13.09.2013 Views

Psalm 42:6,12 Sing- Ps. 42:6,7 - Gereformeerde Kerk Pretoria

Psalm 42:6,12 Sing- Ps. 42:6,7 - Gereformeerde Kerk Pretoria

Psalm 42:6,12 Sing- Ps. 42:6,7 - Gereformeerde Kerk Pretoria

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Pretoria- 16 Junie 2013

Skriflesing: Psalm 42 en Psalm 73

Belydenis- Dordtse Leerreëls Hoofstuk 5 paragraaf 9-11

Teks: Psalm 42:6,12

Sing- Ps. 42:6,7; Ps. 73:5,10; Ps. 42:5

Psalm 42

Psa 42:1 Vir die musiekleier. ‘n Onderwysing van die kinders van Korag. (42:2) Soos ‘n hert

wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God!

Psa 42:2 (42:3) My siel dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan en voor die

aangesig van God verskyn?

Psa 42:3 (42:4) My trane is my spys dag en nag, omdat hulle die hele dag vir my sê: Waar is

jou God?

Psa 42:4 (42:5) Hieraan wil ek dink en my siel uitstort in my: hoe ek gewoond was om voort

te trek met die skare, hulle gelei het na die huis van God, met die stem van jubel en lof—

’n feesvierende menigte!

Psa 42:5 (42:6) Wat buig jy jou neer, o my siel, en is onrustig in my? Hoop op God; want ek

sal Hom nog loof—die verlossing van sy aangesig!

Psa 42:6 (42:7) o My God, my siel buig hom neer in my; daarom dink ek aan U uit die land

van die Jordaan en die Hermons, van die klein gebergte af.

Psa 42:7 (42:8) Die vloed roep na die vloed by die gedruis van u waterstrome; al u bare en u

golwe het oor my heengegaan.

Psa 42:8 (42:9) Maar die HERE sal oordag sy goedertierenheid gebied, en in die nag sal sy

lied by my wees, ‘n gebed tot die God van my lewe.

Psa 42:9 (42:10) Ek wil spreek tot God: My rots, waarom vergeet U my? Waarom gaan ek in

die rou deur die vyande se verdrukking?

Psa 42:10 (42:11) Met ‘n doodsteek in my gebeente smaad my teëstanders my as hulle die

hele dag vir my sê: Waar is jou God?

Psa 42:11 (42:12) Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God,

want ek sal Hom nog loof—die verlossing van my aangesig en my God!

Psalm 73

Psa 73:1 ‘n Psalm van Asaf. Waarlik, God is goed vir Israel, vir die wat rein van hart is.

Psa 73:2 Maar wat my aangaan, my voete het amper gestruikel, my voetstappe het byna

uitgegly.

Psa 73:3 Want ek was afgunstig op die onsinniges toe ek die voorspoed van die goddelose

mense sien.

Psa 73:4 Want daar is geen kwellings by hulle nie, gesond en vet is hulle liggaam.

Psa 73:5 In die moeite van sterwelinge is hulle nie, en saam met ander mense word hulle nie

geplaag nie.

Psa 73:6 Daarom is die trots om hulle soos ‘n halssieraad, die geweld bedek hulle soos ‘n

gewaad.

Psa 73:7 Hulle oë puil uit van vet; die inbeeldinge van die hart loop oor.

Psa 73:8 Hulle spot en spreek in boosheid verdrukking; hulle spreek uit die hoogte.

Psa 73:9 Hulle stel hul mond teen die hemel, en hul tong wandel op die aarde.

Psa 73:10 Daarom draai hulle mense hul hierheen, en waters in volheid word deur hulle

geslurp.

Psa 73:11 En hulle sê: Hoe sou God dit weet, en sou daar kennis by die Allerhoogste wees?

Psa 73:12 Kyk, so is die goddelose mense, en altyd onbesorg vermeerder hulle die rykdom!

Psa 73:13 Waarlik, tevergeefs het ek my hart rein gehou en my hande in onskuld gewas.

Psa 73:14 Die hele dag tog is ek geslaan, en my tugtiging was daar elke môre.

Psa 73:15 As ek gesê het: Ek wil óók so spreek—dan sou ek ontrou gewees het aan die geslag

van u kinders!

Psa 73:16 Toe het ek nagedink om dit te verstaan, maar dit was moeite in my oë,

Psa 73:17 totdat ek in die heiligdomme van God ingegaan en op hulle einde gelet het.

Psa 73:18 Waarlik, U stel hulle op gladde plekke; U laat hulle in puin val.

