13.02.2013 Views

Stad sonder mure 'n Toneel deur Theo de Jager - Faan ... - LitNet

Stad sonder mure 'n Toneel deur Theo de Jager - Faan ... - LitNet

Stad sonder mure 'n Toneel deur Theo de Jager - Faan ... - LitNet

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Stad sonder mure

‘n Toneel deur Theo de Jager

‐ Faan Louw, suksesvolle ginekoloog

‐ Bart Kruger, voormalige Blou Bul-flank, in ‘n rystoel

In Bart se woonkamer, matig luuks.

Faan stoot die voordeur toe.

Faan: Totsiens, Dominee!, en dankie vir ‘n besielende gesprek! Ek sal daarvan werk maak om ou

Bart weer in die oggenddiens te kry!

Bart: Besielend! Watse beskrywing is dit?

Faan: “Wanneer jou aardse tentwoning afgebreek word....” – hoe poëties! Daar kon net sowel in die

Bybel gestaan het: as jy doodgaan” of “onthou, hierdie lewe is net tydelik”. Maar wag, ek moet ook

skuif. Rina brom al hoeka dat ek, elke keer as ek by jou ‘n draai maak, my huis moet wakker klop.

Bart: Hokaai, ons het dan nog niks gekuier nie! Jy en die dominee het gelyk hier ingestap! En dis nog

nie eers 8 uur nie! Jy kan nie teenoor die dominee maak asof jy my moet kerk-toe sleep, en dan

sommer so spore maak nie!

Faan: ‘Skuus ou Bart, dis nie hoe ek dit bedoel het nie!. Ek het bedoel ek sal sorg vir..., ag hy weet

mos jy het nie wiele nie! Jy het wiele, ek meen, maar hoe moet jy by die kerk kom? Ek bedoel ek sal

jou kom haal, sien!

Bart: Faan, Faan, ho nou, ek trek net jou been! Ek waardeer dit! Die hemel weet, ek waardeer wat jy

vir my doen, ek waardeer die afgelope 20 jaar se rondry, uitnooi, saamvat, kuier, om nie van die

mediese versorging en jou intense bemoeienis met my situasie te praat nie! Ek waardeer dit dat jy

hoegenaamd hier inpop met die dominee se eenmaal-‘n-jaar besoek. Jy weet ek is ongemaklik met die

kêrel, en jou teenwoordigheid en saam gesels trek so ‘n bietjie die lont uit die situasie uit.

Faan: Dis sekerlik die minste wat ek vir jou kan doen! Ons kom darem al van kleintyd af saam! As

daar in hierdie wye, droewe land twee pelle is wat al ‘n sak sout saam opgevreet het, is dit ons twee!

Maar jy sal jou issues met die dominee moet uitstryk, hy is ‘n grênd ou, en hy het dit veil vir jou.

Bart: Gooi vir ons ‘n ietsie, toe. Polisiekoffie, ‘n dubbel. Daar is ys in die vrieshokkie. Die dominee is

nou weg. Ek het niks teen hom nie. Hy is ‘n grend ou. Hy doen net sy werk. Dit is die stelsel wat my

hinder, ek het nie heeltemal vrede met die stelsel nie!

Faan: Waar is die Coke? Dis nie in die yskas nie! Het jy Coke?

Bart: Net blikkies, dis in die groot vrieskas. Hulle het laat kom aflewer, en toe is dit nog warm ook.

Kyk nou vandag weer, sy gesprek hier.

Faan: Daar was niks fout met sy gesprek nie! Dit was ‘n suiwer boodskap, spesiaal vir jou. Jy is die

enigste skapie in sy kudde wat sin daaraan het om oor iets so morbied en bisar soos die dood te praat.

Dink jy dit is vir hom ‘n opwindende tema? Nee, hy het regtig moeite gedoen om jou belangstelling te

prikkel! Hy weet mos hoe skepties jy oor geloofsake is. Kan jy nie sien hoe sensitief hy oor jou opinie

van sy bediening is nie? Hiers jou dop. Op die dominee se uitstekende gesprek oor lewe na die dood!

Bart: Faan, jy is my boesempél. Met jou praat ek oor enigiets, selfs oor die dood, en oor die handeling

om te sterwe. My fasinering gaan nie oor lewe of bestaan na die dood nie, en dit gaan nie oor die dood

as poort tot die ewigheid nie. Ook nie oor godsdienstige perspektiewe, of pogings om ‘n bepaalde

waardestelsel te verkoop nie. Verstaan my mooi; ek glo dat daar nie met die dood in die reine gekom

kan word sonder om dit uit ‘n geestelike, en spesifiek ‘n godsdienstige perspektief te benader nie,

maar dit is nie die fokus van my navorsing nie.

Faan: Nee, jy het ‘n hang-up met die kerk, en voel dat hulle jou, my en ons almal se denke vir een of

ander duistere motief probeer manipuleer! En jou “navorsing” moet uiteindelik bewys die koning is

kaal! Kyk man, navorsing gaan oor die verwerwing van parate kennis. Jou doel met jou alewige

gekarring oor die dood was nog nooit om kennis te verwerf nie. Die dood laat hom nie ken nie – en

ons kennis daarvan is uiters beperk. Ons kan bloot daaroor spekuleer, en wonder en vrae vra.

Bart: Ek het nie ‘n issue met die kerk nie! Ek het ‘n issue met vrye denke.

Faan: Goed, hier sit ek by my beste vriend, my sielsgenoot en kameraad, en hy het ‘n issue met vrye

denke. Daar is niks waaroor ons twee nog nie gepraat het, of bereid is om oor te praat nie. Die

polisiekoffie is koud en gesellig. Vanaand gaan ons vir hierdie glibberige, amorfe kwessie

handsvatsels aansit. Wat is jou issue met vrye denke? Kan jy in verstaanbare Afrikaans ‘n greep

daarop kry?

Bart: Ek dink ek kan. Trouens, ek het laasweek ‘n gedig daaroor geskryf. Gee gou vir my my dagboek

daar op die TV aan.

Faan: Hierdie een?

Bart: Ja, maak oop op laasweek se datum en hou dit voor my gesig. Kan ek dit vir jou lees?

Faan: Lees!

Bart: Julle mag, totdat ek eendag oud is,

en my rystoel gedaan, en my bors benoud is,

my help om op te staan en weg te gaan.

En as my gehoor en oë ook klaar raak

en julle jul met ‘n gebaar moet duidelik maak

sal ek dit maar gedwee aanvaar.

Ek sou selfs as my geheue my faal

en julle meen ek skaad die gesprek en dwaal,

kon toelaat dat julle vir my praat.

Maar nooit, nooit mag julle sê

in woorde of in ink nie, of eers die indruk hê

dat iemand anders vir my mag dink nie.

Faan: Dis my ou Bart daai! Bakgat man! Weet jy, wat ek van jou verse hou, is dat ek altoos voel of ek

daar kan inklim. Ek voel altyd; ek het ook al daardie gedagtes gehad. Ek het net nog nooit die regte

woorde kon vind om soos jy, vir daardie gedagtes name te gee nie!

Bart: Dit is die grootste doel van poësie – om aan denke, gedagtes, perspektiewe beslag te gee op ‘n

manier wat ander gewone mense, nie akademici, literêre kritici of die uitgelese lesersklubtannies nie,

ook kan aangryp as bekend, eie en in die kol.

Faan: Maar ek moet sê; jou beheptheid met die dood gee my soms koue rillings!

Bart: Is ek behep daarmee?

Faan: Ander ouens skryf gedigte oor die liefde, mooi meisies, die romantiese sy van lewe, en oor al

jou gedigte, wel, die min wat jy al vir my gewys het, is daar so ‘n kwasstreep van die dood oor. Nou

sê jy jy doen navorsing daaroor!

Bart: Dis nie navorsing soos jy op kadawers doen nie, man. Ek sit heeldag hier in my woonstel, ek

kan nêrens gaan nie, al wil ek ook. My wêreld is so wyd soos hierdie vier mure, tensy jy my êrens

heen saamneem, en ek weet dat ek dan op kosbare gesinstyd teer. My plesier is om in my gedagtes uit

te breek. Uit die woonstel uit, uit die stad uit, uit die samelewing en uit die wêreld uit. Ek is ‘n

swerwer op pad na nuwe idees, nuwe perspektiewe. Ek wil plekke verken waar ander nog nie was nie.

Die dood is so ‘n tema. Dis ‘n onverkende landskap.

Faan: En jy wil dit karteer? Dink jy regtig jy kan deur bepeinsing nuwe antwoorde op die vrae oor die

dood kry? Komaan!

Bart: Nee, ek dink nie so nie, maar soos wat die filosoof John Dewey gesê het, is ‘n vraag wat goed

geformuleer is, reeds halfpad onderweg na ‘n antwoord. Dit is gedeeltelik die doel van my bepeinsing

om sommige van die tergende vrae oor die dood by die naam te noem, my vinger daarop te druk in die

hoop dat ‘n verheldering van die vraag, my ‘n tree nader aan die antwoord sal bring. Verstaan jy?

Faan: Toe ons laaities was, was ons albei goeie rugbyspelers, en akademies van die sterkstes in die

skool. Ek het op Craven-week die topspan gehaal, en jy het teen daai flank van Affies uitgeval. Jy het

my weer klokslag met ‘n paar punte op jou rapport geklop. Toe word jy ‘n rugby-legende, en ek steek

my neus in die boeke. Vandag is ek ‘n gynie....

Bart: ...’n baanbreker op jou vakgebied, ‘n beroemde vrouedokter, en ek sit vir die res van my lewe in

‘n blêddie...

Faan: Wag-nou, wag-nou, wag-nou! Ons is nie daarheen op pad nie! Wat ek wou sê is, ek werk met

lewe, ek vang babas by hulle tientalle elke dag, en begelei nuwe siele in die lewe in. Dit is wat vir my

aandryf, wat ek geniet en goed is mee. Daarom dat ek sukkel om jou alewige bepeinsing oor die dood

my eie te maak, want ek is nie op daardie bladsy nie. Ek is nie eers in daardie boek nie!

Bart: Jy maak ‘n reuse denkfout, my vriend! Lewe en sterwe is een boek. Dood is die slothoofstuk in

die verhaal van elke lewe. Moenie dink omdat jy die openingsparagraaf skryf oor elkeen van die

duisende babatjies wat jy in die lewe bring, daar nie ook vir elkeen van hulle ‘n slotparagraaf geskryf

gaan word nie!

Faan: Ja, ek hoor jou. Maar ek werk met die wetenskap, met feite en tegnologie. Die dood as

onderwerp lê in die domein van bespiegeling, ons het geen feite oor die dood nie.

