat God liefde is en elkeen wat nie lief het nie, ken God nie.

9 Hierin is die liefde van God vir ons geopenbaar, dat God Sy enigste uniekgebore

Seun in die wêreld ingestuur het sodat dit deur Hom kan lewe.

10 Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad

het en Sy Seun, die Vryspraak en Toedekking van ons sondes gestuur het.

11 Julle, vir wie ons lief is, as God ons so lief het, is ons dit verskuldig om mekaar

lief te hê.

12 Niemand het God ooit gesien nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het Sy

liefde in ons volmaak geword.

13 Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons, dat Hy ons Sy Gees gegee het

14 en ons het gesien en ons getuig dat die Vader Sy Seun as Verlosser van die wêreld

gestuur het.

15 Elkeen wat bely dat Yeshua die Seun van God is; God bly in hom en hy in God.

16 Ons ken en vertrou die liefde wat God vir ons het, want God is liefde en elkeen wat

in die liefde bly, bly in God.

17 Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die

oordeelsdag, want net soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld.

386

1 Yoganan

18 Daar is geen vrees in die liefde nie, maar die volmaakte liefde gooi die vrees

buitekant weg, want die vrees is in suspisie en hy wat nie vrees nie, is ontwikkeld

in liefde.

19 Ons moet God daarom liefhê, omdat Hy ons eerste liefgehad het.

20 As iemand sê: ‘Ek het God lief’ en sy broer haat, is hy ‘n leuenaar, want wie sy

broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê, wat hy nie kan sien

nie?

21 Hierdie opdrag het ons van Hom ontvang; dat elkeen wat God liefhet, ook sy broer

moet liefhê.

5 1 Elkeen wat vertrou dat Yeshua Die Gesalfde Een is, is uit God gebore en elkeen

wat die ouer lief het, het ook dié een lief wat uit hom gebore is.

2 Hieraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet en

Sy opdragte uitvoer,

3 want dit is die liefde vir God, dat ons Sy opdragte uitvoer en Sy opdragte is nie ‘n

las nie,

4 want elkeen wat uit God gebore is, oorwin vir homself die wêreld en dit is die

oorwinning wat die wêreld oorwin, ons vertroue.

5 Wie anders is dit wat die wêreld vir homself oorwin, as dit nie hy is wat vertrou dat

Yeshua die Seun van God is nie?

6 Dit is Hy wat deur water en bloed gekom het, Yeshua Die Gesalfde Een; nie deur

water alleen nie, maar deur water en bloed;

7 en dit is die Gees wat getuig, want die Gees is die Waarheid.

8 Daar is drie wat getuig: Die Gees, die water en die bloed en die drie is in eenheid.

9 As ons die getuienis van ‘n mens aanvaar, hoeveel groter is die getuienis van God?

Hierdie is die getuienis van God wat Hy aangaande Sy Seun getuig.

10 Elkeen wat aanhou vertrou in die Seun van God, het hierdie getuienis in homself.

Elkeen wat God nie aanhou vertrou nie, maak Hom tot leuenaar, omdat hy die

getuienis nie vertrou wat God aangaande Sy Seun getuig nie.

11 Dit is die getuienis: Dat God ons die ewige lewe gegee het en dié Lewe is in Sy

Seun.

12 Hy wat vashou aan die Seun, hou vas aan die Lewe en elkeen wat nie die Seun van

God vashou nie, het nie die Lewe nie.

13 Hierdie dinge het ek aan julle geskryf sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe

het; dié wat aanhou vertrou in die Outoriteit en Karakter van die Seun van God.

14 Dit is ons versekering teenoor Hom, dat wat ons ookal, volgens Sy wil vra, Hy

ons hoor

15 en as ons oortuig is dat Hy ons hoor aangaande alles wat ons van Hom vra, dan

vertrou ons dat ons nou reeds die objek van ons begeertes ontvang wat ons van Hom

gevra het.

16 As iemand sy broer ‘n sonde sien doen wat nie ‘n straf tot die dood toe het nie, moet

hy vra en vir hom sal Lewe gegee word, vir die wat nie tot die dood toe sondig nie.

Daar is sonde van dood; daarvoor sê ek nie dat hy moet bid nie.

17 Alle boosheid is sonde en daar is ‘n sonde wat nie van die dood is nie.

387

1 Yoganan

18 Ons weet dat elkeen wat vanuit God gebore is, nie sondig nie, maar Hy wat vanuit

God gebore is, beskerm sy lewe en die Bose Een raak nie aan hom nie.

19 Ons weet dat ons vanuit God is en dat die hele wêreld in die Bose Een lê,

20 Ons weet dat die Seun van God gekom het en aan ons begrip gegee het om te weet

wie is die Waarheid en ons is in die Waarheid, in Sy Seun, Yeshua, Die Gesalfde

Een. Hy is die ware God en die Ewige Lewe.

21 My kinders, hou julleself weg van die aanbidding van afgode.

388

Die vier-en-twintigste boek van die Nuwe Verbond

Die tweede brief geskryf deur Yoganan, een van die twaalf

afgevaardigdes van Yeshua, Die Gesalfde Een.

2 Yoganan

{ gee onverdiende guns (genade) }

(2 Johannes )

2 Yoganan

Dit is bes moontlik kort ná die eerste brief vanuit Efesos

geskryf.

In Afrikaans vertaal vanuit “John Gwynn’s edition of the General Epistles

from The Crawford Aramaic manuscript,” vanuit Aramees -

die taal wat Yeshua gepraat het.

389

2 Yoganan

1 1 Die oudste: Aan die gekose Vrou en haar kinders, wat ek in waarheid liefhet en

nie ek alleen nie, maar ook almal wat die Waarheid ken,

2 as gevolg van die Waarheid wat in ons bly en tot in ewigheid by ons is:

3 Laat daar by ons onverdiende guns, omgee, vrede, gesondheid, voorspoed en

vergenoegdheid wees vanaf God-die-Vader en vanaf ons Meester, Yeshua, Die

Gesalfde Een, die Seun van die Vader, in waarheid en in liefde.

4 Ek was baie bly toe ek van jou kinders gekry het wat in waarheid leef, volgens die

opdrag wat ons van die Vader gekry het

5 en nou vra ek van jou, Vrou, nie asof ek ‘n nuwe opdrag aan jou skryf nie, maar een

wat ons van die begin af gehad het: dat ons mekaar moet liefhê.

6 Dit is liefde, dat ons leef volgens Sy opdragte. Dit is die opdrag, wat julle van die

begin af gehoor het, waarin julle leef,

7 want baie misleiers het uitgegaan in die wêreld in: Die wat nie bely dat Yeshua, Die

Gesalfde Een, in die vlees gekom het nie. Dit is ‘n misleier en teëstander teen Die

Gesalfde Een.

8 Gee aandag aan julle lewe, dat julle nie enige iets verloor waarvoor julle gewerk het

nie, maar dat julle ‘n volle loon kan ontvang.

9 Elkeen wat ‘n oortreder is en nie aanhou in die leer van Die Gesalfde Een nie; God

is nie in hom nie. Hy wat aanhou in Sy leer, hy het die Vader, sowel as die Seun.

10 As iemand na julle toe kom en nie hierdie leer bring nie, moet hom nie in die huis

ontvang nie en nie vir hom sê, “welkom aan jou,” nie,

11 want hy wat vir hom sê “welkom aan jou,” het deel aan sy bose dade.

12 Alhoewel ek baie het om aan julle te skryf, wou ek dit nie met perkament en ink

doen nie, maar ek hoop om na julle toe te kom en personlik te praat sodat ons

blydskap volkome kan wees.

13 Die kinders van jou gekose Suster groet jou. Dit is waar.

390

Die vyf-en-twintigste boek van die Nuwe Verbond

Die derde brief geskryf deur Yoganan, een van die twaalf

afgevaardigdes van Yeshua, Die Gesalfde Een.

3 Yoganan

{ gee onverdiende guns (genade) }

(3 Johannes )

3 Yoganan

Dit is bes moontlik kort na die tweede brief, vanaf Efesos,

geskryf.

In Afrikaans vertaal vanuit “John Gwynn’s edition of the General Epistles

from The Crawford Aramaic manuscript,” vanuit Aramees -

die taal wat Yeshua gepraat het.

391

3 Yoganan

1 1 Die oudste: Liewe Gaios, wat ek in waarheid liefhet.

2 Wie ons liefhet, ek bid dat dit met jou in alles voorspoedig mag gaan en dat jy

gesond is, net soos dit met jou gees voorspoedig gaan,

3 want ek was baie bly toe daar broers kom en van jou vertrouenswaardigheid getuig,

net soos jy voortdurend in die waarheid leef.

4 Niks gee my groter blydskap as dit nie, dat ek hoor dat my kinders in die waarheid

leef.

5 Jy wie ons liefhet, jy doen alles wat jy doen vir die broers in vertroue en spesiaal vir

die wat vreemdelinge is,

6 aan wie jy goed gedoen het en vir hulle, waardig voor God, voorsien het, wat van

jou liefde voor die hele gemeente getuig het,

7 want hulle het vir HaShem (Die Naam) uitgegaan sonder om iets van die ongelowiges

te neem.

8 Ons is dit daarom verskuldig om sulke mense te ontvang sodat ons medewerkers van

die waarheid kan wees.

9 Ek wou aan die vergadering skryf, maar Diotrefes, wat onder hulle die belangrikste

wil wees, het ons nie ontvang nie.

10 As gevolg hiervan, sal ek, as ek sou kom, die dade onthou wat hy gedoen het,

deur met bose woorde sleg te praat van ons en asof dit nie genoeg is nie, het hy nie

hierdie broers ontvang nie en verbied ook dié wat dit wil doen en gooi hulle uit die

gemeente uit.

11 Jy vir wie ons lief is, moenie navolg wat boos is nie, maar wat goed is. Hy wat goed

doen, is vanuit God, maar hy wat die bose doen, het God nie gesien nie.

12 Aangaande Demetrios: Hy het ‘n getuienis by almal, by die gemeente en vanaf die

Waarheid self. Ons getuig ook van hom en julle weet dat ons getuienis waar is.

13 Ek het baie dinge gehad om vir jou te skryf, maar ek wil nie met ink en rietpen vir

jou skryf nie,

14 maar ek hoop om jou gou te sien en persoonlik te praat.

15 Vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid vir jou! Die vriende groet jou.

Groet die vriende elkeen by die naam.

392

Die ses-en-twintigste boek van die Nuwe Verbond

Die brief deur Y’hudah, broer van Ya’akov en seun van

Miryam, die moeder van Yeshua, Die Gesalfde Een,

geskryf.

Y’hudah

{ Hy sal geprys word }

(Judas )

Dit is bes moontlik geskryf in die jare 70s.

Y’hudah

In Afrikaans vertaal vanuit “John Gwynn’s edition of the General Epistles

from The Crawford Aramaic manuscript,” vanuit Aramees -

die taal wat Yeshua gepraat het.

393

Y’hudah

1 1 Y’hudah, die slaaf van Yeshua, Die Gesalfde Een, maar broer van Ya’akov; aan

die ander nasies, wat deur God-die-Vader, as húlle waarvoor ons lief is, geroep is en

deur Yeshua, Die Gesalfde Een, bewaar word:

2 Mag aktiewe omgee, vrede, gesondheid, voorspoed, vergenoegdheid en liefde vir

julle vermenigvuldig word!