1

Pretoria- 16 Junie 2013

Psa 73:19 Hoe word hulle in ‘n oomblik ‘n voorwerp van verbasing, vergaan hulle, raak hulle

tot niet deur verskrikkinge!

Psa 73:20 Soos ‘n droom nadat ‘n mens wakker word, o Here, so verag U, as U opwaak, hulle

beeld!

Psa 73:21 Toe my hart bitter gestemd en ek in my niere geprikkel was,

Psa 73:22 toe was ék dom en het niks geweet nie; ek was ‘n dier by U.

Psa 73:23 Nogtans is ek altyddeur by U; U het my regterhand gevat.

Psa 73:24 U sal my lei deur u raad en my daarna in heerlikheid opneem.

Psa 73:25 Wie het ek buiten U in die hemel? Buiten U begeer ek ook niks op die aarde nie.

Psa 73:26 Al beswyk my vlees en my hart—God is die rots van my hart en my deel tot in

ewigheid.

Psa 73:27 Want kyk, die wat hulle ver van U af hou, vergaan; U roei almal uit wat van U

afhoereer.

Psa 73:28 Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees; in die Here HERE

het ek my toevlug gestel, om al u werke te vertel.

DL 5:9-11

9. Die gelowiges kan sekerheid hê van hierdie bewaring van die uitverkorenes tot die

saligheid en van die volharding van die ware gelowiges in die geloof. Hulle het

hieroor sekerheid volgens die maat van die geloof waarmee hulle seker glo dat hulle

ware en lewende lidmate van die kerk is en altyd sal bly en dat hulle vergifnis van

sondes en die ewige lewe het.

10. Hierdie sekerheid spruit dus nie voort uit enige besondere openbaring wat sonder of

buite die Woord plaasgevind het nie, maar uit die geloof aan die beloftes van God

wat Hy in sy Woord baie oorvloedig tot ons troos geopenbaar het; uit die getuienis

van die Heilige Gees: Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van

God is. En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God,

mede-erfgename van Christus (Rom_8:16-17), en, laastens, uit die ernstige en

heilige strewe na 'n goeie gewete en goeie werke. As die uitverkorenes van God in

hierdie wêreld nie hierdie vaste troos het dat hulle die oorwinning sal behou en

hierdie onfeilbare pand van die ewige heerlikheid sou besit nie, dan sou hulle die

ellendigste van al die mense wees.

11. Voorts getuig die Skrif dat die gelowiges in hierdie lewe teen verskillende sondige

vertwyfelings stry en, as hulle in ernstige versoekings kom, nie altyd hierdie volle

geloofsvertroue en hierdie sekerheid van die volharding ondervind nie. Maar God,

die Vader van alle vertroosting, laat nie toe dat hulle bo hulle kragte versoek word

nie, maar gee saam met die versoeking ook die uitkoms (1Co_10:13), en deur die

Heilige Gees maak Hy steeds weer die sekerheid van die volharding in hulle wakker.

Skriflesing: Psalm 42 en Psalm 73

Belydenis- Dordtse Leerreëls Hoofstuk 5 paragraaf 9-11

Teks: Psalm 42:6,12

Sing- Ps. 42:6,7; Ps. 73:5,10; Ps. 42:5

Broeder en suster- Wanneer die bekende woorde in Johannes 10 na ons kom, dat Jesus ons

goeie Herder is en dat niemand ons uit sy hand sal ruk nie (vv 14,28). Dit is ’n belofte wat

ons as God se kinders elke oomblik van elke dag op onsself mag toepas. U en ek is deel van

wat God as sy eiendom beskou. God het ons sy eiendom gemaak. Ons behoort aan die Here.

Dit is die kerngedagte in Sondag 1 van die Heidelbergse Kategismus. Ons behoort aan die

Here maar die Here werk nie met my en jou soos eenlinge nie. Ons het ’n gesamentlike

belydenis waarin ons gesamentlik ons geloof ook weer vanoggend bely het. Ek behoort aan

2

Pretoria- 16 Junie 2013

die Here maar ek behoort ook aan ’n skare van mense. Ja, die skare wat God die getal

saamstel. Dit is ’n groot skare rondom die Lam op die berg Sion vergader. Daarom moet ons

versigtig wees om die Dordtse Leerreëls te sien as die deel van ons belydenis wat net met die

enkeling, die individuele gelowige praat en dat die kerk nie eintlik ter sprake kom nie.