Bart: Snert man! Die dood is ‘n feit opsigself, vir elkeen van ons, trouens, vir alle lewe. Die feit dat

ons gaan sterf, is die heel belangrikste feit omtrent ons. Dit is weliswaar nie die enigste belangrike feit

nie, en baie ander feite staan meer sentraal tot wie, wat en hoe ons is. Daar is die feite oor ons liefde

en werk, ons vermoëns en prestasies, maar geeneen is belangriker nie. Die dood sal altyd die

belangrikste feit oor ons bly omdat dit die einde van alle ander feite oor ons verteenwoordig. Dit is die

suur waarin alle ander feite oor ons opgelos word.

Faan: Jy verstaan my verkeerd. Wat ek probeer sê, is dat ons op ons beste, onkundig is oor die dood.

Die grootste rede vir ons onkunde oor die dood, is die gebrek aan wetenskaplike getuienis daaroor.

Geeneen wat dit ervaar het, kon ooit daaroor verslag doen nie. Die unieke eenrigting verkeer tussen

lewe en dood ontneem dié in die lewe van enige mededeling oor die ervaring van die laaste stappe in

die sterwensproses. Geen mate van bepeinsing gaan dit vir ons opklaar nie! Wil jy nog ‘n dop hê?

Bart: Dis nie heeltemal waar nie. Daar is derduisende mense wat sogenaamde naby-dood ervarings

gehad het, en byna net soveel boeke is al daaroor geskryf. Ek het die meeste daarvan al gelees. Hulle

vertel van deur ‘n tonnel val, helder lig aan die ander kant, onbeskryflike vredevolle emosie, en ander

aspekte van lewe na die dood. Ander bespiegel oor die ervaring om te sterwe, en put uit die ryke

literatuur van diegene wat daarop aanspraak maak dat hulle al ‘n smakie daarvan gehad het.

Faan: Ja, ek het ook al sulke boeke gelees. My gunsteling was van die klassieke Russiese skrywer,

Leo Tolstoy, in sy kortverhaal “The death of Ivan Illich”, maar ook hy praat uit die wedervaringe van

mense wat daarop aanspraak maak dat hulle uit die kake van die dood teruggegryp is. Feit is: niemand

kan nog met gesag vertel hoe dit is om deur die fyn poort tussen lewe en dood te beweeg nie, bloot

omdat dit ‘n absolute differensieel deurlaatbare membraan is wat geen terugkeer, of selfs

kommunikasie oor die grens heen, toelaat nie. Doodgaan is die een ervaring wat niemand oorleef nie.

Die feite oor die dood is daarom gewoon nie wetenskaplik toetsbaar nie. Kan ek vir jou nog ‘n dop

gooi?

Bart: Gooi maar. Dit sal ek sal jou toegee; navorsing was dalk die verkeerde woordkeuse. Hierdie

gebrek aan feite en eerstehandse ervaring oor die onderwerp, maak navorsing daaroor onmoontlik, en

maak dit selfs moeilik om oor die dood te besin. Dit bring bepeinsing en spekulasie baie naby aan

mekaar, en tog ontglip geeneen die versoeking (dikwels onder dwang van omstandighede) om daaroor

te wonder nie. Ons bepeinsing oor die dood is dalk eerder ‘n verwondering.

Daar moet nog ys in die groot vrieskas ook wees.

Kyk Faan, ons weet van die dood, maar ons ken dit nie. Dit is asof ons dit wat ons weet, in ‘n

afsonderlike vakkie probeer liasseer wat ons in elk geval nooit wil oopmaak nie. Ons lewe meestal

asof ons dit wat ons van die dood weet, in elk geval nie wil glo nie.

Faan: Dis so. Ten beste bly die dood ‘n glibberige tema – dit is moeilik om ‘n greep daarop te kry.

Vrae oor die dood word nie in die lewe beantwoord nie – net gevra. Maar dit los die vraer ook nie uit

nie, dit bly karring en terg.

Hoe weet jy daar is nog ys in die groot vrieskas? Kyk jy ooit hierin?

Bart: Hoe sou ek dit doen? Dit is bloot kleinwêreldjiesindroom. Ek reel met die bediende dat dit daar

is, en weet van alles wat tussen hierdie vier mure is, selfs die goed wat ek nie kan sien nie.

Een van die tergendste vrae oor die dood, is of die dood regtig saak maak?

Faan: Ja, waarom sou enigeen wil peins oor die dood? En indien dit saakmaak – vir wie? Hoe maak

dit saak? Dê, laat ek die strootjie tussen jou tanne in kry!

Bart: Wag eers! Hierdie vraag bring die sin van my bepeinsing in wese onder verdenking. Ek is darem

nie al een, of eers die eerste wat met die dood stoei nie, hoor! Deur die eeue het heelwat denkers al

hierdie vraag gestel, en die pogings om dit te antwoord, varieer oor die totale spektrum heen.

Epicurus, een van die eerste Griekse filosowe wat heelwat dinkwerk oor die tema gedoen het, se

standpunt was dat die dood nie ‘n ervaring is nie, en derhalwe nie saakmaak nie. Hy redeneer dat

dood ‘n toestand, eerder as ‘n ervaring is, en dat daardie toestand nie vir enige bewussyn voorsiening

maak nie. Daarom maak dit nie saak nie.

Faan: Denkfout! Want al is die dood ‘n toestand, is daar ‘n proses wat tot daardie toestand lei. Dit is

die sterwensproses, en om te sterwe is tog ‘n ervaring, daarom maak dit saak. Dit maak saak vir almal,

omdat geen lewende siel die dood vryspring nie.

Bart: Jy’s reg! Ivan Shell sê die mens is besorg oor die sterwe, die handeling om dood te gaan, en nie

oor die dood self nie. Mense wil nie pynlik of ongemaklik sterf nie, en wil hê dat die groot einde

sinryk moet kom, en ‘n waardige afsluiting moet wees. Dít, sê hy, is die fokus van ons besorgdheid

oor sterwe. Die dood-as-toestand, oftewel dit wat op sterwe volg, is die onsaakmakende toeval.

Faan: Wie was nou weer die Duitse negentiende-eeuse filosoof wat gesê het dat die dood nooit ‘n

toeval of ‘n poets is nie, omdat die natuur niks komedie in hom het nie? Inteendeel, het hy gesê, dit is

‘n tragiese, kolossale en onstuitbare drama.

Bart: Dankie vir die dop! Dit was Fuerbach. Hel ou Faan, jy beindruk my! Ook Peter Lobstan skryf

dat dood so erg is as wat kan kom, en dat dit nie moontlik is om daarmee in die reine te kom nie. Hy

glo die dood laat nie met hom vrede maak nie, en alle denke tot die teendeel is kulkuns, oëverblindery

en pogings om die koue, harde werklikheid van die dood te ontken. Die dood is altyd tragies, sê hy.

Faan: Dit kan niks anders wees nie, want dit behels die vernietiging van ‘n evarende persoon, en die

uitwissing van sy kennis, geheue, persoonlikheid, sy bydrae tot die samelewing. Dood vee ‘n lewe van

vaardighede, talent, belewenis, perspektief, verworwe wysheid en verhoudings uit. Daarom maak dit

ten seerste saak!

Staan op en stap, so asof hy nou vir die eerste keer werklik oor die tema begin dink.

Dit maak saak vir die een wat sterf, sowel as vir die wat agterbly. Dit is meer as net

lewensveranderend. Dit is alomvattend. Dit het groter implikasies as enige sakebesluit, verhouding,

daad of prestasie in die lewe. Daarom regverdig dit bepeinsing.

Bart: Dit is ook nodig om daaroor te peins, om op ‘n manier reeds in die lewe die dood in die oë te

kyk. Dit voorkom dat ‘n mens met jou broek op jou knieë betrap word wanneer die dood die dag aan

jou deur kom klop. Dit gee ‘n mens die voordeel om die marinade van tyd te benut voor jy aan die taai

tema moet kou. Want peins, sal jy peins daaroor, of jy wil of nie, met of sonder ‘n peinsgenoot.

Faan: Die dood dwing ons daartoe. Hy noop jou om in die lewe oor hom navraag te doen.

Bart: Een van die grootste klassieke Griekse denkers, Plato, skryf in sy dialoog Phaedo dat bepeinsing

oor die dood ‘n soort Melete Thanatou is; ‘n voorbereiding vir die dood. Hy praat nie noodwendig

net van ‘n soort sielkundige gereedmaak vir die oomblik van aangesig-tot-aangesig ontmoeting met

die dood nie, maar ook van die manier hoe so ‘n bepeinsing jou noop om jou lewe te orden met die

oog op jou naderende dood.

Faan: Ja, maar vir Plato is die filosofie self ‘n bietjie soos die dood; dit is ‘n ontsnapping van die

liggaamlike en wêreldse na hoër orde dinge soos idees en geestesgoedere. In daardie sin verskil Plato

se vertrekpunt nie veel van die Oosterse joga’s van Jnana (Die Weg van Kennis) of Raja (Die Weg

van Meditasie) in die Bhudistiese en Hindu-tradisies nie. Albei die oorspronklike Westerse en

Oosterse denkers het eintlik maar daarin ‘n manier gesien om met die dood vrede te maak, en

daarvoor gereed te maak, dink jy nie?

Bart: Ek is nie so vertroud met die Oosterse denke nie. Om gereed te wees om te sterf verg dat ‘n

mens ‘n ferm oortuiging oor die sterwensproses en die dood moet ontwikkel. Dit neem tyd om tot so

‘n oortuiging te kom. Dit neem soms dekades om ‘n greep op die onderwerp te kry, en om die

intuïtiewe vrae oor die dood uitgespreek te kry.

Faan: Ek dink baie mense kry dit nooit reg nie, en sterf sonder om ooit in die reine te kom met die

dood, en tot die oortuiging te kom dat dit ‘n integrale deel van die lewe is.

Bart: Ja, ook van mý lewe is. Dit is die besonderse – dat dit nie noodwendig goeie antwoorde is wat

mens tot so ‘n oortuiging lei nie, maar eerder ‘n grondige insig in die (haas onbeantwoordbare) vrae

oor sterwe en dood.

Faan: Jy bedoel nou vrae soos: wat is die dood, en hoe moet ons daaroor dink? Hoe kry ek ‘n greep op

die konsep, en hoe leef ek in vrede daarmee? Leef ek buite my fisiese self, of blus die dood my

bewussyn van myself? Maak die dood die lewe betekenisloos, of gee dit juis betekens daaraan? Is die

dood ‘n bewys dat ons in die finale instansie alleen is, of onderstreep dit juis ‘n algemene band met

die mensdom, trouens, met alle lewe op ons planeet?