3 Julle wat ons liefhet: Terwyl ek in alle erns, oor die lewe wat ons deel, skryf, is ek

oortuig om julle deur my skrywe op te roep om ernstig te stry vir die vertroue wat

eenmaal aan die afgesonderdes oorgegee is,

4 want mense, waaroor lank gelede reeds geskryf is vir hierdie oordeel, het toegang

verkry; bose mense wat die onverdiende guns van ons God verdraai tot ‘n

verwerplikheid en Hom wat die enigste Meester is, God en ons Meester, Yeshua

Die Gesalfde Een, ontken,

5 maar ek wil julle herinner, soos julle reeds weet, dat God, toe Hy die volk uit Egipte

uitgehaal het, daarna die wat nie vertrou het nie, vernietig het

6 en die engele, wat nie binne hulle oorspronklike outoriteitssfeer gebly het nie,

maar hulle eie lewenswyse verlaat het, vir die groot oordeelsdag met boeie in die

onbekende duisternis vasgebind het.

7 Net soos S’dom, `Amora en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as

hulle agter seksuele permissiwiteit en ander vleeslikhede aangeloop het, onder ‘n

demonstrasie van die straf van ewige vuur geplaas is, soos hulle skuldig bevind

word tot veroordeling,

8 nét so hierdie wat in drome deur begeertes die vlees besmet en outoriteite verwerp

en kwaad praat teen die Gemanifesteerde Teenwoordigheid,

9 maar toe Mikha’el, die hoofengel, met die duiwel gepraat het oor die liggaam van

Moshe, het hy geen oordeel van kwaadpraat teen hom gebring nie, maar hy het

gesê: ‘bestraf jou!’

394

Z’kh 3:1-2

10 Hierdie mense praat egter kwaad teen alles wat hulle nie verstaan nie en alles

wat hulle, soos redelose diere, op natuurlike wyse verstaan, daardeur word hulle

vernietig.

11 Wee hulle, wat op die pad van Kayin Gen 4:1-16 gegaan het en agter die misleiding

van Bil’am Num 22 vir geld betower is met blydskap en vernietig is in die rebellie van

Korag.

Num 16

12 Dit is hulle wat tekere gaan by hulle feeste, terwyl hulle onrein is en hulleself voed

sonder vrees; waterlose wolke deur winde rondgedrywe, Spr 25:14 dooie bome sonder

vrugte, wat twee maal dood is, uitgetrek aan die wortels,

13 wilde golwe van die see, wat hulle skandes wys deur hulle skuim, dwalende sterre,

vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig gereserveer word,

14 maar Hanokh, Gen 5:18-24 die sewende geslag van Adam af, Gen 5:1 het ook teen hulle

geprofeteer en gesê: ‘Let op! kom met ‘n tallose menigte van Sy afgesonderdes,

15 om oordeel te vel oor almal en al die mense te straf vir hulle dade; die wat boosheid

gedoen het en oor al die harde woorde wat die bose sondaars gesê het.’

16 Dit is hulle wat murmureer en kla oor alles terwyl hulle volgens hulle eie begeertes

leef en met hulle mond skuld uitspreek en mense vlei ter wille van voordeel,

Y’hudah

17 maar julle, vir wie ons liefhet, onthou die boodskappe wat vroëer verkondig is deur

die afgevaardigdes van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een,

18 wat vir julle gesê het: ‘In die laaste tyd sal daar spotters wees wat volgens hul eie

begeertes agter boosheid aangaan.’

19 Dit is hulle wat die natuurlike mens uitlig, want die Gees is nie by hulle nie.

20 Julle, egter, vir wie ons lief is, wees bemoedig in julle afgesonderde vertroue van

bo af deur die Gees van Afsondering, terwyl julle bid.

21 Laat ons onsself in die liefde van God hou, terwyl ons uitkyk vir die aktiewe omgee

van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een tot ons ewige lewe

22 en sommige van die wat in die vuur is uitruk.

23 Wanneer hulle erken, berou en wegdraai, wys omgee aan hulle met respek, terwyl

julle selfs die klere haat wat deur die sondige natuur bevlek is.

24 Aan Hom wat in staat is om ons te bewaar sonder oortreding en sonder ontering en

ons laat staan sonder vlek voor Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid in vreugde,

25 Hy alleen is God, ons Verlosser, deur Yeshua, Die Gesalfde Een, ons Meester, aan

Hom kom toe die lofprysing, die danksegging, die eer en die majesteit, nou en tot

in alle tye! Dit is waar.

395

Openbaring

396

Die sewe-en-twintigste boek van die Nuwe Verbond

Die Openbaring van Yeshua, Die Gesalfde Een, soos gegee

aan Yoganan, een van die twaalf afgevaardigdes van

Yeshua.

Openbaring

(Openbaring)

Dit is rondom die jaar 55, op die eiland Patmos, waarheen

Yoganan deur Keiser Nero verban is, geskryf.

In Afrikaans vertaal vanuit “John Gwynn’s edition of the General Epistles

from The Crawford Aramaic manuscript,” vanuit Aramees -

die taal wat Yeshua gepraat het.

Openbaring

1 1 Die openbaring van Yeshua, Die Gesalfde Een, wat God aan Hom gegee het om

aan Sy slawe te wys, wát gegee is om gou te gebeur en wat Hy simbolies verduidelik

het toe Hy dit deur Sy engel aan Sy slaaf Yoganan gestuur het;

2 hy wat getuig het van die boodskap van God en van die getuienis van Yeshua, Die

Gesalfde Een; alles wat hy gesien het.

3 Sy seën vir dié een wat die boodskap van dié profesie lees en dié wat dit hoor en

doen wat daarin geskryf is, Eks 24:7 want die tyd is naby.

4 Yoganan, aan sewe gemeentes in Asië: Onverdiende guns vir julle en vrede,

gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid van Hom wat is en wat was en wat

kom, Eks 3:14 Yes 11:2

en van die sewe Geeste wat voor Sy troon is

5 en van Yeshua, Die Gesalfde Een, die vertroubare getuie, Yes 55:3-4 die Eersgeborene

uit die dood en die Heerser oor die konings van die aarde! Hy wat ons liefhet en ons

van ons sondes losgemaak het deur Sy bloed

6 en ons ‘n priesterlike koninkryk gemaak het vir God en Sy Vader; aan Hom die eer,

lof, aanbidding en die heerskappy vir tydlose ewigheid! Dit is waar.

7 Let op! Hy kom met wolke Dan 7:13 en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom

deursteek het Z’kh 12:10 en al die families van die aarde Z’kh 12:10,12,14 sal oor Hom rou. Ja,

dit is waar!

8 Ek is die Alef en die Tau, sê God; Hy wat is en wat was en wat kom. Eks 3:14 Hy

wat alles vashou.

9 Ek is Yoganan, julle broer en deelgenoot in lyding en in die volharding wat in Yeshua

is. Ek was op die eiland wat Patmos genoem word, as gevolg van die boodskap van

God en as gevolg van die getuienis van Yeshua, Die Gesalfde Een.

10 Ek was in die Gees Yeg 11:1 op die eerste dag van die week en ek het agter my ‘n harde

stem gehoor, soos van ‘n ramshoring,

11 wat sê: “Skryf wat jy sien in ‘n rol en stuur dit aan sewe gemeentes: na Efesos,

Smurna, Pergamos, Thuateira, Sardeis, Filadelfeia en Laodikeia.”

12 Ek het omgedraai om uit te vind watter stem met my gepraat het en toe ek my

omgedraai het, sien ek sewe goue kandelare

13 en tussen die kandelare Een, wat lyk soos ‘n mens, met ‘n skouerkleed aan en met

‘n goue gordel Eks 28 Dan 7:13; 10:15

om die bors.

14 Sy kop en hare was wit, soos wol en soos sneeu; Sy oë soos vlamme van vuur;

15 Sy voete soos brons vanaf Libanon wat gesuiwer is in ‘n oond en Sy stem soos die

Dan 10:6; Yeg 1:24; 43:2

klank van baie water.

16 Hy het sewe sterre in Sy regterhand; ‘n skerp swaard het uit Sy mond uitgegaan en

Yes 49:1-3

ek het Hom gesien soos die son wat verskyn in sy volle krag.

17 Toe ek Hom sien, val ek soos ‘n dooie aan Sy voete Yes 6:5; Yeg 1:28 en Hy het Sy

regterhand op my gelê en vir my gesê: “Moenie bang wees nie, want Ek is die Eerste

Yes 44:6; 48:12

en die Finale

18 en die Lewende Y’ho 3:10; Ps 42:3; 84:3 en Ek was dood en let op, Ek leef vir tydlose

ewigheid. Dit is waar. Ek het die sleutels van She’ol Hos 13:14; Yeg 37:13 en van die dood.

19 Skryf daarom neer alles wat jy gesien het, dié wat is, sowel as dié wat hierna gaan

gebeur.

397

Openbaring

20 Die geheim van daardie sewe sterre wat jy in My regterhand gesien het en die sewe

goue kandelare: Die sewe sterre is die boodskappers van sewe gemeentes en die

sewe kandelare wat jy gesien het, is sewe gemeentes.”

2 1 Skryf vir die boodskapper van die gemeente in Efesos: “Dít sê Hy wat sewe sterre

in Sy hand hou, wat loop tussen die goue kandelare:

2 Ek ken jou dade, jou harde werk en jou geduld, dat jy bose mense nie kan verdra nie

en dat jy dié getoets het wat sê dat hulle afgevaardigdes is en dit nie is nie en gevind

het dat hulle vals is

3 en dat jy volhard en uithou ter wille van My Outoriteit en Karakter en nie moeg

geword het nie,

4 maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het.

5 Onthou van waar jy uitgeval het en doen die dade van vroeër, anders kom Ek teen

jou en sal jou kandelaar wegvat as jy nie wegdraai van jou sonde na God toe nie,

6 maar dit het jy, dat jy die dade van Nikolaita haat, wat Ek ook haat.

7 Hy wat ore het, luister wat die Gees vir die gemeentes sê. Aan die wat die oorwinning

behaal, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe, wat in God se paradys is.”

8 Skryf vir die boodskapper van die gemeente in Smurna: “Dít sê die Eerste en die

Finale, wat dood was en lewe:

9 Ek ken jou lyding en jou armoede; eintlik is jy ryk, en die kwaadpraat van dié wat

sê dat hulle Jode van die Jode is, terwyl hulle dit nie is nie, maar deelgenote van

Satan.

10 Moenie bang wees vir enige iets wat jy gaan ly nie. Let op! Die duiwel gaan

sommige van julle in die tronk gooi om getoets te word en julle sal tien dae lank

lyding hê. Wees vol vertroue tot die dood toe en Ek sal vir jou ‘n kroon van lewe

gee.

11 Hy wat ‘n oor het, laat hom luister wat die Gees vir die gemeentes sê: “Die wat

volhard totdat die oorwinning behaal is, sal nie deur die tweede dood seergemaak

word nie.”

12 Skryf vir die boodskapper wat in die gemeente in Pergamos is: “Dít sê Hy wat die

skerp tweesnykant swaard het:

13 Ek ken die plek waar jy bly, waar die troon van Satan is, dat jy steeds vashou aan

My Outoriteit en Karakter en My vertroue nie verwerp het nie; in die tyd toe jy en My

getroue getuie gestry het namens al My getroue getuies, is hy vermoor tussen julle,

14 maar Ek het sekere dinge teen jou: dat jy mense daar het wat vashou aan die

leer van Bil’am, wat vir Balak geleer het om ‘n struikelblok voor die kinders van

Yisra’el te gooi, om offers aan afgode te eet en om seksueel immoreel te wees.