Inteendeel dit is nie maar die individu wat heeltyd in die sentrum staan nie, maar die kinders

van God op hulle name, dié en dié is daar gebore... (Ps. 87), elke een word in verband

gebring met wat God as sy kerk beskou.

Die kerk is die wyse waarop God ons sekerheid wil skenk. Luister maar weer met die oor

van sekerheid as u Sondag 21 bely- Dat die Seun van God uit die hele menslike geslag vir

Hom 'n gemeente wat tot die ewige lewe uitverkies is , deur sy Gees en Woord in die

eenheid van die ware geloof van die begin van die wêreld af tot die einde toe vergader,

beskerm en onderhou en dat ek daarvan 'n lewende lid is en ewig sal bly . Dit is asof die

Kategismus ons aan die hand vat, ons kan mekaar verseker dat God vir Hom ’n gemeente

uitverkies het. God hou nie op met waarmee Hy besig is nie, Hy vergader sy kerk, Hy

beskerm ons, Hy onderhou ons. God se Woord en die Heilige Gees doen die werk maar gee

ons ook die versekering dat God sal nie hiermee ophou nie. Van die begin van die wêreld tot

die einde toe, doen God hierdie kerkwerk. Ja, kerkwerk is God se werk! Ek is van hierdie

kerk ’n lewende lid ek sal dit ewig kan bly.

Geliefdes, om te sê ek sal dit bly, ek sal deel van God se kerk bly, dit is wonderlik om dit te

mag sê al voel mens nie altyd oortuig om dit met soveel sekerheid te sê nie. Dit is op hierdie

punt waar die Dordtse Leerreëls ons vanoggend wil help. In die eerste 8 paragrawe van hfst.

5 het dit eintlik gehandel oor hoe kan ons volhard. Daarin het ons so duidelik gesien dat ons

word deur God bewaar. God stel ons in staat om in ons geloof te volhard tot die einde toe.

Vanaf hfst. 9 is dit asof dit van volharding oorskuif na sekerheid. Hoe kan jy seker wees?

Nou is dit asof daar iets meer subjektief uit ons belydenis gewerk word. Jy wat lid is van

God se kerk, jy wat dit sal bly, wat beteken dit persoonlik vir jou om hierdie volharding wat

God aan sy kerk wil skenk in jou eie lewe te mag hoor, te mag ken, ja persoonlik hoe raak dit

my as ander sê maar jy kan in jou geloof sekerheid verkry. Ons het dit as hoofsin in par 9

gehoor – Die gelowiges kan sekerheid hê...

Die Remonstrate karring aanmekaar oor die punt dat jy kan nie sekerheid hê as jy nie op ’n

afsonderlike wyse ’n besondere ervaring met God kon hê nie. Jy moet of besondere gawes

3

Pretoria- 16 Junie 2013

ontvang het, of God moet vir jou nog elke keer iets besonders laat ervaar of God moet

spesifieke tekens op jou lewe plaas voor jou seker kan weet ek is God se kind. Ja, die

Arminiane maak asof ons sekerheid eintlik maar soos ’n skoppelmaai is, tye is ek hoog, tye is

ek laag, tye gaan ek vorentoe, tye gaan ek agteruit.

Soos ons al dikwels uit die Dordtse Leerreëls kon agterkom wil die Remonstrante die vrye

wil van die mens benadruk. Jou keuse en jou geloof gee die deurslag. Daar moet in jou lewe

’n besondere openbaring plaasvind voor jy sekerheid kan hê. So kry ons hulle in die

geskiedenis wat beweer dat ’n mens nooit volkome seker kan wees dat jy wel gered is nie.

Die Roomse Kerk kom weer van die ander kant en sê jou goeie werke moet jou sondes

oortref, dan gaan jy hemel toe. Maar hoe kan jy ooit weet dat jou goeie werke so goed is?

Daarom is daar altyd weer die onsekerheid: gestel my goeie werke is nie genoeg nie.

Nou moet ons nie vir mekaar hier ’n rat voor die oë wil probeer draai en maak asof ons uit

ons gereformeerde belydenis nooit stryd en worsteling rondom ons saligheid ervaar nie.

Iemand wat vanoggend beweer ek twyfel nooit of ek wel gered is nie, moet maar mooi dink

of dit die waarheid is. Heelwat van die Psalms wys hoedat die gelowige se sekerheid

rondskommel. Ons het Psalm 42 gelees. Die Psalm beskrywe die stryd van die geloof. Die

vertwyfeling wat daar in ’n mens se geloof kan kom. Ja, om nie eers van die versoekinge te

praat nie.