Bart: Ja, maar ek dink die mees voor–die–handliggende vraag oor die dood is die “wat is dit?”- vraag.

En dit is nie so ‘n eenvoudige vraag soos wat dit op die oor af voorgee nie. Een van die mees

algemene definisies van dood is: “Dit is die afwesigheid van lewe”.

Faan: Die probleem met die definisie is dat die lewe selfs nog moeiliker is om te definieer. Hoe sit jy

jou vinger daarop?

Bart: Lewe is ‘n enigma.

Faan: Dit is, ook vir die wetenskap, ‘n raaisel, ‘n verskynsel wat tot dusver bo die menslike

begripsvermoë lê. Die wetenskap verstaan die werking van ‘n lewende liggaam, trouens die meeste

onderdele daarvan sal wetenskaplikes vandag, of in die nabye toekoms, sinteties kan vervaardig. Deur

die wetenskap het die mens die kuns bemeester om nie net ‘n vreemde lewensinstandhoudende hart in

‘n liggaam in te plant nie, maar ook om ‘n kunshart te vervaardig wat so ‘n liggaam in stand kan hou.

Die wetenskap verstaan, en daarom kan dit skep. Wetenskaplikes kan byna ‘n totale liggaam

kunsmatig skep.

Bart: Maar wat is die lewe wat daardie liggaam onderskei van ‘n pop?

Faan: Goeie vraag!

Bart: Jy sien, ‘n paar sekondes later is die persoon wat nog ‘n rolspeler-in-die-wêreld was, en

deurlopend sy wêreld na sy smaak ingerig het, net ‘n lyk – deel van die wêreld. En die verskil is dat

hy die vonkie van lewe verloor het.

Faan: Die wetenskap kan nog nie bepaal presies wat daardie vonkie van lewe is nie, wat nog te sê

waar dit gesetel is, hoe dit in stand gehou word en wat daarvan word by afsterwe. ‘n Volmaakte

liggaam sonder daardie vonkie van lewe is net ‘n lyk, is dood. Daar hoef geen ander verskil tussen die

lewende liggaam en die lyk van ‘n paar oomblike later te wees nie, as net dat die onbeskryfde

vlammetjie van die lewe dit verlaat het.

Bart: Smaak my dis makliker om te sê wat dood is, as om te sê wat lewe is.

Faan: Die goeie nuus is dat dood gedefinieer word in terme van die lewe, en nie andersom nie. Dood

het alles te doen met die afwesigheid van lewe, maar die lewe het niks met die dood te doen nie. Lewe

is ‘n bo-menslike wonderlikheid, die dood is meer begrypbaar omdat ons die lewe het om dit aan te

meet.

Bart: Tog is die dood ‘n absolute abstrakte. Dit is die einde, die groot finalé. Alles kom tot ‘n punt in

die dood. Dit is die punt aan die einde van die verhaal, die laaste noot in die melodie.

Faan: Dood is meer as net die afwesigheid van lewe. Dood het ‘n noodsaaklike element van

permanensie aan hom. Daar is nie iets soos tydelike dood nie. Bewusteloosheid, ‘n koma en selfs diep

slaap behels ook ‘n afwesigheid van lewe, maar dit verskil van dood deurdat dit net tydelik is. Dood is

altyd permanent.

Bart: Deur die eeue het mense die dood op verskillende maniere beskou. Voor die lansering van die

wetenskap en tegnologie, het die mens met sy onkundige verwondering oor die dood daarmee in die

reine probeer kom deur dit as ‘n goddelike verskynsel te vereer, (die Romeine se Hades of Grieke se

Pluto) en dit te aanbid. Sommige het dit as ‘n plek of ryk in die domein van die gode versinnebeeld.

Vandag is dit die groot taboe van ons tyd. Dit is die een tema waaroor ons nie praat nie. As jy dit

doen, sal die geselskap dink jy tree vreemd op. Ons vermy die onderwerp, soos wat seksualiteit in die

Victoriaanse tydperk in die openbare arena geïgnoreer is asof dit nie bestaan nie. Dit is hoe die

moderne mens sy onvermoë om ‘n greep op die tema van die dood te kry, deesdae hanteer – hy

verban dit.

Faan: Vroeër was die dood ‘n bekende verskynsel in die familie; wanneer iemand sterf, was die hele

familie verkieslik langs sy sterfbed in sy kamer in die huis. Vandag skuif ons die sterwende uit, na ‘n

hospitaal of gespesialiseerde inrigting waar hy of sy liefs in ‘n enkelkamer, uit die openbare oog, die

laaste oomblikke moet ervaar. Ek sien hulle elke dag in my werkplek – die stortingsterrein van die

lewe.

Bart: Die punt wat ek wil maak is dit: nie net word die dood uit ons gesprekke of omgewing verban

nie, ons verban dit ook uit ons denke. Ons dink nie aan die dood nie. Selfs wanneer ons gedwing word

om daaroor te dink, keer ons daardie denke in ‘n voorportaal af deur daaraan te dink as iemand anders

se dood. Ek laat die dood selde, indien ooit, toe om in my persoonlike ruimte in te beweeg deur te

dink aan mý dood.

Faan: Staan op, vat sy baadjie. Nee, hier verloor jy my. Dit is altyd lekker om op hierdie vlak met jou

te gesels. Op ‘n manier klim ons gesprekke onder my vel in, en bly dit lank daarna nog soos ‘n goeie

hangover in my kop klop. Maar dis op hierdie punt wat jy my bang maak.

Bart: Sit, man! Daar is net een manier om oor die dood te dink, wat ‘n kans het om daaroor vrede te

bring. Dit is om dit te verpersoonlik, om daaraan te begin dink as mý dood. Om dit in terme van

omstandighede, tyd en plek, implikasies en verlies, myne te maak.

Faan: Bart, ek is ‘n dokter. Ek sien en ervaar daagliks die dood wanneer ander sterf. Ek het al geleer

om die verlies te ly. Ek het al ‘n sterwende geliefde tot aan die einde begelei, en die begrafnis gereël

en lank daarna nog gerou. Ek weet wat dit is om met die dood te stoei, en sy pynigende kloue teen my

te voel.

Bart: Maar so leer jy hom nie ken nie. Die Duitse filosoof, Martin Heidegger, sê die enigste manier

waarop die dood die belangrikste feit van die lewe is, is wanneer dit my eie dood is wat ter sprake

kom. Dit is my lewe, my gevoel en opinie en uitsig op sake, my ervaring en denke, my vermoëns en

geskiedenis, en my bydrae en betrokkenheid tot en by en in die wêreld wat tot niet gaan. Dit kan nie

afgelei word uit die dood van iemand anders nie.

Faan: Probeer jy vir my sê die enigste plek waar ek ‘n handvatsel aan die amorfe konsep van die dood

kry, in my eie lyf is?

Bart: Ja. Ek probeer sê dat ons die eeue-oue taktiek van aanval-as-die-beste-manier-van-verdediging

ook hier moet toepas. Ek wag nie vir die dood om my te oorval nie, maar doen my voetwerk betyds,

en bars by sy domein in. Ek word die ongenooide, en verras hom. Ek gaan kyk hom vierkantig in die

oë, vra my vrae in sy gesig. Al ken ek hom nog nie, word hy dan vir my herkenbaar. Ek weet wat om

te verwag wanneer hy onaangekondig aan my deur kom klop.

Faan: Goed. Kom ek plaas my bestaan, die diepste ondeelbare ek, in my denke in die rol van die lewe

wat nou tot ‘n einde kom. Kom ek herkou aan die gevolge, beleef die pyn van verlies in my

verbeelding voordat dit verlies word, en jy sê dat ek algaande die impak daarvan so versag?

Bart: Jy het dit!

Faan: Dit is ‘n aardige ervaring om die dood uit die ban te doen, en in my persoonlike ruimte in te

trek, is dit nie?

Bart: Tog is daar niks meer algemeen as die dood nie. Dit is die groot gelykmaker, en geeneen

ontkom dit nie. Dit is die mees absolute, versekerde, onvermydelike ervaring van die lewe, ongeag

wie se lewe dit is. Alle lewens verskil, maar die dood is die een gemene deler in alle lewens. Dit is

hoe alle lewe deur alle eeue tot ‘n einde kom.

Faan: Jy’s reg. Hoeveel maal het ek dit al gesien! Daar is geen sweempie van diskriminasie by die

dood nie. Hy oes voor-die-voet, sonder inagneming van ouderdom, stand, ras, klas, geslag, geloof,

omstandighede, verbintenisse of rol in die gemeenskap. Hy steur hom nie aan tyd of tydigheid nie,

inteendeel, hy slaan byna altyd ontydig toe. Hy is altoos ongenooid, onwelkom en onvanpas. Hy toon

geen begrip vir implikasies en gevolge nie, en word so die oorsaak van matelose verdriet, chaos en

verwoesting.

Bart: Ja, Faan, hy tref enigeen enige tyd, en laat die lastige bewussyn in die uithoeke van my gedagtes

dat enige oomblik ook die einde van my tyd kan wees.

Faan: Die ergste is; ten spyte van die verwoestende implikasies wat die dood tot gevolg het, is daar

ook geen manier om dit te vermy, uit te stel, of te beding vir ‘n meer geleë tyd nie.

Bart: Dit het die ou Griekse wysgeer Epicurus laat sê: “Vir alle ander bedreigings en ongesteldhede

kan daar beskerming verskaf word, maar sover dit die dood betref, woon ons, die mensdom, in ‘n stad

sonder mure.”

Faan: Kyk hoe werk dit: daar is geen appèlprosedure waarvolgens daar teen sy aksie beswaar

aangeteken kan word nie. Die dood laat geen ruimte vir kritiek, bevraagtekening of teenstand nie.

Daar is niks demokraties aan die dood nie. Dit is die absolute diktator van alle tye.

Bart: Hierdie genadelose uitgelewerdheid aan mag, hierdie besef van magteloosheid, dwing ‘n ou tot

nederigheid. Die rykste, invloedrykste, sterkste, beroemdste, hooghartigste en suksesvolste sterfling se

knieë buig voor die dood, want geen aardse mag het die dood nog ooit bedreig nie. Wanneer die dood

van aangesig tot aangesig voor jou gaan staan, beskou hy jou as minder as waarmee jy in die lewe

gekom het.

Faan: Nee, nou het jy my verloor. Sê weer?

Bart: Al het jy, toe jy in die lewe gekom het, geen oproepbare bewussyn of verworwe kennis of

ervaring gehad nie, was jy eindeloos meer as net die stoflike liggaampie, iemand se nuwe kind. Jy was

vir die wêreld en almal daarin, ook die onmeetbare potensiaal van ‘n leeftyd wat voorlê. Snap jy?