15 Jy het ook, net so, mense wat vashou aan die leer van Nikolaita.

16 Draai daarom terug, anders kom Ek dadelik op jou af en sal teen hulle oorlog maak

met die swaard van My mond.

17 Hy wat ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees vir die gemeentes sê: “Aan hom wat

die oorwinning behaal, sal Ek gee om te eet van die versteekte manna en Ek sal vir

hom ‘n wit klippie gee en op dié klippie is ‘n nuwe naam geskryf wat niemand ken

nie, behalwe hy wat dit kry.”

398

Openbaring

18 Skryf vir die boodskapper wat in die gemeente in Thuateira is: “Dít sê die Seun van

God; Hy wat oë het soos vlamme van vuur en voete soos brons van Libanon:

19 Ek ken jou dade, jou liefde, jou vertroue, jou dienswerk, jou volharding en dat jou

dade nou meer is as aan die begin,

20 maar Ek het baie teen jou: Want jy laat jou vrou, Izevel, wat van haarself sê dat sy

‘n profetes is, toe om my slawe te leer en hulle te mislei om seksueel immoreel te

wees en om offers aan afgode te eet

21 en Ek het haar tyd gegee om te erken en weg te draai na God toe en sy het gekies

om nie van haar seksuele immoraliteit af weg te draai nie.

22 Let op! Ek gooi haar in ‘n kis en dié wat met haar hoerery pleeg, in groot lyding,

as hulle nie hulle dade erken en wegdraai na God toe nie

23 en haar kinders sal Ek doodmaak in die dood en al die gemeentes sal weet dat dit

Ek is wat die niere, verstand, wil en emosie deursoek en Ek sal aan elkeen van julle

gee volgens sy dade.

24 Ek sê vir julle ander wat in Thuateira is, almal wat nie hierdie leer vashou en nie

‘die dieptes van die Satan ken,’ soos hulle dit noem, nie: Ek sal geen ander las op

julle lê nie.

25 Hou daarom net vas, totdat Ek kom

26 en aan hom wat volhard totdat die oorwinning behaal is en My dade doen, sal Ek

outoriteit gee oor die nasies,

27 om vir hulle ‘n herder te wees met ‘n ysterstaf. Soos erdegoed sal jy hulle stukkend

slaan, Ps 2:8-9 want net so het Ek ook van my Vader ontvang

28 en Ek sal vir hom die môrester gee.

29 Hy wat ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.”

3 1 Skryf vir die boodskapper wat in die gemeente in Sardeis is: “Dít sê Hy wat die

sewe Geeste van God en sewe sterre het: Ek ken jou dade, dat jy ‘n naam het dat jy

leef en dat jy dood is.

2 Wees waaksaam en versterk die wat oorbly, wat op die punt staan om dood te gaan,

want Ek het jou dade onvolmaak voor God gevind.

3 Onthou hoe jy ontvang en gehoor het en doen dit en keer terug. As jy dan nie wakker

word nie, sal Ek op jou afkom soos ‘n dief en jy sal nie weet in watter uur Ek op

jou sal afkom nie,

4 maar daar is vir My ‘n paar name in Sardeis wat nie hulle klere bevuil het nie en

hulle loop voor My in wit klere en hulle is waardig.

5 Hy wat op hierdie manier volhard totdat die oorwinning behaal is, sal aangetrek

word met wit klere en Ek sal nie sy naam uitvee uit die boekrol van die lewe nie en

Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor Sy engele.

6 Wie ookal ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.”

7 Skryf aan die boodskapper van die gemeente in Filadelfeia: “Dít sê HaKadosh (die

Afgesonderde Een), die Waarheid; Hy wat die sleutel van Dawid het; Die Een wat

oopmaak en daar is niemand wat sluit nie en sluit en daar is niemand wat oopmaak

Yes 22:22

nie.

399

Openbaring

8 Ek ken jou dade. Let op! Ek het voor jou ‘n oop deur gegee en niemand kan dit

sluit nie, want jy het min krag en jy het My boodskap uitgevoer en My Karakter en

Outoriteit nie verwerp nie.

9 Let op! Ek kies uit die bymekaarkomplek van Satan, van dié wat van hulleself sê dat

hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg. Let op! Ek sal maak dat hulle kom en voor

jou voete neerval en weet dat Ek jou liefhet,

10 omdat jy My boodskap van volharding uitgevoer het, sal Ek jou ook beskerm in

die tyd van toetsing, wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde

te toets.

11 Ek kom gou! Hou vas wat jy het, dat iemand nie dalk jou kroon vat nie.

12 Wie volhard totdat die oorwinning behaal is, sal Ek ‘n pilaar in die tempel van God

maak en hy sal daar nie weer uitgaan nie en Ek sal op hom die Naam van My God

en die naam van die stad, die nuwe Yerushalayim, wat vanaf My God afdaal en My

nuwe Naam skryf.

13 Die een wat ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.”

14 Skryf vir die boodskapper van die gemeente van die Laodikeine: “Dít sê die

Versekerde Waarheid, die Vertrouenswaardige en ware Getuie en die Bron van die

skepping van God:

15 Ek ken jou dade, dat jy nie koud of warm is nie, want dit is nodig dat jy of koud

sal wees, of warm

16 en jy is lou en nie koud of warm nie. Ek gaan jou uit my mond uitspoeg,

17 want jy sê: ‘Ek is ryk en welvarend Hos 12:9 en het niks nodig nie en jy verstaan nie

dat jý siek, bejammeringswaardig, arm en kaal is nie.

18 Ek beveel aan dat jy van My goud, wat deur vuur gesuiwer is, koop sodat jy

voorspoedig kan word; en wit klere sodat jy jou kan aantrek en die skande van jou

naaktheid nie gewys word nie; en oogsalf om jou te salf sodat jy kan sien.

19 Ek bestraf en dissiplineer dié wat Ek liefhet. Wees daarom ywerig en keer terug.

20 Let op! Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand na My stem luister en die deur

oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom eet en hy met My.

21 Aan hom wat volhard totdat die oorwinning behaal is, sal Ek gee om saam met My

op My troon te sit, net soos Ek die oorwinning behaal het en saam met My Vader

op Sy troon sit.

22 Wie ookal ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees vir die gemeentes sê.”

4 1 Let op! Ná hierdie dinge het ek ook ‘n oop deur in die hemel gesien en die eerste

Stem, wat ek soos ‘n ramshoring met my hoor praat het, het gesê: “Kom op hierheen

en Ek sal jou wys wat bepaal is om ná hierdie dinge te gebeur.”

2 Dadelik was ek in die Gees en, let op, daar staan ‘n troon in die hemel en op die

troon sit Hy!

3 Hy wat daarop sit het soos die stene Rooi Kwarts Jaspis en rooi en wit Sardius (robyne)

gelyk en rondom die troon, wat gelyk het soos ‘n Smarag, was ‘n reënboog.

4 Rondom die troon was daar vier en twintig trone en op die trone het die vier en

twintig oudstes gesit, aangetrek in wit klere en met goue krone op hulle koppe

400

5 en daar het weerligte, donderslae en stemme vanuit die troon uitgegaan en sewe

brandende lampe voor dit, wat die sewe Geeste van God is.

6 Voor die troon was daar ‘n see van glas wat soos kristal gelyk het en in die middel,

rondom die troon, was daar vier wesens vol oë van voor en van agter.

7 Die eerste wese was soos ‘n leeu, die tweede wese het gelyk soos ‘n kalf, die derde

wese het ‘n gesig gehad soos van ‘n mens en die vierde wese het gelyk soos ‘n arend

wat vlieg.

Yeg 1:5-

8 Die vier wesens het gestaan en elkeen het ses vlerke aangeheg gehad, Yes 6:2 wat

rondom en van binne vol oë was en hulle het dag en nag nie stil gebly nie en gesê:

“Afgesonderd, Afgesonderd, Afgesonderd is God wat alles vashou; Hy wat is

en wat was en wat kom!”

Eks 3:14

9 Wanneer die wesens eer, lof, aanbidding, waarde en aanvaarding van onverdiende

guns gee aan Hom wat op die troon sit, wat vir tydlose ewigheid lewe, dit is waar,

10 val die vier en twintig oudstes neer voor Hom wat op die troon sit en aanbid die

Lewende Een tot in tydlose ewigheid. Dit is waar. Hulle gooi hulle krone voor die

troon terwyl hulle sê:

11 “U is waardig, ons Meester en ons God, om die eer, lof, aanbidding en die krag

te ontvang, want U het alles geskep en vir U plesier bestaan hulle en is hulle

geskep.”

5 1 Ek het aan die regterkant van Hom wat op die troon sit, ‘n boekrol gesien, met

binne en buite op geskryf en met sewe seëls verseël;

2 en ek het ‘n ander kragtige engel gesien, wat met ‘n harde stem verkondig: “Wie is

waardig om die boekrol oop te maak en sy seëls los te breek?”

3 Niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde was in staat om die boekrol

of sy seëls oop te maak, of daarin te kyk nie

4 en ek het baie gehuil, omdat daar niemand waardig gevind is om die boekrol oop te

maak of sy seëls los te breek nie.

5 Een van die oudstes sê vir my: “Moenie huil nie. Let op! Die Leeu vanuit die stam

van Y’hudah, Gen 49:9-10 die wortel van Dawid, Yes 11:1-10 het volhardend oorwin, om die

boekrol en sy sewe seëls oop te maak.”

Yes 9:5-6

Openbaring

6 Ek het gesien, let op! Tussen die troon, die vier wesens en die oudstes, staan daar ‘n

Lam asof Hy geslag is, Yes 53:7-8 met sewe horings Z’kh 4:2+10 en sewe oë, wat die sewe

Geeste van God is, wat uitgestuur is oor die hele aarde,

7 en Hy het gekom en die boekrol gevat uit die hand van Hom wat op die troon sit;

8 en toe Hy die boekrol ontvang het, val die vier wesens en die vier en twintig

ouderlinge voor die Lam neer, elkeen met ‘n snaar instrument en ‘n goue bak vol

soet speserye, wat die gebede van die afgesonderdes is.

9 Hulle het ‘n nuwe lofprysingslied gesing Ps 33:3; 98:1 en gesê: “U is waardig om die

boekrol te vat en sy seëls los te maak, want U is doodgemaak en het ons vanuit elke

stam, volk en nasie, met U bloed, vir God losgekoop,

10 en U het hulle, vir ons God se Koninkryk, priesters en konings gemaak en hulle sal

Eks 19:6; Yes 61:6

oor die aarde heers.”

401

Openbaring

11 Ek sien en hoor die stemme van baie engele rondom die troon en van die wesens

en die ouderlinge en hulle getalle was tien duisende van tien duisende en duisende

van duisende

12 en hulle het met ‘n harde stem gesê: “Die Lam wat doodgemaak is, is waardig om

die krag, rykdom, wysheid, mag, eer, lof, aanbidding en seën te ontvang.”

13 Elke skepsel wat in die hemel, op die aarde, onder die aarde en wat op die see is;

alles wat daarin is, het ek gehoor sê: “Aan Hom wat op die troon sit en aan die Lam:

Seën, eer, lof, aanbidding en heerskappy vir tydlose ewigheid!”

Dan 7:9-14

14 Toe die vier wesens sê: “Dit is waar!” val die vier en twintig oudstes neer en

aanbid.

6 1 Lev 16:14-26; Yeg 14:12-20; Z’kh 6:2-3 Ek het gesien toe die Lam die eerste van die seëls oopmaak

en ek het een van die vier wesens hoor sê, met ‘n stem soos die van ‘n donderslag:

“Kom en kyk!”