Ten minste twee keer, selfs drie keer, as ons die Hebreeuse teks mooi na kyk lees ons die

refrein: Wat buig jy jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my? Hoop op God, want ek

sal Hom nog loof – die verlossing van my aangesig en my God. Die psalmis worstel om uit sy

neerslagtigheid uit te kom. Hy begin deur homself tot verantwoording te roep. Wat buig jy

jou neer, o my siel, en wat is jy onrustig in my?

In die vraag sit ’n element van verbasing. Waarom is ek so? Waarom is ek neerslagtig en

onrustig? Is dit nie vreemd nie? Ek het tog ’n almagtige en getroue God? Ek het dan sy

betroubare woorde? Hy is tog naby hulle wat Hom aanroep? Waarom dan die rusteloosheid?

Hoop op God, sê die digter, want ek sal Hom nog loof – die verlossing van my aangesig en

my God. Vertrou op God. Verwag alles van Hom. Wees geduldig. God sal ’n beter en

ewige toekoms gee. Hy is mos die lewende God, my Verlosser.

4

Pretoria- 16 Junie 2013

Nadat die psalmis egter hierdie vertroue in vers 6 uitgespreek het, sien ons hoe hy weer val.

My siel buig hom neer in my. Daarna gryp hy weer na die lewende God. Maar dan gly hy

weer af (vers 8). Dit lyk erger as voorheen. Die vloed roep na die vloed by die gedruis van u

waterstrome; al u bare en u golwe het oor my heengegaan. . Dis asof geweldige golwe van

God oor hom spoel. Hy verdrink amper, hy snak na asem. Wat ’n stryd om sy kop bo water

te hou. Onmiddellik na die ervaring van hierdie diepte gee die digter weer uitdrukking aan sy

vertroue in vers 9: Maar die Here sal oordag sy goedertierenheid gebied, en in die nag sal sy

lied by my wees, ’n gebed tot die God van my lewe. So is God. In die nag as dit donker en

gevaarlik is, is sy lied by my.

Gaan dit nie dikwels so in ons lewe nie? Hoe maklik gebeur dat ek val en weer moet

opstaan. Ek weet dat God my Verlosser is, maar ek ervaar dit nie altyd so nie. Een oomblik

voel ek myself neerslagtig. Die volgende oomblik sê ek weer vir myself: Hoop op God, want

ek sal Hom nog loof. Ek vind opnuut vastheid in God my Verlosser. Let daarop hoe

swaarmoedigheid en twyfel afgewissel word met sekerheid. Ek kan seker wees dat God my

vashou, maar die sekerheid ry, soos ons gesê met ons skoppelmaai - na die mate van my

geloof. Dit kan wissel van dag tot dag en van omstandighede tot omstandighede.

Paragraaf 11 stel dit so eerlik en reguit. Voorts getuig die Skrif dat die gelowiges in

hierdie lewe teen verskillende sondige vertwyfelings stry en, as hulle in ernstige

versoekings kom, nie altyd hierdie volle geloofsvertroue en hierdie sekerheid van die

volharding ondervind nie. Ons kan weet dat God ons altyd vashou maar dit is nie so dat

mens altyd volle sekerheid daarrondom ervaar nie. Daar kom versoekinge en daar kom

vertwyfeling. Vertwyfeling is iets wat van binnekom, versoekinge is iets wat van buite kom.

Daar is ook die versoekinge wat juis ons sekerheid wil ondermyn.

Daarom het ons ook Psalm 73 gelees. Asaf het daagliks in die tempel gewerk. Hy het

daagliks die boodskap van die versoening in die tempel beleef. As daar iemand was wat

voortdurend seker sou moes wees, dan sou dit Asaf moes wees. Maar hy was nie altyd seker

nie. Hy sê in vers 2: My voet het amper gestruikel, my voetstappe het byna uitgegly.

Hoekom? Want ek was afgunstig op die onsinniges toe ek die voorspoed van die goddelose

mense sien. Asaf kon die versoeking byna nie meer hanteer nie. Wat hy in die praktyk van

die lewe gesien het, het sy vertroue in God ondermyn. Hy het gesien hoe goed dit met die

goddelose mense gaan. Toe begin hy wonder wat die nut daarvan is dat hy aan die Here

5

Pretoria- 16 Junie 2013

toegewyd leef. Ons bely egter met par.11 bely: Maar God, die Vader van alle

vertroosting, laat nie toe dat hulle bo hulle kragte versoek word nie, maar gee saam met

die versoeking ook die uitkoms en deur die Heilige Gees maak Hy steeds weer die

sekerheid van die volharding in hulle wakker. Presies so het dit met Asaf gebeur.