Faan: Ja. Vir die dood is jy egter niks meer as die materiaal in jou liggaam nie, en hy stroop selfs dit.

Daarom is die dood die groot gelykmaker, en hoogmoed, eiewaarde en vernaamheid se tier.

Bart: Van die os op die esel; hierdie brandewyn en coke het nou sy gang deur my lyf gegaan, en nou

moet ek ook gaan. Jy weet, na al die jare haat ek dit om jou te vra, maar ek moet gou gaan.

Faan: Wat ‘n ou nie vir ‘n pel sal doen nie, nê.

Stoot hom in sy rystoel uit.

Stoot rystoel terug.

Bart: Dankie! Stoot my daar na die venster toe, toe.

Faan: Waarom? Dis stiknagdonker daarbuite, daars niks om te sien nie! Kom ek gooi nog ‘n laaste

enetjie, want hierdie debat kry nou ‘n mooi momentum.

Bart: Sit my voor die venster, dan sit jy daar. Ek wil jou ook nog kan sien. Ek wonder; is dit seer om

dood te gaan? Doen die dood die sterwende of afgestorwene enige leed aan? Kan daar enige iets goed

aan wees om dood te gaan of om dood te wees?

Faan: Is daar ‘n verskil? Ek dink ook dié vrae word grootliks deur die lewe bepaal. Doodgaan kan net

goed wees vir ‘n lewe wat nie goed is nie.

Bart: Dit bring die kwessie van vrywillige sterwe, of die dood as vrye keuse in die spel. Selfmoord, jy

weet?

Faan: Nee, dis ‘n ander onderwerp. Of die dood as toestand vir die sterwende of afgestorwene leed

meebring, kan ook uit ‘n ander hoek beredeneer word. Op ‘n manier is die dood as ‘n toestand van

nie-bestaan-nie, ‘n spieëlbeeld van die nie-bestaan-nie toestand van voor geboorte. Niemand redeneer

dat die voorgeboorte toestand vir ‘n individu sleg is nie, so waarom sou dieselfde toestand na die lewe

sleg wees?

Bart: O nee, hierdie “simetrie-argument” van jou hou natuurlik nie boek van die verlies aan ‘n

persoonlikheid wat in die lewe sy omgewing op ‘n bepaalde manier bewerk, en ‘n invloed op ander in

die lewe uitgeoefen het nie. Lewe beteken ook voortdurende verandering, nie net in jouself nie, maar

juis ook aan diegene en die dinge om jou.

Faan: Ek dink dat die dood jou juis immuun laat teen leed, en teen seerkry. Geen leed se vingers is

lank genoeg om anderkant die graf ‘n greep op jou te kry nie. In die dood is daar nie meer ‘n stryd nie.

Bart: Tog is daar ‘n lyn te trek tussen dood en stryd.

Faan: Daar is ‘n ou van Chicago, Illinois, Tem Horwitz, wat ‘n interessante artikel oor sy skyndoodervaring

geskryf het, en hy maak die punt dat al ons stryd altyd ‘n stryd vir lewe is. Hy sê al ons

skeppinge en prestasies is maar die joernaal van ons reis op die weg na die einde van ons bestaan.

Bart: Ja, dit maak seker sin. Maar dink nou mooi: as dood die onomkeerbare en permanente einde van

ons bestaan is, is dit ‘n slegte ding om dood te gaan?”

Faan: Kyk, wat sleg is aan die dood, is dat dit ‘n einde bring aan ‘n goeie ding – die lewe. Al is die

lewe vol slegte ervaring en tragedie, is dit op die keper beskou, in wese nie ‘n slegte of selfs neutrale

staat nie, maar ‘n goeie een. Kom ons kyk eerder na wat sleg is aan die dood as na wat goed is aan die

lewe, dan sou ons kon sê die lewe is goed omdat ons bewustelik alles wat die lewe bied, kan ervaar en

geniet. Daarom is die dood sleg, nie omdat die toestand van geen bestaan sleg is nie, maar omdat dit

ons van die ervaringe van die lewe ontneem. Dit stroop ons van die belangrikste, of selfs enigste

saakmakende bate wat ons het – die lewe!

Bart: Die dood is net sleg omdat dit ons beroof van wat kon gewees het. Die dood trek ‘n streep deur

ons potensiaal. Ander dimensies van ons bestaan, soos wasdom, tragedie, liefde en prestasie kan

lewensveranderend wees. Dit kan ‘n nuwe bril wees waardeur ons die wêreld, die toekoms en ander

mense sien. Die dood is nie lewensveranderend nie – dit bring die lewe tot ‘n einde. Dit gooi geen

nuwe lig op die lewe nie – dit doof alle lig daarin uit. Dit laat jou nie die wêreld, die toekoms of ander

mense anders sien nie, en gee geen ander uitsig daarop nie. Dit laat dit alles gewoon verdwyn. Niks

bly oor nie.

Faan: Punt by paaltjie, ou pel, die dood maak my bang!

Bart: Is ons vrees vir die dood nie dalk een van die heel grootste dryfvere wat ons noop om oor die

dood te dink en te praat nie? Die onbekendheid van die dood maak dit vreesaanjaend. Soos alles in die

lewe wat onbekend is, en waarop die mensheid nog geen greep kon kry nie, is daar nie veel ander

alternatiewe om met die dood om te gaan as om dit te vrees nie.

Faan: Dalk, ja. Hierdie algemene vrees onder mense vir die dood bepaal ook ons agenda en strategie

daarmee. Dit is die oorsaak dat ons nie in die openbaar daaroor wil praat nie. Dit veroorsaak ons

geheimsinnige beheptheid daarmee.

Bart: Praat vir jouself!

Faan: Nee, ek bedoel, vat nou maar die diereryk. Vir diere is die dood heel anders. Dis is weliswaar

vir ‘n dier ook die absolute en finale einde, maar ek dink diere beleef die dood anders.

Bart: Want diere wonder nie daaroor nie. Vir ‘n dier tref dit onverwags, soos uit die bloute. Diere hoef

nie oor die dood te peins nie, omdat hulle nie oor die lewe peins nie. Dit is net die mens vir wie dit

tydens die lewe om sy lewe gaan, wat gedurende sy lewe met tergende vrae oor die lewe getreiter

word, vrae soos oor die dood.

Faan: As ons ook maar soos die diere kon wees, dat die dood tot die dag van ons dood nie vir ons saak

maak nie. Ons sou elke dag kon lewe asof ons dit vir ewig kan doen, sonder dringendheid,

verganklikheid en eindes. Ons sou nie daaraan ‘n gedagte gee totdat dit die dag gebeur nie.

Bart: Wat sou ons anders wees? As ons in die lewe geen bewustheid van die dood gehad het nie, sou

ons anders gelewe het?

Faan: Ja, ons sou anders gelewe het! Ons sou nie so in die greep van die dood vasgevang gewees het

nie! Al sou ons nog doodgaan, sou ons dood nie so ‘n groot invloed gehad het op hoe ons lewe nie.

Die konsep van onsterflikheid en ewige lewe sou nie op ons agenda verskyn het nie. Die dringendheid

wat ons lewens gejaagd maak, sou ontbreek.

Bart: Ons kan ons nie regtig so ‘n toestand van onbewus wees oor die dood, voorstel nie. Die blote

feit dat ons ander mense sien sterf, en dat ons ‘n uitgebreide geheue en denke het, maak so ‘n toestand

onmoontlik.

Faan: Vir ‘n mens is sy lewe ‘n trajek, ‘n pyl wat uit ‘n boog geskiet word. Jy word met geboorte

gelanseer, en ons merk ons geboortedag met herdenkings omdat die begin vir ons belangrik is. Dit

word juis vir ons belangrik omdat ons altoos bewus is dat daar ook ‘n einde is. Ons weet die hele tyd

dat die pyl weer gaan val. Die lewe is die vlug tussen afskiet en val.

Bart: Ons weet egter ook dat die val onvoorspelbaar is, en nie noodwendig aan die einde van ‘n

beplande trajek is nie. Dis maar ‘n skoot in die donker, en ons is intens bewus van die moontlikheid

dat dit enige tyd iets kan tref!

Faan: Die dood lê en loer nie net aan die einde van ‘n lewe nie, dit lek sy lippe van die eerste dag al

af! Alle lewe is van die eerste oomblik af kwesbaar vir die dood. Dit is wat my bang maak.

Bart: Dit gaan egter nie net daaroor dat die dood as oomblik van die einde vermy word, omdat geen

persoonlikheid ‘n einde wil hê nie, dit gaan oor meer. Dit gaan ook nie oor die gebrek aan ‘n padkaart

deur die poort van die dood, soos wat die kerk aan ons wil uitdeel nie. Die pynlikste waarheid oor ons

vrees vir die dood gaan oor die vraagteken wat die dood oor die sin van ons lewens hang. Dit bly ten

diepste ‘n vrees dat die antwoorde op al ons vrae oor die bestaan en bestemming van die mens, oor die

enigmas van ons wêreld, ons lewe en onsself, dalk nie vir ons aanvaarbaar sal wees nie.

Faan: Hei, ek is maar net ‘n doktertjie. Kom weer?

Bart: Sien, die dood laat hom nie flous nie. In die aanskyn van die dood word alle toneelspel, alle

waan en valshede kortgeknip. Tot daardie oomblik kan ek nog in die soeke na myself, in die

ontwikkeling van my potensiaal en in die definiëring van my plek en bydrae in die samelewing,

probeer word wat ek nog nooit was nie. Ek kan nog droom oor hoe en wat ek wil wees. Wanneer ek

die dood in die oë kyk, word daardie drome ‘n nagmerrie, bloot omdat drome die trofee van die lewe

is, en buite die lewe geen plek het nie.

Faan: Dit is in die nagmerrie waar ons vrees gebore word.

Bart: Tog opvallend dat hierdie vrees vir en, -hoe noem jy dit? - beheptheid met die dood so ‘n eg

menslike verskynsel is. Dit is net die mens vir wie dit in sy bestaan net oor sy bestaan gaan. Diere

bestaan maar net, en hulle is nie oor hulle bestaan geërg nie. Hulle dink klaarblyklik nie in hulle lewe

oor die dood nie, en hoef dit daarom ook nie te vrees nie. Diere leef asof hulle dit vir altyd kan doen.

Hulle is ook nie gepla oor die sin van die lewe nie.