2 Ek het gehoor en gesien, let op! Daar was ‘n wit perd en hy wat daarop sit, het ‘n

boog en aan hom is ‘n kroon gegee en hy het uitgegaan om te oorwin en het oorwin

en oorwinning gegee.

3 Toe Hy die tweede seël oopgemaak het, hoor ek die tweede wese sê: “Kom!”

4 ‘n Perd, ‘n rooie, het uitgegaan en aan hom wat daarop sit, is gegee om die vrede

van die aarde af weg te vat sodat elkeen sou doodmaak en ‘n groot swaard is aan

hom gegee.

5 Toe Hy die derde seël oopgemaak het, hoor ek die derde wese sê: “Kom!” Let op!

‘n Swart perd en hy wat daarop sit, het ‘n weegskaal in sy hand

6 en ek het ‘n stem tussen die vier wesens hoor sê: “’n Kilogram graan vir ‘n

denarion Lev 26:26 en drie kilogram gars vir ‘n denarion en moenie die olyfolie en die

wyn beskadig nie.”

7 Toe Hy die vierde seël oopgemaak het, hoor ek die stem van die vierde wese sê:

“Kom!”

8 Ek het gesien en let op! Daar was ‘n bleek perd en hy wat daarop sit se naam is

‘Dood’ en She’ol het by hom aangesluit. Aan hom is outoriteit gegee om ‘n kwart

van die wêreld dood te maak met die swaard, hongersnood, dodelike siektes en deur

Yir 15:3; 24:10; Yeg 5:17

die wilde diere van die aarde.

9 Toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die geeste van dié wat

vermoor is ter wille van die boodskap van God en ter wille van die getuienis van

Yeshua wat hulle gehad het

10 en hulle het met ‘n harde stem uitgeroep en gesê: “, Afgesonderd en Waar, hoe

lank nog voordat U die inwoners van die aarde gaan oordeel en terugbetaal vir ons

Deut 32:25; Ps 79:10

bloed?”

11 Aan elkeen van hulle is lang wit klere gegee en gesê dat hulle nog ‘n klein

rukkie moes rus totdat die volle getal van hulle deelgenote en broers, wat ook nog

doodgemaak sou word, net soos hulle, bereik sou word.

12

402

Yes 2:10-12,19; 13:10; 34:4; 50:3; Yir 4:23-29; Yo’el 3:4, 4:15; Nag 1:5-6; Hag 2:6 Ek het gesien toe Hy die sesde

seël oopgemaak het en daar het ‘n groot aardbewing gekom, die son het swart

geword soos ‘n harige sak, die maan het volkome soos bloed geword,

13 die sterre van die hemel het bo die aarde geval, soos ‘n vyeboom wat deur ‘n groot

wind geskud word, sy navye laat afval,

14 die hemele is verdeel en soos boekrolle opgerol, al die berge en eilande is van hulle

plekke af beweeg

15 en die konings van die aarde, die prinse, die kapteins oor duisend, die rykes, die

magtiges, al die slawe en al die vrymense het weggekruip in die grotte en tussen die

rotse van die berge

16 en vir die berge en die rotse gesê: “Val op ons en steek ons wegHos 10:8 van die

Teenwoordigheid van die Lam,

Yog 5:22; Hand 17:31; Rom 2:16

Openbaring

17 want die groot dag Yes 2:12; Yir 46:10; Tz’f 1:18; 2:2-3 van Sy wraak het gekom en wie kan

Open 5:13

staan?”

7 1 Ná hierdie dinge het ek vier engele oor die vier hoeke van die aarde sien staan en

hulle het die vier winde van die aarde vasgehou sodat die wind nie sou waai oor die

aarde of oor die see of oor enige boom nie.

2 Ek het ook ‘n ander engel sien opkom uit die opkomende son (ooste), met die seël

van die lewende God en hy het met ‘n harde stem geroep na die vier engele aan wie

dit gegee is om die aarde en die see skade te berokken

3 en gesê: “Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die slawe

van ons God tussen hulle oë Yeg 9:4 verseël het nie”

4 en ek het die getal van die verseëldes gehoor: Z’kh 9:14-16 honderd vier en veertig duisend

vanuit al die stamme van Yisra’el:

5 Uit die stam van Y’hudah twaalf duisend;

uit die stam van Re’uven twaalf duisend;

uit die stam van Gad twaalf duisend;

6 uit die stam van Asher twaalf duisend;

uit die stam van Náftali twaalf duisend;

uit die stam van M’nasheh twaalf duisend;

7 uit die stam van Shim’on twaalf duisend;

uit die stam van Levi twaalf duisend;

uit die stam van Yissakhar twaalf duisend;

8 uit die stam van Z’vulun twaalf duisend;

uit die stam van Yosef twaalf duisend;

uit die stam van Benyamin twaalf duisend; verseëldes.

9 Ná hierdie dinge het ek ‘n menigte uit alle volke, generasies, nasies en tale gesien,

wat niemand kon tel nie, wat staan voor die Troon en voor Hom wat die Lam is,

aangetrek in wit klere en met palmtakke in hulle hande

10 en hulle het met ‘n harde stem geroep en gesê: “Verlossing aan ons God en aan

Ps 98:2

Hom wat op die troon sit en aan die Lam!”

11 Al die engele het rondom die troon, die oudstes en die vier wesens gestaan en hulle

het voor die troon op hulle gesigte neergeval,

12 terwyl hulle sê: “Dit is waar! Die lof, eer, aanbidding, seën, wysheid, aanvaarding

van onverdiende guns, die krag en die sterkte vir ons God tot in tydlose ewigheid!

Dit is waar.”

403

Openbaring

13 Een van die oudstes het reageer en vir my gesê: “Wie is hulle wat met wit klere

aangetrek is en waarvandaan het hulle gekom?”

14 Ek sê vir hom: “Meneer, u weet.” En hy sê vir my: “Dit is hulle wat uit groot

lyding Dan 12:1 kom en hulle het hul klere gewas en wit gemaak in die bloed van die

Lam.

15 Daarom is hulle voor die troon van God en dien Hom dag en nag in die tempel en

Yeg 37:27

Hy wat op die troon sit, sal by hulle bly.

16 Hulle sal nooit honger wees en nooit dors hê nie en die son of enige hitte sal nie

Yes 49:10

op hulle brand nie,

17 want die Lam wat in die middel van die troon is, sal vir hulle soos ‘n herder wees

en hulle lei na die lewe en na fonteine van lewende water en sal elke traan van hulle

Yes 49:10; Yir 2:13; Yeg 34:23; Ps 23:1-2

oë afvee.”

8 1 Toe Hy die sewende seël oopgemaak het, kom daar stilte in die hemel soos ‘n

halfuur lank

2 en ek het sewe engele gesien, Yes 63:9; Luk 1:19 die wat in God se Teenwoordigheid staan,

aan wie sewe ramshorings Z’kh 9:14,16 gegee is.

3 ‘n Ander engel het gekom en met ‘n goue wierookbak oor die altaar gaan staan en

baie wierook is aan hom gegee om saam met die gebede van al die afgesonderdes,

voor die troon, op die goue altaar te gooi

4 en die rook van die wierook het, saam met die gebede van die afgesonderdes, uit die

hand van die engel opgegaan voor God

5 en die engel het die wierookbak gevat en dit met vuur van die altaar af volgemaak en

dit oor die aarde gegooi en daar was donderslae, stemme, weerlig en aardbewings.

6 Die sewe engele met die sewe ramshorings het hulle gereed gemaak om te blaas.

7 Die eerste het geblaas en daar was hael en vuur, met water gemeng, wat op die aarde

gegooi is en ‘n derde van die aarde, ‘n derde van die bome en al die groen gras het

verbrand.

8 Die tweede het geblaas en iets, soos ‘n groot brandende berg, het in die see geval en

‘n derde van die see het bloed geword

9 en ‘n derde van alles, wat geskep is in die see en lewe, het gesterf en ‘n derde van

die skepe is vernietig.

10 Die derde het geblaas en ‘n groot ster, wat soos ‘n fakkel brand, het uit die hemel

geval en dit het op ‘n derde van die riviere en op die waterfonteine geval.

11 Die naam van die ster word Wildeals (Apsythna) genoem en ‘n derde van die

waters het soos als(em)kruid geword en baie mense het doodgegaan van die water,

Yir 9:15; 23:15

omdat dit bitter geword het.

12 Die vierde het geblaas en ‘n derde van die son, ‘n derde van die maan en ‘n derde

van die sterre is verslind sodat ‘n derde van hulle donker geword het en ‘n derde van

die dag het nie verskyn nie en net so die nag.

13 Ek het ‘n arend wat in die lug vlieg gehoor wat sê: “Wee, wee, wee aan die wat op

die aarde bly, as gevolg van die klank van die ramshorings van die drie engele wat

nog sal blaas!”

404

9 1 Die vyfde het geblaas en ek sien ‘n ster wat uit die lug uit op die aarde geval het

en aan hom is die sleutel van die bodemlose put gegee.

2 Daar het rook opgekom uit die put, soos die rook van ‘n groot hoogoond wat warm

gemaak is en die son en die lug is deur die rook uit die put verduister

3 en vanuit die rook het daar sprinkane oor die aarde uitgegaan en aan hulle is die krag

gegee wat die skerpioene van die aarde het

4 en vir hulle is gesê dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige

boom mag beskadig nie, maar slegs die mense wat nie die seël van God tussen hulle

oë het nie

5 en dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle vyf maande

lank gepynig sou word en hulle pyniging was soos die pyniging van ‘n skerpioen,

wanneer hy ‘n mens aanval.

6 In dié dae sal die mense die dood soek en dit nie kry nie en hulle sal begeer om dood

te gaan en die dood sal van hulle af wegvlug.

7 Die sprinkane het gelyk soos perde wat voorberei is vir die oorlog, op hulle koppe

was iets wat gelyk het soos krone van goud en hulle gesigte soos die gesigte van

mense;

8 hulle het hare gehad soos dié van vroue, hulle tande was soos dié van leeus,

9 hulle het borsplate gehad soos van yster, die klank van hulle vlerke was soos die

Yir 8:3

klank van baie strydwaens met perde, wat hardloop na die geveg

Openbaring

Yo’el 1:4-6; 2:4-5

10 en hulle het sterte gehad wat lyk soos dié van skerpioene en die angels in hulle

sterte en hulle outoriteit was om die mense vyf maande lank seer te maak.

11 Hulle het as koning oor hulle die engel van die bodemlose put. Sy naam in Hebreeus

is Abdo (werker) en in Aramees het hy die naam Shra (sterk of getrou).

12 Die eerste ‘wee’ het verbygegaan. Let op, hierna kom daar nog twee ‘weë!’

13 Na hierdie dinge het die sesde engel geblaas en ek het ‘n stem gehoor vanuit die

vier horings van die goue altaar wat voor God is

14 en dié het aan die sesde engel met die ramshoring gesê: “Maak die vier engele los

wat vasgebind is by die groot rivier, die Eufrates”

15 en die vier engele is losgemaak, wat gereed gemaak is vir dié uur, dag, maand en

jaar, om ‘n derde van die mense dood te maak.

16 Die getal van die berede soldate was tweehonderdmiljoen (200 000 000)! Ps 68:18 Ek

het hulle getal gehoor.

17 Op hierdie manier het ek in die visioen die perde gesien en die wat op hulle sit, met

borsplate van vuur, jakinth en swael. Die koppe van die perde was soos leeukoppe

en vuur, swael en rook het uit hulle bekke uitgegaan.