Broeder en suster, daar kan vir die gelowige kind van die Here selfs in die diepste put van

twyfel en onsekerheid weer uitkoms wees. Dit is eintlik waaroor paragraaf 10 handel.

Paragraaf 9 en 11 dra elk by dat ons besef ons is nie swakkelinge as daar twyfel ontstaan nie.

Ja, paragraaf 9 gee welbewus die feit deur daar kan vir die gelowige tye van sekerheid wees,

paragraaf 11 weer daar kan vir die gelowige ook moeilike tye van onsekerheid wees.

Hiertussen lê paragraaf 10 en stel die middele daar waarmee God ons in ons stryd en twyfel

en versoeking wil versterk. Eers stel paragraaf 10 die negatiewe- Hierdie sekerheid spruit

nie voort uit enige besondere openbaring wat sonder of buite die Woord plaasgevind het

nie. Ja, die positiewe is wat God doen. Dit begin by die Here, dit eindig by die Here, nie by

die mens nie. Hy wat die Alfa en die Omega is.

Alleen die Woord van die Here kan sekerheid gee. Ja, daaraan moet ons vashou. Ons

sekerheid lê buite onsself. ’n Skip se anker kan alleen iets vir die skip beteken as die anker

buite die skip vas is. As die anker vasgemaak is aan ’n paal op die skip self dan beteken die

anker niks vir die skip nie. So ook ons anker, ons sekerheid, dit is buite ons. Die beloftes

van die Here soos God dit in sy Woord aan ons gee dit maak dat ons ankers vas is, soos ons

in Hebreërs 6:10 lees, Christus Self, Hy wat in die hemele opgevaar, daar het ons ’n anker

van die siel wat veilig en vas is en ingaan tot binnekant die voorhangsel...

Die eerste middel is nie ’n stemmetjie binne my of ’n besondere openbaring wat net ek sien

buite my nie, asof God nou net ’n spesiale boodskap vir my het nie. Nee, die Woord en daar

waar die Here sy Woord verkondig, dit gee sekerheid. Dit bepaal jou geloof. Die geloof kom

uit die hoor van die Woord van die Here en dieselfde Woord wat gelees, oordink en bestudeer

moet word. As jy twyfel neem jou toevlug na die Here se Woord.

Die tweede middel wat paragraaf 10 noem is die getuienis van die Heilige Gees. In

Rom.8:14-17 lees ons die Heilige Gees is die Gees van aanneming tot kinders van God. 14

Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God. 15 Want julle het

nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van

6

Pretoria- 16 Junie 2013

aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! 16 Die Gees self getuig saam met

ons gees dat ons kinders van God is; 17 en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename

van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook

saam met Hom verheerlik kan word.

Die Heilige Gees is altyd aan God se Woord gebind, nooit werk die Gees los van die Woord

van God nie. Trouens die Heilige Gees oortuig ons van die waarheid van die Woord. Hy

kom in ons harte, Hy leer ons om God as Abba-Vader aan te spreek. God as waarlik jou

Vader te ken en aan te roep. Die Gees wil net vertel wat die Woord vertel.

Die derde en laaste manier of middel wat die Dordtse Leerreëls noem waardeur ons as

gelowiges sekerheid van ons volharding kan verkry is my gewete en my voornemens om wel

vir God te lewe. Daardie ernstige en heilige strewe wat daar in ons as God se kinders moet

wees om wel met ’n goeie gewete ook goeie werke te doen. Dit wat in Matt. 12:33 ook staan:

33 Julle moet òf die boom goed maak en sy vrugte goed, òf julle moet die boom sleg maak en

sy vrugte sleg; want aan die vrugte word die boom geken.

Hier staan drie middele nie los vanmekaar nie, maar juis in die kragtigste verband wat jy jou

kan indink met mekaar. Hier is ’n verbond tussen die Woord, die Gees en jou lewe. Daardie

verbinding wat God Homself aan jou gebind het toe jy gedoop is, ook as jy God se Woord

oopmaak, die Heilige Gees praat met jou, dit gee jou sekerheid. Dit laat jou werklik besef

wat kan ek vir die Here doen om Hom te behaag. Wat kan ek die HEER vir al sy guns

vergeld//Wat kan ek Hom bring uit dank vir sy genade// Ek sal Hom prys vir sy

verlossingsdade// en by die kelk van heil sy Naam vermeld.

7

AMEN

Pretoria- 16 Junie 2013

8

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!