Faan: Daar het jy dit nou verpak gekry! Dit is daardie kwessie van die sin van die lewe, wat ons bang

maak. Ons vra onsself elke dag daaroor uit, wetende dat die dood vir ons lê en loer. Ons vrees dat ons

lewe na die dood nie meer sal saakmaak nie. Onthou jy die fliek Docter Zivago,? Daar was ‘n

karakter oor wie gesê is: “Sy het gesterf of iewers heen verdwyn, vergete as ‘n naamlose nommer op

‘n lys wat iemand uiteindelik verlê of verloor het.”

Bart: Die vrees vir die dood is ‘n vrees dat hy ons in sinneloosheid sal betrap, want ons weet hy kom.

Ons weet daar is geen manier waarop ons hom kan systap of ontglip nie. Dat die dood kom, is vir ons

‘n gegewe, wanneer hy kom, weet ons nie. Dit is die onsekerheid oor die wanneer-vraag wat die vuur

van ons vrees aanblaas.

Faan: As ons geweet het wanneer ons sal sterf, kon ons dalk nog iets aan die sin van ons lewe probeer

doen, soos studente wat gou sou kon leer voor ‘n verrassingstoets.

Bart: Ten diepste is die vrees vir die dood egter die vrees vir verlies. Ons is bang dat ons die

kosbaarste van alles gaan verloor; wat jy so flussies na verwys het as daardie ondeelbare ekself.

Faan: Vrees vir die dood is eenvoudig om te verstaan. Diegene wat dapper genoeg is om die dood as

hulle eie einde te bekyk, sien dit allereers uit ‘n biologiese perspektief. Dit gaan in die eerste plek oor

my liggaam wat ophou funksioneer en sterf. Ek sien op na die gemis van ‘n lyf wat my fisiese

teenwoordigheid in die wêreld merk.

Bart: Ek dink party mense vrees ook die moontlikheid van pyn of ongemak wat met sterwe gepaard

kan gaan.

Faan: Op ‘n dieper vlak spruit die vrees vir die dood uit die absolute persoonlike domein waar ek met

die vermoede gekonfronteer word dat die omvattende ek, die persoonlikheid, die ervaring,

verhoudings, kennis, aanvoeling, vaardighede en talente, en al die verskillende rolle wat ek in die

samelewing speel, gewoon ophou om te bestaan. Ek vrees dat alles wat ek is en kan wees, en alles wat

ek gedink en gedoen het, uitloop op niks.

Bart: Sonder om afbreuk te doen aan jou analise van ons vrees vir die dood, dink ek daar is nog ‘n

hoek van waaruit die dood bekyk moet word. Dit gaan oor vrees in die vorm van angs. Dit gaan oor

die vraag na die sin van die lewe, van mý lewe. Wat as my lewe toe al die tyd nie saak gemaak het

nie? Wat as my totale bestaan net ‘n gejaag na wind was?

Faan: Jy sien, Bart, dis waar die kerk inkom! Op hierdie punt raak die meeste godsdienste vir hul

aanhangers relevant, nee, onmisbaar, of eksistensieel noodsaaklik.

Bart: Ek is nog nie reg om met ons gesprek daarheen te gaan nie. As ons oor die kerk praat, praat ons

binne die afgemete veld en reëls van die spel. Dan moet ek soos die ander spelers oor die spel dink, en

is ek nie meer vry om vir myself te dink nie.

Faan: As jy ‘n hiernamaals uit die argument wil hou, is alles met die dood verby – vir die een wat

gesterf het. Daar kan geargumenteer word dat die afgestorwene se naam, prestasies, bydrae, besigheid

en ander nalatenskap tog voortgaan, dat hy of sy nog geëer en herdenk word selfs lank na die

afsterwe, maar dit berus nie by die afgestorwene nie. Vir hom of haar is sy aardse bestaan met

afsterwe verby, en is dit in die hande van die oorlewendes om met sy of haar idees, besittings,

prestasies en bydrae te handel.

Bart: In Afrika word daar in die gebruik van voorvaderlike verering ‘n interessante onderskeid tussen

die sg. “lewende dooies” en die “dooie dooies” getref. Die lewende dooies is afgestorwenes wat nog

onthou en in gedagtenis versorg word deur mense in die lewe; kinders, kleinkinders, vriende en

familie. ‘n Dooie dooie is iemand wat niemand in die lewe oor het wat hom of haar geken het, of

onthou nie. Daar is dus geen band met die lewendes meer oor nie. Dit word allerweë as ‘n meer

traumatiese gebeurtenis beskou om te verskuif van die kring van die lewende dooies na die dooie

dooies, as van die lewe na die dood.

Faan: Interessant! Dit bly egter die lewendes wat die status van die dooies bepaal.

Bart: Oor waar presies die onderskeid tussen lewe en dood gesetel is, is daar eweneens ‘n dispuut.

Daar is ‘n hele paar beskouings oor wanneer iemand dood is. Sommige glo ‘n mens is dood wanneer

die sirkulasie van bloed en suurstof gaan staan, en die liggaamstemperatuur afneem. Vir hulle gaan dit

oor die liggaamlike ek wat tot ‘n einde kom.

Faan: Meeste mense glo dat die brein die setel van die lewe is, en dat ‘n pasiënt dood is wanneer die

totale brein onfunksioneel is, breindood, jy weet.

Bart: Vir mense wat so glo, is daar iets van ‘n ander definisie van myself ter sprake; dat ek meer as

net liggaam is. Ek is veral ook ‘n denkende organisme, en dit is wat my van ander vorme van lewe

onderskei. Sulke mense neem dit dikwels nog ‘n entjie verder, en glo dat die uitwissing van my

kapasiteit om ‘n unieke persoonlikheid te wees, en om op ‘n sielkundige vlak in bepaalde verhoudings

met ander (en ook met myself) te staan, dood verteenwoordig.

Faan: Ek sê dat die boonste funksies van die brein, dit wil sê die deel van die brein wat onwillekeurige

funksies soos hartklop, en die rek en krimp van die oogpupil beheer, die deurslag gee by bepaling of

‘n pasiënt nog lewe, al dan nie.

Bart: Ja, dokter! Die voorstanders van die siening dat dood primêr die faal van liggaamlike funksies

is, het egter op die speelveld van die logika, ‘n voorsprong. ‘n Ongeluk of frats kan jou geheue, en jou

unieke persoonlikheid uitwis, sonder dat dit veel meer van ‘n impak op jou gesondheid het. Jou

denkende fakulteite, trouens, jou brein as sodanig kan onherstelbaar beskadig word sodat jy weinig

meer as ‘n koolkop is, maar steeds lewe.

Faan: Dis so! Daar is kollegas van my wat op dieselfde trant wil argumenteer dat ‘n brein, oftewel die

denke en bewussyn, dalk eendag uit ‘n liggaam verwyder en onafhanklik daarvan in stand gehou sal

kan word, maar is dit dan nog ‘n mens waarvan ons praat?

Bart: In die VSA is daar in 1981 tussen deelstate ooreengekom (in die “Uniform Determination of

Death Act), dat die dood intree wanneer alle sirkulasie en respiratoriese funksies onomkeerbaar staak,

of wanneer alle funksies van die brein en breinstam staak. Dit word voorgeskryf as mediese toets om

dood te bepaal. In die Verenigde Koninkryk is die maatstaf die permanente funksionele dood van die

breinstam.

Faan: Die debat oor waar presies die grens tussen lewe en dood lê, het al omvattende gevolge gehad.

Vir baie eeue was die populêre siening dat die lewe in die hart gesetel is. Dr. Chris Barnard se

monumentale prestasie van 1967 in die Grootte Schuur Hospitaal in Kaapstad, toe hy die eerste

suksesvolle hartoorplanting uitgevoer het, het tot ‘n groot mate (en onder luide protes uit sommige

kringe) daardie siening die nek in geslaan. Die moderne klem op die brein as setel, en breinfunksies as

merkers van die lewe, is eweneens aan toekomstige repudiasie blootgestel. Die eerste

breinoorplanting sal daardie siening op sy kop keer.

Bart: Dink jy regtig dit is moontlik?

Faan: Ek dink so, ja. Minder mense is bewus van die tweede suksesvolle hartoorplanting, minder as ‘n

jaar na Dr. Chris Barnard se historiese prestasie. Meer as enige ander voorval het dit die debat oor

wanneer ‘n persoon dood is, op ‘n spits gedryf. Dit het gebeur in Japan, waar ene prof. Wada ook ‘n

suksesvolle hartoorplanting uitgevoer het, maar omvattende weerstand uit die Japanese samelewing

op die lyf geloop het.

Bart: Japan is waarskynlik die ontwikkelde land met die minste orgaanoorplantings en –skenkers per

capita van sy bevolking. Hulle het een of ander weersin in orgaanoorplantings, né.

Faan: Jy sien, daar is destyds ernstige vrae gevra oor of die skenker werklik dood was. So hewig was

die debat in Japanese mediese- en mediakringe dat dit die wetenskaplike prestasie totaal en al

oorskadu het. Die Japanese se hang-up met orgaanoorplantings is ‘n direkte uitvloeisel van prof.

Wada se omstrede hartoorplanting. Dit blyk dat die meeste Japanese die mening huldig dat die dood

pas eers intree wanneer sirkulasie gaan staan, en liggaamstemperatuur afneem, selfs al is die pasiënt

tegnies “breindood”.

Bart: So die Japanese dink die skenker was nog nie werklik dood toe sy organe verwyder is nie? Praat

van bisar! Maar wat sê jy, dokter, wanneer begin ‘n mens sterf? Is daar minder van ‘n diskoers

daaroor?

Faan: Nie regtig nie. Sommige mense glo dit is waar liggaamlike groei en ontwikkeling ‘n keerpunt

bereik in die middel twintigerjare, want daarna is die liggaam net besig met instandhouding en

stelselmatige agteruitgang. Sommige meen dit is effe later, wanneer die liggaam se vermoë om

homself te herstel en in stand te hou, begin afneem.

Bart: Nee, ek dink dat die mens (en alle ander lewende organismes) begin sterf op die oomblik

wanneer hulle gebore word, en dit voleindig word wanneer die basiese funksies wat die liggaam

instandhou, staak. My dop is op. Het jy heeltemal van joune vergeet?

Faan: Ek het, ja! Wag, ek top dit gou op! Jou siening leun natuurlik swaar op die uitgangspunt dat

veroudering slegs vir die gelukkiges die sterwensproses uitmaak, omdat ‘n hartaanval, beroerte,

terminale siekte, ongeluk of doodslag enige oomblik en op enige stadium van die lewe, ‘n einde aan

die lewe kan maak.