18 Deur hierdie drie plae is ‘n derde van die mense doodgemaak deur die vuur, die

rook en die swael wat uit hulle bekke uitgegaan het,

19 want die outoriteit van die perde is in hulle bek en in hulle sterte.

20 Die res van die mense, wat nie deur hierdie plae doodgemaak is nie, het ook nie

weggedraai van die werke van hulle hande nie, Ps 115:4-7; 135:15-17; Dan 5:23 of om demone

en afgode van goud, silwer, koper, hout en klip, wat nie kan sien, hoor of beweeg

nie, te aanbid nie

405

Openbaring

21 en nie weggedraai van hulle moorde, hulle toordery en heksery en van hulle

seksuele immoraliteit nie.

10 1 Ek het ‘n ander engel uit die hemel sien afkom. Hy was aangetrek met ‘n wolk,

met ‘n reënboog van die lug oor sy kop; hy het gelyk soos die son en sy bene soos

pilare van vuur

2 en in sy hand het hy ‘n klein boekrolletjie gehad, wat oop was en hy het sy regtervoet

op die see gesit, maar sy linkervoet op die land

3 en het met ‘n harde stem uitgeroep, soos ‘n leeu wat brul en nadat hy uitgeroep het,

het sewe donderslae hulle stemme laat hoor.

4 Toe die sewe donderslae gepraat het, was ek gereed om te skryf, maar ek het ‘n stem

uit die hemel, die sewende, vir my hoor sê: “Verseël dit wat die sewe donderslae

gesê het en skryf dit nie op nie.”

406

Dan 12:9

5 Die engel wat ek op die see en op die droë land sien staan het, het sy hand na die

hemel opgelig

6 en gesweer by Hom wat vir tydlose ewigheid lewe, Deut 32:40; Dan 12:7 Hy wat die hemele

en wat daarin is, die aarde en wat daarin is en die see en wat daarin is geskape het,

Neg 9:6; Eks 20:11; Ps 146:6

dat daar weer nie tyd sal wees nie,

7 maar in die dae wanneer die sewende engel geblaas het, is die geheime Rom 11:25 van

God voltooid, wat Hy verkondig het aan Sy slawe, die profete.

Dan 9:6

8 Die stem wat ek uit die hemel gehoor het, het weer met my gepraat en gesê: “Gaan,

vat die klein boekrolletjie in die hand van die engel wat op die land en op die see

staan.”

9 Ek het na die engel gegaan en vir hom gesê: “Gee vir my die klein boekrolletjie” en

hy sê vir my: “Vat en eet dit, Yir 15:16; Yeg 2:8-3:3 Yeg 3:4-11

en dit sal bitter wees in jou maag,

maar in jou mond sal dit soos heuning wees.”

Ps 19:11; 119:103

10 Ek vat die klein boekrolletjie uit die hand van die engel en eet dit en in my mond

was dit so soet soos heuning, maar toe ek dit geëet het, was my maag bitter;

11 en hy het vir my gesê: “Daar word weer vir jou tyd gegee om te profeteer oor baie

volke, nasies, tale en konings.”

11 1 ‘n Riet, soos ‘n staf, is aan my gegee en die engel het gestaan en gesê: “Staan

op en meet die tempel van God, die altaar en dié wat daar aanbid,

2 maar die buitekant om die binnehof van die tempel moet jy uitsluit en dit nie meet

nie, want dit is aan die ander nasies gegee en hulle sal die afgesonderde stad twee

en veertig maande lank vertrap

3 en Ek sal My twee getuies gee om vir eenduisend twee honderd en sestig dae lank

te profeteer, aangetrek in sakke.

4 Hulle is die twee olyfbome Z’kh 4:3,14 en die twee kandelare wat voor die Meester van

die hele aarde staan

5 en as iemand hulle wil skade aandoen, gaan daar vuur uit hulle mond en verteer hulle

vyande; Yir 5:14 so is dit gegee dat hulle wat hul wil seermaak doodgemaak word.

6 Hulle het outoriteit om die lugruim toe te sluit sodat daar tydens die dae van hulle

profesie geen reën val nie en hulle het outoriteit oor die waters, om dit in bloed te

verander en om die aarde te slaan met allerhande plae, so veel as wat hulle wil

7 en wanneer hulle getuienis voltooi is, sal die dier wat uit die see uit opkom, teen

hulle oorlog voer en hulle oorwin en hulle doodmaak

8 en hulle lyke sal op die straat van die groot stad, wat geestelik Yes 1:10; Gen 19 S’dom en

Egipte Eks 1-15 genoem word, waar hulle Meester gekruisig is lê.

9 Mense vanuit die volke, stamme, tale en nasies sal hulle lyke drie en ‘n halwe dag

lank sien en hulle lyke nie toelaat om in grafte gelê te word nie.

Openbaring

Ps 69:2-4; 1 Kon 13:22

10 Die bewoners van die aarde sal bly wees oor hulle en hulle verheug en sal vir

mekaar geskenke stuur, as gevolg van dié twee profete wat die bewoners van die

aarde gepynig het

11 en ná drie en ‘n halwe dag het ‘n gees van lewe vanaf God in hulle ingegaan en

hulle het op hulle voete gaan staan en die Gees van Lewe het op hulle geval en groot

vrees het die wat hulle gesien het, oorval

12 en hulle het ‘n harde stem uit die hemel vir hulle hoor sê: ‘Kom op hierheen!’ en

hulle het opgegaan na die hemel in ‘n wolk en hulle vyande het na hulle gestaar.

13 In daardie oomblik het daar ‘n groot aardbewing gekom en een uit elke tien stede

het geval en sewe duisend mense is in die aardbewing dood en die ander het bang

geword en aan God wat in die hemel is eer, lof en aanbidding gebring.”

14 Let op, twee weë het verbygegaan en let op, die derde ‘wee’ kom dadelik.

15 Die sewende engel het geblaas en daar was harde stemme in die hemel wat sê:

“Die koninkryk van die wêreld het die Koninkryk van ons God en Sy Gesalfde Een

geword en Hy sal heers vir tydlose ewigheid”

16 en die vier en twintig oudstes wat in die Teenwoordigheid van God op hulle trone

sit, het op hulle gesigte geval, God aanbid

17 en gesê: “Ons dank U, God, wat alles vashou, wat is en wat was, Eks 3:14,15 want

U het U groot krag opgeneem en geheers.”

18 Ps 2Die nasies was woedend en U woede het gekom en die tyd dat die wat dood

is geoordeel word en U sal beloning gee aan U slawe, die profete en aan die

afgesonderdes en aan die wat U Outoriteit en Karakter respekvol vrees, klein en

groot; en U sal hulle wat die aarde korrup gemaak het vernietig.

19 Die tempel in die hemel is oopgemaak en die ark van die verbond Eks 25:10-22 is in

Sy tempel gesien en daar was weerlig, stemme, donderslae, aardbewings en groot

hael.

12 1 ‘n Groot teken het in die hemel verskyn: ‘n vrou, wat aangetrek is met die son

Yes 66:7en

met die maan onder haar voete en op haar kop ‘n kroon van twaalf sterre

2 en sy was verwagtend, het uitgeroep en was in kraam en was beangs om geboorte

te gee.

3 ‘n Ander teken het in die hemel verskyn en let op, daar was ‘n groot draak van vuur

met sewe koppe en tien horings Dan 7:7,24 en op sy koppe was sewe krone

407

Openbaring

4 en sy stert het ‘n derde van die sterre van die hemel saamgesleep en hulle op die

aarde gegooi. Die draak het voor die vrou, wat op die punt was om geboorte te gee,

gestaan sodat hy haar Seun kon opeet, sodra sy geboorte gegee het.

5 Sy het geboorte gegee aan die Seun,

408

Yes 66:7 wat al die nasies, as Herder, met ‘n

ystersepter sou regeer Ps 2:9 en haar Seun is weggeruk na God en Sy troon

6 en die vrou het na die wildernis gevlug, waar die plek was wat God vir haar voorberei

het sodat sy vir eenduisend twee honderd en sestig dae lank versorg sou word.

7 Daar was oorlog in die hemel: Mikha’el en sy engele het oorlog gevoer teen die

draak en die draak en sy engele het baklei

8 en hulle kon nie uithou nie en daar kon ook nie ‘n plek vir hulle in die hemel gevind

word nie.

9 Die groot draak is neergegooi, die hoof slang wat die Duiwel en Satan genoem word,

wat die hele wêreld verlei, is neergegooi op die aarde en sy engele saam met hom.

10 Ek het ‘n harde stem vanuit die hemel hoor sê: “Nou is die bevryding, die krag en

die koningskap vanaf ons God, want die Aanklaer van ons broers is neergegooi, hy

wat hulle dag en nag beskuldig het voor ons God

11 en hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die boodskap van Sy

getuienis en hulle het hulle lewe, tot die dood toe, nie liefgehad nie.

12 Daarom, wees verheug, hemel en die wat daarin bly. Wee die aarde en die see,

want die duiwel het na julle toe afgekom met groot woede, omdat hy weet dat hy

min tyd het.”

13 Toe die draak sien dat hy neergegooi is op die aarde, het hy die vrou vervolg, wat

geboorte gegee het aan die Seun

14 en ‘n groot arend se twee vlerke is vir die vrou gegee sodat sy na die wildernis, na

haar plek daar, kon vlieg, waar sy uit die gesig van die slang versorg word, ‘n tyd,

Dan 7:25; 12:7

tye en ‘n halwe tyd

15 en die slang het water, soos ‘n rivier, uit sy bek agter die vrou aan uitgespoeg, om

haar te laat meesleur deur die water

16 en die aarde het die vrou gehelp deur sy mond oop te maak en die rivier, wat die

draak uit sy bek uitgespoeg het, in te sluk.

17 Die draak was woedend vir die vrou en hy het gegaan om oorlog te voer teen haar

en dié wat oorgebly het van haar Seun, dié wat die opdragte van God nakom en die

getuienis van Yeshua het.

13 1 Ek het op die sand by die see gestaan en ek het ‘n dier uit die see sien opkom

met tien horings en sewe koppe en op sy horings tien krone en op sy koppe die naam

Dan 7:3,7,8, 20, 25

wat kwaadpraat teen God.

2 Die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd en sy pote soos dié van ‘n wolf en sy

monde soos dié van leeus Dan 7:4-6 en die draak het sy krag, sy troon en groot outoriteit

vir hom gegee.

3 Een van sy koppe was, asof tot die dood, vergruis en sy dodelike wond is genees en

die hele wêreld het bewonderend agter die dier aangeloop

4 en die draak aanbid, wat vir die dier outoriteit gee en hulle het die dier aanbid en

gesê: “Wie is soos hierdie dier? Wie kan teen hom oorlog maak?”

Openbaring

5 ‘n Mond wat groot woorde praat en kwaadpraat teen God is aan dit gegee en dit is

Dan 7:25

die outoriteit gegee om vir twee en veertig maande lank te werk

6 en dit het sy mond oopgemaak om kwaad te praat voor God, Sy Naam en die blyplek

van dié wat in die hemel bly.

7 Dit is ook vir hom gegee om oorlog te maak teen die afgesonderdes en hulle te

verslaan en aan hom is outoriteit gegee oor alle stamme, volke, tale en nasies

8 en almal wat op die aarde bly sal hom aanbid, almal wie nie opgeskryf is in die

boekrol van Lewe nie; dié van die Lam, wat doodgemaak is voor die oorsprong van

die wêreld.

9 Die een wat ‘n oor het, laat hom luister.

10 Wie ookal in ballingskap wegvoer, sal in ballingskap gaan; die wat met die swaard

doodmaak, sal met die swaard doodgemaak word. Yir 15:2; 43:11 Hierin is die vertroue en

die volharding van die afgesonderdes.

11 Ek het ‘n ander dier sien opkom uit die aarde en dit het twee horings gehad, net

soos ‘n lam en het gepraat soos ‘n draak.

12 Dit sal al die outoriteit van die eerste dier uitoefen in sy teenwoordigheid en hy sal

maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier, waarvan die dodelike

wond genees is, ook aanbid.

13 Hy sal ook groot wondertekens voor die mense doen, soos om vuur uit die hemel

op die aarde te laat afkom

14 en dit sal dié wat op die aarde woon mislei, deur die wondertekens wat aan hom

gegee is om in die teenwoordigheid van die dier te doen, deur aan dié wat woon

op die aarde te sê dat hulle ‘n beeld moet maak van die dier wat die swaardwond

ontvang en lewendig geword het

15 en dit is vir hom gegee om ‘n gees aan die gevaarlike dier se beeld te gee en te

veroorsaak dat almal wat die dier se beeld nie aanbid nie, vermoor word.

16 Dit sal aan almal, klein, groot, die rykes, die armes, die vrymense en die slawe, ‘n

seël op hulle regterhand of op hulle voorkoppe,Deut 6:8 gee

17 sodat niemand weer kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat sy merk het: die

naam van die gevaarlike dier of die getal van sy naam.

18 Hier is wysheid. Wie verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit

is die getal van ‘n mens en sy getal is ses honderd ses en sestig (666).

14 1 Ek het gesien, let op! Die Lam staan op die berg Tziyon en saam met Hom

honderd vier en veertig duisend met Sy Naam en die Naam van Sy Vader tussen

hulle oë geskryf.

2 Ek het ‘n geluid vanaf die hemel gehoor soos die geluid van baie waters en soos die

geluid van harde donderslae en ek het die geluid gehoor van ‘n harpspeler wat op

sy harp speel

3 en hulle het ‘n nuwe lofprysingslied voor die troon gesing, voor die vier wesens

en voor die oudstes en niemand kon die lied leer nie, behalwe die honderd vier en

veertig duisend wat vanaf die aarde vrygekoop is.

409

Openbaring

4 Dit is hulle wat hulself nie met vroue besoedel het nie en maagdelik is; dit is hulle

wat vashou aan die Lam, waar Hy ook al heengaan; Yeg 16; 23; Hos 1- dit is hulle wat

gekoop is vanuit die mense, as eerste vrugte vir God en vir die Lam,

5 want in hulle mond is daar geen valsheid gevind nie, Tz’f 3:13 want hulle is sonder

fout.

6 Ek het ‘n ander engel deur die hemel sien vlieg met die Ewige Goeie Boodskap om

te verkondig aan die wat op die aarde bly; aan alle nasies, stamme, tale en volke.

7 Hy het met ‘n harde stem gesê: “Vrees en respekteer God en gee Hom eer, lof en

aanbidding, want die tyd van Sy oordeel het gekom en aanbid Hom, wat die hemel

en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.”

8 ‘n Ander, tweede het hom gevolg en gesê: “Sy het geval, sy het geval, Bavel, die

grote, Yes 21:9; Dan 4:21 wat al die nasies laat drink het van die hartstog van haar seksuele

immoraliteit.”

9 ‘n Ander, derde engel het hulle gevolg en met ‘n harde stem gesê: “Wie ookal die

dier en sy beeld aanbid het en sy seël tussen sy oë ontvang het,

10 sal self ook drink van die wyn van die passie van , wat onverdund ingeskink

is in die beker van Sy woede en hy sal gepynig word met vuur en swawel Ps 11:6 voor

die afgesonderde engele en voor die Lam.”

11 Die rook van hulle pyniging gaan op tot tydlose ewigheid en hulle wat die dier en

sy beeld aanbid en elkeen wat die merk van sy naam aanvaar, het dag en nag geen

rus nie.

12 Hier is die volharding van die afgesonderdes; hulle wat die opdragte van God

uitvoer en die vertroue van Yeshua behou.

13 Ek het ‘n stem uit die hemel hoor sê: “Skryf: Geseënd is die dooies, wat van nou af

in ons Meester doodgaan, ja, sê die Gees, want hulle rus van hul dade.”

14 Let op! Daar was ‘n wit wolk en op die wolk sit een wat lyk soos ‘n man, Dan 7:13 met

‘n goue kroon op sy kop en in sy hand ‘n skerp sekel.

15-20 Yo’el 4:9-13; Yes 63:1-6; Yir 25:15, 28-30; 61:33; Hos 6:11 ‘n Ander engel het uit die tempel uitgekom

en met ‘n groot stem geroep na hom wat op die wolk sit: “Slaan jou sekel in en maai,

want die tyd het gekom om te oes.”

16 Hy wat op die wolk sit, het sy sekel op die aarde ingeslaan en die aarde is

afgeoes.

17 ‘n Ander engel het uit die tempel, wat in die hemel is, uitgegaan en hy het ‘n skerp

sekel gehad.

18 ‘n Ander engel wat outoriteit oor vuur gehad het, het vanuit die altaar uitgegaan en

met ‘n harde stem geroep na hom wat die skerp sekel het en gesê: “Stuur jou skerp

sekel uit en maak die trosse van die wingerdstok van die aarde bymekaar, want sy

druiwe is groot”

19 en die engel het sy sekel op die aarde ingeslaan en die wingerdstokke van die aarde

afgeoes en dit gegooi in die groot parskuip van die wraak van God

20 en die parskuip is buitekant die stad getrap en bloed het uit die parskuip gekom tot

by die tome van die perde, vir twee honderd en veertig kilometer ver.

410

15 1 Ek het ‘n ander groot en wonderlike teken in die hemel gesien: sewe engele met

die sewe laaste plae,want in hulle is God se wraak afgehandel.

2 Ek het ook iets soos ‘n see van glas, gemeng met vuur, gesien en dié wat oorwin het

oor die dier, oor sy beeld en oor die getal van sy naam, het oorkant die see van glas

gestaan, met snaar instrumente van God

3 en hulle het die lied van Moshe, Eks 15:1-18 die slaaf van God en die lied van die

Lam gesing en gesê: “Groot en wonderlik is U dade, God, wat alles vashou,

onskuldig en waar is U dade, Yir 10:7; Amos 3:13; 4:13; Mal 1:11; Ps 86:9-10; 92:6 98:1; 1 Kro 16:9,12 Koning

van die wêreld!

4 Wie sal U nie respekvol vrees nie, en U Naam nie eer en loof nie, want U alleen

is Afgesonderd. Daarom sal al die nasies kom en voor U aanbid, Z’kh 14:16-20 omdat U

Waarheid is.”

5 Ná hierdie dinge het ek gesien dat die tempel (die tent van die getuienis in die

hemel) oopgemaak is

6 en sewe engele met die sewe plae het uit die tempel uitgegaan, aangetrek met

stralende skoon linne en om die bors vasgebind met goue gordels.

7 Een van die vier wesens het aan die sewe engele sewe flesse gegee, vol van die

woede van God, Wie die Lewe is vir tydlose ewigheid. Dit is waar.

8 Die tempel was vol rook vanuit die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van God en

vanuit Sy Mag en niemand kon in die tempel ingaan voordat die sewe plae van die

sewe engele afgehandel is nie.

16 1 Ek het ‘n harde stem uit die tempel, aan die sewe engele, hoor sê: “Gaan gooi

die sewe flesse van die woede van God op die aarde uit.”

2 Die eerste het gegaan en sy fles op die aarde uitgegooi en kwaadaardige en pynlike

swere Eks 9:8-11 het gekom op die mense wat die merk van die dier gehad het en op die

wat sy beeld aanbid het.

3 Die tweede engel het sy fles in die see uitgegooi en die see het soos dood geword en

alle lewende diere in die see het doodgegaan.

4 Die derde engel het sy fles in die riviere en in die waterfonteine uitgegooi en dit het

bloed geword

5 en ek het die engel van die waters hoor sê: “U wat is en wat was is Regverdig en

Afgesonderd; U wat hierdie dinge beveel het,

6 want hulle het die bloed van afgesonderdes en profete laat vloei en U het vir hulle

bloed gegee om te drink, wat hulle verdiende loon is.”

Yes 49:26

Openbaring

7 Ek het die altaar hoor sê: “Ja, God, wat alles houvas, waar en regverdig is U

oordele.”

8 Die vierde engel het sy fles oor die son uitgegooi en aan hom is gegee om die mense

met vuur te verbrand

9 en die mense is verbrand met ‘n groot hitte en hulle het kwaad gepraat van die

Outoriteit en Karakter van God, wat outoriteit het oor hierdie plae en hulle het nie

erken en berou gehad om aan Hom eer, lof en aanbidding te gee nie.

10 Die vyfde engel het sy fles oor die troon van die dier uitgegooi, sy koninkryk het

donker geword en hulle het hulle tonge geknaag van die pyn

411

Openbaring

11 en hulle het kwaad gepraat van die Naam van God van die hemel as gevolg van

hulle pyne en hulle swere en hulle het nie erken en berou gehad oor hul dade nie.

12 Die sesde engel het sy fles oor die groot rivier, die Eufrates, uitgegooi en sy water

het opgedroog sodat die pad vir die konings wat van die ooste af kom, voorberei

kon word.

13 Ek het uit die bek van die draak, uit die bek van die dier en uit die mond van die

vals profeet drie onrein geeste sien uitkom, soos paddas,

14 want dit is geeste van demone wat wondertekens doen, wat uitgaan na die konings

van die hele aarde, om hulle bymekaar te maak vir die oorlog van daardie groot dag

van God, wat alles vashou.

15 Let op! Ek kom soos ‘n dief. Seën vir hom wat waaksaam is en sy klere beskerm

sodat hy nie miskien kaal rondloop en hulle sy skaamte sien nie

16 en Hy sal hulle bymekaarmaak Z’kh 12:10-11 op die plek wat in Hebreeus genoem word

Megiddo.

17 Die sewende engel het sy fles in die lug uitgegooi en ‘n harde stem het vanaf die

tempel, van voor die Troon uitgegaan, wat gesê het: “Dit is afgehandel”

18 en daar was weerlig, donderslae en ‘n groot aardbewing, soos wat daar nog nooit

was vandat die mense op die aarde gekom het nie, só groot was díé aardbewing.

19 Die groot stad is in drie dele verdeel en die stede van die nasies het geval en God

het Bavel, die grote, onthou, om vir haar die beker, met die wyn van die wraak van

Sy woede, te gee.

Yir 25:15; 25:26-31

20 Alle eilande het gevlug en berge kon nie gekry word nie

21 en groot haelkorrels van omtrent twee en veertig kilogram, het uit die lug op die

mense geval en die mense het God vervloek oor die haelplaag, omdat Sy plaag baie

groot was.

17 1 Een van die sewe engele met die sewe flesse het gekom en met my gepraat en

vir my gesê: “Volg my en ek sal vir jou die oordeel wys van die hoer wat op baie

waters sit,

2 want met haar het die konings van die aarde seksueel immoreel verkeer en almal, wat op

die aarde bly, het dronk geword Yir 51:7 van die wyn van haar seksuele immoraliteit.”

3 Hy het my in die gees na die wildernis toe gebring en ek het ‘n vrou sien sit op

‘n bloedrooi dier, vol name wat kwaadpraat teen God, wat sewe koppe, maar tien

horings het

4 en die vrou was aangetrek met pers en skarlakenrooi en versier met goud, edelstene

en pêrels en sy het in haar hand ‘n goue beker gehad, vol verwerplikhede en die

Yir 51:7

vuilheid van haar seksuele immoraliteit

5 en tussen haar oë was geskryf: Die Geheime, die groot Bavel, die moeder van hoere

en van die vuilhede van die aarde.