Bart: Die dood-as-einde konsep hou ‘n veel groter implikasie vir die lewe in. Dit maak die lewe

gejaagd. Dit skep ‘n onstuitbare dringendheid aan die lewe. Selfs al is ons huiwerig om aan die dood

as “my dood” te dink, en selfs al verban ons die tema uit ons gesprekke en uit ons samelewing, klop

die dood aanhoudend aan die verborge uithoeke van ons bewussyn. Nieteenstaande ons versuim om

pertinente aandag daaraan te gee, herinner die bewustheid van die dood ons altoos dat ons nie vir

altyd hier sal wees nie, en dat alles tot ‘n einde kom. Dit waarsku ons aanhoudend dat ons dit wat ons

wil doen, moet klaarkry, want ons tyd is beperk.

Faan: Staan op en gaan skink nog ‘n glas. Was dit nie vir die onontkombare werklikheid van die dood

nie, was daar geen noodsaak om ons aan tyd te steur nie. Alles sou kon oorstaan tot ‘n later datum,

want daar sou altyd weer ‘n geleentheid geskep kon word om ‘n saak af te handel. Die dood is egter

ons vernaamste pasaangeër, en dit druk die tempo genadeloos op.

Bart: Weet jy, Faan, tensy iemand jou vermoor, of jy in ‘n ongeluk omkom, of aan ‘n hartaanval of

dergelike doodslag, dink ek nogal ‘n mens weet gewoonlik dat jy sterwe. Jy kan nog groet. Dit is die

ongelukkiges wat sterf sonder om te kan groet, wat eensklaps en onverwags net weg is.

Faan: Ja, maar ek dink tog om te sterwe is selde ‘n vreugdevolle ervaring, al is dit soms ‘n verligting.

Bart: terwyl Faan sy drankie regskuif, Dankie! Kyk gou daar in die CD-laai, onder die radio. Daar is

‘n koerantknipsel van ‘n ope brief wat Oom Wimpie de Klerk, FW se broer, aan al sy vriende en

kennisse geskryf het voor sy dood. Sien jy dit?

Faan: haal die knipsel uit, vou dit oop: Augustus 2009, aan al my mense. “Ek groet met nostalgie en

verlange. Ek groet julle onwillig. Ek wou nog by julle wees. Maar die sterflikheid is ’n feit.”

Bart: Dit is by uitstek die onafgehandeldheid van sake aan die einde van jou lewe wat dikwels ook ‘n

onvergenoegdheid teweegbring, wat veroorsaak dat sommiges “onwillig groet”. Die tyd het jou

gevang. Jy wou nog meer lees, meer met vriende, familie of met die kinders deel, meer gaan stap of

reis of teater-toe gaan.

Faan: lees verder “Ek sou meer wou geniet het van die son en die spel en die leeglê en die gewoon

gesellige menswees.

Bart sê hardop saam: Ek sou meer wou geniet het van poësie/letterkunde/die estetika. Ek sou daarin

wou studeer het. Ek was te besig met myself en my probleme.

Ek sou meer wou geniet het van die warmte van menswees en die skoonheid van die aarde. Die sin

van lewe is om te lewe. En ek sou meer die liefde geniet het – die gee en ontvang van liefde – want dit

is die kristal van die lewe.”

Faan: Treffend, né. Smaak my die finaliteit van die dood vang jou op die sterfbed. Wat nog nie

gedoen is nie, gaan nou nie meer gedoen word nie. Wat nie gesê is nie, gaan ongesê bly, en wat

gedaan is, kan nou nie meer ongedaan gemaak word nie.

Bart: Maar soms bring die dood verligting. Soms is dit ‘n einde aan pyn, ongemak, onsekerheid,

wanhoop. Dan is die dood nie noodwendig die onwelkome besoeker nie. Aan die einde is daar mense

wat met verwagting uitsien na die dood.

Hulle kyk lank vir mekaar in stilte.

Bart: Dit is selfs dalk hulle keuse.

Faan: Ek kan my indink dat daar dalk gevalle is waar die dood verwelkom, selfs omarm word. Die

dood word soms opgesoek, ingenooi, selfs gekaap en ontvoer. Vir baie word die dood ‘n uitweg, die

enigste alternatief, meer as ‘n opsie, trouens, soos jy sê, ‘n keuse.

Bart: Elke mens is die argitek van sy eie lewe. Jy ontwerp dit algaande deur die keuses wat jy maak.

Dominee en sy fênklub sal seker teen hierdie stelling beswaar maak, en vra of daar nie ‘n hoër

Beskikker is wat jou lotgevalle bepaal nie, maar selfs daaroor het die individu ‘n keuse of hy of sy in

so ‘n Hoër Hand glo of nie.

Faan: Nee, ek koop jou punt. Elke keuse wat jy neem, open ‘n nuwe spektrum van moontlikhede, en

sluit ‘n ander spektrum vorentoe uit. So kies jy jou vakrigting, wat lei tot jou beroep, en wat lei tot jou

werkplek en werkomstandighede, en tot jou status en inkomste. So kies jy ook ‘n lewensmaat (of nie),

wat lei tot jou gesin, jou familie, jou huis as tuiste. Elke keuse open ‘n reeks nuwe opsies, en maak

ander weer toe. Ons word daagliks met daardie lewensbepalende keuses gekonfronteer.

Bart: Dan moet jy kan verstaan dat dit kan gebeur dat my lewenspad in ‘n doodloopstraat beland, en

dat my opsies almal onaanvaarbaar raak. Aan die uiterste rant van elke spektrum van opsies is daar

altyd ‘n ontsnappingsroete; die “escape-knoppie”, die dood. Dit kan gebeur dat alle ander opsies vir

die ontplooiing van die lewe so onaanvaarbaar is, dat ‘n individu besluit om nie een daarvan te kies

nie, trouens, om eerder teen die lewe self te kies.

Faan: Wat ek sou kon aanvaar, is dat die idée dat ‘n mens sy eie lewe aan die hand van sy keuses

ontwerp, veronderstel dat daardie keuses vry is. Vryheid van keuse is ‘n voorwaarde vir ‘n

menswaardige bestaan. Dit is waarom slawerny so verwerplik is; dit ontneem die individu van vryheid

van keuses, en stroop hom van sy menswaardigheid. ‘n Slaaf is nie die ontwerper van sy eie lewe nie,

want die keuses wat sy toekoms bepaal, word vir hom geneem. Hy kan sy lewe “terug steel” deur te

ontsnap of te dros, wat dikwels strafbaar is met die dood. Dit stel hom voor die keuse van ‘n

slaafbestaan of die risiko van die dood.

Bart: Volgens die Marxiste plaas armoede dieselfde beperkinge op mense se vryheid van keuse, en

volgens die Neo-marxiste of aanhangers van die Kritiese Teorie, is dit die gejaagdheid van die

moderne tegnokratiese bestaan wat die mens van sy waardigheid en ‘n sinvolle lewe beroof. Skuld,

uitbuitery, misbruik, mishandeling, terminale siekte, liefdesverraad en vervolging is die soort

straatname in die lewe wat nêrens heen lei nie, en grondoorsake van sinneloosheid word. Hoe dit ook

al sy, as jy nie die vryheid geniet om jou lewe deur jou keuses na jou smaak en behoeftes in te rig nie,

is die sin van jou bestaan in gedrang.

Faan: Sê jy dat ‘n keuse vir die dood vir sommige mense die enigste manier is om aan sinneloosheid,

pyn of onwaardigheid te ontkom?

Bart: Jy verstaan my reg. Vir sommiges is dit die enigste vrye keuse wat hulle ooit neem.

Faan: Ek hoor jou. Die dood is soms al antwoord wat by ‘n wanhopige gees opkom as die drie

belangrikste vrae oor sy of haar bestaan nie meer geantwoord kan word nie. Dit maak sin vir ‘n

twyfelaar wat nie meer weet waarom hy of sy hier is, of hoegenaamd ís nie. Dit word ‘n opsie vir

verdwaaldes wat nie meer weet waarheen hulle op pad is nie. Dit word ‘n ontsnappingsroete vir

diegene wat nie seker is waartoe die lewe dien nie, en wat die essensie van die lewe is nie.

Bart: Korrek. Selfmoord gebeur maklik as die laaste sandjies van geloof, hoop en liefde deur die

uurglas se nek geval het.

Faan: Ek het nogal ‘n ding oor selfmoord. Selfmoord is vir sussies. Dis vir die lafaard wat nie meer

die guts het om die lewe in die oë te kyk nie.

Bart: Dink weer oor wat jy nou gesê het, want ek verskil van jou. Ek wil geen poging aanwend om

selfmoord te verdedig of te bevorder nie. Maar ons moet eerlik probeer om dit te verstaan. Dit gaan

nie vir my oor die morele vrae daaroor nie, maar oor die verhouding tussen die mens en sy dood, en

die unieke verskynsel dat die dood soms bo die lewe gekies word.

Faan: Jy bedoel vir sommige mense word die moeilikhede in die lewe groter as die sin van die lewe.

Hulle kies dan die dood bo die lewe.

Bart: Waar die dood meer aantreklik as die lewe is, is dit nie omdat die dood enigsinds aantreklik

word nie. Weereens bepaal die lewe die uitsig op die dood; dit is omdat die lewe so onaantreklik word

dat die dood ‘n opsie is. Die dood word ingeroep as bondgenoot waar die lewe ‘n vyand geword het.

Faan: Kan ek jou iets persoonliks vra?

Bart: Watse vraag is dit? Het ons al ooit gehuiwer om kaalkop met mekaar oor enige iets te praat?

Lang stilte

Bart: Het ons?

Faan: Ons het ja. Ons doen dit die hele tyd.

Bart: Snert man! Soos wat? Daar is niks waaroor ons nie onbevange met mekaar kan deel nie! Kyk

hoe lekker praat ons vanaand oor die dood! Wie anders ken jy wat soos ons daaroor kan praat?

Faan: Wanneer het ons laas oor die voorval gepraat? Hy mik met sy oë na die rystoel. Het ons al ooit

onbevange daaroor gepraat?

Bart: Hei, (baie dreigend en gedemp) Ons het ooreengekom om dit agter ons te sit, en nie daarby vas

te steek nie! Dit was ons ooreenkoms!

Faan: Ons het, ja. Twintig jaar gelede! Daar is ‘n moerse verskil tussen iets agter jou sit, en om die

grootste definiërende gebeurtenis in ons vriendskap so te ignoreer dat ons altwee kan verstik daaraan!

Waarmee is ons besig, man?

Bart: Word ons vriendskap van amper 40 jaar, nouer as broers, deur een aand in ‘n restaurant

gedefinieer?

Faan: Komaan, ruk by man! Dis nie net ‘n aand in ‘n restaurant nie! In een oomblik het die land se

heel belowendste nr 7-flank vir altyd vorentoe ‘n hulpelose liggaam geword, ‘n briljante brein sonder

‘n lyf! Dis wat daardie aand gebeur het!