6 Ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die afgesonderdes, van die bloed

van die getuies van Yeshua en ek was verbaas met ‘n groot verbasing toe ek haar

sien.

7 Die engel sê vir my: “Waarom is jy verwonderd? Ek sal jou die geheim van die vrou

vertel en van die dier met die sewe koppe en die tien horings wat haar dra.

412

8 Die dier wat jy gesien het, was en is nie en is op die punt om uit die see uit op te

kom en gaan na vernietiging. Dan 7:19-25 Die wat op die aarde bly, wie se name nie van

die skepping van die wêreld af in die boek van die lewe geskryf is nie, sal hulle

verwonder as hulle die dier sien wat was, en nie is nie, en naderkom.

9 Hier is die betekenis vir dié een wat wysheid het. Die sewe koppe is sewe berge

waarop die vrou sit

10 en daar is sewe konings: vyf het geval en een is; die ander een het nog nie gekom

nie en wanneer hy kom, is vir hom net ‘n kort rukkie gegee om te bly.

11 Die draak en die dier wat hy gebring het, en nie is nie, is self ook die agtste en hy

kom vanuit die sewe en gaan na die vernietiging.

12 Die tien horings is tien konings wat nog nie ‘n koninkryk ontvang het nie, maar wat

outoriteit vir een uur lank, as koning, neem, saam met die dier.

13 Hulle sal in eenheid wees en hulle krag en outoriteit oorgee aan die dier.

14 Hulle sal teen die Lam oorlog voer en die Lam sal hulle oorwin, want Hy is die

Meester van die meesters en die Koning van die konings en die wat saam met Hom

is, is geroep, gekies en vertrouenswaardig.”

15 Hy sê vir my: “Die waters wat jy gesien het, waarop die hoer sit, is volke, stamme,

nasies en tale

16 en die tien horings wat jy op die gevaarlike dier gesien het, Lev 21:9 hulle sal die hoer

haat, haar verstoot, kaal maak, haar vleis verslind en haar met vuur verbrand,

17 want God het dit in hulle verstand, wil en emosie gegee om Sy wil te doen en hulle

doel saam uit te voer, Yes 55:10-11 om hulle koninkryk aan die dier te gee, totdat die

woorde van God volledig gemaak is.

18 Die vrou wat jy gesien het, is die groot stad wat heers oor die konings van die

aarde.”

18 1 Ná hierdie dinge het ek ‘n ander engel vanaf die hemel gesien, met groot

outoriteit en die aarde is verlig deur sy lof en eer

Yeg 27-28

Openbaring

2 en hy het met ‘n kragtige stem uitgeroep en gesê: “Sy het geval, sy het geval, Bavel,

die grote Yes 21:9; Dan 4:21 en dit het ‘n blyplek van demone en ‘n gevangenis van elke

onrein en verwerplike gees geword,

3 want sy het van die wyn van haar seksuele immoraliteit gemeng vir al die nasies en

die konings van die aarde was seksueel immoreel met haar en die handelaars van die

aarde het ryk geword deur die krag van haar verblinding.”

4 Ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: “Gaan uit haar uit, my volk sodat julle

nie deel kry aan haar sondes en nie van haar plae ontvang nie,

5 want die sondes in haar het opgestapel tot by die hemel en God het haar boosheid

in herinnering geroep.

6 Betaal haar terug, soos wat sy ander terug betaal het en verdubbel dit vir haar volgens

haar dade. Skink vir haar dubbel, in die beker waarin sy geskink het.

7 Soveel as wat sy haarself vereer, loof en aanbid en haarself ophef, na dié mate moet

julle haar lyding en smart aandoen, omdat sy in haar gedagtes sê: ‘Ek sit as koningin

en is nie ‘n weduwee nie en ek sal nooit smart sien nie.’

413

Openbaring

8 Hiervoor sal daar op een dag plae oor haar kom: dood, smart, hongersnood en in

vuur sal sy brand, as gevolg van kragtige , wat haar oordeel.

9 Die konings van die aarde wat saam met haar seksueel immoreel was en hulleself

opgehef het, sal oor haar huil en treur wanneer hulle die rook sien as sy verbrand,

10 terwyl hulle ver weg staan, uit vrees vir haar straf en sê: ‘Wee, wee, wee, die groot

stad Bavel, die magtige stad, want in een uur het jou oordeel gekom!’

11 Die handelaars van die aarde sal huil en treur oor haar en niemand sal meer hulle

artikels koop nie;

12 artikels van goud, silwer, edelgesteentes, pêrels, fyn linne, purper, sy, skarlaken,

alle welriekende hout, alle voorwerpe van ivoor, voorwerpe van die kosbaarste

hout, van koper, yster en marmer;

13 kaneel, speserye, salwe, wierook, wyn, olyfolie, fynmeel, graan, vee, skape, perde,

waens en die liggame en gees van die mens

14 en jou eie aangename vrugte, het van jou af weggegaan en al die luukse en die

skitterende dinge is weg van jou en jy sal dit nooit weer sien nie.

15 Die handelaars in hierdie dinge, wat deur haar ryk geword het, sal nie gevind word

nie en ver weg staan, uit vrees vir haar straf, terwyl hulle huil en treur

16 en hulle het gesê: ‘Helaas, helaas, die groot stad wat aangetrek was in fyn linne,

purper en skarlaken en versier is met goud, edelgesteentes en pêrels,

17 want in een uur is die rykdom verlore!’ Elke navigator, skeepskaptein, mense op

die skepe en wie ookal op die see werk, het ver weg gaan staan

18 en oor haar gerou toe hulle die rook van haar verbranding sien en gesê: ‘Wie is

soos die groot stad?’

19 Hulle het stof op hulle koppe gegooi en geskree terwyl hulle gehuil, getreur en

gesê het: ‘Helaas, helaas, die groot stad, waardeur dié wat skepe op die see het ryk

geword het, deur haar grootsheid wat in een uur verwoes is!”

20 Verheug jou oor haar, hemel, afgesonderdes, uitgestuurdes en profete, want God

het haar oordeel oor julle veroordeel!

21 Een van die magtige engele het ‘n groot klip, soos ‘n groot meulsteen, gevat en dit

in die see gegooi en gesê: ‘Met sulke geweld sal Bavel, die groot stad, neergegooi

word en nooit weer bestaan nie

22 en die klank van snaarinstrumente, ramshorings, verskillende sangers en gejubel

sal nooit weer in jou gehoor word nie

23 en die lig van ‘n lamp sal nooit weer in jou skyn nie en die stem van bruidegom

en bruid sal nooit weer in jou gehoor word nie, want jou besigheidsmanne was die

grootstes van die aarde, want deur jou towery is al die nasies mislei.’

24 Die bloed van profete en afgesonderdes, wat op die aarde doodgemaak is, is in

haar gekry.”

414

19 1 Ná hierdie dinge het ek die klank van baie menigtes in die hemel gehoor wat

sê: “Lofprys alleen!(Halleluyah!) Die loskoping, eer, lof, aanbidding en krag

behoort aan ons God,

2 want Sy oordele is waar en regverdig, omdat Hy het die groot hoer veroordeel het,

wat die aarde met haar hoereerdery korrup gemaak het en Hy het die bloed van Sy

slawe van haar hande geëis.”

3 Vir die tweede maal het hulle gesê: “Lofprys alleen!(Halleluyah!) Haar rook

styg op vir tydlose ewigheid.”

4 Die vier en twintig ouderlinge en die vier wesens het neergeval en ons God, wat op

die troon sit, aanbid en gesê: “Dit is waar! Lofprys alleen!”

5 ‘n Stem vanaf die troon het gesê: “Lofprys ons God, al Sy werke en aanbidders van

Sy Naam, almal, klein en groot!”

6 Ek het ‘n geluid gehoor soos die van ‘n groot menigte, soos die geluid van baie

water en soos die geluid van magtige donderslae wat sê: “Lofprys alleen, want

God, wat alles vashou, heers.

Ps 103:19; 145:13; Yes 2:2-4; 9:5-6; 11:6-9; Mik 4:1-4

Openbaring

7 Ons verheug ons en vier fees. Ons gee aan Hom die eer, lof en aanbidding, want die

bruilof Yes 54:1-8; 62:4-5; Yir 31:31; Yeg 16; Yog 3:28-30; Rom 7:1-4 van die Lam het gekom en Sy vrou het

haarself gereed gemaak.

8 Skoon en glansende fyn linne is aan haar gegee om aan te trek, want fyn linne is die

opregtheid van die afgesonderdes.”

9 Hulle sê vir my: “Skryf: Geseënd is die wat geroep is na die feesmaal by die bruilof

van die Lam” en een sê vir my: “Hierdie is die ware boodskap van God.”

10 Ek het voor sy voete neergeval en hom aanbid en hy het vir my gesê: “Nee! Ek is

jou medeslaaf en van jou broers, wat die getuienis van Yeshua het. Aanbid eerder

God, want die getuienis van Yeshua is die gees van profesie.

11 Ek het die hemel oop gesien en let op! Daar was ‘n wit perd en Hy wat daarop sit

word genoem: Vertrouenswaardig en Waar en Hy is onpartydig en opreg in oordeel

en in oorlogvoering,

12 maar Sy oë was soos vlamme van vuur en op Sy kop was baie krone en Sy Naam

wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hyself.

13 Hy was aangetrek met klere deurweek in bloed en Sy Naam is: Die Boodskap van

God.

14 Die leërs van die hemel was saam met Hom op wit perde, Z’kh 14:5 aangetrek met wit,

skoon, fyn linne

15 en uit hulle mond gaan daar skerp swaarde uit waarmee hulle die nasies sal

doodmaak; en Hy sal vir hulle ‘n Herder met ‘n ysterstaf Ps 2:9 wees en Hy trap die

parskuip van die wyn van die woede van God, wat alles vashou, uit.

16 Op Sy klere, oor Sy heup, is die Naam geskryf: Die Koning van die konings en die

Meester van die meesters.

17 Ek het ‘n ander engel sien staan in die son en hy het met ‘n harde stem uitgeroep en

vir die voëls wat in die lug vlieg gesê: “Kom hier bymekaar vir die groot feesmaal

van God,

415

Openbaring

18 om die vleis van konings, die vleis van kapteine oor ‘n duisend, die vleis van

soldate, die vleis van perde en van die wat daarop sit, die vleis van vrymense, sowel

as slawe, klein, sowel as groot, te kan eet.”

19 Ek het die dier en sy leërmag en die konings van die aarde en hulle soldate gesien

wat bymekaar gekom het om oorlog te maak teen Hom wat op die perd sit en teen

Sy leër

20 en die dier is gevange geneem en saam met hom die vals profeet wat wondertekens

in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle mislei het wat die merk van

die dier ontvang en die wat sy beeld aanbid het. Hulle het albei afgegaan en is in die

Yeg 38:22; Dan 7:11

meer van vuur, wat met swawel brand, gegooi,

21 maar die res is doodgemaak met die swaard van Hom wat sit op die perd, wat uit

Sy mond uitgaan en al die roofvoëls is versadig deur hulle vleis.

20 1 Ek het ‘n ander engel vanaf die hemel gesien met die sleutel van die bodemlose

put en ‘n groot ketting in sy hand

2 en hy het die draak gegryp, die ou slang, wat die duiwel en Satan is, en hy het hom

vasgebind vir ‘n duisend jaar lank

3 en hom in die bodemlose put gegooi, hom toegesluit en die bokant toegemaak en

verseël sodat hy nie meer al die nasies sou mislei nie. Na hierdie jare is dit gegee

om hom vir ‘n kort tydjie los te maak.

4 Ek het trone gesien en hulle wat daarop sit is gegee om te oordeel. Die geeste wie

afgesny is vir die getuienis van Yeshua en vir die boodskap van God en die wat die

dier en sy beeld nie aanbid het nie en ook nie die merk tussen hulle oë of op hulle

hand ontvang het nie, hulle het geleef en saam met Die Gesalfde Een regeer, vir ‘n

Dan 7:9-10,22

duisend jaar lank.

5 Hierdie is die eerste opstanding.

6 Geseënd en afgesonderd is hy wat deel het aan die eerste opstanding. Oor hulle het die

tweede dood geen outoriteit nie,

416

Eks 19:6; Yes 61:6; 1 Kefa 2:9 maar hulle sal priesters van God en

van Die Gesalfde Een wees en sal saam met Hom vir ‘n duisend jaar lank regeer.

7 Wanneer die duisend jaar verby is, sal Satan uit sy gevangenis vrygelaat word

8 en hy sal uitgaan om die nasies vanuit die vier hoeke van die aarde te verlei, die Gog

en die Magog, Yeg 38:2 om hulle bymekaar te maak vir die oorlog, hulle wat soveel is

as die sand van die see.

9 Hulle het opgetrek vir oorlog oor ‘n oop deel van die aarde en die stad van die laer

van die afgesonderdes en die stad waarvoor ons lief is omsingel; en vuur het vanaf

Yeg 38:22; 39:6

God uit die hemel afgekom en hulle verbrand.

10 Die duiwel, hulle misleier, is in die meer van vuur en swawel gegooi, waarin die dier

en die vals profeet is en hulle sal dag en nag gepynig word, vir tydlose ewigheid.

11 Ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor Wie se Teenwoordigheid

die aarde en die hemel weggevlug het en daar is geen plek vir hulle gevind nie.

12 Ek het dié wat dood is, klein en groot, wat voor die troon staan, gesien. Boekrolle

is oopgemaak en ‘n ander boekrol, wat die boekrol van oordeel is, is oopgemaak en

dié wat dood is, is geoordeel volgens wat in die boekrolle geskryf is, volgens hulle

dade.

Openbaring

13 Die see het dié wat daarin is opgegee en die dood en She’ol het dié wat daarin is

opgegee; en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy dade.

14 Toe is die dood en She’ol in die meer van vuur gegooi. Hierdie is die tweede dood.

15 Wie ookal gevind is om nie opgeskryf te wees in die boekrol van die lewe nie, is

in die meer van vuur gegooi.

21 1 Yes 65:17-19 Ek het nuwe hemele en ‘n nuwe aarde gesien, Yes 66:22 want die vorige

hemele en die vorige aarde het weggegaan en die see was nie meer nie

2 en ek het die afgesonderde stad, nuwe Yerushalayim, sien afkom vanaf langs God

uit die hemel, voorberei as ‘n bruid wat vir haar man versier is

3 en ek het ‘n harde stem uit die hemel hoor sê: “Let op! Die tabernakel van God is by

die mense en Hy bly by hulle,

417

Z’kh 2:9 en hulle sal Sy volk wees en dieselfde God is by

Lev 26:11-12; Yes 8:8,10; Yir 31:33; Yeg 37:27; 2 Kro 6:18

hulle en sal vir hulle God wees,

4 en Hy sal elke traan van hulle oë afvee en die dood sal van nou af nie meer wees nie;

ook sal daar nie meer rou, uitroepe en siektes wees nie, Yes 25:8 terwille van Hom.”

5 Ek het geloop en Hy wat op die troon sit, sê vir my: “Let op! Ek maak alles nuut.”

Hy het ook vir my gesê: “Skryf, hierdie boodskap is waar en vertrouenswaardig.”

6 Hy het ook vir my gesê: “Hulle is afgehandel! Ek is die Alef en die Tau, die oorsprong

en die afhandeling. Aan dié wat dors is, sal Ek gee vanuit die fontein van die water

van die lewe, Ps 36:9; Spr 13:14; 14:27; Yog 4:10 sonder koste.

7 Hy wat die oorwinning behaal, sal hierdie dinge erf en Ek sal vir hom ‘n God

wees Gen 17:7; Eks 6:7 Lev 26:12; Yir 7:23

en hy sal vir My ‘n seun wees,

8 maar die wat vrees het, die wat nie vertrou nie, die bose, die wat besoedel is,

moordenaars, towenaars, seksuele oortreders, afgodaanbidders en alle leuenaars, se

deel is in die meer, wat met vuur en swawel brand, wat die tweede dood is.”

9 Yeg 40-48 Een van die sewe engele wat die sewe flesse vol van die sewe laaste plae

gehad het, het gekom en met my gepraat en gesê: “Kom, ek sal jou die bruid wys,

die vrou van die Lam.”

10 Hy het my in die gees gedra na ‘n groot, hoë berg en my die stad gewys, die

afgesonderde Yerushalayim, wat uit die hemel vanaf die Teenwoordigheid van God

afkom.

11 Dit het die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van God gehad en sy lig was soos

edelstene, rooi Kwarts Jaspis, wat lyk soos ‘n kristal.

12 Dit het ook ‘n groot, hoë muur met twaalf poorte gehad en by die poorte twaalf

engele en hulle name is geskryf, die name van die twaalf stamme van Yisra’el.

13 Aan die oostekant was daar drie poorte, aan die noordekant drie poorte, aan die

suidekant drie poorte en aan die westekant drie poorte

14 en die muur van die stad het twaalf fondamente gehad en daarop was die name van

die twaalf afgevaardigdes van die Seun.

15 Hy wat met my gepraat het, het ‘n goue meetriet gehad, om die stad en sy muur

te meet

16 en die stad het in ‘n vierkant gelê en sy lengte was net so groot soos sy breedte. Hy

het die stad met die riet gemeet op tweeduisend vier honderd kilometer; sy lengte

en breedte en hoogte was dieselfde.

Openbaring

17 Hy het sy muur gemeet op honderd vier en veertig el (65 meter), volgens ‘n mens

se maat, wat die maat is wat die engel gebruik het.

18 Die muur was gebou met Kwarts Jaspis en die stad van suiwer goud, wat lyk soos

suiwer glas

19 en die fondasie van die muur van die stad is versier met edelgesteentes. Die

eerste fondasie is rooi-blou-geel Jaspis Kwarts, die tweede Saffier, die derde wit

Eks 28:15-21; 29-30; Yes 54:11-12

Kalsedoon, die vierde Smarag,

20 die vyfde rooi en wit Sardius en gestreepte Oniks, die sesde rooi en wit Sardius, die

sewende klip van Goud, die agtste Beril, die negende Topaas, die tiende groen-goud

Krisopraas, die elfde donkerblou Hiasint en die twaalfde Ametís.

21 Die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen van die poorte was gemaak uit een

pêrel en die straat van die stad was suiwer goud, asof daar glas in is;

22 en ek het nie die tempel daarin gesien nie, want God, wat alles vashou, is sy

tempel.

23 Yes 60 Vir die stad en die Lam is die son of die maan nie nodig om te skyn nie, want

die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van God verlig dit en die Lam is sy lamp

24 en die nasies leef in Sy lig en die konings van die aarde bring eer, lof en aanbidding

aan dit

25 en sy poorte sal nooit gesluit word bedags nie, want daar sal nie nag wees nie;

26 en hulle sal die eer, lof en aanbidding van die nasies vir dit bring

27 en daar sal geen onrein, of iemand wat besoedel en leuens verel, ingaan nie, maar

net dié wat geskrywe is in die boekrol van die Lam.

22 1 Hy het vir my ‘n skoon rivier van die water van die lewe gewys, helder soos

Ps 46:5-6; Z’kh 14:8-9

kristal, wat uitstroom vanuit die troon van God en van die Lam.

2 In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die

lewe, wat twaalf vrugte voortbring en elke maand sy vrugte gee en sy blare vir die

genesing van die volke

3 en daar sal geen vloeke wees nie en die troon van God en van die Lam sal daarin

wees en sy slawe sal Hom bedien.

4 Hulle sal Sy aangesig sien en Sy Naam sal tussen hulle oë wees

5 en daar sal geen nag wees nie en hulle het geen lig, lamp of sonlig nodig nie, omdat

God vir hulle lig gee en hulle Koning vir tydlose ewigheid is.

6 Hy het vir my gesê: “Hierdie boodskappe is vertrouenswaardig en waar en ,

God van die gees van die afgesonderde profete, het Sy engel gestuur om vir Sy

slawe te wys wat gou moet gebeur.

7 Let op! Ek kom gou. Geseënd is die een wat die boodskap van die profesie van

hierdie boekrol gehoorsaam.”

8 Ek is Yoganan, wat hierdie dinge gesien en gehoor het en toe ek dit gehoor en gesien

het, het ek voor die voete van die engel, wat my hierdie dinge gewys het neergeval

om te aanbid.

9 Hy het vir my gesê: “Profeet, nee! Ek is ‘n medeslaaf saam met jou en jou broers,

die profete en van hulle wat die boodskap van hierdie boekrol gehoorsaam. Aanbid

God.”

418

Openbaring

10 Hy het ook vir my gesê: “Moenie die boodskap van die profesie van hierdie boekrol

Dan 12:4

verseël nie, want die tyd is naby.

11 Hy wat die bose doen, sal weer boosheid doen en wie besoedel is, sal hom weer

laat besoedel en die onskuldige sal weer doen wat onpartydig en opreg is en die

afgesonderde sal weer afgesonder word.

12 Let op! Ek kom dadelik en my beloning is by My en Ek sal vir elkeen gee volgens

sy dade.

13 Ek is Alef en Ek is Tau, die Eerste en die Finale, Yes 44:6 die Oorsprong en die

Afhandeling.

14 Geseënd is die wat Sy opdragte gehoorsaam, hulle sal outoriteit hê oor die boom

van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad,

15 en buitekant is die seksuele oortreders, die moordenaars, die aanbidders van afgode,

die besoedeldes, towenaars en alle sieners en werkers van die leuen.

16 Ek, Yeshua, het My boodskapper gestuur om hierdie dinge teenoor julle te getuig

voor die gemeentes. Ek is , die Wortel Mik 5:1; Yog 8:58 en die nakomeling van

2 Kef 1:19

Dawid, Mat 1:6; Luk 1:32 sy Kameraad en die helder Môrester.

17 Die Gees en die bruid sê: “Kom!” Laat hom wat hoor, sê: “Kom!” Laat hom wat

dors het, kom en die water van die lewe neem, sonder koste.

18 Ek getuig teenoor elkeen wat die boodskap van die profesie van hierdie boek hoor:

Wie ookal by hierdie dinge byvoeg, God sal die plae, waarvan in hierdie boekrol

Deut 4:2

geskrywe is, op hom sit;

19 en wie ookal iets van die boodskap van hierdie profesie uit die boekrol wegvat,

God sal sy deel wegvat uit die boekrol van die lewe en uit die afgesonderde stad uit,

die dinge waarvan in hierdie boekrol geskryf is.

20 Toe Hy hierdie dinge getuig het, het Hy gesê: “Ja, Ek kom gou.” Kom,

Yeshua!

21 Die onverdiende guns van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een bly by al Sy

afgesonderdes. Dit is waar!

419

420

421

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!