Bart: Issit dit wat jou so eet? Dis mos my lot! Dis ek wat daardie aand my liggaam verloor het! Ek het

daarby verby gekom, wat sukkel jy so?

Faan: Bart, kom ons los dit. Dit was dwaas van my om daar te gaan karring! Ons het mos ‘n

ooreenkoms!

Bart: Nee, ou maat, jy is reg. Daar is ‘n groot verskil tussen iets agter jou sit, dit oorkom, en om iets te

ignoreer. Dis die verskil tussen tyd neem om ‘n wond te heel, en tyd toelaat vir ‘n wond om te sweer.

Kom ek sê jou wat jou issue is. Jy het nog nooit by daardie aand verby gekom nie, omdat jy vermoed

dat die lem wat my nek afgesteek het, vir jou nek bedoel was!

Faan: (knik stadig sy kop) Dit was. Dit was my fight. Ek het hom gepiek.

Bart: Jy het nie ‘n mes getrek nie, jy het die ou maar net ‘n bietjie gekoggel! Jy het nie eers geweet dat

hy ‘n mes by hom het nie! Jy het my ook nie geroep of genooi nie, dit was my keuse om tot die

onderonsie toe te tree!

Faan: Luister, en luister nou mooi. Ek het met die bleddie bokslagter skoor gesoek. Ek het dit net

gedoen omdat ek geweet het dat jy ons dophou, en dat hierdie ou sy gat gaan sien as jy opstaan en

tussenbeide tree. Toe trek hy daardie lem, so groot soos ‘n panga, en ek het nie eers...

Bart: (driftig) En jy voel nou al vir 20 jaar aandadig, verantwoordelik en skuldig daaroor! Hoeveel

keer moet ek nog vir jou sê ek was by my volle verstand toe ek daar opstaan om die ou te gryp. Dit

was my keuse!

Faan: Maar dit was nie jou keuse om in die nek gesteek te word nie! As jy geweet het dat jy vir die res

van jou lewe net jou kop gaan oorhê, sou jy anders gekies het!

Bart: En jy ook! Ek sit nie vir 20 jaar, dis vir 175 200 ure, oftewel meer as tien en ‘n half miljoen

minute in ‘n donnerse rystoel omdat enige van ons verkeerd gekies het nie! It was an act of God! Laat

jou groot pel, die dominee, vir jou meer daaroor vertel! Feit is, dis nou so, en daar is niks, niks wat

ons daaraan kan doen nie!

Faan: Hel, Bart, as ek kon, as ek net op ‘n manier kon help dra aan die verlies, die frustrasie, die...,

die..., ag as ek dit net op ‘n manier kon makliker maak! As ek vir jou ‘n stukkie van my liggaam kon

gee, soos met ‘n nieroorplanting, ek sweer ek sou nie twee maal daaroor dink nie!

Bart: Ek weet, my vriend, ek weet. Jy doen vir my baie meer as wat ek ooit van jou verwag! Jy het

nog vir ‘n pragtige vrou, en die mooiste kinders ook, en jy skeep hulle af vir my.

Faan: Ek sou meer wou doen. Ek wens ek kon iets meer doen, enige iets!

Bart: Moenie te gou praat nie...hoe de hel het ons van ‘n konstruktiewe gesprek oor die hoër orde

dinge tot hier geval? Jy wou laas vir my ‘n hogere persoonlike vraag vra; dis waar ons gesprek

ontspoor het! Nou toe, vra!

Faan: Wat wou ek vra? Waaroor het ons gepraat?

Bart: Oor selfmoord. Jy wou vir my vra of ek al ooit aan selfmoord gedink het, is dit nie wat jy wou

vra nie?

Faan: lag verleë, Het jy?

Bart: Baie

Faan: En? Sal jy dit kan doen? Ek meen, sou jy dit ooit oorweeg?

Bart: Flippit, Faan, ek kan nie eers my neus krap as hy jeuk nie! Ek kan nie eers sonder hulp toilet-toe

gaan nie! Nou vra jy my of ek myself sal ophang of skiet!

Faan: As jy sou kon?

Bart: Feit is ek kan nie, en dit is die deurslaggewende feit in hierdie antwoord. Het jy geweet in

Switserland is wetgewing wat selfmoordhulp reguleer, sodanig liberaal dat dit al tot ‘n stewige bedryf,

en selfs “selfmoordtoerisme” aanleiding gegee het? Daar verleen klinieke met name soos Dignitas en

Exit aan desperate mense van oor die wêreld heen hulp en ondersteuning om hulle lewens pynloos te

beëindig. Die praktyk is uiteraard ‘n gewilde onderwerp van kritiek en openbare ondersoek.

Faan: Wat! Jy meen jy gaan na Zurich, en betaal ‘n paar Euro om “uitgesit” te word? Dis absurd! Kan

enige depressiewe vrou, of enige ou wie se meisie hom afgesê het, vir ‘n selfmoordinspuiting gaan?

Ek meen, is daar enige kriteria? Moet jy soort van terminaal siek wees of iets?

Bart: Dis waaroor die groot debat in Switserland woed. Daar was hierdie 23-jarige jong rugbyspeler,

sien, ene Daniel James, wat selfmoord gepleeg het met die hulp van die Dignitas-kliniek in Zürich in

September 2008, nadat ‘n rugby-ongeluk hom verlam gelaat het. Dit het die kwessie van die dood as

keuse opnuut op ‘n spits gedryf. Dit is asof die lyding van terminale siekes in pyn en ongemak nog

simpatie en begrip wek, maar as depressie, geldnood, liefdesteleurstelling of ander minder belangrike

snellers die enkeling tot die dood dryf, die samelewing daaroor frons.

Faan: Natuurlik! Selfmoord kan uiters sinneloos wees. Dit kan vreeslik alleen, gewelddadig, onseker

en ontwrigtend wees, beide vir die desperate enkeling en vir sy mense. Dit word vererger as dit

aangedryf is deur faktore soos teleurstelling, mislukking, skuld, sosiale verwerping of isolasie, daardie

dinge wat teen die agtergrond van ‘n groter geheelbeeld van die lewe, ‘n tydelike en selfs beuselagtige

profiel het. Dit kan maklik buite alle verband opgeblaas word deur ‘n ydele ego. En dis nie ‘n

skakelaartjie wat afgeswiets word nie, die lyn is geknip, en dit kan nooit weer ongedaan gemaak word

nie!

Bart: Ja, dis geldig. Daar is ook ander grenssituasies in die lewe waar die enkeling ly, menslik

gesproke vir die res van sy bestaan aan ‘n bed vasgekluister is, soos in ‘n bitter klein tronksel, en van

ander afhanklik is vir selfs sy mees basiese behoeftes. Daar kom ‘n punt waar so ‘n individu geen

positiewe uitsig op die res van sy of haar bestaan het nie. Alles is lyding, elke uur, elke minuut, elke

sekonde. Dis net lyding wat vir hom oorbly...

Faan: Kyk Bart lank en stip aan. Ly jy, Bart?

Bart: Bars uit; Natuurlik ly ek man! Jy sien die rystoel, die afhanklikheid van ander vir net mooi alles,

die lyf wat soos ‘n sak klippe aan my hang! Dis die maklike gedeelte om verby te kom. Ek kyk elke

dag, die hele dag in die vier mure vas. Met my totale uitsig op die lewe, my vooruitsig op more en op

volgende jaar, kyk ek in ‘n bleddie muur vas. Dit is lyding!

Faan: Maar jy is die een rystoelrakker waaroor almal praat, wat soos Professor Stephen Hawkins nie

toelaat dat sy gebrek aan ‘n lyf sy bestaan definieer nie!

Bart: Faan, ek IS my ligaam! Ek is niks en niemand anders nie! Dis nie net my lyf wat 20 jaar gelede

useless gelaat is nie, ek het 20 jaar gelede my sin vir bestaan verloor.

Faan: Maar jy is ‘n briljante denker, jy kan nog lees, kyk, luister, filosofeer! Jy het dit nou-nou nog so

mooi gestel, toe jy gesê het dit is jou plesier om in jou gedagtes uit jou woonstel, uit die stad, uit die

samelewing en uit die wêreld uit te breek. Jy sê self jy is ‘n swerwer op pad na nuwe idees, wat plekke

wil verken waar ander nog nie was nie. Kyk hoe het jy die dood as ‘n onverkende landskap verken!

Bart: Faan, Faan, Faan, al wat ek vir twee dekades doen, is dink. Dis al wat ek vir myself kan doen!

Dan is daar nog mense soos jou dominee-vriend wat dit ook vir my wil doen! Maar ek is opgedink!

Klaar gedink! Ek het die lewe deur gedink, tot by die dood gedink, en dit ook dwarsdeur bedink! Al

wat ek nog kan doen, sinvol kan doen, is doodgaan. Jy moet my help!

Faan: Is jy bedonnerd? Wat vra jy van my?

Bart: Het jy geen begrip nie? Kan jy jou op geen manier in my skoene, in my rystoel, in my lyf plaas

en my versugting verstaan nie? Faan?

Faan: Selfs al kon ek jou verstaan, moet jy my ook verstaan. Ek is ‘n genikoloog. Ek help mense in

die lewe in, nie daaruit nie! God gee lewe. Niemand anders nie, want God is lewe! Net God mag

besluit wanneer ‘n lewe verby is. Glo jy dit, ou pel?... Wat glo jy?

Bart: Ek glo, ja. God is ook my God. Ek glo Hy is lewe, en alle lewe is van Hom. Maar moenie soos

dominee vir my kom vertel dat dit God se hoogste plan en roeping vir my, Bart Kruger, se lewe is om

vir nog 20, 30, 40 jaar elke sekonde om te wag om dood te gaan nie! My God is nie so nie! Faan, jy

het genoeg krediete opgebou deur duisende mense met groot toewyding en liefde in die lewe in te

help, om die morele kapasiteit te hê om aan een lydende siel se hartsbegeerte te voldoen, en hom

daaruit te help! Ek is vasberade om hier uit te kom. Dis al wat ek wil doen, en ek gaan dit doen. Dit is

al wat vir my oor is!

Faan: Vergeet dit! Selfmoord is nie ‘n opsie nie, en as dit in jou boek staan, wil ek nie deel daarvan

wees nie!

Bart: Ek s nie dat selfmoord die ideale uiteinde van ‘n lewe is nie. Maar dit is net so legitiem soos

die opmars na die natuurlike einde van ‘n lewe. Beide opsies moet beskikbaar wees; die een weg is

nie noodwendig beter as die ander nie. Net diegene wat direk geaffekteer is, kan besluit watter weg

die beste vir hulle is.

Faan: Niemand van ons het die reg om te besluit wanneer ‘n lewe verby is nie! Punt!

Bart: Jy’s verkeerd! As elke mens die reg het om te lewe, het ek die reg om te sterf! Ek het

die reg om te kies teen die lewe! Wat beteken my reg as ek dit nie kan uitoefen nie, met

waardigheid, sonder om op brutale metodes aangewese te wees? Of anders gestel; wie het die reg om

my die opsie te ontsê om te ontsnap aan ‘n lewe waarvan elke oomblik aaklig is? Sal jy, my

boesemvriend, jou daardie reg toe-eien?

Faan: Nee, ek sal nie. Maar ek is nie in daardie bedryf nie. Ek help mense leef, ek help hulle nie sterf

nie.

Bart: Kan ek jou ‘n persoonlike vraag vra?

Faan: Vra!

Bart: Het jy al ooit daaraan gedink om ‘n lewe te neem?

Faan: Nooit!

Bart: Het jy al ooit ‘n aborsie uitgevoer?

Faan: Spring op; Flippit, Bart, ek is ‘n vrouedokter! Natuurlik het ek! Maar dis anders! Die ma se

lewe is op die spel, of die kind is gestrem, of het geen kans op ‘n kwaliteit lewe, of ‘n sinvolle bestaan

nie! En dis wettig! Ons lewe vandag in ‘n liberale demokrasie waar die vrou die reg het om te kies,

sien!

Bart: Juis! Nie alles wat wettig is, is reg nie, né! En van wanneer af word jou oordeel deur die

ouderdom van die pasiënt bepaal? Jy sal ‘n ongebore kind help om ‘n sinnelose bestaan, waarvan hy

nog nie eers bewus is nie, te vermy, maar ‘n denkende, volwasse man vir wie die enigste sinvolle

vooruitsig die dood is, sal jy laat ly! Komaan, jy weet jy het geen argument nie!

Faan: Dis anders!

Bart: Hoe?

Faan: Staan op en loop na die deur; Jou bliksem! Laat my ‘n oomblik net buite gaan asem haal!

Bart: Geniet dit, ek het nie die voorreg nie! Jy sal enige iets doen om dit vir my makliker te maak, sê

jy, selfs ‘n nier skenk. Al wat ek nodig het is jou simpatieke hand, jou professionele vingers en hulp,

en ‘n dosis Sodium Pentobarbital in ‘n spuit. Niemand kan iets groter vir my doen nie!

Faan: Stap uit, haal sy selfoon uit en bel. Stap algaande na ‘n motor en haal ‘n mediese tas daaruit.

Professor Louw!....

Ja, Pa, natuurlik is dit ek! Wie anders sal Pa die tyd van die aand bel? Maar ek weet ook mos Pa het

net-nou geland, en moet nou op pad huis toe wees. Hoe was Indië?

Pa gaan wat? Dis onmoontlik – ja wel – seker eendag moontlik, maar ek sou eers ‘n rot of ‘n vark of

‘n bobbejaan se kop op ‘n ander lyf probeer oorplant voordat ek dit op ‘n mens probeer!

Omdat daar ‘n 99% kans is dat die operasie sal misluk, en hy dan sal sterf, Pa!

Nee, ek het nie vir Pa ‘n antwoord nie, dis net dat dit vir ons as dokters makliker is as ‘n pasiënt op sy

eie sterf, as wanneer hy onder ons mes sterf, né. Durf ek bysê dat rotte, bobbejane en varke ook nie

die miljoene dollars het wat nodig is om so ‘n operasie op te stel nie, of hoe!

Ek is jammer, Pa, dis net... ek worstel ook maar met vrae wat aan die ander kant van die wetenskap lê.

Dis asof die morele basis van alles wat ons doen, en van die land van more en oormore se tegnologie

algaande sterker by my spook. Ek het darem langer in Pa se klas as op Pa se skoot deurgebring, en die

eed van Hipokratis voor my eerste resitasie opgesê. Ek dink ek staan my blokkie in die onkologie vol.

Ek het duisende babas in die lewe gebring, wat dit sonder my hulp nie sou gemaak het nie, maar net

soms bevind ek my aan die anderkantste eksistensiële grenslyn, waar ek moet besluit oor ‘n

bewustelike en gewilde uittog uit hierdie wêreld uit. Het Pa al ooit voor so ‘n krisis gestaan? En hoe

laat jy jou lei in so ‘n besluit?

Ek wil dit nie bespreek nie Pa, vergewe my! Baie dankie vir die raad, maar as ek op daardie

stemmetjie in my hart kon staatmaak, trouens, as hy enigsinds in verstaanbare taal met my gepraat het,

sou ek Pa nie vanaand gebel het nie.

Ja, Pa. Versigtig ry – ek glo nie hulle sal aan daardie pad tussen die lughawe en Pretoria klaar gewerk

wees teen die tyd dat ons weer die sokker wêreldbeker aanbied nie! En sterkte met die beplanning van

die kopoorplanting – ek hoop net pa se pasiënt hou tot wanneer Pa vir hom reg is!

Nee, dit gaan glad nie goed met hom nie, Pa. Ek is diep bekommerd oor Bart. Totsiens, Pa! Ek sal die

naweek saam met Rina en die kinders daar kom draai!

Lui af, en stap weer in.

My pa stuur groete!

Bart: Dankie! Wat ‘n briljante wetenskaplike! Ek het nou-die-dag nog weer na ‘n radiopraatjie van

hom geluister. Hulle gaan hom nog eendag in dieselfde asem as Chris Barnard onthou! Is hy al terug

van –waar was hy nou weer?

Faan. Indië. Ja, hy’s pas vanaand terug.

Bart: Wat het hy daar gaan doen?

Faan: Een of ander deurbraak-operasie wat nog nooit voorheen gedoen is nie, wat hy daar wil gaan

probeer. Professor Louw is ‘n touleier in die mediese trek na ‘n ongelooflike toekoms. Hy leef al klaar

daar waar ons nog nie eers oor droom nie. Indië is mos baie liberaal – mediese eksperimente wat geen

ander land sal toelaat nie, kan jy daar gaan uittoets.

Bart: In ‘n liberale demokrasie soos ons s’n, waar selfde geslag huwelike, aborsie en soveel ander

taboes in die vuur van die toets van individue se vryheid van keuse deur wetgewing vrygelaat is, is

daar min argumente teen selfmoordhulp wat kan water hou. Watter politieke party dink jy sou die

beste jokkie vir my saak wees?

Faan: Enige een. Hulle spesialiseer almal in selfmoord! Hang af wie van hulle kort ‘n goeie saak!

Bart: Ja, maar die dood is nie goed of sleg nie; dit is ‘n onlosmaaklike, onafwendbare deel van elke

lewe. Dit wag sekerder as enige ander werklikheid op elkeen van ons. Ons weet dit, en daardie wete,

daardie innige kennis het ‘n geweldige impak op ons lewe. Dit het ‘n wesenlike effek op die

doelgerigtheid en veral die tempo van ons lewe.

Faan: Maar maak geen fout nie, die dood is op sy beste ‘n rower. Hy kan opgesmuk word soos ons

wil, maar hy het geen vriende, begunstigdes, bevoordeeldes of kliënte nie, net slagoffers. Die dood

laat sy slagoffers altyd armer, hy stroop hulle kaal.

Bart: Die dood roof my van my plek in die wêreld, en my deelname aan die wêreld. Dit ontneem my

van die bydrae wat ek in en aan die wêreld om my kan lewer. Dit vat ook my geliefdes van my weg,

en my van hulle.

Faan: Maar dit is nie al nie. Die dood roof my van veel meer nog; dit roof my van myself. Dit belig op

‘n nuwe manier daardie geykte ou vraag; wie is ek?

Bart: Ek is die persoon wat my naam dra, en wie almal om my ken, maar dit is ook nie al nie. Ek is

ook elke rol wat ek in die samelewing speel; ‘n sekere beroepsmens, ‘n vriend, ouer, iemand se kind,

familie en kennis, die houer van sekere prestasies, deelnemer aan sosiale aktiwiteite en nog baie

ander. Dit is egter steeds nie al nie. Die vraag na wie ek is, se antwoord is amper oneindig kompleks,

want dit kan in die lewe nooit volledig beantwoord word nie.

Faan: Ek is nie net dit wat ander sien of beleef of van weet nie, want ek is wesenlik ook potensiaal. Ek

is ook alles wat ek nog wil of kan wees. Ek is altoos in wording! Vir myself is ek al my strewes en

drome, al my vooruitsigte en hoop. Terwyl ek elke dag besig is om in daardie aspirasies in te groei,

kan geen klinkklare antwoord op die “wie is ek?”-vraag op my vasgepen word nie.

Bart: Die enigste geleentheid vir ‘n volledige antwoord op daardie vraag, is met my dood. Daarna is

ek niks meer as net dood nie. Die dood roof my van my in-wording-status, en pen my vir die eerste

keer op ‘n eenvoudige antwoord vas. Van die dag van my geboorte is ek altyd potensiaal wat op

verskillende terreine dinamies besig is om te ontluik, tot die dag waarop ek sterwe. Dan is ek dood,

net dood.

Faan: Dit gaan daaroor dat die dood my van ‘n toekoms beroof. Dit roof my van myself, volgens my

eie definisie van myself.

Bart: Hy laat net herinnering van my oor, en ‘n uitsig op my verlede, want alle vooruitsig is nou weg.

Ek weet Faan, dit het 20 jaar gelede al met my gebeur, en nou is ek in pynlike afwagting vir die

bekragtiging.

Faan: Trek Bart se mou op, en spuit hom in.

As die mediese wetenskap maar net al geweet het hoe om iemand se denke, sy bewussyn uit sy brein

af te laai sodat dit nie saam met die liggaam vergaan nie!

Bart: Wie sê die bewussyn is in die brein gesetel? Wie sê dit vergaan ooit? Dit is net hier waar

sommige mense gelukkig is; diegene met ‘n uitsig op more. Die inhoud, waarheid, begronding en aard

daarvan, wil ek nie met jou bespreek nie, my liewe vriend. Tog sou ons gesprek vanaand wesenlik

onvolledig wees sonder om te meld dat die dood vir sommige (ook in hulle definisie van hulself) nie

die einde is nie, maar ‘n begin. Vir hulle is die dood bloot die poort tot hulle eksistensiële hoop. Selfs

vir die ware wetenskaplike is alle eindes, ook die einde van die wêreld, bloot net ‘n nuwe begin.

Hy sak sy kop skuins, en haal moeitevol asem.

Wat hulle anders maak, wat hulle meer het as alle ander sterflinge, is GELOOF.

Faan stoot Bart uit.

Gordyn sak

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!